02.05.2013 Views

Chapter 1 Koos.fm - PULP

Chapter 1 Koos.fm - PULP

Chapter 1 Koos.fm - PULP

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Politokrasie

’n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat

en gedagtes vir ’n antwoord daarop

KOOS MALAN

2011

Politokrasie: ’n Peiling van die dwanglogika van die territoriale

staat en gedagtes vir ’n antwoord daarop

Gepubliseer deur:

Pretoria Universiteitsregspers (Pretoria University Law Press — PULP)

Die Pretoria Universiteitsregspers (PULP) is ’n uitgewer by die Regsfakulteit

van die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika. PULP poog om innoverende,

hoë-kwaliteit akademiese werke oor die reg in Afrika te publiseer en te

versprei. PULP publiseer ook ’n reeks versamelings publiekreg-verwante

regsdokumente in Afrika, sowel as ’n reeks regshandboeke uit verskeie

Afrikastate.

Hierdie boek is voor publikasie deur eweknieë gekeur.

Vir meer inligting oor PULP, raadpleeg www.pulp.up.ac.za

Gedruk en gebind deur:

ABC Pers

Kaapstad

Vir bestellings, kontak:

PULP

Fakulteit Regsgeleerdheid

Universiteit van Pretoria

Suid Afrika

0002

Tel: +27 12 420 4948

Faks: +27 12 362 5125

pulp@up.ac.za

www.pulp.up.ac.za

Omslag:

Yolanda Booyzen, Sentrum vir Menseregte

Kunswerk:

Die Korporaalskap van Frans Banning Cocq en Luitenant Willem van

Ruytenburch maak hulleself gereed, bekend as ‘Die Nagwag’ deur

Rembrandt (1642)

ISBN: 978-0-9869857-3-7

© 2011

THE WORLD BANK

Washington, D.C.

Hierdie titel is deel van die Oppergesag van die Reg in Afrika-reeks,

gefinansier deur die Wêreldbank.

1

2

3

4

5

6

7

INHOUD

VOORWOORD v

DANKBETUIGING vii

STAATLIKHEID 1

REPUBLICA CHRISTIANA - DIE VOORGANGER VAN 11

STAATLIKHEID

1 Godsdienstige identiteit 11

2 Middeleeuse konstitusionalisme 21

VERVAL EN WEGBEREIDING: DIE VERVAL VAN 33

DIE REPUBLICA CHRISTIANA EN DIE NADERENDE

KOMS VAN STAATLIKHEID

1 Sekularisasie, Renaissance en Humanisme 33

2 Politieke en regsdenke 36

3 Staatsvorming 43

4 Reformasie 51

5 Impasse 57

DIE GRONDLEGGING EN DIE GRONDLEGGERS VAN 65

STAATLIKHEID

1 Die Politiques, Michel de l’Hôpital en Jean Bodin 65

2 Thomas Hobbes en die geboorte van Leviatan, 75

die sterflike god

3 John Locke, die konstitusionele voortsetting van 85

Thomas Hobbes

4 Interstaatlikheid en Hugo de Groot 94

DIE STAATLIKE PARADIGMA 99

1 Die hoofbakens van die staatlike paradigma 99

2 Die dinamika van paradigmas 116

STAATLIKE IDENTITEIT: DIE STERFLIKE GOD KRY 127

’N GEMEENTE VAN AANBIDDERS – DIE NASIE

1 Staatsbou gedrapeer as nasiebou - Hobbes, 127

Rousseau en daarna

2 Die dwanglogika van nasiebou 142

3 Sagter vorme van nasiebou 153

4 Staatsbou-regsdenke 155

4.1 John Rawls 156

4.2 Nasiebouregspraak, Ronald Dworkin en 165

regsbeginsels

STAATLIKE DEMOKRASIE 175

1 Staatlike demokrasie - demokrasie mak gemaak 175

deur die staatlike paradigma

2 Demokrasie as legitimiteitsfiksie 190

3 Prekariokrasie en gelykheid 193

iii

8

9

10

4 Massokrasie, die demokrasie van die territoriale 200

staat

MENSEREGTE – DIE SORGSAME STAAT 207

1 Simbiose 207

2 Op die spoor van die ontwikkeling van 209

menseregte

3 Die staatlik-paradigmatiese politiek van 217

menseregte

3.1 Die besondere posisie van sosiale en 222

ekonomiese regte

3.2 Horisontaliteit en die ideologiese ommekeer 225

van menseregte

3.3 Die disharmonie en agterdog van menseregte 228

3.4 Die staatlike orde en die prominensie van die 230

juristeklas

3.5 Menseregte, bron van ʼn die ideologie van 235

afhanklikheid

GREPE UIT DIE REG KRAGTENS DIE 241

STAATLIKE PARADIGMA

1 Inleiding 241

2 Die onskendbaarheid van die staat: Hoogverraad 242

3 Die onskendbaarheid van die staat: 250

(Territoriaal-) staatlike selfbeskikking

3.1 Geskiedenis 253

3.2 Ontleding 257

3.3 Staatlike versus nasionale selfbeskikking: die 265

domestiserende konsep van selfbeskikking

POLITOKRASIE 273

1 Inleiding 273

2 Politokrasie 276

2.1 Basiese grondslag 276

2.2 Uiteensetting 280

2.2.1 Die sentrale belang van gemeenskappe 280

2.2.2 Meervoudige openbare identiteite en 284

regeringsfere

2.2.3 Subsidiariteit en Korreksie 285

3 Res publica / Gemenebes 290

3.1 Eienskappe van ʼn res publica 290

3.2 Die res van die res publicae 293

4 Burgers - politai 302

4.1 Burgers teenoor individue; res publicae 302

teenoor die private domein

4.2 Burgerskap 306

4.3 Burgerskaplike gelykheid 310

4.4 Omvang 312

BIBLIOGRAFIE 317

GERAPPORTEERDE REGSPRAAK 342

INTERNASIONALE EN REGIONALE 344

REGSINSTRUMENTE

INDEKS 347

iv

VOORWOORD

Deesdae is daar ʼn stortvloed voorspelbare en herhalende kommentaar

oor sg. ‘good governance’ en staatsbestuur. Die meeste gedagtes wat

kwytgeraak word, seil sorgeloos oor die Weste se eeuelange en

boeiende geskiedenis, insluitende ʼn geskiedenis van regs- en politieke

filosofie, en die meeste bydraes vertoon een bepaalde blindheid — die

aanname dat die laaste eeue groot ‘vooruitgang’ vir die beskawing

gebring het. Wat dan, kan belangriker vir ʼn denkende leser wees as ʼn

volume wat met heldere objektiwiteit en treffende begrip,

dieperliggende en ironiese terugslae in die geskiedenis van

staatsbestuur blootlê, veral oor onlangse dekades? Prof Koos Malan se

meesterlike en diepgaande ontleding vul ʼn gapende leemte in die

beskikbare insigte oor staatsbestuurtradisies en -praktyke wat ons

almal se lewens ten nouste raak.

Sy werk word gelei deur ʼn kernvraag — in hoeverre is bevolkings

werklik deur hervormings bevry en bemagtig? Is duistere beperkings

en kragte van vervreemding, onderworpenheid en knegskap in die

ontwikkelde wêreld werklik tot die geskiedenis verban of lê hulle

slegs versluier deur die fatsoenlike skyn van vooruitgang? Prof Malan

se penetrerende oorsig van bewindsvorme en publieke regsstelsels

vanaf die Middeleeue tot die huidige era van menseregte en die

burokraties-versorgende staat erken die vordering maar stel diep

verontrustende vrae. Die Renaissance, die Reformasie, die inperking

van die goddelike reg van konings, die erkenning van vryswewende

indiwidualisme en uitkringende beginsels van ʼn sosiale kontrak wat ʼn

bewind daarstel om onderling vyandiggesinde indiwidue teen mekaar

en teen regeerders te beskerm het weliswaar die menslike kondisie in

vele opsigte dramaties verbeter. Maar soos Prof Malan dit verhelder,

het ʼn nuwe en veel kragtiger maar versluierde bedreiging in die

nuutgevonde vryhede uitgebroei. Wat deur Thomas Hobbes as

‘Leviatan’, die ‘sterflike god’ in die staat beskryf is, het sy dwangheerskappy

meedoenloos uitgebrei. Terwyl die magte van konings en

priesters uiteindelik as kwesbaar en wisselvallig bewys is, het die

‘sterflike god’ van die staat sy greep binne die vesting van nasionale

soewereiniteit verstewig. Malan beskryf hoe die ‘sterflike god’ sy

oorspronklike leë eensaamheid gaandeweg gevul het met dankbare

afhanklikheid, menseregte en welsyn. Bevolkings is met ‘nasiebou’

oortuig om die jaloerse god te prys deur die homogene identiteit van

die burokratiese nasiestaat te aanvaar. Die nasiestaat as hedendaagse

vors kan binne sy vesting van internasionaal geoorloofde afdwingbare

nasionale grense en soewereine status, ʼn sagte dog onaanvegbare

nuwe absolutisme handhaaf, wat Malan as massokrasie beskryf.

Is daar vir die mensdom ʼn beter keuse? Malan meen wel so, en duik

ver terug na onder andere die klassieke Griekse Stadstaat as ʼn deel

van die fondament vir ’n alternatief. Hy gee geen konstitusionele

voorskrifte nie maar wel ʼn roerende beeld van ʼn mensdom wat sy

volle potensiaal bereik binne ‘tuistelike’ gemeenskappe wat die

beginsel van onderlinge verantwoordbaarheid kan herstel. Hierdie

skerpsinnige werk — in Afrikaans — vervat in ‘Politokrasie: ʼn peiling

v

van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ʼn

antwoord daarop’, maak met reg aanspraak op ons noukeurige

aandag.

Lawrence Schlemmer

vi

DANKBETUIGING

Ek vertrou dat Politokrasie: ʼn Peiling van die dwanglogika van die

territoriale staat en gedagtes vir ʼn antwoord daarop belangstelling

en debat sal uitlok by diegene wat hulle krities en indringend met die

dinamika tussen die eietydse staat — ook die Suid-Afrikaanse staat —

en gemeenskappe bemoei. Hierby is ingebegrepe vakwetenskaplikes

en belangstellendes in die reg, politieke wetenskap, geskiedenis en

verskeie sosiale wetenskappe maar ook almal met ʼn belangstelling in

die geskiedkundige en politiek-filosofiese agtergrond van die huidige

territoriale staat en ʼn belang by die juridiese verrekening van die

aansprake van veral kultuur- en taalgemeenskappe in die huidige

politieke tydsgewrig.

Uiteraard vervul die publikasie van hierdie boek my met

genoegdoening. Terselfdertyd moet bygevoeg word dat die doek die

produk van ʼn herhaalde gelukkige sameloop van omstandighede is,

waarsonder dit nie kon verskyn nie. Ek was gelukkig om oor jare aan

die kennis en insig van talle mense blootgestel te word. Daar is baie

van hulle — vriende, kennisse, kollegas, dosente ens. Tog moet ek een

persoon noodwendig by name vermeld, naamlik Danie Goosen, by wie

se uitgebreide kennis en deurlugtige insig ek oor ʼn tydperk van etlike

dekades ruim gebaat het. Ek was net so gelukkig om oor jare aan groot

woordvoerders van en kommentators oor die Westerse politieke en

regstradisie blootgestel te word. Dit is paslik om ʼn mens self daaraan

te herinner dat ʼn werk van hierdie aard volkome onmoontlik sou wees

sonder grondige en dankbare blootstelling aan hierdie tradisie. Graag

bedank en ook my kollegas by die regsfakulteit van die Universiteit

van Pretoria en in besonder by die departement publiekreg, wat

kollektief sorg vir ʼn aangename en intellektueel prikkelende

werksomgewing.

Oorspronklik, voordat eers ietwat daaraan geskaaf en daarna

heelwat daaraan toegevoeg is, was hierdie werk ʼn proefskrif wat

onder die bekwame leiding van proff Adrienne van Blerk van die

departement jurisprudensie aan die Universiteit van Suid-Afrika en

Hennie Strydom, destyds nog verbonde van die Universiteit van die

Oranje Vrystaat voltooi is.

Verskeie mense, in die besonder Johan Scott en Johan Kok het die

manuskrip taalkundig noukeurig onder oë gehad. Ek bedank hulle

graag nie net daarvoor nie, maar boonop vir die vriendskapsbande wat

ons gesmee het. Opregte dank aan Lizette Besaans van die

Regsuitgewers van die Universiteit van Pretoria vir haar geduldige en

noukeurige afronding van die manuskrip en so ook aan Yolanda

Booyzen vir die buiteblad-ontwerp. Juanita Larkin, departemente

administrateur van die departement publiekreg verdien eweneens

besondere dank vir haar altyd bekwame en doeltreffende

administratiewe bystand.

Koos Malan

Februarie 2011

vii

HOOFSTUK

1

1

STAATLIKHEID

Toe Thomas Hobbes teen die middel van die sewentiende eeu oor die

staat geskryf het, het hy met groot ontsag daarna as Leviatan en die

sterflike god verwys. Op daardie stadium was die staat egter maar nog

in sy kinderskoene. Later sou die staat oneindig kragtiger raak as wat

ooit voorsien kon word. Mettertyd het dit duidelik geword dat die

aliasse Leviatan en sterflike god geen melodrama was nie, maar ’n

paslike beskrywing vir die staat wat later — en tans — so dominant in

die lewens van individue en gemeenskappe geword het. Hierdie staat

het ook ’n eie ideologie ontwikkel waarmee dit sy stempel op ons

almal afdruk, afhanklikheid van die staat aankweek en geloof en

getrouheid in hom inprent en afdwing. Hierdie werk handel juis met

die staat en meer in die besonder met hierdie staatsideologie, wat ek

hier staatlikheid noem. Wanneer van staatlikheid gepraat word, kom

veral twee sake ter sprake:

Eerstens is daar die treffende verskynsel wat tans bykans ’n

universele gegewe is dat die staat die hoofbepaler van individue se

openbare identiteit is. Die individu se openbare identiteit is

staatsbepaald en is gevolglik dié van staatsburger. Individue het

weens hulle geankerdheid in, hulle verbintenis met en lidmaatskap

van ’n verskeidenheid van gemeenskappe en groepe ʼn variasie van

ander kulturele, taal, godsdienstige, etniese, regionale en dergelike

ander identiteite maar, dit alles is in finale instansie vanuit die

oogpunt van staatlikheid nouliks meer as blote private identiteite. Die

staat alleen is die eksklusiewe opeiser en afdwinger van ʼn staatlike

openbare identiteit. Potensieel mededingende aanspraakmakers op

openbare identiteit word konsekwent en energiek uit die openbare

sfeer geweer. Gepas beskryf Bikuh Parekh hoe die staat ’n staatlike

identiteit afdwing en ander identiteite marginaliseer wanneer hy sê:

All its citizens are expected to privilege their territorial over their other

identities; to consider that they share in common as citizens far more

important than what they share with other members of their religious,

cultural and other communities; to define themselves and relate to each

other as individuals to abstract away their religious, cultural and other

views when conducting themselves as citizens; to relate to the state in

an identical manner; and to enjoy an identical basket of rights and

2 Hoofstuk 1

obligations. In short, the state expects of all its citizens to subscribe to

an identical way of defining themselves and relating to each other and

the state. This shared political self-understanding is its constitutive

principle and necessary presupposition. It can tolerate differences on all

other matters but not this one, and uses educational, cultural, coercive

and other means to secure that all its citizens share it. In this important

sense it is a deeply homogenizing institution. 1

Hier in Suid-Afrika het ons ook met die moeisame inprent van ’n

staatlike identiteit te kampe. Veral sekere minderhede is hieraan

blootgestel. Uit die bespreking later in hierdie boek blyk dit duidelik

dat dit ’n wydlopende verskynsel is wat homself al op baie plekke

voltrek het. Die inprent van ’n staatlike identiteit is die een sy van

staatlikheid wat in hierdie werk behandel word.

Tweedens verwys staatlikheid na neergelegde reëls van

wetenskapsbeoefening — wetenskapsbeoefening aan die hand van die

behoeftes van die staat en ter wille van die handhawing van die

bestaande staatlike orde. Dit is wetenskapsbeoefening aan die hand

van wat ek ’n staatlike paradigma noem. Die fokus van hierdie aspek

van staatlikheid is dat daar ter wille van die beveiliging en

voortsetting van die huidige staatlike orde en van staatlike identiteit

voorskrifte, reëls en parameters vir geldige wetenskapsbeoefening en

intellektuele aktiwiteit binne sekere dissiplines neergelê en

afgedwing word, by name in die politieke teorie, die politieke

wetenskap en die regswetenskap. Deur die aktiwiteite van die

beoefenaars van verskeie wetenskaplike dissiplines word ’n ortodokse

wetenskap beoefen wat op die beveiliging en voortsetting van die

bestaande staatlike orde afgestem is. Ofskoon hierdie paradigma ’n

besonder kragtige rol speel, is dit versweë. Daar word nie daaroor

gepraat of gereflekteer nie. Dit word as ’n normale en

vanselfsprekende gegewe van die werklikheid beleef en hanteer, byna

asof dit ’n natuurlike gegewe is. Dit is natuurlik nie die geval nie. Dit

is ’n historiese en dus ’n tydelike verskynsel. Dit het gekom en dit kan

weer gaan, maar omdat dit as natuurlik beleef word — as ’n

gereïfiseerde gegewe — word die verganklikheid daarvan nie oorweeg

nie. Dit is juis die indruk van natuurlikheid en onverganklikheid wat

die staatlike paradigma so gedug maak, want met die gevestigde

wanindruk is daar per slot van sake net een realistiese reaksie daarop.

Dit is om jou daarby neer te lê, dit te aanvaar en dus gelate aan die

hand van sy voorskrifte op te tree.

Daar is voortdurend ’n noue wisselwerking tussen hierdie twee

aspekte van staatlikheid, dit wil sê tussen staatlike identiteit en die

staatlike paradigma. Wetenskaplike arbeid ingevolge die staatlike

1

B Parekh Rethinking multiculturalism: Cultural diversity and political theory

(2000) 185.

Staatlikheid 3

paradigma word aangewend om staatlike identiteit te verskans en te

bevorder, om potensieel mededingende identiteite te bestry, asook

om individuele en groepsafhanklikheid van die staat te verstewig.

Die patroon van wetenskapsbeoefening kragtens die staatlike

paradigma is dus funksioneel omdat dit aangewend word om die

bestaande orde te dien en teen verandering te beskerm. Waarmee ons

hier te doen het, is dus ’n wesenlik konserwatief geneigde vorm van

wetenskapsbeoefening, aangesien dit gemik is op die instandhouding

van die staatlike status quo. Die oomblik wanneer ’n begrip soos

konserwatief ter sprake kom, duik die vraag op of ons dan werklik met

wetenskap te doen het en of ons ons nie eerder hiermee op die terrein

van die politiek en ideologie begeef nie. Die antwoord is dat albei

gelyktydig voorhande is: wetenskap sowel as ideologie. Ons het

inderdaad met ’n grys veld, selfs ’n volledige konkurrensie van

wetenskap en ideologie, te make. Dit is juis daarom dat ek

staatlikheid as staatsideologie beskryf.

Die staat in gedrang

Dit mag vreemd voorkom dat dit nodig is om op staatlikheid te fokus,

aangesien die staat tans toenemend in die gedrang is en die staat se

posisie as sentrale politiek-juridiese instelling toenemend betwis

word. Trouens, een van die gewildste — selfs opwindende — temas van

ons tyd is om te fokus op die verskeidenheid van kragte wat die staat

onder druk plaas.

Die staat se gesag, so word gesê, het opwaarts, sywaarts en

afwaarts weggesyfer. 2 Die staat verkeer onder druk van die politiek

van kulturele identiteit, dié van nuwe nasionalisme aan die een kant 3

en van internasionale ekonomiese integrasie — globalisering — aan die

ander kant. 4 Die staat het soveel aan ekonomiese soewereiniteit

ingeboet dat daar soms twyfel uitgespreek word of dit die

hoofbousteen van regering sal bly. 5 Die tradisionele beginsel van

staatlike soewereiniteit en die verbod op inmenging in die

huishoudelike aangeleenthede van state, wat in artikel 2(7) van die

Handves van die Verenigde Nasies vervat word, word deur sommiges

as tans niks meer nie as ’n juridiese fiksie beskou. 6 Ook word die

mening gehuldig dat die verwering van die staat so ver gevorder het

2

3

S Strange ‘The defective state’ (1995) 125 Daedalus 56.

V Cable ‘The diminished nation state: A study in the loss of economic power’

4

5

6

(1995) 125 Daedalus 23.

Cable (n 3 hierbo).

Cable (n 3 hierbo).

Strange (n 2 hierbo) 66.

4 Hoofstuk 1

dat die konsep van staatlike (nasionale) identiteit ’n anachronisme

geword het. 7

Ekonomiese globalisering het tot gevolg dat kapitaal in so ’n mate

mobiel geraak het dat ’n terugkeer na valutabeheer nouliks denkbaar

is. 8 Sommige multinasionale korporasies benut hierdie vrye vloei van

kapitaal so doeltreffend deur wêreldwyd te investeer dat hulle

beswaarlik meer gesien kan word as behorende tot ’n bepaalde staat.

Hulle het tewens staatloos geraak 9 en daarmee gepaardgaande lyk die

topbesture van hierdie korporasies ook toenemend na ’n staatlose

elite. 10

Globalisering bring ook ’n markgedwonge eendersheid van

nasionale ekonomiese beleid mee. Alle state beleef die noodsaak vir

belegging van multinasionale maatskappye en is almal gevolglik

genoop tot fiskale, monetêre en arbeidsbeleid wat dergelike

beleggings aantrek. 11 Dit verswak die beleidsvryheid van state en

bring ook mee dat nasionale wetgewers slegs beperkte beweegruimte

het met betrekking tot die formulering van ekonomiese beleid. 12

Globalisering het ook tot gevolg dat tegnologiese, rekeningkundige en

handelsregtelike standaarde wat eers volledig nasionaal vasgestel is,

nou toenemend op globale of regionale skaal geharmonieer word, 13

wat opsigself ’n verdere verwerende uitwerking op staatlike

soewereiniteit het. 14

Benewens globalisering, wat die staat op verdediging het, is daar

die kragtige verskyning van die politiek van identiteit wat sigself al

hoe sterker laat geld. Nuwe partye en bewegings wat die klem op

partikuliere identiteit, hetsy ten aansien van taal, kultuur, godsdiens,

gebied of watter ander partikuliere identiteit ook al plaas, is oral

besig om veld te wen. 15 Die politiek van identiteit het inderdaad die

ou ideologiese kategorieë van links na regs op ’n ideologiese spektrum

heeltemal ontwrig 16 en plaas tegelyk ook baie state onder die druk

van middelpuntvliedende kragte. Dienooreenkomstig het die afgelope

twee dekades ’n beduidende toename in die ontstaan van nasiestate

wat uit toenmalige multinasionale state ontstaan het, waargeneem.

7

B Turner ‘Outline of a theory of citizenship’ in C Mouffe (red) Dimensions of

Radical Democracy (1992) 58.

8 Cable (n 3 hierbo) 27.

9

Cable (n 3 hierbo) 30; VA Schmidt ‘The new world order incorporated’ (1995) 125

Daedalus 79.

10 Cable (n 3 hierbo) 36.

11

Cable (n 3 hierbo) 40.

12 Schmidt (n 9 hierbo) 76.

13 Cable (n 3 hierbo) 34.

14

Vgl in die algemeen TL Friedman The world is flat: The globalized world in the

twenty first century (2005).

15 Cable (n 3 hierbo) 44.

16

Cable (n 3 hierbo) 46; sien ook in die algemeen SP Huntington The Clash of

Civilizations and the Remaking of World Order (1996).

Staatlikheid 5

Ofskoon die staat onder druk verkeer, is die era van die staat

klaarblyklik nog nie ’n gedane saak nie. Soos in hoofstukke 6 tot 9

verduidelik word, bied die staat steeds hardnekkig en grootliks

suksesvol weerstand teen nie-staatlike uitdagers. Die staatlike

paradigma ondergaan deurlopend verfyning wat daarop gemik is om

sekere konsepte en strominge wat die staatlike orde mag bedreig, te

domestiseer — mak te maak — en dan tot voordeel van die staatlike

orde aan te wend.

Die staat is steeds die enkele konsep wat die politiek oorheers.

Politiek is daar waar die staat is. 17 Op ’n praktiese vlak is dit

heeltemal ondenkbaar om die lewe sonder die staat voor te stel. Die

staat is steeds die voorste afdwinger van openbare identiteit en vir

die individuele persoon is daar steeds geen heenkome buite en sonder

die staat nie. 18 Die staat vervul so ’n sentrale rol in die daaglikse

menslike bestaan dat ’n behoorlike begrip daarvan krities belangrik is

vir die verstaan van die denke en politieke praktyk van die

negentiende en twintigste eeue en van die huidige era.

Die staat is die vertrekpunt vir bykans alle politieke en juridiese

teoretisering. Konsepte soos die reg, regte, verpligtinge, vryheid,

gesag en soewereiniteit is almal staatsverwant. Bykans alle probleme

van die politiek en van die mees sentrale probleme van die reg is heg

met die staat ineengestrengel en werk nolens volens met die staat as

die uitdruklike of versweë grondslag en vertrekpunt. 19

Voor die staat

Die staat het natuurlik nie altyd hierdie dominante posisie beklee nie.

Dit is voorafgegaan deur die rykskerklike wêreldgeheel van

Middeleeuse Wes-Europa: die godsdienstige geheel georganiseer

binne die Rooms-Katolieke Kerk en die gelyklopende politieke

(wêreldlike) geheel georganiseer binne Heilige Romeinse ryk. Almal

was lede van hierdie Republica Christiana. 20 Openbare identiteit is

bepaal deur lidmaatskap van die Republica Christiana en nie deur

burger te wees van ’n staat soos vandag nie. Binne hierdie

godsdienstig bepaalde orde was politiek nie staatsgedrewe nie maar

trouens ’n blote onderdeel van die teologie. 21

17 A Vincent Theories of the State (1987) 5; FC Field Political Theor Methuen (1963)

18

54.

Vincent (n 17 hierbo) 2; JR Strayer On the medieval origins of the modern state

19

20

21

(1970) 1.

Vincent (n 17 hierbo) 3 en 5.

Vincent (n 17 hierbo) 15.

Vincent (n 17 hierbo) 15.

6 Hoofstuk 1

In hierdie voor-staatlike era was die taak om die politiek-sosiale

kohesie en eenheid in stand te hou grootliks ’n godsdienstige funksie.

Lojaliteit en verpligtinge is deur ’n goddelik geïnspireerde gemeenskaplike

Christelike burgerskap aangekweek. 22

Vanaf die vyftiende eeu het ’n nuwe soort politieke assosiasie

toenemend sy verskyning in Wes-Europa begin maak. 23 Dit was egter

’n gestadigde proses. Die Kerkhervorming — die onherroeplike

skeuring in die Republica Christiana — het die proses egter

gefinaliseer en onomkeerbaar gemaak. Selfs aan die begin van die

sewentiende eeu het lidmaatskap van die Christelike orde egter nog

voorrang bo lojaliteit aan die nuwe state geniet. 24 Teen die einde van

die sewentiende eeu is die tydvak van die Republica Christiana finaal

tot die verlede toevertrou en het die era van staatlikheid aangebreek.

Ons is vandag steeds in die staatlike tydvak.

Die oorgang van ’n universele godsdienstige Republica Christiana

na staatlikheid is treffend gedemonstreer met die ooreenstemmende

wisseling van benamings vir Europa. Teen 1600 het Wes-Europa steeds

as Christendom bekend gestaan. 25 Die begrip Europa is daarenteen

met die verskynsels van sekularisering, soewereine state en

godsdiensvryheid verbind en het daarmee saam ook die teenpool van

’n uniforme Christelike politieke orde versinnebeeld. Teen 1680 was

die ideaal van ’n universele monargie en ’n verenigde algemene

Christendom egter reeds in so ’n mate van die baan dat dit deur die

meer paslike begrip Europa vervang is. 26

Die staat wat sy verskyning in hierdie tyd maak en teen die einde

van die sewentiende eeu goed gevestig was, was ’n entiteit wat tot

op daardie stadium ongekend was. Dit was ’n onpersoonlike,

abstrakte en permanente konstitusionele entiteit wat beheer oor ’n

gekonsolideerde grondgebied uitgeoefen het. 27 Dit was onpersoonlik

en abstrak in die sin dat die staat na dese, anders as in die verlede,

nie die verganklike vors aan wie persoonlike lojaliteit verskuldig was

in die sentrum plaas nie; nee, die staat voer nou ’n outonome en

blywende bestaan los van die tydelikheid en sterflikheid van die

vors. 28 Die staat word onderskei van sy regeerders en sy amptenare

22 JR Morral Political thought in medieval times (1958) 10; C Brooke Europe in the

Central Middle Ages 962-1124 (1987) 39.

23 KHF Dyson The State Tradition in Western Europe (1980) 25.

24 H Kohn The idea of nationalism (1944) 187.

25

DH Pennington Seventeenth Century Europe (1970) 21; JM Roberts The Penguin

History of Europe (1996) 172.

26 HD Schmidt ‘The establishment of Europe as a Political Expression’ (1966) 9 The

Historical Journal 172.

27 Dyson (n 23 hierbo) 28; D Held et al ‘The State’ in T Ball et al (reds) States and

Societies (1985) 1; Q Skinner Political innovation and conceptual change (1989)

112.

28 Skinner (n 27 hierbo) 112.

Staatlikheid 7

wat tydelik met gesag beklee is, maar word ook onderskei van die

samelewing of gemeenskap waaroor dit beheer uitoefen. Quentin

Skinner stel dit soos volg:

Rather the state must be acknowledged to be an entity with a life of its

own, an entity which is at one distinct from both rulers and ruled and is

able in consequence to call upon the allegiance of both parties. 29

Die nuwe politieke entiteit van die staat bring mee dat die ou

benaminge wat aangewend is om die Middeleeue en Renaissance se

politieke entiteite te beskryf heeltemal verouderd geraak het. Vroeër

is begrippe soos realm (ryk), body politic, commonwealth, common

weal, civitas en republiek aangewend 30 as benaminge vir die talle

Middeleeuse en Renaissance koninkrykies en klein republieke — almal

klein politieke entiteite van beperkte tydruimtelike omvang.

Die nuwe staat met sy outonome, permanente en onpersoonlike

en abstrakte karakter verskil so drasties van sy voorgangers dat al

hierdie terme mettertyd weens hulle ontoereikendheid om die nuwe

entiteite te beskryf in onbruik verval. Daar was behoefte aan ’n nuwe

begrip om die nuwe entiteit te beskryf. Die nuwe term is staat,

(state/etat). Dit word vir die eerste maal in 1538 deur Thomas

Starkey gebruik, maar vind nog nie werklik inslag nie. Later word dit

gebruik deur Raleigh, Francis Bacon asook in die Engelse vertaling

vroeg in die sewentiende eeu van Jean Bodin se werk. 31 Dit is egter

veral by Thomas Hobbes dat begrip vir die koms van die nuwe

politieke entiteit terminologies uitdruklik verreken word. Ofskoon

Hobbes soms nog ander terme aanwend, behandel hy die staat

eksplisiet as onpersoonlike, outonome en soewereine entiteit — die

staat in sy nuwe gedaante. 32

Die territoriale staat

Hobbes gaan uit sy pad om die nuwe entiteit paslik te benoem. Hierdie

kunsmatige, orde-stigtende en orde-handhawende entiteit is in

Hobbes se oë die sterflike god, die staat, of waarvoor Hobbes by

uitnemendheid bekend is, die Leviatan. Hierdie Leviatan, die staat,

is sedert die dae van Hobbes die meesternaamwoord, die meesterkonsep

van die openbare diskoers, 33 die inspirasie vir die staatlike

paradigma sowel as die bron en afdwinger van staatlike identiteit.

29

Skinner (n 27 hierbo) 112.

30 Skinner (n 27 hierbo) 121; Dyson (n 23 hierbo) 36.

31 Skinner (n 27 hierbo) 120; Dyson (n 23 hierbo) 36.

32

Skinner (n 27 hierbo) 121.

33 Skinner (n 27 hierbo) 123.

8 Hoofstuk 1

Daar word vandag algemeen na die staat as die nasionale staat of

die nasiestaat verwys. Dit is ’n verwarrende maar goedgevestigde

wanbenaming. Dié wanbenaming gaan uit van die aanname dat state

hulself onderskei deur die eiesoortige nasies wat in die verskillende

state gehuisves word, oftewel dat dit ’n besondere eienskap van elke

staat is dat elkeen deur ’n eiesoortig onderskeibare nasie bewoon

word. Dit is natuurlik allermins die geval. Vir ’n entiteit om as staat

te kwalifiseer, word nie vereis dat dit die politieke ordening van ’n

bepaalde nasie moet wees nie. Om die staat dus juis as nasiestaat te

beskryf, is misplaas en misleidend.

Die wanbenaming is te wyte aan die vereenselwiging van nasie

met staat. Die vermaarde historikus Hugh Seton-Watson lig hierdie

wanbenaming en voortspruitende verwarring toe wanneer hy sê:

The belief that every state is a nation, or that all sovereign states are

national states, has done much to obfuscate human understanding of

political realities. A state is a legal and political organization, with the

power to require obedience with loyalty from its citizens. A nation is a

community of people, whose members are bound together by a sense of

solidarity, a common culture, a national consciousness. Yet in the

common usage of English and other modern languages the two distinct

relationships are frequently confused. 34

Met die oog daarop om die huidige staat meer korrek te beskryf,

behoort meer gepaste terme dus gebruik te word. Een alternatiewe

moontlikheid is dié van soewereine staat, 35 maar die

soewereiniteitsverlies waarna hierbo verwys is, diskwalifiseer dié

benaming. Will Kymlicka se gebruik van die benaming multinasiestaat

in plaas van nasiestaat het meriete omdat dit die valsheid

dat ’n bepaalde nasie telkens sy eie staat bewoon eweneens aan die

lig bring. 36 Micheal Walzer se keuse van putatiewe nasionale staat 37

stel die onkritiese foutiewe gebruik van nasiestaat eweneens aan die

kaak en is om daardie rede ook verdienstelik.

In hierdie werk word nie by die wanbenaming nasiestaat gehou

nie. Verskeie ander terme is meer gepas. Daar is verskeie teoretici

34 H Seton-Watson Nations and States (1977) 1.

35 Seton-Watson (n 34 hierbo) 2.

36 W Kymlicka Liberalism, community and culture (1991) 239.

37 M Walzer ‘Pluralism: A political perspective’ in W Kymlicka The Rights of

Minorities (1995) 140.

Staatlikheid 9

wat oortuigend eerder die begrip territoriale staat verkies. 38 Ek vind

die begrip aantreklik, aangesien dit die aard van die staat veel

getrouer raakvat as die begrip nasiestaat. Dit is ’n soewereine

politieke organisasie binne ’n vasgestelde gebied, ongeag

bevolkingshomogeniteit of heterogeniteit en ongeag of daar enige

kulturele, linguistieke, godsdienstige of etniese gemeenskaplikheid of

binding by die staatsbevolking aanwesig is. ’n Alternatiewe begrip wat

nou by die term territoriale staat aansluiting vind, is dié van

burgerstaat. 39 Die begrip gee te kenne dat die enigste

gemeenskaplike faktor van die persone wat in ’n staat woon, hulle

gemeenskaplike abstrak-juridiese verhouding met die staat is en dui

nie op enige bykomende gemeenskaplikheid, byvoorbeeld uit hoofde

van kultuur, taal, godsdiens of etnisiteit nie. Anders as nasiestaat wat

verkeerdelik suggereer dat die hedendaagse staat gekenmerk word

deur die gemeenskaplike kulturele aard van die persone wat die staat

bewoon, is hierdie benaming vry van hierdie wanvoorstelling. Vir

redes wat veral uit hoofstuk 6 blyk, verkies ek territoriale staat as die

mees korrekte beskrywing en gebruik dit hierna deurlopend.

Die hoofstukindeling sien vervolgens soos volg daaruit: In hoofstuk

2 word die voorganger van die era van staatlikheid, die Republica

Christiana, bespreek. Dié bespreking verhelder ’n begrip van die

besonderse aard van die huidige staatlike tydvak. In hoofstuk 3 word

die wegbereiding na die tydvak van staatlikheid bespreek. Hierin word

die filosofiese en politieke erosie van die universele Christelike orde

toegelig en word daar aangedui hoe ’n variasie van kragte en

uiteindelik die Kerkhervorming — ’n epogmakende rewolusionêre

politieke gebeurtenis — die Republica Christiana finaal onbestaanbaar

gemaak het en die era van staatlikheid aangekondig het.

In hoofstuk 4 word op die denkarbeid van die pioniers van

staatlikheid gefokus. Daar is talle van hulle, maar pertinent onder

bespreking is veral Jean Bodin, Thomas Hobbes, John Locke en Hugo

de Groot.

Hoofstuk 5 handel eerstens oor wat met die begrip paradigma

bedoel word. Daarna word die parameters en die dissiplines van die

staatlike paradigma in die besonder blootgelê. Hoofstuk 6 tot 9 fokus

op verskeie aspekte van die staatlike paradigma en identiteit.

38 Sien bv. die Engelse regshistorikus, W Holdsworth A History of English Law (1937)

Vol VIII 310 asook R Falk ‘The Rights of Peoples (In particular indigenous peoples)’

in J Crawford The rights of peoples (1988) 26; S Strange (n 2 hierbo) 70; JN Figgis

Political thought from Gerson to Grotius, 1414-1625 (1960) 72; AB Bozeman

Conflict in Africa (1976) 131; J Habermas ‘Law and Morality’ in M Mc Currin

Stanley (red) The Tanner Lectures on Human Values Vol VIII (1988) 260; H Spruyt

The sovereign state and its competitors: An analysis of systems change (1994) 3;

HJ Berman Law and Revolution: The formation of the Western Legal Tradition

(1983).

39 NGS van der Walt Die Republikeinse Strewe (1969) 18-19.

10 Hoofstuk 1

Hoofstuk 6 behandel staatsbou (nasiebou) as grondliggende strategie

van staatlike identiteit en toon aan hoe juridiese kategorieë vir die

doel aangewend word. Hoofstuk 7 fokus op demokrasie en

demokratiese teorie en toon aan hoe demokrasie wat die vermoë het

om die bestaande staatlike orde onder druk te plaas deur

teoretisering volgens die staatlike paradigma kragteloos gemaak is en

uiteindelik in diens van staatlike identiteit geplaas is. In hoofstuk 8

kom menseregte aan die beurt. Daarin word aangetoon dat hoewel

menseregte voorgee om die staat — in die vorm van die regering — aan

bande te lê, dit uiteindelik meewerk tot die versterking van die staat

en die bestendiging van individuele en groepsafhanklikheid van die

staat. Hoofstuk 9 fokus op twee algemene regskonsepte wat tekenend

is van hoe die regswetenskap die staatlike orde dien. Daar is talle

regskonsepte en regsfigure van die aard maar in hoofstuk 9 word

stilgestaan by twee van die treffendste daarvan — een op die

huishoudelike terrein en die ander op die gebied van die

internasionale reg. Gevolglik word eerstens stilgestaan by

hoogverraad en dan by die internasionaalregtelike regsposisie

rakende territoriale integriteit en die beperkings op selfbeskikking en

sesessie.

Daar word egter nie volstaan met ’n beskrywing en toeligting van

die staatlike paradigma en die dwang van territoriaalstaatlike

identiteit nie, want daar is ook ’n aantreklike ruimte anderkant die

noutes van die territoriale staat. Waarvan hier gepraat word, is nie

net van die globalisering nie, maar van ’n politiek-juridiese orde. Dit

is waarna ek as politokrasie of dan ’n politokratiese orde verwys. Die

besonderhede van politokrasie word in hoofstuk 10 toegelig.

HOOFSTUK

2

1 Godsdienstige identiteit

REPUBLICA CHRISTIANA -

DIE VOORGANGER VAN

STAATLIKHEID

Met die kroning van Karel die Grote deur pous Leo III as Imperator

Christianissimus op Kersdag van die jaar 800 is die lang oorgang van

die sekulêre Romeinse ryk tot ʼn nuwe universele Christelike

gemenebes (commonwealth) finaal voltrek. Ofskoon Karel se ryk nie

standhoudend was nie, het dit ʼn blywende nalatenskap gehad,

naamlik die denkbeeld van ʼn verenigde Christendom binne ʼn

verenigde ryk. Hierdie denkbeeld was in die daaropvolgende

Middeleeue die spilpunt van politieke denke en praktyk 1 en was die

primêre bron van openbare individuele identiteit van die Wes-

Europese mens.

Die wortels van die Middeleeuse Christelike orde is herleibaar na

die afsluiting van die stadstaatlike (polis) orde van die Klassieke. 2 Die

fokus van die antieke Griekse politiek en politieke filosofie was die

polis-burger in noue samehang met sy mede-burgers, en hulle

gesamentlike lotgevalle binne die allerbelangrike polis. Die

vervanging van die polis met ʼn omvangryke wêreldstaat — ʼn

kosmopolis — wat met die koms van die Masedoniese ryk van

Alexander die Grote, en later die Romeinse ryk gevestig is, het die

sentrale posisie wat polis-burgerskap in die politieke filosofie en die

politiek gehad het aan die verlede toevertrou. Die nuwe tema wat

met die koms van die kosmopolitiese orde op die voorgrond tree,

fokus op die individu as losstaande en dikwels afsydige enkeling in ʼn

universele kosmopolis, en nie meer op die individu as deelnemende

polis-burger, soos tevore nie. 3

1 T van Wyk en SB Spies Western Europe from the decline of Rome to the

Reformation (1985) 88; H Kohn The Idea of Nationalism (1944) 78.

2

GH Sabine A History of Political Theory (1971) 159.

3 WW Tarn Hellenistic Civilization (1952) 79.

11

12 Hoofstuk 2

Die Christelike universalisme van die Middeleeue is ʼn latere fase

van hierdie epog. 4 Die filosofiese impetus van hierdie epog is deur die

Stoïsynse filosofie verskaf wat omstreeks 300 v.C. ontstaan het. 5 Die

Stoïsynse universalisme het die politieke en geesteswêreld van die

Romeinse ryk grondig beïnvloed en ʼn onmiskenbare stempel op die

Romeinse reg en politiek afgedruk. Hiervan getuig die verordening van

die keiserlike edik, die Constitatio Antoniana, deur keiser Caracalla

in die jaar 212. 6 Hierdie edik het Romeinse burgerskap geuniversaliseer

deur dit na bykans alle inwoners van die Ryk uit te

brei. 7

Waar Rome in die Weste vir eeue lank die sentrum van die

Romeinse ryk was, het politieke, ekonomiese en kulturele kragte

mettertyd meegebring dat die swaartepunt van die Ryk gaandeweg na

die oostelike Middellandse seegebied verskuif het. Dit het ʼn leemte in

die Weste gelaat wat mettertyd deur die kerk en sy funksionarisse

gevul is en wat aan Wes-Europa sy spesifiek godsdienstig gefundeerde

universalisme en identiteit besorg het. 8

Die vestiging van die swaartepunt van die Romeinse ryk in die

oostelike Middellandse seegebied is onder meer gedemonstreer deur

die filosofiese skole en regskole wat albei in die ooste tuistes vind:

eersgenoemde in Athene en laasgenoemde in Beiroet. Na 200 n.C.

kom al die vooraanstaande skrywers van die Ryk ook uit die ooste.

Rome was ook nie meer die ekonomiese swaartepunt nie. Dié het ook

ooswaarts verskuif. Nog belangriker was dat tweederdes van die

bevolking van die Ryk in die oostelike deel gevestig was. 9 Die

oostelike deel was ekonomies bedrywig en intellektueel

gesofistikeerd; die weste daarenteen, het algaande meer landelik en

ongesofistikeerd geword. 10 Die politieke sentrum was Konstantinopel

en nie meer Rome nie.

Die kerk en sy funksionarisse — sy biskoppe en later sy monnike —

was egter steeds in die weste — in Italië en omstreke. Hier het die

geleidelike mags- en invloedverlies van die Ryk deurlopend ook die

mag- en invloedswins van die kerk beteken. Die agteruitgang van die

staat was die vooruitgang van die kerk. Maatskaplike beskutting is

toenemend deur die biskoppe verskaf en nie meer deur die magistrate

van die Ryk soos tevore nie. Die kerk het die verskaffer van skole en

4

5

6

Sabibne (n 2 hierbo) 161.

Sabibne (n 2 hierbo) 145.

DH van Zyl Geskiedenis en beginsels van die Romeinse Reg (1977) 48; P van

7

Warmelo An introduction to the principles of Roman civil law (1976) 44.

Van Zyl (6 hierbo) 81; Van Warmelo (n 6 hierbo) 44; WW Buckland A textbook of

8

9

10

Roman law: From Augustus to Justinian (1968) 98.

JR Morral Political thought in medieval times (1958) 10.

H Trevor-Roper The rise of christian Europe (1966) 47-8.

H Trevor-Roper (n 9 hierbo) 49-50.

Republica Christiana - die voorganger van staatlikheid 13

hospitale geword. Die kerk, in plaas van die staat, het ook toenemend

die beskermer teen wanhoop en armoede geword. Sonder dat dit

beplan is, het die biskop, met die goedkeuring van die bevolking, die

funksies van die staatlike administrateur oorgeneem. 11 Die kerk het

dus die vakuum wat weens die verbrokkeling van die staat gelaat is,

gevul. 12

Men were finding in membership of the Christian Church the sense of

citizenship which neither Rome nor municipality could any longer offer

them. 13

Tot so laat as die vyfde eeu n.C. was die Wes-Romeinse samelewing

egter steeds ʼn sekulêre gemeenskap met die Christelike godsdiens as

staatsgodsdiens. Teen die agtste eeu het die prentjie egter heeltemal

verander. Teen daardie tyd het dit ontwikkel tot ʼn wesenlik

Christelike gemeenskap 14 waarin die kerk bykans alle lewenssfere

oorheers het. Hierdie gemeenskap was, anders as sy sekulêre

voorgangers wie se blik op die Middellandse See gerig was, toenemend

op Noordwes-Europa gefokus. Dit is versinnebeeld deur Karel die

Grote se besluit om sy hoofstad in Aachen naby Keulen in die huidige

Duitsland te vestig.

Een van die belangrikste gebeure wat die oorgang vanaf die

Klassieke wêreld na die naderende godsdienstig gesentreerde

Middeleeue aangekondig het, was die verskyning van die kerkvader,

Augustinus se De Civitatis Dei aan die begin van die vyfde eeu. Daar

word gesê dat hierdie werk so belangrik is, dat dit nie werklik

moontlik is om die Middeleeue daarsonder te verstaan nie. 15

Augustinus het beleef hoe die Wesgote onder die aanvoering van

Alarik die ondenkbare vermag het deur Rome in 410 te plunder.

Daarmee is die oënskynlik onvernietigbare Pax Romana tot die

uiterste skok van Romeinse burgers tot in sy fondamente geskud. Dit

was teen die agtergrond van hierdie traumatiese gebeure dat

Augustinus probeer het om ʼn visie voor te hou van ʼn tydlose ryk van

vrede en geregtigheid in die goddelike gemenebes — die Civitas Dei. 16

Die latere totstandkoming van die Heilige Romeinse ryk het sy bestaan

onder meer aan die hand van Augustinus se werk gelegitimeer. 17

Trouens, De Civitatis Dei se invloed het slegs gegroei en lord Bryce het

11

12

13

14

15

16

RH Barrow The Romans (1949) 191.

Kohn (n 1 hierbo) 76.

Barrow (n 11 hierbo) 190.

Van Wyk & Spies (n 1 hierbo) 72-3.

JN Figgis Political aspects of St Augustine’s City of God (1963) 1.

W Ebenstein Great political thinkers: Plato to present (1969) 175; Figgis (n 15

17

hierbo) 6; 42.

Figgis (n 15 hierbo) 85.

14 Hoofstuk 2

— moontlik ietwat oordrewe — verklaar dat De Civitatis Dei die

grondslag vir die Heilige Romeinse ryk gelê het. 18

Augustinus het eerstens gepoog om die Christendom teen die

verwyt dat dit die agteruitgang van die Romeinse ryk veroorsaak het

te verdedig. Die Christendom is daarvan beskuldig dat dit weens die

verwaarlosing van burgerlike waardes en republikeinse deugde die

verwering van die inherente weefsel van die ryk veroorsaak en

sodoende die weerstandsvermoë van die ryk terminaal verswak het. 19

Augustinus se werk is egter allermins bloot defensief. Dit verskaf

ook ʼn filosofies-teologiese apologie vir die Christelik gesentreerde

politieke geheel wat in die eeue hierna die lotgevalle van Wes-Europa

bepaal het.

Vir Augustinus stu die geskiedenis voort na die finale

verwesenliking van ʼn goddelike oogmerk. In hierdie proses is aardse

state van verbygaande aard en van bloot vlietende belang. Hierdie

state kom en gaan. Daarteenoor word daar ʼn permanente goddelike

staat bereik wat ook in hierdie wêreld neerslag vind. Die Romeinse

staat is ook so ʼn tydelike aardse orde wat nie oor die vermoë beskik

om werklike blywende veiligheid, geregtigheid en vryheid te verseker

nie. 20

Teenoor die verganklike ordes van hierdie wêreld staan die

goddelike gemenebes — die Civitas Dei. Dit versamel sy lede uit die

totale mensdom. 21 Die Civitas Dei het lank gelede reeds sy goddelike

beslag gekry en is vir ewige bestaan bestem. Die Civitas Dei staan

absoluut sentraal in die verloop van die wêreldgeskiedenis.

Augustinus se uitgangspunt is die eenheid en die sosialiteit van die

mensdom. 22 Die geskiedenis beweeg dan ook nie as ʼn wisselende

klomp partikulieres voort nie, maar as ʼn universele eenheid wat die

mensdom as geheel insluit. 23 Hierdie eenheid, wat ʼn mistiese geheel

is, is die ryk van Christus. Dié mistiese geheel vind uitdrukking in die

reële corpus Christianum, wat in die gedaante van die kerk hier op

aarde georganiseer is. 24 Na die verval van die Romeinse ryk, wat as ʼn

menslike skepping noodwendig ook moes ondergaan, is die oog op die

Civitas Dei as die enigste ware gemeenskap gerig. In die ondermaanse

wêreld identifiseer die kerk die sterkste met die Civitas Dei. Die kerk

is as’t ware die simbool van die Civitas Dei.

18 Figgis (n 15 hierbo) 84.

19 Figgis (n 15 hierbo) 9; 36; Ebenstein (n 19 hierbo) 171-172.

20

Figgis (n 15 hierbo) 32-36.

21 Figgis (n 15 hierbo) 21.

22 Figgis (n 15 hierbo) 38.

23

Figgis (n 15 hierbo) 43.

24 JPA Mekkes Ontwikkeling der humanistische rechstaatsreorieën (1940) 78.

Republica Christiana - die voorganger van staatlikheid 15

Wat Augustinus oor die kerk en oor die verhouding tussen die kerk

en die politieke orde (die staat) leer, is van kardinale belang,

aangesien dit die rigting na die Middeleeuse universele godsdienstige

orde aandui. Die kerk is vir Augustinus noodwendig ʼn universele en

imperiale organisasie. 25 Die kerk, wat die Civitatis Dei as model het

en wat die gemeenskap van gelowiges op aarde moet wees, moet

noodwendig algemeen, oftewel katoliek wees. Dit word uit al die

gelowiges, ongeag hulle agtergronde, byeengebring en kan dus nooit

ʼn partikuliere karakter hê nie. 26 Hiermee verleen Augustinus die

apologie vir die universele kerk van die Middeleeue. Die idee en ook

die praktyk van die eenheid en universaliteit van die kerk is in ruime

mate aan Augustinus toe te skryf.

Die rol van die politieke orde gedurende die Middeleeue kan ook

na Augustinus teruggespeur word. Augustinus erken die politieke orde

as ʼn natuurlike gegewe. 27 Waar universaliteit en eenheid absolute

voorwaardes vir die kerk is, is Augustinus daarenteen ʼn voorstander

van partikuliere politieke ordes van beperkte omvang, wat as ’t ware

assosiasies van families is. Die hoofdoel van die politieke orde is egter

bloot om aanvullend tot die kerk op te tree. Die politieke orde se

primêre funksie is om mense se wandel na die uiteindelike

bestemming van die Civitas Dei te vergemaklik. 28 Die politieke orde

moet vir godsdienstige doelstellings en dus vir die kerk diensbaar

wees. 29 Politieke ordes moet as opvoeders optree, moet kettery

bestry en is verplig om die leiding wat die kerk daaroor gee te

aanvaar. 30

Die primêr godsdienstige identiteit van hierdie era is in die

oorheersende rol van die kerk weerspieël. Ongeveer alle

ontwikkelings op die gebied van die landbou, die nywerheid en die

handel was aan die bedrywighede van die kloosters te danke. Die

aktiwiteite van die kloosters het in die tiende en elfde eeue ʼn

beduidende bydrae gelewer om na die wanorde weens die Arabiese,

Noorse en Hongaarse invalle in Wes-Europa, opnuut ekonomiese en

burgerlike orde te herstel. 31

Die klooster was ook die sentrum van intellektuele aktiwiteit van

die Middeleeue en was dikwels die enigste alternatief vir die

25 Die standpunt word gehuldig dat Augustinus die grondslag vir pouslike heerskappy

in die kerk en vir kerklike heerskappy oor die staat gelê het. Sien byvoorbeeld

Figgis (n 15 hierbo) 77.

26 Figgis (n 15 hierbo) 70-71.

27 Figgis (n 15 hierbo) 58; Mekkes (n 24 hierbo) 78.

28

Figgis (n 15 hierbo) 15.

29 Mekkes (n 24 hierbo) 78-79.

30 Figgis (n 15 hierbo) 78.

31

G Miccodi ‘Monks’ in J le Goff J et al (reds) The medieval world (Engelse vertaling

deur LG Cochrane) (1990) 51.

16 Hoofstuk 2

krygsprofessie 32 waarvoor nie almal in die wieg gelê is nie. Op die

politieke terrein het opeenvolgende swak keisers in die weste, tesame

met die disintegrasie van die burokrasie, die ruimte geskep vir die

groei van die politieke mag van die kerk. Teen die einde van die sesde

eeu het die verdwyning van die Romeinse staatsadministrasie uit

Gallië (Frankryk) en Spanje asook die ondoeltreffende administrasie

in Italië daartoe gelei dat die kerklui toenemend die administratiewe

funksies in hierdie gebiede begin oorneem het. 33 Met die Lombardiese

bedreiging van Italië laat in die sesde eeu het die enigste

doeltreffende politieke leiding van die kant van die kerk gekom. Pous

Gregorius die Grote het die tipies politieke funksie vervul om in 595 ʼn

vredesooreenkoms met die Lombardiese koning, Aglulf, te

onderhandel. 34 In die daaropvolgende eeue het kerklui as die enigste

geletterde segment in die samelewing deurlopend die politieke en

administratiewe funksies behartig. 35

Die ekonomiese vermoë van die kerk het eweneens uitgebrei. Die

kerk het ʼn groot grondbesitter geword en het welvarend geraak uit die

landbouprodukte wat daarop verbou is. Die kerk het ook dikwels

plaaslike markte en die meulens beheer. Daarbenewens het die kerk

ook heelwat verdien uit die verlening van geestelike dienste waarvoor

die lekevolk die kerklui en die laer kerklui die hoëres moes vergoed.

ʼn Belasting vir die instandhouding van kerkgeboue is gehef, terwyl

gelde ook betaal moes word vir voltrekking van huwelike, deelname

aan die mis en vir verhore deur die kerklike howe. 36 Teen die jaar

1000 was die kerk stewig gevestig as regeerder, grondeienaar,

verhuurder, oplegger van belastings, ekonomiese produsent,

grootskaalse werkgewer, handelaar, ambagsman, bankier, verbandnemer,

sedebewaker, onderwyser en afdwinger van die gewete. 37

Die boonste stratum van die Middeleeuse sosiale piramide is deur

kerklui gevul en oorheers. In die twaalfde en dertiende eeue in

besonder was regters, regslui en professionele adviseurs en

funksionarisse van sekulêre howe hoofsaaklik kerklui en as hulle nie

in die kanonieke reg opgelei was nie, was hulle ten minste met die

hooftrekke daarvan vertroud. 38 In die Middeleeuse sosiale orde is ’n

drieledige onderskeid tussen die aanbidders (oratores), krygers

(bellatores) en werkers (laboratores) getref. Die kerklui — vernaamlik

32 Miccodi (n31 hierbo) 64.

33 Van Wyk & Spies (n 1 hierbo) 6.

34 Van Wyk & Spies (n 1 hierbo) 65.

35

Ebenstein (n 19 hierbo) 243. B Tierney ‘Medieval Canon Law and Western

Constitutionalism’ (1966) 52(1966) 52 The Catholic Historical Review 8 wys

daarop dat daar ’n gedurige interaksie van idees en personeel tussen kerklike en

wêreldlike regerings was.

36 H Heaton Economic History of Europe (1948) 83, 84.

37 Heaton (n 36 hierbo) 84.

38 HJ Berman Law and revolution: The formation of the Western legal tradition

(1983) 274.

Republica Christiana - die voorganger van staatlikheid 17

die monnike — as die aanbidders, het die boonste en mees

gesaghebbende posisie in hierdie orde beklee. Die monnik is as

intellektueel verhewe beskou en die kloosterlewe het ʼn keuse vir

kultuur en kennis verteenwoordig. 39 Geleerdheid was iets wat in die

Middeleeue feitlik uitsluitlik vir kerklui gereserveer is. 40 Die teologie

is as die hoogste uitdrukking van kennis beskou. 41

Die sentrale eienskap van die Middeleeuse filosofie was die

dominasie daarvan deur die Christelike teologie. Die filosofiese

diskoers is benader vanuit teologiese veronderstellings en filosofiese

kwessies is altyd in ʼn teologiese konteks aan die orde gestel. 42 By

wysgerige kwessies was godsdiens primêr en filosofie sekondêr. 43

Middeleeuse denke is primêr gekenmerk deur die uitgangspunt dat

elke persoon in die eerste plek moet probeer sorg vir die saligmaking

van sy siel en dat die redding van die siel die hoofdoel van elke mens

se bestaan is. Dít was nie ʼn abstrakte ideaal nie, maar ʼn praktiese

taak waaraan elkeen deurentyd aandag moes gee. Hierdie opvatting

het ʼn neerdrukkende uitwerking op ekonomiese aktiwiteit

uitgeoefen, want iemand wat sy energie bestee aan die verwerwing

van rykdom in plaas van persoonlike saligmaking kon God beswaarlik

behaag. 44

Die oorheersing van godsdienstige universaliteit is deur twee

eweneens universaliserende kragte aangehelp.

Eerstens was die Latynse taal die eenvormige medium van

geleerdheid en letterkundige opvoeding, asook die taal van die

amptenary en van die diplomasie. 45 Latyn was die heilige globale taal

van die hele Christelike wêreld wat oor partikuliere grense heen

gestrek het. Juis hierdie gemeenskaplikheid wat deur Latyn teweeg

gebring is, het die idee van ʼn globale Christelike wêreld denkbaar

gemaak 46 en konkrete inhoud aan die Christelike gemeenskapsidee

gegee.

Tweedens was daar die kerklui — in besonder die monnikedom —

wat danksy ʼn netwerk van kloosters dwarsoor Europa ʼn goed

39 Miccoli (n 31 hierbo) 53, 64.

40 MFB Brocchieri ‘The Intellectual’ in J le Goff et al (reds) The medieval world

(Engelse vertaling deur LG Cochrane) (1990) 182.

41 Brocchieri (n 40 hierbo) 187.

42 FC Copleston A history of medieval philosophy (1975) 5, 9; RN Berki The history

of political thought: A short introduction (1975) hfst 4 beskryf die politieke

filosofie van die middeleeue as politieke denke met ’n religieuse visie.

43 Ebenstein (n 19 hierbo) 214.

44

S Viljoen Economic systems in world history (1974) 158.

45 Kohn (n 1 hierbo) 83; Broccheri (n 40 hierbo)184.

46 B Anderson Imagined communities: Reflections on the origins and spread of

nationalism (1983) 20-2 Koran-Arabies het dieselfde rol vervul en vervul dit

steeds vandag in die heilige Islam-gemeenskap.

18 Hoofstuk 2

georganiseerde eenvormige entiteit uitgemaak het. 47 Die geleerdes

van Wes-Europa het ’n enkele ongedifferensieerde kulturele eenheid

gevorm. 48

Godsdiens was ook die hoofbepaler van die Middeleeuse globale

politiek. Internasionale betrekkinge was in die Middeleeue primêr die

gespanne interaksie tussen die Westerse Christendom en die

Islamitiese Nabye Ooste, in plaas van interstaatlike betrekkinge soos

tans. Daar was weliswaar politieke grense tussen gefragmenteerde

feodale eenhede en later tussen die opkomende monargieë, maar die

grense wat in die eerste plek saak gemaak het, was die breuklyne

tussen die Christelike gemenebes en die Moslemwêreld.

Internasionale reg wat primêr beoog om die verhoudinge tussen state

te reël, het in hierdie konteks nie voorgekom nie, eenvoudig omdat

dit in die afwesigheid van state as die primêre subjekte van die

internasionale reg onbestaanbaar was. Eers later, met die vestiging

van die statestelsel in die sewentiende eeu, raak die ru-materiaal vir

die funksionering van internasionale reg beskikbaar.

Middeleeuse Europa was dus in die eerste plek ʼn Christelike

gemenebes (commonwealth). Dit was inderdaad nie Europa nie, maar

meer paslik Westerse Christendom, die Republica Christiana, die

organiese geheel van ʼn republiek van gelowiges. In hierdie konteks

was die kulturele, taal of staatkundige identiteit van die individu en

die gemeenskap slegs van geringe, of van geen betekenis nie.

Individuele identiteit was bo alles Christelik-godsdienstig van aard.

Ingevolge die Middeleeuse antropologie is die vraag wie die mens dan

eintlik is, beantwoord deur te verklaar dat hy die skepsel van God is. 49

Nasionalisme was onbekend en partikuliere identiteit van minder

belang. 50 Soos Hans Kohn verduidelik:

People looked at everything not from the point of view of their

‘nationality’ or ‘race’ but from the point of view of religion. Mankind

was divided not into Germans and French and Slavs and Italians, but into

Christians and Infidels and within Christianity into faithful sons of the

Church and the heretics. 51

Die mensdom is as ʼn eenheid gesien en moes ʼn enkele gemeenskap

vorm, saamgevat in een ryk en een kerk. Om Kohn weer aan die woord

te stel:

47

48

Kohn (n 1 hierbo) 83; Broccheri (n 40 hierbo) 184.

Sien die opmerkings van Berman (n 38 hierbo)161 met verwysing na David

49

Knowles.

J le Goff ‘Introduction: Medieval Man’ in J le Goff et al (reds) The medieval world

50

51

(Engelse vertaling deur LG Cochrane) (1990) 3.

Kohn (n 1 hierbo) 78.

Kohn (n 1 hierbo) 79.

Republica Christiana - die voorganger van staatlikheid 19

Since Christendom in the Middle Ages was coextensive with humanity, at

least as a goal, mankind was regarded as one people, a res republica

genesis humani, one ecclesia universalis with one law and one

government. 52

Binne hierdie opset was godsdiens allermins ʼn blote persoonlike

aangeleentheid. Godsdiens was die hoeksteen van politieke

organisasie in die Middeleeue. Ondergrawing van die godsdienstige

eenheid — ʼn vorm van kettery — was derhalwe absoluut ongehoord,

aangesien dit die politieke (en religieuse) orde fundamenteel sou

ontwrig.

Godsdiens was ʼn volskaalse — indien nie die enigste nie —

politieke kategorie. Die insigte van die Duitse politieke filosoof en

juris, Carl Schmitt, oor die aard van die politiek en politieke

verdelingslyne kom handig te pas by ʼn poging om die Middeleeue te

begryp. Die onderskeidende kenmerk van politiek, sê Schmitt, is dat

die politieke verdelingslyne (anders as ander verdelingslyne) so intens

is dat die verhouding van groeperings aan weerskante daarvan een van

vyandskap is. 53 Enige godsdienstige, morele, ekonomiese, etiese,

taalkundige, etniese, kulturele of ander antitese sit om in ʼn politieke

antitese, en word sodoende ʼn politieke kategorie sodra dit sterk

genoeg is om menslike kollektiwiteite volgens die verhouding van

vriend en vyand te verdeel. 54 ʼn Godsdienstige gemeenskap wat teen

ʼn ander godsdienstige gemeenskap oorlog voer, is benewens die feit

dat dit ʼn godsdienstige gemeenskap is, derhalwe ook ʼn politieke

gemeenskap. 55

Politieke verdelings en die ontwikkeling van politieke kategorieë

kan weens ʼn verskeidenheid van menslike oortuigings en praktyke

ontstaan, soos uit godsdienstige, morele, kulturele, asook ander

oortuigings en praktyke. Die politiek beskik nie oor ʼn eiesoortige

substansie losstaande van bovermelde aktiwiteite nie. Die verskynsel

politiek tree op die voorgrond wanneer die godsdienstige, morele,

kulturele, nasionale of ander spanninge so intens raak dat dit omsit in

ʼn verhouding van wedersydse vyandskap. 56

The real friend-enemy grouping is essentially so strong and decisive that

the nonpolitical antithesis, at precisely the moment at which it becomes

political, pushes aside and subordinates its hitherto purely religious,

purely economic, purely cultural criteria and motives to the conditions

and conclusions of the political situation at hand. 57

52

53

Kohn (n 1 hierbo) 79.

C Schmitt The Concept of the Political (vertaling, inleiding en notas deur George

54

55

56

57

Schaab) (1996) 26, 63.

Schmitt (n 53 hierbo) 37.

Schmitt (n 53 hierbo) 37.

Schmitt (n 53 hierbo) 38.

Schmitt (n 53 hierbo) 38.

20 Hoofstuk 2

In die Middeleeue vertoon godsdiens sigself juis as ʼn politieke

krag. Godsdiens verleen aan die Middeleeuse politieke gemeenskap sy

wesenskenmerk en identifiseer ook ʼn ander godsdienstige

gemeenskap as sy ekstreme teenpool — sy vyand. Daarom dan dat die

belangrikste politieke verdelingslyn deur godsdienstige identiteit

bepaal is en daarom ook dat Middeleeuse Christelike Europa paslik as

ʼn rykskerklike (politiek-godsdienstige) wêreldgeheel beskryf is.

Net soos godsdiens op globale skaal tussen die Christelike

gemenebes en die Islamitiese wêreld die primêre politieke kategorie

was, was dit ook binne die Christelike wêreld die belangrikste

politieke kategorie. Dit blyk uit die feit dat die strafreg aangewend is

om die godsdienstige ortodoksie te handhaaf en om enige vorm van

kettery wat die suiwer Christelike karakter van die Christelike ryk kon

aantas, te vervolg. Dit word bevestig deur die hegte samewerking van

die kerklike en wêreldlike gesagsfere in hierdie verband met die

wêreldlike gesagsfeer wat ook sondes as strydig met die strafreg

vervolg en bestraf het en sodoende die kerklik-godsdienstige sfeer

onderskraag het. Ofskoon daar, soos in die tweede deel van hierdie

hoofstuk verduidelik word, veral na die pouslike rewolusie van die

laat elfde eeu duidelik tussen die kerklike en politieke gesagsfere

onderskei is, het die politieke sfeer steeds ’n wesenlike rol gespeel

om die kerklike orde in stand te hou. Kettery, wat deur die kerk bestry

moes word, is ook deur die wêreldlike gesagsfeer (met die dood) as

hoogverraad strafbaar gestel. Die kerk wat nie graag bloed wou stort

deur dié straf nie, se werk is dus vir hom deur die wêreldlike

gesagsfeer gedoen. 58

Dit lyk oënskynlik onoortuigend om strafregtelike reëls as

aanduiding van die bestaan van ʼn politieke kategorie voor te hou. Dit

is egter niks vreemds nie, want wanneer die ortodoksie sterk genoeg

is, maak dit van die strafreg gebruik om sy opvattings af te dwing.

Wanneer die ortodoksie daarenteen verswak en deur ʼn alternatiewe

godsdienstige denominasie uitgedaag word, skiet die meganismes van

die strafreg tekort om ortodokse opvattings in stand te hou. Dan volg

godsdienstig geïnspireerde burgeroorlog soos in sestiende-eeuse

Frankryk. Dié soort burgeroorlog bring aan die lig dat godsdiens nog

altyd ongesiens en onder die dekmantel van die strafreg as politieke

kategorie gefunksioneer het. Godsdienstig gemotiveerde reëls van die

strafreg aan die een kant en godsdienstig gedrewe burgeroorlog aan

die ander kant is, ofskoon dit ingrypend verskillende verskynsels is,

die strategiese en taktiese dienaars vir die instandhouding van

godsdiens as ʼn politieke kategorie. Die strafreg verberg bloot retories

sy politieke kwaliteite omdat daar ingevolge die strafreg gehandel

word met ʼn (godsdienstige) misdadiger sonder vermelding van die feit

58 Sien byvoorbeeld Berman (n 38 hierbo) 73, 186, 476.

Republica Christiana - die voorganger van staatlikheid 21

dat daar in werklikheid gehandel word met ʼn politiek-godsdienstige

vyand.

Die ontwikkeling van staatlikheid as opvolger van die Republica

Christiana gaan juis gepaard met die verwydering van die openbare

politieke aard van godsdienstige identiteit en met die afskuif van

godsdiens na die private sfeer.

Die erosie van ʼn Christelik godsdienstige openbare identiteit het

ingetree weens toenemende sekularisasie en het met die breuk in die

Christelike eenheid weens die Kerkhervorming onherstelbaar geword.

In hoofstuk 3 word daarop gefokus. Vir eers eis die Middeleeuse

regsopvattings, en meer bepaald die Middeleeuse konsep van

konstitusionalisme ons aandag. Dié opvattings is ʼn kernbestanddeel

van die Middeleeuse politiek-juridiese denkwêreld. ʼn Goeie begrip

daarvan stel ons in staat om by wyse van kontras die latere en

hedendaagse staatlike opvattings beter te begryp.

2 Middeleeuse konstitusionalisme

Die term, konstitusionalisme is van betreklik onlangse oorsprong en

het eers in die negentiende eeu ’n plek in die leksikon van die

openbare diskoers verwerf. Die denkbeeld van konstitusionalisme is

egter veel ouer as die term en het onder verskeie ander vaandels

reeds oor baie eeue heen ʼn prominente plek in die openbare diskoers

en in denke oor die politiek en regering ingeneem. 59 Dit is die rede

waarom daar ook van Middeleeuse konstitusionalisme gepraat kan

word. Die konstitusionalisme-begrip word in sy mees basiese vorm

vereenselwig met beginsels en reëls waarkragtens openbare mag

uitgeoefen moet word en is gemik op magsbeperking en die

voorkoming van arbitrêre, lukrake en onvoorspelbare magsuitoefening.

Kragtens die uitgangspunte van die konstitusionalisme

word bindende beginsels en reëls vir regsgeldige openbare

magsaanwending neergelê. Die integriteit van die beginsels word

opsigself beskerm in die sin dat die wysiging of afskaffing daarvan

buite die bereik van die politieke maghebbers geplaas word. Daardie

beginsels geniet dus vanweë die onaantasbaarheid daarvan die status

van hoër, oftewel fundamentele reg.

Middeleeuse konstitusionalisme is om minstens twee redes ʼn

moeilike saak:

Eerstens is die tydperk wat met Middeleeuse konstitusionalisme

verbind word, baie lank. Dit neem ʼn aanvang aan die begin van vroeë

59 Berman (n 38 hierbo) 395-6.

22 Hoofstuk 2

feodalisme, na die disintegrering van die ryk van Karel die Grote in die

middel van die negende eeu en strek tot aan die einde van laat

feodalisme teen die einde van die dertiende eeu, toe nuwe politieke

magsentralisasie uit die gefragmenteerde feodale stelsel begin

ontwikkel het. 60 Dit strek trouens tot nog veel later, aangesien

wesenlik Middeleeuse politiek tot diep in die vroeg-moderne era van

aansienlike praktiese belang was. Ofskoon die begrip Middeleeue dus

ʼn enkele era suggereer, is meerdere historiese tydvakke ter sprake en

daarmee gepaardgaande ook meerdere en verskillende politiekkonstitusionele

reëlings. Veralgemenings oor Middeleeuse

konstitusionalisme kan dus nie sonder meer gemaak word nie.

Tweedens was die inhoud en implikasies van Middeleeuse

konstitusionalisme en fundamentele reg gedurende die Engelse

konstitusionele stryd van die sewentiende eeu die onderwerp van ʼn

intense stryd. Edward Coke het byvoorbeeld swaar op die beweerde

inhoud van Middeleeuse fundamentele reg gesteun as teenvoeter vir

die groeiende vorstelike absolutisme van James I. 61

Heelwat skeptiese stemme het aangevoer dat die geldigheid van

die fundamenteelregtelike aansprake onder verdenking is en dat

Middeleeuse konstitusionalisme mitologies voorkom, 62 of minstens

dat oormatige gesag daaraan toegedig is. 63

Met inagneming van hierdie waarskuwings blyk dit nogtans korrek

te wees dat Middeleeuse konstitusionalisme die volgende opvattings

behels het:

• volksoewereiniteit;

• regsoewereiniteit;

• dat politieke bestuur sy bestaan en legitimiteit aan ʼn bona fide

kontraktuele verhouding tussen die politieke leierskap en die volk

te danke het;

• dat reg, hetsy as natuurreg of as gewoonte (en later as

gemenereg) ʼn permanente en onveranderlike, of ten minste

stadig-bewegende gegewe is wat nie aktief gemaak word nie,

maar wat bloot gevind en daarna geartikuleer of gepromulgeer

word. 64

60

Van Wyk & Spies (n 1 hierbo) 147.

61 Die aspek word meer breedvoerig in 8.3.4 behandel.

62 JHM Salmon The French religious wars in English political thought (1979) 160

verwys byvoorbeeld na die legende van die Gotiese konstitusie.

63 JW Gough Fundamental law in English constitutional history (1955) 14-15, 17;

Sien ook in die algemeen JGA Pocock The Ancient Constitution and the Feudal

Law (1957).

64

Sien byvoorbeeld CH Mc Ilwain Constitutionalism: Ancient and Modern (1947) 67-

123; AJ Carlyle A History of Medieval political theory in the West (1928) Vol III,

IV, V, VI.; FB Artz The mind of the Middle Ages: An Historical Survey (1980) 270-

280; Salmon (n 62 hierbo) 160-162; Gough (n 63 hierbo) 13-48; W Ullmann

Republica Christiana - die voorganger van staatlikheid 23

Die vier opvattings is onderling verweef en kan sinvol gesamentlik

bespreek word.

Die mededelings van Tacitus oor sekere Germaanse gebruike

bevat die eerste rapport oor volksoewereiniteit. Tacitus deel ons mee

dat die Germaanse konings se gesag nie arbitrêr of absoluut was nie. 65

Die verantwoordelikheid vir besluitneming oor minder belangrike

aangeleenthede was op die skouers van hoofmanne wat na bespreking

besluite geneem het, maar by meer gewigtige aangeleenthede is die

hele gemeenskap betrek. 66

Volgens die Germaanse en vroeg-Middeleeuse opvattings kleef die

reg aan die gemeenskap. Dit beteken egter nie dat die volk die

aktiewe skepper van die reg was nie; inteendeel, die reg in die

gestalte van die geykte volksgewoontes was eerder as’t ware ʼn

eienskap van die volk. Die reg was inderwaarheid nie die produk van

die volkswil nie. As ʼn inherente eienskap van die volk was die reg net

so blywend soos die volk self. 67

Die opvatting dat die reg ʼn eienskap van die volk is, gaan hand aan

hand met die opvatting dat die reg wesenlik permanent is, asook met

die oortuiging dat die reg nie geskep nie, maar bloot verklaar oftewel

geartikuleer en gepromulgeer is. 68 Die reg word beleef as ʼn

kultuurproduk wat heg met die volk self verweef is. Die verandering

van die reg kom onbeplan en onopgemerk voor, net soos verandering

en ontwikkeling van die volk self.

Om te verklaar dat die reg soewerein is, impliseer dus tegelyk dat

die volk ook soewerein is, 69 omdat die reg, soos vermeld, ’n eienskap

van die volk is. Volksoewereiniteit impliseer uiteraard dat magsuitoefening

in welke vorm ook al, aan die instemming van die volk

onderworpe is. Die owerheid — in Middeleeuse terme die koning of die

keiser in raadplegende verhouding met sy raad 70 — is verbind tot die

toepassing van daardie reg waarop daar met die volk ooreengekom

is. 71

64 Medieval Political Thought (1965) 145-158; P Vonogradoff The legacy of the

Middle Ages (1926) 287-319; JP Verloren van Themaat Staatsreg (1956) 18-25; CP

Joubert ‘Die gebondenheid van die soewereine wetgewer aan die reg’ (1942 5

THRHR 7, 33-41; JGA Pocock The Machiavellian Moment: Florentine Political

Thought and the Atlantic Republican Tradition (1975)16-24; Sabine (n 2 hierbo)

202-223; A Vincent Theories of the State Theories of the State (1987) 77-118;

Sien ook verder in die algemeen Pocock (n 63 hierbo); O Gierke Political Theories

of the Middle Ages (Engelse vertaling deur RW Maitland) (1938).

65 Tacitus The Agricola and the Germania (1970) 107.

66 Tacitus (n 65 hierbo) 101–2; Carlyle (n 64 hierbo) Vol III 41, 45-46,183-4.

67

Sabine (n 2 hierbo) 204.

68 Verloren Vasn Themaat (n 64 hierbo) 19 voetnoot 10.

69 Joubert (n 64 hierbo) 33.

70

Carlyle (n 64 hierbo) Vol III 67-9, 148, 154, Vol V 83

71 Ullmann (n 64 hierbo) 152-3.

24 Hoofstuk 2

Volksoewereine opvattings is oor die verloop van die Middeleeue

oor die hele Europa en Engeland gehuldig en is onder andere in die

sestiende eeu weer energiek herformuleer. Dit het later onder druk

van opvattings oor die goddelike reg van konings en absolutistiese

elemente van die Romeinse reg onder druk gekom. Hierdie

absolutistiese tendense het in Engeland die geringste impak gehad,

met die gevolg dat volksoewereiniteit daar die duursaamste was. In

Engeland is die opvatting gehuldig dat die koning aan die common

law, oftewel die algemene reg van die land, onderworpe was. Die

oorsprong van die common law was die gewoontes van die volk. 72 Die

Afrikaanse juris, CP Joubert, wys daarop dat die absolutistiese

elemente van die Romeinse keiserlike reg nooit saam met die

Romeinse privaatreg geresipieer is nie en verwys na die Romeins-

Hollandse skrywer, Groenewegen, wat verklaar het dat die

absolutistiese beginsel van princeps legibus solutus est nooit vanuit

die Romeinse reg in die Nederlande opgeneem is nie. 73

Dit is weliswaar so dat die Romeinse reg ʼn sterk absolutistiese

inslag gehad het, en dat soos daar in hoofstuk 3 geargumenteer word,

dit in latere Europa die ontwikkeling van absolutisme help stimuleer

het. Daar is egter ook ʼn ander noemenswaardige tradisie in die

regsontwikkeling sedert die Glossatore. 74 Daarvolgens is sekere tekste

in die Corpus Iuris Civilis van Justinianus op so ʼn wyse vertolk dat dit

die konsep van volksoewereiniteit ondersteun het.

Volgens hierdie tradisie is die legitimiteitsbron van keiserlike

heerskappy die volkswil, soos dit uitdrukking gevind het in ʼn kontrak

waardeur die volk voorwaardelik sy gesag aan die keiser opgedra het

en sigself voorwaardelik aan die keiser onderwerp het. 75 Die populus

was steeds verhewe bo die imperator; die populus behou steeds sy

soewereiniteit (imperium) en kon te eniger tyd weer self die

uitoefening van gesag hervat. 76

Otto Gierke verduidelik hoe sommige Glossatore ʼn suiwer vorm

van volksoewereiniteit uit die Corpus Iuris Civilis gekonstrueer het.

Die volk bly soewerein en staan ingevolge ʼn ooreenkoms met die

keiser bloot die gebruik (usus) van sy soewereiniteit aan die keiser af.

Wanneer die keiser sy kontrakverpligtinge versaak, verval die

regsoorsaak van die usus, waarna die volk geregtig is om die

72 Verloren Vasn Themaat (n 64 hierbo) 22-3.

73 Joubert (n 64 hierbo) 47. Die resepsie het vernaamlik op die privaatreg (ook nie

alles nie) betrekking gehad en het klaarblyklik nie die publiekreg ingesluit nie.

Sien byvoorbeeld W de Vos Regsgeskiedenis (1992) 52 et seq.

74 Die Glossatore neem die voortou met die hernude bestudering van die Romeinse

reg van die Corpus Iuris Civilis in die tydperk 1100 tot 1260. Sien hieroor

byvoorbeeld DH van Zyl Geskiedenis van die Romeins-Hollandse Reg (1983) 8 et

seq.

75 Gierke (n 64 hierbo) 40; Joubert (n 64 hierbo) 19-22.

76 Gierke (n 64 hierbo) 43-44.

Republica Christiana - die voorganger van staatlikheid 25

ooreenkoms met die keiser op te sê en die keiser van sy pligte te

onthef. 77 Die oorsprong van soewereiniteit is die volk en daarom word

die begrip volksoewereiniteit gebruik.

Vervolgens word die sentrale begrip van Middeleeuse

konstitusionalisme, naamlik regsoewereiniteit, van naderby beskou.

Die opvatting dat politieke mag gedurende die Middeleeue arbitrêr

uitgeoefen is, is geheel en al ongegrond. Carlyle verduidelik dat

regsoewereiniteit so goed gevestig was dat politieke gesagsuitoefening

daarsonder eenvoudig ondenkbaar was. 78 Die beginsel van

regsoewereiniteit, oftewel oppergesag van die reg wat ook aan die

Germane toegedig word, 79 beteken dat owerheidsgesag aan die reg

ontleen word en dat alle gesagsuitoefening aan die

geldigheidsmaatstawwe van die reg onderworpe is. Die maatstawwe

is ook op die gesagsuitoefening van die pous van toepassing. 80

Wat die strekking en inhoud van die soewereine reg betref, neig

die Vastelandse en Engelsregtelike opvattings in ʼn mate in teenoorgestelde

rigtings. Die Vastelandse opvattings is meer ideëel en

rasionalisties omdat die soewereine regsbeginsels dikwels met die

natuurreg vereenselwig is. Die rasionalisme moet egter ook nie te

geredelik aanvaar word nie, aangesien ook die sogenaamde

rasionalistiese natuurreg baie lank nie vanself uit die rede gespreek

het nie maar wel met die volksgewoontes en oortuigings, of met

alledaagse ervaring vereenselwig is. 81 Die Engelse spesie van

regsoewereiniteit het op sy beurt baie sterk in die geykte gewoontes

van die gemenebes (commonwealth), oftewel die common law of the

land, neerslag gevind, en as die soewereine maatstaf vir die

geldigheid van owerheidsoptrede gedien. 82

Wat die Vastelandse stroming betref, siteer Gierke ʼn

indrukwekkende hoeveelheid gesag, sowel uit die filosofie as uit werk

van die Kommentatore van die Corpus Iuris Civilis. Daaruit blyk dit

duidelik dat die hoofstroom van Middeleeuse regs/politieke teorie

alle optrede van maghebbers wat strydig met die natuurreg was, as

formeel nietig beskou het. 83 Regters moes statute en owerheids-

77 Gierrke (n 64 hierbo) 45-46.

78 Carlyle (n 64 hierbo)Vol III 38, 184; Vol V 36

79 Verloren Van Themaat (n 64 hierbo) 24; Salmon (n 62 hierbo) 160. Gierke (n 64

hierbo) sê dat die Germaanse staatsopvatting die van die regstaat was.

80 Gierke (n 64 hierbo) 45-46.

81 Vergelyk hieroor AP d’Entrèves Natural Law (1970) 52.

82

Vincent A 1987 77-80 verduidelik dat die ancient constitution ’n belangrike

variant van die leerstuk van konstitusionalisme is. Dit funksioneer as ’n outonome

konserwatisme wat sy gesag by uitstek aan die tradisies wat sedert menslike

heugenis bestaan het, ontleen. Die opvatting is byvoorbeeld waarneembaar in die

denke van Edmund Burke. Sien ook Pocock (n 63 hierbo) 16 ev wat beskryf hoe

daar ingevolge die denkwyse kragtens die ancient constitution geredeneer is dat

hoe meer antiek ’n reg is, des te beter dit teen skending verskans is.

83 Gierke (n 64 hierbo) 84; 174 (nota 257); 179 (nota 273).

26 Hoofstuk 2

optrede wat teenstrydig met die natuurreg was, as nietig behandel.

Sodanige optrede was ook nietig met betrekking tot die individue wat

deur die optrede geraak is. Indien owerheidsoptrede enigsins

tiranniek van aard was, was individue wat daardeur gely het, geregtig

om hulleself teen die owerheid te verset. 84 Die onderskeid tussen die

tiran en die ware vors is trouens een van die mees geykte

onderskeidinge van die Middeleeuse politieke en konstitusionele

denke, met die vors wat per definisie onderdanig aan die reg, soos

vervat in die volksgewoontes opgetree het — teenoor die tiran wat dit

juis verontagsaam het. 85

Die soewereine reg het nie bloot die status van etiese norme

gehad nie. 86 Konstitusionele beginsels is as volwaardige reg beskou en

kon daadwerklik teen onregmatige optrede gebruik word. Die

voorkeurstatus van soewereine regsbeginsels is afgelei uit die

oortuiging dat die beginsels ʼn outonome bestaan gevoer het en nie

deur die politieke owerhede (die staat) daargestel is nie. Inteendeel,

dit het die politieke owerheid voorafgegaan. 87

In die praktyk het die beginsel van regsoewereiniteit in die

kroningsede neerslag gevind. In dié eedsverklarings het die koning

hom aan die reg, insluitende die gemenereg, onderwerp en hom

daartoe verbind om die reg in stand te hou. 88 Met die beëindiging van

die feodale era en die toenemende sentralisering van mag in die

persoon van die monarg het dit nodig geword om nuwe maatreëls te

tref om regsoewereiniteit te bestendig en om die opkomende vorste

in weerwil van hulle relatief belangrike posisie teenoor die adel (en

die volk) steeds aan die reg onderhewig te hou. Daarom is nie slegs

die beroemde Magna Carta in 1215 in Engeland aangeneem nie, maar

ook soortgelyke konstitusionele prototipes soos die Handves van Leon

in 1188, die Kulmer Handveste in 1233, die Joyeusse Entrée in die

Nederlande in 1356, 89 asook die Hongaarse Goue Bul in 1222. 90

In Engeland is daar ʼn lang tradisie van pleitbesorgers vir die

regsoewereiniteit van die common law wat figure soos Henry Bracton,

84 Gierke (n 64 hierbo) 84; 143-144 (notas 129-130).

85 Vgl. Carlyle (n 64 hierbo) Vol III 115-6, 184.

86 Gierke (n 64 hierbo) Gierke (n 64 hierbo) 85.

87 Gierke (n 64 hierbo) 74-75.

88 Carlyle (n 64 hierbo) hoofstuk 20; Sabine (n 2 hierbo) 207-208; Artz (n 64 hierbo)

278; Joubert (n 64 hierbo) 38. Die belang van die kroningsede blyk ook uit die

feodale Sachsenspiegel in Duitsland (Carlyle (n 64 hierbo) 3; 40) waarin verklaar

word dat die koning na sy verkiesing moet beloof om die reg van die koninkryk in

stand te hou. Volgens Van Zyl (n 74 hierbo) 69 het die Sachsensopiegel wat die reg

van die Saksiese stam weergegee het, omstreeks 1215-1235 verskyn, d.w.s. in

dieselfde tydvak as waarin die reg van ander Germaanse stamme opgeteken is.

89 K Stern ‘The genesis en evolution of European-American constitutionalism’ (1985)

XVIII CILSA 187, 189.

90 JH Mundy Europe in the High Middle Ages (1973) 405-6.

Republica Christiana - die voorganger van staatlikheid 27

John Fortescue, Thomas Smith, Richard Hooker en, natuurlik, Edward

Coke insluit.

Die Engelse juris, Bracton (sterf 1268), skryf in tipies Middeleeuse

en sterk godsdienstig geïnspireerde styl. Sy werk veroorsaak dikwels

vertolkingsprobleme weens wat vir die moderne leser onverstaanbare

teenstrydighede blyk te wees. 91 Hy maak enersyds sy beroemde

stelling oor regsoewereiniteit en teen vorstelike absolutisme deur te

verklaar dat die koning aan die reg onderworpe is.

For the king has no other power in his hands since he is the minister and

vicar of God save that alone which he has of right (de jure). Nor is that

to the contrary when it is said quod principi placet legis habet vigorem,

for there follows at the end of the law cum legis regia quae de imperio

eius lata est (together with the lex regia which has been laid down

concerning his authority). Therefore it is not anything rashly presumed

by will of the king, that what has been rightly defined with the king’s

authorization on the advice of his magnates after deliberation and

conference concerning it. 92

Daarenteen verklaar hy egter ook dat die koning aan geen menslike

wil onderhewig is nie en kragtens sy eie oordeel mag regeer. 93

McIlwain los die teenstrydigheid op deur te wys op twee basiese

onderskeide wat in Middeleeuse konstitusionele denke getref is.

Eerstens was daar die onderskeid tussen regering (gubernaculum) en

jurisdiksie (jurisdictio); 94 tweedens was daar die onderskeid tussen

verordeninge van administratiewe prosedure en die afbakening,

oftewel die definiëring, van regte. 95 Regering het te make met die

handhawing van orde in die gemeenskap. Dit is die raison d’être van

koningskap. Binne die veld van regering mag die koning diskresionêr

optree. 96 Met jurisdictio wat met die definiëring van die regte van die

burgery te make het, is dit egter heel anders gesteld. In hierdie veld

moet die koning kragtens die reg optree, anders is sy handelinge ultra

vires en gevolglik nietig. Geen absolutisme geld by laasgenoemde nie

en op hierdie terrein word die onderneming wat met die kroningseed

gedoen word om die reg te eerbiedig, streng toegepas. 97 Met hierdie

onderskeid wat herinner aan die moderne onderskeid tussen die

wetgewende en uitvoerende gesag is die beginsel van

regsoewereiniteit in stand gehou.

91 Mc Ilwain (n 64 hierbo) 72.

92 Mc Ilwain (n 64 hierbo) 70; Joubert (n 64 hierbo) 36.

93 Mc Ilwain (n 64 hierbo) 72.

94 Mc Ilwain (n 64 hierbo) 67-80.

95 Mc Ilwain (n 64 hierbo) 82-83.

96 Mc Ilwain (n 64 hierbo) 84.

97 Mc Ilwain (n 64 hierbo) 85.

28 Hoofstuk 2

Ofskoon hy ander terme gebruik, tref die Engelse juris, John

Fortescue (1390-1479) inhoudelik dieselfde onderskeid as Bracton en

deel ook laasgenoemde se standpunte. 98 JGA Pocock se oordeel, met

uitvoerige verwysing na Fortescue, is dat die Middeleeuse opvattings

oor konstitusionalisme sterk republikeins geneig het. Reg en regering

is volgens hom gebaseer op die gewoontes en gebruike van die totale

gemeenskap oor ʼn lang periode. Dit was nie gebaseer op ideëele rede,

nie deduktief-rasionalisties bepaal nie, maar gefundeer in almal se

gesamentlike ervaring. Hoe langer ʼn gewoonte bestaan, des te beter

is die kwaliteit daarvan. Wetgewing (en regspraak) behoort nie binne

die koning se bevoegdhede te val nie, omdat dit nie deur gewoonte en

ervaring onderlê word nie. Ervaring en gewoonte is die grondslag van

demokraties-republikeinse regering. 99 Dienooreenkomstig leer

Fortescue dat die Engelse vors slegs met parlementêre instemming

wette kan maak en belastings kan hef en dat die regters kragtens hulle

eed verplig is om die reg toe te pas selfs al sou die koning uitdruklik

anders gelas. 100

Fortescue verwys in die besonder na die Romeinsregtelik

gebaseerde wilsteorie wat in sy tyd in Europa opgang begin maak het.

(Sien hoofstuk 3). Hierdie Romeinsgebaseerde beginsel dateer uit die

Dominaat, dit wil sê die latere absolutistiese tydvak van die Romeinse

ryk. Daarvolgens het dít wat die vors behaag die status van reg. (Quod

principi placuit, legis habet vigorem). Die beginsel is egter nie in die

Engelse staatsreg opgeneem nie en die Engelse vors is wel aan die reg

gebonde. 101 Dit bly ʼn omstrede vraag in welke mate die Engelse

common law inderdaad die status van fundamentele reg gehad het en

as geldigheidsmaatstaf vir vorstelike optrede aangewend is. 102

Desnieteenstaande is dit volgens Fortescue (en Bracton) duidelik dat

die beginsels van volk- en regsoewereiniteit en die gepaardgaande

regterlike hersieningsbevoegdheid (al is dit in ʼn rudimentêre vorm)

reeds vroeg met groot deernis in die Engelse regsdenke gekoester is.

Sir Thomas Smith (1542-1577), Richard Hooker (1553-1600) en sir

Edward Coke (1552-1634) is latere eksponente van hierdie lang

Engelse tradisie. 103

ʼn Belangrike eienskap van die vroeg Middeleeuse

konstitusionalisme is dat dit ʼn kontraktuele inslag gehad het. Daar het

ʼn intieme verhouding van wedersydse afhanklikheid en hulpverlening

tussen leenheer en leenmanne bestaan. Dit is by wyse van ʼn

kontraktuele verhouding tussen hulle gereël. Met die eerste oogopslag

98 Mc Ilwain (n 64 hierbo) 89-90.

99 Pocock (n 64 hierbo) 9-30.

100 Joubert (n 64 hierbo) 37.

101 Joubert (n 64 hierbo) 38.

102 Sien byvoorbeeld Gough (n 63 hierbo) 12-48 asook die bespreking van judisiële

hersiening in hoofstuk 8.

103 Joubert (n 64 hierbo) 38-41.

Republica Christiana - die voorganger van staatlikheid 29

lyk ʼn persoonlike verhouding enersyds, teenoor ʼn kontraktuele reëling

aan die ander kant, teenstrydig. 104 Feodale verhoudings was egter

wesenlik kontraktueel van aard. Daarvolgens het die vasal sekere

verpligtings teenoor die leenheer gehad, met dien verstande dat die

leenheer ook sy verpligtinge teenoor die vasal gestand sal doen. 105

Die een ding wat hierdie kontraktuele verhouding en volk- en

regsoewereiniteit in gemeen het, is dat dit contra-absolutisties is.

Ingevolge sy ooreenkoms met sy vasalle, staan dit die koning nie vry

om te maak soos hy wil nie. Hy is onderhewig aan die ooreenkoms en

sy vasalle is trou aan hom verskuldig, slegs vir sover hy die

ooreenkoms eerbiedig. Indien die ooreenkoms deur die koning of die

leenhere verbreek word, word die vasalle daarop geregtig om daaruit

terug te tree. 106

Hierdie feodale kontrakgedrewe koningskap is mettertyd deur ʼn

absolutisties-teokratiese (vervat in denkbeelde soos die goddelike reg

van konings en later in sekulêre vorstelike absolutisme) vorm van

koningskap uitgedaag. Volgens eersgenoemde is die koning ʼn party tot

ʼn regsverhouding met sy ondergeskiktes, waarvolgens hy alleen met

hulle instemming reg kan skep. Volgens laasgenoemde staan die

koning bo en buite die gemeenskap en kan hy onbelemmerd en na

willekeur reg skep. 107 Die Magna Carta is tekenend van die

kontraktueel gefundeerde feodale koningskap. 108 Dit is in die

persoonlike aard van die verhouding tussen die vasal en die leenheer

dat die verskil tussen die destydse feodale verhouding en die latere

onpersoonlike legalistiese verhouding tussen trouverskuldigde en die

staat lê. 109 Die feodale verhouding verskil ingrypend van die staatlike

verhouding:

It was an element that was very difficult to reconcile with the national

idea and with the national constitution. 110

Bykomend tot wat tot dusver aangeroer is, moet ons natuurlik ook na

’n ander — waarskynlik die mees geformaliseerde — konstitusionele

reëling van Middeleeuse Christendom in Wes-Europa verwys. Dit is die

konstitusionele reëling 111 tussen die kerklike en wêreldlike

gesagsfere: in die besonder die verhouding tussen die kerk en die ryk.

Hierdie verhouding het geformaliseerde beslag gedurende die

104 Carlyle (n 64 hierbo) 21.

105 Carlyle (n 64 hierbo) 21

106

Ullmann (n 64 hierbo) 147.

107 Ullmann (n 64 hierbo) 146-8.

108 Ullmann (n 64 hierbo) 149-150.

109

Sien die bespreking van hoogverraad in hoofstuk 9.1.

110 Carlyle (n 64 hierbo) 28.

111

Ek is dit heeltemal met Harold Berman eens dat ons hier inderdaad met ’n

konstitusionele reëling te doen het. Nie net die gesagstoedeling binne die kerk

(kragtens die kanonieke reg) nie, maar veral die verdeling van gesag tussen die

30 Hoofstuk 2

pouslike rewolusie gekry. Dié rewolusie 112 het aan die begin van die

pousdom van Gregorius VII (Hildebrand, pous: 1073-1085) ’n aanvang

geneem en is uiteindelik in 1122 met die Konkordaat van Worms

voltrek. Voor die pouslike rewolusie het keisers dikwels pouse

aangestel en afgedank. Hulle het ook ander hoë kerklike ampsdraers

aangestel. Hulle het kerklike sinodes belê en daarin voorgesit en van

tyd tot tyd selfs kanons van sowel ’n teologiese as ’n juridiese aard

neergelê. 113 Gedurende die middel van die elfde eeu het

opeenvolgende keisers juis weer ’n stewige greep op die kerk

uitgeoefen. Benewens die aanstel van die senior kerklike

ampsbekleërs, waaroor die keisers teen daardie tyd reeds geruime tyd

beslis het, is opeenvolgende pouse bowendien deur die keiser

ontslaan en met pouse van sy eie keuse vervang. 114 Dit het die kerk

toenemend ’n onderdeel van die ryk gemaak en sterk herinner aan die

ondergeskikte posisie wat die Oosterse Ortodokse kerk van

Konstantinopel jeens die ryk beklee het. In die jare voordat Gregorius

pous geword het, het daar vanuit die kerk weerstand hierteen

opgebou 115 en toe Gregorius uiteindelik pous word, het hy spoedig ’n

pouslike dekreet (Dictatus Papae) uitgereik waarvolgens die kerk

sigself van die ryk en die keiser bevry het. Volgens die dekreet sou die

pous sonder keiserlike voorskrif deur die senior ampsdraers van die

kerk aangewys word, terwyl die aanstelling van kerklike ampsbekleërs

binne die jurisdiksie van die pous en pertinent buite die gesag van die

keiser geplaas is. Met ’n beroep op wat die posisie van die kerk vroeër

sou wees, 116 in teenstelling met die vryheid wat dit later teenoor die

ryk prysgegee het, het die pous hiermee die integriteit van die kerk

as ’n korporatiewe struktuur vry van wêreldlike gesag probeer vestig.

Onder die aanvoering van keiser Hendrik IV het die ryk sigself teen

hierdie dekreet verset en Gregorius onder meer as ’n vals pous

afgemaak, waarop Gregorius op sy beurt met die ekskommunikering

van Hendrik teruggeslaan het. Verswak deur bondgenote wat teen

hom gedraai en hulle by die pous geskaar het, was Hendrik uiteindelik

111 kerk en die ryk is ten gevolge van die pouslike rewolusie gereël. Elkeen se gesag is

afgebaken en beperk. Dit dra al die eienskappe van ’n eg konstitusionele reëling.

Soos Berman (n 38 hierbo) 213-214 sê: ‘The very separation between

ecclesiastical and secular authority was a constitutional principle of the first

magnitude, which permeated the entire system of the canon law.’

112

Berman (n 38 hierbo) 99 et seq verduidelik breedvoerig waarom dit inderdaad ’n

volskaalse rewolusionêr was.

113 Berman (n 38 hierbo) 484.

114

Trouens, in die honderd jaar voor 1059 toe die kerk vir die eerste maal teen lekeinvestituur

vasgeskop het, het die keiser 21 van die 25 pouse van daardie era self

aangestel en verskeie afgedank. Sien Berman (n 38 hierbo) 91.

115

’n Kerkvergadering, wat deur pous Nicolas II belê is, het in 1059 vir die eerste

maal verklaar dat die pous deur die kardinale van die kerk verkies moet word.

Sien Berman (n 38 hierbo) 94.

116

Baie tipies nie net van die pouslike rewolusie nie, maar ook van daaropvolgende

rewolusies soos die Lutherse rewolusie, is die legitimiteit vir hierdie rewolusie in

die praktyke van die verre verlede gesoek. Die rewolusie is derhalwe as ’n herstel

van (en regstelling) van ’n eertydse orde regverdig. Sien Berman (n 38 hierbo)

112-3.

Republica Christiana - die voorganger van staatlikheid 31

verplig om bes te gee. Die stryd tussen pous en keiser — opvolgers van

die twee aanvanklike teenstanders — het in 1122 met die Konkordaat

van Worms op ’n kompromie uitgeloop. Dié kompromie het die

vryheid van die kerk bevestig en finaal aan die konstitusionele reëling

vir die Republica Christiana beslag gegee: daar sou na dese ’n duidelik

omskrewe verdeling van gesag tussen ryk en kerk wees, ofskoon daar

terselfdertyd ook hegte samewerking tussen die twee entiteite as

komponente van een rykskerklike geheel sou wees. Die leerstuk van

die twee swaarde het weliswaar reeds lank voor die pouslike

rewolusie bestaan. Dit het nou egter ’n nuwe formulering gekry.

Vroeër het dit te doen gehad met die verhouding tussen die aardse en

hemelse sfere waarin Christene hulle bevind het. In dié verhouding

was die kerk bloot die gemeente van (tydelike) pelgrims na

uiteindelike ewige redding. Voortaan het dit ’n politieke en meer

bepaald ’n konstitusionele karakter verwerf in die sin dat dit die

aardse magsterreine tussen die kerk en die ryk — pous en keiser —

gereël het. Die kerk as ’n aardse korporatiewe politieke en

regsentiteit het die geestelike swaard gedra en dié swaard het nie net

met die hiernamaals te doen gehad nie. Dit het daarbenewens ook

gesag oor ’n klomp sake van hierdie wêreld, soos die beheer van

kerkeiendom, die bedrywighede van kerklike ampsdraers,

familieverhoudings, sakemoraliteit en dergelike ander sake

uitgeoefen. 117

Die kerk het hiermee sy posisie gekonsolideer en onder meer na

aanleiding van die werk van Gratianus sy eie regstelsel — die

kanonieke reg — gekry. Die vestiging van ’n eie regstelsel vir die kerk

is die duidelike merkteken van die kerk se outonomie los van die

ryk. 118 Aan die ander kant was die ryk. Hoewel dit as deel van die

rykskerklike geheel uiteraard ’n Christelike ryk was, kon dit in die lig

van die kerk se outonomie oor geestelike sake op die wêreldlike sy —

die politiek — konsentreer. Op hierdie wyse is daar as ‘t ware ’n

konstitusionele reëling tussen die kerk en die ryk getref. Dié reëling

het met die opkoms van die dinastiese state onder druk gekom. Dit

het uiteindelik met die vestiging van territoriale state en die Lutherse

Hervorming, wat in hoofstuk 3 bespreek word, finaal verval.

Gregorius VII het as deel van die kerk se aansprake teen die keiser

ook verklaar dat die pous die bevoegdheid het om oor sowel kerklike

as wêreldlike sake te oordeel. Innocentius III (pous: 1198-1216),

waarskynlik die magtigste van al die pouse, hou vol dat die pous as

opvolger van Petrus oor alle kerklike én wêreldlike sake waar die

sonde ter sake is, jurisdiksie het. Hy beskou die wêreldlike mag van

die keiser as heeltemal ondergeskik aan die mag van die pous want dit

117 Berman (n 38 hierbo) 521.

118 Berman (n 38 hierbo) 202-3.

32 Hoofstuk 2

is die pous wat die imperiale kroon van Byzantium na die Weste

verplaas het en wat meegebring het dat die keisers hulle mag deur die

grasie van die pous uitgeoefen het. 119 Ofskoon die wêreldlike mag wat

Innocentius III uitgeoefen het nooit deur enige ander pous oortref is

nie, bereik die pouslike politieke aansprake met die promulgering van

die Bul Unam Sanctum in 1302 ʼn teoretiese hoogtepunt gedurende die

pousdom van Bonifacius VIII (pous: 1294-1303). Hiervolgens moes

wêreldlike (politieke) mag onder die toesig van die pous uitgeoefen

word. 120 Bowendien het die teologies dominante denkwyse van die

Middeleeue die kerk se politieke magsaansprake ondersteun. Volgens

hierdie denkwyse het God nie die mens vir die wêreld gemaak nie,

maar vir die hiernamaals, en was dit die plig van die kerk om die

verwesenliking van dié oogmerk te bewerkstellig. 121

119 Copleston (n 42 hierbo) 294.

120 Copleston (n 42 hierbo) 303.

121 Copleston (n 42 hierbo) 295.

HOOFSTUK

3

VERVAL EN WEGBEREIDING:

DIE VERTREK VAN DIE

REPUBLICA CHRISTIANA

EN DIE NADERENDE KOMS

VAN STAATLIKHEID

1 Sekularisasie, Renaissance en Humanisme

Die pouslike rewolusie van die laat elfde eeu het, soos in hoofstuk 2

verduidelik, die kerk van die ryk — van die wêreldlike politieke gesag

— bevry. Dié rewolusie het by implikasie egter ook die saad van die

bevryding van die ryk van die kerk gesaai en kan as die grondslag vir

die sekularisering van die politiek beskou word, wat op sy beurt ’n

bydraende faktor tot die ontwikkeling van die territoriale staat was. 1

’n Gelyklopende proses van individualisering, sekularisasie,

staatsvorming en merkantilisme het sigself egter veral vanaf die laat-

Middeleeue met mening begin voltrek. 2 Die ontwikkeling van die staat

en die gepaardgaande staatlike logika is die produk van sekularisasie, 3

wat godsdienstige en kerklike onderhorigheid opsy geskuif en ʼn

lewenswyse vry van godsdienstige voorskrif en kerklike beheer ingelui

het. 4 Teen die agtergrond van die volslae religieuse lewensuitkyk en

bestaanswyse van die Middeleeuse Republica Christiana, soos in

hoofstuk 2 bespreek, spreek dit vanself dat die totstandkoming van

staatlikheid noodwendig deur ʼn diepgaande proses van sekularisasie

voorafgegaan moes word. Religie was gedurende die Middeleeue so

omvattend en deurdringend dat ʼn blote konstitusionele aanpassing, in

die sin van die meganiese wysiging van politiek-juridiese reëls,

onvoldoende sou wees om die territoriale staat en staatlikheid tot

stand te bring. Wat verder moes gebeur — en inderdaad gebeur het —

was, soos E-W Böckenförde dit raakvat:

... the detachment of the political order as such from its spiritual and

religious origin and evolution; with its becoming temporal in the sense of

quitting an ostensibly homogeneous and religious and political context to

1 Sien in die algemeen HJ Berman Law and revolution: The formation of the

Western legal tradition (1983).

2 E Bodenheimer Jurisprudence: The philosophy and Method of Law (1962) 32–34.

3 E-W Böckenförde State, Society and Liberty (vertaling uit die Duits deur JA

Underwood) (1981) 26 et seq.

4 Böckenförde (n 3 hierbo) 27.

33

34 Hoofstuk 3

find an aim and identity of its own, conceived in secular terms (a

‘political’ aim and identity); and finally with the separation of the

political order from Christian religion and from any specific religion as

the foundation and haven. This development too, forms part of the

emergence of the state. In fact, without this aspect of the process, it is

impossible to understand the state as it has evolved and as we see it

today, or to grasp the fundamental problems of political organization

that face the present-day state. 5

Die totstandkoming van die staat en die bereiking van die bestemming

van staatlikheid loop dus langs die weg van sekularisasie. Die kragte

wat die weg voorberei het, was die gees van die Renaissance en

humanisme, die politieke filosofie van dié oorgangstydvak, die

ontwikkeling van die absolutistiese stroming in die Romeinse reg, die

agteruitgang van die politiek-verdeelde politieke orde van die

feodalisme ten gunste van die sentraliserende dinastieë en die breuk

in die kerklike eenheid (die Hervorming). Die gesamentlike effek van

hierdie faktore is die half gesekulariseerde 6 dinastiese staat wat teen

die middel van die sestiende eeu die lig sien.

Gedurende die inkennige, die skugter en na-binne-gerigte

Middeleeue was die menslike blik na bo gerig. Die menslike gemoed

was oop en vatbaar vir goddelike openbaring. In die ekstrovertiese —

die uitgaande — Renaissance verskuif die uitkyk horisontaal na die

aarde en die wêreld. In ’n stemming van menslike selfvertroue

verskuif die intellektuele fokus nou na wat die mens sê, in plaas van

die goddelike openbaring soos tevore.

While the medieval way taught the unimportance of life, stressed its

snares and evils and smothered the individual with a host of confining

rules and prohibitions, the Renaissance beckoned man to enjoy beauty,

to savor the opportunities of this world and to be himself regardless of

restrain. 7

Die mens self word nou die onderwerp van belangstelling soos

gedemonstreer deur die opkoms van allerlei nuwe genres in hierdie

tyd: die biografie, poësie, geskiedskrywing en daarnaas ook die

beeldende kunste. Presterende persoonlikhede tree ook in

aansienlike getalle op die voorgrond. 8 Van besondere belang is dat die

menslike lewe sy waarde en belangrikheid herwin het. Die

Renaissance beleef ʼn optimistiese lewensvreugde in teenstelling met

die Middeleeuse beheptheid met die dood. 9

5

6

Böckenförde (n 3 hierbo) 27.

Aan die einde van hierdie hoofstuk word beskryf waarom hierdie staat nog nie die

volle sekulariseringspad bewandel het nie en wat kortgekom het om die roete te

7

8

9

voltooi.

E Wallback et al Civilization past and present Vol VI (1981) 401.

K Vorländer Gechiedenis van de wijsbegeerte Vol II (1955) 129.

F Braudel A history of civilizations (vertaal uit Frans R Mayne) (1993) 348.

Verval en wegbereiding 35

Daar was ook rede vir optimisme en opgewektheid, want die

menslike prestasies van die tyd was ongekend en ongeëwenaard: ʼn

seeweg is na Indië gevind, ʼn Nuwe Wêreld het met die Europese

ontdekking van die Amerikas op die wêreldkaart verskyn, die

natuurwetenskap het ontstaan, asook die beeldende kunste,

opwindende Renaissance-argitektuur, en letterkunde in die nasionale

tale.

Die gees van die Renaissance word gelei deur drie dominante

temas: die herontdekking van die Klassieke erfenis (van sowel

Griekeland as Rome), sekularisasie en individualisme. 10 Die belangstelling

in die Klassieke was die inspirasie van die nuwe gees;

sekularisasie beskryf die aard van die nuut erkende waardes;

individualisme gee uitdrukking aan die wyse waarop die nuwe waardes

ervaar en nagejaag is. 11 Godsdiens het natuurlik nie eensklaps of

geheel en al van die toneel verdwyn nie, maar het wel sy algeheel

oorheersende posisie prysgegee. Die humanistiese mensgesentreerde

en wêreld-sentriese stemming van die Renaissance het egter die

godsdiens-geïnspireerde Middeleeuse eenheid en universaliteit, wat

in die vorige hoofstuk aangeraak is, laat begin verbrokkel.

Waarskynlik die belangrikste bydra van die Humanisme is dat dit ’n

breuk met die skolastiese tradisies van opvoeding bewerkstellig het

en die herontdekte Antieke in die Westerse kultuur geïnkorporeer

het, en sodoende ook die weg na die suksesvolle deurvoer van die

Hervorming help berei het. 12

Die Renaissance en Humanisme wat die kulturele klimaat vanaf

nagenoeg die tweede helfte van die veertiende eeu tot die middel van

die sestiende eeu oorheers het, het die algemene raamwerk verskaf

waarbinne die spesifieke aspekte van sekulariteit soos die territoriale

staat en die staatlike logika verwesenlik kon word.

Die wegbereiding na staatlikheid is aangehelp deur ʼn aantal

belangrike sosiale veranderings gedurende die Renaissance: die

ontwikkeling van die stede en die opkoms van die middelklas wat hulle

dikwels in bondgenootskap met die staatlike vorste teen die kerk

bevind het, die uitvind van die drukpers in die middel van die

vyftiende eeu en die gepaardgaande massaverspreiding van idees. 13

Daarmee saam beleef Europa van die middel van die vyftiende eeu die

totstandkoming van ’n klomp universiteite wat mettertyd dien as die

wieg van nuwe idees en van rewolusie. 14 Die godsdienstige

10

G Runkle A history of Western political theory (1968) 167-174.

11 Runkle (n 10 hierbo) 174.

12 GR Elton Reformation Europe (1963) 63.

13

P Smith The reformation in Europe (1962) 16-19.

14 Smith (n 13 hierbo) 21.

36 Hoofstuk 3

reformasies van Wyclife, Huss en van Martin Luther vind al drie hulle

oorsprong in die nuwe universiteite.

2 Politieke en regsdenke

Die politieke denke en die regsteorie van die laat-Middeleeue en die

Renaissance, wat nouliks van mekaar onderskeibaar is, lewer veral

twee temas op wat hier van belang is. 15 Eerstens is daar in hierdie tyd

met die magsverhouding tussen die staat en die kerk geworstel.

(Wanneer daar in hierdie tyd van die staat gepraat word, word daar

uiteraard na die staat in sy onderontwikkelde en rudimentêre

gedaante verwys). Tweedens is die bykans absolutistiese magsposisie

van die pous binne die kerk uitgedaag. Onder druk hiervan het die

kerklike (pouslike) aanspraak op politieke mag begin meegee. Die

staat het hierby gebaat, want die politieke magsprysgawe van die

kerk het die politieke magswins vir die staat beteken. Terselfdertyd

het die gedagte van populêre soewereiniteit binne die kerk beduidend

op die voorgrond getree. Dit was in navolging van die stroming ten

gunste van volksoewereiniteit wat, soos in hoofstuk 2 verduidelik is,

deur die loop van die Middeleeue deurentyd sterk was.

Bonifacius VIII (pous: 1294-1303) se Bul (sien hoofstuk 2.2.)

verteenwoordig die draaipunt in pouslike (en kerklike) aansprake op

politieke heerskappy. 16 Daarna het pouslike mag begin taan. Dit is

teweeg gebring deur die pous se politieke neerlaag teen die Franse

koning, Philip V, asook die kerklike skisma, die opkoms van die

politieke filosofie van die Renaissance en natuurlik deur die vestiging

van die politieke mag van die nuwe territoriale staat.

Die herontdekking en populariteit van die politieke filosofie van

Aristoteles was ’n sterk impetus vir die totstandkoming van ʼn

politieke domein, vry van kerklike voorskrif. Vir Aristoteles was die

mens ʼn politieke wese en die politiek ʼn natuurlike instelling,

aangesien dit noodsaaklik vir menslike selfverwesenliking was. 17

Dante Alighieri (1265-1321) of bloot Dante, soos hy algemeen

bekend staan, se werk verteenwoordig ’n belangrike moment in die

skep van ’n bevryde politieke domein. Dante, wat ook deur Aristoteles

beïnvloed is, se ideale staat was van hierdie wêreld. Hy leer ook dat

daar tot die heil van die burgery van die wêreldlike staat geregeer

moet word. Wat noemenswaardig is, is dat Dante geensins werk met

15

Sien in die algemeen die toonaangewende werke van RW Carlyle A history of

medieval political theory in the West Vols. IV, V, VI. (1928); Q Skinner The

16

17

foundations of modern political thought (1978) Vol I.

W Ebenstein Great political thinkers: Plato to present (1969) 261.

FCA Copleston A history of medieval philosophy (1975) 298.

Verval en wegbereiding 37

teologiese deug nie, 18 maar daarenteen die Antiekwêreldse politieke

deug as uitgangspunt aanvaar. Dante rehabiliteer wêreldlike politieke

aktiwiteit en verdiep sodoende die breuk met daardie tradisie in die

Middeleeue, wat vyandig teenoor die wêreldse aard van die politiek

gestaan het. 19 Oor die radikaliteit van Dante se breuk met die

Middeleeue sê PB Clarke:

Prior to Dante politics had been at best an evil necessity forced upon

‘man’ by virtue of the expulsion from the paradisiacal condition and the

necessities that followed from living in the fallen state. Dante turned

this entire model on its head. The moment of expulsion which the

Christian meta-narrative had made definitive of the human condition

became a moment not of regret but of celebration. And at its centre was

willing, acting, being political and enjoying that activity and condition

for its own sake. 20

Volgens Dante was ʼn wêreldlike politieke struktuur — vir Dante ʼn

universele ryk — noodsaaklik vir die welsyn van die mens. ʼn

Wêreldlike gesag moes die vrede handhaaf. Dante argumenteer —

belangwekkend vir sy tyd — dat wêreldlike gesag regstreeks van God

afkomstig is. Daar is gevolglik geen wêreldlike gesag bo die keiser nie

en die keiser ontleen gevolglik nie sy gesag aan die pous wat tussen

God en die keiser staan nie. 21 Dante is steeds ver van staatlikheid af.

Gesag word nog aan God ontleen en religieus geregverdig. Bowendien

dink hy nog in terme van ʼn universele ryk. Desondanks maak hy ʼn

belangrike saak uit ten gunste van die outonomie van die politiek,

bevry van die dissipline van die kerk, en dus in belang van sekulariteit.

Dante se pleidooi vir die wêreldlike politiek is reëlreg in stryd met die

verregaande kerklike magsaansprake van Bonifacius. Dit is

aanduidend van ʼn diepgaande spanning tussen die kerk en die ‘staat’.

Waar daar vroeër losweg van ʼn algemene Christendom gepraat is,

sonder om duidelik tussen die staat en die kerk te onderskei, kon dit

teen die veertiende eeu nie meer gedoen word nie. Die konsep van ʼn

algemene Christendom was nou onder druk.

Marsilius van Padua (1275-1343) voeg hom by Dante as deel van

die oorgang van die Middeleeue na die moderne tyd. Marsilius is egter

ʼn veel moderner figuur as Dante. 22 Marsilius, ʼn Florentyn, sluit ook by

Aristoteles aan. Vir hom is die staat as politieke gemeenskap ook ʼn

18 Runkle (n 10 hierbo) 147-150.

19 PB Clarke Deep citizenship (1996) 64. Hierdie beskouing is waarskynlik ietwat

oordrewe aangesien, dit nie Dante se oortuiging dat alle politieke mag van God

afstam, verreken nie. Die demokratiese ondertoon in die stelling is moontlik ook

nie heeltemal korrek nie, omdat dit nie met Dante se monargale oortuigings

strook nie. Desnieteenstaande demonstreer dit die breuk met die godsdienstige

hegemonie van die Middeleeue.

20 Clarke (n 19 hierbo) 64.

21

Copleston (n 17 hierbo) 302.

22 Ebenstein (n 16 hierbo) 265.

38 Hoofstuk 3

natuurlike gegewe, terwyl die kerk in belang van vrede onder

politieke gesag geplaas word. 23 Ofskoon Marsilius ook skriftuurlik

gebaseerde argumente gebruik het, was sy fokus nie op teologiese

bespiegeling nie, maar eerder op die algehele outonomie van die staat

— van die politiek. Sy belang lê in die outonomie van die staat. Hierdie

outonomie kon slegs verwesenlik word indien die kerk as supranasionale

politieke instelling verwerp word en tot ʼn departement van

die staat beperk word. 24 Marsilius is ʼn outentieke eksponent van die

wêreldlike politiek aangesien hy die rol van die kerk afskaal tot weinig

meer as voorsiener van gemeenskapsdiens en as die skepper van

morele en geestelike omstandighede wat die politieke regeerplig kon

vergemaklik. 25

Binne die kerk het die pouslike plenitudo potestas (absolute

gesag) ook teenstand ontlok wat uiteindelik in die veertiende eeu op

die Konsiliebeweging uitgeloop het. Hierdie beweging kan beskou

word as een van die prominentste uitdrukkings van Middeleeuse

konstitusionalisme. 26 Soos uit die bespreking van die pouslike

rewolusie in hoofstuk 2 blyk, kan ’n konstitusionele tradisie in die kerk

na die laat-elfde eeu nagespeur word. Die Konsiliebeweging was

derhalwe nie die oorsprong van konstitusionalisme in die kerk nie. Dit

sluit aan by ’n tradisie wat reeds gevestig was. Die saak van die

Konsiliebeweging was dat die kerk ʼn korporatiewe entiteit van die

gemeenskap van gelowiges is, waarin almal — geestelikes en leke —

gelyk gedeel het. Kerklike regering moet ook minstens gedeeltelik

behartig word deur rade waarin die gewone kerkvolk verteenwoordig

word. Die Konsiliebeweging is sterk beïnvloed deur die

Romeinsregtelike juris en voorste geleerde onder die Kommentatore,

Bartolus de Saxoferrato (1313–1357) wat aangevoer het dat die volk se

magsoordrag aan die maghebbers nie absoluut was nie. Dit was nie

onvoorwaardelik nie. Dit is juis voorwaardelik, wat beteken dat die

volk steeds die resterende bevoegdheid behou het om weer self as

gesagvoerder op te tree. 27 Hierdie populêre soewereiniteitsbeskouing

is deur sowel die voorgangers as die belangrikste woordvoerders van

die Konsiliebeweging soos Jean van Parys, William van Ockham,

23 Copleston (n 17 hierbo) 309.

24 Copleston (n 17 hierbo) 309.

25

Copleston (n 17 hierbo) 312-313. Heelwat ander geskrifte ter ondersteuning van

die gesag van die koning verskyn in hierdie tyd, byvoorbeeld dié van Pierre du

Bois (sterf: 1322) wat ten gunste van die superioriteit van sekulêre staatsgesag

argumenteer. Sien Artz The mind of the Middle Ages: An historical survey (1980)

126).

26 JN Figgis Political thought from Gerson to Grotius, 1414-1625 (1960) 41, 47.

27

AJ Antonitus ‘Die filosofie van die konsilibeweging’ in AM Faure et al (reds) Die

Westerse politieke tradisie (1981) 139.

Verval en wegbereiding 39

Durandus, Pierre d’Ailly, Johannes Gerson, Zabarella en Nicolas de

Cusa aangegryp. 28

Die Konsiliebeweging het wat betref sy daadwerklike neerslag in

konkrete strukture nie geslaag nie en pouslike absolutisme is weer

grootliks herstel. Die mislukking van die Konsiliebeweging om die pous

te weerstaan en ʼn mate van federalisme in die kerklike regering in te

bou, het die gaping gelaat vir die latere Kerkhervorming met sy veel

radikaler implikasies, naamlik om uiteindelik die Westerse kerklike

eenheid heeltemal te vernietig en sodoende die weg te baan vir die

vestiging van (sekulêre) staatsgesag. Soos Neville Figgis dit stel, het

die mislukking van die konserwatiewe verandering soos bepleit deur

Gerson, as woordvoerder van die Konsiliebeweging, die rewolusionêre

opsie van Calvyn se hervorming genoodsaak en moontlik gemaak. 29

Ten spyte van die politieke mislukking van die Konsiliebeweging

binne die kerk het die beweging ʼn belangrike invloed op die

verhouding tussen die staat en die kerk uitgeoefen. Dit het die kerk

se posisie teenoor die van dié staat verswak.

ʼn Verdere bydrae tot die stroming teen die wêreldlike gesag van

die kerk kom vanuit die universiteite. Prominent in hierdie verband is

die figure John Wyclife 30 (1320-1384) van Oxford en Johannes Huss

(1369-1415) van Praag. Wyclife slaan die geestelike waardigheid van

die kerk so hoog aan dat hy daarvan oortuig is dat die kerk sigself

geensins met wêreldlike sake moet bemoei nie. Gebeur dit wel, moet

die staat die beheer van sulke optrede oorneem. Die effek van hierdie

waardigheidsleerstuk is dat die staat in die gestalte van die

koningskap teen die politieke aansprake van die pous versterk is. 31

Wyclife se afkeer van kerklike eiendomsbesit 32 het dieselfde effek.

Wyclife bepleit voorts ʼn nasionale Engelse kerk wat outonoom van

pouslike beheer funksioneer. 33 Die kerk moes volgens Wyclife en Huss

ʼn inwaartse rol ter wille van die uitverkorenes speel, terwyl die

uitwaartse politieke terrein vir die staat gereserveer moes word.

Hierdie gedagterigting is die onmiskenbare voorloper van die breuk in

die kerk deur die Kerkhervorming van die sestiende eeu. 34

28

29

Antonitus (n 27 hierbo) 140-144; Figgis (n 26 hierbo) 41-71 en veral 67-68. ’n

Vollediger lys van die belangrikste woordvoerders word op 55 deur Figgis

weergegee.

Figgis (n 26 hierbo) 42-43.

30 Soms ook Wycliffe gespel. Sien byvoorbeeld Wallback (n 7 hierbo) 382.

31 CJ Wanlass Gettel’s History of political thought (1953) 136-137.

32

T van Wyk en SB Spies Western Europe from the decline of Rome to the

Reformation (1985) 298.

33 Wanlass (n 31 hierbo) 137.

34 O Gierke Political Theories of the Middle Ages (Engelse vertaling deur RW

Maitland) (1938) 19.

40 Hoofstuk 3

Wanneer die fokus meer na die kant van die regsdenke verskuif,

vind ons dat daar vanaf die twaalfde eeu ʼn hernieude belangstelling

in die Romeinse reg ontwikkel het, aanvanklik in Italië, 35 maar

mettertyd in bykans die hele Wes-Europa. Inderwaarheid was dit net

in Engeland waar die Romeinse reg tot die verligting van sommige

Engelse kommentatore nooit ’n vastrapplek kon kry en ʼn beduidende

invloed op die politiek en staatsregtelike instellings kon uitoefen nie.

Die onbevatlikheid van die Romeinse reg in Engeland word juis beskou

as die rede waarom absolutisme, anders as in Frankryk waar die

invloed van die Romeinse reg diepgaande was, nooit blywend in

Engeland posgevat het nie. 36

Romeinsregtelike denkbeelde vanuit die Justiniaanse kodifikasie

van die sesde eeu het ʼn belangrike invloed op die politieke denke van

die Renaissance 37 en van die sestiende eeu 38 uitgeoefen. Die

Romeinse reg was weliswaar nooit in hierdie tydperk (volledig)

positiewe reg nie. Daarvoor het die gewoontereg nog te veel van ’n

houvas gehad. Dit was egter wel ’n soort ideale reg waarmee die

positiewe reg verkieslik in pas moes wees. 39 Die Romeinse keiserlike

reg, soos vervat in die kodifikasie, verskaf nie ʼn ongekwalifiseerde

grondslag vir keiserlike (of vorstelike) absolutisme nie. Op sterkte van

tekste in die Corpus Iuris Civilis is argumente sowel vir as teen

vorstelike absolutisme aangevoer. 40 Dit is desondanks wel so dat

Romeinsregtelik gebaseerde argumente die saak vir vorstelike

absolutisme, wetgewende bevoegdheid van die monarg en

magsentralisme sterk ondersteun het. Saam met ander kragte wat in

hierdie hoofstuk bespreek word, het dit die opkomende territoriale

state met hulle toenemende sentrale gesagsuitoefening sterk

onderskraag.

Daar is veral drie tekste in die Corpus Iuris Civilis wat hulself by

uitstek geleen het vir ʼn interpretasie ten gunste van monargale gesag

en absolutisme. 41

Eerstens reflekteer Digesta 42 1.4 Ulpianus se stelling dat die wil

van die vors die gesag van wetgewing het: ʼn besluit van die koning het

35

36

DH van Zyl Geskiedenis van die Romeins-Hollandse Reg (1983) 62.

Sien byvoorbeeld W Ullmann Medieval Political Thought (1965) 154-155; JP

37

Verloren van Themaat Staatsreg (1956) 21; Q Skinner (n 15 hierbo) Vol II 54-55.

Onder meer op die filosofie van die konsiliebeweging. Sien Antonitus (n 27 hierbo)

38

139.

Sien byvoorbeeld JW Allen A History of Political Thought in the Sixteenth Century

39

40

41

(1928) 289 et seq.

Berman (n 1 hierbo) 204, 471.

Sien byvoorbeeld Skinner (n 15 hierbo) 129-133.

CP Joubert ‘Die gebondenheid van die soewereine wetgewer aan die reg’ (1942) 5

42

THRHR 18 verwys ook na ’n aantal ander tekste met ’n soortgelyke impak.

Die Digesta gee die standpunte van vernaamlik die juriste van die bloeitydperk

van die Romeinse reg gedurende die tweede en derde eeu weer. Sien W Kunkel An

Introduction to Roman Legal and Constitutional History (Engelse vertaling deur

Verval en wegbereiding 41

die krag van ’n wet. Die keiser beskik oor hierdie wetgewende gesag

op sterkte van die feit dat die volk die bevoegdheid aan hom oorgedra

het. 43 Ulpianus se standpunt is as geldende reg in die tyd van die

opstel van die Corpus Iuris Civilis net so weergegee in Institutiones 44

1.2.6. 45 In die laaste en mees omstrede teks, Digesta 1.3.3.1. wat aan

sowel Ulpianus as Papinianus toegedig word, word verklaar dat die

keiser nie aan die reg gebonde is nie 46 — dat hy dus oor absolute mag

beskik.

Middeleeuse Romeinsregtelike juriste (aanvanklik die Glossatore

maar veral die latere meer gesofistikeerde Kommentatore) het

teenoorgestelde posisies ingeneem met betrekking tot die aard van

die volk se magsoordrag aan die keiser. Sommiges het geargumenteer

dat die magsoordrag nie onherroeplik was nie, maar bloot ’n

concessio, oftewel ʼn voorwaardelike delegasie van die usus van gesag

was. 47 Die effek daarvan is dat die volk steeds soewerein bly en enige

tyd self weer die uitoefening van gesag kon hervat. 48 Wat egter van

groot belang is, is dat die twee invloedrykste Kommentatore, Bartolus

de Saxoferrato (1314-1357) en Baldus de Ubaldis (1327-1400) die

Romeinsregtelike regsposisie uitgelê het as sou die volk onherroeplik

gesag (soewereiniteit) aan die staatshoof afgestaan het en derhalwe

die bevoegdheid om self wette te maak, onherroeplik prysgegee

het. 49

Baldus was die mees uitgesproke eksponent van die

Romeinsregtelik gebaseerde absolutisme. Baldus redeneer dat dit op

die weg van die vors lê om geregtigheid te laat geskied. Dit is egter ʼn

morele verpligting en nie ʼn juridiese een nie. Sou die vors dus sy

morele verpligting versaak, is daar geen juridiese sanksie om hom tot

gepaste optrede te verplig nie. 50 Sowel Bartolus as Baldus leer dat die

42 JM Kelly) (1973) 105, 169; DH van Zyl Geskiedenis en beginsels van die Romeinse

Reg (1977) 31, 59. Ulpianus is een van die vyf mees toonaangewende juriste van

die klassieke tydperk van die Romeinse reg, en sy menings geniet derhalwe

beduidende gesag.

43 Sien die oorspronklike Latyn en Engelse vertaling van Digesta 1.4 uit die Corpus

Iuris Civilis van Justinianus Vol 1 (Latynse teks geredigeer deur T Mommsen en P

Krueger en in Engels vertaal deur A Watson) (1990).

44 Die Institutiones was ’n meer toeganklike studiehandboek wat ook deel van die

Corpus Iuris Civilis was en wat aan studente ’n samevatting van die geldende reg

van die Justiniaanse era gegee het. Sien Van Zyl ( n 42 hierbo) 62-63; JAC Thomas

The Institutes of Justinian Text Translation and Commentary (1975) vii.

45

Sien die oorspronklike Latyn en Engelse vertaling van hierdie teks deur Thomas (n

44 hierbo) 5-6.

46 Sien die oorspronklike Latyn en Engelse vertaling van hierdie teks deur Mommsen

& Krueger (n 43). Papinianus is, soos Ulpianus, een van die groot vyf juriste van

die klassieke Romeinse reg.

47 Gierke (n 34 hierbo) 43; 150 (Nota 159).

48

Joubert (n 41 hierbo) 20-21.

49 Joubert (n 41 hierbo) 30; JA Wahl ‘Baldus de Ubaldis and the foundations of the

nation state’ Manuscripta (1977) XXI 86 en veral 91;Gierke (n 34 hierbo) 39, 43,

147 (Nota 142), 150 (Nota 158).

50 Wahl (n 49 hierbo) 87, 89.

42 Hoofstuk 3

vors die reg uit vrye wil volg. Daar rus egter geen juridiese verpligting

op die vors om ingevolge die reg op te tree nie. 51 Die absolutisme wat

deur Baldus geskets word, is dus ʼn vorm van verligte absolutisme,

want ofskoon ʼn goeie vors op die stem van die volk ag sal slaan, 52 is

daar geen regsverpligting tot die effek nie. 53 Baldus se uiteensetting

van vorstelike absolutisme verskans die vors se magsposisie

permanent. Die rede hiervoor is dat die vors nie sy mag uitoefen op

grond van ʼn persoonlike (en inherent veranderlike) verhouding met sy

onderdane nie, maar vanweë ʼn vaste, onbuigsame regsbeginsel. 54 Dit

gaan vir Baldus dus nie oor die (inherent veranderlike) persoonlike

verhouding van die vors met die volk en prestasies van die vors

teenoor sy onderdane nie, maar om die vorstelike amp wat uiteraard

ʼn blywende en onveranderlike juridiese gegewe is.

Oënskynlik teenstrydig met wat tot dusver oor Baldus se

standpunt oor vorstelike absolutisme gesê is, leer Baldus ook dat die

vors regsgebonde is aan die ooreenkomste van sy voorgangers. 55 Die

gevolg hiervan is egter dat die vors deur hierdie reëling regstreeks

met die staat (die koninkryk) geassosieer word, met die implikasie dat

die staat ook ʼn permanente karakter kry — iets wat sedert die finale

val van die Wes-Romeinse ryk in 476 nie aan Wes-Europa bekend was

nie. Bowendien is vorstelike gebondenheid aan ooreenkomste nie

strydig met die konsep van absolutisme nie, aangesien absolutisme,

soos aangedui, juis sy oorsprong in ʼn onherroeplike ooreenkoms het,

waardeur die volk gesag aan die keiser oorgedra het. Absolutisme se

juridiese oorsprong is kontraktueel van aard, en juis daarom is dit

legitiem.

Baldus leer ook dat die vors slegs aan God ondergeskik is. Hy is aan

die pous verantwoording verskuldig slegs met betrekking tot

geestelike aangeleenthede. 56 Die keiser beklee die hoogste

gesagsposisie met betrekking tot wêreldlike aangeleenthede en

beskik oor die bevoegdheid om enige amptenaar uit sy amp te

onthef. 57

Samevattend het die Romeinse Kommentatoriese reg op twee

maniere as stimulus vir die opkomende territoriale staat en

staatsgesag gedien:

Eerstens het dit die posisie van die wêreldlike politieke gesag ten

koste van pouslike (kerklike) politieke magsaansprake versterk. Dit

51 Wahl (n 49 hierbo) 89-90.

52 Wahl (n 49 hierbo 92.

53 Wahl (n 49 hierbo) 93.

54 Wahl (n 49 hierbo) 80.

55 Wahl (n 49 hierbo) 80, 82-84, 87.

56 Wahl (n 49 hierbo) 85.

57 Wahl (n 49 hierbo) 86.

Verval en wegbereiding 43

sluit aan by die sosiale, politieke en filosofiese strominge van die tyd,

wat meewerk tot die versterking van die wêreldlike politieke gesag

van die ontluikende territoriale state.

Tweedens wys dit die vors (hetsy die keiser van die ryk, of vorste

van die talle Middeleeuse politieke eenhede) as die locus van politieke

soewereiniteit aan en verleen op hierdie wyse juridiese ondersteuning

aan die gesagsaansprake van die vors. Sodoende word die staatlike

aanspraak in die wedywering om politieke gesag teen die kerk

bevorder.

Die Germaanse opvatting dat reg nie uitdruklik verorden word nie,

maar as soewereine reg soos vervat in die volksgewoontes nog altyd

daar — in die volksgewoontes — was, en bloot daar gevind word, het

ook veld verloor teen die Romeinse opvatting dat reg ooreenkomstig

die wil van die vors gemaak kan word. Die Germaanse opvattings oor

volksoewereiniteit was baie lank gedurende die Middeleeue, saam

met opvattings oor regsoewereiniteit, toonaangewend. Mettertyd,

onder meer weens kragte soos die Romeinsregtelik gebaseerde

absolutisme, het dit egter grootliks hulle aanklank en gesag verloor.

Die opvatting oor die goddelike reg van konings, wat in die vierde

deel van hierdie hoofstuk aandag kry, met sy implisiet teologies

gefundeerde ondersteuning vir vorstelike mag en absolutisme, vind in

die Romeinsregtelike stroming ʼn sekulêre bondgenoot wat sy

aansprake uit Antieke bronne put. Albei is boustene van die staat en

van vorstelike absolutisme en albei is op hul eie manier ewe vyandig

teen die politieke gesagsaansprake van die kerk. Die ontluikende

territoriale state het beduidende krag hieruit geput.

3 Staatsvorming

Karel die Grote het weliswaar ’n ryk gehad, maar anders as die

moderne territoriale staat het dit nie ’n duidelike sentrum en ’n

hoofstad gehad nie. Dit het ook aan duidelik grense ontbreek. Anders

as die kontemporêre territoriale staat was dit nie in die eerste plek ’n

territoriale entiteit — ’n entiteit gekenmerk deur vaste grense nie. 58

Dieselfde geld vir die ryk nadat dit in die tiende eeu herleef het. Die

keiser het eerder oor mense regeer as wat sy regering oor ’n duidelik

gedefinieerde gebied gestrek het. Voorts was regering natuurlik ook

lukraak en vir lang tye afwesig. Sonder ’n vaste burokrasie soos met

die hoogbloei van die Romeinse ryk of tans in die goed-funksionerende

territoriale staat, was regering op losse skroewe en dikwels langdurig

afwesig. Regering het afgehang van die vors — die keiser — se fisiese

58 Berman (1 hierbo) 89; 483.

44 Hoofstuk 3

teenwoordigheid, of van die teenwoordigheid van sy rondreisende

afgevaardigdes (veldagente). Die keiser moes gedurig rondreis. Daar

waar hy of sy afgevaardigdes was, het die keiser se gesag gegeld,

opstand is onderdruk en geskille is besleg. Sodra hulle vertrek het, het

regering vervaag. Sy vertrek het dikwels ook die vertrek van die ryk

beteken. Die ryk, sê Harold Berman, was nie ’n geografiese entiteit

nie maar eerder ’n militêre en geestelike gesag. 59 Dinastiese state,

wat rondom vorste ontwikkel het en wat mettertyd die ryk sou

vervang (en die universele kerk opsy sou skuif), het aan dieselfde

gebreke gely. In die besonder was hulle ook nie territoriaal nie. 60 Dit

was ook regering oor mense en nie soseer oor ’n duidelik afgebakende

gebied nie.

Die regering van die keiser en die dinastiese vorste was bowendien

ook nie soseer oor alle mense nie. Binne die konteks van ’n feodale

orde — die orde waarin die ryk vanaf die tiende eeu beslag gekry het

en die state ontstaan het — was die vors se regering op die keper

beskou regstreeks slegs oor sy onmiddellike vasalle, hertoë, grawe en

dergelike adellikes en nie oor almal nie. Die vors het weliswaar

onregstreeks ook oor die ondergeskiktes van sy vasalle regeer maar in

praktiese terme was dit eintlik die vasalle self, wat oor húlle

ondergeskiktes regeer het. Van soewereiniteit — kenmerkend van die

latere territoriale staat — was daar nog nie sprake nie. Politieke

gesagsuitoefening en soewereiniteit (as mens die woord geforseerd

hier wil gebruik) was verdeel — diffuus — en onstabiel. Met die opkoms

van die stede in Wes-Europa was politieke mag voordat die territoriale

staat finaal as die dominante nuwe politieke ordening op die

voorgrond getree het, voorlopig nog meer gefragmenteer. Dit het

onder meer uitdrukking gevind in ’n hele stel parallelle regstelsels,

insluitend feodale reg, landgoedreg (manoral law), stedelike

regstelsels en vorstelike reg. 61

Met die vyftiende eeu breek ’n era van versnelde staatsvorming

aan. Weliswaar was daar reeds lank tevore ʼn stadige en nouliks

merkbare proses van staatsvorming aan die gang toe die Franse

monarge in die twaalfde en dertiende eeue mag begin sentraliseer,

rudimentêre staatsdienste begin vorm en staande leërs begin

ontwikkel het. 62 Trouens, daar word aangevoer dat die Normandiese

koninkryk in Sicilië en Suid-Italië onder Roger II vanaf 1112 tot 1154,

Engeland onder Hendrik II vanaf 1154 tot 1189, Frankryk onder Philip

Augustus vanaf 1180 tot 1223 en enkele ander koninkryke reeds

59

60

61

Berman (1 hierbo) 89.

Berman (1 hierbo) 297.

Dit word breedvoerig deur Harold Berman uiteengesit. Sien Berman (1 hierbo)

62

273-519.

Sien in die algemeen S Painter The Rise of the Feudal Monarchies (1951); RN Berki

The History of Political Thought: A short introduction (1977) 116.

Verval en wegbereiding 45

territoriale state was. 63 Ten minste sommige hiervan was nie

standhoudend nie. Wat wel duidelik is, is dat lewensvatbare en

standhoudende staatsvorming in vroeg-moderne Europa 64 volskaals op

dreef was. Voor 1453 (die val van Konstantinopel voor die Ottomaanse

aanslag en ’n datum wat dikwels as die einde van die Middeleeue

aangedui word) was Europese state — en in hierdie tydvak was dit

Engeland, Frankryk en Spanje — nog meer feodaal as soewerein en

territoriaal. Na 1559 (die Vrede van Augsburg) was hulle egter meer

soewerein as feodaal. Dié state kon voor 1453 nog as feodale

monargieë getipeer word, maar die staat van na 1559 het reeds die

eienskappe van ’n soewereine staat vertoon.

65 66

Waar daar gedurende die laat-Middeleeue ʼn magsewewig tussen

feodale desentralisasie en monargale sentralisasie geheers het, het

die ewewig tussen 1453 en 1559 skerp in die guns van die monarg

geswaai. 67 Die monargale (of dinastiese) staat word in hierdie tyd die

dominante rolvertolker in die globale politiek en in die inter-Europese

staatsbestel en skuif sodoende die eertyds dominante Republica

Christiana opsy. 68 ʼn Sprekende voorbeeld van die mate waarin die

vors se gesag gegroei het, vind ons waar die president van die hoogste

Franse geregshof in 1527 die destydse Franse koning, Francis I,

daarvan verseker dat almal erken dat die princeps legibus solutus est,

oftewel dat die koning bo die reg verhewe is. 69

Ofskoon die Italiaanse Renaissance-state weens die sekulêre

trekke wat hulle vertoon het, in sekere opsigte inleiers van die nuwe

staatlike tydperk was, 70 is die Franse staat as ʼn groot geografiese

eenheid met al die tipiese ontwikkelingspatrone van die destyds

opkomende state, wat vervolgens bespreek word, die tipiese model

63

Vgl die breedvoerige bespreking van Berman (n 1 hierbo) 404-481.

64 Hierdie tydperk is uiteraard nie met spesifieke jaartalle afbakenbaar nie maar dit

is ongeveer die periode 1460 tot 1559 volgens die afbakening van EF Rice The

Foundations of Early Modern Europe 1460-1559 (1971), of 1450 tot 1550 volgens

die afbakening van Van Wyk en Spies (n 32 hierbo).

65 Rice (n 64 hierbo) 92.

66

Die datums 1453 en 1559 is histories belangwekkend, onderskeidelik weens die

val van die Oos Romeinse ryk en die Vrede van Augsburg.

67 Rice (n 64 hierbo) 93.

68

Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 230; HG Koenigsberger en GL Mosse A general

history of Europe in the sixteenth century (1968) 2.

69 Rice (n 64 hierbo) 93.

70

Die Italiaanse stadstate was slegs vir ’n kortstondige episode op die historiese

toneel. Voorts was hulle die produk van baie besondere historiese omstandighede

wat buite die hooftendens van Europese staatsformasie gestaan het. Soos G Ritter

‘Origins of the modern state’ in H Lubasz (red) The development of the Modern

State (1964) 20 dit stel:

The world of Italian Renaissance states is a freak, the product of unique

political conditions and historical memories. The cradle of the great

modern powers, of the modern national-power state is not Italy but

Western Europe.

46 Hoofstuk 3

vir die onplooiing van die staat. 71 Staatsvorming word ten grondslag

gelê deur die ontwikkeling van ʼn permanente burokrasie, permanente

weermag (of in die geval van Engeland, ʼn permanente vloot), ʼn

algemene belastingstelsel, owerheidsbeleid ter ondersteuning van

ekonomiese produksie en groei, die absorpsie van kleiner en swakker

politieke eenhede in groteres en sterkeres, 72 die ontwikkeling van ’n

algemene landsreg (gemenereg) as die dominante of selfs die enigste

regstelsel in die plek van die verskeidenheid van regstelsels van

weleer (feodale reg, landgoedreg — manoral law —, stedelike reg,

benewens natuurlik die kanonieke reg). 73 Die territoriale staat

veronderstel ook die vervanging van persoonlike lojaliteit teenoor die

vors van weleer na ’n onpersoonlike abstrakte verhouding tussen die

regering en die burgery.

Die burokrasie wat begin ontwikkel het, was geen staatsdiens in

die moderne sin van die woord nie, maar wel ’n koninklike burokrasie

— the king’s officers. 74 Die monarg het self die aanstellings gemaak

en hy kon na goeddunke ontslaan, net soos hy na goeddunke kon

aanstel. Die burokrate, aan die ander kant, moes optree soos dit die

koning behaag.

Die koninklike burokrasie weerspieël die sosiale veranderings

sowel as die politieke bondgenootskappe van die tyd. Belangrike

ampte is naamlik nie deur die hoofde van prominente adellike families

gevul nie, maar deur professionele administrateurs vanuit die

opkomende middelklas waarvan die meeste universiteitsopleiding in

die regte ondergaan het 75 en onder die invloed was van die

absolutistiese opvattings wat uit die Justiniaanse kodifikasie

gekonstrueer is.

Daar was ’n strategiese bondgenootskap tussen die vorste van die

opkomende territoriale state aan die een kant, en die burgery en die

71 Dit word onder meer geïllustreer in die bespreking van F Chabod ‘Was there a

Renaissance State?’ in H Lubasz (red) The development of the modern state 26-42

waaruit dit blyk dat die Franse staat (en nie die noord-Italiaanse stadstate van die

laat-Middeleeue en die Renaissance nie) die wegbereiders van die territoriale

staat was.

72

J Anderson en S Hall ‘Absolutism and other ancestors’ in J Anderson (red) The rise

of the modern state (1986) 32.

73 Vergelyk in hierdie verband die breedvoerige bespreking van HJ Berman 1983 405-

519.

74 Rice (n 64 hierbo) 95-96.

75 Ritter (n 70 hierbo) 21-22; Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 244, 248. Laasgenoemde

verduidelik dat daar in daardie tyd ’n sameloop van belange tussen die monarg en

die opkomende burgerklas was. Veral Louis XI van Frankryk het gemenesaak met

die burgerklas gemaak. Die burgerklas het na die Honderdjarige Oorlog

waartydens die laaste oorblyfsels van Engelse gesag uit Europa verdryf is, die

noodsaak van sterk sentrale gesag ingesien, onder meer ten einde beskerming aan

hulle te verleen teen die groeiende en rustelose proletariaat. Daarmee saam was

die middelklas die bron van die koning se opgeleide en toegewyde

administrateurs.

Verval en wegbereiding 47

handelslui in die stede aan die ander kant. Hulle het ’n gedeelde

belang gehad in die verswakking van die politieke mag van mindere

vasalle en in die uitweer van ekonomiese fragmentasie wat deur die

feodale orde se verskeidenheid van geldeenhede, die betaling van

tolgeld, asook ’n verskeidenheid weeg- en meeteenhede en dergelike

vorme van ekonomiese fragmentasie teweeg gebring is. Die burgers en

die handelslui wou belastings aan mindere vasalle vermy, net soos

hulle die koste en beslommernis van tolgelde en die genoemde vorme

van ekonomiese fragmentasie wou vermy. Ter wille van

doeltreffender handel en groter winste wou hulle die grootste

moontlike ekonomiese eenhede gehad het. Die antwoord het vir hulle

in die gesentraliseerde territoriale staat en dus in lojaliteit teenoor

die vors, in plaas van allerlei mindere (feodale) adellikes gelê. Die

vorste, aan die ander kant, het bondgenootskappe opgesoek met

diegene wat juis staatsentralisasie wou hê en die fragmentasie van die

feodale orde ’n steen des aanstoots gevind het. In die handelslui en

die burgerklas van die stede het hulle hierdie bondgenote gevind. Dit

is teen hierdie agtergrond dat die vorste van die opkomende

territoriale state (veral Frankryk) se voorkeur vir die indiensneming

van mense vanuit die stedelike burgerstand in die koninklike

burokrasieë gesien moet word. 76

Die burokrasie het so prominent geword dat dit mettertyd in ʼn

vierde klas, naas die tradisionele Middeleeuse klasse, 77 ontwikkel het.

Die ontwikkeling van hierdie klas verteenwoordig alreeds ʼn breuk met

die Middeleeue. Veel belangriker was egter die professionele

mentaliteit van hierdie klas. Hulle het aan die belange van die staat

voorrang gegee en sodoende meegehelp tot die vestiging van ʼn

staatlike logika waarvolgens die belange van die staat konsekwent die

eerste prioriteit was. 78

Wanneer van ʼn koninklike burokrasie gepraat word, moet dit nie

vanuit ʼn eietydse perspektief verstaan word, naamlik as ʼn staatsdiens

wat deel van die uitvoerende gesag is nie. Die burokrasie sluit die

groeiende getal burokrate in wat vir die regspleging verantwoordelik

was en in hierdie hoedanigheid bygedra het tot die vestiging van

staatsgesag. By die burokrasie is ook ʼn vaste diplomatieke korps

inbegryp wat, namate staatsvorming gevorder en interstaatlike

verhoudings toegeneem het, al hoe noodsaakliker geraak het. 79

76

Hierdie dinamika word breedvoerig deur Hendrik Spruyt The sovereign state and

its competitors: An analysis of systems change (1994) geskets.

77 Sien die eerste gedeelte van hierdie hoofstuk.

78

Chabod (n 71 hierbo) 36.

79 Die groeiende belangrikheid van die diplomaat kan nouliks beter gedemonstreer

word as deur Machiavelli — die aankondiger van die nuwe staatlike era — wat

onder andere die verteenwoordiger van Florence in die Franse hof was. Sien

Skinner (n 15 hierbo) 4 et seq.

48 Hoofstuk 3

Staatsvorming gaan hand aan hand met die vestiging van

permanente leërs. Die staat verkry hierdeur ʼn monopolie op

geweldsmiddele en geweldsuitoefening, anders as in die Middeleeue

toe oorlogvoering in ʼn groot mate ʼn private aangeleentheid was. 80

Ofskoon daar rudimentêre tekens van diensplig was, was die destydse

leërs merendeels huurleërs. 81 Die leërs is deur die monarg in diens

geneem en is deur sy onderdane, sowel as buitelanders beman. Die

leërs het ook dikwels onder die aanvoering van buitelanders

gefunksioneer. 82 Desondanks kon die sestiende-eeuse monarge

staatmaak op veel groter en doeltreffender leërs as hul Middeleeuse

voorgangers.

Die groter, aktiewer en administratief doeltreffender staat het

veel meer geld vereis. Daarom was ʼn drastiese breuk met die

Middeleeuse beskouing oor belasting noodsaaklik en moes ʼn fiskale

bedeling gevestig word met die vermoë om baie meer fondse te

genereer. Volgens die Middeleeuse opvatting was die hef van

regstreekse belastings onaanvaarbaar. Daar is geredeneer dat die

koning op sy eie moes leef uit die opbrengs uit sy kroonlandgoed

(royal demesne), aangevul deur lenings en indirekte belasting. 83 Die

onderliggende gedagte was dat die koning oor politieke gesag

(dominium) beskik het, terwyl privaat eiendom (proprietas) die

onderdaan toekom. 84 Deur die hef van belasting, begeef die vors hom

op die terrein van proprietas en word die onderskeid tussen die twee

terreine misken.

Weens die groter staatsbetrokkenheid by die daaglikse lewe van

die onderdaan, wat deur die verbeterde staatsadministrasie teweeg

gebring is, het die tradisionele houding teen die hef van belasting

verval. Populêre instemming vir die hef van belastings het gegroei.

Vroeër kon slegs die State-Generaal (in Frankryk, Spanje ens.) die hef

van belastings gelas. Die situasie het egter verander en teen die

middel van die sestiende eeu het die Franse konings, Francis I en Henri

II, reeds oor die de facto bevoegdheid beskik om belastings te hef. 85

Die ontwikkelende territoriale state het nie oor ‘nasionale’

ekonomieë beskik nie. Weens tariefmure, tolgelde wat oral

betaalbaar was, ’n verskeidenheid van geldeenhede, en net so ’n

groot verskeidenheid van maat- en weegeenhede, was daar ʼn klomp

80 Die staat is per definisie juis die enkele entiteit wat oor ’n monopolie oor

legitieme huishoudelike en eksterne geweld beskik. Soos Hendrik Spruyt (n 76

hierbo) 16 sê: ‘The state claims a domestic and external monopoly of force. As a

consequence non-state actors are stripped of coercive means — mercenaries and

privateers thus have disappeared.’

81

Rice (n 64 hierbo) 98.

82 Anderson & Hall (n 72 hierbo) 35.

83 H Heaton Economic history of Europe (1948) 70; Berman (n 1 hierbo) 484.

84

Rice (n 76 hierbo) 101-102; sien ook Ritter (n 70 hierbo) 21.

85 Rice (n 76 hierbo)102-103; Koenigsberger & Mosse (n 68 hierbo) 228-231.

Verval en wegbereiding 49

plaaslike ekonomieë. Staatsformasie moes en het derhalwe ook

gepaard gegaan met die verstaatliking van ekonomieë wat later, veral

in die sewentiende eeu, uitgeloop het op ʼn beleid van merkantilisme

wat veral in Frankryk en meer bepaald onder die leiding van die

Franse staatsman, Jean Baptiste Colbert (1619-1683) gevolg is.

Merkantilisme, waarvan die eerste spore tot 1550 terug herlei word,

was basies die beleid waarvolgens alle ekonomiese hulpbronne ter

wille van die versterking van staatsmag gemobiliseer is. 86 Daarvolgens

is ’n staats-algemene praktyk ingevoer met betrekking tot die hef van

belastings en die geldeenheid, en is die betaling van tolgeld en

doeane-heffings binne state uitgefaseer. 87

Namate die opkomende vorste van die ontluikende territoriale

state se gesag ten koste van die feodale eenhede uitgebrei het, het

die verskeidenheid van regstelsels wat daar vroeër bestaan het ook

toenemend plek gemaak vir ’n enkele gemenereg, oftewel landsreg

wat oor die hele territoriale staat — aan die begin veral Engeland —

gegeld het. Hand aan hand hiermee het tribunale wat die landsreg

moes toepas ook hulle merk begin maak: in Engeland die Court of

Common Pleas en die King’s Bench. 88 Die algemene landsreg het ook

neerslag gevind in algemene werke wat daar oor die landsreg verskyn

het. Die Treatise on the Laws and Customs of the Kingdom of England

wat aan Glanville toegeskryf word, het reeds in 1187 verskyn en

Bracton se Treatise on the Laws and Customs of England sowat vyftig

jaar later. 89

Engeland was teen die sestiende eeu lank reeds ʼn gevestigde

geografiese eenheid. Frankryk het ook vinnig in die rigting van

magsentralisasie beweeg. Verskeie (Franse) gebiede wat nie vroeër

onder die beheer van die Franse monarg was nie, kom gedurende die

vyftiende eeu onder sy gesag. In die regeringstydperk van Francis I

(1515-1546) word die proses afgerond, sodat alle Franse grondgebied

vir die eerste maal in die geheel onder die beheer van die Franse vors

geplaas word. 90 Die Franse model word mettertyd in die hele Wes-

Europa, met inbegrip van Skandinawië nagevolg. Na die Europese

koloniale uitbreiding, vind die model van die omvangryke soewereine

territoriale staat, volgens die Europese voorbeeld, wêreldwyd inslag.

86 S Viljoen Economic systems in world history (1974) 143.

87 Die beleid is ook toegepas met betrekking tot die verhouding tussen die koloniale

moondhede en hul koloniale dominiums. Daarvolgens is die ekonomieë van die

kolonies so ingerig dat dit die ekonomiese en politieke belange van die koloniale

heerser ten beste sou dien. Die kolonies se produksie en handel is derhalwe

ingerig volgens die behoeftes van die koloniale moondheid en nie volgens die

behoeftes van die kolonie en sy bevolking nie. Viljoen (n 86 hierbo) 170 et seq.

88 Berman (n 1 hierbo) 425-443.

89

Berman (n 1 hierbo) 457-9.

90 Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 249.

50 Hoofstuk 3

Internasionale betrekkinge ondergaan in die vroeg-Moderne

tydperk eweneens wesenlike veranderings. Dit word toenemend

interstaatlike verhoudings, wat aan die hand van ʼn staatlike logika

(raison d’êtat) bestuur word. Die implikasie daarvan is dat waar

godsdienstige waarheidsaansprake vroeër die kritiese faktor in

globale verhoudings was, die beste belange van die staat voortaan die

kritiese maatstaf in globale verhoudings word. Vroeër was die primêre

spanningsveld in die globale politiek dié tussen die Wes-Europese

Christelike ryk en die (sg. ongelowige) wêreld van Islam. Na dese lê

die spanningslyne tussen die opkomende territoriale state.

Karel V, koning van die Habsburgse gebiede (wat Spanje,

Nederland, Oostenryk, Napels, Sisilië en die Spaanse oorsese gebiede

ingesluit het) en keiser van die Heilige Romeinse ryk (1519-1556), 91

was steeds besiel met die ideale van Christelike universalisme. Hy

sien sy hooftaak steeds as die beskermer van die Christendom, die

bestraffer van die ongelowige Ottomaanse Turk 92 en die uitroeier van

die grootskaalse kettery wat deur die Kerkhervorming veroorsaak is.

Soos in die Middeleeue was Karel se mentaliteit Christelikuniversalisties

gedrewe. Hy het die ou era versinnebeeld. Teenoor

Karel staan sy teenpool, Francis I, koning van Frankryk (regeer 1515-

1546) wat in die sfeer van internasionale verhoudings politieke

doelmatigheid van godsdienstige suiwerheid geskei het. Hy was ʼn

realpolitikus by uitnemendheid wat, ongeag godsdienstige

oorwegings, die belange van die Franse staat voorop gestel het. Binne

die Europese konteks was die twee vorste teenstanders. In sy stryd

teen Karel werp Francis die religieuse logika omver en sluit in 1525,

gesien vanuit ʼn Middeleeuse perspektief, ʼn onheilige bondgenootskap

met die (ongelowige Islamitiese) sultan teen sy (Francis se) Christelike

(Habsburgse) broer. 93 Aan die einde van Karel se lewe was die ideaal

van Christelike universalisme reeds aan die verlede toevertrou.

Ofskoon die ideaal van Christelike universalisme in die

internasionale sfeer verdwyn het, was godsdiens as politieke

determinant binne die opkomende territoriale state egter steeds

hardnekkig. Die staatlike logika het moeilik posgevat en godsdiens

was nog vir ʼn ruk ʼn bepalende politieke faktor. Binne die state is daar

min verdraagsaamheid vir godsdienstige pluralisme en dus vir ʼn

verskeidenheid van godsdienstige denominasies wat naas mekaar in

een staat bestaan openbaar. ʼn Wesenlike verandering het eers

ingetree na die verskrikking van die Franse godsdiensoorloë, wat later

bespreek word.

91 Rice (n 64 hierbo) 107.

92

Rice (n 64 hierbo) 108; Koenigsberger & Mosse (n 68 hierbo) 178.

93 Rice (n 64 hierbo) 120.

4 Reformasie

Verval en wegbereiding 51

Martin Luther het nie ʼn politieke rewolusie beplan nie en hy wou nie

ʼn skeuring in die kerk veroorsaak nie. 94 Hy was ’n baie teësinnige

rewolusionêr wat nooit enige tradisie wou laat vaar tensy die Skrif

hom daartoe gebied het nie. 95 Toe die Hervorming en die

gepaardgaande skeuring eintlik al ’n voldonge feit was, het hy steeds

nie die breuk as finaal beskou nie en nog sy hoop op die interne

hervorming van die een universele kerk geplaas. 96 Vir sover Luther

wel iets beplan het, was dit daarop gerig om hervorming van die kerk

te bewerkstellig. Maar soos onder andere Micheal Oakeshott

insiggewend verduidelik, word die menslike geskiedenis nie voltrek

ooreenkomstig menslike beplanning nie, maar wel op sterkte van

menslike handeling. 97 Ofskoon Luther se oog na bo gerig was, was dit

soos Neville Figgis dit stel, sy funksie, asook die van Zwingli, die

Anglikane, Wyclife en Hooker, om al die belangrike elemente van

gesag wat gedurende die Middeleeue in die kerk gesetel het, aan die

staat oor te dra. 98 Figgis verklaar:

... the medieval mind conceived of its universal Church-State, with

power ultimately fixed in the Spiritual head bounded by no territorial

frontier; the Protestant mind places all ecclesiastical authority below

the jurisdiction and subject to the control of the ‘Godly prince.’ 99

Elders, moontlik ietwat oordrewe, maar nie heeltemal van die merk

af nie, som Figgis die argument dat die Protestantse rewolusie die

noodsaaklike voorwaarde vir koninklike absolutisme was, so op:

Had there been no Luther there could never have been a Louis XIV. 100

Gesien vanuit ʼn politieke oogpunt, moet die Protestantse Reformasie

eerder as ʼn rewolusie getipeer word. Die rykskerklike Middeleeuse

universalisme — in die tyd van Luther reeds ʼn verweerde konsep — is

met die Protestantse rewolusie opgehef. Die rewolusie is tweesydig:

Eerstens is daar ʼn sekulêre sy wat behels het dat die kerk volledig van

wêreldlike gesag gestroop is, wat na dese vir die (wêreldlike) politici

gereserveer is. Met die Lutherse rewolusie word die kerk bloot ’n

assosiasie binne die staat. Dit was nie meer langs die staat nie en dit

was veral nie bokant die staat verhewe nie. 101 Tweedens het dit ʼn

94

95

96

97

98

99

100

Elton (n 12 hierbo) 13.

Elton (n 12 hierbo) 17.

Elton (n 12 hierbo) 54.

M Oakeshott Rationalism in politics and other essays (1962) 1-36.

Figgis (n 26 hierbo) 71.

Figgis (n 26 hierbo) 71.

Figgis (n 26 hierbo) 81. (Louis XIV van Frankryk word allerweë as die

101

verpersoonliking van vorstelike absolutisme beskou.)

Berman (n 1 hierbo) 269.

52 Hoofstuk 3

partikularisme-sy, wat beteken dat waar politieke gesag ten minste

deels en soms grotendeels in die keiser van die universele ryk gesetel

het in plaas van in die vorste van kleiner politieke eenhede, dit nou

beslissend na die monarge van ʼn verskeidenheid van ontluikende

territoriale state verskuif het.

Die sukses van Luther se rewolusie was daaraan te danke dat die

tyd ryp was vir ʼn figuur wat sy rol moes vertolk. Die intellektuele

klimaat van die Renaissance, soos hierbo beskryf, was swaar teen die

voortgesette mag van die kerk gelaai. Die intelligentsia van die tyd

het begin bewus raak van hulle nasionale (of staatlike) identiteit en

het dit toenemend moeilik gevind om hulle ongekwalifiseerd met die

lidmaatskap van ʼn enkele Christelike gemeenskap te vereenselwig. 102

Die uitdaging wat Luther aan die kerk gerig het, het die veranderde

toestand wat reeds in die toentertydse gemeenskap vaardig was,

weerspieël. Die Lutherse rewolusie was ook in ʼn natuurlike

bondgenootskap met ʼn aansienlike getal Duitse prinsdomme en

vrystede wat in die Lutherse rewolusie versterking vir hul politieke

strewe na groter outonomie gevind het, en wat Lutheranisme as

staatsgodsdiens aanvaar het. 103

Latyn, die heilige taal van die Republica Christiana, 104 en een van

die hoekstene van die Middeleeuse identiteit, het begin veld verloor

teen die nuwe opkomende skryftale van Wes-Europa. 105 Die nuwe

skryftale is veral aangewakker deur die drukkerskuns wat teen die

middel van die vyftiende eeu begin ontwikkel het. Die mark vir

Latynse geskrifte is vinnig uitgeput omdat slegs ’n fraks-persentasie

van die bevolking Latynse literati was. Gevolglik is die boekemark

vinnig gevul met groot hoeveelhede Duitse, Franse en Engelse

geskrifte wat vir baie meer mense toeganklik was. 106 Benedict

Anderson verduidelik dit soos volg:

... the evolution of these vernaculars to the status of languages of

power, where, in one sense, they were competitors with Latin ... made

its own contribution to the decline of the imagined community of

Christendom. 107

Die verheffing van moedertale tot die status van skryftale en tale van

geleerdheid het tot die aftakeling van die oorkoepelende Middeleeuse

Christelike identiteit en tot die verskerpte bewuswording van nuwe

identiteite bygedra. Juis die drukpers het die Lutherse rewolusie in

102 Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 287.

103 SJ Lee Aspects of European history 1494-1789 (1982) 18-25; Ebenstein (n 16

hierbo) 304-5.

104 B Anderson Imagined communities: Reflections on the origins and spread of

nationalism (1983) 22.

105 Anderson (n 104 hierbo) 25, 45.

106 Anderson (n 104 hierbo) 42-43.

107 Anderson (n 104 hierbo) 43-44.

Verval en wegbereiding 53

staat gestel om, anders as vroeëre afwykings van die kerklike

ortodoksie, ʼn voorsprong bo die Roomse Kerk te verkry. Luther se

Duitse geskrifte het so vinnig versprei — hy word beskryf as die eerste

skrywer van blitsverkopers 108 — dat die kerk se reaksionêre pogings

om dit in toom te hou net eenvoudig te swak was.

Die toestand in die kerk was eweneens ryp vir ʼn rewolusie. Die

kerklike skisma (1378-1417) met sy twee en later drie pouse wat om

mag meegeding het, is wel herstel, maar dit het die morele en

geestelike leierskap van die kerk blywende skade berokken. 109 Die

Renaissance-pousdom het voorts volskaals by die wispelturige

Italiaanse stadstaatspolitiek van die tyd betrokke geraak. Die kerk het

ʼn politieke en militêre rolspeler naas ander sodanige rolspelers

geword. Die pouse het ook gekom vanuit die geledere van die

destydse vooraanstaande dinastiese families in Italië. 110 Die optrede

van die pouse in die tydperk net voordat Luther op die toneel verskyn

het, is boonop gekenmerk deur morele verval, nepotisme en magslus

wat die aansien van die kerk onberekenbaar benadeel het. 111

In Martin Luther se teologie lê daar ook sy implisiete politieke

teorie met verreikende politieke implikasies. Luther leer dat

saligmaking alleen deur geloof — sola fide — en genade moontlik is. In

hierdie teologie van solfidianisme lê daar vernietigende implikasies

vir die kerk, want as die weg na saligmaking deur geloof en genade

loop, is daar geen plek meer vir die ortodokse opvatting dat die kerk

tussenbeide moet wees — moet bemiddel — tussen die individuele

gelowige en God nie. 112 Die ware kerk is dus die congregatio fidelium

— die onsigbare gemeenskap of gemeente van gelowiges wat in God

se naam vergader, en nie die sigbare kerklike hiërargie nie. Die

kerklike orde hier op aarde (mees prominent deur die Roomse Kerk

beliggaam) word hiermee nie net irrelevant vir die doel van

saligmaking nie, maar ook aan gelykmaking onderwerp, want almal

het ʼn gelyke vermoë tot geloof en alle Christene vorm saam ʼn ware

Christelike stand. Vir ʼn afsonderlike en verhewe priesterlike stand,

wat lank die boonste stratum van die sosiale orde uitgemaak het, is

daar dus geen plek meer nie. 113

Alle kerklike instellings met inbegrip van die priesterdom en die

monnikedom, wat gebaseer was op die aanname dat kerklui ʼn

afsonderlike en verhewe klas met spesiale bevoegdhede en voorregte

108 Anderson (n 104 hierbo) 43.

109 Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 291.

110 Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 293-4.

111 Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 294; Smith (n 13 hierbo) 25-26.

112 Skinner (n 15 hierbo) Vol II 10-11; Rice (n 64 hierbo) 127-128: Slegs deur geloof,

die Skrif en deur genade — sola fide, sola Scriptura, sola gratia — kan die

saligheid beërwe word.

113 Skinner (n 15 hierbo) 11.

54 Hoofstuk 3

was, het hiermee in die volle branding van Luther se aanslag

beland. 114 Vir Luther was daar ook geen plek meer vir ʼn afsonderlike

stelsel van kanonieke reg nie. 115 Die reg is staatlike reg — reg

verorden deur die staat en deur die staat afgedwing. Teen die

agtergrond kan daar met ’n beduidende mate van oortuiging

aangevoer word dat Luther se rewolusie, net soos dit die deur vir die

latere opkoms van staatlike absolutisme oopgemaak het, eweneens

die veld vir die opkoms van ’n nuwe regsteorie, naamlik van

regspositivisme, bemes het — ’n regsteorie wat die reg neutraal

beskou en die reg as ’n middel tot ’n doel in plaas van ’n doel opsigself

beskou; in die besonder ’n regsteorie waarvolgens die reg as ’n

werktuig vir die beleid van die soewerein en ’n middel vir die afdwing

daarvan gesien word. 116

Vir die ideaal van ʼn kloosterbestaan — een van die outentieke

manifestasies van die aanname dat kerklui ʼn eie afsonderlike stand

was — was daar volgens Luther eweneens geen plek nie. 117 Die

kloosterdom lê nie net evangeliese vryheid aan bande nie. Dit stry

boonop teen die solfidianisme, want in plaas daarvan dat alleen

geloof die weg na saligmaking is, misplaas dit die klem op goeie

werke. 118

In die lig van die feit dat die kerk as onsigbare geloofsgemeenskap

geen hiërargiese orde of piramidale struktuur behoort te hê nie, het

die kerk ook hoegenaamd geen politieke rol meer te speel nie. Die

politiek word uitsluitlik vir die staat gereserveer. Dit is die rede

waarom daar tereg gesê word dat die Reformasie ʼn aspek van die

opkoms van die staat is. 119 Dit is die taak van die kerk om die Woord

te verkondig. Daarenteen het God die domein van die wêreldlike

gesag verordineer. Hiervolgens word politieke gesag deur die

wêreldlike heersers uitgeoefen met die oog daarop om vrede tussen

sondige mense te bewaar. 120 Gevolglik is pouslike en kerklike

aansprake om wêreldlike mag uit te oefen, ʼn magsvergryp op die

terrein van die wêreldlike gesagvoerders.

Die politieke magsvakuum wat deur Luther se redenering teen

kerklike magsaansprake teweeg gebring is, moet volgens Luther se

argumentasie deur (wêreldlike) politici gevul word. Indien die kerk,

volgens die Lutherse leer, slegs ʼn gemeenskap van gelowiges is,

beteken dit dat die sekulêre ampsbekleërs die alleenreg op politieke

gesag het. Wat meer is, is dat dit politieke gesag oor die kerk

114 Skinner (n 15 hierbo) 13.

115 Skinner (n 15 hierbo) 13.

116 Berman (n 1 hierbo) 29.

117 Skinner (n 15 hierbo) 13.

118 Skinner (n 15 hierbo) 14.

119 Ebensten (n 16 hierbo) 303; Rice (n 64 hierbo) 167.

120 Skinner (n 15 hierbo) 14.

Verval en wegbereiding 55

insluit. 121 In die lig van die feit dat die kerk slegs op geestelike terrein

werk, maak hierdie (wêreldlike) politieke gesag van die staat egter

geen inbreuk op die kerk nie. Tog is die implikasie steeds dat die

sigbare kerk — die kerklike strukture — onder wêreldlike politieke

gesag geplaas word. Luther stel dit duidelik dat daar geen plek vir die

kerk op die wêreldlike en dus die politieke terrein is nie. Die idee van

die pous en die keiser as parallelle universele magte word hiermee die

nekslag toegedien. 122

Die implikasie van Luther se argumentasie is dat die politieke

domein van religieuse voorskrif bevry is en volledig ʼn sekulêre

aangeleentheid geword het. Die politieke implikasies van Luther se

arbeid strek egter nog verder, want waar die politieke gesag in die ou

Middeleeuse orde by die keiser berus het, wat universele mag oor die

Heilige Romeinse ryk uitgeoefen het, word dit nou afgewentel na ʼn

verskeidenheid van nuwe opkomende territoriale state. Neville Figgis

vat die twee aspekte van die omwenteling wat deur die Hervorming

meegebring is, bondig saam wanneer hy verklaar:

The change is a change from a world-empire to a territorial State, and

from ecclesiastical to civil predominance. 123

Luther keur die gedagte van opstand teen politieke gesag — in daardie

stadium die gesag van die opkomende territoriale state (in Duitsland,

die gesag van die prinsdomme) uitdruklik af. Die paslike oriëntasie

van die Christen-gelowige jeens wêreldlike gesag behoort een van

passiewe gehoorsaamheid te wees. 124 Die vors wie se gesag deur God

verorden is en wat sy gesag regstreeks aan God ontleen, moet

gehoorsaam word. Dit is weliswaar so dat die politieke maghebber nie

oor grenslose gesag beskik nie en dat die verpligting om die vors te

gehoorsaam nie so ver strek as om goddeloosheid van die vors te

gehoorsaam nie. Die reaksie teen die politieke maghebber mag egter

nooit sover as aktiewe verset teen die politieke maghebber gaan

nie. 125 Hierdie politieke standpunt van Luther vloei regstreeks voort

uit sy teologiese oortuiging dat die bestaande sosiale en politieke

orde God se wil en voorsienigheid vergestalt. Diegene wat hierdie

orde weerstaan, is dus opstandelinge teen God. 126 Hierdie opvatting

wyk af van die Middeleeuse opvatting waarvolgens die volk altyd op

verset geregtig was en die vors selfs regmatig kon ontsetel indien die

121 Skinner (n 15 hierbo) 15.

122 Skinner (n 15 hierbo) 15.

123 Figgis (n 26 hierbo) 72.

124 Figgis (n 26 hierbo) 74.

125 Skinner (n 15 hierbo) 16-17.

126 Skinner (n 15 hierbo) 18-19.

56 Hoofstuk 3

vors strydig met sy regeer-ooreenkoms met die volk en die gevestigde

gewoontes opgetree het. 127

Die noue verband tussen Luther se teologie en die goddelike reg

van konings blyk hieruit ook duidelik. 128 Trouens, Luther verskaf die

mees ongekwalifiseerde teologiese basis vir hierdie absolute regeerreg

van vorste. Waar die goddelike reg van konings gedurende die

Middeleeue geen noemenswaardige ondersteuning geniet het nie en in

hierdie tydperk slegs enkele male na verwys is, 129 tree dit met die

Hervorming en in die besonder weens Luther se leringe sterk op die

voorgrond.

Die ontkoppeling van die politiek en die godsdiens en die

meegaande erkenning van twee losstaande identiteite — ʼn

godsdienstige en ʼn staatlike identiteit — waarvan die eerste tekens

reeds by Dante, Marsilius, Wyclife en Huss waarneembaar was, word

by Luther tot praktiese politiek ontwikkel. Na Luther het die

opkomende territoriale staat nie net die onderskraging van die

Renaissance-humanisme en die absolutistiese stroming in die

Romeinse reg nie, maar ook die krities belangrike ondersteuning

(ofskoon onbedoeld) van ʼn simpatieke teologie.

Die Hervorming is ʼn bevestiging van die aanspraak om onafhanklik

en los van die kerk aan alle vertakkinge van menslike aktiwiteite deel

te neem. Die Hervorming verskaf ʼn kragtige impetus vir die vordering

van die goddelike reg van konings 130 wat die politiek se

selfstandigheid van die kerk bevestig en inderdaad as die politieke sy

van die Reformasie beskou kan word. 131 Dié teorie plaas politieke mag

stewig in die hande van die vors en laat die kerk sonder enige

aanspraak hoegenaamd daarop. Die oorredingskrag van die teorie van

die goddelike reg van konings was aansienlik aangesien dit

doeltreffend ingespeel het op die intellektuele klimaat van daardie

tyd, want ofskoon die effek van die goddelike reg van konings was om

die wêreldlike politieke gesag te bevorder, is dit in teologiese terme

geformuleer. Dit was in daardie tyd retories die oortuigendste en

doeltreffendste. Die pous is as’t ware op sy eie terrein aangedurf en

verslaan.

The only way to escape from the fetters imposed by traditional methods,

was to assert from the old standpoint of a scriptural basis and to argue

by accustomed fashion of Biblical quotations, that politics must be free

127 Vgl met betrekking tot die Middeleeuse opvatting Carlyle (n 15 hierbo) Vol III 21,

39-40, 58, 59, 113, 130, 168; Vol V 112; Vol VI 396, 410; Ullmann (n 36 hierbo)

147.

128 Figgis (n 26 hierbo) 77-93.

129 Carlyle Figgis (n 26 hierbo) Vol VI 185-7.

130 JN Figgis The theory of the divine right of kings (1896) 257.

131 Figgis (n 130 hierbo) 260.

Verval en wegbereiding 57

from theology and that the Church must give up all attempts to control

the State. 132

ʼn Nie-teologiese politiek is dus op grond van teologiese sanksie

bewerkstellig. 133 Die goddelike reg van konings was egter nie blywend

nie. Dit was ʼn egte oorgangsteorie wat tussen die Middeleeuse en

moderne mentaliteite lê. Sy oogmerk en bestemming was die

moderne sekulêre staat, maar sy retoriek en logika was Middeleeusteologies.

Dit maak daarop aanspraak dat die politiek — die outonome

staat — ʼn legitieme funksie het, maar hierdie outonomie word

voorgehou as deel van God se raadsplan met die mens. 134 Staatlike

(en vorstelike) outonomie kon slegs doeltreffend opgeëis word, indien

dit as goddelike reg voorgehou is. Volgens die goddelike reg van

konings is sekulêre gesag dus deur God verorden. 135

5 Impasse

Binne die rykskerklike wêreldgeheel van die Middeleeue was

godsdiens — Christenskap — die primêre politieke faktor. Christenskap

het sy teenpool buite die Christelike wêreld in die Islam gehad, en

binne die Christelike wêreld was kettery die teenpool van (ware)

Christenskap. Kettery was dwaalleringe en afwykings wat deur klein

groepies wat die spoor byster geraak het, aangehang is. Kettery is

baie lank vanweë die geringe aanhang wat ketter-strominge geniet

het, met gemak in toom gehou. Soos daar in hoofstuk 2 verduidelik is,

is kettery in die rykskerklike wêreldgeheel as ʼn opstand teen sowel

die kerk (en teen God) as die (Christelike) ryk beleef. Dit was nie slegs

valse godsdiens nie, maar tegelyk ook ondermynende politiek.

Die Kerkhervorming het die homogene Middeleeuse universum

gebreek. Indien daar dus voortgegaan sou word om, soos in die

Middeleeue, godsdiens as ʼn politieke aangeleentheid, in plaas van ʼn

private aangeleentheid, te hanteer, sou dit onvermydelik tot

grootskaalse konflik gelei het.

Daar is na die Hervorming inderdaad voortgegaan om godsdiens as

ʼn politieke aangeleentheid te hanteer en dit het inderdaad intense en

bloedige konflik meegebring. Die era na die vestiging van die

Protestantisme word inderdaad as die tydperk van godsdiensoorloë

beskryf. 136

132 Figgis (n 130 hierbo) 258-9.

133 Figgis (n 130 hierbo) 259.

134 Figgis (n 130 hierbo) 256.

135 Figgis (n 130 hierbo) 257.

136 Sien byvoorbeeld in die algemeen RS Dunn The age of religious wars 1559-1689

(1970).

58 Hoofstuk 3

Teenstanders aan albei kante van die godsdienstig-politieke

verdelingslyn het godsdiens op die tipiese Middeleeuse manier as ʼn

politieke kwessie hanteer. Die onwilligheid van politiek-godsdienstige

antagoniste om godsdiens na afloop van die Reformasie op ʼn moderne

wyse as ʼn nie-politieke en private saak te hanteer, is duidelik tydens

die Ryksdagsitting op 18 en 19 April 1521 in Worms gedemonstreer

tydens die dramatiese konfrontasie tussen Luther en die nuwe jong

keiser van die Heilige Romeinse ryk (en hoof van die Habsburgse

dinastie), Karel V. Luther het volstrek geweier om enige van sy

Protestantse oortuigings terug te trek. Karel het op sy beurt

onverbiddelik gereageer en onderneem om alles, insluitende homself,

ter wille van die bekamping van Luther se kettery en vir die ware

Christendom op die spel te plaas. 137 Karel V en sy opvolgers,

waaronder Fillip II en Ferdinand II, sou in die daaropvolgende tyd,

gedryf deur die vaste geloof in die waarheid van die Rooms-

Katolisisme en afkeur van die goddelose Protestantse kettery, ’n

kruistogtelike stryd vir die Katolisisme teen die Protestantisme voer.

Die Godsdiensoorloë het die hele Wes- en Sentraal-Europa getref.

Die eerste oorloë was in Duitsland en in die Switserse kantons. 138

Daarna volg ʼn reeks oorloë met die Nederlanders se deels godsdienstig

gemotiveerde opstand teen die Spaanse Katolieke Habsburgers, asook

die burgeroorloë in Frankryk, Skotland en Ierland en natuurlik die

Dertigjarige Oorlog (1618-1648) 139 wat hoofsaaklik op Duitse bodem

gevoer is, maar wat weens die Habsburgse, Deense, Sweedse en

Franse betrokkenheid daarby in werklikheid ʼn algemene Europese

oorlog was.

Godsdiens was weliswaar nie die enigste oogmerk waarvoor die

godsdiensoorloë gevoer is nie. Die godsdienstige dryfveer het dikwels

met ander oorlogsoorsake gepaard gegaan. Godsdiens was egter die

gemene deler wat deurlopend teenwoordig was. 140 Die Nederlandse

opstand teen Spanje was nie alleen godsdienstig nie, maar is ook deur

nasionale sentiment geïnspireer. 141

In Engeland wat deur die loop van bykans die hele sewentiende

eeu ʼn konstitusionele stryd beleef het, was godsdiens benewens ander

strydpunte ook deurlopend teenwoordig. Dit was veral opeenvolgende

Engelse vorste wat gemoedere gaande gehad het met

pogings om Engeland vir die Rooms-Katolisisme terug te wen. James

I wat aan die begin van die sewentiende eeu aan bewind was, het

137 Rice (n 64 hierbo) 160-161.

138 P de Klerk et al Die opkoms van Europa (1977) 136; W Wallback et al Civilization

past and present Vol VI (1981) 263.

139 De Klerk (n 138 hierbo) 136

140 Dunn (n 136 hierbo) ix.

141 Dunn (n 136 hierbo) 32-33.

Verval en wegbereiding 59

godsdienstige eenvormigheid nagestreef, 142 en James II (regeer 1685-

1688) het gepoog om Engeland in die Katolieke kamp terug te kry. 143

Hy het hom sodoende van die Engelse volk vervreem en sy uiteindelike

afsetting is regstreeks aan sy Katoliek gedrewe optrede te wyte. 144

Die Dertigjarige Oorlog (1618-1648) wat inderwaarheid vyf

verskillende oorloë was, 145 is ook in ʼn mindere of meerdere mate om

godsdienstige redes gevoer. Vir minstens keiser Ferdinand II was die

bevordering van die Katolisisme die hoof oorlogsoogmerk. Dit het hy

duidelik getoon toe hy by wyse van die Edik van Restitusie in 1629 die

Calvinisme in die Heilige Romeinse ryk in die ban gedoen het en alle

eiendom van die Rooms-Katolieke Kerk wat sedert 1552 gekonfiskeer

is, weer in beslag geneem het en ʼn groot aantal gebiede weer onder

Rome se kerklike beheer geplaas het. 146

Ofskoon die agt Franse godsdiensoorloë wat periodiek vanaf 1562

tot 1598 gewoed het, 147 oor meer as net godsdiens gegaan het, was

die een saak wat primêr vir albei partye in dié reeks oorloë op die spel

was, die godsdienstige karakter van die Franse staat. Dit blyk duidelik

uit die politiek-godsdienstige geskrifte van daardie tyd. 148 Bowendien

het die pous die godsdienstige aard van die konflik onteenseglik

gedemonstreer met sy goedkeuring 149 van die massamoord op die

Franse Protestante gedurende die Bartholomeusnag op 24 Augustus

1572.

142 De Klerk (n 138 hierbo) 193.

143 Dunn (n 136 hierbo) 169.

144 Die Bill of Rights wat in 1689 ten gevolge van die onttroning van James II as deel

van die Glorious Revolution aanvaar is, reflekteer in paragraaf 2 van die eerste

artikel ook uitdruklik die verset teen James se afkeurenswaardige godsdienstig

geïnspireerde optrede.

‘Whereas the late king James II by assistance of diverse evil counselors,

judges and ministers imployed by him, did endeavour to subvert and

extirpate the Protestant religion and the laws and liberties of this

kingdom - ...’.

145 SL Lee Aspects of European history 1494-1789 (1978) 106.

146 Dunn (n 136 hierbo) 73. Aan die ander uiterste was Richelieu wat suiwer weens

realpolitieke oorwegings, naamlik die belange van Frankryk, by die oorlog

betrokke geraak het en die Lutheraanse Gustavus Adolphus van Swede teen sy

Habsburgse politieke teenstanders (ondanks die Katolieke gemeenskaplikheid met

die Habsburgers) ondersteun het (Dunn (n 136 hierbo) 74). Die Boheemse opstand

wat die oorlog ingelui het, is gemotiveer deur ’n mengsel van Boheemse nasionale

en godsdienstige dryfvere. (De Klerk (n 138 hierbo) 208). Die Deense

betrokkenheid kan gewyt word aan ’n mengsel van Deense dinastiese en

Protestants-godsdienstige motiewe. (Dunn (n 136 hierbo) 72; De Klerk (n 138

hierbo) 210) Dieselfde geld vir die Sweedse betrokkenheid. ( Dunn (n 136 hierbo)

73; De Klerk (n 138 hierbo) 213) Sien voorts oor die prominensie van die

godsdienstige dryfveer in die Dertigjarige Oorlog TK Rabb The Thirty Years’ War

(1972) 53-57.

147 De Klerk (n 138 hierbo) 176-180; Dunn (n 136 hierbo) 20-29.

148 JW Allen A history of political thought in the sixteenth century (1960) 280-366.

149 De Klerk (n 138 hierbo) 1977-178; Ebenstein (n 16 hierbo) 306.

60 Hoofstuk 3

Die eerste poging om die geweldige wanorde wat deur die

godsdienstige breuk veroorsaak is, by te lê, was in die Heilige

Romeinse ryk met die Vrede van Augsburg in 1555. Die formule van die

Augsburgse vredesreëling was deels Middeleeus en deels modern. Dit

aanvaar die godsdienstige skeuring as ʼn gegewe en poog nie om die

Middeleeuse universele homogeniteit te herstel nie. Dit behou egter

die grondliggend Middeleeuse beginsel om godsdiens steeds as ʼn

politieke faktor en skeidslyn te hanteer, want in plaas daarvan dat

godsdienstige denominasie as ʼn kwessie van private keuse hanteer

word, is die Augsburgse beginsel dié van cuius regio eius religio,

oftewel dat hy wat in ʼn bepaalde gebied regeer, die godsdienstige

aard van die betrokke gebied bepaal. 150 Die vredesreëling ken dus ’n

ius reformandi aan die vors toe, ingevolge waarvan hy oor die

godsdienstige karakter van sy gebied mag beslis. Godsdiens bly dus,

soos aangetoon, ʼn politieke aangeleentheid. Die politieke orde behou

steeds sy openbare politieke karakter, net soos in die Middeleeue.

Godsdiens word steeds nie na die private sfeer afgewentel nie. Anders

as in die Middeleeue — en dit is waar Augsburg ʼn verskil meebring —

kan politieke eenhede nou, afhangende van die beslissing van die

betrokke vors, variërende godsdienstige karakters hê. Die

godsdienstige karakter van die verskillende politieke eenhede word

dus ʼn funksie van vorstelike soewereiniteit.

Aangesien godsdiens steeds binne die openbare sfeer bly, word

die keuse van godsdiens nie tot ’n individuele reg verhef nie. Die

enigste individuele reg wat hierdie vredesreëling meebring, is die ius

emirgandi, oftewel die reg van individuele burgers om na ’n gebied te

emigreer waar die emigrant en die vors tot dieselfde godsdienstige

denominasie behoort. 151 Met hierdie reëling word daar dus nie soseer

individuele godsdienstige verdraagsaamheid meegebring nie, dog wel

interstaatlike godsdienstige verdraagsaamheid. 152 Binne ’n staat het

individue nie die vrye keuse om hulle godsdienstige voorkeure uit te

oefen nie. Die bevoegdheid van politieke gesagvoerders om die

godsdienstige karakter van hul onderskeie prinsdomme te bepaal, is

egter wel erken.

Onder meer die Dertigjarige Oorlog het getoon dat die Augsburgse

verdrag nie standhoudend was nie en dat hierdie vredesreëling nie die

volle implikasies van die breuk in die Westerse Christendom verreken

het nie. Duitsland was weens sy politieke fragmentasie egter vatbaar

vir die Augsburgse vredesreëling. Uiteenlopende keuses oor die

150 Rice (n 64 hierbo) 165; Dunn (n 136 hierbo) 49; Smith (n 13 hierbo) 107

verduidelik dat die beginsel van beperkte omvang was, nie op alle Duitse gebiede

van toepassing was nie, en bowendien slegs vir Katolieke en Lutheraanse vorste

gegeld het.

151 Rice (n 64 hierbo) 165.

152 Figgis (n 26 hierbo) 130.

Verval en wegbereiding 61

godsdienstige karakter van sy prinsdom kon deur elke vors uitgeoefen

word en onderdane kon, indien nodig, wel die ius emigrandi uitoefen

indien hulle godsdienstige keuse van dié van die vors verskil het en na

’n ander prinsdom padgee.

Frankryk, daarenteen, was nie vatbaar vir ʼn kompromie van die

aard van Augsburg nie. Dit was Frankryk wat blootgestel is aan die

volle branding van die godsdienstige breuk. Dit was ook, soos in die

vierde deel van hierdie hoofstuk verder bespreek word, Frankryk wat

na 1598 die moderne staatlike formule daargestel het om

godsdienstige konflik te hanteer. Die unieke posisie van Frankryk (in

teenstelling met veral Duitsland) word só deur George H Sabine

beskryf:

In Germany divisions of territory made it a struggle between princes,

with the result that the fundamental issue of religious freedom need not

be pressed. In the Netherlands it took the form of a revolt against a

foreign master. In England, as also in Spain, the supremacy of royal

power prevented the outbreak of civil war during the sixteenth century.

But in France and Scotland a factional struggle arose which threatened

the stability of the nations. 153

Die Franse staat was reeds lankal ʼn enkele territoriale eenheid. Die

godsdienstige karakter van die Franse staat was egter omstrede en

onbeslis. Vanaf 1562 tot 1598 was opeenvolgende godsdienstige

burgeroorloë die bloedige metode wat aangewend is om dié

omstredenheid uit die weg te ruim. Van besondere belang was die

regs- en politieke filosofie van hierdie era in Frankryk — een van die

mees betekenisvolle hoofstukke in die geskiedenis van die Franse

openbare filosofie. 154

Die treffendste eienskap van die politieke denke wat sowel die

Rooms-Katolieke as die Calvinistiese partye opgelewer het, was die

konserwatisme daarvan. Dit poog nie om ʼn modus vivendi te vind vir

die bestaan van uiteenlopende godsdienstige oortuigings nie, maar

kleef krampagtig vas aan die Middeleeuse ideaal van universele

godsdienstige homogeniteit waarin daar geen ruimte vir godsdienstige

verdraagsaamheid is nie. 155

Die Hugenote-(Calvinistiese) party in Frankryk het hulle by hulle

minderheidstatus aangepas en het nie na die eerste prys van ʼn

totalitêre Calvinistiese staat na die voorbeeld van Calvyn se staat in

Genève, gestreef nie. 156 Die Hugenote-party se politieke teorie was ʼn

eklektiese sameflansing van dikwels onoortuigende beroepe op

153 GH Sabine A History of Political Theory (1971) 372.

154 Sabine (n 153 hierbo) 372.

155 Dunn (n 136 hierbo) 4.

156 Allen (n 145 hierbo) 304.

62 Hoofstuk 3

populêre soewereiniteit, 157 voortspruitend uit die Middeleeuse

antieke konstitusie. 158 Dit is deurtrek van Calvyn se aristokratiese

oortuiging dat ʼn opstand teen die vors slegs regmatig is indien dit deur

openbare ampsbekleërs of dergelike toonaangewende figure in die

samelewing (magistrati) gelei word. 159 Vir die onderhawige

bespreking is hierdie punt egter onbelangrik.

Die kern van die gedagterigting van die Hugenote-party is dat die

vors nie oor onbeperkte gesag beskik nie en dat die volk

dienooreenkomstig ook nie ongekwalifiseerde trou aan die vors

verskuldig is nie. Indien die vors tot nadeel van die volk handel,

verbreek hy sy verbond met God en verbeur hy die volk se

gehoorsaamheid. Die aartsonreg wat deur die vors gepleeg word, is

wanneer hy strydig met die ware godsdiens — en volgens die Hugenote

is dit die Calvinisme — handel. Dan word die vors ʼn tiran en kan daar

regmatig teen hom in opstand gekom word. 160

Die Katolieke Bond wat net so oortuig van húlle waarheid was, het

op ʼn soortgelyke manier geargumenteer. Die Katolieke was egter die

groot meerderheid van die Franse bevolking en daarom voer hulle aan

dat die Franse staat ʼn ongekwalifiseerde Rooms-Katolieke karakter

moet hê. Daar word aangevoer dat die vors geen kompromieë met die

Hugenote, dit wil sê met kettery mag aangaan nie. 161 Soos in die

Middeleeue, word daar geredeneer dat die kettery die wortel van alle

kwaad is en dat die Franse volk juis daaronder ly. Kettery word egter

nie net godsdienstig afwykend nie, maar ook as polities ondermynend

beleef, want word gesê, kettery teen die kerk gaan altyd gepaard met

rebellie teen die vors. 162 In hierdie opsig en gegewe die destydse

politieke konteks in Frankryk was die Katolieke natuurlik reg, want die

Hugenote het juis geleer dat opstand teen, en omverwerping van ʼn

vors wat die ware godsdiens vervolg, regmatig is.

Die noodsaak vir godsdienstige homogeniteit van ʼn staat (op

dieselfde grondslag as die Middeleeuse rykskerklike homogeniteit) het

vir die Katolieke Bond die hoogste voorrang geniet. Godsdienstige

homogeniteit is die enigste soliede grondslag vir die Franse staat, en

geen staat is sonder daardie eenheid bestaanbaar nie, redeneer die

157 Allen (n 148 hierbo) 305; 309-310. Dit kom onder meer voor in die geskrifte van

Hotman. Populêre soewereiniteit het egter by die Hugenote-party slegs ’n

passiewe betekenis, naamlik dat die vors tot die voordeel van die volk moet

regeer. Hierdie konsep van volksoewereiniteit stel egter nooit die volk in staat om

self te rebelleer nie. Magistrate — lede van die regerende stand — moet altyd die

opstand lei. Indien nie, moet die volk maar by die onregverdige heerskappy van

die regering berus. Sien verder hieroor Allen (n 148 hierbo) 325.

158 Sien hoofstuk 2.2.

159 Allen (n 148 hierbo) 322-325.

160 Allen (n 148 hierbo) 306, 314-318, 327.

161 Allen (n 148 hierbo) 344.

162 Allen (n 148 hierbo) 347.

Verval en wegbereiding 63

Bond. Godsdiens verskaf die kohesie van die staatlike gemeenskap en

dienooreenkomstig is dit die primêre plig van die vors om kettery wat

daardie kohesie kan verswak, uit te roei. 163 Die Katolieke Bond het

aangevoer dat die vors regmatig ontsetel kan word indien hy die staat

benadeel — en die ergste nadeel wat die staat berokken kan word, is

wanneer die vors meer as een godsdiens daarin toelaat. 164

Aangesien godsdienstige eenstemmigheid die conditio sine qua

non vir ʼn soliede staatsgemeenskap is, moet elke Fransman

noodwendig Katoliek wees. Jean Boucher, een van die belangrikste

woordvoerders van die Katolieke Bond, verklaar dan ook dat ʼn

Hugenoot net so min ʼn Fransman is, as wat ʼn Turk ʼn Fransman is. 165

Die stryd tussen die Katolieke en die Hugenote in Frankryk

versinnebeeld die impasse waarin die godsdienstige breuk Europa laat

beland het. Die voortgesette hantering van godsdiens as ʼn politieke

aangeleentheid — die vereenselwiging van godsdiens met politiek —

binne ʼn reeds gevestigde territoriale staat, verhoed enige vrede, orde

en stabiliteit en verseker soos bloedig in die godsdiensoorloë

gedemonstreer is, slegs ʼn uitmergelende stryd. Die funksionering van

godsdiens as ʼn politieke kategorie, wat die fondament van die

Middeleeuse rykskerklike geheel was, het Europa nou in ʼn politieke

impasse laat beland. Die Christelike geheel van weleer het plek

gemaak vir onherroeplike fragmentasie. Die drang na die politiek van

waarheid, oftewel die vestiging van state op ʼn eenstemmige

godsdienstige grondslag, was nie langer met orde en stabiliteit

versoenbaar nie. Die enigste uitweg uit die impasse was ʼn keuse ten

gunste van orde, bo godsdienstige waarheid en ʼn gepaardgaande

verplasing van godsdiens vanaf die openbare domein as ʼn saak van die

politiek na die private sfeer waar individue as ʼn persoonlike saak self

daaroor besluit.

163 Allen (n 148 hierbo) 347.

164 Allen (n 148 hierbo) 348.

165 Allen (n 148 hierbo) 352.

HOOFSTUK

4

DIE GRONDLEGGING EN DIE

GRONDLEGGERS VAN

STAATLIKHEID

1 Die Politiques, Michel de l’Hôpital en Jean

Bodin

Die weg uit die impasse van die godsdiensoorloë is aangewys deur die

Politiques, ʼn godsdienstig neutrale politieke groepering wat te midde

van die bloedige chaos van die Franse godsdiensoorloë ontstaan het.

Die Politiques en sy belangrikste woordvoerders, Michel de l’Hôpital

en Jean Bodin, was Katoliek maar was nie bereid om die belange van

die Franse staat aan die Rooms-Katolieke Kerk ondergeskik te stel nie.

Vir die Politiques was die enigste tersaaklike politieke maatstaf ʼn

persoon se staatsburgerskap en nie sy lidmaatskap van die een of

ander godsdienstige denominasie nie. Waar sowel die Katolieke Bond

as die Hugenoteparty aan godsdienstige waarheid prioriteit gegee

het, ten einde aan die staat ʼn bepaalde godsdienstige karakter te

verleen, en met die oog hierop tot burgeroorlog aangevuur is, verwerp

l’Hôpital daarenteen godsdiens as ʼn politiek beslissende faktor.

‘Lutheraan’, ‘pouslik’ of ‘Calvinis’ is vir hom politiek

weersinswekkende begrippe. ʼn Persoon hou nie op om ʼn burger te

wees wanneer hy geëkskommunikeer word nie. 1 ʼn Bepaalde

godsdienstige karakter is derhalwe nie ʼn noodsaaklike voorvereiste vir

die bestaan en stabiliteit van ʼn staat nie.

Dit is weliswaar so dat godsdienstige eensgesindheid bevorderlik

vir die staat is en dat die vors in belang van die staat moet poog om

godsdienstige eenstemmigheid te bevorder, 2 maar sodanige

eenstemmigheid is nie ʼn noodsaaklike voorwaarde vir die bestaan van

die staat nie. Indien ʼn nuwe godsdiens reeds goed gevestig is, moet

dit verdra word. Die bestaan van die staat enersyds, en godsdienstige

pluraliteit andersyds, is derhalwe nie wedersyds uitsluitend nie.

Anders as volgens die Middeleeuse beskouing hoef die staat nie ʼn

Christelike republiek te wees nie.

1

W Ebensteuin Great political thinkers: Plato to present (1969) 350.

2 JW Allen A history of political thought in the sixteenth century (1960) 349.

65

66 Hoofstuk 4

Sowel l’Hôpital as Bodin was intens by die Franse politiek van

hulle tyd betrokke. 3 Hulle lewer hulle werk nie as afsydige teoretici

nie maar wel met die konkrete oogmerk om die terminaal verdeelde

Franse staat van hulle tyd te probeer red. 4 In Jean Bodin se werk is

daar dus nie te soek vir teoretiese suiwerheid en konsekwentheid nie.

Sy politieke teorie kan alleenlik verstaan word teen die agtergrond

van die doel wat hy daarmee wou bereik, naamlik die vestiging van

blywende openbare orde en vrede. 5

L’Hôpital word beskou as die grondlegger van die Politiquesbeweging.

6 Vir hom, anders as sy godsdienstig ekstremistiese

opponente vir wie godsdienstige waarheid van primêre belang was, is

interne vrede en stabiliteit die hoogste deug. Daarom moet

godsdienstige faksies in die kiem gesmoor word, omdat dit andersins

burgeroorlog kan ontketen. Volgens hom is dit nie die plig van die vors

om ketters te bestraf nie, terwyl dit eweneens nie die funksie van die

owerheid is om die ware godsdiens in stand te hou nie. Geregtigheid

vereis nie dat persone wat te goeder trou volgens hulle gewete handel

en niemand anders benadeel nie, vervolg word bloot omdat hulle

bepaalde godsdienstige oortuigings huldig nie. Dit mag moontlik nie

altyd verkeerd wees om godsdienstige oortuigings te kriminaliseer

nie, maar sodanige kriminalisering en gepaardgaande vervolging is nie

die owerheid se primêre plig nie. Die owerheid se primêre taak is wel

om die vrede en orde in stand te hou. Dit is dáártoe en tot niks anders

nie, waartoe die owerheid verbind moet wees. Die owerheid moet bo

enige godsdienstige tweespalt uitstaan en nooit die bondgenoot van

enige godsdienstige groepering wees nie. 7

L’Hôpital staan nie onverskillig teenoor die politieke rol van

godsdiens nie. Twee godsdienstige denominasies in een staat is

volgens hom ʼn gevaarlike euwel, omdat niks mense so hewig verdeel

as juis godsdiens nie. Dit sou volgens hom oneindig beter vir Frankryk

gewees het as die land slegs een godsdiens gehad het. 8 Maar met die

toedrag van sake soos in die destydse Frankryk was dit duidelik dat die

toekenning van godsdiensvryheid die enigste metode was om vrede te

handhaaf. Die tersaaklike vraag was nie wat die ware godsdiens is nie,

maar hoe mense in vrede kan saambestaan. 9 Vervolging as ʼn metode

om godsdienstige eenvormigheid te handhaaf, het misluk. Die prys

3

Sien byvoorbeeld Allen (n 2 hierbo) 292 asook O Ulph ‘Jean Bodin and the Estates-

General of 1576’ (1947) XIX The Journal of Modern History 289.

4 JU Lewis ‘Jean Bodin’s logic of sovereignty’ (1968) 16 Political Studies 210.

5

Lewis (n 4 hierbo) 213 Bodin se politieke teorie word saam met dié van

Machiavelli en Hobbes paslik getipeer as die ideologie van orde. Sien byvoorbeeld

P King The Ideology of Order: A comparative analysis of Jean Bodin and Thomas

Hobbes (1974).

6 Allen (n 2 hierbo) 292.

7 Allen (n 2 hierbo) 293-295.

8

Allen (n 2 hierbo) 295.

9 Allen (n 2 hierbo) 295.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 67

wat vir die voortsetting van vervolging betaal sou moes word, was die

potensiële vernietiging van die staat. Dié prys was vir l’Hôpital te

hoog. In die omstandighede het godsdienstige verdraagsaamheid die

enigste toevlug gebied. 10

Vir l’Hôpital is verdraagsaamheid nie ʼn saak van teoretiese

beginsel nie. Anders as by sommige tydgenote en by die proto-liberale

teoretici van die sewentiende eeu, wat die erkenning van

godsdienstige verdraagsaamheid as ʼn saak van beginsel bepleit het, 11

gaan dit vir hom nie in die eerste plek oor godsdiensvryheid nie, maar

oor die belang van die staat. Dit is dus ’n geval van godsdiensvryheid

ter wille van ʼn eg sekulêre oorweging, naamlik die voortbestaan en

stabiliteit van die (Franse) staat.

Bodin se verdraagsaamheidsopvatting stem grootliks ooreen met

die van l’Hôpital. Die hoofklem van Bodin se denkarbeid val egter op

staatsoewereiniteit. Soewereiniteit is vir hom die onderskeidende

eienskap van die staat en hierdie soewereiniteit moet in belang van

die handhawing van die staat uitgeoefen word. Indien die

instandhouding van die staat vereis dat ʼn sekere graad van

godsdiensvryheid toegelaat moet word, moet die soewereine mag vir

daardie doel aangewend word.

Bodin bevind hom in die aanvangsfase van die lang geskiedenis van

die politieke filosofie aan die begin van die moderne era. Hy lê die

grondslag vir die politieke teorie van die moderne staat. 12 Wanneer

die soort beperkings wat Bodin op soewereiniteit plaas egter oorweeg

word, is dit duidelik dat hy steeds met een voet in die Middeleeuse

regstradisie gestaan het.

Vir Bodin is soewereiniteit, wat in die staatsowerheid — die vors

— setel, die hoogste mag onder God. Soewereiniteit is die sleutel tot

die bekamping en beheer van middelpuntvliedende kragte wat die

voortbestaan van die staat bedreig. Soewereiniteit is die

10 Allen (n 2 hierbo) 296.

11

Byvoorbeeld die humanistiese skeptici soos Castellio, Acontius, William Walwyn

en Francis Osborne wat geredeneer het dat die waarheid al dan nie van sekere

dinge in elk geval nie objektief vasstelbaar was nie en dat vervolging daarvoor

onvanpas en wreed sou wees. Sien byvoorbeeld B Tierney ‘Religious rights: an

historical perspective’ in J Witte & JD van der Vyver (reds) Religious rights in

global perspective (1977) 18 et seq.

12 MA Sheppard (1930) 45 ‘Sovereignty at the crossroads’ Political Science Quarterly

591-596; Allen (n 2 hierbo) 416-423; M Wolfe ‘Jean Bodin on Taxes’ (1968) 83

Political Science Quarterly 268; Lewis (n 4 hierbo) 215-218. In ’n sekere sin kan

Machiavelli ’n sterker aanspraak hierop maak. Machiavelli was egter voor sy tyd,

want hy worstel as Florentyn nie met die problematiek van die omvangryke

territoriale staat nie, maar met dié van die stadstaat Florence. Voorts is hy,

anders as Bodin, nog nie gekonfronteer met die breuk in die Wes-Europese

Christendom nie.

68 Hoofstuk 4

fundamentele bestaansvoorwaarde vir die staat. 13 Alle ander

instellings in die staat dank hulle bestaan aan die grasie van die

vors. 14 Vir Bodin is dit baie belangrik dat staatsgesag gesentraliseer

moet wees ten einde te verseker dat algemeen geldende reg vir die

staat in die geheel verorden kan word. Dit moet die vors vrystaan om

onafhanklik van botsende aansprake van seksionele (territoriale en

godsdienstige) entiteite algemene reg vir die staat daar te stel.

Die modernisme van Bodin tree in hierdie opsig duidelik op die

voorgrond, want hier is daar nie sprake dat die owerheid, soos in die

Middeleeue, passief die reg waaraan hulle onderdane onderworpe is,

bloot moet vind nie, maar daarenteen aktief te werk moet gaan om

reg te skep. Die owerheid is ʼn aktiewe regskepper, dit wil sê die

neerlegger van bevele. Die onmiskenbare voortekens van die latere

denke van die groot woordvoeders van die soewereine territoriale

staat, Hobbes en John Austin, is duidelik hieruit te bespeur. 15

Bodin staan egter in twee belangrike opsigte van Hobbes

verwyderd. Bodin se soewerein is nog geensins so oppermagtig soos

Hobbes se soewerein nie. Hy is nog onderworpe aan ʼn aantal

beperkings wat deur die goddelike en die natuurreg opgelê is. 16 Die

vernaamste effek van die beperkings waaronder die soewerein moet

handel, is dat die soewerein verhoed word om sekere privaatregtelike

regte van die burgery aan te tas. 17 Die owerheid mag nie die burgery

dwing om te kontrakteer nie, mag nie arbitrêr op eiendom beslag lê

nie en mag die burgery slegs binne redelike perke belas. Daar blyk in

hierdie opsig ʼn teenstrydigheid te wees, want hoe kan Bodin enersyds

soewereiniteit wat tog onbeperkte magskapasiteit impliseer,

beklemtoon en dit dan tegelyk met die gemelde beperkings afwater?

Die antwoord hierop is dat Bodin in hierdie opsig nog tipies

Middeleeus argumenteer, want die aard van die beperkings waarmee

hy soewereiniteit kwalifiseer, is juis die soort beperkings wat kragtens

die Middeleeuse reg op maghebbers geplaas is. In die Middeleeue was

vorste se bevoegdhede om belastings te hef, baie beperk. 18 Die

bevoegdheid om belastings te hef en die meegaande reg om regmatig

op eiendomsreg inbreuk te maak, is alleenlik met die grootste moeite

verwerf. Die beperking teen die inbreuk op eiendomsreg is, ofskoon

dit met die eerste oogopslag lyk na ʼn stuk negentiende-eeuse liberale

13

14

15

King (n 5 hierbo) 75.

King (n 5 hierbo) 98.

Lewis (n 4 hierbo) 208 verklaar dat Bodin ’n breuk met die Middeleeue

verteenwoordig in die sin dat hy die klem op wetgewing in plaas van gewoonte

16

17

laat val.

Sheppard (n 12 hierbo) 586-588.

Sheppard (n 12 hierbo) 591-596; Allen (n 2 hierbo) 416-423; Wolfe (n 12 hierbo)

18

268; Lewis (n 4 hierbo) 215-218.

Verder in hierdie hoofstuk in 3.6 bespreek.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 69

kapitalisme, tog ook tipies Middeleeus. Eiendomsreg is in die

Middeleeue veel enger omlyn as wat in die negentiende eeu die geval

was, 19 en daarom kon daar nouliks nog verder daarop inbreuk gemaak

word. Daar is dus slegs ʼn teenstrydigheid indien soewereiniteit vanuit

ʼn moderne hoek beoordeel word. In die lig van Bodin se eie deels

Middeleeus-gedrewe denke is daar egter geen teenstrydigheid nie.

Volgens die Middeleeuse opvatting, wat nog deels Bodin se denke

bepaal, val slegs die burgerlike reg binne die gesag van die vors;

daarenteen val fundamentele reg (konstitusionele reg), wat onder

meer as die terrein van die goddelike en die natuurreg beskou is, buite

die grense van die vors se staatlike soewereiniteit. 20 Bowendien

behandel Bodin soewereiniteit nie as ʼn rasioneel deurdagte logiese

begrip nie, maar as ʼn funksionele instrument om staatlike orde en

stabiliteit te bewerkstellig. Die omvang van soewereiniteit strek dus

slegs sover as wat nodig is om vrede en openbare orde in die staat te

verseker. Soewereiniteit funksioneer dus nie by Bodin as ʼn logies

suiwer teorie nie, maar as ʼn strategie vir staatsbehoud. 21 Die

beperkings wat in hierdie beskouing van soewereiniteit ingebou is,

staan eweneens in diens van staatsorde en -stabiliteit. 22

Die perke wat Bodin op die hef van belastings plaas, is soortgelyk

verklaarbaar: privaat eiendom verskaf die lewensmiddele om gesinne

te onderhou. Gesinne is die boustene van die staat. Oormatige

belastings tref dus nie slegs individuele gesinne nie, maar uiteindelik

ook die staat self. 23

Wat sy soewereiniteitsteorie betref, bou Bodin voort op

Middeleeuse voorlopers. 24 Wanneer die beperkings van Bodin se

soewerein oorweeg word, is dit duidelik dat hy ʼn oorgangsfiguur was.

Ofskoon soms aangevoer word dat daar ʼn regstreekse lyn vanaf Bodin

deur Hobbes na John Austin en die moderne regspositivisme loop, 25 is

daar ook enorme verskille. Waarskynlik die belangrikste is dat Bodin

nie ʼn analitiese juris was, wat ʼn duidelike onderskeid tussen reg en

moraliteit tref nie. Inteendeel, Bodin se denkarbeid word juis

aangewend ter verwesenliking van Bodin en die Politiques se morele

waarde-oordeel waarvolgens openbare vrede en orde voorkeur bo

godsdienstige waarheid geniet.

19 Sien oor die vroeëre (voor-kapitalistiese) eng omskrywing van eiendomsreg AJ van

der Walt ‘Marginal notes on powerful legends: Critical perspectives on proprietary

20

21

22

23

24

25

theory’ (1995) 58 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 396 et seq.

Sheppard (n 12 hierbo) 597-598; Lewis (n 4 hierbo) 216.

Allen (n 2 hierbo) 422.

Lewis (n 4 hierbo) 213.

Wolfe (n 12 hierbo) 274-275.

HF Jolowicz Lectures on Jurisprudence (1963) 64-68.

Sien die skrywers aangehaal deur Lewis (n 4 hierbo) 214.

70 Hoofstuk 4

Bodin is in ʼn tweede opsig ver van Hobbes verwyderd. Anders as

Hobbes glo Bodin in ooreenstemming met die Klassieke oortuiging dat

menslike gemeenskap natuurlik is. Vir Bodin is daar geen verskil

tussen ʼn goeie burger en ʼn goeie mens nie. 26 Hobbes, soos verder uit

hierdie hoofstuk sal blyk, is daarenteen volskaals modern en koester

geen geloof in die natuurlikheid van menslike gemeenskap nie;

inteendeel, individue is in ʼn onafgebroke stryd met mekaar gewikkel.

Bodin se beskouings oor die kwaliteite van die soewerein en oor

hoe godsdiens in die staat hanteer moet word, is net so pragmaties

soos sy gekwalifiseerde soewereiniteitsbeskouing. Dit is ook daarop

gemik om die eenheid van die staat en openbare stabiliteit te

verseker.

Sy pragmatiese benadering verklaar ook sy veranderde beskouings

oor die Franse troonopvolging van Henri IV. Henri was Protestants en

daarom het die Katolieke Bond sy troonbestyging teengestaan. Bodin

het egter suiwer op sterkte van die troonopvolgingsreg aangevoer dat

Henri vir troonopvolging kwalifiseer en het anders as die Katolieke

Bond nie denominasie-lidmaatskap as ʼn politiek relevante en dus ʼn

juridiese voorwaarde vir die Franse troonopvolging gestel nie. Tog het

Bodin in 1589 sy standpunt verander en toe ook, net soos die Katolieke

Bond ʼn denominasie-verandering van Henri vereis alvorens hy koning

van Frankryk kon word. 27 Bodin se standpuntverandering was egter

nie godsdienstig van aard nie, maar polities gemotiveerd, want hy het

nie bepleit dat Henri ter wille van trou aan godsdienstige waarheid

Katoliek moes word nie, maar dat hy van denominasie moes verander

ter wille van Frankryk en ter wille van die beëindiging van die

godsdienstige stryd wat die voortbestaan van die Franse staat bedreig

het. 28 Hy handhaaf steeds sy basiese beskouings oor godsdiensvryheid

en hy beskou steeds godsdienstige konflik as die primêre euwel. Hy

bepleit bloot as ʼn ware Politique ʼn politiek berekende bekering ter

wille van die Franse staat. 29

Die optrede van die owerheid moet ook gelei word deur die beste

belange van die staat, in plaas van deur godsdienstige

waarheidsoorwegings. Die owerheid moet nie by godsdienstige

geskille betrokke raak nie, en ook nie probeer om die een of ander

godsdienstige oortuiging te bevorder nie. Indien dit moontlik is om in

belang van eenheid godsdienstige eenstemmigheid te bevorder, moet

die owerheid dit doen. Dit is verder volgens Bodin ook heeltemal

gerade dat die owerheid nuwe en nog swak ontwikkelde godsdienstige

26 Lewis (n 4 hierbo) 211-212.

27

PL Rose ‘The Politique and the Prophet: Bodin and the Catholic League 1589-1594’

(1978) 2 Historical Journal 783 et seq.

28 Rose (n 27 hierbo) 796-797.

29

Rose (n 27 hierbo) 807. Bodin was in hierdie opsig in pas met ander Politiques wat

dieselfde standpunt gehuldig het. Sien hieroor verder (n 27 hierbo) 798-799.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 71

strominge en denominasies vervolg. 30 Die rede daarvoor is egter nie

dat so ʼn godsdiens vals is nie, maar dat indien dit toegelaat word om

te groei, dit die eenheid en stabiliteit van die staat kan aantas. Die

vervolging vind dus nie plaas omdat die godsdienstige dogmatiek en

oortuigings van die nuwe godsdienstige stroming as polities relevant

beskou word nie, maar suiwer met die oog op die verstewiging van die

eensgesindheid van die staatlike bevolking en derhalwe die integriteit

van die staat. 31 Sodra ʼn godsdienstige denominasie egter stewig

gevestig is, sal daar ʼn te hoë prys, gemeet aan wanorde en

onstabiliteit, betaal moet word, indien dit vervolg word. In so ʼn geval

sal vervolging polities onverstandig wees. Gevolglik moet die

owerheid dan liewers die ongestoorde beoefening van die nuwe

godsdiens toelaat.

Godsdienstige verdraagsaamheid is dus nie soseer ʼn beginsel,

voortspruitend uit teoreties gefundeerde oortuigings nie. Dit is ʼn

(politieke) strategie wat in belang van die staat soms gevolg kan word,

net soos die teenoorgestelde — godsdienstige vervolging — in ander

omstandighede meer gewens mag wees. 32 Dit is nie godsdiensvryheid

nie, maar die staat wat konsekwent die hoogste deug is en wat die

bepalende faktor by die vasstelling van beleid is. Dit is in belang van

die staat dat godsdienstige eenheid prysgegee en godsdiensvryheid

toegelaat word, en in ander omstandighede ook in belang van die

staat dat godsdienstige vervolging binne sekere perke beoefen

word. 33 Waarmee Bodin hier besig was, was ʼn strategie van staatsbou

ter wille van die eenheid en integriteit van die staat.

Die politieke teorie van die Politiques erken dat daar uit die

enkele monolitiese gemeenskap van die Middeleeuse rykskerklike

geheel twee kwalitatief uiteenlopende gemeenskappe ontstaan het:

ʼn sekulêre (openbare) politieke gemeenskap georganiseer as die

staat, teenoor private godsdienstige gemeenskappe georganiseer in

die kerke.

Staatsoewereiniteit het tot gevolg dat die wedywerende politieke

aansprake van ʼn feodale of ʼn kerklike oorsprong irrelevant raak en

opsy geskuif word. Spesifiek godsdiens word uit die openbare sfeer

verwyder en na die private sfeer afgeskuif. Met die Politiques word

godsdiens gevolglik ʼn private en persoonlik-individuele saak. 34

Godsdiens verloor sy openbare aanspraak as ʼn politieke kategorie

omdat dit moet bes gee vir die nuwe voorkeur-waarde, naamlik die

eenheid en stabiliteit van die staat wat die primêre belang en hoogste

30

31

Allen (n 2 hierbo) 429; Ebenstein (n 1 hierbo) 350.

Bodin se Politiques-kollegas is in dié opsig kennelik Machiavelliaans. Sien JN Figgis

32

33

34

Political thought from Gerson to Grotius, 1414-1625 (1960) 133.

Figgis (n 31 hierbo) 130-131.

Figgis (n 31 hierbo) 133.

Figgis (n 31 hierbo) 124.

72 Hoofstuk 4

deug word. 35 Die territoriale staat as godsdienstig en andersins

neutrale entiteit seëvier oor godsdiens in die sin dat die integriteit

van die staat die primêre openbare politieke deug word, terwyl

godsdiens, wat in die strewe na godsdienstige waarheid en suiwerheid

die staat se stabiliteit mag ondermyn, geprivatiseer word. Aan die

ander kant noodsaak die beste belang van die staat dat ʼn sekere graad

van denominasie-pluraliteit en vrye godsdiensbeoefening toegelaat

word. Indien nie, kan die stabiliteit en voortbestaan van die staat in

die gedrang kom. Godsdiensvryheid — die produk van die denkarbeid

van die Politiques — is nie aan die staat of aan die natuurreg te danke

nie. Die omgekeerde is waar, naamlik dat die staat aan

godsdiensvryheid te danke is en dat die voortbestaan van die staat

daarvan afhang. Soos Mayo dit stel:

Religious freedom and toleration appear to have been adopted or

enforced for political reasons - ... a quiet life, raison d’êtat. 36

In staatsdienende godsdiensvryheid vind ons dus die prototipiese

moderne mensereg (fundamentele reg) en die prototipiese

liberalisme. Hierdie reg is die voorwaarde vir die bestaan van die

staat en is ook die reg wat die oer-wortel van die moderne liberalisme

is. Maar meer as dit: die noodgedwonge erkenning van

godsdiensvryheid as prototipiese liberale mensereg in dieselfde tyd

waarin die moderne staat sy beslag gekry het, het ook daarvoor gesorg

dat die liberalisme reg vanuit die staanspoor een van die

grondliggende eienskappe van die staat geword het.

Sedert die staat daarin geslaag het om godsdiens as die enigste

politieke kategorie opsy te skuif, waak dit jaloers oor sy monopolie

oor die openbare domein. Individue moet dus voorkeur aan hulle

verbintenis met die staat gee en moet bowenal in die eerste plek

staatsburgers wees. Dienooreenkomstig koester die staat ʼn diep

afkeur van enige groepsvorming in die staat wat in die openbare

domein ʼn beslag mag kry en dus aan die staat ʼn bepaalde identiteit

eie aan ʼn groep (godsdienstig, taal, kultureel, etnies of dergelik) mag

besorg, of wat ʼn verdelende effek mag hê. Die staat is sedert die dae

van die Politiques op sy gemaklikste met individuele burgers, dit wil

sê met ʼn aantal vryswewende individue wat nie die een of ander

groepsverbintenis het wat dalk hegter as die verbintenis met die staat

self mag wees nie en meer lojaal teenoor die groep as teenoor die

staat is nie. Die staat is dus inherent ongemaklik — dikwels openlik

vyandig — teenoor die verskynsel van pluraliteit binne die staat,

omdat kultuur-, taal-, godsdienstige en dergelike groepe (anders as

individue) in staat is om ʼn politiek beduidende krag te konstitueer, om

sodoende individuele lojaliteit te genereer met die vermoë om die

35

Figgis (n 31 hierbo) 124.

36 HB Mayo An introduction to democratic theory (1960) 145 voetnoot 3.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 73

staat se monopolie op openbare identiteit in die vorm van

staatsburgerskap uit te daag. Vir sover daar wel groepe is, moet hulle

’n stil, private bestaan voer en hulle nougeset uit die openbare

domein hou wat eksklusief deur die staat beset word.

Die soort staat wat met die Politiques op die voorgrond tree, dra

die stempel van ʼn neutrale staat wat mense binne sy territoriaal

gedefinieerde grense onder die beheer van sy regsreëls het en wie se

partikuliere groepaffiliasie geen impak op die karakter van die staat

mag hê nie. Die Politiques se staatsdefinisie kom bloot neer op ʼn

versameling van mense binne ʼn afgebakende gebied, wat in gemeen

het dat hulle ʼn gemeenskaplike regering gehoorsaam.

Die Politiques verwerp die kernbeginsel van die Middeleeuse

staatsopvatting waarvolgens godsdienstige waarheid die fondament is

waarop die politieke orde berus. In die plek daarvan word ʼn nuwe

waarde voorop gestel, naamlik dié van formele vrede tussen die

staatsburgery. Soos EW Böckenförde dit stel:

For the Politiques, formal peace as opposed to the horrors and sufferings

of civil war, was an independent inherently justified good. 37

Dit was ingevolge hierdie nuwe waardekeuse nie meer soos vroeër die

plig van die vors om die kerk se agent te wees ter bevordering van

godsdienstige waarheid en ter onderdrukking van dwaling en kettery

nie. Sy plig was om te verhoed dat sy onderdane mekaar in die najaag

van die realisering van godsdienstige waarheid uitroei 38 en sodoende

ook die staat vernietig. Die owerheid word hiermee die instandhouer

van staatlike orde en vrede, in plaas van die waghond oor

godsdienstige waarheid.

Die neutrale Politiques-staat kom tot stand te midde van die

radikale afwesigheid van daadwerklike bande wat die voorvereiste is

vir menslike gemeenskap en teen die agtergrond van die

oorweldigende probleem van aanhoudende en onbesliste konflik. In

die lig hiervan is die bylê van konflik die raison d’ être van die staat.

Die staat is nie ‘n res publica — die gemeenskaplike saak van ʼn

gemeenskap van burgers — nie; dit gee ook nie uitdrukking aan ʼn

reeds bestaande gemeenskap en van ʼn beduidende waardekonsensus

nie. Tewens, die staat is die produk van ʼn gebrek aan gemeenskap en

van ʼn waarde-dissensus. Dienooreenkomstig is die staat ʼn blote

konflikreguleerder, die meganisme wat menslike optrede so moet

bestuur dat die risiko van wedersydse verdelging verhoed word.

37 EW Böckenförde State, society and liberty uit die Duits vertaal deur JA

Underwood (1981) 36.

38 Böckenförde (n 37 hierbo) 36.

74 Hoofstuk 4

Hierdie soort staatsbeskouing wat met Hobbes sy volle sterkte bereik,

lê die grondslag vir die kontemporêre liberale territoriale staat.

By Bodin tree ʼn nuwe vorm van burgerskap na vore, wat ingrypend

verskil van die soort burgerskap wat in die politieke filosofie van

Aristoteles aangetref word. By Aristoteles behels burgerskap burgers

se deurlopende deelname aan openbare politieke aangeleenthede.

Die aktiewe burgerskap en betrokkenheid by die res publicae is hier

van wesenlike belang. By Bodin, daarenteen, berus burgerskap daarop

dat die individu hom neerlê by die reg van die staat, in ruil vir

beskerming en die instandhouding van die openbare orde. 39 By die

Klassieke beskouing van Aristoteles word daar met ʼn burger gewerk as

’n entiteit met per definisie ’n hoë openbare profiel. Burgerskap word

as ’t ware elke dag opnuut uitgeleef. ’n Persoon word elke dag weer

’n burger wanneer hy hom aktief met die openbare sake van die staat

(die polis in hierdie geval) bemoei. Burgerskap kry dus deurlopend

inhoud deur deelname aan die sake van die polis. By Bodin beteken

burgerskap nie daadwerklike deelname nie. Dit impliseer ’n passiewe

juridiese status. By Aristoteles word die burger met die staat verbind

deur sy daaglikse deelname aan die politiek. By Bodin verbind die

juridiese status van burgerskap die individu met die staat. Burgerskap

vereis in dié geval nie aktiewe openbare deelname aan die politiek

nie; dit behels passiewe private gehoorsaamheid aan die reg.

Die godsdienstige verdraagsaamheid wat met die Politiques sy

verskyning maak, is ’n verdraagsaamheid van ’n besondere aard. Dié

verdraagsaamheid tref ’n duidelike onderskeid tussen die openbare

en private sfere en is slegs in die laasgenoemde sfeer van krag. Die

individu kan binne die private sfeer die godsdiens van sy keuse

beoefen. Sedertdien het hierdie vryheid uitgebrei: die vryheid om

kulturele-, taal- en etniese identiteit uit te leef, vrye persoonlike

uitdrukking ingevolge die reg op vryheid van uitdrukking, asook die

vrye keuse met betrekking tot seksuele voorkeur en dies meer.

Ofskoon die vryheid veel groter inhoud gekry het, bly die basiese

beginsel egter steeds geld, naamlik dat vryheid tot die private sfeer

beperk word. Dié vryheid is op die keper beskou egter nie werklik vir

die openbare sfeer bedoel nie, want die openbare sfeer moet neutraal

bly. Indien dit wel na die openbare sfeer uitgebrei word, tree die

gevaar opnuut na vore dat die aard van die staat ’n geskilpunt word

en dat konflik, wat so erg kan wees soos met die Franse

godsdiensoorloë, weer kan ontstaan. Hierdie siening van individuele

vryheid wat as liberale verdraagsaamheid 40 getipeer kan word, is tans

nog steeds dominant. Deur hierdie verdraagsaamheid vrywaar die

39 J Leca ‘Questions of citizenship’ in C Mouffe (red) Dimensions of radical

40

democracy (1992) 28.

AE Galeotti ‘Citizenship and Equality: The place for toleration’ (1993) 21 Political

Theory 588.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 75

staat sy burgers van die potensieel nadelige gevolge van hulle

onderlinge verskille, deur die verskille uit die openbare sfeer te

hou. 41 Tegelykertyd het hierdie vryheid en verdraagsaamheid egter

ook ’n nuwe openbare identiteit, naamlik dié van staatsburgerskap

geskep. In die private sfeer is ’n persoon vry om die etniese,

kulturele, taal of godsdienstige identiteit na gelang van sy persoonlike

voorkeure uit te leef, maar in die openbare sfeer is slegs een

identiteit toelaatbaar, naamlik dié van staatsburgerskap. AE Galeotti

vat dié waarheid goed saam wanneer hy sê:

Therefore whereas citizens are free to pursue their own ideals and

practice their own culture and religion within civil society, in the public

sphere they should disregard their special and particular membership

and be ‘just citizens’ on an equal basis. 42

By Bodin en later by Hobbes, Locke en andere is hierdie nuwe

openbare identiteit naamlik die neutrale staatlike identiteit van

staatsburgerskap wat die Middeleeuse openbare identiteit van

Christenskap vervang het, ʼn passiewe identiteit. Rousseau en sy

ideologiese volgelinge mobiliseer die passiewe identiteit in ʼn aktiewe

republikanisme wat dikwels die totalitêre gevolg meebring dat die

vryheid van die private domein vernietig word. 43 Vandag vind

soortgelyke mobilisasie van die burgerskapsidentiteit uiting in

sogenaamde nasiebouprogramme.

2 Thomas Hobbes en die geboorte van Leviatan,

die sterflike god

Teen die laaste kwart van die sestiende eeu is die konsep van staatlike

soewereiniteit in veral Frankryk en Engeland gevestig. In Frankryk in

die besonder het staatlike soewereiniteit met monargale absolutisme

gepaard gegaan. Ook in Engeland het die pro-absolutistiese stroming

sterk stoom opgebou. Vorstelike absolutisme kom eenvoudig daarop

neer dat die koning se gesag nie aan enige reëls gebonde was nie. Dit

was absoluut (absoluta), aangesien dit aan geen juridiese geldigheidsmaatstawwe

onderhewig was nie. 44

Jean Bodin en Thomas Hobbes (1588-1679) was die prominentste

apologete vir absolutisme. Hulle was egter ingebed in ’n breë

Europese tendens ten gunste van absolutisme en teen wedywerende

plaaslike (nie-sentralistiese) en kerklike aansprake op politieke gesag.

41 Galeotti (n 40 hierbo) 590.

42 Galeotti (n 40 hierbo) 591.

43 Hierdie aspek word breedvoerig in hoofstuk 6 bespreek.

44

E Lousse ‘Absolutism’ in H Lubasz (red) The development of the Modern State

(1964) 43.

76 Hoofstuk 4

Quentin Skinner verduidelik byvoorbeeld dat die indruk wat soms

gewek word dat Hobbes ’n ideologies geïsoleerde figuur was, nie

korrek is nie. 45 Hobbesiaanse absolutisme het onder meer

gekwalifiseerde ondersteuning van Samuel Pufendorf, een van die

voorste internasionaalregtelike juriste van daardie tyd, geniet, 46

terwyl Hobbes ook in Engeland dikwels — soms goedkeurend —

aangehaal is.

Die apologieë wat vir absolutisme aangevoer is, het egter wyd

uiteengeloop. Sommige teoretici het hulle daarop toegespits om prokerklike

magsaansprake teë te gaan en het hulle daarom daarop

toegespits om vorstelike absolutisme op grond van die goddelike reg

van konings te regverdig. Onder hulle tel William Barclay, 47 wat aan

die begin van die sewentiende eeu ’n invloed op die absolutistiese

oortuigings van die Engelse koning James I uitgeoefen het 48 en ook

natuurlik James self, wat aanvanklik oor Skotland en later ook oor

Engeland regeer het. James was sekerlik die bes gekwalifiseerde

vorstelike eksponent van absolutisme. Hy was daarvan oortuig dat die

vors aan geen wêreldlike gesag onderworpe was nie en dat die vors

oor ’n onvervreembare reg op gesagsuitoefening beskik het, met

inbegrip van die bevoegdheid om wette te maak. 49 James verwerp

ook die gedagte dat die vors aan die gemenereg onderworpe is en kom

juis as gevolg hiervan in hewige botsing met sommige Engelse

gemenereg-juriste soos Edward Coke. Dié aspek kom in hoofstuk 8.3.4

ter sprake.

Bodin se invloed op James was veral sigbaar in laasgenoemde se

beskouing oor godsdiensvryheid. Net soos Bodin was James ook van

oortuiging dat godsdiensvryheid genoodsaak is deur die

instandhouding van staatstabiliteit. 50 Juis op grond van hierdie

beskouing het James enige politieke gesagsaansprake van die kerk —

sowel Katoliek en Calvinisties — verwerp. 51 James was in dié opsig ook

volledig in pas met sy gedeeltelike tydgenoot, Henri IV (van Navarre)

van Frankryk.

In Engeland het die regverdiging vir vorstelike absolutisme in die

laaste kwartaal van die sestiende eeu met die werk van sir Thomas

Smith begin stoom opbou. Aanvanklik is volskaalse absolutisme egter

nie bepleit nie. In die tydperk vanaf James I tot met die ontseteling

45 Q Skinner ‘The ideological context of Hobbes’ political thought’ (1966) 17

46

47

48

Historical Journal 286 et seq.

Skinner (n 45 hierbo) 291.

GH Sabine A History of Political Theory (1971) 93-394.

HM Chew King James I in FJC Hearnshaw The social and political ideas of some

49

50

51

great thinkers of the sixteenth and seventeenth centuries (1967) 111.

Chew (n 48 hierbo) 115-116.

Chew (n 48 hierbo) 123, 129.

Chew (n 48 hierbo) 112.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 77

van Charles I, met ander woorde vir bykans die hele eerste helfte van

die sewentiende eeu, het vorstelike absolutisme egter sterk op die

voorgrond getree as ’n teorie van onbeperkte vorstelike gesag. Na die

burgeroorlog was die rojaliste defensief en merkbaar minder

absolutisties. 52 Robert Filmer 53 was die laaste om (op grond van

hoofsaaklik historiese argumente) 54 ’n kragtige, maar grootliks

anachronistiese pleidooi vir absolutisme te lewer. Dit was egter ’n

laaste stuiptrekking want na die Glorious Revolution van 1689 het

absolutisme geen beduidende aanhang meer in Engeland gehad nie. 55

Hobbes het hom radikaal van al die ander rojaliste onderskei. Hy

was geen gewone absolutis nie. Anders as die eksponente van die

goddelike reg van konings, wat weens hulle fokus op kerklike

aansprake op politieke mag noodwendig religieus moes

argumenteer, 56 was Hobbes se benadering modern en sekulêr. Vir

Hobbes kom die staat tot stand vanweë individue se behoefte aan

vrede en stabiliteit. 57

Hobbes se politieke uiteensettings bly vandag steeds van die

allergrootste belang. Absolutisme was maar slegs ’n klein

onderafdeling van Hobbes se opvattings. Die res van sy insigte en

beskouings het sy oortuigings oor absolutisme eeue lank oorleef en is

vandag nog daaglikse lewende praktyk.

Anders as Bodin wat hom hoofsaaklik met die klaaglike

onstabiliteit van die Franse staat van sy tyd bemoei het, gee Hobbes

beslag aan ’n rasioneel ontwerpte en universeel geldende 58 teorie oor

die ontstaansoorsaak en aard van die staat, asook oor die funksies van

die owerheid in die staat. Hobbes se politieke teorie is derhalwe nie

beperk tot die Engeland van sy tyd nie. Dit is ’n algemeen geldende

politieke teorie wat die basiese karaktertrekke van die nuut

ontstaande soewereine territoriale staat in perspektief stel. 59

52 J Daly ‘The idea of absolute monarchy in seventeenth century England’ (1978) 21

The Historical Review 235-239.

53

Sien onder andere JGA Pocock (1957) The Ancient Constitution and the Feudal

Law 151-156; Daly (n 52 hierbo) 244-245; Sabine (n 47 hierbo) 512-514.

54 WH Greenleaf ‘Filmer’s patriarchal history’ (1966) 9 The Historical Journal 157 et

seq.

55 Daly (n 52 hierbo) 244-245.

56 Chew (n 48 hierbo) 127-128.

57

Böckenförde (n 37 hierbo) 39-40.

58 Die breuk wat Hobbes in die staatsfilosofie meegebring het, strook met die breë

filosofiese tendens van sy tyd waarvolgens die Middeleeuse Skolastiek finaal

gediskrediteer is en die Rede as bron van menslike kennis sterk op die voorgrond

getree het. Sien H-J Störig (1979) Geskiedenis van de Filosofie Vol I 302 en in die

algemeen S Hampshire (1956) The age of reason: the seventeenth century

philosophers.

59 Soos Ebnestein (n 1 hierbo) 364 dit stel:

The Leviatan is not an apology for the Stuart monarchy, nor a grammar of

despotic government, but a first general theory of politics in the English

language. (Eie beklemtoning).

78 Hoofstuk 4

Hobbes is egter grondig deur die besonder dramatiese

omstandighede van sy tyd beïnvloed. Die sewentiende-eeuse

agtergrond waarteen Hobbes sy werk lewer, is een waarin

individualisme toenemend op die voorgrond tree. Die antropologiese

materiaal waarmee Hobbes, soos ander kommentators van sy tyd

gehandel het, was nie die gemeenskap nie, maar wel soos Michael

Oakeshott dit stel:

... the independent, enterprising man out to seek his intellectual or

material fortune, and the individual human soul responsible for his own

destiny ... 60

Bowendien kry Hobbes se opvattings beslag teen die agtergrond van

die Engelse burgeroorlog, 61 wat sy mees oorheersende onmiddellike

bekommernis was. 62 Ofskoon Hobbes se beskouings nie deur die

oorlog veroorsaak is nie, is hy beslis daardeur beïnvloed. Ook ander

invloede het op Hobbes ingewerk, soos die ontdekking van die

Amerikas en die getuienis oor die leefwyse van die Amerikaanse

Indiane. Dit het historiese ondersteuning aan Hobbes se beskouing oor

die natuurstaat verskaf. 63 Ofskoon daar spesifiek histories gebonde

invloede op Hobbes ingespeel het, is daar egter tereg oor sy werk

opgemerk dat dit nie ʼn blote apologie vir die Stuart-monargie van die

destydse Engeland, of vir despotiese regering was nie, maar die eerste

volskaalse politiek-teoretiese werk in die Engelse taal. 64 Dit was die

eerste politiek-teoretiese werk waarin die fundamentele aard van die

moderne territoriale staat op ‘n rasionalistiese wyse blootgelê is. 65

Hobbes breek met die Aristoteliese beskouing dat die mens

grondliggend ʼn sosiale wese is. 66 In al drie sy politieke werke

Elements of Law, De Cive en Leviathan begin hy met ʼn uiteensetting

60 M Oakeshott Rationalism in politics and other essays (1962) 251.

61 A Vincent Theories of the State (1987) 52; Sabine (n 47 hierbo) 456.

62

CB Macpherson Introduction to Thomas Hobbes’ Leviathan (1955) 9.

63 R Ashcraft ‘Hobbes’ Natural Man: A Study in Ideology Formation’ (1971) 33

Journal of Politics 1097.

64

Ebenstein (n 1 hierbo) 364.

65 In hierdie wesenlike opsig sluit Hobbes aan by die rasionalistiese intellektuele

klimaat van daardie tyd, soos dit veral uit die werk van René Descartes

(1596–1650) blyk. Descartes, klaarblyklik diep geraak deur die ontwrigting van

sluipmoord op Henri IV en die verwoesting van die Dertigjarige Oorlog, poog om

’n onaanvegbare intellektuele strategie te vind wat sekerheid van kennis (in die

wetenskap) kon bewerkstellig, maar wat vir die politiek wat juis op daardie

stadium in ’n groot krisis verkeer en so aan bloedige konflik uitgelewer is, ewe

belangwekkend is. Descartes vind hierdie onaanvegbare strategie nie in die

tradisie van gemeenskapskennis en wysheid nie maar in net een ding wat volgens

Descartes seker is, naamlik die individu se wete van die bestaan van sy eie

verstand. Dit is vanuit die individuele verstand wat kennis rasioneel bedink kan

word en by implikasie ’n openbare orde ook rasioneel ingerig kan word. Sien

hieroor in die algemeen S Toulmin Cosmopolis: The hidden agenda of modernity

66

(1990) veral 45–88.

CD Tarlton ‘The Creation and Maintenance of Government: A Neglected Dimension

of Hobbes’ Leviathan’ (1978) 26 Political Studies 311.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 79

van die menslike natuur. Die mens word in al drie die werke as ʼn

vryswewende individu beskryf. Hobbes het algaande meer oortuig

geraak dat individue ’n radikaal atomistiese en wedersyds afsydige

bestaan voer en al hoe meer skepties oor die moontlikheid van

daadwerklike menslike sosiale gemeenskap geraak. 67 Elke individu

koester op selfstandige wyse die realisering van sy/haar persoonlike

behoeftes en die vermyding van dit wat persoonlik onaanvaarbaar is.

Die mees grondliggende beweegrede vir individuele optrede is juis

hierdie botsende individuele appetites and aversions. Individue is

eksistensieel van mekaar verwyder en is daarom nie in staat om

grondig en betroubaar met mekaar te kommunikeer nie. Gevolglik

beskik hulle ook nie oor die vermoë om hulle onderlinge botsende

aansprake by te lê nie. Dit bring mee dat individue in ʼn atmosfeer van

voortdurende wedersydse agterdog jeens mekaar lewe, en poog om

fundamenteel botsende aansprake en behoeftes te verwesenlik. Alle

mense tree so op. Dit lei tot ’n toestand van algemene konflik. Die

enigste rasionele wyse om die konfliksituasie te hanteer is om na mag

te streef. Deur in ’n gunstiger magsposisie as ander individue te

verkeer, kan die verwesenliking van individuele behoeftes verseker

word. Dit het natuurlik terselfdertyd die effek dat ander minder

magtige individue daarvan weerhou word om hulle (botsende)

aansprake en behoeftes te laat realiseer. Die aangewese handelswyse

vir elke individu is om persoonlike mag te maksimaliseer ten einde

ander individue te troef: mag moet opgebou word sodat botsende mag

die hoof gebied kan word. Dienooreenkomstig beskryf Hobbes mag in

dinamiese terme, naamlik mag in ’n deurlopend antagonistiese

verhouding met botsende mag, en netto oormag in vergelyking met

teenstrydige magsaansprake.

And because the power of one man resisteth and hinderith the effects of

the power of another; power simply is no more, but the excess of the

power of one above that of another. 68

Elke individu verkeer in ’n voortdurende stryd om oormag teen ander

individue. Nou is dit ook so dat almal nie dieselfde behoeftes en

aansprake het nie en dat baie mense heel gematig is. Aan die ander

kant is daar egter ander mense wie se behoeftes so wydlopend is, dat

hulle selfs op die basiese behoeftes van meer gematigde mense ’n

kleim afsteek. Weens die algemene aanwesigheid van magsug by alle

mense (ten einde persoonlike behoeftes te bevredig) en die

67 B Missner ‘Skepticism and Hobbes’ political philosophy’ (1983) 44 Journal of the

History of Ideas 407 et seq; Kommentare op Hobbes se werk wissel ook na gelang

van welke werk die hoofbron/ne van die betrokke kommentaar is. Kommentare

waarin hoofsaaklik op Elements of Law en De Cive gesteun word, soos dié van R

Tuck Hobbes (1989) gee aanleiding tot dieselfde wederyds antagonistiese

toestand waarin die mens in die natuurtstaat verkeer as kommentare wat swaar

68

op Leviathan steun nie.

Thomas Hobbes The Elements of Law: Natural and Political (onder redaksie van F

Tönnies (1969) Deel I hfst 8.4 34.

80 Hoofstuk 4

uitermatige magsug van sommiges (ten einde hulle buitensporige

behoeftes te bevredig), is die natuurlike situasie waarin die mens in

die natuurstaat verkeer ’n algemene oorlogstoestand.

I put for a generall inclination of all mankind, a perpetuall and restlesse

desire of Power after power, that ceaseth only in Death. And the cause

of this is not always that a man hopes for a more intensive delight, than

he has already attained to, or that he cannot be content with a

moderate power: but because he cannot assure the power and means to

live well, which he hath present, without the acquisition of more. 69

Wat die situasie in die natuurstaat des te meer onhoudbaar maak, is

dat Hobbes leer dat mense nie net wat betref hulle behoeftes en

verwagtings nie, 70 maar ook wat betref hulle vermoëns,

fundamenteel gelyk is.

For as to the strength of the body, the weakest has the strength enough

to kill the strongest, either by secret machination, or by confederacy

with them, that are in the same danger with himselfe. 71

As die natuurlike situasie een van ongelykheid was, sou daar orde

gewees het, al was dit ’n hiërargies gestruktureerde orde. Die

toestand van gelykheid werk egter juis die impasse van ’n

onophoudelike en onbesliste stryd in die hand, wat Hobbes in die

volgende beroemde passasie in Leviathan so beskryf:

In such condition, there is no place for Industry; because the fruit

thereof is uncertain: and consequently no Culture of the Earth; no

Navigation, nor use of the commodities that may be imported by Sea; no

commodious Building, no Instruments of moving, and removing such

things that require much force; no Knowledge of the face of the Earth;

no account of Time; no Arts; no Letters; no Society; and which is worst

of all continuall feare, and danger of violent death; And the life of man,

solitary, poore, nasty, brutish and short. 72

Hierdie voorstelling van die natuurstaat is somber, maar die rasioneel

geïnspireerde uitvlug uit dié klaaglike toestand is ook latent in die

voorstelling opgesluit. Die saak staan so: Die voortdurende doodsvrees

wat die mens in die natuurstaat teister, noop hom om met die hulp

van sy rasionele vermoëns na ’n beter toestand, naamlik dié van die

staat — die commonwealth — te ontsnap. Die commonwealth word by

wyse van ’n sosiale kontrak in die lewe geroep.

69

Thomas Hobbes Leviathan (1985) 161.

70 Hobbes (n 69 hierbo) 184.

71 Hobbes (n 69 hierbo) 183; Sien ook Hobbes (n 68 hierbo) Deel I hfst 14.1.2. 70.

72

Hobbes (n 69 hierbo) 186; die beskrywing van die natuurstaat is soortgelyk in

Hobbes (n 68 hierbo) Deel I hfst 14.12 73.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 81

Hobbes verduidelik die rasionele weg na die totstandkoming van

die staat by wyse van die sosiale kontrak deur te verklaar dat elke

mens oor sekere natuurlike regte beskik, naamlik die reg op lewe,

liggaam en besittings. Elke mens het ook die onvervreembare reg ter

verdediging van hierdie regsbelange. In die natuurstaat kan daar

weens die onsekere toestand waarin mense verkeer — weens die

bellum omnia contra omnes (die oorlog van almal teen almal) — nie

na hierdie basiese belange omgesien word nie. Hobbes se skets van

die mistroostige toestand wat in die natuurstaat heers, maak dit juis

duidelik dat die natuurstaat die realisering van hierdie fundamentele

regte verhoed. Vir die verwesenliking van hierdie regte is dit rasioneel

gebiedend dat die commonwealth deur middel van die sosiale kontrak

in die lewe geroep word.

Alle individue is partye tot hierdie sosiale kontrak. Met hierdie

kontrak kontrakteer alle individue onderling met alle ander individue.

Die prestasies (optrede) waartoe elke individuele kontraktant

ingevolge die kontrak verplig is, is dat elkeen sy natuurstaatlike reg

om persoonlik oor sy eie belange te beskik en dit te beskerm, prysgee,

met dien verstande dat elke ander kontraktant ook sy natuurstaatlike

reg dienooreenkomstig opsê. Ingevolge die kontrak dra almal dan

hulle natuurstaatlike regte tot persoonlike belangebeskerming (dit wil

sê om eiereg te gebruik) aan ’n enkele persoon of ’n enkele

vergadering van persone oor. 73 Daarna het hierdie persoon of

vergadering die permanente verpligting om doeltreffend na die

natuurlike regte van elke kontrakterende individu om te sien.

Die totstandkoming van die staat (commonwealth) is uitsluitlik

daarop gemik om die natuurlike individuele regte waaroor elke

persoon beskik, naamlik om na sy voortbestaan en materiële welsyn

om te sien, te bestendig en te stabiliseer. 74 Met die totstandkoming

van hierdie commonwealth of, in Hobbes se woorde, die Mortall

God, 75 word die veelheid van antagonistiese individuele wille wat die

natuurstaat so miserabel gemaak het, gekondenseer tot ’n enkele wil.

Dit is die magtige wil van die regering van die staat, die Leviatan,

oftewel die sterflike god, synde die:

... Mortall God to which we owe, under the Immortal God, our peace and

defence. 76

Die begrippe staat (commonwealth) en regering is vir Hobbes so heg

verwant dat daar nie ʼn onderskeid tussen die twee getref kan word

73 Hobbes (n 69 hierbo) 227.

74

T Nagel ‘Hobbes’ Concept of Obligation’ (1959) 68 The Philosophical Review 69,

74, 91.

75 Hobbes (n 69 hierbo) 227 (Die Latynse term civitas word as sinoniem vir

commonwealth gebruik.)

76 Hobbes (n 69 hierbo) 227.

82 Hoofstuk 4

nie. Die staat is per definisie ’n entiteit met ’n enkele

gesentraliseerde owerheid. Indien met laasgenoemde weggedoen

word, is eersgenoemde ook onbestaanbaar. Die staat (en die regering)

dank sy bestaan en sy legitimiteit aan die feit dat hy ’n doeltreffende

beskermer van individuele regte is. Dit is immers die rede waarom dit

tot stand gekom het. Leviatan is, ofskoon hy doeltreffend moet wees,

egter geen tiran nie en hy kan ook nie maak soos hy wil nie. Die

bestaansoorsaak van die staat is dat dit die ewige vreesteistering en

belangeskendings van die natuurstaat moet verwyder en veiligheid en

regsbeskerming in die plek daarvan moet plaas. 77 In die lig van die feit

dat Hobbes se Leviatan hierdie verpligting het, is dit geensins so

absolutisties soos daar dikwels geglo word nie. Leviatan — die

sterflike god — moet sy plig tot belangebeveiliging nougeset nakom.

Indien Leviatan buite die perke van sy pligte optree, verval die

verpligting om Leviatan te gehoorsaam. Die soewerein kan ook nie die

onderdaan verplig om tot sy eie nadeel op te tree nie. Daar is in

Hobbes se denke egter geen meganismes waarmee die soewerein tot

die uitvoer van sy pligte gedwing kan word nie. Hobbes wil trouens

ook nie sulke meganismes hê nie, want hy vrees dat dit die integriteit

van die soewereine regering tot nadeel van die onderdane kan

ondermyn. Die soewereine mag van die staat is daargestel om die

onderdane te beskerm. Indien dit deur kontrolemeganismes aan

bande gelê word, kan dit tot nadeel van die bevolking strek. Om dié

rede is die pligte van die regering ingevolge die sosiale kontrak ook

nie uitgedruk in terme van ooreenstemmende regte wat in die

onderdane setel nie. Dit word daarenteen eerder hanteer in terme

van verpligtinge wat op die owerheid rus. Hobbes kom om hierdie

rede moontlik ietwat onmodern voor. Hierdie indruk is egter

verkeerd, want moderne (tweede-generasie) ekonomiese regte, soos

dit byvoorbeeld in die Internasionale Verbond vir Ekonomiese, Sosiale

en Kulturele Regte 78 en die Europese Sosiale Handves 79 vervat is,

plaas ook nie die klem op die vestiging van regte in individue nie,

maar eerder op verpligtinge wat op die staat rus.

Volgens Hobbes moet die owerheid dit op hom neem om nie net

vrede en veiligheid te waarborg nie maar om ook sekere stappe ter

bevordering van sosio-ekonomiese belange te doen. 80

77 MacPherson verduidelik dat die Hobbesiaanse politieke teorie in diens staan van

die bourgeoisie-gemeenskap, wat by uitstek orde en stabiliteit behoef ten einde

private belange so ongestoord as doeltreffend moontlik na te jaag. Sien

Macpherson (n 62 hierbo) 51-63.

78 Verenigde Nasies-konvensie wat kragtens resolusie 2200 van die Algemene

Vergadering op 16 Desember 1966 aangeneem is en op 3 Januarie 1976 in werking

getree het.

79 Konvensie van die Europese Raad wat op 18 Oktober 1961 aangeneem is en op 26

Februarie 1965 in werking getree het.

80 Sien byvoorbeeld Tuck (n 67 hierbo) 70-72.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 83

Die rasionele oogmerk waarvoor die staat tot stand kom, is om tot

voordeel van individuele staatsonderdane mag uit te oefen. Ofskoon

Hobbes se sterflike god weens die soewereine mag wat dit uitoefen

kragtig is, is dit terselfdertyd ’n voordelige entiteit. In die lig hiervan

is dit gepas om Hobbes as die wegbereider van verligte despotisme te

tipeer, eerder as ’n pleitbesorger vir ongebreidelde absolutisme. Die

voordele wat die owerheid vir die onderdane moet bewerstellig, plaas

Hobbes ook in die utilitêre kader. Soos Ebenstein dit stel:

The Hobbesian monarch cannot hide his ineffectiveness behind divine or

traditional authority. He must ‘deliver the goods’ if he is to retain his

regal office. 81

Hobbes se verligte despotisme en sy (vermeende) absolutisme is ver

verwyderd van enige vorm van staatstotalitarisme. Hy lewer sy werk

voor die era van die totalitêre staat. 82 Sy Leviatan betrek nie die

bevolking by ideologiese en sosio-ekonomiese programme nie.

Totalitêre politiek behels dat die onderskeid tussen die burgerlike en

private sfeer aan die een kant teenoor en die openbare domein aan

die ander kant ontken word en dat die staat tot in die fynste

besonderhede ook die gang van individue se private lewens en

burgerlike bedrywigheid stuur. 83 Dit kom geensins by Hobbes voor nie.

Hobbes se staat handhaaf vrede, orde en stabiliteit en hou hom binne

die eng omskrewe parameters van die openbare terrein. 84 Die

Hobbesiaanse staat reguleer en versag bloot individuele antagonisme

en konflik en fasiliteer individuele verhoudings in die bourgeoisiestaat.

Ofskoon Hobbes nie totalitêr is nie, gee hy sterk voorkeur aan die

gedagte van die monistiese staat. Gevolglik is hy baie lugtig vir enige

vorm van pluralisme. Hierdie sentiment is ʼn logiese uitvloeisel van sy

hele staatsteorie: die staat kom tot stand met die oog daarop om

vrede te bring en in stand te hou. Wanneer groeperinge ontstaan, tree

die moontlikheid van onderlinge twis na vore, wat die staat in

burgeroorlog kan dompel en trouens die gevaar meebring dat die

voortbestaan van die staat in die gedrang kan kom. Die Engeland en

Europa van Hobbes se tyd bied juis weens die intense konflik wat daar

toe geheers het, oorvloedige getuienis van die gevaar verbonde aan

verskillende groeperinge in een staat. Hobbes se oorheersende vrees

was daarom juis dat burgeroorlog weer kon uitbreek. 85 Die wortel van

die kwaad van burgeroorlog is die uiteenlopende opvattings en

oortuigings van verskillende groepe in ’n plurale staat wat, indien dit

81

82

Ebenstein (n 1 hierbo) 369.

Vir ‘n onderskeid tussen die konsepte absolutisme en totalitarisme sien

83

84

85

byvooerbeeld Lousse (n 44 hierbo) 44-45.

G Sartori Democratic Theory (1962) 146.

Ebenstein (n 1 hierbo) 370.

Aldus Macpherson (n 62 hierbo) 9.

84 Hoofstuk 4

nie behoorlik beheer word nie, kan oorgaan tot daadwerklike konflik.

Om vredesonthalwe moet die owerheid dus beheer uitoefen oor die

wortel van die kwaad, naamlik oor die uiteenlopende oortuigings

binne die staat. Sodoende kan burgeroorlog verhoed word.

It belongeth therefore to him who hath the Sovereign Power, to be the

Judge, or constitute all Judges of Opinions and Doctrines, as a thing

necessary to Peace, thereby to prevent Discord and Civill Warre. 86

Die vrees vir die konflikpotensiaal van antagonistiese oortuigings

verklaar waarom Hobbes van mening was dat die staat doktrinêre

beheer oor die kerk moes uitoefen. Sodoende moes die staat verhoed

dat die kerk deur ondermynende leerstellings mense tot aktivisme

beweeg wat die staat kon ondermyn en die openbare orde kon

versteur. 87

Ofskoon Hobbes en Bodin verskil oor die besonderhede van die

presiese wyse waarop godsdiens en die kerke hanteer moes word, is

hulle dit roerend eens oor die breë strategiese oogmerk, naamlik dat

godsdienstige denominasies op so wyse hanteer moes word dat dit

nooit die stabiliteit van die staat sal bedreig nie. Vir sowel Bodin as

Hobbes is godsdienstige dogma irrelevant. Hulle benader die kwessie

van godsdiens vanuit ’n strategiese oogpunt deur slegs te fokus op dit

wat die beste vir die instandhouding en integriteit van die staat sal

wees. Albei sien in pluraliteit ’n potensiële bedreiging vir die

integriteit van die staat en die handhawing van die openbare orde.

Net soos die Politiques, maak Hobbes ’n waardekeuse ten gunste van

formele vrede (gehandhaaf deur Leviatan), en verwerp hy ook die

gedagte dat die staat ’n karakter eie aan enige van die groeperinge in

die staat moet hê. Hobbes sit die Politiques-geïnspireerde afkeur van

groepvorming in die staat voort, en ook hy leer dat die beheer oor

groepe en groepvorming volledig aan die oordeel van die soewerein

oorgelaat moet word.

Hobbes se afkeur van (potensieel ondermynende) pluraliteit bring

mee dat die enigste entiteite waarvoor daar uiteindelik in sy

staatsteorie plek is, die staat en die individu is. Vir groepe is daar

ruimte, met dien verstande dat hulle die etiket streng privaat

vertoon, en nougeset volgens dié etiket optree. Dit beteken dat

groepe geen openbare politieke profiel mag hê en geen ingreep in die

openbare domein mag maak nie. Leviatan moet daarvoor sorg.

86 Hobbes (n 69 hierbo) 233.

87 Sien hieroor in die algemeen EJ Eisenach ‘Hobbes on church, state and religion’

(1982) in History of political thought (1982) 217 en veral ook 236-237; Tuck (n 67

hierbo) 73-74; Tarlton (n 66 hierbo) 321-322.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 85

Die belangrikste aspek van Hobbes se staatsteorie is dat hy

uitgaan van die aanname van ’n radikale afwesigheid van enige

daadwerklike menslike gemeenskap. Hy verteenwoordig die

prototipiese antitese van ʼn kommunitêre sienswyse en politieke

bestel. Vir hom is daar geen gemeenskap nie, maar slegs ’n klomp

mense — a multitude of men — wat in wedersydse wantroue,

agterdog, spanning en onverklaarde oorlog teen mekaar wedywer met

die oog op die verwesenliking van antagonistiese individuele

oogmerke. Die staat probeer ook nie gemeenskap skep nie en bepaal

hom by sy hooftaak — eintlik sy enigste taak — naamlik om te sorg dat

wedywerende individue mekaar nie uitroei nie. Die staat is nie die

vergestalting van menslike gemeenskap, oftewel die burgery se res

publica nie, maar is bloot die mag en die skeidsregter wat die

antagonistiese optrede van kompeterende individue binne perke moet

hou. Wanneer dié mag/skeidsregter onttrek, hervat die onbeheerste

stryd van die natuurstaat in al sy felheid. Die staat is dus slegs ’n

juridiese instelling; dit is geen gemeenskap nie.

Die radikale afwesigheid van menslike gemeenskap en die

hantering van die menslike samelewing as een van antagonistiese

individuele atome wat vyandig teen mekaar meeding, is die

grondliggende aanname van die Hobbesiaanse staat en die

Hobbesiaanse staatsteorie.

In die eeue sedert Hobbes het hierdie aanname dieselfde gebly. In

die hedendaagse regsteorie en -praktyk word steeds, en grotendeels

onnadenkend, met presies dieselfde aanname gewerk. Daar is, soos

aanstons aangedui sal word, sekere kontemporêre instellings soos

menseregte wat, ofskoon dit met die eerste aansien lyk asof dit ’n

baie positiewer beskouing van die menslike samelewing het, tog

steeds van dieselfde veronderstelling uitgaan.

3 John Locke, die konstitusionele voortsetting

van Thomas Hobbes

John Locke (1632-1704), die voorste en bekendste woordvoerder —

ten minste in die Engelse wêreld — van die liberale tradisie in die

staats- en regsteorie, se denke oor die reg en die politiek is vervat in

sy werke Two Treatises of Government en A Letter Concerning

Toleration. Eersgenoemde werk bestaan uit twee volumes. In die

eerste behandel Locke uitvoerig Robert Filmer se Patriarcha, waarin

’n apologie vir vorstelike absolutisme gelewer word. Die tweede

volume bevat Locke se uiteensetting van die beginsels van burgerlike

regering. In die tweede Treatise antwoord Locke ook, sonder om

êrens by name na hom te verwys, op die regspolitieke opvattings van

86 Hoofstuk 4

sy groot teenstander, Thomas Hobbes. Hoe belangrik patriargie 88 in

hierdie tyd was, blyk ook uit die tweede Treatise waarin Locke steeds

met dié gedagterigting worstel. 89

Locke se werk het ’n blywende invloed op die Westerse politieke

denke uitgeoefen. Sy werk was egter daarop gemik om ’n konkrete

uitwerking op die konstitusionele stryd wat in die destydse Engeland

gewoed het, te hê. Locke was nou betrokke by die opposisiepolitiek 90

teen die absolutistiese neigings van die Engelse koning, James II. Hy

het trouens gedurende die 1680's ʼn lang tyd in ballingskap in

Nederland deurgebring, terwyl daar teen die absolutistiese strategie

van James gestry is. Na die ontseteling van James en die deurvoer van

die Glorious Revolution van 1688-1689 keer Locke terug na ʼn

Engeland wat hy begeer het, ʼn Engeland met ʼn gevestigde

konstitusionele monargie.

Locke het veral ’n diepgaande invloed op die Amerikaanse

politieke en grondwetlike denkrigtings uitgeoefen. 91 Sy invloed is

daarbenewens in die 18 de-eeuse Franse rewolusionêre denke

gevoel. 92 Ook in Engeland het Locke sy merk gemaak, ofskoon dit

blykbaar verkeerd is om te aanvaar dat sy werk reeds onmiddellik na

die Glorious Revolution van besondere belang was. 93 In daardie tyd

het ander liberale teoretici soos James Tyrell (1642-1718) en Samuel

Pufendorf (1632-1694) veral groter aandag geniet. 94 Locke was ook

allermins heeltemal oorspronklik. Baie van die gedagtes wat in die

Treatises voorkom, het vroeër reeds wye aanhang geniet. 95

Bowendien het Locke, ofskoon hy dikwels as rewolusionêr getipeer

word, baie geput uit die opvattings oor die Middeleeuse

konstitusionalisme. 96 Dit blyk onder andere uit sy herhaalde aanhaal

van Richard Hooker (1554-1600).

88

MP Thompson ‘The Reception of Locke’s Two Treatises of Government 1690-1705’

(1976). 24 Political Studies 189.

89 Byvoorbeeld in J Locke Of Civil Government (Second Treatise) (1992) hoofstukke

1, 6, 7 (paras 77 -80).

90 J Dunn Locke (1984) 9-10.

91 WT Bluhm Theories of the Political System (1984) 294; Sabine (n 47 hierbo) 539;

Ebenstein (n 1 hierbo) 400.

92 Sabine (n 47 hierbo) 539.

93 Thompson (n 88 hierbo) 184 et seq; MP Thompson ‘Reception and Influence: A

Reply to Nelson on Locke’s Two Treatises of Government’ (1980) 28 Political

Studies 100 contra JM Nelson ‘Unlocking Locke’s legacy: A comment’ (1978) 26

Political Studies 202 et seq. Tog het Locke se werk vandat dit gepubliseer is,

vinnig aandag getrek. Dit blyk uit die spoedige verskyning van verdere uitgawes

van sy Treatises asook uit die feit dat sy idees vinnig in meer populêre geskrifte

neerslag gevind het. Sien byvoorbeeld R Ashcraft en MM Goldsmith ‘Locke,

Revolution and Principles, and the Formation of Whig Ideology’ (1983) 26

Historical Journal 772, 774, 786, 800.

94 Thompson (n 88 hierbo) 184-85, 187.

95

(n 88 hierbo) 184.

96 Sabine (n 47 hierbo) 524.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 87

In sy denke verleen Locke ook verdere stukrag aan die

ontwikkeling van die reg op godsdiensvryheid. Net soos Bodin

ondersteun Locke ook godsdiensvryheid ter wille van die stabiliteit

van die staat, maar anders as die grootliks pre-liberale Bodin voorsien

Locke ’n veel meer individueelregtelike, oftewel liberale karakter aan

die saak vir godsdiensvryheid. Godsdienstige oortuigings, volgens

Locke, is ’n interne persoonlike aangeleentheid, 97 terwyl die

commonwealth (die staat) sigself daarenteen met uitwendige sake

bemoei. Uitwendige dwangmaatreëls wat daarop gemik is om

persoonlike oortuigings te verander, is dus onvanpas. Dit is bowendien

ook ondoeltreffend, omdat dit onmoontlik is om die sukses al dan nie

van sodanige maatreëls met sekerheid te bepaal. 98 Daar moet ’n

duidelike skeidslyn tussen die staat en die kerk wees. Stappe wat die

kerk teen ’n lidmaat doen, byvoorbeeld ekskommunikering, mag nie

met staatlike sanksies gepaard gaan nie. Die staat mag dus nie as ’n

agent van die kerk optree nie. 99 Daarmee gepaardgaande is enige

vorm van kerklike jurisdiksie oor staatlike aangeleenthede ook buite

orde 100 en niemand mag weens godsdienstige oortuigings uit die staat

gesluit word nie. 101 Met hierdie wyse van argumentasie is Locke

modern-liberaal.

Locke voer egter ook ’n ander argument vir godsdiensvryheid aan

wat die ooreenkomste tussen hom en Bodin duidelik op die voorgrond

plaas. Die wyse waarop godsdiensvryheid hanteer word, moet volgens

Locke die noodsaak vir die stabiliteit van die staat nougeset in ag

neem. Daarom argumenteer hy dat die staat tog jurisdiksie moet

uitoefen oor godsdienstige aangeleenthede vir sover dit die stabiliteit

en die belange van die staat kan beïnvloed. 102 In Locke se staat word

daar geen vryheid gebied vir ’n godsdienstige leerstelling dat die vors

weens godsdienstige dwaling ontsetel moet word nie. 103 Wat Locke

dus doen, is om, net soos Bodin, staatlike orde bo (gewaande)

godsdienstig-doktrinêre waarheid te stel. 104 Die slotsom van Hobbes

se beskouing oor die verhouding tussen die staat en die kerk is dat die

staat geen jurisdiksie het oor die (interne) geloofsoortuigings wat in

die kerk gepredik en gehuldig word nie. Die staat het egter wel

jurisdiksie oor die (eksterne) uitleef van godsdiensoortuigings vir

97 Locke J A letter concerning toleration (onder redaksie van J Norton en S Mendes)

(1991) 14, 18.

98 Locke (n 97 hierbo) 18.

99 Locke (n 97 hierbo) 23.

100 Locke (n 97 hierbo) 25.

101 Locke (n 97 hierbo) 51. Locke bly natuurlik ’n Christelike filosoof.

Godsdiensvryheid strek vir hom so ver as die wyses waarop ’n persoon sy

Christelike oortuigings kan uitleef. Dié reg is nie vir ateïste beskore nie. Sien n 47

hierbo.

102 Locke (n 97 hierbo) 37.

103 Locke (n 97 hierbo) 46.

104 Dunn (n 90 hierbo) 24.

88 Hoofstuk 4

sover dit ’n uitwerking op die belange van die staat kan hê. 105 Ofskoon

individue die reghebbendes van die reg op godsdiensvryheid is, bly die

staat ’n belanghebbende party. Die individuele reg op godsdiensvryheid

word ingekort in die mate waarin die belang van die staat dit

vereis. Die slotsom is dat individue en die staat dus ’n ewe groot

belang by godsdiensvryheid het, aangesien godsdiensvryheid sowel

die individuele as die staatsbelang moet dien.

Locke se algemene staats- en regsteorie is selfs meer insiggewend

as sy beskouings oor godsdiensvryheid. Terugskouend was Locke die

eerste om ’n omvattende apologie vir konstitusionele regering en ’n

meegaande kritiek teen absolutisme te lewer. Hobbes het, soos

hierbo verduidelik, nie ’n volledig vrye hand aan die owerheid gegee

om te maak soos hy wil nie en het owerheidsoptrede tot die voordeel

van die onderdane vereis. Locke se regverdiging vir konstitusionele

regering het hom egter die primêre opponent van Hobbes en dié se

absolutistiese neigings gemaak.

Net soos Hobbes konstrueer Locke die commonwealth (die staat)

uit die voor-burgerlike natuurstaat. Locke leer ook dat die

natuurstaat by wyse van ’n sosiale kontrak tussen al die mense in die

natuurstaat opgehef en met die commonwealth vervang is.

Die Lockeaanse natuurstaat is een waarin daar volledige

individuele vryheid 106 en gelykheid 107 heers. Locke was van mening

dat daar historiese getuienis bestaan het dat die natuurstaat

inderdaad die commonwealth voorafgegaan het. Die rede waarom die

historiese rekord van die oorgang vanaf die natuurstaat na die

commonwealth ontbreek, is eenvoudig omdat mense baie lank gelede

reeds die wysheid van die vervanging van die natuurstaat met die

commonwealth ingesien en dus reeds baie lank gelede die sosiale

kontrak gesluit het. 108

Die vryheid wat in die natuurstaat geheers het, het nie ’n volslae

ongereguleerde losbandigheid behels nie. 109 In die natuurstaat het

die natuurreg gegeld. Dié is weliswaar nie iets wat in die mens

ingebore is nie, maar Locke leer dat die mens deur aktiewe rede

kennis van die natuurreg kan bekom. 110

105 Dunn (n 90 hierbo).

106 J Locke Of Civil Government (Second Treatise) (1992) paras 4, 87, 95.

107 Locke (n 106 hierbo) paras 4, 87, 123.

108 Locke (n 106 hierbo) paras 100–106.

109 Locke (n 106 hierbo) para 6.

110 JW Yolton ‘Locke on the law of nature’ (1958) 67 The Philosophical Review 477 et

seq, wys uit dat Locke se kennisleer en sy beskouing oor die natuurreg grootliks

met mekaar ooreenstem. Die rede waardeur kennis van die natuurreg verkry

word, is in werklikheid deel van die (empiriese) gereedskap waardeur kennis

gevind word. Sien in die besonder 482.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 89

Locke verwerp Hobbes se voorstelling van die klaaglike toestand

van onophoudelike stryd waarin mense na bewering in die natuurstaat

sou geleef het. Hy staan trouens ’n afsonderlike hoofstuk aan die staat

van oorlog af, wat hy uitdruklik van die natuurstaat onderskei 111 en

verwerp klaarblyklik met Hobbes in gedagte, ‘some men’ se

gelykstelling van die staat van oorlog aan die natuurstaat. 112

Die reg — die natuurlike regte — waaroor elkeen in die natuurstaat

beskik, is die reg op eiendom (property), wat nie die moderne

sakeregtelike betekenis het nie, maar wat die reg op lewe, vryheid en

eiendom omvat. 113 Die fundamentele probleem in die natuurstaat,

aldus Locke, uitgedruk in moderne terminologie, is nie

materieelregtelik nie, maar van ‘n prosesregtelike aard. In die

natuurstaat is die toepas en die afdwing van die reg almal se

verantwoordelikheid. Elkeen het die reg om oortreders te straf. 114

Almal is in hierdie opset waarin regstoepassing ’n kwessie van

eierigting is, inderwaarheid lede van die uitvoerende en regsprekende

gesag. 115 Ofskoon daar in hierdie toestand regsekerheid oor die

materiële reg heers, is die regstoepassing gebrekkig. 116 Juis hierdie

prosesregtelike wanfunksie is die rede vir die stig van die

commonwealth. Die stigting van die commonwealth bring gevolglik

nie nuwe regte tot stand nie, maar skep bloot ’n doeltreffende

prosesregtelike reëling om die behoorlike afdwing van reeds

bestaande (natuurlike) regte te verseker. Hierdie betoog is sentraal in

die Lockeaanse konstitusionalisme. Dit verteenwoordig tegelyk Locke

se kernverskil met Hobbes. Volgens Locke loop die natuurregtelike

regte van die mens nie met die stig van die commonwealth ten einde

nie. Inteendeel, in die commonwealth moet die regte juis bestendig

word:

... for truly so are a great part of the municipal laws of countries, which

are only so far right as they are founded on the law of nature, by which

they are to be regulated and interpreted. 117

111 Hoofstuk 2 van die tweede Treatise (n 106 hierbo) handel oor die natuurastaat en

hoofstuk 3 oor die staat van oorlog.

112 Locke (n 106 hierbo) para 19.

113 Locke (n 106 hierbo) para 87.

114 Locke (n 106 hierbo) para 7.

115 Locke (n 106 hierbo) paras 13, 125.

116 Locke (n 106 hierbo) para 127. Die analitiese regsteorie van HLA Hart toon

opvallende ooreenkomste met Locke se skets van die aard en die gebreke van die

natuurstaat. Die probleem in die natuurstaat, oftewel in ‘n primitiewe opset

voordat die burgerlike reg tot stand gekom het, is prosesregtelik van aard. Die

problmeem word dan volgens Hart opgelos deur by die primêre reëls, wat reeds in

‘n primitiewe opset geld, sekondêre reëls — rules of identification, change,

adjudication — te voeg om sodoende ‘n behoorlik funksionerende regstelsel daar

te stel. Sien hieroor HLA Hart The Concept of Law (1961) 77-96.

117 Locke (n 106 hierbo) para 12.

90 Hoofstuk 4

By Locke vind ons dus wat getipeer kan word as die

konstitusionalisme van die natuurreg, 118 wat duidelik soos volg in

Locke se eie woorde saamgevat word:

Thus the law of nature stands as an eternal rule to all men, legislators as

well as others. The rule that he makes for other men’s actions must, as

well as their own, and other men’s actions be conformable to the law of

nature ... 119

Burgerlike regering — die commonwealth — verander niks aan die

natuurstaatlike regsposisie nie. Burgerlike regering is slegs ’n gepaste

remedie vir die (prosesregtelike) ongerief van die natuurstaat. 120

Teen die hierdie agtergrond beskryf Locke die commonwealth soos

volg:

Wherever therefore, any number of men, so unite into one society, as to

quit everyone his executive power of the law of nature, and to resign to

the public, there, and then only, is a political, or civil society. And this is

done wherever any number of men, in the state of nature, enter into

society, to make one people, one body-politic, under one sovereign

government ... 121 (eie beklemtoning)

Die oogmerk en die resultaat van die daarstel van die commonwealth

is die skep van doeltreffende prosesregtelike stelsel. Met die koms

van burgerlike regering kom ’n skeidsregter — ’n geskilbeslegter — tot

stand wat die geskille tussen individue oor botsende individuele

belange moet bereg. Die oogmerk van die verbeterde regsorganisasie

is die instandhouding en die beskerming van individuele

regsbelange. 122 Trouens, die enigste rede waarom mense die

natuurstaat ten gunste van die commonwealth ophef, is die meer

doeltreffende wyse waarop laasgenoemde na die individuele belange

van menslike lewe, persoonlike vryheid en eiendom kan omsien. 123

Binne die historiese situasie waarin Hobbes en Locke hulle werk

gelewer het, het hulle teenpole op die politieke spektrum

verteenwoordig. Dit is so ondanks die feit dat Hobbes, soos hierbo

geargumenteer, nie sonder meer as absolutisties beskou kan word nie.

Gesien vanuit ’n breër historiese perspektief is daar egter

wesenlike politiek-filosofiese ooreenkomste tussen die twee groot

meesters. Trouens, hulle is mede-skeppers en mede-eksponente van

dieselfde staatlike paradigma. Daar bestaan sleutel-ooreenkomste

118 Sien onder andere Locke (n 106 hierbo) paras 131, 134, 202.

119 Locke (n 106 hierbo) para 135.

120 Locke (n 106 hierbo) paras 13, 90.

121 Locke (n 106 hierbo) para 89.

122 Locke (n 106 hierbo) paras 87-88, 124, 127; Locke (n 97) 17, 43, 44.

123 Locke (n 106 hierbo) para 131.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 91

tussen Hobbes en Locke wat van hulle mede-grondleggers van

dieselfde staatlike paradigma maak.

Eerstens: Hobbes se uiteensetting en taksering van die

natuurstaat getuig van ’n radikaal atomistiese bestaan sonder enige

menslike gemeenskap. Locke, soos gesê, beskryf weliswaar nie die

natuurstaat in dieselfde mistroostige terme nie. Locke se

antropologie, soos blyk uit sy beskrywing van die natuurstaat, getuig

egter van dieselfde radikale gebrek aan menslike gemeenskap. In A

Letter Concerning Toleration laat Locke hom soos volg hieroor uit:

But the pravity of mankind being such, that they had rather injuriously

prey upon the fruits of other men’s labours than take pains to provide

for themselves; the necessity of preserving man in the possessions of

what honest industry has already required, and also of preserving their

liberty and strength, whereby they might acquire what they further

want, obliges men to enter into society with one another; that by

mutual assistance and joint force, they may secure unto each other their

properties, in the things that contribute to the comforts and happiness

of this life; leaving in the meanwhile to every man the care of his own

eternal happiness, the attainment whereof can neither be facilitated by

another man’s industry, nor can the loss of it turn to another man’s

prejudice, nor the hope of it be forced from him by any external

violence ... 124

Hierdie stelling van Locke oor die menslike natuur en die gebrek aan

menslike gemeenskap bring hom baie na aan Hobbes se pessimistiese

skets van die toestand in die natuurstaat. In sy tweede Treatise gaan

Locke op dieselfde trant voort. Op sy vraag waarom mense ondanks

die vryheid wat hulle in die natuurstaat geniet, die commonwealth

verkies, antwoord Locke soos volg:

... though in the state of nature he hath such a right, yet the enjoyment

of it is very uncertain, and constantly exposed to the invasions of others.

For all being kings as much as he, every man his equal, and the greater

part no strict observers of equality and justice, the enjoyment of the

property he has in this state is very unsafe, very insecure. This makes

him willing to quit this condition, which, however free, is full of fears

and continual dangers. 125

Ietwat verder 126 verwys Locke na die korrupsie en wreedaardigheid

van verworde mense — corruption and viciousness of degenerated

men — wat meebring dat mense die commonwealth bo die natuurstaat

verkies. Weereens klink Locke net soos Hobbes en herinner die

toestande in Locke se natuurstaat aan Hobbes se bellum omnia contra

omnes.

124 Locke (n 97 hierbo) 43.

125 Locke (n 106 hierbo) para 123.

126 Locke (n 106 hierbo) para 128.

92 Hoofstuk 4

Die slotsom waartoe ons gebring word, is dat Hobbes en Locke

grootliks dieselfde uitgangspunte deel. Albei glo dat mense

vryswewende atome, ontdoen van enige daadwerklike menslike

gemeenskap, is en dat hierdie menslike atome, as gevolg van

fundamenteel botsende individuele belange, altyd potensieel en

dikwels daadwerklik, met mekaar in stryd verkeer.

Tweedens is diegene wat die commonwealth tot stand bring,

eweneens nie ’n gemeenskap van mense nie, maar bloot enige klomp

mense — ‘any number of men.’ Hierdie frase kom herhaaldelik in

Locke se tweede Treatise voor. 127 Daar is nie ’n gemeenskap van

mense wat ’n gemeenskaplike res publica stig nie, dog alleen maar ’n

toevallige klomp mense wat slegs die verwesenliking van private

individuele belange beoog. Die ooreenkoms met Hobbes is weereens

op die voorgrond.

Hierdie vertrekpunt het paradigmatiese implikasies gehad, want

sedert Hobbes en Locke het liberale teoretici dit hulle taak gemaak

om primêr op die verhouding tussen die individu en die staat te

fokus. 128 Weens hulle individualistiese (atomistiese) vertrekpunte het

die liberales feitlik deurlopend enige problematisering oor wie die

burgery is, vermy. Vrae oor die relatiewe homogeniteit of

heterogeniteit van die bevolking van die staat, of die staatsbevolking

weens hulle heterogeniteit werklik sinvol burgers kan wees en werklik

in een staat tuishoort en of die staatsgrense in die lig daarvan nie

hertrek moet word nie, oor hoe die grondwetlike bestel van ʼn staat

ingerig moet word ten einde ‘n diepverdeelde heterogene bevolking

behoorlik gelykwaardig te akkommodeer en dies meer, word gewoon

uit die oog verloor. Weens die bykans uitsluitlike beheptheid met die

verhouding tussen slegs die staat en die individu kon daar ingevolge

die liberale uitgangspunt nie werklik daarin geslaag word om ’n

behoorlike konstitusionele teorie te ontwikkel nie. Vernon Van Dyke

wys soos volg daarop:

Hobbes speaks of a ‘multitude of men,’ and Locke of ‘any number of

men’ making a covenant. Neither attempted to characterize the men —

nor saying for example whether the men shared a common language or

religion. 129

Elders laat Van Dyke hom soos volg oor dieselfde kwessie uit:

Leading British and French political philosophers took the same general

view. Locke seems to have simply assumed that those who have joined in

127 Locke (n 106 hierbo) paras 89, 95, 96.

128 V Van Dyke ‘The individual the state and ethnic communities in political theory’

(1976–77) 29 World Politics 343.

129 Van Dyke (n 128 hierbo) 347; Sien ook W Connor ‘The Politics of Ethnonationalism’

(1973) 27 Journal of International Affairs 5.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 93

the social contract would be homogenous in a racial, linguistic and

cultural sense. 130

Liberale teoretici gaan met die staat ook net so onkrities om as wat

hulle met mense (individue, groepe) omgaan. John Rawls, die groot

liberale teoretikus van die tweede helfte van die twintigste eeu, is

steeds in pas met Hobbes en Locke. Hy werk met die bestaande

territoriale staat as ’n vaste vanselfsprekende gegewe, soos van Dyke

dit stel ‘as a kind of happening’ 131 en gaan dan sonder ʼn oomblik se

kritiese nadenke voort byna asof die staat die een of ander

onveranderlike gegewe van die fisika is.

Derdens is Locke dit ook eens met Hobbes dat die stigting van die

commonwealth uitsluitlik plaasvind met die oog op die verwesenliking

van persoonlik egoïstiese oogmerke en in die besonder, die

verskansing van eiendom. 132 Locke verklaar in A Letter Concerning

Toleration:

The commonwealth seems to me to be a society of men constituted only

for the procuring, preserving and advancing their own civil interests. 133

Hobbes en Locke verskil oor die meganika van die staat: Locke is die

streng konstitusionalis, terwyl Hobbes weer arbitrêr-absolutisties

voorkom. Oor die grondslag van die staat is hulle dit egter eens: Die

staat — commonwealth — spruit uit die radikale afwesigheid van

menslike gemeenskap en die onsekerhede, gevare en konflik van die

natuurstaat waarin die realisering van private individuele belange

onmoontlik is. Die staat kom tot stand as ’n egoïstiese strategie van

persoonlike belange-bevordering. Die staat sorg deur sy doeltreffende

uitvoerende gesag en deur sy skeidsregtersfunksies dat individuele

belange bevredig word. Die staat kom nie tot stand weens die realiteit

van menslike gemeenskap of deur die belewenis van gemeenskap nie

en die staat is ook nie die skepper van so ’n gemeenskap nie.

Inteendeel, die staat kom juis tot stand weens die afwesigheid van

gemeenskap. Die staat is slegs die fasiliteerder van die private

individuele belange van ’n klomp losstaande en wedersyds

antagonistiese individue wat niks met mekaar in gemeen het nie.

Oor al hierdie dinge is Hobbes en Locke eenstemmig. Hulle is dus

vertolkers van dieselfde atomisties individuele (proto-liberale) staat:

Hobbes se mortal god en Locke se commonwealth.

130 V Van Dyke ‘Human Rights and the Rights of Groups’ (1974) 18 American Journal

of Political Science 726. Van Dyke wy verder in dieselfde trant oor Rousseau en

Mill uit.

131 Van Dyke (n 128 hierbo) 348.

132 Locke (n 106 hierbo) para 88-90, 124, 128, 131; Locke (n 97 hierbo) 17, 43, 44.

133 Locke (n 97 hierbo) 17.

94 Hoofstuk 4

4 Interstaatlikheid en Hugo de Groot

Jean Bodin, Thomas Hobbes en John Locke het die historiese

omwenteling wat deur die Lutherse rewolusie — die Kerkhervorming

— ingelui is, politiek-teoreties afgerond. Die universele godsdienstig

gedrewe Republica Christiana het sy historiese posisie ontruim ten

einde plek te maak vir die pluraliteit van territoriale state —

commonwealths, of, in die dramatiese taal van Thomas Hobbes,

Leviatan(s) of die sterflike gode (mortal gods). Na dese neem dít die

plek van die universele Christelike republiek van weleer in as die

sentrale tema van die politieke filosofie en van regsdenke. Dit word

ook die primêre verskaffer van openbare identiteit, eers van die

Westerse mens, en mettertyd van al die streke waar die Westerse

wêreld sy invloed laat geld het.

Die territoriale state het in die sewentiende eeu hulle beslag in

Wes-Europa gekry. Daar moes egter nog duidelikheid kom oor die

wyse waarop die onderlinge verhoudings tussen die state gereël moes

word. Ons kan dit so stel: Die historiese gebeure sedert Luther en die

teoretiese werk van veral Bodin, Hobbes en Locke het duidelikheid

gebring oor die nuwe verskynsel van staatlikheid. Die wyse waarop die

verhoudings tussen die state in ’n nou verdeelde Christelike wêreld

gereël moes word, was egter nog onseker.

Vroeër, gedurende die Middeleeue toe die Republica Christiana

nog toonaangewend was, is die verhoudinge tussen die toe nog swak

ontwikkelde rudimentêre state in die laaste instansie deur die kerk,

en by name deur die pous, gereël. 134 Daar is wel vroeër oor sekere

temas rakende die betrekkinge tussen politieke entiteite, soos

byvoorbeeld oor oorlog en oor die behandeling van ambassadeurs,

geskryf. Tipies van die godsdienstig gedrewe mentaliteit van die

Middeleeue is die reg egter nie van die teologie en van etiese kwessies

geskei nie. Daar is ook nie ’n duidelike onderskeid tussen

huishoudelike en internasionale kwessies getref nie. 135 In ’n

universele politiek-godsdienstige organisasie soos dié van die

Middeleeue was dergelike onderskeidinge eenvoudig irrelevant en

daarom het dit nie te berde gekom nie.

Die Hervorming verander uiteindelik alles. In die godsdienstig

verdeelde wêreld na die Hervorming het die kerk sy gesag prysgegee.

In die Rooms-Katolieke gedeelte van Europa kon moontlik nog op die

kanonieke reg teruggeval word as ’n grondslag vir die reëling van

134 GN Barrie ‘Die betekenis van De Groot vir die Internasionale Reg’ (1983) 46

Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 173.

135 JL Brierly The Law of Nations: An Introduction to the International Law of Peace

(onder redaksie van H Wadlock) (1963) 25.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 95

interstaatlike betrekkings. Die Protestante het egter die gesag van die

kanonieke reg verwerp. Hulle was in hul regsbeskouings daarop uit om

’n sekulêre grondslag te vind waarop politieke organisasie

gekonstrueer kon word. 136 Selfs in die Katolieke wêreld het die kerk

grotendeels sy politieke gesag verloor. 137

Benewens die godsdienstige breuk was die territoriale state ook

lank reeds aan die ontwikkel. 138 Met die Vrede van Wesfale in 1648,

na die Dertigjarige Oorlog, kry die permanente territoriale staat

verdere formele erkenning. Dit het die aanvaarding van ’n nuwe

politieke orde in Europa aangekondig, 139 waarin territorialiteit,

oftewel die nuwe soewereine territoriale staat, finaal geseëvier het

en waarin die gedagte van ʼn familie van territoriale state in plaas van

’n kerklik gereguleerde verenigde Christendom die nuwe grondslag

vir globale verhoudings geword het. 140 Veral die besondere

brutaliteit van die godsdienstig gemotiveerde oorloë 141 wat op die

Hervorming gevolg het, het dit noodsaaklik gemaak om in die plek van

die ou onwerkbare teologiese regulering van globale verhoudings ’n

nuwe werkbare stel reëls te vind.

Wat nou nodig was, was ’n nuwe stel beginsels wat die

godsdienstige breuk en tweespalt oorspan het, asook die vestiging van

die nuwe territoriale state verreken het, wat met ander woorde wyd

en soepel genoeg was om in die hele nuwe godsdienstig plurale en

territoriaal gefragmenteerde wêreld gesaghebbend te wees. ’n Nuwe

internasionale of, meer korrek, interstaatlike reg het op die

voorgrond getree. Dit was op ’n sekulêre interpretasie van die

natuurreg gebaseer en het sodoende aan die vereistes van die nuwe

situasie voldoen. 142

Die eksponente van die nuwe natuurreg sluit onder andere in:

Francisco de Vitoria (1492-1546), Alberico Gentili (Gentilis) (1552-

1608), Hugo de Groot (Grotius) (1583-1645), Richard Zouche (1590-

1660), Samuel Pufendorf (1632-1694), Cornelius van Bynkershoek

(1673-1743) en Emerich de Vattel (1714-1769). 143 Hulle het weliswaar

onderlinge verskille gehad. Sommige, by name De Groot en Pufendorf,

het die natuurreg aangehang, terwyl Van Bynkershoek meer

positivisties geneig het en Zouche, wat staatspraktyk as die

136 Sabine (n 47 hierbo) 416.

137 Brierly (n 135 hierbo) 5.

138 In hoofstuk 3.4 en 3.5 is die kwessie breedvoerig behandel.

139 JA Walker A History of the Law of Nations Vol I (1899) 147.

140 FJC Hearnshaw ‘Hugo Grotius’ in FJC Hearnshaw (red) The Social and Political

Ideas of Some Great Thinkers of he Sixteenth and Seventeenth Centuries (1967)

139; Walker (n 139 hierbo) 148; Jolowicz (n 24 hierbo) 50.

141 De Groot was onder andere hewig ontsteld oor die ongekende brutaliteut van die

oorloë. Sien Barrie (n 134 hierbo) 173.

142 Hearnshaw (n 140 hierbo) 143.

143 Brierly (n 135 hierbo) 25-40.

96 Hoofstuk 4

belangrikste ontstaansbron van die reg beskou het. 144 Oor een

kardinale saak was hulle dit egter eens: hulle het die reg en die

teologie duidelik van mekaar geskei en het aan die teologie geen plek

in die internasionale reg gegee nie. Sodoende was dit vir hulle

moontlik om ’n interstaatlike reg te ontwikkel waarmee alle state

hulself, in weerwil van hulle godsdienstige verskille, kon

vereenselwig.

De Groot was uiteindelik die invloedrykste eksponent van die

ontluikende internasionale reg. Die effek van sy werk was om die

internasionale reg van die teologie te emansipeer. 145

De Groot se denke het sterk rasionalisties geneig. Hy het geglo in

die bestaan van die sekulêre beginsels van die natuurreg, wat

onafhanklik van godsdienstige waarheid bestaan. Met die rasionele

kwaliteite waaroor elke mens beskik, kon kennis van die natuurreg

verwerf word. 146 De Groot weerspieël die progressiewe intellektuele

klimaat van na die Reformasie wanneer hy leer dat ofskoon Goddelike

verordeninge met die natuurreg ooreenstem, die natuurreg selfs

sonder God kon voortbestaan. 147 In hierdie opsig sluit De Groot en sy

mede-juriste hulle aan by Bodin. Ofskoon Bodin nie die natuurreg as

grondslag vir sy politieke filosofie en as basis vir politieke orde

aanvaar het nie, het hy net soos die juriste ’n godsdienstig

onpartydige mag as die sleutel tot politieke orde en sosiale vrede

beskou. 148 Die gemeenskaplikheid bestaan daarin dat albei godsdiens

as ’n geloofwaardige en werkbare politieke ordeningsinstrument laat

vaar het. Hobbes en Locke deel natuurlik ook hierdie

gemeenskaplikheid.

De Groot het geput uit die breuk tussen die teologie en die

politieke filosofie wat teen die begin van die sewentiende eeu feitlik

reeds heeltemal voltrek was en wat gepaard gegaan het met die

natuurreg se ontvoogding uit die teologie. 149 Die natuurreg het ’n ryk

Klassieke tradisie met ’n sekulêre inhoud, wat geredelik in die

godsdienstig heterogene wêreld van na die Hervorming toegepas kon

word. Die Stoïsyne, wat die Romeinse regsopvattings beïnvloed het en

wie se denke onder andere deur Cicero weerspieël is, 150 het geleer

dat daar ’n universele reg is wat op alle mense van toepassing is en

waartoe elke mens met die gebruik van sy rasionele vermoëns toegang

het. Hierdie sekulêre universele reg het aan De Groot, Pufendorf en

144 Brierly (n 135 hierbo).

145 R Pound Theories of the Law (1912-13) 22 Yale Law Journal 124.

146 Barrie (n 134 hierbo) 174.

147 AduP Louw ‘Hugo de Groot of Grotius (1583-1645)’ in AM Faure et al (reds) Die

Westerse politieke tradisie (1981) 204.

148 Louw (n 147 hierbo) 205.

149 Sabine (n 47 hierbo) 415 et seq.

150 Sien in die algemeen Sabine (n 47 hierbo) 159–173.

Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 97

ander eksponente van die natuurregskool die nodige intellektuele

werktuig gebied vir die ontwerp van ’n interstaatlike reg in ’n supranasionale

en godsdienstig heterogene wêreld. Met behulp van hierdie

nuwe regulerende stelsel van internasionale reg kon De Groot

uiteindelik, soos Neville Figgis gesê het, daarin slaag om Machiavelli

(en ongebreidelde magspolitiek) te tem. 151

Die besonderhede van die internasionale reg is nie in die

onderhawige bespreking van belang nie. Wat wel belangwekkend is,

is dat die territoriale staat sedert die sewentiende eeu die sentrale

entiteit van die internasionale reg geword het, net soos dit ook die

sentrale tema van die politieke filosofie en die politieke praktyk

geword het. In hierdie verband merk JL Brierly op:

But as a definite branch of jurisprudence the system which we now know

as international law is modern, dating only from the sixteenth and the

seventeenth centuries, for its special character has been determined by

that of the modern European state system, which was itself shaped in

the ferment of the renaissance and the reformation. 152

Na Bodin, Hobbes, Locke en De Groot baken die staat die grense van

groot dele van ons intellektuele arbeid af — reik die noodsaak vir die

ongestoorde instandhouding van die staat ’n streng voorskrif uit van

hoe verskeie wetenskaplike dissiplines beoefen moet word. Die

territoriale staat het dus ’n epistemologiese uitwerking, aangesien dit

ʼn mede-determinant geword het van wat relevante en geldige

wetenskapsbeoefening in sekere dissiplines is, en wat nie. In hierdie

opsig funksioneer die territoriale staat as paradigmabepaler.

Sedertdien bepaal die staat ook individuele identiteit, net soos die

Republica Christiana dit van tevore gedoen het. Individuele identiteit

word afgedwing en aangepas na gelang van die vereistes van die staat.

Nadat die grondleggers van staatlikheid hulle werk gedoen het, het

ons almal dienaars van die sterflike god — die staat — geword.

In hoofstuk 5 word die bestanddele van die staatlike paradigma

uitgepluis. In hoofstukke 6, 7, 8 en 9 val die klem op

wetenskapsbeoefening ingevolge die dissiplines van die staatlike

paradigma en volgens die eise van konformering aan die staatlike

identiteit.

151 Figgis (n 31 hierbo) 246. In die lig van die ongekende onverdraagsaamheid en

bloeddorstigheid van die godsdiensoorloë, is dit meer gepas om te sê dat De

Groot nie soseer vir Machiavelli nie, maar eerder die pous en Jean Calvin getem

het. Die bloedige gevolge van die optrede van dié geestelikes was veel veel erger

as waarvan die wêreldlike Machiavelli ooit kon droom.

152 Brierly (n 135 hierbo) 1.

HOOFSTUK

5

DIE STAATLIKE PARADIGMA

1 Die hoofbakens van die staatlike paradigma

In hoofstuk 3 is die koms van die territoriale staat as dominante

politieke entiteit beskryf en in hoofstuk 4 is die grondliggende denke

oor die nuwe territoriale staat nagegaan. In hierdie nadenke is die

wesenlike eienskappe van die territoriale staat onder andere

vasgestel, met ander woorde, wat die essensiële vereistes vir die

bestaan van die (territoriale) staat is. Hierdie eienskappe en vereistes

vind neerslag in die definisie van die staat. Die staatsdefinisie word

algemeen in alle wetenskaplike dissiplines waar die staat op die een

of ander wyse ter sprake mag wees, veral in die regswetenskap en die

staatkunde aanvaar. Die staatsdefinisie geniet ewe algemene

populêre aanvaarding in die daaglikse politieke diskoers.

ʼn Definisie soos die definisie van die staat, wat sekere dinge as

wesenlik vir die bestaan van die staat vereis, is egter nie net van

belang weens die dinge wat dit as vereistes stel nie. Dit is net so

belangrik weens die dinge wat dit nie as wesenlike eienskappe vir die

bestaan van die staat vereis nie, met ander woorde weens die dinge

wat dit verswyg. Deur sekere dinge juis nie te vereis nie en geen rol

in die definisie van die staat te laat speel nie, word daardie uitgeslote

dinge, wanneer dit by nadenke oor die staat kom irrelevant verklaar.

Daar hoef dus nie daaroor gepraat te word nie, of, as daar wel iets

daaroor te sê is, is dit ten minste só onbelangrik dat dit nie in die

definisie van die staat vermelding verdien nie.

Hierdie definiëring, eenstemmige aanwysing van die essensiële

eienskappe en gepaardgaande uitsluiting van bepaalde temas as

irrelevant, het die geldende paradigma van wetenskapsbeoefening

oor die tema van die staat teweeg gebring. Dit beteken dat daar ’n

dwingende konvensie van tersaaklike wetenskaplike arbeid geskep is,

waarvolgens sekere temas en beskouings wat nie by die bestaande

konvensie inpas nie, buite orde gereël word. In hierdie hoofstuk gaan

die inhoud en werking van hierdie konvensie, wat die staatlike

paradigma genoem word, uitgepluis word.

99

100 Hoofstuk 5

Daar val weliswaar verskillende klemtone op die staatsbegrip na

gelang van die besondere dissipline waarin gewerk word, maar daar

heers eenstemmigheid oor die definisie en die kerneienskappe van die

staat. 1

Artikel 1 van die Montevideo-Konvensie van 1933 oor die Regte en

Verpligtinge van State bied egter ’n internasionaal gesaghebbende

omskrywing van die staat, wat die bestaande eenstemmigheid

daaroor weerspieël. Dit vind allerweë byval en word algemeen

aangewend. Dit lui:

The State as a person of international law should possess the following

qualifications: (a) a permanent population; (b) a defined territory; (c) a

government; and (d) a capacity to enter into relations with other States.

Die rede vir die eenstemmigheid oor hierdie definisie is eenvoudig dat

die vier vermelde eienskappe internasionaal in sowel die regs- as die

politieke konteks as die geykte vereistes vir staatskap aangewend

word. Die definisie gee dus voor om niks meer te doen nie as om op ’n

neutrale en onpartydige wyse ’n bestaande situasie te beskryf. Met

ander woorde, die definisie gee voor om sonder enige waarde-oordele

of ideologiese en politieke voorkeure en vooroordele te wees. Volgens

alle aanduidings is dit bloot ’n beskrywende weergawe van ’n reeds

lank en goed gevestigde neutrale realiteit. Dit is egter nie neutraal en

onpartydig nie. Tewens, dit weerspieël en verskans sekere voorkeure

en kies gevolglik polities en ideologies kant.

Dit is weliswaar so dat die Montevideo-Konvensie se

staatsdefinisie nie in die eerste plek met die (interne) staatsreg te

doen het nie, maar eerder poog om die behoeftes van die

internasionale reg te verreken. Wat in die internasionale reg ten

aansien van die kwessie van die staat van belang is, is die vraag aan

welke vereistes ’n entiteit moet voldoen ten einde as regsubjek vir

doeleindes van deelname aan internasionale betrekkinge erken te

word. 2 Die primêre kwessie rakende die internasionaalregtelike

omskrywing van die staat is dus die staat se regsubjektiwiteit. 3

Dienooreenkomstig lui die omskrywing wat DW Greig aan die hand

doen soos volg:

1 Oor die variërende betekenisse van die staatsbegrip, sien LG Baxter ‘The State

and other basic terms in public law’ (1982) 99 SALJ 212 et seq.

2 DW Greig (1976) International Law Butterworths: Londen 93.

3 Werke oor die internasionale reg het dit dus almal in gemeen dat hulle benewens

die feit dat hulle dit eens is oor die vereistes van die Montevideo-Konvensie,

deurlopend die klem op die regspersoonlikheid van die staat plaas. Sien

byvoorbeeld MA Dixon (1990) Textbook on International Law Blackstone Press Ltd

53-59; P Malanczuk (1997) Akehurst’s Modern Introduction to International Law

Routledge: Londen 75-81; I Brownlie (1979) Principles of International Law

Clarendon Press: Oxford 60 et seq; JG Starke (1989) Introduction to International

Law Butterworth Londen 96; Booysen H (1989) Volkereg en sy verhouding tot die

Suid-Afrikaanse reg Juta: Kaapstad120 et seq.

Die staatlike paradigma 101

... a state for the purposes of international law is a territorial unit,

containing a stable population, under the authority of its own

government, and recognized as being capable of entering into relations

with other entities with international personality. 4

Ook in die staatsreg tref ons staatsomskrywings aan wat die

regspersoonlikheid van die staat vir doeleindes van internasionale

betrekkinge beklemtoon. 5 Ofskoon Oppenheim oor die internasionale

reg, en nie soseer oor die staatsreg nie, skryf, plaas hy die klem op

soewereiniteit as die onderskeidende kenmerk van staatskap wanneer

hy die staat soos volg omskryf:

A State proper — in contradiction to colonies — is in existence when the

people is settled in a country under its own sovereign Government. 6

In die staatsreg kom die omskrywing van die staat ook neer op ʼn

beskrywing van die staat aan die hand van die geykte staatskenmerke

van grondgebied, permanente bevolking, ʼn regering, wat ʼn regsorde

administreer, waaraan die geheel van die bevolking onderworpe is, en

ʼn sekere minimum-graad van politieke selfstandigheid (indien nie

volledige soewereiniteit nie). 7 Dit is algemeen bekend dat die

politieke wetenskap die staat ook hanteer aan die hand van dieselfde

juridies geïnspireerde omskrywing. 8 Die enkele verwysings na

definisies is simptomaties van ʼn algemene eenstemmigheid in die

regsteorie, politieke wetenskap en die daaglikse praktyk oor wat die

staat wesenlik is en ook nie is nie.

Die herhaling van wesenlik dieselfde definisie van die staat deur

vooraanstaande beoefenaars van ’n verskeidenheid van vakwetenskappe

is om twee redes veelseggend, naamlik om uit te wys wat die

definisies in werklikheid sê, sowel as vir wat dit nalaat om te sê.

Wat die definisies herhaaldelik beklemtoon, is dat die staat ʼn

entiteit met ʼn bepaalde regsaard is. 9 Dit word by uitnemendheid

bevestig deur die internasionaalregtelike beklemtoning van die staat

4 Greig (n 2 hierbo) 93.

5 Byvoorbeeld M Wiechers (1981) Verloren van Themaat Staatsreg Butterworth

Durban 6, 7.

6 L Oppenheim (1974) International Law: A Treatise (onder redaksie van A

Lauterpacht) Vol I Tiende druk Longman Londen para 64 118.

7

Sien byvoorbeeld G Carpenter (1987) Introduction to South African Constitutional

Law Butterworths: Durban 5; DA Basson en HP Viljoen (1988) Suid-Afrikaanse

Staatsreg Juta: Kaapstad 19-22; O Hood-Phillips en P Jenkins (1987)

Constitutional and Administrative Law Sweet & Maxwell Ltd: Londen 4-5. Dit is

standaard en talle ander werke kan ook hieroor aangehaal word.

8 Sien byvoorbeeld J Frankel (1969) International Relations Oxford University Press:

Londen 8; Q Wright (1955) The study of international relations Appleton-Century-

Crofts Inc. New York 4; RN Gilchrist (1952) Principles of Political Science Orient

Longmans Ltd: Mumbai 7.

9

HJ Laski (1951) An Introduction to Politics George Allen & Unwin Ltd: Londen 13;

D Held et al (reds) (1985) States and Societies Basil Blackwell: Oxford 1.

102 Hoofstuk 5

as regspersoon, asook deur die staatsregtelike beklemtoning van die

staat as bekleër van die juridies gelade begrip van soewereiniteit. Dit

tree ook op die voorgrond in wat getipeer kan word as die juridiesfunksionele

definisie van die staat, in terme van wat die staat behoort

te bewerkstellig. Harold Laski werk met so ’n definisie. Hy verklaar

dat die staat ’n wyse is waarop menslike optrede gereguleer word 10

en beskryf die staat daarom as:

... a society of individuals submitted if necessary, by compulsion, to a

certain way of life. 11

Die juridiese ordeningsfunksie van die staat is na aanleiding van

hierdie definisie daarop gemik om die onderlinge stryd tussen

belangegroepe deur die positiewe reg te reguleer:

The state seeks to direct the struggle of the interests groups into the

channels of the positive law. 12

Hans Kelsen benader die kwessie van die staat vanuit die oogpunt van

sy welbekende (positivistiese) suiwere regsteorie. Daarvolgens moet

regskonsepte uitsluitlik ingevolge die reg verklaar word.

Dienooreenkomstig redeneer Kelsen dat slegs die positiewe reg as die

ru-stof vir die ontwikkeling van regsteorie kwalifiseer. Enige buitejuridiese,

byvoorbeeld morele oordele, politieke insigte, oorweging

van veranderlike magsverhoudings, en dies meer (wat byvoorbeeld vir

die sosiologiese regsleer of in die regsrealisme van groot belang is),

word as irrelevante materiaal vir die doeleindes van regsondersoek

beskou en gevolglik buite orde gereël. 13 In ooreenstemming hiermee

lê hy hom in sy suiwere regsteorie daarop toe om die algemeen

geldende formele essensies van die verskynsel, reg, te identifiseer en

te ontleed.

Die resultaat hiervan is dat hy die verskynsel norm as die

grondliggende kenmerk van die reg identifiseer. Norme is die

onderskeidende en essensiële eienskap van die reg. Norme is egter

integrale elemente van ’n dinamiese geheel, in die sin dat alle norme

hul geldigheid ontleen aan ’n hoër en meer algemene norm, tot die

mees algemene en grondliggende norm — die grondnorm (grundnorm)

10

Laski (n 9 hierbo) 11.

11 Laski (n 9 hierbo) 13.

12 Aldus CJ Friedrich (1963) Man and his Government: An empirical Theory of

Politics Mc Graw-Hill Inc: New York 550 na aanleiding van die insigte van Gustav

Ratzenhofer

13 Vir ʼn bondige samevatting van Kelsen se suiwere regsteorie, sien H Kelsen ‘The

pure theory of law and analytical jurisprudence’ (1942) 55 Harvard Law Review

44 et seq. Hy verklaar byvoorbeeld op 44 met betrekking tot sy eie suiwer

regsteorie:

‘It is called “pure” because it seeks to preclude from the cognition of

positive law all elements foreign thereto.’

Die staatlike paradigma 103

— uiteindelik bereik word. Hierdie norm is verantwoordelik vir die

legitimering van die totale regsorde van ’n bepaalde staat. 14 (Die

staatlike grondwet is gewoonlik die grundnorm wat in ’n bepaalde

staat geld.) 15 Die staat met sy grondwet as mees algemene norm is vir

Kelsen niks anders as ’n regsorde nie:

One of the distinctive features of the pure theory of law is its

recognition that the coercive order which constitutes the political

community we call the state, is a legal order. What is usually called the

legal order of the state, or the legal order set up by the state, is the

state itself. 16

Vir Kelsen is daar geen onderskeid tussen staat en reg nie:

But if it be recognized that the state is by its very nature an ordening of

human behavior, that the essential characteristic of this order, coercion,

is at the same time the essential element of the law, this traditional

dualism (tussen die reg en die staat) can no longer be maintained. 17

Net so belangrik as wat dit is dat die staat in die eerste instansie ’n

juridiese ordening is, is die feit dat die staat ook allereers ’n plek is. 18

Al die vereistes vir staatskap is op die een of ander wyse geografies

van aard. 19 Dit is daarom heeltemal korrek om te sê dat gebied só ’n

sentrale komponent van die staat is, dat dit dikwels volledig met die

staat gelykgestel — vereenselwig — word. Soos TW Bennet opmerk:

Gebied is so ’n belangrike bestanddeel van staatskap dat dit in die

algemene gebruik dikwels as metonimie vir staat gebruik word, dit wil sê

gebied is staat. 20

Die gebied van die staat is baie meer intiem met die staatsbegrip

vereenselwig as wat die burgerskap van bepaalde individue met die

staat verweef is. Enige optrede van welke geringe omvang ook al, wat

die gebied van ’n staat mag raak, byvoorbeeld ’n eksterne militêre

aanslag of grensskending of ’n intern gemotiveerde sesessie-poging,

word sonder meer as ’n aanslag teen die staat self beskou.

Daarenteen word optrede wat individuele burgers van ’n staat

benadeel, glad nie noodwendig as ’n aanval op die staat self beskou

nie.

14 Kelsen (n 13 hierbo) 63.

15 Dit hoef egter nie noodwendig die grondwet te wees nie. Sien AE van Blerk (1996)

Jurisprudence: An Introduction Butterworth Durban 48 49, 52.

16 Kelsen (n 13 hierbo) 64.

17 Kelsen (n 13 hierbo) 65.

18 MI Glassner et al (1980) Systematic Political Geography John Wiley & Sons: New

York 43.

19 Glassner (n 18 hierbo) 43.

20

TW Bennet ‘Elemente van die Staat’ in M Wiechers en F Bredenkamp (1996) Die

Staat: Teorie en Praktyk JL van Schaik 73.

104 Hoofstuk 5

Die slotsom van die bespreking hierbo is dat territoriale

integriteit en nasionale soewereiniteit — dit wil sê, die gebieds- en

die juridiese elemente — die twee grondliggende eienskappe van

staatskap is. Volgens die klassieke reëls van die internasionale reg, sê

Bennet weereens tereg, is die konsep van ’n staat allereers ’n

voorstelling van ’n territorium. 21

Teenoor die sentrale rol van territorium in die staatskonsep is

bevolking, in die besonder die aard en samestelling van die bevolking,

grootliks irrelevant. Op sy beste neem dit ʼn swak sekondêre posisie

in. Daar word nie as voorvereistes gestel dat die bevolking van ’n staat

onderlinge bande van kultuur, taal, godsdiens, of iets dergeliks hoef

te hê nie. Die enigste vereiste met betrekking tot bevolking is dat dit

betreklik permanent moet wees. Die bevolking hoef egter juis nie

vooraf reeds ’n nasie, wat onderlinge noue bande en hegte

gemeenskaplikhede impliseer, te wees nie. Dit is juis omdat gebied

van sodanige sentrale belang is in vergelyking met bevolking wat ’n

mindere rol speel, dat dit ooglopend onvanpas is om, soos dikwels

gedoen word, na die staat as nasiestaat (of nasionale staat) te verwys.

Dit is onder meer om hierdie rede dat die begrip territoriale staat

duidelik as meer paslike beskrywende benaming kwalifiseer.

Bevolking kom wel ter sprake by die vereiste dat die inwoners van die

staat hulle moet aanpas om die territoriale integriteit van die staat

ongeskonde te hou. Die ondergeskikte rol van die bevolking van die

staat in teenstelling met die staatsgebied, kom in hierdie opsig weer

na vore, want dit is die bevolking wat aan die eise van die gebied moet

beantwoord, en nie andersom nie. (Dié aspek word in hoofstuk 6

breedvoerig bespreek.)

Die eenstemmige omskrywings van die staat vanuit die geledere

van skrywers oor die internasionale reg, staatsreg en die staatkunde,

asook Kelsen se voorstelling van die staat primêr as ’n regsordening,

toon dat die staat bo alles as ’n regsverskynsel van territoriale aard

beskou word. Dit is wat die definisies telkens sê. Die implikasie

hiervan is dat sosiale en antropologiese kwessies soos die aard van die

staatsbevolking nooit te berde gebring word nie. Die definisies reël

sulke kwessies buite orde.

Daar is geen fout te vind met die siening dat die staat ’n regsubjek

is nie; ook nie met die voorstelling van die staat as ’n regsorde binne

bepaalde territoriale grense nie. Dis is egter klaarblyklik waar dat dit

nie al is wat die staat is nie — nie vanuit die oogpunt van die politieke

teorie nie en ook nie vanuit die hoek van die regswetenskap nie.

21 Bennet (n 20 hierbo) 73.

Die staatlike paradigma 105

Bykomende vrae wat gestel kan word, is of die staatsgrense soos

dit op ’n bepaalde stadium weens historiese gebeure vasgestel is, wel

moet lyk soos dit lyk, en of die staatsbevolking gegewe die kulturele

en linguistieke heterogeniteit daarvan werklik in dieselfde staat

(territoriale regsordening) tuis hoort. Is die nie klaarblyklik meer

gepas, selfs gebiedend, dat state behoort te fragmenteer ten einde

die regsordenings in pas te bring met die taal- en kulturele

werklikheid nie? Funksioneer baie state nie dalk vanweë die wyse

waarop die grense histories vasgestel is, op die grondslag van ’n

permanente ondemokratiese dominasie deur ’n meerderheid oor ’n

minderheid nie, en behoort so ’n staat nie liefs omvorm te word ten

einde hierdie wantoestand te beëindig nie? In die era van die

kolonialisme is staatsgrense arbitrêr vasgestel volgens die grille en

voorkeure van die koloniale moondhede en na gelang van die

magsverhoudings tussen die koloniale moondhede. Die belange en

voorkeure van die Afrika-bevolkings het hierin geen rol gespeel nie.

Geen ag is op die etniese samestelling van die bevolkings geslaan in

die proses van grensafbakening nie. Sodoende is kunsmatige state aan

die hand van die wense en voorkeure en dikwels op grond van

politieke mededinging van die koloniale moondhede tot stand

gebring. 22 Die koloniaal afgebakende grense is ’n blywende koloniale

letsel wat ons lank na die formele afloop van die kolonialisme elke dag

steeds in die gesig staar. Behoort hierdie koloniaal geïnspireerde

grense behou te word, of moet die plaaslike werklikheid in ag geneem

word met die oog op ’n heroorweging van hierdie koloniale

nalatenskap? Verskeie dissiplines kan hulle met hierdie vrae besig

hou.

Die noodsaak om hierdie soort vrae te stel, word beklemtoon deur

die feit dat grense, soos gemeld, nie op sterkte van die een of ander

ewewigtige proses van demokratiese raadpleging vasgestel is nie. As

daar een ding is wat bo alle ander dinge ’n nalatenskap van arbitrêre

en flagrant ondemokratiese dwingelandy is, is dit die bepaling van

staatsgrense — in die besonder die staatsgrense in die eertydse

koloniale wêreld, veral van Afrika. 23 Daarom is dit vreemd dat hierdie

ondemokratiese nalatenskap met soveel deernis gekoester word.

Staatsgrense is nie vasgestel uit hoofde van vrye politieke en

staatsregtelike assosiasie nie. Die Britse historikus, JM Roberts,

verduidelik byvoorbeeld met verwysing na sestiende en sewentiendeeeuse

Wes-Europa:

22 Makua wa Mutua ‘Why redraw the map of Africa: A moral and legal inquiry’ (1995)

16 Michigan Journal of International Law 1113–1176.

23 Makua wa Mutua (n 22 hierbo) Sien verder hieroor die breedvoerige bespreking

van I Brownlie (1979) African Boundaries: a legal and diplomatic encyclopaedia

University of California Press for the Royal Institute of International Affairs.

106 Hoofstuk 5

Boundaries (which were often imprecisely drawn) continually changed as

this or that portion of an inheritance passed from one ruler to another.

The inhabitants had no more say in the matter than the peasants of a

farm which changed hands. 24

Baie van daardie grense wat, na gelang van die wil, wense en

magsverhoudings van, en tussen dinastieë, of in ooreenstemming met

die voorkeure en behoeftes van koloniale moondhede van bo

afgedwing is, het politieke entiteite tot stand gebring wat steeds

onveranderd voortbestaan. Die Europese politieke kaart is hoofsaaklik

deur die oorloë tussen absolutistiese heersers getrek. 25 Die

demografiese realiteit en uiteenlopende wil van die bevolkings het

hierin nouliks enige rol gehad.

Die Suid-Afrikaanse staat het te oordeel na die feit dat die

onderhandelings voor Uniewording in 1910 vlot verloop het, 26

oënskynlik vreedsaam en sonder haakplekke tot stand gekom. Dog,

die unifikasie van Suid-Afrika het gevolg op Britse imperiale strategie

teen die voortbestaan van die Boererepublieke, gevolg deur die

imperiaal gemotiveerde Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 met

rampspoedige gevolge vir die Afrikaners. Die Suid-Afrikaanse staat is

inderdaad ’n konstruksie van lord Alfred Milner, Britse Hoë

Kommissaris in Suid-Afrika, wat eers na die bloedige onderwerping

van die Boererepublieke moontlik was. 27

Wanneer na die geskiedenis gekyk word, is daar inderdaad

konkrete noodsaak om die vrae wat hierbo gevra is, te stel. Die

afwysing van hierdie vrae is gebaseer op die argument dat sodanige

vrae kwansuis nie-juridiese (en dus irrelevante) kwessies by die

regsdiskoers betrek. Vir sover kwessies van hierdie aard moontlik wel

ter sprake kom, hoort dit tuis by die geskiedenis, staatkunde,

sosiologie, filosofie of bloot by die polemiese daaglikse politiek, en

nie by die reg en die regswetenskap nie. Die reg (die suiwer reg, soos

Kelsen sou sê) kan nie met sodanige kwessies opgehou word nie, want

dit is nie relevante stof vir die doel van die regsdiskoers nie. Hiermee

saam kom die wetenskaplike aanspraak dat die juridies geïnspireerde

definisies van die staat wat hierbo behandel is, suiwer, neutrale en

onbevooroordeelde reg weerspieël en dat die definisies dus vry van

kontaminasie deur buite-juridiese politieke/ideologiese voorkeure en

vooroordele of partydigheid is.

24

JM Roberts (1997) African boundaries: a legal and diplomatic encyclopaedia

25

University of California Press for the Royal Institute of International Affairs 287.

J Anderson en S Hall ‘Absolutism and Other Ancestors’ in J Anderson (red) (1986)

26

The rise of the modern state Wheatleaf Books Ltd 31.

FCJ Muller et al (1985) 500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis Academica Pretoria

27

380-385.

Muller (n 26 hierbo) 312-333; H Giliomee en L Schlemmer (1993) From Apartheid

to Nation Building Oxford University Press 13.

Die staatlike paradigma 107

So ’n aanspraak op politiek onpartydige en ideologies neutrale

wetenskaplikheid is egter vals. Waarmee ons hier te doen het, is ’n

tipiese geval van regspositivisme wat sy ideologiese voorkeure en

partydigheid probeer verberg onder die vyeblaar dat dit na bewering

net met die neutrale feite werk.

Al hierdie staatsdefinisies reflekteer die staatsteorie van Hobbes

en nog meer van Locke. Die staatsdefinisies is deurlopend geskoei op

’n atomisties-liberale grondslag en neig sterk anti-kommunitêr. Soms

is die ideologiese voorkeure wat in die staatsdefinisies vervat is

bedek, maar ander kere skemer dit deur.

Wanneer Oppenheim hom oor permanente bevolking as een van

die bestanddele van ’n staat uitlaat, sê hy:

There must, first, be a people. A people is an aggregate of individuals of

both sexes who live together as a community in spite of the fact that

they may belong to different races or creeds, or be of different colour. 28

Frankel se bevolking lyk net soos Oppenheim s’n wanneer hy verklaar:

The people are an aggregate of persons of both sexes living in a

community which needs not to be homogeneous. 29

Gilchrist se bevolking is ’n

... number of people living in a definite territory ... 30

Die aangehaalde voorbeelde van die wyse waarop die

bevolkingselement van die staatsdefinisie behandel word, is

verteenwoordigend van die geykte wyse waarop hierdie aspek van die

staatsdefinisie hanteer word. Daar word deurlopend beklemtoon dat

geen onderlinge bande van taal, etnisiteit, godsdiens, kultuur, of wat

ook al vereis word nie. Al wat vereis word, is ’n klomp mense (an

aggregate of people/a number of people) en dat die klomp mense

permanent op ’n gedefinieerde grondgebied teenwoordig moet wees.

Dis al.

Dit is waar dat daar in hierdie konteks net ’n klomp mense vereis

word, maar — en dit is die kern van die saak — dit is nie ’n neutrale

en politiek-onbevooroordeelde wetenskaplike feit nie. Inteendeel,

hierdie definisie is die staatsregtelike produk van die Hobbesiaanse en

Lockeaanse staatsbeskouing. Daarvolgens is die staat bloot ’n

juridiese konflikreguleringsinstelling wat die private behoeftes en

28 Oppenheim (n 6 hierbo) par 64 118 (eie beklemtoning).

29 Frankel (n 8 hierbo) 8 (eie beklemtoning).

30 Gilchrist (n 4 hierbo)17; (eie beklemtoning) sien ook Wiechers & Bredenkamp

(n 20 hierbo) 98.

108 Hoofstuk 5

belange van atomistiese individue waaronder daar geen onderlinge

bande van gemeenskaplikheid bestaan nie, reguleer. Die staat het ook

die skeidsregtersfunksie om deur middel van die positiewe reg die

belangebotsings wat tussen hierdie wedersyds afsydige individue

voorkom, te besleg. Die heersende staatsdefinisie waarin die staat

primêr voorgehou word as ’n regsordening wat binne ’n gedefinieerde

gebied tussen ’n klomp afsydige individue van krag is, eggo die

gedagtes van Hobbes en Locke in onder meer die volgende wesenlike

opsigte:

• die staat is ’n juridiese ordening;

• die staatsbevolking is losstaande, afsydige individue wat in die

afwesigheid van onderlinge bande geen daadwerklike gemeenskap

konstitueer nie;

• die staat is nie ’n res publica — ’n gemeenskaplike saak van alle

burgers met hegte onderlinge bande nie — maar ’n blote middel

van konflikregulering wat die realisering van private en dikwels

antagonistiese doelwitte moet fasiliteer en bevorder.

Hierdie staatsbeskouing is natuurlik nie die enigste beskouing wat

oor die staat nagehou kan word nie. Hierdie staatsbeskouing is dus nie

so wetenskaplik neutraal as wat dit voorgee om te wees nie;

inteendeel, dit is politiek-ideologies partydig. Die aanspraak van ’n

bloot neutrale (positivistiese) beskrywing wat met die behandelde

staatsdefinisies gepaard gegaan het, is dus ongegrond. In hierdie

definisies het ons met ’n ideologiese neerslag te doen, wat in die

misleidende retoriek van neutrale wetenskap met ons kommunikeer.

Dit is ’n kenmerk van die moderne politieke teorie (en soos uit die

aangehaalde definisies van die staat blyk, ook van die

regswetenskap), sê Larry Siedentop 31 tereg, om ’n omstrede konsep

soos die staat te hanteer asof dit geheel en al nie-problematies en

onomstrede is. Die staat word as ’n neutrale begrip van die politieke

en regswetenskap behandel, sonder enige aanduiding dat dit

ideologies gelaai mag wees. Weens die feit dat ideologies gelade

begrippe onder oënskynlik bloot ’n beskrywende realiteit toegesmeer

word, word belangrike ideologiese kwessies eenvoudig buite die debat

geplaas.

Die staat word feitlik konsekwent in beskrywende juridiese terme,

soos die begrip, soewereiniteit, verklaar, terwyl potensieel

ideologiese kwessies as irrelevant buite orde gereël word. Soos

Siedentop sê:

31

... for the most part philosophical analyses of the concept of the state

stopped there. Any remaining questions about the state are assigned to

L Siedentop ‘Political theory and ideology: The case of the state’ in D Miller en L

Siedentop (reds) (1983) The Nature of Political Theory Clarendon Press Oxford 53.

Die staatlike paradigma 109

historical or sociological enquiry in general and to Marxism in

particular. 32

Die staatskonsep dra noodwendig sekere ideologiese voorkeure en

partydigheid in sigself om. Nogtans word die staatskonsep hanteer

asof dit bloot beskrywend en neutraal is. Sodoende word

wetenskaplike ondersoek die werktuig en spreekbuis van ideologie. 33

Met betrekking tot wetenskapsbeoefening in die besonder in die

geesteswetenskappe word daarop gewys dat dit waarde-gebonde of

waarde-gedrewe is. Dit behels ’n hegte samehang tussen die is en die

behoort, oftewel dat daar ’n noue verband tussen oënskynlik

waardevrye feite en waardes bestaan. Derhalwe is waardevoorkeure

en –partydigheid opgeneem, en word dit weerspieël in wat as feite

voorgehou word. 34 Gevolglik is die waardevryheid en objektiwiteit

van die empiriese wetenskappe blote skyn. In werklikheid is die

empiriese wetenskappe ook met waardevoorkeure deurspek. Dit sluit

ook die oënskynlik mees empiries beskrywende aspekte in, waaronder

die vermeende waarde-onpartydige definisie van die staat. Net so is

wetenskaplike metodiek en tegniek eweneens nie neutraal nie.

Metodiek en tegniek dra partydige waarde- en ideologiese voorkeure

en vooroordele en in die onderrig hiervan word die ideologiese

partydigheid ook aan die student oorgedra. 35

Die regswetenskap is by uitnemendheid vatbaar vir die geruislose

en onopmerklike oordrag van waardevooroordele en van ideologie.

Die regswetenskap hou sigself altyd besig met institusionele feite, 36

oftewel met die feite van ’n bepaalde maatskaplike orde. Voorts — en

dit is baie belangrik — is die stof waarmee die juris en dergelike

beoefenaars van die geesteswetenskappe werk, in plaas van ’n groter

geheel, altyd episodies en fragmentaries van aard: 37 wetgewing,

regulasies, regterlike beslissings, en dies meer. Gevolglik word die

juris se aandag altyd deur fyn besonderhede in beslag geneem. Die

onderwerpe waarmee juriste hulle bemoei, behoort tot ’n variasie

van agendas van ander persone: politieke partye, regerings,

drukgroepe, private gedingvoerders, ensovoorts. 38 Juriste staan in

diens van hierdie agendas en is beswaarlik ooit in die posisie om eie

32

33

34

Siedentop (n 31 hierbo) 54.

Siedentop (n 31 hierbo) 54-56.

AM Faure (1981) ʼn Ondersoek na die Kenteoretiese Grondslae van die

Vergelykende Politiek (1991) Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Universiteit

van Suid-Afrika 66. Faure vat die verbintenis tussen feite en waardes saam deur

35

te verklaar: ‘Om te ken is om te keur’.

SS Wolin ‘Political theory as a vocation’ (1969) 63 American Political Science

36

Review 1063.

N Mc Cormick ‘Reconstruction after deconstruction: A response to CLS’ (1990) 10

37

38

Oxford Journal of Legal Studies 557.

Mc Cormick (n 36 hierbo) 537.

Mc Cormick (n 36 hierbo) 537.

110 Hoofstuk 5

agendas te stel en te bevorder. Hulle moet partydige privaat en

politieke belange bevorder en regverdig en is nouliks in ʼn posisie om

objektief daarteenoor te staan of om gevolgtrekkings te maak wat

teen hulle professionele opdrag indruis. 39

Wanneer regswerk ter sprake is, bestaan daar altyd aan die een

kant die agenda van ’n persoon of ’n instelling, of die agenda wat deur

’n bepaalde orde wat byvoorbeeld kragtens ’n grondwet of wetgewing

daargestel is. Aan die anderkant is daar weer regslui wie se dienste

bekom word ten einde die agendas deur te voer. Op die mees

elementêre vlak is daar die agenda van ’n eiser wat ’n bedrag van ’n

verweerder eis, of die agenda van ’n verweerder wat hom teen die eis

verweer, of die agenda van die vervolgingsgesag wat poog om die

skuldigbevinding van ’n beweerde misdadiger te bewerkstellig, of van

die beskuldigde wat hom teen die aanklag moet verweer. Op ’n meer

algemene vlak is daar die agenda van ’n regering om ooreenkomstig

’n ideologiese of belange-voorkeur wetgewing deur te voer waardeur

daardie voorkeur in dwingende en oënskynlik onpartydige reg beslag

kry. Ook is daar die politiek geïnspireerde agenda om ’n grondwet op

te stel, wat eweneens belange en ideologies partydige voorkeure dien

en ander belange teenwerk, en daardie belange in regsinstrumente

verskans — en verdoesel. In die breedste sin is die totale regsorde

natuurlik ook ’n agenda. ’n Regsorde veronderstel altyd die

manifestasie van die een of ander politieke konsensus, of, meer

gereeld, van die een of ander ideologiese dominasie of

belangedominasie. Die regsorde gee deur regsinstrumente —

konstitusies, wetgewing, administratiewe optrede, hofuitsprake,

liggame, instellings, maatreëls en magte wat deur wetgewing en die

grondwet geskep word — uitdrukking aan daardie belangedominasie,

staan in die diens daarvan en poog om dit teen verandering te

vrywaar. As die dienaars daarvan speel juriste ’n sleutelrol in die

administrasie daarvan.

Die dienste van juriste moet altyd verkry word om te help met die

deurvoer van hierdie agendas en die juris tree dan op ter realisering

van die oogmerke van die agendas en die outeurs daarvan. In die

proses moet die juris dikwels die probleem wat hy moet hanteer en

waarvoor sy dienste bekom word vanuit nie-juridiese taal, waarin dit

aanvanklik aan hom gestel is, in regstaal vertaal ten einde die

probleem juridies hanteerbaar te maak. Deur hierdie vertaling tree

daar ’n retoriese verwydering in tussen die aanvanklike agenda

waarvoor sy dienste bekom is en die nuut geformuleerde agenda. (Dit

is nog dieselfde probleem wat hanteer word, maar dit is nou in

juridies hanteerbare terme herformuleer). Sodoende kry die juris ook

39 HJ Berman (1983) Law and Revolution: The formation of the Western Legal

Tradition Harvard University Press: Cambridge, Massachusetts Berman 156, 157.

Die staatlike paradigma 111

afstand van die aanvanklike agenda waarvoor sy dienste bekom is.

Daarna funksioneer hy in die nuwe juridies herformuleerde wêreld. Hy

werk byvoorbeeld nie meer met Jan Botha wat nie Piet Potgieter se

motor behoorlik herstel het nie, maar met die verweerder wat

kontrakbreuk by wyse van positiewe wanprestasie teen die eiser

gepleeg het. Hy werk ook nie meer met die hewige politieke geskil oor

beweerde rasgebaseerde afknouery met die indiensneming van ’n

bepaalde persoon nie, maar met die neutrale formulerings van die

Wet op Billike Werksgeleenthede uitgedruk in die ewe polities vergete

terme van die Employment Equity Act. Die juris, wat betrokke is by

insolvensieverrigtinge kragtens die Insolvensiewet werk ook nie met

die instandhouding van ’n breë kapitalistiese orde, waarvan die wet

juis ’n praktiese implikasie is nie, maar bloot met die juridiesgedefinieerde

toepassing van die betrokke wet. Die juris wat hom met

die grondwetlike reg besig hou, bemoei hom ook nie met die feit dat

die grondwet dikwels die vergestalting van hegemoniese en

hiërargiese politiek is nie. Daardie feit ontsnap gewoonlik sy aandag;

hy hou hom daarenteen oënskynlik suiwer besig met argumentasie oor

die korrekte toepassing en interpretasie van die besonderhede van die

(grondwetlike) reg. Die politieke agtergrond en die magsverhoudings

wat deur die grondwet in stand gehou word en die hegemonie wat dit

skep en verskans, kom dus nouliks by hom op. Dit is grootliks vergete.

Soms is die vertaling van die agenda in regstaal nie nodig nie.

Wanneer daar binne ’n wetgewende raamwerk of binne ’n

grondwetlike raamwerk gewerk word, is die ideologiese, politieke en

belangevoorkeure en -partydigheid in diens waarvan die wetgewing of

die grondwet staan, reeds in regstaal omgesit en onder die neutrale

regsterme verberg. Die wetgewing of die grondwet het die

belangebotsing wat met die aanvaarding van die grondwet of die

wetgewing beslis is, reeds in regstaal vertaal. Daarna werk die juris

met regstof en nie meer met die politieke keuses en

belangevoorkeure wat die agterliggende motief vir die wetgewing of

die grondwet is nie. Die juris werk in dié geval ter realisering van ’n

politieke agenda, maar omdat dit in regstaal oorgesit is en in regstof

omgesit is, is sy indruk dat hy die dienaar van ’n juridiese agenda is,

vry van kontaminasie met die politiek of iets dergeliks wat buite die

reg is.

Sekere agendas is eenvoudig en duidelik, soos wanneer die agenda

daarin bestaan om namens ’n eiser te dagvaar. Ander kere staan die

breë agenda waarbinne die juris werk egter so ver op die agtergrond

dat hy nouliks daarvan bewus is dat hy sy dienste vir ’n bepaalde

agenda beskikbaar stel. Wanneer die juris betrokke is by ’n

aangeleentheid waar voldoening aan die grondwet vereis word, of

wanneer hy aan die opstel van ’n grondwet meewerk, is hy in

werklikheid intiem met die deurvoer van ’n politieke agenda

gemoeid. Die politieke agenda is egter onder die regsdiskoers

112 Hoofstuk 5

verberg, met die gevolg dat die juris nie besef dat hy hom eintlik

diensbaar stel vir die uitvoer van ander se politieke projek nie. Voorts

is dit ook so dat wetgewing gewoonlik die een of ander politieke,

ideologiese of ekonomiese voorkeur beliggaam. Weens die

verbergende neutraliteit van regstaal 40 word die voorkeur egter nooit

verraai nie. Inteendeel: dit word juis toegesmeer.

Regsaktiwiteit — dit waarmee die juris hom bemoei — behels nooit

self regstreeks die neerlê van die politieke agenda, waaraan die reg

diensbaar moet wees nie, maar is daarenteen altyd gemoeid met die

fyner besonderhede ten einde aan die agenda uitvoering te gee.

Wanneer die agenda eenvoudig is in die sin dat dit duidelik is en min

besonderhede bevat, is hy natuurlik van die bestaan daarvan bewus.

Aan die ander kant kan die agenda kompleks wees. Dit kan breë

algemene doelstellings hê wat ver verwyderd staan van die

besonderhede oor die daadwerklike konkrete inwerkingstelling

daarvan. Wanneer in besonderhede met hierdie fyner detail gewerk

moet word, neem dit uiteraard die aandag van die juris in beslag, met

die gevolg dat die juris onbewus is van die feit dat hy in werklikheid

in diens staan van die deurvoer van ’n ander se projek. Die noodsaak

van betrokkenheid by die detail vereng die horison eenvoudig in so ʼn

mate dat die betrokkenheid by en diensbaarheid aan die groter projek

nie raakgesien word nie en gevolglik ook nie ingesien word nie.

Hoe breër en algemener die agendas en projekte van die persone

of instellings waarbinne die juris werk en hoe fyner die besonderhede

waarmee gewerk word om uitvoering aan die agenda te gee, des te

sterker is die neiging om net op die besonderhede te konsentreer en

die agenda as sodanig heeltemal uit die oog te verloor.

Die grondliggende waarde-oordele en belange- en ideologiese

voorkeure wat in die agenda vervat is, kom weens die feit dat die juris

as ’t ware deur die gedetailleerde besonderhede van die uitvoer van

die agenda in beslag geneem word, nooit by hom op nie. Die

regsakademiese kurrikulum is ook nie so saamgestel dat dit die

(voornemende) juris hoegenaamd bewus maak van die ideologiese

waarde-universum waarbinne regsaktiwiteit plaasvind of hom bedag

maak op die ideologiese voorkeure waarbinne regswerk gedoen word

nie. Inteendeel, regsopleiding gee voor en word op die basis

onderneem dat mens met outentieke akademiese temas — ware

40 Dit is juis onder andere om hierdie rede dat die reg as ‘n doeltreffende hulpbron

vir die uitoefening van mag beskou word. Sien byvoorbeeld AT Turk ‘Law as a

weapon in social conflict’ (1976) 23 Social Problems 276 et seq.

Die staatlike paradigma 113

regswetenskap (wat eintlik niks meer as regsdogma 41 of doktrine is

nie) werk. Daarvan word die periferie-temas onderskei wat ideologies

geïnspireer is en sodoende nie werklik die stempel van ware

regswetensklap waardig is nie. 42 Die suggestie wat hiermee gepaard

gaan, is dat die ware regswetenskap polities en ideologies neutraal

is. 43

Wanneer ons sê dat juriste deur die aanwending van die reg vir die

uitvoer en vervulling van ander se agendas en projekte

verantwoordelik is, sê ons in der waarheid daarmee saam dat die

regswetenskap as ’n toegepaste wetenskap funksioneer. Die

toegepaste wetenskappe, in teenstelling met die ‘suiwer’

wetenskappe, is daarin onderskeibaar dat hulle ’n meer regstreekse

verhouding met die samelewing — die sosiale werklikheid — het. 44 Dit

geld veral vir die regswetenskap, wat juis op die regulering van

menslike gedrag en die reëlmatige hantering en beslegting van

menslike konflik gerig is.

RF Beerling maak die insiggewende stelling dat wetenskap, en in

die besonder toegepaste wetenskap, uit praktiese en ideologiese

stelsels afgelei is. 45 In die lig van die bespreking van Bodin, Hobbes

en Locke wat die bestaansoogmerke en funksies van die moderne

staat teoreties verklaar het en die staat primêr as ’n geografies

gebaseerde regsordening en ’n meganisme vir die regulering van

menslike konflik beskryf het, is hierdie stelling juis vierkantig op die

regswetensklap van toepassing. Regswetenskap, en by name die

staatsreg waarvan die grondslae deur die genoemde teoretici gelê is,

het ook sy ontstaan in praktiese situasies gehad. In hierdie geval was

die praktiese situasie waarmee hierdie teoretici juis moes handel, dié

van uiters traumatiese menslike konflik en die radikale afwesigheid

van daadwerklike menslike gemeenskap. Die filosofiese grondlegging

van die staat en van die staatsreg neem menslike atomisme en die

anti-kommunitêre afwesigheid van menslike gemeenskap, as basiese

vertrekpunt. Hierdie afwesigheid van gemeenskap is in die uitgerekte

konflikte van die sestiende en sewentiende eeue daadwerklik beleef.

41 Harold Berman (n 39 hierbo) 154 verduidelik dat die eietydse regswetenskaplike,

net soos sy voorganger in die twaalfde eeu in Europa, hom met die regsdogmatiek

bemoei, dit wil sê die sistematiese uitpluis van al die implikasies van regsreëls,

hul onderlinge verhouding en hul aanwending in besondere situasies.

42

D Kennedy ‘The political significance of the structure of the law school

curriculum’ (1983) 14 Seton Hall Review 1.

43 Kennedy (n 42 hierbo) 8-9 wys byvoorbeeld uit dat daar geredeneer word dat die

privaatreg (byvoorbeeld die kontraktereg) die sentrum van ware politiek

ongekontamineerde regswetenskap is. Kennedy sê dat dié sentrum ook politiek

gemotiveer is. Dit is ʼn vergestalting van die kapitalisme en liberale

individualisme.

44 RF Beerling et al (1970) Inleiding tot de Wetenschapsleer Bijleveld: Utrect 150.

45 Beerling (n 44 hierbo). Die skrywers voeg dan by dat die wetenskaplike aansprake

van so ʼn ideologies geïnspireerde wetenskap nie noodwendig minderwaardig is

nie.

114 Hoofstuk 5

Die filosofiese grondlegging van die staatsreg is as ’t ware veroorsaak

deur hierdie konflikte en was by uitstek daarop gerig om ’n formule

te vind waardeur blywende en doeltreffende vrede, ten spyte van die

afwesigheid van menslike gemeenskap, verseker kon word. 46

Die kern van die oplossing wat deur die denkarbeid van hierdie

grondleggers gebied is, kan saamgevat word in die begrip

staatlikheid. Dit is juis die staat as neutrale regsordening en

konflikreguleerder wat die kernelement van die probleemoplossing is

waarmee hierdie staatsfilosowe vorendag gekom het. Hierdie

staatlikheid — die ideologies geïnspireerde konflikbeslegtingsformule

van die sestiende en sewentiende eeue — is in die gedaante van die

algemeen aanvaarde definisie van die staat in die moderne staatsreg,

internasionale reg en die politologie ingebou. Anders gestel,

staatlikheid verteenwoordig die paradigma 47 — die basisteorie — aan

die hand waarvan hierdie dissiplines, en met name groot gedeeltes

van die regswetenskap, beoefen word.

Die vertrekpunte van die staatlike paradigma wat deur Bodin,

Hobbes en Locke neergelê is, word vandag steeds vervat in die

positivistiese definisie van die staat. Daardie paradigmatiese

vertrekpunte is ideologies geïnspireerde feite wat die konsensusraamwerk

verskaf vir eietydse wetensklapsbeoefening in die

staatsreg, internasionale reg, ander regsdissiplines, sowel as die

politologie. Daardie basisfeite van die paradigma lê nie net die

raamwerk neer vir wetenskapsbeoefening nie. Dit sensureer ook

gepoogde wetenskapsbeoefening wat buite die aannames van die

paradigma probeer funksioneer, en wys dit af as sou dit

onwetenskaplik wees.

Die staatlike paradigma bevat die volgende vier ideologies

gedrewe basisfeite of basiese uitgangspunte:

• Die territoriale staat is die basiese ordening van politieke

organisasie. Territorium is die vertrekpunt. Vanuit daardie hoek

word die ander elemente van die staat benader. Vanaf territorium

word na bevolking gewerk, nie andersom nie. Territorium geniet

voorkeur bo bevolking. Die bevolkingselement word so hanteer

dat dit by die territorium-element moet aanpas en inval, nie

andersom nie. Territorium is nie slegs ’n feit nie. Weens die

voorrang wat dit in vergelyking met die ander staatselemente

geniet, is dit ook ’n ideologies gedrewe oordeel. (Die

46 In hierdie opsig was Bodin, Hobbes, Locke en De Groot benewens, grondleggende

politieke filosowe van die moderne era, ook die grondleggers van die staatsreg as

toegepaste wetenskap. Beerling (n 44 hierbo) 151 sê juis dat toegepaste

wetenskap gekenmerk word deur die feit dat dit nog meer as die suiwer

wetenskappe op die verwesenliking van praktiese doelstellings gerig is.

47 Die begrip word hieronder uitvoerig behandel.

Die staatlike paradigma 115

aangeleentheid word in besonderhede in hoofstuk 6 behandel

wanneer nasiebou of, meer gepas, staatsbou bespreek word. Dit

kom weereens ter sprake in hoofstuk 9.3 waarin territoriale

integriteit en selfbeskikking in die internasionale reg bespreek

word.)

• Die staat huisves ’n bevolking, nie ’n gemeenskap nie. Die

bevolking is enige aantal mense (any number of persons), ongeag

daar enige bande van taal, kultuur, etnisiteit, godsdiens, afkoms,

of enigiets dergeliks tussen hulle hoef te bestaan. Die enigste

twee gemeenskaplike faktore tussen die individue wat die

staatsbevolking uitmaak, is dat hulle in dieselfde territorium

teenwoordig is en aan dieselfde regsorde onderworpe is. Dit is die

wesenlike elemente van die staatsgemeenskap. Waar dit betreklik

algemeen geraak het om losweg van nasie(s) te praat, verwys dit

eweneens nie na ’n gemeenskap wat deur hegte onderlinge bande

aan mekaar gebind word nie, maar bloot die totaal van die

staatsbevolking, ongeag die aan- of afwesigheid van enige

onderlinge bande.

• Die bevolking word hanteer as losstaande individue wat ’n

atomistiese bestaan van die najaag van private persoonlike

belange voer. Vir sover individue moontlik wel in ’n taal-,

godsdienstige, etniese, kultuur- of dergelike groep ingebind is, is

dit heeltemal toevallig en is dit bowendien juridies en polities ’n

volkome irrelevante feit. Sodanige groeperinge is slegs van

private betekenis en mag nooit as openbare realiteit hanteer en

geakkommodeer word om sodoende die aard van die staat te

bepaal nie. In die openbare orde — die reg en die politiek — is

slegs twee entiteite relevant: die individu en die staat. 48 Weens

die inhok van bovermelde groeperinge binne die private domein,

is die staat neutraal, of gee die staat minstens voor om

groepsneutraliteit te handhaaf.

• Die staat funksioneer as regsordening. Dit verskaf fasiliteite vir

die realisering van private belange en verseker met behulp van

die regstelsel doeltreffende private geskilbeslegting. Sodoende

bevorder dit private behoeftebevrediging en verseker tegelyk die

stabiliteit van die staat. Om hierdie funksie te vervul, is die staat

soewerein, wat inhou dat dit binne sy grense die hoogste gesag is

en tegelyk ’n monopolie op wettige geweld het. Dit streef ook

daarna om die enigste regskepper en beregter te wees.

48

Regte bestaan dus op net twee vlakke, naamlik op die vlak van die individu en die

staat. Die staat is die enigste kollektiwiteit waarin regte setel. Geen ander

kollektiwiteit kwalifiseer daarvoor nie. Vernon Van Dyke ‘Human Rights and the

rights of groups’ (1974) 18 American Journal of Political Science 726 stel dit soos

volg: The assumption was that rights exist at two levels, the level of the

individual and the level of the nation state. Groups other than the nation

or the population of the state could be ignored.

116 Hoofstuk 5

Regskepping en beregting buite-om die formele instellings van die

staat kan slegs voorkom vir sover die staat dit toelaat.

Hierdie punte verteenwoordig die vier grondbeginsels van

staatlikheid, die vier kernaannames van die staatlike paradigma. Die

grondslag is deur Bodin, Hobbes en Locke gelê en hierdie grondslag

dissiplineer steeds die wyse waarop ons vandag nog groot dele van ons

wetenskaplike projek in die regsveld en die politiek onderneem asook

die wyse waarop ons wetenskap en politiek beoefen.

2 Die dinamika van paradigmas

Thomas Kuhn is die persoon wat die begrip paradigma bekend en

populêr gemaak het. 49 Sy werk het van hom ’n invloedryke, indien nie

die mees invloedryke, wetenskapsfilosoof vir ’n lang tyd gemaak.

Kuhn is vir die onderhawige bespreking van belang, onder meer

aangesien sy insigte die neutraliteitsaansprake wat met

wetenskapsbeoefening gepaard gaan, weerlê. Kuhn bring by

implikasie korreksies aan in die werk van die positivisme (wat onder

meer die werk van Kelsen onderlê) deurdat hy die ongegrondheid van

die aansprake van waarde- en ideologiese neutraliteit aan die kaak

stel. 50

Kuhn se wetenskapsfilosofiese arbeid was in die eerste plek op die

natuurwetenskappe afgestem. In sy wetenskapsteorie maak hy ook

deurlopend van stawende voorbeelde uit die natuurwetenskappe

gebruik. Sy werk is egter ook van groot betekenis vir die sosiale

wetenskappe en veral vir die regswetenskap.

49 Kuhn sit sy wetenskapsbeskouing in 1962 in sy hoofwerk, TS Kuhn (1970) The

Structure of Scientific Revolutions University of Chicago Press: Londen uiteen.

Sien ook verder in hierdie verband: Faure (n 34 hierbo) 69-73; SS Wolin

‘Paradigms and political theories’ in P King en BC Parekh (reds) (1968) Politics and

experience: Essays presented to professor Michael Oakeshott on the occasion of

his retirement Cambridge University Press Cambridge 125-152; J Mouton ‘Thomas

S Kuhn’ in S Snyman (red) (1995) Wetenskapsbeelde in die Geesteswetenskappe

RGN Pretoria 65-92; PhJ Thomas ‘Wetenskapsfilosofie in die regswetenskap’

(1995) 58 THRHR 38.

50 Mouton (n 48 hierbo) 88; (a) Hans-Georg Gadamer se werk soos onder meer vervat

in: H-G Gadamer, (1989) Truth and method (vertaling deur J Weinsheimer en DG

Marshall) Sheet & Ward London 267-377; (b) H-G Gadamer ‘Truth in the human

sciences’ (vertaal deur BR Wachetrhauser) in BR Wachetrhauser (red) (1994)

Hermeneutics and truth North Western University Press: Evanston, Illinois 25-32;

(c) H-G Gadamer ‘What is truth?’ (vertaal deur BR Wachetrhauser) in BR

Wachetrhauser(red) Hermeneutics and truth North Western University Press:

Evanston, Illinois 33-46 sluit hierby aan, aangesien dit die begrip waarheid in die

geesteswetenskappe verbind met interpretasie deur interpretasiegemeenskappe

aan die hand van basiese oortuigings wat deur dominante interpretasiegemeenskappe

gedeel word. As sodanig is waarheid in die geesteswetenskappe

kultureel van aard.

Die staatlike paradigma 117

Kuhn verduidelik dat wetenskap nie gelykmatig groei nie.

Tydperke van normale wetenskap word afgewissel met fases van

wetenskaplike rewolusies, gevolg deur ’n nuwe tydperk van normale

wetenskap. In die nuwe tydperk word wetenskaplike werk onderneem

volgens ’n nuwe paradigma wat gedurende die wetenskaplike

rewolusie geseëvier het.

Die paradigmabegrip staan dus sentraal in die verstaan van Kuhn

se wetenskapsfilosofiese insigte. ’n Paradigma is:

universally recognized scientific achievements that for a time provide

model problems and solutions to a community of practitioners. 51

’n Paradigma skep ’n samehangende tradisie van wetenskaplike

navorsing 52 en lê as sodanig die grondslag vir ’n tydvak van

wetenskapsbeoefening. Die paradigma-begrip het ’n belangrike

sosiologiese sy, aangesien dit die spelreëls neerlê waaraan die

beoefenaars van ’n bepaalde wetenskaplike aktiwiteit moet voldoen

ten einde wetenskaplik relevant te wees. 53 Kuhn sê met verwysing na

die natuurwetenskappe dat die reëls wat die paradigma konstitueer

ook kwasie-metafisiese reëls insluit. Dit is metafisies omdat dit aan

wetenskaplikes voorskryf wat (welke entiteite) vir wetenskaplike

ondersoek vatbaar is, en ook wetmatighede voorhou waarvolgens die

blootlegging van die werklikheid moet plaasvind. 54

Aansluitend hierby verduidelik Sheldon Wolin die sosiologiese

implikasies van paradigmas. ’n Paradigma

... is a community based on an agreement which extends not only to the

rules governing inquiry and to the stipulations concerning what shall

qualify as a scientific question and count as a scientific answer, but it

extends as well to the particular theory which is accepted as true by the

members in their research and investigation...From a sociological

viewpoint, a paradigm provides a consensual basis which consolidates

the loyalties and commitments of the members. 55

Kuhn sê self in hierdie verband: ‘A paradigm governs in the first

instance not a subject matter but a group of practitioners’ 56 en voeg

51 Kuhn (n 49 hierbo) viii.

52

Kuhn (n 49 hierbo) 10.

53 Hierdie punt is uitvoerig deur Stanley Fish (1980) Is There a text in this class? The

authority of Interpretive communities Harvard University Press: Cambridge,

Massachusetts 307-355 met betrekking tot interpretasie gemeenskappe in die

besonder in die geesteswetenskappe uitgepluis.

54 Kuhn (n 49 hierbo) 41.

55

Wolin (n 49 hierbo) 132.

56 Kuhn (n 49 hierbo) 180.

118 Hoofstuk 5

by dat wetenskaplikes ʼn dissiplinematriks deel. 57 Hierdie insigte van

Kuhn strook met wat teoretici soos Hans Georg Gadamer en Stanley

Fish wat later met uitdruklike verwysing na die geesteswetenskappe

soortgelyke insigte ontwikkel het. Waarheid in die geesteswetenskappe

word eweneens deur tradisie bepaal; dit word deur ’n

dominante interpretasiegemeenskap bepaal wat konvensies van

behoorlike interpretasie neerlê en gevolglik die waarheid van die

geesteswetenswetenskappe, insluitende die regswetenskap, aan die

hand van die interpretasievoorskrifte van die betrokke gemeenskap

van wetenskaplikes bepaal. 58

Normale wetenskap wat deur ’n paradigma fundeer en gelei word,

kan dus geredelik vertolk word as ’n vorm van wetenskaplike

dogmatisme en tirannie. 59 Kuhn verklaar dat wetenskaplike

handboeke om daardie rede nie net beskrywend is nie, maar

voorskriftelik en pedagogies. Die handboeke weerspieël die

paradigma wat gedurende ’n vorige wetenskaplike rewolusie

geseëvier het:

... a concept of science drawn from them (van die handboeke) is no

more likely to fit the enterprise that produced them than an image of a

national culture drawn from a tourist brochure or a language text. 60

Die talle handboeke waarin wesenlik dieselfde staatsdefinisie

voorkom en wat die staatlike paradigma reflekteer en in diens

daarvan staan, oorreed ook daagliks sy studentelesers tot die

aanvaarding van die denkbeelde en waardes wat in die definisie

vervat is. Binne die konteks van die regswetenskap (en ander

geesteswetenskappe) het ons egter nie net te doen met oorreding tot

die aanvaarding van waardes nie, maar ook met ideologiese

oorreding. Ideologie probeer altyd om mense te beweeg tot politieke

optrede, hetsy as konserwatiewe ideologie met die oog op die

handhawing van ’n bestaande orde, of as rewolusionêre ideologie tot

die omvorming van die bestaande orde:

Ideology is a practice-directed system of ideas on the basis of which

political action may be understood or judged. 61

57 Kuhn (n 49 hierbo) 182: ‘Disciplinary because it refers to the common possession

of the practitioner of a particular field; matrix because it is composed of ordered

elements of various sorts each requiring further specialization.’

58 Sien byvoorbeeld Fish (n 53 hierbo) 307-355; Gadamer (n 50b hierbo) 25-32.

59

Faure (n 34 hierbo) 72. Sien verder hier ook Fish (n 53 hierbo) 307-355.

60 Kuhn (n 49 hierbo) 1.

61 JJ Degenaar ‘Nationalism’ in DJ van Vuuren en DJ Kriek (reds) (1983) Political

Alternatives for Southern Africa: Principles and Perspectives Butterworths:

Durban 69.

Die staatlike paradigma 119

Die handboeke waarna verwys is, is gevolglik ideologies

konserwatief, aangesien dit poog om lesers tot die verdediging en

handhawing van die heersende staatlike orde te oorreed.

Normale wetenskap wat op ’n paradigma gebaseer is, is ’n streng

en toegewyde poging om die werklikheid 62 aan die hand van die

konseptuele raamwerk wat deur die paradigma verskaf is, te verstaan

en desnoods af te dwing. 63 Normale wetenskap behels die

onderneming van navorsing gegrond op een of meer wetenskaplike

prestasies wat vroeër behaal is en wat deur ’n bepaalde akademiese

gemeenskap as prestasies beskou word. 64

In die onderhawige geval is die prestasies dié van die politiekteoretiese

en juridiese insigte van Bodin, Hobbes, Locke en De Groot

wat onder meer in die staatsdefinisie ingebou is.

’n Vraag wat hieruit volg is: indien ’n paradigma reeds

afgehandelde werk en reeds behaalde prestasies behels, watter

sinvolle werk is daar dan nog te doen vir die wetenskaplikes wat binne

die paradigma opereer? Kuhn verskaf ’n antwoord hierop wat by

uitstek tot juriste spreek wanneer hy sê dat voortgesette werk wat

binne die paradigma gedoen word, herinner aan die aanvaarding

van — en optrede kragtens — ’n hofbeslissing wat in ’n common lawregstelsel

gegee is. (Die common law-stelsels volg ’n

presedentestelsel waarvolgens latere howe deur vroeëre hofuitsprake

gebind word.) Dit is soortgelyk aan ’n paradigma in die sin dat die

bedrywigheid wat na die vestiging van die paradigma volg, net soos

die bedrywighede wat na ’n bindende uitspraak volg, nie op die

verandering nie, maar slegs op die verdere artikulasie, verfyning en

spesifisering van die paradigma gerig is. 65 Normale wetenskap is dus

gerig op die voltrekking van die beloftes wat die paradigma inhou,

oftewel die gedetailleerde uitwerk en toepas van die potensiële

implikasies van die paradigma. 66 Die meeste wetenskaplikes bestee

hul professionele energie aan hierdie opruimingswerk (mop up) soos

Kuhn dit tipeer. Hierdie normale wetenskap bestaan in aansienlike

mate daaruit dat die beoefenaars van die betrokke wetenskaplike

gebied die stof waarmee hulle werk, inforseer in die dwangbuis wat

deur die aannames van die paradigma geskep is. Soos Kuhn sê:

Clearly examined, ... that enterprise seems to force nature into the

preformed and relatively inflexible box that the paradigm supplies. No

part of the aim of normal science is to call forth new sorts of

62 Binne die konteks van die natuurwetenskappe verwys Kuhn nie na die werklikheid

63

64

65

66

nie maar na die natuur.

Kuhn (n 49 hierbo) 5.

Kuhn (n 49 hierbo) 10.

Kuhn (n 49 hierbo) 10.

Kuhn (n 49 hierbo) 24.

120 Hoofstuk 5

phenomena; indeed those that will not fit the box are often not seen at

all. Nor do scientists normally aim to invent new theories and they are

often intolerant of those invented by others. Instead, normal scientific

research is directed to the articulation of those phenomena that the

paradigm already supplies. 67

Die voordeel van wetenskaplike navorsing ooreenkomstig normale

wetenskap is dat dié navorsing, weens die beperkte en

gekonsentreerde fokus daarvan daarin slaag om ’n gedetailleerde

navorsingsresultaat te lewer wat andersins nie moontlik sou wees

nie. 68 By normale wetenskap verskuif die fokus ook na die wyse van

wetenskapsbeoefening. Die resultaat mag bekend wees, maar die

manier waarop dit bereik word, kan elegant gemaak en verfyn word. 69

Die treffendste kenmerk, en tegelyk die grootste nadeel, van

normale wetenskaplike navorsing is die uiters geringe mate waarin dit

op die verkenning van nuwe terreine gemik is. 70

Dit is in ’n hoë mate inderdaad so dat die enigste probleme wat

deur normale wetenskap as vatbaar vir wetenskaplike navorsing

beskou word, die verdere detailverfyning en aanwending van die

heersende paradigma is. Beoefenaars van die wetenskap word ook

aangemoedig om hulle met hierdie probleme besig te hou. 71 Kuhn sê:

Other problems, including many that had previously been standard, are

rejected as metaphysical, as the concern of another discipline, or

sometimes as just too problematic to be worth the time. 72

Waar wetenskap behoort te mik op die verwerwing van nuwe kennis

en insig, vind ons hier dat die getroue dien van die bestaande

paradigma dikwels juis die teenoorgestelde uitwerking het:

akademiese onverdraagsaamheid, tirannie en uiteindelik ’n kennis- en

insigverstopping. ’n Paradigma funksioneer dus soos ’n ideologie

aangesien dit die denkrigting en die strekking van die wetenskaplike

werk van die beoefenaars van die betrokke wetenskap bepaal. Kuhn

verwys ook na hierdie insigblokkasie wanneer hy sê:

A paradigm can for that matter, even insulate the community from those

socially important problems that are not reducible to the puzzle form, 73

67 Kuhn (n 49 hierbo) 24.

68

Kuhn (n 49 hierbo) 24.

69 Kuhn (n 49 hierbo) 35-36.

70 Kuhn (n 49 hierbo) 35.

71

Kuhn (n 49 hierbo) 37.

72 Kuhn (n 49 hierbo) 37.

73 Puzzle solving — legkaartbou — is die bereik van ʼn reeds bekende antwoord deur

middel van ʼn verskeidenheid van ander metodes. Volgens Kuhn (n 49 hierbo) 35-

36 is dit die mees tipiese aktiwiteit van normale wetenskap.

Die staatlike paradigma 121

because they cannot be stated in terms of the conceptual and

instrumental tools the paradigm supplies. 74

Die verfyning van ’n paradigma lei tot professionalisme, die

ontwikkeling van esoteriese vaktaal, ’n ongekende beperking van die

wetenskaplike se visie, asook tot weerstand teen paradigmaverandering.

75

Vanweë die feit dat die beoefenaars van wetenskap hulle met die

fyn besonderhede van die paradigma besig hou, word die

onderliggende aannames van die paradigma dikwels uit die oog

verloor. Wetenskaplikes besef dikwels nie eens dat hulle die dienaars

van ’n bepaalde paradigma (met ’n hele vrag waardes en ideologie) is

nie:

Though many scientists talk easily and well about the particular

individual hypotheses that underlie a concrete piece of current

research, they are little better than laymen at characterizing the

established bases of their field, its legitimate problems and methods. 76

Ofskoon die wetenskaplike in sy eie oë objektief en onpartydig te

werk gaan, is hy in die laaste instansie die niksvermoedende herhaler

van dogma en die verfyner en afronder van ideologie. 77

Nuwe stof waarmee die wetenskaplike werk — nuwe ontdekkings 78

en nuwe teorie 79 — bring aan die lig dat die heersende paradigma deur

anomalieë geteister word, of anders gestel, dat die heersende

normale wetenskap nie opgewasse is om nuwighede te hanteer en te

verklaar nie. Indien gering, kan nuwe ontdekkings en teorie deur

middel van geleidelike aanpassings in die bestaande paradigma

geakkommodeer word.

Die onvermoë van normale wetenskap om nuwe stof binne die

bekende paradigma te hanteer, lei dikwels tot verklaarde

74 Kuhn (n 49 hierbo) 37.

75

Kuhn (n 49 hierbo) 64.

76 Kuhn (n 49 hierbo) 47.

77 Basson en Viljoen (n 7 hierbo) 1-4 maak aanspraak op ʼn individuele hipotese

ingevolge waarvan hulle wetenskap sou beoefen, deur te verklaar dat hulle

waarde georiënteerde, in teenstelling met positivistiese staatsreg sou beoefen. In

die eerste plek is die twee benaderings natuurlik nie teenoor mekaar te stel nie,

omdat positivisme swaar aan sy eie waardes dra. Tweedens bring die waardes

waarna die skrywers verwys hulle nie verder as kritiese opmerkings teen die

destydse apartheidstelsel wat in Suid-Afrika toegepas is nie. Die res van die

skrywers se arbeid is ʼn oefening in tipiese konserwatiewe normale wetenskap.

Geen aanduiding is te vinde van enige besef — wat staan nog ongemak of kritiek —

dat hulle getroue diensknegte van die staatlike paradigma is nie.

78

Kuhn bespreek die verskynsel van nuwe wetenskaplike ontdekkings uitvoerig. Hy

toon aan dat dit nie eensklaps gemaak word nie en wys ook uit dat daar ʼn

weerstand teen nuwe ontdekkings is omdat dit nie deur die bekende paradigma

hanteer kan word nie. Sien Kuhn (n 49 hierbo) 53-55.

79 Kuhn (n 49 hierbo) 66.

122 Hoofstuk 5

professionele onveiligheid 80 en dompel die heersende paradigma en

sy aanhangers in ’n wetenskaplike krisis. Vir solank daar nie ’n nuwe

alternatiewe teoretiese raamwerk ontwikkel word aan die hand

waarvan die nuwe stof wat die krisis veroorsaak het, hanteer kan word

nie, vind ons die merkwaardige verskynsel dat die beoefenaars van

normale wetenskap geensins op die krisis reageer nie. Die heersende

paradigma bestaan eenvoudig voort op grond van sy historiese

momentum, ten spyte van sy bewese onvermoë om nuwe teorie en

ontdekkings te hanteer. Die beoefenaars van die normale wetenskap

wat in gelid met die ou paradigma beweeg het, gaan ook soos tevore

op die ou trant voort, in weerwil van die feit dat die ou paradigma nie

meer geloofwaardig die pas kan aangee nie.

Vir solank ’n plaasvervanger vir die bestaande paradigma nog nie

na vore getree het nie, word daar eenvoudig aan die bestaande

paradigma geklou ongeag die erns van die krisis waaraan dit

uitgelewer is. Wetenskaplikes probeer in hierdie omstandighede om

deur krisisbestuur die probleme van die bestaande paradigma te

verlig.

They will devise numerous articulations and ad hoc modifications of

their theory in order to eliminate any apparent conflict. 81

Die rede waarom dit gebeur is dat wetenskaplike navorsing sonder die

aannames van ’n paradigma onmoontlik is. Daar moet dus in die

afwesigheid van ’n nuwe paradigma noodwendig by die oue, hoe

gebrekkig ook al, gehou word.

Wanneer ’n basisteorie die status van ’n paradigma verwerf het,

verbeur dit sy status eers wanneer ’n plaasvervanger beskikbaar is.

Die besluit om een paradigma te verwerp, sê Kuhn, gaan altyd

gepaard met die aanvaarding van ʼn nuwe: ‘The decision to reject one

paradigm is always simultaneously the decision to accept another.’ 82

Uiteraard lei nie alle anomalieë, teenstrydighede en die

onvermoë van ’n paradigma om situasies te hanteer tot paradigmakrisisse

nie. Sodra ’n anomalie egter eers beleef word as nie bloot een

van die vrae van normale wetenskap nie, maar ’n vraag — ’n raaisel —

wat nie kragtens die aannames van die heersende paradigma hanteer

kan word nie, neem ’n krisis ’n aanvang en begin daar ’n proses van

buitengewone wetenskap. Die anomalie se bestaan word dan wyd

erken en toenemende aandag word ook deur die gewigtigste

beoefenaars van die betrokke wetenskap aan die probleem gewy. Die

80 Kuhn (n 49 hierbo) 67-68.

81

Kuhn (n 49 hierbo) 78.

82 Kuhn (n 49 hierbo) 77.

Die staatlike paradigma 123

oplossing van die anomalie kan selfs die hooftema van die betrokke

wetenskap word. 83

Wanneer ’n nuwe paradigma sy posisie gevestig het, het dit tot

gevolg dat die substraat — die ru-stof — van die betrokke wetenskap

herkonstrueer is en heeltemal nuut beskou word en ook dat sommige

van die betrokke wetenskaplike dissipline se mees elementêre

teoretiese veralgemenings, konsepte en toepassings ingrypend

verander. Wanneer die paradigma-omwenteling voltooi is, sal die

professie sy beskouing oor die veld, die metodes en die oogmerke van

die wetenskap geheel en al verander het. Die vestiging van ’n nuwe

paradigma bring mee, sê NR Hanson dat:

... the handling of the same bundle of data as before, but placing them

in a new system of relations with one another by giving then a different

framework. 84

Met die oorwinning van die nuwe paradigma is ’n wetenskaplike

rewolusie voltrek. Die rewolusie behels ’n nie-kumulatiewe

ontwikkelingsepisode waartydens ’n ou paradigma geheel of deels

deur ’n nuwe vervang word. 85 Kuhn verdedig sy gebruik van die

politieke metafoor van rewolusie in die onderhawige konteks deur die

ooreenkoms tussen ’n wetenskaplike en ’n politieke rewolusie toe te

lig. By albei is daar bestaande instellings wat verandering en die

aankoms van ’n nuwe situasie probeer verhinder. Die sukses van die

rewolusie hang dus af van die aftakeling van ’n aantal

wanfunksionerende instellings en die vervanging daarvan met

nuwes. 86 Die politieke metafoor is ook gepas vanweë die feit dat die

wetenskaplike gemeenskap in twee partye verdeel is wat betref

lojaliteit teenoor onderskeidelik die ou paradigma en die nuwe

aanspraakmaker.

Wat myns insiens egter die mees tersaaklike rede is vir die tipering

van ’n wetenskaplike omwenteling as ’n rewolusie, is dat die

verandering wat plaasvind geskied buite-om die reëls van die

‘konstitusie’ van die bestaande paradigma. Soos Kuhn ons gepas

herinner:

Political revolutions aim to change political institutions in ways that

those institutions themselves prohibit. 87

83

Kuhn (n 49 hierbo) 82-83.

84 NR Hanson (1983) Patterns of Discovery aangehaal deur Kuhn (n 49 hierbo) 82.

85 Kuhn (n 49 hierbo) 92.

86

Kuhn (n 49 hierbo) 92.

87 Kuhn (n 49 hierbo) 93.

124 Hoofstuk 5

’n Nuwe paradigma bring nuwe relevante wetenskaplike probleme

na vore en beslis dat ander wat vroeër relevant was, nou verval. 88

Paradigmadebatte handel ook oor welke probleme ter sake is en

oplossings vereis. Dit is ’n waardekwessie wat slegs aan die hand van

buite-wetenskaplike voorkeure en oordele beantwoord kan word. 89

’n Wetenskaplike rewolusie bring mee dat die wetenskaplike die

wêreld nou anders sien, dat die skille van sy oë afval, en dat daar vir

die eerste maal vir hom lig opgaan. 90

Die sukses van ’n wetenskaplike rewolusie word grootliks bepaal

deur ’n klein aantal rewolusionêre wetenskaplikes wat hulle aandag

intens toespits op die faktore wat tot die krisis in die bestaande

paradigma gelei het. Hierdie wetenskaplikes is dikwels ook so jonk of

so nuut in die betrokke dissipline dat hulle nog nie so stewig deur die

reëls van die bestaande paradigma gebind word nie. 91

Ondanks die feit dat ’n nuwe paradigma mag seëvier, word talle

ortodokse wetenskaplikes nooit tot die nuwe paradigma oorreed nie.

Daarom is dit ook so dat ’n nuwe paradigma dikwels nie die oorhand

kry omdat ortodokse wetenskaplikes tot die nuwe paradigma

oorgehaal word nie, maar bloot omdat die ortodokses mettertyd hulle

posisies prysgee en met ’n nuwe geslag wetenskaplikes, wat die nuwe

paradigma aanhang, vervang word. 92 Die ou generasie glo ook dikwels

steeds vas dat die ou paradigma waarin hulle getoë is, tog nog daarin

sal slaag om sy onbehendigheid, wat hom in die krisis laat beland het,

te bowe te kom. ’n Ander manier waarop daar op so ’n paradigmakrisis

reageer word (anders as om die beloftes van die nuwe

paradigma aan te gryp), is dat die gevolgtrekking gemaak word dat die

probleem waarmee die bestaande paradigma te kampe het so

kompleks is, dat dit nie opgelos kan word nie en om dan die probleem

op die rak te plaas sodat ’n toekomstige geslag daarmee kan handel. 93

Dit beteken dat die probleem eenvoudig vermy word.

Aan die ander kant is die aangryp van ’n nuwe paradigma dikwels

’n geloofsdaad. Die nuwe paradigma word aangegryp nog voordat daar

genoegsame bewyse vir die sukses daarvan bestaan, en bloot in die

geloof dat dit daarin sal slaag om die probleme waardeur dit in die

gesig gestaar word, die hoof sal bied. 94

88

89

Kuhn (n 49 hierbo) 103.

Kuhn (n 49 hierbo) 110. Beerling (n 44 hierbo) 152 verduidelik dat hierdie buitewetenskaplike

waarde-oordele veral die rigting van die toegepaste wetenskappe

90

91

92

93

94

(en dus ook die regswetenskap) bepaal.

Kuhn (n 49 hierbo) 122-123.

Kuhn (n 49 hierbo) 144.

Kuhn (n 49 hierbo) 150-151.

Kuhn (n 49 hierbo) 84.

Kuhn (n 49 hierbo) 158.

Die staatlike paradigma 125

Sheldon Wolin meen dat daar ’n verskil tussen

natuurwetenskaplike en politiekwetenskaplike paradigmas bestaan

vir sover eersgenoemde geneig is om paradigmawisselings te verbloem

en sodoende die indruk van kontinuïteit skep, in teenstelling met

politiekwetenskaplike paradigmas waar die klem op neologismes en

diskontinuïteit geplaas word. 95 Politieke teorie fokus dus nie op

normale wetenskap, oftewel op die verfyning, uitwerk en toepas van

’n bestaande teorie nie. 96

Die regswetenskap, en by name die staatsreg en verwante

dissiplines, is egter vanweë die feit dat dit toegepaste wetenskappe

is, ingebed in ’n enkele politiek-teoretiese paradigma en is ingestel

op die verfyning en benutting van die moontlikhede van daardie

paradigma. Die staatlike paradigma wat weens die bespreekte

politiek-teoretiese werk in die sestiende en sewentiende eeue beslag

gekry het (sien hoofstuk 4), het, soos daar in die eerste gedeelte van

hierdie hoofstuk verduidelik is, die grense van groot dele van die

regswetenskap afgebaken. Die paradigma bepaal die doelstellings wat

verwesenlik moet word en tegelyk plaas dit ’n verbod op ander

doelstellings as wetenskaplik onverantwoordbaar en irrelevant. Die

paradigma lê ook die reëls neer wat gevolg moet word om die

doelstellings wat die paradigma daargestel het, te bereik. Die

paradigma reël ook ander metodes om die doelstelling te bereik buite

orde. Die beginsels wat in die paradigma vervat is, gee ook alreeds

inhoud aan die antwoorde op die vrae wat binne die raamwerk van die

paradigma gestel is.

In die hoofstukke wat volg, kry kernaspekte van die staatlike

paradigma aandag. Hoofstuk 6 behandel staatsbou wat onder die

bedrieglike vaandel van nasiebou vaar. Staatsbou is ’n grondliggende

strategie van die staatlike paradigma. Die doelwit daarvan is om

individuele identiteit te verstaatlik. Daar word aangetoon hoe

juridiese kategorieë vir hierdie doel aangewend word. Hoofstuk 7

fokus op demokrasie en demokratiese teorie en verduidelik hoe

demokrasie, wat die potensiaal het om die bestaande staatlike orde

onder druk te plaas, met behulp van teoretisering volgens die

staatlike paradigma in belang van staatlikheid mak gemaak

(gedomestiseer) is en uiteindelik in diens van staatlike identiteit

geplaas is. Teoretisering oor demokrasie ingevolge die staatlike

paradigma het ’n eksklusiewe definisie aan demokrasie gegee om

sodoende die vereistes van staatlikheid te dien. Daarenteen is ander

inhoude wat aan demokrasie toegedig kan word, ofskoon dit ’n sterker

aanspraak op outentieke demokrasie het, gesensureer omdat dit

95 Wolin (n 49 hierbo) 141-142.

96 Wolin se siening is m.i. aanvegbaar. Politieke filosofie vaar dikwels onder die

vaandel van staatsfilosofie wat, ofskoon dit ʼn verskeidenheid van teorieë mag

omvat, tog ’n enkele paradigmatiese fokuspunt, naamlik die staat, het.

126 Hoofstuk 5

staatlikheid kan ontwrig. Hoofstuk 8 handel oor menseregte. Daarin

word aangetoon dat ofskoon menseregte voorgee om die staat — in die

vorm van die regering — aan bande te lê, dit uiteindelik meewerk tot

die versterking van die staat en die verergering (en normalisering) van

individuele en groepsafhanklikheid van die staat. In hoofstuk 9 word

twee algemene regskonsepte behandel wat tekenend is van hoe daar

binne die regswetenskap juridiese strategieë in werking gestel word

ten einde die staatlike orde te dien. Eerstens word stilgestaan by

hoogverraad en dan by die internasionaalregtelike regsposisie

rakende territoriale integriteit en ooreenstemmende beperkings op

selfbeskikking en sesessie. In hoofstuk 10, onder die opskrif

Politokrasie, word gepoog om ʼn orde anderkant staatlikheid te

bedink.

HOOFSTUK

6

STAATLIKE IDENTITEIT:

DIE STERFLIKE GOD KRY

’N GEMEENTE VAN

AANBIDDERS - DIE NASIE

1 Staatsbou gedrapeer as nasiebou – Hobbes,

Rousseau en daarna

Die universalisme van die Middeleeue 1 het nie vir nasionaliteit of

nasionalisme plek gemaak nie. Trouens, nasionaliteit en nasionalisme

was in die agtiende eeu nog nie ’n noemenswaardige faktor nie. Die

universalisme het wel plek gemaak vir dinastiese state en hul vorste. 2

Die dinastie het die politieke posisie wat vroeër deur godsdiens vervul

is, ingeneem. Politieke lojaliteit is voortaan primêr aan die vors

betoon. Hierdie lojaliteit was egter merkbaar swakker as die

emosioneel gelaaide godsdienstige lojaliteit van weleer. Hans Kohn

verduidelik in sy groot werk oor die nasionalisme:

The new loyalty lacked the emotional fervor of religion; the State

without the inner glow of religion or nationalism was a ‘cold monster.’

Thus the century from 1650 to 1750 was deeply rationalistic in its

politics. 3

Die Hobbesiaanse staat van hierdie era — die Leviatan of sterflike god

— is koud, terughoudend en afsydig. Hy tree na vore in die geval van

individuele konflik, vervul sy skeidsregtersrol en tree daarna weer

terug. Al wat hy van sy onderdane vereis, is om hulle te weerhou van

pogings om hom te ontsetel en om relatiewe vrede met ander

individue te handhaaf. Wat die onderdaan se identiteit is, hoe die

onderdaan hom in afsondering gedra en wat sy oortuigings is, gaan

Leviatan eintlik nie aan nie. Leviatan vereis nie van sy onderdane om

na sy beeld herskep te word nie en hy lê ook nie in enige

noemenswaardige mate reëls vir private individuele gedrag neer nie.

Hy is ’n koue monster wat vrede met sy onderdane het, solank sy

onderdane in vrede met hom en met sy ander onderdane leef.

1 Hierdie aspek is in hoofstuk 2 behandel.

2

H Kohn The Idea of Nationalism (1944) 188.

3 Kohn (n 2 hierbo) 188.

127

128 Hoofstuk 6

Teenoor sy onderdane is hy oorwegend passief en nie die drywer van

enige ideologiese programme nie.

Die konstruksie van die staat het die bou van die nasie (nasie hier

natuurlik juis in die staatlike sin) voorafgegaan. 4 Die tipiese verloop

van gebeure was dat die staat eerste ontstaan het en dat die nasie

daarna binne die politieke raamwerk van die staat beslag gekry of

wasdom bereik het. 5 Alternatiewelik, dat die staat en die nasie

gelyktydig groei, maar dat die staat handelend deur sy organe die

aktiewe agent in die groeiproses is. 6

Dit was nie net in Europa waar state eerste tot stand gekom het

en nasies daarna binne die staatsraamwerke gevorm is nie. Dieselfde

proses het ook in ander dele van die wêreld — ook in Afrika —

voorgekom. Die duidelikste en mees permanente nalatenskap van die

Europese politieke heerskappy in Afrika is die voorkoms van die

politieke kaart. Die staatsgrense in Afrika is feitlik deurgaans die

produk van die koloniale moondhede se bedrywighede in Afrika in die

19de en vroeg 20ste eeue. 7 Hierdie grense is arbitrêr ooreenkomstig

die behoeftes en in ooreenstemming met die magsverhoudings tussen

die eertydse koloniale meesters getrek, sonder inagneming van die

wense van die inwoners van Afrika wat die intiemste deur die

grensvasstellings getref is. Afrika se staatsgrense is tussen Europese

moondhede uitbaklei, of in Westerse hoofstede by wyse van

ooreenkomste tussen koloniale moondhede beklink. Afrika het niks

daarmee te doen gehad nie. Dit is binne hierdie arbitrêre grense

waarin steeds gewroeg word om nasies te probeer bou:

The stabilization of the nation state (often built on old colonial

bureaucratic infrastructures) occurred for the most part without grassroots

participation or any form of democratic debate. 8

Teen hierdie agtergrond is dit inderdaad korrek om te sê dat nasies in

Afrika slegs in ’n geografiese sin bestaan en glad nie in ’n kulturele of

taalkundige sin nie. 9

4 CJ Friedrich Man and his Government: An empirical Theory of Politics (1963) 547.

Daar is natuurlik uitsonderings soos die Duitse nasie wat die totstandkoming van

die Duitse staat voorafgegaan het.

5 Friedrich (n 4 hierbo) 547.

6

Friedrich (n 4 hierbo) 548.

7 Makua wa Mutua ‘Why redraw the map of Africa: A moral and legal inquiry’ (1995)

16 Michigan Journal of International Law 1113–1176. Sien in die algemeen ook I

Brownlie African Boundaries: a legal and diplomatic encyclopaedia (1979).

8 J Franco ‘The Nation as Imagined Community’ in HA Veeser (red) The New

9

Historicism Routledge (1989) 205; Raadpleeg verder Makua wa Mutua (n 7 hierbo).

AJ Venter ‘Questions of National Identity in Post Apartheid South Africa’ Konrad

Adenhauer Stiftung Occasional Papers (1998) 13.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 129

Dieselfde geld vir Suid-Afrika wat met sy totstandkoming in 1910

’n staat sonder ’n nasie was. 10 Die onderlinge hegte bande van

gemeenskaplikheid wat betref taal, kultuur, afkoms, gemeenskaplike

historiese bewussyn en dies meer, wat die noodsaaklike vereistes vir

nasieskap behoort te wees, was daarvoor net te swak of glad nie

bestaande nie. Daar is trouens nog steeds nie ’n Suid-Afrikaanse nasie

nie. 11 Die benaming Suid-Afrika verwys ook nie na ’n nasie nie, maar

is ’n blote geografiese aanduiding. 12 Die opwinding van die tydperk na

die grondwetlike skikking in 1994 en die uitgelate we are one-diskoers

van ’n enkele reënboognasie het geheel en al geswig voor die

dwingende realiteite van Suid-Afrika as ʼn wesenlik diep verdeelde

samelewing sonder hegte nasieskap. Die veel-geroemde Suid-

Afrikaanse grondwet wat byna kleuterlik as die beste in die wêreld

besing is, en wat die grondslag moes bied vir ’n gemeenskaplike

nasieskap gebou op ’n grondwetlike patriotisme het eweneens nie die

nasieskap opgelewer wat dit veronderstel was om te doen nie.

In die afwesigheid van ’n nasie en ’n staatsbevolking wat lojaal

teenoor die staat is en ook onderlinge bande van gemeenskaplikheid

ervaar, is die staat slegs ’n meganistiese werktuig vir die doel van

regering en vir die handhawing van vrede tussen individue. Staatlike

denke vanaf die sestiende eeu maar veral sedert die agtiende eeu is

egter nie met hierdie skugter en afsydige meganistiese staat tevrede

nie. Dit poog naamlik om vir die staat ’n nuwe korporatiewe

grondslag, ’n nuwe korporatiewe mistiek, as ’n heilige entiteit in eie

reg te skep. Die nuwe korporatiewe grondslag is die nasie. 13

Hiervolgens moet die staat nie net ’n institusionele struktuur, oftewel

’n regeringswerktuig in ’n gedefinieerde gebied, wees nie, ook nie

slegs die beskikker oor die hoogste legitieme mag binne ’n bepaalde

gebied nie. Nee, die staat vereis ook ’n substruktuur — ’n sosiokulturele

grondslag — ’n gemeenskaplike band of sentiment wat in die

nasie gevind word. 14

10 JJ Degenaar ‘Nations and nationalism: The myth of a South African nation’ (1993)

40 Idasa Occasional Paper 4; J Gagiano J ‘The Contenders’ in WP Esterhuyse en P

du Toit P (reds) The Myth Makers: The elusive bargain for South Africa’s future

(1990) 32 verduidelik dat Suid-Afrika nie ʼn gemeenskap, hetsy pluraal of

andersins is nie, dog eerder ʼn universum van gefragmenteerde groepe wat

dieselfde politieke, sosiale en ekonomiese ruimte binne ʼn gemeenskaplike

geografiese gebied beset.

11 HB Giliomee ‘Nation-building: liberal, libertarian and pluralist approaches’

Ongepubliseerde lesing (1990) 6. ’n Voormalige Suid-Afrikaanse staatshoof, Thabo

Mbeki, verklaar op 29 Mei 1998 in ’n parlementêre toespraak dat Suid-Afrika nie

een nie maar twee nasies het: ’n blanke en ’n swarte. Venter (n 9 hierbo) 1, 2

gaan ook uit van die veronderstelling van die nie-bestaan van ’n Suid-Afrikaanse

nasie.

12 Venter (n 9 hierbo) 2.

13

Friedrich (n 4 hierbo) 554.

14 Friedrich (n 4 hierbo) 555.

130 Hoofstuk 6

Die Middeleeuse Republica Christiana het as politieke

konfigurasie uiteindelik die knie voor die staat as die nuwe primêre

politieke struktuur gebuig. Godsdiens het as primêre politieke

identiteit binne die Republica Christiana egter nog nie binne die

nuwe staatlike struktuur ’n alternatiewe identiteit opgelewer wat by

die nuwe staatlike struktuur gepas het en die staatlike struktuur

onderskraag het nie. Om dit anders te stel, Hobbes se sterflike god het

nog nie ʼn gemeente van aanhangers en aanbidders gehad nie. Die

sterflike god was nog eensaam en het nog nie ’n lojale en prysende

volk gehad wat om hom heen versamel het nie.

’n Staatsondersteunende burgerlike godsdiens, oftewel ideologie,

het egter weldra, danksy die werk van onder andere Francois

d’Aguesseau en Jean Jacques Rousseau, sy verskyning gemaak. Dit het

konkrete beslag gekry in die Franse rewolusie rondom figure soos

Sieyès en natuurlik die Jakobynse totalitarisme van Robespierre en

Saint-Just. Dit leef vandag nog voort in grootliks gediskrediteerde 15

nasiebouprojekte.

Prototipiese nasiebouprojekte is ook gestimuleer deur

veranderings in die sosiale werklikheid. Feodalisme was besig om

onder die druk van sosiale en ekonomiese kragte te disintegreer. Die

ou konsep en realiteit van die samelewing gebaseer op individuele

immobiliteit en onveranderde status weens die permanente

lidmaatskap van stande het begin plek maak vir die abstrakte

individuele mens. 16 Vroeër was klein geografies gebonde groepe en

feodale stande waarbinne ’n individu gebore is en sy hele lewe lank

gebly het (saam met godsdiens) die primêre bron van individuele

identiteit. Die situasie het egter verander en mettertyd was daar net

een raamwerk vir menslike aktiwiteit beskikbaar, naamlik die nasie.

Die agteruitgang van godsdiens en die bevryding van die menslike

gewete het die noodsaak vir ’n nuwe sekulêre sosiale moraliteit

opgeroep. Die staat was nou die enigste beskikbare bron en sanksie

van openbare moraliteit. 17

Nasiebouprojekte het ’n rewolusionêre breuk met die tradisionele

politiek verteenwoordig. Vroeër — in die Middeleeue — was die

politiek ’n saak wat ver van die gewone mense verwyder was. 18

Nasiebouprojekte verander dit alles. Dit behels die ideologiese

mobilisasie en dissiplinering van alle individue, ongeag of hulle daarby

betrek wil wees al dan nie. Die nuwe ideologiese politiek is reeds met

die Calvinistiese radikalisme ingelui, 19 wat daarop gerig was om

15

16

17

18

Giliomee (n 11 hierbo) 1.

Kohn (n 2 hierbo) 226.

JL Talmon The origins of totalitarian democracy (1970) 3-4.

M Walzer The Revolution of the Saints: A Study in the Origin of Radical Politics

19

(1966) 4-6.

Walzer (n 18 hierbo) 10-11.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 131

omvattende en radikale verandering in die samelewing te

bewerkstellig en in die proses ook almal by die projek te betrek.

Terwyl Calvinistiese nasiebou gerig was op die voorbereiding van die

mens vir die wêreld van die hiernamaals, het nasiebou wat verder in

hierdie hoofstuk onder die soeklig is, slegs ’n sekulêre heer: die staat.

Die oorsprong van rasioneel deurdagte projekte van nasiebou gaan

terug na ’n toespraak van die Franse juris, D‘Aguesseau in 1715 ter

geleentheid van die afsterwe van Louis XIV, waarin hy betoog dat die

gesag van die vors en die gehoorsaamheid van die volk op ’n

gemeenskaplike band, naamlik almal se liefde vir die vaderland,

berus. Elke onderdaan moet ’n aktiewe betrokkenheid by die

vaderland beleef, wat weer ’n gevoel van onderlinge broederskap

tussen alle onderdane sal aankweek, byna asof almal tot dieselfde

familie behoort. Die vaderlandsliefde moet tegelyk ’n soort selfliefde

wees wat so intens is dat dit mettertyd individue se selfliefde

oortref. 20

Dis egter in die werk van Rousseau waarin die grondslae van

nasiebou in besonderhede uitgewerk word. Hierdie stelling moet

egter onmiddellik gekwalifiseer word, want ofskoon nasiebou en

staatsolidariteit Rousseau se hoogste prioriteit is, is hy geensins ’n

politieke filosoof van die omvangryke moderne territoriale staat nie.

Wanneer Rousseau verduidelik wat gedoen moet word om die

onderlinge bande tussen burgers te versterk en om onbreekbare

bande tussen die staat en die burgery te bou ten einde aan die

algemene volkswil uitdrukking te gee, doen hy dit teen die agtergrond

van ’n klein politieke eenheid soos ’n stadstaat. Sy verwysingsraamwerk

is deurlopend sy geboorte-polis, Genève, en nie die

uitgestrekte en bevolkingsryke, en destyds prima-territoriale staat,

Frankryk nie. Rousseau se koestering was altyd die plaaslike, die

homogene en die partikuliere.

In sy Sosiale Kontrak verduidelik hy dat ekonomiese en

administratiewe oorwegings dit noodsaaklik maak dat die staat van

beperkte omvang moet wees. Veel belangriker, egter, is die politieke

regverdiging vir die beperkte omvang van die staat. Rousseau sê:

The same laws will not suit so many various provinces, which, with their

different customs and contrasting climates, cannot tolerate the same

kind of government. Having different laws only creates misunderstanding

and confusion among peoples who live under the same

governors and are in continuous communication with one another ...

Talents are hidden, virtues are ignored and vices remain unpunished

when such multitude of men, who do not know one another, is brought

20 H Kohn (n 2 hierbo) 205.

132 Hoofstuk 6

together in the same place by one single seat of supreme

administration. 21

Oor die noodsaak dat die staat homogeen en van beperkte omvang

moet wees, brei Rousseau soos volg verder uit:

Which people, then, is fit to receive laws? I answer: a people which

finding itself already bound together by some union of origin, interest or

conviction ... a people in which every member may be known to all;

where there is no need to burden any man with more than he can bear;

a people which can do without other peoples and which other peoples

can do without. 22

Rousseau se voorkeur vir die homogene en die partikuliere is selfs nog

duideliker in sy geskrif oor Pole. Hierin betreur hy die agteruitgang

van partikuliere identiteit wat hy meen in sy tyd te bespeur was. In ’n

gedeelte wat klink asof dit kommentaar op die eietydse

verbruikersamelewing lewer, laat hy hom skerp daaroor uit:

Today, no matter what people might say, there are no longer any

Frenchmen, Germans or Spaniards, or even Englishmen, there are only

Europeans. All have the same tastes, the same passions, the same

manners, for no one has been shaped along national lines by peculiar

institutions. All in the same circumstances, will do the same things; all

will call themselves unselfish and be rascals; all will talk about the

public welfare, and think only of themselves; all will praise moderation,

and wish to be as rich as Croesus. They have no ambition but for luxury,

they have no passion but for gold; sure that money will buy them all

their hearts desire, they all are ready to sell themselves to the first

bidder. What do they care what master they obey, under the laws of

what state they live? Provided that they can find money to steal and

women to corrupt, they feel at home in any country. 23

Dienooreenkomstig moedig hy die Pole aan om alles wat Pools is te

koester en te vereer. 24 Ook hier betoog Rousseau dat ’n groot staat

ongewens is, dat klein state vanweë hulle beperkte omvang voorspoed

geniet en dat alle burgers mekaar behoort te ken. 25 Hy verduidelik

ook aan sy Poolse lesers dat hulle staat heeltemal te groot is en dat

dit vir administratiewe doeleindes in ’n aantal beheerbare republieke

21 JJ Rousseau The Social Contract (Engelse vertaling en inleiding deur M Cranston)

22

23

(1968) 91-92.

Rousseau (n 21 hierbo) 95.

JJ Rousseau Considerations on the government of Poland and on its proposed

24

25

reformation (Engelse vertaling en redigering deur F Watkins) (1953) 168-169.

Rousseau (n 23 hierbo) 171.

Rousseau (n 23 hierbo) 181-182.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 133

(onder die oorkoepelende maar indirekte gesag van die Poolse vors)

verdeel moes word. 26

In sy konstitusionele projek vir Korsika deel Rousseau sy lesers

mee dat demokrasie — een van die sleutel-elemente van sy politieke

werk — nie in ʼn omvangryke territoriale staat haalbaar is nie.

Demokrasie, wat vir Rousseau per definisie direkte demokrasie

beteken, is slegs in ’n klein politieke eenheid haalbaar waar al die

burgers gelyktydig kan byeenkom. 27

Dit is duidelik dat Rousseau allermins die filosoof van die

territoriale staat is. Trouens, soos uit die aangehaalde gedeeltes blyk,

stel hy homself juis teenoor die territoriale staat waarin burgerskap

’n gebrekkige bestaan voer en waarin mense slegs as individue en juis

nie as burgers nie, leef. Rousseau is by uitnemendheid die eksponent

van ’n hegte, bykans intieme republikanisme geskoei op die lees van

die antieke Griekse stadstaat, 28 of dan ten minste van Rousseau se

geromantiseerde beeld van sy geboortestad, Genève. 29

Ander politieke denkers en politici wat binne die staatlike

paradigma gestaan het, en in ooreenstemming daarmee gedink het,

was egter ywerig om Rousseau se werk vanuit die konteks van die klein

homogene polis as’t ware op die territoriale staat oor te plant en dit

te gebruik met die oog op die ontwikkeling van ’n burgerlike en

individuele identiteit volgens die eise van die territoriale staat.

Vir Rousseau is die staat — die res publica — die hoogste deug. Alle

optrede moet daarop gerig wees om die staat (hier is dit die polis) te

versterk. Private sake moet minimale aandag kry en individue moet

hul energie inwerp ter bevordering van die gemeenskaplike belang

soos vergestalt in die staat. Dienooreenkomstig is die primêre (en

standhoudende) individuele identiteit en status dié van

staats(polis)burgerskap. Vóór enigiets anders is individue allereers

burgers van die staat, wat hul energie in die belang van openbare sake

wat almal raak, beskikbaar moet stel. Patriotiese deugde moet

gekoester word en burgers moet konstant met die sake van die staat

besig gehou word. Die vaderland, wat vir Rousseau weereens die polis

is, moet burgers se primêre belang wees en hulle moet die welsyn van

die vaderland deurlopend voor oë hou. 30

26 Rousseau (n 23 hierbo) 182-183; 233.

27 JJ Rousseau Constitutional project for Corsica (Engelse vertaling en redigering

deur F Watkins) (1953) 286-287.

28 Sien byvoorbeeld R Wolker Rousseau (1995) 55.

29 Al Rousseau se werke getuig van sy hoë agting vir die republikeinse kultuur van

Genève. Hy dra byvoorbeeld sy essay oor die oorsprong van ongelykheid aan

Genève op. Sien JJ Rousseau A Discourse: What is the origin of inequality among

men and is it authorized by natural law (Engelse vertaling en inleiding deur GDH

Cole) (1963) 144-153, veral 144.

30 Rousseau (n 23 hierbo) 170.

134 Hoofstuk 6

Net soos die Middeleeuse Republica Christiana deur ’n bypassende

politieke identiteit, naamlik Christenskap, onderskraag is, so

noodsaak die nuwe politieke struktuur van die staat ook sy eie

ondersteunende identiteit, naamlik dié van staatsburgerskap. Vir

Rousseau is daar nie plek vir laizes faire-politiek nie. Daar moet ’n

volgehoue program in werking wees om die staatlike

burgerskapsidentiteit te ontwikkel en in stand te hou en om enige

verwering, ondermyning of uitdaging daarvan die hoof te bied. Al die

dinge moet gebeur om die integriteit en stabiliteit van die staat in

stand te hou.

Rousseau sê dat ofskoon individue dikwels die goeie raaksien,

verwerp hulle dit desondanks. Dit gebeur ook gereeld dat die publiek

die goeie begeer, maar nie daarin slaag om dit te identifiseer nie. In

albei gevalle is leiding nodig:

Individuals must be obliged to subordinate their will to their reason; the

public must be taught to recognize what it desires. 31

Uiteraard sal nie almal daarmee gediend wees om staatsburgerskap as

die primêre element van hulle identiteit te aanvaar nie. Dit is

moontlik dat andersoortige identiteite verkies sal word. Dáárvoor het

Rousseau egter ’n antwoord. Sy projek is dwingend van aard. Die

individu moet verander word. Hy móét ’n nuwe identiteit aanneem.

Die staat se soeke na ’n nasie moet bevredig word. Maar dit is darem

nie so erg as wat dit klink nie, want, beloof Rousseau, uiteindelik baat

die individu by sy identiteitsverandering:

Whoever ventures on the enterprise of setting up a people must be

ready, shall we say, to change human nature, to transform each

individual, who by himself is entirely incomplete and salutary, into a

part of a much more greater whole, from which that same individual will

then receive, in a sense, his life and his being. 32

Die staat moet voorts so ingerig word dat individuele burgers

maksimaal van die staat afhanklik gemaak word ten einde te verseker

dat die sterkste moontlike bande tussen die staat en sy burgers

gesmee word.

Rousseau spreek hom uit teen die konsep van verteenwoordiging,

wat reeds gedurende die Middeleeuse politiek goed gevestig was, 33

aangesien dit die burgers van die sake van die staat verwyder en hulle

kan afstomp. Wanneer burgers verteenwoordig word, bring dit mee

dat hulle te veel geleentheid kry om aan private sake aandag te gee,

31 Rousseau (n 21 hierbo) 83.

32 Rousseau (n 21 hierbo) 84.

33

RW Carlyle A History of Medieval political theory in the West (1928) Vol V: 129,

139; Vol VI: 89–110.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 135

met die gevolg dat die belange van die staat verwaarloos word. In ’n

gesonde republiek het alle burgers ’n regstreekse belang by die sake

van die staat en daarom moet hulle persoonlik betrokke wees. Hoe

beter die staat georganiseer is, des te meer geniet openbare sake by

individuele burgers voorkeur bo hul eie private sake. Die openbare

welsyn moet die aandag van die burgery trouens dermate in beslag

neem dat die najaag van private geluk byna ongesiens agterweë bly.

In die goed regeerde staat haas alle burgers hulle na die openbare

forums, in plaas daarvan om die staatsake aan verteenwoordigers oor

te laat. 34

’n Opvoedkundige program moet geloods word met die oog op die

aankweek en instandhouding van burgerskap. Die program moet

daarop afgestem wees om die vaderland — vir Rousseau natuurlik

steeds die polis — as die primêre waarde te bevorder en om die

individuele burger van jongs af te deurweek met lojaliteit vir die

staat. 35 Nasionale karakter is vir Rousseau die hoeksteen vir ’n

gesonde staat en hy sê reguit dat wanneer dit ontbreek, dit eenvoudig

geskep moet word:

... each people has, or ought to have a national character; if it did not,

we should have to start by giving it one. 36

Rousseau se koestering vir die staat bepaal ook sy godsdienstige en

ekonomiese opvattings. In die laaste hoofstuk van sy Sosiale Kontrak

onder die opskrif, Burgerlike godsdiens, betreur Rousseau die breuk

tussen godsdiens en politiek wat deur die Christendom teweeg gebring

is. Die breuk het tot gevolg gehad dat die godsdiens die politiek — die

sake van die staat — ontheilig het. Voor die koms van die Christendom

was godsdiens ’n partikuliere verskynsel wat gevarieerd by elke

gemeenskap ingeweef was en wat elkeen van daardie gemeenskappe

met sy eie godsdiens op ’n eiesoortige wyse onderskraag het. Die

Christelike godsdiens het daarenteen ’n universele appèl en kan

daarom juis nie hierdie partikuliere onderskraging verleen nie. Dit

staan eerder in ’n spanningsverhouding met die partikuliere politieke

gemeenskap. Dit staan vyandig teenoor die staat omdat dit ’n niepolitieke

en ander-wêreldse orde dien. 37 In belang van die staat was

dit vir Rousseau noodsaaklik dat die politiek — die sake van die staat

— weer ’n heilige karakter moet kry. Met die oog hierop het die staat

’n behoefte aan ’n burgerlike godsdiens, oftewel sy eie mite wat die

staat kon dien:

34 Carlyle (n 33 hierbo) Vol V: 140-141.

35 Rousseau (n 23 hierbo) 176-177.

36

Rousseau (n 27 hierbo) 293.

37 Rousseau (n 21 hierbo) 176-183.

136 Hoofstuk 6

There is thus a profession of faith which is purely civil and of which it is

the sovereign’s function to determine the articles, not strictly as

religious dogmas, but as expression of social conscience, without which

it is impossible to be either a good citizen or a loyal subject. 38

Met die denkarbeid van Rousseau kry Hobbes se Leviatan aanbidders,

wat dit in die sewentiende eeu nog nie gehad het nie. 39 En saam met

die sterflike god se aanbidders kom ook ’n burgerlike godsdiens.

Uiteraard maak dit Hobbes se Leviatan veel sterker as wat Hobbes self

ooit kon voorsien het.

Rousseau se ekonomiese politiek pas in by sy politieke denke. Dit

was nie daarop gemik om die akkumulasie van privaat rykdom te

bevorder nie, maar om ’n vry en selfstandige nasie te skep. 40

Dienooreenkomstig moet die staatshuishouding so ingerig word dat

die interne kohesie van die burgery hegter gemaak, en die staat

versterk word. Liefde vir die vaderland moet die dominante hartstog

wees. Die najaag van private rykdom, weelde en gemak is nadelig vir

die versterking en verinniging van vaderlandsliefde omdat dit

privatisme aanwakker. Dit fokus individue se aandag op privaat

voordeel en isoleer hulle van die vaderland. Die najaag van private

rykdom moet daarom ontmoedig word. 41 ’n Waardestelsel gebou op

die weelde- en praalkultuur moet bekamp word. Pleks daarvan moet

nuwe republikeinse waardes gevestig word, wat ’n lae premie op

privaat rykdom plaas. Anti-praalwette moet dié waarde-ommekeer

bewerkstellig, maar dit is nie genoeg nie. Daar moet veral ’n

diepliggende hartsverandering intree, 42 sodat burgers uit vrye wil

geen hunkering meer na weelde sal hê nie. In plaas daarvan moet

burgers die hoogste republikeinse waarde, naamlik diens aan die

staat, beoefen. Wanneer so ’n waardeverandering gevestig is, sal die

skaarsheidsbelewenis van ekonomiese kommoditeite ook verdwyn.

Wat vroeër deur mense as skaars ervaar is, sal voortaan nie meer as

skaars beleef word nie. 43 Die drang na materiële dinge sal dus laat

vaar word. Rousseau vat die verwerping van die ywer na rykdom en

die aangryp van republikeinse waardes, soos volg saam:

... it is sufficient here to explain my idea, which is not to destroy

property absolutely, since that is impossible, but to confine it within the

narrowest possible limits; to give it a measure, a rule, a rein that will

38 Rousseau (n 21 hierbo) 186.

39

Rousseau het nie alleen gestaan in sy pleidooi vir ʼn burgerlike godsdiens nie. Dit

was tipies van die Verligtingsfilosofie. Soos Rousseau het ander van sy tydgenote

ook geleer dat ʼn mens nie gelyktydig ʼn goeie burger en ʼn Christen kon wees nie.

Sien JL Talmon (n 17 hierbo) 21-24.

40 Rousseau (n 23 hierbo) 224.

41 Rousseau (n 23 hierbo) 174.

42

Rousseau (n 23 hierbo) 14-175.

43 Rousseau (n 23 hierbo) 230.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 137

contain, direct and subjugate it, and keep it ever subjugate to the

public good. 44

Wanneer hierdie waardeverandering eers voltrek is, sal die

genoegdoening wat burgers uit die diens aan die staat verkry, burgers

se rykste beloning wees. Die nuwe waardes sal meebring dat daar by

die najaag van privaat rykdom geen baat meer gevind kan word nie.

Die konsep waarvoor Rousseau waarskynlik die bekendste is, is die

volente generale. Waar soewereiniteit vanaf die dae van Bodin in die

vors setel, leer Rousseau dat die algemene (volks)wil soewerein moet

wees. Besluite mag slegs op sterkte van die algemene wil geneem

word, want die algemene wil is soewerein. 45

Rousseau se opvatting oor die algemene wil is die sleutel tot sy

beskouing oor gelykheid en verduidelik tegelyk sy hewige afkeur van

enige sweem van pluralisme. Dit is ook Rousseau se algemene wil wat

tot ’n volskaalse totalitarisme ontwikkel het.

Die algemene wil is die uitdrukking van die gemeenskaplike

openbare belang. Hierdie wil is altyd reg en regverdig en dien altyd

die openbare belang. Die algemene wil is egter nie noodwendig uit die

meerderheid se wil af te lei nie. Trouens, selfs al is daar volledige

eenstemmigheid oor ’n bepaalde saak, beteken dit nog steeds nie dat

dié eenstemmigheid noodwendig ’n uitdrukking van die algemene wil

is nie, want, redeneer Rousseau, individue jaag altyd die

verwesenliking van persoonlike voordeel na en besef dikwels nie dat

hulle oorhoops met die algemene wil is nie. Dit kan gevolglik gebeur

dat die eenstemmige wil bloot ’n versameling van individuele wille is

wat individuele belang najaag en die algemene wil verwaarloos.

Mense word dikwels mislei, sê Rousseau, en die gevolg daarvan is om

die algemene wil te ontken en dan die slegte, in plaas van die goeie,

te wil: 46

There is often a great difference between the will of all (what all

individuals want) and the general will; the general will studies only the

common interest while the will of all studies private interest and is

indeed no more than the sum of individual desires. 47

Hieruit volg dat die algemene wil inderwaarheid ’n objektiewe en

onafhanklike bestaan voer, wat moontlik selfs slegs deur ’n enkele

persoon ingesien kan word, terwyl die res van die burgery, weens die

najaag van private belange, dwaal oor wat die algemene wil (en

belang) inhou.

44 Rousseau (n 27 hierbo) 317.

45 Rousseau (n 21 hierbo) 69.

46

Rousseau (n 21 hierbo) 72.

47 Rousseau (n 21 hierbo) 72.

138 Hoofstuk 6

Die algemene wil het nie soseer sy algemeenheid aan getalle te

danke nie, maar eerder daaraan dat dit ’n getroue weergawe van die

gemeenskaplike belang vergestalt. 48 Die algemene wil is die

algemene wil, nie omdat dit ondersteun word nie, maar omdat dit reg

is.

Die partikuliere wille van individue verkeer altyd onder

verdenking omdat dit strydig met die algemene wil kan wees. Die

algemene wil beoordeel die individuele wille en is die eksklusiewe

regter oor reg en verkeerd. 49

Just as nature gives man an absolute power over all his limbs, the social

pact (waardeur die staat in die lewe geroep word), gives the body politic

an absolute power over all its members. And it is this same power which

directed by the general will, bears as I have said, the name of

sovereignty. 50

Die knoop lê natuurlik by die vraag hoe die algemene wil gevind kan

word. Rousseau kon nooit werklik ’n bevredigende antwoord hierop

verstrek nie. As die meerderheid kan fouteer, wie moet dan die

algemene wil verwoord? Rousseau se gemaklike, dog onoortuigende

oplossing vir die probleem is dat die meerderheid na alles tóg

gewoonlik die algemene wil sal artikuleer, met die gevolg dat die

meerderheid dan altyd die res, wat uit pas met die algemene wil is,

sal bind: 51

When a law is proposed in the people’s assembly, what is asked of them

is not precisely whether they approve of the proposition or reject it, but

whether it is in conformity with the general will which is theirs; each by

giving his vote gives his opinion on the question and the counting of the

vote yields the declaration of the general will. When therefore, the

opinion contrary to my own prevails, this proves only that I have made a

mistake, and that what I believed to be the general will was not so. 52

(Eie beklemtoning)

Rousseau se volk is heeltemal monolities. Die volk spreek deur die

algemene wil met die gevolg dat die volk slegs een stem het. Die volk

is ’n eenheid en dit beweeg as ’n geheel. Die minderheidsmening wat

nie met die algemene wil (soos vervat in die meerderheidsmening)

strook nie, is nie bloot ’n ander mening nie. Dit is ’n verkeerde mening

en diegene wat dit huldig is verplig om dit te laat vaar. By Rousseau

is daar inderdaad geen agting en beskerming vir die

minderheidsmening nie, want, soos Rousseau sê:

48

Rousseau (n 21 hierbo) 76.

49 Talmon (n 17 hierbo) 41.

50 Rousseau (n 21 hierbo) 74.

51

Rousseau (n 21 hierbo) 153.

52 Rousseau (n 21 hierbo).

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 139

... whoever refuses to obey the general will shall be constrained to do so

by the whole body, which means nothing other than that he shall be

forced to be free. 53

Rousseau het klaarblyklik met ’n yslike dilemma te kampe: hoe kan hy

enersyds vryheid hartstogtelik bepleit en dan in dieselfde asem

daardie vryheid soos uitgedruk in individuele en minderheidsmenings

goedsmoeds onder die dwang van die meerderheidswil, gedrapeer in

die gewaad van die algemene wil, plaas? Rousseau se uitweg hieruit is

dat die minderheid hulle vryheid verspeel en misbruik het en dat die

meerderheid die minderheid bloot bystaan deur aan die minderheid

die ware vryheid soos vervat in die meerderheidswil voor te hou,

waarby die minderheid dan moet inval. Daardeur kan die minderheid

ook die ware vryheid smaak. 54

Aangesien Rousseau se algemene wil juis algemeen moet wees,

verdra dit geen pluraliteit, verskille, uiteenlopende menings, of

onderlinge groeperings nie.

Thus if the general will is to be clearly expressed, it is imperative that

there should be no sectional associations in the state, and that every

citizen should make up his own mind for himself. 55

Rousseau se politiek werk dus met slegs twee entiteite in die

konstruksie van die openbare orde, naamlik die staat en die individu

(die individuele burger). Individue mag slegs binne die kollektiewe

staatsverband georganiseer word en nie seksioneel in groeperings nie.

Staatsburgerskap maak dus eksklusiewe aanspraak op individue se

openbare identiteit. Binne die openbare sfeer mag individue slegs

burgers wees en niks anders nie. Alle ander groepsidentiteite moet

energiek bestry word, aangesien dit die staatlike identiteit van

individue en hul lojaliteit jeens die staat in die gedrang kan bring. In

moderne terme binne die konteks van die territoriale staat beteken

dit dat die staatsnasie geen verdraagsaamheid teenoor enige taal-,

etniese, kulturele, godsdienstige of enige ander nie-staatlike

identiteit betoon nie. Vrye assosiasie en die gepaardgaande vestiging

van ’n pluralistiese orde is heeltemal buite die kwessie. Die staat —

in Hobbes se terme die sterflike god — word by Rousseau inderdaad

’n jaloerse god. Hy versamel vir homself ’n nasie na sy beeld en vestig

onbreekbare bande met die individuele burgers van die nasie. Hy duld

geen verdeelde lojaliteit weens betrokkenheid by gemeenskappe en

groepe anders as die staat self nie. Partikuliere belange en

53 Rousseau (n 21 hierbo) 64.

54

Talmon (n 17 hierbo) 40.

55 Rousseau (n 21 hierbo) 73.

140 Hoofstuk 6

groepsvorming moet derhalwe energiek teëgegaan word. 56 Rousseau

se oogmerk is om ’n nuwe identiteit en dus ’n nuwe mens te skep.

The aim is to train men to ‘bear with docility the yoke of public

happiness’, in fact to create a new type of man, a purely political

creature, without any particular private or social loyalties ... 57

Staatsburgerskap se monopolie op individuele identiteit is ook die

sleutel tot die verstaan van Rousseau se welbekende beskouing oor

gelykheid. Ongelykhede bring ekonomiese klasseverdeling en

gevolglik pluraliteit van uiteenlopende klasse-identiteite mee.

Rousseau redeneer dus dat aangesien dit noodsaaklik is dat

burgerskap die enigste openbare identiteit moet wees, alle

ongelykhede, byvoorbeeld die ongelykhede weens die bestaan van

feodale strukture, uit die weg geruim moet word. 58 Almal moet op ’n

gelyke voet staatsburgers wees. Die bestaan van stande is ongewens,

want dit bring ’n stande-identiteit naas die identiteit van

staatsburgerskap mee. Wanneer daar stande is, kan die burgers van

die staat uiteraard nie uit een mond praat nie. Solank daar stande en

groepe bestaan, is die algemene wil onbestaanbaar. Om die

integriteit van die algemene wil te beskerm, moet groeps- en

klasseverskeidenheid tot niet gemaak word. Daarom adviseer

Rousseau die Korsikane soos volg:

The fundamental law of your new constitution must be equality.

Everything must be related to it, including even authority, which is

established only to defend it. All should be equal by right and birth; the

state should grant no distinctions save for merit, virtue and patriotic

service ... 59

Met die oog op die verwesenliking van gelykheid leer Rousseau ook dat

die regstelsel só verander moet word dat dit vir die gewone burger

toeganklik en verstaanbaar is. Daar moet dus ’n eenvoudige volksreg

wees en die regters moet uit die geledere van die gewone burgery

kom. Daar is geen noodsaak vir ingewikkelde regsreëls soos

byvoorbeeld dié in die Corpus Iuris Civilis nie. In Rousseau se oë is dit

eenvoudig snert.

All the rules of natural law are better given in the hearts of people than

in all the rubbish of Justinian. 60

56 Rousseau (n 21 hierbo) 150. Sien verder Rousseau (n 23 hierbo) 199-203 waarin

Rousseau in besonderhede ingaan op die stappe wat gedoen moet word om

57

58

59

60

groepsvorming te verhoed.

Talmon (n 17 hierbo) 42.

Rousseau (n 27 hierbo) 287.

Rousseau (n 27 hierbo) 289

Rousseau (n 23 hierbo) 221.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 141

Immanuel Joseph Sieyès (1748-1836) werk die implikasies van

sekere dele van Rousseau se politieke filosofie in meer besonderhede

uit. Hy het ook sy invloed in die Franse Rewolusie, waarin hy ’n

belangrike rol gespeel het, laat geld.

Sieyès is ’n groot voorstander van die gedagte van nasionale

eenheid. Dit is nasionale eenheid wat die moontlikheid skep om die

algemene wil te kan artikuleer. In navolging van Rousseau leer hy dat

die groot euwel en die grootste struikelblok in die weg na die

verwesenliking van nasionale eenheid esprit de corps is, oftewel

partikuliere identiteite en lojaliteit teenoor groepe. Diegene wat

hulle met partikuliere groepe vereenselwig, pleks van om hulle

volledig en ongekwalifiseerd by ’n gemeenskaplike burgerskap in te

werp, is bloot wederstrewige individue en groepe wat hulle eie

private doelwitte nastreef en sodoende verseg om hulle by die

algemene (openbare) wil neer te lê. 61 Waar daar sodanige

uiteenlopende seksionele wille bestaan waardeur private belange

geartikuleer word, kan daar geen algemene wil wees nie. Die

oplossing is dus eenvoudig dat die seksionele wille ter wille van die

algemene wil uitgeskakel moet word. Daardeur sal ’n monistiese orde

van eenheid en gelykheid gevestig word. 62

Die twee groot drywers van die Jakobynse projek, Robespierre en

Saint-Just, glo net soos Rousseau en Sieyès dat die nasie slegs

individue as konstituerende boustene erken. 63 Hulle koester dieselfde

weersin in partikuliere groepsidentiteite.

Wanneer Rousseau se werk met dié van Jean Bodin, wat in

hoofstuk 4 bespreek is, vergelyk word, is dit ooglopend dat daar

weens die feit dat hulle op verskillende vraagstukke reageer het,

beduidende verskille tussen hulle bestaan. Desnieteenstaande is daar

terselfdertyd ’n ewe opvallende konsekwentheid en kontinuïteit

vanaf Bodin in die sestiende eeu tot Rousseau en sy navolgende

staatsbouers van twee honderd jaar later — een onmiskenbare goue

draad wat deur almal se denke loop. Bodin het naamlik ook ter wille

van die staat groepe (in sy geval godsdienstige groepe) as die grootste

euwel beskou. Net soos die latere staatsbouers was staatlike

burgerskap ook vir hom die enigste openbare identiteit en net soos die

latere staatsbouers moes alle ander identiteite uit die openbare sfeer

geweer en binne die private domein vasgeketting word. Rousseau,

Sieyès, Robespierre en Saint-Just waak net soos Bodin getrou oor die

staat se monopolie op die openbare domein. Almal is ewe antipluralisties.

Waarin Rousseau en sy volgelinge van Bodin verskil, is dat

hulle ’n populêre projek loods. By Bodin en ook by Hobbes is die staat

61 Talmon (n 17 hierbo) 73.

62

Talmon (n 17 hierbo) 74.

63 Talmon (n 17 hierbo) 93.

142 Hoofstuk 6

afsydig en op ’n afstand, maar by Rousseau en sy volgelinge word die

publiek intiem by die staat betrek. Waar die staat by Bodin en by

Hobbes bloot die vrede moes bewaar en behorende aan niemand,

feitlik ’n res nullius was, word dit nou ’n volledige en ’n verpligte res

publica.

Rousseau verleen die teoretiese vonk vir die sogenaamde

nasiebou-projekte wat tans steeds aan die orde van die dag is. Waar

Rousseau, soos vroeër verduidelik is, egter nie binne die staatlike

paradigma gedink het nie, het Sieyès, Robespierre en Saint-Just as ’t

ware vir Rousseau in die staatlike paradigma ingetransformeer en in

diens van die staatlike identiteit geplaas. Hiervolgens is die

denkpatroon deurlopend soos volg: daar word van die veronderstelling

uitgegaan dat die staat (byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse staat) ’n

permanente en onveranderlike gegewe is. Dit is ’n absoluut vaste

vertrekpunt en is die onveranderlike raamwerk waarbinne alle

teoretisering oor openbare aangeleenthede moet plaasvind. Dit is

ongeag die historiese toevalligheid en kunsmatigheid daarvan nie vir

debat vatbaar nie. Die bestaan van die staat as ’n onveranderlike

gegewe lei tot die vraag wat gedoen moet word ten einde die staat te

stabiliseer en sy bestaande vorm te verskans. Die antwoord word dan

gevind in ’n staatsgeïnspireerde projek van social engineering, te

wete staatsbou, wat vaar onder die misleidende vaandel van

nasiebou. Hierdie projek behels dat daar, ten einde die staat te

ondersteun, noodgedwonge ’n nasie vir die staat geskep moet word.

Dit is nie die staat wat ter wille van die nasie moet bestaan nie.

Inteendeel, daar moet ter wille van die staat ’n nasie in aanskyn

geroep word. Die staat as die struktuur is dus die aktiewe agent wat

die kultuur moet bepaal en wat die mense ter wille van die

staatstruktuur moet verander. Dit is nie die struktuur wat na gelang

van die kultuur, dit wil sê die identiteite (en behoeftes) van die

mense, aangepas moet word nie. Inteendeel, die staat formeer vir

hom ’n volk na sy wense en na sy beeld. Met staatsdienende nasiebou

word die staat die mense se identiteitsbepaler en -wysiger. Hier sien

ons die staatlike paradigma in volle vaart.

2 Die dwanglogika van nasiebou

Met die oorplant en aanwending van Rousseau se denke vanaf die

oorspronklike raamwerk van die beperkte en homogene stadstaat na

die omvangryke en heterogene territoriale staat is die grondslag vir

totalitêre demokrasie, wat dikwels met ’n nasiebouprojek gepaard

gaan, gelê. Totalitêre demokrasie staan vyandig teenoor pluralisme —

’n veelheid van gemeenskappe en ’n verskeidenheid van politieke

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 143

denkrigtings — en wil daarenteen ’n enkele eksklusiewe (politieke)

waarheid tot stand bring. 64

Dit beteken dat slegs een openbare identiteit en leefwyse, een

soort mens wat na die behoeftes van die staat uitgeknip is, een

voorgeskrewe stel politieke opvattings en slegs instellings wat aan die

voorskrifte van dié opvattings voldoen, geduld word. Dit is die

openbare identiteit, leefwyse, opvattings en instellings soos gesien en

afgedwing deur die dominante politieke krag — gewoonlik die

meerderheidskomponent — in die territoriale staat. Logieserwys

beteken dit terselfdertyd dat alle nie-konformerende opvattings,

instellings en identiteite aktief uitgeweer word. Hierdie totalitêre

demokrasie het volgens JL Talmon ’n messiaanse visie waarvolgens

burgers van die staat, wat nog nie die nuwe identiteit aanvaar het nie,

volgens die vooraf ontwerpte opvatting van die dominant kragte oor

hoe alle inwoners behoort te wees, moet verander sodat hulle in gelid

met die dominante kragte moet kom en sodat almal saam ’n

harmonieuse en perfekte bestaan as nuwe nasie kan voer. ’n Politieke

projek word gedryf om hieraan uitvoering te gee. 65 ’n Enkele

omvattende politieke filosofie moet menslike optrede bepaal en

uiteindelik moet die politieke werklikheid aan die voorskrifte van dié

filosofie — op die keper beskou ’n ideologie — voldoen. 66 Daar word

met mense omgegaan nie in terme van wat hulle is nie, maar van wat

hulle moet en sal wees, sodra die ideale toestand van die nuwe nasie

volgens die voorskrifte van die ideologie realiseer. 67 Die wense en

oortuigings van diegene wat hulle nie met die gestelde ideaal

vereenselwig nie kan maar geïgnoreer word. Hulle kan gedwing en

geïntimideer word om uiteindelik by die gestelde ideaal in te val. 68

Die aandrang dat mense moet verander, sodat hulle hulself met die

eindbestemming vereenselwig en die voorgeskrewe identiteit van die

nuwe nasie aanvaar, geskied vreemd genoeg in die naam van vryheid.

Ware vryheid, aldus Rousseau, beteken dat mense die dwalinge van

hul eiebelang insien en laat vaar en hulle sodoende by die algemene

wil inwerp en daarmee konformeer.

Hierdie verwronge beskouing van vryheid 69 skryf voor dat mense

teen hulself in opstand kom en nuwe mense, gedryf deur ’n nuwe

waarheid, moet word. Aan die een kant is daar mense as lede van

partikuliere gemeenskappe met die daadwerklike belewenis van hulle

eie identiteite, historiese agtergronde en geskiedsbeelde,

sentimente, behoeftes en belange. Daarteenoor staan die ware en

64 Talmon (n 17 hierbo) 1.

65 Talmon (n 17 hierbo) 2.

66

Talmon (n 17 hierbo) 2.

67 Talmon (n 17 hierbo) 3.

68 Talmon (n 17 hierbo) 2.

69

I Berlin Four Essays on Liberty (Two Concepts of Liberty) (1969) 131 et seq verwys

daarna as ‘positiewe vryheid’ en lewer dan skerp kritiek daarteen.

144 Hoofstuk 6

bevryde mens, die mens wat verwesenlik word sodra hy homself aan

die voorgeskrewe dominante opvatting onderwerp en met die

vermeende hoër entiteit van die nasie vereenselwig het en sy

eertydse identiteit laat vaar het. Mense moet van hul eie egoïsties

geïnspireerde dwalings afsien sodat hulle harmonie binne die groter

verhewe entiteit kan vind. 70 Die ‘ou’ mens moet sy verdwaalde

skynself — sy verkeerde weë — afsweer, hom van sy dwaalweë bekeer

en as ’n nuwe mens, in gelid met die vermeende hoër entiteit as ’t

ware wedergebore word.

In die geval van Rousseau en sy staatsbou-volgelinge moet

individue en partikuliere gemeenskappe hulle wegkeer van die valse

verleidinge wat met ’n voortgesette verbintenis met partikuliere

entiteite en gemeenskappe gepaard gaan. In plaas daarvan moet hulle

volledig aan die eise van die ware algemene wil, soos versinnebeeld

in die nuwe nasie, voldoen. Hulle moet enige verbintenis met

gemeenskappe laat vaar en hulle ongekwalifiseerd aan die

monolitiese entiteit — die staat — onderwerp en hulle ewe

ongekwalifiseerd met die gepaardgaande monolitiese identiteit van

staatsburgerskap vereenselwig.

Dit is teen hierdie agtergrond dat Isaiah Berlin sê dat Hobbes meer

eerlikheid as Rousseau aan die dag gelê het. Hobbes, sê Berlin, gee

nie voor dat sy soewerein nie outoritêr is nie. Hy probeer dit net

regverdig. Rousseau, daarenteen, met sy verwronge vryheidsbeskouing,

luidens Berlin, het die vermetelheid om die verslawing aan

die soewerein (die algemene wil) as vryheid voor te hou. 71

Rousseau se beskouing oor vryheid funksioneer op die keper

beskou as verraderlike magstrategie: die strategie van magsverdoeseling.

Despotiese mag word uitgeoefen, maar die magsgreep

oor diegene op wie dit afgedwing word kom nooit aan die lig nie. Die

onderdaniges word wysgemaak dat die aanvaarding van die

dwangmaatreëls en die gepaardgaande verwerping van hul eie

identiteite juis die omhelsing van vryheid impliseer. Berlin

verduidelik dit soos volg:

The triumph of despotism is to force the slaves to call themselves free.

It may need no force; the slaves may proclaim their freedom quite

sincerely; but they are none the less slaves. 72

Michael Walzer se insigte werp verdere lig op die brutale dwangpolitiek

waarmee ons hier te kampe het. Walzer toon aan dat filosofie

(in die gedaante van rasioneel deurdagte politieke opvattings)

70 Berlin (n 69 hierbo) 134.

71

Berlin (n 69 hierbo) 164.

72 Berlin (n 69 hierbo) 165.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 145

enersyds, en demokrasie andersyds, teenoorgesteldes is. 73 ’n

Politieke filosofie wil sy rasionalistiese program deurvoer, ongeag die

wil van die volk, oftewel sonder inagneming van die demokratiese

keuse (wat natuurlik uiteenlopende keuses is) van diegene op wie dit

van toepassing gaan wees. 74 Rousseau gee voor dat hierdie breuk nie

bestaan nie, want, sal onthou word, volgens hom moet eenvoudige

verstaanbare reg deur die burgers self gemaak word in plaas daarvan

om uit die komplekse beredeneringe van enkele juriste te spruit. Die

breuk is egter nie geheel nie, want Rousseau vereis dat die volk die

algemene deug moet volg en dit sal slegs gebeur as hulle as die ware

volk optree wat die gemeenskaplike algemene belang nastreef en nie

meer net as ‘egoïstiese’ individue of sub-gemeenskappe optree nie.

Die ware algemene wil kan op sy beurt egter slegs ingevolge ’n enkele

stel objektiewe wette getrou uitgedruk word. Ander sienings wat van

hierdie outentieke uitdrukking van die (gewaande) ware algemene wil

afwyk, artikuleer bloot egoïstiese partikuliere voorkeure. Dit sal

dikwels gebeur dat die volk fouteer deur nie die algemene wil in te

sien nie. Dit is dán wanneer die filosoof — die ideoloog — wat die insig

in die outentieke algemene wil het, op gesaghebbende wyse

korrigerend tussenbeide moet tree en moet sê wat die algemene wil

werklik behels. 75 Sodra dit gebeur het, is die ware algemene wil weer

herstel en is die filosoof wat met sy rede insig in die waarheid het, in

beheer van sake. Wanneer die filosoof dit doen, handel hy nie meer

in sy hoedanigheid van afsydige wysgeer nie maar as die legitieme

vertolker van die algemene deug. 76 Demokrasie, sê Walzer, hou in dat

die volk mag besluit, ten spyte daarvan dat die besluite moontlik

verkeerd mag wees. Volgens Rousseau, daarenteen, is die volk se

besluitnemingsbevoegdheid beperk tot die neem van die regte

besluite. Die volk mag eintlik net dit wat reeds objektief reg is,

bevestig. Indien die volk fouteer, het diegene wat insig in die ware

volkswil — die algemene wil — het, die bevoegdheid om die volk se

dwalings te korrigeer. 77

Nasiebou is ’n integrale deel van die gesketsde sindroom. Dit hou

eweneens ’n ideale visie van ’n staatsnasie voor en vereis dan van alle

inwoners — in die besonder die minderhede wat (nog) nie met die

staatsnasie in pas is nie — om hulself te verander om die ideale visie

van hierdie nasie te verwesenlik. Nasiebou is insgelyks ten minste

ongemaklik, maar gewoonlik openlik vyandig teenoor pluraliteit.

Nasiebou behels ’n program om die plurale en die partikuliere uit die

openbare domein te weer ten gunste van ’n enkele staatlike

geïnspireerde openbare identiteit, naamlik dié van die staatsnasie.

73 M Walzer ‘Philosophy and Democracy’ (1981) 9 Political Theory 379 et seq.

74 Walzer (n 73 hierbo) 383.

75 Walzer (n 73 hierbo) 384.

76 Walzer (n 73 hierbo) 385.

77 Walzer (n 73 hierbo) 387-393.

146 Hoofstuk 6

Die nasie word gesien as iets groter en verhewe bo etnisiteit 78 en bo

partikuliere kulture, tale, historiese belewenisse, godsdienste en dies

meer, wat minderheidsgemeenskappe juis kenmerk. Al hierdie

partikuliere identiteite moet ter wille van hierdie vermeende

verhewe nasie ontbind en daarin verdwyn. Nasiebou is dus in die

woorde van Jan Gagiano:

... the integration of communally diverse and/or territorially discrete

units into the institutional framework of a single state and the

concomitant transfer of a sense of common political identity and loyalty

to the symbolic community defined by the founding ideology of such a

state. 79

In die lig hiervan is dit duidelik dat die begrip nasiebou klaarblyklik ’n

bedrieglike (wan)benaming is vir die verskynsel waarmee ons hier te

make het, want wat hierdie programme onderskraag en verskans, is

nie nasies in die sin van partikuliere etniese, taal-, kultuur- en

dergelike gemeenskappe nie, maar wel twee ander heg verweefde

dinge: die staat en die dominante kragte — die heersende gemeenskap

— in beheer daarvan. Dit is daarom pasliker om eerder van staatsbou

as nasiebou te praat. Die kerndoelwit van wat nasiebouprogramme

genoem word, is om die staat te beskerm teen die aansprake van

gemeenskappe, elk met hulle eie historiese belewenisse, tale,

identiteite en sentimente, wat in die heterogene territoriale staat

gehuisves word, maar wat volgens die homogeniserende nasiebouprojek

moet verdwyn. Hierdie projekte vrees die middelpuntvliedende

kragte wat deur nie-konformerende minderheidsgemeenskappe

ontketen kan word en waardeur die verbrokkeling of

destabilisering van die staat meegebring mag word. Op die keper

beskou, is die belang wat beskerm word natuurlik nie die staat self

nie, maar die dominante kragte — gewoonlik die heersende

meerderheids-gemeenskap binne ’n staat. Die belange van daardie

dominante gemeenskap word volledig met die staat self

geïdentifiseer. Wanneer daar dus van staatsbou gepraat word, is dit

veral die belang van hierdie dominante gemeenskap daarbinne wat

gedien word. Dit is daardie soort staat wat so oor nasiebou besorg is,

wat deur nasiebouprojekte in beskerming geneem word. Dit is

daarenteen juis vyandig teenoor die nie-dominante partikuliere

gemeenskappe. Die nasie — in die besonder die nie-dominante

gemeenskappe daarbinne — is bloot die plooibare en manipuleerbare

instrumente wat die staat tot diens moet wees. Nasiebou, wat onder

die aanvoering van die dominante kragte in die staat van staatsweë

geïnspireer word, is bloot ’n strategie, ’n middel om die doel te

verwesenlik om die staat en die dominante kragte in beheer daarvan

se posisie te verskans. Dienooreenkomstig is dit nasiebou se strategie

78

Degenaar (n 10 hierbo) 2, 7.

79 Gagiano (n 10 hierbo) 32.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 147

om in belang van die staat en die heersende kragte daarvan deur

aanmoediging, propaganda, onderwys en soms deur brute dwang

partikuliere gemeenskappe te verswak en te verseker dat hierdie

gemeenskappe hulle volledig met die staat vereenselwig en ’n

staatlike identiteit aanneem: in Rousseau se terme dat hierdie

gemeenskappe hul wederstrewigheid sal laat vaar en by die algemene

wil sal inval. Nasiebou beliggaam dus ’n wesenselement van die

staatlike paradigma, want die beskermde belang in diens waarvan

nasiebou staan, is die staat self. 80 Nasiebou, oftewel staatsbou,

beoog om almal wat toevallig binne die grense van ’n bepaalde staat

verkeer, en hoe arbitrêr en outoritêr die grensvasstelling van daardie

staat ook al was, te teiken vir die afdwinging van ’n staatlike

identiteit aan die hand van die voorskrifte van die dominante

politieke kragte in die betrokke staat. Dit dwing ’n Spaanse identiteit

op Katalane en Baske af, dit forseer Kroate en Sloweniërs om teen wil

en dank primêr Joegoslawiërs te wees, dit vereis van Skotte om

primêr Britte te wees, dit eis dat Tamils eerstens Sri-Lankane moet

wees, dat Vlaminge in die eerste plek Belge moet wees, dat Koerde

hulself in ’n enkele Turkse identiteit moet oplos en dat Afrikaners in

die eerste plek die staatlike identiteit van Suid-Afrikanerskap moet

omhels. Hierdie logika van staatlike identiteit spruit regstreeks voort

uit die staatlike paradigma, want dit is inherent aan die territoriale

staat om juis identiteit te verstaatlik en plurale identiteite te ontken.

Hendrik Spruyt verduidelik dit soos volg:

Thus the modern state defines the human collectively in a completely

novel way. It defines individuals by spatial markers, regardless of kin,

tribal affiliation, or religious beliefs. Individuals are in a sense

amorphous and undifferentiated entities who are given an identity

simply by their location in a particular area. Thus one must make

Acquitanians, Normans, and Bretons into French people. 81

Jan Gagiano se verduideliking is daarom korrek wanneer hy sê:

State nationalism imposes nationhood on any given subject population

eventually included in the national boundaries. 82

Al die gemeenskappe van wie vereis word om in die groter entiteit op

te gaan, word in der waarheid aangesê om hulself te versaak en hul

eie identiteit te ontbind ter wille van die ‘groter’ staatlike identiteit

wat teen wil en dank in belang van die staat en sy heersende kragte

verskans moet word. Juis daarom kan Walker Connor verklaar:

80 Gagiano (n 10 hierbo) 23-24.

81 H Spruyt (1994) The sovereign state and its competitors: An analysis of systems

change Princeton University Press New Jersey 34-5.

82 Gagiano (n 10 hierbo) 24.

148 Hoofstuk 6

The one man’s nation building is another man’s subjugation — or one

man’s nation building another’s nation disintegration. 83

Dit is veral in voormalige koloniale gebiede in Afrika, met inbegrip van

Suid-Afrika, waar die eertydse koloniale maghebbers staatsgrense

arbitrêr sonder enige inagneming van die demografiese realiteite

vasgestel het, 84 waar nasiebou die vernietiging van taal- en etniese

gemeenskappe — nasievernietiging — beteken. In hierdie gebiede is

groepe sonder raadpleging kunsmatig in dieselfde politieke entiteite

ingedwing, bloot omdat dit op daardie oomblik die aspirasies van die

koloniale heersers gedien het. Walker Connor som die somber realiteit

dus korrek op wanneer hy sê:

Since most of the less developed states contain a number of nations and

since the transfer of primary allegiance from these nations to the state

is generally considered the sine qua non of successful integration, the

true goal is not ’nation building’ but ’nation destroying’. 85

Die nasiebouers is derhalwe vernietigers en die intellektuele

aktiwiteit wat in diens daarvan ontwikkel is dien ’n vernietigende

ideaal.

Nasiebouprojekte is ooglopend anti-demokraties want dit geskied

sonder die instemming van sekere segmente van die staatsbevolking

wat geforseerd daaraan onderwerp word. Dit is die onderneming van

’n heersende politieke elite wat sentralisties gedryf en op almal

afgedwing word. 86 Daarvan getuig Jakobynisme, Bolsjewisme,

Nasionaal-Sosialisme, Falangisme en talle ander eietydse

nasiebouprojekte.

Op die keper beskou, is dit die strewe van nasiebou dat die staat

en die nasie moet saamval en dat die staat die karakter van die

dominante groepering binne die staat moet aanneem. Die owerheid

dwing die aanvaarding van hierdie dominante karakter op niedominante

groeperings — gewoonlik minderhede — af. Die teenpool

van nasiebou is ’n demokratiese kultuur. Hiervolgens word ’n

burgerlike gemeenskap wat deur pluraliteit gekenmerk word, in stand

gehou in plaas daarvan om ’n staatsnasie op almal te probeer

afforseer. 87 Die vermaarde Afrikaanse politieke filosoof, Johan

Degenaar, doen dienooreenkomstig aan die hand dat Suid-Afrika nie

tyd moet verspil om ’n nasie te probeer bou nie, maar eerder

gesamentlike verantwoordelikheid moet aanvaar om ’n demokratiese

83 W Connor ‘Nation-building or Nations-destroying’ (1971-72) 24 World Politics 336.

84 Sien veral Makua wa Mutua (n 7 hierbo) 1113-1176.

85 Makua wa Mutua (n 7 hierbo) 1113-1176.

86 Gagiano (n 10 hierbo) 22.

87 Degenaar (n 10 hierbo) 9-15.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 149

kultuur aan te kweek. 88 Dit sal onder andere meehelp om ’n totalitêre

orde en ’n dominante monolitiese staatskultuur te verhoed. 89

Vanuit die denkwêreld van die liberale teorie en by name die

woordvoerders van die klassieke liberalisme, soos John Stuart Mill,

Alexis de Tocqueville en Lord Acton, word nasiebouprojekte met

besonder toepaslike kritiek belig. Weliswaar het die begrip nasiebou

nog nie in hulle tyd bestaan nie. Tog was demokratiese totalitarisme,

meerderheidsdominasie en weersin in pluralisme — alles deelgenote

in dieselfde genetiese poel van nasiebou — welbekend. Dit was

trouens ook die onderwerp van baie van die filosofiese arbeid van die

vermelde drie here.

Liberalisme word gewoonlik uitsluitlik met die gedagte van

individuele vryheid verbind, maar soos Chandran Kukathas 90 aandui,

is liberalisme in die breedste sin wesenlik ’n teorie ten gunste van

pluralisme en multikulturalisme. Liberalisme bied volgens hom die

aantreklikste antwoord vir die realiteit van morele, godsdienstige en

kulturele verskeidenheid. 91

Mill beskou die tirannie van die meerderheid, wat soos uit die

bespreking hierbo blyk aan die wortel van nasiebouprojekte en

demokratiese totalitarisme lê, as ’n wesenlike bedreiging vir

individuele vryheid, en verklaar:

Society can and does execute its own mandates: and if it issues wrong

mandates instead of right, or any mandates at all in things with which it

ought not to meddle, it practices a social tyranny more formidable than

many kinds of political oppression, since, though not usually upheld by

such extreme penalties, it leaves fewer means of escape, penetrating

much more deeply into the details of life, and enslaving the soul itself. 92

Gevolglik argumenteer Mill dat, ofskoon dit noodsaaklik is om

maatreëls teen politieke funksionarisse se magsmisbruik te tref, dié

beskerming nie genoeg is nie. Die heersende openbare mening — die

dominante mening — het ’n tirannieke uitwerking omdat dit op

88

Degenaar (n 10 hierbo) 15.

89 I Young ‘Polity and group difference: a critique of the ideal of universal

citizenship’ (1989-1990) 99 Ethics 258 argumenteer in dieselfde trant en bepleit

die erkenning van ’n plurale en gedifferensieerde publiek en van heterogene

burgerskap. Dit sal dien as teenvoeter teen homogene dwingelandy wat deur ’n

dominante groepering op die totale staatsbevolking afgeforseer word.

90

C Kukathas ‘Liberalism and multiculturalism: The politics of difference’ (1998) 26

Political Theory 686 et seq.

91 Sien ook in die algemeen W Kymlicka Liberalism, Community and Culture (1989)

wat pluralisme en die gepaardgaande beskerming van minderhede as ’n basiese

bestanddeel van liberale teorie beskou, asook GB Levy ‘Equality, autonomy and

cultural rights’ (1997) 25 Political Theory 215–248, wat ’n soortgelyke mening

huldig.

92 JS Mill On Liberty (1986) 10-11.

150 Hoofstuk 6

andersdenkendes afgedwing word. Dit is daarom noodsaaklik om ook

dáárteen beskerming te verleen:

There is a limit to the legitimate interference of collective opinion with

individual opinion and individual independence; and to find that limit

and to maintain it against encroachment, is as indispensable to a good

condition of human affairs as protection against political despotism. 93

By lord Acton 94 is die besorgdheid oor die tirannie van die

meerderheid nog meer prominent as by Mill. Hy gee ook meer as Mill

blyke van ’n waardering vir pluralisme en vir die erkenning van die

oortuigings van minderheidsgroepe.

Die enkele groot euwel wat deur (onverfynde modelle van)

demokrasie teweeg gebring kan word, is dat dit die tirannie van die

meerderheid, wat in hoofstuk 7 meer breedvoerig bespreek word, in

die hand werk. 95 Daarom is die beste maatstaf waarmee bepaal moet

word of ’n land werklik vry is, volgens hom die graad van beskerming

wat minderhede geniet, 96 wat natuurlik tegelyk ’n afkeer van

staatsbouprojekte impliseer. Lord Acton vind meerderheidsdominasie

selfs erger as minderheidsdominasie en beklemtoon die noodsaak vir

minderheidsbeskerming wanneer hy verklaar:

It is bad to be oppressed by a minority, but it is worse to be oppressed by

a majority. For there is a reserve of latent power in the masses which, if

it is called into play, the minority can seldom resist. But from the

absolute will of the entire people there is no appeal, no redemption, no

refuge but treason. 97

Die skerpsinnigste kritiek teen die meerderheidswil en teen

meerderheidstirannie (en teen staatsbou) en die omvattendste vroegliberale

apologie vir pluralisme kom egter van die Franse liberales

soos Prosper de Barante, Guizot, Royer-Collard, Madame De Stael en

natuurlik van De Tocqueville. 98

Die hooftema van bespreking deur die Franse liberales van die

1820's was dat die Franse rewolusie uiteindelik slegs die staat aan die

een kant teenoor geatomiseerde individue aan die ander kant as die

interafhanklike konstituerende bestanddele van die openbare orde

opgelewer het. Dit het in die besonder versuim om sinvolle erkenning

93 Mill (n 92 hierbo) 11.

94 Sien byvoorbeeld GP Gooch ‘Lord Acton: Apostle of liberty’ (1946-1947) 25

Foreign Affairs 629.

95 JN Figgis en RV Laurence (reds) ‘Sir Erskine May’s Democracy in Europe’ in lord

JActon The History of Freedom and Other Essays (1907) 97. (Die werk bevat ’n

samevatting van lord Acton se opstelle.)

96 Figgis en Laurence (n 95 hierbo) 4.

97 Figgis en Laurence (n 95 hierbo) 11.

98

Sien in die algemeen EK Bramsted en KJ Melhuish Western Liberalism: A History

of documents from Locke to Croce (1978); L Siedentop Tocqueville (1993) 20-40.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 151

aan tussenliggende instellings en assosiasies te gee. 99 Die

kontrakteorie wat uit die sewentiende eeu geërf is, met sy klem op

die natuurlike individu het uiteindelik tot ’n nuwe Leviatan gelei. In

die afwesigheid van intermediêre gemeenskappe en strukture is

individue toenemend op twee maniere aan hierdie nuwe Leviatan

blootgestel. Eerstens is hulle regstreeks sonder die buffers van

tussenliggende gemeenskappe aan die dwang van die staat

uitgelewer, en tweedens is hulle ook weens die onderskraging wat

lidmaatskap van tussenliggende gemeenskappe verskaf, toenemend

afhanklik van die staat.

Eksperimentering met plaaslike outonomie en federalisme as

geneesmiddel teen die oormatig sentralistiese staat het wyd by

hierdie liberales voorgekom. 100

Tocqueville is die baanbreker-teoretikus op die gebied van plurale

demokrasie en teen nasiebouprojekte. Hy is enersyds deur

Amerikaanse federalisme geïnspireer, en andersyds terdeë bewus van

die tirannie van die Franse rewolusie waardeur gelykheid en

eenvormigheid op almal afgedwing is 101 en waardeur almal bloot

magtelose individue teenoor die magtige staat geword het.

Tocqueville redeneer dat staatsoewereiniteit soos dit deur Bodin en

Hobbes voorgehou is, sy doel gedien het. Dit het middelpuntvliedende

kragte in bedwang gebring en sodoende vrede en stabiliteit verseker.

In sy tyd, sê hy, het dit egter, soos duidelik deur die uitspattige

outoritêre sentralisme van die Franse Rewolusie gedemonstreer,

disfunksioneel geraak. 102

In ooreenstemming met die basiese uitgangspunte van die

liberalisme, is dit ook vir Tocqueville belangrik dat die basiese

onderskeid tussen die private en die openbare sfere gehandhaaf moet

word. Gevolglik moet daarteen gewaak word dat die beroep op

republikeinse deug, soos deur Rousseau, nie ontaard in ’n

burgerskapsdissipline wat te diep in die private sfeer invreet nie. 103

Tocqueville gaan egter verder as die ander liberale wat slegs die

private domein teen owerheidsvergrype wil vrywaar. Hy is ook self ’n

republikein wat probeer om die deugdelike elemente van Rousseau se

republikanisme te red. Republikeinse burgerlike deugde kan egter

slegs in ’n plurale opset beoefen word en is nie in ’n omvangryke

territoriale staat — byvoorbeeld die Frankryk van sy tyd —

beoefenbaar nie. 104 Die omvangryke territoriale staat met sy sterk

gesentraliseerde gesag kan nooit daarin slaag om werklik ’n res

99 Siedentop (n 98 hierbo) 26.

100 Siedentop (n 98 hierbo) 20-40.

101 Siedentop (n 98 hierbo) 58-59.

102 Siedentop (n 98 hierbo) 41.

103 Siedentop (n 98 hierbo) 63.

104 Siedentop (n 98 hierbo) 67-68.

152 Hoofstuk 6

publica te wees nie, want dit is eenvoudig so ver van die burgery

verwyderd dat die burgers geen daadwerklike meelewing daarmee

kan hê nie. Republikanisme vereis kleiner en hegter politieke eenhede

waarmee die burgers hulle daadwerklik kan vereenselwig en waarin

hulle hulle kan laat geld.

Tocqueville is in hierdie opsig veel nader aan Rousseau — wat juis

konsekwent die beperkte politieke eenheid as vereiste vir sy

republikanisme gestel het — as die staatlike vertolkers van Rousseau

soos Sieyès en Robespierre.

Tocqueville se groot kommer, meegebring deur sy ervaring van die

Franse Rewolusie, was dat die uitkalwe van aktiewe burgerskap kon

lei tot ’n volledige privatistiese bestaanswyse en uiteindelik tot

volslae individuele atomisme. Hierdie toedrag van sake bring

noodwendig veral die wantoestand van oormatig sentralistiese

burokrasie mee. 105 Tocqueville se kuur hiervoor is om sentralisme en

privatisme gelyktydig te bekamp. Dit gebeur deur intermediêre

assosiasies tussen die individu en die staat te stimuleer waarin die

republikeinse deugde van burgerlike, politieke betrokkenheid en

deelname aangekweek kan word. 106

Die intrinsieke gebrek wat Tocqueville in demokrasie in die

territoriale staat van sy tyd bemerk, is dat dit op die beginsel van

burgerlike gelykheid en homogenisering gevestig is, wat geen

teenvoeter teen die ontwikkeling van oormatige sentralisasie en ’n

oormagtige staat en teen magsmisbruik bied nie. 107 So ’n teenvoeter

kan net deur intermediêre gemeenskappe en strukture tussen die

regering en die individu verskaf word. Hierdie gemeenskappe en

strukture bemagtig individue omdat dit mense in groepe saamtrek wat

terselfdertyd ook die uitwerking het om die oormatige mag en

sentralisasie van die staat aan bande te lê.

Die afwesigheid van intermediêre gemeenskappe gee aanleiding

tot ’n verwante euwel wat Tocqueville by die demokrasie van sy tyd

waargeneem het. 108 Dit is naamlik die onderdrukkende uitwerking

van meerderheidsdemokrasie. Die feit dat ’n bepaalde standpunt wye

ondersteuning geniet, laat mense sonder gronde geïntimideerd die

gevolgtrekking maak dat dié standpunt reg behoort te wees. Dit

ondermyn die integriteit van rasionele argument, met die gevolg dat,

soos Larry Siedentop dit stel:

105 Siedentop (n 98 hierbo) 139.

106 Siedentop (n 98 hierbo) 139-140.

107 Siedentop (n 98 hierbo) 140.

108 In dié opsig het Acton duidelik by die werk van Tocqueville gebaat.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 153

... moral and intellectual enfeeblement may result from individual

judgment abdicating in the face of public opinion. 109

Formele gelykheid en die afwesigheid van intermediêre assosiasies

waarin mense ’n buffer teen die mag van die meerderheid kon vind,

verplig andersdenkende minderhede tot onderwerping aan die

openbare mening,

... resulting not in independence of judgment but conformity, a

pandering of opinions because they are widely shared. 110

Die kuur hiervoor is weereens aldus Siedentop te vinde in pluralisme

en intermediêre assosiasies:

For by associating and discovering others who share an opinion,

individuals acquire greater confidence in their own judgments. 111

In plaaslike republikanisme en in die beoefening van burgerlike

deugde op plaaslike vlak vind Tocqueville nie net ’n tegniek nie, maar

ook ’n nuwe moraliteit, ’n moraliteit wat meewerk teen die

tirannieke uitwerking van meerderheidsdwang en -intimidasie en teen

gesentraliseerde burokratiese voorskrifte. 112

Verskeidenheid is gevolglik noodsaaklik om vryheid te verseker,

terwyl individuele vryheid sonder die beskerming van die integriteit

van groepe eweneens onbestaanbaar is. ’n Demokratiese samelewing

wat ernstig is oor die handhawing van vryheid behoort voorkeur aan

die instandhouding van groepe te gee. Nasiebou wat daarenteen

vyandig teenoor die instandhouding van groepe staan, is uiteindelik

ook die vyand van individuele vryheid. Daarom sê Degenaar tereg:

The plurality of associations should be maintained as effective

structuring of freedom acted as counter-measure to any form of

totalitarianism. An open and plural society is precisely one in which the

existence of bargaining power of a variety of associations are accepted

and protected. 113

3 Sagter vorme van nasiebou

Nasiebou het minder kru en meer gevarieerde vertakkings. Benewens

109 Siedentop (n 98 hierbo) 81.

110 Siedentop (n 98 hierbo) 82.

111 Siedentop (n 98 hierbo) 82.

112 Siedentop (n 98 hierbo) 64.

113 JJ Degenaar ‘Pluralism’ in DJ van Vuuren en DJ Kriek (reds) Political Alternatives

for Southern Africa: Principles and Perspectives (1983) 86; Sien verder in hierdie

verband die deeglike bespreking van B Zylstra From Pluralism to Collectivism -

The development of Harold Laski’s political thought (1970).

154 Hoofstuk 6

Jakobynse nasiebou is daar ook die strategieë van konstitusionele 114

asook dié van pluralistiese nasiebou. 115 Konstitusionele nasiebou is

gekonstrueer op ’n gemeenskaplike lojaliteit teenoor die grondwet, in

die besonder van ’n grondwet wat ook vir die beskerming van

individuele regte voorsiening maak. Dit vind onder meer uitdrukking

in wat gewoonlik as konstitusionele patriotisme bekend staan. Dit

funksioneer onder meer op sterkte van die aanname dat etniese

minderhede mettertyd wesenlik met assimilasie in die meerderheid

vir lief sal neem op voorwaarde dat die howe beskerming aan enkele

minderheidsregte sal verleen. 116

Pluralistiese nasiebou se oogmerke is nog meer beskeie. Ofskoon

dit nie die ideaal laat vaar dat daar ’n nasie vir die staat in die lewe

geroep moet word nie, sien dit af van die dwingende maatreëls van

nasiebou volgens die Jakobynse patroon. 117 Die strategie behou

steeds die doelwit om lojaliteit teenoor die staat te bevorder, maar

in plaas daarvan om dit met dwang te bewerkstellig, word dit met

maatreëls wat daarop gemik is om groepe te akkommodeer,

(akkommoderingsmaatreëls) aangehelp. Dit is as ’t ware ’n minsame

nasieboustrategie wat die pynigende roede van die Jakobynisme vir ’n

smaaklike wortel verruil. Die strategie maak onder andere vir

magsdelingsmeganismes en vir minderheidsbeskerming voorsiening.

118 Die toenemende erkenning van minderheidsregte oor die

laaste dekades getuig grootliks van die groeiende aantreklikheid van

hierdie strategie. 119

Hierdie twee gesofistikeerde nasieboustrategieë vertoon

duidelike verskille met hul brutale Jakobynse grootvader. Dit is

eerstens nie so totalitêr soos Jakobynisme nie. Dit gryp nie so diep en

so eksplisiet in die burgerlike samelewing en in mense se privaat

lewens in nie. Anders as Jakobynse nasiebou forseer hierdie

gesofistikeerde vorme van nasiebou ook nie staatsidentiteit eksplisiet

af nie, met die gevolg dat dit ook nie ’n intiem individuele neerslag

het en aktief probeer om individuele identiteit fundamenteel te

verander nie.

Tot sover strek die verskille tussen Jakobynse en gesofistikeerde

nasiebou. Maar daar is ook wesenlike ooreenkomste. Volgens sowel

Jakobynse as gesofistikeerde nasiebou word openbare (politieke)

identiteit steeds vir die staat gereserveer. Ofskoon gesofistikeerde

114 Giliomee (n 11 hierbo) 7-10.

115 Giliomee (n 11 hierbo) 20-27.

116 Giliomee (n 11 hierbo) 7.

117 Giliomee (n 11 hierbo) 20.

118 Giliomee (n 11 hierbo) 23.

119 Sien hieroor byvoorbeeld HA Strydom ‘South African constitutionalism between

unity and diversity: lessons from the new Europe’ (1997) 12 SA Public Law 373 et

seq.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 155

nasiebou private variasie toelaat en moontlik ook sal voorsiening

maak vir die grondwetlike beskerming daarvan, waak dit net so

jaloers oor die territoriale staat se monopolie op die openbare

politieke domein. Dit is inderdaad heeltemal korrek om soos AE

Galeotti te sê:

... whereas citizens are free to pursue their own ideals and to practice

their culture within civil society, in the public sphere they should

disregard their special and particular memberships and be ‘just citizens’

on an equal basis. 120

Die rede hiervoor is die vrees — sedert die dae van Bodin — dat sodra

’n partikuliere groepsidentiteit neerslag in die basiese karakter van

die staat vind, dit opnuut ’n stryd om die aard van die staat sal

ontketen. 121

Nasiebou, van welke aard ook al, val binne die staatlike

paradigma. Dit is die mees tipiese politiek-intellektuele denkstrategie

in belang van die verskansing van die bestaande territoriale staat.

Dienooreenkomstig waak nasiebou steeds oor die monopolie van

staatsburgerskap as die enigste openbare identiteit. Dit sluit die

aanspraak van alle ander identiteite op openbare erkenning uit en

sorg dat sulke identiteite in die skadu’s van die private sfeer bly. Alle

nasiebouprojekte voed staatsidentiteit: die Jakobyne doen dit met

bitter dwangmaatreëls, en gesofistikeerde nasiebou doen dit met die

versoete smaak van private akkommodering. Albei is outentieke

staatsboustrategieë. Dit stel die staat eerste en maak individue en in

die besonder gemeenskappe sekondêr aan die belange van die staat.

Dit neem die staat as die vaste vertrekpunt en buig en manipuleer

individue en groepe ten einde die staat dienstig te wees. Met nasiebou

het Hobbes se Leviatan, die sterflike god, sy eensame en afsydige

posisie wat hy altyd gehandhaaf het, verlaat. Nasiebou het die

sterflike god se soektog na aanbidders bevredig. Nasiebou bevestig

dat die mense daar is vir die staat, nie die staat vir die mense nie.

4 Staatsbou-regsdenke

Die noodsaak om die staat aan die hand van die uitgangspunte van

nasiebou te verskans, vind wyd en diep in die regsteorie en in die

regspraktyk neerslag. Soos in hoofstuk 5 verduidelik, is dit een van die

tipiese eienskappe van die regswetenskap dat dit ’n toegepaste

wetenskap is. Een van die eienskappe daarvan is om aan die hand van

’n bepaalde paradigma te opereer, sonder om eers van die paradigma

120 AE Galeotti ‘Citizenship and Equality: The place for toleration’ (1993) 21 Political

Theory 591.

121 Kukathas (n 90 hierbo) 692-693.

156 Hoofstuk 6

bewus te wees. Dieselfde verskynsel geld natuurlik te meer nog vir die

regspraktyk as vir regsdenke en die regswetenskap. Die gevolg hiervan

is dat die regsteorie en –praktyk onnadenkend neig om aan die hand

van die staatlike paradigma die bestaande staatlike orde en staatlike

identiteit, soos wat dit in nasiebouprojekte uitdrukking vind, tot diens

te wees. In praktiese terme beteken dit dat dié regsteorie en

regspraktyk nie net streng binne dissiplines van ’n paradigma opereer

nie, maar terselfdertyd ’n ideologie verdedig deur dit met die gesag

van die reg te beklee. Die verskynsel kom wyd voor en ook die mees

gewaardeerde eietydse denkers is die — heel onkritiese — eksponente

hiervan. Om dit toe te lig word vervolgens aandag gegee aan die

denke van John Rawls en Ronald Dworkin. Nader aan die regspraktyk

word gefokus op nasiebou soos weerspieël in die Suid-Afrikaanse

regspraak wat net so ongereflekteerd in die uitgangspunte van die

staatlike paradigma geanker is.

4.1 John Rawls

John Rawls se magnum opus, A Theory of Justice, 122 word allerweë

beskou as die voorste eietydse verwoording van die liberale staats- en

regsteorie. Insgelyks, so word hier geargumenteer, is Rawls ook ’n

outentieke eksponent van die staatlike paradigma. Getrou aan die

uitgangspunte van die paradigma, sedert die vroegste oorsprong

daarvan by Jean Bodin, reserveer Rawls die openbare politieke terrein

vir die staat en die individuele burger, terwyl alle ander entiteite en

groeperings streng binne die grense van die private sfeer gehou word.

Sodoende tree Rawls ook op as ’n staatsbouer. Rawls konstrueer sy

staatsnasie ooreenkomstig die gesofistikeerde 123 nasieboupatroon

wat hierbo behandel is.

Rawls is na die publikasie van sy hoofwerk aan volgehoue kritiek

onderwerp, veral deur kommunitêre denkers soos Michael Sandel,

Charles Taylor, Alisdair MacIntyre, Michael Walzer 124 en Vernon van

Dyke. Dit het Rawls daartoe genoop om in ’n aantal artikels 125 sy

uitgangspunte te verduidelik, maar ook aan te pas en verder te

verfyn. Veral hierin tree die nasieboutendens in sy denke duidelik op

die voorgrond.

122 J Rawls A Theory of Justice (1971).

123 Oftewel, soos Giliomee daarna verwys, onderskeidelik die liberaal-demokratiese

en die konstitusionele patrone van nasiebou. Sien Giliomee (n 11 hierbo) 7-8.

124 Vir ’n nuttige samevatting van die kritiek sien S Mulhall en A Swift Liberals and

Communitarians (1992) 37-164.

125 (a) Sien J Rawls ‘Justice as fairness: political not metaphysical’ (1985) 14

Philosophy and Public Affairs 223-251; (b) J Rawls ‘The idea of overlapping

consensus’ (1987) 7 Oxford Journal of Legal Studies 1-25; (c) J Rawls ‘The priority

of the right and ideas of the good’ (1988) 17 Philosophy and Public Affairs 251-

276; (d) J Rawls ‘The domain of the political and overlapping Consensus’ (1989)

64 New York University Law Review 233-255.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 157

By Rawls vind ons ’n moderne weergawe van die sosiale kontrakteorie

wat gebruik word as ’n middel om ’n model van politieke

geregtigheid te ontwerp. Tydens die sluit van die ooreenkoms geld

wat Rawls die oorspronklike toestand (original position) noem. In

hierdie toestand moet die omstandighede so daar uitsien dat dit

ideaal is vir die konstruering van ’n blywende toestand van politieke

geregtigheid. 126 Die toestand word verkry deur almal wat by die sluit

van die ooreenkoms betrokke is, met ’n sluier van onkunde (veil of

ignorance) met betrekking tot hulle eie identiteit, posisie en

oortuigings tydens die sluit van die ooreenkoms, te bedek. Elkeen is

geheel en al onkundig wat betref die identiteit wat hulle na die sluit

van die kontrak sal hê, oor wat hulle sosiale en ekonomiese posisie in

die samelewing sal wees, asook oor die standpunte wat hulle sal

huldig en die oortuigings wat hulle sal koester. In die oorspronklike

toestand word daar weens die werking van die sluier van onkunde ’n

situasie van volledige gelykheid (en vryheid) bewerkstellig. Elkeen

loop die gevaar om na die verwydering van die sluier van onkunde te

vind dat hy/sy moontlik in die allerlaagste en mins vermoënde posisie

mag verkeer. Elke rasionele mens — en Rawls se klaarblyklik

rasionalistiese model veronderstel noodwendig dat almal rasioneel sal

te werk gaan met betrekking tot die behartiging van individuele

belange — sal dus so kontrakteer dat daar ook vir die heel swakstes en

die mins bevoorregtes voorsiening gemaak word, eenvoudig omdat

elke kontraksparty juis self die gevaar loop om na die sluiting van die

ooreenkoms in die swakste posisie te verkeer. Op hierdie manier word

’n rasioneel gefundeerde regsorde verseker. Die kontrak wat die

grondslag van die regsorde is, word weens die werking van die sluier

van onkunde op die grondslag van volledige eenstemmigheid gesluit,

danksy die feit dat almal in presies dieselfde posisie verkeer het.

Die kontrak maak vir slegs die mees basiese minimumregsbeginsels

voorsiening. Die kontrak bevat uitdruklik geen bedinge

waarin voorkeur gegee word aan ’n bepaalde godsdiens, ideologiese

kode, etniese groep of enigiets dergeliks nie. Die rede hiervoor is dat

die kontrakspartye, bedek met die sluier van onkunde, telkens

oorweeg het dat hulle na die sluiting van die kontrak mag ontdek dat

hulle ’n nie-dominante godsdiens of ideologie aanhang, of tot ’n niedominante

etniese of kultuurgroep behoort. Die onkunde wat

gedurende die oorspronklike toestand vaardig is, verseker gevolglik

dat die staatsorde en die regsbeginsels wat daaruit voortgebring

word, heeltemal neutraal is. Die oorspronklike toestand verseker ’n

staat wat voorsiening maak vir basiese gelyke beregtiging van alle

individue (en groepe) en wat aan geen ideologiese, godsdienstige,

morele of welke ander partikuliere kode of opvatting ook al, enige

amptelike erkenning verleen nie.

126 Rawls (n 125a hierbo) 234-239.

158 Hoofstuk 6

Die persoon wat by die oorspronklike toestand betrokke is, is die

universele individu en die algemene staatsburger: die algemene

Amerikaner of die algemene Suid-Afrikaner. Dit is nie ’n besondere

Amerikaner, byvoorbeeld die Afro-Amerikaner, die WASP of Hispaniër

nie; dit is ook nie die besondere Suid-Afrikaner, byvoorbeeld die

Swartman, Zoeloe, Moslem of Afrikaner nie. Die rasionaliteit wat by

die kontraksluiting in die oorspronklike toestand betrokke is, is dus ’n

algemene individuele rasionaliteit, oftewel ’n algemene ’neutrale’

staatsburgerlike rasionaliteit. Die staatlike regsorde is gevolglik ook

die produk van daardie algemene staatsburgerlike rasionaliteit.

Derhalwe is dit slegs die belange van die individuele algemene burger

wat in die openbare orde vergestalt en juridies verreken word.

Partikuliere identiteite en voorkeure kan nie in die openbare sfeer

weerspieël word en juridiese neerslag vind nie, anders kry die staat

’n partikuliere en partydige identiteit wat vyandig mag wees teenoor

ander partikuliere identiteite en gevolglik die interne kohesie van die

staat kan ontwrig.

Rawls tref voortdurend ’n streng onderskeid tussen die private en

die openbare politieke sfeer. Sy geregtigheidsmodel verreken slegs dit

wat gemeenskaplik aan alle individuele staatsburgers is. Die model

plaas daarenteen ’n verbod op juridiese erkenning van enige

partikuliere ideologiese oortuiging, waarde, identiteit of enige ander

konsep van wat goed of deugsaam is. Hierdie verbod is egter net op

die openbare sfeer van toepassing. Rawls ontwikkel dus nie ’n

omvattende morele leerstuk nie, maar slegs ’n politieke konsep van

geregtigheid wat in die openbare sfeer geld. 127 Dit is heeltemal in

orde as individue en gemeenskappe keuses maak oor wat goed, reg en

van waarde is, maar daardie keuses mag slegs in die private sfeer van

krag wees. Die dwang van staatsgesag kan nooit aangewend word om

daardie keuses op andersoortiges en andersdenkendes af te dwing nie.

Wat die staat kan afdwing is slegs die regsbeginsels waaroor daar

eenstemmigheid bestaan (welke eenstemmigheid met die sluit van

die kontrak gedurende die oorspronklike toestand bereik is) en wat

elkeen se reg op vrye keuse-uitoefening beskerm. Die gesag van die

staat kan nooit ingespan word om oortuigings oor die goeie, oor

waardes en oor partikuliere identiteite af te dwing nie, want daaroor

kan daar nooit eenstemmigheid wees nie. 128

Buite die openbare politieke sfeer kan assosiasies gevorm word op

grond van gemeenskaplike beskouings oor die goeie. Dit kan gedoen

word omdat daardie assosiasies op vrye keuses berus. ’n Persoon het

127 Sien Rawls (n 125a hierbo) 224-225 en Rawls (n 124d hierbo) 248.

128 Rawls sien die pluraliteit van die moderne staat as ’n blywende gegewe, met die

gevolg dat daar geen heil is in pogings om partikuliere beskouings oor die goeie,

van staatsweë te probeer afdwing nie. Sien byvoorbeeld Rawls (n 125d hierbo)

234-235.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 159

die vryheid om hom met die dissipline van daardie assosiasies te

assosieer en hom weer daarvan te disassosieer as hy dit verkies. Maar

die politieke, of meer korrek, die staatsamelewing berus nie op vrye

vereenselwiging nie en daarom kan dit nie op (partikuliere)

afdwingbare beskouings van die goeie berus nie. Indien wel, lei dit tot

onregverdigbare dwangmaatreëls gemik teen diegene wat dit nie met

die dominante konsep van die goeie eens is nie:

... the political power exercised within the political relationship is

always coercive power backed by the state’s machinery for enforcing its

laws. In a constitutional regime political power is also the power of

equal citizens as a collective body. It is regularly imposed on citizens as

individuals, some of whom may not accept the reasons widely thought to

justify the general structure of political authority (the constitution),

some of whom accept that structure, but do not regard as well grounded

many of the statutes and other laws to which they are subject.

Political liberalism, then, holds, that there is a special domain of the

political identified by at least these features. So understood, the

political is distinct from the associational, which is voluntary in ways the

political is not; it is also distinct from the personal and the familial,

which are affectional domains, again in ways the political is not. 129

Die geregtigheidsmodel van Rawls is gevolglik net op die politieke

terrein, die terrein wat hy die basic structure noem, 130 van krag.

Binne die wêreld van assosiasies wat funksioneer op die grondslag van

vrye vereenselwiging is dié model nie van toepassing nie. Daarom volg

dit dat ons hier juis met ’n politieke geregtigheidsmodel te doen het

en nie met ’n algemene morele filosofie nie. Rawls se fokus is

deurlopend op die konsep van politieke geregtigheid gerig. ’n

Bykomende tema wat nou met hierdie hooftema verwant is, is die

modus vivendi 131 wat gevolg moet word ten einde die plurale staat se

bestaan te verseker. Om dit reguit te stel, Rawls is nie net ’n

geregtigheidsfilosoof nie, maar in dieselfde asem ook ’n politieke —

of, meer korrek — ’n staatstrateeg. Sy belang lê by die versekering van

openbare geregtigheid, maar insgelyks ook by die bewerking van die

kohesie en die voortbestaan van die staat in sy bestaande vorm.

Rawls is klaarblyklik goed ingegrawe in die historiese wortels van

die (politieke) liberalisme en is terdeë bewus van die plurale staat se

strategiese afhanklikheid van die handhawing van verdraagsaamheid.

Hy sluit hom juis uitdruklik aan by hierdie tradisie wat terugdateer na

129 Rawls (n 125d hierbo) 242.

130 Rawls (n 125d hierbo) 240; Rawls (n 125b hierbo) 3 et seq; Rawls (n 125a hierbo)

224-225.

131 Modus vivendi is die frase wat Rawls gebruik vir die strategiese effek van sy teorie

om die bestaande staat te bestendig en in stand te hou. Sien byvoorbeeld Rawls

(n 125c hierbo); 274; Rawls (n 125b hierbo) 9; Rawls (n 125a hierbo) 247.

160 Hoofstuk 6

die era van die oorspronklike vestiging van die staatlike paradigma

deur Bodin en Hobbes. 132 So redeneer hy:

Now one reason for focusing directly on a political conception for the

basic structure is that, as a practical political matter, no general and

comprehensive view can provide a publicly acceptable basis for a

political conception of justice. The social and historical conditions of

modern democratic regimes have their origin in the Wars of Religion

following the Reformation and the subsequent development of the

principle of toleration, and in the growth of constitutional government

and of large industrial market economies. These conditions profoundly

affect the requirements of a workable conception of justice: among

other things, such a conception must allow for a diversity of general and

comprehensive doctrines, and for the plurality of conflicting, and indeed

incommensurable conceptions of the meaning, value and purpose of

human life (or what I shall call for short, ‘conceptions of the good’)

affirmed by the citizens of democratic societies. 133

Rawls verklaar dat die voortbestaan van die staat wat van populêre

ondersteuning afhanklik is, 134 op ’n politieke konsep van geregtigheid

moet berus:

Since we are concerned with securing the stability of a constitutional

regime, and wish to achieve free and willing agreement on a political

conception of justice that establishes at least the constitutional

essentials, we must find another basis of agreement than that of a

general and comprehensive doctrine. And so, as this alternative basis,

we look for a political conception of justice that might be supported by

an overlapping consensus. 135

Rawls se konstitusionele regime is gebaseer op ’n algemene konsensus

oor regsbeginsels wat bereikbaar is ten spyte van diepliggende

verdelings in ’n plurale samelewing. Hierdie pluralisme word egter

nooit ’n politieke twispunt nie, omdat die verskille buite die openbare

politieke sfeer gehou word. Rawls se pluralisme is net soos dié van sy

liberale voorgangers binne die staatlike paradigma, ’n private

pluralisme. Partikuliere identiteite bly as ’t ware tuis; dit word nooit

buite in die openbare sfeer toegelaat nie. In die openbare sfeer

ontmoet mense mekaar nie uit hoofde van hulle partikuliere

identiteite nie, maar bloot as individuele burgers. Vir doeleindes van

die openbare sfeer het mense slegs een identiteit, naamlik dié van

staatsburgers. Ander identiteite, oortuigings en verbintenisse, van

welke wesenlike belang dit ook al vir die betrokke individue mag

wees, bly streng binne die private domein:

132 Sien hieroor die breedvoerige bespreking in hoofstuk 4.

133 Rawls (n 125b hierbo) 4; Rawls (n 125a hierbo) 245, 249.

134 Rawls (n 125a hierbo) 235.

135 Rawls (n 125b hierbo) 4-5.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 161

They may regard it as simply unthinkable to view themselves apart from

certain religious, philosophical and moral convictions or from certain

enduring attachments and loyalties. These convictions and attachments

form part of what we may call their non-public identity ... 136

Vir doeleindes van die openbare politieke sfeer kwalifiseer dus slegs

die gemeenskaplike burgerskapsidentiteit. Binne hierdie sfeer word

slegs die gemene deler, byvoorbeeld Amerikaanse of Suid-Afrikaanse

burgers, toegelaat en nooit die partikuliere Afro-Amerikaner,

Katoliek, Moslem of Afrikaner nie.

Rawls se politieke konsep van geregtigheid met al die aansprake

van neutraliteit wat daarmee gepaard gaan, funksioneer ook as ’n

politieke strategie. Dit plaas ’n verbod op die openbare politieke

manifestasie van enige partikuliere identiteit wat moontlik tot gevolg

kan hê dat die bestaande orde onder druk geplaas word en wat sigself

beywer vir die transformasie van die bestaande staatlike orde.

Wanneer hy ons meedeel wat die taak van die politieke filosofie

is, openbaar Rawls homself as ’n staatsbouer — met ander woorde, die

legitimeerder, bestendiger en versterker van die bestaande orde van

die territoriale staat. Die funksie van die politieke filosofie is naamlik

om partikuliere menings en identiteite so te manipuleer dat die

gemeenskaplike beklemtoon en die verskille genegativeer word ten

einde ’n openbare konsensus te bou en dienooreenkomstig die

spektrum van openbare verskille te vernou. 137

Op die keper beskou, is Rawls se politieke konsep van geregtigheid

gebaseer op ’n samelewing wat funksioneer op die grondslag van die

eenstemmige besef dat daar ’n gebrek aan onderlinge gemeenskap in

die kontemporêre territoriale staat bestaan, asook op die aanname

dat die arbitrêre afbakening van die grense van territoriale state, wat

uiteenlopende groeperings in een staat ingekamp het, ’n

onveranderlike en permanente gegewe is; dat daar niks omtrent dié

arbitrêre toedrag van sake gedoen kan en moet word nie, ten spyte

van die feit dat die bestaande staatlike orde met sy besondere

grensafbakening kulturele, etniese, godsdienstige, taal- en ander

bande misken. Rawls het derhalwe geen kritiese sin vir die territoriale

staat in sy huidige orde nie. Hy werk geheel en al onkrities daarbinne

asof dit ’n onveranderlike vanselfsprekende gegewe is, byna asof dit

op ’n dag bloot uit die lug geval het — in die woorde van Vernon van

Dyke as a kind of happening 138 — en daarmee uit en gedaan.

136 Rawls (n 125a hierbo) 241.

137 Rawls (n 125a hierbo) 230.

138 V Van Dyke ‘The individual the state and ethnic communities in political theory’

(1976-77) 29 World Politics 348.

162 Hoofstuk 6

Hierdie soort staat sonder ’n nasie, sonder ’n gemeenskap, sonder

gemeenskaplike identiteit of gemeenskaplike konsep van die goeie, is

die ru-materiaal van Rawls se politieke geregtigheidsmodel.

Oor slegs een saak is daar in hierdie staatlike orde

eenstemmigheid, naamlik oor die noodsaak van regsbeginsels wat die

private belange van alle individuele burgers sal bevorder. Aangesien

individuele burgers met verloop van tyd toenemend sal besef dat die

liberale staat hulle ter wille is, sal hulle algaande getrouer teenoor

die staat raak: 139

This independent allegiance in turn leads people, to act with evident

intention in accordance with liberal arrangements since they have

reasonable assurance (founded on past experience) that other will also

comply with them. So gradually over time, as the success of political cooperation

continues, citizens come to have increasing trust and

confidence in one another. 140

Rawls se projek is om binne die gegewe realiteit van die territoriale

staat ’n gemeenskaplike staatsburgerlike identiteit aan te kweek en

te voed ten einde sodoende die onderlinge kohesie van die

staatsburgers te versterk en blywende stabiliteit van die staatlike

orde te bewerkstellig. Benewens ander dinge is Rawls ook die

voortreflike staatsman met ’n staatsbouprojek wat daarop afgestem

is om die bestaande orde tot in die verre toekoms in stand te hou:

Some may think that to secure stable social unity in a constitutional

regime by looking for an overlapping consensus detaches political

philosophy from philosophy and makes it into politics. Yes and no: the

politician, we say, looks at the next election, the statesman to the next

generation, and philosophy to the indefinite future. Philosophy sees the

political world as an on-going system of co-operation over time, in

perpetuity practically speaking. Political philosophy is related to politics

because it must be concerned, as moral philosophy need not be, with

practical political possibilities. This has led us to outline for example,

how it is possible for the deep divisions present in a pluralistic society to

be reconciled through a political conception of justice that gradually

over generations becomes the locus of an overlapping consensus.

Moreover, this concern with the practical possibilities compels political

philosophy to consider fundamental institutional questions and the

assumptions of a reasonable moral psychology. 141

Vanuit ’n kommunitêre denkraamwerk is daar toenemende aandrang

op die erkenning van groepsgedifferensieerde regte en word daar

oortuigend teen die verskraalde staatsburgerskaplike identiteit

beswaar aangeteken. Iris Young bepleit teenoor die algemene

139 Rawls (n 125b hierbo) 21-22.

140 Rawls (n 125b hierbo) 23.

141 Rawls (n 125b hierbo) 24.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 163

burgerskaplike identiteit, die erkenning van ’n groepsgedifferensieerde

burgerskap en van ’n heterogene publiek. 142

Hiervolgens word verskille in die openbare domein erken in plaas

daarvan om dit na die private terrein uit te skuif. Daar word

bowendien aanvaar dat die verskille ook nie uitgeskakel kan word nie,

en daar word gepoog om verskille binne die openbare domein te

akkommodeer. 143 Die algemene staatsburgerskap, wat impliseer dat

alle reëls op almal van toepassing is, gee voor dat dit groepe nie in

ag neem nie en ook nie voorkeur aan enige partikuliere waardes of

identiteite gee nie. Young verwerp hierdie aanspraak van neutraliteit

en onpartydigheid. Sy verduidelik dat universele reëls nalaat om

minderheidsbelewenisse en -belange te verreken en sodoende

sodanige minderhede tot tweedeklasburgers reduseer. Juis met die

oog daarop om hierdie ongelykhede jeens minderhede aan te spreek,

word daar aangedring op die erkenning van gedifferensieerde

burgerskap. Daardeur word alle ervarings en opvattings, in die

besonder ook dié van nie-dominante minderhede, binne die openbare

terrein geakkommodeer. 144

Die politieke geregtigheidsmodel van Rawls is ondanks al die

neutrale aansprake in werklikheid partydig, omdat dit die besondere

identiteite en belange van minderhede ignoreer. 145 Dit vind plaas

omdat die oorspronklike toestand wat sentraal in Rawls se stelsel is,

epistemologies gebrekkig is. Die gebrek kom voor omdat Rawls en

andere soos hy nie self tot minderhede behoort nie en derhalwe nie

namens minderhede kan praat nie, en ook nie daarin kan slaag om ’n

geregtigheidsmodel waarin minderheidsbelewenisse en -belange

vervat is, te kan opstel nie. Minderheidsbelewenisse word dus nie in

die oorspronklike toestand vervat nie en kan nie die medebepaler van

sy geregtigheidsmodel wees nie. Teoretici soos Rawls kan eenvoudig,

weens die feit dat hulle nie tot minderhede behoort nie, nie daarin

slaag om vanuit die leefwêreld van minderhede, die besondere

behoeftes en belange van minderhede te artikuleer nie. Daar vind dus

’n kommunikasiekortsluiting plaas in die poging om ’n algemene

teoretiese geregtigheidsmodel te probeer opstel. Die teoretikus praat

namens wat hy as die universele burger sien, en poog om vanuit

daardie hoek ’n standhoudende geregtigheidsmodel te ontwerp. In die

proses word die konkrete identiteite en situasies van ’n klomp

besondere mense vanuit agtergronde, kulture en sosiale kontekste

anders as dié van die teoretikus self nooit na vore gebring nie. Die

teoretikus kan daardie besondere belewenisse en situasies eenvoudig

142 Young (n 89 hierbo) 257-258.

143 Young (n 89 hierbo) 258.

144 Young (n 89 hierbo) 250 et seq.

145 Sien MS Williams ‘Justice towards groups’ (1995) 23 Political Theory 75 et seq se

bespreking van die inagneming van sosiale verskille as vereiste vir geregtigheid

binne ʼn politieke bestel.

164 Hoofstuk 6

nie verreken en artikuleer nie en hy het dus geen konkrete

verteenwoordigings-mandaat nie. Gevolglik misluk sy poging om

daardie groepe in die geregtigheidsmodel te verteenwoordig: 146

... we should not suppose that we as individuals toiling away in the

cloistered halls of academe, can construct principles of justice that

anticipate standpoints of all relevant others. 147

Dit is onmoontlik om ’n prosedure vir ’n algemene geregtigheidsmodel

te ontwerp sonder dat dit uiteindelik die ontwerper van die stelsel se

eie identiteit en sosiale posisie weerspieël. Daarom is so ’n oefening

altyd tot mislukking gedoem. Die enigste haalbare alternatief vir die

instandhouding van geregtigheid is die deurlopende daadwerklike

politieke deelname van almal, insluitende gemarginaliseerde

minderhede. Regskepping moet dus nie buite en vóór die politiek

geskied nie, maar op ’n deurlopende grondslag binne die politieke

diskoers. In die diskoers moet alle belange regstreeks deur die

belanghebbendes geartikuleer word 148 en nie deur ’n virtuele

filosofiese verteenwoordiger wat nooit daarin kan slaag om werklik

namens almal te praat nie.

Rawls is die geregtigheidsfilosoof binne die staatlike paradigma.

Die bestaande orde van die territoriale staat is sy vaste vertrekpunt —

die vanselfsprekende happening waarvan hy uitgaan. Hy

bevraagteken dit nooit. Hy oorweeg nooit die moontlikheid dat die

bestaande staatlike orde moontlik in die pad van die totstandkoming

van geregtigheid staan nie en gaan konsekwent van die standpunt uit

dat geregtigheid binne die bestaande orde bereik moet word. Dit is sy

onuitgesproke en onoorwoë vertrekpunt. Sy poging om geregtigheid te

bewerkstellig misluk uiteindelik om twee redes:

eerstens, sy onuitgesproke verknogtheid aan die bestaande orde van

die territoriale staat en sy onvermoë of onwilligheid om die

wenslikheid van die staatlike orde as vertrekpunt te bevraagteken; en

tweedens, omdat hy in die laaste instansie op ’n ondemokratiese wyse

te werk gaan in ’n poging om geregtigheid te bewerkstellig. Hy

versuim om die belewenisse van gemarginaliseerde minderhede te

laat meewerk in die vestiging van geregtigheid deurdat hy slegs die

algemene rasionele mens (hyself) se belewenisse, belange en

behoeftes en identiteit in die sy sosiale kontrak laat kontrakteer.

146 Wiliams (n 145 hierbo) 78.

147 Wiliams (n 145 hierbo) 78.

148 Wiliams (n 145 hierbo) 79.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 165

4.2 Nasiebouregspraak, Ronald Dworkin en regsbeginsels

(a) Nasiebouregspraak

In die Suid-Afrikaanse reg vervul die konsep van boni mores oftewel

die sogenaamde objektiewe redelikheidskriterium ’n beslissende rol

by die beoordeling van die onregmatigheid (of wederregtelikheid) al

dan nie, van ’n handeling. As sodanig vervul die boni mores-konsep ’n

belangrike funksie in die konteks van die verbintenisreg (die

deliktereg en die kontraktereg), die strafreg asook die

huweliksreg. 149 Daar word gesê dat die boni mores in die regskonteks

nie ’n morele nie, maar bepaaldelik ’n juridiese betekenis het. 150 Dit

word vereenselwig met die regsopvattings van die gemeenskap. Die

voorsittende regterlike amptenaar vertolk hierdie opvattings 151 en

beslis op sterkte daarvan onder meer of ’n handeling onregmatig of

wederregtelik is, en of ’n potensieel poligame huwelik gesluit

kragtens Islamitiese rites geoorloof (en dus regmatig) is, al dan nie. 152

In die Suid-Afrikaanse regsdogmatiek asook in die regspraktyk (en

verwoord in ander terme, ook in ander jurisdiksies) vervul die boni

mores-konsep ’n nuttige en belangrike funksie. Dit is ’n soepel

maatstaf wat in staat is om veranderende opvattings en oortuigings te

verreken en sodoende tot billike regspraak by te dra. Desondanks is

selfs so ’n konkrete saak soos die werking van die boni mores in die

regspraktyk steeds ook ’n praktiese manifestasie van die staatlike

paradigma en funksioneer dit onbewustelik as staatsboustrategie.

Die probleem is dat die boni mores klakkeloos aan ’n vermeende

Suid-Afrikaanse gemeenskap, dit wil sê ’n staatlike gemeenskap,

toegedig word. Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat die

Suid-Afrikaanse samelewing ’n gemeenskap konstitueer en dat hierdie

staatlike gemeenskap eensgesinde morele en juridiese opvattings

huldig.

149 Sien byvoorbeeld Clarke v Hurst NO and Others 1992 4 SA 630 (D) 650-653;

Macadamia Finance Ltd en ’n Ander v De Wet en ’n Ander 1991 4.SA 273 (T) 278

80; Elida Gibbs (Pty) Ltd v Colgate Palmolive (Pty) Ltd (1) 1988 2 SA 230 (W) 537;

Minister van Polisie v Ewels 1975 3 SA 590 (A) 597; Ismail v Ismail 1983 1 SA 1006

(A) 1026; Schultz v Butt 1986 3 SA 667 (A) 679; Marais v Richard 1981 1 SA 1157

(A) 1168; Atlas Organic Fertilizers (Pty) Ltd v Pikkewyn Ghwano (Pty) Ltd and

Others 1981 2 SA 173 (T) 188-189; Hawker v Life Offices Association of South

Africa and Another 1987 3 SA 772 (K) 781; Coronation Brick (Pty) Ltd v Strachan

Construction Co (Pty) Ltd 1982 4 SA 571 (N) 579 et seq; Administrateur, Transvaal

v Van der Merwe 1994 4 SA 347 (A) 364.

150 Sien in dié opsig Ismail v Ismail (n 149 hierbo) 1025-1026 waar onderskei word

tussen moraal in die sedelike sin teenoor moraal in die juridiese sin.

151 Die bewys van die boni mores geskied by wyse van geregtelike kennisname —

dikwels stilswyend en onbewus. Sien byvoorbeeld AJ van Wyk ‘Die bewyslas van

die boni mores’ (1975) 38 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 386.

152 Sien Ismail v Ismail (n 149 hierbo) en die regspraak daar aangehaal.

166 Hoofstuk 6

In Ewels 153 word daar op sterkte van die aanname dat daar wel ’n

Suid-Afrikaanse gemeenskap is, verwys na die regsopvatting van ‘die

gemeenskap’. Die suggestie is dat daar inderdaad ’n enkele Suid-

Afrikaanse gemeenskap is. In Clarke word eweneens verwys na ‘... the

legal convictions of our society, its boni mores ...’. Weereens word

sonder meer met die veronderstelling van ’n enkele Suid-Afrikaanse

gemeenskap gewerk. 154 In Marais word die veronderstelling van ’n

algemene Suid-Afrikaanse gemeenskap op ’n ander manier versterk.

Die hof verklaar dat regsopvattings nie orals dieselfde is nie. Die hof

opereer dan perfek binne die staatlike paradigma deur te verklaar dat

Suid-Afrikaanse regsopvattings verskil van dié wat in Engeland en die

VSA geld. 155 Die onderskeid loop langs staatsgrense en die gedagte

kom nie by die hof op dat daar ook binne die staat langs die grense

van kultuur- en ander gemeenskappe verskille mag bestaan nie. Daar

word konsekwent met die vaste veronderstelling van ’n nasionale, of

liewers ’n staatlike, eensgesindheid met betrekking tot die boni

mores gewerk. In Ismail word op grond van dieselfde veronderstelling

verklaar dat die opvattings met betrekking tot die sluit van ’n

potensieel poligame huwelik wat volgens Islamitiese gebruike gesluit

is, onaanvaarbaar is en dat dié onaanneemlikheid alle lede van ‘ons’

gemeenskap bind. Die hof verklaar dat:

... such a union can be regarded as contra bonos mores ... as being

contrary to the accepted customs and usages which are regarded as

morally binding upon all members of our society, or as Innes C.J. said in

Seedat’s case at 309, as being fundamentally opposed to our principles

and institutions. 156

Die maatstaf van die algemene boni mores vertoon sigself as die

uitdrukking van ’n breë nasionale konsensus. In werklikheid kan dit

juis die teenoorgestelde uitwerking hê, naamlik om, opgetooi in

neutrale retoriek, die waardes en oortuigings van slegs die dominante

komponent van die staatlike samelewing te verteenwoordig. Die boni

mores gee, soos hierbo gedemonstreer is, voor om ’n omvattende

nasionale eenstemmigheid te weerspieël, maar funksioneer daarenteen

in werklikheid as ’n hegemoniese ideologie en strategie.

Seksionele voor- en afkeure doen hulself as universele opvattings

voor. Vanweë die feit dat dit as algemene opvatting funksioneer,

skakel dit die moontlikheid van alternatiewe opvattings by voorbaat

uit. Die algemene boni mores wat alle persone bind, funksioneer as

strategie waardeur ander legitieme wyses van menslike uitdrukking

misken en onderdruk word. Dit is ’n meganisme wat die uitwerking het

153 1975 3 SA 590 (A) op 597B.

154 1992 4 SA 630 (A) op 653B.

155 1981 1 SA 1157 (A) op 1168 D-E.

156 1983 (1) SA 1006 (A) op 1026B.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 167

dat die waardes van een segment van die staatsbevolking op die ander

afgedwing word. 157

Die grondwetlike oorgang in Suid-Afrika wat in 1994 ’n aanvang

geneem het, het grondwetlik gebaseerde regspraak en in die besonder

regspraak gegrond op die handves van regte ingelui. Die

Konstitusionele Hof het by verskeie geleenthede, veral by monde van

regter Sachs, pluraliteit, heterogeniteit en verdraagsaamheid vir

verskille as grondwetlike waardes sterk onderskryf. Die hof het die

mening gehuldig dat die reg om verskillend te wees, ’n aspek van die

reg op gelykheid uitmaak en het die mening uitgespreek dat

eenvormigheid en die standaardisering van gedrag nie met die

waardes van gelykheid waarop ’n demokratiese samelewing gebaseer

is, vereenselwigbaar is nie. 158 Ofskoon nie daartoe beperk nie, was dit

veral in die konteks van verdraagsaamheid jeens homoseksuele en

homoseksuele verhoudings dat hierdie sentimente gelug is.

Daar is egter ook ’n ander lyn van regspraak waarin die

Konstitusionele Hof sigself as ywerige staatsbouer onderskei en die

gedagte van ’n monolitiese staatsnasie op verskeie maniere

onderskryf het. Die hof het nie net die bestaan van ’n Suid-Afrikaanse

nasie sonder meer aanvaar nie. Boonop is daar herhaaldelik verklaar

dat die nasie gesamentlike aspirasies 159 en ideale het, 160 dat die

nasie homself tot sekere dinge verbind het 161 en dat die nasie strewes

het. 162 Volgens verskeie dicta van regters van die Konstitusionele Hof

het die nasie ook gesamentlike waardes. 163 Die nasie het ook sy eie

157 K Malan ‘Oor die hofnotuleringstaal in die lig van die grondwet en na aanleiding

van onlangse regspraak’ (1998) 61 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse

Reg 304.

158 Minister of Home Affairs and Another v Fourie and Another 2006 3 BCLR 305 (KH)

para 60 379E-G para 94 391C-D; para 95 391H-392A; Christian Education South

Africa v Minister of Education 2000 10 BCLR 1051 (KH) para 24 1063A-C; National

Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice and Others 1998 12

BCLR 1517 (KH) para 132 1574H-1575A; para 134 1576A-C; Doctors for Life

International v Speaker of the National Assembly and Others 2006 12 BCLR 1399

(KH) 1472C-D.

159 Didcott r in S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH) para 7403J; Mahomed r in

Makwanyane para 262 758B-D; Ngcobo r in Kaunda and Others v President of the

Republic of South Africa and Others 2004 10 BCLR 1009 (KH) para 155 1048F;

Mokgoro r in Jaftha v Schoeman and Others and Van Rooyen v Stoltz and Others

2005 1 BCLR 78 (KH) para 28 90 B-C; regter Sachs in Matatiele Municipality and

Others v President of the RSA and Others 2006 5 BCLR 622 (KH) para 97 622I;

Mokgoro r in Jaftha para 28 90D.

160 Sachs r in Matatiele Municipality (n 159 hierbo) para 97 852I-853.

161 Didcott r in S v Makwanyane (n 159 hierbo) para 190 740I-J; Chaskalson hr in

Kaunda (n 159 hierbo) para 60 1026F; Ngcobo r ook in Kaunda (n 159 hierbo) para

156 1048G-H en para 159 1049D-E; Ngcobo r in Bato Star Fishing (Pty) Ltd v

Minister of Environment and Tourism 2004 7 BCLR 687 (KH) para 106 730E-F.

162 Langa r in S v Makwanyane (n 159 hierbo) para 227 752F-G.

163 Ngcobo r in Kaunda (n 159 hierbo) para 1551048F, Mokgoro in Jaftha (n 159) para

28 90E.

168 Hoofstuk 6

etos — ’n nasionale etos 164 — sowel as morele en etiese opvattings en

oortuigings of, soos die hof dit stel, die nasie beweeg in ’n morele en

etiese rigting. 165 Die nasie het ’n gesamentlike

geregtigheidsgevoel 166 en in die finale instansie het die nasie ook ’n

siel. 167

Ongeag of ’n Suid-Afrikaanse nasie hoegenaamd bestaan al dan

nie, het die regters van die Konstitusionele Hof met hierdie dicta die

gedagte van ’n monolitiese Suid-Afrikaanse staatsnasie in bykans

hartstogtelike terme onderskryf. Blykens die vermelde stellings het

die staatsnasie die karakter van ’n lewende organisme en van een

individuele morele agent. Juis daarom kan ’n etos aan die nasie

toegeskryf word en kan hy bepaalde karaktertrekke hê, waardes,

morele en etiese oortuigings en opvattings huldig en ’n

geregtigheidsgevoel koester. As enkele morele agent is die

staatsnasie uiteraard ook in staat tot die vorm van ’n enkele algemene

wil. Daarom kan dit aspirasies, strewes en ideale hê en daarom kan

dit sigself tot bepaalde doelwitte verbind en in ’n bepaalde rigting

beweeg. Die verhewe aard van die nasie bring mee dat dit nie net

morele karaktertrekke het en kan wil nie, maar bowendien ook ’n siel

het. Van die indruk dat die nasie ’n religieuse eienskap van heiligheid

vertoon, kan beswaarlik ontsnap word. Met hierdie klinkende retoriek

kon die Konstitusionele Hof die saak vir die staatsnasie nouliks

helderder uitbasuin het.

(b) Ronald Dworkin, apologeet van staatlikheid

In die werk van Ronald Dworkin vind ons ’n tipiese voorbeeld van

regsdenke wat, weliswaar waarskynlik onnadenkend, dog volledig in

die staatlike paradigma ingebed is. Dworkin se opvattings, onder meer

oor regtelike interpretasie, word soms as ’n eiesoortige weerspieëling

164 Mahomed r in S v Makwanyane (n 159 hierbo) para 262 758A-B; para 263 758I-J;

Ncgobo r in Kaunda (n 159 hierbo) para 155 1048F-G; regter Sachs in Minister of

Health and Another NO v New Clicks South Africa (Pty) Ltd and Others

(Treatment Action Campaign and Another as Amici Curiae) 2006 1 BCLR 1 (KH)

para 625 183D; regter Sachs in Doctors for Life (n 158 hierbo) para 1470A-B;

Mokgoro r in Jaftha (n 159 hierbo) para 28 90D.

165 Mahomed r in S v Makwanyane (n 159 hierbo) para 262 758A-B; Ngcobo r in

Kaunda (n 159 hierbo) para 155 1048F-G.

166 Regter Sachs in S v Makwanyane (n 159 hierbo) para 362 785A-B.

167 Sachs r in Matatiele Municipality (n 159 hierbo) para 97 853A. Die stelling dat die

nasie ʼn siel het, is aanvanklik deur Mahomed r, later hoofregter in die Namibiese

uitspraak in S v Acheson 1991 2 SA 805 (Nm) gemaak, waarna dit later etlike kere

deur Suid-Afrikaanse regters ge-eggo is. Mahomed r het onder meer op 813A-B

van sy uitspraak in S v Acheson gesê: ‘The constitution of a nation is not simply a

statute which mechanically defines the structures of “government and the

relations between the government and the governed. It is a 'mirror reflecting the

national soul”’, the identification of the ideals and aspirations of a nation; the

articulation of the values bonding its people and disciplining its government.’

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 169

van die kommunitêre denkpatroon beskryf. 168 Hy lewer sy werk teen

die agtergrond van die heftige kritiek wat vanuit die geledere van die

Amerikaanse Realisteskool in die Regsleer en die Critical Legal

Studies-beweging op die objektiwiteitsaansprake van die reg gelug is.

Die twee strominge het myns insiens suksesvol aangetoon dat die reg

nie beskou kan word as ’n objektiewe neutrale normkompleks nie, dat

regsreëls grondliggend onbepaald is en nie ’n vaste inhoud het nie, en

dat regsreëls juis weens die onbepaaldheid daarvan nooit in staat is

om regsekerheid te bewerkstellig nie. Die reg is nie ’n vaste stel reëls

nie, maar is bloot dit wat die hof (en administrateurs wat die reg

toepas) uiteindelik van beslissing tot beslissing sê dit is. Voorts is

aangetoon dat reg grondliggend deur nie-juridiese faktore beïnvloed

word, met inbegrip van die besondere agtergrond en

persoonlikheidsamestelling van die voorsittende regter, asook deur

ekonomiese en politieke faktore. Die reg is inderdaad dikwels bloot ’n

manifestasie van die politiek. Die insigte vanuit die hermeneutiek,

insluitende die regshermeneutiek, het langs ’n ander weg tot

soortgelyke gevolgtrekkings gekom. 169

Dworkin verset hom teen die siening dat regsgeskille op grond van

subjektiewe faktore soos die regter se persoonlike vooroordele en

voorkeure, pragmaties op grond van beleidsoorwegings of na gelang

van die wisselende dominante strominge in die politiek beslis word.

Hy verwerp die siening dat regsgeskille op grond van iets anders as die

regsnorme van ’n bepaalde regskultuur beslis word. 170 Dworkin is

daarenteen daarvan oortuig dat alle regsgeskille bevredigend beslis

kan word op grond van reëls en beginsels inherent aan die

normkompleks van die regstelsel. Hy glo dat die regstelsel ryk genoeg

is aan objektief vasstelbare beginsels wat deur die hele regstelsel

suurdeeg, dat alle geskille aan die hand van dié beginsels bereg kan

word en dat dit daarom nooit nodig is om op buite-regtelike,

pragmatiese of utilitêre oorwegings terug te val of om ’n diskresie uit

te oefen nie.

In die vierde hoofstuk van sy Taking Rights Seriously verduidelik

Dworkin hoe geskille ingevolge sy koherente rights thesis deur sy

fiktiewe super-regter, Hercules, aan die hand van (regs)beginsels

168 SA Gardbaum ‘Law, Politics and the Claims of Communities’ (1990) 90 Michigan

Law Review 741-742 verduidelik dat Dworkin werk met ʼn meta-etiese

verskyningsvorm van kommunitêre denke, aangesien hy die gemeenskap as bron

van die reg beskou.

169 Sien byvoorbeeld S Fish Is there a text in this class? The authority of interpretive

communities (1980) veral 303-353; H-G Gadamer Truth and method (1989)

(vertaling uit Duits deur J Weinsheimer en G Donald veral 267-377; H-G Gadamer

‘Truth in the Human Sciences’ (vertaling uit Duits deur BR Wachetrhauser) in BR

Wachetrhauser (red) Hermeneutics and Truth (1994) 25-32.

170 Gardbaum (n 168 hierbo) 743.

170 Hoofstuk 6

bereg word, in plaas daarvan om soos die fiktiewe Herbert toevlug in

pragmatiese oorwegings te gaan soek. 171

Wanneer die hof ’n geskil moet bereg, pas die regter uiteraard

eers die duidelik gekristalliseerde reëls van die regstelsel toe. Dit sluit

gemeenregtelike, wetgewende en konstitusionele reëls in. In baie

gevalle sal egter gevind word dat daar nie duidelik omlynde reëls

bestaan wat ’n klinkklare oplossing vir ’n regsgeskil kan verskaf nie.

HLA Hart was hiervan bewus en het begryp dat regsgeskille soms nie

op grond van regsreëls beslis kon word nie. Daarom het hy toegegee

dat die regter in dergelike gevalle sy regterlike diskresie sal moet

uitoefen 172 ten einde vir die tekortkominge in die reg te vergoed.

Dworkin is egter heelwat meer optimisties oor die omvangryke

sekerheid van die reël- en beginselkompleks van die reg. Hy

verduidelik dat ofskoon dit waar is dat gedetailleerde regsreëls met

die vermoë om ’n summiere oplossing vir ’n regsgeskil te bied, soms

mag ontbreek, diepliggender regsbeginsels waarop die regter kan

terugval tog altyd beskikbaar is. Die regsbeginsels sal in die

afwesigheid van die reëls die regte van die gedingvoerende partye

afbaken en die norme voorsien aan die hand waarvan die geskil beslis

kan word. Hierdie beginsels word gevind in die institusionele

geskiedenis van die regstelsel. Die institusionele geskiedenis word

vervat in die gemenereg, wetgewing en in die grondwet van die

betrokke staat en dit sluit insgelyks die gemeenskapsmoraliteit in.

Hierdie institusionele geskiedenis is die bron van die normkompleks.

Die regter put daaruit wanneer dit kom by die uitvoer van sy plig om

sake te beslis in ’n situasie waar spesifieke regsreëls nie beskikbaar is

nie. Volgens Dworkin se rights thesis:

... institutional history acts not as a constraint on the political judgment

of judges but as an ingredient of that judgment, because institutional

history is part of the background that any plausible judgment, about the

right of an individual, must accommodate. 173

Dit is nou egter ook so dat wanneer Hercules tersaaklike beginsels uit

die institusionele geskiedenis van die regstelsel moet aflei, daar

verskeie — ook botsende — beginsels gevind mag word. Beginsels mag

dus met mekaar wedywer vir aanwending in ’n bepaalde geskil. Uit die

wedywerende beginsels sal Hercules daarom die regte beginsel moet

selekteer. Om dit reg te kry, sal Hercules die breë politieke filosofie

van die institusionele geskiedenis moet ondersoek. Die korrekte

beginsel wat uit die wedywerende beginsels geselekteer moet word,

is dan daardie een wat die getrouste is aan die breë politieke filosofie

171 RM Dworkin Taking Rights Seriously (1977) 81-130.

172 HLA Hart The Concept of Law (1961) 129, 141.

173 Dworkin (n 171 hierbo) 87.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 171

van die institusionele geskiedenis. 174 Wanneer Hercules aan die werk

is, lê hy die grondbeginsels bloot waarop ’n regstelsel gebaseer is, en

maak dit daarna op die onderhawige geskil van toepassing. 175

Wat Hercules dus doen, is om die reëls wat in die regsbeginsels

opgesluit is, te ontdek en dit daarna toe te pas. Die klem lê op die

ontdekking en ontsluiting van bestaande beginsels, want Hercules

maak nie nuwe uitvindings nie en skep nie self nuwe reg nie. Hy

ontdek bloot dit wat reeds lankal bestaan het, maar wat tot met die

ontdekking daarvan nog nie aan die lig gekom het nie.

Vir doeleindes van hierdie bespreking is die kern van Dworkin se

koherente regsteorie dat hy binne die matriks van die institusionele

geskiedenis van sy eie regsgemeenskap regsbeginsels ontdek aan die

hand waarvan enige geskil bereg kan word.

Die bron van die reg in Dworkin se teorie is ’n enkele kollektiewe

morele agent. Dit moet noodwendig enkel wees, anders is sy teorie

inherent teenstrydig en misluk sy aanspraak op die koherensie van sy

regsteorie. Dan verval reg in subjektivisme en pragmatisme, iets wat

Dworkin juis tot elke prys wil verhoed. Hierdie morele agent wat ’n

koherente stel waardes oplewer, is die gemeenskap as geheel. 176

Dworkin se gemeenskap, die kollektiewe outeur van die reg, is ’n

gemeenskap wat deur beginsels saamgebind word: ‘a community of

principle.’ 177 So ’n beginsels-gemeenskap, wat regering aan die hand

van beginsels moontlik maak, is die naaste wat ’n mens aan ’n ware

gemeenskap kan kom.

Dworkin se geloof in die potensiaal van regsbeginsels het onder fel

kritiek deurgeloop. 178 Weens Dworkin se onwrikbare geloof om altyd

in beginsels regsekerheid te vind, beskryf HLA Hart Dworkin heel

gepas as die the most noble dreamer of them all. 179 Waarvoor

Dworkin egter veral in die skyf gekry moet word, is sy klakkelose

vereenselwiging van die konsepte van gemeenskap en staat. Dworkin

se institusionele geskiedenis is niks anders nie as die institusionele

geskiedenis van die regstelsel van die territoriale staat. Sonder om vir

’n oomblik ’n sweem van twyfel te openbaar, aanvaar hy sonder meer

dat die regstelsel van die staat koherent is. Hy aanvaar dat die staat

per definisie ’n koherente regsgemeenskap huisves, wat deur ’n breë

morele en juridiese eenstemmigheid gelei word. Dworkin beskou die

staat, oftewel die staatsgemeenskap, as die bron van koherente reg

174 Dworkin (n 171 hierbo)107.

175 Dworkin (n 171 hierbo) 116-118.

176 Gardbaum (n 168 hierbo) 743; RM Dworkin Law’s Empire (1985) 188.

177 Gardbaum (n 168 hierbo) 743; Dworkin (n 171 hierbo) 190-215.

178 Sien AE van Blerk Jurisprudence: An Introduction (1996) 97-102.

179 HLA Hart ‘American Jurisprudence through English Eyes: The nightmare and the

Noble Dream’, vervat in Essays in Jurisprudence and Philosophy (1983) 137.

172 Hoofstuk 6

en spesifiek van koherente regsbeginsels. Dit is in hierdie opsig dat

Dworkin se sienswyse as ’n eiesoortige vorm van kommunitêre denke

gesien mag word. Dit is eiesoortig, aangesien hy sonder meer aanvaar

dat die staat wel ’n gemeenskap is. Vir Dworkin staan die staat, en nie

die gemeenskap nie, egter voorop. Daarom is dit meer gepas om hom

eerder as ’n verdediger van die staatlike orde te tipeer, in plaas

daarvan om kommunitêre sentimente en oortuigings aan hom toe te

dig. Dit plaas Dworkin noodwendig in die kamp van die staatsbouers.

Hy stel gemeenskap en staat sonder meer gelyk. 180 Wat hy aan sy

lesers voorhou, is ’n koherente stel regsbeginsels wat uitgroei uit die

staatlike orde. In die proses verswyg hy die gebrek aan koherensie, die

waardeverskeidenheid en die interne konflik van botsende

gemeenskappe en die dominasie van een stel waardes, oortuigings en

belange en gepaardgaande onderdrukking van ander stelle niedominante

waardes, oortuigings en belange, wat dikwels binne ’n

staat vaardig is. Hy aanvaar sonder meer dat die staatlike orde

koherent en legitiem is. Die teendeel van Dworkin se aanname is

nader aan die waarheid. Die bestaande staatlike orde wat voortspruit

uit ongelyke magsverhoudings van die verlede is dikwels die

vergestalting van dominasie van ’n hegemoniese formasie oor

onmagtige en swakker groeperings. Dit verswyg Dworkin egter, want

vir hom is die stelsel koherent en legitiem. Alles is in orde. En hoe

meer sake in orde is, des te sterker is die argument dat die bestaande

orde gehandhaaf moet word.

Ian Duncanson 181 kry Dworkin in die visier deur daarop te wys dat

die soort (staats)nasiegemeenskap wat die kollektiewe bron van

Dworkin se regsbeginsels is, eenvoudig nie bestaan nie. Vir sover die

nasiegemeenskap wel as ʼn teoretiese konsep aanwending vind,

funksioneer dit as ʼn instrument vir die juridiese magsverskansing van

die hegemoniese komponent in die staat se dominasie oor die res —

en die res, kan ons byvoeg, is gewoonlik die politiek onmagtige

minderhede. Die regsinstellings van hierdie gewaande nasiegemeenskappe

staan vreemd — dikwels vyandig — teenoor groot

gedeeltes van die nie-dominante komponente van die staatsbevolking.

Duncanson verklaar dat Dworkin se regsryk (Law’s Empire)

inderdaad nie koherent is nie. Inteendeel, dit herinner eerder aan

inkoherensie, heterogeniteit en dominasie — in die oë van Duncanson

aan iets soos die erg heterogeen saamgeflansde Oostenryks-

Hongaarse ryk. 182

Dennis Davis het sy besorgdheid oor die implikasies van Dworkin se

denke juis vir Suid-Afrika gelug. Hy beskou Dworkin se opvatting oor

180 Dworkin (n 171 hierbo) 167.

181 I Duncanson ‘Law, democracy and the individual’ (1988) 8 Legal Studies 304 et

seq.

182 Duncanson (n 181 hierbo) 310.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders - Die Nasie 173

regskoherensie as inherent ondemokraties. Hy kritiseer Dworkin

daarom vir sy opvatting van die reg as ’n koherente stelsel wat in die

sogenaamde gemeenskap setel en deur die regbank geartikuleer moet

word. Regskoherensie is, aldus Davis, onversoenbaar met vrye

demokratiese politieke aktiwiteit wat juis op wedywering en op die

handhawing van verskeidenheid gebaseer is. 183

Net soos die staatlike boni mores, die nasionale aspirasies en die

nasionale etos is Dworkin se regsbeginsels ook ’n onmiskenbare

produk van die staatlike denkwyse. Die outeur van die regsbeginsels

is die algemene staatlike gemeenskap. Die staatlike orde word sonder

meer as ’n vaste en permanente gegewe aanvaar. Die vraag of die

heersende staatlike orde gewens is, word nie oorweeg nie en die

moontlike verandering daarvan word geensins te berde gebring nie.

Die staatlike orde word dus as ’n blywende gereïfiseerde (verdinglike)

gegewe, pleks van ’n tydelike historiese en dus veranderlike

verskynsel beskou.

Die denke van Rawls en van Dworkin, asook die algemene staatlike

boni mores en die nasionale etos verskyn saam op die staatlike agenda

en werk mee tot die verskansing van die heersende staatlike orde teen

die uitdagings van verandering. Al drie die onderhawige

denkkonstruksies funksioneer as strategieë ter versterking en

bestendiging van die heersende territoriale staat en staatlike

identiteit. Dit is staatsboustrategieë wat in die regsteorie en die

daaglike regspraktyk funksioneer.

183 DM Davis ‘Integrity and Ideology: towards a critical theory of the judicial

function’ (1995) 112 SALJ 129-130. In die uitspraak van Ryland v Edros 1997(1)

BCLR 77 (C) was die hof juis suksesvol in die identifisering en aan die kaak stel

van dominante opvattings binne ʼn gemeenskap met demokratiese aspirasies. Sien

K Malan ‘Oor gelykheid en minderheidsbeskerming van aanleiding van Ryland v

Edros en Fraser v Children’s Court Pretoria North’ (1998) 61 Tydskrif vir

Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 300 et seq vir ’n bespreking van hierdie

beslissing.

HOOFSTUK

7

STAATLIKE DEMOKRASIE

1 Staatlike demokrasie - demokrasie

makgemaak deur die staatlike paradigma

Demokrasie het in ons dag geen retoriese gelyke nie. Die oorredende

krag van die begrip is bykans sonder weerga. Demokrasie se

magnetisme is sterker as enige ander begrip in die openbare leksikon

en die soektog na teenstanders en uitdagers van demokrasie is ’n

vergeefse en futiele oefening.

Die retoriese krag van die begrip, demokrasie, is blykbaar ook al

langer met ons as wat ’n mens sou dink. Francois Guizot merk reeds

in 1849 op dat die demokrasiebegrip retories so oorweldigend is dat

geen regering of party sonder om trou daaraan te betuig kan

voortbestaan nie. 1 In die lig van die latere uitdagings wat demokrasie

in die twintigste eeu die hoof moes bied, was hierdie stelling, toe dit

gemaak is, aanvegbaar. Na die Tweede Wêreldoorlog en die

gepaardgaande vernietiging van die uitdaging van die Fascisme en die

Nasionaal-Sosialisme, is demokrasie egter so stewig ingegrawe dat

UNESCO bevind het dat daar geen amptelike afkeer meer van die

demokrasie bestaan nie. Demokrasie was na dese universeel ’n

onbestrede ideaal. 2

Demokrasie geniet tans oral goedkeuring en ondersteuning 3 en

bykans almal maak daarop aanspraak dat hulle demokrate is. 4

Demokrasie het, om die waarheid te sê, bykans ’n magiese

betekenis. 5 Dit word universeel gehuldig en vereer. 6 Juis vanweë die

1 Aangehaal deur A De Benoist ‘Democracy Revisited’ (1993) Telos 65.

2

HB Mayo An Introduction to Democratic Theory (1960) 21.

3 B Holden The Nature of Democracy (1974) 3; AM Faure en DJ Kriek (reds) Die

moderne politieke teorie (1984) 33.

4

CD Lummis Radical Democracy (1984) 14.

5 WP Esterhuyse ‘Wat is demokrasie?’ in Filosoof op die Markplein: Opstelle vir en

deur Willie Esterhuyse (1996) 47.

6

G Sartori Democratic Theory (1962) 8; De Benoist (n 1 hierbo) 65; Faure & Kriek (n

3 hierbo) 34.

175

176 Hoofstuk 7

heiligheid en lofwaardigheid daarvan, funksioneer demokrasie as ’n

politieke legitimeerder. 7 Sodra ’n politieke bestel die stempel van

demokrasie dra, is dit sonder meer legitiem en sodoende stewig teen

enige aanslae verskans en knus teen uitdagings gevrywaar. Wie durf

na alles so dapper, vermetel of dom wees om ’n demokratiese staat

die stryd aan te sê? Demokrasie is immers inherent en vanselfsprekend

legitiem. Dit is ’n begrip wat sy legitimiteit as ’t ware in homself dra. 8

Die demokrasiebegrip het in so ’n mate getriomfeer dat dit ook in

die regsteorie en die regspraktyk inslag gevind het. Daar is reeds ver

gevorder op die pad na die internasionale erkenning van ’n individuele

reg op basiese demokratiese prosesse (algemene stemreg, erkenning

van politieke partye, vrye en regverdige verkiesings en dies meer) as

minimumvoorwaarde vir legitieme regering. 9 Voorts kom die begrip

demokrasie in talle nasionale grondwette, asook in internasionale en

regionale menseregte-instrumente voor. Daarin funksioneer dit as ’n

vereiste vir die geldige beperking van regte waarin gewoonlik vereis

word dat regsbeperkings, ten einde geldig te wees, moet voldoen aan

die waardes van ’n demokratiese samelewing. 10 Hierdeur word die

demokrasiebegrip as ’n regsleerstuk aangewend, wat as die maatstaf

en arbiter by geskille rakende wedywerende regsaansprake geld. 11

Op ’n veel omvattender skaal het Francis Fukuyama aangevoer dat

die eindpunt van die mensdom se ideologiese geskiedenis met die

universalisering van die Westerse liberale demokrasie as die finale

vorm van menslike regering bereik is. Daar kan nie op die beginsels

van liberale demokrasie verbeter word nie. Al die groot ideologiese

strydvrae het verval, geen noemenswaardige kwessies bly oor nie en

7

Esterhuyse (n 5 hierbo) 47; Faure & Kriek (n 3 hierbo) 34.

8 Esterhuyse (n 5 hierbo) 47.

9

TM Franck ‘The emerging right to democratic governance’ (1992) 86 American

Journal of International Law 49-50, 90 nota 9. Ter ondersteuning van die

groeiende erkenning van die reg op demokratiese prosedures en regering, sien

artikel 3 van die Eerste Protokol tot die Europese Konvensie vir die Beskerming

van Menseregte en Individuele Vryhede waarin die verdragspartye hulle tot

gereelde vrye verkiesings by wyse van geheime stemming verbind.

10

Sien in dié verband artikel 36(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-

Afrika, 1996, asook sy voorganger artikel 33(1) van die Tussentydse Grondwet,

Wet 200 van 1993. Van soortgelyke aard is die — in Suid-Afrika dikwels

aangehaalde — beperkingsklousule, artikel 1 van die Kanadese Charter of Rights

and Freedoms wat deel vorm van die Kanadese Grondwet, Wet 79 van 1982, wat

bepaal dat regte slegs beperk kan word vir sover dit redelik en klaarblyklik

regverdigbaar in ʼn vry en demokratiese samelewing is. Op die internasionale front

figureer die begrip demokratiese gemeenskap as beperkingsvereiste in artikel

29(2) van die Universele Deklarasie van Menseregte van die VN, Artikel 4 van die

Internasionale Verbond vir Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte, artikel 14 en

21 van die Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte. Op regionale

vlak kom die begrip voor in onder andere artikel 6, 8(2), 9(2) en 10(2) van die

Europese Konvensie vir die Beskerming van Menseregte en Individuele Vryhede en

in artikel 2(3) en 2(4) van die Vierde Opsionele Protokol tot die Konvensie.

11 O Jacot-Guillarmod ‘The relationship between democracy and human rights’ in

Democracy and Human Rights: Proceedings of the Colloquy organized by the

Government of Greece and the Council of Europe (1987) 55.

Staatlike demokrasie 177

alles wentel voortaan rondom ekonomiese bedrywighede en

administrasie. Liberale demokrasie is die enigste norm en dit wat

daarvan afwyk, word vir doeleindes van uitfasering geïdentifiseer. 12

Demokrasie kan egter juis vanweë die universele aanhang wat dit

geniet, so ’n wye variasie van betekenisse aanneem dat dit uiteindelik

niksseggend word, of in ’n mite verander waarmee die politieke

praktyk beswaarlik strook. Soos Giovanni Sartori aan die begin van sy

groot werk oor demokratiese teorie sê:

In a somewhat paradoxical vein, democracy could be defined as a high

flown name for something which does not exist. 13

Tog het demokrasie inderdaad in die huidige regs- en politieke

diskoers (in die akademiese sfeer en as ’n tema van die daaglikse

praktyk) ’n betekenis verwerf waaroor daar grootliks eenstemmigheid

bestaan. Daar word ’n prosedureel-strukturele omskrywing van

demokrasie gegee. Hiervolgens is daar aan demokrasie ’n betekenis

verleen waarvolgens dit met groot sorg só omskryf is dat dit die

moderne territoriale staat in stand hou en teen verandering beskerm

en in pas met die behoeftes van die staat funksioneer.

John Dunn verduidelik dat die praktiese karakter van die staat

sedert die middel van die sewentiende eeu toenemend die

voorwaardes vir die institusionele aanspraakmakers op legitieme

politieke gesag neerlê. 14 Met ander woorde, politieke en juridiese

denkmodelle moet die bestaande staatlike orde ter wille wees en

bydra tot die instandhouding daarvan. Indien dit nie die geval is nie

en indien ’n denkmodel dus die uitwerking kan hê om die staat in sy

bestaande vorm te destabiliseer, word dit irrelevant en disfunksioneel

bevind en uit die diskoers geweer. Die noodsaak vir die instandhou van

die bestaande staatlike orde — ’n politieke oorweging — bepaal dus

wat wetenskaplik ter sake is, en wat nie.

Die territoriale staat wys as ’t ware self die instellings aan wat sy

bestendigheid sal verseker en sy belange die beste sal dien. Soos Carl

Friedrich 15 gesê het, die staat is die aktiewe agent wat bepaal hoe die

nasie (aan die hand van die belange van die staat) daar moet uitsien.

Die territoriale staat bepaal egter nie net hoe sy nasie — die dissipels

van die sterflike god — daar moet uitsien nie. Dit bepaal die aard van

12

F Fukuyama ‘The End of History’ 1989 19 The National Interest. Fukuyama sit sy

Hegeliaans gebaseerde argument in besonderhede uiteen in F Fukuyama The end

of History and the Last Man (1992).

13

G Sartori 1962 1. Sartori haal ook Bertrand de Jouvenel aan (9) wat sê dat,

aangesien ons nie weet waarvan ons praat as ons die woord, demokrasie, gebruik

nie, besprekings daaroor intellektueel waardeloos is.

14

Dunn J (red) Democracy: The Unfinished Journey - 508 BC-AD 1993 (1993) 248.

15 Sien hieroor hoofstuk 6.1.

178 Hoofstuk 7

sy eie legitieme regeringsinstellings en -prosesse wat elkeen op ’n

eiesoortige wyse ook hulle eie staatsdienende en staatstabiliserende

funksies moet vervul. Net soos die staat vir homself ’n volk — ’n

staatsnasie — na die beeld van die staat vergader, net so bepaal hy

ook die regeringsinstellings na sy beeld en na gelang van sy behoeftes

en belange. So het die territoriale staat ook bepaal dat die tans

geheiligde demokrasie die enigste legitieme regeringsvorm sal wees,

nie slegs ter uitsluiting van nie-demokratiese uitdagers nie, maar ook

ter uitsluiting van vorme van demokrasie anders as staatlike

demokrasie.

Die punt is dat eietydse demokrasie en demokratiese teorie (soos

beoefen in die politieke praktyk, politieke teorie en die staatsreg) die

volbloed spruit van die staatlike paradigma is en dat talle

kommentators oor dié soort demokrasie troue (en meesal onbewuste)

dienaars van die staatlike paradigma is. Dit maak terselfdertyd van

hulle verdedigers van die heersende orde van die territoriale staat.

Staatlike demokrasie met sy kenmerkende strukturele en

prosedurele eienskappe wat hieronder behandel word, is demokrasie

wat vir die territoriale staat veilig gemaak is, dit wil sê, demokrasie

wat so ingerig is dat dit die belange van die territoriale staat kan dien.

Soos John Dunn sê:

Representative democracy is democracy made safe for the modern

state; democracy converted from the unruly and incoherent master to

docile and defendable servant. 16

Kontemporêre demokrasie is makgemaakte — gedomestiseerde —

demokrasie wat sy wandeling aan die leiband van die staatlike

paradigma onderneem.

Wat is dan die eienskappe van moderne staatlike demokrasie? Om

dié vraag te beantwoord, moet ons eers sê dat demokrasie natuurlik

nie ’n geheel en al moderne verskynsel is nie. In sy klassieke vorm voer

dit vanaf 508 v.C. twee honderd jaar lank, tot met die vestiging van

die Masedoniese ryk, ’n lewenskragtige bestaan in Athene. 17 Dit kom

ook voor in die praktyk wat tot in die twaalfde eeu in Europa gevolg

is om konings te verkies, in plaas daarvan om die vorstelike

ampsvulling deur oorerwing te reël. 18 Verder — en baie belangrik — is

die feit dat die gewoontereg wat natuurlik nie deur die vors verorden

is nie, maar vanuit die volk gekom het, lank in die Middeleeuse Europa

16 Dunn (n 14 hierbo) 248 en 250.

17 MI Finley Democracy Ancient and Modern (1985) 66.

18 De Benoist (n 1 hierbo) 66.

Staatlike demokrasie 179

en daarna gesien is as tekenend van populêre deelname aan die

regering. 19 Die gewoontereg het verander na gelang die volksgebruike

verander het. Sonder die tussenkoms van enige instelling soos ’n

wetgewer wat die reg amptelik verorden het, het die reg derhalwe

regstreeks en onmiddellik in pas met die volksgewoontes verander.

Dit is daarom die suiwerste en mees ongebreidelde vorm van

volksoewereiniteit denkbaar. Dan was daar ook die Yslandse

demokrasie — die Nordiese Hellas — wat teen ongeveer 930 n.C. sy

verskyning gemaak het. Hier is direkte demokrasie binne die

volksvergadering, die thingvellier, beoefen. 20 Spore van demokrasie

is ook te vind in die laat-Middeleeuse stede. 21

Proto-moderne demokrasie verskyn egter die eerste maal teen die

middel van die sewentiende eeu met die Levellers in Engeland op die

toneel. Hulle is die eerste demokrate wat afgewyk het van die patroon

van deelnemende, regstreekse demokrasie in ’n stadstaat en was die

eerste eksponente van demokrasie as verteenwoordigende regering in

’n territoriale staat. 22 Moderne demokrasie sien dus in dieselfde tyd

die lewenslig as waarin die territoriale staat die dominante politieke

ordening word. Met die opkoms van absolutisme word demokrasie

egter vir ander half eeu uitgedoof. Dit kom daarna weer aan die einde

van die agtiende eeu met mening terug. 23 Hierdie keer word dit deur

die rewolusionêre figure van die Franse rewolusie 24 en deur die

demokratiese praktyke in die Verenigde State gedryf. 25 Die terugkeer

was volledig in die gewaad van verteenwoordigende demokrasie. Die

konsep van verteenwoordiging word nou so volledig aan demokrasie

toegedig dat die nuwe demokrasie per definisie verteenwoordigende

demokrasie word, 26 en steeds bly. Waarskynlik die belangrikste figure

betrokke by die vestiging van verteenwoordigende demokrasie is

Immanuel Joseph Sieyès 27 en Thomas Paine.

Paine is opgewonde oor die ‘verteenwoordigende stelsel.’ Die

antieke Atheense demokrasie kon weens die direkte aard daarvan

slegs in ’n beperkte geografiese en demografiese opset funksioneer.

Direkte demokrasie kon egter nie die vergroting van die politieke orde

hanteer nie en verval dan tot ’n monargie of ’n aristokrasie. ’n

19

20

21

De Benoist (n 1 hierbo) 67; Sien verder hieroor hoofstuk 2.2.

De Benoist (n 1 hierbo) 67.

GE Frug The city as a legal concept (1980) 93 Harvard Law Review 1069, 1083 et

22

seq.

D Wootton ‘The Levellers’ in J Dunn (n 14 hierbo) 71. In dieselfde tyd verskyn

Democraticall government ook in die grondwet van Rhode Island. Sien hieroor RL

Hanson ‘Democracy’ in T Ball et al (reds) Political Innovation and Conceptual

23

24

25

26

Change (1989) 72.

De Benoist (n 1 hierbo) 69; Finley (n 17 hierbo) 9-10; Hanson (n 22 hierbo) 72.

Finley (n 17 hierbo) 9-10.

Hanson (n 22 hierbo) 72.

B Fontana ‘Democracy and the French Revolution’ in J Dunn J (red) Democracy:

27

The Unfinished Journey - 508 BC - AD 1993 (1993) 117.

B Fontana (n 26 hierbo) 117.

180 Hoofstuk 7

Verteenwoordigende stelsel is egter die volkome kuur vir hierdie

degenerasie, meen Paine, wanneer hy sê:

Retaining, then, democracy as the ground, and rejecting the corrupt

systems of Monarchy and aristocracy, the representative system

naturally presents itself; remedying at once the defects of simple

democracy as to form, and the incapacity of the other two with respect

to knowledge. 28

Paine loods ’n hewige aanval op aristokratiese regering en veral op

monargie. Dis ’n tirannieke, irrasionele en bespotlike stelsel wat ter

wille van die verwesenliking van die behoeftes van die vors dikwels

bloedige interstaatlike konflik aanwakker waarin die gewone burgers

van oorlogvoerende state die spit moet afbyt. 29 Teenoor die

monargale stelsel — Paine noem dit die oorerflike stelsel — met al sy

ondeugde, staan die deugsame verteenwoordigende stelsel wat

danksy die inspraak, oftewel die verteenwoordiging van almal, op

wysheid en rasionaliteit gebaseer is. 30 Uit wat Paine sê, is dit

onteenseglik dat demokrasie tot aan die einde van die agtiende eeu

grootliks met direkte demokrasie vereenselwig is. 31 Paine is baie

teësinnig om verteenwoordigende demokrasie met demokrasie te

vereenselwig en hou vol met die gebruik van die begrip,

verteenwoordigende stelsel, pleks van verteenwoordigende

demokrasie. 32 Die verteenwoordigende eienskap van demokrasie is

die eerste grondliggende verstelling wat daar aan klassieke

demokrasie aangebring is ten einde dit met die behoeftes van die

territoriale staat in pas te bring, oftewel die eerste stap in die proses

van die domestisering van demokrasie op die werf van die territoriale

staat.

In 1861, met die verskyning van Considerations on Representative

Government van John Stuart Mill, word demokrasie per definisie as ’n

verteenwoordigende stelsel, vir die eerste maal teoreties omvattend

uitgewerk. Mill se vertrekpunt en sy oogmerk is die lewering van ’n

apologie vir die haalbaarheid en die voortreflikheid van demokrasie —

spesifiek verteenwoordigende demokrasie — in die territoriale staat.

Ons kan Mill as die proto-teoretikus van demokrasie volgens die eise

van die territoriale staat beskou. 33 Verteenwoordigende regering —

vir Mill die ideale regeringsvorm 34 — is nie ’n regeringsvorm waar die

28

29

30

31

32

33

34

T Paine The Rights of Man (Introduction by Derek Matravers) (1996) 136.

Paine (n 28 hierbo) 126-132.

Paine (n 28 hierbo) 132 et seq.

Holden (n 3 hierbo) 5.

Paine (n 28 hierbo) 128.

G Duncan en S Lukes ‘The New Democracy’ (1963) 11 Political Studies 158.

JS Mill Considerations on Representative Government (geredigeer deur HB Acton)

(1972) 202. Dit is opvallend dat Mill ook betreklik suinig is met die gebruik van die

woord demokrasie en feitlik deurlopend volhou met die frase

verteenwoordigende regering.

Staatlike demokrasie 181

mense (people) self regeer nie, maar deur middel van hul periodiek

verkose verteenwoordigers oor die finale kontrole-bevoegdheid

beskik. 35

Vir Mill beteken demokrasie dus iets anders as dit waarop die

begrip demokrasie se etimologiese oorsprong dui. By Mill is

demokrasie nie werklik demos-kratos, met ander woorde regering

deur die volk nie, 36 maar wel beheer deur die volk se

verteenwoordigers oor die eintlike maghebbers in die uitvoerende

gesag.

Die verteenwoordigende liggaam is heeltemal ongeskik om self te

regeer. Die funksie van die verteenwoordigende liggaam is derhalwe

nie om self te regeer nie, maar om die regering dop te hou en te

beheer, om die soeklig op die optrede van die regering te hou, om die

regering te verplig tot verduideliking en regverdiging van sy optrede,

om waar nodig die regering te sensureer en om die regering in die

geval van troubreuk teenoor die volk te verwyder en met ’n ander te

vervang. 37 Benewens die allerbelangrike beheerfunksie van die

verteenwoordigende vergadering, dien dit ook as die burgery se

meningsforum. Soos Mill sê:

... Parliament has an office ... to be at once the nation’s Committee of

Grievances, and its Congress of opinions. 38

In die Parlement moet algemene menings, maar ook die menings van

elke segment van die bevolking en van elke vooraanstaande individu

gehoor word.

Die meningsforum sorg terselfdertyd vir ’n volgehoue

meningspeiling, want binne die verteenwoordigende liggaam word

menings gemonster en toenemende en afnemende standpunte in die

geledere van die bevolking geregistreer. Die praatfunksie, oftewel die

meningsuitingsfunksie van die verteenwoordigende liggaam, is vir Mill

baie belangrik. Daar is niks meer sinvol as dat daar juis oor die groot

openbare kwessies gepraat word nie en om alle belange en alle

sienings te debatteer nie. 39

Die verteenwoordigende liggaam is derhalwe nie soseer die

regeerder en die wetgewer nie, maar ’n kontrole- en ’n meningsforum

wat so saamgestel moet wees dat dit ’n betroubare monster van elke

denkbare stroming en siening in die land verteenwoordig en van ’n

35 Mill (n 34 hierbo) 228.

36 Oor etimologiese demokrasie sien Sartori (n 6 hierbo)17-30.

37 Mill (n 34 hierbo) 239.

38 Mill (n 34 hierbo) 239.

39 Mill (n 34 hierbo) 240.

182 Hoofstuk 7

stem voorsien. 40 In Mill se verteenwoordigende regering speel

stemreg en verkiesings natuurlik ’n sleutelrol. Daarsonder is

verteenwoordigende demokrasie trouens ondenkbaar. Juis daarom

het die uitoefening van stemreg die kern en die handelsmerk van

moderne demokratiese praktyk geword. Geletterdheid is vir Mill ’n

voorvereiste vir stemreg en daarom redeneer hy dat universele

onderwys universele stemreg moet voorafgaan. 41 Anders as tans en in

ooreenstemming met sy tyd het Mill nog nie heeltemal met gelykheid

as een van die grondliggende eienskappe van demokrasie vrede

gemaak nie. 42 Gevolglik argumenteer hy dat slegs belastingbetalers

oor maatreëls rakende belasting mag besluit. Voorts is Mill van mening

dat ofskoon eiendom ’n onvanpaste maatstaf vir die toekenning van

stemreg is, meer stemme nogtans aan professionele lui,

gegradueerdes, bankiers, sakelui en dies meer toegeken moet word. 43

Die stemreg dien die breë oogmerk van verteenwoordigende

regering. Die punt is dus dat stemreg nie soseer vereis word ten einde

mense in staat te stel om self te regeer nie, maar wel om kontrole oor

die regeerders uit te oefen en sodoende te sorg die volk nie wanregeer

word nie. 44 Die teenkant van die kontrole-funksie wat deur die

verkose verteenwoordigers uitgeoefen word, is dat die regering

bevatlik en gevoelig vir die behoeftes wat in die verteenwoordigende

liggaam uitgespreek word, moet wees, en nougeset daarop moet

reageer. Die kenmerk van verteenwoordigende regering moet dus

wees dat die regering die burgery voortdurend in ag neem en

ooreenkomstig die belange en behoeftes van die burgery regeer. 45

Die hedendaagse gesaghebbende uiteensetting van wat

demokrasie is en behoort te wees, bou aan die een kant regstreeks

voort op die grondslag wat Mill gelê het. Dit word aan die ander kant

afgerond en verfyn deur sekere algemene hedendaagse strukture en

prosesse wat as noodsaaklik vir demokrasie beskou word. Dit lei tot

wat paslik as demokratiese ortodoksie beskryf kan word. Die

potensieel ontwrigtende implikasies van demokrasie, indien ʼn ander

betekenis daaraan verleen sou word, word op hierdie manier

voorkom. Sodoende word demokrasie, om weer na John Dunn se

woorde te verwys, ten behoewe van die ongestoorde instandhouding

van die hedendaagse territoriale staat gedomestiseer. Sodoende is

demokrasie getem en wandel dit getrou aan die leiband van die

40 Mill (n 34 hierbo) 240-241.

41 Mill (n 34 hierbo) 280.

42 Volgens Sartori (n 6 hierbo) 51 wentel alle besprekings oor demokrasie rondom die

samehangende en wedersyds afhanklike konsepte van populêre soewereiniteit,

gelykheid en selfregering.

43 Mill (n 34 hierbo) 281-285.

44 Mill (n 34 hierbo) 291: ‘Men, as well as women, do not need political rights in

order that they may govern, but in order that they may not be misgoverned.’

45 RA Dahl Polyarchy: Participation and Opposition (1971) 1-2.

Staatlike demokrasie 183

territoriale staat. ’n Nuttige uiteensetting van die inhoud en

betekenis van demokrasie binne die riglyne en dissiplines van die

staatlike paradigma en in ooreenstemming met huidige algemene

praktyk word deur Henry Mayo verskaf. 46

Die essensie van demokrasie, aldus Mayo — in pas met Mill — is

openbare kontrole oor regeerders en besluitnemers. Hiervolgens is ’n

stelsel demokraties indien dit aan doeltreffende openbare kontrole

onderhewig is. 47 Derhalwe is demokrasie nie ’n politieke stelsel

waarin mense oor hulself regeer nie, maar word die graad van

demokrasie gemeet aan die hand van die mate waarin die mense as

kiesers oor die vermoë beskik om hulle regeerders te kontroleer en te

verwyder. 48

Die tweede essentiale van demokrasie is politieke gelykheid.

Hierdie beginsel is gekonstitusionaliseer in die beginsel van gelyke

stemreg vir alle volwasse burgers. 49 Dit impliseer dat elke persoon

slegs oor ’n enkele stem sal beskik, dat niemand die reg het om meer

as een maal te stem nie en dat elke stem dieselfde gewig dra. 50 Die

beginsel van algemene stemreg het in die kontemporêre

demokratiese praktyk aksiomaties geword en word as ’n universele

fundamentele mensereg beskou. 51 Waarskynlik van nog groter belang

is dat stemreg beskou word as ’n essensiële eienskap van individuele

menswaardigheid. 52 In die mate waarin dit nie erken word nie,

konstitueer dit derhalwe nie net die miskenning van ’n politieke reg

nie, maar ook ’n krenking van die individuele persoonlikheid. Die Suid-

Afrikaanse Konstitusionele Hof gaan sover as om te verklaar dat die

stem elke persoon se kenteken van waardigheid en persoonskap is:

‘The vote of each and every citizen is a badge of dignity and of

personhood.’ 53

Sonder algemene stemreg is populêre kontrole natuurlik nie

moontlik nie en vandag word demokrasie en algemene stemreg as

46 Mayo (n 2 hierbo).

47 Mayo (n 2 hierbo) 62.

48 Mayo (n 2 hierbo) 72-73; Sartori (n 6 hierbo) 66.

49 Mayo (n 2 hierbo) 62-64, 107-136. Sien ook Holden (n 3 hierbo) 9, 18.

50 Mayo (n 2 hierbo) 64.

51 Mayo (n 2 hierbo) 116. Dit kom voor in alle nasionale handveste van regte en

figureer in artikel 21(1) en (3) van die Universele Deklarasie van Menseregte van

die VN, asook in artikel 25(b) van die Internasionale Verbond vir Burgerlike en

Politieke Regte.

52 Mayo (n 2 hierbo) 116.

53

Aldus regter Sachs in August and Another v Electoral Commission and Others 1999

4 BCLR 363 (KH) para 17 (372E). Sien ook die soortgelyke stelling in Democratic

Alliance v Masondo 2003 2 BCLR 128 (CC) 140I (para 43). Vir verdere argumente

ter ondersteuning van universele stemreg, sien Mayo (n 2 hierbo) 118-121; Duncan

& Lukes (n 33 hierbo) 159.

184 Hoofstuk 7

twee kante van dieselfde munt beskou. 54 Stemreg is gevolglik ’n toets

vir die egtheid van ’n stelsel wat daarop aanspraak maak dat dit

demokraties is: hoe algemener die stemreg, des te meer is die stelsel

demokraties en hoe meer gekwalifiseerd die stemreg, des te minder

is dit demokraties. 55

Die derde essentiale van hedendaagse demokrasie is dat die

demokrasie per definisie ’n veelparty-opset impliseer. Daarvolgens

geskied politieke deelname deur partyvorming en deur partye se

deelname aan vrye, regverdige en gereelde verkiesings 56 waaraan

sonder dwang en vrees vir intimidasie deelgeneem kan word. 57 Die

uitgangspunt is dat daar slegs vrye politieke keuses gemaak kan word

indien ’n verskeidenheid politieke partye aan verkiesings kan

deelneem. Dit is juis die bestaan van ’n variasie van politieke partye

wat dit moontlik maak dat ’n vrye politieke keuse uitgeoefen kan

word. Wanneer ’n verskeidenheid van politieke partye aan verkiesings

deelneem, kry (passiewe) stemreg aktiewe betekenis. Partyvorming

en deelname aan die politiek deur partye het so belangrik geword dat

demokrasie sedert die einde van die negentiende eeu juis partyregering

veronderstel. 58

Die vierde (en laaste) essentiale van staatlike demokrasie is

meerderheidsregering, 59 oftewel dat die meerderheid die reg het om

die uitoefening van die regeringsfunksies op te eis. 60 Hierdie beginsel

word ondersteun deur die argument dat die meerderheid waarskynlik

reg is. 61 Die meerderheidsbeginsel sluit ook logies aan by een van die

ander essentiale van kontemporêre demokrasie, naamlik die

gelykheidsbeginsel. Indien die minderheid sou regeer, sal dit beteken

dat die stemme van die individue wat die minderheid uitmaak, meer

gewig dra as die stemme van diegene aan meerderheidskant. 62 Dit is

ook juis hierdie argument wat tans as die mees oortuigende saak ten

gunste van meerderheidsregering beskou word. 63 Sartori verduidelik

dat die meerderheidsbeginsel nie op waarde-oordele berus nie maar

54 Mayo (n 2 hierbo) 120; SP Huntington The Third Wave: Democratization in the

late twentieth century (1993) 7; Sartori (n 6 hierbo) 73; Holden (n 3 hierbo) 32; G

Tenekides ‘The relationship between democracy and human rights’ in Democracy

and Human Rights: Proceedings of the Colloquy organized by the Government of

Greece and the Council of Europe (1987) 19; Uitspraak van die Suid-Afrikaanse

Konstitusionele Hof per Yacoob r in New National Party of South Africa v

Government of the RSA and Others 1999 5 BCLR 489 (KH) para 11 (494 G-I).

55 Huntington (n 54 hierbo) 7.

56 Huntington (n 54 hierbo) 9; Esterhuyse (n 5 hierbo) 50.

57 Mayo (n 2 hierbo) 64-66.

58 CS Maier ‘Democracy since the French Revolution’ in J Dunn (red) Democracy: The

Unfinished Journey - 508 BC - AD 1993 (1993) 136.

59 Mayo (n 2 hierbo) 174-181.

60 Esterhuyse (n 5 hierbo) 54.

61 Mayo (n 2 hierbo) 174.

62 Mayo (n 2 hierbo) 178; Holden (n 3 hierbo) 104-106.

63 Mayo (n 2 hierbo) 182 en dergelike verdere argumente op179-181.

Staatlike demokrasie 185

daarenteen ’n blote prosedurereëling is. 64 Openbare geskille moet op

die een of ander stadium gefinaliseer word en die

meerderheidsbeginsel bied ’n nuttige metode vir die finale

afhandeling van geskille. Dit kan as ’t ware beskou word as die

toepassing van die res iudicata-beginsel in die makro-staatsreg.

By hierdie vier essentialia van staatlike demokrasie word ’n aantal

konstitusionele meganismes gevoeg wat ook as belangrike kenmerke

van staatlike demokrasie beskou word. Die erkenning van basiese

menseregte, konstitusionalisme, die rule of law, trias politica en ’n

onafhanklike regbank word alles as basiese kenmerke van

hedendaagse demokrasie gereken. 65 ’n Vooraanstaande woordvoerder

in die Suid-Afrikaanse konteks, Arthur Chaskalson, die eerste

president van die Konstitusionele Hof, plaas die howe in die sentrum

van wat hy as egte demokrasie beskou. 66 Die voormelde demokratiese

strukture beoog almal om magskontroles op die regering te wees en

om sodoende tot individuele belangebeskerming by te dra. 67 Juis

daarom is moderne demokrasie liberale demokrasie. Die mag van

populêre soewereiniteit en die gevaar dat dit tot die skending van

basiese individuele regte kan lei, moet teëgewerk word deur die

beskerming van fundamentele individuele regte. 68 Liberale

demokrasie beoog nie in die eerste plek om kollektiewe deelname aan

magsuitoefening te bewerkstellig nie. Dit is nie primêr gerig op

deelname aan die sake van die staat nie, maar op die vryheid van —

insulering teen — die staat. Dit poog om die staat op ’n afstand te

hou. 69 Die erkenning van individuele regte is binne hierdie

denkpatroon van kardinale belang, want, waarsku Sartori, nie-liberale

demokrasie is totalitêre demokrasie, 70 wat so diep in die burgerlike

en private lewe ingryp en daaraan voorskryf dat dit basiese vryhede

uiteindelik heeltemal uitwis.

64

Sartori (n 6 hierbo) 103.

65 Sien hieroor byvoorbeeld: GA Rauche ‘Die konsep demokrasie’ in AM Faure et al

Suid-Afrika en die Demokrasie (1988) 5; M Wiechers ‘Herdemokratisering’ in AM

Faure et al Suid-Afrika en die Demokrasie (1988) 205-206.

66 A Chaskalson (1992) ‘Democracy and Law’ (1992) 2 Idasa Occasional Papers 6. In

die Suid-Afrikaanse Grondwet, 1996 word menseregte as die essensie van

demokrasie getipeer. Artikel 7 lui dat menseregte die hoeksteen van demokrasie

in Suid-Afrika is.

67 RA Dahl A preface to democratic theory 1984 4 et seq beskryf hierdie formele

magskontroles as (klassieke) Madisonian Democracy.

68 C Mouffe ‘Democratic Politics Today’ in Mouffe C (red) Dimensions of Radical

Democracy (1992) 11.

69

WLJ van Vuuren ‘Sartori’ in AM Faure en DJ Kriek Die Moderne Politieke Teorie

(1984) 66.

70 Sartori (n 6 hierbo) 377. Sartori wys daarop (141) dat demokrasie, sonder die

gelyktydige erkenning van die private domein, totalitêre implikasies inhou:

... the hypothesis that a democratic state can become totalitarian,

meaning that it can become an all-pervading total State, is perfectly

plausible. For, in principle, no political formula can justify a totalitarian

expansion of political power as easily as democracy.

186 Hoofstuk 7

Die uiteensetting van die essensiële eienskappe van staatlike

demokrasie (wat ook ooreenstem met mense se alledaagse ervaring

van demokrasie) 71 bring mee dat demokrasie vandag ’n struktureelprosedurele

definisie het. 72 Die logika van hierdie struktureelprosedurele

definisie werk so: om vas te stel of daar ’n demokratiese

orde in plek is, word daar nie gevra waar die mag binne die politieke

orde (staat) berus nie. Daar word daarenteen sonder meer aanvaar

dat sodra die strukture en prosedures wat so pas behandel is

(algemene stemreg, gereelde verkiesings, politieke partye,

meerderheidsregering, trias politica, ’n onafhanklike regbank, die

beskerming van basiese regte) teenwoordig is, egte demokrasie

inderdaad in plek is. 73 Hierdie prosedures is die beslissende

maatstawwe vir demokrasie en wanneer daaraan voldoen word,

verkry ’n stelsel die waarmerk van egte demokrasie. Wat baie

belangrik is, is dat aangesien hierdie strukture en prosedures as die

essensie van demokrasie voorgehou word, enige verdere normatiewe

vrae oor die essensie van demokrasie oorbodig en irrelevant word.

Moontlike normatiewe vrae oor demokrasie word derhalwe buite orde

gereël omdat die heersende demokratiese praktyk ooreenkomstig die

genoemde prosedures en strukture sonder meer as demokraties

voorgehou word. 74 Sodoende word die demokrasie-diskoers geredelik

in ’n positivistiese dwangbuis inforseer.

Vir die individuele burger beteken demokrasie dienooreenkomstig

nie daadwerklike magsuitoefening saam met mede-burgers nie, maar

bloot ’n aantal prosedurele regte wat sporadies gedurende verkiesings

uitgeoefen word. Binne die konseptuele en praktyksruimte van

kontemporêre demokrasie het die individuele burger grootliks slegs

die hoedanigheid van ’n kieser. 75 Hierdie hoedanigheid is trouens ’n

integrale element van hedendaagse demokratiese teorie. Die rede

hiervoor is dat politiek almal se belange raak en dat niemand

derhalwe van die prosedurele regte wat deur ’n kieser uitgeoefen

word, uitgesluit kan word nie. Dit is nie ’n persoon se besonderse

bekwaamheid wat hom laat kwalifiseer of diskwalifiseer om aan die

politiek deel te neem en die prosedurele regte van ’n kieser uit te

71 Huntington (n 54 hierbo) 8.

72 Mayo (n 2 hierbo) 33; Sartori (n 6 hierbo) 238-241; Faure & Kriek (n 3 hierbo) 68;

Esterhuyse (n 5 hierbo) 49-50; G O’Donnel en PC Schmitter Transitions from

authoritarian rule (1989) 8; Huntington (n 54 hierbo 7-9; Holden (n 3 hierbo) 27-

28; Mouffe (n 68 hierbo) 12; J Kotze en JJ van Wyk Basiese konsepte in die

politiek (1990) 34. (Talle ander voorbeelde van hierdie struktureel-prosessuele

definisie kan vermeld word.)

73 Esterhuyse (n 5 hierbo) 49-50; Faure & Kriek (n 3 hierbo) 68.

74

Sartori (n 6 hierbo) 241 lê dit veral die Engelse en die Amerikaners ten laste en sê

The Anglo-American doctrine does not have to deal with questions of

principle, with fundamentals, or as we may say in my country, with the

conceptual issue. It suffices for it to define democracy with respect to its

technical articulations and procedure.

75 Sartori (n 6 hierbo) 76-80; Finley (n 17 hierbo) 36.

Staatlike demokrasie 187

oefen nie. Indien dit so was, sou baie persone weens gebrekkige

bekwaamheid nie as kiesers kon kwalifiseer nie. Toegang tot

deelname aan die politieke proses word daarenteen verleen op grond

van die aanname dat alle individue gelyke menswaardigheid geniet,

en nie op grond van mense se ongelyke kennis van en on/

bekwaamheid nie. Almal het dieselfde individuele menswaardigheid

en daarom kwalifiseer almal as kiesers vir doeleindes van die

uitoefening van die prosedurele regte wat aan die kieserhoedanigheid

gekoppel is. Die demokratiese proses verskil in hierdie opsig van die

professies waarin vaardigheid en bekwaamheid juis die maatstawe is

waaraan voldoen moet word om vir deelname aan professionele

aktiwiteit te kwalifiseer. By die demokratiese praktyk is onkunde

egter geen probleem nie, inteendeel. Sartori verduidelik

insiggewend:

An astronomer who discusses philosophy, a chemist who speaks about

music or a poet who talks about mathematics will not utter less

nonsense than the average citizen interviewed by a pollster. The

difference is that the astronomer, the chemist and the poet will

generally avoid making fools of themselves by pleading ignorance,

whereas the citizen is forced to concern himself with politics and in the

midst of general incompetence that he no longer realizes that he is an

ass. So the only difference is that in other zones of ignorance we are

warned to mind our own business, while in the political realm we are

encouraged to take the opposite attitude and thus we end up not

knowing that we know nothing. 76

Ons kan die pad van demokratiese onkunde nog verder bewandel

deur, pleks daarvan om dit te betreur, dit as ’n outentiek

demokratiese eienskap te besing. Walter Lippmann het juis gesê dat

die doel van moderne regering nie is om die burger met die

vraagstukke wat moontlik bo sy vuurmaakplek is, te belas nie, maar,

daarenteen, om daardie las na die verantwoordelike administrateurs

te verplaas. 77 ’n Werklik deugsame burger sal juis die

verantwoordelikheid om oor dergelike kwessies te besluit, afwys en sy

mening voorbehou totdat die uitwerking van die administrasie se

besluite bekend raak. Die fokus van demokrasie verskuif heeltemal

weg van aktiewe deelname na beheeruitoefening as die

onderskeidende eienskap van demokratiese praktyk. As die regering

daarin slaag om die burgery se behoeftes te bevredig, word die stelsel

sonder meer as demokraties gewaarmerk. 78 Demokrasie word

hiermee gedepolitiseer, kry ’n ekonomiese gedaante en word deel van

die ekonomiese verbruikerskultuur. Die gevolg is dat die reeds erg

politiek verskraalde (politieke) kieser ’n metamorfose ondergaan tot

’n (ekonomiese) verbruiker. Die politieke orde wat hiermee op die

76 Sartori (n 6 hierbo) 76.

77 Hanson (n 22 hierbo) 82.

78 Hanson (n 22 hierbo) 84.

188 Hoofstuk 7

voorgrond tree, herinner aan verligte despotisme van die agtiende

eeu 79 en kan paslik as verligte burokrasie beskryf word.

Die kernrede waarom demokrasie so gemaklik die onkunde,

ongeërgdheid en onbevoegdheid van die kieser/burger kan

akkommodeer, is dat politiek — en by name demokratiese politiek —

volgens die patroon wat dit in die territoriale staat aangeneem het

ten dele nie meer as wesenlik ’n openbare aangeleentheid beskou

word nie. Indien politiek nie bloot as ’n saak van privaat belange nie,

maar van openbare belange (skeibaar en onderskeibaar van privaat

belange) beskou word, sou dit onmoontlik vir die individu wees wat

apaties teenoor die openbare belang staan, om inspraak te hê. So ’n

persoon sou eenvoudig nie gekwalifiseer het vir deelname aan die

politiek nie. As die politiek egter aan die ander kant in wese met

individuele menswaardigheid vereenselwig word en met private sake

en belange gemoeid is, kwalifiseer almal natuurlik vir deelname as

kiesers, ongeag die graad van belangstelling, kundigheid,

onnoselheid, ongeërgdheid, bevoegdheid, bekwaamheid

ensovoorts. 80 Hierdie monopolisering van die politiek as die

strydterrein vir die uitbaklei van private belange is aangehelp deur

wat Hannah Arendt as die opkoms van die sosiale beskryf. 81 Dit

impliseer onder meer ’n fenomenale toename in sosio-ekonomiese

behoeftes van alle individue. Die politiek wat eens die domein vir die

openbare en die gemeenskaplike was, word as gevolg hiervan dienstig

gestel aan die bevrediging van individuele behoeftes en dus van die

verryking van die private individuele lewenswyse. Sosiale behoeftes

monopoliseer gevolglik die openbare domein en die openbare domein

word ’n funksie van private individuele behoeftebevrediging. 82

Dit is veral in die regswêreld met sy inherente neiging om, soos in

hoofstuk 5 uitgewys, ander se agendas dienstig te wees 83 dat die

struktureel-prosedurele benadering tot demokrasie dikwels sonder

enige sweem van kritiese impuls ge-eggo word.

79

Verligte despotisme was eweneens nie op deelname nie maar op

80

behoeftebevrediging ingestel. Die oogmerk daarvan was om aan die hand van

rasionele regering die staatsbelang ten beste te dien, maar om ook terselfdertyd

die basiese behoeftes van die burgery te akkommodeer. Sien in die algemeen R

Wines (red) Enlightened Despotism: Reform or Reaction? (1967).

Gordon Wood verduidelik hoe die oorgang van politiek as ʼn openbare na ʼn privaat

saak in 1786 in die Pennsylvania Assembly verreken en erken is. Die tradisie van

politiek as ʼn openbare saak is omvergewerp en dit is uitdruklik as reg en normaal

aanvaar dat die politiek as die strydterrein vir botsende private

81

82

83

behoeftebevrediging kan dien. Sien GS Wood ‘Democracy and the American

Revolution’ in J Dunn (red) Democracy: The Unfinished Journey - 508 BC-AD

(1993) 102-103.

H Arendt The Human Condition (1958) 38 et seq.

Arendt (n 81 hierbo) 69.

N McCormick ‘Reconstruction after deconstruction: A Response to CLS’(1990) 10

Oxford Journal of Legal Studies 537. Hierdie aspek is breedvoerig in hoofstuk 5.2

uitgepluis.

Staatlike demokrasie 189

Daar is reeds gemeld dat die begrip demokrasie in talle nasionale

grondwette asook in internasionale en regionale menseregteinstrumente

aangetref word. 84 Daarin funksioneer dit as ’n vereiste

waaraan voldoen moet word vir die geldige beperking van

grondwetlike regte. Die regspraak waarin die inhoud van die konsep

aangeroer is, toon geen kritiese ingesteldheid oor wat demokrasie of

demokratiese gemeenskap inhou nie. Inteendeel, die howe het

algaande al hoe minder aandag gegee aan die belangrikheid van die

teoretiese konsep of algemene standaard van demokratiese

gemeenskap en het sonder meer aanvaar dat die prosedureelstrukturele

stelsel wat hierbo behandel is, inderdaad die essensie van

demokrasie weerspieël. In effek het die oorspronklike bedoeling van

hierdie soort bepalings, naamlik om die inkorting van fundamentele

regte aan bande te lê deur dit aan die standaarde van ’n demokratiese

gemeenskap ondergeskik te stel, grootliks sy belang verloor. 85 Die

demokrasiebegrip word nie deur die howe ontleed nie en die

teenwoordigheid van die geykte prosedures en strukture wat hierbo

bespreek is, word as voldoende gronde beskou om te aanvaar dat ’n

demokratiese gemeenskap wel bestaan. 86 Die Suid-Afrikaanse howe

het by enkele geleenthede wel aan demokrasie aandag gegee. In

Democratic Alliance v Masondo het regter Sachs byvoorbeeld gesê dat

die Suid-Afrikaanse grondwet ’n pluralistiese demokrasie beoog en nie

’n blote stemtellery moet wees waar die wenner met alles wegloop

nie. 87 Hy het bygevoeg dat deelnemende demokrasie ook beoog om

wesenlik beter besluite te bewerkstellig 88 en dat die gedagte van

regterlike kontrole in sigself natuurlik inhou dat demokrasie nie slegs

meerderheidsregering kan beteken nie. 89 Twee ander belangrike

beslissings van die Suid-Afrikaanse howe waarin demokrasie ter

sprake was, is Doctors for Life International v Speaker of the National

Assembly en Matatiele Municipality v President of the RSA 90 Die

grondwetlike bepalings wat met die onderhawige kwessie verband

hou, naamlik artikels 59(1)(a), 72(1)(a) en 118(1)(a), handel oor die

grondwetlike verpligting tot raadpleging gedurende die wetgewende

proses. Hierdie uitsprake kan gesien word as ’n verfyning en afronding

van staatlike demokrasie — in belang van die staatlike orde en

84 n 10 hierbo.

85

Sien AEAM Thomashausen ‘Savings clauses and the meaning of the phrase

acceptable in a democratic society — a comparative study’ (1989) 30 Codicillus

61-62 met betrekking tot Kanadese regspraak. Die Europese Hof vir Menseregte

het problematisering oor die konsep ook vermy — 62-63.

86 PW Hogg ‘Section 1 of the Canadian Charter of Rights and Freedoms’ in A de

Menstral et al (reds) The limitation of rights in comparative constitutional law

(1986) 17; Tenekideis (n 54 hierbo) 30-34.

87 2003 2 BCLR 128 (CC) 140 G-H (para 42).

88 (n 87 hierbo) para 43.

89

Sien ook die opmerkings van Chaskalson P in S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665

(KH) op 703 F-I (para 88).

90 Onderskeidelik in Doctors for Life International v Speaker of the National

Assembly 2006 12 BCLR 1399 (KH) en Matatiele Municipality v President of the

RSA 2007 1 BCLR 47 (KH).

190 Hoofstuk 7

uiteraard nie as iets met die uitwerking om staatlike demokrasie te

ontwrig of te bevraagteken nie.

Howe is egter nie in die posisie om ’n betekenis aan demokrasie

of aan enige ander juridiese of politieke konsep te verleen, wat die

staatlike orde in die war kan stuur nie. Die howe is per slot van

rekening ’n integrale deel van die staatlike orde en juis primêr met

die ewewigtige instandhouding daarvan gemoeid. Wanneer die howe,

insluitend die Suid-Afrikaanse howe, met verwysing na die regspraak

wat hierbo vermeld is, aan demokrasie aandag gee, is dit dus in die

eerste plek daarop gemik om die staatlike orde te bestendig en juis

nié om dit aan ontwrigting en fundamentele verandering bloot te stel

nie.

Aangesien daar in beginsel nougeset by die prosedureelstrukturele

inhoud van demokrasie gehou word, word demokrasie

sorgsaam aan die hand van die vereistes van die staatlike paradigma

geakkommodeer. Demokrasie volgens die staatlike paradigma is in

minstens drie opsigte getrou gedienstig aan die bestaande staatlike

praktyk. In minstens drie opsigte verskaf dit die borswering vir die

instandhou van die bestaande staatlike orde. Die soeklig val

vervolgens daarop.

2 Demokrasie as legitimiteitsfiksie

Met die millenniumwending het demokrasie sy status volledig as

maatstaf vir legitieme regering gevestig. ’n Regering wat kragtens die

beginsels van prosedurele veelparty-demokrasie verkies is, word

gewoonlik per definisie as legitiem beskou en verwerf die reg om te

regeer. Soos HB Mayo dit stel:

The election results invest representatives and decisions with

legitimacy. In short, the government which is produced — almost as a byproduct

— invested with legitimacy is the chief social purpose of the

whole electoral process. 91

Die keersy hiervan is dat die omverwerping van ’n regering wat so

verkies is, per definisie illegitiem is. Hierdie realiteit is nie net in die

Westerse wêreld van toepassing nie, maar word ook toenemend op die

nie-Westerse wêreld ingeskerp. 92 Die rede vir die byna

91 Mayo (n 2 hierbo) 73.

92 Dit is kennelik geïllustreer deur die stappe wat sowel die Statebond as die

Organisasie vir Afrika-Eenheid (nou die Afrika-Unie) gedoen het teen regerings

wat by wyse van staatsgrepe die bewind oorgeneem het, byvoorbeeld die

Statebondsanksies teen die militêre Abacha-bewind in Nigerië, asook die stappe

teen die militêre regering in Pakistan wat in 1999 na ’n staatsgreep die bewind

oorgeneem het.

Staatlike demokrasie 191

vanselfsprekende legitimiteit van demokrasie is dat die verkose

regering die ondersteuning en instemming van die mense — die

staatsbevolking — geniet. Die legitimiteit van demokrasie is ten beste

openbaar in Abraham Lincoln se Gettysburg-definisie van demokrasie

as regering van die mense, deur die mense en vir die mense. Dit is na

alle waarskynlikheid die bekendste definisie van demokrasie.

Wanneer ’n leek oor demokrasie uitgevra word, is die kanse goed dat

dit die soort omskrywing sal wees waarmee vorendag gekom sal word.

Dit is egter nie net ’n leke-omskrywing nie. In 1983 beskryf ’n

instelling met die gesag en aansien van die Parlementêre Vergadering

van die Europese Raad demokrasie in baie soortgelyke terme as

regering van die mense deur die mense. 93 Ook in akademiese kringe

word ’n gelyksoortige betekenis aan demokrasie toegedig. Barry

Holden verklaar byvoorbeeld:

A democracy is ... a political system of which it can be said that the

whole people, positively or negatively, make, and are entitled to make

the basic determining decisions on important matters of public policy. 94

Demokrasie is derhalwe legitiem omdat die volk — die mense — self

regeer. Die bespreking van die teorie en praktyk van

verteenwoordigende demokrasie in die eerste deel van hierdie

hoofstuk toon egter duidelik die teendeel aan. Die demokratiese

aanspraak dat die mense regeer, is ’n minsame en sussende

wanvoorstelling, want soos Giovanni Sartori tereg sê:

Actually, despite all the talk to the contrary, we are moving toward less

power of the people. The obvious reason for this is that a maximum of

popular power is possible only in simple societies whose leadership-tasks

are relatively elementary. 95

Die realiteit van hedendaagse demokrasie in die omvattende

territoriale staat met sy massabevolking toon dat die beeld van ’n

selfregerende demos inderwaarheid net een van twee dinge is. Dit is

òf ’n deskriptiewe mite, òf ’n demagogiese slenter. 96 Dit is ’n fiksie

wat kwistig en doeltreffend bydra tot die handhawing van die

heersende orde. Met elkeen onder die indruk van sy deelname aan

selfregering, is almal uiteraard heel tevrede en gelukkig met die

heersende orde van staatlike demokrasie. Die gevolg daarvan is dat

93 Aangehaal deur Jacot-Guillarmod (n 11 hierbo) 44.

94 Holden (n 3 hierbo) 8.

95

Sartori (n 6 hierbo) 405.

96 Sartori (n 6 hierbo) 128. Verskeie teoretici wat deur Sartori aangehaal word (56)

soos James Burnham, Sorel, Mosca en Pareto het die aanspraak van demokrasie as

selfregering as ʼn onmoontlike en onhaalbare mite afgewys. Sartori self handel

egter met demokrasie nie net as gebroke realiteit nie, maar ook as ʼn ideaal. Hy

beskou demokrasie as selfregering nie as ʼn vals mite nie, maar as ʼn

navolgenswaardige maatstaf en ideaal. Hierdie tema kom deurlopend in Sartori se

magnum opus voor.

192 Hoofstuk 7

staatlike demokrasie sodoende stabiel gehou en teen die aandrang op

verandering gevrywaar word. Die fiksie werk goed en almal baat

daarby. Ofskoon daar dus ’n fiksie in plek mag wees, is dit ’n goeie

een — ’n edele leuen, soos Mayo sê:

To talk as though the people actually govern in any modern democracy is

to perpetuate a fiction even though we may call it a ‘noble lie’. 97

Die verskynsel van die fiksie in die juridiese sin kom voor in alle

regstelsels, met inbegrip van die Suid-Afrikaanse reg, wat dit weer uit

die Europese reg gekry het. 98 Ons het in die onderhawige geval egter

nie streng gesproke met ’n fiksie in die juridies-tegniese sin te doen

nie, maar eerder met ’n fiksie in die algemene leksikologiese sin van

die woord.

Juridies gesproke het ons hier met ’n vermoede te doen. ’n

Vermoede in hierdie sin is ’n middel waarmee ’n feit bewys kan word,

sonder dat dit nodig is om getuienis te lewer om die betrokke feit

werklik te bewys. Met behulp van ’n vermoede word ’n bepaalde feit

of toestand dus veronderstel, sonder dat getuienis aangebied is om

die bestaan van die feit of toestand te substansieer. 99 In die

onderhawige geval is dit nie nodig om absolute regsdogmatiese

suiwerheid te handhaaf met betrekking tot die presiese afbakening

van die regsfigure vermoede en fiksie nie. Bowendien word die twee

begrippe in die onderhawige konteks as wisselterme aangewend. 100

Die kern van die saak is dat staatlike demokrasie met die

aanwending van hierdie fiksie van selfregering voorgee om te

funksioneer as ‘n stelsel wat werklik selfregering deur die volk

bewerkstellig. Hierdie pretensie is vals. Die fiksie word egter van

oënskynlike substansie voorsien deur die geykte prosedures en

strukture van die verteenwoordigende stelsels in die hedendaagse

territoriale staat. Die fiksie is dus vals, maar vanweë die funksionering

van hierdie prosedures en strukture lyk dit tog asof demokrasie se

aanspraak dat dit selfregering meebring, geloofwaardig en, trouens,

moeilik weerlegbaar kan wees. 101 Daarom word die boodskap wat die

fiksie oordra, naamlik dat die mense self regeer, aanvaar en word

daarby berus. Sodoende word die bestaande staatlike orde sonder

noemenswaardige kritiek of beswaar as legitiem aanvaar soos dit is.

97 Mayo (n 2 hierbo) 73-74.

98 Sien in die algemeen oor regsfiksies PJJ Olivier Legal fictions in practice and legal

science (1975).

99 CWH Schmidt Bewysreg (1982) 145.

100 Sartori (n 6 hierbo) 22-23.

101 Sien Schmidt (n 99 hierbo) 146 wat die onweerlegbare regsvermoede as ʼn fiksie

beskryf waardeur die noue verwantskap tussen fiksies en vermoedens weereens

onderstreep word. Sartori (n 6 hierbo) 22-23, hanteer die fiksie ook as ʼn

weerlegbare vermoede, naamlik ʼn praesumptio iuris et de jure, met ander

woorde ʼn regsvermoede wat die bewys van die teendeel uitsluit.

Staatlike demokrasie 193

Dit word weens die werking van die fiksie wat voorgee dat die mense

self regeer as legitiem aanvaar en spring sodoende druk vir

verandering vry. Dit laat die burgers glo dat hulle werklik vry is en

gevolglik word die bestaande orde ongeskonde gehandhaaf. Ronald

Dworkin 102 stel dit soos volg:

We think we are free when we accept the majority’s will in place of our

own, but not when we bow before the doom of a monarch or the ukase

of an aristocracy of blood or faith or skill.

Hierdie fiksie is natuurlik allermins meer edel wanneer dit in ’n

diepverdeelde heterogene staat funksioneer waar mense, soos dit ook

in ’n groot mate in Suid-Afrika die geval is, volgens hulle

groepsidentiteit stem. In so ’n situasie funksioneer die stemreg en

verkiesings as ’n verskoning vir meerderheidstirannie oor magtelose

minderhede. In dergelike omstandighede bevestig verkiesings bloot

die magteloosheid van die minderhede en die oormag van die

meerderheid. Dit lewer die minderheid uit aan ’n soortgelyke situasie

as wanneer ’n totale bevolking aan die despotisme van ’n outokraat

uitgelewer is, maar boonop gaan dit nog verder: Weens die werking

van die legitimiteitsfiksie word die bedrieglike indruk van selfregering

en vryheid gewek, waardeur die wantoestand van meerderheidsdespotisme

en minderheidsmagteloosheid in die waan dat dit legitiem

is, in stand gehou word.

3 Prekariokrasie en gelykheid

Die beslissende mag van die meerderheid en gepaardgaande

meerderheidsdominasie is een van die deurlopende probleme

waarmee demokratiese teorie te kampe het. 103 Dit behoort ook so te

wees, want hoe goed ook al die bedoelings met demokrasie, word dit

konsekwent gekortwiek deur die inherente strukturele swakhede van

meerderheidstirannie (meerderheidsdespotisme) en die miskenning

van minderheidsbelange. Indien daar by hierdie swakhede van

meerderheidsdominasie en miskenning van minderheidsbelange berus

word, vertoon demokrasie nie slegs gebreke nie, maar word dit totaal

verydel. Alexis de Tocqueville het reeds in die negentiende eeu met

die potensieel tirannieke uitwerking van (meerderheids)demokrasie

geworstel.

Mill was terdeë bewus van die risiko dat meerderhede hul posisie

tot die nadeel van minderhede kon misbruik. Net soos ’n monargie of

’n aristokrasie tot die diens van seksionele pleks van die algemene

102 RM Dworkin Freedom’s Law: The Moral Reading of the American Constitution

(1996) 22.

103 Sartori (n 6 hierbo) 99-100.

194 Hoofstuk 7

openbare belang geplaas kan word, kan demokrasie ook tot die

werktuig van seksionele belange verval. Mill verwoord sy vrese hieroor

deur te vra:

Suppose the majority to be whites, the minority negroes, or vice versa:

is it likely that the majority will allow equal justice to the minority?

Suppose the majority Catholics, the minority Protestants, or vice versa;

will there not be the same danger? Or let the majority to be English, the

minority Irish, or the contrary: is there not a great probability of similar

evil? 104

Een van die primêre gevare verbonde aan demokrasie is daarom wat

Mill klasseregering deur ’n numeriese meerderheid noem. 105

Teen hierdie agtergrond is daar in Mill se oë ook twee soorte

demokrasie: eerstens is daar suiwer demokrasie wat regering van die

geheel van die volk (people) deur die geheel van die volk (people)

behels. Die tweede en afwykende vorm is regering deur die

meerderheid met die doel om die meerderheid te bevoorreg. Vir alle

praktiese doeleindes het slegs die meerderheid in hierdie opset

seggenskap in die sake van die staat. 106 Die uitwerking van hierdie

meerderheidsregering is terselfdertyd die ontkiesering van die

minderheid, 107 wat meebring dat die meerderheid effektief oor die

minderheid regeer en hulle gevolglik domineer. Hierdeur word

diegene wat tot die minderheid behoort degraderend ongelyk in

vergelyking met diegene wat tot die meerderheid behoort, behandel.

Die gelykheidsbeginsel wat in die woorde van Mill die ‘root and

foundation’ 108 van demokrasie is, word sodoende verontagsaam en

daarmee saam word demokrasie per se misken. Vanselfsprekend kan

daar weens die meerderheid wat oor die minderheid regeer en die

minderheid wat dus nie self regeer nie, ook niks tereg kom van die

beginsel van selfregering nie. 109

Mill gaan dan voort en argumenteer dat die gelykheidsbeginsel die

beste deur ’n stelsel van proporsionele verteenwoordiging gedien kan

104 Mill (n 34 hierbo) 249-250.

105 Mill (n 34 hierbo) 256.

106 Mill (n 34 hierbo) 256-257.

107 Mill (n 34 hierbo) 256-257.

108 Mill (n 34 hierbo) 256-257. Sien ook Sartori (n 6 hierbo) 51 wat beklemtoon dat

demokrasie altyd op gelykheid (en populêre soewereiniteit en selfregering)

geskoei is.

109 Sartori (n 6 hierbo) 51. Dit is belangwekkend dat die onding van

meerderheidsdominasie ook reeds in die Klassieke politieke denke ingesien is.

Aristoteles worstel in sy Politeia herhaaldelik met die probleem. Sien Aristoteles

The politics (Vertaling uit die Grieks deur TA Sinclair) (1962) Boek III, hoofstuk 8

16; Boek III, hoofstuk 10 122; Boek IV, hoofstuk 4 160; Boek IV, hoofstuk 11 173;

Boek 5, hoofstuk 8 210; Boek VI, hoofstuk 2 236-240; Boek VII, hoofstuk 3 262-263.

Staatlike demokrasie 195

word. Daardeur word meerderheidsbevoorregting en minderheidsbenadeling

na sy mening verhoed. 110

Dit strek tot Mill se krediet dat hy die euwel van

meerderheidsdominasie ingesien het. Mill se kuur vir die probleem

was proporsionele verteenwoordiging. Hy was daarvan oortuig dat

proporsionele verteenwoordiging sal meebring dat die debat in die

verteenwoordigende liggaam die algemene belang aan die lig sal bring

en dat die liggaam se keuse op die dien van die algemene belang sal

val. Mill se oortuiging oor sy oplossing vir die misstand van

meerderheidsdominasie was egter ongegrond. By Mill was die gedagte

van minderheidsregte, of ten minste die beskerming van

minderheidsbelange teen die tirannie van die meerderheid, steeds

latent en die gedagte van die afwenteling van gesag na minderhede

om meerderheidsdominasie te verhoed en minderhede se deelname

aan demokrasie daadwerklik te verwesenlik nog geheel en al afwesig.

Dit is natuurlik beswaarlik denkbaar dat demokrasie sonder die

meerderheidsbeginsel kan funksioneer. 111 Die kritieke vraag is dus

hoe die meerderheidsbeginsel met die gelykheidsbeginsel versoen

moet word, met ander woorde, hoe daar aan die

meerderheidsbeginsel gevolg gegee kan word sonder om die

gelykheidsbeginsel te verontagsaam. Die ideale situasie, soos

ingevolge moderne demokratiese teorie betoog word, is dat

meerderhede mekaar voortdurend afwissel. Rakende sekere

geskilpunte kan ’n bepaalde individu hom as deel van die meerderheid

bevind, en oor ander is hy weer deel van die minderheid. Die politieke

orde funksioneer dan op so ’n manier dat alle individue soms wen en

soms verloor. Inderwaarheid is daar dan nie iets soos die meerderheid

en die minderheid nie, maar voortdurend wisselende meerderhede en

minderhede met ewe wisselende samestellings. Daarmee saam moet

regerings mekaar ook gereeld afwissel en word daar

dienooreenkomstig in moderne demokratiese teorie vereis dat daar by

ten minste elke derde algemene verkiesing ’n regeringswisseling moet

plaasvind alvorens ’n politiek-grondwetlike orde werklik as

demokraties bestempel kan word. Die uitwerking hiervan is dat partye

(meerderhede) wat aan bewind is, kompromie-gesind is teenoor

diegene wat nie aan bewind is nie, omdat hulle weet dat hulle by ’n

volgende verkiesing die bewind kan verloor, waarna hulle ’n

soortgelyke kompromie-oriëntasie van die nuwe regering — die nuwe

meerderheid — verwag. 112 Binne so ’n scenario is alle individue basies

110 Mill (n 34 hierbo) 257-260.

111 Soos in 7.1 hierbo aangedui, gee die meerderheidsbeginsel uitdrukking aan die

beginselvan res iudicata.

112 Holden (n 3 hierbo) 104-106.

196 Hoofstuk 7

in ’n gelyke situasie, danksy die aanhoudende afwisseling van

meerderheids- en minderheidsposisies. 113

Wanneer daar in ’n politieke orde egter ’n permanente

meerderheid en minderheid is, het die meerderheidsbeginsel ’n

vernietigende uitwerking op die gelykheidsbeginsel en op die beginsel

van selfregering. Dit gebeur veral in etnies, linguisties, rasse, of

godsdienstig diep verdeelde plurale samelewings waar die openbare

diskoers wentel om die belange van die samestellende groepe. Die

verkiesings in sodanige diepliggende plurale samelewings is dikwels

nouliks meer as rasse- of etniese sensusse, 114 in plaas van bona fide

verkiesings. In Suid-Afrika wat sedert 1994 ’n eenparty-dominante

stelsel het wat deur die ANC oorheers word, is dié soort etniese

sensusse aan die orde van die dag. Dié toedrag van sake wat bepaalde

partye (en die groepe daarin verteenwoordig) permanente

verloorders teenoor ’n permanent oorheersende meerderheid maak,

verydel eweneens die demokratiese beginsels van gelykheid en

selfregering. Weens die miskenning van die gelykheidsbeginsel en die

beginsel van selfregering is die outentiek demokratiese kwaliteit van

die stelsel onder ernstige verdenking. 115

Gesien vanuit die magtelose posisie soos dit deur die permanente

minderheid beleef word, is so ’n bestel van meerderheidsdominasie

klaarblyklik allermins demokraties. Inteendeel, dit is ’n stelsel wat

die minderheid uitlewer aan ’n onsekere bestaan op die genade en

goedgunstigheid van die meerderheid; ’n stelsel wat weens die

effektiewe uitsluiting en magteloosheid van die minderheid inderdaad

die menswaardigheid van die lede van die minderheid krenk en die

minderheid as ’n groep degradeer, vergeleke met die meerderheid.

Volwasse mense — wat tot die minderheid behoort — wat in ʼn

grondwetlike orde leef waarin hulle asof hulle nie behoorlik

handelingsbevoeg is nie in ’n posisie geplaas word waarin hulle nie self

oor aangeleenthede wat hulle intiem raak, kan beslis nie en

daarenteen aan die besluitneming deur ’n meerderheid uitgelewer is,

word aan sistemiese krenking van hul menswaardigheid blootgestel.

Mill verwoord dit soos volg:

113 Vir ’n breedvoerige behandeling van hierdie kwessie sien verder K Malan ‘Faction

rule, (natural) justice and democracy’ (2006) SAPRL 142 et seq.

114 Giliomee H & Simkins C (reds) The awkward embrace: One party domination and

democracy (1999) xvii.

115 Dienooreenkomstig word daar soms heeltemal tereg vereis dat ʼn stelsel, ten

einde as ʼn geloofwaardige en outentieke demokrasie te kwalifiseer, gereelde

regeringswisselings moet ondergaan. Sien A Przeworski & F Limongi

‘Modernization: Theories and Facts’ (1996-1997) World Politics 178. Sien verder R

Emmerson From empire to nation: the rise to self assertion of Asian and African

peoples (1962) 330-331; Sartori (n 6 hierbo) 239. Dit het onder andere ook die

uitwerking dat veelparty-demokrasie beduidend geskaad word en nie werklik tot

sy reg kan kom nie. Vir ’n breedvoeriger bespreking hieroor sien verder K Malan

‘Political blitz on a constitutional trench’ (2005) SA Public Law/Publiekreg, 397-

411.

Staatlike demokrasie 197

It is a great discouragement to an individual and a still greater one to a

class, to be left out of the constitution; to be reduced to a plead from

outside the door to the arbiters of their destiny, not taken into

consideration within. 116

Hy verklaar later:

Every one is degraded, whether aware of it or not, when other people,

without consulting him, take upon themselves unlimited power to

regulate his destiny. 117

’n Permanente minderheid oor wie die meerderheid gesaghebbende

besluite neem, is vir alle praktiese doeleindes buite die grondwet. Die

lede van die minderheid kan stemreg hê en dit uitoefen, maar as hulle

telkens uitgestem word en telkens verplig word om die dominasie van

die meerderheid te aanvaar, is die uitoefen van hulle prosessuele

(demokratiese) regte niks meer nie as ’n ritueel waardeur

geloofwaardigheid aan die legitimiteitsfiksie verleen word en

waardeur die dominasie van die meerderheid dus gelegitimeer en

verskans word.

So ’n minderheid mag geraadpleeg word en hulle mag stemreg hê

en inderdaad stem, maar die menings en behoeftes wat gedurende die

raadpleging of verkiesings aan die lig kom, hoef nie in ag geneem te

word nie. Daarom is so ’n minderheid niks meer nie as in die woorde

van Mill a plead from outside the door.

In so ’n meerderheidsoorheersde bestel is die minderheid se

posisie baie soortgelyk aan die regsfiguur van die houer ter bede

(holder at will) oftewel die prekaris. Die prekaris is die houer

(detentor) van roerende of onroerende goedere wat hy vir sy eie

gebruik op sy versoek in sy besit hou, maar sy houerskap kan te eniger

tyd opgesê word na gelang van wat die eienaar besluit. 118 Sy

voortgesette houerskap hang af van die genade van die eienaar. Die

prekaris is geheel en al op daardie genade aangewese. Daarom dan

dat ’n bestel van meerderheidsdominasie vanuit die ervaring van die

minderheid paslik as ʼn prekariokrasie bestempel kan word.

Prekariokrasie wat die demokratiese beginsels van gelykheid en

selfregering misken, is grondliggend ondemokraties en weens die

degradering waaraan dit die minderheid onderwerp, is dit klaarblyklik

immoreel. Juis daarom kan saamgestem word met WA Lewis,

goedkeurend aangehaal deur Arend Lijphart, wanneer hy sê:

116 Mill (n 34 hierbo) 216.

117 Mill (n 34 hierbo) 279.

118 M Kaser Roman Private Law (Engelse vertaling deur R Dannenbring) (1984) 106.

198 Hoofstuk 7

... majority rule may be acceptable in consensual societies, but in plural

societies it is totally immoral, inconsistent with the primary meaning of

democracy, and destructive of any prospect of building a nation in which

different peoples might live together in harmony. 119

Meerderheidsdominasie en prekariokrasie is klaarblyklik

ondemokraties omdat dit die demos, of minstens ’n gedeelte daarvan,

sonder enige kratos laat, en die minderheid strydig met die

demokratiese doelwitte van selfregering en gelykheid sonder

selfregering aan die dominasie van die meerderheid oorlaat.

Die prekariokratiese euwel het die afgelope dekades skerp onder

die soeklik gekom. Vandag word daar toenemend aanvaar dat die reg

om te stem nie meer voldoende is om demokrasie te verseker nie.

Minderhede eis geregverdig die reg op om binne die openbare ruimte

erkenning te geniet. 120 In plaas daarvan om in ’n posisie van

magteloosheid te bly, het minderhede ʼn aanspraak om met die mag

beklee te word waardeur hulle in staat gestel word om oor sake wat

hulle belange intiem raak te beslis. Demokrasie moet derhalwe nie

bloot mag vir die meerderheid en onderhorigheid van die minderheid

beteken nie. Dít is egter waartoe demokrasie verval wanneer dit

uitsluitlik op die meerderheidsbeginsel geskoei is en daarenteen

terselfdertyd die gelykheidsbeginsel en die beginsel van selfregering

heeltemal versaak. Demokrasie, so word betoog, moet binne die

raamwerk van liberale demokrasie uitgebrei word. 121

Demokrasie moet verdiep en uitgebrei word sodat dit nie net in

ooreenstemming met staatsbouprojekte (sien die vorige hoofstuk)

voorsiening maak vir die eendimensionele staatsburger wie se

identiteit na gelang van die staat se behoeftes bepaal is nie.

Demokrasie moet ook die pluraliteit van die samelewing en die

veelheid van identiteite wat daarin voorkom, verreken en dit die

geleentheid bied om te ontwikkel, in plaas daarvan om dit aan die

dominasie van die meerderheid te onderwerp. 122

Daar moet aanvaar word dat nasionale homogeniteit nie langer die

grondslag vir burgerskap in ’n plurale staat kan wees nie en dat ruimte

geskep moet word vir die erkenning van ’n veelheid van etniese en

kulturele identiteite. 123 Dan raak dit moontlik dat die integriteit van

119 WA Lewis aangehaal deur A Lijphart Democracy in Plural Societies: A Comparative

Exploration (1977) 145.

120 CS Maier ‘Democracy since the French Revolution’ in J Dunn (red) Democracy: The

Unfinished Journey - 508 BC - AD 1993 (1993) 146.

121 Mouffe (n 68 hierbo) 3.

122 Soos Chantalle Mouffe (n 68 hierbo) 5 sê: ‘The individual is not to be sacrificed to

the citizen; and the plurality of forms of identities through which we are

constituted and which correspond to our insertion in a variety of social relations,

as well a their tensions, should be legitimized.’

123 Mouffe (n 68 hierbo) 8.

Staatlike demokrasie 199

minderheidsgemeenskappe daadwerklik erken kan word en dat

minderhede gelykwaardig met die meerderheid behandel kan word en

ook daadwerklik aan die uitoefening van selfregering deel kan hê.

Hierdie pleidooi vir die hersiening van demokrasie is nie net gemik

teen die wantoestand van meerderheidsdominasie nie, maar ook teen

die staatsbou (nasiebou)-projekte wat, soos in hoofstuk 6 beskryf,

poog om ’n enkele staatlike geïnstigeerde identiteit af te dwing.

Gevolglik staan die demokratiese beginsel van gelykheid in die pad

van meerderheidsdominasie, sowel as van staatsbouprojekte.

Op ’n praktiese konstitusionele vlak word daar tans toenemend op

verskeie maniere en met ’n wisselende mate van sukses gepoog om

meerderheidsdominasie aan bande te lê en om gelyke demokratiese

akkommodasie van almal te bewerkstellig. Een van die mees

bespreekte strategieë is dié van konsosiatiewe demokrasie soos

bepleit deur Arendt Lijphart. Dit veronderstel ’n grand koalisie van

alle groeperings binne ’n plurale staat, verteenwoordig deur die

politieke elite van elke groep. Volgens hierdie stelsel het elke groep

’n vetoreg met betrekking tot aangeleenthede wat vir die besondere

groep van sentrale belang is; moet daar proporsionele

verteenwoordiging van elke groep in die openbare sektor wees; en

moet daar ook segmentele outonomie wees met betrekking tot

aangeleenthede eie aan elke groep. 124

Nog ’n uitweg is die beskerming van minderheidsregte wat sedert

die laaste dekade van die twintigste eeu sterk op die voorgrond getree

het. 125 Laastens is daar die toenemende aantreklikheid van

territoriale en funksionele federalisme, konstitusionele strategieë vir

die afwenteling van staatsgesag na groepe en streke, asook die

suksesvolle stigting van nuwe state deur middel van sesessie.

Die verontagsaming van die demokratiese beginsels van gelykheid

en selfregering is steeds een van die onopgeloste euwels van staatlik

geïnspireerde demokrasie. Die euwel is lank deur die bedrieglike

legitimiteitsfiksie van prosessuele demokrasie verbloem. Vir lank het

die prosessuele reg om te stem die onmag, die nadelige ongelykheid

en die afwesigheid van selfregering waaronder minderhede gely het,

verberg en staatlike demokrasie aan kritiek laat ontkom. Die

miskenning van gelykheid en die handhawing van prekariokrasie is

egter nou duidelik as die dubbele euwel van demokrasie kragtens die

staatlike paradigma blootgelê. Die patologie is geïdentifiseer, maar

die soeke na genesing het maar pas begin.

124 Lijphart (n 119 hierbo) 25-52.

125 Sien byvoorbeeld HA Strydom ‘Minority rights protection: Implementing

international standards’ (1998) SAJHR 375 et seq.

200 Hoofstuk 7

4 Massokrasie, die demokrasie van die

territoriale staat

Tot dusver is uitgewys wat staatlike demokrasie behels en hoe

demokrasie volgens die behoeftes en voorskrifte van die staatlike

paradigma gedomestiseer is. Ook is daar verduidelik hoe moreel

bedenklik hierdie demokrasie gemeet aan die eg demokratiese

maatstawwe van gelykheid en selfregering is. Dit is egter nie waar die

moeilikheid met staatlike demokrasie eindig nie. Wanneer ons sekere

van die basiese uitgangspunte van die demokrasie neem en op die

huidige staatlike demokrasie toepas, vind ons dat ons tans nie slegs

met sekere dwaalweë van die demokrasie te kampe het nie, maar dat

demokrasie per se skipbreuk gely het. Kortom, staatlike demokrasie

is nie meer demokrasie nie.

Die kritiese maatstaf wat hier aangewend word, is die begrip

demos (volk/people). Dit is uiteraard die sleutel tot demokrasie,

aangesien die bestaansrede en oogmerk van demokrasie juis daarin

bestaan dat die demos (in plaas van die diktator, aristokrasie, militêre

junta of wat anders ook al) die kratos moet beklee.

Die Griekse of meer korrek, die Atheense demokrasie was binne ’n

beperkte geografiese opset georganiseer. Dit het binne die

volksvergadering (ekklesia) wat baie gereeld byeengekom het en

waarin al die belangrike besluite rakende die Atheense polis geneem

is gefunksioneer. Demokrasie binne die polis was ’n sigbare en tasbare

gegewe. 126 Die ekklesia was vir alle Atheense burgers (politai)

toeganklik. Hulle kon almal aan die besprekings deelneem en is

dikwels ook met die uitvoering van besluite belas. Die effek hiervan

was dat ’n aansienlike aantal Atheense burgers ervaring van politieke

besluitneming en die uitvoering van besluite gehad het. 127 Die

Atheense demokrasie was binne ’n ruimtelik beperkte opset

georganiseer en die burgery het in ’n hegte gemeenskap met mekaar

saamgeleef. Die polis-opset is gekenmerk deur wat beskryf word as

narrowness of space. 128

Vanweë die feit dat die Atheense demokrasie by uitnemendheid in

die volksvergadering waarin alle burgers toegelaat is, beoefen is, was

dit letterlik ’n aangesig tot aangesig-demokrasie. 129 Primêr het

Atheense demokrasie die byeenkoms van Atheense burgers binne die

volksvergadering beteken. 130

126 Sartori (n 6 hierbo) 20.

127 Finley (n 17 hierbo) 18-21.

128 Finley (n 17 hierbo) 50.

129 De Benoist (n 1 hierbo) 70

130 De Benoist (n 1 hierbo) 71.

Staatlike demokrasie 201

Binne die Atheense demokrasie het die demos nie net die

teoretiese bevoegdheid gehad om besluite te neem nie; die demos het

inderdaad daadwerklik die besluite geneem. 131 Atheense burgerskap

was trouens nie primêr ’n juridiese status soos vandag nie, maar wel

die daadwerklike deelname aan die sake van die polis.

Dienooreenkomstig was die Atheense opvatting van burgerskap nie die

liberale opvatting waarin die klem op individuele outonomie geplaas

word nie, maar eerder van vryheid om aan die sake van die polis deel

te neem. Vryheid verskaf die toegang om binne die raamwerk van die

polis medeseggenskap in die sake van die polis te hê. Volgens die

Atheense opvatting was vryheid buite die polis ondenkbaar. 132

Die beoefening van die politiek kragtens die Atheense demokrasie

was ook heeltemal verskillend van die politiek in verteenwoordigende

stelsels. Alle Atheense burgers, of minstens alle burgers wat belang

gestel het, kon die volksvergadering bywoon. In die lig van die uiters

hoë premie wat politai op die algemene sake van die polis geplaas

het, was die bywoning van die volksvergadering gewoonlik baie

goed. 133 Politieke leierskap is binne die polis op meriete verdien en

behou. Die betreklike sekerheid van ampsbekleding van die

hedendaagse konstitusionele demokrasie was in Athene heeltemal

onbekend. ’n Persoon was ’n leier uitsluitlik op grond van persoonlike

kwaliteite. Die bekleding van ’n leiersposisie het volgehoue

persoonlike inspanning en prestasie vereis. 134 Die behoud van

leierskap was as gevolg hiervan onseker en wispelturig. Daar was geen

regering (in die sin van vaste regeringsinstellings) in die moderne sin

van die woord wat duidelik van die res van die burgery onderskeibaar

was nie.

Daar was weliswaar ’n politieke elite — ’n politieke aristokrasie —

maar die samestelling daarvan het voortdurend gewissel. Dit is

gekonstitueer en telkens weer herkonstitueer. ‘Lidmaatskap’ daarvan

het ook van volgehoue prestasie afgehang. Geen leier is teen sy pos

beskerm nie. As jy nie presteer nie, is jy dadelik uit. Daar hoef nie vir

die volgende verkiesing gewag te word nie. 135

In die Atheense demokrasie was debatvoering en beraadslaging in

die ekklesia van kardinale belang. Juis daarom was retoriese

131 Holden (n 3 hierbo) 10.

132 De Benoist (n 1 hierbo) 72. Die teenoorgestelde hiervan vind ons in die negatiewe

vryheid soos byvoorbeeld deur Isaiah Berlin uiteengesit. Sien hieroor die

bespreking in hoofstuk 6.

133 MH Hansen ‘How many Athenians attended the Ecclesia?’ (1976) 17 Greek, Roman

and Byzantine Studies 130 aangehaal deur CA Van Rooy Antieke Griekse

Geskiedenis: Van die Steentydperk tot die eeu van Perikles (1979) 295 raam dat

rondom 6000 uit ’n moontlike totale burgertal van 35 000 in 480 vC en 33 000 in

431 vC die Ekklesia bygewoon het.

134 Finley (n 17 hierbo) 61.

135 Finley (n 17 hierbo) 62.

202 Hoofstuk 7

vermoëns ’n noodsaaklike bate en het oratore ’n sleutelrol in die

politieke proses vervul. 136

Hedendaagse demokrasie fokus op die individu en het in ’n hoë

mate te make met die wyse waarop individue, afsonderlik of saam

met ander, politieke magsmiddels in diens van die verwesenliking van

private belange kan plaas. 137 Daarenteen het die Atheense

demokrasie primêr gewentel om die sake van die polis as

georganiseerde gemeenskap. 138 Die sin en noodsaak vir individuele

inbinding in die gemeenskap van die polis-gemeenskap was ’n

wesenlike eienskap van die Atheense demokrasie. Demokrasie was

trouens slegs met betrekking tot die sake van die polis

beoefenbaar. 139 Die Atheense konsep van gelykheid (isonomie) wat ’n

voorwaarde vir demokrasie was, was ook ’n tipiese eienskap van die

Atheense demokrasie en onderskei ook die Atheense demokrasie van

huidige staatlike demokrasie. Dit was naamlik nie gebou op die een of

ander ontologiese gelykheid of gelykheid ingevolge die natuurreg nie,

maar wel op al die Atheense burgers se gelyke vereenselwiging met

die polis. 140

Die verskille tussen die Atheense en eietydse demokrasie is

gevolglik veel meer diepliggend as die blote feit dat eersgenoemde

regstreeks en laasgenoemde verteenwoordigend is. Elkeen het ’n

verskillende opvatting oor die mens, die wêreld en oor sosiale bande.

Atheense demokrasie was kommunitêr en holisties in teenstelling met

die individualisme van hedendaagse demokrasie. Die Atheense

demokrasie het burgerskap gedefinieer ingevolge die oorsprong van

die burgers van die polis en voorsiening gemaak vir daadwerklike

burgerlike politieke deelname aan die sake van die polis. Daarenteen

gaan moderne demokrasie met staatsburgers om as geatomiseerde

individue wat beskou word deur die prisma van abstrakte

egalitarisme. Die Atheense demokrasie was gebou op die gedagte van

’n organiese gemeenskap, teenoor moderne demokrasie wat om die

realisering van individuele belange sentreer. 141

Maar wie was dan die demos, die volk, van die Atheense

demokrasie en tot welke mate verskil dit van die demos van die

huidige demokratiese praktyk? Eerstens was nie alle individue, ook nie

alle volwasse individue, politai van die Atheense polis nie.

136 Finley (n 17 hierbo) 38-75. Juis om hierdie rede word demokrasie steeds primêr

vereenselwig met ʼn regeringsvorm deur middel van beraadslaging en oorreding.

Sien byvoorbeeld JH Hallowell The moral foundation of democracy (1954) 60;

Holden (n 3 hierbo) 116.

137 Sien byvoorbeeld Wood (n 80 hierbo) en Arendt (n 81 hierbo).

138 De Benoist (n 1 hierbo) 71.

139 De Benoist (n 1 hierbo) 73.

140 De Benoist (n 1 hierbo) 73.

141 De Benoist (n 1 hierbo) 74-75.

Staatlike demokrasie 203

Inteendeel, slegs ’n fraksie van die polis se bevolking was politai.

Vreemdelinge en vroue is uitgesluit. Slawe, van wie daar baie was,

was eweneens nie vir die status van polites beskore nie. 142

Meer as dit: die Atheense demos was homogeen. 143 Tot ’n sekere

hoogte was demos en etnos dieselfde ding. 144 Die mees essensiële

eienskap van Atheense burgerskap was ’n persoon se oorsprong en

afkoms. Vanweë reëls wat op die inisiatief van Perikles deurgevoer is,

is daar na 451 v.C. vir Atheense burgerskap vereis dat ’n persoon se

ouers albei Atheens moes wees. 145

Ateense burgerskap het sy betekenis gehad in die bevoegdhede,

funksies en aktiwiteite wat daarmee gepaard gegaan het. Die funksies

en aktiwiteite van burgerskap het regstreeks voortgespruit uit die

status van Atheense burgerskap. Teenoor die status van die polites

was daar ook die status van die nie-burger, genaamd die idiotes.

Burgerskap is uitsluitlik verwerf deur geboorte en deur afkoms.

Burgerskap in die volste sin van die woord het ingehou dat die burger

’n gemeenskaplike vaderland en geskiedenis (historiese belewenis)

gehad het. ’n Persoon is as Atheense burger gebore en, behalwe vir

enkele beperkte uitsonderings, was dit nie moontlik om ’n Atheense

burger te word nie. Bowendien het die Atheense tradisie huwelike

tussen ’n Athener en ’n nie-Athener ontmoedig. 146 De Benoist vat dit

soos volg saam:

Only birth conferred individual citizenship. Democracy was rooted in the

autochthonous concept of citizenship, which ultimately linked its

performance to the origins of those who exercised it. Athenians of the

fifth century celebrated themselves as the ‘autochthonous people of the

great Athens.’ Into that founding myth they grounded their

democracy. 147

Om te sê dat die Atheense demokrasie ’n direkte demokrasie was, is

waar, maar direktheid was nie die essensie daarvan nie. Atheense

demokrasie is primêr vereenselwig met die idee van ’n grootliks

homogene gemeenskap met ’n bewussyn van dit wat hulle as volk

(oftewel as grootliks etniese demos) kenmerk. Die behoorlike

funksionering van die Atheense demokrasie is bewerkstellig deur

hegte gemeenskaplike kulturele bande en deur ’n duidelike belewenis

van ’n gemeenskaplike afkoms. 148

142 Holden (n 3 hierbo) 14; De Benoist (n 1 hierbo) 71.

143 Finley (n 17 hierbo)) 36; De Benoist (n 1 hierbo) 71, 75.

144 De Benoist (n 1 hierbo) 71.

145 De Benoist (n 1 hierbo) 71; sien ook Van Rooy (n 133 hierbo) 285.

146 De Benoist (n 1 hierbo) 71.

147 De Benoist (n 1 hierbo) 71.

148 De Benoist (n 1 hierbo) 75.

204 Hoofstuk 7

Teenoor die homogeniteit, die afkomsgedrewenheid en die

organiese holisme van die Atheense demos, staan die huidige demos.

Tans beteken demos eenvoudig almal: ’n toenemend fluktuerende,

amorfe skare van mense wat al hoe meer maatskappy (Gesselschaft)

en algaande minder gemeenskap (Gemeinschaft) is. Vandag behels

die demos ’n hoogs onstabiele, geatomiseerde en normlose aantal

mense binne die territoriale staat. Dit is die gevolg van die groot

omvang van die eietydse territoriale staat en word in die onlangse

dekades natuurlik verder versterk deur die vrye vloei van kapitaal en

mense oor grense heen, wat deur ekonomiese globalisering

meegebring is. Dit is eenvoudig heeltemal anders as die Atheense

demos en die Atheense demokrasie. 149

Indien die Klassieke demokrasie as maatstaf aangelê word, is die

benaming, demokrasie, dus ʼn klaarblyklik onvanpaste beskrywing vir

wat vandag as demokrasie verstaan word. Demos-kratia beskryf nie

meer die huidige toedrag van sake, in dit wat Sartori die omvangryke

megastaat noem, nie. (Die spesifieke term wat Sartori hier gebruik, is

megalopolis.) 150 Daarom is dit nodig dat die begrip opgedateer word

ten einde die heersende realiteit meer getrou te beskryf. Die labiele,

geatomiseerde en heterogene massa wat individuele belangeverwesenliking

in die megalopolis (die omvangryke territoriale staat)

najaag, het in die plek van die homogene (etnies verwante) organiesholistiese

demos gekom. Daarom is massokrasie eerder as demokrasie

tans ’n meer gepaste en beskrywende begrip vir ons tans sogenoemde

demokratiese stelsels. 151

Geoordeel aan die klassieke Atheense maatstaf van demokrasie

het ons tans geen demokrasie nie maar wel ’n massokrasie. Tog doen

die ironiese situasie homself voor dat die volgende onlogiese logika

gevolg word: In plaas daarvan om aan die hand van die Klassieke

demokrasiemaatstaf tot die slotsom te kom dat die huidige situasie

nie demokraties is nie, word die kontemporêre massokrasie as

demokratiese maatstaf aangewend en tot die gevolgtrekking gekom

dat die klassieke Atheense demokrasie ondemokraties was. 152

Allain De Benoist stel hierdie onlogiese argument behoorlik aan

die kaak. 153 Hy wys daarop dat moderne politieke regimes hulself eers

sedert betreklik onlangs as demokraties begin beskou het. 154 Dit is

149 Sartori (n 6 hierbo) 20-21.

150 Sartori (n 6 hierbo) 21.

151 Sartori (n 6 hierbo) 21; Sien ook Holden (n 3 hierbo) 27.

152 Holden (n 3 hierbo) 27.

153 De Benoist (n 1 hierbo) 74.

154 De Benoist (n 1 hierbo) 74; Die stelling word bevestig deur die algehele

afwesigheid van die begrip demokrasie by teoretici soos Tom Paine en die feitlik

algehele vermyding daarvan deur John Stuart Mill (n 34 hierbo). Sien die eerste

gedeelte van hierdie hoofstuk.

Staatlike demokrasie 205

daarom heeltemal verkeerd om, wanneer ons vind dat die Atheners,

anders as ons was, die gevolgtrekking te maak dat hulle nie

demokraties was nie. Presies die teenoorgestelde is waar: vir sover

die huidige praktyk nie met die Atheense gebruik strook nie, is óns

inderdaad ondemokraties en nie die Atheners nie. 155

Die skuld vir die omkeer van die logika lê egter nie by Mill, die

grondlegger van kontemporêre demokratiese teorie nie. Trouens, Mill

het nog ’n aansienlike mate van homogeniteit van die demos as

vereiste vir suksesvolle demokrasie gestel. Mill is veel meer getrou

aan die outentieke demokratiese tradisie as baie van die huidige

teoretici, wat eerder eksponente van dwaalweë van die demokrasie

soos massokrasie, pleks van demokrate is. Mill filosofeer onteenseglik

op die grondslag van die aanname van ’n homogene demos. Hy

verklaar:

But when a people are ripe for free institutions, there is a still more vital

considerations. Free institutions are next to impossible in a country

made up of different nationalities. Among a people without fellowfeeling,

especially if they read and speak different languages, the united

public opinion, necessary to the working of representative government

cannot exist. 156

Vrye instellings kan beswaarlik voortbestaan in ’n heterogene

samelewing waarin uiteenlopende groepe een gebeurtenis verskillend

ervaar en waarin een en dieselfde gebeurtenis ’n uiteenlopende

uitwerking op verskillende groepe het. In die woorde van Mill:

The same incidents, the same acts, the same system of government,

affect them in different ways; and each fear more injury to itself from

the other nationalities, than from the common arbiter, the state. 157

Dienooreenkomstig verklaar Mill dat ’n staat vir elke volk ’n

voorwaarde is vir die instandhouding van vrye instellings:

... it is in general a necessary condition of free institutions that the

boundaries of governments should coincide in the main with those of

nationalities. 158

In Mill vind ons dus nog baie terug van die outentieke demokraat. Die

verval van demokrasie tot die huidige massokrasie van die territoriale

staat, ingedwing in die raamwerk van en volgens die behoeftes van die

staatlike paradigma, sou eers in die twintigste eeu volg. Ons denke is

skynbaar so verwring deur die dissiplines van die staatlike paradigma

155 De Benoist (n 1 hierbo) 74.

156 Mill (n 34 hierbo) 361.

157 Mill (n 34 hierbo) 361.

158 Mill (n 34 hierbo) 362.

206 Hoofstuk 7

wat ’n drogbeeld van massokrasie as demokrasie aan ons voorgehou

het, dat dit ons bykans ’n eeu geneem het om die massokratiese

wantoestand te sien vir wat dit is.

HOOFSTUK

8

1 Simbiose

MENSEREGTE -

DIE SORGSAME STAAT

Net soos ons tydvak by uitstek een van demokrasie is, is dit ook die

era van menseregte. Menseregte is die idee van ons tyd, die enigste

politiek-morele ideaal — naas demokrasie — wat universele

aanvaarding geniet. 1 Net soos met demokrasie is daar ook ’n bykans

universele vereenselwiging met menseregte. 2

Menseregte het die lewenslig op dieselfde oomblik aanskou as wat

die territoriale staat sy aankoms op die historiese toneel aangekondig

het. 3 Sedertdien is daar ’n onafskeidbare lotsgebondenheid tussen die

staat en menseregte.

Daar word algemeen aanvaar dat die individuele mens die

reghebbende en bevoordeelde van menseregte is. Dit is waar, maar

nie die volle waarheid nie, want die staat, wat volgens die

menseregtelike verhouding met die verpligting belas is om aan

menseregte uitvoering te gee, put net soveel — indien nie meer nie —

voordeel uit menseregte. Juis hierdie waarheid word vervolgens in

meer besonderhede toegelig.

Die stelling dat die staat net soveel baat by menseregte vind en

versterking daaruit put, val met die eerste lees vreemd op. ’n Regime

en ’n kultuur van menseregte — so word algemeen geleer — bestaan

juis om die staat tot die voordeel van individue in bedwang te hou en

in diens van individue te plaas. Dit is weliswaar korrek, maar aan die

ander kant is dit ook so dat menseregte altyd die staat veronderstel.

Die menseregtelike verhouding is nie sonder die staat bestaanbaar

nie. Die staat is altyd noodwendig ’n party daarby. Menseregte

voorveronderstel ’n aantal eise teen die staat. Daarom is die staat ’n

1 L Henkin The Age of Rights (1990) ix; R Dagger Rights in T Ball et al (reds)

Political Innovation and Conceptual Change (1989) 292.

2

Editorial note (1984) 113 Daedalus ‘Human Rights Issue’ iv.

3 Dagger (n 1 hierbo) 298.

207

208 Hoofstuk 8

absolute noodsaaklikheid in enige regsorde waarin menseregte in

stand gehou word. 4 Dienooreenkomstig verklaar Karel Vasak dat ’n

georganiseerde gemeenskap in die vorm van die staat ’n basiese

voorvereiste vir die realisering van menseregte is 5 en voeg daaraan

toe dat die mens sonder die staat nie vry kan wees nie. 6

Hieruit is dit duidelik dat menseregte volledig binne die staatlike

paradigma ingebind is. Menseregte bring nie die staat in gedrang nie;

inteendeel, dit beklemtoon en bevestig die noodsaak van die staat as

’n conditio sine qua non vir ons daaglikse bestaan. In menseregte het

die staat ’n troue bondgenoot gevind vir die versterking en die

verskansing van die staat.

Menseregte word veral deur die regsprofessie verfyn en

geadministreer. Die leke-individu vind dit gewoonlik moeilik om regte

self af te dwing. Hy is daarvoor bykans altyd op die bystand van

regspraktisyns, hetsy in die privaat praktyk, of verbonde aan die

staatsinstellings aangewese. Hy kan nie die voordele wat menseregte

bied sonder die hulp van die prokureur, die advokaat, die regter en ’n

reeks ander regslui wat by die administrasie van menseregte betrokke

is, benut nie. Hoe meer regte daar beskikbaar is, des te groter die

moontlikheid om regte af te dwing en des te meer die afhanklikheid

van die regsprofessie.

Teen hierdie agtergrond val die soeklig op die staat se strategiese

bondgenoot en die mede-bevoordeelde uit ’n menseregte-regime,

naamlik die regsprofessie wat met die vermeerdering van regte al hoe

meer funksies verwerf en wie se kliëntebasis met die toevoeging van

elke nuwe reg verder groei.

Individue is die eerste en opvallende bevoordeeldes van

menseregte. Daaragter skuil egter ’n meer wesenlike waarheid,

naamlik dat die staat en die regsprofessie minstens net soveel aan

menseregte te danke het en minstens net soveel rede het om nuwe

regte bloot te lê en meganismes vir die beskerming daarvan te

voorsien.

4

F Venter ‘Menseregte, groepsregte en ’n proses na groter geregtigheid’ (1986) 1

SAPR/L 206.

5 K Vasak et al ‘Human Rights: As a Legal Reality’ in K Vasak et al The International

Dimension of Human Rights (1982) 4.

6 Vasak (n 5 hierbo) 4.

Menseregte - die sorgsame staat 209

2 Op die spoor van die ontwikkeling van

menseregte

In hoofstuk 4 is daar verduidelik dat die individuele reg op

godsdiensvryheid die prototipiese mensereg is. Dit het saam met die

territoriale staat beslag gekry en het aan die staat een van sy

fundamentele kenmerke, naamlik godsdienstige neutraliteit, besorg.

Godsdiensvryheid en die meegaande godsdienstige neutraliteit van

die staat was die voorwaarde vir die bestaan en stabiliteit van die

staat. Godsdiensvryheid as ’n basiese mensereg en die sekuriteit van

die staat was wedersyds van mekaar afhanklik. Op hierdie wyse is ’n

simbiose geskep wat as presedent dien vir die huidige veel meer

uitgebreide simbiotiese verhouding tussen die staat en menseregte,

waaroor hieronder meer gesê word.

Die tradisionele beskouing is egter dat menseregte hul oorsprong

in die sewentiende- en agtiende-eeuse stryd teen absolutisme vind. 7

Dit het neerslag gevind in ooreenkomste tussen die vorste en die

bevolking — in werklikheid die aristokrasie — met die oog daarop om

aan die bevolking sekere regte in die gestalte van vryhede te verleen

en om die owerheid daartoe te verbind om homself te weerhou van

inbreuke op daardie vryhede. 8 Die eerste menseregte was dus

grootliks immuniteite teen arbitrêre owerheidsinmenging.

Oorspronklik het menseregte die verhouding tussen owerheid en

onderdaan op ’n manier gedefinieer wat ’n bepaalde vryheidsterrein

vir die onderdaan afgebaken het waarin die owerheid nie mag inmeng

nie. 9

Dit was in Engeland, wat juis in die sewentiende eeu ’n uitgerekte

stryd teen absolutisme beleef het, waar die eerste rudimentêre

menseregte-dokumente die lig gesien het. 10 Die Petition of Right van

1628 lê arbitrêre owerheidsoptrede aan bande, die Habeas Corpuswet

van 1641 weerhou die owerheid van die onregmatige aanhouding

van ’n persoon en die Bill of Rights van 1689 poog om ’n

verskeidenheid rights and liberties van die burgery teen

owerheidskending te verskans. Hier het ons egter nog nie met ’n

omvattende katalogus van basiese regte te make nie. Nog ’n eeu sou

verloop waartydens die middelklas eers sterker gevestig kon word en

7 M Cranston ‘Are there any human rights?’ (1984) 113 Daedalus 2; DE de Villiers

‘Die geskiedenis van menseregte’ in DA du Toit (red) Menseregte (1984) 22.

8 I Szabo ‘Historical Foundations of Human Rights’ in K Vasak et al The

International Dimension of Human Rights (1982) 13.

9

Szabo (n 8 hierbo) 13.

10 JD van der Vyver Die Beskerming van Menseregte in Suid-Afrika (1975) 20-21.

210 Hoofstuk 8

liberale politieke en ekonomiese opvattings eers posgevat het,

alvorens omvattende menseregte-verklarings die lig gesien het.

Die triomftog van menseregte is ingelui met die Bill of Rights van

Virginia van 12 Junie 1776, opgevolg met die eerste tien

amendemente van die grondwet van die Verenigde State van Amerika

en die Franse Deklarasie van die Regte van die Mens en die Burger van

1789. 11 Die Amerikaanse handves soos aangevul deur die

Burgeroorlog-amendemente van 1868 en die Franse Deklarasie het

uiteindelik ’n groot en blywende impak gehad: die Amerikaanse

handves omdat dit as ’n model vir baie ander grondwetlike

menseregte-handveste gedien het en deur regterlike hersiening

verder uitgebou is; die Franse handves omdat dit die voorbeeld was

vir die grondwette van België, Duitsland, Oostenryk, Griekeland,

Roemenië, Switserland, Italië en die voormalige Franse kolonies. 12

Gedurende die rewolusionêre tydperk in Frankryk en die VSA in

die laaste kwart van die agtiende eeu was daar ʼn aansienlike wisseling

van rewolusionêre idees tussen Engeland, die VSA en Frankryk.

Vooraanstaande figure het ook by mekaar se ervaring gebaat.

Lafayette, een van die opstellers van die Franse Deklarasie van die

Regte van die Mens en die Burger was byvoorbeeld in die VSA toe die

Amerikaanse onafhanklikheidsverklaring voorberei is. Hy was ook

bevriend met Thomas Jefferson, die hoofouteur daarvan. Op sy beurt

was Jefferson in 1789 die Amerikaanse ambassadeur in Frankryk en dit

is bekend dat Lafayette die opstel van die Franse Deklarasie met hom

bespreek het. 13

Ofskoon daar uiteraard verskille tussen die twee dokumente

bestaan — die Franse handves is in veel meer ideologiese terme as sy

empiries geneigde Amerikaanse eweknie geformuleer — vind ons ook

ʼn hoë mate van ooreenstemming.

Albei dokumente poog om deur die beklemtoning van die reg op

individuele vryheid, die integriteit van ʼn private individuele sfeer te

vestig wat immuun teen staatsindringing moes wees. Getrou aan die

common law-tradisie beskerm die Amerikaanse handves die

prosessuele regte van die beskuldigde. Individuele vryheid is ook die

sentrale waarde van die Franse deklarasie. Verskeie aspekte van

individuele vryheid word ook daarin verskans. Die Franse deklarasie,

anders as die Amerikaanse handves, plaas ook die klem op die reg op

11 Daar is op ʼn stadium gedebatteer oor die vraag welke van die Virginia-handves of

die Franse Deklarasie aanspraak kan maak op die status van die oorspronklike

menseregte-dokument. Sien K Stern ‘The Genesis en Evolution of European-

American constitutionalism’ (1985) XVIII CILSA 192.

12 AP Blausten et al Human Rights Source Book (1987) 727; De Villiers (n 7 hierbo)

20.

13 Blaustein (n 12 hierbo) 743; De Villiers (n 7 hierbo) 19.

Menseregte - die sorgsame staat 211

gelykheid en op die beskerming van eiendomsreg. (Die reg op

gelykheid is eers met die invoer van die Burgeroorlog-amendemente

in die Amerikaanse handves opgeneem). 14

Sowel die Franse as die Amerikaanse handves weerspieël die

waardes van die vroeë kapitalisme en die gepaardgaande belange van

die opkomende middelklas. 15 Met die verordening van die Franse en

die Amerikaanse handveste word die middelklas-rewolusie juridies

vergestalt in wat algemeen as eerste-generasie (burgerlike en

politieke) menseregte bekend staan en waarin die waardes en die

belange van middelklas-individualisme verskans word.

Die soort verpligting wat kragtens hierdie regte op die owerheid

geplaas word, is nie soseer om daadwerklik te handel nie, maar

eerder dat die owerheid sigself van bepaalde optrede — inbreuke op

die individuele vryheidsdomein — moet weerhou.

Daar word tereg verklaar dat menseregte twee oogmerke het:

enersyds om deur institusionele middele mense se belange teen

magsmisbruik deur die owerheid te verdedig; andersyds, die

bevordering van basiese lewensomstandighede en die veelfasettige

ontwikkeling van die menslike persoonlikheid. 16

Die soort regte wat in die Amerikaanse en die Franse handveste

ter sprake is, val onder die eerste komponent van hierdie definisie.

Die eerste komponent weerspieël die gedagte van die minimum-staat

oftewel die nagwag-staat. Die tweede gedeelte verteenwoordig die

teenoorgestelde staatsbeskouing, naamlik dié van die ingrypende

staat wat in besonderhede bemoeienis met die belange van die

inwoners maak.

Die noodsaak vir laasgenoemde soort staat tree eers in die

negentiende eeu op die voorgrond, toe die ekonomies ontwikkelde

wêreld met die maatskaplik misstandige gevolge van die

nywerheidsomwenteling te kampe kry. Die probleem is aanvanklik in

sosio-ekonomiese wetgewing aangespreek, maar is mettertyd

verreken in die erkenning van ’n aantal sosio-ekonomiese belange as

basiese menseregte.

In die verstedelikte industriële staat waarin mense

geïndividualiseerd leef, het elkeen se arbeid mense se enigste middel

tot ekonomiese oorlewing en voortbestaan geword. Dit was anders as

in ʼn vroeëre era toe bevolkings baie kleiner was, toe almal danksy

regstreekse toegang tot grond daartoe in staat was om kleinskalige

14 Blaustein (n 12 hierbo) 740-745.

15

Sien byvoorbeeld Blaustein (n 12 hierbo) 743 en De Villiers (n 7 hierbo) 22.

16 Szabo (n 8 hierbo) 11.

212 Hoofstuk 8

bestaansekonomieë, hetsy deur landbou of deur jag en versameling in

stand te hou en sodoende voort te bestaan. In die industriële era,

meer as enige tyd voor dit, kon jy vir jou eie voortbestaan net jou

arbeid verkoop. Indien jy dit nie kon regkry nie of as die dienskontrak

onveilig was en sonder meer beëindig kon word, was daar niks om op

terug te val nie. Dan het net krepering van ellende gewag. Aan die

begin van die nywerheidsera was daar juis min langtermyndienskontrakte.

Arbeid is as tydelike stukwerk verkoop en het

gevolglik nie blywende sekuriteit gebied nie. Die maatskaplik

onveilige en uitgelewerde toestand waarin mense as werkers verkeer

het, is die eerste maal in Bismarck se Duitsland aangespreek, waar

daar in die 1880's wetgewing aangeneem is wat voorsiening gemaak

het vir versekering teen inkomsteverlies weens siekte,

nywerheidsongevalle, ouderdom en ongeskiktheid. 17

Die uitwerking van die maatreëls was dat beperkings op

eiendomsreg, asook op werkgewers se kontrakteervryheid geplaas is.

Die rede waarom die maatreëls eerste in Duitsland getref kon word

sonder dat dit oormatig sterk kapitalistiese weerstand ontlok het, was

die betreklik swak posisie van die liberalisme in dié land. 18

Soortgelyke maatreëls is egter kort hierna ook in Frankryk en Brittanje

ingestel. 19

Die eerste deurbraak vir sosiale en ekonomiese regte in die sin van

die erkenning daarvan as grondwetlik verskanste menseregte naas

burgerlike en politieke regte, kom in 1917 met die aanneem van die

Meksikaanse grondwet, asook van die grondwet van die Weimarrepubliek

in Duitsland in 1919. 20 In die Meksikaanse grondwet is daar

byvoorbeeld maatreëls getref vir die beperking op, asook die

verdeling van grond. Die reg om te werk asook die reg op billike

weksomstandighede is ook as basiese reg erken. 21

Met die erkenning van hierdie tweede-generasieregte, wat

vanweë die sosialistiese aard daarvan ook rooi regte heet, word die

feitelike grondslag vir die tweede gedeelte van die definisie van

menseregte, wat hierbo weergegee is, verskaf. 22 Ter wille van

individuele vryheid moes die owerheid daarvolgens sigself nie net van

sekere optrede weerhou het nie, maar daarenteen daadwerklik ingryp

ten einde beter lewensomstandighede en maatskaplike sekuriteit te

verseker.

17 GV Rimlinger ‘Capitalism and Human Rights’ (1984) 113 Daedalus 55.

18 Rimlinger (n 17 hierbo) 55.

19

Rimlinger (n 17 hierbo) 57-58.

20 Szabo (n 8 hierbo) 19.

21 Blaustein (n 12 hierbo) 749-750.

22

Oor hierdie benaming, sien A Eide et al (reds) Economic, Social and Cultural

Rights: A Textbook (1995) en die outeurs aldaar aangehaal.

Menseregte - die sorgsame staat 213

Tweede-generasie menseregte is sedertdien in talle nasionale

grondwette opgeneem, hetsy as volwaardige fundamentele regte op

dieselfde grondslag as eerste-generasieregte, of as sogenaamde

directive principles of state policy soos in die Ierse, Indiese en

Namibiese grondwette. 23

Menseregte het ook in so ʼn mate in die internasionale reg beslag

gekry dat dit vandag een van die belangrikste komponente van dié

dissipline geword het. Dit word onder andere geïllustreer deur die

inhoud van handboeke oor die internasionale reg. As ʼn afdeling van

die reg wat primêr met interstaatlike regsverhoudings handel, het die

handboeke oor die internasionale reg tot in die 1970's geen of min

aandag aan menseregte gewy. Tans beklee menseregte waarvoor daar

in internasionale regsinstrumente voorsiening gemaak word, ʼn

prominente plek in die studie en die literatuur van die internasionale

reg.

Voor die Tweede Wêreldoorlog was daar slegs beperkte

internasionale erkenning van menseregte. Die Internasionale

Arbeidsorganisasie het minimum-standaarde vir die werksplek begin

ontwikkel. 24 Die enigste ander voor-Tweede Wêreldoorlogse

internasionale erkenning van menseregte was die voorsiening wat vir

die beskerming van etniese en godsdienstige minderhede in Sentraal-

Europa gemaak is. Hierdie beskerming het gegeld kragtens

internasionale verdrae wat na afloop van die Eerste Wêreldoorlog

gesluit is. Die afdwinging daarvan is deur die Volkebond

gewaarborg. 25 Die verdrag waardeur die Volkebond tot stand gekom

het, het egter geen algemene menseregtelike bepalings bevat nie. 26

Weens die werksaamhede van die Verenigde Nasies is menseregte

na die Tweede Wêreldoorlog tot ʼn omvattende internasionale stelsel

uitgebou. Menseregte is tot in die fynste besonderhede

gestandaardiseer en ge-universaliseer. 27

23 Sien hieroor onder andere B de Villiers ‘Directive Principles of State Policy and

Fundamental Rights: The Indian Experience’ (1992) 8 SAJHR 29 et seq. Hierdie

aanwysende beginsels (directive principles) word nie regstreeks soos (meesal)

eerste-generasieregte wat in ʼn handves van regte vervat is, toegepas nie. Dit is

nie regte wat mense regstreeks in die howe kan afdwing nie. Dit funksioneer

egter as ʼn uitlegmetode ten gunste van die realisering van sosiale en ekonomiese

regte en desnoods ook as ʼn beperking op en kwalifikasie van eerstegenerasieregte.

24

T Buergenthal International Human Rights: In a Nutshell (1995) 9-10; Eide (n 22

hierbo) 27-28 meld die interessante feit dat tweede-generasieregte in die vorm

van minimum-standaarde op die arbeidsterrein nog voor eerste-generasie

burgerlike en politieke regte in die internasionale reg erken is.

25 Buergenthal (n 24 hierbo) 10-13.

26 Buergenthal (n 24 hierbo) 7.

27

Buergenthal (n 24 hierbo) 21 verklaar tereg dat moderne menseregte ʼn post-

Tweede Wêreldoorlogse verskynsel is.

214 Hoofstuk 8

Die Handves van die Verenigde Nasies wat dié organisasie in 1945

tot stand gebring het, bevat opsigself reeds ʼn plegtige verbintenis tot

die bevordering van respek vir menseregte, sonder aansien van taal,

ras, geslag of godsdiens. 28 Die Handves bepaal voorts as een van die

basiese verpligtinge van sowel die organisasie self, as sy lidstate dat

menseregte gerespekteer moet word en dat alle lidstate gesamentlik

en afsonderlik stappe moet doen om menseregte te bevorder. 29

Die VN se verbintenis tot menseregte het kort hierna in 1948

neerslag gevind in die aanname van die Universele Deklarasie van

Menseregte deur die Algemene Vergadering. Hierdie resolusie skep as

ʼn besluit van die Algemene Vergadering van die VN geen bindende

verdragsreg nie. Dit is nie ʼn multilaterale verdrag nie en state is

derhalwe nie kragtens die reëls van die internasionale verdragsreg

daaraan gebonde nie. Nogtans is dit om minstens twee redes van groot

belang vir die internasionale menseregte-stelsel.

Eerstens was die invloed daarvan enorm. Dit geniet bykans

universele goedkeuring en dit is beswaarlik denkbaar dat ʼn staat die

inhoud daarvan openlik sal verwerp. Ofskoon resolusies van die

Algemene Vergadering in beginsel slegs aanbevelende status geniet,

is dit met hierdie resolusie heel anders gesteld. Die mening word

gehuldig dat die inhoud daarvan as internasionale gewoontereg reeds

die status van bindende reg verwerf het. 30 Ofskoon nie algemeen

geldig nie, is hierdie siening minstens waar ten opsigte van sekere

sleutelbeginsels van die Verklaring, wat aan die vereistes van

internasionale gewoontereg voldoen. 31

Die tweede rede is die omvattende aard van die Verklaring. Dit

bevat al die eerste-generasievryhede, die reg op gelykheid, die reg op

’n billike verhoor, die reg teen aanhouding sonder verhoor,

eiendomsreg, die reg op vryheid van beweging, denke, godsdiens,

oortuiging, uitdrukking en van vergadering. Daarbenewens bevat dit

ook ʼn aantal tweede-generasie sosiale en ekonomiese regte: die reg

op werk, billike werksomstandighede en regverdige besoldiging, die

reg op ʼn basiese lewenspeil, op voeding, kleding, behuising en op

mediese, maatskaplike en bejaardesorg, asook die reg op basiese

onderwys. 32

28 Artikel 1(3) van die Handves van die Verenigde Nasies, 1945.

29 Artikel 53 en 56 (n 28 hierbo).

30

J Dugard International Law: A South African Perspective (2005) 315.

31 Dugard (n 30 hierbo) 315. Die verklaring voldoen na alle waarskynlikheid grootliks

aan die opinio iuris-vereiste vir internasionale gewoontereg, maar nie aan die

usus-vereiste nie. Sien oor hierdie vereistes onder andere Dugard (n 30 hierbo)

29-33; H Booysen Volkereg en sy verhouding tot die Suid-Afrikaanse reg (1989)

32

48-50.

Artikel 24 tot 26 van die Universele Verklaring van Menseregte bevat die gemelde

ekonomiese en sosiale regte.

Menseregte - die sorgsame staat 215

Die Algemene Vergadering verleen dus volle erkenning aan sosiale

en ekonomiese regte, bo en behalwe burgerlike en politieke regte. Op

dié wyse word die beginsel van die interafhanklikheid van regte wat

intussen geyk geraak het, bevestig. 33

Met die aanname van die Universele Deklarasie was daar egter nog

nie bindende internasionale menseregte nie. Daar was gevolglik die

noodsaak om die belydenisse van die Deklarasie in bindende

verdragsreg te bestendig. Aanvanklik is ʼn enkele verdrag beoog. Die

destydse ideologiese spanning tussen Wes en Oos het dit egter

verhoed en uiteindelik is twee konsepverdrae in 1966 deur die

Algemene Vergadering goedgekeur. Die twee instrumente het in 1976,

nadat die vereiste aantal lidstate dit bekragtig het, in werking

getree. 34 Die Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte

bevat al die tradisionele basiese burgerlike en politieke regte en

vryhede: die reg op lewe, 35 die reg teen marteling, wrede,

degraderende en onmenslike straf en behandeling, die reg teen

slawerny, die reg op persoonlike vryheid en sekuriteit, die reg op ʼn

billike verhoor, die reg op die legaliteitsbeginsel in die strafreg, 36 die

reg op vryheid van beweging, denke, gewete, oortuiging, uitdrukking,

vergadering en assosiasie, stemreg, die reg op privaatheid en die reg

op gelyke regsbeskerming.

Die tweede verdrag, die Internasionale Verbond vir Ekonomiese,

Sosiale en Kulturele Regte, maak voorsiening vir die reg om te werk,

die reg op billike werksomstandighede, wat die reg op ʼn billike loon

en ʼn gesonde werksomgewing insluit, die reg op lidmaatskap van ʼn

vakbond, die reg op ʼn voldoende lewenstandaard, voeding, kleding,

behuising en algaande beter lewensomstandighede, die reg op die

hoogste haalbare lewenspeil en op fisiese en geestesgesondheid, die

reg op onderwys, met inbegrip van gratis primêre onderwys en die reg

op deelname aan die kulturele lewe. 37

Die sentrale belang van die twee verbonde is dat dit vir al die

verdragspartye daartoe gebiedende verpligtinge kragtens die

internasionale verdragsreg skep. In artikel 2 van albei die verbonde

verbind staatspartye hulle tot die voldoening aan die regte en die

verpligtinge daarin vervat.

33 Die beginsel is in 1950 deur die Algemene Vergadering van die VN bevestig. Sien

34

35

Eide (n 22 hierbo) 15.

Dugard (n 30 hierbo) 316.

Die reg is aangevul deur die Tweede Opsionele Protokol van 1989 tot die

Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte, wat daarop gemik is om

36

die doodstraf af te skaf.

Die beginsel van nullum crimen sine lege, oftewel dat niemand vervolgbaar is vir

37

‘n handeling wat nie strafbaar was toe dit gepleeg is nie.

Gesamentlik staan die Universele Deklarasie en die twee 1966-verbonde as die

International Bill of Rights (Internasionale Handves van Regte) bekend.

216 Hoofstuk 8

Daar kan na die twee bovermelde verdrae as die algemene VNmenseregteverdrae

verwys word omdat ʼn wyd uiteenlopende aantal

regte daarin opgeneem is. Menseregte-standaarde is daarbenewens

ook in ʼn aantal spesifieke VN-konvensies gestel. Daaronder tel die

Internasionale Konvensie vir die Verwydering van alle Vorme van

Rassediskriminasie (1965), die Konvensie vir die Verwydering van alle

Vorme van Diskriminasie teen Vroue (1979), die Konvensie teen

Marteling en ander Vorme van Wrede, Onmenslike of Degraderende

Behandeling of Straf (1984), die Konvensie oor die Regte van die Kind

(1989) en die Konvensie vir die Regte van Gestremdes (2004).

Naas die internasionale menseregtelike stelsel wat sy beslag

weens VN-werksaamhede gekry het, is daar ook ʼn aantal

streekstelsels van krag:

• Die Europese stelsel waarin die Europese Konvensie vir die

Beskerming van Menseregte en Individuele Vryhede (1950) en die

Europese Sosiale Handves (1961) die toonaangewende

instrumente is en daaropvolgende uitbreidings (ʼn omvattend

hersiene Sosiale Handves het in 1999 in werking getree);

• Die Amerikaanse stelsel ingevolge die Amerikaanse Deklarasie van

Regte en Verpligtinge van die Mens (1948) en die Amerikaanse

Konvensie vir Menseregte (1969);

• Die Afrika-stelsel kragtens die Afrika-Handves vir Mense- en

Volksregte (1981).

Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat ons era inderdaad bowenal

een van menseregte is. Benewens die omvattende internasionale en

streekstelsels oor menseregte, het daar na die Tweede Wêreldoorlog

ook ʼn fenomenale toename in die erkenning van menseregte in

nasionale grondwette voorgekom. Dit het meegebring dat daar vandag

nouliks ʼn staat oor is sonder die een of ander goedkeurende

menseregtelike verwysing.

Die funksionele terrein van menseregte kom ook onversadigbaar

voor. Nuwe belange wat nog nie in menseregtelike terme gedefinieer

is nie, word aanhoudend geïdentifiseer en die proses van

menseregtelike standaardstelling kom net nie tot stilstand nie.

Minderheidsregte wat een van die eerste gebiede was, wat deur

internasionale menseregte verreken is, maar daarna lank agterweë

gelaat is, het veral in die 1990's sterk opgang gemaak. 38 Ook die regte

van inheemse bevolkings en derde-generasieregte geniet toenemende

aandag binne die menseregteveld.

38 Sien byvoorbeeld F Benoit-Rohmer The majority question in Europe: towards a

coherent system of protection for national minorities (1996); HA Strydom ‘South

African constitutionalism between unity and diversity: lessons from the new

Europe’ (1997) 12 SAPR/L 373 et seq.

Menseregte - die sorgsame staat 217

Menseregte is trouens feitlik heeltemal ontslae van enige

spesifieke ideologiese konnotasie en staan los van eksklusiewe

ideologiese voor- of afkeure. Menseregte, net soos die natuurreg van

ouds, is soos ʼn spons en blyk bykans alles wat voorkom te absorbeer,

ongeag die ideologiese teenstrydighede van die belange wat as

menseregte erken word. Dit is ʼn steeds verruimende begrip wat alle

menslike behoeftes na gelang van veranderde sosiale omstandighede

juridies verreken. 39

Menseregte is omvattend. Dit omvat nie net meer die plig van die

owerheid om sigself van inbreuke op politieke en burgerlike regte te

weerhou nie. Dit sluit ook die verpligting in dat die owerheid

daadwerklik moet optree om die sosiale en ekonomiese welsyn van

die staatsbevolking te verbeter. Dit vereis dat die owerheid moet

beplan, aktivisties tussenbeide moet tree en op ʼn programmatiese

wyse die realisering van sosiale en ekonomiese regte moet

verwesenlik. Soos Louis Henkin sê:

... international human rights implied rather a conception of

government as designed for all purposes and for all seasons. 40

3 Die staatlik-paradigmatiese politiek van

menseregte

Menseregte veronderstel menslike behoeftes waaraan die staat moet

voldoen. Menseregte gaan gevolglik gepaard met verpligtinge wat op

die staat rus en funksies wat die staat moet vervul. Dit is juis die staat

wat primêr moet sorg dat menseregte verwesenlik word. 41 Hoe meer

die menslike behoeftes wat in die regte vervat is, des te meer die

staatlike verpligtinge en funksies.

Aanvanklik was die verpligtinge wat ingevolge eerstegenerasieregte

op die staat geplaas is, van ’n negatiewe —

weerhoudende — aard. Die staat moes sigself bloot van ’n bepaalde

terrein — die vryheidsdomein van individue — weerhou. Met die

tweede-generasie sosiale en ekonomiese regte het die staat egter

toenemend as aktiewe rolspeler en pligdraer vir die doel van die

realisering van regte op die voorgrond getree. Dikwels belas

menseregteverdrae owerhede ook met die verpligting om gesindhede

te verander en sodoende as ’t ware onderwysend en predikend op te

tree. Die toenemende rol van die staat in die bewerking van

39

Szabo (n 8 hierbo) 19; De Villiers (n 7 hierbo) 35-36; J Donnelly ‘Human rights and

human dignity: An analytical critique of the Non-Western conception of human

40

41

rights’ (1982) 76 American Political Science Journal 315.

Henkin (n 1 hierbo) 6.

Donnelly (n 39 hierbo) 306.

218 Hoofstuk 8

maatskaplike veiligheid deur die verwesenliking van tweedegenerasieregte

het veral sedert die dae van Bismarck toenemend

belangrik geword.

Die veranderde funksies van die staat met die klem op die

toenemende pligte in die sosio-ekonomiese sfeer vind neerslag in die

sosiologiese regsleer van Rudolph von Jhering, Eugene Ehrlich en

uiteindelik van Roscoe Pound. Hulle het voortgebou op die aannames

van die utilistiese politiek van Jeremy Bentham.

Voor die negentiende eeu was sake soos onderwys, gesondheid en

welsyn vir die staat en die reg van weinig belang. Veral gestimuleer

deur die werk van Jeremy Bentham (1748-1832) en natuurlik weens

die groot maatskaplike veranderings wat met die nywerheidsomwenteling

gepaard gegaan het, het die staat sedertdien algaande

meer pligte aangaande die soort kwessies op sy skouers begin neem.

Dit het weer progressief meer regsregulering genoodsaak. 42

Volgens die utiliteitsbeginsel soos deur Bentham bepleit, is dit die

funksie van die reg (en die staat) om die hoogste haalbare graad van

menslike geluk vir elke individu te bewerkstellig ten einde sodoende

optimale geluk vir almal te verseker. 43 Die utilitêre regverdiging vir

die noodsaak van wetgewing is juis dat dit ’n belangrike middel is

waardeur geluk vir die grootste moontlike aantal mense verseker kan

word. 44 Rudolph von Jhering (1818-1892) se werk sluit hierby aan. Hy

was eers ʼn aanhanger van die Duitse historiese skool, maar kom later

toenemend onder die indruk van die maatskaplike funksie van die reg.

Waarskynlik beïnvloed deur die veranderde sosio-ekonomiese

omstandighede van sy tyd waarin die staat toenemend op die

voorgrond tree as die instelling wat aan maatskaplike behoeftes van

talle afhanklike verstedelikte mense moes voldoen, leer Jhering dat

die reg sosiale doelwitte moet bereik en dat die reg juis op praktiese

sosiale en ekonomiese probleme moet reageer. 45

Roscoe Pound (1870-1964) se sosiologiese regsleer bou hierop

voort. Dit was daarop gemik om te verseker dat die formulering,

uitleg en toepassing van wetgewing die sosiale omgewing nougeset in

ag neem en daarop reageer. Met die oog hierop moet voortdurende

empiriese navorsing onderneem word om die sosiologiese gevolge van

wetgewing te bepaal. Sosiale navorsing moet die aanneem van

wetgewing voorafgaan en sosiale navorsing moet volgehou word om te

bepaal hoe wetgewing sosiaal meer doeltreffend gemaak kan word.

Kortom, ’n omvattende sosiale studie rakende wetgewing moet

42 RWM Dias Jurisprudence (1976) 580.

43 Dias (n 42 hierbo) 591.

44

Dias (n 42 hierbo) 593.

45 Dias (n 42 hierbo) 585-588.

Menseregte - die sorgsame staat 219

deurlopend onderneem word. By die bepaling van die behoeftes

waaraan die regstelsel moet beantwoord, moet ’n volledig

geklassifiseerde inventaris van menslike behoeftes bygehou word.

Hierdie behoeftes moet van regsweë bevredig word en daar moet

vasgestel word wat die mees optimale wyses is om juridies aan die

behoeftes te voldoen. 46

Pound se sosiologiese regsleer moet verstaan word teen die

agtergrond van die toenemende menslike (veral sosiale en

ekonomiese) behoeftes van die laat negentiende en die twintigste

eeu. Sy regsleer verteenwoordig as ’t ware die regsteorie se antwoord

op die sosio-ekonomiese omstandighede van daardie era. Dit verreken

die vermenigvuldiging van onbeantwoorde maatskaplike behoeftes

van daardie tydvak en bied die reg as ’n dinamiese en plooibare

instrument aan waardeur die behoeftes bevredig kon word.

Vanselfsprekend tree die staat vir hierdie doel net so prominent op

die voorgrond as die reg self, want die reg is juis die instrument wat

deur die staat vir behoeftebevrediging aangewend word.

Pound se nuwe sosiologiese regsleer waardeur die reg as sosiale en

ekonomiese behoeftebevrediger aangewend word, is vandag so

alledaags en dit kom so gemeenplasig voor dat ’n mens die vraag wil

vra of dit hoegenaamd enige waarde as regsteorie het. Ons leef

immers in ’n era waarin die dinamiese maatskaplike rol en funksie van

die staat en van die reg as vanselfsprekend en normaal aanvaar word.

Bismarck se maatskaplike sekerheidswetgewing en die

aanwending van soortgelyke maatreëls elders in die wêreld kan

beskou word as die politiek van die sosiologiese regsleer. Wat

Bismarck en ander maatskaplik geïnspireerde politici vir die politiek

gedoen het, doen Jhering, Ehrlich en veral Pound vir die regsteorie.

Die sosiologiese regsleer is by uitnemendheid die apologeet van

tweede-generasieregte. Daarvolgens is daar geen plek vir die afsydige

libertynse nagwag-staat met sy laissez faire karakter nie. Met die

koms van tweede-generasieregte kom noodwendig ook die

spierkragtige en alomteenwoordige staat wie se voedende,

onderwysende, genesende en werkverskaffende hand daagliks op alle

individue ’n uitwerking het.

Menseregte het bykans ʼn inherent gunstige betekenis. Net soos

demokrasie is dit ook self-legitimerend. Dit wek bykans outomaties

aangename sensasies op. ʼn Mens met ʼn reg is immers ʼn bemagtigde

en waardige mens. ʼn Regsverhouding impliseer altyd ʼn reghebbende

en ʼn pligdraer met die reghebbende wat kragtens die regsverhouding

46 Dias (n 42 hierbo) 596.

220 Hoofstuk 8

in ʼn relatiewe magsposisie teenoor die pligdraer verkeer. 47 En

wanneer ons met menseregte te doen het, is die staat feitlik

deurlopend die pligdraer. 48 Voeg hierby die feit dat menseregte soos

hierbo verduidelik geweldig in omvang uitgebrei het en die staat

derhalwe ʼn magdom van verpligtinge opgedoen het, dan skyn die

beeld wat voor ons opdoem besonder aantreklik en behaaglik te wees

— ʼn beeld van ʼn bemagtigde en selfversekerde individu teenoor wie

die staat ingevolge ʼn verskeidenheid menseregtelike bepalings ʼn

groot aantal verpligtinge verskuldig is.

Aan die ander kant van die glinsterende skyn word ons egter deur

ʼn heel somber realiteit begroet. Die dominante sosiale en ekonomiese

kragte van ons tyd, waaronder tel ekonomiese groei (sonder

gepaardgaande werkskepping), verstedeliking, bevolkingstoename,

modernisering, werkloosheid, globalisering met die gepaardgaande

beweging van kapitaal en arbeid oor staatsgrense, ongekontroleerde

misdaad, toenemende druk op skaars noodsaaklike hulpbronne,

verouderende sorgbehoewende bevolkings, die soms pynigende

uitwerking van (noodsaaklike) streng monetêre beleid op groot

gedeeltes van die bevolking, die gaping tussen ryk en arm en andere,

het individue vervreem van die geborgenheid van die klein

beskermende gemeenskappe waarbinne hulle vroeër geleef het.

Ekonomiese, sosiale en kulturele versteuring en ontwrigting van die

tradisionele gemeenskappe, van die (uitgebreide) familie, die gesin,

feodale strukture of die stam het die onderlinge ondersteuning wat

hegter gemeenskapslewe vroeër voorsien het, uit die weg geruim.

Namate die staat en die liberaal-kapitalistiese ekonomie ontwikkel

het, het die individu die familie en ander gemeenskappe vervang as

die entiteit waarmee die reg primêr gemoeid is. 49 Die ontwikkeling

van die (atomisties geïnspireerde) reg het gepaard gegaan met die

aanhoudende proses van vernietiging van die individu se vroeëre

natuurlike bande met sy gemeenskappe en groepslidmaatskap. Dit

het toenemende individuele isolasie meegebring 50 en waar individue

vroeër op die beskerming van die groepe waarvan hulle deel was, kon

staat maak, het die reg, soos deur die staat geadministreer,

47 Donnelly (n 39 hierbo) 305.

48

Vasak (n 5 hierbo) 27 deel ons byvoorbeeld mee dat ingevolge internasionale

menseregte die staat altyd vir die verwesenliking van menseregte aanspreeklik is.

Hierdie eenvoudige waarheid is veral duidelik wanneer dit kom by sosiale en

ekonomiese regte. Aangesien hierdie regte anders as eerste-generasieregte

dikwels nie vir onmiddellike voldoening vatbaar is nie, word dit anders

geformuleer as hulle eerste-generasie eweknieë. Tweede-generasieregte word

gewoonlik gekwalifiseer deur te bepaal dat die staat die plig het om inaggenome

die beskikbare hulpbronne die progressiewe realisering van die regte te

bewerkstellig. Sien byvoorbeeld artikel 2(1) van die Internasionale Konvensie vir

Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte asook artikel 26(2) en 27(2) van die Suid-

Afrikaanse Grondwet.

49 S Diamond ‘The rule of law versus the order of custom’ in RP Wolff (red) The Rule

of Law (1971) 124.

50 Diamond (n 49 hierbo) 124.

Menseregte - die sorgsame staat 221

toenemend die primêre plaasvervangende beskermingsrol vervul.

Diamond vat dit mooi saam wanneer hy verduidelik:

Clearly, the nuclear family in contemporary urban civilization, although

bound by legal obligations, has minimal autonomy. It is a reflex of

society at large. Obviously, the means of education, subsistence and

self-defense are outside the family’s competence. It is in this sense that,

giving the absence of mediating institutions, having a clearly defined

independent authority, the historical tendency of all state structures visa-vis

the individual nay be designated as totalitarian. If ‘totalitarian’ is

the state process, totalitarianism cannot be confined to a particular

political ideology but is, so to speak, the ideology, explicit or not, of

political society. 51

Menseregte wat deur die staat gewaarborg word, staan nou in vir dié

verlies aan beskerming wat weens die verswakking van intermediêre

sosiale strukture en gemeenskappe veroorsaak is. 52 Jack Donnelly

verduidelik insiggewend:

These institutions have created a largely isolated individual who is

forced to go it alone against social, economic and political forces that

far too often appear to be aggressive and oppressive. Society, which

once protected his dignity and provided him with an important place in

the world, now appears, in the form of the modern state, the modern

economy, and the modern city, as an alien power that assaults his dignity

and that of his family. 53

In die lig hiervan is dit duidelik dat menseregte in werklikheid nie van

’n bemagtigde individu getuig nie. Inteendeel, menseregte verskaf

eerder die gekatalogiseerde beskrywing van die individue in die

huidige staat se uiterste behoeftigheid, weerloosheid, onmag en

afhanklikheid van die staat. Menseregte getuig van ʼn eensame,

ontwortelde individu wat, ontdoen van die ondersteuning wat

lidmaatskap van ʼn gunstige sosiale struktuur en ʼn lewendige

gemeenskapslewe andersins sou verskaf het, aan die genade van ʼn

hopelik alomteenwoordige en doeltreffende staat uitgelewer is. Dit

getuig van ʼn individu wat maar net kan vertrou dat die staat as sy

enigste toevlug, aan sy behoeftes, wat misleidend kordaat as regte

uitgedruk word, sal voldoen.

Teenoor die uitgelewerde individu staan die staat. Die staat se

pligte en funksies neem as gevolg van die vermeerdering van

individuele regte drasties toe. Vanweë die toevoeging van regte en

die ooreenstemmende toename in pligte wat op die staat rus, raak

individue net toenemend op die staat aangewese. Die staat raak

51 Diamond (n 49 hierbo) 124.

52

Donnelly (n 39 hierbo) 312.

53 Donnelly (n 39 hierbo) 312.

222 Hoofstuk 8

gevolglik weens die toename in menseregte algaande meer onmisbaar

in die daaglike bestaan van individue. Die ware verhaal van

menseregte is derhalwe nie dié van ʼn selfversekerde en bemagtigde

individu teenoor ʼn verswakte dog dienende staat nie, maar van ʼn

behoeftige en afhanklike individu in ʼn hegte menseregtelike

verhouding met ʼn kragtige en alomteenwoordige staat.

Hobbes se staat was absolutisties, maar dit was ʼn tingerige

Leviatan met ’n afsydige karakter. Hy het sy onderdane met rus

gelaat, behalwe in die geval van ernstige vredesbreuke. Hy was

absolutisties weens sy ongebondenheid aan konstitusionele reëls,

maar weens sy afsydigheid was hy hoegenaamd nie totalitêr nie. Die

staat — die sterflike god — (om weer Hobbes se terme te gebruik) van

die hedendaagse menseregte-regime is daarenteen vanweë sy

gebondenheid aan konstitusionele reëls nie meer (amptelik)

absolutisties nie. Die volgroeide Leviatan het egter, ofskoon hy nie

meer absolutisties is nie, sy jeugdige afsydigheid afgeskud. Leviatan

is nou totalitêr: 54 hy meng elke dag op velerlei wyses in ons almal se

lewens in. Hy is indringend en ingrypend in sy omsien na die welsyn

van ons almal. Geen terrein is immuun teen sy moeisame, minsame

sorg nie. Hierdie sterflike god — die hedendaagse staat — is weldadig

totalitêr en omdat hy die enigste is op wie ons in hierdie wêreld kan

staatmaak, moet ons noodwendig in hom glo. Sodoende is hy

heeltemal onmisbaar.

Menseregte, die vermeende bemagtiger van individue, staan

gegewe hierdie agtergrond dus vierkantig binne die staatlike

paradigma. Dit veronderstel die staat as kernentiteit en dit het die

effek om weens volslae individuele afhanklikheid van die staat, die

posisie van die staat teen enige aanvegtinge te verskans.

3.1 Die besondere posisie van sosiale en ekonomiese regte

Die erkenning en verskansing van tweede-generasieregte illustreer

treffend hoe menseregte aangewend is om die onaantasbaarheid van

die staat te verseker en sodoende die heersende staatlike orde teen

omverwerping te vrywaar.

In die Middeleeue was die lewenstandaard van die gewone

landelike bevolking laag in vergelyking met die destydse landelike

aristokrasie, maar eersgenoemde het steeds meer maatskaplike

veiligheid as die labouring poor van die negentiende-eeuse industriële

54

Die betekenis wat hier aan totalitêr toegedig word, is in navolging van G Sartori

Democratic Theory (1962) 47. Hy vereenselwig totalitarisme met die staat se

volledige indringing in die private sfeer, die miskenning van die onderskeid tussen

die staat en die gemeenskap en die meegaande algehele verpolitisering van die

gemeenskap.

Menseregte - die sorgsame staat 223

lande geniet. 55 In die Middeleeue was armoede ’n natuurlike

toestand, maar die sosiale orde en die gepaardgaande ongeskrewe

morele etos het middele verskaf vir die bekamping van minstens die

ergste gevolge van armoede. Die uitdeel van aalmoese was ʼn

gevestigde praktyk. 56 Feodalisme het sy eie nie-juridiese vorme van

voldoening aan sosiale regte gebied, hetsy deur die paternalistiese

pligte wat deur die feodale here nagekom is, of deur die

broederskaplike reëlings van die gildes. 57 Alexis de Tocqueville het

reeds gewys op die verskille tussen die maatskaplike verhoudings

waarby die landelike aristokrasie van die Middeleeue aan die een

kant, teenoor die industriële aristokrasie van die negentiende eeu

betrokke was. Die landelike aristokrasie het baie alledaagse

lewenservarings met hul lyfeienes gedeel. Hulle was op meer terreine

as net op die gebied van arbeid met die lyfeienes gemoeid. Daar was

ʼn aansienlike mate van gemeenskaplike lotsgebondenheid tussen

hulle. Die industriële aristokrasie, daarenteen, het slegs ’n loon aan

die werker betaal en het verder geen ander raakvlakke met die

werkers of enigiets anders met die werkers se welstand te doen gehad

nie. Daar het geen gevestigde gewoontes, gebruike en pligte bestaan

wat die industrialis met sy werkers verbind het nie. Daarteenoor het

die meester van die ou landelike aristokrasie sy lyfeienes bygestaan

en hulp aan hulle verleen, terwyl laasgenoemde weer beskerming en

diens aan die meester verskuldig was. 58

Die strukturele veranderings wat met industrialisasie ingetree

het, was ’n belangrike oorsaak vir die maatskaplike onveiligheid van

die werkers. Produksie het van die selfgenoegsame huishouding na die

fabrieksvloer en gepaardgaande loonarbeid weggeskuif. Die familie

(uitgebreide gesin) was vroeër ʼn produksie-eenheid met sy eie interne

distribusie-reëlings, asook reëlings vir maatskaplike sorg. Die

moderne gesin (nuclear family) is daarenteen ʼn hoogs mobiele,

verstedelikte struktuur wat van loonarbeid afhanklik is en wat

geensins tot dieselfde maatskaplike selfsorg as sy uitgebreide

voorganger in staat is nie. 59

Die maatskaplik uitgelewerde en onveilige toestand waarin mense

hulle toenemend in die negentiende eeu bevind het, het gelei tot

groeiende ondersteuning van sosialistiese bewegings wat die

onverwerping van die staatkundige orde beoog het. Die

werkersbeweging het sigself sterk laat geld in die 1848-rewolusie in

Europa. Teen die einde van die negentiende en die begin van die

twintigste eeu het rewolusionêre sindikalisme met sy program van

55

TH Marshall The right to welfare and other essays (1981) 29.

56 Marshall (n 55 hierbo) 30.

57 Rimlinger (n 17 hierbo) 53.

58

W Ebenstein Great political thinkers: Plato to present (1969) 539.

59 Rimlinger (n 17 hierbo) 53-54.

224 Hoofstuk 8

direkte optrede, gemik op ʼn uiteindelike algemene staking wat op

werkersregerings moes uitloop, in Europa en Suid-Amerika ʼn

gevaarlike uitdager vir die bestaande staatlike orde geword. 60 Die

heersende orde was in die gedrang en die behoud daarvan het

dringende verdedigingsmaatreëls geverg. Die Duitse, en kort daarna,

die Britse regering het op die probleem gereageer deur wetgewing

deur te voer wat voorsiening gemaak het vir maatskaplike sekuriteit.

Die hoof-dryfvere agter die maatskaplike programme was die

heersende politici, ondersteun deur senior staatsamptenare, wat die

maatskaplike programme geloods het met die oog daarop om die

bedreiging van die sosialistiese rewolusionêre beweging, wat die

bestaande orde onder druk geplaas het, die hoof te bied. 61

Die grondliggende motivering vir die beskerming van die werkers

deur maatskaplike sekuriteitsprogramme, in sowel Duitsland,

Engeland en Frankryk, was die noodsaak vir sosiale integrasie ten

einde die staat en die heersende ekonomiese orde teen rewolusionêre

omverwerping te vrywaar. 62

In Frankryk was die poging om die kerk uit te oorlê ’n bykomende

rede waarom die staat die verpligting van maatskaplike sorg aanvaar

het. Indien die staat nie die maatskaplike dienste verskaf het nie, het

dit die risiko geloop dat die kerk hierdie taak sou behartig, met die

gevolg dat die staat se posisie teenoor die kerk sou verswak het. 63

Waar sosiale en ekonomiese regte die indruk van die individu as

die begunstigde skep, blyk daar ook ʼn heel ander dimensie by die saak

betrokke te wees. Dit is dat die instel en die bevordering van

maatskaplike sekuriteitsprogramme van staatsweë die strategie was

wat aangewend is om die heersende staatlike orde te verdedig en die

mat onder die voete van sy linkse rewolusionêre uitdagers uit te pluk.

Die heersende staatlike orde was dus net soseer ʼn bevoordeelde van

maatskaplike sekuriteit en van sosiale en ekonomiese regte as die

individue wat voordeel daaruit getrek het. Die staat het deur die

aanvaarding van nuwe maatskaplike pligte nie net ʼn totalitêre

weldoener geword nie, maar terselfdertyd sy rewolusionêre uitdagers

gefnuik. Tweede-generasieregte was die troef.

Hannah Arendt lewer hierop kommentaar deur daarop te wys dat

alhoewel die vakbondbeweging as die pleitbesorger vir verbeterde

maatskaplike sorg en sekuriteit geslaagd was, dit as rewolusionêre

politieke beweging misluk het. 64 Die juridiese instrument van tweede-

60

Sien in die algemeen M van der Linden en W Thorpe W (reds) Revolutionary

61

62

63

Syndicalism: an International Perspective 1990.

Van der Linden & Thorpe (n 60 hierbo) 58.

Van der Linden & Thorpe (n 60 hierbo) 63.

Van der Linden & Thorpe (n 60 hierbo) 58.

Menseregte - die sorgsame staat 225

generasieregte het die vakbondbeweging uiteindelik oorreed om te

skik op die grondslag van maatskaplike sorg wat deur die staat

voorsien is, in plaas daarvan om die omverwerping van die staatlike

orde as strategiese politieke oogmerk te probeer deurvoer. Met die

maatskaplike behoeftes van die werkers bevredig en die weg na die

verwerwing van ʼn bourgeoisie-lewensstyl gebaan, was die

rewolusionêre sosialistiese ideaal van die politieke sakelys verwyder.

Dáárvoor het die staat en sosiale en ekonomiese regte gesorg.

Sodoende is die staatlike orde weer deur menseregte gedien.

3.2 Horisontaliteit en die ideologiese ommekeer van

menseregte

Die oorspronklike oogmerk van grondwetlike instrumente wat basiese

regte probeer beskerm het, was om die terrein wat die owerheid mag

betree, te begrens om sodoende die individuele vryheidsdomein

juridies te probeer beskerm. Basiese regte het dus gepoog om

regeringsoptrede in bedwang te hou deur dit te onderwerp aan

fundamentele reëls wat as geldigheidsmaatstaf vir regeringsoptrede

aangewend is. Hierdie geldigheidsmaatstawwe gee uitdrukking aan

die basiese uitgangspunte van konstitusionalisme, aangesien dit poog

om regeringsoptrede deur middel van basiese standaarde te rig ten

einde sodoende te verseker dat dit altyd voldoen aan minimumstandaarde.

Die beskerming van basiese individuele regte probeer dus

om ongebonde staatsabsolutisme te vervang met reëlmatige optrede

wat voldoen aan basiese juridiese vereistes van sowel ʼn prosessuele

as ʼn materiële aard.

Menseregte-instrumente was aanvanklik daarop gemik om die

individuele vryheid te beskerm. Dit is gedoen deur maatreëls wat

moes waak teen die misstand van owerheidsindringing in, en

regulering van die individuele vryheidsdomein. Staatlike absolutisme

en totalitarisme was dus die klassieke antagoniste van menseregte.

Intussen het die situasie heeltemal verander. Tweedegenerasieregte

het die staat met ʼn magdom van verpligtinge met

betrekking tot die versorging van individue belas. Gevolglik is die

staat kragtens sy menseregtelike verpligtinge in fyn besonderhede by

die totale daaglikse welsyn van individue betrokke. Menseregte het ʼn

instrument geword vir die noodwendige vestiging van staatlike

totalitarisme. Trouens, waar totalitarisme vroeër ʼn verskynsel was

wat met bepaalde ideologieë vereenselwig is, is dit vandag nie meer

so nie. Staatstotalitarisme het nou ʼn algemene kenmerk van bykans

64 Arendt H The Human Condition (1958) 216. Sien in hierdie verband ook die

kommentaar van DM Davis ‘Human rights - A re-examination’ (1980) 97 SALJ 94-

102 oor die wyse waarop menseregte rewolusionêre politiek uitoorlê.

226 Hoofstuk 8

die totale politieke werklikheid geword. 65 ʼn Nuwe dimensie wat

verdere ingryping van die staat in die individuele vryheidsdomein

meegebring het, het egter bygekom in die vorm van horisontale

toepassing van menseregte. 66 Horisontale toepassing bring onder

andere mee dat menseregte naas die vervulling van die klassieke

funksie daarvan, naamlik die reël van die verhouding tussen owerheid

en onderdaan, ook die onderlinge verhouding tussen privaat persone,

insluitende individue, reguleer. Dit impliseer dat individue (asook

privaat regspersone) deur menseregtelike bepalings gebind word. Dit

beteken dat individue nie slegs reghebbendes is nie, maar ook

pligdraers kragtens menseregtelike bepalings geword het.

Dit is natuurlik so dat die staat nie die enigste instelling is wat met

mag beklee is en in ʼn magsverhouding teenoor individue staan nie.

Private instellings, veral in die sakewêreld, is vanweë die enorme

akkumulasie van kapitaal dikwels ewe magtig of selfs magtiger as die

staat en gevolglik net soos die staat in ʼn posisie om hulle aan

magsmisbruik tot nadeel van individue skuldig te maak. Juis om

hierdie rede word geargumenteer dat dit noodsaaklik is dat

menseregtelike instrumente ook private verhoudings behoort te

reël. 67 Daar bestaan egter geen noodsaak om die potensiële

misstande voortspruitend uit ongelyke verhoudings in die private

sfeer noodwendig by wyse van algemene grondwetlike bepalings te

reguleer nie. Trouens, individuele wetgewende maatreëls wat op die

hantering van besondere probleemgevalle afgestem is, blyk ʼn meer

gepaste en doeltreffende middel vir die hantering van hierdie soort

probleem te wees.

Bowendien moet die enorme risiko’s verbonde aan algemene

horisontale aanwending van grondwetlike regte deeglik in ag geneem

word. 68 Horisontale aanwending bring mee dat die staat die private

en burgerlike sfeer, waarbinne die integriteit van individuele keuses

en burgerlike aktiwiteit beskerm behoort te word, binnedring en

sodoende individuele vryheid en burgerlike interaksie vernietig.

Wanneer die reg op gelykheid en teen onbillike diskriminasie

horisontaal toegepas word, kan dit meebring dat individue se

keusevryheid by die uitoefening van selfs die mees private en intieme

65 Diamond (n 49 hierbo) 124.

66

Sien in die algemeen oor horisontale toepassing van menseregte IM Rautenbach

Algemene bepalings van die Suid-Afrikaanse handves van regte (1994) 75-87; DM

Davis Fundamental Rights in the Constitution (1997) 31; P van Dyk P en GJH van

Hoof Theory and practice of the European Convention on Human Rights (1990)

15.

67 Davis (n 66 hierbo) 31. Presies dit het meegebring dat die sindikalisme sy

rewolusionêre appèl verloor en as ʼn politieke krag na 1920 geleidelik van die

toneel verdwyn het. Sien Van der Linden & Thorpe (n 60 hierbo) 18-19.

68 Sien byvoorbeeld AJ Jeffery ‘The dangers of direct horizontal application: a

cautionary comment on the 1996 Bill of Rights’ (1996) 1 The Human Rights

Constitutional Law Journal of South Africa 10-16.

Menseregte - die sorgsame staat 227

keuses met betrekking tot assosiasie met ander individue vernietig

word. Daar mag geargumenteer word dat individue tog oor die reg op

vrye assosiasie beskik en dat voormelde ongewensde scenario dus

nooit sal opduik nie. Die argument is egter nie noodwendig geldig nie.

Die kern van die saak is dat individue by die uitoefening van die keuses

by ʼn juridiese geskil betrek kan word, waartydens hulle sal moet

verduidelik dat die betrokke keuse tog deur die reg op vrye assosiasie

beskerm word. Dit gee dus daartoe aanleiding dat vryheid van

assosiasie vanweë die horisontale werking van die reg op gelykheid

aan streng staatskontrole onderwerp word. In plaas daarvan dat

individuele vryheid ʼn basiese reg is, word dit op dié wyse verskraal tot

ʼn uitsondering vir sover dit die staat behaag.

In die Suid-Afrikaanse regspraak is ʼn gevoeligheid vir hierdie

totalitêre risiko getoon 69 toe regter Ackermann daarop gewys het dat

die horisontale aanwending van die reg op gelykheid juis bovermelde

soort ongewenste implikasies kan inhou, 70 wat sal meebring dat van

die handves van regte ook ʼn kode van verpligtinge gemaak sal word. 71

Regter Kriegler het in dieselfde uitspraak gefaal deur nie dieselfde

insig te openbaar nie en deur die totalitêre risiko’s verbonde aan

horisontale aanwending argeloos as ʼn bangmaakstorie af te maak. 72

Die huidige Suid-Afrikaanse grondwet maak voorsiening vir

gekwalifiseerde horisontale toepassing. 73 Daar is egter sekere

bepalings, met inbegrip van die reg op gelykheid en die reg teen

onbillike diskriminasie, ten aansien waarvan horisontale toepassing

ongekwalifiseerd geld. 74

Die Konstitusionele Hof het geen probleem hiermee ondervind nie

en die bepalings is sonder verdere kommentaar in orde bevind. 75 So is

die grondslag gelê dat die vrese wat regter Ackermann uitgespreek

het, inderdaad bewaarheid kan word.

Deur spesifiek voorsiening te maak vir ongekwalifiseerde

horisontale aanwending van die reg op gelykheid, het menseregte sy

aanvanklike vertrekpunt en doelwit heeltemal versaak en vir presies

die teenoorgestelde verruil. Waar die oorspronklike oogmerk die

69 Du Plessis and Others v D de Klerk and Another 1996 5 BCLR 658 (KH) para 100-

112.

70 Du Plessis v De Klerk (n 69 hierbo) para 108.

71 Du Plessis v De Klerk (n 69 hierbo) para 112.

72

Du Plessis v De Klerk (n 69 hierbo) para 120, 122.

73 Artikel 8(2) en (3) van die Grondwet van 1996.

74 Artikel 9(4) plaas ʼn verpligting op privaat individue om nie onbillik teen ander

individue te diskrimineer nie. Diskriminasie word ingevolge artikel 9(5) onbillik

geag, tensy die verweerder die teendeel op ʼn oorwig van waarskynlikheid kan

75

bewys.

In re Certification of the Constitution of the Republic of South Africa 1996 1996

10 BCLR 1253 (KH) para 53-56.

228 Hoofstuk 8

juridiese verskansing van individuele vryheid was en waar menseregte

aanvanklik die bewaker oor die individuele vryheidsdomein was, geld

presies die teenoorgestelde nou. Nou voorsien menseregte deur

middel van horisontale aanwending die indringende staat van die

konstitusionele wapenrusting téén die waardes van vryheid en is hulle

gemik op die verminking van die individuele vryheidsdomein en van

sosiale en burgerlike aktiwiteit.

3.3 Die disharmonie en agterdog van menseregte

Die menseregte-diskoers word dikwels in ʼn jubelende trant en in ʼn

atmosfeer van opgewonde vreugde gevoer. Met die invoer van ʼn

handves van menseregte in Suid-Afrika in 1994 is die menseregteregime

deur talle met bykans kinderlike uitgelatenheid begroet.

Menseregte as die vermeende geneesmiddel vir bykans alle sosiale en

politieke kwale soos voorgeskryf deur die grondwet en toegepas deur

die howe was vir baie ʼn bron van gemoedsrus, genoegdoening en

vreugde.

Die bestaansrede vir menseregte, ongeag hoe geldig dit is,

regverdig egter allermins dié blydskap. Indien daar werklik ʼn hegte

gemeenskap binne die staat bestaan het, wat op onderlinge

individuele vertroue, respek en samewerking berus het, was daar

geen rede om ʼn stelsel van menseregte te ontwikkel aan die hand

waarvan menslike verhoudings van bo af gereguleer moes word nie.

ʼn Stelsel van menseregte erken en bevestig die realiteit van die

gemeenskaplose atomistiese tradisie wat deur Hobbes ingelui is.

Hiervolgens is die staat nie die politieke manifestasie van ʼn

outentieke gemeenskap van mense nie, maar bloot ʼn instansie wat

deur ʼn stelsel van afgebakende individuele regte poog om

antagonistiese individue se potensiële en daadwerklike konflik te

bedwing en te bestuur. Menseregte is dus een van die uitvloeisels van

die Hobbesiaanse tradisie. Sowel Karl Marx as Friedrich Engels het dit

ingesien en lewer paslike kommentaar hierop. Marx laat hom soos volg

oor die uitgangspunte van regte uit:

None of these so-called rights of man goes beyond the egoist man,

beyond man as a member of civil society, as man separated from life in

the community and withdrawn into himself, into his private interest and

his private arbitrary will. These rights are far from conceiving man as a

species-being. They see rather the life of the species itself, society, as a

Menseregte - die sorgsame staat 229

frame external to individuals, as a limitation of their original

independence. 76

Vir Friedrich Engels is die staat met sy antagonistiese individue en hul

botsende doelwitte tekenend van ernstige sosiale patologie. Die

staat, sê hy:

is the confession that this society has become hopelessly divided against

itself, has entangled itself in irreconcilable contradictions which it is

powerless to banish. In order that these contradictions, these classes

with conflicting interests, may not annihilate themselves and society in

a useless struggle, a power becomes necessary, that stands apparently

above society and has the function of keeping down the conflicts and

maintaining order. And this power, the outgrowth of society, but

assuming power over it and becoming more and more divorced from it, is

the state. 77

Dit is natuurlik nie nodig om, soos Engels, juis ekonomiese konflik te

beklemtoon nie. Onderlinge ekonomiese konflik en antagonisme bly

sekerlik vandag steeds ʼn belangrike faktor, maar hedendaags het

konflik voortspruitend uit botsende groepsidentiteite van veral ʼn

taalkundige en kulturele aard sterk op die voorgrond getree. Dit tree

na vore in die aandrang op nuwe regte, bo en behalwe die bestaande

individuele regte. Wat meer is, is dat die erkenning van nog meer

regte juis die bestaan van verdere antagonisme in die staat aan die lig

bring — nuwe antagonismes wat deur nuwe regte gereguleer word.

Ofskoon die regte gedeeltelik in die bekamping en bestuur van konflik

slaag, lewer die erkenning van steeds nuwe regte terselfdertyd

sombere sosiale kommentaar op die samelewings waarbinne

menseregte-regimes funksioneer. Robert Goldwin verklaar hieroor

met verwysing na die regte-kultuur sedert John Locke:

In extolling the importance of individual rights, we must realize that

they stem from a political teaching based on strife and harsh

competition, with pain, suffering and deprivation and misery often

resulting. A nation whose political scheme is based on the primacy of

individual rights is one of confusion, turmoil and ferment — and

unavoidably more than a little injustice. It is not a design for calm and

harmony in national life. It is a design for a stormy, tumultuous and

chaotic peace, but one we can nevertheless readily consent to. 78

Menseregte mag dus lof verdien, maar dan alleen as ʼn werktuig om

konflik en antagonisme te probeer reguleer. Die samelewing waarvoor

76 Karl Marx On the Jewish Question aangehaal deur R Dagger (n 1 hierbo) 302-303.

77

F Engels The origin of the family, private property and the state (vertaal deur

Ernst Untermann) (1902) 206.

78 RA Goldwin ‘What is a Bill of Rights and what is it good for?’ in A Licht & B de

Villiers (red) South Africa’s crisis of constitutional democracy: can the U.S.

constitution help? (1994) 162-163.

230 Hoofstuk 8

dit ontwerp is, is egter een waarin dit jammerlik aan werklike

harmonieuse menslike gemeenskap en onderlinge vertroue

ontbreek. 79

Menseregte-handveste word verder gewoonlik vervat in

onbuigsame grondwette wat teen gemaklike wysiging deur wetgewers

verskans is. Dit geniet derhalwe gewoonlik die status van hoër of

fundamentele reg. Hierdie reëling bied verdere getuienis van die

onderlinge wantroue waarop grondwetlik verskanste menseregte

geskoei is. Individue en groepe in die staat koester diepliggende

agterdog jeens mekaar. Elkeen glo dat die ander nie met die

regeringsmag vertrou kan word nie. Daarom moet daar byvoorbaat ʼn

vaste onveranderbare reëling getref word sodat wie ook al aan bewind

kom, minimum politieke beweegruimte sal hê. Sanford Levinson

verwoord dit soos volg:

The very existence of written constitutions with substantive limitations

of future conduct is evidence of skepticism, if not outright pessimism,

about the moral caliber of future citizens; else why not simply enjoin

them to ‘be good’ or ‘do what you think best’? 80

Hieruit is dit duidelik dat grondwetlik verskanste menseregte nie die

vergestalting van onderlinge vertroue is nie, maar die bepalings van ʼn

sosiale kontrak gebou op wedersyds gekoesterde agterdog en vrees.

3.4 Die staatlike orde en die prominensie van die

juristeklas

Saam met die groei van regte sedert die sewentiende eeu tot die

sleutelwerktuig in die administrasie van die hedendaagse staatlike

samelewing, het ook die regskenners — die regsprofessie in al sy

vertakkings — op die voorgrond getree as die klas wat ten beste in

staat is om die bestuur in die staatlike orde te behartig en populêre

geloof in menseregte te versterk. Die regsprofessie het ʼn baie lang

geskiedenis, maar die regte-gedrewe moderne staat — die regsregime

— het die sosio-politieke infrastruktuur opgelewer wat by

uitnemendheid die werksterrein van die juris is.

Die Republica Christiana van ouds was godsdienstig gedrewe en

die klas mees eie aan dié orde was die kerklikes wat die samelewing

gedomineer het. 81 Die huidige staatlike samelewing is natuurlik meer

pluralisties as sy godsdienstige voorganger, maar net soos die

Republica Christiana lewer dit ook sy eie, indien nie dominante nie,

79 Sien verder Diamond (n 49 hierbo) 140.

80

S Levinson ‘Law as Literature’ (1981-2) 60 Texas Law Review 376.

81 Sien hoofstuk 2.1.

Menseregte - die sorgsame staat 231

tog mees invloedryke klas op. Dit is die juristeklas wat net so behendig

met die retoriese instrumente van die reg woeker as die vroeëre

kerklikes met die retoriese gereedskap van die teologie. Net soos wat

die Republica Christiana ʼn teologiese en geteologiseerde orde was, is

die huidige staatlike samelewing ʼn juridiese en gejuridifiseerde orde.

In die Middeleeue was alle vraagstukke wat die moeite werd was

om aan aandag te gee, godsdienstig van aard. So het dit minstens

gelyk, want ofskoon ʼn probleem moontlik vanuit ʼn nie-Middeleeuse

perspektief nie godsdienstig voorgekom het nie, is dit tog in

godsdienstige terme geformuleer en sodoende binne die teologiese

diskoers tuisgebring. Dit het tot gevolg gehad dat die kerklikes die

enigstes was wat hulle met gesag oor sodanige geteologiseerde

probleme kon uitlaat. Al die ander — die nie-teoloë — wat nie die

teologiese diskoers bemeester het nie, was daarvan uitgesluit.

Sodoende is die hantering, beheer en oplossing van vraagstukke deur

die teologiese klas gemonopoliseer. Die manipulasie van die diskoers

op sodanige wyse dat die probleme in teologiese terme

geherdefinieer en dus geteologiseer is, was in effek ʼn politieke

strategie, want die uitwerking van herdefiniëring was dat die gesag

van die kerklikes versterk is en dat almal wat buite die kerklike klas

gestaan het, van enige beduidende gesag en invloed ontneem is.

Dieselfde soort verskynsel kom in die staatlike orde met sy regtegedrewe

samelewing voor. Talle probleme, met inbegrip van die

belangrikste openbare vraagstukke, word ook gedefinieer en

herdefinieer en geklassifiseer, maar dié keer nie tot teologiese

probleme nie, maar tot probleme van ʼn juridiese aard en sodoende

binne die operasionele sfeer en beheer van juriste gebring. Die proses

van juridifisering wat hierdeur in die hand gewerk word, is trouens

reeds ver gevorderd. Theo van Boven, ʼn voormalige senior VN

menseregte-funksionaris, sê:

The great international issues of our times can all be framed, argued and

contested on the terrain of human rights — issues of war and peace, selfdetermination,

colonialism, racism, apartheid, the preservation and

conservation of the environment, development, population, food,

poverty, the establishment of a new international economic order, a new

social order and a new human order. 82

Die strategie wat sigself hier voltrek, is een van disassosiatiewe

definiëring. 83 Daarvolgens kan ʼn bepaalde probleem wesenlik van ʼn

politieke aard wees, maar deur disassosiatiewe definiëring word dit

van die politiek gedisassosieer en ontkoppel en tot ʼn juridiese

82 T van Boven People Matter: Views on international human rights policy

83

(Saamgestel deur Hans Toolen) (1982) 16.

P Goodrich ‘Rhetoric as jurisprudence: An introduction to the politics of legal

language’ (1984) 4 Oxford Journal of Legal Studies 92-93.

232 Hoofstuk 8

probleem herdefinieer. Die probleem word gevolglik retories

gedepolitiseer en as herdefinieerde juridiese vraagstuk na die

professionele terrein van die juris verplaas. Sodoende word die

politieke diskoers binne die beheer- en gesagsterrein van die juris

geplaas. Alle nie-juriste word van die diskoers uitgesluit en word ook

van die juris wat die professionele terrein beheer, afhanklik gemaak.

Dit is treffend dat die prototipiese regsretoriese strategie juis aan

die begin van die staatlike era uitgevoer is. Dit was in 1610 toe sir

Edward Coke in Bonham’s Case tot die onsteltenis van James I

hersienings- en nietigverklaringsbevoegdhede met betrekking tot

Parlementêre en vorstelike handelinge vir die hof toegeëien het. 84

Coke het in sy hoedanigheid as Chief Justice of the Common Pleas in

Bonham’s Case uitspraak gegee, maar hy is later, in 1613, tot

hoofregter van die Kings Bench bevorder waar sy politieke invloed

geringer was. 85 Hy is egter later as regter ontslaan, maar het

mettertyd as parlementslid ʼn leidende rol teen die absolutistiese

neigings van James I gespeel.

Coke het op sterkte van betreklik onoortuigende gesag 86 vir die

hof ʼn hersienings- en nietigverklaringsbevoegdheid van Parlementêre

en vorstelike handelinge toegeëien, toe hy in sy uitspraak in die saak

verklaar het:

It appears in our books, that in many cases, the common law will control

acts of Parliament, and sometimes will adjudge them to be utterly void:

for when an act of Parliament is against common right and reason, or

repugnant, or impossible to be performed, the common law will control

it, and adjudge such an act to be void. 87

Coke het soos volg geredeneer: die common law is fundamentele reg.

Die regbank is die eksklusiewe bewaker oor en die vertroueling van

die common law en het dienooreenkomstig oor die bevoegdheid

beskik om wetgewing wat daarmee strydig was, ongeldig te

verklaar. 88 Voorts was dit onmoontlik om die common law te ontsluit

as jy nie grondig in die boeke van die common law en in die

eiesoortige kunsmatige rede (artificial reason) van die common law

geskool was nie. Kundige juriste, vaardig in die kunsmatige rede van

84 Sien hieroor asook oor die invloed van Coke onder andere FT Plucknett ‘Bonham’s

case and judicial review’ (1926-1927) 40 Harvard Law Review 30-70; (a) ES Corwin

‘The establishment of judicial review’ (1910) 9 Michigan Law Review 102-125; (b)

ES Corwin ‘The ‘higher law’ background of American Constitutional Law’ 1928-

1929 42 Harvard Law Review 365-409; RA MacKay ‘Coke, Parliamentary

sovereignty and the supremacy of the law’ (1924) 22 Michigan Law Review 215-

247; CF Mullet ‘Coke and the American revolution’ (1932) 12 Economica 457-471

85 Mullet (n 84 hierbo) 459.

86 Mullet (n 84 hierbo) 460-461; 467; Plucknett (n 84 hierbo) 40.

87 Aangehaal deur GH Sabine A History of Political Theory (1971) 452 uit Coke’s

Reports Pt. VIII, 118a.

88 Plucknett (n 84 hierbo) 50.

Menseregte - die sorgsame staat 233

die common law — mense soos Coke self — kon die insigte van die

common law blootlê. Ander, met inbegrip van die politici, soos selfs

koning James I, beskik hoe intellektueel voortreflik hulle ook al mag

wees, egter nie oor die eiesoortige toerusting van die kunsmatige rede

nie. Die boodskap aan diesulkes is om liewers oor die reg te swyg en

hulle by die uitsprake van hulle juridies kundige meerderes te berus.

Coke rapporteer soos volg hieroor:

Then the king said that he thought the law was founded upon reason,

and that he and others had reason, as well as the judges: to which it was

answered by me, that true it was, that God had endowed his Majesty

with excellent science, and great endowments of nature; but his Majesty

was not learned in the laws of his realm of England, and causes which

concern the life, or inheritance, or goods, or fortunes of his subjects are

not to be decided by natural reason but by the artificial reason and

judgment of law, which law is an act which requires long study and

experience, before that a man can attain to the cognizance of it ... with

which the King was greatly offended, and said, that then he should be

under the law, which was treason to affirm, as he said: to which I said,

that Bracton saith, Quod rex non debet esse sub homine, sed sub Deo et

lege. 89

Coke se dictum in Bonham’s Case het uiteindelik die heel belangrikste

stelling met betrekking tot die vestiging van grondwetlike reg en,

meer in besonder, met betrekking tot die hersienings- en

nietigverklaringsbevoegdheid van die howe in die VSA geword. 90 Juis

op sterkte van hierdie dictum is die praktyk van regterlike kontrole

reeds lank voor Marbury v Madison in pre-rewolusionêre Amerika

gevestig. 91 Coke is ook by name deur een van die founding fathers,

Alexander Hamilton, ingespan ten gunste van die saak vir regterlike

kontrole. 92

Wat betref die wyse van argumentering was Coke grotendeels nog

’n Middeleeuer. Hy het fragmentaries te werk gegaan en het nie

probeer om ’n omvattende filosofiese stelsel te ontwikkel nie. Daar is

ook sterk aanduidings dat hy steeds die Middeleeuse oortuiging van ’n

onveranderlike fundamentele reg gehuldig het. 93 Coke was egter veel

meer as net ’n common law-juris. In werklikheid was hy ook ’n

politieke filosoof 94 en ’n politikus. 95 Trouens, hy was ’n juris-politikus

wat op behendige wyse die gesaghebbende regsdiskoers, wat moeilik

deur sy opponent, James I, teengegaan kon word, aangewend het met

89

90

91

92

93

Aangehaal deur Sabine (n 87 hierbo) 452 uit Coke’s Reports Pt. XII, 65.

Corwin (n 84b hierbo) 367; Corwin (n 84a hierbo) 105-106.

Plucknett (n 84 hierbo) 62.

Corwin (n 84a hierbo) 107; Mullet (n 84 hierbo) 458; Corwin (n 84b hierbo) 397.

Corwin (n 84b hierbo) 366; Mullet (n 84 hierbo) 466. Sien oor die onveranderlike

94

95

Middeleeuse fundamentele reg hoofstuk 2.2.

Plucknett (n 84 hierbo) 30; 45.

CF Mullet 1932 461.

234 Hoofstuk 8

die oog daarop om ’n politieke doelwit te bereik, naamlik om die

koning (en by implikasie ook die Parlement) se legitieme

gesagsterrein te verklein en die gesagsterrein van die hof en, daarmee

saam, ook sy eie gesagsterrein uit te brei. Dit was klaarblyklik politiek

par excellence.

Die verskynsel van regterlike kontrole deur ʼn bevoegde hof —

veral konstitusionele howe — het sedertdien vernaamlik in die

Westerse Wêreld ʼn algemene verskynsel geword. 96 Daarmee saam het

die toenemende juridifisering van die politiek op die voorgrond

getree. Sake wat vroeër as politiek beskou is en wat inderdaad

wesenlik politiek is, word toenemend in regsterme herdefinieer.

Sodoende word die funksionele terrein van die juris voortdurend

uitgebrei en word die vermoë van nie-juriste tot sinvolle politieke

deelname algaande ingekort. By die deelname aan die politieke

diskoers wat in regsterme heromskryf is, word die politieke posisie en

invloed van die juris versterk en die van dié nie-juris verswak. Die niejuris

het deurlopend die probleem dat hy as gevolg hiervan verplig is

om oor die weg te kom met taal (parlance) wat hy nooit werklik goed

onder die knie het nie. Hy kom nooit behoorlik tot verhaal nie. Hy loop

deurlopend die risiko om deur die juris, wat uiteraard die

gejuridifiseerde diskoers goed onder die knie het, gekorrigeer te

word. Die nie-juris se uitweg uit hierdie ongemak is gewoonlik om die

professionele bystand van ʼn juris in te roep wat dan namens hom die

woord kan voer. Met ander woorde, vermy die probleem van juridiese

onkunde en word ʼn kliënt van die juris. Hier tree ʼn verdere gevolg van

juridifisering op die voorgrond, naamlik dat hoe meer kwessies tot

regskwessies herdefinieer kan word, des te groter word die juris se

potensiële kliëntebasis. 97 Herdefiniëring brei gevolglik nie net die

gesag en invloed van die juris uit nie; dit vergroot ook sy mark.

Benewens die politieke implikasies van herdefiniëring, is dit gevolglik

ook ekonomies voordelig.

Die mees voor die hand liggende juridifiserende gevolg van

regterlike hersiening is dat die howe, en dus die regters, tot (mede)nasionale

beleidmakers verhef word. 98 Juridifisering gaan egter

verder as hofuitsprake. Dit verander ook die handelswyse van politici

en beleidmakers. Die uitsprake van ʼn konstitusionele hof (of ander

howe met die vereiste jurisdiksie) het ʼn rigtinggewende uitwerking,

aangesien dit perke aan toekomstige beleidsopsies stel. Bowendien

bestaan daar ook die risiko van regterlike sensuur vir sover

96 Sien byvoorbeeld A Stone ‘The birth and development of abstract review:

constitutional courts and policy making in Western Europe’ (1991) 81 Policy

Studies Journal 81-95; G Dietze ‘America and Europe — decline and emergence of

judicial review’ (1959) 76 SALJ 398-434.

97

Z Bankowski en G Mungham Images of Law (1976) 43.

98 Stone (n 96 hierbo) 88.

Menseregte - die sorgsame staat 235

beleidsbesluite van wetgewers en die uitvoerende gesag nie juridies

na wense is nie. 99 Dit gee daartoe aanleiding dat beleidsoorwegings

noodwendig swaar met regsargumente en regsoorwegings belaai

word. Konstitusionele debatvoering is dus nie net beperk tot die hof

by wyse van regspraak en daadwerklike judisiële intervensie nie, maar

kom trouens op ʼn deurlopende grondslag in die wetgewende proses

voor. 100 Dit kring ook wyer uit na die algemene openbare diskoers,

insluitende die media, waar argumente om die grondwetlikheid al dan

nie van gebeure en besluite wentel. Die verskynsel het in Suid-Afrika

algemeen geraak. Gejuridifiseerde politiek het deel van ons

alledaagse werklikheid geword. Maar hoe veel daar ook al deur leke

oor dié sake geargumenteer word, berus die finale antwoord in ʼn

gejuridifiseerde diskoers by die juriste. 101 Hierdie ongelykheid in die

gejuridifiseerde openbare diskoers, net soos dié van die

geteologiseerde diskoers van die Republica Christiana, is

onversoenbaar met gelykheid, wat juis ʼn voorwaarde vir ʼn egte

demokratiese diskoers is.

3.5 Menseregte, bron van ʼn ideologie van afhanklikheid

Dit is ʼn inherente eienskap van die denkbeeld reg dat dit met gesag

beklee en allerweë met ontsag en eerbied bejeën word. Trouens, daar

lê gewoonlik ʼn element van heiligheid in die reg opgesluit. Juis

daarom streef politieke maghebbers altyd daarna om politieke mag in

die gestalte van die reg, deur oënskynlik neutrale wetgewing, te

verwoord ten einde sodoende die brutaliteit wat dikwels met die

verkryging en behoud van politieke mag gepaard gaan, te verbloem.

Daarmee word die maguitoefening legitiem en ten minste in ʼn mate

onaantasbaar. Reg bring (gewoonlik) gehoorsame gedrag mee en

wanneer politieke mag sigself met die toga van die reg omklee, word

dit bestendig en veel moeiliker uitdaagbaar. 102 Diegene wat in die

99 Stone (n 96 hierbo) 87-88.

100 Stone (n 96 hierbo) 89.

101 Die uitwerking van die bestaande reg en van regterlike ingryping moet natuurlik

terselfdertyd ook nie oorskat word nie. Howe kan korreksies aan beleid aanbring

maar is natuurlik nie in staat om ʼn breë politieke program van die politieke takke

van staatsgesag — die wetgewer en die uitvoerende gesag — in die war te stuur

nie, veral nie wanneer hierdie programme sterk openbare ondersteuning geniet

nie. Verder is die howe natuurlik inherent polities swakker as die ander takke van

staatsgesag en dit moet natuurlik ook voortdurend in ag neem dat dit juis van die

wetgewer en, in die besonder, van die uitvoerende gesag afhanklik is om die hof

se bevele uit te voer. Ofskoon juridifisering dus ʼn sterk faktor in die moderne

politiek geword het, moet howe steeds noodwendig teësinnig wees om te

geredelik met die beleid van die wetgewer en die uitvoerende gesag in te meng.

Sien hieroor onder andere R Dahl se insiggewende artikel ‘Decision-making in a

democracy: “The Supreme Court as a national policy-maker”’ (1957) Journal of

Public Law 293 et seq asook K Malan ‘The Unity of Powers and the Dependence of

the Judiciary’ 2005 De Jure 2005 99-115.

102 Sien in die algemeen AT Turk ‘Law as a weapon in social conflict’ (1976) 23 Social

Problems.

236 Hoofstuk 8

besonder hierby baat, sluit spesifiek hulle in wat met die regspleging

(administrasie van die reg) gemoeid is — die regsgeleerdes.

Regsgeleerdes word eweneens met ʼn mindere of meerdere mate van

ontsag en agting bejeën. Hulle dank dit onder meer aan die feit dat

hulle met die mag, waarmee die regspleging gewoonlik gepaard gaan,

beklee is. Aan die ander kant word regsgeleerdes ook dikwels gesien

as die enigste beskutting teen vryheidsberowing en anargie. 103 Kyk

net na al die vryhede wat as basiese regte beskerm word, en dit is nie

vreemd nie dat juriste dikwels gesien word as die priesters wat die

vryheid beskerm. 104

Die invloed van die regsprofessie groei ook standhoudend vanweë

die toenemend breër definiëring van regskennis en regsdienste en die

meegaande verbredende terrein waarop die regsprofessie werksaam

is. 105 Die funksionele terrein van die regsprofessie en van regsdienste

het trouens tot so ʼn mate verbreed dat dit in werklikheid heeltemal

ongedefinieerd geraak het. 106 Bowendien word die definiëringsfunksie

grootliks aan die juriste self oorgelaat. 107 Die uitoefening van

die definiëringsaksie wat hieruit voortspruit is grootliks kommersieel

gedrewe. Die terrein word al hoe breër omskryf ten einde die gebied

van juridiese dienslewering te vergroot en nuwe markte vir

regsdienste te verwerf. 108

Uiteindelik is die regsgeleerde ʼn bykans alomteenwoordige

persoon — iemand wie se hulp in talle alledaagse besluite, transaksies

en handelinge behoef word. Wat hieruit voortvloei, is waarna al heel

paslik as die ideologie van die hulpverlener verwys is. 109 Die gevolg

hiervan is dat die posisie van die hulpbehoewende nie-juris tot

voordeel van die hulpverlener (juris) verswak word. Die

hulpbehoewende se vermoë tot outonome beskikking verweer

progressief en ʼn patroon van opsien na, en afhanklikheid van die

regsgeleerde word aangekweek. Regsdienste neem die karakter van

maatskaplike werk aan 110 en die regsgeleerde verkry dienooreenkomstig

ʼn hoedanigheid wat herinner aan dié van die maatskaplike

werker. Dit geld veral in die geval van staatsondersteunde

regsbystand en natuurlik met die talle nuwe voordele wat

hulpbehoewende mense kragtens sosiale en ekonomiese regte te

beurt val. Met al die menseregte (wat ook standhoudend meer word)

wat individue geniet en met die talryke regsdienste wat verleen word

103 J Caplan ‘Lawyers and litigants’ in I Ilich I et al Disabling Professions (1977) 94.

104 Bankowski & Mungham (n 97 hierbo) 94.

105 Bankowski & Mungham (n 97 hierbo) 43.

106 Caplan (n 103 hierbo) 96.

107 Caplan (n 103 hierbo) 96; Bankowski & Mungham (n 97 hierbo) 39.

108 RL Abel ‘The Rise of Professionalism’ (1979) 9 British Journal of Law and Society

82.

109 Bankowski & Mungham (n 97 hierbo) 75.

110 Bankowski & Mungham (n 97 hierbo) 75.

Menseregte - die sorgsame staat 237

en waarby almal so mildelik baat, dra die reg en die regsprofessie by

tot ʼn minsame alomversorgende totalitarisme 111 — die versorgende

Leviatan.

Die posisie van die regsprofessie word ondersteun deur ʼn

(onbedoelde) retoriese strategie wat tussen die regsprofessie en die

potensiële kliënt afspeel. Komplekse en moeilik verstaanbare

regsjargon word gebruik, wat die reg vir die nie-juris ontoeganklik

maak. Dit gaan gepaard met komplekse prosedures — rituele — wat

die reg verder ontoeganklik maak en die nie-juris se afhanklikheid en

hulpbehoewendheid van die reg en die juris verder vererger. 112 Die

hof-arena dra ook by tot die verleentheid en afhanklikheid van die

leke-litigant. Dit kortwiek sy selfvertoue want hy weet gewoonlik nie

wat hom daar te doen staan nie. Die hofprosedure en atmosfeer is

allermins bevorderlik vir die moontlikheid dat ʼn persoon sy saak self

kan behartig. Die ingewikkelde voorverhoor-prosedures maak die

leke-litigant nog verder op die kundige dienste van die regsgeleerde

aangewese. Voeg hierby die feit dat regters in elk geval moeilik met

leke-litigante kommunikeer en baie makliker oor die weg kom met

regsverteenwoordigers, aangesien hulle deur dieselfde regsjargon

bedien word en ewe gemaklik daarmee omgaan. Die stelsel is dus so

ontwerp dat dit nouliks sonder regsverteenwoordiging kan

funksioneer. 113

Wanneer tale anders as dié van die partye vir hofverrigtinge

gebruik word, verdiep die afhanklikheid van die leke-partye verder

teenoor hulle regsraadgewers. In Suid-Afrika is daar ʼn sterk neiging

om byvoorbeeld slegs Engels vir die amptelike notulering van

hofverrigtinge te gebruik. 114 Alle amptelike hofstukke sal hiervolgens

slegs in Engels beskikbaar wees, wat, soos gesê, die hof nog meer

ontoeganklik vir die leek maak en die noodsaak vir regsbystand verder

beklemtoon.

Hierbenewens werk dit klaarblyklike regsongelykheid in die hand,

aangesien diegene wat die notuleringstaal goed verstaan, bevoordeel

word bo diegene wat dit nie behoorlik onder die knie het nie en

111 Die frase benign totalitarianism word deur I Ilich I Disabling Professions (1977) 14

gebruik.

112 Caplan (n 103 hierbo) 93.

113 Caplan (n 103 hierbo) 101-102.

114 Sien byvoorbeeld S Netshitomboni ‘The use of languages in courts: the point of

view of the Department of Justice and Constitutional Development’ (21 Maart

2000) FAK-Konferensie:Taal in die howe (Ongepubliseerd); Mthethwa v De Bruin

NO and Another 1998 3 BCLR 336 (N); S v Matomela 1998 1 BCLR 339 (Ck); S v

Damoyi 2004 2 SA 564 (K). Vgl ook K Malan ‘Observations on the official use of

language for the recording of court proceedings’ (2008) 23 SAPR/L 59-76.

238 Hoofstuk 8

laasgenoemde derhalwe nog meer op regsverteenwoordiging

aangewese maak. 115

Uiteindelik kan die leek die funksionering van die reg,

nieteenstaande die feit dat sy belange intens daarby betrokke is, slegs

op ʼn afstand as ʼn toeskouer gadeslaan. Dit alles moet die nie-juris

met ʼn gevoel van eerbied en ontsag vir die reg, die regsproses en die

regsprekers aanskou. Benewens die ontoeganklikheid en onaantasbaarheid

van die regspleging weens die reeds gemelde ingewikkelde

regstaal en moeilik volgbare prosedure en die vreemde hofatmosfeer,

is daar ook nog die eerbied wat aan die regter verskuldig

is — iets wat opsigself ruim bydra tot die ontsag vir die reg waarna

hierbo verwys is. Bepaalde regsreëls rond die mistiek van die hof af

met die misdryf, minagting van die hof. Daardeur word minagting vir

die regsprekende beamptes (en die regsproses) bestraf, terwyl ontsag

en eerbied dienooreenkomstig verplig word. Dit dra by tot die

veredeling van die regsproses en die verheffing van die voorsittende

regter tot ʼn regskoning. 116

Menseregte het steeds meer regte vir individue bygevoeg en doen

dit steeds. Hoe meer regte mense het, des te meer word hulle van die

dienste van die regsgeleerde afhanklik. Die staat wend die reg aan om

al die gevarieerde menslike behoeftes te bevredig. Dit dien

terselfdertyd as die sleutel-strategie om die staatlike orde te

verskans. Wie sal dit na alles oorweeg om die rug op so ʼn weldoenende

staat te keer? Individue is die behoeftige ontvangers van die voordele

wat die staat via die reg verskaf. Die toevoeging van elke nuwe reg

registreer ʼn verdere dimensie in menslike behoeftigheid en

afhanklikheid en verdere verwering van individuele selfstandigheid.

En die houvas van die minsame, genadige weldoener-Leviatan, die

sterflike god, op sy kudde — die burgers van die territoriale staat —

raak steeds stewiger. Die staat raak ook algaande meer sensitief vir

besondere behoeftes: van byvoorbeeld vroue, kinders, inheemse

bevolkings, godsdienstige, taal- en kulturele minderhede — almal

ontvangers van nuwe voordele van menseregte. Maar namate al die

groepe ontvangers van Leviatan se regsvoordele word, en meer

afhanklik word, verweer hulle vermoë om deur politieke en dergelike

handeling na hulself om te sien. Leviatan sien met al groter sorg na sy

weerlose staatsburgerlike kudde om. Ongeloof in en ontrouheid aan

Leviatan is bykans onmoontlik. Uitdaging van die sterflike god is

115 K Malan ‘Oor die hofnotuleringstaal in die lig van die grondwet en na aanleiding

van onlangse regspraak’ (1998) 61 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse

Reg 700-702.

116 Die regter word in die Engelse wêreld so hoog geag dat buitestaanders — van

buite die Engelse wêreld — soms spottenderwys na dié regters as regskonings

verwys (wat terloops retories goed inpas by Dworkin se gebruik van die begrip

Law’s Empire.) Sien JMT Labuschagne ‘Minagting van die hof: ʼn strafregtelike en

menseregtelike evaluasie’ (1988) TSAR 330.

Menseregte - die sorgsame staat 239

hoegenaamd nie ter sprake nie. Menseregte het die staat daarteen

geharnas.

HOOFSTUK

9

1 Inleiding

TWEE GREPE UIT DIE REG

KRAGTENS DIE

STAATLIKE PARADIGMA

Sowel die huishoudelike as die internasionale reg staan bykans

konsekwent in diens van die instandhouding en verdediging van die

bestaande territoriaal-staatlike orde en die afdwinging van

individuele identiteit volgens die voorskrifte en na die beeld van die

staat. Die publiekreg, soos ons dit ken, is ʼn volbloed spruit van die

staatlike paradigma en getroue dienskneg vir die inprent van ʼn

staatlike identiteit by individue. Dit monopoliseer individuele

identiteit vir die jaloerse sterflike god, sorg dat individue slegs een

staatlik voorgeskrewe identiteit bely en waak getrou daarteen dat

individue enige openbare identiteit anders as ʼn staatlike identiteit

aanvaar. Die staat geniet ʼn monopolie as die enigste kollektiwiteit

wat publiekregtelike erkenning en beskerming geniet. Gevolglik is dit

net die staat en individue wat regserkenning geniet terwyl alle

intermediêre entiteite (kultuur- en dergelike gemeenskappe) ter

wille van die staat van enige regsbeskerming uitgesluit word. Vernon

Van Dyke het dit by geleentheid soos volg gestel:

The assumption was that rights exist at two levels, the level of the

individual and the level of the nation state. Groups other than the

nation or the population of the state could be ignored. 1

Dienooreenkomstig is burgerskap ʼn staatlike denkbeeld. Deur jou

burgerskap dra jy die amptelike merk van die staatlike identiteit

terwyl deelgenootskap aan enige ander gemeenskap — hoe beslissend

dit ook al vir ʼn individu mag wees — van hierdie beskerming uitgesluit

word. Hiernaas is daar nog ʼn magdom van ander regsreëls en

regsfigure wat die staatlike orde in stand hou. Dit is onmoontlik om

alles te behandel. Daarom word daar in hierdie hoofstuk op slegs twee

1 V Van Dyke ‘Human Rights and the Rights of Groups’ (1974) 18 American Journal

of Political Science 726; Sien verder J Pestieau Minority Rights: ‘Caught between

individual rights and peoples’ rights’ (1991) VI Canadian Journal of Law and

Jurisprudence 369-370.

241

242 Hoofstuk 9

sprekende voorbeeld gefokus: een vanuit die huishoudelike reg — die

reg rakende die misdaad hoogverraad — en een voorbeeld uit die

internasionale reg — die regsposisie rakende selfbeskikking, sesessie

en die instandhouding van staatsgrense.

Die twee onderwerpe nomineer hulself as ’t ware as die mees

gepaste en veelbeduidende, aangesien dit regsmeganismes is wat nie

slegs ʼn besondere staat beskerm nie, maar die staatlike orde per se

onder beskerming neem. Hoogverraad het ʼn lang Europese en Engelse

geskiedenis en die regsreëls daaromtrent is vandag steeds in baie

state van krag. As internasionale regsreëls is die regsposisie met

betrekking tot sesessie uiteraard ook oral geldend. Dit is eweneens

nie tot ʼn enkele staat beperk nie en geld vir die staatlike orde in die

geheel.

Dis reg rakende hoogverraad en sesessie maak voorts op ons

aandag aanspraak, omdat dit treffende voorbeelde van die

beoefening van die regswetenskap kragtens die staatlike paradigma is

en ook omdat dit by uitstek gemik is op die bevordering van staatlike

identiteit en die ooreenstemmende onderdrukking van alle niestaatlike

identiteite. Die reg oor hoogverraad en sesessie funksioneer

as items van die staatlike paradigma en as strategieë van staatsbou.

2 Die onskendbaarheid van die staat:

Hoogverraad

Hoogverraad is die wederregtelike verrigting van enige handeling

binne of buite die staatsgebied deur ʼn persoon wat trou aan die staat

verskuldig is, met die opset om enige van die volgende doelwitte te

bereik: om die voortbestaan, onafhanklikheid of veiligheid van die

staat te skend of in gevaar te stel; om die grondwetlike struktuur van

die staat te verander; of om die regering omver te werp of onder

dwang te plaas. 2 Die unieke eienskappe van hoogverraad is dat dit

teen die staat gepleeg word en dat slegs ʼn persoon wat trou aan die

staat verskuldig is, dit kan pleeg.

Een van die grondliggende funksies van reg is dat dit

onderdrukkingsmeganismes verskaf om ʼn bepaalde politieke orde en

ekonomiese bestel in stand te hou. Terselfdertyd is regsreëls,

waaronder ook onderdrukkende regsreëls die produk van ʼn heersende

politieke filosofie 3 en van ʼn bestaande politieke magsoorwig. Die reg

ten aansien van hoogverraad is tekenend hiervan. Dit het ontwikkel

2 Dit is wesenlik die definisie van CR Snyman Strafreg (2006) 315 en J Burchell et al

Principle of Criminal Law (2005) 923.

3 BL Ingraham Political Crime in Europe (1979) 317.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 243

en is aangepas ten einde te voldoen aan die veranderende aard en

behoeftes van die staat. Trouens, die ontwikkeling van die reg

aangaande hoogverraad werp meer as enigiets anders lig op die

ontwikkeling van die idee van die staat. 4

Die trou-element van hoogverraad het ʼn Germaanse oorsprong. 5 ʼn

Persoon was trou verskuldig aan die gemeenskap en die leër waartoe

hy behoort het. Die misdaad is gepleeg wanneer hierdie trou verbreek

is. 6 Die misdaad het dus te doen gehad met daadwerklike lojaliteite

en die verbreking van hegte verhoudings van ʼn bykans persoonlike

aard. Hierby aansluitend word verduidelik dat die Germaanse

oorsprong van hoogverraad herleibaar is tot die gedagte van

persoonlike lojaliteit teenoor die leier wat deur die troubreuk

geskend is. Op sy beurt het die leier ʼn beskermingsverpligting jeens

sy gemeenskap gehad, wat onder andere in vorstelike

kroningseedsverklarings uitdrukking gevind het.

Hoogverraad het egter ook Romeinse wortels. Die Romeinse

element vloei voort uit die idee van skending van majestas (breedweg

soewereiniteit) en die verontregting van die persoon — die vors — wat

met majestas beklee was. 7

Die Romeinse opvatting van hoogverraad het mettertyd in Europa

en Engeland ten koste van die Germaanse opvatting veld gewen. Die

opkoms van dinastiese state 8 (rudimentêre state wat rondom

koninklike families gestruktureer was) het vrugbare teelaarde vir die

verdere groei van die Romeinse opvattings gebied, aangesien dit die

posisie van die vorste in die opkomende dinastiese state onderskraag

het. Die Germaanse idee het nogtans gedeeltelik behoue gebly en leef

vandag steeds voort in die troubreuk-element by hoogverraad.

In die laat-Middeleeue toe die dinastiese state in Engeland en

Europa hulle verskyning begin maak het, was hoogverraad by uitstek

ʼn misdaad wat teen die persoon van die vors (en sy familie) gemik was

en nie ʼn misdaad teen die staat as sodanig nie. 9 Dít blyk veral duidelik

uit Edward III van Engeland se wet van 1352 waarin spesifiek met die

misdaad van hoogverraad gehandel is en waaruit dit blyk dat die

beskermde regsbelang by hoogverraad nie die staat nie, maar die

persoon van die koning was. 10 Dit is juis aan Romeinsregtelike

4 CL von Bar A History of Continental Criminal Law (Engelse vertaling deur T Bell)

(1968) 281.

5

JMT Labuschagne ‘Menslike outonomie en staatlike majestas: opmerkinge oor die

dekriminalisasie van hoogverraad’ (1992) 5 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir

Strafregspleging 125.

6

Von Bar (n 4 hierbo) 101.

7 JG Bellamy The law of treason in England in the Middle Ages (1970) 1-4.

8 Sien hieroor hoofstuk 3.5.

9

W Holdsworth A History of English Law (1937) Vol VIII 322.

10 Holdsworth (n 9 hierbo) (1936) Vol II gee die wet op 449 voetnoot 7 weer.

244 Hoofstuk 9

invloede toegeskryf dat hoogverraad die karakter aangeneem het van

ʼn misdaad teen die persoon van die vors. 11

Namate die konsep van die staat as ʼn abstrakte entiteit losstaande

van die vors erken is en namate die koning toenemend as die blote

hoof en verteenwoordiger van die staat gesien is, het die beskouing

ook algaande sterker geword dat hoogverraad wesenlik ’n misdaad

teen die staat self, in plaas van teen die vors is. 12

In Wes-Europa, waar die ontwikkeling van die reg aan die hand van

die Corpus Iuris Civilis sorgvuldig aan die universiteite ontwikkel is,

anders as in Engeland waar regsontwikkeling konkreet en prakties

was, 13 het die beskouing oor hoogverraad ook verander. Daar is

toenemend ingesien dat, ofskoon die koning die staat

verteenwoordig, die staat en die vors allermins ʼn enkele entiteit is 14

en dat hoogverraad teen die staat, en nie teen die vors nie, gepleeg

word.

Voor 1770 het dit nog algemeen in Europa voorgekom dat misdade

wat die staats- (politieke) gesag en soewereiniteit uitgedaag het, in

feodale terme omskryf is. Dit het beteken dat hoogverraad nog die

stempel van die persoonlike feodale verhouding tussen die vors en die

onderdaan gedra het. Dit is dus gesien as die verbreking van die

persoonlike lojaliteit teenoor die koning as staatshoof, in plaas van

troubreuk teen die onpersoonlike, abstrakte staat self. 15 Teen die

tweede helfte van die agtiende eeu is die aanpassing in Oostenryk en

Pruise gemaak, waardeur hoogverraad ʼn misdaad teen die staat in

plaas van die vors geword het. Sodoende het die konsep van ʼn

misdaad teen die staat as eiesoortige entiteit op die voorgrond

getree. 16 Die ontwikkeling van hoogverraad tot ʼn misdaad teen die

staat as abstrakte entiteit is ook deur die Romeins-Hollandse

regskrywers verreken. Matthaeus wie se De Criminibus in 1644

verskyn het, het reeds met hoogverraad in die moderne, abstrakte sin

omgegaan. Hy het met verwysing na Bodin die begrip majestas

benader deur dit met die staat self, in plaas van met die vors te

vereenselwig. 17 Dieselfde geld vir Van der Linden wat in 1806

hoogverraad in die moderne staatlike sin omskryf het op ʼn wyse wat

11 Holdsworth (n 9 hierbo) (1942) Vol III.

12 Holdsworth (n 9 hierbo) 322.

13

Sien byvoorbeeld R David en JEC Brierly Major Legal systems in the World Today

(1985) 40- 49; 338-339.

14 Von Bar (n 4 hierbo) 281.

15

Ingraham (n 3 hierbo) 39.

16 Ingraham (n 3 hierbo) 48.

17 A Matthaeus On Crimes: A commentary on Books XLVII and XLVIII of the Digest

(Geredigeer en in Engels vertaal deur ML Hewitt en BC Stoop) (1993) Vol II:

48.2.3-4 (212-213).

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 245

baie soortgelyk was aan die definisie wat aan die begin van hierdie

hoofstuk verstrek is. 18

In Engeland is daar teen die sestiende eeu ingesien dat Edward se

wetgewing van twee eeue tevore heeltemal ontoereikend was om die

staat in sy veranderende vorm te beskerm. Die nuwe territoriale staat

was teen daardie tyd stewig gevestig en daar is aanvaar dat trou

teenoor die staat voorrang bo alle ander verhoudings moes geniet. 19

Twee strategieë is gevolg om die reg oor hoogverraad as ’t ware op

datum te bring ten einde dit te laat voldoen aan die

beskermingsbehoeftes van die territoriale staat. Eerstens is heelwat

nuwe wetgewing aanvaar wat al hoe meer handelinge binne die

trefwydte van die definisie van hoogverraad geplaas het. 20

Van heelwat meer belang — en tipies van die Engelse regstradisie

— is egter die feit dat die bestaande verouderde wetgewing van

Edward by wyse van konstruktiewe interpretasie deur die howe tot die

moderne misdaad teen die staat uitgebrei is. 21 Dit was juis in die

tweede helfte van die sestiende eeu, in die stadium toe die

territoriale staat met sy permanente abstrakte karakter besig was om

sy dinastiese voorganger te vervang, dat die strategie van

konstruktiewe interpretasie ʼn beduidend andersoortige inhoud aan

die misdaad besorg het. 22

Die opset (bedoeling) om die koning te dood, of in die woorde van

Edward III se statuut compassing or imagining the king’s death, is deur

konstruktiewe interpretasie so uitgebrei dat dit uiteindelik nie net die

koning nie, maar ook die voortbestaan en stabiliteit van die staat

onder beskerming geneem het. 23 In die begin van die sewentiende

eeu, in die tyd van Edward Coke, was die proses van konstruktiewe

interpretasie reeds goed gevestig. 24 In die tweede helfte van die

sewentiende eeu het dit nog meer momentum gekry. Al meer

handelinge wat in werklikheid teen die staat gemik was, is as opset

om die koning te dood vertolk en sodoende onder die omskrywing van

die antieke Edwardiaanse hoogverraadsomskrywing tuisgebring. 25

Die patroon van troubetuiging het in die proses ingrypend

verander. Waar trou vroeër aan ʼn persoonlike vors verskuldig was,

18

J van der Linden Regtsgeleerd, Practicaal en Koopmanshandboek (1806) 228

contra DG van der Keesel Lectures on Books 47 and 48 of the Digest Vol II (Latynse

teks geredigeer en in Engels vertaal deur B Beinart en P van Warmelo) (1972) Vol

II 641-647.

19 Holdsworth (n 9 hierbo) (1937) 310.

20 Holdsworth (n 9 hierbo) (1945) (Volume IV) 496-498.

21

Holdsworth (n 9 hierbo) (1937) 310-314; Ingraham (n 3 hierbo) 51.

22 Holdsworth (n 9 hierbo) (1937) 310.

23 Holdsworth (n 9 hierbo) (1937) 310.

24

Holdsworth (n 9 hierbo) (1937) 311.

25 Holdsworth (n 9 hierbo) (1937) 314.

246 Hoofstuk 9

moes dit voortaan aan die onpersoonlike staat betuig word. 26 Ofskoon

die verandering ingrypend was, het dit weens die subtiliteit van

konstruktiewe interpretasie geruisloos geskied — heel anders as wat

opmerklike verandering van die teks van die misdaadsdefinisie sou

meebring. In weerwil van die feit dat hoogverraad reeds lank ʼn

misdaad teen die staat was, is dit steeds in anachronistiese terme

geformuleer asof dit ʼn misdaad teen die vors is. 27 Die Engelse juris,

Blackstone, het hoogverraad byvoorbeeld in die tweede helfte van die

agtiende eeu op ʼn wyse voorgestel wat die voorafgaande

ontwikkelings verdoesel het en die misdaad steeds na die verouderde

feodale vorm daarvan laat lyk het. 28 Quentin Skinner wys daarop dat

die verandering in die aard van hoogverraad nogtans nie Hobbes se

aandag ontsnap het nie. Hobbes het reeds in De Cive daarop gewys dat

trou nie (meer) aan diegene wat die soewereiniteit uitgeoefen het —

die vors — verskuldig was nie, maar wel aan die soewereiniteit

inherent aan die staat self. 29 Minstens sedert die Glorious Revolution

in 1689 is dit in Engeland ʼn uitgemaakte saak dat hoogverraad ʼn

misdaad teen die konstitusionele orde van die staat self is, en nie

meer teen die vors nie. 30

Wat opvallend uit die uiteensetting hierbo na vore tree, is dat die

reg aangaande hoogverraad in sy moderne vorm saam met die

territoriale staat die lig gesien het. Toe die dinastiese staat plek vir

die territoriale staat gemaak het, het dinastiese hoogverraad wat die

vors beskerm het, eweneens die wyk geneem ten einde plek te maak

vir staatlike hoogverraad wat die voortbestaan van die abstrakte

onpersoonlike staat op die hart dra.

Die logika van die reg aangaande hoogverraad is dat die onderdaan

trou aan die staat verskuldig is, in ruil vir die staat se

beskermingsverpligting jeens die burger. 31 Ofskoon die misdaad

suggereer dat die reëls daarvan in ʼn kontraktuele verhouding tussen

die owerheid en onderdaan geanker is en dus ʼn kontraktuele karakter

vertoon, is dit slegs die burger se troupligtigheid wat juridies

afdwingbaar is (en strafregtelik gesanksioneer word), terwyl die

burger se reg ingevolge die staat se verpligting daarenteen

onafdwingbaar is. 32 Daar kan tans moontlik geargumenteer word dat

die staat die verpligting dra om grondwetlike regte van individue

26

Q Skinner ‘The State’ in T Ball et al (reds) Political Innovation and Conceptual

27

Change (1989) 124.

O Hood Phillips en P Jenkins Constitutional and Administrative Law (1978) 457;

CR Snyman ‘Die trouvereiste by hoogverraad’ (1988) 1 SA Tydskrif vir

28

29

30

31

Strafregspleging 6.

Ingraham (n 3 hierbo) 51-52.

Skinner (n 26 hierbo) 124.

Ingraham (n 3 hierbo) 52.

GL Williams ‘The correlation of allegiance and protection’ (1948-50) 10

32

Cambridge Law Journal 56.

Williams (n 31 hierbo) 58.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 247

gestand te doen. Die argument is nie heeltemal ongeldig nie, maar

soos daar in hoofstuk 8 verduidelik is, het die regte egter die

kontraproduktiewe uitwerking om individuele afhanklikheid van die

staat te vererger, waardeur die individu se posisie jeens die staat

verder verswak word. Bowendien, selfs indien ʼn hof die uitvoerende

gesag by wyse van hofbevele sou gelas om sy verpligtinge

voortspruitend uit die regte van die burgers na te kom, is die burgery

in die laaste instansie op die goedgesindheid van die uitvoerende

gesag aangewese om die bevele uit te voer. 33 Sou die uitvoerende

gesag dergelike bevele nie wil uitvoer nie, is daar ten slotte geen

juridies gesanksioneerde dwangmaatreël kragtens die positiewe reg

beskikbaar wat die uitvoerende gesag tot die nakom van sy

verpligtinge kan forseer nie.

Die inhoud van die staat se verpligting jeens sy troupligtiges

(meesal, ofskoon nie altyd nie, die burgers van die betrokke staat) 34

is van sowel ʼn positiewe as ʼn negatiewe aard. Die positiewe sy van die

verpligting behels in die eerste plek dat die staat sy troupligtiges deur

mag, wettige geweld en oorreding teen wederregtelike optrede van

ander moet beskerm. 35 Die negatiewe aspek van die verpligting hou

in dat die staat in die loop van sy optrede respek aan sy troupligtiges

moet betoon, deurdat die staat sy funksionarisse moet weerhou van

enige onregmatige optrede. 36 Dit sluit in dat die funksionarisse van

die staat kragtens die reg van die staat moet optree en dat individue

op die beskerming van die huishoudelike reg van die staat kan reken.

Die staat sal gevolglik nie daarop geregtig wees om ingevolge die act

of state-leerstuk op die uitsluiting van die reg met betrekking tot

bepaalde individue aanspraak te kan maak nie. 37 Desnieteenstaande

is die kwesbaarheid van die individu se posisie kragtens die

hoogverraadsreg duidelik gedurende die 1980's in Suid-Afrika

gedemonstreer, toe verskeie swart aktiviste op grond van hulle

bedrywighede teen die destydse blanke minderheidsregering weens

hoogverraad vervolg is. 38 Die troupligtigheid van die beskuldigdes het

in slegs een van die gedinge ter sprake gekom, toe daar beslis is dat

33 Dit is in die onlangse verlede grafies in Suid-Afrika gedemonstreer met die staat

se knaende versuim om hofbevele na te kom. Sien Nyathi v MEC for the

Department of Health 2008 9 BCLR 865 (KH).

34 Oor wie almal troupligtig is, sien JRL Milton South African Criminal Law and

Procedure Vol II: Common Law Crimes (1996) 28-31.

35 Williams (n 31 hierbo) 58. Hierdie verpligting is onder meer in artikel 12(1)(c) van

die huidige Suid-Afrikaanse grondwet opgeneem. Selfs al was daar nie in

uitdruklike terme so ’n grondwetlike bepaling nie, sou daar nogtans so ’n

verpligting bestaan het aangesien dié soort verpligting die grondslag is waarop die

staat gebaseer is. Sien hieroor K Malan ‘The inalienable right to take the law into

our own hand versus the faltering state’ (2007) TSAR 642 et seq.

36 Williams (n 31 hierbo) 58.

37 Williams (n 31 hierbo) 63.

38

Sien byvoorbeeld S v Lubisi and Others 1982 3 SA 113 (A), S v Tsotsobe and Others

1983 1 SA 856 (A), S v Zwane and Others (3) 1989 3 SA 254 (A).

248 Hoofstuk 9

die betrokke beskuldigdes wel troupligtig was. 39 In die ander sake is

die trouverpligting nie geopper nie. Ofskoon die staat op die trou van

die beskuldigdes geregtig was, was al die beskuldigdes, synde swart

persone, op daardie stadium van belangrike burgerlike en politieke

regte in Suid-Afrika uitgesluit en kon hulle nie ingevolge die geykte

reëls van staatlike demokrasie aan die politieke proses deelneem nie.

Ofskoon die staat dus trou van die beskuldigdes geëis het, het die

destydse posisie wat in Suid-Afrika gegeld het die uitwerking gehad

dat die staat inderdaad ontrou was teenoor die beskuldigdes asook

teenoor almal wat in ʼn soortgelyke posisie as die beskuldigdes was.

Daar mag gesê word dat voormelde hoogverraadsake in die laaste

fase van die blanke minderheidsbewind in Suid-Afrika maar net dui op

die wyse waarop die reg rakende hoogverraad in die destydse orde tot

voordeel van die staat aangewend is, met ander woorde, dat dit nie

daarop dui dat die hoogverraadsreg die staatlike orde per se tot

voordeel strek en individue mag benadeel nie. Tog was die

hoogverraadsreg inderdaad nie net die tydelike en toevallige werktuig

van die blanke minderheidsregering nie. Inteendeel, dit was

inderdaad ʼn juridiese strategie waardeur die staat en staatlike

identiteit tot nadeel van nie-staatlike formasies en nie-staatlike

identiteit bevoordeel is.

Gedurende die Tweede Anglo Boereoorlog van 1899 tot 1902 is

talle Kaapse en Natalse Afrikaners weens beweerde hoogverraad

vervolg. 40 Die sarsie hoogverraad-verhore wat hieruit voorgespruit

het, bied ʼn treffende demonstrasie van die wyse waarop die

hoogverraadsreg aangewend is om staatlike identiteit in te hamer en

wedywerende nie-staatlike identiteite te bestraf. Baie Afrikaners van

die Kaap en Natal wat onder Britse koloniale bestuur was, was

eensgesindheid met hulle taal- en etniese genote (en dikwels

bloedverwante) van die republikeinse Vrystaat en Transvaal. Hulle

was egter Britse onderdane en as sodanig trou aan Brittanje

verskuldig. Gevolglik is hulle gekonfronteer met die dilemma van

dubbele identiteit en dubbele lojaliteit: enersyds was daar die reële

en eksistensiële identiteit as Afrikaners waardeur hulle dit eens was

met hulle volksgenote in die republikeinse noorde. Al wat hulle van

mekaar geskei het, was arbitrêr afgebakende staatsgrense wat

opsigself die produk van imperiale Engeland se koloniale

bedrywighede was. Daarenteen was daar die abstrakte juridies

afgedwonge identiteit as Britse onderdane wat trou aan Brittanje

39 S v Tsotsobe (n 38 hierbo).

40

Sommige van die sake is gerapporteer, soos R v Prozesky 1900 (NLR) 216, R v

Badenhorst 1900 (NLR) 227, R v Adendorff 1900 (NLR) 230, R v Bester 1900 (NLR)

237, R v Marais 1900 (NLR) 242, R v De Jager 1901 (NLR) 65, R v Dohne 1901 (NLR)

175 en R v Venter 1901 (NLR) 185. Sien ook die uitsprake in die Kaapse

hoogverraadsverhore (die Colesbergse en Dordrechtse verhore).

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 249

vereis het. Vir baie Afrikaners in die Kaap en Natal was dit die

natuurlikste ding om hulle eerder by hulle volks- en taalgenote te

skaar, as om op grond van ʼn eksistensieel niksseggende, maar juridies

afdwingbare, identiteit as Britse onderdane trou te wees aan ʼn

vreemde oorsese moondheid met dominiums in Afrika. Hierdie

sentiment is versterk deur die klaarblyklik aggressiewe aard van die

Britse koloniale beleid jeens die Boererepublieke. 41

Die dilemma van die koloniale Afrikaners in die Kaap en Natal was

dat daadwerklike bystand aan hul republikeinse volksgenote op ʼn

verbreking van die juridies opgelegde trouverpligting jeens Brittanje

neergekom het, waardeur hulle, hulle aan hoogverraad sou skuldig

maak. In die Colesbergse hoogverraad-uitspraak is Kaapse Afrikaners

se bystand wat uit hoofde van etniese sentiment aan die Boeremagte

verleen is, juis as een van die ergste vorme van hoogverraad

beskryf. 42 Daarenteen was die nougesette nakoming van die

trouverpligting aan Brittanje en die gelyktydige versuim om

Afrikanervolksgenote te ondersteun egter moreel verraderlik. ʼn Keuse

moes derhalwe tussen verraad en verraad gemaak word: verraad teen

die vreemde Britse staat, of verraad teen die eie kultuurgemeenskap.

Die strafregtelike reëls rakende hoogverraad is egter so ontwerp

dat dit die juridies-geïnspireerde staatlike identiteit verskans. In die

onderhawige geval was die uitwerking daarvan om hegte etniese en

taalbande en bande wat deur ʼn gemeenskaplike historiese belewenis

gesmee is, juridies te veroordeel en Afrikaners, tot voordeel van die

juridiese status van Britse onderdaanskap, tot verraad (of minstens

verloëning) van hulle eie volksgenote te dwing. Die immorele

uitwerking van vervolging weens hoogverraad spreek vanself hieruit.

Die doel waarvoor die misdaad bestaan, naamlik om trou jeens die

staat af te forseer, vereis egter dié immorele middele.

Leviatan — die sterflike god — is ʼn jaloerse god en duld nie die

aansprake van mededingers nie. Hy bestraf ook die afdwaling van

troupligtiges wat meer lojaal teenoor iets anders as Leviatan self blyk

te wees.

In hoofstuk 6 is uiteengesit hoe die politieke ideologie van

nasiebou, oftewel staatsbou, staatlike burgerskap tot die enigste

openbare identiteit verhef het en alle ander identiteite óf aktief

beveg óf minstens ontmoedig.

41 Sien hieroor onder meer J Marlowe Milner: Apostle of Empire (1976) 58-75 waar

beskryf word hoe die Britse Hoë Kommissaris vir Suid-Afrika, Alfred Milner,

ondersteun deur die Minister van Kolonies, Joseph Chamberlain, berekend ʼn

Britse oorlog teen die Boererepublieke afgedwing en alle kompromiemoontlikhede

wat ʼn gewapende konflik kon verhoed, berekend laat skipbreuk ly

het.

42 Sien die Kaapse hoogverraadverhore (n 40 hierbo).

250 Hoofstuk 9

Die inhoud en werking van die trouverhouding teenoor die staat

ingevolge die omskrywing van die hoogverraadsmisdaad het dieselfde

uitwerking. Dit verhef die staat met behulp van die reëls van die

strafreg tot die hoogste en enigste regsbeskermingswaardige entiteit.

In die proses offer dit desnoods alle ander, dikwels veel hegter

gemeenskapsvorme op, wat op daadwerklike eksistensiële

gemeenskaplikhede van taal, kultuur, bloedverwantskap en gedeelde

historiese belewenis berus.

Die regsreëls aangaande gemeenregtelike misdrywe kom altyd

polities neutraal voor weens die feit dat dit binne die wasige newels

van die verre verlede beslag gekry het. Hoogverraad is ook so ʼn

misdryf. Die hoogverraadsreg vertoon oënskynlik dieselfde politiek

onpartydige karakter. Die werklikheid is egter dat die reg ten aansien

van hoogverraad as ʼn staatsboutstrategie funksioneer. Dit is die

manier waarop die strafreg tot diens van die staatlike paradigma en

staatlike identiteit gestel word en dit werk tot nadeel van

daadwerklike (nie-staatlike) gemeenskappe wat op reële

gemeenskaplikhede gegrond is.

3 Die onskendbaarheid van die staat:

(Territoriaal-)staatlike selfbeskikking

Die huidige internasionale reg en die territoriale staat is albei aspekte

van staatlikheid. Hulle het albei in dieselfde tydvak — in die sestiende

en sewentiende eeue — beslag gekry. Die internasionale reg was

sedertdien en is steeds in ʼn hoë mate interstaatlike reg. Dit verreken

en weerspieël die belange van die territoriale staat en funksioneer in

die eerste plek ter instandhouding van die territoriaalstaatlike status

quo. Die (territoriaal)staatlike model van die internasionale reg en

internasionale betrekkinge waarna soms as die Wesfale-model verwys

word, 43 werk met ʼn min of meer geslote aantal state as ʼn basiese

vertrekpunt en gaan uit van drie fundamentele vertrekpunte:

staatlike soewereiniteit, territoriale integriteit en ʼn verbod op die

inmenging in die huishoudelike aangeleenthede van state. 44 Die drie

vertrekpunte vorm ʼn logiese geheel en al drie funksioneer konsekwent

ter instandhouding van die bestaande territoriale state.

Dienooreenkomstig is die internasionale reg ʼn onmiskenbare produk

van die staatlike paradigma.

43

A Cassese Self-determination of peoples: A legal reappraisal (1995) 325.

44 Cassese (n 43 hierbo) 353. Soewereine gelykheid van lidstate van die VN is volgens

artikel 2(1) van die Handves van die organisasie een van die basiese beginsels van

die VN. Die verbod op inmenging in die binnelandse aangeleenthede van ʼn staat

word vervat in artikel 2(7) van die Handves.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 251

Die internasionale of, meer korrek, die interstaatlike stelsel wat

na die Tweede Wêreldoorlog ontplooi het, is ʼn voortsetting van die

eeue-oue Wesfaalse model. (Wesfale-model na aanleiding van die

Vrede van Wesfale van 1648 na afloop van die Dertigjarige Oorlog). Dit

dien steeds primêr die belange van die bestaande state wat hierdie

orde konstitueer 45 en beskut die state teen drastiese verandering.

Dienooreenkomstig gaan juriste op die gebied van die internasionale

reg algemeen van die veronderstelling uit dat die aardoppervlakte

sedert die einde van dekolonisasie met ʼn vaste aantal state bedek is

en dat die geskiedenis van staatsvorming, op enkele uitsonderings na,

basies ʼn eindpunt bereik het. 46 Die vorming van nuwe state

voortspruitend uit die wense van eiesoortige gemeenskappe wat hulle

weens arbitrêre grensafbakening toevallig in ʼn bepaalde territoriale

staat bevind, word alleen met die hewigste teenstand en die grootste

wroeging erken. Die belangrikste internasionale organisasies, met die

VN en die Afrika-Unie (en sy voorganger, die Organisasie vir Afrika-

Eenheid) op die voorpunt, waak eweneens getrou om die bestaande

staatlike orde teen enige noemenswaardige verandering te beveilig en

nuwe staatsvorming uit die bestaande state te verhoed. Die twee

organisasies is grotendeels konsekwent in hul verset teen ʼn konsep

van selfbeskikking wat kan lei tot die herafbakening van staatsgrense

en die ontstaan van nuwe state. Die VN se ondersteuning van

dekolonisasie was nie ʼn uitsondering hierop nie. Inteendeel, dit was

juis deel van die algemene patroon om staatsgrense in stand te hou.

Daarvolgens het die VN dekolonisasie ondersteun op die grondslag van

die proto-territoriale state (die kolonies) wat deur die eertydse

koloniale moondhede geskep is, dit wil sê op die grondslag van

kunsmatige grense soos deur dié moondhede bepaal en sonder

inagneming van enige demografiese faktore of die wil van die eertyds

gekoloniseerde bevolkings. 47 Die state wat gevolglik met die vertrek

van die koloniale heersers in Afrika agtergelaat is, is state op grond

van die koloniale grense soos die koloniale heersers dit arbitrêr op die

Afrika-kontinent uitgekerf en op die bevolkings van Afrika afgedwing

het. 48 Deur dit te doen, is die territoriaalstaatlike orde ook in die

voormalig gekoloniseerde gebiede gevestig.

Die drie fundamentele postulate van die bestaande

internasionaalregtelike orde, wat hierbo genoem is — staatlike

soewereiniteit, territoriale integriteit en ʼn verbod op die inmenging

in die interne sake van state — lewer ook ʼn eiesoortige beskouing van

selfbeskikking op. Dit is ʼn staatlike (meer spesifiek territoriaal-

45 A Heraclides ‘Secession, self-determination and nonintervention: in quest of a

46

normative symbiosis’ (1991) 45 Journal of International Affairs 4.

C Tomuschat (red) ‘Self-determination in a post-colonial world’ in C Tomuschat

47

(red) Modern Law of Self-Determination (1993) 5.

SJ Anaya ‘The capacity of international law to advance ethnic and nationality

48

rights claims’ in W Kymlicka (red) The Rights of Minorities (1995) 324.

Sien hoofstuk 6.1.

252 Hoofstuk 9

staatlike) opvatting van selfbeskikking. Daarvolgens setel die reg op

selfbeskikking in die territoriale staat as kollektiewe entiteit, ongeag

die uiteenlopende belange, behoeftes en politieke aspirasies van die

heterogene bevolkings wat daarin gehuisves word. Dit vestig ook,

ongeag die feit dat die politieke aspirasies van nie-dominante

gemeenskappe deur ʼn dominante gemeenskap in sulke multinasionale

territoriale state onderdruk en die kulturele identiteit van sodanige

gemeenskappe grof misken mag word. Die regverdige konstitusionele

akkommodasie van die aspirasies van nie-dominante gemeenskappe —

in die besonder van nasionale minderhede — sal noodwendig meebring

dat bestaande state se soewereiniteit in die gedrang kom en dat

aanpassings aan bestaande staatsgrense gedoen sal moet word, wat

meebring dat die territorium van die staat nie meer onskendbaar sal

wees nie. Die bestaande staatlike orde kan dus nie gehandhaaf word,

indien daar regverdig uitdrukking gegee word aan die politieke

aspirasies van die nasionale gemeenskappe wat in sulke

(multinasionale) territoriale state voorkom nie. Aan die hand van die

staatlike paradigma en in diens van staatlike identiteit moet ʼn konsep

van staatlike selfbeskikking derhalwe noodwendig aangehang word,

waarvolgens selfbeskikking in die staat self, in plaas van enige

partikuliere gemeenskappe setel. Hierdie konsep van staatlike

selfbeskikking pas in en vorm ʼn logiese geheel met staatsbou,

staatlike demokrasie en staatlike menseregte wat in hoofstuk 6, 7 en

8 behandel is. Dit alles is manifestasies van die staatlike paradigma en

dienaars van staatlike identiteit.

Teenoor die staatlike selfbeskikking van die bestaande

internasionaalregtelike orde staan ʼn alternatiewe beskouing van die

beginsel van selfbeskikking. Dit is nasionale selfbeskikking

waarvolgens nie die staat nie, maar nasionale gemeenskappe —

volkere of kultuurgemeenskappe — die reghebbendes is in wie die reg

op selfbeskikking setel. Beskou vanuit die oogpunt van die

territoriaalstaatlike status quo is hierdie beginsel radikaal en

ondermynend, 49 want indien uitvoering daaraan gegee word, is dit

onmoontlik om die bestaande staatlike status quo ongeskonde in

stand te hou. Die tradisionele beginsels van staatlike soewereiniteit,

territoriale integriteit en staatlike selfbeskikking waak juis teen die

radikale verandering en die ontwrigting wat op sterkte van die

beginsel van nasionale selfbeskikking teweeg gebring sal word. 50 Dit

is juis vanweë die druk wat nasionale selfbeskikking op die bestaande

staatlike orde plaas dat die tradisionele internasionale reg afwysend

daarteenoor staan. 51

49 Cassese (n 43 hierbo) 340.

50

Cassese (n 43 hierbo) 317-317, 325; Anaya (n 47 hierbo) 327.

51 Anaya (n 47 hierbo) 327.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 253

Binne die internasionale reg vind ons dus ʼn botsing tussen

behoudende tradisionele staatsoewereiniteit, wat uitdrukking vind in

die beginsel van territoriaalstaatlike selfbeskikking, wat die

ongeskonde behoud van die bestaande territoriale staat vooropstel

teenoor nasionale selfbeskikking, 52 wat ʼn menseregtelike karakter

het en die gelyke demokratiese grondwetlike akkommodasie van

nasionale gemeenskappe eerste stel en met die oog daarop dikwels

juis op die verandering van die bestaande staatlike orde aandring.

3.1 Geskiedenis

Die moderne idee van nasionale selfbeskikking het sy verskyning na

die Eerste Wêreldoorlog gemaak toe die destydse president van die

VSA, Woodrow Wilson, en die Bolsjewistiese leier, Vladimir Lenin, die

selfbeskikkingsidee probeer gebruik het as die sleutel tot die

herskikking van die toentertydse wêreldorde. 53

Wilson se oortuiging van nasionale selfbeskikking het ingrypende

implikasies vir die destydse wêreldorde ingehou. Die wil en aspirasies

van volkere was vir Wilson die beslissende maatstaf vir die herskikking

van staatsgrense, veral in die destyds verslane multinasionale Turkse

en Oostenryk-Hongaarse ryke. 54 Teen die einde van die oorlog op 11

Februarie 1918, verklaar Wilson:

... every territorial settlement in this war must be made in the interest

and for the benefit of the populations concerned, and not as a part of

any mere adjustment or compromise of claims among rival States. 55

Wilson se ideaal was dus om die staat in die vorm van die volk te giet 56

en dus volkstate uit die verslane konglomeraat-ryke te bou. Indien

hierdie beginsel universele aanwending sou vind, sou dit klaarblyklik

die bestaande staatlike orde met sy groot hoeveelheid kultureel en

etnies heterogene multinasionale territoriale state ernstig ontwrig

het en tot staatsverbrokkeling gelei het. Indien nasionale

selfbeskikking aan die hand van Wilson se denkwyse deurgevoer sou

word, sou dit inderdaad, om Vernon Van Dyke te parafraseer, volkere

maak en state breek. 57

52

Cassese (n 43 hierbo) 316-335; sien ook WM Reisman ‘Sovereignty and human

rights in contemporary international law (1990) American Journal of

53

International Law 866 et seq.

Cassese (n 43 hierbo) 14-23; GN Barrie ‘Self-determination in modern

54

55

56

international law’ (1995) Konrad Adenhauer Stiftung Occasional Papers 3.

Cassese (n 43 hierbo) 20.

Aangehaal Cassese (n 43 hierbo) 20.

HA Strydom ‘Die volkeregtelike integreringsfunksie van die VVO’ ongepubliseerde

LLD-proefskrif, Universiteit van Suid-Afrika (1989) 158, R Emerson From empire to

57

nation: the rise to self assertion of Asian and African peoples (1971) 463.

Strydom (n 56 hierbo) 158.

254 Hoofstuk 9

Wilson se selfbeskikkingsidee wyk grotendeels van die staatlike

paradigma af. In hoofstuk 6 is verduidelik dat die staatlike paradigma

die staat tot die aktiewe agent in die bepaling van politieke en

regsreëlings verhef. Die tradisionele internasionale reg waarin

staatlike soewereiniteit en territoriale onveranderlikheid van

sleutelbelang is, vestig die staat ook in die internasionale sfeer as die

aktiewe agent en primêre bevoordeelde. By Wilson word die logika

omgekeer: die volk in plaas van die staat word die aktiewe agent en

die primêre begunstigde.

Die beginsel van nasionale selfbeskikking het egter, ondanks

Wilson se pogings, uiteindelik grotendeels in die verdrae wat na

afloop van die Eerste Wêreldoorlog gesluit is, 58 skipbreuk gely. 59 In

die afwesigheid van selfbeskikking is daar in sommige gevalle vir die

beskerming van nasionale minderhede voorsiening gemaak. 60

Selfbeskikking sou gepaard gegaan het met die opbreek van

bestaande en die totstandkoming van nuwe state. Selfbeskikking

veronderstel dus dat daar aan elke volk politieke mag binne ʼn

soewereine staat toegeken word. Die toeken van minderheidsregte

hou egter nie dié radikale gevolge in nie. Dit hou steeds die bestaande

state in stand en ken ook geen politieke mag aan die minderhede

binne ʼn heterogene staat toe nie. Dit beskerm in ʼn bepaalde mate wel

die minderhede se kulturele en linguistieke bates teen die

meerderheidswil.

Minderheidsregte kan dus gesien word as ʼn strategie om die meer

verreikende implikasies van selfbeskikking, wat die hervasstelling van

staatsgrense sou meebring, te verhoed. Minderheidsregte staan as ’t

ware in vir die gebrek aan selfbeskikking. Dit staan ook in vir situasies

waar gemeenskappe so geïntegreerd woon dat ʼn sinvolle territoriale

reëling waardeur aan nasionale selfbeskikking uitdrukking gegee kan

word, nie moontlik is nie.

Ondanks die invloed van Wilson het die beginsel van nasionale

selfbeskikking tot die politiek beperk gebly en kon dit nie daarin slaag

om as regsbeginsel erkenning te kry nie. Staatsoewereiniteit en

territoriale onskendbaarheid het steeds voorkeur bly geniet. 61

Die ander groot krag agter selfbeskikking was Lenin. Anders as

Wilson was sy fokus uitsluitlik op die vrywording van die koloniale

gebiede gerig en nie op ʼn algemene reg op nasionale selfbeskikking

58

Sien oor die verdrae T van Wyk & M Boucher (reds) Europe 1848-1980 (1986) 249-

59

60

61

252.

Cassese (n 43 hierbo) 25; Barrie (n 53 hierbo) 4.

Cassese (n 43 hierbo) 26-30.

Cassese (n 43 hierbo) 33.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 255

nie. 62 Lenin se denkwyse oor selfbeskikking was daarop gemik om die

verarmde koloniale bevolkings as deel van die proletariese kragte vir

die deurvoer van die internasionale Bolsjewistiese rewolusie in te

span. Dit was deel van ʼn strategie binne ʼn Bolsjewistiese raamwerk.

Anders as by Wilson was dit nie ʼn algemene politieke beginsel (en

aspirerende regsbeginsel) waarvolgens ʼn nuwe wêreldorde ingerig

moes word nie.

Toe Lenin sy selfbeskikkingsidee die eerste maal geopper het, het

dit ook radikale implikasies ingehou. Koloniale ontvoogding is op

daardie stadium nog nouliks in die vooruitsig gestel. Die koloniale idee

van selfbeskikking was egter van veel geringer omvang as Wilson se

(nasionale) selfbeskikkingskonsep. Lenin se opvattings — gerig deur

die sosialistiese wêreldpolitiek van die Bolsjewisme — was tot die

koloniale gebiede beperk. Gevolglik was die idee met die voltrekking

van die dekolonisasieproses uitgespeel. Daarenteen was Wilson se

selfbeskikkingsbeskouing van algemene belang. Dit was van

toepassing op alle volkere, koloniaal sowel as nie-koloniaal. Dit sou

dus relevant bly en trouens van groter belang word, selfs na afloop

van dekolonisasie.

Vanuit die staanspoor was daar dus twee opvattings oor

selfbeskikkings: ʼn beperkte koloniale opvatting en ʼn algemene

universele opvatting. Die spanning tussen die twee sou na die Tweede

Wêreldoorlog en veral na die afloop van dekolonisasie hewiger word.

Die koloniale opvatting het, soos aanstons aangetoon sal word, die

konserwatiewe opvatting geword wat die internasionale orde soos dit

onmiddellik na dekolonisasie daar uitgesien het, onveranderd wou

behou. Die opvatting van nasionale selfbeskikking streef daarenteen

na die verdere hervorming van die wêreldorde aan die hand van die

noodsaak van staatsvorming volgens volksverskeidenheid.

Die selfbeskikkingsidee het na die Tweede Wêreldoorlog sy

herverskyning gemaak in ʼn kwalitatief nuwe gedaante, naamlik nie

slegs as ʼn politieke leerstuk soos tevore nie, maar in die vorm van ʼn

regsbeginsel.

Artikel 1(2) van die Handves van die Verenigde Nasies bepaal

naamlik dat dit een van die oogmerke van die VN is:

to develop friendly relations among nations based on respect for the

principle of equal rights and self-determination of peoples, and to take

other appropriate measures to strengthen peace.

Die verwysing na selfbeskikking in hierdie bepaling hou weliswaar nie

veel praktiese implikasies in nie, maar is nogtans betekenisvol

62 Cassese (n 43 hierbo) 14-19; Barrie (n 53 hierbo) 3-4.

256 Hoofstuk 9

aangesien die selfbeskikkingsbegrip nou juridiese status verwerf het

en boonop in die belangrikste multilaterale konvensie tot dusver

vervat is. 63 Die potensiële konkrete belang van nasionale

selfbeskikking (self-determination of peoples) word verder versterk

deurdat die verwesenliking daarvan ook gestel word as een van die

oogmerke van internasionale ekonomiese en maatskaplike

samewerking. 64

Nasionale selfbeskikking het sowat twee dekades hierna verdere

juridiese erkenning gekry toe dit as eendersluidende bepalings in

artikel 1 van die twee belangrikste VN-menseregte-verdrae, naamlik

die Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte en die

Internasionale Verbond vir Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte,

opgeneem is.

Subartikel 1 van die twee bepalings lui:

All peoples have the right to self-determination. By virtue of that right

they freely determine their political status and freely pursue their

economic, social and cultural development.

Benewens in die multilaterale verdragsreg het die selfbeskikkingsbeginsel

ook in van die mees toonaangewende VN-resolusies

weerklank gevind.

Artikel 2 van die Algemene Vergadering se Deklarasie oor die

Verlening van Onafhanklikheid aan Koloniale Gebiede en Volkere 65

gee aan nasionale selfbeskikking in presies dieselfde terme erkenning

as die pas vermelde bepaling van die 1966-verbonde. Ofskoon ʼn

Algemene Vergadering-resolusie nie regskeppend is nie, is die

onderhawige resolusie nogtans veelbeduidend. In die voormalige

gekoloniseerde gebiede en veral in Afrika is dit as een van die

belangrikste — indien nie die belangrikste resolusie nie — beskou wat

ooit deur die Algemene Vergadering aangeneem is. Die aanvaarding

van hierdie resolusies het voorts gepaard gegaan met die

onafhanklikwording van talle state in die Derde Wêreld. Die standpunt

wat in die Deklarasie vervat is, kan gevolglik as die opinio iuriselement

van bindende internasionale gewoontereg met betrekking tot

selfbeskikking beskou word. 66

Die reg op selfbeskikking word ook erken in die Algemene

Vergadering se Deklarasie oor die Beginsels van die Internasionale Reg

63

64

Cassese (n 43 hierbo) 43.

Artikel 55 van die VN-Handves. Sien ook artikel 76 van die Handves waarin

selfbeskikking, weliswaar in ander terme, as een van die uiteindelike doelwitte

65

66

van die Trusteeskap-stelsel gestel word.

Algemene Vergadering Resolusie 1514 (XV) van 14 Desember 1960.

Sien byvoorbeeld Emerson (n 56 hierbo) 460-461.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 257

rakende Vriendskaplike Betrekkinge en Samewerking tussen State

ooreenkomstig die Handves van die VN. 67 Hierdie resolusie is

eweneens een van die Algemene Vergadering se belangrikste

standpuntinnames. 68

Die selfbeskikkingsbeginsel het ook in regionale konvensies

neerslag gevind. In Europa het die (op daardie stadium) 35 state van

die Konferensie vir Veiligheid en Samewerking in Europa op 2 Augustus

1975 die Helsinki Finale Verklaring aanvaar 69 waarin daar vir ʼn baie

wyd omskrewe nasionale selfbeskikkingsreg voorsiening gemaak word.

Dit lui:

By virtue of the principle of equal rights and self-determination of

peoples all peoples always have the right in full freedom to determine

when as they wish, their internal and external political status, without

external interference, and to pursue as they wish their political,

economic and cultural development.

Die verklaring stel nie opsigself bindende reg daar nie, maar is nogtans

ʼn belangrike aanduiding van groeiende opinio iuris ten gunste van

nasionale selfbeskikking as afdwingbare reg.

3.2 Ontleding

Die indruk wat deur die talle gevalle van erkenning van nasionale

selfbeskikking gewek word, is dat die tradisionele beginsels van

staatlike soewereiniteit en territoriale integriteit bes gegee het. Dit

is bykans vanselfsprekend dat aanvaar moet word dat die bestaande

staatsgrense noodwendig hersien sal moet word ten einde na behore

uitdrukking te gee aan die beginsel van nasionale selfbeskikking. Dit

wil dus lyk asof die bestaande internasionale reg tekens toon dat dit

mag meegee onder die druk van nasionale selfbeskikking.

Dit is weliswaar korrek dat die hoekstene van die tradisionele

internasionale reg onder druk verkeer. Nogtans is regsmaatreëls

noukeurig getref om te sorg dat die geykte beginsels van staatlikheid

teen die aanvegting van nasionale selfbeskikking stand hou om

sodoende die bestaande internasionale orde se stabiliteit te beskerm

teen staatsverdeling en sesessie wat dikwels deur nasionale

selfbeskikking meegebring sal word. 70 Op hierdie manier word die

67

Algemene Vergadering Resolusie 2625 (XXV) van 15 Desember 1970.

68 Barrie (n 53 hierbo) 8; I Brownlie Basic documents of international law (1972) 32.

69 Cassese (n 43 hierbo) 284.

70

Die ontstaan van nuwe state, die vrye assosiasie van ʼn volksgroep wat binne ʼn

gebied in staat A woon met staat B, of die integrasie van ʼn gebied in ʼn bestaande

staat met ʼn ander een is alles moontlikhede wat deur sesessie meegebring kan

word. Sien R McCorquondale ‘South Africa and the right of self-determination’

(1994) 10 SAJHR 7. Oor die onderskeid tussen eksterne en interne selfbeskikking,

258 Hoofstuk 9

wedywering tussen die tradisionele beginsel van territoriale

integriteit en nasionale selfbeskikking wat tot sesessie kan lei, 71

konsekwent ten gunste van die tradisionele beginsel besleg. 72 In elk

van die pasvermelde instrumente, waarin daar vir selfbeskikking

voorsiening gemaak word, word ook bepalings aangetref wat die

konkrete implikasies van selfbeskikking beperk. Waar die instrumente

dus met die eerste lees progressief mag voorkom, blyk hulle by

verdere oorweging grootliks slegs verfynde skakerings van die

staatlike paradigma te wees. 73 Sodoende behou staatlike identiteit

ook sy voorkeurposisie bo nasionale identiteit, of enige ander

identiteit wat moontlik vir staatlike identiteit ʼn bedreiging kan inhou.

(a) Artikel 1 van die 1966-verbonde

Toe die voorbereidende werk vir die aanname van artikel 1 van die

1966-verbonde voltooi is, is algemeen aanvaar dat selfbeskikking ʼn

algemene regsaanspraak is, wat alle volkere toekom en dus nie tot

koloniale bevolkings beperk is nie. 74 Die bewoording van die bepalings

waarin na alle volkere verwys word, laat dan ook geen twyfel oor die

universele trefwydte van die selfbeskikkingsaanspraak nie. So

eenvoudig was dit egter nie. Die voorbereidingswerk aan die bepaling

wat as uitleg-hulpmiddel gebruik mag word, 75 dui daarop dat ʼn

afskeidingsreg nie met die bepaling beoog is nie en dat daar juis

gevrees is dat die bepaling vir dié doel aangewend kan word. 76

Artikel 1 moet voorts in samehang met artikel 27 van die

Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte gelees word

wat vir minderheidsregte voorsiening maak. Dit bepaal:

In those States in which ethnic, religious or linguistic minorities exist,

persons belonging to such minorities shall not be denied the right, in

community with the other members of their group, to enjoy their own

culture, to profess and practice their own religion, or to use their own

language.

Op sterkte hiervan word oortuigend geargumenteer dat die prima

facie algemene werking van artikel 1 wesenlik deur artikel 27

gekwalifiseer word. Die effek hiervan is dat etniese groepe nie

70

sien P Thornberry ‘The democratic and internal aspect of self-determination with

some remarks on federalism’ in C Tomuschat (red) Modern Law of Self-

71

72

Determination (1993) 101-102.

Barrie (n 53 hierbo) 27.

GN Barrie Uti possidetis versus self-determination and modern international law:

73

In Africa the chickens are coming home to roost (1988) TSAR 451.

Die Helsinki-Verklaring is, soos blyk uit die bespreking verder in hierdie hoofstuk

74

75

76

moontlik ‘n uitsondering hierop.

Cassese (n 43 hierbo) 51.

Artikel 32 van die Weense Konvensie oor Verdragsreg van 1969.

Cassese (n 43 hierbo) 51.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 259

selfbeskikkingsaansprake op artikel 1 kan baseer nie. Lede van

etniese, taal- en godsdienstige minderhede is binne die konteks van

die onderhawige verbond op die individuele regte waarvoor daar in

artikel 27 voorsiening gemaak word, aangewese. 77 In die lig van

artikel 27 blyk artikel 1 dus nie vir gemelde minderheidsgroepe

enigsins relevant te wees nie.

Artikel 1 blyk nie heeltemal te bedoel wat dit sê nie. Dit beoog nie

om ʼn betekenisvolle selfbeskikkingsreg vir alle volkere in die lewe te

roep nie. VN-optrede wat grotendeels veroordelend teenoor

afskeidingsbewegings was, bevestig ook dat die bepaling nie letterlik

opgeneem moet word nie. 78 Die bepaling skep nie ʼn

selfbeskikkingsreg vir alle volkere nie, allermins ’n eksterne

selfbeskikkingsreg wat op staatsvorming kan uitloop.

(b) Algemene Vergadering Resolusie 1514 (XV) van 14

Desember 1960

Alhoewel Resolusie 1514(XV) vir nasionale selfbeskikking voorsiening

maak, word hierdie reg wesenlik in paragraaf 6 gekwalifiseer.

Paragraaf 6 lui:

Any attempt aimed at the partial or total disruption of the national unity

and territorial integrity of a country is incompatible with the purposes

and principles of the Charter of the United Nations.

Wanneer paragrawe 2 en 6 van die Resolusie saam oorweeg word, blyk

dit dat selfbeskikking inderdaad nie deur ’n volk wat ’n segment van

die staatsbevolking is, uitgeoefen kan word nie, maar slegs deur die

staatsbevolking as geheel. Die arbitrêr vasgestelde grense van die

voormalige kolonies word derhalwe as ’n vaste vertrekpunt geneem

en selfbeskikking kan slegs binne die vaste fisiese bakens van daardie

grense uitgeoefen word. Die wyse waarop selfbeskikking volgens

hierdie resolusie uitgeoefen kan word, is dus so gereël dat verseker

word dat die koloniaal vasgestelde geopolitieke kaart nougeset

gehandhaaf word.

Die effek hiervan is dat selfbeskikkingsaansprake van nasionale en

etniese groepe ter wille van die handhawing van die ou koloniale

grense misken word. Die voorrang wat die handhawing van koloniale

grense geniet, bring mee dat etniese groepe wat arbitrêr in ’n

koloniale ‘people’ ingeforseer is, die reg misgun word om vrye

staatsregtelike keuses uit te oefen. 79

77 Cassese (n 43 hierbo) 59-62.

78

Emerson (n 56 hierbo) 462-463.

79 Cassese (n 43 hierbo) 73-74.

260 Hoofstuk 9

Die verheffing van die geheel van die koloniale bevolking tot die

reghebbende in wie die bevoegdheid setel om ’n selfbeskikkingskeuse

uit te oefen, val logies en strategies saam met die verskynsel van

staatsbou (nasiebou) wat in hoofstuk 6 bespreek is. Staatsbou werk

met die geheel van die staatsbevolking as ’n blywende en

onskendbare entiteit ongeag die feit dat hierdie staatsbevolking deur

arbitrêr afgebakende staatsgrense kunsmatig tot stand gebring is.

Selfbeskikking binne die konteks van die onderhawige resolusie gaan

van dieselfde vertrekpunt uit. Staatsbou stuur af op die vestiging van

’n homogene staatsnasie wat die uiteenlopende aansprake en

sentimente van variërende etniese, kultuur- en taalgroepe as

struikelblok sien vir die vestiging van die staatsnasie. Staatsbou sien

volkere dus as ’n antagonistiese middelpuntvliedende krag wat die

oogmerk van die realisering van die staatsnasie kan verydel. Volgens

staatsboustrategieë word dan gepoog om hierdie middelpuntvliedende

krag te neutraliseer. Selfbeskikking van die aard van die

onderhawige resolusie streef dieselfde oogmerk as staatsbou na. Dit

hanteer die verskeidenheid van nasionale, volks- en taalgroepe

eweneens as antagoniste. Dienooreenkomstig word volkere-, taal- en

etniese groepe die status van reghebbendes vir die doel van die

uitoefening van die reg op selfbeskikking ontsê. Staatsbou en staatlike

selfbeskikking is dus twee aspekte van dieselfde wedersyds

komplementêre strategie. Die een funksioneer intern en die ander

internasionaal. Albei is substrategieë binne dieselfde staatlike

paradigma en albei dra by tot die instandhouding van staatlike

identiteit en probeer om enige nie-staatlike aansprake op

selfbeskikking te vernietig. Albei werk mee tot die eenheid van die

getroue en onverdeelde volk vir Leviatan — die sterflike god.

(c) Algemene Vergadering Resolusie 2625 (XXV) van 15

Desember 1970

Ofskoon die reg op selfbeskikking ook in hierdie resolusie voorkom,

word dit net soos in die 1960-resolusie dermate gekwalifiseer dat dit

uiteindelik min konkrete implikasies inhou. Selfbeskikking word

uiteindelik wesenlik ten gunste van die territoriale integriteit en

politieke eenheid van die bestaande state ingekort aangesien die

resolusie onder meer soos volg bepaal:

Nothing in the foregoing paragraphs shall be construed as authorizing or

encouraging any action which would dismember or impair, totally or in

part, the territorial integrity or political unity of sovereign and

independent States conducting themselves in compliance with the

principle of equal rights and self-determination of peoples as described

above and thus possessed of a government representing the whole

people belonging to the territory without distinction as to race, creed or

colour.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 261

Die bepaling is enigsins vreemd geformuleer. Dit beteken in

werklikheid dat indien die regering in ’n soewereine staat

verteenwoordigend van die hele bevolking is, en daar geen

diskriminasie met betrekking tot die uitoefening van politieke regte is

nie, die beginsel van selfbeskikking geag word eerbiedig te wees.

Indien almal in die staat dus gelyke toegang tot die politieke

besluitnemingsprosesse het en aan alle groepe gelyke toegang tot

politieke instellings verleen word, word aanvaar dat die regering van

so ’n staat aan die beginsel van selfbeskikking voldoen. ’n Groep binne

’n staat sal dus slegs daarop geregtig wees om op die reg op

selfbeskikking as groep aanspraak te maak indien toegang tot

regeringsinstellings op ’n rasse-, kulturele of godsdienstige grondslag

geweier word. 80

Die Algemene Vergadering werk inderdaad baie suinig met die

verlening van regte aan nasionale en dergelike gemeenskappe. Die reg

op selfbeskikking in die vorm van sesessie ontstaan slegs wanneer ’n

groep se prosessuele reg op deelname aan die politieke

besluitnemingsproses ontsê word. In hoofstuk 7 is uitvoerig

verduidelik dat sodanige prosessuele regte (veral die reg om te stem)

dikwels slegs die skyn van demokrasie wek, waaragter

meerderheidsdominasie in ’n heterogene staat gerieflik kan skuil.

Ofskoon prosessuele regte dus dikwels nie demokrasie bewerkstellig

nie, is die Algemene Vergadering in hierdie resolusie tevrede dat dit

ʼn genoegsame waarborg vir ’n demokratiese orde is. Dit is hierdie

soort demokrasie waarin die meerderheid binne die staatlike

bevolking altyd voorkeur kry en daar argeloos met die belange van

minderhede gewerk word. Dit is dan die rede waarom na hierdie soort

demokrasie as staatlike demokrasie verwys word. Wat die Algemene

Vergadering met hierdie resolusie gedoen het, was om die kru en

onverfynde denkbeeld van staatlike demokrasie met sy dikwels

onderdrukkende implikasies vir nie-dominante gemeenskappe te

onderskryf en te poog om dit as ’n beginsel van die internasionale reg

te verskans. 81 Ten spyte van die ernstige gebreke van hierdie vorm

van demokrasie is die Algemene Vergadering tevrede dat voldoening

hieraan genoegsaam is om ’n volk se aanspraak op selfbeskikking te

bevredig. In effek word die aanspraak op selfbeskikking nie hierdeur

bevredig nie, maar verydel. Die resolusie laat uiters beperkte ruimte

vir eksterne selfbeskikking en vir sesessie. Trouens, die aangehaalde

passasie is al as ’n formele waarskuwing teen die bedreiging van

sesessie beskryf. 82

Die oorwig van akademiese kommentaar op hierdie resolusie is dat

dit sesessie as ’n laaste opsie erken, slegs in daardie gevalle waar

80 Cassese (n 43 hierbo) 112.

81 McCorquondale (n 70 hierbo) 20.

82 Tomuschat (n 46 hierbo) 5.

262 Hoofstuk 9

geen ander remediërende maatreël teen diskriminasie meer

beskikbaar is nie. Die beskikbaarheid van die reg op sesessie is egter

selfs binne hierdie beperkte ruimte ’n omstrede saak. 83

Die Sekretaris-Generaal van die VN op die stadium toe die

resolusie aangeneem is, U Thant, het dit ook duidelik gestel dat die

resolusie geensins as ’n regverdiging vir sesessie vertolk moet word

nie. Só het hy dit gestel:

As far as the question of secession of a particular section of a Member

State is concerned, the United Nations position is unquestionable. As an

international organization the United Nations has never accepted and

does not accept and I do not believe it will ever accept a principle of

secession of a part of a member State. 84

(d) Uti possidetis en selfbeskikking volgens die AU en OAE

Die leerstuk van uti possidetis iuris het in die eerste kwart van die

negentiende eeu met die onafhanklikwording van die voormalige

Spaanse kolonies in Suid-Amerika ontstaan. 85

Die oogmerk van die reël is om, wat betref die vasstelling van die

staatsgrense van die voormalige koloniale gebiede, die horlosie te

laat stilstaan op die oomblik van onafhanklikwording. 86 Die beginsel

bevestig dus die permanensie van die staatsgrense wat uit die

koloniale era geërf is. 87 Die klaarblyklike oogmerk van die reël is om

te verhoed dat state wat pas onafhanklik geraak het, se territoriale

bedeling deur interne middelpuntvliedende kragte versteur word. 88

Uti possidetis gee voorkeur aan die regstitel wat met kolonialisme oor

arbitrêr afgebakende gebiede verkry is, bo die menslike feite soos die

besetting en vestigingspatrone van gebiede deur bepaalde mense en

gemeenskappe. 89 Dit laat toe dat die koloniaal afgebakende gebiede

oor die lot van mense beslis, in plaas van die omgekeerde naamlik om

die mense oor die territorium te laat beslis. Net soos by staatsbou is

die staat — in die sin van die afgebakende territorium — die aktiewe

agent waarby die mense moet inval en in belang waarvan nasies

geskep en kultuur-, taal- en etniese groepe desnoods omvorm moet

word.

83 D Murswiek ‘The Issue of a Right to Secession reconsidered’ in C Tomuschat (red)

84

85

86

87

88

Modern Law of Self-Determination (1993) 27.

Aangehaal deur Murswiek (n 83 hierbo) 24.

Casesse (n 43 hierbo) 190; Barrie (n 72 hierbo) 452.

Cassese (n 43 hierbo) 192.

Barrie (n 72 hierbo) 452.

Barrie (n 72 hierbo) 453; D Manganye ‘The application of uti possidetis and South

89

Africa’s internal border’ (1994) 35 Codicillus 51.

Barrie (n 72 hierbo) 453.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 263

Die uti possidetis-beginsel is aanvanklik in ’n aantal nasionale

konstitusies en bilaterale verdrae in Suid-Amerika opgeneem. 90 Die

beginsel het mettertyd uitgebrei en geniet tans erkenning as ’n

universele beginsel van die internasionale reg. Die Internasionale

Geregshof het beslis dat uti possidetis nie slegs tot ʼn bepaalde streek

beperk is nie en het die volgende gevolgtrekking oor die beginsel

bereik:

Nevertheless the principle is not a special rule which pertains solely to

one specific system of international law. It is a general principle which is

logically connected with the phenomenon of the obtaining of

independence, wherever it occurs. Its obvious purpose is to prevent the

independence and stability of new States being endangered by fractional

struggles provoked by the challenging of frontiers following the

withdrawal of the administering power. 91

Die uti possidetis-beginsel strook bowendien met die benadering wat

in die resolusies van die Algemene Vergadering van die VN gevolg

word. 92 Dit was egter in Afrika waar die beginsel die reikhalsendste

ontvangs gehad het en waar dit tans die sterkste ondersteuning

geniet. 93 Met die dekolonisasie van die voormalige kolonies in Afrika

het ’n situasie soortgelyk aan dié in Suid-Amerika ’n anderhalfeeu

tevore geheers. Daar is ook gevrees dat etniese, kulturele en

godsdienstige bande wat met die aanvanklike afbakening van

koloniale grense misken is, die arbitrêre grense dermate kon

herdefinieer dat dit die politieke geografie in Afrika heeltemal sou

ontwrig en onhoudbare politieke onstabiliteit sou afgee. Die nuwe

Afrikastate het geen moeite ondervind met die maak van ’n keuse

tussen nasionale selfbeskikking, teenoor die behoud van die

voormalige koloniale heersers se arbitrêre streeptrekkery oor die

Afrika-kontinent nie. Die keuse was sonder meer ten gunste van

laasgenoemde. Hierdie keuse is treffend ironies: die geëmansipeerdes

wat gesmag het na die afwerp van die koloniale juk het sonder meer

een van die mees blatante dade van die koloniale metropole omhels

en koester vandag steeds hierdie koloniale erfenis.

By die stigting-spitsberaad van die Organisasie vir Afrika Eenheid

in 1963 is die beginsel van die behoud van die bestaande grense tot

een van die beginsels van die organisasie verhef. In artikel III(3) van

die handves van die OAE verbind ledestate hulle tot die neerlê van die

beginsel om die nasionale soewereiniteit en territoriale integriteit

van elke lidstaat te eerbiedig en alle state se onvervreembare reg op

90 Casesse (n 43 hierbo) 190.

91 Frontier Dispute Case Burkina Faso v Mali ICJ Reports 1986 554 para 29.

92

Casesse (n 43 hierbo) 191; McCorquondale (n 70 hierbo) 9.

93 Barrie (n 72 hierbo) 456.

264 Hoofstuk 9

onafhanklike bestaan te respekteer. In artikel VI verbind ledestate

hulle plegtig tot die nakom van hierdie beginsel. 94

Op die eerste spitsberaad van die OAE in Kaïro in 1964 vind Afrikaleiers

dit nodig om spesifiek met die grenskwessie te handel. Die

produk van hul beraadslagings is die Resolusie Oor Die

Onaantasbaarheid van Grense. Hierin verklaar die Afrikastaatshoofde

onder meer dat die staatsgrense in Afrika op die oomblik

van onafhanklikwording ʼn onveranderlike realiteit geword het en

verbind hulle daartoe om grense soos dit met onafhanklikwording daar

uitgesien het, te eerbiedig. 95 Die stigtingsverdrag van die Afrika-Unie

van 11 Julie 2000 wat in 2001 in werking getree het, het die beginsel

opnuut bevestig. 96

Hiermee is die beginsel van uti possidetis in Afrika verskans en

daarmee saam is ’n juridiese taboe op die uitoefening van nasionale

selfbeskikking geplaas.

(e) Die Helsinki Final Act

Die mees liberale en vergunnende omskrywing van nasionale

selfbeskikking kom in hierdie instrument voor. Volgens die

omskrywing van die Helsinki Final Act kom die reg op selfbeskikking

alle volkere toe en nie slegs die bevolkings van koloniale gebiede nie.

Boonop word dit as ’n ius continuum — ’n voortdurende reg —

gedefinieer, wat sodoende ’n dinamika aan selfbeskikking verleen in

teenstelling met koloniale selfbeskikking wat slegs eenmalig

uitgeoefen kan word en derhalwe van ’n inherent statiese aard is. 97

Dit beteken dat die wyse waarop selfbeskikking uitgeoefen word,

kan verskil na gelang van die variërende meningsuitings van elke

besondere volk. So gesien, is selfbeskikking bloot ʼn element van egte

demokratiese politiek.

Desondanks is daar ook in hierdie instrument nog steeds sekere

tradisionele elemente waarin daar gepoog word om die

onskendbaarheid van staatlike grense te beskerm. In beginsel III word

daar soos volg met die integriteit van staatlike grense gehandel:

94 Handves van die Organisasie vir Afrika Eenheid van 1963 vervat in GJ Naldi (red)

95

Documents of the Organization of African Unity (1992) 4.

Resolusie AGH/RES 16(1): ‘Resolution on the Intangibility of Frontiers’ vervat in

96

97

Naldi (n 94 hierbo) 49.

Artikel 4(c) van die Stigtingsverdrag (Constitutive Act) van die Afrika-Unie (AU).

Casesse (n 43 hierbo) 285.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 265

III. Inviolability of frontiers

The participating States regard as inviolable all one another’s frontiers

as well as the frontiers of all States in Europe and therefore they will

refrain now and in the future from assaulting these frontiers.

Accordingly, they will also refrain from any demand for, or act of,

seizure and usurpation of part or all of the territory of any participating

State.

Hierby moet gevoeg word dat daar binne die konteks van die

Konferensie vir Veiligheid en Samewerking in Europa uitvoerig vir

minderheidsregte voorsiening gemaak word. Vanweë die voorsiening

vir minderheidsregte het die aandrang op die erkenning van

selfbeskikking in die vorm van eie soewereine state merkbaar

verswak. Vir sover daar dus wel vir selfbeskikking voorsiening gemaak

word, word daar terselfdertyd gewaak teen sesessie. In plaas daarvan

dat daar dus tot die meer drastiese stap oorgegaan hoef te word om

by wyse van sesessie ’n keuse vir eksterne selfbeskikking te maak,

word selfbeskikking inderwaarheid binne die bestaande state

uitgeoefen deur die voorsiening van minderheidsregte.

Dit doen egter nie afbreuk aan die vordering wat daar wel met

selfbeskikking gemaak is nie. Die uitgebreide en voortdurende reg op

selfbeskikking, tesame met die gedetailleerde voorsiening vir

minderheidsregte, het die houvas van die staat beduidend laat

verslap. Staatlike identiteit is vanweë die erkenning van hierdie regte

ongetwyfeld aan die retireer.

Belangrik soos die Helsinki-reëling en die daaropvolgende

bevestigings daarvan is, het dit egter slegs werking binne die 35 state

wat daarby betrokke is. Die invloed wat dit uiteindelik mag uitoefen,

kan egter baie wyer uitkring.

3.3 Staatlike versus nasionale selfbeskikking: die

domestiserende konsep van selfbeskikking

Die beginsel van en aanspraak op nasionale selfbeskikking het sonder

twyfel sedert die Tweede Wêreldoorlog ten koste van staatlike

soewereiniteit en territoriale integriteit van state vordering

gemaak. 98 Die handhawing van die uti possidetis-beginsel het erg in

die gedrang gekom as gevolg van die skouspelagtige verbrokkeling van

die totalitêre ryk van die Sowjet-Unie en van state soos Joego-Slawië

en Tsjeggo-Slowakye in die laaste gedeelte van die twintigste eeu 99

asook met die onafhanklikwording van Eritrea in 1991 en Kosovo in

2008. Waar sesessie tot betreklik onlangs hanteer is as ’n verskynsel

98

Casesse (n 43 hierbo) 334-335.

99 Barrie (n 72 hierbo) 456.

266 Hoofstuk 9

wat tot die verlede behoort, het dit nou kragtig tot die kontemporêre

politiek teruggekeer. 100 Die verswakking van sentrale beheer binne

eertyds sterk unitêre state en die gepaardgaande neiging tot die

federalisme in plaas van unitarisme, asook die afwenteling van

politieke gesag na kleiner en meer homogene politieke eenhede

kragtens aangepaste grondwetlike reëlings, getuig ook van die

vordering van nasionale selfbeskikking.

Selfbeskikking (staatlike selfbeskikking vroeër en nasionale

selfbeskikking op die oomblik) funksioneer konsekwent as ’n sterk

progressiewe krag in die politiek, die internasionale reg en die

staatsreg. Dit werk mee tot die omvorming van die bestaande orde en

die likwidasie van die koloniale ryke. Dit het meegewerk aan

dekolonisering en is tans ’n krag wat die gesentraliseerde mag van

multi-etniese state ter wille van die bemagtiging van die groot

variasie van etniese, kulturele en taalgemeenskappe wat in sodanige

state gehuisves word, bedreig. Dit is derhalwe ’n sterk

demokratiserende krag. Juis om hierdie rede is selfbeskikking, soos

hierbo verduidelik, in ’n antagonistiese verhouding met die

tradisionele behoudende leerstelling van staatlike soewereiniteit en

die territoriale integriteit van bestaande state. Nasionale

selfbeskikking was ook reeds deels suksesvol om die tradisionele

staatlike oriëntasie van die internasionale reg te ondergrawe. 101 Soos

daar egter reeds aangedui is, is selfbeskikking nie ’n logies

samehangende konsep nie en duur die stryd tussen territoriaalstaatlike

en nasionale selfbeskikking steeds voort. 102

Territoriaalstaatlike selfbeskikking word vereenselwig met die naoorlogse

dekolonisering van voormalige koloniale gebiede, 103 teenoor

nasionale selfbeskikking wat sy oorsprong in die Wilsoniaanse

opvatting het. By laasgenoemde gaan dit oor die selfbeskikking van

etniese gemeenskappe, volkere en nasionaliteite wat primêr

ooreenkomstig taal en kultuur gedefinieer word. By

territoriaalstaatlike selfbeskikking gaan dit oor selfbeskikking van ’n

territoriaal gedefinieerde politieke entiteit in die vorm van ’n

koloniale gebied waarin die taal-, etniese en kulturele element

irrelevant is. 104 Hiervolgens word daar nie ag geslaan op die

variërende aspirasies van gemeenskappe wat teen hulle wil weens die

eertydse magsverhoudings binne bepaalde staatsgrense ingehok is

nie. Dit gaan hiervolgens primêr oor die bestaande territoriale staat

100 Heraclides (n 45 hierbo) 1.

101 Casesse (n 43 hierbo) 165.

102 M Moore ‘On national self-determination’ (1997) 45 Political Studies 900.

103 Emerson (n 56 hierbo) 463; Strydom (n 56 hierbo) 172.

104 Emerson (n 56 hierbo) 463.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 267

se sug na onaangetaste soewereiniteit. 105 Die gelyke regte van

individue en gemeenskappe is hiervolgens van minder belang. 106

Staatlike selfbeskikking wat in die positiewe reg nog die botoon

voer, verteenwoordig die konserwatiewe stroming in die

selfbeskikkingsdiskoers. Hiervolgens is die reg op selfbeskikking reeds

finaal in die verlede met die tenietgaan van die oorsese koloniale ryke

uitgeoefen en die selfbeskikkingsdiskoers dus terselfdertyd aan die

verlede toevertrou. Daar word ook koppig verseg om kennis te neem

van die onaanvaarbare dominasie waarin baie nasionale

gemeenskappe steeds verkeer, en selfs getalryke volkere soos die

Koerde se onderdrukte posisie word sonder meer aanvaar. 107 Teenoor

hierdie konserwatiewe staatlike opvatting van selfbeskikking staan

die progressiewe opvatting met ’n gevoeligheid vir en afkeer van die

onderdrukking van nasionale gemeenskappe binne die staatlike orde.

Hiervolgens moet die gebrek aan politieke vryheid en gelyke

behandeling van gedomineerde volkere aangespreek word, hetsy deur

die meer radikale weg van sesessie in te slaan, of minstens deur die

afskaling van sentralistiese staatsbeheer, gepaard met die

afwenteling van politieke gesag na nasionale gemeenskappe.

Alternatiewelik kan nasionale selfbeskikking ooreenkomstig ’n

menseregtelike benadering hanteer word. Hiervolgens word die reg

op kulturele voortbestaan en integriteit van nasionale gemeenskappe

as ’n basiese mensereg beskou en teen die staat afgedwing. 108 So ’n

reg sal weliswaar nie ’n effek op die internasionale reg hê nie, maar

baan die weg vir aangepaste grondwetlike reëlings binne ʼn staat,

waardeur interne selfbeskikking uitgeoefen word. Dit dien ook as ’n

verweer teen nasiebouprojekte ingevolge waarvan partikuliere tale

en kulture ter wille van die staatlike Leviatan opgeoffer moet word.

Volgens staatlike selfbeskikking word die reg van nasionale

gemeenskappe om oor hul eie sake te beskik óf misken óf beperkend

vertolk. Ingevolge nasionale selfbeskikking word die reg van nasionale

gemeenskappe om oor hulle eie sake te beskik, vergunnend hanteer.

Hiervolgens word ook daarop aangedring dat die staatlike orde —

vaste grense, sentrale staatsbeheer ensovoorts — desnoods moet

besgee ten einde nasionale selfbeskikking te akkommodeer. Vir

staatlike selfbeskikking gaan dit oor die integriteit en die belange van

die territoriale staat, asook die instandhouding van die bestaande

staatlike orde. Die variërende wil van die nasionale gemeenskappe —

105 Soms word na territoriale selfbeskikking as die nasionale aspek van selfbeskikking

verwys en na nasionale selfbeskikking as die demokratiese aspek van

selfbeskikking. Sien Thornberry (n 70 hierbo) 120. Ofskoon die laaste vergelyking

sin maak, is die eerste een onvanpas omdat dit die begrippe nasie en staat

gelykstel.

106 P Malanczuk Akehurst’s Modern Introduction to International Law (1997) 326.

107 Barrie (n 53 hierbo) 28.

108 Anaya (n 47 hierbo) 325.

268 Hoofstuk 9

die demokratiese element inherent aan nasionale selfbeskikking — is

ooreenkomstig staatlike selfbeskikking irrelevant. Nasionale

selfbeskikking gee daarenteen voorkeur aan die demokratiese

element, dit wil sê aan die reg van gemeenskappe om nie deur sterker

en getalryker groepe oorheers te word nie, maar in plaas daarvan self

oor hulle belange te beskik en die staatlike orde dienooreenkomstig,

onder andere by wyse van sesessie te verander. 109

Wanneer ’n mens met die twee konsepte van selfbeskikking

gekonfronteer word, tree die domestiserende werking van die

staatlike paradigma treffend op die voorgrond. Die saak staan so:

Selfbeskikking het as ’n progressiewe, maar ondermynende

konsep wat bedreigend vir die bestande staatlike orde is, tot die

politiek en die reg toegetree 110 toe dit aangewend is om die

vrywording — staatswording — van gebiede wat vroeër onder koloniale

beheer was, te help bewerkstellig. Die breë raamwerk van die

staatlike paradigma en, in die besonder, die grense van die kolonies

wat reeds deur die koloniale moondhede afgebaken is, is ingespan om

’n aantal nuwe territoriale state tot stand te help bring. Weens al die

voorbehoude wat in die vermelde internasionale regsinstrumente en

in die uti possidetis-beginsel vervat is, waardeur vereis word dat die

staatlike grense gehandhaaf moet word, word die moontlike verdere

aanwending van die konsep in belang van die selfbeskikking van

nasionale gemeenskappe deur die skep van nuwe state tans egter

gekortwiek. Waar selfbeskikking dus as ’n progressiewe krag

weggespring het, het dit hierdie karakter grootliks prysgegee. In die

gedaante van staatlike selfbeskikking is dit nou eerder ’n

konserwatiewe krag wat die bestaande staatlike orde moet help

verskans. Sodoende is selfbeskikking mak gemaak om uiteindelik as ’n

instrument van die staatlike paradigma te waak oor die veiligheid van

die staatlike orde. Net soos demokrasie is dit deur die staatlike

paradigma geabsorbeer en in belang van die staatlike orde

gedomestiseer. Alexis Heraclides merk tereg op:

The original revolutionary principle of self-determination, spawned by

another epoch, threatened to wreak havoc with the world system and

was therefore domesticated, or so it seemed until recently. 111

109 Sesessie is dan die wyse waarop gelyke beregtiging vir oorheerste gemeenskappe

bewerkstellig kan word. Dit stel die verontregting wat deur oorheersing van niedominante

gemeenskappe in multinasionale territoriale state bestaan, reg en kan

soos A Addis ‘Individualism, communitarianism and the rights of ethnic minorities’

(1992) 67 Notre Dame Law Review 624 en NB Buchanan ‘Towards a theory of

secession’ (1991) 101 Ethics 233 dit beskryf tereg as ’n vorm van regstellende

geregtigheid (rectificatory justice) beskryf word.

110 Casesse (n 43 hierbo) 340.

111 Heraclides (n 45 hierbo) 7.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 269

Selfbeskikking is gedomestiseer net soos demokrasie

gedomestiseer is. 112 Soos verduidelik is sowel demokrasie as nasionale

selfbeskikking egter wantrouig en antagonisties teenoor die staatlike

heer, Leviatan.

Staatlike selfbeskikking gaan inderwaarheid van die

veronderstelling uit dat staat en volk (kultuurgemeenskap) bykans

uitruilbare begrippe is 113 — dat staatsbevolkings inderdaad die beeld

van die staat dra. Dienooreenkomstig is staatlike selfbeskikking

gegrond op die aanname dat staats- en volkgrense saamval, 114 wat

natuurlik nie so is nie. Volgens hierdie aannames is kulturele en

nasionale identiteit heeltemal irrelevant vir die doeleindes van

selfbeskikking. Met hierdie staatlike selfbeskikking skep die

internasionale reg ’n statiese juridiese raamwerk waarbinne

staatsbouprojekte in die naam van nasiebou (wat in hoofstuk 6

behandel is) deurgevoer kan word. Dit is ook binne hierdie vaste

staatlike opset dat staatlike geregtigheidsmodelle (wat eweneens in

hoofstuk 6 behandel is) gekonstrueer is. Margaret Moore wys dan ook

op die logiese en ideologiese koherensie tussen staatlike

selfbeskikking en die geregtigheidsmodel van iemand soos John

Rawls. 115 Rawls wys juis aan die begin van sy A Theory of Justice uit

dat dit vir hom gaan oor geregtigheid binne ʼn enkele gemeenskap of

staat en laat die geregverdigdheid van bestaande staatsgrense

heeltemal buite die diskoers. Die politieke betekenis van kulturele en

veral nasionale identiteit word heeltemal geïgnoreer aangesien hy

hom besig hou met die kwessie van sogenaamde fundamenteel

menslike belange waarop hy liberale regte en reëls konstrueer. 116

Staatlike selfbeskikking, gedomestiseerde demokrasie en

(gedomestiseerde) nasiebou, oftewel staatsbou, hang dus saam as

wedersyds aanvullende aspekte van dieselfde breë staatlike

paradigma en vul mekaar aan ter bereiking van dieselfde

gemeenskaplike oogmerk, te wete die afdwing van staatlike

identiteit. Die vervulling van die behoeftes van Leviatan is die

dryfkrag agter die funksionering van al drie hierdie strategieë.

Staatlike selfbeskikking is nie slegs konserwatief nie; dit is ook

moreel onhoudbaar. Dit dien die belange van die soewereine staat

wat besorg is oor die onveranderde behoud van staatsgrense, maar dit

verdring die belange van verontregte en oorheerste nasionale groepe

wat die legitimiteit van so ’n onderdrukkende staat bevraagteken. 117

112 Sien hoofstuk 7.

113 R Falk ‘The rights of peoples (in particular indigenous peoples) in J Crawford The

rights of peoples (1988) 26.

114 Falf (n 113 hierbo) 26.

115 Sien verder oor Rawls se geregtigheidsmodel hoofstuk 6.4.1

116 Moore (n 102 hierbo) 903.

117 Moore (n 102 hierbo) 902.

270 Hoofstuk 9

Hierdie soort selfbeskikking skep juis die moontlikheid vir

onderdrukking. Een deel van die bevolking — gewoonlik ’n etniese-,

kulturele, rasse- of godsdienstige meerderheidsgroep — maak van

staatlike selfbeskikking gebruik om die basiese menseregte van die res

te misken 118 en om ’n dominante staatlike kultuur op almal af te

dwing.

Wat hom hier voordoen, is ’n vorm van interne imperialisme.

Imperialisme moet nie net gesien word as beperk tot die soutwaterkolonialisme

van weleer, waar ’n oorsese moondheid ’n plaaslike

gebied en bevolking oorheers het nie. Dié ou vorm van kolonialisme is

klaarblyklik nie die enigste manier waarop die immoraliteit van

kolonialisme voltrek kan word nie. Wanneer die oorheersende

maghebbers binne ’n staat hulle dominante staatskultuur blatant of

subtiel op almal wil afdwing, is hulle eweneens skuldig aan die

imperialistiese euwel. Margaret Moore sê daarom tereg:

It might be politically correct to describe only Western powers

controlling overseas territories as imperialists, but it is not factually

correct: the term ‘imperialism’ can be coherently and persuasively

applied to any attempt by one people to dominate politically another

people, especially if the latter perceive the rule to be hostile to their

national identity. 119

ʼn Bykomstige immorele element van staatlike selfbeskikking is dat dit

slegs die sterk meerderheid se selfbeskikkingsreg erken: meerderhede

kan ingevolge die reëls van staatlike demokrasie die staat se

amptelike magsapparatuur monopoliseer en na goeddunke (staatlike)

selfbeskikking uitoefen. Sonder enige morele gronde daarvoor maak

staatlike selfbeskikking dit egter onmoontlik dat minderhede ook

hierdie selfbeskikkingsreg kan uitoefen. 120 Staatlike selfbeskikking

vervul dus die bedenklike rol om meerderheidsdominasie te stut, net

soos staatlike demokrasie dit doen.

Staatlike selfbeskikking keer die rug op die outentiek

demokratiese — dog staatsondermynende — impulse van die

oorspronklike selfbeskikkingsidee. Dit het imperialisme wat die

oorspronklike euwel waarteen selfbeskikking gerig was, omhels en die

bondgenoot, in plaas van die teenstander daarvan, soos dit vroeër

was, geword.

In die lig van die kritiek en die morele aanklag teen staatlike

selfbeskikking het die tyd ryp geword vir die grondige heroorweging

van die konsep. ʼn Mens kan met Moore saamstem wanneer sy verklaar:

118 Falk (n 113 hierbo) 26.

119 Moore (n 102 hierbo) 903.

120 Moore (n 102 hierbo) 902-903.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 271

The increasing recognition, then, of the difficulties, philosophical and

political, facing the territorial understanding of peoples on which the

prevailing idea of self-determination in international law is based, points

to the need to reconsider whether the principle of national selfdetermination

might not be an appropriate starting point for the

resolution of national conflicts. 121

Die effek daarvan sal uiteindelik wees, soos regter Dillard dit in ’n

individuele mening in die Wes-Sahara-saak gestel het, dat:

It is for the people to determine the destiny of the territory and not for

the territory the destiny of the people. 122

121 Moore (n 102 hierbo) 905.

122 Wes-Sahara-saak: Western Sahara 1975 ICJ-Reports 12.

HOOFSTUK

10

1 Inleiding

273

POLITOKRASIE

Die territoriale staat is reeds meer as drie eeue die meesterbegrip van

ons dink en doen in die politiek en die reg. Dit baken die grense af van

dit wat doenbaar, denkbaar, haalbaar en toelaatbaar is in die

openbare sfeer. Dit het terselfdertyd ’n grondige impak op die

burgerlike sfeer en die private domein. Soos daar in die voorafgaande

hoofstukke verduidelik is, het die behoefte aan die instandhou van die

staatlike orde gelei tot die vestiging van ʼn staatlike paradigma.

Daarvolgens is wetenskaplike arbeid gerig op die beskerming en

instandhouding van die staatlike orde. Een van die basiese

uitgangspunte van die staatlike paradigma is dat die staat nie ʼn

daadwerklike gemeenskap van mense veronderstel nie, maar dat dit

bloot ʼn bevolking van enige aantal mense (any number of persons)

huisves, ongeag of daar enige bande van taal, kultuur, etnisiteit,

godsdiens, afkoms, of enigiets dergeliks tussen hulle hoef te bestaan.

Die enigste twee gemeenskaplike faktore tussen individue wat die

staatsbevolking uitmaak, is eerstens hulle teenwoordigheid in

dieselfde territorium waarvan hulle gebruik maak om private belange

te bevorder en, tweedens, dat hulle aan dieselfde regsorde

onderworpe is. Dit is die wesenlike elemente van die

staatsgemeenskap. Hulle is losstaande individue wat ʼn atomistiese

bestaan ter bevrediging van private behoeftes en ter bevordering van

private belange en voorkeure voer. Vir sover individue moontlik wel

in ʼn taal-, godsdienstige, etniese, kulturele of dergelike groep

ingebind is, is dit blote toeval en vir die inrig van die openbare orde

juridies en polities irrelevant. Sodanige groeperinge is slegs van

private betekenis en mag nie as openbare realiteit hanteer word om

sodoende die aard van die staat te bepaal nie. In die openbare orde

— die reg en die politiek — is slegs twee entiteite relevant: die

individu en die staat. Weens die inhok van die vermelde soort

groeperinge binne die private domein, is die staat neutraal, of gee die

staat minstens voor om groepsneutraliteit te handhaaf.

274 Hoofstuk 10

Wetenskapsbeoefening aan die hand van die staatlike paradigma

poog op talle maniere om in dissiplines van die reg, die staatkunde en

verwante terreine die ongeskonde voortsetting van die bestaande

staatlike orde te waarborg. Soos in voorafgaande hoofstukke beskryf

is, baken dit sleutelkonsepte van die politiek op sodanige wyse af dat

dit die staatlike orde teen uitdaging en ontwrigting moet help

vrywaar. Sodoende is demokrasie aan die hand van die staatlike

paradigma tot ʼn dienaar van die staatlike orde gedissiplineer, wat die

staatlike status quo teen verandering moet beveilig. In die proses is

die demokratiese ideaal van maksimale regstreekse selfregering en

individuele en gemeenskapsbemagtiging in die war gestuur. Verder

het staatlike demokrasie veral in multi-etniese en multikulturele

state meegehelp tot die verval van demokrasie tot prekariokrasie

(sien hoofstuk 7.3) en tot die dominasie van hegemoniese groeperinge

oor nie-hegemoniese groeperings in die territoriale staat. Die

legitimiteitsfiksie wat deur staatlike demokrasie in stand gehou word,

vervul die bedrieglike rol om die illegitieme en immorele

prekariokrasie misleidend as legitieme demokrasie voor te hou en

sodoende die staat van eg demokratiese kragte te vrywaar. Dieselfde

geld vir selfbeskikking wat in die gedaante van staatlike

selfbeskikking, net soos staatlike demokrasie, ook ʼn hand van

beskerming oor die territoriaalstaatlike orde hou en minderhede in

heterogene state benadeel.

As Leviatan het die territoriale staat ook die karakter en die

aanskyn van ’n goddelike wese — die sterflike god. Dit is ʼn jaloerse

sterflike god wat ʼn gelowige volk vir homself versamel — ʼn volk wat

sy beeld weerspieël en sy stem eggo. Dit is ʼn volk — ʼn staatsvolk —

wat met staatsbouprogramme tot een nasie versmelt moet word,

(sien hoofstuk 6). Die nasie is van dwaalweë bekeer, dit wil sê van die

partikuliere identiteite, kulture en tale. Die eerste en hoogste

lojaliteit moet by Leviatan lê. Kulturele en taalgemeenskappe mag

binne perke dalk nog hul eie tale en kulture beoefen. Onder druk mag

Leviatan dalk toegee dat hierdie gemeenskappe as minderhede

bepaalde kultuur- en taalregte kan uitoefen, maar in die laaste

instansie is almal steeds die hoogste trou aan Leviatan verskuldig;

moet almal steeds kinders van die sterflike god — en van niemand

anders nie — wees. Lede van minderhede mag dalk regte hê, maar

politieke mag en bevoegdhede vir die geheel van

minderheidsgemeenskappe staan Leviatan nie aan nie. Staatsbou

bekeer individue van die dwalinge van nie-staatlike identiteite en

herskep hulle tot staatlike mense vir wie hulle staatlike identiteit

voorrang moet geniet.

Leviatan is egter ook ʼn versorgende god. Meer nog, hy gee selfs

voor om ʼn bemagtigende wese te wees. Hy beklee sy burgers — sy

onderdane — met ’n toenemende aantal regte — menseregte —

waardeur hulle al hoe meer eise teen die staat verwerf en die staat

Politokrasie 275

derhalwe toenemend verpligtinge jeens sy burgers opdoen (sien

hoofstuk 8). Met hierdie regte tree die staat al hoe sterker op die

voorgrond as hoeder, versorger en onderwyser. Die afsydige Leviatan

van die sewentiende eeu, in die dae van Thomas Hobbes, het sy

eertydse skugterheid afgeskud. Onder die indruk van die behoeftes

van sy burgers het hy al meer menseregte aan hulle toegestaan. Hy

word al hoe meer die aktiewe voorsiener aan behoeftes wat vroeër

buite sy verantwoordelikhede geval het. Daarvoor betaal die

staatsnasie egter ʼn hoë prys: dié van groeiende afhanklikheid van die

staat. Leviatan het weliswaar baie pligte opgedoen en dié word

trouens al hoe meer namate al hoe meer menseregte toegeken word.

Daardeur word die staat egter begunstig, want só uitgebreid het sy

pligte geword en so omvattend die ooreenstemmende individuele

afhanklikheid van die staat dat die lewe sonder Leviatan beswaarlik

denkbaar is. Danksy menseregte het die sterflike god homself

onmisbaar gemaak.

Die regsmaatreëls wat aan die hand van die staatlike paradigma

ontwerp is, voorsien die staat van ’n finale buffer van beskerming.

Indien staatsbou nie werk nie en as dele van die staatsnasie aan die

sterflike god begin twyfel omdat hy sukkel om sy menseregtelike

verpligtinge na te kom, indien die staatlike orde bevraagteken word

en die staat onder die druk van nasionale selfbeskikking, plaaslike of

dergelike middelpuntvliedende kragte kom, tree die staat se juridiese

beskermingsbuffer in werking. Deur reëls van die strafreg, soos vervat

in die reg rakende die misdaad, hoogverraad, en deur die

internasionale regsreëls ten aansien van selfbeskikking en sesessie

(sien hoofstuk 9) word lojaliteit aan die staat afgedwing, eis die staat

trou en lojaliteit op, bestraf hy verontagsaming van die eis van

getrouheid aan hom en waak hy jaloers oor die onskendbare

integriteit van sy staatsgrense, hoe onagsaam die grensvasstellings

ook al mag wees teenoor die bevolkings wat in die territoriale state

opgehok is.

Is die eeue-oue sterflike god op sy sterfbed? Word hy so deur die

kragte van globalisering en deur die aansprake van partikuliere

gemeenskappe (kultureel, taal- en etnies) uitgedaag, het hy so uit pas

met laat-moderniteit se veelheid van identiteite geraak dat hy besig

is om mee te gee? Kan ons ons ʼn bedeling anderkant die afhanklikheid

van Leviatan voorstel en maak ʼn sin vir persoonlike selfstandigheid en

gemeenskapsoutonomie, selfsorg, aktiewe burgerskap en ʼn politieke

lewe vanuit partikuliere gemeenskappe ʼn sinvolle bestaan anderkant

Leviatan moontlik? Kan ons onself in plaas van die verarmde staatlike

demokrasie waaraan Leviatan ons ter wille van sy voortbestaan

uitgelewer het, die genoegdoening van egte demokratiese

selfregering voorstel? Verwerp ons die onverskoonbare immoraliteit

van prekariokrasie waarin staatlikheid minderheidsgemeenskappe

dikwels dompel? Open die koestering van persoonlike eiewaarde en ʼn

276 Hoofstuk 10

sin vir selfrespekterende en selfregerende gemeenskappe die weg na

ʼn ryker en meer egte demokratiese bestel?

Kan ons ons van Leviatan emansipeer? Kan ons die sterflike god

blymoedig ter ruste lê en ʼn sinvolle politieke lewe daarná tegemoet

gaan? Die wyse waarop die staatlike paradigma sleutelkonsepte van

die politiek, wat in die voorafgaande hoofstukke uitgepluis is, verarm

met die gevolglike neerdrukkende uitwerking daarvan, noodsaak ʼn

bevestigende antwoord op hierdie vrae. Onderliggend aan die

bespreking in hierdie hoofstukke was daar deurgaans ʼn suggestie van

ʼn bedeling anderkant staatlikheid. Dit is ʼn politokratiese bedeling. Dit

is politokrasie, waarvan die hoofeienskappe vervolgens geskets word.

2 Politokrasie

2.1 Basiese grondslag

Politokrasie omskryf ʼn omvattende politiek-konstitusionele orde —

veelsferige regering deur die burgers (politai) van elke politieke

gemeenskap oor die besondere res publica — die gemenebes — van die

betrokke gemeenskap.

Die bespreking wat nou volg beskryf die hoofbakens en kerneienskappe

van politokrasie. Dit bied ʼn antwoord op die territoriaalstaatlike

bedeling. Met die bespreking word egter nie iets soos ʼn

konstitusie, met al die tegniese besonderhede daaraan verbonde,

geskryf nie. Dit sal wel elders en aan die hand van die arbeid van

ander mense volg. Die bespreking skets wel die buitelyne, die basiese

vertrekpunte, beginsels en bepaalde ideale van politokrasie. Dit stel

die kernkonsepte van politokrasie aan die orde en pluis dit uit. Waar

fyner en meer praktiese besonderhede wel ter sprake kom, soos by die

optimale omvang van die tuistelike politieke gemeenskap teen die

einde van hierdie hoofstuk, is dit by uitsondering en net om die

algemene vertrekpunte te verduidelik en af te rond.

Die begrip politokrasie is ontleen aan die Klasieke Griekse begrip

polis — die stadstaat. Die politai — die burgers — was burgers van die

polis en was as sodanig daadwerklik vir die regering van die polis

verantwoordelik. Politokrasie wil nie die polis-stelsel van destyds laat

herleef nie en wil ook nie die politieke denke van daardie tyd (wat in

elk geval uiteenlopend is) op die huidige situasie probeer inent nie.

Nogtans neem dit kennis van die denke van die Klassieke Griekse

politiek en heg dit besondere waarde aan aspekte van veral

Aristoteles se politieke denke. Die beperkte en hegte politieke

eenhede van die Griekse stadstate is ook vir politokrasie van

grondliggende belang. So ook die aktiewe burgers — die politai — en

die hegte gemeenskappe, wat die basis van die politiek was. Die keuse

Politokrasie 277

vir die term politokrasie is ook uit ʼn ander bron gemotiveer. Soos

weldra sal blyk, is een van die sentrale eienskappe van politokrasie

dat dit erkenning wil verleen en konstitusionele uitdrukking wil gee

aan meervoudige identiteite, meervoudige gemeenskappe en

meervoudige setels van regering. Politokrasie is in vele opsigte juis

nie unitêr nie, maar in werklikheid politêr. Die klem op

veelvoudigheid weerklink in die poli in poli-tokrasie.

Politokrasie gee konstitusionele uitdrukking aan die

menswaardigheid van handelingsbevoegde volwassenes. Dit word

gedoen met die klem, nie in die eerste plek op individuele regte nie,

maar op die bevoegdheid en mag om individueel en as deelgenote van

verskeie gemeenskappe outonoom oor die res publicae — die

gemenebes (die openbare sake wat gemeenskaplik aan die lede van

elke gemeenskap is) — te beskik. Hierdie regeringsbevoegdheid het in

die eerste plek betrekking op wat tuistelike gemeenskappe genoem

word, maar ook op meer omvattende gemeenskappe. Tuistelike

gemeenskappe is een van die wesenskonsepte van politokrasie. Dit is

so belangrik dat dit by die behandeling van politokrasie deurentyd

voorop staan. Met tuistelike gemeenskappe word bedoel die kulturele

en/of plaaslike gemeenskap waarbinne mense woon en hulle

daaglikse lewens lei. Die uiteensetting hieronder brei breedvoerig

hierop uit.

Behalwe dat ons deel uitmaak van tuistelike gemeenskappe,

behoort ons ook tot meer omvattende gemeenskappe en in bepaalde

opsigte ook tot ʼn — weliswaar ietwat newelagtige — globale

gemeenskap. Politokrasie wil dat ons gedeelde identiteit as

deelgenote van hierdie groter gemeenskappe ook erken word en wil

terselfdertyd ook ons burgerskap van hierdie groter gemeenskappe

konstitusioneel verreken. Dit beteken dat met betrekking tot die

openbare sake wat gemeenskaplik aan daardie groter gemeenskappe

is, net soos wat tuistelike gemeenskappe betref, ons medebesluitnemers

en mede-beskikkers sal wees. Politokrasie verpolitiseer

tuistelike gemeenskappe. Dit verleen aan tuistelike gemeenskappe ʼn

politieke karakter, aangesien dit aan die lede daarvan die geleentheid

bied om as burgers gesaghebbend oor die res publicae van daardie

gemeenskappe te regeer. In plaas daarvan dat slegs die territoriale

staat op grond van staatlikheid as politieke gemeenskap as die

substraat van burgerskap en locus van politieke gesagsuitoefening

erken word, maak politokrasie van tuistelike gemeenskappe juis

politieke gemeenskappe. Dit beteken dat lede van tuistelike

gemeenskappe burgers daarvan kan word en dat tuistelike

gemeenskappe dienooreenkomstig ook die loci van politieke

gesagsuitoefening word.

Politokrasie erken en verreken die individuele vryhede en

immuniteite wat modern-liberale opvattings die afgelope eeue

278 Hoofstuk 10

toenemend opgelewer het as ʼn kosbare wins. Die territoriale staat is

weens die afdwinging van staatlike identiteit deur

staatsbouprogramme, staatlike demokrasie en staatsgewaarborgde

menseregte in belangrike opsigte juis ʼn bedreiging vir en

inbreukmaker op hierdie winste. Meer nog, soos in hoofstuk 6

verduidelik is, is Leviatan deurlopend die vernietiger van

gemeenskappe. Vir politokrasie is tuistelike gemeenskappe, in die

besonder kulturele gemeenskappe, inherent goed. Dit is sonder meer

deugsaam. Dit is die lewensbron van daadwerklike demokratiese

politiek. Dit voldoen gevolglik aan mense se behoefte om as volwasse

persone daadwerklik hulle eie wêreld vry van voorskrif in te rig. Dit

gee uitdrukking aan ʼn sin vir persoonlike selfstandigheid wat heg

verweef is met, in die besonder, volwasse handelingsbevoegde

persone se sin vir menswaardigheid. Die lewensbron hiervoor, naamlik

tuistelike gemeenskappe, is egter die voorwaarde vir dit alles.

Daarom is die tuistelike gemeenskap in samehang met individuele

waardigheid die hoekstene vir ʼn politokratiese bestel.

In ʼn politokratiese orde is daar nie slegs ʼn enkele gesentraliseerde

locus van regering volgens die eise en ter wille van die ongeskonde

instandhouding en verering van die territoriale staat nie. Daar is ook

nie slegs ʼn enkele staatlik voorgeskrewe openbare identiteit na die

beeld van die sterflike god nie en ook nie ʼn eksklusiewe trou aan die

territoriale staat nie. Demokrasie is nie verarm tot die massokrasie

(sien hoofstuk 7.4) nie. Demokrasie verval ook nie in die onreg van

prekariokrasie teenoor minderhede soos dit dikwels in die

(multinasionale) territoriale staat gebeur nie. Dit is daarop ingestel

om dit juis te verhoed.

In ʼn politokratiese bestel is die territoriale staat nie die sentrale

struktuur van regeringsbevoegdheid nie. Regeringbevoegdheid is

versprei en daar is ʼn verskeidenheid van openbare identiteite wat

almal juridiese erkenning geniet. Daar heers maksimale mederegering.

Daar is voorsiening vir regeringsmag (kratos) vanaf die

beperkte gemeenskap tot die mees omvattende gemeenskap, dit wil

sê regeringsmag vir en deur die mees tuistelike en plaaslike demos tot

by globale regering vir ʼn globale demos. In ʼn politokratiese bestel is

openbare politieke identiteit meervoudig. Openbare politieke trou

wat tans uitsluitlik aan die staat verskuldig is, is opgedeel en

gerelativeer. Dit gaan in die eerste plek aan die mees tuistelike en

daarna tot aan die mees omvattende politieke gemeenskap.

Demokrasie is geradikaliseer. Regering — besluitneming, insluitende

fiskale bevoegdheid en uitvoering van besluite — oor tuistelike

kwessies geskied op tuistelike regeringsvlak. Dit word nie van elders

gedikteer nie. Oor meer omvattende kwessies word daar op ʼn meer

omvattende vlak geregeer. Oor die enkele globale kwessies wat daar

mag wees, is regering globaal.

Politokrasie 279

In ʼn politokratiese bestel kan burgerskap en die beskikking oor en

uitleef van alle res publicae werklik tot hul reg kom. Burgerskap en

res publica is die twee sentrale konsepte van politokrasie. Dit word

weldra in hierdie hoofstuk breedvoerig uitgepluis. Juis omdat dit so

belangrik is, word hulle hier voorlopig reeds kortliks saamgevat.

Res publica (Gemenebes)

Die res publica is die gemenebes (commonwealth), oftewel openbare

sake wat gemeenskaplik aan die geheel van die betrokke politieke

gemeenskap is. Dit is die sake waaroor burgers gesamentlik beskik en

regeer. Politokrasie veronderstel ʼn ryk republikanisme, dit wil sê ʼn

omvattende gemenebes waaroor die politiek — gesamentlike regering

deur die burgery — handel.

Burgers (politai)

In ʼn politokrasie word daar demokraties deur die burgery — die politai

— oor die res publica regeer. Die burgerskap van die politokrasie is nie

die verarmde burgerskap van die territoriale staat, wat beswaarlik

meer as ʼn juridiese status is nie. Burgerskap dui mede-regering van

die res publicae aan. Burgerskap beteken die daadwerklike

selfstandige en deurlopende deelname aan, en verantwoordelikheid

neem vir, die res publicae. In plaas van ʼn blote passiewe juridiese

status het burgerskap in die politokratiese sin ʼn veel ryker inhoud. Dit

verwys eerder na die bekleding van ʼn amp, waarvolgens burgers deur

aktiewe handeling daadwerklik vir die res publicae

verantwoordelikheid aanvaar en daaroor beskik. Dit is juis daarom dat

die Klassiek Griekse begrip vir die burger, naamlik die politai, hier

ingespan word. Ons moet twee verdere sake oor burgerskap hier

uitklaar.

Eerstens gee politokrasie voorkeur aan eenstemmige — konsensus

— regering. Saaklike debattering en kompromie, wat belangrike

elemente van politokrasie is, moet hiertoe bydra. Dit is bo stemmery

te verkies. In tuistelike gemeenskappe, veral as hulle homogeen (sien

die bespreking van tuistelike gemeenskappe hieronder) en van

beperkte omvang is, is kompromie en eenstemmigheid sekerlik meer

haalbaar as in die omvattende heterogene territoriale staat. Ofskoon

politokrasie ʼn hoë premie op kompromie en eenstemmigheid plaas,

staan of val mede-regering nie hierby nie. Daar kan ook verloormenings

wees wat nie in bindende regeringsbesluite vervat word nie.

In die tuistelike gemeenskap lei dit ten minste nie tot prekariokrasie

waaraan magtelose minderhede in die territoriale staat dikwels

uitgelewer word nie.

280 Hoofstuk 10

Tweedens word hier ʼn onderskeid tussen lede en die burgers van

ʼn gemeenskap getref. Die onderskeid is doelbewus en belangrik, want

nie alle lede, selfs al is hulle handelingsbevoegde volwassenes, is

burgers nie. Nogtans maak dit politokrasie nie minder demokraties

nie. Inteendeel, dit maak dit juis meer demokraties, omdat dit

meebring dat regering by ʼn politiek relevante maar oop (toeganklike)

kategorie van persone — die burgers — berus. Dié aspek word

hieronder in 10.4 in besonderhede uitgepluis.

2.2 Uiteensetting

2.2.1 Die sentrale belang van gemeenskappe

In hoofstuk 4 is daar verduidelik dat die radikale gebrek aan

daadwerklike menslike gemeenskap sedert die dae van Bodin en veral

sedert Hobbes een van die basiese aannames van die staatlike

paradigma is. Hiervolgens is die staat nouliks meer as ʼn instrument om

individuele konflik van wedersyds vyandige of minstens afsydige

individue in toom te hou. Die staat is nie ʼn res publicae, oftewel die

gemenebes waarin alle burgers deel nie, maar bloot ʼn afsydige en

potensieel gevaarlike Leviatan wat as ʼn noodsaaklike euwel geduld

moet word om in te gryp wanneer konflik Leviatan se onderdane binne

die atomistiese samelewing bedreig. Daar is geen burgerlike

deelgenootskap nie. Rousseau wou, soos in hoofstuk 6 verduidelik is,

burgerskap weer rehabiliteer en hegte bande tussen die staat en die

burgery smee. Die poging wanfunksioneer sedert die Franse Rewolusie

met allerlei staatsbouprogramme, waarvan die doel is om burgers na

die beeld van die staat te herskep, met vernietigende gevolge vir

partikuliere gemeenskappe.

Politokrasie verwerp die uitgangspunt dat daar ʼn radikale gebrek

aan gemeenskap is as ʼn fundamenteel foutiewe vertolking van die

menslike toestand en lewenswyse. Individuele bestaan, identiteit,

waardes en prestasies is alles in gemeenskappe geanker. Individuele

bestaan sonder gemeenskappe is onmoontlik. Politokrasie is dus op ʼn

kommunitêre uitgangspunt gebou. Politokrasie verwerp terselfdertyd

staatsbouprogramme vanweë die dwang waaraan dit individue en, in

die besonder, nie-staatlike kultuurgemeenskappe onderwerp om hulle

identiteite, waardes, lojaliteite en politieke handelswyse te

verander. Vanuit ʼn politokratiese oogpunt is die dwanglogika van

staatsbou ʼn onverskoonbare vergryp teen individuele vryheid en

menswaardigheid en die integriteit van kulturele, taal- en dergelike

nie-staatlike gemeenskappe.

Mense is weens ʼn magdom gemene delers deel van verskeie

gemeenskappe — kultuur- taal-, godsdienstige, plaaslike, beroeps-,

ekonomiese en dergelike gemeenskappe. Weens wat ons algemeen as

Politokrasie 281

modernisering kan beskryf, het mense weliswaar meer

geïndividualiseerd geraak. Daar is baie meer ruimte vir die

uitoefening van persoonlike keuses en daar is ʼn magdom van dinge

waaruit persoonlike genoegdoening en bevrediging geput kan word.

Mense het hul tradisionele verbande van stam, dorp en dergelike

parogiale gemeenskappe verlaat en in ander gemeenskapsverbande

opgegaan. Die versnelde globalisering van die onlangse dekades — die

vinnige verskuiwing van goedere, dienste, kapitaal en mense — is ʼn

enorme stimulus vir ʼn enkele globale mark. Die ontwikkeling en

verfyning van die Wêreldwye Web en die Internet verhaas steeds die

eenwording van aspekte van die ekonomie. Die stimulering van die

drang na die bevrediging van al hoe meer verbruikersbehoeftes,

gepaard met verengelsing is sterk homogeniserende kragte. Dit maak

mense eenderse, beperk gedefinieerde verbruikers — individue vir wie

verbruik voorop staan en wat met die oog op die bevrediging van

verbruiksbehoeftes werk. Geen kultuur- of dergelike gemeenskap is

hierdeur onaangeraak nie. Hierdie soort gemeenskappe word

ingrypend aan homogeniserende sosiale kragte blootgestel. Trouens,

dié kragte in medewerking met staatsbouprogramme het reeds tot die

verdwyning en ontwrigting van talle sodanige gemeenskappe gelei.

Nogtans is daar steeds nie iets soos ʼn soewereine individu, los van

enige gemeenskap nie. Individue het weliswaar fisies, sosiaal en

ekonomies baie meer mobiel geraak en hul lewenswyses skep dikwels

die indruk van ʼn suiwer individuele bestaan, los van enige

gemeenskap. Wanneer individue beweeg, is dit nogtans nie beweging

heeltemal buite enige gemeenskapsverband nie. Wanneer daar

beweeg word, is dit steeds beweging — geheel of gedeeltelik — vanuit

een gemeenskap na ʼn ander. Ofskoon ons beweeg en ons ons (deels)

van bestaande gemeenskappe losmaak, bly ons altyd aan

gemeenskappe verbonde. Ons identiteit is gemeenskapsbepaald en

ons opvattings en oortuigings word deur ons betrokkenheid by

gemeenskappe gevorm. Wat meer is, hoe mobiel ons ook al mag wees,

is ʼn sinvolle bestaan sonder betrokkenheid by gemeenskappe en

sonder wisselwerking met ander mense binne gemeenskapsverband

volkome onmoontlik.

Dit wat ons individuele regte noem, is, hoe individueel dit met die

eerste oogopslag mag voorkom, nie moontlik om uit te oefen anders

as binne ʼn gemeenskapskonteks nie. Die reg op vryheid van

uitdrukking verloor alle betekenis indien die uitdrukking nie gerig is

aan ʼn gehoor — ʼn gemeenskap — waarvan die bekleër van die reg op

uitdrukking ook deel is nie. Die reg op godsdiens, onderwys, taal,

ekonomiese regte en dies meer is net so onbestaanbaar of wesenlik

verarm indien dit nie gelyktydig saam met ander mense van dieselfde

gemeenskap, wat dieselfde regte wil benut, uitgeoefen word nie. 1

Gemeenskappe is dus absoluut sentraal vir ʼn sinvolle individuele

lewe. Van ʼn soewereine individu — ʼn vrydrywende enkeling wat maak

soos hy wil — is daar klaarblyklik geen sprake nie. ʼn Individu kan net

282 Hoofstuk 10

wil en verstaan, glo en doen in terme van die gemeenskap/pe

waarbinne hy hom bevind.

Ook politieke deelname is van ʼn verbintenis met gemeenskappe

afhanklik. By politieke deelname bedoel ek die vermoë van ʼn persoon

om saam met ander mense (burgers om presies te wees) oor openbare

sake wat gemeenskaplik aan hulle is by wyse van inspraak daadwerklik

ʼn impak te maak — daadwerklik die inhoud van besluite oor dié sake

mede te bepaal. Soos hieronder in 10.4 verduidelik word, is dit eers

met deelname en die maak van daadwerklike impak dat mense

werklik die amp van burgerskap opneem en as burgers handel.

Enkelinge en klein gemeenskappe kan, behalwe by hoogste

uitsondering, nie ʼn impak maak op kwessies van globale omvang nie.

Ten aansien van globale aangeleenthede verdwyn hulle in die niet en

is hulle gewoonlik magteloos en gemarginaliseerd. Hulle is ten aansien

daarvan bloot individuele toeskouers en kan nie die bevoegdhede wat

met burgerskap gepaard gaan, opneem nie. Individue wat (voorgee

om) alle gemeenskappe (te) verlaat en bloot deel van ʼn universele

mark wil wees, kan hulle individuele soewereiniteit en prestasies

kordaat verklaar, maar dit is ʼn ironiese soewereiniteit van ʼn

magtelose individuele toeskouerskap wat geen openbare impak het

nie. So ʼn soewereine individu het met die beperkings waarbinne hy

homself boonop ook bevind alleen impak op sy private mikrowêreldjie.

Dieselfde geld, soos in hoofstuk 7 verduidelik is, in die

omvangryke territoriale staat, waarin demokrasie tot massokrasie

gedegenereer het. Individue kan nie werklik in so ʼn opset enige

noemenswaardige mag uitoefen en impak hê nie. Die periodieke

uitoefening van stemreg beteken nie politieke impak nie en is nouliks

meer as ʼn funksie van die legitimiteitsfiksie (sien hoofstuk 7.2)

waardeur die magsuitoefening van klein elites wat werklik aan stuur

van sake is as demokraties gelegitimeer word. Hierdie leemte word

toenemend erken en daar is pogings om dit deur

gemeenskapsdeelname aan die wetgewende proses te probeer

aanspreek. 2 Die probleem kan egter beswaarlik omvattend deur

hierdie soort meganismes opgelos word.

Minderheidsgemeenskappe in etnies en kultureel diep verdeelde

heterogene samelewings word veral nadelig in ʼn massokratiese opset

getref. Hulle mag, soos daar in hoofstuk 7 verduidelik is, periodiek

stem, maar kan nooit daadwerklik mag uitoefen nie. Stemreg vervul

by minderhede bloot die funksie van ʼn legitimiteitsfiksie wat die

1 Vgl. K Malan ‘The deficiency of individual rights and the need for community

protection’ (2008) 71 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 415 et

seq.

2 Byvoorbeeld artikels 59(1)(a), 72(1)(a) en 118(1)(a) van die Suid-Afrikaanse

grondwet. Sien ook die volgende beslissings hieroor: Doctors for Life

International v Speaker of the National Assembly 2006 (12) BCLR 1399 (KH) en

Matatiele Municipality v President of the RSA 2007 (1) BCLR 47 (KH).

Politokrasie 283

politieke gesagsposisie van elites wat uit die meerderheid kom,

regverdig. Dit degenereer tot prekariokrasie, waardeur minderhede in

die naam van demokrasie aan die genade van politiek magtige

meerderhede (meer korrek, die regerende elite uit die meerderheid)

oorgelaat word. Vir die kiesers wat tot minderhede behoort, is hulle

periodieke deelname aan verkiesings beswaarlik meer as ʼn ritueel

waardeur hulle, heel ironies, hul eie prekariokratiese magteloosheid

as demokrasie vier. Die moderne staatsreg en internasionale reg is

natuurlik toenemend van hierdie probleem bewus en probeer dit soos

in hoofstuk 9 verduidelik is, by wyse van minderheidsregte ondervang.

Die pogings is lofwaardig, ofskoon dit natuurlik nie altyd suksesvol is

nie, veral omdat dit soms teen staatsbouprogramme stuit. Bowendien

geskied dit binne die raamwerk van die staatlike paradigma en dus

met die oog op die instandhouding van die bestaande staatlike orde.

Dit ken ook bloot regte toe in plaas daarvan om, soos politokrasie in

die vooruitsig stel, gemeenskappe met magte te beklee.

Daar word ook geargumenteer dat minderhede se belange deur ʼn

onafhanklike regbank beskerm kan word, wat individuele regte bereg

en toepas. Dit is slegs in ʼn baie geringe mate waar. Origens is die

argument ondeurdag en onoortuigend. Dit begryp glad nie die

beperkings van die regbank met betrekking tot politiek-verwante

aangeleenthede nie. Ofskoon in grondwetlike terme onafhanklik en

onpartydig, verteenwoordig die regbank nie ʼn politieke stroming,

verwyderd en onafhanklik van heersende politieke elite nie. Die

regbank is trouens deel van een en dieselfde regerende elite en deel

die uitgangspunte en doelwitte daarvan. Die howe vertolk die reg, die

grondwet en individuele regte aan die hand van die uitgangspunte van

die regerende elite waarvan hulle deel vorm. Dit is die geval met alle

regbanke. Howe kan klein verstellings aan die werkswyse van die

wetgewende en uitvoerende gesag aanbring, maar kan en wil nie die

algemene denkwyse en doelwitte van die regerende elite ontwrig nie.

Dit is gevolglik onrealistiese onsin om voor te gee dat ʼn regbank deur

sy beslissings die belange van minderhede wat nie deel van die

regerende elite is nie sal vooropstel en die politieke projekte van die

regerende elite ter wille van minderhede in die war sal stuur. 3 Boonop

kan die regbank dit nie doen nie, omdat dit van die uitvoerende gesag

afhanklik is vir die uitvoering van sy hofbevele. Dit kan die

wetgewende en uitvoerende gesag nie antagoniseer nie en moet as

gevolg daarvan deurlopend regterlike terughoudendheid aan die dag

lê. Dít is ʼn algemene kenmerk van regbanke.

3 Sien hieroor K Malan ‘The unity of powers and the dependence of the judiciary’

(2006) 39 De Jure 149 et seq en in besonder die insigte van R Dahl, wat in hierdie

artikel behandel is.

284 Hoofstuk 10

2.2.2 Meervoudige openbare identiteite en regeringsfere

Hierdie dinge beteken egter nie ʼn finale afskeid van burgerskap nie.

Sinvolle politieke deelname — deelname wat ʼn impak het — en die

opneem van die amp van burgerskap is wel moontlik. Dit is moontlik

in gemeenskappe van beperkte geografiese en demografiese omvang

waarin daar gemeenskaplike bande van ʼn kulturele of dergelike aard

tussen mense bestaan, dit wil sê in tuistelike gemeenskappe. Dit is

moontlik omdat individue dáár werklik gehoor kan word, ʼn impak het

en sodoende die tuistelike gemeenskappe waarin hulle leef

daadwerklik mede-regeer. Dit is daar en gewoonlik slegs daar dat

mense in staat is om in praktiese terme die hoedanigheid van

burgerskap te kan uitoefen. Dit is daarom juis dáár, op tuistelike vlak,

dat regering behoort te setel. Besluite moet daar geneem en

uitgevoer word en die fiskale vermoë om dit te doen moet daar setel.

Daar kan algemeen gesproke drie soorte tuistelike gemeenskappe

wees.

Eerstens kan ʼn gemeenskap tegelyk plaaslik en kultureel wees, dit

wil sê ʼn homogene kultuurgemeenskap wat terselfdertyd op dieselfde

plek gekonsentreer is. Dit is ʼn plaaslike kultuurgemeenskap. Dit is die

gemeenskap met die mees omvattende gemenebes waaroor beskik en

regeer kan word en met die omvattendste bande tussen burgers (die

rykste res publicae).

Tweedens kan ʼn tuistelike gemeenskap ʼn plaaslike gemeenskap

wees waar ʼn kultureel heterogene gemeenskap wat dieselfde

grondgebied deel in weerwil van hulle kulturele heterogeniteit deur

ander — plaaslike — bande heg verbind word.

Derdens kan ʼn tuistelike gemeenskap ʼn kultureel homogene

gemeenskap wees, wat anders as die eerste een, nie plaaslike

gekonsentreer is nie, maar hegte kulturele bande het in weerwil van

die feit dat hulle nie op dieselfde plek saamgetrek is nie. Dit is ʼn

transplaaslike kultuurgemeenskap.

Ongeag die aard van die tuistelike gemeenskap beoog politokrasie

om maksimale selfregering aan al hierdie gemeenskappe toe te ken.

Elkeen van hierdie tuistelike gemeenskappe beskik oor sy eie soort res

publicae — openbare sake gemeenskaplik aan die burgery van die

betrokke gemeenskap — waaroor die burgers van daardie gemeenskap

gesamentlik beskik. By die bespreking hieronder van die res publicae

en burgerskap word al drie hierdie tuistelike gemeenskappe in

gedagte gehou, maar dit is veral die eerste gemeenskap waarop die

klem val.

Politokrasie 285

Ons is egter natuurlik nie net deel van tuistelike gemeenskappe

nie, maar ook van veel meer, asook omvattender gemeenskappe —

geografies, demografies en kultureel. Dit is gemeenskappe wat gebind

word deur gemeenskaplike openbare belange en kwessies, anders as

dit wat tuistelike gemeenskappe bind. Die meer omvattende

gemeenskappe beskik na gelang van hul aard elk oor sy eie res

publicae. Die dinge (die res publicae) wat sodanige omvattende

(subkontinentale en dergelike) gemeenskappe bind, mag handel oor

die bekamping van aansteeklike siektes, watervoorsiening,

besoedeling, ekonomiese belange, kubermisdaad, of watter ander

omvattende kwessie ook al. In die laaste instansie is daar ook ʼn

globale gemeenskap, want daar is sake wat inderdaad globaal is en

wat nie net tuistelik hanteer kan word nie. Trouens, ons is al lank nie

meer net deelgenote van ons onmiddellike kultuurgemeenskap nie,

maar ook van ʼn wêreldkultuur. Die letterkunde en die wetenskap het

dit reeds lank gelede teweeg gebring en onlangse globalisering het

hierdie realiteit prominent onderstreep. Bowendien is daar ook ʼn diep

menslike behoefte om as deel van die omvattende mensdom erken en

gerespekteer te word. Ons openbare identiteit behoort bepaal te

word deur die feit dat ons gelyktydig tot al hierdie gemeenskappe

behoort en regeringsgesag — bindende besluitneming en die

uitvoering van besluite — behoort, afhangende van die soort kwessie

wat ter sake is, in al hierdie vlakke te setel.

Daar is sake wat as tipies tuistelike, regionale, subkontinentale of

globale kwessies uitgewys kan word, met ander woorde daar is

verskeie tipies tuistelike, regionale, subkontinentale of globale res

publicae. Maar daar is baie aangeleenthede wat gelyktydig in verskeie

van hierdie sfere van belang is. Daar moet telkens uitgeklaar word op

watter regeringvlak daar met die betrokke saak gehandel moet word.

Gesamentlike regering op meerdere vlakke sal dikwels noodsaaklik

wees. Die kern van die saak is dat daar geen enkele soewereine

regering is nie. Daar bestaan nie net ʼn enkele soewereine staatlike

regering waarop die staatlike paradigma (in sy mees ontoegeeflike

vorm) aandring nie.

2.2.3 Subsidiariteit en Korreksie

Daar is twee beginsels wat volgens ʼn politokratiese sienswyse die

toedeling van regeringsgesag reël. Eerstens is daar die beginsel van

subsidiariteit en selfregering, en tweedens, die beginsel van

korreksie. Subsidiariteit en selfregering is heg verweef en impliseer

mekaar. Hieronder word eers na subsidiariteit (wat selfregering

impliseer) verwys. Later volg opmerkings meer bepaald oor

selfregering.

286 Hoofstuk 10

Subsidiariteit

Volgens die beginsel van subsidiariteit moet regering so ver moontlik

tuistelike selfregering wees. Regeringsfunksies moet gevolglik op die

mees tuistelike vlak, so na as moontlik aan diegene wat regstreeks

deur die uitvoer van daardie funksies geraak word, uitgeoefen word.

Dit geld nie net vir regeringsfunksies wat gewoonlik met plaaslike of

provinsiale regering vereenselwig word nie, maar in beginsel vir alle

ander funksies. Meer verwyderde regering, wat verder weg geleë is

van diegene wat daardeur geraak word, mag nie inmeng in die sake

van meer tuistelike regerings nie.

• Indien ʼn tuistelike gemeenskap ʼn plaaslike kultuurgemeenskap is

(die eerste soort wat hierbo beskryf is) en dus ʼn homogene

kultuurgemeenskap gekonsentreer op ʼn bepaalde plek is, moet

maksimale regering dáár geskied. Die locus van regering word

derhalwe gelyktydig deur domisilie en personaliteit (wie die

betrokke mense kultureel gesproke is) bepaal.

• Indien ʼn tuistelike gemeenskap ʼn plaaslike gemeenskap is (die

tweede soort wat hierbo beskryf is) en dus ʼn kultureel heterogene

plaaslike gemeenskap is met ʼn gemeenskaplike wil om in

dieselfde territorium regeringsfunksies te behartig, moet dit

inderdaad dáár gedoen word. Die locus van regering word in

hierdie geval deur domisilie bepaal. Soos blyk uit die bespreking

van die derde soort plaaslike gemeenskap onmiddellik hierna, is

die sake waaroor die regering van hierdie tweede soort

gemeenskap (plaaslike tuistelike gemeenskap) mag regeer egter

beperk. Dit is beperk tot die res publicae van die betrokke

plaaslike gemeenskap. Dit handel dus oor die sake wat

daadwerklik gemeenskaplik aan daardie gemeenskap is, maar

sluit nie die sake van transplaaslike tuistelike

kultuurgemeenskappe in nie. Laasgenoemde word nie ingesluit by

die res publicae van die plaaslike gemeenskap nie.

• Derdens is daar dan die transplaaslike tuistelike

kultuurgemeenskap. Dit is ʼn tuistelike, kultureel hegte,

homogene gemeenskap wat nie plaaslik gekonsentreer is nie. Die

regeringsfunksies in en vir so ʼn gemeenskap moet deur die

betrokke gemeenskap uitgeoefen word. Net soos die

regeringsfunksies van plaaslike tuistelike gemeenskappe, is die

regeringsfunksies van transplaaslike tuistelike gemeenskappe ook

beperk. Dit is beperk tot die res publicae van daardie

gemeenskap, dit wil sê tot sake wat op die kulturele welweë van

die betrokke gemeenskap betrekking het. Lede van so ʼn

gemeenskap sal dus in verskeie heterogene plaaslike

gemeenskappe woon. Volgens ʼn politokratiese sienswyse sal

elkeen van hierdie plaaslike gemeenskappe maksimale

selfregering hê. Dié regering sluit egter nie regering oor die sake

Politokrasie 287

van die betrokke hegte maar geografies verspreide

kultuurgemeenskappe (transplaaslike kultuurgemeen-skap) in wat

in verskeie plaaslike gemeenskappe woonagtig is nie. In sulke

plaaslike gemeenskappe word die locus van regering gelyktydig

deur domisilie, sowel as personaliteit bepaal. Die domisiliebeginsel

bepaal die locus van regering oor die dinge wat

gemeenskaplik in so ʼn plaaslike gemeenskap is. Daarenteen

bepaal die personaliteitsbeginsel die locus van regering oor die

sake wat besonders aan die betrokke persone (die lede) is wat aan

die betrokke transplaaslike kultuurgemeenskap behoort.

Nie een van hierdie tuistelike vorme van regering sit die huidige

territoriale staat voort nie. Dit geld ook vir die eerste soort tuistelike

gemeenskap en regering (die plaaslike kultuurgemeenskap). Dit is ook

nie ʼn kontinuering van die territoriale staat in kultureel homogene

vorm nie. Dit is om twee redes die geval.

Die eerste is omdat nie een van hierdie politieke gemeenskappe

soewerein is nie. Hulle is nie mikro-soewereine territoriale staatjies

nie, want daar is verskeie sake (res publicae) wat buite hulle

regeringsjurisdiksie val en deur meer omvattende politieke eenhede,

waarvan die tuistelike politieke eenhede deel uitmaak, behartig

word. Gevolglik voorsien politokrasie nie die voortsetting van ʼn

soewereine territoriale staat, hetsy in sy huidige gedaante, of in die

vorm van ʼn klomp mikro soewereine staatjies nie. Dit herinner eerder

aan ʼn losse federasie waarin regeringsfunksies tussen verskeie

gemeenskappe verdeel na gelang van die soort res publicae wat eie is

aan elke gemeenskap — vanaf tuistelike tot meer omvattende

gemeenskappe.

Tweedens is tuistelike gemeenskappe (en regerings) geografies en

demografies te klein en beperk om werklik territoriale (of nasionale)

state te wees. Politokrasie stel in die vooruitsig dat daar ʼn ryk

gemenebes sal wees waaroor regeer moet word. Verder beteken

burgerskap vanuit ʼn politokratiese oogpunt ook die daadwerklike

behartig van regeringsfunksies. Dit is iets wat beswaarlik in ʼn

omvangryke territoriale staat moontlik is. Die beperkte omvang van

tuistelike gemeenskappe (en regerings) is wesenlik noodsaaklik vir ʼn

politokratiese bedeling. Sodra dit te groot raak, ly dit juis skipbreuk.

Daarom is dit nie vereenselwigbaar met die territoriale staat nie.

Omvang, veral wat betref die getal inwoners (lede) en burgers, maar

ook wat betref geografiese omvang, is dus ʼn kritiese kwessie vir

politokrasie. Dié aspekte kom aan die einde van hierdie hoofstuk ter

sprake

Wanneer tuistelike regerings dit moeilik vind om ʼn

regeringsfunksie uit te oefen, neem meer verwyderde regerings nie

sonder meer hierdie funksies oor nie. Inteendeel, meer verwyderde

288 Hoofstuk 10

regering se eerste verantwoordelikheid kragtens die subsidiariteitsbeginsel

is juis om te help toesien dat die betrokke funksie wel deur

die mees tuistelike regering uitgeoefen kan word. Dit is alleen

wanneer dit klaarblyklik onmoontlik blyk te wees vir ʼn meer tuistelike

regering om ʼn funksie te behartig dat dit na ʼn regering wat wel by

magte is om die betrokke funksie uit te voer ‘opgewentel’ mag word.

As uitgangspunt setel regeringsfunksies egter altyd op die mees

tuistelike vlak. Volgens die politokratiese sienswyse is die tuistelike

vlak die natuurlike locus — die vertrekpunt en verstekposisie — van

regeringsmag. Dit setel daar, tensy en totdat dit blyk dat dit

noodsaaklik is om die betrokke mag op te wentel. Opwenteling is in

beginsel tydelik: regeringsgesag bly opgewentel alleen vir sover dit

noodsaaklik is en solank dit nie afgewentel kan word nie. Sodra dit

weer tuistelik uitgevoer kan word, moet afwenteling weer plaasvind.

Die vertolking van die subsidiariteitsbeginsel wat hier voorgehou

word, verskil beduidend van die wyse waarop regeringsfunksies

gewoonlik deur konstitusionele reëlings in die huidige territoriale

staat aan federerende eenhede, munisipaliteite, provinsies en

deelstate toegedeel word. Die eenhede van ʼn bepaalde vlak sal

gewoonlik presies dieselfde magte hê. Alle provinsies het aan die een

kant presies dieselfde regeringsmagte, terwyl die magte van alle

munisipale regerings ook gelyk is. Aan die hand van die beginsel van

subsidiariteit sien sake heel anders daaruit, want daarvolgens kan ʼn

tuistelike regering maksimale regeringsfunksies uitoefen, met

inbegrip van die soort funksies wat gewoonlik met nasionale regering

vereenselwig word. Al vereiste daarvoor is dat die betrokke owerheid

daadwerklik daartoe in staat moet wees. Dit is in hierdie opsig dat

tuistelike gemeenskappe en tuistelike regering juis van plaaslike

(munisipale) regering kragtens geykte grondwetlike reëlings verskil.

Waar plaaslike regeringsfunksies inherent beperk is, is dié van

tuistelike regering, al is dit plaaslik gebaseer, nie aan dieselfde

beperkings onderhewig nie.

Subsidiariteit en selfregering is heg verweef. Dit impliseer dat

mense outonoom moet kan beslis oor die openbare sake wat hulle

raak. Selfregering is op sy beurt weer heg verbind met die beginsel

van menswaardigheid. ʼn Menswaardige handelswyse vereis dat

volwasse handelingsbevoegde mense in beginsel nie aan voorskrifte

onderworpe moet wees nie. Dwang en voorskrifte wat mense se

outonome vermoë om self oor hul sake te besluit, beperk, is ʼn

kwetsende objektivering van mense en krenk hul menswaardigheid.

Dit kan verhoed word indien mense oor die bevoegdheid beskik om

self oor hulle sake te besluit. Basiese menswaardigheid, selfregering

en subsidiariteit is gevolglik drie heg verbonde en wedersyds

aanvullende beginsels.

Korreksie

Politokrasie 289

Tuistelike regering, soos trouens enige regering, kan skeefloop. So

kan daar in die private belang van slegs sekere mense in plaas van in

die algemene tuistelike belang regeer word, of kan ʼn tuistelike

regering sy mag tot nadeel van ʼn sektor in die betrokke tuistelike

gemeenskap misbruik. Tuistelike regering kan in ʼn geslotenheid, ʼn

oormaat parogialiteit of sektarisme verval, wat die tuistelike

gemeenskap in moralistiese bekrompenheid, godsdienstige

fundamentalisme, of dergelike totalitarisme kan verstik. Parogialiteit

en geslotenheid is niks vreemds nie. Binne perke is dit trouens ook nie

noodwendig sleg nie. Trouens, daar is hoogs gemoderniseerde en

omvattende gemeenskappe wat hulself juis weens hul eiesoortigheid,

eienaardigheid en oorvereenvoudigde sienswyses van ander

onderskei. Dit is juis dié soort dinge wat gemeenskappe konstitueer,

afbaken en kenmerk. Die probleem lê nie by parogialiteit as sodanig

nie, maar by parogialiteit wat tot klaarblyklike nadeel en

onderdrukking van mense binne daardie gemeenskap lei, of waar dit

in daadwerklike gevaar vir ander gemeenskappe ontaard. Dit is in

hierdie konteks dat korreksie ter sprake kom.

Aangesien soewereiniteit ingevolge ʼn politokratiese sienswyse

nêrens uitsluitlik op een plek setel nie — ook nie in ʼn tuistelike

regering nie — kan ʼn tuistelike regering van buite gekorrigeer word.

Verder kan tuistelike gemeenskappe en regerings as deel van en in

wisselwerking met regionale en subkontinentale gemeenskappe en

die globale gemeenskap ook gerig en gekorrigeer word om te verhoed

dat tuistelike regering in chauvinisme, eiegeregtigheid of

onderdrukking van eie gemeenskappe verval. Dit is natuurlik iets wat

weens die opkoms van internasionale en regionale menseregtestandaarde

sedert die Tweede Wêreldoorlog inderdaad reeds

bestaan. Hierdie standaardisering poog juis om so ʼn korrigerende

uitwerking te hê en is ook deels suksesvol.

Subsidiariteit en selfregering aan die een kant en korreksie aan

die ander kant is natuurlik potensieel teenstrydig. Korreksie hou in

dat sekere besluite wat gemaklik op tuistelike regeringsvlak geneem

en uitgevoer kan word, nogtans ontoelaatbaar is omdat dit individuele

immuniteit en vryheid inkort en dus tot ʼn totalitêre ingryping in die

privaat aangeleenthede van individue mag lei. Aan die ander kant mag

die private aansprake van individue nie so ver strek dat dit die

tuistelike regering se gesag inkort om die integriteit van die tuistelike

gemeenskap te beskerm nie. Daar is nie ʼn klinkklare formule aan die

hand waarvan hierdie spanning besleg kan word nie. Dit is iets wat

telkens deur goeie politieke oordeel beslis moet word. Drie

hulpmiddels kan egter vir die bewaring van hierdie ewewig aan die

hand gedoen word.

290 Hoofstuk 10

Die eerste is dat politieke besluitneming, ook deur tuistelike

regerings, deurlopend op grond van ʼn oop politieke

besluitnemingsproses moet geskied. Wanneer bepaalde individue in

die besonder deur so ʼn besluit geraak kan word, moet hul menings oor

die betrokke aangeleentheid in ag geneem word en in die besluit

neerslag vind. Dit kom neer op ʼn toepassing van die geykte beginsel

van natuurlike geregtigheid, naamlik dié van audi alteram partem.

Die tweede brei die ander beginsel van natuurlike geregtigheid,

die nemo iudex in sua causa-beginsel wat gewoonlik net vir regterlike

en administratiewe beslissings geld, na die terrein van politieke

besluitneming uit. Daarvolgens is politieke besluite deur dominante

politieke besluitnemers in hul eie partydige belang ontoelaatbaar.

Derdens moet daar ʼn jurisdiksionele vermoede ten gunste van die

gesag van die tuistelike regerings geld, om sodoende die integriteit

van tuistelike gemeenskappe te beskerm. Dit is noodsaaklik om

tuistelike gemeenskappe teen homogeniserende druk van

kapitaalkragte markkragte en die homogeniserende impak van veral

die internasionale elektroniese media te beskerm.

Soos reeds gesê, is tuistelike gemeenskappe en regering die

hoeksteen van politokrasie. Teen hierdie agtergrond word die

sleutelkonsep van res publica en daarna dié van polites (burger)

vanuit ʼn politokratiese perspektief toegelig. Die res publicae en die

polites is so heg met mekaar verweef dat hulle mekaar in werklikheid

impliseer. Hulle vorm deel van een logiese geheel. Ofskoon die twee

konsepte afsonderlik behandel word, bly hulle onderling afhanklik.

Hierdie konsepte hang nou saam met die probleem van die paslike

omvang van die tuistelike gemeenskap, want sowel ʼn te groot as ʼn te

klein tuistelike gemeenskap is onherbergsaam vir ʼn lewendige res

publica en versmoor die uitoefening van burgerskap. Die omvang of

die grootte van die tuistelike gemeenskap is dus van kardinale belang.

Dit word ter afsluiting bespreek.

3 Res publica / Gemenebes

3.1 Eienskappe van ʼn res publica 4

Volgens ʼn politokratiese siening soos tot dusver hierin uiteengesit, is

daar verskeie gemeenskappe: vanaf die mees tuistelike tot die mees

4

Daar word hier ruim van die begrip res publica, soos dit uit die Romeinse sakereg

stam, gebruik gemaak. Ofskoon daar ooreenkomste is, het dit hier nie dieselfde

betekenis as wat dit in die sakereg het nie. Res publica binne die konteks van

republikeins het egter nog altyd ’n ietwat ander betekenis as wat dit in die

sakereg het.

Politokrasie 291

omvattende wêreldgemeenskap. Elkeen het sy eie res publicae. Daar

is min sake wat werklik gemeenskaplik aan alle mense is. Daarom is ʼn

wêreldgemeenskap die dunste — die vaagste en as ’t ware die mees

verbeelde — gemeenskap. Nogtans is daar gemeenskaplike sake wat

eie aan almal is, selfs al is dit net van tyd tot tyd of al is dit van ʼn

meer abstrakte aard. Vir sover daar tog sodanige sake is, is daar wel

ʼn wêreldgemeenskap. In die bespreking hieronder van res publicae,

val die klem egter hoofsaaklik op die res publicae van tuistelike

gemeenskappe omdat dit die grondslag van ʼn politokratiese orde is en

omdat dit juis in tuistelike gemeenskappe en tuistelike regering is dat

menswaardige demokratiese politiek en die uitleef van burgerskap tot

sy reg kan kom.

Die res publicae is die gemenebes — openbare sake van algemene

belang vir alle burgers. Dit is die gemenebes van sake waaroor die

politiek handel — waaroor burgers politieke besluite neem en die sake

met betrekking waartoe regeer word. Daar bestaan dus ʼn logiese

verband tussen die res publicae aan die een kant en burgerskap aan

die ander kant, want burgerskap word met betrekking tot die res

publicae uitgeoefen. Sonder die res publicae is daar niks waaroor daar

gesamentlik beskik en regeer kan word nie. Daarsonder is alles privaat

en is burgerskap, wat juis van die bestaan van ʼn gemenebes afhanklik

is, onbestaanbaar. Vanuit ʼn politokratiese oogpunt word burgers

(politai) se aktiewe deelname en hul beskikking oor die res publicae

as ʼn inherente deug beskou. Dit stel mense in staat om daadwerklik

menswaardig oor die openbare sake wat hulle in gemeen het, te

beskik in plaas daarvan om inherent mensonwaardig deur voorskrifte

geobjektiveer te word, of blote toeskouers te wees van die lotgevalle

van die sake wat hulle gemeenskaplik raak. Burgers se

gemeenskaplike deelname aan regering oor die gemenebes is ook

inherent deugsaam omdat dit mense in staat stel om uit die private

domein te beweeg. Deur deelname aan regering word burgers in die

posisie geplaas om hulle oor die gemeenskaplike res publicae

rasioneel aan mekaar te verantwoord, om medeburgers aan te hoor

en deur hulle beïnvloed te word en tegelyk om aangehoor te word en

te beïnvloed — om ʼn impak te hê. So ʼn republikeinse handelswyse is

volgens ʼn politokratiese sienswyse per se deugsaam.

ʼn Res publica is egter nouliks in ʼn geografies uitgestrekte en

bevolkingsryke territoriale staat bestaanbaar. Daarom is

daadwerklike burgerskap, wat nie sonder behoorlike res publicae

moontlik is nie, beswaarlik in die territoriale staat bereikbaar. Dit is

veral so wanneer die bevolking van die territoriale staat ʼn hoë mate

van heterogeniteit vertoon. Die staat is in so ʼn groot opset eenvoudig

te ver van die meeste inwoners verwyderd en die inwoners te veel en

dikwels te heterogeen, wat meebring dat werklik gemeenskaplike

openbare sake, wat as gemeenskaplik beleef word, ontbreek. Anders

gestel, daar is in werklikheid gewoon geen sinvolle res publicae nie.

292 Hoofstuk 10

In die afwesigheid van so ʼn gemenebes verdwyn die moontlikheid van

daadwerklike burgerskap en raak mense bloot individue wat hulle met

hul private sake besig hou. Vir sover daar ʼn gemenebes bestaan, is dit

bloot ʼn abstraksie. ʼn Daadwerklike stel res publicae kan eers

teenwoordig wees wanneer die politieke gemeenskap geografies en

demografies beduidend meer beperk — en heg — is. Eers dan raak dit

moontlik vir individue om die amp van burgerskap op te meen en saam

met medeburgers oor hulle res publicae te beskik. Voordat daar

werklike res publicae kan wees, moet daar dus daadwerklike menslike

gemeenskap wees. Vir die doel van die tuistelike gemeenskap en

tuistelike regering vereis dit minstens ʼn minimum-graad van

homogeniteit en menslike betrokkenheid met mekaar. Die res

publicae reflekteer daadwerklike gemeenskap. Hierin kan die politiek

— die vrye deelname aan openbare sake van die gemenebes, dit wil sê

die daadwerklike praktisering van burgerskap — gedy.

Die hegste gemeenskappe beskik oor die mees omvattende res

publicae. Daarom beskik tuistelike gemeenskappe oor ʼn meer

omvattende gemenebes as meer omvangryke gemeenskappe; en

daarom beskik tuistelike gemeenskappe van die eerste soort wat

hierbo beskryf is, naamlik ʼn tuistelike homogene kultuurgemeenskap

wat op dieselfde plek gekonsentreer is, oor die omvattendste res

publicae en oor die mees omvattende geleentheid vir burgerskap.

Die res publicae vertoon die volgende onderskeidende

eienskappe:

• Dit kan nie soos privaat eiendom in individue, ter uitsluiting van

ander individue setel nie. Dit is dus nie vir die eksklusiewe beheer

van ʼn individu vatbaar nie. Dit veronderstel altyd gesamentlike en

gemeenskaplike belange daarin en beheer daaróór, saam met

andere wat ʼn gelyke of soortgelyke belang daarin het. Daar kan

nie op dieselfde wyse as bates in commercio (in die

handelesverkeer) daaroor beskik word nie en die privaatregtelike

verskynsels van (individuele) eiendomsreg, beswaring of

vervreemding na gelang van die wilsbesluit van die individuele

reghebbende kan nie ten opsigte van res publicae voorkom nie.

Die res publicae oorskry gewoonlik die individu se lewensduurte.

ʼn Individu word as ’t ware daarin gebore en by afsterwe laat hy/

sy dit gewoonlik — weliswaar moontlik ietwat verander — agter;

• Die res publicae veronderstel altyd ʼn gemeenskaplike belang met

andere. Dit is nooit te bedink sonder andere wat nie ook ʼn belang

in dieselfde res publica het nie. Besluite oor die res publicae kring

altyd uit na almal wat ʼn belang in die res publicae deel. Net soos

die res publicae dus nie in ʼn enkele individu kan setel nie, is die

lotgevalle daarvan ook nooit tot slegs enkeles beperk nie. As een

daardeur bevoordeel word, beteken dit gelyktydig ook voordeel

vir ander en as een deur ʼn inbreuk op die gemenebes benadeel

Politokrasie 293

word, volg daar terselfdertyd nadeel vir ander burgers. Aangesien

die res publicae altyd gemeenskaplike belange is en nooit

eksklusief in ʼn enkele individu kan setel nie, bring die beskikking

daaroor noodwendig altyd alle ander persone (burgers) met ʼn

gedeelde belang in die res publicae op die voorgrond. Beskikking

oor die sake van die gemenebes veronderstel derhalwe altyd

interaksie met ander burgers oor die gemenebes. Die res publicae

impliseer dus dat mense as burgers op mekaar aangewese is.

Daarom is dit wat as res publicae gehou (gedeel) word, ook die

sement vir die (burgerlike) gemeenskap. Ofskoon burgers oor die

res publicae kan verskil en kan twis, word die res publicae in die

finale instansie as hul gemenebes gesamentlik deur alle burgers

gehou en is dit dus juis die grondslag vir ʼn daadwerklike

gemeenskap. 5

Wat is dan die gemenebes — die res publicae — van die tuistelike

gemeenskap? Met ander woorde, watter sake en watter bates is die

gemenebes van die burgers van die tuistelike gemeenskap — die

openbare sake wat burgers met mekaar in gemeen het en waaroor

hulle saam beskik? 6

3.2 Die res van die res publicae

In die omvattende territoriale staat wat op ʼn liberale grondslag

bedryf word, kan die res publicae skraal raak, omdat soveel dinge

binne die private sfeer en dus buite die terrein van politieke

besluitneming geplaas word. Daarteenoor kan sake wat werklik

individueel en intiem is en dus in die private domein tuishoort,

verkeerdelik as res publicae getipeer word. Dit baan die weg vir ʼn

totalitêre staat, waardeur regeringsingryping individuele vryheid en

sosiale verkeer met onbehoorlike voorskrifte beperk. Vanuit ʼn

politokratiese oogpunt is die winste van individuele vryheid wat deur

die moderne era teweeg gebring is, kosbaar. Totalitêre ingryping is

daarom verwerplik. Om dit te verhoed, mag wesenlik private

aangeleenthede nie as res publicae behandel word nie.

5 Sien hieroor Malan (n 1 hierbo) asook M Berent ‘Collective rights and the Ancient

Community’ (1991) IV Canadian Journal of Law and Jurisprudence 394.

6

Helderheid oor die res van die res publicae lê in ʼn onderskeid wat getref word

tussen sake binne die handelsverkeer (res in commerrcium) in teenstelling met

sake buite die handelsverkeer, oftewel die res extra commercium, waaronder die

res publicae tel. Individue as deelnemers aan die ekonomiese verkeer staan in

verhouding teenoor die res in commercio, terwyl burgers (politai) weer in

verhouding tot die res publicae staan. ʼn Innoverende hervertolking en uitbreiding

van die res publicae is sentraal belangrik vir die politokratiese bedeling. Die

konsep van res publicae as belange wat volgens die Romeinsregtelike indeling in

beginsel buite die handelsverkeer val, is waardevol omdat dit die gereedskap

verskaf vir die ontwikkeling van bates (res in die breedste sin van die woord) vry

van die dissiplines van die ekonomiese kategorieë.

294 Hoofstuk 10

ʼn Groot aantal werklike algemene openbare sake is denkbaar. 7

Wat hier volg is dus nie ʼn katalogus van alle res publicae nie, maar

wel ’n bespreking van die wesenlikste res publicae, naamlik taal,

patria, gemeenskap en openbare instellings. Dit is die res publicae

waarsonder burgerskap en ʼn politieke lewe nie moontlik is nie.

Taal

Taal is ʼn belangrike merker van individuele identiteit. Dit is en word

ook as sodanig deur baie mense beleef. Dit is voorts die

gemeenskaplike middel wat burgers in staat stel om gesamentlik oor

die res publicae is te beskik. Sonder ʼn gemeenskaplike taal is dit

onmoontlik vir burgers om met mekaar interaksie te hê en om oor die

res publicae te beskik. ʼn Gemeenskaplike taal is dus die grondslag vir

al die ander res publicae. Sonder ʼn gemeenskaplike taal, is alle ander

res publicae prakties ondenkbaar omdat dit dan onmoontlik is om

daaroor te beskik — gesamentlik daaroor te regeer.

Taal(gemeenskaplikheid) is dus nie net die primêre res publica nie,

maar terselfdertyd die noodsaaklike voorvereiste vir die sinvolle

bestaan van alle ander res publicae. As ʼn persoon nie deel van die

taalgemeenskap is nie, beteken dit dat hy/sy nie in staat is om deel

te neem aan die beskikking oor enige van die (ander) res publicae nie

en derhalwe ook nie by magte is om ʼn burger te wees nie. Daar mag

veeltalige tuistelike (en dergelike) gemeenskappe en veeltalige

regering wees. Om regering in ʼn veeltalige opset moontlik te maak,

vereis egter fasiliteite om almal, ongeag die taalverskeidenheid,

deurlopend volwaardig en gelykwaardig deel van die politieke

diskoers oor die gesamentlike beskikking oor die gemenebes te maak.

Vir sover die diskoers oor die beskikking van die res publicae in ʼn taal

of tale gevoer word wat nie almal verstaan nie, word diegene wat nie

verstaan nie van burgerskap uitgesluit, want dit bring mee dat hulle

nie saam daaroor kan beskik nie. Net so moet almal in ʼn veeltalige

opset in staat gestel word om (as burgers) sonder inhibisies weens

gebrekkige taalvaardigheid in die taal wat nie sy/haar moedertaal is

nie, op gelyke grondslag met alle ander burgers aan die politieke

diskoers en mede-regering deel te neem.

Sommiges is van nature meer skugter en terughoudend, of hulle

wil hulle eenvoudig nie met die wel en weë van die res publicae

bemoei nie. Hulle sal om dié redes dus ook geïnhibeer voel om aan die

politieke besluitnemingsproses deel te neem, of hulle uit vrye wil

daarvan weerhou. As dit die geval is, is hulle persoonlike

temperament, persoonlikheidseienskappe of vrye wilsbesluit vir

uitsluiting van die politieke besluitnemingsproses verantwoordelik.

7

Die leemte van sekere eietydse moderne denke wat sigself republikeins noem, is

dat dit juis sonder ’n daadwerklike res publicae te werk gaan.

Politokrasie 295

Dit is nie die skuld van ʼn bedenklike konstitusionele reëling nie. As

onderdrukking en inhibering van deelname aan mede-regering,

oftewel die onvermoë om die amp van burgerskap op te neem, egter

die gevolg is van ʼn taal-konstitusionele reëling wat deelname vir

sommiges moontlik maak, maar dit vir ander bemoeilik of ontsê, moet

dit natuurlik aan die betrokke onbillike konstitusionele reëling gewyt

word. So ʼn reëling verskaf taal as basiese res publica aan sekere dele

van die bevolking, maar sluit ander daarvan uit; dit maak van diegene

wie se moedertaal vir politieke besluitneming gebruik word burgers,

maar sluit alle ander in ʼn meerdere of mindere mate van die amp van

burgerskap uit; dit bring seksionele regering mee vir diegene wat die

betrokke taal ken en verkies oor diegene wat dit nie verkies of

behoorlik magtig is nie. So ʼn konstitusionele reëling is klaarblyklik

onbillik en ondemokraties. Nog meer laakbaar is die feit dat dit

bowendien die basiese menswaardigheid skend van diegene wat

weens die konstitusionele taalreëling gemarginaliseer word. Dit

verkleineer hulle tot iets gelykstaande aan handelingsonbevoegde

persone, want, asof hulle kinders is, word dit aan ander oorgelaat om

oor hulle belange te beskik.

Die mees ekstreme staatlike antwoord op ʼn veeltalige opset is in

hoofstuk 6 uitgepluis. Daarvolgens kry een taal as staatlike taal

voorkeur om aan die hand van ʼn staatsbouprojek ʼn staatlike identiteit

na die beeld — en klank — van die sterflike god af te dwing. Mense

moet daarvolgens hul eie taal en dergelike partikuliere eienskappe en

waardes prysgee om in ooreenstemming met die politieke diskoers in

die staatlike orde deel te neem en aan die identiteit van die staatlike

orde te konformeer. Vanuit ʼn politokratiese oogpunt is dit ʼn

onverskoonbare miskenning van mense se identiteit ter wille van die

staat. Gesien vanuit ʼn politokratiese perspektief word die res

publicae gekonstrueer aan die hand van die verskeidenheid van

eienskappe van die bevolking en nie vanuit die belange van die

territoriale staat nie. Gevolglik is die taal van elke taalgemeenskap

ewe belangrik en kwalifiseer elke taal as fundamentele res publica

van die betrokke gemeenskap en dus as taal wat as die medium dien

vir beskikking oor die gemenebes van die betrokke gemeenskap.

Vanuit ʼn politokratiese oogpunt is ʼn taal van beperkte omvang nie

ʼn struikelblok in die beoefening van burgerskap en mede-regering oor

die res publicae nie. Inteendeel, dit is juis ʼn middel wat die

beoefening van burgerskap en daadwerklike mede-regering moontlik

maak. Dit is veral moontlik binne die beperkte omvang van die

tuistelike gemeenskap. Soos verduidelik, is dit juis in die konteks van

tuistelike gemeenskappe en regerings dat mense as burgers in

medewerking en interaksie met ander burgers impak kan hê — mede

kan regeer. Omdat dit binne die beperkte tuistelike konteks is, is

burgerskap en mede-regering derhalwe juis moontlik in die

(moeder)taal van die betrokke gemeenskap. Juis daarom is ʼn meer

296 Hoofstuk 10

omvattende of ʼn wêreldtaal hoegenaamd nie nodig nie. Dit is in die

beperkte eie taal dat mense in staat gestel word om vry van inhibisie

en ongemarginaliseerd impak in die politieke diskoers te hê — burgers

te wees en sodoende mede te regeer.

Die hantering van taal as ʼn basis-res publica sal verskil na gelang

van die soort tuistelike gemeenskap waarmee ʼn mens te doen het. By

die eerste en derde soort tuistelike gemeenskappe soos hierbo

verduidelik (plaaslike kultuurgemeenskappe en transplaaslike

kultuurgemeenskappe) sal daar juis weens hul kulturele homogeniteit

net ʼn enkele taal as res publica wees. Met betrekking tot alle ander

gemeenskaplike openbare belange van die betrokke gemeenskappe

kan daardie enkele taal aangewend word as die voor die hand liggende

medium waarin die sake van die betrokke gemeenskap bestuur word.

By die tweede soort tuistelike gemeenskap, naamlik plaaslike

kultureel heterogene dog heg verbonde gemeenskappe, sal daar juis

weer taal-heterogeniteit (ʼn veeltalige opset) wees. Taal bly natuurlik

steeds in hierdie geval ʼn res publica, met dien verstande dat dit

verskeie tale in plaas van ʼn enkele taal is. In dié soort gemeenskappe

behoort fasiliteite beskikbaar te wees om burgers van daardie

gemeenskappe in staat te stel dat elkeen sy/haar taal van keuse met

betrekking tot die bestuur van die gemeenskaplike sake van die

betrokke plaaslike gemeenskap kan gebruik.

Patria (en ander gemeenskaplike waardes van grond)

Grond is vanuit ʼn ekonomiese oogpunt ʼn produksiefaktor. So gesien is

grond afgebakende eenhede wat die basis is van produksie, industrie,

handel en bewoning, en dit is natuurlik vatbaar vir private

eiendomsreg, beswaring en vervreemding en dergelike beskikking

kragtens die beginsels van die privaatreg. Dit is egter nie die enigste

beskouing en funksie van grond nie. Grond is tegelyk ook die

gemeenskaplike fisiese, psigiese (en simboliese) bate van ʼn

gemeenskap. Dit is die land, die patria 8 van ʼn gemeenskap in die

geheel. Dit is die landstreek/stad/gebied waar ʼn bepaalde tuistelike

(of meer omvattende gemeenskap) woon. Die patria sal afhangende

van die betrokke tuistelike gemeenskap bepaalde kulturele

eienskappe vertoon. In die geval van die eerste soort tuistelike

gemeenskap, waar ʼn kultureel homogene gemeenskap op ʼn bepaalde

plek saamgetrek is, is daardie plek juis die patria wat terselfdertyd

die homogene kulturele eienskappe van die mense wat daar woon,

vertoon. In die geval van die tweede — die hegte kultureel heterogene

8 Alternatiewe wat gebruik kan word is ‘vaderland’ en ‘heimat’. Patria word hierbo

verkies, aangesien dit die gemaklikste resoneer met die beperkte omvang van die

tuistelike gemeenskap van politokrasie.

Politokrasie 297

plaaslike gemeenskap wat op een plek versamel is — sal die bewoners

van die patria natuurlik weer heterogene kulturele eienskappe

vertoon. 9

Die patria is die gemeenskaplike gemenebes van alle burgers. Dit

is die gemeenskaplike openbare bate van alle burgers van die

betrokke gemeenskap en burgers beskik gesamentlik daaroor.

Gevolglik is burgers bevoeg om oor die fisiese integriteit daarvan te

waak. Waar plaaslike gemeenskappe ʼn bepaalde kulturele karakter

het en dus deur mense van ʼn bepaalde kultuur bewoon word (die

eerste en tweede soort tuistelike gemeenskappe), is dit binne die

politieke bevoegdheid van die betrokke regering om die kulturele

karakter van die betrokke plaaslike gemeenskap in stand te hou deur

immigrasie daarheen te beheer. Dit impliseer beperkings wat op die

individuele beskikking van grond (in die privaatregtelike sin) geplaas

mag word. Grond mag derhalwe nie so ongebreideld vervreem word

en die bewoningspatroon dus nie so ingrypend verander word dat dit

die kulturele karakter van die tuistelike gemeenskap, wat onder die

res publicae van so ʼn gemeenskap tuishoort, ontwrig nie.

Politokraties gesien word daar dus ʼn ewewig gehandhaaf tussen

grond as ʼn privaatregtelike ekonomiese bate wat as deel van die

ekonomiese verkeer vir individuele beskikking (deur eienaars) vatbaar

is, teenoor grond as deel van die gemeenskaplike patria. Vanuit die

privaatregtelike hoek beskou, is grond verdeelbaar van ander grond

en van ander titelhouers. Vanuit ʼn politokratiese oogpunt beskou, is

dit onverdeelbaar deel van die gemeenskaplike patria en setel dit nie

in private titelhouers nie, maar in die gemeenskap as geheel. Vanuit

ʼn privaatregtelike hoek, is dit res in commercio en dus bemarkbaar;

vanuit ʼn politokratiese hoek, daarenteen, is dit res publica, wat

beteken dat dit buite die handelsverkeer val — dit is res extra

commercium en derhalwe nie bemarkbaar nie. 10

Grond is ook in ten minste twee verdere opsigte — die een

ekologies en die ander ekonomies — deel van die gemeenskaplike res

publicae van die gemeenskap. Eerstens maak dit deel uit van die

fisiese omgewing wat noodwendig skoon en gesond moet wees ten

einde ʼn gesonde en sinvolle menslike bestaan moontlik te maak.

Tweedens is die geheel van die grond waarop ʼn gemeenskap woon die

gemeenskaplike bate (res publica) waaruit die gemeenskap sy

ekonomiese welstand moet verseker. Dit beteken natuurlik nie dat die

eiendomsreg van individuele grondeienaars ontken word nie.

9 Die derde soort gemeenskap, wat nie plekgebonde is nie, beskik natuurlik nie oor

die res publica van patria nie.

10 Hierdie onderskeid is natuurlik nie aan die reg onbekend nie. Tewens, dit sluit juis

by ’n geykte onderskeid met betrekking tot grond aan, waarvolgens die owerheid

oor die nasionale grondgebied regeer maar natuurlik nie die eienaar daarvan is

nie.

298 Hoofstuk 10

Allermins. Dit beteken egter wel dat grond benewens die feit dat dit

as deelbare eenhede deur individuele eienaars gehou word, as geheel

ook as ʼn res publica van ʼn ekonomiese aard vir die hele gemeenskap

bestaan. In albei hierdie opsigte van grond as res publica — ekologies

en ekonomies — beskik die gemeenskap as geheel oor grond. In

daardie opsigte val die beskikking oor grond as gemenebes binne die

regeringsbevoegdheid van die betrokke regering. Regerings het dus

die bevoegdheid om in die belang van die gemeenskap as geheel oor

die ekologiese en ekonomiese welsyn van grond te beskik. Dit

impliseer weereens beperkings op die individuele regte van die

betrokke eienaar om daaroor te beskik. Hy/sy kan byvoorbeeld nie die

grond onbenut laat nie, omdat dit die gemeenskap van die

ekonomiese voordeel (wat betref voedsel, ensovoorts) wat benutting

van grond meebring, ontneem. Net so mag hy ook nie die grond

ekologies tot die gesondsheids- en dergelike nadeel van die

gemeenskap in die geheel misbruik nie. Wat geld vir die individuele

eienaars geld natuurlik eweneens vir korporatiewe eienaars van

grond.

Gemeenskap

In 2.2.1 hierbo is die sentrale belang van gemeenskappe vir ʼn

politokratiese bestel reeds verduidelik. Gemeenskappe is ʼn

omvattende konsep met kulturele, historiese, sosiale en ekonomiese

eienskappe. Gemeenskappe is die bron van individuele identiteit,

waardes, fisiese en psigiese sekuriteit, ʼn sinvolle sosiale, ekonomiese

en kulturele lewe, die uitoefening van individuele regte en politieke

deelname waardeur individue as burgers saam met ander burgers die

gang van hul gemeenskaplike sake kan bepaal. Ingesluit by die

gemeenskap is ook die tradisie — die versamelde wysheid en ervaring

van nie net die huidige nie, maar ook van vorige geslagte, waarby ons

baat.

Met gemeenskappe so wesenlik belangrik in ons bestaan, spreek

dit vanself dat die gemeenskappe waartoe ons behoort ʼn primêre res

publica is. Dit word gesamentlik bewaak en daar word gesamentlik

daaroor beskik en regeer. Lede van ʼn gemeenskap wat gesamentlik

daardie gemeenskap uitmaak, is elkeen wedersyds vir die ander van

belang, omdat die instandhouding en welstand van die gemeenskap as

geheel daarvan afhang.

Hierdie klem op die gemeenskap as wesenlike res publica volgens

ʼn politokratiese sienswyse doen weg met die staatlike orde se

uitgangspunt dat die staat in die eerste plek bloot ʼn territoriale

ordening onder ʼn gemeenskaplike regsorde oor enige aantal mense

(any number of men) is (sien hoofstuk 4 en 5). Hierdie staatlike

siening verreken nie die belang van gemeenskap as hoeksteen en

Politokrasie 299

voorwaarde vir die openbare (staatlike) orde nie. Weens die belang

van ʼn gemeenskap van mense tussen wie daar daadwerklike

gemeenskaplike bande bestaan, vind politokrasie aansluiting by

Aristoteles, wat in teenstelling met die staatlike orde juis ʼn

daadwerklike gemeenskap as ʼn wesenlike voorwaarde vir die polis

beskou. Vir Aristoteles is die polis ‘... a community of like persons

whose end or aim is the best life possible’. 11 Die polis is dus

kwalitatief iets heel anders as ʼn pakt van wedersydse beskerming of

ʼn handelsooreenkoms tussen mense wat (per toeval) op dieselfde plek

woon en waar die regering bloot die handelsverkeer fasiliteer,

inwoners verbied om onregmatig jeens mekaar op te tree en

onderlinge konflik reguleer. 12

Een van die mees tipiese eienskappe van eietydse gemeenskappe

is dat hulle by uitstek spesialisasie moontlik maak. Dit maak

werksverdeling moontlik, wat elkeen in staat stel om sy besondere

vermoëns maksimaal te ontwikkel. Individuele lede van

gemeenskappe bevind hulle weens spesialisasie dus in ʼn netwerk van

interafhanklikheid, waarin elkeen wedersyds deur die spesialisasie

van al die ander bevoordeel word. So ʼn gemeenskapsopset stel elkeen

in staat om sy besondere individuele talente, vaardighede en

prestasies te maksimaliseer. Dit strek tot voordeel van die betrokke

hardwerkende spesialiserende individue, maar terselfdertyd ook tot

voordeel van die gemeenskappe waartoe elkeen behoort. Die

voordele sluit ekonomiese welvaart in, wat noodwendig spruit uit die

optimale prestasie van ywerige spesialiserende individue.

Spesialisasie van die individu wat uitblink, skep die indruk van ʼn

individu wat oënskynlik soewerein op sy eie presteer. Natuurlik is

prestasie nie sonder persoonlike ywer, talent en energie van die

betrokke individu moontlik nie. Bowendien vind ander individue — die

gemeenskap/pe waartoe presterende individue behoort — ook groot

baat by sodanige prestasies. Prestasies van uitblinkers kan derhalwe

tereg besing word. Nogtans is sulke prestasies nooit suiwer individueel

nie. Inteendeel, dit is juis ook deels te danke aan die gemeenskap/pe

waartoe die suksesvolle individue behoort dat hulle in staat gestel

word om te presteer.

Eerstens verskaf gemeenskappe deur instellings en deur ander

mense wat tot daardie gemeenskappe behoort opleiding, fasiliteite,

voorbeelde en standaarde van prestasie. Sodoende baan dit die weg

vir potensieel presterende individue. Dit plaas individue in die posisie

om potensiaal wat anders waarskynlik latent sou gebly het

daadwerklik te verwesenlik.

11 Aristoteles (1962) The politics (Vertaling uit die Grieks deur TA Sinclair) Penguin

Books Boek VII, hoofstuk 8 271.

12 Aristoteles (n 11 hierbo) Boek III, hoofstuk 9 119-120.

300 Hoofstuk 10

Tweedens stel spesialisasie mense in staat om hul energie te

konsentreer op die aspekte met betrekking waartoe hulle maksimaal

kan presteer. Sonder spesialisasie moet individue hul aandag bestee

aan basiese oorlewing en in die besonder aan sake waarvoor hulle nie

aangelê is nie. Hulle besondere vermoëns bly sodoende altyd blote

potensiaal en kan moeilik manifesteer. Spesialisasie is dus bevrydend.

Dit bevry individue om hulle potensiaal te ontdek, te slyp en vrye

teuels daaraan te gee — om maksimaal te presteer, erkenning

daarvoor te kry en sodoende ook geluk te vind. Dit is by uitstek die

produk van ʼn gemeenskap waar take, bedrywighede en ekonomiese

aktiwiteit in fyn besonderhede verdeel kan word, met ander woorde

van ʼn gedifferensieerde welvarende ekonomie, wat as

gemeenskaplike res publica individuele prestasie moontlik maak. Die

gemeenskap waarin (interafhanklike) individue danksy spesialisasie

die vryheid het om volgens hul gekose nerings, beroepe, ambagte, of

professies te presteer, is, soos dit aan die einde van die bespreking

van politokrasie sal blyk, ook die aanknopingspunt vir die vraag wat

die aangewese omvang van tuistelike gemeenskappe behoort te wees.

Buite hierdie gemeenskapsverband is spesialisasie onmoontlik. Die

presterende individu het dus sy prestasie in wesenlike sin ook te

danke aan sy verbondenheid aan sy gemeenskap/pe. Sy prestasie is,

behalwe aan persoonlike ywer, ook dááraan te danke. Hierdie

waarheid bring aan die lig dat die gemeenskappe waaraan ons behoort

en die mense wat deel daarvan uitmaak, die onmisbare

gemeenskaplike bate van ons almal is — een van ons kosbaarste res

publicae, waarsonder geen sinvolle lewensbestaan en individuele

prestasie moontlik is nie.

ʼn Gemeenskap is dus ook die poel van die groot verskeidenheid

van konstruktiewe vaardighede, talente, ywer, ambagte,

professionele en sakebedrywighede en dies meer, wat in die

somtotaal van alle individuele lede van gemeenskappe versamel is.

Dit is hierdie rykdom van vaardighede en bedrywighede wat individue

in staat stel om hul individuele behoeftes te bevredig en terselfdertyd

te spesialiseer en te presteer. Elke individuele lid van ʼn gemeenskap

het sy behoeftebevrediging en prestasie dus in wesenlike mate aan

die ander — die gemeenskap as geheel — te danke. Hulle is op mekaar

se ekonomiese bedrywighede aangewese en van wedersydse bystand

wat uiteenlopende ekonomiese bedrywighede meebring, afhanklik.

Hierdie siening van gemeenskap onderstreep die kortsigtigheid van

oortuigings oor individuele ongelykheid en klassestratifikasie

waarvolgens daar op ander neergesien word weens die vermeende

mindere ekonomiese bedrywighede (byvoorbeeld die vermeende

ondergeskikte handewerk en fisiese arbeid) waarmee hulle hulle

besighou, want dit is juis weens die netwerk van interafhanklikheid

van alle konstruktiewe ekonomiese bedrywighede dat elke besondere

aktiwiteit — en prestasie — moontlik gemaak word. ʼn Realistiese

Politokrasie 301

siening van die werking van ʼn gemeenskap met die spesialisasie wat

dit meebring, onderstreep juis dat daar gelyke respek vir alle

konstruktiewe bedrywighede behoort te wees, aangesien elkeen

noodsaaklik is vir die instandhouding van die ander en van die

gemeenskap as geheel. In plaas van ʼn rangorde moet die klem eerder

wees dat elke konstruktiewe bedrywigheid so goed en deugdelik

moontlik gedoen moet word. Sodoende word nie net aan elke individu

erkenning verleen nie, maar word die algemene geluk van die

gemeenskap terselfdertyd bevorder.

Elke individu het derhalwe ʼn wesenlike belang by die

instandhouding van die grootste moontlike en uiteenlopende rykdom

van vaardighede en bedrywighede waarby ander mense betrokke is.

Individue het ʼn gemeenskaplike belang dat elke ander individu se

vaardighede en deugde maksimaal verwesenlik word, aangesien dit

tot almal se voordeel strek. Die deugde en prestasies van ʼn bepaalde

individu is derhalwe nooit net tot daardie individu herleibaar en aan

hom te danke nie. Daardie individu is nooit die uitsluitlike individuele

outeur van sy prestasies nie en ook nooit die uitsluitlike bevoordeelde

daarvan nie. Die (gespesialiseerde) gemeenskap is deels die

kollektiewe outeur van die prestasies en ook die bevoordeelde

daarvan. (Gelyke wedersydse respek is ook ʼn wesenlike eienskap van

burgerskap en word by die bespreking van politai hieronder verder

uitgepluis.)

Openbare instellings, fasiliteite en prosesse

Gemeenskappe kan net werklik deur middel van openbare instellings,

fasiliteite en ooreengekome prosesse optimaal funksioneer. Daar

bestaan ʼn enorme hoeveelheid instellings en fasiliteite van hierdie

aard: skole, universiteite en kolleges, instellings van (demokratiese)

openbare (politieke en ekonomiese) besluitneming en uitvoering,

howe en dergelike instellings en prosesse vir geskilbeslegting,

polisiedienste, paaie en dergelike verbindingsweë, biblioteke,

teaters, openbare media, openbare pleine van sosiale byeenkoms,

instellings wat openbare dienste lewer, mediese en maatskaplike

instellings en talle meer. Hierdie instellings, fasiliteite en prosesse is

die gemeenskaplike bates van almal — van alle lede van die

gemeenskap/pe wat daaraan deelneem en daardeur bevoordeel

word. Dit is die instrumente wat gemeenskappe bestendig en

waardeur ʼn sinvolle en gelukkige bestaan moontlik gemaak word. Dit

is openbare bates van algemene belang. Dit bestaan nooit slegs vir

een persoon ter uitsluiting van ander nie; dit kan nie deur een individu

ter uitsluiting van ander benut word nie. Sodanige instellings,

fasiliteite en prosesse is openbare bates. Wanneer dit skade ly en nie

behoorlik funksioneer nie, ly almal daaronder en wanneer dit gesond

is en glad funksioneer strek dit tegelyk tot almal se voordeel.

302 Hoofstuk 10

Sommige hiervan, byvoorbeeld die wetgewende, uitvoerende en

regsprekende instellings, is volbloed res publicae. Dit is gesamentlike

openbare ondernemings en private inisiatief speel geen rol nie. Daar

is egter ook ander wat weliswaar private ondernemings is, maar tog

tegelyk gedeeltelik res publicae is. Dit is instellings wat die produk

van private inisiatief is, maar openbare diens lewer en die

gemeenskap in die breë dien. Die integriteit van die private inisiatief

wat agter sulke ondernemings lê, verdien beskerming. Hierdie

instellings is per slot van sake die produk van ʼn goedfunksionerende,

gespesialiseerde gemeenskap, waarop hierbo gewys is. Die

gemeenskap het as ʼn geheel ʼn belang by sodanige instellings. Ofskoon

die gemeenskap uiteraard nie volskaalse besluitnemingsbevoegdheid

daaroor het nie, het dit ten minste inspraak daaroor.

Die res publicae wat hier ter sprake gebring is, is natuurlik nie ʼn

volledige uiteensetting van die geheel van die gemenebes nie. Verder

was die fokus ook in die eerste plek op die gemenebes van die

tuistelike gemeenskap wat soos verduidelik is, natuurlik nie die

enigste gemeenskap is nie. Die fokus verskuif nou na die politai. Wie

is dan diegene wat oor die res publicae beslis? Dit is natuurlik die

burgers — die politai. Wie is egter die politai, gesien vanuit ʼn

politokratiese perspektief? Is dit bloot alle lede van ʼn gemeenskap, of

is daar bykomende kwalifikasies vir burgerskap — vir deelname aan

mede-regering? By die bespreking hiervan moet ons weer in gedagte

hou dat burgerskap ʼn veelsferige begrip is. ʼn Persoon is potensieel die

burger van verskeie gemeenskappe — vanaf tuistelike tot meer

omvattende gemeenskappe en uiteindelik van ʼn wêreldgemeenskap.

Ofskoon dit die geval is, val die klem in die bespreking van politai wat

nou hieronder volg, weer op burgerskap van die mees wesenlike

boustene van ʼn politokratiese orde, naamlik van die tuistelike

gemeenskap.

4 Burgers - politai

Die konsep polites verskil wesenlik van die konsep individu. Ook nie

alle volwasse individue is volgens ʼn politokratiese sienswyse politai

nie. Die territoriaalstaatlike beskouing van burgerskap erken

weliswaar die onderskeid tussen die twee, maar volgens die

politokratiese siening is die verskil wesenlik.

4.1 Burgers teenoor individue; res publicae teenoor die

private domein

Wanneer van individue gepraat word, word daar verwys na mense in

hulle private hoedanigheid — mense wat hulle besig hou met die

najaag van private en persoonlike belange, behoeftes, belang-

Politokrasie 303

stellings, doelwitte, voorkeure, liefdes, smake, vreugde, plesier en

geluk, mense betrokke by verhoudings van ʼn private en dikwels van ʼn

intieme aard, dit wil sê by gesins-, familie, liefdes-, erotiese,

vriendskaps-, asook werks-, sake- en dergelike verhoudings. Hierdie

verhoudings hoort almal tot die private domein. Individue is op baie

plekke met hierdie soort dinge besig: in die privaatheid van hulle

wonings maar ook daarbuite. Wanneer mense in ʼn ekonomiese

hoedanigheid optree en saketransaksies aangaan, ʼn diens-, koop-, of

huurkontrak sluit wat uiteindelik ʼn effek op private boedels het, tree

hulle weliswaar nie binne die intieme private ruimte op nie. Tog is die

soort belang waarmee hulle hul besig hou, steeds individueel. Ofskoon

daar van regsweë maatreëls bestaan om hierdie verhoudings deels te

reël en vergrype en uitbuiting te verhoed, te bestraf ensovoorts, is

hierdie verhoudings inherent privaat. Hoe meer privaat die

verhoudings is, des te minder behoort dit aan openbare regulering

onderworpe te wees. Ons is almal individue en ons almal stig

verhoudings van private aard en is daarby betrokke. Dit doen ons by

uitstek op grond van private voorkeure. Hierdie verhoudings spruit

voort uit die persoonlike samestelling, geskiedenis en agtergrond van

elke individu. Dis gewoonlik so uniek en persoonlik dat mense die

betrokke persoonlike strewes, smake, voorkeure, eienaardighede en

behoeftes nie werklik aan ander kan kommunikeer en rasioneel kan

verduidelik nie. Ander individue kan hierdie dinge weens die

persoonlike en dikwels intieme aard daarvan gewoonlik nie

daadwerklik meeleef nie. Ons kan nouliks meer doen as om te aanvaar

dat smaak verskil. Hierdie verhoudings val binne die uitsluitlike

belewenisterrein van die betrokke individue. As ʼn individu deur

hierdie individuele dinge bevoordeel word en vreugde ervaar, is dit

eintlik net syne wat hy hoogstens deels met ʼn klein klompie mense

met wie hy in ʼn hegte privaat verhouding verkeer, kan deel. En as hy

skade ly, ly hy eintlik alleen. Ander kan nie werklik meevoel en saam

ly nie, al betuig hulle opregte medelye en meegevoel.

Terwyl alle mense individue is, is almal egter nie burgers nie.

Burgerskap dui mede-regering aan en mense is burgers wanneer hulle

mede-regeerders van die res publicae is en in wisselwerking met

ander burgers oor die gemenebes — die openbare sake van algemene

belang vir almal — beskik en regeer. Wanneer hier na burgers en

burgerskap verwys word, dra dit die politokratiese betekenis van die

amp van mede-regering oor die gemenebes. 13

13

Hierdie siening van burgerskap put onder andere uit Aristoteles se siening van

burgerskap en van burgerlike deug. ’n Burger verklaar Aristoteles (n 11 hierbo)

Boek III, hoofstuk 13 131 ‘... has a share both in ruling and in being ruled.’ In Boek

III, hoofstuk 1 103 verklaar Aristoteles dat dit duidelik is dat ’n burger iemand is

304 Hoofstuk 10

Die onderskeid tussen die burger en die individu val saam met die

onderskeid tussen private sake en die res publicae. In ʼn politokratiese

bestel is die res publicae die terrein van politieke besluitneming

teenoor private sake wat buite die politiek — buite die res publicae —

val en aan individue oorgelaat word om in hulle private hoedanigheid

daaroor te besluit. Toegegee, die onderskeid is nie klinkklaar nie. Dit

beteken egter nie dat dit nie steeds van belang is nie. Onderskeide in

sosiale en politieke sake is per slot van sake nooit klinkklaar nie. Die

onderskeid moet daarom deurlopend aangewend word om te help

verseker dat die integriteit van sowel die res publicae as die private

sfeer in stand gehou word.

Wanneer dinge van die private sfeer verkeerdelik vir ʼn res publica

aangesien word en dus die onderwerp van politieke besluitneming

word, raak die politieke orde voorskriftelik en totalitêr. Bemoeisieke

individue kry dan die bevoegdheid om in die private sake en

lewensstyle van ander in te meng en aan hulle voor te skryf hoe hulle

hul private lewens moet inrig. Regsvoorskrifte word as dwangmiddel

misbruik om individuele konformering in die private sfeer te

bewerkstellig oor sake wat niks met die gemenebes en met ander

individue te doen het nie. Individuele outonomie en keuses oor

private sake word sodoende ontneem en die private sfeer sonder

regverdiging ingekort. Dit kom neer op ʼn onverskoonbare skending

van die individuele menswaardigheid, vryheid en privaatheid van

mense wat aan hierdie voorskrifte onderwerp word. Die private sfeer

word in die res publicae geabsorbeer, wat meebring dat die openbare

diskoers oor die res publicae verkeerdelik in beslag geneem word deur

mense se privaat sake. Die politiek wat oor res publicae moet gaan,

word gevolglik in ʼn slegte lig gestel en benadeel omdat dit vir

vergrype in die private domein misbruik word. Die beskerming van

individue teen politieke ingryping en voorskrif en die

ooreenstemmende beskerming van individuele regte is deel van die

winste van die moderne era. Dit bied juis ʼn skans teen vergrype teen

individue in die private domein. Dit is ook belangrik vir die

instandhouding van politieke gemeenskappe en is daarom ook

ooreenkomstig ʼn politokratiese sienswyse van groot waarde.

Die misbruik van die politiek om individuele keusevryheid te skend

en sodoende die private sfeer te skend, is egter nie net nadelig vir

13 wat daarop geregtig is om aan die uitoefening van gesag, sowel raadplegend as

regsprekend deel te neem. Sien ook Boek 3, hoofstuk 5 112. In ooreenstemming

met Aristoteles se siening van burgerskap is sy siening van burgerlike deug soos hy

dit in Boek III, hoofstuk 4 109 beskryf: ‘But is it surely a good thing how to obey as

well as how to command, and I think we might say that the goodness of the

citizen is just this — to know well how to rule and be ruled.’ Sien ook 110 in

dieselfde hoofstuk waar Aristoteles in dieselfde trant uitbrei. Die duidelike

onderskeid tussen die burger en die individu bring mee dat die maatstawwe vir ’n

goeie burger en ʼn goeie individu ook verskil. (Boek III, hoofstuk 4 107).

Politokrasie 305

individuele menswaardigheid, vryheid en privaatheid nie. Meer nog,

dit is boonop nadelig vir die politieke gemeenskap en vir burgerskap.

Dit misbruik die res publicae vir optrede teen individue in hulle

private domein. Sodoende word die integriteit van die gemenebes wat

slegs openbaar is, geskend met optrede wat nie daarby hoort nie en

word die res publicae se reputasie tot nadeel van politieke deelname

aangetas. Dit bring mee dat burgers op grond van private

aangeleenthede en voorkeure wat met die res publicae en die amp

van burgerskap niks te make het nie, uit die sfeer van openbare

deelname gehou word. Die miskenning van individuele vryheid, wat op

die individu in die private sfeer inbreuk maak, is derhalwe tegelyk ook

vir die uitoefening van burgerskap en vir die politieke deelname

nadelig, want in die openbare sfeer word individue se private keuses

teen hulle gehou, wat meebring dat die uitoefening van hul

burgerskap bemoeilik word. Vir die res publicae en die politiek bring

dit ʼn dubbele nadeel mee. Aan die een kant word daar teen

(individuele) burgers in hul hoedanigheid as burgers gediskrimineer

oor sake wat nie op burgerskap en die gemenebes betrekking het nie.

Terselfdertyd strek dit tot nadeel van die politieke gemeenskap — een

van die belangrike res van die res publicae — as geheel, omdat die

politieke bydrae wat hierdie burgers tot die politieke gemeenskap as

geheel kan lewer, verbeur word.

Op die terrein van politieke deelname oor die sake van die

gemenebes behoort mense met mekaar as burgers te doen te kry.

Binne hierdie sfeer moet mense mekaar beoordeel op grond van hul

menings, insigte en oordele oor openbare sake en nie ingevolge hulle

psigiese opset, persoonlikhede en private lewenstyl en keuses nie. Die

punt is dat die maatstawwe vir goeie burgerskap teenoor ʼn goeie

individu uiteenlopend is. ʼn Persoon kan ʼn voortreflike burger wees

sonder om noodwendig ʼn besonder voorbeeldige individu te wees.

Daarenteen kan ʼn deugsame individu bes moontlik nie aan die

maatstawwe van burgerskap voldoen nie. Die maatstawwe verskil. 14

Indien hierdie onderskeid tussen die goeie individu en die goeie

burger nie ingesien word nie en die maatstawwe van die private op die

openbare toegepas word en omgekeerd, word sowel die burger as die

individu te na gekom en word die integriteit van die private sfeer én

die openbare sfeer, waarbinne die politiek moet afspeel, geskend.

Hierdie probleem kan in enige politieke gemeenskap — groot of klein

— voorkom, maar dit is veral in klein nie-getalryke tuistelike

gemeenskappe waar dit op sy ergste kan raak en sodoende ʼn

14 Aristoteles (n 11 hierbo) Boek III, hoofstuk 4 107 maak ’n punt daarvan om dit te

verduidelik en kom tot die gevolgtrekking:

Clearly then it is possible to be a good and serious citizen without having

that goodness which makes a good man good.

Sien ook verder Boek III, hoofstuk 13 129.

306 Hoofstuk 10

gemeenskap kan vernietig. In ʼn beperkte politieke gemeenskap is dit

makliker vir ʼn klein groepie puriteine om beheer te verkry en in naam

van die gemenebes hul puriteinse oortuigings van hoe mense hul

privaat lewens moet inrig, individue se privaat lewens te reguleer.

Sodoende verval die politieke gemeenskap tot ʼn benoude, puriteinse,

totalitêre orde wat individuele menswaardigheid en vryheid sowel as

die politieke gemeenskap met een slag nekomdraai. Dit is onder

andere om hierdie rede dat tuistelike politieke gemeenskappe,

ofskoon hulle die grondslag van ʼn politokratiese orde moet wees, aan

die korreksie van groter politieke gemeenskappe moet blootstaan.

(sien 2.2.2 hierbo). Dit is ook om hierdie rede dat die optimale grootte

van tuistelike gemeenskappe, wat hieronder in 4.4 behandel word, so

belangrik is.

4.2 Burgerskap

Uit die onderskeid wat hierbo tussen die individu en die burger getref

is, blyk dit reeds duidelik dat alle mense in ʼn politieke gemeenskap

nie noodwendig burgers is nie. Hierdie punt is een van die grondslae

van politokrasie. Dit baken die onderskeid af tussen staatlike

burgerskap en burgerskap in die politokratiese sin. Dit is ook die

grondslag vir die onderskeid tussen massokrasie — die demokrasie van

die territoriale staat (sien hoofstuk 7.4) — en politokratiese

demokrasie. Dit word vervolgens toegelig.

Burgerskap in die politokratiese sin het, soos burgerskap in die

staatlike sin, natuurlik ook ʼn juridiese betekenis. Daar is per slot van

sake aan die begin van die bespreking van politokrasie in hierdie

hoofstuk aangedui dat politokrasie ʼn politiek-konstitusionele orde

beskryf, wat noodwendig beteken dat sentrale konsepte van die

politiek ook juridies verreken moet word. By die bespreking van

burgerskap is die vertrekpunt egter polities eerder as juridies.

In die territoriale staat is burgerskap wesenlik ʼn bepaalde status

wat vir alle praktiese doeleindes permanent en staties is. As jy een

maal ʼn burger is, bly jy ʼn burger totdat jy die territoriale staat

waarvan jy ʼn burger is, verlaat en aan die vereistes vir burgerskap van

ʼn nuwe staat voldoen. Soos verduidelik, is burgerskap (politeia)

primêr ʼn politieke amp en hoedanigheid — die hoedanigheid

waarvolgens ʼn persoon saam met sy mede-burgers die sake van die

politieke gemeenskap behartig en daaroor regeer. Hierdie burgerskap

is egter tydelik, wisselvallig en dinamies. Jy word en bly burger vir

solank jy jou met die res publicae bemoei en aan die mede-regering

van die gemenebes deelneem. Jy hou op om burger te wees sodra jy

jou bemoeienis met en deelname aan die mede-regering van die

gemenebes staak en word weer burger sodra jy dit hervat. Toegang

tot burgerskap bly egter altyd oop vir alle (handelingsbevoegde) lede

Politokrasie 307

van die betrokke politieke gemeenskap. Dit hang van die vrye besluit

van elke lid van die politieke gemeenskap af. Indien ʼn persoon verkies

om sy energie uitsluitlik aan sy private sake te bestee, is dit sy saak.

Daarmee verkies hy om nie ʼn burger te wees nie en dat diegene wat

dit wel wil wees sonder hom oor die gemenebes kan regeer. Sy

burgerskap is dus potensieel en nie daadwerklik nie. Hy kan die amp

van burgerskap egter opneem (of herwin), bloot deur weer by die

bedrywighede van die gemenebes betrokke te raak en daadwerklik

aan mede-regering te begin deelneem. Baie mense toon nooit enige

belangstelling in openbare aangeleenthede nie en vind volledige

bevrediging en genoegdoening in die private domein. Hulle beklee dus

nooit die amp van polites nie. Hulle het geen erg aan die gemenebes

nie en ontwikkel ook nie die kennis, insig en oordeel wat met die

regering daaroor gepaard gaan nie. Politokrasie plaas ʼn hoë waarde

op burgerskap. Daarom is dit jammer dat so-iets gebeur. Nog meer

jammerlik as dit, is egter om aan hierdie ongeërgdes en onkundiges

seggenskap of medeseggenskap oor die gemenebes toe te ken.

Daardeur word die klaaglike teenoorgestelde van politokrasie — ʼn

idiotokrasie 15 — in die hand gewerk: Diegene wat nie in die

gemenebes geïnteresseerd is nie, in plaas van diegene wat juis in die

res publicae belangstel, hulle daarmee bemoei en in interaksie met

ander burgers hulle kennis en oordeel daaroor slyp en ontwikkel, word

die mede-regeerders van die politieke gemeenskap. Politokrasie

verwerp die idiotokrasie van die onkundiges en ongeërgdes (die niepolitai)

en wil in plaas daarvan regering deur daadwerkliklike burgers

— politai — bewerkstellig.

Die sentrale konsep van demokrasie in die territoriale staat is die

van stemgeregtigde kieser. Politieke deelname gaan hiervolgens

wesenlik daaroor om te stem. Binne hierdie opset is mense se

politieke belangstelling, kennis, insig en oordeel oor die res publicae

irrelevant. Net soos burgerskap dui kieserskap ook ʼn permanente

status (en die meegaande kompetensie om te stem) aan. ʼn Persoon

word stemgeregtig op grond van die formele maatstawwe dat hy ʼn

burger van ʼn bepaalde staat is en ʼn voorgeskrewe ouderdom bereik

het. Die versweë veronderstelling is dat wanneer ʼn individu ʼn

vasgestelde ouderdom bereik het, dit hom in staat stel om met ʼn

voldoende oordeel aan openbare sake deel te neem. Vroeër — voordat

algemene volwasse stemreg die wesenselement van (staatlike)

demokrasie geword het — is daar met allerlei ander maatstawwe soos

eiendoms-, klasse-, geletterdheids- of geslagsmaatstawwe gewerk om

die toegang tot politieke deelname en uitoefening van stemreg te

reguleer (en ook om mense daarvan te weerhou). Daar mag aangevoer

word dat ten minste sommige van hierdie maatstawwe aanduidend is

15

Idiotokrasie is afgelei van idiotos, die Griekse woord vir ’n persoon wat nie in die

sake van die polis geïnteresseerd is nie.

308 Hoofstuk 10

van mense se bevoegdheid om aan prosesse van openbare

besluitneming deel te neem. So kon aangevoer word dat eiendomsreg

oor grond of die generering van inkomste op ʼn groter belang by die

funksionering van die politieke gemeenskap dui en meer

verantwoordelike politieke deelname en besluitneming in die hand

werk.

Hierdie maatstawwe deel egter dieselfde wesenlike gebrek,

naamlik dat dit die onderskeid tussen enersyds die gemenebes en

burgerskap en andersyds die private domein en die individu ignoreer.

Al hierdie maatstawwe wat aangewend word, is basies maatstawwe

van ʼn private aard en geeneen is relevant vir die politiek en dus vir

mede-regering oor die gemenebes nie. Wat het private kwessies soos

ʼn persoon se geslag, geletterdheid, inkomste of ouderdom per slot

van rekening met sy vermoë tot oordeelkundige deelname aan sake

van die gemenebes te doen? Ongeag hierdie kwessies mag ʼn persoon

op ʼn glyskaal óf uiters geskik óf uiters ongeskik wees vir deelname aan

en beskikking oor die res publicae — of iewers daartussen lê. Hierdie

faktore werp insigself egter geen lig op geskiktheid om aan die

politiek deel te neem en mede te regeer nie.

Die toegang tot deelname aan die politiek (die daadwerklike

uitoefening van burgerskap) moet bepaal word deur polities relevante

maatstawwe. Dit is nie eiendom, inkomste, akademiese kwalifikasies,

of die blote juridiese status van burgerskap wat aangewend moet

word as maatstaf om te bepaal of ʼn persoon aan die politiek mag

deelneem nie. Al hierdie maatstawwe versuim om die onderskeid

tussen die individu en die burger te verreken. Dit maak private

maatstawwe wat vir die hantering van die gemenebes irrelevant is, op

die terrein van die politiek van toepassing. Hierteenoor is die kritiesrelevante

faktor die vraag of ʼn persoon na vore tree om die amp van

burger op te neem om sodoende aan die beskikking oor die res

publicae deel te neem. Dit gebeur wanneer ʼn persoon as burger van

ʼn politieke gemeenskap belangstelling toon en hom daadwerklik

toewy aan sake van die res publicae en mede daaroor regeer.

Die toeken van algemene volwasse stemreg bloot op grond van die

bereiking van bepaalde minimum-ouderdom is teen hierdie

agtergrond onvanpas. Die geskiktheid om oordeelkundig aan die sake

van die gemenebes mee te doen, hang per slot van sake nie af van ʼn

faktor wat in die eerste plek van ʼn private aard is, soos ouderdom nie.

Uiteraard moet ons ʼn minimum-ouderdom vir politieke deelname

vasstel, bloot omdat menslike ervaring leer dat goeie oordeel

gewoonlik iets is wat eers met volwassenheid ontwikkel. Dit beteken

egter nie dat die blote bereiking van dié ouderdom (gelyke) politieke

seggenskap moet meebring nie. Inteendeel, soos reeds uit die

bespreking hierbo blyk, behoort die deurslaggewende faktor te wees

of ʼn persoon as burger daadwerklik sy burgerskapsamp opneem en

Politokrasie 309

mede-regeer. Aan die een kant mag dit op ouderdom twintig gebeur,

maar aan die ander kant mag ʼn sestigjarige geen belangstelling hierin

toon nie en gevolglik nie ʼn burger wees nie. Die uitoefening van die

amp van burgerskap is vanuit ʼn politokratiese raamwerk, anders as

volgens staatlike demokrasie, nie in die eerste plek geleë in die

vlietende uitoefening van stemreg, een maal in ʼn paar jaar nie, maar

wel in deelname aan die bespreking van, besluitneming en waak oor

die res publicae. Veral in die lig van die feit dat die tuistelike

gemeenskap van veel beperkter omvang as die territoriale staat is, is

die faktor van daadwerklike openbare bespreking, besluitneming en

administrasie van die gemenebes deur die burgery veel meer haalbaar

as in die massokrasie van die territoriale staat.

Inaggenome hoe burgerskap in ʼn politokratiese sin beskou word,

vertoon demokrasie, politokraties beskou, veral twee wesenlike

verskille met staatlike massokrasie.

Eerstens is die konstituerende elemente van die politokrasie nie

alle stemgeregtigde kiesers nie, maar ʼn getal-beperkte korps van

politai. In ʼn politokratiese bestel voer ʼn polities-relevante korps van

burgers die politieke diskoers en regeer hulle oor die gemenebes.

Regering is derhalwe in die beheer van ʼn elite. Dit is egter ʼn polities

relevante elite van burgers wat hulle eliteskap dank aan hulle polities

tersaaklike belang by en toewyding aan die res publicae. Hulle

kwalifiseer vir regering op grond van polities-relevante maatstawwe.

Dit is egter ʼn oop — ʼn toeganklike — elite en nie ʼn geslote aristokrasie

nie, want, soos verduidelik is, is die amp van burgerskap dinamies van

aard en kan enige lid van die betrokke politieke gemeenskap

burgerskap verwerf en verbeur, of as hulle verkies om hul lewens

uitsluitlik in die private sfeer te lei, die amp nooit opneem nie. Die

punt is dat regering in die territoriale staat, hoe demokraties dit ook

al mag voorgee om te wees, altyd tot uitdrukking kom in die een of

ander vorm van elite-regering. Die bespreking van die demokratiese

legitimiteitsfiksie in hoofstuk 7 het dit duidelik aan die lig gebring.

Politokrasie erken die realiteit van elite-regering, maar wil verseker

dat dit ʼn politiek tersaaklike en gekwalifiseerde oop elite is; nie ʼn

plutokratiese elite van die rykstes of ʼn party-elite van die besgeorganiseerdes

of iets dergeliks nie.

Tweedens is die fokus van demokrasie, politokraties beskou, in die

eerste plek die deurlopende voer van die politieke diskoers tussen ʼn

oop politokratiese elite bestaande uit ʼn politiek-belangstellende en

toegewyde korps burgers en die deurlopende waak en regeer oor die

gemenebes. Daarenteen is die kern van die politiek van staatlike

demokrasie die periodiek vlietende uitoefening van stemreg deur

dikwels apatiese en onkundige individue wat periodiek gemobiliseer

word om ʼn dikwels net so oningeligte en onoorwoë stem uit te bring

uit hoofde van persoonlike voordeel, partylojaliteite, doeltreffende

310 Hoofstuk 10

party-organisasie, stereotipes, finansieel ondersteunde mediamanipulasie

en dergelike irrelevante oorwegings en faktore.

4.3 Burgerskaplike gelykheid

In die res publica ontmoet burgers mekaar as gelykes omdat hulle die

gemeenskaplike en gelyke status van burgerskap (politeia) deel. Hulle

deel in die gelyke bemoeienis met en regering oor die gemenebes.

Hierin tel private statusse, hoedanighede en bedrywighede soos

geslag, professie, ambag, rykdom en dies meer, wat andersins

moontlik ongelykhede mag meebring, nie meer nie. 16 Dit is heeltemal

irrelevant. ʼn Persoon se prestasies of wanprestasies in die privaat

domein is geen aanduiding van sy geskiktheid as burger nie. ʼn Swak

presteerder in die private domein mag heel moontlik ʼn uitstekende

burger wees, goeie oordeel oor die sake van die gemenebes aan die

dag lê en dus op die gebied van mede-regering oor die gemenebes

uitblink. Daarenteen mag ʼn briljante wetenskaplike, akademikus,

regsgeleerde, predikant, ambagsman of dergelike spesialis vanweë

die feit dat sy aandag deur sy werk in beslag geneem word, ʼn swak

burger met ʼn treurige oordeel oor die sake van die gemenebes wees.

Die punt is dat die sake van die gemenebes ʼn eiesoortige kundigheid,

oordeel en vaardigheid, los van private hoedanighede en

bedrywighede, verg. Dit is die vermoë om in wisselwerking met medeburgers

oordeelkundig oor die gemenebes te regeer. Hierdie vermoë

word primêr bevorder wanneer daar voortdurend met die gemenebes

gehandel word. Spesialisasie in die professies, die handel en die

tegnologie ensovoorts slyp die vermoë om doeltreffendheid binne die

betrokke gespesialiseerde terrein op te tree. Hierdie ingeoefende

fokus op ʼn bepaalde terrein beteken egter gewoonlik dat die

ingeoefende uit sy diepte is in ander gespesialiseerde terreine

behalwe sy eie. Daar is per slot van sake nouliks tyd om aan iets

anders aandag te gee. Net so neig die spesialis om ook uit sy diepte te

wees op die (politieke) terrein van die res publicae, aangesien dit ook

buite sy terrein val. Ofskoon spesialisasie ekonomies noodsaaklik is,

neig dit terselfdertyd om ʼn sin vir en vaardigheid en oordeel oor die

res publicae af te leer en af te stomp. Natuurlik kan ʼn spesialis ʼn groot

16 Dit is ook reeds deur Aristoteles ingesien en toegelig. Sien byvoorbeeld Aristoteles

(n 11 hierbo) Boek III, hoofstuk 4 119-110. Veel later, in 1790, sluit Edmund Burke

in sy Reflections on the Revolution in France (1968) 133 hierby aan. Hy verklaar

oor professionele mense: ‘Their very excellence in their particular functions may

be far from a qualification for others. It cannot escape observation, that when

men are too much confined to professional and faculty habits, and, as it were,

inveterate in the recurrent employment of that narrow circle, they are rather

disabled than qualified for whatever depends on the knowledge of mankind, on

experience in mixed affairs, on a comprehensive connected view of the various

complicated external and internal interests which go to the formation of that

multifarious thing called a state.’ Op 138-9 van sy werk brei Burke verder hierop

uit.

Politokrasie 311

bydrae tot die politiek lewer. Indien hy daarin slaag, is die sukses

egter nie te danke aan sy buite-politieke spesialisasie nie, maar juis

aan die feit dat hy naas sy gespesialiseerde vermoëns ʼn vaardigheid

en oordeel met betrekking tot die res publicae ontwikkel het. 17

In ooreenstemming met hulle gelyke status as burgers oor die sake

van die gemenebes, behoort die politieke diskoers ook op ʼn grondslag

van gelykheid af te speel. Die sake van die res publicae is per slot van

rekening almal se gemeenskaplike openbare saak en daarom behoort

geen burger deur ʼn ontoeganklike vaktaal van die politieke diskoers

uitgesluit of afgeskrik te word nie. Die vrae na die res publicae wentel

om die saaklike hantering van die openbare sake van algemene

belang. Die bespreking word nie gevoer in vakwetenskaplike jargon

van byvoorbeeld die morele filosoof, ekonoom, teoloog, fisikus,

politikoloog, ingenieur, juris, chemikus, en dies meer nie. Wanneer ʼn

teoloog byvoorbeeld die sake van die gemenebes in teologiese terme

sou voer, is daar vanuit die staanspoor ongelykheid in die bespreking

wat slegs vir sekere ingewydes toeganklik is, maar alle ander uitsluit.

Dit verongeluk burgerskaplike gelykheid en plaas teoloë in die

voorgestoeltes van die politieke diskoers oor die gemenebes. Dit is

onaanvaarbaar, want hoe godsdienstig ter sake die teologiese diskoers

ook al mag wees, is dit vir die beslissing oor die res publicae

irrelevant. En omdat dit ongelykheid tussen burgers meebring en die

diskoers oor die gemenebes aan bande lê, is dit boonop nadelig vir die

gemenebes. Wanneer morele kwessies ter sprake is, wat vir die

gemenebes van belang mag wees, moet die diskoers daaroor

eweneens gevoer word in politieke taal waartoe almal gelyke toegang

het. Juridifisering van die res publicae hou dieselfde nadeel in dat

openbare sake wat almal raak deur ʼn juridiese elite aan die hand van

juridiese terme vir ʼn regselite ingepalm word en dat die burgery aan

ʼn oënskynlik beterwetende juridiese elite uitgelewer word. Met die

opkoms van die territoriale staat en, in die besonder, weens die

belang van menseregte is hierdie probleem tans juis besonder ter sake

(sien hoofstuk 8.3.4). Daar is natuurlik niks fout daarmee om deur

deskundiges voorgelig te word nie. Trouens, veral voorligting oor

ekonomiese kwessies is hier van belang omdat dit per slot van sake

heg met die algemene welstand van die gemenebes verweef is. Dié

advies soos enige ander professionele advies moet egter in

verstaanbare taal aan alle burgers oorgedra word, sodat die besluite

uiteindelik behoorlik voorgeligte besluite van die burgers self kan

wees. Dit moet nie afstanddoening van die regeerplig deur die burgers

self meebring nie.

17

Dit hang saam met die onderskeid tussen die deugsame burger en die goeie

individu, waarop reeds onder andere met verwysing na Aristoteles gewys is.

312 Hoofstuk 10

4.4 Omvang

Politokrasie doen weg met burgerskap se uitsluitlike vereenselwiging

met die territoriale staat en verbind dit daarenteen primêr met

beperkter en hegter tuistelike gemeenskappe waar ʼn res publica in

reële terme bestaan en meer regstreeks en intiem deur die burgery

beleef word. Burgerskap is per slot van sake afhanklik van die bestaan

van ʼn ryk gemenebes wat alleen in tuistelike gemeenskappe

teenwoordig is. Hierdie siening van burgerskap steun onder andere op

ʼn ryk tradisie wat burgerskap van ʼn klein en hegte politieke eenheid

afhanklik stel en dit daarmee vereenselwig. Dit blyk reeds uit die

Griekse verbintenis tussen die burger en die stadstaat (polites en

polis), maar gaan verder as dit. Die Nederlandse burger, Engelse

citizen en burgher, Duitse Bürger en Franse citoyen het dit in gemeen

dat hulle almal verbind word met die geografies en demografies

beperkte, homogene en outonome burcht (burg), borough, city en

cité. Die burg (en sy sinonieme begrippe) verwys na ʼn militêre

vesting, ʼn fort, te wete ʼn verskanste, ommuurde of versterkte plek.

Burgers, wat hiervan afgelei is, is die bewoners van die burg en, meer

in besonder, diegene wat die burg mede-regeer en saam met ander

burgers die verdediging, beveiliging en algemene welsyn van die burg

behartig. 18 Hierdie siening van burgerskap strook met die

politokratiese beskouing daarvan en weerklink ook in Aristoteles se

burgerskap-siening in ʼn demokrasie.

Juis hierdie vereenselwiging van burgerskap met in die eerste plek

die kleiner en hegter politieke gemeenskap, plaas die vraag op die

voorgrond: wat behoort dan die optimale omvang van die tuistelike

gemeenskap te wees? Hoe groot moet dit wees om ʼn politieke

gemeenskap met beduidende res publicae en burgerskap te huisves?

Waar lê die kritiese ewewig tussen ʼn te klein en ʼn te groot

gemeenskap om ʼn tuistelike politieke gemeenskap moontlik uit te

maak? 19

18 Vir die etimologies verbintenis tussen burg en burger, vergelyk byvoorbeeld:

Nederlands: JW Muller en A Kluyver Woordenboek der Nederlandsche Taal (1902)

(Derde Deel) Martinus Nijhof, AW Sijthoff Gent kolom 1895-1908; N van Wijk

Franck’s Etymologisch Woordendoek der Nederlandsche Taal Matinus Nijhof

(1912) 100; Engels: W Little et al Shorter Oxford Dictionary: On historical

principles (voorberei, hersien en geredigeer deur CT Onions; derde uitgawe

herorganiseer deur GWS Friedrichsen Vol 1 Clarendon Press Oxford (1978) 253;

351; Duits: W Pfeifer et al Etymologisches Wörterbuch des Deutschen: A-G

Akademie-Verlag Berlyn (1989) 232-233; E Seehold Etymologisch Wörterbuch der

Deutschen Sprache Walter de Greuyter Berlyn (1989) 114-115; Frans: A Dauzat et

al Nouveau Dictionnaire Étymologique et Historique Librairie Larousse Paris

(1987) 169.

19 Hierdie vraagstuk is sedert die Klassieke Griekse politieke filosofie ter sake en

word onder andere deur Aristoteles (n 11 hierbo) Boek VII, hoofstuk 4, veral op

266 behandel.

Politokrasie 313

Daar bestaan nie ʼn enkele antwoord hierop nie, maar daar is wel

aanduidings wat ʼn antwoord hierop help verstrek — aanduidings wat

almal reeds geïmpliseer word in die politokratiese sienswyse, soos tot

dusver uiteengesit. By die bespreking van optimale grootte of omvang

het ons al drie die tuistelike gemeenskappe wat hierbo onderskei is,

in gedagte, maar die klem val veral op die eerste — die plaaslike

kultuurgemeenskap waar ʼn homogene kultuurgemeenskap dieselfde

plek deel.

Die territoriale staat, so is geargumenteer, is gewoon te

omvattend om ʼn politieke gemeenskap, burgerskap en demokrasie in

stand te hou. Burgerskap, wat impak en mede-regering veronderstel,

is moeilik haalbaar en demokrasie degenereer tot massokrasie. Dié

dinge is reeds breedvoerig bespreek. Aan die ander kant kan ʼn

gemeenskap egter ook te klein wees om ʼn politieke gemeenskap

moontlik te maak omdat burgerskap, ʼn gemenebes en demokrasie,

net soos in ʼn te omvattende opset verydel kan word. Politokrasie mik

per slot van sake op lewendige politieke gemeenskappe, waarin die

beoefening van burgerskap as openbare saak voorop staan. Juis

daarom is dit noodwendig veel meer omvattend as enige private

gemeenskap. Dit kan dus nooit te klein wees nie, want dan verdwyn

die openbare karakter van die politiek te maklik ten gunste van die

private hoedanighede, verhoudings en kwessies.

By die behandeling van die vraag rakende die omvang van die

tuistelike gemeenskap is die eerste punt van belang dat ʼn politieke

gemeenskap natuurlik steeds ʼn gemeenskap moet wees. Dit beteken

dat mense met mekaar te doen moet hê. Hulle moet met mekaar in

kontak wees en in interaksie met mekaar verkeer. In die besonder

moet burgers regstreeks en deurlopend behoorlik met mekaar kan

kommunikeer om beskikking oor die res publicae moontlik te maak.

Dit impliseer dat hulle fisies nie te ver van mekaar verwyderd kan

wees nie, aangesien dit besluitneming en regering onmoontlik sal

maak of beduidend sal bemoeilik. Vinnige elektroniese kommunikasie

kan weliswaar help om interaksie te vergemaklik maar vervang nie die

noodsaak om in mekaar se teenwoordigheid te wees nie. Die

gemenebes waaroor besluit moet word, moet verkieslik konkreet

ervaar word in plaas van bloot abstrak bedink word. Daarom is die

verkieslike tuistelike gemeenskap een wat fisies ook beperk in

omvang is — ʼn stad met ʼn klein hinterland, eerder as ʼn uitgestrekte

stuk aarde. Indien fisies te omvangryk, raak die res publica van

patria, gemeenskap en openbare instellings buitendien gewoon net

iets wat te veel verbeel word, eerder as dat dit daadwerklik bestaan

en beleef word.

Verder is ’n politieke gemeenskap natuurlik nie bloot die

samekoms van individue (any number of men) in hul private

hoedanigheid nie. Vir ʼn politieke gemeenskap moet daar ʼn

314 Hoofstuk 10

gemenebes — ʼn res publica — van openbare sake van algemene belang

vir die betrokke gemeenskap wees. Daarsonder is die gemeenskap nie

polities nie, maar bloot ʼn privaat versameling waar interaksie bloot

tussen individue bestaan, in plaas van tussen burgers wat oor ʼn

gemenebes regeer. Dit vereis twee dinge.

Die eerste is ʼn politokratiese ingesteldheid. Dit beteken ʼn

diskoers tussen burgers oor die gemenebes, met ander woorde

saaklike, openbare interaksie oor die gemenebes; nie persoonlike,

private en intieme betrokkenheid nie. Natuurlik is daar ruimte vir

laasgenoemde, maar nie in die konteks van die politiek nie, en nie as

onderwerp van die politieke diskoers en besluitneming nie. Hierdie

private dinge kan nie temas van die politiek word nie. Indien wel,

word die eg openbare karakter — die gemenebes-karakter van die

politiek — prysgegee en geprivatiseer. Dan word die politiek in die

privaat wêreld van gesins-, familie-, vriendskaps- en die persoonlike

vyandskapsverhouding geabsorbeer, waarmee die politiek vernietig

word. Wat hiermee bedoel word is dit: burgerskap het ’n

onpersoonlike karakter. Dit beteken dat die (burgerskaplike)

verhoudings tussen burgers juis buite-om gesins-, familie-,

vriendskaps- en dergelike private en persoonlike verhoudings van

affiniteit of persoonlike afkeer, voltrek word. Natuurlik leer burgers

mekaar ook as individue ken en is die verskynsels van persoonlike

afkeur of affiniteit sekerlik teenwoordig. Dit bly egter ʼn privaat

aangeleentheid. Dit is nie insidenteel tot burgerskap nie. Die saaklike

verhoudings tussen burgers wat om die hantering van die res publicae

wentel, is wesenlik onpersoonlik en juis verwyderd van die individuele

interaksie van die private domein.

ʼn Politieke ingesteldheid, wat die onderskeid tussen die private

en die politieke terreine eerbiedig, wat skeidslyne tussen individue en

burgers volg en wat die hantering van die gemenebes nie deur privaat

sake en voorkeure laat bepaal nie, kan baie doen om die besondere

politieke karakter van ʼn tuistelike gemeenskap in stand te hou. Maar

as die hoeveelheid mense en burgers in ʼn gemeenskap min is, voer ʼn

politieke ingesteldheid ʼn opdraande stryd om die politieke diskoers op

die gemenebes te fokus en om burgerskap van private hoedanighede

en interaksie te onderskei. Hoe minder die mense en burgers en hoe

kleiner die gemeenskap, des te groter die risiko dat die gemeenskap

privaat raak in plaas daarvan om die karakter van ʼn politieke

gemeenskap te behou, wat rondom die behartiging van die res

publicae wentel. Dit raak ook moeiliker om te verhoed dat burgerskap

in privaat verhoudings geabsorbeer word. Hoe minder mense die

gemeenskap uitmaak, hoe groter is die risiko dat die onpersoonlike

karakter van burgerskap in die slag bly en die politiek in die dryfsand

van oormatige parogialiteit verval en dat ʼn klein groepie die

gemeenskap totalitêr bestuur op grond van private voorkeure, in plaas

van met die oog op die bewaking oor die (openbare) res publicae.

Politokrasie 315

Politokrasie maak wel voorsiening vir korreksie (sien 2.2.2

hierbo), wat dergelike vergrype kan help regstel. Vergrype moet egter

liefs voorkom word deur vanuit die staanspoor te sorg dat die

gemeenskap groot genoeg is om parogialiteit vanuit die gemeenskap

self teë te werk. Dit is waar die optimale omvang in terme van die

getalsterkte van die tuistelike gemeenskap in die prentjie kom.

Die bespreking van gemeenskap as ʼn res van die res publicae (3.2

hierbo) bied die aanknopingpunt vir die gepaste grootte van die

tuistelike gemeenskap. Daardie bespreking het aangetoon hoe

bevrydend gemeenskappe vir individue is. Dit stel mense in staat om

te spesialiseer en sodoende hul energie te wy aan die dinge waarin

hulle belangstel en die beste kan presteer in plaas daarvan om dit te

moet versprei na sake waarvoor hulle nie aangelê is nie. Dit maak

gevolglik individuele genoegdoening oor die wydste moontlike

spektrum van behoeftes, belangstelling, aanleg en smake moontlik en

stel mense in staat om eweneens die wydste moontlike spektrum van

beroepe te beoefen. Dit is presies hierdie dinge wat ʼn aanduiding

verskaf van die gepaste omvang van die tuistelike gemeenskap. Die

saak staan so: Gemeenskappe bring differensiasie mee en stel

individue in staat om te spesialiseer. Gemeenskappe bring dus ʼn

interafhanklike netwerk van spesialiserende individue mee. Individue

baat ruimskoots by die wye verskeidenheid van vaardighede, talente,

ywer, ambagte, professionele en sakebedrywighede ensovoorts wat

die produk van hierdie interafhanklike netwerk is. Dit is egter nie net

individue wat in hulle privaat hoedanigheid by hierdie differensiasie

en spesialisasie baat nie. Hierdie verskeidenheid en spesialisasie is

ook die voedingsbron vir die politieke gemeenskap. Die

verskeidenheid beskerm die politieke gemeenskap teen oormatige

parogialiteit. Dit lewer aan die politieke gemeenskap ʼn burgery wat,

danksy hulle versamelde ryk agtergrond van uiteenlopende ervaring,

opleiding, ekonomiese bedrywighede en dies meer die politieke

gemeenskap voorsien van ʼn groot verskeidenheid van gesigspunte,

insigte en sienswysses en sodoende die politokratiese ingesteldeheid

help waarborg. Met so ʼn verskeidenheid verminder die kanse dat die

politieke gemeenskap sy politieke aard kan verloor en in privatisme

en ideologiese, moralistiese, godsdienstige of dergelike benepenheid

of fundamentalisme kan versink. Opvoedkundige instellings speel

hierin ʼn sentrale rol, want dit is juis sodanige instellings wat ʼn oop en

vry ingesteldheid jeens die wêreld kan stimuleer. Voorts is dit

opvoedkundige instellings wat differensiasie bevorder en ʼn breë

spektrum van gespesialiseerde menslike aktiwiteit verreken en

stimuleer, mense daarin oplei en help afrond. Gevolglik het

opvoedkundige instellings ook die besondere praktiese nut dat hulle

die optimale getalsterkte van die tuistelike gemeenskap help bepaal.

ʼn Politieke gemeenskap moet getalryk genoeg wees om ’n universiteit

met ʼn breë kurrikulum, ʼn tegniese universiteit (technikon) en ʼn

instellings vir opleiding in alle ambagte, vaardighede en kunste aan

316 Hoofstuk 10

studente en vakleerlinge vanuit daardie gemeenskap te verskaf. 20

Sodanige instellings behoort natuurlik self by uitstek ʼn politokratiese

ingesteldheid te bevorder om instellings vir die hele politieke

gemeenskap te wees, in plaas van disfunksionele dienaars van

seksionele belange van net sekere sektore, oortuigings, ideologieë, of

denominasies. Op grond hiervan bereik ʼn tuistelike politieke

gemeenskap (spesifiek ʼn plaaslike kultuurgemeenskap) myns insiens

in die orde van ʼn kwart miljoen mense sy optimale omvang. Die getal

mag beduidend groter wees, maar behoort nooit so getalryk te raak

dat dit weer verval in die verarmde burgerskap, in staatlike

demokrasie se massokrasie en dergelike defekte van die territoriale

staat nie. Daar kan geargumenteer word dat wanneer dit een miljoen

oorskry, die waarskuwingsligte hiervoor weer begin flikker.

Daar moet deurlopend in gedagte gehou word dat tuistelike

gemeenskappe, van watter aard ook al, nie geïsoleerd of soewerein is

nie. Tuistelike gemeenskappe is weliswaar die onvervangbare

elemente vir politokrasie maar politokrasie eindig nie daar nie. Dit

begin daar. Politokrasie stel in die vooruitsig dat ons anderkant die

territoriale staat gelyktydig deel is van meer omvattende politieke

gemeenskappe en groter wêrelde, waaraan ons as individue sowel as

burgers meedoen. Politieke mag en besluitneming is verspreid en

verdeel. Dit is nêrens op net een plek nie. Dit sentreer nêrens nie. Die

fondamente van politokrasie is egter geleë in die gesonde tuistelike

gemeenskappe juis as politieke gemeenskappe. Dit is waar ons in die

eerste plek leef en waar ons as burgers in staat gestel word om ons

gemeenskaplike gemenebes daadwerklik saam met mede-burgers self

te regeer. Ofskoon ons openbare identiteit voorts nie volledig deur die

tuistelike gemeenskap in beslag geneem word nie en ook mede-bepaal

word deur die feit dat ons deel is van meer omvattende politieke

gemeenskappe, word ons openbare identiteit veral ook nie bepaal en

gedissiplineer aan die hand van die behoeftes van die Leviatan van die

territoriale staat nie.

20 ʼn Bevolking van ʼn kwart miljoen behoort reeds groot genoeg te wees om hierdie

instellings te kan dra en sodoende ʼn omvattende kompleks van spesialisasie

moontlik te maak om gevolglik ook te verseker dat die tuistelike gemeenskap

grootliks selfvoorsienend is.

BIBLIOGRAFIE

Abel, RL ‘The rise of professionalism’ (1979) 9 British Journal of Law

and Society 82-98

Addis, A ‘Individualism, communitarianism and the rights of ethnic

minorities’ (1992) 67 Notre Dame Law Review 615-676

Allen, JW A history of political thought in the sixteenth century

(1928) Methuen Londen

Anaya, SJ ‘The capacity of international law to advance ethnic and

nationality rights claims’ in Kymlicka, W (red) (1995) The rights of

minorities Oxford University Press Oxford 321-330

Anderson, B (1983) Imagined communities: Reflections on the origins

and spread of nationalism Verso Londen

Anderson, J & Hall, S ’Absolutism and other ancestors’ in Anderson, J

(red) (1986) The rise of the modern state Wheatleaf Books Ltd 21-

40

Antonites, AJ ‘Die filosofie van die konsiliebeweging’ in Faure, AM et

al (reds) (1981) Die Westerse politieke tradisie Academica

Pretoria 136-147

Arendt, H (1958) The human Condition University of Chicago Press:

Chicago

Aristoteles (1962) The politics (Vertaling uit Grieks deur TA Sinclair)

Penguin Books Middlesex

Artz, FB (1980) The mind of the Middle Ages: An historical survey

University of Chicago Press: Chicago

Ashcraft, R ‘Hobbes’ Natural Man: A study in ideology formation’

(1971) 33 Journal of Politics 1076-1117

Ashcraft, R & Goldsmith, MM ‘Locke, revolution and principles, and

the formation of Whig ideology’ (1983) 26 Historical Journal 773-

800

Bankowski, Z & Mungham, G (1976) Images of law Routledge & Kegan

Paul: Londen

Barrie, GN ‘Die betekenis van De Groot vir die internasionale reg’

(1983) 46 THRHR 172-184

317

318 Bibliografie

Barrie, GN ‘Uti possidetis versus self-determination and modern

international law: In Africa the chickens are coming home to roost’

(1988) TSAR 451-456

Barrie, GN ‘Self-determination in modern international law’ (1995)

Konrad Adenhauer Stiftung Occasional Papers

Barrow, RH (1949) The Romans Penguin Books Harmondsworth

Middlesex

Basson, DA & Viljoen, HP (1988) Suid-Afrikaanse staatsreg Juta

Kaapstad

Baxter, LG ‘The state and other basic terms in public law’ (1982) 99

SALJ 212-236

Beerling, RF et al (1970) Inleiding tot de wetenschapsleer Bijleveld

Utrect

Bellamy, JG (1970) The law of treason in England in the Middle Ages

Cambridge University Press Cambridge

Bennet, TW ‘Elemente van die Staat’ in Wiechers, M & Bredenkamp,

F (1996) Die staat: Teorie en praktyk JL van Schaik 71-96

Benoit-Rohmer, F (1996) The majority question in Europe:Towards a

coherent system of protection for national minorities Council of

Europe Publishing: Strasbourg

Berent, M ‘Collective rights and the Ancient Community’ (1991) IV

Canadian Journal of Law and Jurisprudence 387-399

Berki, RN (1977) The history of political thought: A short introduction

Rowman and Littlefield Totowa New Jersey

Berlin, I (1969) Four Essays on Liberty (Two Concepts of Liberty)

Oxford University Press Londen

Berman, HJ (1983) Law and revolution: The formation of the Western

legal tradition Harvard University Press Cambridge, Massachusetts

Blaustein, AP et al (1987) Human rights source book Paragon House:

New York

Blum, WT (1984) Theories of the political system Prentice Hall:

Englewood Cliffs, New Jersey

Böckenförde, E-W (1981) State, society and liberty (Vertaling vanuit

Duits deur JA Underwood) Berg New York

Bibliografie 319

Bodenheimer, E (1962) Jurisprudence: The philosophy and method of

law Harvard University Press Massachusetts

Booysen, H (1989) Volkereg en sy verhouding tot die Suid-Afrikaanse

reg Juta Kaapstad

Bozeman, AB (1976) Conflict in Africa Princeton University Press

Princeton

Bramsted, EK & Melhuish, KJ (1978) Western liberalism: A history of

documents from Locke to Croce Longman Londen

Braudel, F (1993) A History of civilizations (Vertaal uit Frans deur R

Mayne) Penguin Books: Londen

Brierly, JL (1963) The law of nations: An Introduction to the

international law of peace (onder redaksie van H Wadlock)

Clarendon: Oxford

Brocchieri, MFB ’The Intellectual’ in Le Goff, J et al (reds) (1990) The

Medieval World (Engelse vertaling deur LG Cochrane) Parkgate

Books: Londen 181-210

Brooke, C (1987) Europe in the Central Middle Ages 962-1124

Longman: Londen

Brownlie, I (1972) Basic documents of international law Oxford

Brownlie, I (1979) Principles of international law Clarendon Press

Oxford

Brownlie, I (1979) African boundaries: A legal and diplomatic

encyclopaedia University of California Press for the Royal Institute

of International Affairs

Buchanan, A ‘Towards a theory of secession’ (1991) 101 Ethics 322 -

342

Buckland, WW (1968) A Textbook of Roman Law: From Augustus to

Justinian Cambridge University Press: Cambridge

Burchell, J et al (2005) Principle of criminal Law Juta

Burgenthal, T (1992) International human rights: In a nutshell West

Publishing Co St. Paul

Cable, V ‘The diminished nation state: A study in the loss of economic

power’ (1995) 125 Daedalus 23-54

320 Bibliografie

Caplan, J ‘Lawyers and litigants’ in Ilich I et al (1977) Disabling

professions Marion Boyers Publishers Ltd Londen 93-109

Carlyle, AJ (1928) A history of Medieval political theory in the West

Vol III, IV, V, VI William Blankwood & Sons Ltd: Londen

Carpenter, G (1987) Introduction to South African constitutional law

Butterworths Durban

Cassese, A (1995) Self-determination of peoples: A legal reappraisal

Cambridge University Press Cambridge

Chaskalson, A ‘Democracy and law’ (1992) 2 Idasa Occasional Papers

Chabod, F ‘Was there a Renaissance State’ in Lubasz, H (red) (1964)

The development of the Modern state Macmillan Co New York 26-

42

Chew, HM ‘King James I’ in Hearnshaw, FJC (1967) The social and

political ideas of some great thinkers of the sixteenth and

seventeenth centuries Dawsons: Londen 105-129

Clarke, PB (1996) Deep citizenship Pluto Press: Londen

Connor, W ‘Nation-building or nations-destroying’ (1971-2) 24 World

Politics 319-355

Connor, W ‘The politics of ethnonationalism’ (1973) 27 Journal of

International Affairs 1-21

Copleston, FC (1975) History of Medieval philosophy Methuen & Co

Ltd Londen

Corwin, ES ‘The ‘higher law’ background of American constitutional

law’ (1928-9) 42 Harvard Law Review 365-409

Corwin, ES ‘The establishment of judicial review’ (1910) 9 Michigan

Law Review 102-25

Cranston, M ‘Are there any human rights?’ (1984) 113 Daedalus 1-17

Dagger, R ‘Rights’ in Ball, T et al (reds) (1989) Political innovation

and conceptual change Cambridge University Press Cambridge 292-

308

Dahl, RA ‘Decision-making in a democracy: The Supreme Court as a

national policy-maker’ (1957) 6 Journal of Public Law 293 et seq

Bibliografie 321

Dahl, RA (1984) A preface to democratic theory The University of

Chicago Press: Chicago

Dahl, RA (1971) Polyarchy: Participation and opposition Yale

University Press: New Haven

Daly, J ‘The Idea of absolute monarchy in seventeenth century

England’ (1978) 21 The Historical Review 227-250

Dauzat, A et al (1987) Nouveau Dictionnaire Étymologique et

Historique Librairie Larousse Paris

David, R & Brierly, JEC (1985) Major legal systems in the world today

Stevens Londen

Davis, DM ‘Integrity and ideology: towards a critical theory of the

judicial function’ (1995) 112 SALJ 104-130

Davis, DM ‘Human rights – a re-examination’ (1980) 97 SALJ 94-102

Davis, DM (1997) Fundamental rights in the constitution Juta

Kaapstad

De Benoist, A ‘Democracy revisited’ (1993) 95 Telos 65-75

Degenaar, JJ ‘Nationalism’ in Van Vuuren, DJ & Kriek, DJ (reds) (1983)

Political alternatives for Southern Africa: Principles and

perspectives Butterworths: Durban 69-83

Degenaar, JJ ‘Pluralism’ in Van Vuuren, DJ & Kriek, DJ (reds) (1983)

Political alternatives for Southern Africa: Principles and

perspectives Butterworths: Durban 84-96

Degenaar, JJ ‘Nations and nationalism: The myth of a South African

Nation’ (1993) 40 Idasa Occasional Paper

De Klerk, P et al (1977) Die opkoms van Europa Butterworths: Durban

D’Entrèves, AP (1970) Natural Law Hutchinson Ltd Londen

De Villiers, B ‘Directive principles of state policy and fundamental

rights: The Indian experience’ (1992) 8 SAJHR 29-49

De Villiers, DE ‘Die geskiedenis van menseregte’ in Du Toit, DA (red)

(1984) Menseregte Tafelberg: Kaapstad 3-38

De Vos, W (1992) Regsgeskiedenis Juta: Kaapstad

322 Bibliografie

Diamond, S ‘The rule of law versus the order of custom’ in Wolff, RP

(red) (1971) The rule of law Simon and Schuster: New York 115-144

Dias, RWM (1976) Jurisprudence Butterworths: Londen

Dietze, G ‘America and Europe - decline and emergence of judicial

review’ (1959) 76 SALJ 398-434

Digesta uit die Corpus Iuris Civilis van Justinianus Vol 1 (Latynse teks

geredigeer deur Mommsen, T & Krueger, P en in Engels vertaal

deur A Watson) (1990) University Press of Pennsylvania

Philadelphia, Pennsylvania

Dixon, MA (1990) Textbook on international law Blackstone Press Ltd

Donnelly, J ‘Human rights and human dignity: An analytical critique

of the Non-Western conception of human rights’ (1982) 76

American Political Science Journal 303-316

Dugard, J (2005) International law: A South African perspective Juta

Kaapstad

Duncan, G & Lukes, S ‘The new democracy’ (1963) 11 Political Studies

156-177

Duncanson, I ‘Law, democracy and the individual’ (1988) 8 Legal

Studies 303-316

Dunn, J (1984) Locke (Past Masters-reeks onder redaksie van Keith

Thomas) Oxford University Press: Oxford

Dunn, J ‘Conclusion’ in Dunn, J (red) (1993) Democracy: The

unfinished journey - 508 BC-AD 1993 Oxford University Press

Oxford 239-266

Dunn, RS (1970) The Age of Religious Wars 1559-1689 WW Norton &

Co: New York

Du Toit, ZB (1999) Die Nuwe toekoms: ‘n Prespektief op die Afrikaner

by die eeuwisseling JP Van der Walt Pretoria

Dworkin, RM (1977) Taking rights seriously Duckworth: Londen

Dworkin, RM (1985) Law’s Empire Harvard University Press:

Massachusetts

Dworkin, RM (1996) Freedom’s law: The moral reading of the

American constitution Oxford University Press

Bibliografie 323

Dyson, KHF (1980) The state tradition in Western Europe Martin

Robertson Oxford

Ebenstein, W (1969) Great political thinkers: Plato to present Dryden

Press: Hinsdale Illinois

Eide, A et al (reds) (1995) Economic, social and cultural rights: A

textbook Martinus Nijhoff Dordrect

Eisenach, EJ ‘Hobbes on church, state and religion’ (1982) 3 History

of political thought 215-241

Elton, GR (1963 Reformation Europe 1517 - 1559 Fontana/Collins

Glasgow

Emerson, R (1962) From empire to nation: the rise to self assertion

of Asian and African peoples Harvard University Press

Massachusetts

Emerson, R ‘Self-determination’ (1991) 65 American Journal of

International Law 459-475

Engels, F (1902) The origin of the family, private property and the

state (vertaal deur E Untermann) Charles H Kerr; Chicago

Esterhuyse, WP ‘Wat is demokrasie?’ in Van Niekerk, A (samesteller en

inleier) (1996) Filosoof op die markplein: Opstelle vir en deur

Willie Esterhuyse Tafelberg Kaapstad

Falk, R ‘The rights of peoples (In particular indigenous peoples)’ in

Crawford, J (1988) The rights of peoples Clarendon Press Oxford

17-38

Faure, AM & Kriek, DJ (reds) (1984) Die moderne politieke teorie

Butterworth Durban

Faure, AM (1981)‘n Ondersoek na die kenteoretiese grondslae van die

vergelykende politiek (1991) Ongepubliseerde doktorale

proefskrif, Universiteit van Suid-Afrika

Field, FC (1963) Political theory Methuen Londen

Figgis, JN (1896) The theory of the divine right of kings Cambridge

University Press Cambridge

Figgis, JN (1960) Political thought from Gerson to Grotius, 1414-1625

New York Harper New York

324 Bibliografie

Figgis, JN (1963) The political aspects of St Augustine’s ‘City of God’

Peter Smith: Gloucester Massachusetts

Figgis, JN & Laurence, RV (reds) Sir Erskine May’s democracy in

Europe in Acton, Lord JEED (1907) The history of freedom and

other essays Macmillan Londen 61-100

Finley, MI (1985) Democracy Ancient and Modern Hogarth Press:

Londen

Fish, S (1980) Is there a text in this class? The authority of

interpretive communities Harvard University Press Cambridge,

Massachusetts

Fontana, B ‘Democracy and the French Revolution’ in Dunn J (red)

Democracy: The unfinished journey - 508 BC-AD 1993 Oxford

University Press: Oxford 107-124

Franco, J ‘The nation as imagined community’ in Veeser, HA (red)

(1989) The new historicism Routledge: New York

Franck, TM ‘The emerging right to democratic governance’ (1992) 86

American Journal of International Law

Frankel, J (1969) International relations Oxford University Press

Londen

Friedrich, CJ (1963) Man and his government: An empirical theory of

politics Mc Graw-Hill Inc New York

Friedman, TL (2005) The world is flat: The globalized world in the

twenty first century Penguin Books Londen

Frug, GE ‘The city as a legal concept’ (1980) 93 Harvard Law Review

1957-1154

Fukuyama, F ‘The end of history’ (1989) 16 The National Interest 3-18

Fukuyama, F (1992) The end of history and the Last Man Penguin

Books New York

Gadamer, H-G (1989) Truth and method (vertaling deur J

Weinsheimer en DG Marshall) Sheet & Ward London

Gadamer, H-G ‘Truth in the human sciences’ (Vertaal deur BR

Wachetrhauser) in Wachetrhauser BR (red) (1994) Hermeneutics

and truth North Western University Press: Evanston, Illinois 25-32

Bibliografie 325

Gadamer, H-G ‘What is truth?’ (Vertaal deur BR Wachetrhauser) in

Wachetrhauser, BR (red) Hermeneutics and truth North Western

University Press: Evanston, Illinois 33-46

Gagiano, J ‘The contenders’ in Esterhuyse, WP & Du Toit, P (reds)

(1990) The myth makers: The elusive bargain for South Africa’s

future Southern Books Half Way House 10-35

Gardbaum, SA ‘Law, politics and the claims of communities’ (1990) 90

Michigan Law Review 686-760

Galeotti, AE ‘Citizenship and equality: The place for toleration’

(1993) 21 Political Theory 585-605

Gierke, O (1938) Political theories of the Middle Ages (Engelse

vertaling deur RW Maitland) Cambridge University Press Cambridge

Gilchrist, RN (1952) Principles of political science Orient Longmans

Ltd Mumbai

Giliomee, H (1990) Nation-building: liberal, libertarian and pluralist

approaches Ongepubliseerde lesing

Giliomee, H ‘Nation-building in South Africa: White perspectives’

in Swilling, M (red) (1990) Views on the South African State HSRC

Pretoria

Giliomee, H & Schlemmer, L (1993) From apartheid to nation building

Oxford University Press

Giliomee, H & Simkins, C (reds) (1999) The awkward embrace: One

party domination and democracy Tafelberg: Kaapstad

Glassner, MI (1980) Systematic political geography John Wiley & Sons

New York

Goldwin, RA ‘What is a bill of rights and what is it good for?’ in Licht,

A & De Villiers, B (1994) South Africa’s crisis of constitutional

democracy: can the U.S. constitution help? Juta Kaapstad en AEI

Press Washington 143-165

Gooch, G P ‘Lord Acton: apostle of liberty’ (1946-7) 25 Foreign Affairs

629-642

Goodrich, P ‘Rhetoric as jurisprudence: An introduction to the politics

of legal language’ (1984) 4 Oxford Journal of Legal Studies 88-122

Gough, JW (1955) Fundamental law in English constitutional history

Clarendon: Oxford

326 Bibliografie

Greenleaf, WH ‘Filmer’s patriarchal history’ (1966) 9 The Historical

Journal 157-171

Greig, DW (1976) International law Butterworths Londen

Habermas, J ‘Law and morality’ in McCurrin, SM (red) The Tanner

Lectures on Human Values Vol VIII Cambridge University Press

Cambridge 260

Hallowell, JH (1954) The moral foundation of democracy University of

Chicago Press Chicago

Hampshire, S (1956) The age of Reason: The seventeenth century

philosophers Mentor Londen

Hansen, MH ‘How many Athenians attended the Ecclesia?’ (1976) 17

Greek, Roman and Byzantine Studies 115-134

Hanson, RL ‘Democracy’ in Ball T et al (red) (1989) Political

innovation and conceptual Change Cambridge University Press

Cambridge 68-89

Hart, HLA (1961) The concept of law Clarendon Press: Oxford

Hart, HLA ‘American jurisprudence through English eyes: The

nightmare and the noble dream’ in Hart, HLA (1983) Essays in

jurisprudence and philosophy Clarendon Press: Oxford

Hearnshaw, FJC ‘Hugo Grotius’ in Hearnshaw, FJC (red) (1967) The

social and political ideas of some great thinkers of the sixteenth

and seventeenth centuries 130-152

Heaton, H (1948) Economic history of Europe Harper & Row: New York

Hersiene uitgawe

Held, D et al (red) (1985) States and societies Basil Blackwell: Oxford

Henkin, L (1990) The age of rights Columbia University Press New York

Heraclides, A ‘Secession, self-determination and nonintervention: in

quest of a normative symbiosis’ (1991) 45 Journal of International

Affairs 399-420

Hobbes, T (1985) Leviathan Penguin Books Londen

Hobbes, T (1969) The elements of law: natural and political (onder

redaksie van Ferdinand Tönnies) Frank Cass & Co: Londen

Bibliografie 327

Hogg, PW ‘Section 1 of the Canadian Charter of Rights and Freedoms’

in De Menstral, A et al (reds) (1986) The limitation of rights in

comparative constitutional law Yvon Blais Inc Coeansville,

Quebeque 1-22

Holden, B (1974) The nature of democracy Nelson Londen

Holdsworth, W A History of English law 1936 (Volume II); 1937

(Volume VIII); 1942 (Volume III); 1945 (Volume IV) Sweet & Maxwell

Londen

Hood-Phillips, O & Jenkins, P (1978) Constitutional and

administrative law Sweet & Maxwell Ltd Londen

Huntington, SP (1993) The third wave: Democratization in the late

twentieth century University of Oklahoma Press Norman

Huntington, SP (1996) The clash of civilizations and the remaking of

world order Touchstone Books Londen

Ilich, I ‘Disabling professions’ Ilich, I et al (1977) Disabling professions

Marion Boyers Publishers Ltd Londen 11-39

Ingraham, BL (1979) Political crime in Europe University of California

Press Berkeley

Jacot-Guillarmod, O ‘The relationship between democracy and

human rights’ in Engel, NP (1987) Democracy and human rights:

Proceedings of the colloquy organized by the government of

Greece and the Council of Europe 9-42

Jeffery, AJ ‘The dangers of direct horizontal application: a cautionary

comment on the 1996 Bill of Rights’ (1996) 1 The Human Rights

Constitutional Law Journal of South Africa 10-16

Jolowicz, HF (1963) Lectures on jurisprudence Athlone Press Londen

Joubert, CP ‘Die gebondenheid van die soewereine wetgewer aan die

reg’ (1942) 5 THRHR 7-59

Kaser, M (1984) Roman private law (Engelse vertaling deur R

Dannenbring) Universiteit van Suid-Afrika Pretoria

Kelsen, H ‘The pure theory of law and analytical jurisprudence (1942)

55 Harvard Law Review 44-70

Kennedy, D ‘The political significance of the structure of the law

school curriculum’ (1983) 14 Seton Hall Review 1-16

328 Bibliografie

King, P (1974) The ideology of order: A comparative analysis of Jean

Bodin and Thomas Hobbes George Allen & Unwin Londen

Kohn, H (1944) The idea of nationalism Macmillan:Toronto, Canada

Koenigsberger, HC & Mosse, GL (1968) A general history of Europe in

the sixteenth century Longman Londen

Kotze, HJ & Van Wyk, JJ (1990) Basiese konsepte in die politiek Mc

Graw-Hill: Johannesburg

Kuhn, TS (1970) The structure of scientific revolutions University of

Chicago Press: Londen

Kukathas, C ‘Liberalism and multiculturalism: The politics of

difference (1998) 26 Political Theory 686-699

Kunkel, W (1973) An introduction to Roman legal and constitutional

history (Engelse vertaling deur JM Kelly) Clarendon Press Oxford

Kymlicka, W (1989) Liberalism, community and culture Clarendon

Press Oxford

Labuschagne, JMT ‘Minagting van die hof: ‘n Strafregtelike en

menseregtelike evaluasie (1988) TSAR 329-324

Labuschagne, JMT ‘Menslike outonomie en staatlike majestas:

Opmerkinge oor die dekriminalisasie van hoogverraad’ (1992) 5

Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Strafregspleging 117-131

Laski, HJ (1981) An introduction to politics George Allen & Unwin Ltd

Londen

Leca, J ‘Questions of citizenship’ in Mouffe, C (red) (1992) Dimensions

of radical democracy Verso: Londen 17-32

Lee, SJ (1982) Aspects of European History 1494-1789 Methuen

Londen

Le Goff, J ‘Introduction: Medieval Man’ in Le Goff, J et al (reds)

(1990) The Medieval world (Engelse vertaling deur LG Cochrane)

Parkgate Books: Londen 1-35

Levinson, S Law as literature (1981-2) 60 Texas Law Review 373-403

Levy, GB ‘Equality, autonomy and cultural rights’ (1997) 25 Political

Theory 215-248

Bibliografie 329

Lewis, JU ‘Jean Bodin’s logic of sovereignty’ (1968) 16 Political

Studies 206-202

Lijphart, A (1977) Democracy in plural societies: A comparative

exploration Yale University Press New Haven

Lijphart, A ‘Majority rule versus democracy in deeply divided

societies’ (1977) 4 Politikon 113-126

Little, W et al (1978) Shorter Oxford Dictionary: On historical

principles (voorberei, hersien en geredigeer deur CT Onions; derde

uitgawe geherorganiseer deur GWS Friedrichsen Vol 1 Clarendon

Press Oxford

Locke, J (1992) Of civil government (second treatise) Regnery/

Gateway Inc. South Bend Indiana

Locke, J (1991) A letter concerning toleration (onder redaksie van J

Norton & S Mendes) Routledge Londen

Lousse, E ‘Absolutism’ in Lubasz, H (red) (1964) The development of

the modern state Macmillan Co New York 43-48

Louw, AduP ‘Hugo de Groot of Grotius (1583 - 1645)’ in Faure, AM et

al (reds) (1981) Die Westerse politieke tradisie Academica

Pretoria 204-212

Lummis, CD (1984) Radical democracy Cornell University Press Inhaca

Londen

Macpherson, CB (1955) Introduction to Thomas Hobbes’ Leviathan

Penguin

Mac Kay RA ‘Coke, parliamentary sovereignty and the supremacy of

the law’ (1924) 22 Michigan Law Review 215-247

Maier, CS ‘Democracy since the French Revolution’ in Dunn J (red)

(1993) Democracy: The unfinished journey - 508 BC-AD 1993

Oxford University Press: Oxford 125-154

Maitland, FW (1993) The constitutional history of England WH Gaunt

and Sons Inc Londen

Makua wa Mutua ‘Why redraw the map of Africa: A moral and legal

inquiry’ (1995) 16 Michigan Jnl of International Law 1113-1176

Malan, K ‘Oor gelykheid en minderheidsbeskerming van aanleiding van

Ryland v Edros en Fraser v Children’s Court Pretoria North’ (1998)

61 THRHR 300-312

330 Bibliografie

Malan, K ‘Oor die hofnotuleringstaal in die lig van die grondwet en na

aanteling van onlangse regspraak’ (1998) 61 THRHR 696-705

Malan, K ‘Faction rule, (natural) justice and democracy’ (2006) 21

SAPR/L 142-160

Malan, K ‘Political blitz on a constitutional trench’ (2005) 20 SAPR/L

397-411

Malan, K ‘The unity of powers and the dependence of the judiciary’

(2006) 39 De Jure149-162

Malan, K ‘Geregtigheid, billikheid en demokrasie – ‘n oorweging van

onderskeidinge en onderliggende beginsels’ (2005) 20 SAPR/L 68-

85

Malan, K ‘The inalienable right to take the law into our own hand

versus the faltering state’ (2007) TSAR 642–654

Malan, K ‘The deficiency of individual rights and the need for

community protection’ (2008) 71 THRHR 415-437

Malan, K ‘Observations on the official use of language for the

recording of court proceedings’ (2008) 23 SAPR/L 2008 59-76

Malanczuk, P (1997) Akehurst’s Modern Introduction to International

Law Routledge Londen

Manganye, D ‘The application of uti possidetis and South Africa’s

internal border’ (1994) 35 Codicillus 49-60

Marlowe, J (1976) Milner: Apostle of empire Hamish Hamilton:

Londen

Marshall, TH (1981) The right to welfare and other essays Heinemann

Educational Books Londen

Matthaeus, Antonius (1993) On crimes: A commentary on Books XLVII

and XLVIII of the Digest (Geredigeer en in Engels vertaal deur ML

Hewitt & BC Stoop) Universiteit van Suid-Afrika Pretoria

Mayo, HB (1960) An introduction to democratic theory Oxford

University Press: New York

Mbeki, Thabo ‘Statement of deputy president Thabo Mbeki at the

opening of the debate in the National Assembly, on reconciliation

and nation building (29 Mei 1998) Government Communications

(GCIS)

Bibliografie 331

McCormick, N ‘Reconstruction after deconstruction: A response to

CLS’ (1990) 10 Oxford Journal of Legal Studies 539-558

McCorquondale, R ‘South Africa and the right of self-determination’

(1994) 10 SAJHR 4-30

McIlwain, CH (1947) Constitutionalism: ancient and modern Hersiene

uitgawe ,Cornell University Press: New York

Mekkes, JPA (1940) Ontwikkeling der humanistische

rechstaatsreorieën

Miccoli, G ‘Monks’in Le Goff, J et al (reds) (Engelse vertaling deur LG

Cochrane) (1999) The Medieval World Parkgate Books: Londen 37-

74

Mill, JS (1986) On liberty Prometheus Books: New York

Mill, JS (1972) Considerations on representative government

(Geredigeer deur HB Acton) TM Dent & Sons Londen

Milton, JRL (1996) South African criminal law and procedure Vol II:

Common Law Crimes Juta Kaapstad

Missner, M ‘Skepticism and Hobbes’ political philosophy’ (1983) 44

Journal of the History of Ideas 407-427

Moore, M ‘On national self-determination’ (1977) 45 Political Studies

900-913

Morral, JR (1958) Political thought in Medieval times Hutchinson

Londen

Mouffe, C ‘Democratic politics today’ in Mouffe, C (red) (1992)

Dimensions of Radical Democracy Verso Londen 1-16

Mouton, J ‘Thomas S Kuhn’ in Snyman, S (red) (1995)

Wetenskapsbeelde in die geesteswetenskappe RGN Pretoria 65-92

Mullall, S & Swift, A (1992) Liberals and communitarians Blackwell

Oxford

Muller, FCJ (red) (1985) 500 Jaar Suid-Afrikaanse geskiedenis

Academica Pretoria

Muller, JW & Kluyver, A (1902) Woordenboek der Nederlandsche Taal

(Derde Deel) Martinus Nijhof, AW Sijthoff Gent

332 Bibliografie

Mullet, CF ‘Coke and the American revolution’ (1932) 12 Economica

457-471

Mundy, JH (1973) Europe in the High Middle Ages Longman Londen

Murray, AH ‘Natuurreg en die plurale staat’ in Faure, AM et al (reds)

(1981) Die Westerse politieke tradisie Academica Pretoria 453-469

Murswiek, D ‘The issue of a right to secession reconsidered’ in

Tomuschat, C (red) (1993) Modern law of self-determination

Marthinus Nijhof Dordrect 21-39

Nagel, T ‘Hobbes’ concept of obligation (1959) 68 The Philosophical

Review 68-83

Naldi, GJ (red) (1992) Documents of the Organization of African Unity

Maxwell Londen

Neethling, J et al (2006) Deliktereg Butterworth Durban

Nelson, JM ‘Unlocking Locke’s legacy: A comment’ (1978) 26 Political

Studies 101-108

Netshitomboni, S ‘The use of languages in courts: the point of view of

the department of justice and constitutional development’ (21

Maart 2000) FAK-Konferensie: Taal in die howe Centurion

(Ongepubliseerde lesing)

Oakeshott, M (1962) Rationalism in politics and other essays Methuen

Londen

O’Donnel, G & Schmitter, PC (1989) Transitions from authoritarian

rule Johns Hopkins University Press Baltimore

Olivier, PJJ (1975) Legal fictions in practice and legal science

Rotterdam University Press Rotterdam

Oppenheim, L (1974) International Law: A Treatise (onder redaksie

van A Lauterpacht) Vol I Tenth impression Longman Londen

Pakenham, T (1993) The Boer War Jonathan Ball Publishers

Johannesburg; Weidenfeld and Nicolson Londen

Paine, T (1996) The rights of man (Introduction by D Matravers)

Wordsworth Hertfordshire

Painter, S (1951) The rise of the feudal monarchies Cornell University

Press

Bibliografie 333

Parekh, B (2000) Rethinking multiculturalism: cultural diversity and

political theory (2000) Harvard University Press

Pennington, DH (1970) Seventeenth Century Europe Longman Londen

Pestieau, J ‘Minority rights: Caught between individual rights and

peoples’ rights (Julie 1991) VI Canadian Journal of Law and

Jurisprudence 369-370

Pfeifer, W et al (1989) Etymologisches Wörterbuch des Deutschen: A

- G Akademie-Verlag Berlyn

Plucknett, FT ‘Bonham’s case and judicial review’ (1927-27) 40

Harvard Law Review 30-70

Pocock, JGA (1957) The ancient constitution and the feudal law

Cambridge University Press Cambridge

Pocock, JGA (1975) The Machiavellian moment: Florentine political

thought and the Atlantic republican tradition Princeton University

Press Princeton, New Jersey

Pound, R ‘Theories of the law (1912-13) 22 Yale Law Journal 114-150

Przeworski, A & Limongi, F ‘Modernization: Theories and facts’ (1996-

97) 49 World Politics 155-183

Rabb, T (red) (1972) The Thirty Years’ War DC Heath & Co Lexington

Massachusetts

Rauche, GA ‘Die konsep “demokrasie”’ in Faure, AM et al (1988) Suid-

Afrika en die demokrasie Owen Burgess Uitgewers Pinetown

Rautenbach, IM (1994) Algemene bepalings van die Suid-Afrikaanse

handves van regte Butterworth Durban

Rawls, J (1971) A theory of justice Oxford University Press Oxford

Rawls, J ‘Justice as fairness: Political not metaphysical’ (1985) 14

Philosophy and Public Affairs 223-251

Rawls, J ‘The idea of overlapping consensus’ (1987) 7 Oxford Journal

of Legal Studies 1-25

Rawls, J ‘The priority of the right and ideas of the good’ (1988) 17

Philosophy and Public Affairs 251-276

Rawls, J ‘The domain of the political and overlapping consensus’

(1989) 64 New York University Law Review 233-255

334 Bibliografie

Reisman, WM ‘Sovereignty and human rights in contemporary

international law (1990) 89 American Journal of International Law

866-876

Rice, EF (1971) The foundations of Early Modern Europe 1460-1559

Weidenfeld and Nicolson Londen

Rimlinger, GV ‘Capitalism and human rights’ (1984) 113 Daedalus 51-

80

Ritter, G ‘Origins of the modern state’ in Lubasz, H (red) (1964) The

development of the modern state Macmillan Co New York 13-25

Roberts, JM (1996) The Penguin history of Europe Penguin Books

Londen

Rose, PL ‘The Politique and the Prophet: Bodin and the Catholic

League 1589-1594’ (1978) 2 Historical Journal 783-808

Rousseau, Jean Jacques (1968) The Social Contract (Engelse vertaling

en inleiding deur M Cranston) Penguin Books Londen

Rousseau, Jean Jacques (1953) Considerations on the government of

Poland and on its proposed reformation (Engelse vertaling en

redigering deur F Watkins) Thomas Nelson and Son Ltd Edinburgh

Rousseau, Jean Jacques (1953) Constitutional project for Corsica

(Engelse vertaling en redigering deur F Watkins) Thomas Nelson

and Son Ltd Edinburgh

Rousseau, Jean Jacques (1963) A Discourse: What is the origin of

inequality among men and is it authorized by natural law (Engelse

vertaling en inleiding deur GDH Cole) JM Dent & Sons Ltd Londen

Runkle, G (1968) A history of Western political theory Ronald Press

Co. New York

Sabine, GH (1971) A history of political theory George G Harrap & Co

Ltd Londen

Salmon, JHM (1979) The French religious wars in English political

thought Clarendon Press Oxford

Sartori, G (1962) Democratic theory Wayne State University Press

Detroit

Schmidt, CWH (1982) Bewysreg Butterworth Durban

Bibliografie 335

Schmidt, HD ‘The establishment of Europe as a political expression

(1966) 9 The Historical Journal 171-178

Schmidt, VA ‘The new world order incorporated’ (1995) 125 Daedalus

75-106

Schmitt, C (1996) The concept of the political (Vertaling, inleiding en

notas deur G Schaab) University of Chicago Press Chicago

Seehold, E (1989) Etymologisch Wörterbuch der Deutschen Sprache

Walter de Greuyter Berlyn

Seton-Watson, H (1977) Nations and states Methuen Londen

Sheppard, MA ‘Sovereignty at the crossroads’ (1930) 45 Political

Science Quarterly 580-603

Siedentop, L (1993) Tocqueville (Past Masters-reeks) Oxford

University Press Oxford

Siedentop, L ‘Political theory and ideology: The case of the state’ in

Miller, D & Siedentop, L (reds) (1983) The Nature of Political

Theory Clarendon Press Oxford

Skinner, Q ‘The ideological context of Hobbes’ political thought’

(1966) 17 Historical Journal 286-318

Skinner, Q (1978) The foundations of modern political thought

Volume I, II Cambridge University Press Cambridge

Skinner, Q (1981) Machiavelli Oxford University Press Oxford

Skinner, Q ‘The state’ in Ball, T et al (reds) (1989) Political Innovation

and Conceptual Change Cambridge University Press Cambridge 90-

131

Smith, P (1962) The Reformation in Europe Collier-Macmillan New

York

Snyman, CR ‘Die trouvereiste by hoogverraad’ (1988) 1 SA Tydskrif vir

Strafregspleging 1-17

Snyman, CR (2006) Strafreg Butterworth Durban

Spruyt, H (1994) The sovereign state and its competitors: An analysis

of systems change Princeton University Press New Jersey

Stark, JG (1989) Introduction to international law Butterworth

Londen

336 Bibliografie

Stern, K ‘The genesis and evolution of European-American

constitutionalism’ (1985) XVIII CILSA 186-200

Stone, A ‘The birth and development of abstract review:

Constitutional courts and policy-making in Western Europe’ (1981)

19 Policy Studies Journal 81-95

Störig, H-J (1979) Geshiedenis van de filosofie Vol I Spectrum Utrecht

Strange, S ‘The defective state’ (1995) 125 Daedalus 55-74

Strayer, JR (1970) On the medieval origins of the modern state

Princeton New Jersey

Strydom, HA Die volkeregtelike integreringsfunksie van die VVO

(1989) Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Universiteit van

Suid-Afrika

Strydom, HA ‘South African constitutionalism between unity and

diversity: lessons from the new Europe’ (1997) 12 SA Public Law

373-403

Strydom, HA ‘Minority rights protection: Implementing international

standards’ (1998) 14 SAJHR 373-387

Szabo, I ‘Historical foundations of human rights’ in Vasak, K et al

(1982) The international dimension of human rights Greenwood

Press Westport Connecticut 11-40

Tacitus, (1970) The Agricola and the Germania (Vertaling deur E

Hattingly) Penguin Books Londen

Talmon, JL (1970) The origins of totalitarian democracy Sphere Books

Tarlton, CD ‘The creation and maintenance of government: A

neglected dimension of Hobbes’ Leviathan (1978) 26 Political

Studies 307-327

Tarn, WW (1952) Hellenistic civilization Arnold Londen

Tenekides, G ‘The relationship between democracy and human rights’

in Engel, NP (1987) Democracy and human rights: Proceedings of

the colloquy organized by the government of Greece and the

Council of Europe 43-66

Thomas, JAC (1975) The Institutes of Justinian text: Translation and

commentary Juta Kaapstad

Bibliografie 337

Thomas, PhJ ‘Wetenskapsfilosofie in die regswetenskap’ (1995) 58

THRHR 31-44

Thomashausen, AEAM ‘Savings clauses and the meaning of the phrase

“acceptable in a democratic society”- a comparative study’ (1989)

30 Codicilis 50-58

Thompson, MP ‘The reception of Locke’s Two Treatises of

Government 1690-1705’ (1976) 24 Political Studies 184-191

Thompson, MP ‘Reception and influence: A reply to Nelson on Locke’s

Two Treatises of Government’ (1980) 28 Political Studies 100-108

Thornberry, P ‘The democratic and internal aspect of selfdetermination

with some remarks on federalism’ in Tomuschat, C

(red) (1993) Modern law of self-determination Marthinus Nijhof

Dordrect 101-138

Tierney, B ‘Medieval canon law and Western constitutionalism’ (1966)

52 The Catholic historical review 1-17

Tierney, B ‘Religious rights: an historical perspective’ in Witte, J &

Van der Vyver, JD (reds) (1977) Religious rights in global

perspective Marthinus Nijhof Dordrecht 1-22

Tomuschat, C ‘Self-determination in a post-colonial world’ in

Tomuschat C (red) (1993) Modern Law of Self-Determination

Marthinus Nijhof Dordrecht 1-20

Toulmin, S (1990) Cosmopolis: The hidden agenda of modernity Free

Press, Macmillan Inc New York

Trevor-Roper, H (1966) The rise of Christian Europe Tames and

Hudson Londen

Tuck, R (1989) Hobbes (Past Masters-reeks) Oxford University Press

Oxford

Turner, B ‘Outline of a theory of citizenship’ in Mouffe C (red) (1992)

Dimensions of Radical Democracy Verso Londen 33-62

Turk, AT ‘Law as a weapon in social conflict’ (1976) 23 Social

Problems 276-291

Ullmann, W (1965) Medieval political thought Penguin Books Londen

Ulph, O ‘Jean Bodin and the Estates-General of 1576’ (1947) XIX The

Journal of Modern History 289-296

338 Bibliografie

Van Blerk, AE (1996) Jurisprudence: An introduction Butterworth

Durban

Van Boven, T (1982) People matter: Views on international human

rights policy (Saamgestel deur H Toolen) Neulenhof Amsterdam

Van der Keesel, DG (1972) Lectures on Books 47 and 48 of the Digerst

Vol II (Latynse teks geredigeer en in Engels vertaal deur P Beinart

& B van Warmelo) Juta Wynberg

Van der Linden, J (1806) Regtsgeleerd, practicaal en

koopmanshandboek Johannes Allant Amsterdam

Van der Linden, M & Thorpe, W (reds) (1990) Revolutionary

syndicalism: An international perspective Scolar Spel Press

Aldershot

Van der Merwe, NJ & Olivier, PJJ (1989) Die onregmatige daad in die

Suid-Afrikaanse reg Van der Walt Pretoria

Van der Vyver, JD (1975) Die beskerming van menseregte in Suid-

Afrika Juta Kaapstad

Van der Walt, AJ ‘Marginal notes on powerful legends: Critical

perspectives on proprietary theory’ (1995) THRHR 396-420

Van der Walt, NGS (1969) Die republikeinse strewe Pro rege pers

Potchefstroom

Van Dyk, P & Van Hoof, GJH (1990) Theory and practice of the

European Convention on Human Rights Kluver Deventer

Van Dyke, V ‘The individual the state and ethnic communities in

political theory’ 1976-77 29 World Politics 343-369

Van Dyke, V ‘Human rights and the rights of groups’ (1974) 18

American Journal of Political Science 725-741

Van Rensburg, APJ (1976) Afrika-verskeidenheid HAUM Pretoria

Van Rooy, CA (1979) Antieke Griekse geskiedenis: Van die

steentydperk tot die eeu van Perikles Butterworth Durban

Van Vuuren, WLJ ‘Sartori’ in Faure, AM & Kriek, DJ (1984) Die

Moderne Politieke Teorie Butterworth Durban 57-73

Van Warmelo, P (1976) An introduction to the principles of Roman

civil law Juta Kaapstad

Bibliografie 339

Van Wijk, N (1912) Franck’s Etymologisch Woordendoek der

Nederlandsche Taal Matinus Nijhof

Van Wyk, AJ ‘Die bewyslas van die boni mores’ (1975) 38 THRHR 383-

387

Van Wyk, T & Boucher, M (reds) (1986) Europe 1848-1980 Academica

Pretoria

Van Wyk, T & Spies, SB (reds) (1985) Western Europe from the decline

of Rome to the Reformation Academica Pretoria

Van Zyl, DH (1977) Geskiedenis en beginsels van die Romeinse reg

Butterworth Durban

Van Zyl, DH (1983) Geskiedenis van die Romeins-Hollandse reg

Butterworth Durban

Vasak, K Human rights: As a legal reality in Vasak, K et al (1982) The

international dimension of human rights Greenwood Press

Westport Connecticut 1-10

Venter, AJ ‘Questions of national identity in post-apartheid South

Africa’ (1998) Konrad Adenhauer Stiftung Occasional Papers

Johannesburg

Venter, F ‘Menseregte, groepsregte en ’n proses na groter

geregtigheid’ (1986) 1 SA Publiekreg 202-229

Venter, TD ‘Die begrip “staat”: ’n Staatkundige en staatsregtelike

beskouing’ (1974) De Jure 128-140

Verloren van Themaat, JP (1956) Staatsreg Butterworth Durban

Viljoen, S (1974) Economic systems in world history Longman New

York

Vinogradoff, P ‘Law’ in Crump, CG & Jacob, EF (1926) The legacy of

the Middle Ages Clarendon Press Oxford

Vincent, A (1987) Theories of the state Blackwell Oxford

Von Bar, CL (1968) A history of continental criminal law (Engelse

vertaling deur T Bell) Rothman Reprints Inc. South Hachensack

New Jersey

Vorländer, K (1955) Gechiedenis van de wijsbegeerte Volume II Aula

Utrecht

340 Bibliografie

Wahl, JA ‘Baldus de Ubaldis and the foundations of the nation state’

(1977) XXI Manuscripta 80-96

Wallback, W et al (1981) Civilization Past and Present Vol VI Scott,

Roreman & Co Glenview Illinois

Walker, JA (1999) A History of the Law of Nations Vol I Cambridge

University Press Cambridge

Walzer, M (1966) The revolution of the saints: A study in the origin of

radical politics Weidenfeld and Nicolson Londen

Walzer, M ‘Philosophy and democracy’ 1981 9 Political Theory 379-

400

Walzer, M ‘Pluralism: A political perspective’ in Kymlicka, W (1985)

The rights of minorities Oxford University Press 139-154

Wanlass, LC (1953) Gettel’s history of political thought George Allen

& Unwin Ltd

Wiechers, M (1981) Verloren van Themaat Staatsreg Butterworth

Durban

Wiechers, M & Bredenkamp, F (reds) (1996) Die staat: teorie en

praktyk JL van Schaik Pretoria

Wiechers, M ‘Herdemokratisering’ in Faure, AM et al (1988) Suid-

Afrika en die Demokrasie Owen BurgessUitgewers Pinetown

Williams, GL ‘The correlation of allegiance and protection’ (1948-50)

10 Cambridge Law Journal 54-76

Williams, MS ‘Justice towards groups’ (1995) 23 Political Theory 67-91

Wines, R (red) (1967) Enlightened despotism: Reform or reaction? DC

Heath and Co. Boston

Wolfe, M ‘Jean Bodin on taxes’ (1968) 83 Political Science Quarterly

268-284

Wolin, SS ‘Paradigms and political theories’ in King, P & Parekh, BC

(reds) (1968) Politics and experience: essays presented to

professor Michael Oakeshott on the occasion of his retirement

Cambridge University Press Cambridge 125-152

Wolin, SS ‘Political theory as a vocation’ (1969) 63 American Political

Science Review 1062-1082

Bibliografie 341

Wolker, R (1995) Rousseau (Past Masters-reeks) Oxford University

Press Oxford

Wood, GS ‘Democracy and the American Revolution’ in Dunn J (red)

(1993) Democracy: The Unfinished Journey - 508 BC-AD 1993

Oxford University Press Oxford 91-106

Wootton, D ‘The Levellers’ in Dunn, J (red) (1993) Democracy: The

unfinished journey - 508 BC - AD 1993 Oxford University Press

Oxford 71-90

Wright, Q (1955) The study of international relations Appleton-

Century-Crofts Inc. New York

Yolton, JW ‘Locke on the law of nature’ (1958) 67 The Philosophical

Review 477-498

Young, I ‘Polity and group difference: a critique of the ideal of

universal citizenship’ (1989 - 1990) 99 Ethics 250-274

Zylstra, B (1970) From pluralism to collectivism - The development of

Harold Laski’s political thought Van Gorcum Assen

GERAPPORTEERDE REGSPRAAK

Suid-Afrika

Administrateur, Transvaal v Van der Merwe 1994 (4) SA 347 (A)

Atlas Organic Fertilizers (Pty) Ltd v Pikkewyn Gwano (Pty) Ltd and

Others 1981 (2) SA 173 (T)

August and Another v Electoral Commission and Others 1999 (4) BCLR

363 (CC)

Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environment and Tourism

2004 (7) BCLR 687 (CC)

Christian Education South Africa v Minister of Education 2000 (10)

BCLR 1051 (CC)

Clarke v Hirst NO and Others 1992 (4) SA 630 (D)

Coronation Brick (Pty) Ltd v Strachan Construction Co (Pty) Ltd 1982

(4) SA 571 (N)

Doctors for Life International v Speaker of the National Assembly and

Others 2006 (12) BCLR 1399 (CC)

Du Plessis and Others v De Klerk and Another 1996 (4) BCLR 658 (CC)

Elida Gibs (Pty) Ltd v Colgate Palmolive (Pty) Ltd (1) 1988 (2) SA 230

(W)

Hawker v Life Offices Association of South African and Another 1987

(3) SA 772 (C)

In re Certification of the Constitution of the Republic of South Africa

1996 (10) BCLR 1253 (CC)

Ismail v Ismail 1983 (1) SA 1006 (A) 1026

Jaftha v Schoeman and Others and Van Rooyen v Stoltz and Others

2005 (1) BCLR 78 (CC)

Kaapse hoogverraadsverhore (die Colesbergse en Dordrechtse

verhore) vervat in SALJ 1901 164-176

Kaunda and Others v President of the Republic of South Africa and

Others 2004 (10) BCLR 1009 (CC)

Macadamia Finance Ltd en ‘n Ander v De Wet en ‘n Ander 1991 (4) SA

273 (T)

Marais v Richard 1981 (1) SA 1157 (A)

Matatiele Municipality and Others v President of the RSA and Others

2006 (5) BCLR 622 (CC)

Minister of Health and Another NO v New Clicks South Africa (Pty) Ltd

and Others (Treatment Action Campaign and Another as Amici

Curiae) 2006 (1) BCLR 1 (CC)

342

Gerapporteerde regspraak 343

Minister of Home Affairs and Another v Fourie and Another 2006 (3)

BCLR 305 (CC)

Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A)

Mthethwa v De Bruin NO and Another 1998 (3) BCLR 336 (N)

National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice

and Others 1998 (12) BCLR 1517 (CC)

New National Party of South Africa v Government of the RSA and

Others 1999 (5) BCLR 489 (CC)

Nyathi v MEC for the Department of Health, Gauteng 2008 (9) BCLR

865 (CC)

R v Adendorff 1900 (NLR) 230

R v Badernhorst 1900 (NLR) 227

R v Bester 1900 (NLR) 237

R v De Jager 1901 (NLR) 65

R v Dohne 1901 (NLR) 175

R v Marais 1900 (NLR) 242

R v Prozesky 1900 (NLR) 216

R v Venter 1901 (NLR) 185

Ryland v Edros 1992 1997(1) BCLR 77 (C)

S v Acheson 1991 (2) SA 805 (Nm)

S v Damoyi 2004 (2) SA 564 (C)

S v Lubisi and Others 1982 (3) SA 113 (A)

S v Makwanyane 1995 (6) BCLR 665 (CC)

S v Matomela 1998 (1) BCLR 339 (CK)

S v Tsotsobe and Others 1983 (1) SA 856 (A)

S v Zwane and Others (3) 1989 (3) SA 254 (A)

Schultz v Butt 1986 (3) SA 667 (A)

Internasionale Geregshof

Frontier Dispute Case Burkina Faso v Mali ICJ Reports 1986

Western Sahara Case ICJ Reports 1975

INTERNASIONALE EN REGIONALE

REGSINSTRUMENTE

Verdrae, Konvensies en Resolusies

Afrika-Handves vir Mense- en Volksregte (1981)

Algemene Vergadering Resolusie 1514 (XV) van 14 Desember 1960

(Deklarasie Oor Die Verlening Van Onafhanklikheid Aan Koloniale

Gebiede En Volkere)

Algemene Vergadering Resolusie 2625 (XXV) van 15 Desember 1970

(Deklarasie Oor die Beginsels van die Internasionale Reg Rakende

Vriendskaplike Betrekkinge en Samewerking Tussen State

Ooreenkomstig die Handves van die VN)

Amerikaanse Deklarasie van Regte en Verpligtinge van die Mens (1948)

Amerikaanse Konvensie vir Menseregte (1969)

Europese Konvensie vir die Beskerming van Menseregte en Individuele

Vryhede (1950)

Eerste Protokol tot die Europese Konvensie vir die Beskerming van

Menseregte en Individuele Vryhede (1952)

Vierde Opsionele Protokol tot die Europese Konvensie vir die

Beskerming van Menseregte en Individuele Vryhede (1963)

Europese Sosiale Handves (1965)

Handves van die Verenigde Nasies Organisasie (1945)

Handves van die Organisasie vir Afrika Eenheid (1963)

Helsinki Finale Verklaring 2 Augustus1975 (Verdrag van die

Konferensie Vir Veiligheid En Samewerking In Europa)

Internasionale Konvensie vir die Verwydering van alle Vorme van

Rassediskriminasie (1965)

Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte (1966)

Tweede Opsionele Protokol tot die Verbond gemik is op die

afskaffing van die doodstraf (1989)

Internasionale Verbond vir Ekonomiese, Sosiale en Kulturele Regte

(1966)

Konvensie teen Marteling en ander Vorme van Wrede, Onmenslike of

Degraderende Behandeling of Straf (1984)

Konvensie vir die Verwydering van alle Vorme van Diskriminasie teen

Vroue (1979)

Konvensie oor die Regte van die Kind (1989)

Montevideo Konvensie oor die Regte en Verpligtinge van State (1933)

344

Internasionale en regionale regsinstrumente 345

Organisasie vir Afrika-Eenheid-Resolusie: Resolusie AGH/RES 6(1):

Resolusie oor die Onskendbaarheid van Grense

Stigtingsverdrag van die Afrika-Unie (2000)

Universele Deklarasie van Menseregte van die Verenigde Nasies (1948)

GRONDWETTE

Suid-Afrika

Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996

Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 200 van 1993

(Tussentydse Grondwet)

Kanada

Kanadese Charter of Rights and Freedoms vervat in die Kanadese

Grondwet, Wet 79 van 1982

A

INDEKS

Absolutisme .. 22, 24, 27, 29, 39-43, 51, 54, 75-77, 83, 85, 88, 179, 209, 225

Ackermann, regter (van die Konstitusionele Hof)..............................227

Act of state-leerstuk ...............................................................247

Acton, Lord............................................................... 149-150, 152

Afrika Unie .............................................................. 190, 251, 264

Afwenteling van staatsgesag/politieke gesag...................................199

Aguesseau, Francois d’ ....................................................... 130-131

Aglulf (Lombardiese koning)........................................................ 16

Ailly, Pierre d’ ........................................................................ 39

Alarik................................................................................... 13

Alexander die Grote ................................................................. 11

Algemene Vergadering ......................82, 214-215, 256-257, 259-261, 263

Amerikaanse Indiane................................................................. 78

Amerikaanse Realiste...............................................................169

Anglo-Boere-oorlog .................................................................106

Aristokrasie................................. 179, 193, 200-201, 209, 222-223, 309

Aristoteles........................... 36-37, 74, 194, 276, 299, 304-305, 310-313

Augsburg (Vrede van)....................................................... 45, 60-61

Augustinus ......................................................................... 13-15

Austin, John....................................................................... 68-69

B

Baldus de Ubaldis ................................................................ 41-42

Bartolus de Saxoferrato ........................................................ 38, 41

Bacon, Francis ......................................................................... 7

Barante, Prosper de.................................................................150

Barclay, William ...................................................................... 76

Bartholomeusnag ..................................................................... 59

Belasting (Middeleeuse beskouing oor en ontwikkeling van) ......48-49, 68-69

Bellum omnia contra omnes................................................... 81, 91

Bentham, Jeremy ...................................................................218

Bill of Rights (1689) ............................................................ 59, 209

Bill of Rights van (die staat) Virginia.............................................210

Bismarck .................................................................. 212, 218-219

Blackstone..................................................................... 100, 246

Boucher, Jean .................................................................. 63, 254

Bodin, Jean....7, 9, 65-71, 74-77, 84, 87, 94, 96-97, 113-114, 116, 119, 137,

........................................ 141-142, 151, 155-156, 160, 244, 280

Boererepublieke.....................................................................249

Bolsjewisme................................................................... 148, 255

Bonifacius VIII (Pous) ........................................................... 32, 36

Boni mores ............................................................... 165-166, 173

Bracton, Henry ........................................................ 26-28, 49, 233

347

348 Indeks

Bryce (Lord) ........................................................................... 13

Burgerlike godsdiens.................................................... 130, 135-136

Bul Unam Sanctum .................................................................. 32

Burger/s Burgerskap

Atheense (opvatting van) burgerskap ............................... 200-205

Polis-burger (burgerskap in die polis)...................................... 11

Staatsburgers/Staatsburgerskap ...... 65, 72-73, 75, 134, 139-140, 144,

....................................................155, 158, 160, 162-163, 202

(Sien ook polites)

Burgerlike en politieke regte............176, 183, 212-213, 215, 248, 256, 258

Burgerstaat............................................................................. 9

C

Calvinisme........................................................................ 59, 62

Calvinistiese radikalisme...........................................................130

Calvyn, Jean ................................................................. 39, 61-62

Caracalla (Keiser) .................................................................... 12

Charles I (Koning van Engeland) ................................................... 77

Christelike gemenebes (Sien ook Republica Christiana) ..............11, 18, 20

Cicero .................................................................................. 96

Coke, Edward .......................................... 22, 27-28, 76, 232-233, 245

Colbert, Jean Baptiste .............................................................. 49

Constitatio Antoniana ............................................................... 12

Corpus christianum .................................................................. 14

Corpus Iuris Civilis sien ook Justiniaanse kodifikasie

Digesta ...................................................................... 40-41

Institutiones.................................................................... 41

Court of Common Pleas ............................................................. 49

Critical Legal Studies ...............................................................169

Cuius regio eius religio.............................................................. 60

D

Dante, Alighieri.............................................................. 36-37, 56

De Groot, Hugo (Grotius) .......................................9, 94-97, 114, 119

Demokrasie

Atheense demokrasie ............................................ 179, 200-204

Direkte demokrasie ........................................ 133, 179-180, 203

Domestisering van demokrasie .............................................180

Klassieke demokrasie ................................................. 180, 204

Konsosiatiewe demokrasie ..................................................199

Konstitusionele demokrasie.................................................201

Liberale demokrasie ....................................... 176-177, 185, 198

Meerderheidsdemokrasie....................................................152

Plurale demokrasie...........................................................151

Prosedureel-strukturele/Struktureel-prosedurele (omskrywing van)

Demokrasie/Prosessuele demokratiese............................... 177, 188

Proto-moderne demokrasie .................................................179

Staatlike demokrasie ......... 175, 177-178, 184-186, 189-192, 199-202,

............................ 248, 252, 261, 270, 274-275, 278, 309-310, 316

Indeks 349

Verteenwoordigende demokrasie ........................ 179-180, 182, 191

Totalitêre demokrasie ........................................... 142-143, 185

Yslandse demokrasie.........................................................179

(Sien ook Gelykheidsbeginsel, Legitimiteitsfiksie, Massokrasie en

Verteenwoordigende liggaam, Verteenwoordigende stelsel)

Demokratiese onkunde .............................................................187

Denominasie-pluraliteit ............................................................. 72

Demos

Atheense demos ........................................................ 203-204

Homogene demos.............................................................205

Huidige demos ................................................................204

Selfregerende demos ........................................................191

Dertigjarige Oorlog (1618 - 1648)...............................58-60, 78, 95, 251

Descartes, René ...................................................................... 78

De Stael, Mme. ......................................................................150

Dillard, regter (van die Internasionale Geregshof).............................271

Dinastiese staat............................................................ 34, 45, 246

Directive principles of state policy ..............................................213

Duitse Historiese Skool .............................................................218

Durandus............................................................................... 39

Dworkin, Ronald .......................................156, 165, 168-173, 193, 238

E

Edward III (Koning van Engeland) .......................................... 243, 245

Ehrlich, Eugene ................................................................ 218-219

Eiendomsreg ............................ 68-69, 211-212, 214, 292, 296, 298, 308

Ekklesia ......................................................................... 200-201

Engels, Friedrich .............................................................. 228-229

Engelse burgeroorlog ................................................................ 78

Engelse konstitusionele stryd ...................................................... 22

Europese Raad .................................................................. 82, 191

F

Falangisme ...........................................................................148

Fascisme ..............................................................................175

Feodalisme ........................................................... 22, 34, 130, 223

Federalisme

Amerikaanse federalisme ...................................................151

Ferdinand II (Keiser) ............................................................. 58-59

Fillip II (Keiser) ....................................................................... 58

Filmer, Robert ................................................................... 77, 85

Fish, Stanley ............................................................. 117-118, 169

Fortescue, John .................................................................. 27-28

Francis I (Koning van Frankryk) ........................................... 45, 48-50

Franse Deklarasie van die Regte van die Mens en die Burger ................210

Franse Rewolusie ......................................130, 141, 150-152, 179, 280

Fundamentele reg................21-22, 28, 69, 72, 81, 189, 213, 230, 232-233

350 Indeks

G

Gelykheidsbeginsel................................................ 184, 194-196, 198

Gemeenskap (as res publica)..........................73, 92, 108, 277, 284, 286

Gemenebes (Sien ook Res publica) ........... 276-280, 284, 290-295, 297-298,

............................................................................ 302-316

Gentili, Alberico (Gentilis).......................................................... 95

Gerson, Johannes ........................................................ 9, 38-39, 71

Glanville ............................................................................... 49

Globalisering ......................................3-4, 10, 204, 220, 275, 281, 285

Glorious Revolution .................................................. 59, 77, 86, 246

Glossatore ........................................................................ 24, 41

Goddelike reg van konings ................................24, 29, 43, 56-57, 76-77

Godsdiensoorloë...........................................50, 57-59, 63, 65, 74, 97

Godsdienstige identiteit........................................... 11, 15, 20-21, 75

Godsdienstige verdraagsaamheid ................................ 60-61, 67, 71, 74

Godsdienstige vervolging............................................................ 71

Godsdiensvryheid.................................. 6, 66-67, 70-72, 76, 87-88, 209

Gratianus .............................................................................. 31

Gregorius die Grote (Pous) ......................................................... 16

Gregorius VII (Hildebrand) (Pous).............................................. 30-31

Grensafbakening (van staatsgrense) ................................ 105, 161, 251

Griekse stadstaat (Sien ook Polis) ................................................133

Groepsidentiteit/e ......................................... 139, 141, 155, 193, 229

Grondwetlike patriotisme..........................................................129

Grundnorm (Sen Suiwere regsteorie) ...................................... 102-103

Guizot, Francois .............................................................. 150, 175

Gustavus, Adolphus (Koning van Swede).......................................... 59

H

Habeas Corpus-Wet .................................................................209

Hamilton, Alexander................................................................233

Handves van Leon .................................................................... 26

Heilige Romeinse ryk ....................................... 5, 13-14, 50, 55, 58-60

Hendrik II (Koning van Engeland) .................................................. 44

Hendrik IV (Keiser) ................................................................... 30

Henri II (Koning van Frankryk)...................................................... 48

Henri IV (van Navarre) (Koning van Frankryk) ..........................70, 76, 78

Hercules (Sien Dworkin Ronald)............................................. 169-171

Hobbes, Thomas ........ 1, 7, 9, 66, 68-70, 74-97, 107-108, 113-114, 116, 119

127, 130, 136, 139141-142, 144, 151, 155, 160, 222, 228, 246, 275, 280

Hongaarse Goue Bul.................................................................. 26

Hoogverraad ......................................... 10, 20, 29, 126, 242-250, 275

Hooker, Richard ........................................................27-28, 51, 86

Hugenote (Calvinistiese) party (in Frankryk) ........................... 61-63, 65

Humanisme................................................................... 33-35, 56

Huss, Johannes ..............................................................36, 39, 56

I

Indeks 351

Idiotes.................................................................................203

Imperialisme .........................................................................270

Individuele isolasie..................................................................220

Individuele vryheid...........74, 88, 149, 153210-212, 225-228, 208, 293, 305

Individualisering ...................................................................... 33

Innocentius III (Pous) ............................................................ 31-32

Instellings (as res publica) ............................294, 299, 301-302, 314-316

Intermediêre assosiasies / gemeenskappe ............................... 151-153,

Internasionale Geregshof ..........................................................263

Internasionale reg.............. 10, 18, 94, 96-97, 100-101, 104, 114-115, 213,

..................241-242, 250-254, 256-257, 261, 263, 266-269, 275, 283

Internasionale Arbeidsorganisasie ................................................213

Ius continuum........................................................................264

Ius emirgandi ......................................................................... 60

Ius reformandi ........................................................................ 60

J

Jakobynse totalitarisme............................................................130

Jakobynisme .................................................................. 148, 154

James I (Koning van Engeland)................................ 22, 58, 76, 232-233

James II (Koning van Engeland) ............................................... 59, 86

Jean van Parys........................................................................ 38

Jefferson, Thomas ..................................................................210

Jhering, Rudolph von ......................................................... 218-219

Joyeusse, Entrée ..................................................................... 26

Juridifisering ....................................................... 231, 234-235, 311

Juristeklas ...................................................................... 230-231

Justinianus (Keiser) ............................................................. 24, 41

K

Karel die Grote ......................................................... 11, 13, 22, 43

Karel V (Keiser sowel as koning van die Habsburgse gebiede) ........... 50, 58

Kelsen Hans (Sien ook Suiwere regsteorie).................... 102-104, 106, 116

Kerkhervorming/Reformasie/Hervorming/Lutherse Hervorming/ Protestantse

rewolusie .................................................6, 9, 21, 39, 50, 57, 94

Kerklike skisma .................................................................. 36, 53

Kettery...............................................15, 19-20, 50,57-58, 62-63, 73

King’s Bench .......................................................................... 49

Klassieke liberalisme ...............................................................149

Koloniale gebiede .......................................................................

Koloniale grense........................................................ 251, 259, 263

Kommentatore (van die Corpus Iuris)................................25, 38, 40-41

Kommunitêre (politiek) ........................ 85, 113, 156, 162, 169, 172, 280

Konferensie vir Veiligheid en Samewerking in Europa.................. 257, 265

Koninklike burokrasie............................................................ 46-47

Konkordaat van Worms .......................................................... 30-31

352 Indeks

Konsiliebeweging ................................................................. 38-40

Konstitusionele Hof ....................................167-167, 183-185, 227, 234

Konstitusionele patriotisme .......................................................154

Konstitusionele regering ............................................................ 88

Konstitusionalisme

Ancient constitution .................................................22, 25, 77

Middeleeuse (konsep van) konstitusionalisme ..... 21-22, 25, 28, 38, 86

Korreksie ............................................................... 285, 289

Kratos .............................................................. 181, 198, 200, 278

Kriegler, regter (van die Konstitusionele Hof)..................................227

Kulmer Handveste ................................................................... 26

Kulturele identiteit ............................................................. 3, 252

L

Lafayette .............................................................................210

Legitimiteitsfiksie .............................. 190, 193, 197, 199, 274, 282, 309

Lenin, Vladimir ................................................................ 253-255

Leo III (Pous) .......................................................................... 11

Leviatan (Sien ook Sterflike god) ............ 1, 7, 75, 77, 81-84, 94, 127, 136,

....151, 155, 222, 237-238, 249, 260, 267, 269, 274-276, 278, 280, 316

Levellers ..............................................................................179

L’Hôpital, Michel de ............................................................. 65-67

Liberalisme....................................................72, 149, 151, 159, 212

Lippmann, Walter ...................................................................187

Locke, John ....... 9, 75, 85-94, 96-97, 107-108, 113-114, 116, 119, 150, 229

Louis XIV (Koning van Frankryk)..............................................51, 131

Luther, Martin ............................................................... 36, 51-56

Lutheranisme ......................................................................... 52

M

Machiavelli .......................................................... 47, 66-67, 71, 97

Maatskaplike sekuriteit...................................................... 212, 224

Magna Carta...................................................................... 26, 29

Mahomed, regter (van die Konstitusionele Hof).......................... 167-168

Marx, Karl ...................................................................... 228-229

Marsilius van Padua .................................................................. 37

Masedoniese ryk ................................................................ 11, 178

Massokrasie...........................200, 204-206, 278, 282, 306, 309, 313, 316

Meerderheidsregering ........................................... 184, 186, 189, 194

Meerderheidsdominasie ..............................149-150, 193-199, 261, 270

(Sien ook Tirannie van die meerderheid en Meerderheidsdespotisme)

Meerderheidsbevoorregting........................................................195

Megalopolis ..........................................................................204

Meksikaanse grondwet..............................................................212

Mensereg/te

Derde generasieregte........................................................216

Eerste generasie (mense)regte/vryhede................ 211, 213-214, 220

Internasionale menseregte...................................... 214-216, 220

Horisontale toepassing/aanwending/werking van menseregte . 226-228

Indeks 353

Ontwikkeling van menseregte ..............................................209

Politiek van menseregte.....................................................217

Tweede generasie (mense)regte........212-214, 217, 219-220, 222, 224

Menswaardigheid ......... 183, 187-188, 196, 277-278, 280, 288, 295, 304-306

Merkanitilisme ........................................................................ 33

Middeleeuse filosofie/denke ....................................................... 17

Middeleeuse globale politiek ....................................................... 18

Middeleeuse (konsep van) konstitusionalisme ............ 21-22, 25, 28, 38, 86

(Sien Konstitusionalisme)

Middeleeuse sosiale piramide/orde ............................................... 16

Mill, John Stuart............................. 149-150, 180-183, 193-197, 204-205

Milner, (lord) Alfred ......................................................... 106, 249

Minderhede..................2, 145, 148-150, 153-154, 163-164, 172, 193, 195,

..... 198-199, 213, 238, 252-254, 259, 261, 270, 274, 278-279, 282-283

Minderheid

Ontkiesering van..............................................................194

Permanente minderheid............................................... 196-197

Minderheidsbenadeling .............................................................195

Minderheidsgemeenskappe ................................ 146, 199, 274-275, 282

Minderheidsregte.........................154, 195, 199, 216, 254, 258, 265, 283

Monargie ......................................................6, 78, 86, 179-180, 193

Multi-nasiestaat ....................................................................... 8

N

Nagwag-staat ................................................................. 211, 219

Nasiebou (Sien ook Staatsbou)

Jakobynse nasiebou ..........................................................154

Konstitusionele nasiebou....................................................154

Pluralistiese nasiebou........................................................154

Nasiestaat ...................................................................... 8-9, 104

Nasionaal-sosialisme ......................................................... 148, 175

Nasionale eenheid...................................................................141

Nasionale gemeenskappe ......................................... 252-253, 267-268

Nasionale soewereiniteit.................................................... 104, 263

Nasionalisme .................................................................3, 18, 127

Natuurstaat .................................................78, 80-82, 85, 88-91, 93

Natuurstaatlike regte................................................................ 81

Nicolas de Cusa ....................................................................... 39

O

Oostenryk-Hongaarse ryk ..........................................................253

Openbare (politieke) identiteit ...................................................154

Original position (Sien Rawls John) ..............................................157

Ortodokse Kerk ....................................................................... 30

P

Paine, Thomas ........................................................... 179-180, 204

354 Indeks

Papinianus ............................................................................. 41

Partikuliere gemeenskappe.....................143-144, 146-147, 252, 275, 280

Partikuliere identiteit/e ...............4, 18, 132, 141, 146, 158, 160-161, 274

Patria (as res publicae) ............................................... 294, 296, 313

Patriotiese deugde ..................................................................133

Pax Romana ........................................................................... 13

Perikles ........................................................................ 201, 203

Personaliteitsbeginsel ..............................................................287

Philip Augustus (Koning van Frankryk) ............................................ 44

Philip V (Koning van Frankryk) ..................................................... 36

Plaaslike outonomie ................................................................151

Plaaslike republikanisme...........................................................153

Polis ..........................11, 74, 78, 131, 133, 135, 200-204, 276, 299, 312

(Sien ook Stadstaat)

Politai........................... 200-203, 276, 279, 291, 293, 301-302, 307, 309

(Sien ook burger/s en burgerskap)

Politiek van identiteit ................................................................ 4

Politieke elite..................................................... 148, 199, 201, 283

Politieke geregtigheidsmodel (Sien Rawls John) ................... 159, 162-163

Politokrasie......... 10, 126, 273, 276-280, 283-284, 287, 290, 296, 299, 300,

...............................................306, 307, 309, 312-313, 315-316

Politokratiese orde......................................................................

Politique/s ........................................................... 65-66, 69-74, 84

Populêre soewereiniteit ..................................... 36, 62, 182, 185, 194

(Sien ook Volksoewereiniteit)

Pound, Roscoe .............................................................96, 218-219

Pouslike rewolusie ................................................. 20, 30-31, 33, 38

Prekariokrasie .............................. 193, 197-199, 274-275, 278-279, 283

Princeps legibus solutus est ................................................... 24, 45

Private domein ..........75, 115, 141, 151, 160, 185, 273, 291, 293, 302-305,

................................................................ 307-308, 310, 314

Pufendorf, Samuel ......................................................76, 86, 95-96

Putatiewe nasionale staat ........................................................... 8

Q

Quod principi placuit, legis habet vigorem ...................................... 28

R

Rawls, John ................................................... 93, 156-164, 173, 269

Renaissance .....................................7, 33-36, 40, 45-46, 52-53, 56, 97

Regsprofessie ...................................................... 208, 230, 236-237

Regsrealisme .........................................................................102

Regsoewereiniteit .......................................................22, 25-29, 43

Regswetenskap

Ideologie / ideologiese voorkeure ......... 3, 66, 100, 106-107, 109, 112

Regsakademiese kurrikulum ................................................112

Regsdogma ............................................................. 113, 192

Regstaal............................................................ 110-112, 238

Toegepaste wetenskap(pe) ..........................113-114, 124-125, 155

Indeks 355

Republica Christiana ...........5-6, 9, 11, 18, 21, 31, 33, 45, 52, 94, 97, 130,

................................................................ 134, 230-231, 235

(Sien ook Christelike gemenebes; Middeleeuse universum)

Republikanisme............................................... 75, 133, 151-153, 279

Republikeinse deug .......................................................14, 151-152

Res iudicata ................................................................... 185, 195

Res publicae (Sien ook Gemenebes)

Eienskappe van die res publica ................................................

Res van die res publicae ........................................................

Richelieu............................................................................... 59

Rights thesis (Sien Dworkin Ronald)........................................ 169-170

Robespierre ..............................................................................

Roger II (Koning van Sicilië en Suid-Italië) ....................................... 44

Romeinse reg ..............................................12, 24, 34, 40-41, 56, 96

Romeinse ryk.............................................................................

(Rooms) Katolieke Bond /Party (in Frankryk).......................62-63, 65, 70

(Rooms) Katolieke Kerk ..................................................... 5, 59, 65

Rousseau, Jean Jacques............... 75, 93, 127, 130-145, 147, 151-152, 280

Royer-Collard ........................................................................150

Rykskerklike wêreldgeheel ......................................................5, 57

S

Sachs, regter (van die Konstitusionele Hof)................... 167-168, 183, 189

Sachsenspiegel........................................................................ 26

Saint-Just................................................................. 130, 141-142

Sekularisasie ................................................................. 21, 33-35

Selfbeskikking

Domestiserende konsep van ................................................265

Nasionale selfbeskikking .............................252-259, 263-269, 275

Staatlike selfbeskikking ..................250, 252-253, 260, 266-270, 274

Selfregering .................182, 191-194, 196-200, 274-275, 284-286, 288-289

Sesessie ......... 10, 103, 126, 199, 242, 257-258, 261-262, 265, 267-268, 275

Sieyès, Immanuel Joseph .................................. 130, 141-142, 152, 179

Sindikalisme................................................................... 223, 226

Smith, sir Thomas ........................................................... 27-28, 76

Soewereiniteit ..................3-5, 8, 24-29, 36, 41, 43-44, 60, 62, 67-69, 75,

..........101-102, 104, 108, 137, 185, 194, 243-244, 246, 250-254, 257,

.......................................................... 263, 265-267, 282, 289

Solfidianisme...................................................................... 53-54

Sosiale kontrak ................................ 80-82, 88, 131, 135, 157, 164, 230

Sosiale en ekonomiese regte ............ 212-215, 217, 220, 222, 224-225, 236

Sosiologiese regsleer.................................................... 102, 218-219

Sosialistiese bewegings.............................................................223

Staatlike identiteit...................1-3, 7, 10, 56, 75, 97, 125, 127, 139, 142,

....147, 156, 173, 241-242, 248-252, 258, 260, 265, 269, 274, 278, 295

Staatlike orde................ 2, 5, 10, 69, 73, 87, 119, 125-126, 156, 161-162,

................ 164, 172-173, 177, 189, 190, 192, 222, 224-225, 230-231,

............238, 241-242, 248, 251-253, 267-268, 273-275, 283, 295, 298

Staatlike paradigma ............. 2-3, 5, 7, 9-10, 90-91, 97, 99, 114, 116, 118,

121, 125, 133, 142, 147, 155-156, 160, 164-166, 168, 175, 178, 183, 190,

....199-200, 205, 208, 222, 241-242, 250, 252, 254, 258, 260, 268-269,

356 Indeks

.......................................................... 273-276, 280, 283, 285

Staatlike soewereiniteit / Staatsoewereiniteit..... 3-4, 69, 75, 250-252, 254,

...................................................................... 257, 265-266

Staatlikheid ............. 1-3, 5-6, 9, 21, 33-35, 37, 94, 97, 114, 116, 125-126,

.......................................................... 168, 250, 257, 275-277

Staatkunde / Politieke wetenskap / Politilogie ..... 2, 99, 101, 104, 106, 274

Staatsbou

Staatsbou-regsdenke.........................................................155

(Staats)bevolking........... 9, 92, 104-105, 108, 115, 129, 148-149, 167, 172,

....................................................191, 217, 259-260, 269, 273

(Sien ook Staatsdefinisie / Staatsomskrywing)

(Staats)gebied ................................................................ 104, 242

Staatsdefinisie / Staatsomskrywing

Bevolkingselement (van die definisie) ............................. 107, 114

Staatsgrense .............92, 105, 128, 148, 166, 220, 242, 248, 251-254, 257,

................................................... 260, 262, 264, 266, 269, 275

Staatsbeskouing .................................................... 74, 107-108, 211

Staatsnasie ...........................139, 145, 148, 156, 167-168, 178, 260, 275

Staatsreg............... 23, 28, 100-104, 113-114, 121, 125, 178, 185, 266, 283

Stadstaat/stadstate ............................ 11, 131, 133, 142, 179, 276, 312

(Sien ook Polis)

Starkey, Thomas....................................................................... 7

Stemreg......................... 176, 182-184, 186, 193, 197, 215, 282, 307-309

Stoïsyne................................................................................ 96

Stoïsynse universalisme ............................................................. 12

Stuart-monargie ...................................................................... 78

Subsidiariteit........................................................285-286, 288-289

Suid-Afrika.......... 2, 106, 109, 121, 129, 148, 167, 172, 176, 185, 193, 196,

....................................................228, 235, 237, 247-249, 253

Suid-Afrikaanse gemeenskap ................................................ 165-166

Suid-Afrikaanse nasie ................................................... 129, 167-168

Suid-Afrikaanse staat ........................................................ 106, 142

Suiwere regsteorie (Sien ook Kelsen Hans)

Grundnorm .............................................................. 102-103

T

Taal (as res publica) .......................................................... 294-296

Tacitus ................................................................................. 23

Territoriale integriteit ..............10, 104, 115, 126, 250-252, 257-258, 260,

...................................................................... 263, 265-266

(Sien ook (staats)gebied)

Territoriale staat

Multinasionale territoriale staat/state.................. 252-253, 268, 278

Tirannie van die meerderheid ........................................ 149-150, 195

(Sien ook Meerderheidsdominasie en Meerderheidsdespotisme)

Tocqueville, Alexis de ........................................... 149-153, 193, 223

(Staats)totalitarisme/Totalitêre (politiek)..................................83,225

Tuistelike gemeenskap/pe...... 277-279, 284-297, 300, 302306, 309, 312-316

Tuistelike (vorm van) regering .................................. 278, 284, 286-294

Turkse ryk ............................................................................253

Tyrell, James ......................................................................... 86

Indeks 357

Twee swaarde (leerstuk van die) .................................................. 31

U

Ulpianus............................................................................ 40-41

Uti possidetis ...................................................... 258, 262-265, 268

V

Van Bynkershoek, Cornelius ........................................................ 95

Vasal en die leenheer (verhouding tussen)....................................... 29

Vattel, Emerich de ................................................................... 95

Veil of ignorance (Sien Rawls John)..............................................157

Verenigde Nasies ................................................ 3, 82, 213-214, 255

Verenigde State van Amerika

Amendemente van die grondwet van die.................................210

Burgeroorlog-amendemente .......................................... 210-211

Verkiesing/s..................... 26, 176, 182, 184, 186, 193, 195-197, 201, 283

Verligte despotisme............................................................ 83, 188

Verteenwoordiging

Proporsionele verteenwoordiging.............................. 194-195, 199

Verteenwoordigende liggaam ......................................... 181-182, 195

Verteenwoordigende stelsel ..................................... 179-180, 192, 201

Vitoria, Francisco de................................................................. 95

Volente generale/Algemene wil (by Rousseau) ................................137

Volkebond ............................................................................213

Volksoewereiniteit .......................................... 22-25, 36, 43, 62, 179

(Sien ook Populêre soewereiniteit)

Vrye, regverdige en gereelde verkiesings .......................................184

W

Wêreldgemeenskap .......................................................... 291, 302

Wesfale (Vrede van) ......................................................95, 250-251

Wesgote................................................................................ 13

Wetenskapsbeoefening (Sien ook Staatlike paradigma)

Interpretasiegemeenskap/pe...................................................

Normale wetenskap .............................................. 117-122, 125

Politiekwetenskaplike paradigmas.........................................125

Wetenskaplike handboeke ..................................................118

Wetenskaplike krisis / Paradigma-krisis ..................................122

Wetenskaplike rewolusies...................................................117

Wetenskapsfilosofie........................................................... 116-117

William van Ockham ................................................................. 38

Wilson Woodrow......................................................... 253-255, 266

Wyclife................................................................... 36, 39, 51, 56

358 Indeks

Z

Zabarella .............................................................................. 39

Zwingli Ulrich ......................................................................... 51

Zouche Richard ....................................................................... 95

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!