02.05.2013 Views

HEILIGMAKING - Lewende Waters Bedieninge

HEILIGMAKING - Lewende Waters Bedieninge

HEILIGMAKING - Lewende Waters Bedieninge

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

QADASH Woordskool Lesing 4

Be Prepared

Rom. 6:6 …aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die

liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie

Ek moet by ‘n punt kom waar ek myself ook in my verstand en gemoed dood reken vir die

sonde (Rom. 6:11). Ek moet dus ophou om in die sondes van die ou lewe te wandel en geheel

en al daarmee breek. Dit beteken dat ek die werke van die vlees moet aflê.

Hoewel ek reeds vergewe is en in beginsel saam met Christus gekruisig is, moet ek nou

doelbewus met Hom saamgroei deur die gelykvormigheid aan sy dood.

Ek moet ‘n oorgawe maak waarna ek saam met Paulus sal kan sê: “Ek is met Christus

gekruisig, en ék (die ou, eie-ek) leef nie meer nie, maar Christus leef in my” (Gal. 2:20).

Toegerekende heiligheid moet ervaarde heiligheid word, met ander woorde innerlike

heiligheid moet daadwerklik in uiterlike heiligheid oorgaan. ‘n Heilige temperament is nie

genoeg nie – dit móét ook in ‘n heilige lewenswandel sigbaar word. Die nuwe lewensbeginsels

moet deur geloof, gebed, getuienis, volharding en selfverloëning versterk word.

Mense wat die verantwoordelikheid vir en opdrag tot heiligmaking van hulleself af wegskuif,

maak daardeur implisiet vrede met hulle “sondetjies” en gaan met ‘n lewe van wêreldgesindheid

voort. Paulus het goeie raad vir hulle:

Rom. 6:1-2 “Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan

word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?”

OORWINNING OOR SWAKHEDE: DIE PROSES VAN HEILIGMAKING

Nadat ‘n Christen ‘n volle oorgawe gemaak het om oorwinning oor die vlees te verkry en met die

Heilige Gees vervul te word, volg daar ‘n lewenslange proses van voortgesette oorwinning oor

menslike swakhede.

Alle Christene, ook diegene wat Geesvervuld is, is voortdurend aan versoekings, geestelike

misleiding en menslike swakhede blootgestel, en moet waak om nie as gevolg daarvan te

struikel nie.

Die Here het medelye met swakhede, omdat dit deel is van menswees. Hy het egter nie

medelye met sonde nie – slegs ‘n oplossing daarvoor, naamlik verlossing en reiniging deur die

kosbare bloed van die Lam.

Daar moet ernstig gewaak word dat ons persoonlike swakhede nie tot sonde aanleiding gee nie.

Dit is in verband met die identifisering en hantering van menslike swakhede belangrik om bewus

te wees van die feit dat daar drie betekenisse vir die begrip “vlees” in die Bybel is:

1. Die sondige natuur. Die ongeredde [natuurlike] mens is “vleeslik, verkoop onder die

sonde” (Rom. 7:14). In hierdie verband verwys die term “vlees” na die sondige

lewensbeginsel wat ná die sondeval deel van alle mense geword het.

Hiervan word ons in beginsel by die wedergeboorte verlos en met die nuwe natuur van

Christus beklee.

2. Die menslike liggaam, ongeag die aard van die geestelike beheer waaronder dit is.

Paulus sê: “Ek is met Christus gekruisig, en ék (die ou, sondige Paulus) leef nie meer nie,

maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe (in my menslike liggaam) leef ek

deur die geloof in die Seun van God” (Gal. 2:20).

Page 2 of 9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!