02.05.2013 Views

ProAgri uitgawe 141

ProAgri uitgawe 141

ProAgri uitgawe 141

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ProAgri

tegnologie vir die boer

technology for the farmer

TATA wys alles

So werk ’n

kousbalkspuit

Veeboerdery:

Inheemse kleinveerasse

Parasietbeheer

Hooimaaktoerusting

Voertuie | AgriLag | Veegesondheid | Inheemse rasse

November 2011

Nr / No 141

ISSN 1042–1558

Gratis

Wen met ’n

bandstropertafel

AgriTrader

Redakteursbrief

uid-Afrika is bekend vir sy

Sminerale rykdom, maar ons

het ook ’n ryke erfenis van

plantegroei en diere. In hierdie

uitgawe maak ons kennis met ’n

verskeidenheid van die inheemse

skaap- en bokrasse wat, soos

Leon Kruger dit stel, op die

bewaringsfront “net soveel

aandag behoort te geniet as die

bewaring van ander nasionale

bates soos renosters, buffels en

die protea...”.

Ons boek wat hierdie maand

beskryf word, gaan juis oor die

gebruik van een van die

inheemse rasse, die Damara, in

die ontwikkeling van die

Meatmaster-ras.

Let ook gerus op die praktiese

raad wat die onafhanklike

veearts dr Dave Midgley aan ons

kleinveeboere gee. Dit is die begin van ’n nuwe reeks oor voorkomende

dieregesondheid.

Ons landboumaatskappye bring weer vir ons nuus oor al hulle nuwe en

interessante tegnologie, van verf wat “self kan dink” tot snyers wat slim genoeg is

om oor klippe te klim en ’n verskeidenheid van betroubare voertuie in die aanry tot

ons wiele-uitgawe in Desember.

Ons het ongelukkig nie hierdie maand ’n blokraai nie, maar die goeie nuus is dat

u dus meer tyd het om Boereblokraai 3 in te stuur. Ons sal nog tot 15 November

inskrywings aanvaar. Wees nou dapper en vorder hierdie keer tot by die posbus!

Boer slim met ProAgri!

Annemarie Joubert – annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents

Meganisasie

2 Tata wys alles

5 FAW: “Nooit weer ’n ander trok.”

6 So werk ’n kousbalkspuit

7 Vitamech: Wen meer graan, maak meer wins

Hulpbronbestuur

10 Gesonde boerdery vereis gesonde grond (2)

13 Ons boer saam (5)

15 NAC laat boere uitstyg

Gereelde gunstelinge

17 AgriLag

17 Werfnuus

18 AgriKyk & Lees

29 AgriTrader

Veeboerdery

19 Greenfields: Landboutoerusting van die hoogste

gehalte

20 Vermillian Verf: Klein deeltjies, groot sukses

22 Staalmeester sny skoon en droog flink

23 Inheemse kleinveerasse van Suid-Afrika

26 Voorkomende dieregesondheid: Parasietbeheer

27 Genegids

Ons het dit tot bo gemaak! Wel

net die liewe ou Magalies, maar

darem... ProAgri se produksieadministrateur,

Marlien van der

Westhuizen, het saam met my

’n staproete by Kumbagane

naby Rustenburg aangedurf.

Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs

may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the

written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily

those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and

logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be

liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

2

5

13

19

22

Voorblad

Die ProAgri-span

In hierdie uitgawe

Voer-boer se

mense het vir

ons die pragtige

foto aangestuur

vir ons kleinveeuitgawe.

In

ProAgri 140 was

’n artikel oor die

groenvoer wat

in ’n houer

geproduseer

word. Vind meer

uit by Jaap Jan

Sterkenburg by 082-890-9476.

Business-to-Business:

Agriculture

January to March 2011

59 167

average copies per month

SMARTPUBLISHING

MASS MEDIA SPECIALISTS

Tel/fax: 012-362-2732

Posbus 32123, Glenstantia, 0010

www.smartpublishing.co.za

Maak seker jy kry elke maand jou

ProAgri. Skakel Paula by 012-362-2732

of stuur ’n e-pos na

paula@proagri.co.za en teken in teen

net R120 vir 12 uitgawes.

Redakteur

Annemarie Joubert > 082-320-3642

annemarie@proagri.co.za

Webredakteur

Coenraad Rall > 083-973-3297

coenraad@proagri.co.za

Advertensienavrae

Marlien van der Westhuizen >

012-362-2732

marlien@smartpublishing.co.za

Senior bemarker

Stefan van Wyk > 082-381-7563

stefan@agritrader.co.za

Agentskappe

Carmel Ann Singh > 079-515-8708

carmel@smartpublishing.co.za

Uitleg & grafika

Esta van Niekerk

Taalversorging

Mediadienste

Rekeninge & intekening

Paula MacMavis > 012-362-6390

paula@proagri.co.za

Gedruktemediabestuurder

Suzanne Rall

Sakebestuurder

George Grobler

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011

1

Tata wys alles

an die stylvolle nuwe Tata Manza tot

Vdie reuse wipbakvragmotors wat vir

die mynbedryf bedoel is – by die

onlangse Johannesburgse Internasionale

Motorskou het Tata voorwaar alles

uitgehaal en alles gewys.

Die meeste van die nuwe voertuie sal

van volgende jaar af in Suid-Afrika

beskikbaar wees.

Met die opening van die indrukwekkende

uitstalling het die besturende

direkteur van Tata International Limited,

Noel Tata, gesê: “Ons sien Afrika as ’n

streek met ongelooflike potensiaal vir

die groep en ons deelname aan die

motorskou met die bekendstelling van

ons nuutste produkte sal die Tata

handelsmerk net verder versterk in

hierdie markte.” Hy sê Tata wil bydra tot

die groei in die motorbedryf in Suid-

Afrika.

Tata is die grootste voertuigmaatskappy

in Indië en die land se

markleier met betrekking tot kommersiële

voortuie. In Indië is daar amper ses

miljoen Tata’s op die pad. Die maatskappy

voer sedert 1998 kommersiële

voertuie na Suid-Afrika uit en het in

2004 die passasiersvoertuigmark betree.

Bekende name in die mark is die

Indica- en Indigo-reekse en in die landboubedryf

het Tata Xenon reeds ’n

huishoudelike naam geword. Tata het

reeds 32 000 passasiersvoertuie en

35 000 kommersiële voertuie in Suid-

Afrika verkoop.

Nuut op die mark

Die splinternuwe Tata Manza is ontwerp

om aan alle vereistes vir ’n ligte

ekonomiese, maar gerieflike motor te

voldoen. Die motor is ruim binne en selfs

passasiers wat agter sit het genoeg

beenruimte en ’n armrus in die middel.

Dit is ’n 1,3 liter petrolenjin met

kragstuur. Die stuurkolom se hoek kan

verstel word en verdere gerief vir die

bestuurder word verkry deur die verstel-

bare sitplekhoogte.

Die brandstofverbruik en

omgewings-temperatuur word

duidelik vertoon en die motor word

uitgereik met ’n musiekstelsel wat

toegerus is met ’n rekenaarpoort

en Bluetooth.

Nog ’n nuweling wat heelwat

aandag by die motorskou getrek

het, is die Tata Aria wat ook met

vierwielaandrywing beskikbaar is.

Die 2,1 liter diesel sportnutsvoertuig

het ’n brandstofverbruik van

7 liter per 100 km. Die agterste

sitplekke vou heeltemal plat sodat

selfs die opblaasboot saam kan

gaan vakansie hou...

Tata het sy volledige Primareeks

vragmotors ook bekend

gestel. Die Prima-reeks spog met

meer krag en beter werkverrigting,

wat beteken vinniger ritte en meer

wins. Met sy robuuste onderstel

sien ’n Prima-vragmotor kans vir

enige terrein. ’n Data-vaslegger

sorg dat die werksverrigting en

bestuurdersgedrag van dag tot dag

aangeteken word. Die bestuurder

self geniet die gerief van ’n lugversorgde

kajuit en gebruikersvriendelike

sitplek en instrumentepaneel.

Saam met die reeks is die Tata

Novus 480 pk 6X4 perd ook

bekend gestel wat ideaal is vir

swaarvragvervoer op Suid-

Afrikaanse paaie.

Spesiaal vir die boere

Tata se reeks kommersiële voertuie

wat vir die landboubedryf

bedoel is, is ook dramaties

uitgebrei.

Vra gerus jou naaste Tatahandelaar

uit oor die SuperACE

1-tonner met sy turbodiesel-enjin.

Die vragdraer spog met die beste

brandstofverbruik in sy klas en ook

Meganisasie

Groen is nie net ’n kleur in Tata se

embleem nie, die maatskappy vervaardig

busse en bakkies wat spesiaal ontwerp is

om van biobrandstof gebruik te maak.

By Tata se uitstalling by die Johannesburgse

Internasionale skou is daar nie net

besigheid gesels nie, maar sommer lekker

gekuier ook.

2 ProAgri 141 – November 2011 www.proagri.co.za

die langste laaibak, naamlik 2,63 meter.

Die bekende reeks Xenon-bakkies is

ook besig om onmisbaar te raak op die

plaas. Die 2,2 liter-reeks is beskikbaar

as ’n enkelkajuit met ’n valkantbak of

vraghouer met hope laairuimte. Die

dubbelkajuit is beskikbaar met tweewielen

vierwielaandrywing. In die 3 literreeks

kan boere gerus ook kennis neem

van die 207 DI-werker met sy lang wielbasis

wat ’n laaibak van 2,4 m moontlik

maak.

’n Baie gewilde keuse onder boere is

die LPT 1518 EX2, ’n 8 ton-vragdraer,

wat nooit kla nie en ook nie gaan lê nie.

Die LPT 1518 EX2 is gewild, want jy

koop die kajuit/onderstel en besluit dan

self watter soort bak jy daarop wil aanbring:

Valkant, beestralies, toewabak of

wat ook al.

Die nuwe 1518 het onlangs ’n klompie

opknappings gekry om sy duursaamheid

verder te verbeter. Die

G750-sesgangratkas met ’n wringkragoordravermoë

van 750 Nm het die

vorige GBS 650-eenheid (650 Nm) vervang.

Gevolglik kry jy nou ’n ratkas wat

net soveel langer gaan hou.

Boonop het die Tata ’n groter koppelaarplaat

met ’n deursnee van

380 mm gekry (voorheen 352 mm). Die

nuwe koppelaar is selfstellend, wat

beteken dat die vragmotor nie onnodige

tyd in die werkwinkel hoef deur te bring

terwyl die koppelaar gestel word nie.

Veranderings is ook aan die flense van

die dryfas en die stuurstang aangebring,

wat alles daarop gemik is om die

gebruiksduur van daardie komponente

te verleng.

Daar is ook enjinbeskermingtoestelle

aangebring, soos ’n aanwyser wat die

bestuurder waarsku as daar water in die

diesel is en ’n toestel wat die vlak van

die koelmiddel in die verkoeler, die

enjintemperatuur, die oliedruk en die

spanningstoevoer die hele tyd monitor.

Laasgenoemde is gekoppel aan ’n

visuele en klankwaarskustelsel in die

kajuit. Dit sal die voertuig binne

38 sekondes tot stilstand bring as enige

Tata se nuwe Prima-reeks vragmotors spog met meer krag en beter

werkverrigting, wat beteken vinniger ritte en meer wins.

’n Bestuurder van ’n Prima vragmotor kan vanuit sy verstelbare sitplek al

die inligting op die instrumentepaneel met een oogopslag raaksien en hy

het ook ’n behoorlike uitsig op die pad.

Die SuperACE 1-tonner met sy lang laaibak van 2,63 meter gaan eersdaags

op baie plase ’n tuiste vind.

ernstige probleem opduik.

Saam met al die nuwe tegnologie wat

verseker dat elke Tata-werker, van ’n

1-ton bakkie tot ’n 10-ton vragmotor,

langer en beter bly werk, het Tata se

ondersteuningsnetwerk ook al dramaties

uitgebrei.

Shaheer Abrahams, hoofbestuurder

van verkope en bemarking by Tata

Automobile Corporation SA, sê: “Ons het

tans 41 handelaars oor die hele land wat

omsien na versiening en onderdeleverskaffing.

“Die onderdele-afdeling spog met ’n

selfdedag-afleweringskoers van 94% en

dit, tesame met ons 24 uur-diens-steun

en padbystand, verseker gemoedsrus vir

ons klante.

“Ons vertroue in ons produkte, wat

ideaal geskik is vir Afrika-toestande, is

so groot dat ons ’n bykomende waarborg

van drie jaar of 300 000 km vir

Tata-voertuie in die 2 ton- tot 10 tonbestek,

insluitende busse,

onderskryf.”

Vir inligting oor Tata se uitgebreide

reeks kommersiële voertuie, skakel

011-255-9600. Vir navrae oor

passasiersmotors, skakel

011-398-9000.

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011

3

Boer oor FAW:

“Nooit weer ’n ander trok vir my!”

rysgewys en wat werkvermoë betref

Pis die FAW 16.240 FL-trok sekerlik

die beste ding wat ’n boer kan koop. So

sê Koot Jonker van die plaas, Meintjiesrus,

naby Kroonstad.

Koot boer self met mielies, skaap en

sonneblom en hy het so vyf jaar gelede

begin om vervoerwerk ook te doen as ’n

byverdienste. Hy en sy seun, Adri, ry

beeste, mielies, voer en selfs sand,

stene, gruis en trekke onder die naam,

Stokstert Vervoer.

Die vervoerdery het meteens baie

lekker geword toe Koot ’n agttonner

FAW 16.240 FL-trok aangekoop het. Dis

nou waarde vir geld, eerlike werkkrag

en ’n gedugte laaivermoë, vertel Koot.

Met ’n vol vrag op sleep die FAW ’n

tienmetersleepwa soos ’n droom en dan

is daar nog hope reserwekrag teen

enige spoed. Adri het die FAW al, net

om te kyk wat hy regtig kan doen, ’n

bietjie vinnig gestoot op die langpad –

lag-lag. Hy het ook al sy vragdravermoë

www.proagri.co.za

met ’n twaalftonvrag getoets en die FAW

het dit nie eers agtergekom nie.

Dis ook geen wonder nie, want die

bakbouer wat die trok se bak met veetralies

gemonteer het, sê die FAW se

onderstel is van die hardste staal

gemaak waarmee hy nog ooit gewerk

het.

Eugene van der Berg van FAW vertel

ook dat hy van ’n paar snaakse goed

weet wat roekelose of slapende bestuurders

met FAW-trokke aangevang

het, maar nie een kon nog daarin slaag

om die onderstel in die proses te buig

nie.

So hard en taai as wat die FAW is om

met ’n vrag te draf, so sagkens vertroetel

hy die bestuurder. Hy het ’n doeltreffende

lugversorger, radio, gerieflike

lugkussingsitplekke, ’n baie gemaklike

bestuurdersposisie en ’n slaapbed met

smaakvolle gordyntjies – en hy bestuur

soos ’n droom, sê Adri.

Of jy nou oor kort, lang of la-a-ang

afstande wil vervoer, met die FAW is

jy seker dat jy jou vrag altyd veilig,

vinnig, gerieflik en ekonomies by sy

bestemming sal aanbring. Sy lang

asafstand van 6,6 meter verseker dat

vee ’n gerieflike rit geniet en dat jy

ook die dravermoë van die vooras

benut, sy ruim bak van 7,9 meter

verseker dat jy met gemak 12 tot 15

beeste kan laai (en net soveel op die

sleepwa), en sy gewillige enjin van

179 kW en agtspoed-ratkas verseker

dat die opdraande vir jou net so min

uitdagings inhou as die afdraande.

Meganisasie

Die FAW16.240 FL-trok is nie net ekonomies, betroubaar, taai, stewig, sterk, vinnig, gerieflik, rotsvas gerugsteun

en boervriendelik nie; hy is nog deksels mooi ook, sê Koot, Breggie en Adri Jonker van Meintjiesrus en Stokstert

Vervoer.

081

539 5661

Die FAW het alles wat jy nodig het,

maar dit is ’n reguit trok sonder enige

fieterjasietjies of ketoetertjies wat jou

onnodig in die steek kan laat. Maar net

om dubbel seker te maak dat die FAWeienaar

altyd die gemoedsrus van ’n

soliede rugsteundiens kan hê, is daar ’n

uitgebreide handelaarsnetwerk en

dienssentrums met voldoende

onderdele regoor die land.

Daar is ook ’n 24 uur-nooddiensnommer

wat onderdele en diens onmiddellik

beskikbaar stel net waar jy dit nodig

het.

Met hierdie gehalte voertuie en diens

is dit geen wonder dat FAW regoor die

wêreld aanskoulik groei nie. Internasionaal

vervaardig FAW 2,6-miljoen

voertuie per jaar. Afgesien van die

monteeraanleg by Spartan, gaan FAW

nou nog een in die Oos-Kaap in bedryf

stel om 5 000 voertuie per jaar aan

Afrika te kan lewer.

Na 18 jaar in die land weet boere en

vervoerkontrakteurs nou dat hulle deeglik

op FAW kan staatmaak en die

ondervinding laat al hoe meer mense

met Koot Jonker saamstem: “Die

volgende trok wat ek koop, gaan beslis

weer ’n FAW wees.”

Wil jy ook boer en vervoer sonder

sukkel? Praat met FAW se mense by

011-392-1530 of besoek

www.faw.co.za. Vir diens en

onderdele kan jy 011-394-1111

skakel.

ProAgri 141 – November 2011 5

Jannie en Jan Erasmus by die MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel wat

hulle beskryf as die beste ding wat hulle ooit gekoop het. Kyk net die tafel

se vernuftige eie wiele vir padvervoer.

k sal nooit weer met iets anders

“Estroop nie.” So sê Jan Erasmus van

Jan Erasmus Boerdery naby Koppies in

die Vrystaat, van die voortreflike

MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel

wat hy by Vitamech aangeskaf het om

nuwe hoogtes van produktiwiteit, doeltreffendheid,

graanherwinning, betroubaarheid

en werkgerief te bereik.

Jan en sy twee seuns, Jan-Louis en

Jannie, sorg vir die saaiboerdery, hoofsaaklik

sorghum en soja, en ma Gloria

sit hand by met die skaap- en beesboerdery.

Maar sedert die manne die

FD70 vir die eerste keer aan hulle Case

8120-stroper gekoppel het, is daar nie

meer ’n pit vir die skape op die land oor

nadat gestroop is nie.

Jan het van die MacDon-stropertafel

gelees en besef dat hy homself binne

twee seisoene kan betaal met die 5 tot

10 persent besparing wat hy in die boer

se sak sit.

Ons almal weet dat ’n gewone

stropertafel afgesnyde materiaal hardhandig

met twee awegaarwurms na die

stroper se bek toe boelie. In die proses

word die materiaal geknoop en gewring

en mishandel en jy sien net pitte spat,

sodat ’n aansienlike deel van jou graan

op die land agterbly.

Dis nie hoe die MacDon werk nie. Hy

sny die plante netjies af, so kort as wat

jy wil, sodat hulle omkantel en op die

vervoerbande gaan lê, wat hulle

sagkens en galant, maar in onverbiddelik

netjiese gelid, almal kop eerste, na

die stroper se bek begelei. Nie ’n pit

gaan verlore nie.

Die stroper word gelykmatig gevoer

sodat hy nooit wurg en met rukke en

stote hoef te werk nie. Dit is baie goed

6 ProAgri 141 – November 2011

vir die doeltreffendheid van die dorsproses

en vir die stroper se lewensduur.

Dit beteken ook dat jy heelwat vinniger

kan stroop en ’n wyer tafel kan gebruik

om hope diesel te bespaar.

Die uiteinde van die saak is dat jy

heelwat vinniger, heelwat vollediger en

heelwat lekkerder stroop – en aan die

einde van die seisoen heelwat meer

geld in jou sak steek. Dit is ’n reuse

verbetering op die ou wurmvoertafels,

sê Jan.

Die FD70 kom saam met ’n koppelstuk

om aan enige stroper te pas. Die

tafel beweeg onafhanklik van die

stroper om die grondglooiinge te volg.

Selfs wanneer die stroper in ’n gat trap,

hou die FD70 nog ewe luiters kop bo

water.

Meganisasie

Vitamech MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel: Boonop is hy in drie seksies verdeel,

Wen meer graan, spaar meer tyd,

maak meer wins!

wat onafhanklik kan beweeg om grondkontoere

getrou te volg. As jy nou jou

outomatiese tafelhoogtebeheer en

outo-stuur aanskakel, hoef die operateur

nie die heeltyd die hoogte te verstel

en te stuur nie. Dit maak sy

werklas ook heelwat ligter, sodat hy

lang ure sonder uitputting kan werk.

Die Erasmusse stroop lag-lag so 70

hektaar per dag met hulle MacDon en

Case.

Selfs om die FD70 te vervoer, is pure

plesier. Jy het nie ’n stropertafelkarretjie

nodig nie – hy het sy eie

uitswaaiwiele en jy sleep hom met ’n

trekker of met die stroper self. Binne

tien minute nadat jy die land bereik

het, is jy volstoom aan die stroop.

’n Kenmerk waarvan Jan baie hou, is

dat die FD70 sy eie hidrouliese olie in

sy raam saamdra. Dit beteken dat hy

net vir sekere funksies van die stroper

se hidroliese olie afhanklik is.

Moenie skrik vir die prys nie, sê Jan.

Die MacDon FD70 betaal homself met

sy volledige graanherwinning en flink

afhandeling van die stroopproses binne

twee seisoene.

Die FD70 is ’n toonbeeld van

meesterlike vakmanskap en die diens

wat Vitamech se bekwame mense oral

in die land lewer, is ’n bate vir die boer,

sê Jan. Hy beveel dié stropertafel vir

enige boer aan.

Die MacDon FD70 is in 9,1 meter,

10,7 meter en 13,7 meter

beskikbaar.

Vir meer inligting, ook oor Vitamech

se wye reeks ander staatmakerwerktuie,

praat met Jurie Swart by

083-375-8840 of Louis van der

Merwe by 072-626-8409 asook

Shaun Fourie by 021-907-8000,

082-803-1014 of e-pos

shaun@vitamech.co.za.

Besoek ook www.vitamech.co.za.

Die MacDon FD70 Flexdraper-stropertafel stoot jou graanherwinning

drasties op en voer jou stroper gelykmatiger en netjieser om jou opbrengs

te verhoog, jou strooptyd te verminder en jou stroper se lewe te verleng.

www.proagri.co.za

Onkruid- en plaagbeheerwerktuie:

So werk ’n kousbalkspuit

www.proagri.co.za

Meganisasie

’n Degania-kousbalkspuit in aksie. JP le Roux, opsteller van die nuttige Meganisasiegids, vertel van die

Lugondersteunde balkspuite/

Kousbalkspuite

Die lugondersteunde balkspuite of

kortweg genoem kousbalkspuite het in

die negentigjare in Suid-Afrika begin

kop uitsteek, alhoewel die beginsel

reeds vroeër in die buiteland bekend

gestel is.

Die werkbeginsel

Die trekker dryf ’n waaier aan en die

lugstroom word in ‘n versterkte PVCkous

geblaas. Hierdie lug word dan deur

’n reeks gate aan die onderkant van die

kous uitgeblaas. Die lugspoed by die

uitlate is ongeveer 50 meter per

sekonde.

Die hoeveelheid lug en die lugspoed

is dieselfde by elke uitlaat dwarsoor die

lengte van die kous. Die spuitbalk is

onder die kous gemonteer en die spuitstukke

is 250 mm van mekaar gemonteer

teen ’n hoek van 30° na die

vertikale windstroom. Die lugstroom

vervoer die spuitdruppels na die plant

of grond. Lugdwarreling verseker dat

die spuitstof ook doeltreffend aan die

onderkant van blare beland.

Die uitstaande kenmerk: In plaas

van hoë volumes water (250 liter/ha en

meer) en groot druppels soos by konvensionele

balkspuite, gebruik die spuit

laer volumes water (30 tot 75 liter/ha)

en kleiner druppels wat deur ’n sterk

vertikale lugstroom grondwaarts gevoer

word.

Van die boere wat die spuite

aangeskaf het, is tevrede dat die spuite

doeltreffend werk vir onkruiddoder- en

plaagbeheerbespuiting. Die volgende

voordelige eienskappe van die spuit en

die spuitbeginsel het hulle veral

beïndruk:

moets en moenies van spuittoerusting. Hierdie artikel, die derde van vier

in die reeks, vertel meer oor lugondersteunde balkspuite of kousbalkspuite.

Die laaste artikel volgende maand sal vertel hoe om ’n spuit te

kalibreer.

Laer volumes water

Teen 50 tot 75 liter water per hektaar

wat algemeen by die kousbalkspuite

gebruik word, word die knelpunt van

die aanry van skoon water na die lande

dadelik verlig.

Indien ’n vergelyking tussen die

waterbehoefte van ’n kousbalkspuit en

’n konvensionele spuit vir 500 hektaar

gemaak word, is die resultaat soos

volg:

Kousbalkspuit (75 liter/ha) –

37 500 liter vir 500 hektaar.

Konvensionele spuit (250 liter/ha) –

125 000 liter vir 500 hektaar.

Die besparing in die hoeveelheid water

wat by die lande verskaf moet word is

voor-die-hand-liggend, veral waar

water oor lang afstande na lande

aangery moet word.

Vermindering van wegdryf

Wanneer daar in winderige toestande

gespuit word, verseker die afwaartse

windstroom dat minder spuitstof as

gevolg van die heersende wind sal

wegdryf. ’n Groter spuitdoeltreffendheid

is dan moontlik.

Hidroulies beheerde balk

Die spuit beskik oor ’n goed ontwerpte,

hidroulies beheerde spuitbalk wat die

hantering van die spuit vergemaklik.

Ten slotte

’n Goeie spuit is onmisbaar vir ’n

suksesvolle gewasboerdery. Waar boere

al hoe meer na geenbewerking neig, is

’n goeie spuit deurslaggewend vir die

suksesvolle toepassing van die metode.

Volgende keer praat ons oor die

kalibrasie van spuite.

Hierdie kousbalkspuit word deur Rovic Leers in Suid-Afrika beskikbaar

gestel. Skakel gerus vir Marius Ras by 082-453-4808 met enige navrae oor

die spuit.

ProAgri 141 – November 2011

7

10 ProAgri 141 – November 2011

Hulpbronbestuur

Gesonde boerdery vereis gesonde grond (2)

Om lief te hê, is om te koester!

deur Chris Wagner

at is lekkerder as om gesonde

Wgrond deur jou hande te laat gly en

reeds in jou geestesoog die malse nuwe

seisoensweiding te sien wat volbek

geniet gaan word.

Wat ons saai, sal ons maai

In die eerste aflewering wat verlede

maand in ProAgri verskyn het, het ons

aangedui dat die grond wat elke boer

besit, meestal gegewe is wat moedergesteente

betref en wat daaruit

ontstaan het, dit wil sê die fisiese verhouding

tussen slik, klei en die groter

partikels. Juis dit het oorspronklik ook

die anorganies-chemiese samestelling

van die bepaalde grondtipe bepaal.

Die ander belangrike eienskappe van

elke boer se grond, naamlik die organiese,

die organo-chemiese en die

grondstruktuur, is hoofsaaklik die resultaat,

goed of sleg, van sy en sy voorgeslagte

se omgang met die grond in hulle

boerderypraktyk.

Laasgenoemde onderstreep die

belangrikheid van ’n bewuste, verantwoordelike

en liefdevolle verhouding

van die boer met sy grond (simbiose)

om oor die lang termyn volhoubare

boerdery te verseker. As ons eers besef

hoe belangrik ons grond vir ons

voortbestaan is, sal ons onmiddellik wil

weet hoe ons die vrugbaarheid daarvan

kan opbou. Groot dele van die wêreld

toon duidelik die katastrofiese gevolge

vir die aardbodem waar persoonlike

verantwoordelikheid nie deel van die

kultuur is nie.

Werk liggies met jou kosbaarste

besitting

Die lewende bolaag van ons grond se

gesondheid word bepaal deur wat ons

aan die grond en daarop doen.

Die behoud van organiese materiaal

en humus is wat dit gesond sal hou.

Organiese materiaal beland in die

natuurlike gang van sake in die grond

deur onbenutte gras en plantreste,

grondorganismes en diere-oorblyfsels,

wat gesamentlik die komposteerbare

element vorm. As voedingsbron vir al

die fauna en flora van die grond, word

dit binne-in die grond tot eenvoudiger

bestanddele afgebreek wat onderling

verbind om humus te vorm.

In omstandighede van optimale

veldbestuur kan tot drie ton en selfs tot

vyf ton organiese materiaal per jaar per

hektaar aan die grond beskikbaar gestel

word, waarvan ongeveer 60 persent as

organiese koolstof (C) vir plantgroei

beskikbaar raak.

Benewens die koolstof, bestaan organiese

materiaal hoofsaaklik uit water-

stof, suurstof, fosfor en

swael en ander, kleiner

hoeveelhede van sogenaamde

spoorelemente;

almal boustene vir die

volgende geslag plante – as

daar voldoende daarvan vir

’n volgende geslag is.

In optimale gemiddelde

omstandighede vorm organiese

materiaal egter maar

’n klein deeltjie van grond;

selde meer as een persent.

Dis die klein dingetjies

wat tel

Hoewel organiese materiaal

slegs ’n klein gedeelte van

die groeibodem uitmaak, het

dit ’n allerbelangrike invloed

op die produksievermoë van

grond; veral omdat dit vol

lewe is en daarom lewe kan

onderhou.

Die balans van die vaste

elemente van grond bestaan

uit klip, sand, slik en klei.

Die uitdaging is dus om die

organiese koolstofinhoud en

gepaardgaande grondmikrobe-aktiwiteit

van die

grond, dit wil sê die gesondheid

van die grond, so hoog

moontlik te kry.

Watter oorwegings kan

hoegenaamd bestaan om

dit anders te wil hê?

Gesonde, humusryke grond

verryk en verdonker die

boonste 100 mm tot 200

mm van die groeibodem

waarneembaar in sigbare

krummels en is nie net ’n

plesier om in die hand te

neem nie, maar ook die

welkome vrug op goeie

bestuur.

Die voorgaande beskryf in

hoofsaak wat binne-in die

grond gebeur. Dit word egter

alleen moontlik gemaak

deur die beskutting wat

onverwerkte organiese

materiaal saam met lewende plantbedekking

aan die lewe binne die grond

voorsien en die beskerming wat dit verleen

teen erosie deur die son, wind en

water. Dit hang dus alles af van hoe ons

met die grond boer.

Net soos deur verkeerde grondbewerkingspraktyke,

word hierdie wonderlike

proses en die positiewe resultaat

daarvan noodlottig beïnvloed deur onder

meer brand en oorbeweiding. Hierdie

As die gesonde veldbestuursbeginsels wat in

die artikel beskryf word, só uitstekend werk

op klipperige suurveld, kan dit net nog beter

werk op sagter veld.

praktyke ontneem die grond van die

deurlopende voedingsaanvulling waarsonder

dit doodeenvoudig verarm. En

ons daarmee saam.

Met oordeelkundige beweiding en

sonder brand is die impak van bekke en

hoewe en die graskomponent in

gesonde balans – balans tussen wat die

dier nodig het en wat elke graspol

nodig het om sy fisiologiese siklus te

deurloop. Voedsame organiese materi-

www.proagri.co.za

aal word dus deur die dier verbruik en

die res word gelaat om enersyds met

die plant self as reserwekrag vir die volgende

seisoen se nuwe groei te herintegreer

en andersyds om by afsterwing as

voeding vir die grondlewe te dien.

Voordele van humusryke grond

Fisies verander humus die struktuur van

grond deurdat dit waterindringing sowel

as watervashouvermoë en deurlugting

verseker deur ’n gunstige los en oop

krummelstruktuur.

Dit help ook ’n vrugbare, biologiese

leefwêreld vir grondmikrofauna en -flora

skep waar onder meer swamdrade

fisiese samevoeging bevorder, wat

uiteindelik tot ’n krummelrige grondstruktuur

lei.

Dit stel onder meer koolstof, stikstof,

swael en fosfor beskikbaar as

plantvoedingstowwe, terwyl dit as agent

dien vir verdere verwering deur anioonen

katioonuitruiling, en bevorder goeie

pH-balans (gesonde grondsuurheidsvlakke).

Die behoud van hierdie leefwêreld

van die mikrobe, buite die alledaagse

sig van die mens, is uiteindelik ook ons

behoud.

Die produktiwiteit van die grond en

die plante wat daarop groei, is die resultaat

van ingewikkelde prosesse waarin

organismes, genoem mikrobes, asook

die grondfauna, saam ’n kritieke rol

speel. Die mikrobes bestaan hoofsaaklik

uit bakterieë, swamme, alge en protosoë,

terwyl die grondfauna onder meer

bestaan uit aalwurms, myte, erdwurms

en miere.

Bewaring vereis goeie bestuur

Hoewel buite sig en beslis nie altyd na

waarde geskat nie, bied die gehalte van

lewe binne die grond die belangrikste

bestuursuitdaging vir enige bewaringsgesinde

grondeienaar. Dit is ook die

sleutel tot gesonde en volhoubare lewe

bo-op die grond.

Grondeienaars moet dus met die

uiterste erns en toewyding verseker dat

hulle hulle grond gesond hou deur reg

te boer.

Voordat enige boer sy veldbestuursplan

maak of enige raad oor bestuur

aanvaar, moet hy dus seker maak dat

die kundige raad wat aangebied word, of

waarvoor hy betaal, die gesondheid van

sy grond as eerste prioriteit stel.

Wederom!

Chris Wagner se gids oor veldbewaring, Waterberg-Bosveld: Prikkelgids vir veldbewaring,

kan teen R45 (posgeld uitgesluit) by 014-736-4592 of by john@pnawarmbad.co.za

bestel word.

Mesh

reservoir

Special on

14 500L

R3 700

Limited stock

available.

JB STAMP

PUMPS & IRRIGATION

Join us for our Summer Sale Splash

1HP Borehole

pump

From R3 599

on 2-3 December at our outlet in Villieria

Swimming pool

pump

From R1 199

Booster

pump

From R1 499

Free

refreshments!

Fountainpumps

From

R85

All prices

include

VAT

Address: 434 Frates Road, Villieria, Pretoria GPS: 25 D 43'10"S 28 D 13'07" E

012-331-2202 jbstamp@netactive.co.za www.jbstamp.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011 11

ie keuse van ’n opvolger vir die

Dboerdery, soos in die vorige uitgawe

bespreek, beteken nie dat alle uitdagings

nou verby is nie. Familielede moet

steeds as ’n span kan saamwerk.

Wanneer die gedrag of waardestelsel

van ’n spanlid onaanvaarbaar is vir

ander spanlede, vind konflik plaas. Persoonlike

konflik ontstaan wanneer spanlede

doodeenvoudig net nie van mekaar

hou nie en is dikwels die gevolg van

persoonlikheidsverskille en -botsings.

Taakgegronde konflik, weer, ontstaan

wannneer spanlede verskil ten opsigte

van die span se probleme of planne.

Konflik kan ook ontstaan wanneer spanlede

verskil oor reëls en prosedures en

hoe om doeltreffend saam te werk.

Konflik kan ook soms veroorsaak

word omdat meer as een geslag in die

boerdery werk. Soms verskil die jonger

geslag se manier van dinge doen

drasties van hoe die ouer geslag dit

tradisioneel doen.

Konflik is egter nie net vernietigend

nie, maar kan ook positief opbouend

wees deurdat dit vindingskrag, kritiese

denke en besprekings tussen spanlede

stimuleer.

Te veel konflik, aan die ander kant,

kan lei tot gebrekkige of geen kommunikasie

tussen spanlede en kan nadelig

inwerk op die samehorigheid van die

span. Dit is dus belangrik dat konflik

doeltreffend en opbouend tussen spanlede

hanteer en opgelos word.

Hier volg ’n paar riglyne vir die

hantering van konflik in die familieboerdery:

• Identifiseer die bron van konflik so

gou as moontlik. Indien verskille en

konflik nie so gou moontlik opgelos

word nie, verander dit later in ’n nog

groter probleem. Wees op die uitkyk

vir vyandigheid of jaloesie tussen

familielede en hanteer dit so gou as

moontlik.

• Kommunikeer vroegtydig en gereeld.

Oop en doeltreffende kommunikasie

verhoed onverwagse verrassings en

gee spanlede die kans om hulle siening

van ’n probleem te verduidelik.

Die familie behoort ook vooraf te

bepaal hoe konflik hanteer gaan word

en deur wie.

• Moenie lede dwing om by die familieboerdery

betrokke te raak nie. Om by

Ons boer saam (5)

Hulpbronbestuur

Doetreffende konflikbestuur in

familieboerderye

deur prof Elmarie Venter, NMMU

Die Barnard-familie van Vlakplaas Boerdery naby Hoopstad is aangewys as

Graan SA se Graanprodusent van die Jaar 2011. Volgens die beoordelaars

van die kompetisie funksioneer mnr Koos Barnard en sy seuns, Kobus,

Janes en Abraham soos ʼn goed ge-oliede masjien en werk hulle in perfekte

harmonie saam.

die familieboerdery te werk moet gestel

word as ’n keuse en nie ’n plig

nie. Dikwels is dit ook raadsaam dat

familielede eers iewers anders gaan

werk en dan eers op ’n latere stadium

by die familieboerdery aansluit. So

word nuwe en vars idees en denke na

die boerdery gebring.

• Moenie werk huis toe neem nie en

omgekeerd. Dit is raadsaam om

tussen werk- en familiebesprekings te

onderskei en hulle apart te hou.

Moenie familiebyeenkomste by die

werk hou nie en moenie werksbyeenkomste

by die huis hou nie.

• Hou familielede verantwoordelik vir

take en foute wat gemaak word. Dit

gebeur soms dat familielede makliker

vergewe word vir foute in ’n familieonderneming

juis vanweë die feit dat

hulle familie is. Streng riglyne moet

egter neergelê word vir alle take en

die betrokke familielid moet vir die

uitvoering en resultate daarvan verantwoordelik

gehou word.

• Hanteer familie- en nie-familielede

dieselfde en op gelyke voet. Indien

familielede voorkeurbehandeling

ontvang, verloor nie-familielede hulle

motivering om te help met die groei

van die saak.

• Raadpleeg deskundiges buite die

familieboerdery. Deskundiges is

dikwels beter toegerus om te help

met ingewikkelde familie- en sakeuitdagings.

Hierdie deskundiges is

meer objektief as familielede oor sake

wat die familieboerdery en die familie

raak.

• Baklei regverdig. Konsentreer op die

probleem en moenie familielede

persoonlik aanval nie. Streef na harmonie

in die familie. ’n Gesonde familieboerdery

word gekenmerk deur

familielede wat die vermoë het om

aan mekaar wedersydse respek,

vertroue en ondersteuning te bied.

• Ten laaste is dit belangrik om die

familieboerdery soos ’n sake-onderneming

te bestuur. Daarom is bestuurstrukture

soos ’n sake- en strategiese

plan, familiegrondwet en familieforums

belangrik, want dit is hier

waar die familie gereelde samekomste

kan hê om aangeleenthede rakende

die familie, die boerdery en eienaarskap

te kan bespreek. Hierdie

strukture en forums help ook om die

emosies uit die saak te hou.

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011

13

y doen nie vir 50 jaar lank sake met

“J’n maatskappy as jy nie tevrede is

met die diens en produkte wat jy kry

nie,” sê Chris Troskie van die Oos-Kaap.

Sedert hy in die vroeë sestigerjare leer

vlieg het, maak hy van National Airways

Corporation se dienste gebruik. Hy sê hy

het al 26 vliegtuie deur NAC gekoop en

dit bly elke keer vir hom ’n aangename

ervaring.

Chris was in sy loopbaan betrokke by

veevoerfabrieke, ’n eie boerdery en

verskeie konstruksieprojekte en hy sê die

tyd wat bespaar word, maak vlieg die

moeite werd. “Waar dit my twee dae sou

vat om op ’n plek te kom en my insette

te lewer, kan ek dit nou in ’n oggend se

tyd afhandel.”

Hy meen enige boer wat ekstensiewe

landboubelange het kan met groot vrug

’n helikopter deel maak van sy bestuursprogram.

Hy praat met lof van NAC en hulle

ervare verkoopsman, Deneys Potgieter:

“Deur die jare het ons al goeie vriende

geword.”

Deneys is trots op die reputasie wat

NAC oor die dekades opgebou het. Hy sê

hulle maak nie net seker dat hulle produkte

en dienslewering van goeie gehalte

is nie, maar loop ook die ekstra myl met

betrekking tot aflewering en die herstel

van foute.

Hy sê: “Ons hardloop nie weg van ons

verantwoordelikhede nie.”

Kopers kan maar weet dat NAC se

span tegnici met ’n fynkam

deur die vliegtuig gaan om

seker te maak dit is veilig en

goed versorg.

NAC verkoop nuwe en

gebruikte vastevlerkvliegtuie

van klein tweesitplek-opleidingsvliegtuie

tot luukse

stralers, asook nuwe en

gebruikte helikopters. Op NAC

se webwerf, www.nac.co.za,

is daar ’n volledige lys van

produkte wat beskikbaar is,

met foto’s en al die nodige

besonderhede.

Deneys sê hulle beveel

vliegtuie en helikopters aan

wat ’n bewese rekord het en

van ’n betroubare verskaffer

kom. Die meeste vliegtuie word van

NAC laat boere uitstyg

Amerika af ingevoer. Kleiner vliegtuie

word in kratte per see of per lug ingebring

en dan in NAC se werkswinkels

aanmekaar gesit en getoets. Die groter

vliegtuie kom natuurlik “op eie stoom”

oor die oseaan.

Deneys is ook self ’n vlieënier en

voornemende kopers kan gerus na hom

luister as hy raad gee oor watter soort

vliegtuig vir watter doel geskik is en wat

die totale werklike koste sal wees. Dit is

nie al waaroor hy raad gee nie; sy eerste

stukkie advies is sommer baie prakties:

“As jy wil leer vlieg en jou eie vliegtuig

koop, gaan net eers vir jou mediese

ondersoek, voor jy later lang trane huil!”

Anton Fourie is ’n saaiboer van

Kommandodrif. Hy het nou al sy sesde

vliegtuig deur NAC gekoop en is baie

tevrede met die diens wat hy ontvang.

Hy gebruik sy vliegtuig nie net in die

bestuur van sy boerdery nie, maar ook

om nuwe markte verder noord in Afrika

te ontgin en voeg by: “Dit is regtig

lekker om met die vliegtuig na jou

As jy wil uitstyg bo die res,

skakel Deneys Potgieter by

011-267-5542 of 082-891-4354

of snuffel vir jou vliegtuig by

www.nac.co.za.

Hulpbronbestuur

vakansiebestemming te reis.”

Dit is ook iets waarvan Chris Troskie

baie hou, want “dit maak jou vry om te

kom en gaan soos jy wil.” Benewens al

die sakevoordele lê die grootste

aantrekkingskrag vir hom egter in die

vlieëry self. “Ek leef vir vlieg,” sê hy.

Anton Fourie van Kommandodrif

neem sy nuwe Beechcraft Prop Jet

Bonanza in ontvangs by Deneys

Potgieter van NAC.

Vliegtuigkopers kan werklik “rooitapytbehandeling” by NAC verwag.

ProAgri 141 – November 2011

www.proagri.co.za 15

agrilag

Regtig gehoor!

deur Dom Boer

“Jorsie is so ’n treurige boer; die enigste ding wat hy

sonder hulp kon kweek, was ’n snor.”

Vrou na die opera aan haar man: “Daardie sopraan het

darem ’n groot repertoire.”

Haar man: “Ja, en daardie stywe rok kon dit kwalik binne

hou.”

“’n Mondelinge kontrak is nie die papier werd waarop dit

geskyf is nie.”

“Ek glo al in reïnkarnasie vandat ek ’n klein paddatjie

was.”

Jorsie: “’n Enkelkaartjie na Gevaar asseblief.”

Spoorwegklerk: “Gevaar? Daar is nie so ’n plek nie.”

Jorsie. “Maar daar is. Kyk net hier in die koerant:

Duisende Werkgeleenthede in Gevaar.”

Getroue steun

Die ou oom was sy lewe lank ’n getroue Blou Bul-ondersteuner,

maar op sy sterfbed kondig hy aan dat hy voortaan

vir WP ondersteun.

“Hoe dan so?” vra sy vriende verstom.

“Wel,” prewel hy met sy laaste asem, “ek sien eerder dat

een van hulle doodgaan as een van ons.”

Wrange woordeboek

Liasseerkabinet: ’n Nuttige houer waarin dokumente

alfabeties verlore kan raak.

Vrome onskuld

Sannie: “Op pad werk toe het ’n man my voorgekeer en

my die voering van sy reënjas gewys.”

Annie: “Is jy seker hy wou gehad het jy moet die voering

van sy reënjas sien?”

Sannie: “O ja. Hy het niks anders aangehad nie.”

Nare waarheid

Jorsie: “Ek weet nie of ek ’n digter of ’n sanger moet word

nie.”

Sorsie: “Definitief ’n digter.”

Jorsie: “Het jy al van my gedigte gelees?”

Sorsie: “Nee, maar ek het jou al gehoor sing.”

Is dit waar dat die polisieman uit die Eenheid vir Ernstige

Ekonomiese Misdrywe geskop is omdat hy gelag het?

Bekwaam

Redakteur: “Het jy toe daardie boerderystorie verkort

soos ek gesê het?”

Joernalis: “Ja. Tot die koeie gee nou kondensmelk.”

Flinkdink

“My familieregister kan teruggevoer word tot by Van

Riebeeck,” spog Heinie by ’n partytjie. “En hoe oud is jou

familie?” vra hy neerhalend terwyl hy na Hennie kyk.

Hennie glimlag ewe vriendelik terwyl hy antwoord: “Nee,

ek kan regtig nie sê nie. Al ons familierekords is mos in

die Sondvloed vernietig.”

Die een wat die beste Agrilagbydrae stuur, wen ’n

musiekpiering van Thys die Bosveldklong. Stuur jou

bydrae aan domboer01@mweb.co.za en help om die

landbougemeenskap vrolik te hou.

Werfnuus www.proagri.co.za

ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf

propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons

werf of volg die skakels om spesifieke

artikels en berigte te lees:

Agri SA: Grondbesetting sal nie

geduld word nie 2011-10-21

“Opruiende uitsprake gerig op die

onwettige besetting van grond neem

toe en dit blyk dat die ANC-leierskap

’n wag-en-sien benadering inneem”

het mnr Johannes Möller, president

van Agri SA gesê. http://bit.ly/qxHzR9

Kanadese boer steeds op hongerstaking

Die melkboer wat daaraan skuldig

bevind is dat hy ongepasteuriseerde

melk van sy plaas af in die Kanadese

Ontario-provinsie verkoop het is nou

reeds drie weke op ’n hongerstaking.

http://bit.ly/oPmNHL

Malema se aansoek na Konstitusionele

hof word teengestaan

AfriForum gaan die ANC Jeugliga

president, Julius Malema se Konstitusionele

Hof appèl teen sy skuldigbevinding

aan haatspraak teenstaan.

http://bit.ly/qT2L35

Tribunaal sê aikona aan Pannar en

Pioneer Hi-Bred

Die Mededingingstribunaal het die

samesmelting van die twee multinasionale

saadmaatskappy Pioneer

Hi-Bred, ’n filiaal van DuPont en Suid-

Afrika se grootste saadmaatskappy,

Pannar Saad, verbied.

http://bit.ly/nc6SAk

Sensus en opname van boere is

nie dieselfde ding nie

Met Sensus 2011 wat in Oktober

plaasvind heers daar nou verwarring

onder boere omdat ’n ander tipe

opname terselfdertyd geloods is.

http://bit.ly/qqBILn

Nuwe verbod op volstruisvleis

uitvoere

Volstruisvleis-uitvoere na die Europese

Unie (EU) is weer opgeskort. Hierdie

verbod kom pas na die uitvoere hervat

is vir die hele Suid-Afrika buiten

Oudtshoorn. http://bit.ly/pSkJ1M

Voedselpryse vorentoe meer

wisselvallig sê VN

Voedselpryse sal waarskynlik in die

komende jaar meer wisselvallig word

wat die kanse sal verhoog dat armes

in lande wat van voedsel-invoere

afhanklik is gaan honger ly, het die

Verenigde Nasies in ’n verslag bekend

gemaak. http://bit.ly/ncljkb

Suksesvolle kleinveesuiwelforum

gehou

Die Suider-Afrikaanse Bok- en Skaapmelkverwerkers-organisasie

het ’n

suksesvolle kleinveesuiwelinligtingsforum

vir die telers van melkbokke en

–skape gehou. http://bit.ly/ritMBa

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011

17

Agrikyk

Meatmaster

Sheep: Breed

establishment in

South Africa

& Lees

Deur: Freddie Peters

Uitgewer: Kejafa

ISBN: 978-0-9869983-1-7

ie spoggerige koffietafelboek

Door die ontwikkeling van die

Meatmaster-ras is pas deur Kejafa Knowledge Works

uitgegee. Dit is ’n getuigskrif van die harde werk en geesdrif

van die pioniers van die Meatmaster-ras.

Freddie Peters het self ’n bepalende rol in die vestiging van

die ras gespeel. Hy het op sy plaas aan die voet van die

Suikerbosrand in die Vereeniging-distrik begin eksperimenteer

met Damara-ramme op Ile de France-ooie. Die doel was om

’n skaapras te ontwikkel wat ewe tuis in die bosse as op die

rante sou wees en wat ook vlugvoetig genoeg is om nie in die

potslagter-veediewe se arms in te loop nie. Aanvanklik het hy

die kruising Bosranders genoem.

Dit het aan die lig gekom dat ander telers ook besig is om

met Damara’s te eksperimenteer op Dorpers, Van Rooy’s en

Vleismerino’s.

In 2005 is die Meatmaster Telersgenootskap amptelik

gestig en kort daarna is met DNS-toetsing bewys dat die

Meatmaster ’n afsonderlike ras is.

In die boek is die geskiedenis van die Genootskap en die

ontwikkeling van die ras noukeurig gedokumenteer en word

daar ook gekyk na moontlike toekomstige ontwikkelings met

betrekking tot kruisteling.

Daar is ’n deeglike fenotipiese beskrywing en die rasstandaarde

word duidelik uiteengesit.

Prof Michiel Scholtz, spesialisnavorser van die LNR, sê in sy

oorsig oor die boek dat enige vleisskaapteler die publikasie op

sy rak behoort te hê. Dr Gretha Snyman van die Grootfontein

Landbou-ontwikkelingsinstituut sê die boek het ook goeie

waarde vir wetenskaplike navorsing, veral vanweë die uitgebreide

verwysingslys.

Meatmaster Sheep kan by Kejafa bestel word teen R350

(posgeld ingesluit in SA). Stuur ’n e-pos na

kejafa@mweb.co.za of skakel 011-025-4388.

Een gelukkige ProAgri-leser kan ’n eksemplaar van die

boek wen deur ons bakkiesblad (Facebook) te besoek en ons

te “laaik”. Die wenners van verlede maand se boeke is

Breggie Jonker met haar puik idee vir ’n stoeppilaar in

Boerseplan in Oppiestoep en Heila Purchase wat met haar

veiligheidswenke ’n eksemplaar van Treurgrond losgeslaan

het.

18

Wen!!

Meatmaster Sheep, breed

establishment in South Africa

Al wat jy hoef te doen:

Kry ProAgri op Facebook en “Laaik” ons of lewer

kommentaar.

Prystrekking vind op 15 November plaas en die

wenner sal per Bakkiesblad laat weet word.

ProAgri 141 – November 2011 www.proagri.co.za

Greenfields Agricultural Holdings:

Landboutoerusting van die hoogste gehalte

f jou boerdery reusagtig groot of

Opiepklein is, Greenfields Agricultural

Holdings het vir jou nommerpas

werktuie en trekkers teen sakpas

pryse.

Greenfields is die invoerder van die

gewilde Foton-trekkerreeks vanaf

Sjina; die land wat van ’n vervaardiger

van substandaard produkte ontwikkel

het tot ’n trotse vervaardiger van

toerusting wat nie net aan internasionale

gehalte-standaarde voldoen nie,

maar dit dikwels oortref.

Dis geen wonder dat die gerespekteerde,

tegnologies gevorderde reeks

Apple-produkte, insluitend die iPod, die

iPhone en die iPad, nou in Sjina

vervaardig word nie.

Hierdie top gehaltestandaarde word

al hoe kenmerkender van Sjinese

produkte en is baie duidelik in die

Foton-trekkerreeks. Van die klein,

maar taai en verbasend veelsydige

FT254-trekker, met sy ratsheid en hope

wringkrag, tot die groter FT824, rus die

klem op betroubaarheid en doeltreffendheid

teen bekostigbare pryse, wat

veel meer waarde vir geld bied.

Staantyd is ’n baie lelike woord, wat

Greenfields so ver as moontlik uitskakel

met ’n netwerk van bekwame

handelaars en agente wat flinke

rugsteundiens aan boere lewer. ’n

Gevorderde onderdele-afdeling met ’n

berg toepaslike onderdele vorm deel

van hierdie diens.

’n Perfekte werktuig vir die mossiemaar-man

FT254 is die Foton B70baler,

wat net die antwoord vir die

kleiner boer met beperkte arbeid is.

Een werker kan die B70 se klein, ronde

bale optel en stapel. Dis maklik om

met die B70 te werk en hy maak in ’n

japtrap goed saamgepersde, soliede en

ekonomiese bale. Die B90 maak effens

groter bale.

Greenfields bied ’n volledige reeks

landbouwerktuie, insluitende die 5

kubieke meter SiloKing-voermenger,

die JCB-sleestuurlaaigraaf, bossiekappers

en viertolharke, wat almal vir die

kleiner boer nuttig is vir kuilvoer- en

hooimaak.

Greenfields is ook die trotse verskaffer

van die JCB Workmax-reeks, die

nutsterreinvoertuig wat ’n reusagtige

vrag in verhouding tot sy grootte kan

dra. Die Workmax-nutsterreinvoertuig

(UTV) staan sy man deeglik in die

mark vir nutsterrein- en alleterreinvoerttuie

(ATV), waar talle boere na die

nutsterreinvoertuig oorskakel. Dis ’n

baie logiese besluit, want waar jy

wydsbeen oor ’n ATV sit en ’n sleepwa

moet aanhaak as jy ’n vrag wil vervoer,

bied die UTV soos Workmax ’n gerief-

Greenfields se klein, maar kragtige, Foton FT254-trekker met die Foton

B70-baler wat netjiese, klein, kompakte, hanteerbare bale maak.

like dwarssitplek vir twee en ’n nuttige

laaibak – en jy kan nog steeds ’n

sleepwa aanhaak vir ’n dubbele

vrag.

Vir meer inligting oor Greenfields se

voortreflike werktuie en diens, skakel

033-263-1305 of besoek

www.greenagri.co.za

Van die kleinste tot die grootste – Greenfields se SiloKing is ernstige boere

se eerste keuse.

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011

19

Veeboerdery

Vermillian Verf se nanotegnologie:

Klein deeltjies verseker groot sukses

B eskerming van boere se bates is die

eerste en belangrikste rol van verf,

glo Vermillian Verf se slimkoppe, en

daarom gebruik hulle die mees

gevorderde tegnologie om vir die boer

die beste oplossings te bied.

’n Goedgeverfde dak lyk nie net mooi

nie; as dit met Vermillian se waterdigting

geverf is, is die dak ook perfek dig,

dit hou langer en dit beskerm die diere

of produkte of masjiene of mense onder

die dak doeltreffend.

Die geheim lê in Vermillian se

nanotegnologie. Dit beteken dat die

molekules van die waterdigting veel

kleiner is as dié van water, sodat selfs

water wat langdurig daarop lê dit glad

nie kan binnedring nie.

Boonop dring die nanodeeltjies tot

tussen die molekules van die sink,

beton of hout in sodat Vermillian se

waterdigting werklik met die oppervlak

saamsmelt en nie bloot daarop plak om

anderdag weer los te trek soos gewone

waterdigtingsmiddels nie. Dit is

rekbaarder en skeurtraer as gewone

waterdigtingsmiddels sodat dit uitsetting

en inkrimping as gevolg van

temperatuurwisselings baie beter kan

weerstaan.

Maar waterdigting is nie net vir

dakke nie – Vermillian bied ook die perfekte

oplossing vir krippe, damme en

Selfs die staalstawe by Hunter’s Rise-varkboerdery

se misput toon geen teken van roes

nadat dit met Vermillian Verf se Verust behandel

is nie.

20

Vermillian se Distemper Neutraliser is nie net perfek vir dakke, damme,

krippe en tenks nie, maar ook om mure en vloere in dierebehuising so doeltreffend

te verseël dat geen kiem of reuk ‘n wegkruipplek daarin kry nie.

Trots neem ons Vermillian Verf na die boere!

tenks. ’n Dun lagie maak tot

skadunet heeltemal waterdig.

Hunter’s Rise-varkboerdery

van Viljoenskroon gebruik

Vermillian se Distemper

Neutraliser om die vloere en

mure van hulle varkhokke te

verseël sodat geen kiem,

bakterie of selfs reuk

skuilplek kan kry nie.

Hierdie tegnologie is ook

perfek vir melkerye, hoenderhuise,

stalle, slaghuise en

verwerking- en verpakkingsaanlegte

waar honderd

persent sindelikheid vereis

word – en die afwesigheid

van kieme lei tot ’n teenwoordigheid

van geld in die

boer se bankrekening.

Wanneer jou dak dig is en

die kieme uitgeskop, is al

wat jou diere verder vra,

lekker koel lewensomstandighede.

Ook daarvoor sorg

Vermillian met sy Solar Aircon,

wat die temperatuur

onder ’n dak wat daarmee

behandel is met 6 tot 7

grade Celsius verlaag.

Sommige gebruikers behaal

selfs ’n temperatuurdaling

van 9 grade, maar

enigeen wat in die warm somer met

diere boer, kan jou vertel dat ’n temperatuurdaling

van selfs 2 grade ’n gunstige

uitwerking op diereproduksie het.

Solar Aircon wend maklik aan: net

twee oorkruis lae met ’n kwas of roller

op ’n skoon oppervlakte en siedaar, jou

diere bly lekker koelkop.

Ook vir roes het Vermillian die

perfekte nano-oplossing met Verust.

John Westerink van Hunter’s Rise-varkboerdery

vertel dat die ammoniak wat

die varke uitskei die hokke se

sinkdakke, staalhekke en afskortings

kwaai gevreet het sodat hy naderhand

moedeloos geraak het.

Maar toe kom daar ’n skitteroplossing

uit ’n onverwagte oord: Die boerdery

het ’n groot varkskaal in Pretoria

gekoop en toe hulle die verskaffer vra of

die skaal nie sal roes nie, was sy

antwoord ’n summiere en oortuigde

nee: Dis skaal is met Verust van Vermillian

Verf behandel en roes staan nie ’n

kat se kans nie.

Dit was toe ook so! Daardie skaal

werk steeds op Hunter’s Rise en jy kan

maar kom soek of jy ’n roeskolletjie op

hom sal kry – niks! Vermillian se Verust

het alle roes summier stopgesit, selfs in

die uitdagendste omstandighede by die

boerdery se misput.

Leon van de Berg van Apex Industries,

wat motoronderdele verskaf, stem

ProAgri 141 – November 2011 www.proagri.co.za

saam. Monteringstutte wat met Verust

behandel is, het die motornywerheid se

gevreesde 360 uur soutspuit uitmuntend

weerstaan – sonder ’n teken van oppervlakroes,

roes tussen die staal en Verust

of roesveroorsaakte blase.

Saam met die bestaande produkte

bied Vermillian ook nou ’n oplossing teen

vrotpootjie by beeste wat as gevolg van

nat toestande waarin bakterieë broei, in

byvoorbeeld melkstalle, kan voorkom.

Vermillian se nanotegnologie Rubberizing

kan bo-oor die ander produkte op staal

en beton aangebring word en is ideaal

vir melkboere wat gereeld vloere moet

verf as gevolg van bakterieë wat deur

die verf en sement vreet. Rubberizing

verseël nie net die vloere nie, maar gee

ook vir die beeste beter vastrapplek en

help om klank te demp, veral as dit op

staal aangewend word. Rubberizing is

UV- en suurbestand en die vloere kan

net skoongespuit word.

Vermillian is die verf wat kan dink en

wat jou bates ten beste beskerm – maar

dit is ook die smaakvolle verf wat jou

omgewing laat mooi lyk. Daarby is

Vermillian ’n “groen” maatskappy wat al

meer as 30 jaar lank chemikalieë en pigmente

herwin om beter produkte te bied

en die omgewing te beskerm.

Vermillian maak byvoorbeeld ’n PVAonderlaag

vir rou sement van herwonne

materiaal wat andersins net die omgewing

sou besoedel.

Vermillian bied die totale dakoplossing: Van spesiale dakspykers wat balke

behoorlik vastrek, tot ’n werklik doeltreffende waterdigtingsmiddel en

hitteweerkaatsende verf wat sorg dat jou diere gerieflik bly en beter

produksie lewer, en ’n roesweerder wat werk.

Praat vandag met Vermillian Verf se behulpsame slimkoppe by 012-335-0330,

012-546-3350, 083-697-6798 of 082-491-8272, of besoek enigeeen van

Vermillian se winkels of die webwerf, www.vermillianpaint.com. Vermillian se

mense verstaan die boer.

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011 21

Veeboerdery

Staalmeester sny skoon en droog flink

ieter van der Vyver plant 120 ha

Plusern op sy plaas Diepfontein tussen

Cradock en Tarkastad in die Oos-Kaap.

Die plaas is deel van die Kommandodrifskema.

Pieter se Angora’s en Merino’s

weet wat dit is om lekker te eet, maar

om daardie lusern ten volle te benut,

moet dit ook behoorlik gesny en gebaal

word.

Volgens Pieter moet ’n snyer vinnig

en netjies sny, en die materiaal doeltref-

Pieter van der Vyver is ’n tevrede boer, want sy JF

Stoll-snyerkneuser sorg dat sy lusern skoon gesny en

op die vierde dag gebaal kan word.

Batrake 8-10-12 Wheel Rakes Hydraulic li and independent

rake wheels Reinforced Frames R37 491/R48 452

22

While stocks last

While stocks last

Caddy 8-10-12 Wheel Rakes with kicker wheels Adjustable

working width and hydraulic li R32 227 / R38 100

Head office: 018-431-0300

Worcester Branch: Neels 082-937-4841

Humansdorp Branch: Faan 082-446-9683

E-mail: info@staalmeester.co.za

Website: www.staalmeester.co.za

fend kneus. Daar is daar net een snyerkneuser

wat die werk goed genoeg vir

hom kan doen en dit is ’n JF Stollmasjien

van Staalmeester. Dit is

waarom hy tot verlede jaar nog deurgedruk

het met sy JF-snyers wat al in die

laat sewentigs gemaak is. Hy was baie

bly om die nuwe GMT 3205 L te bekom.

“Ek het gesoek en gekyk na baie

ander soorte, maar nie een kon kers

vashou by myne nie,” vertel hy.

Gelukkig het

Staalmeester toe

begin om teen

November verlede

jaar die nuwe generasie

JF Stoll-snyerkneusers

in te voer.

Pieter het so vier

snye met ’n 2,4 m

model gedoen, maar

kon toe ’n 3,2 m

demonstrasiemodel

bekom wat sy

behoeftes soos ’n

handskoen pas. Hy

sê die beste ding

van die nuwe snyers

is dat die aksie presies

dieselfde gebly

het. ’n Mens karring

nie aan ’n ding wat

perfek is nie.

DIRECT TO THE PUBLIC

JF SB Range Mowers 2 -2,4-2,8m with 6mm

Hardox Reinforced Cuer Bar

NEW STOCK

Teen ’n kragaftakkerspoed van 1 000

opm draai die agt snytolle teen 3 000

opm, wat beteken dat Pieter elke keer ’n

skoon snit kry, selfs op lusern wat gaan

lê het.

Nog ’n groot voordeel is die spesiale

beskerming teen klippe en hindernisse.

Die snyer hang in ’n raam. Sodra die

snyerstaaf ’n klip of ander voorwerp

tref, lig die masjien sy snyende dele

bo-oor die hindernis. Die masjien word

beskerm sonder om enige spoed in te

boet.

Pieter sê: “Ek het al gesien dat ander

masjiene die gesnyde lusern afgooi,

maar my masjien sit dit saggies neer.

Daar is dus genoeg lug tussen die

plante om behoorlike droging mee te

bring.” Saam met die kneusaksie,

beteken dit dat hy klokslag op die

vierde dag na oes kan baal.

Die groot voordeel van die vinnige

drogingsproses is ook dat sy lusern

blaarryk bly. “Ek baal nie stokke nie,” sê

Pieter. Sy bale is gesog en hy sukkel

nooit om hulle van die hand te

sit nie.

Verander jou lusernboerdery in ’n sukses

met Staalmeester se hulp. Skakel

hulle hoofkantoor by 018-431-0300 of

besoek www.staalmeester.co.za vir

meer inligting.

JF R420 Power Rake 4.15m R47 400

JF 2.4m Rubber Roller Condioner on Three Point R116 424

ProAgri 141 – November 2011 www.proagri.co.za

Inheemse kleinveerasse van Suid-Afrika

deur Leon Kruger, veeartsenykundige tegnoloog: LNR-diereverbeteringsinstituut, Irene

Damararam Stert van Damara-ooi Namakwa-Afrikanerram

nheemse kleinvee is oral waar jy in

Idie Suid-Afrikaanse platteland ry, te

sien. Eintlik behoort ons op ons

inheemse kleinvee net so trots te wees

as op die springbok en protea; dit is

voorwaar ’n nasionale bate.

Inheemse vee is nie net Ngunibeeste

en Boerbokke nie. Daar is

verskeie inheemse veesoorte in die

land, waarvan sommiges meer kommersiële

waarde het as ander.

’n Inheemse spesie is ’n spesie wat

natuurlik in ’n gebied voorkom, maar

nie noodwenig uniek aan daardie

gebied is nie.

Kleinveerasse wat as tipies inheems

beskou kan word in Suid-Afrika, sluit

die volgende in:

Skaaprasse

• Pedi

• Zoeloe

• Damara

• Ronderib-Afrikaner

- Blinkhaartipe

- Steekhaartipe

• Namakwa-Afrikaner

• Persie-skape

• Swartkop-Persie

• Rooikop-Persie

• Swartskilder-Persie

• Rooiskilder-Persie

Bokrasse

• Boerbok

• Kalahari rooi

• Savannah

• Veldbokke

Meeste van die rasse het in die vroegste

tye saam met trekkende inheemse

bevolking soos die Khoi, Damara,

Herero, Namakwa en Nguni-volke na

die suidelike gedeelte van die vasteland

getrek. Die Persie-skape het ’n

interessante storie. Oorlewing het dit

dat die ras omstreeks 1868 per seilskip

in die land aangekom het, waar hulle

bestem was om kos vir die skeepsbemanning

te wees. Hulle is vir ander

skape geruil en so het die Persie se

goeie vrugbaarheid en aanpasbaarheid

daartoe gelei dat die ras in die land

gevestig is.

Raseienskappe:

Ronderib-Afrikaner

’n Tipiese vetstertskaap met ’n breë

vetstert wat tot 5 kg kan weeg. Soos

meeste vetsterttipes, kan die skaap in

droë gebiede oorleef omdat dat dit

energie in die vetstert berg. Dit het ’n

wit haarkleed en kan horings hê of

poenskop wees.

Damara

Die ras se vetstert is lank en gepunt na

onder. Die gladde haarkleed kan ’n wye

verskeidenheid kleure hê. Ramme het

stewige horings en die ooie kan kleiner

horinkies hê of poenskop wees.

Namakwa-Afrikaner

Hierdie ras het ’n kinkel in sy lang vetstert.

Die gladde haarkleed is wit met

die kop wat swart of rooi kan wees. Die

ras het horings.

Zoeloe

Die ras het ook ’n lang vetstert. Die

growwe wol en haarkleed kan verskeie

kleure hê, maar swart en donkerbruin

kom die meeste voor. Ramme kan

horings hê of poenskop wees. Kenmerkend

van die ras is die ore wat dikwels

afwesig is of daar is klein oortjies,

maar normale ore kom ook voor.

Pedi

Hierdie ras is van nature poenskop met

’n gladde haarkleed wat verskeie

vervolg op bl 24

Zoeloeram Troppie Zoeloe-ooie

Klein oortjies van Zoeloeram

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011 23

Veeboerdery

Pediram (voor) Pedi-ooi van agter

kleure kan hê. Die oorwegende patroon

is egter ’n wit liggaam met ’n rooi kop.

Die vet stert is lank en gepunt na

onder.

Persie

Die ras is poenskop met gladde

haarkleed, ’n vet homp op die kruis en

’n klein stertjie. Die haarkleed kan wissel

tussen wit met ’n swart kop, wit met

’n rooi kop, rooi gespikkel (skilder) of

swart gespikkel. Die kleur is ook nie

uniek nie en ’n swart spikkel kan

byvoorbeeld ’n wit lam met ’n swart kop

hê.

Boerbok

Hierdie veredelde ras is het sy oorsprong

in inheemse bokrasse van die

Oos-Kaap. Die ras het ’n gladde wit lyf

met ’n rooi kop. Die ore hang.

Kalahari rooi

Die ras lyk baie soos die Boerbok, maar

met ’n algeheel rooibruin, gladde

haarkleed. Die ore hang ook soos die

Boerbok s’n.

Savanna

Die ras het ook sy oorsprong uit die

inheemse bokke en het ’n gladde wit

haarkleed met hangore soos die Boerbok

en Kalahari Rooi. Alhoewel die

haarkleed wit is, is die pigmentasie

donker.

Veldbokke:

Verskeie haarkleedkleure kom voor en

word volgens eko-tipes gegroepeer.

Zoeloetipe met gladde haarkleed van

’n wye verskeidenheid kleure. Die ore

Kalahari rooi

24

hang nie en is gepunt. Klein, skerp,

gepunte horinkies kom voor by ramme

en ooie.

Swazitipe met gepunte ore en stewige

horings. ’n Wye verskeidenheid

haarkleure kom voor.

Appeltipe met hangore en ’n kleurpatroon

van bruin of swart met duidelike

wit kolle. Die horings is stewig.

Skildertipe met gepunte ore en ’n

gespikkelde, gladde haarkleed en

stewige horings.

Die algemene siening en kommentaar

wat so dikwels die rondte doen dat

die inheemse rasse van ’n swakker

gehalte as die kommersiële rasse is, is

ook nie heeltemal waar nie.

Wat wel waar is, is dat die omstandighede

waarin die diere aangehou

word, nie altyd aan ’n sekere standaard

voldoen nie. Dit gebeur byvoorbeeld dat

ooilammers te vroeg in hulle lewe

dragtig raak en dit het ’n invloed op

verdere prestasie.

Indien die diere aan goeie bestuurspraktyke

onderwerp word, het hulle die

vermoë om net so goed te presteer as

kommersiële rasse.

Dit is net nodig om te luister na kommersiële

boere wat met inheemse kleinvee

boer om die waarde en plek van

inheemse rasse in die kleinveeboerderypraktyk

van die land te besef.

Daar word suksesvol kommersieel

geboer met veldtipe bokke, Damaraskape,

Pediskape, Persieskape en

Afrikanerskape in gebiede waar dit nie

haalbaar is om suksesvol met ander

rasse te boer nie.

Die gesogte Dorperskaap sou ons nie

beskore gewees het as dit nie vir die

Appelbokke: ram met ooie

Swartskilderpersieram

Persieskaap was nie. Die Dorper is

ontwikkel deur kruisteling tussen die

Persie en Dorset Horn. Die Meatmaster

is ontwikkel uit die Dorper en Damara.

Die Dormer het ’n persentasie

Afrikaner-bloed in hom. Die Afrikanerskaap

is ook gebruik in die ontwikkeling

van die Van Rooyskaap.

Daar word ook soms ongekwalifiseerde

eienskappe toegedig aan

inheemse vee. ’n Mens lees gereeld in

die media en advertensies uitlatings

soos: “Die inheemse rasse is weerstandig

teen siektes en plae…” Uitlatings

soos hierdie word gemaak op grond van

die feit dat die inheemse rasse deur

baie jare van natuurlike seleksie baie

goed aangepas is in die omgewing waar

hulle grootgeword het.

Daardie diere sou byvoorbeeld nie

dieselfde presteer in gebiede waar siektes

en plae voorkom waaraan hulle nog

nooit blootstelling gehad het nie.

So, byvoorbeeld, is daar Damaraskape

vanaf die Noord-Kaap ingebring

na ’n proefstasie op die Hoëveld waar

die skape op aangeplante kikoejoe

aangehou is. Die skape het vinnig

agteruitgegaan weens haarwurmbesmetting

en die proef moes

gestaak word.

Daar is ook inderdaad sommige rasse

wat ernstige bedreiging van uitwissing

in die gesig staar. Die Zoeloeskaap is

een van die rasse wat grotendeels deur

kleinboere aangehou word en waarvan

die getalle aan die afneem is. Weens die

kleiner karkas en vetstert wat nie aanklank

vind by die gebruiker nie, neig die

kleinboere om eerder met groterraamrasse

te wil boer, of hulle verbaster die

Zoeloeskaap met die ander rasse.

Die genepoel is ook nie groot

genoeg nie, want die eienaars kan nie

nuwe ramme inkoop of ruil wat onverwant

is aan die kudde nie.

Daar is ’n daadwerklike poging van

die Departement Landbou en ander

verwante organisasies om die ras se

getalle te vermeerder.

Wat ook al die mening oor die

inheemse rasse is, die feit bly staan:

Ons as landbouers het ’n verpligting om

al die inheemse veerasse te

bewaar; bewaring wat net soveel

aandag behoort te geniet as die bewaring

van ander nasionale bates soos

renosters, buffels en die protea...

ProAgri 141 – November 2011 www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011 25

Veeboerdery

ns is almal deeglik bewus daarvan

Odat voorkoming beter is as

genesing. Daarom laat diens ons ons

voertuie voorkomend. Ons besoek die

tandarts elke 6 of 12 maande vir ’n

voorkomende ondersoek en dan vroegtydige

optrede as dit nodig is.

As dit egter by ons skape kom, lyk dit

vir my na ’n ander storie!

Dan wil ons wag dat die parasiete

eers hulle hele lewensiklus moet voltooi,

goed skade aan die dermwand veroorsaak,

bloed suig soos in die geval van

die haarwurm, uitgroei, paar, eiers lê...,

en eers as ons hierdie eiers in die mis

optel en hoë tellings kry, of met die

Famacha-tegniek sien dat die dier bleek

is en dus reeds aan erge bloedverlies

asook die gepaardgaande produksieverliese

ly, wil ons hulle doseer. Dit is vir

my reaktief, en beslis nie ’n voorbeeld

van voorkomende dieregesondheid nie!

Ek is ’n voorstander van produksiegeoriënteerde

parasietbeheer, waar ons

die diere voorkomend doseer voor

belangrike produksietye of fisiologies

belangrike tye in die dier, of in die geval

dan die skaap, se produksiesiklus.

Hier dink ek byvoorbeeld aan paartyd

– ons wil die ooi op ’n stygende fase of

kondisie kry, omdat dit wetenskaplik

bewys is dat hulle dan beter “vat” (dat

konsepsies hoër is en dat hulle meer

tweelinge aankry).

Diere wat met parasiete besmet is,

gaan nie goed op byvoeding, of dan

prikkelvoeding, reageer nie en indien

daar wel ’n positiewe reaksie is, gaan

hulle voeromset heel waarskynlik ook

swakker wees. Dieselfde geld vir ramme

voor paartyd, ooie voor lam... en dan

praat ons nie eens van die “ideale” of

“bes moontlike” wegspring in die lewe

van ’n lam nie.

Ons weet dat reuk ’n belangrike rol in

skape speel by paar- en lamtyd, en dat

skape met ’n erge neuswurmbesmetting

se reukvermoë aangetas word. Dit is

dus ook net logies om voor hierdie

belangrike produksiestadium daarvoor

te behandel.

Daar bestaan by my geen twyfel dat

die voordele van ’n goeie voorkomende

26 ProAgri 141 – November 2011

Voorkomende dieregesondheid:

Parasietbeheer

deur Dave Midgley van Dave Midgley Consulting

As jy van skape verwag om produksie te lewer, moet jy hulle teen parasiete

beskerm. Foto’s: Leonie Kellerman

beheerprogram die koste daaraan ver

oorskry nie.

Geïntegreerde parasietbeheer:

Hier draai alles rondom BALANS.

Daar bestaan nie so iets soos om

parasiete te probeer uitroei nie. Ons

moet daarna streef om hulle voor of

tydens belangrike produksietye te

BEHEER.

Ken die vyand!

Weet watter parasiete betrokke is en

wanneer hulle voorkom. Moenie alles

glo wat in boeke staan, of wat ander

mense vir jou sê nie. Jou parasiete het

waarskynlik nie dieselfde boeke as

jy/hulle gelees nie, en die ander mense

het heel waarskynlik nog nie met jou

parasiete gesels of met hulle te doen

gekry nie!

Stel vas wat op jóú plaas aan die

gang is. Hou rekord van gebeure sodat

jy of jou nageslag dit vorentoe kan

gebruik. Neem bestuursbesluite dan op

grond van daardie inligting wat jy op

jou plaas versamel het!

Kyk net byvoorbeeld

hoeveel

jou reënval met

die van ’n

direkte buurman

kan verskil

– en ons weet

dat reënval ’n

regstreekse

invloed op

parasietladings

het.

Dieselfde

geld vir voeding,

hantering

– enigiets wat

spanning

veroorsaak en

die immuniteit

of weerstand van jou skape negatief

kan beïnvloed. Ook hier kan bure verskil

in hulle byvoedingsbeleid – oor wat

hulle gee, hoeveel, en hoe.

Dit is dus logies dat laer parasietbesmettings

in tye van spanning, of in

toestande van spanning, ’n groter

invloed op die dier en sy produksie sal

hê.

Intensiewe boerderye, of selfs

stelsels soos met KI, intensiewe lamstelsels

(die lamhokkiestelsel), en by

samedromming soos in voereenhede,

verg almal bestuursaanpassings wat

parasietbeheer en die inenting van die

diere insluit.

Elke plaas se omstandighede verskil,

en die beste “programme” is die wat vir

jou plaas en jou omstandighede uitgewerk

word.

Daar is nie vandag meer plek vir

verouderde programme wat vir streke,

of op grond van seisoene, uitgewerk

word nie.

Dit is ook my mening dat ’n veearts

die bes opgeleide persoon is om ’n

spesifieke program vir jou omstandighede

op te stel, maar ook hier moet ek

ongelukkig erken dat nie alle veeartse

ewe veel in skape of in parasiete

belangstel nie. Gesels dus met jou

naaste, of plaaslike veearts, wat die

omgewing, en verkieslik jou plaas en

produksiestelsel of omstandighede, ken

en werk saam met hom vir jou ’n

program vir JOU OMSTANDIGHEDE uit.

Alternatiewelik kan jy ’n program wat

deur iemand anders uitgewerk is met

hom bespreek sodat hy kan uithaal wat

hy onnodig ag en/of bysit as daar iets is

wat hy voel by moet kom.

Dr Dave Midgley kan gekontak word

by dave.midgley@vodamail.co.za.

www.proagri.co.za

Kry en bêre jou ProAgri elke maand

Liasseer elke maand jou ProAgri in ’n mooi stewige lêer.

Die aanbod sluit ook intekening vir 12 uitgawes in.

Teen R220 (posgeld ingesluit) sal jy ’n spoggerige lêer

en vir ’n jaar lank elke maand ’n ProAgri ontvang.

Skakel vir Paula by 012-362-2732 om van hierdie

spesiale aanbod gebruik te maak.

Brangus

Spesiale

aanbod!

Die lêers kan ook alleen aangekoop word.

Brangus Cattle Breeders

Society

PO Box 12465

Brandhof

9324

Tel: 051-444-1144

Fax: 051-444-5070

info@brangus.org.za

www.brangus.org.za

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011

27

Vee & Veilings

28 ProAgri 141 – November 2011

Besoek ons webblad:

www.dorpersa.co.za

www.proagri.co.za

AgriTrader

40 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

Advertensiediens vir die boer

Advertising service for

the farmer

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers,

voertuie, werktuie, en alle ander landbou toerusng by mekaar uit te bring.

Vir die bekosgbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel:

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-6089 stefan@agritrader.co.za

Marlien vd Westhuizen (Pretoria) 012-362-2732 marlien@smartpublishing.co.za

WEED CONTROL IN DAMS

Control aquatic plants with sterile (triploid)

grass carp.

We are the only national approved

supplier of sterile(triploid) grass carp in SA.

Aquatic Weed Control specialize in the

biological control of aquatic weeds since

1991.

We pioneered this protocol in South Africa.

Biological control is the most cost

efficient and effective method in the

control of aquatic weeds.

This service is supplied by

professional scientists with 25 years

experience.

Contact: Aquatic Weed Control:

011- 769-2257

E-mail:awc@exol.co.za

Handmielieplanter

Planter betaal homself in ’n paar uur

Plant regte diepte

Plant haasbekrye sommer tjop-tjop in

Kunsmisstrooiers en nog

kleinskaalboerderywerktuie

kan gesien word by

www.backsaver.co.za

Kontak Michris 073-454-4111

mooiuitsigboerdery@telkomsa.net

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011

29

AgriGids

AgriGids

Jy kan nie dag en nag jou vee

dophou nie, maar FaunaTrack kan.

Met ’n AcciTag-merker aan 10% van jou kudde, sal die FaunaTrackstelsel

jou deur boodskappe na jou rekenaar of selfoon waarsku dat

diewe en jakkals se kind besig is om moles te maak.

Die kontrolestasie kry sy krag deur ’n sonpaneel en het 24-uur

toegang tot die Internet.

Red jou wins!

30 ProAgri 141 – November 2011

Kontak Desmund by

082-414-3242 of

per e-pos

pro_buzz@mweb.co.za

N17 Farming Equipment

• Ons spesialiseer in die maak en verkoop van

verskuifbare skaapkrale, baalringe, voerbakke en

kruiphokkies.

• Indien ’n kliënt iets volgens eie voorskrif

gemaak wil hê, sal ons dit maak.

e-mail: n17farmeq@yahoo.com

Sel nr: 083 516 9019

Kontak person: Daleen Pretorius

Facebook: Farming Equipment

voor

na

Onderhoud en verf van dakke.

Skakel Ryno Keeve 078-460-3322

www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 141 – November 2011

31

AgriGids

AgriGids

32 ProAgri 141 – November 2011

100% waterproof

Very comfortable

Ribble

Tillamook Bay

For more styles,

go to www.fourlakes.co.za

Contact 021 557 0606 or

info@fourlakes.co.za

or order online at

www.fourlakes.co.za

“ New style – available

from mid August “

Craftsman

ESK

www.proagri.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!