02.05.2013 Views

Geagte Ouers - kroonheuwel.co.za

Geagte Ouers - kroonheuwel.co.za

Geagte Ouers - kroonheuwel.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Geagte Ouers

1. ALGEMENE INLIGTING

OMSENDBRIEF 35

18 Oktober 2012

1.1 BEGROTING: 2013. Kennis geskied hiermee van ‘n algemene ouervergadering om die Begroting van

2013 goed te keur. Die vergadering sal plaasvind op Maandag 12 November 2012 om 18:00 in die voorportaal

van die skool. Alle ouers van kinders in Graad R tot Graad 6, word vriendelik versoek om hierdie vergadering by

te woon. Die Begroting sal vanaf 29 Oktober vir besigtiging in die skoolhoof se kantoor beskikbaar wees.

1.2 GRAAD 1-KUIERDAG. Inskrywings vir nuwe graad 1-leerders vir 2013 is reeds oop. Graad R-leerders

wat tans in Kleuterkommando ingeskryf is, hoef nie weer ‘n toelatingsvorm te voltooi nie. Slegs nuwe kinders wat

graag na ons skool toe wil kom, moet ingeskryf word.

Kuierdag vir graad 1’s van 2013

Vrydag 19 Oktober tussen 10:00 en 12:00

1.3 HERREGISTRASIES VIR 2013. Elke kind wat tans in die Wieg, Kleuterskool of Primêre Skool is,

sal ‘n herregistrasievorm ontvang waarop u kind se inligting reeds deur die rekenaar ingevul is. U moet dit asseblief

kontroleer en indien daar enige veranderinge is, vra ons dat u dit asb met rooipen sal aandui, sodat ons die

aanpassings op ons rekenaarstelsel kan doen. Alle herregistrasies moet aan die skool terugbesorg word voordat die

skool aan die einde van die jaar sluit.

1.4 VERANDERING: BELEID PRESTIGE-AAND. ‘n Verandering aan die Beleid is deur die BL

goedgekeur tov die toekenning van ere-kleure onder Sport en Kultuur. Sport/Kultuur buite skoolverband sal in die

toekoms soos volg hanteer word:

* Tydens saalopening sal daar aan leerders erkenning gegee word vir hulle prestasies in sport/kultuur

wat nie deur die skool aangebied word nie. Die onus rus op die onderskeie Liggame en ouers om die skool in kennis

te stel van die leerders se prestasies. Sertifikate, medaljes ens. saam met ‘n kort beskrywing van prestasies wat

behaal is, moet na die skool gestuur word.

* Geen verdere erkenning word aan leerders gegee tydens die Prestige-aand vir prestasies in

sport/kultuur buite skoolverband nie.

1.5 WENBRIEF IN LANDBOUWEEKBLAD. Een van ons leerders, Jaap Erasmus, het die wenbrief in

die Landbou Weekblad van 19 Oktober 2012 geskryf. Baie geluk, Jaap, ons is saam trots op jou mooi brief! Ons

plaas die brief elders in die Omsendbrief.

2. SPORT

2.1 TENNIS. Ons het die finale tenniswedstryde vir die o.14 Seuns op Woensdag 17 Oktober teen Sentrale

Volkskool gespeel. Die uitslae is soos volg:

Seuns o.14 A wen 36-19

Seuns o.14 B wen 31-24

Aangesien albei spanne hierdie wedstryde gewen het, kan ons aankondig dat die seuns o.14 A-, B- en C-spanne

onoorwonne is en dus hulle liga’s gewen het. Baie geluk, seuns – ons is trots op julle Die Seuns o.14A-span

kwalifiseer om op Vrydag 19 Oktober uit te speel op Sasolburg vir die NVS-wenners. Baie sterkte!

2.2 KRIEKET. Die volgende ligawedstryde het vanaf 11 Oktober tot 17 Oktober plaasgevind:

Donderdag 11 Oktober o.14A: KPS @ COE KPS wen met 289 lopies

Maandag 15 Oktober o.14B1: KPS @ Eben Dönges A KPS wen met 94 lopies

o.14B2: KPS @ SVS B SVS wen met 37 lopies

Dinsdag 16 Oktober o.11A: KPS @ Eben Dönges KPS wen met 8 paaltjies

o.11B: KPS @ SVS B KPS wen met 8 paaltjies

Woensdag 17 Oktober o.9B: KPS @ SVS C KPS wen met 5 paaltjies

o.9A: KPS @ Humansvlakte KPS wen met 6 paaltjies

2.3 JUKSKEI. Tydens die Inter Provinsiale Jukskei Toernooi wat plaasgevind het op 13 Oktober 2012 in

Bloemfontein, het leerders van ons skool soos volg presteer. Die provinsies wat deelgeneem het, is Noord-Kaap,

Suid-Vrystaat, Oos-Vrystaat, Noord-Vrystaat en spanne van die Fezile Dabi-streek. Die volgende spelers se

spanne het goue medaljes gewen: Gerhard du Preez, Petrus van der Linde, Joline Grobler, Suné Grobler, Su-ané

Baumgarten, Niel du Preez en Meyer van der Merwe.

5 Bestes wat aangewys is, is Suné Grobler en Su-ané Baumgarten (D o.13), Petrus van der Linde (S o.13), Joline

Grobler (D o.16) en Gerhard du Preez (S o.16) Baie geluk!

3. OMGEE

In samewerking met KFC word ‘n omgeeprojek geloods op Vrydag 26 Oktober. Leerders kry die geleentheid om

rooi of wit aan te trek en in ruil vir hierdie voorreg, word elke leerder versoek om ‘n nie-bederfbare produk (bv

blikkieskos, soppoeier), skool toe te bring. Die doel van hierdie aksie is om te wys dat ons vir ons minderbevoorregtes

binne ons skoolgemeenskap, omgee. Hierdie produkte sal gedurende Desember versprei word.

4. DOELWIT VIR DIE WEEK

RESPEK TEENOOR MY MEERDERES

Rom 13:1-7 “Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers

geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God

Vers om te onthou: 1 Tim 2:1-2 Daar moet gebid word “vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat

gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle

eerbaarheid.”

Gebed: Here Jesus, help my om die nodige respek teenoor my meerderes te betoon.

Vriendelike groete.

JJ Geldenhuys

SKOOLHOOF

Mamma ek wil Kleuterskool en Wieg toe gaan!

Watter skool my liewe kind?

Wil jy na KLEUTERKOMMANDO toe gaan?

JA! Mamma JA!

Want al my maats sê Kleuterkommando is die BESTE kleuterskool en wieg in die dorp

en dit is ook nog by die

HEEL BESTE laerskool in Kroonstad, naamlik

KROONHEUWEL PRIMĒRE SKOOL!!

Kleuterskool Bonuspunte:

*8 gekwalifiseerde onderwyseresse

*3 voltydse assistente

*Beginner’s Booster (rekenaargesteunde leesvoorbereiding) 4-6

jaar

(ingesluit by die skoolgelde)

*Fedukwas vir Graad R (ingesluit by die skoolgelde)

*Skoolgereedheidstoetse en Ouditiewe Sifting kan afgeneem

word

*Ouderdomsgroepe 2-6 jaar

*Skooltye: 07:15 – 13:30

Opsioneel: Middagklas 13:30 tot 17:00

Wieg Bonuspunte:

*1 gekwalifiseerde onderwyseres

*2 voltydse assistente

*Ouderdomsgroepe 3 maande tot 2 jaar

*Skooltye: 07:00 – 17:00

*Oop gedurede die vakansie, behalwe Desember & Januarie

*Playball, Monkeynastix, Ballet, Free Style, Kindermusik, Active English en Experi-maatjies (vir

Graad R) word ook op die terrein aangebied

Kom na ons ope dag, vertel u vriende!!

Saterdag, 20 Oktober 2012, 08:00 tot 09:30

Skoolsaal van Kroonheuwel Primêre Skool

Kom kyk na ons geriewe. Kom maak gerus kennis met ons!

Skakel ons by 056 – 2124863 vir enige verdere inligting!

Naamplakkers en aanstryketikette

Finale bestel- en betaaldatum : Vrydag 19 Oktober

Baie temas om van te kies!

Koste: R50 vir 120 plakkers

R50 vir 25 aanstryketikette

Bestellings by registeronderwysers/skoolkantoor (Erine)

Navrae: Carina Serfontein 083 635 2851

U kan weer van die heerlike ‘muffin mix’ bestel. Voltooi asb onderstaande

bestelling en stuur dit met u betaling terug na die Kleuterskool. Baie dankie

As gevolg van die feit dat die eksamen tot 30 November aanhou, was ons

genoodsaak om die Kersmark na die eerste week in Desember te skuif. Ons vertrou

dat u ons nog steeds sal kom ondersteun! Skakel Carina Serfontein indien u ‘n

stalletjie wil bespreek by 083 635 2851.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!