04.05.2013 Views

E126. Num 22-24 - 'n Vals profeet en sy waarheidsprofesie ... - Clover

E126. Num 22-24 - 'n Vals profeet en sy waarheidsprofesie ... - Clover

E126. Num 22-24 - 'n Vals profeet en sy waarheidsprofesie ... - Clover

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

NUM 22-24: 'N VALS PROFEET

EN SY WAARHEIDSPROFESIE

No. E126

Kan 'n waarheidsprofeet vals profeteer? Kan 'n

vals profeet waarheid profeteer?

'N KORT HISTORIESE OORSIG

Na vier dekades is die Israeliete gereed om die

beloofde land binne te trek. Hulle staan oos van die

Jordaanrivier regoor Jerigo.

Die Moabiete, en hulle koning, Balak, wat in

daardie gebied woon, is baie beangs. Hulle weet dat

niemand voor die volk van God kan staande bly nie.

Balak besluit toe om vir Bileam, 'n profeet te laat

haal, om die Israeliete te vervloek. Vir seker het

Bileam 'n groot reputasie gehad, want hy bly meer

as 600 kilometer weg langs die Eufraatrivier, en tog

weet ook hierdie mense van hom.

Aanvanklik weier Bileam in opdrag van die Here

om saam met Balak se mense te gaan. Maar Balak

stuur weer 'n afvaardiging. Bileam sê steeds die

regte ding, maar dis duidelik dat hy begin twyfel.

Balak se groot beloning raak vir hom baie aantreklik.

As hy dan weer oor die saak bid, gee die Here hom

toestemming om saam met die afvaardiging te gaan.

Maar die volgende verse impliseer baie duidelik

dat die Here besig is om die profeet aan sy eie

sondige begeertes oor te gee (Num 22:22-35).

Die Engel van die Here (feitlik altyd in die Ou

Testament 'n voor-vleeswordingsmanifestasie van

God die Seun) kom staan meer as een keer in

Bileam se pad. Die donkie sien die Engel dadelik,

maar nie sy ruiter nie (waarskynlik is dit nie sonder

betekenis nie). In sy ongeduld slaan Bileam die

E126 - Num 22-24 : 'n Vals profeet en sy waarheidsprofesie 1 / 6

donkie op 'n onredelike wyse. Uiteindelik sien hy

egter ook die engel. Dié waarsku dan vir die profeet:

... "jy is op 'n gevaarlike pad." Ewe vroom

onderneem Bileam om om te draai as die Engel dit

beveel. Sy hart is egter nie in hierdie oorgawe nie;

hy bak bloot mooi broodjies. Die Engel sien dit en

gee vir Bileam nog meer tou - maar waarsku tog:

"... jy moet net sê wat Ek vir jou sê." Dis waarskynlik

dan ook die rede waarom die profeet heel regsinnig

profeteer as hy by Balak kom.

By Balak aangekom, seën Bileam egter die

Israeliete - uiteraard tot Balak se groot frustrasie.

Die koning neem dan die profeet na nog twee

uitkykpunte toe, in die hoop dat hy die godsvolk sal

vervloek. Maar elke keer seën Bileam hulle.

In sy woede jaag Balak vir Bileam terug na sy

land toe. Maar voordat hy vertrek, profeteer die

profeet nog 'n vierde keer (Num 24:15-19). Dit

behels 'n wonderlike Messiaanse profesie, asook

beloftes oor God se toekomstige seën oor Sy volk:

"Ek sien hom, maar hy kom nie nou al nie, ek kyk na

hom, maar hy is nie naby nie, daar kom ’n ster uit

Jakob, daar staan ’n heerser in Israel op. Hy

verpletter die voorkop van Moab, hy vernietig al die

opstandiges .... Een uit Jakob sal heers en hy sal dié

vernietig wat uit Edom se hoofstad wegvlug."

Maar dan, onverwags, doen die profeet iets wat

uitwys wie hy waarlik is. Hy is vals. Hy gee vir Balak

raad oor hoe hy tóg daarin sal slaag om die

Israeliete te skade te berokken. Die mooi Moabitiese

vrouens moet die jongmanne van Israel verlei - tot

onsedelikheid en afgodery. Dit gebeur presies so en

uiteindelik lei dit tot die dood van 24 000 Israeliete

onder die toorn van die Here (Num 25; 31:8, 16).

Die plaag word eers gestop as Pinehas, seun

van die hoëpriester en kleinseun van Aaron, op 'n

heroïese wyse 'n jong Israelitiese man en 'n

heidense meisie binne in die laer van die godsvolk

tereg stel terwyl hulle besig is met die seksdaad.

Uiteindelik, om die hele drama af te sluit, word 'n

ekspedisie gestuur om die heidene te straf. Hulle

word van 'n kant af doodgemaak - onder meer die

vals profeet, Bileam (Num 31:1-54).

E126 - Num 22-24 : 'n Vals profeet en sy waarheidsprofesie 2 / 6

WAT SÊ HIERDIE GESKIEDENIS VIR ONS?

1. Is dit moontlik dat die heiden, Bileam, die

lewende God kon geken het?

Die antwoord is heel eenvoudig: Ja - weliswaar nie

reddend nie, maar hy het goed genoeg van Jahweh

geweet. Trouens, die Here gebruik hom selfs om 'n

aangrypende stuk Messiaanse profesie deur te gee.

Oënskynlik het daar veral in die vroeë

geskiedenis nog orals brokke Godskennis oorgebly

buite die kring van Abraham en sy nageslag.

Bekendste onder diegene wat buite die

verbondslyn die lewende God geken het, is seker

"Melgisedek, koning van Salem en priester van God

die Allerhoogste" (Gn 14:18-24). Nie alleen lees ons

van hom in die tyd van Abraham nie, maar die

Hebreërskrywer maak baie van sy belangrike rol in

die openbaringsgeskiedenis (Hb 5, 6, 7).

Dit is so dat die Ou Testament feitlik deur die

bank handel oor God se verhouding met Sy

verbondsvolk, maar tog skemer die waarheid kortkort

deur dat die tweede been van die Here se

belofte aan Abraham - Sy reddende seën oor alle

nasies - toe alreeds in posisie was (Gn 12:1-3).

Natuurlik is die Nuwe Testamentiese openbaring

soos 'n damwal wat breek. Uiteindelik fokus God se

handele hier op aarde voluit op die redding van Sy

uitverkorenes vanuit alle nasies, volke en tale.

2. Wat moet jy van Bileam se profesieë maak?

Al was hy 'n vals profeet, kan ons aanvaar dat die

Heilige Gees deur hom gespreek het - veral wat die

vierde profesie betref, die Christusprofesie. Eintlik sê

die Bybel dit in soveel woorde (Num 23:5, 16). Dit is

simplisties om te dink dat die Gees net deur iemand

kan werk wat gered is. Kyk hoe het Saul onder die

krag van die Heilige Gees geprofeteer. En het die

Here nie deur die donkie gepraat nie? (Num 22:28).

Wat Bileam betref, kan ons aanvaar dat hy die

Israeliete waarskynlik sou vervloek het as die Heilige

Gees hom nie anders gedwing het nie.

3. Laat díé van ons wat vir die Here werk nooit

E126 - Num 22-24 : 'n Vals profeet en sy waarheidsprofesie 3 / 6

die les van Bileam vergeet nie.

Alle Christene werk vir die Here, maar hierdie les het

veral betrekking op diegene wat op een of ander

wyse die Woord van God moet verkondig. Bileam

toon vir ons dat dit skrikwekkend maklik is om voor

te gee dat jy vir die Here werk - jy mag selfs opreg

glo dat jy volgens die Here se wil optree - maar

deur 'n vleeslike en selfsugtige motief gedryf word.

Elkeen wat in 'n publieke bediening staan, sal

weet hoe maklik dit is om vir die pawiljoene te speel.

En as eersug voortdurend van dié kant af vir jou lê

en loer, wag hebsug net aan die ander kant om jou

te bespring as jy nie op jou hoede is nie.

Laat ons vir niks banger wees nie as om 'n

wonderlike en gewilde geestelike werker te wees,

maar tog verlore, omdat dit vir my oor myself gaan.

4. Dit is moontlik om moreel te wees sonder om

geestelik te wees; en dit is moontlik om geestelik

te wees sonder om moreel te wees.

Ons verstaan die eerste deel van die stelling. Almal

van ons ken mense wat nie in God glo nie, maar tog

wonderlike morele lewens lei. Maar wat moeiliker is

om te verstaan, is die tweede stelling. Tog, 'n

oomblik se nadenke oortuig ons dat dit waar is.

Want almal van ons het al te doen gehad met mense

wat hulleself vreeslik geestelik kan gedra, maar dan

net by 'n volgende geleentheid skokkend optree.

Is die kerkgeskiedenis nie vol van sulke

huigelaars nie? Wat is nie al alles in die naam van

Christus aangevang nie!

Laat ons dus vlymskerp eerlik met onsself wees.

Word jou belydenis bevestig deur 'n heilige lewe?

Onthou, sonder 'n heilige lewe sal niemand die Here

sien nie (Hb 12:14). Onthou, geen sonde is strenger

deur Christus veroordeel as skynheiligheid nie.

5. Dis futiel om te droom van die saligheid

eendag, as jy nie hier en nou bereid is om 'n

lewe van geregtigheid na te jaag nie.

In Num 23:11 roep Bileam vroom uit: "Mag ek ook

eendag as opregte sterwe ..." Hy begeer om die

dood van 'n regverdige te sterf, maar sien nie kans

E126 - Num 22-24 : 'n Vals profeet en sy waarheidsprofesie 4 / 6

om die lewe van 'n regverdige te leef nie.

Waarlik, sy sentimentele begeerte is niks meer

as 'n lugspieëling in die woestyn nie. Deur die eeue

het dermiljoene drome gedroom oor die ewige

saligheid en hulleself wysgemaak dat dit vir hulle

wag. Maar uit die kloue van wêreldgelykvormigheid

kon hulle nooit ontsnap nie. Saam met Bileam sal

hulle tot in ewigheid treur omdat hulle nooit wou

aanvaar nie dat geloof en bekering en

gehoorsaamheid hier en nou die ononderhandelbare

voorwaarde is vir die erfenis van die ewige saligheid.

DIE NUWE TESTAMENTIESE KOMMENTAAR

‘ Op drie plekke hou die Nuwe Testament Bileam

voor as die tipiese misleier en vals profeet (2Pt 2:15;

Jud v.11; Op 2:14).

• Dit bly eenvoudig verstommend dat die

Nuwe Testament, as dit oor die tipiese dwaalleraar

en vals profeet praat, Bileam voorhou as die

klassieke voorbeeld. Per slot van rekening kan mens

nie 'n enkele van sy profesieë as vals bewys nie. Hy

het selfs 'n Christusprofesie deurgegee. En hy het

geweier om toe te gee aan die druk wat op hom

geplaas is om die godsvolk te vervloek.

• Veral word egter teen hom gehou dat hy

Balak geleer het om die Israeliete te verlei tot

afgodery en hoerery (Op 2:14). Waarom sou hy dit

gedoen het? Want die Israeliete se sondes as

sodanig kon vir hom geen voordeel inhou nie. Vir

seker moes dit vir hom gegaan het oor Balak en sy

mense se aanvaarding. En dan natuurlik was daar

die loongeld wat Balak sou betaal.

Nie vals profesie dus nie, maar hebsug en

gewildheidsug - dit was die sondes wat hom

gediskwalifiseer en strafbaar gemaak het.

GESEËND IS DIE VOLK VAN DIE HERE

‘ Stel jou voor: Israel wat rustig in hulle laer wag

op die Here se opdrag om verder te trek - totaal

E126 - Num 22-24 : 'n Vals profeet en sy waarheidsprofesie 5 / 6

onbewus van die drama en bedreiging in die berge

bokant hulle. Maar die Here is nie onbewus daarvan

nie. En Hy staan tussen onheil en Sy volk.

Waarlik, solank Hy dit nie toelaat nie, sal nie 'n

haar van hulle koppe afval nie. So was dit nog altyd.

So is dit vandag nog. So is dit ook in jou en my

geval. En moenie dink ons weet van alles nie.

‘ En kyk mooi na hierdie vals profeet se

waarheidsprofesie: "... daar kom 'n ster uit Jakob,

daar staan 'n heerser in Israel op ..."

• Ten diepste is dít waarom Israel

onaantasbaar is. Want in eie hoedanigheid is hulle

net so doemwaardig soos die heidene rondom hulle.

Maar hulle het 'n unieke rol in God se raadsplan -

hulle is draers van die saad van die Messias.

• Dis hierdie komende "ster" en "heerser" se

middelaarskap wat Israel se beskerming moontlik

maak - selfs ook hier, honderde jare voor Sy koms.

• Laat die heidendom tot vandag toe weet, as

Bileam oor en oor 'n seën in plaas van 'n vloek oor

Israel uitspreek, is dit net so in hulle belang as ter

wille van Israel. Want die Messias wat uit Israel sou

voortkom, sou die Verlosser word van uitverkorenes

vanuit elke nasie, stam, volk en taal.

Nico van der Walt

• Nico v/d Walt onderskryf die historiese, internasionale en

reformatoriese 1689 Baptistebelydenis, asook die Belydenis van Sola 5, 'n

assosiasie van Godgesentreerde evangeliese gelowiges in Suider-Afrika.

• Subskripsies, adresveranderings, kansellasies en korrespondensie:

E: nico.vanderwalt@reformed.org.za; Posbus 856, Ceres, 6835. Tel: 023-

312 1687; 082 7766 141.

• www.reformed.org.za www.antipas.org.za www.sola5.org

• Weekliks word 'n preek soos hierdie wêreldwyd in Afrikaans of Engels

per e-pos gestuur aan ongeveer 2000 mense wat dit aangevra het.

• Geen kopiereg. Dupliseer gerus. Of stuur elektronies verder.

• Vorige E-preke is te kry op die eerste twee webwerwe hierbo.

• Preekopnames: E: info@nunide.org.za; Tel: 012-8083 906

E126 - Num 22-24 : 'n Vals profeet en sy waarheidsprofesie 6 / 6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!