02.05.2013 Views

Deel 11 - Agri SA

Deel 11 - Agri SA

Deel 11 - Agri SA

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

‘n Nuwe wêreld

Meeste sal ook ervaring hê van

die eienaar, Charles Back, se

skalkse humor – dikwels

gekoppel aan die plaas se

melkbokke – en wat

deurslaan in produkte soos die internasionaal

gewilde Goats do Roam-wyne. Laasgenoemde

sinspeel natuurlik op die Côtes du Rhônewynstreek

van Frankryk.

en dit was in die plaas se gewilde,

informele Goatshed Restaurant waar ek

Charles ontmoet het om te hoor wat hy

deesdae doen, van sy avontuurlustige

benadering tot wynmaak tot wat watertand vir

besoekers is. ‘n Laid-back, informele ou wat

hom, ironies genoeg, nie veel aan die kollig

en die media steur nie. Charles bedryf sy

Charles Back by

die Spice Route

Restaurant, vanwaar

jy Tafelberg in die

verte sien.

op ‘n wynplaas

besigheid met 500 werknemers erg hands-on,

maar sy dag begin soggens vyfuur wanneer hy

die pad vat op sy fiets en twee uur lank die

Paarl se geweste en sy bergpaaie platry.

Nou moet jy weet, hy besit onder meer

Fairview, die aangrensende wynplase

Seidelberg (voorheen De Leeuwen Jagt) en

Klein en Groot Diamant; ook Amosfonteinwynplaas

by Malmesbury (met die Spice

Route-kelder) en twee wynplase by Darling.

Dan het hy ‘n gehuurde wynplaas naby

Stellenbosch en huurgrond by elim aan die

Suid-Kaapse kus. O ja, hy’t ook ‘n plaas by

die bek van die Baviaanskloof naby willowmore.Maar

ons gesprek het gegaan oor

Seidelberg wat hy twee jaar gelede aangeskaf

het. Hy het destyds vir my gesê hy was nie

agri wyn/wine

Min mense wat enigsins ‘n

belangstelling in wyn het, sal nie

bekend wees met die Fairviewkelder

en -besoekersentrum teen

die westelike hang van die

Paarlberg nie, bekend as

kuierplek met ‘n Mediterreense

inslag, en wat oor voortreflike

wyne, gewilde kase en olyfprodukte

beskik.

gereed om oor sy

planne daar te gesels

nie, want hy’t nog nie

planne gehad nie!

Nou was hy nie net

gereed nie, die planne

is geïmplementeer, met

‘n verskeidenheid en

omvang wat jy nie in

jou lewe sou kon dink

nie. “ek het die ding eers goed deurgekyk en

besef, net as wynplaas sou die plek dit nie

maak nie.”

Jy moet weet, Fairview kry derduisende

besoekers en doen 250 000 transaksies met

hulle per jaar, van wyn tot kaas, olyfprodukte

en etes.

“ek kon die plek nie meer Seidelberg

noem nie; dit is die naam van die vorige

eienaar. Toe maak ek dit maar die brand

tuiste vir plaaslike verkope van die Spice

Route-wyne. ek sien toe die infrastruktuur en

die meent wat so mooi teen die berghang

uitgelê is. Geboue, huise en store met ‘n

uitsig op Tafelberg in die weste. en besef ook

dat mense wêreldwyd neig na home grown en

organiese produkte, plaasmarkte en produkte

met ‘n storie, artisinal-produksie. In Amerika

kom 30% van die bier van craft-brouerye.

“wat egter kort, is dat die mense nie die

produksiegedeelte sien nie,” vertel hy.

en toe ry ons in Charles se stowwerige ou

Prado na daardie buurplaas. en kyk na die

stylvolle nuwe brouery, vol glas en blink staal,

genoem die Cape Brewing Company (CBC).

Hierdie is nou die tuiste van Jack Black-bier,

voorheen ‘n mikrobrouery van Paarden

eiland waarin hy ‘n aandeel gehad het.

“ek het gesien die Paarl het nie ‘n behoorlike

biertuin nie; nou bied ek een op ‘n plaas in ‘n

pragtige, landelike omgewing.”

Hy wys my ook die ougat nuwe chocolaterie,

waar egte sjokolade van ingevoerde

bone gemaak word, veral van uganda en van

Madagaskar... Ook die nuwe wynproelokaal,

die grappa-distilleerdery in samewerking met

die bekende wilderers van die Paarl, die glasblasery,

die restaurant, die pizza-plek, die

koffie-roostery en die biltong en bier-proeëry

genaamd Barley & Biltong. Alles onberispelik

nuut opgedoen en toegerus, met die regte

>>> bladsy 99

agri FeB ‘13/MAART/MARCH ‘13 bladsy/page 95

Cassie du Plessis

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!