05.05.2013 Views

Korporatiewe Bestuursverslag - Shoprite

Korporatiewe Bestuursverslag - Shoprite

Korporatiewe Bestuursverslag - Shoprite

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Verslag van die Vergoedingskomitee

Die Vergoedingskomitee is ’n subkomitee van die Direksie en

bestaan uit twee nie-uitvoerende direkteure. Die volgende direkteure

het gedurende die verslagtydperk op die komitee gedien:

– CH Wiese: Nie-uitvoerende Voorsitter

– JA Louw: Onafhanklike nie-uitvoerende direkteur

Die Hoof-Uitvoerende Beampte en die Adjunk-Besturende Direkteur

woon die vergaderings van die komitee op uitnodiging by om dit van

raad te bedien oor vergoeding en ander verwante sake.

Die komitee funksioneer ingevolge ’n handves wat formeel deur

die Direksie goedgekeur is. Die vernaamste verantwoordelikhede van

die komitee kan soos volg opgesom word:

– die oorweging en goedkeuring van die vergoeding van

uitvoerende beamptes en ander bestuurslede;

– die goedkeuring van enige veranderinge in die struktuur van die

kort- of langtermynaansporingskemas van die Groep;

– die doen van aanbevelings aan die Direksie rakende die

vergoeding betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure.

Die komitee is onder voorsitterskap van ’n nie-uitvoerende direkteur

en vergader na goeddunke van die komitee, maar minstens eenmaal

per jaar. Verdere vergaderings mag belê word deur die voorsitter of

enige ander lid van die komitee.

Die komitee is van mening dat hulle hul verantwoordelikhede vir

die tydperk onder beskouing ooreenkomstig die komitee se opdragdokument

nagekom het.

BYWONING VAN VERGOEDINGSKOMITEE-

VERGADERINGS

Die besonderhede van die bywoning van vergaderings van die

komitee deur die lede is soos volg:

DIREKTEUR

05/07/2011

CH WIESE √

JA LOUW x

NIE-UITVOERENDE DIREKTEURSFOOIE

Nie-uitvoerende direkteure ontvang fooie vir diens gelewer op die

Direksie en direksiekomitees.

Die fooie betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure word deur die

komitee aan die Direksie aanbeveel. Die Direksie beveel hierdie fooie

aan vir die goedkeuring van aandeelhouers tydens die algemene

jaarvergadering. Die fooie beloon die direkteure billikerwys vir die tyd,

kundigheid en diens wat hulle aan die Direksie verskaf, en word

gebaseer op ’n jaarlikse prestasiemeting van nie-uitvoerende

direkteursfooie.

Geen aansporingsfooie is gedurende die verslagtydperk aan

nie-uitvoerende direkteure toegeken nie.

37

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!