22.12.2012 Views

Hennops Bulletjie Rugby 2012 - Laerskool Hennopspark

Hennops Bulletjie Rugby 2012 - Laerskool Hennopspark

Hennops Bulletjie Rugby 2012 - Laerskool Hennopspark

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bulletjie Rugby 2012 Seisoen

Geagte Ouers, No: 1/9/2012

Welkom by Bulletjie Rugby. Meeste van u weet reeds waaroor dit gaan en hoe dinge werk, vir ander is hierdie ‘n hele nuwe

ondervinding, en alhoewel dit BAIE deurmekaar mag lyk met tye, belowe ek u dat dit tog nie so is nie.

Die ouerinligtingsaand sal die 13de Februarie om 18:00 by die skool wees.

Ons beplan die Pa & Seun Kamp vir Vrydag 9 Maart 2012. By die geleentheid braai en kuier die pappa’s en seuns by die skool, slaan

tent op op die rugbyveld waar almal dan lekker kuier en oorslaap.

Oefening:

Oefening begin die 15 Februarie, by Laerskool Hennopspark se rugby velde. Tydens die oefening sal die seuns in hulle onderskeie

spanne ingedeel word.

Die o/7’s & o/8’s oefen op die veld voor die hoofpawiljoen en die o/6’e op die B-veld (onder die netbalbane)

Ons oefen 2 maal per week:

• Maandae van 17:00 – 18:00

• Woensdae van 17:00 – 18:00

Sodra dit begin koud raak sal die oefening na 16:30 – 17:30 skuif.

By die eerste oefening vra ons dat u die voltooide inskrywingsvorm, hierby aangeheg, sal saambring. Andersins is u welkom om dit deur

te email na hennops.bulletjie@gmail.com .

• Elke jaar moet ons die bulletjies registreer by die Blou Bul Rugby Unie, ons het ongelukkig nog nie die aansoek vorm van

die unie ontvang nie, sodra ons dit ontvang sal ons dit deurstuur. Vir die vorm het u 2 ID foto’s en ’n geboorte sertifikaat

nodig.

Wedstryd Drag:

Die seuns speel in Hennopspark Bulletjie Rugby truie, met hulle naam agterop geborduur, en blou rugby broekies met ñ 7cmx 3cm

stukkie velcro (die wollerige kant) bo elke sak, net onder die broek se band vasgewerk, velcro gratis beskikbaar by Bontstaan

klerewinkel.

Die truie is beskikbaar by Bontstaan klerewinkel, die koste is tussen R150 – R200 per trui.

Melanie Geldenhuys sal die reëlings tref vir die borduurwerk agterop die trui teen addisionele

koste. Melanie se nommer is 083 654 7947.

Kostes vir 2012

Daar is ‘n eenmalige registrasiefooi van R200.00 betaalbaar. Die gelde word gebruik vir die

registrasiefooie by die georganiseerde wedstryde deur die BBRU, waaronder die Bulletjie dag

een is, asook die afsluiting, aankoop van toerusting, ens.

Elektroniese betalings kan gemaak word met u kind se graad, naam en van as verwysing

(1_Piet_Pompies),

Hennops Bulletjie Rugby Klub

Absa Spaar – 9240393410

Centurion Tak – 632005

Indien u nie die registrasiefooi kan bekostig nie, kontak ons asseblief, maar moet asseblief nie

u kind weghou nie.

Wedstryd Datums:

Wedstryd datums sal teen die 15de Februarie uitgestuur word. Wedstryde is op Saterdae tussen 8:00 en 12:00.

Afrigters & Skeidsregters:

Ons benodig nog afrigters en hulpafrigters en vra dat u ons sal kontak indien u belang stel.

Ons vra ook dat indien daar van u is wat nie kan afrig nie, maar bereid sal wees om as skeidsregters op te tree u ons ook sal kontak, ons

het altyd ñ tekort aan skeidsregters by wedstryde.

Die Afrigterskursus vind plaas op 20 &22 Februarie en die Skeidsregters kursus die 7de Maart (plek sal bevestig word teen die 13de

Februarie). Daar is geen koste verbonde aan die kursus nie, slegs die koste vir die skeidsregters hemp.

Tesourier:

Indien enige ouer belang sou stel om die finansiële aspek van die Hennops Bullutjie Rugby Klub te administreer kontak asb vir Willie of

Rina Steyn.

Bulletjie groete,

Hennops Bulletjie Rugby

2012

Willie

Email: hennops.bulletjie@gmail.com / Faks: 012 653 6698

Voorsitter: Willie Steyn - 082 339 0510

Onder voorsitter: James Moorcroft - 082 419 3770

Sekretaresse: Rina Steyn - 083 453 5658

Logistieke: Vakante posisie

Tesourier: Vakante posisie

Ek, ______________________________________________ ID Nr _______________________________________

ouer/voog van bovermelde minderjarige seun:

1. verleen hiermee toestemming dat genoemde seun by Laerskool Hennopspark Bulletjie Rugby mag speel;

2. vrywaar hiermee Laerskool Hennopspark en Hennops Bulletjie Rugby teen enige eise wat deur my ingestel kan

word as gevolg van enige skade of verlies wat kan ontstaan uit enige optredes of handelinge vooruitspruitend uit

die seun se betrokkenheid by Hennops Bulletjie Rugby vir die betrokke seisoen;

3 aanvaar dat alle redelike voorsorg getref sal word vir die veiligheid en welstand van my kind en dat ek

verantwoordelik gehou sal word vir die betaling van alle mediese en /of hospitaal rekeninge indien enige, in geval

van `n besering wat nie aan die nalatigheid van die verantwoordelike beampte toegeskryf kan word nie;

4 dra my magte as ouer/voog oor aan die verantwoordelike beamptes indien mediese behandeling (chirurgie

ingesluit) vir die kind mag nodig wees;

5 na my beste wete is hy fisies instaat om rugby te speel en verkeer hy in goeie gesondheid;

6 versoek egter dat die verantwoordelike persone sal let op my kind se mediese kondisie soos aangedui.

(Noem asb. enige allergieë, abnormale bloeding ens. indien van toepassing) ;

7 onderneem verder dat beide ek self en my kind ons onderwerp aan alle vereistes van die Gedragskode van

Hennops Bulletjie Rugby en die Blou Bulle Rugby Unie. (Soos aangeheg);

GETEKEN TE ___________________________ op die _______ ste dag van _________________/2012

Ouer/ Voog

---o0o---

GEDRAGSKODE

Spelers:

• Speel volgens die reëls van die spel. Moet nooit die skeidsregter se beslissing bevraagteken nie. Laat die afrigter die nodige vrae

aan die skeidsregter stel.

• Moet nooit jou humeur verloor of kwaad word vir die opponente of jou mede-spelers nie – beheer jouself.

• Werk hard vir jouself en so ook vir jou span – jou span sal baat vind by jou harde werk in jou spel.

• Behandel alle spelers van jou span en ook die opponente met respek. Moenie die opponente afknou nie.

• Wees 'n goeie sportman. Gee krediet en erkenning aan die goeie spel van jou maats asook aan die opponente as hulle dit

verdien.

• Speel vir die genot van die spel – en nie om jou ouers of jou afrigter se plesier nie!!

Ouers:

• ONTHOU die spelers leer die beste deur die voorbeelde wat u aan hulle stel.

• ONTHOU net dat 'n speler deelneem aan die sport vir sy eie genot en nie vir die van die ouers nie, en daarom moet ñ onwillige

kind nie gedwing word om rugby te speel nie.

• Moet NOOIT jou kind verneder of op hom skree as hy ‘n fout begaan of ‘n wedstryd verloor nie.

• Moedig jou kind aan om volgens die reëls te speel en om na die afrigters & skeidsregters te luister.

• Vertel en leer jou kind dat om jou beste te lewer net so belangrik is as om te wen.

• Verander verloor in oorwinning deur jou kind (die speler) te help om sy vaardighede te verbeter en om 'n goeie sportmangees te

ontwikkel.

• Gee erkenning aan ‘n speler vir goeie spel ongeag of hulle van jou span of die opponente is.

• Respekteer die opponente se spelers want sonder hulle sou die spel glad nie kon plaasvind nie.

• GEDRA jouself VOORBEELDIG & WAARDIG. Moet asseblief nie VUILTAAL gebruik en afrigters of skeidsregters beledig of hulle

eerlikheid in die openbaar bevraagteken nie.

• Erken die waarde en belangrikheid van die vrywillige afrigters en skeidsregters. Hulle offer hulle tyd en ervaring op om die spelers

af te rig en vir die „groot rugby“ te slyp.

• ONTHOU, dat 'n Hennops Bulletjie NIE 'n jong „SPRINGBOKKIE“ is nie, hulle neem net deel aan georganiseerde sport.

• Geweld op velde moet te alle tye afgekeur word ter wille van die spelers wat speel.

Toeskouers:

• Gee erkenning aan goeie spel deur ‘n speler gespeel, ongeag of hulle van jou span of die opponente is.

• Respekteer die spelers en die afrigters van die opponerende span want sonder hulle sou die spel nie kon plaasvind nie.

• GEDRA jouself VOORBEELDIG & WAARDIG. Moet asseblief nie VUILTAAL gebruik en afrigters of skeidsregters beledig of hulle

eerlikheid in die openbaar bevraagteken nie.

• ONTHOU, dat 'n Bulletjie NIE 'n jong „SPRINGBOKKIE“ is nie, hulle neem net deel aan georganiseerde sport.

• Geweld op velde moet te alle tye afgekeur word ter wille van die spelers wat speel.

Afrigters:

• Stel te alle tye goeie voorbeeld aan jou spelers.

• Spelers moet respek hê vir hulle afrigters en daar moet opregte aanmoediging wees wanneer die speler dit verdien.

• Moet NOOIT ‘n speler verneder of op hom skree as hy foute maak of as die span verloor nie.

• Leer die spelers dat die reëls vir al die spelers geld en dat dit nie verbreek moet word nie.

• Spelers moet altyd aangemoedig word om die basiese vaardighede en sportmangees te ontwikkel.

• Wees ten alle tye redelik en kalm met die eise wat aan die spelers gestel word ten opsigte van hulle tyd, energie, entoesiasme,

leervermoë en hulle belangstelling.

• Vermy posisionele spel of oor spesialisering van bepaalde posisies.

• Daar moet toegesien word dat ALLE spelers 'n kans, per wedstryd, kry om te speel. Die gemiddelde spelertjie het ook 'n behoefte

om aan die spel (wedstryd) deel te neem.

• Help jou span om respek te ontwikkel vir die kwaliteite van die opponente, die oordeel van die skeidsregter en vir die afrigters van

die opponente.

• Respekteer altyd ‘n dokter se voorskrifte asook die besluite, deur ‘n mediese beampte tydens ‘n wedstryd, wat geneem word vir

beserings opgedoen.

• 'n Afrigter moet altyd sorg dat hy op hoogte bly van die basiese, korrekte afrigtingbeginsels en –metode, asook die

grondbeginsels van die groei en ontwikkeling van die spelers.

• HOOGVAT, VUILSPEL, GEVEGTE en VUIL Taal moet nie geduld word nie!! Moenie huiwer om 'n speler vir die tipe van gedrag

aan te spreek nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!