03.05.2013 Views

My troeteldiere het altyd vlooie op hulle. Hoe kan ek ... - Landbou.com

My troeteldiere het altyd vlooie op hulle. Hoe kan ek ... - Landbou.com

My troeteldiere het altyd vlooie op hulle. Hoe kan ek ... - Landbou.com

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Drie aktiewe bestanddele wat bosluise dood, voorsien die beste beskerming: amitras (Preventic

impregnated collar; nie vir katte nie), fipronil (Frontline/Ultrum sprei en kolbehandelingformulasies)

en piretroїede soos permetrien (Exspot) en deltametrien (nie vir katte nie). Vir katte is “Fiproniel spoton”

hoogs effektief.

Dit is van kardinale belang om te besef dat daar baie bosluisspesies (tenminste 12) is wat ons diere

aanval en dat alle produkte teen slegs „n klein aantal spesies getoets is- gewoonlik teen die spesies

wat as belangrik beskou word omdat hulle siektes soos bosluiskoors en ehrlichiose oordra. Die

bosluise wat ons op ons diere aantref, moet geїdentifiseer word sodat ons kan kontroleer of die

kolbehandelingmiddel wat ons wil gebruik, teen die spesifieke bosluis beskerming bied (vra die

vervaardiger). Indien die produk nie teen hierdie bosluisspesie getoets is nie, kan ons nie goeie

resultate verwag nie. Indien die middel wel effektief werk teen hierdie bosluis, kan ons dit as „n bonus

beskou.

Wat beskou word as „n afweermiddel, is onduidelik- tegnies is daar nie so iets op die mark nie. Alle

insekmiddels is kontakinsekmiddels! Dit beteken dat die parasiet in kontak met die insekmiddel moet

kom voordat dit doodgaan.

Dit is van kritiese belang om die omvang van natuurlike bosluisreservoirs te verstaan.

Aangesien bosluismiddels nie dadelik doodmaak of bosluise afweer nie, moet ons nie tot die

gevoltrekking kom dat die middels nie doeltreffend werk nie. Tydens bosluisbesmettings behoort

liewer ekstra beheermaatreёls ingestel te word. Vernietig veilige areas vir bosluise en hou diere weg

van wilde diere wat bosluise het. Die verwydering van groot graspolle en onkruid tussen heinings en

langs geboue kan baie bosluise doodmaak, laat sonskyn penetreer wat oorblywende bosluise laat

uitdroog en kan wegkruipplek van klein wilde diere verminder.

Ons het minimale beheer oor bosluispopulasies in die omgewing. Die meerderheid bosluise (99.99%)

is op alternatiewe gashere en in die omgewing en nie op ons troeteldiere nie. Dit is grotendeels toe te

skryf aan die magdom gashere onder wild en die onvolwasse bosluise in die omgewing.

Verstaan die verskil tussen vlooi- en bosluisbeheer

Die drie faktore wat die meeste bydra daartoe dat produkmislukking ervaar word, is afwering

“repellency”, bosluise wat op meer as een gasheer voorkom, bosluise wat hul lewensloop op meer as

een gasheer voltooi en sigbaarheid van bosluise.

Daar is ook „n groot verskil in waarneming van „n paar vlooie en „n paar bosluise op „n hond. Die

meeste van ons sien nie die 2-3 vlooie wat „n hond besmet nie, terwyl alle troeteldiereienaars die

eerste 2-3 bosluise waarneem, eenvoudig omdat hulle soveel groter is (veral as hulle vol bloed gesuig

is). „n Persepsie oor die effektiwiteit van die produk word op grond van waarneming gevorm,

alhoewel die produk >95% doeltreffend mag wees.

Ooreenstemmende vlakke van effektiwiteit kan by vlooi- en bosluisbeheer totaal verskillende

persepsies gee. Wat dikwels vergeet word, is dat wanneer jy „n paar bosluise op jou hond sien, dit

waarskynlik is dat baie ander bosluise reeds gedood is. Wanneer „n paar bosluise opgemerk word, is

die rede nie produkmislukking nie, maar die bosluise het dalk na die behandeling opgeklim en is nog

nie dood nie of die nawerking van die middel is nie meer 100% nie en die dier beweeg deur

swaarbesmette bosluisgebiede.

Geskryf deur:dr. Mats Abatzidis, Intervet/Schering-Plough. (mats.abatzidis@sp.intervet.com)

10 Augustus 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!