03.05.2013 Views

Nuusbrief 4 - 28 Maart - Hoërskool Outeniqua

Nuusbrief 4 - 28 Maart - Hoërskool Outeniqua

Nuusbrief 4 - 28 Maart - Hoërskool Outeniqua

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

HOËRSKOOL OUTENIQUA

POSBUS 181, GEORGE, 6530 • Tel: 044-874 4156 • Faks: 086 635 7336 • Web: http://www.outeniqua.co.za/

28 MAART 2013

Geagte Ouers/Voogde

Die eerste

kwartaal van

die jaar het

vinnig verbyg

e v l i e g .

Dankie aan

elke ouer vir

die ondersteuning die afgelope

kwartaal. Mag elkeen van u ’n

geseënde Paasfees vier en mag u

die vrede van Jesus ervaar.

KOSHUISE

Op ‘n koshuisraadsvergadering wat gehou

is, is die volgende besluite

geneem:

1. Kosgangers mag gedurende die

week slegs by hul ouers oornag.

Geen uitslapery word toegelaat en

geen partytjies mag bygewoon

word nie. Ouers mag wel hul

kinders in die week uitneem, maar

hulle moet voor 21:00 by die

koshuis terugbesorg word.

2. Kosgangers gaan op dorpsdae in

hul skoolklere dorp toe. Dit lyk

baie netjies en beter beheer word

toegepas.

3. Indien kosgangers op ‘n naweek

met ‘n geleentheid huis toe gaan,

moet die ouers skriftelik toestemming

verleen. Die brief moet by

die superintendente ingehandig

word. Ons is baie bekommerd oor

die veiligheid van ons kosgangers

en daarom moet hierdie reël

streng toegepas word.

Baie dankie vir u samewerking in die

verband.

PERSONEEL

Mnr. Prieur du Plessis het bedank. Hy

gaan vanaf die tweede kwartaal by die

Hoërskool Brackenfell skoolhou. Ons

beste wense vergesel hom.

Baie dankie aan al die personeel wat

die afgelope kwartaal hulle werk met

groot entoesiasme gedoen het. Daar

was baie aktiwiteite en die meeste was

baie geslaagd.

AKADEMIE

In die baie besige kwartaal het leerders

die afgelope twee weke eksamen

geskryf. Leerders ontvang op Vrydag,

12 April hul rapporte.

Matrieks, winterskole en lenteskole

Daar is ‘n verskeidenheid van winterskole

wat aangebied word. Matrieks

moet asseblief onthou dat ons ons eie

lenteskool aanbied. Dit vind plaas vanaf

23 tot 27 September 2013.

Twee groepe leerders moet asseblief

dié lenteskool bywoon, nl. leerders wat

graag hulle simbole wil verbeter en

leerders wat ‘n vak of vakke druip.

Eksamen

Die eksamen (tweede kwartaal) vir die

hele skool begin op Maandag, 3 Junie

en hulle skryf tot 21 Junie.

VOORKOMS

Ons doen asseblief ‘n beroep op ouers

om te verseker dat leerders se

voorkoms reg sal wees wanneer die

skole heropen. Leerders wie se

voorkoms nie reg is nie, sal huistoe

gestuur word om hul voorkoms reg te

maak.

BLADSY 1 KWAGGAS VIR KWALITEIT

STAATSKOERANT 36041

Die afgelope twee maande was daar

baie publisiteit oor die feit dat ’n leerder

net een maal in gr. 10 en 11 mag druip.

Hierdie punt wat in die staatskoerant

36041 van 28 Desember 2012 gepubliseer

is, is baie bespreek en baie

mense het kommentaar gelewer. Tog

dink ek dat die regulasies in die koerant

baie meer positiewe as negatiewe

punte bevat. Dié staatskoerant publiseer

al die slaagvereistes, kontaktyd

met leerders, watter leerders vir konsessies

mag aansoek doen, ens. Hier

volg ’n opsomming van die regulasies

van dié staatskoerant:

Kurrikulum vereistes

In die Senior fase (gr. 7 – 9) moet ’n

leerder die volgende 9 vakke neem:

Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuurwetenskap,

LO, Tegnologie, Kreatiewe

Kunste, MSW en EBW

In die VOO-fase (gr. 10 tot 12) moet

’n leerder die volgende vakke neem:

Twee tale (Huistaal en Eerste

Addisionele Taal), Wiskunde of WG,

LO en drie ander vakke (Kandidaat

mag meer as 7 vakke neem)

Slaagvereistes

Senior fase (Gr. 7 tot 9)

Leerders in gr. 7 – 9 sal bevorder word

as:

Alle skoolgebasseerde assessering

van al nege vakke voltooi is.

Alle vakke geneem het

Afrikaans Huistaal ’n 4 (50 – 59%)

Engels Eerste Addisionele Taal ’n 3

(40 – 49%)

Wiskunde ’n 3 (40 – 49%)

In 3 ander vakke 3’s (40 – 49%)

In 2 ander vakke 2’s (30 – 39%)

Mag net een keer in fase druip

VOO-fase gr. 10 tot 12

Alle skoolgebasseerde assessering

van al sewe vakke voltooi is.

40% in drie vakke waarvan die Huistaal

een moet wees.

30% in drie vakke

Moet die assessering van die vak wat

gedruip is, gedoen het.

FASE DASS NOVEMBER

EKSAMEN

Senior

(Gr 7-9)

VOO

(Gr 10-12)

40% 60%

25% 75%

Samestelling van leerders se punte

Skooltye

Die regulasies van dié wet bepaal dat

daar 27,5 uur per week kontaktyd tussen

die onderwyser en die leerders

moet wees. Tans is die leerders van

Hoërskool Outeniqua 31,5 ure by die

skool. As pouses, adminperiode en

saal afgetrek word, het ons ongeveer

50 minute te min kontaktyd. Ons

skooltye vir 2014 sal dus wel aangepas

word.

AFWESIGHEDE EN UITTEKEN

Die reëling in verband met afwesighede

is baie duidelik. ’n Leerder mag slegs by

die huis bly as hy of sy siek is of as daar

dood in die familie is. Die persentasie

leerders wat by die huis bly is baie

hoog . Ons doen ’n beroep op ouers om

toe te sien dat hulle kinders by die skool

is.

Baie leerders word deur die loop van die

oggend siek. Mev. Van As besluit of die

ouers gekontak moet word. Leerders

mag nie self hulle ouers kontak nie.

Dit is die skool se taak. Ons doen ’n

beroep op die leerders en die ouers se

samewerking in die verband.

BLADSY 2 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Musiekblyspel: ANYTHING GOES

Ons voer vanaf 20-25 Mei die musiekblyspel, ANYTHING GOES, in die skoolsaal op.

‘n Groot groep leerders en opvoeders is betrokke met die danse, orkes, toneelspel,

kostuums en dekor. Daar word al die hele jaar hieraan gewerk. Hou gerus die

datums oop! Kaartjies sal van 29 April by die skool beskikbaar wees. Ouers van leerders

wat betrokke is kan op die Kommunikeerder die volledige repetisieprogram kry.

Elke speler het ook reeds die program vir die tweede kwartaal ontvang. Sien asb. toe

dat u kind alle repetisies stiptelik bywoon (orkes, sang, dans en drama).

Let asb. op die volgende oefeninge wat tydens openbare vakansiedae en naweke is.

Ondersteun u kind om getrou sy/haar skoolwerk te doen en om sy/haar tyd goed te

beplan in hierdie besige kwartaal wat voorlê.

Woensdag, 1 Mei, 9h00 – 20h00: ALMAL!!!!! (Produksiefoto’s word ook

geneem)

Vrydag, 10 Mei tot Saterdag, 11 Mei: REPETISIENAWEEK VIR ALMAL!!!!!

Woensdag, 15 Mei, 18h00 – 20h00: Tegniese KLEEDREPETISIE

Donderdag, 16 Mei, 18h00 – 21h00: Tegniese KLEEDREPETISIE

Vrydag, 17 Mei, 18h00 – 22h00: KLEEDREPETISIE

Saterdag, 18 Mei, 18h00 – 22h00: FINALE KLEEDEREPETISIE MET GEHOOR!!!!

TOEGANG — PLAKKERS VIR

MOTORS

Indien u nie elke keer by die sekuriteitswagte

wil inteken nie, kan u teen

R100.00 per jaar ‘n plakker koop wat in u

voorruit geplak word. Die plakkers is by

mnr Otto van Vuuren beskikbaar.

KLEREDRAG

Dogters wat nie tevrede is met die snit van

hul skoolrok nie, kan dit by Anne-Marie’s

Clothing gaan koop.

Power24.co.za

1 Never run out of electricity again! Power up with

Power24.co.za to buy prepaid electricity via online or mobile

banking and give back to Outeniqua High School.

A percentage of every purchase will be donated on your behalf. It’s

easy! Go to www.power24.co.za and Check if your meter is

supported.

Then Register your meter number, cellphone number and MySchool

Card number on www.power24.co.za. Registration requires your cell

number and email address so that Power24 can send you your electricity token. Please use

your cell number as your reference when paying.

1. Load Power24 as a beneficiary on your online or mobile banking. Power24 has an

account at each of the major banks to ensure that funds get cleared almost instantly, e.g. if

you bank with ABSA, setup a beneficiary with your ABSA account details.

Purchase prepaid electricity easily and conveniently within the comfort of your own home or

your office. Simply transfer the funds and use your cell number as a reference. Payment must

be made as EFT payments via internet or cell phone banking. You will receive your electricity

token within minutes via SMS. We have tried it, and it works!

BLADSY 3 KWAGGAS VIR KWALITEIT

FINANSIES

Skoolgeld is betaalbaar vanaf

Januarie tot Oktober. Die eerste

kwartaal se skool- en koshuisgelde

moet nou reeds betaal wees. Die

tweede kwartaal se gelde is betaalbaar

op 1 April. Hou asseblief by die

bedrag volgens u onderneming. Indien

u agterstallig raak en nie

reëlings met die skool tref nie,

word u vir die volle uitstaande bedrag

aan die skool se invorderaars

oorhandig. Baie dankie aan die

getroue betalers.

Koshuisgelde is streng aan die

begin van elke kwartaal vooruitbetaalbaar.

Uitstaande losiesgeld kan

lei tot uitsetting uit die koshuis.

U word ook herinner aan die betaling

van die Gasvryheidstudiegelde.

Indien u nie van die skool se

debietorderstel gebruik maak nie, vra

ons dat wanneer u ‘n direkte deposito

in die skool se bankrekening maak, u

asseblief u skool-rekeningnommer

(bv. VDW007) as verwysing gebruik

FNB Tjekrek: 62093763673, takkode

210114. Faks bewys van betaling

aan 086 635 8377.

Kontak mev J Venter by die skool (tel.

044 874 4156) vir enige besonderhede

rakende direkte deposito’s,

elektroniese oorplasings of besondere

behoeftes.

Daar is steeds baie ouers wat nie ‘n

MySchool kaart het nie, asook baie

van u wat nie u kaarte gebruik nie.

Ons wil u graag weereens aanmoedig

om gebruik te maak van die MySchool

-inisiatief.

Baie dankie aan elke ouer en ondersteuner

wat getrou hul kaarte gebruik.

Ondersteun Hoërskool Outeniqua terwyl

u inkopies doen, ’n middagete saam met

kollegas of vriendinne geniet en u kind

se skryfbehoeftes aanvul! Dit is SO

maklik! EN DIT IS ABSOLUUT

GRATIS!!

Kry ‘n vorm direk by die skool, vul dit in

en ons sal sorg dat die kaart by u

uitkom.

Al wat u moet doen, is om u kaart te

“swipe” wanneer u by deelnemende

handelaars inkopies doen. Die skool kry

dan ‘n persentasie van u aankope.

Maklik genoeg? Waarvoor wag u

nog?!

Indien u reeds ‘n kaart het, koppel dit

ook aan Hoërskool Outeniqua, gaan na

h t t p s : / / w w w . m y s c h o o l . c o . z a /

supporter/update/

Vir meer inligting of navrae kontak

gerus ons skool se verteenwoordiger,

Nadia Vos, by 044 874 4156.

KOMMUNIKEERDER

Bly op hoogte van die gebeure in en om die skool. U kan die CD van die kommunikeerder

by Ontvangs kry. U kan ook die kommunikeerder direk van die webtuiste

aflaai by http://www.school-communicator.com/downloads. Kies dan net Hoërskool

Outeniqua uit die lys van skole.

Die skoolkommunikeerder is ook mobiel!

Elke persoon wat ‘n selfoon het wat op die internet kan gaan, kan nou die kommunikeerder

op hul selfoon gebruik. Volg die volgende stappe:

Gaan na Web: URL adres: http://mobi.d6communicator.com

Soek Hoërskool Outeniqua in die lys. Gaan na News of Calender.

BLADSY 4 KWAGGAS VIR KWALITEIT

KWAGGA NEGENTIGJAARFEES

Die beplanning van die fees vir die week is vêr gevorder. Die verkorte program is soos volg:

KOEKVERSIER KOMPETISIE: ‘N SOET STORIE

Op 23 Maart het juf. Elna Pretorius weer ‘n koekversierkompetisie gehou vir laerskool leerders.

Loerie Bakkery het vir ons die koeke en versierings geskenk en die leerders moes

enige kinderverhaal uitbeeld deur middel van “plastic icing”. Soos altyd was dit groot pret en

die kinders het dit baie geniet.

Hou die nuusbrief en kommunikeerder dop

vir meer inligting oor die

“Swipe for Africa”-projek aangebied in

samewerking met MySchool en

Woolworths.

Groot pryse is op die spel.

Meer inligting sal op 15 April bekend gemaak word.

BLADSY 5 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Baie dankie aan elke leerder en afrigter wat hulle vakansie opoffer om aan die verskeie

toernooie regoor die land te gaan deelneem. Ons wens julle alle sukses toe.

ATLETIEK

Baie geluk aan Anél Oosthuizen (stap) en

Jo-Ané van Dyk (spiesgooi) wat by die SAskolebyeenkoms

goue medaljes verower

het. Candice Ludick (sewekamp) het ’n

brons medalje verower.

Baie sterkte aan die atlete wat aan die SA

Jeugbyeenkoms gaan deelneem.

TWEEKAMP

Op Vrydag, 22 Maart, het 19 Kwagga

Tweekampatlete aan die SA Tweekampkampioenskappe

op Oudtshoorn deelgeneem.

Die Kwaggas het deurgaans

goeie prestasies gelewer. Atlete wat besonder

goed gevaar het is: Chelaine

Maree (9de), May du Plessis (6de),

Yvonne du Plessis (4de) en Wouter Zonnestein

(3de). ‘n Besondere woord van

geluk aan Basson Engelbrecht wat die

Brons medalje verower het en aan

Reinhard Haupt wat die Silwer medalje

ingepalm het.

GHOLF

Die eerste gholfspan neem vanaf 2 tot 8

April aan die Afrikaans Hoër Seunskool se

gholftoernooi deel.

HOKKIE

Die hokkiespelers gaan Maandag 1 April

na die Kaap vir hulle toernooi.

FISIOTERAPEUT

Die fisioterapeut op ons terrein, Anke

Oosthuizen, is elke dag vanaf 08:30

tot 17:00 gedurende die week by tel.

nr. 074 512 0295 beskikbaar.

NETBAL

Gedurende die vakansie gaan verskeie

van ons netbalspanne op toer. Ons wens

elke speelster alle sterkte toe.

Die o/16A en o/14A en B-spanne gaan

na die Paarl Elite Toernooi wat plaasvind

vanaf 31 Maart tot 4 April.

Die o/15A-span woon die Arthur Johnson

Sportweek te Mosselbaai by vanaf

30 Maart tot 3 April.

Die o/18A-span neem aan die Top Toernooi

te George deel vanaf 28 Maart tot 3

April.

Ons speel reeds ons eerste groot wedstryde

die eerste Saterdag van die nuwe

kwartaal teen Hoër Meisiesskool te Paarl.

RUGBY

Die eerste rugbyspan het op Dinsdag, 26

Maart na Kearsney College vertrek. Die

o/16-span vertrek op Vrydag 29 Maart na

Paarl Gimnasium. Die o/14 en o/15 neem

aan die Junior Kwaggarugbyweek deel.

JUNIOR RUGBY– en HOKKIEWEEK

Daar vind gedurende die vakansie ’n verskeidenheid

van aktiwiteite plaas. Ons

bied vanaf 29 Maart tot 3 April ons Junior

rugby-en hokkieweek aan. Baie sterkte

aan al die organiseerders van die twee

toernooie.

KWAGGA RUGBY KUIERAAND

Met STEFAN

TERBLANCHE

Skoolsaal, 25 April 2013

Lekker boere-ete vir

R120.00 pp

Kontak Johan Botha

083 634 0329

BLADSY 6 KWAGGAS VIR KWALITEIT

SWEM

SA Junior Kampioenskappe

Reinhard Haupt en Liam Fourie het vanaf

15-20 Maart aan die SA Junior Kampioen

-skappe deelgeneem in Durban.

Reinhard het baie goed gevaar en al sy

persoonlike tye verbeter. Hy het ook in 7

van sy 9 items die SWD-rekords behaal.

Level 2-Kompetisie te Kaapstad

Die volgende leerder het almal deelgeneem

aan die Level 2-Kompetisie te

Kaapstad: Mareé Pio, Izelle van der

Walt, Marichen Heroldt, Lissa Fourie,

Juandré Otto, Kara van Niekerk en Marilea

Terblanche.

Baie geluk met die mooi prestasies.

OUD-KWAGGA MEJ. MATIE VARSITY

CUP 2013

Christine Prins wat verlede jaar in matriek

was by Kwaggas is aangewys as Maties

(Universiteit van Stellenbosch) se

Mej. Varsity Cup 2013.

Die kroning van Mej. Varsity Cup sal op 8

April plaasvind tesame met die finaal van

die Varsity Cup reeks tussen Maties en

Tuks in Stellenbosch. Ons beste wense

vergesel Christine in die kompetisie.

Kwaggagroete,

CP VORSTER

Skoolhoof

DRIEKAMP

Baie geluk aan Basson Engelbrecht wat 'n

3de plek behaal het in die SA Driekamp

Kampioenskappe wat die afgelope naweek

in Oos-Londen gehou is.

Hy wag om te hoor of hy opgeneem is in die

SA Span wat Meimaand in Marokko aan die

Afrika kampioenskappe gaan deelneem .

Ons hou styf duim vas vir hom!!!

MUURBAL

22 van ons spelers is opgeneem in die

SWD-span wat vanaf 25-28 April aan die

Plattelandse Muurbaltoernooi in Bloemfontein

sal deelneem. Baie geluk aan die

volgende leerders: Monré Swanepoel,

Craynouw Erasmus, Zane Barnard, Gerrit

Meyer, Dewald Homan, Gideon Maasz,

Lian de Oliveira, Lambert Agenbag, Erwee

Swanepoel, Diwan de Kock, JP Stoffberg,

Neil Ferreira, Machteld Gous, Biate

Niemand, Bernice Gerber, Denise

Robertson, Leandré Campher, Moné

Rautenbach, Bianca Herbst, Celeste

Zaaiman, Michelle van der Walt en Nicole

Welman.

Ons wens hulle sterkte toe met die

toernooi wat voorlê.

Mag u gedurende die vakansie

veilig op ons besige paaie

reis.

Die skool heropen op Maandag,

8 April om 07:30.

Leerders se voorkoms moet asseblief

reg wees wanneer die skole

open.

Die program vir die tweede

kwartaal is aangeheg .

KWAGGAS VIR KWALITEIT - DIE SKOOL VIR ELKE KIND

BESOEK ONS WEBWERF:

http://www.outeniqua.co.za/

BLADSY 7 KWAGGAS VIR KWALITEIT

HOëRSKOOL OUTENIQUA

April 2013

‘Kwaggas vir Kwaliteit

Die skool vir elke kind

Son Maan Dins Woens Don Vry Sat

6

5

Atletiek: SA Jeugbyeenkoms

Pretoria

Hokkie 1ste spanne

Kaapse Toernooi

4

Atletiek: SA Jeugbyeenkoms

Pretoria

Hokkie 1ste spanne

Kaapse Toernooi

3

Kwagga Junior rugbyweek

Hokkie 1ste Spanne

Kaapse Toernooi

2

Kwagga Junior rugbyweek

Kwagga Hokkieweek

Hokkie 1ste spanne

1

Gesinsdag

Kwagga Junior rugbyweek

Kwagga Hokkieweek

13

Wintersport vs Paarl

Boys High en Girls High

(weg)

12

Atletiek SA Seniors

(Kaapstad of PE)

Skool sluit 13:00

11

ATKV Redenaars Skooluitdun(jseniors)

10

Senior Skoolbestuur

ATKV Redenaars Skooluitdun

(juniors)

NWU besoek skool

9

Adjunkhoofde

US besoek skool

7 8

Skool begin

20

Wintersport vs HS Punt

(weg)

Geelhoutboom-kamp

18 19

Redenaars: ATKV Streekuitdun

te OHS

Geelhoutboom-kamp

UP besoek skool

17

Personeelverg

Landsdiens aktiwiteit

14:00 - 15:00

14 15

Saal

Koshuisraadsverg

BLADSY 8 KWAGGAS VIR KWALITEIT

16

27

Vryheidsdag

Wintersport vs Paarl Gim

(tuis)

26

Tennis: Interpro O/18

25

Afr Gr 12 Gedigte

24

23

Beheerliggaam

22

Saal

21

Geelhoutboom-kamp

30

Gr.9-oueraand (Vakkeuse)

Adjunkhoofde

28 29

HOëRSKOOL OUTENIQUA

Mei 2013

‘Kwaggas vir Kwaliteit

Die skool vir elke kind

Son Maan Dins Woens Don Vry Sat

4

Wildeklawer

Landsdiens Kamp

UOVS-opedag

3

Wildeklawer

Landsdiens Kamp

Hokkie vs St. Cyprians

(tuis)

2

Wildeklawer

1

Werkersdag

Wildeklawer

Saal: Musiekblyspel dag

11

SWD rugby-proewe

10

Netbal: Winterbal

9

Hemelvaart

Diens ds. R. Grobler

8

Personeelverg

Landsdiens Aktiwiteit

14:00 - 15:00

Jeugpinkster

7

Adjunkhoofde

Jeugpinkster

6

Saal

Jeugpinkster

5

Landsdiens Kamp

Jeugpinkster

18

Hokkie vs York

Musical repeteer saal

17

Dink-of-Sink (DF Malan)

Musical – repeteer saal

Geheelskool-evaluering

16

Afr Gr 12 Drama

Pinkster

Geheelskool-evaluering

15

Finale SWD rugbyproewe

Pinkster

Geheelskool-evaluering

14

Pinkster

Geheelskool-evaluering

12 13

Saal

Geheelskool-evaluering

BLADSY 9 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Afr Gr 10 Opstel

25

Musiekblyspel: Saal

Rugby vs Oakdale (tuis)

Hokkie vs. Oakhill (tuis)

24

Musiekblyspel :Saal

Jnr. Afr. Olimpiade inskrywings

sluit

23

FK-verg

Musiekblyspel: Saal

Gasvryheidstudies

PAT Gr.11

22

Musiekblyspel saal

Landsdiens Aktiwiteit

14:00 - 15:00

21

Adjunkhoofde

Musiekblyspel: Saal;

Snr. Afrikaans Olimpiade

Gasvryheidstudies

PAT Gr.10

UWK besoek skool

19 20

Musiekblyspel: Saal

30 31

Eksamen gr. 8 tot 12 begin

ATKV halfeind PE

29

Senior Skoolbestuur

Gasvryheidstudies

PAT Gr.12

26 27 28

Beheerliggaam

HOëRSKOOL OUTENIQUA

‘Kwaggas vir Kwaliteit

Die skool vir elke kind

Junie 2013

Son Maan Dins Woens Don Vry Sat

1

Wintersport vs Langenhoven

Gim (weg)

4 5 6 7 8 Geen sport

2 3

Personeelspanbou

14 15 Geen sport

13

FK-verg

9 10 11 12

Senior Skoolbestuur

22

O/14 Seunshokkie:

Streekstoernooi

Landsdiens Streekkamp

19 20 21

Skool sluit

Eksamen eindig

O/14 Seunshokkie:

Streekstoernooi

18

Beheerliggaam

17

Publieke Vakansiedag

16

Jeugdag

29

O/14 Dogtershokkie:

Streekstoernooi

28

O/14 Dogtershokkie:

Streekstoernooi

27

O/14 Dogtershokkie:

Streekstoernooi

26

O/14 Dogtershokkie:

Streekstoernooi

25

O/14 Seunshokkie:

Streekstoernooi

O/14 Dogtershokkie:

24

O/14 Seunshokkie:

Streekstoernooi

Landsdiens Streekkamp

23

O/14 Seunshokkie:

Streekstoernooi

Landsdiens Streekkamp

30

Rugby: O/18 Akademieweek

KZN

Grant Khomo 0/16

BLADSY 10 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!