03.05.2013 Views

DOU-Ensikliek-Ecclesia de Eucharistia.vp - Die Oratorium

DOU-Ensikliek-Ecclesia de Eucharistia.vp - Die Oratorium

DOU-Ensikliek-Ecclesia de Eucharistia.vp - Die Oratorium

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

DIE ORATORIUM UITGEWERY

KERK DOKUMENTE-REEKS

ENSIKLIEK VAN POUS JOHANNES PAULUS II

Ecclesia de

Eucharistia

OOR DIE VERHOUDING TUSSEN

DIE EUCHARISTIE EN DIE KERK

ENSIKLIEK VAN POUS JOHANNES PAULUS II

Ecclesia de

Eucharistia

OOR DIE VERHOUDING TUSSEN

DIE EUCHARISTIE EN DIE KERK

Aan die Biskoppe

Priesters en Diakens

Mans en Vroue in die Religieuse Staat

En al die Christengelowiges

Eerste Afrikaanse Uitgawe November 2004

© DIE ORATORIUM UITGEWERY

‘n Afdeling van die Kongregasie van die Oratorium van St. Filip Neri

‘n Geregistreerde Openbare Weldaads Organisasie, Reg no. 93/0000/036

Posbus 407 / 6620 — Oudtshoorn

Tel: (044) 272 4259

Faks: (044) 272 6728

E-pos: dieoratorium@mweb.co.za

www.oratoriosanfilippo.org/oudtshoorn

Die Oratorium Uitgewery Kerk Dokumente-reeks verwoord die geloof,

leerstellings en die lewe van die Katolieke Kerk. Hierdie reeks bevat ‘n

wye spektrum Kerklike dokumente soos uitgevaardig deur die Heilige

Stoel, die verskillende Romeinse Kongregasies en plaaslike Biskoppe

Konferensies.

Ons publikasies bevat getroue Katolieke leerstelings; spreek

lewenskwessies en -waarhede aan wat op die daaglikse lewe van

toepassing en van belang is. Deur ons publikasies streef ons voortdurend

daarna om die volheid en rykdom van die Katolieke geloof uit te dra.

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die

skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur

enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur

fotokopiëring, plaat– of bandopname, mikro- verfilming of enige ander

stelsel van inligtingsbewaring en –ontsluiting.

Finansiering en verspreiding deur DIE ORATORIUM UITGEWERY in

samewerking met die AFRIKAANSE TAAL PASTORALE STREEK VAN DIE

SUIDER-AFRIKAANSE KATOLIEKE BISKOPPE KONFERENSIE.

Tipografie en setwerk deur DIE ORATORIUM UITGEWERY.

Gedruk en gebind deur BOWLES DRUKKERS, OUDTSHOORN.

ISBN 1-919962-12-3

INHOUD

Inleiding 1

Hoofstuk 1 9

Die Geheimenis van die Geloof

Hoofstuk 2 19

Die Eucharistie bou die Kerk op

Hoofstuk Drie 25

Die Apostolisiteit van die Eucharistie en van die Kerk

Hoofstuk Vier 32

Die Eucharistie en Kerklike Eenheid

Hoofstuk Vyf 43

Die Waardigheid van die Eucharistie Viering

Hoofstuk Ses 49

In die Skool van Maria, die Vrou van die Eucharistie

Slot 53

INLEIDING

1

1. Die Kerk leef van die Eucharistie. Hierdie waarheid druk nie alleen ‘n

daaglikse geloofservaring uit nie, maar is ook ‘n beknopte samevatting van

die kern van die geheimenis van die Kerk. Dit is met blydskap dat die Kerk

op allerlei maniere die voortdurende verwerkliking van Jesus se belofte

ervaar: ‘Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.’

(Matt. 28:20).

Maar in die Eucharistie, deur die verandering van die brood en van die

wyn in die Liggaam en Bloed van die Here, geniet ons hierdie

aanwesigheid van die Here met ‘n unieke intensiteit. Sedert die Kerk, die

Volk van die Nuwe Verbond, met Pinkster begin het met haar pelgrimsreis

na die hemelse vaderland, het sy met vertroue haar hoop uit hierdie

goddelike Sakrament geput.

Die Tweede Vatikaanse Konsilie het tereg onderrig dat die Eucharistiese

offer ‘die oorsprong en die hoogtepunt van die hele Christelike lewe is’ 1 ‘Want

in die Heilige Eucharistie lê al die geestelike besit van die Kerk vervat, naamlik

Christus Self, ons Paaslam en die Lewende Brood, wat deur sy Vlees in die

Heilige Gees die lewe van die opstanding en die lewewekkende lewe aan

mense skenk.’ 2 Daarom kyk die Kerk voortdurend na die Here, wat in die

Sakrament van die altaar aanwesig is; daarin ontdek die Kerk die

volledige manifestasie van sy oneindige liefde.

2. Tydens die groot Jubileum van die jaar 2000, was ek bevoorreg om die

Eucharistie te kon vier in die Bovertrek in Jerusalem; daar waar, volgens

oorlewering, Christus Self die eerste Eucharistie gevier het. Hierdie

Bovertrek is die plek waar dié Heiligste Sakrament ingestel is. Daar het

1 Tweede Vatikaanse Konsilie, Dogmatiese Konstitusie oor die Kerk

(Lumen Gentium), 11.

2 Tweede Vatikaanse Konsilie, Dekreet oor die amp en lewe van die

priesters (Presbyterorum ordinis), 5.

2

Christus die brood in sy hande geneem, dit gebreek en aan sy dissipels met

dié woorde gegee: ‘Neem en eet almal hiervan: dit is my Ligaam, wat vir

julle oorgelewer word’ (vgl. Matt. 26:26; Luk. 22:19; 1 Kor. 11:24).

Daarna het Hy die kelk met die wyn in sy hande geneem en vir hulle gesê:

‘Neem en drink almal hieruit: dit is die beker van die nuwe en ewige Verbond,

my Bloed wat vir almal uitgegiet word tot die vergifnis van sondes’ (Mark.

14:24; Luk. 22:20; 1 Kor. 11:25). Ek is die Here Jesus baie dankbaar dat

ek juis op hierdie plek in gehoorsaamheid sy opdrag kon uitvoer: ‘Doen dit

tot My gedagtenis’ (Luk. 22:19), dié woorde wat Hy tweeduisend jaar

gelede uitgespreek het.

Ons kan onsself die vraag afvra of die apostels wat aan die Laaste

Avondmaal deelgeneem het die presiese betekenis van dié woorde wat

Christus gespreek het ten volle begryp het. Miskien nie. Die ware

betekenis van dié woorde sou eers duidelik word na afloop van die

Triduum Sacrum, dié drie gewyde dae van Christus se lyding, dood en

opstanding. Hierdie dae omvat die Mysterium Paschale (die

Paasgeheimenis) en ook die Mysterium Eucharisticum (die Eucharistiese

Geheimenis).

3. Die Kerk kom voort uit die Paasgeheimenis. Juis daarom is die

Eucharistie by uitstek dié sakrament van die Paasgeheimenis en staan dit in

die middelpunt van die Kerklike lewe. Dit sien ‘n mens reeds in die eerste

beeld van die Kerk wat die Handelinge van die Apostels aan ons deurgee:

‘En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die

breking van die brood en in die gebede’ (Hand. 2:42). Hierdie ‘breking van

die brood’ verwys uiteraard na die Eucharistie. Tweeduisend jaar later is

ons nog steeds besig om dié oorspronklike beeld van die Kerk ‘n

werklikheid te maak. En terwyl ons dit in die Eucharistie viering doen, word

ons geestelik teruggevoer na die Paasgeheimenis: na dié gebeure by die

afskeidsmaal op die aand van Witte Donderdag en alles wat daarna

plaasgevind het. Die instelling van die Eucharistie loop op sakramentele

wyse die gebeurtenisse vooruit wat met Jesus se doodsangs in Getsemane

begin het. Opnuut sien ons Christus soos Hy die Bovertrek verlaat, waar

hulle die Laaste Avondmaal gevier het, om met sy dissipels deur die

Kedronvallei te loop na die Olyfberg toe. In dié tuin van Getsemane aan

die voet van die Olyfberg staan daar vandag nog enkele oeroue

olyfbome. Miskien was hulle selfs getuie van die gebeure wat daardie

aand in die skadu van hul takke afgespeel het, toe Christus in doodsangs

gebid en sy sweet bloeddruppels geword het (vgl. Luk. 22:44). Sy Bloed

3

wat Hy maar kort tevore in die Sakrament van die Eucharistie as

verlossingsdrank aan die Kerk nagelaat het, word vanaf hierdie oomblik

af uitgestort. Binnekort sou hierdie vergieting van sy Bloed tot voltooiing

kom op Golgota om so ‘n werktuig van ons Verlossing te word: ‘Maar

Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het

deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit

wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van

bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die

heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring.’ (Hebr. 9:11-12).

4. Die uur van ons verlossing. Ofskoon diep beangs, vlug Jesus nie weg van

sy ‘uur’ af nie: ‘Nou is Ek diep ontsteld. En wat moet Ek sê? Moet Ek sê:

Vader, red My uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie

uur.’ (Joh. 12:27, NV). Jesus wil sy dissipels by Hom hê, maar tog moes Hy

eensaamheid en verlatenheid ervaar ‘So was julle dan nie in staat om een

uur saam met My te waak nie? Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom

nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.’ (Matt. 26:40-41).

Alleen Johannes sou aan die voet van die kruis oorbly, aan die sy van

Maria en die ander vroom vroue. Die doodstryd in Getsemane was die

inleiding tot die doodstryd aan die kruis op Goeie Vrydag. Die Heilige Uur,

die uur van die verlossing van die wêreld. Elke keer wanneer die

Eucharistie gevier word by die graf van Jesus in Jerusalem keer ‘n mens

byna tasbaar terug na sy ‘uur’, die uur van sy Kruis en Verheerliking. Elke

priester wat die Heilige Mis vier, word saam met die Christelike gemeente

wat daaraan deelneem, in die gees terugelei na daardie plek en daardie

uur.

‘Hy is gekruisig, gestorwe en begrawe, en het neergedaal na die doderyk en

die derde dag weer opgestaan uit die dood.’ Dié woorde van die

geloofsbelydenis weerklink die woorde van kontemplasie en verkondiging:

‘Dit is die kruishout waaraan die Heiland van die wêreld gehang het, laat ons

aanbid’ (Ecce lignum crucis, in quo salus mundi perpendit. Venite adoremus).

Hierdie is die uitnodiging wat die Kerk in die middaguur van Goeie

Vrydag aan alle mense rig. Hierdie beeld word opgeneem in die Kerk se

gesang tydens die Paastyd: ‘Die Here het uit die graf opgestaan, om ons

ontwil het Hy aan die kruis gehang, halleluja’. (Surrexit Dominus de sepulcro

qui pro nobis perpendit in ligno. Alleluia).

5. ‘Mysterium fidei’ – Die Geheimenis van die Geloof!’ Wanneer die

priester hierdie woorde uitspreek of sing antwoord alle aanwesiges:

4

‘Christus het gesterwe, Christus is verrese, Christus sal weer kom.’ Met hierdie

of soortgelyke woorde openbaar die Kerk, terwyl sy vooruit wys na

Christus, ook haar eie geheimenis: Ecclesia de Eucharistia (die Kerk van die

Eucharistie). Voordat die Kerk deur die gawe van die Heilige Gees die

wêreld in kon gaan, was die beslissende oomblik in die formasie van die

Kerk die instelling van die Eucharistie in die Bovertrek. Die fondament en

bron van die Kerk is die Paastriduum, maar die gebeure van hierdie drie

hoogheilige dae is saamgevat, vooruitgebeeld en gekonsentreerd in die

geskenk van die Eucharistie. In hierdie geskenk vertrou Christus aan sy Kerk

dié groot realiteit toe: dat die Kerk vir altyd die Paasgeheimenis in elke

tyd ‘n werklikheid sal maak. Met hierdie gawe veroorsaak Chrstus ‘n

misterieuse ‘gelyktydigheid’ tussen die Triduum en die loop van die eeue.

Die gedagte hieraan roep in ons gevoelens op van groot verbystering en

dankbaarheid. In die gebeurtenis van Pase en in die Eucharistie wat die

Paasgebeure deur die eeue teenwoordig maak, is daar ‘n enorme groot

‘vermoë’ wat die hele geskiedenis omvat as die ontvanger van die genade

van die verlossing. Elke keer as die Kerk bymekaarkom om die Eucharistie

te vier moet ons vervul wees met die verbysterende wete van dit wat ons

gaan doen. In die besonder moet die bedienaar van die Eucharistie

hiermee vervul wees. Want dit is die bedienaar, wat deur die gesag wat

aan hom gegee is in die Sakrament van Priesterwyding, die konsekrasie

voltrek. Dit is hy wat sê, met die mag wat tot hom kom van Christus in die

Bovertrek: ‘Dit is my Liggaam wat vir julle oorgelewer sal word...dit is die

beker van my Bloed wat vir julle uitgestort sal word...’ Die priester sê hierdie

woorde, of liewer, hy stel sy stem tot beskikking van Hom wat hierdie

woorde in die Bovertrek gespreek het en dit so bedoel het dat sy woorde in

elke generasie herhaal sal word deur almal wat in die Kerk deur hul

wyding deel het aan sy priesterskap.

6. Met dié skrywe wil ek probeer om hierdie Eucharistiese ‘verwondering’

opnuut aan te wakker. Hierdie ensikliek sluit aan by my Apostoliese Brief

vir die Jubeljaar, Novo Millennio inuente en sy Mariale bekroning, Rosarium

Virginis Mariae. Ons kontemplasie van Christus se gelaat, ‘n kontemplasie

wat ons saam met Maria doen, maak deel uit van die ‘program’ wat ek aan

die Kerk voorlê by die aanbreek van hierdie derde millennium. Hiermee

nooi ek die Kerk uit om met geesdrif uit te vaar op die see van die

geskiedenis vir die nuwe evangelisasie van die mensdom. Ons

kontemplasie van Christus behels die volgende: dat ons in staat sal wees

om Hom te herken in al die tallose vorme van sy aanwesigheid onder ons -

veral in die lewende Sakrament van sy Liggaam en Bloed. Die Kerk leef

5

van Christus in die Eucharistie; deur Hom word die Kerk gevoed en deur Hom

word sy verlig. Die Eucharistie is die geheimenis van die geloof en

tegelykertyd ‘die geheimenis van die lig’. 3 Elke keer wanneer die Kerk die

Eucharistie vier, kan die gelowiges in ‘n sekere sin die ervaring van die

twee dissipels op pad na Emmaüs opnuut beleef: ‘Toe is hulle oë geopen en

hulle het Hom herken...’ (Luk. 24:31).

7. Vanaf die oomblik dat ek my diens begin het as Opvolger van Petrus,

het ek Witte Donderdag, die dag van die Eucharistie en die dag van die

priesterskap, altyd daarvoor bestem om ‘n brief te stuur na alle priesters

van die wêreld. Hierdie jaar, die vyf-en-twintigste van my pontifikaat, wil

ek die hele Kerk nog veel meer betrek by die kontemplasie van die

Eucharistie. Dit is ook vir my ‘n manier om die Heer te dank vir die gawes

van die Eucharistie en die priesterskap: ‘Gawe en Geheimenis’. 4 Deur

hierdie vyf-en-twintigste jaar van die pontifikaat aan die Heilige

Rosekrans te wy wil ek ons kontemplasie van Christus in die skool van Maria

aanmoedig. Daarom kan ek hierdie Witte Donderdag nie laat verbygaan

sonder om stil te staan by die ‘Eucharistiese gelaat’ van Christus nie.

Hiermee wil ek die sentrale betekenis van die Eucharistie in die lewe van

die Kerk onderstreep. Die Kerk leef werklik van die Eucharistie. Hierdie is

die ‘Lewende Brood’ waarmee die Kerk gevoed word. Hoe sou ek nie die

behoefte kon voel om almal aan te moedig om opnuut hierdie ervaring te

beleef nie?

8. Wanneer ek aan die Eucharistie dink en na my lewe as priester en as

biskop en opvolger van Petrus kyk, dink ek onmiddelik aan die baie tye en

plekke waar ek die Eucharistie kon vier. Ek herinner my aan die

parogiekerk van Niegowiæ waar ek my eerste pastorale aanstelling

gehad het, die kollegiale kerk van Sint Floriaan in Krakau, die Wawel

Katedraal, die Sint Petrus Basiliek en die vele basilieke en kerke van Rome

en in die hele wêreld. Ek kon die Heilige Mis vier in kapelle langs

bergpaadjies, aan die oewers van mere, aan seekuste; ek het dit gevier op

3 vgl. Pous Johannes Paulus II se Apostoliese Brief, Rosarium Virginis

Mariae (16 Oktober 2002) 21.

4 Dit is die titel wat ek gegee het aan ‘n outobiografiese getuienis by

geleentheid van die vyftigjarige herdenking van my priesterskap.

6

altare wat in stadions opgerig was, op stadspleine. Al hierdie verskillende

plekke waar ek die Eucharistie gevier het, het my diep onder die indruk

gebring van die universele, selfs kosmiese karakter, daarvan. Selfs

wanneer die Eucharistie op die nederige altaar van ‘n beskeie plattelandse

kerkie gevier word, vind dit eintlik op die een of ander manier plaas op die

altaar van die wêreld. Die Eucharistie verbind hemel en aarde met

mekaar. Die Eucharistie omvat en vervul die hele skepping. Die Seun van

God het mens geword om deur sy lewe, lyding, dood en opstanding (die

hoogste aksie van lof wat daar nog ooit op aarde teenoor die Skepper

bewys is) die hele skepping weer met die Skepper te versoen. En so gee

Christus, die ewige Hoëpriester, wat met sy kruisbloed die ewige heiligdom

betree, dié hele verloste skepping terug aan die Skepper. Dit doen Hy

deur die priesterlike amp in die Kerk, ter ere van die Allerheiligste

Drie-eenheid. Dit is waarlik die Mysterium fidei (die Geheimenis van die

Geloof) wat in die Eucharistie volbring word: die wêreld wat voortgekom

het uit die hande van God, die Skepper, keer na God terug – maar nou is

dié wêreld, danksy Christus, ‘n verloste wêreld.

9. Die Eucharistie is Christus se verlossende aanwesigheid in die

gemeenskap van die gelowiges. Die Eucharistie is die geestelike voedsel

van die gemeenskap van die gelowiges en die waardevolste besitting van

die Kerk om haar op haar pelgrimstog deur die geskiedenis by te staan.

Hierdie groot waarheid verklaar die sorgsame aandag wat die Kerk nog

altyd gehad het vir die Eucharistiese Geheimenis: hierdie aandag en

besorgdheid vind ‘n mens uitgedruk in die werk van die Kerk Konsilies en

die Pouse. Hoe kan ons dan anders as om bewondering te hê vir al dié

leerstellige uiteensettinge van die dekrete oor die Allerheiligste Eucharistie

wat deur die Konsilie van Trente uitgevaardig is? Met die verloop van die

eeue was hierdie dekrete ‘n konkrete verwysingspunt vir die teologie en

kategese van die Kerk. Hierdie dekrete het daartoe bygedra dat die volk

van God voortdurend in hul liefde en geloof in die Heilige Eucharstie

gegroei het en daardeur vernuwe is. Nader aan ons eie tyd is daar veral

drie pouslike ensiklieke wat genoem moet word: die Ensikliek Mirae

Caritatis (28 Mei 1902) 5 van pous Leo XIII, die Ensikliek Mediator Dei (20

5 Leonis XIII Acta, XXII (1903), 115-136.

7

November 1947) 6 van Pius XII, en die Ensikliek Mysterium fidei (3

September 1965) 7 van pous Paulus VI.

Die Tweede Vatikaanse Konsilie het nou wel geen spesifieke dokument oor

die Eucharistiese Geheimenis uitgevaardig nie, maar in die dokumente van

dié konsilie word die verskillende aspekte van dié groot Geheimenis wel

belig. Dit is veral in die Dogmatiese Konstitusie oor die Kerk (Lumen

gentium) en in die Konstitusie oor die Heilige Liturgie (Sacrosanctum

Concilium) dat die Eucharistiese Geheimenis aan die bod kom.

Self het ek in die eerste jare van my apostoliese diens op die Stoel van

Petrus die Apostoliese Brief Dominicae Cenae (24 Februarie 1980) 8

geskryf waarin ek enkele aspekte van die Eucharistiese Geheimenis

uiteengesit het en die belang daarvan in die lewens van die bedienaars

van dié Eucharistie onderstreep het. Vandag neem ek die draad van

daardie betoog weer op met selfs nog groter emosie en dankbaarheid in

my hart. Graag wil ek die woorde van die Psalmskrywer laat weerklink:

‘Hoe sal ek die Here kan vergoed vir al die gunste wat Hy my bewys het? Die

verlossingskelk van ‘n dankoffer sal ek lig en die Naam van die Here aanroep.’

(Ps. 116:12-13).

10. Die leergesag (magisterium) van die Kerk se toewyding tot die

verkondiging van die Eucharistiese Geheimenis kan gemeet word aan die

innerlike groei van die Christelike gemeenskap. Die liturgiese hervormings

van die Tweede Vatikaanse Konsilie het ongetwyfeld tot ‘n hoë mate

bygedra dat gelowiges vandag meer bewustelik, aktiewer en

vrugbaarder deelneem aan die Heilige Offer van die Altaar. Op baie

plekke is die aanbidding van dié Heilige Sakrament ook ‘n belangrike

daaglikse praktyk en word dit so ‘n onuitputlike bron van heiligheid vir talle

mense. Die vroom deelname van die gelowiges aan die Eucharistiese

Prossessie op die Fees van Corpus Christi is ‘n genade van die Here wat

elke jaar opnuut vreugde bring aan diegene wat daaraan deelneem. ‘n

6 AAS 39 (1947).

7 AAS 57 (1965).

8 AAS 72 (1980).

8

Mens sou nog talle ander positiewe tekens van geloof in en liefde vir die

Eucharistie kon opnoem.

Ongelukkig lê daar naas al die ligtekens ook ‘n skaduwee. Op sommige

plekke word die praktyk van Eucharistiese Aanbidding geheel en al

verwaarloos. In verskillende dele van die Kerk het daar ook misbruike

ontstaan, wat mense se gesonde geloof en kennis met betrekking tot die

Katolieke leerstellinge oor hierdie Wonderbaarlike Sakrament verwar het.

By tye kom ‘n mens ‘n uiters gestroopte en afgewaterde begrip ten opsigte

van die Eucharistiese Geheimenis teë. Beroof van sy ware offer-betekenis

word die Eucharistie in sulke gevalle gewoonweg as ‘n broederlike

maaltyd gevier. Verder word die noodsaaklikheid van die priesteramp,

wat gegrond is in die Apostoliese Opvolging, verduister en die

sakramentele aard van die Eucharistie verminder tot ‘n blote vorm van

verkondiging. Dit het al hier en daar gelei tot ekumeniese inisiatiewe wat,

alhoewel edel in hul motiewe, toegee aan Eucharistiese praktyke wat

teenstrydig is met die dissipline waarmee die Kerk haar geloof uitdruk.

Hoe kan ons dan anders as om ons diepe droefheid oor dit alles uit te druk?

Die Eucharistie is die grootste geskenk waaroor die Kerk beskik: Ons kan

nie toelaat dat enige dubbelsinnigheid en ‘n verskraling van die ware

betekenis daarvan ons gebruik van dié groot gawe aantas nie. Dit is my

hoopvolle vertroue dat dié Ensikliek op effektiewe wyse daartoe sal bydra

dat onaanvaarbare doktrines en praktyke verdryf sal word sodat die

Eucharistie voort sal gaan om die hele glans van dié Geheimenis uit te

straal.

HOOFSTUK EEN

9

DIE GEHEIMENIS VAN DIE GELOOF

11. ‘...dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het’ (1

Kor. 11:23) en so die Eucharistiese Offer van sy Liggaam en sy Bloed

ingestel het. Die woorde van die heilige Apostel Paulus voer ons terug na

die dramatiese omstandighede waarin die Eucharistie ontstaan het. Die

Eucharistie is onuitwisbaar gemerk deur die gebeurtenis van die lyding en

dood van die Here. Die Eucharistie is nie net ‘n in-herinnering-roep van dié

gebeure nie maar die sakramentele verteenwoordiging van dié gebeure.

Die Eucharistie is die Kruis-offer wat deur die eeue voortduur. 9 Hierdie

waarheid word goed uitgedruk deur die woorde waarmee die gemeente

in die Latynse rite die verkondiging van die priester: ‘Die Geheimenis van

die geloof’ beantwoord: ‘Here, ons verkondig u dood!’

Die Kerk het nie maar net die Eucharistie van Christus, haar Here, ontvang

as een gawe te midde van baie ander gawes nie, maar as dié gawe by

uitstek. Die Eucharistie is die gawe van Christus Homself, van sy persoon in

sy heilige mensheid, as ook die gawe van sy verlossingswerk. Hierdie

gawe van die Eucharistie is nie tot die verlede beperk nie, omdat: ‘...alles

wat Christus is en alles wat Hy vir ons mense gedoen en gely het, deel

uitmaak van die goddelike ewigheid en dus alle tyd omsluit’. 10

Wanneer die Kerk die Heilige Eucharistie vier, die gedagtenis van die

dood en die opstanding van haar Here, word hierdie sentrale geheimenis

van ons verlossing werklik teenwoordig en ‘word die werk van ons

9 vgl. Tweede Vatikaanse Konsilie, Konstitusie oor die Heilige Liturgie

(Sacrosanctum concilium) 47: Salvator noster ...Sacrificium

Eucharisticum Corporis et Sanguinis sui instituit, quo Sacrificium Crucis

saecula, donec veniret, perpetuaret.

10 Kategismus van die Katolieke Kerk, 1085.

10

verlossing voltrek’. 11 Hierdie offer is so beslissend vir die verlossing van die

mensegeslag, dat Jesus eers na sy Vader toe teruggekeer het nadat Hy ons

hierdie middel nagelaat het om aan deel te neem, asof ons werklik daarby

aanwesig was. Elke gelowige kan dus hieraan deelneem en onuitputlik van

dié vrugte hiervan verkry. Hierdie is die geloof waaruit geslagte Christene

in die loop van die eeue van geleef het. Die Leergesag (magisterium) van

die Kerk het hierdie selfde geloof onophoudelik bevestig – altyd in groot

dankbaarheid vir hierdie onskatbare geskenk. 12 Ek sou my nog eenmaal

aan hierdie waarheid wil herinner en my met u, my geliefde broers en

susters, wil verenig in aanbidding voor hierdie geheimenis: ‘n groot

geheimenis, die geheimenis van God se genade. Wat meer kon Jesus nog

vir ons doen? Waaragtig, in die Eucharistie toon Hy ons ‘n liefde wat ‘tot die

uiterste toe’ (Joh. 13:1) gaan, ‘n liefde wat nie gemeet kan word nie.

12. Hierdie aspek van die universele liefde van die Eucharistiese Offer is

gebaseer op die eie woorde van ons Verlosser. Toe Hy die Eucharistie

ingestel het, het Hy nie slegs gesê: ‘Dit is my liggaam’, en ‘dit is my bloed’ nie,

maar Hy het daarby gevoeg: ‘Wat vir julle oorgelewer word’ en ‘Wat vir

julle uitgestort word’ (Luk. 22:19-20). Jesus sê dus nie sommer gewoonweg

dat dit wat Hy hulle gee sy liggaam en bloed is nie, Hy beklemtoon dié feit

dat Hy sy liggaam en bloed as offerande vir hulle redding (en dus die

verlossing van alle mense) bring. ‘Die Heilige Mis is dus tegelyk en

onskeidbaar die gedagtenis van die offer, waarin die Kruisoffer verewig word,

en van die heilige maaltyd wat bestaan in ons gemeenskap met die liggaam en

bloed van die Here’. 13

Die Kerk leef onophoudelik van dié Offer van die Verlossing. Die Kerk

nader hierdie offer nie alleen deur geloofsvervulde herinnering nie, maar

ook deur ‘n werklike kontak, aangesien hierdie offer telkens opnuut

teenwoordig gemaak word en so op sakramentele wyse voortduur in elke

11 Lumen gentium 3.

12 vgl. Paulus VI, Credo van die Volk van God (30 Junie 1968), in: AAS

60; Johannes PaulusII, Apostoliese Brief Domenicae Cenae (24

Februarie 1980) in: AAS 72.

13 Kategismus van die Katolieke Kerk, 1382.

11

gemeente wat dit deur die hande van ‘n gewyde priester opdra. Op

hierdie manier gee die Eucharistie aan die mense van vandag daardie

versoening met God wat Christus vir eens en altyd bewerkstellig het. ‘Die

offer van Christus en die offer van die Eucharistie is een enkele offer’. 14

Sint Johannes Chrysostomus verwoord dit goed: ‘Ons offer altyd dieselfde

Lam, nie een vandag en ‘n ander môre nie. Daarom is daar altyd slegs één

offer… Ook vandag offer ons dié slagoffer wat eens geoffer is en wat nooit op

sal raak nie.’ 15

Die Heilige Mis maak die offer van die Kruis teenwoordig: niks word

daaraan bygevoeg en niks word daardeur vermenigvuldig nie. 16 Wat

herhaal word is die viering ter gedagtenis, waar dié herdenkingverteenwoordiging

(memorialis demonstratio), 17 Christus se een, definitiewe

verlossende offer, steeds aan ons teenwoordig maak. Die offernatuur van

die Eucharistiese Geheimenis kan nooit apart en onafhanklik van die Kruis

of slegs as indirek verwysend na Golgota, begryp word nie.

13. Deur hierdie innige verhouding met die offer van Golgota is die

Eucharistie ‘n offer in die volle betekenis van die woord en nie slegs in ‘n

algemene sin daarvan nie, asof Christus Homself aan die gelowiges maar

net aanbied as hul geestelike voedsel. Christus se gawe van sy liefde en

van sy gehoorsaamheid tot die uiterste toe in die oorgawe van sy lewe (vgl.

Joh. 10:17-18) is in die eerste plek ‘n geskenk aan sy Vader. Natuurlik is

dit ‘n gawe ter wille van ons, ja, van die hele mensdom (vgl. Matt. 26:28;

Mark. 14:24; Luk. 22:20; Joh. 10:15), maar tog is dit eerstens en veral ‘n

geskenk aan die Vader. ‘Die Vader het hierdie totale selfgawe van sy Seun

14 Kategismus van die Katolieke Kerk, 1367.

15 St. Johannes Chrysostomus, In Epistolam ad Hebraeos homilae, 17,3:

PG 63, 131.

16 ‘Want die offergawe is één en dieselfde; die slagoffer wat Homself

destyds aan die kruis opgeoffer het, offer Homself nou deur die

diens van die priester: dit is alleenlik die manier van offer wat

verskillend is’: Konsilie van Trente, Sess XXII, Doctrina de Ss. Missae

sacrificio, cap. 2, in DH 1743.

17 vgl. Pius XII, Ensikliek Mediator Dei (20 November 1947), in AAS 39.

12

wat ‘... Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die

dood van die kruis.’ (Fil. 2:8), aanvaar en aan sy Seun dié gawe geskenk wat

eie aan die Vader is: die nuwe en onsterflike lewe in die opstanding.’ 18

Christus het sy offer aan die Kerk geskenk en daardeur maak Christus die

geestelike offer van die Kerk sy eie. Die Kerk word geroep om haarself te

offer – die Kerk se offer word verenig met Christus se offer en so maak die

Kerk se offer deel uit van Christus se offer. Hierdie is die leerstelling van

die Tweede Vatikaanse Konsilie betreffende alle gelowiges: ‘Deur deel te

neem aan die Eucharistiese offer, wat die oorsprong en hoogtepunt van die

hele Christelike lewe is, dra die gelowiges die goddelike Offerlam en hulself

met Hom op aan God.’ 19

14. Die Pase van Christus omvat met sy lyding en dood ook sy opstanding.

Daaraan herinner die akklamasie van die gemeente ná die konsekrasie

ons: ‘Christus het gesterwe, Christus is verrese, Christus sal weer kom.’ Die

Eucharistiese offer maak nie alleen die geheimenis van die lyding en dood

van die Verlosser teenwoordig nie, maar die geheimenis van die

opstanding (verrysenis) wat sy offer bekroon. Dit is juis as die Lewende en

Verrese Christus dat Hy Homself in die Eucharistie tot die ‘brood van die

lewe’ (Joh. 6:35, 48), tot die ‘lewende brood’ (Joh. 6:51) kan maak.

Sint Ambrosius het sy volwasse dopelinge dit ingeprent dat die Eucharistie

die Opstanding-gebeurtenis op hul eie lewens toepas: ‘Vandag is Christus

joune, en elke dag staan Hy vir jou op uit die dood’. 20 St. Cyril van

Alexandrië maak dit ook duidelik dat ons deelname aan dié Heilige

Geheimenis: ‘...’n egte belydenis en ‘n egte gedagtenis is, dat die Here gesterf

het en vir ons verlossing teruggekeer het tot die lewe.’ 21

18 Johannes Paulus II, Ensikliek Redemptor hominis (4 Maart 1979),

20.

19 Lumen gentium, 11.

20 St. Ambrosius, De Sacramentis, V, 4, 26 in: CSEL 73, 70.

21 St. Cyril van Alexandrië, In Ioannis Evangelium, XII, 20, in PG 74,

726.

13

15. Hierdie opnuut sakramentele teenwoordigmaking van die offer van

Christus in die Heilige Mis, wat bekroon word met sy Opstanding, behels ‘n

besondere aanwesigheid van Christus wat, in die woorde van Paulus VI –

‘werklik’ genoem word, nie om ander tipes van aanwesig wees uit te sluit

nie, maar omdat dit ‘aanwesig’ in die volste betekenis van die woord is.

Hier het ons te make met ‘n substansiële aanwesigheid waarby Christus, die

Godmens geheel en al en volledig aanwesig is. 22 Hiermee word die altyd

geldige leerstelling van die Konsilie van Trente weereens beklemtoon:

‘Deur die konsekrasie van die brood en die wyn vind ‘n verandering plaas van

die hele substansie van die brood in die substansie van die Liggaam van onse

Here, en van die hele substansie van die wyn in sy Bloed. Hierdie verandering

word op heel gepaste wyse deur die Katolieke Kerk transsubstansiasie

genoem.’ 23 Die Eucharistie is werklik ‘n mysterium fidei, ‘n geheimenis wat

ons begrip te bowe gaan – die Eucharistie kan net deur geloof begryp

word. Hierdie geloofsbegrip wat benodig word vir die Eucharistie vind ‘n

mens telkens terug in die kategese van die Kerkvaders oor hierdie

Sakrament. St. Cyril van Jerusalem spoor ons as volg aan: ‘Sien nie in die

brood en die wyn bloot gewone natuurlike elemente, aangesien die Here

uitdruklik sê dat dit sy Liggaam en Bloed is: jou geloof moet jou hiervan

verseker ook al sugereer jou sintuie iets anders.’ 24

Adoro te devote latens Deitas (ek aanbid U met oorgawe, Godheid), sing ons

saam met St. Thomas van Aquino (die Engelagtige Kerkleraar). Vóór

hierdie geheimenis van die liefde aanvaar die menslike verstand volledig

sy beperkinge. ‘n Mens begryp hoe hierdie waarheid deur die eeue die

teologie geprikkel het om daarna te strewe om ‘n steeds dieper begrip

hiervan te probeer kry. Al hierdie pogings van teoloë is prysenswaardig in

soverre hulle probeer het om die mens se vermoë van kritiese denke te

verbind met die ‘geloofslewe’ van die Kerk. Hierdie uitreiking van die mens

om ‘n goddelike Geheimenis in menslike taal te verduidelik word

22 Paulus VI, Ensikliek Mysterium fidei (3 September 1965), in: AAS 57.

23 Konsilie van Trente, Sess. XII, Decretum de ss. Eucharistia, cap. 4,

in DH 1642.

24 St. Cyril van Jerusalem, Mystagogiese Kategese, IV, 6 in SCH 126,

138.

14

aangehelp deur die ‘charisma van waarheid’ wat die Leergesag

(magisterium) se eie is en die ‘innerlike begrip van geestelike waarhede’

waardeur die lewens van die heiliges veral gekenmerk word. 25 Die grens

wat deur Paulus VI aangedui is bly egter steeds van krag: ‘Elke teologiese

verklaring wat hierdie Geheimenis probeer begryp moet ooreen kan stem met

ons geloof: dit is ons Katolieke geloof dat die brood en die wyn in die

objektiewe werklikheid, ná die konsekrasie, ophou bestaan, sodat die Liggaam

en Bloed van onse Here, wat ons aanbidding waardig is, vir ons teenwoordig

word onder die sakramentele gedaantes van brood en wyn.’ 26

16. Die verlossende effek van hierdie offer word ten volle gerealiseer

wanneer ons in die Heilige Kommunie die Liggaam en die Bloed van die

Here ontvang. Die Eucharistiese Offer is daarop gemik om die innerlike

gemeenskap van ons gelowiges met Christus te bewerkstellig. So ontvang

ons dus Hom, wat Homself vir ons geoffer het, sy Liggaam wat Hy vir ons

aan die Kruis prysgegee het, sy Bloed wat Hy uitgestort het ‘vir die vergifnis

van baie se sondes’ (Matt. 26:28). Ons word aan Christus se woorde

herinner: ‘Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader

lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.’ (Joh. 6:57). Jesus Self het ons

gerus gestel dat dié éénwording, wat Hy met die lewe van die

Drie-eenheid vergelyk, ‘n realiteit word. Die Eucharistie is ‘n egte maaltyd

waarin Christus Homself aanbied as ons voedsel. Toe Jesus vir die eerste

keer oor hierdie voedsel gepraat het, was sy toehoorders verbysterd en

verward, sodat die Meester daartoe gedwing was om die objektiewe

waarheid van sy woorde te onderstreep: ‘Voorwaar, voorwaar Ek sê vir

julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie,

het julle geen lewe in julleself nie.’ (Joh. 6:53). Dit gaan hier heel duidelik nie

om ‘n figuurlike voeding nie: ‘Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is

waarlik drank.’ (Joh. 6:55).

17. Deurdat ons deel het aan sy Liggaam en Bloed, deel Christus ook sy

Gees met ons. Sint Efrem skryf: ‘Hy noem die brood sy lewende liggaam, Hy

vul dit met Homself en met sy Gees...En diegene wat dit met geloof eet, eet

25 Tweede Vatikaanse Konsilie, Dogmatiese Konstitusie oor die

Goddelike Openbaring, Dei Verbum, 8.

26 Credo van die Volk van God, 25.

15

Vuur en Gees...Neem daarvan, eet almal daarvan, en eet daarmee die Heilige

Gees. Dit is waarlik My Liggaam en diegene wat dit eet sal tot in ewigheid

lewe.’ 27 In die Eucharistiese epiklese vra die Kerk hierdie goddelike Gawe,

die bron van elke ander gawe. In die Goddelike Liturgie van St. Johannes

Chrysostomus lees ‘n mens byvoorbeeld: ‘Ons roep U aan, ons bid U en ons

smeek U: stuur u Heilige Gees oor ons almal en oor hierdie gawes...sodat ons

wat daaraan deelneem in ons siele gereinig sal word, en ook vergifnis vir ons

sondes en die gawes van die Heilige Gees sal verkry.’ 28 In die Romeinse

Missaal vra die selebrant: ‘Verkwik ons deur die Liggaam en Bloed van u

Seun, en vervul ons met sy Heilige Gees sodat ons één ligaam en gees word in

Christus.’ 29 En so laat Christus deur die gawes van sy Liggaam en sy Bloed

in ons die gawe van sy Gees toeneem, dieselfde Gees wat ons reeds

ontvang het by ons Doop en wat in ons beseël is in die sakrament van die

Vormsel.

18. In die akklamasie wat die gemeente uitspreek ná die konsekrasie word

die eskatologiese dimensie van die Eucharistie beklemtoon (vgl. 1Kor.

11:26): ‘...totdat Hy in glorie kom’. Die Eucharistie omvat ons gespanne

verwagting na die einddoel van ons lewens, deur dié Sakrament gee

Christus ons ‘n voorsmaak van die volkome vreugde wat Hy ons aanbied

(vgl. Joh. 15:11). In ‘n sekere sin is die Eucharistie ‘n vooruitwysing na die

Paradys, die ‘waarborg van die toekomstge heerlikheid’. 30 In die Eucharistie

spreek alles van ‘n vertrouvolle afwagting: ‘terwyl ons vol hoop wag op die

saligheid en die wederkoms van ons Heiland, Jesus Christus’. 31 Diegene wat

hulself laat voed met Christus in die Eucharistie hoef nie te wag tot die

hiernamaals om die ewige lewe te ontvang nie: hulle besit reeds hier op

aarde die eerste vrugte van ‘n toekomstige volheid wat die mens in sy

27 St. Efrem, Sermo IV in Hebdomadam Sanctam, in: CSCO 413/ Syr.

182, 55.

28 Anafora.

29 Derde Eucharistiese Gebed.

30 Breviarium Romanum, Magnificat-antifoon vir die Tweede

Vespers op Corpus Christi.

31 Romeinse Missaal, Embolisme ná die Onse Vader.

16

totaliteit sal omvat. Want in die Eucharistie ontvang ons ook die

versekering van ons liggaamlike Verrysenis by die einde van die wêreld:

‘Hy wat my Vlees eet en my Bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom

opwek in die laaste dag’ (Joh. 6:54). Hierdie versekering van die

toekomstige opstanding kom voort uit die feit dat die vlees van die Seun

van die Mens, wat aan ons as voedsel gegee word, reeds sy Liggaam is in

‘n verheerlikte toestand ná die Verrysenis. Met die Eucharistie neem ons

as’t ware die ‘geheimenis’ van die Opstanding in onsself op. Daarom

defineer St. Ignatius van Antiogië tereg die Eucharistiese brood as die

‘medisyne van die onsterflikheid, die teengif teen die dood’. 32

19. Die eskatologiese spanning wat die Eucharistie oproep druk die

gemeenskap met die Hemelse Kerk uit en versterk hierdie band tussen die

Kerk op aarde en die Kerk in die hemel. Dit is nie toevallig nie dat die

Oosterse Anafore en in die Eucharistiese gebede van die Latynse rite daar

altyd melding gemaak word van Maria, die Altyd Maagdelike Moeder

van onse Here en God, Jesus Christus, sowel as die Engele, Heilige Apostels,

Roemryke Martelare en alle Heiliges. Hierdie aspek van die Eucharistie

verdien om onderstreep te word: terwyl ons die offer van die Lam vier,

verenig ons onsself met die Hemelse Liturgie, en sluit ons aan by die

geweldige menigte wat uitroep: ‘Ons redding kom van ons God, wat op die

troon sit, en van die Lam!’ (Open. 7:10, NV). Die Eucharistie is werklik ‘n

opening na die hemel wat homself oor die wêreld uitsprei. Die Eucharistie is

‘n straal van die heerlikheid van die Hemelse Jerusalem, wat deur die

wolke van ons geskiedenis breek en ons lewensweg met sy lig beskyn.

20. ‘n Betekenisvolle gevolg van die eskatologiese spanning binne die

Eucharistie vind ons in die feit dat die Eucharistie ons weg deur die

geskiedenis ‘n impuls gee: die Eucharistie plant ‘n saadjie van lewende

hoop in ons daaglikse toewyding en vervulling van ons take en

verpligtinge. Die Christelike visie lei daartoe dat ons in afwagting leef op

‘die nuwe hemel’ en ‘ die nuwe aarde’ (Open. 21:1) – hierdie visie verswak

geensins ons gevoel van verantwoordelikheid vir die huidige wêreld nie;

inteendeel dit stimuleer ons in ons pogings om van hierdie wêreld ‘n beter

32 St. Ignatius van Antiogië, Brief aan die Efesiërs, 20: 2 in PG 5:

661; SCH 10.

17

plek te maak. 33 Hier aan die begin van die nuwe millenium wil ek dit meer

as ooit beklemtoon dat Christene hul pligte as burgers van die aarde

getrou moet nakom. Dit is hul opdrag om met die lig van die Evangelie by

te dra tot opbou van ‘n wêreld waar die mens in volkome harmonie met die

plan van God leef. Daar is baie probleme wat die horison van ons tyd

verdonker. Dink maar net aan die dringende behoefte om vrede te

bewerkstellig, om die verhouding tussen volke stewig op die grondslag van

geregtigheid en solidariteit te plaas, om die menslike lewe vanaf sy

ontvangenis in die moederskoot tot aan sy natuurlike einde te verdedig. En

wat moet ‘n mens dink van die duisende ongerymdhede van ‘n

‘globaliserende’ wêreld, waarin die swakstes, die kleinstes en die armstes

skynbaar min het om voor te hoop? Dit is juis in hierdie wêreld waar die lig

van Chritelike hoop moet skyn! Ook daarom wil die Here in die Eucharistie

by ons bly – sy aanwesigheid deur dié maaltyd en offer gee ons die

belofte van ‘n mensheid wat deur sy liefde hernuwe word. Daar waar die

Sinoptiese Evangelies verslag doen van die instelling van die Eucharistie,

bied St. Johannes se Evangelie die verhaal van die ‘voetwassing’: hierdeur

bring dié Evangelis die diepste betekenis uit van die Eucharistie - Jesus wat

ons leer wat gemeenskap en diensbaarheid eintlik van ons verg (vgl. Joh.

13:1-20).

Die Heilige Apostel Paulus noem van sy kant die deelname van die

Christelike gemeenskap aan die maaltyd van die Here ‘onwaardig’,

wanneer daar verdeeldheid bestaan en die gemeenskap onverskillig

staan teenoor die armes (vgl. 1Kor. 11:17-22. 27-34). 34 Die verkondiging

33 vgl. Tweede Vatikaanse Konsilie, Pastorale Konstitusie oor die Kerk

in die wêreld, Gaudium et spes, 39.

34 ‘Wil u die Liggaam van die Here eer? Verag Hom nie wanneer Hy

naak is nie. Eer Hom nie hier in die heligdom met systowwe, net

om Hom te verag daar waar Hy koud kry en gebrek het aan klere

nie. Hy wat gesê het: ‘Dit is my liggaam’, is dieselfde Een wat

gesê het: ‘Julle het my honger gesien en niks te ete gegee nie’, en

‘Wat julle aan die geringste van my broers gedoen het, het julle

ook aan My gedoen’…Wat baat dit, wanneer die Eucharistiese

tafel ryk belaai is met goue voorwerpe, terwyl Hy honger ly?

Begin deur die hongeres te versadig en versier dan die altaar

met dit wat oorbly.’

St. Johannes Chrysostomus, Homilie oor die Evangelie van Matteus,

18

van die dood van die Here, ‘totdat Hy weer kom’ (1 Kor. 11:26) hou aan

alle Christene, wat aan die Eucharistie deelneem, die verpligting voor om

hul lewens te verander, sodat hul lewens in ‘n sekere sin heeltemaal

‘eucharisties’ kan word. Juis hierdie vrug van die verandering van ons

manier van lewe en ons plig om die wêreld ooreenkomstig die Evangelie

om te bou laat die eskatologiese spanning van die Eucharistie viering en

van die hele Christelike lewe skitter: ‘Kom, Here Jesus!’ (Open. 22:20).

50:3-4, in PG 58:508-509; vgl. Pous Johannes Paulus II, Ensikliek

Sollicitudo rei socialis (30 Desember 1987), 31.

19

HOOFSTUK TWEE

DIE EUCHARISTIE BOU DIE KERK OP

21. Die Tweede Vatikaanse Konsilie herinner ons daaraan dat die

Eucharistie die middelpunt van die groeiproses van die Kerk is. Ná die

uitspraak: ‘Die Kerk, wat die Ryk van Christus nou reeds op misterieuse wyse

teenwoordig maak, groei in hierdie wêreld deur die krag van God op sigbare

wyse’, 35 voeg die Konsilie – net asof die Konsilievaders ‘n antwoord wil

gee op die vraag: ‘Hoe groei die Kerk? ’ – toe: ‘Elke keer wanneer ons die

kruisoffer op die altaar vier, waardeur ‘ons paaslam, Christus, geslag is’ (1 Kor.

5:7), word die werk van ons verlossing voltrek. Terselfdertyd word daar deur

die Sakrament van die Eucharistiese Brood ‘n éénwording van die gelowiges,

wat in Christus één liggaam vorm (vgl. 1 Kor. 10:17), uitgebeeld en

bewerkstellig.’ 36

‘n Oorsaaklike invloed van die Eucharistie is juis reg aan die begin van die

Kerk se bestaan aanwesig. Die Evangelieskrywers beskryf uitdruklik dat

dit die Twaalf Apostels was, wat saam met Jesus die Laaste Avondmaal

genuttig het (vgl. Matt. 26:20; Mark. 14:17; Luk. 22:14). Hierdie is ‘n

belangrike detail, want dit was die Apostels ‘wat die saad van die nuwe

Israel en tegelyk die oorsprong van die Kerk se heilige hiërargie is’. 37 Deur

hulle sy Ligaam en sy Bloed as voedsel te gee, betrek Christus hulle op

geheimnisvolle wyse by dié offer wat slegs enkele ure daarna op Golgota

volbring sou word. Hierdeur vind daar ‘n aansluiting plaas by die Verbond

35 Dogmatiese Konstitusie oor die Kerk, Lumen gentium, 3.

36 Ibid.

37 Tweede Vatikaanse Konsilie, Dekreet oor die sending aktiwiteit

van die Kerk, Ad gentes divinitus, 5.

20

van Sinaï, wat deur die offer en die besprinkeling met bloed beseël is, 38 en

so lê die handelinge en woorde van Jesus by die Laaste Avondmaal die

grondslag vir die nuwe Messiaanse gemeenskap: Die Volk van die Nuwe

Verbond – die Kerk. Deur Jesus se uitnodiging van ‘Neem en eet...drink

almal hieruit...’(Matt. 26:26-27) in die Bovertrek aan te neem, het die

apostels vir die eerste keer ‘n sakramentele gemeenskap met Jesus

gevorm. Vanaf daardie moment tot aan die einde van die tyd word die

Kerk opgebou deur dié sakramentele gemeenskap met die Seun van God,

Hy wat vir ons geoffer is: ‘...doen dit tot my gedagtenis...so dikwels as julle

daaruit drink, tot my gedagtenis...’ (1 Kor. 11:24-25; Luk. 22:19).

22. Ons inlywing by Christus, wat met ons Doop begin het, word

voortdurend versterk en vernuwe deur ons deelname aan die Eucharistiese

Offer, veral deur ons volle deelname daaraan, wat ons deur die ontvangs

van Heilige Kommunie bereik. Ons kan sê dat nie net ontvang elkeen van

ons Christus afsonderlik nie, maar Christus ontvang ook elkeen van ons

afsonderlik. Hy sluit met elkeen van ons ‘n vriendskap: ‘Julle is my vriende...’

(Joh. 15:14). Danksy Hom het ons selfs die lewe: ‘...so sal hy wat My eet, ook

deur My lewe’ (Joh. 6:57). In die Eucharistiese kommunie word die

‘inwoning’ van die één in die ander - van Christus in ons en ons in Christus –

op die hoogste wyse verwerklik: ‘Bly in My, soos Ek in julle’ (Joh. 15:4).

Deur hierdie éénwording met Christus word die Volk van die Nuwe

Verbond – eerder dat hulle in hulself keer – ‘n ‘sakrament’ vir die hele

mensdom. 39 Dié Nuwe Verbondsvolk – die Kerk – word ‘n teken en

werktuig van die verlossing van die mensdom wat deur Christus

bewerkstellig word – ‘n lig vir die wêreld en sout vir die aarde (vgl. Matt. 5:

13-16). 40 Die sending van die Kerk is die regstreekse voortsetting van die

werk van Christus: ‘Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook’ (Joh.

20: 21). Daarom put die Kerk uit die altyddurende teenwoordigmaking

38 ‘Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is

die bloed van die verbond wat die Here met julle gesluit het op

grond van al hierdie woorde.’ (Ex. 24: 8).

39 vgl. Lumen gentium, 1.

40 vgl. Ibid, 9.

21

van die Kruisoffer in die Eucharistie en uit die gemeenskap met die

Liggaam en die Bloed van Christus die noodsaaklike geestelike krag om

haar sending te vervul. So vorm die Eucharistie beide die bron en die

hoogtepunt van die hele evangelisasie sending van die Kerk: Die doel van

die Kerk is die gemeenskap van die mensdom met Christus en deur Hom met

die Vader en die Heilige Gees. 41

23. Deur die Eucharistiese kommunie word die Kerk terselfdertyd gesterk

in haar eenheid as die Liggaam van Christus. St. Paulus verwys na die

verenigende krag van ons deelname aan die Eucharistiese maaltyd

wanneer hy aan die Korintiërs skryf: ‘Die brood wat ons breek, is dit nie die

gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons

almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood’ (1 Kor.

10:16-17). St. Johannes Chrysostomus se kommentaar hierop is presies en

diepsinnig: ‘Wat is hierdie brood dan? Dit is die liggaam van Christus. Wat

word hulle wat dit ontvang? Die liggaam van Christus: nie verskillende

liggame nie, maar één enkele liggaam. Dit is inderdaad so dat net soos die

brood heeltemaal één is, alhoewel dit uit verskillende graankorrels saamgestel

is, wat nie vir die blote oog sigbaar is nie, net so word ons onderling verenig om

almal saam in Christus één liggaam te vorm.’ 42 Dié argument is oortuigend:

Ons vereniging met Christus is ‘n geskenk en ‘n genadegawe vir elkeen van

ons en dit maak dit vir ons moontlik om in Hom te deel in die eenheid van sy

liggaam wat die Kerk is. Die Eucharistie versterk diegene wat opgeneem is

in Christus – daardie opname begin by ons doop wanneer ons die gawe

van die Gees ontvang (vgl. 1 Kor. 12:13.27).

Die Seun en die Heilige Gees tree saam en onskeidbaar op – in hierdie

gesamentlike handeling lê die oorsprong van die Kerk, sowel as die Kerk se

voortdurende bestaan, en dit word alles voltrek in die Eucharistie. Hierdie

manier van dink was heel helder vir die outeur van die Liturgie van die

41 vgl. Presbyterorum ordinis, 5. Dieselfde dekreet verklaar in nr. 6:

‘Geen enkele Christelike gemeenskap kan egter opgebou word as

dié gemeenskap nie sy oorsprong en middelpunt het in die viering

van die Heilige Eucharistie nie.’

42 Homilies oor die Eerste Brief aan die Korintiërs, 24: 2 in PG 61,

200; vgl. Didaché, IX:4 in F.X. Funk. 1:22; SCH 248:177; St.

Cyprianus, Briewe LXIII, 13 in: PL 4:384.

22

Heilige Jakobus: In die epiklese van die anafora word aan God die Vader

gevra om die Heilige Gees oor die gelowiges te stuur en oor die

offergawes, sodat die Liggaam en Bloed van Christus ‘ vir almal wat

hieraan deelneem...sal dien tot die heiliging van van hul siele en liggame’. 43

Die Kerk word versterk deur die goddelike Vertrooster deur die heiliging

van die gelowiges in die Eucharistie.

24. Die gawe van Christus en van sy Gees, wat ons ontvang in die

Eucharistiese kommunie, vervul met oorvloedige volheid die verlange na

broederlike eenheid wat in elke mens se hart woon. Tegelykertyd verhef

die ontvangs van ons Eucharistiese kommunie die ervaring van

broederlikheid wat inherent is aan die gemeenskaplike deelname aan

dieselfde Eucharistiese tafel tot ‘n vlak ver vehewe bo dit van die blote

menslike ervaring van ‘n gedeelde maaltyd. Deur middel van ons

deelname (kommunie) aan die liggaam van Christus dring die Kerk steeds

verder deur tot haar diepste identiteit: sy is ‘in Christus as’t ware die

sakrament, dit wil sê die teken en instrument, van die mens se innige vereniging

met God en van die eenheid van die hele menslike geslag.’ 44 Teen die saad

van verdeeldheid tussen mense, soos uit ons daaglikse ervaring van

mekaar blyk, en wat voortkom uit die sonde wat al so diep in ons menslike

natuur gewortel is, bied die Eucharistie ons die enorme krag van eenheid

wat daar in die ligaam van Christus is. Die Eucharistie, wat die Kerk opbou,

skep juis gemeenskap onder mense.

25. Die aanbidding van die Eucharistie buite die Heilige Mis is van

onskatbare waarde vir die lewe van die Kerk. Hierdie aanbidding is nou

verbonde met die viering van die Eucharistiese offer. Die teenwoordigheid

van Christus onder die heilige gedaante van brood wat ná die Heilige Mis

bewaar word – ‘n aanwesigheid wat solank voortduur as wat die

gedaante van brood en wyn intak bly 45 – kom voort uit die viering van die

Eucharistiese offer en is gerig op die sakramentele, sowel as die geestelike

43 PO 26, 206.

44 Lumen gentium, 1.

45 vgl. Decretum de ss Eucharistia, canon 4, in: DS 1654.

23

kommunie. 46 Dit is die taak van die Herders om ook met hul persoonlike

getuienis daarvan die gelowiges aan te moedig om Eucharistiese

aanbidding deel van hul geloofslewens te maak. In die besonder word die

uitstalling van die Allerheiligste Sakrament en die aanbidding van Christus,

aanwesig onder die Eucharistiese gedaantes, aanbeveel. 47

Dit is mooi om tyd met Hom deur te bring, om soos die Geliefde Dissipel

teen sy bors te leun (vgl. Joh. 13:25) en om die oneindige liefde van sy hart

aan te voel. In ons tyd moet Christene hulself veral onderskei deur die

‘vaardigheid van gebed’. 48 Hoe sou ‘n mens dan nie opnuut begeer om ‘n

lang tyd deur te bring in geestelike gesprek, in stille aanbidding, in ‘n

houding van liefde, vóór Christus, wat aanwesig is in die Allerheiligste

Sakrament nie? Hoe dikwels, liewe broers en susters, het ek dit nie self

ervaar nie, en hoeveel krag, troos en steun kon ek nie hieruit put nie! Hierdie

gebruik word ons aanbeveel deur talle heiliges wat ons hierin tot groot

voorbeeld is. Hierdie praktyk is al dikwels deur die Leergesag

(magisterium) van die Kerk geprys en aanbeveel. 49 St. Alfonsus Maria de’

Liguori het veral ‘n groot liefde vir die Allerheiligste Sakrament gehad en

as volg daaroor geskryf: ‘Van al die verskillende tipes devosies is ons

aanbidding van Jesus in die Allerheiligste Sakrament die belangrikste, ná ons

ontvangs van die Sakramente. Hierdie devosionele gebruik lê die naaste aan

46 vgl. Rituale Romanum: de sacra communione et de cultu mysterii

eucharistici extra Missam, 36(80).

47 vgl. Ibid, 38-39 (nrs. 86-90).

48 Johannes Paulus II, Apostoliese Brief Novo millennio inuente (6

Januarie 2001), 32.

49 ‘Die gelowiges moet nie nalaat om gedurende die dag ‘n besoek aan

die Allerheiligste Sakrament te bring nie. Die Allerheiligste

Sakrament moet met die grootste eerbied en volgens die voorskrifte

van die liturgie op ‘n uiters waardige plek in die kerk bewaar word.

Enige besoek aan die Allerheiligste Sakrament is ‘n bewys van ons

dankbaarheid, dit is ‘n teken van ons liefde en ‘n gebedsverpligting

teenoor Christus, onse Here, Hy wat daarin teenwoordig is.’

Mysterium fidei (3 September 1965), in AAS 57 (1965), 771.

24

God se hart en is ons tot groot nut’. 50 Die Eucharistie is ‘n onmeetlike skat:

nie alleenlik die viering van die Eucharistie nie, maar ook die aanbidding

van die Eucharistie buite die Heilige Mis maak dit vir ons moontlik om krag

te put uit dié bron van genade. ‘n Christelike gemeenskap wat dit homself

ten doel stel om die gelaat van Christus te bepeins, soos ek in my

Apostoliese Briewe Novo Millennio Inuente en Rosarium Virginis Mariae

voorgestel het, kan nie nalaat om hierdie belangrike aspek van

Eucharistiese aanbidding te ontwikkel nie. Hierdeur sal die vrugte van die

liggaam en bloed van die Here in ons lewens groter en talryker word.

50 Besoeke aan die Allerheiligste Sakrament en aan die Allerheilige

Maria, Inleiding, in Opere Ascetiche (Avellino 2000), 295.

25

HOOFSTUK DRIE

DIE APOSTOLISITEIT VAN

DIE EUCHARISTIE EN VAN DIE KERK

26. As, soos ek gesê het, die Eucharistie die Kerk opbou en die Kerk die

Eucharistie maak, kan ‘n mens daaruit aflei dat daar tussen dié twee ‘n diep

verbondenheid bestaan. ‘n Mens kan op die Eucharistiese Geheimenis

dieselfde woorde toepas wat ons oor die Kerk gebruik in die

Geloofsbelydenis van Nicea-Konstantinopel: ‘Één, Heilig, Katoliek en

Apostolies’. Die Eucharistie is ook één en katoliek. Die Eucharistie is ook

heilig, ons praat dan ook van die Allerheiligste Sakrament. Maar dit is nou

veral oor die apostolisiteit van die Eucharistie waaroor ons gaan besin.

27. Wanneer die Kategismus van die Katolieke Kerk uitlê hoe die Kerk

apostolies is, d.w.s. gestig op die apostels, word drie betekenisse in hierdie

uitdrukking onderskei. Eerstens is die Kerk ‘gebou op die fondament van die

apostels’ (Ef. 2:20), dié getuies wat deur Christus self ‘gekies en uitgestuur

is’. 51 Die Eucharistie se grondslag lê ook by die apostels omdat Christus die

gawe van die Eucharistie aan sy apostels toevertrou het en so deur hulle, en

deur hul opvolgers, aan ons oorgelewer het. Deur die eeue het die Kerk

nog altyd in onafgebroke verbondenheid met die praktyk van die apostels

en gehoorsaam aan die opdrag van die Here die Eucharistie gevier. Die

tweede betekenis van die apostolositeit van die Kerk word as volg deur

die Kategismus aangegee: ‘Die Kerk bewaar met die hulp van die Heilige

Gees, wat in haar woon, die leerstellinge, die geloofskat en die heilsame

woorde wat sy van die apostels verkry het en gee hierdie deur van geslag tot

geslag.’ 52 Ook in hierdie tweede betekenis is die Eucharistie apostolies,

omdat die Eucharistie nog altyd steeds gevier word ooreenkomstig die

geloof van die apostels. In die loop van die tweeduisendjarige geskiedenis

van die Volk van die Nuwe Verbond het die Kerklike Leergesag die

51 Kategismus van die Katolieke Kerk, 857.

52 Kategismus van die Katolieke Kerk, 857.

26

leerstellinge oor die Eucharistie by verskillende geleenthede presies

geformuleer, met inbegrip van die terminologie, om so die apostoliese

geloof met betrekking tot die Eucharistie te beskerm. Hierdie geloof bly

onveranderd en dit is van lewensbelang vir die Kerk dat dit onveranderd

bly.

28. Ten slotte is die Kerk apostolies in die sin dat ‘sy voortdurend onderrig,

geheilig en gelei word deur die apostels tot by die wederkoms van Christus

danksy diegene wat die apostels in hul pastorale taak opvolg: die kollege van

die biskoppe, wat deur die priesters bygestaan word, in eenheid met die

opvolger van Petrus, die opperherder van die Kerk’. 53 Sodat daar manne

kan wees om die apostels op te volg beskik ons oor die sakrament van

priesterwyding, dit wil sê die ononderbroke opvolging van geldige

biskopswydinge, wat teruggaan tot die tyd van die apostels. 54 Hierdie

apostoliese opvolging is van wesenlike belang vir die Kerk om as die regte

en volle Kerk te kan bestaan. Die Eucharistie druk hierdie betekenis van

apostolisiteit uit. Soos die Tweede Vatikaanse Konsilie ons leer: ‘neem die

gelowiges deur hul koninklike priesterskap aktief deel in die aanbieding van

die Eucharistiese offergawe’, 55 maar dit is die gewyde priester wat ‘in die

persoon van Christus die Eucharistiese offer voltrek en dit namens die hele

gelowige volk opdra aan God’. 56 Daarom skryf die Romeinse Missaal dit

dan ook voor dat dit alleenlik die priester is wat die Eucharistiese Gebed

bid terwyl die gemeente in stilte en gebed daaraan deelneem. 57

29. Die uitdrukking wat herhaaldelik deur die Tweede Vatikaanse Konsilie

gebruik word en waarvolgens die ‘amptelike priester...wat optree in die

53 Kategismus van die Katolieke Kerk, 857.

54 vgl. Kongregasie vir die Geloofsleer, Brief Sacerdotium

ministeriale (6 Augustus1983), III. 2, in AAS 75 (1983).

55 Lumen gentium, 10.

56 Lumen gentium, 10.

57 vgl. Institutio Generalis (Editio typica tertia), 147.

27

persoon van Christus die Eucharistiese offer vier’ 58 is reeds vroeër terug te

vind in talle pouslike leerstellige uitsprake. 59 Soos ek reeds by vorige

geleenthede aangedui het beteken die uitdrukking ‘in persona Christi’ meer

as net ‘in die naam van Christus’ of ‘in die plek van Christus’. ‘Dat dié offer in

persona Christi opgedra word, beteken in die eerste plek: in die heel spesiale,

sakramentele vereenselwiging met die ‘hoëpriester in ewigheid’, Hy wat Self

die eintlike bewerker en handelende hoofpersoon by hierdie, sy eie, offer is.

Die waarheid is dat niemand Christus se plek in dié offer kan inneem nie.‘ 60

Die amp van die priesters wat die sakrament van priesterskap ontvang het

maak dit duidelik dat die Eucharistie wat gevier word ‘n gawe is wat op

radikale wyse uitstyg bo die volmag van die gemeente. Hierdie geldige

sakrament van priesterwyding is ‘n voorvereiste vir die geldige en werklike

verbintenis tussen die Eucharistiese konsekrasie met dié van die Kruisoffer

en met die Laaste Avondmaal. Die gemeente wat byeenkom om die

Eucharistie te vier het absoluut die aanwesigheid van ‘n gewyde priester

nodig om dié gawe ‘n realiteit te maak. Die gemeente is nie uit eie krag

daartoe in staat om ‘n gewyde bedienaar van dié sakrament aan te stel

nie. Hierdie bedienaar is ‘n gawe wat die gemeente ontvang deur die

apostoliese opvolging wat teruggaan tot die apostels. Dit is die biskop

wat, deur die sakrament van wyding, ‘n nuwe priester aanstel deur op hom

die mag oor te dra om die Eucharistie te vier. Die Vierde Lateraanse

Konsilie het uitdruklik verklaar: ‘daarom kan die Eucharistiese Geheimenis op

geen ander manier as slegs deur ‘n gewyde priester gevier word nie’. 61

58 vgl. Lumen gentium, 10 en 28; Presbyterorum ordinis, 2..

59 ‘Die bedienaar van die altaar tree op in die persoon van Christus in

sy hoedanigheid as die hoof van die gemeente wat namens die hele

gemeente hierdie offer opdra’: Mediator Dei, in AAS 39 (1947).

vgl. Ook Pius X, apostolosie Eksortasie Haerunt Animo (4 Augustus

1908), in Acta Pii X, IV,16; Pius XI, Ensikliek Ad Catholici Sacerdotii

(20 Desember 1935) in: AAS 28 (1936).

60 Dominicae Cenae, 8.

61 Sacerdotium ministeriale, III. 4: vgl. Vierde Lateraanse Ekumenise

Konsilie, Hoofstuk 1, Konstitusie oor die Katolieke geloof Firmiter

credimus, in: DS 802..

28

30. Die leerstelling van die Katolieke Kerk oor die verbintenis tussen die

priesterlike bediening en die Eucharistie in die Kerk se leerstelling oor die

Eucharistiese Offer is albei in die afgelope dekades onderwerp aan

vrugbare ekumeniese dialoog. Ons is die Heilige Drie-eenheid baie

dankbaar vir die merkbare vordering en toenadering wat ons al op dié

vlak bereik het. Ons neem deel aan hierdie ekumeniese toenadering met

die hoop dat ons almal eendag die geloof ten volle sal kan deel. Nietemin

bly die observasies van die Konsilie oor die kerklike gemeenskappe wat

vanaf die sestiende eeu in die Weste ontstaan het en hulself van die

Katolieke Kerk afgeskei het ten volle van krag:‘Weliswaar ontbreek dit by

dié kerklike gemeenskappe wat van ons afgeskei het aan die volle eenheid

met ons wat voortkom uit die Doopsakrament. Verder glo ons dat dié kerklike

groepe, as gevolg van tekorte wat voortspruit uit die feit dat hulle nie oor die

Wydingsakrament beskik nie, dus nie die werklikheid van die Eucharistiese

Geheimenis kon bewaar soos oorspronklik daarmee bedoel is nie. Maar

wanneer hulle die Here se dood en opstanding herdenk by die Heilige

Nagmaal, bely hulle nogtans hul geloof in ‘n lewe in gemeenskap met Christus

en wag hulle op sy glorievolle wederkoms.’ 62

Daarom moet die Katolieke gelowiges, terwyl hulle tog die godsdienstige

oortuigings van hierdie geskeide broers respekteer, hulself daarvan

weerhou om deel te neem aan die nagmaal dienste wat deur ons geskeide

broers gevier word. Dit sal verhoed dat ons as Katolieke enige

dubbelsinnige interpretasie aanwakker oor die aard van die Heilige

Eucharistie en as gevolg daarvan ons plig versaak om getuienis te gee van

die waarheid. So ‘n optrede sou ook die vooruitgang vertraag wat tot

dusver op die pad na sigbare eenheid gemaak is. Dit is ingelyks

ondenkbaar om die Sondagmis te vervang deur ekumeniese woorddienste

of gemeenskaplike gebedsdienste met Christene van die alreeds

genoemde kerklike groeperinge of selfs deel te neem aan hul eie liturgiese

dienste. Sulke vieringe en dienste, hoe prysenswaardig ook al in bepaalde

omstandighede, ook in hul doelstelling om die uiteindelike volledige

kommunie, inklusief die Eucharistiese gemeenskap tussen ons voor te berei,

kan nooit ons Sondagverpligting om die Heilige Mis by te woon vervang

nie. Die feit dat die volmag om die Eucharistie te konsekreer alleen aan

62 Tweede Vatikaanse Konsilie, Dekreet oor Katolieke deelname aan

die Ekumeniese Beweging Unitatis redintegratio, 22.

29

biskoppe en priesters toevertrou is, beteken hoegenaamd nie ‘n

onderwaardering van die res van die Volk van God nie. In die Kerk, wat

die kommunie is van die een Liggaam van Christus, word hierdie gawe vir

die welsyn van almal gevier.

31. As die Eucharistie die middelpunt en die hoogtepunt is van die lewe

van die Kerk, dan is dit op dieselfde wyse ook die middelpunt en

hoogtepunt van die priesterlike bediening. Daarom herhaal ek, met ‘n hart

vol dankbaarheid teenoor onse Here Jesus Christus, dat in die Eucharistie

‘die vernaamste en hoogste bestaansrede lê van die sakrament van die

priesterskap, wat immers tegelyk met die Eucharistie en in eenheid met die

Eucharistie ingestel is’. 63

Die pastorale aktiwiteite van die priester is veelvoudig. As ons ook die

sosiale en kulturele omstandighede van ons huidige wêreld in ag neem, kan

ons insien hoe die priester die gevaar loop om sy fokus te verloor deur die

groot aantal verskillende take wat hom opgelê word. Die Tweede

Vatikaanse Konsilie het pastorale liefdadigheid as dié band gesien wat

eenheid aan die lewe en werk van die priester gee. Hierdie band, voeg

die Konsilie toe: ‘vloei bowenal voort uit die Eucharistiese Offer, wat daarom

die middelpunt en oorsprong vorm van die hele priesterlike lewe’. 64 ‘Ons kan

dus begryp hoe belangrik dit vir die geestelike lewe van die priester is,

asook vir die welsyn van die Kerk en die wêreld, dat die priesters die

aanbeveling van die Konsilie volg om daagliks die Eucharistie te vier: ‘ook

selfs, as die gelowiges nie daarby teenwoordig kan wees nie, is dit nog steeds

‘n daad van Christus en die Kerk’. 65 Op hierdie wyse sal die priesters in staat

wees om die daaglikse spanninge te oorwin wat hulle kan aflei van hul

eintlike fokus en so die geestelike energie vind wat nodig is om hul

verskillende take uit te voer. Op hierdie wyse kan hul dae werklik

Eucharisties wees.

63 Dominicae Cenae, 2..

64 Presbyterorum ordinis,14.

65 Ibid.,13; vgl. Wetboek van Kanonieke Reg (CIC), kan. 904;

Wetboek van Kanons van die Oosterse Kerke (CCEO), Kan. 378.

30

Die sentrale plek van die Eucharistie in die lewe en amp van die priesters

kom ook voort uit die feit dat die Eucharistie die middelpunt vorm van die

pastorale promosie van priesterroepinge. Juis in die Eucharistie word die

gebed om roepinge die nouste verbind met die gebed van Christus, die

Ewige Hoëpriester. Maar tegelykertyd gee die aandagtige sorg wat

priesters aan hul Eucharistiese bediening gee, saam met die bewuste

aktiewe en vrugbare deelname van die gelowiges aan die Eucharistie, ‘n

kragtige voorbeeld en aanmoediging aan jongmanne om die roepstem

van God in hul eie lewens te beantwoord. God maak dikwels gebruik van

die voorbeeld van ywerige herderlike liefde van ‘n priester om in die hart

van ‘n jongman die saad van ‘n priesterroeping te saai en tot volle wasdom

te bring.

32. Dit alles laat ‘n mens sien hoe verdrietig en ver van normaal die situasie

is van ‘n Christelike gemeenskap wat, ondanks die feit dat daar genoeg

gelowiges is om ‘n gemeente te vorm, geen priester het om dié parogie te

lei nie. Parogies is gemeenskappe van gedooptes wat hul identiteit

bowenal uitdruk en bevestig deur die viering van die Eucharistiese Offer.

Maar dit vereis die aanwesigheid van ‘n priester, wat alleen oor die

vermoë beskik om die Eucharistie in persona Christi op te dra. Wanneer ‘n

gemeenskap sonder ‘n priester sit, soek ‘n mens tereg, op allerlei maniere,

‘n oplossing vir dié situasie, sodat die gemeente se Sondagvieringe kan

voortgaan. Hier dink ‘n mens met lof aan dié religeuse en leke wat deur hul

gebedsleiding hul broers en susters bystaan om die gemeenskaplike

priesterskap van alle gelowiges, wat gebaseer is op die genade van die

Doopsakrament, uit te leef. ‘n Mens moet sulke oplossings egter altyd as

tydelik van aard beskou, terwyl die betrokke parogie op ‘n priester wag.

Die sakramentele onvolledigheid van hierdie vieringe moet veral die hele

gemeenskap daartoe aanspoor om vuriglik te bid dat die Here arbeiders

sal stuur om sy oes te in (vgl. Matt. 9:38). Dit moet ook ‘n aansporing vir ‘n

gemeenskap wees om alle ander elemente wat priesterroepinge sal

aanmoedig te gebruik, sonder om in die verleiding te verval om

kitsoplossings te probeer soek wat afbreuk sal doen aan die morele

kriteria en gehalte van opleiding vir voorgenome kandidate tot die

priesterskap.

33. Wanneer daar as gevolg van die tekort aan priesters aan

nie-gewyde gelowiges ‘n deel van die sielesorg in ‘n parogie toevertrou

word, moet hulle altyd die woorde van die Tweede Vatikaanse Konsilie in

31

gedagte hou: ‘geen enkele Christelike gemeenskap kan opgebou word, as dié

gemeenskap nie sy oorsprong en middelpunt in die viering van die Heilige

Eucharistie vind nie’. 66 Sulke nie-gewyde sielesorgers het dus die

verantwoordelikheid om in die gemeente ‘n egte ‘honger’ na die Eucharistie

lewend te hou, sodat geen enkele geleentheid om die Heilige Mis te kan

vier ooit verby sal gaan nie, en dat waar die geleentheid hom voordoen

daar gebruik gemaak sal word van ‘n priester wat nie deur die Kerkreg

verhinder is om die Heilige Eucharistie te vier nie.

66 Presbyterorum ordinis, 6.

32

HOOFSTUK VIER

DIE EUCHARISTIE EN KERKLIKE EENHEID

34. Die Buitengewone Vergadering van die Biskoppesinode in 1985 het in

die ‘ekklesologie van kerklike eenheid’ dié sentrale en fundamentele idee

van die dokumente van die Tweede Vatikaanse Konsilie gesien. 67 Tydens

haar aardse pelgrimstog, word die Kerk daartoe geroep om haar

gemeenskap met die Drie-enige God te behou en te koester, sowel as die

gemeenskap onder die gelowiges. Hiervoor beskik die Kerk oor die

Woord en die Sakramente, veral die Eucharistie, waardeur sy

‘onophoudelik leef en groei.’ 68 Die Kerk druk ook tegelykertyd haarself uit

deur die Woord en die Sakramente. Dit is nie toevallig dat die begrip

kommunie (d.w.s. eenheid) een van die spesifieke name van hierdie

verhewe Sakrament geword het nie.

Van al die sakramente beklee die Eucharistie dus die eerste plek, omdat

hierdie Sakrament die gemeenskap met God die Vader deur middel van

die vereenselwiging met die ééngebore Seun deur die werking van die

Heilige Gees tot volmaaktheid bring. Met die skerpsinnigheid van die

geloof verwoord ‘n belangrike skrywer uit die Bisantynse tradisie hierdie

waarheid: in die Eucharistie ‘meer as in enige ander sakrament word die

geheimenis van kommunie/eenheid so ‘n volmaakte realiteit dat dit ons bring

tot die hoogte van alles wat goed is: hier vind ‘n mens die hoogste doel van

alles wat ons as mense nastreef, aangesien ons in hierdie sakrament God bereik

en God Homself hier met ons in volmaakte eenheid verbind’. 69 Presies om

hierdie rede is dit goed om in ons harte ‘n voortdurende verlange na die

Sakrament van die Eucharistie te koester. Hierdie was die oorsprong van

67 vgl. Eindrapport, II.C.1, in: L’Osservatore Romano (10 Desember

1985), 7.

68 Lumen gentium, 26.

69 Nikolas Cabasilas, Lewe in Christus, IV, in SCH 355, 270.

33

die praktyk van ‘geestelike kommunie’, wat met die verloop van die eeue in

die Kerk gevestig geraak het en hoog deur die heiliges en meesters van die

geestelike lewe aanbeveel is. Die Heilige Teresa van Jesus skryf: ‘Wanneer

jy nie Kommunie ontvang nie en nie die Heilige Mis kan bywoon nie, kan jy nog

steeds geestelike Kommunie ontvang. Hierdie oefening hou baie voordele in;

so sal jy ‘n diepe liefde vir onse Here in jouself vestig.’ 70

35. Die viering van die Eucharistie kan egter nie die beginpunt van ‘n

gemeenskap wees nie; dit veronderstel dat so ‘n gemeenskap alreeds

bestaan, ‘n gemeenskap wat deur die viering van die Eucharistie bestendig

en tot volmaaktheid gebring sal word. Die sakrament is ‘n uitdrukking van

die gemeenskapsband, sowel in sy onsigbare dimensie wat ons in Christus

deur die werking van die Heilige Gees met die Vader en onderling met

mekaar verbind, as in sy sigbare dimensie wat die gemeenskaplike geloof

in die leerstellinge van die apostels, in die sakramente en in die hiërargiese

ordening van die Kerk betref. Dié intieme verhouding wat daar bestaan

tussen die onsigbare elemente en die sigbare elemente van die Kerklike

gemeenskap bou as’t ware die Kerk op as die Sakrament van Verlossing. 71

‘n Geldige viering van en deelname aan die Eucharistie kan slegs in hierdie

konteks plaasvind. Daaruit volg dat dit ‘n intrinsieke vereiste van die

Eucharistieviering is dat dit in kommunie (gemeenskap) gevier word en wel

op so ‘n manier dat die verskillende bande van gemeenskap intak bly.

36. Die onsigare kommunie, wat onsigbaar aan die groei is, veronderstel

die lewe van genade, waardeur ons ‘deelgenote kan word van die

goddelike natuur’ (2 Pet. 1:4). Hierdie lewe van genade gaan gepaard

met die deugde van geloof, hoop en liefde. Slegs so het ons waaragtig

gemeenskap met die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Geloof op sy

eie is nie voldoende nie, ons moet volhard in die heiligmakende genade en

in die liefde, terwyl ons sowel ‘liggaamlik’ as ‘in ons hart’ binne die Kerk

70 Camino de perfección, 35.

71 vgl. Kongregasie vir die Geloofsleer, Brief aan die biskoppe van

die Katolieke Kerk oor enkele aspekte van die Kerk as kommunie

[Communionis notio] (28 Mei 1992), 4.

34

bly. 72 Wat vereis word, in die woorde van die Heilige Paulus is: ‘...die

geloof wat deur die liefde werk’. (Gal. 5:6).

Om hierdie onsigbare bande intak te laat is ‘n spesifieke morele plig van

die Christen wat volledig wil deelneem aan die Eucharistie deur die

Liggaam en Bloed van Christus te ontvang. Tot hierdie plig roep die

Apostel Paulus die gelowige op met dié aansporing: ‘Maar elkeen moet

eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink...’

(1Kor. 11:28). Die Heilige Johannes Chrysostomus vermaan met sy gewone

kragtige welsprekendheid: ‘Ook ek verhef my stem, smeek, vra en versoek

julle om nie hierdie heilige tafel te nader met ‘n bevlekte en verdorwe gewete

nie. Om so in ‘n toestand van sonde die Heilige Kommunie te ontvang is geen

gemeenskap met die Here nie, selfs al sou jy so die Liggaam van die Here ‘n

duisend keer ontvang – dit is ‘n duisend maal se verdoemenis, pyn en straf wat

jy oor jouself bring.’ 73 Langs dieselfde lyne stel die Kategismus van die

Katolieke Kerk die volgende vas: ‘’n Persoon wat bewus is dat hy in ‘n

toestand van ernstige sonde verkeer moet eers die Sakrament van Versoening

ontvang alvorens hy opgaan om deel te neem aan die Heilige Kommunie van

die Here.’ 74 Daarom wil ek dit graag opnuut beklemtoon dat dié reël

waarmee die Konsilie van Trente ‘n konkrete uitdrukking gegee het aan die

ernstige vermaning van die Apostel Paulus om die Eucharistie op ‘n

waardige wyse te ontvang nog steeds in die Kerk van krag is: ‘...sodra ‘n

mens bewus word van ‘n doodsonde in jou lewe moet jy eerstens jou sonde

gaan bely alvorens jy die tafel van die Here mag nader...’. 75

37. Die twee Sakramente van die Eucharistie en die Bieg is nou met

mekaar verbonde. Omdat die Eucharistie die verlossende offer van die

Kruis teenwoordig maak en dit op sakramentele wyse laat voortduur,

72 vgl. Lumen gentium, 14.

73 Homiliae in Isaiam, 6, 3, in PG 56, 139.

74 Kategismus van die Katolieke Kerk, 1385; vgl. CIC, Kan. 916;

CCEO, Kan. 711.

75 Toespraak van die pous: Die Sakrament van Versoening vorm die

Christelike gewete, gelewer voor die boetelinge van die vier

Patriargale Basilieke (30 Januarie 1981).

35

beteken dit dat dié Sakrament ons voortdurend tot bekering oproep en tot

‘n persoonlike antwoord op die vermaning van die Apostel Paulus aan die

Christene van Korinte: ‘Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God

versoen’ (2 Kor. 5:20). As die gewete van ‘n Christen met ‘n ernstige sonde

belas is, word die weg van boete deur die Sakrament van Versoening

noodsaaklik vir ‘n volledige deelname aan die Eucharistiese Offer. Die

betrokke persoon moet uiteraard self ‘n oordeel fel oor sy of haar staat

van genade. Hierdie saak berus op ‘n mens se eie gewetensondersoek.

Nietemin kan die Kerk, waar dit oor opsigtelike en openbare gedrag gaan

wat op ernstige en hardnekkige wyse ingaan teen die sedelike norme, soos

voorgehou deur die Kerk, uit eerbied vir dié Sakrament, ‘n persoon wat

aan hierdie gedrag skuldig is, die ontvangs van Heilige Kommunie verbied.

Die Wetboek van Kanonieke Reg verwys na so ‘n situasie waar daar duidelik

by die betrokke persoon ‘n totale gebrek aan ‘n gepaste sedelike

ingesteldheid bestaan en verklaar dat so ‘n persoon ‘wat halstarrig en in die

openbaar volhard in ‘n ernstige sonde’ nie toegelaat mag word tot die

‘Eucharistiese Kommunie’ nie. 76

38. Soos ek alreeds gemeld het is die Kerklike eenheid/kommunie iets wat

sigbaar is. Die eenheid word uitgedruk in die volgende bande wat deur

dieselfde Konsilie onderrig word: ‘Diegene wat ten volle ingelyf is in die

Kerklike gemeenskap is in besit van die Gees van Christus en aanvaar die hele

sigbare organisasie en al die ingestelde heilsmiddele van dié organisasie wat

deur Christus gevestig is en deur sy Opperherder en Biskoppe bestuur word.

So ‘n ingelyfde persoon aanvaar die gemeenskaplike bande van die één

geloofsbelydenis, die sakramente, Kerklike bestuur en gemeenskap wat

onlosmaaklik met mekaar verbind is en deel uitmaak van Christus se Kerk op

aarde.’ 77 Aangesien die Eucharistie die hoogste sakramentele manifestasie

van die gemeenskap/kommunie van die Kerk is moet dit gevier word in ‘n

konteks van eerbied vir die uitwendige gemeenskapsbande. Op ‘n heel

besondere wyse is die Eucharistie ‘die hoogtepunt van die geestelike lewe en

die doel van al die sakramente’. 78 Vandaar die vereiste dat die

76 CIC, Kan. 915; CCEO, Kan. 712.

77 Lumen gentium, 14.

78 St. Thomas van Aquino, Summa Theologiae, III, q. 73, a. 3c.

36

gemeenskapsbande in die sakramente, in die besonder in die Doop en

Priesterwyding, eg moet wees. Dit is net nie moontlik om Kommunie aan

iemand te gee wat nie gedoop is nie of aan iemand wat die volle

geloofswaarheid met betrekking tot die Eucharistiese Geheimenis verwerp.

Christus is die waarheid en Hy getuig van die waarheid (vgl. Joh. 14:6;

18:37) – die Sakrament van sy Liggaam en Bloed duld geen valsheid of

geveinsdheid nie.

39. Verder moet ons onsself daaraan herinner dat die spesifieke karakter

van kerklike eenheid en van die verhouding wat die Sakrament van die

Eucharistie daaraan gee daartoe lei dat ‘die Eucharistiese Offer, wat altyd

opgedra word in ‘n spesifieke gemeenskap, nooit net die viering van daardie

betrokke gemeenskap alleen is nie. Die gemeenskap ontvang die Eucharistiese

Aanwesigheid van die Here en daarmee die volledige gawe van die verlossing

en is – selfs as spesifieke en sigbare gemeenskap – die beeld en ware

aanwesigheid van die een, heilige, katolieke en apostoliese Kerk’. 79

Hieruit volg dit dus dat ‘n egte Eucharistiese gemeenskap nooit op homself

ingekeer kan wees nie. ‘n Eucharistiese gemeenskap is nooit iets ekslusief

en selfgenoegsaam nie – elke Eucharistiese gemeenskap moet volhard in

harmonie met elke ander katolieke gemeenskap.

Die kerklike gemeenskap van die Eucharistiese samekoms is ‘n gemeenskap

met ‘n eie Biskop en met die Pous, die Biskop van Rome. Die Biskop is die

sigbare beginsel en fondament van die eenheid van sy besondere Kerk. 80

Dit sou dus net nie sin maak om hierdie sakrament, wat by uitstek dié

sakrament van eenheid is, te vier sonder dat daar ‘n werklike eenheid met

die Kerk bestaan nie. St. Ignatius van Antiogië het geskryf: ‘Die Eucharistie

mag slegs as geldig beskou word as dit gevier word onder die biskop of onder

hom aan wie die biskop hierdie opdrag gegee het’. 81 Insgelyks, aangesien

‘die Pous van Rome, as opvolger van Petrus, die blywende en sigbare beginsel

en fondament is van die eenheid van sowel die biskoppe as van die

79 Communionis notio, 11.

80 vgl. Lumen gentium, 23.

81 Ad Smyrnaeos, 8, in: PG 5, 713.

37

gelowiges’, 82 is eenheid/gemeenskap met die Pous ‘n intrinsieke vereiste

vir die viering van die Eucharistiese Offer. Daaruit kom die diep waarheid

voort wat op verskillende maniere deur die liturgie uitgedruk word: ’elke

viering van die Eucharistie vind nie alleen plaas in eenheid met die eie

(plaaslike) biskop nie, maar ook in eenheid met die Pous en met alle biskoppe,

met alle geestelikes en met alle gelowiges. Elke geldige Eucharistiese viering

gee uitdrukking aan die universele gemeenskap/eenheid met Petrus en met

die hele Kerk. In die geval van dié Christelike kerke, wat van Rome geskei is,

vra die Eucharistie objektief na dié gemeenskap/eenheid/kommunie.’ 83

40. Die Eucharistie skep gemeenskap en koester gemeenskap. St. Paulus

skryf aan die gelowiges in Korinte en verduidelik aan hulle hoe hul

onderlinge verdeeldheid wat juis in hul Eucharistiese byeenkomste sigbaar

was, teenstrydig was met dit wat hulle daar aan die vier was, naamlik die

maaltyd van die Here. Die apostel vra hulle om die ware werklikheid van

die Eucharistie te oorpeins en terug te keer tot ‘n gees van broederlike

gemeenskap (vgl. 1Kor. 11:17-34). Op sy gewone treffende manier

verwys St. Augustinus na dié woorde van St. Paulus: ‘Julle is die liggaam van

Christus, en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan...’ (1Kor. 12:27, NV), as volg:

‘As julle dus Christus se liggaam is en ledemate van Hom is, dan sal julle op die

tafel van die Here julle eie geheimenis voor jul oë vind. Ja, julle ontvang dus

eintlik die geheimenis van wie julle eintlik is, die geheimenis van jul eie

bestaan.’ 84 Op grond van hierdie waarneming besluit St. Augustinus:

‘Christus die Here...heilig aan hierdie tafel die geheimenis van ons vrede en

eenheid. Almal wat die geheimenis van die eenheid ontvang sonder om die

vrede te bewaar ontvang gevolglik geen geheimenis vir sy eie welsyn nie,

maar ‘n bewys teen homself.’ 85

41. Die besondere doeltreffendheid van die Eucharistie vir die

bevordering van eenheid/kommunie, is een van die redes vir die

82 Lumen gentium, 23.

83 Communionis notio, 4.

84 Sermo 272, in: PL 38, 1247.

85 Ibid, 1248.

38

belangrikheid van die Sondagmis. In my Apostoliese Brief Dies Domini 86

het ek al uitvoerig hierdie en ander redes vir die heiliging van die Sondag

ondersoek. Ek het die feit onderstreep dat die bywoning van die

Sondagmis ‘n verpligting vir gelowiges is, tensy hulle as gevolg van

ernstige sake daarvan weerhou word. Daarom rus die verpligting op alle

sieleherders om aan almal die moontlikheid te bied om dié voorskrif van

die Kerk na te kom. 87 In die Apostoliese Brief Novo millennio inuente,

waarin ek nog nie so lank gelede nie die pastorale roete van die Kerk aan

die begin van die derde millennium uiteengesit het, wil ek die besondere

betekenis van die Sondag Eucharistie beklemtoon, deur die Eucharistie se

gemeenskapsvormende werking te benadruk: ‘Die Eucharistie is by uitstek

dié plek waar onderlinge eenheid steeds opnuut verkondig en gevoed

word. Juis deur ons gesamentlike viering van die Eucharistie word die dag

van die Here ook die dag van die Kerk en kan die Kerk op hierdie wyse dus

ook haar rol as sakrament van die eenheid vervul. 88

42. Die bewaring en bevordering van kerklike eenheid/kommunie is ‘n

taak vir elke gelowige, wat in die Eucharistie, in die sakrament van

Kerkeenheid, ‘n plek vind om sy besorgdheid daaroor te oorpeins. Meer

konkreet rus hierdie taak op die skouers van die herders van die Kerk, wat

na gelang hul posisie en kerklike amp dié eenheid behoort te bevorder.

Daarom het die Kerk norme vasgestel, wat sowel bedoel is om ‘n

veelvuldige en vrugbare nadering van die gelowiges tot die tafel van die

Here aan te moedig, as ook om objektiewe voorwaardes vas te lê,

waaronder Heilige Kommunie nie bedien mag word nie. Die sorg

waarmee ons hierdie norme getrou toepas word ‘n praktiese middel om ons

liefde vir die Euchariste en die Kerk te toon.

43. By ons oorpeinsing van die Eucharistie as die sakrament van

Kerkeenheid is daar een aspek daarvan wat nie nagelaat mag word nie:

hiermee bedoel ek die rol of verhouding van die Eucharistie met betrekking

86 vgl. Johannes Paulus II, Apostoliese Brief Dies Domini (31 Mei 1998),

31-51.

87 vgl. Ibid, 48-49.

88 Novo millennio inuente, 36.

39

tot ekumeniese aktiwiteite. Ons moet almal die Heilige Drie-eenheid dank

vir die baie gelowiges regoor die wêreld wat die afgelope paar dekades

so ‘n brandende verlange koester na eenheid onder alle Christene. Die

Tweede Vatikaanse Konsilie beskryf hierdie begeerte om eenheid in sy

aanhef tot die Dekreet oor Ekumenisme as ‘n besondere gawe van God. 89

Dit is God se genade wat ons, die seuns en dogters van die Katolieke Kerk,

en ons broers en susters van ander kerke en kerklike groeperinge, daartoe

geïnspireer het om die weg van ekumenisme te betree. Ons verlange om

eenheid te bereik maak dat ons onsself na die Eucharistie wend, want dit is

die Eucharistie wat by uitstek dié sakrament van eenheid/gemeenskap/kommunie

is. In die Eucharistie verkeer die volk van God waarlik in

gemeenskap met mekaar. Die Eucharistie is die mees volmaakte

uitdrukking van hierdie gemeenskap en ook die bron van eenheid. 90 In die

viering van die Eucharistiese Offer bid die Kerk dat God, die Vader van

alle genade, aan sy kinders die volheid van die Heilige Gees mag skenk

sodat ons één liggaam en gees word in Christus. 91 Wanneer die Kerk

hierdie gebed aanbied aan die Vader van lig, van wie ‘elke goeie gawe en

elke volmaakte geskenk kom...’(Jak. 1:17, NV), glo die Kerk dat God haar

sal verhoor, want sy bid in en met Christus, haar Hoof en Bruidegom –

Christus neem dié smeekgebed van sy Bruid en verenig dit met sy eie

verlossende offer.

44. Die eenheid van die Kerk word deur die Eucharistie verwesenlik deur

die offer van Christus en deur ons ontvangs van sy Liggaam en Bloed.

Hierdie eenheid vereis dus ‘n absolute gemeenskap wat deur die bande

van die geloofsbelydenis, die sakramente en Kerklike leiding verseker

word. Gevolglik is dit dus nie moontlik om die Eucharistiese liturgie

gesamentlik te vier alvorens hierdie bande volledig herstel is nie. Enige

ekumeniese konselebrasie sou op hierdie tydstip nie geldig wees nie en ‘n

hindernis word vir die strewe na die volle gemeenskap. So ‘n ongeldige

89 vgl. Unitatis redintegratio, 1.

90 vgl. Lumen gentium, 11.

91 ‘Verleen dat ons, wat dié een brood en dié een kelk deel, onderling

verenig mag word in die gemeenskap van die Heilige Gees’:

Anafora van die Liturgie van St. Basilius.

40

konselebrasie sou nie net ons begrip verswak vir die afstand wat nog

voorlê voor ons ware Kerkeenheid kan bereik nie, maar ook

dubbelsinnigheid oor belangrike geloofswaarhede veroorsaak. Die weg

na volle eenheid kan slegs in die waarheid afgelê word. Op hierdie

gebied laat die prohibisies van die Kerkreg geen ruimte vir onsekerheid

nie. 92

Hierdie prohibisies is trou aan die morele norm wat deur die Tweede

Vatikaanse Konsilie m.b.t. ekumenisme vasgestel is. 93 Noudat ons vasgestel

het dat dit op hierdie tydstip onmoontlik is om gesamentlik die Eucharistie te

vier, wil ek nietemin dit wat ek in my Ensikliek Ut unum sint gesê het graag

herbevestig: ‘En tog verlang ons vurig daarna om saam die één Eucharistie

van die Here te vier. Hierdie verlange van ons word nou ‘n

gemeenskaplike lofsang en smeekbede. Saam keer ons onsself tot die

Vader en ons doen dit al hoe meer ‘één van hart’. 94

45. Terwyl dit nooit geoorloof is om by die afwesigheid van volledige

kommunie/eenheid die Eucharistie te konselebreer nie, geld dieselfde

prohibisie nie met betrekking tot die toediening van die Eucharistie onder

spesiale omstandighede aan individue wat aan kerke of kerklike

gemeenskappe behoort wat nie in volle kommunie met die Katolieke kerk is

nie. Die feit is dat daar in hierdie geval gepoog word om ‘n ernstige

geestelike behoefte tegemoet te kom wat die ewige heil van dié spesifieke

gelowige wil bevorder – dit is geensins die bedoeling dat dit hier gaan om

die beoefening van interkommunie nie, iets wat onmoontlik is solank as wat

92 vgl. CIC, Kan. 908; CCEO, Kan. 702; Pouslike Raad vir die

Bevordering van die Eenheid van die Christene, Ekumeniese

Direktorium (25 Maart 1993) 122-125, 129-131; Kongregasie

vir die Geloofsleer, Brief Ad exsequendam (18 Mei 2001), in AAS

93 (2001), 786.

93 ‘Deelname aan mekaar se erediens op ‘n wyse wat inbraak maak op

die eenheid van die Kerk, of ‘n formele instemming met dwaling of

enige aksies wat op geloofsafvalligheid dui of ‘n ergernis vir die Kerk

inhou of onverskilligheid teenoor die Kerk aandui, word deur die

goddelike wet verbied’. Tweede Vatikaanse Konsilie Dekreet oor

die Oosterse Katolieke Kerke Orientalium Ecclesiarum, 26.

94 Johannes Paulus II, Ensikliek Ut unum sint (25 Mei 1995), 45.

41

dit aan die sigbare bande van Kerkeenheid ontbreek. Hierdie benadering

is deur die Tweede Vatikaanse Konsilie geneem toe hulle die riglyne

bepaal het waarby Oosterse Christene, wat in goeder trou geskei lewe

van die Katolieke Kerk, en wat spontaan en met die regte ingesteldheid

vra om die Eucharistie uit die hande van ‘n gewyde Katolieke bedienaar te

ontvang, dit mag doen. 95 Hierdie handelswyse is vervolgens deur beide

Wetboeke (Latynse Rite en Oosterse Rites) bekragtig. Noodsaaklike

aanpassings is ook gemaak waarby ander, nie-Oosterse Christene, wat nie

in volledige gemeenskap met die Katolieke staan nie, ook onder baie

spesifieke omstandighede en by wyse van uitsondering, Heilige Kommunie

in ‘n Katolieke kerk mag ontvang. 96

46. In my Ensikliek Ut unum sint het ek my eie waardering vir hierdie norme

uitgespreek. Dié norme maak dit moontlik om met die korrekte

onderskeiding sorg te dra vir die heil van siele: ‘Dit is rede tot vreugde dat

Katolieke bedienaars in bepaalde spesifieke gevalle die Sakramente van die

Eucharistie, Bieg en Siekesalwing mag toedien aan ander Christene, wat nie in

volledige kommunie met die Rooms-Katolieke Kerk verkeer nie, maar wat

vurig verlang om dié sakramente te ontvang en uit eie wil daarom vra en

diesefde geloof bely wat die Rooms-Katolieke Kerk oor dié sakramente bely.

Omgekeerd kan Katolieke ook in bepaalde gevalle en vanweë spesifieke

omstandighede hierdie sakramente ontvang uit die hande van bedienaars van

Kerke wat oor geldige sakramente beskik.’ 97 Hierdie voorwaardes –

waarvan ‘n mens nie vrygestel kan word nie – moet deeglik in ag geneem

word en geld slegs vir sekere baie spesifieke gevalle. Enige persoon wat

om dié sakramente vra, maar nie die geloofswaarhede van die Katolieke

geloof aanvaar of die geldigheid van die noodsaaklike vereiste van ‘n

gewyde priesterskap betwyfel, beskik nie oor die regte ingesteldheid nie

en kan dus nie dié sakramente in ‘n Katolieke konteks toegedien word nie.

Dieselfde geld vir Katolieke gelowiges: ‘n Katolieke gelowige kan nie

95 Orientalium Ecclesiarum, 27.

96 vgl. CIC, Kan. 844; CCEO, Kan. 671, 3-4.

97 Ut unum sint, 46.

42

Heilige Kommunie in ‘n Kerklike gemeenskap ontvang waarin die geldige

wydingsakrament nie aanwesig is nie. 98

Die getroue nakoming van al hierdie norme 99 is ‘n uitdrukking van liefde en

tegelykertyd ‘n waarborg van daardie liefde, sowel teenoor Jesus Christus

in die Allerheiligste Sakrament, asook teenoor ons broers en susters in

ander Christelike denominasies, aan wie ons dit verskuldig is om getuienis

te lewer van die waarheid – so word die saak van eenheid bevorder.

98 vgl. Unitatis redintegratio, 22.

99 vgl. CIC, Kan. 844; CCEO, Kan. 671.

43

HOOFSTUK VYF

DIE WAARDIGHEID VAN

DIE EUCHARISTIE VIERING

47. Wie in die Sinoptiese Evangelies die verslag lees oor die instelling van

die Eucharistie word getref deur die eenvoud en ook deur die ‘plegtigheid’

waarmee Jesus, op die aand van die Laaste Avondmaal, hierdie grootse

sakrament ingestel het. Daar is ‘n episode wat in ‘n sekere sin ‘n

vooruitwysing is op die instelling van die Eucharistie: Die salwing in Betanië.

‘n Vrou, wat die Evangelis Johannes identifiseer as Maria, die suster van

Lasarus, giet ‘n flessie met kosbare balsem uit oor die hoof van Jesus.

Hierdie gebaar lok by die dissipels, in die besonder by Judas (vgl. Matt.

26:8; Mark. 14:4, Joh. 12:4), verontwaardiging uit, asof hierdie handeling,

in die lig van die armes se behoeftes, ‘n onduldbare ‘verspilling/verkwisting’

inhou. Die reaksie van Jesus Self is egter heel anders. Terwyl Hy geensins

afbreuk doen aan ons verpligting om die armes te help nie – ‘die armes het

julle altyd by julle..’ (Matt. 26:11; Mark. 14:7; vgl. Joh. 2:8) – sien Hy hierdie

gebeurtenis in die lig van sy naderende dood en begrafnis. Vir Jesus is die

salwing wat Hy van hierdie vrou ontvang ‘n bewys van respek teenoor sy

liggaam – ‘n eerbetoning wat sy liggaam selfs ná sy dood sal ontvang

omdat sy liggaam onlosmaaklik verbonde bly met die Geheimenis van sy

Persoon.

Die Sinoptiese Evangelies gaan vervolgens verder met Jesus se opdrag

aan sy dissipels om sorgvuldig die ‘…groot Bovertrek…’ gereed te maak

vir die Paasmaaltyd (vgl. Mark. 14:15; Luk.22:2) waartydens Hy die

Eucharistie instel. Dit blyk dat Jesus en sy dissipels die tradisionele Joodse

rites ten minste tot die sing van die Hallel (vgl. Matt. 26:30; Mark. 14:26)

gevolg het. Selfs met die verskillende weergawes waaroor ons beskik is

die sober en plegtige eenvoud van dié maaltyd duidelik, veral van Christus

se woorde oor die brood en wyn wat Hy gebruik as ‘n konkrete uitdrukking

van sy liggaam en bloed wat Hy prysgee. Die Evangeliste herinner ons aan

al dié detail in die lig van die gevestigde praktyk van die ‘breking van die

brood’ wat deel uitgemaak het van die vroeë Kerk se geloofservaring. Dit

is duidelik dat dié gebeure van Witte Donderdag, reeds van Jesus se tyd

44

af, sigbare spore dra van ‘n liturgiese ‘gevoeligheid’. Hierdie vroeë vorm

van die liturgie was dus gegrond op die Ou Testamentiese tradisie wat nou

nuwe lewe gekry het om by dit wat die vroeë Christene geweet en geglo

het in te pas – die Paasgebeure (Christus se opstanding uit die dood) was

die nuwe konteks waarin hierdie vieringe plaasgevind het.

48. Soos die vrou wat vir Jesus in Betanië gesalf het, was die Kerk nog

nooit bang om net haar beste vir die Here te gee nie: om die Kerk se

verwondering en aanbidding van dié onmeetlike geskenk van die

Eucharistie uit te druk was en is net die beste goed genoeg. Net soos die

Here se eerste dissipels opdrag gegee is om die ‘Bovertrek’ gereed te

maak, het die Kerk dit nog altyd as haar plig geag om deur die eeue heen

en deur haar ontmoeting met verskillende kulture, die Eucharistie te vier op

‘n wyse wat dié groot Geheimenis waardig is. Die Christelike liturgie is

gebore uit Jesus se eie woorde en gebare en rus op die rituele erfenis van

die Joodse geloof. Sou ons mense egter ooit ‘n waarlik gepaste middel kon

ontwerp om uitdrukking te gee aan ons ontvangs van die gawe van

Homself wat die goddelike Bruidegom voortdurend aanbied aan sy Bruid,

die Kerk – dié offer wat vir eens en altyd aan die kruis volbring is en deur

die Kerk as Voedsel aan opeenvolgende generasies van gelowiges gegee

word? Alhoewel die idee van ‘n ‘feesmaal’ ‘n sekere familiariteit suggereer

het die Kerk nog nooit aan die verleiding toegegee om hierdie ‘intimiteit’

met haar Bruidegom op banale wyse uit te druk nie – dit sou so wees as ons

sou vergeet dat Hy ook die Here van die Kerk is en dat dié feesmaal altyd

‘n offermaal is wat geteken word deur sy bloed wat op Golgota uitgestort

is. Die Eucharistiese Feesmaal is waarlik ‘n ‘heilige’ maaltyd waarin die

eenvoud van die tekens die onpeilbare diepte van die heiligheid van God

verberg: O sacrum convivium, in quo Christus sumitur! Die brood wat op ons

altare gebreek word, hierdie panis angelorum – die brood van die engele -

word ons aangebied; ons wat eintlik maar pelgrims op die paaie van

hierdie wêreld is. Ons durf nie hierdie brood van die engele nader tensy

ons nie dieselfde nederigheid het wat die hoofman oor honderd in die

Evangelie gehad het nie: ‘Here, ek is nie waardig dat U onder my dak inkom

nie’ (Matt. 8:8; Luk. 7:6).

49. Diep onder die indruk van hierdie verhewe Geheimenis begryp ons

hoe die Kerk se geloof in die Eucharistiese Geheimenis deur die geskiedenis

uitdrukking gevind het nie alleen in die vereiste dat ons innerlike

ingesteldheid eerbiedig moet wees nie, maar ook in die uiterlike vorme van

ons erediens, wat bedoel is om die grootsheid van die gebeurtenis wat ons

45

vier, te onderstreep en te beklemtoon. Stap vir stap het daar deur die

eeue ‘n raamwerk van voorskrifte en reëls ontwikkel wat betrekking het op

die Eucharistiese Liturgie. Hierdie reëls neem die verskillende wettige

Kerklike tradisies in ag. Op dieselfde wyse het die Kerk ‘n ryk erfenis van

kuns rondom die Eucharistiese Liturgie ontwikkel. Argitektuur,

beeldhoukuns, skilderkuns en musiek het, geraak deur hierdie Christelike

Geheimenis, in die Eucharistie ‘n direkte en indirekte bron van inspirasie

gevind.

Die boukuns/argitektuur was byvoorbeeld getuie van die oorgang – toe

die historiese situasie dit moontlik gemaak het – van die eerste plekke waar

die Eucharistie in die domus (huise) van Christelike families gevier is tot die

plegtige basilieke van die vroeë eeue, tot die indrukwekkende katedrale

van die Middeleeue en tot die kerke, groot en klein, wat geleidelik regoor

die wêreld gebou is. Die ontwerp van die altare en tabernakels in die

kerkinterieurs was dikwels nie bloot as gevolg van kunssinnige inspirasie nie

maar deur ‘n helder begrip van die Geheimenis wat daar gevier word.

Dieselfde sou ‘n mens van gewyde musiek kon sê – hier hoef ‘n mens maar

net aan die geïnspireerde Gregoriaanse melodieë te dink en die magdom

groot komponiste wat probeer het om reg te laat geskied aan die

liturgiese tekste van die Heilige Mis. En sien ‘n mens nie op die gebied van

Kerklike voorwerpe en liturgiese gewade ‘n geweldige hoeveelheid

kunstige werke nie, vanaf die produkte van ‘n goeie vakman tot ware

kunswerke?

Dit is inderdaad so dat net soos die Eucharstie vorm gee aan die Kerk en

spiritualiteit, die Eucharistie ook ‘n kragtige invloed uitoefen op die gebied

van ‘kultuur’, veral op estetiese vlak.

50. In hul aanbidding van hierdie grootse Geheimenis het daar op rituele

en estetiese vlak nog altyd ‘n tipe gesonde ‘wedywering’ bestaan tussen

die Christene van die Weste en van die Ooste. Hoe sou ons die Here nie

dankbaar kan wees nie vir die besonderse bydrae tot die Christelike kuns

wat die Grieks-Bisantynse tradisie en Slawoniese kulture op die gebied

van die bou- en skilderkuns gelewer het? In die Ooste het die gewyde kuns

‘n opmerklike sterk gevoel vir die Geheimenis behou. Hier het kunstenaars

die gewyde kunswerke wat hulle geskep het nie as ‘n uitdrukking van hul

eie talente gesien nie maar as ‘n geloofsdiens. Die gewyde kuns van

hierdie mense lewer dan ook bewys dat dit vir hulle nie om blote tegniese

46

vaardigheid gegaan het nie maar om ‘n leergierige ontvanklikheid vir die

inspirasie van die Heilige Gees.

Die skitterende argitektuur en mosaïekwerk van die Christelike Ooste en

Weste vorm ‘n erfenis wat aan alle gelowiges behoort; hierdie gewyde

kunswerke dra in hulself ‘n hoop, selfs ‘n belofte van Kerkeenheid - daardie

gewenste volheid van gemeenskap in geloof en viering. Hierdie

veronderstel en vereis, soos in Roebljev se beroemde ikoon van die

Drie-eenheid, ‘n Kerk wat ten diepste Eucharisties is en waarin die

aanwesigheid van die Geheimenis van Christus in die gebroke brood as’t

ware onderdompel word in die uitspreeklike eenheid van die Drie

Goddelike Persone, om so van die Kerk self ‘n ‘ikoon’ van die Drie-eenheid

te maak.

Binne hierdie konteks van ‘n kuns wat in al sy elemente gerig is op die

uitdrukking van die betekenis van die Eucharistie soos omskryf is deur die

Kerk se leerstellinge, moet daar aandag gegee word aan die norme wat

die bou en versiering van gewyde geboue reguleer. Soos die geskiedenis

laat sien en ek benadruk het in my Brief aan kunstenaars, 100 het die Kerk

nog altyd baie ruimte gelaat vir die kreatiwiteit van kunstenaars. Gewyde

kuns moet homself egter altyd onderskei deur sy vermoë om op gepaste

wyse uitdrukking te gee aan die Geheimenis van ons Christelike geloof,

soos vervat in die leerstellinge van die Kerk en in ooreenstemming met die

pastorale riglyne wat deur die bevoegde Kerklike gesag uitgevaardig is.

Hierdie norm geld sowel vir die beeldende kunste as vir gewyde musiek.

51. Die ontwikkeling van gewyde kuns en van liturgiese beginsels wat in

die lande met ‘n ou Christelike erfenis plaasgevind het vind nou ook plaas in

wêrelddele waar die Christendom jonger is. Hierdie benadering is juis

gekies deur die Tweede Vatikaanse Konsilie om gepaste en gesonde

‘inkulturasie’ aan te moedig. By my talle pastorale besoeke oor die hele

wêreld het ek die groot lewenskrag gesien waarmee die Eucharistie gevier

kan word en waartoe die vorme, style en intuìsies van die verskillende

kulture ‘n bydrae gelewer het. Deur aanpassing aan die veranderende

omstandighede van tyd en plek bied die Eucharistie voedsel, nie alleenlik

100 vgl. Johannes Paulus II, Brief aan kunstenaars (4 April 1999).

47

aan individue nie, maar aan hele volke, en so omvorm die Eucharistie

kulture wat deur die Christendom geïnspireer word.

Dit is egter nodig dat dié belangrike aanpassingswerk gedoen word met ‘n

voortdurende besef van die onuitspreeklike Geheimenis van ons geloof:

elke generasie word uitgedaag om homself teen hierdie Geheimenis te

meet. Hierdie ‘skat’ is te belangrik en kosbaar om deur eksperimentasie of

praktyke wat ingevoer word sonder die nodige goedkeuring deur die

bevoegde Kerklike outoriteite verarm of deur kompromisse afgewater te

word. Die sentrale plek wat die Eucharistiese Geheimenis inneem vereis

bowendien dat enige hersiening slegs met die nodige goedkeuring van en

in noue samewerking met die Heilige Stoel deurgevoer mag word. Soos ek

geskryf het in my postsinodale Eksortasie Ecclesia in Asia: ‘samewerking met

die Heilige Stoel is van wesenlike belang, want die Heilige Liturgie is die

uitdrukking en viering van één geloof wat deur almal bely word, die Liturgie is

die erfgoed van die hele Kerk en dus nie iets wat deur plaaslike Kerke, apart

van en buite die Universele Kerk, vasgestel word nie.’ 101

52. Dit alles behoort dit duidelik te maak hoe groot die

verantwoordelikheid is wat priesters dra vir die viering van die Eucharistie.

Dit is die verantwoordelikheid van priesters om in persona Christi die

Eucharistieviering te lei en getuienis te gee en ‘n diens van

kommunie/eenheid te lewer, nie alleen vir die gemeente wat direk

deelneem aan die betrokke viering nie, maar ook vir die hele Kerk wat

deel uitmaak van elke Eucharistie. ‘n Mens betreur die feit dat daar, veral

in die jare wat gevolg het, op die postkonsiliêre liturgiese hervorming, as

gevolg van ‘n misleide gevoel van kreatiwiteit en aanpassing, ‘n aantal

misbruike was wat vir baie gelowiges groot verdriet veroorsaak het. ‘n

Sekere reaksie teen ‘formalisme’ het sommiges, veral in bepaalde streke,

daartoe gebring om die ‘vorme’ wat die Kerk se groot liturgiese tradisie en

haar Leergesag (magisterium) gekies het, as nie-bindend te beskou en om

nie-goedgekeurde vernuwinge in te voer wat soms heeltemaal onvanpas

was.

101 Johannes Paulus II, Postsinodale Eksortasie Ecclesia in Asia (6

November 1999), 22.

48

Ek ag dit daarom my plig om u dringend daarop te wys dat al die

liturgiese norme vir die viering van die Eucharistie getrou nagekom moet

word. Hierdie norme vorm ‘n konkrete uitdrukking van die outentieke

Kerklike natuur van die Eucharistie: dit is die diepste betekenis van dié

norme. Liturgie is nooit die persoonlike eiendom van enigiemand nie – dit is

nie die persoonlike eiendom van die selebrant of van die gemeente waarin

dié Geheimenis gevier word nie. Die Apostel Paulus moes skerp woorde rig

aan die gemeente in Korinte vanweë die ernstige tekortkominge in hul

viering van die Eucharistie – hierdie tekortkominge het gelei tot afskeidings

(schismata) en die totstandkoming van faksies (haereseis) binne die

gemeente (vgl. 1 Kor. 11:17-34). Ons tyd vra na ‘n hernude besef van en

waardering vir die liturgiese norme as ‘n weerspieëling en ‘n getuienis van

die een Universele Kerk wat teenwoordig gemaak word in elke viering van

die Eucharistie. Priesters wat trou die Heilige Mis vier volgens die liturgiese

norme en gemeentes wat hulself berus by dié norme toon daardeur hul

liefde vir die Kerk. Juis om hierdie diepere betekenis van die liturgiese

norme beter te verduidelik het ek die bevoegde instansies binne die

Romeinse Kurie gevra om ‘n dokument hieroor voor te berei, met inbegrip

van juridiese voorskrifte. Niemand mag die Geheimenis wat in ons hande

gegee is geringskat nie: hierdie Geheimenis is te groot om deur mense op

‘n ligsinnige wyse behandel te word, sonder eerbied vir Heiligheid en

Universaliteit hiervan.

49

H OOFSTUK SES

IN DIE SKOOL VAN MARIA,

DIE VROU VAN DIE EUCHARISTIE

53. Wanneer ons die intieme verhouding, wat die Kerk met die Eucharistie

verbind, in sy volle rykdom wil herontdek, kan ons nie Maria, Moeder en

model van die Kerk, vergeet nie. In my Apostoliese Brief Rosarium Virginis

Mariae het ek na die Heilige Maagd verwys as ons Lerares by ons

kontemplasie van die gelaat van Christus. Onder die Ligryke Geheimenisse

van die Rosekransgebed het ek die instelling van die Eucharistie ingesluit. 102

Maria kan ons na hierdie Allerheiligste Sakrament lei omdat sy ‘n diep

verhouding daarmee het.

Dit mag met die eerste oogopslag lyk asof hierdie tema nie in die

Evangelie teruggevind kan word nie. In die verslag oor die instelling van

die Eucharistie op die aand van Witte Donderdag word Maria nêrens

vermeld nie. Tog weet ons dat sy by die apostels wie wat ‘één van hart’

(vgl. Hand. 1:14) gebid het in daardie eerste Christen gemeenskap wat ná

die Hemelvaart in afwagting op Pinkster bymekaar gekom het. Maria

moes sekerlik aanwesig gewees het by die Eucharistie vieringe van die

eerste generasie Christene, wie trou was aan die ‘breking van die brood

(Hand. 2:42). Naas haar deelname aan die Eucharistiese maaltyd kan die

verhoudig van Maria tot die Eucharistie wel indirek afgelei word uit haar

innerlike houding. Met haar hele lewe is Maria ‘n vrou van die Eucharistie.

Die Kerk, wat na Maria opsien as haar oerbeeld (unieke model), word

daartoe geroep om haar in haar verhouding tot hierdie Heiligste

Geheimenis na te volg.

54. Mysterium fidei’ Die Eucharistie is ‘n Geheimenis van die geloof, iets

wat ons begrip te bowe gaan, en iets wat ons slegs kan leer verstaan deur

ons totale oorgawe aan die woord van God. Wie beter as Maria om ons

102 vgl. Rosarium Virginis Mariae, 21.

50

hierin by te staan? Wanneer ons Christus se handeling by die Laaste

Avondmaal herhaal gehoorsaam ons sy opdrag: ‘Doen dit tot my

gedagtenis’ (Luk. 22:19). Terselfdertyd aanvaar ons ook die uitnodiging

van Maria om Hom sonder aarseling te gehoorsaam: ‘Net wat Hy vir julle

sê, moet julle doen’ (Joh. 2:5). Met dieselfde moederlike sorg, wat sy by die

huwelik van Kana openbaar het, sê Maria as’t ware ook vir ons: ‘Aarsel nie,

vertrou op die woorde van my Seun. As Hy in staat was om water in wyn te

verander, kan Hy ook uit brood en wyn sy Liggaam en Bloed maak, en deur

hierdie Geheimenis aan ons gelowiges die lewende gedagtenis van sy Pase

skenk, om so vir ons die ‘Brood van die Lewe’ te word.’

55. In ‘n sekere sin het Maria haar Eucharistiese geloof reeds voor die

instelling daarvan beleef en dit deur die feit dat sy haar maagdelike skoot

vir die Menswording van die Woord van God aangebied het. Terwyl die

Eucharistie vooruitwys na die Lyding en Opstanding van Christus staan die

Eucharistie ook in kontinuïteit met die Menswording. Maria ontvang by die

Aankondiging die Seun van God in die liggaamlike werklikheid van sy

Liggaam en Bloed. Op hierdie wyse antisipeer sy in ‘n sekere sin dit wat

sakramenteel met elke gelowige gebeur, wanneer ons onder die

tekens/gedaantes van brood en wyn die Liggaam en Bloed van die Here

ontvang.

Gevolglik is daar ‘n diep ooreenkoms tussen Maria se Fiat (…laat dit met

my gebeur…) op die engel se boodskap en die Amen (dit is so) wat elke

gelowige uitspreek wanneer hy of sy die Liggaam van die Here ontvang.

Maria is gevra om te glo dat Hy, wat sy ontvang het ‘deur die werking van

die Heilige Gees die Seun van God’ is (vgl. Luk. 1:30-35). In kontinuïteit met

die geloof van die Maagd word ons in die Eucharistiese Geheimenis gevra

om te glo dat Jesus Christus, die Seun van God en die Seun van Maria, met

sy hele goddelike en menslike wese, teenwoordig is onder die tekens van

brood en wyn.

‘Salig is sy wat geglo het…’ (Luk. 1:45): in die Geheimenis van die

Menswording loop Maria ons vooruit in die Eucharistiese geloof van die

Kerk. By haar besoek aan Elisabet het sy die Vleesgeworde Woord in

haar skoot gedra en was sy in ‘n sekere sin ‘n ‘tabernakel’ – die eerste

‘tabernakel’ in die geskiedenis – waarin die Seun van God, nog onsigbaar

vir die oë van die mense, Hom laat aanbid het deur Elisabet. Christus se lig

is toe ‘uitgestraal’ deur die oë en stem van Maria. Die ekstase van Maria se

gesig toe sy vir die eerste keer die pasgebore Jesus aanskou het en

51

waarmee sy Hom in haar arms vasgehou het is dié ongeëwenaarde model

van liefde, waardeur ons onsself moet laat inspireer, elke keer as ons

Heilige Kommunie gaan ontvang.

56. Deur haar hele lewe, nie net op Golgota nie, het Maria aan Christus se

sy die offerdimensie van die Eucharistie haar eie gemaak. Toe sy haar

Kind Jesus na die Tempel in Jerusalem gebring het om Hom ‘tot beskikking

van die Here te stel’ (Luk. 2:22, NV), het sy gehoor hoe die bejaarde Simeon

profeteer dat hierdie kind ‘n ‘teken wat weerspreek sal word’ sou wees, en

dat ‘n swaard haar eie hart sou deurboor (vgl. Luk. 2:34-35). Reeds hier

word die tragedie van die kruisiging van haar Seun aangekondig en gooi

die Stabat Mater van Maria aan die voet van die kruis in ‘n sekere sin sy

lang skaduwee vooruit. In haar daaglikse voorbereiding op Golgota kon

Maria iets van ‘n ‘geantisipeerde Eucharistie’ ervaar, wat ‘n mens moontlik ‘n

‘geestelike Kommunie’ sou kon noem. ‘n Geestelike Kommunie van verlange

en opoffering, wat sy hoogtepunt sou vind in Maria se eenheid met haar

Seun in sy lyding. Hierdie geestelike Kommunie van Maria sou ná Pase tot

uitdrukking kom in haar deelname aan die Eucharistie wat die apostels sou

vier as gedagtenis aan daardie lyding. Wat moes Maria gevoel het, toe

sy uit die mond van Petrus, Johannes en Jakobus en die ander apostels die

woorde hoor wat by die Laaste Avondmaal gespreek is: ‘Dit is my liggaam

wat vir julle gegee word…’ (Luk. 22:19)? Die Liggaam wat vir ons

oorgelewer is en werklik aanwesig gemaak word onder die sakramentele

tekens was dieselfde Liggaam wat sy in haar skoot ontvang het! Vir Maria

moes die ontvangs van die Eucharistie in ‘n sekere sin ‘n hernude

verwelkoming in haar skoot gewees het van daardie hart wat saam met

haar hart geklop het en ook ‘n nuwe belewenis van dit wat sy aan die voet

van die Kruis deurgemaak het.

57. ‘Doen dit tot my gedagtenis’ (Luk. 22:19). In die ‘gedagtenis’ van

Golgota is alles aanwesig wat Christus met sy lyding en dood bewerkstellig

het. Dit beteken, dat alles wat Christus teenoor sy Moeder vir ons heil

gedoen het ook aanwesig is. Hy vertrou haar toe aan sy geliefde dissipel

en, in hom, gee Hy haar aan elkeen van ons: ‘Vrou, dáár is u seun!’. Aan

elkeen van ons sê Hy ook: ‘Dáár is jou moeder!’ (vgl. Joh. 19:26-27).

Die gedagtenis van Christus se dood wat ons in die Eucharistie beleef,

beteken ook dat Hy ons voortdurend aan sy Moeder gee. Dit beteken dat

ons telkens opnuut – soos die geliefde dissipel Johannes – dié een moet

aanvaar wat Christus ons as Moeder gee. Dit beteken ook dat ons onsself

52

daartoe verbind om gelykvormig aan Christus te word en om dit te doen

moet ons onsself inskryf in die skool van Maria sodat sy ons kan begelei.

Maria is met die Kerk en as Moeder van die Kerk in elke Eucharistieviering

aanwesig. Soos die Kerk en die Eucharistie ‘n onskeibare eenheid vorm, so

vorm Maria en die Eucharistie ook ‘n onskeibare eenheid. Daarom was die

gedagtenis aan Maria, vanaf die vroegste tyd af altyd ‘n onderdeel

gewees van die Eucharistievieringe in die Kerke van die Ooste en die

Weste.

58. In die Eucharistie word die Kerk volledig verenig met Christus en sy

Offer – die Kerk maak dié waarheid in die gees van Maria haar eie.

Hierdie waarheid kan dan dieper verstaan word wanneer ons die Lofsang

van Maria (die Magnificat) in sy Eucharistiese sin herlees. Net soos die

Lofsang van Maria is die Eucharistie in die eerste plek ‘n lof- en

danksegging. Toe Maria uitroep: ‘My hart besing die grootheid van die

Here, my gees het hom in God, my Redder, verbly’, (Luk. 1:46-47) het sy

alreeds Jesus in haar skoot gedra. Sy loof die Vader ‘deur’ Jesus, maar sy

loof Hom ook ‘in’ Jesus en ‘met’ Jesus. Hierdie is presies die ware

‘Eucharistiese houding’.

Tegelykertyd gedenk Maria die wonderbare dade van God in die

heilsgeskiedenis, ooreenkomstig sy belofte aan ons voorouers (vgl. Luk.

1:55), en verkondig sy die alles-oortreffende wonder van die verlossende

Menswording. In die Magnificat vind ‘n mens ook uiteindelik die

eskatologiese spanning wat in die Eucharistie aanwesig is. Telkens

wanneer die Seun van God Homself in die ‘armoedige’ sakramentele tekens

van brood en wyn aan ons toon, ontkiem daar in ons wêreld die sade van

die nuwe geskiedenis, waarin ‘maghebbers onttroon’ word en ‘geringes

verhoog’ word (vgl. Luk. 1:52). 103 Maria besing hierdie ‘nuwe hemel’ en

‘nuwe aarde’, waarna die Eucharistie ons vooruitwys. In die Eucharistie vind

‘n mens in ‘n sekere sin die program vir hierdie nuwe hemel en aarde. Die

Magnificat druk die spiritualiteit van Maria uit en hierdie spiritualiteit is vir

ons ‘n groot en nuttige hulpmiddel om die Eucharistiese Geheimenis te

beleef. Die Eucharistie is aan ons gegee sodat ons lewe, net soos dié van

Maria, geheel en al ‘n Magnificat kan word.

103 Alle aanhalings uit die Magnificat is geneem uit Psalms en

Lofgesange deur Bonaventure Hinwood, OFM (1993).

53

S LOT

59. Ave, verum corpis natum de Maria Virgine! ‘n Paar jaar gelede het ek

die vyftigste herdenking van my priesterwyding gevier. Vandag ervaar

ek die genade om aan die Kerk hierdie Ensikliek aan te bied oor die

Eucharistie en dit op die Witte Donderdag wat in die vyf-en-twintigste jaar

van my Petrynse diens val. Soos ek dit doen is my hart gevul met

dankbaarheid. Vir meer as ‘n halwe eeu lank, van die 2de November

1946 toe ek my eerste Heilige Mis opgedra het in die kriptus van St.

Leonardus in die Wawel-katedraal van Krakau, was my oë elke dag gerig

op die hostie en die kelk, waarin tyd en ruimte in ‘n sekere sin ‘ineenkrimp’

en die drama van Golgota weer lewendig voorgestel word en sy

geheimvolle ‘gelyktydige’ teenwoordigheid gemanifesteer word. Elke dag

was my geloof in staat gewees om in die gekonsekreerde brood en

gekonsekreerde wyn die Goddelike Pelgrim te herken wat Homself

aangesluit het by sy twee dissipels op pad na Emmaüs en hul oë geopen het

vir sy lig en hul harte geopen het vir sy nuwe hoop (vgl. Luk. 24:13-35).

Veroorloof my, liewe broers en susters, om met diep emosie my eie

getuienis te gee van my geloof in die Allerheiligste Eucharistie, sodat ek my

by u geloof kan voeg en dit versterk. Ave, verum corpus natum de Maria

Virgine, vere passum, immolatum, in cruce pro homine! Hier is die skat van die

Kerk, die hart van die wêreld, die belofte van ‘n vervulling waarna elke

mens, selfs onbewustelik, hunker. Hierdie is waarlik ‘n groot Geheimenis

wat alles oortref en die vermoë van ons gees op die proef stel om verder te

gaan as wat die oë kan sien. Hier skiet ons sintuie te kort: visus, tactus,

gustus in te fallitur, in die woorde van die gesang Adoro te devote; maar

alleen die geloof, gewortel in die woord van Christus wat deur die apostels

aan ons oorgelewer is, is vir ons voldoende. Laat my toe, om soos Petrus

aan die einde van die Eucharistiese uiteensetting in die Evangelie van

Johannes, nog eenmaal aan Christus te vra, namens die hele Kerk en

namens elkeen van u: ‘Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van

die ewige lewe.’ (Joh. 6:68).

60. By die daeraad van hierdie derde millenium, word ons, die kinders van

die Kerk, daartoe opgeroep om met hernude geesdrif die reis van die

Christelike lewe te onderneem. Soos ek geskryf het in my Apostoliese Brief

54

Novo millennio inuente: ‘gaan dit nie daarom om ‘n ‘nuwe program’ uit te dink

nie. Die program bestaan alreeds van die begin af en dit is te vinde in die

Evangelie en in die lewende Tradisie. Uiteindelik lê die kern van dié program in

Christus Self – Hy wat geken, bemin en nagevolg moet word sodat ons in Hom

die lewe van die Drie-enige God mag leef, en met Hom die geskiedenis kan

omvorm en tot voleinding kan bring in die hemelse Jerusalem.’ 104 Die

verwerkliking van dié program van hernude impetus in die Christelike lewe

loop deur die Eucharistie.

Elke strewe na heiligheid, elke aksie wat gerig is op die vervulling van die

sending van die Kerk, elke uitvoering van pastorale planne moet die

noodsaaklike krag put uit die Eucharistiese Geheimenis en daarop gerig

wees as die hoogtepunt van alle handeling. In die Eucharistie vind ons

Jesus. In die Eucharistie is Jesus se offer van verlossing vir ons ‘n realiteit. In

die Eucharistie ontmoet ons Jesus se Opstanding, ontvang ons die gawe van

die Heilige Gees, en kan ons in gehoorsaamheid en liefde teenoor die

Vader aanbid. As ons die Eucharistie verwaarloos, hoe sou ons ooit ons eie

tekortkominge oorkom?

61. Die Eucharistiese Geheimenis – offer, teenwoordigheid, maaltyd –

verdra nie reduksie of eksploitasie nie. Hierdie Geheimenis moet in sy

geheel ervaar word: in sy viering as fees, in dié intieme tweegesprek met

Jesus, wat plaasvind nadat ‘n mens Hom in die Heilige Kommunie ontvang

het; ook in ‘n mens se biddende bepeinsing by die Eucharistiese

Aanbidding buite die Heilige Mis. So word die Kerk stewig opgebou en

word sy wat sy werklik is: één, heilig, katoliek en apostolies: volk, tempel

en familie van God; liggaam en Bruid van Christus, besiel deur die Heilige

Gees; die universele heilsakrament en hiërargies geordende gemeenskap.

Die weg wat die Kerk aflê in hierdie eerste jare van die derde millennium is

ook ‘n weg van hernude ekumeniese inset. Die laaste jare van die tweede

millennium, wat hul hoogtepunt gehad het in die groot Jubileum, het ons in

dié rigting gedryf, deurdat alle gedooptes aangespoor is om die gebed

van Jesus te beantwoord ‘ut unum sint’ (sodat hulle een kan wees) (Joh.

17:11). Hierdie weg is lank en vol hindernisse wat ons menslike kragte te

bowe gaan, maar ons het die Eucharistie, en in die Eucharistiese

104 Novo millennio inuente, 29.

55

teenwoordigheid kan ons in die diepte van ons hart dieselfde woorde hoor

wat die profeet Elia gehoor het: ‘Staan op, eet; anders is die pad vir jou te

veel’. (1 Kon. 19:7). Dit is werklik asof hierdie woorde aan ons gerig is.

Die Eucharistiese skat, wat die Here tot ons beskikking gestel het, gee ons

vleuels op pad na ons einddoel: volle deelname aan hierdie skat met alle

broers en susters met wie ons in ons gemeenskaplike doop verbind is. Om

hierdie skat egter nie te verkwis nie, is dit noodsaaklik dat ons dié vereistes

eerbiedig wat voortkom uit dié feit dat hierdie die Sakrament van die

gemeenskap in die geloof en in die apostoliese suksessie is.

Deur aan die Eucharistie al die eer te gee wat dit toekom en deur met groot

aandag oor die Eucharistie te waak sodat niks die dimensie of aanspraak

daarvan sal verminder nie is ‘n bewys dat ons werklik bewus is van die

grootheid van hierdie gawe. Vanaf die eerste eeue af getuig die

ononderbroke waaksaamheid van die Christelik gemeenskap met

betrekking tot die bewaring van hierdie ‘skat’ van die waarde daarvan.

Gedrewe deur die liefde bekommer die Kerk haar daaroor om, sonder om

maar een fragment van ons geloof in die Geheimenis van die Eucharistie en

die leerstelling daaroor prys te gee, dié geloof aan die volgende

Christelike generasies deur te gee. Daar bestaan geensins enige gevaar

dat ons sorg oor dié Geheimenis oordryf kan word nie, aangesien ‘hierdie

Sakrament die hele Geheimenis van ons verlossing saamvat’ 105

62. Dierbare broers en susters, laat ons deel word van die die skool van

die heiliges, die groot verkondigers van ware Eucharistiese devosie. Deur

die heiliges bereik die teologie van die Eucharistie die volle glans van ‘n

geleefde werklikheid. Die heiliges ‘steek ons aan’ en ‘verwarm’ ons harte.

Laat ons veral luister na die Allerheilige Maagd Maria, in wie die

Eucharistiese Geheimenis Homself meer as in enige ander mens openbaar

het as ‘n Geheimenis van lig. Deur na Maria te kyk herken ons die

veranderende krag van die Eucharistie. In haar sien ons die wêreld wat in

liefde vernuwe is. Wanneer ons Maria beskou as iemand wat met liggaam

en siel in die hemel opgeneem is, sien ons die ‘nuwe hemel’ en ‘nuwe aarde’

oopbreek soos ons dit by die tweede koms van Christus sal aanskou. Die

Eucharistie is hier op aarde die waarborg daarvan en wys vooruit na dié

gebeure: ‘Veni, Domine Iesu!’ (Kom, Here Jesus), (Open. 22:20).

105 Summa Theologiae, III, q. 83, a. 4c.

56

Onder die nederige gedaantes van brood en wyn, wat substansieël in sy

liggaam en bloed verander is, gaan Christus saam met ons as ons krag en

ons voedsel op ons lewenspad en maak Hy van ons getuies van hoop vir

ander. Wanneer ons verstand voor dié Geheimenis sy grense ervaar, tree

ons hart in met begrip, want verlig deur die Heilige Gees, weet ons hart hoe

sy houding moet wees en versink hy in aanbidding en grenslose liefde voor

dié Geheimenis.

Laat ons die gevoelens van St. Thomas van Aquino ons eie maak – hy was ‘n

uitmuntende teoloog en tegelykertyd ‘n passievolle digter oor Christus in

die Eucharistie. Kom ons maak ons siel oop om dié beloofde einddoel van

ons bestaan te oorweeg, dit waarna ons hart hunker in sy dors na vreugde

en vrede:

Bone pastor, panis vere,

Iesu, nostri miserere…

Goeie Herder, ware brood,

Jesus, toon ons u ontferming:

voed ons en lei ons daartoe

om U in die land van die lewendes te aanskou.

U, wat alwetend en almagtig is,

word hier die voedsel van sterflinge,

maak van ons u tafelgaste,

mede-erfgename en medeburgers

van u ewige Ryk.

Gegee te Rome by Sint Petrus, 17 April 2003, Witte Donderdag, in die

vyf-en-twintigste jaar van my pontifikaat, in die Jaar van die Rosekrans.

* Alle aanhalings uit die Heilige Skrif is geneem vanuit die 1953-Vertaling van die Bybel, tensy

anders aangedui.

D · O · U ISBN 1-919962-12 -3

DIE ORATORIUM UITGEWERY

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!