04.05.2013 Views

EETVERSTEURINGS

EETVERSTEURINGS

EETVERSTEURINGS

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

EETVERSTEURINGS

JH Klopper

Departement Huisasrtskunde

Universiteit van Pretoria

2002

Januarie

EETVERSTEURINGS

STUDIEDOELWIT:

Inhoudsopgawe:-

1) Om die pasiënte met eetversteurings te herken en diagnoseer.

♦ Anorexia Nervosa

♦ Bulimia nervosa

♦ Ongespesifiseerde eetversteuring.

2) Om die verskillende kliniese beelde te hanteer en behandel.

1. Inleiding

2. Diagnostiese kriteria

Anorexia Nervosa

Bulimia Nervosa

Ongespesifiseerde versteurings

3. Anorexia Nervosa

Definisie

Inleiding

Kliniese beeld

Prognose en verloop

Hantering

4. Bulimia Nervosa

Definisie

Inleiding

Kliniese beeld

Komplikasies

Hantering

5. Ongespesifiseerde versteurings

Nagtelike ooreet sindroom

Slaap-eetversteuring

Kompulsiewe ooreters

Vroulike atleet triade

Ander

Feeding a child is

about the connection between parent and child,

about trusting or controlling,

about providing or neglecting,

about accepting or rejecting.

Eating is about the

connection with our bodies and with life itself.

Eating can be joyful,

full of zest and vitality.

Or it can be fearful,

bound by control and avoidance.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

2

EETVERSTEURINGS

Inleiding:-

Eetversteurings kom meestal in adolessente tot jong volwasse vroue voor. Die

siektes kom in wisselende graad voor, sommige pasiënte kan in die verloop van die

siekte beweeg tussen die diagnostiese kriteria van die een kliniese beeld na die

ander soos hulle siekte beeld en massa verander. 1 Sommige pasiënte kan nie

volgens die diagnostiese kriteria gediagnoseer word nie en mag as

ongespesifiseerde eetversteuring geklassifiseer word.

Die Huisarts is waarskynlik die eerste kontak met die pasiënte en moet bedag wees om die kliniese

beelde te herken voordat te veel massa verloor word, of eetpatrone gevestig word. Die pasiënte kla

selde van die masaverlies, maar van meegaande simptome van verhongering. Hulle sal die

eetstoornis ontken of afspeel. Die kliniese beeld van beide anoreksie en bulimie kan voorafgegaan

word deur oormatige oefening en/of matige dieët. 1,3,4

Die Huisarts is `n belangrike skakel in die behandeling van eetstoornisse, die meeste pasiënte het

`n multidissiplinêre span hantering nodig. Die Huisarts moet die sorg reël en administreer en

holisies benader.

Vraelyste word dikwels as hulpmiddel tot diagnose vir eetstoornisse:-

Eat attitude test en scoff

SCOFF

Maak jy jouself naar as jy ongemaklik vol voel?

Voel jy dat jy beheer oor jou eetlus, of hoeveelheid wat jy eet verloor het?

Het jy meer as 6.3 kg in die laaste 3 maande verloor?

Beleef jy dat te vet is al dink jou vriende jy is maer?

Dink jy kos oorheers jou lewe?

Twee of meer positiewe punte kan `n aanduiding wees van eetversteurings.

Diagnostiese kriteria:-

Diagnostiese kriteria vir Bulimia Nervosa: 1,2

A Herhalende episodes van ooreetsessies. Sulke sessies het beide van die volgende elemente:

1 n Eetsessie in `n diskrete tyd van bv. 2 uur waarin die persoon duidelik groter volume

voedsel inneem as wat die meeste mense in soortgelyke tyd en soortgelyke

omstandighede sou inneem.

2 `n Gevoel van verlies aan kontrole gedurende die episode.( `n gevoel dat `n persoon

nie kan ophou eet of beheer uitoefen oor die hoeveelheid wat geëet word nie)

B Herhalende ontoepaslike kompenserende gedrag om massa toename te voorkom bv.

Braking, misbruik van lakseermiddels, enemas, diuretika en ander medikasie, asook

oormatige oefening, of om te vas.

C Die ooreetsessies en kompenserende gedrag vind ten minste twee maal per week vir drie

maande plaas.

D Self evaluasie word buitensporig beinvloed deur liggaamsbou en grootte.

E Die eetversteuring kom nie net voor gedurende `n episode van Anorexia nervosa voor nie.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

3

EETVERSTEURINGS

2 Tipes:-

Purging/ledigingstipe:

Gedurende hierdie episode is die persoon betrokke in ledigingsrituele: selfgeï nduseerde braking,

misbruik van lakseermiddels, diuretika, en enemas.

Nie-ledigingstipe:-

Die pasiënt gebruik ander nie-ledigings tegnieke as kompensasie soos deur te vas of oormatige

oefening, maar ledig nie die dermkanaal gereeld deur te braak, enamas of purgeermiddels nie, of

misbruik nie diuretika nie.

Anoreksia Nervosa:-

A Onvermoëe om liggaamsmassa te handhaaf bo die minimum verwagte massa vir lengte en

ouderdom, minder as 85% van verwagte liggaamsmassa.

B Intense vrees om massa toe te neem, vet te wees of te word, selfs as die pasiënt ondermassa

is.

C Persepsie versteuring van liggaamsbeeld en oormatige klem en invloed van liggaamsgrootte

en bou op selfbeeld, ontken die erns van mate van ondervoeding.

D Ge-assosieerde fisiese siekte sekondêr tot verhongering. (bv. amenoree- vir langer as 3

maande of slegs menstruele bloeding na estrogeen toediening)

Beperkende tipe:- Die pasiënt beheer haar inname nie deur ledigings prosedures, self geinduseerde

braking, of gebruik lakseermiddels, enemas en diuretika nie.

Ooreet/ledigings tipe:- Die pasiënt het in die huidige anoreksie siklus gerreld episodes van ooreet

en ledigingssessies (Binge/purge)

Diagnostiese kriteria vir ongespesifiseerde eetversteuring:-

1 Vroue wat aan al die kriteria vir annoreksia nervosa voldoen, behalwe dat sy nie amenoree

het nie.

2 Voldoen aan al die kriteria vir Anorexia Nervosa, maar tenspyte van noemenswaardige

massa verlies, is die huidige massa in die normale limiete.

3 Aan al die kriteria vir Bulimia Nervosa word voldoen, maar die ooreetsessies, en ledings kom

minder as 2 maal per week, of oor `n korter termyn as 3 maande voor.

4 Die gereelde gebruik van ontoepaslike kompensasie gedrag na klein of normale maaltye, in

normale massa mense.bv.(braking na twee koekies)

5 Herhalende kou en uitspuug van groot hoeveelhede kos sonder om te sluk.

6 Ooreetversteuring/ Kompulsiewe eetversteuring: herhalende ooreet episodes sonder die

ontoepaslike kompensasie gedrag van Bulimia Nervosa.

Anorexia Nervosa 2,3

Definisie:- Anoreksie is `n siekte van self-uithongering. Dit manifesteer as

buitengewone teësin in voedsel, met fisiologiese versteurings soos amenoree weens

verhongering.

Inleiding:-

Dit kom meestal by adolessente tot jong volwasse meisies/vroue voor, meestal blanke middelklas

gesinne, met hoë prestasie druk. Dit is al in adolossente seuns en kinders so jonk as 8 jaar beskryf,

en kom ook soms in volwassenes voor. M:V=20:1. Die meeste gesinne is liefdevolle verweefde

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

4

EETVERSTEURINGS

gesinne met onderlinge afhanklikheid en gebrek aan meganismes tot konflik hantering in die gesin.

Sosiale ontrekking, obsessief kompulsiewe gedrag en depressie mag die anorexia voorgaan. Die

meisies presenteer gewoonlik met simptome van uithongering, massa verlies, pre-okkupasie met

kos, hiperaktiwiteit, liggaams-beeld wanpersepsies en sekondêre amenoree. Hulle ontken

uithongering, en hulle geskatte liggaams massa en beeld is groter as wat hulle werklik is.

Kliniese beeld:-

Tipes Anoreksia:-

Beperkers/Restricting- Hulle verminder of beperk hulle voedsel inname tot uithongering plaasvind.

Binge eating/purging/ Bulimia:- Hulle het episodies ooreet sesssies/binge eetgewoontes wat gevolg

word deur self toegediende “reinigings prosedures “-braking, misbruik van lakseermiddels, diuretika

en enemas

Die kliniese beeld is afhanklik van die graad van uithongering wat reeds plaas gevind het, bv.;

haarverlies en verdunning, fyn liggaamsbeharing, spiermassa verlies, kageksie, konstipasie,

bradikardie en onverdraagsaamheid van koue temperature. Endokriene versteuring soos amenoree

en staking van ovulasie vind plaas.

Verskille tussen Bulemie en Anoreksie

Bulemie:- Anoreksie

Mollig tot oormassa by aanvang van die siekte Was nooit oormassa nie

Persoonlikheids versteurings Goeie ‘model’ studente

Ekstroverte Introverte, sosiale onttrekking

Goeie eetlus, ooreters Swak tot geen eetlus

Die pasiënte presenteer met non-spesifieke klagtes soos Swakheid, duiseligheid, energie verlies en

moegheid. Die pasiënte word dikwels deur familie gebring weens gewigs verlies. Die pasiënt self het

gewoonlik geen bekommernis oor haar gewigsverlies nie, wees versteurde liggaamsbeeld.

Die pasiënte mag ook presenteer met sekondêre amenoree. (Sekondêr tot hipotalamiese

disfunksie)

Vel en haarverandering:- haarverlies, lanugo tipe beharing opdie gesig en lyf, bros naels.

Hipersensitiwieit tot koue en abdominale pyn.

Die voorkoms is algemeen, meer in adolessensie, 1-2% van die algemene bevolking, V:M=20:1, tot

50% van die pasiënte met anoreksie sal later bulemie ontwikkel.

Psigiatriese probleme soos depressie, middel- en substansmisbruik, asook `n onvoltooide

rouproses. 4 Word met anoreksie geassosieer.

Tenspyte van diagnose en holistiese terapie stref 10 % van die meisies as hulle massa met meer as

50% afneem. Die pasiënte word verdeel in drie groepe afhangende van hulle risiko en morbiditeit.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

5

EETVERSTEURINGS

Hoë risiko:-

Massa < 30 KG

Konstante/ Aanhoudende massa verlies

Hipokalemiese asidose

Bloed afwykings (leukopenie, anaemie, elektoliet stoornisse, hipoglukemie)

Matige risiko:-

Lae maar stabiele massa

Massa > 35 Kg

Lae risiko:-

Minder as 25% massa verlies het plaasgevind

Pasiënt verbeter

Infertiliteit en osteoporose kan voorkom.

Spesiale ondersoeke:-

Pasiënte met anoreksie moet by diagnosering, en daarna 1-2 maal per week evalueer word tot

massa begin toeneem , of verlies stabiliseer. Stabiele pasiënte moet 3-6 maandeliks biochemies

evalueer word, tiroedfunksie 6 maandeliks herhaal word en , jaarlikse kreatinien opruiming, en

beendigtheid selfs nadat die massa gestabiliseer is.

As riglyn word die volgende aanbeveel:-

Serum elektroliete, ( dadeliken 2-3 maal per week in die eertse 2-3 weke)

Nierfunksietoetse

Tiroiedtoetse (TSH, T4)

Glukose

Serumamilase

Volbloedtelling met differensiële telling

Cholesterol en lipogram

Karoteenvlakke

Deksametasoon onderdrukkings toets

EKG

Prognose en verloop:-

Anoreksie is `n kroniese siekte, en tot 16% nog diagnostiese anoreksie het 10 jaar na die diagnose

gemaak is 3 . Die respons van pasiënte wissel baie tussen individue. Navorsing wys dat tot 50%

herstel, 21% het matige verbetering en 26% het swak prognose 6 , die algehele mortaliteit is 9.8 %.

Swak prognostiese tekens is:- ouer aanvangsouderdom, uitgesproke massa verlies en langdurige

siekte.

Hantering:-

Die doel van behandeling 8 is:-

i) Herstel van normale massa.

ii) Hantering van fisiese komplikasies.

iii) Motivering vir samewerking.

iv) Die daarstelling van vir gesonde eet en oefen gewoontes.

v) Die herstrukturering van die denkpatroon oor liggaams-beeld

en eetgewoontes.

vi) Familie ondersteuning.

vii) Voorkoming van terugvalle.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

6

EETVERSTEURINGS

Die hoeksteen van die behandeling berus op hervoeding en psigoterapie. Die multidisiplinere span

benadering met gesinsterapie, kognitiewe gedrags- en psigoterapie en groepterapie.

Stadige gelykmatige hervoeding en massa toename moet bereik word. Vinnige hervoeding kan tot

hipofosfatemie en hipokalemie lei. Dit kan kardiovaskulêre kollaps, hartarres en delirium

veroorsaak. 5 Dit kom veral in die eerste 2-3 weke van hervoeding voor. Noukeurige elektroliet

observasie en beheer is veral in die eerste 3 weke noodsaaklik.

Indikasie vir opname:- 5

Polstempo < 35-40/min, simptomatiese hipotensie

Massa < 70-75% van ideale massa

Vinnige en uitgesproke massa verlies,

Geen respons op buite psasiënt behandeling

Kardiale aritmië

Farmakologiese behandeling:-

Meegaande wanvoeding, depressie, osteoporose, estrogeen te kort, ens moet aangespreek word.

Antidepressante en ander psigotrope middels is minder suksesvol.

Fluoksetien mag terugvalle voorkom, selfs in die afwesigheid van depressie, maar dit versnel nie

massa stabilisering nie.

Biochemiese en bloed abnormaliteite moet aangespreek word soos hulle voorkom:

Lae hemoglobien Hervoed, en oorweeg Yster aanvulling

Lae witsel telling Hervoed en monitor weekliks indien

EETVERSTEURINGS

Bulimia Nervosa: 1

Definisie

Bulimie is `n multifaktoriële eetversteuring/siekte met fisiologiese, sielkundige,

ontwikkelings en kulturele komponente. Bulimie kan gepaard gaan met ooreet

sessies en self ge-induseerde braking of met ledigingsrituele/gedrag bv. oormatige

oefening en/of om te vas.

Prediponerende faktore mag teenwoordig wees:

♦ Geneties

♦ Fisiologies

♦ Persoonlikheidsfaktore bv. Perfeksionisme, affektiewe onstabiliteit, wanaangepaste selfbegrip,

swak impulskontrole .

♦ Aanpassingsprobleme,

♦ Ontwikkelingstressore bv.: adolossensie, groepsdruk en probleme in interpersoonlike

verhoudings, seksualiteit, huwelik en swangerskap 1

♦ Sentrale senuwee stelsel oordragstowwe mag `n rol speel.

♦ Familiele faktore:- depressie, maniese depressiewe siekte, eetstoornisse, alkohol en

middel/substans misbruik mag voorkom in die eerste of tweede generasie in die familie.

Insidensie en prognose:

Bulimia Nervosa het meer prominent geword in die laaste 30 jr. Dit is tien maal meer algemeen in

vroue , en affekteer 1-3 % van vroulike adolossente en jong volwassenes. Begin ouderdom van 13-

20 jaar, maar is ook in adolossente seuns en kinders so jonk as 8 jaar beskryf.

Die siekte het `n kroniese verloop en in pasiënte solank as 30 jaar teenwoordig. Navorsing wys dat

pasiënte met subkliniese Bulimia Nervosa dieselfde morbiditeit het as pasiënte met kliniese

Bulemia Nervosa. Die langtermyn verloop van die siekte is onbekend, maar 30% van pasiënte het

herhalende terugvalle, en 40% bly kronies simptomaties.

Psigiatriese siekte wat saam met Bulimia Nervosa voorkom: 3

Gemoedsversteurings:

Depressie

Distimie

Bipolêre versteuring

Substans verwante probleme:

Alkohol misbruik

Stimulant misbruik

Poli-substans misbruik

Angsversteurings:-

Paniekversteuring

Obsessief kompulsiewe versteuring

Algemene Angsverwsteuring

Post-traumatiese stress versteuring

Persoonlikheids versteurings:

Grens persoonlikheidsversteuring

Histrioniese persoonlikheidsversteuring

Narsistiese persoonlikheidsversteuring

Antisosiale persoonlikheidsversteuring

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

8

EETVERSTEURINGS

`n Meegaande substans afhanklikheid of misbruik kom in tot 30% van pasiënte voor, en moet eers

aangespreek word voor bulemia behandel kan word.

Persoonlikheidsversteurings kom in 2-50% van die pasiënte voor. 3 Die Huisarts wat die pasiënt

hanteer behoort die pasiënt te evalueer vir ko-morbiede psigiatriese siektes en afwykings.

Kliniese beeld:-

Die kliniese beeld kan wissel van subklinies tot uitgesproke komplikasies, afhangende van die graad

van versteuring. Verbygaande simptome soos moegheid, konstipasie en opgeblase gevoel kom

voor.

Die pasiënt kan kla van massa toename, naarheid, abdominale pyn en vertraagde maaglediging.

Hulle beleef verhoogde angs, fisiese ongemak en skuldgevoelens na die ooreet sessie wat hulle tot

die ledigingsritueel dryf, self geï niseerde braking, oormatige oefening, misbruik van ipekakuana,

lakseermiddels, enemas en diuretika.

Die kliniese beeld is afhanklik van die komplikasies wat voorkom:-

Braking:- Die meeste (75%) inisieer die selfbraking deur groot volumes vloeistowwe tydens die

ooreetsessie in te neem, om die braking te fassiliteer. Hulle stimuleer die farinks met die vinger of

ander voorwerpe, of innisiëer braking met willekeurige abdominale spiersametrekking.

Komplikasies:-

Tand bederf:- maagsuur veroorsaak afbraak van tand emalje, veral aan die agter

opppervlakte van die tande.

Vergrote speekselkliere:- Dit is `n pynlose vergroting van speekselkliere binne `n

paar dae na oormatige braking en klaar spontaan op in `n paar dae.

Mond en hand trauma:- Laserasies in mond en keel kan voorkom, `n Laserasie

en litteten op distale rand van die kneukel kan voorkom as gevolg van die trauma

van die snytande.

Esofagus en farinks mag irritasie van die herhalende maagsuur teenwoordig

ontwikkel, asook refluks na selfs klein volumes voedsel. Esofagiale skeure met

bloeding kan voorkom. Perforasie van slukderm en maag kan voorkom, maar is

seldsaam.

Elektroliet stoornisse:-Tekort van soutsuur, kalium, natrium, en magnesium kan

voorkom, en die pasiënte moet by diagnosering en gereeld in opvolg van die

siekte elektroliet evaluasie kry. Hipokalemie, moegheid, spierspasmas,

hartkloppings, parestesië, tetanus, konvulsies en hartarres kan voorkom.

`n Volledige algemene ondersoek met klem op vitale tekens, lengte en massa moet gedoen word.

Soek vir tekens van haarverlies, lanugo beharing, abdominale teerheid, sianose van ekstemiteite,

geelsug, edeem, parotis vergroting en littekens op die dorsum van die hand.

`n Psigiatriese evaluasie is essensieël vir die uitwerk van geskikte behandelings plan vir die

betrokke pasiënt.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

9

EETVERSTEURINGS

Spesiale ondersoeke:-

Ureum en elektroliete, lewerfunksie toets, Magnesium, tiroiedfunksie toetse,

Volbloedtelling met differensiele telling,

Uriene biochemie en MKS

EKG

X-foto`s mag aangedui wees

Volledige tandheelkundige evaluasie.

Hantering:-

Elke pasiënt moet individueel ge-evalueer word. Die behandeling is multidimensioneel, en die

meeste sukses word met farmakoterapie en psigoterapie verkry. Daar moet gekyk word na die

wenslikheid van opname.

Indikasies vir opname:-

Farmakologies:-

• Trisiekliese antidepressante:- Imipramien( 175-300mg/dag), en amitriptilien (150mg/dag) . Die

antidepressante verminder ooreetsessies (47-91%) en braking (45-78%)

Monoamienoksidase inhibeerders. Weens newe-efekprofiel word die middels nie as eerste linie

behandeling aanbeveel nie.

• Selektiewe serotoniem heropname remmers:- Fluoxetien (20-60mg)

• Ander antidepressante:- Trasodoon (400-650mg/dag) is ook suksesvol gebruik.

Psigoterapie:-

Kognitiewe gedragsterapie:- (50% van pasiënte respondeer op kognitiewe gedragsterapie). Dit

behels `n reeks sistematiese intervensies. Dit spreek die kognitiewe aspekte van Bulimia Nervosa

aan soos die pre-okkupasie met liggaamsbeeld, massa en voedsel, perfeksionismes, lae selfbeeld

aan.

Die gedrag word aangespreek soos eetgewoontes, ooreetsessies, lediging, en ritualistiese oefening.

Die doel is verkryging van kontrole oor eetgewoontes.

Pasiënte hou dieët en emosionele dagboek

Kognitiewe aanspreek van gedagte prossesse, verbetering van selfbeeld, en selfhandhawing,

identiteit en toepaslike hantering van emosies.

Ongespesifiseerde eetversteurings

Nagtelike ooreet sindroom: 15 Die pasiënte dag-anoreksie, nagtelike ooreetsessie met

insomnia. Die pasiënte het geen eetlus met ontbyt nie, neem as 50% van daaglikse kalorie

inname in die aand met insomnia.

Die pasiënte is meestal oormassa.

Die vroulike atleet triade 9, 15 : Drie interafhanklike elemente kan teenwoordig wees by vroulike

atlete i) Eetversteuring

ii) Amenoree

iii) Osteoporose

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

10

EETVERSTEURINGS

Die atlete mag om hulle massa te beperk hulle aan verskillende eetversteurings blootstel,

beperkende en/of ledigende eetversteuring sonder om aan kriteria vir anoreksie of bulemie te

voldoen.

Sekondêre amenoree of vertraagde menarg is as gevolg van oefenprogram, massa fluktuasie en

hipotalamiese verandering.

Amenoree is die eerste teken van die triade, en daar is `n liniêre assosiasie tussen beendigtheid en

menstruasie. Die belang hiervan is om voorkomend op te tree, voor osteoporose (die beendigtheid

verlies is permanent), verlaagde fertiliteit, frakture( traumaties en stress frakture) en elektroliet

versteurings intree.

Moegheid, anemie, depressie simptome en elektoliet versteurings in vroulike atlete is gevaartekens.

Hantering:-

Herken die risiko atleet.

Lewenstyl veranderinge, normale eetgewoontes en oefenpatone, om normale massa te behou.

Estrogeen/progetsrogeen vervanging, kontrasepsie.

Verhoogde kalsium inname (1200-1500mg/dag 11-24jr oud.)

Gesin en familie betrokkenheid –verlaagde druk vir prestasie, gesonde eet en oefengewoontes)

Geskiedenis vraelys om die risiko pasiënte te identifiseer:-

Menstuele geskiedenis:-

Ouderdom van menarge (> 14 jr sonder sekondêre geslagsontwikkeling

16jr met sekondêre geslagsontwikkeling)

frekwensie en duur van menstuasie

Intervalle tussen menstruasie

Laaste menstuasie

Tekens en simptome van ovulasie

Hormonale terapie( kontrasepsie)

Diëet geskiedenis:- Wat is oor die laaste 24 uur ingeneem

Lys van verbode kossoorte

Hoogste en laagste massa sedert menarg

Tevredenheid met huidige massa

Ideale massa volgens pasiënt

Eetversteurings (beperkend of ledigend)

Gebruik van diëet medikasie, lakseermiddels en diuretika

Oefeningsgeskiedenis:-

Oefenpatrone en intensiteit( ure /dag , dae/week)

Addisionele oefening uitgesluit afrigter beheerd

Vorige frakture

Vorige oorbruiksbeserings

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

11

EETVERSTEURINGS

13, 15

Kompulsiewe ooreters (Compulsive eating disorder)

Die pasiënte het `n voedselverslawing. Die pasiënte gebruik kos om hulle emosies te

verwerk en hulle stress te hanteer. Die meeste pasiënte is oormassa. Dit kom algemeen

voor by pasiënte wat seksuele molestering beleef het. Hulle beleef skuldgevoelens , voel

ontoereikend, het `n swak selfbeeld. Die ooreetsessies lei tot verdere skuldgevoelens en

verswakking van hulle selfbeeld. Hulle beleef `n konstante behoefte aan validering en liefde.

Dit is vir hierdie pasiënte net so moeilik om `n diëet te volg as vir `n anoreksiese pasiënt om

weer te begin eet.

Ooreet eetversteuring 15 (Binge-eating disorder)

Die pasiënte deel ooreenkomste met beide Bulimie, en Kompulsiewe ooreeters. Hulle is

meestal oorgewig, sukkel om massa te verloor of massa te handhaaf. Hulle eet periodies

verby die versadigingsvlak, maar het nie `n lediging na so`n maaltyd nie . Die pasiënte eet in

tye van emosionele stress.

Diagnostiese kriteria:-

Herhalende ooreet episodes .

i) Hulle eet in `n kort tyd(2uur) meer as wat die gemiddelde mens in dieselfde tyd en

omstandighede sou eet.

ii) `n Gevoel van verlies aan kontrole oor eetgewoontes word beleef.

Die ooreet episode gaan met ten minste drie van die volgende gepaard:

a) Eet vinniger as normaalweg

b) Hou aan eet tot ongemaklik voel

c) Eet groot hoeveelhede kos sonder dat hulle honger voel

d) Eet alleen, wat voel verleë oor die hoeveelhede wat hulle eet

Duidelike angstigheid teenwoordig oor hulle eet gewoontes

Die ooreetsessie kom ten minste 2 dae van die week oor 6 maande voor.

Die ooreetsessie gaan nie gepaard met kompensatoriese gedrag soos braking, lakseermiddel

gebruik ens nie.

Pica: 15 -

Pica is `n kompulsiewe behoefte om te eet, kou, of lek aan nie-voedsel items soos

grond, kryt, verf, koeksoda, stysel, gom, ys, siggaretstompies ens. Dit is

geassosieerd met yster en sink tekort, vertraagde ontwikkeling, psigiatriese siektes

en emosionele stoornisse.

Pica kom ook voor tydens swangerskap, maar verdwyn gewoonlik na die geboorte van die baba.

Komplikasies:- vergiftiging, wanvoeding, intestinale obstruksie, hipo- en hiperkalemie,

loodvergiftiging, fosfaat intoksikasie en tand beskadiging.

Prader Willie sindroom: 15 -

Prader Willie sindroom is `n aangebore afwyking, moontlike genetiese oorsprong. Die pasiënte

voedings probleme, gedrag en verstandelike abnormaliteite en gaan gepaard met abnormale groot

en onversadigbare aptyt, obesiteit, diefstal en opgaar van voedsel.

Die pasiënte kan vertraagde motoriese ontwikkeling, abnormale groei, en spraak, seksuele

onderontwikkeling, hoë pyn drempel waarde en kompulsiewe gedrag hê.

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

12

EETVERSTEURINGS

Bibliografie:-

URL`s vir verdere belangstelling

♦ http://somethingfishy.org/

♦ http://www.edap.org/

♦ www.anred.com/

♦ http://www.mentalhealth.com/

1. American Psychiatric Association. Diagnostic and statistical manual of mental

disorders 4de uitgawe Washington DC; American Psychiatric Association,

1994:539-50

2. Western D, Harnden-Fisher J; Personality profiles in Eating Disorders: Rethinking the Distinction

between Axis I and Axis II. Am J Psychiatry 2001 April 158(4),pp 547-562

3. Mehler P: Diagnosis and Care of Patients with Anorexia Nervosa in primary care settings. Ann

Intern med, 2001 June vol.134(11) p 1048-1059

4. Miller K.Treatment Guideline for Eating Disorders.Am J Fam.Physicians 2000 July,

www.aafp.org (28/01/02)

5. Seidenfield,MEK, Rickert VI. Impact of Anorexia , Bulimia an obesity on yhe Gynecologic Health

of Adolescents; Am Fam Physician Aug 2001 www.aafp.org(28/01/02)

6. McGilleyBM, Pryor TL: Assessment and Treatment of Bulimia Nervosa; Am Ac Fam Phys. 1998

Junie, www.aafp.org (28/01/02).

7. Zipfel S, Lowe B, Reas DL, Deter HC, Herzog W. Longtrmprognosis in anorexia nervosa:

lessons from a 20 yr follow up study . Lancet 2000:355:721-722

8. Practice guidelines for eating disorders Am J Psychiatry 2000;157(suppl):4

9. Miller K. Treatment guideline for eating disorders; Am Fam Physician 2000 July (www.aafp.org)

28/01/2002.

10. Hobart JA, Smucker DR; The Female Athlete Triad: Am Fam Physician 2000 June

(www.aafp.org) 28/01/2002

11. Lucas, A R, MeltonL, Joseph III Long-term Fracture Risk Among Women With Anorexia

Nervosa: A Population-Based Cohort Study ,1999 Oct Mayo Clinic Proceedings74(10); pp 972-

977

12. Halek, C. Anorexia nervosa. RCN Continuing Education 1997 Dec ;12: pp 41-47

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

13

EETVERSTEURINGS

13. Bett BJ, Arlington VA; Management of Obesity J Am Board Fam Pract, 1995 Sept : 8(5) ;p 426-

427

14. Phillips KA, Castle DJ. Somatoform disorder: a topic for education. Br J Psyciatry 2001 Nov. 179

p 465-466

15. Website of eating disorders www. somethingfishy.org (28/01/02)

Vrae:-

Watter van die volgende stellings is korrek?

1) Baie pasiënte met eetversteurings het persoonlikheidspatologie.

• Anoreksia Nervosa is `n siekte van impulsiewiteit.

• Bulemie Nervosa kom voor in meer introverte en onderdrukte pasiënte

• Die algemeenste ko-morbiede patologie is `n grens/Borderline persoonlikheid.

• Histrioniese persoonlikheid is geassosieer met Anoreksia Nervosa

2) Pasiënte met eet versteurings het:

• Duidelike kliniese beeld met massa verlies

• Dikwels kompulsiewe oefen patrone voor die eetversteuring

• As hoofklagte abnormale eetpatrone

• Selde meegaande psigiatriese siektes

3) Die volgende kriteria diskwalifiseer pasiënte vir Anorexia nervosa.

• Intense vrees om massa op te tel

• Angs as na liggaam gekyk word.

• BMI-(LMI) 24-25

• Ontkenning van eetversteuring

4) Vroue atlete is onderhewig aan verhoogde risiko vir osteoporose. Watter van die volgende

stellings is waar?

• Massa fluktuasie gee sekondêre hipotalamiese onderdrukking

• Die osteoporose is omkeerbaar met verhoogde kalsium inname.

• Verhoogde oefening verbeter die osteoporose

• Dit komm nie voor by gimnaste en balletdansers nie.

5) By die hantering van Anorexia Nervosa is die volgende waar.

• Vinnige hervoeding is noodsaaklik

• Asidose is selde `n komplikasie

• Intaveneuse infuus is essensiëel

• Hipofosfatemie veroorsaak kardiovaskulêre kolaps

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

14

EETVERSTEURINGS

6) Pasiënte met eetversteurings het die volgende eienskappe in gemeen.

• Kom meestal by adolossente voor

• Gaan altyd met massa versteurings gepaard

• Het almal `n selfbeeld versteuring

• Het selde langtermyn komplikasies

7) Verstandelike gestremdheid word geassosieer met watter van die volgende siektes met

eetversteurings

• Prader Willie Sindroom

• Pica

• Nagtelike ooreet sindroom

• Bigorexia

• Liggaamdismorfiese sindroom

8) Watter van die volgende kan komplikasies van pica wees?

• Oormassa

• Anoreksie

• Hipofosfatemie

• Lood vergiftiging

9) Watter van die volgende middels is effektief bewys in pasiënte met Anorexia?

• Fluoxetien 20-60mg/dag

• Calsium 500mg/dag

• Sikliese progestrogeen

• Beta-blokkers

10) Die kliniese beeld van anorexia kom meestal voor by:

• Ekstoverte

• Oormassa tieners

• Model studente

• Verweefde gesinne

• Seksuele misbruik

Kopiereg © Universiteit van Pretoria

15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!