04.05.2013 Views

NUUSBRIEF - Agrisa.co.za

NUUSBRIEF - Agrisa.co.za

NUUSBRIEF - Agrisa.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

DIE HUISVRIEND

Die maand gesels ons oor die koper en die

moets en moenies waarna gekyk moet word.

• Maak seker dat daar geen slegte

kredietrekords teen jou naam is nie.

Rekeninge wat laat betaal word,

beïnvloed jou kredietwaardigheid

negatief!

• Vra gerus ‘n eiendomsagentskap om jou

te help soek na eiendomme.

• Kommunikeer duidelik jou behoeftes

aan die betrokke agent sodat hy presies

weet waarna om te soek en waar om te

begin.

Die area waar jy koop, speel altyd die

grootste rol. (Hoe beter die area, hoe beter

jou belegging.) Die agent sal begin deur aan

jou te wys wat hy in jou prysklas beskikbaar

het. Dit is baie belangrik om vir die agent

goeie terugvoer te gee oor elke huis wat jy

gesien het. Duidelike kommunikasie is die

sleutel tot sukses en tot jou ideale huis.

Sonder om té ingewikkeld te raak, is my

advies: indien jy die plek gekry het waarin jy

jouself kan sien, hou op soek en koop hom!

Om verder te soek gaan jou net deurmekaar

maak en te veel mense het al die woorde

gehoor: "jammer meneer/mevrou, die

eiendom is klaar verkoop". Eiendomme

verkoop hulself! Volgende maand meer

hieroor. Steijn eiendomme 012 331 3943

IEMAND WORD VERMIS

Vakansietyd kruip nader en nie alle plekke is

veilig nie! Winkelsentrums, strande en

rolprentteaters is vol jong mense wie se gees

hoog loop met vakansiejolyt.

PSARU, 'n sakevennoot van CrisisOnCall, gee

ʼn paar veiligheidswenke:

Weet ten alle tye waar jou

kinders/geliefdes is.

Vertrou geen vreemdelinge nie.

Moenie jou kinders/geliefdes sonder

toesig in winkelsentrums laat nie.

Moenie alkohol of oopgemaakte drank

of koeldrank drink nie.

Wanneer jong mense saans uitgaan, bly

in groepe.

Moenie in die nag op onbekende plekke

rondbeweeg nie.

Wees voorbereid: Indien iemand vermis

raak, skakel die CrisisOnCall-noodnommer en

vra dat jy na PSARU deurgeskakel word.

NB: Hou opgedateerde kleurfoto's van al jou

geliefdes byderhand.

Vir so min as R49 per maand kan jy en jou

gesin nou as deel van CrisisOnCall lid word

van PSARU. Stuur net ʼn e-pos met die woord

PSARU na marketing@crisisoncall.co.za.

VAKANSIE EN VOERTUIGBANDE

Die bandevervaardiger Bridgestone het gesê

motoriste wat op vakansiereis is, moet elke

stilhoukans gebruik om ook seker te maak die

voertuig se bande is nog in ’n goeie toestand.

’n Mens se vakansie kan op talle maniere deur

bandeprobleme langs die pad in die wiele gery

word. Een van die grootste gevare is die

geleidelike verlies aan druk weens foute soos

’n lekkende klep of as gevolg van iets soos ’n

spyker in die band. Die banddruk kan oor ’n

afstand van ’n paar honderd kilometer só

stadig verander dat die bestuurder dit nie

dadelik kan voel nie, hoewel die verminderde

padhouvermoë ’n groot gevaar inhou as die

bestuurder in ’n noodgeval vir iets moet

uitswaai.

Iets wat nog gevaarliker is, is dat ’n band wat

druk verloor, oormatig begin warm word. Dit is

veral op lang vakansiereise ’n groot gevaar

wanneer die voertuig swaar gelaai en vol

passasiers en bagasie is, wat die oorverhitting

weens verminderde druk al erger sal maak.

Oorverhitting kan met lang afstande teen hoë

snelhede uiteindelik daartoe lei dat die band se

rubberlae van mekaar begin trek, wat die band

kan laat bars.

Moet nooit ’n warm band pomp tot dieselfde

banddruk as toe dit koud was nie – jy sal die

druk in werklikheid moet verminder. Indien jy

een van die bande kry waarvan die banddruk

minder as dié van die ander bande is,

ondersoek eers die moontlike oorsaak daarvan

om seker te maak jy kry nie verder probleme

nie.

Bandskade, soos ’n sny in die wand van die

band, kan veroorsaak word deur goed wat

onopgemerk verbygaan, soos ’n skerp klip of

klein stukkie metaal in die pad. Sulke skade

verminder die band se vermoë om die voertuig

se gewig te dra, sowel as die remvermoë,

draaivermoë en versnelling, wat die band kan

laat bars.

Dit is ook die ideale geleentheid om die band

se toestand te ondersoek terwyl die banddruk

nagegaan word. Ondersoek die hele wiel ook

vir goed soos lekkende olie of pak-olie, wat

dalk op komende meganiese probleme kan dui.

Enige probleme met ’n band of ’n wiel dui op

veiligheidskritieke gevare en kan selfs ’n

bedreiging vir die insittendes se lewe inhou.

Maak tydens ’n lang reis seker van

voortgesette bandeveiligheid. Dit is dalk al wat

nodig is om ’n tragedie te voorkom.

Die artikel is saamgestel deur Mandy Lovell van

Bridgestone Suid-Afrika en gepubliseer deur

Arrive Alive Web. (www.arrivealive.co.za)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!