02.05.2013 Views

HEILIGMAKING - Lewende Waters Bedieninge

HEILIGMAKING - Lewende Waters Bedieninge

HEILIGMAKING - Lewende Waters Bedieninge

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

QADASH Woordskool Lesing 4

Be Prepared

Jak. 1:23-25 Want as iemand ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n dader nie, dié is soos ‘n

man wat sy natuurlike gesig in ‘n spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet

dadelik hoe hy gelyk het. Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en

daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk,

gelukkig wees in wat hy doen

Traagheid en onvrugbaarheid

Luiheid, die ontduiking van pligte en die hou van ‘n lae profiel wanneer jy in werklikheid jou kant

móét bring, is ‘n tipiese menslike swakheid waaroor ons oorwinning moet kry. Paulus sê:

Rom. 6:19,22 Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net

soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid… so moet julle

nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking… Nou dat julle vrygemaak is

van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en

uiteindelik die ewige lewe

Besoedeling van die gees, die siel én die vlees

Omdat ons ín die wêreld is, bring kontak met die wêreld en al sy booshede noodwendig

besoedeling mee waarvan ons voortdurend gereinig moet word. As ons iets onheiligs sien, hoor

of beleef, besoedel dit ons. Indien ons onsself doelbewus daaraan blootstel of aan dit

deelneem, dan sondig ons. Dit moet dadelik bely en laat staan word, anders verloor ons ons

geestelike oordeelsvermoë, word verblind in ons gemoed en ontvang die krag van die dwaling

om die leuen te glo.

2 Kor. 7:1 ... Laat ons ons van alle besoedeling van die gees en die vlees reinig, en laat ons

die heiligmaking in die vrees van God volbring

1. Besoedeling van die gees het met geestelike dwalings te doen waardeur ‘n mens mislei

en verwar kan word. Voorbeelde hiervan is valse godsdienste en leerstellings,

insluitende die mistiese kragte van die Nuwe Era Beweging. Dit sluit buite-Bybelse

openbarings in, soos profesieë deur selfaangestelde profete en profetesse, drome,

visioene, mistiese genesingspraktyke, hipnotiese regressie en buitesintuiglike

waarneming.

2. Besoedeling van die vlees het met liggaamlike sondes te doen wat as immorele dade

beskryf kan word. Vermy alle deelgenootskap met die sonde. Dit begin dikwels in

gesprekke met ‘n sondige strekking. “Moenie dwaal nie, slegte gesprekke bederf goeie

sedes” (1 Kor. 15: 33).

Hoogmoed

Dit is ‘n algemene neiging by mense om belangrik te voel, na erkenning te soek en in aansien

by die wêreld te wil wees. Die Bybel het goeie raad oor hoe om dié neiging te hanteer:

Matt. 20:27-28 Elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net

soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy

lewe te gee as ‘n losprys vir baie

Ons moet nederig, diensbaar, verdraagsaam en liefdevol wees.

Emosionele swakhede

Die mens is ‘n emosionele wese wat wisselende emosies beleef. Baie swakhede in gedrag en

houdings kan hieruit spruit as jy nie ‘n Geesbeheerde temperament het nie. Jy kan in

moedeloosheid en belangeloosheid verval. Jy kan ook deur driftige en ongetemde emosies op

sleeptou geneem word. Waak altyd daarteen dat jou emosies hand uitruk en na sonde lei:

Ef. 4:26 Word toornig en moenie sondig nie

Moet jou ook nie aan die emosie van vrees oorgee nie:

Page 4 of 9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!