03.05.2013 Views

Kennisgewing van AJV - Afgri

Kennisgewing van AJV - Afgri

Kennisgewing van AJV - Afgri

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kennisgewing van algemene jaarvergadering

bladsy 104

KENNIS geskied hiermee dat die Twaalfde Algemene

Jaarvergadering van aandeelhouers van AFGRI op Dinsdag,

26 Junie 2006 om 10:00 te AFGRI, Blok B2, Knightsbridge

Manor, Sloanestraat 33, Bryanston, gehou sal word om die

volgende aangeleenthede af te handel:

1 Om die Groep se fi nansiële jaarstate vir die jaar geëindig

28 Februarie 2007 te ontvang, aan te neem en goed te keur.

2 Om die interim kontantdividend van 10,05 sent per aandeel

wat in Desember 2006 betaal is, te bevestig.

3 Om die fi nale kontantdividend van 19,85 sent per aandeel

wat op 25 Junie 2007 betaalbaar is, te bevestig.

4 Om die volgende vier Direkteure wat ingevolge die

Maatskappy se Statute uittree, maar hulself herverkiesbaar

stel, deur ’n enkele besluit, aan te stel:

4.1 DD de Beer

4.2 JPR Mbau

4.3 MM Moloele

4.4 KL Thoka

Verkorte CV’s verskyn op bladsy 4 van die jaarverslag en die

heraanstelling van hierdie direkteure word deur die direksie

aanbeveel.

Aandeelhouers het die geleentheid om tot sewe (7)

tussenliggende dae voor die vergadering, nominasies vir

Direkteure in terme van die Statute in te dien. Volmagvorms

vir hierdie doel sal by die maatskappy se hoofkantoor,

Sloanestraat 33, Bryanston, op aanvraag verkrygbaar wees

vanaf 1 Junie 2006.

5 Om die vergoeding betaalbaar aan nie-uitvoerende

direkteure soos hieronder uiteengesit, goed te keur:

Direksie/ Komitee

Lid

Rand

Voorsitter

Rand

Direksie voorsitter 369 000

Direksie adjunk-voorsitter 322 875

Direksielid 123 000

Ouditkomitee 61 500 184 500

Vergoedingskomitee 49 200 73 800

Krediet-/Ander komitees 49 200 73 800

6 Om PricewaterhouseCoopers Ing as die ouditeure van die

maatskappy her aan te stel.

7 BESLUIT DAT die gemagtigde, maar onuitgereikte

aandelekapitaal van die Maatskappy onder die beheer van

die Direkteure geplaas is en word, wat hiermee gemagtig

word om sodanige aandele ingevolge en onderworpe aan

sodanige bepalings en voorwaardes, na goeddunke toe te

ken en uit te reik, maar spesifi ek beperk tot die toekenning

AFGRI Beperk Jaarverslag 2007

en uitreiking van aandele wat gedurende die jaar ingevolge

die aandele-aansporingskema vir werknemers aan sekere

werknemers en Uitvoerende Direkteure toegewys kan word

tot hoogstens 10% van die uitgereikte aandelekapitaal, soos

vantevore deur die aandeelhoeurs goedgekeur, maar altyd

onderworpe aan die volgende:

1. die maatskappy se Statute;

2. die bepalings van die Wet;

3. die Noteringsvereistes van die JSE; en

4. die bepalings en voorwaardes van die maatskappy

se aandele-aansporingskema, soos vantevore deur die

aandeelhouers goedgekeur.

Aandeelhouers word hiermee in kennis gestel dat die

werknemer aandele-aansporingskema tans 6,8% besit van

die uitgereikte aandeelkapitaal besit en by wyse van ‘n

vorige besluit, gemagtig is om tot ‘n maksimum van 15% van

die Maatskappy se uitgereikte aandeelkapitaal op enige

gegewe tyd te besit.

8 SPESIALE BESLUIT 1

“BESLUIT DAT die Direksie van die maatskappy deur

middel van ‘n algemene magtiging gemagtig word om

die verkryging deur die maatskappy of ‘n fi liaal van die

maatskappy van die uitgereikte gewone aandele van die

maatskappy, volgens sodanige bepalings en voorwaardes

en in sodanige bedrae wat die direkteure van tyd tot tyd

mag bepaal (“die Terugkoop”), maar onderworpe aan die

Statute van die maatskappy, die bepalings van die Wet en

die Noteringsvereistes van die JSE, wanneer toepaslik, te

vergemaklik, en met dien verstande dat:

• die terugkoop van sekuriteite deur middel van die

bestelboek wat deur die JSE-handelstelsel bedryf word,

ten uitvoer gebring sal word en sonder enige vooraf

verstandhouding of reëling tussen die maatskappy en die

teenparty gedoen sal word;

• hierdie algemene magtiging slegs tot die maatskappy

se volgende algemene jaarvergadering geld, met dien

verstande dat dit nie langer as 15 (vyftien) maande vanaf

die datum waarop hierdie spesiale besluit aangeneem

word, uitgestel mag word nie;

• by bepaling van die prys waarteen die maatskappy se

gewone aandele ingevolge hierdie algemene magtiging

deur die maatskappy verkry word, die maksimum premie

waarteen sodanige gewone aandele verkry mag

word, 10% (tien persent) sal wees van die geweegde

gemiddelde van die markprys waarteen sodanige

gewone aandele op die JSE verhandel word, soos oor

die 5 (vyf) besigheidsdae onmiddellik voor die datum van

die terugkoop van sodanige gewone aandele deur die

maatskappy bepaal;

• die verkrygings van gewone aandele in totaal in enige

enkele fi nansiële jaar nie 20% (twintig persent) van die

maatskappy se uitgereikte gewone aandelekapitaal vanaf

die datum waarop hierdie algemene magtiging verleen

word, oorskry nie;

• die maatskappy en die Groep in staat is om hulle skuld in

die gewone gang van sake vir die volgende 12 maande

terug te betaal;

• die gekonsolideerde bates van die maatskappy en die

Groep, synde billik gewaardeer, in ooreenstemming met

Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde, die

gekonsolideerde laste van die maatskappy en die Groep

vir die volgende 12 maande oorskry;

• die gewone kapitaal en reserwes van die maatskappy en

die Groep toereikend vir die volgende twaalf maande is;

• die beskikbare bedryfskapitaal toereikend is om die

bedrywighede van die maatskappy en die Groep vir die

volgende jaar voort te sit;

• by betreding van die mark om met die terugkoop te

begin, die maatskappy se borg die toereikendheid van

die maatskappy se bedryfskapitaal vir die doeleindes om

‘n terugkoop van aandele te onderneem, skriftelik teenoor

die JSE bevestig het;

• na sodanige Terugkoop, die maatskappy steeds aan

die Noteringsvereistes van die JSE met betrekking

tot die vereistes ten opsigte van die verspreiding van

aandeelhouers, sal voldoen;

• die maatskappy of sy fi liaal nie sekuriteite gedurende ‘n

verbode tydperk, soos in die Noteringsvereistes van die

JSE gedefi nieer word, sal terugkoop nie;

• wanneer die maatskappy kumulatief 3% van die

aanvanklike getal van die betrokke klas sekuriteite

teruggekoop het, en vir elke 3% in totaal van die

aanvanklike getal van dié klas wat daarna verkry word, ‘n

aankondiging gedoen sal word; en

• die maatskappy slegs een agent aanstel om enige

terugkoop/terugkope namens hom te doen.”

Die rede vir hierdie spesiale besluit is om aan die

maatskappy ‘n algemene toestemming te verleen sodat

hy/sy eie aandele kan bekom. Die algemene toestemming

sal geldig wees tot die vroegste van die volgende algemene

vergadering van die maatskappy en die verandering of

herroeping deur ‘n spesiale besluit op enige latere algemene

vergadering van die maatskappy, met die voorbehoud dat

dit nie later as 15 (vyftien) maande na die datum van hierdie

algemene vergadering is nie.

9 SPESIALE BESLUIT 2

“Dat die bewoording van die Artikels 44.1, 111, 112 en 113

van die maatskappy se Statute in totaliteit geskrap word en

met die volgende bewoording vervang word:

44.1 Onderhewig aan die voorsienings van die

Maatskappywet 61, van 1973, soos gewysig, sal ‘n

volmag skriftelik wees, of ingesluit per elektroniese

media, sonder voorbehoud, elektroniese aanlynstem,

elektroniese pos of faksimilee, deur die hand van die

persoon wat sodanige aanstelling doen of sy/haar

agent, wat ten volle bemagtig is.

111 Kennisgewings sal deur die maatskappy op elke

lid persoonlik bestel word of per pos gestuur word

in ‘n voorafbetaalde brief, koevert of verpakking

geaddresseer aan sodanige lid by sy/haar

geregistreerde adres of gestuur deur elektroniese pos

of faksimilee na sodanige geregistreerde adres.

112 Enige lid mag die maatskappy skriftelik in kennis stel

van ‘n adres, elektroniese posadres of faksimilee-

nommer. Sodanige adres sal geag sy/haar

geregistreerde plek of adres te wees en indien hy/sy

versuim om kennis te gee van sodanige adres, sal

hy/sy geag te wees sy/haar reg om kennisgewings te

ontvang, prys te gee.

113 Enige kennisgewings wat deur die maatskappy per pos

gestuur word, sal geag bedien te wees op die dag wat

die brief, koevert of verpakking wat die kennisgewing

bevat gepos is en deur hierdie diens te lewer, sal dit

genoegsame bewys wees indien die brief, koevert

of verpakking wat die kennisgewing bevat behoorlik

geaddresseer en gepos is. Enige kennisgewing wat

deur die maatskappy gestuur is deur elektroniese

kommunikasie of publikasie op ‘n webblad sal geag

bedien te wees op die dag nadat dit gestuur is. Bewys

dat die kennisgewing ingesluit is in ‘n elektroniese

kommunikasie uitgestuur ingevolge die riglyne van tyd

tot tyd vasgestel deur die direksie, sal behoorlike bewys

wees dat die kennisgewing bedien is.”

Die effek van hierdie resolusie is om die aandeelhouers die

geleentheid te bied om die maatskappy se kennisgewings

en kommunikasie elektronies te ontvang, indien hulle dit so

verkies asook om elektroniese stemming toe te laat in die

toekoms.

AFGRI Beperk Jaarverslag 2007 bladsy 105

Kennisgewing van algemene jaarvergadering (vervolg)

bladsy 106

Die JSE Noteringsvereistes vereis die volgende

openbaarmakings, waarvan sommige reeds elders in

hierdie jaarverslag getoon word, en waarvan hierdie

kennisgewingsvorm, soos hieronder uiteengesit, deel

vorm:

Direkteure en bestuur

Hoofaandeelhouers van die

bladsye 10 en 18

maatskappy bladsy 103

Direkteursbelange in sekuriteite

Aandelekapitaal van die

bladsye 42, 46 en 47

maatskappy bladsye 77 en 101

Litigasieverklaring

Ingevolge afdeling 11.26 van die Noteringsvereistes van

die JSE, is die Direkteure, wie se name op bladsy 10

van die jaarverslag, waarvan hierdie kennisgewing deel

uitmaak, verskyn, nie bewus van enige geregtelike stappe

of arbitrasieverrrigtinge, insluitend verrigtinge wat hangend

of dreigend is, wat ‘n wesenlike uitwerking op die Groep se

fi nansiële posisie kan hê of in die onlangse verlede, synde

minstens die afgelope 12 maande, gehad het nie.

Verklaring van direkteursverantwoordelikheid

Die Direkteure, wie se name op bladsy 10 van die

jaarverslag verskyn, aanvaar gesamentlik en afsonderlik

volle verantwoordelikheid vir die juistheid van die inligting

wat op hierdie besluit betrekking het en sertifi seer dat, na

hulle beste wete en oortuiging, daar geen feite bestaan wat

weggelaat is waarvan die weglating enige verklaring vals of

misleidend sou maak nie en dat alle redelike navrae gedoen

is om sodanige feite te bevestig en dat hierdie besluit alle

inligting bevat soos vereis word deur die Wet en die JSE

Noteringsvereistes.

Wesenlike verandering

Behalwe vir die feite en ontwikkelings waaroor in die jaarverslag

verslag gedoen word, was daar geen veranderings in die

bedryfs- of fi nansiële posisie van die maatskappy en sy fi liale

sedert die datum van ondertekening van die ouditverslag en die

datum van heirdie kennisgewing nie.

Die rede vir en uitwerking van hierdie spesiale besluit is om

‘n algemene magtiging aan die Maatskappy te verleen

om sy eie aandele te verkry, welke magtiging tot die

volgende algemene jaarvergadering van die Maatskappy

of die verandering of herroeping van sodanige algemene

magtiging deur spesiale besluit deur enige latere algemene

vergadering van die Maatskappy, wat ook al die vroegste

plaasvind, geld, met dien verstande dat dit nie langer

as 15 maande vanaf die datum van hierdie algemene

vergadering uitgestel word nie.

AFGRI Beperk Jaarverslag 2007

10 Om enige sodanige ander aangeleenthede af te handel wat

by ‘n Algemene Jaarvergadering afgehandel mag word.

“Aandeelhouers wat nie hulle aandele gedematerialiseer

het nie of wat hulle aandele met “eie naam”-registrasie

gedematerialiseer het, is geregtig om die vergadering by te

woon en daarop te stem en is geregtig om ‘n gevolmagtigde

of gevolmagtigdes aan te stel om dit by te woon, daarop te

praat en in hulle plek te stem. Die persoon wat so aangestel

word, hoef nie ‘n aandeelhouer te wees nie. Volmagvorms

moet ingedien word by Computershare Investor Services

2004 (Pty) Ltd, Marshallstraat 70, Johannesburg 2001,

Posbus 61051, Marshalltown, 2107, om hulle teen nie later

nie as om 10:00 op Vrydag, 22 Junie 2007, te bereik.

Volmagvorms moet slegs ingevul word deur aandeelhouers

wat nie hulle aandele gedematerialiseer het nie of wat hulle

aandele met “eie naam”-registrasie gedematerialiseer het.

By die opsteking van hande het elke aandeelhouer van die

Maatskappy wat persoonlik teenwoordig is, of by wyse van

volmag verteenwoordig word, slegs een stem. By ‘n stemming

met stembriefi es, het elke aandeelhouer van die Maatskappy

een stem vir elke aandeel wat sodanige aandeelhouer in die

Maatskappy hou.

Aandeelhouers wat hulle aandele gedematerialiseer het,

behalwe dié aandeelhouers wat hulle aandele met “eie

naam”-registrasie gedematerialiseer het, moet met hulle SSBD

of makelaar in verbinding tree op dié wyse en tydstip wat in

hulle ooreenkoms bepaal word:

• Om hulle stemopdragte aan hulle te verstrek; en

• Indien hulle die vergadering wil bywoon, om die nodige

magtiging te verkry om dit te doen.”

Op las van die Direksie van die maatskappy.

SL REYNOLDS (Me)

Groep Maatskappysekretaris

JOHANNESBURG

15 Mei 2007

Registrasienommer1995/004030/06

ISIN-kode ZAE 000040549

Aandeelkode AFR (“die maatskappy”)

AFGRI Beperk Jaarverslag 2007

Volmagvorm

Slegs vir gebruik deur aandeelhouers wat nie hulle aandele gedematerialiseer het nie of aandeelhouers wat hulle aandele met

“eie naam”- registrasie gedematerialiseer het. Alle ander aandeelhouers met gedematerialiseerde aandele moet met hulle SSBD of

makelaar in verbinding tree om die toepaslike reëlings met betrekking tot stemming en/of bywoning op die vergadering te tref.

Ek/Ons (drukskrif)

(Naam van aandeelhouer)

van (adres)

synde ‘n lid/lede van die Maatskappy, wat aantal aandele besit, stel hiermee

(naam van gevolmagtigde)

van (adres)

of by ontstentenis van hom, die Voorsitter van die vergadering as my/ons gevolmagtigde aan om my/ons op die Algemene Jaarvergadering van

die Maatskappy wat op Dinsdag , 26 Junie 2007 te AFGRI, Blok B2, Knightsbridge Manor, Sloanestraat 33, Bryanston, Sandton, om 10:00

gehou staan te word, of enige verdagings daarvan, te verteenwoordig, daarop te praat, en soos volg daarop te stem:

1 Om die fi nansiële jaarstate vir die jaar geëindig 28 Februarie 2007 aan te neem en goed te keur.

2 Om die betaling van die interim kontantdividend van 10,15 sent per aandeel te bevestig.

3 Om die betaling van die fi nale kontantdividend of 19,85 sent per aandeel te bevestig.

4 Om, deur middel van ‘n enkelbesluit, die onderstaande direkteure wat ingevolge die

maatskappy se Statute uittree, maar hulleself weer herverkiesbaar stel, her aan te stel:

4.1 DD de Beer

4.2 JPR Mbau

4.3 MM Moloele

4.4 KL Thoka

5 Om die vergoeding betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure goed te keur.

6 Om PricewaterhouseCoopers Ing as ouditeure her aan te stel.

7 Om die gewone besluit wat die onuitgereikte aandelekapitaal, vir aansporingskema-

doeleindes, onder beheer van die direkteure plaas, aan te neem en goed te keur.

8 Om spesiale besluit nr. 1 vir die algemene magtiging vir die terugkoop van aandele, te

magtig en goed te keur.

9 Om spesiale besluit nr. 2 om die Statute te verander, te magtig en goed te keur.

Ten gunste

van besluit

Dui asseblief by wyse van ‘n kruisie in die toepaslike spasie aan hoe daar namens u gestem moet word.

Teen

besluit

Buite

stemming

Geteken te op 2007

Handtekening

Aantekeninge by die volmagvorm

1 ‘n Aandeelhouer wat geregtig is om die Algemene

Jaarvergadering by te woon en daarop te stem, is geregtig

om een of meer gevolmagtigdes aan te stel om dit by

te woon, daarop te praat en in sy/haar plek te stem.

‘n Gevolmagtigde hoef nie ‘n aandeelhouer van die

maatskappy te wees nie.

2 Elke aandeelhouer wat persoonlik of by volmag teenwoordig

is en geregtig is om op die Algemene Jaarvergadering

van die maatskappy te stem, het by handopsteking slegs

een stem, ongeag die aantal aandele wat sodanige

aandeelhouer hou, maar in geval van ‘n stemming met

stembriefi es het elke gewone aandeel in die maatskappy een

stem.

3 Gedematerialiseerde aandeelhouers wat in hulle eie

name geregistreer is, is aandeelhouers wat Computershare

Custodial Services as hulle Sentralesekuriteitsbewaarplekdeelnemer

(SSBD) aangestel het met die uitdruklike opdrag

dat hulle aandele sonder sertifi kate in die elektroniese

subregister van aandeelhouers in hulle eie name geregistreer

moet word.

Instruksies vir die ondertekening en indiening van die

volmagvorm

1 ‘n Aandeelhouer mag die naam van ‘n gevolmagtigde of

die name van twee alternatiewe gevolmagtigdes van die

aandeelhouer se keuse invul in die ruimte/s wat voorsien

word, deur of sonder om “die Voorsitter van die Algemene

Jaarvergadering” te skrap, maar enige sodanige skrapping

moet deur die aandeelhouer geparafeer word. Indien dié

ruimte oopgelaat word, sal die Voorsitter van die Algemene

Jaarvergadering die volmag uitoefen. Die persoon wie

se naam eerste op die volmagvorm staan en wat op die

Algemene Jaarvergadering teenwoordig is, sal geregtig

wees om as gevolmagtigde op te tree met uitsluiting van

diegene wie se name volg.

2 ‘n Aandeelhouer se stemopdragte aan die gevolmagtigde

moet aangedui word deur die getal stemme wat deur die

aandeelhouer uitgeoefen kan word, in te voeg in die gepaste

ruimtes wat voorsien word. Versuim om dit te doen word

geag die gevolmagtigde te magtig om op die Algemene

Jaarvergadering na goeddunke te stem of buite stemming

te bly ten opsigte van al die aandeelhouer se stemme wat

uitgeoefen kan word.

AFGRI Beperk Jaarverslag 2007

‘n Aandeelhouer of sy/haar gevolmagtigde is nie verplig om

al die stemme wat deur sy/haar gevolmagtigde uitgeoefen

kan word, te gebruik nie, maar die totale getal stemme wat

uitgebring word en ten opsigte waarvan daar buite stemming

gebly word, mag nie die totale getal stemme wat deur die

aandeelhouer of deur sy/haar gevolmagtigde uitgeoefen

kan word, oorskry nie.

3 ‘n Minderjarige moet deur sy/haar ouer of voog bygestaan

word tensy die toepaslike dokumente ter stawing van

sy/haar regsbevoegdheid voorgelê word of reeds deur die

oordragsekretaris opgeteken is.

4 Om geldig te wees, moet volmagvorms by die

oordragsekretaris van die Maatskappy by Computershare

Investor Services 2004 (Pty) Ltd, Marshallstraat 70,

Johannesburg 2001, Posbus 61051, Marshalltown 2107,

ingedien word om hom teen nie later nie as om 10:00 op

Vrydag, 22 Junie 2007, te bereik.

5 Dokumentêre bewys ter stawing van die magtinging van ‘n

persoon wat hierdie volmagvorm in ‘n verteenwoordigende

hoedanigheid onderteken, moet by hierdie volmagvorm

aangeheg word tensy dit reeds deur die oordragsekretaris

opgeteken is of die Voorsitter van die Algemene

Jaarvergadering daarvan afsien.

6 Die invul en indiening van hierdie volmagvorm sal nie

die betrokke aandeelhouer daarvan weerhou om die

Algemene Jaarvergadering by te woon en daarop te praat

en persoonlik daarop te stem met uitsluiting van enige

gevolmagtigde wat ingevolge hierdie volmagvorm aangestel

word, indien sodanige aandeelhouer dit wil doen nie.

7 Die invul van enige oop ruimtes hoef nie geparafeer te

word nie. Enige veranderings of verbeterings aan hierdie

volmagvorm moet deur die ondertekenaar(s) geparafeer

word.

8 Die Voorsitter van die Algemene Jaarvergadering mag enige

volmagvorm wat anders as in ooreenstemming met hierdie

opdragte ingevul word, van die hand wys of aanvaar, mits hy

hom vergewis het van die wyse waarop ‘n aandeelhouer wil

stem.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!