02.05.2013 Views

BINNE:

BINNE:

BINNE:

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Jeanne Boshoff

Georganiseerde landbou

maak sy stem dik

Die omstrede uitspraak deur die landbouminister, me Thoko Didiza dat die regering

wil afsien van die beginsel van “gewillige koper, gewillige verkoper”, het wye reaksie

vanuit georganiseerde landbou en by politieke partye uitgelok.

Die beginsel van gewillige koper en

verkoper en die moontlikheid om hoë

grondpryse deur staatsinmenging laer

te dwing, was kernkwessies tydens die

Nasionale Grondberaad wat in Augustus

in Johannesburg gehou is.

Didiza het dit bevraagteken of die

gewilligheidsbeginsel markverwant is

as die staat die enigste koper is. Sy het

gevra of die beginsel die regering

werklik met grondhervorming help,

veral waar daar baie verkopers en net

een koper is. “Die staat moet ‘n manier

vind om die wyse waarop pryse bepaal

word, te beïnvloed,” het sy gesê.

Sy het na afloop van die beraad

aan Agri TV gesê die regering is nog

onseker of hulle die prysplafon-opsie

gaan neem of nie.

Mnr Glen Thomas, die direkteurgeneraal

van grondsake, het kort voor

die beraad gesê die beginsel van

gewillige koper en verkoper is geneem

om wit boere aan te moedig om hulle

tot grondhervorming te verbind. “Na

elf jaar van demokrasie is die meeste,

indien nie alle swart Suid-Afrikaners

nie, egter teleurgesteld omdat die

boere hierin ‘n geleentheid vir selfverryking

sou sien. Dit gebeur deur hulle

aandrang op markverwante pryse vir

hul grond wat baie keer kunsmatig

verhoog word,” het hy gesê.

Agri SA

“Die verloop en uitkoms van die

grondberaad het geen verrassings opgelewer

nie”, sê mnr Lourie Bosman,

voorsitter van Agri SA.

“Ons sal ons standpunte oor die

ononderhandelbaarheid van ‘n markgerigte

bedeling verdedig,” het hy gesê.

“Die gewillige koper, gewillige

verkoper is die hoeksteen van ons

benadering en slegs binne hierdie

konteks sal ons die owerheid in die

proses van ordelike grondhervorming

steun. Ons sal ook na praktiese maniere

kyk om dit toe te pas. Ons

12 Senwester, September 2005

betrokkenheid by die ontwikkeling

van ‘n swart bemagtigingshandves

getuig hiervan,” het Bosman gesê.

Die weeklikse Agri SA Nuusbrief

berig sommige van die provinsiale

grondberade was swak georganiseer.

Agri SA se affiliasies het ook nie oral

spreekbeurte gekry nie. Radikale

stellings is tydens die berade

gemaak, soos dat die gewillige

koper-verkoper beginsel nie werk nie

en van afstand gedoen moet word,

dat grondpryse te hoog is, dat daar ‘n

grondbelasting ingestel moet word

om pryse af te bring en die groottes

van plase te beperk en dat die eiseproses

weer heropen moet word.

TLU SA

Die Nasionale Grondberaad is die

kulminasie van ’n veldtog wat in elke

provinsie deur ’n mini-beraad voorafgegaan

is, het mnr Willie Lewies, visepresident

van TLU SA gesê. Hy sê by

elkeen van dié mini-berade is daar

voorbrand gemaak vir die afskaffing

van die beginsel van gewillige verkoper

en gewillige koper, die oopstel

van die datum vir grondeise omdat

die “armes” nie kan lees en skryf nie

en daarom nie eise ingedien het nie,

en die terugdraai van die 1913 datum

tot die tydperk dat die blanke vestiging

plaasgevind het.

“Hoewel hierdie beginsels in ’n

onderhandelde skikking bereik is en

privaat eiendomsreg moet beskerm,

staan dit in die pad van die sosialistiese

benadering teen ’n vrye ekonomie.

Dit is waarom landbouprodusente

daarvan beskuldig word dat

grondherverdeling nie vorder nie.

“Verantwoordelike kommersiële

landbou is ’n hoë risiko en klimatologies

sensitiewe bedryf wat ’n impak

maak op die basiese bestaan van

elke persoon deur die lewering van

voedsel om ondervoeding, wanvoeding

en hongersnood te bekamp en

gesondheid op ’n volhoubare mededingende

en kommersiële grondslag

in geglobaliseerde ekonomieë te verseker.

Die Grondberaad moet die versekering

kan gee dat kommersiële

landbou sal kan voortgaan met sy

verantwoordelikheid om bekostigbare

en voldoende voedsel op die tafels

van die Suid-Afrikaanse bevolking te

bly plaas,” het mnr Lewies gesê.

Graan SA

Volgens Graan SA moet die beginsel

van gewillige verkoper en koper, en

dat geen plaas gedwonge onteien

mag word nie, gerespekteer word.

Dié organisasie het sy teleurstelling

namens die graanbedryf uitgespreek

oor die “ondeurdagte besluite” wat

op die grondberaad geneem is.

Volgens Graan SA sal groter toegang

en deelname vir nuwe toetreders

tot die graanbedryf slegs moontlik

wees indien die beginsels van ‘n vryemarkekonomie

in beleidsformulering

deur die owerheid in stand gehou

word; erkenning aan die vryemark

waar vraag en aanbod pryse bepaal

gegee word; en voldoende toegang

tot ondersteuningsdienste, insluitend

finansiering en voorligting, aan nuwe

toetreders verleen word.

Graan SA het ook versoek dat die

volgende beginsels gerespekteer

word wanneer grondhervorming en

Nasionale grondeise

Altesaam 822 315 ha kommersieel

bewerkte grond is reeds

oorgedra aan groepe eisers wie

se reg op historiese grond herstel

is. Nog 28 087 eise moet afgehandel

word. Die mikpunt is om die

uitstaande eise teen 2008/09 af te

handel, en dat altesame 19 238

daarvan teen die einde van

2005/06 afgehandel moet wees.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!