03.05.2013 Views

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

• Ri-Lo-Misjuan Hare- en Skoonheidsalon bied spesiale matriekafskeidaanbiedinge vir die groot aand!

10 Sonbedsessies - R150,00; Naels – R180,00; Hareverlengstukke – R20,00 en nog baie meer!

MNR. EN MEJ. JAN VILJOEN

Die gala-aand van hierdie hoogtepunt het op Vrydagaand, 6 Mei 2011, om 18:00 in die skoolsaal plaasgevind. Dit was `n

ongelooflike aand en die sanger, Vaughan Gardiner, het soveel luister aan die geleentheid verleen. Die leerders het pragtig gelyk en

ons glo dit was vir die beoordelaars nie `n maklike taak om wenners aan te wys nie. Baie geluk aan die wenners en hul ouers.

Julle is waardige wenners!

Senior Dogters: Michelle Pieterse (Mej Jan Viljoen), Carla Appelcryn (Eerste Prinses) en Leoné Woest (Tweede Prinses)

Charné Brits (Mej. Fotogenies), Lieschen le Roux (Mej. Persoonlikheid), Monique v.d. Mescht (Mej. Debutante)

Junior Dogters: Esmarilda Nortje (Mej Jan Viljoen & Mej. Ougat), Dené Niemand (Eerste Prinses) en Nicole Erasmus (Tweede Prinses),

Seuns: Shane Koppel (Mnr Jan Viljoen), Franco Pieterse (Eerste Prins), Roché Robert (Tweede Prins),

Phillip Wessels (Mnr. Persoonlikheid) en Dillan Schoombie (Mnr. Fotogenies)

BLOEDSKENK

Leerders het weer op Woensdag, 11 Mei 2011, die geleentheid gehad om `n bydrae tot die Suid-Afrikaanse Bloedbank te maak.

Baie dankie aan al die leerders wat `n bydrae gemaak het. Daar is `n total van 49 eenhede bloed geskenk.

GOLD REEF CITY UITSTAPPIE

Leerders wat die meeste kaartjies vir die Gerhard Steyn-vertoning verkoop het, het Gold Reef City op Vrydag, 6 Mei 2011, besoek.

Baie dankie aan me. Magdie de Winnaar en mnr. Niekie Barkhuizen wat hierdie leerders vergesel het.

JAN VILJOEN WINTERBAADJIES

Ons vra om verskoning vir die vertraging in die lewering van hierdie baadjies. Die vervaardigers het me. Ria Botha gekontak en

onderneem om die bestelling gedurende die week van 23 Mei 2011, af te lewer. Jammer vir die ongerief.

AKADEMIE

EKSAMENROOSTER EN –AFBAKENINGS

Leerders ontvang vandag hierdie dokumente. Ouers moet asseblief toesien dat leerders vroegtydig vir hierdie baie belangrike

eksamen begin voorberei.

EKSAMENVRAESTELLE

Ouers en leerders moet asseblief let op die volgende BELANGRIKE eksamenvraestel wat afgelê word. Geen leerder mag op hierdie

dag afwesig wees nie!!

Maandag, 16 Mei 2011 ENGLISH PAPER 3 Graad 10 – 12 13:00 – 15:30

EKSTRA ONDERRIG IN INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP

Mnr. Neville Harwood van die Departement van Onderwys, bied elke Dinsdag vanaf 14:10 – 15:10 ekstra onderrig in hierdie vak aan.

Maak asseblief van hierdie geleentheid gebruik!

KULTUUR

TONEEL

• Ons toneelgroep bied op Saterdag, 28 Mei 2011, `n spookhuis by Key West Inkopiesentrum aan. Sterkte met die voorbereiding.

• Alle gelde, vir kaartjies van die Pieter Koen optrede, moet so spoedig moontlik by me. Alta Steenekamp inbetaal word.

KUNSTEFEESTE

• Alle inskrywings vir NEA sluit op Vrydag, 27 Mei 2011. Inskrywingsvorms is by me. Pienaar in k18 beskikbaar.

• Inskrywings vir RACA Eisteddfod sluit op Vrydag, 24 Junie 2011. Inskrywingsfooi is R20,00 per inskrywing.

• Segarona inskrywing sluit op Vrydag, 3 Junie 2011 en die inskrywingsgeld beloop R30,00 per item.

SPORT

BAIE GELUK

• Joseph Dweba, gr 9, is ingesluit in die O/16 High Performance Goue Leeus Rugbyspan.

• Die volgende vyf seuns is in die finale Goue Leeus O/16 Rugbyspan ingesluit wat op Dinsdag, 17 Mei 2011, met die Blou Bulle

kragte meet. Baie geluk aan: Joseph Dweba, Johan Swart, Swys Pretorius, Thando Ndlovu en Nico van Tonder (reserwe)

• Elouise Oberholzer wat op Vrydag, 13 Mei 2011, aan die finale Gauteng Hokkie Proewe deelneem.

HOKKIE

JAN VILJOEN vs FOCHVILLE

Hierdie kragmeting het op Dinsdag, 10 Mei 2011, plaasgevind. Dankie vir elke speler en afrigter wat ons skool se naam hooggehou

het.

JAN VILJOEN vs ST URSULAS

Hierdie kragmeting vind plaas op Dinsdag, 17 Mei 2011. Sterkte!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!