02.05.2013 Views

Februarie/Maart

Februarie/Maart

Februarie/Maart

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

30

••• Ko lliG op Tom vaN ro oyEN

Dit is alles of niks nie

vervolg van bladsy 28

gevolg van dié tipe grond, is daar nie so ’n groot voor -

deel in ’n oorlêstelsel nie. Om die grond optimaal

te benut, is ’n paar faktore van belang, naamlik:

bemesting, bewerkingsafwisseling en wisselbou.

“afwisselende bewerkings help om my insette laag

te hou. My lande word gerip waar verdigtingslae

voorkom en geploeg waar ek kalk strooi. Die res

word met beitelploeë bewerk,” het hy verduidelik.

Volgens Van Rooyen is beitelploeë ’n vinnige

bewerkingsmetode. ’n Deklaag word bo-op die grond

gelos vir vogbewaring.

Die risiko op die huttongrond is baie hoër as op

watertafelgronde. Deur die wisselboustelsel bou

Van Rooyen egter sy grond se voedingstatus op

en sodoende verminder hy sy risiko. hy wissel sy

chemiese en organiese bemesting af. “Organiese

bemesting bou die grond definitief op, want dit

verhoog die organiese inhoud van my grond en sit

die mikro-elemente terug in die grond.”

hy doen tans embriospoeling- en oorplasing op Bonsmara-verse.

By hulle staan ’n Boran.

Sy implemente en toerusting diens hy by Senwes

se werkswinkel op Bothaville. Sy pa, Mike (links), is

steeds ’n mentor in sy besigheid.

hullE Kon nIE WééR

vERKEERD WEES nIE

’n Fout wat hy in 2008/2009 gemaak het, was om

sy beplanning rondom die el niño jaar-voorspelling

te doen. “ek het ’n groot deel van my mielie-oes

geberg om later teen hoër pryse te verkoop – indien

’n droogte sou realiseer. “So reën dit toe en die prys

daal met R600, met die gevolg dat my potensiële

inkomste aansienlik gekrimp het. ek het geglo die

weervoorspellers sal ’n slag reg wees, want ek het

gedink hulle kan nie wéér verkeerd wees nie,” het

Van Rooyen laggend vertel.

nuWE BloED In vEEFAKToR

In 2009 het hy sy veeboerdery uitgebrei met ’n

boran-stoet. “Dit is ’n lae onderhoudbees wat sinvol

kan produseer en een van sy groot voordele is dat

hy nie maklik bosluise kry nie. My einddoel is om

die diere direk van die veld en lande af te bemark in

plaas van intensiewe voerkrale.” Van Rooyen meen

dat die vraag na afgeronde veld-diere gaan toeneem,

namate mense meer gesondheidsbewus raak.

Sy bonsmaras wend hy kommersieel aan vir

speen kalfproduksie. hy het by sy pa geleer om net

stoet bonsmara-bulle aan te koop, want hy glo dit

verbeter jou koei-kudde en sorg vir ’n beter speen kalf

en premie by die voerkrale. hy doen ook embriospoeling

en -oorplasing op sy bonsmara-verse. Dit is

’n vinniger manier om vroulike diere te kry.

hy noem verder dat Smutsvinger ’n aangeplante

weiding is wat nogal goed in hul wêreld aard. Verder

benut die kommersiële beeste ook die oesreste in

die winter, wat waarde toevoeg tot sy saaiboerdery.

Voergewasse en tef word ook aangeplant.

SonDER ’n DAGBoEK IS hy vERloRE

Vandat hy begin boer het, het hy ’n dagboek gebruik.

“Die dagboek het vergroot van ’n sakdagboek in

1994 tot ’n a4-dagboek vandag. ek hou boek van

elke liewe gebeurtenis in my boer dery. ek kan vandag

’n jaar teruggaan en vir jou presies sê wat wanneer

gebeur het.”

hoEKoM DRoËBonE?

Van Rooyen plant reeds sewe jaar droëbone en is

die enigste produsent in sy omgewing wat die gewas

aanplant. alhoewel dit nie droëbone-wêreld is nie,

bereik hy sukses met die gewas. “Dit is ’n peul ge was

www.senwes.co.za • Februarie/Maart 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!