02.05.2013 Views

Nuusbrief 3 - 8 Maart - Hoërskool Outeniqua

Nuusbrief 3 - 8 Maart - Hoërskool Outeniqua

Nuusbrief 3 - 8 Maart - Hoërskool Outeniqua

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

HOËRSKOOL OUTENIQUA

POSBUS 181, GEORGE 6530 • Tel: 044-874 4156 • Faks: 086 635 7336 • Web: http://www.outeniqua.co.za/

8 MAART 2013

PERSONEEL

Baie geluk aan die volgende personeel

wat in WKOD-poste aangestel

is:

Mnr. Deon Minnie: Lewenswetenskap

en Natuurwetenskap

Mej. Elandi Rautenbach: RTT en

IT

Mnr. Prieur du Plessis is vanaf 1

April 2013 by die Hoërskool Bracken

-fell aangestel. Sy pos sal Saterdag

in Die Burger geadverteer word.

Ons adverteer ook twee poste vir

assistant-onderwysers. Indien jy

belangstel of van iemand weet wat

belang sou stel in bogenoemde

poste, kyk gerus op ons webtuiste

w w w. o u t e n i q u a . c o . z a o n d e r

vakatures.

AKADEMIE

Baie sterkte aan die leerders met die

eksamen wat op Maandag 11 Maart

begin. Die eksamenrooster is

aangeheg. Onthou die skool se mikpunt

is om 70% gemiddeld te kry. As

die leerders reeds in die eerste

kwartaal hard werk, kan ons aan die

einde van die jaar ons doelwit

bereik.

Die reëlings vir die eksamen is as

volg:

Normale skoolrëels geld tydens die

eksamen. Leerders moet asseblief

toesien dat hulle voorkoms 100%

reg is.

Ons wil nie graag met leerders as

gevolg van hulle voorkoms tydens die

eksamen in konflik wees nie.

Leerders woon skool vanaf 07:30 tot

13:00 by.

Indien u kind siek is, moet hy/sy ‘n

mediese sertifikaat inhandig.

Die buitemuurse program gaan normaalweg

aan. Daar vind sportwedstryde

op Vrydag 21 Maart te Brackenfell

plaas.

Indien u nog nie ‘n eksamenrooster

ontvang het nie, moet u dringend met

die skool skakel.

Riglyne om jou kind tydens eksamen

te help

Daar is gewoonlik tydens die eksamen

meer spanning in die huis en by ons

kinders as gedurende die res van die

jaar. Dit is goed as ‘n mens ‘n rustiger

atmosfeer kan skep en lees gerus die

onderstaande riglyne deur.

Haal druk van jou kind af deur ‘n

positiewe klimaat te skep. Hou negatiewe

kommentaar vir jouself.

Help jou kind om hom/haar goed te

organiseer vir die voorbereiding vir

die eksamen. Sorg dat daar genoeg

penne, potlode en papier is. Moenie

dat daar konflik voor eksamen ontstaan

omdat sy/haar sakrekenaar of

liniaal weg is nie.

Sorg dat jou kind die dag as hy/sy

skryf ‘n goeie ontbyt eet en gemaklik

en kalm skool toe gaan.

Sorg dat jou kind se voorkoms reg is,

dan is daar ook nie tussen hom/haar

en die onderwysers konflik nie.

As jy die kans het, veral by graad 8

BLADSY 1 KWAGGAS VIR KWALITEIT

As jy die kans het, veral by gr 8’s en

sommige graad 9’s, gesels met hulle

oor die skoolwerk. Hulle wil ook graag

weet wat pa en ma dink. Dit is vir

hulle belangrik.

Leerders moet tydens die eksamen

hulle vrae ontleed. Deur gebruik te

maak van gekleurde potlode of

onderstreping van kernwoorde kan ‘n

kind baie help om vrae te ontleed.

Herinner hulle daaraan om formules,

kernwoorde, datums, ens. neer te

skryf as hy/sy hulle antwoordboeke

kry en toestemming het om te begin

skryf.

Leerders moet ook vrae wat se antwoorde

hulle kan doen eerste doen

en die vrae wat vir hom/haar

moeiliker is, laaste doen.

Indien ‘n leerder nie die vraag verstaan

nie, moet hy/sy die toesighouer

vra.

Beklemtoon dit aan jou kind dat dit

baie belangrik is om alle vrae te

beantwoord. Dit is belangrik dat

leerders hulle eie opinie oor ‘n saak

gee en daarom is dit belangrik dat

kinders koerante lees en nuus kyk.

Baie sterkte met die eksamen en mag

elke leerder volgens sy/haar vermoë

presteer.

EKSTRA KLASSE DEUR PRIVAAT

PERSONE

Daar is leerders wat by privaat persone

ekstra klasse neem. Dit is gewoonlik in

vakke soos Wiskunde, Fisiese Wetenskappe

en Rekeningkunde. Daar is van

die onderwysers wat skitterende werk

doen en wat in noue samewerking met

die skool se onderwysers werk. Daar is

egter van die persone wat dit suiwer vir

finansiële gewin doen en wat nie in die

beste belang van ons leerders optree

nie. Dit het onder my aandag gekom

dat persone in George van Hoërskool

Outeniqua se onderwysers se

vraestelle neem en dit dan verkoop aan

van ons leerders. Ten eerste is dit die

eiendom van die spesifieke onderwyser

en ten tweedens stel die verskillende

vakspanne in Wiskunde en Rekeningkunde

altyd nuwe vraestelle op. Dus is

die afrigting van leerders om ‘n spesifieke

vraestel te skryf nie tot voordeel

van die kind nie.

Indien kinders van ekstra klasse gebruik

maak, moet ouers asseblief seker

maak dat die persone wat dit aanbied,

gekwalifiseerd is om dit te doen en dat

hulle ook die opvoeding van kinders

eerste stel.

TOEGANG — PLAKKERS VIR

MOTORS

Indien u nie elke keer by die sekuriteitswagte

wil inteken nie, kan u

teen R100.00 per jaar ‘n plakker

koop wat in u voorruit geplak word.

Die plakkers is by mnr Otto van

Vuuren beskikbaar.

KLEREDRAG

Dogters wat nie tevrede is met die

snit van hul skoolrok nie, kan dit by

Anne-Marie’s Clothing gaan koop.

BLADSY 2 KWAGGAS VIR KWALITEIT

TENNIS

Baie geluk aan die volgende tennisspelers

wat in die SWD Tennisspan vir

die SA Interprovinsiale Tennistoernooi

in Pretoria gedurende 20 - 24 Maart

2013 opgeneem is :

0/15 Dogters : Melissa Loubser (no.1 -

speler en kapteine), René Wolmarans

(no. 4). 0/15 Seuns: Tristan Fourie

(no. 1 - speler en kaptein), Ruan Janse

van Vuuren (no.3) en Dylan Hanslo

(no.4). 0/19 Seuns: Albert Eybers

(no.3).

Mnr. Albert Warren is die afrigter van

die 0/19 SWD - span.

RUGBY KUIERAAND

Met STEPHAN TERBLANCHE

Skoolsaal, 25 April 2013

Lekker boere-ete vir R120.00

Kontak Johan Botha 083 634 0329

AFWESIGHEDE EN UITTEKEN

Die reëling in verband met afwesighede

is baie duidelik. ’n Leerder mag slegs by

die huis bly as hy of sy siek is of as daar

dood in die familie is. Die persentasie

leerders wat by die huis bly is baie

hoog . Ons doen ’n beroep op ouers om

toe te sien dat hulle kinders by die skool

is.

Baie leerders word deur die loop van die

oggend siek. Mev. Van As besluit of die

ouers gekontak moet word. Leerders

mag nie self hulle ouers kontak nie.

Dit is die skool se taak. Ons doen ’n

beroep op die leerders en die ouers se

samewerking in die verband.

FISIOTERAPEUT

Die fisioterapeut op ons terrein,

Anke Oosthuizen, is elke dag vanaf

08:30 tot 17:00 gedurende die week

by tel. nr. 074 512 0295 beskikbaar.

BELGIESE SKOOL BESOEK KWAGGAS

Tien leerders en twee leerkragte van Onze-Lieve-Vrouw Hemelvaart Instituut was op

besoek aan ons skool vanaf 8 tot 21 Februarie. Hulle het in Kaapstad geland en toe

sommer die Kaap verken. Hulle het klasse bygewoon, ons meer oor hulle skool en

kultuur vertel en die Suid-Kaap saam met 10 Kwaggas verken. Hulle het selfs skooluniforms

gedra! En koshuiskos in BTH en Oompie Meyer geniet.

Die Belge was veral beïndruk met ons natuurskoon en dierelewe. Die strande was

ook baie gewild en hulle het die avontuur van volstruis-ry in Oudtshoorn, olifante voer

by Botlierskop, die waterpark in Hartenbos en die boomtop-ervaring in Tsitsikamma

baie opwindend gevind.

Outeniqua is betrokke by ‘n plaasskooltjie by Geelhoutboom en die Belge het die besoek

aan die skool baie geniet. Hulle het ook die besoek aan Thembalethu insiggewend

gevind en die hartlikheid van die VGK gemeente van Thembalethu ervaar toe

hulle ‘n heerlike middagete daar geniet het.

Hulle besoek is afgesluit met ‘n Suid-Afrikaanse braai in die Kwagga Cuisine. Hulle

laaste indrukke van Suid-Afrika was die besoek aan Tafelberg en die Waterfront op

‘n windstil, perfekte sonskyndag in Kaapstad. Die trane het vrylik gevloei op die

lughawe. Die Kwaggas was in September 2012 by hulle in koue Waregem(hul dorp)

en die weersiens en afskeid was emosioneel, want hulle het regtig vriende gemaak.

In September 2013 gaan die tweede groep Kwaggas België besoek.

BLADSY 3 KWAGGAS VIR KWALITEIT

B

E

L

G

E

SE

OUTENIQUA EERSTE RUGBY - DATUMLYS VIR 2013

DATUM OPPONENTE WAAR

Vrydag 15 Maart Oefenkamp H.bos

Donderdag 21 Maart Brackenfell Sportdag Weg

Donderdag 28 Maart Dr EG Jansen @ 14H30 Kearsney

Saterdag 30 Maart Westwill High @ 10H45 Kearsney

Maandag 01 April Grey Bloem @ 12H00 Kearsney

Saterdag 13 April Paarl Boys High Paarl

Saterdag 20 April Punt M.baai

Saterdag 27 April Paarl Gimnasium Tuis

Donderdag 2 Mei Wildeklawer vs Waterkloof @ 16H00 PM Burg

Saterdag 4 Mei Wildeklawer vs Grey PE @ 10H10 PM Burg

Saterdag 11 Mei SWD Proewe Oudtsh

Dinsdag 14 Mei SWD proewe George

Saterdag 18 Mei Los

Saterdag 25 Mei Oakdale Tuis

Saterdag 1 Junie Langenhoven Gimnasium Oudtsh

Dinsdag 23 Julie St Josephs Engeland Tuis

Saterdag 27 Julie Framesby PE

Saterdag 3 Augustus H/S Oudtshoorn Tuis

Saterdag 10 Augustus KWAGGA 90 FEES SPORTDAG Tuis

Saterdag 17 Augustus HTS Daniel Pienaar Tuis

Saterdag 24 Augustus Burger Semi-finaal ?

Saterdag 31 Augustus Burger finaal ?

BLADSY 4 KWAGGAS VIR KWALITEIT

B

E

S

O

E

K

FINANSIES

Skoolgeld is betaalbaar vanaf Januarie tot Oktober. 3 paaiemente moet

nou reeds betaal wees. Hou asseblief by die bedrag volgens u onderneming.

Indien u agterstallig raak en nie reëlings met die skool tref

nie, word u vir die volle uitstaande bedrag aan die skool se invorderaars

oorhandig. Baie dankie aan die getroue betalers.

Koshuisgelde is streng aan die begin van elke kwartaal vooruitbetaalbaar.

Uitstaande losiesgeld kan lei tot uitsetting uit die koshuis.

U word ook herinner aan die betaling van die Gasvryheidstudiegelde.

Indien u nie van die skool se debietorderstel gebruik maak nie, vra ons dat

wanneer u ‘n direkte deposito in die skool se bankrekening maak, u asseblief

u skoolrekeningnommer (bv. VDW007) as verwysing gebruik FNB

Tjekrek: 62093763673, takkode 210114. Faks bewys van betaling aan 086

635 8377.

Kontak mev J Venter by die skool (tel. 044 874 4156) vir enige besonderhede

rakende direkte deposito’s, elektroniese oorplasings of besondere behoeftes.

KOMMUNIKEERDER

Bly op hoogte van die gebeure in en om die skool. U kan die CD van die

kommunikeerder by Ontvangs kry. U kan ook die kommunikeerder direk

van die webtuiste aflaai by http://www.school-communicator.com/

downloads. Kies dan net Hoërskool Outeniqua uit die lys van skole.

Die skoolkommunikeerder is ook mobiel!

Elke persoon wat ‘n selfoon het wat op die internet kan gaan, kan nou

die kommunikeerder op hul selfoon gebruik. Volg die volgende stappe:

Gaan na Web: URL adres: http://mobi.d6communicator.com

Soek Hoërskool Outeniqua in die lys. Gaan na News of Calender

BLADSY 5 KWAGGAS VIR KWALITEIT

EKSAMENROOSTER MAART 2013

DATUM TYD GRAAD 12 GRAAD 11 GRAAD 10 GRAAD 9 GRAAD 8

tot 10:00

tot 13:00

Maandag

11 Maart

Afrikaans

Wiskunde

GEO / VS/Drama/IT/RTT

Lewenswetenskap

FW/Besig/Ontwerp/Gesk

tot 10:00

tot 13:00

Dinsdag

12 Maart

Lewensoriëntering

Geskiedenis

Afrikaans

Engels

IT Prak / RTT Prak

tot 10:00

tot 13:00

Woensdag

13 Maart

Aardrykskunde

Engels

Ekon/Toer/IGO

Rekeningkunde

Wiskunde / WG

NW: LW

NW: FW

Gasvryheidstudies

Lewensoriëntering

tot 10:00

tot 13:00

Donderdag

14 Maart

Tegnologie

IT Prak / RTT Prak

Rekeningkunde

Kuns

Drama/Dans

Visuele Kuns

Engels

Gasvryheidstudies

Lewensoriëntering

tot 10:00

tot 13:00

Vrydag

15 Maart

NW: FW

Afrikaans

tot 10:00

tot 13:00

Maandag

18 Maart

BLADSY 6 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Wiskunde

Afrikaans

FW/Besig/Gesk/Ontwerp

GEO/VS/Drama/RTT/IT

Lewenswetenskap

Visuele Kuns

Ekon/Toer/IGO

tot 10:00

tot 13:00

Dinsdag

19 Maart

Engels

Lewensoriëntering

IT Prak / RTT Prak

Wiskunde / WG

Visuele Kuns

Afrikaans

tot 10:00

tot 13:00

Woensdag

20 Maart

Geskiedenis

EBW

Rekeningkunde

Engels

tot 10:00

tot 13:00

Maandag

25 Maart

Tegnologie

Aardrykskunde

Lewenswetenskap

FW/Besig/Gesk/Ontwerp

GEO / VS/Drama/IT/RTT

Gasvryheidstudies

Lewensoriëntering

tot 10:00

tot 13:00

Dinsdag

26 Maart

Musiek

NW: LW

Wiskunde / WG

Ekon/Toer/IGO

Kuns

VK/DK/Drama/Dans/Mus

tot 10:00

tot 13:00

Woensdag

27 Maart

EBW

Afrikaans Vraestel 3

Engels Vraestel 3

Afrikaans Vraestel 3

Donderdag

28 Maart

Engels Vraestel 3

Engels Vraestel 3

Engels Vraestel 3

Afrikaans Vraestel 3

Engels Vraestel 3

tot 11:00

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!