02.05.2013 Views

ProAgri uitgawe 141

ProAgri uitgawe 141

ProAgri uitgawe 141

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

agrilag

Regtig gehoor!

deur Dom Boer

“Jorsie is so ’n treurige boer; die enigste ding wat hy

sonder hulp kon kweek, was ’n snor.”

Vrou na die opera aan haar man: “Daardie sopraan het

darem ’n groot repertoire.”

Haar man: “Ja, en daardie stywe rok kon dit kwalik binne

hou.”

“’n Mondelinge kontrak is nie die papier werd waarop dit

geskyf is nie.”

“Ek glo al in reïnkarnasie vandat ek ’n klein paddatjie

was.”

Jorsie: “’n Enkelkaartjie na Gevaar asseblief.”

Spoorwegklerk: “Gevaar? Daar is nie so ’n plek nie.”

Jorsie. “Maar daar is. Kyk net hier in die koerant:

Duisende Werkgeleenthede in Gevaar.”

Getroue steun

Die ou oom was sy lewe lank ’n getroue Blou Bul-ondersteuner,

maar op sy sterfbed kondig hy aan dat hy voortaan

vir WP ondersteun.

“Hoe dan so?” vra sy vriende verstom.

“Wel,” prewel hy met sy laaste asem, “ek sien eerder dat

een van hulle doodgaan as een van ons.”

Wrange woordeboek

Liasseerkabinet: ’n Nuttige houer waarin dokumente

alfabeties verlore kan raak.

Vrome onskuld

Sannie: “Op pad werk toe het ’n man my voorgekeer en

my die voering van sy reënjas gewys.”

Annie: “Is jy seker hy wou gehad het jy moet die voering

van sy reënjas sien?”

Sannie: “O ja. Hy het niks anders aangehad nie.”

Nare waarheid

Jorsie: “Ek weet nie of ek ’n digter of ’n sanger moet word

nie.”

Sorsie: “Definitief ’n digter.”

Jorsie: “Het jy al van my gedigte gelees?”

Sorsie: “Nee, maar ek het jou al gehoor sing.”

Is dit waar dat die polisieman uit die Eenheid vir Ernstige

Ekonomiese Misdrywe geskop is omdat hy gelag het?

Bekwaam

Redakteur: “Het jy toe daardie boerderystorie verkort

soos ek gesê het?”

Joernalis: “Ja. Tot die koeie gee nou kondensmelk.”

Flinkdink

“My familieregister kan teruggevoer word tot by Van

Riebeeck,” spog Heinie by ’n partytjie. “En hoe oud is jou

familie?” vra hy neerhalend terwyl hy na Hennie kyk.

Hennie glimlag ewe vriendelik terwyl hy antwoord: “Nee,

ek kan regtig nie sê nie. Al ons familierekords is mos in

die Sondvloed vernietig.”

Die een wat die beste Agrilagbydrae stuur, wen ’n

musiekpiering van Thys die Bosveldklong. Stuur jou

bydrae aan domboer01@mweb.co.za en help om die

landbougemeenskap vrolik te hou.

Werfnuus www.proagri.co.za

ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf

propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons

werf of volg die skakels om spesifieke

artikels en berigte te lees:

Agri SA: Grondbesetting sal nie

geduld word nie 2011-10-21

“Opruiende uitsprake gerig op die

onwettige besetting van grond neem

toe en dit blyk dat die ANC-leierskap

’n wag-en-sien benadering inneem”

het mnr Johannes Möller, president

van Agri SA gesê. http://bit.ly/qxHzR9

Kanadese boer steeds op hongerstaking

Die melkboer wat daaraan skuldig

bevind is dat hy ongepasteuriseerde

melk van sy plaas af in die Kanadese

Ontario-provinsie verkoop het is nou

reeds drie weke op ’n hongerstaking.

http://bit.ly/oPmNHL

Malema se aansoek na Konstitusionele

hof word teengestaan

AfriForum gaan die ANC Jeugliga

president, Julius Malema se Konstitusionele

Hof appèl teen sy skuldigbevinding

aan haatspraak teenstaan.

http://bit.ly/qT2L35

Tribunaal sê aikona aan Pannar en

Pioneer Hi-Bred

Die Mededingingstribunaal het die

samesmelting van die twee multinasionale

saadmaatskappy Pioneer

Hi-Bred, ’n filiaal van DuPont en Suid-

Afrika se grootste saadmaatskappy,

Pannar Saad, verbied.

http://bit.ly/nc6SAk

Sensus en opname van boere is

nie dieselfde ding nie

Met Sensus 2011 wat in Oktober

plaasvind heers daar nou verwarring

onder boere omdat ’n ander tipe

opname terselfdertyd geloods is.

http://bit.ly/qqBILn

Nuwe verbod op volstruisvleis

uitvoere

Volstruisvleis-uitvoere na die Europese

Unie (EU) is weer opgeskort. Hierdie

verbod kom pas na die uitvoere hervat

is vir die hele Suid-Afrika buiten

Oudtshoorn. http://bit.ly/pSkJ1M

Voedselpryse vorentoe meer

wisselvallig sê VN

Voedselpryse sal waarskynlik in die

komende jaar meer wisselvallig word

wat die kanse sal verhoog dat armes

in lande wat van voedsel-invoere

afhanklik is gaan honger ly, het die

Verenigde Nasies in ’n verslag bekend

gemaak. http://bit.ly/ncljkb

Suksesvolle kleinveesuiwelforum

gehou

Die Suider-Afrikaanse Bok- en Skaapmelkverwerkers-organisasie

het ’n

suksesvolle kleinveesuiwelinligtingsforum

vir die telers van melkbokke en

–skape gehou. http://bit.ly/ritMBa

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!