03.05.2013 Views

kroonheuwel primêre skool beleid: prestige-aand inleiding 1 ...

kroonheuwel primêre skool beleid: prestige-aand inleiding 1 ...

kroonheuwel primêre skool beleid: prestige-aand inleiding 1 ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KROONHEUWEL PRIMÊRE SKOOL

BELEID: PRESTIGE-AAND

INLEIDING

Die prestige-aand het ten doel om die beste presteerders op akademiese, sport-, en

kultuurgebied erkenning te gee vir hulle prestasies. Die skool besef terdeë dat ouers

wat positief betrokke is by hulle kinders ‘n baie groot rol speel in hulle prestasies.

Hierdie is dan ook ‘n geleentheid waar die skool die ouers van hierdie presterende

leerders kan bedank en gelukwensing kan oordra.

Die prestige-aand is ‘n geleentheid waartydens bogemiddelde prestasies erkenning kry.

Die skool het die verantwoordelikheid om ‘n meetinstrument daar te stel wat

bogemiddelde prestasies deur middel van geldige en betroubare kriteria te meet.

Alhoewel geen beleid volmaak is nie, moet daar na gestreef word om ‘n aanvaarbare

beleid daar te stel, met inagneming van ons skool se eie spesifieke behoeftes en kultuur.

1. AKADEMIE

GRONDSLAGFASE

- Die leerders van graad 1 tot 3 ontvang sertifikate vir die leerareas waarin

hulle 80% en hoër behaal het.

- Graad 1 – Slegs derde kwartaal se punte word in aanmerking geneem.

- Graad 2 en 3 – Tweede en derde kwartaal se punte word in berekening gebring.

- Indien ‘n leerder 80% en hoër behaal het in al 3 leerareas (Geletterdheid,

Gesyferdheid en Lewensvaardigheid), ontvang hy of sy ‘n goue sertifikaat.

INTERSENFASE

- Alle leerders van wie die gemiddeld van 8 leerareas (Lewensoriëntering

uitgesluit) 85% en hoër is, nadat die drie eerste kwartale se punte verwerk is

na ‘n jaarpunt, ontvang akademiese erekleure (blou staalbalkie).

- Alle leerders van wie die gemiddeld vir ‘n opeenvolgende jaar 85% en hoër is,

nadat die drie eerste kwartale se punte verwerk is na ‘n jaarpunt, ontvang ‘n

hertoekenning van akademiese erekleure (goue balkie).

- Die top 10-leerders van elke graad ontvang ‘n goue sertifikaat. ‘n Leerder kan

slegs in die top tien wees as sy of haar gemiddeld 80% en hoër is.

- Alle leerders wat vir ‘n leerarea 80% en hoër het (Lewensoriëntering

uitgesluit), ontvang ‘n sertifikaat vir daardie leerarea of leerareas.

- Die toppresteerder van elke graad ontvang ‘n wisseltrofee, en ‘n kleiner replika,

wat die leerder se eiendom bly.

- Die toppresteerder in graad 7 ontvang ‘n erepenning en is die Dux-leerder van

die jaar.

- Graad 7 leerders wat 4 jaar agtereenvolgens erekleure vir akademie (gr 4 tot

7) ontvang het, ontvang ‘n erepenning.

2. SPORT

SPORTSOORTE BUITE SKOOLVERBAND

- Daar word tydens saalopeninge aan leerders erkenning gegee vir hulle

prestasies in sportsoorte wat nie deur die skool aangebied word nie. Die

onus rus op die onderskeie Sportliggame en ouers om die skool in kennis te

stel van die leerders se prestasies. Sertifikate, medaljes ens. saam met ‘n

kort beskrywing van prestasies wat behaal is, moet na die skool gestuur

word.

- ‘n Erepenning word aan leerders oorhandig tydens die prestige-aand indien

hulle as individu of as deel van ’n span op nasionale kompetisies ‘n eerste,

tweede of derde plek behaal het.

SPORTSOORTE BINNE SKOOLVERBAND

- Daar is verskillende toekennings wat gemaak word afhangende van die

prestasie deur die leerder of span.

- Elke sportsoort is uniek ten opsigte van die samestelling van ligas,

streekspanne, provinsiale spanne en nasionale spanne. Die skool bevind hom

nie in ‘n posisie om besluite wat deur die sportsoort se Moederliggaam,

hetsy op provinsiale of nasionale vlak geneem, te verander nie. Ons skool

respekteer elke spesifieke sportsoort se reëls en regulasies en gebruik dit

as kriteria en rigtinggewers.

- Erkenning word gegee vir deelname op die volgende vlakke:

• Skoolvlak (deelname teen ander skole op ligavlak)

• Streeksvlak

• Provinsiale vlak (leerder of span moet ‘n provinsie

verteenwoordig op nasionale

kompetisies)

• Nasionale vlak (leerder moet verkies word tot ‘n

nasionale span)

• Internasionale vlak (leerders wat Suid-Afrika

verteenwoordig op ‘n internasionale

kompetisie)

- Daar word ook addisionele erkenning aan leerders of spanne gegee op

skoolvlak. Hier word ook kriteria gebruik wat meetbaar is. Daar moet

gewaak word teen toekennings wat deur subjektiewe menslike oordeel

beïnvloed word.

3. KULTUUR

Dieselfde kriteria wat vir sport gebruik is, sal so ver as moontlik ook

van toepassing gemaak word op kultuuraktiwiteite, buite en binne

skoolverband. Dieselfde erkenningsvlakke geld, maar inaggenome dat

elke kultuuraktiwiteit ook uniek is.

4. LEIERSKAP

Daar word ook erkenning gegee aan leerders wat hulle in ‘n

leiersposisie bevind het.

Die volgende leiersposisies word erken:

- Leerderraad en hoofleiers.

- Medialeiers (Graad 6-leerders).

- Verkeersleiers (Graad 6-leerders).

- Kaptein of kapteine en leiers van sport- en kultuuraktiwiteite.

ALGEMEEN

Daar word in die loop van die jaar reeds toekennings gemaak na afloop van ‘n

spesifieke sport- of kultuuraktiwiteit. Hierdie toekennings bied aan die graad 7leerders

die geleentheid om hulle erekleure so gou as moontlik te ontvang. By die

prestige-aand word daar melding gemaak en aan hierdie leerders weer erkenning

gegee.

Daar word ook aan leerders van die grondslagfase en intersenfase erkenning gegee

vir getroue skoolbesoek.

Toekennings word gegee in die vorm van die volgende:

- Sertifikate

- Trofees

- Erekleure

- Erepennings

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!