04.05.2013 Views

Geagte Ouers - kroonheuwel.co.za

Geagte Ouers - kroonheuwel.co.za

Geagte Ouers - kroonheuwel.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

i. Gebruik asb u familiekode (die 4-syferkode bokant u adres op die rekeningstaat) vir alle inbetalings

en sit in die verwysingsblokkie of dit vir skoolgeld, redenaars, Voortrekkers, sweetpakke, ens. is.

ii. Moet asb nie slegs u kind se naam of u van by die verwysing insit nie, aangesien daar meer as 1 kind

met dieselfde naam of van in die skool is en dit die korrekte toewysing dus moeilik maak.

Ons sal u samewerking hiermee geweldig waardeer.

1.3.2 Skoolgeld. Met die einde van die maand wat in die vakansie geval het en die einde van April wat weer ‘n

langnaweek is, versoek ek u om seker te maak dat u nie met die betaling van u skool, kleuterskool en wieg se geld

agterraak nie. Skakel gerus die skoolkantoor indien u onseker oor u betalings is.

1.4 NAUTILUS. Die tweede kamp van die jaar vind plaas op Saterdag 5 Mei in Bloemfontein. Enige leerder

van graad 4 – 7 is welkom om te gaan deelneem. Die koste beloop R130 wat ‘n versnapering en middagete insluit.

Indien u u kind wil inskryf, kan die geld voor 26 April by juf Christa Groenewald inbetaal word.

1.5 KWARTAALLIKSE BETALINGS.

1.5.1 Studieklasse. Die R400 per leerder vir studie moet asb voor 26 April aan die onderskeie studiepersoneel

betaal word, behalwe graad 1 se gelde wat by die skoolkantoor betaal moet word.

1.5.2 Sluitkaste. Indien u kind weer sy sluitkas vir hierdie kwartaal wil gebruik, moet die R30 voor die einde van

hierdie week by die kantoor betaal word, anders sal die sluitkas aan ‘n ander kind toegeken word.

3. OMGEE

3.1 BROODJIE-MAMMAS. Die skoolkwartale is hierdie jaar langer as in die verlede en daarom het ons

nog nie genoeg mammas om broodjies vir ons honger kinders te gee nie. Indien u self werk en nie kan broodjies

maak nie, kan u gerus ‘n geldelike bydrae gee en ons kan die aankope dan self hanteer. Skakel die skoolkantoor (mev

Annetjie Knight) indien u kan help. Ondersteun asb hierdie verdienstelike aksie!

4. SPORT

4.1 RUGBY- EN NETBAL-UITSLAE. Gister het ons rugby- en netbalwedstryde teen Riebeeckstad op

hulle terrein gaan speel. Die uitslae is soos volg:

Rugby:

Bulletjie witspan Verloor 4-5 o.11A Wen 49-0 o.13A Wen 17-14

Bulletjie geelspan Wen 6-1 o.11B Wen 54-5 o.13B Wen 44-0

o.9A Wen 44-0

Netbal:

o.7A Wen 4-1 o.9A Verloor 7-9 o.11A Verloor 10-11

o.7B Verloor 0-1 o.9B Verloor 3-6 o.11B Gelykop 8-8

o.8A Wen 6-3 o.10A Wen 9-7 o.12A Verloor 5-17

o.8B Verloor 0-2 o.10B Verloor 2-6 o.12B Verloor 1-11

o.13A Verloor 20-21 o.13C Wen 12-0 o.12C Wen 14-5

o.13B Verloor 4-12

4.2 KROONHEUWEL SPORTONDERSTEUNERSKLUB. Daar vind Dinsdag 24 April ‘n geselligheid

plaas na ons ligawedstryde teen Koppie Alleen. Dit gaan in die vorm van ‘n bring-en-braai wees.

U moet u eie drinkgoed, vleis, eetgerei en bykosse bring. Die vure sal verskaf word. Ons wil ook dan die

ondersteunersklub bespreek. Hierdie geleentheid is vir die hele gesin. Die mammas kan dan rustig wees oor die

aand se ete – u kom eet en luister hier by die skool.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!