03.05.2013 Views

Die sielkunde van motivering - CUM Books

Die sielkunde van motivering - CUM Books

Die sielkunde van motivering - CUM Books

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die sterkste wapen op aarde is ’n vurige siel.

– Ferdinand Foch

H O O F S T U K E E N

Die sielkunde van motivering

Het jy al ooit gewonder oor die manier waarop sekere men -

se ander motiveer? Dis asof hulle weet hoe om ’n ekstra

bie tjie inspanning uit hulle navolgers te put. Ons almal

ken sulke mense – sommige is onderwysers of maatskappyhoofde,

ander is sportafrigters of ma’s. Dis asof hulle oor ’n

sekere aanleg beskik om mense te inspireer; hierdie aanleg

het niks met voorkoms of uitsonderlike intelligensie te

doen nie. En hierdie merkwaardige vaardigheid in die motiverings

kuns maak hulle hoogs suksesvol in amper alles

wat hulle doen.

Aan die ander kant is daar mense wat die slegste in ons

na vore bring. Wanneer ons by sekere persone is, voel ons

lomp en onbekwaam en is dit asof ons onverklaarbaar negatief

optree. Hulle motiveringspraatjies word op die ou

end preke, en alhoewel hulle ons wil inspireer, intimideer

hulle ons eintlik.

13

Ontdek die geheim om mense te motiveer

Die bronne van inspirasie

Deur my werk as ’n psigoterapeut het ek die geleentheid

gehad om hierdie uitwerkings wat ons op mekaar het, waar

te neem en die bronne van inspirasie te bestudeer. Wanneer

ek mense ontmoet wat uitblinkers is, sal ek dikwels vra:

“Wat het jou gemotiveer? Wie het jou op die regte spoor

geplaas, en hoe het hulle dit gedoen?” Deur die insameling

van hierdie inligting en deur die biografi eë van groot leiers

te lees, het ek agtergekom dat motivering – of dit nou in

die sakewêreld, in die politiek of in ’n gesin is – uit ’n paar

baie kragtige beginsels bestaan.

Dit blyk dat ’n afrigter soos Bear Bryant, ’n sakeman soos

Lee Iacocca en ’n geestelike leier soos moeder Teresa baie

van dieselfde hulpmiddels gebruik het om hulle mense te

motiveer, en dat hulle groepe op baie ooreenstemmende,

voorspelbare maniere reageer het. In die volgende hoofstukke

gaan ons na die verhale van dosyne suksesvolle

leiers kyk en die metodes wat hulle gebruik het om mense

tot bui tengewone ywer te inspireer. Ek gaan jou wys hoe jy

hierdie metodes in jou daaglikse verhoudings kan toepas.

Die twaalf riglyne in hierdie boek is heel eenvoudig, en

enigiemand wat ’n groot genoeg begeerte het om ander te

inspireer kan dit volg. Daarmee sê ek nie dat dit máklike

vaardighede is nie – om ons ver houdingsgewoontes te

ver ander kan baie moeilik wees, en om die kuns van motive

ring te bemeester verg heelwat harde werk. Maar met

genoeg volharding kan enigiemand ’n kenner op hierdie

terrein word. Motiveerders word nie gebore nie – hulle

word gemaak. En hulle word amper altyd selfgemaak.

14

Die sielkunde van motivering

Die krag van die motiveerder

Een verkeerde idee rondom hierdie onderwerp wat onmiddellik

hanteer moet word, is die gedagte dat nie mand

deur enigiemand anders gemotiveer kan word nie en dat

alle motivering van binne af moet kom. Maar dink aan die

tye toe jy jou beste gelewer het. Was dit nie grotendeels

danksy die invloed van een of ander inspirerende persoon

nie? Miskien was dit ’n onderwyser wat geweet het hoe om

iets ekstra uit jou te haal en jou so opgewonde oor ’n projek

gemaak het dat jy amper heelnag sit en lees het, of ’n baas

wat die werk pret gemaak het en geweet het hoe om ’n

span saam te stel waarin mense bo hulle gewone vermoëns

presteer het. Wellington het glo gesê wanneer Napoleon op

die veld was, was dit soos om teen ’n bykomende 40 000

man te veg. Feit is, die regte leier kan ’n baie motiverende

invloed op ons hê.

Toe Hitler in Junie 1940 Frankryk ingeneem het, het dit

gelyk of die hele Europa vir die tweede keer in 25 jaar in

duisternis gedompel is. Duitsland het onmiddellik begin

met voorbereidings om Brittanje in te val, en die vooruitsigte

van ’n suksesvolle verdediging was baie skraal. Die

Sowjetunie het hom eenkant gehou en die Verenigde State

was nog glad nie gereed om tot die oorlog toe te tree nie,

en die meeste militêre kenners het voorspel dat Engeland,

onderbewapen en onvoorbereid, binne weke in ge neem sou

word. Maar die kenners het daardie voor spel lings ge maak

sonder inagneming van ’n 65-jarige poli tikus wat ná ’n wis -

selvallige en frustrerende loopbaan uit ein delik op 10 Mei as

eerste minister aangewys is. Die sewe oor bly wen de maan -

de van 1940 staan sentraal in die moderne ge skie de nis.

Enge land – en miskien die hele Westerse wê reld – is sy be-

15

Ontdek die geheim om mense te motiveer

staan te danke aan Winston Churchill se vermoë om ’n ont -

moedigde en verskrikte nasie in daardie maande van hoop

te voorsien.

As iemand die waarde van ’n motiveerder wil besef,

hoef hy net aan die Britse gesinne te dink wat in hulle

woonkamers rondom die radio vergader het om na Churchill

te luister:

Die Slag van Frankryk is iets van die verlede, en ek is oortuig dat

die Slag van Brittanje nou gaan begin. Die oorlewing van die

Christelike beskawing berus op hierdie stryd. Al die woede en

mag van die vyand gaan binnekort op ons gerig word. Hitler weet

dat hy ons op hierdie eiland moet breek as hy nie die oorlog wil

verloor nie ...

Kom ons doen wat ons moet doen en gedra ons op só ’n

manier dat, indien die Britse Ryk en sy Statebond vir duisend

jaar sal voortbestaan, daar steeds gesê sal word: “Dit was hulle

grootste uur.”

As ons terugdink aan Engeland se dapper optrede teen

Hitler, moet die meeste van ons saamstem dat dit inderdaad

Engeland se grootste uur was. Maar daardie dapperheid

sou sluimerend in die Britse volk gebly het as Churchill nie

daarin geslaag het om hulle wilskrag te mobiliseer nie.

Die smagting na inspirasie

Die geskiedenis toon dat daar in amper elke arena ’n vakuum

is wat gevul moet word deur iemand wat visie kan

gee en ander mense se energie in die regte rigting kan

stuur.

Sommige leiers aanvaar dat mense in wese lui is en nie

16

Die sielkunde van motivering

geïnspireer wil word nie. Hierdie aanname kan in ver koopsbestuurders

se stemme gehoor word wanneer hulle sê dat

dit onmoontlik is om onder hulle verkoopsagente vuur te

maak, of in ’n onderwyser se klagte: “Harry is een voudig

nie gemotiveerd nie.”

Volgens R.J. Wlodkowski, ’n professor in Opvoedkunde

aan die University of Wisconsin, bestaan daar egter nie iets

soos ’n ongemotiveerde mens nie. “Dit sou meer akkuraat

wees om te sê: ‘Harry is nie gemotiveerd wanneer hy saam

met my moet werk nie.’”

Want Harry sal drie-uur die oggend uit die bed spring

vir ’n visvanguitstappie en oorgenoeg motivering toon.

Om te sien hoe fabriekswerkers aan die einde van ’n skof

haastig huis toe ry, elimineer enige idee dat hulle inherent

lui is. Hulle is haastig om by die huis te kom, want hulle het

baie dinge wat hulle daar moet doen, waarvan sommige

waarskynlik meer uitputtend is as enigiets wat hulle by die

fabriek gedoen het.

Die leier se uitdaging is dus nie om lui mense te neem en

hulle in hardwerkende mense te verander nie. Dis eerder

om hulle reeds bestaande energie in die konstruktiefste

strewes te kanaliseer. Mense hou nie daarvan om lusteloos

en verveeld te wees nie. Hulle verwelkom die bestuurder

wat hulle leer hoe om hulle werk te geniet, of die onder wyser

wat ’n liefde vir leer by hulle kweek sodat die skooldag

vinnig verbygaan.

Hoe een ma haar kinders geïnspireer het

Die Lazy B Ranch bestaan uit 676 vierkante kilometer se

struik gewas op die grens tussen Nieu-Mexiko en Arizona

en is sedert 1881 in besit van die Day-fa mi lie. Met die ge-

17

Ontdek die geheim om mense te motiveer

boorte van Harry en Ada Mae Day se eerste kind moes

hulle meer as 300 kilometer vir die be valling na El Paso

reis, en Ada Mae het haar baba, San dra, huis toe gebring na

waar ’n moeilike lewe op haar ge wag het. Die viervertrekrousteenhuisie

het nie lopende water of elektrisiteit gehad

nie. Daar was nie ’n skool naby nie. ’n Mens sou dink

dat met sulke beperkte hulp middels Sandra nie juis ’n

intellektuele toekoms sou hê nie.

Maar Harry en Ada Mae was dromers wat nie toegelaat

het dat hulle deur hulle omgewing beperk word nie. Ná

sy pa se dood moes Harry noodgedwonge plaas toe kom

en kon hy nie aan Stanford gaan studeer nie. Hy het egter

nooit die hoop laat vaar dat sy dogter daar sou studeer nie.

En Ada Mae het op die stadskoerante en tydskrifte soos

Vogue en The New Yorker ingeteken. Toe Sandra vier was,

het haar ma met tuisonderrig begin en later toegesien dat

sy na die beste kosskole toe gestuur is. Sandra se broer,

Alan, onthou dat hulle ouers hulle een somer in die kar ge -

laai het en al die hoofstede wes van die Mississippi gaan besoek

het. “Ons het tot op die boonste verdieping van elke

ge bou geklim totdat ons uiteindelik moes huis toe kom,”

het hy gesê.

Sandra het by Stanford ingeskryf, regte stu deer en uiteindelik

die eerste vroulike regter aan die hoog geregshof

in Amerika geword. Op die dag van haar in hul diging was

die hele Day-gesin daar. Alan het haar dop gehou toe sy

haar toga aantrek en toe na haar sitplek tus sen die regters

loop. “Sy het omgekyk, die gesin gesien en ons oë het ontmoet,”

het Alan gesê. “Dis toe dat die trane gekom het.”

Wat maak dat ’n vrou soos Sandra Day O’Connor sul ke

hoogtes bereik? Intelligensie, natuurlik. En hope inner like

dryf krag. Maar baie van die erkenning gaan aan ’n vas berade

plaasvrou wat snags in haar rous teen huis vir haar kin -

18

Die sielkunde van motivering

ders gesit en lees het, en aan ouers wat saam met hulle kinders

tot op die boonste vloere van staatsgeboue klim.

Motivering is nie manipulering nie

Voordat ons verder gaan, moet ons dit duidelik maak

dat die onderwerp van hierdie boek nie manipulasie is

nie. In die afgelope jare was daar ’n magdom boeke wat

voorgeskryf het hoe ons suksesvol kan wees deur ander

mense te intimideer en op ons ondergeskiktes te trap. As jy

hierdie boek gekoop het om te leer hoe jy mense kan manipuleer

om jou sin te kry, het jy jou geld gemors. Hierdie

boek handel oor motivering, nie manipulasie nie. ’n Mens

is ’n manipuleerder wanneer jy mense probeer oortuig om

iets te doen wat nie in hulle belang is nie, maar in joune.

Jy is ’n motiveerder wanneer jy doelstellings stel wat vir

albei partye goed sal wees, en dan ’n suksesvolle vennoot -

skap vorm om dit te bereik.

Waarom elke sakeman ’n sielkundige moet wees

Finansiële sukses berus nie soseer op harde werk en kennis

nie, maar eerder op die vermoë om mense te lei. Daar

is baie intelligente mense wat met behulp van hulle teg nologiese

vaardighede vinnig op die loopbaanleer vorder.

Wanneer hulle egter ’n vlak bereik waar hulle sukses deur

hulle samewerking met ander mense bepaal word, begin

hulle kleitrap as hulle nie die kuns bemeester het om hulle

werkkrag te vermenigvuldig nie.

Een bedryfsielkundige sê dat bevorderings van ge wone

werknemers 90% op teg niese kennis berus. Die bevor-

19

Ontdek die geheim om mense te motiveer

derings van ’n voorman berus 50% op tegniese ken nis en

50% op menseverhoudings. Bevorderings op be stuurs vlak

berus 20% op tegniese vaardighede en 80% op menseverhoudings.

’n Amper totale ommeswaai van vaar dig he de

kom voor namate mense hulle hoër op die be roeps leer bevind.

Die Duitse digter Goethe het gesê: “Die grootste genie

sal nie veel werd wees as hy voorgee dat hy uitsluitlik uit sy

eie hulpbronne put nie.” Tog word hierdie wet geïgnoreer

deur ’n verrassende aantal hardwerkende mense wie se

loopbane nie met sukses bekroon word nie. Hulle het nie

daarin geslaag om groot dinge te bereik nie, want hulle het

nie daarin geslaag om ander te leer inspireer nie. Dié wat

bo uitkom, het somtyds self beperkte gawes, maar hulle

mense lewer volgehoue uitmuntende werk. Hierdie leiers

werk nie noodwendig lang ure nie, maar wanneer hulle

wel werk, gebruik hulle hulle tyd om ander mense te organiseer

en te motiveer.

“Groot [korporatiewe] leiers verstaan meer van mens -

li ke gedrag as van die kubernetika van enige funksionele

vak gebied,” sê James Schorr, uitvoerende visepresident

van Holiday Inns. Hy sê dus dat ’n bewese motiveerder

sukses sal behaal vóór ’n bewese genie dit sal regkry.

Toe Charles Schwab deur Andrew Carnegie aangestel is

om sy uitgebreide staalbesigheid te bestuur, was Schwab

die eerste mens ter wêreld wat ’n miljoen dollar per jaar

verdien het terwyl hy in iemand anders se diens was. Daar

is op ’n keer aan Schwab gevra wat hom toegerus het om

$3 000 per dag te verdien. Was dit sy kennis van die staalbedryf?

“Nonsens,” het Schwab gesnork. “Ek het baie manne

wat vir my werk wat baie meer van staal af weet.” Dit

was grootliks sy vermoë om ander mense te in spi reer wat

vir sy groot salaristjek verantwoordelik was. “Ek beskou

20

Die sielkunde van motivering

my vermoë om entoesiasme onder die werkers te skep as

my grootste bate,” het hy gesê. ’n Leier wat dit kan doen,

is oral in aanvraag en sal kan onderhandel vir ’n baie goeie

salaris.

Bou ’n hoë moraal

Tot dusver het ons die kuns van motivering as ’n een-toteen-vaardigheid

bespreek – die impak wat een persoon

op ’n ander kan hê. Maar die meeste mense waarmee ons

werk, is aan ’n ander stel invloede blootgestel, en tensy

die motiveerder leer hoe om daardie invloede te beheer,

sal een-tot-een-leierskap nooit effektief wees nie. Een so ’n

voorbeeld is die invloed van ’n portuurgroep.

’n Interessante wisselwerking vind plaas wanneer daar

drie of meer mense saamgevoeg word om ’n gesin, ’n klas

of ’n korporasie te vorm: die individue begin inge wikkelde

magte oor mekaar uitoefen. Sommige groepe het

by voorbeeld die geneigdheid om destruktiewe energie te

produseer. ’n Paar onvergenoegde werknemers of ’n groep

kritiese mense in ’n klub kan ’n sterk negatiewe veld skep

wanneer hulle sonder toesig gelaat word. Tensy die leier

weet hoe om daardie invloede te ontlont, kan die hele organisasie

ontplof.

Hoe sorg ’n mens dat sulke negatiewe gevoelens nie

momentum kry nie? Daar is twee maniere. Die eerste is ’n

geheim wat deur alle moraalbouers gebruik word: hulle

maak voorsiening vir ’n sekere mate van konfl ik in die

groep. Hulle raak nie paniekerig wanneer negatiewe emosies

kop uitsteek nie – hulle is dit te wagte, en hulle is

voorbereid. Dit gebeur selde dat moraalprobleme vir hierdie

leiers hand uitruk, want hulle het kommunikasiekanale

21

Ontdek die geheim om mense te motiveer

ingebou wat die ontevrede student of ongelukkige werknemer

kan gebruik.

In die volgende hoofstukke gaan ons na konfl ikhantering

kyk, en sien hoe groepe sover gekry kan word om

hulle same werking sonder onnodige botsings te gee.

Wanneer ’n kragtige kettingreaksie

in ’n groep verkry word

Dan is daar ’n tweede geheim wat deur bekwame motiveerders

gebruik word. Dit behels dat daar ’n kombinasie

van mense saamgestel word wat van die begin af ’n positiewe

verstandhouding verseker. Die beginsel wat hiér geld,

is dat entoesiasme aansteeklik is, en dat mense gemotiveer

word wanneer ons hulle met ander gemotiveerde mense

in aanraking bring. Wanneer die optimisme uiteindelik ’n

hoog genoeg temperatuur bereik, word die vuur selfaangedre

we. Wanneer die wyse leier toppresteerders ontdek, sal

hy hulle so gou moontlik met mekaar in aanraking bring.

Nes ’n brandende steenkool kan ’n entoesiastiese persoon

ander mense aansteek en ’n groot vuur maak. Op sy eie sal

die vlam egter doodgaan.

Kom ons gaan kyk na die voorbeeld van maat skap pyhoofde

of die hoofde van groot vrywilligersorgani sasies.

As hulle net op hulle eie entoesiasme steun om hulle mense

aan te vuur, sal hulle met ’n permanente koorsagtigheid in

hulle organisasies rondbeweeg.

Maar wyse leiers maak al hoe meer van die dinamika

van groepsielkunde gebruik in vergaderings. Hulle weet

dat hulle tien mense in ’n vergadering met die regte stemming

meer geïnspireerd kan kry as in tien een-tot-een-ge-

22

Die sielkunde van motivering

sprekke. Hulle sorg dus dat ’n groep positiewe denkers

gereeld met mekaar in aanraking kom om mekaar se vuur

aan die brand te hou. In een of ander stadium veroorsaak

dit ’n kragtige kettingreaksie. ’n Vreemde en wonderlike

ding kan gebeur wanneer sulke groepe hierdie kragtige

kom bi na sie bereik: hulle genereer ’n entoesiasme wat veel

gro ter as die som van die onderskeie dele is.

Die krag van hierdie groepsgees is deur verskeie onlangse

studies van maatskappye soos 3M, Frito-Lay, Procter

and Gamble en IBM benadruk. Navorsing toon dat hier -

die maatskappye daarin slaag om in goeie én slegte tye te

oorleef omdat hulle ’n besondere “kultuur” binne hulle organisasies

opgebou het. Die nuwe werknemer leer “daar is

’n manier waarop ons dinge hier doen”. Hierdie atmosfeer

van gedeelde doelwitte en waardes stuur mense in die

regte rigting, elimineer verwarring en spaar tyd.

Hierdie esprit de corps word ook in alle suksesvolle gesinne

gevind. Sekere gesinne blyk ’n moraal te skep wat

kinders uitstuur om ver bo die gemiddelde te presteer.

Buite standers maak soms die fout om hierdie kinders se

sukses aan ’n hoë IK toe te skryf, terwyl dit aan veel meer

as intelligensie te danke is. Dit kom van die energie en

entoesiasme wat vanuit die gesin gegenereer word. Soos

by die suksesvolste maatskappye word daar ook ’n onderlinge

kultuur in hierdie gesinne geskep. Hulle het die selfde

doelwitte en bring die beste in mekaar na vore.

Die kompleksiteit van inspirasie

Niemand ken al die redes waarom een groep in ’n suksesvolle

span ontwikkel en waarom ’n ander rigtingloos

voortploeter nie. Ons weet ook nie hoekom sekere in di-

23

Ontdek die geheim om mense te motiveer

vi due die begeerte het om uit te styg en dit by ander ontbreek

nie. Daar is veranderlikes in terme van energie en

fi siologie, sielkundige geskiedenis en tyd en plek. Hier die

boek gee nie voor dat ’n mens een towertegniek kan gebruik

om ’n kind met leerprobleme in ’n genie, of ’n on derpre

sterende werknemer in ’n voorloper te verander nie.

Hier die beginsel sal wel help om mense te inspireer om ’n

gro ter inset te lewer as wat hulle ooit sonder jou motivering

sou doen.

Vir 12 jaar het die Amerikaanse voetbalspan die Green

Bay Packers net 30% van hulle wedstryde gewen, en teen

1958 het hulle rekord na ’n treurige een uit tien geval. Toe,

in 1959, het ’n nuwe afrigter op die toneel verskyn – Vince

Lombardi. Gedurende Lom bardi se nege jaar as afrigter het

die Packers nege wen sei soene gehad, hulle opponente 75%

van die tyd geklop en vyf NFL-kampioenskappe agter hulle

naam geskryf, in sluitend die eerste twee Super Bowls.

Waaraan kan so ’n fenomenale ommeswaai toegeskryf

word? Frank Gifford sê dit was nie soseer Lombardi se

kennis nie, aangesien verskeie ander afrigters net soveel

van strategieë en taktiek af geweet het. Dit was eerder sy

vermoë om die spelers te motiveer. “Hy kon daardie ekstra

10% uit ’n individu haal,” sê Gifford. “Vermenigvuldig

daardie 10% met 40 spelers in die span, en maal dit met 14

wedstryde in ’n seisoen – en jy gaan defi nitief wen.”

In hierdie boek gaan ons na die suksesverhale van baie

leiers kyk wat, nes Lombardi, geweet het hoe om iets ekstra

uit die mense rondom hulle te kry. Deur hulle beginsels te

gebruik behoort jy ’n ekstra 10% uit jou groep te haal. En

dit is dalk net die verskil tussen wen en verloor.

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!