02.05.2013 Views

DIE KWEEK VAN SAMPIOENE: 'n HANDLEIDING VIR BEGINNERS

DIE KWEEK VAN SAMPIOENE: 'n HANDLEIDING VIR BEGINNERS

DIE KWEEK VAN SAMPIOENE: 'n HANDLEIDING VIR BEGINNERS

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VOORWOORD

Die doel van die ZERI-projek by die Universiteit van Namibië is die bevordering

van oestersampioenverbouing in Namibië. ZERI is ’n afk orti ng vir Zero Uitstraling

Navorsingsinisiati ef (Zero Emissions Research Initi ati ve). ZERI is ’n visie, konsep en

fi losofi e wat in 1994 by die Verenigde Nasies Universiteit/United Nati ons University

(UNU) in die lewe geroep en ontwikkel is. Die konsep kyk na ’n wye verskeidenheid

items rondom ons sowel as na die ryke biodiversiteit in ons verskillende ekosisteme

wat dikwels geïgnoreer of as waardeloos en nutt eloos afgemaak word, met die oog

daarop om hulle te verander in nuwe, bemarkbare, waardetoegevoegde produkte.

Die ZERI-projek het sampioenverbouing uitgesonder as een van sy hoof navorsing-

en ontwikkelingsaksies in Namibië. In Namibië verskaf die personeel van UNAM

se Sam Nujoma Mariene en Kushulpbron Navorsingsentrum/Marine and Coastal

Resources Research Centre (SNMCRRC), die Ogongo Landboukollege en die ZERIkantoor

op die hoofk ampus die belangrikste tegnologie vir sampioenverbouing.

Hierdie handleiding is geskryf ter ondersteuning van die ZERI-projek se grootse taak

hier in Namibië.

Die belangrikste moti ef vir die daarstel van hierdie handleiding is om Namibiërs

in staat te stel om sampioene te kweek vir eie gebruik of as ‘n kontantgewas om

inkomste te genereer en werk te skep.

Hierdie handleiding het ’n drieledige doel. Eerstens bring dit sampioenverbouers in

aanraking met die tegnologie van sampioenverbouing. Tweedens vereenvoudig en

begrens dit die inligti ng wat in meer besonderhede voorkom in A Guide to Successful

Mushroom Farming: An agenda for developing Africa diff erently deur prof. Keto

Mshingeni en prof. Shu-ing Chang (2000). Derdens skep dit vir ons ’n geleentheid

om ons ondervindings rakende sampioenverbouing en -opleiding in Namibië met

lesers te deel.

Die hoofdoel van hierdie opleidingshandleiding is om die leser van die nodige kennis

en vaardighede te voorsien wat nodig is vir die verbouing van oestersampioene

in Namibië. Ná opleiding en deur die handleiding verder te bestudeer sal

deelnemers:-

die basiese vaardighede van die verbouing van oestersampioene kan

verduidelik en toepas;

sampioenkweekplantjies en -saad kan voorberei;

kan wys hoe om besmetti ng van kweekplantjies en saad te voorkom;

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!