05.05.2013 Views

Korporatiewe Bestuursverslag - Shoprite

Korporatiewe Bestuursverslag - Shoprite

Korporatiewe Bestuursverslag - Shoprite

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

32

Korporatiewe Bestuursverslag

INLEIDING

Die direksie (“die Direksie”) en senior bestuur van Shoprite Holdings

Beperk (“Shoprite Holdings” of “die Maatskappy”) is verbind daartoe

om die hoogste etiese standaarde en beste korporatiewe bestuursbeginsels

te handhaaf, en besef dat gesonde bestuur voordelig kan

wees vir langtermyn aandeleprestasie en aandeelhouerwaarde kan

versterk. Die Maatskappy se korporatiewe bestuurstelsel vorm die

hoeksteen van sy primêre oogmerk, naamlik om volhoubare waarde

vir wesenlike belanghebbendes te skep.

Die Groep het ’n bestuursmodel aanvaar en geïmplementeer deur

die inwerkingstelling van spesialisdissiplines soos risikobestuur,

wetlike en regulatoriese nakoming.

VERKLARING OOR KORPORATIEWE BESTUUR

Die inwerkingstelling van die derde King-Verslag oor Korporatiewe

Bestuur (“King III”), op 1 Maart 2010, het Suid-Afrika se verbinding tot

wêreldklas korporatiewe bestuursbeginsels en -riglyne versterk. King III is

geformuleer om, onder andere, die wetgewende raamwerk vervat in die

nuwe Maatskappywet 71 van 2008 (soos gewysig) (“die

Maatskappywet”) te bevorder, en vorm daarom die hoeksteen van

korporatiewe bestuursbeginsels. Die JSE-Noteringsvereistes vereis dat

genoteerde maatskappye aan die aanbevelings van King III moet voldoen.

Die Direksie se bestuurpraktyke is gegrond op die handhawing

van die beginsels van dissipline, verantwoordelikheid, billikheid,

sosiale verantwoordelikheid, deursigtigheid, en die aanspreeklikheid

van die direkteure teenoor alle wesenlike belanghebbendes. Hierdie

beginsels word weerspieël in die Groep se sakebeginsels, interne

beheermeganismes en beleid.

Die direkteure van Shoprite Holdings glo dat die Maatskappy

gedurende die finansiële jaar onder beskouing aan al die beduidende

vereistes van King III voldoen het. Gevalle waar ons nie daaraan

voldoen het nie, word in die jaarverslag verklaar en verduidelik.

DIREKSIE

Die besonderhede van individuele bywoning van direksievergaderings

word hieronder uiteengesit:

NIE-UITVOERENDE DIREKTEURE 23/08/2010 02/11/2010 21/02/2011 24/05/2011

CH WIESE √ √ √ √

EC KIESWETTER √ √ √ x

JA LOUW x √ √ √

JF MALHERBE √ √ √ √

JG RADEMEYER √ √ √ √

UITVOERENDE DIREKTEURE 23/08/2010 02/11/2010 21/02/2011 24/05/2011

JW BASSON √ √ √ √

CG GOOSEN √ √ √ √

B HARISUNKER √ √ √ √

AE KARP √ √ x √

EL NEL √ √ √ √

BR WEYERS √ √ √ √

Direksievergaderings

Die Direksie het vier (4) maal gedurende die jaar vergader om sake

van strategiese belang te oorweeg, finansiële resultate en begrotings

goed te keur, en die prestasie van die Groep, die uitvoerende direkteure

en die senior bestuur te monitor. Bykomende vergaderings

word gehou wanneer dit nodig geag word. Die verslae van die

Voorsitter en elke komitee, sowel as ’n aantal sleutel prestasie-

indikators word oorweeg.

Die Voorsitter is verantwoordelik vir die opstel van die agenda vir

elke vergadering in oorleg met die Hoof-Uitvoerende Beampte en die

SHOPRITE HOLDINGS BPK GEÏNTEGREERDE VERSLAG 2011

Maatskappysekretaris . Direksievergaderings word vroegtydig

geskeduleer en die bestuur verseker dat die direksielede van al die

tersaaklike inligting voorsien word om hulle in staat te stel om

ingeligte besluite te maak.

Direksiestruktuur

Shoprite Holdings het ’n unitêre direksie van 11 direkteure wat ’n

toesig- en beheerfunksie vervul. Die direksie se verantwoordelikhede

word uiteengesit in die direksiehandves, met ’n duidelike verdeling

van verantwoordelikhede.

Die direksie bestaan uit vyf nie-uitvoerende direkteure, wat die

Voorsitter insluit, en ses uitvoerende direkteure. Vier van die nie-uitvoerende

direkteure is onafhanklik, soos in King III omskryf. Aangesien

die Voorsitter nie onafhanklik is nie, het die direksie ’n leidende onafhanklike

direkteur, Mnr JG Rademeyer, aangestel. Die Voorsitter en die

Besturende Direkteur het afsonderlike rolle, wat ’n duidelike verdeling

van verantwoordelikhede verseker.

Direksiekomitees staan die Direksie by om hul uitgesproke doelwit

te bereik. Die rolle en verantwoordelikhede van elkeen van dié komitees

is in formele opdragdokumente opgeteken. Die Ouditkomitee het

bykomende verantwoordelikhede uit hoofde van die Maatskappywet.

Gedurende die jaar is veranderinge aan die opdrag dokumente aangebring

om die bykomende JSE-Noteringsvereistes daarin op te neem.

Verantwoordelikhede van die Direksie

Die algemene magte van die direkteure word in die Memorandum van

Inkorporasie van die Maatskappy vervat. Daarbenewens word die

manier waarop die Direksie en die individuele lede hul verpligtinge

nakom deur die direksiehandves gereguleer, en sit die handves ook die

omvang van die gesag, verantwoordelikheid, samestelling en funksionering

van die Direksie uiteen. Die handves word van tyd tot tyd hersien.

Die oogmerk van die direksiehandves is voorts om te verseker dat

alle direksielede hul verpligtinge en verantwoordelikhede, sowel as

die tersaaklike wetgewing, regulasies en beste praktyke wat hul

gedrag lei, verstaan.

As toesighouer oor korporatiewe bestuur, verseker die Direksie dat

die Groep se sake in ooreenstemming met gesonde korporatiewe

bestuursbeginsels bedryf word. Hulle keur ook strategiese planne goed

en verskaf doeltreffende leierskap aan die bestuur deur die monitering

van bedryfsprestasie wat met die Maatskappy se waardes strook.

Voorsitter en Hoof-Uitvoerende Beampte

Die verantwoordelikhede van die Voorsitter en die Hoof-Uitvoerende

Beampte is duidelik geskei.

In sy hoedanigheid as nie-uitvoerende Voorsitter, verskaf

Dr CH Wiese leierskap aan die Direksie. Hy verseker dat die Direksie

doelmatig en gefokus bly, en dat dit doeltreffend as ’n eenheid

funksioneer. Hy tree op as fasiliteerder by direksievergaderings,

verseker ’n vrye meningsvloei, en poog om besprekings só te lei

dat die beste uitkomste daaruit voortvloei.

Die Hoof-Uitvoerende Beampte, Dr JW Basson, doen verslag aan

die Direksie en is verantwoordelik vir die daaglikse sake van die

Groep, sowel as die formulering en inwerkingstelling van strategieë

wat deur die Direksie goedgekeur word. Hy word bygestaan deur die

hoofbestuurders van verskeie bedryfseenhede.

Direkteure

Alle die nie-uitvoerende direkteure, buiten die Voorsitter, is

onafhanklik, soos omskryf in King III. Die Direksie oorweeg en

herbevestig die onafhanklikheid van direkteure op ’n jaarlikse

grondslag deur middel van die Nominasiekomitee. Faktore soos die

onafhanklike aard en oordeelsvermoë van dié direkteure, en die

bestaan van enige verhoudings of omstandighede wat sou neig om

hul onafhanklikheid te beïnvloed, word oorweeg.

Ten einde hul onafhanklikheid en integriteit te handhaaf, maak direkteure

alle wesenlike belange openbaar soos en wanneer hulle ontstaan.

Nie-uitvoerende direkteure het onbeperkte toegang tot die

bestuur en alle inligting, rekords en dokumente van die Maatskappy,

en mag afsonderlik met die bestuur vergader sonder dat die

uitvoerende direkteure teenwoordig is.

Die Maatskappy bied ’n formele oriënteringsprogram aan vir

nuwe direksielede wat deur die Maatskappysekretaris bestuur word.

Direkteure word van alle nodige dokumente voorsien om hulself te

vergewis van dié aspekte wat die Direksie beïnvloed. Die direkteure

mag, op die Maatskappy se onkoste, professionele advies inwin oor

enige aangeleenthede wat die Groep se sake raak.

Die Direksie, in oorleg met die Nominasiekomitee, is van mening

dat die vaardighede, kennis en ervaring van die direkteure in die

geheel toepaslik is vir die nakoming van hul verantwoordelikhede

teenoor die belanghebbendes in die Maatskappy.

Aanstelling van direkteure

Die Direksie in die geheel is verantwoordelik vir die aanstelling van

direkteure. Hulle word hierin bygestaan deur die Nominasiekomitee,

wat aanbevelings doen oor die aanstelling van nuwe uitvoerende en

nie-uitvoerende direkteure, insluitend aanbevelings oor die samestelling

van die Direksie in die algemeen, en die balans tussen

uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure.

Daar is geen vaste aanstellingstermyn vir direkteure nie.

Ingevolge die Maatskappy se Memorandum van Inkorporasie moet

direkteure minstens eenkeer elke drie (3) jaar op ’n rotasiegrondslag

uittree, maar kan hulself beskikbaar stel vir herverkiesing deur

aandeelhouers. ’n Direkteur mag nie dié amp vir langer as drie (3)

opeenvolgende jare beklee sonder om hom-/haarself vir herverkiesing

beskikbaar te stel nie. Dr CH Wiese en Mnre JF Malherbe,

JA Louw en BR Weyers sal by die algemene jaarvergadering uittree,

maar stel hulself vir herverkiesing beskikbaar.

MAATSKAPPYSEKRETARIS

Die Maatskappysekretaris is ’n sentrale bron van inligting en advies,

beide vir die Direksie en binne die Maatskappy in die algemeen,

rakende etiese gedrag en goeie bestuurspraktyke. Tesame met

beleggersverhoudinge bewerkstellig die Maatskappysekretaris ’n

kommunikasieskakel met beleggers, en skakel met die Maatskappy

se oordragsekretarisse oor alle sake wat aandeelhouers raak.

Die Maatskappysekretaris is daarvoor verantwoordelik om te

verseker dat die Direksie voldoen aan alle toepaslike statute, regulasies

en prosedures. Al die direkteure het onbeperkte toegang tot

die raad en dienste van die Maatskappysekretaris, en ten einde te

verseker dat die Direksie doeltreffend funksioneer, het al die direkteure

ook volle en tydige toegang tot tersaaklike inligting wat hulle

help om hul verpligtinge doeltreffend na te kom. Nà oorlegpleging

met die Voorsitter van die Direksie, is direkteure daarop geregtig

om, op die Maatskappy se onkoste, onafhanklike professionele

advies in te win. Geen direkteur het hierdie reg gedurende die

afgelope jaar uitgeoefen nie.

Die Maatskappysekretaris kommunikeer en moniteer ook

voldoening aan, onder andere, die Groep se verhandelingsverbod

om te verseker dat geen werknemer, of uitvoerende of nie-uitvoerende

direkteur toegelaat word om die Maatskappy se effekte te

verhandel gedurende geslote tydperke nie.

Die Maatskappysekretaris is ook die voldoeningsbeampte en

verseker dat ooreenkomstig spesifieke wetgewing, die verrigtinge

en sake van die Direksie en sy lede, die Groep self, en, waar

toepaslik, die eienaars van effekte in die Maatskappy, na behore

geadministreer word.

Daarbenewens verseker die Maatskappysekretaris ook voldoening

aan die reëls en Noteringsvereistes van die JSE Beperk, en die

s tatutêre vereistes wat verband hou met die Maatskappy en sy filiale.

Die Maatskappysekretaris dien as sekretaris vir die direksiekomitees,

soos vereis deur King III.

KORPORATIEWE BESTUURSPRAKTYKE

Die Groep se korporatiewe bestuurspraktyke is geanker in:

Etiese en morele gedrag

Die Groep is verbind daartoe om die hoogste vlakke van etiese

gedrag onder sy direkteure, bestuur en werknemers te bevorder.

Ooreenkomstig hierdie oogmerk, en in belang van gesonde korporatiewe

bestuur, is die gedragskode onderhewig aan gereelde

hersiening. Hierdie gedragskode stel die standaard daar wat verwag

word in alle omgang met klante, werknemers, mededingers, verskaffers,

die gemeenskap, en aandeelhouers. Daar word van alle werknemers

verwag om te alle tye aan hierdie kode te voldoen.

Ten tyde van hul oriëntering ontvang alle nuwe werknemers

opleiding in die gedragskode. Die Groep se menslike hulpbronneafdeling

moniteer die nakoming van die kode oor die hele Groep,

verseker dat klagtes opgevolg word, en sien toe dat dissiplinêre

optrede volg, waar nodig. Werknemers en ander belanghebbendes

mag voorvalle van onwettige of onetiese gedrag naamloos by die

blitslyn vir naamlose wenke (“Tip-offs Anonymous”) aanmeld.

Dié lyn word deur ’n derdepartydiensverskaffer bestuur en alle

bewe rings word deur toegewyde spesialiste ondersoek.

Die Groep pas dieselfde gedragskode toe by al sy filiale,

insluitende dié buite die Republiek van Suid-Afrika.

Enige oortredings van die Groep se gedragskode gedurende die

2010/11-finansiële jaar is op toepaslike wyse kragtens die

gedragskode aangespreek .

Kommunikasie met belanghebbende partye

Die Groep strewe daarna om deursigtige, oop en duidelike

kommunikasie met alle wesenlike belanghebbendes te handhaaf.

Kommunikasie met sodanige belanghebbendes het nog altyd ’n

belangrike deel van die Groep se korporatiewe bestuurspraktyk

gevorm. Finansiële en nie-finansiële inligting word op ’n tydige en

akkurate wyse aan die betrokke belanghebbendes deurgegee, en die

uitvoerende direkteure en senior bestuur hou gereelde aanbiedings

vir institusionele beleggers, analiste en die media. Die korporatiewe

webwerf, (http://www.shopriteholdings.co.za), kommunikeer die

mees onlangse finansiële en bedryfsdata van die Groep, sowel as

tersaaklike historiese inligting.

Belanghebbendes word aangemoedig om die algemene jaarvergadering,

wat aan aandeelhouers die geleentheid bied om tersaaklike

vrae te opper en met direkteure oorleg te pleeg, by te woon. ’n

Opsomming van die verrigtinge van die algemene jaarvergadering en

die uitkoms van stemming oor besprekingspunte word onmiddellik

na afloop van die algemene jaarvergadering op SENS gepubliseer.

33

34

Korporatiewe Bestuursverslag (vervolg)

Die Direksie is nie bewus van enige wesenlike versoeke ingevolge

die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting waaraan hetsy

voldoen is of wat afgekeur is nie.

Binnekringhandel en pryssensitiewe inligting

Die Shoprite Groep het ’n geslote-tydperkbeleid daargestel om

aandeelverhandelinge deur die Groep se direkteure en werknemers

te bestuur.

Direkteure en werknemers wat toegang tot pryssensitiewe

inligting mag hê, word verbied om Shoprite-aandele te verhandel

gedurende ’n tydperk van een (1) week vóór die einde van die

tussentydse en jaareind-finansiële tydperke, tot en met die uitreiking

van die Groep se tussentydse en finale resultate.

Ingevolge dié beleid, sluit “aandele” opsies, finansiële instrumente

en effekte, soos omskryf in die JSE-Noteringsvereistes, in.

Die direksie mag, waar toepaslik, bykomende geslote tydperke oplê.

Kragtens die beleid stuur die Maatskappysekretaris gereeld

skriftelike kennisgewings, wat die bepalings van die

JSE-Noteringsvereistes en die Wet op die Verhandeling van

Sekuriteite, 36 van 2004, beklemtoon en daaraan herinner dat

verhandeling in Shoprite-aandele gedurende bepaalde geslote

tydperke verbode is, aan alle direkteure en die senior bestuur oor

die hele Groep.

Waar die direkteure, en die direkteure van die hoofbedryfsfiliaal,

aandele van die Maatskappy verhandel, word hierdie transaksies

openbaar gemaak, soos vereis deur die JSE-Noteringsvereistes.

Die direksie het ook ’n formele goedkeuringsraamwerk daargestel,

ingevolge waarvan direkteure en plaasvervangende direkteure

geskrewe goedkeuring van die Voorsitter of ’n senior direkteur moet

kry om die Maatskappy se aandele te verhandel. Die Voorsitter moet

op sy beurt sodanige geskrewe goedkeuring van die leidende

onafhanklike direkteur bekom, en die Hoof-Uitvoerende Beampte

van die Voorsitter.

Direkteure word verplig om die Maatskappysekretaris van enige

verhandeling van Maatskappy-aandele in kennis te stel. Hierdie

inligting word dan binne 48 uur ná sodanige verhandeling op SENS

bekend gemaak.

INTERNE REKENPLIGTIGHEID

Die bates van die Groep is verseker teen verlies met dekking wat

voorafbepaalde vlakke van self-versekering oortref. In die geval van

ramphersteltoestande sal gedetailleerde besigheidskontinuïteitsplanne

verseker dat die Groep se sakebedrywighede kan voortgaan

met die minste moontlike ontwrigting.

Wetlike en regulatoriese voldoening

Weens die gereelde wysigings aan die regulatoriese raamwerk in

Suid-Afrika is voldoening van groot belang.

Die voldoeningsfunksie ressorteer onder die Maatskappysekretaris.

Dié funksie is verantwoordelik vir die algemene

monitering van regulatoriese vereistes en is ook betrokke by die

implementering van nuutuitgevaardigde wetgewing.

Die volgende kodes en wetgewing het die grootste uitwerking op die

Groep gehad gedurende die verslagtydperk:

– King III ;

– die Maatskappywet 71 van 2008 (soos gewysig);

– die Wet op Verbruikersbeskerming;

SHOPRITE HOLDINGS BPK GEÏNTEGREERDE VERSLAG 2011

– die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en

Ontsmettingsmiddels;

– die Wet op Standaarde; en

– die Wet op die Regulering van Onderskepping van Kommunikasie

(“RICA”).

’n Omvattende oorsig van die Wet op Verbruikersbeskerming is

onderneem en die werknemers van die Groep is opgelei om te

verseker dat hulle die nuwe vereistes verstaan en kan implementeer.

Die Groep het ook ’n oorsig van die Maatskappywet gedoen en

het verskeie maatreëls ingestel om voldoening aan dié wet te

verseker.

Die Direksie moniteer voldoening deur middel van

komiteeverslae, wat inligting oor enige beduidende omgang met

sleutelbelanghebbendes, insluitende reguleerders, insluit, en die

werksaamhede van die Oudit-en-Risikokomitee.

Anti-mededingende gedrag

Die Groep doen nie mee aan praktyke wat ander mag verhinder om met

ons mee te ding of wat klante nadelig mag beïnvloed nie.

Eksterne regsadviseurs is aangestel om die direkteure en bestuur

van raad te bedien oor kwessies wat uit die Wet op Mededinging

voortspruit. Hierdie adviseurs is tans besig om ’n mededingingsvoldoeningsraamwerk

en -program vir die Groep te ontwikkel.

Gedurende die verslagtydperk het die Kompetisiekommissie

(“die Kommissie”) ’n klag van beweerde anti-mededingende gedrag

teen Computicket (Edms) Bpk vir verhoor na die Kompetisietribunaal

verwys. Die Kommissie se ondersoek na die beweerde anti-mededingende

gedrag van verskeie voedselkleinhandelaars duur steeds

voort.

Politieke donasies en verbande

Die Groep ondersteun demokrasie in Suid-Afrika, maar maak nie

donasies aan individuele politieke partye nie.

TOEPASSING EN VERDUIDELIKING VAN KING III-

BEGINSELS

Maatskappye wat op die JSE genoteer is, moet die toepassing van

die King III-beginsels rapporteer en bekend maak. Die beginsels wat

nie toegepas is nie word daarom hieronder verduidelik:

– Beginsel 2.16 beveel aan dat die voorsitter van die direksie

onafhanklik behoort te wees. Die Direksie het hierdie kwessie in

oorweging geneem en is van mening dat die vaardighede, kennis

en ervaring van Dr CH Wiese hom in staat stel om ’n belangrike

bydrae te lewer tot die funksionering en doeltreffendheid van die

Direksie. ’n Leidende onafhanklike direkteur is egter aangestel.

– Beginsel 2.18 vereis dat die Direksie ’n magsewewig moet vorm,

met ’n meerderheid van nie-uitvoerende direkteure, en dat die

meerderheid van nie-uitvoerende direkteure onafhanklik behoort

te wees. ’n Proses van herstrukturering van die Direksie in tans

onderweg en daar word beoog om teen 30 Junie 2012 aan hierdie

beginsel te voldoen.

– Beginsel 2.22: Die beoordeling van die Direksie, sy komitees en

individuele direkteure behoort elke jaar uitgevoer te word. Die

Groep voldoen nie aan hierdie beginsel nie, maar sal die nodige

maatreëls in werking stel om voldoening te verseker.

Verslag van die Oudit-en-Risikokomitee

INLEIDING

Ons lê hiermee graag ons verslag vir die finansiële jaar geëindig

30 Junie 2011 aan aandeelhouers voor. Die Oudit-en-Risikokomitee

(“die Ouditkomitee”) is ’n onafhanklike statutêre komitee wat

aan gestel word deur die direksie, wie pligte en verantwoordelikhede

aan die Ouditkomitee delegeer.

Gedurende die tydperk onder beskouing het die Ouditkomitee

veranderinge aan sy bestuursbeleid gemaak ten einde te voldoen

aan die beginsels vervat in die King-Kode van Bestuursbeginsels

(“King III”)

Die opdrag van die Ouditkomitee is geformaliseer in ’n handves

wat deur die direksie goedgekeur is. Gedurende die tydperk onder

beskouing het die Ouditkomitee sy sake in ooreenstemming met die

handves bedryf en het hy sy verantwoordelikhede nagekom soos wat

vereis word deur die handves, die Maatskappywet 71 van 2008 (soos

gewysig) (“die Maatskappywet”), en die wesenlike vereistes van

King III. Gevalle waar King 111-vereistes nie toegepas is nie, word in

hierdie verslag verduidelik.

OUDITKOMITEELEDE, BYWONING VAN

VERGADERINGS EN BEOORDELING

Die Ouditkomitee vergader minstens vier (4) maal per jaar, soos vereis

in die handves. Ten einde aan die vereistes van die Maatskappywet te

voldoen, het die direksie ’n derde lid, Mnr JA Louw, aangewys om op

die Ouditkomitee te dien met effek vanaf 24 Mei 2011.

NIE-UITVOERENDE

DIREKTEURE 16/08/2010 01/11/2010 18/02/2011 23/05/2011

JG RADEMEYER √ √ √ √

JF MALHERBE √ √ √ √

Die vergaderings van die Ouditkomitee is deur interne en eksterne

ouditeure bygewoon. Sekere uitvoerende direkteure en senior bestuurslede

het die bogenoemde vergaderings op uitnodiging bygewoon.

Die agendas van die Ouditkomitee maak voorsiening vir vertroulike

vergaderings tussen lede van die Ouditkomitee en interne en

eksterne ouditeure.

ROLLE EN VERANTWOORDELIKHEDE

Gedurende die tydperk onder beskouing het die Ouditkomitee die

statutêre verpligtinge, soos vereis deur die Maatskappywet, die

verpligtinge soos aanbeveel in King III, sowel as verskeie bykomende

verantwoordelikhede wat deur die direksie aan die Ouditkomitee

opgedra is, uitgevoer.

Aanstelling en onafhanklikheid van die eksterne ouditeur

Die Ouditkomitee het hulself daarvan vergewis dat die eksterne

ouditeur, PricewaterhouseCoopers Ingelyf (PwC), sy verpligtinge

onafhanklik uitgevoer het en dat die bestuur geen beperkinge op

PwC geplaas het in die uitvoering van sy pligte gedurende die tydperk

onder beskouing nie.

Die Ouditkomitee het, in oorleg met die Groep se uitvoerende

bestuur, ingestem tot die bepalings van PwC se aanstellingsbrief,

ouditplan en begrote ouditfooie vir die 2011-finansiële jaar.

Die proses waarvolgens PwC nie-ouditdienste verskaf, word deur

’n formele raamwerk bestuur. Die Ouditkomitee het die bepalings

van ’n hoof- diensooreenkoms vir die verskaffing van nie-ouditdienste

deur PwC, sowel as die aard en omvang van nie-ouditdienste wat

verskaf mag word ingevolge ’n vooraf-goedkeuringsbeleid,

goedgekeur.

Die Ouditkomitee benoem PwC vir heraanstelling by die algemene

jaarvergadering (AJV) van Shoprite Holdings, en Mnr A Wentzel

as die aangewese vennoot om die funksies van die eksterne ouditeur

te vervul, tot en met die 2012-AJV. Die Ouditkomitee het hulself

daarvan vergewis dat beide PwC en Mnr Wentzel soos vereis word

by die JSE Beperk geakkrediteer is.

Finansiële state en rekeningkundige praktyke

Die Ouditkomitee het die tussentydse en jaareind-finansiële verslae

van die Groep nagegaan en by die direksie aanbeveel dat dit

goedgekeur word. By die hersiening van die finansiële verslae

het die Ouditkomitee die volgende in ag geneem:

– die rekeningkundige beleid en finansiële state, ten einde

voldoening aan die Internasionale Finansiële

Verslagdoeningstandaarde en die tersaaklike vereistes van die

Maatskappywet te verseker; en

– die ouditverslag wat deur die eksterne ouditeur uitgereik is.

Interne kontroles

’n Interne oudit het die doeltreffendheid van die Groep se interne

kontroles en risikobeheerprosedures beoordeel. Hierdie beoordeling

het die grondslag gelê vir die Ouditkomitee se aanbeveling in hierdie

verband aan die direksie.

Die bestuur, interne en eksterne oudit het ooreengekom op ’n

gekombineerde sekerheidsmodel ten einde die partye in staat te stel

om verslag te doen aan die Ouditkomitee oor die doeltreffendheid

van die Groep se interne finansiële kontroles en dat geen wesenlike

oortreding of nie-nakoming in hierdie verband plaasgevind het nie.

Geen wesenlike oortreding of nie-nakoming van die interne

kontroles is gedurende die tydperk onder beskouing aangemeld nie.

Geïntegreerde en volhoubaarheidsverslagdoening

Die Ouditkomitee het die volhoubaarheidsinligting wat deel van die

Groep se Geïntegreerde Verslag vorm in oënskou geneem, en het die

ooreenstemming daarvan met bedryfs- en ander inligting waaroor die

Ouditkomiteelede beskik, sowel as met die Groep se jaarlikse

finansiële state, beoordeel.

Die Ouditkomitee het hulself daarvan vergewis dat die bostaande

inligting met die Groep se finansiële resultate strook en het dus

aanbeveel dat die Groep se Geïntegreerde Verslag deur die direksie

goedgekeur word.

Lopende saak

Die Ouditkomitee het dokumente (insluitende kernaannames)

rakende die lopendesaak-status van die Groep, soos dit deur die

bestuur voorberei is, nagegaan. Die direksie se verklaring oor die

lopendesaak-status van die Groep, soos ondersteun deur die

Ouditkomitee, is in die direkteursverslag vervat.

Risikobestuur

Hoewel die direksie algehele verantwoordelikheid vir die handhawing

van ’n doeltreffende risikobestuursproses dra, het die Ouditkomitee

die direksie bygestaan in die beoordeling van die toereikendheid van

die risikobestuursproses.

Gedurende die verslagtydperk het die risikoforum (’n bestuurskomitee

bestaande uit senior bestuurders uit alle sake-eenhede),

onder toesig van die Ouditkomitee, die ondernemingswye risiko-

35

36

Verslag van die Oudit-en-Risikokomitee (vervolg)

bestuursplan (OWRB) hersien en bygewerk. Hierdie OWRB is by alle

sake-eenhede geïmplementeer ten einde te verseker dat die senior

bestuur die risiko’s wat verband hou met hul onderskeie sakeeenhede,

sowel as die beheermeganismes wat nodig is om sodanige

risiko’s te verminder, verstaan.

Die Ouditkomitee is tevrede dat die bestuur alle risiko’s deur middel

van ’n ondernemingswye risikobepaling in heroorweging geneem het

gedurende die 2011-finansiële jaar. Die top-20 risiko’s wat hieruit voortgevloei

het, en wat nou deel vorm van individuele OWRB’e, is genoegsaam

deur die Groep se verskeie sake-eenhede aangespreek.

Interne oudit

Die Ouditkomitee is verantwoordelik daarvoor om te verseker dat die

Groep se interne ouditfunksie onafhanklik is en oor die nodige hulpbronne,

gesag en bevoegdheid binne die Groep beskik om hul verantwoordelikhede

behoorlik na te kom. Voorts hou die Ouditkomitee

toesig oor samewerking tussen die interne en eksterne ouditeure, en

dien as skakel tussen die direksie en hierdie funksies.

Die interne ouditfunksie doen sentraal verslag en is verantwoordelik

daarvoor om die toereikendheid van die interne kontroleomgewing

oor alle belangrike areas van die Groep se bedrywighede

na te gaan en daaroor sekerheid te bied. Die interne ouditbestuurder

is verantwoordelik daarvoor om kwartaalliks aan die Ouditkomitee

verslag te doen oor die vordering en bevindinge van die interne

ouditwerk aan die hand van die Groep se goedgekeurde ouditplan.

Die interne ouditbestuurder het direkte toegang tot die

Ouditkomitee, hoofsaaklik deur die voorsitter.

Verslag van die Nominasiekomitee

Die Nominasiekomitee vergader na goeddunke van die komitee.

Nietemin vergader die komitee ten minste eenmaal per jaar.

Die hoofdoel van die komitee is om die Direksie by te staan om te

verseker dat die aanstelling van direkteure volgens ’n formele en

deursigtige prosedure geskied.

Die Nominasiekomitee bestaan tans uit twee nie-uitvoerende

direkteure, waarvan een onafhanklik is.

Die volgende direkteure het op die Nominasiekomitee, ’n subkomitee

van die Direksie, gedien:

Dr CH Wiese – Voorsitter (nie-uitvoerend); en

Mr JA Louw – Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur.

Die besonderhede van die bywoning van vergaderings van die

Nominasiekomitee deur die lede is soos volg:

SHOPRITE HOLDINGS BPK GEÏNTEGREERDE VERSLAG 2011

Die Ouditkomitee is tevrede dat die interne oudit van die Groep

gedurende die tydperk onder beskouing voldoen het aan die vereiste

regs-, regulatiewe en ander verantwoordelikhede soos vervat in hul

handves.

Bestuur van informasietegnologie (IT)

As deel van die Groep se IT-bestuursraamwerk is ’n formele

IT-bestuurshandves en –beleid geformuleer en geïmplementeer

gestel. Hierdie handves en beleid stippel die besluitnemingsregte en

die raamwerk vir aanspreeklikheid vir IT-bestuur binne die Groep uit.

BEOORDELING VAN DIE KUNDIGHEID EN ERVARING VAN

DIE FINANSIËLE DIREKTEUR EN FINANSIESFUNKSIE

Die Ouditkomitee het hulself daarvan vergewis dat die finansiële

direkteur, Mnr CG Goosen, oor die toepaslike kundigheid en ervaring

beskik om in hierdie hoedanigheid op te tree.

Die Ouditkomitee is ook tevrede dat die Groep-finansiesfunksie

oor die vereiste kundigheid en toereikende hulpbronne beskik om die

Groep-finansiesfunksie uit te voer.

JG Rademeyer

Chairman

26 August 2011

DIREKTEUR

24/05/2011

CH WIESE √

JA LOUW √

Die komitee se opdragdokument is gedurende die jaar hersien en

bygewerk.

’n Derde van die direkteure sal op rotasiegrondslag uittree by

die komende algemene jaarvergadering. Dr CH Wiese en Mnre

JF Malherbe, JA Louw en BR Weyers moet by die komende

algemene jaarvergadering op rotasiegrondslag uittree, en het,

synde herkiesbaar, hulself vir herverkiesing beskikbaar gestel.

Aandeelhouers word aanbeveel om hulle te herkies.

Die Nominasiekomitee is van mening dat hulle hul verantwoordelikhede

vir die afgelope finansiële jaar ooreenkomstig die

komitee se opdragdokument nagekom het.

Verslag van die Vergoedingskomitee

Die Vergoedingskomitee is ’n subkomitee van die Direksie en

bestaan uit twee nie-uitvoerende direkteure. Die volgende direkteure

het gedurende die verslagtydperk op die komitee gedien:

– CH Wiese: Nie-uitvoerende Voorsitter

– JA Louw: Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur

Die Hoof-Uitvoerende Beampte en die Adjunk-Besturende Direkteur

woon die vergaderings van die komitee op uitnodiging by om dit van

raad te bedien oor vergoeding en ander verwante sake.

Die komitee funksioneer ingevolge ’n handves wat formeel deur

die Direksie goedgekeur is. Die vernaamste verantwoordelikhede van

die komitee kan soos volg opgesom word:

– die oorweging en goedkeuring van die vergoeding van

uitvoerende beamptes en ander bestuurslede;

– die goedkeuring van enige veranderinge in die struktuur van die

kort- of langtermynaansporingskemas van die Groep;

– die doen van aanbevelings aan die Direksie rakende die

vergoeding betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure.

Die komitee is onder voorsitterskap van ’n nie-uitvoerende direkteur

en vergader na goeddunke van die komitee, maar minstens eenmaal

per jaar. Verdere vergaderings mag belê word deur die voorsitter of

enige ander lid van die komitee.

Die komitee is van mening dat hulle hul verantwoordelikhede vir

die tydperk onder beskouing ooreenkomstig die komitee se opdragdokument

nagekom het.

BYWONING VAN VERGOEDINGSKOMITEE-

VERGADERINGS

Die besonderhede van die bywoning van vergaderings van die

komitee deur die lede is soos volg:

DIREKTEUR

05/07/2011

CH WIESE √

JA LOUW x

NIE-UITVOERENDE DIREKTEURSFOOIE

Nie-uitvoerende direkteure ontvang fooie vir diens gelewer op die

Direksie en direksiekomitees.

Die fooie betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure word deur die

komitee aan die Direksie aanbeveel. Die Direksie beveel hierdie fooie

aan vir die goedkeuring van aandeelhouers tydens die algemene

jaarvergadering. Die fooie beloon die direkteure billikerwys vir die tyd,

kundigheid en diens wat hulle aan die Direksie verskaf, en word

gebaseer op ’n jaarlikse prestasiemeting van nie-uitvoerende

direkteursfooie.

Geen aansporingsfooie is gedurende die verslagtydperk aan

nie-uitvoerende direkteure toegeken nie.

37

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!