02.05.2013 Views

TOELATINGSBELEID VAN DIE HOëRSKOOL OUTENIQUA VIR ...

TOELATINGSBELEID VAN DIE HOëRSKOOL OUTENIQUA VIR ...

TOELATINGSBELEID VAN DIE HOëRSKOOL OUTENIQUA VIR ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

TOELATINGSBELEID VAN DIE HOëRSKOOL OUTENIQUA VIR LEERDERS VAN GRAAD 8 TOT 12

BY DIE SKOOL

1. AGTERGROND

1.1 Die Hoërskool Outeniqua (“die Skool”) is ’n openbare skool met ‘n regspersoonlikheid kragtens

die bepalings van artikels 15 en 52 van die Suid-Afrikaanse Skolewet nr. 84 van 1996, soos

gewysig (“die SASW”), saamgelees met artikel 9(1) van die Wes-Kaap Skoolonderwyswet en

waarvan die beheer toevertrou is aan die Beheerliggaam genoem in artikel 16 van die SASW.

1.2 Die Beheerliggaam is kragtens die bepalings van artikel 5 van die SASW gemagtig om die Skool

se beleid rakende die toelating van leerders tot die skool en tot grade by die skool te bepaal,

onderworpe aan die bepalings van die SASW en die Wes-Kaap Onderwyswet.

1.3 Die Beheerliggaam neem deeglik kennis van die volgende statutêre bepalings wat verband hou

met die toelating van leerders tot die Skool of tot verskillende grade by die Skool (“die

bepalings”):

1.3.1 die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika vervat in Wet nr. 108 van 1996 (“die

Grondwet”), in die besonder artikel 28(2) wat as volg bepaal: “'n Kind se beste belang is van

deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak”.;

1.3.2 artikels 3 (3), 3 (4) (i) en 5 van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid nr. 27 van 1996 (“die

WNOB”);

1.3.3 die Toelatingsbeleid vir Gewone Openbare Skole, gepubliseer deur die Minister van

Opvoeding in Staatskoerant nr 19377, gedateer 19 Oktober 1998 (Kennisgewing nr. 2432/98)

(“die Ministeriële Beleid”);

1.3.4 die Ouderdomsvereistes vir Toelating tot ’n Gewone Openbare Skool, gepubliseer deur die

Minister van Opvoeding in Staatskoerant nr 19377, gedateer 19 Oktober 1998 (Kennisgewing

nr. 2433/98)

1.3.5 Wes Kaap Provinsiale Onderwyswet Wet 7 van 2000.

Bogenoemde artikels van wette is ter insae by die skool en ander opvoedkundige instansies.

1.4 Die Skool en sy Beheerliggaam verwys na die tersaaklike gedeeltes van die bepalings tot die

mate waartoe dit geldig en bindend op hulle is en voorrang mag geniet bo die Beheerliggaam se

bevoegdheid om die toelatingsbeleid van die Skool te bepaal, en is vas van voorneme om die

Skool se toelatingsbeleid ten volle te implementeer binne die raamwerk van die bepalings en

enige ander toepaslike bepalings wat van tyd tot tyd mag geld.

Die Beheerliggaam, namens die Skool, verklaar hiermee dat die Skool se Beleid vir die Toelating

van Leerders tot die Skool of tot die verskillende grade by die Skool (“hierdie Beleid”), die

volgende is:

H S O U T E N I Q U A 2 5 M e i 2 0 1 2

Bl 1

2. AANSOEKE OM TOELATING TOT DIE SKOOL EN KOSHUISE

2.1 Alle aansoeke om toelating tot die skool en koshuise moet namens die leerder deur sy/haar

natuurlike ouer/s of ander wettige voog/de of die persoon in wie se bewaring die leerder kragtens

hofbevel geplaas is, of ’n persoon deur eersgemelde persoon/persone skriftelik daartoe

gemagtig, gedoen word.

2.2 Aansoeke moet op die voorgeskrewe aansoekvorm gedoen word. Die vorms word deur die skool

verskaf. Aansoekvorms van die Hoërskool Outeniqua en koshuise (BTH en OMK) is by die skool

beskikbaar.

2.3 Die skoolhoof moet verseker dat ouers die nodige bystand verleen word om die aansoekvorms te

voltooi, en moet die ouers meedeel dat dit ’n oortreding is om ’n vals verklaring oor die leerder se

ouderdom te maak.

2.4 Benewens die aansoekvorm moet die volgende dokumente en/of inligting aan die prinsipaal as

verteenwoordiger van die Beheerliggaam voorsien word:

2.4.1 die oorspronklike dokument of ’n gesertifiseerde afskrif van die geboortesertifikaat of

identiteitsdokument van die leerder. Indien dit nie beskikbaar is nie, sal die leerder slegs

toegelaat word, hangende die verkryging van ’n afskrif vanaf die Departement Binnelandse

Sake binne DRIE MAANDE;

2.4.2 ’n gesertifiseerde afskrif van die identiteitsdokument, asook die naam, woonadres, werksadres

en alle telefoon-, faks- of posbesonderhede van elke persoon wat val binne die omskrywing

van “ouer” van die betrokke leerder in terme van die SASW;

2.4.3 ’n gesertifiseerde afskrif van die Hofbevel ter bewys van die voogdyskap of bewaring of enige

soortgelyke reg van die persoon (“ouer” soos in 2.1.) wat daarop aanspraak maak;

2.4.4 ‘n Bewys van woonadres

2.4.5 besonderhede van enige aanmeldbare siekte waaraan die leerder ly;

‘n Lys van aanmeldbare siektes aanheg. Adendum 1

2.4.6 Die volgende dokumente word ook vereis:

2.4.6.1 leerders wat van ander skole in die Wes-Kaap kom, moet ‘n SOBIS-sertifikaat inlewer;

2.4.6.2 leerders van ander provinsies moet ‘n oorspronklike oorplasingsertifikaat van die vorige

skool inlewer en ‘n SOBIS-registrasievorm voltooi wat deur die skool verskaf word;.

2.4.6.3 die jongste oorspronklike skoolrapport van die vorige skool;

2.4.6.4 ander soortgelyke dokumentasie van die vorige skool;

2.4.6.5 Indien ‘n leerder deur die loop van die jaar inskryf, moet portefeuljes en werkboeke van alle

vakke ingelewer word.

2.4.7 besonderhede van enige ernstige oortreding waaraan die leerder skuldig bevind was deur ’n

hof of ’n beheerliggaam van ’n vorige skool deur die leerder bygewoon;

H S O U T E N I Q U A 2 5 M e i 2 0 1 2

Bl 2

2.4.8 besonderhede van enige spesiale behoeftes wat die leerder mag hê ten einde sinvolle

onderrig by die Skool te kan ontvang. Indien ons nie aan die behoeftes kan voldoen nie, kan

die leerder nie geakkommodeer word nie;

2.4.9 besonderhede van enige toestand of omstandighede waarvan die Skool bewus moet wees ten

einde die beste belange van die leerder en/of die ander leerders van die Skool te verseker.

2.4.10 Waar die voornemende leerder drie of meer jaar ouer is as die normale ouderdom wat deur

die Wet of Regulasie voorgeskryf word, sal sodanige leerder nie aanvaar word nie. Leerders

sal nie toegelaat word nie as hulle ouderdom soos volg is nie: Gr. 8 – 17 jaar, gr. 9 – 18 jaar,

gr. 10 –19, gr.11 – 20 jaar en gr.12 –21 jaar.

2.4.11 Indien ‘n leerder toelating tot een van die koshuise wil verkry en daar is nie plek in die

koshuise nie, sal die leerder nie tot die skool toegelaat word nie.

3. TOELATING VAN NIE-BURGERS

3.1 Die SASW en hierdie Beleid is ook van toepassing op leerders wat nie burgers van die Republiek

van Suid-Afrika is nie en wie se ouers in besit is van ’n tydelike of permanente verblyfpermit,

uitgereik deur die Departement Binnelandse Sake.

3.2 ’n Leerder wat kragtens ’n studiepermit in die land is, moet die studiepermit tydens sy/haar

aansoek om toelating tot die skool voorlê.

3.3 Persone, geklassifiseer as onwettige vreemdelinge, moet, wanneer hulle aansoek doen om

toelating vir hul kind of kinders tot die Skool, bewys lewer dat hulle aansoek gedoen het by die

Departement Binnelandse Sake om hulle verblyf in die land te wettig ingevolge die Wet op

Vreemdelinge-Beheer nr. 96 van 1991.

4. VOORKEURORDE VAN TOEPASSING OP AANSOEKE OM TOELATING

4.1 As die Hoërskool Outeniqua die naaste skool is, word die leerder aanvaar indien hy/sy

skoolpligtend is. Indien ‘n leerder nader aan ‘n ander skool bly en nog steeds aansoek doen,

word daar na die leerder se akademie, sport, kultuur en gedrag gekyk. Die leerders wat egter

aansoek doen om tot die koshuis toegelaat word, moet eers deur die skool aanvaar word voordat

hy/sy in ‘n koshuis toegelaat word.

4.2 Die Hoërskool Outeniqua is ’n Afrikaansmedium skool waar Afrikaans die taal van onderrig is,

toegerus met ’n personeel om primêr te voorsien in die behoeftes van leerders wie se moedertaal

of onderrigtaal van keuse Afrikaans is.

4.3 Terwyl die Hoërskool Outeniqua en die Beheerliggaam daarvan bewus is dat hulle nie

onregverdig mag diskrimineer teen ’n leerder namens wie aansoek om toelating gedoen word

nie, en geensins van voorneme is om sodanig te diskrimineer nie, en terwyl hulle begerig is om ’n

rol te speel in die opvoeding van leerders in vennootskap met die Staat, aanvaar hulle dat die

Hoërskool Outeniqua nie alle leerders kan akkommodeer nie en dat een of ander proses van

geregverdigde onderskeid betreffende die toelating van leerders onvermydelik is. Derhalwe, in

die lig van bogenoemde, is dit die Hoërskool Outeniqua se beleid om die volgende voorkeure met

betrekking tot aansoeke om toelating tot die Hoërskool Outeniqua toe te pas:

4.3.1 Eerstens, broers en susters van leerders wat reeds by die Hoërskool Outeniqua ingeskryf is.

H S O U T E N I Q U A 2 5 M e i 2 0 1 2

Bl 3

4.3.2 Tweedens, leerders wat permanent by hul ouer(s) (soos omskryf in die SASW) binne die

Hoërskool Outeniqua se natuurlike voedingsbron woon en wie se moedertaal Afrikaans is.

4.3.3 Derdens, leerders wat permanent by hul ouer(s) (soos omskryf in die SASW) binne die Skool

se natuurlike voedingsbron woon en wie se gekose medium van onderrig (welke keuse deur

die ouer(s) uitgeoefen is in die aansoek om toelating), Afrikaans is.

5. REG VAN APPèL

Enige leerder of die ouer van enige leerder wat toelating tot die Hoërskool Outeniqua geweier is, mag na

die voorsitter van die beheerliggaam appélleer en as die aansoek dan nog nie aanvaar word nie, kan ‘n

ouer in terme van artikel 5(9) van die SASW na die LUK vir Onderwys in die Wes Kaap appélleer

6. LEERDERS MET SPESIALE ONDERWYSBEHOEFTES

6.1 Leerders met spesiale onderwysbehoeftes sal tot die Hoërskool Outeniqua toegelaat word mits

dit prakties uitvoerbaar is met verwysing na die Hoërskool Outeniqua se fasiliteite en indien dit

ook in die beste belang van die betrokke leerder asook ander leerders van die Hoërskool

Outeniqua is.

6.2 Waar die nodige fasiliteite om in die behoeftes van die betrokke leerder te voorsien nie

beskikbaar is nie, moet die prinsipaal die aansoek na die Hoof van Onderwys verwys ten einde

die leerder tot ’n gepaste openbare skool toe te laat.

7. TOELATINGSREGISTER

7.1 Die skoolhoof moet ’n toelatingsregister aanhou waarin alle toelatings van leerders tot die Skool

aangeteken word. Die register moet die naam, geboortedatum, ouderdom, identiteitsnommer

(indien van toepassing) en adres van die leerder sowel as die name, adresse en telefoonnommers

(indien van toepassing) van die leerder se ouers, soos gedefinieer in die SASW, bevat.

7.2 Inskrywings in die toelatingsregister moet gekontroleer word teen die geboortesertifikaat of

identiteitsdokument van die leerder.

7.3 Amptenare van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het insae in die toelatingsregister.

8. REGTE EN VERPLIGTINGE VAN OUERS

8.1 Die ouer(s) moet deur middel van hierdie Beleid kennis neem dat verpligte skoolgelde by die

Hoërskool Outeniqua betaalbaar is, deurdat die ouers die vorige jaar op ’n behoorlik

saamgestelde ouervergadering (waarvan ten minste 30 dae vooraf kennis gegee is) die

Beheerliggaam se voorgestelde begroting goedgekeur het en die bedrag van die skoolgelde

vasgestel het.

8.2 Die ouer(s) moet verder kennis neem dat die bogemelde ouervergadering ook maatstawwe en

prosedures goedgekeur het betreffende die algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling

van skoolgelde deur ouers wat nie finansieël in staat is om die skoolgelde ten volle te betaal nie.

Ouer(s) moet daarop let dat die gesamentlike bruto inkomste van almal wat binne die

omskrywing van “ouer” in die SASW val, by die oorweging van kwytskelding in ag geneem moet

word. Verdere besonderhede van gemelde maatstawwe en prosedures, asook die nodige

aansoekvorm, is by die skool beskikbaar.

H S O U T E N I Q U A 2 5 M e i 2 0 1 2

Bl 4

8.3 Afskrifte van die Skool se Gedragskode vir Leerders, asook hierdie Beleid, moet by die aansoek

om toelating op aanvraag aan die ouer(s) beskikbaar gestel word, en die ouer(s) moet deur

middel van hierdie daarop gewys word dat die leerder onderworpe is aan die Gedragskode,

ongeag of hy/sy of die ouer(s) dit onderskryf, kragtens artikel 8(4) van die SASW en artikel 32(3)

van die VSOW. Die ouers se aandag word daarop gevestig dat die Gedragskode ook ’n “Kode

van Regte en Pligte” bevat, waarin al die belanghebbendes van die Hoërskool Outeniqua se

regte en pligte uiteengesit word. Die gedragskode word jaarliks aan die einde van Februarie aan

elke ouerhuis gestuur.

9. DIE BEHEERLIGGAAM EN DIE LEERDERS VAN DIE SKOOL

9.1 Alle leerders is geregtig op die uitoefening van hul regte en onderworpe aan die nakoming van

hul pligte soos uiteengesit in die Hoërskool Outeniqua se Gedragskode vir Leerders.

9.2 Die Beheerliggaam beskou dit as sy plig om die opvoeders, leerders, ouers en nieopvoederpersoneel

van die Hoërskool Outeniqua teen fisiese en geestelike geweld te beskerm

met die volle magte tot sy beskikking, en om die fisiese, geestelike en morele welstand van

leerders te ontwikkel. Ten einde hierdie doelstelling te bereik, behou die Beheerliggaam die reg

voor om:

9.2.1 die dissiplinêre rekord van enige voornemende leerder van die Hoërskool Outeniqua te

bestudeer en om alle stappe binne sy bevoegdhede te neem om die toelating tot die

Hoërskool Outeniqua van ’n leerder wie se optrede of gedrag die bogemelde belange mag

bedreig, te voorkom;

9.2.2 teenstand te bied teen en die wysheid te bevraagteken van die plasing van ’n leerder in ’n

bepaalde graad in die Hoërskool Outeniqua indien die leerder ernstig benadeel sal word

weens sy/haar onvermoë om sinvol te kommunikeer of mee gekommunikeer te word op die

vlak wat nodig is vir behoorlike onderrig in die betrokke graad;

9.2.3 sodanige maatreëls as wat prakties moontlik is te tref, in ag genome die bepaalde

omstandighede by die Hoërskool Outeniqua , om ’n gestremde voornemende leerder tot die

Skool toe te laat;

9.2.4 van enige lid van die personeel, leerder of ouer te verwag om enige miskenning van daardie

regte en belange wat die Beheerliggaam poog om te beskerm, aan die Beheerliggaam te

rapporteer.

10. DIE OUERS EN DIE SKOOL/BEHEERLIGGAAM

10.1 Die ouer(s)/voog(de) van die leerder word versoek om die aangehegte toestemming te

onderteken, waardeur die personeel van die Hoërskool Outeniqua gemagtig word om in enige

noodgeval in die beste belang van die leerder op te tree of om die leerder se pyn of ongerief te

verlig, totdat die ouer(s)/voog(de) kan oorneem.

10.2 Die ouers van leerders van die Hoërskool Outeniqua beskik oor verskeie regte, en word in hierdie

verband verwys na die Kode van Regte en Pligte synde deel van die Gedragskode vir Leerders.

Onder andere het hulle die reg om geraadpleeg te word in die formulering van die Hoërskool

Outeniqua se taal- en godsdiensbeleid en Gedragskode, of enige wysiging daarvan.

10.3 Ouers word aangemoedig om betrokke te raak by al die werksaamhede van die skool, om

leerders by te staan met hul huiswerk en om toe te sien dat hul kind behoorlik toegerus is om ten

H S O U T E N I Q U A 2 5 M e i 2 0 1 2

Bl 5

volle in die leerproses te kan deelneem en om die Hoërskool Outeniqua stiptelik en gereeld by te

woon.

11. WYSIGING VAN BELEID

Hierdie Beleid kan van tyd tot tyd deur die Beheerliggaam gewysig of aangevul word.

GOEDGEKEUR DEUR

CP VORSTER MNR. S. BRUWER

SKOOLHOOF VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM

Datum

H S O U T E N I Q U A 2 5 M e i 2 0 1 2

Bl 6

ADENDUM A

AANMELDBARE SIEKTES

Akute flaksiede (slap) verlamming

Miltsiekte (Anthrax)

Maltakoors (brusellose)

Maagkoors (Cholera)

Oorerflike sifilis (vuilsiekte)

Krimse bloeiende Kongokoors of ander bloeiende koorse vanuit Arika

Witseerkeel

Voedselvergiftiging

B-tipe griep

Loodvergiftiging

Legioenkoors

Melaatsheid

Malaria

Masels

Meningitis (breinvliesontsteking)

Paratifoïedkoors

Pes

Vergiftiging deur landbougeneesmiddels - ek dink soos DDT bv.)

Polio

Hondsdolheid

Rumatiekkoors

Klem in die kaak (Tetanus)

Klem in die kaak van die pasgeborene

Bindvliesontsteking (tragoom)

Tering (Tuberkulosis – alle vorm daarvan)

Ingewandskoors (Tifoïedkoors)

Tifuskoors – besmetlike siekte veroorsaak deur luise,rotte vlooie

Geelsug (Hepatitis – tipe A en -B

Kinkhoes

Geelkoors

H S O U T E N I Q U A 2 5 M e i 2 0 1 2

Bl 7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!