Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet
Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet
Maart 2013: jaargang 10, nommer 1 - LitNet
Transform your PDFs into Flipbooks and boost your revenue!
Leverage SEO-optimized Flipbooks, powerful backlinks, and multimedia content to professionally showcase your products and significantly increase your reach.
LitNet

Akademies

Maart 2013: jaargang 10, nommer 1

'n Akademiese joernaal vir die

Natuurwetenskappe, Regte,

Geesteswetenskappe en

Godsdienswetenskappe

www.litnet.co.za

ISSN 1995-5928
Redaksie: LitNet Akademies

Hoofredakteur

Etienne van Heerden (PhD, LLB), Universiteit van Kaapstad

Hoofbestuurder en -redakteur: LitNet Akademies

Uitvoerende redakteur: LitNet

Geesteswetenskappe-redakteur

Francis Galloway (DLitt)

Godsdienswetenskappe-redakteur

Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs)

Regte-redakteur

Johann Neethling (LLM LLD), Universiteit van die Vrystaat

Natuurwetenskappe-redakteur

Dirk Laurie (MSc in Wiskunde, PhD), Universiteit Stellenbosch

Natuurwetenskappe-ereredakteur

Hendrik Geyer (MSc in Teoretiese Fisika, PhD in Teoretiese Kernfisika, FRSSAf),

Universiteit Stellenbosch

Natuurwetenskappe-ereredakteur

Jannie Hofmeyr (BSc Hons in Biochemie, MSc in Biochemie, PhD, FRSSAf), Universiteit

Stellenbosch

Personeel

Produksiebestuurder

Gerdus Senekal (Taal- en Literatuurstudie Hons)

Redaksionele bestuurder

Naomi Bruwer (MA in Afrikaans-Nederlands), Senior inhoudsbestuurder by

LitNet

Taaladviseur

Nicky Grieshaber (MA)
Adviesraadslede van LitNet Akademies

Frikkie Botha, Bestuurder: QCanes, BSES Limited – Australië

Guillaume Brümmer, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika

Eugene Cloete, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Ronald Cools, Katholieke Universiteit Leuven – België

Leon Dicks, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Ian Dubery, Universiteit van Johannesburg – Suid-Afrika

Jat du Toit, Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika

Kobus Eloff, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Chris Koen, Universiteit van die Wes-Kaap – Suid-Afrika

Derek Litthauer, Universiteit van die Vrystaat – Suid-Afrika

Amanda Lochner, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Braam Louw, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Johan Malherbe, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Johan Meyer, Universiteit van die Vrystaat – Suid-Afrika

Albert Neitz, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Marius Potgieter, Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika

Sakkie Pretorius, The Australian Wine Research Institute – Australië

Heinrich Raubenheimer, Universiteit van Johannesburg – Suid-Afrika

Helgard Raubenheimer, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Koot Reinecke, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Egmont Rohwer, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Arnold Schoonwinkel, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Wilhelm Steyn, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Hendrik Swart, Universiteit van die Vrystaat – Suid-Afrika

Neels van der Schyf, Northeast Ohio Medical University – VSA

Hannes van Staden, Universiteit van KwaZulu-Natal – Suid-Afrika

Emile van Zyl, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Gideon Wolfaardt, Ryerson University – Kanada

André Weideman, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Christa van Wyk, Universiteit van Suid-Afrika

Eric Dirix, Universiteit van Leuven, België

Ewoud Hondius, Universiteit van Utrecht, Holland

Francois Venter, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Frans Malan, Appèlregter

Jan Smits, Universiteit van Maastricht, Nederland.

Jannie Otto, Universiteit van Johannesburg

Johan Henning, Universiteit van die Vrystaat

Johan Potgieter, Universiteit van Suid-Afrika

Ruth Baitsewe, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Andries Bezuidenhout, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Naomi Bruwer, Inhoudsbestuurder by www.litnet.co.za – Suid-Afrika

Joel Claassen, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika

Neil Cochrane, UNISA – Suid-Afrika

Scarlett Cornelissen, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Darryl David, Universiteit van KwaZulu-Natal – Suid-Afrika

Heilna du Plooy, Noordwes-Universiteit – Suid-Afrika

Hans Ester, Radboud Universiteit Nijmegen – Nederland

Eep Francken, Universiteit Leiden – Nederland

Francis Galloway, LitNet Akademies: Geesteswetenskappe-redakteur – Suid-Afrika

Ena Jansen, Vrije Universiteit van Amsterdam – Nederland

Thys Human, Universiteit van Johannesburg – Suid-Afrika

Jerzy Koch, Adam Mickiewicz Universiteit, Poznań – Pole

Catharina Loader, Universiteit van Wenen – Oostenryk

Jean Meiring, Universiteit van Cambridge – Engeland

Desmond Painter, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Vasti Roodt, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika
Alfred Schaffer, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Christo van der Rheede, Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans – Suid-Afrika

Etienne van Heerden, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika

Ian van Rooyen, Universiteit van Kaapstad – Suid-Afrika

Helize van Vuuren, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit – Suid-Afrika

Steward van Wyk, Universiteit van die Wes-Kaap – Suid-Afrika

Rudi Venter, Nasou Via Afrika Uitgewers – Suid-Afrika

Louise Viljoen, Universiteit Stellenbosch – Suid-Afrika

Andries Visagie, UNISA – Suid-Afrika

Hein Willemse, Universiteit van Pretoria – Suid-Afrika

Uitgewer: LitNet

LitNet Akademies is ʼn geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal.

Besoek: http://www.litnet.co.za/Category/akademies/litnet-akademies

E-pos: akademies@litnet.co.za

Telefoonnommer: 021 886 5169

ISSN 1995-5928

Ondersteun deur:
Inhoudsopgawe

Afdeling: Regte

“Transnasionale konteks” in die regspraak van die konstitusionele hof in Suid-

Afrika: ’n variasie op die tema van grondwetsvertolking – Lourens du

Plessis, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Ondersoek na die bevoegdhede en aanspreeklikheid van die

ondernemingsreddingspraktisyn as maatskappydokter – L.M. Jacobs,

Departement Handelsreg, Universiteit van die Vrystaat

Die invloed van ’n werkgewer se likwidasie en/of boedelsekwestrasie op die

diensverhouding met die werknemer, met die oog op ondernemingsredding as

moontlike alternatief – D.M. Smit, Departement Handelsreg, Universiteit van die

Vrystaat; V. Vergottini, Adams en Adams, Pretoria

Die herklassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël en die verdere

ontwikkeling van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg – Thino

Bekker, Departement Prosesreg, Universiteit van Pretoria

Postvonnis-regte en verwagtinge van slagoffers en oortreders in geweldsmisdade

met verwysing na die rolprent The secret in their eyes – Annette van der Merwe,

Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van Pretoria

Aantekening: Om globale omgewingsreg en -regulering in die antroposeen te

herbedink – Louis Kotzé, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Die reg se oënskynlike onvermoë om korrupsie in staatskontraktering in Suid-

Afrika hok te slaan – Geo Quinot, Departement Publiekreg, Universiteit

Stellenbosch

Afdeling: Geesteswetenskappe

Motorfietskultuur in Suid-Afrika: Van leefwyse tot leefstyl – Danie Jordaan

(postuum), Skool vir Taal, Media en Kultuur, Nelson Mandela Metropolitaanse

Universiteit

Selfuitbeelding en Facebook: ’n estetika van verdwyning? – Amanda du Preez,

Departement Visuele Kunste en Visuelekultuurstudies, Universiteit van Pretoria

Wat oor is, is die Self: verblyf in ’n boomholte in Wilma Stockenström se Die

kremetartekspedisie – Susan Meyer, Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-

Universiteit, Potchefstroom

1

54

83

108

176

200

215

249

279

309
Rapport se beriggewing oor skoolgeweld 1994–2011: ’n multidimensionele

sosiale probleem – Corene de Wet, Skool vir Oopleer, Universiteit van die Vrystaat

ʼn Ondersoek na die waarde van historiese fiksie: drie geskiedkundige romans

in oënskou geneem – Gerda Taljaard-Gilson, Departement Afrikaans en Algemene

Literatuurwetenskap, Unisa

Leerbestuurstelsels teenoor sosialenetwerk-omgewings: die ontwikkeling van ’n

geïntegreerde tegnologiese onderrig-leer-model – Stellenbosch Imelda Smit,

Skool vir Inligtingstegnologie; Linda du Plessis, Viserektor: Akademies, Noordwes-

Universiteit Vaaldriehoekkampus

Die uitbeelding van gay manlikheid in die werk van drie debuutdigters – Marius

Crous, Skool vir Tale en Letterkunde, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit

’n Persoonlike waardering van Michelangelo Merisi da Caravaggio (1571-1610)

– Jannie Pretorius, Skool vir Wiskunde-, Natuurwetenskappe- en Tegnologie-

Onderrig, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van die Vrystaat

Op pad van ’n verdeelde na ’n gedeelde toekoms in die Afrikaanse

taalgemeenskap: Die rol van die Afrikaanse Taalraad in die proses van

versoening – WAM Carstens, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit,

Potchefstroomkampus

Afrikaanssprekende emigrante: verliese en verwagtinge – M.C. Marchetti-Mercer,

Skool vir Menslike en Gemeenskapsontwikkeling, Universiteit van die

Witwatersrand; J.L. Roos, Departement Psigiatrie, Universiteit van Pretoria

Die spies van die nasie: Die demokratiese rol van die populêre media en avantgarde

kuns in Suid-Afrika – Gabriël J. Botma, Departement Joernalistiek,

Stellenbosch Universiteit

Afdeling: Godsdienswetenskappe

’n Verkennende ondersoek na die ervaring van Suid-Afrikaanse

universiteitstudente as lesers van Rut 2 aan die hand van Ignatiaanse meditasie

– Helen Efthimiadis-Keith, Skool vir Godsdiens en Teologie, Universiteit van

KwaZulu-Natal; Graham Lindegger, Skool vir Sielkunde, Universiteit van KwaZulu-

Natal

Perspektiewe op die Noagitiese wette by Paulus, en die belang daarvan vir

Joods-Christelike dialoog – Philip du Toit, Fakulteit Teologie, Universiteit

Stellenbosch

341

379

414

439

474

513

549

582

605

630
Afdeling: Regte
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

“Transnasionale konteks” in die regspraak van die

konstitusionele hof in Suid-Afrika: ’n variasie op die

tema van grondwetsvertolking

Opsomming

Lourens du Plessis

Lourens du Plessis, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Hierdie bydrae is ’n uitgebreide gevallestudie van hoe (en hoe doeltreffend) die

konstitusionele hof in Suid-Afrika (hierna “die hof”) toegang wat via die Grondwet tot ’n

transnasionale konteks verleen word, in wets- en grondwetsvertolking

benut. Transnasionaal omvat hier die gebruik van en steun op die volkereg asook

grondwetlike vergelykingsarbeid. Hierdie twee dimensies moet nie saamgesmelt of vermeng

word nie.

In die eerste van drie hoofonderafdelings van die artikel bespreek ek die grondwetsbepalings

wat uitdruklik toegang tot transnasionale bronne in wets- en grondwetsvertolking magtig en

regspraak van die hof oor die toepassing en gebruik van sodanige bepalings.

In die tweede hoofonderafdeling kyk ek na steun op die volkereg in wets- en

grondwetsvertolking met besondere aandag aan, onder meer, die wel en wee van ’n diktum

waarin die hof gesê het dat die volkereg help om ’n raamwerk daar te stel waarbinne alle

ander reg vertolk moet word (die “raamwerk-diktum”). Ek kyk ook na die skromelike

onderbenutting van artikel 233 van die Grondwet en sluit dan af met ’n bespreking en

illustrasie van hoe steun op die volkereg in wets- en grondwetsvertolking tot die vorming van

nuwe munisipale reg (kan) bydra.

In die laaste onderafdeling word verskeie kwessies rakende grondwetlike vergelykingsarbeid

aangesny en word gesigspunte van sowel ondersteuners van as skeptici oor hierdie vorm van

vergelyking toegelig en beoordeel. Argumente oor die voor- en nadele van hierdie relatief

nuwe dissipline word kortliks bekyk en uiteindelik word ook hier ’n voorbeeld gegee van hoe

grondwetlike vergelykingsarbeid tot die vorming van nuwe reg kan bydra.

Uiteindelik word met die artikel aangetoon dat die konstitusionele hof se baie positiewe

houding oor die gebruik van transnasionale bronne in wets- en grondwetsvertolking saam met

grondwetlike demokrasie gekom het om te bly ten spyte van enkele gevalle (’n volstrekte

1
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

minderheid, weliswaar) waar die hof – byvoorbeeld as gevolg van politieke druk – nie met

volle oorgawe aan “die transnasionale” gevolg kon gee nie.

Trefwoorde: artikel 232 Grondwet; artikel 233 Grondwet; artikel 39(1) Grondwet; bindende

volkereg; buitelandse reg; generasies van menseregte; globalisering; Grondwet; grondwetlike

vergelykingsarbeid; grondwetlike vertolkingsbepalings; grondwetsvergelyking;

grondwetsvertolking; handves van regte; konstitusionalisme; konstitusionele

demokrasie; Makwanyane-riglyne; migrasie; nasionale konteks; nasionale versoening;

niebindende volkereg; nuwe grondwette; oorplanting; raamwerk-diktum; Savigny-metodes /

kwartet; sosio-ekonomiese regte; transnasionale konteks; transnasionale

kontekstualisering; travaux préparatoires; volkereg; wetsvertolking

Abstract

“Transnational context” in the jurisprudence of the constitutional court of South

Africa: a variation on the theme of constitutional interpretation

This article is a case study of how (and how effectively) the constitutional court in South

Africa has succeeded in accessing a transnational context to aid, and indeed inspire, the

interpretation of the Constitution (and statutes), with accessing a transnational context here

referring both to the use of and reliance on international law and to the practice of

constitutional comparativism. These two dimensions can be looked at and reflected on

simultaneously, but are not to be equated and eventually conflated. It will be shown that the

court has indeed made this mistake, but fortunately with more positive than negative

consequences, and this, paradoxically, has contributed to a better understanding

of transnational access.

The first main section of the article looks at constitutional provisions that authorise, in so

many words, or at least recommend, access to transnational sources as well as the

jurisprudence of the court on the use and application of such provisions. Particular attention

is devoted to three sets of guidelines which the court developed, notably in the epoch-making

case of S v Makwanyane (the “death penalty case”).

The second main part of the article discusses the use of and reliance on international law in

statutory and constitutional interpretation. Special attention is devoted to, among others, the

weal and woe of a significant dictum of the court in Makwanyane stating that international

law helps provide a framework within which all other law must be construed (the so-called

framework dictum). I also draw attention to the underuse of section 233 of the Constitution

which enjoins any court construing the Constitution or legislation to prefer any reasonable

interpretation in conformity with international law to any other interpretation(s) not thus in

conformity. Section 233 is, for all practical purposes, not really invoked.

2
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

The second main part of the article also devotes attention to the phenomenon that external

and internal political pressures sometimes influence the way in which a court deals with

disputes it is called upon to adjudicate. Some cases in which the court was under political

pressure are identified and discussed and I conclude that the court has acted mostly

appropriately in politically precarious situations. In AZAPO political controversy put

theMakwanyane framework dictum under considerable strain and almost abrogated it by

disuse! But a series of cases followed in which the Makwanyane framework dictum was

carefully restored and observed, and more than just damage control was done in

acknowledging the dictum’s significance.

International law plays a distinctly formative role in constitutional and statutory interpretation

and enriches municipal law. This phenomenon is also considered in the second main part of

the article and it is shown that the court’s eagerness to rely on and/or apply international law

has in some instances even resulted in the formation of new law per errorem!

The third main part is about issues pertinent to the theory and practice of constitutional

comparativism. Attention is devoted to a discussion of the debate between judges and

academics who believe in, and add considerable value to, the endeavour of constitutional

comparison (the protagonists) and those who do not share – and actually oppose – this belief

(the antagonists). A very important point that the protagonists make is that comparative work

helps judges to interrogate their own prejudices and question their assumptions. An example

is provided of how foreign (case) law – through the exercise of comparison – could enrich

South African law on the interpretation of enacted law texts.

One of the challenges constitutional comparativists (especially in South Africa) face is that of

coming to grips with what it means to be a comparative example of some significance among

quite a number of (other) new constitutional democracies with their democratic constitutions

in an era of ever increasing globalisation. The novelty tag here is often hung around the neck

of jurisdictions with post-World War II constitutions riding the “third wave of

democratisation”.

A second challenge for constitutional comparativists (and scholars in particular) is to reflect

thoroughly on, to develop and to refine methods of constitutional comparativism. There is

widespread agreement that theory is still one of the weaker points of constitutional

comparativism as a developing discipline. Comparativism is also significant in the

development of the law as such and I explain how, for instance, there is much to learn from

European examples about the interpretation of enacted law and especially the use of the socalled

Savigny Quartet.

The challenges mentioned above do not undo positive milestones that have been achieved.

What has been published on comparative constitutionalism in South Africa is not much, but

is of a high quality, especially the work of scholars like Van der Walt, Botha and Venter.

3
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Botha’s work is significant in that he meticulously identifies and describes inherently

different versions of the relationship between “the newer comparativism” and the

globalisation of constitutionalism. Van der Walt writes extensively and incisively about

constitutional property and does so from a comparative perspective. The honour of drafting

an agenda for the comparativist debate is probably Venter’s – he has authored the only two

books on constitutional comparativism in South Africa thus far.

Keywords: bill of rights; binding international law; constitution; constitutional

comparativism; constitutional comparison; constitutional democracy; constitutional

interpretation; constitutionalism; foreign law; framework dictum; generations of human

rights; globalisation; international law; Makwanyane guidelines; migration; national context;

national reconciliation; new constitutions; non-binding international law; provisions

construing the Constitution; Savigny methods/quartet; section 232 Constitution; section 233

Constitution; section 39(1) Constitution; socio-economic rights; statutory interpretation

transnational context; transnational contextualisation; transplant; travaux préparatoires

1. Inleidende opmerkings en verduidelikings

Ingevolge artikel 39(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 moet

“[b]y die uitleg van die Handves van Regte 1 [...] ’n hof, tribunaal of forum die volkereg in ag

neem” (artikel 39(1)(b)) en kan so ’n instansie “buitelandse reg in ag neem” (artikel

39(1)(c)). (In die Engelse teks van die Grondwet heet dit “must” en “may consider”

“international law” en “foreign law” onderskeidelik.) Hierdie bepalings gee erkenning aan die

feit dat die handves van regte, en trouens die Grondwet as ’n geheel, (óók) ingebed is in ’n

transnasionale werklikheid wat ver verby sowel die geografies as die regs- en grondwetlik

gedefinieerde grense van “die Republiek van Suid-Afrika” strek. Die aandag van alle en veral

ook regterlike grondwetsvertolkers word, op gesag van die oppermagtige Grondwet self, op

hierdie konteks gevestig deur inagneming van volkereg by handvesvertolking te vereis en

inagneming van buitelandse reg, na eie goedvinde, te veroorloof. Die 1996-Grondwet (ook

soms die finale Grondwet of bloot die Grondwet genoem) het op 4 Februarie 1997 in werking

getree en is voorafgegaan deur – en aangeneem en in die lewe geroep kragtens bepalings van

– die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 200 van 1993 (ook die oorgangs- of

interim Grondwet genoem) wat op 27 April 1994 in werking getree het om ’n tydvak van

konstitusionele demokrasie (oftewel konstitusionalisme) in Suid-Afrika in te lui. Artikel

35(1) van hierdie Grondwet was die voorganger van artikel 39(1)(b) en (c) van die 1996-

Grondwet – wel ’n bietjie anders bewoord maar soortgelyk in substansie. 2

Artikel 39(1)(b) moet saamgelees word met artikel 233 van die Grondwet wat van elke hof

wat wetgewing vertolk, vereis om voorkeur te gee aan enige redelike wetsvertolking wat

bestaanbaar is met die volkereg, bo enige ander vertolking wat onbestaanbaar is daarmee.

Daar was geen soortgelyke bepaling in die oorgangsgrondwet nie. Artikel 231 van die 1996-

Grondwet handel oor internasionale ooreenkomste en die bindingskrag van die volkereg wat

uit sulke ooreenkomste voortspruit. Die voorgangers van artikel 231 was artikel 231(1)-(3)

4
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

van die oorgangsgrondwet. Artikel 232 van die Grondwet, met artikel 231(4) van die

oorgangsgrondwet as voorganger, erken volkeregtelike gewoontereg se “regskrag in die

Republiek tensy dit met die Grondwet of ’n Parlementswet onbestaanbaar is”. Daar word in

hierdie artikel nie veel oor artikels 231 en 232 van die Grondwet uitgewei nie, want anders as

artikels 39(1)(b) en (c) en 233 is hulle nie primêr bedoel as hulpmiddels by die vertolking van

die Grondwet of enige ander bestaande reg nie. 3

Hierdie bydrae fokus op – en is ’n gevallestudie van – hoe Suid-Afrikaanse howe sedert 1994

hul grondwetlike verpligting nagekom en/of hul grondwetlike magtiging benut het om met

grondwetsvertolking transnasionale regsbronne in ag te neem en, sedert die inwerkingtreding

van die 1996-Grondwet, voorkeur te gee aan redelike wetsvertolkings wat bestaanbaar is met

die volkereg. So ’n gevallestudie, hoofsaaklik toegespits op grondwetlike presedentereg, bied

waardevolle insigte in hoe met transnasionale bronne in nasionale wetsvertolking omgegaan

kan word, want met artikel 35(1) en mettertyd sowel artikel 39(1)(b) en (c) as artikel 233 in

werking, was toestande in Suid-Afrika tot dusver hoogs bevorderlik vir vrugbare

verkenningsekspedisies verby nasionale grense, in sowel andermansland as in die groter

wêreld daarbenewens. Regsgebiede wat prominent in hierdie artikel figureer, naamlik

menseregte en staatsreg, is immers springlewendig ook in “globale grondgebied”.

Hoe geredelik is transnasionale wysheid tot dusver toegelaat om parogiale oorwegings in

nasionale grondwetsvertolking in Suid-Afrika te verruim of selfs te troef? En benut Suid-

Afrikaanse howe, met die konstitusionele hof aan die voorpunt, konsekwent en onwrikbaar

die volle potensiaal van omstandighede wat so baie bevorderlik is vir die ontginning en

gebruik van transnasionale (hulp-)bronne? Beantwoording van hierdie vrae sal vorm gee aan

die bespreking wat volg. Die omstandighede waarna ek hier bo verwys, het meestal (maar nie

sonder uitsondering nie), optimale ontginning en gebruik van transnasionale (hulp-)bronne tot

gevolg gehad. Faktore en kragte wat die bes moontlike gebruik van sodanige bronne in Suid-

Afrikaanse grondwetsvertolking inhibeer, sal uitgewys en riglyne vir remediërende optrede

waar paslik voorgestel word.

Die bespreking sal begin met ’n bestekopname van grondwetlike regspraak wat daartoe gelei

het dat die konstitusionele hof in regterlike kringe wêreldwyd allerweë lof toegeswaai is (en

steeds word) vir ’n universalistiese en globalisties gevoelige houding teenoor veral die

vertolking van fundamentele regte. Daar sal aangetoon word dat en hoe ’n geesdriftige

regbank se foutiewe gelykstelling (en selfs samesmelting) van volkereg en buitelandse reg in

die proses van inagneming van hierdie twee regsvorme in grondwetsvertolking die

paradoksaal-positiewe gevolg gehad het dat dit ’n werkdadige bewussyn van die

transnasionale karakter van grondwetsvertolking (verder) aangewakker het.

Voorbeelde van en tendense in die wyse waarop beroepe op die volkereg in die

konstitusionele hof se regspraak oor grondwetsvertolking voorkom, sal in die tweede deel

van hierdie artikel bespreek word, op die voetspoor van die lotgevalle van president

Chaskalson se onbekrompe en versiende “raamwerk-diktum” in S v Makwanyane. 4 Die

betreurenswaardige onderbenutting van artikel 233 van die Grondwet sal ook te berde

5
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

gebring word. Daarna sal verwys word na sprekende voorbeelde van hoe volkereg tot die

vorming van nasionale reg insake (i) die gebruik van travaux préparatoires in wets- en

grondwetsvertolking en (ii) die verwerkliking en implementering van sosio-ekonomiese regte

bygedra het.

In die derde gedeelte van die artikel sal die rol van grondwetlike vergelykingsarbeid

(“constitutional comparativism”) in grondwetsvertolking in Suid-Afrika bespreek word en

daar sal gewys word op die geesdrif hiervoor in sommige – en skeptisisme in ander – kringe,

met geesdrif wat ongetwyfeld die botoon voer. Daar sal ook gekyk word na van die

uitdagings wat die beoefenaars van grondwetlike vergelykingsarbeid in die gesig staar en

daarby veral ’n behoefte aan die ontwikkeling van teoreties houdbare en regspolities

legitieme vergelykingsmetodologieë.

Ten slotte sal met een voorbeeld uit ’n haas onoorsigtelike aantal moontlikhede geïllustreer

word hoe grondwetlike vergelykingsarbeid sinvol tot die vorming van nuwe reg kan lei.

2. Poort(e) tot die “transnasionale konteks”

2.1 Artikel 39 en die Makwanyane-riglyne

In S v Makwanyane 5 moes die konstitusionele hof beslis oor die grondwetlikheid van ’n

wetsbepaling wat die oplê van die doodstraf in sekere omstandighede gemagtig het. In die

eenparige, gesamentlike uitspraak van die hof by monde van president Chaskalson 6 word,

met verwysing na die tipe transnasionale (hulp-)bronne waarvoor artikel 35(1) van die

oorgangsgrondwet voorsiening gemaak het, drie stelle gesaghebbende riglyne vir die gebruik

van volke- en buitelandse reg in grondwetsvertolking neergelê. 7 Die mees pertinente riglyne,

ook geldig vir die toepassing van artikel 39(1)(b) en (c) van die 1996-Grondwet, is die

volgende drie:

2.1.1 Die eerste stel riglyne

In the course of the arguments addressed to us, we were referred to books and

articles on the death sentence, and to judgments dealing with challenges made to

capital punishment in the Courts of other countries and in international tribunals.

The international and foreign authorities are of value because they analyse

arguments for and against the death sentence and show how Courts of other

jurisdictions have dealt with this vexed issue. For that reason alone they require

our attention. They may also have to be considered because of their relevance to s

35(1) of the Constitution [...] 8

Let daarop dat dit volgens president Chaskalson heeltemal toelaatbaar is vir ’n hof wat die

Grondwet vertolk om, afgesien van wat artikel 35(1) van die oorgangs- (en dus ook artikel

39(1)(b) en (c) van die 1996-) Grondwet bepaal, volkeregtelike en buitelandse regsgesag (wat

hy in dieselfde asem noem) in ag te neem. Sodanige gesagsbronne mag in ag geneem word óf

6
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

omdat hulle van waarde is uit eie reg óf vanweë hul relevansie vir artikel 35(1) (en dus ook

artikel 39(1)(b) en (c)). 9 Aangesien artikel 35(1) uitdruklik verwys het (en artikel 39(1)(b) en

(c) tans steeds verwys) na slegs die vertolking van die handves van regte, het president

Chaskalson inderwaarheid bindende presedentereg neergelê wat die grondwetlike magtiging

om volkereg en buitelandse reg by die vertolking van die handves in ag te neem, ook na

grondwetsbepalings wat nie deel van die handves vorm nie, uit te brei. Om dit te doen, is

volstrek raadsaam maar nogtans opsioneel, tensy volkereg bindend kragtens die bepalings

van artikels 231 en 232 of die vermoede in artikel 233 van die Grondwet ter sprake is. 10

2.1.2 Die tweede stel riglyne en die “raamwerk-diktum” (“framework dictum”)

Customary international law and the ratification and accession to international

agreements is (sic!) dealt with in s 231 of the Constitution, which sets the

requirements for such law to be binding within South Africa. In the context of s

35(1), public international law would include non-binding as well as binding law

[...] International agreements and customary international law accordingly

provide a framework within which chap 3 [the Bill of Rights] can be evaluated

and understood, and for that purpose, decisions of tribunals dealing with

comparable instruments ... may provide guidance as to the correct interpretation

of particular provisions of chap 3 [...] 11

Hierdie dicta berus op twee bevindings van verreikende betekenis vir (en bindend op) alle

Suid-Afrikaanse howe wat die handves van regte (en die Grondwet) vertolk. Die eerste

bevinding is dat die woord volkereg in artikel 35(1) van die oorgangs- (en artikel 39(1)(b)

van die 1996-) Grondwet na sowel “bindende” as “niebindende” volkereg verwys. 12 Die

tweede bevinding is dat internasionale ooreenkomste en volkeregtelike gewoontereg ’n

raamwerk daarstel waarbinne die handves van regte geëvalueer en verstaan kan word 13 (die

“raamwerk-diktum”). Die implikasies van hierdie twee bevindinge sal na gekyk word

wanneer die gebruik van volkereg in grondwetsvertolking in fyner besonderhede bespreek

word. 14

2.1.3 Die derde stel riglyne

In dealing with comparative law we must bear in mind that we are required to

construe the South African Constitution, and not an international instrument or

the constitution of some foreign country, and that this has to be done with due

regard to our legal system, our history and circumstances, and the structure and

language of our own Constitution [...] We can derive assistance from public

international law and foreign case law, but we are in no way bound to follow it. 15

Hierdie vermaning tot versigtigheid is in grondwetlike regspraak sedert Makwanyane dikwels

herhaal. 16 Soos voorheen gesuggereer, en soos president Chaskalson ons uitdruklik herinner,

is volkereg en buitelandse reg wat ingevolge artikels 35(1) van die oorgangs- en 39(1)(b) en

(c) van die 1996-Grondwet by grondwetsvertolking van hulp kan en mag wees, op generlei

7
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

wyse bindend op enige Suid-Afrikaanse hof nie. Wat president Chaskalson ongelukkig egter

verswyg, is dat ’n hof altyd bedag moet wees op die moontlikheid dat dit inderdaad gebonde

is om sekere voorskrifte van die volkereg na te kom omdat grondwetsbepalings anders as

artikels 35(1) (en 39(1)(b)) dit vereis. Hier dink ’n mens aan artikels 231 van die oorgangs-

en 231-233 van die 1996-Grondwet. President Chaskalson se versuim om laasgenoemde

moontlikheid te oorweeg het waarskynlik die onbedoelde en foutiewe indruk geskep dat, as

transnasionale dryfkragte in grondwetsvertolking, volkereg en buitelandse reg gelykgestel

kan word. Hierdie verkeerde indruk het nietemin daartoe bygedra om, met beduidende

implikasies vir grondwetsvertolking, die identifikasie van ’n grotere transnasionale konteks

makliker te maak.

2.2 “Transnasionale kontekstualisering”

Regter Kriegler merk in Sanderson v Attorney-General, Eastern Cape 17 op dat “[b]oth the

interim and the final Constitutions [...] indicate that comparative research is either mandatory

or advisable”. Soos artikel 39(1)(b) en (c) van die 1996- (en artikel 35(1) van die oorgangs-)

Grondwet dit stel, is slegs vergelykende navorsing aan te beveel (“advisable”), terwyl

oorweging of inagneming van volkereg verpligtend is. Deur volkereg 18 en buitelandse

reg 19 een en dieselfde onderskeidingsetiket van “vergelykende navorsing” om te hang, stel

regter Kriegler hulle dus gelyk en smelt hy hulle saam. ’n Kritiese kyk op hierdie

samesmelting stel ’n beginpunt daar om die gebruik van die terme transnasionale

konteks en kontekstualisering in hierdie artikel te verduidelik.

Sowel die konstitusionalisering van volkereg as die internasionalisering van staatsreg is

uitinge van ’n globalisering van die publiekreg en het die streng grense tussen munisipale of

“binnelandse” staatsreg, buitelandse staatsreg en volkereg geredelikerwys deurdringbaar

gemaak. 20 Om hulle intrinsieke verwantskap te erken en behoorlik daarmee en met die

gevolge van die lewenskragtige interaksie tussen hulle rekening te hou, beteken egter nog

lank nie dat ’n gepaste erkenning van die eiesoortigheid van elkeen laat vaar moet word nie.

In grondwetsvertolking in Suid-Afrika is dit veral nodig om die onderskeid tussen (steun op)

volkereg en (steun op) buitelandse reg te handhaaf, omdat die Grondwet vereis dat wanneer

die menseregtehandves vertolk word, eersgenoemde in ag geneem “moet” word (artikel

39(1)(b)) terwyl laasgenoemde in ag geneem “kan”word (artikel 39(1)(c)). Soos voorheen op

sterkte van ’n diktum van president Chaskalson in S v

Makwanyane 21 aangetoon, kan/mag beide volke- en buitelandse reg ook by die vertolking van

die res van die Grondwet in ag geneem word. Sowel die geskrewe grondwetteks (en artikel

39(1)(b) en (c) in besonder) as die grondwetlike presedentereg wat daarop uitbrei, voorsien

egter nog nie alle moontlikhede nie. Buitelandse reg in ’n binnelandse konteks kan nooit

meer as slegs oorredingskrag hê nie, terwyl sekere vorme van volkereg net

sobindend of voorskriftelik kan wees (of word) soos munisipale reg. Dít plaas volkereg in ’n

ander kategorie, en hiermee moet in grondwetsvertolking rekening gehou word en, om die

waarheid te sê, in die vertolking en toepassing van alle reg.

8
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die rol van volkereg en buitelandse reg as twee verskillende gesagbronne in

grondwetsvertolking in Suid-Afrika word vervolgens agtereenvolgens bespreek sonder om te

kenne te gee dat dit onmoontlik is om hulle ’n generiese etiket om te hang. Dat beide volke-

en buitelandse reg effek het, of kan hê, in grondwetsvertolking, is ’n manifestasie van ’n

juridiese, en in die besonder ’n publiekregtelike, globalisering wat, soos voorheen aangetoon

is, die feit beklemtoon dat ’n nasionale grondwet onvermydelik ingebed is óók in ’n

transnasionale werklikheid verby die geografiese en regs- en grondwetlik gedefinieerde

grense van die jurisdiksie wie se grondwet dit is. 22 Om volkereg en buitelandse reg by

grondwetsvertolking te betrek, behels dus ’n generiese leesprosedure waarna heel gepas

as transnasionale kontekstualisering verwys kan word. ’n Mens sou in plaas

vankontekstualisering ook van konteksgewing kon praat, maar die tipering sou verstaan kon

word om te impliseer dat die konteks (of veel daarvan) nie heeltemal ’n gegewe is nie (maar

geskep moet word) – en dit is natuurlik nie die geval nie.

3. Volkereg

3.1 Volkereg, globalisering en Suid-Afrika se “nuwe Grondwet”

Honderd jaar voor die koms van konstitusionele demokrasie na Suid-Afrika het ’n hof in die

voormalige Zuid-Afrikaanse Republiekverklaar dat die munisipale reg van dié republiek

must be interpreted in such a way as not to conflict with the principles of

international law [...] “[T]he state which disclaims the authority of international

law places herself outside the circle of civilized nations.” It is only by a strict

adherence to these recognized principles that our young state can hope to acquire

and maintain the respect of all civilized communities, and so preserve its own

national independence. 23

Hierdie diktum is tekenend van ’n vasberadenheid om ’n opbouende rol te speel in

internasionale aangeleenthede – iets wat Suid-Afrika gedurende die eerste helfte van die

20ste eeu as ’n getroue lid van die Volkebond en ’n stigterslid van die Verenigde Nasies

inderdaad gedoen het. 24 Sedert die middel-veertigerjare van die vorige eeu is Suid-Afrika

toenemend gekritiseer as gevolg van sy rassebeleid en het die land ’n voorste bydraer in die

ontwikkeling van ’n nuwe volkereg ná die Tweede Wêreldoorlog geword – dít alles in ’n

“negatiewe” sin, met ander woorde as die teiken van ’n groeiende korpus van volkeregtelike

verdrags- en gewoontereg wat daarop gemik was om menseregte en rassegelykheid te

bevorder en dekolonisasie aan te help. 25

Partye in Suid-Afrika se vasberadenheid gedurende die negentigerjare van die vorige eeu om

oor ’n vreedsame dog besliste oorgang na konstitusionele demokrasie te onderhandel, het tot

uiting gekom in onder meer ’n openheid vir “invloede van buite” en, in die besonder, ’n

positiewe houding teenoor volkereg as ’n potensieel vormende en informatiewe krag in die

regsorde van ’n nuwe Suid-Afrika. Hierdie ondubbelsinnige houdingsverandering op ’n

politieke vlak wat aanleiding gegee het tot onder meer die insluiting van artikel 35(1) in die

9
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

oorgangsgrondwet en artikels 39(1)(b) en (c) (en 233) in die 1996-Grondwet, 26 het ook in die

grondwetlike regspraak weerklank gevind, soos blyk uit onder meer die konstitusionele hof

se ruim en geredelike steun op volke- en buitelandse reg in grondwetsvertolking soos

verwoord deur president Chaskalson in die riglyne neergelê in S v Makwanyane. 27

’n Kenmerk van die meeste “nuwe” grondwetstekste is dat hulle opstellers sterk gesteun het

op internasionale instrumente – veral menseregteverklarings en -konvensies – in die

formulerig van ’n aansienlike aantal van hul bepalings. Vir vergelykende doeleindes word

dikwels ’n onderskeid gemaak tussen “ou grondwette”, wat bestaan het voor belangrike

internasionale dokumente soos die European Convention on Human Rights and Fundamental

Freedoms van 1950, die International Covenant on Economic, Social and Cultural Rights van

1966 en die International Covenant on Civil and Political Rights van 1966, en “nuwe

grondwette”, wat swaar steun op die gemelde en soortgelyke instrumente. So ’n onderskeid

mag besonder vrugbaar wees selfs al is dit nog so ’n bietjie ongewoon. 28 Die Duitse grondwet

wat oor die algemeen beskou word as ’n “nuwe grondwet”, sal ingevolge hierdie onderskeid

byvoorbeeld ’n “ou grondwet” wees.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet, en veral die handves van regte, is ’n klein ensiklopedie van

internasionale reg insake menseregte saamgestel uit verskeie internasionale verklarings,

verdrae en konvensies. 29 Om hierdie rede alleen het volkereg ’n belangrike rol in die

vertolking van die Grondwet, soos wat die sinvolle insluiting van ’n bepaling soos artikel

39(1)(b) suggereer. 30 Die konstitusionele hof moes sertifiseer dat die geskrewe teks van die

finale Grondwet voldoen aan die XXXIV konstitusionele beginsels in bylae 4 tot die

oorgangsgrondwet. 31 Beginsel II het vereis dat elkeen “alle universeel aanvaarde

fundamentele regte, vryhede en burgerlike vryhede” moet geniet. Die hof se slotsom oor die

teks wat vir sertifisering voorgelê is – en wat uiteindelik die Grondwet van die Republiek van

Suid-Afrika, 1996 sou word – was dat dit ten minste aan die standaard hier bo voldoen en dit

in sommige opsigte selfs te bowe gaan. 32

Om bepalings wat regstreeks aan volkeregtelike dokumente en instrumente ontleen is in die

geskrewe teks van ’n nasionale grondwet in te sluit, is ’n besonder kragtige manier om

(byvoorbeeld) volkereg insake menseregte in die munisipale reg te inkorporeer. Dit gee

aanleiding tot die interessante situasie dat grondwetsbepalings met hulle oorsprong in die

volkereg ook met inagneming van die volkereg vertolk moet word. Daar kan gesteun word op

erkende prosedures vir en hulpmiddels by die vertolking van volkereg – byvoorbeeld artikels

31-33 van die Vienna Convention on the Law of Treaties – om te bepaal wat “volkereg” in ’n

gegewe situasie en/of met verwysing na ’n spesifieke kwessie is. Dit beteken egter nie dat die

Suid-Afrikaanse Grondwet en handves van regte vertolk hoef te word asof hulle bronne van

volkereg is nie: hulle moet vertolk word in ooreenstemming met erkende prosedures en

leesstrategieë vir die vertolking van verordende munisipale reg met die nodige agting vir die

status van die Grondwet as opperreg. 33 In die Suid-Afrikaanse konteks kan ’n

grondwetsbepaling ontleen aan ’n volkeregtelike bron dus vertolk word as sou dit ’n

betekenis hê wat verskil van die aanvaarde betekenis daarvan in die volkereg. Dit is trouens

denkbaar dat inagneming van (wat ook kan beteken “weighing the merits of” 34 ) die volkereg,

10
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

inderdaad aanleiding kan gee tot so ’n ander vertolking van ’n menseregtebepaling in ’n

nasionale handves van regte.

3.2 “Bindende” en “niebindende” volkereg

Artikel 39(1)(b) en (c) van die Suid-Afrikaanse Grondwet (waarna voorheen verwys is 35 )

bevat bepalings wat nie gewoonweg in grondwette voorkom nie, en steun op die volkereg en

buitelandse reg in grondwetsvertolking is moontlik sonder sodanige uitdruklike grondwetlike

magtiging (maar dit beteken nie dat die insluiting van gemelde bepalings in die Suid-

Afrikaanse Grondwet ’n onbenulligheid is nie). Meer algemeen en tipies maak grondwette

voorsiening vir die erkenning en inkorporering van volkeregtelike verdragsreg en

gewoontereg in die munisipale reg. Die bepalings in die Suid-Afrikaanse Grondwet wat

daargestel is om hierdie oogmerke regstegnies te bereik, is artikels 231 en 232, waarna

voorheen verwys is. Na volkereg wat aldus erken en geïnkorporeer word, word soms as

“bindende volkereg” verwys om dit te onderskei van “niebindende volkereg”, dit wil sê

daardie aansienlike korpus van volkereg wat nie as gevolg van die werking van artikels 231

en 232 binnelands geld nie. In ooreenstemming met president Chaskalson se fenomenale

bevinding in S v Makwanyane 36 was sulke niebindende volkereg “public international law”

vir die doeleindes van artikel 35(1) van die oorgangsgrondwet en daar kan met veiligheid

aanvaar word dat dit so gebly het vir doeleindes van artikel 39(1)(b) van die 1996-

Grondwet. 37 Streng gesproke is die term niebindende volkereg ’n Suid-Afrikanistiese

naamfout, want daar is nie regtig iets soos nie-bindende volkereg nie. 38 Die grondwetlike

opdrag om volkereg in grondwetsvertolking in ag te neem, maak byvoorbeeld álle volkereg

“bindend”, nie in die sin dat dit sonder meer as reg gehoorsaam moet word nie, maar wel in

sover dit die effek het dat dit wel deeglik in ag geneem moet word. Die vermoede in artikel

233 van die Grondwet, wat hier onder bespreek word, 39 kan ’n soortgelyke uitwerking hê. In

die bespreking wat volg, word die term niebindende volkereg met die nodige voorbehoude

gebruik soos die konstitusionele hof inMakwanyane 40 dit verstaan het, naamlik om te dui op

volkereg wat nie erken en in die munisipale reg geïnkorporeer is kragtens artikels 231 en 232

van die Grondwet nie.

3.3 Enkele kritiese opmerkings oor die raamwerk-diktum in Makwanyane

Nadat die raamwerk-diktum die groen lig gegee het vir ’n beroep op sowel “bindende” as

“niebindende” volkereg in grondwetsvertolking (die kwessie wat so pas bespreek is), 41 merk

dit voorts op dat sowel bindende as niebindende volkereg ’n raamwerk daarstel waarbinne die

handves van regte geëvalueer en verstaan kan word. 42 Hierdie deel van die diktum weerspieël

’n duidelike bereidwilligheid om die volkereg by die vertolking van die nasionale Grondwet

te betrek. Weens hierdie houding, gekoppel aan ’n baie wye verstaan van wat volkereg in

grondwetsvertolking behels, 43 word die Suid-Afrikaanse konstitusionele hof wêreldwyd

gekomplimenteer met ’n “‘universalist interpretation’ of constitutional rights”. 44

President Chaskalson haal John Dugard 45 aan as gesag vir sy bevinding, soos weerspieël in

die eerste gedeelte van die raamwerk-diktum, dat – gegewe artikel 35(1) van die oorgangs-

11
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

(en tans artikel 39(1)(b) van die 1996-) Grondwet – ’n beroep op beide bindende en

niebindende volkereg in grondwetsvertolking gemagtig is. Die implikasie hiervan is dat

omtrent enige bron van volkereg by grondwetsvertolking betrek kan (en eintlik oorweeg

moet) word – ook byvoorbeeld die European Convention on Human Rights and Fundamental

Freedoms waartoe Suid-Afrika nooit ’n party kan word nie.

Neville Botha en Michéle Olivier 46 voer aan dat president Chaskalson verkeerdelik op ’n

geskrif van Dugard gesteun het vir sy bevinding soos pas beskryf. Wat Dugard volgens die

outeurs waarskynlik in gedagte gehad het, was die meer tradisionele bronne van die volkereg

wat byvoorbeeld in artikel 38(1) van die Statute of the International Court of Justice erken

word, en dit het Dugard skynbaar in ’n latere geskrif van hom bevestig. 47 Dit lyk dus of

president Chaskalson die bron waarop hy gesteun het, verkeerd gelees het en as gevolg

daarvan bindende (of voorskriftelike) reg per errorem neergelê het. Dit het nietemin

mettertyd geblyk dat hierdie stukkie presedentereg van besondere gevolg en betekenis is in

die evolusie van Suid-Afrika se nasionale reg insake menseregte wat regstreeks en in ’n

monistiese trant uit bronne van die volkereg put. 48 Soos hier onder aangetoon sal word, 49 het

die konstitusionele hof in Azanian Peoples Organisation (AZAPO) v President of the

Republic of South Africa 50 van die Makwanyane-posisie geretireer, maar mettertyd het dit

geblyk ’n tydelike en ad hoc-afwyking te wees en openheid jeens – en ’n ruim mate van steun

op – die volkereg is en het belangrike faktore gebly wat die regterlike ingesteldheid teenoor

grondwetsvertolking in Suid-Afrika bepaal.

Vervolgens meer oor die tydelike aftog.

3.4 Die raamwerk-diktum gekompromitteer? AZAPO

Die konstitusionele hof se uitspraak in die polities omstrede en

verknorsingskeppende Azanian Peoples Organisation (AZAPO) v President of the Republic

of South Africa, 51 met adjunkpresident Mahomed namens ’n eenparige hof aan die woord, is

op 25 Julie 1996, een jaar, een maand en negentien dae na Makwanyane, 52 gelewer. Behalwe

die afwesigheid van waarnemende regter Kentridge in AZAPO was die regterpanele in albei

sake dieselfde en albei uitsprake was eenparig. AZAPO het ongetwyfeld afgewyk

van Makwanyane se onbevange steun op die volkereg in grondwetsvertolking. Meer nog: dit

het klaarblyklik ook die hof se standpunt oor volkereg as raamwerk waarbinne die handves

van regte geëvalueer en verstaan moet word, heeltemal omgekeer. 53 Ironies genoeg

was AZAPO nie bedoel om enige sodanige tééngevolge te hê nie, maar het dit eerder

gekonsentreer op die politieke turksvy van hoe om, op ’n grondwetlik aanvaarbare manier,

die kwessie van amnestie vir die pleeg van gruweldade deur sowel eertydse protagoniste as

eertydse antagoniste van apartheid te beredder.

’n Hoogs ongewone narede (postamble) waarmee Suid-Afrika se oorgangsgrondwet afgesluit

is, het die nodigheid vir nasionale versoening en heling van die verdeeldhede van die verlede

beklemtoon. Dit het voorts die vereiste verwoord dat amnestie verleen moet word met

betrekking tot alle handelinge, lates en misdade wat met politieke doelstellings geassosieer

12
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

kan word en wat in die loop van die konflikte van die verlede gepleeg is. ’n Wet op die

Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening 54 is vervolgens aangeneem, en dit het

voorwaardes en prosedures vir aansoeke om, en die verlening van, amnestie neergelê. ’n

Komitee is gemagtig om aan die plegers van menseregteskendings immuniteit teen beide

strafregtelike vervolging en siviele aanspreeklikheid te verleen op voorwaarde dat hul

skendingshandelinge met politieke oogmerke (soos in die wet gedefinieer) in verband gebring

kan word en dat alle tersaaklike feite omtrent sodanige handelinge ten volle openbaar gemaak

word. Artikel 20(7) van die wet het bepaal dat individuele immuniteit teen strafregtelike en

siviele aanspreeklikheid die gevolg sal wees van ’n suksesvolle amnestie-aansoek. Voorts is

die staat en ander liggame, organisasies en persone gevrywaar teen middellike

aanspreeklikheid ten opsigte van handelinge waarvoor amnestie verleen is.

AZAPO, die applikant, het die grondwetlikheid van artikel 20(7) aangeveg op grond daarvan

dat dit elkeen se “reg om beregbare geskille deur ’n geregshof of, waar toepaslik, ’n ander

onafhanklike en onpartydige forum te laat besleg”, aantas. Hierdie reg was in artikel 22 van

die oorgangsgrondwet verskans. 55 AZAPO het aangevoer dat die volkereg, en in die besonder

’n reeks Geneefse konvensies, van ’n staat vereis om die plegers van erge

menseregteskendings te vervolg. Artikel 20(7) was dus, so is aangevoer, ’n skending van die

volkereg. 56 Kragtens die gemelde konvensies “[t]he High Contracting Parties undertake to

enact any legislation necessary to provide effective penal sanctions for persons committing,

or ordering to be committed, any of the grave breaches […].”

Die konstitusionele hof (per adjunkpresident Mahomed) is van oordeel dat “[t]he issue which

falls to be determined in this Court is whether section 20(7) of the Act is inconsistent with the

Constitution” en “the enquiry as to whether or not international law prescribes a different

duty is irrelevant to that determination”. 57 Artikel 35(1) van die oorgangsgrondwet (die

voorganger van artikel 39(1)(b) van die 1996-Grondwet) maak volgens adjunkpresident

Mahomed maar net die hof daarop attent “only to ‘have regard’ to public international law if

it is applicable to the protection of the rights entrenched in the chapter” (dit wil sê regte

verskans in die oorgangshandves van regte). 58 Dit sou beteken dat slegs volkereg “bindend”

kragtens die staatsregstegniese bepalings in artikel 231 van die oorgangs- en artikels 231 en

232 van die 1996-Grondwet “volkereg” (“public international law”) vir doeleindes van artikel

35(1) van die oorgangs- en artikel 39(1)(b) van die 1996-Grondwet is. Dit is ’n verreikende

ontkragting (indien nie ’n totale omverwerping nie) van (die regseffek van) president

Chaskalson se raamwerk-diktum in Makwanyane. 59 Adjunkpresident Mahomed hanteer nie

sowel “bindende” as “niebindende” volkereg as ’n raamwerk waarbinne die handves van

regte geëvalueer en verstaan kan word nie - dit lyk of, na sy (en die hof se) oordeel, slegs

bindende volkereg wat volgens die staatsregstegniese bepalings van die Grondwet volkereg

is, kwalifiseer om in ag geneem te word wanneer die handves van regte vertolk word. Die

internasionale raamwerk vir handvesvertolking is dus beduidend ingeperk, soseer dat dit

bepalings soos artikel 35(1) van die oorgangs- en artikel 39(1)(b) van die 1996-Grondwet

oorbodig maak, want howe, tribunale of forums is in elk geval verplig om bindende volkereg

te volg: daar is geen nodigheid vir verdere bepalings om hulle aan te moedig om dit te doen

nie.

13
3.5 Die raamwerk in ere herstel? Grootboom

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Gelukkig het AZAPO binne die groter prentjie van die konstitusionele hof se

presedentegeskiedenis nie onomkeerbaar, of selfs beduidend, afbreuk gedoen aan die hof se

kenmerkend universalistiese houding teenoor volkereg in grondwetsvertolking

nie 60 en Government of the RSA v Grootboom 61 – ’n sleuteluitspraak oor die beregbaarheid

van sosio-ekonomiese regte – demonstreer dit treffend. Dié saak het gegaan oor 510 kinders

en 390 volwassenes se artikel 26 grondwetlike reg op voldoende basiese skuiling of

huisvesting hangend die verkryging van permanente huisvesting nadat hulle uit hulle

informele huise gesit is. Die informele huise waaruit hulle gesit is, was geleë op privaatgrond

wat vir formele laekoste-behuising geoormerk was.

In sy vertolking van artikel 26 van die Grondwet (wat elkeen se reg op toegang tot geskikte

behuising verskans 62 en die staat verplig om redelike wetgewende en ander maatreëls te tref

om binne die bestek van beskikbare middele die verwesenliking van hierdie reg te

bereik) 63 slaan regter Yacoob, wat die hof se uitspraak gelewer het, onder meer ag op bronne

van die volkereg en haal president Chaskalson se raamwerk-diktum

in Makwanyane 64 instemmend aan onderhewig aan die toevoeging van ’n beduidende

kwalifikasie: 65

The relevant international law can be a guide to interpretation but the weight to be

attached to any particular principle or rule of international law will vary.

However, where the relevant principle of international law binds South Africa, it

may be directly applicable.

Die hof handhaaf dus die onderskeid tussen volkereg bindend op Suid-Afrika en ander

bronne van die volkereg wat naas die bindende reg in ag geneem moet word in

grondwetsvertolking, en met AZAPO 66 in gedagte kan ’n mens selfs sê dat hy dit in ere

herstel. Die hof se uitspraak konsentreer sterk op artikels 11.1 en 2.1 van die International

Covenant on Economic, Social en Cultural Rights (ICESCR) en vertolkingsrelevante

formuleringsverskille tussen hierdie artikels en artikel 26 van die Suid-Afrikaanse Grondwet

word uitgewys. 67 Die hof is egter ook van oordeel dat algemene opmerkings wat die United

Nations Committee on Economic, Social en Cultural Rights oor die vertolking van die

ICESCR vrygestel het, “constitute a significant guide to the interpretation of section

26”. 68 Die doel van die komitee, wat uit 18 onafhanklike kundiges bestaan, is om die United

Nations Economic en Social Council by te staan om verantwoordelikhede rakende die

implementering van die ICESCR na te kom. Die hof laat hom lei deur die komitee se

algemene opmerkings om te probeer bepaal wat die begrip a minimum core (’n minimum

kern) ten aansien van sosio-ekonomiese regte behels. Deur dit te doen is die Makwanyanestandaard

oor inagneming van niebindende volkereg nie alleen herstel nie, maar dit is ook

verder ontwikkel om, op sterkte van gesonde verstand, ruimte te laat vir beroep op ’n teks wat

nie noodwendigvoorskriftelike volkereg is nie.

14
3.6 Enkele ander tersaaklike uitsprake

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Makwanyane, 69 AZAPO 70 en Grootboom 71 stel ’n spesifieke (en waarskynlik die leidende)

storielyn in die presedentregtelike narratief van die konstitusionele hof se steun op volkereg

in grondwetsvertolking daar. Nie heeltemal binne hierdie storielyn nie, maar nogtans ter

ondersteuning daarvan, is enkele uitsprake van die hof waarin ’n bepaalde regterlike

ingesteldheid oor die hantering van sekere menseregtekwessies, en in samehang daarmee

steun op die volkereg, na vore tree. So ’n ingesteldheid is uiteindelik relevant vir die manier

waarop die hof volkereg beide vir doeleindes van artikel 39(1)(b) van die Grondwet en ander

gevalle van grondwetsvertolking daarbenewens in ag neem.

Die minderheidsuitspraak van regter Sachs in Ex parte Gauteng Provincial Legislature. In re:

Dispute Concerning the Constitutionality of Certain Provisions of the Gauteng School

Education Bill of 1995, 72 waarmee die meerderheid van die konstitusionele hof nie

noodwendig verskil nie, wys byvoorbeeld hoe afgemete steun op (tersaaklike) volkereg tot

die oplossing van ’n omstrede kwessie of kwessies in die nasionale politiek kan bydra –in

casu het dit gegaan oor ontwerpwetgewing wat, volgens die petisionarisse in die saak, nie die

nodige waarborge gebied het aan leerders dat sekere van hulle regte onder die Grondwet

behoorlik beskerm sal word nie. Die regte ter sprake was die reg op moedertaalonderrig 73 en

die reg om opvoedkundige inrigtings gebaseer op ’n gemeenskaplike kultuur, taal en

godsdiens op te rig 74 – albei onderhewig aan die vereiste van prakties redelike

uitvoerbaarheid.

Regter Sachs betrag die petisionarisse se bewerings in die breë plaaslik-historiese en

grondwetlike konteks 75 en maak vier aannames in hulle guns. Hierdie aannames

kontekstualiseer hy en weeg hulle op teen drie belangrike oorwegings wat die Grondwet

uitlig. 76 Dit word gevolg deur ’n inskatting van die eintlike grondwetsbepaling wat die regte

verskans wat na bewering geskend is, aan die hand van ses universeel aanvaarde beginsels

afkomstig uit volkeregtelike bronne insake die beskerming van minderhede. 77 Dié beginsels

is in die nasionale konteks gesitueer. Die aldus behoorlik gekontekstualiseerde interaksie van

die internasionale en nasionale reg insake menseregte bring regter Sachs tot die

gevolgtrekking dat die petisionarisse se bedenkinge ongegrond was.

Volkereg kan sterk op die voorgrond tree waar die beskerming van die regte van kwesbare

individue wat hulle op vreemde bodem bevind, in die gedrang is. In Mohamed v President of

the RSA 78 het die konstitusionele hof te kampe gehad met die onwettige uitlewering van ’n

buitelandse burger aan die Verenigde State van Amerika se veiligheidsdienste. Hy was na

bewering betrokke by ’n bomaanval op die Amerikaanse ambassade in Tanzanië waarvoor

die Amerikaanse owerhede wou gehad het dat hy (in Amerika) moet teregstaan. Die hof

veroordeel hierdie uitlewering, wat as die deportasie van ’n onwettige immigrant vermom is,

ten sterkste en dring onwrikbaar (dog ongelukkig natydig) aan op ’n noukeurige nakoming

van die behoorlike regsproses in sulke gevalle, wat in casu sou moet insluit die verkryging

van ’n onderneming van die Amerikaanse owerhede dat die buitelandse burger nie tereggestel

sal word indien hy eventueel in Amerika skuldig bevind word nie. 79

15
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Kaunda v President of the RSA (2) 80 het, soos AZAPO, 81 polities ’n dilemma geskep. Negeen-sestig

applikante, almal Suid-Afrikaanse burgers, is in Zimbabwe gearresteer en aangehou

en toe aangekla van verskeie misdrywe wat met hulle beweerde betrokkenheid by ’n

sameswering om die regering van Ekwatoriaal-Guinee omver te werp, verband hou. Die hof

is genader om ’n bevel wat die Suid-Afrikaanse regering sou verplig om ten behoewe van die

applikante in te gryp ten einde hulle vrylating of uitlewering aan Suid-Afrika te verseker en

om hulle te beskerm teen aanranding en aanhouding in aaklige omstandighede terwyl hulle

nog in Zimbabwe was (en teen die risiko van ’n doodsvonnis sou hulle eventueel aan

Ekwatoriaal-Guinee uitgelewer word). ’n Meerderheid van die konstitusionele hof haal by

monde van hoofregter Chaskalson artikel 232 van die Grondwet aan – om daarmee te kenne

te gee dat hulle op volkeregtelike gewoontereg steun – en die reg op diplomatieke

beskerming van hierdie Suid-Afrikaanse burgers op vreemde bodem eng vertolk met die

bevinding dat “[t]raditionally, international law has acknowledged that States have the right

to protect their nationals beyond their borders but are under no obligation to do so”. 82

Die hof heg besondere waarde aan die mening van ’n spesiale rapporteur van die

International Law Commission oor die betekenis van diplomatieke beskerming (diplomatic

protection) 83 en kom tot die gevolgtrekking dat ingevolge huidige volkeregtelike

gewoontereg diplomatieke beskerming nie erken word en nie afgedwing kan word as ’n

fundamentele mensereg nie. Diplomatieke beskerming bly ’n prerogatief van die staat wat

volgens laasgenoemde se diskresie uitgeoefen moet word. 84

3.7 ’n Onderbenutte vermoede

In artikel 233 van die Grondwet is ’n lank reeds bestaande gemeenregtelike vermoede van

wetsuitleg vergrondwetlik. 85 Van “elke hof” wat wetgewing vertolk, word vereis om

voorkeur te gee aan enige redelike vertolking van ’n wet wat in ooreenstemming is met die

volkereg bo enige alternatiewe vertolking wat nie in ooreenstemming met die volkereg is nie.

Erasmus vestig tereg die aandag daarop dat artikel 233, anders as die konvensionele

vermoede, geld selfs waar daar geen dubbelsinnigheid is in die taal van die wetsbepaling wat

vertolk moet word nie – al wat nodig is vir die artikel om van krag te wees, is die bestaan van

volkereg wat handel oor die onderwerp of kwessie onder oorweging waarteen verskillende

vertolkingsuitkomste opgeweeg kan word. 86

Ofskoon dit ’n baie nuttige en betekenisvolle vertolkingshulpmiddel is, is sedert die

inwerkingtreding van die Grondwet nog net twee keer na artikel 233 in die konstitusionele

hof se gerapporteerde regspraak verwys, naamlik (so half in die verbygaan) deur regter Sachs

in S v Baloyi 87 om sy voorkeurvertolking van ’n wetsbepaling te regverdig, en deur

hoofregter Chaskalson in Kaunda v President of the RSA (2). 88 Artikel 233 noem slegs die

interpretasie van wetgewing uitdruklik, maar in laasgenoemde uitspraak kom die

konstitusionele hof tot die gevolgtrekking dat die vermoede wat die artikel skep, “must apply

equally to the provisions of the Bill of Rights and the Constitution as a whole”. 89 Die hof stel

artikel 233 gelyk aan artikel 39(1)(b) van die Grondwet, en dit kan gebeur slegs indien

“volkereg” in die twee artikels dieselfde beteken. Artikel 233 het dan tot gevolg dat, in die

16
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

vertolking van die Grondwet (insluitend die handves van regte), dit nooit opsioneel is om

behoorlik ag te slaan op “niebindende” volkereg nie: sodanige reg sal, om die waarheid te sê,

van toepassing wees wanneer ook al die vermoede nie weerlê is nie! (“Bindende volkereg”

ingevolge artikels 231 en 232 van die Grondwet is natuurlik in elk geval van toepassing.)

Een gevolg van hierdie verreikende vertolking is dat artikel 39(1)(b) oorbodig kan word,

aangesien artikel 233 ook op die handves van regte van toepassing is. Daar is drie moontlike

maniere om hierdie gevolg te vermy. Eerstens kan artikel 233 verstaan word as sou dit slegs

na “bindende” volkereg verwys; tweedens kan die artikel verstaan word as sou dit van

toepassing wees op slegs die vertolking van wetgewing en nie van die handves van regte ook

nie; derdens, en kragtens die stelreël generalia specialibus non derogant, 90 kan artikel

39(1)(b) gesien word as ’n spesifieke vorige wetsbepaling wat op die handves van regte in die

besonder betrekking het en daarom onaangeroerd gelaat is deur artikel 233, ’n algemene

bepaling soortgelyk in inhoud maar wat betrekking het op die Grondwet as ’n geheel. Wat die

konstitusionele hof in Kaunda 91 oor artikel 233 sê, sluit moontlikheid een uit, sluit twee nie

uit nie, maar verleen ook nie juis sterk steun aan hierdie hoogs beperkte moontlikheid nie, en

is heel waarskynlik ’n verwoording van voorkeur aan moontlikheid drie.

Artikel 233 kan natuurlik aanwending vind slegs waar daar inderdaad volkereg bestaan

waarteen alternatiewe wets- en/of grondwetsvertolkende uitkomste getoets kan word. Aan die

ander kant, om nie die vermoede toe te pas waar sodanige volkereg wel bestaan nie, is ’n

regsdwaling soos wat Gerhard Erasmus 92 met verwysing na sodanige versuim in die uitspraak

van die hoogste hof van appèl (by monde van appèlregter Lewis) in A M Moola Group Ltd v

Commissioner, South African Revenue Service 93 tereg uitwys. Gegewe die skrapsheid van

verwysings na artikel 233 in die gerapporteerde regspraak is daar goeie rede om te vermoed

dat Suid-Afrikaanse howe hierdie fout heel gereeld begaan!

Naas die uitsprake van die konstitusionele hof in Baloyi 94 en Kaunda 95 waarna hier bo verwys

is, het howe wat laer in rang is, in twee sake taamlik sydelings na artikel 233 verwys.

In Seton CO v Silveroak Industries Ltd 96 bevind ’n Gautengse hoë hof dat omdat ’n Suid-

Afrikaanse wet op ’n sekere konvensie gebaseer is en baie lande die konvensie in hulle

munisipale wetgewing geïnkorporeer het, die interpretasie van die konvensie deur die

betrokke lande se howe oorredende krag in Suid-Afrikaanse howe het – en hiervoor, meen

die hof, is artikel 233 gesag.

In Mzeku v Volkswagen SA (Pty) Ltd 97 haal die arbeidsappèlhof artikel 233 aan ter

ondersteuning van ’n siening dat ’n Suid-Afrikaanse wet vertolk moet word “in compliance

with public international obligations of the Republic”. Dit doen egter geen afbreuk aan ’n hof

se verantwoordelikheid om die bepalings van ’n wet so te vertolk dat aan die primêre

doelstellings daarvan gevolg gegee en die eise van die Grondwet nagekom word nie.

17
3.8 Volkereg en die vorming van “nuwe” munisipale reg

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Volkereg kan op verskillende wyses tot die vorming van nuwe munisipale staatsreg en

munisipale reg betreffende die beskerming van menseregte bydra. Ter illustrasie hiervan twee

voorbeelde: die eerste, met betrekking tot die gebruik van travaux préparatoires in wets- en

grondwetsvertolking, heel gewoon en enigermate tegnies (dalk selfs so ’n bietjie van ’n

gelukskoot – onbeholpenheid ten spyt), en die tweede, met betrekking tot die beregbaarheid

van fundamentele regte benewens die klassieke vryheidsregte, ’n geval van beduidende

transformasie.

3.8.1 Travaux préparatoires

Soos voorheen aangetoon, het die konstitusionele hof in S v Makwanyane 98 by monde van

president Chaskalson bindende riglyne neergelê vir ’n beroep op volkereg in

grondwetsvertolking (veral ingevolge artikel 39(1)(b) van die Grondwet), en daardeur nuwe

reg, ook volkereg, geskep. Dat volkereg ook tot die vorming van nuwe munisipale reg kan

bydra, word treffend geïllustreer deur die hof se bevindings in Makwanyane aangaande ’n

beroep optravaux préparatoires in grondwets- (en wets-) vertolking. Die hof moes besluit of

verwys sou kon word na die geskiedenis van die opstel van die oorgangsgrondwet om te

probeer vasstel waarom geen eo nomine-verwysing na die doodstraf in die geskrewe teks van

daardie grondwet ingesluit is nie. Die doodstraf was ’n baie omstrede kwessie in die geledere

van die grondwetlike onderhandelaars en opstellers van die oorgangsgrondwet, en hulle het

uiteindelik gekies vir ’n “Salomoniese oplossing” (“Solomonic solution”) 99 van die twispunt

deur dit in die teks van die oorgangsgrondwet dood te swyg en dit uit en uit aan die

konstitusionele hof oor te laat om uiteindelik oor die grondwetlikheid van hierdie strafvorm

die dobbelsteen te werp. 100 Gevolglik ag president Chaskalson dit noodsaaklik om in

die Makwanyane-saak kennis te neem van die totstandkoming van die geskrewe teks van die

oorgangsgrondwet ten einde ’n greep op die vertolkingsimplikasies van die grondwetmakers

se stilswye oor die doodstraf te kry. In ’n poging om sodanige steun op voorafgaande

beraadslagings (“preceding deliberations”) te regverdig, het die hof te staan gekom voor ’n

Suid-Afrikaanse gemenereg insake wetsvertolking wat tradisioneel geneig het om

ontoeskietlik te wees oor steun op voorbereidende materiaal in die vertolking van verordende

reg, maar dit tog ook nie heeltemal uitgesluit het nie. 101 Die hof het die

konvensionele common law-beperkings oorstyg met president Chaskalson wat aanvoer dat

steun op travaux préparatoires gepas is in grondwetsvertolking omdat dit aanvaar word in

ander lande “in which the Constitution is [...] supreme law” – en hy gee voorbeelde. 102 “The

European Court of Human Rights and the United Nations Committee on Human Rights,”

vervolg hy, “all allow their deliberations to be informed by travaux préparatoires.” 103 Hy

haal artikel 32 van die Vienna Convention on the Law of Treaties van 1969 as gesag aan vir

die bewering dat aldus op travaux préparatoires gesteun mag word – ook in

grondwetsvertolking. Hierdie Weense “konvensie oor konvensies” is “volkereg” soos in

artikel 35(1) van die oorgangs- (en artikel 39(1)(b) van die 1996-) Grondwet voorsien, maar

artikels 31-33 van die konvensie is volkereg toepasbaar (slegs, of ten minste primêr) op die

vertolking vaninternasionale dokumente en instrumente (“verdrae”) en nié ook op die

18
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

vertolking van nasionale grondwette nie. Aangesien die konstitusionele hof, as Suid-Afrika se

hoogste hof in grondwetlike aangeleenthede, beslis – waarskynlik per errorem – dat daar op

die “konvensie oor konvensies” gesteun mag word om vertolking van Suid-Afrika se

Grondwet en handves van regte te begelei (en selfs te lei), het hierdie bevinding deel geword

van die geldende reg insake wets- en grondwetsvertolking in Suid-Afrika – ’n oorredende

volkereg-teks het deur regterlike regsvorming dus volstrek bindende munisipale reg geword.

3.8.2 Die beregbaarheid van regte benewens klassieke vryheidsregte

Reeds uit die bespreking van Grootboom 104 hier bo 105 is dit duidelik dat volkereg in Suid-

Afrika bepaald ’n vormende impak gehad het (en steeds het) op regsreëlings insake (om die

taal van artikel 7(2) van die Grondwet te gebruik) eerbied vir en die beskerming, bevordering

en verwesenliking van fundamentele regte – ook regte anders as die klassieke

vryheidsregte. 106 ’n Transnasionale diskoers oor die beregbaarheid van hierdie “ander regte”

het die weg gebaan vir die volkereg om die gemelde impak te hê. Ook het die insluiting van

sulke regte in die Suid-Afrikaanse handves van regte (dikwels in feitlik dieselfde terme as

wat hulle in volkeregtelike bronne voorkom) taboes oor hulle beregbaarheid op nasionale

vlak toenemend bevraagteken. Hier is veral ter sake gesigspunte wat die tref van ’n

onderskeid tussen verskillende “generasies” fundamentele regte 107 ten grondslag lê en wat

aanvanklik in ’n volkeregskonteks beslag gekry het. 108 Mettertyd is ingesien dat hierdie

gesigspunte ewe relevant vir munisipale reg is wat op die beregbaarheid van (generasies)

fundamentele regte anders as klassieke vryheidsregte betrekking het.

In die skema van generasies van menseregte is die eerste-generasie-regte (ook soms “blou

regte” genoem) die tradisionele vryheidsregte wat meestal die vorm van afweersregte

aanneem en wat eerbied en beskerming van die staat verg. Die tweede-generasie-regte (“rooi

regte”) is sosio-ekonomiese, sosiale en kulturele regte wat (proaktief) deur die staat bevorder

moet word en vir die verwesenliking waarvan die staatsbeleid en -praktyk moontlikhede moet

skep. Ook op die vlak van proaktiewe bevordering en die skepping van

verwesenlikingsmoontlikhede lê die derde-generasie-regte (“groen regte”) met ’n sterk

kollektiewe karakter. Dit sluit in die regte op ’n gesonde omgewing, op selfbeskikking, op

ontwikkeling en vrede en die bevoegdheid van volkere om oor hulle eie natuurlike rykdom te

beskik. Nuut in die internasionale debat is die verskyning van ’n vierde-generasie

fundamentele reg op demokrasie wat deur ander tersaaklike menseregte gerugsteun word. Dat

laasgenoemde reg onderskraging deur ander fundamentele regte behoef, beklemtoon die feit

dat vrugbare wisselwerking tussen fundamentele regte in nasionale en transnasionale konteks

vir albei se verwesenliking nodig is.

Die erkenning van die beregbaarheid van tweede-, derde- en vierde-generasie-menseregte in

Suid-Afrika is dus in ’n transnasionale groeibodem gewortel, maar dra al hoe meer vrugte in

’n nasionale konteks waar behoefte aan ontwikkeling van die reg insake die beskerming van

fundamentele regte benewens die klassieke vryheidsregte, steeds groot is.

19
3.9 Voorlopige gevolgtrekkings met betrekking tot die rol van volkereg

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Dat geredelik op volkereg gesteun word in grondwetsvertolking in Suid-Afrika, beteken nie

dat volkereg altyd met ewe veel onvermengde gretigheid en optimale effek in spel gebring

word nie. Daar is soms huiwering te bespeur onder nasionale grondwetlike rolspelers om te

aanvaar dat – soos oraloor die geval is – volkereg nasionale grondwette en munisipale reg

somtyds kan troef. 109 Uit die oorsig van presedentereg hier bo het geblyk dat veral (i)

tekortkominge in regterlike kapasiteit om met volkeregtelike kwessies te handel, asook (ii)

(in sommige gevalle) ’n oorwig van huishoudelike politieke druk faktore van tyd tot tyd ’n

ongewenste (dog nie-fatale) impak op die regterlike omgaan met volkereg in Suid-Afrika

gehad het.

Gebrekkige kapasiteit – (i) hier bo – is soms verantwoordelik vir ’n ongeneentheid om in

grondwetlike gedingvoering langs die weg van artikels 231-233 regstreekse toegang tot die

volkereg te probeer kry. Beregters van grondwetlike geskille het sover verkies om volkereg

eerder “in ag te neem” ingevolge artikel 39(1)(b) van die Grondwet. Die betreurenswaardige

ondergebruik van artikel 233 as ’n (potensieel) waardevolle hulpmiddel in wets- en

grondwetsvertolking is (soos aangetoon) ’n gevolg van hierdie voorkeur. 110

Streng gesproke sou ’n mens kon redeneer dat artikel 39(1)(b) nie van toepassing is op die

vertolking van verordende reg anders as die handves van regte (hoofstuk 2 van die Grondwet)

nie: die inleidende sin tot artikel 39 verwys slégs na die vertolking van die handves. Dit sou

beteken dat artikels 231-233 – en nie artikel 39(1)(b) nie – die eintlik toepaslike bepalings is

om volkereg op die toneel te plaas wanneer “ander reg”, insluitend bepalings van die

Grondwet buite hoofstuk 2, vertolk moet word. Optimaal benut kan artikels 231-233

oortuigende motiverings en kragtige meganismes bied om volkereg in grondwetlike en ander

vorme van beregting te betrek. Daarmee wil ek nie te kenne gee dat ek my vereenselwig met

’n standpunt wat ’n beroep op artikel 39(1)(b) slegs vir gevalle van handvesvertolking in ’n

eng en oënskynlik direkte sin reserveer nie. Die vertolking van grondwetsbepalings buite

hoofstuk 2 kan veelseggende gevolge hê vir die vertolking van bepalings wat deel van

hoofstuk 2 vorm. Artikel 173 van die Grondwet, wat hoë howe magtig om die gemenereg te

ontwikkel na die eise van wat in belang van geregtigheid is, is ’n goeie voorbeeld van so ’n

bepaling. 111

Ontoereikende regterlike kapasiteit in die implementering van volkereg het nie slegs

skadelike gevolge gehad nie, maar het ook, soos aangetoon, tot heel kreatiewe regskepping

gelei (die feit dat dit dikwels per errorem was vir ’n wyle daargelaat). 112 Foute wat in die

proses gemaak en regsdwalings wat begaan is, was (om die waarheid te sê) bevorderlik vir

steun op die volkereg in grondwetsvertolking. Hierdie toevallig gunstige uitkomste regverdig

egter nie ’n onverskillige en onvanpaste omgaan met volkereg in ’n onderneming wat so

deurslaggewend betekenisvol soos grondwetsvertolking is nie.

Wat (ii) hier bo betref, illustreer AZAPO 113 hoedat politieke druk faktore plaaslik ’n hof (en in

casu in besonder die konstitusionele hof) se andersins gunstige en vrygewige omgaan met

20
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

volkereg kan kompromitteer. 114 AZAPO is al beskryf as ’n “politieke” (en verpolitiseerde)

uitspraak om daarmee die konstitusionele hof se grotendeels onbevredigende hantering van

volkereg in die betrokke saak te probeer verklaar. 115 Maar dit is ’n oorvereenvoudigde

poging. Graadgewys was Makwanyane 116 ruim net so “polities” soos wat AZAPO was, want

van die konstitusionele hof is verwag om ’n funksie te vervul (en ’n dobbelsteen te werp)

waarvoor politici (weens onoorkomelike verskille onderling) nie kans gesien het en

waarskynlik ook nie opgewasse was nie – en die hof was die politici heelhartig ter wille en

het terselfdertyd die geleentheid aangegryp om standpunte oor sleutelkwessies betreffende

grondwetsvertolking en -beregting te artikuleer. Onder hierdie kwessies tel die gepaste

gebruik van volkereg. Regspraak oor menseregte wat grondwetlike hersiening behels, is in

elk geval altyd “polities”. 117 Makwanyane was uiteindelik ’n regterlike tour de force – ’n

“bold assertion of constitutional rights and powers” 118 – omdat die konstitusionele hof gesalf

en gemagtig is as die koning Salomo wat oor dié polities omstrede twispunt van aansienlike

omvang en intensiteit uitsluitsel moes gee. Wat gevolg het, was ’n rigtinggewende

baanbrekersuitspraak waarvan die eindresultaat tot vandag toe nog waarskynlik in ’n

populêre referendum nie die steun van die meerderheid van die bevolking sal geniet nie.

Onder faktore wat deurslaggewend was vir die konstitusionele hof se slotsom

in Makwanyane, tel (heel prominent) steun op die volkereg.

Daarteenoor het die vraag waaroor AZAPO gehandel het, naamlik die grondwetlike

houdbaarheid van amnestie vir die pleeg van apartheidsgruwels jeens (eertydse) politieke

opponente, rou wonde oopgekrap. Amnestie het sentraal gestaan in die polities

onderhandelde waarheid-en-versoeningsproses in Suid-Afrika en is gesien as sleutel tot ’n

“nuwe” demokrasie wat die verlede gedenk sonder om toe te laat dat dit die toekoms

oorskadu. Indien die konstitusionele hof in AZAPO sou gesteun het op volkereg in dieselfde

mate en op dieselfde wyse as wat dit in Makwanyane gedoen het, sou dit tot die

gevolgtrekking moes gekom het dat artikel 20(7) van die Wet op die Bevordering van

Nasionale Eenheid en Versoening ongrondwetlik was. Sou die hof dan op grond van hierdie

bevinding die gewraakte wetsbepaling geskrap het, sou die hele waarheid-enversoeningsproses

ongetwyfeld in duie gestort het, met ysingwekkende gevolge vir die

omvattender projek van ’n versigtig-onderhandelde, vreedsame oorgang na konstitusionele

demokrasie in Suid-Afrika.

Voorheen 119 is daarop gewys dat AZAPO nie onomkeerbare afbreuk gedoen het aan die

konstitusionele hof se oop benadering tot die gebruik van volkereg in grondwetsvertolking

nie, soos wat die Grootboom uitspraak 120 – wat oor ’n intens politieke kwessie soos die

beregbaarheid van sosio-ekonomiese regte handel – so treffend illustreer.

Kaunda 121 het die konstitusionele hof weer eens in ’n politieke dilemma geplaas. Komplekse

diplomatieke verhoudings met ’n buurstaat was op die spel. Die hof se politieke predikament

word weerspieël deur ’n atipiese ingehoudenheid om te put uit – en ’n oordrewe beperkende

vertolking van – volkeregtelike bronne. Politieke druk faktore het nogeens hul tol geëis!

21
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Aan die ander kant kan ook geput word uit die volkereg om politieke omstredenhede op

nasionale vlak te help beredder. Dit geld in ’n besondere mate vir kwessies wat ook ’n

regstreekse volkeregtelike relevansie het. Van hierdie verskynsel is regter Sachs se

minderheidsuitspraak in die Gauteng Schools-saak, 122 wat die implikasies van selfbeskikking

vir minderheidsgroepe op ’n deurslaggewend belangrike terrein oorweeg het, ’n sprekende

voorbeeld van hoedat politieke omstredenheid tot ’n versigtig beredeneerde (en

insiggewende) uitspraak aanleiding kan gee.

Mohamed weer wys dat beregting met verreikende gevolge buite die grense van ’n nasionale

hof aan so ’n hof die geleentheid kan bied om aan die wye wêreld oor te dra hoe dit van plan

is om, binne ’n bepaalde “huishoudelike” jurisdiksiegebied, konstitusionele demokrasie te

handhaaf op ’n wyse wat samewerking en mettertyd ook respek van eweknieë in ander

jurisdiksies kan bewerkstellig

4. Grondwetlike vergelykingsarbeid 123

4.1 Vergelykingsgelowiges en -ongelowiges

I have found comparative law to be of great assistance in realizing my role as a

judge. The case law of the courts of the United States, Australia, Canada, the

United Kingdom, and Germany have helped me significantly in finding the right

path to follow. Indeed, comparing oneself to others allows for greater selfknowledge.

With comparative law, the judge expands the horizon and the

interpretive field of vision. Comparative law enriches the options available to us.

Hierdie opmerkings van ’n Israeliese oudhoofregter, Aharon Barak, 124 laat grondwetlike

vergelykingsarbeid vanselfsprekend en selfs onvermydelik lyk. Suid-Afrikaanse howe (en die

konstitusionele hof in besonder) openbaar in hul gebruik van vergelykende (buitelandse)

bronne meestal ’n soortgelyke bereidwillige openheid teenoor steun op die volkereg. Heel

welsprekend verwoord regter O’Regan in K v Minister of Safety and Security 125 hierdie

openheid, gedissiplineer deur koelkop ewewigtigheid, soos volg (en dit is die moeite werd

om haar volledig aan te haal):

There can be no doubt that it will often be helpful for our courts to consider the

approach of other jurisdictions to problems that may be similar to our own.

Counsel for the respondent argued that because our common-law principles of

delict grew from the system of Roman-Dutch law applied in Holland, a province

of the Netherlands, in the 17th century, we should not have regard to judgments

or reasoning of other legal systems. He submitted that the conceptual nature of

our law of delict, based as it is on general principles of liability, is different from

the casuistic character of the law of torts in common-law countries. These

differences, he submitted, render reliance on such law dangerous. Counsel is

correct in drawing our attention to the different conceptual bases of our law and

other legal systems. As in all exercises in legal comparativism, it is important to

22
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

be astute not to equate legal institutions which are not, in truth, comparable. Yet

in my view, the approach of other legal systems remains of relevance to us.

It would seem unduly parochial to consider that no guidance, whether positive or

negative, could be drawn from other legal systems’ grappling with issues similar

to those with which we are confronted. Consideration of the responses of other

legal systems may enlighten us in analysing our own law, and assist us in

developing it further. It is for this very reason that our Constitution contains an

express provision authorising courts to consider the law of other countries when

interpreting the Bill of Rights. It is clear that in looking to the jurisprudence of

other countries, all the dangers of shallow comparativism must be avoided. To

forbid any comparative review because of those risks, however, would be to

deprive our legal system of the benefits of the learning and wisdom to be found in

other jurisdictions. Our courts will look at other jurisdictions for enlightenment

and assistance in developing our own law. The question of whether we will find

assistance will depend on whether the jurisprudence considered is of itself

valuable and persuasive. If it is, the courts and our law will benefit. If it is not, the

courts will say so, and no harm will be done.

Barak en regter O’Regan se opmerkings staan in skrille kontras met die parogiale sentimente

wat sommige juriste in die Verenigde State van Amerika huldig te midde van ’n intense debat

oor nasionale howe se gebruik van buitelandse reg in grondwetsvertolking en -beregting in

daardie land. Cheryl Saunders sê die volgende oor hierdie debat: 126

The practice [the use of foreign law] remains a topic of fierce debate among

scholars [...] and among judges writing extra-judicially. It has been the subject of

critical comment in the press. It has attracted the attention of Congress, spawning

a series of proposed resolutions seeking, in one way or another, to discourage

judicial reference to foreign constitutional experience, with impeachment a veiled

threat in the background.

Afwysing van die praktyk van vergelyking berus op twee prinsipiële aannames. Eerstens

word geglo dat steun op buitelandse gesag noodwendig in stryd is met die oorspronklike

bedoeling van die “founding generation” wat in die eerste en die finale instansie

verantwoordelik was vir die maak van ’n grondwet wat (so word aangeneem) geen behoefte

aan ’n “huidige betekenis” (“current meaning”) het nie, dit wil sê aan ’n aanpassing-deurvertolking

by huidige omstandighede. 127 Tweedens word daarop aanspraak gemaak dat

buitelandse reg nie ’n gesaghebbende bron van die reg vir regters in nasionale howe kan wees

nie en regters wat op buitelandse reg steun (word gesê) matig hulleself ’n wetgewende

funksie aan wat in stryd is met trias politica, 128 omdat idees van vreemde regters, oor wie die

“mense” (“people”) in Amerika geen beheer het nie, op ’n kontrademokratiese wyse ingevoer

word.

23
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hierdie debat is nie besonder ter sake in konstitusionele demokrasieë waar grondwetlike

vergelyking as vertolkende onderneming toegepas, aangemoedig en, soos in Suid-Afrika,

uitdruklik deur die Grondwet gemagtig word nie. Die eerste beswaar van die teenstanders in

Amerika van die gebruik van buitelandse reg in sake wat plaaslik bereg word, berus op ’n

uitgediende teorie van grondwetsvertolking, naamlik “originalism”, wat beide die Suid-

Afrikaanse konstitusionele hof 129 en grondwetkenners in Suid-Afrika 130 uitdruklik verwerp.

Wat die tweede beswaar betref, staan antagoniste in hierdie kategorie alleen in hulle

oortuiging dat grondwetlike vergelykingsarbeid ’n onvermydelike en onoorkombare

bedreiging vir die skeiding van magte is. In geen jurisdiksie waar aanvaar word dat

buitelandse reg as hulpmiddel in grondwetsvertolking kan dien, word sodanige reg gesien en

toegepas as bindend nie(dit is trouens een van die sterkpunte daarvan), 131 en howe raadpleeg

dit nie met ’n wetgewende ingesteldheid nie, of buig nie onkrities die knie voor sienings wat

in buitelandse gesagsbronne gehuldig word nie. In die aanwesigheid van kragtige en wyderkende

grondwetlike meganismes en leesstrategieë wat die skeiding van magte beveilig, is

vergelykende grondwetlike regspraak ’n hoogs onwaarskynlike kandidaat om die Achilleshiel

van trias politica te wees.

’n Voltreffer-argument téén die antagonisme van vergelykingsongelowige Thomasse is dié

van (onder meer) Vicki Jackson: 132 “Comparison is inevitable!” Weiering om te vergelyk –

en die oorwoë afwys van vergelykingsarbeid – verg ’n besluit ... wat op vergelyking berus:

We cannot help but draw on comparisons with other systems in understanding

and giving meaning to our own ... When Justice Scalia asserts that U.S.

federalism is uniquely American, he is making an implicit comparison to other

systems and asserting that there is no other system like that of the United States ...

We cannot wholly prevent ourselves from being influenced by what we think we

know about other countries.

Die tipe vergelyking waarna Jackson hier verwys, is oorwegend implisiet en dit is belangrik

om dit eksplisiet te maak sodat onderskei kan word tussen die kaf van wat ons dink ons weet

van andere en die koring van dit wat ons werklik weet. Laasgenoemde verg suiwer

vergelykingsarbeid.

Sommige kommentators 133 stel in hulle relaas van die Suid-Afrikaanse grondwetlike

regspraak oor die gebruik van buitelandse reg in grondwetsvertolking, soms regters (van die

konstitusionele hof) wat entoesiasties ten gunste is of was van die gebruik van vergelykende

grondwetsvertolking op teen regters wat van skeptisisme in hierdie verband verdink word.

Regter Kriegler se waarskuwende opmerking in Fose v Minister of Safety en Security 134 dat

hy hom daarvan weerhou “to engage in a debate about the merits or otherwise of remedies

devised by jurisdictions whose common law relating to remedies for civil wrongs bears no

resemblance to ours en whose constitutional provisions have but a passing similarity to our

article 7(4)(a)”, word byvoorbeeld deur Cheadle, Davis en Haysom 135 opgeneem as sowel ’n

bevraagtekening van “the value of foreign law” as die verwoording van ’n siening wat

teenstrydig is met regter Ackermann se bereidwilligheid om buitelandse regsgesag in

24
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

aanmerking te neem. (Regter) Laurie Ackermann 136 wys egter in ’n buiteregterlike

geskrif, 137 met verwysing na tersaaklike gedeeltes uit konstitusionele-hof-gewysdes, daarop

dat regter Kriegler nie werklik ’n skeptikus was waar dit op die gebruik van buitelandse reg

aangekom het nie en dat goedkeurende verwysings na buitelandse gesag inderdaad voorkom

in konstitusionele-hof-uitsprake wat hy geskryf het. In S v Mamabolo (E TV, Business Day

and Freedom of Expression Institute Intervening) 138 betuig hy byvoorbeeld uitdruklik

waardering vir die bruikbaarheid van “comparative study”,

particularly where Courts in exemplary jurisdictions have grappled with universal

issues confronting us. Likewise, where a provision in our Constitution is

manifestly modelled on a particular provision in another country’s constitution, it

would be folly not to ascertain how the jurists of that country have

interpreted theirprecedential provision.

Regter Kriegler se huiwering om in sekere gevalle na buitelandse reg te verwys, spruit soms

voort uit wat hy gesien het as sy eie ontoereikende bemeestering van buitelandse bronne of

soms uit sy oortuiging dat hy met ’n gevolgtrekking van ’n kollega kan saamstem sonder om

hom op buitelandse regsgeskrifte te beroep. 139

Twee waarnemings oor die regter Kriegler-diktum hier bo kan help om die huidige diskussie

verder te voer.

Eerstens herinner die diktum ons dat nie slegs volkeregtelike bronne nie, maar ook nasionale

grondwetlike tekste in ander jurisdiksies ’n besliste impak gehad het op die maak van “nuwe

grondwette”, 140 en ook baie beslis op die maak van die Suid-Afrikaanse

Grondwet. 141 Sodanige vergelykende grondwetskrywing loop onvermydelik uit op ’n

globalisering van staatsreg (“constitutional law”), 142 wat dan weer vergelykende

grondwetsvertolking voortbring en bevorder.

Tweedens was regter Kriegler, ten spyte van die positiewe sentimente wat hy in die diktum

verwoord, maar bykomend daartoe, ’n skildwag onder sy eweknieë, gedurigdeur op die

uitkyk vir gebruike van buitelandse reg wat president Chaskalson se vermaning in S v

Makwanyane, 143 naamlik dat “we must bear in mind that we are required to construe the

South African Constitution [...] with due regard to our legal system, our history and

circumstances, and the structure and language of our own Constitution”, in die wind sou kon

slaan. ’n Sentiment wat swaar by regter Kriegler geweeg het, was sy grondige waardering vir

die unieke wyse waarop ’n politieke en grondwetlike skikking in Suid-Afrika bereik is deur

onderhandeling en verwesenlik is deur ’n “Damascene about-turn from executive directed

parliamentary supremacy to justiciable constitutionalism”. Hieroor sê hy in Du Plessis v De

Klerk 144 die volgende:

Nowhere in the world that I am aware of have enemies agreed on a transitional

coalition and a controlled two-stage process of constitution building. Therefore,

although it is always instructive to see how other countries have arranged their

25
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

constitutional affairs, I do not start there. And when I conduct comparative study,

I do so with great caution. The survey is conducted from the point of view

afforded by the South African Constitution, constructed on unique foundations,

built according to a unique design and intended for unique purposes.

Later in die uitspraak spreek regter Kriegler ’n verdere waarskuwing uit wat daarop neerkom

dat die koms van ’n nuwe Grondwet nie “the wholesale importation of foreign doctrines and

precedents” kan regverdig nie. 145 Met konstitusionele demokrasie in Suid-Afrika toe nog in

sy kinderskoene, was sodanige vermaning gepas, want met bitter min tuisgemaakte

grondwetlike regspraak waaruit die howe kon put, het die gevaar bestaan dat oormatig op die

regspraak van ander jurisdiksies gesteun en ontoepaslike bronne in die proses geraadpleeg

kon word.

Regter Kriegler se waarskuwingswoord in samehang met die laaste sin van sy diktum hier bo

jaag die spook op van onnadenkende steun op substantiewe buitelandse reg sonder

inagneming van, enersyds, die eiesoortige strukturele omgewing waarin sodanige reg

voorkom en andersyds die onderskeidende prosedurele matriks waarbinne dit vorm

aangeneem het. President Chaskalson se vermaning in S v Makwanyane 146 suggereer alreeds

dat waaksaamheid in hierdie verband raadsaam is. 147 Mark Tushnet 148 toon byvoorbeeld aan

dat en hoedat strukturele en prosedurele faktore in sommige jurisdiksies voordelige regterlike

steun op byvoorbeeld heel voorbeeldige substantiewe reg insake regstellende aksie kan

belemmer.

Dit wil egter voorkom of, in die lig van die voorheen aangehaalde diktums van regter

O’Regan in K v Minister of Safety en Security, 149 verskille in konteks nie ’n onoorkombare

hindernis is vir die vergelyking van die grondwette en staatsreg van twee stelsels nie, selfs al

lê hierdie verskille aan die konseptuele en historiese wortels van die stelsels. Die gevare van

vlak en oppervlakkige vergelykingsarbeid moet egter noulettend vermy word en die

buitelandse reg en regspraak wat ter sprake is, moet op sigself waardevol en oortuigend

gereken (kan) word. 150

Die vergelyking van (byvoorbeeld) grondwetlike bepalings wat wesenlik en ingrypend van

die eie verskil, is, met die nodige inagneming van die caveats hier bo gestel, nie uit die

staanspoor af te wys nie. 151 Omdat identiteit verhoudingsmatig bepaal word, kan ’n mens

dikwels meer wys word uit ’n regsverskynsel of -idee wat verreikend van die eie verskil as uit

een wat daarmee ooreenstem, en in grondwetsvergelyking kan negatiewe voorbeelde uit ’n

ander jurisdiksie meer bevorderlik wees vir die groei van die eie staatsreg en reg insake

menseregte as voorbeelde wat klakkeloos nagevolg word. 152 Verder bring vergelyking met

regstelsels wat ingrypend van die eie verskil, ’n mens onder die indruk van die eventualiteit

van die eie regskultuur en stel dit versweë veronderstellings en onuitgesproke aannames wat

’n juris se basiese instelling teenoor regsprobleme bepaal, aan die lig. 153

26
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

4.2 Die aantoonbare waarde en voordele van grondwetlike vergelykingsarbeid

Grondwetlike vergelykingsarbeid het sedert 1994 ’n duidelik sigbare profiel in grondwetlike

regspraak in Suid-Afrika gehad – veral in uitsprake van die konstitusionele hof. Laurie

Ackermann 154 kon byvoorbeeld tot 2006 ’n lys van nie minder nie as 26 gevalle saamstel

waar buitelandse reg vertolkings- en beregtingsuitkomste in die konstitusionele hof wesenlik

medebepaal het.

Grondwetlike vergelykingsarbeid het aantoonbare praktiese waarde wat van meer en groter

betekenis is as die blote lippediens wat soms aan die erkenning van die werklikhede van

globalisering en die vasgelegdheid van “die eie” grondwet en grondwetlike bedeling in ’n

transnasionale werklikheid bewys word. Heel gewoon maak dit grondwetsvertolkers bewus

van (die) reg, en veral buitelandse presedente, waarop hulle kan steun om hulle beslissings te

regverdig. Brun-Otto Bryde wys in ’n buitejudisiële opmerking wat hy uit sy ervaring as

regter van ’n konstitusionele hof maak, daarop dat sodanige gesag van besondere hulp kan

wees om verdere legitimiteit te verleen aan bevindinge en beslissings oor moeilike kwessies

en veral waar die resultaat teen die openbare mening ingaan: “Even an old court with much

self-confidence can profit from pointing to persuasive foreign precedents.” 155

Volgens Bryde 156 kan – in die gebruik van buitelandse reg vir vertolkingsdoeleindes – ’n

onderskeid getref word tussen buitelandse reg as inspirasie en buitelandse reg as

regsargument in grondwetlike beregting. In die eerste geval word ag geslaan op ’n

buitelandse bron omdat wat dit oor ’n sekere kwessie sê, “interessant” is – in dieselfde mate

en op dieselfde wyse as wat die mening van byvoorbeeld ’n regsprofessor “interessant” kan

wees. In hierdie opsig is daar geen numerus clausus van oorredende regsbronne nie en daar

word na breë beginsels eerder as spesifieke reëls of norme gekyk. Selfs ’n buitelandse teks

wat misverstaan of uit konteks geneem word, kan volgens Bryde inspirerend wees. Wanneer

egter op ’n teks as ’n regsargument gesteun word, moet ’n regter dit reg snap. So ’n argument

kan steun op buitelandse ervaring met die toepassing van nasionale standaarde, die toepassing

van internasionale standaarde in buitelandse (munisipale) jurisdiksies en transnasionale

grondwetlike beginsels wat nasionale staatsreg beperk.

Op die vlak van nadenke, waar gedeë (self-)refleksie die botoon voer, vervul grondwetlike

vergelykingsarbeid volgens Laurie Ackermann, wat ook uit praktiese ervaring praat, twee

sleutelfunksies. Eerstens kan dit prominent figureer om geskilpunte in ’n gegewe saak te help

identifiseer. 157 Saam met Albert Einstein glo Ackermann dat die formulering van ’n probleem

dikwels noodsaakliker is as die oplossing daarvan. Buitelandse reg, juis omdat dit niebindend

is en dus nie, soos gewone reg, druk uitoefen om “van krag te wees” nie, skep ruimte vir

“kreatiewe verbeelding” en “to raise new questions, new possibilities, [and] to regard old

problems from a new angle”. 158 In ’n kritieke stadium van regterlike beredenering, naamlik

waar die regter tot ’n voorlopige gevolgtrekking kom of by ’n hipotese uitkom, kan

verwysing na vergelykende voorbeelde hom of haar help in noodsaaklike pogings om so ’n

gevolgtrekking of hipotese verkeerd te bewys. 159

27
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Tweedens help “the comparative legal approach” die regter om sy of haar eie vooroordele

krities te bevraagteken 160 en betrokke te raak in ’n heel kritiese tweegesprek met hom- of

haarself, in die loop waarvan “hypotheses emerge, [...] intellectual, cultural and other

predispositions compete” en “critical rationalism can come into play to test and adapt

hypotheses […] It is at this stage, consciously or not, that one’s philosophical, economic and

jurisprudential Gestalt enters the picture. At this stage I have found comparative legal

concepts to be most helpful.” 161

4.3 Grondwetlike vergelykingsarbeid in Suid-Afrika: uitdagings en mylpale ... sover

Staatsreg – en die reg insake menseregte – is besig om verreikende, begripsmatige

veranderings te ondergaan 162 wat deur grondwetlike vergelykingsarbeid aan die lig gebring

word. Dit is ’n proses wat deur energieke wisselwerking tussen die “transnasionale” en die

“nasionale” gekenmerk word – met verreikende gevolge vir albei. Die proses is (nog) nie

voltrek nie en hou ’n konstruktiewe, verkennende afwagting onder vaklui lewendig – iets wat

baie van hulle uitdagend en aantreklik vind. 163 Die prys wat hier vir voorlopigheid betaal

word, is (teoreties-)metodologiese onderontwikkeling van die (opkomende) vakgebied –

omtrent al wat skrywer is op dié terrein maak daarvan gewag. 164 Dit is in die eerste plek die

verantwoordelikheid van vakteoretici – en nie byvoorbeeld regsprekers nie – om oor

teoreties-metodologiese kwessies te besin en indien nie uitsluitsel nie, dan wel voorlopige

antwoorde te probeer gee. Van hierdie verantwoordelikheid kan nie weggevlug word nie,

want daar is nog groot ruimte vir eksperimentele en verkennende denke wat as aansporing vir

teoretiese besinning (oor veral metodologie) dien. Een ding is seker: ’n wegvlug van

teoretiese besinning sal op die lang duur maar net tot vlak en formalistiese

vergelykingsarbeid lei. 165

Vervolgens word kortliks na enkele van die uitdagings vir grondwetlike vergelykingsarbeid

in Suid-Afrika gekyk aan die hand van voorbeelde uit die regspraak waarna verwys sal word.

Daarna volg ’n waardering van sekere van die mylpale wat reeds in Suid-Afrika op die terrein

van grondwetlike vergelykingsarbeid bereik is.

4.3.1 Uitdagings

Twee groot uitdagings staar grondwetlike vergelykingsarbeid (en die eksponente daarvan) in

die gesig. Die eerste is om behoorlik rekenskap te gee van die beduidenis van Suid-Afrika as

grondwetsvergelykende jurisdiksie tussen ’n aantal “nuwe” konstitusionele demokrasieë met

“nuwe grondwette” in ’n tydvak van steeds toenemende globalisering. “Nuutheid”, so is

voorheen aangevoer, 166 kan uitdruklik betrekking hê op die feit dat ’n land ’n grondwet het

wat opgestel is met verwysing na (en wat put uit) internasionale menseregte-instrumente van

na-Tweede Wêreldoorlogse oorsprong. 167 “Nuutheid” wat sinspeel op ’n noord-suidonderskeid

wat soms ook in vergelykende staatsreg getref word, kan egter na hernude

prosesse van demokratisering en grondwetmaking wêreldwyd verwys. Sommige

staatsregvergelykende waarnemers praat van hierdie prosesse as “the third wave of

democratisation”: 168

28
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

This process started with the disappearance of the last right-wing dictatorships in

Southern Europe, was followed by the breakdown of communism in Eastern

Europe and has become a world-wide phenomenon most remarkably in Latin

America but also in Africa and Asia. While setbacks are common the overall

process is significant. 169

Saam met hierdie perspektief kom die bewustheid van ’n historiese moontlikheid 170 as

belofte. Om vorentoe te kyk, is kenmerkend deel van ’n nuwe begin. Terselfdertyd bring die

gemelde perspektief herinnering na vore waarby ’n “history of errors” (à la André van der

Walt 171 ) inbegrepe is. Prestasies en flaters kan immers ewe leersaam wees wanneer die

grondwette, die staatsreg en, die belangrikste van alles, die grondwetlike ervarings van

(nuwe) nasies vergelyk word. Die buitengewone suksesse wat Suid-Afrika met ’n vreedsame

oorgang behaal het – en waarna regter Kriegler in Du Plessis v De Klerk 172 tereg met kwalik

verbloemde trots en waardering verwys – is geen rede tot selfvergenoegdheid nie, want

grondwetlike seëviering is en bly voortydig waar en wanneer ’n geskiedenis van flaters

opdoem (en selfs dreig om te herhaal).

Die oproep om waaksaam te wees, betref natuurlik nie slegs “nuwe demokrasieë” nie.

Ouderdom en selfvoldaanheid manifesteer maklik as metgeselle. Waar konstitusionele

demokrasie vir die eerste keer op die proef gestel word, is dit van eksistensiële belang dat

lande wat by sodanige strewe betrokke is, uit mekaar se positiewe en negatiewe ervarings sal

leer en hulle verwagtings van toekomsmoontlikhede en beloftes met mekaar sal deel.

Die tweede uitdaging, in die eerste plek gerig op, maar nie beperk nie tot, die eksponente van

grondwetlike vergelykingsarbeid, 173 is om die teoretiese sterkpunte en moontlikhede van

(praktiese ervarings van) grondwetlike vergelykingsarbeid en insigte daaruit verkry, in te

span om oor vergelykingsmetodologieë na te dink en hulle te ontwikkel. Hierdie

onderneming sal verder moet gaan as bloot steun op (en die gebruik van) buitelandse reg in

grondwetsvertolking, maar sal dít onvermydelik ook insluit. Baie van dit wat in hierdie

bydrae gesê is oor die gebruik van buitelandse reg in grondwetsvertolking, berus op ’n soort

praktiese wysheid wat plek-plek heel diepsinnig is, maar wat steeds nie altyd voldoende

verduidelik en geregverdig is ingevolge ’n breër teoretiese model of raamwerk nie. Hoe sal

die eksponent van grondwetlike vergelykingsarbeid byvoorbeeld besluit dat – soos regter

O’Regan dit in ’n voorheen aangehaalde diktum uit K v Minister of Safety and Security 174 stel

– ’n sekere weergawe van vergelykingsarbeid “oppervlakkig” (“shallow”) is en of

buitelandse regspraak wat in ’n gegewe geval oorweeg is “of itself valuable and persuasive”

is? Wat betref president Chaskalson 175 se rigtinggewende en regter Kriegler 176 se konstante

vermanings dat “we must bear in mind that we are required to construe the South African

Constitution”: Wat is die kriteria en voorwaardes wat vertolkingsmatige steun op

vergelykende bronne hoegenaamd moontlik maak en wanneer is twee staatregtelike stelsels

(of aspekte daarvan) genoegsaam versoenbaar om vir vertolkingsdoeleindes vergelykbaar te

wees? Hoe kan ’n “wholesale importation of foreign doctrines en precedents” onderskei word

van verstandige steun op die legitieme, leerryke waarde wat sulke leerstukke en presedente

29
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

dalk kan hê? 177 En is die debat omtrent die “oorplanting” (“transplantation”) versus die

“migrasie” (“migration”) van buitelandse reg in die Suid-Afrikaanse konteks ter sake? 178

Wat betref die suggestie van Bryde 179 oor die onderskeid tussen die gebruik van buitelandse

regsbronne as inspirasie en as regsargument, hoe word besluit waar die een ophou en die

ander een begin? Bryde meen dat vir eersgenoemde vorm van steun op sulke bronne “there

are few normative or methodological requirements”, terwyl vir laasgenoemde vorm “the

methodology has to be more thorough”. 180 Behalwe om te kenne te gee dat ’n deurtastende

metodologie ’n “getting it right” van die regter se verstaan van tersaaklike buitelandse reg

beteken, swyg Bryde oor die wesenlike verskil tussen die twee metodologieë – en “getting it

right” sal sekerlik vir die doeleindes van grondwetlike vergelykingsarbeid as sodanig die

moeite werd wees wat sodanige verskil betref!

Laurie Ackermann se deurdagte relaas van sy ervarings as ’n regterlike eksponent van

grondwetlike vergelykingsarbeid 181 maak deure vir nuttige wetenskaplike ondersoek oop.

Wat is inherent aan grondwetlike vergelykingsarbeid wat dit, gegewe die struktuur van

regterlike beredenering, van hulp maak om probleme en geskilpunte raak te sien, hipoteses te

toets en (’n mens se eie) vooroordele te bevraagteken?

Op ’n meer aardse noot: Kan daar ’n teoretiese uiteensetting gegee word van patrone en

neigings in die manier waarop die konstitusionele hof tot dusver op buitelandse bronne in

grondwetsvertolking gesteun het, en het die feit dat daar verskillende metodes (of “skole”)

van grondwetlike vergelyking bestaan, 182 hoegenaamd al gewys in Suid-Afrikaanse howe se

omgaan met buitelandse reg in grondwetsvertolking? En dan uiteindelik, hoe hou al die vrae

wat tot hier toe gevra is, verband met grondwetsvertolking en insonderheid met die soort

grondwetlike vergelyking wat in artikel 39(1)(b) van die Grondwet voorsien en, deur die

geskrewe grondwetsteks as ’n geheel gelees, gesuggereer word?

4.3.2 Mylpale

Die uitdagings vir grondwetlike vergelykingsarbeid in Suid-Afrika moet ’n mens nie blind

maak vir mylpale wat reeds op hierdie terrein bereik is nie. Daar is heelwat minder

gepubliseer oor grondwetlike vergelykingsarbeid as oor die aanwending van die volkereg in

regs- en grondwetsvertolking (veral in Afrikaans). 183 Wat wel gepubliseer is, is meestal werk

van hoë gehalte (soos ek aanstons kortliks sal probeer illustreer). Wat publikasie in Afrikaans

betref, kan ’n mens dink dat publikasie in Engels oor ’n onderwerp waarvan die

transnasionale inslag wesenlik is, (meer) aangewese is. Indien ’n mens egter die noodsaak

(vir die aanwesigheid) van Afrikaans in die groter konstitusionele debat erken, dan moet dié

taal ook gesien en gehoor word wat die transnasionale diskoers betref. Dit geld ook vir die

ander nege amptelike tale.

’n Uitstekende Suid-Afrikaanse bydrae op die terrein van grondwetlike vergelykingsarbeid is

Van der Walt seConstitutional Property Clauses, 184 wat handel oor vergelykingsarbeid in die

skrywer se spesialisasieveld, te wete grondwetlike eiedomsreg. Die skrywer probeer nie ’n

30
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

enkele omvattende teorie oor vergelykingsarbeid ontwerp nie, maar uit sy eie ervaring van

vergelykingsarbeid open hy sekere insigryke gesigspunte, waarvan die volgende ’n treffende

samevatting is:

Seen as a study of a collection of histories, comparative analysis of foreign

property clauses en case law draws our attention to the inevitable en inescapable

contextuality of the law and of constitutional property adjudication. As a history

of errors, comparative study shows us a range of fallacious doctrines, theories and

arguments that have already been discredited and should be avoided. As a history

of possibilities, comparative study shows us that certain doctrines, theories and

arguments could still be used as possible explanations of or solutions for

individual problems. As a history of examples, comparative study shows us the

methods, techniques and approaches that are available to us. Like the historical

study of law, the comparative study of law liberates us from what we need not do;

it cannot and should not enslave us by telling us what we have to do. 185

In sy rigtinggewende bydrae oor die stand van grondwetlike vergelykingsarbeid in

grondwetlike beregting in Suid-Afrika 186 maak Henk Botha baie konstruktief van hierdie

aangehaalde gedeelte uit Van der Walt se boek gebruik en verleen as’t ware metodologiese

luister daaraan deur sekere van die sleutelwaarhede daarin te gebruik om die bespreking in sy

eie artikel in perspektief te plaas en te orden. Die aangehaalde gedeelte uit Van der Walt se

werk kan dus met vrug saam met Botha se artikel gelees word.

Botha lewer voorts ’n belangrike bydrae deur twee nogal inherent verskillende weergawes

van die verhouding tussen die nuwere grondwetlike vergelykingsarbeid en die globalisering

van konstitusionalisme te identifiseer en te beskryf. 187 Volgens die eerste weergawe, dié van

onder meer Lorraine Weinrib, 188 word die groeiende belangstelling in die teorie en praktyk

van grondwetlike vergelykingsarbeid gevoed deur ’n geredelikerwys aantoonbare,

transnasionale waardekonsensus as teenvoeter vir die parogialisme van diegene wat die

waarde van grondwetlike vergelykingsarbeid ontken – die ongelowige Thomasse, met ander

woorde. 189 Menswaardigheid staan in hierdie konstellasie van waardes in die sentrum.

Vertolkingsmetodologie is ook nie wesenlik in geding nie, omdat waardegelade, doelbewuste

interpretasie (“purposive interpretation”) meestal vanselfsprekend voorkeur geniet.

Die tweede weergawe hier bo genoem, is dié van Heinz Klug 190 wat konsentreer op die rol

wat transnasionale magte gespeel het om die uitkoms van die vryheidstryd in Suid-Afrika te

bepaal. Volgens hierdie siening lê die onderskeiding van konstitusionele demokrasie nie in

konsensus oor ’n bepaalde stel waardes nie, maar in die diversiteit van sienings oor die aard

van hierdie soort demokrasie wat ruimte laat vir die saambestaan van verskillende oortuigings

oor wat hierdie staatsvorm alles kan behels. Daar is ook nie ’n metodekonsensus nie.

’n Mens sou hierdie meer statiese en die meer dinamiese weergawes hier bo so kon lees dat

hulle mekaar uitsluit, maar, sê Botha, 191 “I believe that both Weinrib’s normative-cuminterpretive

and Klug’s political-cum-institutional perspectives are important in trying to

31
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

understand the uses of comparative law in constitutional adjudication.” 192 Hy verduidelik dan

dat dit nie sy oogmerk is om die twee perspektiewe te probeer sintetiseer nie, maar om hulle

te gebruik om lig te werp op die verskillende aspekte van dieselfde probleem en om die een

die ander oor en weer te bevraagteken.

Francois Venter het die afgelope dekade of wat ontpop as ’n baie vrugbare skrywer oor

grondwetlike vergelykingsarbeid, met twee monografieë op sy kerfstok. 193 Die latere van die

twee werke(Global features of constitutional law) is in ’n afwagtende trant geskryf en die

skrywer maak geen geheim van die voorlopige en verkennende aard van sy benadering

nie. 194 Uit Venter se werk word dit egter ook gou duidelik dat daar genoeg gedoen en bereik

is in die dissipline (as ’n mens dit al so sou kon noem) waarop verder voortgebou kan word.

Hy bespreek byvoorbeeld kortliks ’n sestal bestaande vergelykende metodes en wys op hulle

sterk- en swakpunte sonder om noodwendig uit en uit vir een te kies. 195 Hy doen egter wel

aanvoorwerk vir ’n eie benadering. 196

Funksionalisme (en neofunksionalisme) as metodes op die voorpunt van tradisionele

regsvergelyking oor die algemeen is volgens Venter ook springlewendig in grondwetlike

vergelykingsarbeid, maar hierdie metode(s) gaan ook met ’n hele aantal probleme gepaard.

Ook kan geeneen van die nuwere metodes wat spesifiek op grondwetlike vergelykingsarbeid

gerig is, uitgesonder word as “dié finale en toereikende vergelykingsmetode” nie. Metodes in

die laasgenoemde kategorie sluit oorplanting (“transplantation”), migrasie (“migration”),

dialogiese interpretasie (“dialogical interpretation”), kontekstualisme (“contextualism”) en

die waarneming van verskil (“observance of difference”) in. Venter self stel dit so: 197

[T]here is room for a multiplicity of comparative methods. Methodological

claims that a particular approach will exclusively produce true, useful or even the

most useful results have historically been successful in the founding schools of

comparative law, but their exclusion of the validity and utility of alternative

approaches [...] tend (sic) to undermine their own validity, occasionally

bordering on narrow-mindedness.

Hy meen dat grondwetlike vergelykingsarbeid nie ’n doel op sigself is nie, maar dat dit wel

’n onmisbare instrument in die hande van die gewone staatsregsgeleerde is waarsonder (die

eie) staatsreg slegs maar baie oppervlakkig bestudeer sou kon word. Die werklikheid self

verskaf die primêre rede waarom grondwetlike vergelykingsarbeid onderneem moet word: as

gevolg van die wêreldwye verbondenheid van eietydse grondwetlike (en staatsregtelike)

denke, sal alleen skrapse insig in ’n bepaalde staatsregstelsel verkry kan word indien dié

stelsel nie vergelykend benader word nie, selfs al is dit soms ook net om kontrasterende

dimensies aan die lig te bring. 198

32
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

4.4 Grondwetlike vergelykingsarbeid en die vorming van “nuwe” reg: Vier sogenaamde

vertolkingsmetodes

Voorheen is voorbeelde gegee van hoe beroepe op volkereg in wets- en grondwetsvertolking

tot die daadwerklike vorming van nuwe reg (kan) lei. 199 Vergelykingsarbeid het

onvermydelik ’n soortgelyke effek en die moontlikhede in hierdie verband is haas

onoorsigtelik. Ek wil kortliks vanuit my eie belangstellingsveld (wets- en

grondwetsvertolking) met ’n voorbeeld illustreer hoe ons in Suid-Afrika ’n bepaalde faset van

ons reg kan ontwikkel in wisselwerking met buitelandse reg wat veral op die Europese

vasteland in swang is. Dit gaan hier om die vier Savigniaanse (sogenaamde) “metodes” vir

die vertolking van (geskrewe) regstekste (ook bekend as die “Savigny-kwartet”). 200

Reeds in 1973 het Hahlo en Kahn 201 hulle voorkeur laat blyk vir wat hulle genoem het ’n

moderner houding jeens wetsuitleg, en hulle het hul uitgespreek ten gunste van deeglike

oorweging van die tekstuele of letterlike, die kontekstueel-logiese, die teleologiese en die

historiese aspekte van wetstekste wat vertolk moet word. Eintlik is dié houding nie so

vreeslik modern nie. Dit stem ooreen met die “metodes van uitleg of interpretasie” wat Von

Savigny 202 vir die verstaan van pandektariese Romeinse reg aan die hand gedoen en

ontwikkel het. Hierdie metodes is kanonmatige leesstrategieë wat hedendaags veral op die

Europese vasteland 203 vir die vertolking van kodifikasies van die reg, wette 204 en

grondwette, 205 met ander woorde alle verordende, normatiewe regstekste, ingespan word.

Sedert 1994 het hierdie metodologiese kwartet ook in Suid-Afrika (weliswaar hoofsaaklik

buitejudisiële) weerklank in geskrifte oor grondwetsvertolking gevind. 206

Die vertolkingsmetodes of -modi of, meer gepas, leesstrategieë – Labuschagne 207 praat van

“invalshoeke” – wat op ’n enigermate aangepaste weergawe van die Savigniaanse lees

geskoei is, 208 is die volgende:

• Grammatikale vertolking, wat konsentreer op die wyses waarop die konvensies van

natuurlike taal die vertolking van verordende reg kan bevorder deur onder meer die baie

moontlike betekenisse wat ’n wetsbepaling kan hê, te beperk. Dit vra met ander woorde

waarneming van die grammatika van die spesifieke taal (Afrikaans, Engels, Duits, Frans,

isiZulu, ensovoorts) waarin ’n te vertolke wetsteks geskryf is.

• Sistematiese vertolking as ’n verskyningsvorm van kontekstualisme, 209 wat die vertolking

van ’n spesifieke bepaling in die lig van ’n teks of ’n instrument as ’n geheel verg, asook

inagneming van tersaaklike indiciabuite die geskrewe teks.

• Doelbewuste vertolking 210 (“purposive interpretation”) wat lig werp op die moontlike

betekenisse van ’n bepaling in die lig van die doel of ratio van sodanige bepaling.Na die

verdiepte weergawe van doelbewuste vertolking word dikwels as teleologiese vertolking

verwys.

33
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

• Historiese vertolking, wat ’n bepaling situeer in die tradisie waaruit dit voortkom en wat

’n gekwalifiseerde inagneming veroorloof van sowel die ontstaansgeskiedenis van die

spesifieke bepaling as die geskrewe teks waarin dit voorkom. Dit vra ook aandag vir die

historiese gebeurtenisse waarvan die totstandkoming van die geskrewe teks deel is.

• Vergelykende vertolking – waaroor baie in hierdie artikel gesê is – het mettertyd as vyfde

metode bygekom. In die lig van standpunte wat ek oor hierdie vorm van vertolking huldig,

moet daarvan gepraat word as “transnasionale kontekstualisering”, wat uiteenval in ’n

gepaste gebruikmaking van volkereg enersyds, en gebruikmaking van wat staats- en

menseregtelike vergelykingsarbeid kan bied andersyds.

Die uitgebreide Savigniaanse model bied werkbare moontlikhede vir die klassifikasie van

aanvaarde kanons (insluitend reëls en vermoedens) vir die vertolking van verordende reg in

Suid-Afrika – tradisioneel wette, maar sedert 1994 ook die Grondwet. Nie alleen is die

leesstrategieë in die Savigny-kwartet versoenbaar met die meeste van die tipiese common

law-kanons van, of -hulpmiddels by, wetsuitleg nie, maar eersgenoemdes kan laasgenoemdes

ook omvat of insluit. Dit maak met ander woorde sin om die tradisionele common law-kanons

en -hulpmiddels te klassifiseer onder die hoofde “grammatikale”, “sistematiese”,

“teleologiese”, “historiese” en “vergelykende vertolking”. Dit maak eweneens sin om op

soortgelyke vertolkingskanons te steun in beide grondwets- en wetsvertolking in soverre die

Grondwet en wette struktureel en stilisties soortgelyke manifestasies van verordende reg is.

Dít blyk eweneens uit ’n vergelykende blik op stelsels waarin die Savigny-kwartet erkenning

geniet.

Kortom, as ’n vergelykende kennismaking met die Savigny-kwartet daartoe kan lei dat dit in

die Suid-Afrikaanse reg insake wets- en grondwetsvertolking aanvaar word, sal ’n groot slag

geslaan word vir die sistematisering en kontekstualisering van tradisionele vertolkingskanons

wat tot nog toe óf taamlik ad hoc of selfs lukraak gebruik is óf aan die opperheerskappy van

(vermeend) duidelike en ondubbelsinnige taal onderwerp is. Laasgenoemde was waarskynlik

meestal die geval.

Aanvaarding van die Savigny-kwartet in die Suid-Afrikaanse reg insake wets- en

grondwetsvertolking sal nie neerkom op die oorplanting van ’n vreemdsoortige spesie in ’n

onbeproefde groeibodem nie, maar eerder op die migrasie van ’n regsverskynsel wat alreeds

histories verbonde is met sy nuwe – of liewer: sy addisionele – groeibodem. Savigny en sy

geskrifte staan immers in die Romeins-Germaanse (oftewel civil law-) tradisie waaruit ook

die Suid-Afrikaanse reg ryklik (kan) put.

5. Slotsom

Gebruik en nakoming van volkereg aan die een kant, en grondwetlike vergelykingsarbeid aan

die ander kant, wat in die regspraak van die konstitusionele hof verkeerdelik gelykgestel en

selfs saamgesmelt word, 211 is twee onderskeibare, aktiewe rolspelers in die groot arena van

34
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

globalisering. As prosedures van grondwets- (en, meer bepaald, menseregte-) vertolking is

hulle verskillende maniere waarop toegang verkry word tot ’n transnasionale regs- en

grondwetskonteks, meer uitgesproke vanuit die perspektief van norme en standaarde wat

universeel aanvaar en gehandhaaf word en as die verwerkliking van ’n bereidwilligheid om te

leer van (die wêreld van) andere wat beide (en gelyktydig) anders en ook dieselfde is as die

(wêreld van die) self. Transnasionale kontekstualisering kan dien as ’n teenmiddel vir

parogialisme – “parochial predilection” soos wat Venter 212 dit noem – maar mag nie toegelaat

word om in die proses ’n verdelger van pluralisme en verskeidenheid te word nie. Die

transnasionale perspektief, buiten dat dit die aandag vestig op wat universeel is, vergemaklik

ook herkenning van dit wat eng is maar terselfdertyd weergaloos in enige besondere

grondwets- en menseregtebedeling. Transnasionale kontekstualisering is dus nie slegs ’n

manier waarop universele faktore in aanmerking geneem word en makromagte in werking

gestel word nie, maar dit moet ook uniekheid eerbiedig en die bewaring en bevordering

daarvan aanhelp, en dit is beslis nie (en moet ook nie gesien word as) ’n noodsaaklike

heelmiddel vir ieder en elke moontlike simptoom van ’n akute gerigtheid op nasionale

eiebelang nie. Dit is soms onvermydelik dat transnasionale wysheid en kundigheid die knie

moet buig voor eng politieke druk – soos AZAPO 213 gewys het – en dit is altyd

betreurenswaardig (soos kritici van AZAPO aangetoon het), 214 maar in ’n gesonde

konstitusionele demokrasie is dit selde die einde van die pad (soos die eb en die vloed van die

konstitusionele hof se regspraak oor die raamwerk- diktum in Makwanyane 215 gewys het). 216

In enige besondere land behels die konkretisering van reg insake menseregte (gegewe die

inherente waardes wat dit huisves) deelname aan die dinamiese en komplekse skryf van die

groter narratief van menseregte in daardie land. Dit kan nie ’n grootse meesternarratief wees

wat vooraf (en in besonderhede) beplan is en ’n immer voorspelbare storielyn het nie.

Daarvoor is daar te veel afwykings, inkonsekwenthede en onvoorsiene omstandighede

betrokke. Dit is daarom ook onmoontlik om met enige betroubare juistheid op enige gegewe

tydstip die besondere bydrae van internasionale en buitelandse reg tot daardie narratief te

bepaal. Indien hierdie artikel maar net by benadering kon aandui hoe ’n dinamiese mag die

transnasionale konteks in die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse menseregtenarratief, en

veral in die reg insake menseregtebeskerming, sedert 1994 geword het – en dít nieteenstaande

die baie beskeie volkeregtelike en vergelykingsvaardighede van die meeste Suid-Afrikaanse

juriste – sou dit kon deurgaan as ’n verkennende bydrae wat nodig en die moeite werd is en

wat lig werp op die onderskeid tussen, en interaksie van, volke-, buitelandse en munisipale of

nasionale reg in ’n voormalige verstotelingstaat wat heeltemal té lank uitgesluit was van die

dinamiek van “die transnasionale” in die arena van globalisering.

35
Bibliografie

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Ackermann, Laurie W.H. 2005-2006. Constitutional comparativism in South Africa: A

response to Sir Basil Markesinis and Jörg Fedtke. Tulane Law Review, 80(1):169-93.

—. 2006. Constitutional comparativism in South Africa. South African Law

Journal, 123(3):497-515.

Anon. 2002. The shorter Oxford English dictionary on CD-ROMi. 5de uitgawe. Version 2.0

Oxford: Oxford University Press.

Barak, Aharon. 2005-2006. Response to “The Judge as comparatist. Comparison in public

law”. Tulane Law Review, 80(1):195-202.

Benedek, Wolfgang, Isak Hubert en Renate Kicker (reds.). 1999. Development and

developing international and European law. Essays in honour of Conrad Ginther on the

occasion of his 65th birthday. Frankfurt am Main, Berlyn, Bern, Bruxelles, New York,

Wenen: Peter Lang.

Botha, Henk. 2007. Comparative law and constitutional adjudication: A South African

perspective. Jahrbuch des Öffentlichen Rechts, 55:569-98.

Botha, Neville en Michéle Olivier. 2004. Ten years of international law in the South African

courts. South African Yearbook of International Law, 29:42-77.

Bryde, Brun-Otto. 1999. North and South in comparative constitutional law – from colonial

imposition towards a transnational constitutionalist dialogue. In Benedek, Hubert en Kicker

(reds.) 1999.

—. 2003. Konstitutionalisierung des Völkerrechts und internationalisierung des

Verfassungsrechts. Der Staat, 42(1):61-75.

—. 2005-2006. The constitutional judge and the international constitutionalist

dialogue. Tulane Law Review, 80(1):203-19.

—. 2008. Constitutional law in “old” and “new” law and development. Verfassung und Recht

in Übersee, 41(1):10-15.

Cheadle, H.M., D.M. Davis and N.R.L. Haysom. 2006. South African constitutional law: The

bill of rights. July 2006 My LexisNexis 33-3.

Choudhry, Sujit (red.). 2006. The migration of constitutional ideas. Cambridge: Cambridge

University Press.

36
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 2006. Migration as a new metaphor in comparative constitutional law. In Choudhry (red.)

2006.

Cliteur, P.B. 1992. Inleiding in het recht. Groningen: Wolters-Noordhoff.

Corder, Hugh. 1992. Lessons from (North) America. (Beware the “legalization of politics”

and the “political peduction of the law”.) South African Law Journal, 109(2):204-24.

Côté, Pierre-André. 1984. The interpretation of legislation in Canada. Cowansville, Québec:

Yvon Blais.

Cremer, Wolfram. 2003. Freiheitsgrundrechte. Funktionen und Strukturen. Tübingen: Mohr

Siebeck.

Currie, Iain en Johan de Waal. 2005. The Bill of Rights Handbook. 5de uitgawe. Lansdowne:

Juta

De Waal, Johan. 1995. A comparative analysis of the provisions of German origin in the

interim bill of rights. South African Journal on Human Rights, 11(1):1-29.

De Waal, Johan, Iain Currie en Gerhard Erasmus. 2001. The Bill of Rights Handbook. 4de

uitgawe. Kenwyn: Juta.

Dugard, John. 1994. International human rights.In Van Wyk, Dugard, De Villiers and Davis

(reds.) 1994.

—. 1995. International law and the “final” Constitution. South African Journal on Human

Rights, 11(2):241-51.

—. 2005. International law: A South African perspective. 4de uitgawe. Claremont: Juta.

Du Plessis, Lourens. 1998. The jurisprudence of interpretation and the exigencies of a new

constitutional order in South Africa. Acta Juridica, 1998:8-20.

—. 2002. Re-Interpretation of statutes. Durban: Butterworths.

—. 2005. Learned Staatsrecht from the heartland of the Rechtsstaat. Observations on the

significance of South African-German interaction in constitutional

scholarship. Potchefstroomse Elektroniese Regstydskrif,1:1/30-30/30. .

—. 2007a. International law and the evolution of (domestic) human-rights law in post-1994

South Africa. In Nijman en Nollkaemper (reds.) 2007.

—. 2007b. AZAPO: Monument, memorial … or mistake? In Le Roux en Van Marle (reds.)

2007.

37
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 2008. German Verfassungsrecht under the Southern Cross. Observations on South

African-German interaction in constitutional scholarship in recent history with particular

reference to constitution-making in South Africa. In Hufen (red.) 2008.

—. 2010. Beyond parochialism? Transnational contextualisation in constitutional

interpretation in South Africa. In Faure en Van der Walt (reds.) 2010.

Du Plessis, Lourens M. en J.R. de Ville. 1993. Bill of rights interpretation in the South

African context (3): Comparative perspectives and future prospects. Stellenbosch Law

Review, 4(3):356-93.

Erasmus, Gerhard. 2003. The incorporation of trade agreements and rules of origin: The

extent of constitutional guidance. South African Yearbook of International Law, 28:157-81.

Faure, Michael en André van der Walt (reds.). 2010. Globalisation and private law. The way

forward. Cheltenam, UK / Northampton, MA, USA: Edward Elgar.

Forsthoff, Ernst. 1961. Zur Problematik der Verfassungsauslegung. Stuttgart: Kohlhammer.

Hahlo, H.R. en E. Kahn. 1973. The South African legal system and its background. Kaapstad:

Juta.

Henkin, Louis. 1977. The internationalization of human rights. In Henkin, Frankel en

Dworkin (reds.) 1977.

Henkin, Louis, Charles Frankel en Ronald M. Dworkin (reds.). 1977. Human rights: A

symposium. New York: Columbia University, University Committee on Central Education.

Hufen, Friedhelm (red.). 2008. Verfassungen – Zwischen Recht und Politik. Festschrift zum

70. Geburtstag für Hans-Peter Schneider. Baden-Baden: Nomos.

Jackson, Vicki. 1998-1999. Ambivalent resistance and comparative constitutionalism:

Opening up the conversation on “proportionality”, rights and federalism. University of

Pennsylvania Journal of Constitutional Law, 1(3):583-639.

Jackson, Vicki C. en Mark Tushnet (reds.). 2002. Defining the field of comparative

constitutional law. Westport, Connecticut / Londen: Praeger.

Kentridge, Sydney. (2005-2006). Comparative law in constitutional adjudication: The South

African experience.Tulane Law Review 80(1):245-56.

Klug, Heinz. 1997. Introducing the Devil: An institutional analysis of the power of

constitutional review. South African Journal on Human Rights, 13(2):185-207.

38
—. 2000. Constituting democracy. law, globalism and South Africa’s political

reconstruction. Cambridge: Cambridge University Press.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Kommers, Donald P. 1997. The constitutional jurisprudence of the Federal Republic of

Germany. 2de uitgawe. Durham/Londen: Duke University Press.

Labuschagne, J.M.T. 2004. Die dinamiese regslandskap, doelaanpassing en -vervanging en

die geregtigheidswaarde van die normdop by regsuitleg en -vorming: Opmerkinge oor die

anachronistiese kant van die stelreël cessante ratione legis, cessat et ipsa lex. Tydskrif vir

Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg,67(1):43-59.

—. 1983. Regsdinamika: Opmerkinge oor die aard van die wetgewingsproses. Tydskrif vir

Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 46(4):422-35.

Le Roux, Wessel en Karin van Marle (reds.). 2007. Law, memory and the legacy of

apartheid: Ten years after AZAPO v President of South Africa. Pretoria: Pretoria University

Law Press (PULP).

Malan, J.J. 1997. Regsvergelyking in fundamentele regte-litigasie. Tydskrif vir Hedendaagse

Romeins-Hollandse Reg, 60(2):214-30.

Markesinis, Sir Basil en Jörg Fedtke. 2005-2006. The judge as comparatist. Tulane Law

Review, 80(1):11-167.

Motala, Ziyad. 1996. The Constitutional Court’s approach to international law and its method

of interpretation in the “Amnesty Decision”: Intellectual honesty or political

expediency? South African Yearbook of International Law,21:29-59.

Motala, Ziyad en Cyril Ramaphosa. 2002. Constitutional law: An analysis and cases. Oxford:

Oxford University Press.

Müller, Friedrich. 1999. Basic questions of constitutional concretisation. Stellenbosch Law

Review, 10(3):269-83.

—. 2009. Gerechtigkeit als “die Unruh im Uhrwerk”. Debatten, Gespräche, Aufzätze zu

Rechtstheorie, Rechtslinguistik und Methodik, zu Verfassungslehre und

Verfassungsvergleichung. Berlin: Duncker & Humblot.

Murkens, Jo Eric Khushal. 2008. Comparative constitutional law in the courts: Reflections on

the originalists’ objections. Verfassung und Recht in Übersee, 41(1):32-50.

Nijman, Janne en André Nollkaemper (reds.). 2007. New perspectives on the divide between

national and international law.Oxford: Oxford University Press.

39
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Peters, Anne. 2007. The globalization of state constitutions. In Nijman en Nollkaemper

(reds.) 2007.

Saunders, Cheryl. 2006. Comparative constitutional law in the courts: Is there a

problem? Current Legal Problems, 59:91-127.

Savigny, Friedrich Karl von. 1840. System des heutigen Römischen Rechts I. Berlin: Veit.

Tushnet, Mark. 2004. Interpreting constitutions comparatively: some cautionary notes, with

reference to affirmative action. Connecticut Law Review, 36(3):649-63.

—. 2006. Some reflections on method in comparative constitutional law. In Choudhry (red.)

2006.

Van der Walt, A.J. 1999. Constitutional property clauses. Kenwyn: Juta / Dordrecht:

Kluwer.

Van Wyk, Dawid, John Dugard, Bertus de Villiers en Dennis Davis (reds.). 1994. Rights and

constitutionalism: The new South African legal order. Kenwyn: Juta.

Venter, Francois. 2008. Globalization of constitutional law through comparative constitutionmaking.

Verfassung und Recht in Übersee, 41(1):16-31.

—. 2010. Global features of constitutional law. Nijmegen: Wolf Legal Publishers.

—. 2000. Constitutional comparison. Japan, Germany, Canada and South Africa as

constitutional states.Lansdowne: Juta / Dordrecht: Kluwer.

Weinrib, Lorraine E. 2002. Constitutional conceptions and constitutional comparativism.In

Jackson en Tushnet (reds.) 2002.

Wiechers, Marinus. 2011. Boekbespreking. Francois Venter, Global features of constitutional

law. 2010. Wolf Legal Publishers Nijmegen. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse

Reg, 2011(3):593-597.

Eindnotas

*Hierdie artikel is ’n verwerkte en bygewerkte weergawe van ’n hoofstuk wat voorheen (in

Engels) in ’n internasionale boekpublikasie verskyn het – sien Du Plessis (2010) in Faure en

Van der Walt (reds.) (2010). Vgl. ook Du Plessis (2007a) in Nijman en Nollkaemper (reds.)

2007.

40
1 Grondwet hfst. 2.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

2 Art. 35(1) het bepaal dat forums wat die oorgangshandves – hfst. 3 van die

oorgangsgrondwet – vertolk, volkereg wat van toepassing is op die beskerming van die regte

in die handves in ag moet neem (“must have regard to”), en vergelykbare buitelandse

hofbeslissings in ag kan of mag neem (“may have regard to”).

3 Daar moet dikwels egter met artt. 231 en 232 rekening gehou word om sekere van die

effekte van artt. 39(1)(b) en (c) en 233 behoorlik te verreken.

4 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par. 35.

5 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH).

6 Elkeen van die regters van die hof (behalwe Chaskalson P) het ook ’n eie individuele

uitspraak gegee – waarmee al die ander saamgestem het!

7 Oor beroepe op volke- en buitelandse reg in Makwanyane, sien ook Kentridge (2005-

2006:245-56).

8 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

34.

9 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

34.

10 Oor volkereg aldus bindend sien par. 3.2 hier onder.

11 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

35.

12 In par. 3.2 hier onder sal geredeneer word dat “niebindende volkereg” streng gesproke ’n

naamfout is.

13 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

35.

14 Sien par. 3.3 hier onder.

15 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

39.

16 Dit kom ook in die literatuur voor – sien bv. Malan (1997:214-30) en Barak (2005-

2006:196).

17 1997 (12) BCLR 1675 (KH), 1998 2 SA 38 (KH) par. 26.

41
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

18 Genoem in art. 35(1) van die oorgangs- (en in art. 39(1)(b) van die 1996-) grondwet.

19 Genoem in art. 35(1) van die oorgangs- (en in art. 39(1)(c) van die 1996-) grondwet.

20 Bryde (2003:61-75); sien ook Peters (2007:251-308).

21 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par. 34;

sienpar.2.1.1hier bo.

22 Sien par. 1 hier bo.

23 CC Maynard et alii v The Field Cornet of Pretoria (1894) 1 SAR 214, 223.

24 Dugard (2011:19-20).

25 “While apartheid undermined and discredited the law of South Africa, it succeeded,

perversely, in injecting notions of racial equality, self-determination and respect for human

rights into an international legal order that in 1945 had few developed rules on these

subjects.” Sien Dugard (2011:19).

26 Sien par. 1 hier bo.

27 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par. 34, 35, 39. Sien

par. 2.1 hier bo en, oor die algemeen, Du Plessis (2007a:310).

28 Bryde (2005-2006:208).

29 Benewens die instrumente reeds genoem, is ook ryklik geput uit die Universal Declaration

of Human Rights van 1948, die American Convention on Human Rights van 1969, die

African Charter on Human and Peoples’ Rights van 1981, die International Covenant on the

Elimination of all Forms of Racial Discrimination van 1966, die Convention on the

Elimination of all forms of Discrimination against Women van 1979 en die Convention on

the Rights of the Child van 1989 – Du Plessis (2007a:313).

30 En voorheen art. 35(1) van die oorgangsgrondwet - sien par. 1 hier bo.

31 Art. 71 van die oorgangsgrondwet het sodanige sertifisering vereis as deel van die proses

om die 1996-Grondwet aan te neem.. Daar was twee sertifiseringsuitsprake. Die

konstitusionele hof het die eerste teks wat voorgelê is vir sertifisering, na die grondwetlike

vergadering terugverwys omdat dit in sommige opsigte – so het die hof bevind – nie aan die

grondwetlike beginsels voldoen het nie: Certification of the Constitution of the Republic of

South Africa, 1996, In re: Ex parte Chairperson of the Constitutional Assembly 1996 10

BCLR 1253 (KH), 1996 4 SA 744 (KH). In ’n latere, tweede uitspraak het die hof egter ’n

gewysigde weergawe van die eerste teks gesertifiseer: Certification of the Amended Text of

42
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

the Constitution of the Republic of South Africa, 1996, In re: Ex parte Chairperson of the

Constitutional Assembly 1997 1 BCLR 1 (KH), 1997 2 SA 97 (KH).

32 Certification of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996, In re: Ex parte

Chairperson of the Constitutional Assembly 1996 10 BCLR 1253 (KH), 1996 4 SA 744 (KH)

par. 48-51.

33 Sien egter die Suid-Afrikaanse konstitusionele hof se (teenoorgestelde) standpunt oor die

status van die Vienna Convention on the Law of Treaties in grondwetsvertolking soos

uitgespel in S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1

(KH) par. 16. Dit word hier onder bespreek.

34 Anon. (2002).

35 In par. 1 hier bo.

36 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

35.

37 Sien par. 2.1.2 hier bo.

38 Du Plessis (2007a:312).

39 Sien par. 3.7 hier onder.

40 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

35.

41 Sien par. 3.2 hier bo.

42 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

35. Mokgoro R bevind in ’n soortgelyke trant dat die Grondwet “requires courts to proceed to

public international law and foreign case law for guidance in constitutional interpretation,

thereby promoting the ideal and internationally accepted values in the cultivation of a human

rights jurisprudence for South Africa” – S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3

SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par. 304.

43 Sien par. 3.2 hier bo.

44 Peters (2007:300-1).

45 Dugard (1994:171-95).

46 Botha en Olivier (2004:46).

43
47 Dugard (1995:241-51).

48 Sien ook Motala en Ramaphosa (2002:37).

49 Sien par. 3.4 hier onder.

50 1996 8 BCLR 1015 (KH), 1996 4 SA 672 (KH).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

51 1996 8 BCLR 1015 (KH), 1996 4 SA 672 (KH). Oor die polities omstrede dimensies van

hierdie saak sien Du Plessis (2007b:51-64).

52 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

16.

53 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

35 per Chaskalson P en par. 304 per Mokgoro R.

54 34 of 1995.

55 Tans art. 34 van die 1996-Grondwet.

56 Azanian Peoples Organisation (AZAPO) v President of the Republic of South Africa 1996 8

BCLR 1015 (KH), 1996 4 SA 672 (KH) par. 25.

57 Azanian Peoples Organisation (AZAPO) v President of the Republic of South Africa 1996 8

BCLR 1015 (KH), 1996 4 SA 672 (KH) par. 26.

58 Azanian Peoples Organisation (AZAPO) v President of the Republic of South Africa 1996 8

BCLR 1015 (KH), 1996 4 SA 672 (KH) par. 27.

59 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

35; sien ook par. 304 per Mokgoro R.

60 Sien par. 3.3 hier bo.

61 2000 11 BCLR 1169 (KH), 2001 1 SA 46 (KH).

62 Art. 26(1).

63 Art. 26(2).

64 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

35.

65 Government of the RSA v Grootboom 2000 11 BCLR 1169 (KH), 2001 1 SA 46 (KH) par.

26.

44
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

66 Azanian Peoples Organisation (AZAPO) v President of the Republic of South Africa 1996 8

BCLR 1015 (KH), 1996 4 SA 672 (KH).

67 Government of the RSA v Grootboom 2000 11 BCLR 1169 (KH), 2001 1 SA 46 (KH) par.

28.

68 Government of the RSA v Grootboom 2000 11 BCLR 1169 (KH), 2001 1 SA 46 (KH) par.

29.

69 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH).

70 Azanian Peoples Organisation (AZAPO) v President of the Republic of South Africa 1996 8

BCLR 1015 (KH), 1996 4 SA 672 (KH).

71 Government of the RSA v Grootboom 2000 11 BCLR 1169 (KH), 2001 1 SA 46 (KH).

72 1996 4 BCLR 537 (KH), 1996 3 SA 165 (KH).

73 Hierdie reg was gewaarborg in art. 32(b) van die oorgangsgrondwet.

74 Op voorwaarde dat daar geen diskriminasie op grond van ras sal wees nie. Hierdie reg was

gewaarborg in art. 32(c) van die oorgangsgrondwet.

75 Ex parte Gauteng Provincial Legislature. In re: Dispute Concerning the Constitutionality

of Certain Provisions of the Gauteng School Education Bill of 1995 1996 4 BCLR 537 (KH),

1996 3 SA 165 (KH) par. 45.

76 Ex parte Gauteng Provincial Legislature. In re: Dispute Concerning the Constitutionality

of Certain Provisions of the Gauteng School Education Bill of 1995 1996 4 BCLR 537 (KH),

1996 3 SA 165 (KH) par. 50.

77 Ex parte Gauteng Provincial Legislature. In re: Dispute Concerning the Constitutionality

of Certain Provisions of the Gauteng School Education Bill of 1995 1996 4 BCLR 537 (KH),

1996 3 SA 165 (KH) par. 55-68.

78 2001 7 BCLR 685 (KH), 2001 3 SA 893 (KH).

79 Mohamed v President of the RSA 2001 7 BCLR 685 (KH), 2001 3 SA 893 (KH) par. 68.

80 2004 BCLR 10 1009 (KH), 2005 4 SA 235 (KH).

81 Azanian Peoples Organisation (AZAPO) v President of the Republic of South Africa 1996 6

BCLR 1015 (KH), 1996 4 SA 672 (KH).

82 Mohamed v President of the RSA 2001 7 BCLR 685 (KH), 2001 3 SA 893 (KH) par. 23.

45
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

83 Kaunda v President of the RSA (2) 2004 10 BCLR 1009 (KH), 2005 4 SA 235 (KH) par.

25-8.

84 Kaunda v President of the RSA (2) 2004 10 BCLR 1009 (KH), 2005 4 SA 235 (KH) par.

29.

85 Du Plessis (2002:173).

86 Erasmus (2003:175).

87 2000 1 BCLR 86 (KH), 2000 2 SA 245 (KH) par. 13.

88 2004 10 BCLR 1009 (KH), 2005 4 SA 235 (KH) par. 33.

89 Kaunda v President of the RSA (2) 2004 10 BCLR 1009 (KH), 2005 4 SA 235 (KH) par.

33.

90 Du Plessis (2002:73-4).

91 Kaunda v President of the RSA (2) 2004 10 BCLR 1009 (KH), 2005 4 SA 235 (KH) par.

33.

92 Erasmus (2003:175).

93 2003 6 SA 244 (HHA).

94 S v Baloyi 2000 1 BCLR 86 (KH), 2000 2 SA 245 (KH) par. 13.

95 Kaunda v President of the RSA (2) 2004 10 BCLR 1009 (KH), 2005 4 SA 235 (KH) par.

33.

96 2000 2 SA 215 (T) 229D-F.

97 2001 4 SA 1009 (LAC) par. 23-4.

98 1995 6 BCLR 665 (KH); 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) – sienpar.2.1 hier bo.

99 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH); 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par.

22, 25.

100 Natuurlik word daar ook in die 1996-Grondwet nie na die doodstraf verwys nie, maar die

rede vir hierdie “stilswye” is dat S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391

(KH), 1995 2 SACR 1 (KH) gesien word as die gesag wat die moontlikheid van die doodstraf

vir eens en altyd uitgesluit het.

46
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

101 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH)

par. 14; sien ook Du Plessis (2002:268-9).

102 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH)

par. 16. Cremer (2003:23-9) is byvoorbeeld van oordeel dat in die meer onlangse verlede ’n

subjektiewe benadering tot grondwetsvertolking deur die Duitse Bundesverfassungsgericht

veld gewen het teenoor ’n tradisioneel meer objektiewe benadering. Ingevolge dié

subjektiewe benadering speel die ontstaansgeskiedenis van ’n wets- of die grondwetsteks ’n

belangrike en dikwels deurslaggewende rol by die vertolking daarvan.

103 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH)

par. 16.

104 Government of the RSA v Grootboom 2000 11 BCLR 1169 (KH), 2001 1 SA 46 (KH).

105 Sien par. 3.5 hier bo.

106 Sien art. 7(2) van die Grondwet.

107 Sien bv. Henkin (1977:6): “Human rights began as ‘freedom from’, as limitations on

government. Those are the familiar rights of the American Bill of Rights and the French

Declaration of the Rights of Man and of the Citizen; for Americans, the freedoms of the First

Amendment (speech, press, religion), freedom from unreasonable search and seizure, the

security of property, due process of law, the right to a fair trial and civilized punishment, and

analogous rights developed later - association, privacy, equal protection of the laws, a fair

deal, national government. To socialism, I think, we owe another dimension. Although in

conception socialism is collectivist and anti-individualist, its insistence that the purpose of

society and government is to promote economic-social welfare helped bring the welfare state

and pointed to individual economic and social rights. And so: human rights today include

both political and civil rights and economic and social rights, and, unlike our eighteenthcentury

American Constitution, post-World War II constitutions include not only bills of

rights like ours but also the right to live, the right to eat, the right to work, and the right to be

educated.''

108 Sien ook Müller (2009:228-9).

109 Peters (2007:285).

110 Sien par. 3.7 hier bo.

111 Soos bv. blyk uit Carmichele v Minister of Safety and Security 2001 10 BCLR 995 (KH),

2001 4 SA 938 (KH).

112 Sien par. 3.3 en par. 3.8 hier bo.

47
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

113 Azanian Peoples Organisation (AZAPO) v President of the Republic of South Africa 1996

8 BCLR 1015 (KH), 1996 4 SA 672 (KH).

114 Du Plessis (2007a:337-8).

115 Dit is die strekking van ’n artikel deur Motala (1996:29-59); sien ook Botha en Olivier

(2004:51).

116 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH).

117 Sien bv. Klug (1997:189).

118 Klug (1997:194).

119 Sien par. 3.5 hier bo.

120 Government of the RSA v Grootboom 2000 11 BCLR 1169 (KH), 2001 1 SA 46 (KH).

121 Kaunda v President of the RSA (2) 2004 10 BCLR 1009 (KH), 2005 4 SA 235 (KH).

122 Ex parte Gauteng Provincial Legislature. In re: Dispute Concerning the Constitutionality

of Certain Provisions of the Gauteng School Education Bill of 1995 1996 4 BCLR 537 (KH),

1996 3 SA 165 (KH).

123 Grondwetlike vergelykingsarbeid is na my oordeel die beste Afrikaanse vertaling

van constitutional comparativism en grondwetlike vergelyking is constitutional

comparison. Constitutional comparativist het ongelukkig nie ’n kort en kragtige Afrikaanse

ekwivalent nie en heet in hierdie bydrae die eksponent van grondwetlike vergelykingsarbeid.

124 Barak (2005-2006:195-6).

125 2005 9 BCLR 835 (KH), 2005 6 SA 419 (KH) par. 34-5.

126 Saunders (2006:92).

127 Du Plessis en De Ville (1993:376–7); Murkens (2008:34).

128 Murkens (2008:34).

129 Sien bv. South African Association of Personal Injury Lawyers v Heath 2001 1 BCLR 77

(KH) par. 19.

130 Corder (1992:206–14).

131 Ackermann(2005-2006:83-184). Sien ook S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995

3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par. 39.

48
132 Jackson (1998-1999:600); sien ook Botha (2007:582).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

133 Sien bv. Cheadle, Davis en Haysom (2006:33-3) en ook Markesinis en Fedtke (2005-

2006:66-8).

134 1997 7 BCLR 851 (KH), 1997 3 786 (KH) par. 90.

135 Cheadle, Davis en Haysom (2006:33-3).

136 Ackermann (2005-2006:169-93); en sien ook Ackermann (2006:497-515).

137 En met kommentaar op Markesinis en Fedtke (2005-2006:11-167).

138 2001 5 BCLR 449 (KH), 2001 3 SA 409 (KH) par. 133.

139 Ackermann (2005-2006:186); sien ook Bernstein v Bester 1996 2 SA 751 (KH), 1996 4

BCLR 449 (KH) par. 132-3.

140 Vir die betekenis van die konsep nuwe grondwette (new constitutions) sien par. 2 hier bo.

141 De Waal (1995:1-29); Du Plessis (2005:1/30-30/30); Du Plessis (2008:524-36).

142 Venter (2008:16-31).

143 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par. 39; sien ook die

inleidingsparagraaf tot par. 2.1.3 hier bo.

144 1996 5 BCLR 658 (KH), 1996 3 SA 850 (KH) par. 127.

145 Du Plessis v De Klerk 1996 5 BCLR 658 (KH), 1996 3 SA 850 (KH) par. 144.

146 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH) par. 39.

147 Soos Cheadle, Davis en Haysom (2006:33-3) verduidelik: “Great care must be taken to

ground comparative borrowing, both within the context of the texts from which that authority

emanates and as the nature and purpose of our text. For example, the absence of a general

limitation clause in the United States Constitution or the fact that the European Convention of

Human Rights is an instrument governing the conduct of national states, has a considerable

bearing on the nature of the jurisprudence of the United States Supreme Court and the

European Court of Human Rights. To borrow uncritically from these jurisdictions, without

considering the appropriate context, is an exercise fraught with danger, a fact which was

acknowledged by Chaskalson P. in Makwanyane.” Sien ookSanderson v Attorney-General,

Eastern Cape 1997 (12) BCLR 1675 (KH), 1998 2 SA 38 (KH) par. 26.

148 Tushnet (2004:649-63).

49
149 2005 9 BCLR 835 (KH), 2005 6 SA 419 (KH) par. 34-5.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

150 K v Minister of Safety and Security 2005 9 BCLR 835 (KH), 2005 6 SA 419 (KH) par. 35.

151 Botha (2007:580).

152 Malan (1997:215) praat in lg. verband van (blote) “nabootsing”.

153 Botha (2007:582).

154 Ackermann (2005-2006:187-90).

155 Bryde (2005-2006:207-8).

156 Bryde (2005-2006:213-9).

157 Ackermann (2005-2006:183-5).

158 Albert Einstein soos aangehaal deur Ackermann (2005-2006:169, 185).

159 Ackermann (2005-2006:185).

160 Ackermann (2005-2006:191) verduidelik soos volg: “No judge is a ‘Hercules’ or an

‘Athena’. The best one can do is to strive consciously to become aware of all one’s

prejudices, to be aware that, this exercise notwithstanding, one will still have subliminal

predispositions, and to toil as honestly as one can in the vineyard.”

161 Ackermann (2005-2006:191-2).

162 Venter (2010:199); Botha (2007:569-70).

163 Wiechers (2011:593).

164 Botha (2007:588-91) praat byvoorbeeld van “([t]he poverty of) theory and method”; vgl.

ook Venter (2010:199-200).

165 Hierin is ek dit heeltemal eens met Botha (2007:591).

166 Sienpar. 2 hier bo.

167 Soos die European Convention on Human Rights and Fundamental Freedoms, die

International Covenant on Economic, Social and Cultural Rights en die International

Covenant on Civil and Political Rights. Bryde (2005-2006:208).

168 Bryde (1999:701).

50
169 Bryde (2008:11).

170 Soos Van der Walt (1999:38) dit stel.

171 Van der Walt (1999:38); sien ook par. 4.3.2 hier onder.

172 1996 5 BCLR 658 (KH), 1996 3 SA 850 (KH) par. 127.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

173 Saunders (2006:119-26) redeneer, om die waarheid te sê, oortuigend dat (en waarom) dit

belangrik is vir howe om ook kwessies rakende vergelykingsmetodologie ter harte te neem.

174 2005 9 BCLR 835 (KH), 2005 6 SA 419 (KH) par. 35.

175 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH)

par. 39.

176 Du Plessis v De Klerk 1996 5 BCLR 658 (KH), 1996 3 SA 850 (KH) par. 127,

144; Sanderson v Attorney-General, Eastern Cape 1997 (12) BCLR 1675 (KH), 1998 2 SA

38 (KH) par. 26.

177 Du Plessis v De Klerk 1996 5 BCLR 658 (KH), 1996 3 SA 850 (KH) par. 144.

178 Vgl. Choudhry (2006:1-36).

179 Bryde (2005-2006:213-9).

180 Bryde (2005-2006:214).

181 Ackermann (2005-2006:169-93).

182 Sien in hierdie verband Tushnet (2006:67-83).

183 Malan (1997:214-30) is een van die eensame uitsonderings.

184 Van der Walt (1999).

185 Van der Walt (1999:38).

186 Botha (2007:569-98).

187 Botha (2007:572-8).

188 Weinrib (2002:3-34).

189 Sien par. 1.4 hier bo.

51
190 Klug (2000).

191 Botha (2007:578).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

192 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH)

par. 34.

193 Venter (2000) en Venter (2010).

194 Sien in hierdie verband ook Wiechers (2011:593).

195 Venter (2010:38-47).

196 Venter (2010:51-62).

197 Venter (2010:48).

198 Venter (2010:49).

199 Sien par. 3.8 hier bo.

200 Labuschagne (1983:422-35);(2004:46).

201 Hahlo en Kahn (1973:180).

202 Savigny (1840:206 e.v.).

203 Maar ook bv. in die “civil law”-tradisie in Kanada; sien Pierre-André Côté (1984:193-

350).

204 Cliteur (1992:196-202); Labuschagne (2004:46).

205 Forsthoff (1961:39-40); Kommers (1997:42-3); Müller (1999:275-6); Cremer (2003:31

e.v.).

206 De Waal, Currie en Erasmus (2001:129-40) het, vir die doeleindes van handves- en

menseregtevertolking, op ’n vertolkingskema soortgelyk aan dié van Von Savigny gesteun,

maar in die 5de uitgawe van hulle boek – Currie en De Waal (2005) – doen hulle dit nie meer

nie. Sien ook Du Plessis (1998:13-6).

207 Labuschagne (2004:46).

208 Vir c opsomming sien Du Plessis (1998:8).

209 Du Plessis (2002:111-5).

52
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

210 As manifestering van doelbewuste vertolking – sien Du Plessis (2002:115-9).

211 Sien par. 2.2 hier bo.

212 Venter (2010), Publisher’s Preface.

213 Azanian Peoples Organisation (AZAPO) v President of the Republic of South Africa 1996

8 BCLR 1015 (KH), 1996 4 SA 672 (KH).

214 Motala (1996:29-59); Botha en Olivier (2004:51). Sien ook par. 3.9 hier bo.

215 S v Makwanyane1995 6 BCLR 665 (KH), 1995 3 SA 391 (KH), 1995 2 SACR 1 (KH)

par. 35.

216 Sien par. 3.2-3.5 hier bo.

53
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Ondersoek na die bevoegdhede en aanspreeklikheid

van die ondernemingsreddingspraktisyn as

maatskappydokter

Opsomming

Lézelle Jacobs

L.M. Jacobs, Departement Handelsreg, Universiteit van die Vrystaat

Die navorsing handel in hoofsaak oor die bevoegdhede en aanspreeklikheid van die

ondernemingsreddingspraktisyn, ’n sleutelfiguur in enige korporatiewe reddingspoging. Die

doel van die navorsing is om vas te stel wat die nuwe 2008-Maatskappywet bepaal oor die

werksaamhede van die ondernemingsreddingspraktisyn en hoe hierdie bevoegdhede en

verpligtinge verskil van dié wat die geregtelike bestuurder ingevolge die 1973-wet gehad het.

Die geregtelike bestuurder en ondernemingsreddingspraktisyn word met mekaar in hierdie

opsig vergelyk.

Dit blyk uit die navorsing dat die werksaamhede van die reddingspraktisyn nie ’n geweldige

gedaanteverwisseling ondergaan het nie. Soos met die geregtelike bestuursmodel is die

vernaamste verpligting van die reddingspraktisyn steeds om die beheer en bestuur van die

maatskappy by die direksie oor te neem. Die reddingspraktisyn het egter een baie belangrike

verpligting bygekry, naamlik die opstel en implementering van ’n

ondernemingsreddingsplan. Daar word ook ondersoek ingestel na die persoonlike

aanspreeklikheid wat deur die ondernemingsreddingspraktisyn opgedoen kan word.

Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die uitbreiding van die bevoegdhede en pligte

van die reddingspraktisyn ’n positiewe bydrae kan lewer tot suksesvolle reddingspogings en

dat Suid-Afrika ondersoek behoort in te stel na die beter regulering van

insolvensiepraktisyns.

Trefwoorde: bevoegdhede; geregtelike bestuur; geregtelike bestuurder; korporatiewe

insolvensie; maatskappy; Maatskappywet; ondernemingsredding; ondernemingsreddingsplan;

ondernemingsreddingspraktisyn; persoonlike aanspreeklikheid; rehabilitasie; reorganisasie;

omkeerpraktyk; verpligtinge

54
Abstract

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

An investigation into the powers and duties of the business rescue practitioner as

company doctor

Although the new Companies Act 71 of 2008 has not been in effect for a very long time,

more companies are availing themselves of the business rescue provisions contained in

chapter 6 of the act. Some of these companies have achieved success and some not. It is clear,

however, that one of the most important role players in these proceedings is the business

rescue practitioner, the person responsible for administering the rehabilitation process for the

financially distressed company.

The previous act, the Companies Act 61 of 1973, made use of the judicial management

system. The judicial manager was also the key role player in these proceedings. Judicial

management was not a very successful procedure and some of the problems regarding the

procedure revolved around the judicial manager and his duties.

This article sets out to evaluate the provisions pertaining to the powers and the duties of the

rescue practitioner contained in the 2008 Companies Act in order to ascertain whether the

new provisions constitute improvements or not. This is done by comparing the current

provisions with the provisions contained in the previous act and the international guidelines

provided for in the United Nations Commission on International Trade Law's Legislative

Guide on Insolvency Law.

It is clear from the comparative study that there has not been a major transformation in the

new act with regard to the duties of the practitioner. As with the judicial management system

the main duty of the practitioner is to take over control of the company. The judicial manager

divested the board of directors of all the control in the company. An important difference is

that the new act provides for the management of the company to remain in place while being

overseen by the practitioner. However, he practitioner has the power to delegate any power or

function and even has the power to remove certain people from their office. This implies that

he still has ultimate control over the management of the company, while there are some

functions and duties that the directors must still comply with subject to his authority.

Upon being appointed the practitioner also has the important duty to promptly investigate the

affairs of the company, its business property and financial situation. Most of the

responsibilities and duties of the practitioner are dependent on the outcome this investigation.

The business rescue practitioner, like his predecessor under the old act, is regarded as an

officer of the court and in addition to his normal duties has the responsibility to inform the

court if at any time he concludes that: (i) there is no reasonable prospect for the company to

be rescued; (ii) there are no longer reasonable grounds to believe the company is in distress;

or (iii) there is evidence of reckless trading or fraud.<

55
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

It should be noted that the practitioner has the same responsibilities, duties and liabilities of a

director in respect of personal financial interests, standards of conduct and certain liabilities,

as provided for in the 2008 Act. A very important new duty of the practitioner is the

responsibility to develop, draft and implement a business rescue plan. The duty of drafting a

business rescue plan constitutes a big improvement in the new rescue procedure.

Although the duties of the practitioner have remained similar to the duties of the judicial

manager, the new act does provide him with much broader powers. Examples of such powers

are: the power to delegate any of his powers or functions to anyone who was part of the preexisting

management of the company; the power to remove from office any person who

formed part of the management of the company; and the power to incur debt by way of postcommencement

financing.

Some of the issues regarding the powers and the duties of the practitioner include the

following: the extent of the practitioner's control over the company; the high level of

remuneration paid to the practitioner for the performance of his duties as well as the lack of

adequate provisions regarding the security that has to be set by him in the event that he does

not perform his duties; the personal liability that the practitioner can incur; and the regulation

of business rescue practitioners in South Africa.

It is concluded that although the duties of the rescue practitioner are very much the same,

with the exception of the drafting of the rescue plan, the powers afforded to the practitioner

have been broadened. Since the new act affords the practitioner with comprehensive powers

it is important that he should be able to incur personal liability in the event of wrongdoing. It

is also important to investigate the drafting of adequate provisions with regards to the

remuneration the practitioner is entitled to, due to the contradicting provisions contained in

the current legislation. The regulation of insolvency practitioners, and especially business

rescue practitioners, should be given priority.

Keywords: business rescue; business rescue plan; business rescue practitioner; company;

Companies Act; corporate insolvency; duties; judicial management; judicial manager;

personal liability; rehabilitation powers; reorganisation; turnaround practice

1. Inleiding

Sedert die inwerkingtreding van die nuwe Maatskappywet 1 op 1 Mei 2011 en die nuwe

reddingsverrigtinge daarin vervat, kon daar nog geen noemenswaardige afname 2 in die

likwidasies van maatskappye waargeneem word nie. 3 Dit laat die vraag ontstaan of die nuwe

ondernemingsreddingsverrigtinge, wat geregtelike bestuur vervang het, wel enigsins ’n

verskil gaan meebring vir maatskappye in finansiële nood.

Die Engelse Cork-verslag maak dit duidelik dat die sukses van ’n insolvensieregstelsel

grootliks afhang van die persone wat dit administreer. 4 In die geval van

ondernemingsreddingsverrigtinge ingevolge hoofstuk 6 van die 2008-wet is dit die

56
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

ondernemingsreddingspraktisyn. Ingevolge die 1973-Maatskappywet se (grootliks

onsuksesvolle) geregtelike bestuursmodel is ’n geregtelike bestuurder aangestel om die

redding te behartig. 5

Die ondernemingsreddingspraktisyn is die sleutelfiguur in die reddingsverrigtinge en

derhalwe is dit noodsaaklik om ondersoek na die werksaamhede van hierdie belangrike

rolspeler in te stel. Daar behoort gekyk te word na sowel die bevoegdhede wat die praktisyn

het as die verpligtinge wat hom opgelê word. Van belang is egter ook die aanspreeklikheid

wat deur ’n praktisyn opgedoen kan word indien hy sy pligte versuim of nalatig optree. Die

artikel poog dus om ’n oorsig te gee van die problematiek oor die onderwerp asook om

kwelpunte uit te lig en moontlike oplossings voor te stel. Ten einde hierdie mikpunt te bereik,

sal eerstens ’n vergelyking getref word tussen die bevoegdhede en verpligtinge van die

geregtelike bestuurder van die 1973- Maatskappywet en die nuwe

ondernemingsreddingspraktisyn van die 2008-wet. ’n Ontleding van die UNCITRALdokument

ten aansien van die insolvensiereg dien as internasionale standaard vir die huidige

onderwerp.

2. Die bevoegdhede en verpligtinge van ’n reddingspraktisyn

2.1. Die geregtelike bestuurder as reddingspraktisyn in die 1973-wet

Ingevolge die Maatskappywet 61 van 1973 moet die geregtelike bestuurder die bestuur van

die maatskappy by die direksie oorneem. 6 Hierbenewens het daar verskeie ander verpligtinge

op die geregtelike bestuurder gerus. 7 Afgesien van die verpligtinge het die geregtelike

bestuurder ook sekere bevoegdhede gehad.

Ingevolge artikel 430(c) van die wet is daar van die voorlopige geregtelike bestuurder verwag

om ’n verslag voor te berei. 8 Die verslag moes die volgende bevat: (i) ’n verslag aangaande

die algemene toestand van sake van die maatskappy; 9 (ii) ’n verklaring waarin die redes vir

die maatskappy se onvermoë om sy skulde te betaal of sy verpligtinge na te kom of verhoed

is om ’n suksesvolle onderneming te word, uiteengesit is; 10 (iii) ’n verklaring waarin die bates

en laste van die maatskappy uiteengesit is; 11 (iv) ’n volledige lys van sowel die skuldeisers

van die maatskappy as die bedrag en aard van elke eis; 12 (v) besonderhede aangaande die

bron of bronne waaruit daar fondse verkry is, of beoog word om fondse te verkry ten einde

die besigheid van die maatskappy voort te sit; 13 en (vi) die oorwoë opinie van die voorlopige

geregtelike bestuurder oor die moontlikheid of die maatskappy weer ’n suksesvolle

onderneming sou kon word, asook ’n aanduiding van die feite wat tot die ongunstige

omstandighede aanleiding gegee het. 14

Uit bostaande is dit duidelik dat die voorlopige geregtelike bestuurder ’n uiters belangrike rol

in die reddingsproses gespeel het, aangesien die skuldeisers en lede hul opinie ten aansien

van die wenslikheid van geregtelike bestuur op die verslag van die voorlopige geregtelike

bestuurder gegrond het. 15 Die hof was verplig om die wense en opinies van die skuldeisers en

57
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

lede in aanmerking te neem wanneer die besluit geneem moet word oor of die geregtelike

bestuursbevel toegestaan moet word al dan nie. 16

Die magte, oftewel bevoegdhede, van die voorlopige geregtelike bestuurder is bepaal deur die

wet en/of aanwysings deur die hof. 17 Een van die magte wat deur die hof aan die voorlopige

geregtelike bestuurder verleen kon word, was die mag om fondse op te neem ten einde

voorsiening te kon maak vir die voortsetting van die besigheid van die maatskappy

onderworpe aan die regte van bestaande skuldeisers en sonder dat hy die aandeelhouers hierin

hoef te geken het. 18 Die 1926-wet het ook bepaal dat die nuwe krediteure nie bo ander

skuldeisers bevoordeel mag word nie. 19

Artikel 433 van die 1973-wet het die verpligtinge van die finale geregtelike bestuurder

uiteengesit. 20 Die belangrikste verpligtinge was om: (i) die bestuur van die maatskappy by die

voorlopige geregtelike bestuurder oor te neem; 21 (ii) die bestuur te voer onderworpe aan die

bevele van die hof en op die wyse wat hy as die mees ekonomiese en mees bevorderlike vir

die belange van die lede en skuldeisers van die maatskappy beskou het; 22 (iii) die voorskrifte

van die hof met betrekking tot die bestuur van die maatskappy na te kom; 23 (iv)

rekeningkundige rekords te hou en finansiële state op te stel; 24 (v) die algemene

jaarvergadering en ander vergaderings van lede van die maatskappy te belê; 25 (vi) die

vergaderings van skuldeisers te belê; 26 (vii) die sake en transaksies van die maatskappy voor

die aanvang van die geregtelike bestuursbevel te ondersoek ten einde vas te stel of enige

amptenaar van die maatskappy die wet oortree het of enige misdrywe gepleeg het; 27 (viii) die

sake en transaksies van die maatskappy voor die aanvang van die geregtelike bestuursbevel te

ondersoek ten einde vas te stel of enige amptenaar van die maatskappy persoonlik

aanspreeklik is vir skadevergoeding of skadeloosstelling aan die maatskappy of vir die skulde

of verpligtinge van die maatskappy 28 ; (ix) by die hof aansoek te doen om die intrekking van

die bevel indien hy van mening is dat die voortsetting van die proses nie die maatskappy in

staat sou stel om weer ’n suksesvolle onderneming te word nie. 29 Laasgenoemde het natuurlik

ook die plig ingesluit om aansoek te doen om die likwidasie van die maatskappy. 30

Daar moet ook daarop gelet word dat die geregtelike bestuurder sy verpligtinge behoudens

die bepalings van die akte en statute van die betrokke maatskappy moes uitvoer vir sover

hulle nie met ’n voorskrif vervat in die betrokke geregtelike bestuursbevel onbestaanbaar was

nie. 31 Dit kom dus daarop neer dat die verpligtinge van die geregtelike bestuurder ook

onderworpe was aan die akte en statute van die maatskappy, mits dit nie strydig met die bevel

was nie.

’n Belangrike punt in die bespreking van die geregtelike bestuurder se verpligtinge en

bevoegdhede was die beperking op die aanwending van die maatskappy se bates. 32 Die doel

van die beperking was om te voorkom dat bates van die maatskappy nie verkwis word

nie. 33 ’n Verdere doelstelling van die beperking was die argument dat die geregtelike

bestuurder se oogmerk steeds moes wees om die maatskappy te red en kon hy dit dus nie op

homself neem om die maatskappy te likwideer nie. 34 ’n Geregtelike bestuurder mag derhalwe

net met verlof van die hof die bates van die maatskappy vervreem, tensy sodanige

58
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

vervreemding in die gewone loop van besigheid geskied het. 35 Die argument wat in hierdie

verband aangevoer is, was dat bogenoemde bepaling ver genoeg gestrek het om die verkoop

van al die maatskappy se bates in te sluit ten einde ’n lopende saketransaksie te laat geskied.

In Ex parte Vermaak 36 en Ex parte Joubert 37 het die hof aan die geregtelike bestuurder die

toestemming verleen om al die bates van die maatskappy te verkoop.

2.2. Die bevoegdhede en verpligtinge van die ondernemingsreddingspraktisyn

Die verpligtinge en bevoegdhede van die ondernemingsreddingspraktisyn word vervat in

artikels 140 en 141 van die nuwe Maatskappywet 71 van 2008. 38 Hierdie verpligtinge is

soortgelyk aan die algemene verpligtinge van ’n direkteur van die maatskappy en sluit ook

die direkteure se normale vertrouensverpligtinge en plig tot sorg en vaardigheid in. 39

Die reddingspraktisyn se pligte omvat onder andere die neem van beheer oor die

maatskappy, 40 die ondersoek en kontrolering van die maatskappy se sake ten einde die

moontlikheid op sukses van die verrigtinge te monitor, 41 die ontwikkeling en implementering

van ’n reddingsplan 42 en die aanvaarding van aanspreeklikheid in die geval van nienakoming

van verpligtinge. 43 Die belangrikste bevoegdhede en verpligtinge word vervolgens bespreek.

Een van die belangrikste verpligtinge van die praktisyn is om die bestuur van die maatskappy

oor te neem. 44 Hierbenewens het die praktisyn ook die bevoegdheid om enige mag of funksie

aan ’n persoon te delegeer wat voorheen deel gevorm het van die bestuur van die

maatskappy. 45 Hy is verder by magte om persone te verwyder as deel van die bestuur van die

maatskappy of selfs om persone aan te stel om deel te vorm van die bestuur van die

maatskappy. 46 Die reddingspraktisyn mag egter nie sonder magtiging van die hof ’n direkteur

uit sy amp ontslaan nie. 47

Die praktisyn is ook verantwoordelik om ’n ondersoek na die sake, besigheid, eiendom en

finansiële situasie van die maatskappy te behartig. 48 Die doel van sodanige ondersoek is om

vas te stel of daar ’n redelike vooruitsig bestaan dat die maatskappy gered sal kan word. 49

Aangesien die praktisyn ingevolge artikel 140(3)(a) as ’n amptenaar van die hof

geïdentifiseer word, 50 is dit ook sy plig om die hof in te lig indien hy deur die loop van sy

ondersoek vasgestel het dat daar nie ’n vooruitsig is om die maatskappy te red nie. 51 Indien

hy deur die loop van die uitvoering van sy pligte vasstel dat die maatskappy nie meer in

finansiële nood verkeer nie, moet hy ook die hof daarvan in kennis stel met die oog op die

beëindiging van die ondernemingsreddingsverrigtinge. 52 Op grond van die feit dat hy ’n

amptenaar van die hof is, rus daar ’n verdere plig op die praktisyn om die hof van enige

vernietigbare vervreemdings, roekelose handel of bedrog in te lig. 53

Indien die praktisyn tydens sy ondersoek na die sake van die maatskappy op enige bewyse

afkom wat aandui dat daar voordat die ondernemingreddingsverrigtinge begin het,

vernietigbare transaksies deur die maatskappy aangegaan is, of ’n versuim deur die

maatskappy of enige direkteur begaan is om ’n wesenlike verpligting met betrekking tot die

59
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

maatskappy na te kom, moet die praktisyn die nodige stappe doen om die aangeleentheid reg

te stel en mag hy aan die bestuur ’n opdrag gee om alle nodige stappe te doen om die

aangeleentheid reg te stel. 54

Die praktisyn moet ook op die uitkyk wees vir bewyse dat die maatskappy op ’n roekelose of

bedrieglike wyse handel gedryf het of op ’n wyse wat strydig is met enige wetgewing wat in

verband met die maatskappy bestaan. 55 Indien hy enige sodanige bewyse vind, moet hy dit

aan die toepaslike gesag besorg vir verdere ondersoek en moontlike vervolging. 56 Hy is ook

by magte om aan die bestuur opdrag te gee om alle nodige stappe te doen om die

aangeleentheid, insluitende die verhaling van enige wanaanwending van bates van die

maatskappy, reg te stel. 57

Die volgende belangrike plig wat die reddingspraktisyn moet behartig, is die ontwikkeling en

implementering van ’n ondernemingsreddingsplan. 58 Die opstel, aanvaarding en

implementering van ’n reddingsplan is een van die belangrikste aspekte van ’n moderne

reddingsmodel. 59 Die praktisyn moet die plan opstel nadat hy met die skuldeisers,

geaffekteerde persone en die bestuur van die maatskappy gekonsulteer het. 60

Die ondernemingsreddingsplan is een van die groot verbeteringe ten aansien van die Suid-

Afrikaanse reddingsmodel. Tydens die verloop van die geregtelike bestuursproses was daar

van die geregtelike bestuurder verwag om die maatskappy in finansiële nood weer solvent te

"handel" totdat al die skuldeisers betaal en die besigheid weer lewensvatbaar was. 61 Deurdat

’n ondernemingsreddingsplan voorgestel, aanvaar en geïmplementeer moet word, kan die

herstrukturering van die skuldenaar vinniger volvoer word en is daar die bykomende voordeel

dat sekerheid ten opsigte van die uitslag van die redding vir al die betrokke partye geskep

word. 62

Volledigheidshalwe is dit noodsaaklik om ook te kyk na die mees kontroversiële bevoegdheid

wat deur die wet aan die praktisyn verleen word. Artikel 136(2) van die oorspronklike teks

van die wet het bepaal:

Behoudens artikels 35A en 35B van die Insolvensiewet, 1936 (Wet No. 24 van

1936), en ongeag enige bepaling van ’n ooreenkoms tot die teendeel, kan die

praktisyn tydens ondernemingreddingsverrigtinge enige bepaling van ’n

ooreenkoms, buiten ’n indiensnemingsooreenkoms, waartoe die maatskappy by

die inwerkingtreding van die ondernemingreddingstydperk ’n party is, geheel en

al, gedeeltelik of voorwaardelik kanselleer of opskort. 63

Sedert die eerste verskyning van die wet is daar deur verskeie outeurs kritiek oor hierdie

bepaling uitgespreek. Onder andere was Solomon en Boltar nie daarmee geneë nie, en hulle

het die wye mag wat die artikel aan die praktisyn verleen, gekritiseer. 64 Hierdie bepaling in

die oorspronklike teks van die wet het aan die praktisyn die mag gegee om na willekeur te

kies aan welke ooreenkomste, of selfs aan welke dele daarvan, hy die maatskappy gebonde

60
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

wil hou. 65 Solomon en Boltar lig die absurditeit van die bepaling in die volgende voorbeeld

uit:

A company which becomes subject to business rescue proceedings is a party to a

loan agreement, in terms of which it has borrowed a capital sum. In terms of

section 136(2), the practitioner may elect to cancel those provisions in the

agreement in terms of which the company is obliged to repay the capital and to

pay interest on the capital. However, the practitioner may elect to leave intact

those provisions in terms of which the company has the right to receive and use

such loan capital. 66

Hulle is verder van mening dat hierdie mag om enige bepaling van ’n ooreenkoms, hetsy in

die geheel of gedeeltelik, te kanselleer of op te skort ’n groter mag verleen as wat daar aan

die likwidateur van ’n maatskappy verleen word, deurdat ’n likwidateur nie op prestasie

aanspraak kan maak indien hy nie self namens die maatskappy presteer het nie. 67

Loubser spreek ook kritiek teen die bepaling uit. Sy stem saam met die afleiding wat

Solomon en Boltar maak. 68 Volgens haar is die bevoegdheid wat aan die praktisyn verleen

word om ’n ooreenkoms vir ’n onbepaalde tydperk op te skort terwyl die ander party feitlik

remedieloos gelaat word, totaal onaanvaarbaar. 69 Sy is van mening dat die bevoegdheid om

’n ooreenkoms op te skort of te kanselleer, selfs waar al die verpligtinge ingevolge die

ooreenkoms nagekom is, teenstrydig is met elke erkende beginsel in die Suid-Afrikaanse

kontraktereg en in werklikheid neerkom op die kansellasie van gevestigde regte. 70

Winer soos aangehaal deur Bradstreet gee te kenne dat die bepaling vervat in artikel 136(2)

van die oorspronklike teks van die wet nie slegs sal aanleiding gee tot onnodige litigasie nie,

maar dat die partye tot die ooreenkomste wie se regte deur hierdie bevoegdheid geraak word,

slegter af sal wees as wat die geval sou wees met likwidasie. 71

Die wetgewer het egter ingegryp en die omstrede artikel 136(2) vervang deur ’n nuwe artikel

136(2), soos in artikel 83(b) van die Wysigingswet bepaal word. 72 Die nuwe bepaling lui:

Subject to subsection (2A), and despite any provision of an agreement to the

contrary, during business rescue proceedings, the practitioner may (a) entirely,

partially or conditionally suspend for the duration of the business rescue

proceedings any obligation of the company that - (i) arises under an agreement to

which the company was a party at the commencement of the business rescue

proceedings; and (ii) would otherwise become due during those proceedings; or

(b) apply urgently to a court to entirely, partially or conditionally cancel, on any

terms that are just and reasonable in the circumstances, any agreement to which

the company is a party. 73

Die nuwe bepaling spreek dus baie van die kritiek aan wat deur regslui geopper is. Een van

die belangrikste veranderings is die bepaling dat die praktisyn se magte ingekort word

61
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

deurdat hy nou slegs oor die bevoegdheid beskik om die ooreenkoms of ’n gedeelte daarvan

op te skort waarby die maatskappy ’n party was by die aanvang van die verrigtinge, maar

slegs vir die duur van die ondernemingsreddingsverrigtinge. Dit beteken in effek dat die

praktisyn nie die kontrak onbepaald kan opskort of uitstel nie en, selfs belangriker, dat hy nie

meer uit eie beweging die kontrak kan kanselleer nie. Indien die praktisyn nou om enige rede

die kontrak wil kanselleer waartoe die maatskappy ’n party is, moet hy by die hof daarvoor

aansoek doen. Die hof sal na oorweging van die omstandighede die kontrak of ’n gedeelte

daarvan kanselleer op voorwaardes wat die hof regverdig en redelik ag. 74

Die laaste belangrike punt aangaande die bevoegdhede van die praktisyn het te make met die

aangaan van skuld. Na-aanvangsfinansiering word behandel in artikel 135 van die wet. 75 ’n

Maatskappy wat ondernemingsredding ondergaan, benodig ’n manier waarop dit steeds die

werkinge van die maatskappy kan finansier terwyl daar gepoog word om die maatskappy te

red. Daar word spesifiek hiervoor in artikel 135(2) van die wet voorsiening gemaak. 76 Die

rede waarom hierdie bepaling so interessant is, hou verband met die groot wysiging wat

daarmee gepaard gaan. Die geregtelike bestuurder was ingevolge die vorige wet ook by

magte om geld op te neem vir die voortsetting van die maatskappy se besigheid, maar kon

geen voorkeur aan die nuwe skuldeiser verleen met betrekking tot sy eis nie. 77 Uit die wet is

dit duidelik dat die wetgewer wegbeweeg het van hierdie beginsel. Artikel 135(2)(a) bepaal

selfs dat die skuld deur enige bate van die maatskappy aan die skuldeiser verseker mag word

solank die bate nie andersins beswaar is nie, 78 maar gaan selfs verder deur te bepaal dat die

eis van die nuwe skuldeiser voorkeur bo bestaande skuldeisers van die maatskappy sal

hê. 79 Daar sal egter aandag geskenk moet word aan die nadelige uitwerking wat hierdie

bepaling op gewone konkurrente skuldeisers gaan hê, aangesien dit juis hierdie skuldeisers is

wat uit die opbrengs van onbeswaarde bates betaal moet word.

Wat betref die bates van die maatskappy gedurende ondernemingsreddingsverrigtinge, bepaal

artikel 134 dat ’n maatskappy wel van sy bates mag vervreem of onderneem om te vervreem

indien: (i) dit in die gewone loop van besigheid geskied; 80 (ii) dit ’n bona fidearmlengtetransaksie

vir billike waarde is wat vooraf skriftelik deur die praktisyn goedgekeur

is; 81 (iii) dit ’n transaksie beoog in, en onderneem is as deel van, die implementering van ’n

ondernemingreddingsplan wat kragtens artikel 152 goedgekeur is. 82

2.3. UNCITRAL

Volgens die Legislative Guide on Insolvency Law van die Verenigde Nasies se kommissie

aangaande internasionale handelsreg, oftewel UNCITRAL, behoort die funksies en

verpligtinge van insolvensiepraktisyns duidelik in ’n land se wetgewing uiteengesit te

word. 83 Dit is egter van uiterste belang dat die wetgewing die praktisyn ook van die nodige

magte en bevoegdhede voorsien ten einde die funksies te kan verrig. 84

Die gids sit verder die algemene verpligtinge van insolvensieregpraktisyns uiteen: “These

may include an obligation to maximize the value and protect the assets of the insolvency

62
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

estate and a duty to get the best price reasonably obtainable on the sale of assets of the

estate.” 85

3. Sekuriteit en vergoeding

Die stel van sekuriteit deur die praktisyn en die vergoeding wat hy ontvang, hou verband met

sy verpligtinge en bevoegdhede deurdat beide natuurlike uitvloeisels is van óf die behoorlike

uitvoer van sy verpligtinge en bevoegdhede óf die gebrek aan behoorlike uitvoering daarvan.

3.1. Die geregtelike bestuurder ingevolge die 1973-wet

Die geregtelike bestuurder was ingevolge artikel 129(1)(b) van die 1973-wet verplig om

sekerheid vir die behoorlike uitvoering van sy pligte by die meester te stel. 86 Hierdie bedrag

is deur die meester vasgestel 87 en is gewoonlik by wyse van ’n borgakte vir die volle waarde

van die skuldenaar se boedel gegee. 88

Die vergoeding van die geregtelike bestuurder is hanteer in artikel 434A van die wet, wat

bepaal het dat hy op vergoeding geregtig is en dat daardie vergoeding deur die meester

vasgestel sou word. 89 Ten einde die vergoedingsbedrag vas te stel was die meester verplig om

sekere faktore in aanmerking te neem, soos die wyse waarop die geregtelike bestuurder sy

werksaamhede verrig het, asook om enige aanbeveling van die lede of skuldeisers van die

maatskappy in dié verband in ag te neem. 90 Artikel 151 en 151 bis van die

Insolvensiewet 91 word ook bespreek onder die vergoeding van die geregtelike bestuurder 92 en

handel onderskeidelik oor die bevoegdheid waaroor ’n belanghebbende beskik om die hof by

wyse van mosie te nader indien sodanige persoon ontevrede is met ’n beskikking van die

meester en die kostes van die hofaansoek. 93

Een van die redes wat aangevoer word vir die mislukking van geregtelike bestuur, hou

verband met die siening dat dit ’n baie duur prosedure daargestel het, en die vergoeding van

die geregtelike bestuurder het uiteraard hiertoe bygedra. Alhoewel daar verskeie

vergoedingsopsies bestaan het, onder andere ’n tydgebaseerde vergoeding, vergoeding

gebaseer op ’n persentasie van die waarde van die bates onder geregtelike bestuur, en ’n

insentief-gebaseerde vergoeding, waar die geregtelike bestuurder ’n geleentheid gegun is om

ekwiteit in die maatskappy te bekom indien die maatskappy gered word. 94 Daar kon ook ’n

kombinasie van die bogenoemde metodes aangewend word. 95

Die kommissiegebaseerde vergoeding is egter meestal in Suid-Afrika nagevolg, waar die

geregtelike bestuurder geregtig was op ’n vasgestelde persentasie van die opbrengs van die

bates in die boedel van die skuldenaar. 96 Volgens Burdette is die nadeel van hierdie

vergoedingsopsie dat daar uitermatig hoë gelde betaalbaar is in die geval van skuldenaars met

groot en waardevolle bates, terwyl die werklike werk wat deur die geregtelike bestuurder

uitgevoer is, nie noodwendig hierdie bedrag geregverdig het nie. 97 Die teenoorgestelde was

natuurlik ook moontlik, deurdat ’n geregtelike bestuurder baie werk kon insit om ’n redelik

63
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

klein maatskappy te red, maar as gevolg van die grootte en waarde van die maatskappy se

bates nie ooreenkomstig sy werk betaal is nie. 98

Die vergoeding van die geregtelike bestuurder het deel gevorm van die koste van geregtelike

bestuur. Artikel 434(2) van die wet het bepaal dat die gelde wat gedurende geregtelike

bestuur beskikbaar word, deur die geregtelike bestuurder eerstens aangewend moet word ter

vereffening van die koste van die geregtelike bestuur, daarna vir die dryf van die maatskappy

se besigheid, en laastens ter vereffening van eise van skuldeisers wat voor die datum van die

bevel ontstaan het. 99 Laasgenoemde beteken dat die geregtelike bestuurder in effek ’n

voorkeureis verkry het, aangesien hy geregtig was op vergoeding alvorens daar aan die

maatskappy se ander verpligtinge aandag geskenk is.

3.2. Sekuriteit en vergoeding ingevolge die 2008-wet

Die nuwe Maatskappywet maak in die reël nie voorsiening vir die verskaffing van sekuriteit

deur die ondernemingsreddingspraktisyn nie. Ingevolge artikel 130 van die wet is die enigste

geval waar daar van die praktisyn verwag word om sekerheid te stel, waar ’n geaffekteerde

persoon, nadat die maatskappy die verrigtinge ingevolge artikel 129 aanhangig gemaak het,

vereis dat die reddingspraktisyn sekerheid moet stel in die bedrag en op die voorwaardes wat

deur die hof nodig geag word. 100 Die feit dat die wet nie uitdruklik vanuit die staanspoor

voorsiening maak vir die stel van sekuriteit nie, is ’n drastiese afwyking van ’n verskanste

beginsel in die Suid-Afrikaanse korporatiewe en insolvensiereg. 101 Daar kan dus gevra word

wat die wetgewer se bedoeling was met die weglating van so ’n belangrike beginsel, veral in

die lig van die omvangryke bevoegdhede wat die reddingspraktisyn het. 102 Die King-verslag

verklaar in hierdie verband:

Not only is the provision of security by the practitioner not required initially in a

voluntary business rescue proceeding, but it can never be asked for where the

court has ordered a compulsory business rescue procedure. It is conceivable that

an affected person will apply to court for the provision of security by the

practitioner in each and every case when a company adopts a resolution for

voluntary business rescue, and it is submitted that all practitioners should be

required to furnish security for the full value of the assets of the company in

which they have been appointed.

Wat die vergoeding van die praktisyn betref, bepaal artikel 143 dat die reddingspraktisyn

geregtig is op vergoeding soos uiteengesit deur die minister in die regulasies tot die

wet. 103 Die regulasies bepaal dat die basiese vergoeding van die praktisyn vasgestel moet

word by sy aanstelling deur die maatskappy self of deur die hof en dat dit beperk is tot sekere

bedrae afhangende van die grootte van die maatskappy. 104 In die geval van ’n klein

maatskappy mag die praktisyn se vergoeding nie die bedrag van R1 250 per uur oorskry nie,

met ’n maksimum van R15 625 per dag. 105 In die geval van ’n medium maatskappy mag die

praktisyn se vergoeding nie die bedrag van R1 500 per uur oorskry nie, met ’n maksimum

van R18 750 per dag. 106 In die geval van ’n groot maatskappy of ’n maatskappy in staatsbesit

64
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

mag die praktisyn se vergoeding nie die bedrag van R2 000 per uur oorskry nie, met ’n

maksimum van R25 000 per dag. 107

Afgesien van die bepalings vervat in die regulasies wat sodanige verdere vergoeding sal

bepaal, maak die 2008-wet voorsiening vir die aangaan van ’n ooreenkoms tussen die

praktisyn en die maatskappy vir die verkryging van verdere vergoeding. 108 Hierdie

vergoeding sal afhang van sekere gebeurlikhede soos in artikel 143(2) van die wet uiteengesit

word. 109 Die gebeurlikhede hou verband met die aanneem van ’n ondernemingsreddingsplan

binne ’n spesifieke tyd en die bereik van enige moontlike resultaat met betrekking tot die

reddingsprosedures. 110 Die ooreenkoms is bindend op die partye slegs indien dit deur ’n

meerderheid skuldeisers goedgekeur word soos in artikel 143(3) bepaal word. 111

Dit wil dus voorkom of die koste van die ondernemingsreddingsverrigtinge, en spesifiek die

vergoeding betaalbaar aan die reddingspraktisyn, nie werklik ’n verbetering wat

bekostigbaarheid betref, daarstel nie.

3.3. UNCITRAL en die internasionale sekerheid- en vergoedingstandaard

Die UNCITRAL-gids meld dat die verskaffing van sekuriteit deur die praktisyn vir die

behoorlike uitvoer van sy pligte ’n wyse is om hom aanspreeklik vir skade te stel. 112 Volgens

die gids bestaan daar verskeie moontlikhede betreffende die wyse waarop die praktisyn die

sekuriteit kan stel: hy kan dit gee by wyse van ’n borgakte of hy kan versekering uitneem ten

einde enige verlies of skade te dek. 113

Verskeie lande se insolvensiereg vereis beide die verskaffing van sekerheid in die vorm van

’n borgakte en versekering. Die verskillende tipes sekuriteit sal dan vir verskillende tipes

skade aangewend word. 114 Daarteenoor vereis ander lande slegs die een of die ander. 115

Die grootte van die borgakte is gewoonlik in verhouding tot die waarde van die bates van die

boedel ter sprake; in ander gevalle sal die bedrag van die borgakte of die versekeringsdekking

deur die relevante professionele organisasie of liggaam vasgestel word, of selfs in die

insolvensiewetgewing self. 116

Die gids stel dit duidelik dat ’n insolvensiepraktisyn geregtig is op vergoeding. Daar word

selfs voorgestel dat daar ’n mate van beloning oftewel insentief moet wees ten einde die

praktisyn aan te spoor om ’n suksesvolle besigheidsredding mee te bring. 117 Volgens die gids

bestaan daar verskeie maniere waarop die vergoedingsbedrag vasgestel kan word, maar dit

maak melding daarvan dat die vergoeding van so ’n aard moet wees dat dit in

ooreenstemming met die kwalifikasies van die praktisyn is, asook die funksies wat deur hom

verrig moet word. Die gids meld ook dat die vergoeding ’n balans moet handhaaf tussen

risiko en beloning ten einde te verseker dat geskikte, gekwalifiseerde professionele persone

daardeur gelok word. 118

Van die metodes wat deur die gids gemeld word ter berekening van die vergoedingsbedrag

sluit in: ’n goedgekeurde skaal van gelde waar die bedrag afhang van sekere faktore, gebaseer

65
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

op die tyd wat die uitoefening van sy pligte in beslag geneem het, asook ’n berekening van ’n

persentasie van die totale bedrag van die bates. 119

Waar die fondse vandaan kom om die praktisyn te vergoed, is volgens die gids nog ’n

belangrike aspek van vergoeding. 120 Die rede hiervoor is dat die bron van die fondse telkens

vir die onversekerde skuldeiser problematies is, omdat die algemeenste bron waaruit die

vergoedingsfondse verkry word, uit die opbrengs van onbeswaarde bates voortspruit, met die

gevolg dat daar dikwels nie genoeg realiseerbare bates oorbly om hierdie skuldeisers se eise

te betaal nie. 121 Volgens die gids bestaan daar egter oplossings om hierdie problematiek aan

te spreek. Twee van hierdie oplossings wat veral uitstaan, behels eerstens dat die opbrengs

van die onbeswaarde bates slegs vir ’n bepaalde gedeelte van die vergoeding aangewend mag

word, en tweedens dat die praktisyn vergoed word uit ’n fonds wat deur die staat beheer word

en spesifiek opgerig is ten einde insolvensiepraktisyns te vergoed. 122 In die Suid-Afrikaanse

konteks van ondernemingsredding sal die eerste opsie na alle waarskynlikheid met groter

sukses aangewend kan word om die belange van die onversekerde skuldeisers te beskerm.

4. Persoonlike aanspreeklikheid van reddingspraktisyns

4.1. Aanspreeklikheid ingevolge 1973-Maatskappywet

Die geregtelike bestuurder kon aanspreeklikheid opdoen ingevolge artikel 424 van die

wet, 123 wat bepaal het dat indien dit te enige tyd blyk dat die besigheid van die maatskappy

roekeloos of met die opset om skuldeisers te bedrieg, gedryf is, die hof op aansoek kan

verklaar dat ’n persoon wat wetens ’n party was by die dryf van die besigheid op die

voormelde wyse, persoonlik verantwoordelik is vir al, of enige van, die skulde of ander

verpligtinge van die maatskappy soos die hof gelas. 124 Indien die geregtelike bestuurder hom

dus skuldig gemaak het aan hierdie oortreding, kon hy persoonlike aanspreeklikheid teenoor

die maatskappy opdoen.

4.2. Aanspreeklikheid ingevolge die 2008-Maatskappywet

Dit is veral belangrik om daarop te let dat die ondernemingsreddingspraktisyn ingevolge

artikel 140(3) dieselfde verantwoordelikhede, verpligtinge en aanspreeklikheid het as die

direkteure van die maatskappy. 125 Die praktisyn sal derhalwe aanspreeklikheid opdoen indien

hy enige van hierdie verantwoordelikhede of pligte versuim. Die aanspreeklikheid van die

praktisyn word egter beperk in gevalle waar hy in goeie trou in die loop van die uitvoer van

sy pligte enige daad of late begaan, 126 behalwe waar hy hom skuldig gemaak het aan growwe

nalatigheid. 127

It is submitted that, although the standard applied to directors is probably high

enough, there does not seem to be any reason to have a threshold as high as gross

negligence for any conduct falling outside that associated with the functions of a

director. A lower threshold would remove any temptation on the part of the

business rescue practitioner to take a “cowboy” approach to rescuing a business

66
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

in any area where he may not be subject to the restrictions placed on directors –

perhaps the benchmark should be the ordinary, skilled insolvency practitioner. 128

Bradstreet is verder korrek in sy stelling dat indien die praktisyn met breë en omvangryke

magte vertrou word ten einde sy funksies te kan verrig, sy aanspreeklikheid ten aansien van

die uitvoering van daardie funksies net so breed en omvangryk behoort te wees. 129

Waar die praktisyn sy wye magte konserwatief uitoefen deur die skuldenaar toe te laat om in

beheer te bly, is hy besig om die oogmerke van die reorganisasie te bevorder. Hy benadeel

dan nie die bestuur omdat hulle die maatskappy tot ondernemingsredding gewend het nie en

sal waarskynlik harder werk om te poog om die maatskappy te red. 130

Soos reeds genoem, het die praktisyn dieselfde verpligtinge en aanspreeklikheid as die

direkteur van die maatskappy. 131 Dit sal meebring dat die praktisyn hom daarvan moet

weerhou om enige van die handelinge uit te oefen wat vir ’n direkteur aanspreeklikheid te

weeg sou bring. 132 Wat egter van uiterste belang is vir die ondernemingsreddingspraktisyn, is

die bepalings vervat in artikel 22 saamgelees met artikel 77(3)(b) van die wet.. 133 Artikel 22

bepaal dat ’n maatskappy nie op ’n roekelose wyse mag handel dryf nie. 134 Artikel 77 bepaal

verder:

A director of a company is liable for any loss, damages or costs sustained by the

company as a direct or indirect consequence of the director having acquiesced in

the carrying on of the company's business despite knowing that it was being

conducted in a manner prohibited by section 22(1). 135

Dit beteken dus dat die reddingspraktisyn ook moontlike persoonlike aanspreeklikheid kan

opdoen indien hy kan voorsien dat die maatskappy nie weer suksesvol sal kan wees nie, maar

steeds voortgaan met sy reddingspoging in stryd met sy verpligting om as amptenaar van die

hof die hof dienooreenkomstig in te lig.

4.3. Die UNCITRAL-model van aanspreeklikheid

Die gids stel dit duidelik dat net soos wat daar ’n balans moet wees tussen die funksies wat

die praktisyn uitvoer en sy vergoeding, daar ook ’n balans gehandhaaf moet word tussen die

standaard wat bevoegde prestasie van sy verpligtinge verseker en ’n standaard wat so streng

is dat dit slegs hofsake teen die praktisyn aanmoedig en die koste van sy dienste opjaag. 136

Die insolvensiereg van ’n land sal ook in aanmerking moet neem dat die aanspreeklikheid

van die praktisyn dikwels die toepassing van ander regsbeginsels buite die insolvensiereg

behels. 137 Sou die praktisyn ’n lid wees van ’n professionele organisasie, kan die relevante

professionele standaarde van daardie organisasie ook ’n rol speel. 138

Wanneer dit kom by die mate van sorg en vaardigheid wat van die praktisyn verwag sal word

ten einde aanspreeklikheid vry te spring, stel die gids dit soos volg:

67
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

One approach may be to require the insolvency representative to observe a

standard no more stringent than would be expected to apply to the debtor in

undertaking its normal business activities in a state of solvency, that of a prudent

person in that position. Some States, however, may require a higher standard of

prudence in such a case because the insolvency representative is not dealing with

its own assets, but with assets belonging to another person. A different

formulation is one based upon an expectation that the insolvency representative

act in good faith for proper purposes. 139

5. ’n Regulerende liggaam as oplossing

Die argument dat daar ’n regulerende liggaam moet bestaan waarvan die uitsluitlike doel is

om sowel die reddingsprosedure as die reddingspraktisyn te reguleer, is al verskeie kere deur

verskillende kenners geopper. Hierdie argument verg nadere beskouing.

5.1. Die geregtelike bestuurder en regulerende liggame

Ingevolge die 1973-Maatskappywet was daar geen regulering ten opsigte van die geregtelike

bestuurder nie, behalwe in gevalle waar die meester ’n rol gespeel het. 140 Die gebrek aan

beheer oor die professionele handelinge en kwalifikasies van geregtelike bestuurders is al

telkemale geopper as ’n geweldige tekortkoming in die Suid-Afrikaanse reg, aangesien dit

aanleiding gee tot bedrog en selfs korrupsie, asook algemene

onbekwaamheid. 141 Laasgenoemde word ook spesifiek genoem as een van die hoofredes

waarom geregtelike bestuur in Suid-Afrika misluk het. 142

Die Assosiasie van Insolvensiepraktisyns van Suid-Afrika 143 het egter wel op hierdie gebied

’n rol gespeel. Volgens Rajak en Henning het hierdie assosiasie ’n redelike mate van orde in

die praktyk gebring, maar ongelukkig is lidmaatskap van die assosiasie vrywillig en nie ’n

vereiste nie. 144 Ten aansien van die gebrek aan regulering sê hulle die volgende:

With no qualifications laid down and with no requirement for membership of a

body with licensing and monitoring functions, there is considerable danger of

irremedial incompetence and fraud in an area of commercial practice which often

requires much business acumen and skill and which often leaves the judicial

manager unsupervised while yet a trustee of the property, opportunities and

resources of others. 145

Die gebrek aan regulering beteken dat daar geen kwalifikasies, hetsy akademies of prakties,

geen ervaring en geen professionele affiliasie deur die reg vereis is nie, en die gevolge

hiervan was dat daar geen beheer oor of dissiplinêre aksies teen ’n nalatige, oneerlike of

onbekwame insolvensiepraktisyn kon wees nie. 146 Volgens Loubser is daar genoegsame

bewyse dat bedrog en korrupsie in hierdie industrie plaasvind en dat dit eintlik verwag kan

word in enige professie waar die lede van die professie beheer oor ander se eiendom uitoefen,

maar sonder dat daar enige toesig oor die lede self geskied. 147

68
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Proper regulation by a body that has the authority to regulate entry into the

profession and to act against delinquents, including removing them from the

profession entirely, is the acknowledged way to prevent or at least curb

widespread irregularities. 148

5.2. Die ondernemingsreddingspraktisyn en regulerende liggame

Volgens artikel 138(1)(a) 149 van die 2008-Maatskappywet sal ’n persoon nie as ’n

ondernemingsreddingspraktisyn aangestel kan word tensy daardie persoon deur die

kommissie vir maatskappye en intellektuele eiendom ’n lisensie toegeken word om as

sodanig op te tree nie. 150 Die artikel gaan verder deur in subartikel 2 daarvan te bepaal dat die

kommissie ’n lisensie aan enige gekwalifiseerde persoon mag gee om as praktisyn op te tree

en verder dat die kommissie by magte is om die lisensie op te skort of terug te trek. 151

Dit is duidelik dat die wetgewer die behoefte aan die regulering van die reddingsprofessie in

die 2008-wet probeer aanspreek. Volgens die wet sal die minister by magte wees om

regulasies te formuleer wat voorskryf welke standaarde en prosedures deur die kommissie

gevolg sal word in die toekenning van lisensies aan praktisyns. 152 Die konsepregulasies het

voorsiening gemaak vir ’n regulerende raad vir ondernemingsreddingspraktyk. 153 Die finale

regulasies het egter nie die raad oorgeneem nie en maak trouens geensins melding daarvan

nie. Nietemin sit die regulasies steeds die funksie van die kommissie ten aansien van

regulering duidelik uiteen. 154

5.3. UNCITRAL

Die UNCITRAL-gids bevat nie baie bepalings oor die regulering van insolvensiepraktisyns

nie. Die bepalings wat wel ten aansien van hierdie onderwerp in die gids vervat is, handel oor

“independent appointing authorities”. 155 Daar word voorgestel dat hierdie liggaam gemoeid

moet wees met sowel die algemene regulering as die aanstelling van alle

insolvensiepraktisyns. 156 Volgens die gids sal bogenoemde benadering die voordeel inhou dat

die liggaam professionele persone kan nader wat die nodige kennis en vaardigheid het om die

omstandighede van ’n spesifieke geval te hanteer, insluitend die aard van die skuldenaar se

besigheid en ander aktiwiteite, die mark waarbinne die skuldenaar handeldryf of gedryf het,

en ander spesiale omstandighede. 157

6. Gevolgtrekking en samevatting

Turnarounds require a different breed of cat from a management standpoint than

do more prosaic, stable business situations. That doesn't mean turnarounds

require Clark Kent's better half. Rest assured that most turnarounds are

accomplished by mortals, even rather ordinary mortals, who have certain

strengths and, as in most mortals certain weaknesses ... No matter how awesome

the task may seem, the turnaround job will yield to an organised approach. But

that organised approach must be directed by a strong leader. 158

69
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

’n Ondernemingsreddingspraktisyn bevind hom in ’n vertrouensverhouding met die

maatskappy en om hierdie rede is dit van uiterste belang dat die bes-gekwalifiseerde persone

in hierdie amp aangestel word. Maar meer nog, die praktisyn moet sekerheid hê aangaande

die omvang van sy magte asook welke verpligtinge hy moet nakom.

Die bevoegdhede en verpligtinge van die praktisyn het egter nie so ’n geweldige

gedaanteverwisseling ondergaan vanaf die 1973-wet nie. 159 Daar het wel ’n paar nuwe

verpligtinge bygekom, soos die ontwikkeling en implementering van ’n

ondernemingsreddingsplan. 160 Die grootste verandering lê egter in die bevoegdhede van die

praktisyn opgesluit. Ingevolge die nuwe wet mag ’n praktisyn selfs aansoek doen by die hof

dat ’n direkteur uit sy amp ontslaan word. 161

Artikels 135 en 136 bevat verdere bepalings waaruit die verreikende magte van die

reddingspraktisyn gesien kan word. 162 Hierby ingesluit is die mag om die werking van sekere

kontrakte waarby die maatskappy ’n party is, op te skort, ’n mag wat nie voorheen aan die

geregtelike bestuurder verleen is nie. 163 Nog ’n voorbeeld kan gevind word in artikel 135

waar die praktisyn die bevoegdheid verleen word om verdere skuld namens die maatskappy

aan te gaan op ’n wyse waarvoor daar nog nooit vantevore voorsiening gemaak is nie. 164

Die UNCITRAL-gids stel voor dat die funksies van die praktisyn duidelik uit die wetgewing

moet blyk en dat die wetgewing die nodige magte aan die praktisyn moet verleen om hom in

staat te stel om sy funksies uit te voer. 165 Die nuwe wet 166 voldoen dus ook in hierdie verband

aan die riglyne van die gids.

Die verskaffing van sekuriteit deur die praktisyn vir die behoorlike uitvoering van sy pligte

het wel ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Ingevolge die Maatskappywet van 1973 is daar

in die reël van die geregtelike bestuurder verwag om sekerheid te stel. In die 2008-wet word

daar van die praktisyn verwag om sekerheid te stel slegs waar ’n geaffekteerde persoon dit

tydens artikel 130-verrigtinge vereis. 167 Verder hoef ’n praktisyn nie sekerheid te stel vir

sover die ondernemingsredding deur die hof beveel is nie. Soos aangedui, is die feit dat die

wet nie uitdruklik uit die staanspoor voorsiening maak vir die stel van sekuriteit nie, ’n

drastiese afwyking van ’n verskanste beginsel in die Suid-Afrikaanse korporatiewe en

insolvensiereg. 168

In die lig van die praktisyn se omvangryke bevoegdhede skep hierdie bepalings ’n probleem.

Daar behoort van ’n praktisyn met sodanige magte altyd sekerheid vereis te word, selfs al

dien dit slegs om ’n mate van persoonlike belang te skep sodat die praktisyn optree met die

doel in gedagte om die maatskappy te probeer red. Selfs die UNCITRAL-gids meld dat die

verskaffing van sekuriteit deur die praktisyn vir die behoorlike uitvoer van sy pligte ’n wyse

is om aanspreeklikheid op grond van skade aan te spreek. 169 In hierdie verband stel die

bepalings van die nuwe wet wel ’n afwyking van die riglyne van die gids daar en word daar

voorgestel dat die bepalings gewysig moet word ten einde daarvoor voorsiening te maak dat

die ondernemingsreddingspraktisyn in die reël sekerheid moet stel, onderhewig aan die

diskresie van die hof.

70
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Wat die vergoeding van die reddingspraktisyn betref, wil dit aanvanklik voorkom of die

bepalings van die nuwe wet en die regulasies daartoe ’n verbetering daarstel. Dit blyk uit die

nuwe regulasies, wat ’n vasgestelde vergoedingstruktuur bevat. 170 Hieruit kom dit voor of

ondernemingsredding wel ’n goedkoper reddingsprosedure daarstel as sy voorganger. 171 Die

wet maak egter voorsiening vir die aangaan van ’n ooreenkoms tussen die praktisyn en die

maatskappy vir die verkryging van verdere vergoeding gebaseer op sekere

gebeurlikhede. 172 Op grond hiervan kan die opmerking gemaak word dat die vasgestelde

vergoeding dus in werklikheid geen doel dien nie.

Die UNCITRAL-gids meld dat die vergoeding van so ’n aard moet wees dat dit in

ooreenstemming is met die kwalifikasies van die praktisyn asook die funksies wat deur hom

verrig moet word. Die gids meld ook dat die vergoeding ’n balans moet handhaaf tussen

risiko en beloning ten einde te verseker dat geskikte, gekwalifiseerde professionele persone

daardeur gelok word. 173 Daar kan gerus na die verskillende opsies vir die berekening van die

praktisyn se vergoeding, vervat in die gids, gekyk word. Dit kan moontlik met groter sukses

in Suid-Afrika aangewend word ten einde ’n regverdiger en goedkoper vergoedingstelsel daar

te stel.

Alhoewel die praktisyn met breë en omvangryke bevoegdhede vertrou word, bestaan daar nie

’n genoegsame mate van persoonlike aanspreeklikheid vir die praktisyn waar hy nalatig of

bedrieglik optree nie. Wat verder hiermee verband hou, is die regulering van die praktisyns:

[O]ne can hardly expect the shareowners and directors of a company

enthusiastically to embrace a rescue procedure that entails handing over complete

control of the company and its assets to an outsider whose qualifications and

ability to successfully fulfil his task are questionable, and whose actions are not

subject to any close scrutiny or control by a professional organisation or other

official body. 174

Deur voorsiening te maak vir die regulering van ondernemingsreddingspraktisyns deur die

kommissie het die wetgewer ’n tree in die regte rigting beweeg. Hopelik sal daar in die

toekoms minder gevalle wees van praktisyns wat hulle posisie misbruik. Daar kan ook

oorweging geskenk word aan die UNCITRAL-gids se voorstel van ’n liggaam waaronder alle

insolvensiepraktisyns val en gereguleer word.

Ten slotte kan daar weer eens bevestig word dat die reddingspraktisyn moontlik die

belangrikste rolspeler in die reddingsproses is.

71
Bibliografie

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Davis, D. et al. 2010. Companies and other business structures in South Africa. 2de uitgawe.

Kaapstad: Oxford University Press.

Bradstreet, R. 2010. Exploring the possibility of a composite business rescue practitioner. De

Rebus, September, 48–9.

—. 2010a. The leak in the Chapter 6 lifeboat: Inadequate regulation of business rescue

practitioners may adversely affect lenders' willingness and growth of the economy. South

African Mercantile Law Journal,22(2):195–213.

—. 2012. Business rescue practitioners: What role for the legal profession? De Rebus, Julie,

22-4.

Burdette, D. 2004. Some initial thoughts on the development of a modern and effective

business rescue model for South Africa (part 2). South African Mercantile Law Journal,

16(3):409–47.

Cilliers, H. et al. 2001. Korporatiewe reg. 3de uitgawe. Durban: Lexis Nexis.

Cork, K. (voorsitter). 1982. Insolvency Law and Practice, Report of the Review

Committee. (Cmnd 8558.)

Harvey, N. (red.). 2011. Turnaround management and corporate renewal: A South African

perspective.Johannesburg: Wits University Press.

Kloppers, P. 1999. Judicial management – a corporate rescue mechanism in need of

reform? Stellenbosch Law Review, 10:417–35.

Loubser, A. 2004. Judicial management as a business rescue procedure in South African

corporate law. South African Mercantile Law Journal, 16(2):137–63.

—. 2007. Business rescue in South Africa: a procedure in search of a home? Comparative

and International Law Journal of Southern Africa, 40(1):123–39.

—. 2008. The role of shareholders during corporate rescue: Always on the outside looking

in? South African Mercantile Law Journal,20(3):372–90.

—. 2010. The business rescue proceedings in the Companies Act of 2008: concerns and

questions (part 1).Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 3:501–14.

Rajak, H. en J. Henning. 1999. Business rescue for South Africa. The South African Law

Journal, 116(2):262–87.

72
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Salant, J. 2010. Business rescue operations and the new Companies Act. De Rebus,

Januarie/Februarie, 29–30.

Solomon, P. en J. Boltar. 2009. Section 136(2) of the Companies Act 2008 - potentially

drastic consequences: company law. Without Prejudice,9(8):26–9.

Eindnotas

1 Maatskappywet 71 van 2008.

2 Bradstreet (2012:22-3). Bradstreet is egter van mening dat die agtien suksesvolle

reddingsverrigtinge teen Maart vanjaar wel ’n merkwaardige invloed op die likwidasiesyfers

het.

3 http://www.business-rescue.co.za/industry/liquidations-statistics.php (12/09/2012).

4 Insolvency Law and Practice, Report of the Review Committee (Cmnd 8558) 1982 (die

Cork-verslag), 175; Bradstreet (2010a:201).

5 Maatskappywet 61 van 1973.

6 Wet 61 van 1973.

7 Vir doeleindes van hierdie bespreking sal daar na beide die voorlopige en finale geregtelike

bestuurder verwys word sonder om die besondere verskille t.a.v. die twee ampte uit te wys.

8 Wet 61 van 1973 art. 430(c).

9 Wet 61 van 1973 art. 430(c)(i).

10 Wet 61 van 1973 art. 430(c)(ii).

11 Wet 61 van 1973 art. 430(c)(iii).

12 Wet 61 van 1973 art. 430(c)(iv).

13 Wet 61 van 1973 art. 430(c)(v).

14 Wet 61 van 1973 art. 430(c)(vi).

15 Loubser (2004:157).

73
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

16 Loubser (2004:158). Let wel dat die hof die verslag van die voorlopige geregtelike

bestuurder as sodanig ook in die besluitnemingsproses in aanmerking neem.

17 Wet 61 van 1973 art. 428(2)(c).

18 Wet 61 van 1973 art. 428(2)(c); Loubser (2004:158).

19 Wet 46 van 1926 art. 196(1)(d); Loubser (2004:158). In Klopper v Die Meester 1977 2 SA

477 (T) word verklaar: “Die hof is nie bevoeg om ’n geregtelike bestuursbevel te verleen

waarvolgens latere skuldeisers, wat met die geregtelike bestuurder kontrakteer, voorkeur bo

bestaande konkurrente skuldeisers kan verkry sonder inagneming of toepassing van die

bepalings van artikel 197B (1) ter (a) van die Maatskappywet, 46 van 1926, nie. Die hof is

nie by magte om die bepalings van die artikel te verontagsaam of te omseil deur ’n

bevoegdheid aan die geregtelike bestuurder te verleen waarvoor daar in die Wet geen

voorsiening gemaak word nie.” Sien ookStandard Bank of South Africa Ltd v Pharmacy

Holdings Ltd 1962 1 SA 245 (W).

20 Wet 61 van 1973 art. 433(a)-(l).

21 Wet 61 van 1973 art. 433(a).

22 Wet 61 van 1973 art. 433(b).

23 Wet 61 van 1973 art. 433(c).

24 Wet 61 van 1973 art.433(f).

25 Wet 61 van 1973 art. 433(g).

26 Wet 61 van 1973 art. 433(h).

27 Wet 61 van 1973 art. 433(j).

28 Wet 61 van 1973 art. 433(k).

29 Wet 61 van 1973 art. 433(l).

30 Wet 61 van 1973 art. 346(1)(f).

31 Wet 61 van 1973 art. 433.

32 Wet 61 van 1973 art. 434.

33 Loubser (2004:158) sê: "To prevent the dissipation of company assets during judicial

management, the powers of the judicial manager are restricted as far as the disposition of

company assets are concerned."

74
34 Cilliers et al. (2001:488).

35 Loubser (2004:158); Wet 61 van 1973 art. 434(1).

36 1964 3 SA 175 (O).

37 1970 3 SA 511 (T).

38 Wet 71 van 2008 artt. 140, 141.

39 Bradstreet (2012:23); Wet 71 van 2008 artt. 76–7.

40 Wet 71 van 2008 art. 140(1)(a).

41 Wet 71 van 2008 art. 141(1).

42 Wet 71 van 2008 art. 140(1)(d).

43 Wet 71 van 2008 art. 140(3).

44 Wet 71 van 2008 art. 140(1)(a).

45 Wet 71 van 2008 art. 140(1)(b).

46 Wet 71 van 2008 art. 140(1)(c)(i)-(ii).

47 Wet 71 van 2008 art. 137(5).

48 Wet 71 van 2008 art. 141(1).

49 Wet 71 van 2008 art. 141(1).

50 Wet 71 van 2008 art. 140(3)(a).

51 Wet 71 van 2008 art. 141(2)(a).

52 Wet 71 van 2008 art. 141(2)(b).

53 Wet 71 van 2008 art. 141(2)(c).

54 Wet 71 van 2008 art. 141(2)(c)(i).

55 Wet 71 van 2008 art. 141(2)(c)(ii).

56 Wet 71 van 2008 art. 141(2)(c)(ii)(aa).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

75
57 Wet 71 van 2008 art. 141(2)(c)(ii)(bb).

58 Wet 71 van 2008 art. 140(1)(d). Sien ook Davis et al. (2010:242).

59 Kloppers (1999:427); Burdette (2004:438).

60 Wet 71 van 2008 art. 150(1).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

61 Burdette (2004:438) stel dit soos volg: "One of the drawbacks of judicial management is

that the judicial manager is required to trade the ailing business out of trouble until all its

creditors have been paid, and the business is once again a viable, solvent entity." Kloppers

(1999:427) verklaar insgelyks: "The formulation of a reasonably detailed plan of action to

lead the company from its financial woes to again being a successful concern is an important

part of the recovery of the company. However it is not an express feature of judicial

management prescribed by the Companies Act in South Africa."

62 Burdette (2004:438) sê: "By introducing the proposal, acceptance and implementation of a

business rescue plan, the reorganisation of a debtor can be brought to finality a lot sooner,

with the added advantage that it creates certainty for all the parties involved as to what the

outcome of the business rescue will be once a plan has been accepted and implemented."

63 Wet 71 van 2008 art. 136(2). Loubser 2010:690 verklaar: "Although not stipulated in the

relevant section, it is obvious that the business rescue practitioner would also have this right

in respect of the whole agreement and not just individual provisions."

64 Solomon en Boltar (2009:26–9).

65 Solomon en Boltar (2009:28) stel dit so: "Thus the practitioner can 'cherry pick' between

the provisions of such an agreement by deciding which provisions will continue, which will

be suspended and which will be cancelled. In addition, the practitioner can 'cherry pick'

between the rights and obligations contained in a single provision by deciding which parts of

the provision will continue, which will be suspended and which will be cancelled."Sien ook

Loubser (2010:690-1).

66 Solomon en Boltar (2009:28); Loubser (2010:690-1).

67 Solomon en Boltar (2009:29) verklaar: "The powers conferred on a practitioner to 'cherry

pick' between the provisions in an agreement (and between various parts of a provision) are

far more extensive than the powers conferred on a liquidator of a company in liquidation. If

the liquidator elects to abide by the contract he/she can claim performance from the other

party. However, the liquidator is obliged to perform all of the company's outstanding

obligations in terms of that contract. The liquidator is not entitled to claim performance from

the other party to the contract without performing or tendering performance of the obligations

of the company in liquidation in terms of that contract."

76
68 Loubser (2010:690-1); Solomon en Boltar (2009:26-9).

69 Loubser (2010:690).

70 Loubser (2010:691).

71 Bradstreet (2010:209).

72 Wet 3 van 2011 art. 83.

73 Wet 40 van 2010 art. 83(a).

74 Wet 71 van 2008 art. 136(2)(b); Wet 40 van 2010 art. 83(a).

75 Wet 71 van 2008 art. 135.

76 Wet 71 van 2008 art. 135(2).

77 Klopper v Die Meester 1977 2 SA 477 (T).

78 Wet 71 van 2008 art. 135(2)(a).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

79 Wet 71 van 2008 art. 135(3) lui: "[A]ll claims in subsection(2) will have preference in the

order in which they were incurred over all unsecured claims against the company."

80 Wet 71 van 2008 art. 134(1)(a)(i).

81 Wet 71 van 2008 art. 134(1)(a)(ii).

82 Wet 71 van 2008 art. 134(1)(a)(iii).

83 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 178 item 49.

84 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 178 item 49 verklaar: "Insolvency laws

often specify the duties and functions that the insolvency representative will have to perform

in the proceedings and it is important that the insolvency law provide the insolvency

representative with the powers necessary to carry out those duties and functions efficiently

and effectively."

85 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 180 item 50.

86 Wet 61 van 1973 art. 429(1)(b).

87 Wet 61 van 1973 art. 429(1)(b).

88 Burdette (2004:434).

77
89 Wet 61 van 1973 art. 434A(1).

90 Wet 61 van 1973 art. 434A(2).

91 Insolvensiewet 24 van 1936.

92 Wet 61 van 1973 art. 434A(3).

93 Wet 24 van 1936 art. 151-151 bis.

94 Kloppers (1999:430).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

95 Kloppers (1999:430) sê: "These opportunities include a time-based remuneration,

remuneration based on a percentage of the assets under judicial management or an incentive

based remuneration where the judicial managers would be able to obtain an equity interest

where the corporate rescue is successful. A combination of these methods could also be

considered."

96 Burdette (2004:433).

97 Ibid.

98 Ibid.

99 Wet 61 van 1973 art. 434(2).

100 Wet 71 van 2008 art. 130(1)(c) lui: "... requiring the practitioner to provide security in an

amount and on terms and conditions that the court considers necessary to secure the interests

of the company and any affected persons".So ookKing III Praktyksnotas: Leiding op

Besigheidsredding 10: "The only circumstances in which a business rescue practitioner can

be required to provide security for his or her proper administration of the business rescue

procedure, is when a resolution has been adopted by a company's board for the voluntary

commencement of a business rescue procedure and an affected person has applied to court for

the provision of security." Sien ook Loubser (2010:508).

101 Loubser (2010:508) verklaar: "It is an entrenched principle of South African corporate and

insolvency law that any provisional or final liquidator, judicial manager or trustee must

provide security for the proper performance of their duties."Sien ook Wet 61 van 1973 artt.

368, 375, 429, 431; Wet 24 van 1936 artt. 18, 56.

102 Loubser (2010:509).

103 Wet 71 van 2008 art. 143(1) en (6).

104 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008 reg. 128(1).

78
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

105 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008 reg. 128(1)(a).

106 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008 reg. 128(1)(b).

107 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008 reg. 128(1)(c).

108 Wet 71 van 2008 art. 143(2).

109 Wet 71 van 2008 art. 143(2)(a)-(b).

110 Wet 71 van 2008 art. 143(2)(a)-(b).

111 Wet 71 van 2008 art. 143(3).

112 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 184 item 62.

113 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 184 item 62 verklaar: "One means of

addressing the issue of liability for damages may be to require the insolvency representative

to post a bond or take out insurance to cover loss of assets of the estate or possible damages

payable as a result of a breach of its duties."

114 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 184 item 62.

115 Ibid.

116 Ibid.

117 Burdette (2004:433) sê: "As far as the 'risk and reward' approach is concerned, it is

submitted that there should be some sort of incentive for the business administrator to bring

about a successful business rescue plan."

118 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 181 item 53 verklaar: "That remuneration

should be commensurate with the qualifications of the insolvency representative and the tasks

it is required to perform and should achieve a balance between risk and reward in order to

attract appropriately qualified professionals."

119 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 182 item 51.

120 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 182 item 58.

121 Ibid.

122 Ibid.

123 Wet 61 van 1973 art. 424.

79
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

124 Art. 424(1) lui: "Wanneer dit blyk, hetsy in ’n likwidasie, geregtelike bestuur of andersins,

dat enige besigheid van die maatskappy roekeloos of met die opset om skuldeisers van die

maatskappy of skuldeisers van ’n ander persoon te bedrieg, of met ’n bedrieglike oogmerk

gedryf is of gedryf word, kan die Hof, op aansoek van die Meester, die likwidateur, die

geregtelike bestuurder, ’n skuldeiser of ’n lid of kontribuant van die maatskappy, verklaar dat

’n persoon wat wetens ’n party was by die dryf van die besigheid op die voormelde wyse,

persoonlik verantwoordelik is, sonder beperking van aanspreeklikheid vir al of enige van die

skulde of ander verpligtinge van die maatskappy soos die Hof gelas."

125 Wet 71 van 2008 art. 140(3)(b).

126 Wet 71 van 2008 art. 140(3)(c)(i).Sien ook Davis et al. (2010:242).

127 Wet 71 van 2008 art. 140(3)(c)(ii) lui: "... may be held liable in accordance with any

relevant law for the consequences of any act or omission amounting to gross negligence in

the exercise of the powers and functions of practitioner."Sien ook Davis et al. (2010:242).

128 Bradstreet (2010:209).

129 Ibid.

130 Bradstreet (2010:210).

131 Wet 71 van 2008 art. 140(3).

132 Sien Wet 71 van 2008 artt. 22, 76, 77, 214 vir artikels waarin direkteure se verpligtinge en

aanspreeklikheid uiteengesit word.

133 Wet 71 van 2008 art. 22(1).

134 Wet 71 van 2008 art. 22(1).

135 Wet 71 van 2008 art. 77(3)(b).

136 UNCITRAL Legislative guide to Insolvency Law 183 item 60.

137 Ibid.

138 Ibid.

139 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 184 item 61.

140 Loubser (2007:124–5).

141 Loubser (2007:125).

80
142 Ibid.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

143 Association of Insolvency Practitioners of Southern Africa (AIPSA), wat vervang is deur

die South African Restructuring and Insolvency Practitioners Association (SARIPA).

144 Rajak en Henning (1999:268).

145 Ibid.

146 Loubser (2007:125).

147 Loubser (2007:137) verklaar: "This may be expected in any profession whose members

are entrusted with control over substantial assets of other persons but without any real

supervision."

148 Loubser (2007:137).

149 Alhoewel die Engelse en Afrikaanse teks van hierdie artikel verskil, sal dit waarskynlik

nie in die praktyk wesentlike probleme gee nie.

150 Wet 71 van 2008 art. 138(1)(a)(ii).

151 Wet 71 van 2008 art. 138(2) lui: "For the purposes of subsection (1)(a)(ii), the

Commission may license any qualified person to practise in terms of this Chapter and may

suspend or withdraw any license in the prescribed manner."

152 Wet 71 van 2008 art. 138(3)(a).

153 Draft Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008 reg. 132. Bradstreet

(2010:206) verklaar: "In terms of the draft regulations, the functions of the Business Rescue

Practice Regulatory Board are to advise the Minister on the qualifications to be required of

business rescue practitioners, to manage the accreditation and keep a register of such persons,

to establish 'standards and codes of good practice for the conduct of business rescue

proceedings', to deal with complaints concerning the conduct of business rescue practitioners,

and to perform any other functions ’necessary or ancillary' to those specified."

154 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008 reg. 126. Sien ook

Bradstreet (2012:22-4).

155 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 177 item 46.

156 Ibid.

157 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 177 item 46 stel dit so: "This approach

may have the advantage of allowing the independent appointing authority to draw upon

81
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

professionals that will have the expertise and knowledge to deal with the circumstances

of a particular case, including the nature of the debtor’s business or other activities; the type

of asset; the market in which the debtor operates or has operated; the special knowledge

required to understand the debtor’s affairs; or some other special circumstance."

158 Harvey et al. (2011:9).

159 Wet 61 van 1973.

160 Wet 71 van 2008 art. 140(1)(d).

161 Wet 71 van 2008 art. 137(5).

162 Wet 71 van 2008 artt. 135, 136.

163 Wet 71 van 2008 art. 136(2). ’n Soortgelyke bevoegdheid is egter aan die likwidateur

verleen ingevolge die vorige wetgewing.

164 Wet 71 van 2008 art. 135.

165 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 178 item 49.

166 Wet 71 van 2008.

167 Wet 71 van 2008.

168 Loubser (2010:508) verklaar: "It is an entrenched principle of South African corporate and

insolvency law that any provisional or final liquidator, judicial manager or trustee must

provide security for the proper performance of their duties."Sien ook Wet 61 van 1973 artt.

368, 375, 429, 431; Wet 24 van 1936 artt. 18, 56.

169 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 184 item 62.

170 Companies regulations pursuant to the Companies Act 71/2008 reg. 128.

171 Daar is baie kritiek uitgespreek oor die hoë koste verbonde aan geregtelike bestuur en dit

ook telkens aangevoer as een van die redes waarom die proses nooit veel sukses gehad het

nie.

172 Wet 71 van 2008 art. 143(2).

173 UNCITRAL Legislative guide to insolvency law 181 item 53.

174 Loubser (2007:137).

82
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die invloed van ’n werkgewer se likwidasie en/of

boedelsekwestrasie op die diensverhouding met die

werknemer, met die oog op ondernemingsredding as

moontlike alternatief

Opsomming

Denine Smit en Veruschka Vergottini

D.M. Smit, Departement Handelsreg, Universiteit van die Vrystaat;

V. Vergottini, Adams en Adams, Pretoria

Die likwidasie/sekwestrasie van werkgewers, en die werksverlies wat daaruit spruit, het

verreikende gevolge. Nie net ontneem dit werknemers en hul afhanklikes van hul

bestaansmiddele nie, maar dit kring ook uit na ’n streek en land se produktiwiteit en dus

ekonomiese welvaart. Indien daar ’n haalbare en wettige alternatief bestaan, sou dit derhalwe

sinvol wees om te verken.

Tot die laat 1990’s het daar ’n likwidasiekultuur in Suid-Afrika geheers. Maatskappye in

finansiële nood is óf aan oorname of skikking onderwerp óf kragtens die bepalings van die

vorige Wet op Maatskappye 61 van 1973 gelikwideer. Sedertdien het die meeste

nywerheidslande egter begin om mislukte maatskappye te probeer red eerder as te likwideer.

Hierdie benadering, genaamd ondernemingsredding, is nou ook in die nuwe Suid-Afrikaanse

Wet op Maatskappye 71 van 2008 ingesluit.

Hierdie artikel stel eerstens ondersoek in na werknemers se regte met die

likwidasie/sekwestrasie van hul werkgewer soos dit tans in die Wet op Arbeidsverhoudinge

66 van 1995 en die Wet op Insolvensie 24 van 1936 vervat is. Daarna val die soeklig op

ondernemingsredding as alternatief vir likwidasie om werknemers teen werksverlies te

beskerm en maatskappye uiteindelik vir die ekonomie te behou.

Die navorsing vergelyk historiese ontwikkelinge in die Suid-Afrikaanse arbeids- en

handelsreg met die huidige stand van sake om tot die gevolgtrekking te kom dat ’n insolvente

onderneming nie meer, soos voorheen, as ’n ekonomiese uitgeworpene beskou word nie,

maar eerder as ’n sake-eenheid wat met die nodige bystand weer sy plek in die mark sal kan

inneem. ’n Ondernemingsreddingsplan bied ’n sukkelende maatskappy die geleentheid om as

lewensvatbare entiteit te oorleef, tot voordeel van sy skuldeisers én werknemers, in plaas

daarvan om aan ’n likwidasieproses onderwerp te word wat noodwendig tot werks- en ander

finansiële verliese lei.

83
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Trefwoorde: dienskontrak; diensverhouding; Insolvensiewet; likwidasie; Maatskappywet;

ondernemingsredding; sekwestrasie; Wet op Arbeidsverhoudinge

Abstract

The impact of an employer’s liquidation and/or estate sequestration on the employment

relationship with the employee, with a view to business rescue as possible alternative

The liquidation/sequestration of employers, along with the subsequent job losses, has farreaching

consequences. It not only deprives employees and their dependants of their means of

support, but also affects the productivity and thus economic prosperity of the region and

country. Should a viable and lawful alternative exist, it would therefore make sense to

explore it.

Up until the late 1990s, South Africa had been characterised by a liquidation culture.

Companies in financial distress used to be either subjected to takeover or settlement, or

liquidated in terms of the provisions of the previous Companies Act 61 of 1973. However,

most industrialised countries have since started trying to save failing companies instead of

liquidating them. This approach, known as business rescue, has now also been included in the

new South African Companies Act 71 of 2008.

This article first explores employees’ rights upon the liquidation/sequestration of their

employers, as currently contained in the Labour Relations Act 66 of 1995 and the Insolvency

Act 24 of 1936. The former stipulates two options, namely either retrenchment in terms of

section 189 and 189A, or transferring a business as a going concern in terms of section 197A.

Retrenchment entails reducing the number of employees, either when the employer is no

longer able to afford his entire staff establishment or when there is no longer enough work for

all employees. Recent experience in South Africa has shown that companies seem to be

willing to pay ever higher amounts in retrenchment packages, which eventually renders them

vulnerable to increased financial pressures. The second option, the transfer of a business as a

going concern, is aimed at protecting job opportunities. The new employer to whom the

business is transferred is obligated to offer the employees essentially the same conditions of

service as those that applied at the previous employer. Where employees’ conditions of

service are amended to such an extent that employees end up significantly worse off than

before, employees may terminate the employment contract and seek relief on the grounds of

constructive dismissal, which, if confirmed, will automatically constitute unfair dismissal. In

turn, section 38 of the Insolvency Act currently also provides prescripts with regard to the

termination of employment contracts based on the employer’s operational requirements in

solvent circumstances.

The presence of the aforementioned provisions in the Insolvency Act represents a break from

tradition, which had restricted provisions on fair labour practices to the Labour Relations Act

alone, and proves the extent to which the employee’s right to fair labour practices has filtered

84
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

through to insolvency law as well. This interaction between South African labour and

insolvency legislation has made great strides in striking the right balance between the

interests of the employees, the employer’s creditors and the employer himself. However, for

an efficient and prosperous economy it is essential that mechanisms be implemented rather to

rescue and retain potentially viable businesses.

Therefore the article proceeds to suggest that this interaction between labour and insolvency

legislation should culminate in the promotion, development and acceptance of an allinclusive

business rescue plan within the South African legal framework. The focus

accordingly shifts to business rescue, as provided for by the new South African Companies

Act, as an alternative to liquidation, in order to protect employees against job losses and

ultimately retain companies within the economy. It would be irresponsible of a developing

economy such as South Africa to allow companies which are contributing to the

establishment of the country’s industries and commercial enterprise to be immediately

liquidated and dissolved following a temporary setback, if there is a reasonable possibility

that they will, by means of a moratorium, be able to overcome their problems, settle their

debts and again turn into successful businesses. Business rescue, which may be effected

through either a board decision or a court order, affords a struggling business just that: an

opportunity to meet creditors’ demands, remain economically active, pay taxes and maintain

existing employees’ employment contracts (and even create new jobs). Even if the company

is eventually liquidated should business rescue fail, its employees are still much better off, as

their contracts would have remained intact for the duration of the business rescue process and

they will be treated as preferential creditors during the eventual liquidation. As such, the

business rescue plan is an important and innovate step for the South African economy. It

offers employees and other affected persons the opportunity to have a say in, and contribute

to, an efficient system to prevent the liquidation of a company. It also seems that this is

starting to register with an increasing number of companies: statistics show a drastic decrease

in the number of liquidations (including voluntary liquidations) carried out since the

commencement of business rescue, and ascribe the recorded 72% reduction in liquidations in

2011 in part to business rescue procedures.

Following a proper study of the business rescue provisions currently contained in the

Companies Act, the research thus concludes that an insolvent business is no longer regarded

as an economic outcast, as was the case previously, but instead is viewed as a business unit

that, with the required assistance, could again take its place in the market. A business rescue

plan offers struggling companies the opportunity to survive as viable units for the benefit of

their creditors and employees, instead of being subjected to a liquidation process, which

inevitably leads to job and other financial losses.

It is proposed that the economic stability of the country would be better served if a serious

attempt were to be made to save more businesses rather than liquidate immediately to satisfy

creditors. In addition, the community’s interests are much better protected by the retention of

job opportunities, the completion of unfinished business and the realisation of potential

growth and development. In terms of the provisions of the Companies Act the business

85
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

rescue process promotes economic development in South Africa by encouraging the growth

of emerging commercial enterprises and generally protecting companies against the

detrimental effects of liquidation. Therefore an attitude of business rescue creates the

expectation of improvement; it points to entrepreneurial activity, which will lead to financial

and economic prosperity, and eventually activates the proverbial “healing powers” of

business dynamics.

Key words: Business rescue; Companies Act; employment contract; employment

relationship; Insolvency Act; Labour Relations Act; liquidation; sequestration

1. Inleiding

Dit is geykte reg dat dit in ons veranderende Suid-Afrikaanse konteks onontbeerlik is om ’n

balans tussen die belange van individue soos werknemers aan die een kant en die belange van

die gemeenskap in die geheel aan die ander kant te handhaaf. In dié verband is dit immers nie

ongewoon dat ’n enkele werknemer as broodwinner vir ’n omvattende uitgebreide familie

dien nie. Indien so ’n werknemer skielik sy/haar werk verloor, hou dit ernstige gevolge in vir

diegene wat vir onderhoud van die werknemer afhanklik is.

Die hantering van hierdie probleem is veelvlakkig. Een aspek daarvan lê opgesluit in

werksekerheid, wat waarskynlik die wetgewer se beweegrede was vir die insluiting van

artikel 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. Voorts is die Suid-Afrikaanse

arbeids- en insolvensiereg veronderstel om die nodige oplossing te bied vir regsprobleme wat

spruit uit ’n werkgewer se likwidasie en/of boedelsekwestrasie. Sodanige oplossing behoort

in alle opsigte en uit alle oogpunte buigsaam en bevredigend te wees. Daarbenewens is ’n

suksesvolle werkverskaffingsbeleid nodig wat tot ’n florerende landsekonomie bydra, by

gebrek waaraan ondernemingsredding, soos die Wet op Maatskappye 71 van 2008 (hierna die

“Maatskappywet”) dit beskryf, ondersoek kan word as verligting van die nadelige impak op

werknemers se diensverhouding wanneer die werkgewer gelikwideer of sy boedel

gesekwestreer word.

Die grense tussen arbeidsreg en maatskappyereg het aldus Bagchi 1 nog altyd gepaste

remedies om werknemerwelstand te bevorder en maatskappy-prestasie te beperk, aangesien

dit in vele opsigte kompeterende begrippe is. Wanneer ‘n maatskappy egter die gevaar loop

om gelikwideer te word, kan die “stem” van werknemers wel die topbestuur van maatskappye

nou dophou, maar kan werknemers ook ‘n gemeenskaplike doel hê om die maatskappy van

ondergang te red. Hier sal artikel 197(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge nuttig te pas

kom, deurdat die verskaffing van inligting aan werknemers rakende die finansiële posisie van

die maatskappy hulle en hul vakbonde kan bemagtig om vroegtydig met moontlike

oplossings vorendag te kom om die maatskappy van ondergang te red en sodoende uitvoering

te gee aan die doelstellings van die Wet op Arbeidsverhoudinge dat werksekerheid bevorder

moet word.

86
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

UNCITRAL 2 se gids verwys ongelukkig slegs na die plig van die direkteure om insolvente

handel te verhoed, en swyg oor die effek van insolvensie op werknemers. Die deel van

inligting, die verpligtinge van die skuldenaar wat onder insolvensieverrigtinge verkeer en die

vereiste van gemeenskaplike samewerking, en selfs die verwysing na sanksies, spreek

ongelukkig nie voorkoming van werksverlies aan nie.

1.1 Doel van die navorsing

Volgens Khan-Freund 3 is die arbeidsreg een van die belangrikste vertakkings van die reg; dit

is die regsgrondslag waarop die oorgrote meerderheid mense ’n bestaan voer. Hy reken dat

iemand wat nog nie die beginsels van die arbeidsreg onder die knie het nie, nie professioneel

of akademies as regsgeleerde beskou behoort te word nie. 4 Die Suid-Afrikaanse arbeids- en

handelsreg maak die kern uit van die ekonomiese ontwikkeling van die land, en daarom is dit

van die uiterste belang dat dit die onderwerp van voortdurende navorsing en ontwikkeling

bly.

Die doel van hierdie navorsing is eerstens om ondersoek in te stel na werknemers se regte

indien hul werkgewer gelikwideer en/of sy boedel gesekwestreer word, en die invloed

daarvan op werknemers se diensverhouding. Sodanige ondersoek geskied aan die hand van

die huidige bepalings van die Wet op Insolvensie 24 van 1936 (hierna “die Insolvensiewet”)

en die Arbeidswet, ten einde ’n ingeligte en sinvolle bydrae tot dié vraagstuk in die Suid-

Afrikaanse arbeidsmark te kan lewer.

Tweedens verken ek ’n alternatiewe oplossing in die heersende wetgewing wat tans nie benut

word nie. Dít vind plaas deur ’n vergelyking van historiese ontwikkelinge in die handelsreg

en die huidige stand van sake, met besondere klem op die moontlike alternatief wat

ondernemingsredding ingevolge die Maatskappywet inhou om ’n werkgewer se likwidasie –

en die negatiewe gevolge daarvan vir die werknemer – te voorkom. Die artikel doen sekere

aanbevelings in dié verband ten einde leemtes en probleme met betrekking tot die stand van

werknemers te help uitwys en sodoende regsekerheid te verkry, wat weer uiteindelik tot

moontlike regshervorming kan aanleiding gee. Die klem val dus op die hantering van

arbeidsregtelike probleme uit die oogpunt van die handelsreg.

Hoewel die navorsing nie ’n spesifieke tydgleuf in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse

handelsreg bestudeer nie, vergelyk dit wel die wetgewing wat eers van krag was met die

wetgewing wat dit daarna vervang en herroep het. Derhalwe is die navorsing regshistories

van aard.

2. Ontwikkelings in Suid-Afrikaanse insolvensiewetgewing

2.1 Die insluiting van die reg op billike arbeidspraktyke in die Insolvensiewet

Tradisioneel was die Arbeidswet die enigste statuut wat die prosedures vir die beëindiging

van ’n dienskontrak voorgeskryf het. Die prosedures in artikel 189 van dié wet, met ander

87
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

woorde die voorskrifte met betrekking tot die beëindiging van ’n dienskontrak op grond van

die werkgewer se bedryfsvereistes in solvente omstandighede, word egter tans ook in die

Insolvensiewet – meer bepaald in artikel 38 – aangetref. Dít toon in watter mate die

werknemer se reg op billike arbeidspraktyke 5 uitgebrei het om nou ook die insolvensiereg te

beïnvloed, en baan indirek die weg vir ’n kultuur van ondernemingsredding. 6

2.2 Die beëindiging van dienskontrakte wat die insolvente werkgewer aangegaan het

Die stelling dat insolvensie nie die insolvent se onvoltooide kontrakte opskort of beëindig nie,

moet in ’n sekere mate gekwalifiseer word. Ingevolge artikel 38(1) van die Insolvensiewet

skort die sekwestrasie van die werkgewer se boedel die dienskontrak tussen werkgewer en

die werknemer onmiddellik op. Gedurende die tydperk van opskorting (i) is werknemers nie

verplig om dienste te lewer nie, maar is hulle ook nie op hul salarisse of lone geregtig nie 7 en

(ii) val geen diensvoordeel die werknemers toe nie. 8 Werknemers ís egter daarop geregtig om

skadevergoeding te verhaal vir enige moontlike verlies wat hulle as gevolg van die

opskorting gely het. 9 Dít maak egter ’n konkurrente eis uit, met ander woorde ’n eis sonder

bevoorregting. Vir betaling van die eis sal werknemers dus met al die ander konkurrente

skuldeisers van die insolvente boedel meeding. 10

Artikel 98A van die Insolvensiewet verleen egter ’n mate van beskerming aan sodanige

werknemers deurdat ’n sekere gedeelte van hul eis teen die werkgewer om agterstallige

salarisse en vergoeding voorrang geniet. Ten opsigte van daardie spesifieke gedeelte van hul

eis om agterstallige salarisse en vergoeding beskik werknemers dus oor ’n preferente (of

voorkeur-) eis. 11 Dié voorkeur stel die werknemers se eis bo alle ander voorkeur-eise; in

rangorde volg sodanige werknemerseise dus direk na die eis om sekwestrasiekoste.

Vir doeleindes van die Wet op Werkloosheidsversekering 30 van 1966 (hierna “die

Werkloosheidsversekeringswet”) word die werknemer gedurende die opskortingstydperk as

werkloos geag. Sodanige werknemers sal dus ook daarop geregtig wees om vir voordele

ingevolge die Werkloosheidsversekeringswet te registreer asof hulle afgedank is, en kan dus

vanaf die opskortingsdatum werkloosheidsvoordele ontvang. 12

Die kurator van die insolvente boedel is by magte om die dienskontrak te beëindig, 13 maar

moet eers oorleg pleeg met al die persone met wie die werkgewer sou moes oorleg pleeg

ingevolge ’n kollektiewe ooreenkoms, asook met enige werkplekforum en/of geregistreerde

vakbonde wat die werknemers verteenwoordig, by gebrek waaraan daar persoonlik met die

werknemers of hulle benoemde verteenwoordigers oorleg gepleeg moet word. 14 Dié

oorlegpleging moet ten doel hê om eenstemmigheid te bereik oor geskikte maatreëls om die

insolvente werkgewer se onderneming, hetsy in die geheel of gedeeltelik, te red. 15 Enige

voorstelle deur die partye in verband met die maatreëls wat getref moet word, moet skriftelik

aan die kurator voorgelê word binne 21 dae ná sy/haar aanstelling, tensy die kurator en ’n

werknemer anders ooreenkom. 16

88
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Waar die kurator nie die dienskontrak beëindig nie en geen maatreël aanvaar word wat die

voortsetting van die kontrak bewerkstellig nie, kom die dienskontrak outomaties 45 dae ná

die aanstelling van die kurator tot ’n einde. 17 Indien werknemers se dienskontrakte dus deur

hetsy die kurator of die verloop van tyd beëindig word, is sodanige werknemers geregtig om

enige voortvloeiende verlies wat hulle moontlik gely het, te verhaal, asook om op

skeidingsgelde ingevolge artikel 41 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes aan te

dring, 18 welke vordering ’n voorkeur-eis sal uitmaak. 19

2.3 Voor-/nadele van die bepalings van die Insolvensiewet

In teenstelling met die Arbeidswet 20 plaas die Insolvensiewet geen verpligting op die trustee

of likwidateur om enige tersaaklike inligting oor die onderneming se finansiële status of oor

die aantal werknemers wat moontlik nadelig geraak kan word deur die werkgewer se

likwidasie of boedelsekwestrasie, aan die betrokke werknemers bekend te maak nie.

Van Eck 21 verwys na die posisie voor 1 Januarie 2003, toe artikel 38 van die Insolvensiewet

geïmpliseer het dat alle dienskontrakte tussen ’n insolvente werkgewer en sy werknemers

outomaties ten einde geloop het op die datum van die werkgewer se likwidasie of

boedelsekwestrasie. Hierdie bepaling was egter onderworpe aan die werknemers se

gemeenregtelike reg op skadevergoeding vir verliese wat hulle as ’n direkte gevolg van

sodanige diensbeëindiging gely het. Omdat werknemers in geval van die werkgewer se

insolvensie egter weinig beskerming geniet het, is artikel 38 van die Insolvensiewet in

Januarie 2003 gewysig. Die wysiging impliseer dat ’n dienskontrak nie meer outomaties as

gevolg van die werkgewer se insolvensie ten einde loop nie. 22

Hierdie wysiging beklemtoon werknemers se regte as ’n belangrike oorweging gedurende

insolvensieverrigtinge, maar stel eintlik maar net die outomatiese beëindiging van die

dienskontrak uit. Dit beteken dus dat likwidateurs eenvoudig die voorgeskrewe 45 dae kan

laat verloop, 23 waarna die dienskontrak wél outomaties ten einde sal loop, in plaas daarvan

om rekening te hou met die legio gevare wanneer werknemers ingevolge arbeidswetgewing

ontslaan word. Die nadelige impak van die werkgewer se likwidasie en/of boedelsekwestrasie

op die werknemers se dienskontrakte word dus maar net uitgestel, nie uit die weg geruim nie.

Ingevolge artikel 98A van die Insolvensiewet word die skeidingsloon wat tot werknemers se

beskikking is, as ’n bykomende kategorie van werknemervoorkeureise teen die insolvente

boedel van die werkgewer beskou. Tog is dit ook so dat ’n voorkeur-eis teen die insolvente

boedel ongetwyfeld sekere nadele inhou. So ’n eis het immers slegs ’n beperkte omvang, en

boonop kan daar lang vertragings wees voordat werknemers enige uitbetaling uit die

insolvente boedel verkry. Daarbenewens hang die omvang van die uiteindelike betaling af

van hoeveel geld beskikbaar is. Om dus eenvoudig voorkeur te gee aan werknemerseise ten

koste van ander skuldeisers wat ook reeds as gevolg van die likwidasie of sekwestrasie van

die werkgewer nadeel gely het, is nie ’n volhoubare oplossing nie.

89
3. Arbeidswetgewing binne die Suid-Afrikaanse insolvensieregime

3.1 Die Arbeidswet

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Grogan meen dat ’n belangrike oogmerk van die Arbeidswet is om werknemers se

werksekerheid te verbeter. 24 Dít kan teruggevoer word na artikel 23(1) van die Grondwet wat

elkeen se reg op billike arbeidspraktyke verskans. Die Arbeidswet kwalifiseer dan hierdie reg

verder met besondere klem op elke werknemer se reg om nie onbillik ontslaan te word

nie. 25 Billike ontslag vereis sowel substantiewe as prosedurele billikheid van die

werkgewer. 26 Substantiewe billikheid behels dat die werkgewer ’n geldige en billike rede moet

hê om die werknemer te ontslaan, terwyl prosedurele billikheid verwys na die billike

prosedure wat die werkgewer gedurende die ontslag moet volg. 27

Die Arbeidswet verleen nie aan werknemers die reg om geensins ontslaan te word nie; slegs

die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. 28 Artikel 188 van die Arbeidswet bevat ’n lys

van geldige gronde vir ontslag, en vereis dat die rede vir ontslag ’n billike rede moet wees (i)

wat verband hou met die werknemer se gedrag, geskiktheid of bekwaamheid, of (ii) gegrond

is op die werkgewer se bedryfsvereistes. Bedryfsvereistes verwys na (i) tegnologiese

veranderinge in die maatskappy wat veroorsaak dat poste oorbodig raak, (ii) finansiële

probleme wat die vermindering van personeel noodsaak, en (iii) die sluiting, hervestiging of

verkoop en oordrag van ’n onderneming. 29 Die Arbeidswet erken dus finansiële nood as ’n

billike rede vir ontslag op grond van die werkgewer se bedryfsvereistes.

Ingevolge die Arbeidswet kom ’n werkgewer wat met moontlike likwidasie of sekwestrasie

van sy boedel te kampe het, voor twee moontlikhede te staan. Dit word vervolgens bespreek.

3.1.1 Personeelvermindering ingevolge artikel 189 en 189A

Personeelvermindering behels die vermindering van werknemers omdat die werkgewer nie

meer al die werknemers kan bekostig nie, of omdat daar nie meer vir al die werknemers werk

is nie. 30

Artikel 189 van die Arbeidswet geld (i) waar ’n werkgewer met 50 of minder werknemers in

diens personeel verminder, en (ii) waar ’n werkgewer met meer as 50 werknemers in diens

minder as die voorgeskrewe getal 31 personeel gedurende ’n tydperk van 12 maande

verminder. 32 Die werkgewer word verplig om met die werknemers wat waarskynlik deur die

beoogde ontslag geraak sal word, oorleg te pleeg, 33 asook om alle tersaaklike inligting

skriftelik aan die ander partye bekend te maak. 34 Die oorlegpleging moet daarop uit wees om

’n ooreenkoms te bereik ten einde (i) die ontslagte te vermy of tot ’n minimum te beperk, (ii)

die tydstip van ontslagte te verander, (iii) die nadelige uitwerking van die ontslagte te

verminder, en (iv) oor die kriteria en die bedrag betaalbare skeidingsloon vir sodanige

werknemers ooreen te kom.

Artikel 41 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal dat ’n werkgewer voormelde

skeidingsloon aan die werknemers moet betaal indien die werknemers se dienste weens die

90
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

bedryfsvereistes of insolvensie van die werkgewer, dit wil sê ooreenkomstig artikels 189 en

189A van die Arbeidswet en artikel 38 van die Insolvensiewet onderskeidelik, beëindig word.

Die skeidingsloon behoort gelykstaande te wees aan minstens een week se vergoeding vir

elke voltooide jaar van aaneenlopende diens by die werkgewer. 35 ’n Skeidingsloon vervang

nie enige ander betaling nie en is betaalbaar ongeag enige ander betaling waarop ’n

werknemer geregtig kan wees. 36 Indien die werkgewer egter die werknemer ander werk

aanbied, hetsy by die werkgewer self of elders, en die werknemer die aanbod op onredelike

wyse van die hand wys, verbeur sodanige werknemer sy/haar reg op die skeidingsloon wat

die werkgewer aan hom/haar verskuldig sou gewees het.

Volgens Van Tonder 37 blyk die mate waarin maatskappye en huishoudings weens die

ekonomie sukkel, duidelik uit die skerp styging in die bedrag wat in die eerste kwartaal van

2011 in die vorm van afleggingspakkette aan werkers betaal is. Syfers van Statistiek SA toon

dat afleggingspakkette in die eerste kwartaal van 2011 tot 0,78% van werkersvergoeding

gestyg het, teenoor 0,70% in die eerste kwartaal van die vorige jaar. Die styging in die

afleggingsbedrag het plaasgevind ondanks ’n stewige ekonomiese groeitempo van 4,5% in

die eerste kwartaal van 2011. Dít toon dat ’n gesonde ekonomiese groeitempo steeds nie

daarin slaag om afleggings te keer nie. 38

Maatskappye is dus bereid om groter bedrae aan afleggingspakkette te bestee, wat hulle

uiteindelik aan meer finansiële druk blootstel. Hierdie druk kan onder meer toegeskryf word

aan sowel groot kostestygings as swakker buitelandse ekonomiese groei wat dit vir die

plaaslike mark moeiliker maak om momentum te kry. 39 Van Tonder 40 stel voor dat die

regering sy beleid van skerp stygings in elektrisiteitstariewe hersien om kostedruk te verlig en

sodoende meer afleggings te voorkom.

3.1.2 Die oordrag van ’n onderneming as ’n lopende saak ingevolge artikel 197A

Artikel 197A van die Arbeidswet is van toepassing waar die insolvente onderneming van ’n

werkgewer as ’n lopende saak aan ’n nuwe eienaar oorgedra word, of waar ’n reëlingskema

aangegaan of ’n vergelyk getref word om likwidasie of sekwestrasie te voorkom. Die doel

van hierdie bepaling is om tydens die oordrag van die onderneming as ’n lopende saak

werksgeleenthede te beskerm.

Ondanks die bepalings van artikel 38 van die Insolvensiewet sal dit impliseer dat (i) die nuwe

werkgewer outomaties in die plek van die ou werkgewer gestel word ten opsigte van alle

dienskontrakte van werknemers en alle kollektiewe ooreenkomste wat onmiddellik voor die

beoogde likwidasie of sekwestrasie met die ou werkgewer bestaan het, (ii) al die regte en

verpligtinge wat ten tye van die oordrag tussen die ou werkgewer en sy werknemers gegeld

het, ook regte en verpligtinge tussen die nuwe werkgewer en die werknemers sal wees, (iii)

enigiets wat die ou werkgewer voor die oordrag ten opsigte van elke werknemer gedoen het,

geag word asof die nuwe werkgewer dit gedoen het, en (iv) die oordrag nie ’n werknemer se

diens onderbreek nie, maar dat die dienskontrak by die nuwe werkgewer voortgaan asof dit

91
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

nog by die ou werkgewer is. 41 Hierdie outomatiese oordrag vind plaas sonder dat werknemers

hulle toestemming daarvoor hoef te verleen.

Die nuwe werkgewer is verplig om wesenlik soortgelyke diensvoorwaardes as wat voorheen

gegeld het, aan die werknemers te bied. 42 Waar die werkgewer werknemers se

diensvoorwaardes of werksomstandighede dermate wysig dat dit beduidend swakker is as

vantevore, sal werknemers die dienskontrak kan beëindig en hulle op konstruktiewe

ontslag 43 kan beroep. Indien daar in so ’n geval bevind word dat die werknemer inderdaad

konstruktief ontslaan is, sal dit outomaties op onbillike ontslag neerkom. 44

4. Die wisselwerking tussen Suid-Afrikaanse insolvensie- en arbeidswetgewing

Die regshervorming wat in die Suid-Afrikaanse insolvensiewetgewing plaasgevind het, was

meestal gegrond op die land se arbeidswetgewing om sodoende ook in ’n

insolvensieraamwerk elke werknemer se grondwetlike reg op billike arbeidspraktyke 45 te

erken. Dít skep ’n aansienlik beter bedeling vir werknemers by die likwidasie of sekwestrasie

van hul werkgewer, naamlik: (i) dienskontrakte word nie meer outomaties beëindig wanneer

die werkgewer gelikwideer of gesekwestreer word nie; (ii) kuratore en likwidateurs word nou

verplig om die prosedure in die Arbeidswet te volg voordat hulle ’n werknemer se

dienskontrak kan beëindig; (iii) werknemers is geregtig op ’n skeidingsloon ongeag of hulle

ontslaan is en of hulle dienskontrakte as gevolg van hulle werkgewer se likwidasie of

sekwestrasie beëindig is; (iv) werknemers geniet nou meer voordele ten opsigte van die

maksimum eisbedrag wat in elke kategorie toegelaat word, asook ten opsigte van die plek wat

hul voorkeur-eise in die rangorde van eise teen die insolvente boedel inneem; (v) al die

werknemers se dienskontrakte kan na ’n nuwe werkgewer oorgedra word indien die

insolvente onderneming as ’n lopende saak oorgedra word; en (vi) werknemers het die reg

om van enige moontlike likwidasie- of sekwestrasieverrigtinge in kennis gestel te word.

Die likwidasie van ’n onderneming of die sekwestrasie van ’n werkgewer se boedel kan

geweldig nadelige gevolge vir die betrokke werknemers inhou, dus is dit van die uiterste

belang dat elke werknemer oor die moontlikheid van sodanige likwidasie of sekwestrasie

ingelig word. Arbeidswetgewing stel werknemers ook in staat om deel uit te maak van ’n

spesiale klas krediteure deur aan hulle ’n reg van oorlegpleging te verleen. In hul

hoedanigheid as krediteure is werknemers dus nou daarop geregtig om die verskeie

krediteursvergaderings by te woon en om aan die besluitnemingsproses deel te neem om die

werkgewer se insolvente onderneming as ’n lopende saak te verkoop.

Die wisselwerking tussen die Suid-Afrikaanse insolvensie- en arbeidswetgewing het goeie

vordering gemaak om die regte balans te vind tussen die belange van die werknemers, die

belange van die skuldeisers teen die insolvente boedel, en die belange van die werkgewer. Vir

’n doeltreffende en florerende ekonomie is dit egter noodsaaklik dat meganismes ingestel

word om potensieel lewensvatbare ondernemings in stand te hou. Die belang om sodanige

ondernemings te red, is veel groter as wat die meeste insolvensiepraktisyns sal wil toegee.

92
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die ekonomiese stabiliteit van die land sal beter gedien word indien daar ’n ernstige poging

aangewend word om eerder meer ondernemings te red as om hulle voor die voet te laat

likwideer eenvoudig om die skuldeisers tevrede te stel. Die belange van die gemeenskap in

die geheel word veel eerder deur die instandhouding van werksgeleenthede, die voltooiing

van onvoltooide werk en die verwesenliking van potensiële groei en ontwikkeling beskerm.

Derhalwe word daar aan die hand gedoen dat hierdie wisselwerking uitloop op die

bevordering, ontwikkeling en aanvaarding van ’n allesomvattende ondernemingsreddingsplan

in die Suid-Afrikaanse regsraamwerk.

5. Aanbeveling

5.1 Ondernemingsredding ingevolge die bepalings van die Maatskappywet

Die wêreld het gewis al ver gevorder sedert die straf vir bankrotskap in antieke Rome

vasgestel is op hetsy slawerny of om in stukke opgekap te word – en die keuse aan die

skuldeiser oorgelaat is. 46 Tog is maatskappye in Suid-Afrika vir ruim drie dekades gereguleer

deur wetgewing wat deesdae as uit voeling met die behoeftes van ’n moderne onderneming

beskou word. 47

Dit sou onverantwoordelik wees om in ’n ontwikkelende ekonomie toe te laat dat

maatskappye wat tot die daarstel van die land se nywerhede en kommersiële ondernemings

bydra, ná ’n tydelike terugslag voor die voet gelikwideer en ontbind word en vir die

ekonomie verlore gaan indien daar ’n redelike moontlikheid bestaan dat die maatskappye

deur middel van ’n moratorium hulle probleme te bowe sal kan kom, hul skuld sal kan betaal

en weer suksesvolle ondernemings sal kan word. 48 Jacobs 49 is van mening dat

besigheidsredding derhalwe vir die werknemers van maatskappye van die uiterste belang is

en dat die Maatskappywet 61 van 1973 (hierna “die ou Maatskappywet”) geensins die

werknemers in ag geneem het waar ‘n maatskappy in finansiële nood was nie; eweneens het

werknemers nie ‘n belangrike rol gespeel in die vorige geregtelike bestuursproses nie – hulle

kon nie eens aansoek doen om ‘n geregtelikebestuursbevel nie, het geen reg op

openbaarmaking van die maatskappy se finansiële posisie gehad nie, tensy hulle ook as

skuldeisers van die maatskappy gereken was nie, en kon geen bydrae tot die aanwysing van

die geregtelike bestuurder lewer nie. Selfs die invoeging van artikel 197B van die Arbeidswet

(al word daar nie uitdruklik na geregtelike bestuur in hierdie artikel verwys nie, word

geargumenteer dat dit wel die geval is) was onvoldoende om werknemers in te lig oor die

finansiële posisie van ‘n potensieel sinkende skip, aangesien die artikel slegs verwys na die

plig om ‘n konsulterende party 50 in te lig oor moontlike likwidasie van die maatskappy.

Tot die laat 1990’s het daar egter ’n likwidasiekultuur in Suid-Afrika geheers wat

maatskappye in finansiële nood betref. ’n Mislukte maatskappy is óf aan oorname of skikking

onderwerp óf kragtens die bepalings van die ou Maatskappywet gelikwideer. As ’n

maatskappy gelikwideer is, was die inkomste wat daardie maatskappy geskep het, finaal

93
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

verlore vir die ekonomie, en die gevolglike werksverlies het ’n uiters negatiewe uitwerking

gehad op gemeenskappe waarin hierdie ondernemings geleë was. 51 Sedert die laat 1990’s het

die benadering in die meeste nywerheidslande begin verander, en word daar nou eerder

gepoog om mislukte maatskappye te red in plaas van te likwideer.

Hierdie benadering, wat met groot welslae in ander jurisdiksies soos die Verenigde State van

Amerika, Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk gebruik is, word ook by die nuwe Suid-

Afrikaanse Maatskappywet ingesluit.

Die ou prosedure van geregtelike bestuur was afhanklik van die statiese en duur prosesse wat

met regspraktyke in die algemeen verbind word. Hoewel akademici beklemtoon het dat ’n

ondernemingsreddingsplan groter sukses sou behaal indien dit in ’n debiteurvriendelike

insolvensieomgewing uitgevoer word, het die hoofklem van geregtelike bestuur eerder op die

krediteure se belange geval, en dit word as een van die hoofredes beskou waarom geregtelike

bestuur klaaglik misluk het as werklike alternatief vir die negatiewe gevolge van

likwidasie. 52 Ook maatskappye se onvermoë om hul skuld te betaal, synde ’n vereiste vir

geregtelike bestuur, het grootliks daartoe bygedra dat geregtelike bestuur hoogs

ondoeltreffend as reddingskema was. Die vereiste dat ’n maatskappy kommersieel insolvent

moet wees voordat ’n geregtelikebestuursbevel toegestaan kan word, verydel immers die doel

van ’n ware reddingskema, naamlik om likwidasie te vermy en die maatskappy in staat te stel

om weer ’n suksesvolle onderneming te word. 53

Die Maatskappywet 54 omskryf ondernemingsredding soos volg:

Verrigtinge om die rehabilitasie van ’n maatskappy wat in finansiële nood is te

fasiliteer, deur voorsiening te maak vir (i) die tydelike toesig oor die maatskappy,

en oor die bestuur van sy sake, bedrywighede en eiendom; (ii) ’n tydelike

moratorium op die regte van eisers teen die maatskappy of ten opsigte van

eiendom in sy besit; en (iii) die ontwikkeling en implementering, indien

goedgekeur, van ’n plan om die maatskappy te red deur sy sake, bedrywighede,

eiendom, skuld en ander laste en ekwiteit sodanig te herstruktureer dat die

waarskynlikheid dat die maatskappy op ’n solvente grondslag sal voortbestaan

gemaksimaliseer word of, indien dit vir die maatskappy onmoontlik is om voort

te bestaan, sal lei tot ’n beter opbrengs vir die maatskappy se skuldeisers of

aandeelhouers as wat uit die onmiddellike likwidasie van die maatskappy sal

voortspruit.

Volgens artikel 128(1)(f) van die Maatskappywet is ’n maatskappy in finansiële nood as dit

(i) redelik onwaarskynlik is dat die maatskappy binne die onmiddellik daaropvolgende ses

maande al sy skuld sal kan betaal namate dit betaalbaar raak, of (ii) redelik waarskynlik is dat

die maatskappy binne die onmiddellik daaropvolgende ses maande insolvent sal raak en sy

laste waarskynlik sy bates sal oorskry.

94
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Ondernemingsreddingsverrigtinge kan hetsy deur middel van ’n besluit deur die direksie van

die maatskappy hetsy ’n hofbevel ’n aanvang neem.

5.1.1 ’n Direksiebesluit om met ondernemingsreddingsverrigtinge te begin

Indien die direksie redelike gronde het om te glo dat (i) die maatskappy in finansiële nood

verkeer, en (ii) daar ’n redelike vooruitsig is dat die maatskappy gered kan word, kan hulle by

wyse van ’n formele meerderheidsbesluit kies om met vrywillige reddingsverrigtinge ten

opsigte van die maatskappy te begin. 55 Wanneer daar egter reeds met stappe begin is om die

maatskappy te likwideer, kan die direksie nie sodanige besluit neem nie. 56 Insgelyks: wanneer

daar besluit is om met ondernemingsredding te begin, en solank as wat daardie besluit geld,

kan die maatskappy nie met likwidasieverrigtinge begin nie. 57

Die reddingsbesluit tree in werking sodra dit by die kommissie vir maatskappye en

intellektuele eiendom ingedien word, en derhalwe neem die reddingsverrigtinge amptelik ook

op hierdie datum ’n aanvang. 58

Binne vyf sakedae nadat die besluit ingedien is, moet die direksie ’n kennisgewing oor die

reddingsverrigtinge, met inbegrip van die inwerkingtredingsdatum daarvan, aan elke

geaffekteerde persoon besorg. 59 As die maatskappy versuim om die geaffekteerde persone in

kennis te stel, sal die ondernemingsreddingsbesluit nietig wees. 60 Ingevolge artikel 128(1)(a)

van die Maatskappywet beteken geaffekteerde persone “[d]ie maatskappy se aandeelhouers

en skuldeisers, asook enige geregistreerde vakbond wat die maatskappy se werknemers

verteenwoordig, en daardie werknemers of hulle verteenwoordigers wat nie deur ’n vakbond

verteenwoordig word nie”.

Binne vyf sakedae ná die indiening van die reddingsbesluit moet die direksie ook ’n

ondernemingsreddingspraktisyn aanstel om oor die maatskappy en sy reddingsverrigtinge

toesig te hou, waarna elke geaffekteerde persoon ’n afskrif van die aanstellingskennisgewing

moet ontvang. 61 In teenstelling met geregtelike bestuur, waar die praktisyn verplig was om

die bestaande bestuur van die maatskappy tydens die ontwikkeling van ’n reddingsplan te

vervang, is die reddingspraktisyn daarop geregtig om met die bestaande bestuurstrukture van

die maatskappy saam te werk. 62

Nadat die direkteure van ’n maatskappy besluit het om met reddingsverrigtinge te begin, en

totdat so ’n reddingsplan formeel aanvaar is, kan enige geaffekteerde persoon by die hof

aansoek doen om sodanige besluit ter syde te stel op grond daarvan dat (i) daar geen redelike

gronde is om te glo dat die maatskappy in finansiële nood is nie, (ii) daar geen redelike

vooruitsig is om die maatskappy te red nie, (iii) die maatskappy nagelaat het om aan die

vereiste prosedure ingevolge artikel 129 te voldoen, 63 of (iv) die hof dit reg en billik

ag. 64 Daarteenoor was skuldeisers geensins gebonde aan die ou proses van geregtelike

bestuur nie. Sodra ’n geregtelike bestuurder aangestel is, kon enige skuldeiser in enige

stadium om die likwidasie van die maatskappy aansoek doen. 65

95
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die nuwe Maatskappywet gun ook die ondernemingsreddingspraktisyn voldoende tyd om ’n

mening te vorm rakende ’n redelike vooruitsig om die maatskappy te red of nie. Sodanige

praktisyn stel gevolglik ’n verslag te dien effekte op. Indien die hof daarná steeds reken dat

die maatskappy nie in finansiële nood verkeer nie, of dat daar geen redelike vooruitsig is om

die maatskappy te red nie, sal die hof die maatskappy se besluit ter syde stel. 66 Die hof kan

ook verdere toepaslike bevele uitreik, onder meer ’n bevel wat die maatskappy in likwidasie

plaas. 67

Die Maatskappywet maak voorts spesifiek daarvoor voorsiening dat direkteure in sekere

omstandighede op die raad en voorstelle van werknemers kan staatmaak. 68 As geaffekteerde

persone word die werknemers dus die geleentheid gegun om aktief aan die

ondernemingsreddingsverrigtinge deel te neem, 69 en die direksie wat op vrywillige

ondernemingsredding besluit, is verplig om sodanige werknemers van die besluit in kennis te

stel, waarna elke werknemer die geleentheid gegun word om daarteen beswaar te maak of

ander bydraes te lewer.

5.1.2 ’n Hofbevel om met ondernemingsreddingsverrigtinge te begin

Kragtens die ou Maatskappywet het net (i) die maatskappy self, (ii) die krediteure van die

maatskappy, of (iii) lede van die maatskappy die reg gehad om geregtelikebestuursprosedures

in te stel. Die nuwe Maatskappywet brei hierdie reg egter uit om ook vakbonde en

werknemers in te sluit. 70

Waar die direksie van die maatskappy nié op vrywillige ondernemingsredding besluit nie,

kan enige geaffekteerde persoon – wat enige werknemer van die maatskappy insluit – te

eniger tyd by ’n hof aansoek doen om ’n bevel wat die maatskappy onder toesig plaas en

ondernemingsreddingsverrigtinge aan die gang sit, 71 en elke geaffekteerde persoon het die reg

om aan die verhoor van sodanige aansoek deel te neem. 72 Hierdie hofaansoek kan ingedien

word selfs nadat verrigtinge vir die likwidasie van die maatskappy reeds begin het, in welke

geval die likwidasieverrigtinge opgeskort sal word totdat die hof die aansoek om

ondernemingsredding van die hand wys, of indien die hof die aansoek toestaan, totdat die

reddingsverrigtinge ten einde loop. 73

Die reddingsverrigtinge neem formeel ’n aanvang wanneer ’n persoon by die hof om ’n bevel

vir sodanige redding aansoek doen 74 of, gedurende likwidasieverrigtinge, wanneer die

werklike bevel vir ondernemingsredding toegestaan word. 75 Die hof kan beveel dat die

maatskappy onder toesig geplaas word en met reddingsverrigtinge begin indien die hof

oortuig is dat (i) die maatskappy in finansiële nood verkeer, (ii) die maatskappy ten opsigte

van diensverwante aangeleenthede versuim het om enige bedrag kragtens ’n verpligting

ingevolge ’n openbare regulasie, soos werkloosheidsversekering, of ingevolge ’n kontrak,

soos mediesefondsbydraes, te betaal, of (iii) dit andersins billik en regverdig is om dit om

finansiële redes te doen, en daar ’n redelike vooruitsig is dat die maatskappy gered kan word.

Die maatskappy mag nie besluit om homself in likwidasie te plaas totdat die

ondernemingsreddingsverrigtinge geëindig het nie, 76 en moet elke geaffekteerde persoon

96
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

binne vyf sakedae na die datum van die bevel daarvan in kennis stel. 77 Die hof kan egter ook

die aansoek om ’n reddingsbevel, asook enige verdere toepaslike en vereiste bevel, onder

meer ’n bevel wat die maatskappy in likwidasie plaas, van die hand wys. 78

5.1.3 Ondernemingsreddingsverrigtinge en die invloed daarvan op die dienskontrakte van

werknemers van die maatskappy

Artikel 5 van die Maatskappywet bepaal dat indien enige bepalings van die wet in stryd sou

wees met ander nasionale wetgewing, albei wette gelyktydig toegepas sal word vir sover dit

wel moontlik is. In geval van strydigheid met die Arbeidswet sal die Arbeidswet egter

voorkeur kry. 79

Ondernemingsreddingsverrigtinge het geen uitwerking op die maatskappy se dienskontrakte

met sy werknemers nie: werknemers bly aan in die diens van die maatskappy onderhewig aan

dieselfde bepalings en voorwaardes as voorheen. 80 Kragtens artikel 136(1)(a) van die

Maatskappywet kan die werknemers en die maatskappy tot verskillende diensbepalings en -

voorwaardes instem, met dien verstande dat dit steeds aan die toepaslike arbeidswetgewing

voldoen. Enige afdanking van werknemers, selfs waar dit deel uitmaak van die maatskappy

se ondernemingsreddingsplan, is onderworpe aan alle tersaaklike diensverwante wetgewing. 81

Artikel 144(2) van die Maatskappywet bepaal dat die werknemer ’n voorkeurskuldeiser van

die maatskappy word ten opsigte van enige onbetaalde salarisse en ander diensverwante

betalings wat reeds aan ’n werknemer verskuldig was toe die reddingsverrigtinge ’n aanvang

geneem het. Daarbenewens word die werknemer ’n gewone skuldeiser van die maatskappy

met betrekking tot ’n mediese skema, pensioenskema of voorsorgfondskema waarvoor die

maatskappy die werknemer reeds by die aanvang van die reddingsverrigtinge geld geskuld

het. 82

Enige diensverwante betalings wat gedurende reddingsverrigtinge aan werknemers van die

maatskappy toeval, word as na-aanvangsfinansiering beskou en moet vereffen word selfs

voordat ander na-aanvangsfinansieringskuldeisers betaal word. 83 Indien likwidasieverrigtinge

later die reddingsverrigtinge vervang, behou dié skuldeisers hulle voorkeurregte. 84

Gedurende reddingsverrigtinge is werknemers van die maatskappy geregtig om (i) as

geaffekteerde persone van die verrigtinge in kennis gestel te word, (ii) geraadpleeg te word,

(iii) hetsy deur hulle geregistreerde vakbond hetsy persoonlik aan alle stadiums van die

verrigtinge deel te neem, en (iv) ’n komitee van werknemerverteenwoordigers op die been te

bring. 85 Die ondernemingsreddingspraktisyn moet derhalwe binne tien dae ná sy/haar

aanstelling ’n vergadering van werknemers of hulle verteenwoordigers belê om hulle oor die

maatskappy se toekoms in te lig. Die werknemers moet daarná besluit of hulle ’n

werknemerskomitee wil aanstel of nie. 86 Die werknemerskomitee is by magte om die

praktisyn te raadpleeg en moet toesien dat werknemersbelange behoorlik verteenwoordig

word. Lede van die werknemerskomitee mag egter nie enige opdragte aan die praktisyn gee

nie.

97
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Synde geaffekteerde persone het die skuldeisers, wat ook daardie werknemers insluit wat

skuldeisers geword het as gevolg van hulle onbetaalde vergoeding wat reeds voor die

reddingsverrigtinge betaalbaar was, die reg om van die verrigtinge ingelig te word en sowel

formeel as informeel aan alle stadiums van die verrigtinge deel te neem. 87 Hulle is

verantwoordelik om oor die wysiging, goedkeuring of afkeuring van die

ondernemingsreddingsplan te stem. 88 Elke skuldeiser, ook werknemers met ’n eis vir

onbetaalde vergoeding wat reeds voor die aanvang van reddingsverrigtinge verskuldig was,

het dus ’n stemdraende belang gelykstaande aan die waarde van sy of haar eis teen die

maatskappy, ongeag of die eis verseker of onverseker is. 89

5.1.4 Die wisselwerking tussen ondernemingsredding en likwidasie

Soos reeds hier bo genoem is, kan die direksie van ’n maatskappy nie besluit om met

likwidasie te begin indien ondernemingsredding reeds begin het nie. 90 Eweneens kan

reddingsverrigtinge ook deur ’n hofaansoek ’n aanvang neem slegs indien daar reeds om

likwidasie aansoek gedoen is of die maatskappy reeds in likwidasie is. 91

Die hof kan ’n bevel vir likwidasie uitreik (i) in ’n aansoek om ondernemingsredding, 92 (ii)

ná ondernemingsredding, of (iii) waar ’n aansoek om ondernemingsredding ter syde gestel

is. 93

Die reddingspraktisyn is ook daarop geregtig om om die likwidasie van ’n maatskappy

aansoek te doen, 94 hoewel die praktisyn nie terselfdertyd die rol van likwidateur mag vervul

nie. 95 Indien likwidasieverrigtinge wel op ondernemingsredding volg, sal die eise teen die

maatskappy in die volgende volgorde 96 hanteer word: (i) koste van die

reddingsverrigtinge; 97 (ii) gedekte skuld wat reeds voor die reddingsverrigtinge aangegaan

is; 98 (iii) vergoeding wat ná die aanvang van die reddingsverrigtinge verskuldig word; 99 (iv)

ander na-aanvangsfinansiering; 100 (v) vergoeding wat reeds voor die reddingsverrigtinge aan

werknemers verskuldig was; 101 en (vi) alle ander skuld, soos met betrekking tot mediese

fondse en pensioenskemas. 102

Die nuwe ondernemingsreddingsverrigtinge stem nie ooreen met die insolvensiereëls wat van

toepassing is op ’n maatskappy wat gelikwideer word nie. As ’n maatskappy gelikwideer

word, val daardie maatskappy onder die Insolvensiewet, en word alle dienskontrakte kragtens

artikel 38 van die Insolvensiewet opgeskort. Gedurende sodanige opskorting hoef die

werknemers nie te werk nie, maar word hulle ook nie vergoed nie. Na afloop van ’n statutêr

voorgeskrewe tydperk – tans 45 dae na die aanstelling van die finale likwidateur – kan die

kontrakte beëindig word. Die enigste tyd wanneer die kontrakte nie beëindig word nie, is

wanneer dit as deel van ’n lopende saak uit die insolvente boedel in die koper van die

onderneming oorgaan. 103

As sodanige maatskappy op die punt staan om kragtens ’n hoëhofbevel gelikwideer te word,

kan die werknemers, synde geaffekteerde partye, in die likwidasieverrigtinge tussenbeide tree

en om ondernemingsredding aansoek doen. Indien sodanige reddingsbevel toegestaan word,

98
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

maak die Maatskappywet daarvoor voorsiening dat alle dienskontrakte onderhewig aan

dieselfde bepalings en voorwaardes as voor die reddingsbevel voortgesit word. 104

Wat werknemers betref, is dit dus duidelik dat dit veel voordeliger is om die maatskappy

onder ondernemingsredding te plaas as om dit te laat likwideer. Die

ondernemingsreddingsplan is ’n belangrike en vernuwende stap in die Suid-Afrikaanse

ekonomie. Dit bied aan werknemers en geaffekteerde persone die geleentheid om insae te hê

in, en bydraes te lewer tot, ’n doeltreffende stelsel om die likwidasie van ’n maatskappy te

voorkom. 105

Statistieke wat deur Corporate Renewal Solutions gehou word, toon ‘n skerp afname in die

getal likwidasies (vrywillige likwidasies uitgesluit) sedert die inwerkingtreding van

besigheidsredding (sien aangehegte grafiek wat vir sigself spreek). Die afname van 72% in

likwidasies in 2011 word gedeeltelik toegeskryf aan besigheidsreddingprosedures.

6. Gevolgtrekking

Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) is die spreekwoordelike sleutel tot die

regering se reddingsplan van sowat R8,4 miljard om resessiehulp aan maatskappye te verleen

ten einde nóg werksverliese te keer. 106 Sedert die begin van die resessie in 2008 tot aan die

einde van Maart 2011 het die NOK R4 miljard aan sukkelende maatskappye bewillig. Geoff

Qhena, uitvoerende hoof van die NOK, wys in NOK se jaarverslag daarop dat dié R4 miljard

86 transaksies behels wat na verwagting 25 300 poste sal red of skep. 107 Pinnacle Point het

onlangs die eerste genoteerde maatskappy geword waarvoor ondernemingsredding ingevolge

die Maatskappywet goedgekeur is. Die maatskappy is op Alt x genoteer. Die aansoek om

ondernemingsredding is ingedien deur Cape Point Vineyards, ’n aandeelhouer in Pinnacle

Point. 108

99
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In talle moderne lande word ’n insolvente onderneming lank nie meer as ’n ekonomiese

uitgeworpene beskou nie, maar eerder as ’n sake-eenheid wat met die nodige hulp en moeite

moontlik weer sy plek in die mark sal kan inneem, tot sowel ou as toekomstige skuldeisers se

voordeel. Enige maatskappy in finansiële nood kan deur ’n ondernemingsreddingsplan gered

word en as lewensvatbare entiteit oorleef, tot voordeel van sy krediteure én werknemers, in

plaas daarvan om aan ’n likwidasieproses onderwerp te word wat noodwendig tot werks- en

ander finansiële verliese lei. 109

Ondernemingsredding stel ’n sukkelende onderneming in staat om (i) aan krediteure se eise te

voldoen, (ii) ekonomies aktief te bly, (iii) belasting te betaal, en (iv) bestaande werknemers se

dienskontrakte in stand te hou én selfs nuwe werksgeleenthede te skep.

In gevalle waar ’n maatskappy nié gered kan word nie, kan die onderneming as ’n lopende

saak verkoop word. Indien hierdie oordrag van die onderneming daartoe lei dat werknemers

se werk behoue bly en dit ’n beter opbrengs vir die skuldeisers van die maatskappy verseker,

val dit ook binne die grense van ondernemingsredding. 110

Selfs indien die maatskappy uiteindelik gelikwideer sou word as ondernemingsredding

misluk, word die werknemers steeds deur die ondernemingsreddingproses bevoordeel,

eerstens deurdat hul dienskontrakte in stand bly gedurende die reddingprosedures, in

teenstelling met die opskorting van hul dienskontrakte gedurende likwidasie onder die

likwidasiewetgewing, en tweedens omdat hulle as voorkeurskuldeisers behandel word

gedurende die uiteindelike likwidasie, in teenstelling met hul posisie as beperkte

voorkeurskuldeisers onder die vorige likwidasiewetgewing. 111

Werknemers en hul vakbonde behoort ondernemingsredding selfs ver bo vrywillige

likwidasie te kies as ’n meganisme om in tye van finansiële krisis werksekerheid te probeer

bewerkstellig, selfs al is die betrokke maatskappy nie ekonomies lewensvatbaar nie, juis

weens die voordele wat die ondernemingsreddingproses aan werknemers verleen. Al was dit

nooit die bedoeling van ondernemingsreddingprosesse om ekonomies nielewensvatbare

maatskappye van ondergang te red nie, sal vakbonde en werknemers wat nou as

geaffekteerde persone oor die nodige regte beskik, verpligte ondernemingsreddingprosedures

aanhang lank voordat vrywillige likwidasie plaasvind. 112

Ingevolge die bepalings van die Maatskappywet bevorder die ondernemingsreddingsproses

ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika deur die groei van ontluikende kommersiële

ondernemings aan te moedig en maatskappye in die algemeen te beskerm teen die nadelige

gevolge wat likwidasie vir die betrokke werknemers kan inhou. 113 ’n Ingesteldheid van

ondernemingsredding skep dus die verwagting van verbetering en selfs herstel; dit dui op

entrepreneursaktiwiteit wat tot finansiële en ekonomiese vooruitgang sal lei, en stel

uiteindelik die spreekwoordelike helende krag van sakedinamiek in werking.

100
Bibliografie

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Bachi A. 2011. Who should talk? What counts as employee voice and who stands to

gain. Penn Law, Public and Legal Theory Paper Series, Research Paper No #11-39:838-

856.(Electronic copy available onhttp://ssrn.com/abstract=1932813.)

Bowles en Bruyns. 2009. http://www.business-rescue.co.za/business-rescue/business-rescuein-south-africa.php

(6 Desember 2012 geraadpleeg).

http://www.business-rescue.co.za/industry/liquidations-statistics.php (8 Januarie 2013

geraadpleeg.)

Bradstreet, R. 2010. The leak in the chapter 6 lifeboat: Inadequate regulation of business

rescue practitioners may adversely affect lenders’ willingness and the growth of the

economy. SA Mercantile Law Journal,2010(22):195–213.

Burdette, D. 2004. Some initial thoughts on the development of a modern and effective

business rescue model for South Africa (Part 1). SA Mercantile Law Journal,16(2):241–63.

CRS Business Rescue. 2011. Liquidations statistics. http://www.businessrescue.co.za/industry/liquidations-statistics.php

(7 Januarie 2013 geraadpleeg).

Davis D., F. Cassim en W. Geach. 2009. Maatskappye en ander besigheidstrukture in Suid-

Afrika. 2de uitgawe. Suid-Afrika: Oxford.

De Waal, J. 2011. NOK help sukkelende maatskappye met R4 miljard sedert 2008. Sake24, 6

Oktober, bl. 2.

Du Plessis, J.V. en M.A. Fouché. 2008. ’n Praktiese handleiding tot die arbeidsreg. 6de

uitgawe. Durban: LexisNexis.

Grogan, J. 2009. Workplace law. 10de uitgawe. Kaapstad: Juta & Co.

Jacobs L.M. 2012. ‘n Regsvergelykende analise van geregtelike bestuur en

ondernemingsredding ingevolge relevante maatskappywetgewing. Ongepubliseerde LLMverhandeling,

Universiteit van die Vrystaat.

Kahn-Freund, O. 1977. Labour and the law. 2de uitgawe. Londen: Stevens & Sons.

Kloppers, E. 2011. Pinnacle Point word voorlopig gelikwideer. Sake24,19 Augustus, bl. 1.

Leppan, F. en M. Yeates. 2010. Business rescue. Without prejudice,Desember, bl. 17.

Levenstein, E. 2008. Business rescue – help is at hand. Without prejudice,November, ble. 12–

4.

101
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Mantshantsha, S. 2007. Makliker registrasie, minder regulering. Finweek, 29 Maart, ble. 129–

30.

McNulty, A. 2007. Back in touch with business. Financial Mail,23 Februarie, ble. 66–7.

Nagel, C.J. e.a. 2007. Besigheidsreg. 4de uitgawe. Durban: LexisNexis.

Pietersen, K. 2009. Rescuing ailing companies. Without prejudice,Julie, ble. 47–8.

PricewaterhouseCoopers. 2011. Understanding the new Companies Act.

http://ww.pwc.com/za/companies-act (20 Augustus 2011 geraadpleeg).

Rodrigues, C. 2007. Coming to the rescue. Without prejudice,Julie, ble. 4–5.

Sharrock, R., A. Smith en K. van der Linde. 2002. Hockly se insolvensiereg. 3de uitgawe.

Kenwyn: Juta.

Van Eck, S. 2004. Fair labour practices in South African insolvency law. South African Law

Journal, 121(4):902–25.

Van Tonder, J. 2011. Meer geld word aan afleggings bestee. Sake24, 2 Oktober, bl. 3.

Walker, D. en I. Meiring. 2010. King Code and developments in corporate

governance. Without prejudice,November:36–8.

Eindnotas

1 (2011).

2 (2005:278).

3 (1977:2).

4 Kahn-Freund (1977:2).

5 Grondwet art. 23.

6 Van Eck (2004:920).

7 Art. 38(2)(a).

8 Art. 38(2)(b).

102
9 Art. 38(10)(a).

10 Van Eck (2004:909).

11 Van Eck (2004:908).

12 Art. 38(3) van die Insolvensiewet.

13 Art. 38(4).

14 Art. 38(5).

15 Sharrock, Smith en Van der Linde (2002:89).

16 Art. 38(6) van die Insolvensiewet.

17 Art. 38(9)(a).

18 Art. 38(10) en (11).

19 Sharrock e.a. (2002:89).

20 Art. 189(4)(a) saamgelees met art. 16.

21 (2004:908).

22 Du Plessis en Fouché (2008:24).

23 Art. 38(9)(a) van die Insolvensiewet.

24 (2009:143).

25 Art. 185.

26 Grogan (2009:160).

27 Du Plessis en Fouché (2008:265).

28 Grogan (2009:165).

29 Art. 213 van die Arbeidswet.

30 Du Plessis en Fouché (2008:276).

31 Art. 189A(1)(a).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

103
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

32 Art. 189A geld egter vir werkgewers (i) met meer as 50 (vyftig) werknemers in diens, en

(ii) wat beoog om meer as die voorgeskrewe getal werknemers gedurende ’n tydperk van 12

(twaalf) maande te verminder.

33 Art. 189(1).

34 Du Plessis en Fouché (2008:277). Volgens hulle sluit sodanige tersaaklike inligting onder

meer die volgende in: (i) redes vir die beoogde ontslag; (ii) alternatiewe wat die werkgewer

oorweeg het voordat hy ontslag voorgestel het en die redes vir die verwerping van elk van die

alternatiewe; (iii) die getal werknemers wat geraak sal word, en hulle werkskategorieë; (iv)

die voorgestelde metode vir die keuse van watter werknemers ontslaan moet word; (v) die

tydstip wanneer of tydperk waartydens die ontslag van krag sal word; (vi) die voorgestelde

uittreeloon; (vii) enige bystand wat die werkgewer aan die ontslaande werknemers sal bied;

(viii) die moontlikheid van toekomstige herindiensneming van die ontslane werknemers; (ix)

die aantal werknemers in diens van die werkgewer; en (x) die aantal werknemers wat die

werkgewer in die voorafgaande 12 (twaalf) maande weens bedryfsvereistes ontslaan het.

35 Du Plessis en Fouché (2008:46).

36 Art. 41 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997.

37 (2011:3).

38 Van Tonder (2011:3).

39 Ibid.

40 (2011:3).

41 Art. 197A(2) van die Arbeidswet.

42 Du Plessis en Fouché (2008:284).

43 Art. 186(1)(e) van die Arbeidswet omskryf konstruktiewe ontslag as ’n dienskontrak wat

met of sonder kennisgewing deur ’n werknemer beëindig word omdat die werkgewer

voortgesette diens vir die werknemer ondraaglik gemaak het.

44 Du Plessis en Fouché (2008:268).

45 Art. 23 van die Grondwet.

46 Bowles en Bruyns (2009:12).

47 McNulty (2007:66).

104
48 Nagel e.a. (2007:478).

49 (2012:179).

50 Art. 89(1).

51 Davis e.a. (2009:175).

52 Bradstreet (2010:211).

53 Burdette (2004:250).

54 Art. 128(b).

55 Art. 129(1) van die Maatskappywet.

56 Art. 129(2)(a).

57 Art. 129(6).

58 Art. 132(1)(a)(i).

59 Art. 129(3)(a).

60 Art. 129(5).

61 Art. 129(4) van die Maatskappywet.

62 Leppan en Yeates (2010:17).

63 Art. 130(1)(a) van die Maatskappywet.

64 Art. 130(5)(a).

65 Levenstein (2008:12).

66 Art. 130(5)(b) van die Maatskappywet.

67 Art. 130(5)(c).

68 Walker en Meiring (2010:37).

69 Art. 131(3) van die Maatskappywet.

70 Pietersen (2009:48).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

105
71 Art. 131(1) van die Maatskappywet.

72 Art. 131(3).

74 Art. 132(1)(b).

75 Art. 132(1)(c).

76 Art. 131(8)(a).

77 Art. 131(8)(b).

78 Art. 131(4)(b).

79 PricewaterhouseCoopers (2011).

80 Davis e.a. (2009:183).

81 Art. 136(1)(b) van die Maatskappywet.

82 Art. 144(4).

83 Art. 135(1)–(3).

84 Art. 135(4).

85 Art. 144(3).

86 Art. 148.

87 Mantshantsha (2007:130).

88 Art. 145(1)–(2) van die Maatskappywet.

89 McNulty (2007:67).

90 Art. 129(6) van die Maatskappywet.

91 Art. 129(2)(a).

92 Art. 131(4)(b).

93 Art. 130(6)(c).

94 Art. 141(2)(a).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

106
95 Art. 140(4).

96 Rodrigues (2007:5).

97 Art. 143(5) van die Maatskappywet.

99 Art. 135(3)(a).

100 Art. 135(3)(b).

101 Art. 144(2).

102 Art. 144(5).

103 Davis e.a. (2009:183).

104 Levenstein (2008:13).

105 Leppan en Yeates (2010:17).

106 De Waal (2011:2).

107 Ibid.

108 Kloppers (2011:1).

109 Bowles en Bruyns (2009:13).

110 Davis e.a. (2009:176).

111 CRS Business Rescue (2011).

112 Ibid.

113 Bradstreet (2010:212).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

107
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die herklassifisering van die ekstrinsieke-getuienisreël

en die verdere ontwikkeling van die

integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg

Opsomming

Thino Bekker

Thino Bekker, Departement Prosesreg, Universiteit van Pretoria

In hierdie artikel word die moontlikheid van die herklassifisering van die ekstrinsiekegetuienis-reël,

of die moontlike ontwikkeling van die reël deur die Suid-Afrikaanse howe op

een lyn met die ontwikkeling daarvan in die Engelse reg, ondersoek. In die eerste gedeelte

van die artikel word daar derhalwe gefokus op die moontlikheid van die herklassifisering van

die ekstrinsieke-getuienis-reël as synde deel van die materiële of substantiewe reg in

teenstelling met die huidige, duidelik verkeerde klassifisering van die reël as deel van die

Suid-Afrikaanse bewysreg. Daar word aangevoer dat die ekstrinsieke-getuienis-reël

onbekend was aan die Romeins-Hollandse reg en dat die herklassifisering van die reël

noodwendig sal meebring dat die Romeins-Hollandse reg, in teenstelling met die Engelse reg,

gevolg sal word by die beoordeling van die aanbieding van ekstrinsieke getuienis buite om ’n

skriftelike kontrak. In die tweede gedeelte van die artikel word daar op ’n tweede

moontlikheid gefokus, naamlik die aanpassing van die integrasiereël op een lyn met die

moderne toepassing van die reël in die Engelse reg. Daar word aangevoer dat die

integrasiereël in die Engelse reg sodanig ontwikkel het sedert 30 Mei 1961 dat die essensie

van die reël vir alle praktiese doeleindes in so ’n mate afgewater is dat dit tans slegs oor

simboliese waarde beskik. Hierdie moderne benadering van die Engelse reg staan dan ook in

skrille kontras met die huidige toepassing van die reël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg.

Die gevolgtrekking word egter gemaak dat die beginsels van regsekerheid en kontinuïteit,

asook die gedagtegang dat, vir sover dit nie deur wetgewing gereël word nie, ons bewysreg

“bevries” is in die gedaante wat die Engelse bewysreg op 30 Mei 1961 aangeneem het, in die

pad sal staan van ’n herklassifisering van die reël of ’n soortgelyke ontwikkeling in die Suid-

Afrikaanse reg aan dié wat plaasgevind het in die Engelse reg. Dit wil derhalwe lyk of

wetgewing die enigste werkbare oplossing bied om die ekstrinsieke-getuienis-reël, en meer

spesifiek die integrasiereël, af te skaf of te aan te pas in die Suid-Afrikaanse kontraktereg.

Trefwoorde Aanpas; afskaf; bevries; bewysreg; ekstrinsieke getuienis; ekstrinsieke

getuienis-reël; Engelse reg; herklassifisering; integrasiereël; kollaterale ooreenkoms;

kontinuïteit; kontraktereg; materiële reg; moderne toepassing; ontwikkeling; regsekerheid;

Romeins-Hollandse reg; skriftelike kontrak; teenstrydig; voorafgaande ooreenkoms;

wetgewing

108
Abstract

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

The reclassification of the parol evidence rule and further development of the

integration rule in the South African law of contract

The parol evidence rule represents one of the most problematic legal doctrines in the South

African law of evidence. This rule consists of two different components. The first component

is known as the integration rule and essentially entails that where an agreement has been

reduced to writing, no extrinsic evidence of any prior or collateral agreement may be given to

contradict, alter, add to or vary the written terms of the written contract. The second

component is known as the interpretation rule, which entails that when the terms of a written

contract are clear and unambiguous no evidence may be given to alter such plain meaning.

Both rules originated in England and have been distributed from there to the different

common law countries as well as South Africa.

In the past there were several proponents that contended for the complete abolition of the

parol evidence rule, or at least the component referred to in this article as the integration rule.

In 1998 an extensive report was brought out by the South African law commission wherein

certain recommendations were made to the minister of justice pertaining to, inter alia, the

parol evidence rule, which essentially entailed that the rule should be abolished. But the

recommendations by the law commission apparently died a slow death and there has been no

attempt since to abolish or modify the rule in the South African legal system.

If it is clear that the rule should be abolished or modified, the question, of course, arises in

what way this should be done. Legislation seems to be the logical solution. Legislation is,

however, a drastic step which should serve only as a last resort and other, less drastic

methods should first be considered. This article therefore focuses on the possibility of the

reclassification of the parol evidence rule or the possible development of the integration rule

by the South African courts in accordance with the development thereof in the English law.

The first part of the article focuses on the possibility of the reclassification of the parol

evidence rule as part of material or substantive law, in contrast with the current, clearly

incorrect classification of the rule as part of the South African law of evidence. The position

had always been, and still is, that South African material or substantive law (in as far as it had

not been amended by legislation), is based on Roman-Dutch law, but that South African

formal or procedural law, including the law of evidence, is based on English law. The South

African courts had, as far back as the early 20th century, already classified the parol evidence

rule as part of formal or procedural law and therefore held that the application of the rule was

governed by English law. There seems to be general consensus, however, between writers

and courts alike that the parol evidence rule actually forms part of material or substantive law

and not formal or procedural law. A reclassification by the South African courts of the parol

evidence rule as part of material law would, therefore, automatically bring about the situation

where Roman-Dutch law, as opposed to English law, would govern the presentation of

109
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

extrinsic evidence apart from a written agreement. It is submitted that the parol evidence rule

was unknown to Roman-Dutch law and that the reclassification of the rule would therefore

result in the abolition of the rule and the situation where the presentation of any extrinsic

evidence would be allowed in order to ascertain the true intention of the parties. The

conclusion will, however, be made that the principles of legal certainty and continuity would

in all probability prevent a reclassification of the parol evidence rule by the South African

courts.

The second part of the article focuses on a second possibility, namely the modification of the

integration rule in line with the modern application of the rule in English law. At first glance

it seems as if there is no real difference between the current application of the integration rule

in the South African and English legal systems. Both legal systems recognise that extrinsic

evidence of a prior or collateral agreement may be adduced where there hasn’t been a total

integration of the parties’ agreement in the written contract. The South African courts also

recognise, to an extent, the English doctrine of the collateral agreement. There is however

one very important difference between the two legal systems. The South African courts will

allow only the presentation of extrinsic evidence (where of course the existence of a collateral

agreement or collateral agreement which is not integrated in the written contract can be

proven), where this separate agreement is not in contradiction with the terms of the written

agreement. But the English courts do admit this evidence, even though it may contradict the

terms of the written agreement.

It is therefore submitted that the integration rule developed in such a way in English law since

30 May 1961 that the essence of the rule has been watered down to such an extent that it has

currently, for all practical purposes, only symbolic value. This modern approach of English

law stands in stark contrast to the current application of the rule in the South African law of

contract. The conclusion is, however, once again made that the principles of legal certainty

and continuity, as well as the train of thought that, in so far as it is not governed by

legislation, South African law of evidence is “frozen” in the guise which English law of

evidence assumed on 30 May 1961, will stand solidly in the way of a similar development in

South African law to what took place in the English law. It therefore seems that legislation

would be the only workable solution to abolish or modify the parol evidence rule, and more

specifically the integration rule, in the South African law of contract

Keywords Abolish; continuity; collateral agreement; contradicts; development; English law;

extrinsic evidence; frozen; integration rule; law of contract; law of evidence; legal certainty;

legislation; material law; modern application; modify; parol evidence rule; prior agreement;

re-classification; Roman-Dutch law; written contract

110
1. Inleiding

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die ekstrinsieke-getuienis-reël 1 verteenwoordig een van die mees problematiese regsfigure in

die Suid-Afrikaanse bewysreg. Hierdie reël bestaan uit twee verskillende komponente. Die

eerste komponent staan bekend as die integrasiereël en behels basies dat waar ’n ooreenkoms

op skrif gestel word, geen ekstrinsieke getuienis van enige ander voorafgaande of kollaterale

ooreenkoms wat die skriftelike kontrak wysig, daartoe byvoeg, verander of weerspreek,

toelaatbaar is nie. 2 Die tweede komponent staan bekend as die interpretasiereël en kom basies

daarop neer dat geen getuienis aangebied mag word om die duidelike en ondubbelsinnige

betekenis van ’n ooreenkoms, hetsy mondeling of skriftelik, te verander nie. 3 Beide reëls het

in Engeland ontstaan en is vandaar na die verskillende common law-lande en ook na Suid-

Afrika versprei.

Daar was in die verlede talle voorstanders wat betoog het vir die algehele afskaffing van die

ekstrinsieke-getuienis-reël, of dan ten minste die komponent daarvan waarna in hierdie artikel

as die integrasiereël verwys word. 4 In 1998 het die Suid-Afrikaanse regskommissie dan ook

’n omvattende verslag uitgebring waarin sekere aanbevelings aan die minister van justisie

voorgelê is ten aansien van, onder andere, die ekstrinsieke-getuienis-reël, en wat daarop

neergekom het dat die reël afgeskaf behoort te word. 5 Die aanbevelings deur die

regskommissie het klaarblyklik egter ’n stadige dood gesterf en daar is sedertdien nie weer ’n

poging aangewend om die reël af te skaf of aan te pas nie. 6

Indien dit vasstaan dat die reël wel afgeskaf of aangepas moet word, is die vraag natuurlik op

welke wyse dit moet plaasvind. Wetgewing skyn die logiese oplossing te wees. Wetgewing is

egter ’n drastiese prosedure wat slegs as ’n laaste toevlugsoord behoort te dien en ander,

minder drastiese metodes sal eers oorweeg moet word. Hierdie artikel is derhalwe gemik op

een van die moontlike wyses waarop die ekstrinsieke-getuienis-reël afgeskaf of aangepas kan

word en fokus op ’n bespreking van die klassifikasie van die reël in die Suid-Afrikaanse reg

en of die Suid-Afrikaanse howe die ekstrinsieke-getuienis-reël verder kan ontwikkel deur

middel van die herklassifikasie van die reël of aanpassing van die integrasiereël op een lyn

met die Engelse reg.

In die eerste gedeelte van hierdie artikel word daar derhalwe gefokus op die moontlikheid van

die herklassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël as synde deel van die materiële of

substantiewe reg in teenstelling met die huidige, duidelik verkeerde klassifisering van die reël

as deel van die Suid-Afrikaanse bewysreg. Daar word aangevoer dat die ekstrinsiekegetuienis-reël

onbekend was aan die Romeins-Hollandse reg en dat die herklassifisering van

die reël noodwendig sal meebring dat die Romeins-Hollandse reg, in teenstelling met die

Engelse reg, gevolg sal word by die aanbieding van ekstrinsieke getuienis buite om ’n

skriftelike kontrak.

Die vraag is natuurlik of ’n herklassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël deur die Suid-

Afrikaanse howe, en die gevolglike navolging van die Romeins-Hollandse reg, noodwendig

sal meebring dat die reël outomaties afgeskaf sal word. Daar kan ’n argument uitgemaak

111
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

word dat indien aanvaar word dat die reël deel van die materiële reg is (en ekstrinsieke

getuienis derhalwe in elk geval uitgesluit word weens die werking daarvan aangesien die

getuienis irrelevant is), die werking van die reël sal voortbestaan ongeag die herklassifisering

daarvan. Dit is egter nie ’n algemene beginsel van die materiële reg dat ekstrinsieke getuienis

van die bestaan van ’n afsonderlike ooreenkoms of betekenis van die bedinge daarvan

uitgesluit word aangesien dit irrelevant is nie. Dit is juis as gevolg van die werking van die

ekstrinsieke-getuienis-reël dat daar bepaal word dat hierdie getuienis inderdaad irrelevant is

aangesien daar ’n integrasie van die partye se bedoeling plaasgevind het. Die navolging van

die Romeins-Hollandse reg sal dan ook meebring dat die ekstrinsieke-getuienis-reël wel

afgeskaf word en dat die getuienis wat voorheen as irrelevant beskou is weens die werking

van die reël, deur die howe as hoogs relevant beskou kan word. 7

Daar sal egter aangevoer word dat die beginsels van regsekerheid en kontinuïteit die

herklassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël hoogs onwaarskynlik sal maak. In die

tweede gedeelte van hierdie artikel word daar derhalwe op ’n tweede moontlikheid gefokus,

naamlik die aanpassing van die integrasiereël op een lyn met die Engelse reg. Daar word

aangevoer dat die integrasiereël in die Engelse reg sodanig ontwikkel het sedert 30 Mei 1961

dat die reël vir alle praktiese doeleindes in so ’n mate afgewater is dat dit slegs oor simboliese

waarde beskik. Hierdie moderne benadering van die Engelse reg staan dan ook in skrille

kontras met die huidige toepassing van die reël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg. Die

gevolgtrekking word egter weer eens gemaak dat die beginsels van regsekerheid, asook die

gedagtegang dat, vir sover dit nie deur wetgewing gereël word nie, ons bewysreg “bevries” is

in die gedaante wat die Engelse bewysreg op 30 Mei 1961 aangeneem het, in die pad sal

staan van ’n soortgelyke ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse reg en dat dit derhalwe lyk of

wetgewing die enigste werkbare moontlikheid bied om die ekstrinsieke-getuienis-reël, en

meer spesifiek die integrasiereël, af te skaf of te aan te pas in die Suid-Afrikaanse

kontraktereg. 8

2. Klassifikasie van die ekstrinsieke-getuienis-reël

Suid-Afrikaanse howe het reeds gedurende die vroeë 20ste eeu die ekstrinsieke-getuienis-reël

as deel van die bewysreg geklassifiseer, 9 en beslis dat die Engelse reg derhalwe daarop van

toepassing was. Hierdie standpunt is deur die appèlafdeling bevestig in Cassiem v Standard

Bank of SA Ltd, 10 waar appèlregter De Villiers beslis het dat “[w]e are bound by the English

rules of evidence and the question has therefore to be decided according to English law, the

rule being that parol evidence is not allowed to alter, vary, or contradict a written

instrument.” 11

Die posisie was (en is nog steeds) dat die Suid-Afrikaanse materiële reg op die Romeins-

Hollandse reg (vir sover dit nie deur statutêre reg gewysig is nie) gebaseer is, 12 maar dat die

formele reg, insluitend bewysreg, grotendeels op die Engelse reg gegrond is. Hierdie situasie

het ontstaan na die kolonisasie van die verskillende voormalige provinsies van Suid-Afrika

deur Brittanje gedurende die 19de en vroeë 20ste eeu en die vervanging van die Suid-

112
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Afrikaanse Romeins-Hollandse formele reg deur die Engelse formele reg. Dié proses het deur

middel van die promulgering van verskeie wette, ordonnansies en proklamasies in die

verskillende kolonies plaasgevind. 13

Na republiekwording is die siviele prosesreg in die Wet op Bewysleer in Siviele Sake 14 en die

strafprosesreg in die Strafproseswet 15 gekonsolideer. Vir sover sekere aangeleenthede nie

spesifiek deur die bepalings van hierdie twee wette gereël word nie, meld hulle dat die reg

wat op 30 Mei 1961 (die dag voor republiekwording) gegeld het, van toepassing is. Dit

beteken dat daar in werklikheid terugverwys word na ouer wetgewing wat regstreeks die

Engelse bewysreg inkorporeer, en weerspieël steeds die huidige posisie. 16

2.1 Ekstrinsieke-getuienis-reël: materiële of formele reg?

Byna al die skrywers oor hierdie onderwerp is dit eens dat die ekstrinsieke-getuienis-reël

onder die materiële of substantiewe reg ressorteer en dat dit verkeerdelik deur die howe as ’n

reël van die formele bewysreg geklassifiseer is. Wigmore is byvoorbeeld van mening dat die

howe dit as sodanig gebrandmerk het aangesien hulle geen plek daarvoor kon vind in die

reëls ten aansien van pleitstukke ingevolge die “common law”-pleitsisteem nie en die reël

gewoonlik eers toepassing vind as daar by die verhoor getuienis aangebied word. 17

Thayer voer aan dat daar bloot (verkeerdelik) aanvaar word dat die ekstrinsieke-getuienis-reël

deel van die bewysreg uitmaak aangesien dit te doen het met geskrewe dokumente wat in

hulle aard bewys is van wat hulle uiteensit. Hy onderskei verder tussen ’n aantal konsepte wat

bygedra het tot hierdie verkeerde klassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël. 18 Eerstens

onderskei hy tussen reëls van die materiële reg en reëls van die bewysreg. Hy voer oortuigend

aan, net soos Wigmore, dat waar die reg sekere vereistes neerlê vir ’n handeling om

regsgeldig te wees, soos opskrifstelling, dit baie dikwels nie vereistes ingevolge die bewysreg

is nie. Dit is volgens hom vormvereistes wat nodig is vir die totstandkoming van ’n sekere

regshandeling, soos ’n ooreenkoms vir die vervreemding van grond of ’n testament. 19 In

sodanige gevalle hoort hierdie vereistes tuis onder die materiële reg van die relevante

dissipline, en wanneer getuienis, of feite wat in bewyslewering aangebied word, verwerp

word aangesien daar nie aan hierdie vormvereistes voldoen is nie, is dit die materiële reg wat

dit uitsluit en nie die bewysreg nie. 20

Daar moet saamgestem word met hierdie standpunte van Wigmore en Thayer. ’n Baie

vereenvoudigde voorbeeld kan gevind word in die Suid-Afrikaanse kontraktereg. Artikel 2(1)

van die Wet op Vervreemding van Grond 21 bepaal uitdruklik:

Geen vervreemding van grond na die inwerkingtreding van hierdie artikel is,

behoudens die bepalings van artikel 28, van krag nie tensy dit vervat is in 'n

vervreemdingsakte wat deur die partye daarby of deur hulle agente, handelende

op hulle skriftelike gesag, onderteken is.

113
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Getuienis van die bestaan van ’n mondelinge ooreenkoms oor die vervreemding van grond

sal derhalwe deur die howe uitgesluit word – nie omdat die Suid-Afrikaanse bewysreg dit

verbied nie, maar omdat die Suid-Afrikaanse materiële kontraktereg dit uitsluit aangesien

daar nie aan die wetlike vormvereistes vir die totstandkoming van ’n geldige kontrak oor die

vervreemding van grond voldoen is nie.

Tweedens onderskei Thayer tussen die verskillende gebruike van die woord bewys. Waar dit

gebruik word in die konteks van bewysreg, beteken dit basies getuienis of die indiening van

feite in ’n geregshof om die afleiding van ander feite daaruit te regverdig. Dit sluit nie alles in

wat verband hou met die algemene konsep van bewys of regslogika, of die populêre gebruik

daarvan, naamlik alle bewysregtelike aangeleenthede, nie. “Bewys” in hierdie konteks word

gebruik slegs vir sover dit noodsaaklik is om getuienis in ’n geregshof aan te bied waar dit ’n

feitelike aangeleentheid moet vasstel wat onbekend of in geskil is. 22

Die reëls van die bewysreg reguleer hierdie forensiese proses en bepaal nie vraagstukke wat

op blote logika of ondervinding berus nie. Om derhalwe te praat van “bewys” en om

vraagstukke daaromtrent te beantwoord, in die blote sin van ’n logiese bewysregtelike

kwaliteit of feit, is nie om te verwys na ’n gebied wat eiesoortig aan die bewysreg is nie. Dit

is slegs wanneer daar verwys word na “bewys” in die konteks, en vir die doeleindes, van

litigasie, waar daar van “bewysreg” in sy suiwer konteks gepraat kan word. 23

Phipson sluit hierby aan deur sy stelling dat die materiële reg “rights, duties and liabilities”

omskryf, terwyl die formele reg “the procedure, pleading and proof by which substantive law

is applied in practice” omskryf. 24 Salmond voer egter oortuigend aan dat ook die formele reg

“regte” bepaal, soos die reg om getuienis af te lê, asook die feit dat die materiële reg nie

alleen regte nie maar ook remedies omskryf. 25 Hy beskryf derhalwe die formele of prosesreg

eenvoudig as “that branch of the law that governs litigation”. 26 Die onderskeid tussen die

twee afdelings van die reg stel hy dan ook soos volg:

“Substantive law is concerned with the ends which the administration of justice seeks;

procedural law deals with the means by which those ends are to be attained.” 27 Van

Apeldoorn deel hierdie sentiment waar hy verklaar:“Het materiële privaatrecht regelt de

private belangen. Het formele privaatrecht regelt de over private belangen gevoerde

rechtsstrijd, m.a.w. de wijze waarop die regels van het materiële privaatrecht met hulp van de

rechter worden gehandhaafd.” 28 In Tregea v Godart 29 verwoord die hof hierdie beginsel, met

verwysing na die bewysreg, soos volg: “What must be proved is a question of substantive

law, the manner of proving it is the concern of the rules of evidence.”

Derdens, waar daar deur die howe beslis word dat “getuienis toelaatbaar of ontoelaatbaar” is,

hou hierdie “toelaatbaarheid” nie noodwendig verband met die bewysreg nie. Thayer

verduidelik:

For, in such cases, not merely is it true that the admission or rejection of what is

offered may turn wholly on a doubt as to the mere logical quality of what is

114
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

offered, or as to the true limits of the governing propositions of substantive law,

pleading, or procedure, which in every case must fix the character of what is put

forward as being relevant or the reverse; but also, where a declaration as to the

admissibility of evidence is clearly not of this sort, yet it is very often merely a

single specimen, out of myriads that might be offered, of probative matter not

excluded by the law of evidence. 30

Vierdens wys Thayer daarop dat daar ’n onderskeid getref moet word tussen dokumente wat

’n kontrak daarstel en dokumente wat bloot bewys is van ’n eksterne feit, losstaande en

onafhanklik daarvan. 31 Die dokument is in so geval slegs skriftelike bewys van ’n transaksie

of ooreenkoms wat reeds geldig en volledig daarsonder is. 32

Talle skrywers is verder, heeltemal tereg, van mening dat die ekstrinsieke-getuienis-reël

getuienis ontoelaatbaar maak aangesien sodanige getuienis weens die uitwerking van ’n reël

van die materiële reg irrelevant is. Volgens Schmidt en Rademeyer is dit ’n reël dat wanneer

’n regshandeling eenmaal in ’n skriftelike stuk beliggaam is, slegs die inhoud van die stuk

relevant is ten einde te bepaal wat die terme bepalings van die regshandeling is. 33

Zeffertt en Paizes deel hierdie sentiment waar hulle verklaar: “Material is excluded by the

rule, not because it is inherently untrustworthy or undesirable, but because the substantive

law renders it legally ineffective, thus forbidding its proof.” 34 Hulle vervolg:

If the document is conclusive as to the terms of the transaction, evidence of

different or additional terms will be excluded because the rule of substantive law

makes such evidence irrelevant. Similarly, if rules of construction require the

meaning of a document to be decided without reference to certain extrinsic facts,

evidence of those facts will also be irrelevant. 35

Volgens hierdie skrywers het die howe, in plaas daarvan om bloot te beslis dat ekstrinsieke

getuienis irrelevant is, van die standpunt uitgegaan dat ekstrinsieke getuienis ontoelaatbaar is.

Die resultaat was dat die materiële reg as ’n bewysregtelike reël vermom is. 36

Dit is egter interessant om te let op die beslissings van die Suid-Afrikaanse howe na

die Cassiem-uitspraak 37 met betrekking tot die klassifisering van die ekstrinsieke-getuienisreël.

In Avis v Verseput 38 is appèlregter Centlivres van mening dat die reël deel van die

bewysreg uitmaak. Hy verklaar: “In this case the question of the admissibility of the evidence

must be determined by the law in force in the Supreme Court of Judicature in

England.” 39 In Union Government v Vianini Ferro-Concrete Pipes (Pty) Ltd 40 het appèlregter

Watermeyer hom daarvan weerhou om standpunt in te neem, en obiter opgemerk:

This rule, or perhaps it would be more correct to say these rules, have always, so

far as I am aware, been regarded in South African Courts as rules of evidence; but

several writers upon the law of evidence such asWigmore and others, quoted

by Phipson in Chapter 45 of his book, hold the view that they are not strictly rules

115
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

of evidence. These writers suggest that the exclusionary rule is merely

consequential upon a substantive rule of law which makes the writing conclusive

as to the terms contained in it and consequently regards as of no legal force and

effect prior negotiations or promises relating to a matter expressly or impliedly

settled and determined by the written terms. Whatever may be the correct view as

to the nature of the rules … 41

In Von Ziegler v Superior Furniture Manufacturers (Pty) Ltd 42 was die hof ook versigtig om

standpunt in te neem en regter Trollip beslis soos volg:

It is not clear whether the rule is strictly one of evidence regulating the

admissibility of evidence, or a rule of substantive law … Wigmore on Evidence,

3rd ed. Vol. IX para. 2400, states unequivocally that it is not a rule of evidence

but one of substantive law, but so far our Courts have regarded it as a rule of

evidence, or at any rate a rule regulating the admissibility of evidence … This

Court is bound by that authoritative view. Consequently it is obliged by secs. 55

and 56 of the Transvaal Evidence Proclamation, 16 of 1902, to follow the English

law on the parol evidence rule, and not any rule of Roman-Dutch law or

American law in so far as that might differ from the English law. 43

In Schroeder v Vakansieburo (Edms) Bpk 44 was regter Bekker (alhoewel obiter) egter

onomwonde van mening dat die ekstrinsieke-getuienis-reël onder die materiële reg ressorteer:

“The question whether or not a contract in writing may be varied by parol evidence is a

question of substantive law …” 45 Die hof het hom egter nie uitgelaat oor die presedent wat

in Cassiem geskep isnie.

In Slabbert, Verster & Malherbe (Bloemfontein) Bpk v De Wet 46 steun die hof klaarblyklik

hierdie sentiment: “I agree with Mr. Schneider's submission that if parol evidence to

contradict, vary or alter the terms of a written agreement is inadmissible by these rules of

substantive law it would be a complete negation of these rules to admit that evidence by

invoking the exceptio doli.” 47

In National Board (Pretoria) (Pty) Ltd v Estate Swanepoel 48 was die appèlafdeling egter

meer uitgesproke (in ’nobiter dictum): “Because the parol evidence rules were thought,

probably wrongly, to be a part of the law of evidence they have been received into the law of

this country.” 49

In Venter v Birchholtz 50 het die appèlafdeling egter geen twyfel nie dat “[o]ndanks die feit dat

die integrasiereël tot die materiële reg behoort …, het dit in sy Engelsregtelike gestalte ons

stelsel onder 'n bewysregtelike dekmantel ingeglip … en word daar grootliks op Engelse

presedente staatgemaak.” 51

Daar moet in die algemeen kritiek uitgespreek word teen die howe se benadering ten aansien

van die klassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël, aangesien dit aanleiding gegee het

116
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

tot die aanname van ’n leerstuk wat nie in die Suid-Afrikaanse regstelsel tuishoort nie. Wat

die Cassiem-saak aanbetref, het die hof bloot aangeneem dat die ekstrinsieke-getuienis-reël

deel uitmaak van die bewysreg, en Engelse reg derhalwe daarop van toepassing gemaak

sonder om enigsins ’n ondersoek te loods na die ware aard van die reël.

Die vraag wat natuurlik hier gestel kan word, is of die Suid-Afrikaanse howe die Engelse

bewysreg in die geheel moet navolg, insluitend die Engelse klassifisering van wat ’n

bewysregtelike reël uitmaak, en of slegs daardie Engelse bewysregtelike reëls toegepas word

wat deur die Suid-Afrikaanse reg as sodanig geklassifiseer word. 52

Zeffertt en Paizes is van mening dat laasgenoemde situasie behoort te geld, en staaf hierdie

standpunt met verwysing na Trust Bank van Afrika Bpk v Eksteen, 53 waar die hof beslis het

dat die beginsels van die Suid-Afrikaanse reg van estoppel nie altyd aanleiding gee tot

dieselfde gevolge as dieselfde reëls van die Engelse reg nie, en dat die Engelse reg nie as ’n

formele bron van die Suid-Afrikaanse reg van estoppel beskou moet word nie.

Die beginsels wat bepaal welke metodes aangewend moet word by die klassifisering van

regsreëls, ressorteer onder die internasionale privaatreg, en word algemeen beskou as een van

die mees problematiese gebiede van hierdie afdeling van die reg. 54 Die kritiek wat egter

gelewer kan word teen die hof in die Cassiem-saak, is dat dit lukraak die Engelse

klassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël oorgeneem het sonder enige oorweging van

die vraag of die hof wel aan sodanige klassifisering gebonde was. Ook die latere uitsprake

van die appèlafdeling moet in hierdie opsig gekritiseer word. Die voorsittende regters in die

betrokke aangeleenthede het, ondanks die feit dat talle van hulle aanvaar het dat die

ekstrinsieke-getuienis-reël verkeerdelik as ’n reël van die bewysreg geklassifiseer is, dit bloot

goedsmoeds as sodanig aanvaar sonder om die moontlikheid van ’n herklassifisering van die

reël te oorweeg.

Dit was ook nog altyd ’n tendens van Suid-Afrikaanse howe om oor die algemeen

oorversigtig te wees om kritiek uit te spreek teen vorige hofuitsprake (veral dié van die

appèlafdeling) wat klaarblyklik verkeerd beslis is. Die geskiedenis toon dat selfs die

appèlafdeling slegs in sekere uitsonderingsgevalle afgewyk het van sy vorige uitsprake. Die

onvermydelike gevolg hiervan was dat alle Suid-Afrikaanse howe, die appèlafdeling inkluis,

in latere uitsprake hulself gebonde geag het aan die uitspraak en die gepaardgaande regsbron

soos uiteengesit in die Cassiem-saak.

Dit is verder interessant om te let op die Suid-Afrikaanse regskommissie se standpunt in

hierdie verband. In Oktober 1986 het die kommissie ’n verslag die lig laat sien waarin die

totale Suid-Afrikaanse bewysreg hersien is. Die kommissie wou hom egter nie enigsins

uitspreek oor die ekstrinsieke-getuienis-reël nie, aangesien “[p]arol evidence does not form

part of the law of evidence and it was therefore not investigated.” 55

117
2.2 Die estoppelvraagstuk

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Wat die klassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël nog meer problematies maak, is

Phipson se stelling dat die ekstrinsieke-getuienis-reël “is sometimes thought to be based …

on the doctrine of estoppel, as the party is precluded by his acknowledgement in writing from

disputing what is so acknowledged”. 56 Volgens Zeffertt en Paizes kon Phipson estoppel slegs

weens wanvoorstelling (“by representation”) in gedagte gehad het – A se voorstelling dat die

bedinge van ’n ooreenkoms in ’n geskrewe dokument vervat is, verbied hom om ekstrinsieke

getuienis aan te bied. 57 Estoppel weens wanvoorstelling is in Engeland gekategoriseer as ’n

reël van die bewysreg. In Avon County Council v Howlet 58 beslis die hof dat “[e]stoppel by

representation is a rule of evidence, the consequence of which is simply to preclude the

representor from averring facts contrary to his own representation.” 59 Zeffertt en Paizes vra

hulle dan ook, heeltemal tereg, die vraag af: “If that be so, must we apply the English law of

estoppel, and hence the parol evidence rule, because a South African statute enjoins us to

apply the English law of evidence?” 60

Volgens Dixon word estoppel ook in Australië beskou as ’n reël van die bewysreg. 61 Sy

aanvaar klaarblyklik die standpunt van De Wet dat estoppel nie ’n bewysregtelike reël kan

wees nie aangesien dit nie versoenbaar sou wees met die vereiste dat estoppel gepleit moet

word nie. 62 Zeffertt en Paizes is egter van mening dat dit ’n non sequitur is om te sê dat

aangesien estoppel gepleit moet word, dit noodwendig beteken dat dit nie ’n bewysregtelike

reël is nie. 63

Daar kan nie met hierdie standpunt saamgestem word nie. ’n Kenmerk van prosesreg, waarby

die bewysreg ingesluit is, is dat dit werking geniet slegs in die konteks van ’n verhoor self,

terwyl dit die materiële reg is wat in die pleitstukke deur die partye gepleit word. Die

bewysregtelike reël van res ipsa loquitur (“die feite spreek vanself”) kan as ’n voorbeeld

geneem word. Die werking van hierdie reël word nie spesifiek gepleit in die pleitstukke nie,

maar die hof kan, na al die getuienis aangehoor is, ’n sekere afleiding daaruit maak. Daar

moet derhalwe met De Wet saamgestem word dat, weens die feit dat estoppel gepleit moet

word, dit as ’n reël van die bewysreg gediskwalifiseer word. Ook Sonnekus is van mening dat

estoppel ’n reël van die materiële reg is nieteenstaande die feit dat daar in enkele uitsprake

verklaar is dat dit ’n bewysregtelike reël is. 64

Wat die Engelse reg aanbetref, het Ewart reeds in 1900 die standpunt ingeneem dat dit

onhoudbaar is om te verklaar dat estoppel deel van die bewysreg is. 65 Daar was verskeie

Engelse sake waarin hierdie standpunt ondersteun is. 66 In Canada & Dominion Sugar Co Ltd

v Canadian National (West Indies) Steam Ships Ltd 67 voer Lord Wright dan ook aan:

Estoppel is a complex legal notion involving a combination of several essential

elements, the statement to be acted upon, action on the faith of it, resulting

detriment to the actor. Estoppel is often described as a rule of evidence, as,

indeed, it may be so described. The whole concept is more correctly viewed as a

substantive rule of law. 68

118
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In Moorgate Mercantile Co Ltd v Twitchings 69 verklaar lord Denning MR dat estoppel nie ’n

reël van die bewysreg is nie, maar ’n eisoorsaak. Dit is volgens lord Denning ’n beginsel van

billikheid en geregtigheid ingevolge waarvan ’n kontraksparty wat ’n sekere indruk by ’n

ander party gewek het, nie toegelaat sal word om sy woord te breek waar dit vir hom onbillik

sou wees om dit te doen nie. 70 Ook Halsbury en Hailsham voer aan dat estoppel dikwels

beskryf word as ’n reël van die bewysreg, maar dat dit meer korrek is om die konsep as deel

van die substantiewe reg te beskou. 71

Sonnekus voer oortuigend aan dat daar tans in die Suid-Afrikaanse reg in beginsel aanvaar

word dat estoppel deel van die materiële reg is, maar dat dit geen regsveranderende gevolge

meebring nie. 72

Dixon is verder van mening dat estoppel as ’n reël van die materiële reg beskou moet word

aangesien ’n bewysregtelike reël slegs inter partes werking geniet, terwyl ’n reël van die

materiële reg ook derde partye bind, soos in geval van estoppel. 73 Schmidt voer aan dat

aangesien estoppel die bewys of weerlegging van sekere feite belet, dit deur die meeste

Engelse regsgeleerdes as ’n reël van die bewysreg beskou word. Volgens hom word die

aanvoer van getuienis heeltemal tereg deur estoppel belet slegs in die opsig dat daardie

getuienis irrelevant is weens die werking van die materiële reg. Hy verwoord hierdie

sentiment soos volg: “As ’n party aldus belet word om ’n feit te bewys, beteken dit dat

daardie feit nie ’n factum probandum in die saak is nie. Dit is dus nie ’n probans wat geraak

word nie, maar die probandum self.” 74 Zeffertt en Paizes vra hulle op grond hiervan dan die

volgende relevante vraag af: “But, if we have categorized the rules of the English law of

estoppel as not being imported into our law by our evidentiary statutes, why should we

import one of the English rules of estoppel by representation – the integration rule – by virtue

of those very statutes?” 75

Hierdie skrywers voer verder aan dat, selfs indien die Suid-Afrikaanse howe korrek was in

die klassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël as ’n reël van die bewysreg, en dat dit

daarom op ons howe van toepassing is, daar nie noodwendig enige meriete daarin is om dit

toe te pas nie. 76 Hulle wys voorts daarop dat aangesien dit nie duidelik is of die ekstrinsiekegetuienis-reël

op ’n korrekte wyse in ons regstelsel ingevoer is nie, ons regstelsel geen

probleme behoort te ondervind om daarvan ontslae te raak indien dit bots met óf Romeins-

Hollandse regsbeginsels, óf met ons sin van wat billik en prakties is nie. 77 Hierdie standpunt

kan egter nie ondersteun word nie. Die feit van die saak is dat daar wetgewing bestaan wat

ons howe verplig om Engelse bewysreg toe te pas, en dat hulle derhalwe nie by magte is om

die ekstrinsieke-getuienis-reël af te skaf bloot op grond daarvan dat dit bots met die Romeins-

Hollandse reg of hulle sin van wat billik en prakties is nie.

2.3 Romeinse en Romeins-Hollandse reg

Die vraag wat gevra kan word, is wat die regsposisie sou gewees het indien die Suid-

Afrikaanse howe in die verlede sou beslis het dat die ekstrinsieke-getuienis-reël deel uitmaak

van die materiële (kontrakte)reg. Dit is duidelik dat die Romeins-Hollandse reg in so ’n geval

119
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

van toepassing sou wees. Die posisie wat sou geld ingevolge die Romeins-Hollandse reg

word derhalwe kortliks bespreek. Daar sal ook kortliks na die Romeinse reg gekyk word.

2.3.1 Romeinse reg

Gedurende die preklassieke periode 78 van die Romeinse reg was regshandelinge in absolute

vorme vervat. Daar is groot klem gelê op die letterlike betekenis van die woorde wat geuiter

is en die eenvoudigste fout kon tot onverwagte of onwelkome resultate aanleiding gee. 79

In die Romeinse reg het die grootste aantal verbintenisse uit ooreenkoms ontstaan. 80 Die

verbintenisskeppende ooreenkoms was egter onbekend aan die klassieke Romeinse reg 81 en

het geen plek in daardie regstelsel gehad nie. Daar het ook geen behoefte bestaan aan ’n

abstrakte begrip van die ooreenkoms nie, aangesien daar geen regsgevolge uit sodanige

ooreenkoms voortgevloei het nie. Daar is slegs ’n prosesformulier verleen aan duidelik

omskrewe afsonderlike ooreenkomste. 82 Gedurende die klassieke periode is daar egter begin

om weg te beweeg van die streng formalisme en letterlike uitleg van die preklassieke

periode. 83 Die uitleg van ooreenkomste was minder streng aangesien regshandelinge uit die

oogpunt van die goeie trou beskou is. 84 Uiteindelik is selfs formele ooreenkomste uitgelê op

die basis van individuele bedoeling eerder as die objektiewe betekenis van die woorde wat

daarin vervat is. 85 ’n Dubbelsinnige beding is so uitgelê dat dit die transaksie so effektief

moontlik gemaak het. 86

In die Bisantynse tydperk 87 is die verbintenisskeppende ooreenkoms wel omskryf. 88 Die

latere Europese regswetenskap is op hierdie algemene leer van ooreenkomste gebou. ’n

Ooreenkoms is beskryf as ’n tweesydige regshandeling wat bestaan uit die

wilsooreenstemming van twee of meer partye wat dieselfde beoog. 89 In hierdie tydperk het

die ooreenkomsteleer, wat aan die klassieke Romeinse reg onbekend was, ontstaan.

Wilsooreenstemming was derhalwe ’n vereiste wat beteken het dat die partye werklik moet

wil, dat hulle hierdie wil moet verklaar, en dat die wil van die een party met die wil van die

ander party moet ooreenstem. 90

Thomas vat hierdie posisie soos volg saam:

These solemn words, however, were in use in olden times: but subsequently there

was enacted the constitution of Leo which, abolishing the solemnity of words,

sought only the meaning and meeting of minds of the parties, whatever the words

in which it was expressed. 91

Geen verbintenisskeppende ooreenkoms het tot stand gekom waar wilsooreenstemming nie

teenwoordig was nie. 92 Waar daar wel wilsooreenstemming was maar dit nie regsgeldig in die

lewe geroep is nie (byvoorbeeld deur bedrog, dwang of dwaling), kon daar gedurende die

Bisantynse tydperk in bepaalde omstandighede ’n regsmiddel teen die ooreenkoms verleen

word. 93 Dit was nie die geval in die klassieke Romeinse reg nie, waar dit voldoende was

120
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

indien daar bloot aan die vorm van die ooreenkoms voldoen is, 94 selfs al het

wilsooreenstemming tussen die partye ontbreek. 95

In Rood v Wallach 96 som hoofregter Innes HR die verskillende kategorieë kontrakte in die tyd

van Justinianus soos volg op:

In the time of Justinian, for instance, the conventions which could be enforced by

action were the stipulatio, the four consensual contracts (sale, lease, partnership,

agency), the real contracts (mutuum, commodatum,depositum, and pignus), the

innominate contracts (do ut des, etc.), the pacts in respect of which a special

remedy was given by the edict of the praetor (pacta praetoria), or by special

statute (pacta legitima), or which were added to and formed part of other

actionable contracts (pacta adjecta). All other conventions were nuda pacta. 97

Verbintenisskeppende ooreenkomste (obligationes ex contractu) is weer onderverdeel in die

volgende: 98 obligatio re; 99 obligatio verbis; 100 obligatio litteris; 101 en obligatio consensu. 102

In die klassieke Romeinse reg was die stipulatio ’n abstrakte regshandeling. Dit beteken dat

die promissorgebind word deur die spreek van ’n sekere woord en dat sy gebondenheid nie

afhanklik was van die rede waarom hy hom verbind het nie (iusta causa promittendi).

Aangesien die stipulatio ’n negotium stricti iuris was, kon ’n party hom gedurende hierdie

tydperk op bedrog beroep slegs indien die afwesigheid van bedrog ’n uitdruklike beding van

die ooreenkoms was.

Die instelling van die exceptio doli teen ongeveer 66 v.C. het egter ’n groot kentering

teweeggebring. Joubert vertaal die formulering van die exceptio doli soos volg: “Indien in

daardie aangeleentheid niks deur die bedrog van Aulus Agerius gedoen is of gedoen word

nie.” 103 Die exceptio doli het ’n tweeledige strekking gehad, naamlik eerstens waar die

skuldenaar beweer dat die eiser hom skuldig gemaak het aan bedrog voor die instel van die

vordering, wat bekend gestaan het as die exceptio doli specialis; 104 en tweedenswaar die

skuldenaar beweer dat die eiser iets eis wat hom regtens mag toekom, maar waarop hy

volgens redelikheid en die goeie trou nie geregtig is nie – dit het bekend gestaan as

die exceptio doli praesentis generalis. 105

In Bank of Lisbon and South Africa Ltd v De Ornelas 106 verklaar die appèlafdeling dat

die exceptio doli generalisnooit deel uitgemaak het van die Romeins-Hollandse (en derhalwe

ook die Suid-Afrikaanse) reg nie. Die hof voer aan dat dit in die klassieke Romeinse reg

op mala fides gebaseer was. 107 In Van der Merwe v Meades 108 voer dieselfde hof aan dat

ingevolge die gemenereg ’n verkoper hom nie op ’n voetstootsklousule mag beroep waar hy

bedrieglik verborge gebreke in die koopsaak verswyg het nie. Die koper mag hom in so ’n

geval op dieexceptio/replicatio doli beroep. 109 Joubert wys daarop dat hierdie remedie niks te

doen het met die exceptio doli generalis nie. 110 Hy kritiseer ook die standpunt van Kerr 111 wat

die twee regsmiddele as sinonieme beskou. 112

121
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Dit is interessant om daarop te let dat die Romeinse reg op presies die teenoorgestelde wyse

as die Engelse reg oor die ekstrinsieke-getuienis-reël ontwikkel het. Waar die reël glad nie

aan die primitiewe Engelse reg bekend was nie, was die woorde wat vervat is in

die contractus verbis (stipulatio) 113 van die vroeë Romeinse reg van primêre belang. 114 Dit

het daartoe aanleiding gegee dat die woorde letterlik uitgelê is en dat die bedoeling van die

partye geheel en al ontken is. 115 In die latere ontwikkeling van die Romeinse reg is die

woorde wat in diecontractus verbis vervat was, egter as minder belangrik beskou aangesien

daar blykbaar in hierdie stadium aanvaar is dat die contractus verbis ook op

’n conventio berus het. Waar daar dus bewys kon word dat daar geen wilsooreenstemming

was nie, was daar nie ’n bindende kontrak (stipulatio) nie. 116

In geval van kontrakte wat op skrif gestel is, was die skrif steeds ’n bewysmiddel wat in

sommige gevalle ’n selfs sterker bewyswaarde as die getuies tot die ooreenkoms self gehad

het. Dit was egter teen hierdie tyd slegs ’n bewysmiddel wat weerlê kon word. 117 Mondelinge

getuienis van die betrokke getuies is derhalwe in sommige gevalle as meer betroubaar beskou

as die geskrewe dokument. 118 Selfs die onderhandelinge tussen die kontrakspartye was

toelaatbare getuienis by die uitleg van die geskrewe ooreenkoms. 119

Waar die skrif egter slegs as bewys gedien het van die onderliggende ooreenkoms, en nie ook

’n konstitutiewe vereiste was soos met die contractus litteris 120 nie, het dit oor so ’n sterk

bewyswaarde beskik dat dit in sekere gevalle as onweerlegbare bewys beskou is en in ander

gevalle baie moeilik weerlegbaar was. 121

Die volgende voorbeelde illustreer gevalle waar die skrif as onweerlegbare bewys beskou is.

Waar ’n persoon op skrif verklaar het dat hy van iemand geld ontvang het, kan hy nie na die

verloop van ’n lang tydperk die verweer opwerp dat hy inderdaad nie die geld ontvang het

nie. 122 Daar is ook gevalle waar die skrif na ’n tydperk van 30 dae as onweerlegbare bewys

beskou is. 123 ’n Verdere voorbeeld is dat die bewys van die ontvangs van ’n bruidskat, asook

’n bewys van bewaargewing van geld of sake, onmiddellik onweerlegbare bewys daargestel

het. 124

Die volgende voorbeelde weer illustreer gevalle waar die skrif moeilik weerlegbaar was.

Waar daar ’n skriftelike skuldbewys is en die skuldenaar aanvoer dat hy die volle

verskuldigde bedrag of ’n gedeelte daarvan betaal het, moes hy dit deur middel van vyf

geskikte getuies bewys. 125 Marcellus wys daarop dat die geskrifte van amptenare wat sekere

heffings ontvang het, ’n groter bewyswaarde gehad het as mondelinge getuienis. 126 Die

basiese beginsel was egter nog steeds dat die skrif slegs bewys van die verbintenis was.

Alhoewel die skrif ’n baie goeie bewys was, was dit nie noodwendig ’n beter bewys as

byvoorbeeld die mondelinge getuienis van die getuies betrokke by die verbintenis nie. 127 Die

mening is gehuldig dat daar ’n groter bewyswaarde aan die getuies as aan die skrif self geheg

moet word. 128

Ter opsomming kan daar dus gesê word dat daar ’n gradering in die Romeinse reg

plaasgevind het van die bewyswaarde wat aan die skrif verbonde aan ’n bepaalde verbintenis

122
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

geheg moet word. Sekere dokumente is as konstitutief beskou of het as onweerlegbare bewys

gedien van dit wat daarin vervat was. Ander weer was moeilik weerlegbaar, en ander kon

redelik maklik deur middel van andersoortige getuienis weerlê word. 129

2.3.2 Romeins-Hollandse reg

Die basiese beginsel van die Romeins-Hollandse reg was dat alle beloftes wat ernstig en

doelbewus gemaak is, afdwingbaar was. 130 Skriftelike ooreenkomste is dan ook uitgelê in

ooreenstemming met die gemeenskaplike bedoeling van die partye. 131

Die posisie was in baie opsigte dieselfde as in die Romeinse reg wat betref die aanbieding

van ekstrinsieke getuienis. 132 Die Romeins-Hollandse reg het egter ook ’n onderskeid tussen

private en openbare dokumente gemaak. 133 Die meeste skrywers was dit eens dat private

dokumente weerlegbaar was. 134 Die openbare dokument was volledige bewys van die inhoud

daarvan, 135 maar die skrywers het uiteenlopende menings gehad oor die vraag of dit

weerlegbaar was of nie. Huber is van mening dat die dokument deurslaggewend was, maar

dat bewys van getuies wel aangehoor kon word as die getrouheid van die dokument of die

inhoud daarvan weerspreek is. 136 Van der Keessel steun klaarblyklik hierdie standpunt,

aangesien die skrif ook volgens hom bindend is, ten minste wat ’n skulderkenning betref wat

nie uit ’n geldlening ontstaan het nie en die skuldenaar die dokument erken het of dit namens

hom opgestel is. 137

Alhoewel Merula van mening is dat die dokument altyd slegs ’n bewysmiddel daargestel het,

verklaar hy dat die openbare dokument, behalwe in ernstige gevalle, onweerlegbare bewys

van die inhoud daarvan was. Hy verklaar voorts dat die dokument ’n sterker bewys daargestel

het as getuies. 138 Matthaeus steun die standpunt dat skriftelike bewys sterker is as die bewys

deur getuies. Hy voer dit egter nog verder wanneer hy verklaar dat die bewys deur getuies nie

teen skriftelike bewys aangevoer kon word nie. 139 Volgens De Groot is die dokument

volledige bewys en onweerlegbaar, behalwe in die geval waar bedrog ter sprake is. 140 Voet,

daarenteen, volg die Romeinsregtelike tradisie en verklaar dat die geskrewe dokument in sy

geheel weerlê kan word indien daar wesenlike teenstrydighede in die dokument self vervat is,

indien daar teenstrydige geskrifte bestaan het, indien daar bewys kon word dat een van die

kontrakspartye nie tydens kontraksluiting teenwoordig was nie, of dat daar getuienis

aangebied is wat die skriftelike dokument weerspreek. 141

Ook Lee gaan in sy bespreking van die Romeins-Hollandse reg van die standpunt uit dat die

aanbieding van ekstrinsieke getuienis wel toelaatbaar is om die bedinge van ’n skriftelike

ooreenkoms te bewys:

If an action is brought upon a contract, the plaintiff must prove its terms, and

identify the defendant as the party liable. The proof of contract is part of the law

of evidence and lies outside the scope of this work. Let it suffice to point to the

general rule that in every case the best evidence must be produced. In the case of

a written contract this means the original instrument together with so much parol

123
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

evidence as is necessary to explain the circumstances of the contract and the

nature of the liability alleged. 142

Hierdie standpunt word klaarblyklik ook deur Van der Linden in sy kommentaar op Voet se

Pandekte gehandhaaf: “Writing admitted but contents denied. – Plainly if he admits that he

did the writing, but says that the things contained in the writing are false, the screed will have

its full and proper weight until the contrary has been proved.” 143

Ook uit Suid-Afrikaanse regspraak kan afgelei word dat die ekstrinsieke-getuienis-reël ’n

onbekende verskynsel in die Romeins-Hollandse reg is. In Weinerlein v Goch Buildings

Ltd 144 bespreekdie hof kortliks Romeins-Hollandse regsbronne, veral in die opsig waar

die exceptio doli en die verbod op ekstrinsieke getuienis oorvleuel. Die bronne wat die hof

aanhaal, slaan egter meer op die uitleg van kontrakte, veral in geval van bedrieglike

wanvoorstelling, as op die aanbieding van ekstrinsieke getuienis om die bedinge daarvan te

bewys:

Semper veritati errorem cedere oportet, says Faber in his Code 4.16. def.10, the

mistake must yield to the truth. “In contracts regard must be had rather to the

truth of the matter (rei veritas) than to what has been written,” is laid down in

C.4.22. L.1; and Gothofredus notes: “for there may be mistake in the writing.”

(Cf.C.4.50.L.5 and L.6.).

The language of the Code is significant: “It has often been laid down that an error in

computation which has been made in one contract or in more than one, does not prejudice the

truth” (veritati non afferre praejudicium). From the above it is clear that the Romans did not

allow the true agreement between the parties to be prejudiced by a slip of the pen or other

inaccurate expression. 145

In die lig van bostaande kan die Romeins-Hollandse reg ten aansien van die aanbieding van

ekstrinsieke getuienis kortliks soos volg opgesom word:

• Die skriftelike dokument dien slegs as bewysmateriaal.

• Daar word ’n onderskeid getref tussen private en openbare dokumente.

• Openbare dokumente het ’n sterker bewyswaarde as private dokumente.

• Private dokumente het in sekere gevalle ’n bewyswaarde gelykwaardig aan openbare

dokumente gehad, byvoorbeeld waar die private dokument deur drie getuies onderteken

is. 146

• Die openbare dokument, asook die private dokument wat daarmee gelykstaan, verskaf

volledige bewys van die inhoud daarin vervat. In uitsonderlike gevalle kon hierdie

dokumente egter wel deur ekstrinsieke getuienis weerlê word.

• Dokumente verskaf derhalwe slegs bewys in ’n meerdere of mindere mate van die

bedoeling van die partye.

• Die basiese beginsel is dat die dokument nie onweerlegbare bewys was van die inhoud

daarin vervat nie.

124
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

• In die praktyk is egter ’n al hoe groter bewyswaarde aan skriftelike bewys toegeken. Die

dokument kon derhalwe in sommige gevalle, net soos in die Romeinse reg, onweerlegbare

bewys van die inhoud daarvan daarstel.

Die basiese beginsel in die Romeins-Hollandse reg, ten minste wat gewone private

dokumente aanbetref, was dat die bedoeling van die partye voorop staan en dat soveel

ekstrinsieke getuienis aangebied mag word as wat nodig is om sodanige bedoeling vas te stel.

In die lig van voorgaande bespreking blyk dit duidelik dat die integrasiereël en die

interpretasiereël aan die Romeinse en Romeins-Hollandse reg onbekend was.

2.3.3 Gevolgtrekking

Die Romeins-Hollandse reg sou nie slaafs nagevolg kon word nie en daar sou voorsiening

gemaak moet word vir veranderde moderne omstandighede. So sou dit byvoorbeeld absurd

wees om te bepaal dat ’n sekere aantal getuies benodig word om ’n skriftelike kontrak in die

huidige Suid-Afrikaanse reg omver te werp!

Dit wil egter nie sê dat die spesifieke beginsels van die Romeinse en Romeins-Hollandse reg

geen waarde vir ons huidige reg kan hê nie. Inteendeel, hierdie beginsels kan ’n

betekenisvolle waarde toevoeg tot die hervorming van ons reg ten aansien van die aanbieding

van ekstrinsieke getuienis. Dit is veral die klem wat gelê is op die bewyswaarde van

skriftelike kontrakte wat met vrug in ons reg aangewend kan word. Ook die gradering van

verskillende kontrakte in die Romeinse en Romeins-Hollandse reg kan op ’n indirekte wyse

’n waardevolle bydrae lewer tot die huidige Suid-Afrikaanse kontraktereg, veral waar daar

sprake is van standaardbedinge in ’n kontrak.

2.4 Die huidige posisie – is herklassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël moontlik?

Die huidige posisie met betrekking tot die bronne van die Suid-Afrikaanse bewysreg, en

derhalwe die ekstrinsieke-getuienis-reël, is in ’n groot mate vasgestel deur die uitspraak van

die appèlafdeling in Van der Linde v Calitz 147 en kan kortliks soos volg opgesom word:

• ’n Beslissing van die Geheime Raad voor 1950 moet beskou word asof dit ’n beslissing

van die appèlafdeling self is en die appèlafdeling kan van sodanige uitspraak afwyk indien

dit duidelik verkeerd is.

• ’n Uitspraak van die Engelse hooggeregshof (Supreme Court of Judicature) (of die House

of Lords wat, alhoewel dit nie deel gevorm het van die Engelse hooggeregshof nie, dit

bind) voor 30 Mei 1961, is bindend op die appèlafdeling in die mate waarin dit beskou

word as ’n korrekte uiteensetting van die Engelse reg.

• ’n Reël van die Engelse reg kan so onvanpas wees vir die Suid-Afrikaanse regstelsel dat

dit verkeerd sou wees om dit slaafs na te volg.

125
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

• Uitsprake van die Engelse howe na 31 Mei 1961, asook ’n uitspraak van die Geheime

Raad na 1950, bind nie ons howe nie, maar het oorredingswaarde.

• Die gevolg is dat die Suid-Afrikaanse bewysreg klaarblyklik in ’n groot mate “bevries” is

in die gedaante wat dit op 30 Mei 1961 aangeneem het.

Schmidt en Rademeyer voer op grond hiervan aan dat die Suid-Afrikaanse bewysreg soos

wat dit op 30 Mei 1961 gegeld het, nie voortaan deur regspraak verder ontwikkel kan word

nie. 148 Ons howe sal egter nog steeds sodanige reg moet uitlê en by sodanige uitleg sal

Engelse gewysdes wat na hierdie datum die lig gesien het, wel oorredingskrag hê, maar niks

meer as dit nie. 149 Soos later in hierdie artikel bespreek, het hierdie beginsel tot uiters ironiese

gevolge aanleiding gegee. 150

Schmidt en Rademeyer is van mening dat alhoewel Engelse bewysregtelike regspraak nie

altyd noulettend deur ons howe gevolg hoef te word nie, daar nie van vaste reëls of beginsels

van die Engelse bewysreg afgewyk mag word nie. 151 Die vraag bly egter of ons howe

gebonde is aan die duidelik verkeerde klassifisering van ’n regsreël as deel van die bewysreg

deur die Engelse howe. Van der Linde v Calitz 152 verskaf die gesag daarvoor dat die hoogste

hof van appèl wél mag afwyk van die presedent van die Engelse howe indien dit duidelik

blyk dat sodanige howe die Engelse reg verkeerd vertolk het.

Daar moet in gedagte gehou word dat die verkeerde klassifisering van die Engelse howe

weinig, indien enige, invloed op die Engelse jurisprudensie gehad het. In Suid-Afrika het

sodanige klassifisering egter ’n wesenlike invloed op die ontwikkeling van ons reg gehad met

betrekking tot die bewys van die skriftelike bedinge van ’n ooreenkoms. Op grond van

hierdie beginsels kan daar derhalwe gevra word of die hoogste hof van appèl enigsins oor die

bevoegdheid beskik om af te wyk van die klassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël as

’n reël van die bewysreg, met die gevolglike uitwissing van regspraak wat oor ’n tydperk van

meer as 80 jaar ontwikkel het.

Om hierdie vraag te beantwoord moet daar gekyk word na watter beginsels die hoogste hof

van appèl sal toepas waar die afwyking van ’n uitspraak van die vorige appèlafdeling ter

sprake is. In hierdie opsig het appèlregter Olivier 153 in Brisley v Drotsky 154 drie beginsels

neergelê, naamlik waar die vorige beslissing(s) op ’n klaarblyklike oorsig of wanopvatting of

fout berus het; waar die hof se aandag in die vorige beslissing(s) nie op relevante

gesagsbronne gevestig was nie; en die beginsel van regsekerheid en kontinuïteit.

Ten aansien van die eerste beginsel verwys die hof met goedkeuring na die beslissing

in Bloemfontein Town Council v Richter, 155 waar soos volg verklaar word:

The ordinary rule is that this Court is bound by its own decisions and unless a

decision has been arrived at on some manifest oversight or misunderstanding, that

is, there has been something in the nature of a palpable mistake, a subsequently

constituted Court has no right to prefer its own reasoning to that of its

126
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

predecessors – such preference, if allowed, would produce endless uncertainty

and confusion. 156

Die hof vervolg dat die stare decisis-leerstuk derhalwe meer rigied deur die hoogste hof van

appèl toegepas moet word as deur enige ander hof. 157

In die Brisley-saak is die trefwydte van die sogenaamde Shifren-beginsel, 158 ingevolge

waarvan alle wysigings van die kontrak aan bepaalde formaliteite moet voldoen, aangeveg.

Die hoogste hof van appèl verklaar dat daar voorheen ’n hele aantal teenstrydige provinsiale

beslissings ten aansien van die bindende aard van ’n geen-wysigingsbeding was en dat daar,

selfs nog voor die Shifren-uitspraak, ook van verskeie oorde akademiese kritiek daarteen

gelewer is. 159 Die hof bevind dan dat die debat tydens die Shifren-uitspraak geensins nuut

was nie en dat die hof klaarblyklik weens beleidsoorwegings, doelmatigheidsfaktore en

volgens die hof se insigte ’n bepaalde standpunt laat seëvier het. 160

In die Brisley-saak kom die hof dus tot die gevolgtrekking dat daar nie met reg verklaar kon

word dat die Shifren-uitspraak op ’n klaarblyklike oorsig of wanopvatting berus het nie, en

die hof was nie bereid om op grond hiervan die stare decisis-leerstuk te omseil nie. 161

Daar kan nie fout gevind word met hierdie redenasie van die hof nie. Die vraag is egter wat

die posisie sou wees indien dit aan die hoogste hof van appèl gestel word dat die verkeerde

klassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël op ’n klaarblyklike oorsig of wanopvatting

van die vorige appèlafdeling berus het. So ’n argument beskik beslis oor meriete. Die

appèlafdeling het nooit, waar die klassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël ter sprake

gekom het, die verskillende standpunte oorweeg en ’n besliste standpunt, soos die hof in

die Shifren-saak, ingeneem nie. Alhoewel die appèlafdeling in verskeie sake 162 aanvaar dat

die klassifisering van die reël op ’n klaarblyklike wanopvatting of fout berus, het die hof dit

daar gelaat en nie verder ondersoek ingestel na die moontlike herklassifisering van die reël

nie.

Die tweede beginsel op grond waarvan die hoogste hof van appèl mag afwyk van sy vorige

uitsprake is indien die hof se aandag in die vorige beslissings nie op relevante gesagsbronne

gevestig is nie. 163 In die Brisley-saak wys die hof daarop dat daar geen negering van bindende

gesag in die Shifren-beslissing voorgekom het nie. InShifren was die hof deeglik bewus van

die relevante gesagsbronne en die akademiese debat rondom geen-wysigingsbedinge. 164 Wat

die Cassiem-saak 165 betref, wil dit voorkom of die hof se aandag nie op die relevante

gesagsbronne en/of standpunte gevestig is nie en die hof derhalwe die ekstrinsieke-getuienisreël

op grond daarvan miskien verkeerd geklassifiseer het. 166

Die derde, en miskien belangrikste, beginsel wat in ag geneem word waar die hoogste hof

van appèl van sy vorige uitsprake wil afwyk, is die beginsel van regsekerheid en

kontinuïteit. 167 Daar is ’n hele aantal beslissings waarin hierdie beginsel deur die

appèlafdeling beklemtoon en toegepas is. Die hof het in die Brisley-saak verklaar:

127
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Om nou die Shifren-beginsel in sy geheel te begrawe, kan kommersiële chaos

skep, ’n vraagteken plaas agter talle bestaande kontrakte, en, les bes,

kontraproduktief wees ten aansien van beleggings en ondernemings wat op die

lange duur almal se belange kan bevorder, soos die oprigting en verhuur van

wooneenhede. 168

Die hof is verder van mening dat indien die risiko van hofgedinge wat weens beweerde

mondelinge ooreenkomste kan ontstaan, nie effektief uitgeskakel kan word nie, sakelui en

privaat kontrakspartye hulle aan die handelsverkeer sal onttrek of hulle toevlug sal neem tot

ander, minder-gewenste beskermingsmeganismes. 169

Reeds in Harris v Minister of the Interior 170 het die appèlafdeling verklaar dat die hof nie

sommer sal afwyk van ’n vorige uitspraak op grond waarvan daar vir ’n aantal jare gehandel

en regte verkry is nie. 171 In John Bell & Co Ltd v Esselen 172 verwys die hof met goedkeuring

na Union Government (Minister of Lands) v Estate Whittaker, 173 waar appèlregter Solomon

verklaar dat die hof, weens regsekerheid, nie daarop geregtig was om die relevante vraagstuk

te heropen of om terug te keer na die oorspronklike bronne van ons reg om te bepaal of die

Romeins-Hollandse reg daar korrek vertolk is nie. 174 In Cullinan v Noordkaaplandse

Aartappelkernmoerkwekers Koöperasie Bpk 175 moes die hof beslis of die leerstuk van die

versweë prinsipaal nog enige bestaansreg gehad het. Die hof verklaar dat alhoewel die

leerstuk inderdaad indruis teen die grondbeginsels van ons reg, dit nie oorboord gegooi kan

word nie, aangesien die beginsel al vir bykans 100 jaar in die handelsverkeer toegepas is. In

die verlede is daar volgens die hof talle transaksies aangegaan waar partye regte verkry en

verpligtinge aangegaan het weens die werking van die leerstuk. Indien die hof sou beslis dat

die leerstuk nie meer geldig is nie, sou hierdie regte en verpligtinge skielik nie meer bestaan

nie. 176 Die hof verklaar dat die leerstuk so ingeburger is in ons reg dat die hof verplig is om

dit as geldende reg te aanvaar. 177

Bogemelde sake is nagevolg in Tuckers Land and Development Corporation (Pty) Ltd v

Strydom; 178 Attorney General Northern Cape v Brühns; 179 Barclays Western Bank Ltd v

Ernst 180 en Thorougbred Breeders’ Association v Price Waterhouse. 181

In die Brisley-saak het die hof verder verklaar dat die beginsel van regsekerheid des te meer

geld waar die hoogste hof van appèl in onlangse tye na die Shifren-saak verwys en die

betrokke beginsel toegepas het. 182 Die toepassing van hierdie beginsel sal dan ook die

grootste struikelblok in die moontlike herklassifisering van die ekstrinsieke-getuienis-reël

verteenwoordig. Waar daar moontlik in die toekoms aangevoer kan word dat die reël

herklassifiseer moet word, sal die hoogste hof van appèl na alle waarskynlikheid na

bogemelde gewysdes verwys en aanvoer dat die reël al vir meer as 80 jaar in ons reg toegepas

is en dat daar talle regte daaronder verkry is wat nie deur ’n hof tot niet gemaak kan word nie.

Daar kan selfs geargumenteer word dat selfs al herklassifiseer die appèlafdeling die reël, dit

nie noodwendig beteken dat die toepassing van die reël sal verander nie. Die beginsel van

regsekerheid behoort meer gewig te dra as enige potensiële nadeel vir ’n kontraksparty weens

die toepassing van die ekstrinsieke-getuienis-reël.

128
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

’n Argument kan verder uitgemaak word dat die toepassing van die ekstrinsieke-getuienisreël

in die Suid-Afrikaanse regsmilieu so onvanpas is dat dit nie slaafs nagevolg behoort te

word nie aangesien ons nie oor ’n juriestelsel beskik nie. McCormick stel in hierdie opsig ’n

goeie punt, naamlik dat die ekstrinsieke-getuienis-reël ’n prosedurele instrument is met die

doel om potensieel nadelige getuienis van die lede van die jurie te weerhou. 183 Daarom word

met Zeffertt en Paizes saamgestem dat die ekstrinsieke-getuienis-reël slegs in ’n juriestelsel

’n ware rol kan vervul en dat die reël derhalwe nie werklik tuishoort in Suid-Afrika, waar

daar nie meer juries bestaan nie. 184 Dit is egter hoogs onwaarskynlik dat die hoogste hof van

appèl die ekstrinsieke-getuienis-reël slegs op grond van hierdie argument sal afskaf,

aangesien daar ook ander redes aangevoer kan word vir die behoud daarvan. 185 Die

weerhouding van potensieel nadelige getuienis van die lede van die jurie is slegs een van

hierdie redes. Dit blyk dus duidelik dat die ekstrinsieke-getuienis-reël deel uitmaak van die

substantiewe reg en verkeerdelik in ons reg ingevoer is onder die dekmantel van die formele

bewysreg. Wetgewing verplig ons howe dan ook om die Engelse reg ten aansien van hierdie

reël na te volg soos dit op 30 Mei 1961 was.

Dit wil voorkom of dit hoogs onwaarskynlik is dat die hoogste hof van appèl die ekstrinsiekegetuienis-reël

in die nabye toekoms sal herklassifiseer. Die belangrikste rede hiervoor is die

beginsels van regsekerheid en kontinuïteit. Zeffertt en Paizes steun hierdie gevolgtrekking

waar hulle verklaar dat “[i]n South Africa the ‘parol evidence rule’ has been applied on the

assumption that it forms a part of the English law of evidence, and however questionable this

view may be, it is now too late for the courts to do anything about it.” 186 Schwikkard en Van

der Merwe sluit hierby aan: “As a matter of practicality, however, it must be accepted that

English precedent has become so entrenched in South African law that it must now be

regarded as an ineradicable part thereof. A return to Roman-Dutch sources is unlikely.” 187

In Strydom v Coach Motors (Edms) Bpk 188 verklaar regter Hiemstra dan ook:

Hierdie reël word in Engels die "parol evidence rule" genoem en hoewel daar ’n

sterk saak voor uitgemaak kan word dat ons hier met substantiewe reg te doen het

en nie met bewysreg nie, was die ontwikkeling in die praktyk sodanig dat die reël

stewig in die bewysreg ingelyf is. Die oerbronne moet derhalwe Engels wees en

nie Romeins-Hollands nie. 189

Indien dit blyk dat die ekstrinsieke-getuienis-reël afgeskaf of gewysig behoort te word in die

Suid-Afrikaanse kontraktereg, is dit duidelik dat herklassifisering nie ’n oplossing is nie.

3. Die integrasiereël

Die essensie van die integrasiereël word baie goed soos volg deur Wigmore opgesom: 190

This process of embodying the terms of a jural act in a single memorial may be termed

the integration of the act,i.e. its formation from scattered parts into an integral documentary

129
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

unity. The practical consequence of this is that its scattered parts, in their former and inchoate

shape, do not have any jural effect; they are replaced by a single embodiment of the act. In

other words: When a jural act is embodied in a single memorial, all other utterances of the

parties on that topic are legally immaterial for the purpose of determining what are the terms

of their act.

Ons howe is grootliks deur die standpunte van Wigmore beïnvloed en het hierdie aspek van

die ekstrinsieke-getuienis-reël as die toepassing van die relevantheidsteorie benader. Dit het

ingehou dat die uiteensetting van ’n regshandeling in ’n geskrewe stuk alle vorige of

gelyktydige uitinge van die partye regtens irrelevant gemaak het vir doeleindes van die

vassteling van die bedinge van die ooreenkoms.

Hierdie benadering het aanleiding gegee tot die formulering van die sogenaamde integrasie-

en gedeeltelike-integrasie-reëls, wat voorgegee het om aan die bedoeling van die partye

betrokke by die ooreenkoms gevolg te gee. In die geval waar die partye bedoel het dat die

geskrewe stuk finaal en volledig moes wees, het volle integrasie plaasgevind en was dit

ontoelaatbaar om die dokument deur middel van getuienis van vorige of gelyktydige

ooreenkomste aan te vul of te weerspreek. Waar die bedoeling egter was dat die geskrewe

stuk finaal was, maar onvolledig, het gedeeltelike integrasie plaasgevind en, alhoewel die

dokument nie weerspreek kon word nie, kon dit deur ekstrinsieke getuienis aangevul word. 191

Uit die voorgaande blyk duidelik dat die totstandkoming van ’n integrasie geheel en al

afhanklik is van die bedoeling van die partye. Wat egter minder duidelik is, is op welke wyse

hierdie bedoeling vasgestel moet word.

Die beginsels wat toegepas moet word om die bedoeling van die partye vas te stel, het tot die

totstandkoming van minstens twee denkskole aanleiding gegee. Die eerste denkskool, soos

voorgestaan deur Corbin, is geskoei op die vasstelling van die ware bedoeling van die partye

deur alle getuienis toe te laat wat vir hierdie vasstelling relevant is. 192 Die tweede denkskool,

soos voorgestaan deur Williston, plaas ook die bedoeling van die partye op die voorgrond van

die ondersoek, maar deur ’n verbod op die aanbieding van sekere relevante getuienis te plaas,

word daar in baie gevalle tot ’n kunsmatige of fiktiewe simulasie van sodanige bedoeling

gekom. 193 Daar moet saamgestem word met Zeffertt en Paizes se standpunt dat “[w]hether

Corbin’s or Williston’s view is to be preferred is ultimately a matter to be determined by

considerations of fundamental judicial policy.” 194

Hierdie standpunt word baie goed verwoord deur Calamari en Perillo, wat verklaar dat daar

twee verskillende beleidsrigtings is wat nagevolg kan word. Aan die een kant is daar die

beleidsrigting wat bepaal dat die publiek beter gedien word indien daar uitvoering gegee

word aan die partye se algehele ooreenkoms, mondeling en skriftelik, selfs al bestaan daar ’n

risiko dat daar ongeregtighede weens bedrog kan plaasvind. Aan die ander kant is daar die

beleidsrigting wat bepaal dat die sekerheid verbonde aan transaksies vereis dat die partye

hulle algehele ooreenkoms op skrif moet stel, selfs al sal dit aanleiding gee tot

ongeregtighede wat by geleentheid mag plaasvind. 195

130
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Daar word vervolgens deur ’n bespreking van die relevante gewysdes gekyk hoe die

toepassing van die integrasiereël in die Engelse en Suid-Afrikaanse reg uitgekristalliseer

het. 196

3.1 Toepassing van die integrasiereël in die Engelse reg

3.1.1 Die inhoud van die reël

In Goss v Lord Nugent 197 is die inhoud van die integrasiereël soos volg uiteengesit: “If there

is a contract which has been reduced to writing, verbal evidence is not allowed to be given …

so as to add to or subtract from, or in any manner vary or qualify the written contract.” 198

In Jacobs v Batavia and General Plantations Trust 199 beskryf regter Lawrence die reël soos

volg:

It is firmly established as a rule of law that parol evidence cannot be admitted to

add to, vary or contradict a deed or other written instrument. Accordingly, it has

been held that … parol evidence will not be admitted to prove that some

particular term, which had been verbally agreed upon, had been omitted (by

design or otherwise) from a written instrument constituting a valid and operative

contract between the parties. 200

In Shore v Wilson 201 is aangevoer dat regsekerheid die regverdiging vir die bestaan van die

reël was, aangesien die afwesigheid daarvan tot gevolg sou hê dat geen regsgeleerde met

sekerheid advies sou kon verleen op grond van die uitleg van ’n skriftelike ooreenkoms nie.

Ten einde die uitwerking van die integrasiereël te versag, het die Engelse howe egter reeds in

’n vroeë stadium begin om uitsonderings op die reël te ontwikkel. Hierdie uitsonderings kan

kortliks soos volg saamgevat word:

• Ekstrinsieke getuienis is toelaatbaar om ’n kollaterale ooreenkoms te bewys, tensy daar ’n

beding in die skriftelike kontrak vervat is wat bepaal dat die kontrak die volle ooreenkoms

bevat. 202 Aanvanklik het die howe egter ’n onderskeid gemaak tussen ’n kollaterale

ooreenkoms wat die skriftelike kontrak aanvul en een wat dit weerspreek. 203 In Lysnar v

National Bank of New Zealand 204 bevestig die Privy Councilhierdie standpunt, maar

huldig die mening dat dit nie in alle gevalle maklik is om te onderskei tussen ’n kollaterale

ooreenkoms wat die skriftelike kontrak aanvul en een wat dit weerspreek nie. Hierdie

standpunt was in ooreenstemming met die beslissing in De Lasalle v Guildford. 205 In City

and Westminister Properties (1934) Ltd v Mudd 206 en Brikom Investments Ltd v Carr 207 is

daar egter wegbeweeg van hierdie benadering en het die onderskeid tussen die twee tipes

kollaterale ooreenkomste klaarblyklik verval.

• Die aanbieding van ekstrinsieke getuienis is toelaatbaar waar die doel daarvan is om die

geldigheid van die skriftelike kontrak aan te veg, soos in gevalle van dwaling of

wanvoorstelling, asook in gevalle van rektifikasie. 208

131
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

• Ekstrinsieke getuienis is verder toelaatbaar om aan te dui dat ’n skriftelike kontrak nog nie

van krag is nie weens die nievervulling van ’n opskortende voorwaarde. In Pym v

Campbell 209 het die partye ’n skriftelike ooreenkoms aangegaan ten aansien van die

verkoop van ’n aandeel in ’n uitvindsel. Die koper is toegelaat om mondelinge getuienis

aan te bied dat die ooreenkoms nie in werking sou tree alvorens die uitvindsel deur die

koper se ingenieur goedgekeur is nie.

• Getuienis is toelaatbaar om ’n handelsgebruik te bewys. In Hutton v Warren 210 is ’n

huurkontrak uitgelê op grond van die handelsgebruik dat die huurder geregtig was op

redelike vergoeding vir saad en arbeid alhoewel dit nie in die skriftelike kontrak beding is

nie.

• In die afwesigheid van ’n “entire agreement”-klousule 211 is getuienis toelaatbaar om aan te

toon dat die skriftelike kontrak nie bedoel was om die algehele ooreenkoms van die partye

te verteenwoordig nie. Lewison is van mening dat alhoewel dit voorkom of hierdie

uitsondering destruktief is ten aansien van die integrasiereël, die party wat aanvoer dat die

skriftelike kontrak nie die volle ooreenkoms bevat nie, ’n vermoede moet weerlê dat dit

wel die geval is. 212 In Gillespie v Cheney Egar & Co 213 het die hof verklaar dat waar die

partye ’n definitiewe skriftelike kontrak opgestel het, daar ’n vermoede bestaan dat die

kontrak bedoel was om al die bedinge daarvan in te sluit. Dit is egter slegs ’n vermoede en

dit staan ’n party vry om getuienis aan te bied dat daar ’n latere ooreenkoms was wat

bedoel was om saam met die eerste skriftelike kontrak uitwerking te hê (aangesien die

skriftelike kontrak nie bedoel was om al die bedinge van die ooreenkoms in te sluit nie).

• Ekstrinsieke getuienis mag verder aangevoer word om die partye tot die ooreenkoms te

identifiseer, 214 of om die onderwerp daarvan te identifiseer, 215 of om bykomende

vergoeding te bewys. 216

Nassar wys heeltemal tereg daarop dat hierdie uitsonderings ontstaan het omdat moderne

gekompliseerde en uitgebreide regsverhoudings net soveel buigsaamheid vereis as

regsekerheid. 217 Die toepassing van die integrasiereël in die Engelse reg het oor ’n aantal

dekades ’n aansienlike ontwikkeling ondergaan. Die howe het in die eerste plek gesteun op

die feit dat ’n ooreenkoms deels mondeling, deels skriftelik aangegaan is en, tweedens, op die

beginsel van die kollaterale ooreenkoms om die toepassing van die integrasiereël te omseil.

Die eerste beginsel word goed deur J Evans & Son (Portsmouth) Ltd v Andrea Merzario

Ltd geïllustreer. 218 Die eiser in hierdie saak was ’n invoerder van masjinerie wat ’n kontrak

met die verweerder vir die vervoer van sekere masjiene na Engeland per boot gesluit het. Die

kontrak is gesluit ingevolge die standaardhandelsgebruik waarvolgens die verweerder

absolute vryheid oor die metode van vervoer sou hê. Die kontrak het die verweerder

gevrywaar teen enige aanspreeklikheid vir skade of vernietiging van die betrokke masjiene.

Die verweerder het voor 1967 reëlings vir die vervoer van die masjiene in kratte en treilers

onder die boot se dek getref, aangesien die masjiene kon roes indien dit op die dek vervoer

132
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

sou word. In 1967 het die verweerder voorgestel dat daar na houers oorgeskakel word vir die

vervoer van die masjiene en aan die eiser ’n mondelinge versekering gegee dat die houers

onder die boot se dek vervoer sou word. Op grond hiervan het die eiser met die verweerder

ooreengekom dat die masjiene in die betrokke houers vervoer sou word. As gevolg van ’n

oorsig deur die verweerder is een van die houers op die boot se dek vervoer en het die houer

oorboord geval. Die eiser het skadevergoeding van die verweerder geëis vir die tenietgaan

van die houer op grond van kontrakbreuk van die vervoerkontrak. Die hof bevind dat die

mondelinge versekering ’n uitdruklike beding van die ooreenkoms was en, aangesien die

ooreenkoms deels mondeling, deels skriftelik, aangegaan is, getuienis van die mondelinge

beding toelaatbaar was.

City and Westminster Properties (1934) Ltd v Mudd 219 sit die beginsel van die kollaterale

ooreenkoms goed uiteen. Die verweerder het ’n winkel gehuur en in die kantoor agter in die

winkel geslaap. In 1947, tydens onderhandelinge tussen die eiser (verhuurder) en die

verweerder, is daar ’n skriftelike konsep-huurooreenkoms aan die verweerder gestuur vir

ondertekening. Die huurooreenkoms het ’n klousule bevat wat verklaar het dat die perseel nie

aangewend kon word vir enige behuisings- of oorslaapdoeleindes nie. Die eiser se agent het

egter aan die verweerder gemeld dat die eiser nie enige besware sou hê indien die verweerder

in die winkelperseel woon nie. Die verweerder het die ooreenkoms op grond van hierdie

versekering onderteken. In 1956 het die eiser die hof genader vir kansellasie van die

huurooreenkoms op grond van ’n verbreking van gemelde beding deur die verweerder. Die

verweerder het ontken dat hy kontrakbreuk gepleeg het en aangevoer dat die eiser afstand

gedoen het van die relevante beding. Die hof het bevind dat aangesien die verweerder die

ooreenkoms slegs as gevolg van die mondelinge versekering deur die eiser se agent

onderteken het, hy geregtig was om staat te maak op die versekering vir so lank as wat hy die

winkelperseel beset het.

Die leerstuk van die kollaterale ooreenkoms is deur die hof in die Evans-saak 220 aangeneem.

Poole wys daarop dat die bedinge van die kollaterale ooreenkoms selfs voorrang kan geniet

bo teenstrydige bedinge van die geskrewe hoofkontrak. 221

In Peirce v Corf, 222 waar dit gegaan het oor die vraag of daar verwys kan word na ’n ander

dokument om die skriftelike kontrak aan te vul, is die beginsel wat in Dobell v

Hutchinson 223 neergelê is, bevestig, naamlik dat “on the document itself there must be some

reference from the one to the other, leaving nothing to be supplied by parol evidence … 224 In

die rigtinggewende beslissing van Long v Millar 225 het die hof egter afgewyk van hierdie

streng toepassing van die integrasiereël. In hierdie saak is ekstrinsieke getuienis toegelaat om

’n skriftelike kontrak wat deur die eiser onderteken is, te verbind met ’n skriftelike kwitansie

wat deur die verweerder onderteken is. In Stokes v Whicher 226 verklaar die hof dat waar daar

in die skriftelike kontrak ’n verwysing is na ’n ander ooreenkoms, ekstrinsieke getuienis

toelaatbaar is om aan te toon wat die ander ooreenkoms behels. Indien al die bedinge

skriftelik vervat is in die ander ooreenkoms, word daar ’n voldoende memorandum van die

volle ooreenkoms verkry deur die twee ooreenkomste saam te lees.

133
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In Timmins v Moreland Street Property Co Ltd 227 het die appèlhof met goedkeuring verwys

na die beslissing inLong v Millar, 228 maar nog ’n stap verder gegaan. Die hof verklaar dat

waar twee of meer dokumente saamgelees kan word om ’n gesamentlike ooreenkoms te

vorm, daar ’n dokument moet wees wat onderteken is waarin daar ’n uitdruklike of

geïmpliseerde verwysing na sodanige ander dokument of ooreenkoms is. Waar daar sodanige

verwysing is, mag ekstrinsieke getuienis aangebied word om die ander dokument te

identifiseer en die ooreenkoms wat dit uiteensit te verduidelik. In so ’n geval kan al die

dokumente wat as sodanig geïdentifiseer is, saamgelees word om die ooreenkoms te

vorm. 229 In Elias v George Sahely & Co (Barbados) Ltd 230 het diePrivy Council hierdie

benadering as ’n korrekte uiteensetting van die moderne Engelse reg beskou. Die hof moes in

hierdie saak beslis of ’n geskrewe dokument en ’n kwitansie saamgelees kon word om ’n

ooreenkoms te vorm. Die hof verklaar dat die kwitansie in die onderhawige geval verwys het

na ’n ander dokument of ooreenkoms, naamlik ’n koopooreenkoms van ’n bepaalde eiendom.

Die hof was van mening dat ekstrinsieke getuienis derhalwe aangevoer kon word om die

ooreenkoms te verduidelik en enige dokument te identifiseer wat daaraan verwant was. 231

3.1.2 Die Engelse regskommissie

3.1.2.1 Inleiding

In 1965, toe die Engelse regskommissie tot stand gekom het, het dit voorgestel dat die

Engelse kontraktereg ondersoek moet word met die oog op die hervorming en kodifikasie

daarvan. 232 In 1972, nadat aansienlike werk gedoen is ten aansien van die voorbereiding van

’n konsepkodifikasie, het die regskommissie tot die gevolgtrekking gekom dat die publikasie

van sodanige kodifikasie nie die beste manier was om die openbare aandag te vestig op

sekere gedeeltes van die Engelse kontraktereg wat hervorming genoodsaak het nie. 233 Werk

aan die produksie van sodanige kontraktuele kodifikasie is derhalwe opgeskort en die

kommissie het verklaar dat dit beoog het om ’n aantal werkstukke ten aansien van sekere

gedeeltes van die Engelse kontraktereg te publiseer. Die doelwit was om vas te stel of

wysigings daarvan noodsaaklik was, en indien wel, in welke mate. 234

3.1.2.2 Werkstuk 70 van 1976

In hierdie werkstuk, wat gehandel het oor die ekstrinsieke-getuienis-reël, het die kommissie

tot die gevolgtrekking gekom dat daar soveel uitgebreide uitsonderings op die ekstrinsiekegetuienis-reël

in die Engelse reg bestaan dat die vraag gevra kan word of die reël nie grootliks

daardeur vernietig is nie. 235 Die kommissie was van mening dat indien die reël afgeskaf sou

word, die resultaat steeds dieselfde in talle sake sou wees, maar dat daar in sommige sake ’n

ander (en meer regverdige) resultaat kon wees. Die kommissie het derhalwe voorlopig

aanbeveel dat die ekstrinsieke-getuienis-reël afgeskaf moet word. 236

134
3.1.2.3 Werkstuk 154 van 1986

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die kommissie het aansienlike kommentaar uit verskeie oorde ontvang op die aanbevelings

wat in werkstuk 70 gemaak is, 237 wat uitgeloop het op die publikasie van werkstuk 154 in

1986. Daar word vervolgens kortliks na die belangrikste aspekte van hierdie werkstuk gekyk.

(a) Die trefwydte van die reël

Die kommissie het dit duidelik gestel dat hulle slegs met daardie gedeelte van die

ekstrinsieke-getuienis-reël gemoeid was wat bekend staan as die integrasiereël en nie met die

interpretasiereël of beste-getuienis-reël nie. 238

(b) Die aard van die reël

Die kommissie het aangedui dat sover hul kennis strek, geen Engelse hof dit ooit nodig

gevind het om die integrasiereël in besonderhede ten aansien van sy toepassing, trefwydte en

uitwerking te ontleed nie. Die kommissie het die volgende uiteensetting verskaf ten opsigte

van die aanname dat die integrasiereël as ’n regsreël kwalifiseer:

We have now concluded that although a proposition of law can be stated which

can be described as the “parol evidence rule” it is not a rule of law which,

correctly applied, could lead to evidence being unjustly excluded. Rather, it is a

proposition of law which is no more than a circular statement: when it is proved

or admitted that the parties to a contract intended that all the express terms of

their agreement should be as recorded in a particular document or documents,

evidence will be inadmissible (because irrelevant) if it is tendered only for the

purpose of adding to, varying, subtracting from or contradicting the express terms

of that contract. We have considerable doubts whether such a proposition should

properly be characterised as a “rule” at all, but several leading textbook writers

and judges have referred to it as a “rule” and we are content to adopt their

terminology for the purposes of this report. 239

Na ’n volledige bespreking van talle standpunte oor die aard van die integrasiereël 240 het die

kommissie tot die gevolgtrekking gekom dat daar geen regsreël bestaan waarvolgens

getuienis ontoelaatbaar is of geïgnoreer moet word slegs omdat daar ’n dokument bestaan wat

soos ’n volledige kontrak lyk nie. Of die dokument kwalifiseer as ’n volledige kontrak, hang

af van die bedoeling van die partye, objektief beoordeel, en nie van enige regsreël nie. 241

(c) Moderne toepassing van die integrasiereël

Die kommissie het die volgende drie voorbeelde (wat om

doelmatigheidsredes verbatim aangehaal word) van die moderne toepassing van die

integrasiereël in die Engelse reg verskaf:

135
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

(i) A proposes to enter into a contract with B under which he agrees to hire a car

from B. The contract documentation provides that the minimum period of hire is

to be twelve months. Just before signing the relevant document A says to B, “I

take it that I can terminate this contract at any time on giving seven days’ notice.”

B replies, “Certainly, you may.” After three months A gives B a week’s notice of

termination and returns the car. B claims that the contract has another nine

months to run and claims damages from A. The court should give judgment in

A’s favour. Either there was a single contract made partly orally and partly in

writing, the oral part overriding any inconsistent part of the writing, or the parties

made an oral contract collateral to, and overriding, the written one. The parties’

expressed intention, as understood by the conversation, was that the contract

could be terminated on a week’s notice. Evidence of the conversation would not

be excluded by any parol evidence rule.

(ii) On 1 July 1985 A makes B a present of a cheque in B’s favour for £1,000

dated 31 December 1985. B endorses the cheque in favour of C. On 1 November

1985 C presents the cheque to A’s bank and, when it is unpaid, immediately

issues a writ for £1,000 against A, claiming as endorsee of that cheque. C alleges

that at the time A drew the cheque he orally agreed with B that although the

cheque was dated 31 December, it could be presented and would be honoured on

or after 1 November. Evidence of the conversation between A and B should not

be admitted. It will, however, not be excluded because of the parol evidence rule

but because under section 3 of the Bills of Exchange Act 1882 cheques must be in

writing. C cannot sue on the cheque and rely upon evidence of oral terms.

(iii) A agrees “subject to contract” to sell his house to B for £50,000. Contracts

are drawn up stating this price and are returned, signed, to the respective

solicitors ready for exchange. Before exchange takes place, B complains to A that

the price is too high and A agrees to reduce it by £5,000. Thinking that if they tell

their solicitors of this reduction the legal fees will be increased, A and B agree to

say nothing to the solicitors but confirm the reduction by exchange of letters. In

due course, the solicitors exchange the contracts showing the price as £50,000. A

then seeks to maintain that the price to be paid is £50,000, relying on B’s signed

contract. He seeks to exclude evidence of the reduction by relying on the parol

evidence rule. However, the court should admit this evidence and give effect to

the agreed reduction. The clear intention of the parties was that the price would

be £45,000, not £50,000. The situation may be analysed either as a single contract

contained in two documents, one of which was inaccurate because inconsistent

with the true agreement as reflected in the other, which was intended to prevail,

or the parties entered into two contracts, the one collateral to the other but taking

effect so as to override it because constituting the true intention of the parties. 242

136
(d) Gevolgtrekking van die kommissie

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die Engelse regskommissie het derhalwe tot die gevolgtrekking gekom dat die integrasiereël,

vir sover daar aangevoer kan word dat enige sodanige regsreël ’n onafhanklike bestaan voer

in die Engelse reg, nie die uitwerking het om getuienis uit te sluit wat toegelaat behoort te

word ten einde geregtigheid tussen die partye te laat geskied nie. Die gesag wat aangevoer

kan word om die bestaan van ’n reël te ondersteun wat sodanige uitwerking het, sal, volgens

die kommissie, deur moderne Engelse howe onderskei word en nie nagevolg word nie.

Getuienis sal gevolglik uitgesluit word slegs waar die aanhoor daarvan nie in

ooreenstemming is met die (werklike of objektiewe) bedoeling van die partye nie. Die

kommissie het dan ook ten aansien van die trefwydte van die integrasiereël verklaar dat

terwyl dit voorkom of ’n wyer integrasiereël in ’n vroeër stadium bestaan het, daar nie

volgens hulle aangevoer kan word dat sodanige wyer reël tans in die Engelse reg bestaan

nie. 243

(e) Aanbevelings van die kommissie

Die regskommissie het aan die einde van werkstuk 154 verskeie redes aangevoer waarom die

promulgering van wetgewing om die werking van die integrasiereël te reguleer nie die

aangewese roete was om te volg nie, 244 en dat dit meer gewens was om, indien nodig,

opvoeding aan die publiek ten aansien van die werking van die integrasiereël te verskaf. 245

In Wild v Civil Aviation Authority 246 en Haryanto (Yani) v ED & F Man (Sugar) Ltd 247 is die

kommissie se benadering nagevolg. In die Haryanto-saak het die hof, nadat getuienis

aangehoor is, verklaar dat hy geen twyfel gehad het dat die partye nie bedoel het dat die

skriftelike kontrakte hulle volle ooreenkoms verteenwoordig nie. Die hof het hom soos volg

oor die integrasiereël uitgelaat:

If it be objected that there can scarcely be anything left of the parol evidence rule

when this case is within an exception to it, so be it. The rule may once have been

beneficial in discouraging litigation, but I do not see that as any tendency to

promote justice. 248

Die hof het verder verklaar dat die bewyslas op die eiser rus om te bewys dat die ooreenkoms

anders is as dit wat in die skriftelike kontrak vervat is. Alhoewel die standaard van bewys op

die gewone siviele beginsel van ’n oorwig van waarskynlikheid berus, is ’n belangrike faktor

wat in die “skale” geplaas moet word, die feit dat besigheidsmense oor die algemeen nie ’n

skriftelike kontrak sal onderteken indien die ooreenkoms nie in ooreenstemming met hulle

bedoeling is nie. 249

In die Nieu-Suid-Walliese saak State Rail Authority of New South Wales v Heath Outdoor Pty

Ltd 250 het die hof beslis dat die Engelse reg korrek deur die regskommissie uiteengesit is waar

die kommissie verklaar het dat die blote feit dat daar ’n kontraktuele dokument voortgebring

word (maak nie saak hoe volledig dit voorkom nie), dit nie ekstrinsieke getuienis van

137
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

mondelinge bedinge kan uitsluit waar een van die partye aanvoer dat dit deel van die

ooreenkoms vorm nie. Indien die mondelinge bedinge bewys kan word, kan getuienis

daarvan nie uitgesluit word nie, aangesien ’n hof sal bevind dat die ooreenkoms gedeeltelik

uit die skriftelike kontrak en gedeeltelik uit die mondelinge bedinge bestaan. In so ’n geval

kan daar volgens die kommissie geen “integrasiereël” bestaan nie.

Ten slotte word die huidige posisie ten aansien van die toepassing van die integrasiereël in

die Engelse reg goed opgesom deur Zuppi waar hy verklaar dat “[i]n the birthplace of the

rule, the parol evidence principle has begun to show its rifts.” 251

3.2 Toepassing van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse reg

Die uitwerking van die integrasiereël op die toelaatbaarheid van getuienis word in sy

tradisionele formulering, soos uiteengesit in die veel aangehaalde saak Union Government v

Vianini Ferro-Concrete Pipes (Pty) Ltd 252 beklemtoon waar appèlregter Watermeyer beslis

dat

… this Court has accepted the rule that when a contract has been reduced to

writing, the writing is, in general, regarded as the exclusive memorial of the

transaction and in a suit between the parties no evidence to prove its terms may

be given save the document or secondary evidence of its contents, nor may the

contents of such document be contradicted, altered, added to or varied by parol

evidence … 253

In Johnston v Leal 254 beklemtoon die hof dat die doel en uitwerking van die integrasiereël is

om te verhoed dat ’n geïntegreerde skriftelike kontrak gewysig, aangevul of deur middel van

ekstrinsieke getuienis weerspreek word ten einde die bedinge van die kontrak te herskryf (“to

redefine the terms of the contract”) om sodoende op die kontrak, soos gewysig, te steun. 255

3.2.1 Gedeeltelike integrasie

Die sogenaamde “gedeeltelike-integrasie-reël” is slegs ’n uitvloeisel van die integrasiereël en

is soos volg deur appèlregter Corbett in Johnston v Leal 256 uiteengesit:

Where a written contract is not intended by the parties to be the exclusive

memorial of the whole of their agreement but merely to record a portion of the

agreed transaction, leaving the remainder as an oral agreement, then the

integration rule merely prevents the admission of extrinsic evidence to contradict

or vary the written portion; it does not preclude proof of the additional or

supplemental oral agreement. 257

Die gedeeltelike-integrasie-reël laat derhalwe dieselfde vraag ontstaan as die integrasiereël,

naamlik of die geskrewe stuk die “sole memorial” van die ooreenkoms tussen die partye

was. 258 Of, anders gestel, wat presies is in die skriftelike stuk geïntegreer? 259 Indien daar

enige twyfel hieroor bestaan, moet daar eerstens gelet word op die bedoeling van die partye

138
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

wat die regshandeling verrig het. Die verbod se trefwydte is naamlik beperk tot slegs dit wat

die partye bedoel het om in skrif uit te druk. 260

In Du Plessis v Nel 261 verklaardie hof dat partye die bedoeling kan hê om slegs ’n gedeelte

van hul transaksie op skrif te stel, en dan is slegs daardie betrokke (skriftelike) gedeelte aan

die integrasiereël onderworpe. Appèlregter van den Heever het hierdie opvatting soos volg

verwoord:

But the parties are not by this rule compelled to reduce all their legal

relationships, however remotely related to such subject matter, to writing. Even

where the subject matter of an oral contract is so closely related to that of the

written instrument that the conclusion of one is consideration for the other, the

oral contract may be proved if truly extrinsic and therefore not in conflict with the

written contract. 262

Gemelde bedoeling van die partye word vasgestel uit die dokument self, maar ook uit die

woorde en gedrag van die partye en die omringende omstandighede. Die hof het die wyse

waarop hierdie bedoeling vasgestel mag word, soos volg in Johnston v Leal uiteengesit: 263

[I]t is permissible for the Court to hear evidence of the surrounding

circumstances, including the relevant negotiations of the parties, in order to

determine whether the parties intended a written contract to be an integration of

their whole transaction or merely a partial integration. 264

3.2.2 Opskrifstelling ’n vereiste

Daar moet onderskei word tussen gevalle waar die reg opskrifstelling as ’n voorvereiste vir

die geldigheid van ’n regshandeling stel en waar opskrifstelling uit eie keuse deur die partye

tot die ooreenkoms plaasvind. Wat die integrasiereël aanbetref, het dit basies dieselfde

werking vir albei soorte regshandelinge. Ten aansien van die eerste soort moet egter in

gedagte gehou word dat die betrokke wet wat die opskrifstelling vereis, sekere mondelinge

bedinge wat andersins ingevolge die integrasiereël bewysbaar sou wees, ongeldig kan

verklaar. 265

In hierdie opsig moet daar op die strekking van die betrokke wet gelet word. Waar die

algemene formule geld, naamlik dat ’n sekere soort kontrak “nie geldig sal wees nie tensy dit

skriftelik aangegaan en deur die partye onderteken is”, het dit die uitwerking dat geen

voorafgaande, 266 gelyktydige 267 of latere 268 mondelinge ooreenkoms as ’n toevoeging tot die

betrokke skriftelike kontrak kan geld nie, selfs al sou getuienis daarvan ingevolge die

integrasiereël toelaatbaar gewees het. 269 Muller v Pienaar 270 verskaf ’n goeie voorbeeld

hiervan. Die hof beslis dat al verhoed die verbod op die aanbieding van ekstrinsieke getuienis

nie dat getuienis aangevoer word om te bewys dat een van die partye namens ’n versweë

prinsipaal opgetree het nie, sodanige getuienis waarskynlik ontoelaatbaar is waar daar ’n

139
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

statutêre skrifvereiste is, soos in die geval van ’n koopkontrak van grond. Die rede hiervoor is

volgens die hof:

... nie omdat dit ’n uitsondering is op die bewysreëls ten opsigte van mondelinge

getuienis wat heet ’n skriftelike kontrak te weerspreek of wysig nie, maar omdat

dit sou sondig teen die bepalings van art 1 van Wet 68 van 1957, aangesien

daardie voorskrif vereis dat daar sekerheid moet bestaan omtrent die identiteit van

die partye. 271

Daar mag in so geval ook geen ekstrinsieke getuienis aangebied word om ’n beding

aangaande die wyse van betaling ten aansien van sodanige kontrak te bewys nie, en die

relevante beding moet in die skrif self vervat wees. 272

3.2.3 “Uitsonderings” op die integrasiereël

3.2.3.1 Inleiding

Volgens Zeffertt en Paizes het die Williston-benadering, 273 of dan ten minste die tradisionele

benadering wat dit weerspieël, tot die onvermybare gevolg aanleiding gegee dat daar ’n

algemene integrasiereël deur die Suid-Afrikaanse howe, waarop daar ’n aantal kategorieë

uitsonderings bestaan, geformuleer is. Hierdie skrywers verklaar: “This is something that

often happens when the courts, in attempting to determine whether evidence is relevant or

supererogatory, fail to recognize that relevance does not exist in a vacuum.” 274

Daar was ook kritiek vanuit verskeie oorde oor hierdie benadering van ons howe. Zeffertt en

Paizes is van mening dat dit afgeskaf behoort te word 275 en deel die standpunt van Calamari

en Perillo wat verklaar dat die benadering aanleiding gee tot ’n gedwonge insluiting van

feitesituasies in kategorieë waar die integrasiereël nie van toepassing is nie. 276 Schmidt is ook

van mening dat die verskillende kategorieë van toelaatbare getuienis nie kwalifiseer as egte

uitsonderings op die integrasiereël nie, maar eerder as gevalle wat buite die werking van die

reël val. 277 Schwikkard en Van der Merwe deel hierdie standpunt: “Some of these are not

truly exceptions, but rather instances which fall outside the scope of the rule.” 278 Zeffertt en

Paizes stem saam: “These cases are frequently regarded as exceptions to the general rule, but

it is probably more accurate to say that if the rule is correctly formulated, they do not come

within its scope at all.” 279

Selfs van die Suid-Afrikaanse howe het die menings van gemelde skrywers op hierdie punt

gesteun. In Strydom v Coach Motors (Edms) Bpk 280 beslis regter Hiemstra byvoorbeeld:

“Hulle word soms ‘exceptions to the parol evidence rule’ genoem, uitsonderinge op die reël

teen ekstrinsieke getuienis, maar hulle is in werklikheid gebiede wat nie deur die reël gedek

word nie en nie teen die reël aanstoot nie.” 281

Hoe dit ook al sy, hierdie “reël-uitsondering”-benadering is deur die meeste van ons howe

gevolg en daar word derhalwe, gerieflikheidshalwe, by hierdie klassifikasie gehou. Die

volgende uitsonderingsgevalle is dan ook deur die howe geformuleer, naamlik

140
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

memoranda, 282 handels- en plaaslike gebruike, 283 ongeldige regshandelinge, 284 gesimuleerde

kontrakte, 285 kollaterale bedinge, 286 latere kontrakswysigings, 287 opskortende

voorwaardes, 288 bykomende partye 289 en gevalle waar rektifikasie toepassing vind. 290 Vir

doeleindes van hierdie artikel word net die posisie ten aansien van kollaterale bedinge

bespreek.

3.2.3.2 Kollaterale bedinge

Die geval van kollaterale of sydelingse bedinge is besonder problematies ondanks die feit dat

hierdie beginsel redelik eenvoudig is. Die verbod op ekstrinsieke getuienis geld, soos reeds

vermeld, nie ten aansien van aangeleenthede wat buite om die skrif gereël word nie. 291 Dit

dui dan op ’n geval van gedeeltelike integrasie. 292 Die partye mag derhalwe ’n kollaterale

ooreenkoms bewys, naamlik ’n ooreenkoms wat, selfs al handel dit in breë trekke met

dieselfde onderwerp as die skriftelike “hoofooreenkoms”, bedoel is om langs dit te bestaan en

nie daarmee strydig is nie.

Avis v Verseput 293 dien as illustrasie hiervan. ’n Akte waarin die ontbinding van ’n

vennootskap gereël is, het nie melding gemaak van ’n mondelinge ooreenkoms wat bepaal

het dat een vennoot aan die ander vennoot ’n kwart van die wins sou betaal vir ’n tydperk van

twee jaar nie. Die hof het getuienis van die mondelinge ooreenkoms toegelaat, aangesien die

partye nie bedoel het om die ontbinding van die vennootskap uitsluitlik in die betrokke akte

te reël nie, en aangesien die mondelinge ooreenkoms nie teenstrydig was met die skriftelike

kontrak nie. 294 Appèlregter Centlivres is van mening dat die mondelinge ooreenkoms nie

teenstrydig was met die skriftelike kontrak nie, aangesien die bewys daarvan neergekom het

op niks meer nie as die bewys van “bykomstige” (“further”), nieteenstrydige “teenprestasie”

(“consideration”).

Hierdie aspek verg verdere verduideliking. In die Engelse reg lei die afwesigheid van

teenprestasie daartoe dat ’n kontrak nietig verklaar kan word. Derhalwe mag die afwesigheid

van “consideration” altyd in die Engelse reg deur middel van ekstrinsieke getuienis bewys

word. Insgelyks, waar ’n akte nie van teenprestasie melding maak nie, of slegs ’n nominale

teenprestasie uiteensit, is ekstrinsieke getuienis altyd toelaatbaar om die ware teenprestasie te

bewys. 295 In die Engelse saak Turner v Forwood 296 toon lord Goddard aan dat hierdie

beginsel nie beperk behoort te word tot gevalle waar ’n nominale teenprestasie in ’n akte

uiteengesit word nie. Hy verwoord die toepassing van hierdie beginsel soos volg:

Now, the settled rule of law is, that you may prove a further consideration which

is consistent with the consideration stated on the face of the deed. You cannot be

allowed to prove a consideration inconsistent with it, but you may prove another

which stands with it. 297

Dit was dan ook hoe appèlregter Centlivres die Engelse reg verstaan het in Avis v

Verseput. 298 Dit blyk egter dat hierdie stelling van lord Goddard die Engelse reg te wyd gestel

het. Die reël wat bepaal dat waar ’n sekere teenprestasie in ’n akte vervat is, ’n ander

141
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

bestaande teenprestasie bewys kan word, moet in konteks beskou word. 299 Tapper dui baie

duidelik aan dat hierdie reël uit die Engelse aktevervaardigingspraktyk ontstaan het, en dat

daar geen Engelse gesag bestaan wat bepaal dat ekstrinsieke getuienis toelaatbaar is om ’n

egte teenprestasie in ’n akte te bewys nie:

As a matter of conveyancing practice, it became usual to insert a nominal

consideration in many deeds in order to avoid the implication of a use, so it was

reasonable to infer that, so far as the intention of the parties was concerned, these

cases were the same as those in which no consideration was inserted in a deed.

There is no authority dealing with the admissibility of extrinsic evidence to vary a

real consideration stated in a deed. 300

In Du Plessis v Nel 301 het appèlregter Van den Heever ook na die reël as uniek aan die

Engelse reg verwys. Zeffertt en Paizes is die volgende mening toegedaan:

That the rule does derive from principles quite foreign to our law has been

submitted by us above; it has been conclusively shown by Van den Heever JA.

That extremely learned judge has stressed that the term “additional consideration”

is derived from English cases in which the extra, oral terms were supplementary

to a nominal consideration which had been mentioned in a written deed for

technical reasons peculiar to the English law. 302

Bogemelde uiteensetting van die Engelse reg stem egter nie ooreen met die posisie in die

Suid-Afrikaanse reg waar teenprestasie nie ’n vereiste vir die totstandkoming van ’n geldige

ooreenkoms is nie. 303 Volgens Zeffertt en Paizes kon appèlregter Centlivres in Avis v

Verseput 304 derhalwe slegs met “consideration” bedoel het “die rede vir”:

The only way to rationalise this, in a South African context, that does not require

consideration in contract, is to assume that his lordship’s reasoning was based on

a semantic shift in the meaning to be attributed to the term “consideration”, that is

to say, to attribute to it the sense of “the reason for”. Otherwise his lordship’s

remarks are difficult, if not impossible to construe. Looked at in this way, his

lordship would seem to have reasoned as follows: A, in order to take over the

business, undertook in writing that V be paid £X. The “additional consideration”

(that is, the reason) why it was agreed that V was only to be paid £X was the fact

that A had promised V a quarter of the profits. In this sense, the “additional

consideration” did not “contradict” the writing. It could be proved precisely

because it was the “consideration” (the reason) why it was agreed that V was to

get £X. 305

Indien hierdie skrywers korrek is, moet die woordkeuse van appèlregter Centlivres gekritiseer

word, aangesien dit tot groot verwarring in die Suid-Afrikaanse regspraak aanleiding gegee

het. Indien die regter met “consideration” bedoel het “die rede vir”, kon hy dit tog duidelik so

gestel het deur bloot te verwys na “the reason for”. Daar word egter aan die hand gedoen dat

142
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

appèlregter Centlivres wél in sy gebruik van die term “consideration” dieselfde betekenis

daaraan geheg het as in die Engelse reg. Hierdie afleiding kan gemaak word uit die feit dat hy

juis verwys het na gesag oor “additional consideration” soos in die Engelse reg verstaan. Die

regter verwys byvoorbeeld na The King v The Inhabitants of Scammonden 306 waar die King’s

Benchbeslis het dat “where the consideration expressed in a deed of conveyance was £28,

parol evidence was admissible to prove that £30 was the real consideration.” 307 Appèlregter

Centlivres AR verklaar ook:

The rule is that, where there is one consideration stated in the deed, you may

prove any other consideration which existed, not in contradiction to the

instrument; and it is not in contradiction to the instrument to prove alarger

consideration than which is stated. 308

Die regter kon met die gebruik van die term “larger consideration” tog net teenprestasie

(“consideration”) soos verstaan in die Engelse reg bedoel het. ’n Mens kan tog nie praat van

’n “groter” (“larger”) “rede vir” nie! Die enigste afleiding wat hieruit gemaak kan word, is

dat hy homself gebonde geag het aan die Engelse presedent soos uiteengesit in die Turnersaak.

309 Dit wil dus voorkom of die Suid-Afrikaanse howe weer eens ’n (klaarblyklik

verkeerde) Engelse presedent in ons regstelsel oorgeneem het.

Daar kan derhalwe ook nie saamgestem word met Zeffertt en Paizes dat appèlregter

Centlivres die Engelse reël uit sy konteks aangewend het waar hy verklaar dat die reël van

toepassing op bykomende prestasie op die feite inAvis v Verseput 310 van toepassing was nie.

Ook word verskil met hierdie skrywers se standpunt dat hierdie saak die vreemde gevolge

illustreer van ’n situasie waar volksvreemde beginsels oorgeneem word in ons reg en hierdie

beginsels daarby aangepas moet word. 311 Appèlregter Centlivres het nie ’n Engelse reël buite

sy konteks toegepas of ’n vreemde konsep in ons reg oorgeneem nie, maar bloot ’n

(verkeerde) Engelse presedent nagevolg en verkeerd uitgelê. In sy uitspraak verwys hy

geensins na gevalle waar géén “consideration” of ’n “nominal consideration” ter sprake is

nie, maar bloot na “’n verdere prestasie” (“a further consideration”) wat in ooreenstemming is

met die “prestasie” (“consideration”) vervat in die akte. 312

Wat derhalwe gekritiseer moet word, is nie die toepassing van Engelse reëls buite hulle

konteks nie, maar die blote navolging van Engelse presedente sonder ’n behoorlike ondersoek

na die korrektheid daarvan, asook ’n verkeerde uitleg van gemelde presedente. Indien

appèlregter Centlivres sou toegee dat die Engelse presedent van Turner 313 verkeerd was en

dat die Engelse reg oor “additional consideration” slegs op gevalle van toepassing was waar

daar sprake was van geen of ’n nominale “consideration”, sou hy dalk in staat gewees het om

te beslis dat die “additional consideration”-leerstuk beperk moet word tot sy Engelse tuiste,

en dat dit geen bestaansreg in die Suid-Afrikaanse reg het nie.

Hoe dit ook al sy, die “additional consideration”-leerstuk het ’n integrale rol in die Suid-

Afrikaanse reg gespeel. Die resultaat hiervan was wat Zeffertt en Paizes na verwys as “the

143
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

blackest confusion and case law that is impenetrable to the subtlest lawyer – let alone the

ordinary men to whom it ought to relate”. 314

Waar opskrifstelling ’n vereiste vir die geldigheid van ’n ooreenkoms is, het die “additional

consideration”-beginsel volgens Zeffertt en Paizes ’n nog meer subtiele transformasie

ondergaan. 315 In Veenstra v Collins 316 regter Schreiner dat waar die partye niks meer gedoen

het as om mondeling ooreen te kom oor bykomende teenprestasie wat die teenprestasie vervat

in die geskrewe hoofooreenkoms aanvul nie, getuienis van die mondelinge prestasie nie

toelaatbaar is waar die hoofooreenkoms regtens op skrif gestel moet word nie. Waar die

mondelinge ooreenkoms egter die vorm aanneem van ’n belofte waardeur een van die partye

oorgehaal word om die hoofooreenkoms aan te gaan, mag hierdie mondelinge ooreenkoms

bewys word, al word daar vereis dat die hoofooreenkoms op skrif gestel moet word. 317

Zeffertt en Paizes vra egter waarom dit nodig moet wees vir die kollaterale, mondelinge

ooreenkoms om ’n belofte te wees wat een van die partye oorreed om die hoofooreenkoms te

sluit. Hulle is van mening dat dit vermoedelik noodsaaklik is in die Engelse reg. Anders sou

die mondelinge ooreenkoms ongeldig wees weens ’n gebrek aan “teenprestasie”. Hulle is

verder van mening dat dit nie enige relevansie in die Suid-Afrikaanse reg kan hê nie, behalwe

in die verwronge sin dat die leerstuk beteken dat ’n party ’n belofte om ’n bykomende

teenprestasie te lewer, kan bewys indien dit iets was wat die teenprestasie van die

hoofkontrak raak. Volgens Zeffertt en Paizes sal die kontrak glo nie deur hierdie subtiele

redenasie “weerspreek” word nie. Dit is volgens hierdie skrywers die gevolg waar die hof ’n

ander betekenis aan “consideration” geheg het as wat dit in die Engelse reg gehad het. Hulle

is derhalwe van mening dat dit hoogs onregverdig was van regter Colman R om te verklaar

dat regter Schreiner se dictum nie die duidelikheid weerspieël wat normaalweg ’n kenmerk

van sy regterlike stellings is nie, aangesien ons howe hierdie gebrek aan duidelikheid

onmoontlik gemaak het. 318 Zeffertt en Paizes verklaar dat hierdie gebrek aan duidelikheid die

gevolg is van die ontoepaslike “oorplanting van ’n nier in plaas van ’n hart”. 319

Die toets wat die moderne Suid-Afrikaanse howe in hierdie gevalle gebruik om die bedoeling

van die partye vas te stel, is om te vra of die beweerde voorafgaande ooreenkoms

teenstrydigis met die bedinge van die skriftelike dokument. In die 19de-eeuse Engelse

saak Brown v Byrne 320 is beslis dat die getuienis wat toegelaat word, nie van ’n aard moet

wees wat teenstrydig met die skriftelike kontrak is nie. Die feit dat dit bloot die kontrak

wysig, is egter nie genoegsame rede om die getuienis uit te sluit nie, aangesien dit moontlik is

om ’n wesenlike beding by die geskrewe bedinge van die kontrak te voeg sonder om die

kontrak se werking drasties te verander. In Joubert v Steenkamp 321 het die hof, waar ’n

koopooreenkoms bepaal het dat die koopprys van ’n sekere stuk grond £450 was, getuienis

van ’n beweerde voorafgaande mondelinge ooreenkoms om ’n bykomende £100 te betaal,

verbied.

Zeffertt en Paizes lig voorts talle probleemareas ten aansien van die “additional

consideration”-leerstuk uit. Daar word egter aan die hand gedoen dat die benadering wat deur

Christie voorgestaan word, die beste is om toe te pas in alle gevalle waar

144
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

“additionalconsideration” ter sprake is. Volgens Christie moet daar heeltemal vergeet word

van die verwarrende begrippe van “kollaterale kontrakte” en “additional consideration” en

moet al hierdie gevalle hanteer word asof dit “voorafgaande oorredende kontrakte” (“prior

inducing contracts”) is. 322 Hy sit dan ook die benadering wat ten aansien van “voorafgaande

oorredende kontrakte” gevolg moet word, soos volg uiteen:

Die vraag is of getuienis toelaatbaar is om ’n sogenaamde voorafgaande

oorredende kontrak te bewys. Voorafgaande, aangesien dit die skriftelike kontrak

voorafgaan, al is dit net vir ’n paar oomblikke, en oorredend, aangesien die

uitvoer daarvan die sluiting van die skriftelike kontrak teweegbring. Die patroon

van sodanige kontrakte is “Ek sal nie die kontrak onderteken nie, behalwe as jy

my x belowe”; x word belowe en derhalwe word die kontrak onderteken. Kan die

mondelinge belofte om x te presteer bewys en afgedwing word? Voor hierdie

vraag beantwoord kan word, moet twee beginsels oorweeg word. Die eerste,

naamlikpacta sunt servanda, vereis dat ooreenkomste afgedwing moet word

maak nie saak hoe informeel nie. Die tweede, naamlik die integrasiereël, vereis

dat geïntegreerde skriftelike kontrakte voorrang geniet bo voorafgaande

onderhandelinge, en selfs ooreenkomste, en dit vervang. Die antwoord is

derhalwe dat indien die skriftelike kontrak nie die afwesigheid van Xof X-1

belowe nie, die mondelinge belofte bewys en afgedwing kan word, aangesien

daar geen konflik met die skriftelike kontrak is nie, maar as die skriftelike kontrak

die afwesigheid van Xof X-1 belowe, kan die mondelinge belofte nie bewys en

afgedwing word nie, aangesien daar ’n konflik bestaan en die skriftelike kontrak

voorrang geniet. 323

Met verwysing na “additional consideration” vra Christie hom af of die uitspraak in Avis v

Verseput 324 beteken dat waar ’n skriftelike koopkontrak die koopprys as R1 000 uiteensit,

getuienis aangebied mag word van ’n voorafgaande of gelyktydige mondelinge ooreenkoms

om die koopprys tot R1 500 te verhoog. Sy antwoord is ontkennend, behalwe waar die

skriftelike kontrak ’n bedrieglike handeling daarstel, soos om die ontvanger van inkomste te

mislei. 325 Hy kom tot hierdie gevolgtrekking, eerstens aangesien die verwysing na die

Engelse sake waarop in die Avis-saak staatgemaak is, aantoon dat elkeen ’n eenvoudige geval

van ’n “voorafgaande oorredende” ooreenkoms was. In die tweede plek was die “additional

consideration” vervat in die voorafgaande of gelyktydige ooreenkoms, nie in een van die

gevalle van dieselfde aard as die “consideration” wat in die skriftelike hoofkontrak

uiteengesit is nie. Met ander woorde, in geeneen van hierdie gevalle het die voorafgaande

oorredende ooreenkoms X belowe terwyl die skriftelike hoofkontrak die afwesigheid van X,

of X-1, belowe het nie. 326 Dit was waar selfs in die geval van R v Scammonden 327 wat hier bo

bespreek is, al verklaar appèlregter Centlivres dat die beginsel wat in die kopstuk van hierdie

saak vervat is, vermeld dat waar die prestasie vervat in ’n transportakte uiteengesit is as £28,

ekstrinsieke getuienis toelaatbaar was om te bewys dat die prestasie inderdaad £30 was.

Christie voer oortuigend aan dat die uiteensetting van die beginsel vervat in die kopstuk egter

totaal en al verkeerd is. Die verhoorhof in hierdie saak het geweier om getuienis toe te laat

oor die £30, maar het bevind dat vier ghienies wat deel gevorm het van ’n boete wat in die

145
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

akte uiteengesit is, beskou moet word as deel van die “consideration”. Dit het derhalwe die

koopprys van £28 onveranderd gelaat. 328

Tweedens voer Christie aan dat, ten spyte van Centlivres AR se onkritiese aanvaarding van

die kopstuk in dieScammonden-saak, die regters in die Avis-saak dit duidelik gemaak het dat

die “additional consideration” bewysbaar was slegs omdat dit nie strydig met die skriftelike

kontrak was nie. Volgens Christie het dit derhalwe die tipiese patroon van ’n voorafgaande

oorredende kontrak aangeneem en die “koopprys” in die skriftelike hoofkontrak in effek

onveranderd gelaat. 329

Derdens, indien daar in die Scammonden-saak beslis is wat in die kopstuk staan, sal dit in

direkte konflik wees met die Engelse beslissings in Meres v Ansell, 330 Angell v

Duke 331 en Minton v Geiger. 332

Vierdens het ons howe deurgaans geweier om die “additional consideration”-leerstuk te

vertolk op ’n wyse wat getuienis van mondelinge ooreenkomste wat X belowe, toelaat in die

geval waar die skriftelike hoofkontrak die afwesigheid van X, of X-1, belowe. 333

Laastens verwys Christie na Du Plessis v Nel 334 waar appèlregter Van den Heever verklaar:

If you wish to prove that anything less or more than that which is promised in the

written contract was promised in an oral contract prior to or simultaneously with

the execution of the former, you seek to contradict, vary, add to or subtract from

the terms of the instrument, if words mean anything, and if that were permissible,

the rule may as well be cast overboard since it would have become a delusion. 335

Zeffertt en Paizes stel ’n ander alternatief voor. Met verwysing na Veenstra v Collins, 336 waar

die partye ’n skriftelike ooreenkoms vir die verkoop van ’n sekere eiendom aangegaan het en

die hof beslis het dat bewys van ’n voorafgaande mondelinge ooreenkoms (wat bepaal het dat

die verkoper belowe het om sekere herstelwerk aan die eiendom te verrig), toelaatbaar was

aangesien daar geen teenstrydigheid was nie, verklaar hulle dat ‘n mens nie met die resultaat

fout kan vind nie. Hulle is egter van mening dat die beginsel onnet en onnodig is. Volgens

hulle behoort ’n verkoper wat ’n koper oorreed het om skriftelik ooreen te kom om ’n

koopprys van RX te betaal aangesien die verkoper mondeling onderneem het om die

koopsaak te herstel, gebonde te wees aan die “geloof” wat hy deur sy belofte gewek het. Die

koper het onderneem om RX te betaal aangesien hy op die belofte staatgemaak het, die koper

was redelik en bona fide deur daarop staat te maak, en die verkoper behoort derhalwe op

grond daarvan gebonde te wees, selfs al vereis die reg dat al die wesenlike bedinge van die

koopooreenkoms skriftelik moet wees. Zeffertt en Paizes vra dan ook heeltemal tereg

waarom ons ’n Engelse kontrakteregreël wat vermom is as ’n bewysregtelike reël, moet

toepas om tot hierdie gevolgtrekking te kom deur middel van ’n subtiele en kasuïstiese

redenasie wat gebaseer is op beginsels wat nie op ons reg van toepassing is nie. 337

146
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Indien dit nie was vir die beperkings wat opgelê word deur die integrasiereël nie, kon daar

met hierdie standpunt saamgestem word. Die probleem is egter dat ingevolge die

integrasiereël getuienis van sodanige voorafgaande ooreenkomste toelaatbaar is slegs indien

dit nie “teenstrydig”is met die bepalings van die skriftelike hoofkontrak nie. Alvorens hierdie

benadering dus gevolg kan word, naamlik dat ’n party aan die voorafgaande ooreenkoms

gebonde gehou moet word weens die redelike vertroue en geloof wat hy by die ander party

gewek het, moet daar eers vasgestel word of die integrasiereël op die gegewe feite van die

saak van toepassing is. Indien die bepalings van die voorafgaande ooreenkoms strydig is met

die bepalings van die skriftelike hoofkontrak, is die integrasiereël van toepassing en mag

gééngetuienis daarvan aangebied word nie. Getuienis mag selfs nie eers aangevoer word om

aan te toon dat die een party deur ’n bona fide-en redelike vertroue oorreed is deur die

voorstelling van die ander party om die hoofkontrak te sluit nie.

Daar word gedeeltelik saamgestem met hierdie skrywers vir sover hulle die standpunt huldig

dat die integrasiereël afgeskaf moet word en daar in die plek daarvan (waar dit gaan oor

“additional consideration”) eerder van ’n suiwerder kontraktuele benadering gebruik gemaak

moet word. Indien Christie dus reg verstaan word, word daar aan die hand gedoen dat daar op

die volgende wyse gehandel moet word met sake waar “additional consideration” ter sprake

is:

Eerstens moet al sodanige gevalle hanteer word asof dit op ’n “voorafgaande oorredende

ooreenkoms” (“prior inducing contract”) gebaseer is.

Tweedens moet daar gelet word op die aardvan die “teenprestasie” (“consideration”). Indien

die aard van die teenprestasie wat in die voorafgaande ooreenkoms vervat is, dieselfde is as

dit wat in die skriftelike hoofkontrak voorkom (byvoorbeeld die betaling van ’n geldsom), sal

getuienis aangaande die voorafgaande ooreenkoms teenstrydig wees met die bepalings van

die hoofkontrak, en derhalwe ontoelaatbaar. Indien die aard van die prestasie egter

verskillend is van dit wat in die hoofkontrak vervat is (byvoorbeeld die betaling van ’n kwart

van die winste van ’n vennootskap soos in die Avis-saak), sal getuienis van die voorafgaande

ooreenkoms nie teenstrydigwees met die bepalings van die hoofkontrak nie en daarom

toelaatbaar wees.

Daar word aan die hand gedoen dat indien hierdie benadering gevolg word, al kom dit

volgens Zeffertt en Paizes neer op “subtle reasoning”, dit die meeste probleme wat uit die

“additional consideration”-leerstuk voortspruit, sal oplos. Hierdie benadering is in

werklikheid nie ’n uitsondering op die integrasiereël nie, aangesien die kollaterale beding

deel uitmaak van die skriftelike “hoofkontrak” en derhalwe onlosmaaklik deel vorm van ’n

“single memorial” en nie buite die trefwydte daarvan val nie. Die “hoofkontrak” stel

derhalwe weer eens slegs ’n “gedeeltelike integrasie” daar.

147
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

3.3 Moontlike verdere ontwikkeling van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse reg

Met die eerste oogopslag wil dit voorkom of die huidige toepassing van die integrasiereël in

die Suid-Afrikaanse reg nie soveel van die Engelse benadering verskil nie. Ons howe erken

ook die beginsel dat ekstrinsieke getuienis toelaatbaar is in alle gevalle waar daar nie

volledige integrasie in die skriftelike dokument plaasgevind het nie. Ons howe erken selfs in

’n mate die Engelse leerstuk van die kollaterale ooreenkoms. 338

Indien die ontwikkeling ten aansien van die integrasiereël in die Engelse reg vergelyk word

met die ontwikkeling van die reël in die Suid-Afrikaanse reg, blyk dit egter duidelik dat die

huidige toepassing van die reël in die twee jurisdiksies drasties verskil. Daar is veral

een baie belangrike verskil wat uitstaan. Dit is dat die Suid-Afrikaanse howe ekstrinsieke

getuienis sal toelaat (indien die bestaan van ’n kollaterale ooreenkoms of ’n kollaterale

ooreenkoms wat nie in die skriftelike kontrak geïntegreer is nie, bewys kan word) slegs waar

die afsonderlike ooreenkoms nie strydig is met die bedinge van die skriftelike kontrak nie.

Die Engelse howe laat hierdie getuienis egter wel toe selfs al is dit strydig met die skriftelike

kontrak. 339

Soos Poole dit stel: daar is ’n aansienlike beweegruimte in die Engelse reg vir die howe om

die integrasiereël te vermy indien hulle dit sou verkies. 340 McKendrick wys daarop dat dit

hoogs onwaarskynlik is dat die ekstrinsieke-getuienis-beperking kontrakspartye tans in die

Engelse reg sal verhoed om getuienis aan te bied van bedinge waarvan hulle bedoel het dat

dit deel van hulle ooreenkoms moet vorm. 341 Furmston voer aan dat die reël deur regspraak in

so ’n mate verslap is dat die enigste beperking ten aansien van die aanbieding van

ekstrinsieke getuienis is waar die betekenis van die woorde wat in die kontrak self vervat is,

aangeveg word. Hy is van mening dat dit die geval is aangesien ekstrinsieke getuienis altyd

voor ’n hof gebring kan word deur aan te voer dat die kontrak nie in sy geheel op skrif gestel

is nie. Hy voer verder aan dat die howe in elk geval huiwerig is om die ooreenkoms te beperk

tot ’n geskrewe dokument waar dit tot ongeregtigheid kan aanleiding gee. 342 Beatson verklaar

dat die huidige benadering wat in die Engelse reg gevolg word, uit ’n beleidsoogpunt

aantreklik is, aangesien die integrasiereël die uitwerking kan hê dat ’n aansienlike

hoeveelheid getuienis van die partye se bedoeling uitgesluit word sonder om die sekerheid te

bereik wat die reël poog om te bewerkstellig. 343

Die verskil tussen die Engelse en Suid-Afrikaanse benadering is baie belangrik aangesien dit

die wese van die integrasiereël verteenwoordig. Indien getuienis van ’n kollaterale

ooreenkoms toegelaat word wat die skriftelike kontrak kan weerspreek, maak dit vir alle

praktiese doeleindes die reël tot niet, soos wat die Engelse regskommissie aangetoon het.

Ontevrede kontrakspartye kan in alle gevalle dan slegs bloot staatmaak op die bepalings van

die kollaterale ooreenkoms of die feit dat die ooreenkoms deels skriftelik, deels mondeling

aangegaan is om die reël se werking te omseil. 344

148
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die logiese vraag op grond hiervan is natuurlik waarom die toepassing van die integrasiereël

in die Suid-Afrikaanse reg nie ’n soortgelyke ontwikkeling ondergaan het as sy Engelse

eweknie nie. Daar kan ’n aantal redes hiervoor aangevoer word.

In die eerste plek is daar die gedagtegang dat, vir sover dit nie deur wetgewing gereël word

nie, ons bewysreg “bevries” is in die gedaante wat die Engelse bewysreg op 30 Mei 1961

aangeneem het. Indien hierdie gedagtegang korrek is, beteken dit dat die integrasiereël tans in

ons reg toegepas moet word op dieselfde wyse as wat dit in die Engelse reg op 30 Mei 1961

toegepas is. Schmidt en Rademeyer is voorstanders van hierdie gedagtegang. Hulle is

klaarblyklik van mening dat die Suid-Afrikaanse bewysreg, waar dit nie deur wetgewing

gereël word nie, soos wat dit op 30 Mei 1961 toegepas is, nie verder deur regspraak

ontwikkel mag word nie. 345 Volgens regspraak beskik Engelse gewysdes wat ná 30 Mei 1961

die lig gesien het, slegs oorredingswaarde om die Engelse bewysreg soos op 30 Mei 1961 uit

te lê. 346 Schmidt en Rademeyer verklaar verder dat alhoewel Engelse bewysregtelike

regspraak nie altyd noulettend deur ons howe gevolg hoef te word nie, daar nie van vaste

reëls of beginsels van die Engelse bewysreg soos dit op 30 Mei 1961 gegeld het, afgewyk

mag word nie. 347

Hierdie standpunt moet egter gekritiseer word. Dit kon nooit die wetgewer se bedoeling

gewees het dat ons bewysreg “bevries” moet word soos op 30 Mei 1961 sonder enige

geleentheid vir verdere ontwikkeling nie. Om anders te redeneer sou absurd wees. Die

wetgewer kon slegs bedoel het dat daar ’n afsnypunt moet wees vanaf welke datum Engelse

gewysdes nie meer bindend op ons howe sou wees nie.

Kerr se standpunt is in ooreenstemming met hierdie sienswyse. Hy is van mening dat die

uitwerking van ’n beslissing van die House of Lordsna 30 Mei 1961 op ons howe afhanklik is

van die vraag of die beslissing verklarend is van die Engelse reg en of dit nuwe reg skep.

Indien die beslissing slegs verklarend van die Engelse reg is, is dit bindend op ons howe.

Indien die beslissing egter nuwe reg skep, is dit nie bindend op ons howe nie, maar sal die

besluit volgens Kerr nog steeds met aansienlike respek deur ons howe behandel word. 348

In S v Desai 349 onderskryf adjunkregter-president Flemming ook hierdie standpunt. Hy

verklaar dat ons bewysreg “is essentially a part of the law which is tied to the law of England

… That, of course, does not exclude different developments at a date subsequent to the end of

the statutory tying of our law of evidence to that of the law of England.” 350 Ons howe is

derhalwe nie verplig om Engelse beslissings na 30 Mei 1961 na te volg nie, maar dit staan

hulle vry om die reg na hierdie datum te ontwikkel. Dit is ook in ooreenstemming met die

nuutste denkwyse in ons reg, naamlik dat die howe nie net reg spreek nie maar ook reg skep.

Die feit bly egter staan dat die Suid-Afrikaanse reg ten aansien van die toepassing van die

integrasiereël gestagneer het en dat daar geen teken in die regspraak te bespeur is dat die

howe dit wil verslap nie.

Selfs al word daar egter aanvaar dat ons bewysreg “bevries” is, kan daar geargumenteer word

dat die verandering in die toepassing van die integrasiereël in die Engelse reg reeds voor 30

149
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Mei 1961 plaasgevind het. 351 Indien hierdie argument korrek is, is die hele debat oor die

status van ons bewysreg na 30 Mei 1961 heeltemal irrelevant, aangesien ons huidige

toepassing van die integrasiereël dan in elk geval veronderstel is om met die huidige posisie

in die Engelse reg ooreen te stem.

Wat verhoed ons howe om die huidige Engelse benadering na te volg? In die eerste plek wil

dit voorkom of ons howe huiwerig is om hulle enigsins uit te laat oor die vorige presedent

wat geskep is in sake soos Johnston v Leal, 352 Avis v Verseput 353 en Du Plessis v Nel. 354 Daar

is ook geen sake oor die kollaterale ooreenkoms en die deels skriftelike, deels mondelinge

ooreenkoms in die afgelope dekade of twee in ons reg gerapporteer nie. Tweedens staan die

beginsel van regsekerheid 355 weer eens breed in die pad van enige radikale verandering in die

toepassing van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse reg.

In hierdie opsig moet regsekerheid egter gebalanseer word met die verandering wat onlangs

plaasgevind het in die Suid-Afrikaanse siviele reg. Daar kan spesifieke melding gemaak word

van die verandering wat plaasgevind het oor die sogenaamde pacta de quota litis,

“champerty”, “maintenance” en “gebeurlikheidsgeldeooreenkomste”. 356 In die verlede was

gebeurlikheidsgeldeooreenkomste nie geldig in die Suid-Afrikaanse reg nie, aangesien dit

as contra bonos mores (teen die openbare belang) beskou is. In 1996 het die Suid-Afrikaanse

regskommissie ’n verslag die lig laat sien wat gehandel het met spekulatiewe en

gebeurlikheidsfooie. 357 Die kommissie het aanbeveel dat dit moontlik moet wees vir

regspraktisyns om, onder sekere voorwaardes, gebeurlikheidsgeldeooreenkomste met hulle

kliënte te sluit. 358 In 1997 is die Wet op Gebeurlikheidsgelde 359 gepromulgeer ingevolge

waarvan gebeurlikheidsgeldeooreenkomste tussen regspraktisyns en hulle kliënte gemagtig

en gereguleer is. Die wet bepaal onder andere dat sodanige ooreenkomste aangegaan kon

word, maar dat die fooi betaalbaar deur die kliënt (indien sukses behaal is) nie honderd

persent van die regspraktisyn se normale fooie mag oorskry nie. 360

In Price Waterhouse Coopers Inc v National Potato Co-Operative Ltd 361 beslis die hoogste

hof van appèl dat ’n ooreenkoms ingevolge waarvan ’n persoon ’n litigant van fondse

voorsien om ’n aksie voort te sit in ruil vir ’n aandeel in die opbrengs van sodanige aksie (’n

sogenaamde “champerty”-ooreenkoms) nie indruis teen die openbare belang nie en derhalwe

geldig is. 362 Scott voer aan dat hierdie uitspraak verwelkom moet word. 363 Sy is van mening

dat die uitspraak ’n noodsaaklike ontwikkeling van die beginsel van die openbare belang, as

’n faktor in die vassteling van die geldigheid van hierdie tipe ooreenkomste,

verteenwoordig. 364

Die vraag is egter of daar ’n analogie getrek word tussen bogemelde tipe ooreenkomste en die

integrasiereël. Met ander woorde, sal ’n hof kan bevind dat regsekerheid ten aansien van die

toepassing van die integrasiereël oor etlike dekades die knie moet buig voor die beginsel van

die openbare belang?

Die antwoord hierop is ontkennend. Die openbare belang het nog nooit ’n rol in die

toepassing van die integrasiereël gespeel nie. Ekstrinsieke getuienis oor voorafgaande,

150
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

gelyktydige of latere ooreenkomste word nie uitgesluit omdat hierdie getuienis contra bonos

mores is nie, maar omdat dit as irrelevant beskou word waar dit bewys word dat die partye

hulle volle ooreenkoms in een skriftelike dokument geïntegreer het. Daar word derhalwe aan

die hand gedoen dat die howe nie die beginsel van die openbare belang sal kan aanwend om

die toepassing van die integrasiereël te wysig nie.

4. Gevolgtrekking

Soos reeds aangetoon, is die ekstrinsieke-getuienis-reël verkeerdelik deur die Engelse howe

geklassifiseer as deel van die bewysreg in plaas van die materiële (kontrakte)reg. Hierdie

verkeerde klassifisering van die reël is dan ook, ten spyte van kritiek uit verskeie oorde, net

so goedsmoeds aanvaar deur die Suid-Afrikaanse howe. Selfs in die gevalle waar die howe

wel aanvaar het dat die reël verkeerd geklassifiseer is, is geen poging aangewend om ten

minste ’n ondersoek in te stel na die herklassifisering van die reël as deel van die materiële

reg nie. Hierdie versuim het aanleiding gegee tot die onwenslike resultaat dat, ten aansien van

die klassifikasie van die reël, en soos Schwikkard en Van der Merwe dit treffend verwoord,

“English precedent has become so entrenched in South African law that it must now be

regarded as an ineradicable part thereof.” Dit blyk dan ook duidelik dat die herklassifisering

van die ekstrinsieke-getuienis-reël nie enigsins ’n oplossing kan bied ten aansien van die

moontlike regshervorming of aanpassing van die reël in die Suid-Afrikaanse reg nie.

Wat die verdere ontwikkeling van spesifiek die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse

(kontrakte)reg aanbetref, blyk dit dat die integrasiereël in so ’n mate in die Engelse reg

verslap is dat die Engelse regskommissie aanbeveel het dat dit nie nodig was om die reël

formeel af te skaf nie. Daar is egter geen teken van dieselfde verslapping van die

integrasiereël na 1961 in die Suid-Afrikaanse reg nie en die toepassing van die reël het in ’n

groot mate gestagneer. Die belangrikste redes hiervoor is die gedagte dat ons bewysreg

“bevries” is soos dit was op die dag voor republiekwording, en die beginsels van

regsekerheid en kontinuïteit. Hierdie situasie het dan ook aanleiding gegee tot die absurde

resultaat dat die integrasiereël aansienlik strenger toegepas word in die Suid-Afrikaanse reg

as in die Engelse reg, waar die werking van die reël maklik gesystap kan word deur die

toepassing van die beginsels ten aansien van die deels mondelinge, deels skriftelike

ooreenkoms en die kollaterale ooreenkoms.

In die lig van bogemelde lyk dit dan ook of wetgewing die enigste werkbare moontlikheid

bied om die ekstrinsieke-getuienis-reël, en meer spesifiek die integrasiereël, af te skaf of aan

te pas in die Suid-Afrikaanse kontraktereg.

151
Bibliografie

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Beatson, J. 2002. Anson’s law of contract.28ste uitgawe. New York: Oxford University Press.

Bekker, P.M. 2009. Die ekstrinsieke getuienis-reël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg.

Ongepubliseerde LLD-proefskrif, Universiteit van Suid-Afrika.

Bekker, T. 2011. Die regsteoretiese grondslag van die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse

kontraktereg. Obiter, 32:341–54.

—. 2012. Die integrasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg. Stellenbosch Regstydskrif,

23:265–79.

Borkowski, A. en P. du Plessis. 2005. Textbook on Roman law.3de uitgawe. Oxford: Oxford

University Press.

Bower, G.S. en A.K. Turner. 1977. Estoppel by representation.3de uitgawe. Londen:

Butterworths.

Buckland, W.W. 1963. A textbook of Roman law from Augustus to Justinian. 3de uitgawe.

Cambridge: Cambridge University Press.

Calamari, J.D. en J.M. Perillo. 1970. The law of contracts. Minnesota: West Publishing Co.

Christie, R.H. 2006. The law of contract in South Africa.5de uitgawe. Durban: Lexis Nexis

Butterworths.

Collins, H. 2003. The law of contract.4de uitgawe. Londen: Lexis Nexis.

Corbin, A.L. 1960. Corbin on contracts. A comprehensive treatise on the rules of contract

law. Vol. 3. Minnesota: West Publishing Co.

Cornelius, S.J. 1999. A reconsideration of the admissibility of extrinsic evidence in the

interpretation of contracts.Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2:344–51.

Davids, J. 1967. State privilege and precedent in the law of evidence. South African Law

Journal,84:245–50.

De Wet, J.C. 1939. “Estoppel by representation” in die Suid-Afrikaanse reg. Ongepubliseerde

LLD-proefskrif, Universiteit van Leiden.

Dixon, M.L. 1985. Delegation of powers in South African administrative law. Tydskrif vir die

Suid-Afrikaanse Reg,3:310–7.

152
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Eerste program, Law com. No. 1, item 1; Eerste jaarverslag, 1965–1966, Law com. No. 4;

Agtste jaarverslag, 1972–1973, Law com. No. 58.

Ewart, J.S. 1900. An exposition of the principles of estoppel by misrepresentation. Chicago:

Callaghan and Company.

Furmston, M. 2001. Cheshire, Fifoot and Furrmston’s law of contract.14de uitgawe. Durban:

Lexis Nexis Butterworths.

Grotius (De Groot), H. 1631 (1767). Inleiding tot de Hollandsche rechtsgeleerdheyt.

Amsterdam.

Halsbury, H.S.G en D.M.H. Hailsham. 1992. Halsbury’s laws of England.4de uitgawe.

Londen: Butterworths.

Huber, U. 1742. Heedensdaegse rechtsgeleertheyt, soo elders, als in Frieslandt

gebruikelyk. 4de uitgawe. Amsterdam.

Joubert, C.P. 2004. Romeinse reg vir regspraktisyns en akademici. Kaapstad: Tygervallei.

Kahn, E. 1965. Have certain English precedents binding force in South Africa? South African

Law Journal, 82:526–38.

—. 1967. The rules of precedent applied in South African courts. South African Law

Journal, 84:43–55, 175–93, 308–30.

Kaser, M. 1975. Das römische Privatrecht.10de uitgawe. Munich: CH Beck’sche

Verlagsbuchshandlung.

Kerr, A.J. 1965. Rules in the law of evidence which were in force on the thirtieth day of May

1961. South African Law Journal, 82:169–77.

—. 1991. The replicatio doli reaffirmed. The exceptio doli available in our law. South African

Law Journal, 108:583–6.

Leake, S.M. 1906. Principles of the law of contracts. 5de uitgawe. Londen: Stevens.

Lee, R.W. 1953. An introduction to Roman-Dutch law.5de uitgawe. Oxford: Clarendon.

Lewison, K. 2004. The interpretation of contracts.3de uitgawe. Londen: Sweet & Maxwell.

Malan, J.F. 1987. Aspekte van rektifikasie in die Suid-Afrikaanse kontraktereg.

Ongepubliseerde LLD-proefskrif, Universiteit van Pretoria.

153
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Matthaeus, A. 1739. De probationibus liber JS Entrup recensuit et praefationem adjecit.

Groningen: Apud J. Sipkes.

McCormick, C.T. 1932. The parol evidence rule as a procedural device for control of the

jury. Yale Law Journal, 365.

McKendrick, E. 1990. Contract law. Basingstoke: MacMillan Press.

Merula, P. 1705. Manier van procederen, in de provintien van Holland, Zeeland ende West-

Vriesland, belangende civile zaaken. Amsterdam.

Nassar, N. 1995. Sanctity of contracts revisited. A study in the theory and practice of longterm

international commercial contracts. Dordrecht: Martinus Nijhoff Uitgewers.

Phipson, S.L. 1982. On evidence.13de uitgawe. Londen: Sweet & Maxwell.

Poole, J. 2006. Casebook on contract law.8ste uitgawe. New York: Oxford University Press.

Salmond, J.W. 1966. Salmond on jurisprudence. 12de uitgawe. Londen: Sweet & Maxwell.

Schmidt, C.W.H. 1982. Bewysreg.2de uitgawe. Durban: Butterworths.

Schmidt, C.W.H. en H. Rademeyer. 2000. Bewysreg. 4de uitgawe. Durban: Butterworths.

Schwikkard, P.J. en S.J. Van der Merwe. 2009. Principles of evidence.3de uitgawe.

Kaapstad: Juta & Kie.

Scott, S. 2004. Encouraging the good samaritan – a different approach to pacta de quota litis,

champerty and maintenance. South African Mercantile Law Journal, 16:477.

Sonnekus, J.C. 2000. Die estoppelleerstuk in die Suid-Afrikaanse reg.2de uitgawe. Durban:

Butterworths.

Suid-Afrikaanse Regskommissie. 1986. Projek 6. Review of the law of evidence.

—. 1998. Projek 47. Report on unreasonable stipulations in contracts and the rectification of

contracts.

Tapper, C. 1995. Cross and Tapper on evidence. 8ste uitgawe. Durban: Lexis Nexis

Butterworths.

Thayer, J.B. 1969. A preliminary treatise on evidence at the common law. South Hackensack:

Rothman Reprints.

The English Law Commission (Law com. No. 154). Law of contract. The parol evidence

rule (1986).

154
Thomas, J.A.C. 1975. The Institutes of Justinian. Kaapstad: Juta & Kie.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Van Apeldoorn, L.J. 1972. Inleiding tot de studie van het Nederlandse recht.16de uitgawe.

Zwolle: W.E.J. Tjeenk Willink.

Van Bijnkershoek, C. 1752. Quastionum iuris privati. Amsterdam.

Van der Linden, J. 1861. Regtsgeleerd, practicaal en koopmans handboek. Amsterdam.

—, J. 1956. The selective Voet being the commentary on the Pandects of Johannes

Voet.Vertaal deur Percival Gane.Vol. 3. Durban: Butterworths.

Van der Merwe, S.W.J. e.a. 2012. Contract general principles.4de uitgawe(2012) Kaapstad:

Juta & Kie.

Van Leeuwen, S. 1780. Het Roomsch-Hollandsch recht. Amsterdam.

Van Warmelo, P. 1960. Die uitleg van kontrakte. South African Law Journal,77:69–78, 219–

28.

Van Zyl, D.H. 1979. Geskiedenis van die Romeins-Hollandse reg. Durban: Butterworths.

Vinnius, A. 1679. Tractatus de pactis. Utrecht: Ultrajecti.

Voet, J. 1698-1704. Commentarius ad Pandectas. Den Haag.

Wigmore, J.H. 1935. A students’ textbook of the law of evidence. Brooklyn: Foundation

Press.

Williston, S. 1961. A treatise on the law of contracts.Vol. 4. 3de uitgawe. New York: Baker

Voorlis & Co.

Zeffertt, D.T. en A. Paizes. 1986. Parol evidence with particular reference to

contract.Johannesburg: Centre for Banking Law. Randse Afrikaanse Universiteit.

—. 2009. The South African Law of Evidence. 2de uitgawe. Durban:Lexis Nexis

Butterworths.

Zimmermann, R. 1990. The law of obligations – Roman foundations of civilian tradition.

Kaapstad: Juta & Kie.

Zuppi, A.L. 2007. The parol evidence rule: a comparative study of the common law, the civil

law tradition, and lex mercatoria. Georgia Journal of International and Comparative

Law,35(2):233–76.

155
Eindnotas

1 Hierdie artikel is gebaseer op Bekker (2009).

2 Sien die bespreking hier onder by par. 3.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

3 Die verwantskap tussen die twee reëls word as volg verduidelik deur Watermeyer WAR

in Rand Rietfontein Estates Ltd v Cohn 1937 AD 317, 326: “The difficulty which arises in

practice, however, is not connected with the aim of the enquiry but with the limitations

imposed by the rules of evidence upon the conduct of the enquiry. These rules limit the

material which can be placed before the Court in order to ascertain the intention of the

parties. In the first place there is the well-known rule that when a contract has been reduced

to writing no oral evidence may be given to contradict, alter, add to or vary the written

terms, and in the second place there is another rule the effect of which is that when the terms

of a contract are clear and unambiguous no evidence may be given to alter such plain

meaning.

4 Na noukeurige oorweging is daar besluit om die terminologie oor te neem soos gebruik deur

Van der Merwe e.a. (2012:149), d.w.s. om te verwys na die ekstrinsieke-getuienis-reël as ’n

oorkoepelende begrip wat bestaan uit twee subreëls, naamlik die integrasiereël en die

interpretasiereël. Van der Merwe e.a.(2012:149)verwys soos volg na hulle gebruik van die

terminologie t.a.v. die reëls: “The parol evidence rule has been said to comprise two distinct

rules, namely the ‘integration rule’ and the ‘interpretation rule’.” Daar is besluit dat die

gebruik van hierdie terminologie al die verskillende standpunte en toepassings van die reëls

t.a.v. die toelaatbaarheid van ekstrinsieke getuienis die beste sal verwoord.

5 Suid Afrikaanse regskommissie, Report on Unreasonable Stipulations in Contracts and the

Rectification of Contracts.Projek 47.April 1998. Vir ’n meer volledige bespreking van hierdie

verslag sien Cornelius (1999:344); Bekker (2009:290–317). ’n Goeie voorbeeld van hoe die

integrasiereël onbillik kan inwerk teenoor ’n kontraksparty, kan gevind word in Du Plessis v

Nel 1952 1 SA 513 (A). Vir ’n volledige bespreking van hierdie saak sien Bekker (2012:275–

8).

6 Sien ook Bekker (2012:265–79), waar die standpunt ingeneem word dat die

integrasiereël nie op een lyn is met die huidige kontraktuele aanspreeklikheidsbenaderings

soos toegepas in die Suid-Afrikaanse kontraktereg nie, en dat daar op grond van slegs hierdie

feit alleen alreeds genoeg regverdiging behoort te wees vir die afskaffing of aansienlike

aanpassing van die reël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg.

7 Vir ’n teenoorgestelde standpunt sien Malan (1987:40). Malan verwys egter slegs na die

Romeinse reg in sy bespreking en geensins na die Romeins-Hollandse reg nie.

156
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

8 Sien ook in hierdie verband Bekker (2011:341–54), waar die standpunt ingeneem word dat

die integrasiereël wel kwalifiseer as ’n regsreël en derhalwe by wyse van wetgewing vir

afskaffing of aanpassing vatbaar is.

9 Sien Stiglingh v Theron 1907 TS 998; Orsmond v Steyn 18 SC 1.

10 1930 AD 366.

11 368.

12 Sien die Strafproseswet 51 van 1977.

13 Bv. Ordonnansie 72 van 1830 in die Kaap, Wet 17 van 1859 in Natal, Ordonnansie 11 van

1902 in die Oranje-Vrystaat, Proklamasie 16 van 1902 in Transvaal.

14 25 van 1965.

15 56 van 1955 en later 51 van 1977.

16 Vir ’n volledige bespreking van die geskiedenis van die bronne van die Suid-Afrikaanse

formele reg sien Schmidt en Rademeyer (2000:11–22).

17 Wigmore (1935, par. 490).

18 Thayer (1969:390).

19 Thayer (1969:390–1).

20 Ibid. Wanneer ’n regter bv. die stelling maak dat “I found my judgment on one of the most

useful rules in the law, namely, that when parties have put their contract into writing, that

writing determines what the bargain is”, soos beslis in Langton v Higgins 4 H&N 402, gee hy

nie ’n reël van die bewysreg weer nie.

21 68 van 1981.

22 Thayer (1969:391).

23 Ibid.

24 Phipson (1982, par. 1).

25 Salmond (1966, par. 128).

26 Ibid.

27 Ibid.

157
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

28 Van Apeldoorn (1972:182). Sien ook die bespreking van Schmidt en Rademeyer (2000:6).

29 1939 AD 16, 31.

30 Thayer (1969:392).

31 Thayer (1969:393).

32 Ibid.

33 Schmidt en Rademeyer (2000:8).

34 Zeffertt en Paizes (1986:1).

35 Zeffertt en Paizes (2009:345).

36 Ibid.

37 Sien supra n. 5.

38 1943 AD 331.

39 378.

40 1941 AD 43.

41 47.

42 1962 3 SA 399 (T).

43 403.

44 1970 3 SA 240 (T).

45 242.

46 1963 1 SA 835 (O).

47 839.

48 1975 3 SA 16 (A). 79.

49 18.

50 1972 1 SA 276 (A).

158
51 282.

52 Vgl. Zeffertt en Paizes (1986:12).

53 1964 3 SA 402 (A).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

54 Vgl. Anderson v The Master 1949 4 SA 660 (OK) (steun vir die lex causae-benadering

ingevolge waarvan klassifikasie kragtens die vreemde regstelsel geskied); Laconian Maritime

Enterprises Ltd v Agromar Lineas Ltd1986 3 SA 509; (D) (steun vir die lex fori-benadering

ingevolge waarvan klassifikasie kragtens die regstelsel van die hof waarin die geding gevoer

word, met ander woorde die plaaslike regstelsel, geskied); Laurens NO v Von Höhne 1993 2

SA 104 (W) (steun vir die via media- benadering ingevolge waarvan klassifikasie kragtens ’n

middeweg tussen die lex fori en die lex causae geskied).

55 Suid-Afrikaanse Regskommissie, Projek 6. Review of the law of evidence.Oktober 1986.

56 Phipson (1982, par. 38-02).

57 Zeffertt en Paizes (1986:12).

58 1983 1 All ER 1073 (CA).

59 1087.

60 Zeffertt en Paizes (1986:12).

61 Dixon (1985:316).

62 De Wet (1939, par. 6).

63 Zeffertt en Paizes (1986:13).

64 Sonnekus (2000:17). Een van die sake waarna Sonnekus verwys, is Arthur v Central News

Agency Ltd 1925 TPD 588, 595 waar Krause R verklaar: “Now it is perfectly true that

estoppel is a matter of evidence …” Hy verwys ook na Sprinz v Rayton Diamonds Ltd 1926

WLD 23, 28 waar die hof verklaar: “From this statement it follows that estoppel by

representation is part of the law of evidence.” Vgl. ook North Eastern Districts Association

(Prop) Ltd v Surkhey Ltd 1932 WLD 181 186 en West v Pollak & Freemantle 1937 TPD 64,

waar Greenberg R die vreemde omskrywing, nl. “the rule of evidence of estoppel”, gebruik.

65 Ewart (1900:188–95).

66 Sien in hierdie verband Bower en Turner (1977, par. 7).

67 1947 AC 46 (PC).

159
68 56.

69 1975 3 All ER 314 (CA).

70 326.

71 Halsbury en Hailsham (1992, par. 951).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

72 Sonnekus (2000:19). Sonnekus verwys na Akojee v Sibanyoni 1976 3 SA 440 (W) om sy

standpunt te staaf.

73 Dixon (1985:316).

74 Schmidt (1982:574). Schwikkard en Van der Merwe (2009:17) verduidelik dat die facta

probanda daardie feite is wat ’n party moet bewys ten einde sukses te kan hê en dat die facta

probantia daardie feite is wat neig om die feite in geskil te bewys of te weerlê.

75 Zeffertt en Paizes (1986:13).

76 Zeffertt en Paizes (1986:15).

77 Zeffertt en Paizes (1986:14–5).

78 Die periode vanaf ongeveer 753 tot 150 v.C. Sien Joubert (2004:2–10).

79 Zimmermann (1990:622–5).

80 Joubert (2004:262).

81 Die periode vanaf ongeveer 150 v.C. tot 250 n.C. Sien Joubert (2004:10); Van Zyl

(1979:18).

82 Ibid.

83 Zimmermann (1990:625–8).

84 Kaser (1975, par. 8.2.2b).

85 Kaser (1975, par. 8.2.2c).

86 Borkowski en Du Plessis (2005:255–6).

87 306–337 n.C. Sien Joubert (2004:14).

88 Ibid.

160
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

89 D. 2.14.1.1, D. 2.14.1.2. “Pactum autem a pactione dicitur (inde etiam pacis nomen

appellatum est) et est pactio duorum pluriumve in idem placitum et consensus.”

90 Joubert (2004:262).

91 I. 3.15.1 soos vertaal deur Thomas (1975:207). Die oorspronklike teks lees soos volg: “Sed

haec sollemnia verba olim quidem in usu fuerunt: postea autem Leoniana constitutio lata est,

quae, sollemnitate verborum sublata, sensum et consonantem intellectum ab utraque parte

solum desiderat, licet quibuscumque verbis expressus est.”

92 D. 2.14.1.3.

93 Joubert (2004:262).

94 Joubert (2004:262–3).

95 Joubert (2004:263).

96 1904 TS 187.

97 197.

98 I. 3.13.2; D. 44.7.1.1.

99 Wat ook ’n handeling, soos die lewering van ’n saak, vereis het: Gaius 3.90; I. 3.14.

100 Wat ook die spreek van formele woorde vereis het: Gaius 3.92; I. 3.15.

101 Wat ook formele skrif vereis het: Gaius 3.128; I. 3.21.

102 Waar blote ooreenkoms voldoende was: Gaius 3.135; I. 3.22.

103 Joubert 279; Gaius 4.119. Die oorspronklike teks lui soos volg: “Si in ea re nihil dolo

malo Auli Agerii factum sit neque fiat.”

104 Joubert (2004:279).

105 Dit word so genoem aangesien die bedrog (dolus) aanwesig geag word by litis

contestatio (praesentis) en daar in werklikheid nie sprake van bedrog is nie

(generalis): D. 45.1.36, D. 44.4.2.3.

106 1988 3 SA 580 (A).

107 594, 595.

108 1991 2 SA 1 (A).

161
109 5, 6, 7, 41.

110 Joubert (2004:280).

111 Kerr (1991:583–6).

112 Joubert (2004:280).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

113 ’n Streng, eenvoudige formele kontrak (stricti iuris) en belangrikste kontraktuele

verbintenis (obligatio ex contractu) wat tot stand gekom het tussen teenwoordige persone

(inter praesentes partes): I. 3.15; D. 45.1.5.1. Sien ook die bespreking van Joubert

(2004:274).

114 D. 45.1.126.2; D. 45.1.99; D. 45.1.38.18; D. 34.5.26; Van Warmelo (1960:219).

115 Ibid.

116 I. 3.19.23; Van Warmelo (1960:219).

117 N. 6.2.3.

118 Ibid.

119 Buckland (1963:415).

120 ’n Ander kategorie van skriftelike ooreenkoms bekend aan die vroeë Romeinse reg

waarvolgens die skrif nie net bewyswaarde van die onderliggende verbintenis gehad het nie,

maar ook ’n konstitutiewe vereiste was waardeur die verbintenis in die lewe geroep is; sien

Van Warmelo (1960:219–20).

121 Van Warmelo (1960:220).

122 I. 3.21; Van Warmelo (1960:220).

123 C. 4.30.14.2; Van Warmelo (1960:220).

124 C. 4.30.14.1; Van Warmelo (1960:220).

125 C. 42.0.18; Van Warmelo (1960:220).

126 D. 22.3.10.

127 C. 4.21.15.

128 N. 73.3.

162
129 Sien die bespreking van Van Warmelo (1960:221).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

130 Huber (1742:3.1.20); De Groot (1767:6.6.2); Van Leeuwen(1780:4.2.2); Van der Linden

(1861:1.14.2).

131 Vinnius (1679:20.1); Van Bijnkershoek (1752:2.15.7); Voet (1829:22.4.11).

132 Sien die bespreking van Van Warmelo (1960:222–4).

133 Voet 22.4 (waar hy die publica instrumenta omskryf); Huber (1689:22.4.2); Merula

(1705:4.66.2); Van Warmelo (1960:222).

134 Sien Voet 22.4.11; Van Warmelo (1960:222).

135 Merula 4.66.2.3; Van Warmelo (1960:222).

136 Huber 22.4.11, 22.4.13; Van Warmelo (1960:222).

137 Van der Keessel Dictata ad Grotium 3.5.1; Van Warmelo (1960:223).

138 Merula (1705:4.66.2.5; Van Warmelo (1960:222).

139 Matthaeus (1739:3.132). Van Warmelo (1960:223).

140 De Groot 3.3.7.

141 Voet 22.4.14, 22.4.15.

142 Lee (1953:268), eie kursivering.

143 Van der Linden (1956:750) soos uiteengesit in C. 4.30, 13; D. 9.2.23 (eie kursivering).

144 1925 AD 282.

145 289.

146 Voet 22.4.6.

147 1967 2 SA 239 (A). Hierdie uitspraak, waarin die hof voorkeur aan ’n ouer Geheime

Raad-beslissing bo ’n beslissing van die House of Lords gegee het, is redelik wyd gekritiseer.

Sien Davids (1967:245); Kahn (1967:328–30); Kerr (1965:169).

148 Schmidt en Rademeyer (2000:18).

149 Van der Linde v Calitz 1967 2 SA 239 (A) 944–5; Papenfus v Transvaal Board for the

Development of Peri-Urban Areas 1969 2 SA 66 (T) 69; Rusmarc SA (Pty) Ltd v Hemdon

163
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Enterprises (Pty) Ltd 1975 4 SA 626 (W) 630; S v Naicker 1965 2 SA 919 (N) 932–3, waar

Caney R van mening is dat Engelse uitsprake van na 30 Mei 1961 wat dit duidelik stel dat

hulle handel oor die reg soos dit altyd was, en derhalwe ook op 30 Mei 1961, van toepassing

is ingevolge die 30 Mei-klousules. Volgens Schmidt word daar seker hiermee bedoel dat ons

howe hulle “moet”toepas.

150 Sien die bespreking infra par. 3.3.

151 Schmidt en Rademeyer (2000:21).

152 Supra n. 144.

153 In die meerderheidsbeslissing van die hof is daar slegs na twee beginsels verwys, nl. waar

’n vorige saak verkeerd beslis is en regsekerheid. Olivier AR het in sy minderheidsuitspraak

egter uitgebrei op hierdie twee beginsels deur ook na die stare decisis-leerstuk te verwys.

154 2002 4 SA 1 (HHA).

155 1938 AD 195.

156 232.

157 Ibid.

158 Soos uiteengesit in SA Sentrale Ko-op Graanmaatskappy Bpk v Shifren 1964 4 SA 760

(A).

159 25.

160 Ibid.

161 21, 25.

162 Venter v Birchholtz supra n. 50; National Board (Pretoria) (Pty) Ltd v Estate

Swanepoel 1975 3 SA 16 (A).

163 John Bell & Co Ltd v Esselen 1954 1 SA 147 (A) 153; Brisley v Drotsky 25 supra n. 149.

164 Brisley v Drotsky 25 supra n. 154.

165 Supra.

166 In hierdie stadium was daar verskeie akademiese standpunte wat aangedui het dat die reël

deel uitmaak van die substantiewe reg en nie die materiële reg nie. Thayer (1969:409) is van

mening dat die reël en sy uitsonderings deel uitmaak van die substantiewe reg en vermom is

as ’n bewysregtelike reël. Hy verklaar: “[I]t is the use of such matter, not the proving of it,

164
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

which is objectionable; the averment of it in pleading, the having an issue on it, the going to

the jury with it, that is forbidden”; en t.a.v. die uitsonderings: “[T]he true inquiry is whether

certain claims or defences are allowable. If relief can be had in such cases the law of evidence

has nothing to say as to any kind of evidence, good under the general rules, which may be

offered to prove these things. In so far as extrinsic facts are a legal basis of claim or defence,

extrinsic evidence is good to prove them.” Wigmore (1935) steun hierdie standpunt waar hy

verklaar: “It is a rule of substantive law, because it deals with the question in what sources

and materials are to be found the terms of a legal act, and not a rule of evidence dealing with

the value of one fact as probative of another.” So ook Leake (1906:182–3).

167 Brisley v Drotsky 21, 25-6 supra n. 154.

168 26.

169 Ibid.

170 1952 2 SA 428 (A).

171 454.

172 1954 1 SA 147 (A).

173 1916 AD 194.

174 206.

175 1972 1 SA 761 (A).

176 767.

177 768.

178 1984 1 SA 1 (A) 16–7.

179 1985 3 SA 686 (A) 701.

180 1988 1 SA 243 (A) 253.

181 2001 4 SA 551 (HHA) 601.

182 26. Sien Randcoal Services Ltd v Randgold and Exploration Co Ltd 1998 4 SA 825

(HHA) 841; Golden Fried Chicken (Pty) Ltd v Sirad Fast Foods CC 2002 1 SA 822 (HHA)

826.

183 McCormick (1932:365).

165
184 Zeffertt en Paizes (1986:15–6).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

185 Soos die feit dat die reël sekerheid tot gevolg het, dat dit die onskendbaarheid (“sanctity”)

van die skriftelike kontrak beskerm, dat dit onnodige en tydrowende litigasie ontmoedig en

dat dit bedrog verhoed.

186 Zeffertt en Paizes (2009:345).

187 Schwikkard en Van der Merwe (2009:39).

188 1975 4 SA 838 (T).

189 840.

190 Wigmore on evidence par. 2425 (eie kursivering). Met goedkeuring aangehaal in die

bekende saak National Board (Pretoria) (Pty) Ltd v Estate Swanepoel 26 supra n. 162.

191 Zeffertt en Paizes (1986:2).

192 Corbin (1960:par 573).

193 Williston (1961:par. 610, 618).

194 Zeffertt en Paizes (1986:4).

195 Calamari en Perillo (1970:109).

196 Die Engelse en Suid-Afrikaanse reg word afsonderlik bespreek, aangesien die

ontwikkeling van die toepassing van die reël in die twee jurisdiksies verskillend plaasgevind

het.

197 1833 5 B&Ad 58.

198 64.

199 1924 1 Ch 287.

200 295.

201 1842 8 ER 450.

202 Lewison (2004:72).

203 Ibid.

204 1935 NZLR 129.

166
205 1901 2 KB 215.

206 1959 Ch 129.

207 1979 QB 467.

208 Lewison (2004:73).

209 1866 6 E&B 370.

210 1836 1 M&W 466.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

211 Lewison (2004:80–1), met verwysing na McGrath v Shah 1987 57 P&CR 452,

Deepak Fertilisers and Petrochemical Corp v Davy McKee 1999 1 All ER (Comm) 69

en InntrepeneurPub Co v East Crown 2000 2 Lloyd’s Rep 611, wys daarop dat die insluiting

van so ’n beding getuienis uitsluit van enige kollaterale ooreenkoms asook van enige

getuienis om aan te toon dat die kontrak deels mondeling, deels skriftelik aangegaan is.

212 Lewison (2004:71).

213 1896 2 QB 59.

214 Fung Ping Shan v Tong Shun 1918 AC 403; Homburg Houtimport BV v Agrosin Ltd 2003

2 WLR 711.

215 Ogilvie v Foljambe 1817 3 Mer 53; Freeguard v Rogers 1999 1 WLR 375

(CA); Partridge v Lawrence 2003 EWCA Civ 1121.

216 Clifford v Turrell 1841 1 Y&C Ch Cas 138; Turner v Forwood 1951 1 All ER 746.

217 Nassar (1995:538).

218 1976 1 WLR 1078.

219 Supra n. 206.

220 Supra n. 218.

221 Poole (2006:211).

222 1874 LR 9 QB 210.

223 1835 3 Ad & El 355.

224 371.

167
225 1879 4 CPD 450.

226 1920 1 Ch 411.

227 1957 3 All ER 265.

228 Supra n. 225.

229 276.

230 1982 3 All ER 801.

231 807.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

232 Eerste program, Law com. No. 1, item 1; Eerste jaarverslag, 1965–1966, Law com. No. 4,

par. 31.

233 Agtste jaarverslag, 1972–1973, Law com. No. 58, par. 3–5.

234 The English Law Commission (Law com. No. 154) (1986) par. 1.1.

235 The English Law Commission (Law com. No. 70) (1976) par. 21.

236 Werkstuk 154 par. 1.3

237 Sien die bylaag tot werkstuk 154, 31 vir ’n lys van persone wat kommentaar gelewer het

op werkstuk 70.

238 Werkstuk 154 par. 1.2.

239 Werkstuk 154 par. 2.7.

240 Sien die bespreking in par. 2.8–2.16 van werkstuk 154.

241 Werkstuk 154 par. 2.17.

242 Werkstuk 154 par. 2.44.

243 Werkstuk 154 par. 2.45.

244 Sien par. 3.1–3.6 van werkstuk 154.

245 Sien die opmerking in werkstuk 154 par. 3.7: “The above are but some examples of the

impossibility, as we see it, of drafting unambiguous and helpful legislation in this field. If we

had a comprehensive code of civil evidence, the simple absence of a parol evidence rule

would solve the problem. But a single statement divorced from its context, as it needs must

168
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

be in the absence of a statutory code, is likely, at best, to be as confusing as clarifying. We

hope that this report will itself go some way towards clarifying the law and that a process of

re-educating, if necessary, is a more satisfactory means of achieving justice than any attempt

to legislate.”

246 CA 25 September 1987 (ongerapporteer).

247 1986 2 Lloyd’s Rep 44.

248 47.

249 Ibid. Alhoewel daar nie fout gevind kan word met hierdie redenasie nie, neem dit nie die

werking van standaardbedingkontrakte voldoende in ag nie.

250 1986 7 NSWLR 170.

251 Zuppi (2007:243).

252 1941 AD 43.

253 47.

254 1980 3 SA 927 (A).

255 943.

256 Supra n. 254.

257 944.

258 Zeffertt en Paizes (2009:348).

259 Schmidt (1982:595). Sien ook Barnett v Van der Merwe 1980 3 SA 606 (T) 609.

260 Schmidt (1982:595).

261 1952 1 SA 513 (A).

262 539. Sien ook Avis v Verseput 1943 AD 331, 380 en, in die algemeen, Slabbert, Verster en

Malherbe (Bloemfontein) Bpk v De Wet 1963 1 SA 835 (O) 837–8; Capital Building Society v

De Jager 1963 3 SA 381 (T);Smit v Walles 1985 2 SA 189 (T) 196–8.

263 Supra n. 254.

264 945.

169
265 Schmidt (1982:594).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

266 Sien bv. Du Plessis v Nel supra n. 261; Buckley v Vosloo 1970 4 SA 159 (OK); Prudential

Shippers SA Ltd v Tempest Clothing Co (Pty) Ltd 1976 4 SA 75 (W) 82.

267 Vgl. Du Plessis v Nel 538 supra n. 261.

268 Sien bv. Schoeman v Botha 1968 1 SA 637 (T). Vgl. ook Louw v Central Motors

(Vivgrey) (Pty) Ltd 1951 3 SA 461 (T).

269 Vgl. Barkhuizen v Jackson 1957 3 SA 57 (T) 58.

270 1968 3 SA 195 (A).

271 204. Sien ook art. 2(1) van die Wet op Vervreemding van Grond 68 van 1981 wat bepaal:

“Geen vervreemding van grond na die inwerkingtreding van hierdie artikel is, behoudens die

bepalings van artikel 28, van krag nie tensy dit vervat is in ’n vervreemdingsakte wat deur die

partye daarby of deur hulle agente, handelende op hulle skriftelike gesag, onderteken is.”

272 Du Plessis v Van Deventer 1960 2 SA 544 (A) 551.

273 Sien die bespreking supra par. 3.

274 Zeffertt en Paizes (1986:5).

275 Ibid.

276 Calamari en Perillo 110.

277 Schmidt (1982:596–7).

278 Schwikkard en Van der Merwe (2009:39).

279 Zeffertt en Paizes (2009:351).

280 1975 4 SA 838 (T).

281 840.

282 Sien bv. Union Government (Minister of Finance) v Chatwin 1931 TPD 317; Baker v

Afrikaanse Nasionale Afslaers en Agentskap Maatskappy (Eiendoms) Beperk 1951 3 SA 317

(A); Netherlands Bank of SA v Stern 1955 1 SA 667 (W); Reilly v Seligson and Clare

Ltd 1977 1 SA 625 (A); Du Plessis v Van Deventer 1960 2 SA 544 (A);Slabbert, Verster en

Malherbe Bpk v De Wet 1963 1 SA 835 (O); Otto v Heymans 1971 (4) SA 148 (T).

283 Sien bv. Frank v Ohlsson’s Cape Breweries Ltd 1924 AD 289.

170
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

284 Sien bv. Dawson v Cape Times Ltd 1962 CPD 144; Janowski v Evans 1978 3 SA 16

(O); Munnik and Munnik v Sydney Clow & Co Ltd 1965 4 SA 313 (T); Williams v

Evans 1978 1 SA 1170 (K); Kok v Osborne 1993 4 SA 788 (SO) 796; Noffke v Credit

Corporation of South Africa Ltd 1964 3 SA 451 (T).

285 Sien bv. Cohen v Commissioner for Inland Revenue 1948 4 SA 616 (T); Moodley v

Moodley 1991 1 SA 358 (N); Fisher v Schlemmer 1962 4 SA 651 (T); Beaton v Baldachin

Bros 1920 AD 312; Kroukamp v Buitendag 1981 1 SA 606 (W).

286 Sien bv. Avis v Verseput 1943 AD 331; Brink v Botha 1943 KPD 176; Lampbrechts v

Burger 1955 1 SA 476 (T); Du Plessis v Nel supra n. 261; Veenstra v Collins 1938 TPD

458; Joubert v Steenkamp 1909 TS 169.

287 Sien bv. SA Sentrale Ko-op Graanmaatskappy Bpk v Shifren 1964 4 SA 760 (A); Pelser v

Smith 1979 3 SA 687 (T); Oceanair (Natal) Pty Ltd v Sher 1980 1 SA 317 (D) 324; Brisley v

Drotsky 2002 4 SA 1 (HHA); Impala Distributors v Taunus Chemical Manufacturing Co

(Pty) Ltd 1975 3 SA 273 (T); Barnett v Van der Merwe 1980 3 SA 606 (T); Van As v Du

Preez 1981 3 SA 760 (T).

288 Sien bv. Stiglingh v Theron; Philmatt (Pty) Ltd v Mosselbank Developments CC; Wilson v

Cape Town Stevedoring Co 1916 CPD 540; Cohen & Sons v Lockett 1916 TPD 51; Thiart v

Kraukamp 1967 3 SA 219 (T);Johnston v Leal supra n. 254; Sealed Africa (Pty) Ltd v

Kelly 2006 3 SA 65 (W).

289 Sien bv. Steenkamp v Webster 1955 1 SA 524 (A); Bacon v Cooper 1910 WLD 311; Cook

v Aldred 1909 TS 150; Kruger v Rheeder 1972 2 SA 391 (O); Mineworkers’ Union v

Cook 1959 1 SA 709 (W); Muller v Pienaar 1968 3 SA 195 (A).

290 Sien bv. Tesven CC v South African Bank of Athens 1999 4 All SA 396 (A); Weinerlein v

Goch Buildings Ltd1925 AD 282; Venter v Liebenberg 1954 3 SA 333 (T); Mouton v

Hanekom 1959 3 SA 35 (A); Schoeman v Nieuwoudt 1971 4 SA 161 (O); Vogel v

Volkersz 1977 1 SA 537 (T); AXZS Industries v AF Dreyer (Pty) Ltd 2004 4 SA 186 (W).

291 Schmidt (1982:602).

292 Sien die aanhaling van Johnston v Leal supra n. 254. Sien ook Brink v Botha 1943 KPD

176; Lampbrechts v Burger 1955 1 SA 476 (T).

293 Supra n. 38.

294 ’n Soortgelyke saak was Lampbrechts v Burger supra n. 287waar die hof getuienis

toegelaat het van ’n mondelinge ooreenkoms dat’n bepaalde bedrag wat betaalbaar was op

grond van ’n skriftelike ooreenkoms opeisbaar sou wees slegs indien die skuldeiser die

skuldenaar se kinders gratis by hom sou laat loseer het.

171
295 Clifford v Turrel 1845 1 Y&C Ch Cas 138; Zeffertt en Paizes (1986:28).

296 1951 1 All ER 746.

297 397.

298 337-8 supra n. 38.

299 Zeffertt en Paizes (1986:28).

300 Tapper (1995:771).

301 1952 1 SA 513 (A) 535.

302 Zeffertt en Paizes (2009:354).

303 Conradie v Rossouw 1919 AD 279.

304 Supra n. 38.

305 Zeffertt en Paizes (2009:354).

306 100 ER 685.

307 Avis v Verseput 378 supra n. 38 (my kursivering).

308 379 (my kursivering).

309 Supra n. 296.

310 Zeffertt en Paizes (1986:29).

311 Zeffertt en Paizes (1986:30).

312 Avis v Verseput 379 supra n. 38.

313 Supra n. 296.

314 Zeffertt en Paizes (1986:30).

315 Zeffertt en Paizes (2009:355).

316 Supra n. 286.

317 461.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

172
318 Zeffertt en Paizes (2009:355).

319 Zeffertt en Paizes (1986:32).

320 1854 All ER 1304.

321 1909 TS 169.

322 Christie (2006:201).

323 Christie (2006:198–9) (my vertaling).

324 Supra n. 38.

325 Sien bv. Joubert v Steenkamp supra n. 286.

326 Christie (2006:200).

327 Supra n. 306.

328 Christie (2006:200–1).

329 Christie (2006:201).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

330 1771 95 All ER 1053 (aanvaar deur Van den Heever AR in Du Plessis v Nel 537-

8 supra n. 261).

331 1875 32 LT 320 (aanvaar in Bodenstein v Frankfurth 1928 TPD 210, 214, 215–6; Cross v

Ferreira 1950 3 SA 443 (K); Du Plessis v Nel 537-8 supra n. 261).

332 1873 23 LT 449 (aanvaar in Cross v Ferreira 451 supra n. 331).

333 Joubert v Steenkamp supra n. 286; Dunbar v Escombe Avenue Nursing Home 1921 WLD

45, 50–1; Le Riche v Hamman 1946 AD 648, 652–3; Cross v Ferreira supra n. 331; Gerber v

Naude 1971 3 SA 55 (T);Bodenstein v Frankfurth supra n. 331; Den v Barnetson 1913 SR

165, 168.

334 Supra n. 261.

335 538.

336 Supra n. 286.

337 Zeffertt en Paizes (1986:32–3).

338 Sien die bespreking supra par. 3.2.3.2.

173
339 Sien die bespreking supra par. 3.1.

340 Poole (2006:212).

341 McKendrick (1990:113).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

342 Furmston (2001:139). Collins (2003:225) steun hierdie standpunt waar hy verklaar dat die

howe tans verskeie tegnieke aanwend om die werking van die integrasiereël te vermy en dat

’n party gevolglik byna nooit verhinder sal word om ekstrinsieke getuienis van ’n

voorafgaande of gelyktydige ooreenkoms aan te bied nie. Met verwysing na die beslissing

in J Evans & Son (Portsmouth) Ltd v Andrea Merzario Ltd supra n. 213 verklaar hy dan ook

dat “the decision in practice eliminates the parol evidence rule from English law”.

343 Beatson (2002:133–4).

344 Sien die bespreking supra par. 3.1.

345 Schmidt en Rademeyer (2000:18).

346 Sien Van der Linde v Calitz 944-5 supra n. 149; Papenfus v Transvaal Board for the

Development of Peri-Urban Areas 1969 2 SA 66 (T) 69; Rusmarc SA (Pty) Ltd v Hemdon

Enterprises (Pty) Ltd 630 supra n. 149; S v Naicker 932-3 supra n. 149.

347 Schmidt en Rademeyer (2000:21).

348 Kerr (1965:170). Vir kritiek op Kerr se standpunte sien Kahn (1965:526).

349 1997 1 SASV 38 (W).

350 43.

351 Sien die bespreking supra par.3.1.1 van City and Westminster Properties (1934) Ltd v

Mudd supra n. 206;Long v Millar supra n. 225; Stokes v Whicher supra n. 226en Timmins v

Moreland Street Property Co Ltd supra n. 227.

352 Supra n. 254.

353 Supra n. 38.

354 Supra n. 261.

355 Sien die bespreking supra par. 2.4.

356 ’n Ooreenkoms tussen ’n regspraktisyn en sy kliënt ingevolge waarvan betaling van die

regspraktisyn se fooi afhanklik is van die sukses van die ingestelde aksie. Indien die aksie

174
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

suksesvol is, is die regspraktisyn gewoonlik dan geregtig op ’n hoër fooi as normaalweg, wat

meestal as ’n persentasie van die eisbedrag wat suksesvol verhaal is, uitgedruk word.

357 Projek 93.

358 33–4 van die verslag.

359 66 van 1997.

360 Artt. 1 en 2.

361 2004 6 SA 66 (HHA).

362 82.

363 Scott (2004:477).

364 Ibid.

175
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Postvonnis-regte en verwagtinge van slagoffers en

oortreders in geweldsmisdade met verwysing na die

rolprent The secret in their eyes

Opsomming

Annette van der Merwe

Annette van der Merwe, Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van Pretoria

Suid-Afrikaanse slagoffers van gewelddadige misdade soos verkragting en moord kan tans

verwag dat lewenslange gevangenisstraf as die swaarste moontlike vonnis aan hul oortreders

opgelê word. Na vonnisoplegging is die werklike termyn van aanhouding wat uitgedien moet

word, nie net vir die oortreder van belang nie, maar ook vir die slagoffer.

Die Argentynse rolprent The secret in their eyes gee ’n treffende illustrasie van die verraad

wat ’n agterblywende wewenaar ervaar wanneer die staat versuim om sy verpligting na te

kom om sy vrou se moordenaar regmatig te straf. In sy strewe na geregtigheid word hy self ’n

lewenslange slagoffer. Die rolprent bring die regte van slagoffers en oortreders tydens die

postvonnis-fase op die voorgrond. Hierdie fase word ondersoek met spesifieke verwysing na

slagoffers se redelike verwagtinge van die staat, bemagtiging deur middel van hul regte

(byvoorbeeld die reg om inligting relevant tot paroolbesluite te verskaf), en die

ondersteuningstrukture tot hul beskikking om die effek van geweldsmisdaad aan te spreek.

Daarbenewens word die regte van oortreders wat lewenslange vonnisse uitdien, beoordeel,

soos die reg op waardigheid en menslike interaksie, asook die reëls met betrekking tot die

vonnistermyn en paroolvergunning. Die rolprent bekragtig die motivering onderliggend aan

’n kultuur van regte vir beide slagoffers en oortreders. Daarby word die wesenlike spanning

tussen die regte van beide partye en die dwingende vereiste om ’n balans tussen die twee te

vind, geïllustreer. Die artikel wys uit dat wanneer regsteks in formele onderrig deur die

gebruik van rolprentmateriaal gekontekstualiseer word, die opleiding en begrip van

regstudente aangevul en verskerp kan word. *

Trefwoorde: geweldsmisdaad; impakverklarings; lewenslange gevangenisstraf; menseregte;

oortreders; oudiovisuele materiaal; parool; postvonnis-fase; regsopleiding; slagofferregte;

vonnis.

176
Abstract

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Post-sentence rights and expectations of victims and offenders of violent crimes with

reference to the film The secret in their eyes

In this article the storyline and facts in the Argentinean film The secret in their eyes are used

to highlight and evaluate certain aspects of the criminal justice system. The focus is on those

aspects which are, after conviction of a violent crime, of import to both victim and offender,

namely the sentence imposed and the actual term of incarceration to be served. The current

position under South African law is investigated in the event where a murderer, unlike the

one in the film, had been sentenced to life imprisonment under a democratic dispensation.

The post-sentence phase is examined, with reference to victims’ legitimate expectations from

the state, their empowerment through rights (such as the rights to receive and provide

information concerning parole proceedings), and available support structures to address the

effects of violent crime. In addition, the rights of offenders serving life sentences, such as the

right to dignity and human interaction, as well as the rules pertaining to sentence duration and

parole, are evaluated. Lastly, it is highlighted how the use of film, such as The secret in their

eyes, may enrich legal education by supplementing legal text with the fictionalised

application of (or disregard for) laws and rules in humanised settings.

The secret in their eyes depicts a young husband (Morales) who loses his beloved wife

(Liliana Colotto de Morales) through the commission of a brutal rape and murder. Although

the matter is initially handled as a cold case, the police investigation resumes on the

insistence of the federal agents involved (Esposito and his assistant, Sandoval). They identify

a suspect named Gomez, who was driven by jealousy to rape and murder Liliana. Through

perseverance and grit they succeed in arresting Gomez, who finally confesses and is

sentenced to life imprisonment. The backdrop to the movie is the political corruption in

Argentina during the mid-1970’s when the fascist regime could interfere in the legal process

and disregard individual freedom and transparency. Clandestine operations, corruption and

power play between role players in the criminal justice system give rise to the unexpected

early release of Gomez and his appointment in a security capacity to the presidency of

Argentina. Esposito and his assistant are astonished and powerless, but nothing is revealed at

this point about Morales’s reaction and feelings.

A retired Esposito revisits the case after 25 years to complete his first novel. In the process of

seeking a more fitting ending he seeks out Morales where he is leading a quiet, rural life.

What he finds is the twist in the tale. In the closing scenes of the film Esposito leaves

Morales’s home puzzled and decides to return stealthily. He watches Morales taking food to

an outbuilding where he then finds an aged, incarcerated and worn Gomez. The film makes it

evident that by removing the values of dignity, hope and human interaction and by pursuing

revenge, Morales not only deprived his prisoner of his humanity, but he himself became a

victim for life. The visual images and words are haunting, especially when Gomez begs

Esposito to ask Morales to at least talk to him, to which Morales lifelessly responds: “You

said it would be life.” These images poignantly portray a prisoner and his “warden” who are

177
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

both left without any hope for the future. In watching the dilemma of Morales and Gomez the

viewer cannot help but feel equal empathy for both of them.

The events in The secret in their eyes provide particular insight into the human experience of

both Morales and Gomez. Morales believed he has been betrayed by the criminal justice

system and expected Gomez to “pay back” for the murder of his young wife by suffering

himself. It is evident that he felt that justice could be achieved only by inflicting appropriate

harm in terms of degree and length (thereby taking life imprisonment literally). By taking the

life of his wife, Gomez owed him his life.

The actions of Morales, following the unjustified early release of Gomez, raise a number of

issues relating to the expectations and misconceptions of victims pertaining to the sentence of

“their” perpetrators.

In addition to Morales’s position the film highlights the contrast between the lawful

implementation of life imprisonment (as executed by the state) versus the situation where a

victim, obsessed with vengeance, takes the law into his or her own hands. This scenario raises

awareness of human rights imperatives underlying lawful incarceration (had the sentence of

life imprisonment run its full term).

In its duty to protect citizens’ individual rights in the criminal justice system the state should

put adequate sanctions in place. Life imprisonment is currently prescribed as the sentence for

crimes such as murder and multiple rape, yet a lesser sentence may be imposed when

substantial and compelling circumstances exist (section 51(3) of the Criminal Law

Amendment Act 105 of 1997). Crime victims thus know only on the day of the sentencing

judgment whether the prescribed sentence will be deviated from and what the sentence is that

is deemed by the court to be proportionate to the crime committed against them. When life

imprisonment is imposed it is important that victims and immediate family should understand

its implications and consequences. Section 299A of the Criminal Procedure Act 51 of 1977

places judicial officers in a position to spend time with them, when present in court, not only

to address their right to be present at future parole hearings, but also to ensure that they

understand the sentencing process, their role in it, and relevant factors that influence the

court’s decision.

The rights awarded in section 299A allow victims of violent crimes and their immediate

family to be informed about and to be involved in parole hearings by making representations

relating to an impact statement, a statement of opposition, and recommendations on possible

parole conditions. It is significant that instructions to the board and its personnel go further

than the mere provision of information, as it is also instructive of a sympathetic and

supporting attitude and approach towards complainants and family members. However,

training in skills such as listening, and knowledge of victimology and psychology seem to be

essential before they can perform their task in this new paradigm. Despite criticism of these

innovations, the acknowledgment of victims’ interest in release procedures and respect for

their feelings can contribute to upholding their dignity and offering them a voice, and may

178
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

achieve justice in another sense. Had the sentence run its full course, Morales would have had

a choice to be informed about, and to participate in, the parole proceedings of Gomez.

Moreover, he would also have been informed of any escapes or transfers.

Being a victim of violent crime is a traumatic event. If this trauma is not addressed it can

cause the victim to suffer from post-traumatic stress disorder (PSD) on a long-term basis.

Counselling of bereaved families after the murder of a relative is not always prioritised, as it

should be. Proper support for victims of serious crime remains critical and in the absence

thereof “the sting in the memory” of the wrong will often remain, which in turn can poison a

person’s entire existence.

Life without parole violates an offender’s right not to be treated or punished in a cruel,

inhuman and degrading way, as well as the right to human dignity. The guiding constitutional

principle regarding the concept of ubuntu further underscores the recognition and furtherance

of the dignity and wholeness of all people. No sense of well-being can be experienced in

permanent isolation without human interaction and visitation rights.

Life-term offenders sentenced after 1 October 2004 become eligible for parole only after 25

years, as opposed to 20 years for those sentenced before this date. Correctional supervision

and parole boards are constituted in a representative manner and, based on a case

management system, objective guidelines must be followed in decision-making. In a

democratic dispensation, Gomez, a young man at the time of sentencing, would, on

assumption that his sentence had run its full course, have been released on full or day parole

either after 20 or 25 years. Notwithstanding, Gomez’s own health might have played a role in

effecting release before the expiry of the above terms, as medical parole remains an option to

all offenders. Furthermore, even under a democratic dispensation, covert political motives

may influence the decision surrounding early release. In any event, the future of Gomez

would not have been determined by Morales’s need for revenge. Gomez would have been

able to retain a measure of hope – to be released from prison based on future objective

evaluation.

The secret in their eyes provides a poignant illustration of the betrayal experienced by a

widower when the state fails to fulfil its obligation to ensure proper execution of the

perpetrator’s sentence, and in the pursuit of justice he himself becomes a lifelong victim. The

film raises awareness with regard to the rights of victims and offenders during the postsentence

phase. It not only reaffirms the rationale underpinning a rights culture for both

victims and offenders, but also illustrates the inherent tension between rights of victims and

offenders in this phase and the acute need to strike a balance.

Keywords: audio-visual material;human rights; impact statements; legal education; life

imprisonment; offenders; parole; post-sentence phase; sentence; victims’ rights; violent crime

179
1. Inleiding

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In hierdie artikel word die storielyn en feite in die Argentynse Oscar-bekroonde

misdaadriller The secret in their eyes aangewend om sekere aspekte van die strafregstelsel te

belig en te beoordeel. Die fokus word geplaas op die aspekte na skuldigbevinding wat van

belang is vir beide die slagoffer en oortreder in geweldsmisdaad, naamlik, vonnisoplegging

en die effektiewe termyn van opgelegde gevangenisstraf. Die posisie in die Suid-Afrikaanse

reg word ondersoek sou die moordenaar, anders as in die rolprent, gevonnis word tot

lewenslange gevangenisstraf in ’n demokratiese staat. Die kwessies waarop gefokus word,

sluit in slagoffers se redelike verwagtinge met betrekking tot strafoplegging deur die staat,

hul bemagtiging deur die toekenning van regte (soos deelname tydens paroolverhore), die

noodsaaklikheid van berading na blootstelling aan geweldsmisdaad, asook die regte van

oortreders wat lewenslange gevangenisstraf uitdien. Daar word gepoog om vas te stel watter

regte van toepassing sou wees met betrekking tot die scenario wat in die rolprent uitgebeeld

word en, indien wel, op welke manier hierdie bepalings binne ’n menseregte-stelsel ’n verskil

sou gemaak het aan die ervarings van die slagoffer en die oortreder in die rolprent. Laastens

word die bruikbaarheid van rolprentmateriaal soos The secret in their eyes in die opleiding

van regstudente kortliks uitgelig.

2. ’n Oorsig van The secret in their eyes

The secret in their eyes vertel die verhaal van ’n jong man (Morales) wat, kort nadat hy

getroud is, sy vrou (Liliana Colotto de Morales) verloor na ’n wrede verkragting en moord.

Die saak is aanvanklik onopgelos, maar die polisie-ondersoek word hervat op aandrang van

die federale agente wat betrokke is (Esposito en sy assistent, Sandoval). As gevolg van hul

insig in menslike gedrag, asook vindingryke en volgehoue speurwerk, identifiseer hulle ’n

verdagte met die naam Gomez. Na bestudering van ou foto’s glo die speurders dat Gomez,

wat grootgeword het in dieselfde dorp as Liliana, in die geheim op haar verlief was. Toe hy

ontdek dat sy getroud is, word hy aangevuur deur jaloesie om haar te verkrag en te vermoor.

Deur volharding en durf slaag die agente daarin om Gomez te arresteer; hy lê uiteindelik ’n

bekentenis af en word tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die rolprent speel af teen die agtergrond van politieke korrupsie in Argentinië gedurende die

middel-1970’s, toe die fascistiese regering in die regsproses kon inmeng en individuele

vryheid en deursigtigheid kon misken. 1 Onderduimse gekonkel, korrupsie en magspel tussen

die rolspelers in die strafregstelsel gee aanleiding tot die onverwagte vroeë vrylating van

Gomez en sy aanstelling in ’n sekuriteitshoedanigheid vir die president van Argentinië.

Esposito en sy assistent is geskok en magteloos, maar niks word nog tot dusver oor Morales

se reaksie en gevoelens geopenbaar nie.

’n Afgetrede Esposito besluit om 25 jaar later weer na die saak te verneem om sodoende sy

eerste roman te voltooi. Nog geboei deur die geval, spoor hy vir Morales op waar hy ’n

180
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

oёnskynlik rustige lewe in die platteland lei. Sy bevindinge sorg dan vir ’n wending in die

verhaal.

In die slottonele van die rolprent verlaat Esposito onverrigter sake die huis van Morales, maar

besluit om in die geheim terug te keer. Hy sien hoe Morales kos na ’n buitegebou neem waar

’n bejaarde, afgematte Gomez opgesluit is. Die rolprent maak dit duidelik dat Morales self ’n

lewenslange slagoffer geword het terwyl hy deur wraaksug sy gevangene van

menswaardigheid, hoop en menslike interaksie ontneem het. Die visuele beelde en woorde

bly ’n mens by ten spyte van kritiek dat dit grotesk en vreemd is, 2 veral wanneer Gomez

Esposito smeek om Morales te oorreed om ten minste met hom te praat. Morales reageer net

leweloos met die woorde: “Jy het gesê dit sou lewenslank wees.” Dit is ’n aangrypende toneel

van ’n gevangene en sy “opsigter” wat beide sonder enige hoop vir die toekoms gelaat word.

The secret in their eyes bied besondere insigte in die menslike ervaring van beide Morales en

Gomez na aanleiding van die moord op Morales se vrou. Morales glo hy is verraai deur die

strafregstelsel wanneer Gomez, kort nadat hy gevonnis is, sonder enige gronde vrygelaat

word en verwag dat hy “moet terugbetaal” deur self te ly. Dit is duidelik dat hy van mening is

dat geregtigheid kan seëvier slegs deur voldoende skade aan Gomez te berokken in terme van

graad en tydsduur (en dus lewenslange gevangenisstraf letterlik toe te pas). 3 Hy voel dat

Gomez sy lewe aan hom verskuldig is, aangesien hy sy vrou se lewe geneem het.

Die opinie en optrede van Morales bring opnuut die verwagtinge en wanbegrip van slagoffers

ten aansien van vonnisopleggingskwessies na vore. Tydens die ondersoek sê die polisie vir

Morales dat die moordenaar waarskynlik lewenslange gevangenisstraf sal kry. Dit dra

ooglopend sy goedkeuring weg as ’n behoorlike straf en hy maak dit duidelik dat ’n

regverdige vonnis tot gevolg moet hê dat die oortreder ’n leë lewe sal lei. Sy letterlike begrip

en verwagting word egter later duidelik uit die uiterste stappe wat hy doen om “geregtigheid”

te laat geskied.

Die rolprent beklemtoon verder die kontras tussen die regmatige uitvoering van lewenslange

gevangenisstraf (soos uitgevoer behoort te word deur die staat) en die geval waar ’n slagoffer

met ’n wraaksugtige beheptheid die reg in eie hande neem. Gomez se eensame opsluiting en

sy vervalle voorkoms maak ’n mens opnuut bewus van die noodsaaklikheid van die

handhawing van onderliggende menseregtebeginsels tydens regmatige aanhouding van

gevonniste gevangenes. Die mees ooglopende beginsels wat in Gomez se aanhouding afwesig

is, is die verpligtinge met betrekking tot die handhawing van menswaardigheid, die

omstandighede van aanhouding en die behoefte aan menslike interaksie.

Die rolprent beklemtoon die rasionaal vir ’n kultuur van menseregte tydens die postvonnisfase,

nie net vir oortreders nie maar ook vir slagoffers. Die onbehoorlike gebeure in die

rolprent illustreer verder ook die inherente spanning tussen die partye se regte en die

dwingende vereiste om ’n balans tussen die twee te vind.

181
3. Slagoffers van geweldsmisdade in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel

3.1 Geldige verwagtinge van slagoffers

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Suid-Afrikaners word aan buitengewoon hoë vlakke van viktimisasie blootgestel deur

geweldsmisdade soos verkragting en moord. 4 Van Zyl Smit 5 wys daarop dat die staat ’n wye

diskresie het in die verpligting om die grondwetlike regte van sy burgers te handhaaf en dat

die straf van oortreders deur die strafregstelsel een van die opsies is om daaraan te voldoen.

Dit vereis die instelling van voldoende sanksies, wat terselfdertyd ook die staat se poging om

individuele regte in die strafregstelsel te beskerm, sal ondersteun. 6 Daar word aan die hand

gedoen dat voldoende sanksies beslis ook die behoorlike uitvoering daarvan sou insluit.

Na die afskaffing van die doodstraf in 1995 7 is lewenslange gevangenisstraf nou die swaarste

moontlike vonnis wat opgelê kan word met betrekking tot oortreders wat skuldig bevind

word aan ernstige misdade. Sekere kategorieë van verkragting en moord, met spesifieke

verswarende omstandighede, word uitgesonder deur die wetgewer as misdade waarvoor

lewenslange tronkstraf voorgeskryf word. 8 Moord met voorbedagte rade en herhaalde

verkragting, soos in die geval van die rolprent onder bespreking, val in hierdie kategorie.

Hierdie vonnisse dien egter slegs as uitgangspunt en die howe mag ’n mindere vonnis oplê in

gevalle waar “wesenlike en dwingende omstandighede” bestaan. 9 Lewenslange

gevangenisstraf word gekoppel aan die beginsel van proporsionaliteit (gegrond op al die feite

wat van toepassing is op die misdaad, die misdadiger en die openbare belang). Buitensporige

vonnisse moet vermy word, aangesien howe verplig is om onreg teenoor oortreders te

voorkom. 10

In S v Vilakazi 11 hetdie hoogste hof van appèl gewaarsku teen ’n oppervlakkige benadering in

gevalle waar minimum strawwe van toepassing is en het die korrekte benadering met

betrekking tot hierdie sake uitgelig:

From those who are called upon to sentence convicted offenders, such cases call

for considerable reflection. Custodial sentences are not merely numbers. And

familiarity with the sentence of life imprisonment must never blunt one to the fact

that its consequences are profound. 12

Dieselfde hof beklemtoon egter in S v Matyityi dat die redes vir die afwyking van die

voorgeskrewe minimum vonnisse te alle tye bo verdenking moet wees en dat howe nie moet

terugval op vae en swak-gedefinieerde faktore soos “betreklike jeugdigheid” of die willekeur

van die individuele voorsittende beampte nie: “Predictable outcomes […] is [sic]

foundational to the rule of law which lies at the heart of our constitutional order.” 13

Daar word egter aan die hand gedoen dat slagoffers van ernstige geweldsmisdade geen

manier het om die vonnis van hulle oortreders te voorspel nie. Terwyl hulle bewus kan wees

dat wetgewing ongetwyfeld lewenslange gevangenisstraf in sekere gevalle magtig (en

voorskryf) as ’n minimum vonnis vir moordenaars en verkragters, sal die finale vasstelling

182
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

van die vonnis eers op die dag van die vonnisuitspraak plaasvind. 14 Die eindvraag bly dus of

die hof sal bevind dat die misdaad wat teen hulle gepleeg is, lewenslange gevangenisstraf

verdien, of andersins dat die beskuldige ’n onreg aangedoen sou word deur die oplegging

daarvan. 15

Sodra die vonnis vasgestel word, is die werklike termyn van aanhouding wat uitgedien moet

word, 16 van die uiterste belang, nie net vir die oortreder nie, maar ook vir die

slagoffer(s). 17 Slagoffers en hul familie moet die uitwerking en gevolge van lewenslange

gevangenisstraf verstaan. Regter Satchwell toon sensitiwiteit vir hierdie behoefte in S v

M 18 deur ’n kommunikasiestrategie daar te stel om sodoende die slagoffer in te lig aangaande

die verskillende oorwegings tydens vonnisoplegging en die regsgevolge van lewenslange

gevangenisstraf. So ’n benadering moet in meer gevalle gevolg word, omrede slagoffers

heelwat kan baat by die inligting. Daar word aan die hand gedoen dat artikel 299A, 19 soos

hier onder bespreek, voorsittende beamptes in ’n posisie plaas om self aandag te gee aan

slagoffers en hul onmiddellike familielede indien hulle in die hof teenwoordig is. Hierdie

voorstel word aan die hand gedoen, nie net om die reg op deelname aan toekomstige

paroolverhore aan te spreek nie, maar ook om te verseker hulle verstaan die proses van

vonnisoplegging, die rol wat hulle daarin speel, en ander tersaaklike faktore wat ’n invloed op

die hof se besluit kan uitoefen. 20

3.2 Bemagtiging van slagoffers deur die toekenning van regte

Die huidige bespreking fokus op die regte van slagoffers wat tydens die postvonnis-fase

relevant is, naamlik die regte met betrekking tot regverdige en waardige behandeling, en die

aanbied en ontvang van inligting ten aansien van paroolverrigtinge. Vir die doeleindes van

die regte wat toegeken word ingevolge die Dienshandves vir slagoffers van misdaad in Suid-

Afrika 2007 (slagofferhandves), 21 word ’n slagoffer van misdaad breedweg omskryf as 22 ’n

persoon wat skade gely het, met inbegrip van fisiese of geestelike beserings, emosionele

lyding, ekonomiese verlies, of wesenlike aantasting van sy of haar fundamentele regte, as

gevolg van ’n handeling of late wat ’n misdryf uitmaak in ons strafregstelsel. Die

woord slagoffer sluit ook, waar toepaslik, die onmiddellike familie of afhanklikes van die

betrokke slagoffer in.

In ’n poging wat gerig is op die bemagtiging van slagoffers in die algemeen tydens hul

blootstelling aan die verskillende prosesse in die strafregstelsel, word sekere regte in die

slagofferhandves aan hulle toegeken. Die motivering vir die beklemtoning van slagoffers se

regte deur middel van ’n handves is om gelykheid van grondwetlike regte en vryhede vir

beide oortreders en slagoffers te bevorder. 23 Verder word erkenning verleen aan die ernstige

uitwerking van misdaad en die potensiaal daarvan om die menseregte van slagoffers te skaad.

Regter Ponnan 24 beklemtoon dat ’n verligte en regverdige strafbeleid nie net die oorweging

van ’n wye verskeidenheid vonnisopsies vereis nie, maar ook die toepassing van ’n

slagoffergesentreerde benadering. Klem op meer doeltreffende bystand vir en integrasie van

slagoffers in die strafregstelsel herbevestig die demokratiese waarde van menswaardigheid:

“It enables us […] to vindicate our collective sense of humanity and

183
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

humaneness.” 25 Onlangse wetgewing 26 en riglyne 27 verskaf ook ’n statutêre platform wat

slagofferbetrokkenheid en waardes bevorder, soos die herstel van verhoudings 28 en die

aanspreek van skade. 29

Anders as die posisie met betrekking tot die gebruik van slagofferimpakverklarings tydens

die voorvonnis-fase 30 word deelname deur die slagoffers of hul onmiddellike familie vir die

doeleindes van paroolbesluite slegs in geval van geweldsmisdade toegelaat. Artikel 299A van

die Strafproseswet 51 van 1977 verleen die reg aan ’n klaer, of ’n onmiddellike familielid,

om (in die geval van ’n moordsaak, soos in die rolprent), vertoë te rig of enige sitting by te

woon met betrekking tot die beskuldigde se toekomstige paroolverhore. 31 Wanneer die

onmiddellike familielid van die oorledene aanwesig is tydens vonnisoplegging, moet die hof

hom of haar dienooreenkomstig in kennis stel.

Indien die familielid van voorneme is om bogenoemde reg uit te oefen, het hy of sy ’n plig (i)

om die kommissaris van korrektiewe dienste skriftelik daarvan in kennis te stel; (ii) om die

kommissaris skriftelik van sy of haar pos- en straatadres te voorsien; en (iii) om die

kommissaris skriftelik in kennis te stel van enige verandering van adres. 32 Die kommissaris

moet die betrokke paroolraad (die raad) dienooreenkomstig inlig en laasgenoemde moet die

betrokke persoon skriftelik in kennis stel wanneer en aan wie hy of sy vertoë kan rig, of

wanneer en waar ’n byeenkoms sal plaasvind. 33 Die kontakbesonderhede van die familielid

moet vertroulik gehou word en slegs gebruik word vir kontakdoeleindes deur die

raad. 34 Deelname aan raadsverhore mag te eniger tyd versoek word gedurende die oortreder

se termyn van gevangenisstraf. 35 Die familie mag te eniger tyd besluit om bygestaan te word

deur ’n regsadviseur. 36

Die formaat van die verklarings wat by die raad gemaak kan word, kan wissel. Insette tydens

die verhoor mag mondeling, skriftelik, of deur klank- of video-opname gemaak word. 37 Die

verklaring kan verder bestaan uit ’n impakverklaring, ’n opponerende verklaring, en/of

aanbevelings oor moontlike paroolvoorwaardes. Laasgenoemde twee opsies moet verwys na

die risiko waaraan die klaer of familie blootgestel sou word na afloop van die vrylating van

die oortreder. 38 Die impakverklaring maak voorsiening vir ’n beskrywing van die fisiese,

finansiële en emosionele gevolge wat die misdryf op die onmiddellike familie gehad het. 39 In

die geval van die rolprent sou die persoonlike nagevolge van Liliana se dood op Morales,

haar ouers, broers en susters, en kinders (indien enige), dus by die verhoor voorgelê kon

gewees het. Die voorsitter van die raad kon ook versoek het dat Morales sy verklaring

verduidelik om sodoende nuttige en toepaslike inligting te bekom ten opsigte van die

betrokke besluit. 40

Om waningeligte verwagtinge te voorkom, adviseer die raad enigiemand wat vertoë aan hulle

rig, dat slagofferinspraak slegs een van verskeie faktore sal wees wat oorweeg word om ’n

finale ewewigtige besluit te neem. 41

Alhoewel hierdie bepalings beslis voorsiening maak vir ’n meer formele rol met betrekking

tot slagoffer- en familiebetrokkenheid in paroolverhore, het sodanige deelname geen

184
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

beslissende invloed op die uitkoms nie. Die motivering hiervoor is dat die familie van die

oorledene nie onpartydig sou wees nie, en daarom nie neutraal en regverdig sou handel in die

evaluering van al die ander faktore wat toepaslik is op die paroolraad se besluit nie.

Die uitkoms, asook al die voorwaardes wat opgelê word, moet gekommunikeer word. Sou dit

nodig wees om die oortreder te verhoed om ongewenste kontak met die familie te hê, kan die

raad sodanige bepalings insluit. Deur te kies om op hoogte gehou te word van die

beskuldigde se uitdiening van die vonnis, sal die familie ook in kennis gestel word van enige

ontsnapping uit bewaring en oorplasings na ander gevangenisse. 42

Verder moet daarop gelet word dat die voorsitter opdrag gegee is om die behoeftes en

belange van familielede aan te spreek, om sensitief teenoor die klaer te wees, en om met

medelye en deernis op te tree gedurende interaksie met die familie. 43 Ander aspekte wat na

verwagting nagekom moet word, verwys na die identifisering van die slagoffer se vermeende

en werklike vrese (en die aanspreek daarvan) en, indien nodig, om ondersteuning in die vorm

van begeleiding toe te staan. Die slagoffer en familie moet voorsien word van omvattende

inligting wat verband hou met die saak, die paroolverhoor self en die rol wat hulle daarin

speel, en ’n personeellid moet aangestel word om hulle by te staan.

Dit is betekenisvol dat bogenoemde instruksies aan die raad en sy personeel verder strek as

net die blote verskaffing van inligting. Daar is ook ’n voorskrif ten opsigte van hul houding

en benadering jeens klaers en familielede. Om aan hierdie standaarde te voldoen, vereis

spesifieke vaardighede, soos om ’n goeie luisteraar te wees en om kennis van viktimologie en

sielkunde te hê. Opleiding blyk noodsaaklik te wees alvorens hulle die funksies binne hierdie

nuwe bedeling doeltreffend kan verrig. Die uitdaging sou egter wees om die nodige kopskuif

te maak.

Slagofferbetrokkenheid op hierdie skaal is nie ’n internasionaal-erkende praktyk 44 nie en

betrokkenheid tydens parool is eers in 2003 in Suid-Afrika geformaliseer, met riglyne wat in

2006 gevolg het. Die oortredings van voorafbeplande moord en herhaalde verkragting lok

gewoonlik ’n lang termyn van gevangenisstraf uit en dit kan dalk te vroeg wees om die effek

van hierdie bepalings behoorlik te evalueer. Navorsing moet gedoen word ten einde kennis en

insig te verkry aangaande die houdings van slagoffers en onmiddellike familielede teenoor

hierdie vernuwinge.

Hierdie nuwe benadering is beslis oop vir kritiek en vrae is reeds geopper in verband met

soortgelyke praktyke. Vrae hou verband met hoe slagoffers heimlik oorreed word om oor die

algemeen saam te werk in die strafregstelsel, hoe hulle moontlik deur politici gebruik kan

word in die bevordering van hul eie strewes, en of terapeutiese resultate nie elders gesoek

moet word nie. 45 Verder, as gevolg van die ernstige probleem van oorvol gevangenisse, 46 sal

die familie se opponering met betrekking tot die langdurige aanhouding van bepaalde

oortreders selde deurslaggewend tot die saak wees. Daarteenoor, indien die verklaring dui op

geldige en wesenlike redes wat aantoon dat die oortreder ’n risiko inhou, kan dit anders

beskou word. Teenstand teen vrylating gemotiveer deur politieke affiliasie kan ook soms

185
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

suksesvol wees, soos in die geval van vroeë vrylating wat hier onder bespreek word. 47

Dit wil voorkom asof Morales onder ’n bestel van slagoffersregte en gebaseer op die

aanname dat Gomez sy regmatige tronkstraf uitgedien het, die keuse sou gehad het om vertoë

te rig en selfs Gomez se vrylating op parool sou kon teengestaan het. 48 Hy sou ’n stem gehad

het – vir homself en sy oorlede vrou – en hy sou die opsie kon hê om behoorlik in kennis

gestel te word, asook om bogenoemde keuse te kon uitoefen. 49 Dit sou verder daartoe kon

bydra dat die moord nie bloot ’n stille misdaadstatistiek word nie. 50 Deur Morales te erken as

’n slagoffer en as iemand wat ’n belangstelling in die vrylating van sy vrou se moordenaar

het, word sy reg op waardigheid gehandhaaf. 51 Om erkenning en respek te toon vir sy

gevoelens, soos vergestalt deur die deelname van sy keuse, sou neerkom op die

verwesenliking van geregtigheid in ’n ander sin. 52

3.3 Die invloed van geweldsmisdaad en die slagoffer se behoefte aan ondersteuning

Oor die algemeen beskou mense hul wêrelde as sinvol. 53 Wanneer hierdie aanname verpletter

word deur ’n gebeurtenis soos die moord van ’n eggenoot, word sielkundige nagevolge ervaar

wat na vore kom as depressie, hulpeloosheid, akute angs en neuroses. ’n Sterk gevoel van

wantroue, onsekerheid oor die toekoms en gevoelens van selfverwyt kan ook ervaar word.

Om die slagoffer van geweldsmisdaad te wees, is ’n traumatiese gebeurtenis. Indien hierdie

trauma nie aangespreek word nie, kan dit veroorsaak dat die slagoffer op lang termyn aan

posttraumatiese stresversteuring (PTSV) ly. 54

Hoewel die regering ’n slagofferbemagtigingsbeleid 55 daargestel het, is dit moeilik om die

werklike toepassing, en verskeie probleme met betrekking tot die toepassing, te

kontroleer. 56 ’n Groter aantal lekeberaders en vrywilligers (traumadeskundiges, terapeute en

ander professionele persone) is nodig om by te dra tot hierdie programme. 57 Verder blyk dit

dat die berading van families na afloop van die moord van ’n familielid nie altyd die voorkeur

kry soos dit veronderstel is om te wees nie. 58 Behoorlike ondersteuning aan die slagoffers van

ernstige misdaad bly van kritieke belang, en in die afwesigheid daarvan sal die nagedagtenis

van die misdaad voortleef, en sodoende sy of haar lewe enduit vergiftig. 59

4. Die regte van oortreders wat gevonnis word tot lewenslange gevangenisstraf

4.1 Aanhouding van gevonniste gevangenes

Die rolprent The secret in their eyes toon die sprekende kontras tussen die regmatige

uitvoering van lewenslange gevangenisstraf (soos uitgevoer deur die staat in ’n demokratiese

bedeling) en die situasie waar ’n slagoffer (verteer deur wraak en oortuig dat dit tot ’n

betekenlose lewe vir die oortreder moet lei), die reg in eie hande neem. Die

menseregtebepalings onderliggend aan regmatige aanhouding (sou die vonnis van

lewenslange tronkstraf die volle termyn loop), word hier van nader bekyk. Die klem word

geplaas op die verpligtinge met betrekking tot die handhawing van menswaardigheid, die

186
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

omstandighede van aanhouding en die behoefte aan menslike interaksie. Daarbenewens word

die prosedures vir vrylating op parool kortliks ondersoek.

Beide slagoffers en oortreders het ’n ingebore menswaardigheid en die reg op respek en die

beskerming daarvan. 60 Daarbenewens verbied die reg op vryheid en sekerheid van die

persoon dat die oortreder op ’n wrede, onmenslike of vernederende wyse behandel of gestraf

mag word. 61 Al drie hierdie kenmerke van wat ’n verbode strafopsie sou behels, tas

menswaardigheid in die een of ander vorm of mate aan. 62 Die reg op menswaardigheid vereis

ook dat, nadat die oortreder ’n langtermyn-gevangenisstraf uitgedien het en hervorming toon,

hy of sy ’n mate van hoop op vrylating moet hê. 63 ’n Lewenslange termyn van

gevangenisstraf sonder die moontlikheid van vrylating sou beide die reg op vryheid en

sekerheid van die persoon en die reg op menswaardigheid skend. 64

In teenstelling met die slagoffers van misdaad geniet oortreders grondwetlike beskerming as

gearresteerde, aangehoude en beskuldigde persone. 65 In die konteks van hierdie artikel, is die

regte met betrekking tot fisiese aanhouding en menslike interaksie van toepassing. 66 Die

omstandighede van aanhouding moet in ooreenstemming wees met menswaardigheid, en die

minimum bepalings verwys na oefening, voldoende akkommodasie, voedsel, leesstof en

mediese behandeling. 67 Dit is nie duidelik uit die rolprent of meer as (afgesonderde) verblyf

en kos aan Gomez gebied is nie. Wat die opvallendste is, is die invloed van die ontneming

van kommunikasie (taal) op Gomez, asook die gebrek aan besoekregte. 68 Besoeke deur

byvoorbeeld familielede of ’n geestelike raadgewer is op een lyn met respek vir die

menswaardigheid van die oortreder. Dit bied verder die geleentheid aan diegene wat omgee

vir die welsyn van die oortreder, om fisiese en sielkundige mishandeling te kontroleer en om

klagtes aanhangig te maak, indien nodig. 69 Hierdie reg op menslike interaksie verwys na die

kern van menswees. Die grondwetlike riglyn met betrekking tot die beginsel van ubuntu

beklemtoon die erkenning en bevordering van die waardigheid en heelheid van alle mense

deur middel van sosiale verhoudings en praktyke. 70 ’n Gevoel van welstand kan dus duidelik

nie in permanente afsondering ervaar word nie.

4.2 Parool

Die Suid-Afrikaanse parooladministrasie word vandag beïnvloed deur die ou Wet op

Korrektiewe Dienste 8 van 1959, en die nuwe Wet op Korrektiewe Dienste 111 van 1998.

Die vrylating van gevangenes wat reeds vonnisse uitgedien het teen die tyd van die finale

inwerkingtreding van die nuwe wet, 71 word nog steeds deur die ou wet en die beleid en

riglyne wat voorheen toegepas is, beheer. 72 Die beleid vir lewenslange gevangenes het in

1996/1997 verander, en alhoewel gevangenes steeds na 15 jaar vrygelaat kan word, word

hulle oor die algemeen na 20 jaar vir parool in aanmerking geneem. 73 Lewenslange

gevangenes wat ná 1 Oktober 2004 gevonnis is, kan eers ná 25 jaar vir parool in aanmerking

kom. 74 Dit sluit volle parool en dagparool in. Lewenslange gevangenes wat 65 jaar oud word,

mag op parool vrygelaat word op voorwaarde dat hulle minstens 15 jaar van hul vonnis

uitgedien het. 75 In die geval van ’n oortreder wat terminaal siek is, of in so ’n mate fisies

gestremd is dat selfversorging onmoontlik is, kan mediese parool toegestaan word. 76

187
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die vorige paroolstelsel is gekritiseer weens ondeursigtigheid en ’n gebrek aan

onafhanklikheid met betrekking tot besluitneming. 77 Omrede parool administratief inmeng

met vonnisse wat opgelê is deur ’n hof, is die samestelling van strukture om hierdie besluite

te neem, van groot belang. Met inagneming van bogenoemde kritiek word korrektiewetoesig-

en paroolrade nou op ’n meer verteenwoordigende wyse 78 saamgestel en objektiewe

riglyne moet gevolg word.

Gebaseer op ’n gevallebestuurstelsel word die paroolproses outomaties geaktiveer vir elke

individu in ooreenstemming met die minimum tydperk wat ingevolge paroolbeleid uitgedien

moet word. ’n Gevallebestuurskomitee stel ’n profielverslag op vir elke oortreder (gebaseer

op onder andere ’n sielkundige evaluering aangaande risiko vir die publiek), wat aan die raad

voorgelê word. 79 Die gehalte van die verslag is van uiterste belang en die raad het ’n plig om

dit behoorlik te oorweeg. 80 Toepaslike dokumentasie moet aangeheg wees en kan skriftelike

verslae deur die oortreder self, sy of haar prokureur en die slagoffer se insette insluit, indien

laasgenoemde dit goeddink. Die oortreder het die reg om te reageer op enige verklaring wat

deur die slagoffer of sy/haar onmiddellike familie aan die raad gemaak word, 81 asook om

teenwoordig te wees gedurende enige mondelinge vertoë. 82 Die raad maak aanbevelings aan

die nasionale raad, wat op sy beurt weer aanbevelings aan die minister maak. 83 Die

kommissaris, of die minister van korrektiewe dienste, het ’n vetoreg teen enige besluit van

die raad, wat ’n appèl deur enige van die twee partye na die paroolhersieningsraad moontlik

maak. 84

In die rolprent sou Gomez, ’n jong man ten tye van die vonnis en op die veronderstelling dat

hy die volle tydperk van sy vonnis sou uitdien, vrygelaat word op volle parool of dagparool,

óf na 20 óf na 25 jaar. Dit is gebaseer op die aanname dat sy profielverslag korrek was, dat hy

nie ’n risiko van heroortreding ingehou het nie en dat Morales se opponerende verklaring nie

swaarder as ander belangrike oorwegings sou weeg nie. 85 Gomez se eie gesondheid sou

moontlik ook ’n rol kon gespeel het in sy vrylating voor die verstryking van bogenoemde

termyne, omdat mediese parool ’n opsie bly vir alle oortreders. 86 Verder: selfs onder ’n

demokratiese bedeling kan bedekte politieke motiewe die besluit met betrekking tot vroeë

vrylating beïnvloed. 87 Gomez se toekoms sou in elk geval nie bepaal word deur Morales se

behoefte aan wraak nie. Hy sou ’n mate van hoop gehad het – om uit die tronk vrygelaat te

word, gebaseer op toekomstige objektiewe evaluering.

5. Rolprentmateriaal as onderrighulpmiddel

Rolprentmateriaal as sodanig kan insig gee in of lig werp op die manier waarop ons aspekte

van die reg verstaan. Regsonderrig kan dus verryk word deur die aanvulling van regsteks met

fiksie, waarin die toepassing (of miskenning) van tersaaklike wette of reëls in die praktyk

uitgebeeld word. Daar word lank reeds erken dat oudiovisuele materiaal bewustheid verhoog

op maniere wat verskil van regsteks en gebruiklike lesings. 88 Rolprentmateriaal wat gebruik

word in samewerking met lesings, laat die dosent toe om studente se verstandelike en

emosionele betrokkenheid te bevorder. 89 Soos voorheen uitgewys, kan die kyker in The secret

188
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

in their eyes nie verhelp om aan die einde van die film vasgevang te voel in die dilemma van

gelyke empatie vir die slagoffer en oortreder nie. Die gebruik van hierdie filmmateriaal

bereik dus ’n bepaalde opvoedkundige doel, naamlik om sekere postvonnis-kwessies in ’n

duideliker lig te toon. 90 In hierdie geval verwys dit na die noodsaaklikheid van regte vir beide

partye en spreek sodoende eensydige standpunte aan waar daar ’n wanbalans of

onsensitiwiteit kan voorkom ten opsigte van die regte van een van die partye.

Beelde dra ook die dilemma van Morales (’n lewenslange slagoffer verteer deur wraakgerigte

“geregtigheid”) en Gomez (in permanente eensame opsluiting sonder enige hoop), veel beter

oor as teks of spraak.

Daarbenewens, alhoewel die regsaspekte onder bespreking in woorde beskryf kan word,

word inligting beter onthou wanneer die boodskap deur beeldmateriaal oorgedra word. Daar

word egter gewaarsku dat die vakkundigheid en inhoud van die leerplan nooit totaal vervang

moet word deur mediategnologie nie. 91 Aan die ander kant beveel meer onlangse navorsing

die gebruik van media as studiemateriaal aan om sodoende studente se leerstyle in ’n visueelgeoriënteerde

en tegnologie-gedrewe samelewing in ag te neem. Dit sal nie net studente se

leerprosesse motiveer nie, maar ook bydra tot ’n wyer begrip van die reg. 92 Om die reg wat

van toepassing is in die postvonnis-fase by wyse van hierdie rolprent te verduidelik, hou ’n

verdere voordeel in, naamlik dat die kykers (studente) by die karakters betrek kan word asof

hulle werklik is en aan hierdie oefening amper ’n element van realiteit gee.

6. Gevolgtrekking

Die rolprent The secret in their eyes bied ’n unieke insig in die ervaring van beide die

slagoffer en oortreder na afloop van ’n gewelddadige misdaad, in besonder tydens die

postvonnis-fase. Dit is ’n aangrypende uitbeelding van hoe die staat versuim om sy plig na te

kom deur ’n moordenaar behoorlik te straf, en hoe die onmiddellike familielid – in hierdie

geval die wewenaar – ’n lewenslange slagoffer word in sy desperate strewe na geregtigheid.

Die rolprent herbevestig die motivering onderliggend aan ’n kultuur van menseregte vir beide

slagoffers en oortreders. Die gebeure beklemtoon en bevestig verder die wesenlike spanning

tussen die regte van slagoffers en oortreders en die dwingende vereiste om ’n balans te vind.

Die artikel illustreer ook hoe die kontekstualisering van regsteks en formele onderrig deur die

gebruik van filmmateriaal die opleiding en begrip van regstudente kan aanvul en verskerp.

189
Bibliografie

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Botein, M. 1979. Videotape in legal education: A study in its implications and a manual for

its use. New York: Communications Media Center, New York Law School.

Bradshaw, P. 2010. The Guardianrolprentresensie.http://www.guardian.co.uk/film/2010/aug/12/the-secret-in-the-their-eyesreview

(20 Mei 2011 geraadpleeg).

Cilliers, C.H. 2006. New horizons for parole application in South Africa. Acta Criminologica,

19:ii, iv.

Currie, I. en J. de Waal. 2005. The Bill of Rights Handbook. Landsdowne: Juta.

Davies, M., H. Croall en J. Tyrer. 2010. Criminal justice. Harlow: Pearson/Longman.

Davis, L. en R. Snyman (reds.). 2005. Victimology in South Africa. Pretoria: Van Schaik.

Dienshandves vir slagoffers van misdaad in Suid-Afrika. Departement van Justisie en

Staatkundige Ontwikkeling.http://www.justice.gov.za/VC/docs/vc/2007 Service charter

afr.pdf (20 Mei 2011 geraadpleeg).

E-Nuus Ekstra. 2011. Clive Derby-Lewis released soon???

YouTube. http://www.youtube.com/watch?v=vvY6bqmlN1Y (30 November 2011

geraadpleeg).

Emmerson, B. en A. Ashworth. 2001. Human rights and criminal justice. Londen: Sweet and

Maxwell.

Fagan, H. 2004. Curb the vengeance: Laws on minimum sentencing and parole spell

worsening prison conditions. SA Crime Quarterly, 10:3.

Family of Chris Hani joined to oppose parole application.

Facebook. http://www.facebook.com/group.php?gid=32546198319 (28 Mei 2011

geraadpleeg).

Giffard, C. en L. Muntingh. 2006. The effect of sentencing on the size of the South African

prison population. Open Society Foundation for South Africa. Verslag, 3:7–11.

Hermida, J. 2006. Teaching criminal law in a visually and technology orientated culture: A

visual pedagogy approach. Legal Education Review, 16:14.

Holland, J. 2009. The secret in their eyes. Daily Variety, 305(1):16.

190
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Janoff-Bulman, R. en I.H. Frieze. 1983. A theoretical perspective of understanding reactions

to victimisation.Journal of Social Issues, 39(2):1–3.

Johnson, V.R. 1987. Audiovisual enhancement of classroom teaching: A primer for law

professors. Journal of Legal Education, 37:99.

Khumalo, S. 2011. Shaik parole double standards questioned.

http://www.iol.co.za/news/politics/shaik-parole-double-standards-questioned-1.1034156 (29

Mei 2011 geraadpleeg).

King, B. 2011. Are our criminal courts failing society and victims of crime in particular? De

Rebus, 59–60.

Kruger, A. 2010. Hiemstra Suid-Afrikaanse strafprosesreg. Durban: Butterworths.

Louw, F.C.M. 2008. The parole process from a South African perspective. Ongepubliseerde

LLM-verhandeling, Universiteit van Suid-Afrika.

Mhambi, K. 2008. Clive Derby-Lewis on the wrong side of

history. http://mhambi.com/2008/11/clive-derby-lewis-on-the-wrong-side-of-history (30

November 2011 geraadpleeg).

Minimum standaarde vir dienste vir slagoffers van misdaad. Departement van Justisie en

Staatkundige Ontwikkeling http://www.justice.gov.za/VC/docs/vcms/2007 MIN STAND

AFR_v3.pdf (20 Mei 2011 geraadpleeg).

Mokgoro, J.Y. 1997. Ubuntu and the law in South Africa.

http://www.ajol.info/index.php/pelj/article/viewFile/43567/27090 (30 November 2011

geraadpleeg).

Müller, K. en A. van der Merwe. 2006. Recognising the victim in the sentencing phase: The

use of victim impact statements in court. South African Journal on Human Rights, 22:647.

National directory on services for victims of violence.

http://www.justice.gov.za/VC/docs/2005_NationalDirectory dsd.pdf (26 Mei 2011

geraadpleeg).

Nel, J.A. en D.J. Kruger. 2004. From policy to practice. Victim empowerment in South

Africa: A follow-up study. Ongepubliseerde interimverslag, Universiteit van Suid-Afrika.

Post-traumatic stress disorder DSM-IV diagnosis and criteria. Post-traumatic stress

disorder today.http://www.mental-health-today.com/ptsd/dsm.htm (26 Mei 2011

geraadpleeg).

191
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Provinsiale Regering van die Wes-

Kaap.http://www.capegateway.gov.za/eng/your_gov/3576/pubs/public_info/V/154344 (26

Mei 2011 geraadpleeg).

SAPA. 2010. Review Shaik’s parole, says DA. http://www.polity.org.za/article/reviewshaiks-parole-says-da-2010-01-19

(29 Mei 2011 geraadpleeg).

SAPA. 2011. Shaik’s parole could be

cancelled. http://www.timeslive.co.za/local/article966805.ece/Shaiks-parole-could-becancelled

(29 Mei 2011 geraadpleeg).

Snyckers, F. en J. le Roux. 2010. Criminal procedure. In Woolman, Roux en Bishop (reds.)

2010.

Suid-Afrikaanse Regskommissie, besprekingsdokument 102, projek 107 (2001). Sexual

offences: Process and procedure.

Terblanche, S.S. 2003. Mandatory and minimum sentences: Considering s 51 of the Criminal

Law Amendment Act 1997. Acta Juridica, 194-220.

—. 2007. Guide to sentencing in South Africa. Durban: Butterworths.

Tutu, D. 1999. No future without forgiveness. Londen: Ebury Publishing.

Van der Merwe, A. 2008. In search of sentencing guidelines for child rape: An analysis of

case law and minimum sentence legislation. Journal of Contemporary Roman Dutch

Law, 71(4):589-602.

—. 2010. Therapeutic jurisprudence: Judicial officers and victims’ welfare – S v M 2007 2

SACR 60 (WLD). South African Journal of Criminal Justice, 23:98-106.

Van Ness, D.W. en K.H. Strong. 2010. Restoring justice: An introduction to restorative

justice. Cincinatti, OH: Anderson.

Woolman, S., T. Roux en M. Bishop. 2010. Constitutional law of South Africa. Kaapstad:

Juta.

Zehr, H. 2002. The little book of restorative justice. Intercourse, PA: Good Books.

192
Eindnotas

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

* Hierdie artikel is ’n verwerking van ’n referaat wat verskyn in ’n konferensiebundel: Van

der Merwe, A. 2012. Justice “outside” the law in The secret in their eyes: Victim and

offender rights in the post-sentencing phase. In Viljoen, F. (red.). 2012. Beyond the law:

Multi-disciplinary perspectives on human rights. Pretoria: Pretoria University Law Press.

1 Holland (2009:16).

2 Bradshaw (2010).

3 Davis en Snyman (2005:126).

4 S v Makwanyane 1995 2 SA 1 (KH) par. 117: “The level of violent crime in our country has

reached alarming proportions. It poses a threat to the transition to democracy, and the

creation of development opportunities for all, which are primary goals of the Constitution.

The high level of violent crime is a matter of common knowledge and is amply borne out by

the statistics provided by the Commissioner of Police in his amicus brief …”; ook S v

Vilakazi 2009 1 SA 552 (HHA) par. 2.

5 Woolman e.a. (2010:49).

6 Woolman e.a. (2010:49–52), m.b.t. die reg van familielede wat behoorlike vervolging en

straf van moordenaars vereis.

7 Makwanyane.

8 Die Strafregwysigingswet 105 van 1997 het op 1 Mei 1998 in werking getree. Art. 51 maak

voorsiening vir ’n stelsel van diskresionêre minimum vonnisse waar meer ernstige misdade

betrokke is. Art. 51(1) skryf lewenslange gevangenisstraf voor as ’n vonnis vir geselekteerde

gevalle van moord en verkragting (soos per bylae 2 deel I). Kruger (2010:755) beklemtoon

dat die motivering vir lewenslange gevangenisstraf is om die gemeenskap teen gevaarlike

misdadigers te beskerm.

9 Art. 51(3)(a) Strafregwysigingswet 105 van 1997. Sien S v Malgas 2001 1 SA 469 (HHA)

(Malgas) vir die uitleg van hoe hierdie artikel toegepas moet word om steeds swaarder

vonnisse op te lê, al word daar van die voorgeskrewe vonnisse afgewyk. Terblanche

(2003:220) kritiseer die instelling van minimum vonnisse, omrede dit ’n valse gevoel van

sekuriteit skep as ’n faktor wat doeltreffend teen die hoë misdaadsyfers sal wees.

10 Vilakazi par. 14.

11 Vilakazi par. 22.

12 Vilakazi par. 21 (beklemtoning bygevoeg).

193
13 S v Matyityi 2011 1 SA 40 (HHA) par. 23 (beklemtoning bygevoeg).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

14 Sien Terblanche (2007) hfst. 5 vir ’n bespreking van die diskresie m.b.t. die vonnis, asook

hfst. 8 vir die vonnisfaktore (verswarend en versagtend) wat ’n hof in ag moet neem voordat

daar op ’n vonnis besluit kan word. Vir ’n ontleding van die vonnisfaktore m.b.t.

kinderverkragting, sien Van der Merwe (2008:589).

15 Nog ’n faktor kan die oorweging van lewenslange gevangenisstraf beïnvloed, nl. die

vervolging se versuim om die oortreder in kennis te stel via die klagstaat of akte van

beskuldiging dat lewenslange gevangenisstraf in die geval van skuldigbevinding ’n

voorgeskrewe vonnis is. Sien King (2011:59–60).

16 Sien die bespreking oor parool vir lewenslange oortreders hier onder. In die geval van ’n

geregverdigde afwyking van lewenslange gevangenisstraf beslaan die tydperk van die vonnis

wat uitgedien moet word, óf vier vyfdes van die tydperk, óf 25 jaar, wat ook al die kortste is,

alvorens parool oorweeg kan word. Sien artt. 73(4) en 73(6)(5) Wet op Korrektiewe Dienste

111 van 1998.

17 Van Ness en Strong (2010:134). ’n Onlangse voorbeeld is die familie van Chris Hani wat

die vroeë vrylating van sy moordenaar op parool op ’n deurlopende basis teengestaan het.

Sien http://www.facebook.com/group.php?gid=32546198319 Family of Chris Hani joined to

oppose parole application (28 May 2011 geraadpleeg).

18 S v M 2007 2 SA 60 (W) par. 50. Die hof het ’n bepaalde onderhoud met die slagoffer in ’n

verkragtingsaak aanbeveel, waar die proefbeampte die vonnisopleggingskwessies aan haar

moes verduidelik nadat die oortreder tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is. Sien Van

der Merwe (2010:89).

19 Strafproseswet 51 van 1977 (soos ingevoeg deur art. 6 Wet 55 van 2003), gelees met die

riglyne t.o.v klaerdeelname aan die Korrektiewe Toesig- en Paroolrade, 2006 GK R248

in Staatskoerant van 7 April 2006. Sien bespreking hier onder t.o.v. die slagoffers se regte.

20 Van der Merwe (2010:98).

21 In reaksie op slagoffers se betoog dat die Grondwet hulle baie min bied, in teenstelling met

oortreders, is dieDienshandves vir slagoffers van misdaad in Suid-Afrika aan die einde van

2004 deur die kabinet aanvaar (Ministerie van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling,

2/12/2004. Persverklaring: Cabinet approves the South African Service Charter for victims of

crime). Sien ook Suid-Afrikaanse Regskommissie (2001:646–7). Die handves skep geen

nuwe regte op sigself nie, maar verhoog bewustheid en bevestig bestaande regte en

prosessuele opsies vir die slagoffers. Dit is amptelik van stapel gestuur in 2007.

22 Minimum standaarde vir dienste vir slagoffers van misdaad, deel I (2007:1). Hierdie

bepaling is op een lyn met die Verenigde Nasies se verklaring van die basiese beginsels van

geregtigheid vir slagoffers van misdaad en magsmisbruik (GA/Res/40/30).

194
23 Dienshandves vir slagoffers van misdaad in Suid-Afrika 2007, Inleiding.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

24 Sien Matyityi par. 16, vir die sterk uitspraak jeens ’n meer slagoffergesentreerde

benadering tydens vonnisoplegging.

25 Soos hier bo.

26 Soos die Wet op Beregting van Kinders 75 van 2008 (artt. 61, 62 en 73(1)), die

Strafproseswet 51 van 1977 (art. 299A), en die Strafregwysigingswet (Wet op Seksuele

Misdrywe) 32 van 2007 (art. 2).

27 Eindnota 19 hier bo.

28 Art. 55 Wet op Beregting van Kinders 75 van 2008.

29 Art. 62 Wet op Beregting van Kinders 75 van 2008. Hierdie tipe ontwikkelings het daartoe

gelei dat ’n multidissiplinêre benadering gevolg word wanneer daar met slagoffers in die

strafregplegingstelsel gewerk word. Wanneer byvoorbeeld gefokus word op die welstand van

slagoffers (en oortreders), speel sielkunde ’n groter rol op die terrein van die strafregstelsel.

Daarbenewens is viktimologie besig om erkenning te verwerf, nie net as ’n lewensbeskouing

nie, maar ook as ’n akademiese dissipline. Davis en Snyman (2005:349).

30 Die Dienshandves vir slagoffers van misdaad in Suid-Afrika 2007 bied aan alle slagoffers

die reg om deel te neem aan, en voorsien hulle van inligting tydens,

vonnisopleggingsprosedures, ten einde die invloed van die misdaad onder die hof se aandag

te bring (soos hier bo, klousule 2). Sien Müller en Van der Merwe (2006:647) vir ’n volledige

bespreking van die gebruik van impakverklarings.

31 Art. 299A(1) Strafproseswet 51 van 1977. Naasbestaandes word ook bewus gemaak van

hierdie prosesse in die Minimum standaarde vir dienste vir slagoffers van misdaad, deel II

(eindnota 22 hier bo) par. 24–7.

32 Art. 299A(2).

33 Art. 299A(3).

34 Riglyn 4 (eindnota 19 hier bo). Vgl. die posisie in Engeland en Wallis, waar daar aanvaar

word dat dit net die staat se plig is om te besluit oor die toekoms van die oortreder. Slagoffers

word nie die reg op persoonlike redevoering toegelaat nie en slegs ’n skriftelike

familieverklaring, streng beperk tot die uitwerking wat ’n sterfte gehad het, word toegelaat

voor die vonnisoplegging. Davies e.a. (2010:86).

35 Riglyn 3(5) (eindnota 19 hier bo).

36 Riglyn 9 (eindnota 19 hier bo).

195
37 Riglyn 4 (eindnota 19 hier bo).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

38 Die term klaer word gedefinieer in riglyn 1 as “klaer of familielid soos beskou in art.

299A(1) van die Strafproseswet 51 van 1977”. Dus, alhoewel die term klaer gebruik word in

die verwysing na die verklaring van opposisie (riglyne 5(2) en 7(b)), word daar aangevoer dat

dit nie slegs vir klaers self beskikbaar is nie in die lig van die definisie, ook vir onmiddellike

familielede. Sien Emmerson en Ashworth (2001:558, par. 18.69–70) vir voorbeelde van

gevalle waar families die hof genader het in ’n poging om die oortreders se vrylating op

parool teen te staan.

39 Riglyn 7 (eindnota 19 hier bo).

40 Riglyn 12(2) (eindnota 19 hier bo).

41 Riglyn 8 (eindnota 19 hier bo). Die sielkundige-evalueringsverslag t.a.v. die (moontlike)

risiko wat die gevangene by vrylating vir die gemeenskap sou inhou deur nuwe misdade te

pleeg, behoort ’n belangrike faktor vir oorweging in die finale besluit te wees.

42 Sien oor die algemeen Minimum standaarde vir dienste vir slagoffers van

misdaad (eindnota 22 hier bo) deel III, o.a. par. 3 en 4, waar interaksie met die Departement

van Korrektiewe Dienste aan die slagoffers ingevolge die handves verduidelik word. Sien

ook riglyn 3(4).

43 Riglyn 12 (eindnota 19 hier bo).

44 Davies e.a. (2010:86).

45 Soos hier bo.

46 Giffard en Muntingh (2006:7–11).

47 Eindnota 17 hier bo. Ook Mhambi (2008) en E-Nuus Ekstra (2011) m.v.n. die Shaik-saak

(eindnota 87 hier onder).

48 Die moontlikheid dat ondergrondse korrupte politieke invloed ’n rol speel in die vroeë

vrylating van parool word nooit uitgesluit nie.

49 Matyityi par. 16.

50 Matyityi par. 15.

51 Tegelyk ’n reg en ’n kernwaarde. Sien Currie en De Waal (2005:275).

52 Zehr (2002:19), aangehaal in Davis en Snyman (2008:122).

196
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

53 Janoff-Bulman en Frieze (1983:1–3), aangehaal in Davis en Snyman (2008:224).

54 Post-traumatic stress disorder DSM-IV diagnosis and criteria.

55 Sien Davis en Snyman (2008:84–92) vir ’n bespreking.

56 Davis en Snyman (2008:81–3).

57 Nel en Kruger (2004:10), aangehaal in Davis en Snyman (2008:82).

58 Vgl. die provinsiale regering van die Wes-Kaap, waar geen diens aan bedroefde

familielede gebied word nie, ondanks beduidende stappe m.b.t. ander gebiede van misdaad,

soos seksuele geweld. Verder blyk inligting oor dienste en kontakbesonderhede op webtuistes

verouderd te wees: “National directory on services for victims of violence”.

59 Tutu (1999:218–9), in ooreenstemming met sy verduideliking van die ware betekenis en

waarde van vergifnis m.b.t. ernstige oortredings.

60 Art. 10 Grondwet.

61 Art. 12(1)(e) Grondwet.

62 S v Dodo 2001 3 SA 382 (KH) par. 35.

63 Currie en De Waal (2005:277). Ook Makwanyane par. 134 het betrekking.

64 Soos hier bo.

65 Art. 35 Grondwet.

66 Art. 35(2)(e) en (f) Grondwet.

67 Art. 35(2)(e) Grondwet.

68 Art. 35(2)(f) Grondwet.

69 Snyckers en Le Roux (2010:51).

70 Mokgoro (1997:1).

71 1 Oktober 2004.

72 Art. 136 bepaal dat die vrylating van gevangenes wat alreeds vonnisse uitdien, nie geraak

sal word deur die wet nie, maar hanteer sal word ingevolge die Wet op Korrektiewe Dienste 8

van 1959 en die beleid en riglyne wat voorheen toegepas is.

197
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

73 Fagan (2004:3). Dit is ook belangrik om daarop te let dat die oorspronklike duur van

lewenslange gevangenisstraf voorheen tien jaar was.

74 Art. 73(6)(iv) Wet op Korrektiewe Dienste 111 van 1998.

75 Soos hier bo.

76 Art. 79 Wet op Korrektiewe Dienste 111 van 1998. Let daarop dat die Wysigingswet op

Korrektiewe Dienste 5 van 2011 (met spesifieke verwysing na art. 14) op 1 Maart 2012 in

werking getree het en die vorige omstandighede waarin mediese parool oorweeg kon word,

aansienlik uitgebrei het.

77 Cilliers (2006:ii).

78 Twee lede van die gemeenskap is nodig vir die samestelling van die raad.

79 Sien art. 42(2)(d) Wet 111 van 1998 vir die riglyne oor die aard van die inligting wat by die

verslag ingesluit moet word. Sien ook Louw (2008:71). Hy wys daarop dat dit die

belangrikste dokument in die lewe van ’n oortreder is.

80 Louw (2008:87) beklemtoon dat die belangrikste vraag altyd bly of elke verslag korrek

voorberei is.

81 Riglyn 6(1) (eindnota 19 hier bo).

82 Riglyn 6(2) (eindnota 19 hier bo).

83 Art. 78(1) en (2) Wet op Korrektiewe Dienste 111 van 1998. Sien ook art. 73(5) (a)(ii) wat

gedurende die tyd van hierdie skrywe die hof betrek het met die bepaling van die finale

datum van vrylating. Die inwerkingtreding van art. 48(b) van die Wysigingswet op

Korrektiewe Dienste 25 van 2008 word egter verwag wat die finale besluit by die minister sal

laat berus.

84 Cilliers (2006:iv).

85 Riglyn 8(1) (eindnota 19 hier bo) verwys na ander faktore wat in ag geneem word, soos die

oortreder se reaksie m.b.t. rehabilitasieprogramme, ondersteuningstelsels in die gemeenskap,

die waarskynlikheid dat hy of sy weer kan oortree, en die risiko wat die oortreder vir die res

van die gemeenskap kan inhou.

86 Eindnota 76 hier bo.

87 Sien debatte m.b.t. die vroeë vrylating van Schabir Shaik, wat tot 15 jaar gevonnis is na

aanklagte van bedrog, op grond van die minimum-vonnis-wetgewing, maar vrygelaat is na

twee jaar en vier maande. SAPA (2010); Khumalo (2011); SAPA (2011).

198
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

88 Johnson (1987:99) beklemtoon navorsing t.g.v. visuele media om lesings uit te brei.

89 Botein (1979:7), aangehaal deur Johnson (1987:103).

90 Johnson (1987:102).

91 Johnson (1987:103).

92 Hermida (2006:14).

199
Abstract

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Aantekening: Om globale omgewingsreg en -

regulering in die antroposeen te herbedink

Louis Kotzé

Louis Kotzé, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

The word anthropocene describes a new geological epoch that follows the holocene epoch. It

is the signifier of the period in which people have a devastating and overwhelming impact on

the earth and its systems. The anthropocene also describes the new context in which we are

going to have to consider how we should deal with the effects of global anthropogenic

ecological change by means of, among others, global environmental law and governance. In

the anthropocene we have to deal with a new situation and it calls for new perspectives and

paradigms on development and progress. This will require new perspectives on and

reimagining of orthodox social institutional constructs like global environmental law and

governance and their ability to successfully mediate the human-environment interface. In this

article I reflect on how we will have to rethink the composition, functions and objectives of

global environmental law and governance in the anthropocene. I specifically attempt to

identify a host of considerations that environmental lawyers will have to contemplate if

global environmental law and governance were to respond better to the many challenges and

complexities in the anthropocene epoch.

1. Inleiding

’n Nobelpryswenner van 1995, Paul J. Crutzen, en sy kollega Eugene F. Stoermer, 2 het die

woord antroposeengeskep om die tydvak te benoem waarin die mens ’n vernietigende en

oorweldigende uitwerking op die aarde en sy stelsels het. Hoewel die term nog formeel vir ’n

nuwe geologiese epog aanvaar moet word, 3 dui dit reeds informeel op ’n nuwe tyd in die

geologiese geskiedenis waarin die biofisiese faktore wat die mens in die biosfeer invoer, die

fisiese parameters wat die funksionering van al die deurslaggewende aardstelselprosesse

bepaal, begin verander. 4

Die woord antroposeen beskryf, benewens ’n nuwe epog, ook die nuwe konteks waarin ons

voortaan sal moet besin oor hoe ons die uitwerking van globale antropogene ekologiese

verandering moet hanteer. In hierdie bydrae gee ek aandag aan hoe ons die samestelling,

funksies en oogmerke van globale omgewingsreg en -regulering in die antroposeen moontlik

sal moet herbedink. Ek probeer spesifiek om ’n reeks oorwegings te identifiseer waaroor

omgewingsregsgeleerdes sal moet besin indien globale omgewingsreg en -regulering die talle

uitdagings en verwikkeldhede van die antroposeense epog beter die hoof wil bied. My tese

200
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

berus deurgaans op ’n aanname wat ek aan Woodwell ontleen, naamlik dat ons nie langer kan

aanneem dat die uitwerking van die mens se skending en besoedeling van die aarde se

oppervlak verdoesel sal word deur ’n reuse-lewensondersteuningstelsel met eindelose

selfherstelvermoëns nie. 5

2. Die antroposeen

Etimologies is antroposeen ontleen aan die Grieks anthropos, “mens”, en seen (uit

Grieks kainos), “nuut, onlangs”. 6 In die geo-ekologiese konteks dui dit op ’n nuwe tydperk

waarin die mens die geologiese epog oorheers deur op te tree as ’n belangrike krag wat die

omgewing wysig. 7 Dit is dus ’n epog waarin die mens die aarde en sy stelsels en die gang van

die natuur verander (in plaas daarvan dat mense deur die natuurkragte verander word). Dit

volg op die holoseense interglasiale fase, 8 ’n epog wat gekenmerk is deur buitengewoon

goeie lewensomstandighede wat die ontwikkeling van moderne samelewings in ’n wêreld van

sewe miljard mense moontlik gemaak het. 9

Daar is ’n mate van onsekerheid en meningsverskil oor die presiese tyd toe die menslike

voetspoor so oorweldigend begin word het dat dit die antroposeen begin het. 10 Gewoonlik

word die begin daarvan teruggevoer na die oorgang van ’n oorwegend agrariese samelewing

na ’n industriële samelewing, dit wil sê die nywerheidsrevolusie in die 18de eeu, en meer

spesifiek die tydperk waarin vergrote nywerheidsaktiwiteit in die 19de eeu plaasgevind

het. 11 Dit was gedurende die nywerheidsrevolusie dat fossielbrandstowwe ontdek en

toenemend ontgin is om ontwikkeling aan te dryf en in die mens se onversadigbare behoefte

aan groei te voorsien. 12 Die antroposeen word gekenmerk deur, benewens ander wysigings

van die wêreldomgewing deur die mens, die toenemende vrystelling van swael, stikstof en

kweekhuisgasse; klimaatsverandering; die transformasie en versteuring van enorme

oppervlaktes grond; veranderende watersiklusse; en die wydverspreide uitsterwing van

spesies. 13 Die ekologiese uitwerking hiervan is voor die hand liggend, maar die legio

gepaardgaande sosio-ekonomiese, politieke en regsuitdagings wat dit stel, sal net so ernstig

wees. Droogtes, oorstromings en stygende seevlakke as gevolg van klimaatsverandering, die

ontworteling van mense, en gewapende konflik oor skaars natuurlike hulpbronne is net

enkele voorbeelde van die opdoemende spanninge wat uit globale omgewingsverandering

voortspruit.

3. En tog …

’n Mens kan moontlik dink dat hierdie beskrywing van die antroposeen, behalwe dat dit

miskien te kenne gee dat dit besonder straf sal wees, nie juis enigiets revolusionêrs of iets

anders as wat ons reeds weet, aan die orde stel nie. Dit is bekend dat ekologiese verandering

deur die mens veroorsaak word; dat die uitwerking daarvan wêreldwyd is; dat die uitwerking

die politiek, ekonomie en maatskaplike lewe raak; en dat ons daarop sal moet reageer met

watter middele ook al tot ons beskikking is (hetsy tegnologies of normatief).

201
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Is antroposeen dus maar net nog ’n modeterm wat, soos volhoubare ontwikkeling en ander

terme van ons tyd, ’n teleurstellend onbeduidende uitwerking sal blyk te hê op ons visie en op

die ontwerp en toepassing van die regsmaatskaplike konstrukte wat in die mens-omgewingkoppelvlak

wil bemiddel? 14 Of is daar wel onderskeidende en nuwe kenmerke van die

antroposeen wat ons persepsies van die maatskaplike ingrypings waarmee ons kan reageer op

die legio uitdagings waarvoor ons in die antroposeen staan, kan beïnvloed – en indien wel,

wat is hulle?

3.1 ’n Gemeenskaplike faktor

Die antroposeen kan as gemeenskaplike faktor dien wat ons begrip kan verbeter van die

“nuwe” mensoorheerste mens-omgewing-koppelvlak en die onderskeie pragmatiese en

wetenskaplike uitdagings wat in hierdie verband ontstaan. Bettini, Brandstedt en

Thorén 15 gebruik ’n metafoor waarin die antroposeen ’n omgekeerde prisma is wat die talle

(oënskynlik) uiteenlopende boodskappe wat die ongeëwenaarde uitwerkinge wat die mens op

die biosfeer het, tot ’n enkele straal kombineer en ’n gemeenskaplike betekenis daaraan gee.

As gemeenskaplike faktor kan die antroposeen as ’t ware die speelveld gelyk maak, ’n

gemeenskaplike begrip van die sentrale rol van die mens in die verandering van globale

aardstelsels aanwakker, die debat opnuut toespits op maniere om dié uitwerking te versag, ’n

gemeenskaplike begrip van die globale dimensie van die antropogene invloed en die

ekologiese krisis kweek, en ’n kollektiewe besef bevorder van die erns van die reeks

regsmaatskaplike, politieke, ekonomiese en ekologiese krisisse wat vir ons voor die deur lê.

3.2 ’n Menslike fokus

Die antroposeen, wat die klem oorwegend plaas op die mens en die globale ekologiese

verandering wat deur die mens teweeggebring word, werp die kollig netjies op die sentrale

rol van die mens as die primêre oorsaak van die globale ekologiese krisis en, ironies genoeg,

as die enigste slagoffers van dié krisis wat moontlik iets daaraan kan doen. Die antroposeen

herbeklemtoon dus die giere van die antroposentrisme, wat in die huidige konteks vertolk

word as “the attitude that presents the human species as the centre of the world, enjoying

hegemony over other beings and functioning as masters of a nature which exists to serve its

needs”. 16 Dit kan diepgaande morele implikasies vir die samelewing inhou, veral in soverre

die mens nou nie net sy sentrale posisie in die mens-omgewing-verhouding sal moet

bevraagteken nie, maar ook die huidige oorheersing van die neoliberale

verbruiksgeoriënteerdheid wat berus op die dominerende prominensie en vals beloftes van

die antroposentrisme, en (hopelik) die potensiaal en hervormingsmoontlikhede wat ander

omgewingsetiese benaderings, soos ekosentrisme, in teenstelling tot antroposentrisme kan

inhou.

3.3 ’n Knuppel in die volhoubaarheidshok

In aansluiting by laasgenoemde punt kan ons verwag dat die antroposeen die samelewing se

beskouing van volhoubaarheid (of volhoubare ontwikkeling) in die konteks van die mens-

202
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

omgewing-koppelvlak duidelik sal verander. Volhoubaarheid het tot dusver in die 21ste eeu

sentraal gestaan in die omgewingsreg-, omgewingsbeleids- en

omgewingsreguleringsargitektuur, en in talle opsigte was en bly dit die rigtinggewende

beginsel vir alle regsmaatskaplike en politieke ingrypings en hervormings wat die mensomgewing-koppelvlak

trag te beheers. ’n Ruim vertolking van die begrip suggereer dat

volhoubaarheid nie gemik is op ’n “singular ‘steady state’ [nie], but rather the best possible

dynamic for dwelling in the world taking into account the needs of economy, society and

environment”. 17 Hierin lê egter ook die grootste drogrede van volhoubaarheid, naamlik die

oneerlikheid daarvan en die selfvoldane belofte van genoegsame hulpbronne in ’n tyd van

globale ekologiese krisis en hulpbronnood. Die werklikhede van die antroposeen, daarenteen,

sal van die samelewing, handelende deur sy maatskaplike instellings, verwag om nie steeds

verblind te word deur ideologiese vergoeilikinge soos “volhoubare ontwikkeling” wat ons

help om ons voortgesette inbreuk op die planeet te rasionaliseer nie. 18 Wat nodig sal wees, is

’n paradigmaskuif waardeur volhoubaarheid as die ortodokse maar falende steunpunt van

globale omgewingsreg en -regulering verwerp of herbedink word. 19

3.4 ’n Waarlik globale en holistiese toneel

Die wetenskap van globale verandering hou hom besig met die antroposeen en globale

omgewingsreg en -regulering, en fokus op die globale konteks. Die term globaal het egter

verskillende betekenisse vir verskillende mense. Ek wil aan die hand doen dat die

antroposeen die moontlikheid bied om ’n konsekwente en eenvormige begrip van globaal te

formuleer.

Hoe so?

Die antroposeen belig die onderlinge verbondenheid van natuurlike aardprosesse, of, anders

gestel, die onderling verbonde aard van die omgewing, die wisselwerking van die prosesse

daarvan, en die talle geskakelde oorsaak-en-gevolg-verhoudings wat daar op globale skaal is.

Dit is gemoeid met die totaliteit van die aardstelsel in sy geheel. Hierdie onderlinge

verbondenheid skep besondere uitdagings vir omgewingsreg en -regulering, want die

response moet ideaal gesproke al hierdie kwessies gelyktydig aanpak op ’n geïntegreerde of

holistiese manier, nie net een-een in individuele lande nie, maar ook in alle dele van die

wêreld gesamentlik, nou en in die toekoms. Die globale uitdaging van die antroposeen is

geografies, temporeel en kousaal, en ’n behoorlike respons is bes moontlik ’n holistiese

respons, of, vir die onderhawige doeleindes, ’n meer holistiese poging tot omgewingsreg en -

regulering. Die “globale” van die antroposeen is dus ’n konteks en ’n temporele en

wederkerige ruimte wat talle geografieë, reguleringsvlakke (van die plaaslike tot die

regionale tot die internasionale) en reguleringsrolspelers (staats- en niestaatsrolspelers)

insluit. 20

203
3.5 ’n Dringende oproep om doeltreffender omgewingsreg en -regulering

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hoewel die ekologiese krisis en die manifestering daarvan in byvoorbeeld die verlies aan

biodiversiteit, die uitsterwing van spesies en klimaatsverandering belangrik is, dui die

antroposeen baie spesifiek die verlies aan die selfherstelvermoë en funksionele integriteit van

die aarde en sy stelsels aan. 21 Sommiges vrees juis dat hierdie verlies aan selfherstelvermoë

en funksionele integriteit die aarde en sy stelsels sal laat versink in ’n toestand van

onomkeerbare onvolhoubaarheid wat uiteindelik tot nog ’n massa-uitsterwing sal lei. 22 Die

antroposeen sal na alle waarskynlikheid ons bestaande normatiewe stelsels onder geweldige

spanning plaas, maar dit is nietemin ’n dringende wekroep om dramatiese regulatoriese

ingrypings van ’n tot nog toe ongekende aard as ons wil voorkom dat ons die kritieke

balanspunte oorskry. Dit sal onrealisties wees om te suggereer dat globale omgewingsreg en -

regulering alleen al hierdie uitdagings die hoof moet bied. Die aard van hierdie probleme en

die verskeidenheid van die vraagstukke wat hulle oplewer, gee egter te kenne dat globale

omgewingsreg en -regulering ’n belangrike rol kan speel as deel van die sosio-institusionele

respons.

3.6 Onsekerheid en verwikkeldhede

Die antroposeen is ’n relatief jong epog. In die algemeen is ons beter bekend met die

geskiedenis van vroeëre epogge; die antroposeen, daarenteen, het pas begin en dit laat ons

sonder die wysheid van terugskouing. Hierdie onsekerheid word vererger deur die feit dat die

aarde en sy stelsels geblyk het minder gestruktureerd, geordend, gereguleerd en in ’n

bestendige staat te wees as wat ons tot dusver aangeneem of blindelings geglo het. 23 Dit is ’n

onvoorspelbare en komplekse stelsel met uiteenlopende eksternaliteite wat in groot

onsekerheid gehul is en dit maak ’n ingeligte, konsekwente en doeltreffende respons baie

moeilik, selfs onmoontlik. Wetenskaplike onsekerheid het nog altyd die bereiking van

behoorlike omgewingsuitkomste deur maatskaplike instellings soos omgewingsreg en -

regulering in die wiele gery, maar dit gaan in die toekoms aansienlik vererger. Gevolglik sal

die druk op, en verwagtings van, ons maatskaplike instellings van omgewingsreg en -

regulering eksponensieel toeneem, want hulle sal nou te doen hê met aansienlik meer

onsekerheid na gelang hulle in die mens-omgewing-koppelvlak in ’n nielineêre,

onvoorspelbare en ongestruktureerde werklikheid probeer bemiddel.

4. Globale omgewingsreg en -regulering: die status quo

Die response van ons huidige omgewingsreg en -regulering op die globale ekologiese krisis is

grotendeels ondoeltreffend, soos kommentators reeds uitgewys het. 24 Die rede vir die

ondoeltreffendheid daarvan is dat die eienskappe van ekologiese krisisse geneig is om ons

institusionele response op daardie krisisse te oorweldig. Die belangrikste probleme kom

meestal voor weens die disharmonie tussen enersyds die reg en regulering, wat maatskaplike

prosesse is, en andersyds natuurlike of ekologiese prosesse, asook weens die onvermoë van

omgewingsreg en -regulering om na behore te reageer op die globale uitwerking van hoogs

204
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

komplekse natuurlike stelsels van die aarde wat deur ’n steeds toenemende aantal mense

versteur word.

Hierbenewens is daar ’n hele reeks ander uitdagings en tekortkomings met betrekking tot

globale omgewingsreg en -regulering wat uitvoerig in die literatuur aangeteken is. 25 So

byvoorbeeld bly state en die organisasies waardeur hulle optree (soos die Verenigde Nasies

(VN) se omgewingsprogram, die United Nations Environment Programme (UNEP)), die

oorheersende rolspelers in globale omgewingsregulering, en hulle is ook meestal

verantwoordelik vir die totstandbrenging en toepassing van die globale omgewingsreg. Ons

moet aanvaar dat die ondergang van die staat en die ortodokse Wesfaalse konsep van die

oppermagtige staat in die nabye toekoms hoogs onwaarskynlik is, maar terselfdertyd is die

onwilligheid van state om niestaatsrolspelers in globale omgewingsregulering toe te laat,

kommerwekkend. Niestaatsrolspelers soos nieregeringsorganisasies (NRO’s) bly, al speel

hulle ’n al hoe belangriker rol, steeds op die buiterand van globale omgewingsregulering en

die opstel, hersiening en toepassing van die omgewingsreg. Bowendien toon state ’n mate

van weerstand teen ’n meer inklusiewe globale omgewingsregulering deur veelvuldige

rolspelers. Indien globale omgewingsregulering voorts ’n VN-gedrewe handeling (meestal

deur UNEP) bly en nie deur ’n magtiger organisasie of gespesialiseerde agentskap gedryf

word nie, sal die swakheid van UNEP problematies bly. 26

Dit is ook kommerwekkend dat state onwillig bly om ’n kragtiger vorm van volhoubaarheid

te onderskryf, soos blyk uit die voortdurende mislukking van globale

klimaatsonderhandelinge. ’n Strewe na korttermyn politieke en ekonomiese voordele ten

koste van ekologiese oorwegings is skynbaar aan die orde van die dag, en daar word maar

alte dikwels gesteun op staatsoewereiniteit as gerieflike regverdiging vir groter sosioekonomiese

ontwikkeling ten koste van die omgewing.

5. Oorwegings vir ’n gerekonseptualiseerde visie van globale omgewingsreg en -

regulering in die antroposeen

Bostaande gee te kenne dat dit heel moontlik is dat die regsvoorskrifte en

reguleringskonstrukte wat ons gedurende die holoseen tot stand gebring het, heeltemal

onvoldoende sal wees om te reageer op al die moontlike sosiopolitieke, regs- en ekologiese

uitdagings wat in die antroposeen gestel sal word. Indien ’n mens aanneem dat globale

omgewingsreg en -regulering as ’n maatskaplike instelling nog ’n ruk lank met ons sal wees

(en dit sál waarskynlik), sal ons die huidige versameling reëlings wat die bemiddeling van die

mens-omgewing-koppelvlak in die antroposeen ten doel het, moet herbedink. Wat is

sommige van die hervormende oorwegings wat omgewingsregsgeleerdes in ag kan neem

wanneer die plek en rol van globale omgewingsreg en -regulering gedurende die antroposeen

herbedink word?

205
5.1 Verby die staat na die hele wêreld

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Te midde van die geglobaliseerde werklikhede van die antroposeen sal globale

omgewingsreg en -regulering na alle waarskynlikheid “verby die staat” moet beweeg. Dit kan

geografies gebeur deur transnasionaal te word: ten opsigte van die magsentrums en die

hibridisering van openbare-private gesag; ten opsigte van die verdere disaggregasie van die

verskillende vlakke waarop omgewingsreg en -regulering as ’t ware voorkom; en ten opsigte

van die diversifisering van staats- en niestaatsrolspelers betrokke by globale omgewingsreg

en -regulering. Kortom: ten einde “verby die staat” te beweeg, sal globale omgewingsreg en -

regulering waarlik globaal moet word. In hierdie sin impliseer globaal regulering op

veelvuldige vlakke en deur veelvuldige rolspelers waarin die staat en die owerheid nie die

oorheersende rolspelers is nie en waarin die fokus verskuif na die belangrike bydrae van

niestaatsrolspelers wat op verskillende vlakke en op dwangmaatreëlvrye maniere funksioneer.

Die woord globaal word dus net soseer ter wille van sy geografiese konnotasie gebruik as ter

wille van sy uitsluiting van die staat, 27 en om te verwys na die oorsaaklike uitwerking van

geglobaliseerde prosesse, om transnasionaliteit aan te dui, en om te verwys na die

disaggregasie van globale omgewingsreg en -regulering.

Die komplekse globale regsmaatskaplike, politieke, ekonomiese en ekologiese werklikhede

van die antroposeen druis fundamenteel in teen ortodokse opvattings van globale

omgewingsreg en -regulering, wat onwrikbaar die oppergesag van die staat as alleenrolspeler

in en skepper van globale omgewingsreg en -regulering trag te behou. Die diskoers sal ’n

nuwe plek vir die mens en die staat moet bedink in ’n gedisaggregeerde, veelvlakkige en

multipolêre globale omgewingsreguleringsopset waarin omgewingsreg en -regulering nie

meer hulle morele en regsgesag kan ontleen aan die tradisionele manifestasies van die

Wesfaalse en oppermagtige staat alleen nie. Die werklikhede van die antroposeen vereis

eerder gedisaggregeerde regulering deur veelvuldige rolspelers wat gefundeer is in ’n globale

konteks en bestaan uit hibriede vorme van staats- en niestaatsregsvoorskrifte wat refleksiewe

en dwang-regulerende normatiewe opsies bied om die mens-omgewing-koppelvlak te

beheers.

5.2 ’n Holistiese respons

Vroeër is aangevoer dat die sentrale leerstuk van die antroposeen een is wat op holisme en

integrasie betrekking het, en by name dat in die antroposeen ’n enkele vraagstuk nie van

belang is nie. Van belang is die kumulatiewe totaliteite wat in allerlei onvoorspelbare

sinergieë in wisselwerking begin tree. In daardie sin is die omgewing as ’n eenvoudige

kategorie van kommer ook getransendeer. 28 Met ander woorde: omdat ons nie meer net

veranderinge in geïsoleerde stelsels teweegbring nie, 29 vereis die antroposeen ’n beskouing

van die omgewing in sy mees omvattende totaliteit (die wêreldekologie of die aardstelsel) in

plaas daarvan dat dit verdeel word in afsonderlike vraagstukterreine, byvoorbeeld die

bewaring van biodiversiteit, klimaatsverandering, varswaterregulering en so meer. Dit is in

hierdie konteks dat die antroposeen streef na die vervanging van ’n gefragmenteerde en

enkelvoudige siening van die omgewing deur ’n geïntegreerde en holistiese siening van die

206
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

aardstelsel, wat die hele aarde en sy landskappe insluit – nie spesies alleen nie, nie

gevaarpunte nie, hoe bedreig dit ook al mag wees, nie lokaliteite nie, maar die aarde in sy

geheel. 30

Hoewel byvoorbeeld aardstelselregulering as ’n konseptuele strategie ontwikkel is om

sommige aspekte van globale omgewingsregulering in die antroposeen te vergemaklik, is die

rol van die omgewingsreg in hierdie paradigma nie so duidelik nie. Biermann e.a. 31 definieer

aardstelselregulering as

the interrelated and increasingly integrated system of formal and informal rules, rule-making

systems and actor-networks at all levels of human society […] that are set up to steer

societies towards preventing, mitigating and adapting to global and local environmental

change and, in particular, earth system transformation, within the normative context of

sustainable development.

Volgens hierdie beskrywing is aardstelselregulering klaarblyklik bedoel om ’n holistiese en

geïntegreerde respons op die komplekse probleme in die antroposeen te wees. Die

omgewingsreg in die wydste sin van die woord bied stellig die informele en formele reëls vir

hierdie geïntegreerde stelsel, en in ooreenstemming met die holistiese grondslag van

aardstelselregulering sal die omgewingsreg doelbewus moet afsien van die silobenadering

wat so lank gevolg is. Afsonderlike vraagstukke soos die bewaring van biodiversiteit en

waterbesoedeling sal belangrik bly, maar omgewingsreg sal algemener moet word, ’n breër

siening moet ontwikkel en moet aanpas om breër opvattings van die omgewing te

akkommodeer. 32 Die uitdaging van holisme wat die antroposeen aan globale omgewingsreg

en -regulering stel, sal ook van omgewingsregsgeleerdes vereis om ’n verskeidenheid

vraagstukke te heroorweeg wat tans ’n holistiese respons belemmer en dit sal voorts

oplossings vereis om dié beletsels uit die weg te ruim. Hierdie vraagstukke sluit in die

gefragmenteerde groei van die internasionale omgewingsreg; mededingende

ontwikkelingsoogmerke in die omgewingsreg en -beleid en mededingende internasionale

regsregimes; geografiese fragmentering en segmentering van die fisiese omgewing; die

gebrek aan ’n progressiewe en invloedryke sentrale wêreldomgewingsowerheid; en

verdelings meegebring deur staatsoewereiniteit.

5.3 ’n Nuwe etiek en visie van volhoubaarheid

Vandag, in die heersende klimaat van antroposentrisme wat ’n verbruiksgedrewe samelewing

onderlê, raak mense al hoe meer afgeskei van die omgewing. In die konteks van hierdie

kultuur voer Folke e.a. 33 aan:

[C]urrent perspectives and worldviews mentally disconnect human progress and economic

growth from the biosphere … and the life-supporting environment, if not simply ignored, has

become external to society with people and nature treated as two separate entities.

207
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Indien ’n mens soos Dalby 34 aanvaar dat die ineenstorting van enige geloofwaardige

onderskeid tussen die mens en die natuur die mensdom dwing om sy etiese kodes of politieke

aspirasies aan te pas, sal die antroposeen van ons vereis om opnuut aandag te gee aan die

verwagtings wat ons koester ten opsigte van die toekomstige verhouding wat ons met die

biosfeer sal hê en ten opsigte van die etiese visie wat ons het van die globale omgewingsreg

en -regulering wat tot die verwesenliking van hierdie toekoms sal moet bydra. Om die mens

by die omgewing te reïntegreer – dit wil sê om die mens “van buite af” in die aardstelsel in te

bring – of om mense opnuut met ekologiese oorwegings te verbind, sal uiteindelik ’n meer

ekologies-georiënteerde regulatoriese perspektief vereis wat gegrond is op ’n etiek wat op die

mensdom as geheel fokus.

Hierdie ekosentriese en inklusiewe etiek is een wat verantwoordelikheid aanvaar vir die

verskillende vorme van mag (byvoorbeeld polities, geregtelik en ekonomies) wat mense

daagliks gebruik en onvermydelik ’n uitwerking op ander mense en die omgewing het. Dit

vereis ook van ons om hierdie vorme van mag te beteuel, sodat ons nie huidige en

toekomstige generasies en niemenslike entiteite wat natuurlike waarde het, ’n morele onreg

aandoen nie. 35 Dit sal by die globale omgewingsreg en -regulering berus om hierdie

ekosentriese etiek by mense in te skerp, om self op sodanige etiek te berus en om “goeie

vorme van mag” te skep.

’n Nuwe etiek in en deur globale omgewingsregulering sal waarskynlik ontwikkel moet word

in tandem met ’n nuwe visie van volhoubaarheid, wat, soos hier bo aangevoer, reeds vir meer

as ’n halfeeu die fondament van die globale omgewingsreg en -regulering is. Die antroposeen

vereis ’n nuwe visie van volhoubaarheid, of ’n plaasvervanger daarvoor, wat ook die ontwerp

en werking van enige nuwe argitektuur vir globale omgewingsreg en -regulering moet bepaal.

Terselfdertyd moet so ’n nuwe visie ’n dramatiese verskuiwing teweegbring weg van die

ortodokse beskouinge van volhoubaarheid waardeur hulle omgewingsaansprake regverdig en

rasionaliseer. Die antroposeen laat nie toe dat ontwikkelingsaangeleenthede geklassifiseer

word as “ekonomies”, “maatskaplik” en/of “omgewingsgerig” nie (die benadering van die

wêreldspitsberaad oor volhoubare ontwikkeling van 2002), en dit duld ook nie dat besluite

met potensieel ’n ekologiese uitwerking geneem word op grond van die armoedige retoriek

van “omgewing teenoor ontwikkeling” nie (die benadering van die VN se 1992-Konferensie

oor die omgewing en ontwikkeling). 36 Trouens, hierdie ortodokse benaderings van “swak

volhoubaarheid” is houdbaar slegs indien dit geklee word in ekologiese taal wat uitdruklik

die onderskeid “omgewing teenoor ontwikkeling” en die tradisionele driepilaarverdeling

(sosiaal-ekonomies-omgewing) van volhoubaarheid verwerp. In plaas daarvan vra dit ’n

sterker vorm van volhoubaarheid waardeur beide natuurlike en mensgemaakte kapitaal

onderhou moet word. 37

In die algemeen sal sterk volhoubaarheid in die antroposeen ook vereis dat globale

omgewingsreg en -regulering sy fokus verbreed van die tradisionele drie pilare na breër,

insidentele, maar allermins minder belangrike vraagstukke, soos menslike veiligheid, vrede

en politieke en maatskaplike stabiliteit en lewenskragtigheid. Op dié wyse sal die antroposeen

waarskynlik nuwe lewe blaas in vroeëre pleidooie om sterker vorme van volhoubaarheid wat

208
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

in ekologiese terme geklee is en deur middel van globale omgewingsreg- en

omgewingsreguleringsmaatreëls wat op ’n ekosentriese etiek gerig is, by die samelewing

ingeskerp moet word. 38

6. Slot

Gedurende vroeëre geologiese epogge, soos die holoseen, was die mens as determinans in die

biosfeer baie minder sentraal en invloedryk. Terwyl mense nog altyd aan die genade van die

omgewing en natuurkragte uitgelewer was, het ons nou gevorder van aanpas by die

omgewing na die omgewing aanpas by ons. 39 Dit is in hierdie tydperk van voortdurend

verslegtende globale ekologiese verval, gekenmerk deur antropogene ekologiese versteurings

en veranderinge aan die aarde en sy stelsels, dat ons ons plek in die natuur en die manier

waarop ons sal moet reageer op die ekologiese, sosiopolitieke, regs- en ekonomiese krisisse

wat op ons wag, moet herbedink. Indien wetenskaplike voorspellings waar blyk te wees, sal

hierdie krisisse vererger na gelang die uitwerking van die mens op die aarde en sy stelsels

gedurende die antroposeen toeneem.

Hoe moet ons op dié krisisse reageer?

In die antroposeen moet ons ’n nuwe situasie die hoof bied wat nuwe perspektiewe op en

paradigmas vir menslike ontwikkeling en vooruitgang verg; ons moet naamlik opnuut met die

biosfeer verbind en doelgerigte rentmeesters van die aarde as geheel word. 40 Dit sal nuwe

perspektiewe op en ’n herbedinking van ortodokse maatskaplike institusionele konstrukte,

soos globale omgewingsreg en -regulering en die vermoë daarvan om suksesvol in die mensomgewing-koppelvlak

te bemiddel, van ons eis.

Om die regs- en reguleringskonstrukte te herbedink wat mense ontwerp het om in die

antroposeen in die mens-omgewing-koppelvlak te bemiddel, kan heel moontlik neerkom op

’n tweede Copernicaanse revolusie waardeur die mens se plek in die mens-omgewingkoppelvlak

opnuut bepaal sal moet word en wat die gepastheid van bestaande vorme van

globale omgewingsreg en -regulering sal moet bevraagteken. Ayestaran 41 stel dit so: “[T]he

first Copernican revolution placed our planet in its correct astrophysical context. A second

Copernican revolution is underway that places humanity in its appropriate environmental

nexus.”

Hoewel ons nie die uitkoms van hierdie tweede Copernicaanse revolusie sal sien nie, sal ons

kinders en kindskinders wel. Dit plaas ’n geweldige morele verpligting op ons om die

grondslag van doeltreffender sosio-institusionele ingrypings te lê wat uiteindelik gedurende

die antroposeen suksesvoller in die mens-omgewing-koppelvlak sal bemiddel.

209
Bibliografie

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Ayestaran, I. 2008. The second Copernican revolution in the Anthropocene: An

overview. Revista Internacional Sostenibilidad, Technologia y Humanismo,3:146–57.

Bendik-Keymer, J.D. 2012. How goodness itself must change in the new world of the

Anthropocene: Moral identity and the form of power. http://www.cwru.edu/artsci/phil/How

goodness must change.pdf (6 Augustus 2012 geraadpleeg).

Bettini, G., E. Brandstedt en H. Thorén. 2010. Sustainability science and the Anthropocene:

Re-negotiating the role for science in society. http://edocs.fuberlin.de/docs/servlets/MCRFileNodeServlet/FUDOCS_derivate_000000001299/Bettini-

Sustainability_Science_and_the_Anthropocene-305.pdf?hosts= (15 Augustus 2012

geraadpleeg).

Biermann, F. 2010. Navigating the Anthropocene: The earth system governance project

strategy paper. Current Opinion in Environmental Sustainability,2:202–8.

Bosselmann, K. 1998. Ökologische Grundrechte: Zum Verhältnis zwischen individueller

Freiheit und Natur. Baden-Baden: Nomos Verlaggesellschaft.

Brauch, H.G. e.a. (reds.). 2009. Facing global environmental change: Environmental, human,

energy, food health, and water security concepts. Berlyn:Springer Verlag.

Certini, G. en R. Scalenghe. 2011. Anthropogenic soils are the golden spikes for the

Anthropocene. The Holocene, 21(8):1269–74.

Chambers, B.W. en J.F. Green (reds.). 2005. Reforming international environmental

governance: From institutional limits to innovative reforms. Tokio: United Nations

University Press.

Crutzen, P.J. en E.F. Stoermer. 2000. The “Anthropocene”. Global Change

Newsletter, 41:17–8.

Dalby, S. 2007. Ecology, security, and change in the Anthropocene. XIII(2) The Brown

Journal of World Affairs, XIII(2):155–64.

Domanska, E. 2010. Beyond Anthropocentrism in historical studies. Historein, 10:118–30.

Folke, C. e.a. 2011. Reconnecting to the biosphere. Ambio, 40:719–38.

Godden, L. en J. Peel. 2010. Environmental law: Scientific, policy and regulatory

dimensions. Melbourne: Oxford University Press.

210
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hodson, M. en M. Simon. 2010. Urbanism in the Anthropocene: Ecological urbanism or

premium ecological enclaves? City, 14(3):299–313.

Kjellén, B. 2011. The Anthropocene era and the evolution of international law and

governance. Environmental Policy and Law, 41(6):247–50.

Kotzé, L.J. 2012. Global environmental governance, law and regulation for the 21st century.

Cheltenham: Edward Elgar.

Oswald, U., H.G. Brauch en S. Dalby. 2009. Linking Anthropocene, HUGE and HESP:

Fourth phase of environmental security research. In Brauch e.a. (reds.) 2009.

Raupach, M.R. en J.G. Canadell. 2010. Carbon and the Anthropocene. Current Opinion in

Environmental Sustainability, 2:210–18.

Richardson, B.J. 2011. A damp squib: Environmental law from a human evolutionary

perspective.http://ssrn.com/abstract=1760043 (13 Augustus 2012 geraadpleeg).

Robin, L. en W. Steffen. 2007. History for the Anthropocene. History Compass, 5(5):1694–

719.

Robinson N.A. 2012. Beyond sustainability: Environmental management for the

Anthropocene epoch. Journal of Public Affairs, 12(3):181–94.

Shams, H. 2001. Law in the context of “globalisation”: A framework of analysis. The

International Lawyer, 35(4):1589–626.

Slaughter, R.A. 2012. Welcome to the Anthropocene. Futures, 44:119–26.

Šlaus, I. en G. Jacobs. 2011. Human capital and sustainability. Sustainability, 3:97–154.

Speth, J.G. en P.M. Haas. 2006. Global environmental governance. Washington: Island

Press.

Steffen W., J. Grinevald, P. Crutzen en J. McNeill. 2011. The Anthropocene: Conceptual and

historical perspectives. Philosophical Transactions of the Royal Society, 369:842–67.

Swyngedouw, E. 2011. Whose environment? The end of nature, climate change and the

process of post-politicization. Ambiente & Sociedade Campinas, XIV(2):69–87.

Syvitski, J. 2012. Anthropocene: An epoch of our making. Global Change, 78:11–5.

Uhrqvist, O. en E. Lövbrand. 2009. Seeing and knowing the earth as a system – Tracing the

history of the earth system science

211
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

partnership. http://www.earthsystemgovernance.org/ac2009/papers/AC2009-0107.pdf (8

Augustus 2012 geraadpleeg).

UNEP. 2012. GEO5 – global environment outlook: Environment for the future we

want.http://www.unep.org/geo/pdfs/geo5/GEO5_report_full_en.pdf (4 September 2012

geraadpleeg).

Woodwell, G.M. 2002. On purpose in science, conservation and government: The functional

integrity of the earth is at issue not biodiversity. Ambio, 31(5):432–6.

Zalasiewicz, J., M. Williams, W. Steffen en P. Crutzen. 2010. The new world of the

Anthropocene. Environmental Science and Technology, 44:2228–31.

Eindnotas

1 Dié aantekening is ’n hersiene weergawe van my intreerede gelewer gedurende September

2012 in Potchefstroom. My dank aan Tom McLachlan vir die taalkundige versorging en aan

die Alexander von Humboldt Stigting in Duitsland, wie se ruimhartige befondsing hierdie

navorsing moontlik gemaak het. My dank ook aan die Nasionale Navorsingstigting.

2 Crutzen en Stoermer (2000:17–8).

3 Zalasiewicz e.a. (2010:2228–31).

4 Dalby (2007:157).

5 Woodwell (2002:433).

6 Slaughter (2012:119).

7 Hodson en Simon (2010:1272).

8 Die holoseen het ongeveer 12 000 jaar gelede begin en is gekenmerk deur stabiele en

gematigde klimaats- en omgewingstoestande, wat (grotendeels) menslike ontwikkeling laat

gedy het. Swyngedouw (2011:69).

9 UNEP (2012:195).

10 Certini en Scalenghe (2011:1269–70).

11 Steffen e.a. (2011:847–9).

212
12 Sien meer in die algemeen Raupach en Canadell (2010:210–18).

13 Uhrqvist en Lövbrand (2009).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

14 Daar word wyd aanvaar dat omgewingsreg ‘n prominente instrument is om die verhouding

tussen die mens en die omgewing te reguleer. Net soos die reg menslike handelinge reguleer,

reguleer omgewingsreg die impakte van mense op die omgewing en tree dit as tussenganger

of medium op in die mens-omgewing-koppelvlak. Hierdie koppelvlak is die area waar die

mens en die omgewing met mekaar omgaan. Sien in die algemeen Kotzé (2012).

15 Bettini e.a. (2010).

16 Domanska (2010:118).

17 Robin en Steffen (2007:1965).

18 Richardson (2011).

19 Robinson (2012:181–94).

20 Kotzé (2012:17–8, 34–5).

21 Woodwell (2002:432–6).

22 Zalasiewicz e.a. (2010:2229).

23 Robin en Steffen (2007:1710).

24 Biermann (2010:202).

25 Sien bv. Chambers en Green (reds.) (2005).

26 Speth en Haas (2006:134–6).

27 Shams (2001:1626).

28 Oswald e.a. (2009:1279).

29 Kjellén (2011:248).

30 Woodwell (2002:434).

31 Biermann e.a. (2010:202).

32 Godden en Peel (2010:6).

213
33 Folke e.a. (2011:720).

34 Dalby (2007:160).

35 Bendik-Keymer (2012).

36 Robinson (2012:185–6).

37 Šlaus en Jacobs (2011:106).

38 Sien in die algemeen Bosselmann (1998).

39 Syvitski (2012:15).

40 Folke e.a. (2011:719).

41 Ayestaran (2008:154).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

214
Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die reg se oënskynlike onvermoë om korrupsie in

staatskontraktering in Suid-Afrika hok te slaan

Geo Quinot

Geo Quinot, Departement Publiekreg, Universiteit Stellenbosch

Ten spyte van ’n aansienlike aantal afdwingbare regsreëls wat staatsverkryging in Suid-

Afrika reguleer, word hierdie aspek van staatsadministrasie gekenmerk deur hoë vlakke van

ongerymdhede. Veral korrupsie blyk hoogty te vier as dit kom by staatskontrakte. Die vraag

ontstaan dus hoekom die toepaslike reg oënskynlik nie daarin slaag om korrupsie in

staatskontraktering effektief teen te werk nie. Die doel met hierdie artikel is om te fokus op

die regsreëls wat spesifiek gemik is daarop om korrupsie in staatskontraktering te beveg en

deur ’n ontleding van daardie reëls probleme te identifiseer wat sodanige oogmerk ondermyn.

Vyf hoofprobleme in die regulering van staatsverkryging word geïdentifiseer wat bepaald die

stryd teen korrupsie ondermyn, te wete die gefragmenteerde aard van die regulatoriese

raamwerk, die steun op verkrygingsbeleid as die voertuig vir individuele verkrygingsreëls,

die desentralisering van beide die verkrygingsfunksie en die skep van verkrygingsreëls, die

inkonsekwente toepassing van gemeenregtelike reëls deur howe in verkrygingsdispute en die

onsamehangende stelsel van remedies van toepassing op verkrygingstransaksies. Drie stappe

word gevolglik voorgestel wat hierdie probleme kan help aanspreek. Dit is die sentralisering

en konsolidering van die regulatoriese raamwerk, die skep van ’n sterk, sentrale

oorsigstruktuur, en ’n herbesinning van die howe se rol in die regulering van

staatsverkryging.

Trefwoorde: administratiefreg; geregtelike hersiening; korrupsie; openbare finansiële

bestuur; regulasie; skadevergoeding; staatskontrakte; staatsverkryging; tenders;

verkrygingsbeheer

Abstract

The apparent failure of the law to curb corruption in public procurement in South

Africa

Corruption and public procurement have almost become synonymous in the public mind in

South Africa. Almost every week brings new claims about some government contract that is

clouded by questionable dealings, with words such as “tenderpreneurs” describing this

scourge which has firmly taken root in popular discourse. The scope of alleged corruption in

state contracting in South Africa is staggering, with the special investigating unit currently

215
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

investigating tender irregularities amounting to billions of rand. It is no wonder that minister

Trevor Manual recently identified public procurement as the Achilles heel of government.

In South African law there is, however, no shortage of regulatory measures aimed at

controlling public procurement. This aspect of government conduct is highly regulated in

terms of binding legal rules with fairly detailed requirements that individual procurements

must meet. The question is, therefore, why corruption seems so prevalent in this area. Put

differently, the question is why the law is failing to keep corruption in public procurement in

check.

In considering this question, this article starts with a broad outline of the regulatory measures

in place to deal with corruption in public procurement in South Africa. Against this legal

backdrop the article investigates the problems in the public procurement regulatory regime

that contribute to the unhealthy state in which this area finds itself, and concludes with some

tentative thoughts on possible solutions.

Anti-corruption measures relating to public procurement in South Africa start right at the top,

in the Constitution. Section 217(1) of the Constitution states that when an organ of state

“contracts for goods or services, it must do so in accordance with a system which is fair,

equitable, transparent, competitive and cost-effective”. Most of these goals can be directly

linked to an anti-corruption agenda, with transparency being the most obvious principle

pointing to the need for anti-corruption measures in South African procurement systems. But

corruption will also adversely impact on the fairness, the competitiveness and the costeffectiveness

of procurement so that corrupt procurement practices will also fall foul of these

other constitutional imperatives.

These general constitutional principles are worked out in more detail in a large number of

statutes. The most relevant of these for present purposes are the Public Finance Management

Act, the Municipal Finance Management Act, the Preferential Procurement Policy

Framework Act and the Prevention and Combating of Corrupt Activities Act. Each of these

statutes and/or the regulations promulgated under them contains particular provisions dealing

expressly with corruption in public procurement.

There is, therefore, no shortage of legal mechanisms aimed at curbing corruption in public

procurement. High levels of procurement corruption cannot, therefore, be ascribed to a failure

to grapple with the issue, at least in law.

So what are the reasons why the ample law provision does not seem to be having the desired

effect?

An analysis of the law addressing corruption in public procurement in South Africa reveals at

least five distinct problems that may undermine its effectiveness.

The first problem with public procurement regulation in South Africa is the fragmented

nature of the regulatory regime. There are a large number of legislative instruments dealing

216
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

with different aspects of procurement, but with little or no alignment between them. This is

certainly also true of the provisions dealing with procurement corruption. All three major

statutes dealing with procurement corruption seem to adopt their own peculiar approach, with

different mechanisms resulting in duplication. These procurement-specific statutes are

supplemented by general legislation such as the Promotion of Administrative Justice Act and

the Promotion of Access to Information Act with their own regulations governing aspects of

public procurement and supply chain management policies, which in fact contain the actual

rules to be applied in a given procurement. There are many inconsistencies between these

different instruments and it is exceedingly difficult for an administrator to cope with all of

these when engaging in procurement. Where the rules of the game are not clear or easily

ascertainable it is obviously much more difficult to patrol compliance effectively.

Secondly, the choice of supply chain management policies as the vehicle for the specific rules

to be applied in South African public procurement is problematic. These are written in policy

language that is not always suitable for regulatory purposes. Drawing the line between bad or

ill-advised procurement decisions and corrupt ones may be very difficult in these

circumstances, where the rules governing the decisions may be somewhat fuzzy.

Thirdly, it was a mistake to decentralise the public procurement function and the public

procurement rule-making function at the same time. The result of this double decentralisation

has been significant divergence in how public procurement is done and governed at

grassroots level, which makes skills transfer and the development of broad-based expertise in

public procurement, as well as coordinated supervision, difficult.

Fourthly, while the legislative framework governing public procurement is already highly

fragmented, the application of the common law in this area has resulted in even more

uncertainty. Common law, in particular contract law and administrative law, has not been

consistently applied in this context and there remain many unanswered questions. For an

administrator this is, of course, a bewildering prospect. The courts’ vacillation between

applying exclusively administrative law at the one end of the scale and only contract law at

the other end, with a varying blend in between, raises a fundamental question about the

nature of public procurement law in South Africa, which also impacts on corruption. With

inconsistency in the basic (legal) conceptualisation of public procurement it becomes very

difficult to hold procurement officials to exact ethical standards.

Fifthly, enforcement of public procurement rules in South Africa, i.e. the remedies regime,

also causes problems in the fight against procurement corruption. Our procurement remedies

regime is not coherent or aligned. The remedies regime consists of multiple, often

overlapping and even conflicting remedies. There is no single approach to internal

enforcement mechanisms, with haphazard internal remedies existing across the procurement

landscape, the details of which are mostly found only in supply chain management policies.

The external remedies available, notably in terms of judicial review, are not any more

coherent. The result is that the rules of public procurement are not, and arguably cannot be,

effectively enforced.

217
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

There are three solutions or steps that may greatly contribute to regulatory success against

corruption in public procurement.

First of all, it is imperative to create a single statute dealing with all aspects of procurement,

with specific regulations containing all the rules of procurement. Such a step would go a long

way towards establishing a much more transparent system, which much greater possibility of

effective compliance monitoring. It would also contribute towards the development of

procurement expertise, which in turn should result in greater compliance.

Secondly, while it is perfectly in order to have organs of state conduct their own

procurement, there needs to be a central oversight body at national level that can monitor all

procurement practices and initiate strategic interventions, such as the formulation of new

procurement rules, where systemic problems emerge.

Lastly, once the these two steps have been taken, it is important for courts to clarify and

carefully delineate their role in the regulation of public procurement. This involves revisiting

the availability of various remedies and the circumstances under which each one can be

pursued.

In conclusion, corruption, and procurement corruption in particular, is one of the biggest

threats to South Africa’s continued development towards a stable constitutional democracy. If

we leave this scourge unchecked it will continue to diminish our already limited resources for

delivering on the social justice commitment that is a key ingredient of our constitutional

transition and remains largely only a promise to most South Africans. Corruption in public

procurement does not only divert resources away from their public purpose, but also

undermines the very programmes that were meant to be served by the goods and services thus

procured. Curbing procurement corruption should therefore be a priority in our general war

on corruption.

Keywords: administrative law; corruption; damages; judicial review; public finance

management; public procurement; regulation; state contracting; tenders

1. Inleiding

Korrupsie en staatskontraktering het al bykans sinoniem geword in publieke omgang in Suid-

Afrika. So te sê elke week is daar nuus van bewerings van een of ander vorm van

ongerymdhede in ’n staatskontrak. Dit is dus geen wonder nie dat die

nuutskepping tenderpreneur deeglik wortel geskiet het in openbare debat oor hierdie

hedendaagse plaag. 1

Die omvang van beweerde korrupsie en ongerymdhede in staatskontraktering in Suid-Afrika

is enorm. In antwoord op ’n vraag in die nasionale vergadering het die President in Mei 2012

’n lys van 25 ondersoeke deur die spesiale ondersoekeenheid ingevolge die Wet op Spesiale

218
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Ondersoekeenhede en Spesiale Tribunale 74 van 1996 wat tans as prioriteitsondersoeke

beskou word, verskaf. 2 Van hierdie 25 ondersoeke handel 24 met beweerde ongerymdhede

en/of korrupsie in staatsverkryging dwarsoor die nasionale regering en in al nege provinsies.

Dit sluit in ondersoeke na konstruksiekontrakte deur die nasionale Departement van

Behuising ter waarde van R4 miljard; kontrakte deur die Gautengse Departement van

Gesondheid ter waarde van R1 miljard; kontrakte deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens ter

waarde van R1 miljard; strafvervolgings rakende kontrakte deur die nasionale Departement

van Openbare Werke ter waarde van R400 miljoen en aanbevelings vir die verdere

kansellasie van kontrakte ter waarde van R700 miljoen; en ondersoeke na 131

verkrygingstransaksies deur die SABC ter waarde van R932 miljoen, waarvan onbehoorlike

besteding ter waarde van R187 miljoen reeds onthul is. Dit is geen wonder nie dat minister

Trevor Manuel tydens ’n onlangse mediakonferensie in die parlement staatsverkryging as die

"‘Achilles' heel of government by any measure at the moment" beskryf het. 3

In die Suid-Afrikaanse reg is daar geen tekort aan regulatoriese meganismes gemik op die

beheer van staatskontraktering nie. 4 Hierdie area van staatsadministrasie is hoogs gereguleer

deur middel van bindende regsreëls 5 met betreklik spesifieke voorvereistes waaraan

individuele staatsverkrygingstransaksies moet voldoen. Die vraag is gevolglik hoekom

korrupsie steeds so algemeen voorkom in hierdie area, of meer spesifiek, hoekom die reg

oënskynlik nie daarin slaag om korrupsie in staatskontraktering onder beheer te bring nie.

In hierdie bydrae neem ek hierdie vraagstuk in oënskou. 6 Ek begin deur ‘n kort beskrywing te

gee van wat korrupsie in hierdie konteks behels. Daarna sit ek in breë trekke die

regsmeganismes gemik op die voorkoming van korrupsie in staatskontraktering in Suid-

Afrika uiteen. My oogmerk is nie om ’n diepgaande ontleding van daardie meganismes hier

te doen nie, maar bloot om die toepaslike reg bymekaar te bring. 7 Teen die agtergrond van

hierdie uiteensetting bespreek ek vervolgens die probleme in staatsverkrygingsreg wat bydra

tot die ongesonde stand van sake in hierdie area. Ek sluit af met enkele tentatiewe voorstelle

om die situasie te beredder.

Voor ek begin met ’n oorsig oor die reg betreffende korrupsie en staatsverkryging, is ’n

geregverdigde vraag hoekom ek fokus op staatskontrakte. Bied hierdie fokusarea nie ’n

verwronge prentjie van openbare korrupsie in Suid-Afrika nie? Trouens, soos appèlregter

Nugent tereg in South African Post Office v De Lacy 8 opmerk, kom sake rakende staattenders

met ontstellende herhaling voor die howe. Is hierdie spesifieke area van staatsadministrasie

dus nie bloot een wat oor die algemeen uitsonderlike regulatoriese uitdagings bied sodat ’n

mens nie verbaas moet wees as korrupsie ook ’n besondere probleem in dié area is nie?

Daar is ’n aantal redes hoekom ’n fokus op korrupsie in staatskontraktering in die besonder

geregverdig is wanneer ’n mens korrupsie in die openbare sektor oor die algemeen oorweeg.

Staatskontraktering is van beduidende ekonomiese en sosiale belang in die meeste lande. In

ontwikkelende lande word geskat dat staatsverkryging tussen 25% en 30% van bruto

binnelandse produk (BBP) verteenwoordig. 9 Presiese en onlangse syfers in dié verband is nie

maklik om in Suid-Afrika te bekom nie, maar gegewe Suid-Afrika se enorme openbare

219
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

kapitale-werke-programme is dit te verwagte dat staatsverkryging as ’n persentasie van BBP

plaaslik aan die bokant van hierdie skatting sal wees. Statistiek Suid-Afrika rapporteer dat die

gekonsolideerde algemene regeringsuitgawe op die aankoop van goedere en dienste in die

2009/2010-boekjaar op R196,9 miljard gestaan het, ’n toename van R14,8 miljard op

2008/2009-uitgawes. 10 Die totale verkrygingsuitgawes van staatsbeheerde ondernemings het

R212 miljard beloop in 2010/2011. 11 Staatsverkryging verteenwoordig dus duidelik

wesenlike markaktiwiteit.

Vanuit ’n administratiewe oogpunt is staatsverkryging ook belangrik, aangesien die meeste

staatsprogramme en -inisiatiewe, indien nie almal nie, essensieel afhanklik is van verkryging:

die verkryging van goedere en dienste. Gevolglik, ongeag die meriete van ’n bepaalde

staatsprogram, indien die staatskontrakte waarop die program steun, faal, sal die totale

openbare funksie ter sprake faal. ’n Mens kan maar dink aan onlangse voorbeelde uit die

openbare onderwyssektor rakende mislukte verkryging van leermateriaal om hierdie punt te

begryp. 12 Dit volg dus dat wanneer staatskontraktering besmet is met korrupsie, dit nie alleen

die kontrakte ter sprake aantas nie, maar inderdaad staatsadministrasie in die breë. Die stryd

teen korrupsie in staatskontraktering word dus die vertrekpunt van die groter stryd teen

korrupsie in die openbare sektor.

2. Korrupsie in die konteks van staatskontraktering

Korrupsie is ’n baie moeilike begrip om met presisie te definieer. 13 Een rede hiervoor is dat

korrupsie as verskynsel op ’n verskeidenheid terreine met verskillende fokus in elk ondersoek

word. Dit kan byvoorbeeld beskou word as ’n ekonomiese, regs- of sosiale konsep,

afhangend van die fokus van die bepaalde ondersoek of die teorie onderliggend aan die

ondersoek. 14

’n Verdere rede vir die vaagheid van die begrip is die feit dat korrupsie essensieel in

moraliteit en etiek geanker is, welke velde op sigself moeilik vatbaar is vir presiese en

universele definisie en baie uiteindelik afhang van die bepaalde sosiale konteks. 15 ’n Mens se

begrip van korrupsie hang ook af van kultuur. Wat as omkoopgeld in een kultuur beskou

word, kan maklik as ’n aanvaarbare blyk van waardering of respek in ’n ander kultuur gesien

word. 16

Op sy eenvoudigste kan korrupsie beskryf word as die misbruik van openbare mag vir private

gewin. Een welbekende definisie omskryf korrupsie as “gedrag wat afwyk van die formele

pligte van ’n openbare amp vir private (persoonlik, familie of geslote groep) finansiële of

status-gewin; of wat reëls teen die uitoefening van sekere tipes private-belang-invloed skend”

(my vertaling). 17

In die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede 12 van

2004 18 word die algemene misdryf van korrupsie soos volg omskryf:

220
Enigiemand wat, regstreeks of onregstreeks –

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

(a) enige beloning aanvaar of instem of aanbied om dit te aanvaar van enigiemand

anders, hetsy tot sy of haar eie voordeel of tot voordeel van iemand anders; of

(b) enige beloning gee of instem of aanbied om dit te gee aan enigiemand anders,

hetsy tot voordeel van daardie ander persoon of tot voordeel van iemand anders, ten

einde op te tree, persoonlik of deur beïnvloeding van iemand anders om aldus op te

tree, op ’n wyse –

(i) wat neerkom op die –

(aa) onwettige, oneerlike, ongemagtigde, onvoltooide, of

bevooroordeelde; of

(bb) misbruik of verkoop van inligting of materiaal verkry in die loop

van die uitoefening, uitvoering of verrigting van enige bevoegdhede,

pligte of werksaamhede voortspruitend uit ’n grondwetlike, statutêre,

kontraktuele of enige ander regsverpligting;

(ii) wat neerkom op –

(aa) die misbruik van ’n gesagsposisie;

(bb) ’n vertrouensbreuk; of

(cc) die skending van ’n regsplig of ’n stel reëls;

(iii) met die doel om ’n ongeregverdigde gevolg te bereik; of

(iv) wat neerkom op enige ander ongemagtigde of onbehoorlike oorreding om

enigiets te doen of nie te doen nie

is skuldig aan die misdryf van korrupsie.

In die konteks van staatsverkryging kan korrupsie vele vorme aanneem. Dit sluit openbare

korrupsie, private korrupsie en “outokorrupsie” 19 in. Openbare korrupsie is ’n handeling

tussen ’n private verskaffer en ’n staatsamptenaar met die bevoegdheid om ’n

verkrygingsbesluit te neem. 20 Die mees algemene vorm kom voor wanneer die verskaffer

omkoopgeld aan die amptenaar betaal om ’n sekere besluit in die guns van die verskaffer te

neem. Private korrupsie vind plaas tussen private verskaffers in die staatsverkrygingskonteks.

Dit sluit optrede soos prysvasstelling en ander vorme van onmededingende handelinge

in. 21 Outokorrupsie vind plaas waar ’n amptenaar voordele vir hom-/haarself of ’n verwante

persoon bekom wat in werklikheid die publiek toekom. Dit sluit algemeen in die toeken van

staatskontrakte aan ’n eie onderneming of ’n onderneming van ’n verwante persoon. 22

221
3. Die Suid-Afrikaanse reg betreffende staatsverkrygingskorrupsie 23

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Teen-korrupsie-meganismes in staatskontraktering in Suid-Afrika begin reg bo in die

Grondwet. 24 Artikel 217(1) van die Grondwet vereis dat wanneer ’n staatsorgaan “vir goedere

of dienste kontrakteer, moet hy dit doen ooreenkomstig ’n stelsel wat regverdig, billik,

deursigtig, mededingend en kostedoeltreffend is”. Die meeste van hierdie beginsels kan direk

gekoppel word aan ’n teen-korrupsie-agenda, 25 met deursigtigheid as die mees voor die hand

liggende beginsel, wat dui op ’n behoefte aan teen-korrupsie-meganismes in die Suid-

Afrikaanse verkrygingslandskap. Internasionaal word daar algemeen aanvaar dat

deursigtigheid ’n belangrike meganisme is om verkrygingsreg-oogmerke soos korrupsievrye

staatsverkryging te bewerkstellig. 26

Korrupsie sal egter ook ’n negatiewe impak hê op van die ander beginsels, soos billikheid,

mededingendheid en kostedoeltreffendheid; korrupte staatskontraktering is du ook in stryd

met hierdie grondwetlike beginsels. 27 Om byvoorbeeld ‘n kontrak aan ’n tenderaar toe te ken

op grond van ’n omkoopprys eerder as die meriete van die aanbod, is uiteraard nie billik

teenoor ander tenderaars nie. Sodanige optrede ondermyn ook ware kompetisie, en aangesien

die kontrak nie toegeken word op grond van die beste bepalings nie, sal kostedoeltreffendheid

verder ingeboet word.

Kostedoeltreffendheid en mededingendheid word ook ondermyn deur die “reputasie-skade”

wat korrupsie aan verkrygingstelsels kan aanrig. Indien verskaffers, veral internasionale

verskaffers, die indruk kry dat staatskontrakte in ’n bepaalde stelsel op korrupte wyses

toegeken word, is dit te verwagte dat minder sodanige verskaffers vir staatskontrakte sal

tender. 28 Op hierdie wyse word kompetisie tussen verskaffers ondermyn. 29

Hierdie grondwetlike beginsels word in groter besonderhede uitgewerk in ’n groot aantal

wette. Die mees relevante wette vir huidige doeleindes is: die Wet op Openbare Finansiële

Bestuur 1 van 1999; sy plaaslike-owerheid-eweknie, die Wet op Plaaslike Regering:

Munisipale Finansiële Bestuur 56 van 2003; die Wet op die Raamwerk vir

Voorkeurverkrygingsbeleid 5 van 2000; en die Wet op die Voorkoming en Bestryding van

Korrupte Bedrywighede 12 van 2004. Elk van hierdie wette en/of die regulasies wat

daaronder uitgevaardig is, bevat spesifieke bepalings wat uitdruklik handel met korrupsie in

staatskontraktering.

Die besonderheidsvoorskrifte vir verkrygingstelsels, insluitende die reëls wat bepaalde

staatskontraktering beheer en wat deur elke staatsdepartement op nasionale en provinsiale

vlak geïmplementeer moet word, verskyn in die tesourie-regulasies uitgevaardig ingevolge

die Wet op Openbare Finansiële Bestuur 30 en op plaaslike vlak in die Munisipale

Verkrygingsregulasies uitgevaardig ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale

Finansiële Bestuur. 31 Die tesourie-regulasies verbied spesifiek in regulasie 16A8.3 enige

misbruik van die verkrygingstelsel, wat insluit enige gebruik van die stelsel vir persoonlike

gewin. Dit verplig ook alle amptenare en rolspelers om owerhede by te staan ten einde

korrupsie teen te werk. 32 Hierdie pligte word afgedwing deur middel van regulasie 16A9, wat

222
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

voorsiening maak vir ’n wye en redelik drastiese reeks afdwingingsmeganismes. 33 By hierdie

meganismes is ingesluit die bevoegdheid om aanbiedinge te verwerp of om kontrakte te

kanselleer waar korrupsie in die stelsel ontdek word; om ondersoek in te stel na bewerings

van korrupsie en om remediërende stappe te doen, insluitende die lê van kriminele klagtes; en

om die toepaslike tesourie van sodanige stappe in kennis te stel, wat weer kan lei tot die

uitsluiting van die betrokke tenderaar van toekomstige staatskontrakte. Hierdie bepalings

word grootliks herhaal op plaaslikeregeringsvlak in regulasie 38 van die munisipale

verkrygingsregulasies.

Ingevolge die Voorkeurverkrygingsregulasies, 2011, uitgevaardig kragtens die Wet op die

Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, 34 en wat van toepassing is op alle staatsorgane,

moet ’n staatsorgaan optree teen ’n tenderaar of kontrakteur indien bedrieglike optrede, wat

korrupte gedrag sou insluit, bespeur word in voorleggings rakende voorkeur in die tender.

Die staatsorgaan se magte in hierdie verband sluit in die kansellasie van die kontrak, die eis

van skadevergoeding en die uitsluiting van die betrokke tenderaar van toekomstige

staatskontrakte vir ’n periode van tot tien jaar.

In oorweging van ’n staatsorgaan se pligte ingevolge die Wet op die Raamwerk vir

Voorkeurverkrygingsbeleid merk die konstitusionele hof in Viking Pony Africa Pumps (Pty)

Ltd t/a Tricom Africa v Hidro-Tech Systems (Pty) Ltd 35 op dat hierdie bepalings 36 verseker

dat geen staatsorgaan passief kan bly wanneer daar aanduidings van bedrieglike voorkeur is

nie, maar dat dit staatsorgane verplig om gepaste stappe te doen om die situasie aan te

spreek. 37 Die hof aanvaar ’n breë interpretasie van ’n staatsorgaan se pligte in hierdie verband

en bepaal dat die plig om op te tree, ontstaan sodra die staatsorgaan bedrieglike optrede

bespeur. Die hof dui aan dat bespeur(“detect”) in hierdie verband “generally means no more

than discovering, getting to know, coming to the realisation, being informed, having reason to

believe, entertaining a reasonable suspicion, that allegations, of a fraudulent

misrepresentation by the successful tenderer, so as to profit from preference points, are

plausible”. 38

Die hof verwerp gevolglik die argument dat ’n staatsorgaan se plig om stappe te doen, eers

ontstaan wanneer bedrieglike optrede afdoende as feit bewys is. 39 Soos die woorde “having

reason to believe” in bostaande diktum aandui, word niks meer as ‘n subjektiewe vermoede

vereis ten einde hierdie plig te aktiveer nie. Die toets vir sodanige aktivering is egter nie net

subjektief in die vorm van ‘n opinie gevorm deur die staatsorgaan nie. Soos die woorde

“being informed” aandui, kan ‘n objektiewe gebeurtenis ook die plig aktiveer. Uit hierdie

beslissing is dit duidelik dat ’n staatsorgaan proaktief moet wees in die opvolg van bewerings

van korrupsie in die konteks van voorkeurverkryging. Dit is ook duidelik dat die voorskrif

om gepaste stappe te doen, ’n wye spektrum verskillende handelinge aan die kant van die

staatsorgaan mag vereis, insluitende ‘n aanvanklike ondersoek om die bewerings te bevestig,

en indien daar meriete in die bewerings is, die instel van sanksies teen die bedrieglike

tenderaar, hetsy van ‘n administratiewe of ‘n geregtelike aard.

223
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die bevoegdheid om tenderaars uit te sluit van toekomstige staatskontrakte as ’n sanksie

ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, die Wet op Plaaslike Regering:

Munisipale Finansiële Bestuur en die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid

het gelei tot die skep van die databasis vir beperkte verskaffers. 40 Hierdie databasis word deur

die nasionale tesourie bygehou en bevat al die inligting rakende besluite om tenderaars van

toekomstige staatskontrakte deur enige staatsorgaan uit te sluit. 41 Kontrakterende staatsorgane

is verplig om te bevestig, alvorens ’n tender toegeken word, dat die voorkeurtenderaar nie op

die databasis verskyn nie. 42 Indien die voorkeurtenderaar wel op die databasis verskyn, moet

die kontrak nie aan daardie tenderaar toegeken word nie.

Die finale stuk wetgewing vir oorweging in Suid-Afrika se stryd teen korrupsie in

staatsverkryging is die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede

(“die Korrupsiewet”). Hierdie wet skep twee korrupsiemisdrywe: artikel 12, “Misdrywe ten

opsigte van korrupte bedrywighede met betrekking tot kontrakte”, 43 en artikel 13, “Misdrywe

ten opsigte van korrupte bedrywighede met betrekking tot verkryging en terugtrekking van

tenders”. 44 Tussen hierdie twee artikels word korrupsie in die verkryging van staatskontrakte

oor ’n breë spektrum gekriminaliseer. Artikel 17 maak dit voorts ook ’n misdryf vir ’n

openbare beampte om ’n private belang te bekom of te hou in enige kontrak met die

staatsorgaan in wie se diens hy of sy staan.

Hierdie “korrupsie-misdrywe” is onderhewig aan spesiale strawwe kragtens die

Korrupsiewet. Wanneer ’n persoon skuldig bevind word aan enige van die misdrywe geskep

in artikels 12 of 13 mag die hof, addisioneel tot die gewone strawwe van boetes en/of

tronkstraf, 45 beveel dat die persoon se besonderhede op die register vir tenderoortreders

geëndosseer word. 46 Dié register word deur die wet self geskep. 47 Endossering op die register

lei daartoe dat die persoon uitgesluit word van alle toekomstige staatskontrakte vir die termyn

van endossering en dat enige bestaande kontrakte met daardie persoon gekanselleer kan

word. 48 Terwyl dit die hof is wat die bevel vir endossering gee, word die termyn van

endossering deur die nasionale tesourie bepaal, met ’n minimum van vyf jaar en ’n

maksimum van tien. 49 Die buitengewone aspek van endossering op die register kragtens die

Korrupsiewet is die wye omvang van verwante partye van wie die besonderhede ook op die

register geëndosseer mag word as gevolg van ’n skuldigbevinding van ’n korrupte tenderaar

sonder dat enige van hierdie persone partye tot die strafverhoor was. Afgesien van die

persoon wat skuldig bevind is in die strafverhoor (“die oortreder”), mag die besonderhede

van die volgende verwante partye ook geëndosseer word, met die gevolg dat hulle ook van

toekomstige staatskontrakte uitgesluit sal word:

• enige vennoot, bestuurder, direkteur of iemand anders wat gehele of gedeeltelike beheer

oor daardie onderneming [die oortreder] uitoefen of kan uitoefen en wat betrokke was by

die betrokke misdryf of wat weet of redelikerwys behoort te geweet of vermoed het dat die

onderneming die betrokke misdryf gepleeg het; 50

• enige ander onderneming besit of beheer deur die aldus veroordeelde; 51

224
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

• enige vennoot, bestuurder, direkteur of iemand anders wat gehele of gedeeltelike beheer

oor sodanige ander onderneming uitoefen of kan uitoefen, en welke – (aa) onderneming,

vennoot, bestuurder, direkteur of iemand anders betrokke was by die betrokke misdryf; of

(bb) … geweet het of redelikerwys behoort te geweet of vermoed het dat sodanige ander

onderneming betrokke was by die betrokke misdryf; 52

• elke onderneming wat in die toekoms opgerig word en welke onderneming in geheel of

gedeeltelik beheer of besit word deur die persoon of onderneming aldus veroordeel of

geëndosseer. 53

Die register vir tenderoortreders wat deur die Korrupsiewet geskep is, staan apart van die

databasis vir beperkte verskaffers waarna hier bo verwys is, hoewel beide deur die nasionale

tesourie in stand gehou word. 54 Staatsorgane is verplig om voor die toeken van ’n kontrak te

bevestig dat voorkeurtenderaars op geeneen van hierdie lyste verskyn nie. 55

Bostaande oorsigtelike bespreking dui aan dat daar geen tekort aan regsmeganismes in Suid-

Afrika is wat op die bekamping van korrupsie in staatskontrakte gemik is nie. Hoë vlakke van

korrupsie in staatskontraktering kan dus nie toegeskryf word aan ’n gebrek aan toepaslike

regsreëls en instellings nie. Die vraag is dus: Wat skort met hierdie oorvloed van

regsmeganismes wat meebring dat korrupsie steeds hoogty vier? In die volgende afdeling

bespreek ek ’n aantal redes wat tot hierdie stand van sake bydra. 56

4. Probleme in die regulering van staatsverkryging

4.1 Gefragmenteerde regulasie

Een van die grootste probleme met die staatsverkrygingsregulasie in Suid-Afrika, indien nie

die enkele grootste probleem nie, is die gefragmenteerde aard van die regulatoriese sisteem.

As ’n mens alleen fokus op artikel 217(1) van die Grondwet, wat die vyf basiese beginsels

van staatsverkryging in Suid-Afrika neerlê, sal ‘n mens verwag om ’n samehangende,

eenvormige en gesistematiseerde regulatoriese struktuur te vind, gebou op die duidelike en

gesaghebbende vyf beginsels. Die oomblik as ‘n mens egter agter die Grondwet kyk,

verander die prentjie drasties.

Soos ek in afdeling 2 hier bo uitgewys het, is daar ’n groot aantal wetgewende instrumente

wat verskillende aspekte van staatskontraktering reguleer, met min of geen belyning tussen

die verskillende meganismes nie. Hierdie probleem geld ook vir meganismes gemik op

korrupsie in staatsverkryging. Soos gesê, benader elk van die drie primêre stukke wetgewing

in dié konteks verkrygingskorrupsie op ’n eiesoortige wyse, met verskillende meganismes

wat oorvleuel en by geleentheid ook tot duplisering lei. Die remedies wat deur hierdie

wetgewende bepalings geskep word, is een voorbeeld waarop ek in meer besonderhede in

afdeling 3.5 hier onder uitbrei.

225
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Nog ’n voorbeeld, waarna ek reeds hier bo verwys het, is die twee lyste van uitgeslote

tenderaars in die databasis van beperkte verskaffers en die register van tenderoortreders.

Hoewel dit maklik is om op die oog af te onderskei tussen hierdie twee lyste en hul

oënskynlik neerslag vind in twee uiteenlopende kontekste, kan die

dieperliggendeoorvleueling tussen die twee meganismes regulatoriese probleme meebring.

Dit is byvoorbeeld moeilik om ’n geval voor te stel waar ’n tenderaar skuldig bevind kan

word aan ’n misdryf ingevolge artikel 12 of 13 van die Korrupsiewet en gevolglik gestraf

word met endossering op die register sonder dat die betrokke staatsorgaan bewus was van die

onbehoorlike optrede en gevolglik onder ’n verpligting was ingevolge die Wet op Openbare

Finansiële Bestuur en die tesourie-regulasies daaronder om ook toepaslike stappe, insluitende

sanksies, te doen. Trouens, ’n suksesvolle vervolging van ’n artikel 12- of 13-misdryf sou

nouliks haalbaar wees sonder die noue samewerking van die betrokke kontrakterende

staatsorgaan. Dit volg dus dat dieselfde onbehoorlike optrede noodwendig behoort te lei tot

uitsluiting van die oortreder van toekomstige staatskontrakte deur middel van beide die

databasis en register. Die meganismes agter sodanige insluiting op die twee lyste verskil egter

drasties, en daarmee die moontlike termyn van endossering.

Die vraag ontstaan hoekom daar twee afsonderlike meganismes hier ter sprake is.

Die gefragmenteerde aard van verkrygingsreg word vererger deur die toepassing van ’n

aantal algemene stukke wetgewing, soos die Wet op die Bevordering van Administratiewe

Geregtigheid 3 van 2000, wat besondere implikasies vir staatskontraktering inhou naas die

spesifieke wetgewende bepalings hier bo uitgewys. In hierdie meer algemene wette vind ‘n

mens verdere bepalings wat nog verdere gedetailleerde reëls vir verkryging neerlê. Die

uitsluiting van tenderaars is weer eens ’n goeie voorbeeld van hierdie verdere fragmentasie.

Dit is nou gevestigde reg dat die besluit om tenderaars op die databasis van beperkte

verskaffers te plaas ’n administratiewe handeling is, met die gevolg dat administrateurs ook

die reëls van die algemene administratiefreg moet nakom in die neem van so ’n

besluit. 57 Administratiefreg kan moontlik ook ’n rol speel in die endossering van tenderaars

op die register van tenderoortreders. 58 Selfs op hierdie vlak is die regulatoriese prentjie egter

nog nie volledig nie, aangesien die wetgewing aangevul word deur verkrygingsbeleid, wat in

wese die besonderheidsreëls bevat waaraan ’n bepaalde staatskontrak moet voldoen.

Daar is vele teenstrydighede tussen hierdie verskillende instrumente, en dié moeras van

regulasies skep besondere uitdagings vir administrateurs ten einde effektiewe

staatsverkryging te bedryf.

In sy ontleding van die praktiese implikasies van die meervoudige regulasies wat van

toepassing is op hierdie terrein wys Wim Trengove daarop dat daar nie minder nie as sewe

lae van reg is waardeur ’n administrateur moet worstel ten einde goedere of dienste te

bekom. 59 Dit is dus nie moeilik om te begryp hoekom misbruik van die verkrygingstelsel so

moeilik is om te patrolleer nie. Waar die reëls van die spel nie duidelik is nie, of nie maklik is

om onomwonde te formuleer nie, is dit uiteraard baie moeiliker om nakoming effektief af te

dwing. In hierdie konteks is dit dus heeltemal moontlik dat gebrekkige verkryging in ’n

226
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

bepaalde geval bloot ’n resultaat van gebrek aan vermoë is om die komplekse reëls te

verstaan en na te volg eerder as wat dit ’n resultaat van doelbewuste korrupte gedrag is. Om

die verskil tussen onskuldige gebrekkige vermoë en misbruik of korrupsie as oorsake van

mislukte staatskontraktering te identifiseer, is gevolglik nie altyd maklik nie. Om in bepaalde

gevalle vas te stel wat die spesifieke oorsaak van ’n mislukte staatsverkryging was, kan dus

’n baie duur en tydrowende oefening wees wat besondere deskundigheid vereis. Sodanige

oefening is bygevolg nie werklik haalbaar oor ’n breë spektrum van staatskontraktering nie.

Dit kan dalk regverdigbaar wees in die geval van groot staatskontrakte, soos die Seritikommissie

se huidige ondersoek na die regering se berugte wapentransaksie, maar vir seker

nie vir alledaagse aankope nie.

Maar juis hierin sit die knoop, want soos die spreekwoord lui: dit is die klein jakkalsies wat

die wingerd verniel.

4.2 Aard van die regulatoriese raamwerk

’n Tweede groot probleem in verkrygingsreg in Suid-Afrika, wat aansluit by die eerste

probleem van fragmentasie, handel oor die aard van die regulatoriese raamwerk. Die keuse

van verkrygingsbeleid as die voertuig vir die spesifieke reëls van toepassing op individuele

staatskontrakte is besonder problematies.

Beleid kan verstaan word as breë stellings van openbare oogmerke; 60 dit behels meestal

strategieë of aksieplanne gerig op die realisering van doelwitte in belang van die breë

gemeenskap. 61 Regsreëls, daarenteen, koppel ’n spesifieke regsgevolg aan ’n spesifieke

handeling of stand van sake. 62 Daar is dus ’n bepaalde verhouding tussen beleid en regsreëls,

maar die twee vervul fundamenteel verskillende funksies. Een van die belangrikste verskille

is dat beleid nie direk afdwingbaar is nie, terwyl afdwingbaarheid juis ’n kerneienskap van

regsreëls is.

Hierdie verskil is al telkens deur ons howe beklemtoon. 63 Soos appèlregter Harms in Akani

Garden Route (Pty) Ltd v Pinnacle Point Casino (Pty) Ltd 64 tereg opmerk, moet beleid eers in

statutêre instrumente omskep word alvorens dit die publiek kan bind. Beleidsdokumente

word dus tradisioneel in taal geskryf wat nie spesifiek is nie en gevolglik nie uiting gee aan

afdwingbare reëls nie. Dit volg dat die vermenging van die konsepte van beleid en regsreëls

in enkele dokumente problematies is, veral wanneer sodanige instrumente ten doel het om

spesifieke handelinge dwingend te reguleer. Dit is presies die geval in die huidige benadering

tot kontrole oor staatsverkryging deur middel van individuele

staatsverkrygingsbeleidsdokumente wat elke staatsorgaan se verkryging voorskryf.

Soos wat ’n mens van beleidsdokumente kan verwag, is hierdie voorskrifte in beleidsterme

geformuleer wat nie altyd gepas is vir regulatoriese doeleindes nie, ten minste nie wat die

implementering van regulasies betref nie. As ’n mens na sulke beleidsdokumente kyk, vind ’n

mens dikwels vae, “wollerige” stellings soos “die verkrygingseenheid moet goeie

verhoudinge met verskaffers nastreef”. Hoewel so ’n stelling gepas is in ’n suiwer

227
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

beleidsdokument, raak dit ietwat problematies wanneer dit vermeng word met meer

spesifieke, afdwingbare regsreëls wat die implementering van bepaalde

verkrygingstransaksies moet reguleer. Soos met die eerste probleem in paragraaf 3.1 hier bo

uitgewys, raak dit moeilik om in hierdie konteks te onderskei tussen ondeurdagte

verkrygingsbesluite en korrupte optrede waar die reëls wat die besluite onderlê, nie besonder

duidelik of voldoende spesifiek is nie.

4.3 Desentralisasie van staatskontraktering

Die derde rede wat bydra tot gebrekkige staatskontraktering en wat die stryd teen

tenderkorrupsie in Suid-Afrika ondermyn, is ’n historiese een. Dit was ’n groot fout om

tegelyk te poog om die funksie van verkryging asook die skep van die reëls wat verkryging

beheers, te desentraliseer. Met ander woorde, dit was ’n fout om van individuele staatsorgane

te verwag om self hul verkryging te bestuur, insluitende self kontrakte te sluit, asook om self

die reëls te skryf waarvolgens hulle hierdie funksie sal vervul soos wat tans in die vorm van

verkrygingsbeleid verwag word. Dit is moeilik genoeg om van amptenare in elke

staatsorgaan te verwag om die gesentraliseerde verkrygingsfunksie van die staatstenderraad

en onderskeie provinsiale tenderrade oor te neem binne die konteks van ’n hoogs

gefragmenteerde regulatoriese raamwerk, maar om verder te verwag dat hierdie amptenare

ook nog die reëls van verkryging binne hul onderskeie omgewings moet skep en onderhou, is

’n stap te ver.

Die gevolg van hierdie dubbele desentralisasie was ook aansienlike uiteenlopendheid in hoe

staatskontraktering deur verskillende staatsorgane aangepak word en hoe dit op voetsoolvlak

gereguleer word.

Hierdie verskille ondermyn verder die oordrag van vaardighede en sowel die ontwikkeling

van breë deskundigheid in staatskontraktering as gekoördineerde oorsig.

Al hierdie faktore lei tot ’n uiters kwesbare regulatoriese omgewing wat eenvoudig nie

opgewasse is om die versoekings wat die groot bedrae ter sprake in staatskontrakte meebring,

effektief te weerstaan nie.

In hierdie konteks is dit opmerklik dat terwyl internasionale “beste praktyk” ’n geïntegreerde,

gedesentraliseerde benadering tot verkryging ondersteun, dit wil sê die werklike bekom van

goedere en dienste, dit nie geld vir die verdere afwenteling van die funksie om die toepaslike

reëls te skep en oorsig te bied na die vlak van die kontrakterende staatsorgaan nie. 65 Met

ander woorde, in die meeste moderne verkrygingstelsels vind ‘n mens vandag dat die

werklike verkryging van die goedere deur die staatsorgaan wat daardie goedere benodig self

gedoen word en nie meer deur ’n sentrale liggaam soos ’n nasionale tenderraad nie. In

teenstelling hiermee suggereer internasionale beste praktyk egter dat die skep van

verkrygingsreëls, asook oorsig oor verkryging, eerder deur ’n sentrale, nasionale liggaam wat

ideaal onafhanklik van die regering is, gedoen moet word. Met ander woorde, in

verkrygingsreg word daar ’n funksionele onderskeid getref tussen die funksie van verkryging

228
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

en die funksie van oorsig oor verkryging (insluitende die funksie van die skep van

verkrygingsreëls en standaarde). Eersgenoemde kan oorgelaat word aan die staatsorgaan wat

die goedere benodig, maar nie laasgenoemde nie.

4.4 Wisselende toepassing van die gemenereg deur die howe

Terwyl die wetgewende raamwerk wat staatskontraktering omvat, alreeds uiters

gefragmenteerd is, soos hier bo aangedui, lei die toepassing van gemeenregtelike reëls deur

die howe op hierdie gebied tot verdere onsekerheid. Gemeenregtelike reëls, en in die

besonder reëls van die kontraktereg en administratiefreg, word nie eenvormig toegepas op

staatskontraktering nie. Terwyl daar steeds vele onbeantwoorde vrae is, skep uitsprake

dikwels meer vrae as wat dit antwoorde bied. Vir ’n administrateur is hierdie stand van sake

uiteraard hoogs verwarrend. 66

Die howe se weifeling tussen die toepassing van administratiefreg aan die een kant van die

spektrum en kontraktereg aan die ander kant, met ’n wisselende mengsel tussenin, 67 laat

fundamentele vrae ontstaan oor die aard van staatsverkrygingsreg in Suid-Afrika, wat ook ’n

impak op korrupsie het. Etiese norme en standaarde verskil merkbaar tussen openbare

handelinge, dit wil sê handelinge in die openbare belang deur staatsorgane uitgevoer, en

suiwer besigheidstransaksies. In laasgenoemde kategorie het ons skynbaar ’n heelwat groter

aptyt vir kommersiële armdraaiery as in die eerste kategorie gevalle. So sou dit aanvaarbaar

wees in ’n suiwer besigheidstransaksie tussen private partye vir ’n koper om verskillende

verkopers openlik en doelbewus teen mekaar af te speel ten einde die beste moontlike prys te

bekom deur byvoorbeeld een verkoper te wys op die laer pryse van ’n mededinger.

Soortgelyke optrede sou egter meestal verdag wees wanneer die koper ’n staatsorgaan is. 68

Hierdie stand van sake in Suid-Afrika word onder andere uitgedra in artikel 195 van die

Grondwet, wat die openbare administrasie toewy aan “demokratiese waardes en beginsels”

soos onpartydigheid, billikheid, verantwoordingspligtigheid en deursigtigheid. Ons beskou

kennelik die regering dus as ’n rolmodel vir die samelewing 69 insluitende as ’n “moral

exemplar” 70 onderhewig aan hoër etiese standaarde as ander regsubjekte of ten minste

deelnemers aan die mark. Ten einde die regering aan sodanige hoër etiese standaarde te hou,

is dit gevolglik belangrik om te kan onderskei tussen publieke handelinge en

besigheidstransaksies. Staatskontraktering pas egter nie gemaklik in hierdie tweedeling in nie.

Aan die een kant tree die staat in hierdie gevalle duidelik op vir die doeleindes van

staatsadministrasie, maar aan die ander kant is staatsverkrygingstransaksies dikwels identies

aan transaksies wat deur enige ander markdeelnemer onderneem word en kom dit dus as blote

besigheidstransaksies voor.

Hierdie probleem vind neerslag in die reg in die wyse waarop staatsverkryging

gemeenregtelik gereguleer word deur óf die administratiefreg óf die kontraktereg. Om dit

anders te stel: die spanning tussen hierdie verskillende sieninge van

staatsverkrygingstransaksies word weerspieël in die howe se konseptualisering van

staatsverkryging as onderhewig aan óf administratiefreg óf kontraktereg. Die uitkoms van

229
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

hierdie stryd hou gevolglik belangrike implikasies in vir die toepassing van etiese standaarde

op die tersaaklike handelinge.

Ongelukkig het die Suid-Afrikaanse howe tot dusver nie ’n besonder konsekwente

benadering tot die spanning in hierdie tweedeling gevolg nie, en die onsekerheid wat hierdeur

meegebring word, het ’n negatiewe impak op die afdwinging van die hoogste etiese

standaarde op staatshandelinge.

’n Mens sou dink dat die vraagstuk beantwoord is toe appèlregter Cameron in Logbro

Properties CC v Bedderson NO 71 dit gestel het dat

[e]ven if the conditions [at issue] constituted a contract ... its provisions did not

exhaust the province’s duties toward the tenderers. Principles of administrative

justice continued to govern that relationship, and the province in exercising its

contractual rights in the tender process was obliged to act lawfully, procedurally

and fairly ... The principles of administrative justice nevertheless framed the

parties’ contractual relationship, and continued in particular to govern the

province’s exercise of the rights it derived from the contract.

Hierdie sinvolle benadering is egter nie in daaropvolgende uitsprake konsekwent nagevolg

nie. In een van die mees opmerklike afwykings hiervan het die hoogste hof van appèl

in Government of the RSA v Thabiso Chemicals 72 opgemerk dat “the principles of

administrative law have [no] role to play in the outcome of the dispute. After the tender had

been awarded, the relationship between the parties in this case was governed by the principles

of contract law.”

Uit bostaande aanhalings blyk dit duidelik dat appèlregter Cameron in Logbro Properties CC

v Bedderson NO 73 die verhouding tussen die partye na afloop van die toeken van ‘n tender as

steeds onderhewig aan die administratiefreg beskou, terwyl appèlregter Brand in Government

of the RSA v Thabiso Chemicals 74 duidelik van mening is dat die verhouding tussen die partye

alleen deur die kontraktereg beheers word. Dit is geen verrassing nie dat hierdie latere siening

intussen gelei het tot ’n eng konseptualisering van staatsverkrygingstransaksies as suiwer

kommersieel en gevolglik nie onderhewig aan die hoogste etiese standaarde nie.

Die beste voorbeeld van hierdie uitkoms is te vinde in die uitspraak in South African

Container Stevedores (Pty) Ltd v Transnet Port Terminals. 75 In hierdie saak verklaar die hoë

hof: “[T]here is no reason why 'commercial arm twisting' should not be allowed in the

procurement process and [that] it must be borne in mind that the purpose of section 217 is,

subject to the affirmative action issue, to ensure that the government gets the best price and

value for which it pays.” 76

Met hierdie vlak van teenstrydige basiese (regs-) konseptualisering van staatsverkryging is dit

moeilik om verkrygingsbeamptes aan presiese etiese standaarde te hou. ’n Mens sou selfs kon

aanvoer dat aangesien die reg beskou kan word as ’n uitdrukking van ’n samelewing se

230
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

norme en standaarde, die weifeling wat uit hierdie teenstrydige regsbenaderings na vore kom,

moontlik dui op ’n weifeling in ons gemeenskap se siening van ons verwagtinge van

staatsverkryging. Dit dui moontlik op ’n onsekerheid oor of ons skoon staatsverkryging ten

alle koste verkies bo goedkoop en vinnige verkryging wat die wiele van staatsadministrasie

teen ’n hoër tempo aan die rol hou. Indien dit inderdaad die geval is dat daar so ’n weifeling

in ons openbare bewussyn bestaan oor die sleuteloogmerk van staatsverkryging, kan ons nie

verwag dat die positiewe reg nogtans wondere kan verrig en korrupsievrye staatsverkryging

meebring nie.

4.5 Die stelsel van remedies

Die effektiewe afdwing van regsreëls, dit wil sê die stelsel van remedies, is ’n wesenselement

in suksesvolle regulering deur middel van regsreëls. In die konteks van staatsverkrygingsreg

en korrupsie is dit ook die geval. Soos Rose-Ackerman tereg opmerk, is dit veral wanneer

onafhanklike howe die reëls afdwing dat kodes van staatsverkrygingsreg die proses van

staatsverkryging teen onbehoorlike invloed beskerm. 77

Die afdwing van staatsverkrygingsreëls in Suid-Afrika skep egter ook probleme in die stryd

teen tenderkorrupsie. Die Suid-Afrikaanse verkrygingsremediestelsel is nóg samehangend

nóg behoorlik belyn. 78 Net soos staatsverkrygingsregulering oor die algemeen

gefragmenteerd is, bestaan die stelsel van remedies uit meerdere, dikwels oorvleuelende en

selfs botsende individuele remedies. Daar is geen enkele benadering tot interne of

administratiewe afdwingingsmeganismes nie, maar eerder ’n veelvoud van onsamehangende

interne remedies oor die verkrygingslandskap gestrooi, waarvan die besonderhede dikwels

alleen in verkrygingsbeheerbeleid van individuele instellings te vinde is. 79

Die beskikbare eksterne remedies is geensins meer stelselmatig nie. Soos in die vorige

afdeling opgemerk, is die toepassing van administratiefreg op staatsverkrygingshandelinge,

en gevolglik die beskikbaarheid van geregtelike hersiening van sulke handelinge, geensins

konsekwent nie. Wanneer die verhouding tussen die partye tot ’n staatskontrak as suiwer

kontraktueel aangemerk word, soos in Government of the RSA v Thabiso Chemicals, 80 kan

optrede onder daardie kontrak nie deur middel van geregtelike hersiening gereguleer word

nie.Nietemin, soos appèlregter Nugent in South African Post Office v De Lacy 81 opgemerk

het, het hersieningsaansoeke rakende verkrygingshandelinge algemeen geword. In hierdie

konteks vervul geregtelike hersiening ’n belangrike reguleringsfunksie as een wyse waarop

die reëls van staatsverkrygingsreg, insluitende alle reëls gemik op die bekamping van

korrupsie, afgedwing kan word. 82

Die vraag is dus hoekom hierdie hoër vlakke van geregtelike oorsig, oftewel pogings om

verkrygingsreëls af te dwing, nie lei tot minder gebrekkige verkryging nie, insluitende ’n

afname in tenderkorrupsie.

Ten minste ’n deel van die antwoord lê opgesluit in die feit dat die meeste van die eksterne

remedies nie behoorlik ontwikkel is nie, wat ons weer eens terugbring by die gebrek aan

231
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

behoorlike sistematisering en koördinering van verskillende individuele remedies.

Staatsverkrygingsregulering behoort in ’n groot mate selfafdwingend te wees, aangesien daar

meestal meer as een tenderaar by ’n verkrygingsproses betrokke is, met die gevolg dat daar

altyd minstens een party is (die verloorder) wat goeie aansporing het om nakoming van die

verkrygingsreëls nougeset te monitor en wat afdwingingsmeganismes kan aktiveer indien

nodig. Selfafdwinging in hierdie konteks verwys daarna dat, anders as in baie ander kontekste

van staatsoptrede, daar minder behoefte is aan ’n eksterne afdwingingsinstelling by

staatskontraktering in die lig van die meerdere partye betrokke met ’n sterk aansporing om

staatsorgane aan die reëls te hou.

Om selfafdwinging egter optimaal te implementeer moet daar effektiewe en

gesistematiseerde afdwingingsmeganismes bestaan. In hierdie verband faal die Suid-

Afrikaanse reg. As gevolg van die onderontwikkelde stand van die stelsel van remedies

beskikbaar aan tenderaars geniet ons nie die regulatoriese voordele van private afdwinging

nie, dit wil sê afdwinging van die reëls van staatsverkrygingsreg deur private partye.

Skadevergoeding as ’n remedie in staatsverkryging is grootliks onbenut in Suid-Afrika. ‘n

Deliktuele eis is net in baie eng omstandighede beskikbaar, te wete waar mala fides soos by

korrupte handelinge bewys kan word en nie in gevalle waar verlies as gevolg van bona fidehandelinge

veroorsaak is nie. 83 Die moontlikheid van vergoeding as deel van ’n hersiening

bly grootliks onverkende gebied. 84 Die gevolg van hierdie swak vergoedingsreëling is dat

teleurgestelde tenderaars hul noodwendig tot geregtelike hersiening wend. Dit is egter te

betwyfel of geregtelike hersiening ’n gepaste remedie vir tenderaars is om hul private belange

te beskerm. Soos adjunkhoofregter Moseneke in Steenkamp NO v Provincial Tender Board,

Eastern Cape 85 opmerk:

It is nonetheless appropriate to note that ordinarily a breach of administrative

justice attracts public law remedies and not private law remedies. The purpose of

a public law remedy is to pre-empt or correct or reverse an improper

administrative function. In some instances the remedy takes the form of an order

to make or not to make a particular decision or an order declaring rights or an

injunction to furnish reasons for an adverse decision. Ultimately the purpose of a

public remedy is to afford the prejudiced party administrative justice, to advance

efficient and effective public administration compelled by constitutional precepts

and at a broader level, to entrench the rule of law.

In die meeste hersieningsaansoeke in die verkrygingskonteks is dit egter veilig om aan te

neem dat die applikant nie voor die hof is om breër grondwetlike waardes te bevorder of selfs

korrupsie te beveg nie, maar eerder om die verlore staatskontrak te bekom of ten minste koste

wat in die gebrekkige tenderproses verloor is, te herwin. 86

Wat dus na vore kom uit hierdie opstelling van remedies is ’n totale ommekeer van die

behoorlike rolle van die onderskeie remedies binne die breër regulatoriese sisteem. Die

remedie wat die mees gepaste een is om private belange te beskerm, te wete

skadevergoeding, word eng gekonstrueer, wat dit baie moeilik maak vir private partye om hul

232
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

belange te beskerm, maar wat wel die nastreef van breër belange, soos die stryd teen

korrupsie, aanmoedig. In teenstelling is die remedie wat die mees gepaste een is om die breër

openbare belang te bevorder, naamlik geregtelike hersiening, algemeen beskikbaar vir private

tenderaars, maar met uiters beperkte remediërende voordele vir daardie tenderaar. Die gevolg

is dat private belange in ’n publieke remedie ingedwing word, met die effek dat die openbare

belang, met name die stryd teen korrupsie, tussen die remedies verlore gaan.

5. Oplossings

In die lig van die probleme hier bo uitgelig kan ons nou fokus op die moontlike oplossings.

Die vraag hier is hoe ons die aansienlike reg wat staatsverkryging beheers, meer effektief kan

inspan in die stryd teen korrupsie. Hoewel ek geensins voorgee dat ek al die antwoorde het

nie, en nie eens daarop kan aanspraak maak dat hierdie tentatiewe voorstelle inderdaad die

probleem gaan oplos nie, is daar wel is ’n aantal stappe wat gedoen kan word om ten minste

die moontlikheid te vergroot dat die reg effektief korrupsie in staatsverkryging kan teenwerk.

5.1 Sentraliseer en verenig die reëls van staatsverkryging

Die eerste stap om oplossings vir bostaande probleme te vind, is om ’n enkele wet te skep wat

alle aspekte van staatsverkryging omvat, met spesifieke regulasies wat die reëls van

verkryging uiteensit. So ’n wet behoort dus die huidige gefragmenteerde statutêre bepalings

betreffende staatsverkryging te konsolideer en die regulering van staatsverkryging op alle

regeringsvlakke en sfere en vir alle staatsorgane op ’n enkele eenvormige grondslag te plaas.

’n Eenvormige, sentrale wet met regulasies behoort ook die noodsaak aan verkrygingsbeleid

as ’n vorm van regulasie binne individuele staatsorgane uit te skakel. So ’n stap sal baie

bydrae tot die skep van ’n meer deursigtige stelsel, met ’n baie groter kans op effektiewe

monitering van nakoming. Dit behoort ook te lei tot die ontwikkeling van groter kundigheid

in verkryging, aangesien alle rolspelers met dieselfde stel reëls dwarsoor alle staatsinstellings

sal werk, wat weer eens groter reëlnakoming ondersteun.

Daar is enkele tekens dat daar wel beweging in hierdie rigting is. ’n Voorbeeld is die nuwe

Voorkeurverkrygingsregulasies, 2011, wat alle staatsorgane onder ’n enkele stel reëls rakende

voorkeurverkryging gebring het. Noudat ook staatsbeheerde ondernemings sedert Desember

2012 onderhewig is aan hierdie enkele stel reëls, 87 is dit die eerste keer in Suid-Afrika se

“nuwe” verkrygingslandskap, ingelui deur die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, dat álle

staatsorgane onderhewig is aan ’n enkele stel reëls oor hoe staatskontrakte beoordeel moet

word.

Nog ’n positiewe ontwikkeling is die konsep-tesourieregulasies onder die Wet op Openbare

Finansiële Bestuur wat in November 2012 vir kommentaar gepubliseer is met ’n teikenimplementeringsdatum

van 1 April 2013. 88 Hierdie konsep bevat dramaties meer reëls

rakende verkryging as die huidige tesourieregulasies. 89 Daar word heelwat minder oorgelaat

aan individuele staatsorgane se verkrygingstelsels, en oor die meeste aspekte van verkryging

233
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

vind ’n mens een of ander reël in die konsep. Hoewel hierdie regulasies nie van toepassing is

op plaaslike regering nie en daar dus steeds ‘n onderskeid is tussen die regulering van

staatsverkryging in die verskillende sfere van regering, is hierdie konsep ’n positiewe stap in

die rigting van groter duidelikheid en eenvormigheid in staatsverkrygingsregulering.

5.2 Skep ’n enkele oorsigstruktuur op nasionale vlak

Terwyl dit sinvol is dat elke staatsorgaan sy eie verkryging bestuur, moet daar nietemin ’n

sentrale nasionale liggaam wees wat toesig kan hou oor verkrygingspraktyke en wat

strategiese ingryping van stapel kan stuur waar nodig, byvoorbeeld om verkrygingsreëls aan

te pas of nuwe reëls te skep waar sistemiese probleme na vore kom. Die oogmerk van so ’n

liggaam moet wees om verkryging nie self te behartig nie (met ander woorde dit is nie ’n

tenderraad soos ons dit voorheen in Suid-Afrika geken het nie), maar eerder om leiding te

verskaf vir institusionele verkryging en om in te gryp waar nodig. Dit is belangrik dat hierdie

liggaam voorts onafhanklik van die regering moet wees ten einde dit in staat te stel om

behoorlike nakoming van verkrygingsreëls te verseker sonder vrees vir politieke of

burokratiese inmenging. Vanuit ’n teen-korrupsie-perspektief is so ’n struktuur van uiterste

belang. Daar is geen twyfel nie dat korrupsie, insluitende verkrygingskorrupsie, sistemies in

Suid-Afrika is. Die enigste wyse om verkrygingskorrupsie effektief te bestry, is dus deur die

skep van meganismes wat ’n oorkoepelende blik op die hele staatsverkrygingstelsel het. Die

behoefte aan so ’n meganisme blyk duidelik uit die groot aantal ondersoeke en hoëprofielondersoeke

en klagtes insake verkryging wat deur die openbare beskermer onderneem word.

Daar is weer eens tekens van positiewe stappe in hierdie rigting. In sy 2012begrotingstoespraak

het die minister van finansies, Pravin Gordhan, aangekondig dat ’n nuwe

staatsverkrygingsoorsigliggaam, die kantoor van die hoofverkrygingsbeampte (“Office of the

Chief Procurement Officer”) binne die nasionale tesourie geskep gaan word. Die oogmerk

van hierdie struktuur sal wees om oorsig te bied oor alle staatsverkryging, met ’n spesifieke

fokus op korrupsie. Die eenheid sal gelei word deur ’n hoofverkrygingsbeampte wie se

funksies die volgende sal insluit:

• Verbetering van die funksionering en effektiwiteit van die staatsverkrygingstelsel.

• Bevordering, monitering, assessering en afdwing van verkrygingsbeheer.

• Ontwikkeling en implementering van ’n nasionale verkrygingstrategie.

• Oorsig oor die bestuur van termynkontrakte vir algemene goedere en dienste.

• Oorsig oor die ontwikkeling van verkrygingskapasiteitsbou en kliënte-ondersteuning.

Die 2012-konsep-tesourieregulasies stel ook ’n aansienlik meer omvattende

rapporteringstruktuur vir verkryging in die vooruitsig in vergeleke met die huidige

tesourieregulasies. Die konsep sluit maandelikse rapportering van alle verkrygingstransaksies

in. 90 Alhoewel rapportering steeds net aan die toepaslike tesourie is, is die voorgestelde

verpligtinge wat oorsig betref, ’n stap in die regte rigting. Groter rapportering skep ten minste

die moontlikheid van meer geredelike kontrolering van individuele verkrygingstransaksies.

234
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Dit ondersteun uiteraard ook deursigtigheid, wat, soos hier bo aangedui, direk in verband

staan met die stryd teen korrupsie.

5.3 Howe moet hul rol in verkrygingsbeheer duidelik afbaken

Wanneer bogenoemde twee stappe gedoen is, is dit belangrik vir die howe om hul rol in die

regulering van staatsverkryging versigtig en duidelik af te baken. Hierdie proses behels

primêr ’n heroorweging van die beskikbaarheid van verskillende remedies en

die omstandighede waarin elk nagevolg kan word.

Vergoeding/skadevergoeding behoort meer algemeen beskikbaar te wees aan verontregte

tenderaars wat nadeel gely het as gevolg van ’n verbroude tenderproses. 91 Dit is die gepaste

wyse om private belange te beskerm en sal die onbehoorlike steun op geregtelike hersiening

as ’n meganisme om sodanige private belange te bevorder, verminder. Geregtelike hersiening

kan dan terugkeer na sy behoorlike rol in die nastreef van administratiewe geregtigheid en die

realisering van goeie, skoon administrasie. Die verdere gevolg sal wees dat regters meer

spesifiek kan fokus op die sistemiese probleme wat na vore kom uit die geregtelike

hersiening van verkrygingsbesluite en om remedies te skep wat sensitief is vir sodanige

sistemiese kwessies, eerder as om eng te moet fokus op die belange van die spesifieke partye

voor die hof soos wat tans te dikwels die geval is.

My argument in hierdie verband moet nie verkeerd verstaan word as ’n oproep om minder

geregtelike oorsig of kontrole nie, maar eenvoudig vir ’n versigtige oorweging van die mees

effektiewe vorm van oorsig vir bepaalde regulatoriese probleme. Dit sluit in die vraag of

howe inderdaad die mees gepaste meganisme is in die voorste linie in die stryd teen

tenderkorrupsie.

6. Gevolgtrekking

Korrupsie, en tenderkorrupsie in die besonder, is een van die grootste gevare in Suid-Afrika

se voortgesette ontwikkeling in die rigting van ’n stabiele grondwetlike demokrasie. Indien

ons nie hierdie moderne plaag effektief kan stuit nie, sal dit net verder vreet aan ons reeds

beperkte bronne wat vir die realisering van sosiale geregtigheid as ’n sleutelaspek van ons

grondwetlike oorgang beskikbaar is, en wat steeds bloot ’n belofte aan die meeste Suid-

Afrikaners is.

Korrupsie in staatsverkryging neem nie alleen hulpbronne van hul openbare doel weg nie,

maar ondermyn die hele staatsprogram wat deur die benodigde goedere en dienste gedien

moes word. Die stryd teen tenderkorrupsie behoort dus ’n hoë prioriteit te wees in ons

algemene stryd teen korrupsie.

Soos ek in hierdie bydrae aangedui het, is daar geen tekort aan regsreëls wat op die stryd teen

tenderkorrupsie gerig is nie. Die probleem is eerder een van belyning en koördinering van die

235
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

verskillende dimensies van staatsverkrygingsregulasies op ’n wyse wat die bekamping van

tenderkorrupsie ’n realiteit eerder as net ’n beleid sal maak.

Bibliografie

Baxter, L. 1984. Administrative law. Kenwyn: Juta & Kie Bpk.

Bolton, P. 2006. The exclusion of contractors from government contract awards. Law,

democracy and development, 10(1):25–48.

—. 2007. The law of government procurement in South Africa. Durban: LexisNexis.

—. 2013. The regulatory framework for public procurement in South Africa. In Quinot en

Arrowsmith (reds.) 2013.

Coetzee, G. 2012. Ace-uitsprake onder die loep. Volksblad, 22

Februarie.http://www.volksblad.com/Rubrieke/GertCoetzee/Ace-uitsprake-onder-die-loep-

20120222 (4 Desember 2012 geraadpleeg).

Couzens, M. 2012. Procurement adjudication and the rights of children: Freedom Stationery

(Pty) Ltd v MEC for Education, Eastern Cape 2011 JOL 26927 (E). Potchefstroomse

Elektroniese Regsblad, 15(1):391–428.

Davies, A.C.L. 2006. Ultra vires problems in government contracts. Law Quarterly

Review, 122:98–123.

Departement van Basiese Onderwys en SECTION27. 2012. Joint statement issued by the

Department of Basic Education and SECTION27 on the release of the Limpopo textbook

delivery verification report.http://www.section27.org.za/wp-content/uploads/2012/07/16-

July-2012-Limpopo-Report-Joint-Statement1.pdf (20 Augustus 2012 geraadpleeg).

Departement van Handel en Nywerheid. 2011. Leveraging public procurement. Annual Small

Business Summit. 12 Oktober. http://www.thedti.gov.za/sme_development/sumit/Leveraging

Public Procurement as a Market for Small Enterprises.pdf (14 Augustus 2012 geraadpleeg).

Fuller, M.B., M. Nebbe en W. Schreiner (reds.). 2011. Africa growth report. Beirut Boston

Pretoria Tianjin Zurich: INNOVATIO Publishing Ltd.

Gilder, B. 2012. Tackle all dimensions of corruption. The Sunday Independent, 08

Desember.http://www.iol.co.za/sundayindependent/tackle-all-dimensions-of-corruption-

1.1360443 (9 Januarie 2013 geraadpleeg).

236
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Harlow, C. en R. Rawlings. 2009. Law and administration. 3de uitgawe. Cambridge:

Cambridge University Press.

Jongbloed, Z. 2010. Die jagseisoen op Julius Malema is nou oop. Die Burger, 18

Julie.http://www.dieburger.com/Rubrieke/ZeldaJongbloed/Die-jagseisoen-op-Julius-Malemais-nou-oop-20100718-2(4

Desember 2012 geraadpleeg).

Jowell, J. 1973. The legal control of administrative discretion. Public Law,18:178–220.

Lamprecht, M. 2012. Leuens onvermydelik. Beeld, 1 April. http://www.beeld.com/Suid-

Afrika/Nuus/Leuens-onvermydelik-20120401 (4 Desember 2012 geraadpleeg).

Naki, E. 2012. Tenderpreneurs: the bad side of BEE. The New Age. 22

Februarie.http://thenewage.co.za/Detail.aspx?blog_id=2021&blog_cat_id=1079 (9 Januarie

2013 geraadpleeg).

Nye, J.S. 1967. Corruption and political development: a cost-benefit analysis. American

Political Science Review,61:417–27.

O’Byrne, S.K. 1992. Public power and private obligation: an analysis of the government

contract. Dalhousie Law Journal, 14:485–525.

Pakuscher, E.K. 1971. Judicial review of executive acts in economic affairs in

Germany. Journal of Public Law, 20:273–98.

Pound, R. 1959. Jurisprudence. St. Paul: West Publishing Co.

Quinot, G. 2008a. Worse than losing a government tender: winning it. Stellenbosse

Regstydskrif, 19(1):101–21.

—. 2008b. Public procurement. Juta’s Quarterly Review of South African Law,1.

—. 2008c. Public procurement. Juta’s Quarterly Review of South African Law,3.

—. 2009a. State commercial activity: A legal framework. Claremont: Juta Bpk.

—. 2009b. Towards effective judicial review of state commercial activity. Tydskrif vir die

Suid-Afrikaanse Reg, 3:436–49.

—. 2011a. Enforcement of procurement law from a South African perspective. Public

Procurement Law Review, 20(6):193–206.

—. 2011b. Public procurement. Juta’s Quarterly Review of South African Law,4.

Quinot, G. en S. Arrowsmith. 2013. Introduction. In Quinot en Arrowsmith (reds.) 2013.

237
Quinot, G. en S. Arrowsmith (reds.). 2013. Public procurement regulation in

Africa. Cambridge: Cambridge University Press.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Rose-Ackerman, S. 1999. Corruption and government: causes, consequences, and

reform. Cambridge: Cambridge University Press.

Sapa. 2011. Vavi slates “tenderpreneurs”. Fin24, 2

Junie. http://m.news24.com/fin24/Economy/Vavi-slates-tenderpreneurs-20110602 (9 Januarie

2013 geraadpleeg).

Sapa. 2013. Manuel calls for supply chain reform. Fin24,19

Februarie. http://www.fin24.com/Economy/Manuel-calls-for-supply-chain-reform-

20130219 (25 Februarie 2013 geraadpleeg).

Seddon, N. 2004. Government contracts. 3de uitgawe. Sydney: The Federation Press.

Seekings, J. en N. Nattrass. 2011. State-business relations and pro-poor growth in South

Africa. Journal of International Development, 23(3):338–57.

Segar, S. 2012. ANC anti-small business – DA. Cape Argus, 14

Augustus.http://www.iol.co.za/business/business-news/anc-anti-small-business-da-

1.1361960 (9 Januarie 2013 geraadpleeg).

Stats SA. 2011. Statistical release P9119.4: financial statistics of consolidated general

government 2009/2010.

The Presidency: Republic of South Africa. 2012. Written reply: National Assembly question

number 914. 8 Mei.http://www.pmg.org.za/node/32986 (9 Januarie 2013 geraadpleeg).

Trengove, W. 2012. Problems besetting the public procurement process: a case

study. Challenges to the Achievement of Administrative Justice in South Africa Conference.

Universiteit van Kaapstad. 25 Januarie 2012.

UN Trade and Development Board. 2012. Competition policy and public procurement. UN

Doc TD/B/C.I/CLP/14.

Williams, S. en G. Quinot. 2007. Public procurement and corruption: the South African

response. South African Law Journal, 124(2):339–63.

—. 2008. To debar or not to debar: when to endorse a contractor on the register for tender

defaulters. South African Law Journal, 125(2):248–58.

Williams-Elegbe, S. 2012. Fighting corruption in public procurement. Oxford and Portland,

Oregon: Hart Publishing.

238
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 2013. A perspective on corruption and public procurement in Africa. In Quinot en

Arrowsmith (reds.) 2013.

Eindnotas

1 Die woord word meestal gebruik om te verwys na ’n persoon wat d.m.v. politieke netwerke

uiters winsgewende staatskontrakte vir groot persoonlike gewin bekom het. Sien bv.

Lamprecht (2012); Coetzee (2012); Jongbloed (2010). Die woord tenderpreneur kom net so

algemeen in Engelse tekste voor; sien bv. Gilder (2012); Naki (2012); Segar (2012); Sapa

(2011); Seekings en Nattrass (2011:350); Fuller e.a.(2011:1).

2 The Presidency: Republic of South Africa (2012).

3 Sapa (2013).

4 Sien in die algemeen Bolton (2007).

5 Anders as in baie ander regstelsels word die besonderhede van staatsverkryging in Suid-

Afrika nie bloot d.m.v. niebindende regsinstrumente soos riglyne en instruksies vanaf die

tesourie gereguleer nie, hoewel daar ook ’n aansienlike aantal sodanige sagte

regsmeganismes hier te lande bestaan wat die bindende regsreëls aanvul.

6 Die omvang van hierdie bydrae is dus beperk tot die kwessie van korrupsie in

staatsverkryging en bepaald die regsmeganismes gemik op die bekamping daarvan. ‘n

Algemene bespreking van staatskontraktering val gevolglik buite die omvang van die bydrae.

Vir sodanige bespreking sien Quinot en Arrowsmith (2013) en Bolton (2007).

7 Hierdie bepalings is reeds elders aan deeglike analise onderwerp. Sien Williams-Elegbe

(2012:71–6, 98–102); Williams en Quinot (2007); Williams en Quinot (2008); Bolton

(2007:391–401); Bolton (2006:25).

8 2009 5 SA 255 (HHA) par. 1.

9 UN Trade and Development Board (2012:3).

10 Stats SA (2011:3). Algemene regering oftewel general government in hierdie statistieke

sluit in nasionale en provinsiale regerings, hoëronderwysinstellings en niehandelsdienste van

plaaslike owerhede, maar sluit staatsbeheerde ondernemings uit. Syfers aangedui vir

verkryging van goedere en dienste sluit uit eiendomskostes (soos huur); aankoop van vaste

bates, voorraad en kapitale spandering (soos die aankoop van goedere en dienste vir

verspreiding na huishoudings).

239
11 Departement van Handel en Nywerheid (2011).

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

12 Twee voorbeelde illustreer hierdie punt effektief. In 2010 is ’n tender vir die verkryging

van skryfbehoeftes vir openbare skole deur die Oos-Kaapse Departement van Onderwys reg

aan die einde van die jaar gekanselleer. Die gevolg was dat die departement moes rondskarrel

om ’n verskaffer te vind ten einde skryfbehoeftes gereed te hê vir die begin van die 2011-

skooljaar sonder om die verkryging per openbare tender te adverteer. ’n Tenderaar in die

gekanselleerde 2010-tenderproses het gevolglik suksesvol aansoek gedoen by die hoë hof om

’n interdik ten einde die departement en sy verskaffer te verhoed om voort te gaan met die

kontrak hangende ’n hersieningsaansoek van die oorspronklike 2010-tenderproses. Die

gevolg was dat baie van die behoeftigste skole in die Oos-Kaap sonder enige skryfbehoeftes

gelaat is vir ’n goeie deel van die 2011-skooljaar. SienFreedom Stationery (Pty) v MEC for

Education, Eastern Cape 2011-03-10 saaknr. 59/2011 (OKO)en vir kommentaar op die

uitspraak, Couzens (2012). ’n Tweede meer onlangse voorbeeld kom van Limpopo, waar

probleme met verkryging in 2012 saam met ander probleme baie skole in die provinsie

sonder leerdermateriaal gelaat het vir ten minste die eerste helfte van die 2012-skooljaar.

Sien Section 27 v Minister of Education 2012-05-17 saaknr. 24565/2012 (GNP); Departement

van Basiese Onderwys en SECTION27 (2012).

13 Williams en Quinot (2007:340).

14 Sien in die algemeen Williams-Elegbe (2012:9–13).

15 Williams en Quinot (2007:340).

16 Ibid.

17 Nye (1967:417).

18 Art. 3.

19 Williams en Quinot (2007:341).

20 Ibid.

21 Williams en Quinot (2007:342).

22 Ibid.

23 Hierdie afdeling steun op my vroeëre gesamentlike publikasies: Williams en Quinot (2007)

en Williams en Quinot (2008).

24 1996.

240
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

25 Die stryd teen korrupsie is uiteraard nie die enigste oogmerk voortvloeiend uit hierdie

grondwetlike beginsels van staatsverkryging nie, maar is een van ‘n aantal oogmerke wat

ingevolge die beginsels gelys in art. 217(1) gebalanseer moet word. Oor die oogmerke van

verkrygingsreg in die algemeen sien Quinot en Arrowsmith (2013:7–21) en in Suid-Afrika in

die besonder, Bolton (2013:179–80).

26 Quinot en Arrowsmith (2013:16–8); Williams-Elegbe (2013:352–4). Die skakel tussen

deursigtigheid in staatsverkryging en teenkorrupsie-meganismes blyk veral duidelik uit die

vereiste in ‘n aantal internasionale instrumente gemik op die bekamping van korrupsie wat

spesifiek deursigtige staatsverkryging voorskryf as deel van die partye se verpligtinge onder

die instrument (sien Williams-Elegbe (2013:358–69).

27 Sien die inhoud wat aan hierdie grondwetlike beginsels gegee word in die konseptesourieregulasies,

uitgevaardig ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur 1 van

1999 (GK 1005 in SK 35939 van 30 November 2012), waar die verpligting om korrupsie te

bestry direk gekoppel word aan die beginsels van billikheid en mededingendheid (Konsepreg.

20.3.1).

28 Vgl. Rose-Ackerman se soortgelyke punt rakende die invloed van korrupsie op direkte

buitelandse beleggings in die algemeen (1999:2–3).

29 Sien Quinot en Arrowsmith (2013:13).

30 GK R225 in SK 27388 van 15 Maart 2005.

31 GK R868 in SK 27636 van 30 Mei 2005.

32 Tesouriereg. 16A8.3 lui:

A supply chain management official or other role player –

(a) must recognise and disclose any conflict of interest that may arise;

(b) must treat all suppliers and potential suppliers equitably;

(c) may not use their position for private gain or to improperly benefit another person;

(d) must ensure that they do not compromise the credibility or integrity of the supply chain

management system through the acceptance of gifts or hospitality or any other act;

(e) must be scrupulous in their use of public property; and

(f) must assist accounting officers or accounting authorities in combating corruption and

fraud in the supply chain management system.

241
33 Tesouriereg. 16A9.1 lui:

The accounting officer or accounting authority must –

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

(a) take all reasonable steps to prevent abuse of the supply chain management system;

(b) investigate any allegations against an official or other role player of corruption, improper

conduct or failure to comply with the supply chain management system, and when justified –

(i) take steps against such official or other role player and inform the relevant treasury of such

steps; and

(ii) report any conduct that may constitute an offence to the South African Police Service;

(c) check the National Treasury’s database prior to awarding any contract to ensure that no

recommended bidder, nor any of its directors, are listed as companies or persons prohibited

from doing business with the public sector;

(e) reject a proposal for the award of a contract if the recommended bidder has committed a

corrupt or fraudulent act in competing for the particular contract; or

(f) cancel a contract awarded to a supplier of goods or services –

(i) if the supplier committed any corrupt or fraudulent act during the bidding process or the

execution of that contract; or

(ii) if any official or other role player committed any corrupt or fraudulent act during the

bidding process or the execution of that contract that benefited that supplier.

Tesouriereg. 16A9.2 lui:

The accounting officer or accounting authority –

(a) may disregard the bid of any bidder if that bidder, or any of its directors –

(i) have abused the institution’s supply chain management system;

(ii) have committed fraud or any other improper conduct in relation to such system; or

(iii) have failed to perform on any previous contract; and

(b) must inform the relevant treasury of any action taken in terms of paragraph (a).

Tesouriereg. 16A9.3 lui:

242
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

The National Treasury and each provincial treasury must establish a mechanism:

(a) to receive and consider complaints regarding alleged non-compliance with the prescribed

minimum norms and standards; and

(b) to make recommendations for remedial actions to be taken if non-compliance of any

norms and standards is established, including recommendations of criminal steps to be taken

in the case of corruption, fraud or other criminal offences.

34 GK R502 in SK 34350 van 8 Junie 2011.

35 2011 1 SA 327 (KH) par. 28.

36 Die saak is beslis kragtens die essensieel identies-bewoorde reg. 15 van die

Voorkeurverkrygingsregulasies, 2001, wat nou vervang is deur

Voorkeurverkrygingsregulasies, 2011.

37 Viking Pony Africa Pumps (Pty) Ltd t/a Tricom Africa v Hidro-Tech Systems (Pty)

Ltd 2010 3 SA 365 (HHA) par. 32.

38 Viking Pony Africa Pumps (Pty) Ltd t/a Tricom Africa v Hidro-Tech Systems (Pty)

Ltd 2011 1 SA 327 (KH) par. 31.

39 Par. 32.

40 “Database of restricted suppliers”.

41 Die databasis is openlik beskikbaar op die webwerf van die nasionale tesourie:

www.treasury.gov.za/publications/other/Database of Restricted Suppliers.pdf (4 September

2012 geraadpleeg).

42 Tesouriereg. 16A9.1(c); Munisipale verkrygingsreg. 38(1)(c).

43 Art. 12 van die Korrupsiewet lui:

(1) Enigiemand wat, regstreeks of onregstreeks –

(a) enige beloning aanvaar of instem of aanbied om dit te aanvaar van enigiemand anders,

hetsy tot sy of haar eie voordeel of tot voordeel van daardie ander persoon of iemand anders;

of

(b) enige beloning gee of instem of aanbied om dit te gee aan enigiemand anders, hetsy tot

voordeel van daardie ander persoon of tot voordeel van iemand anders –

(i) ten einde op enige wyse –

243
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

(aa) die bevordering, uitvoering of verkryging van enige kontrak by ’n openbare liggaam,

privaat organisasie, regspersoon of enige ander organisasie of instelling; of

(bb) vasstelling van die prys, teenprestasie of ander gelde in so ’n kontrak gestipuleer of

andersins bepaal, onbehoorlik te beïnvloed; of

(ii) as ’n vergoeding vir optrede soos beoog in paragraaf (a),

is skuldig aan die misdryf van korrupte bedrywighede met betrekking tot kontrakte.

(2) Enigiemand wat, ten einde ’n kontrak by ’n openbare liggaam te verkry of behou of as ’n

beding van so ’n kontrak, regstreeks of onregstreeks, enige beloning gee of instem of aanbied

om dit te gee aan enigiemand anders, hetsy tot voordeel van daardie ander persoon of tot

voordeel van iemand anders –

(a) met die doel om die verkiesing van ’n kandidaat of ’n kategorie of party kandidate tot die

wetgewende gesag op enige wyse te bevorder; of

(b) met die opset om die uitslag van ’n verkiesing, gehou vir die doel van verkiesing van

persone om as lede te dien van die wetgewende gesag, op enige wyse te beïnvloed of raak,

is skuldig aan ’n misdryf.

44 Art. 13 van die Korrupsiewet lui:

(1) Enigiemand wat, regstreeks of onregstreeks, enige beloning aanvaar of instem of aanbied

om dit te aanvaar van enigiemand anders, hetsy tot sy of haar eie voordeel of tot voordeel van

iemand anders, as –

(a) oorreding om, persoonlik of deur beïnvloeding van iemand anders om aldus op te tree –

(i) ’n tender, met betrekking tot ’n kontrak vir verrigting van enige werk, lewering van enige

diens, verskaffing van enige artikel, materiaal of stof of verrigting van enige ander optrede,

aan ’n besondere persoon toeken; of

(ii) op uitnodiging om vir so ’n kontrak te tender, ’n tender vir daardie kontrak doen wat as

doel het om die aanbesteder ’n besondere tender te laat aanvaar; of

(iii) ’n tender wat deur hom of haar vir so ’n kontrak gedoen is, terugtrek; of

(b) vergoeding vir optrede soos in paragraaf (a) (i), (ii) of (iii) beoog,

is skuldig aan die misdryf van korrupte bedrywighede met betrekking tot verkryging en

terugtrekking van tenders.

244
(2) Enigiemand wat, regstreeks of onregstreeks –

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

(a) enige beloning gee of instem of aanbied om dit te gee aan enigiemand anders, hetsy tot

voordeel van daardie ander persoon of tot voordeel van iemand anders, as –

(i) oorreding om, persoonlik of deur beïnvloeding van iemand anders om aldus op te tree, ’n

tender, met betrekking tot ’n kontrak vir verrigting van enige werk, lewering van enige diens,

verskaffing van enige artikel, materiaal of stof of verrigting van enige ander optrede, aan ’n

besondere persoon toe te ken; of

(ii) vergoeding vir optrede soos in subparagraaf (i) beoog; of

(b) met die opset om ’n tender te verkry met betrekking tot ’n kontrak vir verrigting van enige

werk, lewering van enige diens, verskaffing van enige artikel, materiaal of stof of verrigting

van enige ander optrede, enige beloning gee of instem of aanbied om dit te gee aan

enigiemand wat ’n tender met betrekking tot daardie kontrak gedoen het, hetsy tot voordeel

van daardie tenderaar of tot voordeel van enigiemand anders, as –

(i) oorreding om die tender terug te trek; of

(ii) vergoeding vir die terugtrekking van of omdat die tender teruggetrek is,

is skuldig aan die misdryf van korrupte bedrywighede met betrekking tot verkryging en

terugtrekking van tenders.

45 Korrupsiewet art. 26.

46 Korrupsiewet art. 28.

47 Korrupsiewet art. 29.

48 Korrupsiewet art. 28(3).

49 Korrupsiewet art. 28(3)(ii). Die regulasies betreffende die register vir tenderoortreders,

geskep ingevolge die Korrupsiewet (GK R104 in SK 27365 van 11 Maart 2005), is

duidelik ultra vires waar dit bepaal in reg. 3 dat inligting vir 20 jaar op die register gelys

moet word.

50 Korrupsiewet art. 28(1)(b)(ii).

51 Korrupsiewet art. 28(1)(c)(i).

52 Korrupsiewet art. 28(1)(c)(ii).

53 Korrupsiewet art. 28(1)(d).

245
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

54 Soos met die databasis van beperkte verskaffers is die register openlik beskikbaar op die

nasionale tesourie se webwerf: www.treasury.gov.za/publications/other/Register for Tender

Defaulters.pdf (4 September 2012 geraadpleeg).

55 Tesouriereg. 16A9.1(c); Munisipale verkrygingsreg. 38(1)(c).

56 Terwyl my bespreking fokus op die rol van die reg in die bekamping van korrupsie in

staatsverkryging in die besonder, kan baie van die regulatoriese probleme hier onder

aangespreek ook in ’n meer algemene lig as probleme met staatsverkrygingsregulasie in die

geheel beskou word.

57 Chairman of the State Tender Board v Digital Voice Processing (Pty) Ltd, Chairman of the

State Tender Board v Sneller Digital (Pty) Ltd 2012 2 SA 16 (HHA) par. 30–1.

58 Williams en Quinot (2007:361).

59 Trengove (2012).

60 Jowell (1973:201).

61 Baxter (1984:80).

62 Pound (1959:ii); Harlow en Rawlings (2009:204).

63 Minister of Education v Harris 2001 4 SA 1297 (KH); Akani Garden Route (Pty) Ltd v

Pinnacle Point Casino (Pty) Ltd 2001 4 SA 501 (HHA).

64 2001 4 SA 501 (HHA) par. 7.

65 Sien bv. die UNCITRAL Model Law on Public

Procurementhttp://www.uncitral.org/uncitral/uncitral_texts/procurement_infrastructure/2011

Model.html (4 September 2012 geraadpleeg).

66 Sien Quinot (2011a:201); Quinot (2011b, par. 2.6); Quinot (2008b, par. 2.3); Quinot

(2008c, par. 2.1).

67 Sien Quinot (2009a:52–132).

68 Sien Seddon (2004:12–7) en O’Byrne (1992) vir nog voorbeelde.

69 S v Makwanyane 1995 3 SA 391 (KH) par. 222. Sien ook Ex parte Minister of Safety and

Security: In re S v Walters 2002 4 SA 613 (KH) par. 6; Mohamed v President of the Republic

of South Africa (Society for the Abolition of the Death Penalty and Another Intervening) 2001

3 SA 893 (KH) par. 68 en Police and Prisons Civil Rights Union v Minister of Correctional

Services [2006] 2 All SA 175 (O) par. 82; Quinot (2009a:130–1).

246
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

70 Soos gestel deur die Federal Court of Australia in Hughes Aircraft Systems International v

Airservices Australia1997 FCA 558 (30 Junie 1997). SienSeddon (2004:12–3) en vir die

toepassing van dieselfde beginsel in die Engelse en Duitse reg onderskeidelik, sien Davies

(2006:105) en Pakuscher (1971:285).

71 2003 2 SA 460 (HHA) par. 7–8.

72 2009 1 SA 163 (HHA) par. 18.

73 2003 2 SA 460 (HHA) par. 7–8.

74 2009 1 SA 163 (HHA) par. 18.

75 2011-30-03 saaknr. 11445/2010 (KZD).

76 Par. 104.

77 Rose-Ackerman (1999:59).

78 Vir ’n diepgaande bespreking sien Quinot (2011a:193–206).

79 Sien Quinot (2011a:195–7).

80 2009 1 SA 163 (HHA) par. 18.

81 2009 5 SA 255 (HHA) par. 1.

82 Sien Quinot (2009a:3–5) vir ‘n bespreking van howe as reguleerders deur meganismes soos

geregtelike hersiening.

83 Sien Quinot (2008a).

84 Sien Quinot (2008a); Quinot (2011a:204–5).

85 2007 3 SA 121 (KH) par. 29.

86 Vgl. Quinot (2009b:442–3).

87 Die Voorkeurverkrygingsregulasies, 2011 het op 7 Desember 2011 in werking getree, maar

die toepassing daarvan op die staatsorgane gelys in skedules 2 (“Groter Openbare

Instellings”), 3B (“Nasionale Regeringsbesigheidsondernemings”) en 3D (“Provinsiale

Regeringsbesigheidsondernemings”) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur is uitgestel

tot 7 Desember 2012 (GK R1027 in SK 34832 van 7 Desember 2011).

88 GK 1005 in SK 35939 van 30 November 2012.

247
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

89 Die hele deel 7 (reg. 20–30) van die konsep handel oor verkryging en beslaan sowat 60

bladsye in dieStaatskoerant in vergelyking met die huidige tesourieregulasies, wat slegs twee

regulasies bevat wat handel met verkryging, reg. 16 en 16A, wat slegs tien bladsye in

die Staatskoerant beslaan.

90 Reg. 27.1.2.

91 Sien Quinot (2008a:111–3).

248
Afdeling: Geesteswetenskappe
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Motorfietskultuur in Suid-Afrika: Van leefwyse tot

leefstyl

Danie Jordaan

Danie Jordaan (postuum), Skool vir Taal, Media en Kultuur, Nelson Mandela Metropolitaanse

Universiteit

Motorcycles highlight the essential and significant tacit dimension of our lives,

revealing to us the limits of language in expressing what’s most important to us.

Like conveying the taste of wine to a teetotaler, or the experience of sex to a

virgin, language experiences its limits in trying to describe what it’s like to ride

on a motorcycle. (Why motorcycle studies?, International Journal of Motorcycle

Studies, Maart 2005)

Opsomming

In hierdie artikel speur ek die evolusie van die Suid-Afrikaanse motorfietsryer oor ’n tydperk

van meer as drie dekades na deur te fokus op persoonlike ervaring asook bemarkingstrategieë

en mediaverteenwoordiging. Hierdie evolusie toon ’n sterk ooreenkoms met ’n wêreldwye

tendens en opvallende ooreenkomste met ontwikkelinge in Amerika, Kanada, Engeland en

Australië. Die ontstaan van motorfietsry as ’n duidelik definieerbare subkultuur kan herlei

word na die Amerikaanse skollieryers van die vroeë 1950’s, en meer spesifiek na die

historiese gebeure in die dorp Hollister in Kalifornië in 1947. Deur die aanwending van ’n

eklektiese benadering gebaseer op ’n etnografiese navorsingsontwerp asook insigte vanuit

literatuur- en bemarkingstudie, beredeneer hierdie artikel die evolusie van die motorfietsryer

van sosiaal-wanaangepaste persoon van die vyftiger-, sestiger- en sewentigerjare van die

vorige eeu na hoër-middelklas-ikoon van avontuur en vryheid aan die begin van die nuwe

millennium. Hierdie verandering in die beeld van die tipiese motorfietsryer kan toegeskryf

word aan ’n verskeidenheid politieke, ekonomiese en sosiale faktore. Die artikel sluit ook

voorlopige opmerkings oor die verhouding tussen motorfietseienaar, motorfietsryer en

identiteitskonstruksie binne ’n materialistiese paradigma in.

Trefwoorde: motorfiets; materiële kultuur; identiteitskonstruksie; avontuurryers; bikers;

bemarking; motorfietsklubs; ontstaansgeskiedenis; skollieryer; ikonografie

249
Abstract

Motorbike culture in South Africa: Bikers and motorbike riders

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In this article I trace the evolution of the South African motorcyclist over a period of more

than three decades, drawing on personal experience as well as research on marketing and

media representation. This evolution closely follows a global trend and striking similarities

with phenomena in the United States, Canada, the United Kingdom and Australia are

apparent. The origin of biking as a clearly definable subculture can be traced to that of the

American “outlaw biker” of the early 1950s, and a specific historical event that occurred in

the town of Hollister, California, in 1947. Using an eclectic approach that draws on

ethnography as well as literary and marketing studies, this paper argues that the evolution of

the biker from social misfit of the fifties, sixties and seventies of the previous century to

upper-middle-class icon of adventure and freedom at the start of the new millennium can be

attributed to a number of political, economic and social factors. It also provides some

provisional remarks on the relationship between motorcycle ownership, motorcycling and

identity construction within a material culture paradigm.

Key words: motorbike; materialism; identity construction; adventure riders; bikers;

marketing; motorbike clubs; historical origin; outlaw biker; iconography

1. Agtergrond en teoretiese oriëntering

Die vryskutjoernalis Hunter S. Thompson se opspraakwekkende boek Hell’s Angels: A

strange and terrible saga (1967) is waarskynlik die wêreld se eerste omvattende beskrywing

van motorfietskultuur. Thompson het byna twee jaar lank geleef en gery saam met die

outlaw-legende Sonny Barger, leier van die Oakland Hell’s Angels. 1 Die gewildheid van

Thompson se boek hou verband met die berugtheid van die Hell’s Angels, maar is eweneens

te danke aan Thompson se “gonzo”-skryfstyl. Gonzo-joernalistiek word gekenmerk deur

subjektiewe verslaggewing vanuit ’n eerstepersoonsperspektief, waar die verteller dikwels

deel is van dit waaroor berig word. Dit is dikwels sensasioneel, en het as vertrekpunt die

aanname dat objektiewe verslaggewing ’n illusie is. Feit en fiksie word dus vermeng ten

einde die waarheid te lieg. In ’n spesiale tema-uitgawe van International Journal of

Motorcycle Studies (Julie 2005) is daar konsensus onder die skrywers dat Hunter se boek

ernstige leemtes het. Veral Gary Kieffner (2005), een van die deelnemers aan die debat oor

Thompson, opper sterk kritiek en kom tot die gevolgtrekking dat Thompson se boek so van

“fabrications en vicious embellishments” deurtrek is dat dit die boek “almost irrelevant to the

historical and social scientific study of motorcycle clubs” maak.

Vandag is dit inderdaad moeilik om tussen feit en fiksie in Thompson se boek te onderskei,

deels as gevolg van Thompson se gonzo-joernalistiek, deels omdat mediaberiggewing uit dié

tydperk sodanig deur vooroordeel gekompromitteer is dat argiefstudies ewe min feitelikheid

kan waarborg, en laastens omdat die Hell’s Angels toe op paradoksale wyse ’n konstruk van

250
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

hul eie mitologie was, en dit vandag nog is, deurdat hul selfbeeld in ’n groot mate op

mediaberiggewing en uitbeeldings in films soos The Wild One (1953) gesteun het, en nog

steun. 2

Hoe dit ook al sy, die breë publiek se beskouing van die hedendaagse motorfietsryer setel nog

in ’n groot mate onwillekeurig in die mite van die outlaw biker, wat op sy beurt onlosmaaklik

verbind is met die mitologie van die Hell’s Angel, wat in talle flieks verewig is. Die konsep

van die outlaw biker is egter nie slegs beperk tot die media en die populêre verbeelding nie;

dit word inderdaad ook omskryf in opleidingsdokumentasie van Amerikaanse

wetstoepassingsinstansies en is onderliggend aan kontroversiële wetgewing wat in 2008 in

Suid-Australië voorgelê is. 3

Die impak van die Angels en ander bekende Amerikaanse outlaw-klubs, soos die Pagans,

Boozefightersen Outlaws, se organiseringstruktuur, gedragskodes en ikonografie op die

ontwikkeling van soortgelyke motorfietssubkulture wêreldwyd is welbekend. ’n Deeglike

kennis van die Amerikaanse outlaw-motorfietskultuur is dus ’n voorvereiste vir ’n

verkenning van eietydse Suid-Afrikaanse motorfietskultuur.

Thompson se boek was die voorloper van verskeie artikels en boeke oor motorfietse en

motorfietsklubs, maar dit is eers teen die middel-1980’s dat hierdie tipe studie wetenskaplike

geloofwaardigheid verkry het deur die werk van kulturele en sosiologiese antropoloë, en later

deur die werk van navorsers op die terrein van kultuur- en mediastudies.

Hoewel kulturele antropologie reeds in die vroeë 1960’s ’n soort self-bewuste etnografie

beoefen het, vind mens eers in die 1980’s dat die inherent subjektiewe aard van die

etnografiese metode onder die loep kom. Self-bewuste etnografie erken die effek van die

ondersoek op die ondersoeker, indirek. ’n Voorbeeld hiervan word verskaf deur Claude Lévi-

Strauss se Tristes Tropiques (1955), waarin hy prosa, filosofiese meditasie en etnografiese

ontleding afwissel op ’n wyse wat dit byna ’n reisroman maak. Waar die etnograaf

aanvanklik objektiwiteit en neutraliteit in die soeke na “wetenskaplikheid” nagestreef het, het

die besef nou posgevat (onder meer as gevolg van insigte uit literêre teorie en spesifiek die

poststrukturalisme) dat waarneming en beskrywing inherent op die interpretasie van dit wat

ondersoek/beskryf word, berus. “Tradisionele” etnografiese veldwerk het gepoog om

antropologiese verskynsels te bestudeer deurdat die navorser ’n lang tydperk saamleef met

die groep wat bestudeer word. Ten einde wetenskaplike objektiwiteit te bewerkstellig, is die

ideaal van die (sogenaamde) akkurate, oplettende, onopvallende, afstandelike, etiese en

regverdige navorser nagestreef. In 1993 publiseer Fine ’n artikel getiteld “Ten lies of

ethnography” in Journal of Contemporary Ethnograhy waarin hy drie etiese dilemmas van

die etnografie uiteensit onder die groeperings klassieke deugde, tegniese vaardighede en die

etnografiese self. Met hierdie artikel wys hy daarop dat die strewe na onder meer

akkuraatheid, oplettendheid, onopvallendheid, afstandelikheid, etiek en regverdigheid

(onbevooroordeeldheid) nooit werklik in etnografiese studie bereik kan word nie. Daarmee

ontken hy egter nie die groot waarde van etnografiese studie nie: “Ethnographers cannot help

but lie, but in lying, we reveal truths that escape those who are not so bold” (Fine 1993:291).

251
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Insigte uit die resepsieteorie, dekonstruksie en konstruktivisme wat daarop gedui het dat

neutrale en objektiewe beskrywing nie moontlik is nie, en dat elke ondersoek van ’n teks (in

die Barthiaanse sin) neerkom op ’n mate van konstruksie, het reeds in die laat 1970’s wyd

veld gewen. Op veral die gebied van kultuur- en mediastudies is die etnografiese metode

beïnvloed deur bogenoemde insigte en is individue, groepe en kulturele artefakte toenemend

as “tekste” benader. So ’n “tekstuele” benadering veronderstel noukeurige waarneming (close

reading) van die teks, verrekening van die konteks van die teks, en die aanbied van ’n

interpretasie wat rasioneel verdedigbaar is. Dit kan gebeur slegs as die ondersoeker selfbewus

is, dit wil sê erken dat hy/sy nooit volkome afstandelik en onopvallend kan wees nie,

maar as waarnemer onvermydelik ’n invloed het op dit wat waargeneem word; verder moet

die konteks van die fenomeen (sosiaal, ekonomies, polities, teologies, histories ensovoorts),

asook intertekstualiteit (Kristeva) verreken word.

Die verrekening van ’n intertekstuele bewussyn wat in die ondersoeker self setel, en wat

medebepalend is vir die betekenis wat die ondersoeker uiteindelik aan die teks heg

(konstrueer), is van besondere belang vir die studie van motorfietsklubs, juis omdat die

ikonografie en mitologie van die motorfietsryer so wyd en diep in die sosiale bewussyn van

die mens van die 21ste eeu ingebed is.

Daniel Wolf, professor in antropologie aan die University of Price Edward Island (Kanada),

publiseer in 1991 ’n etnografiese studie van ’n Kanadese motorfietsklub onder die titel The

rebels: A brotherhood of outlaws. Deur middel van self-bewuste deelnemende beskrywing

gee Wolf ’n sistematiese, gestruktureerde beskrywing en interpretasie van die

aantrekkingskrag van die motorfietsleefwyse, die konsep van die outlaw, identiteitsvorming,

groepsosialisering, die rites van lidmaatskapverwerwing en die ikonografie van die

klubkleure (patch), die dinamika van outlaw-seks en -gender, en die rol van die klubkroeg en

ritte (runs).

Barbara Joans, direkteur van die Merritt Museum van Antropologie aan Merritt College,

Kalifornië, lewer ’n soortgelyk gebalanseerde etnografiese studie onder die (enigsins

misleidende) titel Bike lust: Harleys, women, and American society (2001). In haar ondersoek

spits sy haar veral toe op die rol van die vrou in die Amerikaanse motorfietsklub.

Vanuit die terrein van mediastudies lewer Ross Fuglsang (1997), medeprofessor en voorsitter

van die Departement Massakommunikasie van die Morningside College in Iowa met sy

proefskrif “Motorcycle menace: Media genres and the construction of a deviant culture”

waardevolle insigte oor die rol wat die media gespeel het (en steeds speel) in die skep van

persepsies oor motorfietsryers en motorfietsklubs. Sy navorsing is gebaseer op ’n

vergelykende ontleding van ’n wye verskeidenheid Amerikaanse mediatekste vanaf die

1950’s tot die vroeë 1990’s wat koerante, tydskrifte, spotprente, strokiesverhale (comics) en

webblaaie insluit. Fuglsang (1997:3) som die doel van sy ondersoek soos volg op:

The study considers how, and to what extent, the media act as instruments of

social control, and how changes in definitions of deviance reflect changes in the

media’s perceptions of deviant behaviour and the outlaw myth. It is an

252
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

opportunity to examine larger aspects of America’s perceptions of deviance and

the myth of the motorcycle outlaw.

’n Opvallende leemte in Fuglsang se studie is dat hy glad nie film- en videotekste ontleed nie.

Ek het reeds verwys na Thompson (1967) se oortuiging dat die Hell’s Angels se selfbeeld op

paradoksale wyse ’n Hollywoodkonstruk was. Polhemus (2001a) wys daarop dat die gebeure

te Hollister, Kalifornië, tydens die 4 Julie-feesvieringe nie op sigself die oorsaak van ’n

“volskaalse morele paniek” (2001:49) in Amerika was nie, maar dat daaropvolgende

sensasionele mediaberigte die wérklike katalisator vir die paniek was, ’n standpunt wat ook

deur Phillips (2005) gehuldig word. 4

Tydens die naweek van 4 Julie (herdenking van onafhanklikheid in Amerika) het ongeveer 4

000 motorfietsryers in Hollister saamgetrek. Tydens die saamtrek oor drie dae het

grootskaalse drankmisbruik, intimidering van plaaslike inwoners, roekelose gejaag met

motorfietse en die kwaadwillige beskadiging van eiendom daartoe gelei het dat 50 mense in

die plaaslike hospitaal behandel moes word, meesal vir ligte beserings (Thompson 1967;

Polhemus 2001). Die 29 lede van die Hollister-polisiemag (Phillips 2005 voer aan dat ses

lede van die plaaslike polisiedepartement bygestaan is deur 40 lede van die California

Highway Patrol), het sake redelik gou onder beheer gehad; daar was beperkte

inhegtenisnemings en boetes, wat hoogstens gelei het tot 90 dae tronkstraf, in die meeste

gevalle weens openbare onsedelikheid en blootstelling. In die pers is die gebeure egter as ’n

volskaalse oproer (“riot”) voorgehou. Life-tydskrifplaas op 21 Julie 1947 ’n berig (“Cyclists’

holiday”) en foto’s (onder andere van ’n bierpens-skollie wat wydsbeen agteroor op sy

Harley-Davidson-motorfiets in ’n bierbottel-besaaide straat lê) wat die begin van ’n

“volskaalse morele paniek” sou inlui (Polhemus 2001:49 verwys na hierdie artikel).

Die plasing van die berig en foto’s het die American Motorcycle Association (AMA), wat die

byeenkoms geborg het, genoop om hom in die openbaar van die gebeure te distansieer deur

die wangedrag toe te skryf aan een persent van alle motorfietsryers op die saamtrek

(persverklaring aangehaal in Polhemus 2001:50). Die AMA het verder aangekondig dat hy

sulke “hoodlums and troublemakers” vanuit die vereniging sou skors (“outlaw”). Outlaw is

dus aanvanklik as ’n werkwoord gebruik, maar die woord outlaw as selfstandige naamwoord

het gou oorheers en het in die verbeelding van die publiek die konnotasie van die rower in die

Wilde Weste opgeroep. Die een-persent-etiket het vinnig prestige-waarde verkry onder

motorfietsklubs wat doelbewus ’n alternatiewe leefwyse nagevolg het. Vandag nog verskyn

die “1 percenter”-kenteken op die kleure van motorfietsklubs wat hulself as hardekern

beskou.

Eietydse Hell’s Angels noem hulself egter “eighty-one percenters” en die syfer 81 word op

die klubkleure aangebring. 5 Dié syfers dui onderskeidelik die agtste en eerste letters van die

alfabet aan, dus H en A vir “Hell’s Angels”. Vandag is daar geakkrediteerde takke van die

internasionale Hell’s Angels in Johannesburg, Kaapstad en Durban, en alhoewel die berugte

kenteken wat ’n gehelmde skedel met vlerke uitbeeld, steeds deur alle lede gedra word,

bestaan die skollieryer van die 1960’s en 1970’s hoofsaaklik as deel van die ryk Angelmitologie

wat voortleef in die stereotiepe biker wat deur die media verewig is:

253
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Bikers. The word inspires a welter of memories, sensory impressions, biases and,

possibly, fear. Denim and leather. Tattoos, beards and lank, greasy hair. A throaty

rumble on an otherwise empty street. [...] It is odd that the biker’s cliché image,

wrong or right, has changed so little since Hollister in 1947 and Brando’s

portrayal of Johnny, the brooding leader of the pack. The attitude and the peaked

hat, black leather jacket, heavy boots and denim jeans are staples of biker chic.

Not even Japan’s domination of the recreational motorcycle market in the 1970s

and 1980s, the “You meet the nicest people on a Honda” sloganeering of the

1960s, [...] or the Harley-Davidson Motor Company’s economic renaissance and

its wooing of rich urban bikers [...] have completely dispelled the bad biker

image. (Fuglsang 1997:1)

Volgens Polhemus (2001:49) is Laslo Benedict se film The Wild One (1953), met Marlon

Brando en Lee Marvin in die hoofrolle, “one of the most socioculturally influential films of

all time” en het dit ’n dramatiese rol gespeel in die vorming van die ikonografie van die

motorfietsryer. Hy wys verder daarop dat die AMA se verdoeming van die gebeure te

Hollister en die outlawing van motorfietsryers wat nie die AMA se gedragskode onderskryf

nie, op dramatiese wyse geboemerang het. Deurdat die AMA die Booze Fighters en ander

groepe geëtiketteer het as “outlaw motorcycle gangs” het dit juis aan hierdie groepe ’n

mitologiese status verleen waardeur dié “troublemakers and hooligans” omvorm is tot

moderne, geïndustrialiseerde, “righteous outlaws” wat, in plaas van perde, kragtige

motorfietse gery het. In hierdie verband wys hy op die toe reeds sterk gevestigde romantiek

van die outlaw van die Wilde Weste-fliek. Dié romantiese uitbeelding van die argetipiese

“goeie skurk” in die Western het onvermydelik daartoe gelei dat rowers soos Jesse James,

Billy the Kid, Bonny en Clyde, Butch Cassidy en The Sundance Kid, en Derringer, om die

bekendstes te noem, tot mitologiese helde omvorm is.

Vandag is Sonny Barger, eerste president van die Oakland tak van die Hell’s Angels, ’n

lewende voorbeeld van die outlaw wat die grense van konvensionele moraliteit oorskry het.

As bad ass wat aan brandstigting, sabotasie (hy het ’n mededinger-bende se klubhuis

opgeblaas), dwelmhandel en verskeie sake van aanranding skuldig bevind is en verskeie jare

tronkstraf uitgedien het, is hy tans in die motorfietswêreld ’n mitologiese figuur wie se roem

dié van die ou outlaws vandie Wilde Weste ewenaar.

Grondige kennis van die Amerikaanse outlaw-motorfietskultuur is ’n voorvereiste vir ’n

verkenning van eietydse Suid-Afrikaanse motorfietskultuur. Soos in Kanada, Europa, die

Verenigde Koninkryk en Australië het die konsep van die outlaw biker ook in Suid-Afrika

aanklank gevind en gedurende die 1960’s gelei tot die ontstaan van die Johannesburgse

Hell’s Angels, ’n nie-geakkrediteerde weergawe van die Amerikaanse motorfietsklub. Die

Johannesburgse Hell’s Angels het hulself openlik “skolliebikers” genoem in navolging van

die sogenaamde outlaw bikers en het doelbewus ’n beeld van geweld, drankmisbruik en

seksuele losbandigheid gekweek (Hells Angels SA-webwerf s.j.). Die webwerwe van die

onderskeie “charters” in Suid-Afrika verswyg tans hierdie geskiedenis en gee baie beperkte

inligting oor die klub.

254
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Selfs die inwoners van plattelandse dorpies gedurende die 1960’s en 1970’s was welbekend

met die benaming Hell’s Angel, en hoewel motorfietse selde in die dorpies gesien is, het die

jeug die ducktail–styl tot die ontsteltenis van baie ouers nagevolg. Dit was ook die tydperk

van die Beatniks en die Rockersen ek onthou nog goed hoe my ouer susters en hul vriende

die (gemedieerde) beeld van die man met lang, agteroorgekamde hare, “stove pipe”-jeans en

swart leerbaadjie stilletjies bewonder het.

Dié nabootsing van die Amerikaanse outlaw biker was (en is steeds) ’n wêreldwye verskynsel

wat grootliks aan die impak van die massamedia, spesifiek film en video, toegeskryf word

(Polhemus 2001; Simon 2001; Brown 2001; Fuglsang 1997; Joans 2001; Phillips 2005;

Reynolds 2001).

Hoewel daar nie eenstemmigheid onder navorsers is oor die sosiologiese “oorsaak” van die

verskynsel van die outlaw biker nie, word algemeen aanvaar dat die gebeure te Hollister die

historiese ontstaanspunt van dié konsep verteenwoordig.

2. Die bestudering van die motorfietskultuur in Suid-Afrika

In Suid-Afrika is daar tot op hede min navorsing oor motorfietskultuur gedoen. Daar is wel

aanverwante studies oor bemarking gedoen, onder meer ’n ongepubliseerde MBAverhandeling

deur Gouws (2004). Die enigste plaaslike akademiese artikel oor

motorfietskultuur waarvan ek bewus is, is dié van J. Scheepers wat in 1998 tydens ’n kongres

by die Universiteit van die Wes-Kaap aangebied en in die referaatbundel opgeneem is.

Die Scheepers-artikel ondersoek “the nature of the relationship between the motorcycle and

the biker. [...]. Of interest is the object of the bike and what it symbolises.” Voorts is die doel

om “the biker culture as a ‘death culture’, imperial nostalgia and the interplay between nature

and technology, and the relation between bikers and others” te ondersoek (1998:20).

Ongelukkig het die skrywer duidelik slegs ’n tweedehandse, oppervlakkige kennis van

motorfietskultuur en verval die artikel in psigologiese dwaalspraak oor doodsverlange,

eenwording met die masjien en die paradoks van ’n soeke na ’n natuurlike staat deur middel

van tegnologie, met bewerings dat “[t]he self-sacrificial act of the dying biker, killed by his

machine, and therefore by technology, enables the biker to become one with the machine”

(20). Die skrywer maak verder gewag van sogenaamde “gewilde” selfmoordritte in Kaapstad

(duidelik ’n urban myth), en interpreteer die patches van die klubs as satanies-geïnspireerd:

“The satanic imagery on biker badges show a certain disillusionment with conventional

religions like Christianity” (21).

Dieselfde akademiese sensasionalisme kom voor in die beskrywing van biker-ikonografie

waar die artikelskrywer kettings, lapelwapens en “medaljes” interpreteer as “a substitute for

the jewelry, trophies and crests of a bygone age” (21). Sy gaan voort: “One is reminded that

the imperial inclination to accumulate wealth is being extended to the body, which becomes

an object and the symbol of the biker’s identity” (21). Hierdie uitspraak is gekoppel aan

foto’s van bikers wat op ’n rally hul boeppense uitstal! Die volgende “logiese” stap vir die

255
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

skrywer is om rallies as “an extension of the colonial need to explore” en as “imperialist

nostalgia” te verklaar (21). Die grofste geval vandwaalspraakkom egter voor waar die

skrywer die rol van die motorfiets bespreek:

The bike, as a machine, plays many roles in the life of a biker; that of mother

(soothing, humming, pacifying and transporting the biker around); God and King

(worshipped by the biker, and is religiously washed and anointed); companion

(interaction with the bike prevents time spent in a human relationship); sexual

partner (is caressed, rubbed, ridden, squeezed and for which gifts are bought);

child (cared for, fed and pampered) and phallus of the biker (acts as a prosthesis,

as an extension of the phallus of the biker, the bigger the bike, the sexier he is, the

bigger his phallus is). (21)

Dit sou maklik wees om die ernstige leemtes en wanpersepsies waarvan bogenoemde artikel

getuig, toe te skryf aan die feit dat die skrywer kennelik ’n buitestander is wat ’n sosiale

verskynsel vanuit ’n vooropgestelde postkoloniale, psigologiese raamwerk waarneem en

verklaar. Dit is egter inderdaad nie maklik om eerstehandse navorsing oor motorfietskultuur

te doen nie, soos Drewery (2003:26) dit duidelik uitspel:

At the beginning of this research project I made a direct approach to motorcycle

clubs for information about their background and membership. I contacted the

Director of the Australian Bureau of Criminal Intelligence, for the addresses of

outlaw club clubhouses.

However, due to legal constraints he was unable to give me the information. I

next approached the editor of Live to Ride magazine, an Australian magazine that

caters to Outlaw clubs. The editor was very supportive and suggested I write a

letter to the magazine in which I requested information from the clubs. This was

duly done but I soon realized that I had adopted a very naïve approach to finding

information about a closed culture of which I was not a member. Assuming that

members of such cultures will have respect for academic status and reveal

everything about their culture is a mistake made by many researchers. I received a

total of three replies, none of which was from a club. Two replies were from

individuals containing some very useful information, and the other was a

threatening letter written in red ink suggesting I cease my research forthwith.

Drewery wys egter in sy artikel dat dit nogtans moontlik is om as akademiese buitestander

akkuraat waar te neem en te interpreteer, en lewer inderdaad een van die insiggewendste

ontledings van die ikonografie van biker patches waarvan ek bewus is.

Terug na Scheepers se artikel: binne die konteks van ’n reeds sterk-gevestigde raamwerk vir

die bestudering van materiële kultuur is haar skeefgetrekte beskrywing en interpretasie van

die outlaw biker in Suid-Afrika onverskoonbaar.

256
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In 1996 is die eerste uitgawe van Journal of Material Culture gepubliseer. In die

redakteursbrief word die volgende rasionaal vir die tydskrif verskaf:

The common focus of this interdisciplinary research is on the ways in which

artefacts are implicated in the construction, maintenance and transformation of

social identities.

The study of material culture may be most broadly defined as the investigation of

the relationship between people and things irrespective of time and space. The

perspective adopted may be global or local, concerned with the past or the

present, or the mediation between the two. Defined in this manner, the potential

range of contemporary disciplines involved in some way or other in studying

material culture is effectively as wide as the human and cultural sciences

themselves. (Anon. 1996:1, 5)

Selfs vroeër het studies oor “material culture” reeds ’n gewilde interdissiplinêre studieterrein

geword. Daniel Miller, professor in Antropologie aan die University College of London, se

Car cultures (1991) het internasionale bekendheid verwerf en word beskou as een van die

eerste boeke wat ’n gedetailleerde etnografiese en historiese blik op die motor as een van die

bekendste en belangrikste uitdrukkings van materiële kultuur werp.

Hoewel kultuurstudies, en spesifiek studies oor materiële kultuur, nie naastenby so gewild in

die Suid-Afrikaanse akademiese gemeenskap is nie, is dit besig om veld te wen en in 2007

het die akademiese tydskrif Critical Arts ’n uitnodiging vir bydraes tot ’n spesiale temauitgawe,

“Cultural economy in contemporary South Africa: Consumption, commodities and

media” uitgestuur. Die eerste uitgawe van 2010 is dan ook aan hierdie onderwerp gewy.

My eie belangstelling in en navorsing oor motorfietskultuur word in die volgende afdeling

toegelig.

3. Persoonlike betrokkenheid by en navorsingbenadering tot motorfietskultuur

My eie navorsing fokus op identiteitskepping binne die konteks van ’n motorfietskultuur en

steun op ’n eklektiese benadering wat teoretiese elemente van literatuurstudie, kultuurstudie,

kommunikasiekunde en etnografie bevat. Anders as navorsers soos Joans en Wolf, akademici

wat motorfietsryers geword het ten einde toegang te verkry tot die groepe wat hulle bestudeer

het, is ek reeds vanaf 15-jarige ouderdom ’n motorfietsryer. My akademiese belangstelling in

die motorfietsklub as kultuurverskynsel het eers in 2003 posgevat nadat ek in 2000 met

kanker gediagnoseer is en ek (in ’n mate fatalisties) besluit het om weer ’n motorfiets te koop

en aktief te ry. Ek was sedert 1984 ’n sleeper, ’n bekende term in motorfietsbemarking vir

daardie lede van die baby boomer-geslag wat in die laat 1970’s en vroeë 1980’s weens

gesinsverpligtinge opgehou ry het en eers weer in hul middeljare aktiewe motorfietsryers

word. 6 Sedertdien het ek vyf motorfietse besit, die laaste vier van hulle groot-kapasiteit

BMW Gelande Strasse-dubbeldoelmodelle, en meer as 170 000 km afgelê. Met my terugkeer

257
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

tot aktiewe motorfietsry het ek aanvanklik gesteun op my biker-ervaring uit die 1970’s, wat

uit die bywoon van rallies in die styl van die outlaw-klub was. My leerbaadjie en -broek het

natuurlik lankal nie meer gepas nie, en ek moes nuwe ’n uitrusting aankoop en “inbreek”

(nuwe uitrusting etiketteer jou duidelik as ’n newby of wannabe by gevestigde

motorfietsryers).

In Desember 2003 het ek my eerste rally ná ’n afwesigheid van 21 jaar bygewoon, naamlik

die Lion Rally te Cradock. Die vorige een wat ek bygewoon het, was die Buffalovan 1979 te

Port Elizabeth, wat destyds as gevolg van die wye mediadekking van voorvalle van

dronkenskap, openbare onsedelikheid, roekelose jaagtogte en enkele voorvalle van geweld ’n

redelike opskudding veroorsaak het en daartoe gelei het dat die byeenkoms vir etlike jare in

Port Elizabeth verbied is. In 1979 was ek as 23-jarige student redelik geïntimideer deur die

sterk skollie-element by die rally, asook die gepaardgaande hardhandige polisieoptrede. My

eerste indrukke van die Lion Rally is gekleur deur my 1979-ervaring, en versterk deurdat die

ikonografie van die outlaw steeds sterk teenwoordig was. ’n Duidelike verskil was egter die

opsigtelike afwesigheid van vuurwapens onder die rally-gangers. Hoewel kernelemente van

die outlaw rally teenwoordig was (luide musiek, alkoholmisbruik, ’n mate van ontbloting in

die vorm van rally-gangers wat brown eye “gegooi” het, flashing deur vroulike deelnemers,

asook die immergroen wet T-shirt-kompetisie vir vroulike deelnemers), was dit opvallend hoe

toeganklik en vriendelik die lede van die verskillende klubs was. Op daardie stadium was ek

nie lid van enige klub nie, maar die feit dat ek nie ’n patch gedra het nie, het my (anders as

wat ek verwag het) geensins geïsoleer nie en ek is betrek by die bekende gesprekke oor

motorfietse, onderdele, customising, die vriendelike stryery oor brands, ry-ervarings en -

vernuf, alles aangehelp deur die gees van Wein, Weib und Gesang wat geheers het.

Nuut, en irriterend, was die deurnag-toerejaag (revving) van motorfietsenjins teen maksimum

omwenteling, iets wat die enjins van die 1970’s nie kon deurstaan het nie. Vir my, as iemand

met ’n sterk liefde vir meganika (ek het my eerste motorfiets self opgebou uit onderdele van

‘n aantal afgeskryfdes), was die brutale verkragting van sulke gevorderde tegnologie

eenvoudig sinloos. Vandag kom revving, burnouts en doughnuts steeds wyd voor by rallies,

hoewel veral revving soms polemiek uitlok in die briewerubrieke van motorfietstydskrifte

soos Bike SA, Top Bike en Two Wheels,asook op die webwerwe van klubs buite die kader van

die outlaw.

Die grootste verskil tussen die 1979- en 2003-rally was egter die ingesteldheid van die

polisie, verkeerspolisie en die algemene publiek. Waar die 1979-rally gekenmerk is deur

wedersydse minagting tussen die deelnemers en die polisie/verkeerspolisie, en gelei het tot

openlike wedersydse uittarting, wat soms tot fisieke geweld en arrestasies oorgegaan het, het

die polisie en verkeerspolisie op Cradock ’n lae profiel gehandhaaf en ’n ondersteunende rol

gespeel. ’n Gedeelte van ’n straat is afgesper, omheining is aangebring om toeskouers te

beskerm, en rally-gangers is toegelaat om na hartelus te drag, wheelie, burnout en doughnut.

Verder is verkeerswette nie streng toegepas nie; so was daar byvoorbeeld tydens die naweek

geen teken van ’n spoedlokval in die hele dorp nie.

258
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Oor ’n tydperk van sewe jaar kon ek die omvang van bogenoemde veranderings in die

motorfietskultuur in Suid-Afrika, en die houding van die breë publiek jeens motorfietsryers,

beleef. Gedurende hierdie tydperk was daar ook ongekende groei in die motorfiets- en

verwante bedrywe wat sigbare verandering op ’n byna jaarlikse grondslag in die

motorfietsgemeenskap tot gevolg gehad het, en steeds het.

Die mees opvallende veranderings is die volgende:

• ’n Opmerklike verandering in die demografie van die Suid-Afrikaanse biker.

• Die ontwikkeling van ’n nuwe leefstylkultuur wat direk teenoor die meer tradisionele

biker-leefwyse staan.

• ’n Verandering in die breë publiek se persepsies oor en houdings jeens

motorfietsryers.

• ’n Positiewe verandering in wetstoepassing / gesindheid van polisiëringsagentskappe.

• Die ontwikkeling van ’n winsgewende randbedryf rondom motorfietsbyeenkomste en

-toere.

Een van die onveranderlikes is egter die ikonografie van die oorgrote meerderheid Suid-

Afrikaanse klubs, wat in terme van ontwerp en simboliek steeds teruggryp na dié van die

eerste outlaw-klubs in Amerika.

My breë doelwit met hierdie artikel is om ’n (redelik) akkurate oorsig van bogenoemde

veranderinge te gee. Binne die perke van een navorsingsartikel is dit egter nie moontlik om

op gemotiveerde wyse te probeer verklaar presies watter kragte tot dié veranderings bygedra

het nie.

4. Beperkinge van die oorsig

Om bogenoemde doelwit te bereik maak my navorsing staat op etnografiese beskrywing

vanuit die oogpunt van eie deelname in motorfietsaktiwiteite, insluitend die kritiese lees van

Suid-Afrikaanse motorfietstydskrifte en klubwebwerwe en ’n ontleding van tendense in

bemarkingstrategieë deur korporatiewe rolspelers.

Geeneen van bogenoemde benaderingswyse kan as eksak beskou word nie, gevolglik is my

doelwit om ’n “saamgestelde” beeld van motorfietskultuur in die land te vorm op so ’n wyse

dat die verskillende dimensies “regstellings” lewer wat daartoe kan bydra dat moontlike

vooroordeel/eensydige beklemtoning en gevolglike skeeftrekking van data en die

interpretasie daarvan in ’n mate vermy kan word. Nogtans moet ek dit duidelik stel dat ek

geensins onder die illusie verkeer dat ’n totaal objektiewe beskrywing moontlik is nie. Selfs

waar dit kom by ’n metode soos inhoudsontleding van die media, is ek maar te bewus

daarvan dat iemand dit op ’n keer beskryf het as ’n kwasiwetenskaplike metode waar jy dinge

tel wat jy dink jy sien.

259
5. Die ontstaan van Suid-Afrikaanse biker-klubs

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die oudste biker-klubs in Suid-Afrika dateer uit die laat 1950’s en vroeë 1960’s, en die

invloed van die Amerikaanse outlaw-klubs en die Britse Rockersis duidelik waarneembaar in

die motorfietse, kleredrag en sosiale struktuur van die klubs. Die bekendste van dié klubs wat

vandag nog bestaan, is die Nomads van Kaapstad (bekend vir die jaarlikse Buffalo Rally), die

Hell’s Angels (takke in Johannesburg, Kaapstad, en Durban) en die HA-“ondersteunersklub”

die Red Devils (takke in Port Elizabeth, die Wes- en Oos-Rand, Lydenburg en Witbank). Die

klubs het oorwegend uit wit mans en hul vroulike metgeselle bestaan. Oor die algemeen was

die vroue nie lede, of ten minste nie volle lede, van die klubs nie. Sommige klubs, soos die

Suid-Afrikaanse tak van die Hell’s Angels (eers baie jare later erken en in 1993 geakkrediteer

deur HA in Amerika), het die metgeselle as “eiendom” van die klubs geëtiketteer.

Oor die algemeen het motorfietsryers, en bikers in die besonder, ’n negatiewe beeld gehad.

Bikers is as skollies uit die laer sosio-ekonomiese klasse beskou (van die “onderdorp” of

“verkeerde kant van die spoorlyn”). Die beeld van die skollieryer is aktief uitgebou deur

byvoorbeeld lede van die Hell’s Angels SA, soos aangeteken in die geskiedenisgedeelte van

die webwerf. Hierdie “geskiedenis” verskyn nie tans op die webwerf nie, omdat dit nie in

ooreenstemming met die huidige internasionale beeld van die Hell’s Angels as ’n wettige

korporasie met ’n geregistreerde handelsmerk is nie. Die HA-ikonografie van die gevleuelde

skedel met “rocker” (genoem na die onderste, geboë balke van ’n outydse wiegstoel) van die

outlaw biker bly egter die inspirasie vir die oorgrote meerderheid motorfietsklubs. In hierdie

opsig is Scheepers (1998) se verwysing na motorfietsklubs as aanhangers van ’n “death

culture” oppervlakkig gesien korrek, maar die bewering dat die ikonografie satanies

geïnspireer is en op ’n ontnugtering met konvensionele godsdienste soos die Christendom

dui, berus op onkunde.

In hierdie opsig het ek reeds verwys na Drewery (2003:26) se navorsing oor biker-embleme

waarin hy die sterk ooreenkomste tussen die kentekens wat vlieëniers uit die Tweede

Wêreldoorlog op hul vliegtuie aangebring het en die embleme van die outlaw bikers uitwys.

Die dominante elemente van hierdie embleme openbaar ’n dualiteit betreffende dood en lewe,

en vind vergestalting in afbeeldings van (half-) naakte vrouefigure (die bekendste hiervan is

moontlik dié van die ligte bomwerpere Memphis Belle) en doodsbeendere. Binne die konteks

van die daaglikse doodsgevaar waarin vlieëniers hulle bevind het, is ’n sterk fatalistiese

ondertoon in die ikonografie onvermybaar. Dat die emblematiek deur teruggekeerde soldate

in die VSA uitgebou is, is ewe onvermydelik. Die teruggekeerde GI het dit naamlik moeilik

gevind om by ’n drasties veranderde samelewing aan te pas, en het ’n heenkome probeer vind

buite die hoofstroomsamelewing waarby hy nie weer kon inskakel nie. Vandag is ons met

posttraumatiese stressindroom bekend; in die 1950’s was daar bitter min ingryping om

getraumatiseerde soldate weer by ’n vredestydse samelewing in te skakel. Verskeie skrywers

verbind dus die ontstaan van motorfietsklubs met die onvermoë van teruggekeerde soldate

om by ’n vredestydse samelewing in te skakel, en die soeke na lewensin in ’n broederskap

gebore uit ’n gedeelde ervaring van geweld, dood en adrenalien.

260
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hoewel Scheepers (1998) vlugtig noem dat Christelike motorfietsklubs in Suid-Afrika nie die

doodshoof in hul klub-embleme gebruik nie, voer sy aan dat biker-ikonografie grotendeels

satanies geïnspireer is. ’n Deegliker ontleding van die vier SA Christelike motorfietsklubs se

embleme wys duidelike ooreenkomste met die konvensionele outlaw-uitleg bestaande uit ’n

boonste balk, onderste balk, hoofmotief en sogenaamde vierde element, naamlik MC. Die

tipografie waarvolgens biker-ikonografie “satanies geïnspireer” is, is soortgelyk aan dié van

verskeie Suid-Afrikaanse Christelike motorfietsklubs. Die Christelike klubs se embleme

bevat nie die doodshoof nie, maar die dualiteit lewe:dood kom wel voor. In hierdie verband

verwys ek vlugtig na die CMA (Christian Motorcycle Association) en Bikers Church. Hul

klubkleure herinner aan die Middeleeuse heraldiek waarin memento mori sterk figureer, maar

dit is beslis nie satanies nie.

6. Tipes motorfietsklubs in Suid-Afrika

Daar bestaan drie hooftipes klubs in Suid-Afrika, naamlik biker-klubs (na die voorbeeld van

die Amerikaanse outlaw-klubs en die klubs wat hul ikonografie naboots), klubs wat rondom

’n sekere handelsmerk gevorm is (byvoorbeeld BMW en Harley-Davidson), en ’n nuwe

verskynsel soos Wild Dogs Adventure Riding, wat bestaan uit ’n los groepering van

avontuurryers in ’n forum met 9 715 lede (WDAR s.j.) en wat moeilik is om te tipeer. Hierdie

groep se lede beplan ritte en ander aktiwiteite, en “vergader” nie in klubhuise nie, maar

virtueel in die kuberruimte van hul webwerf. Fisies maak hul wel gereeld met mekaar kontak,

hoofsaaklik op byeenkomste (bashes), en lang of kort avontuurritte wat dit enige lid vry staan

om te organiseer. Wild Dog-lede het dikwels ook ander klubverbintenisse, en mens kry

“Willehonde” wat lede van gevestigde tradisionele klubs asook handelsmerkgroepe is. So kry

jy lede van Ulysses, CMA en BMW, asook ryers sonder enige klubverbintenis op Wild Dogs

se avontuurritte en byeenkomste. Op ’n onverklaarbare wyse (gegewe die losse skakeling van

lede) heers ’n sterk groepsbewussyn en ’n gesindheid van broederskap onder die lede. Hierdie

tipe “klub” (by gebrek aan ’n beter woord) is ’n onlangse verskynsel en moet nog nagevors

word.

261
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Figuur 1. Avontuurryersaamtrek 2007, Nieuwoudtville. Foto deur skrywer.

Daar bestaan natuurlik ook verskeie sportklubs wat sekere dissiplines in motorfietssport

bevorder, soos motocross, enduro, baanresiesensovoorts. Dié soorte sportklubs word nie in

hierdie artikel beskryf nie, omdat ek dit nie as deel van Suid-Afrika se motorfietskultuur

beskou nie. Dit beteken natuurlik nie dat sport nie ’n kultuurverskynsel is nie, maar ek sluit

sportklubs uit op grond van die verskil tussen die kompetisie-element van die sportklubs en

die “spel”-element van motorfietsklubs. (Sien in hierdie verband die insiggewende artikel

deur Dant 1998.)

Daar is duidelike verskille tussen die klubs wat hulself as biker-klubs beskou en die klubs wat

rondom ’n sekere handelsmerk gevorm is. Bikers verwys dikwels neerhalend na hierdie klubs

as sou hulle nie die ryk tradisies van motorfietsry ken of respekteer nie. ’n Woordelikse

aanhaling uit ’n brief deur “Head Bush Scum” (2007) illustreer dit miskien die beste:

Not Just Harley Riders

After a spate of letters about Harley riders not returning greeting waves, not

riding their bikes enough, trailering them all over the place, wearing funny

clothes, being too many, herewith the turn of BMW riders:

Has anyone noticed the number of BMW GS650s and 1150s that have flooded

the roads lately? It seems that the new yuppie must-have item is a BMW bike.

This is not the problem though, what is, are they carry their counterparts in BMW

cars attitude with them. When driving through the middle of the cars on a backedup

highway, I always move over to allow faster, or more agile bikes past, as my

full-fairing Goldwing is a bit bulky.

262
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Nine times out of ten, these BMW riders never wave or pip hooters to say thanks.

I have thought long and hard about this and have narrowed it down to three

possibilities.

1. They cannot see property due to those new coloured poofy jackets dazzling

their eyes.

2. They don't want to be associated with bikers in dirty denim colours with skulls

on giving them a bad name.

3. They haven't learned to take their hands off the handlebars when riding.

4. Whatever the case may be, get some bloody manners!

6.1 Biker-klubs

Die groep wat bekend staan as biker-klubs het, soos reeds genoem, sy herkoms in die

voorbeeld van die Amerikaanse outlaw clubs wat in die 1950’s en 1960’s ontstaan en

wêreldwyd uitgekring het. Harrison (s.j.) skryf byvoorbeeld oor biker-klubs in Korea, en daar

is vertakkings van die Amerikaanse Mongols, Hell’s Angels en ander klubs in Australië,

Nederland, België en Duitsland.

Die Amerikaanse gesindikeerde klubs, veral die Hell’s Angels, word vandag steeds

verkeerdelik as kriminele klubs (gangs) getipeer, sowel in die VSA as in Australië en elders.

Skrywers ingestel op sensasie probeer die “kriminaliteit” van die biker sensasionaliseer, soos

in Sher en Marsden (2009) se boek Angels of death: Inside the biker’s empire of crime. In

hierdie boek probeer die skrywers om die Hell’s Angels as ’n internasionale kriminele

sindikaat voor te stel, maar hulle slaag slegs daarin om enkele kriminele aktiwiteite van

individuele lede aan te dui aan die hand van “gevallestudies” uit hoofsaaklik Australië en

Nederland.

Suid-Afrikaanse biker-klubs het gedurende die 1950’s en 1960’s hoofsaaklik in die suide van

Johannesburg en in Port Elizabeth, Kaapstad en Durban ontstaan en lede het dikwels na

hulself verwys as skollieryers (die ekwivalent van die Amerikaanse outlaw riders). In die

vroeë 1970’s was daar egter ’n dramatiese afname in motorfietsverkope, en klubs het minder

geword. Bydraende faktore vir hierdie tendens was die beskikbaarheid van goedkoper

motors, ’n verslegting van die beeld van die biker as skollieryer, en negatiewe televisiepublisiteit,

veral rondom die katastrofiese Buffalo Rally in Port Elizabeth (1979). Skielik het

die skollieryer sy romantiek verloor.

Gedurende die laat 1970’s, met die opbloei in die Suid-Afrikaanse ekonomie en goedkoop

Japannese fietse beskikbaar, het die mark egter baie sterk gegroei en is tientalle nuwe klubs

geskep, met lede uit ’n meer welvarende sektor van die bevolking. Opvallend was dat die

demografie steeds oorweldigend wit was. Dit beteken nie dat daar nie swart biker-klubs

bestaan het nie. Tans word daar vanuit die geledere van sulke klubs geprotesteer dat daar

263
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

reeds in die vroeë jare swart biker-klubs bestaan het, maar dat hulle onder apartheid

“onsigbaar” vir wittes was. Teen die middel-1990’s was daar ’n merkbare groei in swart

klubs, veral aan die Wes-Rand, met die Soweto-klub die Eagles vandag seker een van die

sterkstes. 7 Hierdie ryers verkies swaar toerfietse en vinnige Japannese superfietse, in

teenstelling met die avontuurryer-klubs, wat dubbeldoelfietse verkies.

Figuur 2. Dag Jol van die Suspect-klub. Lede van die Soweto Eagles en die Tigers.

Foto: Bike SA, 2007.

Daar bestaan geen amptelike register van biker-klubs in Suid-Afrika nie, ten spyte daarvan

dat Bike SA ’n sogenaamde “registrasiediens” bied. 8 Die diens bied die geleentheid vir

voornemende klubs om hul naam en embleem in die tydskrif te plaas, en bestaande klubs het

dan die geleentheid om beswaar aan te teken as die voorgestelde naam en/of embleem

dieselfde as, of soortgelyk aan, hulle s’n is. Feitelik is daar soveel klubs wat gestig en weer

ontbind word dat ’n register wat ’n databasis van geregistreerde klubs veronderstel nie ’n

werklikheid kan word nie. Dit is dus moeilik om te bepaal hoeveel klubs tans aktief is, en die

enigste manier om by ’n benaderde getal uit te kom, is om klubbywoning op die groot

byeenkomste (rallies) te tel. Die Rhino Rally (aangebied deur Bike SA) is Suid-Afrika se

grootste saamtrek, en die gemiddelde jaarlikse klubbywoning is ongeveer 100 klubs. Bike SA

maak nie bywoningsyfers bekend nie, en hierdie getal is bereken deur klub-embleme op die

byeenkoms te fotografeer en te tel. Hoe dit ook al sy, biker-klubs vorm die oorgrote

meerderheid klubs in Suid-Afrika.

Die klubs wissel in grootte vanaf wat mens “vriendeklubs” kan noem (enigiets van twee tot

meer as tien lede) en ’n meerderheid klubs met 20 tot ongeveer 40 lede, tot groot, gevestigde

klubs soos die Nomads, Hell’s Angels, Red Devils, Ulysses en ander. ’n Voorbeeld van wat

ek “vriendeklubs” noem, blyk uit die volgende “aansoek” vir die stig van so ’n klub wat in

Bike SA geplaas is:

264
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die groter klubs het gewoonlik ’n vaste struktuur met ’n duidelike hiërargie geskoei op die

voorbeeld van die Amerikaanse outlaw-klubs. Dit is interessant dat hierdie struktuur ook by

klubs wat hulself nie as biker-klubsbeskou nie, voorkom.

6.2 Handelsnaam-klubs

Die handelsnaam-klubs het ’n vaste struktuur, met voorsitter, sekretariaat, lede in beheer van

ritte, ensovoorts, maar hulle lede is baie losser gegroepeer rondom een handelsmerk, teenoor

die biker-klubs wat nie ’n spesifieke handelsmerklojaliteit het nie, maar absolute toewyding

teenoor die klub en medelede vereis.

Die groot handelsnaam-klubs is tans BMW Mottorrad, met vyf takke in Suid-Afrika, en

Harley-Davidson. Hierdie klubs reël jaarliks verskeie ritte en byeenkomste waaraan lede van

regoor die land deelneem. Die grootste (en eerste) groep wat dit gedoen het, is BMW

Motorrad (sedert 1982, toe die eerste klub gestig is). Sedert 2000 het BMW Klub Sentraal die

jaarlikse byeenkoms van al vyf die klubs gereël, maar in 2004 het BMW Motorrad SA die

reëlings oorgeneem en groot borgskappe toegestaan. In dieselfde jaar is die gewilde Great

African Challenge vir dubbeldoelmotorfietse aangebied waartydens ’n beperkte getal (600)

fietse oor drie dae meegeding het met avontuurry of roetes wat drie moelikheidheidgraderings

het. Hoewel dit ’n challenge genoem word, kompeteer lede nie teen mekaar nie, maar eerder

teen hul eie vermoë op die roete van hul keuse (groen, oranje of rooi).

KTM het gou die GS Challenge-konsep oorgeneem as die KTM Rally Raid, maar sedert 2008

is borgskap sterk afgeskaal en dit word tans privaat georganiseer deur Alfie Cox (’n

265
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

voormalige Dakar-kampioen) en deelname word tot 100 fietse beperk. BMW Motorrad het in

dieselfde jaar ook afstand gedoen van die Great African Challenge en BMW Klubs Afrika

reël sedertdien die jaarlikse Eco 1000-rit (beperk tot 600 fietse) asook die jaarlikse saamtrek

vir padfietse en dubbeldoelfietse.

Die BMW- en KTM-handelsmerk-klubs is geraak deur die onlangse wêreldresessie wat die

vervaardigers gedwing het om hul amptelike byeenkomste, wat soveel as R1 miljoen 9 per

byeenkoms in terme van subsidie kon kos, af te skaal. Die saamtrekke is besonder deeglik

georganiseer met uitstekende logistieke ondersteuning, wat mediese helikopters, ambulanse,

logistieke-ondersteuningsvoertuie en hotel-gehalte spyseniering ingesluit het. Anders as ’n

rally,wat hoofsaaklik op vermaak ingestel is, het die BMW-byeenkomste gefokus op

daaglikse begeleide ritte in die omgewing: verskeie roetes, wat vooraf verken en gekarteer is,

is aangebied.

Volgens bronne by BMW Motorrad SA borg hulle nie meer die jaarlikse avontuurrysaamtrekke

en -byeenkomste op dieselfde vlak as vroeër nie, omdat dit in ooreenstemming is

met hul filosofie om die mark te ontwikkel totdat dit selfstandig en volhoubaar is (Barnes

2007). Dit is ook waarom die drie Lifestyle Centres in Midrand, Durban en Kaapstad, wat

gemik was op die werf van nuwe motorfietsryers asook sleepers, onlangs uitgefaseer is.

7. Die sogenaamde “ryk ryers”

Die “ryk ryers” kom sedert die 1990’s voor by al drie tipes motorfietsklubs wat hier bo

genoem is, maar veral by die klubs wat rondom handelsmerke gevorm is, en die Wild Dogforum

se ryers. Die benaming rubi (van rich urban biker) of “ryk ryer” word gebruik om

diegene aan te dui wat nie die voorkoms van hardekern-bikers in die tradisie van die outlaws

nastreef nie en wat duur motorfietse ry.

Teen die vroeë 1990’s sien ons ’n nuwe geslag motorfietsentoesias na vore tree met die

toetrede van sleepers in hul middeljare, plus ’n nuwe geslag yuppies wat motorfietsry as

vryetydbesteding, statussimbool en die nuwe cool beskou. Dit is geen toeval dat die

avontuurmotormark, avontuursport en die hernude lus vir waaghalsige avonture wat deel van

die TV-dieet geword het, nuwe lewe in hierdie segment geblaas het nie. Intussen het die ou,

gevestigde biker-klubs bly voortbestaan, en ’n duidelike afkeer van die ryk stedelike ryer is

by hul lede waarneembaar.

Die verskynsel van avontuurryer en die veranderde beeld van die rubi-padfietsryer, asook die

positiewe mediadekking van ritte waarby beroemdes betrokke is, het veel daartoe bygedra om

die beeld van die motorfietsryer as skollie te transformeer na dié van manmoedige avonturier.

In 2003 het die akteurs Ewan McGregor en Charley Boorman ’n motorfietstog vanaf die

noorde van Skotland na New York onderneem. Die tog deur van die onherbergsaamste

landskappe van Europa en Asië is per video gedek deur ’n ondersteuningspan en van 18

Oktober 2004 tot 1 Februarie 2005 op BBC 2 in die minireeks Long way around gebeeldsend.

266
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die reeks is ook in Suid-Afrika uitgesaai en was besonder gewild. Naas ’n DVD-weergawe

het McGregor en Boorman (2004) ook ’n boek met dieselfde titel gepubliseer. In 2007 het

hulle ’n soortgelyke tog onderneem, hierdie keer van noord na suid. Hierdie tog is weer eens

as ’n minireeks op BBC 2 gebeeldsend vanaf 28 Oktober tot 2 Desember 2007 onder die

ietwat verbeeldinglose titel Long way down. Die tog het in Kaapstad geëindig en groepe

motorfietsryers het van oor die hele land afgesit om hul helde se aankoms persoonlik te

beleef. Suid-Afrikaanse mediadekking was uitvoerig.

In 2008 het beroemde motorfietsryers weer die verbeelding aangegryp. Koning Abdullah II

van Jordanië het in Februarie 2008 saam met tien lyfwagte ’n rit op Harley-Davidsons

onderneem vanaf Port Elizabeth deur die Tuinroete. Prinse William en Harry van Brittanje

het in dieselfde jaar saam met 98 ander ryers ’n avontuurrit vanaf Port Elizabeth na Lesotho

onderneem. Die rit het £1,5 miljoen vir liefdadigheid opgelewer en die logistiek en roete is

deur ’n onderneming in Port Elizabeth, Red Cherry Adventures, behartig. Beriggewing in die

Britse pers was oordrewe, soos die volgende aanhaling uit die Telegraph van 3 November

2008 getuig:

The epic trip will combine three of their greatest passions: Africa, motorbikes and

charity work. Prince William and Prince Harry are to embark on one of the

world's most arduous motorcycle rides to raise money for orphans and Aids

victims. The event this year is not for the faint-hearted: the ride is almost entirely

"off road" in temperatures up to 104F (40C). Hazards include bandits, erratic

drivers and poisonous snakes. (Alson 2008)

In werklikheid was dit ’n maklike roete wat deur enige avontuurryer met ’n minimum van

ervaring voltooi sou kon word en nie werklik boendoery nie, soos blyk uit die feit dat 98

persone betaal het vir die voorreg om saam met die prinse te ry. Deur identifisering met

hierdie avonturiers op een van die wêreld se “mees inspanningsvolle” ritte (!) word die

publiek se houding verander en kry al hoe meer mense die begeerte om mee te doen. Baie

vind egter spoedig uit dat avontuurry nie glansryk is nie, dat dit gevaarlik en uitputtend kan

wees en duur is – daarvan getuig die groot getalle avontuurfietse op die tweedehandse mark,

dikwels met baie lae kilometerlesings vir die betrokke jaarmodel. Avontuurry het meer te

make met die persoonlikheid van die ryer as met die motorfiets – ’n siening wat gedeel word

deur ’n skrywer in ’n motorbylae van Die Burger (Anon. 2008) wat aanvoer dat die tipe

voertuig wat gebruik word deur mense wat ’n vals buiteluglewe najaag, uitruilbaar is.

Inderdaad was hierdie uitruilbaarheid een van BMW Motorrad SA se kernveronderstellings

met die beplanning van hul bemarkingstrategie (Barnes 2007).

Wat ook al die rede is vir die groot toename in die aantal mense wat viertrekvoertuie,

sweeftuie, dubbeldoelmotorfietse, duur toerfietse en dies meer koop en vir ’n tyd gebruik, dit

het bygedra tot die ontstaan van ’n winsgewende randbedryf wat gastehuise en maatskappye

wat spesialiseer in die aanbied van avontuurgeleenthede en -togte insluit.

Avontuurryers, hardekern of faux, kan nou Afrika per motorfiets verken as betalende lede van

“ekspedisies” oor die ganse Afrika. Hierdie “ekspedisies” word haarfyn beplan, en al die

267
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

logistiek word voorsien deur die betrokke sake-onderneming, wat dikwels geakkrediteer is by

die groot handelsmerke. So was die akkreditasie van geloofwaardige toermaatskappye wat in

avontuurry spesialiseer, een van BMW Motorrad SA se strategieë wat geïdentifiseer is om

verkope van BMW se GS-modelle te stimuleer (Barnes 2007).

Die houding van die bestuur van verblyfplekke en oorde in Suid-Afrika het ook dramaties

verander, en die nuwe generasie rubi’s word nou met ope arms ontvang, 10 in teenstelling met

summiere wegwysings wat vroeër dikwels die lot van bikers was.

8. Leefstyl versus leefwyse

Ek meen die kernverskil tussen bikers en motorfietsryers is tweërlei: eerstens lê die verskil in

gesindheid en tweedens daarin of die betrokke ryer motorfietsry as ’n leefwyse of ’n

lewenstyl beskou. Die oorspronklike outlaw-klubs het ontstaan as ’n rebellering teen die

establishment, en hierdie rebellering het neergekom op ’n ander wyse van leef: die gesin is

vervang deur die klub, wat die hoogste lojaliteit vereis; die motorfiets en motorfietsry is ’n

onverhandelbare deel van elke dag se bestaan; en ’n streng kode wat optrede reguleer, word

afgedwing. Biker-wees is dus ’n leefwyse.

In Suid-Afrika is die element van rebellering tans nie so sentraal nie, behalwe moontlik onder

jong ryers. Biker-klubs het wel ’n hegter struktuur as die motorfietsverenigings, het dikwels

’n eie klubhuis waar daar vergader word, en uiterlik (in die sin van kleredrag en optrede)

boots hulle die outlaws van ouds na. ’n Kode reguleer wel gedrag, maar word nie so streng

afgedwing nie, hoewel dit van klub tot klub kan verskil. Die motorfiets is wel die enigste

vervoermiddel van sommige lede en word dus daagliks gery; daarteenoor is daar heelwat lede

wat slegs oor naweke of tydens beplande ritte ry. Bikers beskou hulself as eg; daarteenoor

word motorfietsryers dikwels met agterdog bejeën en as posers uitgekryt.

Dit lei nogal tot ’n effense weerstand tussen die twee groepe; die bikers noem die

motorfietsryers op ’n redelik neerhalende manier motorcyclists en beskuldig hulle daarvan

dat hulle nie die ryk biker-tradisievan broederskap ken of respekteer nie. In Suid-Afrika word

die term motorfietsryer (motorcyclist) hoofsaaklik deur bikers gebruik om op neerhalende

wyse te verwys na ryers wat nie die tradisie van die outlaw nastreef nie. Onder die rubi’s self

is daar diegene wat na hulself verwys as bikers, ongeag voorkoms, én diegene wat aanstoot

neem en daarop aandring dat hul motorfietsryers of motorfietsentoesiaste is.

Daar is egter wel goeie rede om te vermoed dat ’n groot gedeelte van die motorfietsryers wel

eerder die produk van slim bemarking is wat hulle oortuig het om ’n sekere lewenstyl aan te

neem, eerder as dat hulle uit voorkeur of ’n werklike liefde vir die buitelewe en avontuurlus

ry. Die volgende aanhaling uit Die Burger se Motorbylaag som dié nuwe geslag ryk ryers

goed op:

268
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In fact, most owners of a 1200 Adventure have parted with their money for the

same reason that people buy Prados and Land Cruiser station wagons. That is, to

draw attention as much to their wealth as to their faux outdoor lifestyle. (Anon.

2008:2)

Die huidige wêreldwye ekonomiese insinking plaas nou weer druk op motorfietsverkope en

mens kan verwag dat die getal rubi’sen faux avontuurryers sal afneem. Volgens ingeligte

bronne by BMW is verkope tans stabiel, maar Harley-Davidson en KTM lys tans nie

maandelikse verkoopsyfers van Harley-Davidson in die Association of Motorcycle Importers

and Distributors (AMID s.j.) nie.

9. Motorfietssegmente

Soveel fietse, soveel segmente! Dit sou onmoontlik wees om motorfietskultuur in Suid-

Afrika per marksegment binne die bestek van ’n enkele artikel te bespreek, dus bepaal ek my

kortliks by twee segmente.

Padmotorfietse is op teerpad-ry toegespits en die gewildste motorfietse is die vinnige

Japannese en Italiaanse fietse met ’n enjinkapasiteit van ongeveer 1 000 cc. Die sogenaamde

Amerikaanse cruiser, by uitstek vergestalt deur Harley-Davidson, het in Suid-Afrika nie

soveel aftrek as hierdie superfietse, of die dubbeldoelfiets, wat op teerpad asook op gruis kan

ry nie.

Dubbeldoelfietse dateer terug tot BMW se 1980 R800 GS, ’n motorfiets wat as ’n tydelike

maatreël ingestel is om swak marktoestande te oorleef terwyl nuwe modelle ontwikkel word

(Holmstrom en Nelson 2002). Na meer as 30 jaar is die GS-modelle steeds BMW se

topverkopers, en het al die groot vervaardigers variante op dié styl. Ongetwyfeld het

veldrenne soos die Dakar en Baja 1000 met hul wêreldwye televisiedekking, en die

televisiereekse oor Ewan McGregor en Charlie Boorman se twee epiese wêreldreise, die

ontwikkeling van hierdie segment aansienlik bevorder.

10. Identiteitsvorming

10.1 Teoretiese beginsel

Die individuele en sosiale identiteit van die motorfietsryer en biker berus in ’n groot mate op

’n kombinasie van binêre opposisionering in die Saussuriaanse sin en op betekenisvorming

gegrond in onderlinge ooreenkoms en verwantskap. So berus motorfietsryers se identiteit op

’n teenstelling met dit wat hulle nié is nie, naamlik motorbestuurders. Teenstellings soos

hierdie, hoewel dit duidelik subjektiewe konstruksies is en paradigmaties nie bevraagteken

word nie, vorm die boustene van die motorfietsryer se identiteit. Hierby is sterk waardeoordele

(en -vooroordele) betrokke. In die omgangstaal van motorfietsryers word daar

algemeen na motoriste verwys as cage drivers. Hierdie negatiewe benaming is ’n belangrike

269
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

identiteitsvormer wat op binêre opposisies steun. Die motoris is in die eerste plek ’n

gevangene (wat in ’n hok verkeer) terwyl die motorfietsryer vry is. Hierdie negatiewe

benaming werk ook die negatiewe stereotipering van die motorfietsryer as ’n aap, wat dateer

uit die Life-tydskrif (Anon. 1947:31), teen. Die motoris is nou die gevange aap in ’n hok,

terwyl die motorfietsryer met die vryheid van die perderuiter geskakel word (Phillips 2005). 11

Identiteit is egter veel meer kompleks as teenstelling. Benewens binêre teenoormekaarstelling

moet ooreenkoms en verwantskap ook in berekening gebring word. Vir ’n buitestander is die

terme motorfietsryer en biker heel moontlik uitruilbaar. Binne motorfietskultuur is daar

weliswaar ooreenkomste, en dus ’n verwantskap tussen motorfietsryersen bikers, maar daar is

wesenlike verskille wat verband hou met waarde-oordele waarmee rekening gehou moet

word.

Hierdie verskille vorm deel van die kultuurverskille wat voorkom tussen daardie klubs wat as

losser verenigings funksioneer en dié waar die klem op noue sosiale interaksie val en die klub

byna soos ’n uitgebreide gesin funksioneer. Laasgenoemde biker-klubsplaas sterk klem op

lojaliteit, daar is ’n sterk bewussyn van gedragskodes, en die struktuur is hiërargies.

10.2 Ikonografie

In verskeie opsigte toon biker-klubsin Suid-Afrika steeds sterk ooreenkomste met die outlawklubs

van weleer. Dit is merkbaar in die ikonografie van die leerbaadjie, jeans, moulose

denimbaadjie met patch en die versameling van rally badges wat oral aangebring word. Die

meeste biker-klubs het ’n hiërargiese struktuur met ‘n president, visepresident, tesourier,

route captain en sergeant-at-arms. Die belangrikste verskil tussen hulle en die oorspronklike

outlaw-klubs is dat die lede meestal vaste betrekkings beklee en dat die oorgrote meerderheid

klubs ’n sterk sosiale verantwoordelikheidsin het en beduidend veel doen om geld vir

liefdadigheid in te samel. Van kriminaliteit is hier weinig sprake, in teenstelling met die

enkele outlaw-klubs wat nog as kriminele bendes beskou word. In die VSA is daar tans slegs

drie klubs wat deur die polisiëringsagentskappe as motorcycle gangs geklassifiseer word, met

as bekendstes die Hell’s Angels (met ’n geraamde inkomste van meer as $1 miljard per jaar),

die Mongols en die Outlaws.

Die woord ikonografie word in hierdie artikel in die antropologiese sin gebruik en nie in die

konteks van kunsgeskiedenis waar dit ’n ander betekenis het nie. Ikonografie is ’n

sleutelbegrip in terme van visuele kommunikasie en identiteitsvorming. In die konteks van

hierdie artikel verwys dit na die kleredrag, kentekens en voorwerpe waardeur motorfietsryers

sowel verskil as ooreenkoms kommunikeer en dus ’n “visuele” identiteit skep.

In 1968 het die Hell’s Angels ’n ingelyfde maatskappy geword en in 1972 het hulle patentreg

op die naam Hell’s Angels en op die doodshoof-embleem verkry. Die HA beskerm hul

patentreg streng en dit is byvoorbeeld nie moontlik om embleme en foto’s van hul webwerf

af te laai nie; verskeie aanhanger-produkte kan egter van die klub gekoop word. Op die

internasionale Hell’s Angels-webwerf verskyn die volgende waarskuwing:

270
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

HAMC has copyrighted the name Hell’s Angels (in any form of spelling) in the

US and internationally along with variations of the “Deathshead” insignia of the

HAMC. These trademarks and copyright are aggressively protected by HAMC,

Inc.

Die verskil tussen motorfietsverenigings en biker-klubs kan moontlik opgesom word in die

paradoks van die biker, wat hom toelaat “to flaunt a lack of concern with the constraints of

society, while adhering to a de rigeur code of dress and behavior” (Philips 2005:1).

Die biker dra graag sy leerbaadjie, met klub-kenteken, asook ’n moulose denimbaadjie met

metaal- en lapkentekens wat oor die jare op saamtrekke vergaar is, om sy minagting van

algemene norme vir klere in die samelewing uit te daag en terselfdertyd te voldoen aan ’n

streng alternatiewe kode wat hom identifiseer as behorende tot ’n groep. Onderliggend

hieraan is ’n rebelsheid, gewaan of eg, wat teruggevoer kan word na die eerste outlaw-klubs

in die VSA.

Die avontuurryer rebelleer nie teen iets nie, en dra dus nie, soos die biker,doelbewus ’n

sekere tipe kleredrag nie. Hoewel avontuurryers wel aan hul kleredrag uitgeken kan word, is

dit praktiese oorwegings wat dit bepaal. Hul dra beskermende klere, stewels en harnasse, met

’n minimum van kentekens. Heel dikwels dra hulle egter handelsnaamklere en -bybehore van

hul gunsteling-vervaardiger, waardeur hulle dus as ’n spesifieke subgroep uitgeken word.

Figuur 3. Avontuurryer: "Rot"-biker, Cradock 2003. Foto deur skrywer.

10.3 Identiteit en die doelbewuste bemarking van ’n motorfietsleefstyl teenoor ’n -leefwyse

Die vestiging van motorfietsry as ’n leefstyl was nie ’n toevallige sosiale ontwikkeling nie, en

BMW Motorrad SA was in 1996 die eerste doelbewuste argitek vir die vestiging van

271
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

leefstylbemarking vir motorfietse in Suid-Afrika (Barnes 2007). Daar kan duidelike fases in

hul bemarkingsveldtog in Suid-Afrika onderskei word. Hoewel Harley-Davidson, KTM en

Honda soortgelyke strategieë suksesvol toepas, bied ek slegs ’n brokkie eerstehandse ervaring

aan.12

In 2003 het ek byna elke GS-ryer in Port Elizabeth geken, want ons was ’n relatief klein

groep ryers wat gereeld lang ritte saam afgelê het. So het ek byvoorbeeld in 2003 saam met

22 ander klublede oor vyf dae byna 4 000 km op ’n tog deur Namakwaland en die Weskus

afgelê.

Vandag ken ek nie ’n tiende van die eienaars van GS-motorfietse in Port Elizabeth nie. Met

die opkoms van die rubi’shet motorfietskultuur in Suid-Afrika wesenlik verander in die sin

dat daar nou duidelik twee “identiteite” binne die motorfietsgemeenskap bestaan. Die meeste

bikers beskou die motorfietsryer as iemand wat die kernwaardes van die ware ryer verwerp,

naamlik ’n sterk gevoel van eenheid, onderlinge lojaliteit, en streng onderwerping aan ’n

ongeskrewe gedragskode. Die motorfietrsryer is in die oë van die biker ’n materialis wat die

motorfiets as statussimbool en identiteitskruk gebruik; daarteenoor is die biker se motorfiets

vir hom nie soseer ’n toebehoorsel tot ’n lewenstyl nie, maar die onmisbare gereedskapstuk of

instrument (tool) waarsonder sy lewenswyse nie moontlik is nie.

Die biker sien homself as lid van ’n “broederskap” van motorfietsryers; daarteenoor word die

motorfietsleefstyl, wat deur veral BMW- en Harley-Davidson-ryers aangehang word, as ’n

modegier beskou. As sodanig is die motorfiets uitruilbaar met enige van die ander

“rykmanspeelgoed” van die tyd: jetski’s, vierwielfietse, luukse viertrekvoertuie, lugballonne,

sweeftuie, e.d.m.

Die meeste eietydse toetreders tot die motorfietslewenstyl ken nie die biker-tradisies nie, en

steur hulle ook nie daaraan indien hulle wel daarvan bewus sou word nie. Ek baseer hierdie

siening op my persoonlike ervaring vanaf veral 2004 tot die hede; en talle gesprekke met

bikers, asook briewe en kommentaar in plaaslike motorfietstydskrifte, bevestig dit.

11. Ten slotte

Die kultuur van Suid-Afrikaanse motorfietsryers is ’n boeiende studie, en in die lig van

onlangse insigte oor materiële kultuur bied ’n ondersoek daarvan ryk navorsing op die terrein

van visuele antropologie, sosiologie en mediastudies. Suid-Afrika het ’n ryk

motorfietskultuur wat nog baie navorsing verg om uit die verf te kom, en indien dit nie gou

gedoen word nie, sal ’n hele stuk kultuurgeskiedenis vir ons verlore raak.

Gedurende die afgelope ongeveer 15 jaar het daar omvattende veranderings in die

samestelling van die motorfietsentoesias-gemeenskap plaasgevind, en waar bikers eers as

uitvaagsels gesien is, genereer die motorfietsgemeenskap vandag ’n beduidende inkomste, nie

slegs in die direkte verkoop van motorfietse en bybehore nie, maar in terme van spandeerkrag

binne die konteks van toerisme. Dit het gelei tot die vestiging van ’n nuwe randbedryf van

272
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

ondernemings wat spesialiseer op die gebied van logistieke ondersteuning tydens groot

saamtrekke, die reël van boetiek-ekspedisies vir avontuurryers, padfietstoere en -aktiwiteite

wat gemik is op liefdadigheid, soos dié deur glanspersoonlikhede, asook verskeie toere deur

gewone lede van die publiek (byvoorbeeld ’n onlangse rit van tien vroue van Johannesburg

na Kaapstad ten bate van kankerbestryding.

Die sterk groei van die avontuursegment, hier te lande en internasionaal, skep die vraag of dit

’n kunsmatige behoefte by mense is, gedryf deur slim bemarking, en of daar werklik ’n

begeerte onder mense groei om nie meer blote toeskouers en verbruikers te wees nie, maar

outentiek betrokke te raak, self te doen en eerstehands te ervaar. Hierdie vraag kan nie nou

beantwoord word nie en verg verdere navorsing.

Bibliografie

Alford, S. 2005. Why motorcycle studies? International Journal of Motorcycle Studies, 1(1).

Alson, A. 2008. Prince William and Prince Harry make their motorcycle trek into Africa. The

Telegraph,3 November.(3 November 2011 geraadpleeg).

Anon. 1996. Redakteursbrief. Journal of Material Culture, 1(1):1–5.

—. 2008. In the saddle: BMW R 1200 GS- the Swiss Army knife of Bikedom. Die Burger,

Motorbylae (in Engels). 24 April, bl. 2.

—.1947.Cyclist's holiday. Life Magazine. 31 Julie.

AMID (Association of Motorcycle Importers and Distributors). s.j. (23 Oktober 2011

geraadpleeg).

Barger, S.R. 2000. Hell's Angel: The life and times of Sonny Barger and the Hell's Angels

motorcycle club. New York: Morrow William & Co.

Barnes, R. 2007. Persoonlike mededeling deur die Bemarkingsbestuurder van BMW

Motorrad SA. April, Victoria-Wes.

Brodman, B. 2008. The motorcyclist as revolutionary: Looking for Mr. Guevara.

International Journal of Motorcycle Studies, 4(1).

Brown, R. 2001. On 2 wheels: An encyclopedia of motorcycles and motorcycling. Londen:

Southwater.

Coffey, M.K. en J.S. Packer. 2007. The art of motorcycle (image) maintenance. International

Journal of Motorcycle Studies, 3(2).

273
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Critical Arts. A Journal of South-North Cultural and Media Studies. 2010. Spesiale uitgawe:

Cultural Economy, 24(1).

Dant, T. 1998. Playing with things: Objects and subjects in windsurfing. Journal of Material

Culture, 3(1):77–95.

Drewery, G. 2003. Skulls, wings & outlaws – Motorcycle club insignia & cultural identity.

Inter-Cultural Studies, 3(2):25–35.

Fine, G.A. 1993. Ten lies of ethnography. Journal of Contemporary Ethnography,

22(3):267–94.

Fuglsang, R.S. 1997. Motorcycle menace: Media genres and the construction of a deviant

culture. Ongepubliseerde PhD-tesis, Universiteit van Iowa.

Gouws, A. 2004. An investigation into the promotional activities employed by the

motorcycle businesses in the Nelson Mandela Metropolitan area. Ongepubliseerde MBAverhandeling,

Port Elizabeth Technikon.

Harrison, J.S. 2006. Korean motorcycle culture. Ruminations in Korea. Ruminations in

Korea. (Webwerf onbereikbaar ten tye van publikasie.)

“Head Bush Scum”. 2007. Not just Harley riders. Bike SA. Oktober, bl. 112.

Hells Angels. s.j. Amptelike webwerf. (15 Oktober 2007 geraadpleeg).

Hells Angels (SA). s.j. Amptelike webwerf. (15 Oktober 2007 geraadpleeg).

Holmstrom, D. en B.J. Nelson. 2002. BMW motorcycles. St Paul: MBI Publishing Company.

Hutch, R. 2007. Speed masters throttle up: Space, time and the shared journeys of

recreational motorcyclists. International Journal of Motorcycle Studies, 3(2)..

Joans, B. 2001. Bike lust. Harleys, women, and American society. Wisconsin: University of

Wisconsin Press.

—. 2005. Glib with guts and gore: I come to bury HT, not to praise him: The legend of

Hunter Thompson. International Journal of Motorcycle Studies, 1(2).

Kieffner, G.L. 2005. Myth, reality, and revenge in Hunter S. Thompson's Hell’s Angels.

International Journal of Motorcycle Studies, 1(2).

Lévi-Strauss, C. 1955 [1965]. Tristes Tropiques. Vertaal deur J. Russel as World on the wane.

New York: Atheneum.

MacKinney, L. 2008. "Mmmm, he's good-bad, but he's not evil": The Shangri-Las, "Leader

of the pack", and the cultural context of the motorcycle rider. International Journal of

Motorcycle Studies, 4(1).

274
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

McBee, R.D. 2005. A "Potential common front": Hunter Thompson, the Hell's Angels, and

race in 1960s America. International Journal of Motorcycle Studies, 1(2)..

McGregor, E. en C. Boorman. 2004. Long way around. Londen: little, brown.

McBee, R.D. 2005. A "Potential common front": Hunter Thompson, the Hell's Angels, and

race in 1960s America. International Journal of Motorcycle Studies, 1(2).

Miller, D. 2001. Car cultures. Oxford: Berg Publishers.

Phillips, L. 2005. Blue jeans, black leather jackets, and a sneer: The iconography of the 1950s

biker and its translation abroad. The International Journal of Motorcycle Studies, 1(1).

Polhemus, T. 2001. The art of the motorcycle: Outlaws, animals, and sex machines. In

Polhemus (red.) 2001.

Polhemus, T. (red.). 2001. The art of the motorcycle. New York: Guggenheim Museum

Publications.

Price-Davies, E. 2011. Adventure motorcycling: The tourist gaze. International Journal of

Motorcycle Studies, 7(1).

Reynolds, T. 2001. Wild ride: How outlaw motorcycle myth conquered America. New York:

TV Books.

Rooney, F.1951. Cyclist's raid. Harper's Magazine, 10 Januarie, ble. 34–44.

Scheepers, J. 1998. The ritual of the ride: A Saturday in the Western Cape. Inter Action 6.

Proceedings of the Fourth Postgraduate Conference. Bellville: Universiteit van die Wes-

Kaap Drukkery.

Sher, J. en M. Marsden. 2009. Angels of death. Inside the biker gang's evil empire. New

York: Avalon.

Simon, A. 2001. Freedom or death: Notes on the motorcycle in film and video. In Polhemus

(red.) 2001.

Sutherland, K.G. 2005. Forty years later: Hunter S. Thompson's Hell's Angels. International

Journal of Motorcycle Studies, 1(2)..

The wild one. s.j.

Thompson, H.S. 1967. Hell's Angels. A strange and terrible saga. New York: Random

House.

WDAR (Wild Dog Adventure Riding). s.j. Amptelike webwerf. .

275
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Wolf, D.R. 1991. The rebels. A brotherhood of outlaw bikers. Toronto: University of Toronto

Press

Eindnotas

1 In 2000 publiseer die 61-jarige Ralph "Sonny" Barger ’n biografie van sy veelbewoë lewe

as outlaw-biker. Ten spyte van louwarm resensies word dit ’n blitsverkoper en in 2001 word

dit in sagteband uitgegee. In sy latere jare het Barger ikoonstatus verkry, en verskeie boeke

geskryf, en met televisie-optredes en tydskrif-onderhoude wêreldwyd bekendheid verwerf.

2 Sien in hierdie verband onder andere Fuglsang (1997), Polhemus (2001), Simon (2001) en

Phillips (2005).

3 Hierdie persepsie van die motorfietsryer as outlaw en krimineel is nie beperk tot die

populêre verbeelding nie, maar word aktief gepropageer deur onder andere

opleidingsmateriaal wat so onlangs as 2000 deur polisiedepartemente in die VSA voorsien is.

Die stereotipering van die hedendaagse motorfietsryer as krimineel is ook onderliggend aan

kontroversiële wetgewing wat in 2008 in Suid-Australië in die parlement ter tafel gelê is en

wat in die omgang as die bikie-wet bekendstaan.

4 Phillips (2005) stel dit kategories: “Despite the mythical status of the event for bikers,

neither Hollister nor the Hollister biker created the kind of panic that The wild one did, except

in retrospect.” Sy ontwikkel ’n oortuigende argument dat die morele paniek wat volg op die

gebeure te Hollister, en veral die daaropvolgende mediaberiggewing, toegeskryf kan word

aan komplekse sosiale verandering in Amerika (en elders) tydens die 1950’s en die 1960’s,

met spesifieke verwysing na die kulturele dinamika van die Koue Oorlog. Volgens haar is die

mediatekste nie die oorsaak van die paniek nie, maar simptome van ’n nasionale paranoia. In

hierdie verband verwys sy na die impak van Edgar J. Hoover se stellings oor die verband

tussen afwykende gedrag deur die jeug (juvenile delinquency) en kommunisme, en die

ontwikkeling van ’n “cottage industry” rondom die skryf van kriminologiese en sosiologiese

handboeke, selfhelpboeke vir ouers, vertalings van tekste oor bende-argot en -rituele, JDromans

en -flieks en die verskyning van juvenile delinquency in selfs die Gallup nasionale

meningsopnames as synde een van die belangrikste probleme wat Amerika in die gesig staar.

5 Sien die amptelike internasionale webwerf van die Hell’s Angels.

6 Sedert 2007 doen ek navorsing oor die bemarkingstrategieë van die groot

motorfietshandelsname in Suid-Afrika. As aktiewe deelnemer aan BMW Motorrad SA se

motorfietssaamtrekke en die jaarlikse Gelande Strasse-avontuurmotorfiets-uitdaagreeks het

Rob Barnes, hoof van bemarking van BMW Motorrad SA, my toegang verleen tot hul

bemarkingsdata. Deon Meyer, tot einde 2007 hoof van spesiale projekte by BMW Motorrad

SA, en wie ek ontmoet het deur my betrokkenheid as manuskripleser by Afrikaanse

276
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

uitgewers, het ook waardevolle inligting aan my verskaf oor spesifiek die BMW Great

African GS Challenge, sy breinkind. Hiermee my dank en erkentlikheid aan beide.

7 Sedertdien het verskeie “swart biker-klubs” ontstaan, en bemarkers is gretig om handel te

dryf. So het Harley-Davidson SA ’n nuwe motorfiets aan die Soweto Eagles geskenk, en het

die September 2007-uitgawe van Top Bike eksklusief swart modelle gebruik om

motorfietskleding en –bybehore te adverteer (ble. 80–91). Opvallend was dat die advertensies

op die padmotorfietssegment gerig is. Tot op hede is daar minder as een persent swart

deelnemers by avontuurryersaamtrekke.

8 Bike SA has been adopted over the years as the unofficial “register” of clubs, with proposed

clubs writing in to state their intended name and other details and asking for any objections.

And, since Bike SA has a huge circulation, this has worked quite well, with few duplications

of names. There are, however, still odd problems with new clubs using colours or patches

similar to other clubs and then having to go through the expense of changing. Solutions

include clubs sending in their intended colours with their notices for publication, for perusal

by other clubs, who can object/discuss if there are any issues.

Send to smalls@bikesa.net.

The message about your club can be something like this -

Idiots Who Rev Bikes At Rallies In The Middle Of The Night MCC:

We intend to start a club with the name Idiots Who Rev Bikes At Rallies In The Middle Of

The Night. Only social misfits, please or people with no sense of reason or logic or

consideration for fellow bikers. Must have thick ears to withstand a taai klap when revving

next to the tent of a big oke with a hangover. Please let us know if there is another club using

that name.

Thanks, (Name and e-mail/phone numbers.) Bike SA, Desember 2007

9 Die 2007 GS Uitdaag-byeenkoms het altesaam R3,45 miljoen gekos. Hiervan het BMW

Motorrad R1 miljoen betaal; die res is verhaal uit inskryfgeld (R2 500 per inskrywing) en

borgskappe. (Persoonlike mededeling deur Deon Meyer, organiseerder.)

10 Sien Price-Davies (2011) se artikel waarin hy onder andere kommentaar op die “gebrek”

aan swart avontuurryers in die VSA, Europa en die VK lewer.

11 Sien “Why motorcycle studies”, die redakteursbrief in die eerste uitgawe (Alford 2005) van

International Journal of Motorcycle Studies, waarin onder ander verwys word na ’n

nostalgiese begeerte na die vryheid van die perderuiter wat verewig is in die mitologie van

die Wilde Weste.

277
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

12 Ek het wel sedert 2003 hierdie verskynsel nagevors en beskik oor data in die vorm van

inhoudsontledings van advertensies in die motorfietstydskrifte Bike SA, Top Bike en Two

Wheels. Ek het ook die voordeel van eerstehandse waarneming deur die bywoon van etlike

saamtrekke wat deur vervaardigers aangebied is.

278
Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Selfuitbeelding en Facebook:

’n estetika van verdwyning?

Amanda du Preez

Amanda du Preez, Departement Visuele Kunste en Visuelekultuurstudies, Universiteit van

Pretoria

Die selfportret beleef tans ’n oplewing aanlyn en word deur sommiges selfs as die volkskuns

van die digitale era bestempel. Boonop maak die algemene toegang tot web- en

selfoonkameras dit moontlik vir iedereen om hulle eie selfportret (of dan profile pic) aanlyn

te kan skep en in stand te kan hou. Hierdie tendens kan beskryf word as ’n demokratisering

van selfportrette, ’n genre wat eens slegs vir die aristokrasie en kunstenaars beskore was.

Indien die kontemporêre aanlyn selfuitbeeldings met die tradisionele selfportret-genre

vergelyk word, kan daar aangedui word dat daar bepaalde verskille is. In hierdie ontleding sal

die verskille tussen die tradisionele selfportret soos onder andere vergestalt in die Duitse

Renaissance-kunstenaar Albrecht Dürer se werk, in gesprek gebring word met kontemporêre

selfuitbeeldings aanlyn, maar in die besonder op sosialemedia-netwerke soos Facebook. In

die vergelyking sal daar voorgestel word dat die vroeë manifestasies van die selfportretkuns

sekere ooreenkomste toon met wat Paul Virilio identifiseer as ’n “estetika van verskyning” in

kontras met die wyse waarop die self in sosiale media vergestalt in wat bestempel kan word

as ’n “estetika van verdwyning”. Kortweg verwys estetika van verdwyning na die wyse

waarop beelde intyds op skerms afwisselend verskyn en verdwyn ten einde die self in ’n

“alom-tele-teenwoordigheid”, of dan alomteleteenwoordigheid, te situeer.

Trefwoorde: selfportrette; sosialemedia-netwerke; Facebook; Paul Virilio; estetika van

verdwyning; kuber-ekshibisionisme

Abstract

Self-representations and Facebook: an aesthetic of disappearance?

The genre of the self-portrait is currently experiencing a revival online, and particularly on

social media platforms such as Facebook. This growing popularity of the self-portrait online

has caused some authors to refer to the online self-portrait as the folk art of the digital age.

The popularity of self-portraiture is made possible in part through ubiquitous tools such as

web and cell phone cameras. Through these handy tools everyone with access to the internet

can create a self-portrait online and also manage and maintain their own presence effortlessly

and constantly online. The fact that the creation of self-portraiture has become so readily

279
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

accessible to many also indicates that the genre has been democratised. Whereas traditionally

the genre of the self-portrait has been reserved mostly for aristocracy and artists, now

everyone can take part in their own self-expression. The main question explored in this article

is, what happens to the genre of the self-portrait in an era of social media networks and how

does it compare with traditional self-portraiture?

In order to explore this question the analysis turns to the so-called birth moment of the selfportrait

in the Western tradition, namely to the time of German artist Albrecht Dürer (1471-

1528) and particularly to his potent self-portrait of 1500. The reason for this selection is that

this early manifestation of the self-portrait overlaps with what philosopher and urbanist Paul

Virilio identifies as an “aesthetic of appearance” – in other words, a representation that

endures in time and space. Virilio associates the aesthetic of appearance with representation,

for it does not assume full presence of the artists, but rather a presence through absence, thus

a re-presentation of the artist that endures over time and space. This differs considerably from

the depiction of the self on social media networks and specifically Facebook. It is argued that

the contemporary democratisation of the self-portrait can be meaningfully interpreted by

making use of Virilio’s idea of an “aesthetic of disappearance”. In brief, aesthetic of

disappearance refers to the ways in which contemporary images appear on screens in real

time creating a tele-presence (a presence over physical and geographical distance) that can be

updated continuously. According to Virilio the online identity created and updated in real

time suggests an instantaneous presence that is available everywhere at all times.

Consequently the aesthetic of disappearance is associated with immediate presence that tries

to eliminate all forms of mediation or re-presentation.

By utilising this hermeneutical framework, namely the differences between an aesthetic of

appearance and disappearance, the difference between representation and presentation is

illuminated in the discussion by applying it to the traditional self-portrait and contemporary

online self-expression. This framework is used merely as an indicator, for in no way can it be

assumed that all examples of self-portraiture and online self-expressions fit neatly into this

opposition. In fact, it is far more promising to keep the analyses open and to use Virilio’s

distinction as a useful guide.

The article therefore suggests that the traditional self-portrait as depicted by the modern artist

represents a presence through its own absence, which can be associated with an aesthetic of

appearance. The self-portraits of Dürer, Rembrandt, Beckmann, Bacon and Warhol are

briefly discussed to show this trajectory from an aesthetic of appearance to disappearance.

The ways in which digital photography further undermines the traditional self-portrait is also

briefly discussed through the work of Morimura and Schechner. The trajectory followed can

also be associated with the movement from modernism towards a consumerist

postmodernism. The genre of the self-portrait is then explored in its contemporary guises

made possible through new technologies and social media. These new developments allow

for new ways of presenting the self by means of a telepresence that has overcome time and

space. The fact that online the self can be constantly edited, updated and exhibited makes it

more analogous to an ongoing project or process than a final product or positioning of the

280
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

self. In particular the portrayal of the self on Facebook through profile pictures is explored

with reference to misleading and over-flattering depictions. The presentation of the self

online also allows for the suspension of the separation between the private and the public

spheres, because the intimate private life can now be broadcast constantly to an ever-present

public audience. In short: whereas the traditional self-portrait appears, positions and

represents in time and space, the online self-expression presents in real time, immediately and

instantaneously, and inevitably disappears.

Key terms: self-portraits; social media networks; Facebook; Paul Virilio; aesthetic of

disappearance; cyber exhibitionism

1.Inleiding

Man, fascinated with himself,

constructs his double,

his intelligent spectre,

and entrusts the keeping

of his knowledge to a reflection.

(Virilio 1991:46)

Een van die eerste dinge wat ek moes leer tydens die skep van my aanlyn Facebook-profiel is

om nie ’n alledaagse foto van myself te gebruik nie. 1 Dit het veel meer trefkrag om ’n

interessante foto van jouself op te laai – ’n foto geneem vanuit ’n ongewone hoek wat die

illusie van beweging skep, of, nog beter, gehul in skadu’s ten einde die misterie te verhoog –

enigiets is beter as ’n gewone frontale konfrontasie (Figuur 1). Selfs ’n foto van jou groottoon

hou meer belofte in as ’n “mug shot”. Ek moes dus aanleer wat die meeste gebruikers van

Facebook alreeds weet, naamlik dat profielfoto’s nie soseer standhoudende voorkoms

dokumenteer nie, maar veel eerder geskep word in antisipasie van die kortstondige blik van

’n aanskouer. Dit is hierdie vlietende aard van aanlyn selfuitbeeldings wat in die bespreking

wat volg, as vertrekpunt geneem sal word en ook in gesprek met die genre van die selfportret

in die visuele kunste gebring sal word. Wat gebeur met die selfportret in die era van

sosialemedia-netwerke en hoe vergelyk dit met tradisionele beskouinge van die representasie

van die self? Uiteraard kan so bespreking slegs met breë hale oor die geskiedenis verf en is

dit uit die staanspoor uiters selektief in watter materiaal bespreek word ten einde reg aan die

argument te laat geskied binne hierdie bepaalde en beperkende ruimte.

281
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Figuur 1. Voorbeelde van my Facebook-vriende se profielfoto’s (met vriendelike

vergunning van dié vriende)

Ten einde hierdie vrae enigermate sinvol te ondersoek, het ek my eerste keuse laat val op die

sogenaamde oorsprongmoment van selfuitdrukking in die Westerse tradisie, naamlik die

Duitse kunstenaar Albrecht Dürer (1471–1528) se treffende selfportret van 1500. Die rede vir

hierdie keuse is dat dié vroeë manifestasie van die selfportretkuns sekere ooreenkomste toon

met wat die filosoof en urbanis Paul Virilio identifiseer as ’n “estetika van verskyning” – ’n

daarstelling wat in tyd en ruimte geposisioneer is. Die uiteindelike doel is om die uitbeelding

van die self op sosialemedia-netwerke, en dan spesifiek op Facebook, te ondersoek. 2 Die

wyse waarop die self in sosiale media vergestalt in wat bestempel kan word as ’n

kontemporêre demokratisering van die selfportret, sal aan die hand van Virilio se “estetika

van verdwyning” ondersoek word. Kortweg verwys estetika van verdwyning na die wyse

waarop beelde intyds op skerms afwisselend verskyn en verdwyn ten einde die self in ’n

alom-tele-teenwoordigheid, of dan alomteleteenwoordigheid (teenwoordigheid oor ’n fisiese

of geografiese afstand) te situeer. Hierdie hermeneutiese raamwerk sal dien as ’n

rigtinggewer in die ontleding, met dié belangrike voorbehoud: dat daar nie aangeneem kan

word dat alle voorbeelde en aspekte van selfportrette en aanlyn selfuitbeeldings netjies in die

opposisie tussen die estetika van verskyning en die estetika van verdwyning sal inpas nie.

Inteendeel, dit is moontlik veel meer belowend om die ontleding oop te hou en Virilio se

onderskeid as ’n blote betekenisvolle wegaanwyser te beskou.

Gegewe hierdie voorlopige uitgangspunte is die genre van die selfportret ongetwyfeld in die

Westerse tradisie beskou as ’n unieke manifestasie van die moderne subjek se konfrontasie

met die self; met ander woorde, dit is tradisioneel vertolk as ’n soort egte verskyning van die

self en op grond hiervan beklee die genre ’n gerespekteerde plek in die kanon. Dit is tog

immers na selfportrette dat kunshistorici, psigoloë en sosioloë hul wend wanneer daar

ontledings gemaak word oor die kunstenaar se temperament en konteks. Dit verduidelik dan

die gewildheid van studies wat onderneem is oor onder andere Rembrandt (Chapman en Van

282
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Rijn 1992; Van de Wetering, Bruyn en Van Rijn 2005) en Van Gogh (Erpel 1969; Van Gogh

en Suh 2006) se selfportrette, om maar twee te noem. Namate opvattings oor mimetiese

representasie in die 20ste eeu dramaties verander het, het idees rondom subjektiwiteit

insgelyks ook begin verskuif (Van Alphen 2005:31). Dit het tot gevolg dat die genre van die

selfportret vanaf die 1950’s in die besonder begin disintegreer het en byvoorbeeld tot blote

oppervlak gereduseer word in Andy Warhol se syskerms, terwyl die self op Francis Bacon se

doeke versplinter in onsamehangende skerwe.

Waar selfportrette en portrette in die Renaissance en vroeë moderniteit uitsluitlik vir

kunstenaars en die aristokrasie beskore was, moontlik met uitsondering van die opbloei in

groepportrette tydens die Goue Eeu in Nederland (17de eeu), kon die bourgeoisie en soms die

werkersklas sedert die ontwikkeling van fotografie in die 19de eeu ook begin deelneem aan

die projek van selfuitdrukking (Hudgins 2010). 3 Sedertdien het fotografie na die digitale

skerm gemigreer en in dié verband skryf Graeme Turner in Ordinary people and the media:

The demotic turn dat nuwe media tans eindelose moontlikhede bied vir die ontplooiing van

die self:

It has become commonplace to notice the increasing number of opportunities for

ordinary people to appear in the media. From the vox pops in news bulletins to the

celebrity that comes with participation in reality TV, from calling up your local

talk radio host to competing for stardom in Idol, from posting your favourite

images on Facebook to becoming one of the notorious Web “cam-girls” – the

possibilities of media visibility seem endless. (Turner 2010:1)

Elkeen kan nou sy of haar vyftien minute van roem opeis (soos Warhol voorspel het),

behalwe dat die duur van die roem dalk eerder na vyftien sekondes gekrimp het.

Die demokratiserende tendens in die uitbeelding van die self via digitale media verskil egter

op betekenisvolle wyses van die beginsels waarop die tradisionele selfportret berus het. Waar

die tradisionele selfportret gerig was op die posisionering van ’n duursame (beide in tyd en in

ruimte) daarstelling (representasie) van die self, kan die kontemporêre aanlyn selfbeeld eerder

verstaan word as ’n virtuele surrogaat, of in Virilio se terme ’n gesitueerde

teleteenwoordigheid, wat intyds opdateer en versend word, dus ’n presentasie.

Die verskil tussen representasie en presentasie soos Virilio dit ontgin, oorvleuel met die

onderskeid tussen die estetika van verskyning en die estetika van verdwyning soos hy dit

onder andere in The aesthetics of disappearance (1991) en Art and fear (2003) uiteensit. Die

gebruik van Virilio se idees as rigtinggewend in hierdie ontleding kort egter enkele

verduidelikings, aangesien Virilio soms beskryf word as ’n provokateur wat van “retoriese

bomme” gebruik maak om sy “paranoïese fantasieë” aangaande die tegnologie te

kommunikeer (Luke en Ó Tuathail 2000:363; my vertaling). Virilio is dus nie ’n vaal of

obskure teoretikus wie se uitsprake ongesiens verbygaan nie, maar veel eerder iemand wat

heftige reaksies uitlok. Hy verwys daarom na homself as ’n “defence intellectual” en

“revelationary” (onderhoud met Armitage 2011:39) in ’n poging om iets te verduidelik van sy

283
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

omstrede en radikale uitsprake oor die rol wat nuwe tegnologieë in die versnelling van ons

lewens speel. Virilio is ongetwyfeld kontroversieel, en alhoewel sy idees nie hier streng

nagevolg word nie, sal daar nietemin aangevoer word dat sy waarskuwings – alhoewel

hiperbolies geformuleer – wel waardevolle kritiek op die kontemporêre skermkultuur lewer.

Soos Cubitt (2011:87) dit oortuigend stel: “When Virilio forces us to look into the abyss of

final catastrophe, he makes us consider not only what is at stake, but how we might address

it.” Die bespreking sal daarom begin met ’n bondige uiteensetting van wat Virilio bedoel met

’n estetika van verskyning enersyds en ’n estetika van verdwyning andersyds.

2. Virilio se estetika van verdwyning

Een van die sleutelbegrippe in Virilio se teoretiese arsenaal is die verskynsel van dromologie

(die wetenskap of logika van spoed) wat verwys na die kritiese ondersoek van die mag

opgesluit in spoed in ’n kultuur onderworpe aan akute versnelling (1986). In hierdie verband

identifiseer Virilio veral tegnologieë van oorlog en sig (vision technologies) as die agente

waardeur die versnelling voltrek word (1994). Hy is dan ook in besonder geïnteresseerd in

hoe spoed ons beliggaamde en fenomenologiese vermoëns tot sig beïnvloed en selfs

verander. Volgens Virilio het die oormaat versnelling tot gevolg dat “tyd-materie” verdwyn

en vervang word met “tyd-lig” (1997:123) of gevirtualiseerde spoed-ruimte (Armitage

2011:9). Voorts vervreem versnellingstegnologieë ons van diep tyd-ruimtelike ervarings,

aangesien afstande verkrimp (the end of geography) en ruimte uiteindelik

“gedeterritorialiseer” (nog ’n neologisme deur Virilio geskep) word. 4 Virilio is dus besorg

oor die verlies aan menslike of beliggaamde persepsie (Armitage 2011:9), wat in gedrang

kom in ’n kultuur van versnelling. Soos Cronin (2011:87) die versnellingsfenomeen

verduidelik:

Speed (velocity) is understood literally as space (distance) mapped against time

(duration), reaching its absolute limit in light, which collapses both space and

time. Light, or absolute speed, dissolves the implicit dualism of embodied motion

and of disembodied stimulus, anticipating a neuro-psychological event, such as an

epileptic petit mal, manifested by momentary glitches in perception that Virilio

terms as a “picnoleptic” seizure.

In The aesthetics of disappearance (1991) maak Virilio gebruik van die beeld van

piknolepsie 5 om die verlies aan die kontingente werklikheid as gevolg van oormatige spoed te

verduidelik. Skynbaar kompenseer piknolepte vir die gereelde verlies aan bewussyn en

verlore momente of swart kolle in hul geheue deur oordadige verhale of beelde op te roep ten

einde te vergoed vir hul afwesigheid. Virilio (1991:10) verduidelik piknolepte se ongemak en

poging tot kompensasie vir die verlies aan geheue soos volg:

There is a tendency to patch up sequences, readjusting their contours to make

equivalents out of what the picnoleptic has seen and what he has not been able to

284
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

see, what he remembers and what, evidently, he cannot remember and that it is

necessary to invent, to recreate […].

Die piknolep skep dus ’n nuwe weergawe, een wat onsigbaar was en waar hy nie teenwoordig

was nie, om te vergoed vir die verlies aan teenwoordigheid. Op dieselfde wyse vul nuwe

visie-tegnologieë, in besonder kinema, die gebrokenheid van menslike sig aan met ’n

ooraanbod van beelde en onmiddellike teenwoordigheid wat ons fisies oorweldig: “it

acclimatizes us to the production of continuities where there are none” (Cubitt 1999:128). In

die mate waarin hierdie nuwe tegnologieë van sig ons oorval met ’n ooraanbod van

werklikheid (dus presenteer), word ons vervreem van ons eie ervarings en verloor uiteindelik

die vermoë om te kan representeer. Nog meer: omdat daar afstand gedoen word van

agentskap in visie, is daar selfs sprake van die dematerialisering van subjektiwiteit (Armitage

1997:201). Hierin lê die estetika van verdwyning opgesluit, naamlik in die vervanging van

beliggaamde persepsie deur die prostese van tegnologie (Cronin 2011:87).

Dit word dus duidelik uit Virilio se gebruik van die metafoor van piknolepsie dat hy geensins

voorspraak maak vir ongemedieerde of direkte toegang tot die kontingente werklikheid nie,

maar eerder, soos Featherstone (2003:435) verduidelik, werk met die idee dat elke

konstruksie van ’n beeld, met ander woorde elke representasie, altyd ’n spookagtige

oorblyfsel of oortollige supplement oplewer. Dit beteken dat die politiek van representasie vir

Virilio rondom die “destructive effects of the attempt to completely subdue contingency and

the apocalyptic potential of the return of this excess of indeterminacy” (Featherstone

2003:435) wentel. Virilio is dus diep bewus van die geweld wat daar opgesluit lê in volkome

representasie of dan presentasie, soos hy dit noem. Daarom vergelyk hy die alomvattende sug

na totale of pure visie met die verstarrende blik van die Gorgone. Dit is volgens hom in

besonder deur sigmasjiene van oorlog en kinemas waar abstrakte visie triomfeer deur die

wêreld vas te vries in monsteragtige onmiddellikheid – om te monstreer (presenteer) en nie

meer te demonstreer (representeer) nie. Volgens Virilio is geen lewe meer moontlik in die

verblindende lig van volkome visie nie, omdat kontingensie tot hoëspoed-transmissies

vervlak word. Dit het tot gevolg dat kontingensie lewend gedek word (daar is live

coverage daarvan), sodat die gebeure opgeoffer kan word aan die skerm as lewende anatomie

(Armitage 2003:40).

Gegewe die oordrewe klem op onmiddellikheid is Virilio (2003:35) se interpretasie van

20ste-eeuse en kontemporêre kuns uiters pessimisties: “What abstraction once tried to pull off

is in fact being accomplished before our very eyes: the end of REPRESENTATIVE art and

the substitution of a counter-culture, of a PRESENTATIVE art.” Hy verwys na kontemporêre

presentatiewe kuns as harteloos en sonder enige piëteit of jammerte/sorg (2003:36, 39) en

daarom identifiseer hy dit met ’n soort blindheid of kuns wat uit sig verdwyn (2003:38). Dit

is dus duidelik dat Virilio presentatiewe kuns assosieer met die estetika van verdwyning,

omdat dit beweeg na ’n “tele-reality, immediacy, ubiquity and instantaneity” (Armitage

2011:38) en sodoende poog om afstand te doen van enige vorm van representasie of

fenomenologiese verhouding of bemiddeling van die kontingente werklikheid.

285
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In ’n onlangse onderhoud neem Virilio sy tese nog ’n stap verder deur te verklaar dat in die

21ste eeu nie nét historisiteit versnel word nie, maar dat die realiteit op sigself versnel. Dit

beteken dat die geskiedenis ’n blote ongeluk word en die gebeure nie meer na ’n referent

verwys nie, maar bloot handel oor die oombliklike ter wille van die oombliklike:

“Instantaneity has supplanted Eternity” (Virilio 2012:62). Daar is dus geen meer

bewonderenswaardige persone of helde wat groot dade verrig nie, en ook geen genie meer

wat grootse werke kan skep nie. Inteendeel, daar is selfs geen celebrities meer om te

bewonder nie, want selfs dié sfeer het versnel en vervlak tot blote celebration.

In dié verband haal Virilio ’n deelnemer van ’n onlangse realiteitsprogram aan:

Let me remind you of what a young man said on a reality TV show. He was asked

what he wanted to do in the future. His response was: “I want to do celebrity.” He

didn’t want to become a Picasso, a Shakespeare, or a Godard. He wanted to “do

celebrity”. And he had perfectly understood that celebration would allow him to

become a celebrity without any works to his name. (Virilio 2012:62)

By die verlies aan enige verwysing na ’n referent, met ander woorde geen verwysing meer na

’n daad, ’n kunswerk, ’n teks, ’n persoon, of gebeurlikheid nie, word die estetika van

verdwyning voltrek. Armitage (2011:7) som die verskil tussen die estetika van verskyning en

die estetika van verdwyning as volg op, waarmee ek hier sal volstaan:

For Virilio, the aesthetics of disappearance refers to the mediated technological

effects typical of the contemporary arts. Whereas the ancient aesthetics of

appearance was based on lasting material supports (wood/canvas in the case of

paintings; marble in the case of statues, etc.) the present-day aesthetics of

disappearance is founded on temporary immaterial supports (plastic/digital

storage in the case of films, etc.). Contemporary images therefore do not so much

appear (except as a function of human cognition) as continually disappear.

Modern-day images thus apparently move across but actually and repeatedly

vanish from the fundamentally immaterial support of the screen as part of a

cinematic sequence.

Die probleme wat Virilio dus uitlig met betrekking tot die vlietende beelde op die skerm, is

dat dit die aard van die werklikheid grondliggend aantas. Dit wat Virlio in beskerming wil

neem, is juis die duursaamheid en tydelike aard van menslike interaksies wat tradisioneel deel

gevorm het van die intersubjektiewe en politieke arena. Virilio kan dus as ’n kampvegter vir

’n beliggaamde etos van die werklikheid gesien word (Derain 2009).

3. Tradisionele selfportrette: ’n moontlike estetika van verskyning

Die selfportret tree na vore as ’n eiesoortige genre tydens die Renaissance en beliggaam beide

humanistiese ideale en nuutgevonde idees oor die kunstenaar se genialiteit. In die proses

286
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

ontdek die kunstenaar sy individualiteit (Koerner 1993:8) en in hierdie verband word die

menslike gesig as die sinekdogee van individualiteit beskou (Bal 2004). Porter (1997:3)

verduidelik die nuwe beheptheid met die gesig en individualiteit soos volg: “New cultural

genres of the portrait (above all the self-portrait), the diary and the biography (especially

the auto-biography) – reveal heightened perceptions of individuality, the ego glorying in its

own being.”

Van besondere belang hier is die Duitse kunstenaar Albrecht Dürer en sy selfwaarnemings

wat geïdentifiseer word as die ontstaansmoment van die selfportret (Koerner 1993), maar ook

as die oomblik waarin die Duitse Renaissance ontwaak het (Kehrer 1934:31). Wat Dürer se

selfportrette nog meer aangrypend maak, is die vlak van selfbewustheid wat uit hulle straal

(“höchts verwickelten und vielgestaltbaren Innenlebens“ (Kehrer 1934:31)), aangesien

selfbewustheid (nie verstaan in ’n streng egoïstiese sin nie) die geheime bestanddeel was wat

’n moderne kwaliteit aan sy selfportrette verleen het. Soos Rose (1975:160) verduidelik, is

die selfportret en die gepaardgaande selfbewustheid een van die belangrikste manifestasies

van die moderne gees. Dürer se vermoë om nie net die kunstenaar as skepper (subjek)

bewustelik te beliggaam nie, maar ook om gestalte te gee aan die kunswerk wat besig is om

geskep te word (objek), word bestempel as ’n besonderse mylpaal. Daar bestaan dus ’n

doelbewuste analoë verband tussen die skepper en die skepping; met ander woorde dit is ’n

doelgerigte representasie wat tot ’n hoogtepunt gevoer word in die frontale konfrontasie van

sy Selfportret (1500, München) (Figuur 2).

Moxey (2004:760) verwoord die belangrikheid van dié besonderse werk soos volg: “In

Dürer's Self-Portrait of 1500 both artist and work merge as they call the age of art into

being.”

Figuur 2. Albrecht Dürer, Self-portret (1500). Olie op houtpaneel. Alte Pinakothek,

München. Wikipaintings.org.

287
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

As deel van die Christelike humanistiese tradisie verbeeld die selfportret dus bepaalde idees

van wat dit beteken om mens te wees en wat, soos reeds genoem is, konsepte soos

persoonlikheid en individualiteit insluit (Van Alphen 2005:21), maar meer nog ook ’n

transendente dimensie inkorporeer. In die selfportret beeld Dürer homself uit na die gelykenis

van Christus volgens die tradisie van die Imitatio Christi (“om Christus te volg“) (Smith

1975:34; Stumpel en Van Kregten 2002:16; Panofsky 1955, Koerner 1993); en nóg meer

staan die selfportret ook in die tradisie van die conformitas Christi (“om soos Christus te

word deur ’n heilige gawe”) (Bainton 1947:269). Sonder ’n sweem van godslastering

(“devoid of any hint of blasphemy” (Smith 1975:34)) beeld Dürer die mistiese identifisering

van die kunstenaar met God uit (Panofsky 1955:43). Deur die kunstenaar se genialiteit word

hy dus soos Christus (in gelykenis), maar hy skep ook soos God, omdat hy ’n uitverkore

verteenwoordiger van God se heilige skeppingskragte is. Die portret is dus ’n visuele analoog

of representasie van die Goddelike skepping.

Benewens die transendente betekenis van die selfportret stel Koerner (1993:168–9) ook voor

dat die portret verstaan moet word as ’n outonome selfportret, ’n vorm of onderwerp van

kuns wat Dürer heel moontlik vir die Noorde geskep het. Die portret versinnebeeld dus die

opkomende belangrikheid van die moderne kunstenaar: “From genesis to poesis, from divine

creation and generation to human artistic creativity, this shift is best illustrated by the selfportrait

of Albrecht Dürer which takes on the appearance of the Holy Face” (Dekoninck

2009:60).

Dit is om hierdie rede dat Dürer se Selfportret van 1500 verstaan kan word as die gesig van

die moderne kunstenaar en moontlik die visuele geboorte van die moderne subjek, omdat dit

beide ’n stelling rakende onsterflikheid maak en ’n poging is om ’n teenvoeter teen

professionele verganklikheid te bied (Smith 2010:93). Hierdie sug na onsterflikheid en

onverganklikheid, soos beliggaam deur die geniale kunstenaar, gaan gepaard met die

ontwikkeling van die mimetiese of representatiewe tradisie in die portretkuns.

In hierdie verband wys Van Alphen (2005) egter op die problematiese aannames waarop die

tradisionele mimetiese tradisie berus, naamlik dat die portret wel die teenwoordigheid van ’n

unieke individu (veral ook sy innerlike essensie) kan vergestalt, of dat die portret direk

verwys na ’n referent wat eens teenwoordig was. Van Alphen verduidelik ook dat daar ’n

verdubbeling van erkenning in die tradisionele portretkuns plaasvind: aan die een kant verkry

die sitter wat uitgebeeld word, outoriteit deur die portret-self, en aan die ander kant word

outoriteit aan die proses van mimetiese representasie verleen deur die portretkuns (Van

Alphen 2005:25). Daarom is daar dus geen ander genre in die kuns wat so doeltreffend

gestalte gegee het aan die tradisie van “mimetic referentiality” (Van Alphen 2005:26) soos

juis die portretkuns nie. En moontlik kan Dürer se selfportret as die hoogtepunt van hierdie

tradisie bestempel word. Dit beteken dat die tradisie van mimetiese referensialiteit verskil van

Virilio se begrip aangaande representasie, omdat representasie by Virilio altyd verwys na ’n

afwesigheid en ’n oortolligheid wat nie vasgevang kan word nie, terwyl die tradisionele

portretkuns met die verwagting gewerk het dat die essensie van die sitter wel vasgevang kan

word.

288
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In die eeue ná Dürer se aanvangsmoment het die selfportret ontwikkel tot ’n selfstandige

genre wat beide in gewildheid en in markwaarde gegroei het. In dié verband het Rembrandt

van Rijn (1606–1669), wat byna 90 selfportrette geskep het, se uitbeeldings van homself ’n

ryk visuele argief nagelaat waarin die kunstenaar se ekspressiewe gesig oor tyd en ruimte

vasgevang is. Rembrandt slaag daarin om deur die herhaling van sekere komposisionele

elemente, soos die ekspressiewe gedeeltes van sy gesig (veral die mond), asook die dra van

kostuums, ’n sogenaamde ekspressiewe piktorale of visuele metafoor (Rothenburg 2008:108)

gegrond op sy gelykenis, te skep. Hierdie visuele metafoor verteenwoordig, volgens

Rothenburg, die universum van kunsskepping en die kunstenaar se wêreld. Rembrandt sit dus

in hierdie opsig Dürer se poging voor om die kunstenaar en sy wêreld te verewig, maar ’n

nuwe element tree na vore in die 17de eeu, naamlik die gepaardgaande roem wat algaande

met kunstenaarskap geassosieer word. Trouens, die jongste navorsing wat handel oor die

redes waarom Rembrandt so ’n groot aantal selfportrette geskep het, toon aan dat een van die

belangrikste redes daarvoor was dat daar ’n aanvraag na sulke portrette deur

kunsversamelaars was (Van de Wetering, Bruyn en Van Rijn 2005:xxv). Die kunstenaar se

werk – in besonder die selfportret – word dus gesogte versamelstukke met ’n bepaalde

markwaarde. Sinies beskou kan daar geargumenteer word dat selfportrette trofeë geword het

juis omdat beide die kunstenaar se styl en sy gelykenis daarin vasgevang is. Die eens

metafisiese bedoelinge van die selfportret, soos in die geval van Dürer, waarin die kunstenaar

en kunstenaarskap in analoë verband met die goddelike geassosieer is, verkry algaande ’n

immanente markwaarde.

Figuur 3. Max Beckmann, Self-portret in pak (tuxedo) (1927). Olie op doek. Busch-

Reisinger Museum, Harvard Universiteit, Cambridge, Massachusetts.

Wikipaintings.org.

289
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Daar tree dus mettertyd ’n duidelike verandering in in die wyse waarop die selfportret

ontvang word deur toeskouers en die redes vir die skep daarvan. Breedweg kan die trajek

waarin die selfportret hier bespreek word, aan die hand van die paradigmaverskuiwing vanaf

die moderniteit na postmodernisme verstaan word. Ek poog dus om hier ’n bondige oorsig te

gee vanaf die moderne subjek wat homself as onsterflik in sy selfportrette wou bevestig tot

postmoderne selfportrette, wat enersyds verhandelbare items in roem en rykdom word, maar

terselfdertyd die krisis in representasie verteenwoordig of – soos van Alphen vroeër daarna

verwys het – die krisis in mimetiese referensialiteit vergestalt.

In die Duitse kunstenaar Max Beckmann (1884-1950) se Selfportret met pak (1927) (Figuur

3) word een van die laaste modernistiese stuiptrekkings van die kunstenaar as geniale wese

wat die misterieuse aard van die wêreld aan die kyker wil openbaar, uitgebeeld. Selz

(1996:42) beskryf die selfportret as een van die grootstes in die kunsgeskiedenis: “The artist

faces us, a powerful figure in full size, self-conscious, brutal, proud, confronting his public

with great self-confidence.” Alhoewel Dürer se piëteit hier getaan het, kan die ooreenkomste

tussen die twee selfportrette onbetwisbaar steeds gesien word, en Lackner (1977) verduidelik

die ooreenkomste soos volg:

Another major self-portrait comes to mind, one that emanates a comparable

conscious superiority and barely avoids the borderline of arrogance: Albrecht

Dürer's frontal Self-Portrait of 1500, which depicts the artist with flowing locks.

There, too, symmetry symbolized the height of life. It is entirely possible that the

date 1500, distinctly displayed on the painting, gave Dürer a mystical feeling of

being exactly in the middle of his time. The Beckmann we see in the 1927 selfportrait

was indeed in the middle of his creative career.

Steeds humanisties en Noord-Germaans in benadering (Myers 1966) kan Beckmann

in Selfportret met pak(1927)enersyds as ’n self-ironiserende dandy gesien word, maar ook as

kunstenaar wat sy taak steeds met dodelike erns benader. Beckmann beskryf daarom die rol

van die kunstenaar soos volg: “The artists in the contemporary sense is the shaper of the

transcendent idea. He is at one and the same time the shaper and the vessel. [...]. Self-reliance

is the new idea that the artist, and with him, humanity, must grasp and shape” (Copeland

Buenger 1997:287). Beckmann se selfportret kan dus as een van die laaste groot moderne

selfportrette bestempel word, omdat daar steeds, alhoewel kwynend, ’n bewuste appèl tot die

transendente in sy werk gerig word deur ’n duursame gelykenis.

290
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Figuur 4. Francis Bacon, Self-portret (1971). Olie op doek. Musée National d'Art

Moderne, Georges Pompidou- Sentrum, Parys.

Namate die 20ste eeu ontvou het, het die mimetiese tradisie egter algaande vertroue verloor

in sy vermoë om gestalte te gee aan die referent of die essensie van die sitter. In die werk van

Francis Bacon (1909–1992) (Figuur 4), in besonder sy (self)portrette, word die verskil tussen

die referent en die sitter, wat in hierdie geval die kunstenaar self is, tot so mate vervaag dat

dit onmoontlik word om die self en die ander uit te ken. Die self fragmenteer tot die

omliggende objekte en andersom, of soos Van Alphen (1992:116) in Francis Bacon and the

loss of self aandui: “Subject and non-subject become one visual field constructed upon

contiguity, making it impossible to speak of a subject or self.” Die konsep van die moderne

kunstenaar wat as unieke subjek skynbaar sinvol uitdrukking aan homself kon gee, word deur

Bacon se eksistensiële verlies aan ’n self uitgedaag waar die self ineenvloei met die

omringende omgewing, en die onderskeid tussen self en ander byna volledig opgehef word.

Een van die belangrikste vertolkers van die portretkuns se mimetiese mislukking is Andy

Warhol (1927–1987). By Warhol verval die portret in die sfeer van ’n ooraanbod van

vryvallende betekenare. Daar is dus nie meer sprake van ’n outentieke self wat uitgebeeld

word deur die outentieke tradisie van mimese nie. Warhol het verstaan dat die private self of

innerlike essensie geen kans staan teen die aanslag van die populêre massamedia nie. 6 Hy het

daarom bely dat enige poging om tot groter insig oor sy private self te kom, verdoem is tot

blote oppervlakke: “If you want to know about Andy Warhol, just look at the surfaces of my

paintings and films and me, and there I am. There’s nothing behind it.” Waar Dürer homself

dus met piëteit as ’n Christus-figuur in olie op ’n houtpaneel uitgebeeld het, beweeg Warhol

in die teenoorgestelde rigting deur homself herhaaldelik soos ’n masjien te presenteer,

byvoorbeeld Selfportret (1967) (Figuur 5) (met die mond verskuil agter die hand). Dürer se

291
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

selfportret is geskep in ’n poging om gestalte te gee aan ’n standhoudende embleem vir

humanistiese individualiteit, waar die betekenaar en betekenis in skynbare korrelasie staan,

teenoor Warhol se uitbeelding, wat byna ’n niemonument vir kunstenaarskap word, die

unieke en individuele self (betekenis) vervang met tydelike en verganklike betekenare wat

dieselfde emosionele gewig as ’n verbruikersproduk dra.

Figuur 5. Andy Warhol, Self-portret (1967). Syskerm. Alte Pinakothek, München.

Wikipaintings.org.

Hoe pas hierdie kort bespreking van die selfportret in by Virilio se onderskeid tussen ’n

estetika van verdwyning en ’n estetika van verskyning? Virilio (2003:36) eien met misnoeë

die kuns van die 20ste eeu in Art and fear as ’n hartelose kuns (“pitiless art”) wat sy piëteit

verloor het in die obsessiewe poging om te presenteer, met ander woorde gedryf word deur ’n

drang na onmiddellikheid en nie meer belangstel om te representeer nie. Hoe pas dit in by

Dürer en Warhol se verskillende selfuitbeeldings? Kan Warhol se beheptheid met die plat

oppervlak en kompulsiewe gebruik van die syskerm en ander industriële metodes in sy

Silwerfabriek verstaan word as tekenend van ’n estetika van verdwyning, die totale

plooibaarheid van die self? Waar Dürer se selfportrette met piëteit op duursaamheid gerig

was in die poging om sy unieke self (alhoewel problematies) in tyd en ruimte te posisioneer,

werk Warhol se selfportrette enige duursaamheid, ook in tyd en ruimte, teë. Warhol se

selfuitbeeldings kondig eerder die vervangbaarheid, verspreidheid en onmiddellikheid van die

skerm aan.

Met die digitale plooibaarheid van die beeld word die mimetiese tradisie dus nog verder

geproblematiseer en onder druk geplaas. Wanneer daar na fotografiese selfportrette gekyk

word, kan dieselfde patroon van mimetiese vervreemding waargeneem word, want waar daar

aanvanklik die verwagting geskep is dat fotografie mimeties getrou aan die werklikheid sou

wees, word die noue verband tussen werklikheid en representasie algaande aangetas.

292
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Daarbenewens is die verhouding tussen werklikheid en fotografiese weergewing ook meer

ingewikkeld as wat aanvanklik geantisipeer is (Adams 2000:3).

In hierdie verband is dit moontlik belangrik om die volgende fotografiese selfportrette uit te

sonder waarin die verhouding tussen beeld en werklikheid uiters problematies word. Jones

(2002:972) verwys daarom na die paradoksale aard van die fotografiese selfportret, juis

omdat dit terselfdertyd “both gives and takes away the subject from us”. In die Japannese

kunstenaar Yasumasa Morimura (1951–) se fotografiese selfportrette, waarin hy homself in

die subjekposisie van beroemde Westerse subjekte plaas (bv. Marilyn Monroe en Michael

Jackson) of homself invoeg in beroemde skilderye (bv. as Leonardo da Vinci se Mona Lisa)

word nie net die selfportret as genre ondermyn nie, maar ook enige pretensie van

lewensgetrouheid. Morimura se uitstallings getiteld Self-portrait as art history (1998) en An

inner dialogue with Frida Kahlo (2001) (Figuur 6) vorm ’n kritiese parodie op die Westerse

kanon in terme van beide geslag en ras. Morimura as Japannese man vertolk die rol van

Kahlo as kunstenaar en Kahlo as vrou, wat ’n enigmatiese verdubbeling en vervreemding tot

gevolg het. Morimura se fotografiese selfportrette vergestalt wyses waarop die self

gekonstitueer kan word in terme van ’n afwesigheid eerder as ’n teenwoordigheid, omdat hy

beide kulturele en geslagsrolle oorstyg deurdat hy as ’n Oosterse man verskyn as ’n Westerse

vrou (Yoon 2001:168–9). 7 Kortom: Morimura bestaan by grasie van sy eie afwesigheid

(manlikheid en Oostersheid) in hierdie portret.

Figuur 6. Yasumasa Morimura, An inner dialogue with Frida Kahlo (Hand Shaped

Earring) (2001). Kleurfoto. Uitgawe van 5. 149.86 X 120.02 cm. Luhring Augustine

Galery.

293
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Figuur 7. Alan Schechner, Self-portrait at Buchenwald: It’s the real thing (1991–

1993). Digitaal-gemanipuleerde foto.

Die manipuleerbaarheid en plooibaarheid van die fotografiese medium word tot ’n

besonderse siniese hoogtepunt gevoer in die kunstenaar Alan Schechner se invoeging van sy

eie beeld saam met dié van gevangenes in die Buchenwald-konsentrasiekamp gedurende die

Tweede Wêreldoorlog (Figuur 7). Schechner se kontemporêre beeld met die blikkie

dieetkoeldrank staan in wrang kontras met die uitgeteerde mans in die agtergrond wat tog

deur middel van die digitale manipulasie op dieselfde vlak ge(her)kontekstualiseer word.

Verbruikersproduk en onuitspreekbare lyding word verenig op dieselfde prentvlak en ontlok

moontlik eerder ’n wrang glimlag as skok by die toeskouer, want Schechner ontbloot die

kontemporêre ingesteldheid teenoor die werklikheid as een van manipulasie:

His photograph stresses the fact that in today’s world of visual overstimulation

and digital mutability there is nothing remarkable any-more about the encounter

of incommensurable experiences and temporalities. What is solely shocking about

Schechner’s digital intervention is that this technological conjunction of

dissimilar realities no longer really shocks the viewer. (Koepnick 2004:96)

Fotografie bied dus nie mimetiese getrouheid aan die werklikheid nie, en met die

ontwikkeling van digitale fotografie vervaag die verwantskap nog verder – ook ten opsigte

van selfportrette. Inteendeel, deur die gebruik van nuwe digitale tegnologieë en die internet is

dit waarskynlik meer korrek om na kontemporêre selfportrette te verwys as ’n proses of ’n

gebeurlikheid wat oor digitale gemeenskappe en netwerke versprei word (Avgitidou

294
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

2003:131). Dit is daarom nie onsinnig nie om kontemporêre selfuitbeeldings op sosiale

netwerke eerder te verbind met Warhol se selfontwykende sjiek as met Dürer se poging tot

selfonthullende konfrontasie.

Dit is miskien belangrik om hier ’n kort ompad te neem deur na Goffman se The presentation

of the self in everyday life (1959) te verwys, want in hierdie teks word dit duidelik dat in ons

alledaagse aanbieding van ons self sekere reëls noodwendig geld, soos, onder andere: om ’n

persoon te wees beteken om ’n masker te dra ten einde ’n (aanvaarbare) sosiale front voor te

hou. Hierdie “front” bestaan uit tekens wat ons gebruik sodat ander ons kan verstaan en kan

interpreteer. Ons speel dus rolle teenoor mekaar, byvoorbeeld die rol van die dokter teenoor

’n pasiënt. In dié proses kan daar onbedoelde gebare deurglip wat tot misverstande kan lei,

daarom is ons altyd met “impression management” (Goffman 1959:161) besig. Goffman wys

natuurlik op die inherente paradoks wat intree tydens die vertolking van rolle, want dit

beteken die waarnemer moet hom- of haarself oorlaat aan die lees van tekens ten einde die

waarheid aangaande ’n ander persoon te onthul (1959:161). Goffman som die dilemma soos

volg op: “The observer’s need to rely on representations of things itself creates the possibility

of misrepresentation” (1959:162). Dit beteken dus dat alle interaksies of voorstellings van die

self bemiddel word, of voorstellings is, en daarom altyd alreeds aan interpretasie en

waninterpretasie blootgestel is. Dit geld natuurlik ook vir self-uitbeeldings op sosiale

netwerke, en dalk nog des te meer. Daar kan dus nie voorgehou word dat sekere

selfuitbeeldings meer waar of eg as ander is nie; wel dat daar verskillende verhoudings

bestaan in die interaksies tussen die betekenaar en die betekenis in hierdie voorstellings.

Daar kan ook geargumenteer word dat daar verskille bestaan tussen elementêre interaksies

(Autenrieth en Neumann-Braun 2011:18), wat gedeelde teenwoordigheid in een plek,

voorkoms, gebare en spraak insluit, en aanlyn interaksies. Tydens aanlyn interaksies word

hierdie vier pilare van gedeelde teenwoordigheid in tyd en ruimte gedifferensieer en

geïndividualiseer; met ander woorde, voorkoms, gebare en spraak val nie noodwendig saam

nie. Dit beteken die een verdwyn sodat die ander die skerm kan betree. Aanlyn word ons

afsonderlik met hierdie modusse gekonfronteer, wat beteken dat hierdie interaksies

andersoortige vaardighede verg ten einde betekenisvolle insigte oor aanlyn identiteite te kan

maak. Dit lewer nuwe moontlikhede vir interaksie op en Senft (2008:8–9) verduidelik die

probleme eiesoortig aan sosiale netwerke soos volg:

These new developments force us to make difficult decisions regarding our

“presentation of self” according to a perceived audience, a largely intuitive

process in the offline world. Offline, the self I might present to a Riot Girl group

is not the one I present to my brothers, and the one I present to a lover is not the

one I present to a colleague – or a different lover. There is sometimes overlap

among these audiences, but that overlap (or, as warranted, distinction) is itself

managed and facilitated by physical boundaries […]. Offline, we are protected

from ourselves by the passage of time. […]. Online, the words and images with

which we associate ourselves persist indefinitely, retaining their exact original

295
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

form long after the context of their creation has been lost and the self who created

them has been discarded.

Senft dui dus die verskil aan tussen kontingente gebeure en ons verskynings aan mekaar wat

’n tydsduur in plek en ruimte het teenoor die gekompakteerde tyd-ruimte-belewenisse aanlyn.

Dit is hierdie gekompakteerde belewenis van tyd en ruimte wat aanlyn selfuitbeeldings

meestal kenmerk en waarna die bespreking nou vloei.

4. Selfuitbeeldings en Facebook: estetika van verdwyning?

Indien sosiale netwerke ’n ongekende vryheid aan miljoene deelnemers wêreldwyd bied om

uitdrukking aan hulle self te gee, watter soort “selwe” is hier ter sprake en is dit enigsins

vergelykbaar met tradisionele selfportrette? 8 In Turkle se nuutste boek, Alone together. Why

we expect more from technology and less from each other (2011), huiwer sy nie, soos die titel

reeds aandui, om ’n oorwegend verdoemende beeld van die stand van die self aanlyn te skets

nie. Sy skryf:

I once described the computer as a second self, a mirror of the mind. Now the

metaphor no longer goes far enough. Our new devices provide space for the

emergence of a new state of the self, itself, split between the screen and the

physical real, wired into existence through technology. (2011:16)

Turkle verwys dus nie meer na die rekenaar as ’n “tweede self” (vergelyk The second self:

computers and the human spirit,1984) soos in haar eertydse optimistiese ontleding van

aanlyn moontlikhede nie, maar verstaan die nuwe toestand eerder in terme van ’n self wat in

twee wêrelde tegelyk probeer bestaan. Die wyses waarop nuwe tegnologieë alle strata van

menswees infiltreer deur persoonlike fisiese interaksies te vervang met konstante aanlyn

verbindinge wat intimiteit en samehorigheid belowe, laat Turkle met ernstige vrae. Volgens

haar is dit nou juis belangrik om krities na die soort intimiteit en verhoudings wat nuwe

tegnologieë moontlik maak, te kyk: “We are increasingly connected to each other but oddly

more alone” (Turkle 2011:19).

Olivier (2011:56) rig soortgelyke kritiese waarskuwings aangaande die moontlikhede vir

sosialisering aanlyn: “Lest we become imprisoned, or muted [...] we should remind ourselves

that, although the experiences they enable are not insignificant, they cannot be human social

reality with its indispensable symbolic sphere.”

Die behoefte aan intimiteit, samehorigheid en aanvaarding word bevestig deur onlangse

navorsing wat daarop wys dat die meeste gebruikers Facebook inderdaad aanwend nie net as

’n instrument om sosiale netwerke op te bou nie, maar ook as ’n platform vir self-uitdrukking

(Joinson 2008:1035). Nog meer: die digitale domein bied geleentheid vir self-vorming (selffashioning)

(Ferranto 2010:191); selfs die geleentheid om jouself as handelsmerk te skep

296
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

(self-branding) (Williams 2006) en vir sommiges om uitdrukking te gee aan die “ware self”

(Bargh, Mckenna en Fitzsimons 2002). 9

Sosiale netwerke bied dus ongekende moontlikhede vir selfvorming en verduidelik waarom

daar ’n “groeiende teenwoordigheid van [digitale] selfportrette” (Lasén enGómez-Cruz

2009:209; my vertaling) aanlyn is. Selfportrette kan dus inderdaad as die volkskuns van die

digitale era beskryf word, volgens Williams (2006).

Die demokratiese gees wat vaardig is, kan veral opgemerk word in die uitstalling getiteld We

are all photographers now! The rapid mutation of amateur photography in the digital age (13

Oktober 2007 tot 31 Januarie 2008, Musée de l'Elysée). Die uitstalling het bestaan uit foto’s

van deelnemers van regoor die wêreld wat direk na die uitstalling se webblad opgelaai is.

Daar is dus geen onderskeid tussen professionele fotograwe en amateurs gemaak nie – almal

se foto’s is in die uitstalling ingesluit. 10 Dit is natuurlik die gebruik van selfoon- en digitale

kameras wat hierdie demokratisering in die hand werk, omdat dit die neem, oplaai en

onmiddellike deel van foto’s “vanuit die vloei van alledaagse gebeure” (Okabe en Ito 2003;

my vertaling) aansienlik vergemaklik. Die alomteenwoordige digitale kamera kweek ’n nuwe

soort oplettendheid en (self)bewustheid, aangesien byna elke vlietende moment vasgevang

kan word en “die gewone [en selfs banale] nou verhef kan word tot fotografiese objek”

(Okabe en Ito 2003; my vertaling) wat intyds na jou Facebook-profiel gestuur kan word deur

middel van toepassings soos Instagram.

Selfidentiteite word op sosiale netwerke, en spesifiek Facebook, geskep deur ’n profiel te

skep wat biografiese en professionele inligting, persoonlike voorkeure en foto’s bevat. Veral

die profielfoto (“selfportret”) is ’n “kommunikatiewe gebaar” (Autenrieth en Neumann-

Braun 2011:17) wat aankondig dat die virtuele plaasvervanger voortaan alle virtuele

interaksies namens die bepaalde persoon sal waarneem. 11 Namate die gesplete self se aanlyn

lewe meer veeleisend raak, vervang die virtuele teenwoordigheid ook algaande die

sogenaamde “skaars kommoditeit van fisiese teenwoordigheid” (Autenrieth en Neumann-

Braun 2011:19; my vertaling). Die virtuele self kan immers terselfdertyd op verskeie

interaktiewe platforms teleteenwoordig by ’n menigte ander deelnemers wees. Of, soos

Virilio (2000:69) dit stel, “real space of customary activity” word oorstyg deur “the ‘real

time’ of interactivity” tydens aanlyn aktiwiteite. Die aanlyn self is dus nie ’n statiese

uitdrukking nie, nog minder ’n outonome projek soos in die geval van Dürer se selfportret,

maar veel eerder ’n kommunikatiewe instrument wat deur middel van deelname en kontinue

interaksies met andere geskep en in stand gehou word (Van Doorn 2009:585).

In hierdie verband beskou Senft (2008:4–5) aanlyn interaksies as ’n dialektiese proses wat

konstante erkenning verg:

Rather than performing as passive objects for the consumption of others, we

demand recognition as living subjects. Our demand to be recognized as a subject

takes the form of words, images, and gestures that will in turn be circulated as

representational objects among audiences, and the cycle continues.

297
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Soos reeds gesuggereer, is die keuse van ’n profielfoto, wat gereeld hernu word, in bepaalde

verwagtinge en interaksies ingeskryf. Deur ’n bepaalde pose in te neem, spreek die persoon

die aanskouer op bepaalde wyses aan, en dit dui daarop dat die profielfoto bepaalde

voorkomste en gebare aanlyn opvoer of voorhou (Autenrieth en Neumann-Braun 2011:20).

Byna soos die voorkomste of rolle wat ons aanneem tydens “elementêre interaksies” wanneer

ons fisies in mekaar se teenwoordigheid is, behalwe dat digitale voorkomste dalk meer

plooibaar is.

In hierdie verband verduidelik Lasén enGómez-Cruz (2009:206) die skep van aanlynidentiteite

soos volg:

Thanks to digital photography the gesture of pointing the camera or the phone at

oneself is becoming common, and the presence of such pictures in the Web is

growing. Therefore, self-portraits seem to be taking part in embodiment processes

and in the shaping and knowing of the self […]. Being at the same time the

photographer and the photographed, displaying such images on the Web or on the

mobile phone, exchanging such pictures with other people, making and receiving

comments and evaluations about them, as well as the ongoing learning about how

to do it are all aspects involved in how self-portraits are participating in the

shaping of […] subjectivities.

Skynbaar is dit vroue in besonder wat interessante verhoudings met hulle selfoon en

webkameras ontwikkel, omdat dit hulle toelaat om met die eindproduk te eksperimenteer:

“Controlling angle and luminosity, and retouching images with photo editing software like

Photoshop, they learn how to display themselves in a favourable manner – how to get the

images that satisfy themselves” (Lee 2005:5).

In sommige gevalle word die manipulering van beelde té ver gevoer, soos in die geval van

die sogenaamde “MySpace angles” of “helicopter shots” (Figuur 8). Die verskynsel behels

dat sekere gebruikers van sosiale netwerke vleiende hoeke aanwend, of liewer misbruik, in

hulle selfuitbeeldings wat as misleidend bestempel kan word. “MySpace angles” sluit die

volgende in:

[...] self–portraits taken with the photographer/subject’s arm outstretched above

eye level, this style of portraiture, allegedly, makes the user appear especially

attractive due to perspective and scope obtained from holding the camera above

one’s head. MySpace Angles are further characterized by the poses struck, the

facial expressions formed and the hand gestures made. (Sessions 2009)

Die probleem ontstaan natuurlik wanneer aanlyn vriendskappe oorgaan tot fisiese

ontmoetings en een van die partye teleurgestel is in hoe die persoon fisies voorkom in

vergelyking met sy/haar aanlyn voorstelling. Die rede vir die misleiding kan onder andere

wees dat die skep van ’n aanlyn profiel ’n persoon toelaat om ’n geredigeerde weergawe van

jouself te skep, een waarmee jy tevrede is en een waartoe jy heel moontlik eintlik aspireer

298
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

(Turkle 2011:13). Olivier (2011:53) ondersteun hierdie standpunt, omdat hy die skep van

aanlyn identiteite met die Lacaniaanse imaginêre orde assosieer wat volgens hom eerder tot

die vervreemding van die “ware” self lei as andersom. Daarom kan die aanlyn profiel eerder

verstaan word as ’n projek, ’n proses wat konstante instandhouding en bywerking verg. Dit is

nie gerig op standhoudendheid en duursaamheid nie, maar veel eerder op kortstondige en

onmiddellike presentasie.

Figuur 8. “Pear chan” as voorbeeld van die misleidende aard van “MySpace angles”

(Know your meme: MySpace angles, 2007-2012) 12

Daar kan dus geargumenteer word dat die ooraanbod van onmiddellikheid in sosiale media ’n

beweging weg vanaf representatiewe media na presentatiewe strukture aankondig. In dié

verband tref Marshall (2010:38) ’n duidelike onderskeid tussen “representational culture”

wat vervang en verweef word met “presentational culture” in sy ontleding van

glanspersoonlikhede se skep van aanlyn identiteite op sosiale netwerke in besonder. Volgens

Marshall (2010:44) kan die self-identiteite wat aanlyn geskep word, of liewer geproduseer

word (self-production), as meer presentatief van aard beskryf word, omdat dit die illusie skep

dat die aanlyn persoonlikheid nader aan die ware self beweeg as ander representasies. Die feit

dat glanspersoonlikhede op sosiale netwerke skynbaar direk met bewonderaars kommunikeer

deur van strategieë soos die “interpersoonlike vloei van kommunikasie” (Marshall 2010:43;

my vertaling) en die skep van ’n “interkommunikatiewe self” gebruik te maak, bevestig die

presentatiewe aard van die platform. Deur skakels na YouTube-video’s, musiek, foto’s en

artikels te deel kan die “interkommunikatiewe self” die “sensasie van onmiddellikheid”

(Marshall 2010:45; my vertaling) in stand hou. Die illusie word dus geskep dat die

interkommunikatiewe self byna ongefilter aan die gehoor beskikbaar is sonder enige

bemiddelende medium soos die geval was met weergawes in ouer vorme van media.

Larissa Hjorth se navorsing oor die gebruik van sosiale netwerke onder adolessente

Japannese meisies bevestig die besondere klem wat daar gelê word op presentatiwiteit of

299
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

onmiddellike teenwoordigheid, wat sy treffend beskryf as “fulltime co-present intimacy”

(2009:39). Wat hier geverg word, is aktiewe intydse deelname – nou en hier – in plaas van

refleksie wat oor ’n tydperk in tyd en ruimte strek. Turkle (2011:172) suggereer egter dat

hierdie konstante blootgelegde intimiteit (“always on”) eerder krities verstaan moet word:

“Traditionally, the development of intimacy required privacy. Intimacy without privacy

reinvents what intimacy means.” Hier is dus nie sprake van ’n intieme selfportret wat oor tyd

in ruimte ontvou of verskyn nie, maar eerder ’n vlietende beeld wat oorbelig op die skerm

flits en dan verdwyn.

Figuur 9. Grepe van Jennifer Ringley, oftewel Jennycam.org, se webblad (nie

noodwendig in volgorde of sekwensie geplaas nie)

Een van die mees dringende gevolge hiervan is dat die grense tussen die private en openbare

sfere vervaag, en soms met interessante gevolge. Daar is tekens van tendense wat teen die

afloer- en bewaking-tegnologieë van die sogenaamde “societies of control” werk. Hierdie

kontrabewegings behels dat gewone burgers, in plaas daarvan om weg te kruip vir bewakingtegnologieë,

eerder deelneem aan hulle eie ontbloting in wat as “empowering exhibitionism”

(Kosekela 2004:202) geïdentifiseer kan word. Private en intieme lewens word aanlyn ten

toon gestel vir openbare verbruik, aangesien die ekshibisionistiese aksies as meer bevrydend

ervaar word as die teendeel, naamlik om die self te probeer versteek. Hier is die opkoms en

gewildheid van webcam girls (Figuur 9) en “sexting” (Lasén enGómez-Cruz 2009:207)

moontlik goeie voorbeelde van dié tipe “kuber-ekshibisionisme” (Russo 2005:131; my

vertaling). 13

Duidelik daag hierdie nuwe vorme van (self-) ekshibisionisme gevestigde idees rakende die

private en openbare uit, aangesien “Camgirls and exhibitionists emphatically contravene the

decree that privacy is the ground of normal subjectivity, meaningful relationships, and a

healthy social body” (Russo 2005:155). Kuberekshibisionisme kan enersyds as aktiewe

weerstandigheid interpreteer word, en selfs vertolk word as die waarmaking van die

feministiese appèl dat die private die politieke is. Andersyds beteken dit dat daar geen

onderskeid meer aangelê kan word tussen die private en die openbare, binne en buite nie,

want alle dinge moet sigbaar gemaak word aan die tegnologieë van sig.

300
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Kan die vertoning van die self hier nie moontlik as ’n vorm van piknolepsie (in Virilio se

terme) verstaan word nie, ’n poging om die onsigbare sigbaar te maak, en dus ’n poging om

alle kontingensie aan die skerm op te offer? Verloor die alledaagse nie in die proses die

vermoë om tot diep fenomenologiese ervarings te lei nie? Indien alles op die skerm verskyn,

bestaan die gevaar nie dat dit juis op daardie eksakte moment ook verdwyn nie, aldus Virilio?

4. Ten slotte

Alhoewel Virilio se onderskeid tussen die estetika van verdwyning en die estetika van

verskyning deurgaans ter sprake gebring is, kan daar nie onteenseglik geargumenteer word

dat alle selfrepresentasies op sosiale netwerke noodwendig en volledig verdamp in ’n estetika

van verdwyning nie. Inteendeel, sosiale media het die potensiaal en vermoë om juis die

teenoorgestelde te laat gebeur. Indien die onlangse gebruik en aanwending van sosiale media

in Egipte en die sogenaamde Arabiese Lente enige aanduiding is, beteken dit dat aanlyn

mobilisering politieke krag inhou, wat moontlik selfs ’n nuwe openbare sfeer kan skep

(Lynch 2011) en ingrypende sosiale veranderinge kan meebring. 14 Virilio bly egter, volgens

Kellner (1999:123), in gebreke om kritiese riglyne vir die demokratisering van tegnologieë

neer te lê. Die feit dat Virilio geen teoretiese raamwerk of “master oeuvre” (Kellner

1999:122) skep waarin al sy idees saamgebind kan word nie, beteken dat dit byna onmoontlik

is om ’n sinvolle oorsig oor sy werk te vorm. Dit lei ongelukkig daartoe dat Virilio as

eensydig in sy beskouinge oor tegnologieë bestempel word juis omdat hy nie ’n dialektiese

idee oor tegnologie ontwikkel of ’n progressiewe tegnopolitiek bedink nie (Kellner

1999:122). Die leser en interpreteerder van Virilio se werk staan inderdaad voor die probleem

om sin te probeer maak van Virilio se teoretiese skermutselinge en fragmente. Alhoewel

onlangse publikasies deur byvoorbeeld Armitage (2011 en 2012) uiters behulpsaam is in die

skep van so ’n geheel, bly Virilio se aanslag ten beste enigmaties.

Met betrekking tot Virilio se konsep van die estetika van verdwyning stel Pisters in haar

ontleding van die nuwe “logistieke van sig” (2010:233; my vertaling) wat aan die werk is in

nuwe media, voor dat die fisiese werklikheid nie aan die verdwyn is nie, maar eerder

terugkeer met “an affective vengeance” (2010:250). Volgens Pisters verskil die videooorlogsdagboeke

van VSA-soldate in Irak daadwerklik van dié van CNN-dekking omdat

“different types of screens have different aesthetic, epistemological and ethical implications”

(2010:238).

Op soortgelyke wyse vertolk Cubitt (2011:75, 85) die rol van vektore in rekenaargrafika in

veel meer optimistiese terme as Virilio se verdoemende taksering wat hy in verband bring

met die verdwyning van die wese van die werklikheid. Volgens Cubitt dui vektore rigting

aan, en daarom is daar ’n tydsduur betrokke, in kontras met wiskundige berekeninge

van bitmaps,wat die werklikheid volgens ’n abstrakte raamwerk organiseer. Hierdie is slegs

enkele voorbeelde van onlangse kritiek op Virilio se tese van die estetika van verdwyning.

301
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Tog beskou Kellner, ten spyte van sy kritiek, Virilio se bydraes as “a useful antidote to the

uncritical celebrations of the computopia” (1999:122). Ook Cubitt (2011:87) is van mening

dat Virilio se aansprake aangaande die verdwyning van die kontingente werklikheid, of dan

die opkoms van ’n nuwe fenomenologie, nie geïgnoreer kan word nie.

Die ander belangrike element in Virilio se aanslag – sy reputasie as ’n Cassandra nie ten spyt

– is dat hy getrou bly aan die beginsels van hoop, optimisme en die rede (Armitage 2000). In

hierdie opsig verskil Virilio ook drasties van ander vergelykbare teoretici, soos Jean

Baudrillard, wat eerder ’n uitsiglose perspektief op die tegnologiese simulakrum bied.

Alhoewel Virlio se hiperboliese en katastrofiese aanslag (eerder as katastrofale) (Armitage

2000) moontlik nie die mees verteerbare kommentaar op die kontemporêre skermkultuur

lewer nie, glimmer die gedagte van ’n etos van die werklikheid daarin, wat hom daarom vir

my ’n hoogs bruikbare gespreksgenoot maak.

Ten slotte is dit daarom moontlik om voor te stel dat die tradisionele selfportret soos

uitgebeeld deur die moderne kunstenaar ’n teenwoordigheid (in afwesigheid) posisioneer wat

met die estetika van verskyning verbind kan word. Daarteenoor maak die demokratisering

van die selfportret deur nuwe tegnologieë en sosialenetwerk-sisteme dit moontlik om op

nuwe wyses die self te presenteer of te situeer deur ’n afwesigheid wat aanwesig is. Dürer se

selfportret verskyn, posisioneer en representeer, terwyl aanlyn selfuitbeeldings virtueel

situeer, intyds presenteer en daarom moontlik konstant aan die verdwyn is.

Bibliografie

Adams, T.D. 2000. Light writing and life writing: photography in autobiography. Chapel

Hill, North Carolina: University of North Carolina Press.

Armitage, J. 1997. Accelerated aesthetics: Paul Virilio's the vision machine. Angelaki:

Journal of the Theoretical Humanities, 2(3):199–209.

—. 2000. Beyond postmodernism? Paul Virilio’s hypermodern cultual theory. Ctheory (11

November 2012 geraadpleeg).

—. 2003. Art and fear: An Introduction. In Virilio 2003.

—. 2012. Virilio and the media. Cambridge, UK: Polity.

Armitage. J. (red.). 2011. Virilio now. Current perspectives in Virilio studies. Cambridge,

UK: Polity.

302
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Astheimer, J., K. Neumann-Braun en A. Schmidt. 2011. My face: portrait photography on the

social web. In Autenrieth en Neumann-Braun (reds.) 2011.

Autenrieth, U.P. en K. Neumann-Braun (reds.). 2011. The visual worlds of social network

sites. Images and image-based communication on Facebook and Co. Baden-Baden: Nomos.

Avgitidou, A. 2003. Performances of the self. Digital Creativity, 14(3):131–8.

Baert, B. (red.). 2009. Fluid flesh. The body, religion and the visual arts. Leuven: Leuven

University Press.

Bainton, R.H. 1947. Dürer and Luther as the Man of Sorrows. The Art Bulletin, 29(4):269–

72.

Bal, M. 2004. Light writing: portraiture in a post-traumatic age. Mosaic: A Journal for

Interdisciplinary Study in Literature, 37(4):1–19.

Bargh, J.A., K.Y.A. McKenna en G.M. Fitzsimons. 2002. Can you see the real me?

Activation and expression of the “true self” on the Internet. Journal of Social Issues,

58(1):33–48.

Beckmann, M. en P.H. Selz. 1996. Max Beckmann. New York: Abbeville Press.

Burgin, V. 2000. Jenni's room: exhibitionism and solitude. Critical Inquiry, 27 (1):77–89.

Chapman, H.P. en R.H. van Rijn. 1992. Rembrandt's self-portraits: A study in seventeenthcentury

identity. Princeton, NJ: Princeton University Press.

Copeland Buenger, B. (red). 1997. Max Beckmann self-portrait in words. Collected writings

and statements, 1913-1950. Chicago: University of Chicago Press.

Crang, M. en N. Thrift (reds.). 2000. Thinking space. Londen: Routledge.

Cronin, J.G.R. 2011. Excavating the future: Taking an “archeological” approach to

technology. Interdisciplinary Science Reviews, 36(1):83–9.

Cubitt, S. 1999. Virilio and new media. Theory, Culture & Society, 16(5-6):127–42.

—. 2011. Vector politics and the aesthetics of disappearance. In Armitage (red.) 2011.

Dekoninck, R. 2009. Body as image, image as body: the Christian roots of an anthropology

of art. In Baert (red.) 2009.

Derain, P.D. 2009. Paul Virilio. In Edkins en Vaughan-Williams (reds.) 2009.

303
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Edkins, J. en N. Vaughan-Williams (reds.). 2009. Critical theorists and international relations.

Oxon: Routledge.

Ellis, K. 2010. Be who you want to be: the philosophy of Facebook and the construction of

identity. Screen Education, 58:36–41.

Erpel, F. 1969. Van Gogh: The self-portraits. New York: New York Graphic Society.

Featherstone, M. 2003. The eye of war: images of destruction in Virilio and Bataille. Journal

for Cultural Research, 7(4):433–47.

Ferranto, M. 2010. Digital self-fashioning in cyberspace: the new digital self-portrait. In

Kromm en Bakewell (reds.) 2010.

Goffman, E. 1959. Presentation of self in everyday life. New York: Doubleday Anchor

Books.

Hansen, D.L., B. Schneiderman en M.A. Smith. 2011. Analyzing social media networks with

Nodexl. Insights from a connected world. Amsterdam: Morgan Kaufman, Elsevier.

Hjorth, L. 2009. Cartographies of the mobile. The personal as political. Communication,

Politics & Culture, 42(2):24–44.

Hudgins, N. 2010. A historical approach to family photography: class and individuality in

Manchester and Lille, 1850-1914. Journal of Social History, 43(3):560–86.

Jenkins, H. 2006. Convergence culture: where old and new media collide. New York: New

York University Press.

Joinson, A.N. 2008. Looking at, looking up or keeping up with people?: Motives and use of

Facebook. Referaat opgeneem in Proceedings of the twenty-sixth annual SIGCHI conference

on human factors in computing systems, 1027-1036. Florence, Italië: ACM.

Jones, A. 2002. The “eternal return”: self-portrait photography as a technology of

embodiment. Signs: Journal of Women in Culture and Society, 27(4):947–78.

Kehrer, H. 1934. Dürers Selbstbildnisse und die Dürer Bildnisse. Berlyn: Gebr. Mann

Verlag.

Kellner, D. 1999. Virilio, war and technology: some critical reflections. Theory, Culture &

Society, 16(5-6):103–25.

Koepnick, L. 2004. Photographs and memories. South Central Review, 21(1):94-129.

304
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Koerner, J.L. 1993. The moment of self-portraiture in German Renaissance art.Chicago:

University of Chicago Press.

Kosekela, H. 2004. Webcams, TV shows and mobile phones: Empowering

exhibitionism, Surveillance & Society, 2(2/3):199–215.

Kromm, J. en S.B. Bakewell (reds.). 2010. A history of visual culture: Western civilization

from the 18th to the 19th century. Oxford en New York: Berg.

Lackner, S. 1977. Max Beckmann. New York: Harry N. Abrams.

Lasén, A. enE. Gómez-Cruz. 2009. Digital photography and picture sharing: redefining the

public/private divide. Knowledge Technology Policy, 22:205–15.

Lee, D. 2005. Women's creation of camera phone culture. Fibreculture Journal, 6. (20 Maart

2009 geraadpleeg).

Luke, T. en G. Ó Tuathail. 2000. The spatiality of war, speed and vision in the work of Paul

Virilio. In Crang en Thrift (reds.) 2000.

Lynch, M. 2011. After Egypt: the limits and promise of online challenges to the authoritarian

Arab state. Reflections, 9(2):301–10.

Mannion, O. 2011. Reading Facebook through Lacan. New Zealand Sociology, 26:143–54.

Marshall, P.D. 2010. The promotion and presentation of the self: celebrity as marker of

presentational media.Celebrity Studies,1(1):35–48.

Moxey, K. 2004. Impossible distance: past and present in the study of Dürer and

Grünewald. The Art Bulletin, 86(4):750–63.

Myers, B.S. 1966. The German Expressionists: a generation in revolt. New York: Frederick

A. Praeger.

Okabe, D. en M. Ito. 2003. Camera phones changing the definition of picture-worthy. Japan

Media Review, 29. (14 April 2009 geraadpleeg).

Olivier, B. 2011. Facebook, cyberspace and identity. Psychology in Society, 41:40–58.

Panofsky, E. 1955. The life and art of Albrecht Dürer. Princeton, NJ: Princeton University

Press.

Pisters, P. 2010. Logistics of perception 2.0: multiple screen aesthetics in Iraq War

films. Film Philosophy, 14(1):232–52.

305
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Porter, R. 1997. Rewriting the self: histories from the Renaissance to the present. Londen:

Routledge.

Rose, B. 1975. Self-portraiture: theme with a thousand faces. Art in America, 63:66–73.

Rothenburg, A. 2008. Rembrandt’s creation of the pictorial metaphor of self. Metaphor and

Symbol, 23:108–29.

Russo, J.L. 2005. Show me yours: the perversion and politics of cyberexhibitionism.

Camera Obscura 73, 25(1):131–59.

Senft, T.M. 2008. Camgirls: celebrity and community in the age of social networks. New

York: Peter Lang.

Sessions, L.F. 2009. "You looked better on MySpace": deception and authenticity on Web

2.0. First Monday, 14:1–14. (22 Maart 2012 geraadpleeg).

Smith, J.C. 2010. Dürer’s losses of the dilemmas of being. In Tatlock (red.) 2010.

Smith, R. 1975. Dürer as Christ? The Sixteenth Century Journal, 6(2):26–36.

Stumpel, J. en J. van Kregten. 2002. In the name of the thistle: Albrecht Dürer's self-portrait

of 1493. The Burlington Magazine, 144(1186):14-18.

Tatlock, L. (red.). 2010. Enduring loss in early Modern Germany: cross disciplinary

perspectives. Leiden: Brill.

Turkle, S. 1984. The second self: computers and the human spirit.New York: Simon &

Schuster.

—. 1995. Life on the screen: identity in the age of the internet. New York: Simon & Schuster.

—. 2011. Alone together. Why we expect more from technology and less from each other.

New York: Basic Books.

Turner, G. 2010. Ordinary people and the media: the demotic turn. Londen: Sage.

Van Alphen, E. 1992. Francis Bacon and the loss of self. Londen: Reaktion Books.

—. 2005. Art in mind. How contemporary images shape thought. Chicago: University of

Chicago Press.

Van de Wetering, E., J. Bruyn en R.H. van Rijn. 2005. A corpus of Rembrandt paintings: the

self-portraits. Dordrecht: Springer.

306
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Van Doorn, N. 2009. The ties that bind: the networked performance of gender, sexuality and

friendship on MySpace. New Media & Society, 12:583–602.

Van Gogh, V. en H.A. Suh. 2006. Vincent van Gogh: A self-portrait in art and letters. New

York: Black Dog & Leventhal Publishers.

Virilio, P. 1986. Speed and politics: An essay on dromology. Vertaal deur M. Polizzotti. New

York: Semiotext(e).

—. 1991. The aesthetics of disappearance. Vertaal deur P. Beitchman. New York:

Semiotexte(e).

—. 1994. The vision machine. Vertaal deur J. Rose.Bloomington, Indianapolis en Londen:

Indiana University Press.

—. 1997. Open sky. Vertaal deur J. Rose. Londen, New York: Verso.

—. 2000. Polar inertia. Londen: Sage.

—. 2003. Art and fear. Vertaal deur J. Rose. Londen, New York: Continuum.

—. 2012. Celebration: A world of appearances. Interview with Sacha Goldman. Cultural

Politics, 8(1):61–72.

Weaver, A. 2010. Facebook and other Pandora’s boxes. Access, 24(4):24–32.

Whiting, C. 1987. Andy Warhol, the public star and the private self. The Oxford Art Journal,

10(2):58–75.

Williams, A. 2006. Here I am taking my own picture. New York Times, 19 Februarie. (12

April 2009 geraadpleeg).

Wright, C. 1982. Rembrandt, self-portraits. New York: Viking Press.

Yoon, J. 2001. Seeing his own absence: culture and gender in Yasumasa Morimura's

photographic self-portraits.Journal of Visual Art Practice, 1(3):162–9.

Eindnotas

1 Volgens die advies wat ek ontvang het van ’n jonger kollega wat my geïnisieer het in die

gebruike van Facebook en kommentaar gelewer het op my eerste profielfoto’s.

307
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

2 Sosiale media verwys na “a set of online tools that supports social interaction between

users” (Hansen, Schneiderman en Smith 2011:12) en sluit die volgende in: “email, discussion

forums, blogs, microblogs, texting, chat, social networking sites, wikis, photo and video

sharing sites, review sites, and multiplayer gaming communities” (Hansen, Schneiderman en

Smith 2011:12).

3 Die groeiende beskikbaarheid van fotografie deur byvoorbeeld draagbare kameras het nie

noodwendig tot meer selfportrette in die streng sin van die woord gelei nie, maar eerder tot

die dokumentering van die familielewe en die alledaagse.

4 Virilio skep die term deterritorialising in The insecurity of territory (1976) en dit word weer

later deur Deleuze en Guattari in A thousand plateaus oorgeneem. Virilio vermeld ook

gereeld in onderhoude dat Deleuze sy konsep oorgeneem het.

5 ’n Mediese term wat na kinder-afwesigheid(bewussynsteurnis)epilepsie verwys. Die term is

afkomstig van die Grieks: pykno = “afwesigheid” + lepsis = “aanval” (Virilio 1997:151).

6 Vergelyk in hierdie verband Whiting (1987) se intelligente ontleding van Warhol se

benadering tot sy private en openbare lewe.

7 Alhoewel dit streng gesproke nie in hierdie geval korrek is nie, aangesien Kahlo nie as

Westers in die eng sin van die woord verstaan kan word nie. Haar kunswerke is egter deur die

Westerse kanon opgeneem en vorm deel van die institusie.

8 Facebook se gewildheid het gegroei sedert die ontstaan van die platform in 2004 en is die

mees gewilde sosialenetwerk-platform (Weaver 2010:24). Facebook het meer as 500 miljoen

intekenaars, waarvan 200 miljoen skynbaar daagliks aanteken (Mannion 2011:143).

9 Bargh, McKenna en Fitzsimons (2002) se navorsing toon aan dat vir sommiges die aanlyn

omgewing die beste plek is waar hulle die ware self kan ten toon stel, omdat hulle minder

geïntimideer voel om hulle ware gevoelens te wys.

10 Volgens die webblad het die uitstalling die volgende doelstellings gehad: “Does the digital

shift constitute a revolution, or merely an evolution?/ Does the shift represent a real

democratization of photography?/ Is citizen photojournalism worthy of its name?/ Does the

shift threaten the livelihood of professional photographers in fundamental ways?/ Does the

shift represent a shift towards more authenticity or truthfulness – or less?” Moontlik is die

kommentaar van een aanlyn-respondent in die kol: die titel van die uitstalling is verkeerd; dit

behoort eerder te wees: “Ons het almal nou kameras” in plaas van “Ons is nou almal

fotograwe”.

11 Dit is natuurlik ook so dat nie alle Facebook-gebruikers ’n profielfoto oplaai nie – daar is

diegene wat verkies om anoniem te bly (gebruik slegs die verstek-profielbuitelyne op

Facebook) of van ’n “avatar” gebruik maak.

308
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

12 Pear chan is ’n neerhalende verwysings na die jong vrou se peervormige lyf en die

woord chan word algemeen gebruik om na “camwhores” te verwys. Met ander woorde, dit

verwys na die opkoms van die gewildheid van die webkamera in die manipulering in die

uitbeelding van die self onder sommige jong vroue.

13 Die bekendste voorbeeld is Jennifer Ringley wat op 21-jarige ouderdom in 1996 ’n

webkamera in haar koshuiskamer geïnstalleer het en dit met die internet verbind het. Die

gevolg was dat Jennifer die eerste ware internet-celebrity geword het op haar webblad

Jennycam.org. Later kon toeskouers self inteken op kameras wat Jenny in die privaatheid van

haar badkamer en slaapkamer gevolg het. Sien Burgin (2001) se uitstekende bespreking van

die fenomeen van die webcamgirl.

14 Vergelyk in hierdie verband Lynch (2011) se ontleding van sosiale media se potensiaal om

kollektiewe protesaksies te mobiliseer.

309
Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Wat oor is, is die Self: verblyf in ’n boomholte in

Wilma Stockenström se Die kremetartekspedisie

Susan Meyer

Susan Meyer, Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

In Wilma Stockenström se roman Die kremetartekspedisie (1981) – in sewe tale vertaal en in

2004 heruitgegee – is die verteller ’n 15de-eeuse slavin wat haar laaste lewensdae in ’n

kremetartboom-holte êrens in Afrika deurbring. Hierdie artikel fokus op die uitbeelding van

die rekonstruksie van die slavin se persoonlike identiteit in die laaste fase van haar lewe. Die

ondersoek is gerig op die ontleding van die prosesse waardeur die Self, gekonstrueer binne

sosiale en kulturele verband, herontdek en nuut gedefinieer word in verhouding tot en deur

interaksie met die natuur as die Ander, as daardie entiteit waarmee interaksie plaasvind om

die Self te voorskyn te roep. Die teoretiese uitgangspunt vir hierdie ondersoek is Stuart Hall

en Homi Bhabha se beskouing van identiteit in terme van verskille (eerder as gedeelde

eienskappe) en die interaktiewe verhouding met die Ander, wat die Self in groter

besonderhede openbaar. Die doel is om vas te stel op watter wyse die natuur as die Ander

figureer en om die rol van die natuur ten opsigte van die rekonstruksie van die slavin se

identiteit te ondersoek. Eers word die fokus gerig op die verkenning van die sosiaalgekonstrueerde

identiteit van die slavin, dan op die representasie van die prosesse –

afwisselende prosesse van differensiasie ten opsigte van en vereenselwiging met die

omringende natuurwêreld – wat lei tot die opheffing en oorstyging van haar slawe-identiteit

en ’n ruimer, nuutsoortige verwesenliking van die Self. Die kremetartekspedisie bied op

unieke wyse literêre uitdaging aan die Westerse diensbaarheidsbeskouing van die natuur. In

plaas van die siening dat die natuur die mens tot nut en voordeel is in ’n sin wat

ondergeskiktheid en menslike uitbuiting impliseer, beeld hierdie roman die mens uit in

eksistensiële afhanklikheid van die natuur as die wesentlike Ander in die prosesse met behulp

waarvan die Self ge(re)konstrueer en volledig begryp word.

Trefwoorde: natuur as Ander; ekokritiek; identiteits(re)konstruksie; Wilma

Stockenström; Die kremetartekspedisie; mens-natuur-interaksie

310
Abstract

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

All that is left is the Self: Sojourn in the hollow of a tree in Wilma Stockenström’s The

expedition to the baobab tree

Wilma Stockenström’s 1981 novel Die kremetartekspedisie was reissued by NB Publishers in

2004. In this novel the narrator is a nameless 15th-century slave woman who spends the last

part of her life in the hollow of a baobab tree after an unsuccessful journey of discovery

through Africa during which her owner died. My investigation is concerned with the way the

reconstruction of personal identity by the slave woman is portrayed in this final phase of her

life.

While gender issues have been central in various critical discussions

of Die kremetartekspedisie, this article intends to move beyond such interpretations to bring

an even closer focus on the exceptionally rich content of the novel by approaching it from an

ecocritical perspective for the first time. Following ecocriticism’s procedure of “study(ing)

literary texts with reference to the interaction between human activity and the vast range of

‘natural’ or non-human phenomena which bears upon human experience” (Childs and Fowler

2009:65), the focus will be on the influence of nature on identity in this novel. The slave

woman’s sojourn in the baobab tree brings an end to her spiritual and social enslavement and

represents a return to the primeval roots of humanity while experiencing the dualistic

relationship of dependency on, and tension with, nature. This investigation will analyse the

processes through which the Self, initially constructed within social and cultural contexts, is

rediscovered and newly defined in relation to, and by interaction with, nature as the Other in

the process of identity (re)construction. The key aspect is the slave woman’s arriving at selfknowledge

through reaching the core of humanness, experienced in the most fundamental

relationship humankind has known since the day of creation, namely the one with nature.

Identification, a key concept in my analysis, is theoretically grounded in James Fearon’s

distinction between social and personal identity. Identity refers to a socially constructed

category, often built on politically strategic grounds where power and strategy may well play

a determining role (Fearon 1999:2, 15, 31). Personal identity is described in terms of a set of

qualities or principles of behaviour which is the basis of what, in one’s own opinion,

distinguishes oneself from others and which determines the individual’s self-respect, pride,

and dignity (Fearon 1999:11, 20–3). For my analysis the theoretical point of departure is the

way Hall (1996:4–5) and Bhabha (1994:67) regard identity in terms of separation, difference

and exclusion (rather than shared or identical qualities) and their views on the interactive

relationship with the Other, through which the Self is manifested in more detail. The purpose

is to determine the manner in which nature figures as the Other with regard to the

reconstruction of the slave woman’s identity.

The focus is to explore the socially constructed identity of the slave woman. Thereafter,

attention will be paid to the representation of the alternating processes of differentiation with

regard to, and of identification with, the surrounding natural world which results in her slave

311
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

identity being counteracted and exceeded as well as the unfolding of a broader, more

complete sense of Self.

The socially constructed identity of the slave woman in Die kremetartekspedisie is the

outcome of numerous forms of degrading and dishonourable treatment, practices that have

shaped and reinforced a lack of self-esteem over years: the bondage and oppression, sexual

exploitation, complete dependency on the owner, the humiliation in the marketplace and the

limiting ignorance about life outside the house of slavery. Experiences of human

monomorphism give support to expressions that may even suggest a complete lack of

personal identity: “We are all one woman, interchangeable, exchangeable” (Stockenström

1983:23) and “(We are) items of everyday use of feminine and masculine gender” (42).

When, in the final years of life, the slave woman is no longer caught within an enslaving

social dispensation, but finds herself within the context of the rhythm, cycles and processes of

nature, aspects of identity emerge that lead to a much fuller and more meaningful experience

of the Self.

When the slave woman arrives at the baobab in a famished and tattered state, feelings of

tension and alienation toward nature are revealed by her way of focalising on that space.

Simultaneous and immediate proof of her dependence on what nature offers her may also be

found, though: the baobab as refuge, but also as “confidant” and “guardian” (28–9). The

human-tree relationship is explored with special reference to the mental and emotional

connection the woman finds with the tree and which initiates a process of identification. A

sense of unity emerges: the baobab becomes the woman’s “grey tree skin” and the “belly”

from which she is “reborn every time” (12, 94). Through accumulative processes of

unification by which the tree becomes her own, larger self, the slave woman arrives at such a

degree of association with the baobab that she realises: “I can say: This is I” (12). From this

process of identification with the tree, new insights regarding the Self emerge for the slave

woman in this novel.

The baobab, the physical and psychic centre of the woman’s existence, is part of a larger

ecological whole: the formation of buds and flowers, the fertilisation by bat and bee, the

absorption of rain by the roots. Through her interaction with surrounding nature, the slave’s

role as “subjugated” is endowed with a wider, more positive meaning, for she is integrated

within the larger, significant totality of ecological existence. Here, signs are visible of deep

ecology’s views of the interconnections between all life forms and of the human’s place in

the whole of creation’s web of organic life (Evernden 1996:95; Merleau-Ponty 1973:142). In

getting to understand and appreciate her place in a larger order and in being measured against

the permanence of nature she realises that, while man may be simply a “transitory draught of

air” (15), her “subordinate” place is no longer a position without value or meaning. Nature

becomes the context within which mankind can live with dignity, as a unique and valid entity

alongside the uniqueness of other species, a separate but, at the same time, meaningful part of

the larger whole of creation. A series of interactive experiences in, and relating to, the baobab

and nature lead to a newly appreciated and more dignified experience of the Self, and to her

becoming more fully human by acquiring independence and self-regard. This positive

312
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

perception of a stronger self contradicts her previous sense of self-contempt and her socially

constructed identity situation of worthlessness.

In its unique way Die kremetartekspedisie issues a literary challenge to the Western

instrumentalist view of nature. Instead of emphasising the idea of nature’s utility and thus, in

a sense, implying subjection and exploitation by mankind, this novel portrays humankind

anchored to nature in a relationship of existential dependence, relying on nature as the

essential Other in the processes through which the Self is (re)constructed and fully

understood. In contradicting the patriarchal relationship to nature, this novel corresponds with

ecofeminism’s aims in challenging the dualisms in Western society (male/female,

human/nature) as well as the underlying ideas of superiority and inferiority.

Die kremetartekspedisie deals with the construction of identity within the context of

ecocriticism in an interesting way. Lawrence Buell calls for the rethinking of the Western

ways in which human beings imagine themselves in relation to their natural environment. He

asserts that ”environmental crisis involves a crisis of the imagination, the amelioration of

which depends on finding better ways of imagining nature and humanity’s relation to it”

(Buell 1995:2). Steenkamp (2011:186) reasons that the alternative appears to be a more

ecocentric approach that places a self in nature, as an integral and indistinguishable part of a

larger ecosystem. Steenkamp’s thesis, however, highlights the many difficulties associated

with such a re-envisioning of the relationship between self and environment within a South

African context, pointing to the history of colonial oppression and racial segregation, as well

as the relationship of these violent legacies to current debates surrounding the issues of land

ownership, the distribution of natural resources, and ecological concerns.

Die kremetartekspedisie offers a literary response to the challenge of “finding better ways of

imagining nature and humanity’s relation to it”, taking into account precisely those problems

relating to ideas of environmental belonging, or the positioning of the self in relation to the

natural world in South Africa. The narrative particulars ofDie kremetartekspedisie are

situated entirely beyond South Africa’s geographical boundaries and the socio-political

context of the time. The main character is totally separated from the scene of the social and

political exploitation dominating the history of South Africa and influencing ecological

consciousness, even from the main era of the European colonisation of Africa, which

stigmatised the indigenous peoples and, simultaneously, burdened natural resources. Hence

possibilities of gaining knowledge of the Self in an unimpeded manner are imagined through

a more intimate awareness of natural space, which, in turn, plays a role in determining the

worth and views of the self.

Key words: nature as the Other; ecocriticism; deep ecology; (re)construction of identity;

Wilma Stockenström; The expedition to the baobab tree;interaction between human and

nature; Self in nature; ecofeminism

313
1. Inleidend

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Wilma Stockenström se roman Die kremetartekspedisie is oorspronklik in 1981 gepubliseer

en in 2004 deur Human & Rousseau heruitgegee. In hierdie roman herbeleef ’n naamlose,

15de-eeuse slavin die verhaal van haar oorlewing in ’n hol kremetartboom, in ’n vaag

gedefinieerde Afrika-ruimte, in die laaste fase van haar lewe. Die oudgeworde slavin lewer

verslag, in die vorm van innerlike monoloog waarin ’n direkte aanbieding van haar

onuitgesproke gedagtes gegee word, van haar bestaan vandat sy as jong meisie gevange

geneem en agtereenvolgens deur drie eienaars besit is. Saam met ’n vierde eienaar vertrek sy

op ’n ontdekkingsreis deur Afrika om nuwe handelsroetes te vind. Die ekspedisie misluk,

haar eienaar word die prooi van ’n krokodil en sy vind skuiling in die stam van die hol

kremetart. Hier word sy ontdek deur klein mensies, vermoedelik die San, wat haar versorg

deur geskenke aan haar te offer, totdat sy hul laaste geskenk aanvaar en die gif wat hul voor

die boom plaas, drink. Die kremetartboom word dus die punt waar haar (lewens)reis eindig,

maar dis ook die oord waaruit geestelike ontdekkingspaaie lei terwyl sy terugskouend die

verskillende stadia van haar lewe beleef.

Die roman is in 1983 in Engels vertaal deur J.M. Coetzee (The expedition to the baobab tree)

en hierdie vertaling het wye lof ingeoes (Sabor 1983:2172, Pienaar 1983:12). Die

kremetartekspedisie sluit ook intertekstueel aan by Coetzee se eie uitbeelding van die situasie

van die ontmagtigde mens in koloniale verhoudings: dié van Viëtnam, die Khoi en San

in Dusklands, Magda in In the heart of the country, die visserbevolking en die onbeskaafdes

(barbare) in Waiting for the barbarians, Michael K in Life & Times of Michael K en Friday

in Foe. The expedition to the baobab tree is gevolg deur vertalings in Hebreeus (1983), Duits

(1985; 1987), Frans (1985), Italiaans (1987) en Sweeds (1987) (sien Toerien 1998). Die

oorspronklike roman, asook die vertalings daarvan, het plaaslike en internasionale erkenning

gekry soos min Afrikaanse romans in die era van die 1980’s (Van Zyl 1989:9, Cloete

1999:619) en die Italiaanse vertaling is bekroon met die Guizare Cavour-prys vir die beste

buitelandse publikasie wat in 1987 in daardie taal vertaal is (Human 2004:11).

Die kremetartekspedisie is Stockenström se derde prosawerk. Dit is voorafgegaan

deur Uitdraai (1976) en Eers Linkie dan Johanna (1979), en gevolg deur Kaapse

rekwisiete (1987) en Abjater wat so lag (1991). Laasgenoemde is bekroon met die W.A.

Hofmeyr- en Hertzog-pryse. Stockenström is ook ’n bekroonde digter: vir haar bundel Van

vergetelheid en van glans (1976) het sy die Hertzogprys vir Afrikaanse poësie verower en

virMonsterverse (1984) die CNA-, Louis Luyt- en Ou Mutual-pryse. Juis die poëtiese aspekte

van die taalgebruik inDie kremetartekspedisie het die aandag van resensente en kritici getrek

(sien Venter 1981:12; Lindenberg 1981:8; Olivier 1983:7; Labuschagne en Smuts 1998:19);

ook in die Engelse, Nederlandse en Franse vertalings wys die flapteksskrywers op die

poëtiese kwaliteit van die teks (in Smuts 1981:22).

André P. Brink beskryf die roman op die flapteks van die Engelse vertaling (1983) as “a

harrowing exposé of the humiliations and degradations inflicted on the female body – and a

moving celebration of the indomitable nature of the female mind”. Genderkwessies vorm ook

314
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

die vertrekpunt in verskeie besprekings van die roman. Daar is onder andere gefokus op

Stockenström se uitbeelding van die kompleksiteit van die ervaringswêreld van die vrou

(Venter 1981:12), die dubbele las van onderdrukking op seksuele en rassegebied (Sabor

1983:2172), en die kragte spesifiek geassosieer met die vroulike geslag in ’n samelewing van

manlike oorheersing (Sweetman 1983:413). Du Plessis (1988) het Die

kremetartekspedisie gelees as ’n verkenning van die tekstuele vroulikheid (textual femininity)

wat op vele wyses in die roman ingeskryf is, en Gardner (1988) het die roman vanuit ’n

Marxisties-feministiese perspektief ontleed.

Daar is gepoog om die roman ook vanuit verskeie ander invalshoeke te ontleed – ’n bewys

dat kritici dit nie maklik vind om ’n goeie greep op die besonder ryk inhoud daarvan te vind

nie. 1

Met hierdie artikel word beoog om die roman vir die eerste maal spesifiek vanuit ’n

ekokritiese perspektief te benader, en ’n teoretiese raamwerk vir die ekokritiese benadering

word in die volgende afdeling verskaf. Die slavin se verblyf in die kremetartboom bring die

beëindiging van geestelike en sosiale knegskap asook ’n terugbeweeg na die oerwortels van

menswees om die dualistiese verhouding van afhanklikheid van en spanning met die natuur te

ervaar. Die herontdekking ten opsigte van die Self – deur Milne (1984:14) opgesom as “the

protagonist’s hard attainment of self-awareness, outside the dependent, enslaved and

prostituting role into which she is socialised” – word ondersoek binne konteks van ’n reeks

interaktiewe belewenisse in en met betrekking tot die kremetart en die omringende natuur.

Die doel van my ontleding is om aan te dui hoe die slavin tot ’n nuwe ervaring van haar

persoonlike identiteit kom, deur te verken hoedat die Self – oorskadu deur die dominante

sosiale identiteit van “die besitte klas waartoe ek behoort” (Stockenström 1981:19) – ontdek

en nuut gedefinieer word in verhouding tot en deur interaksie met die natuur as die Ander in

die proses van identiteits(re)konstruksie. Wat sentraal staan in my bestudering van die roman,

is die uitbeelding van die wyse waarop die slavin tot nuwe selfkennis en -waarde kom,

spesifiek deur die kern van menswees te ontdek in die mees fundamentele verhouding waarin

die mens geskape is, naamlik dié met die natuur (Buell 2005:1–2; Vital 2008:92).

2. Teoretiese konteks

In my ontleding van Die kremetartekspedisie volg ek die werkwyse van die ekokritiek, wat

in The Routledge dictionary of literary terms deur Childs en Fowler (2009:65) beskryf word

as “[t]he study of literary texts with reference to the interaction between human activity and

the vast range of ‘natural’ or non-human phenomena which bears upon human experience –

encompassing (among many things) issues concerning fauna, flora, landscape, environment

and weather”. Cheryll Glotfelty, wat saam met Harold Fromm baanbrekerswerk gedoen het

op die gebied van die ekokritiek, benadruk in hulle invloedryke publikasie The ecocriticism

reader die interdissiplinêre aard van ekokritiek, kripties gedefinieer as “the study of the

relationship between literature and the physical environment” (Glotfelty 1996:xviii). Sy maak

315
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

dit duidelik dat, ondanks die verskeidenheid van teorieë en uitgangspunte wat ingesluit word

in die ekokritiek,

all ecological criticism shares the fundamental premise that human culture is

connected to the physical world, affecting it and affected by it. Ecocriticism takes

as its subject the interconnections between nature and culture, specifically the

cultural artefacts of language and literature. As a critical stance, it has one foot in

literature and the other on land; as a theoretical discourse, it negotiates between

the human and the nonhuman. (Glotfelty 1996:xix)

Die belangrikste hoofstrome binne die ekologie as literatuurteorie is radikale ekologie (deep

ecology), ekofeminisme en sosiale ekologie (Gerard 2004:20–30; Postema 2005:11–2). Arne

Naess het die term deep ecology in 1973 geskep. Die hoofpunte van hierdie radikale

opvatting, waaroor George Sessions met Naess saamstem, word deur Sessions (1995:68)

uitgespel in Deep ecology for the twenty-first century. Eerstens is die welstand van sowel

menslike as niemenslike lewe op aarde van waarde en belang, onafhanklik van die nut of

bruikbaarheid van die niemenslike wêreld vir die mens se doeleindes. Die

term intrinsieke (of inherente) waardeword in hierdie verband gebruik. Tweedens het die

mens geen reg om die rykheid en diversiteit van lewensvorme aan te tas nie, buiten die

vervulling van (lewens)noodsaaklike behoeftes. Derdens is die florering van menslike lewe te

versoen met ’n wesenlik kleiner menslike bevolking, maar die florering van niemenslike

lewe vereis ’n kleiner menslike bevolking.

Radikale ekologie word deur Huggan en Tiffin (2007:9) as ’n “donkergroen” / antiantroposentriese

uitgangspunt beskryf teenoor ’n “liggroen” / antroposentriese benadering.

Terwyl die meer liberale benaderings tot ekologie (shallow ecology) fokus op die impak van

omgewingsaksies op die mens, bestudeer radikale ekologie die effek daarvan op alle

organismes. By eersgenoemde geld die uitgangspunt dat die natuur beskerm moet word om

die mens se onthalwe; radikale ekologie, daarenteen, eis die erkenning van die intrinsieke

waarde van die natuur.

Ekofeminisme, wat saamgestel is uit die denkraamwerke van die ekologiese en die

feministiese skole, fokus op die verbande tussen omgewingsvernietiging en seksistiese

oorheersing wat beskou kan word as die gevolge van patriargale magstrukture (Postema

2005:14). Radikale ekologie identifiseer die antroposentriese dualisme mens/natuur as die

primêre oorsaak vir anti-ekologiese beskouings en praktyke, maar ekofeminisme blameer ook

die androsentriese dualisme man/vrou (Garrard 2004:23). Ofskoon die verskille wat bestaan

in die uitgangspunte en werkwyses van die twee denkskole, soos uiteengesit deur Salleh

(1992:195–216), 2 word die desentralisasie van magstrukture deur beide gesien as ’n metode

om die doel te bereik van die waardering van alle lewe (Murphy 1995:4–5; Postema

2005:17).

Sosiale ekologie bestudeer die oorheersing van die natuur en omgewingsprobleme as die

resultaat van sisteme van oorheersing of uitbuiting van mense deur ander mense (Garrard

316
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

2004:28). Die uitgangspunt is dat die fokus op die oorheersing van ander mensegroepe die

antroposentrisme bestendig wat die teiken behoort te wees van enige aardgesentreerde kritiek.

Murray Boochin, wat beskou word as die vader van sosiale ekologie, beaam die radikale

ekologie en ekofeminisme se standpunt dat menslike hiërargieë verantwoordelik is vir die

grootste hoeveelheid omgewingskade, maar hy kritiseer voorstanders van die radikale

ekologie wat die sosiale faktore onderskat wat aanleiding gee tot die omgewingsverskynsels

wat die onderwerp is van hulle kritiek (Boochin 1999:284). Garrard (2004:28) beskryf die

sosiale ekologie as eksplisiet polities en wys op ooreenkomste met eko-Marxisme in die

propagering van die verandering van politieke samelewingstrukture, sodat produksie vir die

akkumulasie van rykdom vervang kan word deur produksie om in werklike behoeftes te

voorsien.

Die teoretiese grondslag van die ekokritiek wat hier verskaf word, dien as kriptiese belyning

vir my benadering totDie kremetartekspedisie waarin die doelwit van ekokritiese studie

sentraal staan, soos vroeër gestel in die woorde van Childs en Fowler (2009:65): “the

interaction between human activity and the [...] non-human phenomena which bear upon

human experience”. Aspekte in die roman wat duidelik aansluit by spesifieke ekokritiese

denkskole, byvoorbeeld dié van die radikale ekologie of ekofeminisme, word aangeraak,

maar die fokus van die ondersoek is eerder breedweg ekokrities in die sin dat dit gerig is op

die uitbeelding van ’n spesifieke aspek van die mens se verhouding met die natuurwêreld

naamlik die invloed van die natuur en van die wisselwerking daarmee op identiteitsaspekte in

Stockenström se roman.

Aangesien identiteit ’n sleutelkonsep is in die roman-ontleding wat volg, moet ook daarvoor

’n bondige teoretiese fundering verskaf word wat verhelderend sal wees vir die argument wat

in die artikel ontvou. As eerste belangrike beginsel vir hierdie argument geld dat identiteit

nooit in isolasie bepaal word nie: “There is no such thing as an individual, only an individualin-context,

no such thing as self, only self-in-place” (Evernden 1996:103). Drie verdere

kwessies omtrent identiteit word in die volgende paragrawe kernagtig belig: die sosiaalgekonstrueerdeaard

daarvan, die aspek van persoonlike identiteit / self-identiteit en die

kwessie van differensiasie en die Ander in identiteitskepping.

’n Artikel waarin die tersaaklike identiteitsaspekte duidelik onderskei en bespreek word, is

dié van James Fearon (1999) getiteld “What is identity (as we now use the word)?”. Hierin

onderskei Fearon twee betekenisaspekte van identiteit wat afsonderlik of in kombinasie kan

figureer, naamlik sosialeidentiteit en persoonlike of self-identiteit(personal identity). In die

eerste betekenisverband verwys identiteit na ’n sosiaal-gekonstrueerde kategorie, ’n

groepering van mense geëtiketteer deur menslike denke en diskoers (Fearon 1999:2, 15).

Hierdie sosiale kategorieë is histories gebonde en veranderlik, en gekoppel aan ’n rol of

funksie (byvoorbeeld versorger, toesighouer, werker) of aan tipes (byvoorbeeld gays,

Moslems, slawe, mense uit Afrika). Hierdie tipes word geëtiketteer deur sogenaamde

gedeelde kenmerke in voorkoms, begeertes, gedrag, ervaring, geloof en morele aspekte,

waardes, taal, kennis en menings (Fearon 1999:10, 13–4). Sosiale identiteit is dikwels

317
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

gekonstrueer deur polities-strategiese oorwegings waarby mag en strategie ’n bepalende rol

speel (Fearon 1999:31).

Persoonlike of self-identiteit word beskryf met verwysing na ’n stel eienskappe, oortuigings

of gedragsbeginsels wat die grondslag vorm van wie en wat ’n mens self dink jy werklik is;

wat jou, volgens eie oordeel, as individu van ander onderskei (Fearon 1999:20–2). Dit is

hierdie persoonlike onderskeidende karaktertrekke wat ’n individu se selfrespek, trots en

eiewaarde bepaal en sy/haar gedrag in so ’n mate oriënteer en bepaal dat die verlies daarvan

ook ’n verlies in selfwaarde en -agting meebring (Fearon 1999:11, 23).

Fearon se teoretiese indeling stem grootliks ooreen met dié van Stokes (1997:7–8), wat op

soortgelyke wyse ‘n onderskeid tussen kollektiewe en persoonlike identiteit tref.

Hall (1996:4–5), soos ook Bhabha (1994:67), is oortuig dat identiteit beskou moet word as

die produk van skeiding, verskil en uitsluiting eerder as verbandhoudend met konstruksies

van eendersheid of eenheid volgens gedeelde eienskappe met ander, soos die tradisionele

woordbetekenis aandui. Ook Söderlind (1984:78) is die mening toegedaan dat ’n proses van

differensiasie die individu tot hulp is in die skep van ’n eie identiteit; meer nog, differensiasie

is noodsaaklik vir identiteitskepping:

In order for something to possess an identity, it must be different from everything

that is not it. In order for something to be different from what is not it, it must be

clearly delimited and set off from what surrounds it. Consequently, identity can

only be perceived in terms of difference and delimitation or demarcation. The

existential question “Who am I?” can essentially be paraphrased as “In what way

am I different from others?”

Hall (1996:5) steun op die sienswyse van Jacques Derrida dat “[I]t is only through the

relation to the Other [...] that identity can be constructed.”

Ook Martin (1995:7) volg die uitgangspunt dat die Self juis die Ander nodig het om bewus te

word van sy eie, unieke bestaan. Martin steun op die teorie van Mannoni en Landowski,

waarvolgens die Ander die Self openbaar en die werklikheid van die velerlei fasette van die

Self. Volgens Martin (1995:7) vereis die lewe van enige individu die teenwoordigheid van

die Ander, “that is, the perception of someone different and the establishment of a

relationship with him/her/them”.

Vir die doeleindes van hierdie ondersoek gebruik ek die term Ander in ’n ruimer

betekenisverband as Michel Foucault, wat die Ander verbind met die magsverhoudings

tussen oorheersers en onderdruktes in ’n gemeenskap (in McNay 1994:6–7); of as in die

koloniale interpretasie van die woord (sien Boehmer 1995:21). Ek interpreteer die

begrip Ander soos Snyman (2001:188) dit doen in sy teoretisering oor die vraag “Who am

I?”, waar die fokus val op die fabrikasie en voorstelling, in die gees en verstand, van die

Ander. Snyman (2001:188–9) sien die Anderas “those with whom we interact and with whom

318
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

we share space and time, [...] those crossing our paths in some direct or indirect ways”,

ongeag of die verskille op die vlakke van ras, geslag, kultuur of kerkgemeenskap voorkom. In

hierdie ondersoek word vasgestel op watter wyse die natuur in Die

kremetartekspedisie betrek word in die betekenisinhoud van die term Ander deur die rol van

die natuur te ondersoek ten opsigte van die prosesse van die rekonstruksie van die slavin se

identiteit.

Die kremetartekspedisie bied op unieke wyse literêre uitdaging aan die Westerse

instrumentele (diensbaarheid-) beskouing van die natuur. In Plumwood (1991:17) se

bespreking van die diskontinuïteit wat in die Westerse samelewing geskep word deur

dualismes gekonstrueer met behulp van beskouings van meerder- en minderwaardigheid –

soos rede/emosie, manlik/vroulik, mens/natuur – motiveer sy dat hierdie verskynsel berus op

opvattings dat die “mindere” groep tot nut en voordeel van die sogenaamde meerdere groep

bestaan. Omdat die aard van hierdie groepe gedefinieer is in terme van die element van

teenstelling, geld die beskouing dat die “meerdere” groep se taak, by wyse waarvan hy

homself verwesenlik en sy ware aard uitdruk, is om die “mindere” groep te domineer, beheer

en benut (Plumwood 1991:17). Só word laasgenoemde groep se rol tot een van diensbaarheid

aan eersgenoemde gereduseer.

Plumwood (1991:17) betoog dat die mens-natuur-dualisme nie uitgedaag kan word sonder

die herevaluering en herkonseptualisering van die idee van die menslike nie, as gevolg van

die pas genoemde kwessie van die tradisionele verbintenis van die mens met dominansie en

beheer oor die sfeer van die natuurlike (“nature within and nature without”). Die

kremetartekspedisie, vervolgens gelees as ’n verhaal van die ontknegting en bemagtiging van

die menslike gees in interaktiewe prosesse met die natuur, vergestalt op literêre vlak ’n

radikale herbeskouing van die menslike kant van die mens-natuur-verhouding. Só gelees is

in Die kremetartekspedisietekens te vind van die weerspreking van die patriargale verhouding

van die mens met die natuur – spore, dus, van ekofeministiese kritiek, aangesien die

dualismes wat die diensbaarheidsidee van die natuur aan die mens voed, al dekades lank die

teiken is van ekofeminisme (Merchant 1990:123). Soos reeds gesê, is dit egter nie die

opspoor van die aspekte van ekofeminisme as spesifieke substroom binne die ekokritiek

waarop die aandag gerig is in my aanpak van die roman nie. 3 Ek bied ’n breë ekokritiese blik

deur die bestudering van die identiteitsherskepping van die slavin as ’n proses wat uit haar

omgang met en belewing van die natuur spruit.

Met hierdie doel voor oë moet wel ook gedink word oor identiteit en die konstruksie daarvan

binne die konteks van die ekokritiek. Die gedagte dat kennis omtrent wie ons is spruit uit

kennis omtrent waar ons is, is ’n gangbare uitgangspunt in identiteitstudies (Tyner 2005:261;

Dreese 2002:1; Snyder 1995:66). Dreese (2002:1) is oortuig dat, ongeag of ons bewus is van

die invloede van natuurlike-omgewingsfaktore, hierdie faktore ’n beslissende rol speel in die

samestelling van ons idees oor wie ons is.

319
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In The environmental imagination: Thoreau, nature writing and the formation of American

culture bepleit Lawrence Buell die heroorweging van wyses waarop die mens homself

verbeel of voorstel (imagine) in verhouding tot die natuurlike omgewing. Hy voer aan:

If, as environmental philosophers contend, Western metaphysics and ethics need

revision before we can address today’s environmental problems, then

environmental crisis involves a crisis of the imagination the amelioration of

which depends on finding better ways of imagining nature and humanity’s

relation to it. (Buell 1995:2)

Steenkamp (2011:186) argumenteer dat, sou Buell se opvatting van “Western metaphysics

and ethics” ’n siening van die mens-natuur-verhouding suggereer wat gewortel is in idees van

oorheersing – die mens afsonderlik van en in beheer van sy natuurlike omgewing – dan skyn

alternatiewe vir hierdie “crisis of the imagination” rakende die mens se verbeelde verhouding

tot die natuur ’n meer ekosentriese benadering te wees “that places a self innature, as an

integral and indistinguishable part of a larger ecosystem” (Steenkamp 2011:186). Steenkamp

stel dit egter duidelik dat die idee van “environmental belonging, the positioning of the self in

relation to the natural world”, noodwendig problematies is in Suid-Afrika, wat swaar belas is

deur die gewelddadigheid van ’n verlede gekenmerk deur segregasie, gronddispute,

gedwonge verskuiwings en onteiening. Haar studie vestig die aandag op talle probleme

geassosieer met ’n hervisualisering of -voorstelling van “self in nature” in Suid-Afrikaanse

konteks deur te herinner aan die verband wat ons geskiedenis van koloniale onderdrukking en

rasse-segregasie het met hedendaagse debatte oor die kwessies van grondbesit, die

verspreiding van natuurlike hulpbronne en ekologiese aangeleenthede (Steenkamp 2011:186).

Uit die gevolgtrekkings van haar studie blyk dat in al die tekste wat ondersoek is, ekologiese

boodskappe gepaard gaan met ’n skerp bewustheid van dringende sosiopolitieke kwessies in

ons land, soos voortgesette rassisme, xenofobie, misdaad, werkloosheid en armoede.

Die verhaalgegewe in Die kremetartekspedisie is heeltemal buite die geografiese grense van

Suid-Afrika en die sosiopolitieke konteks van die dag geplaas. Die tydkonteks is die 15de

eeu, en die groot handelstad waarheen die slavin weggevoer word ná haar gevangeneming in

die bosdorpie waar sy as kind woon, is waarskynlik een van die Arabiese handelsposte van

Oos-Afrika wat floreer het voordat die koloniale stormloop vir Afrika vanuit Europa geloods

is (Sweetman 1983:413; Dubovsky 1984:9). Hierdie roman bied op ’n unieke wyse ’n literêre

reaksie op die uitdagings rondom die “crisis of imagination” betreffende die mens se

verbeelde verhouding tot die natuur. Deur die hoofkarakter totaal los te dink of voor te stel

van die Suid-Afrikaanse verlede van sosiale en politieke uitbuiting wat ekologiese bewussyn

beïnvloed, selfs ook van die hoofera van die kolonisering van Afrika (vanaf die laat 18de tot

vroeg in die 19de eeu) wat die klad van Europese heerskappy oor inheemse mense en

natuurlike hulpbronne geplaas het, 4 word op onbelemmerde wyse moontlikhede verbeel om

tot kennis van die Self te kom deur intiemer kennis van die natuurlike ruimte wat, volgens

Tyner (2005) en Dreese (2002), ’n rol speel om selfwaarde en -opvattings te bepaal.

320
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In die volgende afdeling word gepoog om op kursoriese wyse die sosiale identiteit van die

slavin wat haar toevlug tot die boomholte neem, te verken. Daarná word ondersoek ingestel

na die uitbeelding van die prosesse waartydens sy groei tot ’n radikaal nuut-saamgestelde

ervaring van die Self.

3. Die merke van ’n slawebestaan

Die sosiaal-gekonstrueerde identiteit van die slavin in Die kremetartekspedisie is

ingewikkeld. Sy word sonder enige persoonlike regte en na willekeur deur besitters uitgebuit;

tog het sy by haar derde eienaar, haar “weldoener”, duidelik ’n vertrouensposisie beklee. Sy

vermeld byvoorbeeld dat sy die status van gunstelingskap gehad het en derhalwe groter

vryheid van beweging gegun is (57). Ander aanduidings in die teks is dat sy ’n ivoorarmband

as geskenk en as teken van haar gunstelingskap ontvang het (27); dat sy as gasvrou, en nie net

as dienares nie, opgetree het by onthale (27); dat sy toegelaat is by haar weldoener se sterfbed

(17, 18). Binne die sosiale bestel van besitters en besittings het sy dus ’n tussenposisie

verower wat haar soms met ’n naïewe tevredenheid vul – “Ek ag myself as gelukkige,

bevoorregte, sonder regte maar nie heeltemal sonder keuses nie” (55) – maar soms met

skaamte. Op besoek aan haar vorige eienaar se speseryepakhuis herken sy van die slawe en

besluit om haar vorige vriendin te gaan groet, “in my pragtige sygewaad en met my nuwe

vinnige manier van gesels, my houdinkies, en daar staan ek toe lomp van verleentheid,

ingeperk in my aanstellerigheid” (46–7). Die vrou weier om met haar te praat en toe die

slavin omdraai, word hande vol sand veragtend na haar gegooi.

Die merkers van selfidentiteit in die slavin se relaas, die veragting vir haarself en van

slawerny en alles wat daarmee verband hou, dui aan dat haar gees in knegskap vasgevang is.

Davis (1981:43–5) wys daarop dat vroue in dubbele mate ontneem word van selfseggenskap

in die kulturele konteks van ’n patriargale gemeenskap wat ook slawerny beoefen. Wanneer

Fick (1998:92) die situasie van teenstrydigheid ontleed waarin die slavin in Die

kremetartekspedisie haar bevind, argumenteer hy dat sy wel bevoorregting geniet het, maar

nietemin slaaf was: objek van iemand se besit, in ’n groot mate gereduseer deur die

patriargaal gedefinieerde opsies beskikbaar vir ’n vroulike slaaf. Haar eerste eienaar was

“vriendelik [...] soos ’n pa” (38); tog koop dié man “die jongstetjies op die mark” en “breek

hulle soos ’n mens jong peule breek”; hy laat hulle “bedagsaam” toe om ’n eersteling onder

sy dak te hê voordat hy hulle weer verkoop (38). Hy was, ten beste, ’n bloedskandelike

“vader”, oordeel Brink (1992:7). Die slavin is “klein gevang, nog nie besnede nie, juis

daarom gesog” (38), en sy weet sy was “om mee te spog [...]. My merkloosheid, my gladheid,

my eertydse heelhuidsheid” (12). Hierdie eienskappe maak haar, tot skreiende onreg, juis

waardevol in die seksuele ekonomie van die patriargale samelewing waaraan sy uitgelewer is.

Fick (1998:97) neem pynlike konflik waar in die slavin se beskrywing van haarself as

“bevoorregte, sonder regte” (55); die akuutste vorm van die ontneming van regte blyk te wees

dat sy slegs vir ’n beperkte tyd as moeder mag funksioneer het, “totdat my kinders tot by my

heup reik, dan verloor ek alle seggenskap oor hulle” (54). Sy hunker deurentyd na hierdie

321
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

verlore kinders, selfs na volgroeide kinders wat sy moontlik nie sal kan herken nie, maar

steeds teen haar wil vasdruk, want “onndeurgrondelik is moeders mos” (54). Davis (1981:7)

beklemtoon die skrikwekkende van hierdie aspek van ontneming in die sisteem van

slawehandel en beskryf vroue as “simply instruments guaranteeing the growth of the slave

labour force” en as “‘breeders’ – animals, whose monetary value could be precisely

calculated in terms of their ability to multiply their numbers”.

In die volgende paragrawe word kortliks ondersoek ingestel na die ervarings wat die slavin se

negatiewe selfwaarde en die gebrek aan enige diepliggende ervaring van lewensin gevorm en

versterk het, insluitend die aftakelende handelsprosesse, seksuele uitbuiting, volslae

afhanklikheid van die eienaar, die vernedering op die markplein en die beperkende onkunde

oor die lewe buite die slawehuis.

Wanneer die slavin kort ná haar aankoms by die kremetart krale in die veld vind, lê sy

dadelik ’n verband tussen die waarde wat sy as blote handelsartikel gehad het en die krale in

haar hand:“Eenmaal was hulle in ontvangs geneem in ruil vir iets soos ek ook in ontvangs

geneem was in ruil vir iets” (11).Verder was daar die wete dat haar waarde voortdurend in

opeenvolgende handelstransaksies gedegradeer is: “Tweedehands, derdehands, selfs

vierdehands aangeskaf is ons (22),” sê sy; en elders: “Ek het nie ’n benul gehad wat my

waarde moes gewees het nie of wat dit ooit was nie. Een hoefyster. Ontelbare hoefysters”

(11). Haar status as slavin was slegs aan haar voortplantingsvermoë gekoppel, en die kinders

wat sy voortbring, was die rente op die eienaar se belegging. Daarom was sy op die

slawemark “’n verinneweerde speelding, my bondeltjie baba en ek apart voor gebie en

afsonderlik verhandel” (40).

Die slavin herroep die afsku in die totale en onwaardige prysgawe aan die eienaar: “My

arbeid syne. My slaap syne. My staan en gaan. My sweet. My hare. My voetsole. Die mier

kan wegkruip. Die kakkerlak kan. Die rot kan. Ek nie” (42). Ook die uiterlike onderdanigheid

waaraan sy genoodsaak was om mee te doen, die “uitdrukkingslose gehoorsaamheid” (21),

vul haar met weersin: “Ek is ’n lafaard en ek weier niks nie” (21). Selfs in besit van haar

derde eienaar en weldoener, wat slawe as ’n versameling kunsvoorwerpe beskou het –

“kieskeurig aangeskaf met die oog op belegging en per stuk van die hand gesit nadat hy hulle

deur opvoeding veredel het, soos hy [...] in my geval gemaak het” (48) – was sy “radeloos

van vernedering” en sê: “Besit en liefde is begrippe wat mekaar vervloek” (49).

’n Ervaring wat grens aan persoonlike identiteitloosheid spruit uit die besef: “Ons is almal

een vrou, uitruilbaar, verruilbaar” (22). Die slavin was een van ’n ry objekte wat haar “nut”

vir die eienaar op die banaal liggaamlike vlak uitdien – “Snags is dit bene oop vir die

eienaar” (21) – en reeds baie jonk “gebreek” is (39), om in die proses ook van psigiese

heelheid beroof te word. Met bitterheid onthou sy: “Ek was kind nog toe ek ’n kind in my

gedra het” (12), en: “Moederkind was ek. Uit my jong mond het die vrot lag van die

vrugdraende vrou geklink” (39). By haar weldoener-eienaar was sy ook estetiese objek: hy

“bekyk my soos jy ’n mooi sonsondergang beskou. Op dieselfde manier kyk hy na sy seun se

tierboskat” (25–6). Eers later verneem die slavin dat hierdie eienaar twee soorte slawe in

322
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

diens had en háár aangehou het “vir die mooi”, naas dié wat daar was “vir hul

gedienstigheid” (27). Sy is dus volledig gedegradeer tot voorwerp, selfs in die oë van die

eienaar wat haar as gunsteling uitgesonder het, en dit bring intense emosionele miserabelheid:

sy is “melancholies” en “bedroef”, “so vol ingehoue tjank dat ek kan bars” (27).

Die slawe-identiteit word in bitter woorde opgesom: “(Ons is) gebruiksgoedere van die

vroulike en manlike geslag” (40). Die kollektiewe impak van talle verontmenslikende en

onterende praktyke op die slavin se psige word beskryf met verwysing na die dag toe sy weer

eens verhandel is op die plein. Hier het mense haar bekyk vanaf haar kop tot die binnekant

van haar mond, haar bekken, arms en bene, en die slavin reageer met walging: “Ek skreeu na

binne. Kon ek my maag oopsny, my derms uitryg. Ek soek ’n mes. Kon ek myself uit myself

uitspu” (41).

Dit is teen die agtergrond van hierdie duidelike bewyse van die merke wat die slawebestaan

agtergelaat het op haar identiteit dat ek die slavin se verblyf in die boom, en die ontdekking

van die Self in verhouding tot ander rolspelers en betekenisgewers as die samelewing, wil

verken.

4. Verblyf in ’n boom

Die ekspedisie na die “stad van die rooskwarts” waarheen die slavin saam met haar laaste

eienaar onderweg was, misluk as gevolg van die verraad van die medeleier en sy slawe. Ná

die dood van die eienaar bereik die slavin die kremetartboom 5 met sy uitgeholde stam in

uitgemergelde toestand – sy is verhongerd en verflenterd, koorsig van ontbering.

Blyke van vroeg-ervaarde verbintenisse met die natuur, in die slavin se gedagtes en gemoed,

kom vrylik voor in haar retrospektiewe belewing van die vorige fases in haar lewe. Die doel

van die natuurassosiasies blyk te wees om ’n manier te vind om uitdrukking aan haar

slawebelewing te gee. Sy gryp telkens, in die weergawe van haar verlede, na verwantskappe

met die mees basiese natuurelemente om haar ervarings van gelykwaardigheid aan die mees

basiese vorme van bestaan te probeer verwoord. Eerstens is daar haar sterk assosiasie met

water, waarin Lindenberg (1982:29) haar intuïtiewe besef van “die interrelasie tussen die

enkeling en die groter kosmiese oerbron” lees. Sedert sy met haar aankoms as kinderslaaf op

die strand twee skulpe opgetel het – “want ek is van water” (34) – beleef sy ’n bewuste

verbintenis met water, die natuurelement met ’n vloeibare en vervormbare aard. In hierdie

assosiasie is veel van haar belewing as slavin vasgevleg, van die “vervormingsvermoë” van

haar gees om in voortdurend veranderende omstandighede te kan saam-“vloei” en aanpas.

Wanneer haar eienaar op sterwe lê, weet sy dat sy weer van die hand gesit sal word. Haar

retrospektiewe belewenis van hierdie gebeure word só verwoord: “Net dié wat het, het

sekerheid. Net onsekerheid het ek. [...] Ek dra die gemurmel van water subliminaal met my

saam, ’n waterkennis in trane en speeksel bewaar, [...] in al my liggaamsappe” (18).

323
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die stelling: “(E)k is van water” bevestig dus die wete dat water die hoofsubstansie is van

haar liggaam en die vloeistowwe daarvan, maar op dubbelsinnige wyse verwoord dit ook haar

geestesingesteldheid om die aard van water aan te neem, om te vloei en “mee te gee”, omdat

die swyende verduring van fisieke arbeid en seksuele uitbuiting en die gelate “saamvloei”

met omstandighede van ’n slaaf verwag word. Sy roep tonele in herinnering wat hierdie

“water”-ingesteldheid in situasies van seksuele misbruik illustreer: “Met strak gesig luister ek

op sy karos na die see se geruis. [...] Ek laat maar gaan. [...] Ek is van water. Ek is ’n

vervloeiende in allerlei vorms” (21). Die eindelose prosesse van geboorte-skenk aan babas

van opeenvolgende eienaars word ook met behulp van ’n waterbeeld beskryf: “Ek kan in

golwe van sametrekkings kniel met my gesig na aan die aarde met wie die water getroud is en

die vrug uit my stoot” (21).

Verdere assosiatiewe natuurbeelde onderskryf hoedat die slavin haar bestaan gelykwaardig ag

aan die laagste vlakke van dierlike bestaan, byvoorbeeld dié van die kewer, die muis,

skulpdiere en snoetdiere. Haar herinneringe behels onder andere: “Ek word ’n skulp wat van

die rotse gepluk word” (21); “Piepmuisies in ’n groot gedruis is ons, die onderdaniges” (22);

“Ek sit kewerklein en tjank” (27); “Ek wens ek het ’n snoet gehad waarmee ek in die grond

kan boor en wegraak of in ’n boom se bas waar ek onopsigtelik [...] kan skuil” (27) (my

kursivering).

Wanneer sy op ironiese wyse jare later wel “in ’n boom se bas” moet skuil, is dit egter ’n

situasie van bedreiging en ontreddering. Die vervreemding ten opsigte van die natuur wat die

slavin ervaar, blyk uit haar fokalisasie van die ruimte waar sy wakker word in die stam, met

die “groot assegaailem van sonlig wat met ’n stadige moordende draai daglank in my woning

boor” (5). Met ontnugtering besef sy hoe “verkeerd gestel” die woordvriendskap tussen haar

en die diere wat sy waarneem, is (6). Sy stel vinnig vas “dat my denke nie met dié van die

ander wesens hier sluit nie” (8), en verder ook dat sy veldkosse “in mededinging met die

dier” pluk, uitgrawe en optel, dat “bome nie vir my bot en bloei en vrug dra nie, nie om my

honger te stil nie, dat knolgewasse en veselwortels nie vir my onderaards swel nie” (8).

Viljoen (2001:171–2) vind in die slavin se pogings om in die bedreigende veldomgewing te

oorleef, tekens dat sy haar ruimte probeer koloniseer, maar hierdie pogings word voortdurend

ondermyn. Hierdie aspek van die roman kan beskou word in die lig van die parodiërende toon

daarvan: die slavin, wat nooit in haar lewe oor enige mag beskik het nie, kan slegs die gebare

van die ontdekker en die koloniseerder parodieer (Viljoen 2001:173). Viljoen (2001:171)

verwys na enkele tegnieke waarmee onbekende ruimte gekoloniseer word, byvoorbeeld

klassifikasie, benoeming en beskrywing, waarvan die slavin gebruik maak. Hiervan is wel

duidelike tekens in die roman. Hoewel sy aan die begin in die veld ronddwaal asof sy “nog

geen stelsel op hom afgedwing het nie” (10), begin sy later vorme van klassifikasie toepas op

hierdie ruimte, byvoorbeeld in haar gebruik van plant- en boomname (“jakkalskosblom”,

“sterkbos” (35), “kameelspoorboom” (36)), en blyk haar noukeurige waarneming en aandag

aan besonderhede van die natuurruimte rondom haar (35–6). Sy besluit om aan hierdie ruimte

te dink as ’n tuin waarin sy voedsel sal vind (35). Met hierdie beeld van die tuin, meen

Viljoen (2001:171), word aangesluit by die idee van bewerking, aanplanting en verbouing op

324
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

die wyse waarop koloniseerders hul verbintenis met sogenaamd onbewoonde grondgebied

verklaar het. In hierdie “tuin” vind die slavin eetbare vrugte, en hoewel geen tekens bestaan

van die bewerking van die gebied waarin sy dit vind nie, is die toe-eiening deur benoeming

duidelik as die slavin verklaar: “Ek noem dit: die rooi stekelvrug van die rankplant wat in die

winter die kameelspoorboom teen daardie hoogtetjie tooi” (36). In die uitvoerig beskrywende

benaming blyk duidelik iets van die poging om mag te vestig deur betekenisgewing. Op

dieselfde wyse word die kremetart beskryf en beklee met verskillende betekenisfasette, dit is

“fort, waterbron, medisynekas, heuninghouer” (27).

Viljoen (2001:172) redeneer dat hierdie vertoon van betekenisgewende mag – “Ek sê hardop

die naam van die boom, [...], lug, wind, grond, maan, son en alles beteken wat ek hulle noem”

(63) – op duidelike wyse gedekonstrueer word tot ’n omgekeerde ervaring van

magteloosheid, wanneer die slavin haar eie naam nie tot enige betekenis kan dwing nie: “Ek

sê my eie naam hardop en my eie naam beteken niks” (63). Die pogings om haar ruimte te

koloniseer word verder ook ondermyn deur haar eie besef dat sy ’n mindere plek in die natuur

beklee. Sy bevind haar ’n “ontoegeruste dom beskaafde” wat as “’n onnosele” die lap veld

fynkam “waar die kenners gewroet het” (9), wat nie die skerpheid van blik het om grondneste

in die grasveld te onderskei nie” (35), en sy moet berus by haar “ondergeskiktheid hier” (9).

Die benoemingsaksie wat in die voorlaaste paragraaf uitgewys word, sluit aan by ’n

belangrike eienskap van ekokritiek, naamlik die klassifikasie en indeling van gegewens, wat

direk verband hou met die sistemiese aard van ekologie en die samehang van alle dinge. Die

handeling van plant- en diere-identifikasie by wyse van naamgewing in beide alledaagse taal

en wetenskaplike vaktaal speel ’n belangrike rol in die mens se interaksie met die natuur.

Hoewel benoeming en identifikasie volgens die naam dikwels gesien word as

verbandhoudend met ’n posisie van mag en oorheersing, is daar ook die alternatiewe

beskouing dat nominale identifikasie geassosieer word met ervarings van vertroudheid en

verwantskap.

Melzow (2012:356) brei uit op die praktyk van die benoeming van fauna en flora wat

tradisioneel vanuit hierdie twee moontlike standpunte beskou word. Die eerste perspektief,

wat blyk oorweldigende aanhang in die wetenskaplike wêreld te hê, behels dat naamgewing

gelyk gestel word aan ’n Eurosentriese, onderdrukkende praktyk. Melzow (2012:360)

motiveer die assosiasie van name, veral wetenskaplike name, met eienaarskap, magservarings

en heerskappy met verwysing daarna dat name kennis beliggaam en dat kennis weer dikwels

verband hou met mag. Hier word toegevoeg dat Carl Linnaeus in sy 18de-eeuse

werk Systema Naturae, waarin die invloedryke Linnaeus-sisteem van spesieklassifikasie

ontwikkel is, en waarop wetenskaplikes vandag steeds vertrou, nie identifikasie deur

naamgewing as magsbeoefening sien nie, maar bloot om kennis te kommunikeer en te benut

(Melzow 2012:358).

Die tweede perspektief van waaruit die benoeming van plante en diere aangepak word, is een

waarin erken word dat benaming kan dien om ’n verwantskap van gemeensaamheid en

vertroudheid tussen individue en natuuromgewing te vestig, ’n praktyk wat sterk resoneer in

325
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

sekere inheemse groepe se gebruike (Melzow 2012:357). Lévi-Strauss (1962:9) het lank

gelede reeds die aandag daarop gevestig dat in Westerse kulture spesies hoofsaaklik geken

word om hulle ekonomiese waarde, maar dat in baie inheemse kulture diere en plante nuttig

of interessant gevind word omdat hulle eerstens bekend is. Lévi-Strauss (1962:9) se teorie is

dat kennis en nominale identifikasie by talle inheemse groepe gelykstaande is aan ’n

belangstelling in en interaksie met die natuurwêreld (“a feeling of intimacy that goes along

with it”) eerder as ’n praktyk gekoppel aan ekonomiese oorwegings.

In Die kremetartekspedisie wend die slavin haar tot ’n praktyk van naamgewing waaruit

onbedekte fassinasie met die uitsonderlike kenmerke van plante blyk (byvoorbeeld die

“klouterpant met oranjerooi vrugte vol dik stekelpunte wat homself teen ’n boom opgedraai

het”, 35), asook ’n intense belangstelling in die diere-aktiwiteite wat sy rondom plante

waarneem: die “jakkalskosblom” is die gunsteling van die ystervark en bobbejaan (35); die

“kameelspoorboom” (36) is waarskynlik die boom waaronder sy die spoor van ’n kameel

opgemerk het.

In Melzow se artikel getiteld “Identification, naming and rhetoric in The Sky, the stars, the

wilderness and The Maine Woods” ondersoek sy die handeling van nominale identifikasie as

uitdrukking van die mens se begeerte tot ’n nader verhouding met die natuur, soos uitgebeeld

in die werk van Rick Bass en Henry David Thoreau. In hierdie werke blyk dat die eerste stap

wat lei tot ’n duidelik ervaarde verwantskap en wisselwerking met die natuur ’n ervaring van

afsondering is waardeur daar ’n vertroudheid en intimiteit tussen die individu en die

natuurlike omgewing ontstaan (Melzow 2012:362). Presies dieselfde gebeur in Die

kremetartekspedisie wanneer die slavin as die enigste oorlewende van die groep

ontdekkingsreisigers haar toevlug tot ’n boomholte in die afgesonderde natuurruimte van

Afrika neem. Uit die aanvanklik gedwonge wisselwerking met die natuur, die soektog na

knolle “op die spoor van bobbejaan en vlakvark” (34), ontdek die slavin die verskeidenheid

van plant- en dierelewe rondom haar. Sy begin name gee, op ’n wyse wat totale verbale

onbehendigheid en onwennigheid in hierdie situasie verraai, maar ook groeiende

vertroudheid in die omgang daarmee: “’n Sterkbos bied my gevlerkte vrugte. [...] Elke boom

is ’n boom vol fluit [...]. Die gekbont dartelende streepkoppies” (35).

Ook Lopez (2006:xxiii) verwys na die kwessie van spontane taalaanwending en benaming in

wisselwerking met die natuur; hy formuleer die oortuiging dat dit die benoemer anker

(ground) in ’n bepaalde natuur- of geografiese ruimte en ook bind in ’n hegter verhouding

daarmee, “creating not only a better, but a more intimate and ‘grounded’ relationship between

human beings and the natural world”.

Ten aanvang van die slavin se boomverblyf is daar by haar meer as net ’n onwennigheid; daar

is duidelike tekens van spanning tussen mens en natuur in haar waarneming van die

bobbejane, die “vulgêre handeviervoetkarikature”: “Ek verag hom, sy krag, sy vernuf en sy

vanselfsprekende baas wees in die kontrei” (9). Hier blyk die angs dat die mens dalk nie méér

is as net natuurwese nie:

326
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hy [die bobbejaan] is te veel soos ek. Ek vrees my herkenbare self in sy tronie.

[...] Ek voel my getart deur die afspieëling van my drifte en begeertes in sy

gedrogtelikheid en die bespotting van my verfyndheid en uitwysing daarvan as

oorbodig deur [...] die vrate met die dik kieste. (9)

Net so duidelik waarneembaar is ook die slavin se afhanklikheid van wat die natuur bied: die

kremetart is “genadige herberg” (15), “getroue vertroueling, [...] my toevlug, my laaste oord

[...], my bewaarder [...] ” (27). In hierdie boom herken sy vertroostende ooreenkomste met

konvensionele huislike beskutting: “koel beskutting wat rofweg aan bouwerk laat dink met

wande en tuitvormig oplopende plafon en grond vir ’n vloer, ’n reuse-hut bekroon met takke

en blare” (15). Daar word ’n element van emosionele aanklank duidelik in die slavin se

beskrywing van die koestering deur die boom: “lewegewende wiegende koepel van blare en

blomme en sade wat ek teen my wang aandruk, die grysgroen pelsbedekking streel my vel”

(18); ’n geestelike konneksie: “Jy hoed my. Ek aanbid jou” (28). Buiten die aanklank wat

vanuit die staanspoor tussen mens en boom bestaan, is hier ook sprake van ’n proses van

vereenselwiging: die slavin begin haarself en die boom sien as ’n eenheid, die kremetart word

haar “boomhuid” (11) en die baarmoeder of “buik” waaruit sy telkens “herbore” word (12,

92). Volgens Reynolds (2003:178) hou ruimtes wat aan die baarmoeder herinner, verband

met gewaarwordings van ’n terugkeer na die aanvang of begin, en vanuit die proses van

identifisering met die reuseboom word nuwe selfinsigte vir die slavin gebore.

Die kremetart – sowel fisies as psigies die middelpunt van die slavin se bestaan – is deel van

die groter geheel van ekologiese prosesse. Tydens haar verblyf dank die slavin die

donderstorms “wat die kremetart [...] aanpor om knop te maak en al sy blare eensklaps uit te

stoot en sy groot blomme een vir een aan twye op te hang [...] om deur die vlermuise bevrug

te word” (63). Sy is intens en herhaaldelik bewus van hierdie groter, ekologiese geheel: “Ek

dank die heuningby. Ek dank die boom wat hom huisves. Ek dank die grond wat die boom

[...] staanmaak [...]. Ek dank die reën wat tot by die boom se wortels afsak sodat hy kan water

suip en blare en blomme kry” (95). Deur die proses van toegewyde, noukeurige verkenning

van die boom, sy “gladhede en groewe en bulte en lyste [...], sy reuk, sy donkertes, sy groot

ligspleet” (11), en deur die belewenis van eenwording met die boom as haar eie, groter self,

kom die slavin by ’n punt waar sy haar in identiteit op só ’n vlak met die kremetart

vereenselwig dat sy beleef: “Ek kan sê: dis ek” (11).

In die slavin se interaksie met haar natuurruimte word haar rol as “ondergeskikte” geklee met

’n ruimer en positiewer betekenis, want sy is ingeskakel by die groter en sinvolle geheel van

ekologiese bestaan – ’n ervaring wat herinner aan Evernden (1996:95) en Merleau-Ponty

(1973:142) se sienings van die interafhanklike bestaan van mens en natuurlike omgewing en

van die mens in simbiotiese harmonie met die web van universele, organiese lewe. Daarmee

word uitdrukking gegee aan die radikale ekologie se idees van die onderlinge verbintenis van

alle lewensvorme en die plek van die mens in die organiese skeppingsgeheel. Die slavin se

“ondergeskikte” plek is nie meer een van waardeloosheid en betekenisloosheid nie. Nou is

daar die belewing van die unieke verwesenliking in die hoedanigheid as mens, ’n proses wat

in die totale afwesigheid van ander menslike rolspelers voltrek word: “Elke keer dat ek uit die

327
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

boom [...] na buite tree, is ek opnuut mens en magtig [...]. Elke keer herbore uit die buik van

’n kremetart staan ek vol van myself. Die son definieer my skaduwee. Die wind klee my. Ek

wys na die lug en sê: lug laat my lewe” (12).

Die eksistensiële vraag: “Wie is ek?” is hier formuleerbaar met verwysing na die natuur as

die Ander, as daardie entiteit met wie in interaksie getree word om die Self te voorskyn te

roep.

Dat die natuur betrek word in die rol van die Ander wanneer na die diepste essensie van

persoonlike identiteit gereik word, is nie onverwags nie. Aan die begin van hierdie afdeling

het dit reeds ter bespreking gekom dat die natuur in vroeër lewensfases ook die slavin tot hulp

was in haar pogings tot selfuitdrukking, dat die natuur die idioom verskaf het met behulp

waarvan sy haar diepste lewensellende in die slawebestel kon verbeeld.

Om ’n teoretiese verwysingsraamwerk oor die natuur as die Ander te bied, moet verwys word

na die filosofiese gebied waar hierdie kwessie gereeld ter sprake kom, naamlik waar

gedebatteer word oor die vraag watter moreel-filosofiese raamwerk(e) die grondslag kan

vorm vir die normatiewe aandrang om die natuur te bewaar. Die meeste van die tradisionele

Westerse morele filosofieë impliseer ’n konsep van geregtigheid wat gebaseer is op idees van

eendersheid en op die kwaliteite wat ons as mense en in die hoedanigheid van menswees

deel: Claviez (2006:436) herinner ons hier aan die begeerte vir lewensgehalte, die kwaliteit

van die rede uitgedruk in die vermoë om te besin en te beplan, die vermoë om lief te hê, ons

menslike belange – ’n lys van eienskappe wat na bewering juis die mens skei van die lewende

en nielewende natuur, wat ons “anders” maak as die natuur of wat van die natuur ons

“Ander” maak. 6 Die probleem van omgewingsetiek, voortspruitend uit die digotomiese

Westerse beskouing van menslike eendersheid teenoor “andersheid” van die natuur, strek

verder as die vraag: Hoe kan ons ’n etiek bedink aangaande die niemenslike? Dit behels die

dilemma: Kan ons ’n vorm van etiek uitbrei na die natuur wat nie ons etiek deel nie, na ’n

gebied waar die waardes en norme wat so ’n etiek begrond, nie bestaan nie, waar geen konsep

van menslike reg of enige ander etiese konsepte hoegenaamd bestaan nie?

In verskeie benaderings binne die ekokritiek word groot erns gemaak met denkpogings om

die grense en gapings tussen die mens en die niemenslike Ander te verklein of uit die weg te

ruim – ’n aandrang wat gegrond is op beskouings van relasionaliteit, wedersydse

interafhanklikheid, wisselwerking en die gedeelde eienskappe van bewussyn en lyding, en

wat as doel het om gemeenskaplike terrein te vind om die voorskrif van bewaring op te

baseer. Claviez (2006:438) oordeel egter dat dit weinig sin het om hierdie andersheid te

probeer wegredeneer of om op areas van eendersheid te probeer aanspraak maak wanneer die

vraag is: Hoe sou ’n etiek gekonsipieer kon word wat strek na ’n gebied so “anders” dat daar

geen bewustheid eers bestaan van etiek nie, veel minder nog van menslike norme wat

gewoonlik daaraan gekoppel word, soos: “Jy mag nie doodmaak nie”?

’n Sisteem van etiek wat wel die diepgaande andersheid van die natuur in aanmerking neem,

is Emmanuel Levinas se “Ethics of Otherness”. Levinas se gedagtes bied ’n uitweg in die

328
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

dilemma wat die wedersydse eksklusiwiteit van die menslike en niemenslike wêrelde vir die

omgewingsetiek skep. Dit gebeur as gevolg daarvan dat hy ons plig teenoor die Ander beskou

as dat dit sou ontstaan uit ’n oomblik van konfrontasie (“the moment of face-to-face”,

Levinas 1969:87) wat alle kennis van die Ander voorafgaan. Sy etiek is gebaseer op die

veronderstelling dat ons in die toepassing van ons eie, beperkte en subjektiewe kategorieë van

kennis of ondervinding op die Ander ’n daad van geweld pleeg teenoor die Ander, “an

imperialism of the same” (Levinas 1969:87). Levinas ontwikkel ’n besonder verwikkelde

argument hierrondom in sy boeke Totality and infinity (1969) en Otherwise than

being (1981).

Claviez se samevatting van die kernaspekte van hierdie “Ethics of Otherness” in Gersdorf en

Mayer se Nature in Literary and Cultural Studies is deeglik en baie sinvol om hier as basiese

teoretiese raamwerk te gebruik. Claviez (2006:441) beklemtoon Levinas se standpunt dat

wanneer ons die “andersheid” wat bestaan, reduseer tot dit wat ons aanneem die Ander met

ons mag deel, ons die Ander onderwerp aan ons eie organisasie van kategorieë – by

implikasie word die Ander gereduseer tot versoenbaarheid en verenigbaarheid met die Self,

en in die proses word die uniekheid, onvergelykbaarheid en uitsonderlikheid van die Ander

vernietig. In teenstelling met die “waarheid” wat enige kennis omtrent die Ander mag

verskaf, bestaan die Ander se “waarheid”, wat terselfdertyd ’n ánder waarheid is: een buiteom

enige epistemologiese of ontologiese kategorisasie, ’n waarheid wat nie vasgevang kan

word deur rasionele, wetenskaplike kategorieë van empiriese waarneming nie.

Hoe radikaal hierdie konsep is wat Levinas se etiek van Andersheid ten grondslag lê, blyk uit

die volgende gedeelte uit Totality and infinity:

The alterity of the Other does not depend on any quality that would distinguish

him for me, for a distinction of this nature would precisely imply between us that

community of genus which already nullifies alterity [...] The Other remains [...]

infinitely foreign, his face in which his epiphany is produced and which appeals

to me breaks with the world that can be common to us [...]. (Levinas 1969:194)

Wat Levinas se etiek van Andersheid die omgewingsetiek-debat bied, is die moontlikheid om

aan die dilemma van die oënskynlik onlosmaaklike verband van etiek met eendersheid te

ontkom. Dit bied die keuse om etiese verhoudings te bedink wat nie steun op kennis of idees

van gelyk(waardig)heid nie. 7 Claviez (2006:444) beskou Levinas se etiek as ’n “eerste

filosofie”, aangesien Levinas argumenteer dat die etiese moment noodwendig alle aspekte en

sisteme van kennis en wetenskaplike waarneming en berekening moet voorafgaan.

Met die kontekstualisering van die konsep van die natuur as die Ander by wyse van hierdie

teoretiese fundering, word nou ondersoek ingestel na hoe die natuur in Stockenström se

roman uitgebeeld word as die vertolker van die kernrol van die Ander in ’n baie spesifieke

verband, naamlik ten opsigte van die identiteitsherskepping van die slavin in hierdie roman

en binne die teoretiese raamwerk wat vroeër in die artikel vir die begrip identiteit geskep is.

329
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die nuutsoortige herinkleding van die Self in Die kremetartekspedisie vind plaas deur

afwisselende prosesse van, enersyds, vereenselwiging met die “liggaam” en bestaan van die

boom, en, andersyds, differensiasie ten opsigte van die ander natuurwesens wat die boom

omring. Die slavin definieer haar eie plek in die groter geskape geheel deur die andersoortige

manier waarop sy daarmee geskakel is in vergelyking met ander spesies: “Die streepmuis en

ek bewoon jou, kremetart, maar net ek aanbid jou, dink ek, net ek” (28). Die natuur word

in Die kremetartekspedisie die konteks waarbinne die mens waardig leef, ’n unieke en

geldige entiteit naas die uniekheid van ander spesies, afsonderlik maar tegelyk ’n

betekenisvolle deel van die groter geskape geheel. Hier toon die mens ooreenkoms met die

kremetart, die “onderstebo-boom” wat afsonderlik vertóón in groeiwyse, maar steeds

betekenisvol inskakel by sy ekologiese omgewing. Volgens Lindenberg (1982:29) word die

kremetart, waarvan gesê word dat dit “omgekeer” groei met sy wortels in die lug, soms in

Afrika-mites as ’n mens gesien. Lindenberg (1982:29) beskou die kremetart in hierdie roman

as onderstebo-beeld van die self, van die eie eksistensie te midde van die oernatuur.

Die belewenis van die “onnosele” te wees teenoor die “kenners” van die veld (9) is nie

vergelykbaar met die ervaring van veragtelikheid wat die sosiale, fisieke en geestelike

knegskap tydens haar slawejare haar besorg het nie. “Onnoselheid” impliseer eerder om haar

plek in ’n groter orde gaandeweg te leer verstaan en waardeer. Die onbenullige plek van die

mens word vir haar duidelik wanneer sy dit oordink dat selfs die ingrypendste gebeurtenis in

haar lewe – die koms van die slawehandelaars – slegs ’n rimpeling in die oerwoud veroorsaak

het, soos die verbytrek van ’n trop ape (38). Tydens die ontdekkingsekspedisie deur Afrika

word met groot fanfare probeer om ’n bok te slag wat deur weerlig getref is, terwyl kraaie

naby die dooie bok huppel, en wag “dat die lafheid van die mens end kry” (76). Die reisigers

beweeg soos “’n heeltemal onopvallende gebeure” tussen die plante en diere (81).

Die roman suggereer dat die mens iets probeer opbou, maar weer vertrek, of uitgeroei word,

sonder om ’n blywende verandering aan te bring. Die potskerwe en verroeste

koperdraadringe wat die slavin naby die kremetart vind, is bewyse van beskawings “tot

niksbeduidendheid verbrokkel, deur die winters en somers opgeëis”, sonder dat die mens

enige blywende impak kon maak. Die slavin roep haar talle bloedige oorloë voor die

geestesoog, die “onverdrote ywer” van die mens, “en dan die niks” (14). Sy kom tot die

gevolgtrekking dat die mens maar net “’n verbygaande asemteug” is, “’n ondergeskikte klop

in die ritme, ’n skim in die breukdeel van die ewigheid” (15). In die uitbeelding van hierdie

ervaring word direk aangesluit by die radikale ekologie se beskouing van die mens, wat op

besonderse manier deur Fox (2003:253) verwoord word: “Deep ecology strives to be nonanthropocentric

by viewing humans as just one constituency among others in the biotic

community, just one particular strand in the web of life, just one kind of knot in the

biospherical net.”

Die slavin word opnuut bewus van die klank wat sy as mens voortbring en dat dit die groot,

onderskeidende faktor ten opsigte van ander skepsels is – “omdat ek mens is en nie wildebees

wat snork en nie horingsprinkaan wat fluitgeluide met sy vlerke voortbring nie en nie

volstruis wat brom nie, maar mens wat praat” (63).

330
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Vir die eensame mens het taal egter nie meer kommunikasiewaarde nie (Venter 1981:10).

Schoeman (1981:12) interpreteer, soos Venter (1981:10), dat die slavin, in haar situasie van

volstrekte eensaamheid, taal weer ontdek in sy primêre funksie: dit is die middel waardeur sy

die ruimte om haar betrek in die proses van betekenisgewing. Só maak sy haar ruimtelike

waarneming tot taal en betekenis: “Ek sê hardop die naam van die boom, die naam van water,

van lug, wind, grond, maan, son en alles beteken wat ek hulle noem” (63). Viljoen

(2001:172–3) het in haar ontleding van die roman reeds aangedui dat die idee van

kolonisering van die natuurruimte en van menslike meerderwaardigheid, wat deur die

benoemingsproses van natuurelemente geskep kon word, duidelik ondermyn word in die

slavin se erkentenis: “Ek sê my eie naam hardop en my eie naam beteken niks” (63). Wat wel

geïmpliseer word, is dat die slavin, in haar pogings tot bevestiging van haar eie mensheid en

in die proses van betekenisgewing, nodig het om eerstens die natuur te

benoem, voordat en sodat sy haarself sinvol kan benoem. Hier word duidelik iets geïmpliseer

van Vital (2008:92) se idee van breë ekologiese verhoudings, wat hy op ’n unieke manier

formuleer: “Whatever else we humans are (and before we can be anything else), we are

organisms interacting constantly with an environment. That environment will involve

members of our own species, members of other species, and elemental matter.”

Venter (1981:10) se gevolgtrekking uit die romangegewe is dat nie die mens, of sy taal, veel

van ’n werklikheid is binne die groot gegewe van bestaan nie. Tydens die slavin se verblyf in

die boom besef sy: “Ek het die name en word nie na geluister nie. Niks kan ek met die name

aanvang nie. Hulle is rammelaars maar” (98). Daarom probeer sy aan haar bestaan groter

relevansie en geldigheid gee deur die “opskryf” daarvan op die boom se stam te visualiseer,

waar die “hersenskimme”, die “belaglikheid” van die mens se irrelevante bestaan, opgeneem

kan word in die groter, meer geldige of beduidende prosesse van die natuur, “sodat jy die

belaglikheid kan verwerk, vergroei, [...] bewaar tot die dag van jou selfontbranding” (28).

Hier word verwys na die moontlikheid dat die kremetart uiteindelik spontaan onder sy eie

gewig sal ineenstort en ontbrand, as’t ware sal inplof om haar te begrawe. Die slavin

visualiseer dat die kremetart, ná oorname van haar verhaal, op sy “lyf” (oor sy “boepens” en

onder sy tak-“arms” tot in sy “oksels”, 28) die letsels van haar eie lewe dra. Hierdie moment

beliggaam haar volkome mate van liggaamlike en geestelike assosiasie met die Ander.

Menswees word ’n nuut-gewaardeerde en waardiger ervaring binne ’n nuwe konteks: “Die

smaad van nie mens te mag wees nie, kom ek te bowe” (99). As slaaf, ontneem van alle

vorms van seggenskap, is ook die reg op selfstandigheid en selfversorgendheid afgelê. Dit lei

tot ’n verknegtende vorm van onkunde: “Niemand raak so beskermd groot soos ’n slavin nie.

Ek kan ook byvoeg so onkundig groot soos ’n slavin nie” (6). Met haar verkenning van die

omgewing rondom die kremetart beleef die slavin nou op bevrydende wyse dat sy, soos die

wild, haar eie paadjies kan maak en selfs, in menslike selfstandigheid, die kuddediere kan

oortref: “Soos die wild maak ek my paadjies. [...] Soos die rooibok, nee, nie soos die rooibok

en die bontkwagga nie, nie soos buffels of kuddediere van watter aard ook al nie wat [...]

krisisse gesamentlik die hoof bied (nie). [...] Ek trap my eie spoor, soduidelik doelgerig ...”

(6) (my kursivering).

331
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In en rondom die boomstam verken die slavin vir die eerste maal die belewing van

bemagtiging deur persoonlike besit en beskermde privaatheid: “Ek ken die binnekant van my

boom [...] soos ek net iets kan ken wat myne en net myne is, my woonplek waar niemand ooit

binnedring nie. Ek kan sê: dis myne. [...] Dis my voetspore. Dis die assies van my

vuurmaakplek. Dis my maalklippe” (11). Sy omhels ’n nuwe identiteitsaspek in die rol van

besitter en bemagtigde: “Oppermagtig gedra ek my in my grys boomhuid” (11); en: “As ek

na buite tree, behoort die wêreld aan my” (12).

Hoewel dit, soos reeds geargumenteer, nie op die meerderwaardige toe-eiening van

besitterskap ten opsigte van die omringende ruimte dui nie, impliseer hierdie sinne

eienaarskap van haarself en haar eie situasie (“wêreld”), waardeur menswaardigheid op

triomfantelike wyse tot haar nuut-ontwikkelende selfbelewing toegevoeg word. Sy neem

byvoorbeeld eienaarskap van haar situasie deur ’n metode te vind om die vaagheid van tyd

tydens haar boomverblyf teen te werk en met behulp van kraletjies wat sy optel, die

verbygaande dae te tel. Terwyl sy dit doen, vind sy groot plesier in dié klein demonstrasie

van die beoefening van haar reg op persoonlike besluitneming en ook in die ervaring dat sy

haar lewensritme self en volgens haar eie, natuurlike behoefte kan bepaal:

Ek leef in tyd deur my gemeet met aanvanklik drie krale, later meer en meer

totdat ek uit ’n versameling die gaafstes onder die groenetjies vir my indeling

kies. So gaan daar eers om die beurt een groen en twee swart dae verby, later net

’n rits groen dae. Later [...] wissel ek groen met swart af in enige denkbare

patroon en aantal soos luim [...] dit bepaal. My dae word gegroepeer. Dit is al

klaar ’n metode om die vaagheid van tyd [...] teen te werk. Hy bedreig my. [...]

Ek dink ek kierang hom deur my stelsel kort-kort te verander. Nooit weet tyd wat

ek met hom gaan aanvang nie [...] waar ek vuurmaakhout soek soos dit nodig is,

water gaan skep wanneer my voorraad op is, [...] eet wanneer ek honger voel,

slaap wanneer loomheid my ledemate swaar maak. (13, 14)

Die slavin word vollediger mens deur die toe-eiening van selfstandigheid en selfwaarde, ’n

proses wat bemoontlik word deur haar waarde as mens te beleef naas dié van die diere en as

waardige medeskepsel: “Ek leef. Hulle leef. So” (7).

Die ontdekking van haarself as mens, nie in verknegte staat nie, maar as selfgeldende wese,

word aangehelp deur die waarneming van die geldende wyse waarop sy verskillende ander

spesies rondom die boom sien bestaan (Lindenberg 1982:29). Deur die diere se voorbeeld van

selfversorging te volg en die weidende groot- en kleinwild dop te hou, vind sy self eetbare

veldkos. ’n Nuwe, triomfantelike ingesteldheid word duidelik in die wyse waarop die

voorheen ontoegeeflik ervaarde ruimte omskep word in ’n landskap van “paradyslike

weligheid” (35) deur middel van haar fokalisasie:

Laat ek weer fynkam. Die bessies kruip ondeund weg. Ek moet die speletjie beter leer. ’n

Sterkbos bied my gevlerkte vrugte. [...] Laat my verder stap in [...] die ongekende oorvloed.

[...] Ek ontdek ’n klouterplant wat homself teen ’n boom opgedraai het en sy vrugte lyk vir

332
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

my so mooi, so aanloklik [...]. Die vrugte hang so prettig [...] Toe hol ek in blydskap na die

boom waar die goddelike ranke groei en pluk al die vrugte en eet hulle almal op. (35–6)

Terwyl die slavin die diere se habitat met hulle deel, word sy toenemend gevul met die

eienskappe van selfaanvaarding en -agting. Dit blyk byvoorbeeld uit die volgende: “Ook ek

oorleef hier, maar ek is op myself aangewese, en selfs die dae wanneer dit voel asof daar oral

onder die grond slangeiers lê, ook dan moet ek maar op die been kom en gaan en hulle

probeer mistrap” (6). Hierdie positiewe belewing van ’n sterker Self weerspreek haar vroeëre

selfveragting en haar sosiaal-gekonstrueerde identiteitsposisie van waardeloosheid; sy

verklaar: “Wanneer ek in die opening verskyn, staan ek trots” (11).

Die “klein mensies”, waarskynlik die San, wat haar in die boom opmerk, beskou haar as ’n

boomgees. Sy bestaan vir hulle slegs “as verskynsel” (94) wat hulle deur hulle offergawes

van veldkos en gebruiksitems vereer. Hoewel die slavin dankbaar gebruik maak van wat die

mensies vir haar bring, stel sy hierdie verering ondergeskik aan die belangriker feit van haar

bestaan as mens uit goeie reg. Wanneer die mensies weer die boom nader, ontbloot sy

haarself aan hulle. Sy tree sonder klere uit die boom, sodat haar mensheid in haar naakte

liggaamstrekke vir hulle bevestig kan word, en “kyk hulle reg in die oë en dwing hulle om

reg na my te kyk en my te erken, as mens, en ook maar net mens. Dit is al wat ek is” (98) (my

kursivering). Wanneer die mensies nie ag slaan op haar nie, is sy uiters teleurgesteld: “Ek is

aspris nie gesien nie” (99).

Nadat die klein mensies uitgeroei is in ’n veldslag wat naby die kremetart plaasvind, besef die

slavin dat daar ’n winter van honger en ontbering vir haar oudgeworde liggaam voorlê.

Omdat die proses van die voltooiing van haarself as mens van soveel waarde vir haar was, is

die prysgawe van aspekte van haar menswaardigheid – “Die smaad van nie vir myself te kan

sorg nie” (108) – vir haar ’n onaanneemlike gedagte. Sy besluit om die gif, wat die klein

mensies vir haar as ’n geskenk neergesit het, te drink.

Aan die einde van die roman duik die slavin in die “donker water” om die dood tegemoet te

gaan. Mostert (1981:9) meen dat omdat water ’n natuursimbool is wat op hergeboorte wys,

hierdie handeling geïnterpreteer kan word as ’n ervaring van vereniging tussen die mens en

die natuur. Die “verbygaande asemteug” van die mens word hier verenig met die voortgaande

ritme van die natuur waarvan sy in die beplanning van haar dood intens bewus was. Die lyke

van die aanvallers en die klein mensies was rondom die boom gestrooi, maar daar was nog

steeds die “gebruiklike gefluit van die voëls, en die wind se asem, en [...], soos altyd,

onverstoord, die koms van die olifante” (106). Met die natuurbeeld in die slotsinne, wat

verwys na ’n vlermuis, is daar finale bewys van ’n bewustheid van die eie relatiwiteit en

verganklikheid: “Ek sal rus vind in die onderstebo. Ek vou my vlerke in” (110). Hierdie beeld

dui ook op ’n bewuste oorgawe aan die sikliese gang van alle natuurprosesse, soos dit in en

rondom die boom uitgespeel is ook in die seisoene, “’n somer, ’n winter, ’n somer, ’n winter

hier deurgebring” (108).

333
5. Ten slotte

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die kremetartekspedisie bied op literêre wyse gestalte aan ’n unieke herbeskouing van die

idee van die natuur se diensbaarheid aan die mens wat in die Westerse samelewing deel van

die mens-natuur-opvatting vorm. Wat hier ontvou, is ’n boodskap ten opsigte van die

moontlikhede vir die mens om in onontbeerlike verhouding met die natuur te staan op

omgekeerde wyse as in terme van diensbaarheid. In plaas van die siening dat die natuur die

mens tot nut en voordeel is in ’n sin wat ondergeskiktheid en menslike uitbuiting impliseer,

beeld hierdie roman die mens uit in eksistensiële afhanklikheid van die natuur as die

wesenlike Ander in die prosesse met behulp waarvan die Self ge(re)konstrueer en volledig

begryp word.

Aangesien die slavin haar in haar laaste lewensjare nie meer bevind en beleef binne die

verknegtende sosiale bestel van besitters en besittings nie, maar binne konteks van die ritme,

siklusse en prosesse van die natuur, kom identiteitsaspekte na vore wat tot ’n veel ruimer,

vollediger en sinvoller ervaring van die Self lei. Haar slawe-identiteit, gekonstrueer binne

sosiale en kulturele verband, word grootliks opgehef en oorstyg in afwisselende prosesse van

differensiasie ten opsigte van die natuurwêreld en vereenselwiging met aspekte daarvan. Deur

die literêre beelding van hierdie interaksie, wat elemente van sowel spanning met as

afhanklikheid van die natuur ontbloot, word iets omtrent die moeilik peilbare en veelfasettige

verhouding tussen mens en natuur meesterlik verwoord.

Bibliografie

Bhabha, H. 1994. The location of culture. Londen: Routledge.

Boehmer, E. 1995. Colonial and postcolonial literature: Migrant metaphors. Oxford: Oxford

University Press.

Boochin, M. 1999. Social ecology versus deep ecology: A challenge for the ecology

movement. In Witoszek en Brennan (reds.) 1999.

Brink, A.P. 1992. Woman and language in darkest Africa: The quest for articulation in two

postcolonial novels.Literator,13(1):1–14.

Buell, L. 1995. The environmental imagination: Thoreau, nature writing and the formation of

American culture.Cambridge: Harvard University Press.

—. 2005. The future of environmental criticism: Environmental crisis and literary

imagination. Malden: Blackwell Publishing.

334
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Childs, P. en R. Fowler. 2009. The Routledge dictionary of literary terms. Londen en New

York: Routledge.

Claviez, C. 2006. Ecology as moral stand(s): environmental ethics, Western moral

philosophy, and the problem of the Other. In Gersdorf en Mayer (reds.) 2006.

Cloete, T.T. 1999. Profiel: Wilma Stockenström. In Van Coller (red.) 1999.

Coetzee, A. 1984. Die kremetartekspedisie: ’n Marxistiese dekonstruksie. Standpunte,

37(3):39–49.

Davis, A. 1981. Women, race & class. Londen: Women’s Press.

Diamond, I en G.F. Orenstein (reds.). 1990. Reweaving the world: The emergence of

ecofeminism. San Francisco: Sierra Club Books.

Dreese, D.N. 2002. Ecocriticism: Creating self and place in environmental and American

Indian literatures. New York: Peter Lang.

Dubovsky, A. 1984. A fine line between fantasy and reality in this gem. The Friend, 27 April,

bl. 9.

Du Plessis, M. 1988. Bodies and signs: Inscriptions of femininity in John Coetzee and Wilma

Stockenström.Journal of Literary Studies, 4(1):118–28.

Evernden, N. 1996. Beyond ecology: Self, place, and the pathetic fallacy. In Glotfelty en

Fromm (reds.) 1996.

Fearon, J.D. 1999. What is identity (as we now use the word)? (4 Februarie 2011

geraadpleeg).

Fick, A.C. 1998. Limited possibilities: Agency and subaltern subjectivity in four South

African allegories. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van Kaapstad.

Fox, W. 2003. Deep ecology: A new philosophy of our time. In Light en Rolston (reds.)

2003.

Gardner, J. 1988. ’n Marxisties-feministiese ondersoek van Wilma Stockenström se

roman, Die kremetartekspedisie. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Rhodes Universiteit.

Garrard, G. 2004. Ecocriticism. Londen en New York: Routledge.

Gersdorf, C. en S. Mayer (reds.). 2006. Nature in literary and cultural studies: Transatlantic

conversations on ecocriticism. Amsterdam en New York: Rodopi.

335
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Glotfelty, C. 1996. Introduction: Literary studies in an age of environmental crisis. In

Glotfelty en Fromm (reds.) 1996.

Glotfelty, C. en H. Fromm (reds.). 1996. The ecocriticism reader: Landmarks in literary

ecology. Athene: University of Georgia Press.

Gray, S. 1991. Some notes on further readings of Wilma Stockenström’s slave narrative, The

expedition to the baobab tree. Literator, 12(1):51–9.

Hall, S. 1996. Introduction: Who needs “Identity”? In Hall en Du Gay (reds.) 1996.

Hall, S en P. du Gay (reds.). 1996. Questions of cultural identity. Londen: SAGE

Publications.

Huggan, G. en H. Tiffin. 2007. Editorial: Green Postcolonialism. Interventions, 9(1):1–12.

Human, K. 2004. Stockenström se Die kremetartekspedisie verdien herlewing. Die Burger,

16 Augustus, bl. 11.

Labuschagne, E.S. en J.P. Smuts. 1989. Die self-bewussyn van die verteller as metafiksionele

strategie in Die kremetartekspedisie. Stilet, 1(1):19–28.

Levinas, E. 1969. Totality and infinity. Pittsburgh: Duquesne University Press.

—. 1981. Otherwise than being. Pittsburgh: Duquesne University Press.

Lévi-Strauss, C. 1962. The savage mind. Chicago: University of Chicago Press.

Light, A. en H. Rolston (reds.). 2003. Environmental ethics: An anthology. Malden:

Blackwell.

Lindenberg, A. 1982. Hoogs persoonlike roman die indrukwekkendste van afgelope tyd. Die

Vaderland, 24 Junie, bl. 29.

Lombard, J. 1997/1998. Die verhouding Afrika- en Westerse tradisies, soos uitgebeeld in

enkele Afrikaanse verhale oor die watergees. Tydskrif vir Letterkunde,35(4)/36(1):60–9.

Lopez, B. 2006. Introduction. In Lopez en Gwartney (reds.) 2006.

Lopez, B. en D. Gwartney (reds.). 2006. Home ground: Language for an American

landscape. San Antonio: Trinity University Press.

Martin, D.C. 1995. The choices of identity. Social Identities, 1(1):5–21.

McNay, L. 1994. Foucault: A critical introduction. Cambridge: Polity Press.

336
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Melzow, C.C. 2012. Identification, naming, and rhetoric in The Sky, the Stars, the

Wilderness and The Maine Woods. ISLE: Interdisciplinary Studies in Literature and

Environment, 19(2):356–374.

Merchant, C. 1990. Ecofeminism and feminist theory. In Diamond en Orenstein (reds.) 1990.

Merleau-Ponty, M. 1973. The visible and the invisible. Evanston: Northwestern University

Press.

Milne, S. 1984. Beauty and power. The Natal Witness, 139(34810), bl. 14.

Mostert, J. 1981. Ekspedisie na ’n nuwe horison. Die Transvaler, 7 Desember, bl. 9.

Murphy, P. 1995. Literature, nature and other: Ecofeminist critiques. Albany en New York:

State University of New York Press.

Olinder, B. (red.). 1984. A sense of place: Essays in post-colonial literatures. Gothenburg:

Goteborg University.

Olivier, G. 1983. Tevergeefse ekspedisies. Standpunte, 36(2):7–12.

Pienaar, H. 1983. Woorde met sorg gekies. Beeld, 12 Desember, bl. 12.

Plumwood, V. 1991. Nature, self and gender: Feminism, environmental philosophy, and the

critique of rationalism. Hypatia, 6(1):3–27.

Postema, J.T. 2005. Ecological awareness and cultural identity in twentieth-century Central

American narratives. Ongepubliseerde DPhil-proefskrif, Washington University.

Reynolds, G. 2003. Modernist space: Environmental imagination in context. Cather Studies,

5(1):173–89.

Sabor, P. 1983. The expedition to the baobab tree. Library Journal, 108(2):2172–3.

Salleh, A. 1992. The ecofeminism / deep ecology debate: a reply to patriarchal

reason. Environmental Ethics, 14:195–216.

Schoeman, K. 1981. Ondanks insinkings ’n puik bydrae. Die Volksblad, 13 Oktober, bl. 12.

Sessions, G. 1995. Deep ecology for the twenty-first century: Readings on the philosophy and

practice of the new environmentalism. Londen: Shambala.

Slabber, C. 1987. Koos Human kan nou weer glimlag. Rapport, 10 Mei, bl. 28.

Smuts, J.P. 1981. Kremetartekspedisie verwikkeld, groot vernuwing by Stockenström. Die

Burger, 1 Oktober, bl. 22.

337
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Snyder, G. 1995. A place in space: Ethics, aesthetics, and watersheds. Berkeley:

Counterpoint.

Snyman, G. 2001. “Who am I?” Thoughts on fabricating the body in postcolonial/postapartheid

South Africa.Alternation, 8(1):188–218.

Söderlind, S. 1984. Identity and metamorphosis in Canadian fiction since the sixties. In

Olinder (red.) 1984.

Steenkamp, E.L. 2011. Identity, belonging and ecological crisis in South African speculative

fiction. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Rhodes Universiteit.

Stockenström, W. 1981 [2004]. Die kremetartekspedisie. Kaapstad, Pretoria, Johannesburg:

Human & Rousseau.

—. 1983. The expedition to the baobab tree. Vertaal deur J.M. Coetzee. Kaapstad: Human &

Rousseau.

Stokes, G. 1997. Introduction. In Stokes (red.) 1997.

Stokes, G. (red.). 1997. The politics of identity in Australia. Cambridge: Cambridge

University Press.

Sweetman, D. 1983. From the bole. Times Literary Supplement, Vol. 16, bl. 413.

Toerien, B.J. 1998. Afrikaans literature in translation. A bibliography. Kaapstad: Tafelberg.

Tyner, J.A. 2005. Landscape and the mask of self in George Orwell’s Shooting an

elephant. Area, 37(3):260-7.

Van Coller, H.P. (red.). 1999. Perspektief en profiel: ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis.

Deel 2. Pretoria: Van Schaik.

Van Wyk, B. en P. van Wyk. 1997. Field guide to trees of Southern Africa. Kaapstad: Struik

Uitgewers.

Van Zyl, I. 1989. Fokus op Afrikaner. Die Republikein, 12 Mei 1989, bl. 9.

Venter, L.S. 1981. Liriese roman ’n boeiende aanwins. Hoofstad, 23 November, bl. 10.

Viljoen, L. 2001. Revisiting the baobab: Transforming space into place in Wilma

Stockenström’s The expedition to the baobab tree. In Wilson en Von Maltzan (reds.) 2001.

Vital, A. 2008. Towards an African ecocriticism: postcolonialism, ecology and Life & Times

of Michael K. Research in African Literatures, 39(1):87–106.

338
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Wilson, R. en C. von Maltzan (reds.). 2001. Spaces and crossings: Essays on literature and

culture in Africa and beyond. New York: Peter Lang.

Witoszek, N. en A. Brennan. 1999. Philosophical dialogues. Lanham: Rowman & Littlefield.

Eindnotas

1 Coetzee (1984) het die kapitalistiese onderdrukking van die slavin as sleutelaspek geneem

in sy roman-ontleding. Labuschagne en Smuts (1989) het aandag geskenk aan die

metafiksionele strategie in Die kremetartekspedisie. Gray (1991) het gefokus op die

revisionistiese beskouing van die Afrika-geskiedenis daarin en Brink (1992) het

gekonsentreer op die wyse waarop die roman fallo- en Eurosentriese konsepte van taal

afbreek in ’n poging om tot ’n nuwe artikulasie van Afrika te kom. Lombard (1997/1998) het

die roman gelees met aandag aan die kreatiewe benadering tot versoening van die verskille

tussen Afrika- en Westerse tradisies.

2 As belangrike verskil word genoem dat die ekofeminisme, anders as die radikale ekologie,

sigself nie kan beroem op die navolging van doelwitte met behulp van ’n enkelvoudige,

lineêre vorm van kritiek nie. Salleh (1992:195–216) verduidelik dat ekofeminisme

genoodsaak is om ’n sigsag-lyn in werkwyse te volg tussen (a) die feministiese taak om die

vrou se reg tot ’n politieke stem te vestig, (b) die ekofeministiese taak om die patriargale

verhouding van die mens met die natuur te kritiseer en ondermyn en (c) die ekologiese taak

om te demonstreer hoe vroue in staat is om in spesiale of andersoortige verhouding met die

natuur te leef.

3 Die ekofeministiese beweging lê immers binne die breë feministiese stroom en Gardner het

met haar verhandeling “’n Marxisties-feministiese ondersoek van Wilma Stockenström se

roman, Die kremetartekspedisie” reeds ’n volledige feministiese ontleding gedoen van hierdie

roman, soos aangetoon is in afdeling 1.

4 Ook Gray (1991:55) lewer kommentaar op hierdie werkwyse wanneer hy Stockenström se

houding teenoor geskiedenis in hierdie roman beskryf as “challengingly ‘non-scientific’ and

‘non-Western’”. Gray verwys na die vreemde en “refreshingly unfamiliar” wêreld wat die

leser betree en wat die gevolg daarvan is dat alle riglyne ten opsigte van bekende gegewe

ontbreek: geen name (van mense of plekke), ligging (van hawestede, handelsroetes, selfs die

kremetart waarin die slavin skuil), bevolkingsgroepe (byvoorbeeld Arabiere, die Khoisan) of

datums word gespesifiseer nie. Gray (1991:56) oordeel dat Stockenström die leser graag wil

voorstel aan “the raw experience unmediated by ‘Western’ attitudes to, and preconceptions

about, the past and the present”.

5 Die volgroeide kremetart (Adansonia digitata) word beskryf as ’n enorme, maar relatief

laaggroeiende en bladwisselende boom met ’n buitengewoon geswolle stam (Van Wyk en

339
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Van Wyk 1997:472). Dit kom voor in droë, warm bosveldstreke. Met sy groteske stam en

dun, gekrulde takke lyk dit asof die kremetart onderstebo in die grond gedruk is (Van Wyk en

Van Wyk 1997:472).

6 Hierdie aandrang ten opsigte van die andersheid van die mens in teenstelling met die natuur

is uiteraard geensins algemeen vanselfsprekend of histories universeel nie. Sekere kulture,

vroeër en hedendaags, ondersteun of verkondig nie so ywerig hierdie tweedeling tussen mens

en natuur nie. Claviez (2006:437) wys op sogenaamde “primitiewe” gemeenskappe,

geïnspireer deur ’n mitiese of mitevormende wêreldbeskouings, wat eerder aspekte

beklemtoon wat die menslike en niemenslike verbind in ’n holistiese, hoewel hiërargies

georganiseerde kosmologie. Die mitologieë van Boeddhisme en die Amerikaanse

Indiaanstamme word as ’n voorbeeld gebruik.

7 Die idee van “andersheid”, op hierdie manier beskou, word deur Claviez (2006:443) erken

as ’n lastige of problematiese konsep, aangesien “andersheid” juis dít is wat nie net die

morele filosofie nie, maar ook die wetenskap streef om te oorkom en uit te skakel in die

proses van dinge tot verstaanbaarheid te bring of kennis te verwerf.

340
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Rapport se beriggewing oor skoolgeweld 1994–2011:

’n multidimensionele sosiale probleem

Opsomming

Corene de Wet

Corene de Wet, Skool vir Oopleer, Universiteit van die Vrystaat

Navorsers en Jan Alleman het ’n intense belangstelling in skoolgeweld. Beide wend hulle tot

die media om inligting oor hierdie aktuele sosiale probleem te vind. Die werklikheid (nuus)

wat deur die media voorgehou word, is egter nie ’n objektiewe werklikheid nie, maar ’n

geïnterpreteerde werklikheid. Indien die media se beriggewing van skoolgeweld

bevooroordeeld is, sal mediagebruikers se siening ook bevooroordeeld of skeefgetrek wees.

Om vas te stel watter sieninge die media bewustelik en/of onbewustelik oor skoolgeweld in

Suid-Afrika kon vestig, is my navorsing deur die volgende probleemvraag gerig: Watter

boodskap dra die Sondagkoerant Rapportaan sy leserspubliek oor rakende skoolgeweld? In ’n

soeke na ’n antwoord op die vraag is die doel van hierdie artikel om verslag te doen van ’n

media-ontleding van 43 nuusberigte en redaksionele kommentare wat oor ’n tydperk van 18

jaar in Rapport verskyn het. Die datastel is met behulp van SA Media se databasis

geïdentifiseer.’n Drievlak-ekosisteemmodel wat die kompleksiteit van skoolgeweld illustreer,

het as teoretiese vertrekpunt vir hierdie studie gedien. Die volgende temas is met behulp van

induktiewe kwalitatiewe inhoudontleding geïdentifiseer: (1) leerderslagoffers en -

geweldplegers staan sentraal in skoolgeweld; (2) die rol van ouers in skoolgeweld; (3)

besonder dapper, toegewyde opvoeders versus onbekwame opvoeders, wat direk en indirek

vir skoolgeweld verantwoordelik gehou kan word; (4) die wisselwerking tussen

gemeenskapsfaktore en skoolgeweld; (5) skoolgeweld as ’n vergestalting van rassegeweld;

(6) die “ons is nie so nie”-diskoers; (7) skoolgeweld is gewelddadig; en (8) die vreesdiskoers.

Berigte oor skoolgeweld wat in Rapport verskyn het, toon ’n redelik volledige beeld van

skoolgeweld in Suid-Afrika. Gebrek aan kontekstualisering en die beklemtoning van die

sensasionele kan egter tot ’n skeefgetrekte siening van skoolgeweld en paniek onder lesers

lei. Lesers en navorsers moet dus ’n kritiese ingesteldheid teenoor die media as inligtingsbron

toon.

Trefwoorde: inhoudontleding; koerante; Rapport; skoolgeweld; Suid-Afrika

341
Abstract

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Rapport’s reporting on school violence, 1994–2011: a multidimensional social problem

Violence forms an inseparable part of the South African and international education

landscape. Not only researchers, but also all members of the public are displaying an

increasing interest in school violence in the South African context. They all turn to the media

for information about this topical social problem. To boost circulation figures, as well as

viewer and listener figures, the mass media are more than willing to comply with their

readers’, listeners’ and viewers’ demand for news on school violence. The media can

determine, consciously as well as subconsciously, through selection and emphasis, which

aspects of a specific news event are more important that another. The media can report on a

single event in various ways. The reality (news) presented by the media is therefore not an

objective, but an interpreted reality. If media reporting of school violence is biased, media

users’ views will also be biased or warped.

From an investigation into some local and international media analyses about school violence

the following deficiencies transpire in South African studies: up to now, no study has been

undertaken about the electronic media or a single newspaper’s portrayal of school violence.

Against the background to these deficiencies, the objective of this study is to answer the

following research question: What message does the Sunday newspaperRapport convey to its

readership public regarding school violence? In the quest for an answer to the question this

article reports on a media analysis of 43 news reports and editorial comments that have

appeared over a period of 18 years (1994–2011) in Rapport. The data system was identified

with the help of SA Media’s database.

A three-level ecosystemic model, based on Bronfenbrenner’s ecosystems theory, which

illustrates the complexity of school violence, served as the theoretical point of departure for

this study.

Inductive, qualitative content analysis as well as an interpretive approach were used to

analyse the newspaper reports and editorial commentaries. Qualitative content analysis is a

recognised research model in media studies. As the objective of this study was an in-depth

investigation into Rapport’s reporting on school violence, I decided to analyse both the

manifested and the latent content of the reports and editorial commentaries. Themes 1 to 4

were identified with the help of inductive analysis of the manifested content of the newspaper

reports and editorial commentaries. Themes 5 to 8 were identified by looking at both the

manifested and the latent content of the reports and editorial commentaries. The eight themes

are summarised briefly:

Theme 1: Learners are central to school violence. The biological and personality factors that

have an influence on individuals’ actions feature at the microlevel of Bronfenbrenners

ecosystemic model. In Rapport’s reporting on school violence the focus is on the individuals

– in this case the learners – as the main characters. In the reports, learners are one-

342
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

dimensionally reduced to demographic details. Although it is difficult to identify a typical

perpetrator or victim, much stereotyping appears in the corpus of texts. Victims are presented

as persons who are leaders and role models. By contrast, the guilty parties are labelled as

repulsive, marginalised children. A number of the reports break through the limiting

boundaries of stereotyping, evoke empathy with the villains and denounce outstanding

learners and victims. Learners attack not only their peers, but also their educators, members

of the community and education structures.

Theme 2: The role of parents in school violence. The microlevel of Bronfenbrenner’s model

represents, among others, the connection between family factors and behaviour.

Bronfenbrenner regards the interaction between the family and the learners as an important

proximal process. However, it transpires from the analysis of the data that parents’

involvement in school violence, with the exception of a single exposé, was never

foregrounded. Rapportmainly portrays parents as figures on the fringe. None of the reports

tried to determine to what degree inadequate parental involvement, or violent forms of

exerting authority in the parental home had contributed to school violence.

Theme 3: Educators neglecting their duty, in contrast to particularly brave educators. The

second level of Bronfenbrenner’s ecosystemic model focuses on organisational or

institutional factors that have an influence on the environment in which the individual finds

him-/herself and within which interpersonal relations take place.Rapport’s presentation of

educators as key role players in the school’s mesosystem evokes two conflicting images: at

the one side of the pendulum there are caring, loving educators who jeopardise their own

safety for the sake of the learners who are entrusted to them, but at the opposite side of the

pendulum one finds incompetent persons who fail to establish a safe teaching and learning

milieu and who would even assault learners.

Theme 4: The interaction between community factors and school violence. From the analysis

of the data it transpires that Rapport, in accordance with the theoretical framework

underpinning this study, recognises the interaction between schools and the community in

which the schools are situated. News reports point out that the culture of violence and high

levels of crime in certain suburbs/cities in South Africa, poverty, social decline, as well as a

so-called lack of community values are possible causes of school violence. Rapport’s

portrayal of the interaction between community factors and school violence places a question

mark over stereotyping. School violence occurs not only in poor suburbs where school

violence apparently is the order of the day, but also at prestigious schools and schools

situated in affluent suburbs. Furthermore, school violence is not limited to learners, parents

and educators. Strikers, gang members, robbers and mobsters attack parents, educators,

learners and administrative staff on and outside school premises.

Theme 5: School violence as an embodiment of racial violence. Institutionalised racial

segregation was declared illegal in 1994. The diamentral change in the education policy

brought about an inherent change in the composition of learners in South African schools.

From Rapport’s portrayal of racial conflict at schools it transpires that neither the community

343
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

nor the parents or the learners (initially) were ready for change. However, 18 years after the

democratisation of education it appears as if members of the community, parents, educators

and learners still clash because of deep-rooted racial prejudice. However, racial tension is no

longer presented as the root cause of school violence. The apparent decline in racial conflict

is probably not only a reflection of what really happens at schools, but also an indication of

changes in Rapport's readership profile and editorial policy.

Theme 6: The “we are not like that” discourse. In a theme extending across all three levels of

the ecosystemic model the authors of articles, or those who have conducted interviews with

them, distance themselves from the violence or from what is, in their view, unacceptable

behaviour. This could lead to an apathetic attitude towards school violence among the

readership.

Theme 7: School violence is violent. By describing incidents pertaining to school violence in

detail, and the use of words belonging to the lexical register of criminality and

anarchy, Rapport leaves little room for doubt with the reader: school violence at South

African schools involves extremely violent criminal offences. Some of the reports emphasise

that violent crimes are often committed in cold blood. Furthermore, the reports emphasise the

fact that the violent actions not only influence the teaching and learning milieu, but also

jeopardise the safety of the communities in which the schools are situated.

Theme 8: The situation is out of control. With emotionally charged words, suggestions that

school violence is on the increase and the fact that no school is safeguarded against school

violence, and by pointing out the inability of role players to keep this violence in

check, Rapport conveys the message the school violence in South Africa has spiralled out of

control. This could lead to a fear psychosis among the readership.

Reports about school violence that have appeared in Rapport portray a comprehensive image

of school violence in South Africa. This study confirms once again that school violence is a

complex, multidimensional social problem which cannot be limited to a single ecosystem.

Government policy, community values and factors, education structures, educators, parents

and learners are in constant interaction as sources of, but also victims of, school violence.

However, lack of contextualisation and the emphasis on the sensational could lead to a

twisted view of school violence and panic among readers. Readers and researchers should,

therefore, display a critical attitude towards the media as sources of information. Although

one could assume that Rapport will not wilfully publish false or twisted information, news

reports represent the editor’s and/or journalists’ unobjective, interpreted version of events.

This article is the first South African research publication that reports on how a single media

source has reported on a single, complex social problem over a relatively long period. The

study offers a fresh view on research about school violence: a complex problem is studied

through the lens of a source of information focused on the here and now.

Key words: content analysis; newspapers; Rapport; school violence; South Africa

344
1. Inleiding

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Geweld is ’n onlosmaaklike deel van die onderwystoneel – sowel die Suid-Afrikaanse

(Burton 2008:2; Leoschut 2008:1; Ngqela en Lewis 2012:87; Vally 1999:1; Van der

Westhuizen en Maree 2009:44) as die internasionale (Cowie, Hutson, Jennifer en Myers

2008:494; Curcio en First 1993:2; Henry 2009:1248; Khoury-Kassabri, Astor en Benbenishty

2008:1; Kondrasuk, Greene, Waggoner e.a. 2005:638).

Navorsers toon ’n groeiende belangstelling in skoolgeweld in die Suid-Afrikaanse konteks

(Leoschut 2008:1; Van der Westhuizen en Maree 2009:45). Die volgende is slegs enkele

voorbeelde van die tipe navorsing oor skoolgeweld wat sedert die begin van die 21ste eeu in

Suid-Afrika onderneem is (kyk Jacobs 2012:127–71 vir ’n omvattende kritiese evaluering

van Suid-Afrikaanse navorsingspublikasies oor skoolgeweld). Zulu, Urbani, Van der Merwe

en Van der Walt (2004:170–5) het met behulp van vraelyste wat deur 288 leerders voltooi is,

data bekom oor die aard en omvang van skoolgeweld in die KwaMashu-distrik (KwaZulu-

Natal). Ngqela en Lewis (2012:87–97) se kwalitatiewe gevallestudie kyk na adolessente

verbonde aan ’n Wes-Kaapse township-skool se belewing van skoolgeweld. Prinsloo

(2008:29) het ondersoek ingestel na skoolgeweld in Gauteng. Vraelyste is deur 1 873 graad

6- tot 11-leerders voltooi. Van der Westhuizen en Maree (2009:54) se studie is gebaseer op

data verkry van nege opvoeders in die Pretoria-omgewing, asook 365 finalejaaropvoedkundestudente

verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Die studente moes na

afloop van hul praktiese onderwys in groepverband reflektiewe antwoorde op vrae oor

skoolgeweld in oop vraelyste gee. Shields, Nadasen en Pierce (2009:1192) het ’n vergelyking

getref tussen die invloed van die waarneming van gemeenskaps- en skoolgeweld en direkte

viktimisasie tussen kinders in vyf Kaapstadse township-skole.

Ngqela en Lewis (2012:87), Prinsloo (2008:27) en Van der Westhuizen en Maree (2009:44)

deel die siening dat skoolgeweld besig is om toe te neem in Suid-Afrika. Dié siening baseer

hulle nie op empiriese data wat oor ’n lang tydperk versamel is nie, maar op mediadekking.

Navorsers baseer dus nie hulle bevindinge oor skoolgeweld uitsluitlik op empiriese navorsing

of literatuurstudies nie, maar ook op inligting uit nuusbronne.

Nie net navorsers nie, maar ook Jan Alleman het ’n belangstelling in skoolgeweld (De Wet

2003a:36). Soos voorvermelde navorsers wend hulle hul tot die media om oor die

aangeleentheid ingelig te word. Ter wille van sirkulasiesyfers, asook kyker- en

luisteraargetalle, is die massamedia meer as bereid om in hulle lesers, kykers en luisteraars se

vraag na nuus oor skoolgeweld te voorsien (De Wet 2003a:36). Volgens Cowie e.a.

(2008:495) is die media feitlik obsessief in hul verslaggewing van sensasionele misdade, soos

skoolgeweld.

Die massamedia teer nie net op Jan Alleman se belangstelling in geweldsmisdade nie, maar

speel ook ’n belangrike rol om hulle in te lig oor en op hoogte te hou van skoolgeweld en

ander aktuele aangeleenthede (Cowie e.a. 2008:494; De Wet 2003a:36; De Wet 2003b:113;

Jacobs 2012:26). Navorsers (Carlyle, Slater en Chakroff 2008:171; Ertm, Donmez en Oksel

345
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

2010:578; Jacobs 2012:26; Kupchik en Bracy 2009:137) het bevind dat die media meer as net

’n inligtingsbron is: dit het ’n meningsvormende funksie en kan ’n invloed op individue se

keuses en besluite hê, asook op hulle bereidwilligheid om by maatskaplike en politieke

aangeleenthede betrokke te raak. Ten spyte van die invloed wat die media op individue kan

uitoefen, aanvaar hulle dit wat in die media gerapporteer word dikwels onkrities as die

waarheid (Ertem e.a. 2010:578). Hierdie liggelowigheid kan volgens Kupchik en Bracy

(2009:137) daaraan toegeskryf word dat die meeste mense weinig, indien enige, persoonlike

ervaring van ernstige sosiale probleme soos geweld het. Inligting wat deur die media aan

hulle deurgegee word wat daarop aanspraak maak dat dit hulle verantwoordelikheid is om die

breë publiek op hoogte van sosiale probleme te hou (De Wet 2003b:113), word gevolglik te

goeder trou as korrek aanvaar. Die werklikheid (nuus) wat deur die media voorgehou word, is

egter nie ’n objektiewe werklikheid nie, maar ’n geïnterpreteerde werklikheid (De Wet

2003a:36). Navorsers (vgl. Carlyle e.a. 2008:171; Chyi en McCombs 2004:22; De Wet

2003a:36; Dimitrova en Lee 2009:538; Jacobs 2012:27) is van mening dat die media

bewustelik en onbewustelik deur seleksie en beklemtoning bepaal watter aspekte van ’n

spesifieke gebeurtenis belangriker as ander is. Deur seleksie, uitsluiting en onder- en/of

oorbeklemtoning gee die media ’n stem aan sekere rolspelers ten koste van ander, suggereer

of spel duidelik uit wat die kern van die gebeurtenis is en skep die konteks van die

gebeurtenis. ’n Enkele gebeurtenis kan dus op verskillende wyses deur die media

gerapporteer word. Carlyle e.a. (2008:171) skryf dat indien die media se beriggewing van ’n

gebeurtenis bevooroordeeld is, Jan Alleman se siening oor die gebeure ook bevooroordeeld

of skeefgetrek sal wees.

Skoolgeweld is ’n emosionele openbare aangeleentheid en geniet gereeld wye dekking in die

media (Jacobs 2012:27; Muscert en Carr 2006:750). Teen die agtergrond van voorgaande

bespreking oor die rol wat die media as inligting- en meningsvormende bron speel, kan die

volgende algemene probleemvraag gestel word: Watter boodskap dra die Suid-Afrikaanse

media aan die breë publiek oor rakende skoolgeweld?

In my soeke na ’n antwoord op die vraag het ek ondersoek ingestel na nasionale en

internasionale navorsingstendense in media-ontledings oor skoolgeweld. Op plaaslike vlak

het De Wet (2003a:39–40 en 2003b:114–6) asook Jacobs (2012:26–84) reeds oorsigstudies

onderneem wat ’n blik gee op verskeie koerante se uitbeelding van skoolgeweld. Voorts het

eersgenoemde navorser media-ontledings oor rassegeweld in Suid-Afrikaanse skole (De Wet

2002:129–53), asook die Krugersdorp-swaardmoord (De Wet 2011:132–65) gedoen. Op

internasionale vlak is daar ’n groeiende belangstelling in die media se0 rapportering van

skoolgeweld (Muschert 2007:354). In van die navorsingsverslae kyk Altheide (2009:1354–

67) byvoorbeeld na hoe beriggewing oor skoolgeweld tot ’n vrees-psigose onder die breë

publiek kan lei; O’Grady, Parnaby en Schikschneit (2010:55–77) ondersoek die media se

negatiewe uitbeelding van swart jeugdiges in die VSA; en Muschert (2007:351–66) skryf oor

die media se uitbeelding van jeugdige geweldenaars as onaantasbare mitiese figure. In

voorvermelde drie studies, asook dié van Kwon en Moon (2009:270–88), het die navorsers ’n

verskeidenheid koerante geraadpleeg. Kwon en Moon (2009:270), asook Muschert

(2007:356), het naas koerante die elektroniese media, insluitende sosiale netwerke en die

346
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

CNN-, ABC- en PBS-nuusprogramme, geraadpleeg. Daarteenoor het Muschert en Carr

(2006:747–66), asook Chyi en McCombs (2004:26), hulle tot ’n enkele inligtingsbron,

naamlik die New York Times, gewend in hulle navorsing oor die media se beriggewing van

nege insidente van skietery by skole en die Columbine-moorde onderskeidelik.

Uit voorgaande opsomming van enkele plaaslike en internasionale media-ontledings oor

skoolgeweld blyk die volgende leemtes in Suid-Afrikaanse studies: geen studie is nog oor die

elektroniese media of ’n enkele koerant se uitbeelding van skoolgeweld onderneem nie. Teen

die agtergrond van hierdie leemtes herformuleer ek die reeds gestelde primêre probleemvraag

soos volg: Watter boodskap dra die Sondagkoerant Rapport aan sy leserspubliek oor rakende

skoolgeweld? In ’n soeke na ’n antwoord op dié vraag is die doel van hierdie artikel dan om

verslag te doen oor ’n ontleding van nuusberigte en redaksionele kommentare oor

skoolgeweld wat vanaf 1994 tot 2011 in Rapport verskyn het.

2. Konsepverheldering

Navorsers is dit eens dat daar nie een, universele definisie vir skoolgeweld bestaan nie

(Henry 2000:20 en 2009:1249; McGowan 2008:15). Furlong en Morrison (2000:72) definieer

skoolgeweld soos volg: “School violence is a multifaceted construct that involves both

criminal acts and aggression in schools, which inhibit development and learning, as well as

harm the school climate.”

Henry (2009:1254) se omvattende definisie lees soos volg:

School violence [...] is [...] any acts, relationships, or processes that use power

over others, exercised by whatever means, such as structural, social, physical,

emotional, or psychological, in a school or school-related setting or through the

organization of schooling and that harm another person or group of people by

reducing them from what they are or by limiting them from becoming what they

might become for any period of time.

Skoolgeweld sluit daarom antisosiale en/of kriminele gedrag, insluitende vandalisme,

diefstal, aanranding en selfs moord, voor of na amptelike skoolure tydens enige

skoolverwante aktiwiteit, in.

Bostaande definisies beklemtoon sowel die lang- as korttermyninvloed van skoolgeweld op

slagoffers, asook die onderrig- en leermilieu. Beide definisies verleen erkenning aan die

emosionele dimensie van skoolgeweld op slagoffers. Die gevolge van emosionele geweld is

selde waarneembaar vir die buitestander. Navorsingsbevindinge oor die emosionele geweld

en die gevolge daarvan is hoofsaaklik aangewese op onderhoude en/of vraelyste wat op die

slagoffers afgestem is (Van der Westhuizen en Maree 2009:45).

347
3. Teoretiese raamwerk

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Om ’n blik te kry van die konteks waarin skoolgeweld plaasvind, word Bronfenbrenner se

ekosistemiese teorie as vertrekpunt gebruik. Die begrip ekosistemies dui op die wedersydse

invloed van onderskeie hoof- en subsisteme in organisasies en die samelewing (Kamper en

Steyn 2012:254). Bronfenbrenner se model illustreer die ekosisteemteorie ten opsigte van die

samelewing en toon verskillende vlakke of groepe in die sosiale konteks aan as sisteme

waarvan die funksionering afhanklik is van die interaksie tussen die verskillende dele

(Kamper en Steyn 2012:254). Die model plaas die individu sentraal en daarvandaan kring die

stelsel uit om erkenning te verleen aan die invloed van die gesin, portuurgroep, gemeenskap

en kultuur op die individu (Swearer en Espelage 2004:2). Op grond van Bronfenbrenner se

model kan geargumenteer word dat skoolgeweld nie in isolasie plaasvind nie. Skoolgeweld

word bevorder of teengewerk deur die ingewikkelde verhoudinge tussen die individu, die

gesin, portuurgroep, gemeenskap en kultuur (Swearer en Espelage 2004:1), asook die

kronosisteem – lewensfase, historisiteit oor korter of langer tyd (Bronfenbrenner 1977:515).

Die gebruik van dié model vir die bestudering van skoolgeweld word as volg deur

Benbenishty en Astor (2005:113) gemotiveer:

School violence is the product of many factors that are associated with multiple

levels organized hierarchically (nested like a matryoshka doll): individual

students within classes, classes within schools, schools within neighbourhoods,

and neighbourhoods within societies and cultures.

Hierdie studie gebruik ’n drievlak-ekosisteemmodel om die kompleksiteit van skoolgeweld te

illustreer. Op die mikrovlak figureer biologiese en persoonlikheidsfaktore wat ’n invloed op

individue se optrede het. Die faktore verhoog die kanse wat individue het om slagoffers of

geweldenaars te word. Hier word onder andere gelet op demografiese eienskappe,

persoonlikheidsafwykings en die individu se blootstelling aan geweld. Die vlak

verteenwoordig ook die verband tussen die gesinsfaktore en gedrag (bv. onvoldoende

ouerbetrokkenheid, gewelddadige vorme van gesagsuitoefening in die ouerhuis en

gesinsgeweld). Belangrike proksimale prosesse in die mikrostelsel sluit die interaksie tussen

leerders, opvoeders, die skool, die portuurgroep en die gesin in (Bronfenbrenner 2005a:6).

Die wyse waarop wisselwerking op die mikrostelsels plaasvind, staan bekend as die

mesostelsel (Bronfenbrenner 2005b:46). Die mesostelsels, wat op die tweede vlak van die

ekosisteemmodel lê, fokus op organisatoriese of institusionele faktore wat ’n invloed het op

die omgewing waarin die individu hom/haar bevind en waarin interpersoonlike verhoudinge

plaasvind. Hier kan gelet word op reëls, beleide en dit wat as aanvaarbare gedrag in formele

organisasies (bv. skole) beskou word. Die derde vlak, oftewel die makrostelsel, kyk na breë

gemeenskapsfaktore wat ’n klimaat skep wat geweld óf aanmoedig óf ontmoedig: die

sensitiwiteit van die regstelsel en/of vakbonde, sosiale en kulturele norme vir geslagsrolle,

sosiale aanvaarding van treitering en geweld, asook politieke stabiliteit.

Henry (2009:1254) merk tereg op dat navorsers nie die verskillende vlakke in isolasie nie,

maar eerder as deel van ’n interaktiewe raamwerk moet sien.

348
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Bronfenbrenner (2005a:6) se model beklemtoon “proksimale prosesse”. Hierdie prosesse

betrek nie net die relevante stelsels nie, maar ook die persoonlikheidseienskappe van die

individu, asook diegene in die relevante stelsels. Voorts lê die model klem op tyd.

Bronfenbrenner (2005a:6) se model beklemtoon die invloed van tyd op die individu,

proksimale prosesse en konteks.

4. Navorsingsmetodologie

4.1 Navorsingsontwerp

In hierdie studie is van ’n kwalitatiewe navorsingsontwerp gebruik gemaak (Cavaglion

2009:129; Elo en Kyngäs 2007:107) om te bepaal hoe Rapport gedurende die jare 1994-2011

oor skoolgeweld gerapporteer het.

4.2 Die korpus van tekste

Die korpus van tekste wat vir ontleding in hierdie studie uitgekies is, bestaan uit nuusberigte

en redaksionele kommentare oor skoolgeweld wat oor ’n tydperk van 18 jaar (1 Januarie

1994 tot 31 Desember 2011) in die nasionale Sondagkoerant Rapport verskyn het. As ’n

nasionale publikasie met die hoogste sirkulasiesyfers vir Afrikaanse koerante – 231 911 vir

die derde kwartaal in 2011 (Roodt 2011:3) – kan van die veronderstelling uitgegaan word

dat Rapport een van die belangrikste Afrikaanstalige koerante in sirkulasie is. Berigte is met

behulp van die SA Media-databasis (s.j.) op 5 Junie 2012 geïdentifiseer. In terme van die

studie kan 1994 as ’n belangrike afsnydatum beskou word: dit was die einde van die

apartheidsregering. Die bewindaanvaarding deur die African National Congress (ANC) na

die 1994-verkiesing het ingrypende veranderinge in die Suid-Afrikaanse onderwysbestel

teweeg gebring (Wolhuter 2011:237). Die rekenaarsoektog het, met behulp van sleutelwoorde

(geweld/violence, onderwys/education, skole/schools) 50 items opgelewer. Volgens Van den

Berg (aangehaal deur De Wet 2009:48), senior navorser by SA Media, word koerantberigte

wat melding maak van fisiese beserings, wapens en/of polisie-intervensie, onder die

sleutelwoord geweld/violence geïndekseer. Berigte oor verbandhoudende sleutelwoorde,

byvoorbeeld seksuele teistering, roof en treitering (“bullying”) is nie tydens die

rekenaarsoektog geïdentifiseer nie, en word daarom nie in hierdie artikel ontleed nie.

SA Media se definisie van skoolgeweld is enger as dié van akademici (vgl. afdeling 2). SA

Media se konseptualisering van die verskynsel maak byvoorbeeld glad nie voorsiening vir

emosionele geweld nie. Die korpus van tekste wat vir hierdie studie uitgekies is, fokus dus by

uitstek op ernstige gevalle van fisiese geweld. Dit beteken egter nie dat daar in van die

geselekteerde berigte na byvoorbeeld vandalisme en treitering verwys is nie. Berigte wat in

sindikaatkoerante verskyn, word eenmalig in SA Media se databasis opgeneem en

geïndekseer onder die naam van die koerant wat die berig die eerste keer geplaas het. Dit

impliseer dat artikels wat gedurende die week wat die verskyning van Rapport voorafgaan

het, in Media 24-koerante verskyn het, en deur Rapport gedupliseer is, nie tydens my soektog

geïdentifiseer kon word nie. Onder die 50 items was twee spotprente, twee

349
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

inligtingsadvertensies deur die Departement van Onderwys, asook drie briewe aan die

redakteur. Aangesien die briewe die wisselwerking tussen die media en die leser weerspieël,

die spotprente visuele kommentaar op berigte is, en die advertensies ten doel gehad het om

die Regulasies vir die Veiligheid in Openbare Skole wat in 2001 gepubliseer en in 2006

bygewerk is, onder die aandag van die publiek te bring (Departement van Onderwys

2006a:10 en 2006b:11), vorm dié items nie deel van hierdie studie se datastel nie. Die finale

datastel bestaan uit 43 nuusberigte en redaksionele kommentare.

4.3 Navorsingsmetode

Induktiewe kwalitatiewe inhoudontleding, asook ’n interpretatiewe benadering, is gebruik

(Cavaglion 2009:129; Elo en Kyngäs 2007:109; O’Grady e.a. 2010:58) om die 43

koerantberigte en redaksionele kommentare te ontleed. Kwalitatiewe inhoudontleding is ’n

erkende navorsingsmetode in mediastudies (Du Plooy 2009:213). Henning, Van Rensburg en

Smit (2011:104–6), Elo en Kyngäs (2007:109-110), asook O’Grady e.a. (2010:58) se riglyne

vir inhoudontleding is benut om die inhoud van die artikels te verkort, saam te vat en te

groepeer. Ek het reeds by die aanvang van die studie besluit om nie net die gemanifesteerde,

maar ook die verskuilde inhoud van die berigte en redaksionele kommentare te ontleed (Elo

en Kyngäs 2007:109). Elo en Kyngäs (2007:109) noem dat daar ’n hewige debat onder

akademici woed oor of die verskuilde betekenis van dokumente – in hierdie geval

koerantberigte en redaksionele kommentare – blootgelê moet word indien die navorser van

inhoudanalise as navorsingsmetode gebruik maak, want die blootlegging van verskuilde

boodskappe kom neer op interpretering (van die verskuilde boodskappe). Elo en Kyngäs

(2007:109) is van mening dat die doel van die studie die navorser se besluit om die verskuilde

inhoud te ontleed, al dan nie, moet bepaal. Aangesien die doel van die studie is om grondige

ondersoek in te stel na Rapport se beriggewing van skoolgeweld, het ek besluit om beide die

gemanifesteerde en die verskuilde (latente) inhoud van die berigte en redaksionele

kommentare te ontleed.

Temas 1 tot 4 van hierdie studie is met behulp van die induktiewe ontleding van die

gemanifesteerde inhoud van die koerantberigte en redaksionele kommentare geïdentifiseer.

Temas 5 tot 8 is geïdentifiseer deur op beide die gemanifesteerde en die verskuilde (latente)

inhoud van die berigte en redaksionele kommentare te let (Elo en Kyngäs 2007:109). Hoewel

die wyse waarop ek die laaste vier temas bespreek het, raakpunte met kritiese diskoersstudies

mag toon, is hierdie studie nie ’n diskoersontleding nie. Ek het byvoorbeeld nie na die

diskursiewe bronne van mag, oorheersing, ongelykheid en vooroordele verwys nie. Ek het

ook nie ondersoek ingestel na hoe hierdie bronne ontstaan, in stand gehou of gereproduseer

word binne ’n spesifieke sosiale, ekonomiese en politieke konteks nie. Ek het wel ondersoek

ingestel na die wyse waarop taal gebruik is om ’n spesifieke boodskap oor te dra (vgl.

McGregor 2003:3; Rogers, Malancharuvil-Berkes, Mosley, Hui en Joseph 2005:367). Die

doel van hierdie studie is ook nie, soos tipies is van ’n diskoersontleding, om strukture van

onderdrukking aan die kaak te stel en slagoffers in hulle stryd teen onderdrukking en in die

transformasie van hulle lewens te help nie (Foucault 2000 in McGregor 2003:3).

350
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

’n Oop koderingsraamwerk, wat ook voorsiening vir direkte aanhalings gemaak het, is

aanvanklik opgestel (Elo en Kyngäs 2007:109). My vertroudheid met die onderwerp (bv. De

Wet 2002; 2003a; 2003b; 2009; 2011), ’n omvattende literatuurstudie, asook die teoretiese

raamwerk wat hierdie studie onderlê, het tot groot hoogte bepaal wat in- en uit die

inhoudontleding gesluit sou word. Voorts het ek my deur die inhoud van die berigte laat lei

om temas te identifiseer (vgl. Elo en Kyngäs 2007:110; Henning e.a. 2011:104).

Ek het nie van ’n voorafkoderingsraamwerk gebruik gemaak nie, maar my laat lei deur die

reeds gestelde primêre, asook die volgende sekondêre navorsingsvrae:

• Wat is volgens Rapport skoolgeweld? (Hier moet die besonder eng insluitingskriteria van

SA Media asook die omvattende definisies deur akademici in ag geneem word by die

ontleding van berigte en redaksionele kommentare.)

• Wat is volgens Rapport die omvang van skoolgeweld?

• Wie is volgens Rapport die belangrikste rolspelers in skoolgeweld?

• Wie word in die berigte en redaksionele kommentare as die geweldplegers en wie as die

slagoffers geïdentifiseer?

• Aan watter tipe geweld was die slagoffers blootgestel?

• Hoe word die rolspelers uitgebeeld?

• Wat is volgens die berigte en redaksionele kommentare die gevolge van die geweld op die

rolspelers en die onderrig- en leermilieu?

• Is daar enige verskuilde (latente) boodskappe in die tekste te bespeur? Indien wel:

o Wat is die verskuilde boodskappe wat Rapport aan sy lesers wil oordra?

o Op watter wyses probeer Rapport om dié boodskappe aan sy lesers oor te dra?

Met die uitsondering van die verwysing na SA Media se insluitingskriteria is bostaande vrae

met behulp van ’n omvattende literatuurstudie geïdentifiseer. Ek het sistematies deur al die

koerantberigte en redaksionele kommentare gewerk en hulle gekodeer. Verbandhoudende

kodes is gekategoriseer. Hierna het ek weer al die berigte en kommentare gelees om my te

vergewis dat ek die belangrike insigte wat uit die data na vore kom, aangeteken het.

Vervolgens is tendense en temas geïdentifiseer en beskryf. Die identifisering van temas het

my in staat gestel om die inligting te ontleed en met bestaande literatuur oor skoolgeweld en

mediastudies in verband te bring. Ek het, ten spyte van kritiek deur navorsers soos Henning

e.a. (2011:105) oor die gebruik van ’n persoon wat nie direk betrokke is by ’n

navorsingsprojek om die geldigheid van die navorsingsontleding te verhoog nie, van die

dienste van ’n onafhanklike, ervare kwalitatiewe navorser gebruik gemaak om ’n

onafhanklike kodering van 30% van die koerantberigte te onderneem om te bepaal of sy

dieselfde temas identifiseer (vgl. Nieuwenhuis 2007:113). Ek het die kodeerder tydens ons

aanvanklike ontmoeting ingelig oor die doel van die studie. Ons het gesprek gevoer oor SA

Media se insluitingskriteria vir die kodering van berigte onder die term geweld, asook

akademici (Furlong en Morrison 2000:72; Henry 2009:1254) se definisies van skoolgeweld.

Ek het ook aan haar ’n afskrif van die primêre en sekondêre navorsingsvrae verskaf.

Konsensusbesprekings is met die kodeerder gehou na afloop van beide van ons se ontledings

om sodoende die finale navorsingsbevindinge te bepaal. Ek het tydens die inhoudontleding

351
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

gepoog om nie te veralgemeen nie, want die doel van die studie was om vas te stel hoe ’n

enkele Afrikaanse Sondagkoerant (Rapport) oor skoolgeweld verslag doen. Voorts het ek

direkte aanhalings met groot omsigtigheid gekies ter ondersteuning van my argumente. Ek

het ook die beperkinge van my navorsing onomwonde gestel. Laasgenoemde vyf stappe,

naamlik om my bevindinge met vorige navorsingsbevindinge in verband te bring, die

gebruikmaking van ’n onafhanklike kundige, om te waak teen veralgemenings, die gebruik

van gepaste aanhalings en die uitspel van die beperkinge van my studie, het ten doel om die

geldigheid van die studie te verhoog (Creswell 2007:226–7; Nieuwenhuis 2007:113–5).

4.4 Beperkinge van die studie

Die volgende beperkinge van my studie moet uitgewys word. Slegs berigte en redaksionele

kommentare van een Afrikaanstalige koerant, wat met behulp van ’n enkele databasis

geïdentifiseer is, is ontleed. Die verwarring wat die verskil tussen SA Media se eng

insluitingskriteria en die meer insluitende definisies van akademici tydens die ontleding van

tekste kon veroorsaak het, is reeds kortliks aangeraak (afdeling 4.3). Aangesien SA Media se

databasis gebruik is om berigte en redaksionele kommentare te identifiseer, fokus hierdie

artikel feitlik uitsluitlik op insidente van fisiese geweld. Daar is egter soms in van die berigte

en redaksionele kommentare na insidente van byvoorbeeld seksuele teistering en treitering

verwys. Hoewel daar in hierdie navorsingsverslag na Rapport se uitwysing van dié soorte

minder gewelddadige, verskuilde geweld melding gemaak is, was dit nie die kerngebeurtenis

waarom die besondere artikels en/of redaksionele kommentare gewentel het nie. Die eng

insluitingskriteria van SA Media het dus tot gevolg dat hierdie artikel ’n skeefgetrekte beeld

van skoolgeweld kan gee. Ek het Rapport gekies omdat dit volgens sirkulasiesyfers die

toonaangewende nasionale Afrikaanstalige koerant is. ’n Ontleding van ’n streekskoerant,

byvoorbeeld Beeld of Volksblad, sou waarskynlik ander bevindinge gelewer het. Voorts het

ek slegs een tipe massamedia – koerante – ontleed. ’n Ontleding van ander bronne,

byvoorbeeld televisienuusuitsendings, mag ook ander insigte na vore gebring het. Die verslag

is ook nie allesomvattend nie. ’n Relatief groot aantal koerantberigte is ontleed en van die

berigte was inligtingryk. Dit is dus nie moontlik om al die geïdentifiseerde temas in hierdie

artikel aan die orde gestel nie. Slegs die mees dominante temas – nie in terme van statistiese

beduidendheid nie, eerder in terme van hul trefkrag en bydrae tot die leserpubliek se begrip

oor skoolgeweld – is bespreek. Genderdiskoerse is byvoorbeeld nie aangeraak nie (Henry

2009:1262).

Dit is belangrik om daarop te wys dat die doel van my studie was om op Rapport se

rapportering van skoolgeweld te fokus. Ek maak dus geen afleiding oor die moontlike sosiale

en politieke invloed van die stories wat ek ontleed het nie. Of van hierdie berigte tot groter

openbare druk op die owerheid en beleidsverandering ten opsigte van skoolveiligheid gelei

het, val buite die raamwerk van hierdie studie. Hoewel ek ter inleiding genoem het dat

verskillende mediabronne, dus ook verskillende koerante, verskillend oor ’n enkele

nuusgebeurtenis kan rapporteer, was die doel van hierdie studie nie om koerante se

uiteenlopende sieninge van ’n enkele insident van skoolgeweld of skoolgeweld as sodanig na

te spoor nie.

352
4.5 Bespreking van die bevindinge

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die ontleding van berigte en redaksionele kommentare wat in Rapport verskyn het, toon dat

dié koerant skoolgeweld as ’n multidimensionele sosiale probleem uitbeeld. Leerders is die

belangrikste, maar nie die enigste rolspelers in skoolgeweld nie. Ouers, opvoeders en die

gemeenskap is medeverantwoordelik vir skoolgeweld en ly as gevolg van die geweld. Voorts

blyk dit uit die ontleding dat die wyse waarop Rapport oor skoolgeweld verslag doen, vrees

onder die lesers kan aanwakker. Die ontleding van berigte en redaksionele kommentare werp

ook lig op die gewelddadige aard van skoolgeweld en skoolgeweld as vergestalting van

rassespanning. Deur verslaggewing het Rapport ook daarin geslaag om ’n afstand tussen die

koerant en sy lesers aan die een kant, en die geweldenaars en skole waarin geweld hoogty

vier aan die ander kant, te skep. In onderstaande bespreking sal gepoog word om bevindinge

van hierdie studie met bestaande skoolgeweld- en mediastudies in verband te bring.

Tema 1: Leerders staan sentraal in skoolgeweld

Op die mikrovlak van Bronfenbrenner se eksosisteemmodel figureer biologiese en

persoonlikheidsfaktore wat ’n invloed op individue se optrede het. In Rapport se beriggewing

word daar ook op die individu, in hierdie geval die leerders, as die hoofkarakters gefokus. In

die onderstaande bespreking sal gelet word op hoe leerders deurRapport as geweldplegers en

slagoffers uitgebeeld word.

Tema 1.1: Leerders as geweldplegers

Leerders is deur Rapport as die belangrikste geweldplegers geïdentifiseer. Uit onderstaande

bespreking sal dit onder andere blyk dat leerders gewelddadig teenoor veral medeleerders,

maar ook teen opvoeders en lede van die gemeenskap optree. Uit die bespreking sal dit ook

na vore kom dat leerders skoolstrukture vandaliseer. Hoewel Rapport geweldplegers

hoofsaaklik tot demografiese besonderhede gereduseer het, gee van die berigte ’n meer

intieme, selfs simpatieke blik op van die geweldplegers.

In die grootste persentasie van die artikels wat ontleed is, naamlik 83,7% (36 van 43), val die

soeklig op leerders as geweldplegers. Dit beteken nie dat daar in dié berigte nie van ander

oortreders, byvoorbeeld ouers, bendelede en opvoeders, melding gemaak word nie. In die

sewe berigte (16,3%) waar leerders nie as die vernaamste booswigte uitgewys is nie, is daar

onder andere gefokus op stakende werkers, insluitende opvoeders van buurskole (Cloete

2010:7; Krüger 2010:7), geweldsmisdaad in die gemeenskappe waarin die skole geleë is en

na die skole oorgespoel het (Krüger 1999:1) en bendegeweld (Van Wyk 2006:14). Rapport se

uitbeelding dat leerders die belangrikste geweldplegers is, vind weerklank in die werke van

verskeie navorsers (Burton 2008:2; Curcio en First 1993:6; De Wet 2009:51; Khoury-

Kassabri e.a. 2008:2; Leoschut 2008:2; Prinsloo 2008:29; Van der Westhuizen en Maree

2009:54; Zulu e.a. 2004:172). Al dié navorsers het bevind dat leerders, eerder as ouers, lede

van die gemeenskap of opvoeders hulle skuldig gemaak het aan insidente van skoolgeweld.

353
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In onderstaande bespreking sal eerstens gekyk word na die slagoffers van leerdergeweld.

Daarna sal op Rapport se uitbeelding van die geweldenaars gefokus word.

Uit die ontleding van die nuusberigte en redaksionele kommentare wat in Rapport verskyn

het, blyk dit dat in die grootste persentasie van die berigte en redaksionele kommentare wat

ontleed is, naamlik 93,0% (40 van 43), die slagoffers van skoolgeweld leerders was. Dit

beteken nie dat daar in dié berigte nie na geweldpleging teen byvoorbeeld ouers, opvoeders

en lede van die gemeenskap verwys is nie. Burton (2008:2), Prinsloo (2008:29), Van der

Westhuizen en Maree (2009:54), asook Zulu e.a. (2004:172) se studies toon ook aan dat

leerders meer dikwels as enige ander rolspeler die teikens van leerder-aggressie is.

Rapport het voorts oor leerders wat hulle opvoeders treiter, berig. Drie van die berigte (7,0%)

wat ontleed is, handel uitsluitlik oor leerder-op-opvoeder-geweld. ’n Berig deur Fourie

(2006a:14) skep die indruk dat opvoeders selde, indien ooit, die teiken van geweld is:

“[O]nderwysers word nie aangeval nie. Die ergste wat gebeur het, was toe ’n kind so twee

jaar gelede aan ’n onderwyser se boud gevat het.” Die graad van geweld teen opvoeders

verskil egter, soos aangetoon deur De Vries (2005:2): “Fisieke geweld [teen opvoeders] [...]

is meestal beperk tot slanery of rondstampery [...] die ergste geval [was toe] ’n leerling [...] ’n

swanger leerkrag in die maag geskop het.” Van Heerden (2006:14), asook Malan en Meyer

(2006a:4), doen verslag oor erge voorvalle van leerder-op-opvoeder-geweld. In die twee

berigte word genoem dat opvoeders vir hulle lewens vrees. Volgens Malan en Meyer

(2006a:4) het opvoeders beskermingsbevele teen leerders verkry. In ’n berig deur Kühne

(2004a:4) word vertel van ’n opvoeder wat deur twee leerders vergiftig is. Hierdie opvoeder

is ook deur ’n bende seuns agter ’n kleedkamer vasgedruk (Kühne 2004a:4). Leerder-opopvoeder-geweld

is nóg ’n rare nóg ’n tipies Suid-Afrikaanse verskynsel. Suid-Afrikaanse

(Burton 2008:2; Van der Westhuizen en Maree 2009:49; Zulu e.a. 2004:172) en

internasionale (Pervin en Turner 1998:4; Curcio en First 1993:13; Kondrasuk e.a. 2005:638)

navorsers het ook lig op hierdie tipe geweld gewerp.

Dit blyk voorts uit die ontleding van die berigte en redaksionele kommentare dat lede van die

gemeenskap soms deur leerders geteiken word. In Alexandra het die dood van ’n leerder tot

protesoptogte deur leerders en botsings tussen die polisie en leerders gelei. Een persoon is

dood en talle is beseer (Khumalo 2000:8). Rassekonflik by ’n Vryburgse skool het tot “groot

skade” in die dorp en “aanvalle” op wit inwoners gelei (Swart 1996:5). Tydens gewelddadige

konflik in Vryburg is “voertuie [...] omgegooi en aan die brand gesteek, eiendom is beskadig

en die polisie en inwoners van die dorp is met klippe bestook” (Swart 1996:5). ’n Oos-

Kaapse gemeenskap lewe in vrees vir aanvalle deur leerders (Van Heerden 2006:14).

Uit twee van die berigte wat ontleed is, wil dit voorkom dat vandalisme ’n ernstige vorm van

skoolgeweld by sommige skole in Suid-Afrika is (vgl. ook die definisie van skoolgeweld,

afdeling 2). ’n Beeld van algehele verval word byvoorbeeld deur Fourie (2006b:14)

opgeroep: “Dit is nie vir die onderwysers van die [naam van die skool] in die hartjie van

Soweto vreemd om soggens te sien nóg vensters is die vorige nag gebreek nie.” De Bruin

(2006:14) haal ’n KwaZulu-Natalse skoolhoof aan wat sê: “Die geboue is net ’n leë dop [...]

354
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hier is nie meer meubels, deure of plafonne nie, en die wasbakke en toilette is almal gesteel.”

’n Bevinding van hierdie studie, naamlik dat skoolgeweld ook vandalisme kan insluit, strook

met Henry (2009:1254) en Zulu e.a. (2004:172) se standpunt. Bevindinge oor die erns van die

probleem, soos blyk uit voorgaande twee aanhalings uit berigte wat inRapport verskyn het,

stem ooreen met bevindinge deur Zulu e.a. (2004:172). In hul studie het 75% van die

respondente aangedui dat vandalisme ’n ernstige probleem by hulle onderskeie skole is.

Vervolgens gaan gepoog word om vas te stel hoe Rapport die leerders wat hulle

medeleerders, opvoeders en gemeenskapslede aanval en skoolstrukture vandaliseer, uitbeeld.

Geweldplegers word dikwels tot demografiese besonderhede gereduseer. Berigte verskaf

gewoonlik slegs die geweldenaar se ouderdom, graad en geslag (bv. Van Heerden 2007:17;

Wondergem 2011:8). Slegs enkele van die geweldenaars word by name geïdentifiseer (bv. De

Kock 1999a:1; Kruger 2011:5; Krüger 1998a:7; Van Vuuren 2008:4). In die lig van wetlike

beperkinge op die bekendmaking van die identiteit van minderjariges (Snyman 2003:176) is

genoemde tendens begryplik. Daar is wel berigte waarin lig gewerp word op die

karaktereienskappe van diegene wat hulle aan geweld skuldig gemaak het. Malan en Meyer

(2006a:4) etiketteer hulle as “ongeletterde, gefrustreerde belhamels”. Fourie (2006a:14) haal

’n skoolhoof aan wat die skuld vir geweld by sy skool op die “vrot kolle” plaas. Die

geweldenaars is ook agterbaks: Wondergem (2011:8) vertel byvoorbeeld van ’n slagoffer wat

van agter met ’n bofbalkolf geslaan is terwyl hy besig was om weg te stap. Voorts wil dit

voorkom asof gewelddadige leerders dikwels diegene is wat onder die invloed van alkohol

en/of dwelms is (Fourie 2006a:14). Dit blyk egter uit ’n berig deur Van Vuuren (2008:4) oor

’n vuisgeveg tussen twee leerders van Sasolburg dat nie net verwerplike karakters nie, maar

ook “top-presteerders en top-sportmanne” hulle aan geweld skuldig maak.

Nie all berigte reduseer oortreders tot biografiese besonderhede of booswigte nie. Malan

(2006a:9) wek empatie met geweldplegers: “Armoede, werkloosheid en afwesige ouers laat

emosionele letsels op kinders. Hulle soek aanvaarding, voel identiteitloos. En sulke kinders

[...] word maklik gemanipuleer om deel van die geweldkultuur te word.”

Malan (2006a:9) se berig skep die illusie dat die geweldenaars geen wilsbesluit neem nie. Ter

wille van oorlewing word hulle lede van bendes. Malan se stereotipering van geweldenaars as

verarmde en verwaarlooste pionne wat die pad byster geraak het, sluit ten nouste aan by die

na-Columbine-diskoers oor skoolgeweld in die VSA: gemarginaliseerde jeugdiges gebruik

geweld as uitlaatklep vir opgekropte woede en frustrasie (O’Grady e.a. 2010:58).

In voorgaande bespreking oor leerders as geweldenaars is daar nie net na Rapport se

uitbeelding van die skuldiges gekyk nie, maar ook na die slagoffers van leerder-aggressie.

Vervolgens sal Rapport se uitbeelding van die belangrikste slagoffers van leerder-aggressie,

naamlik medeleerders, aan die orde gestel word.

355
Tema 1.2: Leerders as slagoffers van skoolgeweld

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In die koerantberigte en redaksionele kommentare word leerderslagoffers – hoewel hulle

dikwels by die naam genoem word – tot demografiese besonderhede gereduseer. Tog sal dit

uit onderstaande bespreking blyk dat van die berigte ’n kykie in die karaktereienskappe van

leerders wat as gevolg van skoolgeweld gely het, gee. Uit die bespreking sal dit ook na vore

kom dat Rapport nie alle leerderslagoffers empaties as onskuldige slagoffers uitbeeld nie.

Inteendeel, van hulle het hul aggressors uitgetart.

Terwyl leerders wat hulle skuldig maak aan skoolgeweld se identiteit dikwels om wetlike

redes verswyg word (tema 1.1), word leerderslagoffers feitlik sonder uitsondering by die

naam genoem (bv. Cruywagen en Afrika 2005:6; De Kock 1999a:1; Krüger 1998a:7; Pelser

2003:4). Slegs in enkele berigte is die identiteit van die slagoffers verswyg (De Bruin

2007:14; Kühne 2002:3; Meyer 1998:17; Van Heerden 2007:17). Die neiging om slagoffers

tot demografiese besonderhede – naam, ouderdom geslag, graad en hul verhouding met die

beweerde oortreder – te reduseer, is volgens Muschert (2007:357) ’n algemene tendens.

In die berigte waar daar wel gepoog word om die leser ’n kykie in die karakter van die

leerderslagoffers van skoolgeweld te gee, is die slagoffers dikwels leierfigure en/of

rolmodelle (Cloete 2010:7; Van Vuuren 2008:4). In die berigte word simpatie met die

slagoffers getoon. Cloete (2010:7) skryf byvoorbeeld in ’n opstel dat die stakers “my

beperkte skooltyd op ’n onregverdige manier van my weggevat het”. ’n Slagoffer met wie

Krüger (1998a:7) ’n onderhoud gevoer het, “was na aan trane”. Terwyl sommige berigte die

slagoffers as onskuldig voorstel, byvoorbeeld ’n “harde vuishou” teen die

“niksvermoedende” slagoffer (Van Vuuren 2008:4), word daar in enkele van die ander

berigte gesuggereer dat die slagoffer skuld aan die aanval gehad het (bv. Wondergem

2011:8). Wondergem (2011:8) se berig, waarin beide die slagoffer en aggressor se verhale

aan die orde gestel word, en daarop gewys word dat die slagoffer sy aanvaller uitgelok het, is

’n voorbeeld van gebalanseerde beriggewing waarin aan al die rolspelers ’n stem gegee word.

Jacobs (2012:62) en De Wet (2009:53) het ook bevind dat leerderslagoffers hoofsaaklik op ’n

positiewe wyse, onder andere as rolmodelle, uitgebeeld word. ’n Bevinding van hierdie

studie, naamlik dat slagoffers soms ook skuld aan die aanvalle het, stem ooreen met Jacobs

(2012:62) se bevindinge. In haar studie haal sy byvoorbeeld ouers en ander rolspelers aan wat

toegee dat die slagoffers die geweldenaars uitgelok het.

Leerders staan dus sentraal tot skoolgeweld. Hulle is die belangrikste geweldplegers en

slagoffers. Uit voorgaande bespreking blyk dit dat hulle nie net medeleerders teiken nie, maar

ook hulle opvoeders en lede van die gemeenskap. Voorts maak hulle hul ook skuldig aan

vandalisme. Uit Rapport se reduksionistiese beskrywing van leerder-aggressors en -slagoffers

is dit feitlik onmoontlik om ’n beeld van ’n tipiese leerder-aggressor of -slagoffer te vorm.

Die berigte waarin gepoog is om die lesers ’n kykie in die karakters van die leerders betrokke

by skoolgeweld te gee, neig tot stereotipering. O’Grady e.a. (2010:60) en Muschert

(2007:358) waarsku teen reduksionistiese stereotipering in die media. Die vestiging van

356
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

stereotipes oor skoolgeweld versterk die onkritiese ingesteldheid van lesers oor die

onderwerp (vgl. Inleiding).

Tema 2: Die rol van ouers in skoolgeweld

Die mikrovlak van Bronfenbrenner se model verteenwoordig onder andere die verband tussen

gesinsfaktore en gedrag. Bronfenbrenner beskou die interaksie tussen die gesin en die

leerders as ’n belangrike proksimale proses (afdeling 3). Daarteenoor blyk dit uit die

ontleding van die data dat ouers se betrokkenheid by skoolgeweld, met die uitsondering van

’n enkele exposé, nie deur Rapport op die voorgrond geplaas is nie. Onderstaande bespreking

sal aantoon dat Rapport ouers hoofsaaklik as randfigure uitbeeld. In nie een van die berigte is

gepoog om vas te stel in watter mate onvoldoende ouerbetrokkenheid, gewelddadige vorme

van gesagsuitoefening in die ouerhuis en gesinsgeweld tot skoolgeweld bygedra het nie.

Met die uitsondering van ’n berig deur De Bruin (2007:14) word ouers as randfigure

geskilder wat ly as gevolg van die treitering van hulle kinders, of bloot as inligtingsbronne

aangehaal. Onderhoude word dikwels met beide die oortreders en slagoffers se ouers gevoer

(bv. Van Vuuren 2008:4; Wondergem 2011:8). Dit blyk egter dat die skrywers van hierdie

berigte se simpatie oorwegend by die ouers van die slagoffers lê. Van Vuuren (2008:4) noem

byvoorbeeld dat die slagoffer se gesin as gevolg van die insident “gedreineer” is. “Ek dank

God dat my kind lewe,” het ’n “aangedane” vader van ’n slagoffer aan Kruger (2011:5) gesê.

Cruywagen en Afrika (2005:6) beskryf in besonderhede die smart van ’n gesin wie se seun na

bewering deur medeleerders doodgesteek is. Selfs ’n tante het “gesukkel [...] om haar

emosies te beteuel”. Volgens Kruger (2011:5) “herleef [die pa] dit [die aanval] oor en oor”.

In ’n exposé wat ten doel het om dit wat juridies en moreel verkeerd is aan die kaak te stel

(Benjaminson en Anderson 1990:156), fokus De Bruin (2007:14) nie op die vuisgeveg tussen

twee 14-jarige leerders nie, maar op die afloop van die geveg. Nadat die twee seuns na die

skoolhoof se kantoor geneem is, is hul ouers gebel en “toe het dinge [...] ’n dramatiese

wending geneem”. Na aanleiding van die ooggetuieverslag van ’n skoolseun skryf De Bruin

(2007:14) dat een van die twee oortreders se pa, ’n hoë offisier in die polisie, “histeries” was

en gedreig het dat die skool “onder gereelde polisieklopjagte vir wapens en onwettige

dwelms sal deurloop” indien die skoolhoof sou inmeng. ’n Veertienjarige seun is ten

aanskoue van sy pa in hegtenis geneem en in ’n polisievangwa weggeneem. Die seun het die

volgende dag in die hof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die slot van die berig fokus op ’n onderhoud met die skoolhoof waarin hy sê dat die voorval

“heeltemal onnodig [was] en [...] uit verband geruk” is en dat ’n klag van magsmisbruik teen

die polisie-offisier gelê is. In bogenoemde exposé het die joernalis nie gepoog om onbetrokke

te bly nie. Inteendeel. De Bruin het ’n stem aan die slagoffers gegee en ’n pa wat skynbaar sy

mag misbruik het, aan die kaak gestel.

Met die uitsondering van bogenoemde exposé beeld Rapport ouers simpatiek as randfigure

uit. Hulle ly as gevolg van die ontberings van hulle kinders en tree ook as spreekbuis vir hulle

kinders op. Ouers word egter nie onthef van alle blaam nie. Terwyl De Bruin (2007:14) se

357
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

exposé ’n ouer wat oorreageer as die aggressor uitwys, plaas Malan (2006a:9) die blaam vir

skoolgeweld onder andere op die skouers van “afwesige ouers”.

Card, Isaacs en Hodges (2008:134) se suggestie dat ouers nie ’n leidende rol in skoolgeweld

speel nie, vind weerklank in die berigte wat ontleed is. Card e.a. (2008:134), wat ’n

omvattende literatuurstudie oor die verband tussen geweld en gesinsfaktore onderneem het,

het bevind dat daar nie onteenseglik bewyse is dat daar ’n verband tussen gesinsfaktore en

skoolgeweld is nie. Hulle beklemtoon egter dat die rol wat ouers in skoolgeweld speel, nie

geïgnoreer mag word nie (Card e.a. 2008:134–5).

In temas 1 en 2 is daar gefokus op die mikrostelsel van die ekosisteemmodel wat hierdie

studie onderlê. Biologiese en persoonlikheidsfaktore van leerders wat by skoolgeweld

betrokke is, is aan die orde gestel. Die skynbare onbeduidendheid van die invloed van ouers

by skoolgeweld, soos blyk uit die berigte, is ook ondersoek. Die vloeibaarheid van die grense

tussen die drie stelsels is gesuggereer in die bespreking van leerders as aggressors: hulle

teiken opvoeders en opvoedkundige strukture (mesostelsel) en lede van die gemeenskap

(makrostelsel).

Tema 3: Opvoeders wat hulle plig versaak, versus besonder dapper opvoeders

Mesostelsels, wat op die tweede vlak van die ekosisteemmodel lê, fokus op organisatoriese of

institusionele faktore wat ’n invloed het op die omgewing waarin die individu hom/haar

bevind en waarin interpersoonlike verhoudinge plaasvind. Vir die doel van hierdie studie sal

gekonsentreer word op die rol van opvoeders, wat in ’n Suid-Afrikaanse konteks, in

ooreenstemming met grondwetlike riglyne (Maree 2005:17; Wentzel 2008:106–25) en die

beginsel van in loco parentis, saam met hul sorgsaamheidsplig (Oosthuizen 2005:71) ook die

verantwoordelikheid het om ’n geborge onderrig- en leermilieu te skep. Uit onderstaande

bespreking van bevindinge voortvloeiend uit die inhoudontleding blyk dit dat opvoeders óf

geweld sienderoë toegelaat het óf alles in die stryd gewerp het om diegene wat onder hulle

sorg geplaas was, teen geweld te beskerm. Die bespreking sal ook let op die suggestie dat

gebreke in opvoeders se professionele mondering tot skoolgeweld gelei het. Laastens sal daar

lig gewerp word op Rapport se uitbeelding van opvoeders as geweldplegers.

In verskeie van die nuusberigte word opvoeders daarvan beskuldig dat hulle nie hulle

verantwoordelikhede as sorgsame “ouers” nagekom het nie. Na aanleiding van berigte in

weekblaaie oor ’n opvoeder wat na bewering nie opgetree het toe leerders voor hom

handgemeen geraak het nie, skryf Fourie (2007:5) byvoorbeeld: “Onderwysers het ’n plig én

’n reg om in te gryp wanneer kinders baklei, maar blykbaar besef hulle dit nie almal nie.” Ter

ondersteuning van haar siening haal sy verskeie onderwysregskundiges aan. Van Heerden

(2007:17) vertel van ’n ma wat “vergeefs by die skool oor die boelie gekla het”. Malan

(2006a:9) is van mening dat opvoeders se onvermoë om leerders te dissiplineer een van die

oorsake van skoolgeweld is. De Bruin (2002:16) suggereer dat opvoeders se weerhouding

van hulle professionele dienste as gevolg van stakings ook as geweld teen leerders beskou

kan word.

358
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Soos blyk uit voorgaande voorbeelde is opvoeders egter nie net op indirekte wyse nie, maar

ook direk verantwoordelik vir skoolgeweld. Kühne (2004a:4) haal ’n opvoeder aan wat noem

dat van haar kollegas “kinders vloek, meisies aan die hare rondsleep en seuns op die bors

stamp”.

Die teendeel blyk egter ook uit sommige van die berigte. In haar beskrywing oor geweld by

’n Gautengse skool beskryf Fourie (2006b:14) ’n insident waar ’n opvoeder ingemeng het

tydens ’n konfrontasie tussen ’n buitestander en leerders. In haar berig oor die “gevaarlikste

skool” in die Wes-Kaap bring Malan (2006b:14) hulde aan die skoolhoof en sy personeel wat

“moedig [...] veg [...] om aan die 918 leerlinge [...] ’n toekoms te verseker”. Malan

(2006b:14) wek empatie met hierdie “moedelose” skoolhoof wat onsuksesvol was in sy

pogings om geweld by sy skool hok te slaan. In ’n berig oor ’n opvoeder wat deur twee

leerders vergiftig is, het die slagoffer die volgende vir Kühne (2004a:4) gesê:

Hulle is mooi seuns vir wie ’n mens lief kan wees. Ek wens ek kan self met hulle

praat, want hulle gaan die letsels dra. Hulle het iets verskrikliks gedoen en nou

behandel almal hulle soos misdadigers. Ek wil vir hulle sê dit wat hulle gedoen

het, is verkeerd, maar kom ons maak dit reg.

In voorgaande paragraaf en aanhaling word bewys gelewer van opvoeders se meelewing met

en selfs vergewingsgesindheid teenoor hulle leerders. Die opvoeders stel hul leerders se

belange en veiligheid bo hul eie.

Bevindinge van hierdie studie, naamlik dat sommige opvoeders se gebrekkige bestuurstyle,

’n onvermoë om dissipline te handhaaf en ’n gebrek aan professionele toewyding,

verantwoordelik gehou kan word vir skoolgeweld, word deur Ngqela en Lewis (2012:93) se

studie ondersteun.

Voorts vind die beskuldiging van ’n opvoeder, naamlik dat opvoeders gewelddadig teenoor

leerders optree, weerklank in navorsing (Burton 2008:2; Curcio en First 1993:21; Harber

2002:10; Khoury-Kassabri e.a. 2008:5; Leoschut 2008:2; Vally 1999:6; Zulu e.a. 2004:172).

Navorsing deur die Sentrum vir Geregtigheid en Misdaadvoorkoming (Leoschut 2008:2) toon

dat, in vergelyking met leerder-op-leerder-geweld, opvoeder-op-leerder-geweld minimaal

voorkom (vgl. tema 1.1 vir ‘n soortgelyke suggestie). In Leoschut (2008:2) se studie het

83,2% van die 293 leerders wat aangedui het dat hulle aangeval is, aangedui dat hulle deur

medeleerders aangeval is. Slegs 14,9% van die slagoffers het opvoeders as hulle aanvallers

geïdentifiseer. Voorts het slegs 5,5% van die 985 leerders wat met geweld gedreig is,

aangedui dat opvoeders die skuldiges was (Leoschut 2008:5).

’n Samevatting van data bekom uit die ontleding van die berigte wat in Rapport verskyn het,

roep twee teenstrydige beelde van opvoeders op: sommige opvoeders is dapper,

vergewensgesinde professionele persone wat alles feil het vir diegene wat onder hulle sorg

geplaas word. Daar is egter ook diegene wat direk of indirek aanspreeklik gehou kan word vir

skoolgeweld.

359
Tema 4: Die wisselwerking tussen gemeenskapsfaktore en skoolgeweld

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die makrostelsel van Bronfenbrenner se model kyk na breë gemeenskapsfaktore wat ’n

klimaat skep wat geweld óf aanmoedig óf ontmoedig: die sensitiwiteit van die regstelsel en/of

vakbonde, sosiale en kulturele norme vir geslagsrolle, sosiale aanvaarding van treitering en

geweld, asook politieke stabiliteit. Uit die ontleding van die data blyk dit dat Rapport ook die

wisselwerking tussen skole en die gemeenskap waarin die skole geleë is, erken. Uit

onderstaande bespreking sal hierdie erkenning onder andere blyk uit berigte wat daarop dui

dat die kultuur van geweld en hoë misdaadvlakke in sekere woonbuurtes/stede in Suid-

Afrika, armoede, maatskaplike verval, asook die sogenaamde gebrek aan

gemeenskapswaardes moontlike oorsake vir skoolgeweld is. Die bespreking oor die

wisselwerking tussen gemeenskapsfaktore en skoolgeweld sal ook aantoon dat geweld nie tot

arm woonbuurtes beperk is nie. In die bespreking van die bevindinge sal gelet word op die

feit dat gemeenskapsgeweld letterlik en figuurlik skoolterreine binnegedring het.

Skole bestaan nie in lugleegtes nie. Rapport beklemtoon die wisselwerking tussen skole en

die gemeenskap waarin die skole geleë is. ’n Kerntema wat tydens die ontleding van die

berigte geïdentifiseer is, is die invloed van die woonbuurt waarin ’n skool geleë is op

skoolgeweld. Fourie (2006c:14) skryf oor skole wat hulle in ’n “see van misdaad” bevind.

Malan (2006b:14) rapporteer oor ’n “golf van misdaad [wat] spoel tot teen die skool”. In die

inleidende sin van ’n berig oor die sogenaamde gevaarlikste skool in Limpopo haal Fourie

(2006d:14) ’n onderwyser aan wat sê: “Ons skool is in ’n baie gevaarlike omgewing met baie

gewelddadige misdaadvoorvalle.” Verskeie berigte (Fourie 2006c:14; Fourie 2006e:14;

Kruger 2011:5; Malan 2006a:9) beklemtoon die verband tussen armoede, misdaad en

skoolgeweld. In van dié en ander berigte word verwys na bendebedrywighede,

dwelmgebruik, vandalisme en werkloosheid (Malan 2006b:14; Malan en Meyer 2006a:4;

Van Wyk 2006:14).

Uit Van der Westhuizen en Maree (2009:47) se literatuurstudie blyk dit dat navorsers reeds in

1995 bevind het dat geweld wat sedert die 1980’s in die Suid-Afrikaanse gemeenskap

gewoed het, na skole oorgespoel het. Navorsers (Burton 2008:2; Leoschut 2008:5; Ngqela en

Lewis 2012:93; Staples 2000:31; Van der Westhuizen en Maree 2009:47) ondersteun

voorgaande bevinding van hierdie studie, naamlik dat daar ’n verband tussen skole en die

gemeenskappe waarin hulle geleë is, bestaan. Van der Westhuizen en Maree (2009:54) het

byvoorbeeld bevind dat fisiese geweld selde in voorstedelike gebiede plaasvind. Indien dié

tipe geweld wel sou plaasvind, is dit gewoonlik botsings tussen lede van verskillende bendes.

Die botsings vind egter nie op die skoolterrein as sodanig plaas nie. Van der Westhuizen en

Maree (2009:54) se studie het wel aangetoon dat geweld ’n redelik algemene verskynsel in

skole in die sentrale stadskern is. In hul ondersoek oor die invloed van gemeenskapsgeweld

in geweldgeteisterde dele van Kaapstad het Shields e.a. (2008:1203) bevind dat daar ’n

statisties beduidende verband tussen gemeenskapsgeweld en spanning onder diegene wat

insidente van geweld waargeneem het, is. Van der Westhuizen en Maree (2009:48) se

literatuurstudie onderskryf voorts die bevinding dat geweld in skole in ’n groot mate aan

armoede, werkloosheid en die kloof tussen ryk en arm mense toegeskryf kan word.

360
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Uit die ontleding van die nuusberigte en redaksionele kommentare blyk dit egter ook dat

skoolgeweld nie beperk is tot skole wat in arm woonbuurte geleë is nie. Joernaliste rapporteer

ook oor geweldsinsidente by “’n bekende skool in Port Elizabeth” (Wondergem 2011:8) en

by “spogskole” in Durban (De Bruin 2007:14), Noordwes (Kühne 2004b:2) en Gauteng

(Krüger 1999:1). In ’n berig deur De Vries (2005:2) waarin oor geweld teen opvoeders

verslag gedoen word, word dit duidelik gestel dat dié soort geweld nie tot spesifieke soorte

skole of woonbuurte beperk is nie. Inteendeel, dit vind plaas “in elke provinsie van die land

[...] orals in skole [...]: van die platteland tot die stede, in openbare tot private skole en van

duur woongebiede tot plakkerskampe”. Hierdie uitspraak stem grootliks ooreen met

bevindinge deur De Wet (2003a:38), naamlik dat skoolligging slegs ’n geringe invloed op

misdaad by skole het.

Verskeie persone met wie Rapport onderhoude gevoer het, deel die siening dat die

disintegrasie van behoudende gemeenskapswaardes ’n kernoorsaak van skoolgeweld is. ’n

Onderwyskundige (in De Vries 2005:2) vat die siening soos volg saam: “Ons klaskamers

word toenemend die brandpunte of skuurplekke waar die samelewing se gebrek aan respek

vir mekaar uitgewoed word.” Dié beklemtoning van die disintegrasie van

gemeenskapswaardes as oorsaak van skoolgeweld is ook aanwesig in werke deur De Wet

(2003a:38), Leoschut (2008:9), Stapels (2000) en Van der Westhuizen en Maree (2009:48).

Die golf van misdaad waaroor daar in voorgaande paragrawe geskryf is, spoel nie net tot téén

skole nie (Malan 2006b:14), maar dring ook die skole binne. In sommige van die berigte

word beskryf hoe buitestanders die skoolterrein betree en leerders konfronteer (Fourie

2006b:14) en met pangas rondjaag (Fourie 2006e:14), en bendelede pouses dagga en alkohol

onder leerders versprei (Van Wyk 2006:14). Fourie (2006c:14) verwys na “aanrandings en

inmenging deur lede van die gemeenskap in sake op die skoolterrein”. Kühne (2002:3)

beskryf hoe leerders van ’n naburige skool asook volwassenes by ’n skoolhek saamgedrom

en leerders geïntimideer het.

Gewelddadige optrede deur buitestanders is nie net op leerders gemik nie. Krüger (1999:1)

beskryf byvoorbeeld in besonderhede hoe ’n sekretaresse by ’n skool met AK 47’s aangehou

is en ’n skoolhoof deur rowers “oorrompel” en die skool ingesleep is. Hy is van die boonste

verdieping af deur ’n dak gegooi en is beseer. De Bruin (2002:16) se berig oor geweld in

KwaZulu-Natal verwys onder andere na die moord van ’n opvoeder, dreigemente deur lede

van die gemeenskap om ’n opvoeder te verkrag en die kaping van ’n opvoeder se motor.

Ma’s wat kinders by die skool kom op- en aflaai, is “sagte teikens” vir kapers en rowers

(Krüger 1999:1).

Die rol van buitestanders by skoolgeweld is reeds in mediastudies (De Wet 2009:51; Jacobs

2012:70) uitgelig. Jacobs (2012:71) het byvoorbeeld bevind dat veral in die Wes-Kaap

bendebedrywighede na die skole oorspoel. Volgens haar beland leerders nie net in die

kruisvuur tussen volwasse bendelede nie, maar bendes werf ook leerders om hulle

skrikbewind in die skool voort te sit.

361
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Rapport se uitbeelding van die wisselwerking tussen gemeenskapsfaktore en skoolgeweld

plaas ’n vraagteken agter stereotipering. Skoolgeweld vind nie net in arm woonbuurte plaas

waar geweld skynbaar hoogty vier nie, maar ook in spogskole en skole wat in gegoede

woonbuurte geleë is. Skoolgeweld is voorts nie beperk tot leerders, ouers en opvoeders nie.

Skakers, stakers, bendelede, rowers en rampokkers val ouers, opvoeders, leerders en

administratiewe personeel op en buite die skoolterrein aan.

Tema 4 fokus op die makrostelsel van die ekosisteemmodel wat hierdie studie onderlê.

Voorgaande beklemtoon weer eens, soos gesuggereer deur Henry (2009:1255), die

wisselwerking tussen die stelsels van Bronfenbrenner se model. Skoolgeweld is ’n

multidimensionele verskynsel en moet nie simplisties tot die skoolterrein en/of konflik tussen

leerders gereduseer word nie. Die temas wat vervolgens aan die orde gestel gaan word, sal

ook die wisselwerking tussen die drie stelsels illustreer.

Tema 5: Skoolgeweld as ’n vergestalting van rassegeweld

1994 was ’n waterskeidingsjaar in die Suid-Afrikaanse politieke en onderwysbestel. Met die

bewindaanvaarding van die ANC-beheerde regering het die onderwysbeleid in Suid-Afrika

volgens Wolhuter (2011:273) diamentraal verander. Die postapartheid-onderwysbeleid is op

die volgende beginsels gevestig: demokratisering, gelyke onderwysgeleenthede,

desentralisasie, desegregasie en multikulturele onderwys (Wolhuter 2011:273–4). Die beleid

impliseer dat skole wat vroeër aan slegs ’n enkele etniese groep onderrig verskaf het, nou

hulle deure vir alle rasse moet oopmaak. Navorsers (Bhana 1999:21; Smit 2003:32; Wentzel

2008:53) het bevind dat rassisme na 1994 hoogty in skole gevier het. Volgens Vally (1999:1)

en Wentzel (2008:101) is rassisme ’n onlosmaaklike deel van die Suid-Afrikaanse

onderwysmilieu.

Onderstaande bespreking van Rapport se rapportering van die rol wat rassekonflik in

skoolgeweld speel en gespeel het, sal wys op die invloed van die tydsgees op die wyse

waarop die koerant oor rasseverhoudinge tydens insidente van skoolgeweld verslag gedoen

het. Hierdie bespreking is grootliks gebaseer op insigte waartoe ek gekom het in my soeke na

die verskuilde betekenisse van berigte en redaksionele kommentare.

Die volgende is enkele voorbeelde van opskrifte wat suggereer dat skole gebuk gaan onder

erge rassespanning en dat die toestand feitlik buite beheer is: “Voor swart klas is Vryburgmeisie

verneder” (Krüger 1998a:7); “Swart leerlinge gooi klippe op Vryburg” (Swart

1996:5); en “Rasse-kruitvat!” (De Kock 1999b:6) – sulke opskrifte was algemeen. In gelade

taal skryf Kruger (2011:5) oor die “rassekonflik” tussen wit en swart leerders, terwyl Pelser

(2003:4) berig oor “’n sluimerende rassekookpot [wat] [...] oorgekook het toe wit en swart

kinders mekaar gepak het”. Krüger (1998b:2) se berig oor rassekonflik by ’n skool in

Vryburg wat na die dorp toe oorgespoel het, lees soos ’n oorlogsverslag (kyk Tema 7 vir ’n

aanhaling uit die berig). In onderstaande bespreking sal ’n onderskeid tussen berigte wat

gedurende die 1990’s en dié wat gedurende die eerste dekade van die 21ste eeu verskyn het,

362
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

getref word. Die ooreenkomste en verskille in die toonaard van die berigte wat gedurende die

twee tydperke gepubliseer is, sal in die slotparagraaf van hierdie tema uitgelig word.

Dit blyk dat berigte oor skoolgeweld wat kort na die beëindiging van apartheid en die

integrasie van skole inRapport verskyn het, feitlik uitsluitlik op rasse-insidente gefokus het:

11 van die 13 (84,6%) berigte oor skoolgeweld wat gedurende die 1990’s verskyn het, handel

oor rassekonflik by skole (bv. De Kock 1999b:6; Meyer 1998:17; Swart 1996:5). Daarteenoor

handel slegs 8 van die 30 (26,7%) berigte wat sedert 2000 verskyn het, oor rassegeweld.

Agt van die 11 (72,7%) berigte oor rassekonflik wat gedurende die 1990’s verskyn het,

handel oor gebeure in Vryburg (Noordwes). Die berigte fokus op ’n verskeidenheid van

insidente: die eis van swart leerders dat “’n onbeperkte aantal leerlinge van naburige swart

skole in die skool opgeneem word” (Swart 1996:5); ’n leerder wat ’n medeleerder met ’n skêr

gesteek het (De Kock 1999a:1); swart leerders wat eis dat die wit skoolhoof en

beheerliggaam vervang moet word (Krüger 1998b:2); en die beweerde onsedelike betasting

van ’n wit meisie deur twee swart seuns (Krüger 1998b:2). Hoewel die direkte oorsake vir

die botsings verskil, is die onderliggende oorsaak dieselfde: rassespanning. Rapport se

empatie lê in die berigte by die wittes – soos geïllustreer deur onderstaande uittreksel uit ’n

redaksionele kommentaar:

Niemand behoort die rassekonflik vandeesweek op Vryburg gering te skat of as

’n geïsoleerde geval af te maak nie [...] Dit lyk of heeltemal te oorhaastig te werk

gegaan word om sekere hoërskole na dubbelmedium-onderrig te laat oorskakel,

asof dit hoofsaaklik gedoen word om ’n politieke punt te bewys. Daar moet

onthou word dat baie van die leerlinge en hul ouers ’n skrale vier jaar gelede nog

in die dogma van apartheid gedronge was [...] Die gevaar is dat rassespanning by

een skool na ander dele van die gemeenskap en die land kan oorspoel. Oorloë het

al begin wanneer ’n vonk op een plek ontstaan (Anon. 1998:14).

Uit berigte wat gedurende die 1990’s verskyn het, skyn dit asof rassekonflik in skole

hoofsaaklik swart-wit-konflik was (De Kock 1999b:6; Krüger 1998b:2; Swart 1996:5).

Krüger (1998b:2) skryf in hierdie verband: “[B]ruin leerders [bevind hulle] ‘in die middel’

[en] [...] weet [nie] watter kant toe nie.” Hoewel berigte oor rassekonflik wat tydens die 21ste

eeu verskyn het, ook by uitstek op wit-swart-konflik fokus (bv. Kruger 2011:5; Pelser

2003:4), word daar nou ook berig oor konflik tussen ander rasse. Cruywagen en Afrika

(2005:6) se berig handel byvoorbeeld oor ’n bruin leerder wat deur ses swart medeleerders

aangeval en met ’n skerp voorwerp gedood is. Die slagoffer se bruin medeleerders dreig

gevolglik om hul skoolmaat se dood te wreek. Volgens die berig “is daar gerugte dat swart

leerlinge [...] met messe by die skool rondloop en aan bruin leerlinge sê: ‘Ons sal jul wys wie

is baas’” (Cruywagen en Afrika 2005:6). In ’n berig deur Kühne (2004a:4) oor konflik tussen

opvoeders en leerders word genoem dat leerders ontevrede is omdat daar volgens hulle

“gediskrimineer word teen swart, bruin, Indiër- en Engelse leerlinge in dié parallelmediumskool”.

Die teenoorgestelde is egter ook waar. Kühne (2002:3) haal ’n wit ouer aan wat die

volgende te sê gehad het na rassekonflik by ’n skool op Winburg:

363
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

[N]et die wit kinders [is] ingeroep en betig. Die onderwyser het gesê: “As een van

julle weer jul bekke rek oor die swart kinders, moet julle vat wat na julle toe

kom.” Dis mos nie reg nie. My kinders het net soveel reg op hierdie skool soos

enigiemand anders.

Dit wil voorkom asof nietighede of teenstrydighede tot rassekonflik lei. Kühne (2002:3) se

ondersoek oor rassekonflik by ’n skool in Winburg het byvoorbeeld ontstaan as gevolg van ’n

gestampery op die stoepe. In Kühne (2002:3) se berig word nie na die diepliggende redes vir

konflik gesoek nie. Klem word bloot op die finale strooi wat die kameel se rug gebreek het,

gelê. Daarteenoor poog Pelser (2003:4) om ’n stem aan al die rasse wat by die konflik in

Witrivier betrokke was, te gee. In sy soeke na die oorsake vir die konflik het Pelser (2003:4)

onderhoude met swart én wit leerders gevoer. In sy rapportering gee hy beide groepe se

teenstrydige sieninge saaklik weer. In sy berig laat hy die finale oordeel oor wie vir die

konflik verantwoordelik gehou moet word, by die leser.

Terwyl voorgaande bespreking wentel om botsing tussen mense, lyk dit asof leerders in

KwaZulu-Natal die apartheidsverlede as rede voorhou vir die vernietiging van strukture en

hul weiering om deur opvoeders gedissiplineer te word (De Bruin 2006:14). De Bruin

(2006:14) skryf die volgende na aanleiding van gesprekke met leerders:

Leerlinge sê hulle glo omdat die skool deur die apartheidsregering gebou is, kan

hulle daarmee maak wat hulle wil. “Hierdie is nou ’n demokratiese land wat ons

deur die struggle gewen het. Die skool en sy besittings behoort aan die mense. En

ons is die mense. ’n Onderwyser is net daar om ons te leer. Nie om ons te

dissiplineer nie.”

’n Saaklike naasmekaarstelling van berigte oor skoolgeweld wat gedurende die 1990’s en

21ste eeu verskyn het, dui op die volgende: berigte wat gedurende die 1990’s verskyn het, het

ras aan die groot klok gehang; daarteenoor verwys die meeste berigte oor skoolgeweld wat

sedert die begin van die 21ste eeu verskyn het, nie pertinent na die ras of etnisiteit van die

geweldenaar(s) en/of slagoffer(s) nie. Die uitsondering in dié verband is berigte wat spesifiek

oor rassekonflik by skole handel. Gedurende die 1990’s was rassekonflik – in verskillende

vergestaltings – die kernoorsaak van skoolgeweld. Gedurende die 21ste eeu is rassespanning

en diskriminasie slegs een van vele oorsake van skoolgeweld. Rassekonflik is gedurende die

1990’s eng as wit-swart-konflik gesien. Sedertdien sluit die begrip ook konflik met persone

van ander rasse, byvoorbeeld Indiërs, in. Gedurende die 1990’s het Rapport empatie met wit

leerders en gemeenskappe gehad. In ’n redaksionele kommentaar en van die berigte is

gesuggereer dat hulle moes ly as gevolg van die ondeurdagte, oorhaastige toepassing van

nuwe regeringsbeleid en die aggressiewe optrede van swart leerders. Sedert die begin van die

21ste eeu het berigte oor rassekonflik ’n meer genuanseerde toon. Berigte kyk nou na wit,

swart, Indiër- en bruin leerders se optrede as aggressors en/of slagoffers. Volgens Duncan

(1996:172), wat ’n media-ontleding oor die rapportering van rassekonflik in The Star (1993)

onderneem het, kan die media se oorbeklemtoning van ras tydens geweldsinsidente tot ’n

reproduksie van rassisme lei. Nuusberigte wat gedurende die 1990’s verskyn het, het die

364
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

stereotipering wat gedurende die apartheidsjare bestaan het, naamlik dat swartes wreed is,

herbevestig (Duncan 1996:174). Dit wil voorts voorkom asof daar ’n afname in die aantal

rasse-insidente by skole is, gemeet aan die vermindering in die aantal berigte wat gedurende

die 21ste eeu oor rassekonflik gepubliseer is.

Geïnstitusionaliseerde rasseskeiding is in 1994 onwettig verklaar. Die diamentrale

verandering in die onderwysbeleid het ’n inherente verandering in leerdersamestelling tot

gevolg gehad. Uit voorgaande bespreking van Rapport se uitbeelding van rassekonflik blyk

dit dat (aanvanklik) nóg die gemeenskap nóg die ouers, en ook nie die leerders nie, gereed

was vir die verandering. Dit lyk egter asof lede van die gemeenskap, ouers, opvoeders en

leerders 18 jaar na die demokratisering van onderwys steeds bots as gevolg van

diepgewortelde rassevooroordele. Rassespanning word egter nie meer as die kernoorsaak van

skoolgeweld voorgehou nie.

Tema 6: Die “ons is nie so nie”-diskoers

’n Tema wat oor al drie vlakke van die ekosistemiese model strek, is die “ons is nie so nie”diskoers.

In dié diskoers distansieer die skrywers van artikels of diegene met wie hulle

onderhoude gevoer het hulle van die geweld, of van wat in hulle oë onaanvaarbare gedrag is.

Die “ons is nie so nie”-diskoers bereik waarskynlik ’n hoogtepunt in die reflektiewe opstel

van Cloete (2010:7). Deur die volledige plasing van die opstel van ’n matriekleerder,

gee Rapport ’n stem aan leerders wat as gevolg van die 2010-opvoederstakings gely het. By

die lees van die volgende aanhalings moet in ag geneem word dat die skrywer nie ’n

opgeleide joernalis is nie. Die naïewe eerlikheid van die matriekdogter vind waarskynlik

groter aanklank by baie lesers as ’n saaklike berig oor ’n opvoederstaking.

Ons het skoolgegaan tot so 11:00 toe ek die onheil van die vuvuzelas hoor

naderkom. [...] Wat gaan die betogers doen? Ek was nog nooit so bang om by die

skool te wees nie! Ek weet hierdie mense staak vir meer geld en lug hul menings

so tussen die geraas deur. By die Hoërskool Ermelo se skoolhek [...] was mense

woedend omdat ons skoolgaan. (Cloete 2010:7)

Teenoor die stakers plaas sy “ons behulpsame, ondersteunende onnies. Hulle gee nie om om

ons ná skool of naweke te help nie en is bereid om ekstra klasse in sulke onmoontlike tye

soos nou aan te bied” (Cloete 2010:7).

In voorgaande twee aanhalings word verskeie merkers gebruik om ’n afstand tussen diegene

op die skoolterrein (“ons”, “ek” en “ons ondersteunende onnies”) en die stakers (“die onheil”,

“betogers” en “hierdie mense”) te skep. Voorts word dit beklemtoon dat “ons” nie soos

“hulle” is nie. “Hulle” bring “onheil” en gevaar (“woedend”), en is boonop onordelik (“so

tussen die geraas deur”). “Ons”, daarenteen, was “by die skool”. Hoewel Cloete die illusie

skep dat sy begrip toon vir die rede waarom die opvoeders staak, vergroot sy die afstand

tussen haar en haar “onnies” enersyds en “hierdie mense” andersyds as sy dan vra: “Is ons

365
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

landsburgers nie bekommerd oor môre nie? Hoekom dink niemand aan die toekoms van ons

pragtige land nie?” (Cloete 2010:7).

Die negatiewe stereotipering van die geweldenaars as gemarginaliseerde, verarmde, agteraf,

ongure karakters (tema 1.1) vergroot ook die afstand tussen Jan Alleman en

skoolgeweldenaars (O’Grady e.a. 2010:58). In die tekste wat ontleed is, het rolspelers – die

onderwysdepartement, skoolhoofde, lede van beheerliggame, ouers en leerders – hulle

dikwels van insidente van skoolgeweld gedistansieer deur onder andere nie op navrae

vanRapport te reageer nie (Wondergem 2011:8), te weier om kommentaar te lewer (Van

Heerden 2007:17), en aan te dui dat hulle nie kennis van die beweerde geweldsinsident(e) by

hulle skole dra nie (Kühne 2004a:4). In ’n berig oor rassegeweld was die

beheerliggaamvoorsitter byvoorbeeld “verbaas om van die rassevoorval te hoor” en het gesê

die “beheerraad volg ’n oopdeur-beleid en ek nooi ouers uit om die voorval onder die

beheerliggaam se aandag te bring” (Cruywagen 2003:11).

Die bevinding dat rolspelers hulle van geweld distansieer of ontken dat dit by hul skole

plaasvind, vind weerklank in De Wet (2003a:38) en Curcio en First (1993:23) se studies. De

Wet (2003a:38) het onder andere bevind dat skoolhoofde tydens onderhoude met koerante

ontken dat seksuele en geweldsmisdade, asook dwelmmisbruik, probleme by hulle skole was,

of hulle het die insidente as onbelangrik afgemaak. Curcio en First (1993:23) skryf dat

diegene verbonde aan skole, nes disfunksionele gesinne, ontken as daar iets “verkeerd” is by

hulle skole.

Tema 7: Skoolgeweld is gewelddadig

Die gewelddadige aard van insidente van skoolgeweld word beklemtoon deur die gebruik van

woorde behorend tot die leksikale register van kriminaliteit en anargie (Duncan 1996:172).

Die volgende is slegs enkele voorbeelde: “met steelhou bewusteloos gemoker” (Van Vuuren

2008:4); ’n 14-jarige seun is “geterroriseer” (Van Heerden 2007:17); ’n aanvaller het “reeds

’n geruime tyd gedreig om Lucas (15) te ‘bliksem’” (Van Vuuren 2008:4); “die hele plek was

glo met bloed besmeer” (Kühne 2004a:4); en ’n kind is “aangeval en sy kakebeen gebreek”

(Van Heerden 2007:17). Voorts lyk dit dat die tipe geweld wat ten tye van skoolgeweld

gepleeg word, oortreders sou kon blootstel aan kriminele vervolging (Snyman 2003:421–45):

aanranding met die opset om ernstige skade te berokken (Carstens 2006:6; Kruger 2011:5);

moord (Jongbloed 2003:15; Van Heerden 2006:14); roof (Krüger 1999:1); voertuigskaking

(Krüger 1999:1); en menseroof (De Kock 2000:9). Die volgende wapens is volgens die

koerantberigte tydens insidente van skoolgeweld gebruik: messe (Fourie 2006e:14; Meyer

2001:7; Van Wyk 2006:14); skêre (Keppler 2003:4; Kühne 2004b:2); pangas (Van Heerden

2006:14); en bakstene (Cruywagen en Afrika 2005:6). Leerders het mekaar ook met die

vuiste bygedam (Pelser 2003:4) of geskop. Cruywagen en Afrika (2005:6) beskryf hoe ses

leerders ’n medeleerder, terwyl hy op die grond gelê het, geskop het. Voorts wil dit voorkom

asof die oortreders nie omgee waar hulle hul slagoffers bykom nie. Terwyl een leerder drie

maal met ’n skêr in sy bors, gesig en elmboog gesteek is (Keppler 2003:4), is ’n ander een

met ’n mes in die rug gesteek (Meyer 2001:7). Voorgaande suggereer

366
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

dat skoolgeweld en kriminaliteit sinonieme is: leerders en ander geweldsplegers pleeg

koelbloedige geweldsmisdade met ’n verskeidenheid wapens.

Die volgende seleksie van tekste onderstreep die gewelddadige aard van leerderoptrede:

In die video slaan ’n medeleerling hom van skuins agter met die vuis. Wanneer

hy doodstil op die grond lê, word hy ongenadig geskop. (Kruger 2011:5)

Die kinders kom met messe en pangas skool toe. Hulle lê heeldag in die son en

niemand waag dit om hulle aan te spreek nie [...] Kinders lê dronk op die perseel

rond en koop drank by ’n sjebien langs die skool terwyl dwelms ook vrylik

beskikbaar is. (Van Heerden 2006:14)

In 2001 is die skool se hekke deur leerlinge gesluit en ’n briefie op ’n dooie hond

gelos waarin die destydse hoof [...] met die dood gedreig is. (De Bruin 2006:14)

De Wet (2011:135) se siening dat berigte oor skoolgeweld eerder klem op die

geweldsinsident as op die kontekstualisering van die gebeure lê, word deur die mediaontleding

bevestig. Malan (2003:11) beskryf byvoorbeeld in die fynste besonderhede ’n

“katgeveg” tussen drie meisies. Die slagoffer is met ’n skerppuntskêr gesteek, “met vuiste

toegetakel”, met die elmboog op die kop geslaan, en geskop. Volgens diegene met wie

onderhoude gevoer is, het die skuldiges gesê die slagoffer moes “proe hoe ’n lem smaak”

(Malan 2003:11). Carstens (2006:6) se berig fokus op die gevolge van ’n gewelddadige

aanval op ’n leerder: die slagoffer het drie skedelbreukfrakture opgedoen, sy linkeroog is

beskadig en breinvloeistof het deur sy sinusholte gelek. Hy het gevolglik ’n massiewe

beroerte gehad. By sy aankoms by die hospitaal is hy breindood verklaar. Sy ouers het die

masjiene wat hom aan die lewe gehou het, laat afskakel. In dieselfde berig verwys Carstens

(2006:6) na vier Randburgse seuns wat ’n wit muis aan die brand gesteek het. Die seuns het

die insident met ’n selfoon verfilm. Volgens dié berig kan die seuns se gelag duidelik op die

opname gehoor word. Deur die gedetailleerde beskrywings kan die indruk by lesers gelaat

word dat jeugdiges hulle – soms met voorbedagte rade, maar ook op die ingewing van die

oomblik – skuldig maak aan koelbloedige kriminele oortredings. In nie een van voorgaande

twee berigte is ’n poging aangewend om die grondliggende oorsake van die botsings te

bespreek nie.

Geweld by skole lei soms tot reaktiewe optrede, soos blyk uit ’n berig oor skoolgeweld in

Vryburg. Volgens Krüger (1998b:2) het Vryburg “soms na ’n dorp in beleg gelyk”. Hy gee

die volgende besonderhede:

Daar was ’n opsigtelike aanwesigheid van 200 polisiemanne; pantservoertuie in

die dorp se strate; berede infanteriemanne met masjiengewere op die sypaadjies

van ’n besige hoofstraat, ’n hoërskool wat omring was met rolle lemmetjiesdraad;

leerlinggevegte, polisie-onlustevoertuie op die skoolwerf en plofslae van

petrolbomme en traanrookgranate.

367
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Waar berigte vroeër hoofsaaklik op onderhoude met ooggetuies gebaseer was (bv. De Bruin

2007:14), het die skrywer van die koerantberig, asook die leser, nou eerstehandse inligting –

voorvalle van skoolgeweld word op selfoonkameras vasgelê, versprei én

aan Rapport beskikbaar gestel. Rapport verskaf skakels na die elektroniese opnames (bv.

Kruger 2011:5; Van Vuuren 2008:4). Kruger (2011:5) berig oor ’n slagoffer se ma wat so ’n

video na YouTube gestuur het: “Dit is later klaarblyklik weens die gewelddadige aard

daarvan verwyder.” Ten spyte van hierdie kommentaar verskaf Rapport ’n skakel na die

opname. Die sensasionele word dus tot in die leser se voorkamer gebring.

Deur insidente oor skoolgeweld in die fynste besonderhede te beskryf laat Rapport min

twyfel by die leser: skoolgeweldvoorvalle in Suid-Afrika is uiters gewelddadige kriminele

oortredings. Die geweldsmisdade word dikwels koelbloedig gepleeg. Die gewelddadige

optrede beïnvloed nie net die onderrig- en leermilieu nie, maar bedreig die veiligheid van die

gemeenskappe waarin die skole geleë is. In die berigte en elektroniese opnames is die

gewelddadige en sensasionele beklemtoon. Dit is kenmerkend van misdaadverslaggewing

(De Wet 2003a:39). Dié wyse van verslaggewing kan tot ’n gees van wanhoop en vrees lei,

omdat die situasie in Suid-Afrikaanse skole skynbaar buite beheer is.

Tema 8: Vreesdiskoers: die situasie is buite beheer

Skole is tradisioneel as veilige vestings beskou (Kondrasuk e.a. 2005:638). Die ontleding van

die berigte en redaksionele kommentare suggereer egter die teendeel. Verskeie emosioneel

gelade woorde wat die indruk skep dat geweld by skole buite beheer is, is geïdentifiseer.

Skole word beskryf as “drukkokers” (De Vries 2005:2), ’n “leeuhok” (Kühne 2002:3) en ’n

“rassepot” wat “oorgekook” het (Pelser 2003:4). Volgens Malan en Meyer (2006b:4) is “die

hel [...] los in ons land se skole”. Swart (1996:5) noem dat spanning by skole “breekpunt”

bereik het. In ’n berig oor skoolgeweld in Gauteng skryf Krüger (1999:1) dat “gespanne

onderwysers [...] hul waaksaamheid nie ’n oomblik verslap nie”. ’n Skool in Mpumalanga is

volgens Pelser (2006:14) deur vandale “onregeerbaar” gemaak. By dié skool is onderrig

“byna onmoontlik”. Die erns van die situasie en die onvermoë om die probleem aan te spreek

word deur Fourie (2006c:14) uitgelig as hy verwys na die Minister van Onderwys se

“noodkreet” om hulp in die stryd teen skoolgeweld. Die gebruik van gelade woorde om die

plofbaarheid van die situasie te beklemtoon, en die onvermoë van rolspelers om ’n veilige

leermilieu te skep, kan ’n skeefgetrekte beeld van die werklikheid skep – wat op sy beurt

weer tot openbare paniek lei (Kupchik en Bracy 2009:137).

Uit die ontleding van die berigte en redaksionele kommentare blyk dit voorts dat geweld by

skole nie alleen buite beheer is nie, maar ook besig is om toe te neem. ’n Lid van die

plaaslike polisie word byvoorbeeld deur De Bruin (2006:14) aangehaal waar hy sê dat ’n

skool in KwaZulu-Natal “die afgelope sestien jaar stelselmatig vernietig is”. Malan (2006a:9)

skryf: “Skole is lankal nie meer die veilige hawe van voorheen nie – dis eerder ’n broeines

van geweld.” In aansluiting hierby skryf Krüger (1999:1) dat “van die eertydse kom en gaan

by skoolterreine het min oorgebly”.

368
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die gevoel van magteloosheid en paniek onder die leserspubliek kan volgens Kupchik en

Bracy (2009:150) versterk word indien die media, bewustelik of onbewustelik, die boodskap

uitdra dat geen skool teen skoolgeweld gevrywaar is nie. Dit is egter presies wat in sommige

van die berigte gebeur. Dit blyk uit die ontleding dat leerdergeweldenaars nie net negatief nie

beskryf word nie, maar ook positief, as byvoorbeeld “toppresteerders” (tema 1.1). Voorts het

verskeie berigte gewag gemaak van geweld by “spogskole” in gegoede woonbuurte (tema 4).

Dié inligting breek die grense tussen die leser en die geweldenaars as ongure, verarmde en

gemarginaliseerde persone af (tema 6). Die weerloosheid van die lesers (en/of hulle kinders)

word voorts versterk deur berigte wat meld dat verskerpte veiligheidsmaatreëls nie

skoolveiligheid verseker nie. In ’n berig oor ’n skool in Limpopo skryf Fourie (2006d:14):

“Die heining skrik indringers nie af nie, want hulle knip dit bloot om in te kom.” Inwoners

van ’n informele woongebied wat rondom ’n skool ontwikkel het, “loop dag en nag oor die

skoolterrein – die drade word bloot geknip” (Fourie 2006e:14).

Geweld is skynbaar buite beheer en neem met rasse skrede toe. Niemand is teen hierdie

voortsnellende gevaar bestand nie. Selfs die Minister se “noodkreet” en verhoogde

veiligheidsmaatreëls is tevergeefs.

Dié negatiewe siening kan tot ’n vrees-psigose lei. Kupchik en Bracy (2009:152) waarsku dat

’n vrees-psigose tot beperkende veiligheidsmaatreëls en selfs tot ’n geenverdraagsaamheidsbeleid

by skole kan lei. So ’n beleid spreek slegs die simptome van geweld

aan en kweek ’n gees van onverdraagsaamheid by skole.

Die vraag moet egter gevra word: Is skoolgeweld werklik buite beheer? Nie een van die

berigte wat ontleed is, het gepoog om uitsprake dat geweld besig is om toe te neem binne die

konteks van navorsingsbevindinge oor die omvang van skoolgeweld in Suid-Afrika te plaas

nie. Dit mag egter problematies wees as gevolg van teenstrydige navorsingsbevindinge.

Jacobs (2012:187) se omvattende studie het byvoorbeeld bevind dat skoolgeweld die

uitsondering eerder as die reël is. In aansluiting hierby het slegs 15,3% van 12 794 leerders

wat aan Burton (2008:2) se nasionale studie deelgeneem het, wat 120 primêre en 140

sekondêre skole insluit, aangetoon dat hulle al slagoffers van skoolgeweld was. Leoschut

(2008:2) se navorsing, wat op dieselfde databasis as dié van Burton gebaseer is, het getoon

dat slegs 5,8% en 4,6% van die respondente onderskeidelik gedurende die 12 maande wat die

studie voorafgegaan het, aangerand en beroof is. Daarteenoor het ongeveer 53% van die

deelnemers aan Prinsloo (2008:29) se studie aangedui dat hulle al slagoffers van skoolgeweld

was. Uit Zulu e.a. (2004:172) se navorsingsdata blyk dit dat 76% van die respondente al

insidente van fisiese geweld waargeneem het. Op enkele uitsonderings na (Burton 2008 en

Leoschut 2008) is studies oor skoolgeweld in Suid-Afrika van beperkte omvang, data is nie

sistematies met behulp van gestandaardiseerde meetinstrumente ingesamel nie en geen

opvolgstudies is onderneem nie (Jacobs 2012:165). Dié gebreke, asook die afwesigheid van

’n universele definisie van wat skoolgeweld is, maak dit uiters riskant om uitsprake oor die

omvang van skoolgeweld te gee. Navorsers én die media moet dus met groot omsigtigheid te

werk gaan voordat hulle uitsprake oor die toename van skoolgeweld maak.

369
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Uit die koerantberigte wil dit voorkom asof skoolgeweld ’n ernstige probleem in Suid-Afrika

is. Rapport-lesers word gekonfronteer met berigte waarin die gewelddadige aard van

skoolgeweld wat buite beheer is, op die voorgrond gestel word. Die gebreke in navorsing oor

geweld by skole in Suid-Afrika bemoeilik ongelukkig die kontekstualisering van

skoolgeweld.

5. Samevattende gevolgtrekkings

Die studie werp lig op Rapport se uitbeelding van skoolgeweld as ’n multidimensionele

sosiale probleem in Suid-Afrika. Berigte oor skoolgeweld wentel hoofsaaklik om leerders as

geweldplegers én slagoffers. In die berigte is leerders by uitstek eendimensioneel tot

demografiese besonderhede gereduseer. Hoewel dit moeilik is om ’n tipiese

leerdergeweldenaar of -slagoffer te identifiseer, kom stereotipering algemeen voor. Slagoffers

word voorgehou as leiersfigure en rolmodelle. Daarteenoor word die skuldiges as ongure,

gemarginaliseerde kinders geëtiketteer. ’n Aantal van die berigte breek deur die beperkende

grense van stereotipering, wek empatie met die booswigte en stel spogleerders en slagoffers

aan die kaak. Leerders val nie net hulle medeleerders aan nie, maar ook hulle opvoeders, lede

van die gemeenskap en onderwysstrukture. Rapport beeld ouers by uitstek uit as randfigure

wat saam met hulle kinders ly. Rapport se uitbeelding van opvoeders roep twee teenstrydige

beelde op: aan die een kant van die pendulum is daar sorgsame, liefdevolle opvoeders wat

hulle eie veiligheid op die spel sal plaas ter wille van die leerders wat onder hulle sorg

geplaas is, maar aan die ander kant van die pendulum vind ons onbekwame persone wat in

gebreke bly om ’n geborge onderrig- en leermilieu te vestig en selfs leerders sal aanrand.

Berigte oor die wisselwerking tussen gemeenskapfaktore en skoolgeweld bevestig

stereotipes: skoolgeweld is ’n gegewe in gemeenskappe waar geweld, misdaad en armoede

hoogty vier. Die teendeel is egter ook waar: skoolgeweld vind ook in spogskole en in skole in

gegoede woonbuurte plaas. Skole is nie veilige vestings nie. Geweld spoel nie net tot teen die

omheining nie, maar dring die terrein binne en word die speelveld van rampokkers en

bendelede. Uit die media-ontleding blyk dit dat rassespanning by skole dikwels tot geweld

lei. Gedurende die 1990’s was skoolgeweld skynbaar sinoniem met rassegeweld. Daarteenoor

blyk dit dat rassespanning gedurende die 21ste eeu slegs een van vele oorsake van

skoolgeweld is. Die skynbare afname in rassekonflik is waarskynlik nie net ’n weerspieëling

van wat werklik in skole gebeur nie, maar ook ’n aanduiding van veranderinge in Rapport se

lesersprofiel en redaksionele beleid (Roodt 2011). Berigte oor skoolgeweld lê klem op die

gewelddadige aard van skoolgeweld. Veral leerders word uitgebeeld as uiters gewelddadige

kriminele. Voorts suggereer berigte oor skoolgeweld dat die geweldsituasie buite beheer is as

gevolg van die skynbare toename in insidente, die binnedringing van geweld in alle skole –

ook skole in spogwoonbuurte – en die onvermoë van rolspelers om dit hok te slaan. Terwyl

die suggestie dat die situasie buite beheer is, tot ’n vrees-psigose kan lei, kan die “ons is nie

so nie”-diskoers tot ’n apatiese houding by die leserspubliek lei.

370
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Berigte oor skoolgeweld wat oor ’n tydperk van 18 jaar in Rapport verskyn het, gee ’n

redelik volledige beeld van skoolgeweld in Suid-Afrika, soos blyk uit die talle verwysings na

bestaande navorsingsbevindinge in my bespreking van die agt temas. Rapport het tot groot

hoogtes aan die universele doel van die media, naamlik om inligting oor hierdie aktuele sake

aan sy lesers te verskaf (Cowie e.a. 2008:494; De Wet 2003a:36), voldoen.Rapport het egter

ook, soos tipies van die media in hulle strewe na verhoogde sirkulasiesyfers, klem op die

sensasionele gelê. Geweldsinsidente is dikwels, sonder om die gebeure te kontekstualiseer, in

die fynste besonderhede beskryf. Die tendens kan tot ’n skeefgetrekte beeld van skoolgeweld

en paniek onder lesers lei. Navorsers en lesers moet om dié rede inligting wat in nuusberigte

vervat is, met groot omsigtigheid hanteer en ’n kritiese ingesteldheid teenoor die media as

inligtingsbron toon. Hoewel daar van die veronderstelling uitgegaan kan word

dat Rapport nie met voorbedagte rade valse of verdraaide inligting sal publiseer nie, is

nuusberigte die redaksie en/of joernalis(te) se nie-objektiewe en geïnterpreteerde weergawes

van gebeure.

Hierdie studie bevestig weer eens dat skoolgeweld ’n komplekse multidimensionele sosiale

probleem is wat nie tot ’n enkele ekosistemiese stelsel beperk kan word nie. Regeringsbeleid,

gemeenskapswaardes en -faktore, onderwysstrukture, opvoeders, ouers en leerders is in

voortdurende wisselwerking as bronne van, maar ook as slagoffers van, skoolgeweld. Hierdie

studie het nie net na die mikro-, meso- en makrostelsels gekyk nie, maar ook – in

ooreenstemming met Bronfenbrenner (2005:6) se model – gekyk na hoe Rapport die

individue betrokke by skoolgeweld gekarakteriseer en dikwels gestereotipeer het. Die studie

het ook gelet op die invloed van tyd op die rolspelers en op die wyse waarop Rapport oor

rassekonflik in skole gerapporteer het (vgl. Bronfenbrenner 2005:6). Terwyl die teoretiese

model wat hierdie studie onderlê, die belangrikheid van kontekstualisering beklemtoon, het

hierdie inhoudontleding getoon dat baie berigte oor skoolgeweld nie aan hierdie eis voldoen

nie. Dit kan tot ’n wanbegrip by die leserspubliek oor skoolgeweld lei.

Hierdie artikel oor nuusberigte en redaksionele kommentare oor skoolgeweld wat oor ’n

tydperk van 18 jaar inRapport verskyn het, is die eerste Suid-Afrikaanse

navorsingspublikasie wat verslag doen oor hoe ’n enkele mediabron oor ’n relatief lang

tydperk oor ’n enkele komplekse sosiale probleem gerapporteer het. Die studie het die

invloed van sosiale, tegnologiese en veral politieke veranderinge in die land, asook die

koerant se veranderende lesersprofiel en beleid (vgl. Roodt 2011), op die wyse waarop daar

oor skoolgeweld gerapporteer is, geïllustreer. Die studie lewer voorts ’n vars blik op

skoolgeweldnavorsing: ’n komplekse probleem word deur die lens van ’n inligtingsbron wat

op die hier en nou gefokus is, bestudeer (De Wet 2009:46). Die studie toon dus aan dat die

media as databasis gebruik kan word – indien dit met omsigtigheid hanteer word, die

navorser(s) bewus is van die feit dat die media eerder toegespits is op die verhoging van

sirkulasiesyfers as op die weergee van geverifieerde inligting, en die navorser(s) voldoende

kennis oor die navorsingsonderwerp het.

371
Bibliografie

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Altheide, D.L. 2009. The Columbine shootings and the discourse of fear. American

Behavioral Scientist, 52(10):1354–70.

Anon. 1998. Los lonte, Rapport, 22 Maart, bl. 14.

Benbenishty, R. en R.A. Astor. 2005. School violence in context: culture, neighborhood,

family, school and gender. New York: Oxford University Press.

Benjaminson, P. en D. Anderson. 1990. Investigative reporting. Ames: Iowa State University

Press.

Bhana, D. 1999. Education, race and human rights in South Africa. Perspectives in

Education, 18(2):19–29.

Booyse, J.J., C.S. le Roux, J. Seroto en C.C. Wolhuter (samests.). 2011. A history of

schooling in South Africa. Method and context. Pretoria: Van Schaik.

Bronfenbrenner, U. 1977. Towards an experimental ecology of human

development. American Psychologist, 32(7):513–31.

—. 2005a. The bioecological theory of human development. In Bronfenbrenner (red.) 2005.

—. 2005b. Lewinian space and ecological substance. In Bronfenbrenner (red.) 2005.

Bronfenbrenner, U. (red.). 2005. Making human beings human: Bioecological perspectives

on human development. Londen: Sage.

Burton, P. 2008. Dealing with school violence in South Africa. Verslag no. 4. Claremont:

Sentrum vir Geregtigheid en Misdaadvoorkoming.

Card, N.A., J. Isaacs en E.V.E. Hodges. 2008. Multiple contextual levels of risk for peer

victimization: a review with implications for prevention and intervention efforts. In Miller

(red.) 2008.

Carlyle, K.E., M.D. Slater en J.L. Chakroff. 2008. Newspaper coverage of intimate partner

violence: screwing representations of risk. Journal of Communication, 58:168–86.

Carstens, S. 2006. Menseregte “stu geweld in skole”. Rapport, 23 Julie, bl. 6.

Cavaglion, G. 2009. Fathers who kill and press coverage in Israel. Child Abuse

Review, 18:127–43.

Chyi, H.I. en M. McCombs. 2004. Media salience and the process of framing: coverage of

the Columbine school shooting. Journalism & Mass Communication Quarterly, 81(1):22–35.

372
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Cloete, K. 2010. Die oop gesprek: Só ervaar ons die staking – leerlingvertel. Rapport, 29

Augustus, bl. 7.

Cowie, H., N. Hutson, D. Jennifer en A. Myers. 2008.Taking stock of violence in U.K.

schools: risk, regulation and responsibility. Education and Urban Society, 40(4):494–505.

Creswell, J.W. 2007. Educational research. 3de uitgawe. Upper Saddle River, New Jersey:

Pearson.

Cruywagen, V. 2003. Mes-moles in skool tussen wit en bruin. Rapport, 16 Maart, bl. 11.

Cruywagen, V. en B. Afrika. 2005. Spanning ná moord by skool. Rapport, 27 Februarie,

bl. 6.

Curcio, J.L. en P.F. First. 1993. Violence in the schools: how to proactively prevent and

defuse it. Newburypark, Kalifornië: Cornwin Press.

De Bruin, G. 2002. Dertig skole sluit weens vlaag misdaad in KZN. Rapport, 10 November,

bl. 16.

—. 2006. KwaZulu-Natal. Rapport, 5 November, bl. 14.

—. 2007. “Hele polisiemag” jaag na ... skool-vuisgeveg. Rapport, 13 Mei, bl. 14.

De Kock, G. 1999a. Rasse-kruitvat! Rapport, 14 Maart, bl. 1.

—. 1999b. Ouers vat hande en ontlont ras-oorlog. Rapport, 14 November, bl. 6.

—. 2000. Vryburg-leerling wéér in die pekel na vroeëre skêr-aanval. Rapport, 14 Maart,

bl. 9.

Departement van Onderwys. 2006a. Beveiliging van skole. Rapport, 5 November, bl. 10.

—. 2006b. Skep veilige skole wat omgee. Rapport, 5 November, bl. 11.

De Vries, A. 2005. Leerlinge “bóélie hul onnies”. Rapport, 17 April, bl. 2.

De Wet, C. 2002. Racial violence in South African schools: a media analysis. Acta

Academica, 34(3):129–53.

—. 2003a. ’n Media-analise oor misdaad in die Suid-Afrikaanse onderwys. Suid-Afrikaanse

Tydskrif vir Opvoedkunde, 23(1):36–44.

—. 2003b. Misdaad in die Suid-Afrikaanse onderwys soos weerspieël deur die gedrukte

media. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Opvoedkunde, 23(2):113–21.

373
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 2009. Newspapers’ portrayal of school violence in South Africa. Acta Criminologica,

22(1):46–67.

—. 2011. The Krugersdorp samurai sword killing: a media analysis. Acta Academica,

43(3):132–65.

Dimitrova, D.V. en K.S. Lee. 2009. Framing Saddam’s execution in the US press. Journalism

Studies, 10(4):536–50.

Duncan, N. 1996. Discourses on public violence and reproduction of racism. South African

Journal of Psychology, 26(3):172–82.

Du Plooy, G.M. 2009. Communication research. Kaapstad: Juta & Kie.

Elo, S. en H. Kyngäs. 2007. The qualitative content analysis process. Journal of Advanced

Nursing, 62(1):107-15.

Ertm, G., Y.C. Donmez en E. Oksel. 2010. An investigation of nursing news in Turkish daily

newspapers. Social Behavior and Personality, 38(5):577–82.

Espelage, D.L. en S.M. Swearer (reds.). 2004. Bullying in schools: a social ecological

perspective on prevention and intervention. Mahwah: Lawrence Erlbaum.

Fourie, C. 2007. Onnies móét bakleiery stop. Rapport, 1 April, bl. 5.

—. 2006a. Noordwes. Rapport, 5 November, bl. 14.

—. 2006b. Gauteng. Rapport, 5 November, bl. 14.

—. 2006c. 9 gevaarlikste skole in die land. Rapport, 5 November, bl. 14.

—. 2006d. Limpopo. Rapport, 5 November, bl. 14.

—. 2006e. Noord-Kaap. Rapport, 5 November, bl. 14.

Furlong, M. en G. Morrison. 2000. The school in school violence: definitions and

facts. Journal of Emotional and Behavioral Disorders, 8(20):71–81.

Harber, C. 2002. Schooling as violence: an exploratory overview. Educational Review,

54(1):7–16.

Henning, E., W. van Rensburg en B. Smit. 2011. Finding your way in qualitative research.

Pretoria: Van Schaik.

Henry, S. 2009. School violence beyond Columbine: a complex problem in need of an

interdisciplinary analysis.American Behavioral Scientist, 52(9):1246–65.

374
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 2000. What is school violence? An integrated definition. The Annals of the American

Academy of Political and Social Science, 567:16–29.

Jacobs, L. 2012. School violence: a multidimensional educational nemesis. Ongepubliseerde

PhD-proefskrif, Universiteit van die Vrystaat.

Jongbloed, Z. 2003. Veiligheid in skole kry aandag na aanvalle. Rapport, 8 Junie, bl. 15.

Kamper, G.D. en M.G. Steyn. 2012. Die beroepsingesteldheid van

vierdejaaronderwysstudente. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 52(2):252–70.

Keppler, V. 2003. Seun by skool met ’n skêr aangeval. Rapport, 9 Februarie, bl. 4.

Khoury-Kassabri, M., R.A. Astor en R. Benbenishty. 2008. Student victimization by school

staff in the context of an Israeli National School Safety Campaign. Aggressive Behavior,

34:1–8.

Khumalo, F. 2000. Verbod op leerlinge “kan boemerang”. Rapport, 4 Junie, bl. 8.

Kondrasuk, J.N., T. Greene, J. Waggoner, K. Edwards en A. Nayak-Rhodes. 2005. Violence

affecting school employees. Education, 125(4):638–47.

Krüger, G. 2010. Só ervaar ons die staking – hoof vertel. Rapport, 29 Augustus, bl. 7.

Krüger, J. 1998a. Voor swart klas is Vryburg-meisie verneder. Rapport, 22 Maart, bl. 7.

—. 1998b. Die hel is los op Vryburg. Rapport, 22 Maart, bl. 2.

—. 1999. Boewe slaan al meer op skole toe. Rapport, 21 Maart, bl. 1.

Kruger, K. 2011. Ongenadige aanval terwyl leerling verfilm. Rapport, 11 Augustus, bl. 5.

Kühne, I. 2002. Stampery by skool ontvlam in rassekonflik. Rapport, 10 November, bl. 3.

—. 2004a. Pille in koffie is niks, sê onnie. Rapport, 8 Augustus, bl. 4.

—. 2004b. Seun terug skool toe ná skêrstekery tot ná die hofsaak. Rapport, 12 September, bl.

2.

Kupchik, A. en N.L. Bracy. 2009. The news media on school crime and violence:

constructing dangerousness and fuelling fear. Youth Violence and Juvenile Justice, 7(2):136–

55.

Kwon, K.H. en S. Moon. 2009. The bad guy is one of us: framing comparison between the

US and Korean newspapers and blogs about the Virginia Tech shooting. Asian Journal of

Communication, 19(3):270–88.

375
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Leoschut, L. 2008. School violence: what makes learners vulnerable? Verslag no. 4.

Claremont: Sentrum vir Geregtigheid en Misdaadvoorkoming.

Malan, M. 2006a. Skole nou broeines van geweld. Rapport, 1 Oktober, bl. 9.

—. 2006b. Wes-Kaap. Rapport, 5 November, bl. 14.

Malan, P. 2003. Tienermeisies in “katgeveg”. Rapport, 16 Maart, bl. 11.

Malan, M. en L. Meyer. 2006a. Dis skare- en skadebeheer in klaskamer. Rapport, 29

Oktober, bl. 4.

—. 2006b. Die hel is los in ons land se skole. Rapport, 29 Oktober, bl. 4.

Maree, K. 2005. Bending the neck to the yoke or getting up on one’s hind legs? Getting to

grips with bullying. Acta Criminologica, 18(2):15–33.

Maree, K. (red.). 2007. First steps in research. Pretoria: Van Schaik.

McGowan, M. 2008. Violence risk assessment in schools. Saarbrücken: VDM Verlag Dr.

Müller.

McGregor, S.L.T. 2003. A critical discourse analysis – A primer. Kappa Omicron Nu Forum,

15(1). (17 April 2012 geraadpleeg).

Meyer, L. 1998. Vuiste klap oor musiek en tone trap. Rapport, 14 Junie, bl. 17.

—. 2001. Ma wil kind uit skool haal na messtekery. Rapport, 4 November, bl. 7.

Miller, W.M. (red.). 2008. School violence and primary prevention. New York: Springer.

Muschert, G.W. 2007. The Columbine victims and the myth of the juvenile

superpredator. Youth Violence and Juvenile Justice, 5(4):251–66.

Muschert, G.W. en D. Carr. 2006. Media salience and frame changing across events:

coverage of nine school shootings, 1997-2001. Journalism & Mass Communication

Quarterly, 83(4):747–66.

Ngqela, N. en A. Lewis. 2012. Exploring adolescent learners’ experiences of school violence

in a township high school. Child Abuse Research: A South African Journal, 13(1):87–97.

Nieuwenhuis, J. 2007. Qualitative research designs and data gathering techniques. In Maree

(red.). 2007.

376
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

O’Grady, W., P.F. Parnaby en J. Schikschneit. 2010. Guns, gangs, and the underclass: a

constructionist analysis of gun violence in a Toronto high school. Canadian Journal of

Criminology and Criminal Justice, 52(1):55–77.

Oosthuizen, I.J. 2005. Safe schools. Pretoria: Centre for Education Law and Policy.

Pelser, W. 2003. Rassepot kook oor tussen leerders by skool in Witrivier. Rapport, 9

Februarie, bl. 4.

—. 2006. Mpumalanga. Rapport, 5 November, bl. 14.

Pervin, K. en A. Turner. 1998. A study of bullying of teachers by pupils in an inner London

school. Pastoral Care, Desember, ble. 4–10.

Prinsloo, J. 2008. The criminological significance of peer victimisation in public schools in

South Africa. Child Abuse Research: A South African Journal, 9(1):27–36.

Rogers, R., E. Malancharuvil-Berkes, M. Mosley, D. Hui en G.O. Joseph. 2005. Critical

discourse analysis in education: a review of the literature. Review of Educational Research,

75(3):365-416.

Roodt, D. 2011. Volkskoerante styg in sirkulasie, res daal. Praag.co.za, 24 Augustus. (19

Junie 2012 geraadpleeg).

SA Media-databasis. s.j. (5 Junie 2012 geraadpleeg).

Shields, N., K. Nadasen en L. Pierce. 2009. A comparison of the effects of witnessing

community violence and direct victimization among children in Cape Town, South

Africa. Journal of Interpersonal Violence, 24(7):1192–208.

Smit, M.E. 2003. The bully/victim problem in South African primary schools. Acta

Criminologica, 16(4):27–33.

Snyman, C.R. 2003. Criminal Law. 4de uitgawe. Durban: Butterworths.

Staples, J.S. 2000. Violence in schools: rage against a broken world. Annals of the American

Academy Political and Social Sciences, 567:30–41.

Swart, P. 1996. Swart leerlinge gooi klippe op Vryburg. Rapport, 4 Februarie, bl. 5.

Swearer, S.M. en D.L. Espelage. 2004. Introduction: A social-ecological framework of

bullying among youth. In Espelage en Swearer (reds.) 2004.

Vally, S. 1999. Violence in South African schools. Current issues in Comparative Education,

2(1):1–9.

377
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Van der Westhuizen, C.N. en J.G. Maree. 2009. The scope of violence in a number of

Gauteng schools. Acta Criminologica, 22(3):43–62.

Van Heerden, D. 2006. Oos-Kaap. Rapport, 5 November, bl. 14.

—. 2007. Ma hof toe om boelie uit skool geskors te kry. Rapport, 24 Junie, bl. 17.

Van Vuuren, M. 2008. Leerling slaan tennisster plat by skool. Rapport, 31 Augustus, bl. 4.

Van Wyk , M. 2006. Vrystaat. Rapport, 5 November, bl. 14.

Wentzel, J.A. 2008. Treitering in Suid-Afrikaanse openbare skole en die regs- en

onderwysbestuursimplikasies daarvan in leerderveiligheid. Ongepubliseerde PhD-proefskrif,

Universiteit van Pretoria.

Wolhuter, C.C. 2011. Post-1994 educational development. In Booyse, Le Roux, Seroto en

Wolhuter (samests.) 2011.

Wondergem, H. 2011. Seun by skool met bofbalkolf. Rapport, 28 Augustus, bl. 8.

Zulu, B.M., G. Urbani, A. van der Merwe en J.L. van der Walt. 2004. Violence as an

impediment to a culture of teaching and learning in some South African schools. South

African Journal of Education, 24(2):170–5.

378
Opsomming

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

’n Ondersoek na die waarde van historiese fiksie:

drie geskiedkundige romans in oënskou geneem

Gerda Taljaard-Gilson

Gerda Taljaard-Gilson, Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Unisa

Talle naslaanwerke vir die literatuurwetenskap (o.a. Van Gorp 1991:180; Cloete 1992:129,

442; Cuddon 1998:383; Abrams 2005:201) omskryf historiese romans as narratiewe tekste

wat kreatief omgaan met gebeurtenisse uit die geskiedenis, meestal met die bedoeling om ’n

bepaalde tydperk uit die verlede voor die gees te roep, en sê ook dat hierdie tekste gewoonlik

fiksionele en/of historiese karakters in verifieerbare historiese omstandighede plaas. Verder

poog historiese romans, volgens hierdie naslaanbronne, om die Zeitgeist, politieke gebeure en

sosiale omstandighede van ’n spesifieke tydperk, asook die impak daarvan op ’n individu of

groep mense, in realistiese besonderhede uit te beeld. Alhoewel dié omskrywing juis is, gaan

dit by die geskiedkundige roman oor veel meer as net die oproep van ’n vergange era en die

uitbeelding van persone uit ’n spesifieke tydvak. Historiese romans is nie net die herwinning

van die verlede nie, maar ook ’n medium waardeur ’n historiese bewussyn by die eietydse

leser geskep word om sodoende sin te maak van die hede. Tweedens kan die skryf én lees van

historiese romans ’n strategie wees om traumatiese geskiedenis te verwerk en om ’n mens se

medepligtigheid in ’n sekere stuk geskiedenis te erken. Derdens is die oproep van die verlede

’n soeke en bevestiging van ’n persoon se identiteit omdat ’n mens met die lees van sulke

tekste jou eie plek in die geskiedenis oorweeg en heroorweeg. Vierdens kan die kreatiewe

historiografie dien as ’n middel om geskiedkundige feite wat in formele geskiedskrywings

verdraai of verswyg is, reg te stel en openbaar te maak. In die vyfde plek kan geskiedkundige

romans poog om aspekte (woordeskat, persone, gebeure, gewoontes, ens.) wat dreig om in

die vergetelheid te verdwyn, te argiveer. Die vraag waarom eietydse lesers én skrywers hulle

met die geskiedenis bemoei, word in hierdie artikel beantwoord deur die funksies van

historiese romans aan die hand van drie geskiedkundige romans met die Anglo-Boereoorlog

as tema te ondersoek, naamlik Ingrid Winterbach se Niggie (2002), P.G. du Plessis se Fees

van die ongenooides (2008) en Sonja Loots seSirkusboere (2011a).

Trefwoorde: historiese representasie; waarde van historiese fiksie; geskiedkundige roman;

kreatiewe historiografie; dokumentêre historiografie; Anglo-Boereoorlog; Afrikaneridentiteit;

historiese bewussyn; fiktiewe geskiedskrywing as terapie; boetedoening; argivering; blootlê

van ontkende geskiedenis

379
Abstract

The value of historical fiction: three historical novels reviewed

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

The question why contemporary writers of fiction concern themselves with history is

answered in this article by investigating the importance of historical fiction by means of

analysing three prominent Afrikaans historical novels about the Anglo-Boer War: Ingrid

Winterbach’s Niggie (To hell with Cronjé), P.G. du Plessis’s Fees van die

ongenooides (Feast of the uninvited) and Sonja Loots’s Sirkusboere (Circus Boers).

Literary critics distinguish between historical writing or historiography on the one hand and

historical fiction on the other. Historiography is considered to be the scientific recording of

history, while historical fiction is seen as the creative adaptation of historical material. It

became evident from this study, however, that historical truth and literary truth need not be

opposing entities, but could rather be seen as complementing each other. It is not only

history-as-science which plays an important part in ensuring the future of our past, but also

literature. The study of literary works can indeed be of great value in our understanding of

history.

Literary theorists (e.g. Van Gorp 1991:180; Cloete 1992:129, 442; Cuddon 1998:383;

Abrams 2005:201) define the historical novel as a form of fictional narrative which

reconstructs history and recreates it imaginatively by either portraying a single historical

event or depicting a broader view of a past society in which great events are reflected by their

impact on the lives of individuals. Although this definition is accurate, historical fiction has

far greater significance than the mere evocation of a past age and its people. This genre is not

a regurgitation of history, but a medium through which a historical consciousness is created

in the contemporary reader to make sense of present circumstances. The writing and reading

of historical narratives can also be a strategy to process traumatic history and to admit one’s

complicity in a certain part of (unfavourable) history. The fictional recapturing of history is,

furthermore, a search for and confirmation of a person’s identity because with the reading of

these texts one tends to consider and reconsider one’s own place in history. Creative

historiography can also serve as a means to rectify distorted facts and reveal concealed

history. In addition, historical novels attempt to archive disappearing (often archaic)

expressions, vocabulary, folklore, traditions, folk songs, customs and even forgotten

historical figures.

Although several authorities on the historical novel (e.g. Wessels 2011; Van Coller 2011;

Botha 2006; Van Vuuren 2007; Viljoen 2011; Loots 2011b) have already referred to some of

these functions in various articles, it will be very useful to the researcher interested in

historical fiction to have them summarised within one article and to see them applied to

relevant historical novels. This was accomplished by consulting the above-mentioned

scholars’ work on the topic, as well as, among others, the texts of Dlamini (2009), Giliomee

(2003), Marais (2011), Su (2005) and Van der Merwe (2011).

380
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

The methodology followed in this article is first to introduce the topic, to formulate the

research problem and to explain the merit of the article. Secondly, the value of historical

novels, in general, is discussed. Thirdly, the portrayal of specifically the Anglo-Boer War in

Afrikaans fiction is examined. Then the various objectives of historical fiction are

individually discussed by investigating the novels Niggie, Fees van die ongenooides and

Sirkusboere under the following topics:

• the creation of a historical consciousness to make sense of current affairs

• the confirmation of an (Afrikaner) identity

• the historical novel as a form of “therapy” and penance

• the exposure of manipulated facts and suppressed history

• the historical novel as a “memory museum”.

It was found that, unlike formal historiographers, authors of historical novels do not recreate

the past simply to document historical facts; and readers of historical fiction do not read this

genre for mere entertainment only, or solely to be informed and educated. Historical fiction

expresses a rich variety of views on and approaches to history and often provides a better

understanding of past events than do history books. The reading and writing of creative

historiographies can be seen as a process by which a person’s memory of the past becomes

meaningful. Fictional representation of history is, rather, an attempt to create insight into and

understanding of the past, than creating knowledge of it. Literary authors, poets and

playwrights can indeed play a vital part in the development of our comprehension of the past,

as the writers of historical fiction often reach more people than historians do. By means of

historical fiction the reader is brought closer to historical events than by merely studying the

cold facts. Historical novels capture the Zeitgeist and atmosphere of a certain era more

effectively than formal historical writing because names and dates become “flesh and blood”

in fiction.

It also seems that writers of historical fiction sometimes doubt official historical versions and

attempt to unravel and reproduce their own “truth”. It thus appears as if the novelist

sometimes wants to rewrite formal history books to reveal history that has been denied and

concealed. Writers often record unrecorded history and in this way become “pioneer

historians”, although within a so-called fictional framework (Van Coller 2011:691).

In addition, it became clear that historical novels are written because the past can provide

insight into the present and that the process of writing and reading historical narratives can be

therapeutic. The novelist writing historical fiction can, therefore, be compared to a

traumatised person representing his or her trauma (Van den Berg 2011:19) in order to be

“healed”.

While older historical novels usually provided a heroic perspective on history, most modernday

authors are inclined to be critical towards history. Fictional historiographies can, in other

words, be presented in either a positive (nostalgic) or a critical (parodical) manner. When the

historical novel is about the “celebration of certain aspects” it is seen as nostalgic, but when

381
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

there is a critical and ironic stance in historical fiction it is viewed as parodical (Van Coller

2011:682).

Nostalgic writers are often considered reactionary and even xenophobic, and their works are

considered sentimental, oversimplified and idealised versions of the past written in order to

resist change. Nostalgia is, however, not necessarily reactionary or oppositional towards the

present or future, but can be a productive way to confront loss and displacement (Dlamini

2009:17). Most contemporary authors of historical fiction will approach certain historical

aspects in a nostalgic way and other elements of the same part of history in a critical,

questioning and sceptical manner.

When it comes to the presentation of the Anglo-Boer War in Afrikaans fiction in particular,

there are two approaches: either it can be depicted as the most heroic time in the Afrikaners’

history in their struggle to regain lost (self-) respect and to show the injustice endured by the

Afrikaner, or it can be deconstructed and demythologised as part of the admission of guilt

(Van der Merwe 1998:2).

During the revival of Afrikaner nationalism in the 1930s and 1940s a variety of

propagandistic and heroic texts about the Anglo-Boer War were written and the suffering of

women and children in concentration camps was used to unite a new nation. During the

1960s, however, the war history was demythologised and often satirised to provide

commentary on political and social issues of the day.

Niggie, Fees van die ongenooides and Sirkusboere compel the reader to reconsider the value

of historical fiction. By writing about the Anglo-Boer War the authors of these books provide

biting commentary on the past, present and future. Not only do they criticise and question the

“spotless” image of the Boers and their “holy” war (used by the apartheid government to

symbolise Afrikaner identity), but they also comment on the Afrikaners’ position, identity

and language in the current system. These novels offer an alternative representation of the

Anglo-Boer War, but even though many characters and events are fictitious and these writers

undermine the historians by expressing doubt about whether history can provide the whole

truth of the past, the cruelty, unfairness and disillusion created by this war has probably never

been recreated as sincerely as in these very books.

Niggie comments on Afrikaner identity and the future of Afrikaans as a language. Fees van

die ongenooides is about the unfamiliar, unusual and even suppressed facets of the Anglo-

Boer War. In Sirkusboere Sonja Loots writes from a different perspective about a part of

history that has been surprisingly neglected: how the Boer general Piet Cronjé re-enacted his

humiliating surrender to Lord Roberts in front of two million spectators during the so-called

Boer War Circus in America in 1904.

The analysis of these three novels showed that the historical novel is not a mere regurgitation

of history to entertain or inform readers, but a medium through which a historical conscience

382
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

is created, identity is confirmed, distorted facts are rectified, atonement is made, therapy is

received and languishing aspects are archived.

The authors of literary work can facilitate a discovery of the truth about the past and in this

way reconcile themselves with past events and the people responsible for these events – to

forgive, but not forget.

Keywords: historical presentation; value of historical fiction; historical novel; creative

historiography; historical documentary; Anglo-Boer War; Afrikaner identity; historical

consciousness; historical fiction as therapy; atonement; archiving; exposure of suppressed

history

1. Inleiding

Literatore tref ‘n onderskeid tussen dokumentêre geskiedskrywing of historiografie aan die

een kant en historiese fiksie aan die ander kant. Die historiografie word gesien as ’n

wetenskaplike teboekstelling van die geskiedenis en historiese fiksie as die kreatiewe

verwerking van geskiedkundige materiaal. Soos later bewys sal word, hoef die historiese en

literêre waarheid egter nie teenoor mekaar te staan nie, maar kan dit mekaar eerder aanvul.

Definisies wat letterkundiges vir die begrip historiese roman verskaf, stem grootliks met

mekaar ooreen. Cuddon (1998:383) beskryf ‘n historiese roman byvoorbeeld as “a form of

fictional narrative which reconstructs history and recreates it imaginatively”. Hy is van

mening dat beide fiktiewe en werklike geskiedkundige personasies in historiese fiksie kan

verskyn en dat die skrywer van hierdie genre deeglike navorsing oor sy/haar onderwerp moet

doen om die verhaalgebeure so na as moontlik aan die werklikheid te hou: “[T]he good

historical novelist researches his or her chosen period thoroughly and strives for

verisimilitude.”

Volgens Abrams (2005:201) is ’n historiese roman “a novel that attempts to convey the spirit,

manners, and social conditions of a past age with realistic detail and fidelity to historical

fact.” Hierop brei hy soos volg uit: “The work may deal with actual historical personages, or

it may contain a mixture of fictional and historical characters. It may focus on a single

historical event [...] or portray a broader view of a past society in which great events are

reflected by their impact on the private lives of individuals.” Insgelyks omskryf Van Gorp

(1991:180) die historiese roman as ’n narratief wat “verhaalstof put uit historische

gebeurtenissen en/of personages, meestal met de bedoeling (de sfeer van) een bepaalde

periode uit het verleden voor de lezer op te roepen.” Gevolglik, voer hy aan, kan die

romanskrywer met die geskiedskrywer vergelyk word, alhoewel die skrywer van historiese

fiksie sy materiaal met “zijn verbeelding” bewerk en herorganiseer.

Cloete se Literêre terme en teorieë (1992) gee betreklik min en vae inligting oor die

historiese roman. Onder die opskrif “Roman” tref Scholtz (1992:442) onderskeid tussen die

383
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

staatsroman, sleutelroman en historiese roman omdat daar in laasgenoemde, in kontras met

die ander twee, ’n “historiese bewussyn” aan bod kom omdat daar “’n hunkering na die

verlede is wat geïdealiseer word as bron van outentisiteit”. Onder “Fiksie” beskryf Du Plooy

(1992a:129) die historiese roman as ’n teks wat “fiksionele karakters in verifieerbare

historiese omstandighede [plaas]”. ’n Verdere karige verwysing na die historiese roman is te

sien onder die hofie “Geskiedenis/storie/verhaal en teks” en lui as volg: “Die verhaal is die

bepaalde artistieke weergawe van die bepaalde geskiedenis [...] in ’n bepaalde teks” (Du

Plooy 1992b:151).

Die meeste van bostaande definisies vir die historiese roman is taamlik volledig. In van

hierdie omskrywings word daar selfs melding gemaak van die doel van hierdie genre,

naamlik die “oproep” van ’n bepaalde era, maar dit vermeld nie die verdere belangrike

funksies wat die historiese roman vir die eietydse leser kan vervul nie. Hierdie belangrike

funksies of “hoër” doelstellings van geskiedkundige romans kan die volgende wees:

• die skep van ’n historiese bewussyn by die eietydse leser om sin te maak van die hede

• ’n soeke na en bevestiging van ’n persoon se identiteit en herkoms

• ’n terapeutiese funksie: verwerking van traumatiese geskiedenis

• boetedoening: erkenning van aandadigheid aan ’n ongunstige geskiedenis

• om verdraaide of versweë geskiedenis reg te stel en/of openbaar te maak

• ’n dokumenteringsfunksie: om aspekte (woordeskat, persone, gebeure, gewoontes, ens.)

wat dreig om in die vergetelheid te verdwyn, te bewaar.

In hierdie artikel gaan dié funksies met betrekking tot drie belangrike Afrikaanse Anglo-

Boereoorlog-romans wat die afgelope tien jaar verskyn het, ondersoek word, naamlik Ingrid

Winterbach se Niggie (2002), P.G. du Plessis se Fees van die ongenooides (2008) en Sonja

Loots se Sirkusboere (2011a). Heelparty akademici (o.a. Wessels 2011; Van Coller 2011;

Botha 2006; Van Vuuren 2007; Viljoen 2011; Loots 2011b) het al in verskeie artikels na

sommige van hierdie funksies verwys, maar dit sal van nut vir die navorser van historiese

fiksie wees om hierdie funksies as ’n samevatting in een artikel beskikbaar te hê en te kan

sien hoe hierdie funksies op relevante geskiedkundige romans van toepassing gemaak word.

2. Die waarde van historiese romans

Skrywers herwin nie die verlede net om sekere gebeurtenisse in herinnering te roep nie, en

lesers lees nie geskiedkundige romans net om vermaak en ingelig te word nie. Historiese

fiksie verwoord ’n ryke verskeidenheid standpunte en benaderings ten opsigte van die

geskiedenis en gee dikwels ’n beter begrip van die verlede as sommige formele

geskiedskrywings (Wessels 2011:186-204). Geen historiese roman handel net oor die verlede

nie. Volgens Van Coller (2011:680-692) is die fiktiewe historiografie nie ’n blote terugroep

van die verlede nie, maar eerder ’n proses waardeur ’n persoon se herinnering aan die verlede

betekenis verkry. Hy stel dit as volg: “Geskiedskrywing is daarom in wese nie die herwinning

van die verlede nie, maar die proses van singewing aan ons herinnering van die verlede. Die

384
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

behoefte aan sin ontstaan juis in krisistye, wanneer die gangbare verstaan van dinge nie meer

vanselfsprekend is nie” (2011:685).

Fiktiewe representasie van die geskiedenis poog dus eerder om begrip te skep as om kennis

van die verlede te rekonstrueer. By kreatiewe geskiedskrywing gaan dit nie noodwendig oor

die weergee van die waarheid nie, maar oor dit wat vir die skrywer belangrik is (Van den

Berg 2011:10; Van Coller 2011:686). Daarom vergelyk Van Coller (2011: 680–4) die

herskepping van die verlede met die proses van literêre vertaling, omdat die skrywer van

historiese romans, nes die vertaler, ’n begrypbare doelteks van die bronteks moet maak:

“Soos geen vertaling ooit ’n volkome ekwivalent of parallel van die oorspronklike kan wees

nie, só is ’n presiese, ‘ekwivalente’ historiese representasie van die verlede prinsipieel

onmoontlik. Waarna gestrewe kan word, is hoogstens ’n betroubare vertaling of historiese

representasie.”

Wessels (2011:188) is van mening dat skrywers, digters en dramaturge ’n belangrike rol speel

in die ontwikkeling van begrip vir ons verlede, want die skrywer van historiese fiksie bereik

immers baie meer mense as die historikus. Die bestudering van letterkunde kan dus van veel

nut by die bestudering van die geskiedenis wees. Deur middel van historiese fiksie word die

leser “nader” aan die historiese gebeure gebring as deur bloot die feite te bestudeer. Die

historiese en literêre waarheid hoef derhalwe nie teenoor mekaar te staan nie; dit kan mekaar

eerder aanvul (Wessels 2011:204).

Met behulp van historiese romans word die gees en atmosfeer van ’n bepaalde era beter

vasgevang as in sommige geskiedenisboeke. In Ferreira (2012a:7) se voorwoord

tot Boereoorlogstories 2 stel sy hierdie gegewe as volg: “Dit [is] duidelik dat lesers

wêreldwyd bekoring en betekenis in historiese fiksie vind. Die mens skyn ’n behoefte te hê

om te weet hoe dit was met dié wat voor ons was. Sulke inligting is geredelik te vind in

geskiedenisboeke en argiewe. Maar in fiksie word name en datums mense [...].”

Soms lyk dit of die skrywer van historiese fiksie die amptelike historiese weergawes betwyfel

en sy/haar eie “waarheid” wil probeer ontrafel en weergee (Van Coller 2011:688). Dit wil dus

voorkom of die romanskrywer in sekere gevalle die formele geskiedenisboeke wil herskryf of

geskiedenis wat ontken of verswyg is, bekend of openbaar wil maak. Skrywers “boekstaaf

dikwels ’n stuk geskiedenis waarvan daar géén historiese verslag bestaan nie en word

sodoende die ‘eerste historikus’, hoewel dan in ’n sogenaamde fiktiewe kader” (Van Coller

2011:691).

Historiese romans word verder geskryf omdat “die verlede insig op die hede kan bied”

(Ferreira 2012b:voorwoord) en omdat die skryf en lees van geskiedkundige fiksie moontlik

terapeutiese waarde kan hê. Van Coller (2011:685) beweer selfs dat “die historikus gelyk te

stel [is] met ’n getraumatiseerde persoon wat sy trauma wil representeer”. Ook Wessels

(2011:195) sien die skryf van historiese fiksie as ’n vorm van terapie wanneer hy verwys na

verskeie oorlogsgedigte wat tydens en ná die Anglo-Boereoorlog deur kommandodigters

geskryf is wat “terapeutiese waarde” gehad het, al was dit “geen meesterstukke nie”. Nog ’n

385
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

geval waar historiese fiksie ingespan word om traumatiese geskiedenis te verwerk, is by die

skryf en lees van verhale oor die bos- of grensoorlog, byvoorbeeld in Ferreira

se Grensoorlogstories (2012), waar humor, satire en ironie ’n “beproefde wapen” is om

verlies wat deur hierdie oorlog veroorsaak is, te verwerk en “verligting te bring” (Ferreira

2012b:voorwoord).

Waar ouer historiese romans meestal ’n patriotiese of heroïese perspektief op die geskiedenis

gegee het, is die meeste eietydse skrywers van historiese fiksie geneig om krities te staan

teenoor die geskiedenis en lewer hulle (dikwels op satiriese wyse) sosiale kommentaar op die

verlede én hede. Van Coller (2011:682) is van mening dat geskiedkundige materiaal in

historiese fiksie “op ’n positiewe (nostalgiese) wyse gerepresenteer [kan] word en dikwels op

parodiërende wyse.” Wanneer dit in ’n historiese roman gaan oor die “viering van bepaalde

aspekte” van die verlede, sien hy dit dus as ’n “nostalgiese” blik op die geskiedenis, en

wanneer daar “’n sterk afstandname van die tradisionele weergawes van veral die

Afrikanergeskiedenis” is, beskou hy dit as “parodiërend” (Van Coller 2011:682).

Om die verskil tussen hierdie twee benaderings aan te dui, kan twee van Deon Opperman se

verhoogstukke,Môre is ’n lang dag (1986) en Tree aan (2011), as voorbeelde dien. In

eersgenoemde word die verskrikking, ontnugtering en onregverdigheid van die grensoorlog

uitgebeeld – dus ’n “parodiërende” benadering tot hierdie geskiedenis. In Tree aan, wat ‘n

musiekblyspel is, word die nostalgie van troepie-wees op ’n sentimentele wyse verbeeld –

dus ’n “nostalgiese” benadering tot dieselfde geskiedenis.

In literêre kritiek word nostalgiese skrywers dikwels gesien as reaksionêr, uit voeling of selfs

xenofobies (Loots 2011b:94; Su 2005:2) en hulle werk as sentimentele, oorvereenvoudigde,

gesaniteerde en geïdealiseerde weergawes van die verlede om transformasie teen te staan

(Loots 2011b:94; Steinwand 1997:9-10). Volgens Su (2005:2), Dlamini (2009:17) en Loots

(2011b:94–5) is nostalgie egter nie noodwendig reaksionêr of ’n verwerping van die hede en

die toekoms nie, maar kan dit ook “positief toekomsgerig wees omdat dit die verlede en hede

herevalueer as deel van ’n kreatiewe soeke na alternatiewe oplossings vir teleurstellende

tydgenootlike omstandighede”.

Dit is belangrik om op hierdie stadium aan te dui dat die meeste eietydse historiese romans

nie nét nostalgies of nét parodiërend met die geskiedenis sal omgaan nie, maar dat daar

gelyktydig ’n viering van sekere aspekte, en ’n kritisering, ironisering en bevraagtekening

van ander aspekte in dieselfde teks kan wees.

386
3. Uitbeelding van die Anglo-Boereoorlog in Afrikaanse fiksie

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Wat die uitbeelding van spesifiek die Anglo-Boereoorlog in Afrikaanse historiese romans

betref, is daar volgens Van der Merwe (1998:2) twee moontlikhede. In die eerste plek kan die

oorlog weergegee word as die mees “heroïese tyd in die geskiedenis van die Afrikaner om

sodoende verlore selfrespek te herwin, en moontlik ook [om te] wys op die onreg wat teen

Afrikaners gepleeg is – dat Afrikaners nie die uitsluitlike skuldiges van die geskiedenis is

nie”. In die tweede plek kan die oorlogsgeskiedenis gebruik word om die “heroïek van die

verlede te relativeer en te dekonstrueer as deel van die konfrontasie met die verwerking van

skuld van die verlede”. Oor die gemitologiseerde, “nostalgiese” (Van Coller 2011:682)

uitbeelding van die Anglo-Boereoorlog in Afrikaanse historiese fiksie gee Wessels

(2011:189) die volgende kommentaar:

Veral gedurende die eerste helfte van die twintigste eeu is die Boere in sommige

geskiedenisboeke en literêre werke as onverskrokke volkshelde gekanoniseer. Die

eensydige beklemtoning van die heroïese minderheidsgroep in Afrikanergeledere

het deel van die Afrikaner se nasionalistiese mitologie geword, in belang van die

Afrikaner se politieke aspirasies, iets wat met verloop van tyd die implementering

van die beleid van apartheid ingesluit het.

Tydens die 1930’s en 1940’s, met die oplewing van Afrikanernasionalisme, is verskeie

mitologiserende of heroïese tekste oor die Anglo-Boereoorlog geskryf. Daar is gepoog om

die bittereinders en “helde” in diens van die polities-kulturele projek van nasiebou in te span

(Botha 2006:82). In hierdie tipe oorlogromans is die stereotiepe beeld van die goeie,

heldhaftige bittereinder en slegte, lafhartige joiner beklemtoon en “[g]egewe die feit dat die

Boere ’n klein minderheid teenoor die magtige Britse Ryk was, is die grondslag vir die

mitologisering van die Afrikaner se vryheidstryd gelê” (Wessels 2011:196–7). In dié tydperk

het verskeie Afrikaanse leiers én skrywers die mishandeling van vroue en kinders in

konsentrasiekampe en die wrewel en smart wat hierdie gebeure veroorsaak het, as

propaganda gebruik om ’n nuwe nasie saam te snoer (Botha 2006:75). As voorbeeld hiervan

kan J.R.L. van Bruggen se Bittereinders (1935) en Die gerig (1943), T.C. Pienaar se ’n Merk

vir die eeue(1935) en Ewald Steenkamp se Helkampe (1941) genoem word. Dit is romans

wat hoofsaaklik vanuit ’n Afrikaneroogpunt geskryf is, waarin die Afrikaner se lyding en

ontbering beklemtoon word en daar sodoende ’n boodskap van nasietrots uitgedra is (Wessels

2011:197).

Vanaf die 1960’s en 1970’s is daar egter op ’n meer kritiese of parodiërende (Van Coller

2011:682) wyse na die Afrikanergeskiedenis in historiese fiksie gekyk en word die Anglo-

Boereoorlog nie noodwendig meer op ’n heroïese vlak benader nie. Wessels (2011:199) som

dit soos volg op:

Anders as literêre werke van veral die 1930’s en 1940’s waarin die heroïese sy

van die Anglo-Boereoorlog in die algemeen beklemtoon is en die tekste baie keer

niks anders was nie as (suksesvolle) pogings om Afrikanernasionalisme te

387
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

bevorder, word die oorlog (en die Afrikaner) selde in moderne tekste verheerlik;

trouens, ’n mens sou tot die gevolgtrekking kon kom dat daar doelbewus ’n

poging is om Afrikanernasionalisme af te wys.

In Etienne Leroux se Magersfontein, o Magersfontein! (1976) word die geskiedenis

byvoorbeeld gedemitologiseer en Afrikanernasionalisme gesatiriseer (Wessels 2011:197).

Hierdie roman word verder as “bakenverskuiwend” en “konvensieverbrekend” beskou, omdat

daar op “ironiese wyse na historiese gegewens” (Wessels 2011:197) gekyk word. Volgens

Van Coller (2011:688) jukstaponeer Leroux die historiese verlede op satiriese wyse met die

eie tyd in hierdie roman: “Wat heroïes was, word banaal; wat gekodifiseerde optrede in pas

met die beginsels van dekorum eie aan onkreukbare militariste was, versand in die sedelose

en sinlose optrede van die eietydse mens [...].”

Verdere belangrike voorbeelde van historiese romans waarin die geskiedenis van die Anglo-

Boereoorlog kreatief en krities verwerk is om ’n nuwe bewussyn van die verlede te skep en

parodiërend kommentaar oor die verlede (en hede) te lewer, is Karel Schoeman

se Verliesfontein (1998) en Christoffel Coetzee se Op soek na generaal Mannetjies

Mentz (1998). In Verliesfontein word “die grense van sowel die historiese roman as die

geskiedskrywing opgehef en [word] daar tot beter begrip van die verlede gekom” (Wessels

2011:199). Op soek na generaal Mannetjies Mentz bevraagteken die geïdealiseerde beeld van

die Afrikaner tydens die Anglo-Boereoorlog en trek implisiet verbande tussen dié geskiedenis

en die apartheidstydperk (Wessels 2011:198). Van Coller (2011:689) is van mening dat

Coetzee daarin slaag om “die verlede nader te trek aan die hede” omdat hy in Op soek na

generaal Mannetjies Mentz doelbewus parallelle inbou tussen die Anglo-Boereoorlog en die

Waarheid-en-Versoeningskommissie.

Ook Ingrid Winterbach se Niggie, P.G. du Plessis se Fees van die ongenooides en Sonja

Loots se Sirkusboeredwing die leser om die waarde van historiese fiksie te heroorweeg.

Hierdie skrywers lewer striemende kommentaar op die verlede en hede deur die “oproep” van

die Anglo-Boereoorlog. Hulle lewer nie net kritiek op die vlekkelose beeld van Boerekrygers

en hulle heilige oorlog wat vir jare deur die apartheidsregering voorgehou is as ’n

versinnebeelding van die Afrikaner se identiteit en stryd nie (Botha 2006:84), maar ook op

die Afrikaner se posisie, identiteit en taal in die huidige bestel.

Niggie, Fees van die ongenooides en Sirkusboere gee ’n alternatiewe weergawe van die

Anglo-Boereoorlog, maar al is baie van die karakters en gebeure fiktief, en al ondergrawe

hierdie skrywers die tradisionele historikus deur twyfel uit te spreek of die geskiedenis die

volle waarheid omtrent die verlede kan weergee, is die wreedheid en onregverdigheid van

hierdie oorlog en die ontnugtering wat dit veroorsaak het, waarskynlik nog nooit tevore só

eerlik weergegee as juis in hierdie drie romans nie (Wessels 2011:198).

Niggie het sowel ’n sterk historiese as ‘n visionêre inslag, deurdat Winterbach die verlede

gebruik as metafoor vir die hede of selfs die toekoms (Botha en Van Vuuren 2007:130).

In Niggie vertrek ’n klein groepie Boere, naamlik die natuurhistorikus Ben Maritz, die

388
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

geoloog Reitz Steyn en die leier Willem Boshoff, uit die Kaapkolonie om ’n getraumatiseerde

seun na sy moeder in Ladybrand te neem. Hulle moet ook ’n boodskap van hul bevelvoerder

aan generaal Bergh bring. Onderweg kom hulle ’n kamp vir gevegsongeskiktes teë.

Uiteindelik word Maritz en Steyn op ’n militêre sending gestuur, maar dit blyk ’n lokval te

wees wanneer hulle byna doodgeskiet word. Hulle word deur die titelkarakter gered en na ’n

plaas geneem, waar hulle stelselmatig herstel en Steyn ’n verhouding met een van die vroue,

Anna, aanknoop. Deur middel van hierdie eenvoudige gegewe word kommentaar gelewer op

Afrikaneridentiteit en die toekoms van Afrikaans: die “kwasi-noodtoestand waarin Afrikaans

in die nuwe bedeling verkeer” (Botha en Van Vuuren 2007:132).

Op die oppervlak skyn Fees van die ongenooides ’n tradisionele Anglo-Boereoorlog-roman

met konsentrasiekampe, helde, bittereinders, rebelle en joiners te wees, maar dieperliggend

gaan hierdie roman eerder oor die onbekende, ongewone en selfs verswygde fasette van die

oorlogsgeskiedenis (Du Plooy 2009:2), naamlik verkragting, kindermoord, swart

oorlogshelde, lafhartigheid, oneerlikheid, ensovoorts. Dit lewer ook kommentaar oor die

kompleksiteit van geskiedskrywing, dat “die geskiedenis nooit objektief weergegee kan word

nie” (Van Coller 2011:690), want elke karakter in hierdie teks het sy/haar eie weergawe van

die “waarheid”:

Joey lieg op verskillende maniere met sy kamera. Nie net is dit onwettig bekom

nie, hy skep ook ’n denkbeeldige wêreld daarmee: ’n “gelukkige” gesin is niks

minder as vervalsing nie, ’n dooie kind word afgeneem as lewend en só op

perverse wyse aan die dood ontruk en bestendig. ’n Verraaier en verkragter

[Danie] word deur sy eie stories omgetower tot volksheld, en ’n oudstryder [’n

Engelse offisier, Philip Brooks] slaag nie eens daarin om deur die gebruikmaking

van argivale bronne die waarheid (en dit wat verby is) te agterhaal nie. (Van

Coller 2011:690)

Oor die gevoelens van verlies, ontreddering en bedroënheid wat die Anglo-Boereoorlog

veroorsaak het, is al baie geskryf, maar Loots skryf in Sirkusboere vanuit ’n nuwe perspektief

oor ’n stuk geskiedenis wat tot dusvêr nog nie baie aandag gekry het in die representasie van

hierdie oorlog nie (Viljoen 2011:1). Die roman vertel die ware verhaal van Boere en hulle

agterryers wat in 1904 aan Frank Fillis se Anglo-Boereoorlog-vertoning, oftewel die

Boeresirkus, by die Wêreldtentoonstelling in St. Louis in Amerika deelgeneem het.

Hiertydens het generaal Piet Cronjé byna ses maande lank twee maal per dag sy vernederende

oorgawe aan lord Roberts by die Slag van Paardeberg voor ’n gehoor van 25 000 mense

opgevoer. Die titel van die roman verwys nie net na Fillis se sirkus nie, maar ook na die

universele menslike neiging om die feite van die verlede te manipuleer en tot “sirkus” te

transformeer. Die pynlike kant van die verlede word verswyg, want die doel van die “sirkus”

is om die kyker/leser te vermaak en die belange van die “sirkusbaas” te dien (Van der Merwe

2011:3). Die sirkusarena word “’n metafoor van die oorlog” (Ferreira 2011:11) en die twee

generaals, Piet Cronjé en Ben Viljoen, stel die hedendaagse Afrikaner voor.

389
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In bostaande paragrawe is die belangrike rol wat die historiese roman kan speel – in die skep

van ’n historiese bewussyn, verwerking van trauma, boetedoening, bevestiging van identiteit,

die openbaarmaking van ’n ontkende geskiedenis en die dokumentering van “bedreigde”

aspekte – oorsigtelik beskou. In die volgende gedeelte gaan hierdie “hoër” funksies

indringend bespreek word deur spesifiek na Niggie, Fees van die ongenooides en

Sirkusboere te verwys.

4. Die skep van ’n historiese bewussyn om sin te maak van die hede

As ons nie ’n greep op die hede wil verloor nie, moet die verlede weer verbeel word. Om

hierdie rede herroep skrywers van historiese fiksie die geskiedenis om ’n historiese bewussyn

by die eietydse leser te skep sodat die leser (en skrywer) kan besin oor sy/haar plek in die

geskiedenis en kan sin maak van die hede. Eers wanneer jy weet waar jy vandaan kom, kan jy

na behore weet wie en wat jy is en waarheen jy op pad is. Historiese bewussyn en identiteit

gaan dus hand aan hand. Die historiese roman kan optree as bemiddelaar tussen verlede, hede

en toekoms deur “die ervaring van die verlede in verband te bring met verwagtings vir die

toekoms, deur kontingente gebeure binne die oorkoepelende trajekte van die geskiedenis te

plaas en deur nuwe perspektiewe te open in vasgeloopte situasies en skynbaar onveranderlike

werklikhede. Hierdeur word ’n historiese bewussyn [my kursivering] bevorder waarin die

verlede in narratiewe vorm aangebied word vir die verstaan van die hede in afwagting van die

toekoms” (Van Coller 2011:685; Rüsen 1997:27).

Die skrywers van Niggie, Fees van die ongenooides en Sirkusboere jukstaponeer die hede

met die verlede om sodoende kommentaar te lewer op huidige omstandighede en selfs die

toekoms. Die Anglo-Boereoorlog en die ontnugtering van die mense wat daarby betrokke

was, word in al drie hierdie boeke ’n metafoor van vandag, want die hede word immers deur

die geskiedenis bepaal. Wat die hede en toekoms van die Afrikaner met betrekking tot

historiese fiksie oor die Anglo-Boereoorlog betref, lewer Wessels (2011:204) die volgende

kommentaar:

In die huidige tydsgewrig worstel sommige Afrikaanssprekendes om vrede te

maak met die postapartheidbedeling. Juis in dié tye is dit belangrik dat

Afrikaanssprekendes hul geskiedenis behoorlik sal bestudeer en sal besef dat die

verlede (hul geskiedenis) nie noodwendig as knellende bande bejeën moet word

nie, maar eerder as ankertoue. Wie vrede gemaak het met sy of haar verlede het

’n beter kans op ’n rooskleurige toekoms. Só iemand kan waarskynlik ook

makliker vergewe, sonder om noodwendig te vergeet. Die skrywers van literêre

werke kan die leser help om op ’n ontspannende (dog soms ook ontstellende)

wyse die waarheid van die verlede te ontdek op weg na versoening met daardie

verlede en ander inwoners van die land. Deur verhale te lees wat in die verlede

afspeel, word lesers sensitief gemaak vir hul geskiedenis en onthou hulle ook iets

omtrent hulle verlede en hopelik ook iets oor die sinloosheid van oorlog. Naas die

390
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

geskiedenis-as-wetenskap, kan ook die letterkunde dus ’n belangrike rol speel om

die toekoms van ons verlede te verseker.

Wessels (2011:189) waarsku egter dat die Anglo-Boereoorlog-geskiedenis nie misbruik moet

word en vir die verkeerde redes ingespan moet word nie:

Sommige Afrikaners het steeds ’n oorgeromantiseerde beeld van die Anglo-

Boereoorlog en gryp in sogenaamde “moeilike tye” terug na die geskiedenis van

dié oorlog vir inspirasie. Kyk byvoorbeeld na die “De la Rey”-fenomeen,

aangewakker deur Bok van Blerk se lied [met dieselfde titel (2006) wat regse

Afrikaners tot ’n soort “volkslied” verwring het – my invoeging]. Onnodig om te

sê, interpreteer diesulkes die Anglo-Boereoorlog, soos ook die res van die

Afrikaner se geskiedenis, soos dit hulle pas – gewoonlik deur ’n bril wat erg

polities gekleur en uit fokus is.

In Niggie (2002) is daar ’n kreatiewe verwerking van historiese feite om ’n nuwe realiteit en

bewussyn van die verlede by die eietydse leser te skep. Die verlede word dikwels uit

gesigspunte van die hede ontsluit. Net soos Reitz die gees van sy oorlede vrou oproep om

haar dood te verwerk (100, 103, 112), roep die skrywer die verlede op om sin te maak van die

hede. Reitz vind egter nie die vrede waarna hy soek nie, en die vraag ontstaan of die leser

“vrede” sal vind by die lees van hierdie roman, want hy/sy word gekonfronteer met ’n verhaal

wat onder andere “op apokaliptiese wyse die einde van Afrikaans suggereer” (Botha en Van

Vuuren 2007:131). Die kommentaar wat deur middel van die Anglo-Boereoorlog gelewer

word, “is duidelik gemik op Afrikaners en hul taal” (Botha en Van Vuuren 2007:132) en op

die onseker posisie waarin Afrikaners hulle tans bevind as gevolg van die ontkenning van

hulle rol in die geskiedenis deur onder andere plek- en straatnaamveranderings. Botha en Van

Vuuren (2007:132) stel hierdie gegewe as volg: “Dié veranderings, voel baie

Afrikaanssprekendes, affekteer die weergawe van die landsgeskiedenis en het direk tot

gevolg dat die Afrikaanse betrokkenheid misken word.” Daarom argiveer Winterbach

argaïese uitdrukkings en taboewoorde deur hierdie woorde en segswyses letterlik deur die

loop van die boek te lys (29–30, 172).

Die moontlike ondergang van Afrikaans en die Afrikaner as groep word beklemtoon deur

Ben se woorde tydens sy lesing: “Groepe wat minder aanpasbaar is, sterf uit” (85). Hierdie

tevergeefse “stryd” word verder in verskeie gedeeltes in Niggie gesuggereer, maar veral in

die Oompie-karakter se profesie:

“Dis bykans die einde van die oorlog [...] maar dit is nog lank nie die einde van

die stryd nie. Die einde van die stryd sal nie afgelope wees in julle lewens nie, en

nie in julle kinders se lewens nie, en nie in julle kinders se kinders se lewens nie.”

“Was die stryd dan tevergeefs?” vra Ben [...]

“Ja,” sê Oompie [...], “die stryd was tevergeefs.” (93)

391
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Wanneer die karakters in Niggie die “Naturellekwessie” (63) en evolusie (149) bespreek,

word die apartheidsera onvermydelik voor die gees geroep: “Op die oppervlak handel die

verhaal oor gebeure tydens en direk ná die Boereoorlog, maar dit kan ook gelees word as

implisiet verwysend na die wandade tydens die apartheidstydperk en die gebeure daarna”

(Botha 2006:79-80). Winterbach het hierdie aspek op verskeie plekke in haar roman verwerk.

Gert Smal se handlanger, Esegiël, sit altyd “swygend in die skaduwees” (103) en hy “voer

swygend en met neergeslane oë sy groot aantal take uit en verdwyn dan weer in die

skaduwees. Hy tree net vorentoe in die kring van die vuur as dit moet” (133–4). Rooi Herman

voer aan dat “As my perd kon praat, was hy slimmer as ’n kaffer!” (150). Vergelyk ook die

volgende gedeeltes in dié verband:

En

“Die enigste ding wat jy hom [Esegiël] nie kan leer nie,” sê Gert Smal, “is om ’n

grap te verstaan. Verseg of die kaffer kan kop of stert uitmaak van wat vir ons

snaaks is. Of hoe sê ek, my ou swarte? [...] Julle kan hom enigiets vra,” sê Gert

Smal weer, en wag afwagtend.

“Vra hom of hy ’n siel het,” sê Ben sag. (48)

“Waarom vra ons nie vir Esegiël wat hý dink van die Naturellekwessie nie?” vra

Reitz sag.

“Omdat Esegiël nie weet hy is ’n naturel nie.” (63)

Botha en Van Vuuren (2007:129) beskou Esegiël selfs as ’n “karakter wat simbolies gelees

kan word as ’n swart messias wat die swart bevryding voorspel en net soos Mandela jare

vasgevang of ‘toegesluit’ is, maar wat net sy kans afwag om die swart bevryding te lei”.

Die uiterse ontnugtering wat tydens en ná die oorlog deur die Boere beleef is, word op

verskeie gedeeltes in Niggie verwoord (82, 120, 130, 135, 160) en kan in verband gebring

word met die ontgogeling wat baie Afrikaners in die huidige bestel beleef, dat die stryd teen

apartheid ook tevergeefs was, want ’n nuwe stryd het teen die korrupsie van die nuwe

bedeling begin. Daar kan selfs verbande getrek word met die sogenaamde Boetman-debat

(2000) wat deur Chris Louw ontlok is en gegaan het oor die frustrasies van middeljarige wit

mans wat gevoel het dat die apartheidsregering hulle verraai en grens toe gestuur het om

nogmaals ’n tevergeefse oorlog te gaan veg.

Soos reeds genoem, is Fees van die ongenooides (2008) veel meer as ’n blote herwinning van

argiefmateriaal oor die Anglo-Boereoorlog, want “dit sluit aan by ander tekste waarin Du

Plessis hom bemoei met die verhouding tussen die verlede en die hede, die verstaan en

hantering van die hede wat volg op kennis en insig van en ’n gebalanseerde oordeel oor die

verlede” (Du Plooy 2009:2). In hierdie roman gaan dit oor wat die Afrikaner gemaak het wat

hy vandag is, hoe dit gekom het dat dié wat deur die Britse Ryk verdruk is, die

392
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

apartheidsonderdrukkers geword het; en hoe dié wat ander se taal en kultuur gemarginaliseer

het, self gemarginaliseer word in ’n nuwe bestel. Du Plessis kyk soos sy karakter, Fienatjie

Minter, wat in die toekoms kan sien (60), vanuit die geskiedenis na die hede én die toekoms.

Pretorius (2010:1) stel dit soos volg: “Die deur-die-Waarheid-en-Versoeningskommisiebeleërde

Afrikaner gryp nou terug na ’n tydperk toe ook hý aan die ontvangkant van

onmenslike optrede was.” Verder probeer Du Plessis ook soos sy fotograafkarakter, Joey

Drew, die geskiedenis dokumenteer, sodat die eietydse leser die verlede kan gebruik om sin

te maak van die hede:

Hy was ’n man op ’n hoëre sending – ’n man wat bestem is vir iets meer as om

net die gemors te oorleef. Hy was nie die hande of die voete van die gemeenskap

nie, hy was hulle geheue, en hulle het maar één geheue gehad – Joey Drew. En sy

soort geheue was wáár, want dit sou uiteindelik wys hoe dinge régtig was. En al

die verdraaide vertel waarmee mense hulleself ná die gebeure gaan probeer

mooilieg, reglieg en onskuldig lieg, sal gekorrigeer word deur die waarheid van

sy prente. Want Joey het geglo dat, anders as hyself en almal wat hy geken het, sy

kamera nie lieg nie. Om te keer dat die ding nie selektief begin onthou soos

mense nie, het Joey net harder gewerk. (93).

In Sirkusboere (2011a) trek Loots ’n duidelike verband tussen die oorloggetraumatiseerde

Afrikaner van 1904 en die postapartheid-Afrikaner wat in Loots se eie woorde “meer ’n

sideshow by ’n sirkus as enigiets anders” is en wie se taal “’n stiefsuster [is] wat veg om

bestaansreg” (in Brümmer 2011:10). Net soos die Boere wat ná die oorlog letterlik tot ’n

fratsvertoning (kyk onder andere na die uitbeelding van Cronjé op bl. 236) gemarginaliseer

is, word die hedendaagse Afrikaner en sy taal in die nuwe bestel na die kantlyn verskuif en sy

betrokkenheid in die vorming van Suid-Afrika se geskiedenis as’t ware uit die

geskiedenisboeke geskryf (vergelyk byvoorbeeld Sleigh in Janse van Rensburg 2012:8). “Die

Afrikaanse gemeenskap toon groot ooreenkomste met die sirkusboere [...] [O]ns was net so

verdwaas, rigtingloos, maar ook vindingryk met die magsverskuiwing ná apartheid soos die

sirkusboere ná die magsverskuiwing wat die Boereoorlog meegebring het” (Loots in

Brümmer 2011:10). Van Coller (2012:176) sien hierdie gegewe as volg: “Prysgawe van mag

en die gepaardgaande desillusie is ’n belangrike motief in hierdie roman en skep ’n parallel

met die hedendaagse Afrikaner se situasie waar eggo’s van ’n roemryke verlede (eintlik net

nog) opgevang word in teaterstukke deur Deon Opperman en liedjies deur Bok van Blerk.”

In Sirkusboere stap die skrywer terug op die Boeregeneraal, Piet Cronjé, se voetspore, omdat

sy iets van die “moderne Afrikaner in hom sien” (in Brümmer 2011:10). In haar LitNet-essay

“Circus Boers” (2004) stel Loots dit eksplisiet:

Like him [Piet Cronjé], they [modern Afrikaners] are grimly trying to deal with

bewildering power shifts. Sometimes they are ridiculed and marginalised, and

often they choose to ride off into the sunset, trying to make new beginnings

elsewhere. My friends abroad scrub toilets, wipe old peoples’ bums, work as

393
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

diving instructors, drive cranes. They would even join the circus if they had to.

(2004:3)

Die twee Boeregeneraals – Piet Cronjé en Ben Viljoen – word ’n metafoor vir die moderne

Afrikaner se uiteenlopende reaksies op die nuwe bedeling: Cronjé wat in sak en as gaan sit en

kla, geen verantwoordelikheid wil aanvaar nie en al die skuld op ander pak, en Viljoen wat so

gou moontlik wil padgee. “In Sirkusboereversinnebeeld die twee generaals die twee maniere

waarop die traumatiese verlede van die Afrikaner verwerk kan word: Cronjé wat verknog is

aan sy smaad, behep met die oorlog teen die Engelse [...] Viljoen daarenteen, wil die verlede

soos ’n vrot vel van hom afskud” (Rust 2011:3). Hierdie teenstrydige reaksies blyk veral

duidelik in die volgende gedeelte uit Sirkusboere:

Piet het gehoop iemand gaan ingryp en vir Engeland oor die vingers tik omdat

hulle sulke boelies is [...] Die ou sukkelaar is seker nóú nog behep met die oorlog

teen die Engelse, raai Ben. Hy rol dit al groter, soos ’n miskruier sy stink bal, en

hy sal aanhou rol totdat dit hom heeltemal verdwerg. Hy sal verward rondtrap en

verleë met sy leë voorpote rondtas as jy dit van hom sou wegneem. Hy wíl

daarteen vaskyk, hom daaraan meet, daarteen aanleun, in die skadu daarvan staan,

en sy nageslagte in die vrot binnehart van sy misbal uitbroei.

Maar nie Ben nie. Nee. Hy leef ’n heel ander lewe as tóé. As hy moet opsaal, sal

hy opsaal. Tot daarnatoe. Hy sal ’n Villasta raak, besluit hy. Die Here weet, hy

het al in sy lewe agter nóg belagliker leiers aangeloop. (346)

Piet se nageslagte wat in die “vrot binnehart van sy misbal uitbroei” verwys waarskynlik na

die moderne Afrikaner wat van kindsbeen af met ’n veelbewoë geskiedenis belas word en vir

altyd in die skadu van apartheid – “die sondes van die vaders” – sal leef.

Om die geskiedenis te bestudeer is dus ’n poging tot beter begrip van die hede. Die

geskiedkundige roman word ’n medium waardeur ’n historiese bewussyn by die eietydse

leser geskep word om sodoende sin te maak van sy/haar huidige situasie. ’n Aspek wat

hiermee gepaardgaan, is die bevestiging van ’n persoon se identiteit, ’n verdere belangrike

funksie van die historiese roman wat vervolgens bespreek gaan word.

5. Bevestiging van identiteit

Die lees (en skryf) van historiese fiksie is dikwels ’n soeke na identiteit, omdat ’n mens met

die lees van sulke tekste jou eie plek in die geskiedenis oorweeg en heroorweeg. Die

belangrikheid van die Anglo-Boereoorlog in die vorming van ’n Afrikaneridentiteit kan nie

misken word nie (Botha 2006:90). Afrikaneridentiteit binne die huidige bestel is egter ’n

komplekse saak, want dit is nie aldag maklik om te identifiseer met ’n kultuur (en taal) wat

tydens die apartheidsjare “kunsmatig” bevorder en op ander afgedwing is om

Afrikanernasionalisme en wit (ekonomiese) bemagtiging te versterk en boonop vir baie Suid-

Afrikaners die “taal van die onderdrukker” (Giliomee 2003:546) geword het nie. Tans is dit

394
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Afrikaans (en die Afrikaner) wat polities gemarginaliseer word, en die vraag ontstaan hoe die

Afrikanerkultuur sensitief deel kan wees van die land, van ’n inklusiewe identiteit, maar ook

trou aan waar jy vandaan kom (Loots in Brümmer 2011:10; Loots 2011b:75–95).

In die verlede is die Anglo-Boereoorlog-geskiedenis menigmaal misbruik om rassisme en

xenofobie te regverdig en ’n vals identiteit van die Afrikaner as ’n godvresende, sedige en

wetsgehoorsame patriot te skep. In Niggie,Fees van die ongenooides en Sirkusboere word

hierdie identiteit bevraagteken en selfs ondermyn. Hier gaan dit nie oor die heldhaftigheid,

vroomheid en godvresendheid van die Boerekrygers nie, maar oor hulle ontnugtering,

lafhartigheid, feilbaarheid, sedeloosheid en twyfel.

Winterbach se volgehoue Anglo-Boereoorlog-fokus in haar skryfwerk het te make met die

konstruksie van ’n eie identiteit, spesifiek ’n Afrikaneridentiteit (Botha en Van Vuuren

2007:119). In Niggie word hierdie identiteit gekonstrueer rondom ’n skeptiese, parodiërende

en selfkritiese aanslag, nie uit ’n selfkoesterende en selfregverdigende perspektief op die

Anglo-Boereoorlog nie. Die tradisionele heldeverering van strydvegters word as’t ware

gekelder deur ’n hele aantal aweregse karakters. Botha (2006:82) lewer die volgende

kommentaar oor hierdie aspek:

Daar is ’n paar karakters soos Willem Boshoff wat die Boerekrygers se aksies

vurig verdedig, maar in teenstelling met Willem is daar Gert Smal wat rebels

optree en lasterlik met die reputasie van sy volk se kommando’s omgaan. Dit is

deur die optrede van veral Gert Smal se groep dat Winterbach kritiek lewer op die

paradigma van die Boere se stryd tydens die Anglo-Boereoorlog.

Gert Smal en sy makkers maak hulle skuldig aan onder andere dagga- en drankmisbruik (17),

volksverraad wanneer hulle Paul Kruger ’n “geslepe ou bliksem” (47) noem, uiterse rassisme

(48, 149–50), en poging tot moord wanneer hulle vir Ben en Reitz in ’n lokval lei (173). Gert

Smal degradeer “die leeu van Afrika” (Piet Cronjé) tot “die skaap van Afrika” (167) en maak

allerlei ander verraderlike opmerkings: “Piet Cronjé se móér” (47) en “[H]et Cronjé, die drol,

iets geleer?”

Servaas Senekal het “’n swakheid vir vrouevlees” (17) en vele karakters het hulle vertroue in

God verloor – Kosie Rijpma sê: “Daardie dag het ek geweet [...] dat ek op God nie meer kan

vertrou nie” (121) en “Ek wil my nog laat vertel dat God die welwillende vader is wat ons

dink Hy is, vir wie die lot van elke sterfling iets is waaroor Hy hom buig” (160). Toe Willem

sy wens uitspreek dat God nie mag toelaat dat die Engelse met hulle wreedheid wegkom nie,

is generaal Bergh se mening dat “God nie soveel aandeel daarin [het] nie” (135). Dié

opmerkings is in stryd met die tradisionele beeld van die godvresende Boere wat geglo het

dat “mits hulle getrou bly en hul plig nie versuim nie, God hulle sal beloon met oorwinning

en daarmee op sy tyd redding sal skenk aan sy uitverkore volk” (Botha 2006:27), omdat

godsdiens en nasionalisme nog altyd heg verweef was in die Afrikanerpsige.

395
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hierdie wantroue in God is veroorsaak deur uiterse ontnugtering, nog ’n belangrike tema

in Niggie. Die Boere se aanvanklike idealisme en heldhaftigheid het omgesit in ontgogeling;

teweeggebring deur ontberings, sterftes, wreedheid, verhongering en verveeldheid op

kommando, asook deur die onmenslike konsentrasie- of interneringskampe.

Die Boere wat veral in ouer literatuur (vergelyk byvoorbeeld Martjie (1911) van Jan F.E.

Celliers) as uiters vroom en kuis voorgestel is, se sedelike verval word in Niggie verbeeld in

die verdraaide kinderliedjies wat hemelsbreed verskil van tradisionele patriotiese strydliedjies

(Botha 2006:121): “Jan piet, Jan pol, Jan hawersak/ Jan ruigtepol/ Jan vinger-in-die-hol” of

“Jan Toef/ Jan Toef/ Jan Meideboef” (61).

Die kamp vir gevegsongeskiktes wat Maritz en Steyn teëkom, word byna ’n tipe

Boererepubliek in die kleine, ’n mikrokosmos van die Afrikaner tydens en ná die

Boereoorlog, asook van die moderne Afrikaner – die intellektueel, “verraaier”, bittereinder,

rassis, dweepsieke, ontnugterde, korrupte en sedelose.

Alhoewel P.G. du Plessis se karakterisering in Fees van die ongenooides soms sentimenteel

raak (Du Plooy 2009:3), dwing hy tog die leser om oor sy/haar identiteit te besin. In stede van

die dapper Boerekryger kry ons vir Daantjie die lafaard wat voor die oorlog glo dat hy ’n held

sal wees, maar tydens die eerste geveg blyk dit dat sy gees én liggaam glad nie die spanning

van ’n konfrontasie kan hanteer nie (Du Plooy 2009:2). Hy word ontmasker as ’n swakkeling

en sy hele lewe word ’n leuen. Dit is sy swart agterryer, met die veelseggende naam Soldaat,

wat die held word, omdat hy Daantjie se rol as vegter oorneem (76–7, 121–3, 109), al word

Soldaat aanvanklik van die loopgraaf weggewys, “want, het Daantjie gesê, dit is ’n

witmansoorlog hierdie en Soldaat het niks daarbo tussen die lood verloor nie” (71). Dit is ook

Daantjie wat sy eie vrou verkrag.

Oupa Daniël verander van ’n godvresende man na ’n man wat verbitterd, onverskillig en

ontnugter teenoor God is:

Wys ons tog met hierdie kind dat U lewe. Maar ek weet voor my siel daar sal van

hierdie gepleit niks kom nie, soos daar van al my ander smekinge niks gekom het

nie [...] Ons het verniet geglo en gesmeek. Ons het met kinderlewens betaal en

niks daarvoor gekry nie. (362)

Die ontnugtering oor die oorlog is te sien in:

Daar was baie redes vir die gedros [...] moedeloosheid, die irritasie om voorgesê

te word in alles wat jy doen, en doodgewone luiheid. En baie het begin opsien

teen die ontberings van oorlogmaak, noudat hulle agtergekom het wat die

kommandolewe regtig is [...] maar die grootste rede van almal was die besef van

die oormag waarteen hulle te staan kom [...] veral by dié wat van die begin af die

nodigheid van die oorlog betwyfel en min erg gehad het aan die groot woorde oor

land en volk en vryheid [...]. (124–5)

396
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Du Plessis se karakters strook dus nie met die tradisionele, propagandistiese uitbeelding van

Boereoorloghelde wat tot die bitter einde vir “volk en vaderland” wou veg nie, en hy dwing

sodoende die leser om sy/haar (Afrikaner-) identiteit te bevraagteken, te herevalueer en te

herdefinieer. Die ontnugtering wat hier bo beskryf word, resoneer in die moderne Afrikaner

se ontnugtering in die apartheidsbestel, asook in die nuwe regime waar politici nogmaals

hulle mag misbruik.

Fees van die ongenooides, Niggie en Sirkusboere span trouens die Anglo-Boereoorlog in om

ook teenswoordige politieke omstandighede en politici te kritiseer. Dit is met ander woorde

nie net die verlede wat die hede bepaal nie, maar ook die hede wat (die uitbeelding van) die

verlede beïnvloed. Uit die verskeie toekennings wat hierdie drie boeke ontvang het, blyk dit

duidelik dat die Afrikaanse leser behoefte het aan leesstof wat krities jeens die huidige

situasie staan.

Ook in Loots se Sirkusboere kom die kwessie rondom Afrikaneridentiteit (in die verlede én

hede) aan bod:

Die historiese gebeure vind ook eggo’s in die hede. Daar word byvoorbeeld te

kenne gegee dat die Boere se verslaenheid aan die begin van die 20ste eeu ’n

weerklank vind in Afrikaners se posisie in die begin van die 21ste eeu. Ook in die

hede is daar mense wat soos Piet sukkel om die las van die verlede te dra; ook

nou is daar diegene wat soos Ben onder die druk van omstandighede Afrika van

hulle afskud om elders ’n heenkome te soek. (Viljoen 2011:2)

Hierdie twee Boeregeneraals versinnebeeld dus, soos reeds genoem, eietydse Afrikaners se

uiteenlopende reaksies op die nuwe regering: Cronjé wat vasgevang bly in die trauma van die

verliese wat hy gely het en godsdiens misbruik om sy skuld – sy rassistiese houding en

optrede teenoor swart mense – te regverdig; Ben Viljoen wat die verlede afskud deur pad te

gee uit Afrika en sy identiteit ontken: “moer toe met al die vrome ooms en tantes, met ónse

mense, ónse taal, ónse kerk en ónse erfgrond” (22); en dan is daar diegene wat, soos Frank

Fillis, op vindingryke maniere in die nuwe omstandighede oorleef.

In Loots se essay “Circus Boers” (2004) spreek sy haar eksplisiet uit oor Afrikaneridentiteit

en hoe dit aansluit by die Anglo-Boereoorlog en die karakters van Cronjé en Viljoen. Sy

beskryf haar besoek aan Coney-eiland en St. Louis en plaas haar in Cronjé se skoene wat ’n

eeu gelede daar was om aan die Boeresirkus deel te neem. Nes hy voel sy soos ’n “sideshow”

wat in haar eie land gemarginaliseer word deur veral Engelssprekendes: “This woman is

making it sound as if speaking Afrikaans is similar to having a scaly skin, a humpback or

other strange deformity [...] I am being put in my place. Me, my nasty little language and

everything that goes with it [...] I have been found out. Afrikaans, an Afrikaner and defensive

about it” (Loots 2004:6–7).

Ironies genoeg is dit ’n swart persoon wat met haar dilemma kan identifiseer (Loots 2004:7),

want ook hy was tydens apartheid gemarginaliseer. Dit is hierdie ironie wat Loots

397
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

in Sirkusboere ontgin – dat Afrikaners en swart mense baie gemeen het en veronderstel is om

mekaar te ondersteun en begrip te hê vir mekaar, maar dat ons, soos Cronjé, onsself in die

voet skiet met rassisme (84–7, 128, 272–4). Duidelike bande word dus getrek tussen die

identiteit van die Boere wat aan die sirkus deelgeneem het en die identiteit van die moderne

Afrikaner wat gedwing word om deel te neem aan die “sideshow” van ’n land se geskiedenis

en toekoms.

Swart mense se soeke na ’n identiteit kom ook ter sprake in Sirkusboere, want Fenyang moes

“van jongs af twee geskiedenisse leer: die Boeregeskiedenis wat sy baas hom vertel en die

geskiedenis van sy mense wat hy by die inisiasieskool leer. Hy moes dus twee identiteite

handhaaf, twee teenoorgestelde narratiewe gelyktydig uitleef – hy is Fenyang vir sy mense,

maar vir Cronjé is hy Windvoël” (Van der Merwe 2011:3). Die roman se titel sinspeel dus

ook op die randposisie van swart mense tydens en ná die oorlog, deurdat hulle by die St.

Louis-tentoonstelling as blote antropologiese kuriositeite gesien word.

Dit is van dié stuk geskiedenis dat Loots wil rekenskap gee. Hierdie aspek, naamlik

“historiese-fiksie-as-boetedoening”, kom volgende aan bod.

6. Verwerking van traumatiese geskiedenis en boetedoening

Huizinga (1950:102) omskryf geskiedskrywing as ’n medium waardeur ’n bepaalde

bevolkingsgroep verantwoording van hulle verlede doen. Die skryf én lees van historiese

romans kan inderdaad ’n strategie wees om ’n mens se medepligtigheid aan ’n sekere stuk

geskiedenis te erken en om traumatiese geskiedenis te verwerk. Historiese fiksie kan gebruik

word om die geskiedenis te relativeer en te dekonstrueer as deel van die konfrontasie met die

verwerking van skuld oor die verlede (Van der Merwe 1998:2).

Volgens Wessels (2011:187) speel die kreatiewe historiografie ’n belangrike rol by die skep

van ’n historiese “gewete” by die eietydse leser, omdat geskiedkundige fiksie dikwels

“rekenskap gee van ’n persoon se aandeel in ’n kontroversiële verlede”, hetsy dit ons

apartheids- of Anglo-Boereoorlog-geskiedenis is.

Van Rensburg (in Wessels 2011:203) spreek hom as volg uit oor die terapeutiese waarde van

historiese fiksie met die Anglo-Boereoorlog as tema:

Dit is opvallend hoe verskriklik seer die neerslag van ’n eeu-oue ervaring nog in

die bewussyn van ons hedendaagse skrywers lê. Die gedagte kom by ’n mens op,

half onwillekeurig en nié noodwendig welkom nie, dat in hierdie herbelewenis

deur soveel stories en vertellinge dalk ’n ontlading en suiwering skuil waarop die

Afrikaanse kollektiewe onderroersels reeds geslagte wag.

Met die beëindiging van apartheid, toe veral die wit Afrikaanssprekende ’n onseker toekoms

ingedwing is, was die reaksie om histories, kultureel en literêr bestek op te neem en boete te

doen:

398
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Deur die verlede te bestudeer en te beskryf – ook deur middel van historiese

romans en kortverhale – word uiteraard ook rekenskap gegee en perspektief

verkry. Letterkunde kan inderdaad soms ook die funksie van ’n tipe waarheids-

en versoeningskommissie vervul. Dit is betekenisvol dat die oplewing en

hernieude belangstelling in die Anglo-Boereoorlog juis [...] in ’n tydvak van

politieke Sturm und Drang [...] plaasvind. (Wessels 2011:203)

Dit wil voorkom asof die skrywers van Niggie, Fees van die ongenooides en Sirkusboere ook

hulle verlede wil verwerk deur parallelle tussen die Boereoorlog, apartheid en die huidige

politieke situasie te trek. Die herevaluering van die verlede is volgens Loots (2011b:95) ’n

“kreatiewe soeke na oplossings vir teleurstellende tydgenootlike omstandighede”.

In Niggie is dit asof Winterbach poog om haar voorvaders se bitterheid oor die Boereoorlog

(en haar eie ontnugtering oor huidige omstandighede) te besweer en daardeur ontlading en

uiteindelike suiwering te bewerkstellig. Deur haar skrywe wil sy waarskynlik die leser dwing

om iets uit die verlede te leer en dit op sy/haar eie omstandighede toe te pas. Die boodskap is

duidelik: wie die verlede vergeet, is gedoem om dit te herlewe.

Kosie Rijpma, oom Mannes, Niggie en veral Japie Stilgemoed herroep die verskrikking wat

hulle tydens die oorlog gesien en beleef het oor en oor: “Japie Stilgemoed [...] herleef die

verlede met soveel verbete drif, dat die omstandighede van die hede nouliks by hom aankom”

(66). Of hierdie aanhoudende oproep van die verlede terapeutiese waarde vir die karakters

gehad het, is nie duidelik uit die teks nie, maar die herwinning van die verlede in Niggie noop

die leser om sy/haar herkoms en toekoms in ’n nuwe lig te sien.

Die skryf en lees van historiese fiksie as ’n vorm van terapie en boetedoening is in die

slothoofstuk van Fees van die ongenooides te sien in Magrieta van Wyk se briewe aan

majoor Philip Brooks: Soldaat wat uiteindelik op sy sterfbed die waarheid aan Magrieta oor

haar verkragting vertel, en die majoor se besoek aan die oorlogmuseum, waar hy by die

kurator bieg en so probeer sin maak van sy bekentenis:

Dis vir Joey Wessels of al die getuienis van ’n verlede al dringender vra om

verstaan te word soos hulle was: lewend en werklik. Dis net die tyd wat alles

vergeet, soos die majoor sê. Dis goed dat hy haar vertel het. Dit het die ander

dinge wat so stilgeswyg is ná die oorlog vir haar laat wakker word. Sy begryp hoe

magteloos vroue deur alle eeue heen was wanneer geweld om en deur en oor

hulle spoel [...]. (405)

Die opkoms en ondergang van die Boeresirkus in Sirkusboere is die narratiewe raamwerk

waarbinne elkeen van die sentrale karakters (Piet, Ben, Fenyang en Maans) se verwerking

van die traumatiese oorlogsgeskiedenis vergestalt word (Van der Merwe 2011:1). Cronjé

verneder homself deur sy daaglikse deelname aan die skouspel, maar of dit ’n vorm van

boetedoening, selfbejammering of terapie is, is nie duidelik nie:

399
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Wat sou in die ou swernoot se kop aangaan? Is die vernedering ’n manier om sy

skuldige gewete te salf? Of vryf hy ekspres sout in sy eie wonde? [...] Die groot

herkouer, dink Ben. Die afkrapper van sy eie rowe. Die alewige selfkastyder. En

van almal anders verwag hy bejammering. Dáárom dat hy elke dag nóg getuies

vir sy katastrofe soek. (233)

Piet self gee ’n rede vir sy deelname aan die sirkus: “Mense vra my hoekom ek deelneem aan

voorstellings oor die tragiese ondergang van my volk se vrye bestaan [...] [M]y antwoord aan

diesulkes is eenvoudig: Ek het gekom sodat die wêreld beter kan begryp wat ons moes

verduur en wat God ons arme sondaars laat deurworstel het” (238). Sodoende bly hy

vasgevang in die trauma van die verliese wat hy gely het: “Die voorstellings van die oorlog

waarin hy daagliks optree, is simbolies van die feit dat hy, soos in ’n maalkolk, in die

geskiedenis van Paardeberg vasgevang is” (Van der Merwe 2011:1).

Ben se manier om trauma te verwerk is om sy gevoelens te onderdruk, veral wanneer hy hoor

die Engelse verwys na die doodmaak van Boere as “pigsticking”: “Wat sê ’n mens as jy so

iets hoor? Niks. Jy sê absoluut niks. Jy suip. Mettertyd bedaar jy weer. Dis mos die nuwe

manier van doen. Hou jou bek en bedaar. Sit in die hoek en shut up” (25). Ook Fenyang se

enigste verweer is om stil te bly oor die verlede – hy besef “dis beter om die verlede toe te

gooi” (145). Maans Lemmer probeer om sy verdriet te verwerk deur sy gedagtes te rig op die

logika van wiskundige formules en gekontroleerde skouspele om sy emosies te orden (Van

der Merwe 2011:3), en “ontsnap” eindelik van sy trauma deur homself dood te skiet.

Dit blyk dus dat nie een van hierdie karakters werklik hulle trauma verwerk deur die

herwinning van die geskiedenis nie, en Loots (in Brümmer 2011:10) self spreek haar twyfel

uit of Piet, Ben, Maans en Fenyang se deelname aan die Boeresirkus ’n helende effek sou hê

wanneer sy Fillis se sirkus met die Waarheid-en-Versoeningskommissie vergelyk: “[D]it was

verskriklik om die mense weer deur daardie trauma te sit [...] Jou verstand sou vir jou sê dis

waar heling begin, maar in die praktyk sien jy dikwels dat dit net nuwe trauma veroorsaak.

Dit sou ’n baie mooi storie gewees het as jy jou trauma kon opvoer en vrygeraak het en die

toekoms kon instap – genees.”

Uit die bostaande paragrawe wil dit dus voorkom of kreatiewe geskiedskrywing ook ’n vorm

van belydenisliteratuur is. Winterbach, Du Plessis en Loots gee in hulle romans rekenskap

van ’n kontroversiële verlede. Hulle wil ook die geskiedkundige feite wat in formele

geskiedskrywings verdraai of verswyg is, deur middel van fiksie regstel en blootlê. Hierdie

gegewe word vervolgens bespreek.

7. Die openbaarmaking van verdraaide of versweë geskiedenis

Soms lyk dit of die skrywer van historiese fiksie die amptelike historiese weergawes betwyfel

en sy/haar eie “waarheid” wil probeer ontrafel en weergee. Volgens Sleigh (in Janse van

Rensburg 2012:8) word huidige geskiedenissillabusse vir skole “ontwerp om die waarheid

van mense te weerhou, almal in onkunde te begrawe en aan politici genoeg ruimte te voorsien

400
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

om mag [...] na te jaag”. Hy beskryf hierdie sillabusse verder as “’n tragedie waarin

jongmense van hul verlede vervreem word” en dat dit “so politiek korrek [is] dat dit

beperkend, moontlik bespotlik en heeltemal teenproduktief is”. Dit wil voorkom asof

skrywers van historiese fiksie dikwels die verantwoordelikheid op hulle neem om hierdie

weerhoude en verdraaide waarheid reg te stel en openbaar te maak. Skrywers boekstaaf ook

dikwels ’n stuk geskiedenis waarvan daar geringe of geen historiese dokumentasie bestaan

nie (Van Coller 2011:688).

In die strewe na ’n verenigde wit volk tydens die apartheidsjare is swart mense se rol in die

geskiedenis onderbeklemtoon en in sommige gevalle selfs uitgelaat. Swart mense se

betrokkenheid by veral die Anglo-Boereoorlog was in die verlede tot outobiografieë beperk

(vergelyk bv. Sol Plaatje se dagboek) (Botha 2006:58), en in formele geskiedskrywing is

hierdie oorlog as ’n “witmansoorlog” beskryf; maar die werklikheid lyk anders:

Sowel die Britte as die Boere het die stryd amptelik as ’n witmansoorlog beskou,

maar in die praktyk het die Britte ten minste 140 000 swart en bruin mense as

bediendes, wa-drywers, touleiers, gewapende blokhuiswagte, gidse, spioene en

ook as volwaardige soldate (as deel van die kolonnes tydens die guerrilla-fase)

aangewend, terwyl aan die Boerekant ten minste 10 000 swart mense as

bediendes, wa-drywers, touleiers en agterryers diens gedoen het – in enkele

gevalle ook in ’n gewapende hoedanigheid [...]. Ongeveer 30 000 Boereplaashuise

is opgeblaas of afgebrand, tesame met waarskynlik 100 000 of meer

wonings van swart plaasarbeiders [...]. In totaal was daar in enige stadium ten

minste 145 000 wit en 140 000 swart mense in interneringskampe, van wie ten

minste 28 000 wit en ten minste 23 000 swart mense in die kampe gesterf het [...].

Daar bestaan geen volledige rekords oor hoeveel Boere gewond is, hoeveel swart

en bruin mense aan Britse kant gesneuwel het of gewond is, of hoeveel swart

persone op kommando gesterf het nie. (Wessels 2011:191–2)

Volgens Wessels (2011:193) kan die nalatenskap van verbittering, haat en agterdog tussen

wit en swart en die politieke geskiedenis van Suid-Afrika nie begryp word sonder kennis en

begrip van die Anglo-Boereoorlog nie. Botha (2006:86) praat van die “kringloop van geweld

[wat] volbring word, want die Boere behandel die swart mense soos die Engelse die Boere

(en ook die swart mense) behandel het”. Sowel die Britte as die Boere het hul byvoorbeeld

tydens die oorlog aan gruweldade skuldig gemaak. Die Boere het soms swart en bruin mense

in Britse diens summier tereggestel en die Britte het politieke regte aan swart mense in ruil

vir hulp teen die Boere belowe (Wessels 2011:193), waarvan daar niks gekom het nie.

Wessels (2011:193) brei hierop uit: “[D]aar kan ’n lyn getrek word vanaf dié oorlog tot by

die stigting van die South African Native National Congress (SANNC) op 8 Januarie 1912

(vanaf 1923 bekend as die African National Congress – ANC) en verder tot by die

regeringsverandering van 1994, terwyl die ontwikkeling van regse politieke groeperinge ook

na die oorlog teruggespeur kan word.”

401
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Ook die rol en swaarkry van vroue, kinders en diere is onderbeklemtoon in amptelike

geskiedenisboeke. Alhoewel die Anglo-Boereoorlog die beeld van die Afrikanervrou

ingrypend verander het – sy is nie meer bloot as huishoudster en kinderversorger gesien nie,

want tydens die oorlog het sy buite die konvensionele rol wat deur die samelewing vir haar

geskep is, opgetree (Botha 2006:59-60) – is haar moed en volharding hoofsaaklik in

biografieë en dagboeke (vergelyk bv. Celliers se oorlogsdagboek) aangeprys, nie in amptelike

historiografieë nie.

Botha (2006:59) maak die volgende opmerking oor die veranderde rol van die Afrikanervrou

tydens die oorlog:

Die Anglo-Boereoorlog het ’n omwenteling in genderrolle teweeggebring.

[Tydens die eerste fase van die oorlog] was die mans en seuns op kommando,

terwyl bejaardes, vroue, meisies en jonger kinders op die plase agtergebly het om

te boer [...] en het die verantwoordelikheid grotendeels op die vrou se skouers

gerus. Ná die verskroeide-aarde-beleid toegepas is, is die meeste vroue na

konsentrasiekampe weggevoer, en ander het na die veld en klowe gevlug vir

veiligheid. In albei gevalle was dit ’n stryd om oorlewing en het die rol en beeld

van die vrou in die Afrikanersamelewing drasties verander.

Die oorlog het nie net die beeld van die Afrikanervrou in die gemeenskap verander nie, maar

in die Afrikaanse letterkunde is sy “op ’n meer respekvolle wyse” uitgebeeld en het “die

eerste Afrikaanse vroueskrywers na vore getree” (Britz 1999:11; Wessels 2011:199). Wessels

(2011:199) brei hierop uit: “Tot en met 1900 is vroue deur die Genootskap van Regte

Afrikaners verbied om aan die Eerste Taalbeweging deel te neem. Ná die oorlog het talle

vroue egter hul kampervaringe te boek gestel. Net so het talle vroulike joernaliste en

skrywers hul stempels afgedruk.” In amptelike geskiedskrywings is die rol van vroue tydens

die Anglo-Boereoorlog egter steeds onderbeklemtoon.

Die swaarkry van kinders en diere tydens die Anglo-Boereoorlog het ook nie veel aandag in

formele geskiedenisboeke gekry nie, al was die meeste mense wat in interneringskampe dood

is, “jonger as sestien jaar” (Wessels 2011:192) en het ongeveer 450 000 perde en 50 000

muile tydens die oorlog gevrek (Wessels 2011:192).

Dit is hierdie verdraaide en verswygde geskiedenis wat Winterbach, Du Plessis en Loots wou

“regskryf” en “oopskryf” in hulle romans.

In Niggie word swart mense se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog openbaar gemaak

deur die Esegiël-karakter met sy uitgebreide kennis van die Boeregeskiedenis (48–9) en wat

verantwoordelik is vir “water haal, hout kap, pap maak, perde versorg [...] en vleis braai”

(59). Die marginalisering van swart mense tydens die oorlog en daarna word verbeeld deur

Esegiël en Stofman se posisionering op die foto wanneer hulle saam met die kommando

afgeneem word: “Op die grond, byna uit sig van die lens, sit die Boesmantjie op sy hurke [...]

Langs die hond hurk Esegiël” (136).

402
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die feit dat swart mense aan die kant van die Engelse geveg het en die oorlog dus beslis nie

net ’n “witmansoorlog” was nie, word in Niggie verwerk tot: “[D]it [was] duidelik dat ’n

groot aantal Kaffers in die Kakies se geledere geveg het” (82) en “Dis vandat die Kaffers die

wapens teen ons opgeneem het” (103). Die gegewe dat die Boere swart mense wat aan Britse

kant geveg het, verdelg het, is te sien in: “Ons speel ook nie met Kaffers wat ons verraai het

om vir die Engelse te veg nie [...] [O]ns het nie genade met die Kaffers óf hulle mense wat

met die Kakies saamwerk nie. Ons moor hulle voor die voet uit – as dit moet [...] man, vrou

en kind. Brand hulle statte af” (132–3).

Volgens Botha en Van Vuuren (2007:125–6) word die problematiese wit-swartrasseverhoudings

in Niggie“gereflekteer in Reitz se gesprekke met Jeremia” wat altyd met

neergeslane oë antwoord en nooit gretig is om ’n gesprek aan te knoop nie en “word die

bediendes se verlies weens die oorlog ook uitgebeeld” deur Niggie wat vertel van hulle

lyding, hul seuns wat saam met die mans op kommando is en wat soms tydens oorlogvoering

sterf.

Die algemene houding jeens swart mense wat tydens die oorlog en apartheid geheers het,

vind neerslag in Willem se opmerking: “’n Skepsel – so staan dit in die Bybel, maar nie

bedoel om die Witman se gelyke te wees nie!” (150).

Dat daar egter ook mense was wat nie hierdie rassistiese ingesteldheid gedeel het nie, is te

sien in Kosie se verklaring dat “Witman en Kaffer nie net voor God gelyk is nie, maar ook op

ander vlakke” (150).

Winterbach poog ook om die wanopvatting dat die Boere almal ongeletterde mense was wat

net die Bybel gelees het, ongedaan te maak met die skep van haar “intellektueel-opkommando-karakters”,

naamlik die natuurhistorikus Ben en die geoloog Reitz, al het die

meeste Boere nie veel “gevorderde boekekennis” (124) nie en is die Bybel “hulle enigste

bron van kennis” (124).

Volgens Botha (2006:103) het Niggie ook “’n sterk feministiese inslag”, weens die vrou wat

sentraal in die titel staan en as gevolg van die talle “triekstervroue” wat in verskeie gedaantes

aan Ben en Reitz in drome en hallusinasies verskyn. Ironies genoeg kry Niggie eers aan die

slot van die teks ’n spreekbeurt, maar die feit dat sy die titelkarakter is, skep by die leser die

verwagting dat sy ook die hoofrol sal speel. Dié sielkundige spel van verwagting lei daartoe

dat die leser Niggie se verskyning met die omblaai van elke bladsy verwag, maar telkens

teleurgestel word. Deur hierdie spel slaag Winterbach daarin om haar vroulike titelkarakter

wél tot hoofkarakter te verhef, aangesien sy voortdurend in die leser se onderbewussyn

huiwer tot haar uiteindelike verskyning in die roman (Botha 2006:65).

Dat vroue beslis nie welkom was op kommando nie, omdat hulle kwansuis oorlogvoering

belemmer het en sodoende die oorsaak van Cronjé se oorgawe by Modderrivier was, is

duidelik uit Gert Smal se woorde: “Hulle moes nie met kasarms vrouens en kinders

403
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

rondgetrek het nie. So maak jy nie oorlog nie […] Die vrouens se gatte [...] Susters se gatte!

Wat het hulle in die eerste plek daar gesoek?!” (166).

Vroue se lyding in die kampe word in Niggie vergestalt deur Bettie Loots (84–5, 120–1) wat

“teen die einde so swak en uitgeteer [was] dat sy met moeite nog kon praat” (85), en in Reitz

se droom is sy “in swart geklee, afskuwelik vermaer” (110). Ook die verkragting van vroue

tydens die oorlog wat in formele geskiedskrywings verswyg word, word in Niggie openbaar

gemaak: “Een arme meisiekind is deur vier Kaffers vasgehou terwyl nege Kakies hulle

skandelike bedryf volbring het” (131).

Winterbach dokumenteer diere se lyding tydens die oorlog: “En in Julie het die oorwerkte

merries die een na die ander misgeboortes gehad, en die oorlog was so te sien ’n vloek nie net

vir die mens nie, maar ook en dikwels veral vir die onskuldige diere, wat daar geen besluit in

gehad het nie, en geen inspraak oor hulle eie lot nie” (82).

Fees van die ongenooides gaan, soos reeds genoem, oor versweë gebeure, gebeure waarvan

niemand ooit iets genoem het nie (Du Plessis in Liebenberg 2008:8). Du Plooy (2009:2)

lewer die volgende kommentaar hieroor:

Die kerninsidente in die verhaal het te make met juis die onverwoorde aspekte

van die oorlog, soos verraad op politieke en persoonlike vlak, pynlik

gekompliseerde verhoudinge tussen mense wat die naaste aan mekaar behoort te

wees, maar ook ’n taboe-onderwerp soos verkragting. Dit is inderdaad vreemd dat

waar verkragting in alle oorloë voorkom, daar in die Suid-Afrikaanse geskiedenis

so min oor hierdie saak geskryf en vertel is. Dit blyk egter uit die roman dat

verkragting wel deeglik voorgekom het, maar dat die mense nie daaroor gepraat

het nie. Daar was ook maniere om ’n vrou wat die vrug van ’n verkragting in die

lewe moet bring, te help om nie haar lewe lank met hierdie aanklag en “skande”

hoef saam te leef nie [...].

Du Plessis boekstaaf dus gebeure wat uit amptelike historiografieë gelaat is en lewer

kommentaar oor hierdie stilswye deurdat ook sy karakters weier om oor Magrieta se

verkragting te praat:

“Dit het nie gebeur nie!” het haar skoonmoeder gesê en almal het hulle monde

oor die ding gehou, stilgebly en aangegaan asof so iets nooit sou kon gebeur of

gebeur het nie. Om die ding in die vergeetboek te probeer kry. Om die smet te

probeer verswyg. Skoonswyg. (229)

Verkragting en kindermoord is nie die enigste aspekte wat Du Plessis uit die “vergeetboek”

wil opdiep nie. Hy openbaar ook die wreedheid teenoor swart mense tydens die oorlog deur

middel van Joey wat “’n getuie [word] van die hongersnood wat die swart mense tydens die

beleg van Kimberley moes deurmaak” (Visagie 2009:15) en hierdie gebeure met sy kamera

404
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

vaslê: “Die man het vodde oor sy lyf gehad; die kinders was nakend. Hulle velle het al lankal

teruggekrimp op hulle gebeentes [...]” (99).

Swart Suid-Afrikaners se rol in die oorlog word bevestig deur Soldaat wat in Daantjie se plek

moet veg: “’n Swart man, sy gedienstige kneg oor soveel jare, het sy-aan-sy met hom geveg

in die plek waar sy seun moes wees” (80).

Ook Loots gee in Sirkusboere ruim aandag aan aspekte wat in die tradisionele

geskiedskrywing gemarginaliseer geraak het. Die belangrikste hiervan is die wyse waarop in

die 19de eeu, lank ná die vrystelling van die slawe, steeds op ’n onmenslike wyse omgegaan

is met swart mense wat byvoorbeeld ná ’n oorlog bykans soos buit uitgedeel is. Cronjé se eie

optrede teenoor sy getroue agterryer en plaaswerkers grens aan mishandeling (Van Coller

2012:177). Verder “word die rol van die swartes wat (soms teen hulle eie wil) aan Boerekant

geveg het, opnuut skerp belig. Dit is [...] die gefnuiktes van die geskiedenis wat hier in die

kollig geplaas word [...]” (Van Coller 2012:177).

Volgens Van Coller (2012:176) gaan dit ook in Sirkusboere (met die karnaval as metafoor

van die Anglo-Boereoorlog) oor die “omkering van hiërargiese verhoudings, die

belaglikmaak van magsfigure” soos Piet Cronjé en Ben Viljoen, maar sonder dat hulle

swakhede karikature van hulle maak.

Persone wat deur konvensionele geskiedskrywings gemitologiseer geraak het, word net

gewone, feilbare mense in Sirkusboere. Die roman bly dus nie steek in die tradisioneel

bekende oorlogsfigure nie: “Fenyang Mokenyane en die onregverdigheid wat hy en diegene

in sy posisie te beurt geval het toe hy moes deelneem aan ’n oorlog waarvoor hulle, nes die

Boere, nie gevra het nie – en waarvan die uitslag, watter kant toe ook al, hoegenaamd nie vir

hulle ’n beter lewe sou beding nie – belig ’n aspek van die oorlog wat tot nou toe in

Afrikaanse fiksie verbasend onderskat is” (Ferreira 2011:11).

Die roman wys dat daar verskillende maniere is waarop die geskiedenis weergegee kan word,

omdat daar nooit konsensus oor geskiedenis is nie – almal interpreteer dit verskillend: “Jy

kan daarvan ’n skouspel of ‘showbiz’ maak soos Frank en sy konkurrent William Darby; jy

kan dit opteken in jou oorlogsherinneringe, soos Ben; jy kan daaroor bly tob en wroeg soos

Piet; jy kan emosioneel daaraan ten onder gaan, soos Maans; of jy kan verkies om dit te

verswyg, soos wat gedoen is toe die Anglo-Boereoorlog weggelaat is uit die opvoering van

die Suid-Afrikaanse geskiedenis by die Unie-vierings in 1910” (Viljoen 2011:2).

Deur middel van Sirkusboere lewer Loots breedvoerig kommentaar oor die historiografie

waarin die waarheid dikwels verdraai word tot “geliegde geskiedenis” of die “vervalsing van

die geskiedenis”:

Frank gee nie om of hy die oorlogsverlede waarheidsgetrou weergee nie; vermaak

is vir hom die kriterium. Sodoende transformeer hy die geskiedenis tot sirkus. Die

patetiese Cronjé word as ’n heldhaftige kryger voorgestel; Maans Lemmer,

405
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

verswelg deur verdriet, word gereduseer tot ’n waaghalsige bomplanter in die

oorlog [...] Ook Ben, wanneer hy van Elandslaagte vertel, vervals die gebeure,

omdat die traumatiese herinnering vir hom te pynlik is [...] Wanneer Ben as

skrywer ontpop, laat hy hom lei deur wat die lesers graag wil hoor; hy verander

wat gebeur het om hom in ’n gunstige lig te plaas. Dieselfde geld vir Cronjé:

wanneer hy sy memoires skryf, is dit deurtrek met vervalsings en

verontskuldigings [...] Die vervalsing van die verlede word tot ’n hoogtepunt

gevoer in die aanskoulike voorstelling in Kaapstad, by Uniewording, van die

Suid-Afrikaanse geskiedenis. Wat vir dié tyd nie polities korrek is nie, word

gewoon uitgelaat [...] En so, agter die fasade van die sirkusvertonings, verdwyn

die waarheid en gaan die egte pyn van die verlede verlore [...]. (Van der Merwe

2011:3)

Kinders se swaarkry tydens die oorlog manifesteer in die briewewisseling tussen Maans

Lemmer en sy kind wat saam met sy ma in ’n kamp opgeneem is en eindelik sterf. Loots het

hierdie briewe in Sirkusboere losweg geskoei op Frikkie Badenhorst se briewe in Tant Alie

van Transvaal, die dagboek van Alie Badenhorst (1939), maar het ook besonderhede uit Die

Patriot en Ons Klyntji bygewerk (Rust 2011:2): “Seuntji, waneer jy treurig raak, denk aan al

di speulgoed wat ek hiir fer jou maak [...]” (168).

Deur middel van verskeie onkonvensionele vrouekarakters skryf Loots (2011a) vroue los uit

die tradisionele rolle waarin hulle vir eeue ingedwing is, want tydens die Boeresirkus skiet

“die vroue oor die perde se saals en veg net so hard soos die mans” (233). Piet Cronjé se

tweede vrou, Johanna, “laat haar nie gesê nie” (250), sit vierkantig op sy kop deur hom

aanhoudend te kritiseer (248) en is sinies oor sy godsdienstige oortuigings (354). May storm

met ’n “rewolwer in haar handsak en ’n sweep in haar hand” (299) by ’n restaurant in om vir

Ben ’n les te leer toe sy uitvind hy is nog getroud; en Ben verwonder hom aan Myrtle wat

koerant lees en “wrintiewaar in regeringsake belangstel” (228).

Deur Sirkusboere wou Loots egter veral die “vergete agterryers” (Marais 2011:15) van die

Anglo-Boereoorlog laat herleef en die persepsie dat die Anglo-Boereoorlog ’n witmansoorlog

was, troef. Alhoewel daar tussen 7 000 en 11 000 agterryers (Marais 2011:15) aan die oorlog

deelgeneem het, is daar in amptelike oorloggeskrifte bitter min inligting oor hulle, en moes

Loots haar Fenyang-karakter skep op grond van Pieter Labuschagne se Skimruiters van die

Anglo-Boereoorlog (1899-1902) – die rol en bydrae van die Agterryers (1999): “Voorin dié

boek is ’n ‘lys van agterryers en hul meesters’ wat die destydse rasseverhoudinge brutaal

netjies opsom. Die ‘meesters’, waaronder figure soos genls. Jan Smuts en Louis Botha en

pres. M.T. Steyn, het almal naam en van en dikwels ook ’n titel. Die agterryers het meesal net

’n enkele naam en vele heet ‘onbekend’” (Marais 2011:15).

Hierdie verswygde stuk geskiedenis word as volg in Sirkusboere weergegee: “Soms het hy

[Fenyang] help skiet ook, maar dít hoor ’n mens net as jy weet hoe om verby die stiltes uit te

vra. Nóg die Britte, nóg die Boere wil praat oor wie almal help veg het, en as jy torring, raak

hulle taai [...]” (75).

406
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Loots se Fenyang-karakter is ’n skreiende herinnering aan die versuim om agterryers na

behore te gedenk – dat daar geen monumente vir hulle, wat net so waardevol as die burgers in

die vryheidstryd was, opgerig is nie. Die ironie is egter dat “die wit stam van Afrika moontlik

self soos sy agterryers van destyds in die blinde kol van die geskiedenis kan verdwyn”

(Marais 2011:15).

Historiese fiksie kan dus ook mense ’n tweede keer laat verskyn voordat hulle opnuut in die

vergetelheid verdwyn (Marais 20211:15), en dit is hierdie dokumenteringsfunksie van die

geskiedkundige roman wat volgende aan die beurt kom.

8. Die historiese roman as argief

Skrywers van historiese romans poog dikwels om aspekte wat dreig om in die vergetelheid te

verdwyn, te argiveer. Loots (2011b:75) argumenteer dat romans as “geheuemuseums” kan

dien waarin volksliedjies, dialekte, tradisionele gebruike, uitdrukkings, rites, ensovoorts

“gestoor” kan word. Historiese fiksie wat poog om kultuurerfenis te bewaar, kom egter

dikwels onder skoot wanneer dit gesien word as “pogings om die verlede op reduksionistiese

en verskralende wyse weer te gee” en skrywers van sulke romans word soms beskuldig dat

hulle “nostalgiese en geromantiseerde weergawes van die verlede voorhou omdat hulle

skepties oor die toekoms is of verandering teenstaan” (Loots 2011b:94). Maar argivering van

volksbesit hoef nie reaksionêr of ’n verwerping van die hede en toekoms te wees nie; dit kan

eerder ’n strategie wees om verlies en ontheemding te verwerk sodat die toekoms positief

benader word (Loots 2011b:94; Dlamini 2009:17).

In Sirkusboere, Niggie en Fees van die ongenooides word verskillende aspekte op verskeie

maniere geargiveer, omdat daar in hierdie drie romans ’n bewustheid van die

gemarginaliseerde posisie van Afrikaans, Afrikaanssprekendes en hulle geskiedenis is, omdat

formele historiografieë nogmaals die “waarheid van mense weerhou” en “jongmense van hul

verlede vervreem” (Sleigh in Janse van Rensburg 2012:8). Die romans neem afskeid van ’n

vergange tyd en probeer om vergete of kwynende kultuurgoed te dokumenteer sonder om van

die land se pynlike en kontroversiële verlede te vergeet.

In Niggie word Winterbach die “kurator” van verdwene uitdrukkings, woorde, boererate,

gewoontes, ensovoorts deur van taalspeletjies, woordlyste, katalogisering van plek-, plant en

dierename, asook idiolekte gebruik te maak (15–6, 88).

Winterbach argiveer ook taboewoorde wat om polities-korrekte redes uit onlangse

woordeboeke geskrap is (29–30), omdat sy skynbaar voel dat die weglaat van hierdie woorde

Afrikaans as taal “onthistoriseer en verwater” (Botha 2006:114). Polities is die weglating ’n

noodsaaklike besluit, maar op semantiese vlak ’n groot verlies, veral ten opsigte van

botaniese, dierkundige en geologiese woordeskat. Volgens John (2004:27) is die lys van

samestellings met kaffer as stam nie die neerslag van ’n meerderwaardige kyk na swart mense

nie, maar van “kontak tussen Afrikaanse mense en swart mense in die Suid-Afrikaanse

landskap” wat die “bestaan van swart mense in die landskap erken”. Dit is ’n eerlike

407
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

presentasie van die vroeëre aard van Suid-Afrikaanse menseverhoudinge. Die opnoem van

hierdie taboewoorde word dus ’n “bewaringsaksie”. Deur middel van dié woorde word die

geskiedenis opgevang en vasgelê sodat dit nie in die vergetelheid raak nie:

’n Mens kan die vraag vra waarom ’n Afrikaanse skrywer in 2002 dié soort taal

gebruik wat ’n leser juis herinner aan ’n skandelike verlede, want met die eerste

oogopslag is hierdie pejoratiewe skokkend. Dit wys egter hoe die land en sy

mense én hulle taal verander het. Woorde wat “kaffer” as stam het, beskryf ’n

ander wêreld en die feit dat dit ’n rassistiese konnotasie het en daarom uit die taal

geskrap is, verswak tot ’n mate die beskrywende vermoë van die taal en verarm

die taal. Ná samestellings met “kaffer” verwyder is uit die Afrikaanse taal, is dit

vervang deur nuwe woorde. Ongelukkig moes dit so vinnig gebeur dat heelparty

woorde verlore geraak het. (Botha 2006:105)

In Fees van die ongenooides gebruik Du Plessis argaïese woorde op so ’n vernuwende wyse

dat dit nuut en treffend oorkom. Voorbeelde hiervan is: knelterriem, dag se

lumier, sleephek, koen en ketools (Le Roux 2008:11). Du Plessis dokumenteer egter nie net

woorde en uitdrukkings nie, maar gee ’n eerlike en akkurate, dog soms sentimentele,

weergawe van hoe die Boere tydens die Victoriaanse era gepraat, opgetree, gedink en gelyk

het, en lewer sodoende kommentaar oor hoe die Afrikaner geword het wat hy vandag is.

Ook Loots (2011a) laat mense vir ’n tweede keer verskyn voordat hulle opnuut in die

vergetelheid verdwyn (Marais 2011:15). Die vergete agterryers wat ’n onontbeerlike rol

tydens die Anglo-Boereoorlog gespeel het, speel uiteindelik, danksy Sirkusboere,’n

belangrike rol in ons historiese bewussyn. Loots (2011a) dokumenteer egter ook taal,

gewoontes, uitdrukkings en kleredrag. Haar “kuratorskap” word deur Van Coller (2012:177)

beskryf:

Sirkusboere straal as historiese verslag van ’n era ’n outentisiteit uit wat

waarskynlik toe te skrywe is aan deeglike navorsing waarvan daar in die

erkennings noulettend verantwoording gedoen word. Sonja Loots is pynlik

presies in haar weergawe van gewoontes, drag en gedrag, maar benut boonop ook

’n argaïes-getinte register van Afrikaans [...] op ’n geslaagde wyse in haar

herskepping van ’n vervloë tyd.

Haar bewaringsaksie gaan egter gepaard met twyfel, want hoe word ’n gediskrediteerde

verlede onthou sonder om te ontken dat dit ingebed is in ’n geskiedenis wat vir ander pyn

veroorsaak het? (Loots 2011b:95). Sirkusboere gaan daarom ook oor die futiliteit van

bewaring, of dit hoegenaamd geldig binne die raamwerk van ons gewelddadige en

magsbehepte geskiedenis is.

Niggie, Fees van die ongenooides en Sirkusboere argiveer egter aspekte uit die

Afrikanergeskiedenis sonder om die pyn wat dit ander besorg het, uit die oog te verloor.

Winterbach, Du Plessis en Loots (2011a) se dokumentering van woorde, gewoontes, sêgoed,

408
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

gebruike, ensovoorts word nie ten koste van ander kultuurgroepe gedoen nie, en word eerder

parodiërend as nostalgies benader.

9. Gevolgtrekking

In teenstelling met die historiograaf, wat geskiedkundige feite streng wetenskaplik moet

opteken en weergee, herwin skrywers van historiese fiksie nie bloot die verlede om sekere

gebeurtenisse te dokumenteer nie, en word geskiedkundige romans nie gelees met die

uitsluitlike doel om inligting oor die verlede te bekom nie. Die historiese en literêre waarheid

hoef egter nie teenoor mekaar te staan nie, maar kan mekaar eerder aanvul, want naas die

geskiedenis-as-wetenskap, kan ook die letterkunde ’n belangrike rol speel om die toekoms

van ons verlede te verseker (Wessels 2011:204).

Deur Niggie, Fees van die ongenooides en Sirkusboere te ontleed, is bewys dat historiese

fiksie nie net die herskepping van ’n spesifieke era of geskiedkundige figuur ten doel het nie,

maar verskeie ander “hoër” funksies kan vervul. Winterbach, Du Plessis en Loots beklemtoon

die waarde van sowel die letterkunde as die geskiedenis en dwing die leser om die

geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog in ’n nuwe lig te sien. Niggielewer kommentaar op

Afrikaneridentiteit en die onsekere toekoms van Afrikaans. Fees van die ongenooides gaan

oor die onbekende, ongewone en selfs verswygde fasette van die oorlogsgeskiedenis, en

Loots skryf inSirkusboere vanuit ’n nuwe perspektief oor ’n stuk geskiedenis wat tot dusver

nog nie veel aandag gekry het in die representasie van die Anglo-Boereoorlog nie.

Daar is ook bewys dat historiese fiksie ’n medium kan wees waardeur ’n historiese bewussyn

by die eietydse leser geskep word om sodoende sin te maak van die hede. Die skrywers

van Niggie, Fees van die ongenooides en Sirkusboere jukstaponeer die hede met die verlede

om sodoende kommentaar te lewer op huidige omstandighede en selfs die toekoms. In al drie

hierdie boeke is daar ’n kreatiewe verwerking van historiese feite om ’n nuwe realiteit en

bewussyn van die verlede by die eietydse leser te skep.

Die oproep van die verlede is ook ’n soeke na en bevestiging van ’n persoon se identiteit,

omdat ’n mens met die lees van sulke tekste jou eie plek in die geskiedenis oorweeg en

heroorweeg. Deur middel van aspekte van die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog lewer

Winterbach, Du Plessis en Loots nie net kommentaar oor die gemitologiseerde beeld en

identiteit van die Boere tydens en ná die oorlog nie, maar ook oor die Afrikaner se posisie,

identiteit en taal in die huidige bestel.

Die skryf én lees van historiese romans is verder ’n strategie om traumatiese geskiedenis te

verwerk en om ’n mens se medepligtigheid aan ’n sekere stuk geskiedenis te erken. Loots, Du

Plessis en Winterbach gebruik historiese fiksie om hulle (bevolkingsgroep se) trauma te

representeer om sodoende ’n tipe kollektiewe ontlading en suiwering te bewerkstellig.

Die oorlogsgeskiedenis word ook ingespan om ’n historiese “gewete” by die eietydse leser te

skep deur rekenskap te gee van ’n kontroversiële verlede.

409
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Daarby dien die kreatiewe historiografie as ’n middel om geskiedkundige feite wat in formele

geskiedskrywings verdraai of verswyg is, reg te stel en openbaar te maak. In Niggie, Fees van

die ongenooides en Sirkusboere word die Anglo-Boereoorlog-geskiedenis herskryf om dit

wat werklik gebeur het, en in formele geskiedskrywings uitgelaat is, bloot te lê.

Geskiedkundige romans poog ook om aspekte wat dreig om in die vergetelheid te verdwyn,

te argiveer. Winterbach, Du Plessis en Loots word die “kurators” van volksliedjies, dialekte,

tradisionele gebruike, gesegdes en ander kultuurgoed deur hulle romans as “geheuemuseums”

te benut.

Die skrywers van literêre werke kan die leser derhalwe help om die waarheid van die verlede

te ontdek op weg na versoening en vergifnis, maar sonder om te vergeet wat in die verlede

gebeur het.

Bibliografie

Abrams, M.H. 2005. A glossary of literary terms. Toronto: Thomson Wadsworth.

Botha, M. en H. van Vuuren. 2007. Taal moet weerstand bied: ’n verkenning

van Niggie. Tydskrif vir Letterkunde, 44(2):119–33.

Botha, M.E. 2006. Eksperiment en intertekstualiteit: ’n studie van Ingrid Winterbach

se Niggie en dieOorlogsdagboek van Jan F.E. Celliers 1899-1902 (1978) asook ander Anglo-

Boereoorlogtekste. Ongepubliseerde MA-verhandeling: Nelson Mandela Metropolitaanse

Universiteit.

Britz, E. 1999. Afrikaanse vroue het eers begin skryf ná loutering van

konsentrasiekampe. Die Burger, 4 Februarie, bl. 11.

Brümmer, W. 2011. ’n “Sideshow” by ’n sirkus. Beeld, 22 Oktober, bl. 10.

Celliers, Jan F.E. 1978. Oorlogsdagboek van Jan F.E. Celliers, 1899-1902. Pretoria: Raad vir

Geesteswetenskaplike Navorsing.

—. 1911. Martjie. Pretoria: HAUM.

Cloete, T.T. (red.). 1992. Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr.

Coetzee, C. 1998. Op soek na generaal Mannetjies Mentz. Kaapstad: Queillerie.

Cuddon, J.A. 1998. Dictionary of literary terms and literary theory. Londen: Wiley-

Blackwell.

410
Dlamini, J. 2009. Native nostalgia. Johannesburg: Jacana.

Du Plessis, P.G. 2008. Fees van die ongenooides. Kaapstad: Tafelberg.

Du Plooy, H. 1992a. Fiksie. In Cloete (red.) 1992.

—. 1992b. Geskiedenis/storie/verhaal en teks. In Cloete (red.) 1992.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 2009. Die energie en die chaos van die lewe treffend vervat in P.G. du Plessis se Fees van

die ongenooides. LitNet. (28 Februarie 2012 geraadpleeg).

Ferreira, J. 2011. Wanneer generaals “sirkusnarre” word. Die Burger, 17 Oktober, bl. 11.

—. 2012a. Boereoorlogstories 2: 32 verhale oor die oorlog van 1899-1902. Kaapstad:

Tafelberg.

—. 2012b. Grensoorlogstories. Pretoria: Litera Publikasies.

Fuentes, C. 2006. This I believe: An A to Z of a Life. New York: Random House.

Giliomee, H. 2003. The Afrikaners: biography of a people. Kaapstad: Tafelberg.

Huizinga, J. 1950. Keur van gedenkwaardige tafereelen uit de Vaderlandsche historiën:

volgens de beste bronnen bewerkt en naar tijdsorde gerangschikt. Amsterdam: Het

Wereldvenster.

Janse van Rensburg, A. 2012. Vak hou die waarheid stil: kenner kla oor geskiedenis. Beeld, 5

Oktober, bl. 8.

John, P. 2004. Meer dydelikhyt oor die punch en die vis: ’n Vergelyking van Niggie, Daar’s

vis in die punch enEilande. Literator, 25(1):23–46.

Le Roux, M. 2009. Karakters bly afstandelik in dié goed nagevorste roman. Die Burger, 24

November, bl. 11.

Liebenberg, D. 2008. Boek spruit uit jeugbelofte. Volksblad, 1 Desember, bl. 8.

Loots, S. 2011a. Sirkusboere. Kaapstad: Tafelberg.

—. 2011b. Die teks as museum of argief in onlangse Afrikaanse romans. Stilet, 23(2):75–101.

—. 2004. Circus Boers. LitNet Young Voices. (6 Maart 2012 geraadpleeg).

Marais, D. 2011. Skimruiters. Beeld, 12 November, bl. 15.

411
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Merker, P. en W. Stammler (reds.). 1977. Reallexikon der deutschen Literaturgeschichte III.

Berlyn: De Gruyter.

Müller, K.E. en J. Rüsen (reds.) 1997. Historische Sinnbildung. Reinbeck bei Hamburg:

Rowohits.

Pickering, J. en S. Kehde (reds.). 1997. Narratives of nostalgia, gender, and nationalism.

New York: New York University Press.

Pienaar, T.C. 1935. ’n Merk vir die eeue. Kaapstad: Nasionale Pers.

Plaatje, S. 1990. Mafeking diary. A black man’s view of a white man’s war. Athens: Ohio

University Press.

Pretorius, F. 2010. Fees van die ongenooides histories verantwoordbaar. LitNet.

http:www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi? (28 Februarie 2012 geraadpleeg).

Roux, J. 2009. Deurdringende “Fees” kom tuis as roman: Kragtige, liriese storie uit

Afrikaanse hart. Beeld, 27 April 2009, bl. 9.

Rüsen, J. 1997. Was Heist: Sinn der Geschichte? In Müller en Rüsen (reds.) 1997.

Rust, R. 2011. ’n Sirkus van ’n oorlog. Rapport. (28 Februarie 2012 geraadpleeg).

Schoeman, K. 1998. Verliesfontein. Kaapstad: Human & Rousseau.

Scholtz, M.G. 1992. Roman. In Cloete (red.) 1992.

Schutte, G.J. 1999. Verliesfontein: lesvoorbeeld voor historici. Zuid-Afrika, 76(8):114.

Steenkamp, E. 1941. Helkampe. Johannesburg: Voortrekkerpers Beperk.

Steinwand, J. 1997. The future of nostalgia in Friedrich Schlegel’s gender theory: Casting

German aesthetics beyond ancient Greece and Modern Europe. In Pickering en Kehde (reds.)

1997.

Su, J.J. 2005. Ethics and nostalgia in the contemporary novel. Cambridge: Cambridge

University Press.

Van Bruggen, J.R.L. 1935. Bittereinders. Johannesburg: Afrikaanse Pers-boekhandel.

—. 1943. Die gerig. Pretoria: Unie Boekhandel.

Van Coller, H.P. 2011. Die representasie van die verlede in verteenwoordigende Afrikaanse

prosawerke: Voorstelle vir ’n tipologie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(4):680–97.

412
—. 2012. Sirkusboere (resensie). Tydskrif vir Letterkunde, 49(1):176–7.

Van Coller, H.P. (red.). 1998. Perspektief en profiel. ‘n Afrikaanse

literatuurgeskiedenis. Deel 1. Pretoria: J.L. van Schaik.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Van den Berg, J.C. 2011. Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n

Verkenning van Verkenning.LitNet Akademies,8(1):1-19.

Van der Merwe, C. 2011. Sirkusboere: ’n Boeiende en vermaaklike historiese roman. LitNet.

http:www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi? (28 Februarie 2012 geraadpleeg).

—. 1998. Die verstommendste verskietende ster ooit. LitNet. (12 September 2012

geraadpleeg).

Van Gorp, H. 1991. Lexicon van literaire termen. Groningen: Wolters-Noordhoff.

Viljoen, L. 2011. Met ink aan hulle hande. Beeld. (28 Februarie 2012 geraadpleeg).

Visagie, A. 2009. Beminlike anti-held. Beeld, 27 Junie, bl. 15.

Wessels, A. 2011. Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) in die Afrikaanse letterkunde: ’n

geheelperspektief. Die Joernaal vir Transdissiplinêre Navorsing in Suider-Afrika,7(2):185-

204.

Winterbach, I. 2002. Niggie. Kaapstad: Human & Rousseau.

413
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Leerbestuurstelsels teenoor sosialenetwerkomgewings:

die ontwikkeling van ’n geïntegreerde

tegnologiese onderrig-leer-model

Opsomming

Imelda Smit en Linda du Plessis

Imelda Smit, Skool vir Inligtingstegnologie;

Linda du Plessis, Viserektor: Akademies, Noordwes-Universiteit Vaaldriehoekkampus

Uit die literatuur blyk dit duidelik dat daar uiteenlopende bevindings is rakende die gebruik

van sosiale netwerke in onderrig. Sommige opvoedkundiges beskou die gebruik daarvan as ’n

nuttelose vermorsing van tyd en ’n fokusverskuiwing weg van akademiese doelwitte.

Daarteenoor bewys opvoedkundigenavorsingsresultate dat die gebruik daarvan bemagtigend

en onvermydelik is. Hierdie uiteenlopende bevindings beklemtoon die feit dat

sosialenetwerk-omgewings (SNO’s) nuwe uitdagings in die leeromgewing teweeg bring.

Hierdie artikel beskryf die proses, asook resultate, van ’n sosialemedia-ingryping wat ten doel

gehad het om studente se betrokkenheid by leer te bevorder en, as uitvloeisel daarvan,

kognitiewe leer in die vak stelselontleding en ontwerp (SOO) as deel van ’n

inligtingstegnologie-kursus by ’n Suid-Afrikaanse universiteit te bevorder. Die vak behels

sowel ’n teoretiese as ’n praktiese komponent, en in die verlede is die kognitiewe vlak en

vaardighede wat geassesseer word, bevraagteken. Deur die implementering en gebruik van

sosiale netwerke in die eerste semester van die vak is ʼn weg gebaan vir die geïntegreerde

aanwending van tegnologie in die tweede semester. Daar is op SNO besluit omdat dit

bekostigbaar, beskikbaar en toeganklik vir die meeste studente is. Die ingryping sou onder

meer poog om aanvanklike hindernisse uit die weg te ruim, aanvaarding deur studente te

bewerkstellig en pedagogiese beginsels vir gebruik van SNO's vas te lê. Die oorhoofse doel

van die studie was om die moontlikhede en studente se ervaring van leer in ’n leeromgewing

wat deur SNO's ondersteun word, te ondersoek. Bevindings en aanbevelings vir die

aanwending van SNO-toepassings om kognitiewe leer te bevorder word ook bespreek, en

onderrigontwerp vir die aanwending van SNO's tydens onderrig word voorgestel.

Trefwoorde: sosialenetwerk-omgewing (SNO); tegnologie in onderrig en leer;

rekenaarondersteunde kommunikasie (ROK); leerbestuurstelsel (LBS)

414
Abstract

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Learning management systems versus social networking environments: the

development of an integrated technological teaching and learning model

The use of computer-mediated communication (CMC), e.g. e-mail and text-based

conferencing, particularly in asynchronous mode, has rapidly increased within higher

education. Findings from the educational research literature on the value of social networking

in education range from its being a waste of time and a distraction from academic goals, to

contrary views that it is empowering and inevitable. These diverging opinions make it clear

that social networking sites (SNSs) are bringing about new challenges to the learning

environment. Learning management systems (LMSs) and social networking sites (SNSs) are

two important resources investigated in this study, and are defined below.

SNSs are defined as web-based services that allow individuals to construct a public or semipublic

profile within a bounded system, specify a list of other users with whom they share a

connection, and view their list of connections and the lists made by others within the system.

This option of expanding networks is a distinguishing feature of SNSs. SNSs can be accessed

via a variety of devices, one being mobile technology.

An LMS is a software system that enables the management and delivery of courseware and

other resources over the internet. Most LMSs are web-based, which allows access from any

place at any time. Many LMS developers are attempting to include social media functions as

part of LMS functionality, whereas others strongly feel that this is a step in the wrong

direction. They argue that we cannot just take the newest, neatest, shiniest object and bolt it

on to an LMS – each technology has its own niche and the incorporation of these different

functionalities has more negative than positive implications for an LMS.

This study is motivated by a scholarly approach to teaching and learning which involves the

systematic study of teaching and learning and the public sharing and review of such work

with a view to directly and indirectly affecting the success of student learning. This article

reports on a social media intervention intended to increase student engagement and also

enhance learning in the subject systems analysis and design (SAD) which is offered as part of

an information technology course at a South African university.

This research project aims to make a meaningful contribution to the body of knowledge on

the educational value of the use of social media. In the research that led to this article,

students’ perceptions about collaborative learning, social presence and levels of learning were

investigated, as well as the interplay between these events. The critical factors that support

the successful utilisation of an SNS in a learning environment were determined. The

following two research questions underpin the investigation:

415
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

• Do social networking sites (SNSs) play a learning-enrichment role in the classroom?

• Can learning management systems (LMSs) and SNSs be successfully integrated in the

classroom?

This article reports on the process as well the results of a social media intervention, the

purpose of which was to improve students’ involvement in the learning process, and as a

result promote cognitive learning in SAD within an IT course at a South African university.

The subject has a large theoretical as well as practical component, and in the past questions

were raised about the cognitive level required and the competencies assessed. Since SAD

consists of two modules completed over two consecutive semesters the approach was to

prepare the ground during the first semester by removing obstacles and get buy-in to ensure

the integrated use of the technology during the second semester. Mobile technology has

created new opportunities with the provision of free SNS tools such as WhatsApp and

BlackBerry Messenger (BBM). Cell phone technology is affordable, available and accessible

to most students.

Three existing models that utilise both formal and social learning are the wrapped model, the

community model and the embedded model. The wrapped model’s approach to "socialising"

formal learning is to wrap social media around existing learning resources. Social media and

social networking are wrapped around a piece of more formal content such as learning

objects. Learners have always discussed and commented on the courses and classes they are

taking, and are usually quick to tell other learners what they think of a given class. If learners

are attending an instructor-led event, they may try to network with other learners before,

during and after the event. Learners also expect updates about changes to a course or training

class. Today most of these interactions occur through ad hoc, unstructured, unsearchable

exchanges between individual learners.

With the community model, social media and social networking capabilities are introduced in

the absence of formal learning. Social media and networking provide their own value

independently of formal learning content. The embedded model attempts to reintroduce the

social elements that used to be part of a typical instructor-led class – reflection, debriefing,

sharing of opinions and perspectives, and the discussion of best practices. The wrapped

model provides a social platform for the interactions that are already taking place around

formal courseware. The community model provides a broader platform to capture social

exchanges and social learning across any topic, not just those addressed in formal learning.

These three social learning models are not mutually exclusive; in fact, they are

complementary, which means that organisations can begin implementing social learning

wherever they are most comfortable. These models also neatly complement organisations'

existing investments and models by extending and broadening the scope of current formal

learning initiatives – and in the process they elevate the training function from the realm of

the tactical to that of the strategic.

This study used quantitative research in the form of surveys and statistics and qualitative

research in the form of building a story based on the collective narrative supplied by students.

416
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

At the outset of the semester the students completed a questionnaire. The purpose of the

questionnaire was to obtain information regarding their ownership of and access to cell

phones, their use of specific SNSs, as well as their preferences. The survey was conducted

among a group of 81 enrolled second-year SAD students, 71 of whom completed the

questionnaire, resulting in a response rate of 88%. It is important to note that participation in

this project was voluntary and that the students were not penalised if they chose not to

participate.

To implement the project in such a way that it was manageable and could be monitored, three

SNS applications were used for this study, namely WhatsApp, MXit and BBM.

Throughout the semester groups of 2–4 students were given specific concepts from the work

completed to discuss on the LMS. The students were encouraged to use information from

more than one source. They could use material from their textbooks, the internet or any other

source to compile a short explanation, a more detailed description and examples to ensure

that other students could use the information to obtain a clear understanding of the concept.

The long-term goal was to allow the students to develop a complete subject dictionary that

can be expanded as each year’s new students add to the concepts already listed, which would

eventually lead to a facility that is rich in meaning and contains examples of various cultural

contexts. Two LMS tools, namely forums and glossaries, were used. At the end of the first

semester the students completed a second questionnaire so that information could be obtained

about all the teaching and learning technologies used in the instructional design of the

module. The questionnaire focused on the value of these technologies for the students.

This study confirmed that a concurrent model can be used effectively in the teaching and

learning environment, where the LMS and an SNS are not integrated, but where social media

are introduced alongside the formal learning content. The results confirmed that the

integration of an LMS and an SNS is not desirable and that these tools address different

learning needs.

The research results indicated that the technology options used in the study complement one

another to enrich and bring new functionalities to the learning environment. The students

experienced the use of SNSs as a positive addition to the academic learning environment.

BBM was regarded as the best SNS support tool for explaining difficult concepts, as it

allowed the students to add graphics to a message.

Where the LMS fulfilled the role of a “resource centre”, the integration of SNSs into the

instructional design enabled quicker accessibility to information, as well as enabling a peer

support network. From the research findings it is clear that this integrated approach enhances

the learning environment.

On the other hand, potential risks with the use of SNSs became evident. Some of the students

experienced the use of an SNS for academic discussions as confusing, since it was sometimes

difficult to follow the conversation, and the quality of discussions was impaired because of

417
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

the unstructured way SNS communication is done. To address these concerns it is

recommended that SNS discussions be structured in the form of an initial question (goal),

followed by the discussions. These discussions should be focused on providing information

that is supplemental to prescribed material, and it should focus on solving problems and

explaining concepts rather than on introducing new concepts.

The use of social media in an educational context is a growing trend. This study confirms that

social media can not only support but also enrich the learning experience. The importance of

a structured approach is emphasised by the findings from this study. More research is needed

on how to support students in their learning processes through social media and how to

evaluate the pedagogical aspects of social media systems used in the educational context. In

addition to the enhancement of learning models through the use of social media, learning

models can be further expanded through serious games and simulations.

Keywords: social networking site (SNS); technology in teaching and learning; computermediated

communication (CMC); learning management system (LMS)

1. Inleiding

Die gebruik van rekenaarondersteunde kommunikasie (ROK), soos e-pos, teksgebaseerde

konferensies en kommunikasie wat ongesinchroniseerde skedules toelaat, het vinnig in hoër

onderwys gegroei. Die toenemende gebruik word aangevuur deur die veronderstelling dat

ROK studente-betrokkenheid en produktiewe besprekings bevorder. Ondanks die potensiële

voordele word die effektiwiteit van ROK as ’n hulpmiddel vir die ondersteuning van leer

egter bevraagteken. Dit is dus noodsaaklik om die faktore wat suksesvolle implementering

ondersteun, te identifiseer (Tolmie en Boyle 2000). Sosialenetwerk-omgewings (SNO’s) is ’n

onderafdeling van ROK.

Boyd en Ellison (2007) definieer SNO’s as webgebaseerde dienste wat individue toelaat om

openbare of semi-openbare profiele te skep. Hierdie profiele kan dan gedeel word met

persone met wie hulle (die skeppers van profiele) een of ander verbintenis het. ’n Uitstaande

kenmerk is die potensiële uitbreidingsvermoë van hierdie netwerke, aangesien ’n individu die

netwerke van ander verbindings (persone) wat ’n netwerk deel, kan naspeur.

Die wyse waarop individue vriendskappe en ander vorme van verhoudings met behulp van

SNO’s vorm, is lank reeds ’n navorsingsfokus in kommunikasiestudies en die sielkunde

(Boyd en Ellison 2007; Bryant, Seners-Jackson en Smallwood 2006; DeEnrea, Ellison,

LaRose, Steinfield en Fiore 2012). Daarteenoor is weinig navorsing oor hoe, hoeveel en

waarom individue hierdie omgewings vir opvoedkundige doeleindes gebruik (Pempek,

Yermolayeva en Calvert 2009). Vrocharidou en Efthymiou (2012) wys ook hierdie gebrek

aan navorsing uit en bevestig dat daar, ten spyte van die groeiende belangstelling in die

gebruik van SNO’s, ’n gebrek aan empiriese navorsing oor die opvoedkundige gebruik van

SNO’s is. Beperkte navorsing is beskikbaar oor die wyse waarop adolessente en jong

volwassenes met mekaar in ’n netwerk skakel met die hulp van SNO’s.

418
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die uitdaging in onderrig is nie net die gebruik van sosiale media nie, maar ook die integrasie

van tegnologie in die onderrig- en leerproses om konstruktiewe betrokkenheid van studente

tydens die leerproses te bevorder. Dit is verder belangrik om die werklike redes vir die

gebruik van sosiale media te identifiseer. Die gebruik hiervan moet uiteindelik die

leeromgewing verbeter, die leerproses ondersteun en leer vir studente meer toeganklik maak.

’n Leerbestuurstelsel (LBS) is ’n sagtewarepakket wat die bestuur en lewering van leerinhoud

en hulpbronne aan studente moontlik maak (Rouse 2012). Die meeste LBS’e is webgebaseerd

om toegang op enige plek en enige tyd moontlik te maak. Karrer (2007) is van mening dat

LBS-ontwikkelaars toenemend probeer om sosialemedia-funksies deel van die funksionaliteit

van ’n LBS te maak en dat dit ’n stap in die verkeerde rigting is. Hy is van mening dat elke

tegnologie ’n bepaalde nis het, en dat hierdie vermenging tot nadeel eerder as tot voordeel

van ’n LBS kan wees.

Hierdie ondersoek is gemotiveer deur ’n vakkundige benadering tot onderrig en leer.

Akademies-gefundeerde onderrig en leer het ten doel om meer van studente se ervarings

tydens onderrig te leer. ’n Vakkundige benadering lei tot ’n onderrig-en–leer-benadering wat

meer op studente se leerervaring fokus, meer sistemies is, resultaat-gedrewe is en tot beter

akademiese kwaliteit lei. Ciccone, Huber en Hutchings (2011) definieer ’n uitstekende dosent

as iemand wat, afgesien van die doseerwerk, betrokke is by die voorbereide en doelbewuste

ondersoek na die beste maniere om ’n dieper begrip van sy vakgebied te bewerkstellig.

In die artikel word gepoog om ’n sinvolle bydrae oor die opvoedkundige waarde van SNO’s

te lewer. Deur die navorsing wat tot die artikel gelei het, is ondersoek hoe studente se

persepsies van gesamentlike leer, sosiale teenwoordigheid en vlakke van leer mekaar

beïnvloed. Kritiese faktore wat die suksesvolle aanwending van ’n SNO in ’n leeromgewing

ondersteun, is bepaal.

Die volgende navorsingsvrae het die ondersoek begrens:

• Speel sosialenetwerk-omgewings 'n leerverrykende rol in die klaskamer?

• Kan leerbestuurstelsels (LBS’e) en SNO’s suksesvol in die klaskamer geïntegreer word?

Die aard van die navorsing is gebaseer op sosiale konstruktivisme, wat rus op die konstruk

van betekenisvorming deur sosiale interaksie. ’n Individu vorm nuwe kennis en insigte deur

betekenis met ander persone te onderhandel. Volgens Ellison, Steinfield en Lampe (2007)

verhoog sosiale konstruktivisme sosiale kapitaal, wat breedweg verwys na sosiale hulpbronne

wat mense verkry as gevolg van hulle verhoudings met ander mense. Onderrigmodelle wat op

sosiale konstruktivisme geskoei is, lê dus baie klem op die noodsaaklikheid van samewerking

tussen studente (McMahon 1997).

’n Addisionele motivering vir die gebruik van SNO’s is die feit dat die gebruik van

elektroniese media ’n belangrike steunpilaar vir die sosiale, emosionele en kognitiewe

ontwikkeling van studente verskaf en dat studente ’n groot gedeelte van hulle tyd aan hierdie

419
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

media spandeer (Roberts, Foehr en Rideout 2005). Navorsing deur Timmis (2012) ondersteun

die laasgenoemde stelling, en het bevind dat studente SNO’s gebruik om

groepsondersteuning te gee en mekaar in hul studies aan te moedig sonder dat hulle

noodwendig studiemateriaal uitruil.

2. Literatuuroorsig

In hierdie afdeling word ’n oorsig gebied oor die funksionaliteit en huidige gebruik van LBS-

en SNO-tegnologie in die onderwys. Navorsingsleemtes in die gebruik hiervan word

uitgewys. Vervolgens word die onderrig-ingryping, die konteks waarin die ondersoek

plaasgevind het en die navorsingsmetodes wat gebruik is, omskryf.

2.1. Leerbestuurstelsel (LBS)

Rouse (2012) definieer ’n leerbestuurstelsel (LBS) meer uitgebreid as ’n webgebaseerde

toepassing wat gebruik word om die leerproses te beplan, dit te implementeer, toegang

daartoe te verleen en leerderdeelname te monitor.

Die terme leerbestuurstelsel en leerinhoudbestuurstelsel word dikwels as sinonieme gebruik,

maar daar is duidelike verskille. Die leerinhoudbestuurstelsel voorsien die organisasie van

inhoud vanaf die ontwerpsagteware, terwyl die aanbieding van hierdie inhoud aan die student

deur die LBS geskied. Die funksionaliteit van ’n LBS sluit die volgende in:

’n LBS verskaf (Karrer 2007; Wilkins 2011; Rouse 2012) aan die dosent

• administratiewe fasiliteite soos toegang tot studenterekords

• meganismes vir die beskikbaarstelling van inhoud aan studente

• fasiliteite vir monitering van studentedeelname

• funksies vir die evaluering van studente se werkverrigting.

Die LBS stel die student in staat (Karrer 2007; Wilkins 2011; Rouse 2012) om

• inhoud te stuur

• toegang tot kursusinligting, asook begindatums, einddatums, statusse, ens. te verkry

• kursusinhoud te hersien

• vir ’n kursus in te skryf

• wagwoorde te skep en te verander

• toegang tot hul eie geskiedenis op die LBS te verkry

• aanlyn toetse te voltooi

• terugvoering en punte op take en toetse te ontvang

• aan ’n 360-grade-terugvoerstelsel, waar die student ook kursusse kan evalueer, deel te

neem.

420
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Interaktiewe funksies is beskikbaar en sluit onder andere ’n besprekingslyn,

videokonferensiefasiliteite en besprekingsforums in.

Dit is belangrik om te verstaan dat ’n LBS nie inhoud kan skep, leerdersukses kan waarborg

of die rol van die dosent kan vervang nie.

Die suksesvolle gebruik van ’n LBS hang in ’n groot mate af van wat die dosent daarop

beskikbaar stel. Karrer (2007) definieer LBS-geskikte inhoud as

• voltooide inhoud

• take wat vereis dat die inhoud daarvan per student gemonitor kan word

• take wat die student moet voltooi vir sertifisering of akkreditering, aangesien die

rekordhouding van die proses belangrik is

• uitkomste wat bereik moet word deur progressiewe leer, met ander woorde waar die

inhoud in ’n spesifieke orde aangebied moet word

• inhoud wat verband hou met die kursus.

Karrer (2007) noem verder dat daar twee elemente is wat nie op ’n LBS hoort nie, te wete

• inhoud wat nie gemonitor hoef te word nie

• inhoud wat vinnige toegang vereis.

Daar bestaan dus ’n duidelike onderskeid tussen inhoud wat vir ’n LBS geskik is en dit wat

vir ’n SNO geskik is.

2.2. Rekenaarondersteunde kommunikasie

Die internet verskaf toegang tot sosiale ruimtes, en studente maak hiervan gebruik deur ROKtoepassings

soos e-posse, kitsboodskappe en SNO’s (Tolmie en Boyle 2000). Die gebruik van

SNO’s vorm ’n integrale deel van kommunikasie vir baie studente, en die gebruik hiervan het

die afgelope paar jaar aansienlik toegeneem (Boyd en Ellison 2007). Hoewel konsensus

bestaan dat ROK wel ’n plek en rol in die leeromgewing het, is dit nodig om studente se

persepsies oor die sosiale en akademiese gebruik van hulle voorkeurkommunikasietegnologieë

beter te verstaan (Vrocharidou en Efthymiou 2012). Dit is

belangrik om pedagogiese strategieë te ontwikkel wat maksimale leer bevorder. Bykomend

hiertoe moet ook aandag gegee word aan die oorbrugging van kulturele verskille, asook

verskillende vlakke van tegnologiese geletterdheid – dikwels verwant aan sosio-ekonomiese

status.

2.3 Selfoontegnologie

Toegang tot sosiale media kan verkry word deur ’n verskeidenheid toestelle, waarvan selfone

een is. Aangesien die gebruik van selfoontegnologie ’n integrale deel van die ondersoek

gevorm het, fokus hierdie gedeelte van die artikel op die onderskeidende kenmerke van

hierdie tegnologie. Die nuutste ontwikkelings en vooruitsigte in ontwikkelende

421
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

gemeenskappe word belig. Sellulêre of mobiele fone verander die aard van kommunikasie en

beïnvloed die belewing van identiteit en verhoudings. Dit oefen ’n invloed uit op die

ontwikkeling van sosiale strukture en staan in ’n noue verband met hoe die gebruikers hulself

en hulle wêreld beleef.

2.3.1 Mobiele toestelle

Volgens die Oxford English Dictionary (2010) is die woord mobile ’n byvoeglike naamwoord

wat dui op die moontlikheid om in staat te wees tot beweging of om beweeglik te wees,

teenoor iets wat vas of gestasioneer is, en device ’n selfstandige naamwoord wat verwys na ’n

apparaat. Verder word phone gedefinieer as ’n telefoonapparaat, -ontvanger of -handtoestel,

maar phone kan ook na ’n spraakklank verwys – die kleinste onderskeidende klankeenheid.

Die woord cellular is ’n byvoeglike naamwoord wat aandui dat die toestel gekoppel is aan ’n

mobiele radiotelefoonstelsel waarvan die area onderverdeel word in “selle”, elk met sy eie

kortafstand-uitsender en ’n geoutomatiseerde skakelsentrum.

Mobiele toestelle, sellulêre fone en selfone word as sinoniem in die Oxford English

Dictionary (2010) aangedui. Die betrokke leksikale items verwys almal na toestelle wat met

radiotransmissie werk en wat bykans enige tyd en op enige plek gebruik kan word. Slimfone,

funksiefone, draagbare toestelle, persoonlike digitale assistente en tablette is die algemeenste

klassifikasies van mobiele toestelle.

Bykomend tot die algemene gebruik van hierdie toestelle vir oproepe, kan hulle ook een of

meer van die volgende dienste verskaf:

• die stuur van teksboodskappe deur middel van ’n kortboodskapdiens (SMS)

• die stuur van multimediaboodskappe deur middel van ’n multimedia-boodskapdiens

(MMS)

• die stuur van e-posse

• internet-toegang

• kortafstand-, draadlose kommunikasie soos wat deur Bluetooth moontlik gemaak word

• die uitvoering van verskeie toepassings

• elektroniese speletjies

• fotografiese funksies

• die speel van musiek

• bergplek.

Tullet (2012) onderskei tussen slimfone as bopunttoestelle en funksiefone as

onderpunttoestelle, maar daar is geen amptelike onderskeid tussen hierdie twee kategorieë

nie, behalwe dat die prys ’n goeie aanduiding van die omvang of grootte van die verskil is.

Oorspronklik het die woord slimfoon verwys na ‘n mobiele foon met meer eienskappe of

funksies as ’n gewone telefoon, maar sommige kategorieë oorvleuel.

422
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Daar bestaan nie ’n enkelvoudige omskrywing van ’n slimfoon nie. Voorheen het dit beteken

dat e-posse daarop gelees kon word, maar tegnologiese ontwikkeling het die funksionaliteit

uitgebrei na funksies wat geassosieer word met ’n skootrekenaar (soos raakskerms, volledige

internettoegang, Wi-fi en globaleposisioneringstelsels). Die feit dat gebruikertoepassings van

’n groot verskeidenheid toepassingswinkels afgelaai kan word, maak daarvan ’n kragtige

instrument.

SNO’s gebruik mobiele boodskaptoepassings vanaf verskeie platforms asook bestaande

internetdata op mobiele toestelle, derhalwe is die koste baie laag. Daarteenoor is

kortboodskapdienste (short messaging services, meer algemeen bekend as SMS) ’n ouer

boodskaptoepassing met beperkte funksionaliteit en hoër gepaardgaande koste wanneer dit

met SNO’s vergelyk word. Mobiele tegnologie het kortboodskappe na ’n hoër vlak geneem

met die beskikbaarstelling van gratis SNO-toepassings soos WhatsApp en Blackberry

Messenger (BBM). Die ontwikkeling van sosiale media het geleenthede geskep vir die

daarstelling van eweknie- (hier: medestudente) ondersteunde netwerke buite die klaskamer,

sonder die beperkings van geografiese verspreiding. Alhoewel navorsing die aanname dat

sosiale media gebruik kan word om student-tot-student- en student-tot-dosent-verhoudings te

ontwikkel, verskyn ’n patroon van vrae aan en terugvoer van dosente, soos gedurende

klasgeesessies (Wilson en Whitelock 1998; Rada 1998; Trushell, Reymond en Burrell 1998),

wat kwalik ’n verbetering is op die tradisionele klasgee-situasie. Dit is dus duidelik dat die

gebruik van SNO’s sonder ’n geïntegreerde strategie onbepland kan wees, met interaksies

tussen studente en die dosent wat nie tot konstruktiewe leer bydra nie. Om sulke nodelose

ingrypings te vermy, is dit belangrik om die pedagogiese beginsels wat suksesvolle

implementering rig, te identifiseer.

Verskeie potensiële voordele vir die gebruik van SNO’s tydens leer is reeds geïdentifiseer.

Die grootste voordeel is dat faktore wat normaalweg samewerking en groepwerk bemoeilik,

geminimaliseer word deur die gebruik van tegnologie. Ongeag die geografiese afstand, kan

studente met hulle dosente en klasmaats kommunikeer, beide sinchronies en asinchronies.

Berkenkotter (1997) het bevind dat die gebruik van tegnologie vir sosiale doeleindes tot

groter deelname en die vermindering van stereotipering van ras en geslag lei. Hy het tot die

gevolgtrekking gekom dat baie menings gelug, gevoelens uitgesorteer, en agendas bespreek

word deur die gebruik van ’n SNO – sake wat nie noodwendig in ’n normale

klaskamergesprek plaasgevind nie. Die elektroniese forum dien dus as ’n oop ruimte waar

onderwerpe bespreek kan word.

Nadele geassosieer met die gebruik van aanlyn besprekings het egter in ander studies na vore

gekom. ’n Studie deur Enerson en Kanuka (1997) het bevind dat deelnemers die beperkte

sosiale interaksie en afgeleide betekenis van ’n aanlyn omgewing minder bevredigend as 'n

normale aangesig-tot-aangesig-gesprek gevind het. Dozier (2001) beskou ’n gebrek aan die

vloei van dialoog en die afwesigheid van nieverbale kommunikasie, soos gesigsuitdrukkings

en handgebare, as beperkende faktore vir doeltreffende kommunikasie.

423
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In antwoord op hierdie nadele is daar bemoedigende navorsingsresultate, soos opgeskryf deur

Timmis (2012), wat daarop dui dat studente ikone soos :D of gebruik om emosie aan te dui.

Ikone saam met spesifieke woorde word dus gebruik as ’n plaasvervanger vir nie-verbale

kommunikasie, byvoorbeeld "jis" wat algemeen gebruik word om die vloei van

kommunikasie aan te moedig en om gemeenskaplike grond te vind. Romeo (2001) het bevind

dat sommige studente dit as intimiderend ervaar het om hulle gedagtes op skrif te stel.

Navorsing deur Ellison e.a. (2007) dui weer daarop dat studente verkies om SNO’s vir

sosiale, informele en groepbesprekings te gebruik, eerder as vir formele kommunikasie met

’n dosent. Teclehaimanot en Hickman (2011) het bevind dat studente in die algemeen, maar

spesifiek vroulike studente, nie daarvan hou dat dosente toegang tot hulle Facebook-profiele

het nie. Kommunikasie word as aktiewe gedrag beskou, terwyl die bestudering van ander se

profiele as passiewe gedrag beskou word.

Dit is duidelik dat die gebruik van SNO’s van persoon tot persoon verskil en dat min

opvoedkundige waarde daaraan gekoppel kan word, tensy die gebruik van ’n SNO ’n

integrale deel van die onderrigstrategie vorm. Dit lyk verder asof ‘n SNO beter mag werk in

sekere omstandighede as in ander.

2.3.2 Ontwikkeling van draagbare tegnologie in ontwikkelende gemeenskappe

Heeks (2009) definieer the lowest billion as die Vierde Wêreld wat in sub-Sahara-Afrika en

Sentraal-Asië woon. Hulle is armer in die jaar 2000 as wat hulle in die jaar 1970 was. Slegs

2% van hierdie laagste miljard inwoners het in die jaar 2000 selfone besit. Hierdie persentasie

het toegeneem tot 20% in 2009, terwyl meer as die helfte wel via bure, familie en plaaslike

dienste toegang tot ’n selfoon het. Daar word geraam dat die gebruik van selfone

eksponensieel styg en dat meer as 90% van die sub-Sahara-bevolking teen 2013 toegang tot

selfone sal hê (Denton 2008; Heeks 2010). Teenoor hierdie statistieke word Suid-Afrika

beskou as een van die voorste lande ten opsigte van die groei in selfoontoeganklikheid

(Kearney 2011). Dit word duidelik geïllustreer as ’n mens die intekenaars op selfone oor ’n

aantal jare vergelyk. Inskrywings het toegeneem vanaf 71,06 per 100 persone in 2005 tot

100,48 per 100 persone in 2010 (UNCTAD 2011). Hierdie groei is insiggewend as dit

vergelyk word met die groei in die installering van landlyne in Suid-Afrika, wat gedurende

hierdie periode stagnant was (Kearney 2011).

Tullet (2012) onderskei tussen twee klasse selfoongebruikers: die ten volle digitale, slimfoontoegeruste

elite en die funksiefoon-massamark. Tans gebruik 21% selfoongebruikers in Suid-

Afrika slimfone.

3. Integrasie van formele en sosiale leer

Drie bestaande modelle wat beide formele en sosiale leer gebruik, is die pakkiemodel, wat op

’n formele onderrig-leer-omgewing gebaseer is, die gemeenskapsmodel, wat gebaseer is op

leer in ’n informele onderrig-leer-omgewing, en die ingebedde model, wat die twee

424
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

omgewings integreer (Wilkins 2011). Dit is belangrik om daarop te let dat die genoemde

modelle mekaar komplementeer, maar hoofsaaklik op leeromgewings binne organisasies en

nie spesifiek hoër onderwys nie, geskoei is. Die drie modelle word vervolgens verduidelik.

3.1 Pakkiemodel

Die pakkiemodel, of Amazon-model, fokus op die leerinhoud en groepbesprekings, en

samewerking vind rondom die leerinhoud plaas (Wilkins 2011). Die leerinhoud word dus

"verpak" met sosiale media. Die Amazon-boekewerf het aan hierdie model sy naam besorg.

In ’n hoëronderrig-omgewing word boeke vervang deur die vak se inhoud, en studente en

dosente werk saam aan die leerinhoud deur insette, kommentaar en kritiek te lewer. Die

pakkiemodel is ’n manier waarop formele leerbenaderings gesosialiseer kan word deur die

sosiale media rondom die leerbronne te plaas. In hierdie geval is die leerinhoud elektronies.

Studente het dan die geleentheid om die werk te bespreek, kommentaar te lewer en met

mekaar te kommunikeer deur middel van die netwerk – voor, gedurende en na afloop van ’n

klas. Hulle kan mekaar op hoogte hou van verandering aan ’n kursus of ’n klas. Die meeste

van hierdie interaksies is ongestruktureerd, ad hoc, nie naspeurbaar nie en vind tussen

individuele studente plaas. Timmis (2012) het bevind dat sosiale interaksie rondom

leerinhoud die leerproses bevorder deurdat verskillende perspektiewe gegee word, en dit

verhoog ook die waarde van die inhoud. Figuur 1a toon ’n voorstelling van die pakkiemodel.

Figuur 1a. Pakkiemodel (Aangepas uit Wilkins 2011)

Nota: Stippellyne met ’n ligter grys agtergrond dui op informele leergeleenthede, terwyl die

soliede lyne met ’n donkerder agtergrond op formele leergeleenthede dui.

425
3.2 Gemeenskapsmodel

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die gemeenskapsmodel (Wilkins 2011) berus op die beginsel dat sosiale media en

sosialenetwerk-fasiliteite daargestel word vir leer, in die afwesigheid van ’n formele

leerstruktuur. Sosiale media en netwerke het dus waarde, onafhanklik van ’n formele

leerkonteks, slegs ter wille van sosiale media. Alhoewel SNO’s baie mense se persoonlike

lewens feitlik oorgeneem het, is daar min navorsing wat oor die gebruik hiervan in die

klaskamer verslag doen. Cross (2006) het bevind dat die meeste leer in organisasies sosiaal of

informeel plaasvind, maar dat geen van hierdie uitruilings gedokumenteer of gemonitor word

nie. Figuur 1b toon ’n grafiese voorstelling van die gemeenskapsmodel.

Figuur 1b. Gemeenskapsmodel (Aangepas uit Wilkins 2011)

Nota: Stippellyne met ’n ligter grys agtergrond dui op informele leergeleenthede, terwyl die

soliede lyne met ’n donkerder agtergrond op formele leergeleenthede dui.

3.3 Ingebedde model

Volgens Wilkins (2011) behels die ingebedde model dat sosiale media binne formele

leerinhoud bekendgestel word. Binne die leeromgewing moet daar geleentheid gebied word

vir interaksie met eweknieë, die vorming van sosiale netwerke en pret. Sosiale interaksie laat

toe dat leer plaasvind vanweë diverse perspektiewe van verskillende individue, asook die deel

van werklike ervarings; daar is geleentheid om te reflekteer en ook om argumente te

ontknoop.

426
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In ’n elektroniese leeromgewing sou dit ideaal wees indien die kursus ingebedde

kommentaar, ingebedde blogs, lewende besprekings, gradering van idees (asook ander se

graderings) en elkeen se koppelings na verwante inligting toelaat. Alhoewel hierdie funksies

moontlik is in ’n Web 2.0-omgewing, word dit nie so toegepas nie.

Figuur 1c. Ingebedde model (soos beskryf deur Wilkins 2011)

Nota: Stippellyne met ’n ligter grys agtergrond dui op informele leergeleenthede, terwyl die

soliede lyne met ’n donkerder agtergrond op formele leergeleenthede dui.

4. Navorsingsmetodologie

Volgens Myers (2011) bestaan daar verskillende maniere om navorsingsmetodologieë te

klassifiseer. Een van die algemeenste maniere is om te onderskei tussen kwalitatiewe en

kwantitatiewe navorsing. Kwantitatiewe navorsing word geassosieer met die bestudering van

natuurlike verskynsels, hoofsaaklik in wetenskaplike dissiplines. Sekere kwantitatiewe

metodes word ook in sosiale wetenskappe gebruik, insluitend vraelyste en numeriese

metodes. Kwalitatiewe navorsing word hoofsaaklik gebruik om sosiale en kulturele

verskynsels in sosiale wetenskappe te bestudeer. Van die kwalitatiewe metodes sluit

aksienavorsing in. Die rede vir die gebruik van kwalitatiewe navorsing teenoor kwantitatiewe

metodes spruit uit die feit dat daar een kritieke komponent is wat die mens van die natuur

onderskei, naamlik die vermoë om te praat. Die doel is om ’n realiteit te skep wat gebaseer is

op die meervoudige realiteite van ’n aantal persone, en kwalitatiewe navorsingsmetodes is

spesifiek ontwerp om navorsers te help om hierdie persone (onder die soeklig) te verstaan,

asook die sosiale en kulturele konteks waarin hulle beweeg (Creswell 1998). Alhoewel

427
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

navorsers in baie gevalle net een van die metodes gebruik, gebruik navorsers toenemend ’n

kombinasie van metodes en resultate om die geldigheid van die resultate te verryk en te

verhoog. Tydens hierdie ondersoek is gebruik gemaak van kwantitatiewe navorsing in die

vorm van vraelyste en statistiek, en kwalitatiewe navorsing in die vorm van transkripsies van

studente se gesprekke via SNO’s.

’n Groep van 81 ingeskrewe tweedejaarstudente in stelselontleding en ontwerp (SOO) is

gekies om aan die ondersoek deel te neem. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat

deelname aan hierdie ondersoek nie afgedwing kon word nie. Studente is geensins

gepenaliseer indien hulle verkies het om nie deel te neem nie.

Met die aanvang van die ondersoek is ’n vraelys deur studente voltooi. Die doel van die

vraelys was om inligting te bekom oor studente se eienaarskap van en toegang tot sellulêre

fone, die gebruik van spesifieke SNO’s, en hulle voorkeur-SNO.

Om die bestuurbaarheid en monitering van die proses moontlik te maak, is drie SNOtoepassings

vir hierdie studie gekies, naamlik WhatsApp, MXit en BBM.

Gedurende die semester is studente in groepe van 2–4 studente verdeel, en elke groep moes

spesifieke konsepte bespreek deur van die LBS gebruik te maak. Studente is aangemoedig om

inligting uit meer as een bron te gebruik, insluitend voorgeskrewe boeke, die internet en enige

ander gesaghebbende bron. Deur hierdie bespreking is aan studente die geleentheid gebied

om konsepte te verduidelik, voorbeelde te beskryf en uiteindelik konsepte beter te verstaan,

maar ook om medestudente te help. Die langtermyndoelwit is om studente te help om ’n

volledige vakwoordeboek saam te stel wat met behulp van elke nuwe groep studente

uitgebrei kan word. Die waarde van hierdie vakwoordeboek is dat dit ’n betekenisryke

fasiliteit is wat voorbeelde uit verskeie kultuurkontekste bevat. Twee funksies van die LBS,

naamlik forums en woordelyste, is gebruik om die volgende proses te voltooi:

• Die eerste stap was om die LBS se forum-funksie te gebruik om idees te deel. Studente

kon inligting op die forum deel totdat hulle tevrede was met die hoeveelheid en inhoud

van die inligting wat oor die onderwerp gedeel is.

• Die volgende stap was om die gekonsolideerde inligting op die woordelys te plaas.

• Die laaste stap was om hierdie "nuut geplaaste definisie" deur middel van ’n SNO aan al

die medestudente te versprei.

’n Studente-assistent is aangestel om tegniese ondersteuning te verleen, byvoorbeeld tydens

die skep van SNO-groepe, die stuur van boodskappe en die beantwoording van studente se

vrae. Dit was van die begin af duidelik dat al die inligting op die woordelys nie met ’n SNO

aan studente deurgegee kon word nie, maar dat dit studente bewus sou maak van die feit dat

die inligting nou op die woordelys beskikbaar was. Die SNO kon die konsep herbevestig en

uiteindelik studente help om dit deel van hulle woordeskat te maak.

428
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Aan die einde van die eerste semester is ’n opvolgvraelys aan studente gegee om meer

inligting in te win oor die verskillende media wat tydens onderrig gebruik is.

5. Resultate

Met die aanvang van die studie het studente ’n vraelys voltooi om die toeganklikheid tot en

voorkeure ten opsigte van SNO’s te bepaal. Van die 81 studente het 71 die vraelys voltooi, ’n

terugvoerkoers van 88%. ’n Grafiese voorstelling van die resultate van die SNO-voorkeure

word in Figuur 2 aangedui.

Figuur 2. Studente se voorkeur sosiale tegnologie

MXit, WhatsApp en BBM is aangedui as die gewildste SNO’s, en die uitslag van die vraelys

het bevestig dat ’n groot groep studente dit alreeds gebruik. Dit het sowat 80% van die

studente se voorkeur sosiale tegnologie gevorm. In ’n oop vraag het studente ook na ander

SNO’s, soos Facebook, Twitter, 2go en gtalk, verwys. ’n Voorkeur vir die gebruik van e-pos

is ook deur ’n paar studente genoem.

5.1 Gebruik van sosiale tegnologie

Die sogenaamde gedwonge kommunikasie wat met hierdie ingryping van studente verwag is,

het volgens die dosent se perspektief die gewenste uitwerking gehad deurdat studente

spontaan en vrywillig voortgegaan het met die gebruik van die SNO om vrae te vra. ’n

Uittreksel uit die SNO-kommunikasie dui daarop dat die besprekings hoofsaaklik gefokus het

op die laer orde van Bloom (1956) se taksonomie. Dit is nie verrassend nie, aangesien die

429
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

bemeestering van konsepte behels dat studente hierdie konsepte moet verstaan en onthou. In

Figuur 3 verskyn ’n transkripsie uit ’n SNO-gesprek wat die tweede vlak van Bloom (1956)

se taksonomie illustreer. Die voorbeeld illustreer duidelik hoe die student (aangedui

in kursief) en die assistent (aangedui invetdruk) die verskil tussen twee konsepte,

naamlik voorkoms en attribuut, uitpluis.

Figuur 3. Uittreksel uit BBM-kommunikasie wat verstaan illustreer

Volgens Enerson en Krathwohl (2001) is die term verstaan verteenwoordigend

van begripvorming en een stap verwyder van onthou, wat kennis verteenwoordig. Die

studente se vrae het gefokus op die verduideliking van konsepte, asook die verskil en

verwantskap tussen verskillende konsepte; in hierdie geval die term attribuut, wat ’n veld in

’n databasis verteenwoordig en voorkoms, wat as ’n waarde van ’n spesifieke attribuut gestel

word. Die woorde wat hierdie teks aan die kognitiewe vlak verstaan koppel, is in groen in

Figuur 3 aangedui.

Wanneer WhatsApp, Mxit en BBM met mekaar vergelyk word, blyk dit dat BBM die enigste

SNO was wat effektiewe interaktiewe kommunikasie toegelaat het waar boodskappe maklik

toeganklik was en waar die boodskappe deur die hele groep gesien kon word.

5.2 Gebruik van LBS’e

Die unieke waarde wat die LBS tot die onderrigproses toevoeg, kan nie misken word nie. In

’n komplekse akademiese omgewing is die LBS die effektiefste manier om te verseker dat

studente ingesluit en ingelig is. Dit help studente ook om hulle tyd te bestuur en met

medestudente te kommunikeer, verleen soomlose toegang tot addisionele materiaal en maak

dit moontlik om binne die besige kurrikulum vir verskillende leerstyle voorsiening te maak

(Karrer 2007; Wilkins 2011; Rouse 2012).

Uit die gebruikerstatistiek in Figuur 4 kan duidelik gesien word dat die aantal aktiewe

gebruikers, die aantal kere wat die omgewing besoek word en die hoeveelheid inligting wat

beskikbaar is, alles op ’n intensiewe en hoogs gebruikte omgewing dui.

430
Figuur 4. Gebruikerstatistiek van die LBS in die vak SOO

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

’n Voorsiene gevolg van die gebruik van ’n LBS is dat dit maklik kan veroorsaak dat studente

met inligting oorlaai word en dat hulle belangrike inligting in die proses kan miskyk. Om

hierdie probleem op te los is dit belangrik om ’n rigtinggewende landingsblad te skep wat vir

studente met die eerste oogopslag kan aandui wat byvoorbeeld nuut, ekstra, verpligtend of

opsioneel is. ’n Voorbeeld van die landingsblad word in Figuur 5 aangedui.

Figuur 5. Voorbeeld van 'n LBS-landingsblad

Die voordeel van die gebruik van ’n landingsblad is dat studente nie hoef te raai wat nuut

opgelaai is nie, want hulle kan net die aanwysings op die landingsblad volg. Kleure word

431
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

gebruik om studente te help om verskillende boodskappe van mekaar te onderskei.

5.3 Vergelyking van resultate van die gebruik van LBS’e en SNO’s

Aan die einde van die eerste semester is ’n opvolgvraelys aan studente gegee om meer

inligting in te win oor die verskillende media wat tydens onderrig gebruik is. Die doel van die

vraelys was om te bepaal of studente van mening was dat die tegnologie waarde tot die

onderrig-en–leer-proses toegevoeg het. Rangeervrae sowel as oop vrae is aan die studente

gestel. Die volgende opsies is gegee:

• Nie gebruik.

• Geen waarde.

• Soms nuttig.

• Baie nuttig.

Die vraelys is versprei na 81 ingeskrewe tweedejaar-SOO-studente, van wie 59 die vraelys

voltooi het – ’n terugvoerkoers van 75%.

Vervolgens word die resultate van die bogenoemde vraelys soos volg bespreek en

geïllustreer:

• Die gebruik van ’n LBS, soos aangedui in Figuur 6 (let op dat geen studente aangedui het

dat die opsie “geen waarde” van toepassing is nie).

• Die gebruik van SNO-toepassings, insluitend WhatsApp, MXit en BBM, waarvan die

bevindings ook in Figuur 6 aangedui word.

• Kommentaar van studente met betrekking tot die gebruik van die LBS en SNO’s in Tabel

1 hier onder.

Figuur 6. Gebruik van ‘n LBS en SNO’s tydens onderrig

432
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Tabel 1 hier onder sluit ’n opsomming van studente se kommentaar in, gekategoriseer as

positief en negatief. Die gepaardgaande persentasietoekennings word daarby aangedui.

Wanneer die twee stelle bevindings met mekaar vergelyk word, is dit duidelik dat die

funksionaliteit wat die LBS aan studente bied, baie nuttig is. Die gebruik van ’n LBS as ’n

ROK-hulpmiddel is stewig onder die studente gevestig. Hulle verstaan die waarde daarvan en

gebruik dit effektief as "hul eie PA", "om werkskedules te organiseer", as

"kommunikasiesentrum" en om "kommunikasie tussen dosent en studente te mobiliseer". Dit

is dus duidelik dat ’n LBS die rol van ’n "hulpbronsentrum" vervul.

Tabel 1. Positiewe en negatiewe kommentaar gekoppel aan persentasies

Uit die terugvoering van die 92% studente wat die gebruik van die LBS as "baie nuttig"

bestempel het, is dit duidelik dat hierdie tegnologie onontbeerlik in die klaskamer geword het

en effektief gebruik is. Dit word bevestig in die gebruikerstatistiek van die LBS, soos

aangedui in Figuur 4. Die LBS is inderdaad die "ruggraat" van die module en vorm as 't ware

’n eenstopdiens vir dosente en studente.

’n Groot persentasie van die studente (49%) het die SNO-kommunikasie nie nuttig gevind

nie. Van hierdie groep het ’n derde (34%) dit glad nie gebruik nie – sommige omdat hulle nie

toegang tot ’n foon gehad het nie of nie hulle fone vir studies wou gebruik nie. Daar moet in

ag geneem word dat deelname opsioneel was en dat hierdie ingryping bedoel was om ander

reeds beskikbare tegnologie aan te vul en konsepte wat in die klas behandel is, te herbevestig.

Meer as die helfte van die groep wat dit gebruik het, het die SNO-kommunikasie beskou as ’n

nuttige hulpmiddel wat studente aanmoedig om van mekaar te leer, kommunikasie oor hulle

studies te bevorder en vinnig antwoorde op dringende vrae te verskaf en te verkry.

433
6. Gevolgtrekking en aanbevelings

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In hierdie ondersoek is daar verwys na die bestaande sosiale leermodelle, naamlik:

• die ingebedde model, waar sosiale media binne die formele inhoud bekendgestel word

• die pakkiemodel, waar sosiale media rondom die formele inhoud bekendgestel word

• die gemeenskapsmodel, waar sosiale media gebruik word sonder dat formele inhoud

teenwoordig is.

Uit die navorsing blyk dit dat ’n gelyklopende model effektief in die onderrig-leer-omgewing

gebruik kan word, waar die LBS en SNO‘s nie gemeng word nie, maar waar sosiale media

langs formele inhoud bekendgestel word. Die resultate van die navorsing ondersteun die

siening van Karrer (2007) dat daar nie gepoog moet word om die LBS met SNO‘s te integreer

nie. Alhoewel die LBS wat gebruik is, byvoorbeeld ‘n geselsfunksie (“chat”) insluit, is daar

besluit om kommersiële SNO‘s te gebruik. Uit die studie is dit duidelik dat die LBS en

SNO‘s verskillende tipes leerbehoeftes aanspreek.

Die navorsingsresultate dui aan dat die tegnologie-opsies wat in die ondersoek gebruik is,

mekaar komplementeer en die leeromgewing met nuwe funksionaliteite verryk.

Hierdie ondersoek het bevind dat studente die gebruik van SNO’s meestal as ’n positiewe

toevoeging tot die akademiese leeromgewing beskou. Om die verduideliking van moeilike

konsepte te ondersteun, is BBM as die beste SNO-ondersteuningstegnologie uitgewys,

aangesien dit studente toelaat om grafika aan ’n boodskap te koppel. Die gebruik van ander

toepassings soos WhatsApp en MXit is nie so positief ervaar nie.

Die struktuur van die kursus word op die LBS uiteengesit. Sosiale netwerke word op ’n

gestruktureerde en beplande manier gebruik om die formele leeromgewing te verryk,

toeganklikheid te verhoog en die inhoud "nader" aan die individu te neem. Die feit dat

inligting maklik en daagliks toeganklik is en dat SNO’s ’n omgewing skep waar studente

"kitsantwoorde" kan kry wanneer en waar hulle dit nodig het, is van die belangrikste

positiewe eienskappe van hierdie model. ’n Grafiese voorstelling van hierdie model word in

Figuur 7 gemaak.

434
Figuur 7. Tegnologiese onderrig-leer-model

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Nota: Stippellyne met ’n ligter grys agtergrond dui op informele leergeleenthede, terwyl die

soliede lyne met ’n donkerder agtergrond op formele leergeleenthede dui.

In die toepassing van die model is klasse formeel deur ’n dosent aangebied; alle behandelde

werk is op die LBS gelaai – in die vorm van skyfies, video’s van moeilike konsepte, skakels

na meer inligting, modelantwoorde en terugvoering. Die SNO‘s het nie formeel deel gevorm

van die LBS nie, maar was wel deel van die onderrigontwerp. Die doel was om SNO-toegang

deur middel van fone te fasiliteer. Vrywillige SNO-groepe in onderskeidelik BBM, MXit en

WhatsApp is gevorm.

Terwyl die LBS ’n belangrike rol as ’n "inligtingsentrum" speel, is die integrasie van SNO’s

in die onderrigproses meer daarop gefokus om vinniger toegang tot inligting te bewerkstellig,

asook om ’n ondersteuningsnetwerk te vorm. Hierdie navorsing het bevind dat hierdie

geïntegreerde benadering wel die leeromgewing verbeter.

Aan die ander kant is ook potensiële risiko's met die gebruik van SNO’s uitgewys. Van die

studente het gevoel die gebruik van ‘n SNO vir akademiese gesprekvoering het nie sin

gemaak nie, dat die waarde van bespreking beperk is deur die kwaliteit (diepte) van die

besprekings, en dat die kommunikasie nie gestruktureerd is nie. Om hierdie nadele die hoof te

bied, word aanbeveel dat SNO-gesprekke gestruktureer moet word in die vorm van ’n

aanvanklike vraag (doelstelling), en dat dit aanvullende inligting tot die voorgeskrewe

materiaal moet verskaf en moet fokus op die oplos van probleme, eerder as op die verskaffing

van nuwe inligting.

435
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hierdie voorgestelde hibridiese model het die potensiaal om studente te mobiliseer om aktief

aan die leerproses deel te neem, maar terselfdertyd ook kommentaar en bydraes te lewer om

die leerinhoud te verryk. Die feit dat toegang tot ’n LBS met registrasie verkry word, beperk

die toegang tot geregistreerde leerders, maar met SNO’s het dit ook die potensiaal om

klasgrense af te breek en enigeen toe te laat om insette te lewer.

Die gebruik van sosiale media in ’n opvoedkundige konteks is ’n toenemende verskynsel. Dit

bly belangrik dat die pedagogiese doelwitte en aktiwiteite die onderrigontwerp moet bepaal

en nie andersom nie. Deur die ondersoek word bevestig dat sosiale media die leerervaring nie

net kan ondersteun nie, maar ook kan verryk. Die resultate van hierdie studie beklemtoon die

belangrikheid van ’n gestruktureerde benadering. Meer navorsing is egter nodig oor die

gebruik van sosiale media vir ondersteuning van die leerproses en hoe om die pedagogiese

aspekte van sosiale media in ’n opvoedkundige konteks te evalueer. Benewens die verryking

van leermodelle deur die gebruik van sosiale media kan die modelle verder uitgebrei word

deur die gebruik van rekenaarspeletjies of simulasie.

Bibliografie

Berkenkotter C. 1997. Re: Affording. Contribution to XMCA Discussion List.

xmca@weber.ucsd.edu, 20 Maart.

Bloom, B.S. 1956. Taxonomy of educational objectives, Handbook I: The cognitive domain.

New York: David McKay Co Inc.

Boyd, D.M. en N.B. Ellison. 2007. Social network sites: Definition, history, and scholarship

school of information.Journal of Computer-Mediated Communication, 13(1):210–30.

Bryant, J.A., A. Seners-Jackson en A.M.K. Smallwood. 2006. IMing, text messaging, and

adolescent social networks. Journal of Computer-Mediated Communication, 11(2):577–92.

Ciccone, A., M.T. Huber en P. Hutchings. 2011. The scholarship of teaching and learning

reconsidered.

San Francisco: Jossey-Bass.

Creswell, J.W. 1998. Qualitative enquiry and research design: Choosing among five

traditions. Thousen Oaks, CA: Sage.

Cross, J. 2006. Informal learning: Rediscovering the natural pathways that inspire

innovation and performance(Essential Knowledge Resource). San Francisco: Pfeiffer.

436
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

DeEnrea, D.C., N.B. Ellison, R. LaRose, C. Steinfield en A. Fiore. 2012. Serious social

media: On the use of social media for improving students’ adjustment to college. Internet and

Higher Education5(2):15–23.

Denton, A. 2008. Policy priorities to connect Africa. Referaat gelewer by M4D 2008,

Karlstad, Swede, 11-12 Desember.

Dozier, K.S. 2001. Affecting education in the on-line "classroom": The good, the bad, and the

ugly. Journal of Interactive Instruction Development, 13(4):17–20.

Ellison, N.B., C. Steinfield en C. Lampe. 2007. The benefits of Facebook “friends”: Social

capital and college students’ use of online social network sites. Journal of Computer-

Mediated Communication, 12(4):1143–68.

Enerson, T. en H. Kanuka. 1997. On-line forums: New platforms for professional

development and group collaboration. Journal of Computer-Mediated Communication,

3(3):105–26.

Enerson, L.W. en D.R. Krathwohl (reds.). 2001. A taxonomy for learning, teaching, and

assessing: A revision of Bloom's Taxonomy of Educational Objectives (Complete edition).

New York: Longman.

Heeks, R.B. 2010. Do Information and Communication Technologies (ICTs) contribute to

development? Journal of International Development, 22(5):625–40.

—. 2009. Emerging Markets: IT and the World's "Bottom Billion". Communications of the

ACM, 52(4):22–4.

Karrer, T. 2007. E-learning technology, December

2007. http://elearningtech.blogspot.com/2007/12/communities-social-networking-andlms.html

(13 Augustus 2012 geraadpleeg).

Kearney, A.T. 2011. African mobile observatory: Driving economic and social development

through mobile services (1). Londen: GSMA.

McMahon, M. 1997. Social constructivism and the World Wide Web – A paradigm for

learning. Referaat gelewer by die ASCILITE-konferensie, Desember 1997. Perth, Australië.

Myers, M.D. 2011. Qualitative research in information systems. MIS Quarterly, 21(2):241–2.

MISQ Discovery, argiefweergawe, Junie 1997, http://www.misq.org/supplements. MISQ

Discovery, bygewerkte weergawe,www.qual.aucklen.ac.nz (20 April 2012 geraadpleeg).

Oxford English Dictionary. 2010. 3de uitgawe. Oxford: Oxford University Press. Aanlyn

weergawe.http://oxforddictionaries.com (6 Julie 2012 geraadpleeg).

437
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Pempek,T.A., Y.A. Yermolayeva en S.L. Calvert. 2009. College students’ social networking

experiences on Facebook. Journal of Applied Developmental Psychology, 30(2):227–38.

Rada, R. 1998. Efficiency and effectiveness in computer-supported peer-peer

learning. Computers & Education, 30(1):137–46.

Roberts, D. F., U.G. Foehr en V.J. Rideout. 2005. Generation M: Media in the lives of 8-18

year-olds. Menlo Park, CA: Kaiser Family Foundation.

Romeo, L. 2001. Asynchronous environment for teaching and learning: Literacy trends and

issues online. The Delta Kappa Gamma Bulletin, 6(3):24–8.

Rouse, M. 2012. Traininginfo. http://trainingforce.com/kb/what-is-a-lms (25 Augustus 2012

geraadpleeg).

Teclehaimanot, B. en T. Hickman. 2011. Student-teacher interaction on Facebook: What

students find appropriate. Techtrends: Linking Research & Practice To Improve Learning,

55(3):19–30.

Timmis, S. 2012. Constant companions: Instant messaging conversations as sustainable

supportive study structures amongst undergraduate peers. Computers & Education, 59(1):3–

18.

Tolmie, A. en J. Boyle. 2000. Factors influencing the success of computer mediated

communication environments in university teaching: a review and case studyomputers &

Education, 34(1):119–40.

Trushell, J., C. Reymond en C. Burrell. 1998. Undergraduate students’ use of information

elicited during e-mail “tutorials”. Computers & Education, 30(3):69–82.

Tullet, J. 2012. Rise of the smartphone elite. Is this the next digital divide? iWeek, 260:4–27.

UNCTAD. 2011. Information economy report 2011: ICTs as an enabler for private sector

development. United Nations Conference on Trade and Development, Oktober.

Vrocharidou, A. en I. Efthymiou. 2012. Computer mediated communication for social and

academic purposes: Profiles of use and university students’ gratifications. Computers &

Education, 58(1):609–16.

Wilkins, D. 2011. The Amazon and community models. The intersection of community and

learning. Chief learning offices. Solutions for Enterprise Productivity, 11(8):65–8.

Wilson, T. en D. Whitelock. 1998. Monitoring the on-line behaviour of distance learning

students Journal of Computer Assisted Learning, 14:91–9.

438
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die uitbeelding van gay manlikheid in die werk van

drie debuutdigters

Marius Crous

Marius Crous, Skool vir Tale en Letterkunde, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit

Opsomming

Die doel van hierdie artikel is om die uitbeelding van gay manlikheid in die werk van drie

debuutdigters, te wete Loftus Marais, Melt Myburgh en Fourie Botha, te ondersoek. Dié

ondersoek dra by tot manlikheidstudies en toon aan hoe manlikheid ’n normatiewe konsep is

wat geensins eenduidig is nie, maar oop is vir interpretasie. Aspekte soos die vader-seunverhouding,

die ervarings van die jong seun en gay seksualiteit word ondersoek aan die hand

van verteenwoordigende gedigte uit die drie bundels. Wat die bestudering van manlikheid in

hulle werk so fassinerend maak, is dat al drie vanuit ’n gay invalshoek fokus op manlikheid

en die manlike liggaam. Ten slotte word aangedui dat elk van dié digters ’n eiesoortige

perspektief op manlikheid in hul tekste uitbeeld en sodoende bydra om heteronormatiwiteit te

bevraagteken.

Trefwoorde: gay manlikheid; manlikheidstudies; pa-seun-verhouding; gay seksualiteit; die

jong seun; Loftus Marais; Melt Myburgh; Fourie Botha

Abstract

The representation of gay masculinity in the debut anthologies of three Afrikaans poets

The aim of this article is to focus on the representation of gay masculinity in the debut

anthologies of three Afrikaans poets, namely Loftus Marais, Melt Myburgh and Fourie

Botha. The article is a contribution to masculinity studies and is an attempt to show to what

extent masculinity is merely a normative concept, open to interpretation. The three

collections discussed in this article are Marais’s Staan in die algemeen nader aan

vensters (“In general, stand closer to windows”), Myburgh’s Oewerbestaan (“Life on the

(river bank / River bank existence”) and Botha’s Donkerkamer (“Dark room”).

In this investigation the work of the three poets is discussed under the following subheadings:

the interaction between father and son, the experiences of the young boy who is trying to

come to terms with his sexuality, gay sexuality, and homosocial bonding between adolescent

boys (perhaps as a precursor to later homosexual experimentation?).

439
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

The theoretical framework of the article emphasises the fact that one should refrain from

using the termmasculinity in the singular and opt for the plural, masculinities, instead. Not all

men and not all experiences of masculinity are the same. Ouzgane and Morrell (2005)

emphasise that in an attempt to be anti-essentialist when it comes to the definition of

masculinity, one has to take cognisance of the “highly differentiated life trajectories of men

around the world”.

Furthermore, the difference between male, masculinity and being male are discussed and

Connell’s (1995) different approaches to the study of masculinities are commented on.

Following Ouzgane and Morrell (2005) this article also attempts to answer the following

questions: Which gender roles are portrayed by the male characters in the poems? Which

hegemonic masculine ideal is forced on them by patriarchal society? How does one question

the favouring of masculinity in society? Is a crisis in masculinity reflected in the text? And to

what extent is gay masculinity presented as an alternative in the texts under discussion?

Regarding the issue of gay masculinity, Bourdieu (2001) is of the opinion that it could be

seen as a form of protest against the symbolic power of heterosexual masculinity. The main

point of criticism against homosexuality from a hegemonic, heterosexist viewpoint, according

to Bourdieu (2001), is the transgression of the taboo on the feminisation of masculinity.

Heteronormativity associates masculinity with activity, whereas femininity is seen as being

passive and submissive and associated with the act of being penetrated. This explains the

heterosexist horror towards sodomy, because in it masculinity is associated with (and the man

“reduced to”) passivity and submission.

In their depiction of gay sexuality the three poets discussed in this article show a definite

awareness of the existing tradition in Afrikaans literature regarding this topic. They each

illustrate the different gay sexual practices and in that sense contribute to undermining the

heterosexist patriarchy (with heterosexuality as its norm) as well as pointing out that a gay

relationship is more than a mere promiscuous chasing of sexual partners.

With regard to the father-son relationship one finds within the existing Afrikaans literary

tradition a strong sense of rejection of the father figure and the father figure is seen as

representing some sort of oppressive masculine identity, aiming to exert its power on all

levels of society. This is the case in the writing of Koos Prinsloo (Olivier 2008). In the case

of the gay poet Johann de Lange’s work there is a conscious search for the absent father

figure who deserted the son when he died (Hambidge 2009). The three poets under discussion

engage with these issues but, interestingly enough, there is not such a strong resistance

towards the father in their poems. Rather, one detects an expression of empathy towards him.

Prominent in the work of all three poets is the “presence” of a deceased father figure.

Marais, Myburgh and Botha portray the adolescent Sturm und Drang experiences of the

young boy in their work and their poems serve as examples of what is described by Woods

(1993) as “posturing of masculinity”. It implies that they are trying to emulate the examples

set by their fathers and male relatives while there are also the glimmerings of a gay

440
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

consciousness. The games they play and their experiences at school serve as metaphors for

the expectations demanded of them later in life by the heteronormative society. In the case of

Botha one detects transgression of and dissent towards heterosexuality. In the case of

Myburgh the depiction of the young boys (at play or at an exclusive boys-only school) does

not overtly comment on their gay masculinity per se, but there is a definite sense of what

Sedgwick (1985) calls a homosocial bond between the boys. Their gathering (be it for

playing television games or taking a school photo) excludes any female influences and they

are tuned in only to one another’s experiences.

In their description of the male body – not necessarily the body of a gay man – the poets

exemplify what could be described as a gay gaze. Despite this overt preoccupation with the

contours of the male form, the hard male body is also encoded with signs associated with

vulnerability, tenderness and beauty.

From a close reading of these three debut anthologies it is clear that although there are

thematic correspondences between the poets’ works, each one in his own right feels an

affinity towards the “varied nature of the gay experience” (Cochrane 2011).

Characteristic of Marais’s poems is a more playful approach to the issue of gay masculinity,

whereas in the case of Myburgh there is a more serious engagement with the search for

identity among adolescent boys. Botha’s work is more literary and allusive and there is a

definite intertextual conversation between his work and that of Joan Hambidge and Johann de

Lange.

Key words: gay masculinity; masculinity studies; father-son relations; gay sexuality; the

young boy; Loftus Marais; Melt Myburgh; Fourie Botha

1. Inleiding 1

Gay manlikheid, as ’n vorm van manlikheid, is een van die sentrale temas in die werk van

drie onlangse debute in Afrikaans, te wete Loftus Marais se Staan in die algemeen nader aan

vensters (2008), Melt Myburgh se Oewerbestaan (2010) en Fourie Botha

se Donkerkamer (2011). Wanneer die drie bundels met mekaar vergelyk word, spesifiek met

betrekking tot hierdie tema, is die ooreenkomste opvallend. In al drie se werk is daar

byvoorbeeld gedigte wat handel oor pa-seun-verhoudings, terwyl al drie digters ook skryf oor

die manlike liggaam en gay seksualiteit. Hulle skryf ook oor die jong kind se ervaring van sy

seksualiteit en die problematiek van grootword.

2. Manlikheid – ’n teoretiese besinning

Dit is belangrik om daarop te let dat wanneer manlikheid gedefinieer word, daar eerder

van manlikhede (dus, in die meervoud) gepraat behoort te word, veral aangesien die argument

dat alle mans dieselfde is en optree, volgens Ouzgane en Morrell (2005:4) aanvegbaar is.

441
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hulle meen dat in ’n poging om anti-essensialisties te wees, die “highly differentiated life

trajectories of men around the world” in gedagte gehou moet word.

In aansluiting hierby is dit ook belangrik om te onderskei tussen die

konsepte manlikheid en gender, want soos Leach (1994:36) aandui, is manlik (male) ’n

biologiese staat, terwyl manlikheid beskou kan word as ’n merker van gender-identiteit wat

sosiaal, histories en polities gekonstrueer is en vanuit ’n bepaalde kulturele perspektief

geïnterpreteer word.

Op sy beurt meen Ratele (2004:245) dat manlikheid nie net verwys na “male things” nie, en

nie net handel oor “men’s relationships to their bodies and sexuality” nie, maar dat dit ook ’n

rol speel in die konstruksie van die sosiale werklikheid en van vroue se identiteit en dien as ’n

weerspieëling van die geslagsgerigte verwantskappe in ons samelewings.

Connell (1995:67) skryf in een van die vroegste studies oor manlikheid dat die

konsep manlikheid nie deel uitmaak van alle kulture nie en dat dit eerder ’n eietydse konsep

is wat geassosieer word met gewelddadige optrede deur mans en wat in direkte kontras staan

met die optrede van vroue. Sommige kulture het volgens Connell nie ’n gepolariseerde

opvatting oor geslagsverskille waardeur die individu gestereotipeer word nie en gevolglik

bestaan die Westerse opvatting oor manlikheid nie in daardie kulture nie.

Connell (1995:68–71) identifiseer vier strategieë wat aangewend word om manlikheid te

definieer: essensialistiese definiëring, ’n positivistiese definisie, ’n normatiewe definisie en

laastens semiotiese benaderings tot die definiëring van manlikheid. Essensialistiese

definiëring identifiseer ’n bepaalde faset wat die kern van wat manlik is, sou beskryf en maak

dit dan van toepassing op alle mans. So het Freud byvoorbeeld manlikheid met aktief-wees

en vroulikheid met passiwiteit geassosieer – bloot arbitrêre assosiasies wat bevraagteken kan

word.

Wat die normatiewe definisie van manlikheid betref, word verskille tussen mans en vroue

uitgelig en opgeneem in ’n standaard en voorskriftelike definisie van identiteit:

“[M]asculinity is what men ought to be.” Hierdie definisie is veral gewild in die media en

volgens Morrell (2001:7) word die aannames wat gemaak word, getipeer as “real man

cultural images” en as die kern van hegemoniese manlikheid.

Laasgenoemde verwys volgens Visagie (2004:20) na:

[d]ie konfigurasie van geslagtelike praktyke wat die beliggaming is van die

heersende antwoord of oplossing vir die probleem van die legitimiteit van die

patriargie waardeur die dominante posisie van mans en die subordinasie van

vroue gehandhaaf word. Die woord “heersend” is hier van besondere belang

aangesien hegemoniese manlikheid nie ’n vasgestelde, onveranderlike karakter

het nie.

442
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In aansluiting by Connell meen Visagie (2004:20) dat die manifestering van hegemoniese

manlikheid verbind word met “heteroseksualiteit en die huwelik as instelling”, asook met die

“manlikheid van die transnasionale sakesektor”. Kritiek kan teen ’n te noue siening van

hegemoniese manlikheid uitgespreek word, omdat dit “onderlê word deur die verwagting dat

die eeue-oue dominansie van die patriargie onbepaald sal voortduur” (Visagie 2004:27).

Die semiotiese benaderings definieer manlikheid as “non-femininity” (Connell 1995:70) en

as deel van ’n sisteem van simboliese verskille waarin die sogenaamde manlike en vroulike

rolle gekontrasteer word. Connell (1995:70) verduidelik hierdie benadering soos volg:

This approach has been widely used in feminist and post-structuralist cultural

analyses of gender. It yields more than an abstract contrast of masculinity and

femininity and masculinity is the unmarked term, the place of symbolic authority.

The phallus is master signifier, and femininity is symbolically defined by lack

[...]. To grapple with the full range of issues about masculinity we need ways of

talking about relationships, about gendered places in production and

consumption, places in institutions and in natural environments, places in social

and military struggles.

Genderverhoudings hang ook ten nouste saam met mag en daar is ’n direkte skakel tussen

manlikheid en mag, want soos Ratele (2004:2) aantoon, word die kern van sosiale mag bepaal

deur geslag, klas en heteroseksuele manlikheid. Gevolglik word mans in die “spectrum of

power” (Pronger 1990:51) geplaas en is die fallus die simbool van manlike seksualiteit en

mag. Manlikheid word in hierdie benadering grotendeels geassosieer met die man se vermoë

om mag uit te oefen en vroue te domineer. Die diskursiewe mag wat met heteronormatiwiteit

en heteroseksuele manlikheid geassosieer word, word gerugsteun deur die magsmeganismes

waardeur mag uitgeoefen word en waarvolgens sekere magstrategieë daargestel word, om

byvoorbeeld homoseksuele begeerte te reguleer en te probeer onderdruk (Reddy 2005:51).

Manlikheidstudies fokus nie soseer op die man se biologiese manlikheid nie, maar eerder op

die histories-spesifieke sosiaal-gekonstrueerde opvattings oor manlikheid. Mans is geneig om

volgens Pronger man-wees met manlikheid te verwar.

Om dus tot ’n werksdefinisie van manlikheid te kom, moet al bogenoemde aspekte in ag

geneem word en moet manlikheid volgens Connell (1995:71) nie beskou word as net ’n

karaktertipe of ’n gedragsnorm nie, maar eerder as deel van “the processes and relationships

through which men and women conduct gendered lives”. Die klem moet dus val op die

posisie van manlikheid in genderverhoudings, die wyses waarop mans en vrouens daardie

posisie beliggaam of bevraagteken, en die gevolge wat hierdie beliggaming of

bevraagtekening inhou vir die bestudering van die liggaam, identiteit en kultuur.

Die wanbalans in magsverhoudings tussen mans en vroue berus volgens Connell (1987:35)

op die behoefte aan sosiale reproduksie, met ander woorde die reproduksie, van generasie tot

generasie, van sosiale strukture en liggame.

443
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die hegemoniese produk van die man as synde die een met die mag (Kimmel 2001:271)

word dikwels bestempel as homofobies, veral ook wanneer heteroseksuele mans sekere

definisies afdwing en sekere grense stel wat hulle met hulle magsuitoefening in stand hou.

Connell (1987:108) omskryf dit as die patriargie, wat die indruk skep van “a single, orderly

structure like a suburban war memorial”.

In aansluiting by Ouzgane en Morrell (2005:10–1) word manlikheid in die tekste onder

bespreking as ’n fiksionele konstruksie bestempel en kan die volgende vrae gevolglik gestel

word: Hoe word die mites van manlikheid bevestig of bevraagteken in die literatuur en die

media? Word die konvensionele opvattings oor manlikheid net so oorgeneem in die nuwe

diskoerse of is daar sprake van nuwe rolle, beelde en moontlikhede vir mans? Watter vorme

van seksualiteit en gender word byvoorbeeld in die postkoloniale samelewing geproduseer en

gehandhaaf?

Teoretiese vrae wat hierop voortbou, sluit in: Watter seksrolle vertolk die manlike karakters

in die teks? Watter hegemoniese manlike ideaal word deur die patriargale samelewing

afgedwing? Kan manlike bevoorregting bevraagteken word en is daar sprake van ’n

manlikheidskrisis in die teks onder bespreking? In watter mate word gay manlikheid as

alternatief (of as norm) opgeneem in die teks?

Wat betref homoseksuele manlikheid meen Bourdieu (2001:ix) dat dit bestempel kan word as

’n vorm van protes teen die simboliese oorheersing van heteroseksuele manlikheid. Die

vernaamste kritiek teen homoseksualiteit vanuit ’n hegemoniese, heteroseksuele oogpunt is

dat dit die taboe op die feminisering van die manlike verbreek (Bourdieu 2001:119). Vanuit

’n maskulinisties-fallokratiese perspektief word die manlike beginsel as die aktiewe beskou,

terwyl die vroulike beginsel neerkom op passiwiteit en “being penetrated”. Dit verklaar ook

byvoorbeeld die heteroseksistiese afkeer van sodomie, omdat die man (uit daardie perspektief

gesien) tot ’n passiewe onderdanige gereduseer word.

Maar man-man-verhoudings is ’n direkte uitdaging van die heteronormatiwiteit van die

dominante heteroseksuele kultuur en dit kom noodwendig neer op die ondermyning van die

hegemoniese definisie van manlikheid. Deur homoseksuele manlikheid te poneer, lei volgens

Still en Worton (1993:51) tot ’n beter begrip van wat ’n man is en hoe die kategorie van manwees

(“manliness”) ondermyn kan word. Dikwels kom dit ook neer op ’n reappropriasie van

bestaande konsepte, soos byvoorbeeld die gebruik van huwelik vir gay troues.

Ook wat betref gay manlikheid wys Whitehead en Barrett (2001:18) daarop dat daar

verskillende vorme van manlikheid bestaan en dat daar nie sprake kan wees van een

hegemoniële manlike tipe nie. Die onderlinge magsverhoudings tussen mans produseer egter

ondergeskikte (subordinate) of gemarginaliseerde manlikhede, soos byvoorbeeld in die geval

van swart of gay mans. Hegemoniële manlikheid word gerugsteun deur heteroseksualiteit en

homofobie wat deur die media se voorstellings van ’n geïdealiseerde tipe manlikheid gevoed

word. Die taak van die kritikus is om die teenstrydighede tussen die ideaalbeeld van

manlikheid wat in die media voorgehou word en die werklike belewenisse van mans aan te

444
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

toon. Hierdie tipe strategie sluit aan by die posisie van Bersani (1995:66), wat meen dat

manlike homoseksualiteit nog altyd gekenmerk is deur “a highly specific blend of

conformism and transgression”.

Tog meen Kimmel (1996:279) dat die obsessie om ’n spesifieke gay manlikheid te kodeer die

gevaar loop om in ’n tipe hipermanlikheid te ontwikkel. Gay mans wat tradisioneel buite die

heersende genderparadigma gestaan het, eis nou hulle eie vorm van manlikheid op:

And the clones […] enacted a hypermasculine sexuality in steamy backrooms,

bars, and bathhouses where sex was plentiful, anonymous, and very hot. No

unnecessary foreplay, romance, or postcoital awkwardness. Sex without

attachment. One might even say that given the norms of masculinity (that men are

always seeking sex, ready for sex, wanting sex), gay men were just about the only

men in America who were getting as much sex as they wanted.

Hierdie selfstereotipering deur gay mans lei weer eens tot ’n vorm van marginalisering, want

volgens Bersani (1995:66) spreek veral feministiese kritici hul weersin uit teen gay mans se

promiskue seksualiteit.

Tog moet in gedagte gehou word dat die keuse van ’n ander man as seksgenoot of as

lewensmaat indruis teen die heteroseksistiese norme wat as grondslag dien vir bestaande

sienings oor gender en manlikheid. Die aanvaarding van ’n homoseksuele identiteit is

volgens Halperin (2009:70) problematies binne ’n heteronormatiewe samelewing, want nie

net lei dit tot marginalisering nie, maar dikwels kom dit ook neer op ’n internalisering by

veral jong gay mans van die heersende siening dat homoseksualiteit gelyk gestel word aan dit

wat abnormaal en pervers is.

3. Manlikheidstudies

In ’n era waarin feminisme en die rol van die vrou gewoonlik vooropgestel word, word die

bestudering van manlikheid deur genderkritici beskou as ’n voortsetting van die verheerliking

van mans. Adams en Savran (2002:2) meen egter dat die bestudering van manlikheid heelwat

kwessies rakende gender aanraak en gevolglik aangemoedig behoort te word. So ’n

benadering kom neer op die volgende:

Taking its lead from feminism, masculinity studies is thus dedicated to analyzing

what has often seemed to be an implicit fact, that the vast majority of societies are

patriarchal and that men have historically enjoyed more than their share of power,

resources, and cultural authority.

Die vraag wat wel by diegene opkom wat skepties staan teenoor manlikheidstudies, is of dit

werklik ’n bydrae lewer tot gendernavorsing en of dit nie maar net gebruik word as ’n poging

om die diskoers oor gender steeds te oorheers nie. Morrell (1998:7) meen dat genderstudie

445
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

nog altyd aan vroue gekoppel was, maar dat dit noodsaaklik is om, wanneer

genderverhoudings ondersoek word, beide mans en vroue te betrek:

Masculinities studies forced the restatement of gender understandings and

relations to include men and women. Agreeing with feminists that men oppressed

women, they [diegene wat die heersende sieninge oor manlikheid kontesteer –

M.C.] acknowledged that masculinity was something constructed.

Die insluiting van die studie van gender kom volgens Morrell (1998:7) neer op ’n holistiese

benadering en ʼn verset teen vooroordele soos homofobie en vrouehaat.

Gardiner (2002:10) wys daarop dat die grense van manlikheidstudies ook voortdurend

bevraagteken word, veral die kwessie onder watter aspek van genderstudie dit tuishoort. Sy

meen egter daar is sekere raakpunte tussen feminisme en manlikheidstudies: albei bestudeer

gender en die historiese ontwikkeling van gender wat onderhewig is aan magsuitoefening, en

albei gaan daarvan uit dat manlikheid nie monolities is nie en nie net geassosieer moet word

met die hegemoniese vorme van manlikheid nie. In die derde plek meen Gardiner dat

feministiese en manlikheidstudieteoretici moet saamwerk aan die intellektuele skepping van

’n raamwerk vir kritiese ondersoek. In die vierde plek is genderteoretici dit eens dat die

biologiese ’n rol speel in genderontwikkeling, maar dat die normatiewe opvattinge oor die

“essentialist conceptions of gender and sexuality as fixed by God” (Gardiner 2002:12)

bevraagteken moet word.

Dit is teen hierdie agtergrond dat ek die uitbeelding van gay manlikheid in die drie

debuutdigters se werk ondersoek en fokus op die uitbeelding van bepaalde aspekte van

manlikheid in hulle werk. Dié tekste word ondersoek om vas te stel in watter mate die digters

aansluit by ander skrywers wat oor manlikheid, en spesifiek gay manlikheid, in Afrikaans

skryf en in watter mate hulle ’n alternatief daarstel wat die heteronormatiewe siening van

manlikheid uitdaag en bevraagteken.

4. Die vader-seun-verhouding

Die vader-seun-verhouding is ’n deurlopende tema in die skryfwerk van beide gay en straight

skrywers in Afrikaans – vergelyk byvoorbeeld Olivier (1996, 2008), Viljoen (2003) en

Hambidge (2009). Volgens Visagie (2004:7) word verskeie vaderlike figure gewoonlik in

literêre tekste uitgedaag: die vader binne die Oedipale familiedrama, die afwesige vader, die

politieke vader, die literêre vader, die goddelike vader en die vader wat as simbool van

homofobiese onderdrukking beskou kan word. Vervolgens gaan ek drie gedigte uit die drie

digters se onderskeie bundels wat oor hierdie verhouding handel, bespreek.

4.1 Sintuiglike persepsies van die liggaam van die vader

In onderstaande gedig van Marais word die pa direk aangespreek (2008:78):

446
Vuil hande

pa, ek onthou ’n plaas wat afgee aan jou hande:

roes van waenhuisslotte, braai-as onder die naels

’n afgeslagte bok

se moeilik-afgewaste bloed en stront

muf en sweet van die bakkie se stuurwiel

die geweer in jou hand los ’n reuk van metaal

drifsand in jou palm, lewenslyne, houtgryne,

jaarringe, ou beginne in eelt en nerf

pa, ek onthou, ek het geval op die werf:

ek huil, jy veeg my wang, “nikse getjank”

en los ’n smeermerk

soos ’n geboortevlek

soos oorlogsverf.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die pa-figuur in hierdie gedig is ’n boer wat ten nouste geassosieer word met sy plaas

waarvan die tekens van boerdery “afgee aan [sy] hande” en hy dus gemerk word deur sy

verbintenis met die plaas. Du Pisani (2001:158) beskou die hardwerkende, godsdienstige boer

as dominante beeld van Afrikanermanlikheid en in hierdie gedig van Marais word dit

bevestig. Daar is wel in Marais se gedig geen sprake van die godsdienstige ingesteldheid van

die vaderfiguur nie, maar daar ís sprake van oorweldig-wees deur die verskillende aktiwiteite

wat hy moet verrig. Die oorblyfsels of “merke” wat “afgee aan [die pa se] hande” word

beklemtoon. Die pa is hardwerkend en voortdurend besig om dinge reg te maak; hy voorsien

vleis (“’n afgeslagte bok”); hy braai die vleis (“braai-as”); en sy hande dra die tekens van sy

harde arbeid (“eelt en nerf”). Die pa se liggaam word geassosieer met die “moeilik-afgewaste

bloed en stront” en die “muf en sweet” wat aan die bakkie se stuurwiel kleef. Daar word ook

verwys na “die geweer”, wat tradisioneel geassosieer word met beskerming, maar ook met

die voedselbehoeftes van die gesin. Die geweer is tradisioneel die oorbekende falliese

simbool en suggereer ook die mag waaroor die patriargale boerfiguur beskik op sy eie werf,

terwyl dit in hierdie gedig skoongemaak word en gekoppel word aan die jagtog van die

“afgeslagte bok”.

In die tweede strofe word spesifiek verwys na ’n insident uit die lewe van die spreker toe hy

geval en gehuil het. Uit die pa se optrede en die opmerking: “nikse getjank”, lei die leser dus

af dat hy volgens die tradisionele stereotipe uitgebeeld word: wanneer mans seerkry, wys

hulle nie hulle emosies deur aan die huil te gaan nie. Die pa se gebruik van die woord

“getjank” is ook veelseggend en beklemtoon sy reaksie op die seun se uitbarsting. Die pafiguur

vee egter die traan af, wat ook beskou kan word as ’n gebaar van deernis. Die afvee

van die traan op die wang word vir die spreker ’n veelbetekenende gebaar en hy bestempel

die vuil merk waarmee die pa hom gemerk het, as “soos ’n geboortevlek” en “soos

oorlogsverf”. Die gebruik van “geboortevlek” suggereer die noue filiale verwantskap tussen

vader en kind, terwyl die oorlogsverf binne die Suid-Afrikaanse konteks assosiasies met

447
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

diensplig, kamoeflering en gewelddadige optrede oproep. Maar dit kan ook suggereer dat die

pa die seun gereed maak vir die stryd wat vir hom as volwasse man voorlê, kompleet asof hy

hom na die slagveld stuur.

Dit is opvallend dat die pa in hierdie gedig hoofsaaklik geassosieer word met reuke wat

konvensioneel as onwelriekend beskou kan word: roes, as, metaal, bloed, stront, muf en

sweet. Die seun se herinneringe aan sy vader word dus gekoppel aan die ruimte van die

“plaas” en die “werf” en die optrede van die vader binne daardie ruimte. Die sentrale

beeldende meganisme in hierdie vers is dat die plaas en die reuke van die plaas afgee aan die

hande van die pa en met hierdie hande raak hy dan weer aan sy seun se wang. Dit impliseer

’n hegte, intieme verhouding tussen die spreker en die vaderfiguur en suggereer dat die vader

die seun “merk” met die reuke van sy omgewing, sy herkoms en van sy vader self.

4.2 Gedig praat met die gestorwe vader

Ook Myburgh spreek die pa-figuur direk aan in die gedig (2010:67):

by my pa se dood

jy lê in ’n selfmoordsaluut op die kombuisvloer

’n veegsel bloed lek uit die vullissak

wat vlekke op die teëls moes verhoed

maneuvers vir dié klein slagveld sorgsaam beplan

volgens die lykinvorderaar

het jou linkerarm oor jou gesig gekeer

nie teen die naakte skouer van aankomende dood

– ’n bloesende bruid, ek hoop –

maar om jou oë teen uitpeul te prop

ons die gesig te spaar agterna

hoor tog my gedigpraat

waar jy ook al blare mag hark

of fluitend skoffel in die grootbaas se olyfoord

gooi asseblief jou oog

oor my medetelge wat gebedloos strompel die nanag in

en oor my ma wat godwéét

jy hou rustig wag by die poort

as jy kan,

dra ons

in jou hand

wat vry is van hartklop

se reëlmaat

448
intussen hou ek die spieël angstig dop

vir lyne wat jóú lees as voorsaat.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Myburgh se spreker is ook die seun wat die pa-figuur direk aanspreek, maar in hierdie geval

is dit pertinent ’n nadoodse gesprek, soos die titel en die woord “selfmoordsaluut” suggereer.

Ons lei uit die eerste strofe af dat die pa sy selfdood “sorgsaam beplan” het en dat dit met

presisie uitgevoer is. Die feit dat die pa, volgens die “lykinvorderaar”, sy linkerarm oor sy

gesig gesit het, suggereer dat die pa die dood gesalueer het, wat suggereer dat die pa die dood

as sy meerdere bestempel het en aan die dood eer betoon en die dood groet. Dit verklaar die

gebruik van militêre metafore in die eerste strofe. So word die kombuis en die toneel van die

selfdood ’n “klein slagveld” genoem en die daad self word militaristies as ’n maneuver

beskryf.

Problematies vir die leser is egter die beskrywing van die dood as “’n bloesende bruid”, want

hoe versoen ’n mens dit met die militêre beeldspraak van saluering en eerbetoon?

“Bloesend”, ’n variant van “blosend”, suggereer dat die dood as ’n onervare en onskuldige

meisie uitgebeeld word. In die gedig word voorts na die “naakte skouer van [die]

aankomende dood” verwys, wat aansluit by hierdie beeld van die dood as jong maagd. Die

suggestie word dus gemaak dat die vaderfiguur troos gaan soek by die dood in die gestalte

van ’n jong onskuldige meisie en met haar in die huwelik gaan tree.

Die gesprek wat met die vader in die gedig gevoer word, word in die tweede strofe

“gedigpraat” genoem, maar dit kan ook metapoëtiese kommentaar wees op die gespreksaard

van die gedig. Die spreker neem aan dat die vader in die hiernamaals “in die grootbaas se

olyfoord [skoffel]” en dus sy aardse take daar voortsit. Dit verwys ook na die gelukkige en

sorgvrye bestaan wat in die hiernamaals wag op die vader. Die vader word getransformeer

van ’n figuur wat ontevrede was met sy aardse bestaan en toe sy lewe geneem het, tot iemand

wat hom sorgvry in sy nuwe omgewing kan uitleef.

Anders as die teologiese opvatting dat iemand wat selfdood pleeg, nie die ewigheid beërwe

nie, is dié nasaat vas oortuig van die teendeel. Hy beroep hom dus nou op die gestorwe vader

om vanuit die hemel ’n tipe sorgsame rol in te neem en sy oog te gooi oor sy “medetelge” wat

klaarblyklik afgedwaal het van die norm en nou “gebedloos” die onbekende ingaan. Ook die

moederfiguur het die vader se aandag nodig en uit die gedig lei ons af dat die spreker

radeloos is en nie weet hoe om haar te hanteer nie. Die verwysing na die “olyfoord” skakel

met die Spaanse ruimtes, veral in die verse oor Lorca, en met die agrariese beeldspraak wat in

hierdie bundel opgeroep word, wanneer daar gefokus word op die landskappe van die jeug

naby Upington.

Die vader word nou verhef tot ’n tipe bonatuurlike, hemelse beskermheer wat “by die poort”

moet waghou, wat impliseer dat hy by die hemelse poorte moet wag en almal daar moet

ontvang. Of dit kan ook verwys na die aardse poort (die hek?) wat hy moet beskerm teen

moontlike aanvalle en onheil. Die beskrywing van die gesin suggereer ook ’n mate van

449
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

versukkeldheid en mislukking en die spreker blyk onmagtig te wees om iets daaraan te doen.

Gevolglik beroep hy hom op die vaderfiguur om as beskermer op te tree.

Die slotstrofe van die gedig is besonder wrang en in kontras met die res van die gedig,

deurdat die seun in die spieël kyk en soek na tekens wat hom sal tipeer as die nasaat van die

gestorwe vader. Die angstigheid van die spreker suggereer dat daar die vrees by hom bestaan

dat hy in sy pa se voetspore gaan volg en heel waarskynlik ook selfdood gaan pleeg. Net soos

in die geval van Marais se gedig word die voortsetting van die vader in die seun in hierdie

gedig geïmpliseer.

Die vaderfiguur pleeg op ’n wyse selfdood wat gewoonlik beskou word as ’n tipiese uitvlug

vir die machismo-man wat voel dat hy misluk het. ’n Voorbeeld hiervan is Hemingway, oor

wie Woods (1993:160–72) uitgebreid skryf. Volgens Woods was daar by Hemingway

voortdurend ’n gevoel van vernedering oor enige vorm van estetiese sensitiwiteit en is daar

volgens hom ’n “immense overvaluation of the pomp and posturings of virility” (Woods

1993:168). In aansluiting hierby maak Myburgh in sy gedig van onder meer militêre

beeldspraak gebruik om oor die pa se selfdood te skryf – al is daar ook ’n element van

satiriese kritiek in die beskrywing van die poging om te keer dat die oë “uitpeul” en die

beskrywing van die begrafnisondernemer as ’n “lykinvorderaar”.

Die vader is nie opgewasse teen die lewe nie en neem gevolglik sy lewe. Uit die reaksie van

die spreker lei ons af dat hy waarskynlik ’n baie problematiese gesinslewe gehad het en dat

die dood vir hom as ’n tipe toevlug dien. Die indruk word ook geskep dat die vader hom

afgesonder het van sy gesin en “fluitend” in sy tuin gewerk het. Sy seun verkwalik hom nie,

maar skep die indruk dat hy wil hê dat die vader selfs na die dood sy plig as vader moet

voortsit en as beskermer van die gesin moet optree.

4.3 Die vader se foto

Botha se digbundel open met dié gedig (2011:7):

Foto van my pa se gesig

Ek tree die vierhoek binne:

’n grys landery langs ’n opstal,

die wenkbroue strepe swart klei.

Twee skerfies volstruisdop, dié oë,

elk met ’n gaatjie in die wit

soos vir ’n stringetjie krale.

Dan, twee kepe om die mond:

omgekeerde ploegskaar,

doringdraad sonder vinkies.

450
Die vel is metaal soos ’n sinkdam,

die neusgange droë waterpype.

Doodstil.

Die oor krul,

middeldeur-erdwurm

om ’n put in die papier.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In sy bespreking van dié gedig wys Visagie (2011) daarop dat dit ’n programgedig is waarin

“die digter se belangstelling in fotografiese representasie en sy gereelde terugkeer na sy

kinderjare en die gesinslewe inDonkerkamer byeengebring word. Die spreker tree die

vierhoek van die foto binne en beskryf dan sy pa se gesig met beelde uit die vertroude

Afrikaanse plaasgeskiedenis.” Bennett (2011) meen ook dat die ontoeganklikheid van die

vader in terme van landery-metafore geskets word: “Grys landery”, “omgekeerde ploegskaar”

en “droë waterpype” suggereer ’n steriele landskap / gesigsfoto van ’n bot vader wat kwalik

kommunikeer.

Die aanspreek van die vaderfiguur in terme van beelde uit die plaasgeskiedenis is

veelseggend, want net soos by Marais en Myburgh word geïllustreer dat die plaasboer een

van die manifestasies van manlikheid binne die Afrikaanse opset is. Die tradisionele

voorstelling van die boer wat swaarkry en stry teen die aanslae van die natuur, word ook hier

gesuggereer – byvoorbeeld in die beskrywing van die “droë waterpype” en die tekens van

swaarkry wat op die pa se gesig aanwesig is. Deurgaans word in hierdie gedig kodes uit die

landelike agrariese omgewing waarin die vaderfiguur hom bevind het, gebruik om sy gesig te

beskryf.

Die blik van die seun-spreker is ingestel op besonderhede, en die verwysing na “die papier”

in die slotreël sluit nie net aan by die fotopapier waarop foto’s gedruk word nie, maar

aktiveer ook die skryfaksie wat vooropgestel word in dié bundel. Die seun “betree” die

voorstelling van die vader se gesig kompleet asof hy ’n indringer is en byna voyeuristies die

gesig van nader kan beskou. Die afbeelding van die vaderfiguur op ’n foto maak dit vir die

spreker moontlik om hom te bestudeer. In die res van die bundel word ook gesuggereer dat

die vader afgesterf het. Hierdie naby bestudering geskied gevolglik nadoods.

In die slotstrofe word spesifiek op die oor van die vader gefokus en word die oor vergelyk

met ’n “middeldeur-erdwurm”. Twee intertekste word hier betrek wat pertinent illustreer in

watter mate die digter omgaan met die werk van sy voorgangers, te wete Opperman se gedig

oor die twee erdwurms, “Fabel” uit die bundel Dolosse (1963), en Antjie Krog se

gekanoniseerde gedig, “Ma”, uit haar debuutbundel Dogter van Jefta (1970).Waar die

vroulike spreker in Krog se gedig die ma se “moesie-oor” as haar “enigste telefoon” beskryf,

word die oor hier beskryf as ’n “middeldeur-erdwurm/ om ’n put van papier”. Laasgenoemde

suggereer nie net weer die agrariese omgewing waar ’n put aangetref word nie, maar aktiveer

ook die kunsteorie en die intertekstuele gesprek wat op papier met die voorgangers gevoer

word. Inspirasie word geput uit die assosiasies wat die digter maak met Opperman en Krog,

451
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

maar anders as by Krog is die vaderfiguur by Botha beslis nie daarop ingestel om na die

spreker te luister nie.

4.4 Samevattend

In sy bespreking van Koos Prinsloo se werk wys Olivier (2008:4) daarop dat daar by Prinsloo

’n verset was teen ’n “verwerpende vaderfiguur”, en hierdie vaderfiguur is

verteenwoordigend van “’n verdrukkende ‘manlike identiteit’ en gesag wat hom ook op

sosiale, politieke en literêre gebied laat geld”. By De Lange is daar weer ’n soeke na “’n

afwesige vader wat hom deur die dood versaak het” (Hambidge 2009:21). Dit is met hierdie

tradisie van die vader-seun-verhouding in die werk van gay voorgangers dat die drie

debuutdigters in gesprek tree, maar anders as by hulle voorgangers is daar nie so ’n sterk

verset teen die vaderfiguur nie. Hy word wel bestempel as verteenwoordiger van ’n

tradisionele manlike opset, maar daar is tog deernis met die vader, en selfs ’n gevoel van

jammerte vir hom. Opvallend dat in al drie digters se werk die vaderfigure in die gedigte as

oorledenes uitgebeeld word, maar anders as by De Lange is daar nie ’n soeke na die afwesige

vader nie.

5. Die jong seun

Naas die vader-seun-verse in al drie digters se werk is daar by elkeen ook verse wat vanuit

die perspektief van die jong seun geskryf word. Marais se gedig hier onder (2008:62) handel

oor die gebeure tydens die dag waarop skoolfoto’s geneem word, terwyl Myburgh fokus op

die spel wat seuns speel en Botha in sy gedig op die ervaring van die seun tydens die bywoon

van ’n veldskool fokus.

5.1 Verleë oor hoe versekerd die gesiggies lyk

Fotodag

geen klas, net afkondigings, “O.16B-krieket na die saal”

neil-ramsay se navy woolworths-onderbroek

soos hy aantrek tussen skoolbanke, toksakke

en al die rekwisiete: trofeë, tennisrakette, prefektebalkies

’n kleedrepetisie vir die regte wêreld

hare gekam, tande geborsel, puisies gedruk

’n doelgerigte rondgehol in lang gepoleerde gange

dis november en warm, maar baadjies áán vir die foto:

gerangskik volgens lengte, klaskaptein-in-die-middel

langs mnr. warnich wat sê onder sy bismarck-snor

“manne, vandag tree ons in gesprek met die toekoms”

en ’n flits waarin regte jare verbygaan, en dan ons

wat nou daarna kyk, verleë oor hoe versekerd die gesiggies lyk.

452
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Wat onmiddellik opval in hierdie gedig van Marais, is die verwysing in die tweede reël na

“neil-ramsay se navy woolworths-onderbroek”. Die waarneming van die ander seun se

onderbroek suggereer ’n gay bewustheid by die spreker, veral aangesien dit een van die dinge

is wat hy onthou van daardie fotodag. Die onderbroek as intieme kledingstuk wat onder die

broek gedra word, funksioneer hier as bedekker van die fallus en word dus ’n begeerde objek

wat die plek moet inneem van die verhulde fallus. Die skopofiliese blik van die skoolseun

word gerugsteun deur die presiesheid van die waarneming: dit was blou en dit was die tipe

onderbroek wat by Woolworths gekoop kan word. Selfs vir hom as volwassene wat terugdink

aan daardie spesifieke fotodag, is dit die onderbroek van Neil Ramsay wat hy kan onthou.

Die onderbroek word in die gedig gekontrasteer met die skooluniform – die seuns moet selfs

in die warm November hulle skoolbaadjies aan hê. Dit is ook die enigste kledingstuk wat

gespesifiseer word.

In teenstelling met die jong seun in sy onderbroek is mnr. Warnich, wat as militaristies en

outoritêr uitgebeeld word met sy “bismarck-snor”. Die opstelling van die leerlinge vir die

foto met die “klaskaptein-in-die-middel/ langs mnr. warnich” illustreer die ordening en die

hiërargie wat heers in die skoolopset met die draers van gesag opvallend vooropgestel. Die

seuns aanvaar die magsorde en die ingesteldheid op prestasie (“prefektebalkies”) en die

spreker noem dit ’n “kleedrepetisie vir die regte wêreld”, wat suggereer dat alles wat hier op

klein skaal geskied, eendag in hulle volwasse lewens voortgesit gaan word. Aansluitend

hierby is die direkte woorde van die onderwyser wat aangehaal word en wat ondermyn word

deur die spreker met sy wrang terugblik op die fotodag. Die spreker is “verleë” omdat die

seuns, onseker oor wat nog op hulle in die lewe wag, so oordrewe seker van hulself op die

foto lyk.

Die tydsdimensie van dié gedig is opvallend. Die spreker verwys na “die regte wêreld” en

“regte jare”, en die klein parade in die gedig in gesprek tree ook in gesprek met die toekoms

waarvandaan teruggekyk word. Belangrik is ook die aanspreekvorm “manne” wat deur die

onderwyser gebruik word wanneer hy met die O.16B-krieketspan praat. In die gedig is hulle

nog onskuldige seuns met “gesiggies”, terwyl hy hulle as volwassenes aanspreek in ’n tipe

kameraderie van mans wat nog in die toekoms belangrike rolle gaan speel in die samelewing.

Die opset is man-gesentreerd en hier is (soos in die geval van die volgende gedig wat

bespreek word) sprake van ’n homososiale samesyn tussen die seuns. Die kleedkamer word

die ruimte waarin slegs seuns toegelaat word en binne hierdie ruimte is daar samehorigheid

en ’n gevoel van samesyn. Homososiale begeerte is ’n begrip wat deur Sedgwick (1985:1)

gemunt is. Volgens haar verwys die begrip homososiaal na die onderskeie sosiale

verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag. Dit word byvoorbeeld gebruik om na

“male bonding” te verwys en moet nie verwar word met homoseksualiteit nie. Dit impliseer

eerder manlike vriendskappe en mentorskap en kom ook ter sprake in driehoekverhoudings

tussen twee mans en ’n vrou.

453
5.2 Die seuns fusilleer mekaar

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In die onderstaande gedig van Myburgh kry die leser eweneens ’n perspektief op die jong

seun (2010:54):

playstation 2

die seuns bestook mekaar met skerwe vuur

omsigtig katrol die een die ander in

vonke spring bebliksemd uit hul voetsole

die seuns raak die pad vervaard byster

doen fantasmagories mee aan slagtings

flitsend verhewe bo swaartekrag

die seuns fussileer mekaar met afstandbeheer

reguleer ’n gesiglose armada

neem bestek op in polsende krediete

die seuns beslis vonnisse met vingerkontroles

systap elektronies verdwaalde kartetse

sterf aanskoulik in 3D al om die ander uur.

In “playstation 2” word die seuns se deelname aan ’n rekenaarspeletjie uitgebeeld en word ’n

ander beeld van hulle gegee. Hier is nie soseer sprake van gay manlikheid nie, maar eerder

homososialiteit, aangesien dit, net soos by Marais, ’n groep seuns uitbeeld. In hierdie geval is

hulle ooglopend aggressiewer en daar word gebruik gemaak van woorde soos “slagtings”,

“fusilleer mekaar” en “beslis vonnisse” om hulle reaksie op die spel uit te beeld. Die jong

seuns se spel kan gelees word as metonimies van gewelddadige manlikheid en die

prestasiegedrewenheid in die samelewing en die spreker gebruik woorde en beelde wat met

volwassenes geassosieer word wanneer hy hierdie spel beskryf. Uit die beskrywing lei die

leser af dat die wêreld van die speletjie gelykgestel word aan die ervarings van die soldaat op

die slagveld. Die jong kinders kan nie net “fusilleer” nie, maar is ook by magte om

“vonnisse” te beslis.

Dit is besonder ironies, want hierdie gedrewenheid tydens die spel is meer in

ooreenstemming met wat gewoonlik met manlikheid geassosieer word, naamlik ’n

aggressiewe wedywering tussen mans, wat in dié gedig onder meer met die beeld van inkatrol

geassosieer word. Dit impliseer ’n duidelike magspel en magswanbalans.

Kontrasteer egter hiermee die volgende gedig in die bundel, “weersiens” (55), waarin die

jong man se “manwording” gevier word met ’n heildronk nadat hy as kelner die spreker

bedien het. Daar het ’n tydsverloop plaasgevind (“’n jaar later”) en in die naskoolse konteks

word die seun nou met “manwording” geassosieer (wat weer die verwysing na “manne” in

454
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Marais se gedig oproep). Die implikasie in Myburgh se gedig is dat seuns eers werklik mans

word sodra hulle die veilige ruimte van die skool verlaat.

5.3 Speel weermag soos ons pa’s

Die onderstaande gedig van Botha word ook vanuit die perspektief van die jong seun vertel

(2011:74):

Veldskool

Veldskool op Pelgrimsrus –

speel weermag soos ons pa’s:

bou skuiling, marsjeer ’n nagmars

met kaart en kompas.

Een onweersaand hanteer ek

’n slangetjie soos ’n vetplant

onder toesig van oom Gys die gids.

Die krag in die saal gaan af.

Elektries krul die slang.

Soos goud hou ek sy kop vas.

Jare daarna verdwaal ek

steeds deur pikdonker sale,

skyn die slanggif in my hand.

Net soos in die geval van Marais, bied die spreker in Botha se gedig ook ’n terugblik as

volwassene na ’n vroeëre periode in sy lewe toe hy nog die veldskool bygewoon het. Volgens

die HAT is ’n veldskool, “’n kursus (vir skoolkinders) wat aangebied word om die

kursusgangers in te lyf in die lewe in en omstandighede van die buitelewe”. In die tweede

reël beskryf die spreker wat hulle tydens hierdie veldskool gedoen het en dat hulle geleer is

om soos soldate op te tree en nes hulle pa’s “weermag speel”. Hierdie gegewe sluit aan by die

res van Botha se bundel, waarin die weermag, diensplig en selfs foto’s van die destydse

grensoorlog ingesluit word om kritiek te lewer teen die vermilitariseerde bestaan in die land.

By die veldskool word die jong seuns dus paraat gemaak om nes hulle pa’s te kan veg teen

die vyand op die grens. As deel van hierdie voorbereiding moet hulle allerhande aktiwiteite

verrig soos skuilings bou, marsjeer en ’n nagmars hou. Hulle word ook geleer om hulself in

die bos te navigeer. Wat oënskynlik lyk soos aktiwiteite wat uitgedink word om die kinders te

leer oorleef in die buitelug, is eintlik maar net ’n prototipe van dit wat hulle later as volwasse

mans gaan doen, naamlik diensplig verrig. Manlikheid word in hierdie gedig geassosieer met

paraatheid en die vermoë om in die veld te kan oorleef en later, as volwassenes, wanneer

diensplig verrig word.

Die spreker verwys ook na ene “oom Gys die gids” wat optree as die man wat hulle van al

hierdie dinge moet leer. Soos in die res van die bundel word in hierdie gedig ook twee

455
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

betekenislae oor mekaar geskuif: enersyds hanteer die jong seun ’n slangetjie soos wat oom

Gys vir hom wys, maar andersyds het ons hier, net soos in die gedig “Na kerk,

Sondagmiddag” (66), ’n ouer manlike figuur wat die seun bewus maak van sy seksualiteit.

Pieterse (2011) meen dat hierdie gedig fokus op die “jeugherinneringe en -ervarings en hoe

dit deursuur in die liriese subjek se latere lewe”, asook aansluit by die gay tematiek in die

bundel.

In aansluiting by die bundeltitel speel die digter met die woord “donker” en geskied die

hantering van die slangetjie in die donker. Die suggestie is hier dat seksuele betasting in die

donker geskied en dat wanneer die spreker later volwasse is, hy ook deur “pikdonker sale”

verdwaal en slegs die slanggif op sy hand kan sien skyn. Hier betree ons die wêreld van die

donkerkamer as “die ontmoetingsplek vir anonieme seks in gay klubs” (Pieterse 2011) en

word die gestorte semen met “slanggif” vergelyk; met ander woorde, dit word met iets

toksies en gevaarlik geassosieer. Grosz (1994:198) toon aan dat daar in die sekondêre

literatuur oor liggaamsvloeistowwe baie min geskryf is oor byvoorbeeld semen, maar sedert

die vigsdiskoers so prominent begin word het, het die diskoerse oor semen gemedikaliseerd

gebly. Die uitskei van semen word nou met MIV-vigs geassosieer, nie net binne die gay

diskoers nie, maar ook in die diskoers oor heteroseksualiteit.

Die beeld van die slang wat “krul”, asook die vashou van die slang se kop “ soos goud”,

suggereer dat daar in die teks sprake is van selfbevrediging in die donker. Die militaristiese

ruimte, die mentorrol van die gids en die teenwoordigheid van ander seuns in die slaapsaal

dra alles by tot die vererotisering van die seun se ervaring en dit lei daartoe dat hy in die

toekoms as volwassene hierdie euforie in die donkerkamers van gay klubs wil herskep en

herbeleef.

Uit dié gedig lei ons af dat die ouer manlike persoon wat as gids optree, sy magsposisie

misbruik, en dit het verreikende gevolge wat in die seun se volwasse jare sy seksualiteit

beïnvloed en bepalend is vir sy soeke na seksuele plesier in anonieme, donker plekke.

5.4 Samevattend

Uit die drie gedigte onder bespreking blyk dit dat daar, in aansluiting by Woods (1993), by al

drie digters “posturings of masculinity” uitgebeeld word met betrekking tot die jong seun se

volwassewording. Dit beteken dat hulle die voorbeelde van hul vaders of ander mans navolg,

maar dat daar ook ’n homoseksuele bewustheid begin deurskemer. Die speletjies wat hulle

speel en die belewenisse op skool dien as metafore vir die latere verwagtinge wat die

heteronormatiewe wêreld aan hulle gaan stel, alhoewel dit in Botha se geval lei tot

transgressie en ’n verset teen heteroseksualiteit.

456
6. Gay seksualiteit

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In die werk van al drie die debuutdigters word die diversiteit van gay seksualiteit onder die

loep geneem. Naas twee gedigte by beide Marais en Botha oor die S&M-subkultuur word

daar in Myburgh se bundel ook etlike gedigte aangetref waarin ander aspekte van gayseksualiteit

belig word. In gedigte van Myburgh, soos “swem in die kanaal” (19), “toeval”

(36), “duende” (40) en “jy slaap nog, my skat” (73), word ’n hele aantal visies op gay

seksualiteit gebied. Hierteenoor skryf Botha ’n gedig oor die S&M-subkultuur, “S&M bar”

(29), die jong seun se belewing van molestering, “Na kerk, Sondagmiddag” (66), die

toenadering wat ’n ouer man by ’n jong man soek, “Don’t feed the lions” (42) en internetseks

in “Flirt4free.com” (30).

Vir die doel van my bespreking oor gay seksualiteit gaan ek fokus op Marais se gedig

“Daddy” (32), wat handel oor sadomasochisme, Myburgh se “ swem in die kanaal” (19), en

Botha se “Flirt4free.com” (30).

6.1 ’n Tom of Finland-portret

In onderstaande gedig van Marais word ’n ouer gay man beskryf met wie die spreker in

gesprek is in ’n kroeg (2008:32):

Daddy

sy swart leer kras soos hy gaan sit by die bar

’n tom of finland-portret, army-keps en snor

die paar grys hare op sy bors

rym met die koue ketting om sy pols

hy’s aangenaam, ons praat oor foucault

thom gunn, bergman se seventh seal

hy noem sy prince albert-ring

“’n kleinood van die kleindood”

en ek lag, hy’s stil, vra dan straight-faced:

“het jy al ooit op ’n graf genaai?”

ek sê “nee”, hy sluk sy laaste drank

en groet “sien jou eendag weer”

doodnormaal, beleefd sê ek maar “bye”.

Soos die titel van die gedig suggereer, handel dit oor ’n ouer “daddy” wat binne die gay

subkultuur ’n objek van begeerte is vir jonger mans wat in ouer mans belangstel. ’n Daddy is

nie bloot ’n ouer gay man wat seksueel in ’n jonger man belangstel nie, maar is ’n ouer (en

seksueel aktiewe of begeerlike) man. In hierdie gedig praat die spreker en die ouer man oor

’n verskeidenheid onderwerpe, maar wanneer die spreker “nee” antwoord op die ouer man se

provokerende vraag, groet die man “doodnormaal” en verdwyn.

457
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Daar word verwys na die “grys hare op sy bors”, wat daarop dui dat die man al ouer is. Die

ouer man is geklee in ’n swart leerpak, met “army-keps en snor”: hy parodieer dus die

manlikheid wat geassosieer word met uniforms en leer, en die snor kan ook gesien word as

passende by die hele mondering. Die beskrywing van hom as synde “’n tom of finlandportret”

is veelseggend. Tom of Finland is die professionele naam van Touko Laaksonen

(1920–1991), wat bekend is vir sy lyntekening van gay konstruksiewerkers, polisiemanne en

soldate met enorme penisse. Finland se werk kan beskou word as ’n verset teen enige vorm

van verwyfdheid onder gay mans en dui op ’n besondere fetisjisering van leerklere en

leerparafernalia.

Die ek-spreker merk ook op dat die man ’n “koue ketting” om sy arm dra, wat aansluit by die

onpersoonlike aard van die hele uitrusting. In teenstelling hiermee word die “daddy” as

“aangenaam” beskryf en praat hulle oor intellektuele onderwerpe soos die teorie van

Foucault, die poësie van Thom Gunn en ‘n film van Ingmar Bergman. Dit is bekend dat

Foucault ook ’n voorliefde gehad het vir die S&M-kultuur, terwyl Thom Gunn (1929–2004)

deur Tom Sleigh (2009) “a true servant of eros” genoem word en bewonder word vir sy

gedigte oor gay-seksualiteit. Die intellektuele gesprek is tegelykertyd ’n flirtasie en ’n

verkenning van moontlikhede: die gesprek begin eers by gewigtige onderwerpe en eindig by

die verwysing na die ring deur die daddy se penis.

Volgens Miller (1993:259–61) is leer vanaf 1975 binne die Amerikaanse gay gemeenskap

geassosieer met mans wat sadomasochistiese seks beoefen. Hierdie subkultuur is geassosieer

met “rough, brawny, and flamboyant” seks, maar word ook steeds bestempel as een van die

mees gestigmatiseerde vorme van gay seksuele praktyke. Die S&M-subkultuur is sterk

geritualiseer en gekodifiseer, en dit verklaar miskien waarom die kroeggesprek uitloop op

wankommunikasie.

Foucault (aangehaal in Miller 1993:63) het hom soos volg oor S&M uitgelaat:

The S/M game is very interesting because it is a strategic relation, but it is always

fluid. Of course, there are roles, but everybody knows very well that those roles

can be reversed. Sometimes the scene begins with the master and slave, and at the

end the slave has become the master [...] In such a game, pleasure and power do

not cancel or turn back against one another; they seek out, overlap, and reinforce

one another.

Wat die verwysing na Ingmar Bergman se fliek betref: die titel daarvan is ontleen aan die

gedeelte in Openbaring 8:1–5 in die Bybel waar die sewende en laaste seël oopgemaak word

en daar stilte in die hemel sal aanbreek. Die film is ’n allegoriese voorstelling van die dood en

speel grotendeels af tydens die Swart Dood in die Middeleeue. Die verwysing na die pesepidemie

van die Middeleeue in dieselfde konteks as Foucault en Gunn, wat albei aan vigs

dood is, kan gekoppel word aan die algemene opvatting dat die vigs-epidemie soortgelyk is

aan die Swart Dood.

458
Sontag (1991:130) skryf in dié verband soos volg:

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

“Plague” is the principal metaphor by which the AIDS epidemic is understood.

[...] Plagues are invariably regarded as judgments on society, and the metaphoric

inflation of AIDS into such a judgment also accustoms people to the inevitability

of the global spread.

Naas hierdie intellektuele gesprekvoering kom daar ’n wending in die gedig wanneer die

daddy-figuur na sy “prince albert-ring”, wat na die bekendste “genital piercing” onder mans

verwys.

Die daddy-figuur beskou die ring deur sy genitalieë as ’n noodsaaklikheid, want dit help met

sy orgasme (“kleindood”). Die ek-spreker blyk onkundig te wees oor die saak en dit lei dan

daartoe dat die daddy-figuur aan hom die vreemde vraag stel: “het jy al ooit op ’n graf

genaai?”. Nie net word ’n begraafplaas en ’n graf as ’n abjekte ruimte beskou wat geïsoleer is

van die normale gang van sake nie, maar om op ‘n graf seksueel te verkeer, grens aan ’n soort

nekrofiliese fantasie. Daar vind ’n direkte skakeling tussen erotiek en dood plaas – soos reeds

gesuggereer deur die gesprekke oor en die verwysing na die Bergman-fliek. “Straight-faced”

(wat ironies genoeg die woord “straight” bevat) verwys hier na die saaklikheid waarmee die

daddy-figuur oor sy seksuele voorkeure vir die makabere kan praat – in teenstelling met die

ek-spreker, wat oënskynlik nog onskuldig is. Wanneer die ouer man besef dat die spreker nie

sy belangstellings deel nie, sluk hy sy drank weg en beweeg aan. Die “eendag” waarna die

daddy in sy afskeidsgroet verwys, suggereer dat daar altyd die moontlikheid bestaan dat

wanneer die spreker eers waaghalsiger en ontvankliker is vir fetisjisering en ’n

taboedeurbrekende tipe gay seksualiteit, hulle mekaar weer sal raakloop.

Die gesprek skep ’n intellektuele kader vir die flirtasie, maar bring ook onderliggende

motiewe na vore: rituele en kodes en sydelingse mededelings. As ’n mens goed hierna kyk,

kan jy miskien begin spekuleer oor waarom die flirtasie so meteens tot ’n einde kom. Wat

duidelik hier ter sprake is, is ’n uitnodiging tot riskante seks. Die daddy-figuur nooi dus die

spreker uit tot kondoomlose seks wat tot “die pes” kan lei. Dit word gerugsteun deur die

progressie wat in die gedig plaasvind van “kleindood” na “op ’n graf genaai” na “laaste

drank” na “doodnormaal” – met laasgenoemde wat op sigself betekenisvol is.

6.2 Ons dye maak skrams kennis

In ’n onderhoud (Crous 2010) sonder Myburgh die gedigte “duende” en “swem in die kanaal”

(2010:19) uit as die “eksplisiet erotiese gedigte” in sy debuutbundel. Burger (2011:232) is

van mening dat die leser in hierdie vers ’n illustrasie het van gay-bewuswording in ’n “streng

Calvinistiese omgewing”, terwyl Odendaal (2010) praat van ’n “sensitiewe gay mens” wat

van jongs af ’n buitestander was in die omgewing waarin die bundel afspeel:

459
swem in die kanaal

glad en jonk glip ons arms oop

in die koel omhelsing van water

ons oksels nog vry van skadu’s

nakend verdwaal jy in my tenger arms

voordat ons dye skrams kennis maak

met die vaart waarmee ’n karp sy rigting

in die modder byster raak, draai jy my om

en anker jouself permanent in my hart.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In hierdie gedig beeld die digter jong kinders uit wat in die kanaal swem en wie se lywe nog

“glad en jonk” is en waarvan die oksels “nog vry van skadu’s” is – met ander woorde, hulle

het nog nie puberteit bereik nie. Die toneel is feitlik paradyslik, met die jong seuns wat

nakend swem en nie skaam is vir mekaar nie. Deurgaans in die gedig word hierdie onskuld

beklemtoon, maar deur slimgekose verwysings, soos na arms wat oopglip, die water wat die

lywe omhels, en arms wat ’n toevlug bied, word die erotiese belewenis van die jong seuns

verwoord. Die gedig impliseer dat seuns ten spyte van hulle jeugdigheid seksueel van mekaar

bewus word as hulle “arms” en “dye” aan mekaar raak. As vooruitskouing van die latere

moontlike seksuele intimiteit wanneer hulle volwassenes is, verwys die spreker na die dye

wat net “skrams kennis maak”.

Die oorweldiging en oorgawe aan mekaar as verliefdes tree egter in die derde strofe in,

wanneer die begeerde ander omdraai en homself “anker” in die spreker se hart. Dit word

vergelyk met die beeld van ’n karp wat koersloos in die troebel water verdwaal, wat natuurlik

ook gelees kan word as projeksie van die spreker se gevoelens en ervarings. Die onsekerheid

by die begeerde seun lei daartoe dat hy ’n toevlug gaan soek by die spreker en sodoende die

kern word van die spreker se lewe (vergelyk “in my hart”). ’n Karp wat sy weg in die modder

verloor, vrek uiteindelik. Dit maak die slot van die gedig soveel meer ontstellend. Daar is ook

die suggestie van anale penetrasie in die uitdrukking “draai jy my om”, wat impliseer dat die

toestand van verwardheid en onsekerheid en moontlike gevoel van doodsheid deur die

seksdaad besweer word.

6.3 ’n Live chat met model Kyle

In hierdie gedig van Botha word internet-seks as ’n manifestering van gay seksualiteit

ondersoek (2011:30):

460
Flirt4free.com

laatnag-porno

’n live chat met model Kyle

jou username: Picasso

“how big are u Kyle”

tik GuyBeef

Kyle LOL en vat suggestief

“let’s see some feet

strip 4 us Kyle”

skryf Horny Pete

“my dick is SO hard

picasso, swipe ur card

for a private show”

jy betaal vir ’n kans

om alleen te kyk,

om vir Kyle te sê

hoe hy nader kan kyk.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In hierdie gedig herskep Botha die “live chat” tussen die spreker, wat die gebruikersnaam

Picasso gebruik, en die model, ene Kyle. Hy rekonstrueer die kenmerkende diskursiewe

uitinge wat in internetkletskamers gebruik word. Tipiese frases soos “4free”, “are u”, “LOL”

en “ur” wat eie is aan sms- of kletskamertaal word ook vernuftig in die gedig aangewend.

Die keuse van die frase “live chat” is besonder ironies: daar word wel met Kyle op die skerm

gepraat, maar dit skep bloot die illusie van werklikheid. Die gedig illustreer eerder die

kommersialisering van gay–seksualiteit, wat blyk onder meer uit Kyle se versoek dat die

spreker eers sy kredietkaart sal deurtrek en dan sal hy vir hom alleen ’n vertoning kan gee.

Selfs die titel van die gedig is ironies: die flirtasie met die model is beslis nie gratis nie.

Opvallend is die keuse van die naam Picasso, want dit suggereer dat die spreker kunssinnig

is, bekend is met die kunste, of, in teenstelling met die ander mans, soos Kyle, GuyBeef en

Horny Pete, nie ’n naam gebruik wat mens gewoonlik in pornofilms aantref nie. Amper

intellektueel, klinies benader hy die saak.

Die ander deelnemers vra ook tipiese vrae aan Kyle wat binne die pornokonteks geregverdig

kan word: die grootte van sy penis, die lengte van sy voete (Horny Pete het duidelik ’n

voetfetisj); en wanneer die model sien dat Picasso nie deelneem aan die gesprek nie, wend hy

hom tot die tipiese retoriek van gay-porn, naamlik die feit dat hy seksueel geprikkel is en

graag vir hom ’n privaat vertoning wil lewer. Soos die titel van die gedig aandui, is dit gratis

461
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

om met die model te flankeer, maar dat daar mettertyd betaal moet word vir die voorreg om

Kyle nakend te sien.

Wat die gedig illustreer, soos die slotstrofe dit ook duidelik stel, is dat daar ’n prys gekoppel

word aan die bevrediging van seksuele plesier en dat dit weinig meer is as ’n tipe rolspel

tussen mans wat onder meer skuil agter name wat hulle seksueel in ’n beter lig sal stel as wat

hulle werklik is. Binne die ruimte van die kletskamer word hulle as’t ware ook pornosterre

wat fisiek groot is (die verwysing na “beef”) of wat seksueel promisku en onbevredig

(“horny”) is.

In aansluiting by die visuele metafore in Donkerkamer word die woord “kyk” in die slotstrofe

herhaal en wel in die volgende frases: “om alleen te kyk” en “hoe hy nader kan kyk”.

Eersgenoemde verwys na die spreker se behoefte om soos ’n voyeur die model met niemand

te deel nie en die illusie te kan ervaar dat die pornomodel slegs vir hom sy klere uittrek,

terwyl die tweede frase die illusie van intimiteit skep. Die spreker eien die begeerde

seksobjek vir homself toe en wil hê dat hy die afstand tussen hulle deurbreek en ook vir hom

van naderby kyk en nie net onbetrokke na die webkamera staar nie. Die spreker se

naamkeuse, Picasso, is veelseggend: Picasso as skilder en beeldhouer het ook sy eie beelde

geskep en eweneens wil die spreker self ook nader bekyk word. Daar is dus van ’n

wedersydse voyeurisme in die gedig ter sprake.

6.4 Samevattend

Wat die uitbeelding van gay seksualiteit in die drie debuutdigters se werk betref, sluit hulle

aan by die bestaande tradisie in Afrikaans oor hierdie tematiek. Hulle illustreer die

verskeidenheid van gay seksuele praktyke en dra sodoende daartoe by om die

heteroseksistiese patriargie, wat heteroseksualiteit as norm neem, verder uit te daag, maar ook

om aan te dui dat wat homoseksuele verhoudings betref, dit verder strek as die blote

promiskue najaag van seksgenote.

7. Die uitbeelding van die manlike liggaam

In haar oorsig oor die Afrikaanse poësie na 2000 sonder Viljoen (2012) vir Loftus Marais uit

as een van die beoefenaars van homoërotiese poësie wat ook bekend is vir sy “celebration of

the male body”. Hambidge (2010) verwys ook na die “suggesties en openlike verwysings na

homo-erotiese aanrakings” in Myburgh seOewerbestaan, terwyl Visagie (2011) van mening

is dat Botha met sy “homoërotiese poësie” aansluit by “die werk van sy mentor, Joan

Hambidge, en die invloedryke gaypoësie van Johann de Lange”.

In al drie debuutdigters se werk speel die uitbeelding van die manlike liggaam ’n beduidende

rol en dit sluit aan by wat Pronger (1990: 128) die vererotisering van manlikheid noem. Die

harde, gespierde en dikwels atletiese liggaam word binne die liggaambehepte gaykultuur tot

maatstaf verhef, en dit assosieer manlikheid met krag, viriliteit en fisieke uithouvermoë –

462
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

fasette van manlikheid wat stereotipies met heteroseksuele manlikheid geassosieer word. In

aansluiting hierby praat Pronger (1990:75) van die homoseksuele paradoks:

Before coming out, many homosexual men and boys find homoeroticism difficult

to reconcile with their sense of themselves as men. The paradoxical interpretation

of gender that is implicit in homoerotic desire makes acceptance of that desire

difficult to fathom. Having grown up as a boy, immersed in orthodox culture, the

homosexual youth understands himself on the manly side of the gender myth. But

he has a nagging sense that something is odd, that he is different from his peers.

This is the youthful intuition of the gender paradox. Coming out as a gay man is

the acceptance of the paradox.

Gevolglik is daar ook ’n paradoksale ingesteldheid jeens mag: omdat hulle as mans gebore

word, kry gay mans die patriargale mag wat met manlikheid geassosieer word, maar daar is

ook by gay mans die inherente drang om dergelike patriargale manlike mag te ondermyn.

Vir die doel van my bespreking oor die uitbeelding van die manlike liggaam gaan ek fokus op

Marais se gedig “Herinneringe aan my ooms” (80), Myburgh se “jy slaap nog, my skat” (73)

en Botha se “Ombalantu” (38), omdat elkeen van hierdie gedigte binne hulle onderskeie

bundelkontekste ’n bepaalde aspek van die manlike liggaam uitbeeld.

7.1 Ek loer hulle af

In onderstaande gedig van Marais beskryf die spreker die herinneringe wat hy koester oor sy

ooms toe hulle in sy kinderjare (toe hy “elf en ’n half” was) op die plaas byeengekom het

(2008:80):

Herinneringe aan my ooms

die plaashuis het net ’n bad, en mans bad nie

my ooms stort met die hosepipe op die gras

ek loer hulle af

die reuk van colgate apple shampoo

oom pine se buitekamer ruik na kerswas

rugbyspanne teen die muur

manne geraam, arms gevou

rooi gordyne, rooi tafeldoek oor die lessenaar

my ooms slaan gholfballe na ’n riet

om die veld gevlag met ’n onderbroek

’n ent verder, hulle jagveld se hek

met ’n bord gemerk “privaat – geen toegang”

463
oom frans eet ’n tamatie soos ’n appel

plakkieklappe op die stoepvloer

die paraffienyskas

brom in die kombuis se hoek

hulle vertel van grootoom nicolaas in el alamein

met christus in sy hart en ’n koeël in sy been

my ooms is op skool in streepsakke aan bome gehang

omdat die marais’s sappe was

hande wat rooikathokke en slagysters stel

bloedbroers, al die jare deurgebraai

al die skuurdanssnolle op hoërskool

gevingernaai

en ek, elf en ’n half

speel he-man

skrikkerig vir skaapstekers en antjie somers

en maak rympies in ’n croxley

op sy rug geskryf “privaat”.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In hierdie gedig beskryf die spreker vir ons bepaalde opvattinge rakende manlikheid (bv. dat

mans nie bad nie, maar in die tuin “met die hosepipe” stort) en veral die reuke wat hy met die

manlike figure in sy lewe assosieer. Wanneer die mans hulle buiteritueel voltrek, tree die jong

seun as ’n tipe voyeur op wat hulle afloer, en dit is dan wanneer hy vir die eerste keer bewus

raak van die reuk van die sjampoe en dit dan met die ooms assosieer.

In die tweede strofe bied hy aan die leser ’n beskrywing van ’n tipiese manlike ruimte,

naamlik die buitekamer van sy oom Pine, en kry die leser ’n intieme blik in die wêreld van

die oom: dit ruik na kerswas; rugby is vir die oom belangrik; en dan, ietwat onvanpas en

esteties (in teenstelling met die spartaanse omgewing), is die aanwesigheid van rooi gordyne

en ’n rooi tafeldoek oor die lessenaar. Hiermee word gesuggereer dat die lessenaar nie meer

vir sy oorspronklike doel gebruik word nie en dien as ’n tafel waarby die oom byvoorbeeld

kan sit en eet. Die “manne” in die foto’s teen die muur is die verpersoonliking van atletiese

manlikheid en vir die oom-figuur waarskynlik die enigste vorm van versiering wat hy in sy

“manlike” ruimte duld.

Naas rugby speel die ooms ook gholf en gaan jag, wat tradisionele manlike sportsoorte is, en

weer eens gebruik Marais die beeld van die onderbroek, soos in die bespreekte gedig oor die

fotodag. Nou word die onderbroek as ’n vlag geplant op die gholfbaan, wat baie duidelik

sinjaleer dat ons hier op speelse wyse met manlike mag te make het. Hier is die mans in

beheer en as teken daarvan word ’n intieme kledingstuk as vlag gehys om dit aan te toon. In

aansluiting hierby verwys die spreker ook na die ooms se dapperheid (bv. grootoom Nicolaas

in die oorlog by El Alamein) en word die mans uitgebeeld as synde diegene wat teen die

464
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

heersende nasionalistiese politiek van die dag in verset kom en daarvoor gespot en gestraf

word (“in streepsakke aan bome gehang”).

Die nonchalantheid van die ooms blyk ook uit hulle gebrek aan vertoon. So hoor die spreker

“plakkieklappe op die stoepvloer”, wat suggereer dat hulle informeel aantrek en die een oom,

oom Frans, word onthou vir die manier waarop hy ’n tamatie eet.

In die sesde strofe word spesifiek verwys na die mans se “hande” (net soos in die gedig oor

die vader-figuur by Marais) en die take wat met hulle hande verrig word. Daar is die

tradisioneel agrariese take, soos om roofdiere in strikke te vang; daar is die tradisioneel

manlike taak van vleis te braai; en dan die interessante wending, naamlik dat daardie hande

ook as instrumente van begeerte en bevrediging gebruik is toe hulle die “skuurdanssnolle”

daarmee “gevingernaai [het]”.

In teenstelling met die viriele ooms beskryf die spreker homself as afsydig en iemand wat

“skrikkerig” is vir sekere dinge. Ons lei ook af dat hy reeds van jongs af gedigte geskryf het

en dit as “privaat” gebêre het. Waar die ooms hulle jagveld afkleim en beskerm met ’n bord,

“privaat – geen toegang”, doen hy iets soortgelyks wanneer hy “privaat” op die rug van sy

skryfboek met gedigte skrywe. Die ooms se manlikheid word geassosieer met jag en geweld,

maar syne met die optekening van sy private gevoelens.

Opmerklik in die slotstrofe is die gebruik van “he-man” as synde ’n verwysing na die

strokiesheld, wat ironies is. Die ooms is nie die spreker se ware helde nie en daar is sprake

van ’n afstand tussen hom en hulle. Hy probeer hulle as “he-man” naboots, maar in sy

“private” aantekeningboek skend hy die privaatheid van die ooms wanneer hy oor hulle skryf.

7.2 Die klein spiertjies van jou lae rug

jy slaap nog, my skat

terwyl ek bloots op die rug van die highway ry.

onder my vingers vibreer

die klein spiertjies van jou lae rug.

in die baai trek die fregatte laer

fyn komeetstertjies waaier olierig agter hulle.

ons is beleër in ons liefde!

op die strandfront klap nigeriërs kleurvol hulle lappe uit,

(jy roer onrustig in jou slaap) ek wonder

op watter markplein is jou droom te koop.

werkgedagtes seil stroef saam met die eerste boeing in oor

die stad.

my hart hunker na die soet reuk van jou slaap.

die taxi's se getoet sit vas in die beton

en sinjale bly die spoor leepoog byster.

465
jou sluimering kerf lieflike patrone onder die laken.

ou mense trap met sweetbande en honde

'n verbete mars teen die dood wat in die oggendmis hang

iewers los 'n hadida 'n smeekroep te vang. (Myburgh 2010:73)

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hierdie gedig beskou Odendaal (2011) as “een van die mooiste gedigte in die bundel”, wat

volgens hom “herinner aan bekende Afrikaanse ‘liefdeswaak’-gedigte soos Breyten

Breytenbach se ‘nagmaal’ en ‘slaap klein beminde’, en Stephan Bouwer se ‘jy slaap nou’.”

Dié gedig beeld die geliefde uit wat die volgende oggend nog slaap, terwyl die spreker hom

vanweë werksverpligtinge moet agterlaat. Terwyl die spreker “op die rug van diehighway ry”,

roep hy die dele van sy geliefde se liggaam op wat hy kan onthou – spesifiek die rug van die

geliefde. Dit is nie net die personifiëring van die snelweg wat hom aan die geliefde laat dink

nie, maar ook die teenwoordigheid van oorlogskepe (“fregatte”) in die hawe projekteer hy op

hulle verhouding. Nou verwys hy na die feit dat hulle “beleër [is] in [hulle] liefde”, wat

suggereer dat die verhouding bedreig word en gevolglik beskerm behoort te word. Die

gedeelte tussen hakies kan ook gelees word as die spreker se versugting en herinnering aan

die geliefde.

In teenstelling met die slapende geliefde word daar in die gedig verwys na verskeie tipes

vervoermiddele: die spreker wat op die snelweg ry met sy motor; “fregatte”; “die eerste

boeing”; “die taxi’s”; en die “sinjale” van die treine. Al hierdie beelde sluit aan by die

ontwakende stadstoneel waarmee die spreker gekonfronteer word, maar beklemtoon net weer

eens sy skeiding van die geliefde en die hunkering na samesyn.

Teenoor die meganiese beelde van die stadspanorama is die liggaam van die geliefde onder

die laken, en die spreker spreek sy begeertes uit: hy wil saam met die geliefde wees en die

“lieflike patrone onder die laken” wat deur die lyf gemaak word, aanskou. Hierteenoor word

hy nou gekonfronteer deur lawaai, beton en die aanwesigheid van masjinerie.

’n Ander opposisie naas dié van liggaam/masjien wat ook in die gedig aangetref word, is die

opposisie tussen die ferm liggaam van die geliefde met sy “klein spiertjies van [die] lae rug”

en die ouer mense op die strand wat die dood besweer deur vroegoggend te gaan stap.

Opvallend in die gedig is die verwysing na die “bloots ry” op die rug van die snelweg, wat

impliseer dat die spreker onverskrokke is. Dit roep ook die seksuele konnotasie

van barebacking op, wat, soos Dean (2009:2) aandui, ’n term is vir kondoomlose anale seks

tussen mans en wat ontleen is aan die wêreld van die perdrykultuur. Direk nadat die spreker

na die blootsheid verwys het – “bloots” roep ook assosiasies op met naaktheid – konsentreer

hy op die geliefde se lyf wat hy aanraak en wat onder “sy vingers vibreer”. Die spreker fokus

uitsluitlik op die geliefde se lae rug. Sonder om alles in die gedig noodwendig as seksueelerotiese

tekens te lees, is dit tog opvallend dat hy direk na die beskrywing van die rug verwys

na die oorlogskepe wat saamtrek en die “komeetstertjies” wat agter die skepe waaier, wat ook

gelees kan word as ’n toespeling op intieme verkeer tussen die twee figure in die gedig.

466
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die man-man-samesyn wat in hierdie gedig beskryf word, word egter voortdurend “beleër”

en bedreig, en die gedig sluit af met die verwysing na ’n “hadida” se “smeekroep”. Die

hadida ontleen sy naam aan “die geluid wat hy maak as hy onraad merk” (HAT) en is verwant

aan die ibis, wat as ’n aankondiger van onheil en die dood beskou word. Weer eens projekteer

die spreker sy gevoelens op die onmiddellike omgewing en word gesuggereer dat hy hulle

verhouding met onheil en moontlike beëindiging assosieer. Die gedig berei die leser hierop

voor deur die afstandelikheid en die sluimerende aggressie wat uit die beeldspraak afgelei

kan word vanaf die spreker se vertrek uit die stad. In kontras hiermee is die uitlanders

(“nigeriërs”) wat hulle teenwoordigheid bevestig en in solidariteit met die vertrekkende

spreker hulle “kleurvolle lappe” uitklap. So skaar die uitlanders hulle by die gay spreker as

deel van die gemarginaliseerdes in ’n samelewing wat die liefde tussen twee mans “beleër”

en vyandiglik veroordeel.

7.3 Op hul bruin flanke

Die uitbeelding van die manlike liggaam speel ’n belangrike rol in Botha se debuutbundel,

veral in die ekfratiese verse wat gebaseer is op John Liebenberg se foto’s oor die grensoorlog.

Op hierdie geselekteerde foto’s word onder meer jong mans in hul onderbroeke gewys wat

aanmeld vir diensplig (15) of twee wat met storthanddoeke om hul lywe stap (75).

Laasgenoemde vorm die grondslag vir die volgende gedig (2011:38):

Ombalantu

Here, hoe gee ’n mens

’n byskrif vir sê ’n foto?

Twee troepe: bronstig

na ’n stort – sonskyn

op hul bruin flanke

(jy kan jou die kontoere

van hul roere net-net

onder die handdoekies verbeel) –

slenter oor die parade

verby ’n bult ontbinde mens:

’n hoop verkoolde film

op ’n draagbaar, beurend

teen die donkerkamers

van die brein.

Die titel van die gedig verwys na ’n voormalige Suid-Afrikaanse weermagbasis in Namibië,

sowat 90 km noordwes van Oshakati en naby aan die Angolese grens. Die spreker gebruik

dus die fototeks deur Liebenberg, interpreteer dit vanuit ’n eietydse raamwerk en laai dit met

bepaalde kodes. In die intertekstuele interpretasie van die foto wil die spreker veral kritiek

uitspreek op die skreiende kontras wat verbeeld word, naamlik die dra van ’n halfverkoolde

467
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

lyk op ’n draagbaar teenoor die twee halfnaakte soldate wat met handdoeke om die lyf

verbystap en in die rigting van die draagbaar kyk.

Bestudeer ’n mens dié swart-en-wit foto wat in die tagtigerjare tydens die bosoorlog geneem

is en op bladsy 75 van die digbundel opgeneem word, is dit opvallend hoe oop die teks

werklik vir interpretasie is. Daar is geen tekens van aktiewe oorlogvoering nie. Daar is geen

wapens aanwesig nie, en naas die twee soldate met die handdoeke skep die figuur in wit in

die middel van die foto die indruk dat hy met sy gespierde arms en hande in die sakke

onbetrokke is by die toneel, waarskynlik omdat hy daagliks met geweld en dood

gekonfronteer word; dat hy afgestomp geraak het.

Vanuit ’n rasgeoriënteerde perspektief is dit opvallend dat dit twee swart mans is wat die

verkoolde lyk op die baar dra. Slegs die een figuur in wit het handskoene aan. Die ander wit

man met sy kortbroek is ewe onbetrokke en met sy blik gerig op iets anders as dit wat op die

draagbaar gedra word. Hier is dus duidelike magsverhoudings ter sprake, met die wit soldate

in ’n superieure posisie.

Gegewe die konteks van my ondersoek wil ek fokus op die twee soldate met die handdoeke,

wat deur die spreker as “bronstig” tipeer word. Die spreker fokus sy blik op die twee troepe

en daar is sprake van ’n skopofiliese visie op hierdie uitbeelding van die oorlogstoneel. Die

spreker se blik vererotiseer die liggame van die twee troepe te midde van die afgryse van die

oorlog. Hulle liggame word net gedeeltelik bedek deur “handdoekies” (let op die gebruik van

die verkleiningsvorm) en hulle word beskryf as “bronstig” en met “bruin flanke”. Die foto

waarop die gedig gebaseer is, is swart-en-wit, en deur na “bruin” handdoeke te verwys,

interpreteer die spreker nie net die foto uit sy kennis van die militêre agtergrond nie, maar

vererotiseer hy die toneel verder deur op die bruingebrande lywe van die mans te fokus.

Die gebruik van woorde soos “bronstig”, “roere”, “bult” en “beurend” dui op manlike

seksualiteit (meer spesifiek die penis en ereksie) wat in verband gebring word met geweld,

skending en die dood. Dié addisionele betekenisgewing word veral beklemtoon deur “’n bult

ontbinde mens”. Hier verwys “bult” nie na ’n ereksie nie, maar na die dood. Die seksuele

konnotasie van “bult” word deur die spreker ontgin om iets anders (die dood) te beklemtoon.

Seks, dood en geweld funksioneer nie net in ’n opposisionele verhouding (as teenpole) nie,

maar is baie nou met mekaar verweef. Dus ontgin die spreker beide ooreenkomste en

verskille wat tussen seks, geweld en die dood bestaan. Cochrane (2011) sluit soos volg hierby

aan:

Dit gaan nie uitsluitlik oor die erotiese aantrekkingskrag van die manlike liggaam

nie, maar word in verband gebring met skending en geweld. Die ironiese lading

word deur die kontrasterende beelde, maar ook deur slim en funksionele

woordspel bewerkstellig.

Die “onderskrif” wat gebied word, begin met ’n vererotisering van die twee troepe. Wat

vervolgens in die gedig gebeur, is dat woorde met ’n moontlike seksuele konnotasie skielik

468
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

ook in ’n konteks verskyn wat in stryd is met hierdie konnotasies. Die dinamiek van die gedig

is dat seksuele konnotasies ontstaan in ’n konteks waar hulle nie tuishoort nie. Die

seksualisering van die toneel in die gedig is ’n ontoelaatbare voyeuristiese transformasie en

laat vrae ontstaan oor die etiek van die aanskouer.

7.4 Samevattend

Marais, Myburgh en Botha illustreer in hulle uitbeelding van die manlike liggaam – nie

soseer die liggaam van die gay man nie – dat die manlike liggaam vanuit hul perspektief en

vanuit hul homoseksuele blik (“the gay gaze”) tog as broos, teer, wondbaar en wonderskoon

beskryf kan word.

8. Ten slotte

In sy taksering van die gay-tematiek in die Afrikaanse poësie na 1980 skryf Cochrane (2011)

die volgende:

Van 1980 tot 2004 word die toneel oorheers deur De Lange en Joan Hambidge.

Eers met Hennie Aucamp se Hittegolf (2004) meld nuwe stemme hulle aan.

Hierna verskyn ’n aantal bundels wat elk ’n aanvullende perspektief bied op die

gevarieerde aard van gay belewing – Aan ’n beentjie sit en kluif (2006) van

Marius Crous, Staan in die algemeen nader aan vensters(2008) van Loftus

Marais, Oewerbestaan (2010) van Melt Myburgh, die gedigte van Willem Jansen

opgeneem in Nuwe Stemme 4 (2010) en nou Donkerkamer (2011), Fourie Botha

se debuut.

Uit bostaande ontleding van die onderskeie tekste lei die leser af dat alhoewel daar tematiese

ooreenkomste tussen die digters is, elkeen tog “die gevarieerde aard van gay belewing”

(Cochrane 2011) in hul onderskeie debute beskryf. Kenmerkend van Marais se werk is ’n

meer speelse benadering tot die kwessie van gay manlikheid, terwyl Myburgh met groter erns

die posisie van die jong gay seun en sy identiteitsoeke beskou. Botha se werk word weer

gekenmerk deur ’n sterker verliteratuurde aanslag en tree veral in gesprek met Hambidge en

De Lange se werk.

Wat betref die kwessie van andersoortig kyk, moet die volgende opmerking van Du Plooy

(2011) ook in gedagte gehou word:

Dit is mode om primêr en volgehoue ondermynend na die wêreld te kyk, om

gewone tradisionele dinge soos ouers en ander instellings van die gemeenskap te

bevraagteken, te dekonstrueer en te herkodeer. Dit geld ook die sterk homoerotiese

siening wat die deurlopende ondertoon van [Donkerkamer] is. Die kyk is

anders as tradisioneel en dit is inderdaad een van die funksies van die kuns om

469
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

steeds met nuwe oë na die werklikheid te kyk [...] Dit gaan hier om tegnies knap

gedigte en as die inhoudelike voorspelbaar raak, is dit jammer.

Die ontleding van die onderskeie digters se werk illustreer dat hulle die gay-ervaring en die

uitbeelding van gay manlikheid in Afrikaans tegnies en knap beskryf in hulle verse en nie net

op voorspelbare wyse van skoktegnieke gebruik maak of grensoorskrydend fokus op gay

manlikheid en gay-seksualiteit nie.

Daar kan, in navolging van Connell en ander teoretici na wie in die inleiding verwys is, nie

van “’n tipe manlikheid” in die werk van die drie digters gepraat word nie, want alhoewel

hulle oënskynlik dieselfde temas aansny, is daar nie essensialisties sprake van eenvormigheid

met betrekking tot die uitbeelding van gay manlikheid by die drie nie. Elkeen bied ’n

eiesoortige perspektief op wat dit beteken om as man ’n genderrol in die samelewing te

vertolk. Die drie digters besin nie net oor gay manlikheid nie, maar skryf ook oor ander

vorme van manlikheid vanuit hulle eie perspektiewe.

Bibliografie

Adams, R. en D. Savran (reds.). 2002. The masculinity studies reader. Oxford: Blackwell.

Bennett, N. 2011. Donkerkamer ingestel op die visuele. LitNet, 30

Augustus.http://www.litnet.co.za/Article/donkerkamer-ingestel-op-die-visuele (2 November

2012 geraadpleeg).

Bersani, L. 1995. Homos. Cambridge: Harvard University Press.

Botha, F. 2011. Donkerkamer. Kaapstad: Quellerie.

Bourdieu, P. 2001. Masculine domination. Cambridge: Polity Press.

Burger, F. 2011. Resensie. Oewerbestaan. Tydskrif vir Letterkunde, 48(2):230–1.

Connell, R.W. 1987. Gender and power. Cambridge: Polity Press.

—. 1995. Masculinities. Cambridge: Polity Press.

Cochrane, N. 2011. Gay wees nie bloot reguit lyntekening. Rapport, 1 Oktober, bl. 6.

Crous, M. 2010. Die plofkrag van poësie lê vir my in beeldspraak. Onderhoud met Melt

Myburgh. Versindaba, 10 Junie. http://versindaba.co.za/2010/06/10/onderhoud-meltmyburgh

(2 November 2012 geraadpleeg).

470
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Dean, T. 2009. Unlimited intimacy: Reflections on the subculture of barebacking. Chicago:

University of Chicago Press.

De Lange, J. 1995. Wat sag is vergaan. Kaapstad: Human & Rousseau.

Du Pisani, K. 2001. Puritanism transformed: Afrikaner masculinities in the apartheid and

post-apartheid period. In Morrell (red.) 2001.

Du Plooy, H. 2011. Resensie. Donkerkamer. Versindaba, 12

Augustus.http://versindaba.co.za/2011/08/12/resensie-donkerkamer-fourie-botha (1

November 2012 geraadpleeg).

Gardiner, J.K. (red.). 2002. Masculinity studies and feminist theory. New directions. New

York: Columbia University Press.

Grosz, E. 1994. Volatile Bodies. Toward a corporeal feminism. Bloomington: Indiana

University Press.

Halperin, D.M. 2009. What do gay men want? Ann Arbor: The University of Michigan Press.

Hambidge, J. 2009. Die digkuns van Johann de Lange met spesifieke verwysing

na Nagsweet. LitNet Akademies6(1):21–40. www.litnet.co.za/.../die-digkuns-van-johann-delange

(1 November 2012 geraadpleeg).

—. 2010. Wat die digter ken, lewer beter verse. Volksblad, 28

Oktober.http://www.volksblad.com/Boeke/Nuus/Wat-digter-ken-lewer-beste-verse-

20100827 (4 Augustus 2012 geraadpleeg).

Kimmel, Michael. 1996. Manhood in America. New York: The Free Press.

—. 2001. Masculinity as homophobia. In Whitehead e.a. (reds.) 2001.

Krog, A. 1984. Eerste gedigte. Kaapstad: Human & Rousseau.

Krondorfer, B. (red.). 1996. Men’s bodies. Men’s gods. New York: New York University

Press.

Leach, M. 1994. The politics of masculinity: An overview of contemporary theories. Social

Alternatives, 12(4):36–7.

Marais, L. 2008. Staan in die algemeen nader aan vensters. Kaapstad: Tafelberg.

Merriam-Webster. Free Online Dictionary. http://www.merriam-webster.com (4 Augustus

2012 geraadpleeg).

471
Miller, J. 1993. The passion of Michel Foucault. Londen: HarperCollins.

Morrell, R. 1998. The new man? Agenda, 37:7–12.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Morrell, R. (red). 2001. Changing men in Southern Africa. Pietermaritzburg: University of

Natal Press.

Myburgh, M. 2010. Oewerbestaan. Pretoria: Protea.

Odendaal, B. 2010. Resensie. Oewerbestaan. Versindaba. 25

Julie.http://versindaba.co.za/2010/07/25/oewerbestaan (2 November 2012 geraadpleeg).

Olivier, G. 1996. Die stryd teen die vaders: Variante van homoseksuele diskoers in die

Afrikaanse literatuur. Stilet, 8(1):28–39.

—. 2008. Aantekeninge by Koos Prinsloo. Stellenbosch: Rapid Access Publishers.

Opperman, D.J. 1987. Versamelde poësie. Kaapstad: Human & Rousseau.

Ouzgane, L. en R. Morrell (reds). 2005. African masculinities. Pietermaritzburg: University

of KwaZulu-Natal Press.

Pieterse, H. 2011. ’n Ander mening: Donkerkamer. Beeld,7 Augustus, bl. 11.

Pronger, B. 1990. The arena of masculinity. New York: St Martin’s Press.

Ratele, K. 2004. The male fear of democracy. Network News, Julie, ble. 1–2.

Reddy, V. 2005. The political construction of queer identities in Southern Africa.

Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit van KwaZulu-Natal.

Sedgwick, E.K. 1985. Between men: English literature and male homosocial desire. New

York: Columbia University Press.

Sleigh, T. 2009. Sex, drugs and Thom Gunn. www.poetryfoundation.org (3 Augustus 2012

geraadpleeg).

Sontag, S. 1991. Illness as metaphor and Aids and its metaphors. Harmondsworth: Penguin.

Still, J. en M. Worton (reds.). 1993. Introduction. Textuality and sexuality. Reading theories

and practices.Manchester: Manchester University Press.

Viljoen, L. 2003. Breyten en die vaders: perspektiewe op die rol van die vader in

Breytenbach se vroeë poësie.Stilet, 15(2):28–52.

472
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 2012. Of chisels and jackhammers. http://versindaba.co.za/2012/01/30/louise-viljoen-ofchisels-and-jackhammers-afrikaans-poetry-2000-2009

(4 Augustus 2012 geraadpleeg).

Visagie, A. 2004. Manlike subjektiwiteit in die Afrikaanse prosa vanaf 1980 tot

2000.Ongepubliseerde DLitt-proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

—. 2011. Fourie Botha se pragdebuut. Slipnet. http://slipnet.co.za/view/reviews/fourie-bothase-pragdebuut

(4 Augustus 2011 geraadpleeg).

Whitehead, S. en F.J. Barrett (reds.). 2001. The masculinities reader. Cambridge: Polity

Press.

Woods, G. 1993. The injured sex: Hemingway’s voice of masculine anxiety. In Still en

Worton (reds.) 1993.

Eindnota

1 Ek is die twee anonieme keurders wat die onderskeie weergawes van hierdie artikel gelees

het, oneindig dankbaar. Soms moes ek op my tande byt om die kritiek te verwerk, maar ek

weet dat die eindproduk aansienlik beter is as my eerste poging.

473
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

’n Persoonlike waardering van Michelangelo Merisi

da Caravaggio (1571-1610)

Jannie Pretorius

Jannie Pretorius, Skool vir Wiskunde-, Natuurwetenskappe- en Tegnologie-Onderrig, Fakulteit

Opvoedkunde, Universiteit van die Vrystaat

Opsomming

In hierdie studie benut die navorser die 5D-siklus van Waarderende Ondersoek om ’n

persoonlike waardering van die lewe en werk van Michelangelo Merisi da Caravaggio,

Italiaanse meesterskilder, te doen. Die vyf teoretiese beginsels van Waarderende Ondersoek

en Persoonlike Waardering word as grondslag vir die studie ondersoek en benut. Drie breë

temas wat die positiewe kern van die omgang met Caravaggio verteenwoordig, is saamgestel

en word bespreek aan die hand van die prominente gebruik van ’n biografie van Caravaggio

deur Andrew Graham-Dixon, ’n bestudering van 17 van sy skilderye tydens ’n besoek aan

Rome en die voer van ’n waarderende onderhoud met ’n museumgids voor die Galleria

Borghese. ’n Gedig wat die temas op kreatiewe wyse uitbeeld, dien as kreatiewe stimulasie

vir die ontleding van die temas.

Trefwoorde: Persoonlike Waardering; 5D-siklus van Waarderende Ondersoek; positiewe

temas; Caravaggio

Abstract

A personal appreciation of Michelangelo Merisi da Caravaggio (1571-1610)

After reading Andrew Graham-Dixon’s biography of the Italian painter Michelangelo Merisi

da Caravaggio and seeing his breathtaking paintings, I felt the need to know more about him.

I wanted to learn from his work and life to bring about personal and professional growth.

The method of Appreciative Inquiry (AI) provided the academic framework for this study.

Cooperrider, Whitney and Stavros (2008:3) have developed a classical definition of AI:

Appreciative Inquiry is the cooperative co-evolutionary search for the best in

people, their organizations, and the world around them. It involves the discovery

of what gives “life” to a living system when it is most effective, alive, and

constructively capable in economic, ecological, and human terms.

474
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Kelm (2005:1, 3) argues that the process of AI can have a powerful effect on individuals:

AI has traditionally been used to transform organizations, but it is equally

transformative in individuals. [...] I’ll explain how we create our personal identity

and reality with others, and consider the tremendous implications of the concept.

[...] It means becoming more aware of our internal and external dialogues and

intentionally shifting them to focus on what we want more of.

She calls this variation of AI Appreciative Living (AL), stating that is has the same five

underlying principles as AI: the constructivist principle, the principle of simultaneity, the

poetic principle, the anticipatory principle and the positivist principle. I analyse the five

principles to apply them to the specific aim of this study: to appreciate the life and paintings

of Caravaggio.

According to Kelm (2005:9–10) the constructivist principle means that our life experiences

do not simply happen to us, but that we create them with other people: “We construct our

understandings of who we and others are, and these constructions become our reality.” For

Kelm (2005:31) the poetic principle implies that we have a choice when deciding what to

study: “We can find whatever we want in a person or situation: good and bad, right and

wrong, beautiful and ugly. What we choose to focus on creates our reality. The more

attention we give to something, the more it expands as part of our experience.”

According to Watkins, Mohr and Kelly (2011:73) the principle of simultaneity means that the

investigation and the change it brings about cannot be separated: they happen simultaneously.

Investigation, then, is intervention: “The seeds of change – that is, the things people think and

talk about, the things people discover and learn, and the things that inform dialogue and

inspired images of the future – are implicit in the very first questions we ask.” The

anticipatory principle suggests that the pictures or images that we create in our minds about

the future guide our current actions – it indeed creates that very future. The future, according

to Kelm (2005:71-2), is already part of our realities.

Kelm (2005:97) uses the words of William Arthur Ward to explain the positivist principle of

AL: “When we seek to discover the best in others, we somehow bring out the best in

ourselves.” These words embody the positive, expectant attitude I had when embarking on

the appreciation of Caravaggio.

The 5D cycle of Appreciative Inquiry was utilised as the structural and scientific foundation

for the study. From the theoretical principles above it follows that the aim of the study (the

Definition phase of Appreciative Inquiry) was to do a personal appreciation of Caravaggio

and some of his paintings.

During the second phase of the 5D cycle – Discovery – Graham-Dixon’s biography of

Caravaggio was studied to serve as a substructure for the visit to Rome. In Rome 17 of his

475
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

paintings were studied and an appreciative interview with a museum guide from the Galleria

Borghese, where six of Caravaggio’s paintings are displayed, was conducted.

The following unconditionally positive questions (Whitney and Trosten-Bloom 2010:11-2)

were put to the museum guide:

• What is your earliest or most pleasant memory of Caravaggio?

• What do his paintings mean to you on a personal level?

• Which painting is your favourite one and why?

• What, in your opinion, is the one thing that enlivens his paintings – without which they

imply would not be the same?

• What would you wish today’s painters could learn from him?

I then also put the questions to myself, transcribed the two interviews and identified the

following three positive themes from them:

• Caravaggio’s superior workmanship and the way he uses the interplay between light and

shadow.

• Three of his paintings in which Jesus is pictured as a baby boy (The Madonna of Loreto),

as a small boy (The Madonna of the Palafrenieri), and as a corpse after his crucifixion

(The Entombment).

• The exceptional earthy realism in his paintings.

Caravaggio was exceptionally skilful in applying an extreme tenebrism(“term describing

predominantly dark tonality in a painting” – Chilvers 2009:620). Graham-Dixon (2010:184)

explains the effect that this effect has on his paintings: “He used it here [in The Betrayal of

the Christ] as a ruthless means of exclusion, spotlighting the figures at the very centre of the

drama and casting everything else into deepest shadow.” Spear (1971:v) argues that the

poorly lit scenes also convey a very strong message: “Equally evident is his emphasis on

nocturnal arbitrary lighting, murky but nonetheless integrated with the dramatic piety of his

religious works and with the badly lit ‘lower class’ environments. Poor people – poor light.

Not for him the aristocratic sun.”

The Entombment

Graham-Dixon (2010:279) describes the Jesus in this painting of Caravaggio strikingly:

“Caravaggio’s dead Christ is punishingly unidealized. He truly is the Word made flesh: a

dead man, a real corpse weighing heavily on those who struggle to lay him to rest.”

476
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

According to Bonsanti (1984:50) the painting also engages the viewer on a very intimate

spiritual level:

A precise equilibrium governs the composition. The physical weight of the body

becomes the moral weight of the world’s grief. The figure on the right,

Nicodemus, turns toward the observer to establish a psychological bond that is

also a specific reference: the scene is viewed as from the tomb; the impression is

almost as if the figures are about to surrender the body of Christ, if not to the

observer, at least to someone standing in the same place. The identification is

therefore complete, the involvement inescapable.

The Madonna of Loreto

Graham-Dixon (2010:290–1) emphasises the accessibility and simple, yet powerful message

of the scene: “The work is a tour de force of naked religious populism: spare to the point of

banality, blatant in its appeal to the masses. [...] Once again, Caravaggio had painted a

monumental altarpiece aimed squarely at the poor and the hungry.”

The Madonna of the Palafrenieri

Graham-Dickson (2010:305) considers this painting to be a confrontation with pure evil: the

Madonna and the infant Jesus smashing the head of the snake under their feet. The holy

Anna, fragile because of her age, looks on pensively.

Graham-Dixon (2010:6, 31) describes this as “captivating realism” and “unprecedentedly

stark and vivid naturalism”. Chilvers (2009:435) refers to the followers of Caravaggio “with

reference to their doctrine of copying nature faithfully whether it seems to us ugly or

beautiful” or “down-to-earth realism.”

Keywords: Personal appreciation; 5D cycle of Appreciative Inquiry; positive themes;

Caravaggio

1. Inleiding

Sedert ek Andrew Graham-Dixon se boeiende biografie van Michelangelo Merisi da

Caravaggio, Italiaanse meesterskilder gelees het, en sy asembenemende skilderye daarin

gesien het, het ek die behoefte ervaar om meer van hom te wete te kom – om uit sy lewe en

werk te leer, om sodoende bewondering en bekoring tot herkenning en waardering te bring.

Toe ’n geleentheid om van sy skilderye in Rome se kerke en kunsmuseums te gaan bestudeer

boonop opduik, was daar ’n merkbare toename in die intensiteit van hierdie behoefte.

Die Christen wat Caravaggio (sien figuur 1) wil waardeer en bewonder, moet egter ’n

belangrike struikelblok oorkom: die skilder was by uitstek ’n skoorsoeker en ook ’n

moordenaar. Volgens Graham-Dixon (2010:4) gooi hy onder andere klippe na sy hospita se

477
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

huis en sing smerige liedjies voor haar venster, baklei met ’n kelner oor sy artisjokke, kom ’n

mededingende skilder met eksplisiete seksuele beledigings te na, rand ’n man op straat

ernstig aan en vermoor ’n vyand tydens ’n tweegeveg.

Figuur 1. Skets van Caravaggio deur Ottavio Leoni (Aiwaz.net, 2012). ’n Haarkapper

in Rome genaamd Luca het hom soos volg beskryf: “A stocky young man, with thin

black beard, thick eyebrows and black eyes … dressed all in black” (in Graham-Dixon,

2010).

Dié vrae kom meld dus aan vir beantwoording: Hoe kan ’n waardering van so ’n geweldenaar

moreel en geestelik regverdig word? Hoe kan ’n Christen so ’n persoon waardeer of – dalk

erger – bewonder en dan bewustelik toelaat dat sy of haar lewe deur die man beïnvloed of

selfs verander word? Kan sodanige waardering en assosiëring geseënde vrugte dra? Watter

teoretiese beginsels sou verder ’n persoonlike waardering van Caravaggio kon begrond en

rig?

478
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

2. Die teoretiese begronding van Waarderende Ondersoek en Persoonlike Waardering:

van organisasies na individue

Cooperrider, Whitney en Stavros (2008:1) bied die volgende verklarings aan van die twee

samestellende woorde van Waarderende Ondersoek (WO), soos dit van toepassing tydens

hierdie studie gemaak word:

Ap-pre’ci-ate, v., 1. to value; recognize the best in people or the world around us;

affirm past and present strengths, successes, and potentials; to perceive those

things that give life (health, vitality, excellence) to living systems. 2. to increase

in value, e.g., the economy has appreciated in value. Synonyms: value, prize,

esteem, and honor.

In-quire’, v., 1. to explore and discover. 2. to ask questions; to be open to

seeing new potentials and possibilities. Synonyms: discover, search,

systematically explore, and study.

Dieselfde skrywers het ook ’n klassieke definisie van die proses van WO ontwikkel:

Appreciative Inquiry [AI] is the cooperative co-evolutionary search for the best in

people, their organizations, and the world around them. It involves the discovery

of what gives “life” to a living system when it is most effective, alive, and

constructively capable in economic, ecological, and human terms. AI involves the

art and practice of asking questions that strengthen a system’s capacity to

apprehend, anticipate, and heighten positive potential. The inquiry is mobilized

through the crafting of the “unconditional positive question”, often involving

hundreds or thousands of people. AI interventions focus on the speed of

imagination and innovation instead of the negative, critical, and spiraling

diagnoses commonly used in organizations. The discovery, dream, design, and

destiny model links the energy of the positive core to changes never thought

possible. (Cooperrider e.a. 2008:3)

Hoewel daar in die definisie melding gemaak word van ’n soeke na die beste in mense, is die

fokus daarvan grootliks op die soeke na die beste in organisasies en stelsels. Kelm (2005:1, 3)

argumenteer egter dat WO ook ’n kragtige uitwerking op individue kan hê:

AI has traditionally been used to transform organizations, but it is equally

transformative in individuals. [...] I’ll explain how we create our personal identity

and reality with others, and consider the tremendous implications of the concept.

[...] It means becoming more aware of our internal and external dialogues and

intentionally shifting them to focus on what we want more of.

Sy noem hierdie variasie van WO Appreciative Living (Kelm 2005:4; 2008:xiv) – ’n term

wat moeilik in Afrikaans vertaal kan word sonder om dit lomp te laat klink. ’n Mens sou dit

“Waarderende leef”, “om Waarderend te leef” of “’n Waarderende leefstyl” kon noem, maar

479
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

vir die doeleindes van hierdie artikel gaan ek dit Persoonlike Waardering noem en die

afkorting PW daarvoor gebruik. Volgens Kelm (2005:4, 5) beteken dit doodeenvoudig om die

beginsels van WO in die alledaagse lewe toe te pas, en daar is inderdaad ’n “myriad of ways

to incorporate them into our personal lives”. Sy definieer die benadering as volg:

“Appreciative Living is a paradigm or set of filters in which you naturally tend to see the

positive aspects and potential in what is happening, and out of it create something even

better” (Kelm 2008:16).

Die grondliggende beginsels van WO is ferm geanker in wetenskaplike navorsing

(Cooperrider e.a. 2008:7). Hulle dui aan dat vyf beginsels die grondslag van WO geïnspireer

en die proses van die teorie tot in die praktyk laat beweeg het: die konstruktivistiese beginsel,

die gelyktydigheidsbeginsel (“simultaneity”), die poëtiese beginsel, die afwagtingsbeginsel

(“anticipatory”) en die positivistiese beginsel (Cooperrider e.a. 2008:8-10). Orem, Blinkert en

Clancy (2007:36–82), Whitney en Trosten-Bloom (2010:49–66) en Watkins, Mohr en Kelly

(2011:72–5) beskryf hierdie beginsels in besonderhede. Kelm (2005:9–112; 2008:13–83)

maak in haar uitgebreide besprekings daarvan die vyf beginsels van WO van toepassing op

PW.

2.1 Die konstruktivistiese beginsel

Kelm (2005:9; 2008:14) argumenteer dat die konstruktivistiese beginsel die ander beginsels

van WO ten grondslag lê. Daar is natuurlik verskeie stringe of variasies van konstruktivisme,

en hulle bevestig almal dat kennis die sin is wat mense van hulle ervarings maak, en dat

mense sin konstrueer soos wat hulle met die wêreld omgaan (Saturday, Armbruster, Buckley

en Thayer-Bacon 2011:98). Volgens Kelm (2005:9–10) beteken dit dan ook binne WO en

PW wesenlik dat ons lewenservarings nie bloot met ons gebéúr nie, maar dat ons dit eintlik

gesamentlik skép: “We construct our understandings of who we and others are, and these

constructions become our reality.”

Hierdie konstruksies is nie rigied nie, maar verander deurlopend soos wat ons by nuwe mense

en ervarings betrokke raak: “[W]e are never the same person from one moment to the next”

(Kelm 2005:14). Dit sou impliseer dat daar nie iets soos ’n absolute waarheid of ’n

objektiewe werklikheid bestaan nie – ons skep ons waarneming van dit wat “regtig gebeur”

op ’n wyse wat uniek is aan onsself (Kelm 2005:14; 2008:22). Ons begrip is dus nie die

“waarheid” omtrent dit wat gebeur nie, maar slegs ons weergawe daarvan: “[N]o two of us

create the same stories” (Kelm 2008:15) en “[e]ach of us views the world through a set of

glasses or filters that are as unique as snowflakes” (Kelm 2008:16).

Hieruit vloei voort dat ek wel met vrymoedigheid ’n persoonlike en idiosinkratiese aanslag

tydens die PW van Caravaggio mag handhaaf. Kelm (2005:16) beklemtoon dan ook dat daar

binne die konstruktivisme wel genoeg ruimte bestaan vir ’n persoonlike mening oor die aard

van ons werklikhede: “[T]he expert opinion is no more true in the absolute sense than anyone

else’s opinion.” Daarmee word nie voorgestel dat ons die soeke na die waarheid as sodanig

480
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

opskort nie, maar “instead that we recognize there is no ultimate truth or meaning that

supersedes all others”.

Die konstruktivistiese beginsel plaas menslike kommunikasie en taal in die sentrum van

menslike organisasie en verandering (Whitney en Trosten-Bloom 2010:51): sin word gemaak

tydens gesprekke, realiteit word geskep gedurende kommunikasie, en kennis word geskep

deur sosiale interaksie. Die konstruktivistiese beginsel stel voor dat woorde, taal en metafore

meer is as blote uitbeeldings van die werklikheid: “They are words that create worlds”

(Whitney en Trosten-Bloom 2010:51). Whitney en Trosten-Bloom haal Don Miguel Ruiz aan

om die potensiële krag van ons woorde te verwoord:

Your word is the power that you have to create. Your word is the gift that comes

directly from God. The Gospel of John in the Bible, speaking of the creation of

the universe, says, ”In the beginning there was the Word, and the Word was with

God, and the Word was God.“ Through the word you express your creative

power. It is through the word that you manifest everything. Regardless of what

language you speak, your intent manifests through the word. (In Whitney en

Trosten-Bloom 2010:51)

Kelm (2005:22) moedig haar lesers aan om hierdie konsep van die waarheid en die

werklikheid te aanvaar omdat ons dan kan ophou soek na wat “reg” is in ’n absolute sin:

“This opens us to new ways of knowing and offers opportunities for learning and growth. The

more different people and experiences are, the greater the opportunity for learning, if we are

open to it.” Hierdie woorde spesifiek en die konstruktivistiese beginsel in die algemeen stel

my in staat om my studie van Caravaggio met ’n oop gemoed te benader. Soos in afdeling

een gemeld is, het hy ’n woeste lewe vol geweld en omstredenheid geleef. Sou ek egter

bereid wees om my omgang met hom sonder vooroordeel te benader, sal my studie en

persoonlike leerproses juis verryk kon word deur die groot teenstrydighede in ons onderskeie

leefwyses. Soos wat Kelm (2005:30) dit stel: “The good news about this idea is that we can

let go of fixed notions of who we are and what we are living. The ability to create our ideal

life is as close as our next conversation.”

2.2 Die poëtiese beginsel

Vir Kelm (2005:31) veronderstel die poëtiese beginsel van PW vryheid tydens die keuse van

dit wat ons wil bestudeer:

We can find whatever we want in a person or situation: good and bad, right and

wrong, beautiful and ugly. What we choose to focus on creates our reality. The

more attention we give to something, the more it expands as part of our

experience.

Vir Kelm (2008:23) “All is present in every moment, from love to fear, good to bad, beautiful

to ugly, joy and sorrow.”

481
Cooperrider e.a. (2008:9) brei verder uit:

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Moreover, pasts, presents, and futures are endless sources of learning, inspiration,

or interpretation (as in the endless interpretive possibilities in a good work of

poetry or a biblical text). The important implication is that one can study virtually

any topic related to human experience in any human system or organization. The

choice of inquiry can focus on the nature of alienation or joy in any human

organization or community. One can study moments of creativity and innovation

or moments of debilitating bureaucratic stress. One has a choice.

Hierdie argumente bied aan my die ruimte om sowel ’n persoon soos Caravaggio se verlede

as sy skilderye op indringende wyse te bestudeer. Dit maak dit ook vir my moontlik om

persoonlike voorkeure uit te oefen tydens die keuse van aspekte van sy lewe en werk wat my

interesseer. Dit versterk die moontlike effek wat die studie op persoonlike vlak kan

bewerkstellig. Kelm (2005:34–5) argumenteer in dieselfde trant:

If we operate from the assumptions of the Poetic Principle, that life is open to

infinite interpretations and that what we focus on creates our reality, then it makes

sense to focus on the most life-affirming aspects of a situation: This brings us to

look for things we like in an experience or person: what has worked in the past,

what we want in the future, and what strengths and assets are available to us. It is

to assume that each situation contains tremendous positive potential if we choose

to find it.

Sou die keuse dus uitgeoefen word om op die suksesvolle of positiewe aspekte van

Caravaggio se lewe en werk te fokus, sou sodanige aspekte potensieel verdere sukses kon

genereer: “What we choose to pay attention to becomes a greater part of our experience”

(Kelm 2005:37). Sy meen dat die implikasie hiervan verrykend is: “We are creating our

experience in each moment by virtue of what we choose to pay attention to.”

Kelm (2005:48) se beskrywing van die prosesse waardeur ’n skildery waardeer kan word,

verleen verdere ondersteuning vir die besluit om die positiewe elemente van Caravaggio se

lewe en skilderye as platforms vir ’n PW te benut:

In the painting example, we might begin by affirming that it is well-composed,

and then become curious about that and inquire more deeply into it. We might

ponder the artist's use of contrast, and the way it seems to make the light “dance”

off the canvas. This might lead us to new thoughts about the use of contrast and

movement in art, any host of other creative thoughts about technique, style, or

talent. [...] As we discover new and more wonderful ways of knowing, we create

more wonderful ways of being. [My kursivering]

Die poëtiese beginsel stel ons ook in staat om ons ervarings op kreatiewe wyse te verwoord:

“We have creative license to poetically describe and construct each experience with others

482
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

any way we desire” (Kelm 2005:51). Kelm (2008:23) sê ook: “In this sense reality is like

poetry; it can be written in any manner conceivable and is open to infinite interpretations.”

2.3 Die gelyktydigheidsbeginsel

Vir Watkins e.a. (2011:73) beteken die gelyktydigheidsbeginsel dat die ondersoek en die

verandering wat dit teweeg bring, nie van mekaar geskei kan word nie: dit vind gelyktydig

plaas. Ondersoek ís dus intervensie: “The seeds of change – that is, the things people think

and talk about, the things people discover and learn, and the things that inform dialogue and

inspired images of the future – are implicit in the very first questions we ask.”

Vir Whitney en Trosten-Bloom (2010:55) het vrae ’n kragtige uitwerking: hulle argumenteer

dat vrae, of hulle nou aan jouself of aan ander mense gestel word, identiteite kan skep en

hoop kan gee selfs waar daar voorheen geen hoop was nie. Kelm (2005:55; 2008:37) noem

die onvoorwaardelik positiewe vraag een van die mees uitmuntende stukke gereedskap wat

ons het om ons lewens te herskep deur ’n gees van verwondering aan te kweek.

Volgens Cooperrider en Whitney groei menslike stelsels in die rigting waaroor hulle

aanhoudend vrae vra (in Kelm 2005:57). Kelm (2005:57) argumenteer verder dat ons

konstruksies ryker en dieper raak in die mate waarin ons ’n spesifieke area ondersoek: “Our

questions become our experience.” Kelm (2008:45) is baie spesifiek omtrent die aard van die

vrae wat ons ervarings skep: “You see, it’s not about asking the right questions. It’s about

asking the questions that take us to the right places. And what are the right places? The right

places are any place that is better than the place we are in, even if it’s just a little bit better”

[haar kursivering].

Veranderinge wat deur ons vrae teweeggebring word, is nie altyd opvallend nie (Kelm

2005:58-9): “Change is an incremental, continuous process that occurs on many levels.” Sy

meen dat ons eerder in ’n konstante toestand van regenerasie verkeer en dat ons vrae ons help

om toepaslike rigting aan die proses te verleen.

Sy haal weer vir Cooperrider en Whitney aan om aan te dui hoe onvoorwaardelik positiewe

vrae ons help om by die positiewe kern van mense en organisasies uit te kom:

The unconditional positive question asks about times when things are at their

best. It engenders a sense of wonder, excitement, and inspiration around the topic

of focus. It is generative, in that it stimulates new thinking that takes us beyond

our current ways of knowing. It asks us to look at what's right, what works, and

what we want most. It often involves asking about the positive core, which

contains the wisdom, successful strategies, best practices, skills, resources, and

capabilities of a person or organization. (In Kelm 2005:60)

Die onvoorwaardelik positiewe vrae wat ek tydens hierdie navorsing gebruik het om by die

positiewe kern van Caravaggio uit te kom, word in afdeling 4 beskryf.

483
2.4 Die afwagtingsbeginsel

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die toekoms, sê Kelm (2005:71–2), is reeds deel van ons realiteite. Die afwagtingsbeginsel

suggereer dat die prentjies of beelde wat ons in ons gemoedere omtrent die toekoms skep ons

huidige aksies rig – en dit skep dan daardie einste toekoms (Kelm 2008:50). Ons toekoms is

dus ’n verrysende realiteit wat geskep word deur ons huidige beelde of prentjies van wat ons

dink hoe dit sal wees. Cooperrider e.a. (2008:9) beskryf die beginsel soos volg:

The most important resource for generating constructive organizational change or

improvement is collective imagination and discourse about the future. One of the

basic theorems of the anticipatory view of organizational life is that the image of

the future guides what might be called the current behavior of any organism or

organization. Much like a movie projected on a screen, human systems are

forever projecting ahead of themselves a horizon of expectation that brings the

future powerfully into the present as a mobilizing agent.

Kelm (2005:74) beklemtoon die kragtige uitwerking van beelde op die toekoms wat ons vir

onsself visualiseer:

The decisions we make and the actions we take will be affected by images we

hold. These decisions and actions create our future. The more powerful the

image, the more it will drive our decisions, and the more likely it will come to

pass.

All this speaks to the power of our collective images in creating reality. If we

want a certain outcome, or desire change in an area of our lives, one of the most

powerful things we can do is create a collective, inspiring, positive image of what

we want. This will be much more effective than, say, making a list of the future

items or changes we desire in our lives.

Die beelde wat ek uit die bestudering van Caravaggio en sy skilderye ontwikkel, sal op vele

vlakke bydraes lewer – het dit reeds begin doen – om my persoonlike toekoms op beide

bewustelike en onbewustelike vlak te skep. My omgang met hom en sy skilderye laat my

beter voel oor myself en skep vir my ’n positiewe ruimte waarin ek vreugde ervaar. Daar is

dan ook heelwat navorsing wat wys dat ons beter voel in die mate waarin ons beter dink

(Kelm 2008:61): “We are more creative and better at problem solving, solution generation,

and decision making.”

2.5 Die positivistiese beginsel

Kelm (2005:97) hou die woorde van William Arthur Ward voor om haar bespreking van die

positivistiese beginsel in te lui: “When we seek to discover the best in others, we somehow

bring out the best in ourselves.” Hierdie woorde belig die positiewe houding waarmee ek die

waardering van Caravaggio onderneem het.

484
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

So ’n benadering is in ooreenstemming met wat Kelm (2005:97) aanbeveel: “This principle

suggests that positive emotion is essential for growth and optimal functioning. It creates

energy and momentum for change, and provides important resources for short and long-term

physical and mental health.” Positiewe emosies skep meer vreugde, maar dit is ook aan die

kern van ’n produktiewe lewe (Kelm 2008:68): “We can build momentum toward greater joy

by focusing on the positive core and paying attention to what really takes us upward.”

Kelm (2005:98–102) haal ook ruim uit die studies van Barbara Frederickson aan om die

belangrike rol van positiewe emosies in die geestelike en fisiese gesondheid van mense te

illustreer: “She suggests that positive emotions are not simply pleasant, fleeting experiences,

but play important roles that are essential to healthy life. They broaden thinking and build

physical, social, intellectual, and psychological resources that develop personal strength,

resilience, and wellness.” ’n Waardering van ’n kunstenaar soos Caravaggio kan dus

potensieel al hierdie positiewe gevolge vir die navorser inhou.

Hierdie beginsel was dan inderdaad ook op professionele en persoonlike en emosionele vlak

van groot waarde vir my, aangesien die kritiese omgewing waarin akademici aan tersiêre

instellings noodwendig moet funksioneer, juis hoë eise aan my gestel het tydens die tydperk

waarin die studie plaasgevind het. Ek kon daarom noue aansluiting vind by die donker

gevoelens van verwerping wat Caravaggio moes ervaar het toe van sy beste skilderye deur

die kerkvaders van daardie era verwerp is.

’n Behoorlike akademiese ruimte vir die persoonlike waardering van Caravaggio word

laastens geskep deur twee argumente wat Kelm aanbied. Kelm (2005:100) lei eerstens uit

Frederickson se studies af dat dit nie noodsaaklik is om positiewe emosies omtrent die

spesifieke negatiewe gebeure te hê nie:

I find it interesting in Fredrickson's research that positive emotions don't

necessarily have to be related to the negative event in order to work. In other

words, if we have a disagreement with our friend, we don't need to find ways to

necessarily feel better about her or the situation. We can go for a swim, read the

comics, or do some other unrelated activity that makes us feel good in order to

reverse the lingering effects of the disagreement.

Kelm (2008:68–9) argumenteer tweedens dat ons ook op ander mense kan fokus om ons eie

persoonlike ontwikkeling te stimuleer: “The more we focus on the positive core of

ourselves and others [my kursivering], the happier we become. It is a journey of discovery as

we inquire into the best of who we are and what life has to offer.” In effek beteken dit dat my

poging om Caravaggio se positiewe kern te vind, wat met entoesiasme, toewyding en

positiewe energie aangepak is, kon bydra tot my persoonlike en professionele ontwikkeling

en weerbaarheid: sy lewe en werk kon my eie verryk en verbeter.

Kelm (2006:5; 2008:12) som die essensie van die vyf oorspronklike beginsels van WO en

PW wat hier bo bespreek is, in Tabel 1 op.

485
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Tabel 1. Die essensie van die vyf grondliggende beginsels van WO en WL (Kelm,

2006:5)

Die vyf grondliggende beginsels Toegepas op persoonlike vlak

Die konstruktivistiese beginsel Realiteit en identiteit gesamentlik geskep.

Die poëtiese beginsel Waarop ons ook al fokus, groei.

Die gelyktydigheidsbeginsel Ons leef in die wêreld wat ons vrae skep.

Die afwagtingsbeginsel Ons beelde van die toekoms raak ons

toekoms.

Die positivistiese beginsel Om op die goeie te fokus en om goed te

voel, lei tot meer goedheid.

3. Doel en fokusarea van die studie

Ten einde ’n noodsaaklike gerigtheid aan my persoonlike waardering van Caravaggio te

verleen, is dit nodig dat ek die primêre fokus of doel van die onderneming formuleer.

Watkins, Mohr en Kelly (2011:36) stel dan ook voor dat ’n WO sal begin met ’n Definisiefase

(sien Figuur 2) waartydens die doel van die ondersoek geformuleer word. Uit die

teoretiese beginsels en persoonlike verband soos hier bo beskryf, volg dit noodwendig dat

hierdie ’n persoonlike waardering van die kunstenaar en sommige van sy skilderye – dié in

Rome – is. As sodanig hoop ek om ’n verslag te skryf ter bevestiging van die persoonlike

insigte, ontdekkings en groei wat ek in die proses kon ervaar. Dit sou verder kon dien as

openbare verslag van die persoonlike leer- en ontwikkelingsprosesse wat moontlik is wanneer

kunstenaarskap en kuns op ’n bepaalde gestruktureerde wyse (sien afdeling 5 hier onder)

bestudeer en waardeer word.

Die platforms waarop die proses gebaseer word, behels literatuur oor Caravaggio – veral

Graham-Dixon se omvattende biografie, maar ook ander toepaslike bronne – asook die

besigtiging van sy skilderye en besoeke aan die gebied in Rome waar hy gewoon en gewerk

het.

Ek het my vertrekpunt daarin gevind om my met sy donker kant te vereenselwig. Van daar

sal ek na die lig moet beweeg, en wel omdat dit volgens Graham-Dixon (2010:3) dáár, in die

fyn spel tussen lig en donkerte, is waar die mens en kunstenaar Caravaggio gefunksioneer

het:

Caravaggio’s art is made from darkness and light. His pictures present spotlit

moments of extreme and often agonized human experience. A man is decapitated

in his bedchamber, blood spurting from a deep gash in his neck. A man is

486
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

assassinated on the high altar of a church. A woman is shot in the stomach with a

bow and arrow at point-blank range. Caravaggio’s images freeze time but also

seem to hover on the brink of their own disappearance. Faces are brightly

illuminated. Details emerge from darkness with such uncanny clarity that they

might be hallucinations. Yet always the shadows encroach, the pools of blackness

that threaten to obliterate all. Looking at his pictures is like looking at the world

by flashes of lightning.

Ek sal egter ook noodwendig hiérmee tevrede moet wees: ek gaan die man en sy kunswerke –

en dan ook myself – nooit volledig ken en begryp nie. Hy hét op stuk van sake meer as 400

jaar gelede geleef, en boonop in ’n vreemde land, naamlik Italië. Graham-Dixon het tien jaar

aan sy biografie van Caravaggio gewerk en hy waarsku tydig

He is a man who can never be known in full because almost all that he did, said

and thought is lost in the irrecoverable past. He was one of the most electrifyingly

original artists ever to have lived, yet we have only one solitary sentence from

him on the subject of painting – the sincerity of which is, in any case,

questionable, since it was elicited from him when he was under interrogation for

the capital crime of libel. (2010:3)

Die sin waarna verwys word, is: “So in a painting a valent’huomo [‘...he who knows how to

do his art well...’] is one who knows how to paint well and imitate natural objects well”

(Graham-Dixon, 2010:261). Giovanni Baglione, ’n ou vyand van hom, het Caravaggio

aangekla van belastering nadat die skilder en sy vriende beledigende verse oor hom versprei

het (Graham-Dixon, 2010:245–69). Caravaggio, deeglik bewus daarvan dat daar meer aan

skilder is as die blote kopiëring van natuurlike voorwerpe (Graham-Dixon, 2010:264) het

hierdie mening waarskynlik uitgespreek omdat hy dom wou voorkom in die hof: “After all,

intellectuals were the kind of people who might write poetry in their spare time’ (Graham-

Dixon, 2010:264).

Fried (2010:4) rig soos Graham-Dixon ’n waarskuwing dat Caravaggio nooit volledig

verstaan sal word nie:

The complexity and, equally important, the sheer lability of the relationships that

result, not just from work to work but within individual canvases, are a source at

once of his art’s continuing fascination for commentators and of the resistance it

has unfailingly offered to even the most brilliant and ingenious attempts to pin

down its meaning formally, expressively, ideologically.

Bonsanti (1984:77–8) se woorde dien egter as aanmoediging: “Whereas for some critics [...]

Caravaggio was a constant source of trouble (and traces of this attitude, which sees

Caravaggio as a corruptive influence, survived until very recently), certain great artists saw

him as a brilliant source of inspiration.” Graham-Dixon (2010:202) brei hierop uit:

487
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

The painting of such seventeenth-century masters as Rembrandt in Holland,

Georges de La Tour in France, Ribera in Spain, even the work of much later

Romantic artists such as Gericault and Delacroix, all are inconceivable without

the pictorial revolution first unleashed by Caravaggio in his two pictures of

scenes from the life of St Matthew. It is no exaggeration to say that they

decisively changed the tradition of European art.

Ek is hoegenaamd nie ’n kunstenaar nie, maar ek is reeds deur Caravaggio geïnspireer en

hoop om steeds deur hom geïnspireer te word. Bewondering vir, en ’n waardering van, ’n

kunstenaar soos hy lê egter ten grondslag van sodanige inspirasie en ek kan, of wil, nie deur

sy donker kant geïnspireer word nie. Hoewel ek wel vertroosting en berusting vind in die feit

dat hy ten spyte van – of dalk selfs juis as gevolg van – sy donker kant briljante werk kon

lewer, wil ek – soos reeds gemeld – bewustelik op die positiewe, energiegewende

hoedanighede in sy lewe en werk fokus en dít waardeer. Hierdie bewustelike keuse impliseer

natuurlik nie dat die negatiewe kant van sy lewe nie bestaan het nie – en ook nie dat dit

minder belangrik as sy positiewe kant was nie. Dit beteken bloot dat ek verkies om vir dié

spesifieke persoonlike waardering nie daarop te fokus nie.

Crous, De Bruyn, Roodt e.a. (2006:4) verwys na Harold Bloom wat voorstel dat waardering

die beste manier is om uitstaande vermoë te verstaan. Deur Caravaggio en sy skilderye te

waardeer wil ek myself uitdaag om my eie lewe te ondersoek, te verryk en te ontwikkel.

Crous e.a. (2006:4) stel dit soos volg: “Inquiring into the mastery of another may therefore

stimulate positive change.”

In die volgende paragrawe word die 5D-raamwerk van WO as die strukturele onderbou vir

hierdie persoonlike waardering aangebied.

4. Navorsingsontwerp en verloop van hierdie persoonlike waardering

Omdat ek tydens hierdie persoonlike waardering na die mees verhelderende, effektiewe en

positiewe hoedanighede van Caravaggio en sy werk wil soek en as energiegewende impulse

vir positiewe persoonlike ontwikkeling wil aanbied en benut, ag ek die 5D-metodologie van

WO as die mees toepaslike en geskikte vir die studie. Cooperrider e.a. (2008:xv) verduidelik

hoe dit moet begin: “AI begins by identifying what is positive and connecting to it in ways

that heighten energy, vision and action for change.”

Whitney en Trosten-Bloom (2010:6,14) en Watkins, Mohr en Kelly (2011:36) bied die 5Draamwerk

van WO (sien figuur 2) aan as raamwerk om gesprekke en ondersoeke rondom

bepaalde onderwerpe te rig. Ek het dit aangepas om die spesifieke doelwitte en inhoude van

my persoonlike waardering te reflekteer.

488
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Figuur 2. Die 5D-raamwerk as struktureel-wetenskaplike onderbou vir die studie, soos

aangepas uit Whitney en Trosten-Bloom (2010:6) en Watkins.

Tydens die tweede fase van die 5D-siklus – “discovery”, ontdekking - is Graham-Dixon se

biografie van Caravaggio gelees om as onderbou vir die besoek aan Rome te dien. Daarna is

17 van sy skilderye in Rome (sien Figuur 3) bestudeer. Waar moontlik, is foto’s daarvan

geneem (sommige kerke en museums laat dit nie toe nie). Op die laaste dag van my besoek

aan Rome het ek voor die Galleria Borghese (figuur 4) – waar ses van sy skilderye vertoon

word – op ’n bankie gaan sit met ’n plakkaat as uitnodiging aan verbygangers om aan die

navorsing deel te neem (figure 5 en 6). Hierdie strategie strook met wat Kelm (2005:65)

voorstel: “I can then find someone I feel comfortable with to ask and answer the questions

with me.”

489
Figuur 3. Rome – die ewige stad

Figuur 5: Die navorser voor die kunsgalery

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Figuur 4. Die Galleria Borghese in Rome

Figuur 6. Die ope uitnodiging

Die waarderende onderhoud vorm die basis van die ontdekkingsfase (Whitney en Trosten-

Bloom 2010:7), word tipies in pare uitgevoer, en is volgens hulle ’n noodsaaklike komponent

van enige WO: “The starting point and essential component of any Appreciative Inquiry

process is the appreciative interview. AI would not be AI without appreciative interviews.

Without appreciative interviews there is no inquiry, no openness to learn, and little potential

for transformation.”

Ek het dus hoë waardering vir een van die museumgidse van die Galleria Borghese, wat byna

elke dag toergroepe deur die galery neem (figuur 7), wat homself bereid verklaar het om aan

die waarderende onderhoud deel te neem.

490
Die volgende onvoorwaardelik positiewe

vrae (Whitney en Trosten-Bloom 2010:11-2)

is aan die museumgids gestel:

• Wat is jou vroegste of aangenaamste

herinnering aan Caravaggio?

• Wat beteken sy skilderye vir jou op ’n

persoonlike vlak?

• Watter skildery is jou gunsteling en

hoekom?

• Wat, volgens jou, is die een ding wat lewe

gee aan sy skilderye – waarsonder hulle net

eenvoudig nie dieselfde sou wees nie?

• Wat wens jy kon vandag se skilders by hom

leer?

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Figuur 7. ’n Hoogs gewaardeerde

vrywilliger: die toergids waarmee die WO

gevoer is

Die eerste vier vrae is as deel van die ontdekkingsfase gevra en die laaste een as deel van die

droomfase. Omdat die gewaardeerde deelnemer nie Afrikaans magtig was nie, en ek graag

die vrae in Afrikaans wou beantwoord om myself sodoende op optimale, genuanseerde wyse

uit te druk, het ek die vrae die volgende oggend aan myself gestel (“We can design and

answer these questions alone” – Kelm 2005:65; “Questions, whether they are posed to

oneself [my kursivering] or to another, can create identities and give hope where none have

existed before” - Whitney en Trosten-Bloom 2010:55) en die onderhoud opgeneem.

Die droomfase is verder gevoer deur die twee onderhoude te transkribeer om positiewe temas

uit die lewe en werk van Caravaggio te identifiseer. Volgens Whitney en Trosten-Bloom

(2010:183) is kreatiewe aktiwiteite gedurende hierdie fase belangrik, omdat dit ’n radikale

verskuiwing van energie meebring. Hierdie aktiwiteite stimuleer kreatiwiteit en mag

dramatiese aktiwiteite soos geselsprogramme, advertensies, liedjies en gedigte insluit:

“People draw, paint, perform and play the future they most prefer as if it already exists.

Creative and fun dream activities take people into the realm of the unknown but imagined –

they open doorways to ‘right-brain’, ‘intuitive’ ways of knowing.” Ek het besluit om ’n gedig

te skryf om die positiewe kern van Caravaggio en my betrokkenheid by hom en sy werk op

kreatiewe wyse uit te beeld.

Tydens die “design”- (ontwerp-) fase is die positiewe temas verder ontleed deur ’n aantal

bronne oor sy lewe en werk te bestudeer en die temas in die literatuur in te bed. Hierdie

integrasie is gedoen om ’n ryk persoonlike en idiosinkratiese netwerk van insigte en

interpretasies rondom die temas te vleg. Terselfdertyd het die temas ook as raamwerk vir die

verslag omtrent my leerproses tydens hierdie studie gedien.

Gedurende die finale, “destiny”- (bestemming-) fase is die artikel voltooi en vir keuring en

moontlike publikasie voorgelê. Die artikel se finale bestemming word bereik wanneer dit

deur die keurders goedgekeur en later gepubliseer word.

491
5. Uitkomste van die WO

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die response op die vrae in die waarderende onderhoude word in Tabel 2 aangebied. Om die

outentisiteit daarvan te behou, word die response van die museumgids in Engels weergegee.

Tabel 2. Die response uit die twee waarderende onderhoude.

Persoonlike response Toergids se response

What is your earliest or most pleasant memory of Caravaggio?

Ek het die eerste keer van hom gelees ’n

bietjie meer as ’n jaar gelede in ’n

koerantartikel deur iemand – ek kan nie

onthou wie dit was nie – wat Graham-Dixon

se biografie oor hom gelees het. Daar was ’n

klompie skilderye afgedruk saam met die

artikel. Toe’t ek gesien dis fantastiese goed.

Ek het dadelik op Amazon gegaan en die

biografie bestel. Dié’t ek met verloop van tyd

begin lees, en toe’t ek gefassineerd geraak

met Caravaggio.

What does his paintings mean to you on a personal level?

Op persoonlike vlak kan ek met hom

assosieer. Die manier waarop hy sy ... die

realiteit van ... van ... van Jesus en van

vreeslike gebeure in die Bybel. Die absolute

eksakte, verstommende presisie waarmee hy

... waarmee hy die liggame en die emosies

uitbeeld. En dan ook die rowwe manier

waarop hy gelewe het: ’n mens sal dink dat

jy beter is as hy; maar ek het agtergekom dat

... hy’t nou ’n moord gepleeg. Ek sal nou

seker nie moord pleeg nie, maar ... ons het

almal, almal van ons het maar so ’n donker

kant en ’n ligte kant, en ons lewe daai

teenstrydigheid. So ... ek dink dat ... ek kan

met hom assosieer omdat ek ook ’n mens is

soos hy. Ek moet ook veg om myself uit te

druk op kreatiewe wyse, en ook probeer om

in die, in my klas met die studente ... die

I think the first one I saw in a church in

Rome – it was ’96. I was a young boy. I saw

in the church my first Caravaggio with the

praying feet or the dirty feet – that one, with

the glare of the light coming in. I thought:

“Wow, that’s amazing! It looks a little bit

like Rembrandt,” I thought in these days. Of

course later I figured out that Rembrandt was

inspired a little bit on Caravaggio, but I

thought: “This is amazing, this is ‘wow!’”

It really depends on the painting – the theme.

I know you probably mean the idea of the

light and the dark. For me it’s the theme in

combination with this light and dark – this,

this: “it’s so bright!” Not that it’s soft, it’s

these tough colours – so you don’t know

what you feel. It’s like a girl: sometimes you

see a girl and you think: “Wow, she’s

pretty!” And the same thing you have with

Caravaggio – every time you recognise it, it’s

a little bit of the same idea, the technique, I

think. I haven’t seen all of them, but the ones

I know - it’s just like: “Wow!”

492
werklikhede van hulle alledaagse bestaan te

bereken. As ek moet sê, dan dink ek dit gaan

oor lewensgetrou, oor outentisiteit. Om regtig

te reflekteer wat in die lewe aangaan, want ek

dink dis die verantwoordelikheid wat ek

teenoor my studente en ook teenoor die

leerders in my klas gehad het – om regtig vir

hulle te sê wat is die kontoere van hulle

menswees.

Which painting is your favourite one and why?

Van dié wat ek gesien het in Rome is dit

definitief waar Jesus in sy graf neergelê word

deur Nikodemus en Johannes, met die Marias

wat agter staan. Om die tekstuur van die

mense se gesigte en velle, en ... waar Jesus se

arm so slap hang, wat volgens [Graham-]

Dixon ’n tipe van ’n heenwysing is na

Michelangelo se Piëta. Ek het Michelangelo

se Piëta in die Sint Pieterskatedraal ook

gesien by die Vatikaan – en die manier

waarop Caravaggio gaan, en hy ... trek, hy

put uit ... uit Michelangelo se beeld ... put hy,

maar hy maak ’n gespierde Jesus, en hy maak

vir Jesus dat sy voete slap hang. Nikodemus

wat gebuk gaan aan die gewig van Jesus: dís

vir my die hoogtepunt gewees; ek het baie,

baie tyd spandeer by daai skildery. Omdat dit

op geestelike vlak ook die realiteit van Jesus

se dood gebring het. En ek hou van die

gespierde Jesus omdat ek voel Jesus was ’n

timmerman se seun en hy’t grootgeword

waar Hy met hout moes werk, en waar hy

hard moes werk om hout te skuur, of miskien

te saag, of te kap of wat ook al. So ek koop in

op die idee – of sy interpretasie van Jesus as

’n sterk, robuuste man.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

My favourite one is – I think here in

Borghese – is the one in which Anna, Maria

and Jesus is on the snake - and it’s also

because the face of Mary is so beautiful and

serene, and it’s the light coming in from

above – it’s just perfect.

What, in your opinion, is the one thing that enlivens his paintings – without which they

simply would not be the same?

Ek dink die inspeling van lig op donker en

dan die kleure wat hy gebruik, die presisie

waarmee hy figure uitbeeld. Dít is vir my die

The light – how it comes in from the outside

– that makes the difference. And the hard

colours – so, really like “bam!” [Claps

493
enkele ding - sonder die lig, en sonder die

realiteit, die eksaktheid, sou dit net nie

dieselfde wees nie.

What would you wish today’s painters could learn from him?

Wat ek wens vandag se skilders by hom kan

leer, is vakmanskap. Ek dink hy’s ’n

ongelooflike vakman, hoewel hy nie regtig ’n

vreeslik formele opleiding gehad het nie. Om

jou talente ten volle uit te leef. Om die méns

wie jy is, ten volle uit te leef. Ek ... ek

wonder partykeer: gestel Caravaggio wás nie

so ’n moeilike mens nie, en gestel hy sóú ’n

gelykmatige temperament gehad het: sou hy

... sou hy werklik die menslike emosies kon

uitbeeld soos wat hy dit uitgebeeld het? Sou

hy regtig verstáán het het dat ... dat Jesus ’n

gewone mens was? Ja, ek ... ek wens so dat

skilders kan leer om ... op geestelike vlak, as

ek nou praat van geestelike vlak wil ek graag

hê hulle moet, moet die boodskap oordra dat

Jesus vir prostitute en skaapwagters en mense

met vuil voete ... dat Jesus nie ’n verhewe

heilige was nie. Hy was ’n mens soos ek en

jy, en hy’t vis geëet, en hy ... sy dissipels het

hy gekies onder die skuim van die

samelewing van daai tyd, die vissers, en húlle

het uitgegaan om die boodskap van Jesus uit

te dra aan gewone mense, aan mense wat

niemand anders by uitkom nie.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

hands.] Not like some painters, they do the

same idea like [poor sound] for example, but

he really does it, you see it, and even a

painting, you don’t know that there is a

Caravaggio in this collection, you see the

painting, and you know it must be a

Caravaggio.

Um ... maybe his technique with the painting,

not who he was, because from what I know

he was not a nice guy, so nothing personal,

so that’s what they shouldn’t learn from him.

Maybe they should learn from him the thing

that was not good of him – to be a better

person and they maybe live a little bit longer

and dedicate yourself better than he did. I

think he could have done more and better if

he would have been a nice guy. I don’t know,

but – so maybe that’s the other way around,

what they can learn from him.

I’m not sure, but the colours are so bright, I

don’t know how he did that – you know how

he did that? “No – and four hundred years

ago!” So he must have done something really

good with his oil – and I have no idea, so

maybe that’s the thing you don’t see any

more - not that good. I don’t know – maybe

he mixed it right, I have no idea.

Drie breë temas kan onder andere uit die skilderye geïdentifiseer word:

• Caravaggio se meesterskap as vakman en die wyse waarop hy lig en skaduwee op mekaar

laat inspeel (dit word in afdeling 7 hier onder bespreek).

• Drie van die skilderye waarin Jesus as babaseuntjie (Die Maagd Maria en die Pelgrims),

as klein seuntjie (Die Madonna van die Palafrenieri) en na sy kruisdood (Die Begrafnis)

494
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

deur Caravaggio gedurende ’n besonder moeilike periode van sy lewer geskilder is, tree na

vore as gunstelinge (dit word in afdelings 8.1 tot 8.3 bespreek).

• Die buitengewone aardse realisme in die skilderye (dit word in afdeling 9 bespreek).

Die identifisering van hierdie temas vorm deel van die tweede of droomfase van die WO

(figuur 2). Die onderstaande gedig is, soos reeds gemeld, geskryf om die drie temas en die

positiewe kern van my persoonlike betrokkenheid by Caravaggio en sy skilderye op

kreatiewe wyse uit te beeld en te bevestig. Gradle (2011:55) verduidelik die funksie van

gedigte tydens navorsing op genuanseerde wyse: “I turned to poetry as a research tool that

would render the felt quality of the encounters and still offer the open-ended gift of

interpretation to the reader. As readers put themselves in a poem, the structure and content

offer a powerful lens through which to view the unexpected phenomenon.”

Die besprekings van die temas in afdelings 7–9 dien as agtergrond van die gedig, en sal bydra

om die woordkeuses te verhelder.

Weer-Lig

Timmerkind Jesus

trap op die slang;

timmerman Jesus

wat aan ’n houtkruis hang.

So sterf Jy toe

vir vissers en vir slette;

vir ’n arm pelgrim soos ek

vervul Jy ál ons Vader se wette.

Nikodemus laat sak die Lig

in ’n donker, gekapte graf;

met Jou breë, geskaafde skouers

dra Jy gewillig Vader se straf.

6. ’n Kort lewenskets van Caravaggio

Ten einde die bespreking van die drie positiewe temas binne ’n bepaalde historiese konteks te

plaas, is dit nodig om kortliks na die hoofmomente van Caravaggio se lewe te verwys.

Chilvers (2009:107–9) se biografiese skets en Graham-Dixon (2010) se biografie van die

skilder word grootliks hiervoor benut.

Caravaggio is in 1571 in Milaan gebore, maar hy word groot in die dorpie Caravaggio, naby

Bergamo, en hy kry die naam van dié dorpie. Sy vader, Fermo Merisi, is ’n messelaar wat

495
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

sterf toe Caravaggio vyf jaar oud is (Graham-Dixon 2010:8). Van 1584 tot 1588 werk hy as

vakleerling van Simone Peterzano, ’n onbeduidende skilder.

Teen ongeveer 1592 verhuis hy na Rome, wat vir 14 jaar die hoofsentrum van sy

bedrywighede sou wees. Tot 1599 is sy loopbaan nie behoorlik gedokumenteer nie, maar hy

voer blykbaar ’n sukkelbestaan (Graham-Dixon 2010:90) tot die middel-1590’s, toe ’n

handelaar sommige van sy vroeë werke aan kardinaal Francesco del Monte, wat sy eerste

beskermheer word, verkoop.

Del Monte was ’n gesofistikeerde man met vele fasette, wat musiek en, so word beweer,

partytjies met seuns aangetrek as meisies geniet het. ’n Vroeë biograaf van hom, Dirck van

Amayden, beweer dat Caravaggio ’n “closet homosexual with a fondness for young men”

was (in Graham-Dixon 2010:121). Of dit wel so is, weet ons vir seker nie, maar dit is

inderdaad ’n feit dat Caravaggio se vroegste werke hoofsaaklik sensuele jong mans bevat.

Volgens Chilvers (2009:108) reflekteer dit waarskynlik sy seksuele voorkeure – dit lyk vir

hom asof hy biseksueel, maar grotendeels homoseksueel was. Graham-Dixon (2010:4) vind

nie onomstootlike bewyse hiervoor nie, maar meen tog dat “the balance of probability

suggests that Caravaggio did indeed have sexual relations with men. But he certainly had

female lovers. Throughout the years that he spent in Rome he kept close company with a

number of prostitutes. [...] He likely slept with men.”

Gedurende sy verblyf by Del Monte word sy skilderye sterk belig en die gedetailleerde

figure, tipies naby die voorkant van die skildery, staar op eroties uitdagende wyse na die

toeskouer (Chilvers 2009:108). Graham-Dixon (2010:123) beskryf hierdie skilderye as volg:

“They became thrillingly decadent and disappointingly flimsy at one and the same time –

mild exhalations of homoerotic yearning, shot through with an abiding spirit of perversity.”

Teen ongeveer 1599 kry Caravaggio opdrag om twee groot skilderye vir die Contarelli-kapel

in die San Luigi dei Francesi te skilder: Roeping van Mattheus en Martelaarskap van

Mattheus. ’n Altaarstuk van Mattheus en die Engel word in 1602 bygevoeg. Hy voltooi ook

twee groot openbare opdragte vir die Cerasi-kapel in die San Maria del Popolo: Kruisiging

van Petrus en Bekering van Paulus. Veral die laaste twee skilderye word gekenmerk deur sy

verstommende gebruik van chiaroscuro – die effek van lig en skaduwee – veral as dit sterk

kontrasterend is (Chilvers 2009:108, 126). Hy interpreteer die bekende Bybelverhale op ’n

totaal nuwe manier deurdat hy soliede, substansiële, vlees-en-bloed-mense eerder as

geïdealiseerde wesens gebruik om sy verhale te bevolk.

Van meet af aan is die aardse realisme van sy werke omstrede – volgens Graham-Dixon

(2010:237) toets hy die grens tussen subtiliteit en ongeskiktheid – en word hulle soms

vervang met meer konvensionele skilderye deur ander skilders of deur Caravaggio

self. Die Dood van die Maagd word in 1605-6 verwerp, omdat hy Maria uitbeeld as ’n

oortuigende lyk met geswolle buik en naakte bene; vroeër is selfs beweer dat haar figuur op

die liggaam van ’n prostituut wat uit die Tiberrivier gehaal is, gebaseer is.

496
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hoewel hy weens hierdie skilderye die mees beroemde skilder in Rome word, verwerf hy ook

berugtheid vir sy gewelddadige optrede (Chilvers 2009:108). Tussen 1600 en 1605 raak sy

kriminele rekord al hoe langer en in 1606 vermoor hy ’n ou vyand, Ranuccio Tomassoni,

tydens ’n tweegeveg met swaarde (Graham-Dixon 2010:318). Omdat hy hiervoor die

doodstraf opgelê kon word – wat inderdaad gebeur het – vlug hy volgens Chilvers (2009:108)

uit Rome, opeenvolgens na Napels (1606-7), die eiland Malta (1607-8), Sisilië (1608-9) en

weer terug na Napels (1609-10). Waar hy ook al gaan, kry hy belangrike opdragte en oefen

hy groot invloed op ander skilders uit. Sy werke raak toenemend “austere and poignant”

(Chilvers 2009:108), met Die onthoofding van Johannes(1608, Valetta Katedraal op die

eiland Malta) as die hoogtepunt weens die grootte en die uiterste tragiese trefkrag daarvan.

Geweld vorm steeds ’n groot deel van sy lewe en in 1608 word hy op Malta in die tronk

gegooi, maar hy ontsnap wonderbaarlik. In 1609 word hy in Napels ’n ernstige gesigwond

toegedien wat die gehalte van sy werk benadeel. In 1610 sterf hy op pad na Rome, waar hy

gehoop het om pouslike kwytskelding vir die moord op Tomassoni te verkry. Hy was 38 jaar

oud. Kwytskelding is inderdaad aan hom verleen – maar hy sou nooit daarvan weet nie.

Daar is al wyd gespekuleer dat Caravaggio weens koors, hitte-uitputting of selfs ’n hartaanval

dood is (Graham-Dixon 2010:426–33). In ’n verrassende bevinding deur Italiaanse navorsers

word egter ’n heeltemal ander moontlike verklaring vir sowel Caravaggio se

gewelddadigheid as sy dood voorgehou – soos berig deur Kington (2010):

He killed a man, brawled constantly, rowed with patrons and fled justice while

revolutionising painting with his chiaroscuro style. Now, as if to underline how

dramatic Caravaggio’s short life was, researchers say he may have quite literally

died for his art.

Scientists seeking to shed light on the mysterious death of the Italian artist in

1610 said they are “85% sure” they have found his bones thanks to carbon dating

and DNA checks on remains excavated in Tuscany.

Caravaggio’s suspected bones come complete with levels of lead high enough to

have driven the painter mad and helped finish him off. “The lead likely came

from his paints – he was known to be extremely messy with them,” said Silvano

Vinceti, the researcher who announced the findings today. “Lead poisoning won’t

kill you on its own – we believe he had infected wounds and sunstroke too – but

it was one of the causes.”

Vervolgens ’n bespreking van die drie geïdentifiseerde positiewe temas.

497
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

7. Caravaggio se meesterskap as vakman en die wyse waarop hy lig en donker op

mekaar laat inspeel

Soos in ’n vroeëre paragraaf gemeld, deurloop Caravaggio van 1584 tot 1588 ’n

vakleerlingskap onder Simone Peterzano, wat sy werkswinkel in Milaan gehad het. Volgens

Graham-Dixon (2010:55) kan aanvaar word dat hy gedurende hierdie tyd ’n tradisionele

begronding in die verftegnieke van die Renaissance ontvang het. Hy het dus geleer om

verfkleure te maal en te meng, hoe om te teken, en hoe om buon fresco – muurskilderwerk –

te doen. Hy verf egter nooit ’n muurskildery nie en x-straal-foto’s van sy skilderye toon dat

hy glad nie van voorbereidende sketse op sy doeke gebruik gemaak het nie – wat Graham-

Dixon (2010:56) die volgende afleiding laat maak: “Even if he did absorb some of the

rudiments of art, he is unlikely to have been a model student. What evidence we do have

suggests that he was probably a bad one.”

Dit lyk dus vir Graham-Dixon (2010:185, 438) asof Caravaggio homself leer skilder het –

wat volgens hom dalk ’n goeie verwikkeling was, omdat hy op homself aangewese was en hy

sodoende sy diep oorspronklikheid kon ontwikkel: “He painted as if the rich and the powerful

were his enemies, as if he really did believe that the meek deserved to inherit the earth.” Hy

beskou Caravaggio dus as uniek onder die groot Italiaanse skilders: hy het nie ’n tradisionele

ateljee gehad nie, en met die uitsondering van ’n enkele assistent – Cecco, met wie hy na

bewering ’n verhouding gehad het en wat gereeld as model vir hom opgetree het – skilder hy

heeltemal op sy eie. Verder het hy ook nie ’n groep studente gehad of ’n portefeulje met

sketse rondgestuur nie – net sy skilderye.

Teen die einde van die 1590’s het die halsstarrige Caravaggio dus moeisaam sy unieke styl en

benadering ontdek:

[He] had used a light ground, like other painters from Lombardy. But in these

later paintings he used a dark ground and worked from dark to light, [...]. It suited

him in a number of ways. A dark ground enabled him to focus only on the

essentials of a scene, as he imagined it. Dark paint creates an illusion of deep

shadow around the principal forms and therefore also does away with the need to

paint background detail [...]. (Graham-Dixon 2010:184–5)

Caravaggio, wat lief was vir kortpaaie en haastig van humeur en geaardheid was, word dus

die meester van ’n ekstreme tenebrisme (“term describing predominantly dark tonality in a

painting” – Chilvers 2009:620) of ook die reeds genoemde chiaroscuro-tegniek. Dit stel hom

in staat om gedeeltes van die doek te laat soos wat dit aanvanklik voorberei is, wat ook

beteken dat hy minder het om te skilder (Graham-Dixon 2010:184). Graham-Dixon

(2010:229) beskryf die effek van hierdie tegniek in Die verloëning van die Christus soos

volg: “He used it here as a ruthless means of exclusion, spotlighting the figures at the very

centre of the drama and casting everything else into deepest shadow.”

Spear (1971:v) redeneer dat die swakbeligte tonele ook ’n sterk boodskap oordra: “Equally

evident is his emphasis on nocturnal arbitrary lighting, murky but nonetheless integrated with

498
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

the dramatic piety of his religious works and with the badly lit ‘lower class’ environments.

Poor people – poor light. Not for him the aristocratic sun.”

Hoe het Caravaggio hierdie dramatiese “protokinematiese” (n.a.v. Graham-Dixon 2010:185)

effek bewerkstellig? Joachim von Sandrart gee ’n kort beskrywing hiervan:

[A]s he wished to effect a more perfect roundness and natural relief, he regularly

made use of gloomy vaults or other dark rooms which had one small source of

light from above; so that darkness, by means of strong shadows, might leave

power to the light falling upon the model, and thus produce an effect of high

relief. (In Graham-Dixon 2010:185)

Die biograaf Giovanni Pietro Bellori beskryf hoe Caravaggio hierdie tegniek op radikale

wyse gebruik:

He went so far in this style that he never showed any of his figures in open

daylight, but instead found a way to place them in the darkness of a closed room,

placing a lamp high so that the light would fall straight down, revealing the

principal part of the body and leaving the rest in shadow so as to produce a

powerful contrast of light and dark. (In Graham-Dixon 2010:186)

In die praktyk mag dit beteken het dat ’n kragtige vlam of direkte sonlig met behulp van ’n

spieël op die modelle gereflekteer is (Graham-Dixon 2010:303). Hoe dit ook al sy, die

enigmatiese Caravaggio kon sy ongeduld en frustrasies op idiosinkratiese wyse op die doek

voor hom uitwoed.

Sy ongeduld veroorsaak klaarblyklik ook dat hy nie wag tot ’n laag verf droog is nie, maar

sommer nat op nat skilder (Graham-Dixon 2010:185). Soos reeds gemeld, maak hy nie sketse

op die doek nie; wat hy verkies, is om eerder ligte insnydings in die doeke te maak sodat hy

sy modelle se posisies kon herstel. Geeneen van sy tydgenote gebruik dieselfde tegniek nie.

8. Die drie skilderye en ’n lewe wat skeefloop

Aan die einde van 1603 betrek Caravaggio ’n klein tweeverdiepinghuis in die Vicolo dei

Santa Cecilia e Biagio – nou die Vicolo del Divino Amore (figure 8 en 9). Twee van die drie

groot geestelike opdragwerke (sien Figure 10-12) wat hy tussen 1603 en 1606 skilder

(Graham-Dixon 2010:275), word hier begin of voltooi.

499
Figuur 8. Die Vicolo del Divino

Amore

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Figuur 9. Lig en skaduwee in die smal straatjie waar

Caravaggio van die einde van 1603 tot Augustus 1605

gewoon het

In 1604 voltooi hy Die Begrafnis (Graham-Dixon 2010:278) (figuur 10) en hy begin

die Madonna van Loreto (figuur 11) in die Europese somer van 1605 skilder. Graham-Dixon

(2010:270) beskryf die gunstige toestande in die straatjie vir Caravaggio se skilderwerk: “In

high summer the sun beats down on the roofs and through the windows there, creating

dramatically Caravaggesque effects of light and shade” (figure 8 en 9).

Figuur 10. Die Begrafnis. 1604, Vatikaan

Museums en Galerye, 300cm x 203 cm

Figuur 11. Die Maagd en die Pelgrims/Die

Madonna van Loreto.1604, Cavaletti Kapel,

500
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

(Graham-Dixon 2010:xii). Olie op doek Sint Agostino-Kerk, Rome, 260cm x 150cm

(Graham-Dixon 2010:xv). Olie op doek

In Augustus 1605 word hy verplig om nuwe verblyf te soek weens die genoemde probleme

met sy hospita en betrek hy die huis van Andrea Ruffeti, ’n prokureur wat in die kunste en

literatuur belang stel, in die Piazza Colonna (Graham-Dixon 2010:303). Hier voltooi hy

die Madonna van Loreto en op 8 April 1606 ook die Madonna van die Palafrenieri (Graham-

Dixon 2010:307) (figuur 12).

Figuur 12. Die Madonna van die Palafrenieri.1605-6, Galleria Borghese, Rome, 292cm x

211cm (Graham-Dixon 2010:xv). Olie op doek

Dit is ’n besonder moeilike tyd vir hom en dit lyk of sy lewe erg skeefloop:

He has several commissions but works at them in sporadic bursts. He flares up at the merest

hint of an insult. He goes looking for trouble at night and even manages to pick a fight with

the police when they are at the point of letting him go. (Graham-Dixon 2010:283)

Hy gooi ook klippe na die polisie, beland in die tronk omdat hy wapens dra sonder ’n

lisensie, en word self aangerand en aan sy keel gewond (Graham-Dixon 2010:253-325).

Hierdie wilde lewe van Caravaggio, met insidente wat meesal in die nag plaasvind, tesame

met die feit dat hy dikwels prostitute as modelle vir sy skilderye gebruik, laat Graham-Dixon

(2010:296-8) bespiegel dat hy gedurende hierdie periode self ’n koppelaar was, met verskeie

prostitute wat vir hom gewerk het.

501
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Aucamp (2002:28) beeld ’n hele aantal van die elemente van Caravaggio se wilde lewe soos

hier bo en in afdeling ses bespreek, uit in sy sonnet “Caravaggio (1571-1610)”, en hy

verwoord ook die effek wat ’n studie van die kunstenaar en sy werk op die psige mag hê:

Caravaggio (1571-1610)

Arties en koppelaar, en dikwels hoer;

en al drie rolle het jou meegevoer

soos hoofse wyn uit kelders van ’n kardinaal

vir wie jy, op versoek, gaan haal

jong bulletjies, uit steeg en agterstraat,

nog stink in damp van eie sweet en saad;

en ná verbruik het jy hul vasgelê

op doeke wat die Kerk wou hê.

Maar soms, verstil, verf jy ’n vrug,

’n blom, ’n brood, voor jy weer vlug

ná nog ’n hofsaak, moord en rel –

jý, onbesuisd en diep gekwel,

poète maudit* wat heilige onrus stig:

ons lees onsself in jou gesig.

* Vervloekte digter wat nie na behore deur sy tydgenote waardeer word nie.

8.1 Die Begrafnis

Hierdie skildery (figuur 10) is spesifiek as altaarstuk vir die Oratoriese Kerk in Rome, die

Santa Maria in Valicella, geskilder (Graham-Dixon 2010:278). Tans hang dit in een van die

Vatikaan se kunsmuseums waar ek dit bestudeer het (sien figuur 13, wat ek insluit om die

relatiewe grootte van die skildery te illustreer – my lengte is 1,87 meter).

502
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Figuur 13. “The canvas is perhaps the most studied and admired of all Caravaggio’s

production [...]” (Pomella 2004:40)

Die stigter van die Gemeente van die Oratorie was Filippo Neri, wie se onderrigstyl

informeel en direk was (Graham-Dixon 2010:116). Hy was ook vasbeslote om terug te keer

na die eenvoudigste en mees direkte vorme van die Christelike geloof. Hy het daarom

informele gesprekke bo prediking verkies en het oor ’n aardse humor beskik. Een van sy

ideale was pelgrimstogte, wat hy geïnterpreteer het as ’n model vir die Christelike lewe, as ’n

reis wat biddend onderneem word. Hy sien ook graag om na die armes en die siekes, veral die

desperate pelgrims wat na Rome reis (Graham-Dixon 2010:116).

Sowel Die Begrafnis as die Madonna van Loreto sou uit Caravaggio se noue bande met die

Orde van die Oratorie spruit. Die Begrafnis is geskilder vir ’n man met die naam Girolamo

Vittrice (Graham-Dixon 2010:278). Hy het dit laat skilder vir die grafkapel van sy oom,

Peitro, wat in 1600 oorlede is. Die Vittrice-familie het noue bande met Filippo Neri se

Oratorie gehad en was “directly allied with the emphatically populist, pauperist wing in the

Roman Church” (Graham-Dixon 2010:278). Dit is dus geen wonder dat Caravaggio vir Jesus

en Nikodemus sonder skoene en al die figure met eenvoudige klere uitbeeld nie: Jesus word

hier aangebied as ’n vriend van arm, gewone mense.

Caravaggio het Michelangelo se Piëta (figuur 14) in ag geneem toe hy Die Begrafnis geskep

het (Graham-Dixon 2010:279): die slap regterarm van Caravaggio se Jesus, met die

prominente are, is ’n direkte parafrase in verf van dieselfde element in Michelangelo se beeld.

In albei kunswerke bult die vlees van die arm effens oor Maria se hand – maar in Caravaggio

se skildery trek Johannes se vinger die wond effens oop (Graham-Dixon 2010:279 – sien ook

figure 15 en 16). Graham-Dixon (2010:279) beskryf die Jesus in Caravaggio se skildery

treffend: “Caravaggio’s dead Christ is punishingly unidealized. He truly is the Word made

flesh: a dead man, a real corpse weighing heavily on those who struggle to lay him to rest.”

503
Figuur 14. Michelangelo

se Piëta in die Sint

Pieterskerk, Rome

Figuur 15. Michelangelo se

Jesus

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Figuur 16. Caravaggio se

Jesus

Volgens Bonsanti (1984:50) betrek die skildery die kyker op intieme geestelike vlak:

A precise equilibrium governs the composition. The physical weight of the body

becomes the moral weight of the world’s grief. The figure on the right,

Nicodemus, turns toward the observer to establish a psychological bond that is

also a specific reference: the scene is viewed as from the tomb; the impression is

almost as if the figures are about to surrender the body of Christ, if not to the

observer, at least to someone standing in the same place. The identification is

therefore complete, the involvement inescapable.

Maria, die moeder van Jesus, is ouer en dus meer realisties as die Maria in Michelangelo se

Pietà, en sy kyk bedroef na haar seun. Die ander twee Marias toon meer emosie: Maria van

Cleopas se oë is ten hemele gerig en sowel Bonsanti (1984:50) as Pomella (2004:40) beskryf

haar wye, oop arms as “execratory”: verfoeiend. Maria Magdalena staan met geboë hoof en

dit lyk of sy huil (Graham-Dixon 2010:280). Die model vir al twee hierdie Marias was Fillide

Melandroni (Graham-Dixon 2010:280), ’n prostituut wat dikwels in Caravaggio se skilderye

voorkom (Graham-Dixon 2010:175–6).

8.2 Die Madonna van Loreto

Caravaggio skilder hierdie werk (figuur 11) vir die Cavaletti-kapel van die Sant’Agostino

(Graham-Dixon 2010:288–9). Dit hang steeds daar en is toevallig die eerste oorspronklike

Caravaggio-skildery wat sowel ek as die museumgids besigtig het (sien tabel 2). Dit is

duidelik beïnvloed deur ’n besoek wat Caravaggio aan die dorp Loreto en sy Heilige Huis

bring (Graham-Dixon 2010:288): volgens oorlewering het die huis waarin Jesus as kind

gewoon het, wonderbaarlik gedurende ’n nag in Desember 1294 van Nasaret tot in Loreto

gevlieg. Protestante verwerp die kultus rondom Loreto, maar Katolieke pelgrims besoek die

heiligdom op hulle pelgrimstogte.

Caravaggio beeld twee sulke arm pelgrims uit wat by die ingang van die heiligdom voor

Maria en die Jesuskind kniel. Die voorste een se voete is kaal en vuil en hul klere is

armoedig, maar hulle word beloon vir hul eerlike vroomheid en weke lange pelgrimstog met

504
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

’n visie van die Maagd en haar Seun (Graham-Dixon 2010:289). Ek het dit eers heelwat later

– na my terugkeer uit Rome – besef, maar hier het ek self ook die rol van ’n pelgrim gespeel,

en is ek self ’n geestelike blik op Jesus gegun.

Graham-Dixon (2010:290–1) beklemtoon die toeganklikheid en eenvoudige, dog kragtige

boodskap van die toneel: “The work is a tour de force of naked religious populism: spare to

the point of banality, blatant in its appeal to the masses. [...] Once again, Caravaggio had

painted a monumental altarpiece aimed squarely at the poor and the hungry.”

Dit was egter ook, soos dikwels gebeur het, hierdie direkte populistiese boodskap van

Caravaggio aan die armes en die sondaars – die model vir die Maagd was ’n prostituut, Lena

(Pomella 2004:28) – wat behoudende kritici erg omgekrap het. Bellori lewer in 1672

snydende kommentaar op die skildery:

Now began the imitation of common and vulgar things, seeking out filth and

deformity, as some popular artists do assiduously [...]. The costumes they paint

consist of stockings; breeches, and big caps, and in their figures they pay

attention only to wrinkles, defects of the skin and exterior, depicting knotted

fingers and limbs disfigured by disease. (In Graham-Dixon 2010:292)

Giovanni Baglioni, ’n aartsvyand van Caravaggio, beskryf in sý 1642-biografie die skildery

en rapporteer die reaksie van die publiek (wat hy die populani noem) daarop: “[H]e painted

the Madonna of Loreto from life with two pilgrims; one of them has muddy feet and the other

wears a soiled and torn cap; and because of this pettiness in the details of a grand painting the

public made a great fuss over it” (in Graham-Dixon 2010:293). Graham-Dixon (2010:293)

plaas die woord populani wat Baglione vir “publiek” gebruik, binne konteks: dit verwys na

die laer klasse van die samelewing, die hoi polloi (“minder beskaafde of onopgevoede deel

van die bevolking; gepeupel” – Odendal en Gouws 2005:412). Die woord wat hy vir hul

reaksie gebruik (schiamazzo), beteken “a din of chattering, but can also be used to describe

the cackling of geese”. Hy verklaar voorts: “He had painted it for thepopulani, and whether

they cackled like geese or not, the populani took it to their hearts.”

Soos wat ek ook meer as 400 jaar later sou doen.

8.3 Die Madonna van die Palafrenieri

Hierdie skildery (figuur 12) was een van Caravaggio se grootste deurbrake, maar ook een van

sy grootste teleurstellings. Hy ontvang die opdrag om dit te skilder met die goedkeuring van

die Pous van die Broederskap van die Palafrenieri, wie se beskermheilige die Heilige Anna,

volgens oorlewering die moeder van Maria, was (Graham-Dixon 2010:305). Dit verklaar dan

ook waarom sy saam met Maria op die skildery uitgebeeld word. Die skildery was bestem vir

die Sint Pieterskerk in die Vatikaan, en spesifiek die Sint Anna-altaar. Hierdie altaar is besit

deur die Broederskap van die Palafrenieri.

505
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Graham-Dickson (2010:305) beskou dit as ’n konfrontasie met suiwer boosheid: die Maagd

en die kleuter Jesus vergruis saam die kop van die slang onder hulle voete. Die Heilige Anna,

broos weens haar hoë ouderdom, kyk nadenkend toe. Dieselfde Lena wat as model vir

die Madonna van Loreto optree, dien as model vir Maria (Graham-Dickson 2010:305). Haar

seuntjie het ook ’n rooi kop en sy dra ’n koraalkleurige rok met ’n lae hals wat haar vol borste

ten toon stel. Caravaggio beeld haar uit as die tipe moeder waarmee werklike moeders hulle

kan vereenselwig, maar dit is nie aanvaarbaar vir die broeders Palafrenieri nie: twee dae

nadat dit opgehang is, op 16 April 1606, word dit verwyder (Graham-Dixon 2010:307–8). Dit

word verkoop aan die kardinaal Scipioni Borghese en word dus uit die hoofstroom van Rome

se geestelike dampkring verwyder en sodoende gesekulariseer (Graham-Dixon 2010:309).

Omdat dit toe in ’n private versameling opgeneem is, is die gewone publiek – vir wie dit

bestem was – die kans ontneem om dit te sien, en die effek daarvan was dus grootliks beperk.

In die moderne era neem die museumgids en ander museumgidse jaarliks duisende mense op

’n toer verby dié skildery en is die potensiële impak daarvan baie groter. Dit vergelyk egter

steeds geensins gunstig met die impak wat dit sou gehad het as dit in die Sint Pieterskerk, wat

jaarliks deur miljoene mense besoek word, gehang het nie.

Hierdie terugslag is ’n waterskeiding in Caravaggio se loopbaan: hy word daarna ’n

toenemend geïsoleerde figuur (Graham-Dixon 2010:309). Hy weier egter om sy benadering

te verander. Soos voorheen gemeld, beeld hy kort hierna Maria se lyk in Die Dood van die

Maagd skokkend realisties uit en ook dié skildery word verwerp (Graham-Dixon 2010:310–

1). Dit wil voorkom asof die hoofoorsaak vir die verwerping die model is wat Caravaggio vir

die Maagd Maria gebruik. Giulio Mancini, ook een van Caravaggio se biograwe, skryf in

ongeveer 1592: “[T]he fathers rejected it because he had painted, in the person of the

Madonna, the portrait of a courtesan whom he loved – and had done so very exactly, without

religious devotion” (in Graham-Dixon 2010:311–2).

Caravaggio sou kort hierna die moord pleeg en uit Rome vlug.

9. Die buitengewone aardse realisme in die skilderye

Wanneer ’n mens vandag die kerke besoek waarin Caravaggio se skilderye vertoon word, is

dit opvallend dat daar dikwels in vergelyking met die ander kunswerke ’n ongewoon groot

samedromming van die sogenaamdehoi polloi (waarvan ek myself ’n trotse lid ag) voor die

kapelle met sy skilderye is (figuur 17).

506
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Figuur 17. Die hedendaagse “hoi polloi” voor Mattheus en die Engel (voor) en Die

Roeping van Mattheus(lings) in die Contarelli Kapel in die San Luigi dei Francesi in

Rome

Omdat ek binne vier dae soveel moontlik van sy skilderye in Rome wou sien, moes ek myself

meestal van een kerk en galery na die ander haas, en het ek dikwels net ’n enkelwoord-vraag

aan die museumopsigters of -wagte gestel: “Caravaggio?” Hulle kon my altyd dadelik help,

en gevoelens van herkenning, opwinding en behaaglikheid was altyd herkenbaar wanneer ek

dikwels moeg en natgesweet voor sy werke kon staan. Vir my was ’n eng fokus op die

skilderye van Caravaggio ’n noodsaaklike vorm van selfbehoud, aangesien die duisende

skilderye en ander kunswerke van Rome die eensame pelgrim verward en ontsteld kan laat.

Graham-Dixon (2010:42) beskryf die skilderye in sensuele, bykans bonatuurlike terme:

They exert such a sensually charged, magnetic attraction that they seem almost as

though backlit, or somehow illuminated from within, while the pictures around

them – even those of great artists, whether Rembrandt or Poussin or Velázquez –

appear by comparison to recede, to retreat from gaze.

Joachim van Sandrart beskryf Die Twyfelende Thomas in dieselfde trant: “By means of good

painting and modeling he was able to show on the faces of all those present such an

expression of astonishment and naturalness of skin that in comparison all other pictures

seemed to be coloured paper” (in Graham-Dixon 2010:239).

Oor die uitstalling van Omnia vincit amor (“Die liefde oorwin alles”) tussen 120 ander

skilderye deur gevierde kunstenaars in ’n galery van Vincenzo Giustiniani rapporteer Van

Sandrart as volg: “[I]t was covered with a curtain of dark green silk, and was shown last, after

507
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

all the others, to avoid eclipsing the other works” (in Graham-Dixon 2010:242). Die

museumgids gebruik die woord “wow” vier keer tydens die waarderende onderhoud om die

skilderye te beskryf (tabel 2):

“I thought: ‘Wow! That’s amazing!’”

“[B]ut I thought ‘This is amazing, this is wow!’”

“[I]t’s like a girl: sometimes you see a girl and you think: ‘Wow! She’s pretty!’

And the same you have with Caravaggio [...] it’s just like: ‘Wow!’”

Graham-Dixon (2010:6, 31) beskryf dit verder as “captivating realism” en “unprecedentedly

stark and vivid naturalism”, ’n term wat volgens Chilvers (2009:435) die eerste keer deur

Bellori (1672) gebruik is om die volgelinge van Caravaggio “with reference to their doctrine

of copying nature faithfully whether it seems to us ugly or beautiful” te beskryf. Chilvers

(2009:108) self noem dit “down-to-earth realism”.

Bellori het baie moeite gedoen om Caravaggio se skilderye ter plaatse te besigtig, maar

hoewel hy verlei is deur hul krag en drama, is hy ook ten diepste daardeur gewalg (Graham-

Dixon 2010:6). Bellori was ’n aanhanger van die destydse akademiese beginsel dat kuns nie

die wêreld moet uitbeeld soos wat dit in werklikheid is nie, maar soos wat dit behoort te wees

– versuiker en geïdealiseerd. Graham-Dixon (2010:6,7) berig dat hierdie siening van Bellori

vir eeue lank die standaard akademiese beswaar teen die skilder se werk sou wees: dat hy dus

slegs maar in staat was om die werklikheid te kopieer soos ’n menslike kamera. Daar sou dus

volgens Bellori geen diepte in hom of in sy werk wees nie, en sou die model voor hom

weggeneem word, sou sy hand en gedagtes leeg raak.

Hierdie oppervlakkige siening van Caravaggio en sy werk het natuurlik nie die toets van die

tyd deurstaan nie en Graham-Dixon (2010:7) sê daarom: “In fact, he was an extremely

thoughtful, inventive painter, a close and careful reader of the texts he was called to

dramatize and to embody in the form of images.” Sedert die begin van die 20ste eeu is

boonop soveel ernstige historiese navorsing oor hom gedoen, en was hy die onderwerp van

soveel kritiese kommentaar en spekulasie dat die gesiene kunsskrywer Ellis Waterhoude die

volgende oor hom skryf: “[T]he innocent reader of art-historical literature could be forgiven

for supposing that his place in the history of civilization lies somewhere in importance

between Aristotle and Lenin” (in Chilvers 2009:109).

10. Refleksie oor die proses en beginsels tydens hierdie persoonlike waardering gevolg is

Vir die duur van hierdie studie – ’n tydperk van ongeveer ses maande – het ek die beginsels

van PW in my lewe toegepas, dit geleef. Soos deur die konstruktivistiese beginsel vereis

(tabel 1), het ek my onderhoude met die museumgids en myself benut om die realiteite van

die navorsing, my eie identiteit en dié van Caravaggio te skep en te herskep. Ek het vrede leer

maak met die elemente van lig en donkerte in my eie persoonlikheid, maar ek het ook besef

het dat ek – soos Caravaggio – myself deur ’n oormatige fokus op, en oorgawe aan, die

508
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

donker elemente mag vernietig. Ek het ook heel gelate aanvaar dat die lig en donkerte mekaar

definieer en dat beide dus noodsaaklik is.

In ooreenstemming met die poëtiese beginsel het ek bewustelik op die lewegewende elemente

in Caravaggio se lewe en skilderye gefokus in die hoop dat dit tot persoonlike en

professionele groei sou lei. Jesus is ten gevolge van hierdie besluit inderdaad ’n groter

realiteit in my geestelike lewe – en ek besef dat die verwerping wat ek soms by die werk

ervaar, geensins opweeg teen die verwerping wat Caravaggio en Jesus moes deurmaak nie.

Dit was een van die mees bevrydende perspektiewe wat ek tydens die PW kon verwerf.

Ek het die gelyktydigheidsbeginsel gevolg deur onvoorwaardelik positiewe vrae aan myself

en die museumgids te stel – en daardeur die positiewe omgewing en raamwerk van hierdie

navorsing geskep en betree. Ek het sodoende vir myself ’n stimulerende, intense en

genotvolle leerervaring ontwikkel. Ek kon verder hierdie ervaring opskryf soos dit gebeur en

ontplooi het. Dit was vir my ’n groot uitdaging, want volgens Whitney en Trosten-Bloom

(2010:13) is WO, en dus ook PW, ’n besonder dinamiese en uitdagende metodologie:

As an approach to change with endless variation, Appreciative Inquiry is

improvisational. It is not a singular methodology because it is not based on one

firmly established way of proceeding. Like great jazz improvisation - a metaphor

proposed by consultant Frank Barrett - each Appreciative Inquiry is a new

creation, an experiment that brings out the best of human organizing. It begins

with a clear purpose. But from there, who knows precisely what will happen? In

many cases, the most remarkable outcomes are unplanned and unexpected.

Om die onbeplande en die onverwagse te integreer met die navorsingsproses voor, tydens en

na die besoek aan Rome was uitdagend en veeleisend. Dit is daarom vir my besonder

bevredigend om, soos Hennie Aucamp (2003:134), te kan sê: “Ek het my volle

verantwoordelikheid teenoor ’n ervaring nagekom, en nou kan die verhaal [artikel] wat uit dié

ervaring voortgekom het, uiteindelik tot rus kom.”

Die afwagtingsbeginsel van PW het vereis dat ek die beelde wat ek van die toekoms het, my

toekoms maak. Ek het daarom gedroom van Caravaggio se verbluffende skilderye – en

veral Die Begrafnis - in my akademiese manuskrip. Hulle het wel deel geraak van die

landskappe van hierdie artikel, en is ingebed in ’n teoretiese ontleding.

Die laaste grondliggende beginsel van WO – die positiewe beginsel – het my die vryheid

gebied om op Caravaggio se briljante vakmanskap te fokus, sodat dit tot meer goeie dinge in

my eie vakmanskap as opvoedkundige kon lei. Ek het dan ook onder die indruk gekom van

die noodsaaklikheid van ’n outentieke, gedetailleerde uitbeelding of verteenwoordiging van

die werklikhede van die klaskamers wat my studente in die nabye toekoms moet betree.

Toe ek lees dat Caravaggio se vader, Fermo Merisi, ’n meesterbouer was (Graham-Dixon

2010:8-9), het ’n hele kinderwêreld voor my oopgegaan, en kon ek op innige wyse met hom

509
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

assosieer: ook mý vader was ’n meesterbouer. Hy het wel sy vader op ’n baie vroeë leeftyd

verloor, maar ek kon tog ’n bietjie beter begryp hoekom hy so vasbeslote was om Jesus as

gespierde vakman en as vriend van die hoi polloi – waarvan baie uiteraard vakmanne was –

uit te beeld: vakmanne het ’n diep respek vir mekaar en beskik oor ’n diepgesetelde aardse

realisme. Dit was daarom ook vir my ’n positiewe ervaring om in die eerste gedeelte van

Markus 6:3 te lees dat die mense van Nasaret, waar Jesus as kind gewoon het, vra: “Is hy dan

nie ’n timmerman, [my kursivering] ’n seun van Maria en broer van Jakobus, Josef, Judas en

Simon nie?”

Ek kon verder verstaan dat indien ’n mens grootword in die leefwêreld van die vakmanne,

waar ’n hoë premie geplaas word op presisie, op fyn afwerking en op die bemeestering van

spesifieke stukke gereedskap, jy dan waarskynlik dieselfde noukeurigheid en beginsels in jou

eie professie sal handhaaf. En dan sal jy, indien jy, soos Caravaggio, oor ’n oorvloed

natuurlike talent beskik het, verstommende skilderye nalaat.

11. Epiloog

Op my laaste dag in Rome – 22 April 2012 – vra ek vir oulaas die volgende vraag aan myself,

en ek teken my antwoord in my dagboek aan: “Kunstenaars is tydgebonde. Wat sou

Caravaggio geskilder het – wat sou hy dalk móés skilder – as hy vandag geleef het?”

Hy sou totaal verskillende onderwerpe moes aanpak omdat ’n mens voortdurend

besig is om kompromieë met die lewe, met jou tydsgees aan te gaan. Jy word van

dag tot dag verskeur deur dit wat jy wíl wees en doen en dit wat jy móét wees en

doen. Die mens – ék – word altyd verwring deur die werklikhede van jou lewe,

die kontoere van jou tyd.

Terug by die huis laat raam ek ’n afdruk van Die Begrafnis wat ek by die Vatikaan se

boekwinkel gekoop het. Dit is slegs 89 x 50 cm groot. Ek hang dit voor my bed. Soggens

vroeg, as die dag breek en die lig daarop begin val, raak Jesus se slap liggaam stadig sigbaar,

word dit vanuit die skemerte vir my aangegee. Daarmee word sy dood vir my ’n daaglikse

werklikheid, ’n voortdurende aansporing om Hom ’n integrale deel van my lewe te maak.

Op pad werk toe sing ek dikwels die derde vers van Gesang 96:

Stille nag, heilige nag!

Jesus, heer, voor u mag,

Voor u ryk moet die duisternis swig;

Tot in ewigheid bly U die lig –

Heer, gebore vir ons!

Heer, gebore vir ons!

510
Bibliografie

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Aiwaz.net. 2012. Portrait of Caravaggio. http://www.aiwaz.net/uploads/gallery/portrait-ofmichelangelo-merisi-da-caravaggio-4577-mid.jpg

(30 Oktober2012 geraadpleeg).

Armstrong Gradle, S. 2011. Performing to be whole: inquiries in transformation. Journal of

Aesthetic Education, 45(4):54–66.

Aucamp, H. 2002. Hittegolf: wulpse sonnette met ’n nawoord. Kaapstad: Homeros.

—. 2003. In die vroegte. Kaapstad: Tafelberg.

Bonsanti, G. 1984. Caravaggio. Florence: Scala.

Chilvers, I. 2009. Oxford Dictionary of art and artists. 4de uitgawe. Oxford: Oxford

University Press.

Collins, J.W. III en N.P. O’Brien (reds.). 2011. The Greenwood dictionary of

education. Denver: Greenwood Press.

Cooperrider, D.L., D. Whitney en J.M. Stavros. 2008. Appreciative inquiry handbook. 2de

uitgawe. Brunswick, OH: Crown Custom Publishing, Inc. / San Francisco: Berrett-Koehler

Publishers, Inc.

Crous, F., G.P. de Bruyn, G. Roodt, L. van Vuuren, W.J. Schoeman en A.D. Stuart. 2006.

Appreciating Johann M. Schepers. SA Tydskrif vir Bedryfsielkunde, 32(4):3-7.

Fried, M. 2010. The moment of Caravaggio. Princeton, Oxford: Oxford University Press.

Graham-Dixon, A. 2010. Caravaggio: a life sacred and profane. Londen: Penguin Books.

Kelm, J.B. 2005. Appreciative living: the principles of Appreciative Inquiry in personal life.

Wake Forest: Venet Publishers.

—. 2006. Walking the talk: The principles of AI in daily living. AI Practitioner, Februarie,

ble. 5–8.

—. 2008. The joy of Appreciative Living: Your 28-day plan to greater happiness in 3

incredibly easy steps. New York: Penguin.

Kington, T. 2010. The mystery of Caravaggio’s death solved at last – painting killed him. The

Guardian, 16 Junie.http://www.guardian.co.uk/artanddesign/2010/jun/16/caravaggio-italyremains-ravenna-art

(20 Julie 2012 geraadpleeg).

Odendal, F.F. en R.H. Gouws. 2005. Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Pinelands:

Pearson Education.

Orem, S.L., J. Blinkert en A.L. Clancy. 2007. Appreciative coaching: a positive process for

change. San Francisco: Jossey-Bass.

511
Pomella, A. 2004. Caravaggio. Rome: ATS.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Saturday, J., B.B. Armbruster, R. Buckley en B. Thayer-Bacon. 2011. Constructivism. In

Collins en O’Brien (reds.) 2011.

Spear, R.E. 1971. Caravaggio and his followers. New York, Evanston, San Francisco,

Londen: Harper & Row Publishers.

Watkins, J.M., B. Mohr en R. Kelly. 2011. Appreciative Inquiry: Change at the speed of

imagination. 2de uitgawe. San Francisco: Pfeiffer.

Whitney D. en A. Trosten-Bloom. 2010. The power of Appreciative Inquiry: A practical

guide to positive change.2de uitgawe. San Francisco: Berret-Koehler.

512
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Op pad van ’n verdeelde na ’n gedeelde toekoms in

die Afrikaanse taalgemeenskap: Die rol van die

Afrikaanse Taalraad in die proses van versoening 1

Opsomming

WAM Carstens

WAM Carstens, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus

Gesprekke oor die “toekoms van Afrikaans” in Afrikaanse publikasies is nie vreemd nie. So

dikwels neem dit egter ’n wroegende, verbitterde en verwytende toon aan. In hierdie artikel

kom die toekoms van Afrikaans ook ter sprake, maar wel vanuit ’n ander hoek, naamlik hoe

die taal se toekoms verseker kan word deur die inklusieweAfrikaanse gemeenskap hierby te

betrek. In watter mate die Afrikaanse Taalraad (ATR) hierdie rol kan vervul, en die werk wat

hierdie liggaam sedert 2003 gedoen het, word hier bespreek. Die belang van versoening in die

Afrikaanse taalgemeenskap word oorkoepelend bespreek en toegelig aan die hand van

gebeure die afgelope nege jaar. Daar bestaan nog steeds groot afstande tussen sprekers van

die Afrikaanse taalgemeenskap wat deur versoening oorbrug sal moet word. Versoening

gebeur nie net sommer so nie; dit is ’n proses watbewustelik bestuur moet word. Dit verg ook

toewyding van die betrokkenes om dit te laat slaag en seker te maak dat dit deurgevoer word.

Dit is ook nie ’n gegewe nie, maar word bepaal deur die herstel van die verhoudinge tussen

die sprekers (wit, bruin en swart) van Afrikaans. Apartheid het ’n groot seer gelaat, maar die

gewilligheid van die Afrikaanse taalgemeenskap om aktief by die proses van versoening en

heelmaking betrokke te raak is die voorvereiste vir wat bereik moet word. Riglyne vir

versoening word ook aangegee en dit blyk daaruit dat veral die menslike kant hier van belang

is, omdat versoening tussen mense moet gebeur – tussen individue, maar ook in

groepsverband. Die skrywer se gevolgtrekking is dat die Afrikaanse taalgemeenskap in die

belang van sy eie voortbestaan nie ’n ander keuse het as om onderling te versoen nie. Eers

dan kan saam ’n toekoms gebou word.

Trefwoorde: Afrikaans; Afrikaanse Taalraad; ATR; apartheid; inklusiwiteit; taalpolitiek;

versoening

513
Abstract

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

En route from a divided to a shared future in the Afrikaans language community: The

role of the Afrikaanse Taalraad (ATR) in the process of reconciliation

This article deals mainly with the issue of reconciliation in Afrikaans. What does it entail and

how should one go about it when approaching this complex process? The role of the

Afrikaanse Taalraad (ATR) is described in the process currently developing in Afrikaans.

The article approaches the “problem of Afrikaans” from an angle not yet developed in

Afrikaans, namely from the perspective of Afrikaans as an inclusive language. The premise is

that the future of Afrikaans as a language among languages in South Africa can be assured by

“opening” the language “open” to all the speakers of the language and also by including the

total Afrikaans community in the process of reconciliation.

History teaches us that the politics around Afrikaans (especially with reference to Soweto

1976 and the issue of Afrikaner nationalism) lead to people seeing Afrikaans as the “language

of the oppressor” and this in turn has caused huge divisions among the speakers of Afrikaans,

quickly becoming an issue of white versus black. Onlypeople can bridge this divide, as the

language itself cannot do it. This entails that the speakers of Afrikaans as a community must

be involved in making Afrikaans a language of reconciliation. We know that many speakers

of Afrikaans have migrated to English due to the politics surrounding Afrikaans, and this can

be rectified only by starting a process of reconciliation among the speakers of the language.

This article therefore focuses on the role the ATR has played since 2003 in trying to make

this possible.

The ATR started with a process which had as its aim the long-term involvement of the

inclusive Afrikaans community. The process since 2003 is described and the various phases

in the course of the process outlined. It is clear that a process in a divided language

community does not ”just happen” – rather serious interventions must be undertaken by

people speaking the language. There must be a driving force behind the process and the

persons involved must be dedicated to making it work in the long run. There must also be an

intention from all sides of the language spectrum to become involved and to reach out to one

another as the process proceeds. A prerequisite is that relations between the various groups

speaking the language must be mended.

We know there still are huge obstacles to be overcome on a personal level and this must be

actively managed, as reconciliation is not a given fact. This is the role the members of the

ATR took on themselves and to which they dedicated themselves over a period of time.

Looking back on the process it is clear that some progress has been made, especially on the

level of individual relationships, and in some instances between groups of the language

community, but that there is still work to be done. Therefore guidelines for reconciliation

have been developed and implemented. From this the members of the ATR have learned that

the human side of relationships determines the actual outcome of the process. Nothing can be

taken as a given and in the light of this, determination from all sides of the ethnic and

514
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

political spectrum is required to deliver the planned result. The article concludes with the

view that the Afrikaans language community must reconcile if they want their language to

remain as a language in South Africa. Only if this is done will it be possible to have a future

for Afrikaans.

From recent publications in Afrikaans it can be deduced that “the future of Afrikaans” is a

much discussed topic. Some books, many articles in newspapers and some articles in journals

tackle this topic from a variety of perspectives. Since 1976 – the year of the Soweto riots – it

has become clear that Afrikaans as a language in South Africa has been under severe pressure

due to the role of Afrikaans in Soweto 1976. This led Rantoa (2005) to ask why Afrikaans

received special treatment: “So, what is special about Afrikaans? Why is this language being

treated as something special and accorded a status higher than the other 10 official languages

of this country? The truth is that there is nothing special about Afrikaans. It is a language like

any other. The only ‘special’ thing about it is that it was the official language of a racist

regime which tried, unsuccessfully, to ram it down the throats of all South Africans. Other

than this infamous historical significance, Afrikaans is not special and should be treated as

such.” This illustrates the attitude towards Afrikaans in some circles.

Since 1994 Afrikaans has no longer been one of two official languages in South Africa, but

one of 11. This has seriously impacted on Afrikaans and the various speakers of the language.

The white speakers of the language went into a defensive and sometimes apologetic mode.

This eventually led to some speakers of Afrikaans (over the ethnic divide) tackling the thorny

issue of the future of Afrikaans. The idea of having “one voice” speaking on behalf of

Afrikaans was proposed, but efforts in the 1990s to establish a body taking the lead in this

process did not succeed. The eventual idea of a national strategy for Afrikaans became the

vehicle to further this idea. This concept was driven by individuals (who in all cases were

members of an Afrikaans organisation) – they took it on themselves to create the environment

in which the process can develop.

From September 2003 various national Afrikaans language conferences were held as part of

the consultation process and this eventually brought about a widely consulted about, and

generally agreed on, language plan (in 2005) which was implemented in due course. Various

interim bodies acted as the guiding force during this time.

In May 2008 the ATR was formally established in Wellington. Since then the ATR has done

much to create an environment in which reconciliation becomes a natural way of life.

Looking back on the nine years of the process it is clear that much still needs to be done, but

there have been successes which can be seen as markers on the road to a reconciled Afrikaans

language community.

To conclude: What does it really mean to reconcile? One of the victims of a bomb explosion

in Worcester in 1996 said that those who supported the system of apartheid need to apologise

in a way that will feel sincere. “Then they need to make amends in a way that restores some

of the dignity and some of the material opportunities that had been eroded under that system.”

515
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Therefore “reconciliation” is an “expensive word” according to Wessels (2012). It is made

cheap when it is used as a “politically correct” word. If it does not go together with an

understanding of the pain of the past, it does not mean anything. James (2012) adds that we

cannot afford not to have “the will and interest to learn about each other in a manner that will

foster reconciliation”. This is the main quality necessary for lasting stability, prosperity and

national unity. Therefore:

We need knowledge of each other. We need insight into one another’s circumstances. We

need understanding. We need empathy. We need to be able to see the world through each

other’s eyes. It will not be easy. It will take time. It requires hard work. It requires

commitment and real investment. We need to take an interest in the histories, languages,

experiences and cultures of the people around us [...]. To achieve reconciliation’s objectives,

why not ask your neighbour to tell their stories so that everyone can begin to give a damn

about one another’s welfare. (James 2012)

Keywords: Afrikaans; Afrikaanse Taalraad; ATR; apartheid; inclusivity; language policy;

reconciliation

1. Inleiding 2

“Aan die einde van die dag is ons almal in dieselfde bootjie, en ons sal mekaar moet

help om daardie bootjie te maak roei, as ons die ander kant wil haal.” (Le Cordeur

2012b)

“Elke Suid-Afrikaner dra ’n verantwoordelikheid om ons nuwe nasie te bou; om alle

Suid-Afrikaners te versoen en te verenig; om mekaar te verstaan, veral mense uit ’n

ander gemeenskap (as ons eie).” (De Freitas 2012)

Gedagtes oor die toekoms van Afrikaans in Suid-Afrika in die politiek ná 1976 (wat ’n soort

waterskeidingsjaar vir Afrikaans is), kom al ’n lang pad. As ’n mens, by wyse van die maak

van ’n steekproef, kyk deur die verskeidenheid onderwerpe waaroor die D.F. Malherbegedenklesing

die afgelope 30 jaar gelewer is, dan val dit op dat bekommernis oor die

“toekoms van Afrikaans” reeds etlike kere aan die beurt gekom het – om die waarheid te sê,

in 12 van die 31 lesings tot op hede (2012).

Dit blyk ook duidelik uit boeke soos Steyn se bekroonde Tuiste in eie taal (1980), Prinsloo en

Van Rensburg seAfrikaans: stand, taak en toekoms (1984), Du Plessis en Du Plessis

se Afrikaans en taalpolitiek (1987), asook Du Plessis se En nou, Afrikaans? (1992). Voeg

hierby die lewendige briewewisseling in koerante, gesprekke en debatte oor die radio en

televisie, in koerante, by kongresse en op verhoë regoor die land sedert 1980. Hieruit het

geblyk dat Afrikaans se posisie in ’n verwagte nuwe politieke bedeling nie onveranderd

gehandhaaf sal kan word nie. In Prinsloo en Van Rensburg (1984) is byvoorbeeld onderwerpe

soos die volgende ondersoek (my kursivering): “Die oorlewing van Afrikaans”, “Afrikaans

516
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

binne meertalige verband”, “Afrikaans in Afrika”, “Stand van die Afrikaanse taal: tans en in

die toekoms”, “Gesindhede t.o.v. taal in die onderwys in Suid-Afrika”, “’n

Kultuurstrategie van Afrikaans”, “Die handhawing van Afrikaans”, “Afrikaans:

die pad vorentoe”, “Die toekoms van Afrikaans”, “Afrikaans: ’n toekomsblik”. In die

bogenoemde ander bronne kom soortgelyke vrae aan die bod. Dit is opskrifte wat tekenend is

van ’n besef dat Afrikaans se situasie nie dieselfde gaan bly nie (Carstens 2006a).

Uit die titels van die genoemde hoofstukke blyk ’n bekommernis oor die toekoms van

Afrikaans in die verwagte nuwe politieke landskap – wat natuurlik eers in 1994 gerealiseer

het. Die opbou na 1994 is wel merkbaar sedert die 1970’s en die bekommernis en wroeging

was daar vir almal om te sien:

• Wat gaan van ons taal word?

• Gaan die nuwe heersers ons duld?

• Wat van die bagasie van “verdrukkerstaal” wat Afrikaans moet saamdra?

• Sal ons skole en universiteite, ons kerke en ons howe behoue bly?

• Gaan Afrikaans nog ’n rol speel in die staatsdiens?

• Gaan ons werk kry in Afrikaans?

• Sal Afrikaans uiteindelik tot niet gaan?

In Webb se bundel Afrikaans ná apartheid (1992) duur die bekommernis voort met

hoofstuktitels soos: “Afrikaans as probleem”, “Standaardafrikaans in oorgang”,

“Veranderde opvattings oor Afrikaans sedert die sewentigerjare”, “Taal, emosies en

die toekoms van Afrikaans”, “Die demokratisering van Afrikaans”, “Die behoud van

Afrikaans as ampstaal” en “Die moontlike toekomstige posisie van Afrikaans op skool”.

Almal hoogs relevant vir die tyd waarin dit geskryf is. Alle opskrifte (my kursivering) dui

ook op bekommernis oor die pad vorentoe.

Ná 1994 duur die onsekerheid voort in Giliomee en Schlemmer se Kruispad: Die toekoms

van Afrikaans as openbare taal (2001) en Van Rensburg se Afrikaans – lewende taal van

miljoene (2004). Soortgelyke temas as dié hier bo kom in hierdie bronne aan die orde, net uit

’n meer eietydse hoek. Afrikaanse mense wroeg en worstel dus reeds lank en voortdurend oor

hulle taal, oor die taal wat hulle hele wese verteenwoordig. Dit doen ons vandag nog steeds

op talle forums.

In hierdie artikel kom die toekoms van Afrikaans ook ter sprake, maar vanuit ’n ander hoek,

naamlik hoe die taal se toekoms verseker kan word deur die inklusiewe Afrikaanse

gemeenskap hierby te betrek. In watter mate die Afrikaanse Taalraad (ATR) hierdie rol kan

vervul, en die werk wat hierdie liggaam sedert 2003 gedoen het, word hier behandel.

517
2. Versoening en Afrikaans

2.1 Waar ons moet begin

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die tema van versoening word mooi saamgevat in Steyn se profetiese woorde in die bundel

van Prinsloo en Van Rensburg (1984). In die hoofstuk getitel “Die oorlewing van Afrikaans”

sê hy:

Afrikaans kan dit nie bekostig dat dit (’n deel van) sy blanke sprekers of (’n deel

van) sy bruin sprekers verloor omdat sy kultuurskeppings, as geheel genome, nie

genoeg verskeidenheid vertoon nie. Afrikaans moet iets beteken vir sowel die

konserwatiewe as liberale deel van sy gemeenskap; dit moet, sy dit in verskillende

publikasies, draer bly van die ideale, belange en strewes van wit en bruin.

(1984:19–20; my beklemtoning)

In hierdie artikel word die proses wat met die stigting van die Afrikaanse Taalraad te make

het, en al sedert die laat 1990’s aan die gang is, en versoening ten doel het, uiteengesit. Dit

gaan hier veral om die vraag hoe Afrikaans “draer [kan] bly van die ideale, belange en

strewes van wit en bruin”. Dit word verder ondersteun deur die vraag: Hoe kan “Afrikaans

[...] iets beteken vir sowel die konserwatiewe as liberale deel van sy gemeenskap?”.

2.2 Op pad na versoening: van ’n verdelende na ’n gedeelde verlede

’n Belangrike voorwaarde vir die versoeningsproses binne Afrikaans is die strewe na die

ontpolitisering van Afrikaans, die strewe om Afrikaans ’n waarlik getransformeerde taal van

die nuwe Suid-Afrika ná 1994 te maak (Carstens 2009b). Of ons dit gaan regkry, is ’n ope

vraag. Dit is inderdaad in die hoogs gepolitiseerde omgewing van die nuwe Suid-Afrika nie

heeltemal so maklik om te praat oor 'n onderwerp soos die “ontpolitisering” van Afrikaans

nie.

As Afrikaans as sodanig by hierdie onderwerp betrek word, word dan by implikasie gesê dat

bloot die gebrúik van Afrikaans deur sommige mense reeds as 'n politieke daad beskou word.

Dit het in 2008 duidelik na vore gekom in die staat se reaksie op die prokureur Cerneels

Lourens se aansoek om die nasionale talewet ingestel te kry. Die destydse direkteur-generaal

van die nasionale Departement Kuns en Kultuur het in sy hofstukke gesê dat die staat nie

verkwalik kan word as Afrikaans nie dieselfde status as Engels het nie.

Titus (2009; my beklemtoning) haal Wakashe soos volg hieroor aan:

Government has taken notice of the dominance of English, particularly in the

business and scientific community, and has recognised that for the development

of the people of the country it is in the best interest that English be used as one of

the official languages for government purposes. The applicant is essentially

seeking for government to elevate Afrikaans to the level of English even though

Afrikaans has not been able to establish a wider usage by the business and

518
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

scientific community. Government cannot be held responsible for the fact that

Afrikaans has failed to achieve a status equivalent to that of English.

Dit is die standpunt van ’n senior regeringsamptenaar. Die huidige debat en woelinge oor die

pogings om die nasionale taalwet te laat goedkeur, gee ook tekens van soortgelyke sienings

deur regeringsamptenare en lede van die regerende party (vgl. hieroor o.a. Cornelius 2012a,

2012b; Cornelius en Malan 2012; De Stadler 2012; Du Plessis 2012a, 2012b; Le Cordeur

2012a; Lloyd 2011; Malan 2008, 2010, 2012; October 2012a, 2012b; Pelser 2012;

Redaksioneel 2012a; Steenkamp 2012). Die punt is juis dat die nienakoming van die staat se

grondwetlike verpligting – naamlik om 'n konteks te skep waarin meertaligheid kan gedy en

waarin tale in die land (ook Afrikaans) gerespekteer en bevorder moet word (vgl. De Stadler

2012, Le Cordeur 2012a, Yitzhaki 2012: 273-6) – tot hierdie soort uitspraak lei. Dit is

opvallend dat Afrikaans hier by name genoem word en nie ook die Afrikatale nie, want dit is

juis hierdie soort siening wat daartoe lei dat Afrikatale nie groei soos verwag nie. De Stadler

(2012) vat dit soos volg saam: “Of jy nou ’n pleitbesorger vir Afrikaans is of nie, die feit bly

dat die verlies van hierdie taal as gevolg van ’n onverstandige, ongevoelige wetsontwerp

uiteindelik ook vir die ander tale van Suid-Afrika ’n slag sal wees.”

In hierdie verband is dit verder opvallend dat die Minister van Hoër Onderwys onlangs gesê

het Afrikatale moet by Afrikaans leer “hoe dié taal dit reggekry het om so te ontwikkel”

(Joubert 2012a) – dus: gebruik Afrikaans as voorbeeld vir julle eie ontwikkeling. Reeds in

2010 het Makhanya ook gesê: “Afrikaners set a fine example championing their language”

(Makhanya 2010). Wat hier dus op die spel is, is welwillendheid, naamlik welwillendheid om

ook ander tale en kulture in Suid Afrika se ruimte te akkommodeer (De Stadler 2012;

Makhanya 2011; Redaksioneel 2012a; Rossouw 2012). Die gebrek aan welwillendheid kan

lei tot wrywing en konflik – en dit werk juis versoening en die deel van ’n gedeelde nasionale

visie teen.

Prof. André Duvenhage van die Noordwes-Universiteit druk hom soos volg hieroor uit

(aangehaal in October 2012a):

Die ANC maak dieselfde fout as die apartheidsregering om sekere groepe hul taal

en kultuur te ontneem en iets anders op hulle af te dwing. Wat versoening betref,

sal dit beter wees om die taal eerder sterker te maak om Afrikaanses te laat voel

hulle is ook belangrik.

Ampie Coetzee het in 2009 ook gesê dit kom vir hom voor asof die dood van Afrikaans voor

hande is. Die openbare reaksie was dat dit nie waar is nie en ook nie sal kan gebeur nie, want

daar is dan grondwetlike waarborge vir tale. Die dilemma is dat die grondwetlike waarborge

nie nagekom word nie, soos duidelik blyk uit talle hofsake sedert 1995 waarin Afrikaans en

ook ander tale se taalregte geskend is. Coetzee (2009) vra heel tereg hoekom daar elke keer

hof toe gegaan moet word as 'n reg vir Afrikaans opgeëis wil word:

519
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

[W]anneer 'n organisasie 'n klag lê oor die ondermyning van Afrikaans, moet die

klag hof toe gaan, en dan waarskynlik ook appèlhof toe. Wie betaal? Ons kla dan

maar net. Ons oueres is ook klaar baklei: vanaf 1875 was dit opdraand vir die

erkenning van Afrikaans.

Webb (1997:227, my beklemtoning) wys daarop dat die taalsituasie in die land al lank

gepolitiseerd is: “Dit geld veral vir Afrikaans wat onder die vorige bewind sterk bevoordeel

is, en wel in so 'n mate dat dit geassosieer is metapartheid en dat dit beskou is as taal van die

onderdrukker.”

Die geskiedenis is hieroor ook duidelik en wys uit dat Afrikaans die stigma dra (gedra het?)

van die onderdrukkende taal, en hiermee is 'n mens pens en pootjies in die politiek. 'n

Joernalis, J. Rantoa, het in 2005 in die Cape Times gesê Afrikaans verdien geen spesiale

behandeling nie:

So, what is special about Afrikaans? Why is this language being treated as

something special and accorded a status higher than the other 10 official

languages of this country? The truth is that there is nothing special about

Afrikaans. It is a language like any other. The only “special” thing about it is that

it was the official language of a racist regime which tried, unsuccessfully, to ram

it down the throats of all South Africans. Other than this infamous historical

significance, Afrikaans is not special and should be treated as such. (Rantoa

2005:9)

Van Rensburg het reeds in 1989 uitgewys dat 'n taal nie die gevolge kan dra vir die foute van

sy sprekers nie. 'n Taal kies nie sy sprekers nie, maar die mense wat dit gebruik, kies dit

omdat daar kommunikasie onder hulle as groep moet wees. (Vgl. ook De Stadler 2012.) Dit

geld vir enige taal. Coetzee (2009) sluit hierby aan:

In Afrikaans is daar dinge gesê, en Afrikaners het dinge gedoen, in die verlede

wat afskuwelik was. Maar dis nie Afrikaans die taal nie. Hoeveel keer moet dit

gesê word? Ek is seker van die aggressie teen Afrikaans bestaan uit onkunde oor

'n taal. As daar ideologieë ontstaan in 'n spesifieke taal, is dit nie die taal self wat

dit doen nie. Daar kan dus geen diskriminasie teen enige taal wees nie. As

Afrikaans gesien is as die taal van die onderdrukker, dan is Engels, Duits, Frans,

Russies ens. ook die tale van onderdrukkers. Dít is ook al oor en oor gesê.

Miskien moet ons nou 'n slag hierdie saak agter ons kry en aangaan met dit wat ons as

sprekers van die taal met die taal wil doen in die post-1994-Suid-Afrika (De Stadler 2012).

Titus sê in hierdie verband in ’n onderhoud met Van Wyk (2012b): “Afrikaans is nie meer

gekoppel aan mag nie en ons moet daardie gevoel uit ons koppe kry” – ons moet dus anders

na Afrikaans en die sprekers van Afrikaans begin kyk. Die gevaar is dat ons so verstrik kan

raak in die verlede dat ons nie die moontlikhede van die toekoms eens begin ontgin nie. Ons

520
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

haak dus te vas in ons eiesoortigheid en sien nie die groter prentjie van Afrikaans nie, die

prentjie van verskeidenheid wat wel ’n eenheid uitmaak (Van Wyk 2012b). In ’n debat oor

die term ras druk Gouws (2012) haar soos volg hieroor uit: “Almal bring hulle eie

geskiedenis na die situasie en ons moet probeer om te verstaan hoekom wit en swart mense

optree soos hulle optree.”

By 'n 2009-konferensie oor sosiale samehorigheid op Stellenbosch het Russel Botman, rektor

van US, gewaarsku teen die neiging om vas te val in die verlede omdat ons so vasgevang is

tussen twee lande, te wete die “land van die verlede” en die “land van die more”: “Ons stry

met die verlede en die toekoms. Ons hoor so baie van die land in die verlede, tog so min oor

die land van more. Ons kan nie voortbeweeg as ons nie tussen dié lande vassit nie” (Venter

2009; my beklemtoning).

Tydens dieselfde geleentheid het Dr. Mamphele Ramphele (aangehaal in Venter 2009:13)

gesê dat ons wel op 'n manier van die “psigologiese littekens” van die verlede (bedoelende

apartheid en die skade wat dit in die land en in menseverhoudinge veroorsaak het) ontslae

behoort te raak en ons kan dit doen deur oor die verlede te práát: “Om oor dié spoke te praat,

is 'n essensiële stap om hulle te laat rus. Gesprekke is nodig”. Op hierdie wyse begin ons die

foute van die verlede verwerk en kan ons aanbeweeg sonder om regtig die verlede agter te

laat. Wessels (2012:5) vat dit soos volg saam: “Ons sukkel om by die toekoms uit te kom,

want ons stry nog oor die verlede. Die slagoffers van die verlede onthou al hoe beter, en dié

wat voordeel daaruit getrek het, probeer baie hard om te vergeet.”

Volgens Wessels (2012:5) moet ’n mens hieruit leer “hoe om saam met die verlede te leef

sonder om daaroor te struikel”. Inderdaad ’n taai opdrag, maar een waardeur die Afrikaanse

gemeenskap sal moet werk.

Saam hiermee gaan ook lúister – die luister met ’n oop gemoed na mekaar. Ons moet naamlik

sonder vrees vir mekaar kan vertel hoe ons uit ons eie hoek die verlede beleef het, en wat ons

drome vir die toekoms is, maar dan moet ons ook luister na elkeen se storie daaroor en hóór

wat die ander sê. Ons moet die unieke werklikhede van Suid-Afrika in die oë staar, sodat dit

ons kan rig op die pad van hoe die verlede onthou moet word. Op hierdie wyse kweek ons

begrip vir mekaar se stories en standpunte (“myne” en “joune” sodat dit “óns s’n” kan word)

en kyk ons uit mekaar se hoeke op verskillende kante van die werklikheid, en sodoende

beweeg ons in die rigting van versoening. Dít is die kern van hierdie artikel: dat

Afrikaanssprekendes na mekaar begin luister, sodat ons ophou om as bevolkingsgroepe by

mekaar verby te beweeg en te leef. Wit en bruin en swart Afrikaanssprekendes moet

derhalwe uit hulle gemaksones beweeg en die volle Afrikaanse gemeenskap omarm.

In 2000 het ek by 'n kongres in Berkeley in die VSA voorgestel dat ons behoort te begin

beweeg in die rigting van 'n objektiewe geskiedenis van Afrikaans – 'n geskiedenis waarin

ons die volle verhaal van Afrikaans moet vertel (met sy vratjies en vrot kolle en al) – soos

Grobler (2012) sê: “so volledig, korrek en betroubaar moontlik”. Dit sal inhou dat ons ook

gebeure in perspektief begin plaas en ook moet begin wegbeweeg van die persepsie dat

521
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Afrikaans 'n verdrukkende taal is. Ons weet van Soweto 1976, maar die vraag is altyd of

Afrikaans wérklik die druppel was wat die spreekwoordelike emmer laat oorloop het. Toe ek

by bogenoemde kongres sê het dat ons die volle verhaal van hierdie tragiese gebeure moet

vertel, naamlik dat sake soos onder andere Bantoe-onderwys en die paswette (vgl. Steyn

1980, 2000; Pienaar 2004) as instrumente van apartheid (vgl. Grobler 2012; Giliomee 2012a,

2012b, 2012c, 2012d, 2012e; Jackson 2012 oor die vernietigende gevolge van apartheid), óók

daartoe bygedra het, is ek daarvan beskuldig dat ek politiek praat.

Hier bo is pas gesê – en dit is elders al by herhaling gesê – dat 'n taal nie die skuld kan dra vir

die foute vansommige van sy sprekers nie. Om Jeanne Goosen se bekende boektitel aan te

haal: “Ons is nie almal so nie” (Goosen 2006).

Gerrit Brand (2009) het in 'n meningstuk gesê dat daar ook onthou moet word dat nie alle

blankes “skuldig was aan apartheid nie”. Die feit dat 'n destydse minister gesê het dat

Afrikaans gebruik moet word as medium van onderrig in Soweto in 1976 (vgl. Steyn 2000;

Pienaar 2004; Yitzhaki 2012:274–6), impliseer nie dat álle Afrikaans-sprekers so dink nie en

dat álle Afrikaans-sprekers noodwendig onderdrukkers – of rassiste – is nie. Dit was wel die

vonk wat die politieke kruitvat laat ontplof het, en die geskiedenis wys wat die uitkoms van

die hele proses was. Die woede was toe gemik teen die wit sprekerskorps van Afrikaans.

Daar was dus kollektiewe woede teenoor alle wit mense wat Afrikaans praat (Brand 2009).

Daarteenoor: Afrikaans is ook gebruik om Suid-Afrika te bevry – die geskiedenis wys ook dít

uit (vgl. ook Steyn 1980:288; Brand 2009; Van Wyk 2012b).

Le Cordeur sê hieroor:

Dit is 35 jaar later, en baie water het in die see geloop. Afrikaans het sy beeld

verander van ’n taal wat wil verdruk tot ’n taal wat wil bemagtig en versoen.

Ironies genoeg sou juis die gebeure van 16 Junie Afrikaans van sy bagasie bevry.

Mnr. Mandela het in die publikasie Reflections from Prison aangetoon dat ons

onmoontlik [Afrikaans] van die aardbol kan vee. Dit word deur die meerderheid

bruin mense gepraat, talle Indiërs en heelwat swart mense. Juis daarom moet 16

Junie in die teken staan van die vermoë van taal om ons land en sy mense, eens so

verdeeld, te verenig. Laat ons hierdie dag só vier dat alle jeugdiges welkom sal

voel by die fesvieringe, maar meer belangrik, welkom in die land van hulle

geboorte. Laat ons wegbeweeg van die blameer-taktiek sodat ook wit jeugdiges

by 16 Junie sal aanklank vind en nie langer skuldig hoef te voel oor iets waaraan

hulle geen deel gehad het nie. Terloops, om voortdurend daaraan herinner te word

dat jou voorvaders apartheid beoefen het, doen niks vir nasiebou nie en lei

daartoe dat talle talentvolle jongmense hulle rug op SA keer. (Le Cordeur e.a.

2012:70–1)

522
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Van Oort het in 2008 'n studie hieroor voltooi, 'n studie oor die verdelende, maar

ook gedeelde, verlede van Afrikaans en hoe ons te werk kan gaan om nou na die toekoms te

begin kyk. Hierin kry ons 'n aanduiding van hoe ons vorentoe kan gaan (Van Oort 2008:227–

9).

’n Gesprek (Jeugberaad) wat die ATR in Maart 2011 tydens die US Woordfees gereël het oor

die gebeure rakende Soweto 1976, dui daarop dat Afrikaanse jongmense al begin het om

hierdie stuk verlede te verwerk – nie te vergeet nie, maar te verreken in hoe hulle die

geskiedenis van Afrikaans beleef (vgl. Le Cordeur e.a. 2012:ii). Op hierdie wyse leer hulle

“om hulle eie geskiedenis te skryf” – soos verwoord deur Helen Zille tydens ’n

Vryheidsdaggeleentheid op 27 April 2012 in Pretoria: “Ons het die verantwoordelikheid om

ons eie storie te skryf. Ons moet eienaarskap neem vir ons toekoms deur dit stukkie vir

stukkie uit te kerf” (in Essop 2012).

Dit blyk dat Afrikaans se verlede nie altyd ewewigtig geoordeel word nie en dat ou koeie nog

konstant uit die sloot gegrawe sal word (vgl. Carstens 1994:16), soos in die woorde van

Rantoa en van Wakashe hier bo. Die tyd is waarskynlik nou ryp om hierdie verlede agter ons

te begin sit, sodat ons kan aangaan om te besin oor Afrikaans, en in die besonder

Afrikaanssprekendes, se rol in die Suid-Afrika van 2012, en oor die Afrikaans van 2060, soos

in die studie van Van Oort (2008) uiteengesit. (Vgl. ook Carstens 2010b; Steyn en

Duvenhage 2011.)

Willemse (2011) sê hieroor:

Vir so lank as wat ons toelaat dat slegs een kant van Afrikaans vertel word, so

lank sal daardie sprekers nie bemagtig word nie. Trouens, wanneer ons nie ons

storie vertel nie, werk ons mee aan die vernietiging van ons geskiedenis.

Dit is so dat die storie van hierdie meerderheid Afrikaanssprekers nog nie na

behore vertel is nie. Daar is ’n rede daarvoor. En dit is dat hierdie sprekers nie

genoeg doen om hul storie te vertel nie. Ons moet onthou: niemand gaan ons

storie vertel nie.

In die res van die artikel word kortliks verslag gedoen oor 'n proses wat 'n inklusiewe

Afrikaans ten doel het, 'n Afrikaans wat verteenwoordigend is van sy volle sprekerskorps, ’n

Afrikaans wat meehelp om groter onderlinge begrip in die breë sprekersgemeenskap te

bewerkstellig.

2.3 ’n Nasionale strategie vir Afrikaans: van ’n droom tot by die ATR

Die proses om uit te kom by die ATR het bekend gestaan as 'n Nasionale Strategie vir

Afrikaans, en het 'n aanvang geneem in September 2003 tydens ’n simposium van die FAK in

Pretoria. Bykans nege jaar later kan met vrymoedigheid gesê word dat daar reeds ver op

hierdie pad gevorder is. Hierdie beweging betrek weliswaar nog nie die volle

sprekersgemeenskap van Afrikaans nie, maar daar is al besonder goeie vordering in daardie

523
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

verband gemaak (vgl. Buys 2012). Eers as die “regses” van ons tyd spontaan hierby betrokke

raak en glo aan die doelwitte, en meewerk aan die waarmaak van die inklusiewe strewes, kan

gepraat word van ware versoening.

Dat hierdie proses, en ook die swaar-verworwe eenheid tot op hede, besonder broos is, is

geïllustreer toe ek in ’n artikel (sien Marais 2012) my steun uitgespreek het vir gesprekke

tussen die ATR en regse rolspelers, soos die Nederlandse politikus Martin Bosma van die

Party voor de Vrijheid (PVV). Van der Rheede, ’n taalaktivis uit die bruin gemeenskap, het

my daarop ’n “taalprostituut” genoem omdat ek bereid sou wees om geld uit daardie hoek vir

Afrikaanse bemagtiging te ontvang. Van der Rheede het gesê hy sou weier om die geld in

ontvangs te neem en te gebruik (vgl. ook Titus 2012 hieroor).

Ons is derhalwe “heeltyd besig om ’n balanseertoertjie op ’n baie dun draad te doen” (my

woorde – vgl. Marais 2012). ’n Mens kan maklik die “verkeerde” ding doen, gesien uit ’n

ander hoek (selfs sonder bybedoeling), en dan wag daar weer werk agter die skerms om oor

die slaggat in die pad te kom.

De Vos druk hom soos volg uit oor die prosesse waardeur ons moet gaan om die land te maak

werk (en ook hoe om deur hierdie soort slaggatprosesse te kom):

Om jou sê te sê, gaan nie altyd sonder risiko of maklik wees nie. Dit sal van ons

verwag word om kanse te waag en om konflik te verduur, ook om te erken hoe

ingewikkeld en verskriklik die lewe in hierdie vreemde plek soms kan wees.

Maar dít is wat van ons verwag word in ’n demokrasie-in-wording. (De Vos

2012:4)

Ons gaan dus by tye van mekaar verskil (selfs heftig verskil) oor die hoe en wanneer en die

kante van die werklikheid, maar dit is deel van die prosesse waardeur ons sal móét werk.

Van Louw het in September 2003 tydens bogenoemde FAK-simposium in Pretoria gesê dat

so 'n nasionale strategie kan dien as instrument van versoening in die histories verskeurde

Afrikaanse gemeenskap. Dit moes nie net 'n strewe bly om Afrikaans te bevorder nie, maar

dit moes 'n strewe word wat die Afrikaanse gemeenskap sou saamsnoer om die ideaal van 'n

waarlik inklusiewe liggaam wat Afrikaans se belang die beste sou dien.

Daar is in die proses geredeneer dat ’n neutrale stem, ’n stem wat daarop kan aanspraak maak

dat dit “namens Afrikaans” praat, in die belang van Afrikaans, dalk sal kan bydra tot ’n

waarlik getransformeerde Afrikaans, oftewel ’n Afrikaans wat voorsiening maak vir ál sy

sprekers. Dit is wel ’n voldonge feit dat sekere Afrikaanse organisasies nie ruimte bied (of

histories beskou: ruimte gebied het) vir alle sprekers van Afrikaans nie en dat

dietaal Afrikaans daardeur benadeel is/word. Apartheid het inderdaad grense tussen

Afrikaanssprekende landgenote kom oprig (Jackson 2012). Slegs as ons kan sê dat ál

Afrikaans se stemme verteenwoordig word, kan ons werklik van ’n getransformeerde

Afrikaanse gemeenskap (en by implikasie van ’n getransformeerde Afrikaans) praat.

524
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hierdie sentiment kom ook sterk deur in ’n brief getitel “Op pad na ’n Afrikaanse forum” wat

Gerrit Brand in 2004 aan LitNet gerig het (Brand 2004). Dit gaan pertinent om die idee dat ’n

forum geskep moet word waar Afrikaanssprekers met mekaar in gesprek kan tree sonder dat

hulle geïntimideer voel oor met wie en waaroor hulle in gesprek tree. Dit op sigself is nie so

maklik nie, omdat daar ’n historiese skeptisisme teenoor die intensies van bepaalde

Afrikaanse organisasies is. Organisasies soos die ATKV, FAK, die (destydse) Groep van 63,

Praag, die Afrikanerbond, die SA Akademie vir Wetenskap en Kun, en ander dra nie altyd die

soort legitimiteit wat ’n mens graag hier sou soek nie – of dit nou waar en korrek is, maak nie

juis saak nie, want persepsie is ’n vreemde ding. In die lig hiervan is die pogings tot die

erkenning van een stem namens Afrikaans van belang.

Hier onder word vervolgens kortliks verslag gedoen oor pogings in hierdie verband sedert die

middel-1990’s. In vroeëre lesings en voordragte van my (Carstens 2006b, 2007, 2009a,

2009b, 2010a, 2010b, 2010c, 2011) is die proses beskryf oor hoe die pad geloop kan word.

Die proses is ook deeglik gedokumenteer in publikasies van die ATR – vergelyk in hierdie

verband Prinsloo 2006a, 2006b, 2007, 2008a, 2008b. Daar word kortliks vryelik hieruit

aangehaal om sake in perspektief te plaas en daarna sal prosesse beskryf word wat sedert die

laat 1990’s aan die gang gekom het om hierdie pad te verduidelik.

Daar is ’n paar fases op hierdie pad wat uitgelig moet word:

• Die pogings tot die totstandkoming van 'n Afrikaanse Oorlegplatform (AO) (1996-1998).

• Die Nasionale Strategie vir Afrikaans (2003). Die Eerste Nasionale Afrikaanse Taalberaad

(2004).

• Die Nasionale Forum vir Afrikaans (2005).

• Die Tweede Nasionale Taalberaad (2007).

• Die Afrikaanse Taalraad (2008).

• Die pad vorentoe (2009–).

Ter wille van die ontwikkeling van die argument word meer aandag gegee aan die begin van

die proses as aan die verdere verloop daarvan, omdat die begin die rigting aandui.

Eerstens dan oor die Afrikaanse Oorlegplatform (AO).

Steyn (1998) doen in ’n artikel getitel “Nuwe aktiwiteite rondom Afrikaans: die

totstandkoming van ’n ‘Afrikaanse Oorlegplatform’” verslag oor die redes en motivering

agter die totstandkoming van die AO. Vir die doel van hierdie gesprek word ruim na hierdie

artikel verwys.

• Die aanleiding tot die begin van die AO was ’n toespraak van Giliomee op die ATKV se

jaarkongres in Augustus 1996 op Rustenburg. Hy stel daar voor dat ’n “soepele

Afrikaanse Raad van Afgevaardigdes waarin wit, bruin en swart Afrikaanstaliges hulle

ewe tuis voel” (Steyn 1998:253) tot stand kom. So ’n liggaam sou dan oor die potensiaal

beskik “om met ’n magtige stem oor sake soos die verontregting van Afrikaans [...] te

525
spreek”.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

• In hierdie tyd het Breyten Breytenbach (1996) ’n artikel geskryf waarin hy “die

noodsaaklikheid uitlig van ’norganisasie wat verteenwoordigend van alle

Afrikaanssprekendes kan wees”. Hy stel ’n “koördinerende liggaam” voor, ’n

“saamstaan”:

’n “adres van uitklaring” waar aangeklop kan word vir inligting en raad en bystand.

So ’n “adres” moet die belange van swart en bruin en wit Afrikaners kan artikuleer

en verteenwoordig. Maar die inisiatief moenie van politieke partye en ou patriargale

bonde en koukusse en klieks kom nie.

• Ton Vosloo, voorsitter van Naspers, steun so ’n inisiatief en dit lei tot verdere gesprekke

met ’n verskeidenheid ander rolspelers, onder andere uit die sakesektor. Dit lei uiteindelik

daartoe dat daar op Saterdag 30 November 1996 ’n openbare gespreksbyeenkoms met

meer as 200 aanwesiges oor hierdie saak op Stellenbosch plaasgevind het. Genooides het

mense ingesluit uit ’n breë spektrum van die sake- en beroepswêreld, die skryf- en

skilderkuns, die akademie, ens. (Steyn 1998:254). Volgens Steyn (1998:254) het ’n

verkenningskomitee (Giliomee, Breytenbach, Vosloo) aangedui dat die doel van die

byeenkoms was om ’n “oorkoepelende Afrikaanse organisasie” te stig, ’n

“saambreelorganisasie” wat “hoofsaaklik ’n taal- en kulturele inslag sal hê en niepolities

van aard sal wees”. Hierdie organisasie sal dan “krag en kohesie” kan verleen “aan die

dikwels versplinterde aksies van ’n magdom Afrikaanse organisasies” en “sal voorspraak

vir Afrikaans doen en dit versterk”. Die organisasie moes ook “die welsyn van die deel

van die Afrikaanse gemeenskap wat histories benadeel is, probeer bevorder, asook

bondgenootskappe met ander minderhede probeer sluit”.

• Die gesprek op 30 November 1996 het wel nie gelei tot die totstandkoming van die AO

nie, weens kritiek op die proses en die doel van die beoogde struktuur. Antjie Krog het

onder andere gesê sy wil nie staan “onder ’n sambreel waarvan die kleure sê: antiregering,

anti-ANC, anti-WVK, anti-Engels, anti-nasiebou nie” (Steyn 1998:255). Die

uiteinde is dat ’n verkenningskomitee wel aangewys is om vas te stel “wat die behoefte

aan (so) ’n organisasie is, hoe dit moes lyk, en wat die doelwitte daarvan moes wees”. Die

komitee moes “met Afrikaanse organisasies en belangegroepe beraadslaag om almal se

behoeftes te peil” (Steyn 1998: 256).

Daar is ’n versoek gerig om ’n meningspeiling oor hoe Afrikaanssprekendes self Afrikaans se

toekoms beskou. Dit is gedoen onder leiding van Lawrence Schlemmer en die uitkoms

hiervan (soos verwys na in Steyn 1998:256) het gedui op pessimisme onder sprekers van

Afrikaans oor ’n verskeidenheid aspekte, onder andere oor die organisasies wat Afrikaans se

belange moes uitdra. Daar is wel ’n behoefte geïdentifiseer om op ’n manier “openbare

protes” uit te spreek teen die manier waarop Afrikaans in die nuwe bedeling hanteer is. Kort

hierna het Vosloo geskryf:

526
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Afrikaanssprekendes moet as ’n blok opkom vir hulle staanplek en nie struikel

voor eksklusiewe verdelingslyne nie. In onderhandeling met die owerheid moet

die blok uit één keel kan praat as een van die grootste taalblokke in die land.

(aangehaal in Steyn 1998:257; my beklemtoning)

Volgens hom [Vosloo] was die tyd ryp vir die gedagte van ’n “oorlegsentrum vir

die heterogeneAfrikaanspraters”. (Steyn 1998:256; my beklemtoning).

• Die AO is uiteindelik op 29 Junie 1998 in Rosebank gestig. Vosloo het dit benadruk dat

die klem “op ’n ‘saambindende proses eerder as ’n struktuur moet val’. Om uit ‘die

slagyster van die verlede’ te ontsnap, is ‘nuwe denke en die bou van vertroue tussen

Afrikaanssprekendes as deel van die burgerlike gemeenskap noodsaaklik” (Steyn

1998:260; my beklemtoning). In die gesprekke was dit duidelik dat inklusiwiteit ’n kernrol

in die ontwikkelende proses sal moet speel.

• Steyn (1998:262) sluit sy artikel af deur te wys op die denkverskuiwing wat plaasgevind

het sedert die idee van so ’n AO die eerste keer in 1996 genoem is.

Maar bloot die totstandkoming van die AO dui op ’n mate van eenheid wat in

1996 nog nie bestaan het nie. Die ander groot voordeel was dat rolspelers wat

aanvanklik los van die proses gestaan het, wel by die proses betrokke geraak het.

Mense met uiteenlopende sienings oor die kultuur en politiek vind dat hulle

soveel gemeen het dat hulle gesamentlik kan beplan vir Afrikaans.

Vir Vosloo self was die inisiatief ’n sukses omdat “mense van soveel uiteenlopende rigtings,

ook aanvanklik antagonistiese mense, betrek kon word” by ’n breë proses in die belang van

Afrikaans.

Tot sover die AO. Oor die langtermynsukses van die AO is daar nog onsekerheid, maar ’n

mens kan dalk tog sê dat daar slegs beperkte sigbare sukses was. Dit was eerder die begin van

’n proses as die resultaat van die proses self.

Wat hieruit wel duidelik word, is dat daar bepaalde vereistes is waaraan hierdie soort

inisiatiewe moet voldoen (vgl. Carstens 2006a, 2006b):

• Iemand moet die proses dryf.

• Daar moet ’n gedeelde langtermynvisie wees.

• Daar moet eenheid ontwikkel in die geledere van die inisiatiefnemers.

• Antagonisme en wantroue moet besweer word.

• Inklusiwiteit is die anker in hierdie proses.

• Mense moet mekaar leer vertrou.

• Die nastreef van eie belange is nie noodwendig fout nie, net solank daar wel ’n

gesamentlike visie ontwikkel.

• Daar moet ’n plan wees: Wat moet die uitkoms wees en hoe moet daarby uitgekom word?

527
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Dis opvallend dat hierdie aspekte ook voorkom in Steyn (1980:74 e.v.) se sienings oor die

verloop van ’n taalstryd. Hy sê naamlik dat daar drie voorwaardes vir enige vorm van ’n

taalbeweging is (dis in wese waarmee ons in Afrikaans te doen het):

• Daar moet heelwat mense wees wat die taal in hulle huise gebruik.

• Daar moet intellektuele (mense met “propagandawaarde”) wees om die voortou te neem

en mense te mobiliseer om betrokke te raak.

• Daar moet ’n reeks gebeure of prosesse wees om die massa tot optrede te prikkel.

Aan die einde word weer hierop teruggekom.

Met hierdie aspekte in gedagte kan daar nou ook na ’n ander, meer onlangse, inisiatief gekyk

word, te wete die pogings om ’n nasionale strategie vir Afrikaansontwikkel te kry (Carstens

2006a).

In die bogenoemde LitNet-rubriek van Brand (2004) maak hy melding van pogings om ’n

Afrikaanse forum gevorm te kry. Na aanleiding van die beplande stigting van ’n

Afrikanerraad (waarvoor daar om ’n verskeidenheid redes skynbaar onder beide wit en bruin

Afrikaanssprekendes nie besondere entoesiasme bestaan nie) stel hy (Brand 2004:2; my

beklemtoning), voor dat daar eers begin word

En verder:

deur ’n forum te skep waar almal wat belang by Afrikaans het met mekaar in

gesprek tree. Die bedoeling van so ’n forum moet juis wees om aan almal die

geleentheid te gee om hulle standpunt te stel. Die forum moet dus nie pro- of anti-

Afrikanerraad wees nie. Voor- en teenstanders van so ’n raad moet hulle sprook

kan spraak. Swart, wit en bruin Afrikaanspraters, sowel eerste- as

tweedetaalsprekers, moet daar hul mening kan lug. Die hele kleurvolle spektrum

van standpunte, belange en voorgestelde strategieë moet daar die podium kan

betree.

Die voordeel van so ’n gespreksforum met ’n leë agenda is dat dit almal kan

betrek sonder om enige spesifieke groepering uit die staanspoor te marginaliseer

of hulle aktiwiteite in die wiele te ry. Alle organisasies en individue wat op een of

ander manier met Afrikaans gemoeid is, kan nog steeds rustig (of onrustig)

voortgaan met dit wat hulle doen, maar terselfdertyd kan hulle begin om gemene

grond te verken en stadig maar seker ’n mate van konsensus rondom bepaalde

sake te stig. Hardnekkige verskille in standpunt of strategie hoef nie in so ’n

forum te verdwyn nie, maar kan juis duideliker aan die lig kom terwyl daar

besluit word om op daardie punte “to disagree to agree”. Onderlinge misverstande

en wanpersepsies kan egter ook uit die weg geruim word. (Brand 2004; my

beklemtoning)

528
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Brand (2004:4) verwys ook na pogings deur Afrikaanse organisasies of strukture om so ’n

inisiatief aan die gang te kry. Pogings van onder meer die Groep van 63, FAK, ATKV, die

Taalsekretariaat, Praag se Konfederale Afrikanerforum het nie die beplande sukses behaal

nie, en wel om ’n goeie rede: “Die probleem is eenvoudig dat elke organisasie wat tans met

Afrikaans gemoeid is net ’n deel van die Afrikaanse gemeenskap verteenwoordig en daarom

in die oë van sommige ander Afrikaanssprekendes ‘bevlek’ of ‘gestigmatiseer’ is.

Daar is wel ’n ander poging wat weens besondere omstandighede ’n kans op sukses in hierdie

verband het – en uiteindelik kan lei tot die vestiging van ’n saampraatforum vir en namens

Afrikaans. Hierdie forum het met die verloop van tyd die naam Nasionale Forum vir

Afrikaans (NFA) gekry – en dit het weer mettertyd oorgegaan in die Afrikaanse Taalraad

(ATR). Hier onder word vervolgens kortliks hieroor berig. In Prinsloo (2006) en Carstens

(2006a) is hierdie proses volledig gedokumenteer en daarom word slegs enkele hoofpunte

uitgelig.

Die proses is vorentoe geneem deur 'n Voortsettingskomitee, wat in die loop van 2004 die

historiese Eerste Nasionale Afrikaanse Taalberaad (in Augustus 2004) op Stellenbosch gereël

het. Die vertrekpunt vir die beraad was 'n taalbestekopname (algemeen bekend as die

taaloudit) wat gegewens versamel het oor Afrikaans se sterk en swak punte en aan die hand

waarvan gepraat en besin is (vgl. Prinsloo 2004).

Die beraad self was 'n sukses, maar dit was duidelik dat die verlede nog nie begrawewas

nietoe daar aan die einde wrywing ontstaan het. Dit was ongelukkig tussen wit en bruin, wat

weer ’n etniese konflik uitgelig het. Agterna beskou, was dit waarskynlik die keerpuntin die

proses wat die Afrikaanse Taalraad gebring het tot waar hy vandag is. Daar is hard met

mekaar gepraat en dit was duidelik dat daar agter die skerms hard gewerk sou moes word om

verskille uit die weg te ruim (Carstens 2006a).

• Die beraad het goed afgeloop, maar spanning onder die oppervlak was tog merkbaar. Die

rede: spanning tussen wit en bruin oor ’n strategie om die proses vorentoe te neem.

• Reaksie in die pers op die beraad was uiters positief. Die beraad is in die algemeen beskou

as ’n sukses en ’n groot stap vorentoe vir Afrikaans. Neville Alexander, die voorsitter

tydens die afsluitingsessie, het die beraad beskou “as ’n besinning oor Afrikaans as taal in

’n veelrassige post-Suid-Afrika” (vgl. Vosloo 2004:18). Alexander het ook gemaan teen ’n

te haastige spoed om die proses verder te voer: “[Ek] waarsku teen oorhaastigheid. Ons

moet stadig oor die klippertjies en nie te haastig wees om mekaar om die hals te val nie.”

(Vgl. Vosloo 2004:18.)

• Daar was kritiek oor ’n gebrek aan behoorlike verteenwoordiging van alle groepe

Afrikaanssprekendes (deur onder meer Elias Nel en Jonathan Jansen). Jansen (2004) sê die

beraad was aanvanklik vir hom ’n aangename verrassing, omdat daar die “mees diverse

groep Afrikaanssprekendes – ten opsigte van ras en godsdiens – bymekaargetrek (was)

wat ek nóg bymekaar gesien het”. Hy het die belang van Afrikaans as toenaderingstaal

529
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

beklemtoon deur dit te stel dat die toekoms van Afrikaans afhang van die oopstel van

hierdie taal en sy sprekers vir diskoerse met ander tale en sprekers.

• Die feit dat Afrikaanssprekendes – gesien in die lig van die geskiedenis van versplintering

in Afrikaanse geledere – wel drie dae lank bymekaar kon bly en kon volhou om saam te

praat (ten spyte van groot meningsverskille), is as van groot belang vir die toekoms

beskou. Die rubriekskrywer Dawie (2004:22) het gesê die uitdaging vir die beraadgangers

en die organiseerders is om die geesdrif wat tydens die beraad teenwoordig was, oor te dra

na die praktyk.

• Opsommend: Die beraad kan sonder twyfel beskou word as een van die pilare in ’n nuwe

inisiatief om Afrikaans se posisie in die jare vorentoe te verstewig. Dat alles nie

voorspoedig verloop het nie, was waarskynlik nie ’n verrassing nie, maar dis duidelik dat

die prosesrakende ’n nasionale strategie vir Afrikaans hiermee ’n eerste groot tree gegee

het op ’n lang pad.

• Die belang van versoening het telkemale ter sprake gekom. Dawie (2004:22) het hom soos

volg hieroor uitgedruk: “Die beraad het opnuut die klemverskil tussen wit en bruin

Afrikaanssprekendes blootgelê. Die wittes neig om die taalkwessie as ’n saak van

identiteit en regte te sien; die bruines as ’n saak van bemagtiging.”

• Die joernalis Annie Olivier (2004b) het ook besondere klem op hierdie aspek gelê in haar

oorsigberig oor die beraad: “Versoening gaan tyd neem en is iets wat gekoester moet word

alvorens daar werklik ’n volwaardige Afrikaanse gesprek onder alle Afrikaanssprekendes

sal kan plaasvind.”

• Jason Lloyd (2005) het duidelik gesê: “[W]it, bruin Afrikaanses is nog maar apart”.

Volgens hom was daar nog baie kwessies wat

in die pad (staan) van die realisering van die ideaal van een Afrikaanse

taalgemeenskap. Op die oomblik is daar twee Afrikaanse gemeenskappe: die een

wit en meestal ryk, die ander bruin en oorwegend arm. Voordat ons dus praat van

een Afrikaanse gemeenskap, moet wit en bruin onderling begin praat oor hoe om

gestalte te gee aan dit waarvan Du Plessis skryf. [Hy het hiermee verwys na ’n

berig wat Tim du Plessis, redakteur van Rapport, op 2 Januarie in dié koerant

geskryf het (2005, bl. 20) oor die strewe om ’n hegter binding onder die

Afrikaanse taalgemeenskap te kry.] Want een Afrikaanse gemeenskap bestaan

tans eenvoudig nie.

Slabbert (2005:10) voeg hierby: “Daar is meer mense wat Afrikaans praat wat nie sogenaamd

‘wit’ is nie as wat daar is wat wit is. Vir hulle is Afrikaans nie ’n luukse nie, dis ’n daaglikse

noodsaaklikheid.” (Vgl. ook Van der Rheede 2005 in hierdie verband.)

Die betrokke Afrikaanse gemeenskappe moet dus nader aan mekaar beweeg.

530
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

• Z.B. du Toit (2005) het hieroor in gesprek getree met twee prominente akademici, te wete

Jaap Steyn en Neville Alexander, en dit het hieruit geblyk dat die saak van Afrikaans-wees

en die identiteit wat wit en bruin daaraan koppel, nog ver van deurgepraat is (vgl. ook Du

Plessis 2011b; Willemse 2011). In hierdie verband was Hein Willemse (2005b:9) van

oordeel dat die grootste bedreiging vir Afrikaans lê

in die voortgesette pogings om Afrikaans so nou te koppel aan Afrikaner etniese

identiteit (sic) (of dan ten minste Afrikanerbelange). Vir so lank as wat Afrikaans

slegs ’n kodewoord vir die Afrikaner sal bly en daar nie daadwerklike pogings is

om die taal in sy Suid-Afrikaanse diversiteit uit te bou en te koester nie, sal

daardie pogings minder suksesvol wees.

Willemse (2005b:10) voeg dan verder by as oplossing: “[O]ns (sal) nuwe, gedeelde

simbole, helde, rituele, waardes en praktyke [...] moet vestig om die ideaal van ’n ruim

Afrikaans te bewerkstellig.”

• Willie Esterhuyse (2005) het daarop gewys dat “die liefde vir Afrikaans by voorheenonderdruktes

een van die wonders van Afrikaans (is). Dit maak Afrikaans inderdaad ’n

pêrel van groot waarde.” Hy voeg hierby: “Die normalisering van verhoudinge het op

mikrovlak reeds ver gevorder. Maar dit moet verder gevoer word.”

• Versoening tussen die uiteenlopende Afrikaanse gemeenskappe was dus van die begin af

die fokus in die hele proses, en dit gee ’n mens moed dat daar wel op ’n uitkoms gemik

kon word. Die hóé moet net waar gemaak word.

Ek was ná ’n gesprek met Van Louw in November 2004 oortuig van my eie skromelike

onkunde oor die gevolge van apartheid, wat my beskaamd gelaat het oor die aandeel wat ek

daaraan gehad het, maar wat ook gehelp het dat ons mekaar reguit in die oë kon kyk. Ek moes

leer om te lúister oor watter gevolge apartheid vir haar en haar mense ingehou het (vgl. ook

Jackson 2012):

• Dat apartheid mense van hulle menswaardigheid ontneem het.

• Dat mense minderwaardige burgers in hulle land van geboorte was.

• Dat mense daagliks verneder is.

• Dat sy as jong swanger vrou aangerand is deur lede van die veiligheidsmagte.

• Dat gedwonge verskuiwings haar familie ontwrig het.

• Dat mense mekaar nie mag liefhê oor kleurgrense heen nie.

Dit het my ook gebring by die punt wat Pakendorf (2012) so goed stel: dat “dit tyd (is) om

nederiger en eerliker teenoor ons rol in die geskiedenis en die behandeling van mede-Suid-

Afrikaners te wees”.

Deur die luister- en hoorproses kon die boodskap uitgedra word: Kom ons práát oor die

verlede en probeer sodoende mekaar verstaan deur te lúister na standpunte, wrewel en

531
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

ervarings. So bou ons op individuele vlak ook versoening, en hiervandaan kan dit versprei na

ander, na die wyer gemeenskap (vgl. Brand 2009). Dit sluit aan by Ramphele se siening dat

ons moet volhou om oor die spoke, soos rasseverskille en rassevooroordele, te praat, want dit

is reeds 'n belangrike stap om hulle te laat rus. Ons moet, soos McKaiser sê (in Joubert

2012b), “uitdagings en vooroordele oor ras erken en takel eerder as om dit ontkennend onder

die tapyt in te vee”.

Twee jaar lank is hard gewerk om die klowe te oorbrug, en 'n mens kan waarskynlik sê dat

daar met die aanbied van die Tweede Nasionale Afrikaanse Taalberaad (in Februarie 2007) in

Pretoria al 'n mate van versoening plaasgevind het. In hierdie proses is 'n taalplan (2005)

opgestel wat as riglyn gedien het vir die bestuur van die proses. Uit die taalplan het die

interimliggaam, die Nasionale Forum vir Afrikaans (NFA), ontwikkel wat die proses bestuur

het tot en met die uiteindelike stigting van die ATR as koördinerende liggaam vir Afrikaans

op 24 Mei 2008 in Wellington.

Sedertdien is die statuur van die ATR as bedingingsliggaam vir Afrikaans deeglik gevestig en

word die ATR wyd erken as dié rolspeler oor sake van belang vir Afrikaans, ook deur die

regering.

Wat onmiddellik uitstaan, is die sake en aktiwiteite waarby die ATR sigbaar betrokke was.

Teen 2012 was die ATR se infrastruktuur goed gevestig (’n eie kantoor het in Julie 2012 tot

stand gekom); die ATR het sukses behaal met ’n klompie sake (maar was nie oral ewe

suksesvol nie); en die ATR se sigbaarheid is beduidend verhoog (die ATR se logo is bekend

in die Afrikaanse organisasiewêreld, en die slagspreuk, “Bemagtig, bevorder, beskerm”, is

nie meer net leë woorde nie); die ATR se webblad (sien bibliografie) word goed besoek deur

belanghebbendes by die Afrikaanse gesprek; en die nuusbrief (ATR-Koker) word wyd

versprei en gelees in die Afrikaanse gemeenskap. Daar is ook reeds begin om die

koördineringsrol soos wat beplan is, te verwesenlik.

Die pad na versoening wat in hierdie proses geloop is om uit te kom waar die ATR vandag is,

is gekenmerk deur ’n paar oorwoë vertrekpunte:

• Die besef dat die Afrikaanse gemeenskap met ’n proses besig is wat gaan tyd neem. Met

die verloop van tyd is hierdie uitgangspunt opnuut beklemtoon – dinge neem tyd om te

ontwikkel en dit kan nie aangejaag word nie, omdat soveel mense met soveel

perspektiewe op die saak aan die proses deelneem. Alexander se woorde tydens die Eerste

Nasionale Afrikaanse Taalberaad op Stellenbosch het in die praktyk geblyk waar te wees:

“Wees bereid om voetjie vir voetjie vorentoe te gaan en wees ook bereid om soms selfs ’n

tree terug te gee om vordering te kry.” Dit was wyse woorde – dit is deeglik in die ontvou

van die proses geleer.

• Die geduld om die proses kans te gee om te ontwikkel. Die produk sal hieruit volg. (In

private gesprekke moes die lede van die ATR hulself dikwels daaraan herinner om

geduldig te wees met die proses én met mekaar.)

532
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

• Die bereidwilligheid om baie hard te werk (veral ágter die skerms) – o.a. praat, praat en

nogmaals praat om misverstande te voorkom. En omdat die lede van die ATR uit

verskillende historiese hoeke na die proses kyk, vind misverstande en miskommunikasie

so maklik plaas! Voorbeelde daarvan is legio.

• Die nastreef van 'n gesamentlike visie op die toekoms: eenheid onder die inklusiewe

Afrikaanse taalgemeenskap. Dit bly die ATR se droom en strewe.

• Die geloof dat die Afrikaanse taalgemeenskap die vermoë het om homself te organiseer.

By tye is die lidorganisasies wel geneig om só van mekaar te verskil dat die groot doelwit

soms maar op onvaste pote staan. ’n Klaarblyklike doring in die vlees skyn die

term Afrikaner te wees, maar ons sal as taalgemeenskap daar moet verby kom.

• Toewyding tot en 'n strewe na versoening en inklusiwiteit binne die Afrikaanse

gemeenskap.

• Die bereidwilligheid om aanpassings te maak soos die proses vorder, en die besef dat daar

by tye selfs kompromisse aangegaan moet word. Die proses het laat blyk dat kompromisse

van kernbelang is, sodat daar nooit ’n verloorsituasie vir enigiemand ontstaan nie.

• Die samewerking met die breë burgerlike gemeenskap – dus 'n soort vennootskap. By tye

was (en is!) hierdie vennootskap maar broos, maar gelukkig is die ATR nog steeds op die

regte koers.

• Die benut van die infrastruktuur van bestaande organisasies om take gedoen te kry. Eers

het die FAK die ATR se sekretariaat behartig (2003–2007), en daarna die SA Akademie

vir Wetenskap en Kuns (2007 – Junie 2012). Die werklikheid wat bestuur moet word, is

dat die Suid-Afrikaanse regering nie werklik daarop ingestel is om Afrikaans (soos ook

die swart tale) te bevorder nie, en dat hierdie gemeenskappe dit sélf sal moet doen, soos

Le Cordeur tydens ’n beraad in Den Haag (3 Desember 2012 – vgl. Scholtz 2012:9)

uitgelig het. Dit is dan inderdaad ook wat die ATR doen: koördineer en organiseer op so 'n

wyse dat Afrikaans bevorder kan word. Hopelik word die Afrikaanse taalgemeenskap in

hierdie proses ook ’n voorbeeld vir ander taalgroepe om hulself te organiseer.

Die ATR het in November 2011 sy derde algemene jaarvergadering in die Paarl gehou en

daar is gerapporteer (Carstens 2011) dat die ATR stewig op koers is om die taak te verrig wat

deur meer as 40 Afrikaanse organisasies aan hom opgedra is. Die ATR word sodoende 'n

liggaam wat die volle Afrikaanse sprekersgemeenskap verteenwoordig en hy praat dan

namens die versoende Afrikaanse gemeenskap. Op ’n bestuursvergadering van die ATR in

Februarie 2012 is indringend besin oor hoe die ATR as liggaam die versoening sigbaar

gestalte kan gee en daar is op verskeie positiewe stappe in hierdie verband besluit om

politieke grense te help oorbrug en die fondament van versoening te bou.

533
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die hoop is dat deur die lede van die ATR (en ook ander Afrikaanssprekendes in eie kring) se

beskeie individuele bydraes daar 'n heelmaakproses sal plaasvind in eie geledere. Die

Afrikaanse gemeenskap kan nie en gaan ook nie vergeet wat in die verlede skeefgeloop het

nie – soos Botha, teoloog van Unisa, sê: ons moet nie toegee aan die versoeking om óf net in

die verlede te leef óf net na die toekoms te kyk nie (Botha 2009:12). Die vraag is hóé ons die

verlede onthou sodat ons dit as basis kan gebruik vir 'n toekomsvisie. Ons moet dus waak

teenverknegtende herinnering en eerder fokus op verlossende herinnering. Dit het die

potensiaal om mense te bevry en te verander "as hulle begin onthou wie hulle eintlik saam

met mekaar en vir mekaar kan wees in Suid-Afrika" (Botha 2009:12).

3. Samevatting: Die pad vorentoe

In hierdie artikel is iets meegedeel van die (soms) hartseer verlede van Afrikaans, van die

stigma wat steeds daar lê; maar daar is ook berig van wat die ATR doen om seker te maak dat

daar werklik versoening in eie geledere plaasvind. Die vraag mag wees hoekom die ATR dan

so belangrik is en waarom die ATR sukses behaal het terwyl die vroeëre poging tot die

Afrikaanse Oorlegplatform nie geslaag was nie. Die twee instansies se vertrekpunte verskil

tog nie so baie nie. Die antwoord is eenvoudig: die tydsgees (bedoelende die politiek van die

dag) was reg vir die ATR-proses (vgl. Steyn 1980:49–51, 54).

In die artikel het die klem ook sterk geval op die proses agter die produk. Dit is die enigste

manier om te werk te gaan sodat die Afrikaanse gemeenskap stukkie vir stukkie ’n eie nuwe

geskiedenis kan oopkap. In ’n onderhoud met Cilliers (2011) het ek hieroor gesê: “Alles is

die resultaat van ’n lang proses van harde werk. Ons wil nie net praat oor samewerking nie,

ons wil dit demonstreer en ’n omwenteling in die Afrikaanse gemeenskap bewerk – dat

mense ’n versoende Afrikaanse gemeenskap sal nastreef.”

Die verlede sal altyd met ons wees en ons sal moet leer om dit te hanteer. Die ATR is van

oordeel dat ons nie noodwendig die onregte moet vergeet nie (ons kán en dúrf ook nie, want

dit het ons as taalgemeenskap verdeel), maar die ATR glo dat ons ook vorentoe moet kyk en

gefokus moet bly op ons rol in die Suid-Afrika van vandag, en die Suid-Afrika van 100 jaar

vorentoe.

Scholtz (2012a) sê daar is ’n voorwaarde hiervoor:

Afrikaans se redding lê in oopmaak, in grense afbreek, en inklusiwiteit, nie in

toemaak en afskerm nie. Afrikaans is groter as die Afrikaners, want

laasgenoemdes deel hulle moeder met die meeste bruin mense en selfs sommige

swart mense en Indiërs. [...] Afrikaans moet die instrument van aanvaarding en

transformasie wees [...].

Daar moet aan Coetzee (2009) bewys word dat hy verkeerd is dat die einde van Afrikaans in

sig is en dat dit moontlik is om, in Koopman (2009) se woorde, 'n waarlik "transformerende

534
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Afrikaans" tot stand te bring. Die negatiewe politiek van die verlede moet dus reg gelééf

word. Van elke lid van die Afrikaanse taalgemeenskap kan ’n bydrae verwag word sodat die

Afrikaanse gemeenskap weer heel kan word.

Hoe lyk die “telkaart” as teruggekyk word op die tyd wat sedert 2003 verloop het? Hoe is

gevorder op die saamwerkpad?

Vereiste Stand van vordering?

Iemand moet die proses dryf. Die direksie van die ATR verrig hierdie

funksie (verteenwoordigend van 40

Afrikaanse lidorganisasies).

Daar moet ’n gedeelde langtermynvisie

wees.

Daar moet eenheid ontwikkel in die

geledere van die inisiatiefnemers.

Antagonisme en wantroue moet besweer

word.

Daar is so ’n visie en dit word gereeld krities

geëvalueer.

Die ATR se statuut bly die vertrekpunt: het

koördinering en netwerkskepping ten doel.

Alle aksies word gemeet aan:

• Bemagtiging

• Bevordering

• Beskerming.

Daar is goeie vordering (maar ook telkens

haakplekke waardeur gewerk moet word).

Dit verg konstante harde werk aan

verhoudinge.

Die geskiedenis maak die ATR

nog verdelend, maar die fokus bly

’n gedeelde verlede én toekoms.

Inklusiwiteit is die anker in hierdie proses. Dit bly die fokus van die proses en is

ononderhandelbaar.

Mense moet mekaar leer vertrou. Goeie vordering, maar steeds ook dorings in

die pad.

Die nastreef van eie belange is nie

noodwendig fout nie, net solank daar wel ’n

gesamentlike visie ontwikkel.

Daar moet ’n plan wees: Wat moet die

uitkoms wees en hoe moet daarby uitgekom

word?

Streef voortdurend versoening na. Praat met mekaar.

Dit bly die konstante strewe: ’n

verteenwoordigende stem vir Afrikaans.

Uitgespel in die statuut, asook in die

rigtinggewende taalplanne (2005, 2012).

535
Luister en hóór.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Ontwikkel begrip vir mekaar se eiesoortige

kontekste.

Identifiseer misverstande en ruim dit uit die

weg.

En dan rakende die nakom van die voorwaardes vir ’n taalbeweging (Steyn 1980):

Voorwaarde Vordering?

Daar moet heelwat mense wees wat die taal

in hulle huise gebruik.

6,4 miljoen mense gebruik tans Afrikaans as

eerste taal in Suid-Afrika.

Afrikaans het die derde grootse groep

moedertaalsprekers in Suid-Afrika.

Hiervan is ruweg 55% bruin

moedertaalsprekers van Afrikaans.

Bykans 15 miljoen mense kan Afrikaans op

die een of ander wyse in Suid-Afrika gebruik

(eerste-, tweede-, derde- en

vreemdetaalsprekers).

Daar moet intellektuele (mense met Daar is geïdentifiseerde persone uit ’n

“propagandawaarde”) wees om die voortou wyduiteenlopende spektrum wat die leiding in

te neem en mense te mobiliseer om betrokke die taaldebat neem.

te raak.

Burgerlike organisasies speel ’n kardinale rol.

Daar moet ’n reeks gebeure of

prosesse wees om die massa tot optrede te

prikkel.

Die afskaal van Afrikaans in verskeie sektore:

staatsdiens, howe, media, skole, universiteite,

taal van ekonomie, ens.

Die nienakoming van die taalbepalings in die

Suid-Afrikaanse Grondwet.

Flip Buys, die uitvoerende hoof van Solidariteit, het by geleentheid gesê (2004):

Die Afrikaanse gemeenskap moet verantwoordelikheid aanvaar vir sy eie

toekoms en self aktief daaraan begin werk. Nie in isolasie nie, maar saam met

geleentheidsvennote waar nodig en waar moontlik. Dit help nie om aan 'n

afhanklikheids- of onttrekkingsindroom te ly nie. Die verlede gaan nie terugkom

nie, die hede gaan nie weggaan nie en die toekoms laat nie op hom wag nie.

536
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Daar wag dus werk op die lede van die inklusiewe Afrikaanse taalgemeenskap as ons die

gesamentlike toekoms vir ons almal wil waar maak. Die ATR pak hierdie uitdaging met erns

en met oortuiging aan en vra die lede van die Afrikaanse gemeenskap om dit sáám met hulle

te doen (Carstens 2011). Daar moet saamgewerk word aan ’n stem wat daarop kan aanspraak

maak dat “namens Afrikaans” gepraat word, en wat in die belang van Afrikaans dalk sal kan

bydra tot ’n waarlik getransformeerde Afrikaans, oftewel ’n inklusiewe Afrikaans wat vir al

sy sprekers voorsiening maak. Slegs as gesê kan word dat al Afrikaans se stemme

verteenwoordig word, kan werklik van ’n getransformeerde Afrikaanse gemeenskap (en by

implikasie van ’n getransformeerde Afrikaans) gepraat word.

So ’n inisiatief kan slaag slegs as dit deur die breë Afrikaanse gemeenskap ondersteun word,

en eers as dít gebeur, sal ’n mens werklik kan begin praat van ’n geïntegreerde Afrikaanse

gemeenskap wat almal eerder insluit as uitsluit. Van der Rheede (2012) sê die tyd het daarom

aangebreek

om ’n omvattende studie te doen en aan die hand van wetenskaplik nagevorste

uitkomste ’n plan van aksie van stapel te stuur om Afrikaans in diens van sy

totale sprekersgemeenskap te posisioneer en seker te maak dat dit waarde op elke

terrein toevoeg. Vir so ’n aksie word die toewyding en ondersteuning van die

totale Afrikaanse gemeenskap benodig.

Slegs langs hierdie weg lê die pad vir Afrikaans vorentoe – daar moet sáám gedink en sáám

gedoen word en in hierdie proses moet dieselfde visie vir Afrikaans as taal van Suid-Afrika

ontwikkel word. Afrikaans is nie ’n taal vir net een groep sprekers nie – daarvoor is die

inherente verskeidenheid te groot (Van Wyk 2012b). Slegs as almal in die Afrikaanse

gemeenskap doelbewus ingesluit word in prosesse en verwikkelinge, sal daar ’n gedeelde

Afrikaanse visie ontwikkel kan word, en slegs as daar ’n gedeelde Afrikaanse visie is, kan

daar gepraat word van die Afrikaanse gemeenskap wat homself waarlik aangepas en verander

het in die Suid-Afrika ná 1994 (vgl. Cilliers 2012; Gouws 2012). Die ATR het duidelik in die

uitvoer van sy take gehelp om die padkaart vir die proses uit te spel (Carstens 2007, 2009a,

2010c, 2011; Prinsloo 2008a, 2008b), maar harde werk lê nog voor, en wel op verskillende

vlakke.

Die eindvraag is: Is versoening in Afrikaans haalbaar? Die antwoord is: Ja, mits Afrikaans, in

die woorde van Steyn (1984:19-20), “iets beteken vir sowel die konserwatiewe as liberale

deel van sy gemeenskap; [en as dit] [...] draer bly van die ideale, belange en strewes van wit

en bruin” (en ook van swart sprekers) van Afrikaans. Dan sal ons Afrikaans kan heel maak.

Die proses sal ook nie aangehelp word as daar aanmekaar “verskonings vir die

onverskoonbare (= apartheid)” (Venter 2012) gevra word nie. Die rubriekskrywer Wilhelm

Jordaan (2012a) gee hier waarskynlik die model om dit reg te kry – dit is na aanleiding van

die bydrae wat Emily Hobhouse gelewer het om versoening tussen Boer en Brit na afloop van

die Anglo-Boereoorlog te bewerkstellig. Dit behels ruweg die volgende aspekte/stappe:

537
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

• Vereenselwig jou “volledig en empaties” met die lot van die onderdrukte mense.

• Raak betrokke in “intens persoonlike kommunikasie” met die “lydendes”.

• Raak betrokke by projekte “wat selfstandige eiehulp en die belewenis van selfbevoegdheid

te midde van ellende bevorder”. Doen dus iets om die omstandighede van die lydendes te

verbeter. Doen derhalwe bemagtigings- en opheffingswerk waar jy kan.

• Die lydendes is geregtig op “menswaardige behandeling”. Optredes moet daarom

gekenmerk word deur “uiterste deernis en respek”.

• Aanvaar “namens [jou] volk morele verantwoordelikheid vir die oorlog en vra om

vergifnis”.

Aansluitend hierby gee Terblanche (2012) enkele riglyne vir versoening aan na aanleiding

van oudpresident Nelson Mandela se strewes om ná die oorgang in 1994 ook uit te reik na

minderheidsgroepe, soos die wit Afrikaanssprekendes. Dit word hier onder slegs genoem en

nie verder toegelig nie:

a) Klem op die gemeenskaplike geskiedenis van swart mense en Afrikaners.

b) Die belangrikheid om met mekaar te praat en na mekaar se luister.

c) Die gesonde balans tussen Afrikanerskap en Suid-Afrikanerskap.

d) Die erkenning van Afrikaans as ’n belangrike deel van die land se kultuur.

e) Onderwys in Afrikaans, dus moedertaalonderwys.

f) Die indiensneming van Afrikaners.

g) Afrikaners moet nie op die kantlyn staan nie.

h) Nelson Mandela het apartheid verafsku, maar hy het nie haat en bitterheid in sy binneste

vertroetel nie.

i) Sport was vir Nelson Mandela van die uiterste belang in sy passie om versoening teweeg te

bring.

j) Ontwikkel ’n versoeningsvisie.

Jordaan (2012a) sê dit is nodig om te besin oor die regte vorm van versoening in die Suid-

Afrika ná 1994: “Van 1994 tot nou word sporadies geteoretiseer, gepraat, geskryf en gestry

oor die gepaste vorm van en inhoud van versoening in Suid-Afrika.” Die vraag wat hieruit

voortvloei, is: Wat hou versoening dan in? Is dit net ’n “Ek is jammer” en dan aangaan met

538
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

die lewe? Gous (2012, my beklemtoning) verduidelik dit soos volg: “Vir versoening om plaas

te vind, moet die oortreder erken ’n oortreding is gepleeg. Dit is dus ’n twee-persoon-proses

waar albei die verhouding wil herstel en vertroue van nuuts af opgebou moet word.

Hoe raak hierdie stappe versoening vandag in Suid-Afrika, veral versoening tussen die swart,

wit en bruin sprekers van Afrikaans? Weer eens is die proses wat gevolg moet word, van

groot belang: die luister met ’n oop gemoed, die aanhoor van slegte ervarings, die oopstel vir

en die skep van oop kommunikasie tussen swart, wit en bruin sprekers, die luister na mekaar

se persepsies en ervarings van en oor die verlede, die gelyke behandeling van mense (die

menswaardigheid waarvan die Grondwet melding maak), erkenning van die onreg wat

gepleeg is en ook boetedoening deur bemagtigende optredes by die voorheen benadeeldes.

Fuller (2010, my beklemtoning, WMC) verwys in hierdie verband na ’n versoeningsproses

wat in die Worcesterse gemeenskap aan die gang is na aanleiding van die gevolge van ’n

bomontploffing in Desember 1996. Vier mense is dood en meer as 70 beseer – almal swart of

bruin mense (vgl. ook Wessels 2012). Die pyn van hierdie ontploffing word verwoord deur

een van die beseerdes, wat die volgende eis gestel het: “Those who supported the system of

apartheid need to apologize in a way that will feel sincere. Then they need to make amends in

a way that restores some of the dignity and some of the material opportunities that had been

eroded under that system.”

Wessels (2012:5) sluit hierby aan as hy sê:

Versoening is ’n duur woord. Dit word goedkoop gemaak wanneer dit as politiek

korrekte woord oor ons lippe rol. Indien dit nie gepaard gaan met ’n begrip (of ten

minste ’n ernstige poging om te begryp) van die pyn wat die verlede veroorsaak

het nie, rol versoening soos water van ’n eend se rug.

Die DA-politikus Wilmot James (2012, my beklemtoning) druk hom soos volg oor hierdie

versoeningsproses uit:

[A]s a nation, we don’t really understand each other. We might think we do, or

we may presume that it doesn’t matter if we don’t, but it regularly leads to

situations where, when we engage with each other in important conversations, we

end up talking past each other in mutual incomprehension. Because we don’t

grasp the historical or cultural foundations upon which others speak, we try to

communicate with only our own perspective in mind, never that of the neighbour

we interact with.

[...] I worry that we lack the will and interest to learn about each other in

a manner that will foster reconciliation, the main quality necessary for lasting

stability, prosperity and national unity.

Volgens James (2012, my beklemtoning) is versoening nie bloot net ’n emosionele belewing

van die deel van gevoelens (soos by die verhore van die Waarheid-en–

539
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Versoeningskommissie) nie, en dit is by tye nie voldoende om versoening op hierdie wyse te

verkry nie. Méér as dit is nodig: daar moet iets meer blywend wees, iets sterkers:

We need knowledge of each other. We need insight into one another’s

circumstances. We needunderstanding. We need empathy. We need to be able to

see the world through each other’s eyes. It will not be easy. It will take time. It

requires hard work. It requires commitment and real investment. We need to take

an interest in the histories, languages, experiences and cultures of the people

around us [...]. To achieve reconciliation’s objectives, why not ask your

neighbour to tell their stories so that everyone can begin to give a damn about one

another’s welfare.

Dit is al ’n stap in die regte rigting. Ons hoef ook nie te wag dat ’n hele groep dit doen nie.

Soos Cornelius (2012b) dit stel: “Dit is verbasend hoeveel al vermag kan word wanneer selfs

net één mens ’n verskil probeer maak.” (Vergelyk hierby aansluitend Fuller 2010 en Wessels

2012 vir ’n beskrywing van die verloop van die versoeningsproses in Worcester.) Dit word

dus ’n individuele én ’n groepservaring.

Jordaan (2012b) verwys na die positiewe stappe wat reeds op grondvlak begin plaasvind:

“[A]l gaan dit nog plek-plek voel-voel en sukkel-sukkel, kom swart, bruin en wit

mense op grondvlak al hoe beter met mekaar oor die weg en werk saam aan baie

soorte projekte waarin gemeenskaplike waardes en belange saambinding

versterk.”

Die aanpak van so ’n versoenings- en saambindingsproses mag ook nie paternalisties wees

nie; dit moet spreek van eerlikheid en opregtheid, van ’n erns om ’n verskil te wil maak. Dit

is ’n lang en soms moeilike pad (met baie dorings en slaggate) om te loop, maar die

Afrikaanse gemeenskap sal in sy totaliteit wel hierdie pad móét loop – individueel én as

groep. Michael le Cordeur (2012b), voorsitter van die ATR, het in ’n e-pos aan my hieroor

gesê: “Aan die einde van die dag is ons almal in dieselfde bootjie, en ons sal mekaar moet

help om daardie bootjie te maak roei, as ons die ander kant wil haal.” Dus: saam skouer aan

die wiel sit om as taalgemeenskap ’n toekoms te kan hê. (Vgl. Scholtz 2012b.)

Japie Gouws van die ATKV spreek moontlike die verlossende woorde in hierdie hele proses

(Gouws 2012):

Afrikaans is ’n inklusiewe instrument wat die vermoë het om te sorg dat mense

vanuit verskillende kulture mekaar beter kan verstaan. Daarom moet ons nie

skaam wees om Afrikaans juis oor kultuurgrense heen te gebruik en te bemark

nie.

Deur ’n inklusiewe benadering met taal en kultuur te volg, verseker ’n mens

goedgesindheid, begrip en kommunikasie wat nie so maklik met ander middele

bereik kan word nie.

540
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Ter afsluiting, die woorde van biskop Desmond Tutu toe hy onlangs in die Groote Kerk in

Kaapstad gepreek het: “Moenie op die kantlyn staan nie. Raak betrokke. Help hierdie land,

jóú land – help dat dit die soort land word wat God wil hê dit moet wees” (in Gerber 2012).

Vir alle Afrikaanssprekendes lê die taak nou voor om ’n persoonlike en

groepsversoeningsprojek “in die straatjies en gangetjies van die alledaagse lewe tot wasdom

te bring” (Redaksioneel 2012b). Die resultaat van ’n onlangse markondersoek (soos

gerapporteer deur Van Wyk 2012a) toon dat Afrikaanssprekendes hulle tog nie as ontnugter,

pessimisties of sonder ’n tuiste in Suid-Afrika beskou nie. Hulle is mense wat eerder fokus op

oplossings as op die probleme, solank as wat hulle taal en kultuur gerespekteer en waardeer

word. Dan raak hulle raakvatters en bydraers tot die skat van Suid-Afrika.

Bibliografie

ATR. s.j. Webblad: http://www.afrikaansetaalraad.co.za.

Botha, N. 2009. Om weer heel te maak. Beeld, 28 September, bl. 12.

Brand, G. 2004. Op pad na ’n Afrikaanse forum. 26

April. http://www.litnet.co.za/taaldebat/forum.asp (27 Mei 2004 geraadpleeg).

—. 2009. Het verzoeningsdiscours in Zuid-Afrika. http://www.litnet.co.za/Article/hetverzoeningsdiscours-in-zuid-afrika

(7 September 2009 geraadpleeg).

Breytenbach, B. 1996. Mondvol: gedagtes oor Afrikaans en saamstaan. Die Burger, 5

Oktober.

Brink, C. 2006. Nasionale strategie vir Afrikaans ’n goeie idee. In Prinsloo (red.) 2006a.

Buys, F. 2004. Afrikaners moet hul toekoms help vorm. Rapport – Perspektief, 20 Junie, bl.

II.

—. 2012.Van twee na veel na een. Beeld, 4 Desember, bl. 11.

Carstens, A. en H. Grebe (reds.). 2001. Taallandskap. Pretoria: J.L. van Schaik.

Carstens, W.A.M. 1994. Om ou koeie uit die sloot te grawe: is daar lesse te leer uit die

verlede? Enkele kantaantekeninge. Literator, 15(2):16–33.

—. 2003. ’n Afrikaanse taalinstituut – Ja of nee? Ongepubliseerde referaat gelewer tydens

FAK se ope gespreksforum oor “’n Groter voetspoor vir Afrikaans”, 13 September, Pretoria.

541
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 2004a. Afrikaans – tien jaar later (1994-2004). Ongepubliseerde referaat gelewer tydens

simposium van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, 25 Junie, Potchefstroom.

—. 2004b. Die ontwikkeling van ’n nasionale strategie vir Afrikaans – enkele gedagtes en

wenke. Ongepubliseerde referaat gelewer tydens simposium van PanSAT oor “Innovation,

good practice and relevance in language research”, 29 September, WNNRkonferensiesentrum,

Pretoria.

—. 2005. En nou Afrikaans? Resente verwikkelinge in die Afrikaanse debat.

Ongepubliseerde referaat gelewer tydens simposium van SA Akademie vir Wetenskap en

Kuns, 24 Junie, Pretoria.

—. 2006a. Die breë Afrikaanse debat (1994-2005): enkele temas en inisiatiewe. Supplement

Moedertaalonderrig.Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 48(2):1–19.

—. 2006b. Praktiese meertaligheid in Suid-Afrika – feit of fiksie? Tydskrif vir Taalonderrig,

40(1):1–19.

—. 2006c. Waarom ’n Nasionale Forum vir Afrikaans? Op pad na ’n getransformeerde

Afrikaans. Ongepubliseerde referaat gelewer tydens jaarsimposium van die SA Akademie vir

Wetenskap en kuns, 23–24 Junie, Bloemfontein.

—. 2007. Op pad na ’n getransformeerde Afrikaanse gemeenskap – die rol van die Nasionale

Forum vir Afrikaans (NFA). Ongepubliseerde referaat gelewer tydens MIDP-kollokwium,

26–28 November, Universiteit van Antwerpen, Antwerpen, België.

—. 2009a. Ongepubliseerde eerste voorsittersrede van die ATR. Augustus, Pretoria.

—. 2009b. Die ontpolitisering van Afrikaans deur 'n nasionale strategie vir Afrikaans.

Ongepubliseerde lesing gelewer tydens Roots-konferensie, 22–23 September, Universiteit

van Wes-Kaapland.

—. 2010a. Die rol wat die Afrikaanse Taalraad speel tot die bevordering van Afrikaans as

universiteitstaal. Ongepubliseerde Marie Luttig-gedenklesing, 13 Augustus, Hugenote-

Gedenkskool, Kleinbosch, Dal Josafat, Paarl.

—. 2010b. Waarheen met Afrikaans? – My droom vir Afrikaans. Ongepubliseerde lesing

gelewer tydens die Jaarsimposium van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, 30

September – 1 Oktober, Universiteit van Pretoria.

—. 2010c. Ongepubliseerde tweede voorsittersrede van die ATR. 26 Augustus, Kunstekaap,

Kaapstad.

—. 2011. Ongepubliseerde derde voorsittersrede van die ATR. 19 November, Afrikaanse

Taalmuseum, Paarl.

542
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Cilliers, S. 2011. Een van daardie “wow”-oomblikke. Afrikaanse organisasies deel nou hulle

kennis. Beeld, 3 Februarie, bl. 11.

Coetzee, A. 2009. Minderheidstale – verdwynende tale. Die gedagtes van 'n bittereinder.

LitNet.http://www.litnet.co.za/Article/minderheidstale-verdwynende-tale-die-gedagtes-van-nbittereinder

(15 Mei 2009 geraadpleeg).

Cornelius, S. 2012a. Reaksie op artikel van Malan. LitNet. http://litnet.co.za/Article/litnetakademies-taalwet-of-talewet-die-rol-van-taalbewussyn-om-die-uitkoms-te-bepaal

(27

Februarie 2012 geraadpleeg).

—. 2012b. Opgee, weggee en padgee? Nee! Beeld, 7 Junie, bl. 15.

Cornelius, S. en K. Malan. 2012. Taalwet magteloos teen “representivity”. Rapport, 22

Januarie, bl. 12.

Dawie. 2004. Dra nou geesdrif oor na praktyk. Die Burger, 28 Augustus, bl. 22.

De Freitas, M. 2012. Modelle se berou eggo deur nasie. Die Burger, 16 Mei, bl. 10.

De Stadler, L. 2012. Mense verdruk, tale nie. Beeld, 21 Maart, bl. 9.

De Vos, P. 2012. Wie noem jy wit? ’n Les vir “lefties”. Beeld – BY, 20 April, bl. 4.

Du Plessis, H. en L.T. du Plessis (reds.). 1987. Afrikaans en Taalpolitiek: 15 Opstelle.

Pretoria: HAUM-Opvoedkundige Uitgewery.

Du Plessis, H. 1992. En nou, Afrikaans? Pretoria: J.L. van Schaik.

Du Plessis, T. 2010. ’n Taalwet vir Suid-Afrika? Die rol van sosiolinguistiese beginsels by

die ontleding van taalwetgewing. LitNet Akademies, 7(2):65–

97.http://www.oulitnet.co.za/akademies_geestes/pdf/LA_7_2_duplessis.pdf.

—. 2011a. Hoe ons klink en lyk in 2011. Rapport – Nuus, 2 Oktober, bl. 2.

—. 2011b. Afrikaanses aan’t uitsterf. Rapport – Nuus, 11 Desember, bl. 2.

—. 2012a. Reaksie op artikel van Malan 2012. LitNet. http://litnet.co.za/Article/litnetakademies-n-nasionale-taalwet-vir-suid-afrika-noodsaaklik-vir-die-behoud-van-inhe

(27

Februarie 2012 geraadpleeg).

—. 2012b. ’n Kritiek op ’n normatiewe vergelyking van die 2003- en 2011-weergawes van

die South African Languages Bill aan die hand van sosiolinguistiese beginsels van

taalwetgewing. LitNet Akademies, 9(2):309–3.http://litnet.co.za/assets/pdf/2GWduPlessis.pdf.

543
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Du Toit, Z.B. 2005. Bruin en wit verskil oor Afrikaans. Rapport – Perspektief, 24 Julie, bl. 2.

Essop, P. 2012. Zille het opdrag vir land wat nou mondig is. Beeld, 28 April, bl. 2.

Esterhuyse, W. 2005. Afrikaners moet weer vóórtrekkers word. Rapport – Perspektief, 10

Julie, bl. 2.

Fuller, A. 2010. Mandela’s children. National Geographic, Junie.

Gerber, J. 2012. Tutu sê God omhels Verwoerd én Hani. Die Burger, 23 April, bl. 5.

Giliomee, H. 2012a. Afrikanernasionalisme, 1902-1924. In Pretorius (red.) 2012.

—. 2012b. Apartheid: ’n ander blik. In Pretorius (red.) 2012.

—. 2012c. ’n “Gesuiwerde” nasionalisme, 1924-1948. In Pretorius (red.) 2012.

—. 2012d. “Aanpas of sterf”, 1978-1994. In Pretorius (red.) 2012.

—. 2012e. Opstand, oorlog en oorgang, 1984-1994. In Pretorius (red.) 2012.

Giliomee, H.B. en L. Schlemmer (reds.). 2001. Kruispad. Die toekoms van Afrikaans as

openbare taal. Kaapstad: Tafelberg.

Goosen, J. 2006. Ons is nie almal so nie. Kaapstad: Kwela Boeke.

Gous, A. 2012. Vergifnis. Rapport – Rapport-Vrou, 7 Oktober, bl. 8.

—. 2012. Verstaan ander se ras-ervarings. Die Burger, 22 April, bl. 12.

Gouws, J. 2012. Kultuur wat uitnooi. Taalgenoot, Herfs, bl. 9.

—. 2012. Sê waar Voortrekkers oor moord spog. Beeld, 18 Februarie, bl. 10.

Grobler, J. 2012. Swart verset teen apartheid, 1950’s–1980’s. In Pretorius (red.) 2012.

Jackson, N. 2012. Was apartheid rêrig verkeerd? Beeld, 9 Februarie, bl. 14.

James, W. 2012. We so easily talk past each other. The Star, 14 Julie, bl. 14.

Jansen, J. 2004. Vyande van Afrikaans doem op by Taalberaad. Die Burger, 21 September,

bl. 10.

Jordaan, W. 2012a. ’n Model in die plek van futlose versoening. Beeld, 2 Mei, bl. 10.

—. 2012b. ’n Visie vir SA wat 35 jaar later steeds voortleef. Beeld, 19 September, bl. 10.

544
Joubert, J. 2012a. “Afrikatale moet leer by Afrikaans”. Beeld, 25 April, bl. 4.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 2012b. “SA moet openlik oor rassevooroordele praat”. Beeld, 21 Mei, bl. 4.

Koopman, N. 2009. Transformerende Afrikaans. Die 3de Mathews Phosa-lesing, Afrikaanse

Taalmuseum, Paarl, 12 Augustus.

Le Cordeur, M. 2012a. Jou taal is jou reg. Beeld, 28 Februarie, bl. 15.

—. 2012b. Persoonlike mededeling per e-pos. 3 Mei.

Le Cordeur, M.L.A., R. Olivier, D. Prinsloo en J. van der Elst (redaksionele komitee). 2012.

16 Junie 1976. 35 jaar later. Jeugberaad aangebied deur die Afrikaanse Taalraad as deel van

die US Woordfees 11 en 12 Maart 2011. Pretoria: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Lloyd, J. 2005. Wit, bruin Afrikaanses is nog maar apart. Rapport, 16 Januarie, bl. 15.

—. 2011. Nuwe wet eerste stap om verengelsing te keer. Rapport – Weekliks, 31 Oktober, bl.

2.

Makhanya, M. 2010. Afrikaners set a fine example championing their language. The Sunday

Times, 24 Januarie, bl. 6.

—. 2011. Will this nation allow its languages to die out – from sheer neglect? The Sunday

Times, 1 Mei, bl. 10.

Malan, K. 2008. Observations and suggestions on the use of the official languages in national

legislation. SA Public Law/Publiekreg, 23(2):59-76.

—. 2010. Die Grondwet, onderwysowerhede en die pad vorentoe vir Afrikaanse

skole. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 50(20):261–84.

—. 2012. ’n Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en

toepassing van die diskresionêre taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet. LitNet

Akademies, 9(1):55–78.http://litnet.co.za/assets/pdf/3_KMalan.pdf.

Marais, D. 2012. Tussen die harpoen en die rubberboot lê die duiwel én die diep blou

see? Beeld – BY, 28 April, bl. 5.

Muller, P.J. 2000. D.F. Malherbe as taalstryder. Gedenklesing 19. Acta Varia. Universiteit

van die Vrystaat, Bloemfontein.

NTLA. 2003. Mediaverklaring deur die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans op 21

November – “’n Nasionale strategie vir Afrikaans in wording”.

LitNet. http://www.litnet.co.za/taaldebat/ntla.asp (27 Mei 2004 geraadpleeg).

545
October, A. 2012a. “Staan op vir Afrikaans”. Beeld, 3 Maart, bl. 6.

—. 2012b. Taalwet-wending. Beeld, 8 Maart, bl. 4.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Olivier, A. 2003a. Skep ’n manier vir kinders, nuwe praters om Afrikaans te leer, sê

taalmense. Plant nou, oes later. Beeld, 12 Augustus, bl. 11.

—. 2003b. Taalinstituut vir Afrikaans kry wye steun. Beeld, 18 Augustus, bl. 9.

—. 2003c. Afrikaans los kokon. Organisasies span saam om taal te bou en te bevorder. Beeld,

5 Desember, bl. 17.

—. 2003d. Praat uit een mond. Pansat vra roetekaart vir Afrikaans. Die Burger, 9 Desember,

bl. 17.

—. 2004a. Beraad gaan Afrikaans help. Beeld, 21 Junie, bl. 4.

—. 2004b. Saam deur pyn – wit en bruin moet eers harte oopmaak. Beeld, 3 September, bl. 7.

Pakendorf, G. 2012. Tyd om nederiger oor wittes se rol te wees. Die Burger, 21 Mei, bl. 12.

Pelser, W. 2012. Mulder oor ’n rok en die minister. Rapport – Weekliks, 21 Oktober, bl. III.

Pienaar, L. 2004. Die Soweto-onluste van 16 Junie 1976 en die gevolge daarvan vir

Afrikaans. In Van Rensburg (red.) 2004.

Pretorius, F. (red.). 2012. Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag. Kaapstad:

Tafelberg.

Prinsloo, K. (projekleier). 2004. Verslag van 'n taaloudit oor Afrikaanse taalprojekte,

verenigings en energieë, 2004. Verslag gereproduseer deur Rapport en versprei tydens die

Afrikaanse Taalberaad in Stellenbosch, 25-27 Augustus.

—. 2007. Opname oor Afrikaanse projekte en aktiwiteite op ’n plaaslike munisipale vlak in

Suid-Afrika, 2006. Ongepubliseerde navorsingsverslag versprei by die Tweede Afrikaanse

Taalberaad, gehou in Pretoria op 23–24 Februarie.

Prinsloo, K. (red.). 2006. Op pad na 'n taalstrategie vir Afrikaans. Verslag gereproduseer deur

Content Solutions en versprei deur die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns, Maart.

—. 2008a. Die Afrikaanse “ons” en die nodigheid van 'n Afrikaanse Taalraad. Verslag

gereproduseer deur CRINK en versprei deur die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns,

April.

546
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 2008b. Die Afrikaanse Taalraad kom tot stand. Verslag gereproduseer deur CRINK en

versprei deur die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns, November.

Prinsloo, K.P. en M.C.J. van Rensburg (reds.). 1984. Afrikaans: stand, taak, toekoms.

Pretoria: HAUM Opvoedkundige Uitgewery.

Rantoa, J. 2005. Government should do away with Afrikaans medium schools. Cape Argus,

23 Februarie, bl. 9.

Redaksioneel. 2012a. ANC moet weer dink oor taalwet. Beeld, 5 Maart, bl. 11.

—. 2012b. Vryheidsdag vra baie van ANC en SA. Die Burger, 27 April, bl. 9.

Rossouw, A. 2012. Wêrelddag vir Verdraagsaamheid: 16 November. F.W. de

Klerkstigting.http://www.fwdeklerk.org/cgibin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=2137&news_id=116270&cat_id=1597#.

UPftkPJSSkc (15 November 2012 geraadpleeg).

Scholtz, L. 2012a. Taal gaan nie maklik onder. Die Burger, 20 April, bl. 11.

—. 2012b. Afrikaans kry vlerke, hoor raad. Beeld, 4 Desember, bl. 9.

Slabbert, V. 2005. Kô lat ôs dink! Insig, November, bl. 10.

Steenkamp, L. 2012. “Snert” dat ANC Afrikaans haat. Rapport, 11 Maart, bl. 7.

Steinmair, D. 2004. Vrae aan rolspelers in die Taalberaad.

LitNet. http://www.litnet.co.za/heupvuur/taalberaad.asp(4 Oktober 2004 geraadpleeg).

Steyn, J.C. 1980. Tuiste in eie taal. Die behoud en bestaan van Afrikaans. Kaapstad:

Tafelberg.

—. 1984. Die oorlewing van Afrikaans. In Prinsloo en Van Rensburg (reds.) 1984.

—. 1998. Nuwe aktiwiteite rondom Afrikaans: die totstandkoming van ’n “Afrikaanse

Oorlegplatform”. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 38(4):253–64.

—. 2000. As jy op my liddoring trap, gaat ek jou slaat, vir ou goete ook. Beeld, 16 Junie, bl.

11.

Steyn, J.C. en A. Duvenhage 2011. Taalverskuiwing en taalhandhawing in die Afrikaanse

gemeenskap: tendense en toekomsperspektiewe. LitNet Akademies 8(3):195–

241. http://www.litnet.co.za/assets/pdf/8_steyn en duvenhage.pdf.

Terblanche, O. 2012. Riglyne vir versoening. Die Burger, 7 Junie, bl. 13.

547
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Titus, D. 2009. Reaksie op Nico Koopman se "Transformerende Afrikaans". LitNet.

http://www.litnet.co.za/Article/reaksie-op-nico-koopman-se-transformerende-afrikaansdanny-titus

(18 September 2009 geraadpleeg).

—. 2012. Sal ons by een wêreld uitkom? Beeld, 3 Mei, bl. 11.

Van der Berg, S. 2003. Taalverskuiwing in Afrikaans. ’n Ontleding van die

sensusdata. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 43(3/4):177–87.

Van der Rheede, C. 2005. Afrikaans ’n brug tussen ryk en arm. Rapport–Nuus, 30 Oktober,

bl. IV.

—. 2012. Afrikaans: probleme en oplossings. http://maroelamedia.co.za/blog/die-grootdebat/afrikaans-probleme-en-oplossings

(11 April geraadpleeg).

Van Louw, C. 2003. ’n Nasionale strategie vir Afrikaans. Ongepubliseerde referaat gelewer

tydens FAK se ope gespreksforum oor “’n Groter voetspoor vir Afrikaans”, 13 September,

Pretoria.

—. 2005. Afrikaans: ’n tuiste vir almal.

LitNet. http://www.litnet.co.za/seminaar/afrikaans_van_louw.asp (1 November 2005

geraadpleeg).

Van Oort, C.P. 2008. Die ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans: 'n inklusiewe perspektief

en implementering in 'n lesreeks. Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Noordwes-Universiteit,

Potchefstroomkampus.

Van Rensburg, F.I.J. (red.). 2004. Afrikaans – lewende taal van miljoene. Pretoria: J.L. van

Schaik.

Van Rensburg, M.C.J. 1989. Oor die depolitisering van Afrikaans: vertrekpunte vir 'n

gesprek. Tydskrif vir Letterkunde, 27(2):42–7.

—. 1992. Die demokratisering van Afrikaans. In Webb (red.) 1992.

—. 1999. Afrikaans and Apartheid. International Journal for the Sociology of Language,

136:77–96.

Van Rensburg, C. (red.). 1997. Afrikaans in Afrika. Pretoria: J.L. van Schaik.

Van Wyk, A. 2012a. SA nie so sleg, sê hulle. Beeld, 16 Maart, bl. 13.

—. 2012b. “Jy behou jou identiteit”. Onderhoud met dr. Danny Titus. Beeld, 28 April, bl. 11.

548
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Venter, A. 2012. Verskoning vir die onverskoonbare. Beeld – BY, 2 Junie, bl. 5.

Venter, M. 2009. Laat die spoke nou met rus. Die Burger, 18 September, bl. 13.

Vosloo, J. 2004. Taalberaad: Dis nog ’n wonder van Afrikaans. Rapport, 29 Augustus, bl. 18.

Webb, V.N. 1997. Afrikaans in een democratiserend Zuid-Afrika. Ons Erfdeel, 40(2):225–

36.

—. 2001. Die bevordering van Afrikaans. In Carstens en Grebe (reds.) 2001.

Webb, V.N. (red.). 1992. Afrikaans ná apartheid. Pretoria: J.L. van Schaik.

Webb, V.N. en L.T. du Plessis (reds.). 2006. The politics of language in South Africa.

Pretoria: J.L. van Schaik.

Wessels, L. 2012. My voete loop na Worcester, waar versoening lewe kry. Beeld – BY, 20

Oktober, ble. 4–5.

Willemse, H. 2005a. Afrikaans-stryd bly etniese stryd. Beeld, 11 Oktober, bl. 10.

—. 2005b. Taal, identiteit en Suid-Afrika: Op soek na ’n ruim belewing van Afrikaans.

Voordrag gelewer tydens 3de Swart Afrikaanse Skrywersimposium, Universiteit van Wes-

Kaapland, Bellville, 20–22 Oktober.

LitNet.http://www.litnet.co.za/seminaar/afrikaans_hein_willemse.asp (1 November 2005

geraadpleeg).

—. 2011. Toespraak tydens die 1ste Jaarvergadering van die Kaapse Kunste- en Uitsaaiassosiasie

(KKUA) en Radio Kaapse Punt, Morawiese Kerksaal, Albertweg, Landsdowne,

Kaapstad. 16 Julie.

Yitzhaki, D. 2012. Questions for Theodorus du Plessis. Journal for Language Policy,

11:273–84.

Eindnotas

1 Hierdie artikel word opgedra aan dr. Gerrit Brand (1970-2013) wat so ’n groot rol gespeel

het in die formulering van die strewes wat uiteindelik tot die totstandkoming van die

Afrikaanse Taalraad gelei het.

2 Hierdie artikel is ’n verwerking en aanpassing van ’n referaat getitel “Versoening in

Afrikaans – is dit haalbaar?” wat op 28 Mei 2012 as die 31ste D.F. Malherbe-gedenklesing

aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein gelewer is.

549
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Afrikaanssprekende emigrante:

verliese en verwagtinge

Maria Marchetti-Mercer en Louw Roos

M.C. Marchetti-Mercer, Skool vir Menslike en Gemeenskapsontwikkeling, Universiteit van die

Witwatersrand;

J.L. Roos, Departement Psigiatrie, Universiteit van Pretoria

Opsomming

Die verskynsel van Suid-Afrikaanse emigrasie geniet baie aandag in die media, met die fokus

dikwels op sosiopolitieke faktore. Daar word egter min aandag aan die sielkundige

ondervindings van diegene wat emigreer, geskenk. Dié artikel, wat deel vorm van ’n groter

navorsingsprojek, fokus op sommige van die ondervindings eie aan Afrikaanssprekende

emigrante. Die groter projek fokus op die impak wat emigrasie op die Suid-Afrikaanse

gesinslewe het. Die resultate van hierdie kwalitatiewe studie dui daarop dat

Afrikaanssprekende inwoners van die land dikwels ’n gevoel van vervreemding in die

“nuwe” Suid-Afrika beleef. Emigrasie lei tot spesifieke interpersoonlike verliese en ook

spesifieke verliese aan kultuur en taal. Laasgenoemde kan beskou word as ’n tipe kulturele

rou, soos beskryf deur Ainslie (1998), wat eie is aan mense wat emigreer en hulle kulturele

wortels agterlaat. Die moontlike verlies van die moedertaal, wat een van die mees

tradisionele elemente van kultuur is, veral in toekomstige generasies, blyk ’n bron van

kommer te wees. ’n Aantal aanbevelings vir toepaslike sielkundige voorbereiding word

gemaak om die impak van hierdie verliese te verminder.

Trefwoorde: emigrasie; immigrasie; Afrikaans; kulturele rou; moedertaal; vervreemding

Abstract

Afrikaans-speaking emigrants: Losses and expectations

In our globalised world an increase in migration can be widely observed. Historically South

Africa has been characterised by both internal and external migrations. During the apartheid

years a number of emigratory fluxes took place, often linked to specific political events.

However, a definite trend can be observed in post-apartheid South Africa, where a new surge

of the population has chosen to leave the country. The people who emigrate tend to be highly

skilled, hence this kind of migration is often referred to as a "brain drain" depriving South

Africa of much-needed professional and technical expertise.

550
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

This emigration phenomenon has received a good deal of attention in the media, with the

focus often on the socio-political factors behind the motivation to emigrate. The main reasons

regularly identified are the high crime levels, affirmative action, corruption and uncertainty

regarding the economic situation. The question, “Should I stay or should I go?” often

highlights the dilemma at the heart of these debates and is explored at the beginning of this

article.

However, in comparison little attention has been given to the psychological motivations as

well as the experiences of those South Africans who decide to emigrate. An overview of

some relevant local and international literature related to the process of emigration is

provided by the authors. This highlights the main losses linked to emigration, specifically

with regard to language, culture and personal relationships. It also describes the processes

that individuals and families go through when they emigrate from their country of origin.

The focus of this article is on some of the psychological experiences unique to Afrikaansspeaking

emigrants associated with their decision to leave South Africa. The data used for

this article formed part of a larger research project on South African emigration. The main

aim of this qualitative study was to explore the experiences and motivations of those South

Africans emigrating, as well as of those family members and friends left behind.

Furthermore, the project wanted to shed light on the impact that emigration is having on

South African family life and social structures.

Ten South African families, from different cultural backgrounds, where at least one member

of the family was emigrating, formed part of the study. A number of semi-structured

interviews were carried out with participants leaving the country and six months later with

some of the family members and friends left behind.

Questions to those emigrating attempted to cover a number of areas, such as (i) reasons for

the emigration; (ii) expectations regarding country of destination; (iii) the losses envisaged in

the process of emigration; (iv) the ways of maintaining contact with family and friends; and

(v) the manner of preparation for the emigration. A thematic analysis was carried out to

identify a number of relevant themes. The results described in this article are specific to the

experiences of those seven families in the larger research project where at least one of the

members of the marital couple was Afrikaans-speaking.

The results of this study suggest that Afrikaans-speaking inhabitants may be experiencing a

sense of alienation and loss in the "new" South Africa which may have influenced their

decision to leave. Other reasons leading to the decision to emigrate included socio-political

factors, a need for change and/or professional improvement, and wanting to provide better

opportunities for one’s children. Participants had many expectations regarding the country of

destination, often linked to the reasons for leaving, but mostly emphasising a safer

environment and better opportunities for their offspring.

551
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

As expected from the prevalent literature, emigration leads to a number of losses, and this

was the experience of all the participants. Specific interpersonal losses were identified. There

were serious concerns about leaving elderly parents behind with reduced support as well as

losses related to the participants’ professional contexts. What also strongly resonated with a

number of the participants were the losses related to language and culture. This particular

experience can be seen as a type of “cultural mourning” as described by Ainslie (1998),

which is common among people who emigrate and leave their cultural roots behind. The

possible loss of the mother tongue, especially with regard to future generations, also appeared

to be a source of concern. All participants emigrated to English-speaking countries, so they

seemed to anticipate a future where they would have to struggle with a second language and

where eventually their children would lose contact with their mother tongue. This experience

resonates with the finding of Barkhuizen and Knoch (2005) regarding the “linguistic longing”

of Afrikaans-speaking emigrants in New Zealand.

In conclusion, there appear to be several reasons for emigrating, but generally people have an

expectation of a safer and better future, especially as far as one’s children are concerned.

However, it does require a certain amount of sacrifice on the part of the adults as they leave

their cultural roots behind.

The authors argue that one of the main challenges facing Afrikaans-speaking emigrants lies

in finding a balance between mourning for that which is lost and left behind and the

opportunities in the country of destination. New support systems need to be explored and

developed, in addition to finding ways of maintaining contact with the people left behind.

Ultimately the development of a “transnational” lifestyle may be a way of overcoming the

loss of “social capital” (Falicov 2007) generally associated with emigration.

Keywords: emigration; immigration; Afrikaans; cultural mourning; mother tongue;

alienation

1. Inleiding 1

In die tydgreep van globalisasie het gemeenskappe al hoe meer divers geword. Die

verskynsel van emigrasie 2 en globalisering het die samestelling van baie gemeenskappe

getransformeer. In Suid-Afrika is ’n definitiewe neiging ná 1994 geïdentifiseer, toe ’n groot

aantal Suid-Afrikaners verkies het om die land van hulle geboorte te verlaat. Die redes is

onder meer polities van aard, terwyl ekonomiese onsekerheid en ’n styging in geweld en

misdaad ook ’n rol daarin speel (Goldin 2002). Baie jong volwassenes verlaat die land nadat

hulle hulle tersiêre opleiding voltooi het. Menige Suid-Afrikaanse gesinne wat agterbly, word

diep geraak hierdeur en bevind hulle met kinders wat regoor die wêreld versprei is. Ons

samelewing word al hoe meer gekonfronteer met die kompleksiteit verbonde aan die

verskynsel van mense wat hulle land van oorsprong verlaat om hulle op ’n vreemde plek te

hervestig. Hierdie verskynsel is in kontras met die feit dat die wit bevolking in Suid-Afrika

552
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

afstam van Europese immigrante wat vanaf die 17de eeu na die suidelike punt van Afrika

gekom het. Hulle was van Duitse, Nederlandse, Franse en ander Europese herkoms en

sommige het van politiese en/of geloofsvervolging probeer ontsnap (Griffiths en Prozesky

2010).

Daar word dikwels verwys na ’n uittog van kundiges (brain drain), want baie van diegene

wat die land verlaat, beskik oor hoogs gespesialiseerde vaardighede wat moeilik vervang kan

word (Crush 2000).

Die Suid-Afrikaanse regering het onlangs betrokke begin raak by ’n aktiewe

“tuiskomsrevolusie”, waar die 80 000 tot 1,2 miljoen Suid-Afrikaners wat in Engeland werk,

geteiken word (Marchetti-Mercer 2011).

2. Emigrasie gedurende die apartheidsjare

Gedurende die apartheidsjare het Suid-Afrika ’n emigrasieproses beleef toe baie mense, beide

swart en wit, die land weens politieke faktore verlaat het (Marchetti-Mercer 2009). Baie jong

wit mense het die land in die 1980’s verlaat om diensplig vry te spring (Jupp 2001).

In haar boek The rift: The exile experience of South Africans, wat handel oor die

ondervindings van politieke-asiel-soekers wat na Suid-Afrika terugkeer na die beëindiging

van apartheid, redeneer Bernstein (1994) dat Suid-Afrikaanse asielsoekersonderskei kan word

van tradisionele asielsoekers omdat hulle nie die land verlaat het weens ’n burgeroorlog,

revolusie of staatsgreep nie. Baie van die aktiviste wat Suid-Afrika gedurende hierdie tydperk

verlaat het, beskou hulself steeds as deel van die voortdurende en toenemende ”struggle” tuis.

Hierdie groep verteenwoordig ook nie ’n homogene groep nie, omdat daar verskillende

groeperings van asielsoekers was, soos na Sharpeville in die sestigs en die Soweto-opstand in

1976. Verder het die meeste asielsoekers die land verlaat as individue wat dikwels vir baie

jare nie kontak met hulle gesinslede kon maak nie, weens die isolasie waarbinne hul beweeg

het (Bernstein 1994).

Baie van hierdie groeperings het in die vroeë 1990’s na Suid-Afrika teruggekeer (Marchetti-

Mercer 2009). Dit was vir hierdie asielsoekers ’n uitdaging om na baie jare na Suid-Afrika

terug te keer. Bernstein (1994) tipeer dit as die “paradoks van asiel”, wat sy beskryf as die

verskynsel dat alhoewel Suid-Afrika hul vaderland (tuiste) was, dit ’n realiteit was dat ’n

ander vreemde land eintlik hulle tuiste geword het. Met hulle terugkeer het hul gevind dat dit

nie net hulle was wat onomkeerbaar verander het nie, maar ook die Suid-Afrika wat hul

destyds agtergelaat het. Om dié rede het baie van die mense praktiese en sielkundige

probleme met hulle terugkeer ondervind. Hulle het ook nie die terugverwelkoming wat hulle

verwag het, ontvang nie. Hulle het dikwels kritiek ontvang en is verwerp deur diegene wat

die “struggle” vanuit Suid-Afrika gevoer het (Marchetti-Mercer 2009).

553
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Verder het Suid-Afrika ook die verskynsel van interne migrasie gedurende die apartheidsera

beleef, wat ’n groot deel van die swart bevolking geaffekteer het. Dit het gelei tot die interne

emigrasie van die swartarbeidsmag, waar mans hulle vrouens en kinders agtergelaat het om

werk te soek in die nywerhede en veral die myne. Vroue moes noodgedwonge hulle kinders

agterlaat terwyl hulle werk gesoek het in stede, gewoonlik as huishulpe in wit huishoudings.

Hierdie praktyk het die gesinstrukture van swart mense nog verder beïnvloed. Die negatiewe

effek van hierdie tipe interne migrasie op sulke swart huishoudings is goed gedokumenteer

(sien bv. Hanks en Liprie 1993).

3. Emigrasie na 1994: huidige statistiek en tendense

Soos vroeër beskryf, beleef Suid-Afrika steeds ’n emigrasiebeweging na 1994, wat dikwels

verband hou met die sosiopolitieke omstandighede in die land vandag (Goldin 2000;

Marchetti-Mercer 2012). Statistiese gegewens oor die presiese getal Suid-Afrikaners wat

emigreer, is nie altyd korrek nie, omdat mense nie aandui wanneer hulle beplan om te

emigreer nie. Baie wit Suid-Afrikaners beskik oor dubbele burgerskap, wat die verskynsel

verder kompliseer. Statistiek Suid-Afrika het in Julie 2010 ’n verslag gepubliseer wat daarop

dui dat ongeveer ’n halfmiljoen wit Suid-Afrikaners sedert 1994 die land verlaat het. Die

meerderheid mense wat uit Suid-Afrika emigreer, is tussen 24 en 40 jaar oud. Daar is na

raming 750 000 jong wit Suid-Afrikaners wat die land na 1994 verlaat het. Daar is tans meer

wit mans tussen die ouderdom van 60 en 64 jaar in die land as tussen 30 en 34 jaar (SAIRR

2009).

Hoewel dit oor die algemeen aangeneem word dat dit ’n wit uittog is, het swart professionele

persone ook geëmigreer (veral dié in beroepe soos verpleegkunde). Talle swart Suid-

Afrikaners soek ook geleenthede oorsee (Marchetti-Mercer 2011).

4. Suid-Afrikaners se houding jeens emigrasie

Suid-Afrikaners se houding jeens emigrasie is in 2009 deur die bemarkingsmaatskappy

Synovate nagevors. Persoonlike onderhoude is met 600 respondente gevoer wat in al nege

provinsies woon en alle ouderdomsgroepe, albei geslagte en alle rasse insluit. ’n Opgesomde

oorsig van die resultate van hierdie ondersoek word vervolgens weergegee (Synovate 2009).

In 2008 het 20% Suid-Afrikaners oorweeg om die land te verlaat, in vergelyking met ’n

marginale daling na 18% in 2009 (Synovate 2009). Dit blyk dat die wêreldwye resessie ’n

remskoen vir sommige mense se emigrasieplanne was. Van die Suid-Afrikaners wat aangedui

het dat hulle definitief gaan emigreer, of dit ernstig oorweeg, het 56% aangedui dat hulle

planne vertraag is totdat die ekonomie wêreldwyd gestabiliseer het.

554
4.1 Ouderdomsgroep

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In die steekproef wat ondersoek is, het dit geblyk dat meer jong mense oorweeg het om die

land te verlaat.In die ouderdomsgroep van 18 tot 24 het 30% van die respondente aangedui

dat hulle emigrasie oorweeg het. Die laagste waarskynlikheid om te emigreer is in die groep

van 55 tot 64 jaar aangedui.

4.2 Geslag

Die studie het aangedui dat mans ’n hoër geneigdheid as vrouens het om te emigreer.

Veertien persent van vroue het aangedui dat hulle definitief sou emigreer of dit ernstig

oorweeg, in vergelyking met 21% van die mans. Die motivering vir die verskil tussen

geslagte lê in die feit dat mans aangedui het dat beter werksgeleenthede die groot oorweging

sou wees, terwyl vroue aangevoer het dat misdaad en geweld die hoofoorweging sou wees.

4.3 Voorkeurbestemming

Die meeste deelnemers (25%) het aangedui dat hulle voorkeurbestemming Brittanje (VK) sou

wees, terwyl 23% sou verkies om na Australië en 20% na die VSA onderskeidelik te

emigreer. Die jonger deelnemers het Brittanje (VK) as voorkeurbestemming aangedui, terwyl

die ouer deelnemers Australië verkies het.

4.4 Groepsdruk

Die genoemde studie het aangetoon dat selfs mense wat nie emigrasie oorweeg nie, graag

daaroor gesprek voer, en ’n kwart van die Suid-Afrikaners wat aan die studie deelgeneem het,

is deur vriende of familie aangemoedig om te emigreer. Van die mense wat kinders op skool

of universiteit het, het 23% van die deelnemers hulle kinders aangemoedig om blyplek in ’n

ander land te vind.

4.5 Redes vir vertrek

As die motiverings vir emigrasie ondersoek word, is die primêre oorweging wat gerapporteer

is, geweld, misdaad en korrupsie (82%), teenoor die ooreenstemmende syfer (55%) van 2008.

Ander oorwegings wat geïdentifiseer is, is ’n onstabiele ekonomie (31%), regeringsprobleme

(31%), diskriminasie (7%) en bekommernisse oor infrastruktuur (3%).

4.6 Redes om te bly

’n Aantal redes wat hulle sou weerhou van emigrasie word deur die deelnemers in die studie

aangevoer. Die grootste rede was “die wonderlike klimaat” (28%), gevolg deur “om naby

familie en vriende te wees” (23%). Vir 22% is die primêre rede hulle “liefde vir Suid-Afrika

se mense”, terwyl 19% “die natuur” en “wild” aangedui het. Vryheid en diversiteit van

kulture in Suid-Afrika is ook as redes aangegee.

555
5. Voorkeur sosiale diskoerse en debatte rakende die redes vir emigrasie

5.1 Misdaad en geweld as stootfaktore

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Griffiths (2007) redeneer dat daar ’n verskil is tussen wit Suid-Afrikaanse emigrante en ander

emigrante. Emigrasie is ’n wêreldwye tendens, maar daar is ’n duidelike verskil in die redes

waarom Suid-Afrikaners emigreer. ’n Mens kan redeneer dat Suid-Afrikaanse emigrante

grootliks deur “stootfaktore” gemotiveer word, met ander woorde negatiewe omstandighede

in die land van oorsprong eerder as “trekfaktore” soos positiewe omstandighede in die land

van heenkome wat mens sou aanspoor om te trek (Kunz 1973).

Van Rooyen (2000:97) verklaar:

Crime has become the country’s Achilles heel – no matter what progress has been

made in reconstruction, reconciliation, nation building and even economic

miracles, these will remain empty words if the citizens of the country are subject

to a level of violent crime akin to a “civil war” that never happened.

Hy vergelyk die ondervinding van wit Suid-Afrikaners met sogenaamde slagoffer-diaspora –

met ander woorde traumatiese ondervindings wat mense uit hulle tradisionele tuislande dryf.

Volgens Van Rooyen (2000) is daar drie tipes wit Suid-Afrikaanse emigrante:

1. dié wat die land verlaat

2. dié wat na sogenaamde veiliger plekke in die land trek, soos die Wes-Kaap

3. dié wat in veiligheidskomplekse intrek.

Laasgenoemde is volgens Van Rooyen (2000:19) ’n “sielkundige emigrasie” wat gesien word

as ’n sielkundige onttrekking uit die samelewing. Mense verhuis na hoësekuriteitsomgewings

en lei ’n hoogs afgesonderde lewe.

’n Ander kant van die debat is die feit dat emigrante gesien word as verraaiers van die nuwe

demokratiese bedeling. Van Rooyen (2000:127) verwys na oudpresident Nelson Mandela se

stelling in 1998 dat emigrante nie ware Suid-Afrikaners is nie, en dat hulle rassisties is,

omdat hulle nie onder swart oorheersing ’n bestaan kan voer nie.Dit is nie ’n

onkontroversiële perspektief nie, want baie emigrante sien hulleself as slagoffers van misdaad

en geweld en nie as rassiste nie.

5.2 Die “moet-ek-bly-of-gly?”-debat

Al die bogenoemde argumente dui op die feit dat die sogenaamde “moet-ek-bly-of-gly?”debat

vandag in Suid-Afrika voortduur. Richman (2010) beskryf dit in sy onlangse boek met

dieselfde titel as die beskrywende vraag vir Suid-Afrikaners. Hy gee ’n aantal verhale van

556
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Suid-Afrikaners weer wat albei kante van die debat verteenwoordig. Hy probeer verskillende

sienings akkommodeer sonder om kant te kies en wys daarop dat daar nie regte of verkeerde

antwoorde op hierdie vraag is nie. Mense neig om hulle posisie sterk te verdedig en daar

word min ruimte gelaat vir meer neutrale sienings.

In die boek inkorporeer hy opstelle waar die skrywers die besluit wat hulle geneem het,

verdedig. Mense verlaat die land as gevolg van misdaad en die persepsie van ’n onsekere

toekoms, maar ander bly ten spyte daarvan dat hulle dieselfde probleme ondervind. Die vrae

rondom wat ’n tuiste is en die liefde vir ’n land word deur beide groepe gedeel. Volgens

Richman (2010) moet ’n persoon uiteindelik leer om saam te leef met die besluit wat hy/sy

geneem het, of die een wat hy/sy beplan om te maak.

5.3 Verlies aan ontologiese sekuriteit

’n Ander diepliggende rede hoekom mense besluit om die land te verlaat het dalk te doen met

wat Dupuis en Thorns (1998) as ontologiese sekuriteit bestempel. Giddens (1990) beskou

ontologiese sekuriteit as ’n sin van selfversekerheid wat mense in die kontinuïteit van hulle

selfidentiteit en die konstantheid van hulle sosiale en materiële omgewing het. Hy beskryf dit

as, “’being’ or, in the terms of phenomenology, ‘being-in–the-world’. But it is an emotional,

rather than a cognitive, phenomenon, and it is rooted in the unconscious” (Giddens 1990:92).

Dupuis en Thorns (1998) beskryf home primêr as ’n plek waar mense ’n sin van ontologiese

sekuriteit kan bekom, terwyl daar ’n buitewêreld is wat bedreigend en buite ’n mens se

beheer is.

Hierdie behoefte aan ontologiese sekuriteit is ’n basiese sielkundige behoefte van individue

en word primêr in persoonlike verbintenisse met ander mense nagespoor (Giddens 1990). Die

huis is gevolglik die essensiële en formatiewe bron van ontologiese sekuriteit. Suid-

Afrikaners voel dikwels ontnugter in hulle verhoudings met hul land van oorsprong en plaas

soveel afstand as moontlik tussen Suid-Afrika en hulself. Die gevolglike eksistensiële

onteiening van wonings of blyplek mag ’n sterk motiverende faktor vir baie Suid-Afrikaners

wees wat die land verlaat. Hierdie eksistensiële onteiening van woning of blyplek kan ’n

produk van die kunsmatige, verwronge idee van ’n blyplek wees wat voortgevloei het uit ’n

koloniale oorsprong (Goodwin en Schiff 1995).

Volgens Griffiths en Prozesky (2010) gee Taylor (2004) en Heidegger (2001 [1971]) se

filosofiese taal ons insig in die eksistensiële en verbeeldingsverknorsing waarin wit Suid-

Afrikaners hulle in Suid-Afrika en oorsee bevind. Griffiths en Prozesky (2010) wys ook

daarop dat wit Suid-Afrikaners die land verlaat as gevolg van dinge wat hulle daaglikse

bestaan en die konteks van lewe bedreig; maar die dieper kwelling is die feit dat hulle nie

meer hier kan leef en woon nie, eerstens as gevolg van die ekstreme aard van die wit Suid-

Afrikaanse sosiale verbeelding en die wêreld wat dit gevorm het, en tweedens as gevolg van

die krag van hierdie verbeelding. Die verbeelding, wat ondersteun is deur apartheid, was

gedeeltelik onsamehangend en gebaseer op rasseskeiding en sistematiese onderdrukking,

asook effektiewe ekonomiese verslawing van die grootste gedeelte van ons bevolking.

557
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

’n Mens kan nie waarlik leef of tuis voel as die verskillende aspekte van ’n mens se

gemeenskapslewe en praktyke bots nie, en ’n mens kan nie ten volle mens wees as die

hoeksteen van jou lewe gegrond is op die ontkenning van ’n ander persoon se menslikheid

nie. Volgens Van der Merwe (2008) het die wit Afrikaner se identiteit, kultuur, waardes en

narratiewe soos dit tradisioneel geken, bewaar en in stand gehou is, reeds onherroeplik

verander. Waarmee dit vervang word, is in hierdie stadium nog nie presies duidelik nie, want

die proses is steeds aan die gang en benodig in die toekoms verdere navorsing.

Steyn (2001) voer aan dat wit Suid-Afrikaners neig om na Brittanje of voormalige Britse

kolonies te emigreer op soek na ’n materiële lewenstyl soortgelyk aan dié in Suid-Afrika.

Hulle vertrou dan dat hulle daar tuis sal voel; hulle neem selfs onbewustelik aan dat hulle

broederskap sal ervaar. Hulle glo hulle sal dit met die Kanadese, Australiërs of Nieu-

Seelanders deel, bloot omdat daardie bevolkings ook hoofsaaklik wit is. Sommige kenmerke

van wit rasvermenging is supranasionaal, ’n oorblyfsel van kolonialisasie. Gevolglik kan wit

mense emigreer na lande waar ’n deel van die wit identiteit meer ondersteun word, waar,

volgens Steyn (2001:91–2), die parameters van ’n wit wêreldbeskouing meer ongeskonde

gebly het.

Ten spyte daarvan dat baie wit mense die land verlaat met verskeie negatiewe gevoelens

jeens Suid-Afrika, soek hulle steeds verbintenisse met die land deur kontak te behou met

landsburgers. Dít terwyl hulle oorsee voortgaan om die negatiewe aspekte van die land te

beklemtoon (Steyn 2001).

’n Vreemde verskynsel word waargeneem in die wit Suid-Afrikaanse gemeenskap waar

emigrante in Australië, Nieu-Seeland en die VK almal Suid-Afrikaanse gemeenskappe

herontwikkel het. Daar is skole en kerke in hierdie gemeenskappe wat spesiaal ontwerp is vir

hierdie bevolking van emigrante; sommige kerke en skole het Afrikaans as ’n primêre taal

van kommunikasie: ’n taal inheems aan Suid-Afrika. Op hierdie manier staan die

gemeenskap saam en herontwerp in ’n sekere sin hul tuiste en bestaan daar deur te

identifiseer met kulturele aspekte wat aan hulle bekend is. Gevolglik word ’n nuwe sin van

identiteit en waarde gevorm (Marchetti-Mercer, Greyvenstein en Prinsloo 2008).

Hierdie verskynsel pas in by die konsep van “verlies aan sosiale kapitaal” (Falicov

2007:164). Mense wat emigreer, mag dit met die verloop van tyd herbou deur middel van

ware of virtuele ruimtes, en dit word moontlik gemaak deur die beskikbaarheid van

tegnologiese verbindings met die gemeenskap wat agterbly. Falicov (2007) redeneer verder

dat emigrante heel waarskynlik hulle etniese gemeenskapnetwerke sal herbou in die nuwe

land om hierdie saak baas te raak. Daar is bewys dat verbintenisse met sulke

gemeenskapsnetwerke sterk met geestesgesondheid korreleer (Vega, Kolody, Valle en Weir

1991).

Falicov (2005) se navorsing, wat fokus op die verband tussen geestesgesondheid en

emigrasie, dui aan dat verbintenis met ’n mens se ou kultuur voordelig kan wees. Die behoud

van ’n persoon se tradisionele kultuur kan dien as ’n buffer vir die negatiewe impak op

558
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

geestesgesondheid as gevolg van emigrasie (Marchetti-Mercer en Roos 2006). Abe, Zane en

Chun (1994) neem ook waar dat die behoud van kultuur as ’n belangrike anker gedurende die

hervestigingsproses en as ’n positiewe verbintenis met die verlede kan funksioneer.

6. Emigrasie en taal

Grinberg en Grinberg (1989:109) redeneer dat taal die basis van ’n persoon se identiteit vorm

en gevolglik ’n belangrike rol in die lewe van emigrante speel. Hulle glo (1989:90) dat ’n

mens se moedertaal nooit so belangrik is as wanneer ’n mens in ’n land bly waar ’n ander taal

gepraat word nie. Die ervarings en gevoelens van ’n mens se kinderjare is nou aan jou

moedertaal verbind. Hulle glo verder dat ’n immigrant se onvermoë om die plaaslike taal

goed te praat, of dat hulle dit met ’n aksent praat, kan lei tot ’n sin van ondergeskiktheid en

onbekwaamheid, en dat dit tot ’n minderwaardigheidskompleks kan lei (1989:111).

Barkhuizen en Knoch (2005:216) beskryf die ondervinding van Afrikaanssprekende

emigrante in Nieu-Seeland aslinguistic longing (linguistiese verlange) om die emosionele

reaksies op verminderde blootstelling aan en geleenthede vir die gebruik van Afrikaans te

verwoord.

Kinders leer ’n nuwe taal vinniger aan, want hulle wil nie hê hulle portuurgroep moet hulle as

“anders” beskou nie. Namate hulle meer vaardig word in die nuwe taal, stel hulle minder

belang in hulle moedertaal, wat konflik tussen hulle en hulle ouers veroorsaak (Marchetti-

Mercer 2009:133).

7. Emigrasie en verlies

Ainslie (1998:287) beskryf die proses wat immigrante beleef as ’n proses van kulturele rou:

When an immigrant leaves loved ones at home, he or she also leaves the cultural

enclosures that have organized and sustained experience. The immigrant

simultaneously must come to terms with the loss of family and friends on the one

hand, and cultural forms (food, music, art, for example) that have given the

immigrant’s native world a distinct and highly personal character on the other

hand. It is not only people who are mourned, but culture itself, which is

inseparable from the loved ones it holds. [....]. While the motives for migration

(voluntary or involuntary) and the conditions left behind (economic, political)

vary from person to person, all immigrants lose something essential to their lives

in leaving their native home [...], even those whose lives in their country of origin

are characterized by conflict and deprivation will experience loss.

Hy is van mening dat die immigrasie-ondervinding ’n spesiale geval van rou verteenwoordig,

waar die rou sentreer om die verlies van geliefdes en plekke, tesame met geografiese

559
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

losmaking (Ainslie 1998:285–6). Hy verwys na die werk van Volkan (1993) wat na

immigrante as “onophoudelike roubeklaers” verwys.

Ainslie (1998) redeneer ook dat ’n algemene kenmerk van immigrante-rou ’n poging is om

die realiteit van losmaak te ontken of te verdun. Hulle poog om die realiteit van verlies te

vermom deur die skepping van ’n sielkundige spasie – die illusie dat hulle beide “hier” en

“daar” is (Ainslie 1998:289).

Ainslie (1998:293) stel dit voorts dat belangrike veranderlikes “die veranderde

omstandighede van kulturele rou” onderlê:

1. die tyd wat emigrante weg was van hulle land van oorsprong

2. hoe maklik en moontlik dit is om terug te keer

3. nuwe tegnologiese maniere van kommunikasie.

Verder redeneer Ainslie ook dat hoe meer mense kontak kan behou en hernu, hoe minder rou

is nodig, want dit onderhou “its intrapsychic representations and the fantasy of return”

(Ainslie 1998:293).

Ainslie (1998:296) sien immigrasie as “a double-edged sword: On the one hand it provides

economic opportunities [...]; on the other hand, the experience of dislocation, coupled with

significant acculturative stress attendant to negotiating an unknown culture, results in the

noted symptoms.”

Nuwe immigrante ondervind spanning as gevolg van ’n verlies aan sosiale ondersteuning en

netwerke wat in hulle vaderland beskikbaar was, met die gevolg dat daar onvermydelik ’n

impak op beide fisiese en geestesgesondheidsvlakke kan wees (Ward en Styles 2003:350).

8. Die proses van migrasie

Migrasie is ’n proses wat oor ’n tydperk plaasvind. Mense mag dit verskillend ervaar en nie

alle individue sal dieselfde ondervindings deel nie. Dit is ook so dat elke generasies dit op ’n

ander manier beleef (Sluzki 1979).

Volgens Van Coller (2002) speel die volgende faktore ’n belangrike rol in die impak van die

emigrasie-ondervinding:

a. Die demografie en omstandighede van die individue in die land van herkoms. Dit sluit die

volgende faktore in:

i) die politiese en ekonomiese situasie

560
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

ii) ouderdom, geslag, opvoedingsvlak, geloof, gesondheid, taal en status.

b. Die motivering vir migrasie:

i) stoot-/trekfaktore

ii) verwagtinge rondom emigrasie.

c. Interne hanteringstrategieë en hulpbronne

d. Die uitdagings en spanning om in die nuwe land te lewe.

e. Die omstandighede in die gasheerland. Dit sluit in sosiale ondersteuning en houdings,

kontakte, deelname en probleme wat ondervind word.

f. Eksterne ondersteuning en hulpbronne. Dit verwys na migrante se kennis van en houding

teenoor ondersteuning en eksterne hulpbronne wat in die gasheerland beskikbaar is.

Van Coller (2002:21–5) beskryf die volgende fases van emigrasie, wat gebaseer is op ’n

aantal modelle wat die migrasieproses omskryf. Sy beklemtoon dat elke fase sy eie uitdagings

aan die individu stel en verskillende psigologiese reaksies uitlok:

8.1 Pre-immigrasie en beplanningsfase

Hierdie fase dek die tydperk vandat daar oorweeg word om te emigreer tot die tydstip

wanneer al die reëlings getref is en die individu gereed is om te emigreer.

Volgens Sluzki (1979) kan migrasie óf negatief (bv. om aan politieke onderdrukking of hoë

vlakke van misdaad te ontsnap) óf positief gemotiveerd wees (bv. om ’n beter bestaan te

maak in ’n ander land). Dit is belangrik om te herken of die besluit vrywillig of nie vrywillig

is nie, om die impak op die individu of gesin te bepaal.

Dié mense wat migreer as gevolg van byvoorbeeld ekonomiese faktore of beter onderwys, sal

ander spanninge beleef as dié wat as gevolg van politieke oortuigings migreer. Mense wat ’n

hoë motivering het om te migreer sal minder geestesgesondheidsprobleme hê as dié wat

teësinnig is. Dit is ook van belang om te identifiseer wie die motiveerder of verantwoordelike

persoon is wat die besluit neem om te migreer. Is die gesin byvoorbeeld op pad uit die land as

gevolg van ’n spesifieke individu se loopbaan terwyl die res van die gesin eintlik nie wil gaan

nie? Volgens Hulewat (1996:130) is dit belangrik om te weet hoe die besluit geneem is om te

emigreer, aangesien dit sal bepaal hoe die individu of gesin in die nuwe land sal aanpas.

Sluzki (1979) wys daarop dat dit ’n tyd van gemengde gevoelens mag wees: euforie as

gevolg van opgewondenheid om te emigreer, maar ook gevoelens van hartseer, onsekerheid

en vrees oor wat voorlê.

561
8.2 Die “wittebrood”-fase

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hulewat (1996:130) wys daarop dat hierdie tydperk ’n opwindende en uitputtende

ondervinding kan wees.

Volgens Sluzki (1979) eis migrasiestres nie in die onmiddellike weke, of selfs maande na die

migrasieproses, sy tol van die gesin nie. In hierdie stadium is die gesin ten volle gefokus op

aanpassing en oorlewing, en lede van die gesin mag onbewus wees van die stresvolle aard

van die migrasie, asook die impak wat dit op die gesin het.

Gedurende hierdie tydperk word die gesin gekonfronteer met ’n kulturele konteks wat baie

verskil van hulle eie. Die drang om te oorleef is so sterk dat gesinne ’n relatiewe moratorium

met betrekking tot akkulturasie en akkommodasie ondervind. Baie van die konflikte wat

ondervind kan word as gevolg van ’n totaal nuwe kultuur as hul eie, bly omtrent dormant.

8.3 Die krisisfase van deflasie of dekompensasie

Gedurende hierdie tydperk sal die spanning wat oor verskeie maande opgebou het, na vore

kom (Tousignant 1992:170).

Sluzki (1979) wys daarop dat daar in hierdie tydperk baie probleme, konflikte en sekere

simptome in die gesin na vore kan tree. Gedurende hierdie tydperk is die hooftaak van die

gesin om sy eie identiteit te herskep. Daar moet ’n balans gevind word tussen die ou

identiteit, wat gekoppel is aan die land van herkoms, en die nuwe omgewing waarheen

migreer is. Dit kan baie moeilik wees om ’n balans te vind en volwassenes en kinders pas op

verskillende maniere aan. Die gesin kan gedwing word om sy gedragsreëls te verander. Wat

gewerk het en aanvaarbaar was in die land van herkoms kan dalk nie langer in die nuwe land

geld nie. Kinders pas dikwels vinniger in die nuwe land aan. Gedurende hierdie tydperk kom

die sterk- en swakpunte in die gesin se vaardighede om opgewasse te wees duidelik na vore.

So kan spanning ook kumulatief word en sekere simptome kom tot uitdrukking in die maande

en soms jare na migrasie.

Gedurende hierdie tydperk word geslagsrolle beklemtoon en die verskille tussen mans en

vroue word duideliker. Die belangrikheid van aanvaarbare kulturele norme en rolle wat

mense saambring na die nuwe land, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Geslagsverskille in

aanpassing word ook in die ouer generasie van emigrante gereflekteer. Dit is belangrik dat al

hierdie faktore in ag geneem moet word as daar gekyk word na die ondervindings van

paartjies in hierdie fase.

8.4 Uitbalanserings- of aanpassingsfase

Volgens Van Coller (2002) sal die sielkundige uitkoms van die proses van emigrasie afhang

van hoe effektief die uitdagings van die krisisfase opgelos is.

562
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Sluzki (1979:387) dui daarop dat nuwe individuele en kollektiewe sterkpunte na vore kan tree

as die immigrantgesin daarin slaag om die reëls, modelle en gewoontes van die land van

oorsprong konstruktief met die nuwe realiteit te integreer.

White (2004) beskryf ’n driefaseproses van migrasie van identiteit. Eers is daar ’n

skeidingsfase, wat insluit die wegbreek van ’n persoon se bekende lewe en gekenmerk word

deur optimisme. Tweedens is daar ’n liminale fase, wat beskryf kan word as ’n “tussen-in”

fase waar ’n persoon se bekende sin van bestaan in die wêreld afwesig is. Dit word

gekenmerk deur tydperke van disoriëntasie en verwarring en beduidende vertwyfeling.

Laastens is daar ’n herinkorporasiefase wat bereik word wanneer ’n persoon voel hy het

gearriveer op ’n ander plek in sy lewe en ’n sin van inpas en tuis-wees ondervind.

8.5 Transgenerasieverskynsels

In die transgenerasiefase pas immigrante aan by die nuwe land en verban hulle planne om

terug te keer na die land van oorsprong. Met die aankoms van kinders kom nuwe brandpunte

na vore, soos die behoud van die moedertaal, godsdiens en sosiale waardes. Eerstegenerasiekinders

mag in konflik kom oor hulle verskillende kulture en sal soms verder studeer in hulle

land van herkoms. Sommige immigrante behou noue kontak met hulle gesin en land van

herkoms, maar die teenoorgestelde kan ook waar wees, veral waar mense agterdogtig is

teenoor die land van herkoms.

9. Die navorsingsprojek

Die doel van die groter navorsingsprojek onder bespreking was om Suid-Afrikaners se

ondervinding van migrasie in die konteks van hulle gesinslewe na te vors. Die fokus was op

mense wat op die punt gestaan het om te migreer en hulle ondervinding rondom die besluit

om Suid-Afrika te verlaat, asook op lede van die gesin en nabye vriende wat gaan agterbly.

Die studie het ook die totale effek van die verskynsel van migrasie op Suid-Afrikaanse

gesinslewe, die funksionering en die algemene sosiale konteks daarvan nagegaan (Marchetti-

Mercer 2012:245).

Die studie was kwalitatief van aard. Daar is hoofsaaklik gebruik gemaak van

semigestruktureerde onderhoude met tien Suid-Afrikaanse families uit verskillende kultuur-

en sosio-ekonomiese groepe. Die onderhoude het gedien as basis vir ’n beskouing van die

ondervindings van hierdie gesinne met betrekking tot sommige lede se besluit om te

emigreer. Die ondersoek het oor 18 maande gestrek.

Agt kerngesinne en een enkellopende persoon het uiteindelik die land verlaat. Een van die

twee deelnemers wat nie getroud was of kinders gehad het nie, het later besluit om nie te

emigreer nie. ’n Ander familie het na Suid-Afrika teruggekeer agt maande na emigrasie en ’n

opvolgonderhoud was moontlik. Ses maande na die vertrek (of kort daarna) is daar

563
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

onderhoude gevoer met 21 gesins- en familielede en naaste vriende van diegene wat

geëmigreer het.

Die fokus van hierdie artikel is egter slegs op die Afrikaanssprekende gesinne of daardie

gesinne waar minstens een van die eggenote Afrikaanssprekend is.

9.1 Navorsingsmetode

Die studie was kwalitatief van aard en het berus op ’n gesinsisteembenadering, waar

emigrasie nie gekonseptualiseer was as ’n individuele geval nie, maar as ’n sistemiese proses

wat ’n impak het op ’n aantal persone en verwante subsisteme. Onderhoude is gevoer deur

drie verskillende onderhoudvoerders (een was die projekleier en die ander twee opgeleide

navorsingsassistente) en het ’n uur tot een en ’n half uur geduur. Alle deelnemers het ’n

ingeligte toestemmingsvorm voltooi. Etiese goedkeuring vir hierdie studie is verkry volgens

die riglyne van die universiteit van Pretoria. Daar is met 32 mense onderhoude gevoer oor ’n

tydperk van 18 maande. ’n Oorspronklike onderhoudskedule is ontwikkel. Dit het belangrike

aspekte ingesluit om onder meer die persoonlike, interpersoonlike en sosiale faktore van

emigrasie beter te verstaan. Die tipe vrae wat gestel is, het primêr gefokus op die redes vir die

besluit om te emigreer, verwagtinge rondom die land van bestemming, verliese wat verband

hou met die emigrasie, die siening van die impak van emigrasie op ander belangrike

verhoudings en hoe die familie hom voorberei vir die emigrasie. As gevolg van praktiese

beperkings was dit makliker om met een lid van die gesin ’n onderhoud mee te voer.

Die persone wat op die punt gestaan het om te emigreer, is vrae gevra om die redes vir

emigrasie verder na te gaan. Die vrae het die volgende ingesluit:

• hulle verwagtinge van die land van bestemming

• hoe hulle besluit ’n impak gehad het op hulle persoonlike verhoudings

• verliese geassosieer met emigrasie

• planne om kontak te behou met familie en vriende

• hulle voorbereiding vir die emigrasieproses.

Daar is ook aandag gegee aan die ondervinding van mense wat agterbly, en hoe hulle lewens

verander het sedert die emigrasie van familie. Die verandering in verhoudings met die

persone wat die land verlaat het, is ondersoek, en daar is ook nagespoor hoe kontak met die

persone behou is.

Daar was buigbaarheid in die vrae wat gestel is, aangesien al die onderhoudvoerders klinies

opgelei en in staat was om verder te delf vir meer emosioneel-gelaaide materiaal.

9.2 Steekproeftrekking

Die aanvanklike deelnemers aan die studie (mense wat op die punt gestaan het om uit Suid-

Afrika te emigreer) is geïdentifiseer deur gebruik te maak van ’n doelgerigte

steekproeftrekkingbenadering. ’n Voorlopige steekproeftrekking van tien gesinne is

564
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

geïdentifiseer en dit is gesien as groot genoeg om ’n wye verskeidenheid response te verkry,

terwyl dit sou toelaat vir diepgaande verkenning van elke geval (Willig 2008). Die besluit om

tien gesinne te werf is bevestig gedurende data-ontleding toe versadiging bereik is gebaseer

op die response van die voorlopige steekproeftrekking. Bykomende dataversameling was nie

nodig geag om die ontleding uit te brei of te verryk nie. ’n Sneeubal-steekproeftrekking is

ook gebruik, aangesien sommige deelnemers die onderhoudvoerders na ander moontlike

deelnemers verwys het. Dit het veroorsaak dat die steekproeftrekking gelaai was ten opsigte

van mense wat sosiokultureel en professioneel dieselfde was.

Daar is met slegs een lid van die gesin wat sou emigreer ’n onderhoud gevoer. Uit praktiese

oorwegings was dit nie moontlik om met al die gesinslede onderhoude te voer nie. Gevolglik

dui die resultate op individuele ondervindings en opvattings en nie op dié van ander

gesinslede nie. Verder was daar geen aanduiding oor hoe die gesin aangepas het by hulle

nuwe land van bestemming nie. Die uitsondering was die gesin wat teruggekeer het en met

wie ’n onderhoud gevoer is. Waar moontlik is ’n onderhoud met minstens een lid van hulle

familie wat agtergebly het en/of nabye vriende gevoer.

9.3 Gevallestudies

Vir hierdie artikel is die gevallestudiemetode spesifiek gebruik om data in te samel. ’n

Gevallestudie sluit in ’n gedetailleerde ondersoek van ’n enkele individu, groep of situasie

(Flyvbjerg 2004). Die enkele element word behandel as ’n voorbeeld van ’n spesifieke

verskynsel wat veroorsaak dat ’n persoon insig verkry oor wat plaasvind en waarom ’n

verskynsel gebeur het (Flyvbjerg 2004; Morra en Friedlander 1999). Alhoewel

veralgemening na ander bevolkingskontekste beperk is, is die doel van

gevallestudienavorsing om dit moontlik te maak om tot die teorieë en idees oor ’n fenomeen

te veralgemeen (Tellis 1997). As sodanig word gevallestudies gebruik om ’n bestaande teorie

te bevestig of te bevraagteken. Dit dien die doel om ’n unieke geval daar te stel wat verdere

idees oor ’n verskynsel kan belig (Tellis 1997). Gevolglik is dit verantwoordbaar en verskaf

bruikbare en waardevolle inligting wat kennisskepping fasiliteer. Die gevallestudie wat

vervolgens beskryf word, is slegs dié van gesinne wat Afrikaanssprekend was of waar

minstens een van die eggenote Afrikaanssprekend was. Die name is verander ter wille van

vertroulikheid.

Gesin 1 – Gemengde Engels- en Afrikaanssprekende gesin

Pam is ’n 36-jarige Engelssprekende kliniese sielkundige, getroud met Victor, wat 37 jaar

oud is. Victor is Afrikaanssprekend en hulle het twee kinders, Marie (8) en Patrick (4). Hulle

emigreer na Nieu-Seeland. Hy het reeds ’n werk gehad en sy nie.

Gesin 2 – Afrikaanssprekende gesin

Chris is ’n 33-jarige kliniese sielkundige. Hy en sy lewensmaat was op pad na Nieu-Seeland

toe, voor hulle uitmekaar is. Chris het in elk geval na Nieu-Seeland geëmigreer.

565
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Gesin 3 – Afrikaanssprekende gesin

Gideon is ’n 41-jarige prokureur, getroud met Annabel (40). Sy is ’n opvoedkundige

sielkundige met twee kinders, Pieter (10) en Natalie (7). Hulle het na Nieu-Seeland verhuis

omdat sy ’n werksaanbod gekry het. Na agt maande het hulle teruggekeer omdat hy nie werk

kon kry nie.

Gesin 4 – Gemengde Engels- en Afrikaanssprekende gesin

Antonio is ’n 62-jarige Engelssprekende afgetredene en Estelle (54) ’n Afrikaans-sprekende

akademikus. Hulle vertrek na die VSA waar sy werk by ’n universiteit gekry het. Hulle het ’n

22-jarige dogter Kristen in Suid-Afrika agtergelaat en hulle 24-jarige seun Barry het in

Europa gewoon.

Gesin 5 – Afrikaanssprekende gesin

Cecilia is ’n 33-jarige mediese dokter, getroud met Frans (38), wat as aktuaris gewerk het.

Hulle het een dogter, Hanna (2). Cecilia het ’n werksaanbod in Kanada gekry.

Gesin 6 – Afrikaanssprekende gesin

Elize (40) is ’n voorligtingsielkundige met ’n 10-jarige seun. Hulle vertrek na Nieu-Seeland

waar sy ’n werksaanbod gekry het.

Gesin 7 – Afrikaanssprekende gesin

Die 35-jarige Terri is ’n mediese dokter, getroud met Pieter (35), ’n kliniese sielkundige.

Hulle het twee kinders, Christine (7) en Marc (3). Hulle emigreer na Kanada, waar die ma ’n

versekerde werk gehad het.

9.4 Data-insameling

Onderhoude is van aangesig tot aangesig gehou en ’n semigestruktueerde benadering is

gevolg om sekere temas in meer diepte te ontdek. Alle onderhoude is digitaal opgeneem en

later verbatim getranskribeer deur die onderhoudvoerders of deur ’n opgeleide

navorsingsassistent. Deelnemers is die kans gegee om ondervra te word in die taal van hulle

keuse, en in die meeste gevalle het hulle besluit om die onderhoud in Engels te voer. In slegs

’n paar gevalle is die onderhoud in Afrikaans gevoer en dan is die onderhoude in Engels

vertaal. Ter wille van hierdie artikel moes groot dele van die transkripsie van Engels in

Afrikaans vertaal word.

9.5 Data-ontleding

Bestaande literatuur is gebruik om ’n oorsig oor emigrasie te vorm. Voortspruitend hieruit is

die onderhoudsvrae saamgestel en is die wyse waarvolgens die data ontleed sou word, bepaal.

Die ontleding was sowel induktief (deurdat temas gegenereer is uit die data wat versamel is)

as deduktief (deurdat die data betekenisvolle interpretasie verkry het, gesien in die lig van die

bestaande teorieë oor emigrasie).

566
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

’n Tematiese ontleding is gebruik om kwalitatiewe ontleding mee te doen, omdat dit ’n

buigbare manier van identifikasie, ontleding en rapporteringspatrone soos gevind in die data

is. Braun en Clarke (2006) se raamwerk is gebruik.

Die volgende stappe is gevolg:

Fase 1. Navorsers maak hulself vertroud met die data (data word getranskribeer, gelees en

herlees en die mees opvallende idees word neergeskryf).

Fase 2. Genereer aanvanklike kodes (sistematiese kodering van interessante kenmerke deur

gebruik te maak van die hele datastelselsaamvoeging relevant tot elke kode).

Fase 3. Soek temas (saamvoeg van kodes in potensiële temas; versamel alle data van

toepassing op elke potensiële tema).

Fase 4. Hersien temas (gaan temas na om te sien of hulle werk in verhouding tot die

gekodeerde uittreksels (vlak 1) en die volledige datastel (vlak 2); genereer ’n tematiese

“kaart” van die ontleding).

Fase 5. Definiëring en benaming van temas (voortdurende ontleding om elke tema verder te

verfyn, om sodoende akkurate definisies en name vir elke tema te eien).

Fase 6. Saamstel van die verslag (selekteer voorbeelde van die antwoorde; sodoende word die

ontleding teruggevoer tot die navorsingsvraag en bestaande literatuur).

9.6 Die kwaliteit van navorsing

Een manier om betroubaarheid te verseker was om ’n voorlopige ontleding van die

transkripsies te doen en om dan te soek na bewyse in die data wat nie die temas soos

geïdentifiseer in die eerste ontleding, ondersteun nie. Die temas wat steeds na vore kom, is

geïdentifiseer as die hooftemas wat die ondervindings van die deelnemers weergee (Chu

Huang en Mathers 2008).

Soveel verbatim uittreksels van die deelnemers se response as moontlik is gebruik om

betroubaarheid van die aannames van die ontleding te ondersteun, of om

verwysingstandaarde te bereik (Morrison en James 2009). Deel van die proses was om

introspektief/selfspieëlend te wees, en mede-akademici is ingesluit om as “kritiese vriende”

op te tree, met die doel om ander te betrek by die interpretasie wat bereik is. Gevolglik is

ander interpretasies buiten die artikelskrywers se eie subjektiewe perspektiewe gebruik om

hulle interpretasies te toets en uit te brei.

567
10. Resultate

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Verskeie temas is in die proses van data-ontleding geïdentifiseer. Hierdie bespreking sal egter

net fokus op die ondervindings spesifiek tot die wit Afrikaanssprekende deelnemers. Hulle

was almal professionele mense en pas by die bevindinge van Crush (2000) wat die uittogvan-kundiges-aard

van Suid-Afrikaanse emigrasie beklemtoon.

10.1 Redes vir vertrek

Verskeie faktore word uitgelig as moontlike redes vir die besluit om te emigreer.

10.1.1 Sosiopolitieke faktore

Soos verwag, was daar ’n paar bekommernisse ten opsigte van die sosiopolitieke situasie in

die land, maar miskien nie so oorweldigend as wat verwag is nie. Slegs een gesin emigreer as

gevolg van ’n traumatiese blootstelling aan misdaad. “Skielik besef jy, jy is ’n padda in

kokende water” (Terri, moeder, gesin 7). Een van die grootouers het kommentaar gelewer op

die feit dat families nie veilig gevoel het in hulle eie land nie: “Ek dink ook die politieke

roeringe in Afrika het ’n verdere bydrae gelewer dat jy sukkel om jou geborgenheid, jou

veiligheid hier so te beleef op die manier wat jy vroeëre jare ...” (Pieter, oupa, gesin 4).

Soos vroeër bespreek, is emigrasietendense dikwels gekoppel aan spesifieke politieke

oomblikke in die land. Alle deelnemers wat die land verlaat het, is ondervra in die tydperk ná

die Polokwane-ANC-konferensie en die aanloop tot die bewind van Jacob Zuma, ’n aantal

hoëvlakgevalle van korrupsie, en beurtkragvoorvalle aan die begin van 2008 wat byna die

land tot stilstand gebring het.

10.1.2 Die behoefte aan verandering

Dit was ook duidelik dat baie van die deelnemers emigrasie beskou het as die geleentheid om

’n dramatiese verandering in hul lewens te bring. Sommige van die veranderings wat hulle

gesoek het, was op ’n professionele vlak, aangesien sommige mense gevoel het dat Suid-

Afrika nie voldoende werksgeleenthede aan hulle bied nie. Estelle (moeder, gesin 4) het

gevoel sy het ’n professionele verandering nodig, aangesien sy die teenswoordige sisteem

ontgroei het. Sy was bang dat sy “sielkundig sou sterf”, aangesien daar geen waardering vir

haar besondere kennis in Suid-Afrika was nie.Sy voel dat haar kundigheid eerder in die land

van bestemming waardeer sal word: “Ek het nie die soort vaardigheid wat in die land

gewaardeer word nie, ... Ek dink dit is ’n hartseer ding. Dit is hoekom mense weggaan ...”

Ander is op soek na 'n drastiese verandering in hul lewens: “Is dit wat ek wil doen vir die res

van my lewe?” (Annabel, moeder, gesin 3). Estelle (moeder, gesin 4) het gevoel haar

spesialiteit was nie langer van waarde in Suid-Afrika nie: “Ek het die stelsel ontgroei.”

568
10.1.3 Die daarstel van beter geleenthede vir kinders

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Daar was ook ’n sterk gevoel dat deur te emigreer ’n mens se kinders beter geleenthede kon

hê. Beter onderwys en die alternatiewe wat oopgemaak word deur ’n dubbele burgerskap

blyk baie belangrike kwessies te wees. Cecilia (moeder, gesin 5) het ’n gevoel van verligting

gehad dat sy haar dogter ’n beter toekoms en ’n beter opvoedkundige geleenthede sou kon

gee deur te emigreer: “Verlig dat daar ’n opsie vir haar is; dat sy ’n toekoms gaan hê, wat ek

nie dink sy hier sal hê nie ... dat sy ’n paspoort sal hê en oorsee sal kan gaan studeer ... ” Elize

(moeder, gesin 6) het gevoel dat as sy vir haar seun ’n ander paspoort gee, sy vir hom beter

geleenthede sal gee: “Ek dink daar is geleenthede vir David.” Annabel (moeder, gesin 3) glo

dat haar kinders baat sou vind as hulle blootgestel word aan ’n internasionale konteks: “Ons

wil graag die kinders die geleentheid gee, en om vir hulle te kan sê: ‘Daar is julle paspoorte

..., daar is die wêreld gaan verken ... gaan net.’”

Estelle (moeder, gesin 4) sien die verhuising na die VSA as ’n manier om die weg voor te

berei vir haar dogter om by hulle aan te sluit sodat sy haar studie in die VSA kan voltooi: “Ek

wil natuurlik haar na Amerika toe laat kom ... Ek dink Francine sal in die Verenigde State

beland.” Terri (moeder, gesin 7) sien uit na ’n beter lewenswyse vir haar gesin en voel haar

kinders kan dieselfde kinderdae hê as toe sy jonk was: “Ek het altyd gedink dat ek nooit in

staat sou wees om my kinders die opvoeding te gee wat ek gehad het nie ... Kanada maak

veral goed voorsiening vir kinders.”

10.1.4 Die gevoel van vervreemding in die nuwe Suid-Afrika

Daar was ’n sin van kulturele vervreemding of verwydering in sommige van die deelnemers.

’n Baie spesifieke respons van Afrikaanssprekendes was dat hulle gevoel het dat hulle nie

langer in Suid-Afrika tuishoort nie. “Daar is geen plek vir my kultuur in Suid-Afrika nie”

(Cecilia, moeder, gesin 5). Sy brei verder uit: “Maar in ’n sekere sin behoort ons nie meer

langer hier nie en mens voel dit elke dag. Dit dwing ’n mens om te gaan, om elders te voel

dat jy behoort. Ek het gevoel ek pas nie langer in nie en ek kan dit nie langer vat nie. Ek voel

hier is nie vir my ’n plek nie.” Hierdie erger wordende gevoel van ’n chroniese sin van

vervreemding en om nie te behoort nie, lei tot ’n onttrekking van die daaglikse Suid-

Afrikaanse lewe en ’n drang om te soek na verskillende plekke waar ’n mens weer tuis kan

voel.

Dieselfde deelnemer het gevoel dat die Afrikaners altyd blameer sou word vir die apartheidregime

en dat die stigma haar lewe in Suid-Afrika ondraaglik maak: “Daar is ’n sterk invloed

om die Afrikaanse kultuur te onderdruk, want dit word gesien as deel van die vorige regime

en ek dink dit werp vrugte vir hulle af ... hulle jaag ons weg, hulle maak dit moeilik vir ons

om hier te leef en vir ons om te wees wat ons is. Ek dink ek kan elders ’n Afrikaanssprekende

persoon word sonder die stigma en wat ook al. So ja, ek dink nie meer ... as ek huil omdat ek

nie langer hier behoort nie.” Daar was dus ’n gevoel dat ’n persoon se sin van identiteit en

kultuur soos dit bekend was, onherroeplik verander het.

569
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Hierdie gevoel van verlies aan identiteit laat ’n mens dink aan die middelfase van migrasie

van identiteit soos deur White (2004) beskryf. Hy praat van ’n tipe liminale fase, ’n “tussenin”-fase,

waar ’n persoon se bekende sin van bestaan in die wêreld afwesig is. Dit word

gekenmerk deur tydperke van disoriëntasie en verwarring en selfs beduidende wanhoop.

Hierdie ondervinding lei tot ’n proses van vervreemding en byna dissosiasie voor die oomblik

van emigrasie: “Teen die tyd wat ek die land verlaat, is ek nie meer ’n Suid-Afrikaner nie”

(Cecilia, moeder, gesin 5).

Een van die grootouers het die opmerking gemaak dat die mense van Europese afkoms

miskien nooit regtig tuis gevoel het in Suid-Afrika nie: “Ek wil amper sê dat ek dink vir ’n

Europeër, of laat ek liewer sê iemand van Europese afkoms, is dit nogal ’n aanpassing wat

geslagte gaan neem om ’n Afrikaan te word” (Pieter, oupa, gesin 4).

10.2 Verwagtinge rondom die land van bestemming

Baie deelnemers was seker dat hulle ’n veiliger en minder stresvolle lewe sou hê as hulle

emigreer. Daar was baie verwagtinge oor toekomstige voordele vir hulle kinders, veral ten

opsigte van die onderwys en algemene leefstyl: “Dit sal die eerste keer in hulle lewe wees dat

hulle fiets kan ry in die strate en skool toe kan loop” (Terri, moeder, gesin 7). Elize (moeder,

gesin 6) het ook daarna uitgesien om nie meer bang te wees nie: “Ek dink om nie meer

vreesbevange te wees nie ... om buite te kan hardloop en nie bang te wees nie ...”

Annabel (moeder, gesin 3) se besluit het gesentreer rondom werkvooruitsigte. Sy het ’n

werksaanbod gekry nadat sy navorsing op die internet gedoen het en het gevoel dat dit ’n

verbetering vir haar loopbaan sou wees. Sy was verheug oor die feit dat “jy elders in

aanvraag is en mense jou kennis en ondervinding waardeer, ... jy word deel van die wêreld

buite Suid-Afrika.”

Aan die ander kant het party deelnemers daarop gewys dat dit swaar sal wees vir

Afrikaanssprekendes om te emigreer. ’n Deelnemer wie se kinders almal geëmigreer het, het

kommentaar gelewer op die spesifieke uitdagings wat Afrikaanssprekende mense sou

ondervind: “Ons ondervind ’n vreeslike hartseer oor die verlies wat hulle ondervind aan die

ander kant. Dit is nie snaaks nie en dit sal primêr Afrikaanssprekendes wees wat die ekstra

aanpassings sal moet maak en dit maak deel uit van my irritasie, die feit dat Suid-Afrika

vaardighede verloor en dat hulle swaar kry aan die ander kant” (Elaine, ouma, gesin 5).

10.3 Verliese geassosieer met die vertrek uit Suid-Afrika

Emigrasie het ’n nou verband met die proses van verlies, hoofsaaklik geassosieer met “sosiale

kapitaal” (Falicov 2007), maar het ook te make met ’n verlies aan kultuur en taal (Ainslie

1998). Dit was ook die ondervindings van die deelnemers wat vervolgens bespreek word.

570
10.3.1 Interpersoonlike verlies

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

’n Aantal interpersoonlike verliese is geïdentifiseer, veral ten opsigte van ouer mense. Baie

van die deelnemers sou ouer wordende ouers agterlaat. Weens die ouers se ouderdom,

finansiële beperkings en die geografiese afstande sou dit vir hulle onmoontlik wees om hulle

kinders maklik oorsee te besoek. Hierdie aspek het sigbare nood veroorsaak: “Dit is die besef

dat ek dalk nooit weer my ma sal sien nie. ... as ek totsiens sê, is dit miskien die laaste keer”

(Elize, moeder, gesin 6).

Estelle (moeder, gesin 4) was baie bekommerd oor haar bejaarde ouers wat alleen woon: “...

vir my is dit die swaarste.” Sy het hulle toegerus met die toepaslike tegnologie sodat hulle

gereeld kon kommunikeer. Estelle was verlig dat haar dogter ten minste vir ’n jaar beskikbaar

sou wees om na hulle om te sien. “Ek dink dit het my angs verlig.”

Cecilia (moeder, gesin 5) het verskeie vrese gehad om haar bejaarde ouers agter te laat. Sy

het gevoel dat die gesondheidsisteem in die land onvoldoende is en dat die land oor die

algemeen nie veilig vir ouer persone is nie: “Dit is nie ’n plek vir ouer persone nie.” Sy wou

hulle nie alleen agterlaat in Suid-Afrika nie en het gehoop dat hulle uiteindelik Kanada toe

sou trek: “Ek sal seker maak my ouers kom oor.” Haar man was ook bekommerd daaroor om

sy ouers agter te laat. “Ek dink hy is bekommerd dat sy ouers hier is.”

Sommige deelnemers het ook ’n skuldgevoel gehad om bejaarde ouers wat afhanklik was vir

hulle ondersteuning, agter te laat. Elize (moeder, gesin 6) was besorg oor haar bejaarde

moeder, veral omdat sy die enigste dogter was wat naby haar woon: “[D]it is waarskynlik die

swaarste ding waarmee ek vrede moes maak.” Toe haar vader oorlede is, het een van haar

broers oorsee gebly en sy weet hoe moeilik dit vir hom was, en sy was bekommerd dat dit

ook met haar kon gebeur. “Ek het gesien watter uitmergelende effek dit op hom gehad het.”

Terri (moeder, gesin 7) was besorgd oor haar skoonma, wat binnekort al drie haar kinders in

verskillende lande sou hê, en het gevoel sy sou baie alleen wees: “Ek dink dit sal baie moeilik

wees vir haar.” Sy was ook bekommerd oor haar ma, wie se man aan terminale kanker ly en

wie sy sou agterlaat: “Wat dit sleg maak vir haar, is dat ek haar grootste ondersteuningbron

is, met dié dat hy siek is.”

10.3.2 Professionele verliese

Al die deelnemers was professionele mense en was spesifiek in hulpverleningsberoepe. Dit

het beteken dat hulle almal professionele verhoudings moes beëindig as deel van hulle

voorbereiding vir emigrasie. In sommige gevalle het hulle negatiewe gevoelens van hulle

pasiënte ervaar, wat die proses vir hulle baie moeiliker gemaak het.Elize (moeder, gesin 6)

het gevoel dat as ’n sielkundige haar vertrek ’n invloed gehad het op pasiënte en kollegas:

“As ’n professionele persoon, is al my verwysingsbronne nie net teleurgesteld dat ek die land

verlaat nie, maar omdat ek in eetversteurings gespesialiseer het. Hulle is omgekrap en

ongemaklik omdat ek die land verlaat.”

571
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Terri (moeder, gesin 7) was baie bewus van die verlies in ’n groter professionele groep: “...

en dit was swaar vir ons kollegas, want hulle sien dit as ’n verlies, vir beide ons professies. Jy

weet, ek dink nie ons is net gemiddeld in ons werk nie. Ek dink ons is beide baie goed in ons

werk. Dit is dus ’n groot verlies vir ons kollegas, en vir ons pasiënte is dit ’n geweldige

verlies. En ons het nie net een of twee pasiënte nie, na so baie jare is daar baie van hulle. Dit

is nie net twee pasiënte nie, daar is honderde van hulle. So, ek dink dit is een gebied waar dit

baie mense affekteer.”

10.3.3 Die verlies van kultuur en taal

Die verlies van mens se kultuur hou verband met emigrasie, want mense los alles wat bekend

is. Dit was die ervaring van ’n paar van die deelnemers, wat veral die gevoel van verlies

beklemtoon het as hulle Afrika sou verlaat: “Dit is moeilik ... jy los jou kultuur agter, jy

verlaat Afrika, ... daar is so baie waaraan ons gewoond is, wat ons as vanselfsprekend

aanvaar, ... sonskyn, ... die gevoel om tuis te wees” (Cecilia, moeder, gesin 5); “Ek dink dit is

vreeslik hartseer en veral as jy kyk hoe hard die Afrikaners as ’n klein groep moes baklei om

hulleself te vestig ... dit is eintlik baie tragies. So dit is meer van ’n idealisme, jy weet, ’n

ideologie wat jy agterlaat” (Terri, moeder, gesin 7). Dit dui op die feit dat

Afrikaanssprekendes deel voel van Afrika, en die vertrek uit Afrika vir hulle pynlik is.

’n Ander baie spesifieke aspek wat geïdentifiseer is, was die verlies van ’n moedertaal, veral

wat die kinders betref. Taal is nou gekoppel aan identiteit, en sy verlies, veral in die

toekomsgeslagte, kan gesien word as deel van die verlies van kultuur. Een van die moeders

het kommentaar gelewer oor wat die emigrasie vir haar man se ouers sou beteken: “Hierdie

grootouers is baie nader aan my kinders as my eie ouers ... dit is vir hulle swaar om hulle

kleinkinders te verloor. Hulle is Afrikaans en kan nie goeie Engels praat nie ..., maar Max

gaan nie vlot in Afrikaans wees nie. Ek dink hulle het dit soort van aanvaar, maar ek weet nie

of hulle gaan verstaan - die aksent - as hulle weer kwaliteit tyd saam spandeer nie” (Pam,

moeder, gesin 1).

Een van die oupas sê vir sommige van sy vriende dit was ’n uitdaging toe hulle kinders na

lande getrek het waar daar nie Afrikaans gepraat word nie. “Sommige van ons is baie meer

Afrikaans en die feit dat die kinders so ver weggaan na ’n nuwe taal, is baie moeilik” (Daniel,

oupa, gesin 5).

Een van die moeders het gevoel dat Afrikaans in die toekomstige generasies in haar gesin sal

uitsterf. “Ek dink wat dit vir ons moeiliker maak is dat ons ook ... dit is nie asof jy net jou

vaderland verlaat nie ... jy verlaat jou moedertaal, want ons praat Afrikaans. So, gelukkig is

die kinders daarin gevestig, maar daar sal nie baie ander mense wees met wie hulle Afrikaans

kan praat nie. Ons sal Afrikaans tuis praat, maar na die tweede generasie sal dit nie meer

gepraat word nie, so dit sal effektief uitsterf.” Sy het ook opgemerk dat haar ma bekommerd

was dat haar kinders Afrikaans sal verloor: “Ons is bekommerd oor die kinders, want hulle

speel in Engels en hulle moet hard werk om die Afrikaans aan die gang te hou” (Terri,

moeder gesin 7).

572
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die pa van een van die deelnemers het gedink dat die feit dat sy seun nie Engelssprekend is

nie, ’n groot uitdaging vir die seun is: “Jy mis die feit dat jou basiese taal van kommunikasie

by die werk en waar jy ook al gaan nie jou moedertaal is nie” (Daniel, oupa, gesin 5) en die

ma het gevoel: “My oudste seun wat nie goed is in Engels nie, sê hy doen baie goed daar, dit

gaan goed en hy pas goed aan, maar die een ding wat hy elke dag voel, is dat hy nie ’n vrou

het nie, en as hy tuis kom, is hy alleen en hy kan met niemand praat in sy eie taal nie, en as hy

sosialiseer, kan hy nie grappe in Engels vertel nie” (Elaine, ouma gesin 5).

Sommige het gevoel hulle sal hard werk om Afrikaans te handhaaf, veral sover dit hulle

kinders betref: “Ek sal haar in ’n Franse privaatskool plaas, maar haar eerste taal sal altyd

Afrikaans wees. Dit is makliker as ons al twee Afrikaans is, sibbe en broer... almal

Afrikaans” (Cecilia, ma gesin 5).

’n Interessante uitsondering was een van die deelnemers, Annabel, wat na Nieu-Seeland

geëmigreer het, maar wat na ’n paar maande teruggekeer het. Een van haar belangrikste

motiverings vir emigrasie was ’n sterk begeerte om verandering in haar lewe te bring. Nadat

sy in Nieu-Seeland aangekom het, het sy ondervind dat Afrikaans ’n dominante kenmerk van

die Nieu-Seelandse samelewing was en dat die gebruik van Afrikaans ’n algemene verskynsel

was waar hulle gebly het: “Jy sal nie Afrikaans mis nie, want die baie Afrikaans is nogal

vreesaanjaend. Die eerste brief van die skool was in Afrikaans en Engels, Afrikaans aan die

een kant en Engels aan die ander kant” (Annabel, ma gesin 3).

Verder het sy gesê: “Ek bedoel, is dit ’n Suid-Afrikaanse skool? Nee, dit is ’n Engelse skool,

maar daar was so baie Suid-Afrikaanse ouers, hulle het Afrikaanse aande, ... omdat sommige

onderwysers Afrikaans is, het hulle Afrikaanse aande, ... so hulle het Afrikaanse kurrikulumaande,

so dan kan jy die kurrikulum in Afrikaans bespreek. Dan praat ons in mekaar se taal ...

so in daardie sin het ons nooit Afrikaans gemis nie.”

Sy het gevoel dat Afrikaners neig om hulle gemeenskappe te herskep: “Daar is so baie

Afrikaanssprekende mense daar en jy neig om daarvan weg te beweeg, want hulle vorm

’n kliek en hulle maak vir hulleself ’n klein Suid-Afrika in Auckland.” Sy voel dit sou

integrasie teenwerk, maar as jy werklik deel wil word van Nieu-Seeland, moet jy meng met

die Nieu-Seelanders. “Jy kan jouself nie isoleer nie.” Sy redeneer dat sy ander

Afrikaanssprekende mense begin vermy het. “Oral waar jy gaan, hoor jy Afrikaanssprekende

mense, en dan sal die kinders sê ... ‘hulle praat Afrikaans’.”

“Teen die tweede of derde maand as jy in ’n winkelsentrum ingaan, en jy hoor iemand

Afrikaans praat, sal ek net sê: ‘Shhh [... ] julle praat nie nou nie’ want dan loop die mense en

sê: ‘Is jy ook Afrikaans?’ Jy weet en dan: ‘Hoe lank is jy nou al hierso?’ en dan wil hulle ...

en jy raak net moeg daarvan. Jy word moeg daarvan ... dit is soos: ‘Hoe lank is julle al hier?

Hoekom het julle hiernatoe gekom?’ en jy wil nie deur die hele ding gaan nie. Aanvaar net

dat ek hier is en dit is dit.”

573
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Dit is ’n interessante jukstaposisie, gegewe dat sommige deelnemers gevrees het dat hulle

Afrikaans sou verloor deur die proses van emigrasie, miskien omdat ’n behoefte aan

verandering die hoofmotivering was vir die besluit om te emigreer, eerder as ’n sin van

kulturele vervreemding. Hierdie deelnemer kon wegbeweeg van die herhaling van ’n

soortgelyke kulturele afsondering in die land waarheen hulle trek. Sy kon eerder ’n nuwe

kulturele ondervinding uitkies.

11. Bespreking

Hierdie bespreking fokus slegs op die ondervindings wat die artikelskrywers geïdentifiseer

het wat van spesifieke belang vir Afrikaanssprekende respondente en hulle families is. Daar

word gefokus op die redes vir en motivering van die mense se besluit om te emigreer, asook

op die verwagtings ten opsigte van die plekke van bestemming. Die verliese wat gekoppel

kan word aan die emigrasie, word ook bespreek.

Wat die profiel van die deelnemers aan die navorsingstudie betref, was die gemiddelde

ouderdom van die mense met wie onderhoude gevoer is, die laat dertigs. Hulle was almal

professionele mense, in baie gevalle hoogs opgelei, wat dus ooreenstem met die verskynsel

van ʼn vaardigheidsverlies waaroor reeds verslag gedoen is (Crush 2000). Die grootste aantal

sielkundiges het na Nieu-Seeland geëmigreer, terwyl die twee mediese dokters na Kanada

verhuis het, wat ʼn gewilde bestemming vir Suid -Afrikaanse dokters is (Bezuidenhout,

Joubert, Hiemstra en Struwig 2009).

Die meeste gesinne wat geëmigreer het, het betreklik jong kinders gehad. ’n Kans op ’n beter

toekoms was ’n sterk motivering vir die besluit om te emigreer, soos uitgelig deur sommige

deelnemers. Die voordele wat verband hou met ’n opvoedkundige geleentheid oorsee en die

verkryging van ’n tweede paspoort is beklemtoon.

Wat die redes vir emigrasie betref, was daar, soos verwag kon word, algemene

bekommernisse gekoppel aan veiligheid en sekuriteit. Dit sluit aan by die huidige debat

rondom emigrasie in Suid-Afrika (sien bv. Van Rooyen 2000; Richman 2010). Dit kan ook ’n

sin van verlies aan ontologiese sekuriteit aandui, soos beskryf deur Dupuis en Thorns (1998).

Die skrywers argumenteer dat mense ’n gevoel van kontinuïteit in hulle selfidentiteit en in die

konstantheid van hulle sosiale en materiële omgewings moet ervaar. Dit is ’n basiese

sielkundige noodsaaklikheid en dit mag wees dat Suid-Afrikaners ontnugter is in hulle

verhouding met die land van hulle geboorte.

In ’n sekere sin wou mense ’n verandering in hulle lewe gehad het. Hulle het gevoel dit sou te

weeg gebring word deur te trek na ’n nuwe land waar hulle vaardigheid en ondervinding

waardeer sou word. Sommige skrywers, byvoorbeeld Sluzki (1979), argumenteer dat persone

wie se hoofmotivering vir emigrasie positief is, soos byvoorbeeld die soeke na ’n beter

lewenstyl, eerder as die ontsnapping van ’n negatiewe situasie, ook vinniger en makliker in

die nuwe land aanpas.

574
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Wat na vore gekom het uit sommige response, wat nie geïdentifiseer is by nie-

Afrikaanssprekende respondente nie, is die feit dat hulle as Afrikaners gevoel het hulle hoort

nie langer in Suid-Afrika nie. Daar was ’n gevoel dat omdat Afrikaners betrokke was by die

vorige apartheidsregering, hulle nooit ten volle aanvaar sal word in die nuwe Suid-Afrika nie

en dus word mense hier uitgewerp. Die begrip kultuur is meer beklemtoon in die geval van

Afrikaanssprekende gesinne of as een van die deelnemers Afrikaanssprekend was, sowel as

’n gevoel van hartseer oor die verlies van ’n mens se kultuur. Dit pas in by Ainslie

(1998:287) se siening van emigrasie as ’n tipe “kulturele rou”, soos vroeër genoem.

Ten spyte daarvan dat emigrasie voordele kan inhou vir dié wat die land verlaat, impliseer dit

ook die verlies van geliefdes en plekke, wat dit ’n proses van konstante rou maak. In hierdie

konteks van verlies word die herkonstruksie van gemeenskappe in die ander land ’n

imperatief as teenreaksie vir die moontlike uitmergelende impak op beide fisieke en

geestesgesondheid (Ward en Styles 2003:350). Gevolglik kan hierdie verskynsel beter

verstaan word vanuit hierdie perspektief. Die sterk sin van verlies geassosieer met Afrikaans

kan ook begryp word in die konteks van die belang van taal in ’n persoon se kulturele

identiteit (Grinberg en Grinberg 1989).

Die vrees oor die verlies van Afrikaans as moedertaal was veral van toepassing op die

toekomstige generasies. Dit skakel met die konsep van linguistiese verlange soos deur

Barkhuizen en Knoch (2005:216) beskryf wanneer hulle die ervaring van die

Afrikaanssprekende emigrante in Nieu-Seeland waarneem om die emosionele reaksies te

beskryf wat blootstelling aan en geleenthede vir die gebruik van Afrikaans verminder.

Daar was ’n gevoel dat Afrikaanssprekendes verdere spanning sou ondervind as hulle

emigreer, veral gekoppel aan probleme met die taal. Dit sou inpas by die bevindings van

Grinberg en Grinberg (1989). Hierdie skrywers glo dat selfs om ’n vreemde taal met ’n

aksent te praat, emigrante kan laat voel dat hulle ondergeskik en onbevoeg is.

’n Aantal interpersoonlike verliese is ook deur ’n aantal deelnemers uitgelig, veral met

betrekking tot bejaarde ouers. Daar was ’n ernstige besorgdheid oor die lot van die bejaarde

ouers en om hulle agter te laat. Daar was ook skuldgevoelens onder professionele persone

omdat hulle kliënte en pasiënte sou agterlaat. Hierdie verlies aan “sosiale kapitaal” wat

gepaard gaan met emigrasie, soos beskryf deur Falicov (2007), kan die rede wees waarom

baie Afrikaners nuwe gemeenskappe vir hulleself bou nadat hulle gemigreer het. Navorsing

dui daarop dat dit gesien kan word as ’n positiewe stap in die handhawing van ’n persoon se

kultuur en dat dit kan dien as ’n buffer teen die negatiewe geestesgesondheidsimpak wat die

gevolg is van emigrasie (Marchetti-Mercer en Roos 2006:60). Dit was interessant om op te

merk dat die deelnemer wat na Suid-Afrika teruggekeer het ’n paar maande na emigrasie na

Nieu-Seeland, kommentaar gelewer het op die feit dat Afrikaners hulself isoleer in hulle eie

selfopgerigte gemeenskappe. Sy het gevoel dat die teenwoordigheid van Afrikaans in die

Nieu-Seelandse gemeenskap nie tot suksesvolle emigrasie en integrasie bydrae nie. Gegee dat

haar vernaamste motivering vir emigrasie ’n behoefte aan verandering was, kon dit haar

algehele ervaring van emigrasie beïnvloed het.

575
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

’n Mens sou kon spekuleer of daar optimale balans tussen integrasie in ’n nuwe samelewing

en die behoud van ’n persoon se kulturele wortels is. Onlangse werk deur Falicov (2007)

ondersoek die voordele van ’n sogenaamde “transnasionale” lewe, waar ’n persoon deel word

van die nuwe kultuur, maar ook die kulturele wortels en identiteit van die verlede behou.

Deelnemers het in die algemeen gevoel dat emigrasie hulle meer vryheid van beweging sou

verskaf en minder stresvolle lewensgebeure. Hulle het gedink dat hulle kinders veral daarby

baat sou vind. Daar was per implikasie ’n groot opoffering aan die kant van die volwassenes,

want hulle het besef emigrasie sou die verlies van Afrikaans as moedertaal vir hulle kinders

en toekomstige generasies beteken.

Navorsing oor kinders en emigrasie dui daarop dat kinders gouer die nuwe taal bemeester as

ouer mense. Dit gebeur spesifiek omdat die kinders nie gesien wil word as verskillend van

hulle portuurgroep nie (Grinberg en Grinberg 1989). Namate hulle taalvaardigheid verbeter,

stel hulle minder in hulle moedertaal belang. Dit kan heel dikwels konflik tussen hulle en hul

ouers veroorsaak (Marchetti-Mercer 2009).

12. Gevolgtrekkings

Die algemene resultate van die studie dui daarop dat motiverings vir emigrasie uiteenlopend

is. Dit wissel van die verwagte sosiopolitieke redes waaroor ons daagliks praat, tot ’n wens

vir verandering en om beter kanse vir ons kinders daar te stel. Soos aangeteken in baie van

die immigrasie-literatuur (sien Ainslie 1998 en Falicov 2007), is emigrasie primêr ’n proses

van verlies, veral van interpersoonlike verhoudings. ’n Spesifieke kommer vir Suid-

Afrikaanse emigrante is om bejaarde ouers agter te laat met baie min sosiale ondersteuning.

’n Mens sou kon redeneer dat dit een van die mees opvallende sosiale gevolge van emigrasie

in die land is. Die gevoel van verlies aan kultuur soos beleef deur Afrikaanse emigrante dui

op ’n groep mense wat diep verbind is met Afrika as gevolg van hulle geskiedenis, maar

verplaas en gestigmatiseer voel in die nuwe Suid-Afrika as gevolg van hulle historiese

verbintenis met die apartheid-regime. Die belangrike rol wat taal speel as deel van die mense

se identiteit word ook beklemtoon deur die resultate van hierdie studie. Mense het hulle vrees

uitgespreek dat veral hulle kinders die gebruik van Afrikaans in die toekoms sal verloor.

In die algemeen word emigrasie gesien as ’n kans vir ’n nuwe begin met beter professionele

geleenthede, meer vryheid en veiligheid en uiteindelik beter kanse vir ’n persoon se kinders.

Uiteindelik kan ’n mens redeneer dat die uitdaging vir wit Afrikaanssprekende emigrante

mag lê in die vind van ’n balans tussen die rou oor wat hulle verloor het en wat agtergebly het

en die kanse wat geskep word in die nuwe samelewing. Die neiging van expats om ’n Suid-

Afrikaanse gemeenskap in die nuwe land te skep, kan so ’n poging wees.

Die uitdagings waarvoor die mense moontlik te staan kan kom in die nuwe land moet

ondersoek word, veral sover dit die behoud van die moedertaal betref. Dit is belangrik om

576
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

bewus te wees van ondersteuningstelsels in die nuwe land. Maniere om verhoudings te behou

met diegene wat agterbly, en die rol wat tegnologie in hierdie verband speel, moet ondersoek

en onderhandel word voor die emigrante vertrek.

Emigrasie beteken onafwendbare verlies, maar hopelik is die ideale uiteenkoms die vermoë

om nie net ’n gebroke hart te ervaar nie, maar eerder om twee harte te ontwikkel (Falicov

2007), waar ’n mens op verskillende plekke tuis kan voel.

Bibliografie

Abe, J., N. Zane en K. Chun. 1994. Differential responses to trauma: migration-related

discriminants of post-traumatic stress disorder among Southeast Asian refugees. Journal of

Community Psychology,22:121–35.

Ainslie, R.C. 1998. Cultural mourning, immigration, and engagement: vignettes from the

Mexican experience. In Suarez-Orozco (red.) 1998.

Barkhuizen, G. en U. Knoch. 2005. Missing Afrikaans: “Linguistic longing” among

Afrikaans-speaking immigrants in New Zealand. Journal of Multilingual and Multicultural

Development, 26(3):216–32.

Bezuidenhout, M.M., G. Joubert, L.A. Hiemstra en M.C. Struwig. 2009. Reasons for doctor

migration from South Africa. SA Family Practice, 51(3):211–5.

Bernstein, H. 1994. The rift: the exile experience of South Africans. Londen: Jonathan Cape.

Braun, V. en V. Clarke. 2006. Using thematic analysis in psychology. Qualitative Research

in Psychology, 3(2):77–101.

Chu Huang, Y. en N.J. Mathers. 2008. Postnatal depression and the experience of South

Asian marriage migrant women in Taiwan: survey and semi-structured interview

study. International Journal of Nursing Studies, 45(6):924–31.

Crush, J. 2000. The dark side of democracy: migration, xenophobia and human rights in

South Africa.International Migration, 38(6):103–33.

Dupuis, A. en D.C. Thorns. 1998. Home, home ownership and the search for ontological

security. The Sociological Review, 46(1):24–47.

Eisner, E.W. 1991. The enlightened eye. New York: Macmillan.

Falicov, C.J. 2005. Emotional transnationalism and family identities. Family

Process,44(4):399–406.

577
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 2007. Working with transnational immigrants: expanding meanings of family,

community, and culture. Family Process,46(2):157–71.

Flyvbjerg, B. 2004. Five misunderstandings about case-study research. In Seale e.a. (reds.)

2004.

Giddens, A. 1990. The consequences of modernity. Cambridge: Polity Press.

Goldin, J. 2002. Belonging to two worlds: the experience of migration. South African

Psychiatric Review,5(4):4–8.

Goodwin, J. en B. Schiff. 1995. Heart of whiteness: Afrikaners face black rule in the new

South Africa. New York: Scribner.

Griffiths, C.G. 2007. Narratives of immigration: negotiating transition. Ongepubliseerde

MA-verhandeling, Universiteit van Suid-Afrika.

Griffiths, D. en M.L.C. Prozesky. 2010. The politics of dwelling: Being white / Being South

African. Africa Today, 56(4):22–41.

Grinberg, L. en R. Grinberg. 1989. Psychoanalytic perspectives on migration and exile.

Londen: Yale University Press.

Hamilton, C., N. Alexander, A.S.A. Guimarães en A. James (reds.). 2001. Beyond racism:

Race and inequality in Brazil, South Africa, and the United States. Boulder: Lynn Rienner.

Hanks, D.E. en M.L. Liprie. 1993. South African migration and the effects on the

family. Marriage and Family Review,19(1/2):175–92.

Heidegger, M. 2001 [1971]. The origin of the work of art, from poetry, language, thought.

New York: HarperCollins.

Hulewat, P. 1996. Resettlement: a cultural and psychological crisis. Social Work, 41(2):129–

35.

Johnson, S. 2009. Fleeing from South Africa. Fourteen years after apartheid, why are the best

and the brightest leaving Africa’s most successful

state? Newsweek. http://www.newsweek.com/2009/02/13/fleeing-from-southafrica.print.html

(8 April 2010 geraadpleeg)

Jupp, J. 2001. The Australian people. Cambridge: Cambridge University Press.

Kunz, E.F. 1973. The refugee in flight: Kinetic models and forms of

displacement. International Migration Review, 7:125–46.

578
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Like, R.C., J. Rogers en M. McGoldrick. 1988. Reading and interpreting genograms: a

systematic approach. The Journal of Family Practice,26(4):407–12.

Marchetti-Mercer, M.C. en J.L. Roos. 2006. Migration and exile – some implications for

mental health in post-apartheid South Africa. South African Journal of Psychiatry,12(3):53–

64.

Marchetti-Mercer, M.C., W. Greyvenstein en R. Prinsloo. 2008. Looking for home in our

families: Exploring the relational aspects of finding a place of belonging in a postmodern

world. Referaat gelewer by die Internasionale Gesinsterapiekongres, Porto (Portugal), 26–20

Maart.

Marchetti-Mercer, M.C. 2009. South Africans in flux: exploring the mental health impact of

migration on family life.African Journal of Psychiatry,12(2):129–34.

—. 2011. Emigration and mental health: Lessons from South Africa. Referaat gelewer by die

Wêreldgeestesgesondheidskongres, Kaapstad, 18–21 Oktober.

—. 2012. Is it just about the crime?: A psychological perspective on South African

emigration. The South African Journal of Psychology,42(2):243–54.

Morra, L.G. en A.C. Friedlander. 1999. Case study evaluations. World Bank Operations

Evaluation Department. Washington, DC: World Bank.

Morrison, M. en S. James. 2009. Portuguese immigrant families: the impact of

acculturation. Family Process,48(1):151–66.

Mylopoulos, M. en G. Regehr. 2009. How student models of expertise and innovation impact

the development of adaptive expertise in medicine. Medical Education,43(2):127–32.

Richman, T. (red.). 2010. Should I stay or should I go? To live in or leave South Africa.

Kenilworth: Two Dogs Publishers.

SAIRR (South African Institute for Race Relations). 2009. Skills flights retards growth and

investment.http://www.sairr.org.za (8 April 2010 geraadpleeg).

Seale, C., G. Gobo, J.F. Gubrium en D. Silverman (reds.). 2004. Qualitative research

practice. Londen en Thousand Oaks, CA: Sage.

Sedky K., R. Nazir, R. Parlapalli en S. Lippmann. 2010. Letter to the editor: Stages of

immigration. International Journal of Social Psychiatry, 57(3):323–4.

Sluzki, C.E. 1979. Migration and family conflict. Family Process,18(4):379–90.

579
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Steyn, M. 2001. “Whiteness just isn’t what it used to be”: White identity in a changing South

Africa. Albany: State University of New York Press.

Suarez-Orozco, M. (red.). 1998. Crossings: Mexican immigration in interdisciplinary

perspectives. Boston: Harvard University Press.

Synovate. 2009. Should I stay or should I go? Synovate survey reveals South African

attitudes towards emigration. E-pos van KateSlade@synovate.com (21 Mei 2009).

Taylor, C. 2004. Modern social imaginaries. Durham: Duke University Press.

Tellis, W. 1997. Introduction to case study. The Qualitative

Report, 3(2). http://www.nova.edu/ssss/QR/QR3-2/tellis1.html (23 November 2011

geraadpleeg).

Thorne, S. 2000. Data analysis in qualitative research. Evidence Based Nursing, 3:68–70.

Tousignant, M. 1992. Migration and mental health. Some prevention

guidelines. International Migration, 30(1):167–74.

Van Coller, E. 2002. Preparation for immigration - a psychological educational perspective.

Ongepubliseerde MEd-verhandeling, Unisa.

Van der Merwe, J.P. 2008. Waardes as kultuuraspek van die Afrikaner. Tydskrif vir

Geesteswetenskappe,48(3):357–73.

Van Rooyen, J. 2000. The new Great Trek: The story of South Africa’s white exodus.

Pretoria: Unisa Press.

Vega, W.A., B. Kolody en R. Valle. 1987. Migration and mental health: an empirical test of

depression risk factors among immigrant Mexican women. International Migration Review,

21(3):512–30.

Vega, W.A., B. Kolody, R. Valle en J. Weir. 1991. Social networks, social support, and their

relationship to depression among immigrant Mexican women. Human Organization,

50(2):154–62.

Volkan, V.D. 1993. Immigrants and refugees: a psychodynamic perspective. Mind and

Human Interaction, 4:63–9.

Ward, C. en I. Styles. 2003. Lost and found: Reinvention of the self following

migration. Journal of Applied Psychoanalytic Studies,5(3):349–67.

White, M. 2004. Challenging the culture of consumption: rites of passage and communities of

acknowledgement.Dulwich Centre Newsletter, 2/3:38–47.

580
Eindnotas

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

1 Die artikel is gebaseer op navorsing wat deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) van

Suid-Afrika ondersteun is. Enige mening, bevinding, gevolgtrekking of aanbeveling in

hierdie materiaal is dié van die skrywers en die NNS aanvaar geen verantwoordelikheid

daarvoor nie. Ons wil graag mev. Magriet Lee bedank vir die finale afwerking van die artikel.

2 Die volgende terme word gebruik (ook ooreenkomstig die betrokke bronne waarna verwys

word):

Emigrasie: Verlating van jou eie land om permanent in ’n ander land te gaan woon.

Emigrant: Iemand wat sy eie land verlaat om hom in ’n ander land te vestig.

In hierdie artikel verwys bostaande terme na mense wat Suid-Afrika verlaat om hulle in ’n

ander land te vestig.

Immigrasie: Binnekom van ’n land om blywend daar te woon.

Immigrant: Iemand wat van elders af ’n land binnekom om hom blywend daarin te vestig. Dit

verwys na dié mense wat na ’n vreemde land getrek het om permanent daar te woon.

Migrasie: Die verhuising van mense na ’n nuwe gebied of land met die doel om werk of beter

lewensomstandighede te vind.

581
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die spies van die nasie: Die demokratiese rol van die

populêre media en avant-garde kuns in Suid-Afrika

Opsomming

Gabriël Botma

Gabriël J. Botma, Departement Joernalistiek, Stellenbosch Universiteit

Die openbare oproer en debat in Suid-Afrika oor Brett Murray se The Spear-kunswerk in

2012 het verskeie vraagstukke na vore gebring. Hiervan is een aspek, die verwikkelde rol van

kuns en die media in die daarstelling van ’n openbare sfeer in ’n demokratiese samelewing,

moontlik nog onderbeklemtoon. Eerstens bespreek en evalueer hierdie artikel teoretiese

insigte van Levine (2007) en Bourdieu (1993) oor die verhouding tussen sogenaamde avantgarde

kuns en die populêre media. Vervolgens kom die eietydse rol van die populêre media

en avant-garde kuns in ’n postkoloniale konteks na aanleiding van die The Spear-geval aan

bod. Die artikel werp lig op die belangrike plek en rol van gemedieerde kuns en kultuur in ’n

ontwikkelende demokrasie – of soos uitgedruk deur die boektitel van Levine (2007), effe

aangepas (my toevoeging is tussen hakies): Provoking democracy: Why we need the arts (and

the media). Ten slotte word die argument gestel dat ’n inklusiewe en dinamiese openbare

sfeer deur die vrye wisselwerking van avant-garde kuns en die populêre media versterk word.

In teenstelling met die algemeen-aanvaarde openbare-sfeer-teorie, waarvolgens slegs

rasionele debat wat tot konsensus lei die demokrasie versterk, volg die insig dus dat konflik

en onvoorspelbare uitkomste net so belangrik is.

Trefwoorde: avant-garde; demokrasie; kulturele kapitaal; kuns; media; openbare sfeer; Suid-

Afrika; The Spear; Jacob Zuma

Abstract

The spear of the nation: The democratic role of the popular media and the avant-garde

arts in South Africa

This article chronicles and critically analyses a controversial public incident involving the

interplay between members of the so-called elitist arts fraternity, the popular media, and the

political establishment and grassroots supporters in South Africa. A public debate and

political furore was sparked in 2012 when a Johannesburg exhibition by prominent (white)

artist Brett Murray caught the attention of members of the ruling ANC party. A popular

(black) Sunday newspaper, City Press, first reported that one of Murray’s paintings, The

Spear, depicted President Jacob Zuma with his genitals exposed. Zuma is a controversial

Zulu traditionalist and polygamist who was acquitted of raping a family friend in 2009. The

582
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

painting represented the exposed Zuma in the pose of Soviet dictator Lenin, and seemingly

expressed satirical comment on the state of the South African nation and the ANC under his

leadership.

A reproduction of The Spear was displayed on the website of the City Press, and the ANC

threatened the newspaper and the Goodman art gallery with legal action if calls for the

removal of the original work of art and all its reproductions in the media were gnored. The

ANC stated that it viewed The Spear as an example of persistent white racists’ attitudes to the

culture and values of the black majority.

This turn of events made news headlines and reached social media platforms all around the

globe and catapulted a relatively unknown artist and relatively obscure gallery to

international fame and notoriety. After a tense stand-off between different parties and interest

groups, during which the painting was vandalised and a crowd of Zuma supporters staged a

protest march, the gallery owners removed The Spear from public display and the editor

of City Press apologised for publishing its image. To free speech advocates this represented a

clear loss, and fears were expressed that the threats during Zuma’s rule to media and artistic

freedom in South African’s hard-won constitutional democracy were gaining momentum.

However, counter-arguments pointed to the fact that the Spear incident led to a serious and

necessary national debate about racial and cultural views and sensitivities in a postcolonial

and post-apartheid society. For days on end a public debate raged on various traditional and

new media platforms as all and sundry voiced an opinion.

This article steps back from the intricacies of particular viewpoints to provide an overarching

perspective. This arguably helps to take the debate past arguments over the merits and

morality of the art work on the one hand and the rights and values of those involved on the

other. It argues that one aspect, the complicated role of avant-garde art and artists and the

popular media in the establishment of a dynamic and inclusive public sphere in a democratic

society, still remains underdeveloped even after extensive discussions. Therefore, the article

deals firstly with theoretical insights of Levine (2007) and Bourdieu (1993) about the

relationship between avant-garde art and the popular media.

In her 2007 book Provoking democracy: Why we need the arts,Levine refers extensively to

French sociologist Pierre Bourdieu’s work on the constitution of the “field of cultural

production” through the distribution of “cultural capital” and the role of the historical “avantgarde”

in France in the 19th century. Levine (2007)theorises that the popular media are the

carriers of broad popular views and tastes, while avant-garde artists often challenge them and

prevents “discursive closure” and the “tyranny of the masses”. The article therefore concurs

with Levine’s (2007) conclusion that a healthy democracy needs both, and outlines its

implementation of the concept of logic of the avant-garde as a tool to describe oppositional

forces and discourses to populist consensus.

Next the article refers to the Spear incident in terms of the well-known and generally

accepted public sphere theory of Habermas and argues that his strong focus on rational debate

583
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

and consensus may be a hindrance, because the rise of new and social media has

problematised traditional public sphere theory. For example, a spectrum of alternative voices

is online critical (and also often crude) commentators, something that was possible only to a

very limited extent on traditional media platforms (if at all). Therefore the view of Mouffe on

the creative role of conflict in political processes is accepted and incorporated into the

theoretical framework of the article. The argument is that Mouffe’s theory is more applicable

to a new media environment.

The fact that the theoretical framework of this article about a complex South African

phenomenon is based on a decontextualised Western (in the main American and French)

model may be seen as problematic. The counter-argument is that this “international”

framework is necessary to emphasise new insights which have been obscured by the often

parochial manifestation of the Spear debate in South Africa. On a methodological level it is

important to note that this article is descriptive in the main and does not claim to contribute to

theories on power and culture or media theory in general. It is also not a systematic

Bourdieuan analysis.

In conclusion the article posits that it remains an open question whether the Spear incident

represented a measure of overlap between different public spheres in South Africa. South

Africa is arguably much more fractured and diverse than American society, where Levine

(2007) formulated the theory of the logic of the avant-garde and the interrelatedness of

popular media and elite art. But it is still argued here that the Spear incident showed the

advantage to the public sphere(s) in South Africa when opposing subfields of the field of

cultural production really “talk” to each other.

Maybe, the argument goes here, the Spear incident was a preview of what a future, more

inclusive and dynamic public sphere in a democratic South Africa would look like. In this

model, as this example has shown, the avant-garde arts and popular media could play a

creative central role. The fact that the Spear incident also contained many disturbing aspects,

including a lack of consensus and conflict, should not deter one from working towards such a

public sphere, the article concludes.

Keywords: art; avant-garde; cultural capital; democracy; media; public sphere; South

Africa; The Spear; Jacob Zuma

1. Inleiding

Die polemiek en oproer in 2012 rondom die kunstenaar Brett Murray se uitdagende

kunswerk The Spear – wat Jacob Zuma satiries as korrupte diktator met ’n ontblote penis

uitgebeeld het – het verskillende vlakke van spanning en verskil in die Suid-Afrikaanse

samelewing blootgelê. Die dubbelsinnige titel van die werk is ’n ironiese verwysing na die

ANC se gelyknamige militêre vleuel gedurende die bevrydingstryd teen apartheid (Umkhonto

we Sizwe), en hoe die demokratiese ideale van die “struggle” sedertdien na bewering

584
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

gebanaliseer is deur leiers soos Zuma (wie se omstrede seksuele gedrag om verskeie redes in

openbare diskoerse figureer). 1

Blignaut (2012) het op Sondag 13 Mei 2012 in die koerant City Press kortliks berig dat ’n

kunsliefhebber “van die straat af” ingeloop het en The Spear (na wat verneem is vir R136

000) en ’n “paar ander werke” gekoop het kort nadat die tentoonstelling in die Goodmangalery

in Johannesburg geopen het. Murray word in die berig aangehaal as dat hy “verheug”

sou wees deur die verwikkeling, omdat The Spear “meer ’n idee verteenwoordig” en “nie die

soort kunswerk is wat hy verwag het om te verkoop nie” (aanhaling-vertalings hier en elders

deur my). Blignaut (2012) sluit die berig af met die opmerking dat kritici van die kunswerk

verlig sal wees dat dit ná die tentoonstelling na Europa verskeep gaan word, omdat die koper

daar woon.

Op 17 Mei het die ANC by monde van Jackson Mthembu ’n persverklaring aan die mediaagentskap

Sapa uitgereik waarin hulle met regstappe dreig teen Murray, die Goodman-galery

en lede van die media wat afdrukke van die skildery gepubliseer het. Mthembu (2012) maak

die insiggewende stelling dat die “walglike en ongelukkige uitbeelding van die president”

onder die aandag van die ANC gebring is deur “een van die media-huise …” (my

kursivering), klaarblyklik ’n verwysing na Media24, uitgewer van City Press. Terselfdertyd

eis die persverklaring dat afdrukke van die skildery van die galery se webwerf en die

webwerf van ’n “naweek-koerant” (City Press) 2 verwyder moet word. Behalwe dat

die Spear-skildery die “waardigheid” van pres. Zuma aangetas het, maak die ANC ook

beswaar teen Murray se “onregmatige” gebruik van die ANC-logo, met die woorde “FOR

SALE” en “SOLD” skuins daaroor aangebring, in plakkate wat op die tentoonstelling

beskikbaar was (Mthembu 2012).

Dié verklaring deur die ANC het die nuus soos ’n veldbrand binnelands en internasionaal laat

versprei (sien bv. Burbidge 2012; Foxnews.com 2012; Grootes 2012). Veral die sogenaamde

nuwe media – en spesifiek die internet en sosiale netwerke – het klaarblyklik sterk bygedra

tot die wye blootstelling wat die Spear-kunswerk en daaropvolgende polemiek geniet het.

Kenners het in die populêre media onder meer daarop gewys dat die Grondwet van 1996

vereis dat vryheid van spraak en artistieke uitdrukking met menswaardigheid (dignity)

gebalanseer moet word, asook dat die insident weer eens aangetoon het hoe broos wedersydse

begrip tussen verskillende etniese en kultuurgroepe in Suid-Afrika is (Burbidge 2012; De Vos

2012; IOL News 2012).

Die Goodman-kunsgalery, waar die kunswerk as deel van Murray se Hail to the Chief IIreeks

ten toon gestel is, het eers geweier om selfsensuur toe te pas (Burbidge 2012), maar het

later ’n “kompromis” met verteenwoordigers van die regerende ANC aangegaan (Polgreen

2012), nadat die party stappe gedoen het om ’n hofinterdik te verkry (Mthembu 2012).

Intussen het die Film en Publikasieraad buite hul normale domein van optrede met ’n

ondersoek begin (en uiteindelik ’n ouderdomsperk van 16 N [naaktheid] op The

Spear geplaas), nuuskieriges en ontstokenes op die galery toegesak en vandale die kunswerk

beskadig (Smuts 2012). Die eb en vloed van die polemiek het openbare platforms geruime

585
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

tyd oorheers en ook die beginsels en oordeelsvermoë van “hekwagters” van die populêre

media terdeë getoets.

Die prominente struggle-veteraan en linksgesinde koerantredakteur Ferial Haffajee van City

Press het byvoorbeeld aanvanklik geweier om ’n foto van die kunswerk van die koerant se

webblad te verwyder, maar sy het later van plan verander en haar nuutgevonde “insig” in ’n

artikel verduidelik (Polgreen 2012). ’n Paar maande later het sy egter haar spyt uitgespreek

dat sy “geswig” het onder die druk van die ANC (IOL News 2012). Zapiro, ’n gevierde

spotprentkunstenaar vir toonaangewende koerante wat reeds by ’n vorige geleentheid deur

Zuma vir naamskending gedagvaar is, het aanvanklik voet by stuk gehou en die president as

“penis” in ’n daaropvolgende spotprent uitgebeeld (Zapiro 2012). Gedurende ’n openbare

optrede ’n paar maande later het Zapiro egter gesê dat hy die geslaagdheid en wenslikheid

van die spotprent betwyfel (Hauman 2012).

In kuns- en mediakringe is belanghebbendes dus klaarblyklik onkant betrap deur die fel

aanslag op die kunswerk en die reg om daaraan vrye publisiteit te gee. Twyfel oor hul

aanvanklike sterk (“Westers-liberale”) standpunt oor (“individuele”) spraakvryheid in ’n

demokrasie is waarskynlik aangewakker toe die ANC, en Zuma persoonlik, in ’n beëdigde

verklaring vir die hof, die sogenaamde kultuur- (en by implikasie ook “ras”-) kaart gespeel

het deur aan te voer dat The Spear net nog ’n voorbeeld is van koloniale minagting vir

“Afrika-kultuur en -waardes” (Güles 2012). Zuma kon daardeur oënskynlik die hoofaanklag

van die skerp politieke satire van The Spear – dat hy die oorspronklike demokratiese waardes

van die ANC “verkrag” het deur as ’n Sowjetagtige diktator na vore te tree – deflekteer deur

hom op die miskenning van “kommunale Afrika-kultuur” te beroep. Maar geoordeel aan die

sigbare mobilisasie teen The Spear op straat, hét Zuma se aanspraak op “slagofferskap”

(York 2012) en die ANC se ondersteunende standpunt klaarblyklik heelwat populêre steun

geniet. Die vraagstuk of die Westers-geïnspireerde kunstradisie in Suid-Afrika nie tóg uit

voeling met die meerderheidsmening en -kultuur is nie, kon (of wou) dus nie sonder meer

afgemaak word deur selfs die voorstanders van The Spear nie.

Die primêre doel van hierdie artikel is egter nie om die meriete van die verskillende

standpunte rondom The Spear – of van die kunswerk self – te evalueer nie, maar om ’n ander

(groter/oorkoepelende) perspektief op die tafel te plaas waarin die rol van kunstenaars en die

media in die beskerming en uitbouing van die demokrasie sentraal figureer. Dit is eerstens

opmerklik dat ’n betreklik klein, eksklusiewe (elitistiese) kunsgebied, soms bekend as die

avant-garde, en belangrike hekwagters op die breë terrein van die populêre massamedia

soortgelyke argumente ten gunste van media- en spraakvryheid gedurende die Spear-konflik

uitgespreek het. Tweedens is dit moontlik onrusbarend dat ’n polities-gemotiveerde

sensuurveldtog die vryheid van die media en artistieke uitdrukking in ’n mate aan bande kon

lê.

Die vraag is dus eerstens of die Spear-insident aandui dat ’n lewendige en inklusiewe

demokratiese publieke sfeer in Suid-Afrika (nog/tog) haalbaar is, en of postapartheid-winste

ten opsigte van meer openheid en vryheid vir die media en kunstenaars onder druk is. Voorts

586
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

word besin oor die rol wat avant-garde kuns en die populêre media in noue samehang met

mekaar in hierdie geval gespeel het. Verteenwoordig die ontwikkeling van hierdie

verhouding dalk ’n belangrike baken op die pad na ’n dinamiese demokrasie? 3

Vervolgens word die aanwending van die konsepte avant-garde, populêre media en openbare

sfeer kortliks in die volgende afdeling uiteengesit.

2. Logika van die avant-garde en populêre media in die openbare sfeer

Volgens die sosioloog Pierre Bourdieu (1993:36) dateer die “avant-garde” 4 minstens uit die

opkoms van ’n outonome artistieke veld van kunstenaars wat “kuns om kunsonthalwe” (art

for art’s sake) in die 19de-eeuse Frankryk bedryf het. Die feit dat kuns as gedifferensieerde

veld los van die kerk en staat kon ontwikkel, word beskou as ’n belangrike stadium in die

totstandkoming van die moderne (Westerse) samelewing. In dieselfde beweging het avantgarde

kuns hom ook onderskei van populêre kultuur en vermaak, waarvan die massamedia en

joernalistiek deel uitmaak. Hoewel die tydvak van die werklike avant-garde as kunsbeweging

in Frankryk betreklik kort was, leef die “logika van die avant-garde” voort in eietydse

kunsstrominge wat populêre hoofstroomkonvensies uitdaag, aldus die Amerikaanse

letterkundige Caroline Levine (2007:5).

Die waarde van hedendaagse avant-garde kunstenaars is dat hulle werke produseer wat nie in

die eerste plek op waarde en prestasie in die mark gerig is nie. In Murray en The Spear se

geval is die toepassing van dié kriterium kompleks. Die werk was vir meer as R100 000 in

die mark (en is verkoop) én Murray het agterna verklaar dat hy nie eintlik verwag het dat dit

van die hand gesit sou word nie. Miskien moet ’n ander (negatiewe) beskrywing van avantgarde

kuns dus eerder fokus op werke wat nie in die eerste plek dekoratief is nie. Hoewel

niemand kan ontken dat die meeste (professionele) kunstenaars deesdae werk produseer sodat

dit wel verhandel kan word nie, is sommige kunstenaars minder ingestel op die smaak van die

breë publiek as ander.

Dit is besonder moeilik om finaal tussen kategorieë van kuns en vermaak en strategieë van

kunstenaars en ander kultuurprodusente te onderskei, maar oor die algemeen word die

“logika van die avant-garde” veral verbind met kultuurprodusente wat populêre konvensies

uitdaag. Vir die doeleindes van die argument hier word The Spear dus as ‘n avant-garde

kunswerk beskou, omdat dit kennelik die heersende politieke orde gekonfronteer en populêre

smaak en mening getoets het.

Maar dit laat die vraag ontstaan: Hoe weet avant-garde kunstenaars en die publiek wat

daardie hoofstroomkonvensies behels?

Volgens Levine (2007:20) is die antwoord die populêre kommersiële media, want hul sukses

hang af van hul vermoë om in voeling met die grootste gemene deler te bly. 5 Daar moet ook

onthou word dat ’n demokratiese bestel impliseer dat die mening van die meerderheid

587
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

belangrik – en in sommige gevalle deurslaggewend – is. Oormatige afkeuring van en

snobisme teenoor die populêre media en mening in ’n demokrasie is dus verdag. Algemene

stemreg is ’n voorvereiste vir deelnemende burgerskap, en die populêre kommersiële media

is een van die belangrike terreine waar burgers in ’n demokrasie met mekaar in gesprek kan

tree oor waar die grense van die “openbare sfeer” (Habermas 1989) getrek moet word. Die

ontstaan van Habermas se normatiewe konsep van die openbare sfeer word teruggevoer na

die voorbeeld van 18de-eeuse Europese koffiehuise waar rasionele debat tussen gelyke en

vrye (meestal manlike bourgeois) burgers sonder beïnvloeding van die staat of kerk kon

plaasvind. In reaksie op kritiek teen die eksklusiewe aard van die oorspronklik openbare

sfeer, word deesdae sterk klem gelê op die ideaal van inklusiewe deelname, maar die

voorvereiste van rasionaliteit en konsensus bly deel van openbare-sfeer-teorie wat op

Habermas se idee geskoei is.

Daar kan egter ernstige beswaar ontstaan met die verband wat hier aan die hand van Levine

(2007) tussen die kommersiële populêre media en Habermas se idee van die openbare sfeer

getrek word. Habermas was naamlik self erg krities oor die “kommersialisering” van die

openbare sfeer weens die invloed van die populêre media. Wat word dus van Habermas se

ideale van rasionaliteit, konsensus en inklusiwiteit wanneer die openbare sfeer van die

kommersiële populêre media afhanklik is?

Eerstens moet die begrip populêre media in die Suid-Afrikaanse konteks omskryf word. In

die breedste sin beteken dit die media wat deur die (meerderheid) mense (populus) gebruik

word. Vir die doeleindes van hierdie artikel word die populêre media breedweg onderskei van

die meer eksklusiewe veld van avant-garde kuns. Maar dié onderskeid suggereer nie dat die

populêre media as sodanig ’n homogene veld is nie.

In Suid-Afrika is radio waarskynlik steeds die mees populêre medium in terme van algemene

penetrasie, gevolg deur televisie (sien Fourie 2007:xv). Persoonlike waarneming van

verskillende Afrikaans- en Engelstalige radiostasies en televisiekanale, ook buite die

openbare uitsaaier, die South African Broadcasting Corporation (SABC), 6 het aangedui dat

die Spear-voorval wyd op die lug bespreek is, en dat talle luisteraars en kykers op

verskillende maniere daaraan deelgeneem het. Maar onder meer taal- en kultuurverskille lei

tot diverse eerder as inklusiewe gehore, selfs al is die SABC steeds die dominante uitsaaiinstansie.

Buite die SABC word die bedryf oorheers deur Multichoice se betaaltelevisiemodel,

wat weer ekonomiese stratifikasie van gehore in die hand werk.

Met die koms van nuwe media en die internet het talle nuwe moontlikhede en tendense vir

popularisering ontstaan, en dit is veilig om te sê dat hierdie tegnologie ’n bepaalde

grensoorskrydende dimensie aan die Spear-debat gegee het (sien bv. die omvattende lys van

berigte, menings en spotprente wat oor The Spear in die media verskyn het en ook elektronies

beskikbaar is by Murray (s.j.). Aan die ander kant word toegang tot elektroniese-mediainhoud

deur beperkings soos taal- en ekonomiese verskille en ongelykhede aan bande gelê.

588
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Selfs al val die fokus net op die drukmedia in Suid-Afrika, is daar ook geen sprake van ’n

homogene of inklusiewe populêre media nie. Daar kan byvoorbeeld tussen die sogenaamde

(breëblad) elite- en meer populêre poniekoerante onderskei word. Tradisioneel maak die

“elite”-pers aanspraak daarop dat dit tot die publieke sfeer bydra, en dat die “sensasionele”

poniekoerante dit skaad, maar uit die perspektief van kultuurstudies is hierdie siening onder

verdenking (Wasserman 2010). Nie net word die opbouende rol van poniekoerante deesdae

ernstig ondersoek nie, maar die sogenaamde elite-pers loop gereeld onder media-ontleders

deur omdat hulle glo voeling met lesers en die populêre mening verloor het. Oor die

algemeen word die drukmedia in Suid-Afrika deur talle kritici, insluitend die ANC, daarvan

beskuldig dat dit grootliks nog in wit hande is en dus nie verteenwoordigend van die swart

meerderheid is nie. Op sy beurt is die poniepers moontlik meer in voeling met die swart

meerderheid, maar ook dié koerante behoort aan die groot “wit” mediahuise. Boonop kan die

aanslag van poniekoerante beswaarlik as “rasioneel” in die Habermasiaanse sin getipeer word

(nie dat die ander sektore van die populêre media noodwendig altyd beter vaar in hierdie

verband nie).

Gesien in terme van ’n nadere beskouing van die interne struktuur van die gebied van die

populêre media, het dieSpear-debat dus waarskynlik eerder in “elite-” as in

meerderheidskringe plaasgevind, maar uit die oogpunt van avant-garde kuns het dit grootliks

in die populêre media gebeur. Probleme onstaan egter wanneer daardie media-aktiwiteit aan

Habermas se konseptualisering van ’n publieke sfeer gemeet word.

Vir die Suid-Afrikaanse konteks verskaf Mouffe (2005) se konseptualisering van ’n ander

tipe openbare sfeer dus moontlik ’n beter raamwerk. Mouffe (2005:1-2) verwerp naamlik die

idee dat rasionaliteit en konsensus noodwendig bevorderlik vir die demokrasie is, en veral dat

dit die hoofkenmerke van politieke prosesse moet wees. Volgens Mouffe (2005:3) moet sterk

botsende menings sentraal deel wees van politieke interaksie, anders word die demokrasie

verskraal tot ’n klein groepie verkose verteenwoordigers wat in eie belang ’n flou konsensus

handhaaf en radikale menings uitsluit. Mouffe (2005:4) konseptualiseer daarteenoor ’n

dinamiese openbare sfeer waarin konflik onafwendbaar is en konsensus net tydelik bereik kan

word.

In hierdie artikel word bogenoemde menings van Habermas en Mouffe gekombineer. Met

ander woorde, die siening is dat rasionele debat en ’n mate van konsensus onvermydelik is vir

’n openbare sfeer om te ontstaan, maar dat die demokrasie nie dinamies kan bly wanneer

konflik gemarginaliseer en alternatiewe en radikale menings uitgesluit word nie. Anders

gestel, konflik moet binne sekere algemeen-aanvaarde grense geskied, 7 maar nie onder die

mat van konsensus ingevee word nie.

Hierdie siening van ’n openbare sfeer sluit aan by die robuuste rol wat vir die populêre media

en die kunste in ’n demokrasie voorsien word (sien bespreking onder). Sonder om dus die

ongelyke ekonomiese, politieke en kulturele magsverhoudings in die Suid-Afrikaanse

populêre media te vergoeilik, bied die idee van ’n konflikterende openbare sfeer meer ruimte

om verby stagnante en steriele normatiewe media-debatte verby te stuur. Met ander woorde,

589
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

dinamiese demokratiese prosesse in en deur die media is moontlik sonder dat die

prysenswaardige ideaal van ’n perfek-geïntegreerde, inklusiewe en getransformeerde Suid-

Afrikaanse media verwesenlik is.

Argumentsonthalwe word hier ook grootliks verbygestuur by die problematiese aspek van

hoe populisme (die blote meerderheid van getalle) in moderne konstitusionele demokrasieë

deur verkiesings tot parlementêre en ander vlakke van verteenwoordiging “vertaal”

(verskraal?) word. Maar dit is tog belangrik om te onthou dat regeringslui daardeur in staat is

om ongewilde (minderheids)besluite te neem en deur te voer – op grond van die argument dat

hulle verkiesing in die eerste plek demokraties was. In Suid-Afrika word die afskaffing van

die doodstraf en die regte van gays dikwels as voorbeelde voorgehou van gevalle waar die

demokratiese Grondwet van 1996 en die mening van die meerderheid moontlik nie altyd

ooreenstem nie. As teenargument kan tereg aangevoer word dat die waardes wat in die

Grondwet vervat is, die resultaat van ’n demokratiese onderhandelingsproses – ’n normatiewe

debat – was. 8 Maar dit verander nie die feit dat daardie onderhandelinge in die praktyk

namens die meerderheid deur ’n klein elite-groepie verteenwoordigers gevoer is nie. Nadat

konsensus bereik is, moes die ooreenkoms aan onderskeie groepe ondersteuners “verkoop”

word.

Dus is daar in ’n demokrasie reeds ingeboude spanning tussen die rol en plek wat die mening

van die meerderheid (behoort te) speel, en die reg van (verkose) minderhede om namens die

meerderheid te praat en op te tree. Die “logika van die avant-garde” neem die argument

verder deur aan te voer dat sekere onverkose minderhede ook ’n demokratiese rol kan speel.

Eintlik is dit nie ’n nuwe of vreemde gedagte nie, want vrywillige burgerlike assosiasie en

aktivisme word reeds as kern van ’n lewende demokrasie gesien. Avant-garde kunstenaars is

dus ’n losse belangegroep met ’n bepaalde funksie in ’n demokratiese bestel: om die tirannie

van die meerderheidsmening (Levine 2007:13) teen te werk.

Daar is immers altyd die gevaar dat die meerderheid verkeerd kan wees (Levine 2007:13).

Groot samehorigheid en ooreenstemming kan voorts tot onverdraagsaamheid lei teenoor

diegene wat dit (uiteindelik) steeds waag om te verskil. Diskoers-ontleders noem die proses

“diskursiewe sluiting”, met ander woorde die alternatiewe mening word eenvoudig

doodgeskreeu of uitgesluit. Die meerderheid kan ook saamstem om hul lot in die hande van

’n diktator te plaas, soos al dikwels in die geskiedenis gebeur het. Avant-garde kuns, so lui

die argument volgens Levine (2007), kan help om diskursiewe sluiting teen te werk, maar dit

kan net in samehang met die vrye populêre media geskied. Die populêre media is naamlik

tegelykertyd die aanduider van die populêre mening en die platform waarop die stryd om dit

te bestendig of te verskuif plaasvind. Die aard van die verhouding tussen avant-garde kuns en

die populêre media is egter allermins simplisties, soos die volgende teoretiese oorsig aantoon.

590
3. Die veld van kulturele produksie

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Bourdieu (1993) argumenteer dat die populêre media en kultuur en avant-garde kuns albei

deel uitmaak van die “veld van kulturele produksie”. Kulturele produksie is een van vele

gespesialiseerde, gedifferensieerde terreine wat die (laat) moderne samelewing kenmerk.

Ander voorbeelde sluit die onderskeie velde van die ekonomie, politiek, wetenskap,

regstelsel, ens. in. Velde funksioneer ten beste indien hulle in hoë mate outonoom is.

Byvoorbeeld, in navolging van Bourdieu moet politici en kerkleiers hulle eerder daarvan

weerhou om die produksie van kunswerke soos The Spear of koerante soos City Press te

probeer sensureer, want dan sal kunstenaars en joernaliste ten beste in en vir hul onderskeie

velde en die samelewing in geheel produseer. Kunstenaars en joernaliste moet egter as

teenprestasie die ekonomiese druk en logika van buite hul subvelde (probeer) weerstaan,

anders bied hulle hul onafhanklikheid op ’n (goue) skinkbord aan.

Luhmann (2002) praat van “autopoiesis” om die proses te beskryf waardeur verskillende

gedifferensieerde sisteme in die samelewing hulself ideaal in stand hou deur onafhanklike en

geslote interne kommunikasie. Bourdieu (1993) meen egter dat totale onafhanklikheid in

verskillende subvelde en velde onmoontlik is, omdat hulle onlosmaaklik ineengeskakel is.

Een beeld wat hy vir die samelewingstruktuur met ineengeskakelde velde gebruik, is dié van

die bekende Russiese (Matryoschka-) poppies wat binne mekaar inpas (Benson en Neveu

2005:3). Die subvelde van kuns en media pas dus argumentshalwe in die groter veld van

kulturele produksie, wat weer inskakel by die onderskeie velde van die ekonomie en politiek,

wat op hul beurt weer met die oorkoepelende “veld van mag” (Bourdieu 1998a:34) geskakel

is.

Kunswerke soos The Spear en koerante soos City Press behoort tot verskillende subvelde

binne die veld van kulturele produksie, aangesien eersgenoemde gemik is op elite-gehore met

hoë vlakke van “kulture kapitaal” (Bourdieu 1984) en laasgenoemde op die grootste gemene

deler met die doel om “ekonomiese kapitaal” (geld) uit die massamark te maak (Bourdieu

1998b). Daarmee bedoel Bourdieu nie dat die winsmotief al motivering van koerante

soos City Press is nie, maar net dat koerante en avant-garde kunstenaars in groot mate tot

verskillende smake en beursies spreek.

Soos reeds gesien, sluit die fokus van avant-garde kuns op elite-gehore natuurlik nie

finansiële oorwegings uit nie – inteendeel, elite-kuns word dikwels teen astronomiese pryse

van die hand gesit. Die verhouding tussen kulturele en ekonomiese kapitaal is egter besonder

kompleks in die subveld van die avant-garde kuns. Die ironie – of angel in die stert – is dat

Bourdieu (1993:170) aantoon dat kuns om kunsonthalwe moontlik is slegs as die finansiële

en materiële las van kunsproduksie deur iemand namens of behalwe die kunstenaar gedra kan

word (indien die kunstenaar nie [reeds] welvarend genoeg is om dié lewenstyl self te

finansier nie). Die rol van die beskermheer of -dame van die kunste, wat in die moderne

idioom borgskappe deur groot instansies behels – was dus van meet af aan onlosmaaklik deel

van die bestaan van avant-garde kuns, aldus Bourdieu (1993:76).

591
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Murray en The Spear kan dus nie sonder meer onafhanklik of “onskuldig” verklaar word in

die magsverhoudings van die veld van kulturele produksie of aangrensende velde nie. Waar

populêre media en kultuur, insluitend die joernalistieke veld, sterk aantoonbaar onder die

invloed van die “ekonomiese pool” van die samelewing staan, is betreklik outonome avantgarde–kuns-produksie

’n subveld met ’n “omgekeerde logika”. Vir avant-garde kunstenaars

gaan dit naamlik op die oppervlak oor “kuns om kunsonthalwe” (Bourdieu 1993:36), vandaar

die verromantiseerde beeld van die arm, sukkelende kunstenaar wat niks en niemand ontsien

nie en bereid is om alles vir sy/haar kuns op te offer (1993:48-50). Kunstenaars wat die

avant-garde-kuns-veld probeer betree met die uitgesproke doel om geld te maak, sou dus

teoreties onwelkom wees. ’n Navorser wat kulturele produksie in die konteks van die hele

veld ondersoek, sal egter onder die oppervlak op die uitkyk moet wees vir die “verborge”

magsverhoudings – insluitend ekonomiese belange – wat avant-garde kuns onderlê.

Dit sou dus ’n vrugbare terrein van ondersoek wees om die ontstaansgeskiedenis van The

Spear en die agtergrond van die Goodman-galery in besonderhede na te speur op soek na die

ekonomiese basis van dié kunswerk en tentoonstelling. Watter gevestigde belange

verteenwoordig Murray en die Goodman-galery byvoorbeeld in die subveld van avant-gardekuns-produksie?

Bourdieu (1984) gebruik die term habitus om die biografiese agtergrond en

professionele trajek van individue en instansies binne sekere velde te beskryf. Navorsing oor

wie Murray is, waar hy vandaan kom, hoe en deur wie hy gesosialiseer en opgelei is (tuis, op

skool en daarna), en hoe hy as kunstenaar ontwikkel het en ondersteun is, kan dus ook lig

werp op die magsverhoudings waarin hy as wit (“Eurosentriese”) kunstenaar in die veld van

kulturele produksie geplaas is. 9 In dié opsig is daar ’n strukturele ooreenkoms tussen Murray

en sektore van die populêre media, wat ook dikwels in die beskuldigdebank staan weens die

geskiedenis van kolonialisme en apartheid in Suid-Afrika.

Voor en gedurende die Spear-sage het die ANC die hoofstroomkoerante soms as uit voeling

met die swart meerderheid beskryf. Dit sluit aan by ’n bekende tema dat die “wit-beheerde”

kommersiële media die saak van postapartheid-nasiebou en –ontwikkeling versaak het ter

wille van die dekking van oppervlakkige Westerse vermaak en groter winsmarges. Op hierdie

punt is daar ’n mate van ooreenstemming tussen die ANC en Bourdieu (2003; 1998b).

Bourdieu was veral beswaard oor die toenemende “ongesonde” invloed van veral die

ekonomiese terrein op ander terreine. Hy het die tendens bestempel as ‘n uitvloeisel van die

“neoliberale” kapitalisme van die laat 20ste en begin 21ste eeu. As voorbeeld het Bourdieu

(1998b) aangetoon hoe tradisionele joernalistieke waardes van onafhanklikheid in die slag

gebly het in ’n era van mediakonglomerasie en die gepaardgaande fokus op winsbejag.

Sou ’n mens dus die populêre media in die Spear-geval daarvan kon beskuldig dat hulle

sensasie aangeblaas het uit ekonomiese oorwegings? Dit is sekerlik nie vergesog nie, want

koerante soos City Press veg vir oorlewing in ’n vinnig-veranderende mediamark. Voorts het

die voortslepende vyandigheid tussen die ANC en die hoofstroomkoerante oor omstrede

voorstelle vir ’n statutêre mediatribunaal en die Wet op die Beskerming van Inligting

waarskynlik ook ’n rol daarin gespeel dat opponente en kritici van The Spear dikwels

ongunstig in die hoofstroomkoerante “geraam” (Entman 1993) is. 10

592
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Aan die ander kant argumenteer hierdie artikel dat die populêre media hul burgerlike plig sou

versuim het indien die Spear-skildery as nuuskeuse geïgnoreer is. Meningsverskil is moontlik

oor die aard en vlak van mediadekking, maar soos Hartley (2012:59–93) aantoon, is

joernalistiek én die demokrasie gebore uit die robuuste en dikwels ruie aanslag van die

onafhanklike Europese en Amerikaanse populêre drukpers (penny press). Anderson (1983)

het op sy beurt ook die ontstaansgeskiedenis van nasionale state tot die ontwikkeling van

druk-kapitalisme in Europa teruggevoer. Sy basiese uitgangspunt is dat populêre koerante in

die omgangstaal individue in staat gestel het om hulself as lede van ’n “verbeelde

gemeenskap” (imagined community) of volk/nasie te begin beskou. Tot in daardie stadium

het die kerk en die uitsluitlike beskikbaarheid van die Bybel in Latyn in hoë mate die opbloei

van verskillende nasionalismes en die sekulêre demokrasie teengewerk.

Die oorkoepelende argument hier is dat die vloeibare grense van wat in ’n demokrasie (ook in

die media) aanvaarbaar is, voortdurend deur konflik tussen andersdenkendes beding en

(momenteel) bestendig moet word. Die idee dat die “morsigheid” van die populêre media op

’n manier met die ontstaan en voortbestaan van die demokrasie ineengeskakel is, moet op die

voorgrond bly wanneer kritici sensuurkloue wil inslaan. Dit vergoeilik nie alle etiese en

morele mediavergrype ten koste van individue en die samelewing nie, want die media staan

beslis nie buite magsverhoudings as neutrale “spieël” nie, en dieselfde geld vir avant-garde

kuns. Regulering van die media en kuns moet egter deur vrye deelname aan ’n konflikterende

openbare sfeer plaasvind, en nie deur magshebbers en belangegroepe in spesifieke velde nie.

Gesprekke oor die media en kuns berus dikwels op ’n algemene en besonder moeilikvaspenbare

begrip, “smaak”, wat boonop baie subtiel aan “mag” gekoppel is. Dié aspek

geniet vervolgens aandag.

4. Smaak en mag

Uit bostaande is dit duidelik dat Bourdieu se teorie voorveronderstel dat ’n duidelike

onderskeid tussen “elite-/hoë/fynproewer-/uitgelese” en “populêre/hoofstroom-/lae/

middelmoot” belangrik is in die veld van kulturele produksie, met sy subvelde soos die

media, letterkunde, uitvoerende en beeldende kunste, teater, musiek en dans.

Bewustelik of onbewustelik was smaak dus ’n belangrike faktor in die Spear-debat, maar

smaak kan nie in isolasie van polities-ekonomiese magsverhoudings van produsente en

verbruikers beskou word nie. In navolging van Karl Marx se idee dat die dominate idees in

die samelewing dié van die dominante (ruling) klas is, meen Bourdieu (1993) – met die

Franse samelewing en geskiedenis in gedagte – dat die smaak van die dominante groep(e) die

samelewing struktureer. Met ander woorde, smaak word bepaal deur die “elite” wat die

meeste ekonomiese en kulturele kapitaal versamel.

Die “populêre” meerderheid, diegene met min ekonomiese en kulturele kapitaal, sal dikwels

die smaak van “elite-”groepe navolg, of ten minste bewus wees daarvan dat hul populêre

593
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

smaak van elite-smaak onderskeibaar is. In die meeste gevalle waar avant-garde-kunswaardering

dus op die vlak en terrein van die kuns-elite ter sprake kom, sal diegene met lae

vlakke van kulturele kapitaal geneig wees om eerder stil te bly as om hul onkunde (en

agterstand) ten toon te stel. (In veilige eie geledere sal diegene met populêre smaak egter

dikwels openlik die spot dryf met die smaak en pretensie van die “kultuurdiere”.)

Enige poging tot onderskeid tussen elite- en populêre smaak word egter betwis deur diegene

wat vanuit ’n meer postmoderne kultuurstudies-agtergrond die bestaan van sodanige

hiërargieë en dualisme ten sterkste ontken en voorstel dat kulturele genres en smaakverskille

hoogstens as kontekstueel en as horisontale kontinuum aangedui kan word.

Maar al word smaak-hiërargieë ondergrawe in die postmoderne verbruikersamelewing, lei die

uitoefening van keuses wat op smaak berus, steeds tot sekere sosiale en kulturele

stratifikasies (bv. verbruikersgroepe). Dikwels ontstaan oorvleuelings tussen dié groepe en

ander groeperings wat deur die ongelyke verdeling van ekonomiese kapitaal (klasse) en

simboliese en sosiale kapitaal (politieke partye) geïdentifiseer kan word. In sulke gevalle kan

die (arbitrêre) smaak van dominante groepe steeds as stratifikasiemerker van mag

funksioneer. Soos Bourdieu (1984:6) dit stel: “[T]aste classifies, and it classifies the

classifier.”

Soos reeds in afdeling 2 aangetoon is, onderskei sommige (nuus)instansies binne die populêre

drukmedia hulle as uitgelese deur ’n aanspraak op “gehalte-joernalistiek”, terwyl daar

terselfdertyd op die “swak” praktyk en “etiese vergrype” van poniekoerante neergesien word.

Boonop word die begrip gehalte-joernalistiek dikwels uit die perspektief van die middelklas

gedefinieer, en gaan dit dan eerder oor ’n afkeuring van werkersklas-smaak as oor ’n

wesenlike verskil in aanslag en aanbieding van joernalistieke inhoud (Wasserman 2010).

Kritici van tendense soos tabloidisation in die media redeneer byvoorbeeld al geruime tyd dat

die sogenaamde gehalte-pers, ironies genoeg, toenemend nader beweeg het aan die aanslag en

aanbiedingstyl van poniekoerante (Wasserman 2010).

Die tendens geld klaarblyklik ook die uitsaai-, elektroniese en nuwe media, waar tradisionele

skeidslyne en definisies voortdurend vervaag. Selfs die skynbaar eenvoudige vrae: “Wat is

joernalistiek?” en “Wie is ’n joernalis?” het ’n turksvy vir bewakers van gevestigde belange

in joernalistiek-opleiding en die joernalistiekbedryf geword in die era van sosiale media en

slimfone. Vir diegene wat nie net ingelig wil word nie, maar ook graag self wil deelneem aan

openbare gesprekke – soos rondom The Spear – is die gewaande ondergang van tradisionele

joernalistiek egter nie ’n krisis nie. Die nuwe en sosiale media stel gebruikers (“diegenevoorheen-bekend-as-media-gehore”)

nie net in staat om te kies watter media-inhoud om te

verbruik nie, maar ook om op dieselfde en ander platforms reaksies, menings en mediainhoud

te produseer wat in hul eie smaak val.

Belangrik vir die argument hier is dat Bourdieu (1984) in ’n Franse konteks verder gaan deur

’n sterk verband tussen kultuursmaak en politieke mag te suggereer. Hy toon byvoorbeeld ’n

verband aan tussen aanhangers/versamelaars van klassieke musiek en avant-garde kuns en

594
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

magshebbers in die politieke en ekonomiese velde in Frankryk in die tweede helfte van die

vorige eeu. Politieke heerskappy is volgens Bourdieu nóú verbind aan ekonomiese mag, en

daardeur dan ook aan kulturele mag (insluitend smaak).

Maar in Suid-Afrika was dit die (politieke) heersersklas (die ANC/Cosatu/SAKP-alliansie)

wat in die eerste plek teen die Spear-kunswerk standpunt ingeneem het. Hier was daar dus,

wat The Spear betref, op die oog af ’n diskonneksie tussen die (“nuwe”) politieke en (“ou”)

kulturele elite.

Ook dié onderskeid is egter waarskynlik veels te eenvoudig, want verskeie, dikwels

kompeterende, elite-groepe is aanduibaar in Suid-Afrika sedert 1994. Verskillende individue

en groeperings, insluitend die regering, staat, politici en burgerlike instansies, sakelui,

werkers en vakbonde, ding met mekaar op verskillende terreine en vlakke om politieke,

ekonomiese, kulturele en sosiale mag mee. Van die strydlyne loop soms steeds langs

tradisionele ras- en etniese verdelings af, maar soos die swart aandeel aan die neoliberale

kapitalistiese ekonomie toeneem, vervaag die duidelike tradisionele grense tussen

magsgroepe verder. Die politieke en ekonomiese heersersklas (“veld van mag”, volgens

Bourdieu) in Suid-Afrika kan dus as ’n gefragmenteerde, diffuse, dinamiese en dikwels

opportunistiese vennootskap van verskillende belangegroepe beskou word. Gegewe die

problematiek om ’n Suid-Afrikaanse heersersklas duidelik te identifiseer, is Bourdieu se

argument van ’n direkte skakel tussen die smaak van die heersende elite en die (klasse-)

struktuur van die samelewing dus hier minder nuttig.

Bourdieu se teorie oor die verband tussen kulturele smaak en mag moet in Suid-Afrika in die

konteks van die geskiedenis van imperialisme, kolonialisme en apartheid geproblematiseer

word. Die koloniale en apartheid-mentaliteit oor kuns en kultuur het op ’n eenvoudige (valse)

dualisme berus: aan die een kant was daar Eurosentries/uitheems/elite-/gehalte- en aan die

ander kant Afrosentries/inheems/populêr/minderwaardig. Dit beteken nie dat alle

sogenaamde Eurosentriese kunsvorme – soos popmusiek en films – as elite-kuns binne die

Eurosentriese tradisie beskou is nie; net dat ook Westerse popmusiek hoër as inheemse

Afrika-musiek op die smaakhiërargie was.

Sogenaamde Afrika-kuns en swart kunstenaars is byvoorbeeld gedurende die hoogbloei van

apartheid – toe Afrikaner-kunstenaars vereer en bevorder is (onder meer deur staatsopdragte)

– grootliks deur die establishment geïgnoreer. Sedertdien het die wit kuns-establishment

toenemend probeer om "inheemse" kunstenaars en kuns te inkorporeer – en in sommige

gevalle omgekeerde diskriminasie toegepas om die kulturele en ekonomiese kapitaal van

"swart" kuns te verhoog. Dit is egter ’n ope vraag in watter mate die subveld van avant-garde

kuns getransformeer is sedert apartheid. Die Spear-geval wys dat oomblikke van krisis

dikwels steeds lei tot die (her)aktivering van tradisionele skeidslyne.

Miskien is dit eerder ’n geval van dat die tradisionele skeidslyne nooit heeltemal weg was

nie. Die nuwe politieke elite ná 1994 probeer ook om die toon aan te gee in debatte oor

smaak, ironies genoeg deur die koloniale dualisme in stand te hou (maar met ’n

595
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

teenoorgestelde politieke doelwit in gedagte). Die diskoers van die Afrika-Renaissance, wat

’n sentrale tema veral tydens pres. Thabo Mbeki se termyn (1999-2008) was, het onder meer

op dié simplistiese verdeling staatgemaak. ’n Eenvoudige voorbeeld is dat jazz-musiek

gedurende apartheid min blootstelling in die amptelike openbare sfeer (insluitend

hoofstroom-media) geniet het, maar dat die gewildheid van jazz onder talle magshebbers in

die “nuwe” Suid-Afrika tot institusionele ondersteuning en die openbare opbloei van die

genre gelei het.

Amper twee dekades ná die einde van apartheid is die Euro- en Afrosentriese dualisme dus

steeds vaardig in diskoerse en praktyke, nieteenstaande die feit dat dié simplistiese uitkyk

deur postkoloniale beskouings van onder meer “hibriditeit” (Said 1994) gekompliseer

(behoort te) word. Met ander woorde, die interaksie tussen setlaar- en inheemsekultuurgroepe

gedurende die koloniale tydperk het albei onherroeplik beïnvloed en verander. Inderwaarheid,

so lui die argument, is enige poging of oproep tot ’n prekoloniale essensialisme aan die kant

van (voorheen) gekolonialiseerdes ’n onbegonne taak en dikwels gevaarlike politieke

strategie, aldus Said. Die ander kant van die muntstuk is dat die nageslagte van setlaargemeenskappe

dikwels ’n imperiale ingesteldheid (Said 1994) behou, waarin die inheemse

tradisies, praktyke en artifakte as minderwaardig geag word.

Interessant genoeg het sommige kritici van The Spear hulle op soortgelyke manier op Afrikaessensialisme

beroep deur aan te voer dat die uitbeelding van naaktheid besonder aanstootlik

is in “Afrika”-kultuur (sien bv. die reaksie van Enoch Mthembu, segsman vir die Nazereth

Baptist Church, soos gerapporteer deur May en Nagel 2012). Op sy beurt is die gevestigde

veld van kulturele produksie dikwels skuldig daaraan om “Afrika”-kultuur te stereotipeer,

dikwels om kommersiële redes, en/of om “Westerse” waardes, tegnieke en artifakte as die

verhewe norm te sien waarna almal moet aspireer om aanvaar te word. Aanduidings van

hierdie soort genaturaliseerde kultuursnobisme is ook in diskoerse rondom die Spearkunswerk

aantoonbaar, byvoorbeeld in sentimente soos dié van Liza Esser, eienaar van die

Goodman-galery, dat ’n “uneducated audience” (Dubin 2012) deur hul politieke leiers

opgesweep is om teen haar galery en die kunswerk te betoog.

Dus, ondanks die werklike verskynsel van wedersydse beïnvloeding en kulturele hibriditeit

gedurende kolonialisasie en apartheid, is ’n sekere geïdealiseerde, essensiële beskouing van

uniek Eurosentriese/uitheemse versus Afrosentriese/inheemse kultuur sedert 1994 deur

belangegroepe lewend gehou wanneer daar om mag op verskeie gebiede meegeding is.

Interpretasies wat die Spear-konflik tot ’n swart/wit- of Afrika-kommunale/Westers-liberale

dualiteit in kultuur en wêreldbeskouing gereduseer het, word in ’n mate weerspreek deurdat

konserwatiewe morele besware teen die uitbeelding van naaktheid in die kunswerk oor

“rasse”-grense heen in die populêre media uitgespreek is. Tog het voortdurende politieke

polarisasie tussen wit en swart waarskynlik ’n rol gespeel daarin dat voor- en teenstanders

van pres. Zuma en sy regerende party die insident opportunisties aangegryp het.

596
5. Ten slotte: die media en kunste as spies van die nasie

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Tans staar die media en die kunste talle uitdagings van binne en buite die veld van kulturele

produksie in die gesig. Kunsjoernalistiek en die avant-garde kunste is na die kantlyn verskuif

ná 1994, wat ironies genoeg ’n aanduiding is dat die samelewing “genormaliseer” het (Botma

2011, MMP 2006). Benewens ’n verlies aan politieke invloed en mag vir die kunste het die

hoofstroom populêre media aan die een kant na bewering kultureel “vervlak” onder

kommersiële druk en aan die ander kant ontpop as nie-amptelike “opposisie” van die ANCregeringsalliansie

om die samelewing te transformeer/ “Afrikaniseer” (of so beweer sommige

kritici in elk geval). Dit is dus allermins vreemd dat beide die (“Eurosentriese”) media en

kunste ook in die Spear-geval van vyandigheid teenoor “Afrika”-kultuur beskuldig is. Dié

toedrag van sake maak dit moeilik vir die kunste en media om ’n opbouende rol te speel,

maar nietemin is daar steeds positiewe tendense aanduibaar.

Eerstens was die populêre media uiteraard daarvoor verantwoordelik dat die bestaan van

kunswerke soos The Spear wêreldkundig geword het. Soos verreweg die meeste ander

artifakte in die beperkende medium van verf op doek sou hierdie skildery waarskynlik lank in

betreklike onbekendheid in die Goodman-galery kon bly hang het as dit nie was dat berigte

en besprekings daaroor en afdrukke daarvan in koerante en op die radio en webblaaie verskyn

het nie. Bloot funksionalisties het Murray se The Spear ook sy werk as avant-garde kunswerk

gedoen deur die bestaande orde uit te daag en tot wye gesprek oor verskillende grense heen te

lei. Die feit dat die kunswerk gesensureer/beskadig en deur talle belanghebbendes ongewens

verklaar is, en dat van die andersdenkende belangegroepe onder sensuurdruk geswig het,

beteken nie noodwendig dat die openbare sfeer onherroeplik ingekrimp het of dat vryheid van

spraak en die demokrasie permanent geskaad is nie.

Levine (2007:36–73) haal talle voorbeelde aan van kunswerke wat aanvanklik verbied en

gesensureer is, maar dan later tot die openbare sfeer toegelaat is. Soms word sulke kunswerke

selfs retrospektief gehuldig as “baanbrekers wat hul tyd vooruit was”. Nie net verander

“smaak” nie, maar ‘n verandering in politieke en sosiale konteks lei ook dikwels tot ander

interpretasies. Indien Zuma nie meer president is nie, sal The Spear waarskynlik heel anders

geïnterpreteer word.

Maar is agterna-erkenning van avant-garde kuns enigsins waardevol? Is die stryd nie klaar

verlore wanneer die avant-garde terugdeins voor of teruggedruk word deur die bestaande orde

nie?

Die antwoord is ’n besliste nee.

Dit is reeds opvallend dat kort ná die Spear-insident ’n ander kunstenaar, Ayanda Mabulu,

Zuma ook naak uitgebeeld het in ’n skildery, Umshini Wam (Weapon of Mass Destruction),

wat in die AVA-kunsgalery in Kaapstad tentoongestel is as deel van die versameling Our

Fathers (Times Live 2012). Alhoewel die ANC aanvanklik ook sterk afkeurend daarop

gereageer het (Bauer 2012), het dié skildery nie eers naastenby tot dieselfde debat of vlak van

597
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

mobilisasie in die openbare sfeer gelei nie. Dit is moontlik dat van die redes vir die gebrek

aan reaksie opUmshini Wam by van die opvallende verskille tussen die twee kunstenaars en

kunswerke gesoek kan word, soos byvoorbeeld dat Mabuka swart is en Zuma in tradisionele

Zoeloe-drag en -aksie uitgebeeld het, terwyl sy kritiek teen Zuma volgens hom

eerbiedwaardig aan ’n ouere gerig is (Times Live 2012). Volgens Mabuka het hy Zuma nie as

onbesnyd uitgebeeld nie, wat aandui dat hy met ’n man praat en nie ’n seun nie (Times Live

2012).

Ander politieke en kulturele nuanses kon dus wel ’n rol gespeel het in die “kalmer” ontvangs

van Umshini Wam. 11 Maar met die teoretiese raamwerk van hierdie artikel in gedagte kan

mens ook aanvoer dat Murray se The Spear alreeds die grense van die openbare sfeer in ’n

mate verskuif het. The Spear en van sy ondersteuners mag wel in ’n sin die kortstondige

slagoffers van ’n spesifieke stryd gewees het, maar die oorlog in geheel is (nog) nie verloor

nie.

Die punt, volgens Levine (2007:21), is dat wyd-gemedieerde kultuur-insidente (soos dié

rondom The Spear in ons geval) in die eerste plek aandui waar die grense van populêre

mening en smaak lê. Die bestaande grense word uitgedaag, en al word die populêre mening

en smaak herbevestig in die proses (en die kunswerk ongewens verklaar), is finale

diskursiewe sluiting nie moontlik in ’n funksionele demokrasie met relatiewe mediavryheid

en vryheid van spraak nie. In en deur die populêre media, waar verskillende groeperings

voortdurend in stryd met mekaar is oor wat polities, ekonomies, sosiaal en kultureel

aanvaarbaar is, is ’n mate van konsensus en stabiliteit nodig – ’n openbare sfeer. Maar selfs

net tydelike konsensus en stabiliteit beteken dat magsprosesse van in- en uitsluiting nodig is.

Tradisioneel is die geleidelike uitsluiting van alternatiewe menings wat te ver van die

konsensus afwyk, as die grootste gevaar vir ’n vrye openbare sfeer gesien. Noelle-Neumann

(1984) het die proses die “spiraal van stilte genoem” wanneer groeiende konsensus algaande

tot stilswye onder andersdenkendes lei.

Veral in die tradisionele massamedia, soos koerante, radio en televisie, is so ’n proses

moontlik nog aantoonbaar, maar die internet en sosiale media het die teorie aansienlik

geproblematiseer. Alternatiewe stemme kan naamlik op verskeie aanlyn platforms gesien en

gehoor word, en figureer ook as soms skerp kritiese (ook kru en kras) kommentators op die

inhoud van webwerwe van die tradisionele media (binne die perke van plaaslike en nasionale

sensuur-regulasies). In dié konteks is die beskadiging en vernietiging van die

oorspronklike Spear-kunswerk eintlik irrelevant, want afdrukke daarvan is in talle

databasisse, argiewe en geheues vasgelê. Benjamin (2009:5) was dalk om ’n ander rede bly

dat die “aura” van die “outentieke” kunswerk en kunstenaar deur die “meganiese

reproduksie” van beelde vernietig is – omdat dit demokratiese gelykstelling ten koste van

elitisme en eksklusiwiteit bevorder het – maar die uitwerking is soortgelyk: die tirannie van

staat- of populêre sensuur is moeiliker afdwingbaar in die digitale internet-era.

Eerder as dat die eietydse openbare sfeer dus gekenmerk word deur ’n spiraal van stilte, of

konsensus en stabiliteit, soos Habermas (1989) dit teoretiseer, realiseer die ontwikkeling van

598
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

die internet en sosiale media dalk eerder Mouffe (2005) se idee van ’n robuuste openbare

sfeer. Suid-Afrika se lang geskiedenis van polarisasie op grond van ras en etniese groeperings

maak dit egter moeilik om (tans al) van een openbare sfeer te praat. Ten beste, indien

openbare-sfeer-teorie enigsins waardevol geag word, het Suid-Afrika waarskynlik dan ’n

aantal parallelle openbare sfere wat wel soms in ‘n mindere en meerdere mate kan oorvleuel.

Dit is ’n ope vraag of die interaksie en konflik rondom The Spear ’n mate van oorvleueling in

verskillende openbare sfere in Suid-Afrika verteenwoordig het. Levine (2007) se argument is

in ’n Amerikaanse konteks geformuleer en Suid-Afrika verskil opsigtelik op soveel vlakke

van Amerika, wat byvoorbeeld (miskien dikwels oorvereenvoudig) as veel meer homogeen

op politieke en kulturele gebied gesien word. Tog wys die Spear-insident die voordeel vir die

openbare sfeer/sfere in Suid-Afrika wanneer die teenoorgestelde subvelde in die veld van

kulturele produksie met mekaar “praat”.

Bostaande bespreking lyk na ’n geweldige las om op The Spear te laai – en hierdie artikel

voer nie aan dat hierdie enkele kunswerk só ’n beslissende rol gespeel het nie. Dié perspektief

help egter om die debat verder te neem, verby argumente oor die meriete en moraliteit van

die kunswerk aan die een kant, en die regte en waardes van die betrokkenes aan die ander

kant. Miskien was die Spear-insident ’n voorbeeld van hoe ’n toekomstige inklusiewe en

lewendige openbare sfeer – waarin avant-garde kuns en die populêre media ’n sentrale rol

speel – in ’n demokratiese Suid-Afrika kan/gaan lyk. Dat dit vir baie ’n onthutsende en selfs

skrikwekkende blik was, moet ons nie daarvan weerhou om in die rigting daarvan te werk

nie.

Bibliografie

Anderson, B. 1983. Imagined communities: Reflections on the origin and spread of

nationalism. Londen: Verso.

Artist Biography. 2012. Brett Murray-webwerf. http://www.brettmurray.co.za/biography (19

September 2012 geraadpleeg).

Bauer, N. 2012. “Abuse of the arts”: ANC bristles at new Zuma painting. Mail & Guardianaanlyn.http://mg.co.za/article/2012-08-28-abuse-of-the-arts-anc-bristles-at-umshini-wam

(8

Oktober 2012 geraadpleeg).

Benson, R. en E. Neveu. 2005. Introduction: Field theory as a work in progress. In Benson en

Neveu (reds.) 2005.

Benson, R. en E. Neveu (reds.). 2005. Bourdieu and the journalistic field. Cambridge: Polity

Press.

599
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Benjamin, W. 2009. The work of art in the age of mechanical reproduction. New York:

Classic Books America.

Blignaut, C. 2012. R136 000 for Zuma’s jewels.

City Press. http://www.brettmurray.co.za/the-spear-press/13-may-2012-city-press (11

September 2012 geraadpleeg).

Botha, D. 1991. Protes op verhoog teen apartheid deesdae flou. Die Burger, 3 Desember, bl.

10.

Botma, G.J. 2011. Manufacturing cultural capital: Arts journalism at Die Burger (1990-

1999). Ongepubliseerde PhD-proefskrif. Departement van Joernalistiek, Universiteit

Stellenbosch.

Bourdieu, P. 2003. Firing back: Against the tyranny of the market. Londen: Verso.

—. 1998a. Practical reason: On the theory of action. Cambridge: Polity Press.

—. 1998b. On television. Vertaal deur P. Parkhurst Ferguson. New York: The New Press.

—. 1993. The field of cultural production: Essays on art and literature. Cambridge: Polity

Press.

—. 1984. Distinction: A social critique of the judgement of taste. Vertaal deur R. Nice.

Cambridge, MA: Harvard University Press.

Burbidge, M. 2012. Gallery refuses to remove “spear of the nation” artwork. Mail &

Guardian SA.http://www.brettmurray.co.za/the-spear-press/17-may-2012-mail-and-guardiansa

(11 September 2012 geraadpleeg).

De Vos, P. 2012. The Spear asks many questions, also about our view of human dignity.

Constitutionally Speaking. http://constitutionallyspeaking.co.za/2012/05 (11 September 2012

geraadpleeg).

Dubin, S. 2012. Interview with gallery owner Liza Essers. Art in

America. http://www.brettmurray.co.za/the-spear-press/5-june-2012-art-in-americainterview-with-gallery-owner-liza-essers

(17 Januarie 2013 geraadpleeg).

Entman, R.M. 1993. Framing: Towards clarification of a fractured paradigm. Journal of

Communication, 43(4):51–8.

Foxnews. 2012. S. Africa’s ANC fumes over art ridiculing

president. http://www.brettmurray.co.za/the-spear-press/17-may-2012-foxnewscom (11

September 2012 geraadpleeg).

Fourie, P.J. 2007. Media studies: Media history, media and society. 2de uitgawe. Kaapstad:

Juta.

600
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Grootes, S. 2012. Newspaper stands firm on Zuma portrait. Eyewitness

News. http://www.brettmurray.co.za/the-spear-press/18-may-2012-eyewitness-news (11

September 2012 geraadpleeg).

Güles, N. 2012. Zuma plays the culture card. City Press. http://www.brettmurray.co.za/thespear-press/24-may-2012-city-press

(11 September 2012 geraadpleeg).

Habermas, J. 1989 [1962]. The structural transfomation of the public sphere. Vertaal deur T.

Burger en F. Lawrence. Cambridge, MA: MIT Press.

Hartley, J. 2012. Digital futures for cultural and media studies. Oxford: Wiley-Blackwell.

Hauman, S. 2012. Satire suksesvol gevier by poësie-aand. Stellenbosch University

Journalism-webblad.http://www0.sun.ac.za/studentjournalism/2012/09/satire-suksesvolgevier-by-poesie-aand

(11 September 2012 geraadpleeg).

I’m no racist. 2012. Artist Brett Murray’s Affidavit. http://www.brettmurray.co.za/the-spearpress/25-may-2012-the-times-sa-brett-murrays-affidavit

(19 September 2012 geraadpleeg).

IOL News. 2012. “We were viciously played”. http://www.brettmurray.co.za/the-spearpress/14-august-2012-iolnews-we-were-viciously-played

(11 September 2012 geraadpleeg).

Levine, C. 2007. Provoking democracy: Why we need the arts. Oxford: Blackwell.

Luhmann, N. 2002. Theories of distinction. Redescribing the descriptions of modernity.

Stanford, Kalifornië: Stanford University Press.

May, J. en A. Nagel. 2012. “Ban The Spear, stone its maker”. Times

Live.http://www.timeslive.co.za/politics/2012/05/22/ban-the-spear-stone-its-maker (17

Januarie 2013 geraadpleeg).

McQuail, D. 2010. Mass communication theory. 6de uitgawe. Londen: Sage.

MMP (Media Monitoring Project). 2006. Hisses and whistles: A baseline study into arts

coverage in the South African media. Ongepubliseerde navorsingsverslag. Open Media en

Basa.

Mouffe, C. 2005. On the political. New York: Routledge.

Mthembu, J. 2012. ANC outraged by Brett Murray’s depiction of President Jacob Zuma.

ANC-persverklaring. http://www.brettmurray.co.za/the-spear-press/17-may-2012-anc-pressrelease-intentions-to-sue

(11 September 2012 geraadpleeg).

Murray. B. s.j. Kunstenaarswebwerf. http://www.brettmurray.co.za/work (11 Oktober 2012

geraadpleeg).

Noelle-Neumann, E. 1984. The spiral of silence. A theory of public opinion – Our social

skin. Chicago: University of Chicago Press.

601
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Polgreen, L. 2012. Amid uproar, graphic painting of South African president is removed from

gallery. New York Times. http://www.brettmurray.co.za/the-spear-press/31-may-2012-newyork-times-work-removed-from-gallery

(11 September 2012 geraadpleeg).

Said, E.W. 1994. Culture and imperialism. Londen: Vintage.

Smuts, D. 2012. The Spear and the descent into censorship. DApersverklaring.http://www.brettmurray.co.za/the-spear-press/22-may-2012-da-pressrelease

(11 September 2012 geraadpleeg).

Times Live. 2012. Another painting of President Jacob Zuma with his private parts exposed

went on display at the AVA Gallery in Cape Town on Monday night, according to a

report.http://www.timeslive.co.za/politics/2012/08/28/another-painting-with-zuma-s-genitalson-display-report

(8 Oktober 2012 geraadpleeg).

Wasserman, H. 2010. Tabloid journalism in South Africa. Bloomington: Indiana University

Press.

York, G. 2012. South Africa’s Jacob Zuma plays victim over “genitalia” painting. The Globe

and Mail Canada.http://www.brettmurray.co.za/the-spear-press/23-may-2012-the-globe-andmail-canada

(11 September 2012 geraadpleeg).

Zapiro, 2012. The Spear to be raised at social cohesion

summit.http://www.zapiro.com/Cartoons/m_120705mg.jpg (11 September 2012

geraadpleeg).

Eindnotas

1 Zuma is ’n tradisionele Zoeloe-poligamis wat in 2006 vrygespreek is op ’n aanklag dat hy

’n familievriendin verkrag het. Gedurende die hofsaak het Zuma die omstrede uitlating

gemaak dat hy (met haar instemming) onbeskermde seks met die klaagster gehad het – wel

wetende dat sy MIV-positief is – maar dat hy daarna gestort het om hom teen die risiko van

infeksie te beskerm.

2 Die feit dat die Spear-sage van die begin af deur regstreekse konflik tussen City Press en

die ANC gekenmerk is, is veelseggend, aangesien dit ’n Sondagkoerant is wat tradisioneel op

’n middelklas swart leserskap gemik is, met ’n swart (“Indiër” in ou apartheidsterme)

redakteur, Ferial Haffajee. Dus is dit ’n voorbeeld van kritiek op die ANC vanuit swart

geledere. (Dankie aan ’n anonieme keurder vir dié insig en bewoording.)

3 Besinning oor hierdie vrae is belangrik vir enigiemand wat die konstitusionele demokrasie

in Suid-Afrika op die hart dra, maar hierdie artikel is veral gerig op sodanige kuns- en

mediawerkers en ontleders en kommentators op hierdie verwante terreine. Die feit dat die

teoretiese raamwerk van hierdie artikel oor ’n komplekse Suid-Afrikaanse fenomeen op ’n

gedekontekstualiseerde Westerse (hoofsaaklik Amerikaanse en Franse) lees geskoei is, mag

problematies wees. Tog is die teenargument dat juis hierdie “internasionale” raamwerk

belangrike insigte belig wat juis in die dikwels parogiale Suid-Afrikaanse manifestasie van

602
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

die Spear-debat onderbeklemtoon is. Dit moet egter beklemtoon word dat hierdie hoofsaaklik

’n beskrywende artikel is wat nie voorgee om ’n bydrae tot teorie oor mag en kultuur of

mediateorie as sodanig te maak nie, en ook nie ’n sistematiese Bourdieuaanse ontleding nie.

(Dankie aan ’n anonieme keurder vir dié insig en bewoording van die laaste sin bo.)

4 Bourdieu (1993:107) beskryf die historiese Franse avant-garde-kunstenaars ook as volg:

“One group, situated at the vanguard, have no contemporaries with whom they exchange

recognition (apart from other avant-garde producers), and therefore no audience, except in the

future.”

5 Die opkoms van massamedia het tot die ontstaan van kommunikasienavorsing aan die begin

van die 20ste eeu gelei, onder meer uit elitistiese vrese dat die ongekende verspreiding van

populêre smaak, menings en voorkeure die samelewing negatief sou beïnvloed. In reaksie op

die pessimisme van die Frankfurt-skool en ander massamedia-teoretici het denkers uit die

kultuurstudie-tradisie in die tweede helfte van die 20ste eeu na vore getree as kampvegters vir

die bevrydende rol van populêre mediaprodukte en kultuur (sien McQuail 2010 en Fourie

2007).

6 Hoewel die SABC as openbare uitsaaier ’n openbare mandaat het wat dit van die

kommersiële media (behoort te) onderskei, is die korporasie reeds geruime tyd vir omtrent

80% van sy inkomste van advertensie- en ander kommersiële opbrengste afhanklik (Fourie

2007).

7 In 2012 het soms gewelddadige protes onder Moslems in verskeie Arabiese en Europese

lande uitgebreek nadat die profeet Mohammed na bewering in ’n bedenklike Amerikaanse

film belaster is. Die film mag moontlik in sommige kringe as avant-garde beskryf word, en

die media het ’n groot rol gespeel om die bestaan en inhoud daarvan wêreldkundig te maak,

nes in die Spear-geval. Die toets of sodanige protes deur Moslems bevorderlik was vir ’n

konflikterende openbare sfeer (soos beskryf in hierdie artikel), lê eerstens daarin of dit binne

demokratiese strukture geskied het. Tweedens moet vasgestel word waar die grense van die

protesoptrede getrek is, met ander woorde of andersdenkendes se regte in ’n mate wel

eerbiedig is.

8 Dankie aan ’n anonieme keurder vir hierdie insig.

9 Uit Murray se biografie op sy eie webwerf blyk dit dat hy gedurende apartheid vir die

satiriese politieke kommentaar in sy kuns bekend geraak het (Artist Biography 2012). Murray

het in 1989 ’n meestersgraad (cum laude) in die skone kunste aan die Universiteit van

Kaapstad behaal met die tesis “A group of satirical sculptures examining social and political

paradoxes in the South African context” (Artist Biography 2012). In sy beëdigde verklaring

voor die hof (I’m no racist 2012) vertel Murray dat hy as anti-apartheid-aktivis

beginselbesware teen nasionale diensplig gehad het en meer as tien jaar lank studeer het om

dit vry te spring. Daarna is hy “in self-opgelegde ballingskap” (I’m no racist 2012) na

Londen, vanwaar hy teruggekeer het eers nadat die verbod op die ANC opgehef is (in 1990).

Met die eerste inklusiewe demokratiese verkiesing in 1994 was hy aan die Universiteit

Stellenbosch as kunsdosent werksaam, en hy het vir die ANC gestem (I’m no racist 2012).

Sedertdien het Murray egter ontnugter geraak, omdat “die helde van die struggle nou korrup,

magsbelustig en gierig voorkom” (I’m no racist 2012; my vertaling).

603
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

10 Sistematiese inhoudsontleding aan die hand van raam-teorie (Entman 1993) is nodig om

hierdie punt te bevestig, maar ’n lukrake blik op verskillende nuusberigte in die plaaslike en

internasionale media toon tekens van die negatiewe raming van Zuma en die ANC in

die Spear-sage. Raam-teorie konsentreer onder meer op hoe en waar berigte aangebied word,

die aard en boodskap van meegaande illustrasies, die woordgebruik en invalshoek in

opskrifte en tekste, en die volgorde en gewig wat aan verskillende menings (bronne) toegeken

word in die seleksie en samestelling van nuus.

11 Een van Mabulu se ander skilderye was deel van die gesprek rondom The Spear, volgens

Times Live (2012). Daar was luidens die berig mense wat gevra het waarom geen oproer

gemaak is oor sy Ngcono ihlwempu kunesibhanxo sesityebi (Better poor than a rich puppet),

waarin wêreldleiers, onder andere die voormalige aartsbiskop van Kaapstad, Desmond Tutu,

in “kompromitterende posisies” uitgebeeld is nie (Times Live 2012).

604
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

’n Verkennende ondersoek na die ervaring van

Suid-Afrikaanse universiteitstudente as lesers van

Rut 2 aan die hand van Ignatiaanse meditasie

Helen Efthimiadis-Keith en Graham Lindegger

Helen Efthimiadis-Keith, Skool vir Godsdiens en Teologie, Universiteit van KwaZulu-Natal;

Graham Lindegger, Skool vir Sielkunde, Universiteit van KwaZulu-Natal

Opsomming

Hierdie artikel beskryf ’n verkennende ondersoek na die belewenis van ’n groep teologiese

studente van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) by die lees van Rut 2 aan die hand

van Ignatius van Lojola se meditatiewe tegnieke. Dit ontleed die genderverwante aspekte van

hulle ervaring met die doel om kernaspekte daarvan te bepaal. Dit tref ook ’n vergelyking

tussen die belewenis van die manlike en die vroulike deelnemers aan die studie, en evalueer

die uitwerking van die verskillende aspekte van die oefening op mans en vroue.

Trefwoorde: Ignatiaanse meditasie, meditasie oor Bybeltekste, aktiewe verbeelding, Rut 2,

genderidentiteit, gebed

Abstract

The subjective experience of using Ignation meditation by male and female South

African university students: An exploratory study

This study set out to explore the subjective experience of using the Ignatian method of

meditation to reflect on and pray through Ruth 2. A group of male and female theology

students from the University of KwaZulu-Natal (UKZN) were invited to reflect upon / pray

through Ruth 2 using this method. Following this exercise, participants were invited to

participate in a focus group in which they shared their experience of this exercise, focusing

particularly on some of the gendered aspects of the experience. The transcribed focus group

material was subjected to a critical thematic analysis in order to identify the reported

subjective experiences and which aspects of the experience of using this method of

meditation were responsible for these experiences. The analysis also included a comparison

of the experience for men and women, and the differential effect of various aspects of the

exercise on men and women.

Most of the participants reported that using the Ignatian meditation method allowed them to

have a very direct, personal experience of the text through the characters involved. This was

605
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

substantially different from their previous experience of meditation. They described how it

was their “imagination of the situation” that produced most of their surprising subjective

effects, rather simply reading the text objectively, as they might have done previously.

Most men expressed initial fear of using this method – they did not know in which direction

it would take them – whereas the women did not. Nevertheless, it is clear that both men and

women benefited by praying through the text in this way.

One of the most interesting findings was the gendered effects of using this method. Male

participants reported that it gave them a better understanding of the text, especially by

challenging gender stereotypes, enabling them to step into another’s shoes and see “what it

was really like for Ruth”. At least one man saw that Boaz was not the hero of the tale and,

putting himself in Ruth’s shoes, began to reflect on the undesirability of being owned by

someone else. The insights the men gained were clearly important not only for their relation

to and understanding of the text, but also for the way in which they relate to women.

Significantly, they indicated that they were challenged concerning their traditional, genderstereotypical

approaches to women and had begun to feel embarrassed at the way men can

treat women. These findings are especially significant within a highly religious African

context where tradition and patriarchal biblical interpretations have often formed a double

bind which restricts women’s growth and development (Nadar 2006:78-80). Clearly, an

aspect of personal transformation had already begun to take place within the individual men

and it was made all the more urgent by the sense of divine assignment.

Female participants felt spurred on towards greater agency in terms of accepting themselves

for who they are, becoming more proactive (taking the initiative), or seeing gaps in the social

fabric which they could begin to fill. The importance of these insights cannot be understated.

Clearly, the women, too experienced a sense of personal transformation, which for them led

directly to a desire to transform the society in which they live.

The subjective effects which both men and women experienced during this exercise are

crucial first steps in their own personal transformation. If sustained and allowed to be

developed, these transformations may well trigger positive transformations in the South

African churches and society. As intimated above, tradition and patriarchal interpretation of

Scripture still keep many women subservient to their menfolk, despite South Africa’s overtly

egalitarian Constitution. If praying through one small portion of Ruth can cause men to

question their traditional-patriarchal treatment of women, and spur women on to greater

personal agency, then there is hope. There is hope that continued prayer and meditation

through the remainder of Ruth, Esther, Judith, and Susanna – a larger project that will begin

in the second half of 2013, DV - will propagate greater and deeper personal transformations

which have the potential to transform a still highly patriarchal church and South African

society as a whole.

Keywords: Ignatian meditation, active imagination, Ruth 2, subjective psychological effect,

gendered identity, prayer, students

606
1. Inleiding

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In die afgelope paar dekades was daar ’n bestendige toename in publikasies oor sielkundige

interpretasies van Bybelse tekste (Efthimiadis-Keith 2012:1–2), maar die sielkundige impak

en effek van meditasie op lesers van Bybeltekste is nog selde beskryf. Hierdie verkennende

studie 2 , wat geïnspireer is deur Jung se gebruik van aktiewe verbeelding en Ignatius van

Lojola se meditatiewe tegnieke, hoop om ’n bydrae in hierdie verband te lewer.

Aktiewe verbeelding is ’n metode van die analitiese sielkundige Carl Jung, waardeur

individue tydens berading aangemoedig word om aktief met hul droombeelde en ander

subjektiewe bronne in gesprek te tree. Die individu beleef en ondervra dié beelde en wag dan

op antwoorde (Adams 2004:6) sonder om sy/haar bewustelike beelde/denke op die

droombeelde af te dwing. Volgens Jung se analitiese sielkunde kry die beelde wat uit beide

die persoonlike en die gemeenskaplike onbewuste opkom, sodoende die kans op vrye

uitdrukking sodat hul inhoud tot die bewussyn kan deursyfer. Dit word dan in die bewustelike

psige geïntegreer en gee aanleiding tot verskeie vlakke van persoonlike omvorming (Adams

2004:5, 15–9). 3

Ignatiaanse meditasie is die meditatiewe benadering van Ignatius van Lojola (1491–1556), en

kan as ’n Christelike vorm van meditasie beskou word. Ignatius, wat die Jesuïete-orde in die

16de eeu gestig het, het ná sy bekering in 1522 sy Skrifgebaseerde vorm van meditasie

ontwikkel om mense se verhouding met God te versterk en hulle te help om God se wil vir

hul lewe te onderskei. Ignatius het sy bekende geestelike oefeninge (“spiritual exercises”)

saamgestel met die oog op ’n dertig dae lange afsonderingsgeleentheid.

Hierdie Christelik-meditatiewe benadering vereis dat deelnemers, deur hul verbeelding te

gebruik, aktief betrokke raak by Bybeltekste, in so ’n mate dat hulle as ’t ware deel word van

die gekose verhaal of teks (Paulin-Campbell 2008:1, 14). Soos dit die geval is met Jung se

aktiewe verbeelding, verg ook Ignatiaanse meditasie dat deelnemers hulself spontaan oorgee

aan die onbewuste beelde wat by hulle opkom. Dit moet verstaan word teen die agtergrond

van Jung se oortuiging dat die Christelike Bybel, wat ’n bewuste uitdrukking van die

gemeenskaplike onderbewussyn is (Jung 2010:xvi; Efthimiadis-Keith 2010:57, 61), die

individu toegang tot die inhoud van sy/haar onderbewussyn gee. So ’n meditasie oor

Bybelgedeeltes kan deelnemers dus help om tekste beter te verstaan en om dieper persoonlike

insigte en betekenisse van tekste te ontdek. Laasgenoemde lei dan tot ’n proses van

persoonlike omvorming. Literatuur bevestig dan ook dat die langtermyngevolge van

Ignatiaanse meditasie verskillende grade van persoonlike verandering kan insluit (kyk bv.

Dyckman, Garvin en Liebert 2001; Ruffing 2000; Paulin-Campbell 2008:108–161).

Tydens die huidige ondersoek is Ignatiaanse meditasie gebruik om lesers se subjektiewe

ervarings tydens hul biddende lees van ’n teks op te teken. Die persoonlike en moontlik

sosiale omvorming waartoe dit aanleiding gegee het, is ontleed om vas te stel watter elemente

die grootste bydrae tot die gerapporteerde transformasie gelewer het. Verder wou die

607
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

ondersoek die genderaspekte van hierdie subjektiewe belewenisse nagaan deur die vraag te

stel of mans en vroue se ervaring verskil het, veral wanneer daar oor duidelike

genderkwessies in Bybelse tekste gemediteer is. Gegewe die opvallend androsentriese

vooroordele van verskeie Bybeldele, wou hierdie studie ook vasstel of en hoe hierdie tekste

moontlikhede bied tot die positiewe omvorming van die patriargale Suid-Afrikaanse

gemeenskap. Dit is aangepak omdat Bybelse tekste, histories gesien, ’n belangrike rol gespeel

het in sowel die onderdrukking as die bevryding van mense op grond van hul ras en geslag

(sien bv. Nadar 2006:79–80; West 1999:9).

Aangesien die ondersoek gedeeltelik op gender fokus, is ’n teks gekies wat lesers se

subjektiewe ervarings van gender sou kon beïnvloed. Hiervoor was Rut 4 baie geskik, weens

die karakter Rut se lewendige geaardheid en die manier waarop sy tradisioneel verkeerdelik

verstaan is as die voorbeeldige, onderdanige en gedienstige vrou (Efthimiadis 1995:58, 73–

6). Na deeglike oorweging is die deelnemers versoek om op Rut 2 te fokus, om die volgende

redes:

a. Rut 2 bevat die meeste van Rut se taalkundige onduidelikhede. Wanneer sulke

onduidelike uitsprake op ’n alternatiewe manier vertaal word, skep dit ’n beeld

van ’n minder gedweë en meer moedige Bybelse heldin (Efthimiadis 1995:62-

73).

b. Hoofstuk 2 is ’n keerpunt in die geskiedenis van Naomi en Rut, wanneer Rut

die leiding neem om in Boas se lande agter die graansnyers te gaan are optel. Só

begin ’n kettingreaksie waardeur die twee vroue se krisis beëindig word.

Hierdie artikel bied eers ’n kort bespreking van die ooreenkomste en verskille tussen en die

gebruik van aktiewe verbeelding en Ignatiaanse meditasie (afdeling 2). Dan volg ’n

bespreking van die navorsingsdoelwitte, -ontwerp en -prosedures wat tydens die studie

gevolg is (afdeling 3), voordat die bevindinge van die ondersoek bespreek word (afdeling 4).

Ten slotte (afdeling 5) volg ’n bespreking van gevolgtrekkings uit die navorsing – insluitend

tekortkomings daarin, en die pad vorentoe.

2. Aktiewe verbeelding en Ignatiaanse meditasie: ooreenkomste, verskille en gebruike

Hierdie afdeling bespreek kortliks Ignatiaanse meditasie en Jung se gebruik van aktiewe

verbeelding. Dit skets van die ooreenkomste en verskille tussen die twee metodes en motiveer

dan waarom Ignatiaanse meditasie vir hierdie ondersoek bo aktiewe verbeelding gekies is.

Hierdie afdeling begin deur aktiewe verbeelding binne psigoanalitiese verband te plaas.

608
2.1 Aktiewe verbeelding

Die volgende aanhaling omskryf wat aktiewe verbeelding behels:

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

In order to define what an image essentially means, Jungian analysts employ

three special techniques. Two of these are interpretative

techniques: explication and amplification. The third is an experiential

technique:active imagination. (Adams 2004:15, sy kursivering)

Met explication, oftewel uiteensetting, word verwys na die Jungiaanse benadering om drome

en ander beelde of simbole in terme van hul wesenlike betekenis te verklaar, sodat dit wat

implisiet is, eksplisiet gemaak word (Adams 2004:15). Deur amplification, of versterking,

word ’n beeld of simbool verder ontgin deur vergelykings te tref tussen die betrokke beeld

en/of soortgelyke beelde in mites, legendes, kulture, kuns en ander soortgelyke bronne. 5 Dit

word gedoen om die dieper betekenis van die beeld vas te stel. Pasiënte word aangemoedig

om met aktiewe verbeelding ’n direkte en onmiddellike ervaring en omgang met hul

onbewuste beelde te hê sonder om hul vooringenome bewustelike gedagtes en insigte daarop

af te dwing. Soos Adams (2004:15–6) dit stel: aktiewe verbeelding is “wisselwerkende

verbeelding” waarin die persoon nie verklaar wat die verbeelding bedoel nie, maar

eerder ervaar wat die verbeelding bedoel. Aktiewe verbeelding is dus spontaan en skep die

moontlikheid dat ’n nuwe ervaring geskep word wat die persoon in onverwagte rigtings kan

stuur.

As voorbeeld vir die toepassing van hierdie tegniek bespreek Adams (2004:16) die droom

van ’n 35-jarige vrou wat deur verskeie vertrekke en vlakke van ’n huis deur ’n skerpioen

gejaag word. Haar kêrel kyk toe, maar bied min of geen hulp nie. In haar bewustelike

uiteensetting interpreteer sy, in ooreenstemming met die vrees van die droom-ego, die

skerpioen as ’n agterbakse, slinkse en giftige dier. In haar eerste toepassing van aktiewe

verbeelding meld sy dat sy nie in wisselwerking kon tree met die beeld nie, maar tog die

indruk gekry het dat die skerpioen haar nie wou seermaak nie (Adams 2004:17). In haar

eerste toepassing van die tegniek van versterking maak sy gebruik van die kenmerke van ’n

persoon met die Skerpioen as sterreteken. Dit gee haar effens meer insig as haar bewustelike

uiteensetting: skerpioene is geheimsinnig en onpeilbaar. In haar tweede toepassing van

versterking ondersoek sy ooreenkomste met die Griekse mitologie. Sy ontdek dat die

skerpioen in dié mites bose magte voorstel wat oorlog teen Orion se leërmag van lig voer.

Skerpioene word altyd as bose geeste geteken. Hierdie versterking laat haar die skerpioen in

haar droom sien as ’n beeld van haar nie-ego of skadu, waarvan sy haar hele lewe lank gevlug

het (Adams 2004:17). Na haar tweede toepassing van aktiewe verbeelding, waarin sy wel met

die skerpioenbeeld in interaksie kon tree, is die vrou bemagtig om die dele van haar nie-ego

wat sy en ander voorheen probeer onderdruk het, tot ’n geheel te integreer. Sy kon vir

haarself sê: “Ek hoef nie altyd gaaf te wees nie. Ek kan myself laat geld. Ek kan myself

verdedig wanneer dit nodig raak. Ek kan myself toelaat om te wees wat ek wil wees en om dit

nie te onderdruk nie” 6 (Adams 2004:18). Hierna kon sy ’n ornament van ‘n skerpioen wat sy

gekoop het, maar vir haar eie beskerming in ’n sak weggesteek het, uithaal en uitstal in die

609
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

kamer wat sy met haar kêrel gedeel het. Sy het later ook die beeld gereeld besigtig (Adams

2004:18). Dit is duidelik dat sy deur haar verbeeldingryke omgang met die onbewuste beeld

haar oorspronklike bewustelike vrees vir die skerpioen en wat dit verteenwoordig, verander

het namate sy self verander het.

Twee punte uit die voorafgaande afdeling (afdeling 2.1) oor Jungiaanse aktiewe verbeelding,

naamlik die manier waarop ’n mens se verbeelding werklikheid kan skep, en die krag tot

omvorming wat voortkom uit aktiewe wisselwerking met die verbeelding, 7 lei nou tot ’n

besinning oor Ignatiaanse meditasie.

2.2 Ignatiaanse meditasie

Daar bestaan verskillende vorme van Ignatiaanse meditasie. Die mees basiese vorm, wat ook

in die profielvorm vir hierdie ondersoek opgeneem is (afdeling 3.2), vra dat deelnemers ’n

kort rukkie – hoogstens ’n uur of twee – by ’n Bybelteks betrokke raak. Soos reeds aangedui

(afdeling 1), raak deelnemers deur hulle verbeelding aktief by die Bybelverhaal betrokke. Op

dié manier beleef hulle spontaan die situasie of gebeure van die storie asof dit in hulle

teenwoordigheid plaasvind. Hulle neem waar en tree in wisselwerking met die deelnemers of

elemente van die Bybelse verhaal. Daar word ook ruimte gelaat vir enige spontane, nuwe

beelde wat na vore mag kom. Die deelnemers leef hulle so veel as moontlik in die toneel in

sonder om enige begeertes, gedagtes of betekenis daarop af te dwing. Die doel van hierdie

interaksie is om te hoor wat God dalk aan hulle mag sê deur middel van die teks, om die

storie aktief te ervaar asof dit met hulle self gebeur, en om nader aan God te kom. Dit is dus

geen verrassing nie, soos die resultate van die studie ook aantoon (afdeling 4), dat die

bereiking van al dié doelwitte deelnemers help om hulself en ander beter te verstaan, om hul

rol(le) en handelinge in die gemeenskap beter te begryp, en om hulle te bemagtig om dit te

bly doen. Met ander woorde, die potensiaal tot omvorming wat (selfs kortliks) deur die

verbeelding loskom, begin ’n proses van persoonlike transformasie.

Hierdie persoonlike verandering vind sterker plaas by deelnemers wat langer deelneem aan

die beoefening van Ignatiaanse meditasie. Dié deelname kan die vorm aanneem van ’n dertig

dae lange afsonderingsgeleentheid wat bekend staan as “geestelike oefeninge” (Paulin-

Campbell 2008:14, 24). Dit kan egter ook bestaan uit daaglikse meditasie oor ’n periode van

nege tot vyftien maande wat bekend staan as “volle oefeninge in die daaglikse lewe” (Paulin-

Campbell 2008:26–7). 8 Terwyl daar voor- en nadele verbonde is aan beide vorme (Paulin-

Campbell 2008:25–8), bly die doel van die oefeninge dieselfde: toenemende bevryding van,

onder meer, vorige sondes, houdings, gesindhede, gemoedsingesteldhede en gewoontes,

asook ’n verbintenis met die diepste begeertes wat deur God in die mens geplant is as God se

wil vir die mens (Paulin-Campbell 2008:18). Navorsing toon dat hierdie oefeninge (in beide

vorme) lei tot ’n dieper verhouding met God. Dié verhouding spruit voort uit ’n nuwe

ervaring van God, wat verskil van die beelde en idees wat mense voorheen van God gehad

het. Die oefeninge lei ook tot die genesing van ou wonde, vergifnis, groter selfliefde en groter

sekerheid van God se liefde vir almal (Paulin-Campbell 2008:19, 22). Persoonlike

610
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

verandering vind dus weer eens plaas, maar op ’n dieper en meer langdurige vlak as wat

bereik kan word deur die basiese oefening wat hier bo beskryf is.

As voorbeeld hiervan kan verwys word na die terugvoering van iemand wat deelgeneem het

aan ’n ondersoek na die geestelike groei van vroue. Sy vertel hoe sy aanvanklik met haar

meditasie oor die verhaal van Jesus en die Samaritaanse vrou by die put moeite gehad het om

’n diepgaande verhouding met God te ervaar. Later het sy egter deur die gebruik van hiérdie

metode van meditasie ervaar dat Jesus spontaan vir haar ’n vrou geword het, as gevolg

waarvan sy nader aan God gevoel het (Paulin-Campbell 2013, persoonlike kommunikasie

met die tweede skrywer van hierdie artikel).

2.3 Aktiewe verbeelding en Ignatiaanse meditasie: ooreenkomste en verskille

Wanneer bogenoemde twee metodes vergelyk word, is daar duidelike ooreenkomste. Eerstens

gaan deelnemers doelbewus in hul verbeelding ’n ruimte binne waar hulle beelde ervaar wat

spontaan opkom en waarmee hulle in gesprek tree. Tweedens bly deelnemers besig met hul

verbeelding, maar gee hulle dan oor aan die indrukke wat spontaan na vore kom, eerder as

wat hulle probeer om die meditasie aktief in ‘n bepaalde rigting te stuur. Hulle gee hulle

daarmee oor aan onbewuste handelinge wat met beelde/simbole vereenselwig word sonder

om dit bewustelik te probeer beïnvloed. Hierdie proses is duidelik aanwesig in bogenoemde

voorbeeld van ’n vrou se meditasie oor Jesus se ontmoeting met die Samaritaanse vrou. By

dié geleentheid het Jesus vir haar van ’n man na ’n vrou verander, wat uitgeloop het op

verandering van haar verhouding met God.

Daar is egter ook verskille tussen die twee metodes. Hoewel beide tegnieke met

voorafbestaande beelde/simbole werk, tree deelnemers tydens Jung se aktiewe verbeelding in

interaksie met beelde/simbole uit hul eie onderbewussyn wat in hul drome, fantasieë of ander

spontane sielkundige verskynsels na vore gekom het. Tydens Ignatiaanse meditasie gaan

deelnemers egter om met die onderbewussyn deur middel van onbewuste beelde uit antieke

Bybeltekste of -verhale. Tog is Jung (1940:53; 1956:52, 109) van mening dat die bron van

hierdie beelde/simbole wesenlik dieselfde is, ten spyte van die verskille. Dit gaan volgens

hom om die gemeenskaplike onderbewussyn.

Jung glo ook dat alhoewel beide aktiewe verbeelding en Ignatiaanse meditasie aanleiding gee

tot verskeie grade van persoonlike omvorming, die Self – die oertipe van heelheid – deur

medium van die aktiewe verbeelding tot groter integrasie en sodoende tot groter persoonlike

verandering lei (Efthimiadis-Keith 2004:47–8). In Ignatiaanse meditasie word enige

beduidende verandering of ervaring van God en die Heilige Gees egter toegeskryf aan die

ervaring of veranderingsproses wat die beoefenaar lei tot ’n dieper verhouding met

God/Christus, groter vryheid, en ’n beter begrip van sy/haar Godgegewe begeertes (Duns

2008; Paulin-Campbell 2008:17:23). Hierdie metode van meditasie is dus ontvankliker vir die

teologiese aard van die Bybelse boodskap. Nietemin beskryf Jung (1959b:36-71) Christus as

dié volledigste Westerse simbool van die Self, waardeur ’n wesenlike parallel tussen hierdie

twee metodes.

611
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Op grond van bogenoemde verskille is Ignatiaanse meditasie gekies as medium vir die

huidige ondersoek na die subjektief-sielkundige uitwerking van meditasie aan die hand van

Rut 2.

3. Die doelwitte, ontwerp en prosedure van die navorsingsondersoek

Na voorgaande kort bespreking van aktiewe verbeelding en Ignatiaanse meditasie en die

ooreenkomste en verskille tussen hulle, word die doelwitte en beperkinge van die huidige

ondersoek nou aan die orde gestel.

3.1 Navorsingsdoelwitte

Soos aangedui in die inleiding tot hierdie artikel, is hierdie navorsing ’n voorlopige,

verkennende studie wat as ’n proeflopie dien vir ’n groter navorsingsprojek oor die

subjektief-sielkundige uitwerking van Ignatiaanse meditasie. Die doelwitte van dié

voorlopige navorsing kan soos volg gestel word:

a. Om die subjektief-sielkundige ervaring van nadenke en gebed deur middel van

Ignatiaanse meditasie rondom Bybelse tekste onder ’n groep universiteitstudente te

ondersoek. 9

b. Om die spesifieke gendergebonde ervarings van deelnemers aan Ignatiaanse

meditasie oor Bybelse tekste waarin duidelike genderkwessies voorkom, te

ondersoek, asook die genderbeïnvloeding op die ervaring van sowel mans as vroue.

c. Om enige subjektiewe gevolge van die gebruik van Ignatiaanse meditasie te

ondersoek en te bepaal watter aspekte daarvan verandering(e) veroorsaak het.

d. Om die uitdagings van die gebruik van Ignatiaanse meditasie te ondersoek.

3.2 Navorsingsontwerp en -prosedure

Aangesien hierdie navorsingstuk fokus op subjektiewe ervarings en op die deelnemers se

terugvoering oor die gevolge daarvan, word ’n kwalitatiewe, verkennende metode gebruik.

Omdat die studie spesifiek gemoeid is met die genderervarings wat uit Ignatiaanse meditasie

voortspruit, is Rut 2 as teks gekies (sien afdeling 1).

Deelnemers is gevra om biddend en teen hul eie pas deur Rut 2 te lees en hul ervarings te

beskryf aan die hand van ’n basiese profielvorm vir Ignatiaanse meditasie (soos aangepas uit

Duns 2008). Die volgende is van hulle gevra:

612
1. Vind ’n stil plek om te bid.

2. Skep ’n gevoel van innerlike stilte en vrede.

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

3. Neem ’n tydjie om, terwyl jy in God se teenwoordigheid rustig raak, met die Here te

praat. Vra God om deur sy genade vir jou te wys wat sy wil vir jou is.

4. Lees Rut 2 stadig deur. Kry ’n gevoel van die konteks en vloei daarvan. Is daar iets wat

jou opval?

5. Lees dit weer. Is daar iets in die besonder wat jou hart raak – hetsy dit nuwe lewe in jou

skep, of jou bang maak?

6. Stel jou voor jy is ’n kind: verplaas jou nou in die toneel wat in die teks afspeel. Is jy ’n

hoofkarakter? Is jy ’n toeskouer? Dink na oor die volgende:

6.1 Hoe is jy aangetrek?

6.2 Wat sien jy? Reuke? Teksture? Klanke?

6.3 Wat gebeur in die toneel rondom jou?

6.4 Wie anders is daar? Herken jy die mense rondom jou?

7. Gee jouself oor aan die verhaal. Laat die Gees jou lei terwyl jy praat en omgaan met

mense in die verhaal.

8. Moenie probeer om jou gebed te beheer nie. Laat die Gees jou lei.

9. Hoe voel jy? Is jy begeesterd en opgewonde?

10. Neem ’n paar oomblikke, terwyl jy die gebed afsluit, om met die Here te praat oor jou

ondervinding. Wees eerlik – vertel God wat/hoe jy gevoel het.

11. Maak notas van jou ervaring en woon die bespreking van die fokusgroep by met die

bereidwilligheid om jou ervaring met die groep te deel sover dit vir jou moontlik is.

3.3 Steekproef

Die steekproef vir hierdie studie is bekom deur e-pos-uitnodigings aan personeel en

nagraadse studente van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Skool van

Godsdiens, Filosofie en Klassieke Studies, asook mondelinge uitnodigings aan

teologiestudente en nagraadse studente in die module sielkunde en spiritualiteit. 10 Vyftien

studente (ses mans en nege vroue) het aanvanklik hul belangstelling aangedui. Die studie,

613
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

asook die basiese stappe van Ignatiaanse meditasie, is tydens ’n vergadering aan hulle

verduidelik. Die studente is genooi om in hulle eie tyd deur Rut 2 te bid aan die hand van

riglyne oor die basiese Ignatiaanse meditasie, om hul ervarings aan te teken en om bereid te

wees om dit tydens ’n bespreking in ’n fokusgroep te deel.

Alle deelnemers is genooi om na twee weke so ’n fokusgroep by te woon. Daar is besluit om

dié groep volgens geslag te verdeel om spontane uitdrukking te bevorder – veral ter wille van

vroue wat steeds geneig is om bedreig te voel of stil te bly in die teenwoordigheid van mans.

Sewe studente het uiteindelik aan die fokusgroepe deelgeneem: drie mans en vier

vroue. 11 Onderstaande tabel dui die ouderdom, geslag, vakgebied, studievlak en vorige

meditasie-ervarings van elke student.

Deelnemer Ouderdom Geslag Vakgebied en

studievlak

1 41 Manlik MA (Teologie met ’n

verhandeling), eerste

jaar van MA

2 36 Manlik Sielkunde en

spiritualiteit (SMMS)

3 30 Manlik MTh (kursuswerk),

eerste jaar van MTh

Vorige ervaring van meditasie oor

Bybelse tekste

Geen

Geen

Geen

4 20 Vroulik BTh, eerste jaar Geen

5 58 Vroulik BTh, derde jaar Ignatiaanse meditasie – kort

kennismaking tydens ‘n geestelike

kamp lank gelede

6 19 Vroulik BTh, eerste jaar Geen

7 39 Vroulik BTh, derde jaar Ignatiaanse meditasie – geestelike

kamp en persoonlike beoefening tot

en met aanvang van formele

teologiese studie

’n Lys oop vrae, of vrae wat verdere ondersoek aanmoedig, is vooraf opgestel en vir

bespreking binne die fokusgroep gebruik. Hierdie vrae verskyn in Bylae A. Hoewel hierdie

vrae gebruik is om die bespreking te begin en aan die gang te hou, is ruimte gelaat vir

spontane ontwikkeling van die gesprek, sodat verskillende tipes materiaal in elk van die twee

groepe na vore kon kom.

Die vrouegroep is gelei deur Helen Efthimiadis-Keith, ’n welbekende vroulike akademikus

en kenner van Rut, wat uitgebreide ervaring het van die raakvlak tussen sielkunde en die

interpretasie van die Bybel. Die tweede groep is gelei deur die tweede skrywer van hierdie

artikel, ’n ervare manlike kliniese sielkundige en navorser met uitgebreide blootstelling aan

onderhoude met individue en groepe. Elke groepleier het ’n assistent van dieselfde geslag

614
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

gehad. Dié persoon het gedurende die besprekings aantekeninge gemaak en dit na afloop van

die byeenkoms aan die groeplede beskikbaar gestel. Klankopnames is van die besprekings

gemaak.

3.4 Ontleding van data

Ná die besprekings in die fokusgroep het die navorsers die onderhoude wat met die groepe

gevoer is, neergeskryf.

Aanvanklik het hulle met Braun en Clark (2006) se metode ‘n tematiese ontleding van elke

stel van die geskrewe data onafhanklik gedoen. Elke oorgeskrewe stuk is ook deurgewerk aan

die hand van die klankopnames. Die stukke is afsonderlik deurgewerk vir elk van die

navorsingsdoelstellings/-vrae. Verskillende kodes is aan die data toegeken ooreenkomstig die

onderskeie temas wat vorendag gekom het en wat met elke vraag verbind is. Toepaslike

uittreksels is dan vir elke tema geïdentifiseer. ’n Kort vertelling is vir elke tema uitgeskryf.

Die assistente se aantekeninge is gebruik om onduidelikhede in die klankopname uit te klaar.

Na afloop van die tematiese verslag het die twee navorsers hul bevindinge met mekaar

vergelyk en, waar daar onduidelikheid of meningsverskil oor temas was, is dit bespreek om

tot ’n vergelyk te kom. Hulle het daarna elkeen die lys temas gebruik om die ander een se

teks te lees, waarna enige meningsverskille of onduidelikheid weer bespreek is. Laastens is

daar ’n kritiese vergelyking getref tussen die bevindinge van die manlike en vroulike groep,

sodat ooreenkomste of verskille geïdentifiseer kon word.

3.5 Etiek

’n Aansoek in verband met navorsingsetiek is by die etiese komitee van die universiteit se

Kollege van Geesteswetenskappe ingedien en is goedgekeur. Hierdie vorm het die navorsers

se kontakbesonderhede, departementele inligting en professionele kwalifikasies ingesluit. Dit

het ook ’n breedvoerige beskrywing bevat van die projek en van verskeie etiese kwessies,

soos die navorsingsinstrument wat gebruik sou word en die toestemmingsvorm wat deur al

die deelnemers geteken moes word. Hierdie vorms het onder meer die naamloosheid van alle

deelnemers, die veilige bewaring van data en die beskikbaarheid van professionele

sielkundige berading vir enige deelnemer wat onnodige spanning tydens die oefening ervaar,

verseker. 12

3.6 Die deeglikheid van die studie

In die sosiale wetenskappe maak kwantitatiewe navorsing gebruik van die beginsels van

geldigheid en betroubaarheid om die deeglikheid van ’n studie te verseker. Alhoewel die

beginsels van hierdie ondersoek gewoonlik nie in die sosiale wetenskappe toegepas word nie,

is daar tog ander maniere as kwantitatiewe navorsing om die deeglikheid en betroubaarheid

van ‘n ondersoek en bevindinge te verseker.

Eerstens is die studie vooraf noukeurig aan die deelnemers verduidelik. Al is gebed en

meditasie ’n baie persoonlike of private ervaring, is daar aan die deelnemers verduidelik dat

615
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

nadenke oor die gebruik van dié metode moontlike maniere kon ondersoek waardeur gebed

vir ander sinvol gemaak kan word. Alle deelnemers was óf teologiestudente en studente vir

die bediening, óf studente van die module spiritualiteit en sielkunde (aangebied deur die

tweede navorser). Die navorsers en hulle betroubaarheid was dus bekend aan die deelnemers,

wat dit hopelik vir hulle makliker gemaak het om tydens die fokusgroep se gesprek minder

terughoudend te wees. Baie van die deelnemers het mekaar ook goed geken.

Tweedens het die navorsers dieselfde voorafopgestelde lys van semigestruktureerde vrae

gebruik, waardeur konsekwentheid tussen die twee fokusgroepe verseker is. Terselfdertyd

was daar ook geleentheid vir spontane bespreking, wat beteken dat sekere kwessies in een

groep vorendag gekom het wat nie noodwendig in die ander groep teenwoordig sou wees nie.

Dit sou die ideaal wees indien hierdie sake ook na die ander groep geneem kon word met die

oog op ’n opvolgbespreking, maar dit het nie gebeur nie. Daar is verder ook bevind dat

persoonlike ervarings en voorbeelde (wat die bespreking in ’n onverwagte rigtings kon stuur)

die betroubaarheid van die bevindinge verhoog het (De Vos 2005:346).

Derdens, ten einde die betroubaarheid van die data-ontleding nog verder te verbeter, het die

twee navorsersonafhanklik van mekaar aan die ontleding van die data gewerk voordat hulle

later hul bevindinge met mekaar vergelyk het.

Vierdens het een navorser nagegaan dat die uittreksels uit gesprekke wat deur die ander een

gekies is, by die tema sou pas.

Een van die kommerwekkende aspekte van die navorsing was dat slegs 50% van die studente

wat die oorspronklike vergadering bygewoon het, die besprekings in die fokusgroep

bygewoon het, waardeur die bevindinge van die studie moontlik bevraagteken kan word. Die

waarskynlikste verklaring vir genoemde afwesigheid is dat die besprekings van die

fokusgroepe na aan die eksamenperiode plaasgevind het. Dit kon studente ontmoedig het om

die opvolgbesprekings by te woon. Omdat daar om etiese redes aan die deelnemers

verduidelik is dat hulle te eniger tyd en sonder motivering hul deelname kon staak, is dié

kwessie nie verder ondersoek nie.

4. Bevindinge

Die bevindinge van die ondersoek word aangebied in ooreenstemming met die doelwitte van

die studie en volgens ander kwessies wat spontaan na vore getree het tydens die fokusgroep

se besprekings. 13

4.1 Hoe mense gewoonlik oor so ’n teks bid

Alhoewel dit nie deel was van die semigestruktureerde vrae vir die fokusgroep nie, het die

wyse waarop deelnemers oor Bybeltekste bid, spontaan ’n gespreksonderwerp geword. Die

bespreking het aangedui dat deelnemers op verskillende wyses oor Bybeltekste bid of nadink.

Hulle het aangedui dat hulle gewoonlik die teks nadenkend lees om te probeer vasstel wat

616
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

God vir hulle sê, of dat hulle ’n woordeboek of konkordansie gebruik om die teks beter te

verstaan. Verder word hulle benadering tot ’n teks dikwels bepaal deur die pastorale gebruik

daarvan waaraan hulle blootgestel was – hetsy in ’n preek, vir ’n begrafnis, of as vertroosting

vir iemand wat rou.

Sommige deelnemers het die teks ’n paar dae in hul gedagtes te laat broei om uit te vind

watter betekenis hulle daaruit kry. Een van die mans het gesê: “Ek laat die teks eenvoudig toe

om te praat” 14 en “Ek laat myself toe om deur die teks geroer te word, eerder as om namens

die teks te praat.” 15 Daar was ook baie ander kreatiewe en uitsonderlike wyses waarop die

teks benader is. Een persoon het selfs beskryf dat hy op verskillende maniere deur die teks

gesíng het, en daarvan gesê: “So laat ek toe dat die teks my in verskillende rigtings neem.” 16

Hoewel twee vroue vertel het dat hulle voorheen tydens ’n geestelike kamp kennis gemaak

het met gefasiliteerde Skrifmeditasie (sien die tabel in afdeling 3.3), het een van hulle laat

blyk dat dié metode nie tipies geword het van haar benadering tot Bybelse tekste nie. Die

ander een het aangedui dat sy hierdie intuïtiewe benadering gestaak het nadat sy “meer

kognitiewe” 17 opleiding in teologie ontvang het.

Oor die algemeen het deelnemers aangedui dat hulle Bybelse tekste gewoonlik objektief of

gedistansieerd lees om te probeer verstaan wat dit vir hulself of vir ander beteken. In die

mansgroep was daar min aanduiding dat hulle die teks voorheen toegelaat het om hulle op

enige manier te raak of te boei.

4.2 Deelnemers se ervaring van die gebruik van Ignatiaanse meditasie met Rut 2

Alle deelnemers het die oefening as ’n positiewe ervaring beskryf. Die meeste was

aangenaam verras oor hoe dit verskil het van hul gewone ervaring wanneer hulle oor of deur

’n Bybelgedeelte gebid het. Die meeste deelnemers het getuig dat Ignatiaanse meditasie hulle

in verrassende rigtings geneem het, sodat hulle dikwels die teks op ’n ander manier as vroeër

gesien en beleef het. Een van die mans het gesê: “Ek was verras oor wat in my opgekom het;

’n mens het nie nodig om na al die kommentaarboeke te gaan nie; die teks self spreek jou

aan.” 18 Dit staan in opvallende kontras met hul algemene ervaring van vroeëre omgang met

die teks.

Baie deelnemers het beskryf hoe die ervaring hulle ’n duideliker begrip van die teks gegee

het, aangesien dit gebaseer was op ’n direkte ervaring van Rut en haar omstandighede. Een

van die mans het gesê: “Om deel te word van die karakters in die storie het vir my nuwe

begrip gegee. Die metode laat jou toe om in die skoene van die Bybelse karakters te staan en

hulle en hul stryd in ’n nuwe lig te sien, dikwels heeltemal anders as voorheen, sodat jy baie

meer van die besonderhede van die teks verstaan.” 19 Een van die deelnemers het gesê: “Ek

het my in Rut se skoene geplaas en haar ervaring self beleef.” 20

Gebruik van hierdie metode is ook beskryf as “’n volmaakter ervaring van die teks” 21 wat die

diep menslike omvang van die karakters in die teks ontsluit en jou toelaat om dit “met jou

617
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

hart en siel te hoor”. 22 Een persoon het byvoorbeeld insig gekry in hoe dit moet voel om nie

kos te hê nie en die sukkelbestaan van ’n weduwee te voer. Ander het beskryf hoe die

Ignatiaanse meditasie hulle gehelp het om “die ander kant van ’n Bybelse verhaal te sien, wat

ek gewoonlik nie sal raaksien nie en dit help my om in ander mense se skoene te staan”. 23

Etlike deelnemers het vertel hoe verras hulle was met die gebruik van hierdie metode. Een

persoon het gesê: “Ek kon ’n stem in die teks hoor wat ek nie gewoonlik sou hoor nie; deur

Rut se stryd teen armoede in my verbeelding te beleef het ek nuwe perspektief verkry.” En:

“Hierdie metode het my toegelaat om te voel hoe dit moet wees om ’n vreemdeling in ’n

vreemde land te wees.” 24 Veral die mans beskryf hoe verras hulle was deur hul ervaring van

hierdie metode: “Om die teks as man te lees het by my die verwagting gewek dat mans die

helde sal wees; maar hierdie lesing laat ‘n mens toe om vroue as die helde te sien. Ek was

verras oor hoe maklik ek aanklank by Rut kon vind.” 25

In teenstelling met die welkome ervaring van verrassing by sommige mans het van die ander

manlike deelnemers die Ignatiaanse meditasiemetode beskryf as “bedreigend en

skrikaanjaend omdat jy nie weet waarheen dit jou sal lei nie”. 26 Aan die een kant was die

ervaring dat ’n mens “deur die Gees gelei word”, 27 dus uitdagend en opwindend vir die mans,

maar aan die ander kant het dit angs veroorsaak, omdat dit hulle in onverwagte rigtings gelei

het. Dit is interessant dat nie een van die vroulike deelnemers deur die benadering beangs of

bedreig gevoel het nie.

Al hierdie deelnemers se beskrywings is gekenmerk deur melding van ’n baie persoonlike

band wat deur hierdie metode tussen die deelnemers en die teks gevorm is. Dit verskil

beduidend van die meer objektiewe of kognitiewe benadering, wat die meer algemene wyse

is waarop so ’n teks gehanteer word.

4.3 Genderverwante ervarings van Ignatiaanse meditasie

Die ondersoek was ook gemoeid met genderverwante aspekte van die gebruik van

Ignatiaanse meditasie by die lees van Rut 2. Dié teks is spesifiek gekies omdat dit so geskik is

vir die verkenning van genderverwante aspekte (sien afdeling 1). Manlike deelnemers het

opgemerk dat hulle soortgelyke tekste dikwels lees vanuit die perspektief van reeds bestaande

genderstereotipes. Deur hul inleef in hierdie teks met behulp van Ignatiaanse meditasie is

hierdie stereotipes egter bevraagteken. Hulle het trouens ’n beter en verrassende insig verkry

in Rut se ervaring as vrou. Een van die mans het gesê: “Ek sou waarskynlik op Boas gefokus

het as die held, maar ek het dit anders begin sien; ek het nie van die gevoel gehou om dalk

deur ’n ander besit te word nie.” 28 Van die mans het erken dat hulle skaam begin voel het oor

die wyse waarop mans vroue behandel. “Ek het gevoel asof God wou hê ek moet die ander

kant van die prentjie sien: hoe dit vir vroue moet wees.” 29 Die mans is spesifiek ook

aangeraak deur Rut se pleidooi en haar verbreking van bestaande tradisies deur in Boas se

landerye te gaan are optel.

618
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Baie van die vroulike deelnemers het beskryf hoe die gebruik van hierdie meditasiemetode

genderverwante aspekte van hulle eie ervaring na vore gebring het, veral wat betref die

onderdrukkende patriargale kerkstelsel. Een vrou het gesê: “Ek het in hierdie verhaal

patriargie gesien en was geïrriteerd. Dit is ’n tipiese sprokiesverhaal oor ’n man wat ’n vrou

red.” 30 Dit het vir dié deelnemer haar eie ervaring na vore gebring: die rassevooroordeel by

haar instelling; die patriargie in die kerk; die feit dat sy gespot word omdat sy sogenaamd ’n

feminis is en op 40-jarige ouderdom nog nie getroud is nie – is daar dalk iets met haar

verkeerd? Benewens hierdie negatiewe gewaarwordings het sy egter ook die positiewe

uitwerking van die Ignatiaanse metode beskryf: “Toe besef ek dat dit nie ’n geval was van ’n

man wat ’n vrou red nie, maar Rut se goedhartigheid waarop daar gereageer word. Die

verandering het vir my gekom met die lees van Rut 2:11 … Ek het besluit om nie meer bang

te wees om myself as ’n feminis te verklaar nie.” 31

Heelwat mans het gevoel dat hulle hul genderstereotipes – die manier waarop hulle

gewoonlik die vroulike werklikheid benader – deur dié metode in ’n ander lig begin sien het.

Ook sommige vroue het uitgedaag gevoel om voortaan anders oor hulself as vroue te dink.

Een vrou het byvoorbeeld gesê: “Dit het my geleer dat ek myself kan toelaat om myself te

aanvaar.” 32 Die gebruik van die Ignatiaanse metode het vrouedeelnemers ook aangemoedig

om anders te begin optree. ’n Tweede vrou se opmerking was: “In my gemeenskap word

hardwerkende vroue as huweliksmaats uitgesoek. Ek voel egter ’n persoon moet jou liefhê vir

wie jy is. In hierdie storie sien ek ’n ander soort persoon as in my gemeenskap: Boas het Rut

nie gejag nie; sý het die inisiatief geneem. Vroue moet leer om meer dikwels die inisiatief te

neem.” 33 Hierdie siening het weerklank gevind by nog ’n vrou: “Ek moet leer om meer

dikwels die inisiatief te neem.” 34 ’n Vierde vrou se reaksie op Rut 2 was: “Ek het van my eie

vaardighede raakgesien. Ek wil hê dat jong mense saam moet optree teen verkragting en

molestering. Ek het ook geleer wat dit beteken om ’n skoondogter te wees en wat die

verantwoordelikhede binne ’n huwelik is.” 35

4.4 Die subjektiewe uitwerking van Ignatiaanse meditasie

Die meeste van die deelnemers het gevoel dat die gebruik van hierdie metode hulle gehelp

het om deur die karakters in die Rut-verhaal ’n direkte en persoonlike ervaring van die teks te

hê. Deelnemers het beskryf dat hulle inleef in die situasie deur hul verbeelding 36 die grootste

uitwerking op hulle gehad het en nie die voorlees van die teks self nie. Dié gebruik van

verbeelding staan in teenstelling met die meer objektiewe metodes wat hulle in die verlede

gebruik het.

Sommige van die manlike deelnemers is veral diep geraak deur die wyse waarop Rut die

tradisie rondom die insameling van koringare op die landerye verbreek het. Veral Rut se

aankoms daar as behoeftige, honger vreemdeling en haar twyfel of sy aanvaar sou word, het

’n indruk op hulle gemaak. Een van die vroue het haar voorgestel dat sy deel was van die

groep vroue wat besig was om te oes en dat sy gehoor het hoe die werksters oor Rut skinder.

Dit het haar laat jammer voel vir Rut. ’n Ander vrou het geskryf: “Ek het die sprokiesverhaal

laat vaar”; daarná kon sy Rut waardeer vir wie sy was.

619
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Soos voorheen genoem, het die meeste mans skaam gevoel oor hul patriargale houding en

gedrag teenoor vroue. Die vroulike deelnemers het op hulle beurt beskryf dat hulle ’n wye

spektrum emosies ervaar het. Een vrou het gesê: “Aan die begin het ek geïrriteerd gevoel

weens my siening van die teks as die patriargale, sprokiesverhaal-aspek van die teks (waarin

’n man tot ’n vrou se redding kom), maar toe word ek gemakliker. Ek het ná die tyd lig en vry

gevoel; die meditasie het direk tot my omstandighede gespreek: God sal my beloon. Ek moet

egter nie die goeie punte wat ek behaal, sien as die resultaat van rassebevoordeling nie, maar

as ’n geestelike deur.” 37

’n Tweede vrou was “geskok deur die goedhartigheid wat aan Rut bewys is. Dit illustreer aan

ons hoe mense buitelanders behoort te behandel in hierdie tye van vreemdelingehaat. Ek is

ook gelaat met die gevoel dat dit belangrik is om gebed by die jeug aan te wakker. Boas en

Naomi was bewus van die gevaar van molestering en het niks daaraan gedoen nie. Ons moet

anders wees. Ons moet bid en onsself organiseer. Ek is uiteindelik met wonderlike

jongmeisie-gevoelens gelaat.” 38

’n Derde vrou het verklaar: “Ek was aan die begin gespanne namens Rut, maar is later

tevrede gelaat. Hoofstuk 2 handel oor die oplossing van die spanning. Vir my is dit ’n

liefdesverhaal, iets soos ’n Aspoestertjie-verhaal.” 39

Nog ’n vrou het opgemerk: “Aan die begin het ek jammer gevoel vir Rut – toe die vroue van

haar geskinder het terwyl sy werk. Toe hulle vir ete aansit, was die mans en vroue apart, soos

dit in my eie konteks gebeur. Aan die einde was ek egter saam met haar gelukkig.” 40

As gevolg van die meditasie het een vrou onderneem om voortaan albei huweliksmaats aan te

moedig om onderdanig aan mekaar te wees, terwyl ’n ander gevoel het dat dit haar plig is om

gebed in jongmense aan te wakker en om “onsself te organiseer” om die hoë voorkoms van

verkragting en molestering onder meisies en vroue hok te slaan.

4.5 Uitdagings met die gebruik van Ignatiaanse meditasie

Die meeste deelnemers het spontaan beskryf dat hulle dié metode verbasend waardevol

gevind het om oor ’n Bybelse teks na te dink. Hulle het egter opgemerk dat dit meer

veeleisend is as ander metodes wat hulle gebruik het, aangesien dit ’n private ruimte, tyd en

konsentrasie verg. Een van die mans het gesê: “Hierdie metode verg konsentrasie en dat ’n

mens optimaal moet funksioneer, omdat dit van ’n mens ’n wisselwerking met die teks

vereis.” 41

Daar is ook ander uitdagings en probleme ervaar met die gebruik van hierdie metode. Dit het

ingesluit die tydrowendheid van die metode, aangesien dit nie haastig gedoen kan word nie;

dwalende gedagtes wat die fokus op die verhaal belemmer het; en oorbekendheid met die

verhaal, as gevolg waarvan voortydige gevolgtrekkings gemaak kan word. Sommige mans

het gevind dat die metode vir hulle moeilik geword het sodra hulle gevra is om die oefening

“soos ’n kind” te benader. Slegs een vrou het ’n soortgelyke ervaring vermeld.

620
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Soos voorheen aangedui, het sommige van die mans ook gevoel dat Ignatiaanse meditasie

angswekkend of bedreigend is, omdat dit vir hulle gevoel het asof hulle beheer verloor het en

nie die uiteinde kon voorspel nie.

Al die deelnemers het egter saamgestem dat hierdie metode verbasend waardevol was en dat

hulle dit beslis weer sou gebruik. Veral die vroulike deelnemers het vrywillig erken dat die

metode hulle geïnspireer het om in die toekoms meer gereeld te mediteer, eerder as om te

wag totdat ander hulle daartoe aanspoor. Die vroue het verder aangedui dat hulle graag weer

sou wou byeenkom en ander vrouens sou wou uitnooi om ook die groep by te woon. Op ’n

voorstel van die navorsers het die vroue besluit om die volgende week op dieselfde tyd te

ontmoet nadat hulle deur middel van Ignatiaanse meditasie oor Rut 1 gebid en gedink het.

5. Gevolgtrekkings, beperkings en die pad vorentoe

5.1 Gevolgtrekkings

Soos hier bo aangedui, het die meeste deelnemers gevoel dat Ignatiaanse meditasie oor Rut 2

hulle ’n baie direkte en persoonlike ervaring van die teks laat beleef het. Dit het beduidend

verskil van hul vorige ervarings met meditasie. Hulle het beskryf hoe dit hulle lees van die

teks met hul “verbeelding van die situasie” 42 was wat vir die meeste van hulle verrassende

subjektiewe gevolge geskep het. Toe hulle vroeër die teks net objektief deurgelees het, was

dit nie die geval nie.

Soos reeds opgemerk, het die meeste mans aanvanklik vrese ervaar aangaande die gebruik

van hierdie metode, omdat hulle nie geweet het waarheen dit sou lei nie. Vroue het nie

hierdie kwelling gehad nie. Ten spyte van mans se voorbehoude, is dit egter duidelik dat

sowel mans as vroue uiteindelik ’n duidelike voordeel beleef het nadat hulle met hierdie

metode deur die teks gebid het.

Een van die interessantste bevindinge was die genderverwante uitwerking wat die Ignatiaanse

meditasiemetode op die deelnemers gehad het. Manlike deelnemers het gevoel dat hulle ‘n

beter begrip van die teks ontwikkel het en dat manlike stereotipes aangespreek is. Sodoende

kon hulle in ’n ander se skoene staan en self sien “hoe Rut dinge werklik ervaar

het”. 43 Minstens een manlike deelnemer het ingesien dat Boas nie die held van die verhaal is

nie. Deur hom in Rut se situasie in te dink het hy begin beleef hoe onaanvaarbaar dit is om

deur ’n ander besit te word. Die insigte wat die mans verkry het, was duidelik nie net

belangrik vir hulle begrip van die teks nie, maar ook vir die wyse waarop hulle teenoor vroue

optree. Dit is betekenisvol dat hulle aangedui het dat hulle geïnspireer is om hulle

tradisionele, genderstereotiepe benadering tot vroue te bevraagteken, en dat hulle skaam

gevoel het oor die manier waarop mans vroue kan behandel. Hulle is in die besonder geraak

deur Rut se nood en beïndruk dat sy weggebreek het van die tradisie deur koringare in Boas

se lande op te tel. Een van die mans het verklaar: ‘‘Ek het gevoel asof God wou hê ek moet

die ander kant sien: hoe dit vir ’n vrou voel.” 44 Laasgenoemde is ’n besonder betekenisvolle

621
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

stelling in ’n hoogs godsdienstige Afrika-konteks, waar tradisie en patriargale Bybelinterpretasie

dikwels ’n dubbele beperking plaas op vroue se groei en ontwikkeling (Nadar

2006:78–80). Dit is duidelik dat ’n mate van persoonlike omvorming reeds by die manlike

individue begin het en aangemoedig is deur ’n sterk gevoel dat God by dié proses betrokke is.

Vroulike deelnemers het aangemoedig gevoel om hulself beter te hanteer deur byvoorbeeld

groter selfaanvaarding; deur meer die inisiatief te neem; en deur leemtes in die samelewing te

identifiseer en te help oplos. In laasgenoemde opsig het een vrou onderneem om

huweliksmaats aan te beveel om aan mekáár onderdanig te wees, terwyl ’n ander een verplig

gevoel het om gebed onder die jeug te bevorder en die gemeenskap te organiseer ten einde

die hoë voorkoms van verkragting en molestering van vroue en meisies in Suid-Afrikaanse

gemeenskappe teen te werk.

Die belangrikheid van bogenoemde insigte kan nie genoeg benadruk word nie. Die vroue het

duidelik ’n gevoel van persoonlike omvorming ervaar wat hulle gemotiveer het om hul

gemeenskappe te help ophef en verander.

Die subjektiewe ervarings van beide die mans en die vroue tydens hierdie oefening was vir

hulle die eerste noodsaaklike treë tot persoonlike groei en verandering. Indien hierdie

persoonlike omvorming voortgesit en verder gestimuleer word, kan dit lei tot die positiewe

transformasie van die Suid-Afrikaanse gemeenskap en kerke. Soos hier bo aangedui,

veroorsaak tradisie en ’n patriargale vertolking van die Bybel dat baie vroue steeds volledig

aan mans onderdanig is, ten spyte van die Suid-Afrikaanse grondwet wat openlike

gendergelykheid bevorder.

Indien gebed oor een klein deel van Rut tot gevolg gehad het dat mans die tradisioneel

patriargale behandeling van vroue bevraagteken, en dit vroue kon aanspoor tot ‘n beter, meer

positiewe hantering van hulleself, is daar hoop. Dié hoop sluit in dat volgehoue gebed en

meditasie oor die res van Rut, Ester, Judit en Susanna ’n meer omvattende en dieper

persoonlike omvorming teweeg sal bring wat moontlik sal lei tot transformasie van die steeds

sterk patriargale kerke en die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die geheel.

5.2 Beperkings van die studie

Ten spyte van die interessante en positiewe bevindinge van hierdie verkennende ondersoek is

daar in dié navorsing duidelik nog ’n aantal beperkings. Eerstens was dit die eerste keer dat

die meeste van die deelnemers ingelig is oor en gebruik gemaak het van Ignatiaanse

meditasie. Dit is dus onwaarskynlik dat hulle enige noemenswaardige vaardigheid in die

metode bereik het. Tweedens, en baie nou verwant aan eersgenoemde, is die feit dat die

navorsers nie sonder noukeuriger waarneming, terugvoering en toesig met sekerheid kan sê

dat al die deelnemers, of die meeste van hulle, die metode volkome verstaan en korrek

gebruik het nie. Derdens was die steekproef redelik klein, wat veralgemening moeilik maak.

Die steekproef was ook spesifiek gerig op teologiese studente en studente vir die bediening.

Hier is dit egter van belang om in ag te neem dat dit ’n kwalitatiewe ondersoek was.

622
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Kwalitatiewe navorsing is meer gemoeid met die identifisering van patrone en betekenisse

wat deur ’n opvolgstudie nagevors kan word. Vierdens is daar die feit dat slegs die helfte van

die oorspronklike steekproef deelgeneem het aan die fokusgroep se bespreking. Die rede vir

hierdie verskynsel is onbekend, en omdat die deelnemers hulle vrylik op enige stadium aan

die projek kon onttrek, was ons as navorsers huiwerig om die kwessie op te volg. Dit kan

egter wees dat hulle die metode te moeilik of onaanvaarbaar gevind het, of nie van die

uitwerking daarvan gehou het nie. Vyfdens is Rut 2 spesifiek gekies as gevolg van die

navorsers se belangstelling in die genderverwante gevolge van die Ignatiaanse metode. Maar

omdat die genderperspektief sentraal was aan hierdie teks, het dit enige ander persoonlike

effek wat die teks op die deelnemers kon gehad het, oorskadu. Die teks het die deelnemers op

genderkwessies laat fokus – ten koste van ander sake wat by hulle na vore sou kon gekom

het.

5.3 Die pad vorentoe

Hierdie artikel het reeds verskeie kere na hierdie ondersoek verwys as ’n verkennende studie

wat deel vorm van ’n groter navorsingsprojek wat die subjektief-sielkundige uitwerking sal

aanteken wanneer daar volgens die Ignatiaanse metode oor die hele Rut, Ester, Susanna en

uitgesoekte tekste uit Judit gebid en gemediteer word. Die keuse van hierdie boeke hou

verband met hul heldinne en die genderkwessies wat daarin na vore kom. Hier word gedink

aan byvoorbeeld die patriargale, genderstereotiperende uitbeelding van vroue; die vroulike

karakters se samewerking met óf ondermyning van patriargale strukture en houdings; die

moraliteit van hul aksies as mense en spesifiek as vroue en as gevolg daarvan ook hul

geskiktheid as rolmodelle vir feministies-georiënteerde vroue (kyk bv. Brenner 1995;

Efthimiadis 1995; Nadar 2002; Jordaan 2009; Efthimiadis-Keith 2010 en 2012).

’n Vanselfsprekende pad vorentoe sal wees om deelnemers te versoek om deur middel van

Ignatiaanse meditasie oor hierdie tekste te bid/mediteer; om boek te hou van hulle ervaringe;

en om die inligting beskikbaar te stel vir kritiese ontleding. Daar word voorsien dat dié langer

projek minstens ses tot nege maande sal duur, wat dus ’n beter geleentheid sal bied om die

doeltreffendheid en volhoubaarheid van die vermelde subjektief-sielkundige veranderinge te

bepaal. Die langer studie sal ten doel hê om die beperkings van die huidige ondersoek soos

volg te probeer uitskakel:

a. Dit sal langer en deegliker opleiding in die metode aan deelnemers gee en voorsiening

maak vir terugvoering en toesig, ten einde groter vaardigheid in die gebruik van dié metode

te bevorder.

b. Deelnemers sal versoek word om oor ’n spektrum tekste te mediteer, sodat ook die

subjektiewe gevolge wat onverwant is aan gender, verken kan word.

c. ’n Groter en meer uiteenlopende steekproef sal gebruik word om veralgemening

moontlik te maak.

623
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

d. Opvolg van deelnemers sal oor ’n langer tydperk geskied, sodat beter vasgestel kan word

of die gevolge oor tyd volhoubaar was, en of meer ervaring met die metode meer

volhoubare gevolge tot gevolg sou hê.

e. Metodes wat hoër vlakke van volgehoue deelname aan die studie kan verseker, veral

deelname in fokusgroepe, sal aangewend word.

f. Ná toepassing van die oefening op elke Bybelboek, byvoorbeeld aan die einde van gebed

oor Rut 1–4, sal elke fokusgroep ontleed word. Dit sal weer ná voltooiing van die projek

as geheel weer gedoen word.

Bibliografie

Adams, M.V. 2004. The fantasy principle: psychoanalysis of the imagination. Hove en New

York: Brunner Routledge.

Andreescu, A. 2011. Rethinking prayer and health research: an exploratory inquiry on

prayer’s psychological dimension. International Journal of Transpersonal Studies, 30(1–

2):23–47. http://ssrn.com/abstract=1992323 (28 November 2012 geraadpleeg).

Brenner, A. (red.). 1995. A feminist companion to Esther, Judith and Susanna. The feminist

companion to the Bible, 7. Sheffield: Sheffield Academic Press.

De Vos, A.S. 2005. Qualitative data analysis and interpretation. In De Vos, Strydom, Fouché

en Delport (reds.) 2005.

De Vos, A.S., H. Strydom, C.B. Fouché en C.S.L. Delport (reds.). 2005. Research at grass

roots. Pretoria: Van Schaik.

Duns, R.G. 2008. Ignatian meditation for dummies.

http://ryandunssj.blogspot.com/2008/01/ignatian-mediation-for-dummies.html (21 September

2012 geraadpleeg).

Efthimiadis, H. 1995. Woman to woman: countering patriarchal stereotypes in the book of

Ruth. Journal for Semitics, 7(1):57–78.

Efthimiadis-Keith, H. 2004. The Enemy is within: A Jungian Psychoanalytic Approach to the

Book of Judith. Biblical Interpretation Series, Volume 67. Boston: Brill Academic Publishers,

Inc.

—. 2010. Genesis 2:18–25 from a Jungian and Feminist-Deconstructionist Point of

View. Old Testament Essays, 23(1):44–65.

624
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 2012. Women, Jung, and the Old Testament: an evaluation of Jungian Old Testament

interpretation by way of the book of Ruth. Ongepubliseerde referaat gelewer by die Joint

Conference for Religion and Theology, Pietermaritzburg, RSA, 18–22 Junie 2012.

Jordaan, P.J. 2009. The pendulum is never static. Jesus Sira to Jesus Christ on Women in the

light of Judith, Susanna and LXX Esther. Hervormde Teologiese Studies, 65(1):1–6.

Jung, C.G. 2010. Answer to Job (from vol. 11 of the Collected Works of C.G. Jung). Vertaal

deur R.F.C. Hull. Princeton: Princeton University Press. Adobe DRM-uitgawe.

Nadar, S. 2002. Gender, power, sexuality and suffering bodies in the Book of Esther:

Reading the characters of Esther and Vashti for the purpose of social transformation. Old

Testament Essays, 15(1):113–30.

—. 2006. Texts of terror? The conspiracy of rape in the Bible, church and society: The case

of Esther 2:1–18. In Phiri en Nadar (reds.) 2006.

Paulin-Campbell, A.R. 2008. The impact of the imaginal and dialogical (relational) processes

in the Spiritual Exercises, on image of self and image of God in women making the

Nineteenth Annotation Retreat. Ongepubliseerde doktorale verhandeling, Universiteit van

KwaZulu-Natal.

Phiri, I. en S. Nadar (reds.). 2006. African women, religion and health: essays in honor of

Mercy Amba Ewudziwa Oduyoye. Maryknoll, New York: Orbis Books.

Potgieter, A.Y. 2013. Persoonlike gesprek met eerste navorser.

Taylor, B.C. 2005. Changing your mind: contemplative prayer and personal

transformation. Swanee Theological Review, 48(2):182–97.

Wade, G.H. 1998. A concept analysis of personal transformation. Journal of Advanced

Nursing, 28(4):713–19.

West, G.O. 1999. The academy of the poor: towards a dialogical reading of the Bible.

Sheffield: Academic Press.

625
Bylae A

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Die doel van die fokusgroep is om deelnemers se persoonlike ervarings van die Ignatiaanse

meditasiemetode te bepaal. Besprekings is nie gestruktureer nie. Deelnemers sal toegelaat

word om hul antwoorde in ’n tuimelaksie op mekaar te laat volg. Hoewel dit moeilik is om ’n

presiese skedule van onderhoude op te stel, is die volgende vrae gebruik om die bespreking

aan die gang te kry:

• Beskryf asseblief u ervaring van u meditasie oor Rut 2 – wat het u gesien, gehoor,

ensovoorts?

• Watter teksgedeelte het u die meeste getref?

• Is dit die eerste keer dat u Ignatiaanse meditasie gebruik het?

• Hoe het u Ignatiaanse meditasie ervaar?

• Hoe het u die meditasie as ’n man / ’n vrou ervaar?

Eindnotas

1 Die oorspronklike referaat oor hierdie ondersoek is tydens die jaarlikse konferensie van die

SBL (17–20 November 2012 in Chicago) aangebied. Die talle insiggewende opmerkings van

persone wat die sessie tydens die konferensie bygewoon het, het die navorsers in staat gestel

om die referaat te verbeter en in die huidige vorm vir publikasie aan te bied.

2 Hierdie voorlopige ondersoek is die eerste in 'n reeks studies wat in die tweede helfte van

2013 onderneem sal word. Die doel daarvan sal wees om die subjektief-sielkundige

uitwerking van Ignatius se metode van meditasie op manlike en vroulike studente wat deur

Rut, Ester, Susanna en uitgesoekte tekste uit Judit gebid het, te bepaal. Sien verder afdeling

5.3.

3 ”Persoonlike omvorming” kan breedweg gedefinieer word as ’n geïndividualiseerde,

dinamiese proses wat uitbreiding van die bewuste behels. In dié proses word individue krities

bewus van ou en nuwe wyses waarop hulle hulself beskou en kies hulle om hierdie sienings

in ’n nuwe selfdefinisie te integreer (Wade 1998:713).

4 “Rut” (gekursiveer) verwys na die boek, terwyl “Rut” (ongekursiveer) verwys na die

karakter met dieselfde naam, tensy dit gevolg word deur ’n syfer, in welke geval dit verwys

na die hoofstuk en/of vers in die boek Rut (bv. Rut 2:5). Dieselfde onderskeiding is van

toepassing op ander Bybelboeke wat ’n persoonsnaam as titel het.

5 In die konteks van Bybelstudie kan uiteensetting verwys na wat bewustelik bekend is van

die Bybelse teks/tema/beeld, terwyl versterking soek na positiewe ooreenkomste tussen

intertekstuele benaderings. Weens die verkennende aard van die huidige ondersoek en die feit

dat dit nie per se ’n Jungiaanse ontleding is nie, sluit hierdie ondersoek beide uiteensetting en

626
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

versterking uit. Dit gebruik eerder aktiewe verbeelding in die vorm van Ignatiaanse meditasie

as Christelike uitvloeisel daarvan (kyk afd. 3).

6 “Not always having to be nice. Standing up for myself. Defending myself when necessary.

Letting myself be who I want to be, not repressing that” (Adams 2004:18).

7 Volgens Adams (2008:16) is al drie tegnieke (uiteensetting, versterking, en aktiewe

verbeelding) afhanklik van die beginsel van verbeelding, wat hy omskryf as die oortuiging

dat verbeelding logies voor werklikheid moet bestaan; dat die psige of verbeelding

werklikheid saamstel en dat die beelde wat daaruit voortspruit, getrou sê wat dit bedoel en

bedoel wat dit sê.

8 Afsonderingsgeleenthede wissel in tydsduur. Een so ‘n geleentheid (wat in Mei 2013 by

The Bluff gehou word) sal agt dae duur (Rakoczsy 2013, persoonlike kommunikasie met die

eerste skrywer).

9 Die oorspronklike navorsing was gemik op die subjektief-sielkundige uitwerking van die

oefening op personeel én studente van UKZN, maar aangesien slegs studente op die

uitnodiging gereageer het (sien 4.2), is die doelwitte dienooreenkomstig aangepas.

10 Daar kon ongelukkig nie ten tye van die voorlegging van hierdie artikel vir publikasie

betroubare statistiek rondom die gendersamestelling van die Skool van Godsdiens, Filosofie

en Klassieke Studies se nagraadse studente en personeel verkry word nie. Die navorsers

bedank me. Catherine Murugan vir bystand met e-pos-uitnodigings aan die skool se

nagraadse studente, en vir prof. Sue Rakoczy vir bystand om die nagraadse studente van die

Sielkunde en Spiritualiteit-module te kontak.

11 Drie van die ander agt studente wat ’n belangstelling in deelname getoon het, was nie

beskikbaar vir die fokusgroep se besprekings nie, weens ‘n botsing met hul toetsrooster of

onvoorsiene persoonlike omstandighede. Die oorblywende vyf kandidate het nie ‘n rede vir

hulle afwesigheid verskaf nie.

12 Die vorms is op aanvraag verkrygbaar by die eerste navorser.

13 Aangesien die fokusgroep se besprekings in Engels plaasgevind het en die bevindinge in

Afrikaans gepubliseer word, word die deelnemers se direkte antwoorde in Afrikaans vertaal.

’n Eindnota met die oorspronklike Engels sal egter telkens voorsien word.

14 “I just allow the text to speak.”

15 “[I] allow myself to be moved by the text rather than to speak for the text.”

16 “So I let the text take me in different directions.”

17 “… more cerebral …”

627
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

18 “I was amazed at what emerged; you don’t need to go to [Bible] commentaries; the text

will speak to you for itself.”

19 “Becoming part of the characters in the story gave me a very different understanding. The

method allows you to get into the shoes of the biblical characters and see them and their

struggles in a new way, often a quite different way to previously, so you understand far more

of the details of the text.”

20 “I put myself in Ruth’s shoes and felt her experience myself.”

21 “… a more fully human experience of the text …”

22 “... hear it with your heart and psyche”

23 “... other sides of a biblical story that I would not normally see, and helps one to get into

other people’s shoes”

24 “I could hear a voice in the text I would not normally hear; imagining Ruth’s fight against

poverty, I saw a new perspective.” “This method allowed me to see what it is like to be a

foreigner in a foreign land.”

25 “Reading the text as a man, you expect the heroes to be men; but this reading makes you

see women as the heroes [sic]. I was surprised at how easily I could relate to Ruth.”

26 “… quite threatening and scary because you do not know where it will take you”

27 “led by the Spirit”

28 “I probably would have focused on Boaz as the good guy, but I began to see it differently; I

didn’t like the feeling that I might be owned by someone.”

29 “I felt as though God wanted me to see the other side: what it is like for women.”

30 “I saw patriarchy and got irritated: This is the typical fairy tale of a man saving a woman.”

31 “Then I saw that it wasn’t a case of a man saving a woman, but of Ruth’s kindness being

responded to. The change for me came in verse 11 … I decided that I should not be scared to

declare myself a feminist.”

32 “It taught me that I can allow me to accept me.”

33 “In my community hard-working women are sought out for marriage. I feel a person must

love you for who you are. In this story I see a different kind of person from the one I see in

the community: Boaz didn’t chase Ruth; she took the initiative. Women must learn to take the

initiative more.”

628
34 “I must learn to take the initiative more.”

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

35 “I have seen some of my own abilities. I want young people to take action together against

rape and molestation. I learned about being a daughter-in-law and the responsibilities of

marriage.”

36 “… imagination of the situation …”

37 “I started off with a feeling of irritation because of what I saw as the patriarchal, fairy tale

aspect of the text (a man saving a woman), but then I proceeded towards comfort. I felt light

and free afterward; the meditation spoke directly into my situation: God will reward me. I

must not see the good marks I get as being the result of racial favouritism, but as a spiritual

door.”

38 “… shocked by the kindness expressed to Ruth. It shows us the way to treat foreigners in

these xenophobic times. I was also left with a sense of the importance of instilling prayer in

the youth. Boaz and Naomi were aware of the dangers of molestation but did nothing about it.

We must be different. We need to pray and organise ourselves. I was left with a nice girly

feeling at the end.”

39 “I started out feeling tense for Ruth and was then satisfied. Chapter 2 is about how they

resolve the tension. For me it was a love story, like a Cinderella story.”

40 “I started out feeling pity for Ruth – with the women gossiping about her while she was

working. When they sat to eat, men and women sat separately as it happens in my own

context. However, I ended up happy with her.”

41 “This method calls for concentration, and needs you to be at an optimum level because it

demands that you interact with the text.”

42 Sien eindnota 37.

43 “… what it was really like for Ruth.”

44 Sien eindnota 30.

629
Afdeling: Godsdienswetenskappe
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Perspektiewe op die Noagitiese wette by Paulus, en

die belang daarvan vir Joods-Christelike dialoog

Opsomming

Philip du Toit

Philip du Toit, Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch

In die sogenaamde Radikale Nuwe Perspektief op Paulus (RNPP), wat verby die Nuwe

Perspektief op Paulus (NPP) beweeg het, word Paulus se siening van identiteit beskou as deel

van ’n “inter-Joodse” eerder as “inter-Christelike” polemiek. Binne die RNPP is daar ’n sterk

beweging om Christus-gelowiges te sien as “Noagiete” wat op grond van die onderhouding

van die sewe Noagitiese wette tot die “Joodse” gemeenskap toegelaat word. Die probleem is

egter dat hierdie wette eers in latere rabbynse Judaïsme ontstaan het en dus wesenlik ’n

anachronistiese model is wat op Paulus toegepas word. Dit is te betwyfel of die Noagitiese

wette voor of tydens Paulus se leeftyd geplaas kan word, en so ook om spore daarvan in die

Nuwe Testament of ander antieke geskrifte te probeer terugvind. Om beginsels vanuit latere

rabbynse Judaïsme (soos die Noagitiese wette) te gebruik om die gapings by Paulus te

probeer vul, is metodologies problematies.

Die eintlike probleem is egter dat die Noagitiese wette deel vorm van ’n denkwyse van

meerderwaardigheid – iets wat deurgaans in die geskiedenis van sekere vorme van Judaïsme

uitgewys kan word. Die gedagte dat een etniese groep meerderwaardig is bo ’n ander, staan

immers in skerp teenstelling met die manier waarop Paulus sodanige onderskeid laat verdwyn

het vir almal wat “in Christus” is. Vir Paulus was die merktekens van kindskap van God in

die nuwe eskatologiese tydvak in Christus, slegs geloof en die inwoning van die Heilige

Gees, en nié etniese status, die besit van die Tora of eksterne kentekens van identiteit nie.

Enige aanspraak op die onderhouding van Noagitiese wette as voorwaarde om as “God se

mense” gekenmerk te word, skep juis probleme in die Joods-Christelike dialoog in dié opsig

dat dit Joodse meerderwaardigheid laat voortduur.

Hoewel die wedersydse bekragtiging van mekaar se status as God se mense in die Joods-

Christelike dialoog dus steeds ’n probleem bly, moet nogtans daarna gestreef word om

mekaar te respekteer, te verdra en in vrede saam te leef.

Trefwoorde: Noagitiese wette, Paulus, Radikale Nuwe Perspektief op Paulus, Joods-

Christelike dialoog, wet

630
Abstract

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Perspectives on the Noahide Laws in Paul, and its significance for Jewish-Christian

dialogue

Pauline study has moved on considerably since James Dunn and others popularised the socalled

New Perspective on Paul (NPP). In the so-called Radical New Perspective on Paul

(RNPP) the focus is not only on Paul’s “Jewishness” or a better understanding of the

“Jewish” identity that Paul responded to, but on discontinuity in Paul’s relationship to the

Christian faith as it is known today. The approach of the RNPP is to understand Paul as

completely Jewish and to understand Paul’s gospel as part of intra-Jewish rather than inter-

Christian polemic.

One of the approaches that has come to the fore within the RNPP is to see Christ-believers as

“righteous gentiles” or “God-fearers” who adhere to the seven Noahide laws, a minimum set

of laws (excluding, e.g., circumcision) or requirements (halakhot) expected of Gentiles.

These Christ-believers would not be required to adhere to all 613 Jewish laws, but only to the

Noahide laws. In this way they would be considered as guests within Judaism and earn a

place in the world to come. This approach to Paul creates more room for Jewish-Christian

dialogue and helps to create a basis for Jews and Christians to trace part of their tradition

back to Paul. The ultimate aim of this view is to find a common platform for mutual

validation of identity.

The aim of this article is to determine whether traces of the Noahide laws can be identified in

Paul’s thought. Although this issue touches on a larger understanding of law and identity in

Paul, this article focuses on (a) the date of origin of the Noahide laws, (b) whether these laws

or the principles behind them were present in Paul’s thought, (c) whether the principle(s)

behind the Noahide laws can be harmonised with Paul’s understanding of identity, and (d)

how the presence or absence of the Noahide laws in Paul’s thought would affect Jewish-

Christian dialogue.

One of the biggest challenges in this debate is the hermeneutical distance between Judaism

and the Ἰουδαῖοι in Paul’s lifetime. Judaism started as a religion only around 70 CE. One

therefore has to view the Ἰουδαῖοι in Paul’s lifetime as an ethnos rather than a religion in the

strict sense (although an ethnos includes important elements of what is known today as a

religion). It is therefore more appropriate to refer to the Ἰουδαῖοι as Judaeans. A similar

hermeneutical problem applies to those in Paul’s lifetime who believed in Christ and

Christianity as it is known today, especially in terms of its institutional character as a world

religion. The term Christ-believer (or a similar term) is thus used in this article, not Christian.

Noahide laws as a concept originated in rabbinic Judaism. The laws are contained in

the Mishneh Torah (Hilkhot Melakhim 8:14, 12th century CE) and involve prohibitions on

idolatry, blasphemy, murder, theft, sexual immorality, eating living flesh, and exhortations

for the establishment of courts of justice. In rabbinic Judaism these laws are considered

631
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

binding on all humankind. A gentile that adheres to these laws is considered a “righteous

gentile” and deserves a place in the world to come.

The oldest version of the Noahide laws can be found in Tosefta Avodah Zarah (8:4), which

contains six of the seven laws. It has been argued that the missing law (prohibition on the

eating of a limb from a living animal) can be derived from Genesis 9:4 and is omitted due to

a copyist’s error. Later rabbinic texts infer the first six laws on the basis of Genesis 2:16. But

these laws are not inherently part of Genesis 2:16. They are probably inferred by way of

mystical interpretation that is characteristic of the Talmudic era.

Both Nanos (1996) and Tomson (1990), however, argue that the idea behind the Noahide

laws is present in the Book of Jubilees 7:20–1. Although the book can be dated around 160 to

150 BCE, the prohibitions in Jubilees hardly correspond to the seven Noahide laws. This

claim is further weakened by the absence of any requirement that the laws would be binding

on all people; that those concerned would be considered as “righteous gentiles”; or that they

would earn a place in the world to come.

Others argue that the Noahide laws can be identified within the so-called apostolic decree in

Acts 15:19–32; 16:1–5 and 21:25. The prohibitions listed in Acts (abstention from the

pollution of idols, sexual immorality, meat of strangled animals and blood) do not, however,

correspond well to the seven Noahide laws. The prohibition on sexual immorality shows the

only close correspondence to one of the Noahide laws. The so-called apostolic decree rather

had to do with a practical arrangement not to put pressure on Judaean Christ-believers

regarding obedience to the Mosaic law, because this matter would not be resolved quickly.

The idea that the practical arrangement would differentiate Judaean believers from Gentile

believers in some way in terms of their status before God is not present in Acts.

Lastly, it has been argued that the Noahide laws are present in the Didaché. But the dating of

the Didaché remains uncertain. A growing consensus is emerging that it was compiled around

the 1st century CE. The Didaché’s date of origin is inferred largely from its literary

agreement with other early writings of Christ-believers. If the Didaché used Barnabas and

Hermas, it must be dated later than 140 CE. Although most scholars today understand the

Didaché to have developed independently of Barnabas and Hermas, it is conceivable that the

textual agreement between Didaché 1:5 and Hermas represents a common tradition. The

Didaché probably developed largely independently of other early writings of Christ-believers

within a rural congregation in a Greek-speaking part of western Syria or, possibly, in the

borderland between Syria and Palestine at the close of the 1st century. It thus seems safe to

say that the Didaché originated after Paul’s lifetime.

A claim to the existence of the Noahide laws in some form earlier than the Talmudic era rests

in part on the rabbinic doctrine of the existence of the Oral Torah or Oral Law. As part of

rabbinic teaching, the Oral Torah is held to be an orally transmitted legal tradition from Sages

or tanna’im (those who communicated rabbinic teachings), and constitutes one leg of dual

sources of Torah, the one oral and the other written (2nd century CE). The teaching behind

632
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

the Oral Torah carries esoteric overtones, as this rabbinic system rooted the being of the

cosmos in an ultimately linguistic conception of mind.

In the final analysis the Noahide laws are interwoven with Jewish superiority, ranging from

the rabbinic literature, through Medieval Jewish thought, to Modern Jewish thinking. The

Cabbalistic literature (especially the Zohar) has taken on the most essentialist view of the

superiority of the Jewish people, elevating it to an ontological principle.

Apart from the anachronistic nature of an attempt to harmonise Paul’s thought on identity

with the Noahide laws and the principles behind them, the subtle essentialist structure

underlying the idea of the Noahide laws stands in sharp contrast to the way in which Paul

removes the distinction between Judaeans and Greeks in Christ (Rom. 10:12; 1 Cor. 1:24;

12:13; Gal. 3:28-29; cf. Col. 3:11) and the way in which Paul understands Christ’s work. Paul

does not view external markers of identity or law observance as constitutive of the new

identity in Christ. For Paul the new identity in Christ is marked by the indwelling Spirit and

faith in Christ.

An attempt to harmonise a rabbinic Judaist concept (Noahide laws) with Paul’s thought

probably uncovers a Judaist modus operandi of subduing Christianity’s claim on Paul to a

conception of superiority inherent to forms of Judaism, and arguably of depriving

Christianity of its unique identity and its claim on Paul. Although there is room for Jewish-

Christian dialogue on the basis of the Old Testament, which constitutes a partly shared

heritage, it is another question whether there could be mutual validation between Christianity

and Judaism with respect to their claimed status as God’s people.

Notwithstanding the hermeneutic distance between Christianity and Biblical identity, if

Christians desire to redefine themselves more in terms of discontinuity with a Biblical

(especially Pauline) identity, a notion where all religions should be “equal” in terms of their

claim on being God’s people is certainly possible. The same could be true regarding Jews’

identity and their Jewish heritage. But if Christians hold on to the Bible (especially Paul) as

normative in defining their own identity, and Jews hold on to their Jewish heritage in doing

the same, I do not see the necessity of mutual validation of each other’s status as God’s

people, as long as mutual respect, tolerance as human beings and the desire to live in peace

with one another are present.

Keywords: Tora, Noahide laws, Paul, Radical New Perspective on Paul, Jewish-Christian

dialogue, law

1. Inleiding

Sedert James Dunn (1983) en ander die sogenaamde Nuwe Perspektief op Paulus (NPP)

bekend gestel het, het Pauliniese studie al heelwat aanbeweeg. In die sogenaamde Radikale

Nuwe Perspektief op Paulus (RNPP) word die klem nie meer bloot gelê op groter begrip vir

633
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Paulus se “Joodsheid” of die “Joodse identiteit” waarteen Paulus, volgens die NPP, gereageer

het nie. Die RNPP sien juis meer diskontinuïteit tussen Paulus en die Christelike geloof. Die

benadering van die RNPP is om Paulus te beskou as volkome Joods, en om dit waarvoor hy

gestaan het, te sien as deel van die inter-Joodse, eerder as inter-Christelike, polemiek. Op

laasgenoemde punt is daar oorvleueling tussen die NPP en die RNPP. Hierdie nuwe

beskouing van Paulus is een van die redes waarom baie meer Joodse akademici sedertdien

betrokke geraak het by die Pauliniese diskoers (bv. Nanos 2002; 1996; Boyarin 1994; Segal

1990).

Een van die benaderings wat binne die RNPP al sterker na vore begin tree het, is om mense

wat tot geloof in Jesus Christus gekom het, te sien as “regverdige heidene” of

“godvresendes”, mense wat die sewe sogenaamde Noagitiese wette, of halakhot,onderhou het

en op grond daarvan tot die “Joodse” gemeenskap toegelaat is. Van hierdie gelowiges is egter

nie verwag om al 613 Joodse wette te onderhou nie, maar slegs die Noagitiese wette. Op

hierdie manier kon hulle ook deel kry aan die toekomstige wêreld (Eisenbaum 2009:252;

Campbell 2008:6; Nanos 1996:50–6; vgl. Tomson 1990:50).

In hierdie hermeneutiese model word Paulus se Damaskus-ervaring nie verstaan as ’n

bekering nie, maar eerder as ’n roeping (Eisenbaum 2009:132–49; vgl. Stendahl 1976:3–27).

Volgens dié siening sou Paulus steeds die Ou-Testamentiese Tora onderhou het en dus nie ’n

wetvrye evangelie verkondig het nie (Nanos 2009:4), maar gelowiges uit die heidendom slegs

vrygestel het van die besnydenis en van algehele wetsonderhouding.

Dit kom dus daarop neer dat Paulus twee verskillende stelsels van verlossing of regverdiging

daargestel het: een vir Jode en ’n ander een vir Christus-gelowiges (Eisenbaum 2009:54; vgl.

Gager 2002; Gaston 1987).

Hierdie benadering tot Paulus se teologie sou dan groter ruimte bied vir Joods-Christelike

dialoog. Wat hierdie vertolking van Paulus aantreklik maak, is dat dit ’n grondslag help skep

waarop Jode sowel as Christene die historiese wortels van hulle onderskeie geloofstradisies

(deels) na Paulus kan terugvoer, en sodoende ’n gemeenskaplike platform kan vind vir

wedersydse bekragtiging van mekaar se identiteit. Dit is dus ’n inklusiewe benadering wat

ruimte laat vir albei godsdienste om onder een sambreel hulle identiteit as “God se mense” op

’n manier aan Paulus te verbind.

Die vernaamste oogmerk van hierdie artikel is om vas te stel óf daar by Paulus aanduidings

gevind kan word van die beginsel van die Noagitiese wette waarin die identiteit van

gelowiges uit die heidendom op ’n ander manier omskryf word as dié van gelowiges wat

afstam van die Ou-Testamentiese Israel (soos hier bo uiteengesit). Hierdie saak het wel

raakpunte met die breër verstaan van identiteit by Paulus, en spesifiek met sy siening van die

identiteit van gelowiges in Christus in verhouding met die identiteit van die Ἰουδαῖοι

(Judeërs) en/of Israel, maar dié aspek kan nie binne die bestek van hierdie artikel volledig

uitgewerk word nie. Hier word gevolglik slegs gefokus op enkele hoofpunte wat meer direk

634
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

verband hou met die Noagitiese wette en die manier waarop dit inspeel op die verstaan van

identiteit. 1

Die ander saak wat verband hou met die probleem rondom die Noagitiese wette, is die rol van

die Mosaïese wet in Paulus se denke oor identiteit. 2 Laasgenoemde moet egter onderskei

word van die vraag of die Noagitiese wette en die beginsel(s) daaragter deel vorm van Paulus

se verwysingsraamwerk (soos hier onder uiteengesit). Hierdie artikel fokus dus hoofsaaklik

op die volgende vier vrae: (a) Wanneer het die Noagitiese wette ontstaan? (b) Is daar

aanduidings van die bestaan van die Noagitiese wette en die beginsel(s) daaragter tydens

Paulus se leeftyd? (c) Kan die beginsel(s) agter die Noagitiese wette gerym word met Paulus

se beskouing van identiteit? (d) Hoe sou die teenwoordigheid of afwesigheid van die

Noagitiese wette in Paulus se denke die huidige Joods-Christelike dialoog beïnvloed?

2. Hermeneutiek en identiteit

Een van die grootste uitdagings vir die manier waarop Pauliniese beginsels met die oog op

vandag se konteks geïnterpreteer word, is die hermeneutiese afstand tussen die Judaïsme en

die Ἰουδαῖοι van Paulus se leefwêreld. Die Judaïsme het eers omstreeks die tyd van die

verwoesting van die tempel in Jerusalem in 70 n.C. as ’n godsdiens begin ontwikkel (Mason

2007:502; Langer 2003:258; Neusner 1984:1–5). Neusner (1984:5) verduidelik dat die

rabbynse Judaïsme gebore is toe mense begin glo het dat hulle deur die studie van die Tora en

deur die onderhouding van die gebooie ’n kritieke rol kon speel in die koms van die Messias.

Judaïsme moet dus verstaan word as ’n geleidelike ontwikkeling wat hoofsaaklik ná 70 n.C.

plaasgevind het. Selfs tot in die eerste eeu was die vernaamste instellings in Israel die

priesterdom, koningskap, die Skrif en die lewenswyse wat daarmee gepaard gegaan het, die

heilige tempel, die land en die mense.

Mason (2007:484) sê dat ’n mens daarom aan die Ἰουδαῖοι in Paulus se leeftyd as

’n ethnos (nasie/volk) eerder as ’n “godsdiens” moet dink. Elke ethnos het ’n eiesoortige

karakter wat uitdrukking vind binne ’n unieke voorvaderlike tradisie. Hierdie tradisie

weerspieël ’n gedeelde voorvaderlike geslagslyn met eiesoortige handves-stories waarin die

gebruike, waardes, konvensies, sedes, wette en politieke bestel of grondwet van die bepaalde

groep neerslag vind. Hoewel die kategorie ethnos belangrike onderdele bevat van dit wat

vandag ondergodsdiens verstaan word, kan dit nie met godsdiens gelyk gestel word

nie. 3 Mason (2007) en Elliott (2007) stel dus voor dat ’n mens liewer die benaming

Judeër(s) 4 moet gebruik met verwysing na die Ἰουδαῖοι in Paulus se leeftyd.

’n Soortgelyke hermeneutiese probleem kom na vore wat betref diegene wat in Paulus se

leeftyd in Christus geglo het, en aanhangers van die Christelike geloof soos ons dit vandag

ken (vgl. Campbell 2008:12; Mason 2007). Die hermeneutiese afstand geld veral ten opsigte

van die verstaan van die Christendom as ’n “godsdiens” met strukture, instellings, konvensies

en belydenisskrifte. Daar bestaan verskille met die Judaïsme wat betref die manier waarop die

hermeneutiese afstand inspeel op die verstaan van Christus-gelowiges in Paulus 5 se tyd en

635
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

vandag. Ek gaan egter, weens die kompleksiteit van die debat hieroor, nie die kontinuïteit of

diskontinuïteit van die Christendom met die eerste gelowiges in fyner besonderhede probeer

omskryf nie. Vir praktiese doeleindes gaan ek die benaming Christus-gelowiges, of

bloot gelowiges, gebruik om Christene in Paulus se leeftyd aan te dui.

3. Die ontstaan en aard van die Noagitiese wette

Noagitiese wette as begrip het tydens die rabbynse Judaïsme ontstaan (Langer 2003:267;

Boyarin 1994:233; Schwartz 1990:770; vgl. Lundgren 2003:1732). Dié wette is vervat in

die Mishneh Torah (Hilkhot Melakhim 8:14, 12de eeu n.C.) en behels ’n verbod op (a)

afgodery, (b) godslastering, (c) moord, (d) diefstal, (e) seksuele losbandigheid, (f) die eet van

lewende vleis (m.a.w. om vleis te eet van ’n dier terwyl dit nog lewe), en (g) aanmanings oor

die oprigting van geregtelike howe. Hierdie wette word in rabbynse Judaïsme beskou as

bindend op alle mense (Blickenstaff 2009:280; Konvitz 1996:31). Nie-Jode is dus ook verplig

om hierdie wette te gehoorsaam as hulle as “regverdige heidene” erken wou word en hul plek

in die toekomstige wêreld wou verseker.

Die oudste weergawe van die Noagitiese wette word teruggevind in die Tosefta Avodah

Zarah 8:4 (3de eeu n.C.), maar bevat slegs ses van die sewe wette (Langer 2003:266). Langer

(2003:266) voer aan dat die wet wat ontbreek, naamlik die verbod op die eet van lewende

vleis, afgelei kan word van Gen. 9:4, en uitgelaat is weens ’n fout in die kopiëring van die

oorspronklike manuskrip. Latere rabbynse tekste lei die eerste ses wette af van Gen. 2:16

(Sanhedrin 56b; Langer 2003:266). Sodanige wette is egter nie inherent deel van Gen. 2:16

nie, maar word waarskynlik daaruit afgelei op grond van mistiese uitlegmetodes wat

kenmerkend is van die Talmoediese era (bv. die Merkabah-mistiek, een van die afdelings van

Kabbala, vgl. Poncé 1988:47–9).

Beide Nanos (1996:55) en Tomson (1990:50) voer egter aan dat daar wel aanduidings van die

Noagitiese wette gevind kan word in die Boek van die Jubileë 7:20–1. Alhoewel dié boek

gedateer kan word in die omgewing van 160−150 v.C. (Van derKam 2001:17–21), kom die

weergawe van die wette in die Jubileë beswaarlik ooreen met die sewe Noagitiese

wette. 6 Hierbenewens word die aanspraak dat die Jubileë-teks ’n vroeër weergawe of ’n

voorfase van die Noagitiese wette sou bevat, verswak deur die feit dat daar in die Jubileëweergawe

geen aanduiding is dat dié wette bindend sou wees vir alle mense, of dat diegene

wat die wette onderhou as “regverdige heidene” geag sou word en ’n plek sou verkry in die

toekomstige wêreld nie (vgl. Segal 2000a:122–4).

’n Ander redenasie wat aangevoer word, is dat daar ’n vorm van die Noagitiese wette

voorkom in die sogenaamde apostoliese verordening soos gevind in Hand. 15:19–32; 16:1–5

en 21:25 (Bivin 2005:141–4; Nanos 1996:52; Tomson 1990:273–4). Die verbodsbepalings

wat in Handelinge gelys word, het betrekking op die volgende vier sake: (a) die besoedeling

van (of dinge wat geoffer is aan) afgode, 7 (b) ontug, (c) vleis van diere wat verwurg is, 8 en

(d) bloed. Die verskille tussen die onderskeie tekste oor verbod (a) het ’n verandering in

636
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

betekenis tot gevolg. In Hand. 15:20 verwys dit na die onthouding van geestelike besoedeling

wat spruit uit afgodery, terwyl Hand. 15:29 en 21:25 te make het met iets anders, naamlik die

deelname aan heidense tempelfeeste, en nie bloot met die onreinheid wat volg op die eet van

vleis wat by die mark gekoop is nie (Peterson 2009:433; vgl. Witherington III 1998:461–4).

Verbod (b) verwys na seksuele losbandigheid in die breedste sin (πορνεία), eerder as

geestelike afvalligheid in die praktyk van afgodsdiens (Peterson 2009:433–5). Hierdie verbod

toon die enigste noue ooreenkoms met een van die Noagitiese wette (vgl. Wet (e) in

die Mishne Torah hier bo). Die vleis van diere wat verwurg is (verbod (c)), verwys na vleis

waarvan die bloed nie toegelaat is om heeltemal leeg te loop nie, as gevolg van die manier

waarop die dier doodgemaak is (Eks. 22:31; Lev. 17:13–6; Peterson 2009:434; vgl. Barrett

2002:233). Verbod (d) verbied die inname van bloed in enige vorm (Gen. 9:4; Lev. 7:26–7;

17:10–4; Deut. 12:16,23; Peterson 2009:434). Die verwysing na Moses in Hand. 15:21 dui

vanselfsprekend op vers 20, en veronderstel die onderhouding van sekere Mosaïese wette

(Peterson 2009:435–6) eerder as Noagitiese wette.

’n Ander verklaring is dat die reëls van Lev. 17:8–18:18 van toepassing was op Judeërs en

inwonende vreemdelinge in die land Israel, wat bindend sou wees op Christus-gelowige

heidene in die verstrooiing. Dit sou beteken dat heidense bekeerlinge nie nodig gehad het om

proseliete te word en die héle wet te onderhou nie, maar slegs daardie gedeeltes wat deur

Moses verwag sou word van inwonende vreemdelinge (bv. Wilson [1983] 2005:85–102; vgl.

Wall 2002:220). Dit sou egter daarop neerkom dat gelowiges uit die heidendom saam met

Judese gelowiges in die verstrooiing sou woon op ’n manier wat vergelykbaar is met die

saamleef met Judeërs in die Heilige Land. In beginsel sou dit dan die feit ignoreer dat God ’n

nuwe eiesoortige volk onder die nasies gekies het (Hand. 15:14). 9 Daar is geen bekende

Joodse ekwivalent van die gebooie van die Mosaïese wet wat op heidene bindend sou wees

nie (Peterson 2009:435). Inteendeel, Witherington III (1998:464–5) maak ’n lys van verskeie

faktore wat die verbintenis van Lev. 17–18 aan die “apostoliese verordening” teenspreek (vgl.

Peterson 2009:435; Barrett 2002:234).

In die lig van dié woordestryd oor die wet van Moses – wat nie gou opgelos sou word nie –

het konsensus ontwikkel dat die sg. apostoliese verordening eintlik ’n praktiese maatreël was

om nie druk op die Judese Christus-gelowiges te plaas nie (Peterson 2009:436; vgl. Fitzmyer

1998:558). Buiten dat die tekste in Handelinge se weergawe en die Noagitiese wette nie

besonder goed met mekaar vergelyk nie, bevat dit ook geen verwysing na Noag nie (Peterson

2009:434; Barrett 1998:734; vgl. Fitzmyer 1998:557; Witherington III 1998:464). Daar is

ook nie ’n aanduiding dat dié praktiese maatreëls Judeërs en heidene wat tot geloof in

Christus gekom het, op die een of ander manier van mekaar sou onderskei met betrekking tot

hulle status voor God nie.

Laastens is daar aangevoer dat die Noagitiese wette in die Didaché voorkom: Didaché 3:1–6

bevat verwysings na die verbod op moord, owerspel, afgodsdiens, diefstal en godslastering,

wat verstaan word as sou dit op die Noagitiese wette dui (bv. Flusser 1988:508), en Didaché

6:2−3 verwys na die dra van die hele “las van die Here” (die hele Tora) en waarsku teen die

kos wat aan afgode geoffer is (bv. Van de Sandt en Flusser 2002:240). Die datering van die

637
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Didaché bly egter onseker. Sommige dink dat dit opgestel is tussen 50 en 70 n.C. (Audet

1958:187–210; vgl. Robinson 1976:322–27). Ander stel ’n redaksionele datum teen die eerste

helfte van die 2de eeu voor (bv. Niederwimmer [1989] 1993:79; Barnard 1966:99). Nog

ander dateer die ontstaan van dié geskrif teen die tweede helfte van die 2de eeu (bv. Kraft

1965:76–7; Johnson 1946:108). ’n Groeiende konsensus is egter besig om te ontstaan (vgl.

Van de Sandt en Flusser 2002:48) dat die teks reeds saamgestel is teen die draai van die 1ste

eeu n.C. (bv. Rordorf en Tuilier 1998:91–9,232; Steimer 1992:20; Köhler 1987:29–30).

Die datering van die Didaché word grotendeels afgelei van die letterkundige ooreenkoms wat

dit toon met ander geskrifte van vroeë Christus-gelowiges. Indien aanvaar word dat die

Didaché gebruik gemaak het van Barnabas en Hermas se geskrifte, moet dit later as 140 n.C.

gedateer word. Hoewel die meeste akademici egter vandag meen dat die Didaché onafhanklik

van Barnabas en Hermas ontwikkel het, is dit wel moontlik dat die tekstuele ooreenkoms

tussen Didaché 1:5 en Hermas blyke gee van ’n gedeelde tradisie (Van de Sandt en Flusser

2002:49). Ander geleerdes het dele van die Didaché vergelyk met die Evangelie van Matteus,

veral die Ons Vader-gebed (bv. Köhler 1987:29–30). Dit is egter nie voor die hand liggend

dat die Didaché literêr afhanklik was van hierdie geskrifte nie. Dit is meer waarskynlik dat dit

aan die einde van die 1ste eeu onafhanklik ontwikkel het binne ’n plattelandse gemeenskap in

’n Griekssprekende deel van westelike Sirië, of moontlik in die grensgebied tussen Sirië en

Palestina (Van de Sandt en Flusser 2002:52). Alles in ag genome lyk dit dus veilig om te sê

dat die Didaché eers ná Paulus se leeftyd ontstaan het.

Behalwe probleme met die datering van die Didaché is dit ook moontlik dat die gedagte om

die hele Tora te onderhou, met spesifieke verwysing na die voedselwette (6:2 −3), ’n Joodse

idee was wat eers later ingevoeg is (Stuiber 1961:327–29). As rede vir hierdie siening word

aangevoer dat die laaste deel van die Didaché meer van ’n anti-Joodse karakter vertoon as die

eerste (veral 8:1–2; Van de Sandt en Flusser 2002:241). Dit is ’n ope vraag of die

verbodsbepalings in Didaché 3:1–6 (moord, owerspel, afgodsdiens, diefstal en godslastering)

en 6:3 (voedsel aan afgode geoffer) genoeg ooreenkoms toon met sekere van die Noagitiese

wette om as bewys te dien dat ’n soort eerste vorm van die Noagitiese wette in die Didaché

voorkom. Sodanige vertolking skep verskeie probleme, om die volgende redes: (a) Daar is

geen verwysing na Noag in die Didaché nie. (b) Die idee dat ’n ander stel vereistes (halakhot)

vir heidene as vir Jode gegeld het, kan slegs deur middel van induktiewe argumente afgelei

word. (c) Die blote ooreenkoms van sommige van die verbodsbepalings in die teks van die

Didaché met sekere van die Noagitiese wette bied as sodanig nie genoegsame gronde om ’n

vroeë vorm van die Noagitiese wette, en die beginsel(s) ten grondslag daarvan, in die

Didaché aan te dui nie. Die probleem is dat die verbodsbepalings in die Didaché wat vergelyk

word met die Noagitiese wette, deur die hele geskrif heen ingebed is tussen verskeie ander

opdragte en verbodsbepalings (veral 1–7). In die lig van die reikwydte van die

verbodsbepalings in Didaché 1–7 verteenwoordig dit eerder aspekte van die Mosaïese Wet.

Die aanspraak dat die Noagitiese wette in ’n stadium vroeër as die Talmoediese era ontstaan

het, berus gedeeltelik op die rabbynse leer van die “mondelinge Tora” (vgl. Blickenstaff

2009:280). Volgens rabbynse leer is laasgenoemde ’n wetlike tradisie wat mondeling deur die

638
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Wyses, of tanna’im (diegene wat rabbynse leerstellings oorgedra het), oorgelewer is. Dit

vorm een been van die sg. tweeledige oorsprong van die Tora: die een mondeling en die

ander een geskrewe (Schiffman 2009:336; Jaffee 1997:526). Hierdie tydperk kan aangedui

word as die 2de eeu n.C. (Oral Law 2002). Die rabbi’s het geglo dat dié aanvullende Tora by

Sinai deur God aan Moses gegee is (Schiffman 2009:336). Hierdie leer bevat esoteriese

ondertone, want die rabbynse sisteem wortel die wese van die kosmos uiteindelik in die

taalbegrip van die denke (Jaffee 1997:527). Die mondelinge Tora word voorgestel as die siel

van die geskrewe Tora, omdat die verduidelikings wat in eersgenoemde voorkom, lewe gee

aan die geskrewe teks. Daarsonder sou talle wette en leerstellings onverstaanbaar gewees het.

Die verduidelikings wat deel uitmaak van die mondelinge tradisie, verskil daarom dikwels

merkbaar van die letterlike betekenis (peshat) van die Bybelse teks (Oral Torah 1991). Agter

die begrip mondelinge Tora word dus esoteriese kennis veronderstel (Idel 1988:17–34; vgl.

die Kabbala; 10 teenoor Jaffee 1997:527). 11

4. Die Noagitiese wette en Paulus

Selfs al sou ’n saak daarvoor uitgemaak kon word dat die Noagitiese wette in ’n vroeër vorm

reeds in die tydperk van rabbynse Judaïsme bestaan het, plaas die ontstaantyd van die

rabbynse Judaïsme (ongeveer 70 n.C.) steeds die Noagitiese wette buite die bestek van Paulus

se leeftyd. 12 Om die Noagitiese wette, of halakhot, na Paulus en sy tyd terug te voer is dus

anachronisties, soos selfs Nanos (1996:23) erken. Dieselfde geld vir ’n moontlike vroeër

vorm van die Noagitiese wette as deel van die “apostoliese verordening” in Hand. 15:19–32,

16:1–5, en 21:25 (Witherington III 1998:464; vgl. Fitzmyer 1998:557).

Paulus kan trouens beskou word as een van die min skakels wat toegang bied tot die verstaan

van vroeë vorme van Farisese Judaïsme (Segal [2003] 2004:162–3; Dunn 1993:60). Afgesien

van die anachronistiese aard van ’n benadering wat Christus-gelowiges as “Noagiete” beskou

(Nanos 1996:50; Tomson 1990:272), is die idee om die Noagitiese wette aan Paulus se denke

te verbind, wesenlik induktief. Dit bly dus deels ’n sirkelredenasie. Segal ([2003] 2004:162)

waarsku teen die praktyk om by die rabbynse tradisie te leen om die gapings in Paulus se

lewe te vul ten einde die “godsdiens” waaruit hy gekom het, te kenskets. Hy beskou so ’n

werkwyse as metodologies verdag, en oordeel dat ’n mens liewer moet begin by ’n tekening

van Fariseïsme by Paulus se bekeringservaring.

Hoewel Paulus nie ’n bekering van een “godsdiens” na ’n ander ondergaan het nie, maak dit

meer sin om sy Damaskus-ervaring as ’n bekering te verstaan, eerder as bloot ’n roeping (bv.

Segal 2000b:184–6; 1990:285–300; Dunn 2006:71; 1993:53; Longenecker 1990:26,28; Fung

1988:59,71). Die rede hiervoor is dat Paulus ’n wesenlike omvorming van identiteit

ondergaan het (bv. Wright [2005] 2009:113–21; Hays 2000; vgl. Segal 2000b:185; Sanders

[1983] 1989:178–9,207). Dit kan veral afgelei word uit die wyse waarop Paulus homself

beskryf. Hy sien homself as “dood vir die wet” en getuig van hoe hy sy voormalige “ek”

afgesterf het (Gal. 2:19–20). Sy identiteit in Christus sou voortaan bepaal word deur geloof in

Christus (Hays 2000:244), en nie meer deur etnisiteit of onderhouding van die wet van Moses

639
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

nie (Wright [2005] 2009:118). Vir Paulus word kindskap van God (υἱοθεσία) bepaal deur die

inwoning van die Heilige Gees (Gal. 4:5–6; Rom. 8:15–6), en die kentekens van kindskap en

regverdiging is dus nou slegs geloof (Wright [2005] 2009:121) en die inwoning van die

Heilige Gees (Fee 1996:88; 1994:469–70,553,564; Moo 1996:499; vgl. Gal. 4:5; Rom. 8:15–

6), en nie meer die wet of enige ander eksterne kenteken van identiteit nie.

Bruce ([1977] 2000:195) is daarom waarskynlik reg wanneer hy aanvoer dat die pre-

Mosaïese geskiedenis waartoe Paulus toegang gehad het, slegs Genesis en die eerste deel van

Eksodus was, en vóór die Mosaïese Wet is daar in die Skrif geen vermelding van enige ander

stel wette nie. Die Noagitiese wette, wat deel was van rabbynse denke, het dus nie ’n rol

gespeel in Paulus se denke nie (vgl. Barrett [1962] 1975:52,99,111).

Die probleem strek egter nog veel dieper. Die beginsels agter die Noagitiese wette is

uiteindelik verweef met die idee van Joodse meerderwaardigheid. Lundgren (2003:1731–6)

toon dié beskouing aan in verskeie bronne in die Judaïsme. Dié bronne strek vanaf die

rabbynse literatuur, 13 deur Middeleeuse Joodse denke heen, 14 en tot by vorme van moderne

Joodse denke, al is dit ook in ’n meer subtiele vorm (vgl. Schwartz 1990:769). 15

Laasgenoemde wys daarop dat die wesenlike verskil tussen die Jood en nie-Jood steeds blyk

in die gedagte van:

… two covenants, the one with the Jews and the one with other nations. Every

individual Jew has traditionally been obliged to follow 613 commandments. A

non-Jew, on the other hand, is considered to be righteous – and thus to have a

portion in the world to come – if he [sic] follows the seven commandments of the

sons of Noah. (Lundgren 2003:1735; vgl. Gager 2002; Gaston 1987; Stendahl

1976)

Selfs die moderne verwerping van die leer van uitverkiesing in die Judaïsme kan verbind

word met Mordegai M. Kaplan (1881–1983), stigter van die Rekonstruksionisme, en dit

behels – ten spyte van aansprake op die teendeel – Joodse meerderwaardigheid (Lundgren

2003:1737; teenoor Langer 2003:276). Die Kabbalistiese literatuur (veral die Zohar) bevat

waarskynlik die mees essensialistiese beskouing van die meerderwaardigheid van Joodse

mense; dit verhef dit trouens tot ’n ontologiese beginsel (Lundgren 2003:1734).

Enige poging om Paulus se denke te probeer inpas by die leer van die Noagitiese wette is

anachronisties, en daarbenewens staan die essensialistiese onderbou van dié wette (hoe

subtiel ook al gestel) ook in skerp teenstelling met die manier waarop Paulus die onderskeid

tussen Judeër en Griek laat verdwyn in Christus (Gal. 3:28–9; 1 Kor. 1:24; 12:13; Rom.

10:12; vgl. Kol. 3:11). In Christus se werk aan die kruis word die onderskeid tussen Judeër en

nie-Judeër inderdaad uitgewis (Martyn 1997:335) en kom alle mense na God op dieselfde

grondslag: geloof in Christus (Hays 2000:187; Longenecker 1990:157; Sanders [1983]

1989:203). Segal ([2003] 2004:166) merk op dat, selfs al sou Jubileë 7:20–1 beskou word as

’n voorfase van die Noagitiese wette, die heidene volgens dié gedeelte van Jubileë gered

word op grond van die onderhouding van die Tora. Behalwe dat Jubileë 15:26–7 dit

640
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

uitdruklik stel dat slegs diegene wat op die agste dag besny is, gered kan word (Segal

2000a:122), 16 toon Segal verder dat Paulus ’n duidelike wig indryf tussen geloof en wet:

Just as the exegesis [on the Torah] is based on Paul’s own experience of salvation

in Christ, so is his exegesis not based on specific rabbinic teaching but on his

conviction and experience in preaching to Gentiles, that the redemptive death of

Christ also guarantees the justification of Gentiles through their faith and not by

comparing their practice to that of Jews. (Segal [2003] 2004:167)

Selfs vanuit die NPP word aangevoer dat Judeërs se fokus op hulle verbondstatus wat ander

uitsluit (bv. Dunn 1988b:587), en hulle geregtigheid soos afgebaken deur die wet (bv. Dunn

1988b:588,590; Wright 2002:649), grondliggend deur Paulus gekritiseer is. Om heidene op ’n

ander grondslag tegemoet te kom as Judeërs, sou immers Judese eksklusivisme laat

voortduur, of slegs gedeeltelike verbondstatus aan heidene verleen.

5. Nanos en die “Noagiete”

Nanos (1996:289–336) vertolk Rom. 13:1–7 só dat die “Noagiete” (Christus-gelowiges)

onder direkte gesag van die sinagoge gestaan het en sinagoges besoek het. Volgens hom sou

hulle dan verplig wees om te voldoen aan die gedragsvereistes wat vir “regverdige heidene”

gestel is (bv. die onderhouding van die Noagitiese wette en die betaling van belastings).

Sodoende sou hulle nie die herstel van Israel verhinder nie. Alhoewel Joodse sinagoges

tydens die verstrooiing in Rome selfstandig en selfversorgend kon bestaan ten spyte van die

algemene afwesigheid van toepaslike geboue, is daar egter geen aanduiding dat sinagoges ’n

gemeenskaplike netwerk gevorm het nie (Levine 2005:285–6). Beide Judeërs en Christusgelowiges

het eerder ’n versplinterde bestaan in Rome gevoer (Dunn 1988a:lii) in die jare

nadat keiser Klaudius in 49 n.C. alle Judeërs uit Rome verdryf het (Carson en Moo

2005:395). Hoewel Nanos beweer dat slegs ’n kleinerige getal Judeërs deur die uitdrywing

geraak is, voer Riesner (1998:199–200) grondige redes aan waarom die uitdrywing redelik

omvangryk was (vgl. Carson en Moo 2005:395–6). Dit is dus onwaarskynlik dat Paulus in

Romeine 13:1 die leiers van die sinagoge in gedagte gehad het. Die meeste Nuwe-

Testamentici is dit eens dat Paulus in hierdie vers die Romeinse maghebbers as hoogste gesag

in die oog gehad het (bv. Schreiner [1998] 2005:681; Moo 1996:793; Dunn 1988b:759–60,

769; Bruce [1985] 2000:230–3; Cranfield 1979:659; Barrett [1962] 1975:244). Volgens

Witherington III ([2003] 2004:259–6) is Christus as sentraal en onmisbaar beskou in die

heilsleer van beide Galasiërs en Romeine, maar veral in Galasiërs. Hy verwerp die idee dat

Paulus se siening van die heidene in Romeine (veral 13:1–7) behels het dat hulle sekere

gedragsvereistes (halakhot) sou moes nakom (teenoor Nanos 1996:336), want hy sien nie ’n

verskuiwing in Paulus se denke tussen die skryf van die brief aan die Galasiërs en die skryf

van die een aan die Romeine nie (vgl. Beker 1980; oorgeneem deur Thiselton 1992:239 en

Donfried 2002:196,198).

641
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Om in die lig van die brief aan die Galasiërs met ’n vertolkingsmodel vol te hou waarin die

identiteit van heidene as gaste en “Noagiete” beskryf word (Nanos 1996:50; Tomson

1990:272), bly – om dit sagkens te stel – ’n uitdaging. Die enigste manier waarop hierdie

model gehandhaaf kan word, is om Paulus se woorde in Galasiërs uit te lê as “to be other than

what he actually said” (Nanos 2002:321). En dit is presies wat Nanos probeer doen het. Hy

benader die brief aan die Galasiërs só dat hy die hoofinhoud van Paulus se vermaning sien as

’n “ironiese vermaning” (Nanos 2002:32–61). Ten spyte van Nanos se verbeeldingryke

redenasie en sy waardevolle bydrae tot ’n moontlike verstaan van Paulus, is sy

vertolkingsmodel oplaas onoortuigend (vgl. Carson en Moo 2005:465), en wel om die

volgende twee hoofredes: (a) In die lig van Paulus se denke oor die wet in die Pauliniese

versameling as geheel, is dit moeilik om Nanos se model oral toe te pas (veral Gal. 3). (b) Dit

is onwaarskynlik dat Nanos se argument om gedeeltes soos Gal. 1:6–7 17 en Gal. 6:12 18 te laat

dui op ongelowige “Joodse mense” (Nanos 2002:205) wat proseliete wou maak van

gelowiges uit die heidendom, korrek is. Sy siening staan teenoor die heersende beskouing dat

Paulus se teenstanders Christus-gelowiges was (Hays 2000:185).

Selfs by Rom. 14:1–15:13, wat deur Longenecker (1990:217) en Bruce (1982:225) aangehaal

word om die onteiening van ongelowige Judeërs in Gal. 4:30 te versag, is die siening dat

Christus-gelowiges “Noagiete” sou wees wat tot die Judaïsme toegelaat word, onoortuigend.

Paulus beskou nóg die onderhouding van die wet nóg, in hierdie geval, sekere Judese

voedselwette as sentraal in die bepaling van die identiteit van Judese Christus-gelowiges. Die

teendeel is eerder in beide gevalle waar. Eerder as dat Christus-gelowiges toegelaat word tot

die “Judaïsme”, word Christus-gelowiges wat steeds voedselwette of feeste onderhou, verdra

– of hulle nou Judeërs of heidene is (Wright 2002:731). Meer waarskynlik was hulle Judese

gelowiges wat bevry moes word van Ou-Testamentiese rituele vereistes (Schreiner [1998]

2005:712; Moo 1996:836; vgl. Dunn 1988b:797–8; Bruce [1985] 2000:244–5; Cranfield

1979:697; Barrett [1962] 1975:256). Hierdie gelowiges word aangedui as mense wat “in die

geloof swak is” (Rom. 14:1–2; 15:1: τῇ πίστει προσλαμβάνεσθε). Hierdie “swak” persone is

dus nie ongelowige “Jode” nie (teenoor Nanos 1996:85–165).

Nanos (1996:105) voer aan dat “die geloof van die swakkes” na die monoteïstiese “Joodse”

geloof verwys. Gagnon (2000) lewer egter ’n uitgebreide pleidooi teenoor Nanos se voorstel

om die swakkes in die brief aan die Romeine te sien as “Jode” wat nie in Christus glo nie.

Van Gagnon se belangrikste argumente is dat (a) die een vir wie Christus gesterf het (Rom.

14:15; vgl. 1 Kor. 8:11), beperk word tot ’n medegelowige; (b) dat die opbou van mekaar

(Rom. 14:19; 15:2) betrekking het op die opbou van die kerk (vgl. 1 Kor. 3:9–14; 8:1, 10;

10:23; 24:3–5; ens.); (c) dat die vermaning om die swakhede te dra van dié wat nie sterk is

nie (Rom. 15:1), se naaste parallel die plig van gelowiges is om mekaar se laste te dra (Gal.

6:2); (d) dat die gebed en wens in Rom. 15:5–6 heelwat onderdele bevat wat sin maak slegs

indien die “swakkes” gelowiges in Christus is; (e) dat Paulus se wederkerige formulering in

15:7 van die gebod in 14:1 om mekaar te aanvaar soos Christus hulle aanvaar, daarop sou dui

dat die “swakkes” heidense gelowiges was (hoewel ek nie met Gagnon op hierdie spesifieke

punt saamstem nie); en (f) dat in die tweede gebed (15:13) die “julle”, net soos “mekaar”

(14:13; 15:5,7), beide die sterke en die swakke insluit.

642
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Paulus was oortuig dat niks as sodanig (“vanself”) onrein is nie (Rom. 14:14). Die rede

waarom Paulus wel sulke uitsonderings kan maak, is dat hy hierdie gebooie nie as deel van

die kern-identiteit van God se mense in die nuwe tydvak in Christus beskou nie. Die

koninkryk van God is vir Paulus nie ’n saak van eet en drink nie, maar eerder van

gehoorsaamheid aan God, vrede en die vreugde wat die Heilige Gees gee (14:17) – wat die

teologiese kern uitmaak van Rom. 12–15 (Dunn 1988b:823).

Kortom: lewe en identiteit as God se mense word nie uit eksterne kentekens van identiteit

afgelei nie, maar uit die inwonende Gees en die werk van die Gees in en deur gelowiges (vgl.

Cranfield 1979:718).

6. Die Noagitiese wette en Joods-Christelike dialoog

Die oogmerk om ’n rabbyns-Joodse begrip (die Noagitiese wette) met Paulus se denke te

rym, ontbloot waarskynlik ’n Joodse modus operandi (Langer 2003:267) om die Christendom

(wat aanspraak maak op Paulus) ondergeskik te stel, weens ’n opvatting van

meerderwaardigheid wat aan bepaalde vorme van Judaïsme verbind kan word (vgl. Boyarin

1994:233). 19 Moontlik dien dit ook die doel om die Christendom te beroof van hulle

eiesoortige identiteit en unieke aanspraak op Paulus. Langer (2003:267) meen dat die

Christelike opvatting dat alle mense slegs deur Christus gered kan word, in effek die

ekwivalent daarvan kan wees om Christene as “Noagiete” te bestempel, selfs al weet hulle dit

nie. In dieselfde trant skryf die Joodse akademikus Schwartz (1990:770) die volgende: “As

rabbinic injunctions, the Noahide Laws are subject to debate, modification, and possible

rejection.” Schwartz (1990:769) betoog dan ook daarteen om Christene bloot as “Noagiete”

te sien, en voer aan dat hulle beskou moet word as mense met ’n hartgrondige verhouding

met God.

Hoewel daar vir seker ooreenkomste uitgewys kan word tussen Christene en Jode wat betref

hulle onderhouding van bepaalde morele of etiese beginsels (vgl. Novak 2000), is dit ’n ander

vraag of die soeke na sodanige ooreenkomste werklik die kern-identiteit van die onderskeie

godsdienste aanraak. Anders gestel: Skep die vergelyking van die morele of etiese beginsels

wat beide godsdienste navolg (bv. die Noagitiese wette) as sodanig ’n genoegsame grondslag

waarop Christenskap en Judaïsme onder een sambreel omskryf kan word? Om die minste te

sê: indien Christene as Noagiete beskou word, sou dit ’n kensketsing van Christenskap op

Joodse voorwaardes wees. Dit is veelseggend dat die titel van die publikasie van ’n groep

Joodse akademici wat deur die Institute for Christian and Jewish Studies (ICJS) in Baltimore

geborg is, heet: Christianity in Jewish terms (Frymer-Kensky, Novak, Ochs, Sandmel en

Signer 2000). In een van die bydraes in hierdie publikasie voer Novak (2000:123)

byvoorbeeld aan dat die probleem met Paulus se metafoor van die olyfboom in Rom. 11:17–

24 is dat die kerk ingeënt is op die olyfboom. Hy redeneer dat dit meer toepaslik sou wees

indien Christus-gelowiges hulself eenvoudig sou beskou ”as a group subordinate to the Jews

because of their adoption of some of Jewish [sic] law” (klem bygevoeg). Die publikasie van

Frymer-Kensky e.a. (2000) het kritiese reaksie uitgelok, onder meer van Levenson (2001),

643
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

wie se artikel dié veelseggende titel het: “How not to conduct Jewish-Christian dialogue” (in

Langer 2003:275).

Vir sinvolle dialoog tussen Jode en Christene sou aanspraak op meerderwaardigheid deur

enige deelnemer aan die gesprek teenproduktief wees. Wat Jode betref: beide die idee dat die

Noagitiese wette ’n grondslag skep vir die toelating van “regverdige heidene” en die gedagte

dat hulle ’n plek sou hê in die toekomstige wêreld as hulle dié wette onderhou, kan die

onderliggende denkbeeld van die meerderwaardigheid van Jode oor ander nasies laat

voortduur. Indien Christene die kruis van Christus wil behou met betrekking tot Paulus se

bepaling van hulle identiteit (bv. 1 Kor. 1:17–23; 2:2; Gal. 6:14), kan dit egter nié lei tot

meerderwaardigheid nie. Die sentrale beginsel van die kruis lei eerder tot die kruisiging van

die “self” of die “ek” (bv. Rom. 7:24; Gal. 2:20; 2 Kor. 5:15), die erkenning van Christus se

liefde vir alle mense (2 Kor. 5:14; 8:8–9), en die begeerte om in vrede met alle mense te lewe

(Rom. 12:18). In hierdie sin moet die volkslagting van die Jode tydens die Tweede

Wêreldoorlog alle mense bly herinner aan wat die gevolge kan wees as meerderwaardigheid

nagestreef word ten koste van liefde en menswaardigheid. En dan noem ’n mens nog nie eens

die Kruistogte wat ’n blywende klad op die geskiedenis van die Christendom gelaat het nie.

Om wedersyds ruimte vir mekaar te skep, of verdraagsaam te wees, is egter een ding, maar

dis ’n ander vraag of daar wederkerige bekragtiging tussen Christene en Jode moet wees met

betrekking tot hul status as God se mense, 20 waarop albei groepe aanspraak maak. Dít is

sekerlik die mees omstrede aspek van Joods-Christelike dialoog. In hierdie verband lyk dit

nie of Paulus ondubbelsinnig enige ander beginsel buiten geloof in Christus stel waarvolgens

mense ná die Christus-gebeure die status as God se mense kan geniet nie. 21 Of ’n ander

grondbeginsel buiten geloof in Christus gesoek moet word, is weer ’n ander vraag. Dit

beteken egter nie dat daar nié dialoog tussen Jode en Christene kan of moet wees nie.

Jode en Christene se gedeeltelik gemeenskaplike erfenis in die vorm van die Ou Testament is

waarskynlik die beste grondslag vir voortdurende dialoog, eerder as om ’n gemeenskaplike

identiteit uit Paulus se geskrifte te probeer formuleer. Dit is egter ’n vraag of hierdie

gedeeltelik gemeenskaplike erfenis en die verskillende vertolkings daarvan (veral met

betrekking tot die vervulling daarvan in Christus) genoegsame grond skep vir die wedersydse

bekragtiging van mekaar se status as God se mense.

Vanuit ’n evangeliese oogpunt sou die toelating van meer as een eiesoortige kern-identiteit

onder die sambreel van Christenskap die gevaar inhou van godsdienstige meervoudigheid.

Dit sou die hart van die evangelie aantas (vgl. Watson 2007:354–60), wat as sodanig buite ’n

Bybelse (veral Pauliniese) verantwoording van identiteit sou lê. Indien Christene hulle

identiteit wil heromskryf sodat dit in groter diskontinuïteit met ’n Bybelse identiteit staan, is

dit sekerlik moontlik dat hulle alle godsdienste as “gelyk” kan beskou met betrekking tot

hulle aanspraak om God se mense te wees.

Dieselfde geld natuurlik vir die Joodse identiteit ingevolge hulle eie erfenis. Daar sou

byvoorbeeld aangetoon kon word dat die toelating van Christene kragtens hul onderhouding

644
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

van die Noagitiese wette streng gesproke ’n kompromie inhou. Die verbod op afgodery deur

Christene word immers verbreek deurdat hulle God as drie-enige wese verstaan (vgl. Cohen

1997:329).

Indien Christene egter in weerwil van die hermeneutiese afstand vanaf die Bybel nogtans aan

die Bybel, en veral aan Paulus en die res van die Nuwe Testament, wil vashou as normatief

vir die omskrywing van hulle eie identiteit, en Jode aan hulle Joodse nalatenskap terwyl hulle

dieselfde doen, kan ek nie sien waarom hulle mekaar se status as God se mense hoef te

bekragtig nie – solank daar onderlinge respek, verdraagsaamheid, medemenslikheid en die

begeerte om in vrede saam te leef, by albei groepe teenwoordig is.

Bibliografie

Audet, J.-P. 1958. La Didachè: Instructions des apôtres. Parys: J. Gabalda.

Barnard, L.W. 1966. Studies in the Apostolic Fathers and their background. Oxford:

Blackwell.

Barrett, C.K. [1962] 1975. A commentary on the epistle of Romans. Black’s New Testament

commentaries. Londen: Adam & Charles Black.

—. 1998. A critical and exegetical commentary on the Acts of the apostles: Introduction and

commentary on Acts XV-XXVIII. The international critical commentary. Edinburgh: T & T

Clark.

—. 2002. The Acts of the apostles: A shorter commentary. Londen, New York: T & T Clark.

Beker, J.C. 1980. Paul the apostle: The triumph of God in life and thought. Philadelphia:

Fortress Press.

Bivin, D. 2005. New light on the difficult words of Jesus. Holland, MI: En-Gedi Resource

Center.

Blickenstaff, M. 2009. Noahide Laws. In Sakenfeld (red.) 2009.

Boyarin, D. 1994. A radical Jew: Paul and the politics of identity. Berkeley, Los Angeles,

Londen: University of California Press.

Bruce, F.F. [1977] 2000. Paul: Apostle of the heart set free. Carlisle, Cumbria: Paternoster;

Grand Rapids, Michigan: Eerdmans.

645
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

—. 1982. The epistle of Paul to the Galatians: A commentary on the Greek text. The new

international Greek Testament commentary. Exeter: Paternoster.

—. [1985] 2000. Romans: An introduction and commentary. Tyndale New Testament

commentaries. Downers Grove, Nottingham: Inter-Varsity Press.

Campbell, W.S. 2008. Paul and the creation of Christian identity. Londen: T & T Clark.

Cohen, S.J.D. 1997. The unfinished agenda of Jewish-Christian dialogue. Journal of

Ecumenical Studies, 34(3):326–9.

Cranfield, C.E.B. 1979. A critical and exegetical commentary on the epistle to the

Romans. Vol. II. International critical commentary. Edinburgh: T & T Clark.

Cross, F.L. (red.). 1961. StudiaPatristica 4. Texte und Untersuchungen 79. Berlyn: Akademie

Verlag.

Donfried, K.P. 2002. Paul, Thessalonica, and early Christianity. Grand Rapids, Michigan:

Eerdmans.

Dunn, J.D.G. 1983. The New Perspective on Paul. Bulletin of the John Rylands Library,

65:95–122.

—. 1988a. Romans 1–8. Word Biblical commentary. Vol. 38a. Dallas: Word Books.

—. 1988b. Romans 9–16. Word Biblical commentary. Vol. 38b. Nashville, Dallas,

Meksikostad, Rio de Janeiro, Beijing: Thomas Nelson.

—. 1993. A commentary on the epistle to the Galatians. Black’s New Testament

commentaries. Londen: Adam & Charles Black.

—. 2006. Unity and diversity in the New Testament: An inquiry into the character of earliest

Christianity. Derde uitgawe. Londen: SCM Press.

Dunn, J.D.G. (red.). [2003] 2004. The Cambridge companion to St Paul. Cambridge:

Cambridge University Press.

Campbell, W.S. 2008. Paul and the creation of Christian identity. Londen: T & T Clark.

Carson, D.A. en D.J. Moo. 2005. An introduction to the New Testament. Tweede uitgawe.

Grand Rapids, Michigan: Zondervan.

Eisenbaum, P. 2009. Paul was not a Christian: The original message of a misunderstood

apostle. New York: HarperCollins.

646
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Elliott, J.H. 2007. Jesus the Israelite was neither a “Jew” nor a “Christian”: On correcting

misleading nomenclature. Journal for the study of the historical Jesus, 5(2):119–54.

Fee, G.D. 1987. The first epistle to the Corinthians. The new international commentary on

the New Testament. Grand Rapids, Michigan: Eerdmans.

—. 1994. God’s empowering presence: The Holy Spirit in the letters of Paul. Grand Rapids,

Michigan: Baker Academic.

—. 1996. Paul, the Spirit, and the people of God. Grand Rapids, Michigan: Baker Academic.

Fitzmyer, J.A. 1998. The Acts of the apostles: A new translation with introduction and

commentary. The anchor Bible. New York, Londen, Toronto, Sydney, Auckland: Doubleday.

Flusser, D. 1988. Judaism and the origins of Christianity. Jerusalem: Magnes Press, Hebrew

University of Jerusalem.

Frymer-Kensky, T., D. Novak, P. Ochs, D.F. Sandmel en M.A. Signer (reds.).

2000. Christianity in Jewish terms.Oxford: Westview Press.

Fung, R.Y.K. 1988. The epistle to the Galatians. The new international commentary on the

New Testament. Michigan, Cambridge: Eerdmans.

Gager, J.G. 2002. Reinventing Paul. New York: Oxford University Press.

Gagnon, R.A.J. 2000. Why the “weak” at Rome cannot be non-Christian Jews. The Catholic

Biblical Quarterly, 62(1):64–82.

Gaston, L. 1987. Paul and the Torah. Vancouver: University of British Columbia Press.

Hays, R.B. 2000. The letter to the Galatians: Introduction, commentary, and reflections. In

Keck e.a. (reds.) 2000:181–348.

Heen, E.M. 2002. Nanos, Mark D.: The irony of Galatians: Paul’s letter in first-century

context. Review of Biblical Literature, 9. http://ww as ’n godsdiens begin

ontwikkel.bookreviews.org/pdf/1842_846.pdf (6 Desember 2012 geraadpleeg).

Horsley, R.A. (red.). 2000. Paul and politics: Ekklesia, Israel, imperium, interpretation.

Essays in honor of Kirster Stendahl. Harrisburg, Pennsilvanië: Trinity Press International.

Idel, M. 1988. Kabbalah: New Perspectives. New Haven: Yale University Press.

Jaffee, M.S. 1997. A rabbinic ontology of the written Torah and spoken word: On

discipleship, transformative knowledge, and the living texts of Oral Torah. Journal for the

American Academy of Religion, 65(3):525–49.

647
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Jewett, R. 2007. Romans: A commentary. Hermeneia. Minneapolis: Fortress Press.

Jipp, J.W. 2009. Rereading the story of Abraham, Isaac, and “us” in Romans 4. Journal for

the study of the New Testament, 32(2):217–42.

Johnson, S.E. 1946. A subsidiary motive for the writing of the Didache. In Shepherd &

Johnson (reds.) 1946.

Kabbalah. 1991. Dictionary of Jewish lore and legend. Londen: Thames &

Hudson.http://www.credoreference.com.ez.sun.ac.za/entry/thjll/kabbalah (6 Desember 2012

geraadpleeg).

Keck, L.E., B.C. Birch, J.J. Collins, K.P. Darr, W.L. Lane, T.G. Long, J.E. Massey, G.R.

O’Day, D.L. Petersen en M.L. Soards (reds.). 2002. The new interpreter’s Bible: General

articles & introduction, commentary, & reflections for each book of the Bible including the

apocryphal/deuterocanonical books. Vol. X. Nashville: Abingdon Press.

Keck, L.E.; B.C. Birch; J.J. Collins; K.P. Darr; J.A. Keller; W.L. Lane; T.G. Long; J.E.

Massey; G.R. O’Day; D.L. Petersen en M.L. Soards (reds.). 2000. The new interpreter’s

Bible: General articles & introduction, commentary, & reflections for each book of the Bible

including the apocryphal/deuterocanonical books. Vol. XI. Nashville: Abingdon Press.

Köhler, W.D. 1987. Die Rezeption des Matthäusevangeliums in der Zeit vor

Irenäus. Wissenschaftliche Untersuchungen zum Neuen Testament 24. Tübingen: Mohr.

Konvitz, M.R. 1996. Natural law and Judaism: The case of Maimonides. Judaism, 45(1):29–

45.

Kraft, R.A. 1965. Barnabas and the Didache. The Apostolic Fathers. Vol. 3. Toronto, New

York, Londen: Thomas Nelson & Sons.

Langer, R. 2003. Jewish understandings of the religious other. Theological Studies, 64:255–

77.

Levine, L.I. 2005. The ancient synagogue: The first thousand years. Tweede uitgawe. New

Haven, Londen: Yale University Press.

Levenson, J.D. 2001. How not to conduct Jewish-Christian dialogue. Commentary,

112(3):31–7.

Longenecker, R.N. 1990. Galatians. Word Biblical commentary. Vol. 41. Dallas: Word

Books.

Lundgren, S. 2003. Election of Israel. In Neusner e.a. (reds.) 2003:1729–41.

648
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Martyn, J.L. 1997. Galatians: A new translation with introduction and commentary. The

anchor Bible. New York, Londen, Toronto, Sydney, Auckland: Doubleday.

Mason, S. 2007. Jews, Judaeans, Judaizing, Judaism: Problems of categorization in ancient

history. Journal for the study of Judaism, 38:457–512.

Moo, D.J. 1996. The epistle to the Romans. The new international commentary on the New

Testament. Michigan, Cambridge: Eerdmans.

Nanos, M.D. 1996. The mystery of Romans: The Jewish context of Paul’s letter. Minneapolis:

Fortress Press.

—. 2002. The irony of Galatians: Paul’s letter in first-century context. Minneapolis: Fortress

Press.

—. 2009. The myth of the “Law-free” Paul standing between Christians and Jews. Studies in

Christian-Jewish relations, 4:1–21.

Neusner, J. 1984. Messiah in context: Israel’s history and destiny in formative

Judaism. Philadelphia: Fortress Press.

Neusner, J., A.J. Avery-Peck en W.S. Green (reds.). 2003. The encyclopedia of Judaism. Vol.

IV. Leiden, Boston: Brill.

Niederwimmer, K. [1989] 1993. Die Didache. Kommentar zum Neuen Testament. Vol. 1.

Tweede uitgawe. Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht.

Novak, D. 2000. Mitsvah. In Frymer-Kensky e.a. (reds.) 2000:115–26.

Oral Law. 2002. The new encyclopedia of Judaism. New York: New York University

Press.http://www.credoreference.com.ez.sun.ac.za/entry/nyupencyjud/oral law (24 Februarie

2013 geraadpleeg).

Oral Torah. 1991. Dictionary of Jewish lore and legend. Londen: Thames &

Hudson.http://www.credoreference.com.ez.sun.ac.za/entry/thjll/oral_torah (6 Desember 2012

geraadpleeg).

Pawlikowski, J.T. en H.G. Perelmuter (reds.). 2000. Reinterpreting revelation and tradition:

Jews and Christians in conversation. Franklin, Wisconsin: Sheed & Ward.

Peterson, D.G. 2009. The Acts of the apostles. The pillar New Testament commentary.

Michigan: Eerdmans.

Poncé, C. 1988. Kabbalah: achtergrond en essentie. Ankh-Hermes: Deventer.

649
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Pop, F.J. 1965. De eerste brief van Paulus aan de Corinthiërs. Nijkerk: G.F. Callenbach.

Riesner, R. 1998. Paul’s early period: Chronology, mission strategy, theology. Grand Rapids,

Michigan: Eerdmans.

Robinson, J.A.T. 1976. Redating the New Testament. Londen: SCM Press.

Rordorf, W. en A. Tuilier (reds.). 1998. La doctrine des douze apôtres (Didachè). Tweede

uitgawe. Sources chrétiennes 248 bis. Parys: Cerf.

Sakenfeld, K.D. (red.). 2009. The new interpreter’s dictionary of the Bible. Vol. 4. Nashville:

Abingdon Press.

Sanders, E.P. [1983] 1989. Paul, the Law, and the Jewish people. Minneapolis: Fortress

Press.

Schiffman, L.H. 2009. Oral Law, Oral Torah. In Sakenfeld (red.) 2009.

Schreiner, T.R. [1998] 2005. Romans. Baker exegetical commentary on the New Testament.

Grand Rapids, Michigan: Baker Academic.

Schwartz, G.D. 1990. Explorations and responses: Noahide Laws, Christian covenants, and

Jewish expectations.Journal of Ecumenical Studies, 27(4):767–72.

Segal, A.F. 1990. Paul the convert: The apostolate and apostasy of Saul the Pharisee. New

Haven: Yale University .

—. 2000a. Conversation four: One covenant or two? Paul and early Christianity on

universalism and cultural pluralism. In Pawlikowski en Perelmuter (reds.) 1995.

—. 2000b. Response: Some aspects of conversion and identity formation in the Christian

community of Paul’s time. In Horsley (red.) 2000.

—. [2003] 2004. Paul’s Jewish presuppositions. In Dunn (red.) [2003] 2004.

Shepherd, M.H. en S.E. Johnson (reds.). 1946. Munerastudiosa: Studies presented to W.H.P.

Hatch on the occasion of his seventieth birthday. Cambridge: Episcopal Theological School.

Staples, J.A. 2011. What do the gentiles have to do with “all Israel”? A fresh look at Romans

11:25-27. Journal of Biblical literature, 130(2):371–90.

Steimer, B. 1992. Vertex traditionis: Die Gattung der altchristlichen

Kirchenordnungen. Beihefte zur Zeitschrift für die Neutestamentliche Wissenschaft 63.

Berlyn, New York: De Gruyter.

650
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

Stendahl, K. 1976. Paul among Jews and Gentiles and other essays. Philadelphia: Fortress

Press.

Stuiber, A. 1961. “Das ganze Joch des Herrn” (Didache 6,2–3). In Cross (red.) 1961.

Thiselton, A.C. 1992. New horizons in hermeneutics. Grand Rapids, Michigan: Zondervan.

Tomson, P.J. 1990. Paul and the Jewish law: Halakha in the letters of the apostle to the

Gentiles. Assen: Van Gorcum.

VanderKam, J.C. 2001. The book of Jubilees. Guides to apocrypha and pseudographia.

Sheffield: Sheffield Academic Press.

Van de Sandt, H. en D. Flusser. 2002. The Didache: Its Jewish sources and its place in early

Judaism and Christianity. Assen: Royal van Gorcum; Minneapolis: Fortress Press.

Wall, R.W. 2002. The Acts of the apostles: Introduction, commentary, and reflections. In

Keck e.a. (reds.) 2002.

Watson, F. 2007. Paul, Judaism, and the Gentiles: Beyond the New Perspective. Grand

Rapids, Michigan: Eerdmans.

Wilson, S.G. [1983] 2005. Luke and the Law. Cambridge, New York, Melbourne, Madrid,

Kaapstad, Singapoer, São Paulo: Cambridge University Press.

Witherington III, B. 1998. The Acts of the apostles: A socio-rhetorical commentary. Grand

Rapids, Michigan: Eerdmans; Carlisle: Paternoster.

—. [2003] 2004. Contemporary perspectives on Paul. In Dunn (red.) [2003] 2004.

Wright, N.T. 2002. The letter to the Romans: Introduction, commentary, and reflections. In

Keck e.a. (reds.) 2002.

—. [2005] 2009. Paul: In fresh perspective. Minneapolis: Fortress Press.

Zoccali, C. 2008. “And so all Israel will be saved”: Competing interpretations of Romans

11.26 in Pauline scholarship. Journal for the study of the New Testament, 30(3):289–318.

651
Eindnotas

LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

1 Een van die prominente Pauliniese gedeeltes wat te doen het met Paulus se siening van ’n

Christus-gelowige se identiteit in verhouding met Israel, is Rom. 9-11 (veral 11:25–7). Die

vertolking van Rom. 11:25–7 is egter só uiteenlopend (vgl. Staples 2011; Zoccali 2008) en

onderhewig aan induktiewe redevoering dat dit nie hier binne rekening gebring gaan word

nie.

Daardeur word egter nie ontken dat dit integraal deel vorm van Paulus se verstaan van

identiteit nie.

2

Nanos (2009:4) voer aan dat Paulus nie ’n wetvrye evangelie verkondig het nie en self die

hele wet onderhou het. Hy noem 2 Kor. 11:22, Fil. 3:3–6, Gal. 2:15 en 5:3, asook 1 Kor.

7:17–24 ter ondersteuning van sy standpunt. In 2 Kor. 11:22 en Fil. 3:3–6 gebruik Paulus

egter die woorde Ἰσραηλίτης en Ἰσραήλ (nie Ἰουδαῖος nie) om sy fisieke herkoms en etnisiteit

te beskryf. Paulus se onberispelikheid “in die onderhouding van die wet van Moses om

vryspraak te kry” (Fil. 3:6) beskryf sy vorige identiteit voordat hy tot geloof in Christus

gekom het. Sedert sy bekering tot die Christelike geloof beskou hy egter sy vorige identiteit

as “waardeloos” en “verwerplik” (Fil. 3:8). In Gal. 2:15 dui Paulus bloot sy etnisiteit aan en

gaan voort om in die volgende vers uitdruklik te sê dat “niemand van sonde vrygespreek

word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo”

(Gal. 2:16; vgl. Segal 1990:130). As Paulus in vers 15 sê dat hy ’n Jood is, verwys hy na sy

status tydens geboorte (die 1983-vertaling lui: “ons is Jode van geboorte”; vgl. bv.

Longenecker 1990:83), en nie om Joodse wetsonderhouding aan te dui nie. Ook Gal. 5:2 −3

plaas wetsonderhouding nie in ’n positiewe lig nie, maar stel dit trouens dat as ’n mens jou

laat besny, jy verplig is om die hele wet te onderhou. Paulus het vroeër in dieselfde brief

geskryf dat diegene wat staatmaak op die onderhouding van die wet, onder die vloek van die

wet geplaas is (3:10, 13). In 1 Kor. 7:19 sê Paulus dat nóg besnydenis nóg onbesnedenheid

van belang is, maar waarop dit wel aankom, is die onderhouding van die ἐντολῶν θεοῦ.

Laasgenoemde term dui egter nie noodwendig op die Tora as sodanig nie, maar kan verstaan

word as (nakoming van) die wil van God (bv. Fee 1987:314) of die gebod van liefde (Pop

1965:141).

3 Mason (2007:481–88) bestempel die begrip godsdiens as ’n Westerse kategorie sonder

vergelyking in die antieke kulture. Hy noem verskeie grondbeginsels waaruit ’n “godsdiens”

saamgestel word: ethnos, kultus, filosofie, deurgangsrites (bv. by ’n geboorte, huwelik en

afsterwe), vrywillige deelgenootskap (bv. kerk of sinagoge), sterrewiggelary en towerkuns.

Die term godsdienstig(e) (byvoeglike naamwoord) bly egter ’n geldige uitdrukking om

Bybelse identiteite mee te beskryf.

4 Ten spyte daarvan dat die meeste Nuwe-Testamentici terminologie

soos Jood/Jode/Joodse gebruik, gaan in hierdie artikel verwys word na Judeër(s)/Judese,

selfs met verwysing na ander wat dit nie gebruik nie (tensy anders aangedui).

652
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

5 Die vernaamste verskil is die feit dat die Nuwe Testament na alle waarskynlikheid uit die

eerste eeu dateer, terwyl die geskrifte wat aan Judaïsme sy eiesoortige karakter verleen, eers

daarná ontstaan het.

6 Volgens Jubileë 7:20–1 het Noag sy kleinseuns beveel om die verordeninge, gebooie en

oordele wat hy geken het, te onderhou. Hy het hulle gemaan om regverdigheid na te jaag; die

skaamte van hulle vlees te bedek; hulle Skepper te eer; hul vader en moeder te eer; hul naaste

lief te hê; en om hulleself te bewaar van losbandigheid, onreinheid en onreg.

7 Daar bestaan wisselende getuienis in Hand. 15:20, 29 en 21:25 wat betref woordorde en

terminologie. Die frase “om te onthou van die besoedeling van afgode” (ἀπέχεσθαι τῶν

ἀλισγημάτων τῶν εἰδώλων) in 15:20 lees “om te onthou van [vleis/kos] aan afgode geoffer”

(ἀπέχεσθαι εἰδωλοθύτων) in 15:29, en “om hulleself te onthou van [dinge/kos] wat aan

afgode geoffer is” (φυλάσσεσθαι αὐτοὺς τό τε εἰδωλόθυτον) in 21:25. Witherington III

(1998:461) merk op dat daar nie ’n behoorlike ekwivalent vir die woord εἰδωλόθυτον in die

Judese literatuur bestaan nie. Dit moet dus ’n uitdrukking wees wat in die vroeë Christusgelowige

gemeenskap ontstaan het.

8 In Hand. 15:20 laat sommige Westerse tekste die frase καὶ τοῦ πνικτοῦ weg, en voeg

ná αἵματος by: καὶὅσα μὴ θέλουσιν ἑαυτοῖς γίνεσθαι ἑτέροις μὴ ποιεῖν (“en moenie aan ander

doen waarvan hulle nie sou hou om aan hulself gedoen te word nie”) by. Laasgenoemde is ’n

negatiewe vorm van die sogenaamde Goue Reël. Hierdie byvoeging is waarskynlik gedoen

om die lys vir ’n latere tydstip aktueel te maak (Wall 2002:220). Soortgelyke wysigings kom

voor in Westerse tekste van Hand. 15:29 en 21:25.

9 Die “oprigting van die vervalle huis van Dawid” (Hand. 15:16) dui op die vervulling van

die Skrif in die universele heerskappy van die gekruisigde Messias. Dit het reeds gebeur deur

die opstanding en verhoging van Christus aan die regterhand van God (Peterson 2009:431).

Dit sluit dus die heidene by God se volk in (vgl. Peterson 2009:432; Barrett 2002:231−2).

10 Baie van hierdie mondelinge oorlewerings is verwerk in die Zohar (laat 13de eeu n.C.) wat

deur Kabbaliste as die “Bybel” van Kabbalisme beskou word (Kabbalah 1991).

11 Hoewel Jaffee argumenteer teen ’n esoteriese lyn van mondelinge oorlewering wat aan die

rabbynse tradisies verbind kan word, maak sy besorgdheid nie die term mondelinge Tora los

van die synsleer nie, selfs al sou die rabbynse Wyses dit nie erken het nie.

12 Hoewel die presiese datum van Paulus se dood onbekend is, word dit bereken op ongeveer

65 n.C. (Carson en Moo 2005:370; Bruce [1977] 2000:475).

13 Hoewel die Israeliete in die Ou Testament beskou word as God se uitverkore mense (bv.

Deut. 7:6; 10:15; 14:2), is dit opmerklik dat die idee van Joodse meerderwaardigheid eers in

rabbynse Judaïsme posgevat het. In die rabbynse leer word Jode sogenaamd van oorerflike

menslike boosheid bevry deur die wonderwerk wat gepaard gegaan het met die ontvangs van

653
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

die Tora. Aangesien dié beskouing aanspraak maak op ’n mistieke of metafisiese kern wat in

’n Jood sou woon en hom of haar onderskei van nie-Jode (Lundgren 2003:1732), is dit

wesenlik ’n essensialistiese siening (die siening dat ’n bepaalde groep mense sekere

noodsaaklike, inherente eienskappe het wat hulle identiteit onderskei van dié van ander

mense).

14 Die gedagte dat daar ’n rangorde is wat Joodse mense van ander onderskei, kan gesien

word in die geskrifte van Juda Halevi (5:20) wat ’n essensialistiese beskouing van

uitverkiesing gehuldig het. Ook volgens die Middeleeuse Joodse filosoof Maimonides was

die Jode verhewe bo nie-Jode, ’n meerderwaardigheid wat volgens hom spruit uit die besit

van die Tora. Ook die Talmoediese geleerde Maharal het Jode beskou as van ’n verhewe

godsdienstige en morele kaliber (Lundgren 2003:1732–4).

15 Die essensialistiese beskouing en mistieke oorlewering van Juda Halevi is behou in die

Chassidisme. Rabbi Israel Baäl Shem Tov (1700–1760), die stigter van die Chassidiese

Judaïsme, het dieselfde essensialistiese siening gehad van Jode in die Kabbala; hy het ’n vonk

van heiligheid in elke Jood gesien. Hoewel baie moderne Jode essensialisme verwerp, kan ’n

meer subtiele vorm daarvan steeds in hoofstroom moderne Joodse denke geïdentifiseer word

(Lundgren 2003:1735).

16 Segal (2000a:122) voer aan dat dit onverstandig sou wees om die beginsel van welwillende

universalisme in die boek Jubileë te probeer vind. Die boek vertoon volgens hom ’n gesplete

wêreldbeskouing op beide Goddelike en menslike vlak. Israel word beskou as ’n goeie

koninkryk, wat beteken dat die bekering van heidene feitlik onmoontlik is.

17 Gal. 1:6−7 lui: “Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die

genade van Christus geroep het, na ’n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie;

behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus

wil verdraai” (1933/1953 Afrikaanse vertaling). Nanos (2002:56–61) het egter ’n komplekse

verstaan van hierdie gedeelte. Hy verstaan θαυμάζω (“ek verwonder my”) in Gal. 1:6 as deel

van ’n gevestigde retoriese oorlewering van ironie, wat daarop sou sinspeel dat Paulus nóg

verstom was, nóg dat die teenstanders ’n ander “evangelie” (εὐαγγέλιον) verkondig het.

Volgens Nanos sou Paulus bedoel het dat hy teleurgesteld was met die optrede van die

heidene in Galasië en hulle voorspelbare reaksie teenoor die “Joodse” aanbod van insluiting

(dit was die maklike uitweg uit hulle identiteitskrisis). Dit wat die Galasiese heidene as

“goeie nuus” (evangelie) in Christus sou beleef (om besny te wees en “Joods” te word), sou

inderwaarheid ’n afwyking wees van die evangelie se bedoeling. Die besluit om “vorentoe” te

beweeg in “Judaïsme” in, sou dan eintlik ’n terugval tot in die denke en optrede van die “ou

tydvak” beteken (kyk Heen 2002).

18 Nanos (2002:217–33) verklaar Gal. 6:12 op so ’n wyse dat diegene wat die Galasiese

gemeenskap beïnvloed het, “Joodse mense” was wat proseliete wou maak van heidense

Christus-gelowiges. As hulle nie hulle gesag uitgeoefen het nie, sou die “Joodse”

gemeenskap in Galasië die gegriefdheid en aanval van die nie-“Joodse” inwoners ten prooi

654
LitNet Akademies Jaargang 10 (1), Maart 2013

val. As die gelowiges in Christus nie tot proseliete gemaak kon word nie, sou die “Joodse”

gemeenskap vervolg word ter wille van die kruis van Christus (kyk Heen 2002).

19 Boyarin (1994:233) gee dit gedeeltelik toe wanneer hy met verwysing na die Noagitiese

wette skryf dat die versoeking tot meerderwaardigheid ingebou is in so ’n stelsel.

20 Hierdie begrip moet onderskei word van die gedagte van wedersydse bekragtiging van

elkeen se bestaan. Laasgenoemde word deur Campbell (2008:133) en Cohen (1997:328) tot

probleem gemaak en indirek gestel teenoor ’n behoudende Christelike verstaan van identiteit,

maar dit wil voorkom of so ’n siening die dieper kwessie systap. Ondanks die hermeneutiese

afstand tussen Judese en Joodse identiteit, kan daar selfs nie vanuit ’n evangeliese

interpretasie van Paulus aangevoer word dat hy teen die bestaan van Judeërs gekant was of

dat hy gemeen het hulle moet ophou bestaan nie. Veel eerder was sy oortuiging dat God se

mense (kinders deur aanneming) in die nuwe eskatologiese tydvak slegs aan geloof en die

inwoning van die Heilige Gees uitgeken kan word.

21 Dit is natuurlik ’n omstrede kwessie hierdie. Een van die gedeeltes waar daar dikwels

gesoek word na ’n grondslag, buiten geloof in Christus, waarop persone as “God se mense”

beskou kan word, is Rom. 4 (veral verse 12 en 16). Die gedagte dat πατέρα περιτομῆς τοῖς

οὐκ ἐκ περιτομῆς μόνον (vers 12) ’n afsonderlike groep vorm, moet feitlik vir seker afgewys

word – dié woorde moet eerder saam met ἀλλὰ καὶ τοῖς στοιχοῦσιν τοῖς ἴχνεσιν τῆς ἐν

ἀκροβυστίᾳ πίστεως τοῦ πατρὸς ἡμῶν Ἀβραάμ gelees word. Met ander woorde: een groep

word aangedui wat nie alleen fisiese afstammelinge van Abraham is nie, maar óók glo (bv.

Moo 1996:270; Dunn 1988a:210–1). Hoewel verskeie vertolkings van vers 16 moontlik is,

dui οὐ τῷἐκ τοῦ νόμου μόνον ἀλλὰ καὶ τῷἐκ πίστεως Ἀβραάμwaarskynlik op beide Christusgelowige

Judeërs én heidene (bv. Jewett 2007:331), eerder as op “gelowige” Judeërs los van

Christus (teenoor Dunn 1988a:216). Jipp (2009) argumenteer byvoorbeeld dat Romeine

3:27–4:1 ’n vooruitskouing bied op die Abraham-verslag in 4:2–25, waar op vier onderdele

gefokus word: (a) die uitsluiting van werke in regverdigmaking (Rom. 3:27–8; vgl. 4:2–8);

(b) Abraham se regverdigmaking as voorafgaande tot sy besnydenis (3:29–30; vgl. 4:9–12);

(c) die samehang tussen wet en geloof (3:31; vgl. 4:13–5), en (d) die aard van Abraham se

vaderskap (4:1; vgl. 4:16–25). In hierdie verklaring moet die Abraham-verslag verstaan word

in die lig van Paulus se vorige Christologiese verbintenisse, waar Abraham dien as

verteenwoordigende figuur wie se verhaal tipologies eienskappe van Paulus se evangelie

afbeeld (Jipp 2009:239). Dit is dus waarskynlik dat Paulus in Rom. 4 geloof in die evangelie

in gedagte het (Wright 2002:492, 502; Moo 1996:270, 277–9, 287; vgl. Jewett 2007:331,

342). Die ander teks wat dikwels in hierdie debat aangevoer word, is Rom. 11:26. Maar die

vertolkings daarvan is só wyd uiteenlopend (sien bv. Zoccali 2009) dat ’n beginsel van

kindskap op enige ander grond as geloof in Christus nie onomwonde daaruit afgelei kan word

nie.

655
Inligting oor LitNet Akademies

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels

gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse

navorsingsartikels publiseer.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNethiperteksomgewing.

Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul

deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet

se SeminaarKamer en resensie-essays in ons Boeke en skrywers-node.

LitNet Akademies bied die volgende navorsingsgeld vir portuurbeoordeelde gepubliseerde

artikels aan:

• Natuurwetenskappe: R15 000

• Regte: R15 000

• Geesteswetenskappe: R10 000

• Godsdienswetenskappe: R10 000

LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie, en die skrywers van artikels behou

kopiereg.

Besoek http://litnet.co.za/Category/akademies/litnet-akademies vir nog inligting, asook styl-

en voorleggingsriglyne.

LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die

Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikels is

portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.