02.05.2013 Views

die sportiewe vriend - ATKV

die sportiewe vriend - ATKV

die sportiewe vriend - ATKV

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

22 Hoezit!

Deur Jaco Jacobs

Hoe werk plakkers, speelgoed en veiligheidstoerusting

wat in die donker gloei?

Fosforessensie

Het jy al plakkers van die maan en sterre gesien

wat in die donker gloei nadat jy die lig afgeskakel

het? Of ’n klimtol wat gloei wanneer jy in die

donker daarmee speel? Of ’n horlosie waarvan

die wysers in die donker gloei? Die proses wat

dikwels gebruik word om voorwerpe in die donker

te laat gloei, word fosforessensie genoem.

Dit beteken dat ’n stof energie (byvoorbeeld

sigbare lig of ultravioletlig) absorbeer en dit dan

weer vrystel in die vorm van lig. Verskillende

fosforessente stowwe absorbeer verskillende

soorte energie en kan verskillende kleure lig

vrystel. Fosforessente verf word dikwels van

sinksulfi ed of stronsium-aluminaat gemaak.

Stronsium-aluminaat hou langer aan met gloei as

sinksulfi ed.

’n Paar dinge

wat in die

donker gloei

Padtekens

Die veiligheidstroke op

sommige drafskoene en

drafklere

Glow in the dark speelgoed

Vuurvliegies

Party seediere

Die pyltjies in ’n vliegtuig wat

wys waar die nooduitgang is

Vuurvliegies

Vuurvliegies produseer lig deur

chemiese reaksies in spesiale

selle in hul agterlywe. Die lig word

gebruik om maats te lok.

Foto’s: Shutterstock

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!