02.05.2013 Views

Februarie/Maart

Februarie/Maart

Februarie/Maart

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Laat jou ja, ja wees

lees: Matteus 5: 33 - 37

Die bergpredikasie is die eerste

van vyf preke wat ons binne die Matteus-evangelie

lees. Tussen hoofstuk 5:21 - 48 vind ons ses teensprake

van Jesus. elkeen van hierdie teensprake

word ingelei met die woorde: “…maar ek sê vir

julle…”. as Rabbi mag Jesus die wet interpreteer.

hy gaan egter verder en kom met ’n nuwe benadering.

hy leer byvoorbeeld dat die wet beveel dat

’n mens nie mag moord pleeg nie. Jesus gee egter

’n nuwe interpretasie daaraan, deur te sê: “ek sê vir

julle: elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar

voor die regbank.”

Jesus herinterpreteer ook die aflê van ’n eed. Die

wet leer dat jy nie ’n eed mag verbreek nie, maar

Jesus leer hulle om glad nie ’n eed af te lê nie. hy

het ’n goeie rede daarvoor. Mense het in daardie

tyd graag plaasvervangende woorde vir god gebruik

– hulle sou ’n eed by die hemel, aarde of Jerusalem

aflê en eintlik god se naam impliseer. Wanneer

hulle dan die eed verbreek, bring hulle god se

naam in oneer. Jesus sinspeel dus ook op die derde

gebod, wat lui: “Jy mag die naam van die here jou

god nie misbruik nie”. Jesus stel die eer van god

voorop.

As jy ’n eed nodig het, sodat ander

mense jou moet glo, is daar duidelik

’n probleem.

Jou ja, moet eenvoudig ja wees en jou nee, nee.

In die aflê van ’n eed is daar ’n teenstrydig heid.

Dikwels gebruik mense ’n eed om hulle woor de te

stut. as jy ’n eed nodig het, sodat ander mense jou

moet glo, is daar duidelik ’n probleem. Dit gaan

oor geloofwaardigheid. Christene moet daardeur

gekenmerk kan word dat hulle woord hulle eer is.

Voornemens wat jy in ’n normale gesprek uitspreek,

behoort vir jou net so belangrik te wees soos wan-

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

Ds Willie Botha

vir DiE SiEl •••

neer jy dit met ’n eed bekragtig. Dit maak die gebruik

van ’n eed onnodig. Jesus het waarskynlik die

negende gebod – jy mag nie vals getuies teenoor ’n

ander gee nie – in gedagte. Wanneer ’n eed tydens

’n huweliksbevestiging of in die hof vereis word, vervul

dit ’n regsfunksie en is dit nie ’n probleem nie.

Die gedeelte wil ons ook leer om akkuraat te

praat. ’n Visserman wat altyd die vis groter wys as

wat hy gevang het, boet naderhand sy geloofwaardig

heid in. Sy vriende verklein later vanself die

grote wat hy wys. hulle leer dat hulle sy waarheid

moet aanpas. Dit is baie nadelig vir die vertroue in

verhoudings.

Jesus wil hê dat ons die goeie gewoonte moet

aanleer om by ons woord te bly en akkuraat te

praat. Op hierdie manier eer ons nie net god nie,

maar leer mense ook om na ons as geloofwaardige

draers van die Christelike geloof te kyk. S

>> gelooFwaardigheid

= vertroue

1 hoe ons ons woord nakom, staan

nie los van die eer van god nie.

Daarom moet ons nie in die

gewoonte verval om te sê: “ek

belowe jou”, nie.

2 Wanneer ons “ja”, “ja” is en ons

“nee”, “nee” versterk dit ons

geloofwaardigheid.

3 geloofwaardigheid speel ’n wesenlike

rol in die vertroue wat mense in

ons het.

Ds Willie Botha is van die Nederduitsche Hervormde Gemeen

te op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of stuur

‘n e-pos aan wbot@absamail.co.za.

47

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!