01.05.2013 Views

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA SKOOL VIR REKENINGKUNDE ...

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA SKOOL VIR REKENINGKUNDE ...

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA SKOOL VIR REKENINGKUNDE ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

SKOOL VIR REKENINGKUNDE

1 Gelyktydige registrasie vir ‘n voorgraadse kursus of

module(s) vir nie-graaddoeleindes. 1

2 Algemeen. 2

3 Die Honneursgraad in Rekeningkunde (met

spesialisering in Bestuursrekeningkunde). 2

4 Die Honneursgraad in Rekeningkunde (met

spesialisering in Finansiële Rekeningkunde). 3

5 Die Honneurs BAdmin-graad in Rekeningkunde. 3

6 Toelatingsvereistes en eksamens. 4

7 Bylae A: Die leergang en toelatingsvereistes vir die

Honneursgraad in Rekeningkunde (met spesialisering in

Bestuursrekeningkunde). 6

8 Bylae B: Die leergang en toelatingsvereistes vir die

Honneursgraad in Rekeningkunde (met spesialisering in

Finansiële Rekeningkunde). 7

9 Bylae C: Bestek van die vraestelle vir die Honneurs

BCom- en Honneurs BAdmin-grade in Rekeningkunde. 9

10 Doserende personeel. 13

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

SKOOL VIR REKENINGKUNDE

INLIGTING OMTRENT DIE HONNEURS BCom-

EN HONNEURS BAdmin-GRADE

Raadpleeg Deel 1 van die Jaarboek ten opsigte van die algemene

reglemente vir toelating tot nagraadse studie, dokumente wat studente se

aansoeke om toelating moet vergesel, die aantal vraestelle waarvoor

hulle moet registreer, herregistrasie, duur van studie, aansoeke om

kansellasie, ensovoorts.

Hierdie Honneursgraad is nie bedoel as voorbereiding vir die

kwalifiserende eksamen van die Openbare Rekenmeesters- en

Ouditeursraad vir professionele rekenmeesters nie. Studente wat

begerig is om as Openbare Rekenmeesters en Ouditeure te kwalifiseer,

moet vir die Honneurs BCompt-graad registreer. Die Honneurs

BCompt-graad word deur die Skool vir Toegepaste Rekenmeesterskap

aangebied. Besonderhede omtrent die Honneurs BCompt-graad

verskyn in 'n afsonderlike brosjure wat gratis op aanvraag van die

Registrateur (Akademies) verkrygbaar is.

1. Gelyktydige registrasie vir 'n voorgraadse kursus/module(s)

vir nie-graaddoeleindes

Studente kan slegs met die spesiale toestemming van die Senaat

vir hoogstens een voorgraadse kursus of die ooreenstemmende

aantal modules op dieselfde vlak vir nie-graaddoeleindes (NGD)

gelyktydig met 'n Honneurskursus registreer, en op voorwaarde

dat die NGD-kursus/module(s) verband hou met hul

Honneursstudie, of indien hulle 'n skriftelike motivering wat vir

die Universiteit aanvaarbaar is, voorlê. Let asseblief daarop dat

studente voor die sluitingsdatum vir registrasie vir die

voorgraadse kursus/module(s) aansoek moet doen om

toestemming vir gelyktydige registrasie.

2. Algemeen

2

Die Honneursgraad in Rekeningkunde van hierdie Universiteit is

by uitstek 'n akademiese kursus wat bedoel is om studente te help

om meer te leer van die geskiedenis, filosofie en grondliggende

teorieë en beginsels van die verskillende vakrigtings en om

sodoende te dien as voorbereiding vir die studies van die

magister- en doktorsgraad. Relevante praktiese toepassings en

tegnieke kry egter ook aandag in die vorm van onder andere die

ontleding van gevallestudies. (Kyk Bylae C vir nadere

besonderhede.)

3. Die Honneursgraad in Rekeningkunde (met spesialisering in

Bestuursrekeningkunde)

Die Honneursgraad in Rekeningkunde (met spesialisering in

Bestuursrekeningkunde) is by uitstek geskik vir studente wat hulle

voorberei vir die finale vlak (strategiese vlak), asook sommige

vakke op die intermediêre vlak (bestuursvlak), eksamens van die

Chartered Institute of Management Accountants (CIMA).

Dit is egter belangrik om daarop te let dat hierdie Honneursgraad

nie outomaties toelating tot die CIMA eksamens verskaf nie.

Aansoeke om toelating tot die CIMA eksamens, met die doel om

daardie kwalifikasie te bekom, moet direk aan CIMA se kantore

gerig word. Die kontakbesonderhede van die Suider-Afrika divisie

van CIMA is soos volg:

Tel: +27 (0)11 268 2555

Faks: +27 (0) 11 268 2556

Posbus 745, NORTHLANDS, Suid-Afrika, 2116

Hierdie Honnneursgraad verskaf ook goeie voorbereiding vir

studies op magister en doktorale vlak in die vakgebiede van

bestuursrekeningkunde en finansiële bestuur.

3

Die leergang en toelatingsvereistes vir die BCom Honneursgraad

in Rekeningkunde (met spesialisering in Bestuurrekeningkunde)

word in Bylaes A en C van hierdie brosjure verskaf.

4. Die Honneursgraad in Rekeningkunde (met spesialisering in

Finansiële Rekeningkunde)

Die Honneursgraad in Rekeningkunde (met spesialisering in

Finansiële Rekeningkunde) bied studente, wat nie Geoktrooieerde

Rekenmeesters wil word nie, die geleentheid vir verdere studies in

die vakgebiede van Finansiële Rekeningkunde,

Bestuursrekeningkunde en/of Belasting. Die graad verskaf ook

goeie voorbereiding vir magister of doktorale studies in hierdie

vakgebiede.

Die graad bied ook gevorderde opleiding vir studente wat graag

hul loopbaan in die algemene rekeningkundige professie wil begin

of voortsit.

Die leergang en toelatingsvereistes vir die BCom Honneursgraad

in Rekeningkunde (met spesialisering in Finansiële

Rekeningkunde) word in Bylaes B en C van hierdie brosjure

verskaf.

5. Die Honneurs BAmin-graad in Rekeningkunde

Om tot die studie vir die Honneurs BAdmin-graad in

Rekeningkunde toegelaat te kan word, moet studente

(1) in besit wees van 'n BAdmin-graad en geslaag het in

Rekeningkunde III en Koste- en bestuursrekeningkunde of

'n ekwivalente kursus*; òf

4

(2) 'n ander graad besit en in minstens ses BAdmin-kursusse

geslaag het, insluitende: Rekeningkunde III, Ekonomie I

en 'n kursus op tweedejaarsvlak in een van die vakke uit

Groep C van die BAdmin-graad, naamlik

Ontwikkelingsadministrasie en Publieke Administrasie.

Daarbenewens moet studente Koste- en

bestuursrekeningkunde of 'n ekwivalente kursus * geslaag

het.

* Studente wat Rekeningkunde III aan hierdie

Universiteit geslaag het voldoen aan die vereistes

ten opsigte van Koste- en bestuursrekeningkunde.

6. Toelatingsvereistes en eksamens

Die algemene reglemente vir toelating tot nagraadse studie en

eksamens word in Deel 1 van die Jaarboek verskaf.

Om tot die studie vir die Honneursgraad in Rekeningkunde (met

spesialisering in Bestuursrekeningkunde) toegelaat te kan word,

moet studente in besit wees van ‘n BCom-

(Bestuursrekeningkunde) of ‘n BCompt- of ‘n BCom-graad of ‘n

ander goedgekeurde graad in die Ekonomiese en

Bestuurswetenskappe en Bestuursrekeningkunde III of ‘n

ekwivalente kursus en Finansiële Rekeningkunde III of ‘n

ekwivalente kursus geslaag het.

Om tot die studie vir die Honneursgraad in Rekeningkunde (met

spesialisering in Finansiële Rekeningkunde) toegelaat te kan

word, moet studente in besit wees van ‘n BCompt- of ‘n

BCom-graad of ‘n ander goedgekeurde graad in die Ekonomiese

en Bestuurswetenskappe en die finale jaar voorgraadse

kursus(se) waarmee voortgegaan wil word geslaag het.

5

of

Studente moet in besit wees van ‘n ander goedgekeurde graad en

minstens die volgende BCom-kursusse geslaag het: Finansiële

Rekeningkunde III, Ekonomie I, Sakebestuur I en die finale jaar

voorgraadse kursus(se) waarmee voortgegaan wil word.

As ‘n reël sal studente wat hulle Baccalaureusgraad langer as tien

jaar gelede behaal het, nie tot die studie vir die Honneurs BComof

die Honneurs BAdmin-graad toegelaat word nie. Daar sal van

sodanige studente verwag word om Rekeningkunde III te herhaal

alvorens hulle tot Honneursstudies in Rekeningkunde toegelaat

word.

Die eksamen van die Honneursgraad in Rekeningkunde word

jaarliks gedurende Januarie/ Februarie afgeneem en behels vyf

vraestelle van drie uur elk.

Studente word ten sterkste aangeraai om in hulle eerste jaar van

studie vir nie meer as drie vraestelle te registreer nie, weens die

groot omvang van die werk in elke kursus.

Bylae C bevat 'n aanduiding van die bestek van die vraestelle vir

die honneurskursus in Rekeningkunde.

Prof F Doussy

HOOF: SKOOL VIR REKENINGKUNDE

6

BYLAE A

DIE LEERGANG EN VOORVEREISTES VIR DIE HONNEURS-

GRAAD IN REKENINGKUNDE (MET SPESIALISERING IN

BESTUURSREKENINGKUNDE)

Die leergang

Die leergang bestaan uit die volgende vyf verpligte vraestelle:

1. Gevorderde finansiële bestuur (AFM000-U)

2. Gevorderde koste- en bestuursrekeningkunde (ACA000-P)

3. Gevorderde rekeningkundige inligtingbestuur (AAD000-R)

4. Gevorderde bestuursrekeningkundige tegnieke (ADMAAT-S)

5. Die bestuur van organisasieverandering en - vernuwing

(ORGREN-5) *

* Aangebied deur die Skool vir Sakebestuur

Toelatingsvereistes

Studente mag slegs:

1. AFM000-U, ACA000-P en ADMAAT-S neem indien hulle

Bestuursrekeningkunde III of ‘n ekwivalente kursus geslaag het.

2. AAD000-R neem indien hulle Rekeningkundige Dataverwerking

of ‘n ekwivalente kursus geslaag het.

7

BYLAE B

DIE LEERGANG EN VOORVEREISTES VIR DIE HONNEURS-

GRAAD IN REKENINGKUNDE (MET SPESIALISERING IN

FINANSIËLE REKENINGKUNDE)

Die leergang

Die leergang bestaan uit die volgende drie groepe vraestelle:

Groep A: Twee verpligte vraestelle

1. Gevorderde finansiële rekeningkunde (DIPAC1-5) *

2. Maatskappyverslagdoening (CORAC0-8)

Groep B: Ten minste een van die volgende vraestelle

3. Die betekenis, ontleding, vertolking en ontwerp van finansiële

state (FST000-5)

4. Finansiële beplanning en beheer (FPC000-A)

5. Gevorderde belasting (ADVTAX-6)

6. Gevorderde belastingpraktyk (GEVBEP-P)

Groep C: ‘n Maksimum van twee van die volgende vraestelle

7. Gevorderde finansiële bestuur (AFM000-U)

8. Gevorderde koste-en bestuursrekeningkunde (ACA000-P)

9. Gevorderde rekeningkundige inligtingbestuur (AAD000-R)

10. Gevorderde bestuursrekeningkundige tegnieke (ADMAAT-S)

* Aangebeid deur die Skool vir Toegepaste Rekenmeesterskap

Voorvereistes

Studente mag slegs:

8

1. FST000-5 neem indien hulle ACN308-4/ACN318-6 of ‘n

ekwivalente kursus geslaag het.

2. FPC000-A neem indien hulle ACN307-3/ACN317-5 of ‘n

ekwivalente kursus geslaag het.

3. ADVTAX-6 en GEVBEP-P neem indien hulle Inkomstebelasting

of ‘n ekwivalente kursus geslaag het.

4. AFM000-U, ACA000-P en ADMAAT-S neem indien hulle

Bestuursrekeningkunde III of ‘n ekwivalente kursus geslaag het.

5. AAD000-R neem indien hulle Rekeningkundige Dataverwerking

of ‘n ekwivalente kursus geslaag het.

9

BYLAE C

BESTEK VAN DIE VRAESTELLE VIR DIE HONNEURS BCom-

EN HONNEURS BAdmin-GRADE IN REKENINGKUNDE

Vraestel 1:

Gevorderde finansiële bestuur (AFM0/0/0/-U)

(a) Formulering van finansiële beleid en optrede.

(b) Die finansieringsfunksie.

(c) Die investeringsfunksie.

(d) Finansiële ontleding en vooruitskatting.

Vraestel 2:

Die betekenis, ontleding, vertolking en ontwerp van finansiële state

(FST0/0/0/-5)

(a) Ontleding en vertolking van finansiële state.

(b) Waardasies.

(c) Ontleding van oornames, samesmeltings en verkrygings.

(d) Risiko/opbrengsontleding en beleggingsbesluitneming.

Vraestel 3:

Finansiële beplanning en beheer (FPC0/0/0/-A)

(a) Finansiële beheer.

(b) Finansiële beplanning en beheerstelsels.

(c) Finansiële prestasie en bestuurskontrole.

10

(d) Kwaliteitsversekering van finansiële beplanning en beheerstelsels.

Vraestel 4:

Maatskappyverslagdoening (CORAC0/-8)

(a) Die aard en struktuur van rekeningkundige teorie.

(b) Benaderings tot die formulering van rekeningkundige teorie.

(c) Die aard en omgewing van maatskappyverslagdoening.

(d) Die historiese ontwikkeling van maatskappyverslagdoening.

(e) 'n Konsepsuele raamwerk vir maatskappyverslagdoening.

(f) Maatskappyverslagdoening in Suid-Afrika.

(g) Toekomstige ontwikkelinge in maatskappyverslagdoening.

Vraestel 5:

Gevorderde belasting (ADVTAX-6)

(a) Uitleg van belastingwetgewing.

(b) Belasting op Toegevoegde Waarde.

(c) Bruto inkomste as grondslag vir die bepaling van belasbare

inkomste.

(d) Die aftrekking van onkoste en uitgawes by die berekening van

belasbare inkomste.

(e) Belastingbeplanning, belastingvermyding en administratiewe

aspekte.

(f) Kapitaalwinsbelasting.

(g) Belasting van werknemers.

11

Vraestel 6:

Gevorderde koste- en bestuursrekeningkunde (ACA0/0/0/-P)

(a) Die rol van die bestuursrekenmeester by die daarstelling van

korporatiewe doelwitte.

(b) Die rol van die bestuursrekenmeester by die implementering en

bereiking van korporatiewe doelwitte.

(c) Die rol van die bestuursrekenmeester by die uitvoer van

korporatiewe funksies.

(d) Toekomstige ontwikkelings in bestuursrekeningkunde.

(e) Korporatiewe sosiale verantwoordelikhede en professionele etiek.

Vraestel 7:

Gevorderde belastingpraktyk (GEVBEP-P)

(a) Belastingvermyding- en belastingontduikinginstrumente.

(b) Tegnieke wat in die ontleding van finansiële state gebruik word.

(c) Kapitaalvergelykings as 'n metode om inkomste te bepaal.

(d) Bevestiging van belasbare inkomste.

(e) Effek van gerekenariseerde stelsels op belastingondersoeke.

(f) Belasting op Toegevoegde Waarde Wet, Hereregtewet en

Seëlregtewet.

(g) Statistiese steekproefneming.

(h) Waarderings van besigheidsbelange.

Vraestel 8:

12

Gevorderde rekeningkundige inligtingbestuur (AAD0/0/0/-R)

(a) Die bestuur van rekeningkundige inligting as 'n bate vir die

onderneming.

(b) Rekeningkundige

stelselontwikkeling.

dataverwerking (RDV) strategie en

(c) RDV-stelsel beheer en sekuriteit.

(d) Sosiale omvang van rekeningkundige inligting.

(e) Invloed van nuwe ontwikkelings in inligtingtegnologie.

(f) Gevorderde RDV stelselontwerp en -ontwikkeling.

(g) Die bestuur van inligtingstelsels en -tegnologie.

(h) Praktiese RDV toepassings.

Vraestel 9:

Gevorderde bestuursrekeningkundige tegnieke (ADMAAT-S)

(a) Finansiële inligting vir korttermyn besluitneming.

(b) Finansiële inligting vir langtermyn besluitneming.

(c) Die hantering van onsekerheid in besluitneming.

(d) Kostebeplanning en -ontleding vir mededingende voordeel.

LW: Die kodes wat uit sewe simbole bestaan, en wat tussen hakies

na die name van die vraestelle verskyn, moet op die

registrasievorm ingevul word.

DOSERENDE PERSONEEL

AFM/0/0/0-U en FST/0/0/0-5

13

Prof E R Laubscher (012)429-4383

ACA/0/0/0-P en FPC/0/0/0-A

Prof P C du Plessis (012)429-4334

AAD/0/0/0-R en CORAC/0-8

Mev C C Shuttleworth (012)429-4763

ADMAAT-S

Prof CJ Beukes (012)429-4374

ADVTAX-6

Prof J M P Venter (012)429-4757

Prof B de Clercq (012)429-4326

Mnr A Swanepoel (012)429-4313

Mev KL de Hart (012)429-4907

GEVBEP-P

Prof R Howell (012)429-4695

Mev M Ungerer (012)429-4749

Mev M Steyn (012)429-8670

Mev MSI Wentzel (012)429-4867

UNISA

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!