02.05.2013 Views

Februarie/Maart

Februarie/Maart

Februarie/Maart

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

12 ••• laNDBoU-TEGNiEK

Faktore wat jou

koringopbrengs beïnvloed

vervolg van bladsy 11

gewas en uiteindelik die opbrengs, kan benadeel.

Wat die situasie meer ingewikkeld maak, is dat die

koringplant deur die loop van die seisoen vir skade

kan kompenseer en is dit moeilik om te bepaal wat

die uiteindelike uitwerking op die opbrengs gaan

wees.

Stikstofopname gedurende die graanvullingsperiode

is relatief laag in vergelyking met die

halmverlengingstadium. Stikstof in die plantweefsel

word gemobiliseer en getranslokeer na die graan,

met klein hoeveelhede van die grond afkomstig.

Die ontwikkelende are en verlengende halms

(groeistadium 5 tot 15) plaas ’n groot aanvraag

op die plant se hulpbronne vanaf halmverlenging.

Jonger, swak ontwikkelde halms wat nie kan

kompeteer nie, gaan gou verlore. Die hoeveelheid

halms (are) en syare wat deur die koringplant

geïnisieer word, is gewoonlik baie meer as die

hoeveelheid are en pitte wat tot en met rypwording

onderhou kan word. ’n afwaartse aanpassing

in die opbrengspotensiaal begin gewoonlik met

halmverlies by die begin van halmverlenging en hou

aan tot en met syaar- of blompakkieverlies voor die

blomstadium.

Droogte- en hittestres gedurende halmverlenging

en aarverskyning verhoog die tempo van halmmortaliteit.

Indien die droogtestres gebreek word,

of daar is ’n laat toediening van stikstof gedurende

hierdie stadiums, kan dit lei tot die ontwikkeling van

laat rypwordende are.

Omgewingstres voor vlagblaarverskyning kan

die verlies van syare op die ontwikkelende aar

tot gevolg hê. blompakkie-inisiasie (syare) begin

in die laer, middel area van die aar en versprei

na die basis en bokant van die aar. Onder

erge omgewingstrestoestande kan die syare

(blompakkies) by die bopunt en basis van die aar

afgespeen word.

Die finale aanpassing in opbrengspotensiaal vind

plaas gedurende die graanvullingstadium wanneer

die korrelgrootte bepaal word.

In Figuur 2 word ’n paar van die groeistadiums

van die koringplant aangetoon.

Dit is duidelik dat, soos algemeen bekend,

klimaat- en bestuursaspekte ’n groot rol speel

in die opbrengspotensiaal van die koringplant.

GRoEISTADIuM 4 GRoEISTADIuM 13 GRoEISTADIuM 17

GRoEISTADIuM 20 GRoEISTADIuM 25

Figuur 2: verskillende groeistadiums van koring.

Wat egter belangrik is om te onthou, is dat

indien stremmingstoestande reeds vroeg in van

die ontwikkelingstadiums van die koringplant

heers, dit ’n blywende negatiewe effek op die

uiteindelike graanopbrengs kan hê. Onder

droëlandtoestande het die produsent nie beheer

oor die klimaat gedurende die groeiseisoen

nie, maar by besproeiing is dit belangrik dat

aspekte soos bemesting (byvoorbeeld verdeelde

stikstofbemesting) en besproeiingskedulering,

noukeurig bestuur moet word. S

verwysings

• handleiding: Produksie van kleingrane in die

somerreëngebied 2010 (lnR – Kleingraaninstituut).

• Winter cereal production (http://www.usask.ca/

agriculture).

• nitrogen management for winter wheat: Principles and

recommendations (http://pubs.ext.vt.edu).

• growth stages of wheat: Identification and under stan ding

(http://safiles.tamu.edu/agronomy/wheat/whtmang.htm).

• Kunsmisplasing maak saak (http://www.grainsa.co.za/

dokuments/SaGraan_Mrt06_P50_51.pdf).

Gerrit Oosthuizen is ’n Senior Akkerboukundige by Senwes

Landboudienste. Skakel hom gerus vir enige navrae by

(018) 462-8533 of 084 506 8791. ’n E-pos kan ook gestuur

word na gerrit.oosthuizen@senwes.co.za.

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!