04.05.2013 Views

NUUSBRIEF - Agrisa.co.za

NUUSBRIEF - Agrisa.co.za

NUUSBRIEF - Agrisa.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

MAN KRY HARTAANVAL

Ek wil net van hierdie geleentheid gebruik

maak om dankie te sê vir die puik diens wat

jul gelewer het. My man het 'n hartaanval op

'n plot naby die Wahlmansdal-afrit gekry. Ek

het die nommer op my bandjie geskakel vir 'n

ambulans. Hulle het onmiddellik 'n persoon

gestuur wat solank my man gestabiliseer het

tot die ambulans gearriveer het.

Hy het die geval met soveel deernis hanteer

en so mooi en kalm met my man gepraat en

ons almal gekalmeer. Ek wil net baie dankie

sê vir die hulp, anders sou my man dit seker

nie betyds gemaak het nie. Ek wil ook die

persoon bedank wat hom drie keer in die

Intensiewesorgeenheid besoek het.

Ons is baie dankbaar dat ons besluit het om

by CrisisOnCall aan te sluit. – Annatjie

(Sy het ook op 7 November haar verhaal op

Radio Pretoria vertel.)

Dankie aan Wynand Pretorius, paramedikus

van Netcare911, wat Annatjie se man

behandel het en ook gereeld in die hospitaal

besoek het. – CrisisOnCall-bestuur.

(CrisisOnCall beskik nie oor sy eie ambulanse

nie. Die naaste geakkrediteerde beskikbare

ambulansdiens word altyd gebruik om seker

te maak dat waardevolle tyd nie verlore gaan

nie.)

VERDWAAL EN GEHELP

Die omroeper Karen Zeelie beland tydens

'n vertoning langs een van CrisisOnCall se

lede en deur hul CrisisOnCall bandjies, het

hulle onmiddellik ʼn aanknopingspunt.

Delien Vosloo vertel hoe sy altyd op

Woensdae na die gesprek tussen Karen en

CrisisOnCall luister.

Delien het later die volgende e-pos aan

Karen gestuur: “Ek het Paasnaweek na

Kimberley gereis. By Kimberley se Ultra

City besef ek dat my eindbestemming

eintlik op die Douglas-pad is. As gevolg van

pad- en straatveranderings, was ek nie

seker hoe om te ry nie. (My padkaart

verdeel ook net daar waarheen ek moet

gaan.)

Ek besluit om CrisisOnCall te skakel. Die

persoon vra toe of ek ʼn “Blue Tooth”

konneksie het. Ek bevestig, en hy vra dat ek

my foon aanhou. Robot vir robot en draai

vir draai lei hy my tot op die Douglas-pad!

Daarna het ek weer geweet waarheen om

te ry. Dankie CrisisOnCall!”

ONS WAS EERSTE OP DIE TONEEL!

Die volgende e-pos is van Tarien Cooks, BLS

paramedikus ontvang. (Verwys na die artikel

"Man kry hartaanval".)

Graag vertel ek wat Vrydagaand (2 Nov) gebeur

het. Ek en my man was tuis toe een van ons

gemeenskapslede skakel en vertel dat daar by 'n

perseel in ons omgewing ʼn persoon is wat ʼn

hartaanval gekry het. In dieselfde asem sê hy die

persoon het ʼn CrisisOnCall-bandjie aan. Ons vra

vir die unieke nommer op die agterkant en laat

spaander na die pasiënt.

Op pad skakel ek CrisisOnCall en praat met

Aileen by die oproepsentrum. Ek vra dat ʼn

ambulans uitgestuur word en versoek mediese

inligting van die pasiënt. (My eerste keer dat ek

in dié verband skakel, wonderlike diens en

terugvoer!)

Aileen skakel terug met die nuus dat ʼn ambulans

en paramedici van Netcare911 reeds op pad is.

Iemand anders op die toneel (Annatjie) het

vroeër geskakel.

Wynand Pretorius (Gevorderde Lewensondersteuningsparamedikus)

was kort na ons op die

toneel en het onmiddellik met behandeling

begin. Wynand het my gevra of ek by

CrisisOnCall kon vasstel of die Zuid-Afrikaanse

Hospitaal, waar die pasiënt se kardioloog is, ʼn

landingsarea vir ʼn helikopter het sodat die

pasiënt daarheen gevlieg kon word. CrisisOnCall

het uitgevind en ook vasgestel waar die naaste

beskikbare kardioloog was, aangesien die

hospitaal nie ʼn landingsarea het nie.

ʼn Kardioloog was by Montana Hospitaal

beskikbaar wat ook baie naby aan die insident

was - inligting wat ook deur CrisisOnCall verskaf

is.

KLEINIGHEDE MAAK 'N GROOT

VERSKIL

CrisisOnCall werk orals vir my! Ek het op 'n

Saterdag by Metro in die Menlyn Retailpark

gordyne gaan koop. My foon het gelui. Ek het

my beursie op my motor se dak gesit, gordyne in

die motor gelaai en skoon van die beursie

vergeet. Na 15 min het CrisisOnCall my

geskakel. 'n Man by die motorafslaers het my

beursie sien val en opgetel. My geel CrisisOnCall

kaartjie was daarin. Hy het julle gekontak en ek

kon my beursie terugkry. My Koopkragkaart,

kredietkaart, bankkaarte en heelwat kontant

was in die beursie. Ek het alles teruggekry. Dit

was naweek en ek sou gestrand wees tot

Maandag. - Tilla Nel (Rippel 90.5 luisteraar)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!