05.05.2013 Views

Geagte Ouers - kroonheuwel.co.za

Geagte Ouers - kroonheuwel.co.za

Geagte Ouers - kroonheuwel.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

NB

Geagte Ouers

1. ALGEMENE INLIGTING

1.1 BEHEERLIGGAAMSVERKIESING. Soos u seker reeds in die media gehoor het, vind die BLverkiesings

landswyd hierdie jaar gedurende Maart plaas. Vanaf die Departement van Onderwys se kant, wil hulle

ouers volledig inlig oor die prosedure rondom die verkiesing en ouers se insette daarin. Daar vind „n algemene

inligtingsvergadering vir al die ouers van die Kroonstadskole plaas op 13 Februarie om 18:00 in die skoolsaal van

Afrikaans Hoër. Dit sal goed wees indien soveel as moontlik ouers hierdie vergadering kan bywoon, sodat die

verkiesingsproses glad en suksesvol kan verloop.

Ons skool se nominasievergadering word beplan vir 1 Maart om 17:30 in die skoolsaal. Die verkiesing sal op 2

Maart vanaf 07:00 tot 18:00 wees sodat soveel ouers as moontlik kan kom stem. Die stemming sal per geslote

stembrief geskied waar u u stem uitbring en in „n verseëlde houer plaas. Na 18:00 op 2 Maart sal die stemme deur

die verkiesingskomitee getel word en die uitslag beskikbaar gestel word.

Indien die stempersentasie nie 15% of meer van ons ouertal is nie, moet die hele proses herhaal word. U is

welkom om die voorgeskrewe nominasievorm vir „n kandidaat by die skoolkantoor te kom afhaal wat deur die

genomineerde en „n sekondant geteken moet word. Ons versoek u om asseblief betrokke te wees by hierdie BLverkiesing,

sodat ons die volle hoeveelheid kandidate sal kry. Die BL van Kroonheuwel bestaan uit 5 ouers, 3

onderwysers en 1 administratiewe personeellid.

1.2 KERSMARK 2011. Die Kersmark wat gedurende Desember 2011 in die skoolsaal plaasgevind het, het

die pragtige bedrag van R37 222.49 as wins getoon! Baie dankie aan mev Tanya Nel en haar span ouers wat so

hard gewerk het! Ons het besluit om dié geld, tesame met die borgskap van Kentucky vir 2012 (R32 500), te

gebruik om die boonste tennisbaan weer te laat herseël teen die bedrag van R62 000. Dit is voorwaar „n

waardevolle verbetering tot ons fasiliteite wat nie moontlik sou wees sonder u betrokkenheid nie!

1.3 PA-EN-SEUN-OORSLAAP. Ons jaarlikse pa-en-seun-oorslaap vind plaas op Vrydag 24 Februarie

2012. Die kostes beloop R150 per staanplek. Indien daar seuns is wat alleen wil kamp, is die kostes R20. Die

besprekings kan gedoen word by mnre Tommie Doubell en Frik Eloff. Ons sien daarna uit dat almal daar sal wees.

2. SPORT

GPS 27° 38’ 30 S

27° 14’ 08 E

/ Rekenaarfaks 086 695 0656

OMSENDBRIEF 4

9 Februarie 2012

2.1 ATLETIEK.

2.1.1 Atletiekdrag. Ons wil volgende jaar ons atletiekdrag verander. Indien daar ouers is wat atletiekdrag by

die huis het en dit nie meer gebruik nie, sal ek dit waardeer indien u dit vir ons kan stuur, sodat ons ander

deelnemers daarmee kan help. Daar is wel nuwe atletiekdrag by Rellings beskikbaar, maar indien u iewers klere te

leen sou kry, is u welkom om dit so te doen.

2.1.2 Satelliet-atletiekbyeenkoms. Die Satelliet-atletiekbyeenkoms vind plaas op 14 Februarie

en die Kroon-byeenkoms op 23 Februarie. Die byeenkomste begin reeds om 07:00 en dus sal daar

geen formele skool en studie vir die leerders op hierdie 2 dae wees nie. Baie sterkte aan die atlete.

Die Satellietspan sal ongelukkig eers op Maandag 13 Februarie aangekondig kan word, aangesien Saterdag se

byeenkoms op Leeuwspruit nog as proewe dien. Indien daar ouers is wat bereid sal wees om as beamptes op te

tree tydens die Satellietbyeenkoms, kan u asb die skoolkantoor skakel en u naam by die sekretaresse opgee. Die

byeenkoms duur vanaf 07:00 tot ongeveer 14:00.

2.2 NETBAL-GHOLFDAG. Die Gholfdag ten bate van die Netbal, het verlede Saterdag baie goed

afgeloop. Die Netbalafrigters wil graag almal wat betrokke was, hetsy met „n borg of dié wat gewerk het, hartlik

bedank. Sonder u insette sou die dag nie so „n groot sukses gewees het nie.

2.3 SWEM.

2.3.1 Kroon Primêr Swemgala. Tydens die Kroon-Uitnodigingsgala op 27 Januarie, het ons swemmers weer

uitstekend gevaar. Ons het 7 goue, 10 silwer en 7 brons medaljes verower. Ons dogters, sowel as ons seuns, was

eerste in hulle afdelings en dus het ons skool in geheel in die eerste plek geëindig. Baie geluk en dankie aan elke

swemmer vir sy/haar deelname.

2.3.2 NV Inter-Primêre Swemgala: Die gala het verlede Vrydag by Môrewag-swembad plaasgevind. Daar het 13

skole deelgeneem. Die top 5 skole se uitslae was soos volg:

Posisie Dogters Seuns Algeheel

1 Bultfontein 369 Kroonheuwel P/S 580 Kroonheuwel 894

2 Kroonheuwel P/S 314 St Dominics 289 St Dominics 569

3 St Dominics 280 St Helena 182 Bultfontein 507

4 Sentrale Volkskool 247 Bultfontein 138 Sentrale Volkskool 350

5 Fiksburg 126 Sentrale Volkskool 103 St Helena 201

Robbie le Roux is aangewys as Victor Lodorum en eindig dus 1ste as Seuns Ope Individuele Telling-kampioen. Baie

geluk Robbie, jy verdien dit en ons is trots op jou. Verder eindig nog 3 seuns onder die Top Tien:

Hanno Geldenhuys 4de 6 rekords is op die dag gebreek en 4 daarvan deur

Leo Vergottini 5de Ferdi Vergottini en Jurie Geldenhuys

Hendré Oosthuizen 7de

In die Dogters Ope Individuele Telling eindig Mia van Oudtshoorn in die 3de posisie - Mooi Mia!

Ons skool het uit verskeie oorde gelukwensings ontvang met die professionele aanbieding en organisasie van die

NV Primêre Skole Swemkampioenskap.

Vir elke personeellid (almal vanaf gr 1 tot gr 7 was betrokke), die administratiewe dames en ons gr 7-ouers wat die

snoepie beman het, Cobus en die werkers – baie dankie vir elkeen se insette en harde werk. Dit word waardeer en

sonder u hulp sou die gala nie so suksesvol afgeloop het nie.

Die belangrikste bly ons swemmers. Baie dankie dat elkeen van julle, seuns en dogters, julle beste gegee het.

Kroonheuwel Primêre Skool is vir die 3de agtereenvolgende jaar NVS-kampioen en dit is net te danke aan julle!

Meneer is baie trots op julle almal!

3. KULTUUR

3.1 ATKV-REDENAARS. Ons herinner u graag weer aan die temas vir vanjaar se kompetisie:

Gr 1-3 (2-4 min) Gr 4 en 5 (2-4 min) Graad 6 en 7 (4-5 min)

Hande Vlieërs Wurm

Blaf Hekke Sambok

Skatte Resepte Gom

Die datum van die ATKV-redenaars se uitdunne by die skool is 22 Maart 2012 om 17:30. Maak goed gebruik van

die tyd en oefen hard! Indien „n leerder deurdring na die halfeindronde is inskrywingsgeld van R150 betaalbaar.

4. VALENTYNSDAG GR 7-PROJEK

4.1 Aangesien die Satelliet-atletiekbyeenkoms op 14 Februarie plaasvind, hou die skool Valentynsdag op Vrydag

10 Februarie. Leerders mag op die betrokke dag met gewone klere skool toe kom teen geen ekstra koste nie.

Heerlike eet- en drinkgoed en pragtige geskenke sal verkoop word.

Die Valentynsokkie vir leerders van graad 4 tot graad 7 sal op Maandag 13 Februarie vanaf 18:00 – 21:00 in die

skoolsaal plaasvind. Die toegang is R5 per leerder en net ons eie skool se kinders sal toegelaat word. Daar sal „n

snoepie met “glow in the dark”-lekkers, koeldrank en geroosterde broodjies te koop wees.

Die Leerderraad verkoop weer soentjies teen 50c per soentjie. Die meeste soentjies aan „n dogter en „n seun sal

Meneer en Mejuffrou Valentyn wees. Die wenners sal op Maandag 13 Februarie aangekondig word.

5. FOTO’S

Die pakket vir die individuele foto‟s is te koop teen R40. Dit bestaan uit 2 x A5 (15 x 23 cm) foto‟s, 3 x Jumbo‟s

(10 x 15 cm), 1 x Jumbo (10 x 15 cm) met die volgende op: 1 x 6,5 x 9,5 cm foto, 2 x sleutelhouergrootte foto‟s en

1 x boekmerk. Al die foto‟s het die skool se naam en wapen op. U kan nou al die foto‟s by u kind se

registeronderwyser kom betaal. Sluitingsdatum vir bestellings is 12 Maart. Die foto‟s word op 16 Maart geneem.

Geen kind sal afgeneem word indien dit nie betaal is nie.

6. DOELWIT VAN DIE WEEK

Die vyf boeke van die wet

Deut 10:17 “Die Here jou God, Hy alleen is God die Here: die groot God, die magtige wat wonderdade doen.”

Versie om te onthou: Ps 119:130 “Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié

wat nog onervare is.”

Doelwit om na te streef: Vertel vandag nog vir iemand van God se liefde en as jy weet van iemand wat

nog nie ‘n Bybel het nie, moet jy sorg dat hy/sy een kry.

Vriendelike groete.

JJ Geldenhuys vind weer plaas te Kroonpark op

SKOOLHOOF 9, 10 en 11 Februarie

Interessante Boeredag en Damesoggend:

Vrydagoggend 9:00 tot 13:00

Karlien Husselman: Vrydagaand 20:00

Sunè en Robbie Wessels: Saterdagaand vanaf 18:00

Nog jong talent uit die Vrystaat en baie om te sien en te doen.

Toegang sluit alle vertonings in.

Toegang Vrydag: R30 volwassenes

R15 skoolgaande kinders (voorskool gratis)

Toegang Saterdag: R50 volwassenes en hoërskool-kinders

R20 laerskool-kinders (voorskool gratis)

GRATIS INENTING - FREE INNOCULATION -

ENTE YA MAHALA

HONDSDOLHEID

‘n DODELIKE SIEKTE

RABIES

A DEADLY DISEASE

LEFU LA MARABI

LE KOTSI LE YA

BOLAYA

Hondsdolheid is dodelik vir mens en dier

Rabies kills animals and people

Le bolaya diphoofolo le batho

Gratis inentings teen hondsdolheid vir alle honde en katte ouer as drie (3) maande

Free innoculation against rabies for all dogs and cats older than three (3) months

Enta ya mahala bakeng se marabi dintjeng le dikatse tse ka hodimo ho dikgwedi tse tharo (3)

Voorkom hondsdolheid deur jou

honde en katte te ent

Prevent rabies by innoculate your

dogs and cats

Thibela marabi ka ho enta dintja le

dikatse

Navrae: State Veterinarian /

Inquiries: Animal Health Technician

Dipotsisiso: Kroonstad

Tel nr: 056 212 3126

056 212 3127

056 212 3133

Honde moet aan leibande wees en katte in lemoen sakkies

Dogs must be on a leash and cats must be in orange bags

Dintja di tlangwe mabanta molaleng, dikatse di kenngwe ka mekotlaneng ya dilamunu

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!