02.05.2013 Views

Februarie/Maart

Februarie/Maart

Februarie/Maart

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Besigheidsontwikkeling

kry ’n hupstoot

Die Industrial Development

Corporation (IDC) het op 26 november 2010

amptelik hul nuwe satellietkantoor in Klerksdorp

geopen. Die doel van die kantoor is om besigheidsgeleenthede

in die noordwes Provinsie uit te brei.

Die IDC is ’n onafhanklike staatsontwikkelde

finansieringsinstelling, wat fondse beskikbaar stel

vir industriële kapasiteitsontwikkeling. hul primêre

doel is om by te dra tot gebalanseerde, volhoubare

ekonomiese groei in afrika en tot die ekonomiese

bemagtiging van die Suid-afrikaanse bevolking om

die ekonomiese vooruitgang van die kontinent te

bevorder.

behalwe vir die hoofkantoor in Rustenburg, het

hulle ook kantore in Vryburg, brits en Mafikeng. “Die

nuwe kantoor in Klerksdorp is in lyn met ’n strategie

om ons bedrywighede nader aan ons belangegroepe

te bring. Op hierdie manier kan ons vinniger

reageer tot die omgewing en van nader met al ons

kernbelangegroepe in die area werk om volhoubare

ontwikkeling te verseker,” het David Mcgluwa

(Streeksbestuurder: IDC) gesê.

Volgens Mcgluwa is daar baie geleenthede in

Klerksdorp wat nog ontgin moet word. Klerksdorp is

’n groot rolspeler in die Suid-afrikaanse goudmynindustrie

en die Suid-afrikaanse landbousektor.

lourie nel (Streeksbeampte: IDC), David McGluwa

(Streeksbestuurder: IDC) en Phillip hollenbach

(Senior Kredietbestuurder: Senwes) by die opening

van die IDC se satellietkantoor in Klerksdorp.

Februarie/Maart 2011 • www.senwes.co.za

iDc-promoSiE-arTiKEl •••

“Dit gee die IDC die geleentheid om ’n volhoubare

besigheidsomgewing te skep.”

“alhoewel die effek van die ekonomiese krisis

steeds gevoel kan word, sal ons onder andere fokus

op die vervaardigings-, landbou-, toerisme- en

mynindustrieë. hierdie sektore is die aktiefste in die

noordwes Provinsie,” het hy gesê.

In 2008 het die IDC ’n R6,1 miljard fonds gestig

om maatskappye in nood te help. Volgens Mcgluwa

is die hoofdoel van die fonds om besighede wat

suksesvol was voor die aanbreek van die resessie,

te help om die impak van die resessie te weerstaan

en steeds die vermoë te hê om te bly groei sodra

die ekonomie verbeter. Daar is sover R3,2 miljard

van hierdie fonds gebruik.

Mcgluwa sê die IDC se blootstelling het ná die

vestiging van die provinsiale kantoor in Klerksdorp

gegroei van R1,4 miljard in 2008 na R2,1 miljard

in 2010. In die afgelope finansiële jaar het die IDC

R669 miljoen aan 16 kliënte goedgekeur – daardeur

is 10 308 werksgeleenthede in die provinsie alleen

geskep. S

57

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!