01.05.2013 Views

Korporatiewe Verantwoordelikheidsverslag Volhoubaarheid - Shoprite

Korporatiewe Verantwoordelikheidsverslag Volhoubaarheid - Shoprite

Korporatiewe Verantwoordelikheidsverslag Volhoubaarheid - Shoprite

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Korporatiewe Verantwoordelikheidsverslag Volhoubaarheid

vervolg

afdelingsvlak gemonitor en die bevindings van

gereelde inspeksies van alle persele word aan

senior bestuur gemeld en deur hulle hersien.

Voedselveiligheid

Die Wet op Verbruikersbeskerming wat in die

eerste helfte van 2009 openbaar gemaak is en

voedselkleinhandelaars hoofsaaklik vir voedselveiligheid

verantwoordelik hou, het die

Groep se benadering tot dié baie belangrike

aspek van die onderneming aansienlik

verander. Voorheen het die verantwoordelikheid

vir voedselveiligheid grootliks op die vervaardiger

gerus, maar nou sal die kleinhandelaar

kragtens die nuwe wetgewing ten volle verantwoordelik

wees vir die veiligheid van die produk

wat hy verkoop. Die verantwoordelikheid rus

op hom om verskaffers se vervaardigingsprosesse

te oudit om seker te maak dat hulle aan

al die voorgeskrewe vereistes voldoen, of om

ouditsertifikate van daardie voorsieners te kry,

wat die ouditproses self aanvoer.

Daar is ’n tydperk van 12 maande voordat

die Wet van krag word. Hoewel dit as belangrike

stap in die beskerming van verbruikers

gesien word, sal die Wet ook verreikende

gevolge vir veral kleiner verskaffers hê. Dié

wat nie reeds ten volle aan die vereistes

voldoen nie, sal op groot skaal moet belê om

dit wel te doen. Dit sal hul kostestruktuur en

pryse beïnvloed en kan meebring dat hulle

onmededingend word in ’n omgewing waarin

prys ’n hoë prioriteit is. Die vereistes van die

Wet sal dus aansienlike druk op die Groep se

gevestigde beleid van voorkeurbehandeling vir

klein, middelslag- en mikro-ondernemings

(KMMOs) plaas Dit sal die Groep dwing om sy

handelsbande met dié wat nie aan alle veiligheidsregulasies

voldoen nie, te heroorweeg

omdat die Groep die veiligheid van verbruikers

nie op die spel kan plaas nie.

Om konsekwentheid met die aanwending

van sy vereistes rakende voedselveiligheid te

bewerkstellig, is ’n Groep Voedselveiligheidstelsel

ingestel wat die bedrywighede van al

die personeel, verskaffers, kontrakteurs en

diensverskaffers dek. As deel van dié proses is

’n voedselveiligheidshandboek opgestel met

besonderhede van elke aspek van die

hantering van voedsel in winkels. Die Groep

is ook nóú by die Voedselveiligheidsinisiatief

(VVI) van die Suid-Afrikaanse Raad op

Verbruikersgoedere betrokke.

Hy werk nou met produsente, vervaardigers

en gesondheidsowerhede saam om sy doelwitte

te bereik. Hy gaan al meer selektief te

36 SHOPRITE HOLDINGS BEPERK JAARVERSLAG 2009

werk wat betref die verskaffers met wie hy

sake doen en gee erkenning aan dié met

behoorlik geakkrediteerde beheermaatreëls

vir voedselveiligheid, soos die Kritieke

Beheerpunt vir Gevaarontleding (KBGO) en

ISO (Internasionale Organisasie vir Stan daardisering).

Meer as 50% van die totale produkaanbod

kom van die land se voorste voedselvervaardigers

wat reeds aan internasionale

standaarde vir voedselveiligheid voldoen, en

met wie die Groep ’n lang en hegte werkverhouding

geniet. Bepaalde reekse kom van

betroubare voorsieners in die buiteland, veral

vir die Groep se bedrywighede elders in Afrika,

en die res kom van kleiner vervaardigers.

Daar word veral aandag aan produkveiligheid

ten opsigte van die Groep se eie handelsmerke

en reekse met sy private etikette gegee.

Dit behels meer as 2 000 produklyne. Dié kom

slegs van voorsieners wat tot die beste

praktyk rakende vervaardiging verbind is. ’n

Risiko-ontledingsproses is ontwikkel wat met

internasionale praktyke strook. Al ons eie

produkte word gereeld deur onafhanklike

laboratoriums vir veiligheid getoets. Sintuigbeoordelings

van gepaste produkte wat smaak

en voorkoms betref, word maandeliks uitgevoer

en verbruikerspanele proe mededingers

se produkte gereeld om vergelykings te tref.

Die noukeurige toepassing van veiligheidsmaatreëls

vir produkte is standaardpraktyk,

veral ten opsigte van bederfbare produkte, wat

’n al hoe groter deel van verbruikers se aankope

uitmaak. Freshmark, die Groep se divisie vir die

verkryging en verspreiding van vrugte en

groente, koop meer as 95% van sy vars produkte

regstreeks van 550 plaaslike boerderye, waar

dit volgens sy spesifikasies geproduseer word.

Verreweg die meeste van dié voorsieners

voldoen aan internasionaal aanvaarbare standaarde

vir voedselveiligheid. Gereelde inspeksies

van plase, met die rug steun van onafhanklike

laboratoriumbeoordelings, verseker dat daar

ten volle voldoen word aan alle vereistes

rakende produksie, hantering en verpakking en

dat die koue ketting tussen die plaas en

verspreidingsentrum in stand gehou word.

Vars vleis vir die Groep se slaghuise is nog

’n terrein waar groot sorg gedra word.

Alle karkasse wat aan ons slagterye gelewer

word, kom van slagpales wat goedgekeur is

deur SAMIC (the South African Meat Industry

Company) wat deur die regering geskep is om

verbruikers se belange te beskerm.

Hanteringsprosedures wat streng beheer

word, moderne koeltrokke en enkeldoelige

ontvangspunte by die winkels verseker dat die

koue ketting in stand gehou word.

Higiëne in winkels is die verantwoordelikheid

van die onderskeie afdelings wat moet

voldoen aan ’n protokol wat sowel intern as

deur ’n onafhanklike laboratorium deurlopend

geouditeer word. Ooreenkomstig die protokol

voer die laboratorium deppertoetse op

toerusting in diensdepartemente, op werkoppervlakke

en die persoonlike higiëne van

personeel uit. ’n Afwyking van die protokol se

vasgestelde standaarde in ’n winkel word

onmiddellik opgevolg. Personeel wat in

diensdepartemente werk, kry bykomende

opleiding in persoonlike higiëne en sanitasieprosedures.

Programme vir die beheer van

plaag- en knaagdiere is in alle winkels in werking

en afval word op ’n hoëfrekwensiebasis

geprosesseer en van die terrein verwyder.

Produkinligting en -Etikettering

Die Groep onderskryf die beginsel dat

verbruikers akkurate en voldoende inligting op

verpakkings tot hul beskikking moet hê sodat

hulle ingeligte besluite kan neem omtrent die

produkte wat hulle verlang. Groot verskaffers

voldoen reeds aan internasionale standaarde

wat die inligting op hul produkte betref.

Aankopers werk ten nouste saam met kleiner

vervaardigers om te verseker dat produkte

wat aan die Groep gelewer word, inligting

bevat wat maklik toeganklik is en meer uitgebreid

as die voedseletiketteringsvereistes van

die Departement van Gesondheid. Die Groep is

veral bewus van sy verantwoordelikheid in die

geval van sy eie handelsmerke en privateetiketreekse

waar dit volledige beheer het oor

wat op die verpakking verskyn. Nie alleen word

volle inligting verskaf nie, maar, in die geval

van produkte vir uitvoer, is dit ook in die taal

wat die mees toeganklike vir verbruikers in

daardie besondere mark is.

Vervaldatums op verpakking help nie net

verbruikers nie, maar stel ook winkelpersoneel

in staat om items te identifiseer waarvan die

verkoopsdatum verstryk het. Sulke voedsel items

word van die rakke verwyder en aan die plaaslike

gesondheidsdepartement oorhandig wat

’n sertifikaat uitreik om te bevestig dat die items

ingevolge munisipale regulasies vernietig is.

Korporatiewe Maatskaplike Belegging

Die Shoprite-groep beskou homself as ’n verantwoordelike

korporatiewe burger wat op volhoudende

wyse bydra tot die welsyn van die gemeenskappe

waarin dit sake doen. Sy gemeenskaps-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!