02.05.2013 Views

HEILIGMAKING - Lewende Waters Bedieninge

HEILIGMAKING - Lewende Waters Bedieninge

HEILIGMAKING - Lewende Waters Bedieninge

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

QADASH Woordskool Lesing 4

Be Prepared

niemand ‘n hoereerder wees nie, of ‘n onheilige soos Esau, wat vir één spysgereg sy

eersgeboortereg verkoop het”

Baie mense wat in die genade veragter en hulle heiligmaking verloor het, raak verbitterd oor wat

met hulle gebeur het. Hulle kan teen omstandighede verbitterd raak, teen ander mense, en selfs

teen God, vir wie hulle ook vir hulle teëspoede en probleme blameer. Hierdie negatiewe

gedagtes word in gesprekke op andere oorgedra, en sodoende trek hulle ander mense af en

besoedel hulle geestelik.

Paulus sê vir Timotheus dat hy “aan die geloof en ‘n goeie gewete moet vashou. Sommige het

dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely” (1 Tim. 1:19).

Die uitweg uit ‘n toestand van geestelike verval is terug na Christus, waar jy al jou sondes moet

bely en laat staan.

Die verlore seun het dit gedoen, en is volkome herstel. Gereinig deur die bloed van die Lam,

kan jy opnuut om die vervulling met die Heilige Gees bid. Dawid, wat ook in ‘n stadium

teruggeval het, het sy sondes bely en om volkome herstel gebid (lees Ps. 51).

CHRISTUS IN ONS...

Op hierdie punt wil ek graag fokus op een groot aspek van ons geloofs lewe,- die waarheid van

CHRISTUS IN ONS...............

Normaalweg sal dit nie ‘n pertinente deel uitmaak van ‘n lesing oor heiligmaking nie, alhoewel

dit tog ‘n onderliggende boodskap sal wees, en ligtellik dit aanraak.

Ek wil dit egter as ‘n baie pertinente konsep behandel want ek is oortuig dat die ware insig in

hierdie waarheid – die hele waarde van heiligmaking saamvat en dit skielik ‘n groter “doelwit”

gee, ‘n groter toepassing in ons lewens.

Ons word almal groot, van kindsdae af, met die idee van “Jesus wat in ons hartjies woon” en dat

die Here IN ons leef.

Tog word hierdie waarheid nooit ‘n dryfveer in ons lewe nie. Hierdie is so ‘n groot waarheid dat

dit die totale rigting van ons lewe bepaal en al die opdragte wat ons in die bybel ontvang, binne

perspektief plaas.

Ons weet dat Paulus ‘n groter openbaring ontvang het as die ander apostels. Hy praat 3 maal

van “My evangelie”. Die evangelie wat Jesus aan hom toe vertrou het om te verkondig. (Rom

2:16, Rom 16:25, 2 Tim 2:8).

Daar is iets MEER in die boodskap wat aan Paulus toevertrou is, as die van die ander apostels.

Ek moet wel noem dat alle apostels die dieptes van die evangelie en Christus ontdek het. Ons

weet uit Petrus se briewe dat hy ook die openbaring van Christus leer ken het in sy wandel in

die Gees.

Die evangelie wat Paulus ontvang het om te verkondig, was NIE deur oorlewering aan hom

gegee nie, deur geen mens nie, maar deur JESUS SELF (Gal 1:12) Verder lees ons dan ook

dat Jesus hom geleer het aangaande die evangelie en die geestelikke dinge.

Dan deel Jesus ook hierdie waarheid met Paulus:- dat Hy IN ons is.

Page 6 of 9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!