Februarie/Maart
Februarie/Maart
Februarie/Maart
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
28 ••• Ko lliG op Tom vaN rooyEN

D it is alles

of niks nie

DaaR IS MaaR MIn TYD OOR aS JY

lang URe bOeR en TUSSenDeUR ’n

TYDJIe MOeT aFKnYP OM JOU VIeR

KInDeRS bY hUl SKOOlbeDRYWIgheDe

Te OnDeRSTeUn. DIT IS

WaaROM eK TOe SOMMeR MeT DIe

InTRaPSlag bY TOM Van ROOYen Se

PlaaShUIS In DIe POTCheFSTROOM-

DISTRIK Sê DaT DIe OnDeRhOUD

KORT en KRagTIg Sal WeeS. “nee,”

Sê Van ROOYen. “aS eK IeTS DOen,

DOen eK DIT ORDenTlIK. eK heT DIe

hele Dag VIR DIe OnDeRhOUD OPSY

geSIT.” DIT IS OOK PReSIeS hOe

Van ROOYen SY bOeRDeRYbeDRYF

aanPaK: ORDenTlIK!

> TEKS: RuTh DAvIES

> FoTo’S: PAul vAn BIlJon

Tom is die vierde geslag van

Rooyens wat vandag op die plaas Rietkuil naby Pot -

chefstroom boer. eers wou hy graag ’n padskraperdrywer

geword het, maar as skoolseun het hy gou

besef dat sy hart op die plaas lê.

hy het reeds lank vooruit beplan wat hy alles

vakansies op die plaas gaan doen. “ek het op

skool reeds my eie stukkie grond gehad wat ek self

bewerk het vir ekstra sakgeld,” het Van Rooyen

vertel. na skool het hy sy bSc agric-graad in

landbou-ekonomie verwerf en dit opgevolg met ’n

honneursgraad. hy glo jy kan baie dinge op die

plaas leer, maar die ekonomiese sy van ’n mens se

besigheid is waar die kruks van die saak lê.

gedurende sy universiteitsloopbaan het hy op ’n

varkplaas in engeland gaan werk. ná universiteit is

hy weermag toe vir ’n jaar en ’n half en in augustus

1990 het hy op Rietkuil begin boer.

Sy MEnToR

Sy pa, Mike (81), wat ook op Rietkuil woon, het

vandag nog sy eie beesboerdery. “My pa was

en is steeds ’n groot mentor vir my. Die manier

hoe verskillende generasies boer, kan verskil van

mekaar, maar die basis bly dieselfde. My pa het my

finansiële dissipline geleer en hy het my ook geleer

om kontant te boer – iets wat ek vandag nog sterk

toepas in my boerdery.

“Deel van ’n produsent se sukses en sekuriteit is

om volhoubaar te boer. as ek iets koop, het ek dit

regtig nodig en moet ek dit dadelik kan betaal. Deur

kontant te boer, bevorder ek die winsgewendheid van

my boerdery, want ek betaal geen rente nie. nog ’n

voordeel van kontantboerdery is dat jy jou aankope

kan doen op die tye wat die pryse gunstig is.

“ek glo ek bedryf my boerdery suksesvol omdat

ek baie mikro- en makro-beplanning doen, hard

werk en laastens is dit deur die genade van bo,” het

hy verduidelik.

WISSElBouSTElSEl

Van Rooyen plant mielies, sonneblom en droëbone

binne ’n vyfjaar wisselboustelsel (mielies – mielies –

droëbone – mielies – sonneblom). “Om volhoubaarheid

te verseker, glo ek jy moet diversifiseer. Vandag

kan ’n mens nie net meer mielies plant nie. Met

’n wisselboustelsel kan jy ’n beter winsgewendheid

bewerkstellig, sonder om jou insette te verhoog.”

hy noem verder dat baie voordele uit die

wissel bou stelsel spruit. Dit sluit onder andere in:

siektebeheer, bemestingsvoordele en onkruidbeheer

en dit verhoog ook sy effektiwiteit van sy trekkers en

toerusting.

hy het hoofsaaklik huttongrond op sy plase. as

vervolg op bladsy 30

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011