03.05.2013 Views

Rosekransgebedskaarte - Dieoratorium.org

Rosekransgebedskaarte - Dieoratorium.org

Rosekransgebedskaarte - Dieoratorium.org

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die betekenis en oorsprong

van die Rosekransgebed

In Oktober, 2002, verskyn daar ‘n Apostoliese Brief van pous Johannes Paulus II met die titel Rosarium

Virginis Mariae (oftewel Die Rosekrans van die Maagd Maria). Hierdie brief vanuit die pen van die

hoogste gesag in die Kerk beklemtoon weereens die waarde en ryk geestelike skat wat daar in dié

eeue- oue gebedsvorm te vinde is. Wêreldwyd is mense besig om opnuut die Rosekransgebed te

ontdek as ‘n uitstekende gebedsdissipline waardeur ‘n mens se verhouding met die Here Jesus Christus

versterk en verdiep word. Vir die pous is die Rosekrans ‘n reeks meditasies oor die lewe van Jesus soos

gesien deur die oë van sy Moeder, terselfdertyd is dit ook ‘n smeekgebed tot Christus, versterk en gedra

deur haar moederlike voorspraak.

Die ontstaan van die Rosekransgebed soos ons hom vandag ken is hoofsaaklik te danke aan die

Dominikaners wat deur die eeue hierdie spesiale devosie gekoester en versprei het. Vanaf die vroegste

tye het daardie Christene, wat nie kon lees nie, die tradisionele gebedstye van die Kerk met gebede

gevul wat maklik gememoriseer kon word. Hulle het die psalms en skriflesings wat die priesters en

kloosterlinge gebid het met eenvoudige gebede vervang. So is die 150 psalms aanvanklik deur die bid

van 150 Onse Vader-gebede vervang.

Mettertyd is die 150 Onse Vader-gebede deur eenvoudiger Wees Gegroet-gebede vervang. Sekere

belangrike gebeure (geloofsgeheimenisse) uit die lewens van Jesus en Maria is tussen dié gebede

ingevoeg. Hierdie geheimenisse is aanvanklik in drie groepe van vyf elk ingedeel (in 2002 het die pous

‘n vierde groep geheimenisse; die Ligryke Geheimenisse, bygevoeg). Die pous noem die Rosekrans ‘n

manier van verkondiging, asook ‘n wyse om ons geloofskennis te verdiep, en dit is inderdaad die doel

van die geheimenisse - om dié spesifieke insidente op so ‘n wyse te oorpeins dat ons geloof verdiep en

ons eie verkondiging van dié geloof so aangehelp word. Die Rosekrans kan dus gesien word as ‘n

samevatting van die Evangelie en dit is onteenseglik waar dat die bid van dié eenvoudige bedesnoer

deur die eeue vir derduisende mense hul verhouding met Christus versterk en verdiep het en ook baie

heiliges opgelewer het.

Die Rosekrans is ‘n metode van kontemplasie wat ons van aangesig tot aangesig bring met die sentrale

geheimenis van ons geloof, die verlossende Menswording van Christus. Met geheimenis word nie

geheimhouding (of iets wat weggesteek of verberg word) bedoel nie, inteendeel: ‘n Geheimenis is ‘n

openbaring van God aan ons. Ons menslike beperktheid en swakheid veroorsaak egter dat God se

geheimenisse vir ons ‘n lewenslange ontdekking is. In ons verhouding met God vind daar ‘n

aanhoudende openbaarmaking van nuwe insigte en fasette omtrent ons geloof plaas - nooit sal ons aan

die einde van hierdie wonderlike ontdekking- en verkenningsreis kan kom nie. Dit is die wonder van ons

geloof: Dit is voorwaar onuitputlik omdat ons hier met die ewigheid te make het. Die Rosekransgebed

bied ons ‘n besondere geleentheid om hierdie grenslose aspek van ons geloof te bepeins. Dit alles

geskied in ‘n gees van verwondering. Die opeenvolgende herhaling van die Wees Gegroet-gebed word

‘n onophoudelike lofsang tot Christus, Hy wat deur die Engel se begroeting aan Maria aangekondig

word.

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 1

Hoe om die Rosekransgebed te bid

1. Begin die Rosekransgebed deur die klein krusifiks wat aan die krale geheg is te soen en

die kruisteken te maak, terwyl u bid:

In die naam van die Vader, en van die Seun, en van die Heilige Gees.

2. Bid nou die Apostoliese Geloofsbelydenis:

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 2

Ek glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van

hemel en aarde; en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun,

onse Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die

Maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig,

gestorwe en begrawe is; wat neergedaal het na die doderyk,

die derde dag weer opgestaan het uit die dode, opgevaar het

na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige

Vader, vanwaar Hy sal kom om te oordeel, die lewende en die

dode. Ek glo in die Heilige Gees, die Heilige Katolieke Kerk, die

gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sondes, die

wederopstanding van die vlees en die ewige lewe. Amen.

3. By die daaropvolgende kraletjie word die Onse Vader gebid:

Onse Vader, wat in die hemel is, laat u naam geheilig word; laat u koninkryk kom, laat u

wil geskied soos in die hemel net so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse

brood, en vergeef ons, ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe, en lei ons

nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose. Amen.

4. By die volgende drie kraletjies word die Wees Gegroet-gebed telkens vir die intensies van

die pous gebid:

Wees gegroet, Maria, vol genade, die Here is met u. Geseënd is u onder die vroue en

geseënd is Jesus, die vrug van u skoot. Heilige Maria, Moeder van God, bid vir ons

sondaars, nou en in die uur van ons dood. Amen.

5. Nà die laaste een van dié drie kraletjies word die Eer aan die Vader-gebed gebid:

Eer aan die Vader, en aan die Seun, en aan die Heilige Gees. Soos dit in die begin

was, so ook nou en altyd, tot in ewigheid. Amen.

6-10. Beginnend by die medalje word die eerste Geheimenis wat bepeins word aangekondig.

Verkieslik word ‘n gepaste Skrifaanhaling hierby gebruik. ‘n Kort verposing vir stille meditasie

volg nou. Hierna volg die Onse Vader-gebed (nog by dieselfde kraletjie) en daarna word die

volgende tien kraletjies met tien Wees Gegroet-gebede afgebid. Die ritmiese aard van dié

gebed bly gefokus op die heilige naam van Jesus en so word die hart verhef en die verstand

verlig.

11. Ná die tiende kraletjie word die Eer aan die Vader...gebid en dan word die dekade van dié

spesifieke geheimenis as volg met die Fatima-gebed afgesluit:

O, my Jesus, vergewe ons, ons sondes, red ons van die hellevuur. Lei alle siele na die

hemel toe, veral dié wat u genade die meeste nodig het. Amen.

11-14. Die tweede en daaropvolgende geheimenisse word op dieselfde wyse gebid. Wanneer

al die geheimenisse van ‘n spesifieke groep gebid is kan daar óf voortgegaan word met die

volgende geheimenisreeks óf kan die Rosekransgebed met een van die volgende gebede

afgesluit word (of 15a of 15b of 15c):

15a. Wees gegroet Heilige Koningin - Salve Regina

Hierdie gebed word gewoonlik tydens die gewone tyd van die Jaarkring, van direk na

afloop van die Paastyd tot die laaste Saterdag voor die eerste Sondag van die Advent,

gebid.

V. Wees gegroet Koningin, Moeder van deernis; wees gegroet ons lewe, ons troos en

ons hoop. Ons, die banneling kinders van Eva, roep u aan; tot u smeek ons, sugtend en

wenend in hierdie tranedal. Wend u barmhartige oë tot ons, o, Voorspreekster, en toon

aan ons ná hierdie ballingskap, Jesus, die geseënde vrug van u skoot. O, goeie, o,

liefdevolle, o, soete Maagd Maria.

V. Bid vir ons, o Heilige Moeder van God

R. Dat ons die beloftes van Christus waardig mag word.

V. Laat ons bid: O, God, u eniggebore Seun het deur sy lewe, dood en opstanding vir

ons die loon van die ewige lewe verkry. Gee dat ons, nadat ons die geheimenisse van

die heilige Rosekrans van die geseënde Maagd Maria oordink het, mag navolg wat hulle

inhou, en verkry wat hulle belowe; deur Jesus Christus, onse Here.

R. Amen.

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 3

15b. Koningin van die hemel - Regina Caeli

Hierdie gebed word gewoonlik gebid vanaf die begin tot die einde van die Paastyd.

Koningin van die hemel,

verheug u, halleluja!

Want Hy,

wat u waardig was om te dra, halleluja!

Het opgestaan

soos Hy gesê het, halleluja!

Bid vir ons tot God, halleluja!

V. Verheug en verbly u, Maagd Maria, halleluja!

R. Want die Here het waarlik opgestaan, halleluja!

V. Laat ons bid: God onse Vader, deur die opstanding van u Seun, onse Here Jesus

Christus, het U die wêreld met groot blydskap geseën. Ons smeek U: laat ons, deur die

gebede van sy moeder, die Maagd Maria, die vreugde van die ewige lewe verkry. Ons

bid dit deur onse Here Jesus Christus, u Seun, wat met U en die Heilige Gees, leef en

regeer, één God, vir ewig en altyd. Amen.

15c. Moeder van die Verlosser - Alma Redemptoris

Hierdie gebed word gewoonlik gebid, vanaf die begin van die Advent tot die eerste

Februarie, ingesluit.

Liefdevolle Moeder van die Verlosser, hemelpoort en ster van die see, staan u gevalle

volk by soos ons probeer om weer op te staan. Die natuur staan verwonderd oor die feit

dat u die Skepper kon dra en steeds ‘n maagd bly. U, wat Gabriël se blye begroeting

ontvang het, ontferm u oor ons arme sondaars. Amen.

16. Die Rosekrans word afgesluit met die kruisteken.

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 4

Die Blye Geheimenisse

Hierdie geheimenisse word gewoonlik op Maandae en Saterdae gebid.

Die kenmerk van die eerste reeks geheimenisse is die blydskap wat hulle uitstraal. Hierdie

vreugde spruit voort uit die groot gebeurtenis van Jesus se Menswording.

1ste Blye Geheimenis - Die engel bring die boodskap aan Maria

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 5

Jesaja 7:14-15; Lukas 1:26-38

Die engel Gabriël se begroeting aan die Maagd van Nasaret bevat ‘n

uitnodiging tot blydskap. Dié vreugde lê in die feit dat sy as begenadigde of

geseënde aangespreek word. Maria se nederigheid lei tot haar vreugde:

“...ek is tot beskikking van die Here”. ‘n Mens kan sê dat die hele

geskiedenis van die wêreld ‘n hoogtepunt bereik in hierdie begroeting. Die

verwagtinge van die mensdom lê op die skouers van ‘n jong maagd. In

Maria se nederige aanvaarding van God se Wil lê die sleutel tot die

mensdom se verlossing en ewige blydskap.

2de Blye Geheimenis - Maria besoek Elisabet

Jesaja 40:1-10; Lukas 1:39-45; Johannes 1:19-23

Blydskap oorheers Maria se ontmoeting met Elisabet - haar ervaring druk

Maria as volg uit: “...my gees het hom in God, my redder, verbly...”. Maria

haas haar om die goeie tyding aan Elisabet te vertel. Saam met Maria roep

ons Christene: “Die uitkoms is hier!” Die vreugde van ons eie belewenis

van Jesus is iets wat met andere gedeel moet word.

3de Blye Geheimenis - Jesus word in die stal gebore

Miga 5:1-5; Matteus 2:1-12; Lukas 2:1-20; Galasiërs 4:1-7

Blydskap vul veral die toneel van Jesus se geboorte in Betlehem. Die lied

van die engele en die stemme van die herders dra dié blye boodskap uit.

Weereens word ware blydskap gekoppel aan geringheid, aan nederigheid

- die Goddelike Kind word in ‘n stal in ‘n onnoemenswaardige dorpie

gebore. Blydskap vul ons oor die redding wat uit die mees onwaarskynlike

van plekke en situasies voortkom.

4de Blye Geheimenis - Jesus word in die tempel aan God opgedra

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 6

Lukas 2:22-35; Hebreërs 9:6-14

Die vreugde van die bejaarde Simeon is die beloning op ‘n lewe van

gehoorsaamheid. Die Christuskind, ons ware Hoëpriester, se intrede in die

tempel van Jerusalem, lei ‘n nuwe tydvak in die geskiedenis van die

mensdom in. Die blydskap oor wat deur sy lewe bewerkstellig gaan word is

uiteindelik universeel en kosmies van aard.

5de Blye Geheimenis - Jesus word in die tempel teruggevind

Lukas 2:41-50; Johannes 12:44-50; 1 Korintiërs 2:6-16

Die onderliggende drama van hierdie geheimenis dra in homself ook groot

vreugde. Die Seun se goddelike Wysheid kom na vore in sy algehele

betrokkenheid by sy Vader - watter uitdaging word nie hiermee aan ons

gerig nie - ons verhouding met God is absoluut en allesomvattend. Dié

wysheid is nie van hierdié wêreld nie, net soos hierdié blydskap nie van

hierdié wêreld is nie.

Om die Blye Geheimenisse te oorpeins, is om die diepste betekenis van Christelike vreugde

te probeer begryp. Dit is die Blye Boodskap. Maria neem ons aan die hand om die bron van

Christelike blydskap, Hy wat vlees geword het, te ontmoet.

Die Ligryke Geheimenisse

Hierdie geheimenisse word gewoonlik op Donderdae gebid.

Christus is die “lig van die wêreld” (Johannes 8:12). In ‘n sekere sin is die hele geheimenis

van wie Christus is een groot Liggeheimenis, tog is daar sekere beduidende oomblikke in die

openbare lewe van Jesus Christus waar hierdie op ‘n besondere wyse na vore kom. Elkeen

van hierdie geheimenisse is ‘n openbaring van die Koninkryk van God soos aanwesig in die

persoon van Jesus.

1ste Ligryke Geheimenis - Die doop van onse Here in die Jordaanrivier

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 7

Matteus 3:13-17; 2 Korintiërs 5:21

Christus, die Sondelose, neem ons sondes op Hom. Die hemele open

en die Heilige Gees daal op Jesus neer soos Hy sy taak begin om

God en mens met mekaar te versoen. Christus se hele aardse lewe

en sterwe het in diens gestaan van hierdie versoening. Hierdie

boodskap van versoening het Hy nou aan ons toevertrou. Hoe leef

ons hierdie boodskap van versoening daagliks uit?

2de Ligryke Geheimenis - Die openbaring van onse Here by die

huweliksfees te Kana

Johannes 2:1-12

Deur die bemiddeling van Maria, die eerste gelowige, vind Christus se

eerste wonderteken plaas. Water word in wyn verander en in sy

verbaasde dissipels se harte begin die vlam van die geloof al hoe

sterker brand. Deur die bemiddeling van ons eie lewens behoort

Christus se wonderwerke nog steeds in ons eie tyd en samelewing

plaas te vind.

3de Ligryke Geheimenis - Die verkondiging van die koms van God se

koninkryk en die oproep tot berou en bekering

Markus 1: 15; Markus 2:3-13; Lukas 7:47-48

Christus openbaar die Koninkryk van God deur sy prediking, waarin

Hy die voorvereistes van opregte berou en ware bekering aan die

mense voorhou. Wat ons mense benodig is ‘n gees van nederige

vertroue. Christus se versoeningstaak gaan voort deur die Sakrament

van Versoening wat Hy aan sy Kerk toevertrou het (Johannes 20:22-23).

4de Ligryke Geheimenis - Die verheerliking van onse Here

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 8

Markus 9:2-10; Lukas 9:28-36

Die verheerliking van onse Here op die berg is dié Ligryke Geheimenis

by uitstek. Deur hierdie gedaanteverwisseling skyn die glorie van God

heel sigbaar deur die persoon van Jesus Christus, soos God die

Vader die stomgeslane dissipels beveel om na sy geliefde Seun te

luister. Hier vind ‘n mens reeds die voorbereiding op Christus se

Opstanding en ons eie gedaanteverwisseling deur lewens gelei deur

die Heilige Gees.

5de Ligryke Geheimenis - Die instelling van die Heilige Eucharistie

Matteus 26:26-30; Markus 14:22-26; Lukas 22:15-20; Johannes 13;

1 Korintiërs 11:23-25

In die Heilige Eucharistie word Christus se ewige

offerande van Homself vir ons ‘n tasbare werklikheid in

ons lewens. Ons deelname aan die Liggaam en Bloed

van Christus maak van ons sigbare getuies van die

Koninkryk van God op aarde.

Om die Ligryke Geheimenisse te oorpeins is om oor ons rol in God se heilsbestel na te dink.

Hoe vergestalt ons die Koninkryk van God deur ons daaglikse lewens. Ons beskouing van

hierdie gebeurtenisse in die lewe van Christus lei ons na die waarheid omtrent onsself as

Ligdraers.

Die Lydingsgeheimenisse

Hierdie geheimenisse word gewoonlik op Dinsdae en Vrydae gebid.

In die evangelies word daar 'n ereplek toegeken aan die Lydingsgeheimenisse van Christus.

Vanaf die vroegste eeue het Christene, veral gedurende die Vastyd, op devosionele wyse die

gebeure van Jesus se Passie oorpeins. Die gebruik om die Kruisweg te bid het hieruit

gevloei.

1ste Lydingsgeheimenis - Jesus bid in doodsangs tot sy Hemelse Vader

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 9

Matteus 26:36-46; Markus 14:26-42; Lukas 22:39-53; Johannes 18:1-12

Jesus se doodsangs behoort by ons ‘n kreet van berou te ontlok. Hier

in die tuin van Getsemané staar Jesus al die versoekinge en sondes

van die mensdom in die gesig. Christus se instemming om die Wil

van sy Vader te doen staan in kontras tot ons eerste voorouers wat in

die tuin van Eden juis teen die Wil van God gekies het. Die swakheid

van die vlees kom maar al te dikwels te staan voor die Wil van die

God - wie se wil gaan in ons lewens geskied?

2de Lydingsgeheimenis - Jesus word gegésel

Jesaja 50:5-9; Matteus 27:15-26; Markus 15:1-16

Dié openbare en fisieke pyniging van onse Heiland is deel van die

prys wat Hy moes betaal a.g.v. sy getrouheid aan die Wil van sy

Vader. Ook ons sal vernedering en selfs pyniging moet verduur as

ons in ons lewens getrou aan die Here se Wil gaan wees. Die wêreld

se onbegrip vir die uiteindelike waarhede en die doel van ons

bestaan kom al te dikwels tot uiting in haat en vervolging.

3de Lydingsgeheimenis - Jesus word met dorings gekroon

Jesaja 52:13-53:10; Matteus 16:24-28; Matteus 27:27-31; Markus 15:16-19;

Lukas 23:6-11

Die verskriklike ironie dat die Koning van die Heelal hier op aarde

met die doringkroon van bespotting beloon word vorm deel van ons

eie ervaring as burgers van God se Ryk. Hierin lê egter ook ‘n groot

Christelike waarheid opgesluit: Die feit dat egte leiding ook lyding

bevat. Hoe anders is die Christelike ideaal van onbaatsugtige en selfopofferende

leierskap nie teenoor die dikwels magsbeluste, wêreldse

realiteit van hoë posisies en leierskap nie.

4de Lydingsgeheimenis - Jesus dra sy kruis na Golgota

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 10

Markus 8:31-38; Markus 16:20-25; Lukas 22:20-32; Johannes 19:17-22;

Filippense 2:6-11

Die vreugde van die bejaarde Simeon is die beloning op ‘n lewe van

gehoorsaamheid. Die Christuskind, ons ware Hoëpriester, se intrede

in die tempel van Jerusalem, lei ‘n nuwe tydvak in die geskiedenis

van die mensdom in. Die blydskap oor wat deur sy lewe bewerkstellig

gaan word is uiteindelik universeel en kosmies van aard.

5de Lydingsgeheimenis - Jesus sterf aan die kruis

Markus 15:33-39; Lukas 23:33-46; Johannes 17-37; Handelinge 22:22-24;

Hebreërs 9:11-14

Saam met Maria staan ons aan die voet van die kruis en ervaar hoe

God uit liefde vir ons sterf. Knielend in aanbidding en stom van

verwondering begin dit stadig tot ons deurdring wat ware liefde is.

Om die Lydingsgeheimenisse te oorpeins, is om ten diepste ons verhouding met ons God te

oordink. Wat sê dit vir ons omtrent ons verhouding ie feit dat ons hier te doen het met ‘n

Skepper wat so ondeurgrondelik diep lief is vir sy skepsels. God se liefde vir ons is inderdaad

‘n groot geheimenis – dit gaan ons verstand te bowe.

Die Glorieryke Geheimenisse

Hierdie geheimenisse word gewoonlik op Woensdae en Saterdae gebid.

Christus is egter baie meer as die Gekruisigde – Hy is ook die Opgestane!

Die Rosekransgebed lei ons deur die pyn en donkerte van die Passie na die glorieryke lig van

die Opstanding en Hemelvaart. Deur die Verrese Christus te oorpeins ontdek ons weer die

redes vir ons eie geloof.

1ste Glorieryke Geheimenis - Jesus staan op uit die dode

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 11

Matteus 28:1-10; Markus 16:1-18; Johannes 20:1-10; Romeine 6:1-14

Die vreugde waarmee Maria en die dissipels vervul is by aanskoue van

Christus se opstanding uit die dood is ook ons eie. Hierdie waarheid dra

vrug in ons daaglikse lewens – ons leef met die wete van die

Opstanding. Alles wat ons dink, doen en sê, geskied in die lig van

hierdie grootse gebeurtenis. Hierdie oorwinning oor die dood vorm die

basis van ons geloof.

2de Glorieryke Geheimenis - Jesus vaar op na die Hemel

Matteus 28:16-20; Lukas 24:44-53; Handelinge 1:1-11; Efesiërs 2:4-7

Christus vaar in glorie op om sy plek aan die regterhand van die Vader

in te neem. Uit hierdie geheimenis put ons die hoop om in hierdie

wêreld te volhard. Christus se hemelvaart skep vir ons die weg na

ewige geluk. As Christene beskik ons dus oor lewensnoodsaaklike

kennis - die ewige lewe is deur God binne ons bereik geplaas. Ook vir

ons is daar ‘n plek in die hemel, ons enigste vaderland en ware tuiste.

3de Glorieryke Geheimenis - Die Heilige Gees daal neer op die Apostels

Johannes 14:15-21; Handelinge 2:1-11; 4:23-31

Die Pinkstergebeure toon ons die Kerk as familie vergader, rondom

Maria, altyd gereed om deur liefde aangevuur, die evangelie tot aan die

uithoeke van die aarde te verkondig. Die Kerk word gelei deur die

Heilige Gees om haar taak hier op aarde te volbring. Die Kerk is die

kanaal waardeur dié Nuwe Lewe van Christus aan die mensdom

deurgegee word. Geen land, geen samelewing, geen kultuur, geen

situasie kan deur dié Nuwe Lewe onaangeraak bly nie.

4de Glorieryke Geheimenis - Maria word in die Hemel opgeneem

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 12

Johannes 11:17-27; 1 Korintiërs 15:20-28, 42-50, 51-57; Openbaring 21:1-6

Die vreugde van Maria by haar opneming in die hemel is ons vreugde

by ons eie opneming in die hemel. Christus se hemelvaart lei tot ons

hemelopneming. Maria se ervaring van ewigdurende geluk is ook ons

eie ervaring. Deur haar unieke rol in God se verlossingsplan deel Maria

nou reeds in die lewe wat op al die regverdiges wag. Hoeveel het ons

nie om na uit te sien nie!

5de Glorieryke Geheimenis - Maria word in die Hemel gekroon

Matteus 5:1-12; 2 Petrus 3:10; Openbaring 7:1-4, 9-12; Openbaring 21:1-6

As Koningin van die Engele en Heiliges toon Maria ons die toekoms van

die Kerk. Soos Maria hier op aarde die eerste was om die Blye

Boodskap van Christus se Koms te hoor en daarin te deel, so is sy die

eerste om die nuwe hemel en aarde te ervaar. Hierin gaan sy die Kerk

vooruit en begin ons besef watter glorieryke toekoms daar vir God se

getroues, en sy Kerk, wag.

Om die Glorieryke Geheimenisse te oorpeins is om op die toekoms gerig te wees.

Ons begryp ons rol as God se pelgrimsvolk, onderweg na ons uiteindelike doelwit. Hier op

aarde moet ons met geloof, hoop en liefde lewende getuies van ons eie glorieryke toekoms

wees.

Alma Redemptoris Mater

Maria-Antifone

Alma Redemptoris Mater is een van vier "Maria Antifone".

Dit word tradisioneel gebid vanaf die begin van die Advent tot die eerste Februarie, ingesluit.

Alma Redemptoris Mater, quae pervia caeli

Porta manes, et stella maris, sucurre cadenti,

Surgere qui curat populo: tu quae genuisti,

Natura mirante, tuum sanctum Genitorem,

Virgo prius ac posterius, Gabrielis ab ore

Sumens illud Ave, peccatorum miserere.

Usque ad diem 23 decembris:

V. Angelus Domini nuntiavit Mariae.

R. Et concepit de Spiritu Sancto.

Oremus.

Gratiam tuam, quaesumus, Domine,

mentibus nostris infunde;

ut, qui, angelo nuntiante,

Christi Filii tui incarnationem cognovimus,

per passionem ejus et crucem,

ad resurrectionis gloriam perducamur.

Per eundem Christum Dominum nostrum.

R. Amen.

A die 24 decembris:

V. Post partum, Virgo, inviolata permansisti.

R. Dei Genitrix, intercede pro nobis.

V. Oremus.

Deus, qui salutis aeternae,

beatae Mariae virginitate fecunda,

humano generi praemia praestitisti:

tribue, quaesumus, ut ipsam pro nobis

intercedere sentiamus,

per quam meruimus auctorem vitae suscipere,

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 13

Dominum nostrum Iesum Christum, Filium tuum.

R. Amen.

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 14

Moeder van die Verlosser

Alma Redemptoris Mater is een van vier "Maria Antifone".

Dit word tradisioneel gebid vanaf die begin van die Advent tot die eerste Februarie, ingesluit.

Ave Regina Caelorum

Ave Regina Caelorum is een van vier "Maria Antifone".

Dit word tradisioneel gebid gedurende die Vastyd.

Ave, Regina caelorum,

Ave, Domina Angelorum:

Salve, radix, salve, porta,

Ex qua mundo lux est orta:

Gaude, Virgo gloriosa,

Super omnes speciosa:

Vale, o valde decora,

Et pro nobis Christum exora.

V. Dignare me laudare te, Virgo sacrata.

R. Da mihi virtutem contra hostes tuos.

V. Oremus.

Concede, misericors Deus,

fragilitati nostrae praesidium:

ut, qui sanctae Dei Genitricis memoriam agimus;

intercessionis ejus auxilio,

Liefdevolle Moeder van die Verlosser,

hemelpoort en ster van die see, staan u gevalle volk by

soos ons probeer om weer op te staan.

Die natuur staan verwonderd oor die feit dat u

die Skepper kon dra en steeds ‘n maagd bly.

U, wat Gabriël se blye begroeting ontvang het,

ontferm u oor ons arme sondaars.

a nostris iniquitatibus resurgamus.

Per eundem Christum Dominum nostrum.

R. Amen.

Regina Caeli, Laetare

Regina Caeli, Laetare is een van vier "Maria Antifone".

Dit word tradisioneel gebid, vanaf die begin tot die einde van die Paastyd.

Regina caeli, laetare, alleluia:

Quia quem meruisti portare, alleluia,

Resurrexit sicut dixit, alleluia:

Ora pro nobis Deum, alleluia.

V. Guade et laetare, Virgo Maria, alleluia.

R. Quia surrexit Dominus vere, alleluia.

V. Oremus.

Deus, qui per resurrectionem Filii tui,

Domini nostri Jesu Christi,

mundum laetificare dignatus es:praesta, quaesumus;

ut, per ejus Genitricem Virginem Mariam,

perpetuae capiamus gaudia vitae.

Per eundem Christum Dominum nostrum.

R. Amen.

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 15

Koningin van die hemel

Regina Caeli, Laetare is een van vier "Maria Antifone".

Dit word tradisioneel gebid, vanaf die begin tot die einde van die Paastyd.

Koningin van die hemel, verheug u, halleluja!

Want Hy, wat u waardig was om te dra, halleluja!

Het opgestaan soos Hy gesê het, halleluja!

Bid vir ons tot God, halleluja!

V. Verheug en verbly u, Maagd Maria, halleluja!

R. Want die Here het waarlik opgestaan, halleluja!

Salve Regina

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 16

V. Laat ons bid:

God onse Vader, deur die opstanding van u Seun,

onse Here Jesus Christus,

het U die wêreld met groot blydskap geseën.

Ons smeek U: laat ons,

deur die gebede van sy moeder, die Maagd Maria,

die vreugde van die ewige lewe verkry.

Ons bid dit deur onse Here Jesus Christus,

u Seun, wat met U en die Heilige Gees,

leef en regeer, één God, vir ewig en altyd.

R. Amen.

Salve Regina is een van vier "Maria Antifone".

Dit word tradisioneel gebid vanaf die einde van die Paastyd tot die Saterdag voor die eerste

Sondag van Advent.

Salve Regína, Mater misericórdiae;

Vita dulcédo, et spes nostra, salve.

Ad te Clamámus éxsules fílii Hevae;

Ad te Suspirámus, geméntes et flentes

In hac lacrimárum valle.

Eia ergo, Advocáta nostra,

Illos tuos misericórdes óculos ad nos convérte:

Et Iesum, benedíctum fructum ventris tui,

Nobis post hoc exsílium osténde.

O clemens, o pia, o dulcis Virgo María.

V. Ora pro nobis, sancta Dei Genitrix.

R. Ut digni efficamur promissionibus Christi.

V. Oremus.

Omnipotens sempiterne Deus,

qui gloriosae Virginis Matris Mariae corpus et animam,

ut dignum Filii tui habitaculum effici mereretur,

Spiritu Sancto cooperante, praeparasti,

da, ut cuius commemoratione laetamur;

eius pia intercessione,

ab instantibus malis et a morte perpetua liberemur.

Per eundem Christum Dominum nostrum.

R. Amen.

Die Oratorium, Oudtshoorn

www.dieoratorium.org 17

Wees gegroet Heilige Koningin

Salve Regina is een van vier "Maria Antifone".

Dit word tradisioneel gebid vanaf die einde van die Paastyd

tot die Saterdag voor die eerste Sondag van Advent.

Wees gegroet Koningin, Moeder van deernis;

wees gegroet ons lewe, ons troos en ons hoop.

Ons, die banneling kinders van Eva, roep u aan;

tot u smeek ons, sugtend en wenend in hierdie tranedal.

Wend u barmhartige oë tot ons, o, Voorspreekster,

en toon aan ons ná hierdie ballingskap,

Jesus, die geseënde vrug van u skoot.

O, goeie, o, liefdevolle, o, soete Maagd Maria.

V. Bid vir ons, o Heilige Moeder van God

R. Dat ons die beloftes van Christus waardig mag word.

V. Laat ons bid:

O, God, u eniggebore Seun

het deur sy lewe, dood en opstanding

vir ons die loon van die ewige lewe verkry.

Gee dat ons, nadat ons

die geheimenisse van die heilige Rosekrans

van die geseënde Maagd Maria oordink het,

mag navolg wat hulle inhou,

en verkry wat hulle belowe;

deur Jesus Christus, onse Here.

R. Amen.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!