02.05.2013 Views

Deel 11 - Agri SA

Deel 11 - Agri SA

Deel 11 - Agri SA

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

No-Till in perspektief

Wag ‘n bietjie, wat is die

beweegredes dan agter

die vele No-Till-studiegroepe

wat soos paddastoele

landwyd opspring?

wat is dit wat die wes-Kaapse boere verkeerd

doen wat maak dat dit nie in ander dele van

die land so doeltreffend wil werk nie? Die

antwoord is eintlik eenvoudig en mag dalk

vele ontnugter. Die boere in die wes-Kaap

pas nie No-Till in die ware sin van die woord

toe nie. Dit is normale praktyk om reg aan die

begin van ‘n regs-tegniese dokument sekere

terme te definieer ter wille van deursigtigheid.

Dieselfde sal hier moet geskied om die boodskap

duidelik en verstaanbaar oor te dra.

Geenbewerking (No-Till) – Die vestiging

van ‘n graangewas in onbewerkte grond met

behulp van ‘n snykouter om die mins

moontlike versteuring te verseker.

Minimumbewerking (Min-Till) –

Die vestiging van ‘n graangewas deur middel

van ‘n plantmeganisme wat afsonderlik

aangewend word of in kombinasie met ander

implemente wat ‘n sekere mate van bewerking

van die grond verseker.

Deklaagbewerking (Conservation

Tillage) – Die vestiging van ‘n graangewas

met behulp van ‘n plantmeganisme wat

afsonderlik aangewend word of in kombinasie

met ander implemente wat sal verseker dat

oppervlakmateriaal nie vermeng word met die

bogrond nie.

Terug by die wes-Kaap: Ons hoop dat ‘n

verduideliking van die wes-Kaapse stelsel

somergraanprodusente beter sal toerus om

berekende besluite te neem oor ‘n stelselverandering

in die rigting van geenbewerking.

Die bewerkingspraktyk in die wes-Kaap kan

as Min-Till geklassifiseer word, enkelbewerking

is dalk die beste beskrywing.

Die planter is verantwoordelik vir primêre

bewerking wat met bewerking deur ‘n beitel

vergelyk kan word, waarna saad en kunsmis

in dieselfde aksie toegedien word. Dit word

natuurlik voorafgegaan en opgevolg met ‘n

intensiewe onkruiddoderbeheerprogram.

Sekere vooropkomsonkruiddoders word deur

die planter self toegedien. Inaggenome dat

ry-spasiëring tussen 250-300 mm wissel, vind

redelike bewerking van die grond plaas tot op

‘n algemene diepte van 180 mm. Verder is

die bogrond relatief vlak en ‘n redelike oes sal

oorwegend afhang van die reënval tydens die

groeifase van die plant eerder as van

opgegaarde vog.

Werk in proses

Die werklikheid is dat nêrens in Suid-Afrika

geenbewerking suksesvol op ‘n grootskaalse

kommersiële vlak bedryf word nie. Beteken dit

dan dat daar nie hoop is nie? Verseker nie!

Dit is weRK IN PROSeS. Goeie raad is om

nie al jou geld van die begin af op No-Till te

verwed nie. Groei in die stelsel in. Daar is nie

‘n enkele wenresep vir al die verskillende

grondtoestande nie.

agri Promosie/Promotional

Die afgelope tyd is daar sekerlik nie ‘n warmer onderwerp onder bespreking as geenbewerking (No-Till) in

graanproduksiekringe nie. Die intensiteit van die debat het nou bykans kookpunt in die somerreëngebiede

bereik waar die konsep betreklik jonk is. Dit is nou natuurlik vergeleke met die wes-Kaap waar dit al

met groot sukses vir meer as ‘n dekade toegepas word. Dit behoort eintlik baie eenvoudig te wees – graanprodusente

in die res van die land moet eenvoudig die wenresep van die wes-Kaap implementeer en whala!

GoEIE No-TILL-rAAD

Berekende bewerking

Verminder bewerkings stelselmatig of vervang

dit ten minste met ‘n enkelbewerkingsisteem

indien onsekerheid bestaan oor die

gereedheid van die grond vir No-Till. Baie

hoë vereistes word aan ‘n planter gestel wat

as ‘n enkelbewerkingsimplement aangewend

word. Maak seker dit is doelgerig ontwerp.

Van die vereistes is onder meer om

oppervlakverdigting op te hef wat deur

werktuie, vee en/of deur reën veroorsaak

mag word. Verder moet die plantereenheid

stewig genoeg wees om tot so naby as

45 mm langs die tand te opereer sonder om

in die voor van die tand in te gly. Dit is van

kardinale belang dat die saad in ‘n ferm

saadbed geplaas word. uitstekende

stoppelhantering is ‘n voorvereiste en dit sluit

die vermoë in om te verhoed dat stoppels

onderdeur die saadkouters kan beweeg.

Stabiliteit van die eenheid oor ruwe terrein is

‘n verdere vereiste wat verreikende gevolge

vir saadspasiëring kan inhou indien dit nie

aan die vereiste voldoen nie. Hef verdigtingslae

met ‘n doelgerigte implement op.

Moenie die planter as ‘n “ripper” probeer

aanwend nie.

onkruidbeheer

Onthou dat die planter net een van vele

komponente in die stelsel is. Doeltreffende

onkruidbeheer is van kardinale belang in die

sukses van verminderde bewerkingstelsels en

dit hang 100% van tydige bestryding af.

oesreshantering

Die verwerking van oesreste met behulp van

die stroper is van kardinale belang vir enige

planter om effektief te kan opereer. Indien

die oesreste nie fyn gemaal word nie, moet

dit weggebaal word veral onder besproeiing.

Dit is ‘n bekende feit dat die sukses van

enige boerdery vandag bepaal word deur ‘n

goeie besigheidsmodel waarin die wetenskaplike

benadering tot produksiemetodes die

deurslag sal gee. a

agri FeB ‘13/MAART/MARCH ‘13 bladsy/page 87

It’s the way we think that makes us the best.

In only ten years, we at GoReefers have become the

leaders in Global Perishable Logistics. It’s because we

always work hard at thinking differently. We were

the first to load ambient citrus, the first to load fruit

containers from Maputo and the first to

manage the cold chain, from pack house level, with

Namibian grapes. Without these and other continuously

innovative thoughts we would not be the highly

passionate outcomes focused logistics champions that

we are today.

Global Perishable Logistics Specialists

agri Promosie/Promotional

AGRISALES 188 X 134.5

Agrisales 14279-1-1

GREAT PLAINS

TURBO-TILL SERIESS II

OMBU

TAPKAR

Contact us for more product information: +27 86 111 3692 | Marius Tolmay | +27 83 581 5709 | info@agriafrika.co.za

agri FeB ‘13/MAART/MARCH ‘13 bladsy/page 90

Maak staat op ons. Elke keer.

ANDERSON

INLINE BALE WRAPPER

GREAT PLAINS

FIELD CULTIVATOR

Databasis ’n waardevolle bondgenoot

JoHANN vAN zyL

Agri_SA_JCB_01-2013_1 2/13/13 5:01 PM Page 1

agri Promosie/Promotional

agri FeB ‘13/MAART/MARCH ‘13 bladsy/page 92

Composite

C M Y CM MY CY CMY K

How to get efficiently and

economically from field to feed

Greenfields Agricultural

Holdings are importers and

distributors of a wide variety

of quality machinery and

implements into the South

African agricultural market. The

equipment range embraces

the complete farming cycle

from field to feed. whatever

your requirement, the Midlands

based company can meet it.

The first thing a farmer should

consider before investing in

machinery is whether the company

can back up its equipment. well,

Greenfields pride themselves on

their backup and service. with a national

network of dedicated dealers and service

agents to provide country-wide service and

backup, you will never be left stranded.

Looking at the equipment, for spreading

muck to fertilise and prepare pastures at the

beginning of the field to feed cycle, the

company imports the versatile Rolland

Spreaders from France, which are proving to

be reliable and efficient machines.

To cut pastures pursuant to making silage,

the heavy duty Malone mowers from Ireland

are proving to be resilient, and remarkably

suited to the generally harsh African

conditions. with either the fixed or trailed disc

Malone mowers, silage material is cut cleanly

and evenly, which is conducive to re-growth. It

should also be noted in the event of hitting

rocks or other obstacles, it is commonly

accepted, it can be very expensive to replace

a cutter bar. However, not so with a Malone;

its cutter bar costs considerably less than that

of its competitors.

After mowing and raking into windrows the

next step in the cycle is baling. This is covered

by the superlative McHale balers and

wrappers, which Greenfields also imports

from Ireland. In order to make life easier for

farmers, Greenfields supplies Greenwrap, its

proprietary, imported brand of plastic wrap,

which outperforms any local product.

The recently announced F5000 McHale

range of balers has a number of exciting

enhancements; ensuring baling has never

been easier or more efficient.

This range of balers has better intake

capabilities, more chopping options, a

smoother drop floor operation, superior

controls and up to 10% higher density bales,

which simplifies life for operators and results

in a more reliable machine that is easy to

maintain.

The F5000 line up is represented by the

F5400 non-chopper baler and the F5500 15

knife chopper baler. And the F5000 range of

balers is equipped with a split-drive gearbox,

which ensures power is evenly distributed

between the rollers in the bale chamber and

the pickup and chopper unit.

In line with the current trend towards

mechanization, Greenfields is able to offer the

highly sophisticated McHale Fusion, which

both bales and wraps in one operation. The

advantage of this is that farmers can therefore

save on two pieces of equipment by not

having to use another tractor or a stand-alone

wrapper. The added advantage is speed of

operation and less need for skilled labour.

when it comes to reduced farming

operations or plot holders, Greenfields has

the reliable Star B70 and B90 balers, which

make bales of 700 mm and 900 mm

diameter respectively. These are ideal for

smaller landowners as the bales, especially

the B70 ones, are easy to handle without

requiring specialised bale-handling

equipment.

After baling, the next step in the cycle is

covered by the Siloking range of feed mixers

from Germany. Siloking is the top supplier of

this equipment in europe and their mixers

thoroughly blend ingredients to deliver a

wholly balanced feed with the correct level of

nutrients, to produce what is known as a total

mixed ration. Demonstrating the excellence of

agri Promosie/Promotional

German engineering, these machines are

without peer when it comes to feed mixing.

And when it comes to handling bales or

bags of feed or anything else for that matter,

Greenfields represents the JCB agricultural

range of machinery. From Rough Terrain

Forklifts, Telehandlers, wheeled Loaders, the

amazingly versatile Skid Steer Loaders to the

workmax, a go anywhere utility Farm

Vehicle; whatever your handling need, you

will find a solution here.

In addition Greenfields can offer the JCB

2DX Backhoe Loader (TLB). This economic

powerhouse has the JCB synchroshuttle

transmission, which provides superb drive

power in all conditions. It is extremely

versatile and can dig down to 3 metres and

has a payload of 800 kg. with

ergonomically designed instrumentation,

such as the soft touch steering wheel, and

focus on driver comfort, operators can work

long hours without getting fatigued.

Greenfields is also proud to represent

TYM tractors in South Africa. Manufactured

by Tong Yang Moolsan, headquartered in

Seoul, in South Korea, the company was

established in 1951 and has over 58 years

of experience designing, manufacturing and

distributing high quality agricultural

equipment.

The TYM tractors range in horsepower

from 72hp up to 100hp. Most models are

available with heated and air-conditioned

cabs and some models have power shuttle

and hydrostatic transmissions. Loaders and

backhoes are available for all tractors. They

are robust machines and can handle rough

terrain and not so gentle handling if

necessary and are above everything,

extremely reliable machines. a

For any equipment needed in the Field to Feed cycle, or more information on any of the products mentioned,

please contact Greenfields Agricultural Holdings on 033 263 1305.

agri FeB ‘13/MAART/MARCH ‘13 bladsy/page 93

agri Fauna

Trekvoëls soos die europese

swaeltjies, swartvlerk- en rooivlerksprinkaanvoëls,

rooivalkies,

ooievaars, troupante en byevreters

is algemeen in die landelike

gebiede. Hulle werk elke dag hard om hulle

deel tot insekbeheer by te dra. Dit gebeur

soms dat lusernruspes summier deur

witooievaars en kleinswartooievaars uitgewis

word voordat die boer nog met ‘n chemiese

middel die peste kan aandurf. Groot uitbrake

van kommandowurms lok derduisende voëls

wat op hulle toesak om die gratis aanbod van

sappige proteïen te benut.

Daar is egter een groep trekvoëls wat by

agri FeB ‘13/MAART/MARCH ‘13 bladsy/page 94

Van ver oor die

waters en vlaktes

Somergraangewasse is al besig om vir oes te ontwikkel en dit wil ‘n mens

amper aan winter laat dink. hopelik is die pryse van so ‘n aard dat die

produsente ietsie kan maak uit die jaar se harde werk en investering.

Saam met die aanplantings het daar ook letterlik miljoene besoekers

opgedaag wat almal, net soos die

boere, ‘n plekkie in die son soek.

Die trekvoëls is al vanaf verlede

Augustus by ons en so deur die

produksieseisoen het hulle ook hul

deel bygedra om skadelike insekte

te beheer. Soms kom daar uitbrake

van migrerende plae soos

treksprinkane en kommandowurms

wat enige boer se hart ‘n paar slae

laat mis en dis dan wanneer die

chemiese oorlogvoering teen die

peste en plae ons trekvoëls in die

gedrang bring.

hulle slaapplekke die direkte bewyse lewer

van hulle enorme impak op insekbevolkings.

Dit is die gesamentlike groep trekvalkies: die

klein rooivalkies, die oostelike rooipootvalkies

(ook bekend as Amoervalkies) en die westelike

rooipootvalkies.

Sommige landelike bewoners praat

sommer van die windvalkies omdat hulle

gewoonlik voor en ná donderstorms in groot

swerms in die wind baljaar. etlike jare gelede

was daar by die NG Kerk op Hanover in die

Karoo ‘n saamtrek van 13 000 windvalkies.

Hulle het in die groot denne- en bloekombome

op die kerkgronde geslaap. Die valkies

bring snags terwyl hulle slaap ‘n kompakte

balletjie van onverteerbare insekreste op en

spoeg dit dan uit.

Na die seisoen het die braakballetjies van

die valkies meer as 40 cm diep op die grond

onder die bome gelê. Dit was vir my

ongelooflik om te sien hoeveel biomassa die

valkies daar agtergelaat het. As mens dit sou

omreken na die massa lewendige insekte wat

hulle verorber het, moes dit sekerlik in die

orde van etlike tiene van tonne gewees het.

Die Afrikaanse gesegde “een swaeltjie

maak nie ‘n somer nie” is effens van koers af,

want vir die boer wat gedurig teen insekte

moet oorlog maak, is elke bekkie wat ‘n

gogga vang ‘n bondgenoot. Of dit ‘n

swaeltjie, ‘n byevreter, ‘n ooievaar of ‘n

Dr Gerhard H verdoorn, Griffon Gifinligtingsentrum, nesher@tiscali.co.za 082-446-8946

troupant is, daardie

bek verdien jêm.

Soveel te meer rede

om gedurende die

somermaande uiters

versigtig met

plaagdoders om te

gaan as die trekvoëls

hulle dienste gratis in

die landbousektor

aanbied.

Maak maar altyd seker dat veral epidemiese

plae soos kommandowurms met

middels behandel word wat die minste gevaar

vir die voëls inhou. Boere het nou reeds die

uile aan hulle kant met knaagdierbeheer. So,

kom ons vat hande (of is dit vlerke?) met die

trekvoëls om ook die insekte hok te slaan.

Voordat enige plaagdoders vir die

bestryding van epidemiese plae aangekoop

word, is dit goed om seker te maak op

CropLife Suid-Afrika se webtuiste www.

croplife.co.za (Agricultural Remedies

Database) watter produkte vir sulke plae

geregistreer is. Doen ook telefonies navraag

by die Griffon Gifinligtingsentrum 082 446

8946 vir raad oor die beste middels wat nie

trekvoëls sal benadeel nie. een oproep mag

dalk net die versekering gee dat die boer se

vennote die volgende seisoen weer sal kom

om hulle dienste gratis aan te bied. a

Dr Gerhard Verdoorn

‘n Nuwe wêreld

Meeste sal ook ervaring hê van

die eienaar, Charles Back, se

skalkse humor – dikwels

gekoppel aan die plaas se

melkbokke – en wat

deurslaan in produkte soos die internasionaal

gewilde Goats do Roam-wyne. Laasgenoemde

sinspeel natuurlik op die Côtes du Rhônewynstreek

van Frankryk.

en dit was in die plaas se gewilde,

informele Goatshed Restaurant waar ek

Charles ontmoet het om te hoor wat hy

deesdae doen, van sy avontuurlustige

benadering tot wynmaak tot wat watertand vir

besoekers is. ‘n Laid-back, informele ou wat

hom, ironies genoeg, nie veel aan die kollig

en die media steur nie. Charles bedryf sy

Charles Back by

die Spice Route

Restaurant, vanwaar

jy Tafelberg in die

verte sien.

op ‘n wynplaas

besigheid met 500 werknemers erg hands-on,

maar sy dag begin soggens vyfuur wanneer hy

die pad vat op sy fiets en twee uur lank die

Paarl se geweste en sy bergpaaie platry.

Nou moet jy weet, hy besit onder meer

Fairview, die aangrensende wynplase

Seidelberg (voorheen De Leeuwen Jagt) en

Klein en Groot Diamant; ook Amosfonteinwynplaas

by Malmesbury (met die Spice

Route-kelder) en twee wynplase by Darling.

Dan het hy ‘n gehuurde wynplaas naby

Stellenbosch en huurgrond by elim aan die

Suid-Kaapse kus. O ja, hy’t ook ‘n plaas by

die bek van die Baviaanskloof naby willowmore.Maar

ons gesprek het gegaan oor

Seidelberg wat hy twee jaar gelede aangeskaf

het. Hy het destyds vir my gesê hy was nie

agri wyn/wine

Min mense wat enigsins ‘n

belangstelling in wyn het, sal nie

bekend wees met die Fairviewkelder

en -besoekersentrum teen

die westelike hang van die

Paarlberg nie, bekend as

kuierplek met ‘n Mediterreense

inslag, en wat oor voortreflike

wyne, gewilde kase en olyfprodukte

beskik.

gereed om oor sy

planne daar te gesels

nie, want hy’t nog nie

planne gehad nie!

Nou was hy nie net

gereed nie, die planne

is geïmplementeer, met

‘n verskeidenheid en

omvang wat jy nie in

jou lewe sou kon dink

nie. “ek het die ding eers goed deurgekyk en

besef, net as wynplaas sou die plek dit nie

maak nie.”

Jy moet weet, Fairview kry derduisende

besoekers en doen 250 000 transaksies met

hulle per jaar, van wyn tot kaas, olyfprodukte

en etes.

“ek kon die plek nie meer Seidelberg

noem nie; dit is die naam van die vorige

eienaar. Toe maak ek dit maar die brand

tuiste vir plaaslike verkope van die Spice

Route-wyne. ek sien toe die infrastruktuur en

die meent wat so mooi teen die berghang

uitgelê is. Geboue, huise en store met ‘n

uitsig op Tafelberg in die weste. en besef ook

dat mense wêreldwyd neig na home grown en

organiese produkte, plaasmarkte en produkte

met ‘n storie, artisinal-produksie. In Amerika

kom 30% van die bier van craft-brouerye.

“wat egter kort, is dat die mense nie die

produksiegedeelte sien nie,” vertel hy.

en toe ry ons in Charles se stowwerige ou

Prado na daardie buurplaas. en kyk na die

stylvolle nuwe brouery, vol glas en blink staal,

genoem die Cape Brewing Company (CBC).

Hierdie is nou die tuiste van Jack Black-bier,

voorheen ‘n mikrobrouery van Paarden

eiland waarin hy ‘n aandeel gehad het.

“ek het gesien die Paarl het nie ‘n behoorlike

biertuin nie; nou bied ek een op ‘n plaas in ‘n

pragtige, landelike omgewing.”

Hy wys my ook die ougat nuwe chocolaterie,

waar egte sjokolade van ingevoerde

bone gemaak word, veral van uganda en van

Madagaskar... Ook die nuwe wynproelokaal,

die grappa-distilleerdery in samewerking met

die bekende wilderers van die Paarl, die glasblasery,

die restaurant, die pizza-plek, die

koffie-roostery en die biltong en bier-proeëry

genaamd Barley & Biltong. Alles onberispelik

nuut opgedoen en toegerus, met die regte

>>> bladsy 99

agri FeB ‘13/MAART/MARCH ‘13 bladsy/page 95

Cassie du Plessis

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!