05.05.2013 Views

Korporatiewe Bestuursverslag - Shoprite

Korporatiewe Bestuursverslag - Shoprite

Korporatiewe Bestuursverslag - Shoprite

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

herbevestig die onafhanklikheid van direkteure op ’n jaarlikse

grondslag deur middel van die Nominasiekomitee. Faktore soos die

onafhanklike aard en oordeelsvermoë van dié direkteure, en die

bestaan van enige verhoudings of omstandighede wat sou neig om

hul onafhanklikheid te beïnvloed, word oorweeg.

Ten einde hul onafhanklikheid en integriteit te handhaaf, maak direkteure

alle wesenlike belange openbaar soos en wanneer hulle ontstaan.

Nie-uitvoerende direkteure het onbeperkte toegang tot die

bestuur en alle inligting, rekords en dokumente van die Maatskappy,

en mag afsonderlik met die bestuur vergader sonder dat die

uitvoerende direkteure teenwoordig is.

Die Maatskappy bied ’n formele oriënteringsprogram aan vir

nuwe direksielede wat deur die Maatskappysekretaris bestuur word.

Direkteure word van alle nodige dokumente voorsien om hulself te

vergewis van dié aspekte wat die Direksie beïnvloed. Die direkteure

mag, op die Maatskappy se onkoste, professionele advies inwin oor

enige aangeleenthede wat die Groep se sake raak.

Die Direksie, in oorleg met die Nominasiekomitee, is van mening

dat die vaardighede, kennis en ervaring van die direkteure in die

geheel toepaslik is vir die nakoming van hul verantwoordelikhede

teenoor die belanghebbendes in die Maatskappy.

Aanstelling van direkteure

Die Direksie in die geheel is verantwoordelik vir die aanstelling van

direkteure. Hulle word hierin bygestaan deur die Nominasiekomitee,

wat aanbevelings doen oor die aanstelling van nuwe uitvoerende en

nie-uitvoerende direkteure, insluitend aanbevelings oor die samestelling

van die Direksie in die algemeen, en die balans tussen

uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure.

Daar is geen vaste aanstellingstermyn vir direkteure nie.

Ingevolge die Maatskappy se Memorandum van Inkorporasie moet

direkteure minstens eenkeer elke drie (3) jaar op ’n rotasiegrondslag

uittree, maar kan hulself beskikbaar stel vir herverkiesing deur

aandeelhouers. ’n Direkteur mag nie dié amp vir langer as drie (3)

opeenvolgende jare beklee sonder om hom-/haarself vir herverkiesing

beskikbaar te stel nie. Dr CH Wiese en Mnre JF Malherbe,

JA Louw en BR Weyers sal by die algemene jaarvergadering uittree,

maar stel hulself vir herverkiesing beskikbaar.

MAATSKAPPYSEKRETARIS

Die Maatskappysekretaris is ’n sentrale bron van inligting en advies,

beide vir die Direksie en binne die Maatskappy in die algemeen,

rakende etiese gedrag en goeie bestuurspraktyke. Tesame met

beleggersverhoudinge bewerkstellig die Maatskappysekretaris ’n

kommunikasieskakel met beleggers, en skakel met die Maatskappy

se oordragsekretarisse oor alle sake wat aandeelhouers raak.

Die Maatskappysekretaris is daarvoor verantwoordelik om te

verseker dat die Direksie voldoen aan alle toepaslike statute, regulasies

en prosedures. Al die direkteure het onbeperkte toegang tot

die raad en dienste van die Maatskappysekretaris, en ten einde te

verseker dat die Direksie doeltreffend funksioneer, het al die direkteure

ook volle en tydige toegang tot tersaaklike inligting wat hulle

help om hul verpligtinge doeltreffend na te kom. Nà oorlegpleging

met die Voorsitter van die Direksie, is direkteure daarop geregtig

om, op die Maatskappy se onkoste, onafhanklike professionele

advies in te win. Geen direkteur het hierdie reg gedurende die

afgelope jaar uitgeoefen nie.

Die Maatskappysekretaris kommunikeer en moniteer ook

voldoening aan, onder andere, die Groep se verhandelingsverbod

om te verseker dat geen werknemer, of uitvoerende of nie-uitvoerende

direkteur toegelaat word om die Maatskappy se effekte te

verhandel gedurende geslote tydperke nie.

Die Maatskappysekretaris is ook die voldoeningsbeampte en

verseker dat ooreenkomstig spesifieke wetgewing, die verrigtinge

en sake van die Direksie en sy lede, die Groep self, en, waar

toepaslik, die eienaars van effekte in die Maatskappy, na behore

geadministreer word.

Daarbenewens verseker die Maatskappysekretaris ook voldoening

aan die reëls en Noteringsvereistes van die JSE Beperk, en die

s tatutêre vereistes wat verband hou met die Maatskappy en sy filiale.

Die Maatskappysekretaris dien as sekretaris vir die direksiekomitees,

soos vereis deur King III.

KORPORATIEWE BESTUURSPRAKTYKE

Die Groep se korporatiewe bestuurspraktyke is geanker in:

Etiese en morele gedrag

Die Groep is verbind daartoe om die hoogste vlakke van etiese

gedrag onder sy direkteure, bestuur en werknemers te bevorder.

Ooreenkomstig hierdie oogmerk, en in belang van gesonde korporatiewe

bestuur, is die gedragskode onderhewig aan gereelde

hersiening. Hierdie gedragskode stel die standaard daar wat verwag

word in alle omgang met klante, werknemers, mededingers, verskaffers,

die gemeenskap, en aandeelhouers. Daar word van alle werknemers

verwag om te alle tye aan hierdie kode te voldoen.

Ten tyde van hul oriëntering ontvang alle nuwe werknemers

opleiding in die gedragskode. Die Groep se menslike hulpbronneafdeling

moniteer die nakoming van die kode oor die hele Groep,

verseker dat klagtes opgevolg word, en sien toe dat dissiplinêre

optrede volg, waar nodig. Werknemers en ander belanghebbendes

mag voorvalle van onwettige of onetiese gedrag naamloos by die

blitslyn vir naamlose wenke (“Tip-offs Anonymous”) aanmeld.

Dié lyn word deur ’n derdepartydiensverskaffer bestuur en alle

bewe rings word deur toegewyde spesialiste ondersoek.

Die Groep pas dieselfde gedragskode toe by al sy filiale,

insluitende dié buite die Republiek van Suid-Afrika.

Enige oortredings van die Groep se gedragskode gedurende die

2010/11-finansiële jaar is op toepaslike wyse kragtens die

gedragskode aangespreek .

Kommunikasie met belanghebbende partye

Die Groep strewe daarna om deursigtige, oop en duidelike

kommunikasie met alle wesenlike belanghebbendes te handhaaf.

Kommunikasie met sodanige belanghebbendes het nog altyd ’n

belangrike deel van die Groep se korporatiewe bestuurspraktyk

gevorm. Finansiële en nie-finansiële inligting word op ’n tydige en

akkurate wyse aan die betrokke belanghebbendes deurgegee, en die

uitvoerende direkteure en senior bestuur hou gereelde aanbiedings

vir institusionele beleggers, analiste en die media. Die korporatiewe

webwerf, (http://www.shopriteholdings.co.za), kommunikeer die

mees onlangse finansiële en bedryfsdata van die Groep, sowel as

tersaaklike historiese inligting.

Belanghebbendes word aangemoedig om die algemene jaarvergadering,

wat aan aandeelhouers die geleentheid bied om tersaaklike

vrae te opper en met direkteure oorleg te pleeg, by te woon. ’n

Opsomming van die verrigtinge van die algemene jaarvergadering en

die uitkoms van stemming oor besprekingspunte word onmiddellik

na afloop van die algemene jaarvergadering op SENS gepubliseer.

33

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!