01.05.2013 Views

Korporatiewe Verantwoordelikheidsverslag Volhoubaarheid - Shoprite

Korporatiewe Verantwoordelikheidsverslag Volhoubaarheid - Shoprite

Korporatiewe Verantwoordelikheidsverslag Volhoubaarheid - Shoprite

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Korporatiewe Verantwoordelikheidsverslag Volhoubaarheid

vervolg

39 630 werknemers het die een of ander vorm

van opleiding ontvang. Die klem val steeds op

die ontwikkeling van skaars vaardighede in die

bedryf om dienslewering in winkels te verbeter

en bestuursvermoë op alle vlakke te bou.

Die Groep bedryf steeds die grootste opleidingsonderneming

in Suid-Afrika se groot- en

kleinhandelsektor en doen dit met die noue

samewerking van die Sektorale Onderwys- en

Opleidinggesag (SOOG) vir Groot- en Kleinhandel.

Hy het sy Kleinhandelvaardig heidsprojek

in April bekend gestel wat ook in samewerking

met die Departement van Arbeid en

die Departement van Handel en Nywerheid

geskep is. ’n Rekord getal van 930 werklose

leerders het vir ’n tydperk van 12 maande vir

vyf kwalifikasies op verskillende NKR-vlakke

op die terrein van verkope, bedryf, toesig, bak

en vleisprosessering geregistreer. Permanente

indiensneming sal aangebied word aan die

meerderheid wat die leerderprogramme voltooi.

In ’n ander geval is die Groep betrokke by

projekopleiding op voetsoolvlak vir 30 werklose

skoolverlaters van voorheen benadeelde ge meenskappe

met baie moeilike persoonlike omstandighede.

Dié opleiding vind ook oor ’n tyd perk

van 12 maande plaas en die meerderheid wat

die kursus voltooi, is verseker van indiensneming.

Leerderprogramme word deurlopend

byge werk, uitgebrei en vervang om by die

onderne ming se veranderende behoeftes te

pas en aan SOOG-vereistes te voldoen.

Programme vir personeel elders in Afrika

word ook in Portugees en Frans aangebied

deur aanbieders wat vir dié doel na oral op die

vasteland reis. Personeel van buite Suid-Afrika

Diensbillikheid (vervolg)

Totale getal werknemers in Suid-Afrika (ook gestremde werknemers) in elk van die volgende

beroepsvlakke soos op 31 Mei 2009: Let wel: S=swart, B=bruin, I=Indiër en W=wit Soos op 31 Mei 2009

Beroepsvlak

Manlik Vroulik

Burgers van

ander lande Totaal

S B I W S B I W Manlik Vroulik

Topbestuur 13 24 19 290 1 5 3 44 1 400

Senior Bestuur 118 108 75 397 27 60 30 182 3 1 000

Professioneel gekwalifiseer,

ervare kundiges en

middelbestuur

Geskoolde tegnies en

akademies gekwalifiseerde

623 299 156 624 424 271 117 382 4 1 2 901

werkers, junior bestuur,

toesighouers, voormanne

en superintendente

2 010 344 83 192 1 270 474 107 257 8 1 4 746

Halfgeskool en diskresionêre

besluitneming

3 365 824 347 185 16 982 5 917 839 635 3 10 29 107

Ongeskool en omskrewe

besluitneming

9 352 2 096 259 103 13 714 4 684 485 169 7 9 30 878

TOTAAL PERMANENT 15 481 3 695 939 1 791 32 418 11 411 1 581 1 669 26 21 69 032

Tydelike werknemers 462 87 27 107 831 131 32 107 14 6 1 804

GROOTTOTAAL 15 943 3 782 966 1 898 33 249 11 542 1 613 1 776 40 27 70 836

34 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

kom ook hierheen vir opleiding, of gaan na

’n land soos Zambië waar ’n gevestigde

infrastruktuur bestaan.

Vermoë en hulpbronne

Ten einde personeelkeuring en -behoud te

verbeter in ’n omgewing waar ’n hoë

perso neel omset deel van die aard van die

onderneming uitmaak, kry winkelbestuurders

die nodige keuringshulpmiddele om hulle te

help om die beste aansoekers te kies om

personeelvakatures te vul. Daar is stalletjies in

gekeurde winkels met personeeltekorte sodat

lede van die publiek aansoek kan doen. Daar

kan dan onmiddellik vir daardie poste onderhoude

met hulle gevoer word.

Nog twee opleidingsakademies – in Port

Elizabeth en Welkom – is by dié in Kaapstad,

Durban en Johannesburg gevoeg. Almal is met

volledige slagterye en bakkerye toegerus, en

benewens vleisprosessering en bak is daar ook

spesialisopleiding in onder meer die hantering

van vrugte en groente en delikatesse. Die

meeste kursusse wat aangebied word is ten

volle geakkrediteer en bied almal wat die

opleiding voltooi ’n beroep wat hulle op enige

plek in die land kan beoefen.

In die oorsigtyd het die Opleidings departement

’n nasionale afrigtingsprogram bekend

gestel wat in die nuwe finansiële jaar ’n sterk

spilpunt sal wees. Teen die einde van volgende

jaar is die departement voornemens om vir ten

minste 300 afrigters in winkels oral in die land

te sorg om leerders wat opleiding kry – veral in

die leerderskapkonteks – te onderrig en te

steun.

Dienskultuur

Met die sterk klem wat op veral verbetering

van die dienskultuur in winkels geplaas word

om aan klante se verwagtinge te voldoen,

veral in Checkers met sy hoër markposisie,

word die fokus op klantediens al sterker.

Klantediensmodules sal gevoeg word by

programme wat verskillende aspekte van

winkelbedryf dek.

Stelselopleiding

Die uitbreiding van die nuwe agterkantoorstelsel

na al die Groep se winkels in Suid-Afrika

is aan die einde van Maart voltooi. In die volgende

fase sal dit na al die Groep se winkels in Afrika

uitgebrei word. Hoewel dit moeilik is om die

ekonomiese voordele vir die onderneming te

kwantifiseer, het die nuwe stelsel reeds aansienlike

verbetering op bepaalde terreine meegebring,

van die akkuraatheid van die voorraadgrootboek

tot elektroniese fakturering deur verskaffers.

Voldoeningsopleiding

In die lig van die vereistes van die nuwe Wet

op Verbruikerbeskerming sal bykomende

opleiding in voedselveiligheid in die volgende

12 maande ’n hoë prioriteit vir al die personeel

in die Groep se drie supermarkkettings wees.

Die klem sal aanvanklik op streeks- en winkelbestuurders

val, want hulle sal daarvoor

verantwoordelik wees dat alle personeel

sodanige opleiding ondergaan.

Opvolgbeplanning en

leierskapontwikkeling

Om ’n gesonde pyplyn van werk nemers met hoë

potensiaal te verseker, word voortdurend klem

gelê op die identifisering van kandidate wat

puik presteer en baie potensiaal toon. Dié

inisiatiewe steun lynbestuurders wat moeilike

plasingsbesluite moet neem en bied werknemers

terugvoering oor hul sterk punte en

terreine wat ontwikkel moet word, asook oor

loopbaangeleenthede in die Groep. Opleidingsingrepe

strook met dié inisiatiewe om prestasiegapings

of ontwikkelings gebiede wat geïdentifiseer

word, te ontwikkel. Ten einde ’n gedurige

toevloei van talentvolle mense te verseker, word

mense met die potensiaal om in die toekoms

uitvoerende poste te beklee, hoofsaaklik by

instellings vir tersiêre onderwys gewerf. Die

aantal mense met na-graad 12- kwalifikasies

in diens van die Groep – wat tans op 1 747

staan, in vergelyking met 1 306 ’n jaar gelede –

neem steeds toe. Hulle kom toe ne mend uit

voorheen benadeelde gemeenskappe.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!