02.05.2013 Views

ProAgri uitgawe 141

ProAgri uitgawe 141

ProAgri uitgawe 141

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Jannie en Jan Erasmus by die MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel wat

hulle beskryf as die beste ding wat hulle ooit gekoop het. Kyk net die tafel

se vernuftige eie wiele vir padvervoer.

k sal nooit weer met iets anders

“Estroop nie.” So sê Jan Erasmus van

Jan Erasmus Boerdery naby Koppies in

die Vrystaat, van die voortreflike

MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel

wat hy by Vitamech aangeskaf het om

nuwe hoogtes van produktiwiteit, doeltreffendheid,

graanherwinning, betroubaarheid

en werkgerief te bereik.

Jan en sy twee seuns, Jan-Louis en

Jannie, sorg vir die saaiboerdery, hoofsaaklik

sorghum en soja, en ma Gloria

sit hand by met die skaap- en beesboerdery.

Maar sedert die manne die

FD70 vir die eerste keer aan hulle Case

8120-stroper gekoppel het, is daar nie

meer ’n pit vir die skape op die land oor

nadat gestroop is nie.

Jan het van die MacDon-stropertafel

gelees en besef dat hy homself binne

twee seisoene kan betaal met die 5 tot

10 persent besparing wat hy in die boer

se sak sit.

Ons almal weet dat ’n gewone

stropertafel afgesnyde materiaal hardhandig

met twee awegaarwurms na die

stroper se bek toe boelie. In die proses

word die materiaal geknoop en gewring

en mishandel en jy sien net pitte spat,

sodat ’n aansienlike deel van jou graan

op die land agterbly.

Dis nie hoe die MacDon werk nie. Hy

sny die plante netjies af, so kort as wat

jy wil, sodat hulle omkantel en op die

vervoerbande gaan lê, wat hulle

sagkens en galant, maar in onverbiddelik

netjiese gelid, almal kop eerste, na

die stroper se bek begelei. Nie ’n pit

gaan verlore nie.

Die stroper word gelykmatig gevoer

sodat hy nooit wurg en met rukke en

stote hoef te werk nie. Dit is baie goed

6 ProAgri 141 – November 2011

vir die doeltreffendheid van die dorsproses

en vir die stroper se lewensduur.

Dit beteken ook dat jy heelwat vinniger

kan stroop en ’n wyer tafel kan gebruik

om hope diesel te bespaar.

Die uiteinde van die saak is dat jy

heelwat vinniger, heelwat vollediger en

heelwat lekkerder stroop – en aan die

einde van die seisoen heelwat meer

geld in jou sak steek. Dit is ’n reuse

verbetering op die ou wurmvoertafels,

sê Jan.

Die FD70 kom saam met ’n koppelstuk

om aan enige stroper te pas. Die

tafel beweeg onafhanklik van die

stroper om die grondglooiinge te volg.

Selfs wanneer die stroper in ’n gat trap,

hou die FD70 nog ewe luiters kop bo

water.

Meganisasie

Vitamech MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel: Boonop is hy in drie seksies verdeel,

Wen meer graan, spaar meer tyd,

maak meer wins!

wat onafhanklik kan beweeg om grondkontoere

getrou te volg. As jy nou jou

outomatiese tafelhoogtebeheer en

outo-stuur aanskakel, hoef die operateur

nie die heeltyd die hoogte te verstel

en te stuur nie. Dit maak sy

werklas ook heelwat ligter, sodat hy

lang ure sonder uitputting kan werk.

Die Erasmusse stroop lag-lag so 70

hektaar per dag met hulle MacDon en

Case.

Selfs om die FD70 te vervoer, is pure

plesier. Jy het nie ’n stropertafelkarretjie

nodig nie – hy het sy eie

uitswaaiwiele en jy sleep hom met ’n

trekker of met die stroper self. Binne

tien minute nadat jy die land bereik

het, is jy volstoom aan die stroop.

’n Kenmerk waarvan Jan baie hou, is

dat die FD70 sy eie hidrouliese olie in

sy raam saamdra. Dit beteken dat hy

net vir sekere funksies van die stroper

se hidroliese olie afhanklik is.

Moenie skrik vir die prys nie, sê Jan.

Die MacDon FD70 betaal homself met

sy volledige graanherwinning en flink

afhandeling van die stroopproses binne

twee seisoene.

Die FD70 is ’n toonbeeld van

meesterlike vakmanskap en die diens

wat Vitamech se bekwame mense oral

in die land lewer, is ’n bate vir die boer,

sê Jan. Hy beveel dié stropertafel vir

enige boer aan.

Die MacDon FD70 is in 9,1 meter,

10,7 meter en 13,7 meter

beskikbaar.

Vir meer inligting, ook oor Vitamech

se wye reeks ander staatmakerwerktuie,

praat met Jurie Swart by

083-375-8840 of Louis van der

Merwe by 072-626-8409 asook

Shaun Fourie by 021-907-8000,

082-803-1014 of e-pos

shaun@vitamech.co.za.

Besoek ook www.vitamech.co.za.

Die MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel stoot jou graanherwinning

drasties op en voer jou stroper gelykmatiger en netjieser om jou opbrengs

te verhoog, jou strooptyd te verminder en jou stroper se lewe te verleng.

www.proagri.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!