02.05.2013 Views

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA

DEPARTEMENT AFRIKAANS EN ALGEMENE

LITERATUURWETENSKAP

AFDELING : AFRIKAANS

VOORDAT U REGISTREER, MOET U EERS MET DIE

DEPARTEMENT IN VERBINDING TREE OOR:

1. U VRAESTELKEUSE

Die departement bied 'n verskeidenheid vraestelle aan waaruit u

vyf moet kies: ten minste een uit taalkunde en een uit

letterkunde. Nie al die vraestelle word elke jaar aangebied nie;

skakel dus heel eerste met die kursusleier vir letterkunde en/of

taalkunde om vas te stel watter vraestelle in 2005 aangebied

word. Hul kontakbesonderhede verskyn op bladsy 5 van hierdie

brosjure.

2. U STUDIEMATERIAAL

U ontvang alle studiemateriaal direk van die departement, nie by

registrasie nie. Ons moet dus u naam en adres kry nadat u

geregistreer het. Tree vir hierdie doel so spoedig moontlik na

registrasie met die departementele sekretaresse in verbinding.

Haar kontakbesonderhede verskyn op bladsy 5 van hierdie

brosjure.

3. WERKPROGRAM EN WERKOPDRAGTE

Alle inligting oor werkopdragte, voorgeskrewe boeke en

leeslyste word direk vanaf die departement aan u gestuur.

I N H O U D S O P G A W E

Bladsy

1. 'N OPWINDENDE NUWE KURSUS 4

2. KONTAKBESONDERHEDE 5

3. UITEENSETTING VAN DIE KURSUS 6

3.1 Algemeen 6

3.2 Keuse van vraestelle 6

3.3 Beskrywing van vraestelinhoud 7

3.3.1 Taalkunde 7

Vraestel 1: Fonologie en morfologie (HAFOMO-U) 7

Vraestel 2: Sintaksis en semantiek (HASINT-B) 9

Vraestel 3: Sosiolinguistiek (HASOSL-X) 10

Vraestel 4: Teksontwerp en redaksionele

praktyk (HATBTP-X) 13

Vraestel 5: Die onderrig van Afrikaans (HOANAF-U) 14

Vraestel 6: Voorligting, gedragsverandering en

MIV/vigs (SBA700-7) 15

3.3.2 Letterkunde 16

Vraestel 1: Afrikaans prosa (HASALE-S) 16

Vraestel 2: Afrikaanse poësie (HAAFPO-G) 18

Vraestel 3: Afrikaanse drama (HASPSP-9) 21

Vraestel 4: Nederlandse letterkunde (HANEPR-A) 23

Vraestel 5: Die vierde genre: literêre niefiksie in

Afrikaans (HAPOPR-K) 25

3.4 Oorgangsmaatreëls 27

3.5 Studiemateriaal 27

3

4. REGISTRASIE VIR DIE HONNEURS

BACCALAUREUSGRAAD 28

4.1 Algemene inligting 28

4.2 Gelyktydige registrasie vir 'n voorgraadse kursus/

module(s) vir niegraaddoeleindes 28

4.3 Keuse van 'n honneursvraestel uit 'n ander vak 28

4.4 Getal vraestelle waarvoor studente in hulle eerste jaar

van studie mag registreer 29

1. 'N OPWINDENDE NUWE KURSUS

4

Die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap

bied aan u 'n nuwe honneurskursus - 'n leerervaring wat u

beslis nie kan misloop nie.

Wat maak die nuwe honneurskursus so opwindend en anders

as alle voorgangers?

(i) Die kursus is praktykgerig, aktueel en uitkomsgebaseerd.

'n Vraestel soos Teksontwerp en redaksionele praktyk is

byvoorbeeld afgestem op die behoeftes van die taalpraktyk in

die beroeps- en sakewêreld. Die voorbeeldmateriaal wat

gebruik word, is outentiek en betrek allerlei probleme

waarmee taalpraktisyns en kommunikasiekundiges daagliks te

make kry.

(ii) In al die vraestelle word daarvoor voorsiening gemaak dat

temas aangepas kan word om in die besondere behoeftes en

belangstellings van die student te voorsien.

(iii) ‘n Kernaspek is dus individuele aandag. Die kursus stel

studente in staat om in oorleg met die betrokke dosent(e) ‘n

eie honneurspakket saam te stel.

(iv) Evaluering neem 'n nuwe vorm aan. Weg is

geslote eksamens; u kry nou die geleentheid

om in die meeste vraestelle

oopboekeksamens af te lê.

(v) U kan ook in oorleg met die betrokke dosent u eie tempo

bepaal wat die afhandeling van werkopdragte betref.

Kom sluit by ons aan!

5

2. KONTAKBESONDERHEDE

Kampus: Kamer 10-90

Theo van Wijk gebou

Pretoria kampus

Muckelneuk

Pretoria

Pos Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap

UNISA

0003

Telefoon: 012 429 6308 (nasionaal)

+27 12 429 6308 (internasionaal)

Faks: 012 429 3221 (nasionaal)

+27 12 429 3221 (internasionaal)

Vir aandag:

Voorsitter van die Departement Afrikaans en

Algemene Literatuurwetenskap

E-pos: rooshm@unisa.ac.za (kursusleier: letterkunde)

swaneph@unisa.ac.za (kursusleier: taalkunde)

Webwerf: http://www.unisa.ac.za/dept/afr/

Die departementele sekretaresse is op weeksdae tussen 08:00 en

15:00 vir navrae beskikbaar.

3. UITEENSETTING VAN DIE KURSUS

3.1 ALGEMEEN

6

Die leergang/kursus bestaan uit vyf vraestelle. U moet ten

minste een vraestel uit taalkunde en een vraestel uit letterkunde

kies. Vir die oorblywende drie vraestelle het u 'n vrye keuse.

Een van die keusevraestelle kan in oorleg met hierdie

departement uit die honneursvraestelle van 'n ander

departement gekies word. Die voorwaarde hieraan verbonde is

dat die hoofde van die betrokke twee departemente moet

oordeel dat u oor voldoende agtergrondkennis beskik om

daardie vraestel te kan neem en dat dit tot u voordeel strek.

3.2 KEUSE VAN VRAESTELLE

Die volgende vraestelle word aangebied:

Taalkunde Letterkunde

1. Fonologie en morfologie

(HAFOMO-U)

2. Sintaksis en semantiek

(HASINT-B)

3. Sosiolinguistiek

(HASOSL-X)

4. Teksontwerp en redaksionele

praktyk

(HATBTP-X)

5. Die onderrig van Afrikaans

(HOANAF-U)

6. Voorligting, gedragsverandering

en MIV/vigs

(SBA700-7)

1. Afrikaanse prosa

(HASALE-S)

2. Afrikaanse poësie

(HAAFPO-G)

3. Afrikaanse drama

(HASPSP-9)

4. Nederlandse letterkunde

(HANEPR-A)

5. Die vierde genre: literêre

niefiksie in Afrikaans

(HAPOPR-K)

3.3 BESKRYWING VAN VRAESTELINHOUD

7

Om u te help met die keuse van vraestelle word die inhoud van

die verskillende vraestelle nou breedvoerig belig. Kom ons kyk

eers na die vraestelinhoud van die taalkundeafdeling, en dan na

die letterkundeafdeling.

3.3.1 TAALKUNDE

Die taalkundeafdeling bestaan uit ses vraestelle.

" VRAESTEL 1 : Fonologie en morfologie (HAFOMO-U)

Die basiese klankeenhede en -prosesse en die basiese

morfologiese eenhede en prosesse van Afrikaans kom aan bod,

asook die interaksie tussen fonologiese en morfologiese

struktuur. Na voltooiing van die module behoort studente in

staat te wees om onder meer goeie fonetiese transkripsies te

kan doen, fonologiese prosesse in Afrikaans te ontleed en

klankverskynsels in kindertaal te kan omskryf en sistematiseer.

Voorts behoort studente die studieterrein van die morfologie te

kan omskryf, verskeie morfologie-tipes te kan ontleed en

verskeie woordvormingsreëls en morfologiese prosesse,

strukture en reëls te kan verstaan en toepas.

Die temas kan ook in oorleg met die departement aangepas

word by die belangstellings en behoeftes van studente.

Die vraestel bestaan uit die volgende twee afdelings en sentrale

temas.

Afdeling A : Fonologie

Die volgende temas word bestudeer:

1. Fonetiek en fonetiese transkripsie

8

2. Die teorie van onderskeidende kenmerke

3. Fonologiese analise

4. Fonologiese prosesse in Afrikaans

5. Die sillabe as fonologiese eenheid

6. Morfonologiese prosesse in Afrikaans

7. Klankverandering

8. Klankverskynsels in kindertaal

9. Enige tema wat die leerplan vir fonologie toelaat

na oorleg met die dosent

Afdeling B : Morfologie

Die volgende temas word bestudeer:

1. Die studieterrein van die morfologie

- Aspekte van die deskriptiewe morfologie

- Die IP-model

- Die IR-model

- Die WP-model

- Morfeemgebaseerde morfologieë

- Woordgebaseerde morfologieë

- Aspekte van die leksikalistiese morfologie

- Die struktuur van die leksikon

- Beperkings op woordvormingsreëls

2. Grammatiese eenhede

Woord, morfeem, affikse, stamme en wortels

3. Morfologiese prosesse, strukture en reëls

- Afleiding: woordvormingsreëls, produktiwiteit, fleksie

- Samestelling

- Samestellende afleidings en samestellende

samestellings

9

4. Enige tema wat die leerplan vir morfologie toelaat na

oorleg met die betrokke dosent

" VRAESTEL 2 : Sintaksis en semantiek (HASINT-B)

In die afdeling oor sintaksis word aandag gegee aan aspekte

van die sintaktiese struktuur van Afrikaans en die interaksie

tussen die sintaktiese, betekenis- en inligtingstruktuur van

konstruksies. Die afdeling semantiek is gewy aan aspekte van

leksikale semantiek en taalhandelingsteorie. Temas kan in

oorleg met die departement aangepas word by die belangstellings

en behoeftes van studente.

Die vraestel bestaan uit twee afdelings.

Afdeling A : Sintaksis

Hooftemas:

1. Aspekte van saamgestelde sinne in Afrikaans

Neweskikking en onderskikking; bysinsoorte en -funksies

2. Sintaktiese struktuur en semantiese interpretasie

Tematiese funksies en die semantiese klassifikasie van

hoofwerkwoorde van Afrikaans

3. Sintaktiese struktuur en inligtingstruktuur

4. Indieptestudie van bepaalde konstruksietipes in Afrikaans

met inagneming van (1) - (3) hierbo

Kousatiwiteit en sintaktiese struktuur, komplementkonstruksies,

dubbelvoorwerpkonstruksies

10

Afdeling B : Semantiek

Die volgende hooftemas word bestudeer:

1. Leksikale semantiek

- Tipologie van leksikale betekenissoorte

- Tipologie van leksikale betrekkinge

2. Pragmatiese betekenis

- Taalhandelingsteorie

- Relevansieteorie van Sperber en Wilson (1986),

toegepas op bepaalde taalverskynsels in Afrikaans

3. Kognitiewe semantiek

- Sentrale uitgangspunte van die kognitiewe

semantiek

- Toepassings ten opsigte van aspekte van die

leksikale en uitingsemantiek van Afrikaans

" VRAESTEL 3 : Sosiolinguistiek (HASOSL-X)

Die variasie inherent aan Afrikaans en die korrelasie daarvan

met 'n reeks veranderlikes vorm die hooftemas van die

afdelings oor variasietaalkunde en geolinguistiek. In die

afdeling oor taalpolitiek en taalbeplanning word daar gefokus

op die politisering van Afrikaans (in die verlede en tans) en die

plek en funksie van Afrikaans in die omvattender

sosiopolitieke konteks van 'n meertalige, demokratiese Suid-

Afrika.

Na voltooiing van die module behoort studente onder meer in

staat te wees om verskeie geografiese variëteite van Afrikaans

binne sosiopolitieke konteks te kan herken en omskryf, eie

menings te verskaf oor die kwessie van naamgewing en

naamsverandering, en verskeie tegnieke van dataversameling

met betrekking tot dialektologiese navorsing te kan beheer.

Voorts behoort studente ook in staat te wees om die

11

politisering van Afrikaans binne kultureel-historiese konteks

te kan verduidelik, te kan verduidelik hoe taal, mag, politiek en

ideologie in noue samehang staan en die veld en metodiek van

taalbeplanning te kan verstaan en toepas op die Suid-

Afrikaanse talebestel.

Temas kan in oorleg met die departement aangepas word by

die belangstellings en behoeftes van studente.

Hierdie vraestel bestaan uit vier gelykwaardige

onderafdelings.

Afdeling A : Variasietaalkunde

Die volgende aspekte van variasie word behandel:

1. Kernbegrippe in variasieondersoek, waaronder die begrip

taalvariasie en die onderskeid tussen gebruikersvariasie

en gebruiksvariasie word gegee.

2. Kultuur en taal en die multikulturele samestelling van

Afrikaanssprekers. Die kenmerke van Afrikaans met

verwysing na kulturele diffusie in Afrikaans tydens die

vorming van die taal.

3. Stereotipering as 'n filosofiese begrip en 'n houdings-/

gesindheidsmerker in sosiale en geografiese variasie in

taal. Die invloed van stereotipering en gemerktheid op

taalgebruik in tekste, byvoorbeeld in die reklamewêreld.

4. Taalbeheersing, registers en kodewisseling in die lig van

sosiale veranderlikes. Die bespreking van enkele

voorbeelde van sosiale variasie.

12

5. Afrikaans as funksionele variëteit op verskillende

gebruiksvlakke. Die verskil tussen skryftaal en spreektaal

en die effek daarvan vir die praktyk.

6. Die ondersoek na naamgewing en die beskrywing

daarvan.

Afdeling B : Geolinguistiek

Die volgende aspekte word behandel:

1. Die geografiese basis van taalvariasie met voorbeelde uit

die praktyk en die letterkunde.

2. Die rol van sosiopolitiese faktore in die totstandkoming

van geografiese isolasie en variasie in Afrikaans.

3. Taalkundige ooreenkomste tussen hoofstroomvariëteite en

hul subvariëteite. Die sosiolinguistiese belang van

dialektiese verskeidenheid.

4. Tegnieke, metodes en die etiek van dataversameling vir

dialektologiese doeleindes. Die bespreking van die

kartografiese metode met verwysing na die voor- en

nadele daarvan as bron van dialektiese of sosiolektiese

materiaal.

Afdeling C : Taalpolitiek

Die belangrikste temas is:

1. Kernkonsepte

Sosiolinguistiek, taalsosiologie en taalpolitiek, taal en

politiek, mag en ideologie.

2. Aspekte van die taalpolitiek ten opsigte van Afrikaans

Die politisering van Afrikaans en die Afrikaanse

taalgemeenskap tot ongeveer 1990; die herpolitisering,

13

depolitisering en demokratisering van Afrikaans op

politieke, sosiale en kulturele terrein ná 1994; voorstelle

en scenario's ten opsigte van die toekoms van Afrikaans.

Afdeling D : Taalbeplanning

Die sake wat bespreek word, is:

1. Kernkonsepte

Definisies van en skemas vir taalbeplanning; die teorie

van taalbeplanning.

2. Taalbeplanning in Suid-Afrika

'n Oorsig van taalbeplanningsvoorstelle vir Suid-Afrika tot

ongeveer 1990; taalbeplanningsvoorstelle vir Afrikaans

voor en na 1994; voorstelle en scenario's vir 'n

toekomstige talebestel in Suid-Afrika.

" VRAESTEL 4 : Teksontwerp en redaksionele praktyk

(HATBTP-X)

Die doel van hierdie vraestel is om kennis en vaardighede oor

te dra vir mense wat in die taalpraktyk staan. Almal wat in die

loop van hulle werksaamhede nieliterêre of saaklike tekste

moet skryf en/of beoordeel, sal baat vind by hierdie vraestel.

Die kenmerke van verskeie nieliterêre tekste, hulle struktuur en

ontleding, die redaksionele versorging van tekste en die

argumentasiestruktuur van bepaalde tekstipes is die hooftemas

wat in hierdie vraestel aan bod kom. Temas kan in oorleg met

die departement aangepas word by die belangstellings en

behoeftes van studente.

14

Hierdie vraestel besit vier gelykwaardige onderafdelings.

1. Tekstipes

- Kenmerke van nieliterêre tekstipes

- Die interaksie tussen tekstipe en teksstruktuur

- Vaste teksstrukture van onder andere navorsings-,

probleemgerigte, evaluerende en beleidstekste

- Heuristieke vir die skryf van sekere nieliterêre

tekstipes

2. Teksstruktuur en -ontleding

- Die ontleding van die struktuur van bestaande tekste

- Die opbou van tekste in struktureel samehangende

dele

- Identifisering van struktuurbreuke en herskrywing van

swak gestruktureerde tekste

- Deskundige ontleding en probleemoplossingstrategieë

vir oorredende tekste wat deel uitmaak van openbare

inligtingsveldtogte ten opsigte van inhoud, struktuur

en styl

3. Redaksionele praktyk

Die onderstaande aspekte word aan die hand van 'n

verskeidenheid tekstipes behandel:

- Tegnieke vir sowel die tegniese as inhoudelike

redaksionele versorging en proeflees van tekste

- Tipografiese konvensies

- Die voorbereiding van tekskopie

- Die strukturering en moontlike indelingsbeginsels van

niefiksie-publikasies

4. Argumentasie

- Argumentasieteorie, argumenttipes en vaste

argumentasieskemas

- Die herkenning en evaluering van argumentasie in

tekste

- Drogredenasies

15

" VRAESTEL 5 : Die onderrig van Afrikaans

(HAONAF-U)

Hierdie vraestel word vanaf 2006 aangebied.

" VRAESTEL 6 : Voorligting, gedragsverandering en

MIV/vigs (SBA700-7)

Die MIV/vigs-epidemie het in Suid-Afrika reeds pandemiese

afmetings aangeneem. Volgens ‘n verslag wat in Maart 2001

deur die Verenigde Nasies uitgereik is, is daar meer persone

in Suid-Afrika wat met MIV/vigs leef as in enige ander land.

Na raming was ongeveer 5,3 miljoen Suid-Afrikaners teen die

einde van 2002 reeds MIV-positief.

Dit kan onder andere aan die volgende faktore toegeskryf

word:

- onveilige seksuele gedrag

- beskikbare gesondheidsdienste wat nie effektief benut

word nie

- persone met hoërisiko-seksuele gedrag versuim om

vrywillig vir MIV/vigs-toetsing en -berading aan te meld

Kommunikasie is ‘n baie belangrike werktuig waardeur

gedragsverandering kan plaasvind.

In hierdie module word die klem daarop gelê om studente met

die nodige kennis en vaardighede ten opsigte van

kommunikasie toe te rus, en hulle sodoende in staat te stel om

effektiewe MIV/vigs-voorligtingsveldtogte in hulle

omgewings te loods, ten einde positiewe gedragsverandering

in gemeenskappe teweeg te bring.

16

Klem word gelê op die beplanning van voorligtingstrategieë.

Dit sluit die volgende aspekte in:

- identifisering van strategieë om gedragsverandering

teweeg te bring

- kritiese analise van die kommunikasieproses wat

gedragsverandering teweeg moet bring

- onderskeid tussen wetenskaplike feite en openbare mening

- evaluering van verskillende voorligtingsmetodes wat

aangewend word om gedragsverandering teweeg te bring

Aandag word ook bestee aan bepaalde aspekte van

kommunikasie, soos die inhoud van die boodskap, die soort

boodskap, tipe gehoor, konteks, spreker en medium waarin

die boodskap oorgedra word, bestee.

3.3.2 LETTERKUNDE

Die letterkundeafdeling van die kursus bestaan uit

vyf vraestelle.

" VRAESTEL 1 : Afrikaanse prosa (HASALE-S)

Die uitgangspunt van hierdie kursus is tweërlei: naamlik, dat

die prosa gelees kan word as ‘n vorm van dokumentasie en

geskiedskrywing, en dat Afrikaaanse tekste binne die groter

sisteem van die Suid(er-)Afrikaanse letterkunde figureer.

Studente sal kennismaak met en insig verwerf in die

opmerklikste tendense van die Afrikaanse prosa die afgelope

vyftig jaar. Die wyses waarop die prosa die sosiopolitieke

prosesse en kwessies van hierdie era reflekteer en verwoord,

volgens breë tendense en/of deur individuele tekste, vorm die

fokuspunt. Vanuit hierdie perspektief word onderwerpe uit en

persepsies van die Suid-Afrikaanse (literêre) konteks, dikwels

vergelykenderwys, sedert die sestigerjare bestudeer.

17

Die kursus bestaan uit vier afdelings. Daar word oor elke

afdeling meerdere werkopdragte gestel, waaruit die student na

eie keuse, maar in oorleg met die dosent, op bepaalde

afdelings fokus en in totaal vier werkopdragte afhandel en

instuur.

Die afdelings is:

Afdeling A : Die Sestiger-generasie

‘n Kort literêr-historiese oorsig word gedoen van die ontstaan

en belang van die Sestigerbeweging - daardie skrywers,

kritici en publikasies wat vereenselwig word met die

ingrypende en verstrekkende vernuwing wat sedert die einde

van die vyftigerjare in die Afrikaanse prosa plaasgevind het.

Die belangrikste Sestigers: André P. Brink, Etienne Leroux,

Jan Rabie, Chris Barnard en Dolf van Niekerk, maar ook

meer individualistiese outeurs soos Breyten Breytenbach,

Hennie Aucamp, Karel Schoeman, asook Henriette Grové,

Anna M. Louw en Bertha Smit, kan bestudeer word.

Afdeling B : Grensliteratuur

Die militêre konflik wat vanaf die begin van die

sewentigerjare vir byna twintig jaar lank tussen die Suid-

Afrikaanse regering en omringende buurstate geduur het,

vorm die tema van ‘n opmerklike, omvangryke en belangrike

korpus werke. In hierdie afdeling word die betekenis van die

grens-terminologie bespreek, en ‘n oorsig van die

opvallendste karakteristieke van die subgenre gebied. Die

belangrikste tydgenootlike outeurs (en hulle werk) word

bestudeer: Etienne van Heerden, Koos Prinsloo, Alexander

Strachan, Louis Kruger, Gawie Kellerman, maar ook iemand

soos Elsa Joubert. Die nabetragting van hierdie oorlogsituasie

in werk na 2000, kom ook ter sprake.

18

Afdeling C : Die herbesoek aan die Anglo-Boereoorlog

Die periode tussen 1997 en 2003 word gekarakteriseer deur

die publikasie van ‘n groot aantal tekste wat die gebeure

rondom die Tweede Vryheidsoorlog beskou en herskryf. Van

die opmerklikste romans in Afrikaans het hierdie tema

behandel, en tekste geskryf deur Christoffel Coetzee, Ingrid

Winterbach en Karel Schoeman, maar ook gewilde vertellings

deur Eleonor Baker, Jeannette Ferreira en andere, kan gelees

word. Die problematiek rondom hierdie nuwe historiese

romans ten opsigte van die konteks waarbinne dit ontwikkel

het en die ideologiese boodskapwat dit oordra, kry ook

aandag.

Afdeling D : Postkoloniale drome en desillusie

Die Afrikaanse prosa sedert die eeuwending word primêr

vanuit ‘n postkoloniale perspektief gelees en beskryf. In

hierdie afdeling word die denkraam van die postkolonialisme

bespreek en die belangrike vraagstukke rondom identiteit;

twyfel en diaspora uitgelig. Die nihilistiese prosa van die

Negentiger-generasie, die nostalgiese skryfwerk van Hennie

Aucamp, Abraham de Vries en Karel Schoeman, die

selfgeldende tekste van ‘n golf nuwe bruin skrywers (byvoorbeeld

E.K.M. Dido, A.H.M. Scholtz, Karel Benjamin) en die

kontesterende boodskap van Piet Haasbroek en John Miles

kan bestudeer word.

" VRAESTEL 2 : Afrikaanse poësie (HAAFPO-G)

‘n Oorsig en studie van die Afrikaanse poësie sedert 1960,

met spesifieke verwysing na die oeuvres van enkele literêre

spilfigure, asook teoretiese aspekte soos bundelkomposisie en

intertekstualiteit, en spesifieke temas soos religieuse poësie,

vrouestemme en gay-poësie.

19

Agt breë temas (waartussen daar doelbewuste oorvleueling is)

word gestel, waarvan studente enige vier moet doen.

Bo en behalwe die gestelde temas kan enige verdere temas

ook in oorleg met die dosent ontwikkel word om by behoeftes

en belangstellings van studente aan te pas.

Die doelstelling van die vraestel is om studente te oriënteer

om poësie nie slegs te ervaar as ‘n reeks geïsoleerde

enkeltekste wat met behulp van teksgesentreerde meganismes

ontleed word nie. Benewens intratekstuele relasies, word die

intertekstuele verbande tussen verskillende oeuvres ook

ondersoek sodat die Afrikaanse poësie uiteindelik gesien

word as ‘n groot gesprek waaraan ‘n polifonie van stemme

meedoen.

1. Literêre spilfigure

Die oeuvre van een literêre spilfiguur word in hierdie

afdeling bestudeer. Studente kan kies tussen:

Breyten Breytenbach

of

Antjie Krog

of

Wilma Stockenström

of

Sheila Cussons

of

T.T. Cloete

20

2. Bundelkomposisie in die eietydse Afrikaanse poësie:

die eenheidsbundel

Hier word gekonsentreer op die bestudering van

geselekteerde enkelbundels wat op grond van

komposisie, tematiese verweefdheid, ensovoorts benoem

kan word as eenheidsbundels.

Studente kan kies tussen:

Tristia (Van Wyk Louw) en Komas uit ‘n

bamboesstok (Opperman)

of

Van vergetelheid en van glans en

Monsterverse (Stockenström)

of

‘Yk’ en Papierblom (Breytenbach)

of

Lady Anne en Kleur kom nooit alleen nie

(Krog)

3. Religieuse poësie: Cussons en Cloete

Hier word die mistisisme van Cussons se poësie vergelyk

met die meer gereformeerde religie van Cloete se oeuvre.

4. Digterlike families: Johann de Lange, Joan Hambidge,

N.P. van Wyk Louw en Sheila Cussons

Uitgaande van Johann de Lange se poësie, word die

Freudiaanse teorie van die familieromanse en

bloedskande van toepassing gemaak op digters met wie

De Lange poëtiese skakels het: Van Wyk Louw,

Cussons, Hambidge en andere. Die kwessie van

oorspronklikheid in die literatuur kom onder die loep,

asook intertekstualiteit.

21

5. Vrouestemme

Ina Rousseau, Elisabeth Eybers, Olga Kirsch, Eveleen

Castelyn, Lina Spies en Petra Müller

6. Gay-poësie

Joan Hambidge en Johann de Lange

7. Nuwe stemme uit die 90s

Gert Vlok Nel en Charl-Pierre Naudé

8. Swart digters na 1976

Julian de Wette, Peter Snyders, Vincent Oliphant, Patrick

Petersen, Marius Titus, André Boezak, Mathews Phosa

en Kirby van der Merwe

" VRAESTEL 3 : Afrikaanse drama (HASPSP-9)

Met hierdie module word die volgende vraestelspesifieke

uitkomste in die vooruitsig gestel, naamlik om studente

deeglik kennis te laat maak met:

- verskyningsvorme van die drama in Afrikaans, en die

konvensies wat ons daarmee assosieer

- breë temas in die Afrikaanse drama

- een of meer van die oeuvres van belangrike dramaturge -

spilfigure - in Afrikaans

- die geskiedenis van die Afrikaanse drama en teater

Oor elke tema moet studente een werkopdrag voltooi. Enige

twee daarvan moet vollengte-opdragte (ongeveer 25 bladsye)

wees, terwyl die oorblywende twee uit raamwerke van

ongeveer vyf bladsye elk kan bestaan. Studente kan self

besluit oor watter temas hulle vollengte-antwoorde wil

voltooi.

22

Dit is verder vir studente moontlik om die module op een van

twee wyses af te handel. Die eerste keuse is om die

samestelling (inhoud) en aard (vollengte of raamwerk) van

elke werkopdrag aan die dosent oor te laat. ‘n Alternatief is

dat u self die samestelling en aard van u werkopdragte in

oorleg met die dosent bepaal. In dié geval werk dosent en

student op indiwiduele basis met mekaar saam, maar ontvang

studente steeds die nodige studieleiding van die dosent.

Die volgende temas word aangebied:

1. Verskyningsvorme

In tema 1 (werkopdrag 1) maak studente ‘n studie van

verskyningsvorme en/of literêre konvensies van

dramas in Afrikaans. Studente moet in hul antwoorde

gevolglik nagaan watter vereistes aan ‘n dramatiese

struktuurelement (soos karakterisering) gestel word,

en/of wat die vereistes is waaraan ‘n dramatiese

verskyningsvorm (soos die tragedie) moet voldoen.

Daarna moet aangetoon word hoe bepaalde tekste aan

dié vereistes beantwoord.

Alternatiewe verskyningsvorme is die komedie,

tragikomedie, eenbedryf, radio- en/of televisiedrama

(wat die sepie kan insluit), kabaret, kinder- en

jeugteater, ensovoorts. Die skryf van ‘n resensie van

‘n opvoering, uitsending of beeldsending van ‘n drama

kan as ‘n skema-opdrag oorweeg word.

2. Temas

Tema 2 (werkopdrag 2) gaan oor leimotiewe (breë

temas) wat in dramas van meer as een dramaturg

voorkom. Voorbeelde is die invloed van nasionalisme,

die geskiedenis (insluitende die Suid-Afrikaanse

Oorlog/Anglo-Boereoorlog), sosiale beïnvloeding, die

rol van intertekstualiteit, vernuwings, die voorkoms

23

van fantasie, verset, die stem van die vrou,

verskyningsvorme van die volksmoeder, postkolonialisme,

ensovoorts.

3. Spilfigure

By tema 3 (werkopdrag 3) gaan studente temas en

tendense in die oeuvre van een of meer spilfigure in

die Afrikaanse drama na. Voorbeelde van spilfigure is

H.A. Fagan, C.L. Leipoldt, J.F.W. Grosskopf, N.P. van

Wyk Louw, D.J. Opperman, Adam Small, P.G. du

Plessis, Bartho Smit, Reza de Wet, Pieter Fourie,

Breyten Breytenbach, Deon Opperman, André P.

Brink, en andere.

4. Geskiedenis

In die laaste tema (werkopdrag 4) gee studente aandag

aan die geskiedenis van die Afrikaanse toneel. Aspekte

daarvan sluit in: volkstoneel, opvoedkundige toneel,

beroepstoneel, kunstoneel, staatstoneel,

gemeenskapstoneel, studentetoneel, toneel op

kunstefeeste soos die KKNK (Klein Karoo Nasionale

Kunstefees) of Aardklop, werkerstoneel, ensovoorts.

" VRAESTEL 4 : Nederlandse letterkunde (HANEPR-A)

‘n Inleiding tot die Nederlandstalige letterkunde (Vlaams en

Nederlands) om studente wat op voorgraadse vlak slegs ‘n

kursoriese kennismaking met aspekte van die

Nederlandstalige prosa en poësie gehad het, ‘n breër insig te

bied in karakteristieke temas, opmerklike tendense en

uitnemende figure van die afgelope veertig jaar. Die

belangstellende student sal die verbande tussen die

Afrikaanse en Europese (post-)modernistiese literatuur kan lê

deur middel van die Nederlandse skakel, en die voorgeskrewe

tekste verteenwoordig tendense wat sinvol deur verdere

nagraadse ondersoek bestudeer kan word.

24

Die kursus bestaan uit twee afdelings: prosa en poësie.

Werkopdragte word gestel oor beide afdelings, en studente

moet vier daarvan uitvoer waarvan ten minste een uit elk van

die afdelings. Die student kan dus óf in prosa óf in poësie

spesialiseer. Die keuses van bepaalde tekste en outeurs word

jaarliks gewysig.

Die studietemas is:

Afdeling A : Prosa

1. Grootmeesters van die twintigste eeu

Die vernuwing in die Nederlandstalige prosa wat na

die

Tweede Wêreldoorlog plaasgevind het, word

vereenselwig met outeurs wat die bekendste figure

binne die twintigste-eeuse kanon sou word. Die

kenmerkende aspekte van die prosa van hierdie

periode - ‘n digte, veelvlakkige verhaalstruktuur, ‘n

kritiese verteltoon - word beskou aan die hand van ‘n

keuse uit die romans van W.F. Hermans, Gerard Reve,

Harry Mulisch en Hugo Claus.

2. Roman en maatskappy

Die wyse waarop die letterkunde die tydsgees en

maatskaplike kwessies van die hedendaagse

Nederlandse en Vlaamse samelewing reflekteer, vorm

die fokuspunt van hierdie studietema. Die werkopdragte

bied keuses tussen die werk van

vroueskrywers (byvoorbeeld Hella Haasse, Nelleke

Noordervliet, Connie Palmen, Mireille Cottonjè en

Kristien Hemmerechts), en die van allochtone outeurs

(byvoorbeeld Kader Abdolah en Hafid Bouazza).

Afdeling B : Poësie

25

3. Die Nederlandse poësie na die Vyftigers

‘n Oorsig van die belangrikste tendense in die

Nederlandse poësie sedert 1960 vorm die inleiding tot

hierdie afdeling. ‘n Beskrywing en evaluasie van

stylrigtings soos die neorealisme, die parlandisme en

die taalgerigte poësie en ‘n kort bekendstelling aan die

belangrikste digters verteenwoordigend van hierdie

rigtings, word gedoen.

4. ‘n Studie van enkele Nederlandse spilfigure

Digters wat gekanoniseer is as die belangrikste

verteenwoordigers van die taalgerigte poësie,

byvoorbeeld Rutger Kopland, Hans Faverey en Gerrit

Komrij, word bestudeer aan die hand van hulle poësie

en hulle poetica.

5. ‘n Studie van twee Vlaamse digters

Anton van Wilderode en Herman de Coninck, wat

eksponente van die tradisionele poësie en die

neorealisme is, is uitnemende digtersfigure binne die

Vlaamse literêre toneel. Beurtelings word die werk van

een van die digters in besonderhede bestudeer.

" VRAESTEL 5 : Die vierde genre: literêre niefiksie in

Afrikaans (HAPOPR-K)

In aansluiting by die genregebaseerde benadering van ons

honneurskursusse, val die fokus in hierdie vraestel op die

vierde genre: ‘n versameling tekste wat benoem kan word met

die term literêre niefiksie. Die digotomie feit/fiksie sal

bestudeer word met verwysing na egodokumente (insluitende

die biografie, outobiografie, memoirs, dagboeke, briewe en

essays), reisliteratuur, natuurhistoriese of

natuurwetenskaplike prosa, asook literêre joernalistiek.

Studente sal dus terselfdertyd blootgestel word aan ‘n gewilde

26

en populêre genre, maar ook aan die akademiese debat

rondom die demokratisering van letterkunde asook die

diskoers betreffende feit/fiksie en die oorskryding van dié

betrokke grense. ‘n Versameling Afrikaanse tekste wat

beskryf kan word met die generiese klassifikasie van literêre

niefiksie sal die hooffokus wees, maar ‘n komparatiewe

benadering wat Engelse en Nederlandse tekste insluit, sal

gelyklopend gevolg word.

Spesifieke uitkomste

1. Om die tradisionele definisie van “Letterkunde” en die

huidige demokratisering van die konsep te beredeneer;

2. om die funksionaliteit en geldigheid van

genreklassifikasie te bevraagteken;

3. om die bestudering van hibriede tekste waar

vermenging tussen feit en fiksie plaasvind, te fasiliteer;

4. om tendense en patrone van literêre niefiksie in die

Afrikaanse, Engelse en Nederlandse letterkunde te

identifiseer;

5. om krities om te gaan met die polemiese kwessies en

opinies wat dikwels die basis van literêre niefiksie

vorm.

Studente moet deur die loop van die jaar vier werkopdragte

inhandig. Die inhoud van hierdie werkopdragte,

voorgeskrewe tekste en aanbevole leesmateriaal sal in ‘n

latere studiebrief verskaf word.

3.4 OORGANGSMAATREËLS

Vir studente wat voor 1999 ingeskryf het vir die

honneurskursus in Afrikaans, geld daar spesifieke

oorgangsmaatreëls met betrekking tot die keuse van

vraestelle. Raadpleeg deel 1 van die universiteit se jaarboek

in hierdie verband. Vir studente wat vir die eerste keer vir

27

honneurs inskryf, geld hierdie oorgangsmaatreëls nie.

3.5 STUDIEMATERIAAL

In al die vraestelle geskied die onderrig met behulp van

studiebriewe. Studiegidse sal slegs geproduseer word vir

vraestelle waar die aantal ingeskrewe studente dit ekonomies

regverdig. Leeslyste, besprekings met annotasies en ander

studiemateriaal word deur die departement aan u versend.

Vir elke vraestel sal ten minste vier werkopdragte gestel

word. Die keuse van temas vir werkopdragte en die getal

werkopdragte waaruit u vier moet kies, kan varieer na gelang

van die beskikbaarheid van dosente wat die werkopdragte kan

evalueer. In al die vraestelle word die moontlikheid ook

voorsien dat temas aangepas kan word by die besondere

belangstelling en behoeftes van studente.

U is dus tot 'n groot mate in beheer van u studiepakket. U kan

u eie studiepakket in oorleg met die betrokke dosent(e)

saamstel. U moet ten minste een vraestel uit taalkunde en een

uit letterkunde kies. Ten opsigte van die oorblywende drie

vraestelle het u 'n vrye keuse.

28

4. REGISTRASIE VIR DIE HONNEURS

BACCALAUREUSGRAAD

4.1 ALGEMENE INLIGTING

In deel 1 van die universiteit se jaarboek sal u al die inligting kry

rakende toelating tot nagraadse studie. Dit sluit onder andere

inligting in wat betrekking het op dokumente wat u aansoek moet

vergesel, die getal vraestelle waarvoor u moet registreer,

herregistrasie, die duur van u voorgenome studie, aansoeke om

kansellasie, ensovoorts. Skakel egter eers met die departement

voordat u registreer.

4.2 GELYKTYDIGE REGISTRASIE VIR 'N

VOORGRAADSE KURSUS/MODULE(S) VIR

NIEGRAADDOELEINDES

U kan slegs met die spesiale toestemming van die universiteit

se senaat registreer vir hoogstens een voorgraadse kursus (of

die ooreenstemmende aantal modules op dieselfde vlak) vir

niegraaddoeleindes (NGD) gelyktydig met 'n honneurskursus.

Die voorwaardie is dat die NGD-module/kursus verband hou

met u honneursstudie, of dat 'n skriftelike motivering

voorgelê word wat vir die universiteit aanvaarbaar is. Let

asseblief daarop dat u voor die sluitingsdatum vir registrasie

vir die voorgraadse kursus/module(s) aansoek moet doen om

toestemming vir gelyktydige registrasie.

4.3 KEUSE VAN 'N HONNEURSVRAESTEL UIT 'N

ANDER VAK

U mag een van die vraestelle van die honneursgraad vervang

met 'n honneursvraestel uit 'n ander vak, indien die betrokke

twee departemente oordeel dat u oor voldoende

agtergrondkennis beskik om daardie vraestel te kan neem en

dit tot u voordeel is.

29

4.4 GETAL VRAESTELLE WAARVOOR STUDENTE IN

HULLE EERSTE JAAR VAN STUDIE MAG

REGISTREER

Benewens die formele toelatingsvereistes wat in afdeling B

van deel 1 van die jaarboek gestel word, is die volgende

bepalings van toepassing:

(a) Studente wat 60% of meer behaal het in die finale

kursus van die vak waarin hulle met hul studie wil

voortgaan en die kursus minders as ses jaar gelede

afgelê het, registreer in hulle eerste jaar van studie vir

hoogstens drie vraestelle. Studente word ten sterkste

afgeraai om vir meer as drie vraestelle te registreer.

Slegs in hoogs uitsonderlike gevalle sal die voorsitter

van die departement 'n aansoek om vir meer vraestelle

te registreer, oorweeg mits 'n gemotiveerde aansoek

die registrasievorm vergesel. Ten einde hulle studies

nie te vertraag nie, moet sodanige studente aandui vir

watter drie vraestelle hulle wil registreer indien hul

aansoek om meer vraestelle te mag neem, nie

suksesvol is nie. Normaalweg sal slegs studente wat

vir alle praktiese doeleindes voltyds studeer, toegelaat

word om al vyf vraestelle in een jaar aan te bied.

(b) Studente wat in die finale kursus van die vak waarin

hulle met hul studie wil voortgaan,

(i) minder as 60% behaal het; of

(ii) 60% of meer behaal het, maar die kursus ses jaar

of langer gelede geslaag het, kan, indien hulle tot

die studie vir die honneursgraad toegelaat word,

in hul eerste jaar van studie vir hoogstens twee

vraestelle registreer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!