02.05.2013 Views

ProAgri uitgawe 141

ProAgri uitgawe 141

ProAgri uitgawe 141

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Greenfields Agricultural Holdings:

Landboutoerusting van die hoogste gehalte

f jou boerdery reusagtig groot of

Opiepklein is, Greenfields Agricultural

Holdings het vir jou nommerpas

werktuie en trekkers teen sakpas

pryse.

Greenfields is die invoerder van die

gewilde Foton-trekkerreeks vanaf

Sjina; die land wat van ’n vervaardiger

van substandaard produkte ontwikkel

het tot ’n trotse vervaardiger van

toerusting wat nie net aan internasionale

gehalte-standaarde voldoen nie,

maar dit dikwels oortref.

Dis geen wonder dat die gerespekteerde,

tegnologies gevorderde reeks

Apple-produkte, insluitend die iPod, die

iPhone en die iPad, nou in Sjina

vervaardig word nie.

Hierdie top gehaltestandaarde word

al hoe kenmerkender van Sjinese

produkte en is baie duidelik in die

Foton-trekkerreeks. Van die klein,

maar taai en verbasend veelsydige

FT254-trekker, met sy ratsheid en hope

wringkrag, tot die groter FT824, rus die

klem op betroubaarheid en doeltreffendheid

teen bekostigbare pryse, wat

veel meer waarde vir geld bied.

Staantyd is ’n baie lelike woord, wat

Greenfields so ver as moontlik uitskakel

met ’n netwerk van bekwame

handelaars en agente wat flinke

rugsteundiens aan boere lewer. ’n

Gevorderde onderdele-afdeling met ’n

berg toepaslike onderdele vorm deel

van hierdie diens.

’n Perfekte werktuig vir die mossiemaar-man

FT254 is die Foton B70baler,

wat net die antwoord vir die

kleiner boer met beperkte arbeid is.

Een werker kan die B70 se klein, ronde

bale optel en stapel. Dis maklik om

met die B70 te werk en hy maak in ’n

japtrap goed saamgepersde, soliede en

ekonomiese bale. Die B90 maak effens

groter bale.

Greenfields bied ’n volledige reeks

landbouwerktuie, insluitende die 5

kubieke meter SiloKing-voermenger,

die JCB-sleestuurlaaigraaf, bossiekappers

en viertolharke, wat almal vir die

kleiner boer nuttig is vir kuilvoer- en

hooimaak.

Greenfields is ook die trotse verskaffer

van die JCB Workmax-reeks, die

nutsterreinvoertuig wat ’n reusagtige

vrag in verhouding tot sy grootte kan

dra. Die Workmax-nutsterreinvoertuig

(UTV) staan sy man deeglik in die

mark vir nutsterrein- en alleterreinvoerttuie

(ATV), waar talle boere na die

nutsterreinvoertuig oorskakel. Dis ’n

baie logiese besluit, want waar jy

wydsbeen oor ’n ATV sit en ’n sleepwa

moet aanhaak as jy ’n vrag wil vervoer,

bied die UTV soos Workmax ’n gerief-

Greenfields se klein, maar kragtige, Foton FT254-trekker met die Foton

B70-baler wat netjiese, klein, kompakte, hanteerbare bale maak.

like dwarssitplek vir twee en ’n nuttige

laaibak – en jy kan nog steeds ’n

sleepwa aanhaak vir ’n dubbele

vrag.

Vir meer inligting oor Greenfields se

voortreflike werktuie en diens, skakel

033-263-1305 of besoek

www.greenagri.co.za

Van die kleinste tot die grootste – Greenfields se SiloKing is ernstige boere

se eerste keuse.

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011

19

Veeboerdery

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!