04.05.2013 Views

Geagte Ouers - kroonheuwel.co.za

Geagte Ouers - kroonheuwel.co.za

Geagte Ouers - kroonheuwel.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Geagte Ouers

1. ALGEMENE INLIGTING

1.1 RUGBY EN NETBAL TEEN KOPPIE ALLEEN. U sal op die kwartaalprogram merk dat die rugby- en

netbalwedstryde teen Koppie Alleen hier op ons velde, vir 25 April geskeduleer was. Koppie Alleen het egter

versoek dat die wedstryde na Dinsdag 24 April verskuif moet word, as gevolg van die langnaweek. Dit sal dus nie

nodig wees dat ons kultuurmiddag van 25 April verskuif hoef te word nie. Die skool sal op 24 April nog steeds om

13:30 verdaag. Ons versoek u vriendelik om asseblief ons ligawedstryde hier op ons terrein te kom ondersteun!

1.2 TOP 10-PRESTEERDERS VAN DIE 1STE KWARTAAL 2012. Die Top 10-presteerders word

eers amptelik met die Prestige-aand vasgestel. Ons gee egter graag die 1ste kwartaal se top 10-leerders van graad

4 tot 7 aan u deur. Slegs leerders wie se jaarlikse gemiddeld bo 80% aan die einde van die derde kwartaal is, word

onder die top 10 gereken. L.W. dat die persentasies bereken word sonder die insluiting van Lewensoriëntering.

GRAAD 4 GRAAD 5 GRAAD 6 GRAAD 7

Carla Schagen 91,00 Annabella Zitzke 95,75 Monté Ekron 85,63 Tayla Swanepoel 85,88

Charlotte Doubell 89,25 Lumé vd Merwe 93,88 Jaco Keyser 83,75 Franco vd Walt 83,75

Maroné Grové 85,63 Amy van Biljon 90,38 Henko Delport 82,88 Julani Smit 83,25

Marlien Smalberger 85,50 Hanno Geldenhuys 88,88 Nadine Steenkamp 80,75 Mia v Oudtshoorn 82,75

Karla vd Westhuizen 83,63 Anja vd Merwe 88,00 Jaap Erasmus 80,00 Armand Holtzhausen 82,38

Janké Crots 82,75 Naas v Rooyen 85,88 Dirk Bothma 79,88 Frans Keyser 82,38

Henrico Wolmarans 80,00 Suné Grobler 85,75 Meyer vd Merwe 79,38 Mari van Rhyn 80,13

Megan Cornelissen 79,63 Justin Pieters 85,25 Janike v Jaarsveld 79,25 Robbie le Roux 79,25

Anardo Botha 79,13 Nika Pelser 84,88 Jolize Kleingeld 78,50 Jaco v Rooyen 78,75

Zany Beneke 79,00 Anri Müller 83,00 Esmie Rossouw 78,50 Eliz-Mari Opperman 77,88

1.3 ELEKTRONIESE BETALINGS.

/ Rekenaarfaks 086 695 0656

GPS 27° 38’ 30” S

27° 14’ 08” E

OMSENDBRIEF 13

19 April 2012

Die skoolsweetpakke het gearriveer! Ons gee u slegs volgende week die geleentheid om elke dag vanaf

13:00 tot 13:30 te kom pas en koop, aangesien die kinders vanaf 2 Mei met wintersdrag moet skool toe

kom. Daarna sal dit slegs op Woensdae vanaf 13:00 tot 13:30 te koop wees. Pryslys aan einde van brief.

1.3.1 U Direkte Inbetalings. Baie dankie dat u u eie inbetalings doen. Dit vergemaklik ons taak aansienlik. Daar

is egter net ‘n paar belangrike versoeke:

i. Gebruik asb u familiekode (die 4-syferkode bokant u adres op die rekeningstaat) vir alle inbetalings

en sit in die verwysingsblokkie of dit vir skoolgeld, redenaars, Voortrekkers, sweetpakke, ens. is.

ii. Moet asb nie slegs u kind se naam of u van by die verwysing insit nie, aangesien daar meer as 1 kind

met dieselfde naam of van in die skool is en dit die korrekte toewysing dus moeilik maak.

Ons sal u samewerking hiermee geweldig waardeer.

1.3.2 Skoolgeld. Met die einde van die maand wat in die vakansie geval het en die einde van April wat weer ‘n

langnaweek is, versoek ek u om seker te maak dat u nie met die betaling van u skool, kleuterskool en wieg se geld

agterraak nie. Skakel gerus die skoolkantoor indien u onseker oor u betalings is.

1.4 NAUTILUS. Die tweede kamp van die jaar vind plaas op Saterdag 5 Mei in Bloemfontein. Enige leerder

van graad 4 – 7 is welkom om te gaan deelneem. Die koste beloop R130 wat ‘n versnapering en middagete insluit.

Indien u u kind wil inskryf, kan die geld voor 26 April by juf Christa Groenewald inbetaal word.

1.5 KWARTAALLIKSE BETALINGS.

1.5.1 Studieklasse. Die R400 per leerder vir studie moet asb voor 26 April aan die onderskeie studiepersoneel

betaal word, behalwe graad 1 se gelde wat by die skoolkantoor betaal moet word.

1.5.2 Sluitkaste. Indien u kind weer sy sluitkas vir hierdie kwartaal wil gebruik, moet die R30 voor die einde van

hierdie week by die kantoor betaal word, anders sal die sluitkas aan ‘n ander kind toegeken word.

3. OMGEE

3.1 BROODJIE-MAMMAS. Die skoolkwartale is hierdie jaar langer as in die verlede en daarom het ons

nog nie genoeg mammas om broodjies vir ons honger kinders te gee nie. Indien u self werk en nie kan broodjies

maak nie, kan u gerus ‘n geldelike bydrae gee en ons kan die aankope dan self hanteer. Skakel die skoolkantoor (mev

Annetjie Knight) indien u kan help. Ondersteun asb hierdie verdienstelike aksie!

4. SPORT

4.1 RUGBY- EN NETBAL-UITSLAE. Gister het ons rugby- en netbalwedstryde teen Riebeeckstad op

hulle terrein gaan speel. Die uitslae is soos volg:

Rugby:

Bulletjie witspan Verloor 4-5 o.11A Wen 49-0 o.13A Wen 17-14

Bulletjie geelspan Wen 6-1 o.11B Wen 54-5 o.13B Wen 44-0

o.9A Wen 44-0

Netbal:

o.7A Wen 4-1 o.9A Verloor 7-9 o.11A Verloor 10-11

o.7B Verloor 0-1 o.9B Verloor 3-6 o.11B Gelykop 8-8

o.8A Wen 6-3 o.10A Wen 9-7 o.12A Verloor 5-17

o.8B Verloor 0-2 o.10B Verloor 2-6 o.12B Verloor 1-11

o.13A Verloor 20-21 o.13C Wen 12-0 o.12C Wen 14-5

o.13B Verloor 4-12

4.2 KROONHEUWEL SPORTONDERSTEUNERSKLUB. Daar vind Dinsdag 24 April ‘n geselligheid

plaas na ons ligawedstryde teen Koppie Alleen. Dit gaan in die vorm van ‘n bring-en-braai wees.

U moet u eie drinkgoed, vleis, eetgerei en bykosse bring. Die vure sal verskaf word. Ons wil ook dan die

ondersteunersklub bespreek. Hierdie geleentheid is vir die hele gesin. Die mammas kan dan rustig wees oor die

aand se ete – u kom eet en luister hier by die skool.

Indien daar enige navrae, voorstelle of versoeke is, kan u gerus vir Marius van Biljon of Cecil Parsons skakel.

4.3 SKAAKLIGA-DATUMS. Ons het hierdie datums te laat vir die kwartaalprogram ontvang, maar gee dit

nou graag aan u deur:

20 April Naudeville tuis (A-span)

11 Mei Bedelia weg (A-, B- en C-spanne)

18 Mei Sentrale VS tuis (A-, B- en C-spanne)

25 Mei Brandwag tuis (A-, B- en C-spanne)

1 Junie Welkom VS weg (A- en B-spanne)

8 Junie Harmonie tuis (A- en B-spanne)

15 Junie St Helena weg (A- en B-spanne)

4.4 FOTO’S. Die swem- en atletiekfoto’s het gekom. Deelnemers aan hierdie sportsoorte kan die foto by hul

afrigter gaan bestel teen R20 per foto.

5. DOELWIT VIR DIE WEEK

RUT: SORG VIR MEKAAR

Rut 1:16 “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan nie, want waar u gaan, sal ek gaan:

waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God.”

Vers om te onthou: 1 Joh 3:17 “Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen

gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees?

Doelwit om na te streef: Wys dat jy omgee met woord en daad.

Vriendelike groete.

JJ Geldenhuys

SKOOLHOOF

PRYSLYS VIR SWEETPAKKE

GROOTTE BAADJIE BROEK VOL

5-6 jr R210 R90 R300

7-8 jr R215 R100 R315

9-10 jr R220 R105 R325

11-12 jr R225 R110 R335

13-14 jr R230 R115 R345

S (volw) R235 R120 R355

M (volw) R240 R125 R365

L (volw) R245 R130 R375

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!