02.05.2013 Views

Wen ‘n tropiese vakansie

Wen ‘n tropiese vakansie

Wen ‘n tropiese vakansie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Kalkaanbevelings

kan self gedoen word

Produsente kan deesdae self hul kalkaanbevelings

maak. Dit is danksy jare se

navorsing by die LNR-IGG wat tot

gevolg gehad het dat n rekenaarmodel

ontwikkel is waarmee kalkaanbevelings

self gedoen kan word.

Hierdie model is op velddata

gegrond. Die relevante kalk-kwaliteitsfaktore

is in berekening gebring en die

model is vir drie kalke vereenvoudig om

sodoende meer gebruikersvriendelik te

wees.

Senwes beveel aan dat suurversadiging

die aangewese parameter is waarvolgens

grondsuurheid bestuur behoort

te word. Sodra suurversadiging 0% is, is

die gevaar van aluminiumtoksisiteit, die

belangrikste opbrengsbeperkende faktor

geassosieer met grondsuurheid, uitgeskakel.

Daar is twee modelle ontwikkel wat

onderskeidelik op veranderinge in

suurversadiging of pH(KCl) gebaseer is.

Bekalking met die oogmerk om die

pH(KCl) met 0,5 te verhoog het ontnugterende

hoeveelhede kalk nodig.

Om hierdie model te kan gebruik,

benodig jy die katioonuitruilkapasiteit

(KUK) en suurversadiging van die grond.

Indien uitruilbare suur (US) nie bepaal is

nie, kan die modelle nie gebruik word

nie, soos in gevalle waar die pH(KCl)

hoër as 4.5 is en suurversadiging dan

laer as 20% is.

By pH(KCl) 4,8 kan US as 0,001

geneem word en kan die pH(KCl) model

nog gebruik word.

Die volgende formules geld:

KUK = US +(Ca/200) + (Mg/122) +

(K/391) + (Na/230)

Suurversadiging = (US/KUK) x 100

Ca, Mg, K en Na in mg/kg

Voer vir die kalk van jou keuse die

formule (Tabel 1) in n enkele blokkie

van n spreivel soos Excel in saam

met die verskil in suurversadiging of

pH(KCl) wat jy in n 15 cm grondlaag

wil bewerkstellig asook die KUK van

die grond. Die kalkaanbeveling wat jy

kry, is in kg/ha.

landbou in praktyk

Rekenaarvaardige produsente in die Senwes bedieningsgebied kan nou self akkurate kalkaanbevelings

maak. Dr Hendrik Venter van Landboudienste verduidelik hoe dit gedoen kan word.

Deur 20% verandering in suurversadiging

en n KUK van 1,6 te

gebruik moet jy dieselfde syfer as die

toets (Tabel 1) kry om vir jou die

gemoedsrus te gee dat jou prosedure

reg werk.

Navrae

Skakel gerus vir dr Hendrik Venter by

(018) 464-7239 of 083 557 0404 vir

meer inligting.

* Data in hierdie studie gebruik, is verkry vanuit

projekte wat deur LNR-IGG geloods is.

Danksy jare se navorsing kan produsente nou deur middel van n rekenaarmodel, wat

ontwikkel is deur die LNR-IGG, kalkaanbevelings self doen.

Tabel 1: Kalkmodelle vir geselekteerde kalke en toetswaardes (kg/ha) wat ooreenstem

met kalkaanbevelings vir ‘n grond met KUK van 1,6 cmol(+)/kg en ‘n beoogde

verandering in suurversadiging van 20% of 0,5 verandering in pH(KCl).

Kalk Formule Toets

Marico

dolomiet

Vaalbrug

dolomiet

Mooiplaas

dolomiet

Marico

dolomiet

Vaalbrug

dolomiet

Mooiplaas

dolomiet

((SV/(0,0031808*(KUK^(-0,8587))))^(1,299883))/67,5 2 168

((SV/(0,003435*(KUK ^(-0,8587))))^(1,299883))/102 1 298

((SV/(0,0032899*(KUK ^(-0,8587))))^(1,299883))/90,82 1 542

((pH/(0,0000584509*(KUK ^(-0,6346))))^(1,3748))/67,5 5 685

((pH/(0,0000616482*(KUK ^(-0,6346))))^(1,3748))/102 3 497

((pH/(0,000060328*(KUK ^(-0,6346))))^(1,3748))/90,82 4 046

SV: Verskil in suurversadiging wat in n 15 cm grondlaag bereik wil word.

pH: Verandering in pH(KCl) wat in n 15 cm grondlaag bereik wil word.

KUK: Katioonuitruilkapasiteit

Senwester, Mei 2005

Dr Hendrik Venter

Landboudienste

39

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!