05.05.2013 Views

Korporatiewe Bestuursverslag - Shoprite

Korporatiewe Bestuursverslag - Shoprite

Korporatiewe Bestuursverslag - Shoprite

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Verslag van die Oudit-en-Risikokomitee

INLEIDING

Ons lê hiermee graag ons verslag vir die finansiële jaar geëindig

30 Junie 2011 aan aandeelhouers voor. Die Oudit-en-Risikokomitee

(“die Ouditkomitee”) is ’n onafhanklike statutêre komitee wat

aan gestel word deur die direksie, wie pligte en verantwoordelikhede

aan die Ouditkomitee delegeer.

Gedurende die tydperk onder beskouing het die Ouditkomitee

veranderinge aan sy bestuursbeleid gemaak ten einde te voldoen

aan die beginsels vervat in die King-Kode van Bestuursbeginsels

(“King III”)

Die opdrag van die Ouditkomitee is geformaliseer in ’n handves

wat deur die direksie goedgekeur is. Gedurende die tydperk onder

beskouing het die Ouditkomitee sy sake in ooreenstemming met die

handves bedryf en het hy sy verantwoordelikhede nagekom soos wat

vereis word deur die handves, die Maatskappywet 71 van 2008 (soos

gewysig) (“die Maatskappywet”), en die wesenlike vereistes van

King III. Gevalle waar King 111-vereistes nie toegepas is nie, word in

hierdie verslag verduidelik.

OUDITKOMITEELEDE, BYWONING VAN

VERGADERINGS EN BEOORDELING

Die Ouditkomitee vergader minstens vier (4) maal per jaar, soos vereis

in die handves. Ten einde aan die vereistes van die Maatskappywet te

voldoen, het die direksie ’n derde lid, Mnr JA Louw, aangewys om op

die Ouditkomitee te dien met effek vanaf 24 Mei 2011.

NIE-UITVOERENDE

DIREKTEURE 16/08/2010 01/11/2010 18/02/2011 23/05/2011

JG RADEMEYER √ √ √ √

JF MALHERBE √ √ √ √

Die vergaderings van die Ouditkomitee is deur interne en eksterne

ouditeure bygewoon. Sekere uitvoerende direkteure en senior bestuurslede

het die bogenoemde vergaderings op uitnodiging bygewoon.

Die agendas van die Ouditkomitee maak voorsiening vir vertroulike

vergaderings tussen lede van die Ouditkomitee en interne en

eksterne ouditeure.

ROLLE EN VERANTWOORDELIKHEDE

Gedurende die tydperk onder beskouing het die Ouditkomitee die

statutêre verpligtinge, soos vereis deur die Maatskappywet, die

verpligtinge soos aanbeveel in King III, sowel as verskeie bykomende

verantwoordelikhede wat deur die direksie aan die Ouditkomitee

opgedra is, uitgevoer.

Aanstelling en onafhanklikheid van die eksterne ouditeur

Die Ouditkomitee het hulself daarvan vergewis dat die eksterne

ouditeur, PricewaterhouseCoopers Ingelyf (PwC), sy verpligtinge

onafhanklik uitgevoer het en dat die bestuur geen beperkinge op

PwC geplaas het in die uitvoering van sy pligte gedurende die tydperk

onder beskouing nie.

Die Ouditkomitee het, in oorleg met die Groep se uitvoerende

bestuur, ingestem tot die bepalings van PwC se aanstellingsbrief,

ouditplan en begrote ouditfooie vir die 2011-finansiële jaar.

Die proses waarvolgens PwC nie-ouditdienste verskaf, word deur

’n formele raamwerk bestuur. Die Ouditkomitee het die bepalings

van ’n hoof- diensooreenkoms vir die verskaffing van nie-ouditdienste

deur PwC, sowel as die aard en omvang van nie-ouditdienste wat

verskaf mag word ingevolge ’n vooraf-goedkeuringsbeleid,

goedgekeur.

Die Ouditkomitee benoem PwC vir heraanstelling by die algemene

jaarvergadering (AJV) van Shoprite Holdings, en Mnr A Wentzel

as die aangewese vennoot om die funksies van die eksterne ouditeur

te vervul, tot en met die 2012-AJV. Die Ouditkomitee het hulself

daarvan vergewis dat beide PwC en Mnr Wentzel soos vereis word

by die JSE Beperk geakkrediteer is.

Finansiële state en rekeningkundige praktyke

Die Ouditkomitee het die tussentydse en jaareind-finansiële verslae

van die Groep nagegaan en by die direksie aanbeveel dat dit

goedgekeur word. By die hersiening van die finansiële verslae

het die Ouditkomitee die volgende in ag geneem:

– die rekeningkundige beleid en finansiële state, ten einde

voldoening aan die Internasionale Finansiële

Verslagdoeningstandaarde en die tersaaklike vereistes van die

Maatskappywet te verseker; en

– die ouditverslag wat deur die eksterne ouditeur uitgereik is.

Interne kontroles

’n Interne oudit het die doeltreffendheid van die Groep se interne

kontroles en risikobeheerprosedures beoordeel. Hierdie beoordeling

het die grondslag gelê vir die Ouditkomitee se aanbeveling in hierdie

verband aan die direksie.

Die bestuur, interne en eksterne oudit het ooreengekom op ’n

gekombineerde sekerheidsmodel ten einde die partye in staat te stel

om verslag te doen aan die Ouditkomitee oor die doeltreffendheid

van die Groep se interne finansiële kontroles en dat geen wesenlike

oortreding of nie-nakoming in hierdie verband plaasgevind het nie.

Geen wesenlike oortreding of nie-nakoming van die interne

kontroles is gedurende die tydperk onder beskouing aangemeld nie.

Geïntegreerde en volhoubaarheidsverslagdoening

Die Ouditkomitee het die volhoubaarheidsinligting wat deel van die

Groep se Geïntegreerde Verslag vorm in oënskou geneem, en het die

ooreenstemming daarvan met bedryfs- en ander inligting waaroor die

Ouditkomiteelede beskik, sowel as met die Groep se jaarlikse

finansiële state, beoordeel.

Die Ouditkomitee het hulself daarvan vergewis dat die bostaande

inligting met die Groep se finansiële resultate strook en het dus

aanbeveel dat die Groep se Geïntegreerde Verslag deur die direksie

goedgekeur word.

Lopende saak

Die Ouditkomitee het dokumente (insluitende kernaannames)

rakende die lopendesaak-status van die Groep, soos dit deur die

bestuur voorberei is, nagegaan. Die direksie se verklaring oor die

lopendesaak-status van die Groep, soos ondersteun deur die

Ouditkomitee, is in die direkteursverslag vervat.

Risikobestuur

Hoewel die direksie algehele verantwoordelikheid vir die handhawing

van ’n doeltreffende risikobestuursproses dra, het die Ouditkomitee

die direksie bygestaan in die beoordeling van die toereikendheid van

die risikobestuursproses.

Gedurende die verslagtydperk het die risikoforum (’n bestuurskomitee

bestaande uit senior bestuurders uit alle sake-eenhede),

onder toesig van die Ouditkomitee, die ondernemingswye risiko-

35

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!