04.05.2013 Views

NUUSBRIEF - Agrisa.co.za

NUUSBRIEF - Agrisa.co.za

NUUSBRIEF - Agrisa.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

REG: 2002/0249 66/07

REISMONITERING HIERDIE VAKANSIE

0800 911 911 0800 911 911 0800 911 911

NUUSBRIEF

DES 2012

JAAR 10 / UITGAWE 12

℡Bemarkingskantoor: 0861 57 47 47 Administrasie (011) 478 4466

Noodnommer: 0800 911 911 Faks (012) 335 1881

Reismonitering bly steeds die gewildste diens. Woorde wat deur lede sinoniem gebruik word met

reismonitering is, gemoedsrus, selfvertroue, klokslag, professioneel, vriendelik, ens.

Alhoewel geen diens perfek is nie, streef ons daarna om altyd uitmuntende diens aan ons kliënte te

bied. Hoe werk die reismoniteringsdiens?

1. Skakel die noodnommer (op bandjie – 0800 911 911) net voor die reis ʼn aanvang neem.

2. Moet geen opsie kies nie – versoek reismonitering by die persoon wat antwoord.

3. Verskaf die volgende inligting:

(i) Lidnommer, naam en selfoonnommer.

(ii) Roete wat gevolg gaan word.

(iii) Voertuigbesonderhede waarmee gery word.

(iv) Hoeveelheid persone in die voertuig.

(v) Alternatiewe selnommer van iemand in die voertuig indien nie alleen gereis word nie.

(vi) Kontakbesonderhede van ‘n naasbestaande wat gekontak kan word indien die

onvoorsiene gebeur.

4. Die betrokke agent by die oproepsentrum sal met gereelde intervalle skakel.

Let veral op na waar u op die roete is want die agent gaan dit benodig wanneer hy skakel.

PERSOON VAN DIE MAAND – KAREN ZEELIE

Elke Woensdag om 12:00 is daar ʼn kuiertjie op Radio Pretoria saam met Karen

Zeelie wat baie mense nie misloop nie. Wie is Karen Zeelie eintlik? Karen

vertel dat sy ʼn boervrou in murg en been is wat net wag dat haar man begin

boer! Haar kinders, en natuurlik ook haar man, maak haar baie opgewonde in

haar lewe.

Haar passie in die lewe lê in haar Saligmaker. “Sonder Hom wil en kan ek niks

doen nie.”

Kyk nou net waarvan sy hou om te eet: “Alles wat lekker is, maar ʼn goeie slaai

met sade en neute doen dit vir my – al sê my ou lyfie dit nie!”

Karen saai reeds vir byna 15 jaar by Radio Pretoria uit. Haar oorlede pa, Frik Pieterse (wat ʼn groot

gees in radio was), is haar grootste mentor. Alles wat sy van die uitsaaiwese weet, het sy by hom

geleer.

Daar is maar min tyd vir ontspanning, maar ʼn goeie boek of ʼn stywe lyn langs die viswaters is altyd

welkom.

Karen sê die dag toe sy en haar gesin by CrisisOnCall aangesluit het, het dit gevoel hulle word deel

van ʼn groot familie. Haar twee oudste seuns, wat reeds uit die huis is, het aan haar gesit om lid te

word. Vandag is sy baie bly sy het na die kinders “geluister” en is sy nie net lid van die Bloubandjie

Bende nie, maar sommer ook die kaptein.

Om elke Woensdag vir ʼn halfuur saam met Karen te kuier, is voorwaar ʼn voorreg. Sy loop altyd oor

van vriendelikheid en deel nie net die luisteraars se vreugde nie, maar ook hul leed wanneer die

onvoorsiene gebeur. Haar passie vir radio kan aangevoel word en dit is asof sy elkeen van haar

luisteraars persoonlik ken. Voorwaar lekker om saam met haar op die lug te kuier! (Marius Vermaak

– Uitvoerende Direkteur Bemarking)

MAN KRY HARTAANVAL

Ek wil net van hierdie geleentheid gebruik

maak om dankie te sê vir die puik diens wat

jul gelewer het. My man het 'n hartaanval op

'n plot naby die Wahlmansdal-afrit gekry. Ek

het die nommer op my bandjie geskakel vir 'n

ambulans. Hulle het onmiddellik 'n persoon

gestuur wat solank my man gestabiliseer het

tot die ambulans gearriveer het.

Hy het die geval met soveel deernis hanteer

en so mooi en kalm met my man gepraat en

ons almal gekalmeer. Ek wil net baie dankie

sê vir die hulp, anders sou my man dit seker

nie betyds gemaak het nie. Ek wil ook die

persoon bedank wat hom drie keer in die

Intensiewesorgeenheid besoek het.

Ons is baie dankbaar dat ons besluit het om

by CrisisOnCall aan te sluit. – Annatjie

(Sy het ook op 7 November haar verhaal op

Radio Pretoria vertel.)

Dankie aan Wynand Pretorius, paramedikus

van Netcare911, wat Annatjie se man

behandel het en ook gereeld in die hospitaal

besoek het. – CrisisOnCall-bestuur.

(CrisisOnCall beskik nie oor sy eie ambulanse

nie. Die naaste geakkrediteerde beskikbare

ambulansdiens word altyd gebruik om seker

te maak dat waardevolle tyd nie verlore gaan

nie.)

VERDWAAL EN GEHELP

Die omroeper Karen Zeelie beland tydens

'n vertoning langs een van CrisisOnCall se

lede en deur hul CrisisOnCall bandjies, het

hulle onmiddellik ʼn aanknopingspunt.

Delien Vosloo vertel hoe sy altyd op

Woensdae na die gesprek tussen Karen en

CrisisOnCall luister.

Delien het later die volgende e-pos aan

Karen gestuur: “Ek het Paasnaweek na

Kimberley gereis. By Kimberley se Ultra

City besef ek dat my eindbestemming

eintlik op die Douglas-pad is. As gevolg van

pad- en straatveranderings, was ek nie

seker hoe om te ry nie. (My padkaart

verdeel ook net daar waarheen ek moet

gaan.)

Ek besluit om CrisisOnCall te skakel. Die

persoon vra toe of ek ʼn “Blue Tooth”

konneksie het. Ek bevestig, en hy vra dat ek

my foon aanhou. Robot vir robot en draai

vir draai lei hy my tot op die Douglas-pad!

Daarna het ek weer geweet waarheen om

te ry. Dankie CrisisOnCall!”

ONS WAS EERSTE OP DIE TONEEL!

Die volgende e-pos is van Tarien Cooks, BLS

paramedikus ontvang. (Verwys na die artikel

"Man kry hartaanval".)

Graag vertel ek wat Vrydagaand (2 Nov) gebeur

het. Ek en my man was tuis toe een van ons

gemeenskapslede skakel en vertel dat daar by 'n

perseel in ons omgewing ʼn persoon is wat ʼn

hartaanval gekry het. In dieselfde asem sê hy die

persoon het ʼn CrisisOnCall-bandjie aan. Ons vra

vir die unieke nommer op die agterkant en laat

spaander na die pasiënt.

Op pad skakel ek CrisisOnCall en praat met

Aileen by die oproepsentrum. Ek vra dat ʼn

ambulans uitgestuur word en versoek mediese

inligting van die pasiënt. (My eerste keer dat ek

in dié verband skakel, wonderlike diens en

terugvoer!)

Aileen skakel terug met die nuus dat ʼn ambulans

en paramedici van Netcare911 reeds op pad is.

Iemand anders op die toneel (Annatjie) het

vroeër geskakel.

Wynand Pretorius (Gevorderde Lewensondersteuningsparamedikus)

was kort na ons op die

toneel en het onmiddellik met behandeling

begin. Wynand het my gevra of ek by

CrisisOnCall kon vasstel of die Zuid-Afrikaanse

Hospitaal, waar die pasiënt se kardioloog is, ʼn

landingsarea vir ʼn helikopter het sodat die

pasiënt daarheen gevlieg kon word. CrisisOnCall

het uitgevind en ook vasgestel waar die naaste

beskikbare kardioloog was, aangesien die

hospitaal nie ʼn landingsarea het nie.

ʼn Kardioloog was by Montana Hospitaal

beskikbaar wat ook baie naby aan die insident

was - inligting wat ook deur CrisisOnCall verskaf

is.

KLEINIGHEDE MAAK 'N GROOT

VERSKIL

CrisisOnCall werk orals vir my! Ek het op 'n

Saterdag by Metro in die Menlyn Retailpark

gordyne gaan koop. My foon het gelui. Ek het

my beursie op my motor se dak gesit, gordyne in

die motor gelaai en skoon van die beursie

vergeet. Na 15 min het CrisisOnCall my

geskakel. 'n Man by die motorafslaers het my

beursie sien val en opgetel. My geel CrisisOnCall

kaartjie was daarin. Hy het julle gekontak en ek

kon my beursie terugkry. My Koopkragkaart,

kredietkaart, bankkaarte en heelwat kontant

was in die beursie. Ek het alles teruggekry. Dit

was naweek en ek sou gestrand wees tot

Maandag. - Tilla Nel (Rippel 90.5 luisteraar)

DIT IS VAKANSIETYD!

Desember is tradisioneel vakansietyd in Suid-Afrika.

Almal is opgewonde en lus om ʼn jaar af te sluit met ʼn

lekker vakansie, of dalk kom die kinders en/of

kleinkinders kuier.

Water is tog so aanloklik. Ons deel graag die

volgende wenke om te verseker dat die vakansie nie

in ʼn nagmerrie ontaard nie:

• Wanneer jy in die see swem, swem altyd waar

lewensredders is. Bly ook in afgebakende

gebiede.

• Maak seker dat kinders wat nie kan swem nie,

nie maklik toegang tot die swembad kan kry

nie. Hou ook enige kleurvolle items soos

speelgoed uit die water – dit trek hulle aandag.

• Gebruik altyd ʼn waterdigte sonbrandmiddel.

Onthou, al is dit bewolk is daar steeds sonstrale

wat jou vel bereik.

• Vlakke van damme en riviere kan baie

bedrieglik wees. Dit reën elders en skielik is die

rivier in vloed. Handhaaf ʼn veilige afstand van

die water.

• Indien jy op die water roei of in ʼn boot ry, dra

altyd ʼn veiligheidsbaadjie.

Algemene wenke:

• Bye kan baie maklik en ongesiens in 'n

koeldrankblikkie klim. Probeer om nie uit 'n

blikkie te drink wat buite gestaan het nie.

• Maak altyd seker dat die omgewing waarin jy

kuier veilig is.

• Dra altyd jou CrisisOnCall bandjie.

• Moet nooit kinders sonder toesig laat nie.

Kinders verdrink in waterbakke, visdammetjies,

fonteintjies, borrelbaddens, emmers, ens.

• Maak seker dat almal (insluitende die

huiswerker) ʼn noodhulpkursus bywoon.

• Hou CrisisOnCall se nommer altyd byderhand

sou die noodlot toeslaan.

POSKANTOORSTAKINGS

Die afgelope paar maande was gekenmerk deur

stakings deur poskantoorwerkers. Hierdie stakings

het ook die lewering van dokumentasie vanaf die

CrisisOnCall administratiewe kantoor direk geraak.

Die beleid by CrisisOnCall is om alle dokumentasie

binne twee werksdae nadat die aansoekvorm of

ander versoeke ontvang is, te pos.

Indien u nie u bandjies en ander items binne tien

werksdae ontvang het nie, word u versoek om dit

asseblief by die volgende e-pos aan te meld:

rsn@netactive.co.za.

Hierdie is ook die amptelike e-pos adres van die

administratiewe maatskappy, RSN, wat CrisisOnCall

se administrasie hanteer.

SAPAESA EN CRISISONCALL

SAPAESA (South African Private Ambulance

& Emergency Services Association)

en CrisisOnCall het hande gevat ten

einde te verseker dat privaat

ambulansdienste ‘n goeie diens aan

CrisisOnCall-lede verskaf.

Hierdie organisasie bestaan reeds sedert

1994. Dit is hulle passie om seker te maak

dat ambulansdienste nie onprofessioneel

is wanneer dit by dienslewering kom nie.

Die Hoof Uitvoerende

Beampte, Oliver Wright

is ook ʼn lid van

CrisisOnCall.

Volgens Oliver is daar as gevolg van

verskeie redes ʼn gebrek aan die beskikbaarheid

en vloei van kritiese pasiëntinligting

tydens ʼn nood mediese situasie.

Volgens hom moet elke landsburger

toesien dat hulle maklik identifiseerbaar

is en dat lewensbelangrike mediese

inligting soos mediese fonds detail,

kroniese medikasie, allergieë, ens.

beskikbaar is wanneer dit deur medici

benodig word. Die CrisisOnCall-bandjie,

soos ontwikkel deur die gebruiker

(paramedici) is die antwoord!

Die CrisisOnCall-bandjie is een van die

suksesvolste metodes om vir hierdie doel

te gebruik aangesien dit vinnig en

effektief namens die pasiënt praat

wanneer hy/sy self nie kan nie.

DIABETES EN CRISISONCALL

Diabete se kans om in ʼn koma te verval, is

baie hoër as nie-diabete. Daarom moet

hulle lid van CrisisOnCall wees. Die

bandjie aan die arm praat wanneer jy self

nie kan nie.

Nie net speel die feit dat die pasiënt ʼn

diabeet is vir paramedici ʼn belangrike rol

in hul behandeling nie, maar is kennis van

die medikasie wat die pasiënt gebruik van

kardinale belang. (Paramedici kan baie

inligting oor ʼn pasiënt bekom deur net na

die medikasie wat hul gebruik, te kyk.)

Navorsing deur CrisisOnCall het bewys

dat die CrisisOnCall-bandjie ʼn baie veilige

opsie is aangesien dit deur paramedici

onderskryf word en nie deur omstanders

gesteel word nie.

DIE HUISVRIEND

Die maand gesels ons oor die koper en die

moets en moenies waarna gekyk moet word.

• Maak seker dat daar geen slegte

kredietrekords teen jou naam is nie.

Rekeninge wat laat betaal word,

beïnvloed jou kredietwaardigheid

negatief!

• Vra gerus ‘n eiendomsagentskap om jou

te help soek na eiendomme.

• Kommunikeer duidelik jou behoeftes

aan die betrokke agent sodat hy presies

weet waarna om te soek en waar om te

begin.

Die area waar jy koop, speel altyd die

grootste rol. (Hoe beter die area, hoe beter

jou belegging.) Die agent sal begin deur aan

jou te wys wat hy in jou prysklas beskikbaar

het. Dit is baie belangrik om vir die agent

goeie terugvoer te gee oor elke huis wat jy

gesien het. Duidelike kommunikasie is die

sleutel tot sukses en tot jou ideale huis.

Sonder om té ingewikkeld te raak, is my

advies: indien jy die plek gekry het waarin jy

jouself kan sien, hou op soek en koop hom!

Om verder te soek gaan jou net deurmekaar

maak en te veel mense het al die woorde

gehoor: "jammer meneer/mevrou, die

eiendom is klaar verkoop". Eiendomme

verkoop hulself! Volgende maand meer

hieroor. Steijn eiendomme 012 331 3943

IEMAND WORD VERMIS

Vakansietyd kruip nader en nie alle plekke is

veilig nie! Winkelsentrums, strande en

rolprentteaters is vol jong mense wie se gees

hoog loop met vakansiejolyt.

PSARU, 'n sakevennoot van CrisisOnCall, gee

ʼn paar veiligheidswenke:

Weet ten alle tye waar jou

kinders/geliefdes is.

Vertrou geen vreemdelinge nie.

Moenie jou kinders/geliefdes sonder

toesig in winkelsentrums laat nie.

Moenie alkohol of oopgemaakte drank

of koeldrank drink nie.

Wanneer jong mense saans uitgaan, bly

in groepe.

Moenie in die nag op onbekende plekke

rondbeweeg nie.

Wees voorbereid: Indien iemand vermis

raak, skakel die CrisisOnCall-noodnommer en

vra dat jy na PSARU deurgeskakel word.

NB: Hou opgedateerde kleurfoto's van al jou

geliefdes byderhand.

Vir so min as R49 per maand kan jy en jou

gesin nou as deel van CrisisOnCall lid word

van PSARU. Stuur net ʼn e-pos met die woord

PSARU na marketing@crisisoncall.co.za.

VAKANSIE EN VOERTUIGBANDE

Die bandevervaardiger Bridgestone het gesê

motoriste wat op vakansiereis is, moet elke

stilhoukans gebruik om ook seker te maak die

voertuig se bande is nog in ’n goeie toestand.

’n Mens se vakansie kan op talle maniere deur

bandeprobleme langs die pad in die wiele gery

word. Een van die grootste gevare is die

geleidelike verlies aan druk weens foute soos

’n lekkende klep of as gevolg van iets soos ’n

spyker in die band. Die banddruk kan oor ’n

afstand van ’n paar honderd kilometer só

stadig verander dat die bestuurder dit nie

dadelik kan voel nie, hoewel die verminderde

padhouvermoë ’n groot gevaar inhou as die

bestuurder in ’n noodgeval vir iets moet

uitswaai.

Iets wat nog gevaarliker is, is dat ’n band wat

druk verloor, oormatig begin warm word. Dit is

veral op lang vakansiereise ’n groot gevaar

wanneer die voertuig swaar gelaai en vol

passasiers en bagasie is, wat die oorverhitting

weens verminderde druk al erger sal maak.

Oorverhitting kan met lang afstande teen hoë

snelhede uiteindelik daartoe lei dat die band se

rubberlae van mekaar begin trek, wat die band

kan laat bars.

Moet nooit ’n warm band pomp tot dieselfde

banddruk as toe dit koud was nie – jy sal die

druk in werklikheid moet verminder. Indien jy

een van die bande kry waarvan die banddruk

minder as dié van die ander bande is,

ondersoek eers die moontlike oorsaak daarvan

om seker te maak jy kry nie verder probleme

nie.

Bandskade, soos ’n sny in die wand van die

band, kan veroorsaak word deur goed wat

onopgemerk verbygaan, soos ’n skerp klip of

klein stukkie metaal in die pad. Sulke skade

verminder die band se vermoë om die voertuig

se gewig te dra, sowel as die remvermoë,

draaivermoë en versnelling, wat die band kan

laat bars.

Dit is ook die ideale geleentheid om die band

se toestand te ondersoek terwyl die banddruk

nagegaan word. Ondersoek die hele wiel ook

vir goed soos lekkende olie of pak-olie, wat

dalk op komende meganiese probleme kan dui.

Enige probleme met ’n band of ’n wiel dui op

veiligheidskritieke gevare en kan selfs ’n

bedreiging vir die insittendes se lewe inhou.

Maak tydens ’n lang reis seker van

voortgesette bandeveiligheid. Dit is dalk al wat

nodig is om ’n tragedie te voorkom.

Die artikel is saamgestel deur Mandy Lovell van

Bridgestone Suid-Afrika en gepubliseer deur

Arrive Alive Web. (www.arrivealive.co.za)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!