03.05.2013 Views

LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 1 GRAAD 12 JUNIE 2010 TYD : 2½ UUR ...

LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 1 GRAAD 12 JUNIE 2010 TYD : 2½ UUR ...

LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 1 GRAAD 12 JUNIE 2010 TYD : 2½ UUR ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 1

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

LEWENSWETENSKAPPE

VRAESTEL 1

GRAAD 12

JUNIE 2010

TYD : 2½ UUR

TOTAAL: 150

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 2

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

INSTRUKSIES EN INLIGTING:

Lees die instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1. Beantwoord ALLE vrae.

2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer.

3. Begin die antwoord van ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy.

4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is.

5. Jou antwoorde moet volgens die instruksies by elke vraag aangebied word.

6. Alle tekeninge moet met ‘n potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart ink.

7. Nie al die diagramme in hierdie vraestel is volgens skaal geteken nie.

8. Grafiekpapier mag NIE gebruik word nie.

9. Nie-programmeerbare sakrekenaars, gradeboë en passers mag gebruik word.

10. Skryf netjies en leesbaar.

Blaai om asseblief

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 3

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Kies die

korrekte antwoord en skryf SLEGS die letter (A - D) langs die vraagnommer in die

ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.7 D.

1.1.1 Watter van die volgende verteenwoordig die korrekte volgorde van die dele waardeur die

spermatosoë beweeg?

A. Testis → vas deferens → epididimis → ureter

B. Vas deferens → seminale vesikels → ureter

C. Testis → epididimis → vas deferens → uretra

D. Vas deferens → prostaatklier → uretra

1.1.2 Die volgende gebeure vind tydens geslagtelike voortplanting in angiosperme plaas:

(i) Diploiede sigoot ontwikkel deur mitose in ‘n embrio.

(ii) Helmknoppe bars oop.

(iii) Stuifmeelbuis dring die mikropilum binne.

(iv) Selkern van die manlike gameet versmelt met die selkern van die eiersel.

Die korrekte volgorde waarin die gebeure hierbo plaasvind, is…

A. (iii), (i), (ii) en (iv)

B. (ii), (iii), (iv) en (i)

C. (ii), (iv), (i) en (iii)

D. (ii), (iii), (i) en (iv)

1.1.3 Die belangrikste resultaat van meiose is die ……

A. produksie van 2n selle.

B. verdubbeling van die chromatied getal in elke sel.

C. produksie van haploïede gamete.

D. behoud van ‘n diploïede chromosoomgetal in gamete.

1.1.4 Twee komplementêre basisse in ‘n DNA-molekuul word …… in posisie gehou.

A. deur sterk stikstofbindings

B. deur swak stikstofbindings

C. omdat hulle om mekaar gerol is

D. deur swak waterstofbindings

Blaai om asseblief

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 4

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

1.1.5 Watter van die volgende stellings is kenmerkend van DNA?

(i) Dubbelbandheliks

(ii) Suiker is deoksiribose

(iii) Kom in die nukleus voor

(vi) Konstante hoeveelheid normaalweg gevind in al die somatiese selle van ‘n

spesifieke spesie.

A. Slegs (i), (ii), en (iii)

B. Slegs (i), (ii), en (iv)

C. Slegs (ii), (iii) en (iv)

D. (i), (ii), (iii) en (iv).

1.1.6 Replisering van DNA vind blykbaar plaas tydens:

A. interfase

B. oorkruising

C. profase

D. metafase

(6x2) (12)

1.2 Skryf die korrekte biologiese TERM vir elk van die volgende beskrywings neer. Skryf slegs

die term langs die toepaslike nommer op die antwoordblad neer.

1.2.1 Die proses waartydens ‘n klein hoeveelheid amniotiese vloeistof wat fetusselle bevat,

onttrek word en vir genetiese afwykings ondersoek word.

1.2.2 Die oorblyfsel van die Graafse follikel, na ovulasie, in die ovarium.

1.2.3 Alternatiewe vorms van ‘n geen.

1.2.4 Veranderinge in die struktuur van DNA wat nadelig of voordelig kan wees.

1.2.5 ‘n Genetiese sindroom waarin die persoon die vermoë kortkom om die pigment, melanien,

voort te bring.

1.2.6 Breekpunte op chromatiede waar oorkruising plaasvind.

1.2.7 ‘n Bloedstollingskwaal wat hoofsaaklik by die manlike individue voorkom, wat met ‘n

resessiewe geen op die X-chromosoom verbind word.

1.2.8 Verdeling van sitoplasma wat plaasvind nadat ‘n selkern verdeel het.

Blaai om asseblief

(8)

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 5

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

1.3 Kies ‘n item uit Kolom B om by die beskrywing in Kolom A te pas. Skryf slegs die

letter A – H langs die vraagnommer (1.3.1 -1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,

bv 1.3.6 J.

KOLOM A KOLOM B

1.3.1 Die struktuur waarin die vrugbeginsel van ‘n

angiosperm na bevrugting ontwikkel.

1.3.2 ‘n Volledige stel chromosome met al die gene

van ‘n organisme.

1.3.3 Rooi blomplante wat met wit blomplante

gekruis word en pienk blomplante produseer.

1.3.4 ‘n Alleel wat homself openbaar wanneer dit in ‘n

heterosigotiese toestand is.

1.3.5 Twee chromosome in dieselfde sel met gene vir

dieselfde kenmerk in ooreenstemmende

posisies.

A. dihibried

B. resessief

C. homoloog

D. dominant

E. vrug

F. onvolledige dominansie

G. genoom

H. saad

1.4 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Manlike voortplantingstelsel

van die mens

(5 x 1) (5)

1.4.1 Gee byskrifte vir A en B. (2)

1.4.2 Noem EEN funksie elk van B en C. (2)

1.4.3 Wat word die strukture genoem wat tydens die delingsproses in C geproduseer

word. (1)

Blaai om asseblief

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 6

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

1.4.4 Maak ‘n netjiese tekening met byskrifte van een van die strukture wat in VRAAG 1.4.3

genoem is. (5)

1.4.5 Tydens ‘n vasektomie word deel A chirurgies gesny.

(a) Verduidelik hoe hierdie prosedure as ‘n metode van geboortebeperking

sal dien. (2)

(b) Sal dit moontlik wees vir ‘n man wat MIV-positief is om die MI-virus na ‘n ander

persoon oor te dra nadat hy ‘n vasektomie ondergaan het? (1)

(13)

1.5 Bestudeer die stamboom hieronder wat die oorerwing van die tipe pinkie oor vier

generasies van ‘n familie toon.

E

SLEUTEL:

Man met reguit pinkie

Man met krom pinkie

Vrou met reguit pinkie

Vrou met krom pinkie

A B

F G

C D

Stamboom wat oorerwing van tipe pinkie toon

1.5.1 Hoeveel lede van die familie het reguit pinkies? (1)

1.5.2 Is persoon F homosigoties of heterosigoties vir die tipe pinkie? (1)

1.5.3 Watter tipe pinkie word deur ‘n dominante geen beheer? (1)

1.5.4 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 1.5.3. (2)

1.5.5 Persone F en G is ‘n tweeling. Is hulle uit ‘n enkele bevrugte eiersel gevorm? (1)

1.5.6 Gee TWEE redes gebaseer op die fenotipe om jou antwoord op VRAAG 1.5.5

te ondersteun. (2)

(8)

Blaai om asseblief

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 7

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

1.6 Die grafiek hieronder dui die persentasie vroue in Suid Afrika en Europese lande aan wat

mediese hulp verkry tydens verskillende stadiums van borskanker.

Persentasie vroue in verskillende stadiums van borskanker

1.6.1 As borskanker ontdek en behandel word wanneer dit nog in stadiums 1 en 2 is,

is die kans op oorlewing 90%.

(a) Ongeveer 4 000 vroue per jaar kry borskanker in Suid-Afrika.

Gebruik die inligting op die grafiek en bereken die totale aantal vroue

wat mediese hulp verkry tydens die eerste twee stadiums van borskanker.

Toon al jou berekeninge. (3)

(b) In watter land/e is die persentasie vroue wat mediese hulp verkry die hoogste

tydens stadiums 3 en 4? (1)

Blaai om asseblief

(4)

TOTAAL AFDELING A : [50]

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 8

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Bestudeer onderstaande diagrammatiese voorstelling van die rol van DNA en RNA

tydens proteïensintese en beantwoord die vrae wat volg:

7 Z

6

4 5

2.1.1 Identifiseer die selorganelle wat onderskeidelik deur X en Y voorgestel word. (2)

2.1.2 Identifiseer die molekule wat 1, 2 en 3 genommer is. (3)

2.1.3 Gee byskrifte vir dele 4 en 5. (2)

2.1.4 Wat is die naam van die proses waartydens die molekuul wat 2 genommer is,

gevorm word? (1)

2.1.5 Skryf die basisvolgorde neer wat deur deel genommer 6 voorgestel word. (1)

2.1.6 Skryf die basisvolgorde neer (van bo na onder) wat deur deel genommer 7

voorgestel word. (1)

2.1.7 Noem en beskryf die gedeelte van proteïensintese wat by organel Y plaasvind. (5)

2.1.8 Indien guanien, wat in die 2de basisdrietal by Z voorkom, verwyder word,

verduidelik hoe dit die struktuur van die proteïen sal beinvloed? (2)

(17)

Blaai om asseblief

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 9

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

2.2 ‘n Groep Graad 12-leerders het ‘n opname in verband met geneties gemodifiseerde(GM)

voedsel gemaak.

Hulle het die volgende twee vrae in hulle opname gebruik:

1. Is GM voedsel beter as normale voedsel?

2. Is jy bewus van enige gevare as jy GM voedsel gebruik?

Die resultate van die opname word in die onderstaande staafgrafiek voorgestel. Bestudeer

die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

Aantal leerders

Resultate van die opname oor geneties gemodifiseerde voedsel

40

30

20

10

0

Sleutel:

Vraag 1 Vraag 2

Het ja geantwoord

Het nee geantwoord

Vrae gevra

2.2.1 Hoeveel mense het aan die opname deelgeneem? (1)

2.2.2 Teken ‘n tabel om die resultate van die opname aan te toon. (5)

2.2.3 Stel EEN manier voor waarop die leerders seker kan maak dat die resultate van die

opname betroubaar is. (1)

Blaai om asseblief

(7)

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 10

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

2.3 Die diagram hieronder wys die nukleus van ‘n diersel aan tydens ‘n fase van meiose.

2.3.1 Gee byskrifte vir strukture A, B en C. (3)

2.3.2 Noem die fase van meiose wat in die diagram hierbo voorgestel word. (1)

2.3.3 Hoeveel chromosome sal in elke sel aan die einde van die meiotiese verdeling

teenwoordig wees? (1)

2.3.4 Noem EEN belangrikheid van die proses voorgestel deur D. (1)

Blaai om asseblief

(6)

[30]

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 11

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

VRAAG 3

3.1 By die Klimop- plant, Hedera sp, is die alleel vir groen blare dominant oor die alleel vir

gevlekte blare. ‘n Plant wat heterosigoties is vir groen blare , word gekruis met een met

gevlekte blare.

3.1.1 Toon met behulp van diagramme ‘n genetiese kruising tussen ‘n plant wat heterosigoties

vir groen blaarkleur is met ‘n plant met gevlekte blare. Maak gebruik van die simbole G en g

om die allele vir blaarkleur te verteenwoordig.

Toon die moontlike genotipes en fenotipes van die nageslag aan. (6)

3.1.2 Watter persentasie van die F1- generasie sal gevlekte blare hê? (1)

3.1.3 Die plant heterosigoties vir groen blare word selfbestuif en daar kom 64 plantjies op.

(a) Gebruik SLEGS ‘n Punnett- diagram om die genotipes van die F2- generasie

aan te toon. (2)

(b) Hoeveel plantjies sal gevlekte blare hê? (1)

(c) Hoeveel plantjies sal heterosigoties wees vir groen blare? (1)

(d) Hoeveel plantjies sal homosigote wees? (1)

(e) Uit hierdie generasie is 2 plantjies gekruis en 100% van die nakomelinge

het gevlekte blare gehad. Skryf die genotipes van die ouerplante neer. (2)

(14)

Blaai om asseblief

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 12

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

3.2 ‘n Kariotipe word geproduseer deur ‘n monster van selle op ‘n skyfie te plaas, dit te kleur en

dan onder die mikroskoop te ondersoek. ‘n Foto word geneem, en die chromosome word

uitgesny en afgepaar.

Die volgende figuur toon die kariotipes van twee persone wat ‘n tweeling is aan.

Beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.

DIAGRAM A

3.2.1 Is daar enige abnormaliteite in die chromosome? (1)

3.2.2 Gee ‘n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.1 (2)

3.2.3 Die tweeling kon ontstaan het uit ‘n normale sigoot wat gedurende sy vroeë

ontwikkeling in twee verdeel het. Is dit ‘n geldige gevolgtrekking? (1)

3.2.4 Gee ‘n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.3. (2)

3.2.5 Indien die tweeling ‘n chromosomale afwyking, bekend as Down- sindroom gehad

het, sou die inligting in die kariotipe verskil het? (1)

3.2.6 Gee ‘n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.5. (2)

(9)

Blaai om asseblief

DIAGRAM B

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 13

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

3.3 Die diagram hieronder toon die stappe van ‘n eksperiment aan waarin ‘n groot getal

geneties identiese paddas uit onbevrugte padda-eiers ontwikkel is. Die selkern van elke

onbevrugte eiersel is vernietig en vervang met ‘n selkern wat van ‘n liggaamsel van padda

X verkry is.

3.3.1 Die diploiede aantal chromosome in die paddas hierbo is 26.

Hoeveel chromosome is in die selkern van die volgende selle teenwoordig?

(b) Sel A (1)

(c) Sel B (1)

3.3.2 Noem die metode waarop ‘n genetiese identiese nageslag ontwikkel word, soos in

die diagram getoon. (1)

3.3.3 Gee EEN rede waarom sommige mense:

(a) Ten gunste van die proses wat in die diagram getoon is, sal wees. (2)

(b) Teen die proses wat in die diagram getoon is, gekant kan wees. (2)

(7)

[30]

Blaai om asseblief

AFDELING B : [60]

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 14

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

AFDELING C

VRAAG 4

4.1 Die grafiek toon die benaderde konsentrasie progesteroon en estrogeen in die bloed van ‘n

volwasse vrou en die dikte van die endometrium oor ‘n 28-dag-tydperk. Gebruik die grafiek

om die volgende vrae te beantwoord.

Hormonale regulering van die vroulike voortplantingsiklus

4.1.1 Gee uit die grafiek die oorsaak van die maandelikse bloeding bekend as

menstruasie. (2)

4.1.2 ‘n Ander hormoon, wat nie hier genoem word nie, veroorsaak ‘n skielike styging

in die bloedestrogeenvlak by punt 1 teen ongeveer dag 6.

Gee die naam van die hormoon. (1)

4.1.3 Watter klier in die menslike liggaam stel die hormoon genoem in VRAAG 4.1.2 vry? (1)

4.1.4 Watter veranderinge kom in die ovarium voor op dieselfde tyd as die daling in

estrogeen by punt 2 op die grafiek? (1)

4.1.5 Hoekom begin die vlak van bloedprogesteroon skerp styg na punt 2 op die grafiek? (2)

4.1.6 Op watter dae , volgens die grafiek, kan bevrugting plaasvind? (1)

4.1.7 Beskryf die rol van LH in die vroulike geslagsiklus. (2)

4.1.8 Verduidelik hoekom , as die corpus luteum sou aanhou groei het na bevrugting,

geen nuwe follikels geproduseer sou word nie. (2)

Blaai om asseblief

(12)

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 15

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

4.2 Bestudeer onderstaande tabel wat die groei van die menslike fetus aantoon, en beantwoord

die vrae wat volg:

Maand na bevrugting 1 2 3 4 5 6 7 8 9

Lengte van fetus (cm) 0,5 4 7,5 15 25 30 35 40 51

4.2.1 Teken ‘n lyngrafiek om die groei van die fetus na elke maand van bevrugting

aan te toon. (11)

4.2.2 Tussen watter 2 maande het groei verdubbel? (1)

4.2.3 Maak EEN gevolgtrekking uit die resultate wat in die grafiek getoon is. (1)

4.3 Die uittreksel hieronder is gebaseer op ‘n aantal kwessies rakende tegnologie in

reproduksie.

Ultraklank

“As hierdie praktyk tipies is vir die grootste deel van die afgelope twee

dekades sedert toegang tot ultraklank algemeen geraak het, is ‘n syfer van 10

miljoen verlore manlike geboortes nie onredelik nie. Vroue wat reeds een of

twee dogtertjies het, is klaarblylik die kwesbaarste”

Amniosintese kan tussen die 14de en 16de week van swangerskap, bepaal of

die ontwikkelende fetus enige abnormaliteite van die chromosome het. Die

dokter steek ‘n naald in die uterus en onttrek amniotiese vloeistof. Toetse

word op die fetusselle gedoen om vas te stel of daar enige probleme met die

fetus is.

Stamselle in die menslike liggaam kan feitlik tot enige tipe gespesialiseerde

sel differensieer. Nuwe stamselle kan gespesialiseerde somatiese selle, soos

selle van die vel, spiere, senuwees, ensovoorts vorm. Stamselle word veral

verkry van geaborteerde fetusse of uit die naelstring van die pasgebore baba.

Hierdie stamselle kan bewaar word vir latere gebruik, bv. die behandeling van

siektes.

Skryf ‘n mini-opstel wat TWEE redes verduidelik waarom mense moontlik die gebruik van

die DRIE prosedures, soos hierbo beskryf, sal ondersteun, asook TWEE redes waarom

mense teen die gebruik van die prosedures gekant sal wees.

Inhoud (12)

Sintese (3)

LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme of

diagramme nie.

(15)

TOTAAL: AFDELING C: [40]

GROOTTOTAAL: 150

(13)

Lewenswetenskappe Junie 2010 Eksamen V1 16

Set by Mrs Fledermaus (Scottsville High) and Mr Harrison (WC Sport School)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!