02.05.2013 Views

Februarie/Maart

Februarie/Maart

Februarie/Maart

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

FEBRUARIE / MAART 2011

SENWES

scenario

ToM vAn RooyEn

Finansiële dissipline

agter sukses

Hou moed met koring

inhoud

ReDaKTeURSbRIeF

2 ’n boer maak ’n plan…of hoe?

hOOFSTORIe

4 Senwes skop 2020-visie af met unieke

transaksie

myn van steenkool

lanDbOU-TegnIeK

10 Faktore wat jou koringopbrengs beïnvloed

SenWeS VIllage

16 From greens 2 Dreams

17 Surface Water Pro is jou reddingsbaadjie

17 nuwe Village bestuurder het groot planne

17 0800 864 611: hoe kan ons help?

18 Senwes Village: Focus on tools

20 Van dié werkswinkel sal ek ’n sukses maak

20 Kersfees in die nuwe jaar

SenWeS gRaInlInK

21 nuwe wetgewing kan voedselproduksie

beïnvloed

22 Moeg vir lees? luister nou na markverslag

24 grainlink opgewonde oor 2020

24 baie naby aan volpunte

24 grainlink personeel is reg vir 2011

26 Koringproduksie: moenie tou opgooi nie!

KOllIg OP TOM Van ROOYen

28 Dit is alles of niks nie

SenWeS CReDIT

34 R60 000-skenkings laat harte warm klop

35 Kredietaansoeke vir wintergraan

TOeKOMSblIK

38 Weersatellietfoto’s: ’n handige instrument vir

boerderybesluitneming

DeVelOPIng agRICUlTURe

44 Tighten your farm cash flow

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

algeMeen

3 alleS en nOg WaT: Spotprent; Sê Wie; Uit

Ouma se medisynekas en meer

50 leeFSTYl: Resepte; Fliekresensies,

Krieketkoors; Op die boekrak; en

Mieliekronkelroete

42 DRUPPelS OP DIe DaK: Die sluise

word oopgemaak

RUbRIeKe

47 VIR DIe SIel: laat jou ja, ja wees

55 agRI-WenKe: laatsomer landbouwenke

60 In MY VISIeR: Ouma se driebeenpot

KOMPeTISIe

58 Subscribe and win with Senwes Scenario

nUUS

59 nagmarathon bly ’n groot trekpleister

59 Like Senwes en bly op hoogte

59 Wil jy ook eScenario ontvang?

PROMOSIe-aRTIKelS

14 nutri Feeds: bakgat bakbestuur met nutri

Feeds

57 IDC: besigheidsontwikkeling kry ’n hupstoot

op die voorblad

FebRUaRIe / MaaRT 2011

Tom van Rooyen en sy vrou,

Jackie, saam met hul kinders

– Ilezé, Rizané, Michael

en Jacqueline. Tom, was

’n finalis in verlede jaar se

Graanprodusent van die Jaarkompetisie.

Die foto is deur

Ruth Davies geneem.

Dui Senwes Scenario-artikels aan wat beskikbaar is op Senwes se webwerf by www.senwes.co.za

1

2

••• rEDaKTEUrSBriEF

’n Boer maak ’n

plan...of hoe?

Ek is een van daardie persone

wat net so verlief is op die bosveld as op die Wes-

Kaapse kuslyn. Maar een ding wat nie twee is nie,

is dat ek liefs my tent by die huis los wanneer ek die

pad af Kaap toe aanpak. ek kamp wel al te graag in

die bosveld.

Waarom my anti-tent gevoel vir die Kaap? Wel,

nadat ek een oggend in ons gesin se kamtige

“waterdigte” vyfmanstent wakker geword het met

my pajamas wat soos ’n duikpak aan my vaskleef,

het ek gou besef die Kaapse reën (of Kaapse

wind – nog ’n hoofstuk in een van my interessante

Kaapvakansies) is en was nog nooit maatjies met ’n

tent nie. Ons vriende wat op daardie stadium saam

met ons in die De Vasselot kampterrein in nature’s

Valley naby Stormsrivier gekamp het, het net daar

en dan besluit om hulself by ’n gastehuis op ’n plaas

naby die kampterrein te gaan inboek. My familie,

daarenteen, het slote langs die tent gegrawe vir die

water om in af te loop, want hulle het immers nie

1 000 km ver gery om die tent verniet saam te karwy

nie. ’n boer maak ’n plan...of hoe?

Die weer het met die afgelope plantseisoen

net weer bewys dat ’n boer se hande afgekap is

wanneer tannie niña ’n draai op sy plaas kom maak.

Op bladsy 28 gesels ek met Tom van Rooyen, een

van die finaliste van die 2010 graanprodusent van

SENWES ScENario

hoofredakteur

Johan Grobler, Assistent Hoofbestuurder:

Korporatiewe Bemarking,

Senwes, Tel: (018) 464-7199

E-pos: johan.grobler@senwes.co.za

uitgewer

Johan Smit, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 082 553 7806

E-pos: johan@infoworks.biz

redakteur

Ruth Davies, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 083 583 5243

E-pos: ruth@infoworks.biz

medewerkers

Koos Barnard, prof Kobus Botha,

ds Willie Botha, Thys Grobbelaar,

Ilana Koegelenberg, Ronél Koen,

Dries Kruger, Sipho Lowane,

Gerrit Oosthuizen, Mariana Purnell,

Peter Mascher, Johan Smit, Theo Venter.

advertensies

Ingrid Bailey, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 082 744 6971

E-pos: ads@infoworks.biz

uitgegee en grafies versorg

deur infoworks

Uitlegkunstenaar: Mercia Venter

Tel: (018) 468-2716, Postnet Suite 32,

Privaat sak X10, Flamwood, 2572

• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg.

• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.

Ruth Davies

die Jaar-kompetisie. hy vertel dat hy 300 mm reën

tussen Kersfees verlede jaar en middel-Janua rie

vanjaar op sy plaas gehad het en teen tye van die

skryf van die artikel, was hy raadop omdat sy gronde

nog té nat was om droëbone te plant. Op ’n ligter

noot – lag ’n bietjie saam op bladsy 3 van dié uitgawe

waar Pieter en Tsepo met hul bootjie in die landerye

roei, terwyl hulle oor tannie niña gesels.

So gepraat van water. Senwes en MgK, wat

hoof saaklik op besproeiingsboerdery fokus, het

onlangs hande gevat met ’n unieke transaksie, wat

in Januarie vanjaar gefinaliseer is. Die transaksie is

die eerste aksie van Senwes se 2020-strategie van

groter deelname aan die graanwaardeketting. lees

meer hieroor op bladsy 4.

Mag jy 2011 se uitdagings in geleenthede

omskep en mag jy soos Senwes altyd die groter

prentjie in gedagte hou.

Ruth

Senwes Scenario is in 2010 deur die Suid-afrikaanse

Publikasie Forum (SaPF) aangewys as die beste

eksterne Tydskrif met ’n beperkte begroting.

subskripsie

Gerda Müller, Senwes

Tel: (018) 464-7566

Faks: (018) 464-7702

E-pos: gerda.muller@senwes.co.za

eienaar

Senwes, Posbus 31, Klerksdorp, 2570

Tel: (018) 464-7800

drukwerk

Colorpress

Tel: (011) 493-8622

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

Pieter & Tsepo

Produsente wat gesukkel het om die reeds aangeplante grane van die afgelope

produksieseisoen te vestig, het die goeie reën verwelkom, terwyl baie produsente net

gehoop het vir ‘n bietjie sonskyn met die aanhoudende reën wat hulle gehad het.

P oisonous bird

The hooded Pitohui (Pitohui dichrous) is a songbird

of new guinea with black and orange plumage.

This species and its two close

relatives, the Variable Pitohui

and the brown Pitohui,

were the first documented

poisonous birds. a neurotoxin

called homobatrachotoxin

found in the

birds’ skin and feathers,

causes numbness and tingling

in those touching the bird.

The hooded Pitohui acquires its poison from part

of its diet, the Choresine beetles of the Melyridae

family. These beetles are also a likely source of the

lethal batrachotoxins found in Colombia’s poison

dart frogs. S

Source: http://en.wikipedia.org/wiki/Hooded_Pitohui

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

allES EN NoG WaT • THiS aND THaT •••

>> says who?

Kindness is a

language the deaf

can hear and the

blind can see.

– mark twain –

>> sê wie?

as jou vriende se

honde vir jou ophou

blaf moet jy weet jy

kuier te veel.

– cj langenhoven –

Die moeilikste ding op

aarde om te verstaan,

is inkomstebelasting.

– albert einstein –

>> uit ouma se medisynekas

Ketel: Verwyder aanpaksels aan

’n ketel se element deur asyn in die

ketel te kook.

Taai etikette: Smeer kookolie of

brasso op die etiket of die taai kol waar

’n plakker afgetrek is en laat ’n rukkie

staan. Vee dan af met ’n skoon lap.

Miet: Om miet uit meel, pasta of rys te hou kan

lourierblare of ’n wit kers binne die houer geplaas

word.

Klein plantjies: gebruik ou eier houers om klein

plantjies van saad af te groei. Saai die saad

afsonderlik in elkeen en met uitplanting

kan die plantjie met houer

en al geplant word, omdat dit

na ’n ruk disintegreer. S

bron: http://www.peterjasie.co.za/

Boererate

The glass frog, also referred to as the see-through frog, is part of the amphibian

family Centrolenidae. About the size of a fingernail, the glass frog is native

to Ecuador and the Amazonian slopes, but it also resides in many areas of

Central and South America. The heart, liver and intestinal tract, can be seen

through the transparent abdominal skin. The frog is known to eat its own

young. Their eyes face forward (unlike frogs with walled or outward facing

eyes). S

Source: http://traveltips.usatoday.com/glass-frog-amazon-rainforest-9913.html

3

4

••• HooFSToriE

Senwes skop 2020-visie

af met unieke transaksie

– ’n G eskiedkundige dag in landbou

DIe beSeF DaT DIe SenWeS Van

MôRe, nIe neT ’n VOORTSeTTIng Van

gISTeR Kan WeeS nIe, heT geleI

TOT DIe VRaag: hOe Sal SenWeS

In 2020 lYK? DIe TRanSaKSIe-

OnDeRTeKenIng TUSSen SenWeS

en MgK OP 1 FebRUaRIe VanJaaR,

WaT ’n VeRKRYgIng, aSOOK ’n heR-

ORganISaSIe Van beIDe beSIgheDe

Sal MeebRIng, WaS DIe aFSKOP

In SenWeS Se 2020-WeDSTRYD aS

WêRelDROlSPeleR.

> TEKS: RuTh DAvIES En JohAn SMIT

“Die geografie impliseer dat daar

’n reorganisasie en konsolidasie in die voed sel ket-

ting gaan plaasvind. Senwes wil dus instrumenteel

wees om dit te rig en nie net toekyk hoe dit gaan

plaasvind nie. Ons het nog altyd groot blootstelling

gehad aan witmielieprodusente in ’n beperkte ge -

bied. Met dié transaksie gaan ons aan meer kom-

mo diteite blootgestel word oor ’n groter geo gra fie se

gebied,” het Francois Strydom (besturende Direkteur:

Senwes) gesê.

Senwes en MgK groep sal só geherorganiseer

word dat verhoogde spesialisasie en volhoubaarheid

verseker word. MgK neem die Vaalharts handelstakbedrywighede

by Senwes oor, wat inpas by die groter

besproeiingsfokus en spesialisasie wat MgK najaag,

terwyl Senwes in die toekoms sal fokus op sy eie

én MgK se graanbesigheid. MgK se verhoogde

fokus op besproeiingsareas onder die gevestigde

Obaro-, allgro-, Temo- en StatusFin-handelsmerke,

sal meehelp om ’n sterk, volhoubare besigheid te

verseker saam met Senwes – wat weer ’n droëlandwaardeproposisie

aan landbouprodusente verskaf.

Die transaksie, wat onderhewig is aan die goed -

keuring deur die mededingingsowerhede, is so

ge struktureer dat Senwes, MgK beherend (’n maat-

skappy onder boerebeheer) en Intrax (’n maatskappy

onder beheer van MgK personeel), MgK groep gesamentlik

sal beheer.

Strydom sê die transaksie is van so ’n aard dat

beide partye se handelsmerke, infrastruktuur en

klantebasis behoue sal bly. “So verseker ons dat

ons klante se dag tot dag-omgang met beide

maatskappye nie sal verander nie. Klante sal wel

voordeel trek uit die meer volhoubare besigheidsmodel,”

het hy bygevoeg.

buiten vir kommoditeitsdiversifikasie verskaf

die transaksie ook gebieds-, klante- en markdiversifikasie

wat die landbou-risikoprofiel van

die besigheid beter balanseer. Dit is hoofsaaklik

gefokus op die moontlike toekomstige herskikking

van landbou en het ’n unieke ontwerp – presies

wat Senwes se visie vir 2020 is – ’n geïntegreerde

maatskappy wat instrumenteel is in die

reorganisasie van die voedselketting.

>> meer oor mgk

MgK bedryf sake vanuit brits sedert 1930.

Met ’n bedieningsarea wat strek oor noordwes,

limpopo, Mpumalanga, gauteng en dele van

die noord-Kaap provinsie, fokus die groep hoofsaaklik

op besproeiingsboerdery. ’n Om vat tende

spektrum van landboudienste en -produkte word

deur hul onderskeie divisies gebied.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

Japie Grobler (links) en Eben Pienaar, onderskeidelik voorsitters van Senwes

en MGK, onderteken die ooreenkoms op 1 Februarie 2011 by Senwes se

hoof kantoor. By hulle is Francois Strydom (links) en Ben lombard.

>> uit mgk se mond

Eben Pienaar (voorsitter: MGK)

“Senwes, dankie vir die vertrouensverhouding wat

ons met julle van dag een af kon skep. Ons is net

betyds om gesamentlik die nuwe uitdagings in

landboubesighede en die wêreld, suksesvol aan te

pak. Dié ooreenkoms is tot voordeel van ons klante

en aandeelhouers se beleggings.”

Ben lombard (Besturende Direkteur: MGK)

“Dankie vir die gees waarin ons onderhandelinge

met julle kon doen. Die boom is nou geplant. nou

moet ons dit grootmaak. Die finansiële sukses van

die transaksie sal bepaal word deur ons vermoë om

ons produsente en personeel saam met ons op die

reis te neem.

Só pas 2020-doelwit in mekaar

FRanCOIS STRYDOM, WaT In aUgUSTUS

VeRleDe JaaR aS beSTURenDe DIReKTeUR

Van SenWeS aangeSTel IS, heT MeT

SenWeS SCenario geSelS OOR SenWeS Se

2020-VISIe en WaaROM hY en SY SPan SO

OPgeWOnDe OOR DIe TOeKOMS IS.

WAT hET SEnWES noDIG oM DIE

2020-vISIE TE vERWESEnlIK?

Senwes – en daarmee meen ek van direksie tot op

die laagste vlak – sal meer tyd in die toekoms as in

die verlede moet spandeer. Die toekoms is nie ’n

voortsetting van gister nie. Indien die pas stadig is,

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

Ho oFSToriE •••

“Die ondertekening van die

samewerkingsooreenkoms

tussen Senwes en MGK

is ’n groot dag in die

geskiedenis van landbou

in Suid-Afrika. Twee

nuwe besighede het tot

stand gekom – elkeen

met nuwe uitdagings en

geleenthede.”

– JAPIE GRoBlER

(vooRSITTER: SEnWES)

MGK personeel, Bestuur en Direksie glo:

• In mede-eienaarskap en vennootskap tussen

produsente en personeel.

• Om ’n kultuur te skep waar personeel nie sal

waag om iets negatief te sê oor die produsent

nie, want dit is die ergste oortreding wanneer jy

die hand wat jou voed, byt. Die produsent is ons

koning.

• In sterk bemagtigende spanne en sub-spanne.

• In geen klasstrukture nie.

• In geen diskriminasie nie.

• In nederigheid bo alles.

• Daarin om die lewe nie te ernstig op te neem nie.

sal jy gister op môre kan projekteer, maar ons leef

in ’n wêreld waar alles vinnig gebeur en dit maak

die verlede se belang kleiner. ’n Mens ontwerp die

toekoms deur voorbereiding en deeglike beplanning

en daardeur voorspel jy nie die toekoms nie.

een van die belangrikste drywers om dit te

behaal, is ’n personeelkorps wat hul taak volledig

en met volle verantwoordelikheid nakom, eerder

as om op organisasiestrukture en postitels te

fokus. My droom is dat Senwes ’n onderneming

sal wees waarin die persoon wat die parkeerterrein

skoonmaak dieselfde inkoop sal hê op dit waarvoor

vervolg op bladsy 6

5

6 ••• HooFSToriE

Senwes skop 2020-visie af

met unieke transaksie

vervolg van bladsy 5

ons staan en wil bereik, as wat ’n lid van die uitvoerende

bestuur het. as jy so begin dink, verstaan jy

wat elkeen se rol in die maatskappy is en dan is jy

die meester op jou terrein.

hoE GAAn JullE DIE ToEKoMS onTWERP?

Die plattelandse gemeenskap verwag dat elke

inwoner en onderneming sy kant bring en dat

daar teruggeploeg word in die plaaslike ekonomie

en infrastruktuur. Ondernemings is interafhanklik

en in aansluiting daarby wil Senwes toenemend

hande vat met landbouers en ander plaaslike

ondernemings om die ekonomie van elke distrik

te versterk en stabiliteit in die platteland te

bevorder. Terwyl ander verskaffers verkies om op

stedelike gebiede te fokus, beskou Senwes dit as ’n

geleentheid om die reeks produkte en dienste aan

die boerderygemeenskap en die breë publiek in die

toekoms te verbreed.

Senwes moet dus ons klante se kompeterende

voordeel verhoog, vir personeel ’n nuwe toekoms

skep, vir insetverskaffers groei en toegang bied, ons

gemeenskappe help groei en ons aandeelhouers

altyd opgewonde hou oor hul beleggings en iets

agter laat sodat hulle kan sien dat die maatskappy

’n monument is van denke, aksie en geloof.

hoE BEPlAn SEnWES oM TE GRoEI?

Tien jaar terug was Senwes in ’n finansiële krisis.

Die afgelope dekade is gespandeer om al die spoke

te verdryf en ’n periode van fokus is ondergaan

waarin die maatskappy heropgebou is. as jy jou geld

die afgelope vyf jaar belê het in hierdie besigheid

is ons die vierde beste onder die top 200 gelyste

landboudienste

bv. Insetverskaffing

en Marktoegang

maatskappye oor vyf jaar – inderdaad ’n besigheid

waarop ’n mens baie trots kan wees.

Vandag het dié 101 jarige onderneming ’n omset

van R10 miljard en sonder om ons voortgesette

investeringsfokus in die platteland te verloor, is ons

vasbeslote om in ’n gediversifiseerde wêreldspeler

te ontwikkel.

Verbruikers raak al meer bekommerd oor volhoubaar

heid, bekostigbaarheid en hul gesondheid. 2020

gaan laasgenoemde eienskappe hê en Senwes se

rol in die volgende tien jaar is om die gaping tussen

produksie en verbruik kleiner te maak.

as ’n mens na Suid-afrika binne die afrika-konti -

nent kyk, is Suid-afrika se markplek meer gesofistikeerd

as die res van afrika. Die groter geleenthede

lê dus in afrika. Senwes wil na ’n gebied kyk eerder

as ’n land. Ons wil nie net kyk na geleenthede

in Malawi nie, maar ook in Zambië, Zimbabwe,

Mosambiek, Kenia en Tanzanië. Senwes wil juis na

dié gebiede uitbrei omdat daar kommoditeitsvloei

(oorproduksie van sekere kommoditeite en ’n tekort

aan ander) is. Op die finansiële front wil ons ook kyk

watter rolspelers vir ons kan waarde toevoeg.

’n Produsent se produksie gaan egter nie net in

voedsel nie. ’n Paar jaar terug was produsente se

gemiddelde opbrengs 3 tot 4 ton/ha. nou produseer

produsente gemiddeld 6 tot 7 ton/ha op droëland.

Die grootste bedreiging vir die produsent is hyself

– hy het te doeltreffend geraak. Senwes moet hom

help om nuwe markte te skep. Dit gaan oor uitvoer

en intern moet dit beter benut word. biobrandstof

is so ’n mark. Jy moet wetgewing kry wat sê jy moet

5% biobrandstof by brandstof inmeng. ek dink dit

sal binne die volgende paar jaar gebeur.

SEnWES BEhEREnD

nywerhede

bv. Verwerking

finansiering en logistiek

hulpbronne

bv. energie

beleggings

Die Senwes 2020-visie dui op ’n Senwes Groep wat gebou is op vier pilare wat regoor

die landbou-waardeketting bedryf word. Dit sal twee sleutelbesighede insluit, naamlik

finansiering en logistiek, wat strek oor die drie hoofpilare van landboudienste,

nywerhede en hulpbronne.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

“Ons moet die toekoms ontwerp

en nie voorspel nie.”

– FRAnCoIS STRyDoM

en water natuurlik. Ons sit hier met mynbou waar

miljoene liters besoedelde water lê. Daar is ’n hele

bedryf wat jy kan bou net om die doeltreffendheid

van die verbruik van energie en skoon water. Ons

behoort hier ook ’n rol te speel.

Om ’n beter wêreld te skep vir die platteland,

jou kliënte, produsente en dorpenaars moet jy dus

groter dink. Senwes is verbind tot die platteland,

maar dit beteken nie dat ons terug op die brug moet

optree nie. Ons moet wêreldkompeterend wees,

maar met ’n atmosfeer waar mense tuis voel.

Die wêreldbevolking sal die 9 miljard-kerf na

verwagting teen 2050 bereik, wat daarop dui dat die

relevansie van landbou as verskaffer van voedsel en

vesel toenemend belangriker gaan word. Die vinnige

veranderinge wat tans nasionaal en internasionaal

plaasvind, beïnvloed die wyse waarop Senwes saam

met die veranderinge gaan groei in die volgende tien

jaar.

een van die grootste bedreigings vir ’n besigheid

is egter dat hy homself bankrot kan groei. gegewe

dit, is notering een van die roetes waarmee jy jou

balansstaat kan beheer. notering maak dat wanneer

jy groei, jy eintlik goedkoper kan groei as wanneer

jy nie genoteer is nie. Met die regte vennote en

tydsberekening sal Senwes notering op die JSe

voortdurend oorweeg.

hoE SAl DIE lAnDBouBESIGhEIDSlAnDSKAP

vAn 2020 lyK?

Die produksie in die landbousektor sal meer gekon -

sentreerd raak. Die landbousektor sal groot rol spe lers

hê, die volumekonsentrasie sal versnel en jou groter

primêre produksie-eenhede gaan meer korporatief

wees. Die produsent sal grond in Suid-afrika maar

ook elders in afrika besit en sy beding ingsmag sal

ook groter wees. hy gaan ook poog om die gaping

tussen hom en die verbruiker kleiner te maak.

WAT IS Jou RAAD AAn PRoDuSEnTE En

PERSonEEl oM hulSElF TEEnooR 2020

TE PoSISIonEER?

Dit is belangrik om jou treë aan te pas. Indien jy

teen jou normale tempo aangaan, gaan jy nie 2020

haal nie. Plaas jouself in 2020 en kyk terug – jy

sal, as produsent, addisionele kapasiteit; vermoë;

en nuwe besigheidsrigtings tot jou boerdery moet

toevoeg.

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

Ho oFSToriE •••

>> senwes se 2020-visie

Die Senwes 2020-visie is ’n Senwes groep

wat gebou is op vier pilare wat die landbouwaardeketting

bedryf sal word.

1. landboudienste, Senwes se bestaande

besigheid tans, sal in 2020 een van die

vier pilare wees waarop die besigheid gaan

rus.

2. Die tweede pilaar sal ’n geïntegreerde

voedselbeen wees. Produkte sal verder

verwerk word. Dit sal meulens, veevoerbesighede,

persaanlegte en waarskynlik

hoendereenhede met produksie, verwerking

en waardetoevoeging, bemarking en die

kleinhandel, insluit.

3. Die derde pilaar is hulpbronne, soos water

en energie.

4. Die vierde pilaar sal ’n beleggingsbesigheid

wees. Klante belê terug in die besigheid,

maar hulle het ook ’n klomp ander beleggingsbehoeftes.

navorsing sal onder andere gedoen word oor die

geleenthede wat in elk van die vier pilare beskikbaar

is, die struktuur van die sektore, die grootte

van die geleentheid, die sleutelrolspelers, die

tendense, die dinamika en die waarde wat

Senwes tot elk van die bogenoemde pilare kan

byvoeg.

Twee sleutelbesighede, naamlik finansiering

en logistiek, strek oor die drie hoofpilare van

landboudienste, nywerhede en hulpbronne.

Senwes het reeds aan die logistieke kant geïnvesteer

deur hul grainovation afdeling.

’n Klant betaal met ’n noot – en dit is volledig. Die

deel wat personeel vir die klant moet teruggee, kan

nie net ’n deel van die noot wees nie en klante het

die reg om op ’n volledige, waardetoevoegingsdiens

aan te dring. Senwes se personeel moet die klant

help beplan vir die toekoms en hom saamneem na

2020. S

Ruth Davies is die Redakteur en Johan Smit die Uitgewer

van Senwes Scenario. Skakel hulle by (018) 468-2716 vir meer

inligting of stuur ‘n e-pos na ruth@infoworks.biz óf johan@

infoworks.biz.

7

Ingelyf in die Republiek van Suid-afrika

(Registrasienommer 1997/005336/06)

(“Senwes”)

1. InlEIDInG

Verder tot die omsigtigheidsaankondiging wat in die

pers verskyn het op Woensdag, 21 Julie 2010, word

aandeelhouers van Senwes, MgK beleggings en MgK

beherend hiermee in kennis gestel dat die volgende

trans aksies aangegaan is, onderworpe aan die opskortende

voorwaardes soos na verwys in paragraaf 4:

1.1 verkryging van aandeelhouding deur Senwes

Senwes sal 49% van die totale uitgereikte aan -

delekapitaal in MgK beleggings van Zeder

beleggings beperk (“Zeder”) en Temo agri Investments

(eiendoms) beperk (“Temo”) bekom

(“die aandeleverkryging”). na implementering van

die aandeleverkryging en na aanleiding daarvan,

sal Senwes ’n verpligte aanbod (“die Ver pligte

aanbod”) aan die oorblywende aandeel houers

van MgK beleggings maak ingevolge die Sekuriteite

Reguleringskode met betrekking tot Oornames en

Same smeltings (“die SRP-kode”).

1.2 Reorganisasie van die besighede

Onderworpe aan die implementering van die

aan dele verkryging, (1) sal Senwes die MgK

graanbesigheid (“die MgK graanbesigheid”)

van MgK bedryfsmaatskappy (eien doms) beperk

(“MgK bedryfsmaatskappy”) ver kry, en (2) sal

MgK bedryfsmaatskappy Senwes se handels -

takke in die Vaalharts besproeiingskema-gebied

(“die Senwes handelstakke”) verkry, as lopende

sake, (“die Reorganisasie Transaksies”).

Die aandeleverkryging en die Reorganisasie

Transaksies word hierna gesamentlik na verwys as

“die Transaksies”.

2. AGTERGRonD En BEWEEGREDES

Ingevolge Senwes se groeistrategie en beide Senwes

en MgK beleggings se diversifikasie van hul geografiese-

en kommoditeits risiko’s, is die Transaksies

aangegaan ten einde die partye in staat te stel om

waardeontsluiting vir aandeelhouers na te streef

en verskeie mark- en kommoditeitsinergieë te bewerkstellig.

Dit sal beide maatskappye in staat te stel

om uit te brei en te groei in ’n hoogs uitdagende

ekonomiese en bedryfsomgewing en om terselfdertyd

hul reeds bestaande, individueel suksesvolle handels -

merke te behou. MgK beleggings sal voortbestaan

en uitbrei as ’n gefokusde verskaffer van besproeiingsdienste

met ’n sterk kleinhandelsfokus terwyl

Senwes uitgebreide marktoegang tot sy graan kommoditeite

aan beide klantebasisse sal verseker.

3. hooF BEPAlInGS vAn DIE TRAnSAKSIES

3.1 Aandeleverkryging

3.1.1 Zeder verkryging

Onderhewig aan, inter alia, die opskortende

voorwaardes soos na verwys in paragraaf

4, sal Senwes 26,65% van die totale

uitgereikte aandelekapitaal van MgK beleg -

gings gehou deur Zeder teen ’n aankoopprys

van 485 sent per aandeel bekom.

3.1.2 Temo verkryging

Onderhewig aan, inter alia, die opskortende

voorwaardes soos na verwys in paragraaf

4, sal Senwes 22,34% van die totale

MgK beSIgheIDSbeleggIngS

bePeRK

(Ingelyf in die Republiek

van Suid-afrika)

(Registrasienommer

1998/001621/06)

(“MgK beleggings”)

(gesamentlik na verwys as “die maatskappye”)

uitgereikte aandelekapitaal van MgK beleg -

gings gehou deur Temo teen ’n aankoopprys

van 485 sent per aandeel bekom.

3.2 verpligte aanbod

3.2.1 na implementering van die aandele ver -

kryging en na aanleiding daarvan, sal

Senwes ’n verpligte aanbod maak aan die

oorblywende aandeelhouers van MgK

beleggings ingevolge die SRP-kode om

al hul aandele in MgK beleggings teen ’n

koopprys van 485 sent per aandeel (“die

Verplige aanbodprys”), te bekom.

3.2.2 Die Transaksies is voorwaardelik aan die

uitreiking van ’n onderneming deur Intrax

Investments (edms) beperk (“Intrax”), MgK

beherend en die MgK Personeel aandele -

trust (“die MgK aandeelhouersblok”) ten

gunste van Senwes dat hulle nie die

Verpligte aanbod sal aanvaar nie.

3.2.3 Sodra Senwes verplig word om die Ver -

pligte aanbod te maak, sal (1) die Sekuriteite

Reguleringspaneel (“die SRP”) voorsien word

van ’n bevestiging dat voldoende kon -

tantreserwes en/of fasiliteite beskikbaar sal

wees vir Senwes om sy verpligtinge

ingevolge die Verpligte aanbod na te kom,

en (2) ’n kennisgewing met verdere

inligting oor die Verpligte aanbod wat, inter

alia, aanvaardings- en afstanddoenings -

vorms deur aandeelhouers van MgK

beleggings wat die Verpligte aanbod wil

aanvaar sal bevat, aan aandeelhouers van

MgK beleggings gepos word.

3.3 verkoop van MGK Graanbesigheid

3.3.1 Onderworpe aan, inter alia, die opskortende

oorwaardes soos na verwys in paragraaf 4,

sal MgK bedryfsmaat skappy sy graan -

besigheid in brits, northam, battery,

Rustenburg, Pretoria-Wes en sy graan be-

markingsbesigheid, graanmakelaars be sig-

heid en SaFeX makelary aan Senwes

verkoop as ’n lopende saak. Die besighede

en bates wat verkoop word aan Senwes sal,

inter alia, die logistieke afdeling, soja volvet

besigheid en die silo’s te brits, northam,

battery, Rustenburg, Pretoria-Wes uitsluit.

MgK bedryfsmaatskappy sal gemelde silo’s

aan Senwes verhuur op ’n langtermynbasis.

3.3.2 Die koopprys betaalbaar deur Senwes

aan MgK bedryfsmaatskappy vir die MgK

graanbesigheid beloop in totaal

R4 565 732,45 plus (1) die waarde van

alle handelsvoorraad van die MgK graan -

besigheid soos op die effektiewe datum van

die transaksie en (2) die waarde van

die debiteure minus die waarde van graan

en oliesaadtekorte soos op die effektiewe

datum van die transaksie.

3.3.3 Die huurbedrag betaalbaar deur Senwes

aan MgK bedryfs maatskappy vir die huur

van die silo’s soos na verwys in paragraaf

Mgh beheRenD bePeRK

Ingelyf in die Republiek

van Suid-afrika

(Registrasienommer

1998/001621/06)

(“MgK beherend”)

AAnKonDIGInG vAn TERME DEuR SEnWES En MGK BElEGGInGS MET BETREKKInG ToT

DIE vERKRyGInG vAn ’n EKWITEITSAAnDEEl In MGK BElEGGInGS DEuR SEnWES En DIE

REoRGAnISASIE vAn DIE BESIGhEDE vAn BEIDE

3.3.1 hierbo, beloop R1 125 000,00 per

maand plus belasting op toegevoegde

waarde. Die huur sal eskaleer teen ’n

ooreengekome SaFeX inflasiekoers op ’n

jaarlikse basis.

3.4 verkoop van Senwes handelstakke

3.4.1 Onderworpe aan, inter alia, die opskortende

voorwaardes soos na verwys in paragraaf 4,

sal Senwes sy handelstakke te hartswater

en Jan Kempdorp aan MgK bedryfs maat -

skappy verkoop as ’n lopende saak. Die

besighede en bates wat verkoop word aan

MgK bedryfsmaatskappy sal, inter alia,

Senwes se Village grocer-winkel te Jan Kemp-

dorp en sy meganisasieafdeling uitsluit.

3.4.2 Die koopprys betaalbaar deur MgK

bedryfs maat skappy aan Senwes vir die

Senwes handelstakke beloop ’n bedrag

van R18 000 000 (wat die handelsvoorraad

van die besigheid soos op die effektiewe

datum van die transaksie insluit). Die

koopprys sal opwaarts of afwaarts aangepas

word tot die mate waartoe die handels-

voorraad die bedrag van R7 500 000

oorskry of vir minder as gemelde bedrag

gewaardeer word, welke geval ook al van

toepassing mag wees.

3.5 Effektiewe datums van die Transaksies

Die effektiewe datums van die Transaksies is gekoppel

aan die datum van voldoening aan alle opskortende

voorwaardes, wat na verwagting voor of op 1 Junie

2011 sal wees.

3.6 Aandeelhouersooreenkoms met betrekking

tot MGK Beleggings

MgK beleggings, Senwes, MgK beherend en

Intrax het ’n aandeelhouersooreenkoms aangegaan,

welke ooreenkoms die verhouding tussen

Senwes, MgK beherend en Intrax as aandeelhouers

van MgK beleggings sal beheer na die

implementering van die aandeleverkryging wat,

inter alia, die volgende hoofbepalings bevat:

3.6.1 Die raad van direkteure van MgK beleggings

sal uit nie meer as tien direkteure bestaan

nie en die partye sal geregtig wees om die

volgende aantal direkteure vir aanstelling op

die direksie te nomineer:

3.6.1.1 Senwes, vyf direkteure;

3.6.1.2 MgK beherend, drie direkteure; en

3.6.1.3 Intrax, twee direkteure.

3.6.2 ’n aantal belangrike finansiële aspekte

mag nie onderneem word of uitgevoer word

nie, tensy Senwes, MgK beherend of

Intrax, of al die direkteure wat genomineer

is vir aanstelling deur hulle, eenparig

goedkeuring tot dien effekte verleen het.

3.6.3 ’n aantal bedryfsake mag nie onderneem

of uitgevoer word nie, tensy die meer -

derheid van alle direkteure genomineer

vir aanstelling deur Senwes, MgK behe -

end en Intrax, welke meerderheid direk -

teure genomineer vir aanstelling deur elk

van gemelde partye sal insluit, vooraf

goedkeuring tot dien effekte verleen het.

3.6.4 Indien die totale aandeelhouding van MgK

beherend en Intrax in MgK beleggings

sou verlaag tot minder as 25% van die totale

uitgereikte aandelekapitaal van MgK

beleggings na 30 november 2014, en

indien enige van die sake na verwys in

paragrawe 3.6.2 of 3.6.3 nie opgelos

word op die wyse voorsien nie, sal die

saak na ’n algemene aandeelhouers -

vergadering verwys word vir oplossing.

3.6.5 Tensy andersins ooreengekom deur ’n

meer derheid van alle direkteure van MgK

beleggings, welke meerderheid direk teure

genomineer vir aanstelling deur Senwes,

MgK beherend en Intrax sal insluit, sal

MgK beleggings ’n dividend-dekking

behou van nie minder as drie maal nie.

3.6.6 Senwes, MgK beherend en Intrax het voor -

koopregte aan mekaar verleen ten opsigte

van hul onderskeie aandele in MgK

beleggings, met dien verstande dat indien

óf Intrax óf MgK beherend hul aandele wil

verkoop, die aandele eerste aan die ander

van gemelde partye aangebied sal word.

3.6.7 MgK beherend en Intrax het saamgaan -

regte oor hul aandele aan mekaar verleen

in die geval waar enige van dié partye ’n

aanbod ontvang van ’n derde party vir alle

of ’n gedeelte van hul aandele in MgK

beleggings en dit wil aanvaar.

4. oPSKoRTEnDE vooRWAARDES MET

BETREKKInG ToT DIE TRAnSAKSIES

4.1 al die Tansaksies is inter-voorwaardelik aan

mekaar en is, inter alia, onderworpe aan die

volgende opskortende voorwaardes:

4.1.1 goedkeuring van die Transaksies deur die

Mededingings owerhede teen nie later as

31 Mei 2011 nie;

4.1.2 die nodige goedkeuring van alle dokumente

en aankondi gings wat verband hou met die

aandeleverkryging en die Verpligte aanbod

deur die SRP ooreenkomstig die SRP-kode,

teen nie later as 31 Mei 2011 nie;

4.1.3 die suksesvolle afhandeling van besig -

heids verifikasie prosesse deur Senwes ten

opsigte van MgK graanbesigheid en deur

MgK bedryfsmaatskappy ten opsigte

van die Senwes handelstakke, voor of op

15 Februarie 2011; en

4.1.4 die verkryging van die nodige befondsing vir

die verkryging van die Senwes handels -

takke deur MgK bedryfsmaatskappy, voor

of op 31 Maart 2011.

4.2 Die partye kan onderling ooreenkom oor ’n

verlenging van gemelde datums vir voldoening

aan die opskortende voorwaardes.

5. REËlInGS ooREEnGEKoM DEuR SEnWES, MGK

BEhEREnD En InTRAX

5.1 In afwagting op die implementering van die

Verpligte aanbod, het Senwes, MgK beherend

en Intrax ooreengekom dat, tot die mate waartoe

die Verpligte aanbod aanleiding gee daartoe dat –

5.1.1 Senwes minder as 51% van die totale

uitgereikte aandelekapitaal van MgK beleg -

gings verkry, die MgK aandeelhouersblok

voldoende addisionele MgK be leg gingsaandele

aan Senwes sal verkoop teen die

Verpligte aankoop prys per aandeel ten

einde te verseker dat Senwes nie minder

as 51% van die totale uitgereikte aandele -

kapitaal van MgK beleggings sal hou nie;

en

5.1.2 Senwes meer as 51% van die totale

uitgereikte aandelekapitaal van MgK

beleggings verkry, die MgK aandeel -

houersblok die reg sal hê om alle of ’n

gedeelte van die oorskot aandele te bekom

teen die Verpligte aanbodprys per aandeel,

plus rente daarop teen die prima uitleen -

koers min 2%, welke reg te enige tyd voor

of op 30 november 2014 uitgeoefen kan

word.

5.2 Intrax en MgK beherend sal op ’n jaarlikse

basis geregtig wees om die reg aan hul

onderskeie aandeelhouers te verleen om hul

aandele in Intrax en MgK beherend terug

te verkoop aan gemelde maatskappye en die

maatskappye sal op hul beurt geregtig wees

om aandele in MgK beleggings aan Senwes aan

te bied op 30 november 2012 en 30 november

2013 gelykstaande aan die waarde van die

finansiering benodig deur Intrax of MgK beherend

om hul aandele van hul aandeelhouers te bekom.

Senwes sal verplig wees om sodanige aandele

van Intrax of MgK beherend te koop, welke geval

ook al van toepas sing mag wees. Die aankoopprys

van die aandele sal bereken word op ’n basis

soortgelyk aan dié waarop die Verpligte

aanbodprys bereken is, met inagneming van die

gemiddelde geouditeerde na-belaste verdienste

per aandeel in MgK beleggings vir die twee

finansiële jare wat die datum van die aankoop

van die aandele deur Senwes voorafgaan.

5.3 na 30 november 2014, en indien Senwes te

enige tyd 80% of meer van die uitgereikte aandele

van MgK beleggings sou hou, sal Senwes

’n aanbod aan die oorblywende aandeelhouers

van MgK beleggings maak vir al hul aandele in

MgK beleggings, teen ’n prys gelykstaande aan

die drie maande gemiddelde geweegde aandeelprys

wat sodanige verkryging direk voorafgaan,

welke aanbod deur die oorblywende aandeelhouers

aanvaar of nie aanvaar kan word nie.

6. PRO FORMA FInAnSIËlE EFFEK vAn DIE

TRAnSAKSIES

6.1 Die ondergemelde ongeouditeerde pro forma

finansiële effek is die verantwoordelikheid van die

raad van direkteure van die betrokke maatskappy

en is voorberei ter illustrasie ten einde inlig ting

te verskaf oor hoe die Transaksies die historiese

waarde van die aandele in die betrokke

maatskappy kon affekteer. Weens die aard

daarvan, mag die ongeouditeerde pro forma

finansiële effek moontlik nie ’n billike aanduiding

van die waarde van die aandele in die betrokke

maatskappy na die implementering van die

Transaksies of hul toekomstige waarde wees nie.

6.2 op ’n Senwes aandeelhouer

Die ongeouditeerde pro forma finansiële effek

van die Transaksies op ’n Senwes aandeelhouer

soos hieronder uiteengesit –

6.2.1 is gebaseer op ’n berekening van Senwes

se netto batewaarde soos op 30 april 2010

en die geouditeerde resultate van Senwes

vir die jaar geëindig 30 april 2010; en

6.2.2 is gebaseer op die geweegde gemiddelde

markprys van Senwes aandele vir die

30 dae geëindig 24 Julie 2010, wat die

laaste verhandelingsdatum voor die

publi kasie van die omsigtigheids aan -

kondiging met betrekking tot die Tran

s aksies was.

voor

verkryging

sent/aandeel

na verkryging

verhoging/

(verlaging) %

Markwaarde 798 3,7

netto batewaarde 585,8 0,5

Verdienste 115,6 8,3

6.3 op ’n MGK Beleggings aandeelhouer

Die ongeouditeerde pro forma finansiële effek van

die Transaksies op ’n MgK beleggings aandeel -

houer soos hieronder uiteengesit –

6.3.1 is gebaseer op ’n berekening van MgK

beleggings se netto batewaarde soos op

31 Julie 2010 en die geouditeerde resul -

tate van MgK beleggings vir die jaar

geëindig 31 Julie 2010;

6.3.2 is gebaseer op die geweegde gemiddelde

markprys van MgK beleggings aandele vir

die 30 dae geëindig op 24 Julie 2010, wat

die laaste verhandelingsdatum voor die

publikasie van die omsigtigheids aan kon -

diging met betrekking tot die Transaksies

was; en

6.3.3 is gebaseer op die volgende aannames:

6.3.3.1 die verkryging van die Senwes

handelstakke sal MgK bedryfs -

maatskappy se na-belaste wins

verhoog met R1 000 000;

6.3.3.2 die verkoop van die MgK graanbesigheid

sal MgK bedryfsmaatskappy

toelaat om oorhoofse

koste te sny, wat ’n na-belaste

besparing van R5 000 000 tot

gevolg sal hê; en

6.3.3.3 met die ondersteuning van Senwes,

sal MgK bedryfsmaatskappy

meer voordelige rentekoerse kan

beding, wat ’n na-belaste besparing

van R3 000 000 tot gevolg

sal hê.

voor

reorganisie

sent/aandeel

na reorganisasie

verhoging/

(verlaging) %

Markwaarde 300 61,7

netto batewaarde 723,3 0

Verdienste 30,13 87,3

6.4 op ’n MGK Beherend aandeelhouer

Die ongeouditeerde pro forma finansiële effek van

die Transaksies op ’n MgK beherend aandeelhouer

soos hieronder uiteengesit –

6.4.1 is gebaseer op ’n berekening van MgK

beherend se netto batewaarde soos op

31 Julie 2010 en die geouditeerde

resultate van MgK beherend vir die jaar

geëindig 31 Julie 2010;

6.4.2 is gebaseer op die geweegde gemiddelde

markprys van MgK beherend aandele

vir die 30 dae geëindig op 24 Julie 2010,

wat die laaste verhandelingsdatum voor

die pu blikasie van die omsigtigheids -

aankondiging met betrekking tot die

Transaksies was;

6.4.3 is gebaseer op die aanname dat die

waarde van MgK beherend aandele sal

toeneem teen dieselfde koers as die van

MgK beleggings; en

6.4.4 is gebaseer op die volgende verdere

aannames:

6.4.4.1 die verkryging van die Senwes handelstakke

sal MgK bedryfsmaatskappy

se na-belaste wins verhoog

met R1 000 000;

6.4.4.2 die verkoop van die MgK graanbesigheid

sal MgK bedryfsmaatskappy

toelaat om oorhoofse koste

te sny, wat ’n na-belaste besparing

van R5 000 000 tot gevolg sal

hê; en

6.4.4.3 met die ondersteuning van Senwes,

sal MgK bedryfsmaatskappy

meer voordelige rentekoerse kan

beding, wat ’n na-belaste besparing

van R3 000 000 tot gevolg

sal hê.

voor na reorganisasie

reorganisasie verhoging/

sent/aandeel (verlaging) %

Markwaarde 300 61,7

netto batewaarde 803,8 0

Verdienste 183,9 16

7. hERRoEPInG vAn

oMSIGTIGhEIDSAAnKonDIGInG

Senwes, MgK beleggings en MgK beherend

aandeelhouers word in kennis gestel dat die

omsigtigheidsaankondiging met betrekking tot die

Transaksies soos na verwys in paragraaf 1 hierbo,

hiermee herroep word.

Senwes

EM Joynt (Mev.)

Maatskappysekretaris

Tel nr. (018) 464-7104

Klerksdorp

1 Februarie 2011

MGK

NJ Bronkhorst (Mnr.)

Maatskappysekretaris

Tel nr: (012) 381-2892

brits

10

••• laNDBoU-TEGNiEK

faktore wat jou

nOUKeURIge bePlannIng en

beSTUUR IS nOODSaaKlIK OM

gOeIe KORIngOPbRengSTe Te laaT

RealISeeR. Ten eInDe VOlhOUbaaR

Te PRODUSeeR, IS DIT eSSenSIeel

OM OPTIMale eKOnOMIeSe

PRODUKSIe MeT DIe MInSTe RISIKO

na Te STReeF en hOëR MaRgeS PeR

heKTaaR Te laaT RealISeeR.

> TEKS: GERRIT ooSThuIzEn

Plantfisiologiese faktore wat

graanopbrengste by koring beïnvloed, is soos volg:

• Die aantal plante per hektaar;

Figuur 1: Die groei- en ontwikkelingstadiums van koring.

• Die aantal are per plant;

• Die aantal korrels per aar; en

• Individuele graankorrelmassa.

al die bestuursaspekte wat bogenoemde kan beïnvloed,

is gevolglik belangrik om ’n goeie graan opbrengs

te verseker.

GRoEI- En onTWIKKElInGSTADIuMS

bogenoemde komponente en uiteindelike graan-

opbrengs word tydens die drie hooffases (vege tatiewe-,

reproduktiewe- en graanvullingsfase) van

ontwikkeling op verskillende groeistadia beïnvloed.

Dit is gevolglik moontlik dat ’n opbrengskomponent

wat later in die groeiperiode vasgelê word, gedeel -

te lik kan kompenseer vir ’n potensiële opbrengsverlaging

wat vroeër voorgekom het. Die verskillende

opbrengskomponente oorvleuel in hul onderskeie

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

laNDBoU-TEGNiEK •••

koringopbrengs beïnvloed

invloede op potensiële graanopbrengs en die kompo

nente ontwikkel in ’n bepaalde volgorde, soos in

Figuur 1 aangedui.

Die ontwikkelingstadia van koring kan volgens

verskillende skale (byvoorbeeld Feekes, Zadoks en

Joubert) beskryf word (Figuur 1). In hierdie artikel

word die ontwikkelingstadia soos beskryf deur Joubert,

gebruik.

Faktore waaroor die produsent nie beheer het nie,

is onder meer temperatuur en reënval (gedurende die

seisoen, asook in die periode voor plant, byvoor beeld

’n oorlêstelsel by droëlandverbouing). aspekte soos

kultivarkeuse, bewerkingsmetodes, ’n oorlêstelsel

by droëlandverbouing, plantaksie, grond regstelling,

plantvoeding en insek-, siekte- en onkruidbeheer is

egter in die produsent se hande. In Foto 1 kan koring

(onder droëlandtoestande) met ’n goeie plantestand

gesien word.

onTWIKKElInG vAn DIE KoRInGPlAnT

halmproduksie (stoel), voor halmverlenging, word

bevoordeel deur warm, vogtige weer en gunstige

grondvoedingstatus, veral stikstof. halmverlenging

is die vinnigste groeifase van die koringplant. Die

Foto 1: ’n Goeie stand droëlandkoring.

verhoogde tempo van stikstofopname begin ook in

dié fase plaasvind en die potensiële aantal pitte of

are word vasgelê. Onvoldoende stikstof gedurende

hierdie stadium lei tot halmafspening en gevolglike

opbrengsverlies.

In teenstelling hiermee, kan kunsmisbrand (kuns -

misplasing te na aan die saad tydens die plantproses)

aan die begin van die groeiseisoen ook ’n nadelige

effek hê, wat die groei en ontwikkeling van die

vervolg op bladsy 12

TABEl 1: FAKToRE WAT oPBREnGSKoMPonEnTE BEïnvloED.

Fase Faktore opbrengskomponente

Plant • Plantdigtheid (kg/ha)

• Duisendkorrelmassa

• Ontkiemingspersentasie

• Saadgroeikragtigheid

• Koleoptiellengte

• grondstruktuur en -tekstuur

• Saadbedvoorbereiding

• grondwater met plant

• Plantmetode en -diepte

• Plantvoeding

• Saadbehandeling

aantal plante per hektaar gevestig

vegetatiewe en

• Kultivar

aantal halms/are per hektaar

reproduktiewe fase • Plantdatum

• grondvrugbaarheid (byvoorbeeld n, P, K en ph)

• grondwater

• Temperatuur

• Insekte/siektes/onkruide

Graanvulling • Kultivar

• Stikstofbeskikbaarheid

• Waterbeskikbaarheid

• Temperatuur

• Siektes en insekte

Korrelgetal per aar en graangewig

11

12 ••• laNDBoU-TEGNiEK

Faktore wat jou

koringopbrengs beïnvloed

vervolg van bladsy 11

gewas en uiteindelik die opbrengs, kan benadeel.

Wat die situasie meer ingewikkeld maak, is dat die

koringplant deur die loop van die seisoen vir skade

kan kompenseer en is dit moeilik om te bepaal wat

die uiteindelike uitwerking op die opbrengs gaan

wees.

Stikstofopname gedurende die graanvullingsperiode

is relatief laag in vergelyking met die

halmverlengingstadium. Stikstof in die plantweefsel

word gemobiliseer en getranslokeer na die graan,

met klein hoeveelhede van die grond afkomstig.

Die ontwikkelende are en verlengende halms

(groeistadium 5 tot 15) plaas ’n groot aanvraag

op die plant se hulpbronne vanaf halmverlenging.

Jonger, swak ontwikkelde halms wat nie kan

kompeteer nie, gaan gou verlore. Die hoeveelheid

halms (are) en syare wat deur die koringplant

geïnisieer word, is gewoonlik baie meer as die

hoeveelheid are en pitte wat tot en met rypwording

onderhou kan word. ’n afwaartse aanpassing

in die opbrengspotensiaal begin gewoonlik met

halmverlies by die begin van halmverlenging en hou

aan tot en met syaar- of blompakkieverlies voor die

blomstadium.

Droogte- en hittestres gedurende halmverlenging

en aarverskyning verhoog die tempo van halmmortaliteit.

Indien die droogtestres gebreek word,

of daar is ’n laat toediening van stikstof gedurende

hierdie stadiums, kan dit lei tot die ontwikkeling van

laat rypwordende are.

Omgewingstres voor vlagblaarverskyning kan

die verlies van syare op die ontwikkelende aar

tot gevolg hê. blompakkie-inisiasie (syare) begin

in die laer, middel area van die aar en versprei

na die basis en bokant van die aar. Onder

erge omgewingstrestoestande kan die syare

(blompakkies) by die bopunt en basis van die aar

afgespeen word.

Die finale aanpassing in opbrengspotensiaal vind

plaas gedurende die graanvullingstadium wanneer

die korrelgrootte bepaal word.

In Figuur 2 word ’n paar van die groeistadiums

van die koringplant aangetoon.

Dit is duidelik dat, soos algemeen bekend,

klimaat- en bestuursaspekte ’n groot rol speel

in die opbrengspotensiaal van die koringplant.

GRoEISTADIuM 4 GRoEISTADIuM 13 GRoEISTADIuM 17

GRoEISTADIuM 20 GRoEISTADIuM 25

Figuur 2: verskillende groeistadiums van koring.

Wat egter belangrik is om te onthou, is dat

indien stremmingstoestande reeds vroeg in van

die ontwikkelingstadiums van die koringplant

heers, dit ’n blywende negatiewe effek op die

uiteindelike graanopbrengs kan hê. Onder

droëlandtoestande het die produsent nie beheer

oor die klimaat gedurende die groeiseisoen

nie, maar by besproeiing is dit belangrik dat

aspekte soos bemesting (byvoorbeeld verdeelde

stikstofbemesting) en besproeiingskedulering,

noukeurig bestuur moet word. S

verwysings

• handleiding: Produksie van kleingrane in die

somerreëngebied 2010 (lnR – Kleingraaninstituut).

• Winter cereal production (http://www.usask.ca/

agriculture).

• nitrogen management for winter wheat: Principles and

recommendations (http://pubs.ext.vt.edu).

• growth stages of wheat: Identification and under stan ding

(http://safiles.tamu.edu/agronomy/wheat/whtmang.htm).

• Kunsmisplasing maak saak (http://www.grainsa.co.za/

dokuments/SaGraan_Mrt06_P50_51.pdf).

Gerrit Oosthuizen is ’n Senior Akkerboukundige by Senwes

Landboudienste. Skakel hom gerus vir enige navrae by

(018) 462-8533 of 084 506 8791. ’n E-pos kan ook gestuur

word na gerrit.oosthuizen@senwes.co.za.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

14 ••• NUTri FEEDS-promoSiE-arTiKEl

B akgat bakbestuur

met Nutri Feeds

voedingkundiges en sekerlik

ook produsente is al so moeg gepraat en geluister

na die ou stories van watter lekke om wanneer te

gee, maar die saak bly staan dat wanneer ons die

regte lekke op die regte tyd vir die regte diere gee,

is hulle inname voldoende en kry elke dier die voorgeskrewe

hoeveelheid lek beskikbaar.

goeie lekbakbestuur is ’n term wat maklik gebruik

word om ’n moeilike proses te beskryf. Met

goeie lekbakbestuur sal al die diere in die trop

deurentyd toegang tot lekke hê. hoekom is dit

moeilik? behalwe vir voor die handliggende redes

soos die weer en seisoen, is daar dikwels dominante

vreters wat ander, gewoonlik kleiner diere, van die

betrokke bakke af wegstamp. Indien voldoende

spasie beskikbaar is, kan die dominante vreter egter

nie al die ander diere wegdruk nie en kry elkeen sy

deel. Tabel 1 verskaf duimreëls met betrekking tot

vreetspasie.

Om die korrekte innames te verseker, moet diere

dag en nag vrye toegang tot die lekbakke hê. Die

bakke moet altyd vol wees en gereeld skoongemaak

word. Speeksel, wol, mis, ensovoorts besoedel die

lekke en onderdruk die dier se inname. Klam lekke

met min sout in, muf dikwels. Indien nuwe lekke net

bo-op die gemufde produk gegooi word, word die

nuwe produk besoedel. beeste ruik die muf en vreet

nie graag uit die krippe nie. gemufde voer moet

verwyder en vernietig word.

Om meer gereeld kleiner hoeveelhede te voer,

TABEl 1: vREETSPASIE BEnoDIG En InnAMES vAn lEKKE.

word aanbeveel. Die lekke bly vars, raak nie gals te rig

nie en wanneer dit reën, is dit net die minimum wat

verwyder hoef te word. Pasop dat die diere nie in die

proses geen lekke tot hulle beskikking het nie. Die

nutritub-reeks is weerbestand, aangesien slegs die

boonste 2,5 cm van die inhoud nat word. hierdie

produk muf nie en die inname word gereguleer deur

die toffie-konsep. geen stukke kan afgebyt word nie.

Dus word niks in die grond ingetrap nie en die diere

se tande word ook nie beskadig nie – dit is inderdaad

die enigste lek wat net gelek kan word.

Met goeie lekbakbestuur kan innames akku raat

bepaal en met die aanbeveling van die voer maatskappy

vergelyk word. Om te meet is om te weet

– klop die innames met die aanbeveling? Indien

nie – wat is die ekonomiese implikasie hier van? en

nie net die ekonomiese implikasie nie – wat is die

biologiese implikasie op die dier?

nutri Feeds verskaf ’n volledige reeks lekke aan

die produsent vir optimale aanvulling. Dit sluit ons

los meeltipe lekke in, sowel as die unieke nutritubreeks.

Vitamiene en minerale word teen optimum

peile ingesluit en lekke word perfek geformuleer om

in die spesifieke herkouer se behoefte te voldoen.

Met nutri Feeds se nutrilick- en nutritub-reeks kan

enige kudde die “Formule vir sukses” ervaar!

Skakel gerus jou nutri Feeds Tegniese adviseur

of ons kantoor by (056) 344-2200 vir die korrekte

aanbeveling wat jou sak sal pas en in jou diere se

behoeftes sal voorsien. S

Inname:

Beeste

Inname:

Skape

Beeste

(Kripspasie)

Skape

(Kripspasie)

Produksie- en energielekke 1 - 2 kg 150 g - 300 g 10 per m 50 per m

Onderhoudslekke 300 g - 750 g 50 g - 100 g 15 per m 50 per m

Fosfaatlekke 100 g 12 g - 25 g 20 per m 50 per m

nutritub Proteïen 460 g - 650 g 70 g - 120 g 12 - 15 per tub 75 per tub

nutritub energie 1 kg - 2 kg 200 g - 400 g 6 - 10 per tub 40 - 50 per tub

nutritub Fosfaat 100 g 12 g - 25 g 20 - 30 per tub 75 per tub

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

16 ••• SENWES villaGE

F rom Greens

2 Dreams

Weet jy van ’n welsynsorganisasie wat

ernstige nood ervaar? Moenie twee keer dink

nie en gaan nomineer dié organisasie tussen

28 Februarie en 25 Maart 2011 op Senwes se

webtuiste by www.senwes.co.za.

Jou nominasie sal Senwes Village help om die

geld wat tydens Village se gholfdag aan die einde

van verlede jaar ingesamel is, aan meer as een

verdienstelike organisasie te skenk.

Wat behels die From Greens 2 Dreams veldtog?

Stap 1 – nominasieproses

enigiemand kan ’n nie-winsgewende organisasie

van hul keuse (soos beskryf in artikel 21 van die

Maatskappywet 1973), en wat geleë is in OFM

se bedieningsgebied, op die Senwes webtuiste

nomineer. ’n nie-winsgewende organisasie kan

ook hulself op die webtuiste nomineer.

Die nominasievorm sluit in: die organisasie se

kontakbesonderhede, hul behoeftes, asook hoe veel

geld hulle benodig om die behoeftes te bevre dig.

Die nominasie-tydperk sal duur vanaf 28 Februarie

tot 25 Maart 2011.

Stap 2 – Keuringsproses

Die nominasies sal vanaf 28 Maart tot 30 Maart

deur ’n keuringsproses gaan, waarna die kwali fise

rende instansies op die webtuiste geplaas sal

word.

Stap 3 – Stemproses

Die publiek kan tussen 1 April en 14 April 2011

op dié webtuiste gaan stem. elke persoon kan

slegs een keer vir een organisasie stem.

Stap 4 – Aankondiging

Die organisasies wat geld sal ontvang, sal tussen

18 en 21 April 2011 op OFM tydens ’n lewendige

uitsending bekendgemaak word en daarna op

Senwes se webtuiste. S

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

Surface Water Pro is

jou reddingsbaadjie

Reën het weens die gebrek

aan waterafloop beplan ning die afgelope seisoen

baie landerye verspoel. Senwes se John Deere

presisieboerdery-afdeling (aMS) stel bekend ’n

produk genaamd Surface Water Pro, wat jou sal

help met dié beplanning.

Die greenstar-komponente word gebruik om data

in te samel deur of ’n land op te meet of bestaande

data – soos opbrengsdata, of data van vorige

bewerkings – te gebruik. Die data word dan afgelaai

op die apex-program, wat opgegradeer moet word

met Surface Water Pro for apex. Dan word die

hoogtekaart vir die waterafloopbeplanning gebruik

om kontoere te ontwerp, waarna die kontoere

oorgedra word na jou John Deere gS2-skerm en

indien jy auto Trac het, sal die trekker die kontoer vir

jou kan uitry.

Surface Water Pro kan met igrade opgegradeer

word, om sodoende ’n John Deere-trekker te

gebruik om ’n skraper te trek en die lande gelyk te

maak. Die hele stelsel benodig ’n John Deere RTKsein

om te werk.

John Deere het ook die rate controller beskikbaar

gestel, waarmee kunsmis variërend toegedien kan

word. Met dié produk kan meer as een droë en

vloeibare produk toegedien word. Senwes is ’n

agent vir al Topcon se produkte en dié produk kan

ook gebruik word vir variërende toediening.

Vir meer inligting oor bogenoemde produkte,

skakel gerus enige van die Presisieboerderytegnikuste

by hoofkantoor by hul tolvrynommer:

0800 864 611. S

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

Theuns Botha

SENWES villaGE •••

Antoon Smalberger

Nuwe Village bestuurder

het groot planne

Theuns botha, wat voorheen die bestuurder van

Ven ters dorp Village was, het verhuis Vereeniging

toe en is sedert 1 november verlede jaar by dié

Village werksaam. antoon Smalberger is in sy plek

op Ventersdorp aangestel.

antoon was voorheen vir 30 jaar by afgri

(vroeër OTK) werksaam. Met baie tegniese kennis

asook agtergrond in dienslewering, het antoon

baie planne vir sy Village. “ek wil graag die

diensvlakke verbeter; goeie, betroubare diens aan

my klante bring; die winsgewendheid verbeter deur

volumes te skuif en dit ’n plek maak waar klante

wil wees en bymekaar wil kom.

“ek is baie bevoorreg om saam met

Ventersdorp Village se personeel te werk. Ons

klante is baie wel kom om hulle te kom tuismaak

by ons winkel. enige insette wat hulle lewer, sal

verseker nie oorgesien word nie. Ons sien kritiek

as opbouend en nie as iets persoonlik nie – dit

is iets wat kan help om ons dienslewering te

verbeter,” het antoon gesê. S

0800 864 611: hoe kan ons help?

Senwes Presisieboerdery het in november

verlede jaar ’n hulplyn daargestel om

alle klantenavrae ten opsigte van John

Deere presisieprodukte te beantwoord.

Die tolvrynommer (0800 864 611) kan

Maandae tot vrydae tussen 08:00 en

16:30 geskakel word. Die personeel by

Presisieboerdery wat self die hulplyn

op ’n roterende basis sal beman, is

van links: hennie Janse van vuuren,

Chris Els, Etienne nel (Bestuurder:

Presisieboerdery) en Danie van der

Westhuizen. Jaco viviers was afwesig

tydens die neem van die foto. S

17

18

••• SENWES villaGE: FocUS oN To o lS

In and around

the house

aRe YOU a DIY TYPe OF PeRSOn OR

lIKe TO TRY OUT neW PRODUCTS?

Then SenWeS VIllage haS JUST The

TOOlS FOR YOU. The ThRee OR FIVe

TOnne bOTTle JaCK, InVeRTeR

WelDIng MaChIne OR aUTO

DaRKenIng WelDIng helMeT aRe

USeFUl TOOlS TO haVe In YOUR

gaRage, WhIle The bOSCh

PReSSURe CleaneR IS The MOST

haSSle-FRee CleanIng SOlUTIOn

YOU COUlD haVe In YOUR YaRD. S

STICK AnD TIG DC InvERTER

WElDInG MAChInE

This machine is lightweight and very

durable. It is ideal for maintenance

and construction and easily

transported. It comes complete

with a welding cable set, holder and

earth clamp.

1 year factory guarantee

excellent after sales service

BoSCh PRESSuRE ClEAnER

This high pressure washer has the fastest, most

convenient set-up and is easy to pack away.

It can be used to clean vehicles, motorbikes,

bikes, agricultural vehicles, driveways and many

other things in and around your house.

Time restricted cleaners are looking for:

• high performance

• Powerful and robust machines

• Fun to use

• Fast operation

other features of this product:

• 125 bar

• 410 litre/hour flow rate

• 1 800 W motor power

• 6 m torsion-flex pressure hose – thus no

more kinking and tangles.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

AuTo BlACK ADJuSTABlE DARKEnInG

WElDInG hElMET

The aRC given off from the welding process automatically

charges the solar panel and the lens

darkens immediately once welding has started.

This prevents arceyes. The helmet lens can be

adjusted from shade 9 - 13 as required.

The helmet’s life span varies in accordance to

how often it is used. however, the lifespan can

stretch to a couple of years if the helmet receives

good care.

1 year factory guarantee

excellent after sales service

ThREE TonnE BoTTlE JACK

Three Tonne bottle Jack

Minimum height: 194 mm

Maximum height: 372 mm

FIvE TonnE BoTTlE JACK

Minimum height: 216 mm

Maximum height: 413 mm

This product has a built-in safety

maximum capacity mechanism.

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

SENWES villaGE: FocUS oN Too lS •••

Tip

Mark all hot metal

after welding operations

are completed. Soapstone

is commonly used for

this purpose.

Tip

always lift a vehicle on a

level and paved surface when

using a bottle jack. always make

sure the vehicle is in gear or park and

the parking brake is applied when

using a bottle jack. If available,

place a tire wedge on the

opposite axle of the one

you are lifting.

19

20 ••• SENWES villaGE

Thinus Fourie

Van dié

werkswinkel sal

ek ’n sukses maak

Thinus Fourie het as ’n vakleerling

by Senwes begin werk en is vandag die Werks -

winkel bestuurder op Ottosdal. Sy lang termyndroom

vir dié werkswinkel is om dit meer winsgewend en

kliënte vrien de lik te kry. “My hemelse Vader het

my na die werkswinkel gestuur en deur Sy genade

sál die werkswinkel ’n sukses wees,” het hy gesê.

Senwes Scenario het meer oor Thinus gaan uitvind.

WAnnEER hET Jou looPBAAn By

SEnWES BEGIn?

ek het in Januarie 1999 as ’n vakleerling by Senwes

Kroonstad begin werk. In 2003 het ek my vakleerlingskap

as ’n John Deere werktuigkundige voltooi.

ek was vir ’n tydperk weg wat ek werksaam was by

John Williams in bloemfontein. hierna het ek weer

na Senwes teruggekeer.

BuITEn DIE BESTuuR vAn PERSonEEl En

KlAn TEDIEnS, WAT BEhElS Jou DAGTAKE?

ek help om trekkers reg te maak en hulp te verleen

aan die ander werktuigkundiges. Indien daar enige

DTaC formules* gelaai moet word, sal my dag wat

fisiese werk betref, eers later begin.

WAT IS vIR Jou ’n uITDAGInG In Jou WERK?

Personeelbestuur. Om my personeel só te kan bestuur

dat optimale produktiwiteit verkry kan word.

Daar is ongelooflik baie faktore wat hier ’n rol speel.

Om die werkswinkel so ekonomies moontlik te kan

bestuur is ook ’n uitdaging en die grootste hier van is

sekerlik die feit dat daar net twee piektye per jaar is,

naamlik planttyd en strooptyd. Die res van die jaar

is dit opsig self ’n groot uitdaging om genoeg werk te

kan genereer.

Gerhard odendaal (Bestuurder: vaalharts village),

links, wens Jurie en Johanna Meyer geluk met hul

eerste prys – ’n platskerm-Tv. “Die Meyers is van die

eerste intrekkers in die vaalharts-skema en boer

reeds sedert 1938 in dié gebied. vaalharts lê hul baie

na aan die hart,” het Gerhard gesê.

Kersfees in die

nuwe jaar

Jurie Meyer, nellie beket en Tobie Maartens

is vroeg in Januarie verras met ’n oproep van

Senwes Village om te sê dat hulle die wenners

van die 2010 Kerspromosiekompetisie is. al

wat klante moes doen om in aanmerking vir die

prystrekking te kom, was om R350 of meer se

Kerspromosieprodukte by ’n Senwes Village aan

die einde van 2010 te gekoop het. S

nellie Beket ontvang haar

nikon kamera van Jaco

van Graan (Bestuurder:

Senwes village, Welkom).

Willem Botha

(Bemarkingsbestuurder:

Senwes

village) oorhandig aan

Tobie Maartens sy Blu-

Ray DvD-speler.

EEn vAn Jou GRooTSTE BEKoMMERnISSE In

Jou WERK?

as dit kom by klante se heelwerktuie – die staan tyd

wanneer die heelwerktuie breek en die beskik baarheid

van onderdele. My verantwoordelikheid in hier die

opsig is om die kliënt so vinnig moontlik te help en

indien onderdele nie beskikbaar is nie, alter na tie we

reëlings te tref om die staantyd so kort as moontlik

te hou. S

* DTaC is ’n stelsel waardeur die John Deere-fabriek tegniese

bystand verleen.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

Nuwe wetgewing kan

voedselproduksie beïnvloed

VeRbRUIKeRS IS KWalITeITSbeWUS

en DIe MeeRDeRheID DOen hUl

VOeDSelaanKOPIeS bY MaaTSKaP-

PYe WaT ’n hOë gehalTe hanDhaaF

en DIe nODIge VeRSeKeRIng Kan

gee DaT DIe VOeDSelPRODUKTe

aan DIe hOOgSTe STanDaaRDe

VOlDOen.

> TEKS: MARIAnA PuRnEll

Sodanige tendense kan daartoe lei

dat die verbruiker die produsent se keuse van varië -

teit, landboupraktyke en selfs die hantering en bemar

king van die kommoditeit ten sterkste beïnvloed.

’n Identiteitpreservering-bemarkingsproses sal dus

van kardinale belang wees om naspeurbaarheid te

verseker en verbruikers gemoedsrus te gee dat se kere

prosedures tydens produksie, hantering, ver voer,

verwerking en verpakking streng volgens proto kol

uitgevoer is.

Die gebruik van chemikalieë en gMO-kommo diteite

sal veral onder die kollig kom wanneer Suidafrika

se nuwe Verbruikerswetgewing in werking tree

in 2011.

GMo-vRy

Daar is ’n groeiende vraag na gMO-vry produkte

(dit is produkte wat nie geneties gemanipuleerde

organismes bevat nie) namate al meer navorsingsresultate

die negatiewe invloed daarvan op die

fisiologie van mens en dier, asook die omgewing

illustreer. Die nuwe Verbruikerswetgewing stel

streng riglyne ten opsigte van toepaslike toetse en

dokumentasie om die gMO-status van produkte

tydens bemarking te bewys.

Daar is ’n behoefte na gMO-vry wit- en geelmielies

sowel as sojabone in europa en ook in die

Ooste waar daar sterk verbruikersweerstand teen

genetiese manipulasie is. In afrika is dit ’n kwessie

van voldoening aan die Cartagena Protokol wat

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

SENWES GraiNliNK •••

beskerming bied ten opsigte van die veilige vervoer,

hantering en gebruik van gMO’s wat ’n nadelige

effek mag hê op die bewaring en volhoubare gebruik

van biologiese diversiteit. Dit neem ook menslike

gesondheidsrisiko’s in aanmerking en fokus op die

beweging van sodanige produkte oor landsgrense.

voEDSElvEIlIGhEID

Wêreldwye tendense in voedselveiligheid bied ’n

uitdaging vir al die rolspelers in die voedselketting

om aan te pas en ’n produk van hoë kwaliteit, wat

voldoen aan voedselveiligheid standaarde, te lewer.

belangrike uitdagings in die graanbedryf is mikrobiese

voedselgedraagde siekte en algemene voedselveiligheid

aspekte.

Die nuwe Verbruikerswetgewing mag dalk vereis

dat daar stiptelik rekords gehou word van elke middel

wat op elke kommoditeit gebruik word. Sodra

die regulasies in hierdie verband bekend gemaak

word, sal toepaslike stappe geneem word om te

voldoen aan die wetgewing.

Chemiese middels en beperkings op die graan

wat gelewer sal word, soos vervat in die Wet op

landbouprodukstandaarde (1990), is veral ter

sprake.

Wetlike vereistes is neergelê met betrekking tot

die gebruik van sekere onkruiddoders, insekdoders

en verskeie ander landboukundige chemikalieë en

die residu-vlakke van die relevante produkte wat in

die produk teenwoordig mag wees en wat toegedien

mag word. Produsente moet hulle vergewis van die

wetlike vereistes en voldoen aan die standaarde

soos daarin neergelê. Tans moet die produsent voor

lewering ’n verklaring van nakoming by elke Senwes

silo indien waar hy lewer. hierin moet hy verklaar

dat hy die voorskrifte nagekom het en nie onwettige

middels en/of teen foutiewe dosisse of op verkeerde

tye, van die wettige middels toegedien het nie. S

Mariana Purnell is Bestuurder: Spesiale Produkte by Senwes

Grainlink. Vir meer inligting oor dié artikel skakel haar by

(018) 464-7271 of stuur ’n e-pos na mariana.purnell@senwes.

co.za.

21

22 ••• SENWES GraiNliNK

Moeg vir lees?

Luister nou na markverslag

Indien jy nie die weeklikse markverslag

wil lees nie, kan jy nou daarna luister. besoek

Senwes se webtuiste by www.senwes.co.za elke

Maandagoggend vanaf 10:00 om te luister na Theo

Venter (graananalis: Senwes grainlink) se vyfminute

verslag.

buiten die weeklikse verslag, is Theo ook verantwoordelik

daarvoor om elke dag ’n oggendverslag

vir Senwes se klante uit te stuur. Dit word ongeveer

08:30 per e-pos uitgestuur én op Senwes se webtuiste

gepubliseer. Die verslag bevat inligting oor die

weeklikse gebeure en tendense in die graanmark

asook statistiese inligting.

“Twee van die maatskappye wat ek as inligtingsbronne

gebruik om internasionale nuus te kry, is

new edge en CMe group in die VSa. Reuters kom

veral handig te pas by die insameling en inter pretering

van markinligting. een van my belang rikste

insette wat ek gebruik om verslae te skryf, is

Senwes se hulpbronne.”

“Om reg te wees in my siening is vir my ’n uitdaging

in my werk,” sê hy. “Die uitdaging is vir my

opwindend, omdat ek nooit weet wat môre in die

wêreld gaan gebeur en die impak wat dit op die

graanmark kan hê nie.” hy vertel van die 25 km

lange sprinkaanplaag wat australië november

verlede jaar getref het en die rimpel-effek wat dit op

Suid-afrika se graanpryse gehad het.

Theo het voorheen by grainvest in Pretoria gewerk,

waar hy van fisiese graanverhandeling tot die

insameling van markinligting gedoen het. hy het in

2007 sy graad in Risikobestuur verwerf. S

Theo venter

Skakel Theo gerus by (018) 464-7723, indien jy meer

inligting oor sy verslae verlang of indien jy vir hom wil

terugvoer gee.

24

••• SENWES GraiNliNK

Senwes se span

silobestuurders

saam met van

Grainlink se

personeel.

Grainlink opgewonde oor 2020

Die jaarlikse silokonferensie

wat van 12 tot 14 Januarie vanjaar by die

aldam vakansie-oord gehou is, het Senwes se

silopersoneel omtrent opgewonde gehad met al die

nuwe geleenthede wat vir Senwes in die volgende

tien jaar wink.

Francois Strydom het personeel toegespreek oor

Senwes se 2020-visie. Lees meer hieroor op bladsy

4 van dié uitgawe.

Chris Sturgess van Safex het die vooruitsigte in

die bemarking van graan, wat ’n invloed op silobestuurders

sal hê, verduidelik. Pieter esterhuysen

(hoofbestuurder: Senwes grainlink) het hierna die

pad wat grainlink in die volgende tien jaar gaan

stap, in verband gebring met grainlink International.

Die futuristiese scenario wat deur Pieter en graham

lottering (Streeksbestuurder: Senwes grainlink)

geskets is, was ’n openbaring vir baie personeel

en hulle sal verseker hul eie rol in die 2020-visie

herevalueer.

niel Steinman het almal geboei met sy interessan

te toespraak: raising Giant Killers. Dit het

B aie naby aan volpunte

Senwes Graanhantering het verlede

jaar tydens ’n opname onder korporatiewe

maat skappye en senior

regerings amptenare in die noordwes

Provinsie stof in die oë ge skop van

ander maatskappye in die landbousektor.

ons het ’n totaal van 4,38 uit

’n moontlike 5 gekry. ’n Totaal van

3 206 graderings is in dié provinsie

gedoen. Die doel van die gradering

is om uitnemendheid in die industrie

te verbeter en om ’n standaard in

die industrie daar te stel. Dit is ook

’n unieke bemarkingsinstrument vir die maatskappy en dit verteenwoordig

mededingendheid, doeltreffendheid, uitnemendheid, leierskap, veer kragtigheid

en tevrede kliënte. Pieter Esterhuysen (hoofbestuurder: Senwes

Grainlink), links, en Pieter Malan (Assis tent hoofbestuurder: Graanbedryf)

hou met trots die toekenning vas. S

gehandel oor mentorskap – om ’n gebalanseerde

kultuur binne ’n groep te verseker. hy het ook die

konsep van vrees, wat dikwels ’n struikelblok word

wanneer ’n mens in nuwe, onbekende areas inbeweeg,

aan personeel verduidelik.

Pieter Malan (assistent hoofbestuurder: graanbedryf)

het op grainlink se finansiële doelwitte

gefokus, terwyl andries bruwer (Ingenieur: Senwes

grainlink, Uraniaville) die belangrikheid van energiebestuur

op silovlak uitgewys het.

Silobestuurders is hierna ingelig oor die waarde

van korrekte oes skattings en die belangrike rol wat

hulle hierin speel. Kobus van Jaarsveld (besigheidsanalis:

Senwes grainlink) en Mariana beytel (bestuur

der: Spesiale Produkte, Senwes grainlink) het

verduidelik hoe die oesskattingsinligting ook deur

ander afdelings binne Senwes gebruik kan word, om

sodoende die omvang van hul besigheid in elke siloarea

uit te brei.

Verskeie wegbreeksessies is gehou en terugvoer

vanaf die groepe is deur grainlink geevalueer en sal

tot verdere aksie lei. S

landboudienste het drie

oesskattingsopleidingsessies

in Desember verlede jaar

by die landboukollege in

Potchefstroom vir silo -

bestuurders en graanverkrygers

aangebied.

gewasproduksie-aspekte

vir mielies en sonneblom,

grond as hulpbron en

oesskattingsmetodiek is

onder meer bespreek. Daar

is ook gefokus op faktore

soos grond, klimaat en

plae wat graanopbrengs

beïnvloed. S

Grainlink personeel is

reg vir 2011

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

26

••• SENWES GraiNliNK

Koringproduksie:

moenie tou opgooi nie!

MeT KORIngPRYSe WaT OnlangS

DIe hOOgTe IngeSKIeT heT, heT ’n

hele PaaR PlaaSlIKe PRODUSenTe

hUl SPYT UITgeSPReeK DaT DaaR

nIe TOg ’n PaaR heKTaRe aan

hIeRDIe geWaS geWY IS nIe. MeT

OngUnSTIge WeeR WaT DIe laaSTe

OPSTOPPeR IngeKRY heT, WaS DIT

egTeR nIe neT MaanSKYn en ROSe

VIR DIé WaT Wel KORIng gePlanT

heT nIe.

> TEKS: ThEo vEnTER

AFnAME In PlAASlIKE PRoDuKSIE

Koring produksie het met amper ’n miljoen ton ge-

daal vanaf 2,49 miljoen ton wat nog in 2001/2002

geproduseer is, tot 1,57 miljoen ton in 2010/2011

(volgens die vyfde wintergraanoesskatting). Met die

skryf van dié artikel was die sesde wintergraanskatting

nog nie bekend nie, maar verwagtinge is

dat die oes nader aan 1,4 miljoen ton moet wees.

hektare het ook drasties afgeneem. In 2001/2002

was daar nog 959 400 hektaar geplant teenoor die

558 100 van hierdie seisoen.

Grafiek 1: RSA Koring – Kommersiële gebied aangeplant van 1931 tot

2010.

Grafiek 1, wat deur die nasionale Oesskattingskomitee

verskaf is, toon die drastiese afname in die

area wat aan koring gewy is. al het die tonnemaat

nie so drasties verlaag nie, omdat beter kultivars

ontwikkel is, toon dié grafiek ook ’n afwaartse

tendens. Plaaslike verbruik toon egter ’n opwaartse

tendens.

Koringverbruik is rondom 3,3 miljoen ton per jaar

(uitvoere ingesluit). hierdie jaar sal dus meer koring

ingevoer word as wat plaaslik geproduseer word.

Plaaslike pryse het moeilik gekompeteer met die

internasionale mark. Pryse was voor die afskop van

planttyd, in Mei verlede jaar, nog rondom R2 250

per ton en produsente sou huiwerig gewees het om

teen dié vlakke te plant. Pryse het eers teen die

einde van Julie die R2 500 per ton-vlak gebreek,

maar planttyd het toe reeds verstryk.

Met hoë internasionale pryse sou ’n mens verwag

dat winste die produsent weer laat glimlag. Plaaslike

weer het egter ander planne gehad en produsente

het steeds slapelose nagte beleef. aanvanklik is die

land deur droogte geteister en veral koring in die

Vrystaat het onder die warm en droë weer gebuk

gegaan. Toe die droogte eindelik gebreek is, was dit

reeds te laat om die oes te red. Daarna het papnat

toestande van voor Kersfees af, ook nog die laaste

hoop uit Vrystaatse koringprodusente gewurg. In die

Oos-Vrystaat is daar produsente wat tot 45% van

hul oes verloor het, omdat hul nie die koring van die

lande af kon kry weens die baie reën nie. Die Wes-

Vrystaat se produsente het ook laer as

verwagte opbrengste aangedui.

Produsente was reeds skrikkerig vir

koring, maar met pryse wat die R3 000vlak

op Safex teiken, kan produsente se

arm wel gedraai word om weer koring te

plant. Produsente in die Wes-Kaap en

besproeiingsprodusente sal positief bly oor

die vooruitsigte.

WêRElDvooRRADE

Wêreldwyd is voedselinflasie ’n reuse-

pro bleem en boonop ook ’n wêreldgraanvoorraad

wat drasties daal. Mielieeindvoorrade

sal volgens die USDa met

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

20 miljoen ton afneem in die 2010/2011-seisoen.

Sojaboon-eindvoorrade neem ook af van 60,23

miljoen ton na 58,28 miljoen ton in 2010/2011.

Selfs rysvoorrade neem af van 94,77 miljoen ton na

94,37 miljoen ton jaar op jaar.

hoewel koringvoorrade nog redelik gemaklik geskat

word teen 177,99 miljoen ton aan die einde van

2010/2011, is dit ’n drastiese afname sedert die

einde van 2009/2010, toe voorraad op 197,43 ton

te staan was. Grafiek 3 toon wêreldverbruik en -produksie.

AuSTRAlIË

Die droogte in Rusland en ander FSU-lande

was verantwoordelik vir die aanvanklike

hupstoot in wêreldpryse. Intussen het die

weer in australië ook ’n groot sê gehad. Die

australiese oes word rondom 25 miljoen

ton geskat – ’n gesonde oes wat volume

betref. Die probleem is egter by die graad

van die koring. na raming sal tot 50%

van die koring in die voergraadkategorie

val. gewoonlik is slegs 5% - 10% van

dié land se koring voergraad. australië

se 15 miljoen ton uitvoere is rondom ’n

12%-markaandeel in wêrelduitvoere. Die

vraag na voergraadkoring sal egter minder

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

SENWES GraiNliNK •••

wees as na koring vir menslike verbruik en australië

kan dus minder uitvoer die seisoen.

gegewe die afname in voorraad sowel as die

afname in beskikbaarheid van hoë-kwaliteit koring

vir menslike verbruik, kan voedselinflasie styg. Tans

lyk dit nie of graanpryse binnekort ’n ommekeer sal

maak nie en plaaslike koringprodusente sal dus nog

nie die sekel finaal in die stoor kan bêre nie. S

Theo Venter is ’n Graananalis by Senwes Grainlink. Skakel

hom by (018) 464-7723 of stuur ’n e-pos na theo.venter@

senwes.co.za vir meer inligting.

Grafiek 2: RSA Koring: Kommersiële produksie van 1931 tot 2010.

Grafiek 3: Die historiese wêreldproduksie, -verbruik, -oordragvoorraadverloop en die

-oordrag voorraad as % van die verbruik van koring in die wêreld (uSDA).

27

28 ••• Ko lliG op Tom vaN rooyEN

D it is alles

of niks nie

DaaR IS MaaR MIn TYD OOR aS JY

lang URe bOeR en TUSSenDeUR ’n

TYDJIe MOeT aFKnYP OM JOU VIeR

KInDeRS bY hUl SKOOlbeDRYWIgheDe

Te OnDeRSTeUn. DIT IS

WaaROM eK TOe SOMMeR MeT DIe

InTRaPSlag bY TOM Van ROOYen Se

PlaaShUIS In DIe POTCheFSTROOM-

DISTRIK Sê DaT DIe OnDeRhOUD

KORT en KRagTIg Sal WeeS. “nee,”

Sê Van ROOYen. “aS eK IeTS DOen,

DOen eK DIT ORDenTlIK. eK heT DIe

hele Dag VIR DIe OnDeRhOUD OPSY

geSIT.” DIT IS OOK PReSIeS hOe

Van ROOYen SY bOeRDeRYbeDRYF

aanPaK: ORDenTlIK!

> TEKS: RuTh DAvIES

> FoTo’S: PAul vAn BIlJon

Tom is die vierde geslag van

Rooyens wat vandag op die plaas Rietkuil naby Pot -

chefstroom boer. eers wou hy graag ’n padskraperdrywer

geword het, maar as skoolseun het hy gou

besef dat sy hart op die plaas lê.

hy het reeds lank vooruit beplan wat hy alles

vakansies op die plaas gaan doen. “ek het op

skool reeds my eie stukkie grond gehad wat ek self

bewerk het vir ekstra sakgeld,” het Van Rooyen

vertel. na skool het hy sy bSc agric-graad in

landbou-ekonomie verwerf en dit opgevolg met ’n

honneursgraad. hy glo jy kan baie dinge op die

plaas leer, maar die ekonomiese sy van ’n mens se

besigheid is waar die kruks van die saak lê.

gedurende sy universiteitsloopbaan het hy op ’n

varkplaas in engeland gaan werk. ná universiteit is

hy weermag toe vir ’n jaar en ’n half en in augustus

1990 het hy op Rietkuil begin boer.

Sy MEnToR

Sy pa, Mike (81), wat ook op Rietkuil woon, het

vandag nog sy eie beesboerdery. “My pa was

en is steeds ’n groot mentor vir my. Die manier

hoe verskillende generasies boer, kan verskil van

mekaar, maar die basis bly dieselfde. My pa het my

finansiële dissipline geleer en hy het my ook geleer

om kontant te boer – iets wat ek vandag nog sterk

toepas in my boerdery.

“Deel van ’n produsent se sukses en sekuriteit is

om volhoubaar te boer. as ek iets koop, het ek dit

regtig nodig en moet ek dit dadelik kan betaal. Deur

kontant te boer, bevorder ek die winsgewendheid van

my boerdery, want ek betaal geen rente nie. nog ’n

voordeel van kontantboerdery is dat jy jou aankope

kan doen op die tye wat die pryse gunstig is.

“ek glo ek bedryf my boerdery suksesvol omdat

ek baie mikro- en makro-beplanning doen, hard

werk en laastens is dit deur die genade van bo,” het

hy verduidelik.

WISSElBouSTElSEl

Van Rooyen plant mielies, sonneblom en droëbone

binne ’n vyfjaar wisselboustelsel (mielies – mielies –

droëbone – mielies – sonneblom). “Om volhoubaarheid

te verseker, glo ek jy moet diversifiseer. Vandag

kan ’n mens nie net meer mielies plant nie. Met

’n wisselboustelsel kan jy ’n beter winsgewendheid

bewerkstellig, sonder om jou insette te verhoog.”

hy noem verder dat baie voordele uit die

wissel bou stelsel spruit. Dit sluit onder andere in:

siektebeheer, bemestingsvoordele en onkruidbeheer

en dit verhoog ook sy effektiwiteit van sy trekkers en

toerusting.

hy het hoofsaaklik huttongrond op sy plase. as

vervolg op bladsy 30

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

van Rooyen is die enigste

produsent in sy omgewing wat

op ’n groot basis droëbone op

droëland plant.

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

Ko lliG op Tom vaN rooyEN •••

29

30

••• Ko lliG op Tom vaN ro oyEN

Dit is alles of niks nie

vervolg van bladsy 28

gevolg van dié tipe grond, is daar nie so ’n groot voor -

deel in ’n oorlêstelsel nie. Om die grond optimaal

te benut, is ’n paar faktore van belang, naamlik:

bemesting, bewerkingsafwisseling en wisselbou.

“afwisselende bewerkings help om my insette laag

te hou. My lande word gerip waar verdigtingslae

voorkom en geploeg waar ek kalk strooi. Die res

word met beitelploeë bewerk,” het hy verduidelik.

Volgens Van Rooyen is beitelploeë ’n vinnige

bewerkingsmetode. ’n Deklaag word bo-op die grond

gelos vir vogbewaring.

Die risiko op die huttongrond is baie hoër as op

watertafelgronde. Deur die wisselboustelsel bou

Van Rooyen egter sy grond se voedingstatus op

en sodoende verminder hy sy risiko. hy wissel sy

chemiese en organiese bemesting af. “Organiese

bemesting bou die grond definitief op, want dit

verhoog die organiese inhoud van my grond en sit

die mikro-elemente terug in die grond.”

hy doen tans embriospoeling- en oorplasing op Bonsmara-verse.

By hulle staan ’n Boran.

Sy implemente en toerusting diens hy by Senwes

se werkswinkel op Bothaville. Sy pa, Mike (links), is

steeds ’n mentor in sy besigheid.

hullE Kon nIE WééR

vERKEERD WEES nIE

’n Fout wat hy in 2008/2009 gemaak het, was om

sy beplanning rondom die el niño jaar-voorspelling

te doen. “ek het ’n groot deel van my mielie-oes

geberg om later teen hoër pryse te verkoop – indien

’n droogte sou realiseer. “So reën dit toe en die prys

daal met R600, met die gevolg dat my potensiële

inkomste aansienlik gekrimp het. ek het geglo die

weervoorspellers sal ’n slag reg wees, want ek het

gedink hulle kan nie wéér verkeerd wees nie,” het

Van Rooyen laggend vertel.

nuWE BloED In vEEFAKToR

In 2009 het hy sy veeboerdery uitgebrei met ’n

boran-stoet. “Dit is ’n lae onderhoudbees wat sinvol

kan produseer en een van sy groot voordele is dat

hy nie maklik bosluise kry nie. My einddoel is om

die diere direk van die veld en lande af te bemark in

plaas van intensiewe voerkrale.” Van Rooyen meen

dat die vraag na afgeronde veld-diere gaan toeneem,

namate mense meer gesondheidsbewus raak.

Sy bonsmaras wend hy kommersieel aan vir

speen kalfproduksie. hy het by sy pa geleer om net

stoet bonsmara-bulle aan te koop, want hy glo dit

verbeter jou koei-kudde en sorg vir ’n beter speen kalf

en premie by die voerkrale. hy doen ook embriospoeling

en -oorplasing op sy bonsmara-verse. Dit is

’n vinniger manier om vroulike diere te kry.

hy noem verder dat Smutsvinger ’n aangeplante

weiding is wat nogal goed in hul wêreld aard. Verder

benut die kommersiële beeste ook die oesreste in

die winter, wat waarde toevoeg tot sy saaiboerdery.

Voergewasse en tef word ook aangeplant.

SonDER ’n DAGBoEK IS hy vERloRE

Vandat hy begin boer het, het hy ’n dagboek gebruik.

“Die dagboek het vergroot van ’n sakdagboek in

1994 tot ’n a4-dagboek vandag. ek hou boek van

elke liewe gebeurtenis in my boer dery. ek kan vandag

’n jaar teruggaan en vir jou presies sê wat wanneer

gebeur het.”

hoEKoM DRoËBonE?

Van Rooyen plant reeds sewe jaar droëbone en is

die enigste produsent in sy omgewing wat die gewas

aanplant. alhoewel dit nie droëbone-wêreld is nie,

bereik hy sukses met die gewas. “Dit is ’n peul ge was

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

Tegnologie wat nie aldag gebruik word nie.

’n handicult implement van Rovic & leers.

Dié implement is toegerus met ’n spuit

waarvan die spuitkoppe voor of agter op

die implement gemonteer kan word om

onkruiddoder vir sonneblom in die grond te

spuit en dan in te werk. van Rooyen gebruik

’n opvolgdosis onkruiddoder vir

verskillende gewasse.

wat stikstof in die grond sit en dit is ’n uit stekende

wisselbougewas wat siektesiklusse breek. Dit help

ook met die doeltreffende aanwending van my

trekkers, omdat ek dit eers in Januarie plant. Droëbone

is baie meer intensief, onkruidbeheer moet

100% wees en die nasorg is baie meer as by mielies.

hy gebruik boontjiestropers wat toegerus is met

’n baler-optelmeganisme. “Dit werk baie goed en

beter as ’n standaardband, omdat dit meer van

die grond uithaal voordat die bone in die stroper

ingaan.”

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

Ko lliG op Tom vaN rooyEN •••

DIE AAnKonDIGInG vAn

GRAAnPRoDuSEnTFInAlIS 2010

Van Rooyen het die graanprodusent van die Jaarkompetisie

sedert skooldae gevolg en daarom was

dit vir hom ’n groot voorreg om verlede jaar ’n finalis

in die kompetisie te kon wees. “ek het een van die

wenners in dié kompetisie, Francois haasbroek,

meer as een keer besoek om meer oor sy praktyke

te leer. ek glo jy kan by die deelnemers aan dié

kompetisie baie leer. Die kompetisie het my gehelp

om met ’n meer kritiese oog na my boer dery te

kyk.”

PRESISIEBoERDERy IS DIE

WEG oM TE GAAn

MoEnIE DIé oRGAnISASIES

hy glo dat presisieboerdery die toekoms is en onDERSKAT nIE

daarom het hy dit reeds begin infaseer deur die “as georganiseerde landbou nie vir ons gaan

opstel van chemiese grondkaarte en variërende praat nie, wie gaan?” vra Van Rooyen. hy glo

kalktoediening.

dat die bydrae van georganiseerde landbou en

“Die belangrikheid van grondkaarte om winsge- landboumaatskappye soos Senwes onderskat word.

wend heid te verseker, sal al meer toeneem,” maar hy wil vir al die produsente wat nog altyd en steeds

hy sê in dieselfde asem dat jy nie jou geld aan hul tyd afstaan aan georganiseerde landbou, baie

presisieboerdery-toerusting moet spandeer alvorens dankie sê.

jou grondstatus in terme van ph en katioonbalanse Van Rooyen meen dat produsente in Suid-afrika

nie in orde is nie. hy sê verder dat die beste en besig is om hulself uit besigheid uit te plant as ge volg

goedkoopste manier van presisie boerdery is om van verbeterde tegnologie en die goeie reën. “Ons as

fisies betrokke te wees by al jou aktiwiteite op die produsente sal moet kyk na ander boer de ry metodes.

plaas – “jy moet presies die heeltyd daar wees”. Ons sal minder mielies moet plant en meer moet

alhoewel hy vandag nie meer so baie tyd het vir diversifiseer. Ons sal ook ons bewer kingsmeto des in

die bou van toerusting nie, geniet hy dit steeds om die toekoms na minimumbewerking moet verander

van sy implemente self te bou of te verleng. hy het om winsgewend te bly. ’n Mens boer immers om

al onder andere ’n ripperraam self gebou en van sy ’n wins te maak. Produkpryse is tans nie in lyn om

skoffels en planters verleng. “ek koop byvoorbeeld die styging van alle insette asook grondkoste te

’n enkelrymoffieripper by ’n veiling en vergroot dit tot absorbeer nie.”

’n 9 tand super 18 ripper.” vervolg op bladsy 32

31

32

••• Ko lliG op Tom vaN ro oyEN

Dit is alles of niks nie

vervolg van bladsy 31

BEPERK KAPITAlE BESTEDInG

vIR EKSTRA BElEGGInGS

“ek belê nie net in boerderygrond nie, maar

ook in ’n verskeidenheid eien domme,

want ek glo jy moet in Suid-afrika jou

risiko versprei. Dit is ’n moeilike besluit

om te neem, want my hart lê 100% in my

boerdery, maar ek glo dit is ook belangrik

om jou beleggings te versprei.”

“Jy moet dryf in jou hê. Jy

moet jou boerdery uitbrei

en nie net dit wat jy het in

stand hou nie.”

’n TIKKIE RAAD AAn JonGBoERE

Van Rooyen glo dat jy slegs ’n boerderyloopbaan

kan maak werk as jou hart daarin

is. “Jy moet dryf in jou hê. Jy moet jou

boerdery uitbrei en nie net dit wat jy het

in stand hou nie. Jy moet ’n teenprestasie

lewer vir dit wat jy erf of ontvang en dit sal

jou motiveer om nog verder in jou boerdery

op te beweeg.”

Verder sê hy dat jy elke klein besluit

as die groot ste besluit in jou produksie

moet hanteer. “Wees geduldig – jou boerdery se

groeikurwe moet lyk soos jou grondkurwe. Dit verg

tyd, beplanning en harde werk.”

’n BEDRyWIGE GESIn

Dit is nie net die boerdery wat Van Rooyen besig hou

nie, maar ook ’n kroos van vier kinders, wat hom

en sy vrou, Jackie, nog jonk hou. Jackie ry soms

drie keer ’n dag in en uit Potchefstroom toe om vir

Ilezé (15), Rizané (11) en hul tweeling, Michael en

Jacqueline (8), na hul sport- en ander skoolaktiwiteite

te neem. Dié vier is uitblinkers op die sportveld en

is dus gedurende die week maar min tuis, maar

wanneer hulle wel by die huis is, geniet hulle die

plaaslewe terdeë. “as ek dorp toe moet gaan in die

vakansie, dan wil hulle op die plaas bly. Selfs my

meisiekinders sê alte graag ja, wanneer hulle die

kans kry om ’n trekker te bestuur,” vertel Van Rooyen.

Tom en sy vrou, Jackie, in een van sy eerste aangeplante

mielielanderye die afgelope seisoen.

hy meen sy kinders is baie bevoorreg om die

vryheid en rustigheid van ’n groot area te geniet –

iets wat baie min stadskinders ken. “Op die plaas

leer hulle baie gou verantwoordelikheid en hulle leer

ook dat daar ’n proses is waarvolgens dinge moet

gebeur, want hulle raak vroeg reeds betrokke by

takies op die plaas.”

Voor ek in die pad val, stap Jackie die vertrek

binne en sê as daar nou twee dinge is wat haar man

irriteer, is dit: “oneffektiwiteit en ’n vuil land!” Van

Rooyen is die toonbeeld van sy boerdery. S

Ruth Davies is die Redakteur van Senwes Scenario. Skakel

haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur ’n e-pos

na ruth@infoworks.biz vir meer inligting.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

34

••• SENWES crEDi T

R60 000-skenkings laat harte

bUITen DIe R1 MIlJOen WaT TUSSen

DIe VYF WenneRS bY SenWeS Se

SOMeRPRODUKSIeTReKKIng VeRleDe

JaaR VeRDeel IS, heT SenWeS

OOK R300 000 beSKIKbaaR geSTel

SODaT elKeen Van DIe WenneRS

‘n beDRag Van R60 000 aan ’n

WelSYnSORganISaSIe Van hUl

KeUSe KOn SKenK. DIe WenneRS en

DIe ORganISaSIeS PRaaT neT MeT

lOF Van SenWeS OOR DIe SKenKIng

WaT hUlle geMaaK heT.

Senwes Scenario het by elkeen van

die organisasies gaan aanklop om uit te vind hoe

hulle die geld aangewend het of steeds besig is om

te gebruik.

>> WEnnER: CoEnIE vAn DEn BERG

(viljoenskroon)

>> Welsynsorganisasie-keuse:

viljoenskroon Sentrum vir Bejaardes

AAnWEnDInG vAn SKEnKInG

Die fondse word aangewend vir tekorte op losiesgelde

van behoeftige bejaardes en die baddens word

Regs: Die

sentrum was

Coenie en

Tanya van den

Berg se keuse.

heel regs:

Die skenking

het vir klein

tot groot

baie vreugde

verskaf.

vilJoenskroon sentrum

vir beJaardes

ook met storte in twee van die kamers vervang.

hierdeur word die lewenskwaliteit van die bejaardes

verbeter.

“Dit is vir ons Sentrum vir bejaardes ’n riem

onder die hart dat jongmense nog die bejaardes se

belange op die hart dra en soveel deernis toon deur

ons vir die skenking te genomineer het. Dankie ook

Senwes vir julle betrokkenheid, insette en bydrae

tot die Viljoenskroon-gemeenskap, waarvan ons

Sentrum deel is. nie net is julle daar vir die boerderygemeenskap

nie, maar lewer ook ’n onbaatsugtige

diens vir dié in nood.” – annatjie Griesel (Bestuurder:

Viljoenskroon Sentrum vir Bejaardes).

>> WEnnER: JIMMy hEnnInG

(oberholzer)

>> Welsynsorganisasie-keuse: Abraham Kriel

Kinderhuis (Potchefstroom)

AAnWEnDInG vAn SKEnKInG

“Weens stelselprobleme by die noordwes Regering

het ons op die stadium wat die geld geskenk is,

reeds vir drie maande geen subsidie ontvang

nie. hierdie donasie het presies op die regte tyd

gekom om ons deur ’n baie moeilike finansiële

tydperk te help. Die fondse is aangewend om kos

en noodsaaklike klerasie aan te koop. Ons kon dit

net as ’n verhoring van gebed beskou. hiermee wil

ons weereens ons opregte dank uitspreek vir die

donasie.” – Catharien Saayman (Hoof: abraham

Kriel Kinderhuis).

abraham kriel

kinderhuis

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

warm klop

>> WEnnER: louIS ClAASEn

(Koppies)

>> Welsynsorganisasie-keuse:

Jeugsorgsentrum op Sasolburg

AAnWEnDInG vAn SKEnKInG

Die kinders wat in die Jeugsorgsentrum (twee huise

met 12 kinders elk) woon, is daar vanweë omstandig

hede waaraan hulle geen aandeel het nie en die

meeste van hulle het geestelik en emosioneel al

baie seer gekry. Die bydraes wat gemaak word, stel

die sentrum in staat om nie net vir die kinders ’n

dak oor hul kop en drie maaltye ’n dag te gee nie,

maar ook die totale sorg van ’n huis waar daar liefde

en deernis is, terapie vir hulle wat ontwrig is en ’n

omgewing waar hulle kan grootword en toegerus

kan word sodat hulle in die toekoms hul plek in die

lewe kan volstaan.

“Die geld kon ons in staat stel om vir drie maande

in sekere behoeftes van die 24 kinders te voorsien,

soos kos, toiletware en klere.” – ansie Venter

(Bemarker: Jeugsorgsentrum, Sasolburg).

>> WEnnER: AlFonSo vISSER

(hartswater)

>> Welsynsorganisasie-keuse:

ToGG (Tiener-omgeegroep, hartswater)

AAnWEnDInG vAn SKEnKInG

Die skenking is spesifiek gerig op die verwaar loosde

Jeugsorgsentrum

op sasolburg

SENWES crEDi T •••

>> kredietaansoeke vir wintergraan

Produsente word herinner om hul Kontrakversekeringsplan

(KVP)- en gewone produksiekredietaansoeke vir

wintergraan by Senwes Credit in te dien. Indien jy meer

inligting hieroor verlang, skakel jou naaste Insetbemarker,

Sleutelrekeningbestuurder of enige Kredietbestuurder by

Senwes se hoofkantoor.

jeug in ons omgewing. bevoorregte tieners reik uit

na minderbevoorregte tieners, deur hulle te help

met die nodigste lewensmiddele. Vir die Kersfeesuitreik

het die maatskaplike werker drie skole

genader om hulle grootste behoeftes te identifiseer

en kinders wat dringend hulp benodig, uit te wys.

altesaam 45 kinders wat kos, klere en skoene

benodig, is geïdentifiseer.

elke behoeftige kind het ’n kospakkie vir die

va kan sie, skoene en een stel nuwe klere en onderklere

ontvang. Die kinders is ook die geleentheid

gegee om tweedehandse klere uit die projek klerebank

te kies. Tieners van die plaaslike skool het

hulle gehelp om klere uit te soek.

Volgens Salome Seyffert (Voorsitter: Re Dira

Mmogo Community Care Project 8570) poog hulle

om die oorblywende geld te gebruik vir ’n weeklikse

uitreik na behoeftige leerlinge in hartswater se twee

dorpskole wat nie skool- of sportklere besit nie.

Klasonderwysers sal hierdie kinders identifiseer. ’n

Paasfees-uitreik word ook vir april vanjaar beplan,

wanneer wintersklere en komberse aan behoeftige

jeugdigdes verskaf sal word. ’n Matriekafskeidprojek

word ook in augustus vanjaar gehou, waar

behoeftige matrieks vir die afskeidsfunksie uitgerus

word.

togg

(tiener-omgeegroep)

vervolg op bladsy 36

35

heel links: Die

skenking is onder

meer gebruik om

die kinders vir

’n uitstappie na

Gold Reef City te

neem.

links: ’n Deel van

die skenking is

gebruik om kos pakkies

vir die kinders

van laer skool

Banksdrift te maak.

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za >

Oor die afgelope 25 jaar het ons die voorste

vervaardiger van hoë gehalte, waarde vir geld

wentelsnyers in Suid Afrika geword.

Ons is ‘n spesialis vervaardiger van die Falcon

Haymaker ® en Wentelsnyer implement reekse.

Ons implemente is Beproef, Bewese en

Betroubaar.

Pasop vir namaaksels wat dalk onbeproef,

ongetoets, onbetroubaar en onveilig is... Maak

seker jy koop ‘n Falcon.

Falcon-implemente is geredelik beskikbaar

deur u naaste Senwes Tak.

Falcon -wentelsnyer

Vra Vra gerus gerus oor oor ons ons

NUWE NUWE VERLENGE VERLENGE

WAARBORG WAARBORG op op

alle alle Haymakers® Haymakers® en en

Wentelsnyers

Wentelsnyers

Tel +27(0)33 330 4764 • Faks +27(0)33 330 2120

info@falconequipment.co.za • www.falconequipment.co.za

WENTELSNYERS • HAYMAKERS ® • MATERIAALHANTERINGSIMPLEMENTE • ROTAVATORS •

STROOIERS • MULCHERS • STOKKIEKAPPERS • GRASSNYERS • PLOEË • SPUITE

36 ••• SENWES crEDi T

R60 000-skenkings

vervolg van bladsy 35

>> WEnnER: DEREK GRoBBElAAR

(odendaalsrus)

>> Welsynsorganisasie-keuse:

MIlo-bediening (Medemens in liefde omhels)

– Barmhartigheidstak van die Erfdeel

gemeente op Riebeeckstad.

AAnWEnDInG vAn SKEnKInG

Vir die afgelope drie jaar is MIlO besig met

ophef fingswerk in die gemeenskap van Riebeeckstad

en die omliggende omgewing. hulle doel

is om mense te help, sodat hulle weer hul volwaardige

plek in die samelewing kan inneem.

“Ons is baie dankbaar vir die Senwes-skenking

wat ons gehelp het met werkskeppingsprojekte.

Ons het persone opgelei om met naaldwerk- en

omkapmasjiene te werk, sodat hulle later selfs

hul eie besigheid kan begin. Van die produkte

wat ons op bestelling maak, is: sierkussings,

duvet-oor treksels, gordyne, voorskote, handsakke

en nagklere. Ons het van die geld gebruik vir die

aankoop van naaldwerkmasjiene, die inrig van ’n

naaldwerklokaal asook stoorplek.

ander werkskeppingsprojekte sluit in: Die

week likse bak en verkoop van koeksisters. Ons

het 553 koekblikke vol kleinkoekies gebak en vir

Kersfees verkoop. hierdie blikke kan maandeliks

hervul word. Van die fondse is bygevoeg vir die

finale afrondingswerk aan die ablusieblok wat ons

vir hawelose mans op beukeskuil opgerig het.” –

Leonora du Plooy (MiLo) S

naaldwerk-opleiding is een van hul werkskeppingsprojekte.

Die skenking is onder meer vir dié projek gebruik.

milo-bediening

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

38 ••• ToEKomSBliK

Weersatellietfoto’s:

WeeRVOORSPellIngS IS een Van

DIe bROnne WaT DIe PRODUSenT

Kan gebRUIK In SY KORT- en

langTeRMYn bOeRDeRYbeSlUITe.

PROF KObUS bOTha (lanDbOU-

KUnDIge) Se eKSKlUSIeWe

WeeRSaTellIeTFOTO’S, WaT OP SY

PeRSOOnlIKe WebblaD bY WWW.

WeaTHerPHoToS.Co.Za geKRY Kan

WORD, IS ’n gOeDKOOP ManIeR OM

WeeRKUnDIge InlIgTIng UITeRS

aKKURaaT en VInnIg Te beKOM.

> TEKS: PRoF KoBuS BoThA

Foto 1: hierdie skottel is 1,8 m in deursnit en word

gebruik vir die ontvangs van die satellietfoto’s.

Kobus vertel meer oor sy toe rus -

ting, die aanwending van weersatelliete in die

landbousektor en die verskillende weersatelliete en

weersatellietfoto’s wat beskikbaar is.

ToERuSTInG

al my rekenaars is spesiaal gebou om die hoë

vereiste laste te kan dra en die spesiale kaarte

daarin te kan akkommodeer. hierdie toerusting en

stelsel kan nie oor die toonbank gekoop word nie.

Dit is ’n uiters gekompliseerde stelsel en baie duur.

Satellietskottels (Foto 1) is die beginpunt van

alles. Twee skottels word gebruik – een van 2,4 m

en een van 1,8 m (dit dien as bystand wanneer

die ander een buite werking sou raak) wat presies

op die satelliet, wat 35 800 km ver is, gerig word.

hierdie skottels vang die satellietsein op en word

dan met aparte kabels na my rekenaarkamer

(Foto 2) geneem. Die satelliet is ’n sogenaamde

geostasionêre-tipe. My grootste vyand is donderweer

wat die skottels uitslaan en sterk winde wat hulle

ietwat verskuif.

Die funksie van die rekenaars is om die data wat

Foto 2: Prof Kobus se rekenaarkamer – waar die

finale afrondings ge doen word.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

’n H andige instrument vir

boerderybesluitneming

van die skottels verkry word, in ’n basiese foto om

te skakel. Dan word dit van grense en dorpsname

voorsien en verder geprosesseer. Daarna word dit op

die webblad gepubliseer.

ek is die enigste persoon in afrika en een van slegs

’n paar in die wêreld met al die nodige toerusting en

lisensies om dié inligting te ontvang, te prosesseer

en op ’n webblad te publiseer. al my satellietfoto’s

word met my eie satellietskottels ontvang en deur

my eie sagtewarestelsel geprosesseer.

DIE Rol vAn EuMETSAT In

WEERSATEllIETFoTo’S

eumetsat is ’n europese organisasie, geleë in Darmstadt;

Duitsland, wat alle weersatelliete van europa

en afrika beheer. Dit is ’n multi-miljard bedryf en

ontwikkel, lanseer en onderhou al die satelliete.

Miljarde rande word aan navorsing en ontwikkeling

gespandeer en hulle gebruik die wêreld se top

ingenieurs en weerkundiges.

ek het die voorreg om as ’n konsultant vir

eumetsat op te tree. hulle produkte mag slegs met

’n kontrak met uiters streng voorskrifte gebruik word.

Senwes is bevoorreg om die regte te kon bekom om

die foto’s wat vanaf ’n geostasionêre satelliet verkry

word op hul webtuiste by www.senwes.co.za te kan

plaas.

eumetsat het reeds so ’n paar opwindende

vooruitsigte vir die nuwe-generasie satelliete laat

deurskemer wat op hierdie stadium in 2018 verwag

word. Dié nuwe satelliete gaan baie hoër resolusie

foto’s hê, elke 2,5 minute opgedateer word, beslis

weerlig-lewendig wees en moontlik ook radar vertoon.

WEERSATEllIET-AAnWEnDInG In

DIE lAnDBouSEKToR

My webblad is waarskynlik die enigste voorbeeld in

die wêreld waar die satelliete in die landbousektor

aangewend word. Die grootste voordeel daarvan is

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

>> wat ’n prestasie!

••• ToEKomSBliK •••

Die belangstelling in weersatelliete was eers net

’n stokperdjie, en is steeds, maar ek moes dit

meer na ’n besigheid ontwikkel met die reuseaantal

besoeke en gepaardgaande kostes. ek is

buitengewoon trots op my webblad en spandeer

man-alleen baie ure daaraan. alle e-posse word

persoonlik beantwoord en daar is honderde van

hulle. baie kundiges, selfs van oorsee, is nou

deel van my span.

Die aantal kere wat die webblad in 2010

besoek is, was oor die 25 miljoen – wat dit

een van die grootste privaatwebblaaie in die

land maak. Dit word boonop deur google as

nommer 2 in sy klas, vanuit oor ’n miljard ander

webtuistes, aangeslaan.

>> geostasionêre satelliet

hierdie satelliet se posisie ten opsigte van die

aarde bly altyd konstant – dit beweeg nie om

die aarde nie. Dit lyk dus asof dit stilstaan.

Om dít te bewerkstellig, beweeg dit wel, maar

presies saam met die aarde. TV-satelliete is ’n

goeie voorbeeld hiervan. hierdie satelliete is

ongeveer 35 880 km vanaf die aarde.

Die satellietfoto’s is van onskatbare waarde

vir weervoorspellings. Dit dek ’n baie groot

deel van die aarde, het ’n baie hoë resolusie

en is uitstekend om die huidige weersituasie

te sien. Dit word ook maklik met moderne

sagteware geanimeer (film) en sodoende kan

die produsent maklik sien in watter rigting die

weer beweeg.

vervolg op bladsy 40

39

40 ••• ToEKomSBliK

Weersatellietfoto’s

vervolg van bladsy 39

waarskynlik dat dit werklike foto’s is en foto’s kan

nie lieg nie. Dit wat jy sien, is wat werklik gebeur.

animasie hierop is baie maklik en dit wys presies

hoe die weer beweeg.

Die produsent kan dus ’n akkurate korttermynvoor

spelling maak – of hy nou byvoorbeeld onkruiddoder

spuit of lusern sny. Stelsels soos kouefronte,

tropiese weer en siklone kan reeds tot sewe dae

voor die tyd duidelik gesien word en die gebruiker

kan ook sien hoe hulle beweeg. Só kan die produsent

vroeg reeds sy besluite maak.

Die satelliete neem nie net foto’s nie – ’n magdom

ander data word ook in die proses hanteer. een voor-

beeld hiervan is die bepaling van seetempe ra ture,

waar die temperatuur van die seewaters daagliks

bepaal word. Dit is baie belangrik vir langtermynvoorspellings

vir produsente.

InTERPRETASIE En BETEKEnIS vAn FoTo’S

al die foto’s dui die tyd en datum van die foto aan

en by elke foto is daar ’n volledige beskrywing

van die foto, asook die tyd van opdatering. Waar

van toepassing is daar ’n kleurpallet wat die

interpretasie van die kleure aandui.

Party foto’s het ’n mini-animasiefunksie. Deur te

wag totdat dit afgelaai het en dan jou rekenaarmuis

heen en weer oor die foto te beweeg (nie klik nie),

kan die gebruiker sien hoe die weer beweeg het.

hierdie is ’n baie besondere en unieke funksie van

die webblad.

Vir weerkundige doeleindes is infrarooifoto’s

(Foto 3) die waardevolste. Dié foto’s is aan tempe -

ratuur gekoppel en kan ’n magdom van wolkeienskappe

weergee.

’n MIKRo oF

PolêRE SATEllIET?

hierdie satelliete beweeg om

die pole op ’n baie lae hoogte van

850 km. Die foto’s is van ’n ultra

hoë resolusie en word hoofsaaklik

aangewend waar grond detail baie

belangrik is. Dié tipe satelliet word

nie so baie vir weerkundige

doeleindes gebruik nie.

>> wat is ’n weersatelliet?

’n Weersatelliet is spesiaal ontwerp vir

weervoorspellings. Die satelliet sal ’n kamera

aan boord hê, asook uiters gesofistikeerde

apparate en sensors wat bepaalde aspekte

van die weer monitor. Dié tipe satelliet moet

nie verwar word met ander satelliete wat ook

kameras met ultra hoë resolusie het nie.

hierdie satelliete is ingestel op uiters hoë

definisie en word gebruik om absolute detail op

die aarde waar te neem.

Foto 3: ’n Tipiese infrarooifoto. Die donker dele op die

wolke dui op ’n baie goeie kans vir reën.

Foto 4: ’n Pragtige voorbeeld van ’n visuele foto met

reuse-wolke/wolkselle vol reën.

Visuele foto’s (Foto 4) kan slegs gedurende die

dag waargeneem word en dui alle wolke aan.

hulle is pragtig en uiters waardevol om die hele

weerstelsel op te som. Op my webblad word daar

onder “help” ’n volledige uiteensetting gegee van

die volle interpretasie van die kleurpalette. S

Prof Kobus was voorheen die Dekaan van Landbou aan die

Universiteit van Tegnologie in Pretoria. Vir meer inligting oor

sy webtuiste, skakel hom by 082 927 3854 of stuur ‘n e-pos

na bo51@mweb.co.za.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

42

••• DrUppElS op DiE DaK

Die sluise word

oopgemaak

DIe 2010/2011-PRODUKSIeSeISOen

heT SOOS ReeDS beKenD, baIe

DROOg begIn. DaaR heT MaaR

KleIn, VROeë SOnneblOM en

MIelIe-aanPlan TIngS geRealISeeR

en DIe hOë MaaRT SaFeX-KOnTRaK-

PRYSe Van SOnneblOM KOn DUS

nIe WeSenlIK benUT WORD nIe.

Gedurende Desember 2010 het

dit egter baie goed begin reën en reënneerslae van

tot oor die 300 mm het vir dié maand op sekere

plekke ge rea liseer. Dit het soveel gereën dat produsente

in die westelike gedeelte van die Senwes

bedienings gebied, nie hulle mielie-aanplantings kon

voltooi nie en moes hulle noodgedwonge van hulle

beoogde mieliehektare na sonneblom skuif.

Die baie reën het ook tot gevolg dat daar heel wat

later-geplante mielies in die gebied aangetref word.

Van die distrikte met watertafelgronde het te veel

reën ontvang en versuipskade kom plek-plek voor.

In die eerste helfte van Januarie het dit ook baie

goed gereën, veral in die noord-oostelike en suid-

wes telike gedeeltes van die Senwes bedienings gebied.

Indien daar na die progressiewe seisoenstotale

reënval gekyk word en dit vergelyk word met die

langtermyngemiddelde reënval, is dit duidelik dat die

grootste gedeelte van die bedieningsgebied meer as

die langtermyn reënval ontvang het.

Op hierdie stadium lyk die kanse goed dat ten

minste ’n gemiddelde somergraanoes kan realiseer,

hoewel te veel reën wel tot opbrengsverliese

kan lei. Die noordwestelike gedeelte van die

bedieningsgebied sal egter nog heelwat reën moet

ontvang om ’n goeie oes te kan realiseer. S

Werklike reënval vir Desember 2010.

Werklike reënval vir Julie 2010 tot Januarie 2011 vs. die

langtermyn gemiddeld vir Julie tot Januarie 1999 - 2010.

Artikel saamgestel in Januarie 2011 deur Thys Grobbelaar

(Senior Graananalis: Senwes Grainlink) en Ronél Koen

(Senior GIS-tegnoloog: Senwes Landboudienste).

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

44 ••• DEvElopiNG aGricUlTUrE

your

farm cash flow

FaIlURe TO MOnITOR lIqUIDITY anD

enSURe ThaT CaSh IS aVaIlable,

Can haMPeR YOUR FaRM bUSIneSS

OPeRaTIOnS.

> TEXT: SIPho loWAnE

Cash flow management is vital

to the health of your farming business. There is a

saying: “Revenue is vanity and profit is sanity, but

cash is king”.

In its simplest form, cash flow is the movement

of money in and out of your farming business. Its

importance is particularly worth noting during these

times when farm income is squeezed and sourcing

financial assistance is subject to severe scrutiny by

financial service providers.

WhAT ARE ThE SouRCES oF

CASh FloW PRoBlEMS?

It is common that a farming business will, at one

time or another, experience cash flow problems. The

problems may arise as a result of several factors

such as too many creditors or excessive credit,

unfavourable market conditions, unfavourable climatic

conditions and increased cost of intermediate

goods and services. Prevalence of these factors will

have a negative impact on the liquidity reserve of

any farming business.

WhAT IS lIquIDITy?

liquidity refers to the ability of your farm to generate

enough cash to meet financial obligations as they are

due, without disrupting normal operations of the farm

business. In Figure 1 this concept is illustrated.

as a farmer you need to manage a liquidity reserve

to prevent cash shortages from disrupting

normal farm business operations and to prevent

nonpayment on due financial obligations.

TIPS FoR CASh FloW PlAnnInG

• as the season progresses, keep an actual cash

flow statement to record cash transactions as

they take place. Compare the actual cash flow

statement with the projected cash flow statement

drawn prior to the accounting period to see if

things are going as planned. This will enable you

to respond and devise remedies to solve unforeseen

problems or to take advantage of opportunities

that were not anticipated.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

• at the end of the season, use the actual cash

flow statement to estimate the projected cash

flow statement for the next season.

• Compile a projected cash flow statement by making

use of references from your previous year’s

actual entries on farm records, tax forms and

cheque books.

• Use reliable crop and livestock budgets to provide

the necessary information for projecting future

cash flows.

• Consider farm business changes that are expected

to take place the coming year, such as crop

rotations, new livestock enterprises or sales and

purchases of capital assets.

even though your first cash flow projection may not

be as accurate, it will provide important planning

information and if the exercise is done regularly, projections

will become more accurate in the future.

hElPFul SuGGESTIonS To SolvE CASh

FloW PRoBlEMS

• Identifying the problems beforehand. analyse

the cash flow statements to identify problems

Figure 1: An illustration of liquidity.

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

DEvElopiNG aGricUlTUrE •••

>> Four prinCiples For

Cash management

1 Cash is not given. It rather has to be

tracked, chased and captured.

2 Cash management is as much

an integral part of your farming

business as the entire technical

production process is.

3 good cash flow management

requires information. For example:

- Your suppliers’ payment terms;

- Short-term cash demands;

- Short-term surpluses;

- Investment options; and

- Current debt obligations.

4 You must be masterful. gather and

organise the data and formulate

cash flow statements.

“Do not use

production credit

for intermediate

or long-term

assets, because

proceeds from

one production

period can not

be expected to

cover even for

the costs of

assets.”

continued on page 46

45

46

••• DEvElopiNG aGricUlTUrE

Tighten your farm cash flow

continued from page 45

even before they occur. This will give you time to

alter your plans and remedy the problems by timing

cash inflows and outflows, thereby maintaining

liquidity reserves.

• Improving profitability. analyse profits and the

profitability of your business. Once the farm is

profitable, you can concentrate on other cash

flow problems. Take note however that treating a

cash flow problem at the expense of profitability

is a short-term remedy that may have bad longterm

effects.

• Changing production plans. Perhaps another

crop in the rotation or a livestock enterprise

would increase cash flow and allow you to maintain

profitability at the same time.

• Improving your marketing plan. Consider cash

needs and markets available in the timing of your

sales.

• leasing or renting. Down payments can put a

heavy burden on your cash flow. assess the impact

of leasing and rental against the profitability

of your farm.

• Reducing living expenses. Carefully review your

family budget. Distinguish between necessities

and wants. base family spending on the performance

of the farm business.

• Earning a non-farm income. You can engage in

another income generating business. however,

be aware that the business is not detrimental to

your focus on the farm business operations.

• Refinancing. When the market is expected to

improve in the short run, you can use refinancing

as a strategy to buy time so that a cash short fall

can be absorbed over several production periods.

however, if the farm is not profitable itself, the

problem is just prolonged.

Tip: Do not use production credit for intermediate

or long-term assets, because proceeds from

one production period can not be expected to

cover even for the costs of assets.

• liquidating assets. If assets are to be liquidated,

sell your unprofitable assets first. Then you

may even consider downsizing the operations.

This has to be done after doing an indepth longterm

financial analysis of the impact of these sort

of corrective measures.

• Maintain credit reserves. Manage debt in order

to maintain a credit reserve. If you borrow to the

limit and other cash inflows stop, your liquidity

reserve will sooner dry up and bills will accumulate.

let your creditors know about your cash flow

problems and what you are doing to solve them.

good cash flow management has a double benefit

– it can help you to avoid the debilitating effect of a

cash crises and it can grant you a commercial edge

in all your transactions. S

Resource

Cash flow planning and management, Publication 933.

agricultural extension Services: University of Tennessee.

Sipho Lowane is an Agricultural Economist and Coordinator

at Senwes Agricultural Services. Contact him at (018)

464-7378 or send an email to sipho.lowane@senwes.co.za.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

Laat jou ja, ja wees

lees: Matteus 5: 33 - 37

Die bergpredikasie is die eerste

van vyf preke wat ons binne die Matteus-evangelie

lees. Tussen hoofstuk 5:21 - 48 vind ons ses teensprake

van Jesus. elkeen van hierdie teensprake

word ingelei met die woorde: “…maar ek sê vir

julle…”. as Rabbi mag Jesus die wet interpreteer.

hy gaan egter verder en kom met ’n nuwe benadering.

hy leer byvoorbeeld dat die wet beveel dat

’n mens nie mag moord pleeg nie. Jesus gee egter

’n nuwe interpretasie daaraan, deur te sê: “ek sê vir

julle: elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar

voor die regbank.”

Jesus herinterpreteer ook die aflê van ’n eed. Die

wet leer dat jy nie ’n eed mag verbreek nie, maar

Jesus leer hulle om glad nie ’n eed af te lê nie. hy

het ’n goeie rede daarvoor. Mense het in daardie

tyd graag plaasvervangende woorde vir god gebruik

– hulle sou ’n eed by die hemel, aarde of Jerusalem

aflê en eintlik god se naam impliseer. Wanneer

hulle dan die eed verbreek, bring hulle god se

naam in oneer. Jesus sinspeel dus ook op die derde

gebod, wat lui: “Jy mag die naam van die here jou

god nie misbruik nie”. Jesus stel die eer van god

voorop.

As jy ’n eed nodig het, sodat ander

mense jou moet glo, is daar duidelik

’n probleem.

Jou ja, moet eenvoudig ja wees en jou nee, nee.

In die aflê van ’n eed is daar ’n teenstrydig heid.

Dikwels gebruik mense ’n eed om hulle woor de te

stut. as jy ’n eed nodig het, sodat ander mense jou

moet glo, is daar duidelik ’n probleem. Dit gaan

oor geloofwaardigheid. Christene moet daardeur

gekenmerk kan word dat hulle woord hulle eer is.

Voornemens wat jy in ’n normale gesprek uitspreek,

behoort vir jou net so belangrik te wees soos wan-

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

Ds Willie Botha

vir DiE SiEl •••

neer jy dit met ’n eed bekragtig. Dit maak die gebruik

van ’n eed onnodig. Jesus het waarskynlik die

negende gebod – jy mag nie vals getuies teenoor ’n

ander gee nie – in gedagte. Wanneer ’n eed tydens

’n huweliksbevestiging of in die hof vereis word, vervul

dit ’n regsfunksie en is dit nie ’n probleem nie.

Die gedeelte wil ons ook leer om akkuraat te

praat. ’n Visserman wat altyd die vis groter wys as

wat hy gevang het, boet naderhand sy geloofwaardig

heid in. Sy vriende verklein later vanself die

grote wat hy wys. hulle leer dat hulle sy waarheid

moet aanpas. Dit is baie nadelig vir die vertroue in

verhoudings.

Jesus wil hê dat ons die goeie gewoonte moet

aanleer om by ons woord te bly en akkuraat te

praat. Op hierdie manier eer ons nie net god nie,

maar leer mense ook om na ons as geloofwaardige

draers van die Christelike geloof te kyk. S

>> gelooFwaardigheid

= vertroue

1 hoe ons ons woord nakom, staan

nie los van die eer van god nie.

Daarom moet ons nie in die

gewoonte verval om te sê: “ek

belowe jou”, nie.

2 Wanneer ons “ja”, “ja” is en ons

“nee”, “nee” versterk dit ons

geloofwaardigheid.

3 geloofwaardigheid speel ’n wesenlike

rol in die vertroue wat mense in

ons het.

Ds Willie Botha is van die Nederduitsche Hervormde Gemeen

te op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of stuur

‘n e-pos aan wbot@absamail.co.za.

47

50 ••• lEEFSTyl •• liFESTylE

>> vir die Fliekvlooie

The Social network

Met Jesse eisenberg, andrew

garfield, Justin Timberlake

The Social network was verlede

jaar een van die beste flieks van

die jaar en het reeds verskeie

pryse ingepalm. Die fliek handel

oor Mark Zuckerberg (Jesse

eisenberg), die jong man wat die sosiale netwerk

Facebook op die internet begin het en in sy vroeg

twintigerjare ’n miljardêr geword het. Zuckerberg is

in 2010 aangewys as die tydskrif Time se Person

of the Year.

Die fokus van fliek is grootliks die verhoor waarin

Zuckerberg vir miljoene gedagvaar is deur diegene

wat gemeen het hulle was deel van die stigting

van Facebook. Die Zuckerberg van die fliek gebruik

sy geniale talente as programmeerder om geld,

meisies en partytjie-uitnodigings te bekom, maar

luidens ’n artikel in die tydskrif Time is dit fiksie

– hy het reeds ’n meisie gehad. haar naam is Priscilla

Chan en hulle het by harvard ontmoet voordat

hy Facebook begin het.

In die fliek is Zuckerberg se dialoog soos ’n

sneltikster se vingers op ’n sleutelbord – blitsig en

op die man af. Dit is klaarblyklik ook hoe Zuckerberg

in werklikheid praat.

Die regisseur is David Fincher, wat ook bekend

is vir flieks soos onder meer Seven, Fight Club en

The Curious Case of Benjamin Button.

The Social network is ’n uitstekende fliek en

definitief die moeite werd om te kyk.

liefling, die movie

Met lika berning, bobby van

Jaarsveld, elize Cawood en

Rauel beukes

Vir diegene wat nie na die

fliekteater gejaag het om

dié afrikaanse musiekprent

te gaan kyk nie. as jy van

die fliek Mamma Mia gehou

het, sal jy dol wees op dié fliek. Dit is omtrent ’n

wie’s wie’s van afrikaanse musieksterre wat hierin

optree. S

Dié rubriek word gedoen in samewerking met Movies4U in

Wilkoppies, Klerksdorp. Tel: (018) 468-4148.

Geroosterde

eiervrug en

kekerertjie slaai

820 g kekerertjies (2 blikke)

2 huisies knoffel gekap

1 klein gekapte ui

gekapte Italiaanse pietersielie

sout en peper

75 ml olyfolie

1 suurlemoen se sap

2 klein eiervrugte, afgeskil en in stukke gesny

10 ml gemaalde koljander

sout en peper

30 ml olyfolie

• Voorverhit die oond tot 200˚C

• Meng die eerste 6 bestanddele saam en sit

eenkant.

• Plaas die eiervrugstukke in ’n roosterpan en

strooi die koljander en sout en peper oor. Meng

goed met die olie.

• Rooster die eiervrug vir sowat 20 tot 30 minute

totdat dit goudkleurig en bros is. laat dit afkoel.

• Meng die kekerertjie en eiervrug saam en gooi

nog kruie by indien nodig. Voeg suurlemoen sap

en olie by soos nog nodig.

• bedien as ’n voorgereg of slaai. S

Gesonde kosblik-idee

KAAS- En MIElIEMuFFInS

125 ml olie

250 ml karringmelk

2 ekstragroot eiers

500 ml bruismeel

knippie sout

250 ml gerasperde Cheddar-kaas

250 ml heelkorrel suikermielies

15 ml gekapte pietersielie

2 ml varsgemaalde swartpeper

Voorverhit oond tot 180˚C en sprei muffinpan met

kleefvrye spuitmiddel.

Meng die olie, karringmelk en eiers. Sif die meel en

sout saam en voeg by die eiermengsel.

Voeg die kaas, suikermielies, pietersielie en swartpeper

by en meng liggies.

Skep die deeg in die muffinpan en bak vir 15 minute

of tot gaar. S

bron: http://www.food24.com/recipes/

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

op die boekrak

BoERuMoER

deur Sarel Pieterse

humor vanuit die mond van ’n Karooboer, oom

gysbert, wat deesdae ’n dorpenaar is. hy vertel

van die eenvoudige boggie wat so behep was

met begrafnisse. Tant geesie was weer so

suinig dat sy haar suiker in haar vallei van ’n

duisend heuwels bewaar het. en dan is daar die

tiervanger en die dag van die mampoernagmaal. Die

bundel is volgepak met dorp-, diere- en boerestories.

Die Karoobossie het sommer reeds vroeg in Sarel

Pieterse se murg ingetrek. Sy grootwordjare is oor al

vier die destydse provinsies versprei, daarom is al sy

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

••• liFESTylE •• lEEFSTyl •••

Dokter, boek my asb af met krieketkoors...

> TEKS: MERCIA vEnTER

Tot en met 2 April vanjaar gaan

’n hele paar Suid-afrikaners traag werk toe gaan en

dalk gereeld ’n vreemde koors die skuld gee vir die

feit dat hulle maar eerder huis toe moet gaan.

Ja, dit is weer tyd vir ’n groot sportgeleentheid en

dié keer is dit die tiende ICC Wêreldbeker Kriekettoernooi

wat vanaf 19 Februarie sake vir werkgewers

en huishoudings deurmekaar gaan klits.

hierdie Wêreldbeker-toernooi word gesamentlik

aangebied deur Indië, Sri lanka en bangladesh.

Die geskiedenis van die Krieketwêreldbeker begin

in 1975 toe die eerste toernooi in engeland gehou

is. agt spanne het deelgeneem en die span van

die Wes-Indiese eilande (Windies) het in die finaal

australië met 18 lopies pak gegee.

Die Windies het ook as wenners uit die stryd

getree teen engeland in die 1979-finaal. In 1983

wen Indië teen die Wes-Indiese eilande en 1987

het australië teen engeland in die finaal hul eerste

toernooi gewen. In 1992 het engeland weer in die

finaal pak gekry teen Pakistan. Die toernooi was die

eerste ongelukkige toernooi vir Suid-afrika toe die

span in die halfeindstryd teen engeland weens reën

aan die einde van die wedstryd 19 lopies van 1 bal

af moes slaan.

In 1996 het Sri lanka australië gewen (nogal

met 6 paaltjies), maar in 1999 het die heerskappy

van australië begin toe hulle Pakistan in die finaal

geklop het. Daarna was hulle in 2003 wenners teen

Indië en in 2007 die wenners teen Sri lanka.

Vanjaar hou Suid-afrika asem op dat die Proteas

dalk finaal die verloorgogga van hul rug kan gooi.

Wie weet, dalk yl krieketverslaafdes nie net van die

hoë krieketkoors wanneer ons droom hoe graeme

Smith daardie gesogte beker omhoog hou nie... S

SuID-AFRIKA TEEn WAnnEER WAAR

Windies 24 Februarie Delhi

nederland 3 Maart Mohali

engeland 6 Maart Chennai

Indië 12 Maart nagpur

Ierland 15 Maart Kolkata

bangladesh 19 Maart Dhaka

Die 14 spanne is in twee groepe ingedeel:

• Groep A: australië, Pakistan, nieu-Seeland,

Sri lanka, Zimbabwe, Kanada en Kenia.

• Groep B: Indië, Suid-afrika, engeland,

bangladesh, Wes-Indiese eilande, nederland

en Ierland.

Vanaf 23 Maart tot 26 Maart word vier wed stryde

in die kwart eind gespeel. Die twee wedstryde in

die halfeindstryd word op 29 en 30 Maart gespeel

en die finaal is dan op 2 april in Moembaai.

Mercia Venter is ‘n redaksielid van die Senwes Scenario. Vir

meer inligting skakel haar by (018) 468-2716 of stuur ’n

e-pos na mercia@infoworks.biz.

stories saamgeflans uit goetertjies wat hy

oor die jare gehoor of raakgeloop het. S

>> weggeeprys

SMS Books + jou naam + jou e-pos

adres + jou antwoord na 35180 en

staan ’n kans om ’n eksemplaar van

Boerumoer te wen. Die kompetisie sluit

23 Maart 2011. ’n Sms kos R3. Terme en

voorwaardes geld.

vraag: Waar woon oom gysbert deesdae – op die

dorp of op die plaas?

beskikbaar by die l & a boekwinkel in Klerks dorp.

Tel: (018) 468-4777.

51

52

••• lEEFSTyl •• liFESTylE

Kronkel, kronkel deur

“DaaR IS MeeR OP bOThaVIlle

aS neT naMPO, JY WeeT,” Sê

OnS TOeRgIDS, VaneSSa, TOe eK

OPgeWOnDe In DIe geleenDe

SKOOlbUS MeT DIe blOU STReeP

KlIM. eK lOeR na DIe bOeKIe WaT

’n PROgRaM VOl geSKIeDKUnDIge

VeRTellIngS, UITSTaPPIeS en

SaFaRI’S belOOF en MaaK VIR

OUlaaS SeKeR MY KaMeRa Se

baTTeRYe IS gelaaI. OnS Sal

MaaR SIen OF SY Reg IS: laaT DIe

MIelIeKROnKelROeTe begIn!

> TEKS: IlAnA KoEGElEnBERG

Bothaville –

ontmoet die toergroep! Gepak en gereed vir hul volgende bestemming – die skoolbus se gestamp-stamp was

later nie eers meer opmerkbaar nie.

Die Mieliekronkel is aanvanklik

in 2000 as die Mielie-witblits-kultuurroete bekendgestel

en word deur Pioneer Saad geborg. ’n Spyskaart

van besoekpunte wat wissel van landbou,

kultuur en kunsvlyt, omgewing en buitelewe maak

deel uit van die kronkel wat strek van bothaville

tot omliggende distrikte. Die roete kan slegs op

bespreking gedoen word en besoekers moet hul

keuse uit die spyskaart van besoekpunte maak,

waarna die Mielieforum die roete sal beplan en

reël. Vandag het ek (en 30 ander “toeriste”) die

geleentheid om bothaville só van nader te besoek.

eerste stop: Tarentaalbos keramiek. Ons

bondel by die bus uit en stap die “fabriek”, waar

’n verskeidenheid keramiek gemaak en versier

word, binne. Stap-vir-stap word die hele proses

gedemonstreer – van die kleigieting tot waar dit

in die oond gebak word. Selfs die plak van die

mosaïekteëltjies word gedemonstreer. Die beursies

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

••• liFESTylE •• lEEFSTyl •••

Moenie dié bus verpas nie!

kom uit en die bus word ’n bietjie swaarder met die

gewilde mosaïekkruisies wat saam huis toe gaan.

Teen die tyd wat ons by die silosak-stop kom,

is ons behoorlik vol stof van die grondpadrit. Ons

verkyk ons aan al die witsak “wurms” vol mielies

wat op die ooptes lê (amper soos horisontale silo’s

van plastiek). “Dit werk dieselfde as om wors te

stop,” verduidelik die bestuurder, terwyl ek probeer

indink presies hoe dié groot “wors” volgestop word.

Die hele toergroep klim vir die snaaksigheid op die

skaal wat die trokke weeg en ons word te lig bevind

– slegs 2,1 ton.

Die fotograaf, Johan, wat hulle aan die begin

van die toer by die museum vergeet het, sluit weer

by ons aan met sy kamera en driepootstaander.

hy is net betyds vir ons besoek aan africars, die

huis van die bekende draadkarretjie. Die manier

waarop die draadkarre gemaak word, is ongelooflik.

Daar is uitvindsels van alle soorte om die proses te

vergemaklik en almal vergaap hulle aan hoe vinnig

die geoefende hande ’n draadkar aanmekaar kan

slaan. Dit is egter nie al speelgoed wat hier gemaak

word nie en ons loer in by die dames wat legkaarte

versier.

Die bus word weer gepak en die koppe getel om

seker te maak niemand is in die speelgoedwinkel

agtergelaat nie en dan, na ’n oomblik van paniek

waar die bus oënskynlik vassit, is ons weer op pad

– dorp toe dié keer. Die oorspronklike roete word

effens aangepas en ons stop voor die kerk. na die

stowwerige hitte is dit behoorlik ’n verligting om in

die koel kerk te sit terwyl ben beukes, die plaaslike

musikant; skilder; storieverteller en digter, ons

kennis verryk met ’n geskiedkundige vertelling van

die Moedergemeente, die Ou Tronk en die Pastorie.

Met die uitstap bespiegel almal opgewonde oor

waar die spruit is wat destyds toegemaak is en

blykbaar eendag die kerk kan laat insak as dit nie

weer oopgemaak word nie.

Ten spyte daarvan dat almal honger en moeg is,

van die “toeriste” kry ’n paar wenke vir mosaïekkuns

by die Tarentaalbos keramiekfabriek.

Die huis van die bekende draadkar is nog een van die

stoppunte op die roete.

moet middagete maar eers wag terwyl ons in die

woeste wind onder ’n boom meeding vir ’n bietjie

skadu om te luister na Corné botma se geskiedkundige

vertelling van die Slag van Doornkraal. ’n

glasie sjerrie maak die kele lekker nat, maar na ’n

tydjie besef jy dit maak jou eintlik net hongerder.

“gaan die man ooit ophou praat?” fluister die

tannie langs my aan haar buurvrou en ek wonder

presies dieselfde, terwyl ek my papiere styf vashou

vervolg op bladsy 54

53

54

••• lEEFSTyl •• liFESTylE

Mieliekronkelroete

vervolg van bladsy 53

Draadkarre is nie die enigste speelgoed wat by Africars

gemaak word nie. Die toergroep kon ook sien

hoe legkaarte met die hand versier word.

Plaaslike legende, Ben Beukes, brei uit oor die Balk van

Balkfontein, nadat die groep ’n styl afdraande deur die bos

aangepak het.

Corné Botha brei uit oor die geskiedenis van die Slag

van Doornkraal, terwyl die groep saamdrom om ’n

bietjie skaduwee in die bloedige halfdagson.

sodat dit nie wegwaai nie. na die interessante

stukkie geskiedenis vat ons eindelik die pad na die

langverwagte ete by die alabama wildsplaas.

Die bus kom met slegs ’n enkele skraap deur

alabama se hek en baie verlig, vergader die groep

onder die koeltebome. “Julle kan nou besluit,”

verduidelik Vanessa, “een groep kan gaan eet en

die ander groep gaan op die safari. Dan ruil ons

om.”

Tot my uiterste vreugde eindig ek in die groep

wat eerste kan smul aan die lekker vingerete en

yskoue koeldrank. Die wildsvleishappies voel soos ’n

koningsmaal na ’n dag van opwinding en die groep

begin weer vrolik kuier toe die magies eers vol is.

Ons beurt breek aan vir die safari en met leertjies,

trappies of ’n hand of twee is ons almal op die

reuse-voertuig en kan ons die tog na die balk van

balkfontein deur die wildsplaas begin.

Daar aangekom, trap ons so gly-gly by die koppie

af tot by ’n grot met ’n waterval. bo-oor die waterval

loop ’n reuse natuurlike klipbrug (vanwaar die naam

die balk van balkfontein) en groen mos klou teen

die koel rotse vas. ek kan nie glo ons is steeds in

die bothaville-area nie. Dit voel soos om in ’n woud

te wees. Ons proe aan die stroompie se soet water,

terwyl ben ons meer oor die grot (dit is blykbaar 40

m diep) vertel.

Terwyl die bus terugry na waar ons begin het,

maak Vanessa verskoning dat die toer langer gevat

het as wat beplan was – maar niemand gee om

nie. almal klets opgewonde, met effe songebrande

gesigte, oor die dag se avontuur.

Die bus stop weer voor die museum en dis die

einde van my ekspedisie op bothaville. Met ’n lang

gaap en ’n kamera vol foto’s vat ek weer die pad

terug. Ja, besluit ek, ons gids was toe reg, daar

is gewis meer op bothaville as net naMPO – baie

meer.

as dié avontuur klink na jou tipe uitstappie, kontak

gerus die Mieliehoofstad-forum se skakel beampte,

hanlie Mouton, by (056) 515-3042 of stuur ’n e-pos

na mealie@telkomsa.net om ’n roete te bespreek.

Onthou net die sonbrandroom! S

Ilana Koegelenberg is ’n Bedryfsjoernalis by Infoworks.

Skakel haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na ilana@

infoworks.biz.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

Sonneblom: Benut die huidige goeie pryse en

gebruik Safex om jou oes teen prysdaling te beskerm.

Laatsomer landbouwenke

Dit wil voorkom of die la niñavoorspelling

vir die seisoen in die kol was. Dit is

Februarie en die Vaal- en Oranje-riviere was alreeds

in vloed en die meeste groot opgaardamme in die

somerreënvalgebied is vol. normaalweg is Februarie

en Maart die vloedmaande in dié gebied.

Die mielielande in die streek is op hierdie sta dium

goed nat, met versuiptoestande wat meren deels op

die vlakker watertafelgronde voorkom. Ons vertrou

dat dit uiteindelik nie so ’n groot probleem sal wees

nie en met nog ’n paar goeie reënbuie in Februarie

en Maart kan ons uitsien na ’n goeie mielie-oes.

KoRInG

al meer produsente is besig om koring uit te faseer

as gevolg van die lae winsgrens wat met die produk

verkry word. boerderye wat van oorlêstelsels gebruik

maak, moet egter goed besin voordat koring uit die

stelsel gehaal word. hoewel die koringmarge nie

goed lyk nie, beheer die koringstoppel windskade

effektief gedurende die oorlêtyd om sodoende die

opvolggewas te bevoordeel.

Die kanse dat mielielande wat bewei is in ’n

mielie na ‘n mielie oorlê-stelsel, genoegsame

plantmateriaal sal hê om wind vir twee seisoene te

beheer, is maar skraal.

GRonDBonE

Inspekteer lande gereeld om siektes

en plae betyds op te spoor en spuit

voorkomend om blaar verliese te

beperk. Plantluise en bolwurm kan

nog skade veroorsaak.

ooRlêlAnDE

hou die oorlêlande skoon en die bewerkings oppervlakte

in so ‘n toestand dat dit water in dringing

bevorder en vogverlies beperk.

Vrywaring: Die aanbevelings en siening soos in die stuk vervat is dié

van die skrywer en word nie noodwendig deur Senwes ondersteun

nie, maar word in goeder trou aangebied.

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

vEEBEDRyF

Muskiete en muggies is

die draers van baie veesiektes.

ent dus betyds voorkomend, as

dit nie alreeds gedoen is nie.

bosluise kan ook dié somer

’n probleem wees.

aGri-WENKE •••

Dries kruger

GRoEnTE

Peste, plae en siektes gedy onder klam en vogtige

klimaatstoestande.

Wortels, beet, spinasie en die wintergroentes

kan geplant word.

aartappels: Inspekteer gereeld vir aartappelmot,

vroeë en laat roes en spuit eerder voorkomend

as genesend.

Uie (kultivarspesifiek) en knoffel kan vanaf

Maart geplant word.

WEIDInGSGEWASSE

grasse soos smutsvinger, bloubuffel en borseltjie,

asook lusern (droëland) kan tot middel-Maart

geplant word.

groenvoere, Japanese radys, voerraap en kanola

kan vir voer geplant word.

Mielies en sorghum wat vir kuilvoer geplant is,

behoort nou naby aan die regte sny-stadium te

wees.

In die wintermaande is veldbrande ’n probleem –

begin betyds om brandbane skoon te maak. S

Dries Kruger is ’n Senior Akkerboukundige by Senwes Landboudienste.

Vir meer inligting oor Agri-wenke, stuur ’n e-pos

aan dries.kruger@senwes.co.za of skakel Dries by (051) 430-

2070 of 083 458 1299.

55

The IDC is committed to the creation of a modern,

dynamic economy, characterised by shared and

sustainable economic growth for the prosperity and

wellbeing of South Africa and the African continent.

The IDC provides finance for industrial and enterprise development.

To discuss funding of R1 million or more, please call +27 11 269 3000 or visit www.idc.co.za

©hillibush3947idc

Besigheidsontwikkeling

kry ’n hupstoot

Die Industrial Development

Corporation (IDC) het op 26 november 2010

amptelik hul nuwe satellietkantoor in Klerksdorp

geopen. Die doel van die kantoor is om besigheidsgeleenthede

in die noordwes Provinsie uit te brei.

Die IDC is ’n onafhanklike staatsontwikkelde

finansieringsinstelling, wat fondse beskikbaar stel

vir industriële kapasiteitsontwikkeling. hul primêre

doel is om by te dra tot gebalanseerde, volhoubare

ekonomiese groei in afrika en tot die ekonomiese

bemagtiging van die Suid-afrikaanse bevolking om

die ekonomiese vooruitgang van die kontinent te

bevorder.

behalwe vir die hoofkantoor in Rustenburg, het

hulle ook kantore in Vryburg, brits en Mafikeng. “Die

nuwe kantoor in Klerksdorp is in lyn met ’n strategie

om ons bedrywighede nader aan ons belangegroepe

te bring. Op hierdie manier kan ons vinniger

reageer tot die omgewing en van nader met al ons

kernbelangegroepe in die area werk om volhoubare

ontwikkeling te verseker,” het David Mcgluwa

(Streeksbestuurder: IDC) gesê.

Volgens Mcgluwa is daar baie geleenthede in

Klerksdorp wat nog ontgin moet word. Klerksdorp is

’n groot rolspeler in die Suid-afrikaanse goudmynindustrie

en die Suid-afrikaanse landbousektor.

lourie nel (Streeksbeampte: IDC), David McGluwa

(Streeksbestuurder: IDC) en Phillip hollenbach

(Senior Kredietbestuurder: Senwes) by die opening

van die IDC se satellietkantoor in Klerksdorp.

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

iDc-promoSiE-arTiKEl •••

“Dit gee die IDC die geleentheid om ’n volhoubare

besigheidsomgewing te skep.”

“alhoewel die effek van die ekonomiese krisis

steeds gevoel kan word, sal ons onder andere fokus

op die vervaardigings-, landbou-, toerisme- en

mynindustrieë. hierdie sektore is die aktiefste in die

noordwes Provinsie,” het hy gesê.

In 2008 het die IDC ’n R6,1 miljard fonds gestig

om maatskappye in nood te help. Volgens Mcgluwa

is die hoofdoel van die fonds om besighede wat

suksesvol was voor die aanbreek van die resessie,

te help om die impak van die resessie te weerstaan

en steeds die vermoë te hê om te bly groei sodra

die ekonomie verbeter. Daar is sover R3,2 miljard

van hierdie fonds gebruik.

Mcgluwa sê die IDC se blootstelling het ná die

vestiging van die provinsiale kantoor in Klerksdorp

gegroei van R1,4 miljard in 2008 na R2,1 miljard

in 2010. In die afgelope finansiële jaar het die IDC

R669 miljoen aan 16 kliënte goedgekeur – daardeur

is 10 308 werksgeleenthede in die provinsie alleen

geskep. S

57

58 ••• KompETiSiE

>> gratis engen-baadJie

Koop ’n 210 liter drom (of ekwivalent) Premium

engen Smeerolie (of ekwivalent) en ontvang ’n

veeldoelige, katoen-keperstofbaadjie gratis. Dié olie

is by jou naaste Senwes Village beskikbaar (terwyl

voorraad hou). Sien die agterblad van dié uitgawe vir

’n foto van die baadjie. S

Subscribe and win

with S enwes S cenario

ThIS MOnTh’S SenWeS SCenario FOCUSeS On

TOOlS ThaT YOU Can USe In anD aROUnD YOUR

hOUSe (ReaD MORe On Page 20). SenWeS ThUS

ThOUghT IT Well TO gIVe aWaY a bOSCh gSb 13 Re

PROFeSSIOnal DRIll ThIS MOnTh.

hoW Do I EnTER?

Sms the word SEnWES + Scenario

+ your name + your email address

to 31022 and stand the chance

to win this bosch drill. Competition

closes on 23 March 2011.

Standard sms tariffs. S

WInnER DECEMBER 2010: vic Britz from Welkom won a Ryobi electrical blower/vacuum. Congratulations!

300 atlete het kans

gesien vir beide

’n fietswedren in

die oggend en ’n

marathon in die aand.

Dié deelnemers het

twee medaljes plus ’n

bypassende medalje

ontvang.

>> 2011 draF en trap trivia

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

>> wil Jy ook esCenario ontvang?

NUUS •••

Indien jy nie die eerste uitgawe van eScenario

per e-pos ontvang het nie, sms jou

e-posadres + eScenario na 31022 om

voortaan dié elektroniese nuusbrief van

Senwes te ontvang. S

Nagmarathon bly ’n groot trekpleister

DIe JaaRlIKSe OTTOSDal DRaF en

TRaP RaaK bY DIe JaaR geWIlDeR.

VanJaaR heT ’n TOTaal Van 3 970

DeelneMeRS, JOnK en OUD,

OP 29 JanUaRIe DIe bUlTe Van

OTTOSDal aangeDURF. SenWeS heT

WeeR eenS SY KanT gebRIng VIR

geMeenSKaPSOnTWIKKelIng DeUR

nIe neT ’n bORg Te WeeS nIe, MaaR

OOK ’n WaTeRPUnT Te beMan.

Die Senwes village span op

Ottosdal en die Melliodora silo personeel het vir

die drawwers en stappers lafenis by hul waterpunt

gebied. Die span van 30, wat ook hul familie en

vriende ingesluit het, het die trofee ontvang vir

die “beste waterpunt: 21 km”. Dié trofee word

oorhandig op grond van die voorkoms van die

waterpunte en die beamptes.

“Jy moet nogal jou storie ken om vir soveel

atlete gelyk water te gee,” het Willem botha

(bemarkingsbestuurder: Senwes Village) gesê. S

• 1 110 fietsryers (98 meer as verlede jaar) het

aan die verskillende fietswedrenne deelgeneem.

• 2 860 drawwers en stappers (187 meer as

verlede jaar) het die nagmarathons, wat ’n

kwalifise rende wedloop vir die Comrades insluit,

in goeie gees aangepak.

• lerumo lentswe (75) was die oudste persoon

van Vaal Reefs wat die 42,2 km nagmarathon

voltooi het.

Die ottosdal village span spog met die “Beste waterpunt:

21 km”-trofee. Senwes wen sedert 1997 dié

trofee. Agter is: Anton Reyneke, Anette van Biljon,

hennie Jonker, Dirk Wolmarans, hantie Wolmarans,

yolandi Botha, Arisa Smith, Johanna Maselela, Abel

Maleke, Jan Mciga, Minah Paai, PPC Matlaopane,

Reginald Disele en Tommy Spandiel. voor is: Thinus

Fourie, herman du Plessis, lucas Motshoadi, van Roy

nxamakela en David Moremi.

LikE SEnWES

En Bly oP hooGTE

Senwes het hul toetrede tot

die sosiale web in Januarie met ’n

Facebook bladsy http://facebook.senwes.

co.za afgeskop. hier sal onder andere

belangrike maatskappynuus, datums van

gebeurtenisse, terugvoer, www.senwes.co.za

se nuutste artikels en promosies gepubliseer

word. hou die eScenario en volgende

uitgawes van Senwes Scenario dop

vir meer oor Senwes se digitale

platform. S

59

60 60

60 ••• iN my viSiEr

Ouma se driebeenpot

As ’n voormalige bouer was my

pa se dubbelmotorhuis ’n “grot” vol skatte. Daar was

allerlei interessante stukke gereedskap wat jy kon

ondersoek en altyd iets handig om te “leen” om

byvoorbeeld ’n boomhuis of iets dergeliks te bou. ek

het die ou driebeenpotjie onder ’n klomp steierhoute

ontdek, waar dit vol uitgebraaide, gals terige vet

gestaan het. Dit moes jare lank reeds so, gevul

met die vet as preserveermiddel, geduldig in die

halfdonker gehurk het, wagtend op die regte persoon.

Dit was Ouma barnard s’n, het pa-hulle vertel

– ouma Katriena barnard wat in Otjiwarongo gebly

en altyd haar leë neusdruppelbotteltjies (sulke klein

donkerbruinetjies) vir my gebêre het om mee te

speel. Die ouma wat my help klitsgrasnessies bou

het vir die papiervoëltjies wat ma lenie altyd vir

my gemaak het; die ouma wat my van die boereoorloë

en bloedrivier vertel het; die ouma met die

foksterriërhondjie. Die ouma wat jare lank aan

kanker gely en uiteindelik daaraan dood is.

grootkoos het my een Saterdag in 1971 in Wind -

hoek by die skoolkoshuis kom oplaai en ons is na

die ou Suidwes-stadion toe om rugby te kyk – net

ek en hy. Daar vertel hy toe dat ons na die rugby

Otjiwarongo toe sou ry. Toe ek vra hoekom, het hy

bloot geantwoord: “Want Ouma barnard is mos

oorlede”. hoekom hy die tyding dáár oorgedra het,

sal ek nooit weet nie. Wat ek wel toe geweet het,

is dat jy nie op ’n pawiljoen vol mense aan’t huile

gaan nie, al is jy net elf jaar oud. ek moes lank en

hard sluk om die trane terug te hou en die rugby, iets

waaroor ek mal was, het skielik alle bekoring verloor.

Waar ek Ouma se laaste drupperbotteltjies

ver loor het, kon ek nie onthou nie, maar toe ek

met die driebeenpotjie in my hande staan, het ek

geweet dat dit deel van my moet bly vir die res van

my lewe. Die nommer drie potjie was ideaal vir

iemand soos ek wat lief is vir jag en kampeer. Dis

ook net die regte grootte vir ’n gesin van vier.

ek het dit die eerste keer gebruik op ’n skaap plaas

naby augrabies. ek en my broers het oorgeslaap in

die veld en die potjie het gesorg dat bully beef en

tamatie met baie uie en baked beans daarin, ons

mae volmaak. Die potjie het staan en prut die aand

toe ’n luiperd my kamp besoek het daar in Klaserie

se wêreld. Skaars 20 jaar oud, het ek met bewende

hande aangelê en hom van kant gemaak. Dit het

my en my vrou vergesel op ons kampeertogte in

gamkaskloof (Die hel) voordat dit die Parkeraad se

eien dom was en toeriste die plek begin snuif trap het.

In die noord-Kaap, waar ons 13 jaar lank gebly

het, het ons altyd onder ’n groot olienhout op ’n

vriend se plaas gekampeer en daar het ouma

Katriena se potjie hom menige aand uitmuntend van

sy taak gekwyt. Ons kook nie op die fênsy manier

waar jou vleis onder in die pot kom en die groente

dan in lae gepak word nie. Sulke potjies mag jy nie

roer nie, want dan is alles deurmekaar...’n doodsonde

volgens potjiekoskenners.

ek hou van vleisbredies in my pot – aartappels, uie

en wortels is omtrent al tipes groente wat toe ge laat

word en party van die aartappels kom sommer vroeg

in om fyn te kook, want dis hulle waarmee jy die sous

dik maak. en ek wil die pot met die hout lepel karring.

Potjiekos wat soos ’n weeskind alleen gelaat word,

staan my glad nie aan nie.

Ouma Katriena se potjie reis kruis en dwars oor

die land saam met ons en waar hy ook al staan

en prut, verskaf dié ou potjie veel meer as watertandbredies.

Dit laaf ook my siel met die geur van

onthou. Dit voer my terug na klitsgrasnessies, ’n

ouma wat die hart van ’n kind verstaan en na die

skatkis van my pa se ou motorhuis.

Die swart potjie laat my baie jagtogte in herinnering

roep. ek onthou plekke waar ons om rokerige

vure gesit het, plekke waar die sterre saans

so helder skyn dat dit lyk asof jy aan hulle kan

raak. ek onthou my en eunia se kampeertogte as

pasgetroudes, die fisante wat soggens die son buite

ons tentjie kom wakker maak het en natuurlik hoe

ywerig ons seuns die pot kon help leegmaak het na

’n lang dag in die veld.

Ja, ouma Katriena se driebeenpotjie is ’n kluis

waaruit ek skatryk geërf het. Wat meer kan ’n mens

om vra? S

Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer.

Koos Barnard

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

weidings vir volgehoue

diereproduksie

Voedsame herfs-, winter- en lenteweiding met hoë drakrag en smaaklikheid vir ’n veelsydige

gebalanseerde voervloeiprogram.

Groenvoergewasse

Droëland en/of

aanvullende besproeiing

Hawer

• DRAKENSBERG

• LE TUCANA

Korog

• PAN 248

• PAN 299

Stoelrog

• PAN 263

• SOROM

Bestuurswenk: Vir die beste

voordeel, plant meer as een

kultivar van Februarie tot

April vir ’n gebalanseerde en

verlengde weidingsperiode.

Intensiewe Voergewasse

Besproeiing

Eenjarige Raaigrasse

• VOYAGER 12, 31 & 55 • DARGLE • MISPAH

• ENERGYL • FEAST II

Meerjarige Raaigrasse

• QUARTET • FITZROY • PASTORAL

Langswenkgras

Wit-, Rooi- en Berseemklawer

Bestuurswenk: Plant wanneer maksimum dagtemperature onder 25°C begin

daal. Plant vlak en rol om goeie kontak met grond en vog te verseker.

Groenvoerpakket – Plantdatum en verwagte beweidingstydperk

Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sept Okt Nov

DRAKENSBERG X

XX

LE TUCANA X

XX

PAN 248

X

XX

PAN 263

X

XX

SOROM

X

XX

PAN 299

X

XX

PRESTASIE BEPROEFDE SAAD

WÊRELDWYE NAVORSING PLAASLIKE PRESTASIE

www.pannar.com

Vir meer inligting kontak: Tel: (033) 413 9500 • infoserve@pannar.co.za

2011/GF/A/27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!